Quantcast
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20678

UJ-pryse 2016: Kortlys

Die UJ-pryse word jaarliks in twee kategorieë en oor die grense van  genres heen, toegeken. Die pryse is die UJ-debuutprys vir die beste kreatiewe debuut in Afrikaans (met ’n prysgeld van R30 000) en die UJ-prys vir die beste kreatiewe teks in Afrikaans (met ’n prysgeld van R75 000).

Titels wat in aanmerking vir die UJ-pryse kom is Afrikaanse kreatiewe tekste gepubliseer in die voorafgaande kalenderjaar. Vir die 2016 UJ-pryse is altesaam 50 titels is ingeskryf, waaronder 11 debute.

Die keurpaneel verteenwoordig lesers in Afrikaans betrokke by akademiese instellings en die media.*

Dit is ’n groot voorreg en plesier vir die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Johannesburg om hiermee die kortlyste van die 2016 UJ-pryse bekend te maak. Die vyftig titels wat voorgelê is, het gestrek van jeugromans tot historiese speurtogte, Jonker en Brink se gepubliseerde liefdesbriewe, literêr-sosiale navorsing, ’n verskeidenheid speur- en spanningsromans en oorlogboeke, met nie minder nie as dertien digbundels (waaronder vier debute, ’n fotogedigteboek en ’n samewerking tussen twee digters met gedigte in onderskeidelik Afrikaans en Nederlands) en ook twee gepubliseerde dramatekste. ’n Ryk oes.

Onder die debutante is die volgende titels deur die beoordelaars vir die kortlys  (alfabeties volgens outeur) uitgesonder:

Lien Botha se Wonderboom

Johan Fourie se  Struisvoël

Roela Hattingh se Kamee

Die titels wat opgeneem is in die kortlys vir die 2016 UJ-prys vir die beste Afrikaanse kreatiewe werk, is (alfabeties volgens outeur):

Vlam in die sneeu -  Francis Galloway (red)

Soos familie - Ena Jansen

Brandwaterkom - Alexander Strachan

Donker Stroom - Carel van der Merwe

Vlakwater - Ingrid Winterbach

Image may be NSFW.
Clik here to view.
LitNet Akademies-resensie-essay: Wonderboom deur Lien Botha

Henning Snyman
Seminare en essays

"Die roman handel oor verval, oor die soeke na wortels, en oor ontnugtering."

Image may be NSFW.
Clik here to view.
Tien vrae (en foto's): Wonderboom deur Lien Botha

Lien Botha, Naomi Meyer
Boeke en skrywers

Lien Botha, visuele kunstenaar, gesels oor haar boek Wonderboom en vertoon foto's van omgewings wat haar gedurende die skryfproses inspireer het.

Image may be NSFW.
Clik here to view.
Open Book 2015: Lien Botha oor Wonderboom

Lien Botha, Beyers de Vos
Boeke en skrywers

"Volgende keer sal ek sorg dat ek fikser is deur byvoorbeeld berge te begin uitklim ‘n jaar voor die boek verskyn."

Image may be NSFW.
Clik here to view.
Boekresensie: Struisvoël deur Johan Fourie

Bibi Burger
Resensies

"Deur hierdie situering van die gebeure van tradisionele en postmoderne plaasromans in ’n breër Suid-Afrikaanse konteks bied Struisvoël ’n vars perspektief op Suid-Afrika se verlede en die invloed daarvan op die hede."

Image may be NSFW.
Clik here to view.
Boekresensie: Kamee deur Roela Hattingh

Thys Human
Resensies

"Kamee is inderdaad ’n kortverhaaldebuut om oor opgewonde te raak."

Image may be NSFW.
Clik here to view.
LitNet Akademies-resensie-essay: Brandwaterkom deur Alexander Strachan

Louise Viljoen
Resensies

Brandwaterkom is "’n roman wat die leser se aandag uit die staanspoor vasvang en deurgaans behou".

