Flamedrop reik binnekort, in samewerking met befaamde digter Ingrid Jonker se dogter Simone (en haar man Ernesto van Sound Action), 'n baie opwindende dubbel-CD uit.
Die kind is nog jonger-CD bevat gedigte wat deur 36 kunstenaars getoonset is weens die vyftigste herdenking van Jonker se tragiese dood.
Dit oortref die basiese vermaaklikheidspotensiaal deurdat die versameling ook dien as bewaring van Jonker se legende, haar woorde, taal, geskiedenis en kultuur.
Jonker se passievolle gedigte kry nuwe lewe met 'n wye verskeidenheid musikante in 'n aantal style: akoesties, pop, rock, elektronies, metal en nog meer.
Die drie dosyn verwerkings sluit populêre en nuwe kunstenaars in, asook legendes, veterane, pryswenners en bydraes van die buiteland (soos Engeland, Duitsland, die VSA).
Meer inlingting is hier: www.flamedrop.com/ingridjonker.
Met al die liedjies van hierdie onafhanklik-uitgereikte album reeds opgeneem deur die kunstenaars, bly net die CD-vervaardiging en -bemarking oor, en daarvoor het ons 'n IndieGoGo "crowd-funding campaign" opgestel wat die publiek betrek. Dit is glad nie 'n donasiesisteem nie, maar 'n belegging, met verskeie baie opwindende voordele by elke betalingsopsie ingesluit - van mp3-liedjies aflaai, die dubbel-CD en beperkte langspeelplaateksemplare, tot Vlam in die sneeu-boeke (met die liefdesbriewe tussen Jonker en André Brink), en oorspronklike kunswerke van die bekroonde Vernon Swart (wie se fantastiese oseaantoneel op die CD-omslag verskyn).
Die IndieGoGo projek duur tot 12 April en kan hier besigtig word: www.igg.me/at/ingrid-jonker.
Voorbeelde van al 36 liedjies kan hier gehoor word:
Die kunstenaars sluit in Anton Goosen, Jennifer Ferguson, Die Naaimasjiene en Mavis Vermaak.
Die album gaan in Mei deur Sound Action en Flamedrop op dubbel-CD, asook in aflaaiformaat, uitgereik word.
The post Herdenkingsalbum met Ingrid Jonker se gedigte appeared first on LitNet.