Jy kan nie hier by die 20 verskillende nasies saamgooi in een arbitrêr begrensde gebied, 11 van die klomp tale as amptelik bepaal en hierdie deurmekaarspul dan as ’n demokrasie verklaar nie. Wat vandag as die Nuwe SA bekend staan is per definisie nie ‘n demokrasie nie.
In ’n demokrasie - regering vir die volk deur die volk - praat die owerheid nie met sy burgers in ’n vreemde taal nie; dit is mos nou duidelik ’n bewys dat die owerheid en die burgers van verskillende volke is. Ook, in ’n demokrasie, juis ’n bestel om onbevoegde en korrupte regering te vermy of ten minste te beperk, is ’n regering in staat om vooruitgang te bewerkstellig of ten minste darem die status quo wat lewensgehalte betref te handhaaf. Dit gebeur nie in die Nuwe SA nie.
Dit is ’n mite dat hierdie ’n demokrasie is.
Jan Rap
The post Nog 'n mite appeared first on LitNet.