Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21592 articles
Browse latest View live

Einstein-kompetisie: Kortlys

$
0
0

kortlys600

Watter navorsers het in die Einstein-kompetisie uitgeblink? Lees die kortlys van 30 inskrywings hier onder.

 

LitNet Akademies kondig hiermee met trots die kortlys vir die Einstein-kompetisie aan.

Van nagraadse studente tot dosente, van Afrikaans tot wiskunde – ʼn groot verskeidenheid studierigtings en -vlakke is deur jong Suid-Afrikaanse navorsers van universiteite binne én buite Suid-Afrika verteenwoordig.

Baie dankie aan al die navorsers wat hul interessante temas met die publiek gedeel het. Dit was ʼn byna onmoontlike taak om ʼn kortlys uit die 212 inskrywings saam te stel. 

Die meeste inskrywings het voldoen aan die Einstein-kompetisie se uitdaging, naamlik: Hoe sou jy jou navorsingstema in 130 karakters aan die man en vrou op straat verduidelik? 

Daarby het die beoordelaars die inskrywings ook op grond van die volgende kriteria beoordeel: 

(1) helderheid (weet die leser wat die spesifieke studie se navorsingstema is en verstaan die leser waaroor die navorsing gaan?) 
(2) gehalte (is die navorsingstema interessant, oorspronklik en/of relevant?) 
(3) formulering (lees die opsomming vlot?)
(4) kreatiewe aanbieding (trek dit jou aandag?) 

Die LitNet Akademies-beoordelaarspaneel sal die wenners van drie groot kontantpryse aanwys. Ons hou duim vas vir hierdie 30 slim jong navorsers. 

• Inskrywings is volgens departement- en/of sentrumname alfabeties gerangskik. Klik op die navorser se naam vir verdere besonderhede. 

 

Afrikaans en Nederlands
• Anoniem in ʼn digitale era? Jou unieke skryfstyl gee jou dalk net weg. #Outeurskapidentifikasie #Forensieselinguistiek #EinstKomp – Mariska Nel

Algemene Taalwetenskap 
• Verstaan hulle werklik? (Nie)verbale terugvoer van pasiënte tydens pretoets-MIV-berading in landelike Wes-Kaapse dagklinieke. – Janina Theron

Astrofisika
• Radioteleskope vang neutronsterre se seine, maar die bakens langs hulle ruimtereis is onbekend – ek ontgin die versteekte reisplan – Marisa Geyer

Belasting
• Ek wil bewys: klei is nie net nat stof nie. Dit verdien dieselfde belastingvoordele as goud, diamante en ander minerale. – Christine Fourie

Beroepshigiëne
• Van ganspote tot vliegtuigvlerke, maar hou 3D-drukwerk nadele vir die mens en omgewing in? – Sonette du Preez 

Bewaringsekologie en Entomologie  
• Matthee: Die Bos is ʼn lewende entiteit; ons moet dit respekteer en bewaar. Kan insekte ons help om haar uitdaging te verstaan? – Rudi Swart

Chemie
• Verbeel jou jy het ʼn battery gevul met poeier wat oormaat krag op die kragnetwerk kon stoor en later gebruik. Ek maak die poeier … – Stefaans Gerber

Dierkunde en Entomologie
• Ek is die luistervink tydens miskruiers se chemiese geflikflooi en ontrafel só hoe hulle sedert die oerjare flankeer. – Anneke Schoeman

Ekonomie 
• Wie was die Jannie Mouton van die agtiende-eeuse Kaapkolonie? Al ooit gehoor van Jacob van Reenen en Jan Meindert Kruywagen? – Christie Swanepoel

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
• Van e-pos tot kitsboodskap, van die Kaap tot in Kaïro. Kan ek sien hoe jy voel? Emosies in die hedendaagse organisasie. – Maryke Fouché

Genetika
• Vang fungusinfeksies in wingerde met die broek op die knieë deur gebruik te maak van ʼn “klikbek”-biosensorplant. – Henry Janse van Rensburg
• Angstig oor angstigheid? Angs en stressteurings in ʼn Suid-Afrikaanse konteks #EinstKomp
Nathaniel McGregor

Geskiedenis 
• Suid-Afrika se Antarktiese geskiedenis: louwarm politiek op ʼn witwarm kontinent.
– Lize-Mariè van der Watt  

Ingenieurswese 
• Papierafval tot bruikbare sellulose so groot soos miljoenstes van ʼn millimeter – verterende ensieme in aksie! – Lia Bester
• Masjiene is maklik; mense is moeilik. Hoe spoor ʼn mens werknemers aan? Hier is die antwoorde in 'n neutedop soos nooit tevore! – Erik Loots 

Internasionale Studies-groep
• ʼn Kliek skatryk buitelanders wil die president en sy regering kaap. Nee, dit is nie SA 2016 nie, dit is die Transvaal 1886–1899. – Lindie Koorts 

Kriminologie
• Mense het ʼn probleem daarmee dat dit nie ʼn probleem is dat so baie jongmense “sext” nie – en dis ʼn probleem! – Melissa Meyer

Linguistiek
• 400 jaar van Suid-Afrikaanse vertaling: vertaling as spieëlbeeld en geheime agent van mag en ideologie. – Maricel Botha

Linguistiek en Taalpraktyk
• Wie skryf wat op die muur en waarom? ʼn Gevallestudie van die bepalende faktore by geskrewe taalkeuses in die openbare ruimte. – Chrismi-Rinda Loth   

Molekulêre Biologie en Mensgenetika 
• TB vermoor sonder vooroordeel van mens tot grootwild, maar binnekort is dit iets van die verlede. Superheld gevind! – Wynand Goosen 

Musiek 
• Soos die kurwe van ʼn brander op die Goue Snit ry, so ontvou die klaviermusiek van Claude Debussy. – Nina Phillips  

Omgewingswetenskappe 
• Dit kom van ver af – plastiek en swaar metale in korale van tropiese eilande in die Indiese Oseaan. – Veronica van der Schyff  

Plantproduksie en Grondkunde
• Besproeiingskedulering: Boere is nat agter die ore wanneer dit kom by die nuutste tegnologie in waterbesparing. – Theunis Smit

Regte
• Sosiale media gee aanlynnuus vlerke. As die storie oor jou gaan, beskerm die reg jou genoeg? En as die joernalis jou belaster? – Helene Eloff 
• Mag boewe stem? Beperking van stemreg van gevangenes in demokratiese samelewings: Vergelykende studie van RSA, VSA & VK #EinstKomp – Werner Pretorius   

Sielkunde 
• Die huishulp: lank ná apartheid steeds onderaan die Suid-Afrikaanse voedselketting; maar wat sien sý wanneer sy in die spieël kyk? – Elcke du Plessis 
• Die era van die afwesige vader: Maak pappas saak? Kwaliteit-pa-seun-verhoudings as ʼn faktor in geweldsmisdaadbekamping. – Zibeth Hansen

Teologie
• Die woestyn in die stad: Is die beoefening van stilte en nadenke nog belangrik in ʼn verstedelikte en Christelike gemeenskap? – Fredrick Kotzé

Veekundige Wetenskappe 
• Indien die hoender op jou bord grillerige vlieglarwes geëet het, kon dit dalk lei tot ʼn gesonder dier en nou ʼn gesonder jy? – Liesel van Emmenes

Wiskunde
• Hoe kom jy tot die punt as daar nie ʼn punt is nie? Die beskrywing van konvergensie van puntvrye rye. – Jacques Masuret

Al die inskrywings vir die Einstein-kompetisie kan hier gelees word.

 

la600einstein

The post Einstein-kompetisie: Kortlys appeared first on LitNet.


Uitnodiging: Bekendstelling van Joan Hambidge se Indeks

Ommietafel: Afrikaans is nie die “issue” nie

$
0
0

Afrikaans is nie die taal van die verdrukker nie. Toe die land in 1976 tydens die Soweto-onluste gebrand het, is die stryd teen verdrukking by die Universiteit van Wes-Kaapland in Afrikaans geveg.

Danny Titus
Foto: Leon de Stadler

So het die uitvoerende direkteur: Kultuur van die ATKV en oud-UWK-student Danny Titus verlede Vrydagaand tydens die Ommietafel-gesprek in die Paarl gesê. Die geleentheid waar daar jaarliks reguit om die tafels oor Afrikaans gesels word, is deur Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument en die organisasie Vriende van Afrikaans aangebied.

“Afrikaans was nie vir ons die issue nie,” het Titus gesê. Dit het oor baie meer as taal gegaan.

Die Ommietafel-gesprek word jaarliks ter viering van Taaldag aangebied. Die vraag waaroor daar vanjaar nagedink is, was waarom Afrikaanse mense hulle kinders na Engelse skole stuur.

Die gehoor, wat uit min of meer ewe veel wit en bruin Afrikaanse mense bestaan het, het spraaksaam om die tafels deelgeneem aan die lewendige gesprek oor Afrikaans.

Die paneel bestaande uit Danny Titus, Izak de Vries (joernalis en pa), Liezel Van Beek (sakevrou) en Sabina Dumas (opvoeder) het die gesprek ingelei. Sedick Crombie was die gespreksleier.

Sommige lede van die paneel het hulle kinders in Engelse skole gesit en ander in Afrikaanse skole. Maar almal was dit eens dat Afrikaans ʼn volwaardige plek in die samelewing moet beklee naas al die ander landstale.

Titus, wat Afrikaans, Engels en Nederlands vlot praat, is een van diegene wie se kinders in Engels skoolgegaan het. Hy en sy gesin het die land in 1981 tydens die apartheidsjare verlaat en in Nederland gaan woon toe sy oudste kind ʼn baba van ses maande oud was.

Omdat die verskil tussen Afrikaans en Nederlands baie verwarrend kan wees, het hulle hul dogter ná hulle terugkeer Suid-Afrika toe in ʼn Engelse skool geplaas. Later is ook hulle jongste dogter na ʼn Engelse skool gestuur, omdat die gesin nie kans gesien het vir die ideologiese spanning wat geheers het by ʼn skool waar “Die Stem” destyds nog gesing is nie.

Titus pleit vir ʼn middelgrond en vra vir oop gesprekke sodat mense kan wegbreek uit wat hy beskryf as die taalverstardheid van sommige.

“Om soos AfriForum by studente se klasse by die Universiteit Stellenbosch in te storm” om vas te stel hoeveel Afrikaans en Engels daar gepraat word, is volgens hom oordrewe aktivisme.

Sabina Dumas, ʼn opvoeder by New Orleans Sekondêre Skool in die Paarl, sê sy maak haar kinders definitief in Afrikaans groot. Haar kinders gaan na ʼn Afrikaanse skool toe. Dumas, wat in 2015 die Neville Alexander Prestige-toekenning ontvang het, sê dit frustreer haar dat ouers wat dikwels self nie behoorlik Engels kan praat nie, hulle kinders na Engelse skole stuur.

Dit is ʼn sentiment wat deur baie deelnemers in die gehoor gedeel is.

Foto: Leon de Stadler

Soos baie ander sprekers het sy ook ʼn lansie gebreek vir Kaapse Afrikaans. “Afrikaans is oop en hoort nie in ʼn boksie nie,” het sy gesê en ʼn paar voorbeelde van Kaapse Afrikaans uitgelig wat die gehoor laat glimlag het. “Wanneer die kinders in die klas sê: ‘Juffrou ons gaan ʼn lange gooi’, dan weet ek hulle gaan nou loop. En wanneer iemand sê ‘Jy hou jou al weer Gam’, dui dit op maniere wat uniek is aan bruin mense.”

Izak de Vries, ʼn wit pa met ʼn swart seun, is ook gekonfronteer met die vraag in watter skool hy sy kind gesit het toe sy seun skoolryp word. Hy het sy seun Afrikaans grootgemaak, maar het op ʼn Engelse skool besluit vanweë die praktiese situasie daardie tyd omdat sy donker seun destyds makliker daar sou aanpas.

Sedrick Crombie, Liezel van Beek, Sabina Dumas, Danny Titus en Izak de Vries
Foto: Leon de Stadler

De Vries, wat self ʼn vurige kampvegter vir Afrikaans is, het gemaan dat mens versigtig moet wees om nie Afrikaans te gebruik om ras en klas eksklusief te hou nie.

“Ons moet baklei vir Afrikaans, maar ons moet ook ander tale bemagtig, want dit is al hoe ons ʼn beter kans sal hê om ook Afrikaans te bemagtig,” het hy gesê.

Liezel van Beek het gesels oor haar tyd in Taiwan, waar sy Engels gegee het. Sy sê daar is vir haar as iemand wat nie self kinders het nie, baie vrae oor Afrikaans wat in haar gemoed opkom. “Wie se belange word in ag geneem en in wie se belang dink ons wanneer ons praat oor Afrikaans as medium van onderrig?”

Soos by feitlik al die ander sprekers was haar pleidooi dat daar na meertaligheid gestreef word en nie slegs na Engels nie.

Deelnemers uit die gehoor was hoofsaaklik sterk ten gunste daarvan dat die belange van Afrikaans beskerm moet word en dat ouers hulle kinders na Afrikaanse inrigtings moet stuur. Dit is egter belangrik dat hulle ook vlot in Engels moet wees en verkieslik ook ʼn derde taal aanleer, soos Xhosa.

Michael le Cordeur
Foto: Leon de Stadler

Die woelinge oor taal by die Universiteit Stellenbosch het meer as een keer in die gesprekke opgeduik. Een van die deelnemers uit die gehoor, Michael le Cordeur, het ʼn paar wenkbroue laat lig toe hy beweer het Stellenbosch is Engels.

Hy het die media daarvoor blameer dat mense nog dink Stellenbosch is Afrikaans. “Die media moet ophou om te maak of Stellenbosch Afrikaans is.” Sy raad is dat mense in die eerste plek hulle huistaal onder die knie moet kry en dan sorg dat hulle ook vlot Engels kan praat en indien moontlik ook ʼn derde taal.

Van die gespreksgenote om die tafels het onderling van hom verskil dat Stellenbosch oorwegend Engels is.

Tussen al die verskillende dialekte en klemverskille oor Afrikaans was die een gemene deler dat Afrikaans se belange beskerm en uitgebou moet word, maar dat meertaligheid die antwoord is vir Suid-Afrika met al sy diversiteit.

Izak de Vries som dit so op: “Oor een ding is daar saamgestem: Afrikaans se komvandaan is ’n bastertaal met baie, baie invloede. Hierdie verbastering word ook by die Taalmonument gevier.”

Amanda de Stadler van Vriende van Afrikaans saam met Isabeau Botha van Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument.

The post Ommietafel: Afrikaans is nie die “issue” nie appeared first on LitNet.

"Beautiful in Beaufort-Wes": Koos en Kannetjie Kombuis skryf oor twee kante van 'n saak

$
0
0

Gert Vlok Nel (foto: Naomi Bruwer)

"Beautiful in Beaufort-Wes" is sý song, skryf Gert Vlok Nel op sy Facebook-blad aan Theuns Jordaan. (Netwerk24-berig hier beskikbaar.) Theuns Jordaan reageer in Huisgenoot: "Ek is stomgeslaan deur Gert se aantygings en hoe hy die werkinge van die musiekbedryf verstaan."

'n Saak het altyd twee kante. Kannetjie, Koos Kombuis se vrou, vertel eers oor die praktiese kant van die musiekbedryf, een liedjie en twee musikante. Daarna is Koos aan die woord om oor die menslike gevoelens te skryf.

Kannetjie: Die praktiese kant

Die oorspronklike eienaar(s) van kopiereg in ‘n liedjie is die skrywer(s) van die lirieke en die komponis(te) van die toonsetting. In baie gevalle is daar ook ‘n derde party, die uitgewer, wat aanspraak maak op ‘n gedeelte van die kopiereg. Skrywers en komponiste sou hul kopiereg oordra aan ‘n uitgewer, wie se werk dit dan sou wees om die liedjie aan die publiek bekend te stel, aan ‘n sanger voor te lê, te bemark, tantieme in te vorder, ens. Vandag is skrywers/komponiste wyser: hulle besef dit is nie nodig om hul regte aan ‘n uitgewer oor te dra nie, veral in die geval van skrywer-sangers wat hul eie materiaal sing en opneem.

Wanneer iemand ‘n liedjie wil opneem waarvan hy of sy nie die kopiereg besit nie, sonder enige wesenlike verandering in die melodie of lirieke (‘n sg cover version), is dit nie nodig om enige toestemming te vra nie (alhoewel dit sekerlik die ordentlike ding is om te doen). Wat wél nodig is, is dat die oorspronklike kopiereg-eienaar(s) in kennis gestel moet word dat die liedjie opgeneem gaan word en hoeveel eenhede (CD’s) gedruk gaan word. ‘n Fooi vir elke gedrukte CD, of elke digitale download, word dan aan die oorspronklike kopiereg-eienaars betaal. Dit is meganiese-reproduksie-tantieme, betaalbaar omdat die liedjie meganies geproduseer word met elke CD wat gedruk of digitale kopie wat afgelaai word.

Die meeste uitgewers/skrywers/komponiste behoort aan ‘n organisasie wat namens hulle hierdie fooie hef en insamel, in Suid-Afrika is CAPASSO hiervoor verantwoordelik. Dit is die verantwoordelikheid van die platemaatskappy wat die cover version opneem om seker te maak dat die meganiese tantieme aan die regte persoon of persone betaal word.

Sou die cover version oor die radio gespeel word, of deur die sanger wat dit nou vertolk opgevoer word voor ‘n gehoor, is uitvoertantieme (performance royalties) eweneens aan die oorspronklike kopiereg-eienaar(s) betaalbaar. SAMRO is verantwoordelik vir die insamel en uitdeel van hierdie tantieme. Skrywers, komponiste en uitgewers moet hul kopiereg by SAMRO registreer, en sangers en radiostasies moet aan SAMRO verslag doen oor wat hulle gespeel en gesing het. SAMRO reik lisensies uit en deel dan die geldjies uit aan wie dit toekom.

In die geval van ‘n cover version kan die persoon wat die liedjie net vertolk, dus geen aanspraak maak op enige kopiereg of tantieme nie. So ‘n persoon sal wel geld verdien uit die verkoop van sy CD en optreefooie.

As daar verander word aan ‘n bestaande liedjie – as die lirieke byvoorbeeld vertaal word, of die melodie wesenlik verander word – word ‘n geheel nuwe werk geskep. Voordat dit kan gebeur, moet uitdruklike toestemming van die oorspronklike kopiereg-eienaar(s) verkry word. In so ‘n geval sal die persoon wat die liedjie verander het, wel op ‘n gedeelte van die kopiereg van die nuwe werk kan aanspraak maak en sy of haar deel van die meganiese en uitvoertantieme kan opeis. Dit is dan nie meer ‘n cover version nie, maar ‘n afgeleide (derivative) werk.

Dit klink alles goed en wel, maar probleme ontstaan waar cover versions in die naam van die vertolker (sanger) daarvan by SAMRO geregistreer word as ‘n nuwe liedjie. Die sanger maak dan (wederregtelik) aanspraak op kopiereg en ontvang die tantieme. SAMRO neem eenvoudig aan dat inligting wat aan hulle gegee word, eerlik en korrek is.

Soms word die foute uit onkunde gemaak en soms is dit kwaadwillig. Uitgewers (wat dikwels verbonde is aan groot platemaatskappye) word ook gereeld daarvan beskuldig dat hulle nie die oorspronklike skrywers/komponiste op die hoogte hou van inkomste wat hulle musiek verdien het en hulle ooreenkomstig vergoed nie. Groot platemaatskappye doen ook nie altyd die moeite om seker te maak dat individuele skrywers/komponiste wat nie hul regte aan groot uitgewers oorgedra het nie, hul regmatige vergoeding ontvang nie.

Koos Kombuis (foto: Naomi Bruwer)

 Koos: Die menslike gevoelens

Wat my betref: dit pla my feitlik nooit as mense my werk cover nie, en as die papierwerk in orde is, voel ek ook nie dis nodig dat hulle my toestemming persoonlik vra nie.
 
Die rede is eenvoudig: baie mense in die musiekindustrie sing in elk geval mooier as ek, en feitlik almal deur die bank, kan instrumente beter bespeel! 
 
Dis vir my heerlik om al die verskillende weergawes van "Lisa se klavier" te hoor. Moet ook nie vergeet nie: daardie eerste version deur Laurika het my op die map gesit! Daar is ook 'n paar wonderlike vertalings wat die ronde doen.
 
Dis natuurlik 'n ander saak as iemand sonder my toestemming wil verander aan die akkoorde en woorde, of as iemand slegs 'n cover version doen en dan beweer die werk is hul eie. Dit gebeur soms per abuis dat iets verkeerd genoteer word. Dis belangrik dat sulke foute so vinnig moontlik uitgesorteer word en uit te vind presies wat die feite is - voor mense te nagekom voel of finansieel skade ly.

The post "Beautiful in Beaufort-Wes": Koos en Kannetjie Kombuis skryf oor twee kante van 'n saak appeared first on LitNet.

Gert Vlok Nel - Beautiful in Beaufort-Wes

$
0
0

So ver my kennis strek, en hier is slim mense wat sal weet, betaal radiostasies "tantieme?" vir musiek wat hul speel.

Ek glo nie dit is waarna Gert Vlok Nel verwys nie, en ek reken Theuns Jordaan weet dit ook.

As jy musiek lewendig speel soos 'n "disc jockey" moet jy rekord hou van die musiek wat jy speel en 'n oorbetaling maak aan die spesifieke liggaam vir die gebruik van die musiek. Op 'n manier vind (van) hierdie gelde hul weg na die betrokke musikante/skrywers wie se liedjies dit is.

As mens enige musiekkonsert bywoon of na 'n TV-uitsending luister waar die betrokke kunstenaar iemand anders se liedjie sing, is dit die gebruik (sy/haar plig) om erkenning te gee aan die eienaar van die liedjie.

Ek is nie seker of hier ook 'n koste-verhaling moet plaasvind nie.,

Dit is nie verbasend dat daar baie oningeligtes is wat dink dat die liedjie wat nou weer ter sprake is, die werk van Theuns Jordaan is nie. 

 

The post Gert Vlok Nel - Beautiful in Beaufort-Wes appeared first on LitNet.

Programme: The Star Soweto Literary Festival 2016

Uitnodiging: Jan Rabie & Marjorie Wallace-gedenklesing deur SJ Naudé

The Beggar

$
0
0

He stands next to the car
At the robots.
By now I know to avert my eyes
So that he does not implore.
So that I don't have to
look into a forlorn face.
A face filled with hunger and regret.
A face so surprisingly hard to forget.
His eyes betray his life
His wrinkles are his stamp from time
His lips mouth the word "Please".
Over and over again.
We count the seconds
until green means go
So that he is, out of sight
So that he can be, out of mind.
That beseeching beggar
His hopeless homelessness.
Even if I don't see him.
I still see him.

The post The Beggar appeared first on LitNet.


Geheelbeeld

$
0
0

breekgoed breek goed
mensdom is dom
van verveel is daar veel
en geld geld

en tog
is die geheel
deur Hom
geheel en al
geheel

The post Geheelbeeld appeared first on LitNet.