Image may be NSFW.
Clik here to view.
Boekresensie: Brandwaterkom deur Alexander Strachan

Willie Burger
Resensies

"Saam met al hierdie ander tekste dra Strachan se roman beslis by tot nadenke oor geskiedenis en oor verraad."

Image may be NSFW.
Clik here to view.
Ena Jansen gesels oor Soos familie: Stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste

Ena Jansen, Naomi Meyer
Resensies

"Soos familie ... Dit veronderstel ’n intieme verbintenis, maar dit kan ook ’n slagveld van emosies wees, van afstandelikheid en wantroue. Wat huiswerkers betref: die angel lê in die woordjie soos. Uiteindelik kan hulle uit jou lewe verdwyn op ’n manier wat regte familie nie maklik sou nie."

Image may be NSFW.
Clik here to view.
Liefde, seks, Vlam in die sneeu en Tristia

Izak de Vries
Seminare en essays

"Selfs al is jy bekend met die storie ... Vergeet dit. Jy ken nie eens ’n breukdeel van die verhaal nie."

Image may be NSFW.
Clik here to view.
Ingrid Jonker se dogter gesels oor haar ma en Vlam in die sneeu

Jean Oosthuizen, Simone Garcia Marques
Skrywersonderhoude

"Sy het my gelukkig gemaak, en partykeer ook hartseer, want sy was ’n weerlose roos en ek het verantwoordelik vir haar gevoel."

Image may be NSFW.
Clik here to view.
Oor die transkripsie van Vlam in die sneeu se liefdesbriewe

Erika Viljoen
Boeke en skrywers

"Die briewe ís baie intiem – maar die naïewe en ewige hoop daarin, die durende en universele verlange, die skreeusnaakse beskrywings van die tyd waarin hulle geleef het en die hartroerende alledaagshede bewerkstellig ’n gemaklike afstand waarin ons onsself herken."

Image may be NSFW.
Clik here to view.
Donker stroom: Eugène Marais veelsydig, dubbelsinnig

Frederik de Jager
Resensies

'n LitNet Akademies-resensie-essay oor Carel van der Merwe se Donker stroom: Eugène Marais en die Anglo-Boereoorlog

Image may be NSFW.
Clik here to view.
Eugène Marais die Boheemse Boer in Londen

Jean Oosthuizen
Onderhoud

Een van die talle raaisels oor die lewe van die beroemde Afrikaanse letterkundige Eugène Marais handel oor sy jare in Londen toe hy in die regte studeer het. In ’n opspraakwekkende boek wat pas deur Tafelberg uitgegee is, kom die skrywer, Carel van der Merwe, met talle verrassende ontdekkinge vorendag wat hy met vers en kapittel staaf.

Image may be NSFW.
Clik here to view.
Video: Bekendstelling van Donker Stroom deur Carel van der Merwe

Naomi Bruwer
Boeke en skrywers

Carel van der Merwe se opspraakwekkende boek oor Eugène Marais, Donker Stroom, is verlede week in die Paarl bekendgestel. Kyk na 'n video van die gesprek.

Image may be NSFW.
Clik here to view.
Ingrid Winterbach (1948–)

Erika Terblanche
ATKV-Skrywersalbum

"Ek skryf vorentoe. En ek skryf terug. Dis ’n manier om ’n groot roman in jou kop te hou. En om te herskryf, te herskryf, te herskryf ..."

* Vir 2016 was die paneel van nege beoordelaars:

Frederick Botha (UJ)

Karin Catell (US)

Marius Crous (NMMU)

Karen de Wet (UJ)

Ronél Johl (UJ)

Marné Pienaar (UJ)

Alwyn Roux (UNISA)

Ilse Salzwedel (RSG / Skrywers en boeke)

Corina van der Spoel (Wits UP)

The post UJ-pryse 2016: Kortlys appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20678

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>