Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20668

Nuut by LAPA: ’n Hart is net atome deur Cecilia Steyn

$
0
0

’n Hart is net atome is ’n fantastiese grafiese roman deur geliefde jeugboekskrywer Cecilia Steyn en illustreerder Danielle Albertyn. Pho is ’n Chinees-Afrikaanse meisie met ’n ystervuis, maar haar tradisionele Chinese pa keur nie sy dogter se boks goed nie. Hy sou verkies dat sy meer tyd aan haar studies spandeer. Theo, Pho se aantreklike beste vriend en grootste ondersteuner, sit met dieselfde penarie: Hy wil ’n wetenskaplike word, maar sy ma wil hê hy moet die familie se pizzeria oorneem. Pho het egter nog ’n probleem: Sy is stilletjies verlief op Theo, maar hy het net oë vir Nisa – die gewildste meisie in die skool. Nisa stem in om met Theo uit te gaan, maar Pho is vas oortuig Nisa doen dit net om haar eks jaloers te maak. En so begin Operasie Sabotasie – met skreeusnaakse gevolge. ’n Hart is net atome is perfek vir liefhebbers van romantiese komedie.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

The post Nuut by LAPA: <i>’n Hart is net atome</i> deur Cecilia Steyn appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20668

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>