’n Ondersoek na die verwerwing van klanke deur middel van musiek deur vreemdetaalstudente van Afrikaans

$
0
0

’n Ondersoek na die verwerwing van klanke deur middel van musiek deur vreemdetaalstudente van Afrikaans

Jaydey Sass en Elbie Adendorff, Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch

LitNet Akademies Jaargang 13(2)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die verwerwing van Afrikaanse klanke en die uitspraak daarvan vorm dikwels die basis van taalverwerwingskursusse. Uitspraak is ’n belangrike aspek in die verwerwing van ’n nuwe taal en daarom behoort die onderrig van uitspraak ’n vername rol in die taalverwerwingsklaskamer te speel. Uitspraak is dikwels vir taalverwerwingstudente die moeilikste aspek om te bemeester. Die gebruik van musiek as hulpmiddel in taalverwerwing is geen nuwe verskynsel nie. Die gebruik daarvan in die onderrig en leer van nuwe tale fokus dikwels op die verwerwing van woordeskat en begrip terwyl die gebruik daarvan om uitspraak en klanke te verwerf, min plaasvind. Min studies oor die gebruik van Afrikaanse musiek om kenmerkende Afrikaanse klanke te verwerf, is al onderneem. Hierdie artikel lewer verslag oor so ’n studie wat onderneem is met vreemdetaalstudente wat Afrikaans op universiteit volg. ’n Gemengde metodologie van kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsing is onderneem deurdat vraelyste, klaswaarnemings, musiekroosters en klankopnames in die ondersoek gebruik is om vas te stel of die luister na Afrikaanse musiek die studente help om Afrikaanse klanke te verwerf, asook of dit hulle Afrikaanse uitspraak verbeter. Vier-en-dertig eerstejaarstudente wat vir die taalverwerwingsmodule geregistreer het, het die vraelys, wat hulle onder meer oor hulle eerste taal, hulle algemene Afrikaans-vaardigheid en hulle houding teenoor Afrikaans en Afrikaanse musiek gevra het, voltooi. Twee-en-twintig studente is vir die klankopnames in ’n proefgroep (12 studente) en ’n kontrolegroep (10 studente) verdeel. Die proefgroep moes op hulle eie buite klasverband vir 30 minute per dag vir sewe dae na aanbevole Afrikaanse musiek met lirieke luister en ’n rooster voltooi van die musiek en hoe lank hulle daarna geluister het. Die kontrolegroep het slegs in klasverband blootstelling aan uitspraak en klanke gekry. Die hoofbevindinge is dat die studente baat gevind het daarby om na Afrikaanse musiek met lirieke te luister deurdat 61% van klanke wat aanvanklik nie korrek uitgespreek is nie, na die luister na Afrikaanse musiek wel korrek uitgespreek is.

Trefwoorde: Afrikaanse klanke; Afrikaanse taalverwerwing; musiek; uitspraak

 

Abstract

An investigation into the acquisition of sounds through the use of music by foreign language students learning Afrikaans

The acquisition of sounds and the pronunciation of these sounds usually form the basis of language acquisition courses. Pronunciation is an important aspect of the acquisition of a new language and therefore the teaching and learning of pronunciation should play a major role in language acquisition classrooms. Pronunciation is often seen as one of the most difficult aspects to acquire by language learners (Gilakjani and Ahmadi 2011:81) and is often seen as the “Cinderella” of language acquisition courses (Kelly 1969 and Dalton 1997 in Thanasoulas 2000. According to Gilbert (2008:42) there are several reasons for not teaching pronunciation.

The use of music as a resource in language acquisition is not a new feature, as seen in Engh (2012), where he reports on the use of music in the ’50s through the audiolingual method of teaching and in the ‘70s in the use of the suggestopedia method. The use of music in the teaching and learning of new languages often focuses on the acquisition of vocabulary and comprehension as well as for creating a relaxed atmosphere in class. The use of music to learn and acquire sounds and pronunciation is not frequent in classrooms and is also not an acknowledged research area in language acquisition. A few studies on the use of music and lyrics to teach and acquire sounds and pronunciation are: Ulate (2007), Brand and Li (2009), Chen (2011) and Romero, Bernal en Olivares (2012). Not a lot of research on the use of Afrikaans music with lyrics to learn characteristic Afrikaans sounds have been undertaken.

This article reports on such a study undertaken with foreign language students learning Afrikaans at a university. The study examined the use of Afrikaans song lyrics in acquiring the pronunciation of sounds. It showed how the use of the lyrics increased the students’ ability to pronounce the sounds correctly. The main objective of the study was not only to discover whether the lyrics of the songs had a positive effect on the students’ acquiring the typical sounds in Afrikaans, but also to discover why the use of lyrics is effective in Afrikaans pronunciation learning. To achieve this, 34 first-year students enrolled in an Afrikaans language acquisition module were examined.

The theoretical framework for the study is the communicative approach to second-language acquisition. Engh (2012) postulates that since the communicative approach and the task-based approach to language teaching have been used as theoretical underpinnings in second-language teaching the demand for more pedagogically grounded reasons for the use of music and lyrics has increased. Engh (2012:113) states: “While many teachers intuitively felt music was beneficial in teaching English language, there was also the perception that there was a lack of understanding of the theoretical underpinnings that supported such a choice.” Researchers such as Alyotte (2004), Brand and Li (2009) and Ulate (2007) based their studies on the use of music in foreign language classrooms with specific reference to Krashen’s second language acquisition theory.

Thirty-four first year students who enrolled in the Afrikaans Language Acquisition 178 module completed the questionnaire which gathered information on the students’ language background – for example on their home language, their attitude towards and their experience and current knowledge of Afrikaans, as well as their experience of Afrikaans music and their attitude towards Afrikaans music. They also had to rate their general Afrikaans language skills by using the self-assessment grid of the European Reference Framework. They specifically had to rate their proficiency in Afrikaans pronunciation. They had to list their favourite music genre – the reason for this was to lower the affective filters of the students in the experimental group by giving them song lyrics in their preferred music genres. All the students were recorded and then observed in the classroom setting. The recordings were transcribed according to the International Phonetics Alphabet (IPA).

Twenty-two students were divided into two groups: an experimental group of 12 students and a control group of 10. The experimental group were given a list of Afrikaans lyrics to listen to and a grid to fill in. The experimental group had to listen on their own outside of class to this recommended Afrikaans music with lyrics for 30 minutes every day for seven days. They had to complete the grid on the music they listened to and how long they listened to it. The control group received input on sounds and pronunciation in class only.

At the end of the study all the students were recorded again. The recordings were transcribed and analysed.

A mixed-method approach of quantitative and qualitative research was undertaken through the use of questionnaires, classroom observations and recordings to study whether listening to Afrikaans music with lyrics will help students to learn Afrikaans sounds as well as improve their Afrikaans pronunciation. Steps were taken to ensure the validity of the results by triangulations. Only data about which there was no doubt about was used. As authors we are aware that two of the data input methods used (questionnaire and music grid), are subjective and deliver unverifiable input which does have a restricted effect on the results. Because of the many variables in this study we present the pronunciation results as a case study by comparing nine participants’ recordings with the data collected from their questionnaires. We used five participants from the experimental group and four from the control group.

This research had some restrictions which could have had an influence on the results. Of the initial 34 students, 22 were recorded, while only 14 students were recorded for the second recordings: 10 from the experimental group and four from the control group. The reasons for this were that students were not in class for one or both recordings, students were recorded only once, or some students’ pronunciation was so good in the first recording that they were eliminated from the study. Other limitations were that students did not always come to class and recording them was a challenge, and the time limit to listen to the music was limited; were the students to have been given longer time, the results could have been different. Some students did not listen to the music as instructed. Initially the students had to complete a post-questionnaire, but because of time restrictions we did not get to those questionnaires. We are also aware that in a study like this it is difficult to restrict, on the one hand, the exposure to only music as input for the experimental group and on the other hand for the control group not to receive more input than only in the classroom.

The main finding was that the students’ pronunciation benefited by their listening to Afrikaans music with lyrics. 61% of the sounds not pronounced correctly initially were pronounced correctly after the students had listened to the music. In the control group only 26% improved their pronunciation. In the first recording the following sounds were pronounced incorrectly: [y:], [f], [œy], [u:], [k] en [x], and [r] was omitted. We found a direct correlation between the students’ attitude towards Afrikaans, Afrikaans music and the music they listened to. We came to the conclusion that the use of song lyrics benefited the students.

Keywords: Afrikaans language acquisition; Afrikaans pronunciation; music; pronunciation

 

1. Inleiding

Die artikel lewer verslag oor navorsing wat onderneem is met eerstejaarstudente in die module Afrikaanse Taalverwerwing 178, wat deur die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit Stellenbosch aangebied word. Studente wat vir hierdie module registreer, het geen of min kennis van Afrikaans nie en hulle huistale is nie Afrikaans nie. Die doel van die module is om Afrikaanse akademiese en sosiale kommunikasievaardighede te ontwikkel sodat studente basiese akademiese en sosiale gesprekke in Afrikaans op kampus kan volg en daaraan kan deelneem. Om hierdie doel te bereik, is dit nodig om op onder andere uitspraak te fokus, aangesien uitspraak en luister- en praatvaardighede hand aan hand gaan. Navorsers soos Feric (2012), Martin (2013) en Yousefi, Yekta en Farahmandian (2014) bevind dat die gebruik van musiek binne en buite die taalverwerwingsklaskamer ’n nuttige bron vir die verwerwing van korrekte uitspraak is.

Die rasionaal vir dié studie is die behoefte wat die Afrikaanse taalverwerwingstudente uitgespreek het om meer onderrig oor en hulp met die aanleer en verwerwing1 van Afrikaanse klanke te ontvang, omdat hulle selfbewus en onseker voel oor hulle Afrikaanse uitspraak. “Vreemde” klanke soos [x] en [r] wat in Afrikaans voorkom, is moeilik vir hierdie vreemdetaalstudente om korrek uit te spreek. Alhoewel uitspraak wel in die module onderrig word, neem uitgebreide uitspraaklesse baie tyd in beslag en word studente aangemoedig om gebruik te maak van bykomende hulpmiddele, soos die luister na Afrikaanse radio en musiek.

Hierdie artikel lewer verslag oor ’n ondersoek na die effek van die luister na die lirieke van Afrikaanse musiek op die verwerwing deur vreemdetaalstudente van klanke wat kenmerkend aan Afrikaans is.

 

2. Teoretiese raamwerk

Die navorsing wat onderneem is, is gesitueer binne die breë veld van die kommunikatiewe benadering tot tweedetaalverwerwing.2 Engh (2012) verwys na die gebruik van musiek en lirieke in taalonderrigmetodologieë soos die oudiolinguale metode en die suggestopedia. Hy postuleer dat sedert die kommunikatiewe benadering en die taakgebaseerde benadering in tweedetaalonderrig as teoretiese onderrig- en navorsingsraamwerk gebruik word, die vraag na meer pedagogies-gefundeerde redes vir die gebruik van musiek en lirieke in taalonderrigsituasies toegeneem het. Wat die verband tussen teoretiese beginsels en die metodologie van uitspraakonderrig betref, is Engh (2012:113) van mening dat “[w]hile many teachers intuitively felt music was beneficial in teaching English language, there was also the perception that there was a lack of understanding of the theoretical underpinnings that supported such a choice”.

Die tweedetaalverwerwingstudieveld behels die bestudering van wyses waarop nuwe tale aangeleer en verwerf word (Christopher, Smith, Patrick en Wicaksono 2011:1). Navorsers soos Ayotte (2004), Ulate (2007) en Brand en Li (2009) ondersoek in hul studies die rol van musiek in die vreemdetaalklaskamer, met spesifieke verwysing na Krashen (1982) se tweedetaalverwerwingsteorie as basis vir hul teoretiese raamwerk.

Volgens Krashen (1982:21) kan vlotheid in spraak nie direk verwerf word nie. Dit kom oor tyd op sy eie na vore. Volgens Krashen (1982:21) is die beste manier om spraak te onderrig om verstaanbare insette3 te voorsien. Die studente wat aan dié ondersoek deelgeneem het, moes genoegsame insette van Afrikaanse klanke ontvang om sodoende ’n “luistervriendelike”4 model vir uitspraak te ontvang. Voorts bied musiek voorbeelde van outentieke taal, wat belangrik in die kommunikatiewe benadering en die taakgebaseerde benadering is – sien Nunan (2004). Musiek kan as outentiek by eerstetaalsprekers gesien word, aangesien hulle oor musiek praat en omdat sang as groepsaktiwiteit gereeld formeel en informeel plaasvind. Daarom is dit gemotiveerd om dit in tweedetaalklaskamers te gebruik (Mishan 2005).

Krashen (1982) argumenteer in sy affektiewefilter-hipotese dat ’n taalaanleerder optimaal in ’n omgewing van lae angs, selfvertroue en hoë motivering leer. Dié hipotese demonstreer hoe affektiewe faktore met tweedetaalverwerwing verband hou. In die geval van hierdie ondersoek word die affektiewe filter verlaag deur die studente na ’n genre van hul keuse in Afrikaans te laat luister. Op daardie manier maak die verlaagde affektiewe filter die studente meer ontvanklik vir die insette sodat hulle kanse groter word om die Afrikaanse uitspraak aan te leer. Engh (2013) se navorsing toon hoe die affektiewe filter en die gebruik van musiek in die taalklaskamer met mekaar verband hou deurdat musiek die affektiewe filter van die studente verlaag en hulle help om ontspanne te raak en sodoende meer ontvanklik vir die verwerwing van taal.

Navorsing oor die gebruik van musiek in taalverwerwing is al onderneem terwyl slegs enkele studies binne die taalverwerwingsteorie oor die gebruik van musiek om uitspraak te verwerf, onderneem is.

Een van dié voorbeelde van navorsing oor uitspraak en musiek is deur Ulate (2007) onderneem. Sy ondersoek die gebruik van musiek om studente wat Engels as vreemde taal aanleer se uitspraak te verbeter. Ulate (2007:101–2) kom tot die gevolgtrekking dat taalopvoeders deur die gebruik van musiek en ander verwante aktiwiteite hul studente kan help om die verskille tussen moeilike klanke uit te ken en sodoende hulle uitspraak verbeter. Ulate (2007) maak voorts van vraelyste gebruik, waarvan die resultate toon dat die studente ’n positiewe houding teenoor die verwerwing van ’n taal deur middel van musiek het. Ons kom tot dieselfde gevolgtrekking: 68% van die deelnemers aan ons ondersoek dui aan dat musiek met die verwerwing van uitspraak kan help.

Brand en Li (2009) toets die effektiwiteit van die gebruik van musiek en lirieke as hulpmiddel vir volwasse studente vir die verwerwing van Engels as tweede taal in die Volksrepubliek van China. Die musiek en lirieke is gebruik om luisterbegrip, leesbegrip en uitspraak in Engels te oefen; asook om die grammatika en klempatrone van Engels aan te leer (Brand en Li 2009:78). Al die studente het dieselfde inhoud ontvang en is deur dieselfde dosent vir ses lesse van 90 minute elk onderrig. Die studente is in drie groepe verdeel: in een groep is musiek altyd in die klas gebruik; in die tweede groep is musiek net die helfte van die tyd geluister; en die derde groep het nooit na musiek geluister nie. Die resultate van Brand en Li (2009) se studie toon dat diegene wat deurgaans aan Engelse musiek blootgestel is, beduidend beter punte as die ander twee groepe in die toetse behaal het. Hulle houding teenoor die verwerwing van Engels was voorts meer positief en hulle het meer vertroue in die onderrigmetode gehad. Tog is daar bevind dat die studente wat nie na musiek geluister het nie, beter presteer het as dié wat net die helfte van die tyd na musiek geluister het. Die studente wat nie na musiek geluister het nie (in plaas van die helfte van die tyd) se houding teenoor Engels en die beheersing daarvan was ook beter (Brand en Li 2009:80). Dié bevinding word daaraan toegeskryf dat die onreëlmatige gebruik van musiek verwarrend en steurend vir studente is wat konsekwentheid van onderrigmateriaal verkies. Ons lei uit Brand en Li (2009) se resultate af dat wanneer musiek in die klaskamer gebruik word, dit konsekwent moet wees om nie die studente te verwar nie.

Woordeskat- en uitspraakverwerwing is gesamentlik in Chen (2011) se navorsing ondersoek. Die doel van die ondersoek was om vas te stel of die gebruik van musiek die leerders se Engelse uitspraak en woordeskat affekteer. Eenhonderd agt-en-twintig leerders in graad 4 het aan die studie deelgeneem. Die leerders het 12 weke lank onderrig ontvang om hulle woordeskat en uitspraak te help verbeter. Daar is ’n beduidende verskil tussen die uitspraak en woordeskat se voor- en natoetse van die proefgroep ná die gebruik van musiek in die klaskamer. Die uitspraak- en woordeskattoetse van die kontrolegroep het egter nie beduidende verskille in die uitslae getoon nie. Chen (2011:89–90) se natoetsvraelys-uitslae toon voorts dat die meeste van die leerders dit geniet om Engels met behulp van musiek te verwerf. Verder het 84% van die leerders aangedui dat musiek hulle belangstelling in Engels verhoog het en 83% sê dat hulle meer betrokke by die verwerwing van Engels geraak het.

Die gebruik van liedjies vir die ontwikkeling van Engelse spraakvaardighede word ook deur Romero, Bernal en Olivares (2012) ondersoek. Hulle het data ingesamel deur middel van waarnemings, daaglikse veldnotas en -video’s en vraelyste. Hulle fokus op die uitbreiding van woordeskat, die verbetering van Engelse uitspraak en die motivering vir die verwerwing van ’n vreemde taal. Romero e.a. (2012) kom tot die gevolgtrekking dat die deelnemers se woordeskat vergroot het, dat hulle uitspraak verbeter het en dat hulle ook deur die musiek gemotiveer is om die taal aan te leer.

Alhoewel bogenoemde navorsers verskillende metodes gebruik om hul data in te samel, kom hulle almal tot die slotsom dat musiek ’n waardevolle pedagogiese hulpbron is en inderdaad onder meer woordeskat en uitspraak verbeter. Dit behoort daarom ’n belangrike rol te speel in die onderrig en leer van nuwe tale.

 

3. Belangrikheid van uitspraak

In Donaldson (2000) se gids vir beginnerleerders van Afrikaans sê hy dat die bemeestering van uitspraak moontlik dié moeilikste aspek van Afrikaans is. Dit word ondersteun deur Gilakjani en Ahmadi (2011:81) se siening dat uitspraak en die verwerwing van klanke in die algemeen ’n uitdaging aan taalaanleerders stel.

Hierdie aspek word egter dikwels afgeskeep in vreemdetaalonderrig. Ulate (2008:99) is van mening dat uitspraak “is considered less important than other skills and is given less importance in a teacher’s lesson planning”. Trouens, in die verwerwing van ’n vreemde taal word die onderrig van uitspraak as die Aspoestertjie van taalonderrig beskryf (Kelly 1969 en Dalton 1997 in Thanasoulas 2000).

Uitspraak behoort ’n geïntegreerde en integrale deel van taalverwerwing te vorm aangesien taalaanleerders eers klanke en die uitspraak daarvan moet bemeester voordat ander vaardighede, soos lees en skryf, aandag kan geniet (Wei 2006, Griffiths 2011, Reid 2014). Klankkennis speel volgens Le Roux (2004:61) ’n vername rol in die verwerwing van lees- en skryfvaardighede. Ulate (2008:99) huldig dieselfde mening wanneer sy skryf: “Pronunciation plays a very important role in language learning because even when grammar and vocabulary are used correctly, if vowel and consonant sounds and aspects such as intonation, linking, rhythm and stress are not produced accurately, the intended message cannot be delivered comprehensibly.”

Elemente soos ritme en intonasie ondersteun volgens Wei (2006:2) die kommunikasieproses, dus moet enige taalaanleerder wat goeie kommunikasievaardighede wil verwerf, ook die uitspraak van ’n taal verwerf. Wong (1987) beklemtoon in Wei (2006:2) dat as nie-eerstetaalsprekers se uitspraak onder ’n sekere drumpelwaarde val, hulle nie effektief sal kan kommunikeer nie, selfs al is hulle woordeskat en grammatika uitstekend. Volgens hom is die belangrikheid van uitspraak duidelik wanneer die verband tussen uitspraak en luisterbegrip in ag geneem word. In gespreksituasies verwag die gespreksgenote om mekaar te kan verstaan: Luisteraars verwag om sekere patrone of ritme en intonasie te kan volg, terwyl sprekers hierdie patrone moet gebruik om effektief te kommunikeer. Luisteraars sal nie die betekenis van die boodskap maklik verstaan as die ritme en intonasie atipies vir die betrokke taal is nie.

Varonis en Gass (1982) ondersoek die faktore wat luisterbegrip in eerstetaalsprekers van Engels affekteer wanneer hulle na vreemde- of tweedetaalaksente luister. Hulle kom tot die gevolgtrekking dat grammatika en uitspraak die algehele verstaanbaarheid van ’n vreemdetaalspreker beïnvloed. Dit is om dié rede dat eerstetaalsprekers dikwels nie-eerstetaalsprekers as onverstaanbaar beskou as hulle uitspraak nie luisteraarvriendelik is nie. Ons is van mening dat dit ook die geval in ander tale is, insluitende Afrikaans.

Uitspraak is een van die belangrikste vaardighede wat verwerf moet word, aangesien nieluistervriendelike uitspraak byvoorbeeld misverstande kan veroorsaak. Volgens Gilbert (2008:42) is daar verskeie redes waarom die onderrig van uitspraak afgeskeep word. Die woord uitspraak laat taalaanleerders aan klanke dink wat verwar kan word, wat dan tradisioneel tot drilwerk lei. Hierdie manier van klanke onderrig is vervelig en behou nie die studente se aandag nie. Voorts bied sommige handboeke uitspraak deur middel van onpraktiese klem- en intonasiereëls aan. Om hierdie en ander redes speel die onderrig van uitspraak ’n klein of geen rol in taalklaskamers nie. Dit lei daartoe dat min navorsing oor die onderrig van uitspraak onderneem word.

Conti (2016) verskaf ’n lys van uitspraakonderrigmetodes. Een van die eerste besluite wat die taalopvoeder moet neem, is oor die maatstaf van verstaanbaarheid (“intelligibility”) teenoor korrektheid (“accuracy”). Met ander woorde: Moet die student net verstaan kan word? Of is byna 100%-korrektheid die doel? Tweedens moet besluit word hoe intensief of uitvoerig uitspraak onderrig moet word. Die taalopvoeder moet besluit of die uitspraak van die taal se foneme intensief oor die tydperk van ’n paar weke onderrig moet word of om dit oor ’n aantal maande te doen deur elke dag ’n deel te onderrig. Na aanleiding van die literatuur oor tweedetaaluitspraak is uitvoerige onderrig die beste manier om uitspraak te onderrig. Derdens moet die taalopvoeder besluit of uitspraaklesse afsonderlik, geïntegreerd met ander grammatiese inhoud of ’n kombinasie van die twee gedoen moet word. Conti (2016) beveel die gebruik van ’n kombinasie aan, omdat tyd in die klaskamer beperk is en dit sistematiese herhaling bewerkstellig. In die laaste plek kan uitspraakonderrig volgens bewusmaking of outomatisasie plaasvind. Volgens Conti (2016) is daar meer klem op bewusmaking in taalklaskamers. Die taalopvoeder bied ’n model van die uitspraak eerstens in isolasie en dan in die gebruik van woorde aan. Die taalaanleerders herhaal hierna die klanke en woorde hardop deur die gebruik van tongknopers en ander tipes driloefeninge. Outomatisasie beteken dat die taalaanleerders eerstens daartoe in staat moet wees om tussen foneme in die nuwe taal en hulle eerste taal te kan differensieer; tweedens om die teikenfoneme akkuraat in isolasie en derdens in kombinasie met ander foneme op woord- of frasevlak in konteks met spontane mondelinge kommunikasie te kan produseer. Conti (2016) is van mening dat bewusmaking nie tot outomatisasie lei nie en stel ’n vierfase-onderrigmetodologie voor wat tot van klanke en uitspraak sal lei.

Wat die onderrig van klanke en uitspraak betref, kan liedere, speletjies en tongknopers gebruik word om taalaanleerders te motiveer om die uitspraak te verwerf. Celce-Murcia (1996 in Hismanoglu en Hismanoglu 2010:985) verwys daarna dat taalopvoeders tradisioneel van die fonetiese alfabet en aktiwiteite soos transkripsie-oefeninge, drilwerk, speletjies, tongknopers en die hardoplees van kort gedeeltes en dialoë gebruik gemaak het om uitspraak te onderrig. Ander gewilde maniere van uitspraakonderrig sluit luister en na-aping, visuele hulpmiddele, oefening van vokaalverskuiwings en opnames van die leerder se uitspraak in (Hismanoglu en Hismanoglu 2010:985).

