Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20660

Suid-Afrikaanse skrywers prominent by Frankfurt-boekeskou 2015

$
0
0

frankfurt_banner

Marga Stoffer, Simone Hough, Catrina Wessels en Annie Olivier by NB-Uitgewers se stalletjie

 

NB-Uitgewers se stalletjie by die Frankfurt-boekeskou (13–18 Oktober 2015) het die oog gevang van internasionale uitgewers, die Duitse publiek en selfs ’n Duitse televisiespan. Drie van ons skrywers, onder wie Deon Meyer, het die boekeskou bygewoon.

frankfurt4

Sifiso Mzobe was ’n fokuspunt by Peter Hammer Verlag se stalletjie

frankfurt1

Marga Stoffer en Pieter Rouwendal (uitgewer by Brevier Uitgeverij) teken kontrak

frankfurt3

Thomas Brükner (vertaler), Rachel Zadok, Niq Mhlongo en Gunther Geltinger (vertaler en skrywer)

frankfurt2

Rachel Zadok en Niq Mhlongo

frankfurt5

Onderhoud met Monika Bilstein van Peter Hammer Verlag, uitgewer van die Duitse uitgawe van Young Blood

frankfurt6

Deon Meyer saam met gaste

Die Frankfurter Buchmesse is die grootste en oudste boekeskou ter wêreld. Dit lok jaarliks meer as 270 000 besoekers en omtrent 7 103 uitstallers van oor die wêreld heen. NB-Uitgewers se span het bestaan uit Marga Stoffer (uitgewersbestuurder), Catrina Wessels (kontrakte- en regtebestuurder), Annie Olivier en Simone Hough (uitgewer van niefiksie en van kinder- en jeugboeke onderskeidelik). Ons fokus was, soos gewoonlik, op die verkope van regte aan internasionale uitgewers. Die besoek was vol hoogtepunte, waarvan ons ’n paar wil uitlig.

NB-Uitgewers se skrywers was vanjaar prominent by die skou. Die Frankfurt-boekeskou het saamgeval met die verskyning van die Duitse uitgawe van Ikarus deur Deon Meyer. Deon is dus in Duitsland vir ’n skrywerstoer en kon gesellig saamkuier met sy uitgewers van oor die hele wêreld tydens ’n aandete wat deur sy agent en Duitse uitgewer gesamentlik gereël is.

Verskeie van Kwela se skrywers was in die kollig. Die Duitse uitgawe van Sifiso Mzobe se bekroonde roman Young Blood was op die sogenaamde Hot List, ’n lys van die tien beste boeke wat vanjaar deur onafhanklike Duitse uitgewerye uitgegee is. Die prysgeleentheid het by die Literaturhaus in Frankfurt plaasgevind en hoewel Young Blood nie gewen het nie, was daar ’n goeie bespreking en groot belangstelling in die roman.

Niq Mhlongo en Rachel Zadok het deelgeneem aan ’n paneelbespreking oor Suid-Afrikaanse literatuur en het, voor ’n volgepakte gehoor, uit hul werk voorgelees. Die Duitse uitgawe van Way Back Home, Niq Mhlongo se jongste roman, het vroeër vanjaar verskyn en kry baie aandag in die media. Niq is tans op ’n uitgebreide toer van Duitsland, Switserland en Oostenryk. Op haar beurt het Rachel Zadok pas ’n skrywersverblyf op die Duitse eiland Sylt voltooi en is tans op ’n uitruilprogram vir skrywers in Keulen.

Niq en Rachel het ook NB se stalletjie aangedoen.

Dit was ’n vol week met afsprake al om die halfuur, waartydens NB se span ons boeke – fiksie, niefiksie, sowel as kinder- en jeugboeke – aan belangstellende uitgewers voorgelê het. Ons het ’n kontrak gesluit met Brevier Uitgeverij vir die Nederlandse vertaalregte vir Verliesfontein deur Karel Schoeman. Brevier het reeds Hierdie lewe en Die uur van die engel in Nederland uitgegee, waar dit besonder goed ontvang is.

Tussendeur was daar darem tyd om die kwarteindstryd tussen die Springbokke en Wallis te kyk.

Ná ’n inspirerende week saam met boekliefhebbers van oor die hele wêreld is dit tyd om terug te keer na tuisbodem. Catrina Wessels sit haar reis voort na Pole, waar sy by die Departement Suid-Afrikaanse studies van die Adam Mickiewicz-universiteit in Poznan ’n lesing gee oor die Suid-Afrikaanse uitgewerslandskap.

frankfurt7

Catrina Wessels, Rachel Zadok, Niq Mhlongo en Marga Stoffer

frankfurt8

Isobel Dixon van Blake Friedmann Literary Agency

 

The post Suid-Afrikaanse skrywers prominent by Frankfurt-boekeskou 2015 appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20660

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!