100 inskrywings vir die Einstein-kompetisie het tot dusver op LitNet verskyn.
Die kompetisie daag nagraadse studente en jong dosente by universiteite uit om 'n eie navorsingsprojek kort saam te vat en met die publiek te deel. Nog inligting is hier beskikbaar.
Hier onder is 'n lys van 50 kompetisie-inskrywings wat gedurende Mei ontvang is. Lees ook die eerste 50 opsommings wat gedurende April gestuur is.
Kan jy ook jou navorsing in 130 karakters of minder opsom? Een sin kan jou R10 000 in die sak bring! Klik hier om aan die kompetisie deel te neem. Sluitingsdatum |
Moedig ons navorsers só aan:
• Klik op 'n navorser se naam vir verdere besonderhede.
• Klik op "(FB)" om 'n spesifieke inskrywing op Facebook te ondersteun.
Afrikaans en Nederlands
• Mooi of lelik. Arm of ryk. Swart of wit. Foutloos of misvormd. Wat bepaal of ander my gaan aanvaar of net verdra? – Florence Coertzen (FB)
• Kan rekenaargesteunde tolkopleiding bydra tot die ontwikkeling van selfassesseringsvaardighede in professionele tolke? – Elizabeth Deysel (FB)
Aptekerswese
• Mediese praktisyns se kennis, persepsie en voorskryfpraktyke ivm antibiotiese profilakse in pediatriese sjirurgie. – Nicolene van der Sandt (FB)
Argitektuur
• Transformerende drumpels in kunsruimtes: Wie stal kuns uit, wie kyk, wie maak, wie koop en wat het die gebou hiermee te doen? – Wanda Verster (FB)
Bedryfsielkunde
• Werkskonflik of werksbalans: in vandag se tyd speel werkseise en familie-eise werklik 'n groot rol onder verpleegsters. – Tilani du Preez (FB)
Biochemie
• Is die manier waarop ons wetenskaplike navorsing doen voldoende om sinvolle antwoorde te vind? – Christiaan Johann Swanepoel (FB)
• Bepaling van die genetiese kode, ontwikkeling van ‘n vaderskapstoets en bepaling van gene betrokke by kleurvariasie vir lovebirds. – Henriette van der Zwan (FB)
Chemie
• Die ontwikkeling en studie van nuwe kankerbeeldmiddels wat beter opneem in die liggaam, dus beskerm teen onnodige radioaktiwiteit. – Marisca Esterhuysen (FB)
Elektriese ingenieurswese
• Ondersoek die implementering en koste van direk-gekoppelde, kleinskaalse windturbines vir plase en landelike gebiede. – Stephan Erasmus (FB)
Engels
• Huidige streekvariasie in Suid-Afrikaanse Engels steun die opvatting dat postkoloniale Engels wêreldwyd ’n gemene lewensiklus het. – Deon du Plessis (FB)
Finansies, risikobestuur en bankwese
• Die batekwaliteit van genoteerde banke in Suid-Afrika: die effek op jou sak en die impak op die land. – Coert Erasmus (FB)
Fisika
• Ons wil biologiese deeltjies in die fokus van 'n laser vang, hulle kan manipuleer en 'n beeld met 'n gevorderder mikroskoop neem. – Anneke Erasmus (FB)
• Ek ontwerp instrumente om radioaktiewe atoomkernhalfleeftye te meet en rekenaarprogramme vir die simulasie van die eksperimente. – Bhivek Singh (FB)
Fisiologie
• Seinterugvoering van vervaardigde nanokalsiumfosfaatsteiers vir beenweefseltoepassings – verbetering en herstrukturering in been. – Ilse du Preez (FB)
Genetika
• Koringluis in die visier: ons bestudeer plantpeste vir beter brood op die tafel! – Anandi Bierman (FB)
• Vang fungusinfeksies in wingerde met die broek op die knieë deur gebruik te maak van ʼn “klikbek”-biosensorplant. – Henry Janse van Rensburg (FB)
• Wie wil weet wat was doen? Die ontdekkingstog na die beskermende funksie en oorerwing van die druiwekorrel se natuurlike waslaag. – Jessica Vervalle (FB)
Geografie en omgewingsbestuur
• Ek kyk na volhoubare landboupraktyke en omgewingsimpakte om sodoende voedselsekuriteit te verbeter vir die mense in ons land. – Wihan Pretorius (FB)
Godsdiens en teologie
• Help die klassieke Christelike kategorieë van sonde as hubris of luiheid ons etiese nadenke oor moderne biotegnologie? – Manitza Kotze (FB)
Handelsreg
• Sukkel jy om jou verbandpaaiemente te betaal? Gebruik die Nasionale Kredietwet en die Grondwet om jou huis te probeer red. – Reghard Brits (FB)
Hortologie
• Die samestelling van die waslaag wat pruimskille bedek en die invloed daarvan op vrugvogverlies en skilverrimpeling. – Imke Kritzinger (FB)
Ingenieurswese
• Met die wete dat ons relatief min elektrisiteit kan stoor, hoe versprei ons wind- en sonplase om vir ons betroubare krag te lewer? – Chris Joubert (FB)
• Masjiene is maklik; mense is moeilik. Hoe spoor 'n mens werknemers aan? Hier is die antwoorde in 'n neutedop soos nooit tevore! – Erik Loots (FB)
• Waarom is daar altyd genoeg tyd en geld om ’n projek oor te doen, maar nooit genoeg daarvan om dit die 1ste keer reg te doen nie? – Pieter Muller (FB)
Joernalistiek
• My navorsingstema is die mate waartoe persvryheid sedert apartheid toegeneem het.