’n Uitspraakklas behoort nie net uit die onderrig van klanke en die uitspraak van die verskillende vokale en konsonante te bestaan nie. In tradisionele klaskamers word volgens Wei (2006:5) en Wolmarans (2008) die onderskeid tussen klanke gebruik om taalaanleerders bewus te maak van die verskille tussen woorde, dikwels ter ondersteuning van spelreëls of ander grammatikareëls. In hierdie klaskamers word musiek gebruik vir luisteroefeninge, woordeskataktiwiteite, motivering, en ook net vir die pret. Musiek as pedagogiese hulpmiddel is ’n betroubare hulpbron om onder meer fonetiese onderskeiding, intonasie, aksentuering en artikulasie te onderrig (sien onder meer Engh 2013, Faber e.a. 2015, Hugo en Horn 2013, Schoepp 2001). Crumpler (2013) postuleer dat die gebruik van musiek die taalaanleerders help om ouditiewe en spraakfunksies wat toonhoogte, toonkleur, intonasie, tydsberekening, ritme, artikulasie en klem insluit, verwerf – aspekte waaraan ons in hierdie ondersoek nie aandag geskenk het nie.

 

4. Oorsig van studie

Hierdie afdeling verskaf ’n oorsig van die breë studie deur die deelnemers, die metodologie en die geldigheid en betroubaarheid van die data te bespreek. Die doel hiervan is om die studie te situeer voordat die resultate in die volgende afdeling ontleed en bespreek word.

4.1 Deelnemers

Studente word volgens die Jaarboek (2015) van die Universiteit Stellenbosch tot die Afrikaanse Taalverwerwing 178-module toegelaat slegs indien hulle vreemdetaalsprekers van Afrikaans is wat nog nooit formele opleiding in die taal gehad het nie of dit as ’n derde addisionele taal geslaag het. Die module mik daarna om basiese lees-, skryf-, spraak- en luistervaardighede te ontwikkel. Nog ’n doel van die module is om Afrikaans op akademiese en sosiale vlak aan die studente bekend te stel. Die studente leer onder andere basiese Afrikaanse woordeskat en grammatika. Die klasse word in klein groepe in ’n informele atmosfeer aangebied. Daar word onder meer gebruik gemaak van musiek, stories, prentillustrasies en rolspel (Adendorff 2014:1).

Die deelnemers aan die eerste deel van die ondersoek, waartydens algemene agtergrondinligting oor die studente verkry is, was al 34 eerstejaarstudente wat in 2014 vir die module geregistreer het. Volgens die deelnemersinligting van 24 studente5 het 13 Afrikaans-onderrig gehad (van minder as een tot nege jaar) terwyl 11 nog nooit Afrikaans-onderrig ontvang het nie. Dit plaas hulle volgens die Europese Referensiekader (2001) op die A1-vlak, naamlik beginner-taalaanleerders van Afrikaans. Onder die 34 deelnemers was daar sprekers van 10 verskillende eerste tale: Engels, Igbo, Koreaans, Ndebele, Sjona, Swati, Suid-Sotho, Tswana, Xhosa en Zoeloe.

Die deelnemers wat deel van die ondersoek gebly het, waartydens klankopnames gemaak is om vas te stel watter uitspraakfoute die beginner-taalaanleerders van Afrikaans maak, het verminder tot 22. Redes hiervoor was dat studente die module nie meer gevolg het nie of dat studente nie meer klas bygewoon het nie of hulle deelnemersnommers vergeet het.

Die derde fase van die ondersoek het behels dat studente in twee groepe verdeel is, naamlik 12 studente in die proefgroep (wat na Afrikaanse musiek met lirieke geluister het) en 10 in die kontrolegroep (wat nie na Afrikaanse musiek geluister het nie).

4.2 Metodologie

Vir hierdie studie is gebruik gemaak van ’n gemengde metodologie van kwantitatiewe en kwalitatiewe metodes, naamlik klankopnames (met transkripsies), musiekroosters en vraelyste. Aan die begin van die akademiese jaar het die 34 geregistreerde studente ’n vraelys ingevul.6 Die vraelys is in Engels aan die studente gegee omdat hulle aan die begin van die module nog geen of min kennis van Afrikaans gehad het nie en Engels as kommunikasietaal in die klaskamer gebruik is. Die deelnemers het die vraelys anoniem voltooi, maar die inligting wat op die vraelys verskaf is, moes later in verband met hul musiekroosters en klankopnames gebring word, en daarom het elke student ’n deelnemersnommer ontvang wat op hul vraelyste en opnames aangebring moes word.

Oop en geslote vrae is in die vraelyste gebruik. Oop vrae laat die studente toe om hulle eie antwoord te formuleer, terwyl geslote vrae hulle slegs toelaat om tussen antwoorde wat die navorsers verskaf te kies. ’n Voorbeeld van ’n geslote vraag is: “Do you think that Afrikaans music can help you with your pronunciation of Afrikaans words?” Hier kon die studente slegs “ja” of “nee” antwoord. ’n Voorbeeld van ’n oop vraag is: “Do you think that there are similar sounds to Afrikaans in your first language? Use words in your first language to illustrate.”

Die eerste gedeelte van die vraelys het algemene agtergrondinligting oor onder meer die deelnemers se eerste taal en hulle algemene Afrikaans-vaardigheid gevra. Hierdie vraelys is voorts gebruik om die deelnemers se houding teenoor Afrikaans en Afrikaanse musiek vas te stel. Ons het gekyk of daar ’n ooreenkoms tussen dié houding en die luister na Afrikaanse musiek aan die een kant en die verwerwing van Afrikaanse klanke aan die ander kant is. Die eerste taal van die deelnemers is ook vasgestel, sodat moontlike eerstetaaloordrag in die uitspraak van Afrikaanse klanke ondersoek kon word; elke deelnemer se huistaal is in gedagte gehou tydens die ontleding van die data wat oor die deelnemer ingesamel is. Die klanke wat in beide die eerste taal en Afrikaans voorkom, is nie tydens data-ontleding oorweeg nie, want die deelnemers kon hierdie klanke voor die aanvang van die studie reeds uitspreek. Deelnemers is ook gevra om hulle eie vaardigheid in, uitspraak van en aksent in Afrikaans op ’n skaal van 1 tot 5 aan te dui.

’n Verdere data-insamelingsmetode wat gebruik is, is klankopnames. Die klankopnemer van een van die navorsers, ’n LG Optimus L9-selfoon, is hiervoor gebruik omdat die foon klein, onopsigtelik en maklik hanteerbaar is en klank helder en duidelik opneem. Die klanklêers vir elke opname kon ook onmiddellik herbenoem word om die deelnemersnommer aan te dui. Klanklêers is aanlyn op OneDrive (’n aanlyn stoorspasie wat deur Microsoft aangebied word) gestoor om te verseker dat die opnames in hulle oorspronklike formaat, grootte en kwaliteit behoue bly.

Twee-en-twintig studente is drie weke na die aanvang van die akademiese jaar vir die eerste keer opgeneem om te bepaal watter uitspraakfoute hulle as beginnersprekers van Afrikaans maak. Hulle het die klanke en woorde soos in Lutrin (2004:7) gegee word, herhaal, asook ’n gedeelte uit Liewe Heksie en die feëkoningin (Vels 2002:145) gelees. Die vraag kan gevra word of die gebruik van ’n kinderverhaal vir volwasse studente gepas is. As onderrighulpmiddel is die gebruik van kinder- en/of kleuterverhale nie ongewoon nie – ook nie in taalverwerwingsklaskamers vir volwasse studente nie, soos gesien kan word in Ho (2000), Van Niekerk en Van der Westhuizen (2004), Bloem (2015) en Cavus en Ibrahim (2016). Die rede vir die gebruik van die Vels-teks is dat dit eenvoudige woorde bevat en die sinne en sinskonstruksies baie eenvoudig is. Die teks is dus gepas vir beginnersprekers van Afrikaans. Net soos musiek die studente se affektiewe filters verlaag, verlaag die lees van kinderverhale ook die studente se affektiewe filters sodat hulle gemaklik en ontspanne voel en sodoende vind taalverwerwing plaas. Die opnames van die klanke wat die studente uitgespreek het, is ontleed om te bepaal watter klanke hulle nie duidelik uitspreek nie. Studente se uitspraak is met Standaardafrikaans-uitspraak vergelyk, en klankverskynsels soos assimilasie en palatalisasie wat natuurlik in aaneenlopende spraak in Afrikaans voorkom, is nie as onduidelike of verkeerde uitspraak beskou nie.

Die deelnemers is daarna in twee groepe verdeel. Die proefgroep van 12 studente moes buite lesingtye vir 30 minute per dag vir 7 opeenvolgende dae op hulle eie na aanbevole Afrikaanse musiek luister en ’n musiekrooster invul om aan te toon na watter musiek hulle geluister het en vir hoe lank. Hierdie groep is opgeneem een week nadat hulle na die musiek geluister het en hul uitspraak van die klanke is weer ontleed. Die kontrolegroep van 10 het geen ekstra hulp ontvang ten opsigte van uitspraak nie. Hulle enigste doelbewuste blootstelling aan Afrikaans het tydens lesingtye plaasgevind. Ook hulle is later in die jaar, een week nadat die proefgroep opgeneem is, weer opgeneem.7 Die opnames was met tye moeilik om te maak, omdat daar nie ’n spesiaal-ingerigte lokaal was waarin ons die opnames kon maak nie. Weens logistieke beperkings kon die opnames slegs in die klaskamer en tydens klastyd gemaak word.8 Dit het meegebring dat (i) studente soms oor opgeneem moes word omdat daar te veel agtergrondsgeraas was en/of hulle nie hard genoeg gepraat het nie en (ii) dit twee tot drie weke geneem het om al die studente op te neem.

Afrikaanse musiek is die onafhanklike veranderlike in hierdie studie en is gebruik in ’n poging om uitspraakwysiging teweeg te bring. Die studente het voor die aanvang van die studie in ’n opname aangedui na watter musiekgenres hulle luister en hierdie inligting is gebruik om te bepaal watter liedere hul aanbeveel sou word om in hierdie studie na te luister.9 Studente het aangedui dat hulle na hip-hop, rhythm and blues, house, country, indie/akoesties, dubstep, rock, soul (jazz), pop en gospel (geestelike musiek) luister. Uit die 10 genres is daar in slegs ses daarvan musiek in Afrikaans gevind, naamlik country, gospel, hip-hop, house, pop en rock.

Vyf riglyne soos verskaf deur Wolverton (1991) is gebruik om gepaste musiek vir die studente te kies.10 Die liedjie moet eerstens nuttig wees om minstens een van die taalvaardighede te leer: grammatika, uitspraak, woordeskat of kultuur. Die melodie moet in die tweede plek eenvoudig wees sodat die studente op die taalinhoud kan fokus. Die liedjie moet derdens herhalende lirieke hê of ’n refrein wat maklik aangeleer kan word. Die lirieke behoort vierdens verteenwoordigend van die gebruiklike Afrikaanse konstruksies en aanvaarbare grammatika te wees. Die liedjie kan in die laaste plek historiese en kulturele betekenis hê. Ons het ’n kriterium van Mizener (2008) bygevoeg, naamlik dat die klem in die lirieke by die klem en ritme van die melodie van die liedjie moet pas en so na as moontlik aan gewone spraakklem en -ritme moet wees.

Elke student in die proefgroep het ’n musiekrooster ontvang waarop hulle die titel, kunstenaar en lengte van elke lied waarna hulle geluister het, moes invul. Hierdie inligting is gebruik om vas te stel na watter liedere ’n student wel geluister het, sodat die klanke wat in daardie liedere voorkom, vir uitspraakverbetering in sy/haar tweede klankopname gemonitor kon word.

Die klankopnames en vraelyste is vir hierdie studie in kombinasie gebruik. Die opnames van die studente terwyl hulle lees en klanke uitspreek, is ontleed om vas te stel of hulle uitspraak van die Afrikaanse klanke duideliker geword het van die eerste na die tweede klankopname. Die vraelyste is gebruik om die Afrikaanse klanke wat die studente moeiliker of makliker uitgespreek het, te vergelyk met die klanke van hulle eerste taal (waaroor hulle in die vraelys gevra is). Die houding van die studente teenoor Afrikaanse musiek en die selfevaluering van hulle uitspraak van Afrikaanse klanke is ook in ag geneem tydens die interpretasie van die data.

Die res van die artikel fokus aanvanklik op die resultate soos verkry uit die vraelyste en daarna op die vraelys- en klankopnamedata van 9 studente as gevallestudie ten einde die verband tussen uitspraakvaardigheid en insette deur middel van Afrikaanse musiek (of nie) te toon.

4.3 Metadata en geldigheid en betroubaarheid van data

Stappe is gedoen om te verseker dat die data wat in hierdie studie versamel is, geldig en betroubaar is deur middel van triangulasie. Daar is van die data gebruik gemaak slegs as daar bo alle twyfel vasgestel is dat dit dieselfde persoon is wat die vraelys ingevul het en al die opnames gedoen het. Die rede vir die niegebruik van data van sommige studente is dat hierdie studente hul deelnemernommers na die eerste opname vergeet het. Hulle tweede opnames kon dus nie met die eerste opnames of met die inligting op hul vraelys vergelyk word nie.

Soos reeds genoem, is data op drie maniere ingesamel, naamlik deur middel van klankopnames, vraelyste en musiekroostervoltooiing. Twee van hierdie data-insamelingsmetodes (vraelyste en die musiekrooster) is subjektief en lewer dus onverifieerbare data wat ’n beperkende invloed op ons ondersoek kon gehad het.

Van die 34 studente wat die vraelys voltooi het, het 22 die eerste opname gedoen. Die tweede opname is deur slegs 14 deelnemers gedoen: 10 uit die proef- en 4 uit die kontrolegroep. Die redes vir die verskil in getalle tussen die eerste en tweede opnames sluit in dat studente nie in die klas was toe die opnames gemaak is nie; dat een van die twee opnames ontbreek het; of dat die uitspraak in die eerste opname te goed was vir verdere insluiting in die studie.

Die ondersoek het sekere beperkinge gehad: soos reeds genoem, was studente nie altyd aanwesig in die klas nie en daarom was dit moeilik om hulle op te neem. Die tydperk vir die studente om na die musiek te luister was beperk; meer omvattende resultate kon bekom geword het as hierdie tydperk langer was. Sommige studente het nie na die musiek geluister soos hulle moes nie. Die ondersoek maak verder gebruik van ’n klein aantal deelnemers, naamlik 14, van wie 10 na musiek geluister het en vier nie.

Ons is bewus daarvan dat in ’n studie soos hierdie dit moeilik is om blootstelling aan Afrikaans anders as net deur die musiek te monitor. Die verhouding tussen uitspraakvaardigheid en die aard, kwaliteit en lengte van die inset is gekompliseerd en daarom staan ons nie onkrities teenoor die bevindinge van hierdie studie nie. Verdere aspekte waaraan ons in dié studie nie aandag geskenk het nie en wat die bevindinge van die resultate kan beïnvloed, is onder meer die intertaalontwikkeling van uitspraak en die ernsgraad van foute (“error gravity”). Die afwesigheid van ’n natoets as gevolg van tydbeperkings11 is ’n verdere beperking van die studie.

Ons is voorts nie onkrities oor die eksperimentele aard van die studie en die identifisering van klanke nie. Die dosent het bewus geraak daarvan dat alhoewel sy uitspraak redelik intensief met die studente behandel het, hulle nog steeds klanke verkeerd uitgespreek het. Die studente het ook die behoefte uitgespreek om meer hulp met hulle Afrikaanse uitspraak te ontvang. Die vraag kan gevra word of studente die nodige fonologiese kundigheid het om op grond van hulle eie opinies oor Afrikaanse klanke wat nie in hulle onderskeie eerste tale voorkom nie, wel sodanige klanke kan identifiseer.

’n Verdere aspek waaraan in dié ondersoek nie intensief aandag geskenk is nie, is die invloed en rol van die studente se eerste tale. Daar is wel klanke wat ook in die studente se eerste tale voorkom, maar ’n ander ortografie het. Dit het nie aandag in ons ondersoek gekry nie, hoofsaaklik omdat ons op ander aspekte in die ondersoek wou fokus en vanweë die ingewikkelde aard van navorsing oor die invloed en rol van eerste tale in taalverwerwing.

 

5. Data-ontleding

Die data van die vraelyste is kwantitatief en kwalitatief ontleed. Die kwantitatiewe ontleding het behels dat antwoorde op sekere vrae getel is terwyl die kwalitatiewe ontleding behels het dat die kommentaar en redes wat deur studente verskaf is, tematies saamgevat is en patrone in die response gesoek is.

Die klankopnames is kwalitatief ontleed. Die eerste opname is met die tweede een vergelyk en aantekeninge oor die uitspraak van die student is gemaak. In hierdie vergelyking is daar vasgestel of daar ’n verskil in die uitspraak ten opsigte van vokale, konsonante en diftonge is. Die aantekeninge oor die twee opnames is met mekaar vergelyk en die verskille en ooreenkomste tussen die twee is beskryf. In die ondersoek na die ooreenkomste in dieselfde eerstetaalsprekers se uitspraak is daar na ooreenkomste in hul uitspraak gesoek om sodoende afleidings oor die uitspraak van vreemdetaalleerders te maak.

Die musiek wat vir die studente aanbeveel is, is gebaseer op die uitslae van die studente se “uitspraakfoute”. Die klanke wat nie luisteraarvriendelik uitgespreek is nie, is gelys en daarna is na musiek met lirieke gesoek wat ’n hoë frekwensie van daardie klanke bevat. Ons het gepoog om musiek met lirieke voor te stel wat binne die deelnemers se belangstellings- en ervaringsveld inpas.

5.1 Resultate van vraelyste

By die eerste vyf vrae het die studente op ’n skaal van 1 (swak) tot 5 (goed) hulle keuse aangedui deur die gepaste nommer met ’n kruisie (X) te merk. Die resultate daarvan is opgeneem in grafiek 1.

aden1

Grafiek 1. Resultate van vraelys

By die eerste vraag moes die deelnemers hulle algemene Afrikaans-vaardigheid aandui. Die resultate toon dat 19 deelnemers hulle Afrikaans-vaardigheid as 1 (swak) op die skaal aangedui het, 10 het hulle vaardigheid as 2 op die skaal gegradeer en vier het hulle vaardigheid as 3 aangedui. Een deelnemer het sy/haar vaardigheid as 4 op die skaal gegradeer, met ander woorde as redelik goed, ten spyte daarvan dat die hy/sy ’n beginnerleerder van Afrikaans was.

Die tweede vraag het op Afrikaanse uitspraak gefokus. Twaalf uit 34 deelnemers het hulle Afrikaanse uitspraak as 1 (swak) aangedui, 10 as 2 en ’n verdere 10 as3. Twee studente het onderskeidelik 4 (redelik goed) en 5 (goed) gekies om hulle uitspraak te gradeer.

By die derde vraag moes die studente hulle Afrikaanse aksent aandui. Twaalf van die 34 studente se aksent is 1 op die skaal. Vyftien gradeer hulle aksent as 2. Vyf dui aan dat hulle aksent ’n 3 op die skaal is. Twee het onderskeidelik hulle aksent as 4 en 5 op die skaal gegradeer. Daar is ’n verskil vir studente tussen hulle uitspraak en hulle aksent, met meer studente wat hulle aksent as slegter sien as wat hulle uitspraak is.

Die rede vir bogenoemde twee vrae was om eerstens die data oor uitspraak te verifieer en tweedens omdat daar ’n verskil tussen uitspraak en aksent is. Uitspraak (“pronunciation”) verwys volgens Meyer (2013) na die “production of phonemes” terwyl aksent (“accent) verwys na “the way each phoneme is realised”. Uitspraak is met ander woorde die manier waarop ons klanke produseer terwyl aksent die manier is waarop klanke/woorde uitgespreek word.

Die vierde vraag het op die deelnemers se houding teenoor Afrikaans in die algemeen gefokus, terwyl die vyfde vraag op hulle houding teenoor Afrikaanse musiek gefokus het. Drie studente het aangedui dat hulle houding teenoor Afrikaans op 1 lê, nege op 2, 12 op 3 en vier op 5. As dit vergelyk word met die volgende vraag oor hulle houding teenoor Afrikaanse musiek, kom beduidende verskille voor. Vyftien se houding teenoor Afrikaanse musiek is ’n 1 (die negatiefste) op die skaal, 10 se houding is 2, sewe s’n is 3, twee s’n is 4, en geeneen van die studente het aangedui dat hulle houding teenoor Afrikaanse musiek 5 (goed) is nie.

Voorts is vrae gevra oor die rol van Afrikaanse musiek as hulpmiddel waar die studente “Ja” of “Nee” of “Onseker” kon kies en hulle keuse kon motiveer.

aden2

Grafiek 2. Rol van Afrikaanse musiek en uitspraak

Die eerste vraag het gevra of dit belangrik is om woorde korrek uit te spreek. Al 34 studente het aangedui dat dit belangrik is om woorde korrek uit te spreek en het verskeie redes verskaf wat ons soos volg opsom:

  • Woorde moet korrek uitgespreek word sodat verwarring vermy kan word.
  • Verkeerde uitspraak kan ’n tekort aan respek vir ’n taal beteken.
  • Korrekte uitspraak is noodsaaklik, want ander mense moet verstaan wat jy sê.
  • Korrekte uitspraak is belangrik om jou selfvertroue in die taal te bou.

Die volgende twee redes druk die studente se menings in hulle eie woorde uit.

  • “I honestly feel uncomfortable and embarrassed to speak Afrikaans as my pronounciation [sic] is bad. It limits my ability and desire to speak the language. Hence why [sic] I took Afrikaans as a subject, as I really want the ability to feel comfortable speaking Afrikaans.”
  • “Language is about communication. If you are unable to pronounce words correctly it may cause confusion in the listener and the communication is broken.”

By die tweede vraag, of Afrikaanse musiek kan help met die uitspreek van woorde, het 23 aangedui dat Afrikaanse musiek hulle met hul Afrikaanse uitspraak kan help. Die ander sê dat Afrikaanse musiek hulle nie kan help nie.

Hulle is gevra om dié antwoord te motiveer. Van die “Ja”-motiverings is:

  • “I think once you listen to the music you will be familiarised with different words of Afrikaans and how they are pronounced. Therefore, your pronounciation [sic] will be improved.”
  • “For me I think it is easy to pronounce according to music than to just pronounce it, by music at least I can repeat a song until I understand.”
  • “I think someone will be familiar with words and songs.”
  • “By singing or at least listening, you can find out what it sounds like and practice [sic] by yourself through already, preceedingly [sic], knowing what it sounds like. This is truly an ideal way to learn, which is both enjoyable and informative. Also, it really opens you up to the Afrikaans culture, which is rich and interesting.”
  • “Singing along to my favourite Afrikaans song will help me pronounce some words in Afrikaans more fluently.”

Die “Nee”-motiverings het ons soos volg opgesom:

  • Van die studente hou nie van Afrikaanse musiek nie of het nog nooit daarna geluister nie.
  • Van die studente verstaan nie die woorde van die liedere waarna hulle luister nie.
  • Uitspraak in liedere is anders as uitspraak tydens spraak.

Op die vraag of die studente dink dat Afrikaanse musiek hulle met woordeskat kan help, het 24 “ja” geantwoord en nege “nee”. Die een student wat “onseker” geantwoord het, het haar/sy keuse soos volg gemotiveer: “I am not sure. I have found it difficult in the past to learn new words. It is easier to form the sounds and mimic them than to learn the language. Just experience will tell if it helps.”

Die redes vir die “Ja”-antwoorde sluit die volgende in:

  • “In most cases it is easier for people to recall a song than literature, regardless of what the language of the song is.”
  • “To listen to music and the lyrics in Afrikaans one can remember the familiar words.”
  • “You are introduced to new words and will propably [sic] remember it if you like the song.”
  • “It is easier to remember the words of a song and after you know the words, you will remember the meaning.”

Die “Nee”-motiverings het die volgende ingesluit:

  • “The music will be too fast and I will not understand anything.”
  • “Talking is different than singing. It will not improve my vocabulary.”
  • “I don’t know as I don’t listen to Afrikaans music.”

