Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Woorde

$
0
0

Fotobron: notaphotoshoot.wordpress.com

Vir C

As my mond openlik kon praat,
sou ek woorde in jou hande plant
en vra dat jy na dit omsien
totdat die woorde sinne maak
en sinne stories maak
en naderhand, in jou hand, is jy.

Ek en jou woorde ken mekaar.
Ek wou al die taal deur jou arms trek
en vasbind agter jou blad,
sodat jy kan rondloop met my woorde
in die kaste langs jou bors.

Hoekom kan ek nie net my woorde
langs jou neerlê en my hoof
op jou ken laat slaap nie?

Ek wil binne jou skryf
en elke woord vir jou voer
totdat daar nie meer woorde oor is nie

en niks niks is nie.

The post Woorde appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>