Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20660

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Zelda Bezuidenhout se kortverhaal oor siekte en sustersliefde

$
0
0

Foto van Zelda Bezuidenhout: Facebook

Ingonyama en ander maats met leeueharte: ’n Kortverhaalbundel
Saamgestel deur Carin Krahtz
Uitgewer: Best Books, NB–Uitgewers
ISBN: 978–1–7760–7303–0

Is jy ’n onderwyser en is jy in hierdie moedelose pandemietyd wat so ’n groot impak op die Suid–Afrikaanse onderwysstelsel het, op soek na lesmateriaal wat jou leerders sowel as vir jou sal inspireer? Ingonyama en ander maats met leeueharte is ’n boek wat onlangs by BestBooks verskyn het en met vrug in die klaskamer ingespan kan word. Gebruik dit vir begripstoetse, kreatiewe skryfprojekte en lekkerlees.

Zelda Bezuidenhout praat met Naomi Meyer oor Zelda se kortverhaal oor familie en siekte, “Twee vir die prys van een”, wat in die Ingonyama-bundel opgeneem is.

Zelda, jy het "Twee vir die prys van een" geskryf. Waar het jy die inspirasie vir die verhaal gekry? 

.......

Carin Krahtz het vir elke skrywer ’n onderwerp gegee om oor te skryf en myne was "Siekte en deernis". Dit was kort nadat ek my eie broer verloor het, en ek was intens bewus van die yslike gat in my hart, en hoe ek nou die enigste kurator van ons gedeelde geskiedenis is.

.........

Carin Krahtz het vir elke skrywer ’n onderwerp gegee om oor te skryf en myne was "Siekte en deernis". Dit was kort nadat ek my eie broer verloor het, en ek was intens bewus van die yslike gat in my hart, en hoe ek nou die enigste kurator van ons gedeelde geskiedenis is. Ek was ook besig om navorsing te doen vir ’n grootmensroman – Die waarde van stil bure – en het baie oor identiese tweelinge gelees. Ek dink “Twee vir die prys van een” was ’n natuurlike uitvloeisel van my gemoedstoestand en dit waarmee ek besig was in daardie tyd.

Ek was aanvanklik huiwerig om oor ernstige siekte vir daardie ouderdomsgroep te skryf, maar het gou besef dat kinders van jongs af aan dié soort trauma blootgestel word. Soos alle stories met "ongemaklike" onderwerpe, sal dié een hulle hopelik minder alleen laat voel.

Sal jy in ’n paar sinne jou storie en iets oor die karakters kan vertel?

......

Mieke en Marna is identiese-tweeling-sussies. Maar Mieke is so ernstig siek dat sy nie meer skool toe gaan nie. Vir die eerste keer in haar lewe is Marna nie meer deel van ’n pakket nie. ("Twee vir die prys van een, soos ’n winskopie by Checkers.")

.........

Mieke en Marna is identiese-tweeling-sussies. Maar Mieke is so ernstig siek dat sy nie meer skool toe gaan nie. Vir die eerste keer in haar lewe is Marna nie meer deel van ’n pakket nie. ("Twee vir die prys van een, soos ’n winskopie by Checkers.") Sy is die enigste kind in die kar wanneer sy en haar ma skool toe ry. Dis vir haar wonderlik dat haar kosblik uniek is – nét vir haar gepak. Dat die onderwysers nie meer op die klaslys hoef te kyk waar sy sit om uit te vind of sy Mieke of Marna is nie. Sy begin eintlik skuldig voel oor die feit dat sy hierdie toestand van uniek wees so geniet. Veral wanneer sy op ’n lysie afkom wat Mieke opgestel het met dinge wat sy graag wil doen voor sy doodgaan. Want amper elke ding op die lys wil Mieke saam met haar wat Marna is, doen. Wanneer sy twee aaklige meisies hoor sê "Mieke rym met sieke", is sy woedend en besef sy opnuut hoe lief sy haar sussie het. 

Jou storie handel oor ’n donker tema van siekte, en jong lesers word in die tyd van Covid dalk meer gereeld as gewoonlik daarmee gekonfronteer. Jou storie is terselfdertyd hartverwarmend en ek weet jong lesers gaan lekker daaraan lees. Watter voorstelle het jy vir onderwysers wat die storie in die klas sal wil gebruik?

......

Ek dink die verhaal is ’n lekker wegspringplek om te gesels oor die voor- en nadele van sibbe, hoe ’n mens jou broer/suster soms tegelyk liefhet én wens hulle wil net verdwyn. Dit dek ook die tafel vir ’n gesprek oor siekte en dood.

........

Ek dink die verhaal is ’n lekker wegspringplek om te gesels oor die voor- en nadele van sibbe, hoe ’n mens jou broer/suster soms tegelyk liefhet én wens hulle wil net verdwyn. Dit dek ook die tafel vir ’n gesprek oor siekte en dood. Soos jy sê, in hierdie tyd van die virus gesels en wroeg die grootmense aanmekaar oor Covid en sy gevolge. Ek dink kinders voel bang en verlore, want hulle is nie noodwendig deel van dié gesprekke nie, maar dikwels binne hoorafstand van die mees tragiese verhale. Was jy of iemand wat jy lief het, al baie siek? Hoe het dit jou laat voel? Hoe kan ’n mens ’n maatjie ondersteun wat siek is of iemand na aan hulle verloor het? 

Lees ook:

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Chase Rhys se Kaapse kortverhaal oor buitengewone mense

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Fanie Viljoen se kortverhaal oor kunsmatige intelligensie

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Nelia Engelbrecht se kortverhaal oor vreemde familielede

 

The post Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Zelda Bezuidenhout se kortverhaal oor siekte en sustersliefde appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20660

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>