Maak seker jy voldoen aan die volgende bepalings en voorwaardes van die Einstein-kompetisie voor jy vir hierdie kompetisie inskryf:
1. Alhoewel ons jou aanmoedig om jou opsomming ook te twiet, moet ’n toeganklike opsomming van jou navorsingsonderwerp in 130 karakters of minder via die kompetisie-inskrywingsvorm ingedien word.
2. Jou opsomming moet op eie, egte navorsing gebaseer wees. Dit moet navorsing opsom wat jy persoonlik doen en/of voor verantwoordelik is. Deur jou opsomming vir die Einstein-kompetisie in te skryf, bevestig jy dat die inskrywing jou eie oorspronklike werk en intellektuele eiendom is. LitNet Akademies sal inskrywings kontroleer voor pryse toegeken word.
3. Slegs Suid-Afrikaners en Namibiërs tussen die ouderdomme van 18 en 35 jaar mag inskryf.
4. Slegs nagraadse (honneurs-, meesters- en doktorsgraad-) studente, nadoktorale genote en dosente aan universiteite mag inskryf.
5. Indien jou graad reeds ontvang is of jou navorsingsverslag reeds voltooi is, sal LitNet Akademies jou inskrywing steeds verwelkom, mits jou navorsingsverslag ná 2012 afgehandel is.
6. LitNet Akademies behou die reg voor om ’n graad, ’n bewys van registrasie aan ’n universiteit en/of ’n bewys van identiteit aan te vra.
7. Die Einstein-kompetisie is oop vir enige vakgebied en enige universiteit (binne en buite Suid-Afrika).
8. Slegs een inskrywing per persoon sal aanvaar word, en 'n persoon kan net een prys wen.
9. Slegs Afrikaanse inskrywings word aanvaar. Jou moedertaal, die taal waarin jy jou navorsingsverslag neerpen, en/of die taal van jou universiteit hoef egter nie Afrikaans te wees nie.
10. Die Einstein-kompetisie sluit op Woensdag 29 Junie 2016 om 23:00. Geen inskrywings sal na die sluitingsdatum of spertyd aanvaar word nie. Die kortlys en drie wenners sal in Julie 2016 aangekondig word.
11. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
12. LitNet en LitNet Akademies aanvaar nie verantwoordelikheid vir inskrywings wat wegraak of verkeerd ingedien is nie.
13. LitNet Akademies behou die reg voor om nie alle inskrywings te publiseer nie.
14. Jy sal nie jou inskrywing na indiening kan aanpas nie.
15. Die prys sluit slegs die volgende in: drie individue staan elk ’n kans om een van drie kontantpryse (R10 000, R5 000 of R2 000) los te slaan.
16. Indien die kompetisie gekanselleer sou word, is LitNet Akademies nie verantwoordelik vir (a) die pryse of (b) deelnemers of enigiemand anders se onkoste verbonde aan die kompetisie nie.
17. LitNet en LitNet Akademies behou die reg voor om jou inskrywing (wat altyd aan jou naam gekoppel sal word) op verskeie platforms (insluitend LitNet, Facebook, Twitter, Instagram en Pinterest) te publiseer, asook om jou inskrywing en profiel vir bemarkingsdoeleindes te gebruik.
18. Deur vir die kompetisie in te skryf, erken individue dat hulle al die bepalings en voorwaardes aanvaar.
19. Deelname aan die kompetisie veronderstel toestemming dat jy deur LitNet Akademies gekontak mag word. Slegs wenners sal persoonlik in kennis gestel word.
20. Alle wenners moet hul persoonlike inligting aan ons verskaf om die pryse te mag opeis. Met die inskrywing vir hierdie kompetisie aanvaar en voldoen jy aan LitNet se algemene bepalings en voorwaardes.
• Klik hier vir die kompetisiebesonderhede.
Navrae: einstein@litnet.co.za
The post Einstein-kompetisie: Bepalings en voorwaardes appeared first on LitNet.