Een-en-twintig studente het aangedui dat Afrikaanse musiek kan help om woordkombinasies (die volgende vraag) te maak en 10 deelnemers dat dit nie kan help nie. Drie studente was onseker hieroor.

Die “Ja”-motiverings sluit die volgende in (ons vertaling en opsomming van die redes):

  • Musiek met ’n bepaalde tema kan help met woordkeuse en gepaste taal.
  • Daar is baie kombinasies van woorde in musiek.
  • Afrikaanse liedere is gewoonlik grammatikaal. Dit kan vir woordkombinasies gebruik word.
  • Dit sal help om woorde wat saam gebruik kan word, te verbind. Dit kan ook met sinskonstruksie help.
  • As die betekenis van die woorde verstaan word, kan dit help om sinne te maak.

Die “Nee”-motiverings sluit die volgende in:

  • “My brain switches of [sic] when I hear Afrikaans music.”
  • “I must first understand the words before I can make word combinations.”
  • “It is more important to listen to the lecturer as [sic] to music. We can not [sic] learn every thing [sic] through music.”
  • “It will confuse me, because in Afrikaans one word has more than one meaning.”

Al die studente het aangedui dat die korrekte uitspraak van ’n taal belangrik is. Die rede wat herhaaldelik in die deelnemers se antwoorde voorgekom het, is dat die korrekte uitspraak van ’n taal belangrik is, want mense moet mekaar verstaan wanneer hulle kommunikeer. Suksesvolle kommunikasie hang dus, volgens die studente se antwoorde, onder andere van korrekte uitspraak af.

Drie-en-twintig van die studente het geantwoord dat musiek hulle kan help om die klanke van ’n taal aan te leer. Een student se rede vir hierdie antwoord was:

By singing or at least listening, you can find out what it sounds like and practice [sic] by yourself through already, preceedingly, [sic] knowing what it sounds like. This is truly an ideal way to learn, which is both enjoyable and informative. Also, it really opens you up to the Afrikaans culture, which is rich and interesting.

Dié student se insig in musiek as hulpmiddel om die uitspraak van ’n taal aan te leer, sluit aan by Techmeier (1969) wat die waarde van sing om die klanke van ’n taal aan te leer, beskryf. Leith (1979:540) is van mening, soos deur hierdie student genoem, dat musiek ’n goeie manier is om fonetiek te onderrig. Dié student sê ook dat die musiek die taalverwerwer aan die Afrikaanse kultuur blootstel. Dit is ’n bevestiging van Brand en Li (2009:74) wat sê dat musiek ’n ambassadeur vir die kultuur van die betrokke taal is.

Die ander 11 studente het aangedui dat musiek hulle nie met die uitspraak van Afrikaans kan help nie. Hulle voer redes aan soos dat Afrikaans te moeilik is, dat hulle nie na Afrikaanse musiek luister nie, dat sang anders is as spraak en dat hulle nog nooit na Afrikaanse musiek geluister het nie. Uit die redes wat hulle gee, blyk dit dat sommige studente ongemotiveerd en negatief teenoor Afrikaans voorkom. Een student het die volgende rede aangevoer waarom hy/sy nie na Afrikaanse musiek luister nie: “If you don’t know a word and hear the word 100 times, it will still have no meaning”.

5.2 Resultate van gevallestudie

As gevolg van die aantal veranderlikes in die studie is daar besluit om die uitspraakdata aan te bied in die vorm van ’n gevallestudie. Ons bring elkeen van die nege deelnemers se vraelysdata in verband met hul eerste en tweede klankopnames.

Deelnemer 1

Hierdie deelnemer is Zoeloeprekend met geen vorige onderrig in Afrikaans nie. Hy/sy gradeer sy/haar houding teenoor Afrikaans en Afrikaanse musiek as 1 (swak) en ook sy/haar Afrikaanse uitspraak en aksent as 1.

Tydens die eerste opname is opgemerk dat die volgende uitspraakfoute gemaak word:

Woord/Klank

Standaardafrikaanse uitspraak

Deelnemer se uitspraak

mure

[my:rə]

[mu:rə]

kabouters

[kabœutərs]

[gʌbɔtə]

moet

[mut]

[mo:t]

kleure

[klørə]

[klør]

opgewonde

[ɔpxəvɔndə]

[ɔpxəfɔndə]

kuier

[kœyjər]

[ke:r]

heel

[ɦe:l]

[xe:l]

Deelnemer 1 hou van rockmusiek. Afrikaanse liedere waarna deelnemer 1 geluister het en wat ’n hoë frekwensie van bogenoemde klanke bevat, is “Rock daai lyfie” (Nicholis Louw), “Is jy bang?” (Eden), “Af en af” (Kurt Darren), “Generaal” (Nicholis Louw) en “Swart koffie” (Corlea Botha). Die deelnemer is een week na die luister na die liedere weer opgeneem om te kyk of daar enige verbetering in uitspraak was. Die deelnemer se twee klankopnames word met mekaar vergelyk.

Klank en teikenwoord

Opname 1

Kommentaar

Opname 2

Kommentaar

[y:]:

mure: [my:rə]

[mu:rə]

[y:] word [u]: moet “mure” wees, maar spreek dit “moere” uit.

[mu:rə]

dieselfde uitspraak as by opname 1

[r]:

kabouters: [kabœutərs]

[gʌbɔtə]

[k] word as [x] uitgespreek

[œu] word as [ɔ] uitgespreek

weglating van [r]

[kʌbotəs]

[k] word korrek uitgespreek

[œu] word verkeerdelik as [o] uitgespreek

[r] word steeds weggelaat

[u]:

moet: [mut]

[mo:t]

klankverlaging: [u] word verlaag tot [o:]

[mut]

korrek uitgespreek

[ə]:

kleure: [klørə]

[klø:r]

[ə] aan die einde van die woord word weggelaat

[klø:r]

dieselfde uitspraak as tydens opname 1

[v]:

opgewonde: [ɔpxəvɔndə]

[ɔpxəfɔndə]

stemhebbende [v] word met stemlose [f] vervang

[ɔpxəfɔndə]

dieselfde uitspraak as tydens opname 1

[œy]:

kuier: [kœyjər]

[ke:r]

klankverlaging + diftong word monoftong: [œy] word [e]

[ke:r]

dieselfde uitspraak as tydens opname 1

[ɦ]:

heel: [ɦe:l]

[xe:l]

[x] vervang [ɦ]: spreek dit as “geel” uit

[ɦe:l]

korrek uitgespreek

Deelnemer 1 toon slegs drie uit nege verbeteringe nadat daar na Afrikaanse musiek geluister is. In die eerste opname vervang hierdie deelnemer [ɦ] met [x]: Die woord “heel” word as “geel” uitgespreek. In die tweede opname verbeter die klank na [ɦ] in “heel”. Die klank [u] word in die eerste opname met [o:] vervang. In die tweede opname word die woord “moet” korrek gebruik nadat dit in die eerste opname as “moot” uitgespreek is. [œy] word as [e:] in die eerste opname uitgespreek en dit bly onveranderd in die tweede opname. Nog ’n klank wat onveranderd in die eerste en tweede opnames gebly het, is [v] wat as [f] uitgespreek word (soos in “opgewonde”). In “kleure” word die [ə] aan die einde weggelaat. Dit word as [klø:r] uitgespreek. In “mure”, wat die deelnemer as “moere” uitspreek, is daar ook ’n [ə] aan die einde, maar dit word uitgespreek anders as in die geval van “kleure”. By die uitspreek van “kabouters” het die deelnemer die [k] in die tweede opname korrek uitgespreek maar laat nog steeds die [r] uit. Waar die [œy]-klank eers as [ɔ] uitgespreek het, is dit in die tweede opname verander na [o].

Die rede waarom die student nie veel verbetering getoon het nie, is nie vir ons duidelik nie. Die student het na baie musiek geluister, naamlik vyf liedere. Volgens die musiekrooster het die hy/sy vir vyf dae vir 20 minute na die musiek geluister. Ons skryf dus die min verbeteringe toe aan die feit dat die deelnemer nie die aanbevole luistertyd gevolg het nie; met ander woorde die deelnemer het nie genoegsame insette ontvang nie. Ons vermoed dat die student as gevolg van geen vorige onderrig van Afrikaans nie, en die negatiewe houding teenoor Afrikaans en Afrikaanse musiek, nie noemenswaardige verbeteringe toon nie.

Deelnemer 2

Die deelnemer se huistaal is Swati en hy/sy het vyf jaar vorige onderrig van Afrikaans.

Die tabel hier onder toon die uitspraakfoute wat die deelnemer tydens die eerste opname gemaak het.

Woord/klank

Standaardafrikaanse uitspraak

Deelnemer se uitspraak

kabouters

[kabœutərs]

[xabœutəs]

haastig

[ɦɑ:stəx]

[ɦɑ:stig]

koning

[ko:nəŋ]

[konəg]

Op grond van die uitspraakverskille is musiek wat bogenoemde klanke bevat aan die deelnemer voorgestel. Musiek waarna die deelnemer geluister het, was “Afrikaans is dood” (Jack Parow), “Mamma, ek wil ’n man hê” (Sarah Theron) en “Swart koffie” (Corlea Botha).

Klank en teikenwoord

Opname 1

Kommentaar

Opname 2

Kommentaar

[k]:

kabouters: [kabœutərs]

[xabəœutəs]

[k] word met [x] vervang

klankweglating: weglating van [r] voor [s]

[kabœutərs]

[x] word met [k] vervang en spreek dit korrek uit

[r] aanwesig en spreek korrek uit

[ə]:

haastig: [ɦɑ:stəx]

[ɦɑ:stig]

[ə] met [i] vervang

[x] met [g] vervang

[sɛstəx]

[i] word met [ə] vervang en korrek uitgespreek

[g] word vervang met [x]

[ŋ]:

koning: [ko:nəŋ]

[konəg]

nasale [ŋ]-klank word weggelaat en as [g] uitgespreek

[bɑŋ]

[ŋ] korrek weergegee

Deelnemer 2 het vyf uit vyf verbeteringe getoon. Die klank [k] in “kabouters” word as [x] (“gaboutes”) in die eerste opname uitgespreek en as [k] in die tweede een. Dié deelnemer het ook in die eerste opname die [r] in “kabouters” weggelaat en dit as “gaboutes” uitgespreek, maar in die tweede opname korrek ingesluit. [x] word as [g] en [ə] as [i] uitgespreek in die woord “haastig” tydens die eerste opname. Die uitspraak van die klanke verbeter in die tweede opname. Deelnemer 2 spreek dan [x] en [ə] korrek uit soos dit in die woord “sestig” voorkom. Aan die einde van die woord “koning” is die [ŋ] met [g] vervang. In die tweede opname is die [g] korrek met [ŋ] vervang.

Alhoewel deelnemer 2 op al vyf die eerste uitsprake verbeter het, was sy/haar gradering van sy/haar houding teenoor Afrikaanse musiek 1 (swak). Die deelnemer se houding teenoor Afrikaans is as 3 gegradeer. Die positiewe houding van die deelnemer teenoor Afrikaans kan die rede wees hoekom die lae gradering van die deelnemer se houding nie ’n groot effek op die verwerwing van die klanke gehad het nie. Voorts het hierdie deelnemer voldoen aan die vereistes wat gestel is oor die luister van die musiek en dit kon moontlik ook ’n rol in die verbetering gespeel het. ’n Verdere rede vir die verbetering kan die vorige kennismaking met Afrikaans wees.

Deelnemer 3

Die deelnemer se huistaal is Engels, met geen vorige kennis van Afrikaans nie. Tydens die eerste opname is onder meer die volgende uitspraakfoute opgemerk. Op grond van hierdie foute is musiek met ’n hoë frekwensie van hierdie klanke aan die deelnemer voorgestel.

Woord/klank

Standaardafrikaanse uitspraak

Deelnemer se uitspraak

mure

[my:rə]

[mo:rə]

dak

[dak]

[dax]

toe

[tu]

[tui]

groot

[xro:t]

[xrut]

Musiek waarna die deelnemer geluister het, is “Gee vir my ’n bietjie water” (Charisma), “Sal oorlog maak vir jou” (Adam), “Elvis se seun” (Stefan Ludik), “Vir altyd” (Bouwer Bosch) en “Haak ’n bietjie uit” (Pieter Koen).

Klank en teikenwoord

Opname 1

Kommentaar

Opname 2

Kommentaar

[y:]:

mure: [my:rə]

[mo:rə]

[o:] vervang [y:] en spreek “mure” as “more” uit

[murə]

[u] vervang [o:]

klankverhoging – geen verbetering nie en vervang net een fout met ’n ander

[k]:

dak: [dak]

[dax]

[k] met [x] vervang en spreek “dak” as “dag” uit

[dak]

[k] vervang [x] om die korrekte klank weer te gee

[u]:

toe: [tu]

[tui]

[ui] vervang [u] en “toe’ word as “toei” uitgespreek

[mut]

gebruik [u] korrek

[o:]:

groot: [xro:t]

[xrut]

klankverhoging – vervang [o:] met [u] en spreek “groot” as “groet” uit

[xro:t]

[o:] word uitgespreek en nie as [u] nie

Deelnemer 3 het drie uit vier verbeteringe. Die klank [k] word met [x] vervang soos gesien in die deelnemer se uitspraak van “dak” as “dag” in die eerste opname. In die tweede opname word die klank korrek as [k] uitgespreek. [u] word as [ui] uitgespreek. Die woord “toe” word as “toei” in die eerste opname uitgespreek, maar word met die korrekte [u] in die tweede opname vervang. In die eerste opname spreek deelnemer 3 [y:] as [o:] uit. In die tweede opname word [y:] as [u:] uitgespreek. Die woord waarin dit voorkom, is “mure”. Dié deelnemer spreek [y:] in “mure” eers as “more” en dan as “moere” uit. Daar is dus geen verbetering by die uitspraak hier nie.

Deelnemers 3 se houding teenoor Afrikaanse musiek en Afrikaans is onderskeidelik as 2 en 4 gegradeer. Hy/sy het ook “ja” geantwoord op die vraag of die studente dink dat Afrikaanse musiek hulle met hul uitspraak sal help. Dit is in hierdie geval duidelik dat die deelnemer se houding teenoor Afrikaans en Afrikaanse musiek redelik positief is. Die student het na vyf Afrikaanse liedere geluister en volgens die musiekrooster vir sewe dae vir 30 minute elke dag daarna geluister. Dit beteken dat die inset wat die student ontvang het, ’n bydraende rol gespeel het in die verbetering van uitspraak.

Deelnemer 4

Die deelnemer se huistaal is Xhosa, met vyf jaar vorige onderrig in Afrikaans. Deelnemer4 se houding teenoor Afrikaanse musiek en Afrikaans is onderskeidelik as 2 en 4 gegradeer. Hy/sy is ook van mening dat Afrikaanse musiek die studente met hul uitspraak sal help. Dit is ook hier duidelik dat die deelnemer se houding teenoor Afrikaans en Afrikaanse musiek redelik positief is.

Die eerste opname van deelnemer 4 het die volgende uitspraakfoute opgelewer:

Woord/klank

Standaardafrikaanse uitspraak

Deelnemer se uitspraak

kuier

[kœyjər]

[ke:r]

muur

[my:r]

[me:r]

dak

[dak]

[dɔk]

so

[so:]

[su]

voete

[futə]

[fo:tə]

draai

[dra:i]

[da:i]

liewe

[livə]

[levə]

Op grond van hierdie uitspraakfoute is bepaalde Afrikaanse musiek aan die deelnemer voorgestel. Die Afrikaanse musiek waarna die deelnemer geluister het, was “Liefling” (Bobby van Jaarsveld), “Sal oorlog vir jou maak” (Adam), “Duitsweswals” (Randall Wicomb), “Transkaroo” (Steve Hofmeyr), “Boesmanland” (Worsie Visser), en “Wie se kind is jy?” (Dr Victor en Theuns Jordaan). Volgens die musiekrooster luister die student vir vyf dae vir 30 minute na die liedere.

Klank en teikenwoord

Opname 1

Kommentaar

Opname 2

Kommentaar

[œy]:

kuier: [kœyjər]

[ke:r]

Verlaag en monoftongeer [œy] na [e:] en spreek “kuier” as “keer” uit

[kœ͜yjər]

korrek uitgespreek

[y:]:

muur: [my:r]

[me:r]

verlaag [y] na [e:] en spreek “muur” as “meer” uit

[my:r]

korrek uitgespreek

[a]:

dak: [dak]

[dɔk]

verhoog [a] na [ɔ] en spreek “dak” as “dok” uit

[dak]

korrek uitgespreek

[o:]:

so: [so:]

[su:]

verhoog die [o:]-klank na [u]-klank en spreek “so” as “su” uit

[so:]

korrek uitgespreek

[u]:

voete: [futə]

[fo:tə]

[u] word [o:] en “voete” word as “fote” uitgespreek

[mut]

korrek uitgespreek

[r]:

draai: [dra:i]

[da:i]

klankweglating: [r]-klank word uitgelaat

[dra:i]

[r] word ingesluit en woord word korrek uitgespreek

[i]:

liewe: [livə]

[le:və]

[i]-klank word as [e:] uitgespreek en “liewe” word as “lewe” uitgespreek

[le:və]

onveranderd en is dieselfde as in opname 1

Deelnemer 4 het ses uit sewe verbeteringe getoon. In die eerste opname word “kuier” as “keer” uitgespreek en in die tweede opname as “kuier”. Die [y:]-klank wat in die eerste opname as [e:] uitgespreek is, verander na [y:] soos dit in die woord “muur” voorkom. Waar die deelnemer die woord “dak” aanvanklik as “dok” uitgespreek het, word die [ɔ]-klank korrek vervang met [a] in die tweede opname. [u:] vervang die klank [o:] in die eerste opname, maar word verander na [o:] soos in die woord “so”. Deelnemer 4 vervang die klank [u] met die klank [o:] in die eerste opname in die woord “voete”, maar in die tweede opname word dit korrek as [u] uitgespreek. Die [r] in “draai” word weggelaat in die eerste opname, maar in die tweede een word dit ingevoeg. Die enigste klank wat onveranderd na die twee opnames bly, is die uitspraak van [i] as [e:] soos dit in “liewe” voorkom. Deelnemer 4 vervang [œy], [y:] en [i] met die [e:] klank.

Redes vir die verbetering kan die vorige kennis van Afrikaans wees, asook die feit dat die deelnemer vyf dae lank vir 30 minute na die musiek geluister het.

Deelnemer 5

Hierdie deelnemer is Engelssprekend en maak die volgende uitspraakfoute tydens die eerste opname:

Woord/klank

Standaardafrikaanse uitspraak

Deelnemer se uitspraak

liewe

[livə]

[levə]

mure

[my:rə]

[me:rə]

verf

[fɛrf]

[vɛrf]

moet

[mut]

[mo :t]

begin

[bəxən]

[bəgən]

Die musiek waarna die deelnemer geluister het, is “Skadu’s teen die muur” (Van Coke Kartel).

Klank en teikenwoord

Opname 1

Kommentaar

Opname 2

Kommentaar

[i]:

liewe: [livə]

[le:və]

[i] verander na [e:] en “liewe” word as “lewe” uitgespreek

[livə]

[i] gebruik en nie [e:] soos in vorige opname nie – dus korrek uitgespreek

[f]:

verf: [fɛrf]

[vɛrf]

stemlose [f]-klank verander na stemhebbende [v]-klank

[vɛrf]

uitspraak bly onveranderd soos in eerste opname

[y:]:

mure: [my:rə]

[me:rə]

[y]-klank vervang met [e:] en “mure” word as “mere” uitgespreek

[me:rə]

klank bly onveranderd en word dus verkeerd uitgespreek

[u]:

moet: [mut]

[mo:t]

verlaag [u] na [o:] en “moet” word as “moot” uitgespreek

[mut]

korrek uitgespreek

[x]:

begin: [bəxən]

[bəgən]

[g]-klank word uitgespreek in plaas van [x]

[bəxən]

korrek uitgespreek

Deelnemer 5 se uitspraak het in twee uit vyf klanke nie verbeter nie. In die eerste opname spreek dié deelnemer [i] as [e:] uit by die woord “liewe”, maar in die tweede opname korrek as [i]. Die tweede verbeterde klank is [u] wat eers as [o:] uitgespreek is in “moet”, maar na die luister na die Afrikaanse musiek, by die tweede opname korrek uitgespreek is.

Die derde verbeterde klank is [x], wat eers as [g] uitgespreek is in die woord “begin”. Interessant is dat die deelnemer die [x]-klank korrek uitgespreek het in woorde soos “haastig”. Dit lyk asof die gebruik van [g] slegs die geval is wanneer die [x] tussen twee vokale gebruik word, soos in die woord “begin”. Deelnemer 5 se eerste taal is Engels. In Engels word die [x] in Afrikaans as [g] soos in die Engelse woord “begin” ([bəgin] gebruik. Die vervanging van die klank kan aan die deelnemer se eerste taal toegeskryf word.

Die twee klanke wat onveranderd na die luister van musiek gebly het, is die deelnemer se uitspraak van [f] as [v] en [y:] as [e:].

Deelnemer 5 het minder as die helfte van die klanke wat nie luistervriendelik uitgespreek is nie, verbeter. Dié deelnemer se houding teenoor Afrikaanse musiek en Afrikaans word as 3 gegradeer. Aangesien die deelnemer se houding positief is, behoort die uitspraakverbetering hoër te wees. Dit is nie so nie en die lae uitslag word toegeskryf aan die feit dat die deelnemer slegs na een lied twee keer per dag vir drie dae geluister het, terwyl die instruksies is dat hulle vir minstens 30 minute per dag vir sewe dae moet luister. Deelnemer 5 het dus nie genoeg Afrikaanse inset ontvang nie en daarom is die verbetering minder as by die res van die ander studente.

Die volgende vier studente het glad nie na Afrikaanse musiek geluister nie. Al vier het geen vorige kennis van Afrikaans nie. Hulle het hulle Afrikaanse uitspraak en aksent as 1 (swak) gegradeer. Hulle het hulle houding teenoor Afrikaans as tussen 2 en 3 gegradeer en hulle houding teenoor Afrikaanse musiek tussen 1 en 2. In die geval van dié groep speel hulle houding teenoor musiek nie ’n rol nie, want hulle het nie met Afrikaanse musiek met lirieke die klanke aangeleer nie. Ons is van mening dat hierdie groep slegs 25% van die klanke verbeter het omdat hulle nie die insette in Afrikaans soos die voorafgaande groep studente ontvang het nie.

6

Huistaal:

Igbo

Klank en teikenwoord

Opname 1

Kommentaar

Opname 2

Kommentaar

   

[k]: kabouters

[xabəutərs]

[k] word met [x] vervang, maar nie in “koning” of “kuier” nie

[kabəutərs]

korrekte klank gebruik.

   

[e:]: skeef

[skəif]

vervang [e:] met [əi]

[təikən] (“teken”)

klank bly dieselfde

Deelnemer 6 het een klank verbeter van die twee wat opgeteken is. Die [k] van “kabouters” in die eerste opname is met [x] vervang. Dit is as “gabouters” uitgespreek. In die tweede opname is die [x] korrek met ’n [k] vervang. Dié deelnemer spreek [e:] verkeerdelik as [əi] in die eerste en tweede opname uit. Daar is geen verandering in die uitspraak nie.

