Die wenners van vanjaar se WOORDtroFEES is Maandag 18 April tydens 'n geleentheid in die Stellenbosch Stadsaal aangekondig. Die WOORDtroFEES, geborg deur die ATKV, gee erkenning aan die uitblinkers van 2016 se US Woordfees.
Die WOORDtroFEES staan gereed om toegeken te word.
Die akteurs Marlo Minnaar en Esther von Waltsleben het as seremoniemeesters opgetree.
Fiona van Kerwel verwelkom die gaste.
Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV-groep
Antonia du Toit van Rietenbosch Primêr, Cloetesville, is bekroon as WOW Opvoeder van die Jaar.
Strand Sekondêr is aangewys as die WOW Skool van die Jaar. Mnr Philips het die prys in ontvangs geneem.
Ju-Ju Domingo en Lucas Heinen is met die Deurbraak-trofee vir jong opkomende talent vir The Banquet: The Room of Dreams bekroon.
Praat van die duiwel is bekroon met die trofee vir Woordkuns. Johan Nel het in sy bedankingswoord gesê daar is drie persone vir wie hy eerstens wil dankie sê: "Nita, Nita en Nita."
Dorothea van Zyl en Juanita Swanepoel
Die trofee vir hoogste prestasie in visuele kuns gaan vanjaar aan Lien Botha vir Wonderboom. Werner du Toit van FNB het die prys oorhandig.
Die Young Caballeros van Kaapstad
Die trofee vir Klassieke Musiek, Vokaal is toegeken aan die Stellenbosch Universiteitskoor olv André van der Merwe.
Die produksie Kô, lat ons sing! Carel Rootman van Sanlam het die prys aan Adriaan Brand oorhandig.
Yvonne Chaka Chaka was by die WOORDtroFEES om op te tree, en was heeltemal verbaas om die trofee vir beste solo kunstenaar te ontvang. Carel Rootman van Sanlam het die prys oorhandig.
Yvonne Chaka Chaka
Yvonne Chaka Chaka het die gaste in vervoering gehad met "Kana Uchema", 'n Shona-liedjie uit Zimbabwe.
Woordfees-direkteur Saartjie Botha het die prys vir die Woordfees Helde oorhandig. Hierdie prys word bepaal deur die Woordfees-personeel en word toegeken aan mense wat 'n groot bydrae tot die sukses van die fees gelewer het.
Die Fourie-broers, David en Henk, is vanjaar as die helde bekroon.
Roelof Storm, die vervaardiger van A Doll’s House, het die trofee vir beste byspeler namens Rob van Vuuren in ontvangs geneem.
Andrew Buckland het die trofee gewen vir beste speler vir sy rol in Tobacco and the Harmful Effects Thereof. Ilzebet Oosthuizen het dit names hom in ontvangs geneem. Azelia Morkel van Die Burger het dit oorhandig.
Christiaan Olwagen is bekroon as Beste Regisseur vir A Doll’s House. A Doll’s House is ook bekroon as die Beste Produksie.
Anet Vosloo en Christiaan Olwagen
Die Woordtrofees vir boeke word bepaal deur die boekverkope in die AKTV-boekwinkel tydens die Woordfees. Die topverkoper in die Leefstyl-kategorie was Kook saam Kaaps deur Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker. Die prys is oorhandig deur Japie Gouws van die ATKV.
Koelsoem Kamalie
Flori Schrikker
Ronelda Kamfer het die trofee vir die mees gewilde digbundel vir Hammie ontvang. Nico Koopman van die US het die trofee oorhandig.
Die unieke Woordfees-kortverhaalbundel, Bly, was die topverkoper in die Prosa-kategorie. Suzette Kotzé-Myburgh het die prys in ontvangs geneem en het Madri Victor vir haar inisiatief vir die bundel geloof. Volgens Kotzé bied die bundel 'n uitstekende oorsig van waar die Afrikaanse kortverhaalkuns op hierdie stadium staan.
Marlo en Esther neem 'n onsie.
Woordfees-projekbestuurder Jana Hattingh
Klik hier vir 'n volledige lys van die WOORDtroFEES.
Lees ook: US Woordfees 2016: Kook saam Kaaps wen 'n WOORDtroFEE
The post Foto's: WOORDtroFEES 2016 appeared first on LitNet.