Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20660

FW de Klerk, die mens

$
0
0

Fotobron: Library Am Guisanplatz (de), Collection Rutishauser, CC BY-SA 4.0, https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=74185686

“Just listen. Respect your adversaries.” Elita de Klerk aan FW de Klerk

........

In 1993 het Time vir FW de Klerk, Nelson Mandela, Yitzak Rabin van Israel en Jasser Arafat van Palestina as die manne van die jaar gekies.

.........

In 1993 het Time vir FW de Klerk, Nelson Mandela, Yitzak Rabin van Israel en Jasser Arafat van Palestina as die manne van die jaar gekies.

Vreemde geselskap, maar tekenend van die tyd van onderhandeling. Teen daardie tyd het FW de Klerk en Nelson Mandela ook die Nobel-vredesprys gewen. Onderhandeling, selfs moontlik versoening, was wêreldnuus.

Suid-Afrika, reeds in hoogty van verandering, was amper beleërd deur eielandse ondersteuning, kritiek, dreigemente, argwaan, bespotting. Hoe op aarde versoen enigeen, of hoe wil enigeen, hierdie kwasterige verdeelde, etiese lappieskombers van ’n land versoen of verenig? Te veel kulture, te veel eiebelang; te veel wapens, dalk ook assegaaie, versteek; te veel onkunde. Hoe kon ’n “sagte” De Klerk en ’n keiharde vegter soos Mandela ooit gemene grond vind?

In  die Uniegebou het die president, Frederik Willem de Klerk, gesit. Verslae het ingestroom. Raad van dese en gene was volop. FW was wel ’n luisteraar, maar nie soseer ’n instemmer nie. Sy heersende  irritasie en probleem was die verhouding met Nelson Mandela, sy primêre strydgenoot en ook die man met wie hy die wa deur die drif moes stoot. Hy het geweet dat Mandela die meester was om ’n skare te begogel. Mandela self moes fyntrap tussen die veeleisende terugkerende  ANC-“exiles” en die reeds uiters moeë ANC-binnelanders (“insiles” – amper soos hy self). Tot groot hoogte is hierdie mense nie in getalle in kaderontplooiing opgeneem nie.

........

Die vreemde agterdrama in hierdie tyd is nooit aan die groot klok gehang nie. Beide  Mandela en De Klerk se persoonlike huislike lewens was in flarde.

........

Die vreemde agterdrama in hierdie tyd is nooit aan die groot klok gehang nie. Beide  Mandela en De Klerk se persoonlike huislike lewens was in flarde. Skunnighede oor (veral) FW se gebroke huwelik en moontlike nuwe liefde sou wel in skindergroepe gedy.

FW was nie ’n rasieleier nie. Dat hy wel kontra reëls kon “knoei” was egter al duidelik toe hy as studentevoorsitter op Potchefstroom ’n vergadering met Albert Luthuli “onwettig” in ’n gehuurde saal langs die Mooirivier gehou het sodat die PUK-owerheid geen seggenskap sou hê nie.

Prokureur, gesalfde uit voorsate wat diep in die politiek betrokke was (sy slawevoormoeder was Susanna van Bengale), het hy vroeg in sy politieke loopbaan gou ministeriële vlak bereik. Sy huwelik met die uiters slim, maar soms uiters gespanne  Marike Willemse, en latere drie kinders was korrek en voorbeeldig.      

FW was nie ’n filosoof nie, het nie artikels geskryf nie, het nie hardop radikale toekomsideale bespreek nie. Hy was ’n pragmatis. ’n Dopper, het hy homself skertsend verduidelik oor hierdie vraag. Wat dit ook mag beteken. Maar hy het ’n besonder reglynige sin vir orde, het hy meewarig ingestem. Daarvoor het hy nie verskoning gemaak nie.

Sy broer, allerweë bekend as Wimpie, het die verbeelding aangegryp met sy “verligte teenoor verkrampte”-stelling oor Afrikaners. FW het nooit kant gekies nie.

Tot groot hoogte sou hy as konserwatief, eerder as verkramp, beskou word.

Sy begrip en pleidooi vir die sg driekamerparlement in 1983 het nie allerweë byval gevind onder die Nasionale Party-ondersteuners nie, en die wegkalwery van die party het begin. FW het aan die beswaardes probeer verduidelik dat die “vierde kamer”, waar swart Suid-Afrikaners verteenwoordig sou wees, nog sal kom, maar dit kos stapsgewyse optrede.

Die gespanne PW Botha-FW de Klerk-verhouding was in die binnekring bekend. Botha, sterk militaristies ingestel, en bedag op die opbou van sterk sosialistiese (lees oa Russiese en later Kubaanse) magte op die grens, het die bombasme van die hoofleier uitgeleef. De Klerk, ’n prosesman, was ’n tafelonderhandelaar.

