Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Twietie se meisie

$
0
0

Waarom ons almal hom Twietie noem sal jy hoor as hy jou dagsê. Ek het hom nie gemaakie so eksie verantwoordelik vir sy stem of keel of larinks nie. Hom leer ken as 'n groot Biker en enigiemand wat hier opdaag met 'n bike is 'n broeder. Uit en klaar. Ons verkies ons subkultuur wat nie die norms volg of die filosowe se denkdwang voorskrywe nie.

Twiet het hier opgedaag met sy groot Kawa. Hy is wel later bekeer na beskaafde Yama-norme toe maar hy ry nie meer met enige van die beskaafde rygoed nie. Twiet ry nou die Regime se Volkswagen en ek wag nog vir twiet om te Heil want Twiet se Volkswagen is wel Volkswagen maar daars meer Japanese en ander nasies om enige deursnee volksverwyderaar tot raserny te dryf.

(Sug): wat ek bedoel: Twiet ry 'n Volkswagen-bussie maar daars min Duitse goed in. Onder die bonnet. Want dis 'n Lexus-enjin en Toyota-gearbox en die res is tegnies en ek ganie dommes nog dommer makie. Want net more loop kopieer Toyota wat hier gebeur met die Duitsers se werke en dan sit ons dalk met WO2 weer van vooraf ...?

Die grootste bate in Twiet se ryding is sy meisie. Groot tiete wat sy alte bewustelik ten toon stel en altyd skaam wegsteek . Want dis mos maar hoe dit gedoen word? Tweet is baie besorg of liewer besitlik oor sy meisie. Want sy was al model in sepies en net noudiedag moes sy stere wys vir een of ander oorsese produksie. Amper kaal en gemaklik rondloop en sy sê al wat sy moes doen was om 'n ding aan die internasionale bekende filmster (moenie my vra wie sy issie want ek wetie) aan te gee (oor en oor vir drie dae lank tot die regisseur tevrede was) en genoeg verdien het vir die twee om die volgende drie maande te kan bly in die karavaanpark hier naby my.

Moenie jou blind staar nie, mede-litnetter: Ek beleef die deursnee wit dude al meer as 'n karavaanparkbewoner, want hy "is besig om sy fortuin te maak. Hy verkoop wel "'n paar erfstukke" om die gearbox reg te maak en "dan kan ek vorentoe gaan" maar daardie erfstukke is oor generasies bymekaar gemaak. Dit net terloops.

Twiet se meisie is nooit verder weg as 'n fluit nie. Letterlik 'n wolwetipe fluit ver. As sy in die ou afgeleefde Toyota ver agteroor sit en goedkoop sigarette rook en iemand geselskap hou (dit is meesal) en die fluit hoor is sy uit daardie ou Toyota uit soos blits. As sy in die Volkswagen regop sit (Volkswagen-busse laat mens mos altyd lekker hoog sit en van bo kyk) klim sy bloot af en systap kleine enkels nader.

Noudiedag. Nie so lank terug nie, het ek die twyfelagtige voorreg had om te sien waarom Twiet so besorg is, so baie beskermend optree en sy stem so hoog verhef as sy opstaan. Want Twietie se meisie het inderdaad die dag opgestaan soos wat ek vermoed hy nie wou hê sy moes nie. Ons (en daar was baie van ons) het stom gestaan.

Nou kan ek verstaan waarom Twietie so besorg is.

groete uit Oesterland

oester

The post Twietie se meisie appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>