Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

IBBY-toekennings: LAPA gloei van trots

$
0
0

ibby_fanie650

Fanie Viljoen (foto: Izak de Vries)

LAPA se kinder- en jeugboekafdeling het binne ’n week verskeie groot eerbewyse ingepalm.

  • Uit, deur Fanie Viljoen, het die IBBY-Ererol gehaal om Suid-Afrika internasionaal te verteenwoordig;
  • Maja Sereda het die Katrine Harries-toekenning vir haar illustrasies in die kleuterboek Haasmoles gewen;
  • LAPA het vier kategorieë van die ATKV-Kinderboektoekennings gewen;
  • en twee van ons volwasse romans het ATKV-Woordveertjies gewen.

BAANBREKER-JEUGBOEK VEREER

Die bekroonde skrywer Fanie Viljoen se jeugroman Uit is deur die Suid-Afrikaanse been van IBBY (International Board on Books for Young People) as ereboek in die kategorie vir Afrikaanse jeugliteratuur aangewys.

Dit beteken Viljoen se boek sal deel vorm van die internasionale erelyskatalogus wat tweejaarliks deur hierdie gesaghebbende kinderboekliggaam saamgestel word, en benewens skrywers ook vertalers en illustreerders vereer.

Uit is ’n grensverskuiwende jeugboek wat handel oor Brent, ’n Afrikaanse tienerseun wat onseker is oor sy seksuele oriëntasie.

Viljoen sê hy het Uit geskryf om tieners wat met hul seksualiteit worstel ’n stem te gee, om hulle te wys hulle is nie alleen nie. “In ’n sekere opsig is daar deesdae ’n groter aanvaarding vir gay mense, maar daar is steeds mense wat geweldig teen die leefwyse te velde trek. Talle jongmense het daarom ’n ontsaglike vrees om uit te kom en hul ware self te wees. Hulle is bang vir verwerping, bang hulle ouers gooi hulle uit die huis, dat hulle al hul vriende gaan verloor, dat hulle gespot sal word. Sommiges kan nie eens hulself aanvaar nie. Voeg daarby godsdiens, tienerdrifte, verwagtinge van die samelewing, en dit word ’n emosionele nagmerrie vir gay tieners.”

Van die belangrikste oorwegings wanneer die IBBY-erelys saamgestel word, is dat die boeke op die lys die beste van elke land se kinderliteratuur moet verteenwoordig, en dat dit geskik moet wees vir publikasie regoor die wêreld. Die boeke op die lys vorm deel van rondreisende uitstallings wat by verskeie internasionale konferensies en literêre feeste te sien word, en sal ook deel vorm van die permanente uitstallings van byvoorbeeld die Internasionale Jeugbiblioteek in München, Duitsland.

Viljoen sê die IBBY-benoeming is vir hom ’n groot eer. “Ek is trots daarop dat Uit ons land kan verteenwoordig by kinderboekfeeste regoor die wêreld. Dit alleen wys Suid-Afrika het al ’n lang pad gestap om die skaamte van gay wees af te skud. Ek wil dan ook my uitgewer, LAPA, bedank dat hulle die boek gepubliseer het. Dit verg ’n uitgewer met moed om so ’n risiko te neem.”

Miemie du Plessis, bestuurder: kinder- en jeugboeke, van LAPA Uitgewers, sê die terugvoering wat hulle tot dusver van lesers oor Uit gekry het, was aangrypend. “Die korrespondensie wat ons van lesers ontvang, wys duidelik dat hierdie boek regtig jongmense se lewens aanraak. Ons is daarom besonder trots op hierdie benoeming.”

LAPA-ILLUSTREERDER ONTVANG KATRINE HARRIES-TOEKENNING

Die gewilde illustreerder Maja Sereda is aangewys as die wenner van die gesogte Katrine Harries-toekenning vir haar illustrasies in die kleuterboek Haasmoles.

Dié toekenning, die enigste van sy soort wat Suid-Afrikaanse kinderboekillustrasies as ’n kunsvorm evalueer, is ’n paar jaar lank nie gemaak nie, maar herleef vanjaar, honderd jaar ná die geboorte van Harries, een van die pioniers van kinderboekillustrasies in Suid-Afrika. Die toekenning word vanjaar terugwerkend toegeken vir boeke wat in die voorafgaande ses jaar verskyn het. Sereda wen die toekenning vir die jaar 2010-2011.

Vorige wenners van die toekenning sluit in illustreerders soos Niki Daly, Joan Rankin, Alida Bothma, Cora Coetzee, Jeremy Grimsdell, Jude Daly en Piet Grobler.

In Haasmoles, geskryf deur Jaco Jacobs, is Simon op ’n dag verveeld, want dit reën al die hele dag lank buite. Maar dan daag daar onverwags ’n klomp besoekers op wat chaos in die huis saai – ’n klomp lewenslustige, onnutsige hase.

VERSKEIE ATKV-WOORDVEERTJIES

Tydens ’n luisterryke en feestelike aand, is die ontvangers van vanjaar se ATKV-Woordveertjies op Vrydag, 11 September by D’Aria in Durbanville aangewys.

Ook hier het LAPA se kinder- en jeugboeke geskitter. Vir die ATKV-Kinderboektoekennings stem die leerders self vir hulle gunstelingboeke en illustrasies.

Voorleeskategorie: Graad RR – 1

Skrywer: Marita van der Vyver (LAPA Uitgewers) – Die coolste ouma op aarde

Illustreerder: Zinelda McDonald (LAPA Uitgewers) – Die coolste ouma op aarde

Selfleeskategorie: Graad 2 – 3

Skrywer: Fanie Viljoen (LAPA Uitgewers) – Plons

Illustreerder: Arnelle Woker (LAPA Uitgewers) – Plons

Selfleeskategorie: Graad 6 – 7

Skrywer: Jaco Jacobs (Tania Brink) (LAPA Uitgewers) – Wian Verwey het ’n crush op my

Selfleeskategorie: Graad 8 – 10

Skrywer: Marisa Haasbroek (LAPA Uitgewers) – Iewers vlieg daar fairy dust

Twee van LAPA se volwasse romans is ook bekroon

Die ATKV-Woordveertjie vir ’n Liefdesroman is toegeken aan Ewebeeld van Chanette Paul (LAPA Uitgewers). Die ATKV-Woordveertjie vir Spanningslektuur is toegeken aan Donker spoor van Martin Steyn (LAPA Uitgewers).

Kyk ook foto's van die ATKV-Woordveertjietoekennings van 2015

The post IBBY-toekennings: LAPA gloei van trots appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!