Die liedjiemakers bring bekendes en nuwelinge bymekaar by Suidoosterfees-inryteater
“Mense kan gereed maak vir ’n wonderlike ervaring. Die musiek is beeldskoon, eerlik en onpretensieus en is ’n getuigskrif van ons Suid-Afrikaanse musikale landskap en kultuurskat.” Só gesels Frazer Barry oor Die liedjiemakers wat Woensdagaand 3 November om 20:00 by die kykNET Atlantic Studios in Kaapstad aangebied word. Die liedjiemakers is op die program van die Suidoosterfees se gewilde inryteater wat van 2 tot 8 November plaasvind.
Frazer Barry was vanjaar weer betrokke as mentor van die nuweling-liriekskrywers by die fees en die Jakes Gerwel Stigting se mentorskapprojek vir liefdjieskrywers. Die liedjiemakers is die uitvloeisel van maande se harde werk en spog met gewilde sangers wat saam met die nuwelinge optree. Bekendes soos Loukmaan Adams en Eden Classens is saam met Frazer op die verhoog, en die Suidooster-ster, Natasha van der Merwe, bekend vir haar rol as Suzie Naudé in die sepie, maak ’n spesiale gasverskyning.
Ander sangers wat inryteatergangers gaan vermaak, nuwelinge ingesluit, is Jerome Rex, Jodi Jantjies, Breyten Treurnicht, Brumelda Bell, Nicol Klopper, Gabriel Plaatjies en Naaim Briesies. Begeleiding word verskaf deur die room van Suid-Afrika se musikante: Ramon Alexander en die Tribal Echo-lede Earl Witbooi, Deniel Barry en Llewellyn Adonis.
Die liriekskryfprojek is in 2019 vir die eerste keer aangebied as deel van die Suidoosterfees se Talentsoektog-inisiatief. Gary van Loggerenberg van Sanlam, wat die projek jare lank reeds ondersteun, sê: “By Sanlam weet ons hoe noodsaaklik ’n ryk en florerende kultuurbedryf vir ons gemeenskap is. Kuns, musiek, teater en literatuur bring mense nader aan mekaar. Dit laat hulle toe om voorspoed te kweek en met selfvertroue te leef. Dit is een van ’n verskeidenheid projekte wat ons ondersteun en waarvan die doel is om die kultuur van alle Suid-Afrikaners te omarm en te bevorder.”
Kaartjies vir dié spesiale inryteater-vertoning kos R250 per motor en kan by Computicket bespreek word. Besoek gerus die Suidoosterfees se Facebookblad vir meer inligting en lekker video’s. Benewens Sanlam en die Jakes Gerwel Stigting word die projek ook deur Stad Kaapstad; die Departement van Sport, Kuns en Kultuur; die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport; kykNET; NATi; Kia; ACT en BASA moontlik gemaak.
Eminent voices team up with new talent in Die liedjiemakers at Suidoosterfees drive-in theatre
“People should prepare themselves for an unforgettable experience. The music is splendid, authentic and captivating, and gives testimony to exciting developments in the local music scene.” This is Frazer Barry talking about Die liedjiemakers, to be staged on Wednesday 3 November at 20:00 at Cape Town’s kykNET Atlantic Studios. The show is part of the popular drive-in theatre programme, presented by the Suidoosterfees from 2 to 8 November.
In 2021 Frazer Barry served as mentor for a group of upcoming new songwriters during the festival and the Jakes Gerwel Foundation’s songwriting mentorship project. Die liedjiemakers is the culmination of months of hard work. Popular performers like Barry, Loukmaan Adams and Eden Classens will join the newcomers on stage. Suidooster star, Natasha van der Merwe, known for her role as Suzie Naudé in the soapie, will make a special guest appearance.
Other artists who will entertain audiences in the drive-in theatre show include Jerome Rex, Jodi Jantjies, Breyten Treurnicht, Brumelda Bell, Nicol Klopper, Gabriel Plaatjies and Naaim Briesies. They will be accompanied by the cream of local musicians: Ramon Alexander and Tribal Echo members Earl Witbooi, Deniel Barry and Llewellyn Adonis.
The songwriting mentorship programme is presented annually since 2019 and is part of the Suidoosterfees’ Talent Search initiative. Gary van Loggerenberg from Sanlam, who had been supporting the project since its inception, says, “At Sanlam we understand the importance of a rich and prospering culture industry within our communities. Art, music, theatre and literature bring people closer together, allowing them to cultivate prosperity and increase self-confidence. This is one of many projects Sanlam supports in its vision to embrace and promote the culture of all South Africans.”
Tickets for this special drive-in show cost R250 per vehicle and are available at Computicket. Visit the Suidoosterfees Facebook page for more information and entertaining videos. In addition to Sanlam and the Jakes Gerwel Foundation, the project is also supported by City of Cape Town; the Department of Sport, Arts and Culture; the Western Cape Department of Cultural Affairs and Sport; kykNET; NATi; Kia; ACT and BASA.
Lees ook:
“Skep jou eie geleenthede” – Frazer Barry oor skeppende werk en die Suidoosterfees-inryteater
“Ek het een joke op die internet vertel” – Wynand Kotze oor die Suidoosterfees-inry
“Lag is die beste medisyne” – Shimmy Isaacs oor die Suidoosterfees-inry
Persverklaring: Suidooster-sterre skitter in November by Suidoosterfees-inryteater in Kaapstad
The post Press release: Suidoosterfees drive-in | Eminent voices, new talent | Persverklaring: <em>Die liedjiemakers</em> bring bekendes en nuwelinge bymekaar appeared first on LitNet.