Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

FLF 2016: Die Ierse Swart Paasfees – vanuit die land sonder geheue

$
0
0

Bill Nasson en die omslag van sy boek wat later vanjaar by Penguin South Africa verskyn (foto van Bill Nasson: Lavonne Bosman, http://www.litnet.co.za/fotos-bekendstelling-van-die-oorlog-kom-huis-toe/)



 

Waar begin 'n gesprek? Vóór die ontmoeting. By die eerste vooroordele of verwagtinge.

In Franschhoek, by die vorige Franschhoekfees, is daar gepraat en agterna geskryf oor olifante in die feeslokale. Is literêre feeste in hierdie land te wit? is gevra. Dis met hierdie herinnering dat ek die Congregational Church betree, waar Bill Nasson die gehoor op die laaste dag van die Franschhoekfees oor Ierland se Swart Paasfees 'n eeu gelede toespreek.

Iewers op die uithoeke van Europa is daar 'n klein eiland waaraan die wêreld hulle nie juis steur nie, Suid-Afrikaners nog minder as die res. Ons almal het genoeg probleme van ons eie. As die Iere 'n geleentheid uit hul verlede herdenk, sal mens reken dis vir die meeste Suid-Afrikaners van min belang.

Tog is die Congregational Church, waar Nasson kom gesels, vol.

Die Easter Rising, waaroor Nasson sy lesing gaan lewer, het in 1916 in Dublin plaasgevind.

Triomfantelike woord vir 'n protesaksie, dié “Easter Rising”. Die onderdruktes wat opstaan vanuit hul posisie waar hul plat op die grond gelê het, die Iere wat regop gesteier het en hul teen die Britse Kroon verset het. En die titel verbind hierdie opstand met Paasfees ook. Die Iere, of hul nou kerk toe gaan of nie, is Katoliek tot in hul grein.

Terwyl ek gaan sit, dink ek aan Dublin se museum van dekoratiewe kuns en geskiedenis. Hier is 'n spesiale vertrek afgestaan aan die Ierse betrokkenheid by die Anglo-Boereoorlog. Uniforms van die Iere wat teen die Britte en van die Iere wat saam met die Britte in Suid-Afrika geveg het, word rugkant teen rugkant agter die vertoonvensters uitgestal. Die ambivalensie wat die Iere jeens die Britte ervaar (het), is duidelik sigbaar. Tog kry mens op besoek die gevoel dat die Iere se betrokkenheid by die Anglo-Boereoorlog nooit gehandel het oor 'n samehorigheid met die Boerekommando's nie, maar eerder weens protes teen die Britte, of dan weens 'n lojaliteit aan die Kroon. As jy 'n Springbokondersteuner is, grief die All Blacks jou. En as die Springbokke jou of jou mense in die verlede uitgesluit het, ondersteun jy einste die All Blacks. Met ander woorde: die Ierse logika maak vir Suid-Afrikaners wat in die geskiedenis belangstel, sin, tot vandag toe.

Die titel van Nasson se lesing is "Unbalanced emotionalism or republican romance: The 1916 Easter Rising in South African eyes".

Nasson open met 'n verwysing na die simboliese betekenis van die Anglo-Boereoorlog, 16 jaar voor die Easter Rising, vir die Iere. En vandat die Anglo-Boereoorlog in 1902 verby was, het negatiewe gevoelens jeens die Britte onder die oppervlak in Suid-Afrika bly sluimer. In Suid-Afrika het die Unie se Afrikanerrebellie in 1914 tot 1915 plaasgevind. En toe, 'n jaar later, vind die Easter Rising teen Engeland in Ierland plaas.

"For a moment, rebel Ireland became a might-be for a rebel South Africa might-have-been," sê Nasson. "But, the episode was also not a straightforward story for its own nationalists. For, while some applauded it, there were others who wrinkled their noses."

Hierdie dekade van 'n eeu gelede bied 'n raakpunt tussen die Ierse en die Suid-Afrikaanse geskiedenis. 'n Onsuksesvolle poging om in 1915 in die Kaapprovinsie op te staan en die Engelse te oorwin, slaag toe wel in Dublin, nogal by die algemene poskantoor, in 1916.

In Oktober van 1914 het die Iere vir Christiaan de Wet ondersteun en toe, in 1916, het De Wet briewe vir die Iere geskryf om sy samehorigheidsgevoel en ondersteuning teenoor Michael Collins, die sogenaamde Ierse De Wet, uit te spreek.

Maar nou is dit eers tyd om na vandag se konteks te kyk, sê Nasson. Vir die Iere is die Easter Rising 'n historiese sowel as 'n teenswoordige en hedendaags relevante gebeurtenis. Roy Foster se boek Vivid Faces: The Revolutionary Generation in Ireland, 1890–1923 illustreer die belang van hierdie gebeurtenis vir die Iere van vandag. Die Suid-Afrika van vandag skets egter 'n ander prentjie. Vir geskiedkundiges wat hul nou met die Suid-Afrikaanse geskiedenis besighou, is die Afrikanerrebellie van 1914 tot 1915 mikroskopies-marginaal, 'n voetnota. In Suid-Afrika is daar dus nie juis in 2014 'n gedagte geskenk aan die Afrikanerrebellie van 1914 nie. Dis alles veels te kompleks om te oordink of dit toelaatbaar is om aandag te gee aan hierdie geskiedenis. Behoort hierdie geskiedenis net aan die Boere? En wie en wat is die Boere, in elk geval? Is hulle die wit mense, van wie daar volgens sommiges se gevoel by die Franschhoekfees te veel is? Dus word dit eerder geïgnoreer.

