Pretoria: Brooklyn Teater - 19 April - 1 Mei, (012) 460 6033 & aanlyn by www.brooklyntheatre.co.za
Ook genomineer vir 4 kykNET Fiesta-toekennings, 1 Fleur du Cap en 1 Kanna.
Lees ook: Gesprek oor Liewe Heksie Flower Power.
Pret! Dit is die een woord wat die pantomime, Liewe Heksie: Flower Power opsom. Of jy 4 of 84 is, hierdie produksie is vir jou.
“Liewe Heksie: Flower Power was amazing! Soos om na ‘n produksie in Londen te kyk in die West End, maar in Afrikaans! Die show het die kind binne my, die grootmens buite my en die performer in my, alles bymekaar gebring. Ek het lanklaas so happy by ‘n show uitgestap!! 10 uit 10.” - Jak de Priester
Die Antieke Romeine het baie tot die moderne wêreld bygedra. Dink maar aan sement, paaie, steenoonde, sentrale verwarming, koerante, kalenders, kunstande, keisersnee, rioolstelsels, boeke, ens. Gelukkig was die Romeine nie net hoogs gekultiveerd nie, hulle kon ook partytjie hou dat dit klap en daarom is een van hulle prettigste ontdekkings die pantomime.
Die geselskap van Liewe Heksie: Flower Power is bekende name in SA se vermaaklikheidskringe met Margit Meyer-Rödenbeck (alias Dowwe Dolla) in die titelrol, Chris van Niekerk (mees onlangs in die kykNET program Vlug na Egipte en Die Boekklub) as Karel Kat, Loukmaan Adams (saam met sy broer Emo Adams sing en dans hulle die wêreld aan die brand in produksies soos Brother Love en My broertjie my bra) as Geraldina die Geelheks, Crystal Donna Roberts (Vallei van die Sluiers, Getroud met Rugby en ook onlangs genomineer vir beste aktrise by die Goue Leeu Filmfees in Venesië saam met Juliette Binoche en Kirsten Stewardt) as Kwaaitjie Kabouter, en ander karakters, De Klerk Oelofse (Beste akteur by Aardklop 2014; genomineer vir etlike teaterpryse) as Blommie Kabouter, Kerrie en Borrie en nog ander, Emile Minnie (uiters begaafde kabaretis en ook die musikale regisseur van die produksie.) as die koninklike pianis, Luca Human (Margit se 6-jarige dogter) as Matewis. Anna Davel (een v SA se bekendste sangeresse) het die rol van die Feëkoningin oorgeneem by Zanne Stapelberg en Carel Nel (bekende Kaapse akteur) het die rol van Koning Rosekrans oorgeneem by Hannes van Wyk.
Vervaardiger: Arena Produksiehuis - Margit Meyer-Rödenbeck
Regie: Lizz Meiring
Teks: Francois Toerien en Margit Meyer-Rödenbeck na gelang van Verna Vels se karakters.
Musiek: Emile Minnie
Choreografie: Loukmaan Adams
Dékor: Gerrit Snyman
Kostuums: Rouve Hattingh, Susanne Strydom
Beligting: Pieter-Jan Kapp
Tegniese regisseur: Jeanne Steenkamp
Verhoogbestuurder: Carna Visser
The post Liewe Heksie: Flower Power – ‘n amperse pantomime in Brooklyn appeared first on LitNet.