Carina Stander skryf elders op Facebook:
En daar stap nog ’n groot gees oor die grens van plek en tyd. My pa en ma, die Sotho-mama wat 36 jaar vir my ouers gewerk het, my drie tannies, twee neefs, twee vroue in my straat, my vriendin in Plett, my kind se Xhosajuffrou en nou ook Theuns Jordaan - soveel het in 2021 ter siele gegaan. Hemel, kan almal asseblieftog net vir ’n rukkie ophou doodgaan vanjaar...? Hier onder die eerste song (geskryf deur Gert Vlok Nel) van Theuns wat ek gehoor het, dekades gelede, en wat ek op repeat geluister het in die tyd toe ons oorsee gewoon het. Wat ’n stem. Wat ’n stilte waarmee ons wat agterbly, moet saamleef.
The post Elders gesien: Theuns Jordaan en vanjaar se verliese appeared first on LitNet.