Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21657

Vandag op die Woordfees TV-boekeprogram: Saterdag 16 Julie 2022

$
0
0

Het jy geweet jy kan vanjaar na al die boekeitems kyk wat jy verlede jaar op die TV misgeloop het – én nuwe boekgesprekke ook luister?

Hier is vandag se Woordfees TV-boekeprogram:

00:20 Rugby, wyn & Schalk Burger

As jong rugbyspeler is Schalk senior vir sy unieke ingooi-beweging bekend en hoe hy WP vir WP Liga gelos het. As boer ken hy wyn én gras, en as pa is hy al deur hel. Hy blaai saam met Willem deur sy ou foto’s en biografie, Just a moment.

Met Willem Pretorius as aanbieder

01:48 Die seuntjie met die rooi handsakkie

As ’n seuntjie het Pierre van der Merwe ’n tafeldoek om hom gebind, ’n netjie op sy kop geplak en met blommetjies gespeel hy’s ’n bruid. Vandag deel Elise Bishop haar merkwaardige lewensverhaal na ’n volledige geslagsverandering op 23.

Yvonne Beyers gesels met Elise Bishop.

04:26 Marco Botha – Die spore van Gert Saggiestrap

Tydens sy verblyf tussen die Ju/’hoansi-San in die Omahekestreek, Namibië, het Marco die idee gekry vir Gert Saggiestrap – ’n jongman met drome, maar omstandighede wat teen hom tel. Hy deel sy seldsame ervaring en foto’s met Bun Booyens.

04:58 Digtersparadys 2022

’n Goue herfsmiddag met poësie en musiekbegeleiding deur Wilken Calitz word afgesluit met Dean Balie se spesiale musikale voorlesing uit die nuwe Adam Small-versamelbundel.

Met Philip de Vos, Lynthia Julius, Elias P Nel, Louise Boshoff, Grant Jefthas en Franco Colin, Dean Balie (voorleser) en Kabous Meiring (aanbieder)

07:03 Willem Anker – Skepsel

Willem gesels met Louise Viljoen oor die vreemde wêreld van mens en masjien in sy bekroonde Skepsel, en sy hoofkarakters – ’n cyborg, ’n vrou met ’n sterwende pa in ’n slimhuis, en een wat deelneem aan ’n geheime uitgrawing in ’n yslandskap.

In gesprek met Louise Viljoen

Randy Januarie lees voor.

07:38 ’n Niewe era vi Kaaps

’n Taal wat groei, is ’n taal wat leef, sê digter en dosent Nathan Trantraal, digter en Suidooster-draaiboekskrywer Ryan Pedro, uitgewer Carolyn Meads en radio- en TV-aanbieder Lyntjie Jaars, met ’n kykie in Ronelda Kamfer se debuutroman.

Met Donovan Lawrence as aanbieder

11:30 Die Boereoorlog ingekleur

Tinus le Roux vertel hoekom hy juis ABO-foto’s wou inkleur, van die juwele waarop hy tydens sy navorsing afgekom het, en wys aan die hand van ’n paar voorbeelde hoe detail wat in die swart-en-wit weggesteek was na vore kom in die kleur.

Fransjohan Pretorius gesels met Tinus le Roux.

12:02 Wanneer gister en vandag nie lepellê

Diana Ferrus gesels met with Kirby van der Merwe (Eugene), Audrey Jantjies (As die katjiepiering blom) en Brian Fredericks (Hou jou oë oop). Die drie romansiers deel die agtergrondstories van hulle boeke, en ook hoe hulle die spanning ondersoek wat soms in hul gemeenskappe bestaan tussen iemand se komvandaan en sy lewe vandag.

Diana Ferrus gesels met Kirby van der Merwe, Audrey Jantjies en Brian Fredericks.

15:21 Ingrid Jones – Lockdown-reseptestories

’n Hartverwarmende kuier rondom komvandaanresepte met happies, waartydens Reuben Riffel die joernalis Ingrid Jones en Adéle Smith, Fahiem Stellenboom en Sandra van der Rheede uitvra oor hulle Facebook-gespeksblad wat ’n boek geword het.

Met Reuben Riffel as aanbieder

16:10 Anton Müller – ’n Outistiese seun onthou

Op sy unieke manier vertel Anton, Stellenbosch se outistiese dorpsbibliotekaris, vir Hannes van sy boek, hoe hy Ma Helen onthou en Paul Roos – die “gewone” laerskool waarop sy ma aangedring het – en wys hy hoe briljant hy met datums is.

Met Hannes van Wyk as gesprekleier en Anton se broer, Corrie Müller

Klik hier vir die volledige Woordfees TV-program.

The post Vandag op die Woordfees TV-boekeprogram: Saterdag 16 Julie 2022 appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21657

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>