7

Huistaal:

Koreaans

Klank en teikenwoord

Opname 1

Kommentaar

Opname 2

Kommentaar

   

[ə]: kleure

[klø:r]

[ə] word aan die einde van die woord weggelaat

[po:t] (“poot”)

[po:t] (“pote”) uitgespreek as [po:t] – die [ə] aan die einde word nog steeds weggelaat

   

[i]: liewe

[le:wə]

[i] vervang met [e:] en spreek “liewe” as “lewe” uit

[ɦi] (“hie”)

[ɦir] (“hier”) uitgespreek as [ɦi]

[i] word korrek gebruik maar die [r] aan die einde word weggelaat

   

[y:]: muur

[mø:]

[ø:] vervang [y:] en spreek “muur” as “moo” uit

[mø:] (“meu”)

bly onveranderd

spreek “muur” as “meeu” uit

spreek nie die [r] uit nie

   

[r]: eerste

[e:stə]

[r] word weggelaat

[ma] (“ma”)

“maar” word as “ma” uitgespreek

[r] word weggelaat – uitspraak bly onveranderd

Drie van deelnemer 7 se uitsprake bly onveranderd in die twee opnames. In die eerste opname word “kleure” as [klø:r] uitgespreek en die [ə] aan die einde van die woord word weggelaat. In die tweede opname word die [ə] weer aan die einde van ’n woord weggelaat. Die [i] in “liewe” word met [e:] vervang, maar in die tweede opname word dit korrek met [i] vervang, maar dan laat die deelnemer die [r] aan die einde van “hier” weg. [ø:] word gebruik om [y:] te vervang in “muur” en dit bly onveranderd in albei opnames. Die [r] word ook in albei opnames by “eerste” en “maar” weggelaat: by “eerste” aan die einde van ’n sillabe en dan aan die einde van ’n eensillabige woord soos by “hier” en “muur”. ’n Moontlike rede hiervoor is dat die deelnemer se huistaal Koreaans is en [r] nie ’n klank is wat in Koreaans en ander Oosterse tale soos Mandaryns voorkom nie.

8

Huistaal:

Xhosa

Klank en teikenwoord

Opname 1

Kommentaar

Opname 2

Kommentaar

   

[i]: liewe

[le:və]

[i] vervang met [e:] en spreek “liewe” as “lewe” uit

[le:wə]

uitspraak onveranderd

   

[œ͜y]: kuier

[ke:r]

[œy] word met [e:] vervang en “kuier” word as “keer” uitgespreek

[ke:r] (keer)

uitspraak onveranderd

   

[ɔ]: word

[vərt]

[ɔ] word vervang deur [ə] en word “word’ as “wird” uitgespreek

[vərt]

uitspraak onveranderd

   

[y:]: muur

[mur]

[y:] deur [u] vervang en “muur” word as “moer” uitgespreek

[my:r]

klank korrek vervang

Drie van deelnemer 8 se vier uitsprake het onveranderd gebly in albei die opnames. In die eerste opname word [i] in “liewe” met [e:] vervang en dit is dieselfde in die tweede opname. [œy] in “kuier” word ook deur [e:] vervang. In die tweede opname vervang [y:] die [u:] wat in die eerste opname uitgespreek word by “muur”. Die [ɔ] in “word” word met [ə] vervang sodat dit “wird” is.

9

Huistaal:

Ndebele

Klank en teikenwoord

Opname 1

Kommentaar

Opname 2

Kommentaar

   

[œ]: hulle

[ɦɛlə]

[œ] word met [ɛ] vervang en “hulle” word as “helle” uitgespreek

[ɦɛlə]

uitspraak bly onveranderd

   

[o:]: roos

[rus]

[o:] word deur [u] vervang en “roos” word as “roes” uitgespreek

[sus] (“soos”)

uitspraak bly onveranderd aangesien “soos” as “soes” uitgespreek word

Deelnemer 9 se 2 uitsprake wat opgeteken is, bly onveranderd. Die [œ] in “hulle” word met [ɛ] vervang. “Hulle” word as “helle” uitgespreek. Die [o:] in “roos” word as [u] uitgespreek en dit is onveranderd in die tweede opname.

 

6. Resultate

Deelnemers 7 en 8 spreek aanvanklik [i] as [e:] soos deelnemers 4 en 5 uit, maar dit bly onveranderd in die tweede opname, terwyl deelnemers 4 en 5 verbetering toon. Deelnemers 2 en 3 spreek [k] in die eerste opname as [x] uit en in die tweede opname as [k] soos dit moet wees. Deelnemer 1 vervang ook [x] met [k] in die tweede opname. Daar is geen verskil met betrekking tot [x] en [k] tussen die studente nie. Die klank [y:] word twee keer met [e:] deur deelnemers in die proefgroep vervang en slegs een keer word dit deur deelnemers in die kontrolegroep met die korrekte klank [y:] vervang. Deelnemer 1 spreek [k] as [x] in die eerste opname uit en vervang die klank korrek in die tweede opname. Deelnemers 2 en 3 wat dieselfde klanke as deelnemer 1 uitgespreek het, vervang ook die uitspraak van [k] as [x] in die eerste opname korrek in die tweede opname.

Deelnemers 1, 2, 3, 4 en 5, wat na die Afrikaanse musiek met lirieke geluister het voor die tweede opname, het 61% van die uitsprake wat aanvanklik nie luisteraarvriendelik uitgespreek is nie, verbeter. Deelnemers 6, 7, 8 en 9, wat na geen musiek voor die tweede opname geluister het nie, het slegs 25% van die eerste uitsprake verbeter. Ons besef dat ander veranderlikes, soos die deelnemers se taalverwerwingklas, gesprekke met ander Afrikaanssprekendes en ander insette in Afrikaans ’n invloed op die resultate kon gehad het. Onses insiens is die verskil van ’n 36%-verbetering tussen die twee groepe deelnemers nie per toeval nie. Die deelnemers wat na die musiek geluister het, vaar beduidend beter in die verbetering van hul uitspraak.

’n Verband tussen die verbetering in die uitspraak, musiek waarna die deelnemers geluister het en deelnemers se houding teenoor Afrikaans en Afrikaanse musiek is opgemerk. Deelnemers met ’n gradering van 3 en meer in hul houding teenoor Afrikaans en Afrikaanse musiek het meer verbeter in die tweede opname nadat hulle na die musiek geluister het.

Na aanleiding van die resultate van die gevallestudie kan daar gesê word dat die deelnemers wat na die Afrikaanse musiek met lirieke geluister het, die klanke verwerf het omdat hulle die nodige insette in die teikentaal ontvang het, hulle affektiewe filter laag was en die herhalende aard van die musiek verseker het dat die deelnemers die klanke herhaaldelik hoor.

 

7. Slot

Dit blyk dat die luister na musiek wel vreemdetaalstudente se uitspraak kan verbeter. Die deelnemersgroep wat na musiek met lirieke geluister het, het 61% van die klanke wat voorheen nie luistervriendelik uitgespreek is nie, korrek in die tweede opname uitgespreek, terwyl die groep wat nie na musiek geluister het nie, se uitspraak op slegs 25% van die woorde verbeter het.

Tydens die eerste opname is bevind dat die klanke wat verkeerd deur die vreemdetaalsprekers uitgespreek word, [y:], [f], [œy], [u:], [k] en [x] is, asook dat die [r] weggelaat word. Na die identifisering van dié klanke is daar ondersoek ingestel na Afrikaanse musiek wat hierdie klanke herhaal en dié is aan die deelnemers deurgegee. Die ontleding van die vraelyste van die studente toon dat die meeste studente dink dat musiek met taalverwerwing kan help.

Daar is voorts ’n duidelike verband tussen die houding van ’n deelnemer teenoor Afrikaans en Afrikaanse musiek en die musiek waarna hy of sy geluister het. Die resultate toon dat vir studente se uitspraak om te verbeter, hulle genoegsame insette moet ontvang. Die ritme van die lied moet ook nie te vinnig wees nie, aangesien die studente self in die vraelyste gesê het dat dit hulle kan verhoed om enigiets te leer. Die studie toon dat studente wat na Afrikaanse musiek luister, tipiese klanke wat in Afrikaans voorkom en moontlik nie in ander tale nie, of wat problematies is ten opsigte van uitspraak, makliker en vinniger verwerf en duideliker uitspreek.

Die ondersoek kan verbeter word deur onder meer (i) die steekproef te vergroot; (ii) aan die studente kaartjies met hulle deelnemernommers te gee sodat hulle nie hul nommers vergeet en van die ondersoek verwyder moet word nie; (iii) die studente gereeld te herinner (in klastyd en moontlik via sosiale of ander elektroniese media buite klastyd) om na die musiek te luister en die musiekrooster in te vul; (iv) ander kundiges se navorsing en kennis te gebruik om meer kundige opinies oor die resultate te verkry en die verwerwing van woordeskat by die ondersoek te betrek. Soos in afdeling 4.3 van die artikel bespreek, is daar ruimte vir verdere navorsing oor die gebruik van musiek en lirieke binne taalverwerwing.

 

Bibliografie

Adendorff, E. 2014. Afrikaanse Taalverwerwing 178. Ongepubliseerde inligtingstuk. Universiteit Stellenbosch.

Ayotte, S. 2004. The acquisition of verb forms through song. http://sunzi.lib.hku.hk/ER/detail/hkul/3516071 (11 Mei 2014 geraadpleeg).

Backley, P. s.j. Improving your English pronunciation. http://www.tohoku-gakuin.ac.jp/research/journal/bk2013/pdf/no02_07.pdf (3 Desember 2014 geraadpleeg).

Bloem, P. 2015. Research to practice: Bringing children's books to adult literacy classrooms. Ohio Literacy Resource Centre: Enhancing Adult Education. http://literacy.kent.edu/Oasis/Pubs/020012.htm (14 Julie 2016 geraadpleeg).

Brand, M. en X. Li. 2009. Effectiveness of music on vocabularyacquisition, languageusage, and meaning for MainlandChinese ESL learners. Contributions to Music education, 36(1):73–84.

Cavus, N. en D. Ibrahim. 2016. Learning English using children’s stories in mobile devices. British Journal of Educational Technology, doi 10.1111/bjet. 12427.

Chen, J. 2011. The effects of music activities on English pronunciation and vocabulary retention of fourth-grade ESOL (English for speakers of other languages) students in Taiwan. Ongepubliseerde doktorale proefskrif. Florida: Universiteit van Florida.

Christopher, J., H. Smith, H. Patrick en R. Wicaksono. 2011. Mapping applied linguistics: A guide for students and practitioners. New York: Routledge.

Conti, G. 2016. How to teach pronunciation. https://gianfrancoconti.wordpress.com/2016/03/31/how-to-teach-pronunciation-2 (3 April 2016 geraadpleeg).

Council for Cultural Co-operation Education Committee Modern Languages Division, Strasbourg. 2001. Common European framework of reference for languages: Learning, teaching, assessment. Cambridge: Cambridge University Press.

Crumpler, B. 2013. Music and performance: Methods for language learning and retention. http://exclusive.multibriefs.com/content/music-and-performance-methods-for-language-learning-and-retention (28 Desember 2015 geraadpleeg).

Donaldson, B. 2000. Colloquial Afrikaans: The complete course for beginners. Abingdon: Routledge.

Engh, D. 2013. Why use music in English language learning? A survey of the literature. English Language Teaching, 6(2):113–27.

Faber, H., I. Joubert, M. Moen en D. Vermeulen. 2015. Die integrasie van musiek en stories as ’n effektiewe benadering tot die ontwikkeling van fonologiese bewuswording vir Afrikaanssprekende graad 1-leerders. LitNet Akademies, 12(1):240–67.

Feric, N. 2012. Learning English with music. http://www.usingenglish.com/articles/learning-english-with-music.html (23 Augustus 2014 geraadpleeg).

Gass, S. en L. Selinker. 2001. Second language acquisition: An introductory course. Mahweh: Lawrence Erlbaum Associates.

Gilakjani, A. en M. Ahmadi. 2011. Why is pronunciation so difficult to learn? English language teaching, 4(3):74–83.

Gilbert, B. 2008. Teaching pronunciation using the prosody pyramid. Cambridge: Cambridge University Press.

Griffiths, B. 2011. Integrating pronunciation into classroom activities. https://www.teachingenglish.org.uk/article/integrating-pronunciation-classroom-activities (21 Oktober 2014 geraadpleeg).

Hismanoglu, M. en S. Hismanoglu. 2010. Language teachers’ preferences of pronunciation teaching techniques: Traditional or modern? Procedia – social and behavioral sciences, 2(2):983–9.

Ho, L. 2000. Children’s literature in adult education. Children’s Literature in Education, 31(4):259–71.

Horn, C. 2009. Music as an intervention strategy to address reading difficulties of grade 2 learners. Ongepubliseerde PhD-proefskrif. Universiteit van Suid-Afrika.

Hugo, A. en C. Horn. 2013. Using music activities to enhance the listening skills and language skills of grade 1, English first additional language learners. Per Linguam, 29(1):63–74.

Jaarboek. 2015. Universiteit Stellenbosch.

Krashen. S. 1982. Principles and practice in second language acquisition. Oxford: Pergamon Press Inc.

Leith, W. 1979. Advanced French conversation through popular music. The French Review, 52(4):537–51.

Le Roux, S. 2004. Fonologiese bewustheid by graad 0-leerders as ’n moontlike kriterium vir die voorspelling van latere leessukses. Ongepubliseerde MEd-tesis. Universiteit van Suid-Afrika.

Lutrin, B. 2004. Afrikaans handbook & study guide. Johannesburg: Berlut Books.

Martín, C. 2013. The effects of songs in foreign language classroom on vocabulary, retention and motivation. Ongepubliseerde MA-verhandeling. Pamplona: Publieke Universiteit van Navarra.

Meyer, J. 2013. Phonetics: What is the difference between pronunciation and accent? www.quora.com (8 November 2015 geraadpleeg).

Mishan, F. 2005. Designing authenticity into language learning materials. Bristol: Intellect Books.

Mizener, C. 2008. Enhancing language skills through music. General Music Today, 21(2):11–7.

Nunan, D. 2004. Task-based language teaching. Cambridge: Cambridge University Press.

Reid, E. 2014. Internet pronunciation activities as an attractive way of teaching pronunciation. Referaat gelewer by eTEFL. https://www.researchgate.net/profile/Eva_Reid/publications (28 Desember 2015 geraadpleeg).

Romero, M., L. Bernal en M. Olivares. 2012. Using songs to encourage sixth graders to develop English speaking skills. Profile, 14(1):11–28.

Schoepp, K. 2001. Reasons for using songs in the ESL/EFL classroom. The Internet TESL Journal, 7(2). http://iteslj.org/Articles/Schoepp-Songs.html (23 Augustus 2014 geraadpleeg).

Techmeier, M. 1969. Music in the teaching of French. The Modern Language Journal, 53(2):96.

Thanasoulas, D. 2000. Pronunciation: the "Cinderella" of language teaching. http://www.developingteachers.com/articles_tchtraining/pron1_dimitrios.htm (25 November 2014 geraadpleeg).

Ulate, N. 2008. Using songs to improve EFL students’ pronunciation. Letras, 44:93–108.

Van Niekerk, J. en B. van der Westhuizen. 2004. Humor in kinderverhale in die tersiêre en intermediêre fases van taalonderwys. Literator, 25(3):151–79.

Varonis, E. en S. Gass. 1982. The comprehensibility of non-native speech. Studies in Second Language Acquisition, 4:114–36.

Vels, V. 2002. Die Liewe Heksie-omnibus. Kaapstad: Human en Rousseau.

Wei, M. 2006. A literature review on strategies for teaching pronunciation. ERIC-dokument 491566. http://0-files.eric.ed.gov.opac.msmc.edu/fulltext/ED491566.pdf (29 November 2014 geraadpleeg).

Wolmarans, A. 2008. Die verband tussen fonemiese bewustheid en spelling van graad 3-leerders. Ongepubliseerde MA-verhandeling. Noordwes-Universiteit.

Wolverton, V. 1991. Facilitating language acquisition through music. Update: Applications of Research in Music Education, 9(2):24–30.

Yousefi, A., R. Yekta en H. Farahmandian. 2014. The effect of modern lyrical music on second language vocabulary acquisition. Mediterranean Journal of Social Sciences, 5(23):2583–6.

Eindnotas

1 Taalaanleer lei gewoonlik tot akkurate taalgebruik terwyl taalverwerwing tot vloeiende taalgebruik lei. Omdat effektiewe kommunikasie beide vloeiende en akkurate taalgebruik insluit, word die terme taalaanleer en taalverwerwing dikwels in die navorsing oor taalverwerwing as sinonieme gebruik.

2 Die term tweedetaalverwerwing is ’n oorkoepelende term wat verwys na die aanleer en verwerwing van ander tale naas die eerste taal (Gass en Selinker 2001:198). Dit sluit die aanleer en verwerwing van derde en vierde tale in.

3 Insette verwys na “input” – met ander woorde al die taaldata wat die taalaanleerder ontvang en tot sy/haar beskikking het om die nuwe taal aan te leer. Die terme invoere en toevoere word ook as sinonieme vir insette gebruik.

4 Luistervriendelike uitspraak is die uitspraak van ’n taal wat luisteraars sonder moeite kan verstaan en wat betekenisvolle kommunikasie moontlik maak (Backley s.j.:126–7. Volgens Gilbert (2008:1) is luistervriendelike uitspraak die soort uitspraak wat nie daarop gemik is om soos dié van ’n eerstetaalspreker te klink nie, maar duidelik genoeg vir die eerstetaalsprekers is om te verstaan.

5 Die ander 10 studente het geen inligting verskaf nie.

6 Die nodige institusionele klaring is van die Navorsing-etiekkomitee (NEK) vir die studie verkry. Die studie is as “lae risiko” geklassifiseer.

7 Die deelnemers het vir die tweede opname ’n gedeelte uit Liewe Heksie en die feëkoningin deur Verna Vels (2002:146) gelees, asook ’n kort mondeling gelewer oor hul rolmodel. Die rede vir die gebruik van die leesteks is die eenvoudige woorde, sinne en sinskonstruksie daarin. Verder kom baie van die klanke wat tydens die eerste opname verkeerd uitgespreek is, in hierdie teks voor.

8 Die nodige toestemming is van die dosent ontvang om die opnames tydens klastyd te maak. Dit was dus toelaatbaar. Voorts is dit gebruiklik binne die taalverwerwingsveld om opnames tydens klastyd te maak.

9 Die doel hiervan was om hulle affektiewe filter (Krashen 1982) te verlaag.

10 Een van die redes hiervoor was om te verseker dat die studente na standaarduitspraak luister aangesien daar Afrikaanse kunstenaars is wat “vreemde” uitsprake in hulle liedjies gebruik.

11 Deelnemers was nie buite klastyd beskikbaar vir klankopnames nie en dit was nie regverdigbaar om verdere klastyd aan klankopnames in plaas van aan onderrig af te staan nie.

The post ’n Ondersoek na die verwerwing van klanke deur middel van musiek deur vreemdetaalstudente van Afrikaans appeared first on LitNet.

Gedigte in McGregor-fees: "Voices on Fire"

$
0
0

Gedigte in McGregor vind vanaf 26 tot 28 Augustus 2016 plaas. Daar is 'n groot verskeidenheid interessante en dinamiese digters wat vanjaar hul werke gaan deel. In die Afrikaanse kategorie kan gedigteliefhebbers uitsien na voorlesings deur onder andere Margot Luyt, Koos van der Merwe, Daniel Hugo, Diana Ferrus, Hermien de Vos en Lara Kirsten. Engelse digters sluit James Matthews, Patricia Schonstein, Kobus Moolman, Khadija Tracey Heeger, Harry Owen, Elisa Galgut en Vangile Gantsho in. Louise Westerhout, die wenner van verlede jaar se gedigtekompetisie, is ook vanjaar op die verhoog. Daar is ook digters soos Margaret Clough en Stephanie Saunders wat jou eindeloos sal vermaak met hul fyn humor. Daar ook 'n paar groepe wat gaan optree, onder andere UWC poets, Lingua Franca, Spoken Word Movement en Mothertongue.

Al die betrokke digters bring iets baie spesiaal na Gedigte in McGregor.  Hier `n paar voorlesings om onder andere na uit te sien. Vir `n volledige lys van al die digters wat gaan deelneem gaan na hierdie blogruimte.

Lara Kirsten is ‘n konsertpianis en voordragdigter. Sy kombineer dikwels haar digkuns met beweging, die visuele kunste, fotografie en musiek. Na die laaste twee jaar se voorlees by die McGregor Poetry Festival, keer Lara hierdie jaar terug met ‘n poëtiese dansaanbieding met gekalligrafeerde lyf, ink, as, papier en tong. ‘n Rituele soektog na poësie, betekenis en identiteit as vorm van bemagtiging. Woord word lyf. Lyf word woord. Voordrag in Afrikaans, met gedrukte Engelse vertalings. 

Hermien de Vos het drama studeer aan Stellenbosch en daarna onder andere gespeel in Nag van die 19de, Amalia en Villa Rosa, radioteaters, vervolgverhale, 'n boekvoorlesing en 'n weekliks kunsinsetsel op RSG. In 2011 het sy 'n dokumentêr, Op Theefontein, verfilm en in 2015 Once upon a time, 'n kort filmpie oor die pikkewyne van Stony Point. Die laaste paar jaar is Hermien ook nou verweef met  Hermina Bamboesina - 'n karakter wat ontstaan het as kreatiewe kampvegter vir die wilde natuur wat sy besing en waarna sy hunker. Van seekant af het Hermiena Bamboesina 'n walvisma  en van landkant af spruit haar ma vanuit die wingerdvelde van Nuy, Robertson & McGregor se vinke in vleie waar "water oor klippertjies klater", feëtjies fluister, en voëltjies in riete tjierie-tjierie-twiet.  

Koos van der Merwe se aanbieding heet “Hoekom dan gedigte?”. Hoekom iets met ‘n gedig wil sê? As jy dan kan e-pos, tweet, sms of gewoon net kan praat, hoekom dan gedigte? Koos reis saam met jou na plekke waar jy weet gewone woorde nie genoeg is nie. Soms voel die hart te diep om net gewoon te sê. Soms skyn die lig te helder vir ‘n alledaagse sin, en soms is dit te donker vir praatjies maak. Die hart is só dat dit soms niks kan sê en niks kan hoor nie ... as net gedigte. Bo en behalwe “Hoekom dan gedigte?” sing Koos van der Merwe ook Bob Dylan in Afrikaans as deel van die naweek se program.

Margot Luyt sê oor haar voordrag: "Poësie voer my dikwels so ver weg dat my eie angs, verlange en melancholie verflou. Die woorde, die emosie ontvoer my na plekke wat ek nie ken nie, maar dikwels oor droom. Plekke waar ek myself kan omvou met die atmosfeer van die vers." Kom luister na verse oor liefde – alle soorte liefde. Liefde vir die ongebore kind maar ook liefde tussen volwassenes en bejaardes. 

Die Mothertongue Jeugteatergroep: Hierdie kreatiewe groep vermeng gedigte, musiek en dans in hulle voordrag. Al die materiaal is deur die groep self geskryf en saamgestel. Sara Matchett is die direkteur van die groep wat bestaan uit Melenie Jakobs en Ashley Seconds (La Chasseur Farm), Jaydene Lekay (McGregor), Denise Gandu (Dwarswater), Sandile Kosana, Khayalethu Mkorwana en Simphiwe Mangqasa (Nkqubela).

McGregor is die perfekte dorpie vir die viering van digkuns. Die lokale is loopafstand van mekaar en die plattelandse sjarme van die dorp dra by tot 'n unieke ervaring. Die optredes sal plaasvind in die sielvolle tuine van Temenos, 'n lieflike agtertuin-amfiteater, die Wahnfried Teater, Edna Fourie Gallery, The Green Room en The Lion House. Carol's Pub is die plek om te wees vir die "Voices on Fire"-kroegprogram. Terwyl jy 'n lekker glasie wyn drink, sal digters 'n klokkie lui en spontane voorlesings doen.

Daar is ook vanjaar weer `n aanbieding van die gewilde "Open Mic"-sessies. Hierdie sessies word gelei deur Hugh Hodge. Enigiemand wat graag sy/haar gedigte wil voordra is welkom. Die wat wil meemaak kry `n nommer en wanneer die nommer gelees word sal hy/sy `n kans kry om `n gedig te deel. As daar tyd is, kan dieselfde persoon ook meer as een gedig voordra. Almal is welkom om dit by te woon. Geen kaartjies of besprekings is nodig vir die “Open Mic”-sessies nie.

Of jy nou akademies skryf of net oor hoe baie jy van jou koffie hou, jy en jou woorde is welkom. Kom kuier saam met ons en geniet die samesyn en woordkuns van ons land se wonderlike digters.