Nasson praat oor 'n ander historiese figuur wat hom interesseer: generaal Christoffel Kemp, iemand wat lief was vir volstruisvere en pluiskuile. Kemp het graag verbande getrek tussen die Iere en die Boere. Nasson gesels ook oor Gerhardus Manie Maritz, wat lank in Britse domein moes bly, en nou die Iere tussen die Boere verwelkom het. Nasson skets hierdie karakters kleurvol en menslik. Dis juis leiers soos hierdie wat veroorsaak het dat daar 'n soort band en bewustheid bly voorbestaan het tussen Iere en Suid-Afrikaners in hul gemeenskaplike stryd teen die imperialistiese Kroon.

Toe Dublin se strate dus in 1916 brand, het die Ierse ontploffing groot aandag getrek in die Suid-Afrikaanse koerante: die Engelse, die Nederlands-Afrikaanse en ook die baie klein swart pers.

Van groot belang was dat daar in 1916 'n nuwe tydskrif deur Nasionale Pers die lig laat sien is: De Huisgenoot. Hierdie tydskrif is gestig met die oogmerk om Afrikanernasionalisme te bevorder. In hierdie tydskrif is daar nie berig oor ander oorloggebeure nie, maar in die eerste uitgawe is daar wel geskryf oor die Easter Rising. Kortom, vir die Boer in sy stryd teen die Brit was die Easter Rising 'n gebeurtenis om van kennis te neem. Tog was daar leiers onder die Boere wat dalk nasionalisties en gekant teen die Britte was, soos DF Malan, maar wat nie op enige radikale manier met die Ierse republikeine wou identifiseer nie. Hulle wou nie internasionaal moeilikheid maak nie. Die ondersteuning was dus ambivalent van aard. Emosioneel eerder as prakties.

Maar hoe het die swart elite in Suid-Afrika en hul minuskule pers op die Iere reageer?

As war broke, bringing with it what Abantu-Batho called “heinous” Afrikaner agitation, the authorities were assured that “the whole of bantudom will remain loyal to its Supreme Chief, His Majesty the King”. John Dube, inaugural president of the fledgling South African Native National Congress, founded in 1912 and the seedbed of the later African National Congress, confirmed that Africans were, ineradicably, “upstanding citizens of the glorious British Empire”. Outshining this – in the breadth of his gaze, anyway – was the leader of the major Cape-based Coloured political movement, the African Political Organisation or APO. In his trademark pinstriped suit, the cut of Abdullah Abdurahman’s politics was the cut of his Savile Row cloth. Reminding followers that they were “not less worthy than any other sons of the British Empire”, in 1914 Abdurahman called for their patriotic mobilisation, for “if the British Empire fell, they would all go down with it”.

Under its South African brand, Home Rule simply meant that black non-citizens were left to the use of the ruling white citizen minority. The interesting thing is how much hope was still placed in the Empire – and, specifically, in the Crown, as a residual moral guardian, a potential shield against acts of white injustice.

Ten slotte gesels Nasson oor nog 'n geskiedkundige figuur, Deneys Reitz. En dan verwys hy na Karel Schoeman (wat “Easter Rising” vertaal het as “Swart Paasfees”) se navorsing en boeke, soos sy 1966-reisjoernaal Berig uit die Vreemde: ‘n Ierse Dagboek.

The oppression of aristocratic England, Schoeman concluded, was the 1960s apartheid injustice of white South Africa. Inevitably, that would, he predicted, also come to an end. Look back to Ireland, he advised Afrikaans readers of Berig uit die Vreemde. The Easter Rising of 1916, he warned, had not been the end. It had been the beginning.

"But this, ladies and gentleman," sê Nasson droog. "Is also my end."

Ek verlaat die kerkgebou saam met die res van die wit feesgangers. Ek dink oor die term “Swart Paasfees”, so bietjie betekenisloos vir soveel Suid-Afrikaners vandag.

Maar ek, wat hier in my motor klim en terugjaag na my middelklasbestaan, oordink waar dit begin het, waarom daar vandag nog gesprekke is oor oorheersing, en protes en opstand plaasvind. Dit is ongemaklik, 'n soort opstand in my gemaksone.

By die Franschhoekfees vanjaar was daar soveel verhale aan bod. Daar is baie stories vertel, sommige meer subtiel as ander. Hier is 'n geskiedenis, en dis almal s'n. As jy as Suid-Afrikaner jouself nie in die geskiedenis raaksien nie, is dit 'n aanklag. Maar dan moet jy ook mooier kyk: Wie was jou bondgenote, en hoekom? En wie is hulle vandag?

Bill Nasson se lesing oor die Easter Rising was 'n wonderlike sleutel. Sy boek wat later vanjaar verskyn, heet nie verniet History Matters nie. Ek wens nog meer en alle Suid-Afrikaners was hier, om daardie sleutel in sy slim slot te kon druk:

The Easter Rising of 1916, he warned, had not been the end. It had been the beginning.

Hoe meer ons die geskiedenis met elke begin en elke slot leer ken, hoe stewiger vat ons die sleutel vas en kan ons verstaan om die deur vir almal oop te maak.

Bill Nasson se volledige lesing by die Franschhoekfees sal saam met sy ander skrywes opgeneem word in sy boek History Matters, Selected Writings 1970–2016, wat later vanjaar by Penguin South Africa verskyn

  • Naomi Meyer het byna 'n dekade lank in Ierland gewoon.

 

The post FLF 2016: Die Ierse Swart Paasfees – vanuit die land sonder geheue appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>