Hier op die rotse
Hier op die rotse
het sy duskant die lighuis gelê
die branders was te woes
die winde was te sterk
haar roer het gebreek
haar in die steek gelaat
sodat sy verdwaal het
op die rotse beland het
hier op die rotse
het sy gelê en doodbloei
sy kon voel hoe die lewe wegdryf
uit haar brose liggaam uit
later het haar polse leeggeloop
haar bloed opgeraak
oop oë het hulle haar gekry
daardie oggend
dood – leeg gebloei
oor ’n lewe wat net te veel was
oor ’n liefde wat gebreek was
hier op die rotse
is sy daardie nag hier weg
na ’n ander baai
waar nie hartseer is nie
waar sy hierdie lewe
nie sal mis nie.
The post Hier op die rotse appeared first on LitNet.