Akkommodasie: Bespreek vroegtydig by een van die volgende nommers:

Temenos Retreat: www.temenos.org.za / temenos@lando.co.za / 023 625 1871

McGregor Country Getaways: www.mcgregor-accommodation.co.za / info@mcgregor-accommodation.co.za / 023 625 1409 / 076 411 9477

McGregor Toeriste Bureau: www.tourismmcgregor.co.za  / info@tourismmcgregor.co.za / 023 625 1954

McGregor Backpackers: www.mcgregorbackpackers.co.za /083 206 8007

Robertson Toeriste Bureau: www.robertsontourism.co.za / info@robertson.org.za / 023 626 4437

Robertson Wyn Vallei: www.robertsonwinevalley.com / manager@robertsonwinevalley.com / 023 626 3167

Kaartjies is beskikbaar by Computicket vanaf middel Julie.

Web en sosiale media:

https://mcgregorpoetryfestival.blogspot.co.za/

https://www.facebook.com/McGregorPoetry/

https://twitter.com/mcgpoetry

https://za.pinterest.com/mcgregorpoetry/

https://www.youtube.com/channel/UCI-ksT9BcSe34670JlWXPKw/feed

The post Gedigte in McGregor-fees: "Voices on Fire" appeared first on LitNet.

Fotokompetisie: "Ons praat Afrikaans; diverse mense – een taal"

$
0
0

Alle fotograwe en entoesiasfotograwe word genooi om aan hierdie opwindende fotografie-projek deel te neem. Die projek is daarop gemik om die diversiteit van Afrikaanssprekende individue regoor Suid-Afrika en die wêreld ten toon te stel.

Die tema van die kompetisie is:

Ons praat Afrikaans
Diverse mense – een taal

Die sekondêre doel van hierdie projek is om wonderlike talente van beide professionele en entoesias­fotograwe ten toon te stel.

Aan die einde van die kompetisie sal 'n totaal van ongeveer 120 foto's gekies word en in 'n eksklusiewe koffietafel-fotografieboek gepubliseer word. Die top 12-foto's sal ook in 'n eksklusiewe kunskalender gepubliseer word. Slegs 2 500 kopieë van beide die fotografieboek sowel as die kunskalender sal gedruk word.

Die formaat van die foto's kan landskap of portret wees. Dit kan in kleur, swart en wit of selfs met die gebruik van selektiewe kleur ingedien word. Die fotograaf se kreatiwiteit word aangemoedig.

Pryse op die spel:

Behalwe dat jou foto in 'n pragtige en eksklusiewe fotografieboek sowel as kunskalender gepubliseer word, staan die top-drie-wenners die kans om groot kontantpryse te wen:

  • 1ste plek: R30 000 kontant, 'n kopie van die fotografieboek en 'n kunskalender
  • 2de plek: R10 000 kontant, 'n kopie van die fotografieboek en 'n kunskalender
  • 3de plek: R5 000 kontant, 'n kopie van die fotografieboek en 'n kunskalender

Hoe om in te skryf:

Fotograwe van alle ouderdomme regoor Suid-Afrika en in die buiteland word uitgenooi om aan hierdie fotografiekompetisie deel te neem. Die belangrikste vereiste is dat die persoon wat op die foto verskyn ’n Afrikaanssprekende individu moet wees.

  • Die sluitingsdatum is 30 September 2016 en laat inskrywings sal nie kwalifiseer nie.

Die inskrywingsvorm en modeltoestemmingsvorm (model release form) kan verkry word deur die organiseerder te kontak by: douwgreeffcollection@outlook.com of om dit direk af te laai by: https://www.dropbox.com/sh/smbxoqt943jli9z/AAD2Bd4Gl_8xvo5d_9xTtEUJa?dl=0. Stuur jou foto, inskrywingsvorm en modeltoestemmingsvorm (model release form) na: douwgreeffcollection@outlook.com.

Slegs een inskrywing per fotograaf sal toegelaat word.

Neem asseblief kennis dat alle inskrywings aan die volgende vereistes moet voldoen:

  • Portretformaat: 1920 x 1080 pixels en nie groter as 800KB (standaard HD klub en salon- kompetisievereistes)
  • Landskapformaat: 1080 x 1920 pixels en nie groter as 800KB (standaard HD klub- en salon- kompetisievereistes)
  • Die ingediende foto moet as ’n hoëresolusiefoto beskikbaar wees (minimum 300dpi JPEG, PNG of TIFF) indien jou foto gekies word om in die fotografieboek en kunskalender te verskyn. Fotograwe sal direk deur die organiseerders van die kompetisie gekontak word om vir die hoëresolusiefoto te reël .
  • Die fototitel moet die fotograaf se van en voorletters bevat. (Bv SmithAB)

Alle inskrywings moet van die nodige dokumentasie (die modeltoestemmingsvorm (model release form) en die inskrywingsvorm) vergesel word. Geen foto sal sonder een van hierdie vorms aanvaar word nie. Alle persone identifiseerbaar op die foto moet die modeltoestemmingsvorm (model release form) onderteken. Indien 'n minderjarige op die foto verskyn, moet die ouers of wettige voogde van die kind die modeltoestemmingsvorm (model release form) onderteken.

Bepalings en voorwaardes:

  • Enige fotograaf of entoesiasfotograaf woonagtig in Suid-Afrika of in die buiteland mag aan die fotografiekompetisie deelneem met die voorwaarde dat 'n Afrikaanssprekende individu op die foto verskyn.
  • Die uitgewer, Douw Greeff Collection, behou slegs die reg om jou foto binne die "Ons Praat Afrikaans"-struktuur te gebruik. Dit sluit ook in enige promosiemateriaal verbonde aan die fotografiekompetisie en die uiteindelike fotografieboek en kunskalender. Volle krediet sal aan die fotograaf by die publikasie daarvan gegee word.
  • Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 30 September 2016.
  • Alle inskrywings moet per e-pos gestuur word aan douwgreeffcollection@outlook.com.
  • Neem asseblief kennis dat alle inskrywings aan die vereistes kragtens die artikel "Hoe om in te skryf", moet voldoen.
  • Die pryse sal nie oorgedra word aan 'n ander persoon nie.
  • Indien 'n fotograaf van buite Suid-Afrika 'n kontantprys wen, sal die randwaarde, onderhewig aan die wisselkoers op die datum van omskakeling, in die betrokke valuta omgeskakel word.
  • Geen fotograaf of model (persoon wat gefotografeer is) sal finansiële vergoeding vir die gebruik van die foto in die boek of kalender ontvang nie. Die pryse sal slegs aan die wenfotograwe uitgemaak word.
  • Slegs 2 500 kopieë van die fotografieboek en slegs 2 500 kopieë van die kunskalender sal gedruk word.
  • Indien die uitgewer dit ooit oorweeg om 'n herdruk van die fotografieboek of kunskalender te publiseer sal die betrokke fotograwe gekontak word om 'n fooi te onderhandel. Indien u foto gekies word om in die fotografieboek of kunskalender te verskyn, moet 'n hoëresolusieweergawe van die foto binne 2 (twee) weke na die kompetisie-organiseerders jou gekontak het, voorsien word. Indien jy nie daartoe in staat is om 'n hoë-resolusieweergawe van die foto betyds te lewer nie sal jy gediskwalifiseer word en iemand anders sal in jou plek geïdentifiseer word.

Die kompetisie - Facebookblad is: https://www.facebook.com/douwgreeffcollection/
Sien ook aankondiging op die webwerf van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns: www.akademie.co.za

The post Fotokompetisie: "Ons praat Afrikaans; diverse mense – een taal" appeared first on LitNet.

Regsalmanak: Twee juriste

$
0
0

Vir sy navorsing vir die weeklikse Regsalmanak-rubrieke maak Gustaf Pienaar grotendeels van Juta Law se aanlyn biblioteek gebruik.  Hierdie regsbiblioteek is ‘n omvangryke naslaanbron van hofsake, wetgewing en ons land se dinamiese grondwetlike ontwikkeling. Juta Law stel hierdie bronne goedgunstiglik tot Gustaf se beskikking vir die skryf van hierdie rubrieke. Vir nadere besonderhede besoek www.jutalaw.co.za

Foto: wikipedia


Lees ook vorige Regsalmanak-rubrieke
Hy sou met haar trou, mits ...
Dink twee keer voor jy appèl aanteken
Ceres se akkerbome
Die "kousale ketting" in strafsake
Diefstal van eie goed
Regsalmanak: Stephan Welz se epiese hofstryd
Regsalmanak: 'n Storie oor 'n spinnekopwespe
Regsalmanak: Die bloedige hand erf nie
Regsalmanak: Regte van ‘n ongeborene
Regsalmanak: Teologie-proffie wat slegs sy Bybel en ‘n sannageweer op sy naam gehad het ...
Regsalmanak: Wanneer vermoed word dat iemand dood is
Regsalmanak: geldige testament of nie
Regsalmanak: #SmutsMustFall? Toe nie – danksy Epidermix 372
Regsalmanak: Ondertekening van parlementswette
Regsalmanak: Robert McBride
Regsalmanak: Is McBride ‘n “moordenaar”, of nie?
Regsalmanak: Produkaanspreeklikheid, toe en nou
Regsalmanak: Die vere maak die voël
Regsalmanak: Die rokende bus en die motorfietsryer met trane in sy oë
Regsalmanak: "Die tjek is innie pos"
Regsalmanak: Protes en brandstigting
Regsalmanak: Sal ‘n rekenaar eties kan optree? En wat van liegbekke ontmasker?
Regsalmanak: Die Groot Krokodil se swanesang
Regsalmanak: Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande
Regsalmanak: Tyd om die roede ook in Suid-Afrika te spaar?
Oscar Pistorius – vir laas: Voorste strafregkenner krities oor appèlhof se uitspraak
Regsalmanak: Hoofregter Stratford en die Wêreldhofuitspraak oor SWA

Die sterfdatums van twee bekende regsgeleerdes word gedurende Augustus herdenk: adv Beauclerk Upington, wat op 23 Augustus 1938 oorlede is, en hoofregter John Stephen Curlewis, wat op 24 Augustus 1940 gesterf het. Albei se vaders was óók juriste.

Beauclerk Upington[i] was die seun van 'n eerste minister en latere regter van die Kaapkolonie, sir Thomas Upington, die man na wie die fraai dorp aan die Oranjerivier vernoem is. In sy vroeë jare het die jong Upington se kop ook politiek toe gestaan en was hy 'n ruk lank parlementslid, maar dit het hom verveel. Hy het baie meer tuis gevoel in die hof, waar hy hom as 'n skitterende advokaat onderskei het – veral in strafsake.

Van die baie storietjies wat oor hom vertel word, is daar net vir twee plek. Upington en 'n sekere Kaapse regter het g'n ooghare vir mekaar gehad nie, en as Upington voor hom verskyn het, het die vonke omtrent altyd gespat. Op 'n dag was die twee weer in 'n hewige argument in die hof betrokke. Toe dit etenstyd word, het die regter na sy horlosie gekyk en gesê: "Dit is tyd om te verdaag, mnr Upington. Die afgelope paar uur het u uit u pad gegaan om u minagting vir hierdie hof te demonstreer", waarop Upington blitsvinnig teruggekap het: "Ek is verbaas, u Edele. Ek dog ek het uit my pad gegaan om my minagting vir die hof te verberg!" Wonder bo wonder het hy uit die tronk gebly.

Gedurende sy laaste lewensjare moes Upington dikwels geld by dese en gene leen om aan die lewe te bly, hoewel daar stapels en stapels tjeks en selfs kontant in sy kantoor was wat hy net nooit in sy bankrekening inbetaal het nie. Geld was nie vir dié eksentrieke advokaat belangrik nie, en hy het met die grootste gemak onbetaalde rekeninge en ongewisselde tjeks naas mekaar as boekmerke in sy biblioteek gebruik.

Hoofregter Curlewis,[ii] of "Curly" soos hy liefderik onder sy tydgenote bekend was, was 'n baie sjarmante en innemende mens in die gewone omgang, maar 'n bitter moeilike regter om voor te verskyn. Hy was pynlik presies en om daardie rede baie stadig.

Veral gedurende sy dae as regter in die eertydse Transvaal het hy die wêreld vir advokate en prokureurs moeilik gemaak as hy die dag sou voorsit in die mosiehof, dit wil sê 'n hof wat nie sake in die gewone sin van die woord verhoor nie, maar aansoeke van allerlei aard aanhoor. ‘n Voorbeeld is ‘n tussentydse (ook genoem interlokutêre) aansoek in ‘n siviele geding om een van die partye te verplig om die dokumente wat onder sy beheer is en wat op die saak betrekking het, bloot te lê. Die gedagte agter blootlegging is dat die een party in ‘n siviele geding nie die ander mag verras met dokumente wat eers tydens die verhoor beskikbaar gestel word nie. Die blootlegging van dokumente is dus ‘n noodsaaklike stap ter voorbereiding van ‘n verhoor.

Normaalweg word getuienis nie in die mosiehof gelewer nie en word die aansoeke vooraf skriftelik uiteengesit en aan die regter voorgelê. Soms gebeur dit dat 'n party 'n aansoek teenstaan, maar baie dikwels hoor die mosiehof onbestrede aansoeke aan.

Dit het gelyk asof regter Curlewis behae daarin gevind het om die hofstukke voor hom met die spreekwoordelike vergrootglas deur te gaan, en as hy die geringste foutjie gevind het, sou hy die aansoek "uitgooi", van die hand wys – ongeag of dit bestrede of onbestrede was! Op sulke dae sou advokate en selfs sy kollegas op die regbank dikwels spottenderwys sê: "Curly is al weer vandag besig om ongeopponeerde aansoeke te opponeer!"

Daar bestaan egter geen twyfel nie dat Curlewis 'n juris van hoogstaande gehalte was, wat tot gevolg gehad het dat hy in 1927 appèlregter geword het, en in 1936 hoofregter.

Sy seun, Ivan, was jare lank self regter van die Transvaalse Provinsiale Afdeling van die hooggeregshof; so ook sy kleinseun, David. Soos hul beroemde pa en oupa, is ook hulle in die omgang Curly genoem.

En dan is daar nog Llewellyn Curlewis, die strafregkenner van Pretoria wat naam gemaak het met sy eenvoudige, praktiese verduidelikings van die verloop van Oscar Pistorius se uitgerekte hofsage. Ek het ‘n sterk spesmaas dat ook hy ‘n nasaat van die eertydse hoofregter is. (Ek wonder of daar iemand is wat dit kan bevestig; Facebook help nie dié keer nie.)

Eendag moet ons nog praat oor die interessante verskynsel van vaders en seuns – en in een geval 'n vader en sy dogter – op ons regbank.

[i] Vgl in die algemeen Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, vol 3, bl 814 en South African Law Journal, Februarie 1990, jg 107, ble 131 ev.

[ii] Vgl Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, vol 4, bl 101 en South African Law Journal, Mei 1988, jg 105, ble 362 ev.

The post Regsalmanak: Twee juriste appeared first on LitNet.

Breytenbach Sentrum se skryfskool fokus op manuskripontwikkeling

$
0
0

Die Breytenbach Sentrum op Wellington se skryfskool vir voornemende prosa-skrywers, onder leiding van Rachelle Greeff, het só uitgebrei dat dit voortaan oor ’n tydperk van ’n jaar aangebied word.  Die einddoel van die kursus is dat die deelnemer ’n publiseerbare manuskrip, hetsy ’n roman of bundel kortverhale, aan ’n uitgewery kan voorlê vir moontlike publikasie. Voorts is die kursus so ontwerp dat deelnemers betyds hul boek kon voltooi om in te skryf vir die gesogte jaarlikse romanwedstryd, wat deur NB-Uitgewers aangebied word en op 1 September 2017 sluit.

Die kursus bestaan uit Saterdag-groepsessies wat elke vier tot ses weke by die Breytenbach Sentrum aangebied word. Tussen sessies werk Greeff individueel via die internet met die skrywers en hul ontwikkelende manuskripte. Die deelnemers kan verder uitsien na sprekers so opwindend en uiteenlopend soos die skrywers Marita van der Vyver, Bettina Wyngaard en Alexander Strachan; asook Kerneels Breytenbach, skrywer en voormalige uitgewer, Melt Myburgh, digter en uitgewer by Penguin Random House SA.

Nèlleke de Jager, fiksie-uitgewer by NB-uitgewers, en Hendri Warricker, LAPA-uitgewers se bemarkingshoof, neem afronding en voorlegging van ’n manuskrip onder oë. Studente sal ook ontdek waarom die pad van ’n aanvaarde manuskrip tot in die boekwinkel ’n moeisame proses is, en hoekom grafiese ontwerpers en bemarkers belangrike rolle in die sukses van ’n boek speel.

Die kursus skop af op Saterdag, 24 September, en die kostes beloop R1,500 per maand (insluitende ligte verversings en leesmateriaal). Die kursus is intensief gefokus op manuskrip-ontwikkeling en daarom is daar beperkte plekke beskikbaar en is daar ’n keuringsproses. Aansoekers moet óf tevore fiksie gepubliseer het, óf bewys kan lewer (tussen 1 000 en 2 000 woorde) van fiksie in wording.  Die aansoeke sluit op 15 September om 17:00 en moet gestuur word aan Theo Kemp by  theokemp@breytenbachsentrum.co.za

The post Breytenbach Sentrum se skryfskool fokus op manuskripontwikkeling appeared first on LitNet.

#DIGKUNSVIRALMAL: Tuin van digters – 16 tot 18 September 2016

$
0
0

digkuns650

KUNSUITSTALLINGS

FILMVERSE 2
Moontlik gemaak deur die ATKV
Vir die ATKV: Nita Cronjé
Artistieke regisseur: Diek Grobler
Die ATKV se suksesvolle digkuns-animasieprojek, Filmverse, word voortgesit met die première van Filmverse 2. 'n Nuwe keuse van twaalf gedigte word aangepak vir hierdie opwindende visuele bloemlesing. Gedigte van ons ouer digters word ingesluit (waaronder Elisabeth Eybers, DJ Opperman, Boerneef en TT Cloete) asook die werk van jonger digters (Nathan Trantraal, Andries Bezuidenhout en Ronelda Kamfer). Die werk van Joan Hambidge, Johann de Lange, Jeanne Goosen, Marlise Joubert en Heilna du Plooy is ook deel van Filmverse 2 – ’n veeltalige projek wat Afrikaans, Engels, Zoeloe en Sesotho insluit.
16 – 18 September |9:00 – 17:00 | Konferensielokaal (onder)

16 SEPTEMBER - PAMPOENDAG
Nanette Ranger se beeld, wat geskep is met Breyten Breytenbach se gedig 16 September as inspirasie, word by die Tuin van Digters vir die eerste keer in die tuin onthul. En dit natuurlik, vind plaas op 16 September.
Opening: 16 September, 17:00 (as deel van Boekmerke-uitstalling se opening) | Digterstuin

BOEKMERKE
(Ex libris)
’n Boek (s), -e, ingebonde, bedrukte of beskrewe blaaie papier
’n Merk, (s) –e, teken, stempel, onderskeidingteken; maaksel
(volgens die Verklarende Afrikaanse Woordeboek – Kritzinger, Labuschagne en Pienaar)
’n Groepuitstalling met o.a. Judy Woodborne, Louis Jansen van Vuuren, Anton Brink, Strijdom van der Merwe, Ceramic Matters, Hardy Botha, Ann Marais, Clare Menck, Frans Mülder, Antoinette Cloete Nel, Sharlé Matthews, Carina du Randt, Willie Bester, Rae Goosen, Evette Weyers, Cathy Brennon, Ruhan Janse van Vuuren, Vusi Beauchamp, Kobus le Grange, Frank van Reenen, Bastiaan van Stenis, Jean Dreyer, Kirby van der Merwe, Willem Pretorius, Annette Snyckers, Willie Steyn, Hennie Meyer, Theo Paul Vorster, Victoria du Toit, Mzimasi Funo, Fanie Marais, Marinda du Toit en Elsibe McGuffog
Met hierdie uitstalling vier die Breytenbach Galery alle vorme van boeke – romans, digbundels, fiksie, nie-fiksie… alle merke gemaak op beskrewe papier.
16 September – 20 Oktober | 9:00 – 17:00 | Breytenbach Galery | Opening: 16 September, 17:00.

BLOMBALLONNE
Konsep: Strijdom van der Merwe
Ons tuin staan wit in die blom met ballongedigte en ons nooi jou uit om vir jou een te pluk en vir iemand te gee wat ’n gedig en ’n blom ewe veel sal waardeer.
16 - 18 September, 9:00 – 17:00 | Digterstuin | R10 per blom

VRYDAG, 16 SEPTEMBER

TAKE YOUR TIME: THE POETRY OF ADOLESCENCE
Aangebied deur Chris Mann
Op sy charismatiese en humoristiese wyse, reik Chris Mann uit na Graad 10 tot 12-leerders met hierdie aanbieding waarin hy jongmense leer oor die belang van die digkuns, die invloed daarvan op die ontwikkeling van die brein, geheue en kreatiwiteit. Hierdie kursus word aangebied by plaaslike Wellingtonse skole. Meer inligting by Olivia Ockhuis: Olivia@breytenbachsentrum.co.za
Vanaf 9:00

SIMPOSIUM
(Aangebied in samewerking met die US Departement Afrikaans en Nederlands)

DIE MEDEWETE VAN DIE POËSIEVERTALER
Met: Alfred Schaffer en Karen Press; Andries Visagie (gespreksleier)
Die digters en vertalers Alfred Schaffer en Karen Press praat oor hul vertalings na Nederlands en Engels van Antjie Krog se Afrikaanse digbundel Mede-wete. Die gesprek verken die besondere uitdagings, probleme en ook vreugdes wat die vertalers te beurt geval het in hul vertalings van Krog se dikwels komplekse gedigte.
9:00 |60 min. | Woordtent
 
ONS KOMVANDAAN
Regie:Christine Truter
Met: Gaireyah Fredericks, Wayne Galant, Charnelle Fortuin, Josua Meyer en Curtly Titus
Meesleurend, opruiend, oproerig, versoenend, onthutsend en omhelsend. Die Brey­ten­bach Sentrum se drama-groep, Kaleidoskoop, bied ’n ondersoekende en ontroerende blik op die werk van bruin digters oor ses dekades heen – van PJ Philander en Adam Small tot Ronelda Kamfer, Nathan Trantraal en Jitsvinger.
10:15 | 30 min. | Akkoordtent

“ONBEGRYPLIKE POËSIE IS ALTYD BETER AS MAKLIKE POËSIE” (NEDERLANDSE DIGTER ILJA LEONARD PFEIJFER)
Met: Louise Viljoen, Bibi Slippers, Nèlleke de Jager; Andries Visagie (gespreksleier)
Hierdie gesprek gaan oor die onderskeie voordele van “slow poetry” wat weerstand bied teen vinnige verbruik en “vinnige kuns” wat onmiddellik tot die hoorder of leser spreek. Vinnige kuns “spat soos ’n haelpatroon deur die maag” soos wat Loftus Marais dit beskryf het in sy gedig “’n Pleidooi vir vinnige kuns”, terwyl “slow poetry” van die leser verwag om tydsaam en met aandagtigheid te lees.  Louise Viljoen praat oor “slow poetry”, Bibi Slippers vertel wat sy verstaan onder “vinnige kuns” en die uitgewer Nèlleke de Jager verduidelik wat die uitgewer se posisie is in hierdie gesprek.
11:00 | 90 min. | Woordtent

AKWASI & JITSVINGER
Akwasi, oorspronklik van Ghana, is ’n suksesvolle Nederlandse kunstenaar, liedjieskrywer, akteur en regisseur – en meestal bekend as die voorman van die Nederlandse rymkletsgroep, Zwart Licht. Kom luister hoe hy sy Nederlandse rymkletse laat opklink. Jitsvinger is op sy  beurt ’n veelsydige kunstenaar met hope kreatiwiteit en  is 'n gevestigde skrywer, komponis en musikant wat die verhoog gereeld deel met plaaslike legendes soos Antjie Krog, David Kramer, Burni Aman en Pops Mohamed.
12:45 | 30 min. | Akkoordtent

