Leeftye sonder jou
Ek het al saam met die Huni Kuin-stam Ayahuasca gedrink
En saam met Chief Joseph en Gandhi ’n glasie op vryheid geklink
Saam met Ragnar en Björn het ek Swede verken
En Poseidon en Eirene het saam met my op dolfyne geswem
Jesus het al vir my op die bongo’s gespeel
Met ’n boemelaar het ek al my diepste geheime gedeel
Ek het help klippe kap vir die Sint Pietersbasiliek
En die Griekse vroue het my geleer van mosaïek
Maar ek sou dit steeds alles ruil om jou weer eenkeer te kan sien
Kan ek jou terugkoop uit die hemel? Hoeveel avonture,
hoeveel lesse,
hoeveel woorde vir ’n engel?
- Hierdie gedig is geïnspireer deur die liedjie “Kulkuns” van die musiekgroep Bittereinder.
The post Leeftye sonder jou appeared first on LitNet.