Die geskiedenis kan dalk vir FW as PW se nemesis beskryf. PW het al in 1987 ’n beroerte gehad. Sy vurige temperament het vuriger geword. FW as Transvaal-NP-leier moes uiteindelik ’n verswakte PW vra om as president te bedank. Woedend, amper vernederend, het PW Botha bedank. Op 11 Augustus het FW president geword. Hy het ANC-gevangenes vrygelaat, Mandela ontmoet, die nou-of-nooit opwindende plan gemaak om apartheid van die tafel te vee.

Op 2 Februarie 1990 breek FW die spreekwoordelike toue wat wit en swart skei. Sy groot vriend en vetroueling, Gerrit Viljoen, kon weens kwynende gesondheid nie die rol as regeringspleitbesorger by die drie jaar lange vredeskonferensie, Kodesa, onderneem nie. ’n Jonger man, Roelf  Meyer, word ingespan. ’n Verhouding tussen die tafelonderhandelaars Meyer en Cyril Ramaphosa van die ANC ontwikkel in ’n vriendskapsverhouding vir die geskiedenisboeke.

........

Op 2 Februarie 1990 breek FW die spreekwoordelike toue wat wit en swart skei. Sy groot vriend en vetroueling, Gerrit Viljoen, kon weens kwynende gesondheid nie die rol as regeringspleitbesorger by die drie jaar lange vredeskonferensie, Kodesa, onderneem nie. ’n Jonger man, Roelf  Meyer, word ingespan. ’n Verhouding tussen die tafelonderhandelaars Meyer en Cyril Ramaphosa van die ANC ontwikkel in ’n vriendskapsverhouding vir die geskiedenisboeke.

.........

Die proses verloop met stampe en stote. Dramas ontvou. Uitjouery, selfs optogte, en veral die optog deur die Afrikaner Weerstandsbeweging wat ’n pantservoertuig deur die onderhandelingsgebou bestuur, dreig-dreig die delikate proses.

Later sou FW de Klerk vertel dat “dit alles” nie sou kon gebeur het as PW nie al destyds begin het om apartheid te probeer aftakel nie. Was dit dalk die rede waarom Andries Treurnicht in 1982 die NP versaak het om die Konserwatiewe Party te stig? Hy sou nie geweet het nie, het FW gesê. Maar die gedagte was gesaai.

En hy? In daardie jare? Daar was ’n ooreenkoms dat hy en sy geliefde, Elita Georgiardis, mekaar vir twee jaar nie sou sien nie en dat die twee se families die saak goed bespreek het. Hy het haar gemis. Sy was “so lost”, maar steeds prakties. Sy het (voor Kodesa) gesê: “Just listen. Respect your adversaries.”

Hoewel die werk van die regering van nasionale eenheid hom nie enduit laat hou het nie, het FW hom “verloor” in die genot van die onderhandeling en voorbereiding vir die nuwe grondwet. Dit sou sy toekomswerk word.

Die grondwet word aanvaar. Marike en FW skei; Tony en Elita het reeds geskei. FW en Elita trou in 1998. Marike en Elita maak ’n jaar later vrede. Marike word op 2 Desember 2001 tragies vermoor.   

In 1999 stig FW ’n stigting om hoofsaaklik grondwetlikheid te bevorder.

FW en Elita vlieg wyd oor die wêreld. Hulle ontmoet wêreldleiers en FW bevind hom aan baie tafels waar die kwessie van versoening en onderhandeling bespreek word.

In Suid-Afrika koop Elita graag Suid-Afrikaanse kuns. Haar Afrikaans sukkel. Sy leer egter die word “hedaan” vir “gedaan” en lag daaroor. Uiteindelik verdiep sy haar in die stigting en raak uiters entoesiasties oor grondwetlike sake.

Toe FW met longkanker gediagnoseer word, het sy hom verseker, asook later haar wye vriendekring (van kunstenaars tot handelaars tot ontwerpers tot akademici, toenemend ook baie jong en ouer swart en bruin Suid-Afrikaners op alle vlakke, en, natuurlik, ook Europese adel) dat sy haar tot Suid-Afrika verbind.

Met my laaste besoek aan hulle, terwyl Elita geesdriftig vertel van planne vir die stigting vorentoe, het ’n reeds brose FW ’n wye, bewonderende glimlag haar kant toe gerig. Sy kop geknik. Sy het teruggeglimlag. Amper cheeky.

Lees ook:

’n Daad het geskied: FW de Klerk se nalatenskap

FW de Klerk vra vir oulaas verskoning vir die pyn van apartheid

FW hét ’n keuse gehad

’n Daad het geskied: FW de Klerk se nalatenskap

The post FW de Klerk, die mens appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20660

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>