“I FOUND MYSELF IN A SITUATION” – POËSIE IN ROERIGE TYE
Met: Ari Sitas, Rustum Kozain, Andries Bezuidenhout, Diana Ferrus, Wamuwi Mbao; Alfred Schaffer (gespreksleier)
Wopko Jensma se gedig “Spanner in the what? Works” (1977) dien as wegspringpunt vir hierdie gesprek oor die plek van poësie in die Suid-Afrika van vandag. Het die digkuns nog enigsins ’n rol te speel in ons sosiopolitieke omstandighede? Hoe kan of moet so ’n poësie lyk? Wie mag of moet of kan dit skryf?
13:30 | 90 min. | Woordtent

MARTIJN NELEN
Een van die bekendste en innoverendste Vlaamse digters en bekvegters sal die gehoor met sy gedigte beïndruk – so uit die mou gepluk en op die voete bedink.
15:00 | 30 min. | Akkoordtent

“AG, ONS ALMAL IS TOG SO LIEF VIR DIE NATUUR …”
Met: Marlene van Niekerk, Susan Smith, Johann Lodewyk Marais, Martjie Bosman en Chris Mann; Willem Anker (Gespreksleier)
In hierdie sessie word daar aan die hand van Ecology without Nature  (Timothy Morton) gesels oor vrae soos die volgende:  Watter opvattings van die begrip “natuur” vind neerslag in (ook ekologies-bewuste) “natuur­poësie”?  Watter (on/kritiese) uitgangspunte oor die verhouding tusssen mens en natuur kan onderliggend wees in gedigte oor omgewing, atmosfeer, landskap, voëls, bome, diere?
15:30 |90 min. | Woordtent

KOM ONS PRAAT ANDERS SAAM MET MEKAAR
"...it is proposed that a form of free dialogue may well be one of the most effective ways of investigating the crisis which faces society, and indeed the whole of human nature and consciousness today. Moreover, it may turn out that such a form of free exchange of ideas and information is of fundamental relevance for transforming culture and freeing it of destructive misinformation, so that creativity can be liberated." David Bohm
Met: o.a. Marlene van Niekerk, Alfred Schaffer, Danie Marais, Susan Smith, Martjie Bosman, Johann Lodewyk Marais, Daniel Hugo, Andries Bezuidenhout, Bernard Odendaal, Gilbert Gibson, Loit Sôls, Jitsvinger, die Mengelmoesdigters, Louis Esterhuizen, Sisca Julies, Hennie Nortjé, Bibi Slippers, Rustum Kozain, Ronel de Goede en Diana Ferrus; Desmond Painter (Gespreksfasiliteerder)
’n Groep nugter digters praat en swyg in ’n byeenkoms geskoei op die model van die Bohm-dialoog: geen agenda, geen debat, slegs mededelings, vrae, betuigings, opmerkings in enige vorm of toonaard.
19:00 | 90 min. | Woordtent

TRIBAL ECHO
Met: Sandy Gertse, Barry Daniel, Earl Witbooi, Karin Hess en Frazer Barry
Dié gewilde musiekgroep is terug by die fees ná verlede jaar se stofopskop. Maak reg vir ’n kuier saam met die manne en dames wat weet hoe Klip Kop Rock werk!
21:00 | 70 min. | Akkoordtent

SATERDAG, 17 SEPTEMBER

IN DIE OMTES VAN DIE HART
’n US Woordfees-produksie
Met: Jana Cilliers
Regie, samestelling en verwerking: Juanita Swanepoel
’n Samestelling uit die verhale, vertellings en poësie van Petra Müller – ’n skrywer wat met soveel oorgawe haar herkoms en geborgenheid in eie bodem met ons deel. Met haar poëtiese inslag het sy die vermoë om aan die eenvoudigste verhaal onverwagse nuanses te verleen. Madeleine van Biljon noem haar “’n pêrel in onse skrywerskroon”.
9:00 | 60 min. | Bôrdienghuis Teater 

POËSIE-WERKSWINKEL
Met: Jitsvinger, Martijn Nelen en Akwazi
Hierdie werkswinkel bestaan uit ’n basiese inleiding tot die rymklets, wat goeie en slegte verse van mekaar onderskei, die tips en truuks van hoe om jou gedigte voor ’n gehoor op te voer. Hierdie werkswinkel word by plaaslike skole aangebied, maar is ook oop vir die publiek. Meer inligting: Olivia Ockhuis by 021-8732786.
10:00 | 150 min.

IZAK DE VILLIERS – PREDIKANT EN TROEBADOER
Met: Joan Hambidge, Gilbert Gibson, Louis de Villiers en Lizette Rabe (gespreksleier)
Izak Louis de Villiers sou vanjaar sy tagtigste verjaardag gevier het. Hy was jare lank predikant van 1963 tot 1983 in onder meer Albertinia, Bonnievale en Constantia. In 1983 verruil hy die kansel vir die joernalistiek en word hy as redakteur van die vrouetydskrif Sarie aangestel. In 1991 word hy die hoofredakteur van die Sondagkoerant, Rapport, en tree in 1997 uit. Hy debuteer in 1972 met die digbundel Leitourgos, en hy skryf ook talle godsdienstige boeke. Tydens hierdie sessie bring ons hulde aan Izak de Villiers - as digter en mens.
10:30 |60 min. | Woordtent

IS DIE KANON IN SY KANON IN?
Aangebied deur PEN Afrikaans
Met: Louise Viljoen, Ronel Foster, Marga Stoffer, Alfred Schaffer; Danie Marais (gespreksleier)
Wie is dapper genoeg om die volgende Groot Kanoniseerder te wees? Waar is die volgende Groot Verseboek of Poskaarte? En is dit nodig?
12:00 | 60 min. | Woordtent

REFENTSE MORAKE
As hy nie gesing het nie, sou hy graag die president van Suid-Afrika wou wees.  En  as  dit  enigsins  ’n  aanduiding  is  van  hoe  ver  sy  ambisie  strek,  wag daar beslis gróót ding­e op hierdie jongman. Sy YouTube-videos van Afri­kaans­e  treffers  soos  Lisa  se  Klavier,  De  la  Rey en  Ou  Ryperd  is  reeds duisende kere gekyk en op so­sia­le media gedeel.
13:15 | 60 min. | Akkoordtent

DIGTERS EN HUL MENTOR
Met: Joan Hambidge, Juanita Louw en Hendrik Botha
Joan Hambidge was die mentor vir Juanita Louw, asook Hendrik Botha, wat onderskeidelik met die bundels In die grot van die sibille en Atropos debuteer. Hambidge gesels met hierdie digters oor hul verse en die verhouding tussen jong digters en hul mentor.
14:30 | 60 min. | Woordtent

WOORDE OP AKKOORDE: DIE KAAL TAAL KABAAL
Met: Frazer Barry, Churchil Naudé, Loit Sôls, Deniel Barry en Nolan Russell
Wat is ’n taal sonder sy klank?  Wat is ’n klank sonder definisie?  Hoe beïnvloed die natuurlike omgewing jou gebruik van woorde en jou ervaring van klank? Dié produksie is ’n viering van die ontwikkeling van woordkuns, musiek en hoe die mens se kreatiewe aanslag daarop ons bewustelik en soms onbewustelik beïnvloed. Vraagstukke word ernstig maar speels hanteer en die gehoor word op ’n magiese reis van die antieke oorlogskrete, kragwoorde, die gehuil van ’n baba tot en met hoe jy jouself in jou eie taal of klank uitdruk, geneem.
15:45 |45 min. | Akkoordtent

DIGITALE DIGKUNS
Met: Bernard Odendaal, Diek Grobler, Yves T'Sjoen en Franci Greyling (gespreksleier); voorlesings deur Danie Marais, Alfred Schaffer, Zandra Bezuidenhout en Hennie Nortjé
Byderhand is 'n projek van die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) waarin digitale digkuns en die natuur op vindingryke manier bymekaar uitkom, deurdat jy op jou slimfoon, via 'n strepieskode in die natuur aangebring, 'n gedig kan aflaai wat met die tuingegewe te doen het. Hierdie projek is met groot sukses in die NWU se Botaniese Tuin aangebied tydens die Aardklop-fees in 2015. Enkele splinternuwe tuinverse is vir die Tuin van Digters geskryf en digitaal bewerk. Filmverse is op sy beurt 'n projek waarin digters se verse tot animasiefilms verwerk word. Betrokkenes by beide projekte kom gesels oor wat digitale digkuns behels en hoe ons vergelyk met wat in Europa gebeur. Van die digters wie se werke opgeneem is vir die Byderhand-projek, kom lees hul werk voor.
16:45 | 60 min. | Woordtent

R.A.P – RYMKLETS AANGEDREWE POËSIE
Regie & produksie: Hakkiesdraad Hartman
Met: Hakkiesdraad Hartman, Stoic Shadow, Ben 10, Rashid Kamalie, Norman Smiley en DJ Jeff-FX 
Dié produksie beoog om ’n beter blik te gee op rymklets as digvorm. Rymklets is die Afrikaanse weergawe van Rap of Hip-Hop, en begin in 1989 toe Prophets of the City hulle eerste album, Our World, uitgereik het. Een van die liedjies op die album, Dallah Flet, word beskou as die eerste uitgereikde rymklets-liedjie in Suid-Afrika. In hierdie sessie word verwys na kunstenaars wat die grondwerk gedoen het, om sodoende die groei van Rymklets te illustreer van toeka af tot nou. Die groep rymkletsers betrek die gehoor om hul verskillende style te demonstreer – verwag ’n mengsel van rymklets, humor, digkuns, freestyling en deejaying.
18:00 | 60 min. | Akkoordtent

INZYNC DIGTERSPAARTIE & OOP MIKROFOON
Samestellers: Adrian “Diff” van Wyk en Pieter Odendaal
Met: o.a. Martijn Nelen (België), Akwazi (Nederland), Jitsvinger, INKredible Digters, CUPFUSS DJ's die Mengelmoesdigters, Sisca Julies, Bibi Slippers en andere.
Tydens hierdie sessie word die digkuns behoorlik gevier – deur  voorlesings, optredes deur Akwazi en Martijn Nelen – al die pad van die Lae Lande, asook musiek. Soos die aand verloop word die musiek al lekkerder en die ritmes aansteekliker. Dis ook ’n oop mikrofoon-aand en ons nooi digters uit om hul werk voor te lees.  Met Adrian “Diff” van Wyk as die seremoniemeester en die DJ’s, kan jy jou regmaak vir ’n gedigte-ervaring soos min.
19:15 | 90 min. | Akkoordtent

MR CAT & THE JACKAL TRIO
Met: Gertjie Besselen, Jacques du Plessis en JC Visser
Kom beleef hierdie aweregse multi-instrumentele groep wat met verskillende genre’s – van die tango tot die blues – ’n unieke musiekervaring waarborg, keer op keer.
21:00 | 80 min. | Akkoordtent

SONDAG, 18 SEPTEMBER

DIE HEEL MOOISTE AFRIKAANSE LIEFDESGEDIGTE
’n Breytenbach Sentrum- & US Woordfees-koproduksie
Programsamestelling en regie: Juanita Swanepoel
Met: Waldi Schultz en Ira Blanckenberg
Fanie Olivier sê oor sy samestellingsbundel, Die heel mooiste Afrikaanse liefdesgedigte: “Dit was toentertyd I.D. du Plessis wat sy lesers vermaan het dat die liefde ʼn duisend vorme kan aanneem en teen hierdie agtergrond probeer ʼn mens ʼn verteenwoordigende keuse doen van iets wat moontlik die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte genoem kan word.” Met die saamstel van ʼn program wat weer verteenwoordigend moet wees van Fanie Olivier se keuse, raak dit nog moeiliker om reg te laat geskied aan die magdom mooiste Afrikaanse liefdesgedigte. Miskien, as ons sommige van die verse in gesprek met mekaar sit kan ons tog die oeroue verhaal van verlange, vrese, vreugde, begeerte, hartstog, skeiding, verlies, herinnering en nogmaals verlange opnuut laat leef en bevestig.
9:00 | 50 min. | Bôrdienghuis Teater

PJ PHILANDER – ’N ONMISBARE STEM
Met: Steward van Wyk, Heindrich Wyngaard en Daniel Hugo (gespreksleier)
“Die jaar 1955 was vir Suid-Afrika en die Afrikaanse letterkunde ewe belangrik. Dit was die jaar van die Freedom Charter en die verskyning van ’n merkwaardige digter: P.J. Philander.” Só merk Daniel Hugo per geleentheid op oor P.J. Philander, een van Suid-Afrika se belangrikste digters, wat vanjaar sy 95-ste verjaardag sou vier.  In hierdie program word hulde gebring aan hierdie onmisbare stem uit die Overberg.
 10:00 | 60 min. | Woordtent

SIXTY LOVE – OP REIS MET JOAN HAMBIDGE
Toonsettings: Olga Leonard en Babette Viljoen
Musikale regie: Lize Beekman
Met: Olga Leonard en Babette Viljoen
Joan Hambidge se sestigste word met hierdie produksie gevier. Ons neem ’n blitsreis deur twintig bundels en meer as seshonderd gedigte. Die reis bevat “geordende onthoue” van Hambidge se ouers en familieskap, en staan stil by die liefde, eensaamheid, digterskap, metafisika, reise en die dood. Haar digkuns tree in gesprek met onder ander digters soos Johann de Lange en TT Cloete.
11:15 | 60 min. | Akkoordtent

BIETJIE OOS, BIETJIE WES
Die Kaapse Maleiers wie se voorvaders almal in die sewentiende en agtiende eeu na Kaapstad ingeskip is vanaf onder meer Indonesië en Java, het hulle eie musiek ontwikkel. Iets tussen Oos en Wes.  Die Moslemliedere is verhollands en vandag word die musiek verdeel in Moppies, tradisionele volksmusiek, die Hollandse-liedjies en Ghoema-musiek.
12:30 | 30 min. | Akkoordtent

GEDIGTE HUL GEMENE GROND
Met: Johann de Lange en Joan Hambidge
Twee digters, twee vriende, albei belangrike stemme in die Afrikaanse digkuns. Joan Hambidge gesels oor haar nuutse bundel, Indeks, terwyl Johann de Lange enkele verse voorlees uit sy onlangse bundel, ’n Hunkering se grein.
13:15 | 60 min. | Woordtent

LAURIE LEVINE
Ná die verskyning van haar merkwaardige debuut, Unspoken, in 2007, het Laurie Levine vir haar ’n loopbaan as sanger-liedjieskrywer oopgekerf. Levine se gawe lê daarin dat sy die vermoë het om diepgewortelde folk-musiek te vermeng met uiteenlopende invloede – als met haar kitaar en stem.
14:30 | 60 min. | Akkoordtent

MET JOU AAN MY SY
Met: Leslie Javan
’n Program van plattelandse hartsmusiek, wat Leslie Javan oor die laaste twee dekades geskryf het. Dit vertel die storie van ’n liedjieskrywer wat die stories van die plekke en die mense opgeteken het in sy soeke na homself op sy reise deur Suid-Afrika en ander lande.
15:45 | 60 min. | Akkoordtent

OOPMOND
Met: Henry Cloete, Andries van Pretoria, Pierre Shamley, Mavis Vermaak (digters); Die Kaalkopwaarheid en The Faradays (musikante) en Neels Venter (beeldende kunstenaar)
Oopmond is ’n woord-en-musiek aangeleentheid soos min. Die bestanddele vir dié ongewone stuk teater is eenvoudig: twee spanne digters en 'n paar musikante, asook ’n maltrap seremonie/skeidsregter. En, natuurlik, ’n pretbeluste, geïnspireerde gehoor. Die digters en musikante ding as groepe mee teen mekaar. Die digters kry ’n tema (bepaal deur die gehoor) en het tien minute om ’n nuwe, impromptu-gedig te skryf – wat dan direk daarna deur ’n span musikante getoonset word.Die uiteinde? Twee splinternuwe liedjies en ’n handvol nuwe gedigte. Net so, daar voor jou oë en om jou ore. Tussendeur is daar warm-onder-die-kraag-toordery met woorde en oorspronklike musiek.
17:00 | 90 min. | Akkoordtent

MUSIEK & WOORDE
Samestelling: Ilse Schürmann
Met: Lynelle Kenned (sang), Hannes van Wyk (verteller) en Elna van der Merwe (klavier)
Elizabeth Eybers het geskryf: “Musiek, subtiele, liggaamlose taal…” In Musiek & woorde sal daar musiek gemaak word oor woorde; en sal woorde die taal van musiek beskryf.  
18:00 | 60 min. | Goodnow-saal

BRING DIE KINDERS SAAM!
Ons het vanjaar vir die eerste keer ’n oppasdiens vir die kleinspan – waar hulle op allerlei kreatiewe maniere besig gehou sal – speel-speel met verskeie vorme van die digkuns: van voorlesings, hoe om gedigte uit woorde te bou tot versierings maak en nog vele meer.

BORGE
ATKV, Die Dagbreek Trust, Het Jan Marais Nationale Fonds, Koninkrijk van de Nederlande, LW Hiemstra Trust, Naspers, NLC, Rupert-musiekstigting, Van Ewijck-stigting, die Vlaamse Regering en die Wes-Kaapse Departement van Sport en Kultuursake

VENNOTE
InZync, NB-Uitgewers, Open Book Festival, PEN Afrikaans, US Departement Afrikaans & Nederlands, US Woordfees, Wellington Toerisme

KAARTJIEPRYSE
Naweekpakket: R400
Vrydag: R150
Saterdag: R200
Sondag: R150
Studente-afslag: R50 / dag (met bewys van geldige studente-kaart)

BESPREKINGS EN NAVRAE
Jeanne-Mari Gerber: besprekings@breytenbachsentrum.co.za, 021-8732786, 073-4351022, h/v Burger- en Malherbe-straat, Wellington, 7655.

HELP ONS OM ANDER TE HELP
Die Breytenbach Sentrum wil graag ’n plek wees waar almal kan deel word en deelneem, en waar ons vir mekaar die wonder van die kunste, talente en vaardighede kan aangee. Word deel van ons MySchool MyVillage MyPlanet-projek. Dit beteken dat jy ’n kaart kan kry waarmee elke keer as jy inkopies by Woolworths doen, ’n persentasie van die bedrag waarvoor jy gekoop het aan ons betaal word, sonder dat dit jou iets kos. Ons is daagliks besig om mense op te lei in die kunste, om sodoende werk te kan bekom, en om jongmense hoop vir die toekoms te gee. Jy kan ’n hengse verskil maak! E-pos Theo Kemp by  theokemp@breytenbachsentrum.co.za

PROGRAM ONDERHEWIG AAN VERANDERING
Volg ons op FacebookTwitter en hou ons webwerf, www.breytenbachsentrum.co.za, dop vir die nuutste inligting oor die Tuin van Digters 2016.

The post #DIGKUNSVIRALMAL: Tuin van digters – 16 tot 18 September 2016 appeared first on LitNet.


Wayde van Niekerk: ’n Held is vróég vir ons gebore

$
0
0

Dit sou ’n Maandagoggend wees soos geen ander tevore nie, en dit begin met die geknal van ’n afsetter se pistool. Minder as ’n minuut later – 43,03 sekondes om meer presies te wees; selfs ’n breukdeel van ’n sekonde geld immers in dié geval – was die hele wêreld wakker.

Die wekker op die bedkassie het nou ’n naam gekry.

***

Oor Wayde van Niekerk se ongelooflike prestasie is die afgelope week reeds baie gesê en getwiet; oor sy uitsonderlike loopbaan tot nou is Facebook-mure en koerantbladsye vol geskryf. Wat dit ’n mens oor laat wonder het, was die betekenis van woorde of konsepte soos "held", "heldhaftigheid", "heldefiguur", "heldestryd", "heldeverering" – en wat ons hieroor by Van Niekerk kan leer.

Die held is gewoonlik iemand wat byna bomenslik presteer of wat iets buitengewoons doen om ander mense te help – ’n heldedaad, noem ons dit.

Jy vind die held in boeke, in poësie, in sepies, in flieks, in radiovervolgverhale, in liefdesliedjies, in vredes- en oorlogstyd, in vernuwende tegnologiese uitvindsels, en in die werklike, alledaagse lewe, in alle ouderdomsgroepe, geslagte, generasies, nasies, rassegroepe – en vir baie mense maak helde hul eerste verskyning in die Bybel.

***

’n Week nadat sy verhaal die wêreld- en sosiale media oorheers het, is dit duidelik dat vier karaktereienskappe deur ons nuwe Suid-Afrikaanse held uitgeleef word:

Veggees

Wat nie almal weet nie – of straks moeilik sal vind om te glo – is dat Wayde van Niekerk vroeggebore is. In ’n insetsel op die joernaalprogram Top Billing vroeër maak sy stiefpa, Steven Swarts, melding van sy veggees wat reeds van kleins af sigbaar was. Dit is sy ma, Odessa, wat die besonderhede oor sy traumatiese geboorte invul: “Ek was 29 weke swanger toe ek aan Wayde geboorte geskenk het,” vertel sy aan News24. "Hy was so klein en so broos. Die professor het gekom en gesê: 'Ek dink u kind het net 24 uur om te lewe ...'"

Dit was op 15 Julie 1992 - nou presies 24 jaar jaar gelede ...

Nederigheid

Jy sien dit omtrent elke keer as hy ’n wedloop wen of ’n media-onderhoud doen – selfs toe Usain Bolt, die superster van wêreldatletiek, hom Maandag ten aanskoue van TV-kameras en die Olimpiese toeskouers gelukwens: ’n vae, onseker kyk op Wayde van Niekerk se gesig, kompleet asof hy nog nie heeltemal tot verhaal gekom het nie; asof sy plofbare talent nog nie behoorlik ingesink het nie.

Of nee wag: dit dui op sy nederigheid. Geen oormatige feesviering vir hom nadat hy ’n wedloop voltooi het nie; wat hy wel doen, is om op sy knieë te gaan, ten spyte van die TV-kameras, te midde van sy uitasem opponente en ondanks die juigende skare, om sy Skepper te bedank.

Jy hoor Wayde van Niekerk ook nooit sleg praat van sy opponente nie of vertoonmakerig optree nie; hy gee veel eerder erkenning aan ander wat voor hom die hoogste piek bereik het.

Oor die geleentheid om in die aanloop tot die Rio-spele in Jamaika saam met Bolt te oefen sê hy in ’n onderhoud: "Ek is lief om te leer, lief om myself te verbeter – [en] wie beter om van te leer as die wêreld se beste?"

O, ja, en dan is daar ook nog die selfies wat twee wêreldsterre saam met Wayde gevat het – een ’n Amerikaanse tenniswonder, die ander ’n Nieu-Seelandse rugbymonster, albei met Williams as van; hulle twitter-name is @serenawilliams en @SonnyBWilliams. Dis Sonny Bill wat oor Wayde se nederigheid getwiet het: "Meet the 400m world champ today such a humble dude, good luck my South African brother."

Christelike waardes

In ’n wêreld waar jy gedurig in die kollig is, omring deur flitsende kameras, en selfs ’n showman soos Usain Bolt wat uit sy pad gaan om jou te kom gelukwens, moet dit moeilik wees om getrou aan jouself te bly. Nie vir Wayde van Niekerk nie: dit is waarom hy nie huiwer om sy Christelike waardes uit te leef nie.

Jy hoor hom die afgelope week, nadat hy die 400m-wêreldrekord verpletter het, sê: "Om eerlik te wees, ek het nie volle vertroue in myself gehad nie. Ek het geglo dat die Here iets vir my beplan." En vroeër, so drie maande vóór die Rio-spele, toe hy gevra word oor sy geloof wat hy ook by die 2015 Wêreldkampioenskap ten toon gestel het: "Dit is wat my geestelik versterk"; en "Ek glo dat God my met hierdie talent geseën het en dat ek dit nie moet opmors nie."

Die belangrikheid van familie in sy lewe is ook duidelik. Waarom anders sou hy sy wengeld vir die 400m by verlede jaar se Wêreldkampioenskap gebruik het om sy ouers, meisie en ander familielede na Rio te laat reis?

Erkenning aan ander

Of dit nou Caster Semenya is of Anaso Jobodwana, een mede-atleet wat sonder huiwering erkenning aan hulle gee is Wayde van Niekerk. Dis vir hom lekker, sê hy, wanneer hulle saam oorsee deelneem en ’n klein Suid-Afrikaanse familie vorm.