– Michelle van der Spuy (FB)
Kommunikasie
• Suid-Afrikaners se deelname aan #ZumaMustFall: 'n Plaaslike beweging binne die konteks van sosiale-media-aktivisme op Twitter. – Shaun Frazao (FB)
Kriminologie
• Mense het 'n probleem daarmee dat dit nie 'n probleem is dat so baie jongmense “sext” nie – en dis 'n probleem! – Melissa Meyer (FB)
Kunsgeskiedenis
• Om te verdwyn: die kuns van politiek teenoor die politiek van kuns in die uitbeelding van mensehandel. – Francois Pretorius (FB)
Mediese virologie
• Vlieënde gashere! Die ekologie en diversiteit van astrovirusse van Suid-Afrikaanse vlermuise word bestudeer. – Karlien Barnard (FB)
Mikrobiologie
• Van wit eiergeel na goue eiergeel: Die effek van 'n antioksidant-produserende bakterium op die kwaliteit van die eier. – Tersia Conradie (FB)
Molekulêre biologie en mensgenetika
• TB vermoor sonder vooroordeel van mens tot grootwild, maar binnekort is dit iets van die verlede. Superheld gevind! – Wynand Goosen (FB)
Musiek
• Die ervaring van musiekgegradueerdes en hoe relevant die kurrikulum was ten opsigte van die vaardighede benodig in die werksplek. – Ellré Jacobs (FB)
Natuurwetenskap
• Toekomstige voedselsekuriteit: Hoe pas Lusern se broer sy stikstoffiksasie en koolstof aan by verskillende tipes fosfaatstres? – Lida-Mari Groenewald (FB)
Omgewingswetenskap
• Kwikvergiftiging: hoekom 'n oortollige visinname ongunstig, en selfs noodlottig, mag wees.
– Monray Belelie (FB)
Plant- en dierkunde
• Vlieë in die fynbos: 'n belangrike insekbestuiwer se genetika dui antieke oorsprong van ons fynbosbioom aan. – Marinus de Jager (FB)
Prosesingenieurswese
• Anaërobiese vertering: hoe metaan en 'n mikrobiese minagting van suurstof die spilpunt van die water-energie-voedsel-neksus vorm. – Tobi Louw (FB)
Psigiatrie
• Onttrekking van tik veroorsaak inflammasie en verandering van metabolisme in die brein, met gevolge vir alledaagse funksionering. – Antoinette Burger (FB)
Regte
• Sosiale media gee aanlynnuus vlerke. As die storie oor jou gaan, beskerm die reg jou genoeg? En as die joernalis jou belaster? – Helene Eloff (FB)
• 'n Ondersoek na die sosiale/menseregte en verpligtinge van die betrokke partye in 'n publieke-private samewerkingsooreenkoms. – Josua Loots (FB)
• Volhoubare ontwikkeling: kniehalter omgewingsreg dalk die ontwikkeling van hernubare energiebronne as oplossing? – Janah Miller (FB)
• Regsperspektiewe op gemeenskapsgebaseerde natuurlikehulpbronbestuur in die bekamping van onwettige aktiwiteite teen wilde diere. – Inge Snyman (FB)
• Fiskale beleid: Hoe kan ons belastingaansporings gebruik om beleggings in hernubare energie aan te wakker? – Lee-Ann Steenkamp (FB)
• Ek ondersoek hoe en hoekom die privaatsektor die voortou neem in innovasie en regulasie van Suid-Afrika se energie-toekoms. – Melani van der Merwe (FB)
• Die howe se uitlegbenadering tot arbeidswetgewing het nie die beoogde hervorming van die Suid-Afrikaanse samelewing meegebring nie – Marius van Staden (FB)
• Kan die algemene trust in Suid-Afrika korrek as 'n kontrak ten gunste van begunstigdes beskryf word of is die trust eiesoortig? – Rika van Zyl (FB)
Rekeningkunde en ouditkunde
• Ons wil rekenmeesters en ouditeure help om die finansiële state van deeltitelkomplekse meer verstaanbaar en toeganklik te maak. – Léandi Steenkamp (FB)
Soölogie en entomologie
• Beboude baaie en hoe ons bedreigde Knysna-seeperd daarin seëvier. – Louw Claassens (FB)
Spraak-taalpatologie en oudiologie
• Demografiese ondersoek na die toename in voorkoms van outisme onder Suid-Afrikaanse skoolgaande kinders – staat- en privaatskole. – Sumari van Biljon (FB)
Toegepaste wiskunde
• Ons bou 'n sagtewarestelsel wat met voorbeelde leer hoe om konteks te gebruik sodat voorwerpe in beelde meer akkuraat erken word. – Andrea Fourie (FB)
Voeding
• Die verskil tussen ons graan- en grasgevoerde vleis vir 'n gesonde dieet? Graanvoer beteken minder vet, grasvoer meer goeie vette. – Nicolette Hall (FB)
Geniet jy die Einstein-kompetisie? Nuwe kompetisie-inskrywings sal tot op die sluitingsdatum, 29 Junie 2016, voortdurend op LitNet verskyn. |
The post Einstein-kompetisie: 100 Afrikaanse Einsteins appeared first on LitNet.