Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Bywoners

$
0
0

Foto: Canva.com

Bywoners

INBREKER, jou hart is verteer deur die magma van jou haat
jou oë spuug lawa van smaad
die straat se universiteit het jou grootgemaak
jou cum laude in balaklawa van wraak.

GRONDGRYPER, gryp jy Suid-Afrika-grond
– brandende band in die hand –
vir ’n dak oor jou kop of holte vir jou gewraakte voet?
is dit jou gekose plek om jou blesse kop te plaas,
is dit waar jy finaal gaan rus?
gaan jy werklik rus aldaar?
of gryp jy die grond om dit eers te verneder
en dan te verkoop?
waarom vuisslaan as die vure rondom ons woed?
stof is ons almal grondgryper
bywoners aldus.

DWELMHANDELAAR, skurk van alle skurke
meesterdief van lewens noem ek jou
“orkestreerder van die mortuary”
want jy klok ons kinders in, een vir een ...
jóú hand die bode wat gif aanspoeg in onse kind se aar.
vir wat? die rande in jou sak?
hoe swaar weeg jou sak van rande?

MOORDENAAR, bloed op jou hande, dolk in my hart
het jy die geveg gewen maar die oorlog verloor
my liggaam kon jy skend maar aan my siel kan jy nie raak.
jou bose drievurktong jou metgesel, met satan as jou kompas
maar ook jy gaan jou laaste asem uit moet blaas
terwyl onse God notas maak

Stof is ons almal

The post Bywoners appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>