Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Pos beskikbaar by LitNet: Assistent-inhoudsbestuurder

$
0
0

LitNet en LitNet Akademies benodig ’n geesdriftige, verantwoordelike assistentinhoudsbestuurder om saam aan ons webwerf te bou. Ons soek ’n energieke spanspeler met ’n fyn oog vir besonderhede en ontwerp.

Verantwoordelikhede

  • Werf en bestuur van inhoud
  • Daaglikse bywerking van inhoud – insluitend die ontwerp en laai van nuwe artikels en bywerking van bestaande webblaaie
  • Basiese ontwerp en laai van grafika
  • Administratiewe take
  • Enige ander LitNet- of LitNet Akademies-take
  • Hulp met sosiale netwerke, bv Facebook, Twitter, Pinterest, ens.

Persoonlike eienskappe

  • Volledig tweetalig (Afrikaans en Engels), met ’n skerp oog vir spel- en taalfoute
  • Vermoë om binne ’n kreatiewe omgewing vinnig te leer en stylriglyne te volg
  • Vermoë om vinnig en akkuraat onder druk te werk
  • Goeie kommunikasievaardighede
  • Vriendelike, oop kollegialiteit
  • Betroubaar en trots op eie werk
  • Goeie tydsbestuur en die vermoë om te prioritiseer
  • Die vermoë om gefokus binne ’n kantooromgewing te werk en daaglikse take noukeurig af te handel
  • Die bereidwilligheid tot daaglikse roetinewerk
  • ’n Sintuig vir aktuele debatte
  • Tuis op en geesdriftig oor die potensiaal van sosiale netwerke.

Voordelig

  • Vaardigheid in HTML (Adobe Dreamweaver)
  • Vaardigheid in grafiese ontwerp (Adobe Photoshop)
  • Kennis van LitNet en ’n belangstelling in LitNet- en LitNet Akademies-inhoud
  • Belangstelling in grafiese ontwerp en goeie kennis van die internet
  • Kennis van en passie vir Suid-Afrikaanse boeke, musiek, kuns en kultuur
  • Geesdrif oor tegnologiese vernuwing en sosiale media
  • Kreatiwiteit.

Posbeskrywing

  • Tipe aanstelling: Kontrak (12 maande)
  • Vergoeding: Onderhandelbaar
  • Plek: Die LitNet-kantoor in Stellenbosch se historiese kern.

Aansoek 

Motiveer jou aansoek deeglik in Afrikaans. Sluit getuigskrifte en voorbeelde van jou werk in, of verstrek kontaknommers van persone wat jou werk ken en jou waardeer. Heg ’n volledige Afrikaanse curriculum vitae aan jou aansoek. 

Stuur jou aansoek aan beide profetiennevh@gmail.com en naomibruwer@litnet.co.za.
Sluitingsdatum: 30 Junie 2016

The post Pos beskikbaar by LitNet: Assistent-inhoudsbestuurder appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>