Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20660

Koerantkamerade deur Hennie van Deventer: ’n lesersindruk

$
0
0

Koerantkamerade
Hennie van Deventer
Naledi
SKU: 9781928530602

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer geskryf en aan LitNet gestuur.

Kamerade word in ’n ou Duitse liedjie besing: “Ich hatt’ einen Kameraden, Einen besser’n findst du nicht.”

Kameraad beteken onder meer makker, strydgenoot, vriend, maat. Selfs wapenbroer.

Die spesie koerantman of joernalis het makkers of strydgenote in mense wat agter die papiergordyn werk, of daar gewerk het. Mense wat lief is vir die gevoel van papier of die reuk van drukkersink. So is dit ook in ander beroepsrigtings waar kameraderie voorkom.

Dikwels het koerante (veral vroeër jare) in kommentaarrubrieke hulde gebring aan iemand wat hom onderskei het in die kringe waarin hy op die lewenspad beweeg het. Nuusmakers.

.......

Hennie van Deventer, oudredakteur van Volksblad en gewese hoof van koerante by Naspers/Media24, het ’n prysenswaardige taak aangepak in Koerantkamerade, volgens hom sy laaste boek – nommer 20.

........

Hennie van Deventer, oudredakteur van Volksblad en gewese hoof van koerante by Naspers/Media24, het ’n prysenswaardige taak aangepak in Koerantkamerade, volgens hom sy laaste boek – nommer 20. (Dit is sy sesde boek met ’n koerantagtergrond.)

Hy noem die inhoud van die boek informele “grafskrifte” vir ’n 50 stuks koerantkamerade, mense wat veral in die vorige eeu in die koerantesfeer gearbei het. Aan hulle bring hy hulde soos blomme na ’n graf. Rose? En dalk ’n paar dorinkies?

Ontslapenheid was vir hom die primêre kwalifikasie, en al ander voorwaarde was voldoende persoonlike kennis of herinneringe, asook die beskikbaarheid van inligting en anekdotes.

Hy vertel van die lewe en werk van verskeie mense in die koerantwêreld. Van sogenaamde groot karakters of mense van statuur. Maar ook van hulle agter die skerms; diegene wat nie bekende openbare figure was nie. Verdienste, rol of nalatenskap was geen maatstaf nie.

Maar almal is al saliger. En die lys van mense wat uit sy bos gekap is, word al hoe langer ... (Die titel van nog ’n boek uit sy pen is Byl in my bos, Griffel 2009.)

Om ’n moontlike leser lus te maak om hierdie onderhoudende boek oor Van Deventer se koerantkamerade te lees, net ’n paar kort grepe uit van die 52 hoofstukke.

– Piet Cillié, redakteur van Die Burger, later professor in joernalistiek in Stellenbosch en voorsitter van Nasionale Pers:

’n Nuwe jong klerk in Die Burger se advertensie-afdeling vra in Keeromstraat 30 se gange vir ’n korterige man wat hy raakloop die pad na die sportredaksie se kantore.

“Is jy nuut hier?” kom die wedervraag.

“Ja, net gister begin.”

“O,” sê die man (toe redakteur) en steek sy hand uit, “welkom by Die Burger – my naam is Piet en ek werk ook hier.” Dit was so tipies van die geen-nonsens Piet Cillié.

– Wynand Mouton, voorste kernwetenskaplike, oudrektor van die Universiteit van die Vrystaat, voorsitter van die SAUK-raad (en vriend van Volksblad):

Op “Nantie se hoekie” (by Cuthberts in die hoofstraat van Bloemfontein) het hy as jong seun na die Tweede Wêreldoorlog elke middag vir sakgeldjies die koerant verkoop. Die skrywer sê koerantverkopertjies se rol lyk beskeie. “Maar as dit onbesonge in die vergetelheid verdwyn (niemand roep meer op straathoeke ’Volksblaaad!’ nie), sal dit ’n sonde wees.”

Dan deel die skrywer verskeie anekdotes oor hierdie besonderse en nederig-minsame mens-mens.

– Ryno Verster, arts en bergklimmer en 43 jaar lank rubriekskrywer van Volksblad as “Dokter Goedhart gee raad” (wat seker ’n wêreldrekord was):

Hy was vanweë sy rubriek en die boekies Wat elke seun moet weet en Wat elke meisie moet weet landwyd bekend. Hy was glo ’n karnallie en sy rubriek moes elke week van onhebbelikhede gesuiwer word. “Hy het aan allerlei inhibisies en wat in sy oë oordrewe behoorlikheid was, nooit erg gehad nie.”

– Gert (GPD) Terblanche, minsame oudredaksielid, politikus, kultuurleier, kerkleier en ambassadeur wat twee maande voor sy 99ste verjaardag in 2021 as die oudste Volksbladder oorlede is:

Op 94 het Oom Gert, soos redaksielede hom genoem het, ’n saamtrek van oud-Volksbladders in Bloemfontein bygewoon. Een van sy stories was van ’n koninklike bal in Bloemfontein se stadsaal met die besoek van koning George V1 en sy gesin in 1947.

Hieroor skryf Van Deventer: “Die Volksblad was oor die besoek maar lou, eintlik bra apaties. Gert Terblanche en Willie Grobler is na die bal gestuur met die opdrag: ’Hou julle oë oop vir als wat verkeerd loop.’ Maar toe die boerseuns in die twee prinsesse se oë kyk, het hulle vermurwe. Grobler het kroonprinses – nou koningin – Elizabeth gevra om te dans. Terblanche het met prinses Margaret ’n geselsie gaan aanknoop. Van negatiewe beriggewing was daar geen sprake nie.”

– Charl Marais, spotprenttekenaar:

In sy skraal lyfie en “tandeborsel-snorretjie” – ’n voorkoms wat sterk herinner aan Charlie Chaplin uit die beginjare van die rolprentbedryf (soos Van Deventer dit so raak beskryf), het Marais ’n aweregse sin vir humor gehad, blymoedigheid uitgestraal al was hy soms melancholies. Sy taak was om by te sit in die daaglikse konferensie waar soms tandeknersend besluit is oor die volgende dag se spotprent. Vir Marais was die destydse HNP-leier, Jaap Marais, sy “lekkerste” teiken. En nog ’n gunsteling was Robert Mugabe van Zimbabwe.

Van Deventer skryf ook oor onder meer oudpresident CR Swart, Flinkdinker Fred Schnetler, digter-redakteur Izak de Villiers, fotograaf Lappies Labuschagne en redakteur Percy Qoboza.

Die skrywer het met die meeste persoonlikhede van agter die papiergordyn in sy koerantloopbaan van 35 jaar persoonlik kennis gemaak; saam met baie van hulle gewerk, sommige goed leer ken. Hy lig die sluier oor intriges in nuuskantore en direksies, en stel sy tydgenote met deernis en humor bekend. Sy fyn waarnemingsvermoë en uitstekende geheue – steeds op tagtig! – blyk duidelik.

.....

Koerantkamerade – in Van Deventer se reeds kenmerkende, boeiende en vloeiende skryfstyl – is ’n besonder insiggewende en waardevolle magnum opus-bydrae tot die vroeëre eietydse geskiedenis van die koerantbedryf, en ook van Suid-Afrika.

........

Koerantkamerade – in Van Deventer se reeds kenmerkende, boeiende en vloeiende skryfstyl – is ’n besonder insiggewende en waardevolle magnum opus-bydrae tot die vroeëre eietydse geskiedenis van die koerantbedryf, en ook van Suid-Afrika.

The post <em>Koerantkamerade</em> deur Hennie van Deventer: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20660

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>