Oor Bolt die volgende: "Ek geniet dit om saam met hom te wees en na hom te luister. Hy moes as atleet al baie in sy lewe deurmaak."

Oor sy afrigter, die befaamde 74-jarige tannie Ans: "Ek is verskriklik dankbaar om deel van haar groep te wees. Ek is bly dat sy die shine kry wat sy verdien."

Oor sy "pa", Steven Swarts, wat hy as die persoon wat hom die meeste beïnvloed het – en ’n uitsonderlike rolmodel - beskou: “Hy is dalk nie my geboorte-pa nie, maar ek glo hy is my Godgegewe pa.”

In die gesin se huis in Bloemfontein is hierdie boodskap tussen Wayde se bekers, medaljes, trofeë, foto’s en sertifikate: "The greatest gift I ever had came from God. I call him DAD."

***

Dit is sy ma, Odessa, wat ná sy Olimpiese opskudding gesê het haar stem het omtrent weggeslaan ná die wegspring en dat sy eers weer in die laaste 100m of so ’n klank kon uitkry. Ook tannie Ans se mond het letterlik oopgehang oor wat op die baan aan die gebeur was, wys ’n foto op twitter, ofskoon sý van alle mense geweet het dit is presies waarvoor sy en haar steratleet vooraf geoefen het.

Nóg ’n bietjie later sê ma Odessa in ’n radio-onderhoud: "Dit is asof die kind die wêreld wakker gemaak het – nie net Suid-Afrika nie."

Wat dié wakkermaakatleet se prestasie egter meer betekenisvol vir sy landsgenote behoort te maak, is die feit dat Wayde van Niekerk, boorling van ’n plek waar geweldsmisdaad hoogty vier, nuwe betekenis gegee het aan die klap van ’n pistoolskoot in die ongoddelike ure van ’n Maandagmôre.

The post Wayde van Niekerk: ’n Held is vróég vir ons gebore appeared first on LitNet.

LitNet: Beautiful in Beaufort-Wes

Grond

$
0
0

In jou binneste,
Broei daar lewe.
Jou krop het,
Mense weinig begewe.

Jy laat jou afhanklikes,
Jou guns besing.
Wanneer jy hulle,
Met gesonde oeste omring.

Uit jou hand uit,
Ontvang die mens.
Voedselsoorte,
Waarvoor hul wens.

Word jy goed bewerk,
En word jou dors geles.
Dan gee jy met oorgawe,
Vir boere net die bes.

Die son gee jou,
Daagliks van sy strale
Want jou waarde,
Is ver hoër as die van korale.

The post Grond appeared first on LitNet.

Mense agter boeke: Jaco Botha gesels met oud-uitgewer Danie Botha

$
0
0

Danie Botha (foto: Denvor de Wee)

Skrywer en voormalige uitgewer, Danie Botha, vertel vir Jaco Botha van sy liefde vir boeke en sy loopbaan in die uitgewersbedryf.

Bevalling en weervoorspelling

Op Vrydag 28 Februarie 1947 berig Die Burger teen twee pennies dat die Wit Trein met die Britse koningsgesin deur Uitenhage gejáág het. Die polisie het dit aanbeveel nadat ’n konstabel met klippe in ’n oproerigheid gedood is. Koning George VI en die drie dames is daarna in oop motors vervoer na St Georgespark waar hulle op die verhoog plaasgeneem het. Die koninklikes  het “die eerste amptelike verwelkoming van die nie-blanke gemeenskap ontvang. Daar was duisende kleurlinge en duisende kleurlingskoolkinders byeen”.

En die weervoorspelling? Dit het gelui dat teen die namiddag verspreide donderwolke in die Noordelike Karoo sou opkom. Iemand het hom in die Hexriviervallei bevind bokant die nasionale pad in suster Groenewald se, van buite beskou, vreedsame kraaminrigting.  Dis nou ek, Daniel Stephanus Botha (Danie, Daan, Danny, Daantjie, Dana, weermagterm: Liefling). My ouma-hulle  aan my ma se kant het op Orchards gewoon en wou my ma bystaan.

My pa was in daardie jare voorman (nie toe plaasbestuurder genoem nie) by boere in die Breëriviervallei, maar ons het, toe ek so vier jaar oud was, teruggekom na die familieplaas onder die soms toornige Brandwachtberg ten noorde van Worcester. Pa, sy broer Jan en later my neef Thomas het om die deel geboer vir Oupa Danie. Oupa en Stiefouma Hanna het in die Groot Huis gewoon; Oom Jan-hulle in die ou huisie aan die onderkant van die hawerland. Die stalle aan die oostekant is in ’n vierkamerhuis vir Pa se gesin van vier, later vyf, omskep.

Ontdekking van boeke

In dié omgewing het ek dan boeke ontdek. In ons huis was daar Pa-hulle se Bybel, en Uit die beek waaruit Ma vir hulle twee soggens by kers- of lanternlig voorgelees het. Eers het Ma ook twee keer daagliks uit ds Willem Conradie se Afrikaanse Kinderbybel gelees – ’n kwartbladsy teks; en een kleurprent om na te kyk. Daarteenoor het ek al baie die lof besing van Herman B Scholtemeijer se Die Kind se Bybel met sy helder formulerings en omvangrykheid.  Ma het  toegewyd vir ons ook daaruit voorgelees en vir ons gebedjies geleer.

Vrydagmiddae was dit my en Sus Dria se werk om op te loop na onse tant Wiesie, pa se suster, om leesstof by haar en oom Kosie te kry: Die Huisgenoot, verlede naweek se Landstem en Byvoegsel.  Kinderlose Ta’ Wiesie het ons gemaan met die opdraandstappery: “Kyk voor julle voete vir slange.” Sy het ook vir ons radio laat luister in haar skemer voorhuis. Eenkeer het die radiotannie  uit die  kis met óns gepraat, ons op ons name genoem en toe vir ons ’n liedjie gespeel: “How much is that doggy in the window?”

Saterdae het Ma stories uit  die vorige Klein Burger voorgelees. In die laerskool het ons eers Vrydagmiddae Die Kleinspan met Rakkertjie Rob gekry en later Die Jongspan met TO Honiball se Jakkals en Wolf  by meneer Gouws. (In die jare sewentig het mnr Honiball al sy strokiesprente weer uitgegee, nou in ’n groot formaat. Ek as jeugboekredakteur het hom jou werklik gevra om sekere teksveranderings aan te bring. Ek bring die veranderings aan in potlood en hy herskryf, herteken.)   

Terwyl Ma kos gemaak het oor die rokerige Doverstoof het sy van die lekkerste Bybelse stories vertel: Josef, Ester, Rut, Dawid en Goliat. Ook wêreldse stories. Soos van Rooikappie en Repelsteeltjie. En van die voëls wat bietjie vergeet hoe hulle hul neste moes bou. Pa het nie juis baie goed gehad om te vertel nie. Wel van die skilpaaie wat met gaatjies in hul doppe ingespan is. Hy het darem sterk daarby gehou: Vir elke dier op land is daar ’n ondersese maat. Koei = seekoei; perd = seeperd, seeskilpad ... Neef Niel was so agt en ek seker vyf toe hy een laatmiddag voor ouma se hoë en ook langwerpige kombuiskaste vreeslik laggerig staan en vertel het van die drie varkies wat so ’n stryd gehad teen die blasende wolf.

Reeds voor ek skool toe is, het Ma my gediggies geleer opsê. Soos “Klein ondeug” (Jan F E Celliers), en “Blou Maandag” (Hilda Postma: “My mammie is laat, / en Pappie is kwaad”). Dikwels in ’n vakansie, as jy nog ’n bietjie vroegoggend wil wegdommel, kom maak Ma my en Broer Koos se slaapkamervenster wyer oop met die woorde: “Cast the window wider, sonny, / let me see the veldt, / rolling grandly to the sunset.” (Perceval Gibbon)

Maar langsaan  by Oupa-hulle was dit anders. Daar was ’n boekrak met drie rye  aan die voorhuismuur, reg langs ouma se grammofoon -  so ‘n regopstaande een met die voorraad plate in ’n kassie onderaan met deurtjies vir beskerming en om die klank te beheer. Ouma se twee kinders van haar eerste man, die Duitser, het verder skoolgegaan as my pa-hulle. Op hierdie rak en ook in ’n wastafel in die vrykamer was hulle voorgeskrewe boeke opgegaar. (Ek het Oom Herman en Tannie Joyce een oggend rêrig sien vry in dié kamer!) 

Op die rak in die voorhuis was daar tot ’n kinderboek met kleurillustrasies. Dit was die avonture van Tyl Uilspieël. So halfwas met Ouma se toestemming het ek dié  boeke te lese gekry hier teen standerd ses (graad agt) rond. Sommige boeke  het ’n tuiste by my gevind, waar ek ook al gegaan het. Sommiges is nou nog hier.

Radio

Teen standerd 5 (graad 7) het die radio en teater ’n al hoe groter rol in my lewe begin speel. Nog later die biblioteek en in 1972 die uitgewerswese. Dit het nie letterkunde verdryf nie; al die dissiplines het mekaar juis ondersteun.

Van die belangrikste invloede van die radio was verkiesingsuitslae, streeknuus, hoorspele, kinder- en jeugprogramme en die verskillende soorte vervolgverhale. Aanvanklik het ons gesin nie ’n eie radio gehad nie. Ek het baie saam met Oupa Botha geluister. Hy het maar sy dae met rondsit deurgebring, ’n bietjie tuinwerk of diereversorging verrig. Ouma het veral saans, nadat sy eers ’n bietjie huisgodsdiens gelei het, ook ingeskuif voor die roomkleurige transistorradio. Radioteater en Meesterradio het aangehou tot hier ná kwart oor nege, soms later. In die winter was die ander in ons huis almal al in die bed en moes ek pynlik koulik deur die slaapkamervenster klim.

Vir die kleinspan en veral Ons roep die jeug het nog verdere kultuur beteken. Ken Swart, broer van Audrey Blignault,  het byvoorbeeld Minnie Postma se Sotho-verhale gedramatiseer. Mari Schoeman, koorleidster in die Groote Kerk, het afsigtelike hekse uitsonderlik goed vertolk. Jare later stel Hennie Aucamp ’n keur uit dié verhale saam: As die maan oor die lug loop. Ek is die redakteur. Wanneer  Ta’  Minnie op Stellenbosch by familie kom kuier, bring sy haar weefapparaat  saam. Toe ek by haar opdaag, vra sy my hulp met die toestel wat wil staak. Vir my?! Ek wat weliswaar nog in die Middeleeue leef en nie motor bestuur nie ... Ek weef darem nie! Moet ek nou in ’n handige man ontaard? Ek herinner my dat ’n wonder gebeur het en dat sy later vir my ’n kleedjie in my gunstelingkleure geweef het: grys, ligblou, donkerblou. Eintlik ’n bedanking vir my versorging van haar bundel.

Pieter W Grobbelaar het ons jeugdiges nader aan die letterkunde gebring met ’n radiorubriek “By die boekrak”. Deel daarvan is ’n wedstrydvraag. Soos: wat was CJ  Langenhoven se skuilnaam? Ek wen die prys; ek kan uit twee boeke kies. In daardie tyd, in die begin van die jare sestig, begin ek om my eie uitsendings te behartig by Radio Opelug:  Vanuit ‘n buitekleinhuisie wat in onbruik  verval het, op die Groothuis se stoep onder die veranda, of saans as ek deur die hawerland loop om melk vir ons te gaan haal by Oom Jan-hulle; dan het ek optogte beskryf.

Binne die eersgenoemde “uitsaaistasie” boots ek vir Esmé Euvrard en Jan Cronjé na met die resepte wat so herhalend gelees word in “Só maak mens!”. Kerkdienste word geskep met godsdienstige plate speel en preke van ds Latsky uit Die Huisvrou voorlees.

En ek versorg die Afrikaanse letterkunde. Daar het ‘n sepiakleurige bylaag in die Naweekpos verslyn. Ek kon nog nie in my geliefde NALN in Bloemfontein vasstel wie dit saamgestel het nie. Ek vermoed dit was die geestesskepping van Berta Smit, toe ’n redaksielid daar. Per bladsy ’n foto van die skrywer, ’n bibliografie en enkele gedagtes oor sy of haar werk. By Radio Opelug het ek Tsjaikofski se “Suikerfee-valse” as kenwysie gespeel (omdat dit van die min ernstige musiek op plate was tussen die Gene Autries en Chris Blignauts in ons huis). Dan het ek, sê maar, iets oor GH Franz voorgelees. Ek het ook uittreksels uit Afrikaanse dramas opgevoer. Tussen twee damme het waterslote geloop. Naby die koeistalle het die water oor ’n rots gestort. Naby hierdie “waterval” sit ek en lees uit ‘n bloemlesing deur DF Malherbe.  Ek lees almal se rolle en maak “byklanke” met skeppe water. Dis eintlik ook agtergrondmusiek vir byvoorbeeld Malherbe se Koringboere.

Pryswenner

Nou is ek ’n pryswenner, maar ek weet nie watter boek om te kies nie. Ken nie boeke nie. Of nee, wag, so ’n maand vantevore het die Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens vir Worcester die wonderlikheid van ’n biblioteek vir volwassenes en kinders gebring. Teen daardie tyd het die skoolbiblioteke ook ’n groter toegang tot  boeke beteken. Soos die hartseer storie van Sita  se Bennie-boet. Ons twee was albei kunsterig met ’n boer vir ’n pa, ’n man wat in die sweet van sy aanskyn ons kos kombuis toe gebring het en wat nie reggekom het met aansitterige seuns nie. Vir hom was sulke seuns “trassies”. My eie storie oor so iets staan in Die Soft Rock Klub (Tafelberg, 1995).

My tweede versoek vir die prys is Die Ark van Margot Benary, wat ek pas by die nuwe kinderbiblioteek uitgeneem het; Hanna Hoekstra het dit uit Duits vir JL van Schaik se Libri-reeks van klassieke jeugboeke vertaal. En my eerste keuse kom vermoedelik uit juffrou Berta se lys: N P van Wyk Louw se Lojale verset.  Pieter W Grobbelaar het sy gehoor gekén en Die Ark was die wenboek. Dit staan al jare lank naby die rak met my eie  publikasies. Voorin ’n strokie van die SAUK  wat getuig dat ek die prys gewen het.

Werk vir die biblioteek

Daar in 1962 het ek my op ’n oggend by die hoofbibliotekaris, mev Fergusson, aangemeld om Saterdae en vakansies by hulle te “help”. Ek “wou van geweet wees” soos P G du Plessis se Tiemie in Siener in die Suburbs. Het dit nie vir hulle gesê nie! Ek het tot in matriek baie ondervinding gekry van boeke, musiek, mense, smake. Dit was ook goeie voorbereiding op die werk in die naslaan en Afrikaanse boekekeuring van die biblioteekdiens in Kaapstad. Ek het elke jaar studieverlof geneem en  honneurs in Afrikaans en Nederlands op Stellenbosch behaal.  By hoofkantoor gewerk ek daarna twee jaar voltyds. Skryf byvoorbeeld artikels oor Afrikaanse skrywers vir Kaapse Bibliotekaris tot ek in 1972 redakteur van fiksie by Tafelberg-uitgewers word.

Rubriekskrywer 

Teen 1963 het ek elke Donderdag toestemming by ons skoolhoof gekry om my handgeskrewe kinderrubriek af te neem na die Worcester Standard. Daarin het ek ook kinderboeke aangekondig en stories oorvertel. Toe skryf ek ’n wedstryd uit. Daar is nie ‘n enkele inskrywing nie. Die rubriek het nie weer verskyn nie. Intussen het tannie Willa de Vos van Die Kerkbode die een na die ander van my outobiografiese of geskiedkundige tekste in Die Kinderbode geplaas, met ’n duidelike sedeles ingeskryf indien ek dit nie verskaf het nie. Dr Frits Gaum het my in die jare neëntig tot 2002 laat saamwerk met die skrywers van die rubriek Stilhouplek in Kerkbode.

Terug na die radio

Terug na die radio. Toe ek so 16 was, het ek George H Weideman ontmoet deur Ons roep die jeug  se afdeling "Skrywers van die toekoms". Pieter W Grobbelaar het elke week ’n Weideman-gedig gunstig bespreek. Danie Botha stuur ’n gedig in. “Die brief” is op Croxley in ink geskryf. Dié wintermiddag so vyfuur se kant luister oupa weer saam. En Grobbelaar  bespreek “Die brief”. Oupa is ’n baie sterk hoeser. Toe hy bedaar, is “Die brief” se bespreking helaas verby.

Intussen het Monica Breed luisteraars uitgenooi om hoorspele in die SAUK-radiobulletin te bespreek. Ek het by meneer Du Toit, ons Afrikaansonderwyser, darem iets van drama geleer en nou het ek mejuffrou Breed gepeper met my mening oor ‘n uitsending en sy het die insendings gereeld gepubliseer.

Vir “Skrywers van die toekoms” stuur ek hoorspele en die organiseerder Morkel van Tonder aanvaar Drie uile en dit word in Kaapstad opgevoer. Kort, jong! Het dit ooit tien minute geduur? ’n Meisie hardloop die nag in om hulp vir haar sterwende vader te kry. Kort-kort hoor hy ’n uil en dit beteken telkens ’n gedramatiseerde herinnering aan iets vreesaanjaends. Jare later ontdek ek ’n afskrif in die Kaapse Akademie vir Dramakuns en sien dat Chris Fourie die sterwende vertolk het. Hy het in daardie tyd by die Akademie klas gegee en ook in professionele teater opgetree. Ons sou so van 1980 bevriend word en talle toneelopvoerings bywoon. Ook het ons deelgeneem aan Suzanne van Wyk se radioteaters en Springbokradio se sepies  by Driaan Engelbrecht. Van 1986 het ek eers as Christo Behrens en later onder my eie naam veral studente- en amateurteater geresenseer vir Die Burger.

In my later jare as lid van die beoordelaarskomitee vir die Fleur du Cap-toneelpryse was Chris ’n ideale metgesel vir nóg ’n opvoering. Daar was en is ook talle ander mense wat van my uitnodigings en kaartjies kry vir verskillende  soorte teatersoorte en, soos prof John Kannemeyer genooi het, “velerlei kulinêre voortreflikhede”. Ná my toneelopleiding by die Akademie vir Dramakuns in Kaapstad het ons ‘n toneelvereniging vir die destydse huidige en oudstudente gestig, die Akademiespelers. Ek het vir hulle gespeel, ook vir ander amateurgroepe en enkele beroepgeselskappe.

  • Die onderhoud tussen Hennie Aucamp en Danie Botha hieronder het deel gevorm van 'n reeks skrywersonderhoude wat LitNet geskep het ter ondersteuning van die NALN-argief. Dit was geborg deur die Erfenisstigting. Kyk na nog 'n gesprek wat Danie Botha met Hennie Aucamp voer.

Drama

Ek het ook dramaturge se werk gekeur en geredigeer vir publikasie, gewoonlik ná suksesvolle opvoerings.

Waar is die aand toe ek in die Kloofstraatse bus sit en wag vir die huis toe gaan ná die openingsaand van Pieter Fourie se Faan se trein in die Hofmeyr? Moet ek, sal ek dit aanbeveel? Sal dit vir skoolvoorskrywing werk? Dis die gewone bemarkingsvraag.  Die antwoord op albei vrae is ja.

Tydens my skrywersbesoeke in Gauteng het ek en Barrie Hough, die veelbekroonde jeugboekskrywer, dikwels saam teater toe gegaan. Hy was immers ook ’n bekroonde teaterkritikus. So was daar  die oorrompelende  opvoering van Deon Opperman se Môre is ‘n lang dag. Daarna was daar gelukkig nog heelwat Deon Oppermans. Ek is hom dankbaar dat ek uit sy reaksies op my keuring en redigering sulke kragtige skryfteorie en -praktyk kon kry. As ek skryf dat so en so ’n karakter darem so weinig sê, herinner hy my daaraan hoeveel dra die speler met gesigspel en ander lyftaal oor. Ek was bevoorreg om sy Fleur du Cap-prys vir beste nuwe teks in 1999 namens hom by prof Rosalie van der Gucht in  in ontvangs te neem vir Stille nag.

Tydens die redigering het ek nogal ’n ongewone ervaring op die tweede verdieping van die Waalburg-gebou gehad. Op bladsy 21 lees ek: “Die swartes staan op soos koring op die land. Dit het tyd geword om te oes, om te wys wie’s baas van hierdie plaas. As Christus my kan help om dit te doen, dan staan ek nou hier op my kop en fluit ’n Kerslied deur my poephol!” En juis toe weerklink daar ’n protesoptog vanuit Waalstraat. Asof die teks byklanke kry.

Ek het talle ander  dramaturge se tekste hanteer in versamelde werke, bloemlesings, heruitgawes en dan ook nuwe werk: Louis Leipoldt , CJ Langenhoven, NP van Wyk Louw, DJ Opperman,  Uys Krige, H A Fagan, WA de Klerk, George Louw, PG du Plessis, Hennie Aucamp, Chris Barnard, Dick Findlay, Pieter Fourie, Esta Steyn, Charles J Fourie, Temple Hauptfleisch, Nico Luwes, LB Odendaal, en meer. Ek het by die radio en die Akademiespelers opgetree in sommige van dié dramaturge se werk.

Vir RSG en sy voorgangers het ek veral onderhoude gevoer met skrywers in die programme van Daniel Hugo en af en toe van Nic Swanepoel. In my eerste jaar op Stellenbosch in 1967 vertaal ek die eenbedryf Eldorado  deur Bernard Gilbert. Wena Naudé vertolk ‘n hoofrol. Oor haar skryf ek onder meer in Voetligte en applous! (Protea Boekhuis, 2005). Ek verwerk Langenhoven se “My spook-ontmoeting op die En-See-See” uit my bloemlesing Die beste spookstories van C J Langenhoven (Tafelberg, 1992) en Johan Rademan voer dit op ‘n ongewone manier op.

Vir Margot Luyt was ek al bevoorreg om “Vers en klank” op te stel en selfs aan te bied. Ook help ek ’n paar keer met die beoordeling van die radiodrama-kompetisie. En sy en haar kollegas voer my verwerkings van kortverhale uit Om ’n man te koop van Dalene Matthee op: “Die Woensdagmiddag van mevrou Retief”, “Jy ken nie vir Pa nie”, “Die harde klippe”, “Kranspoort se kragprobleem”, “’n Mens weet nooit” en  “Om ’n man te koop”. My outobiografiese  Die Helder Dae (Tafelberg, 2014) laat Ampie Muller my uitnooi om Afrikaanse boeke te bespreek in Fine Music Radio se maandelikse boekeprogram. Ek is ook beskore om saam met sy opvolger, Amanda Botha, besprekings by te dra tot “Boekkeuse”.

Hierdie foto is geneem rondom die verskyning van Die helder dae. Op die foto is Danie Botha, George Louw (redakteur) en Etienne Bloemhof (uitgewer). (Foto: Die Burger, 2014)

Werk as uitgewer

Terwyl ek nog heeltyds as senior redakteur by Tafelberg-uitgewers gewerk het, het ek ons of ander uitgewerye se boeke nie in die pers bespreek nie.  Ek wou nie hulle werk positief of negatief  benader nie. Ek het wel agtergrondartikels gepubliseer oor die ontstaansgeskiedenis van ‘n boek.  Ek het boekbekendstellings by feeste en in biblioteke en boekwinkels gelei.  Ek bespreek steeds boeke by leeskringe.

Nou het ek nog nie uitgekom by die stigting van Homeros, ‘n afdeling vir gayboeke nie. En die webruimte Gay@Litnet.  Het destyds dit as ‘n uitdaging beskou en gaandeweg ’n kwota teleurstelling en frustrasies ervaar. Dit verg heelwat navorsing en besinning.

Uitgewerswerk kan baie spanning meebring. Ek het sielkundige hulp nodig gekry in die jare tagtig. Ek tree reeds in 2000 uit en beleef daarna wonderlike ondersteuning van “die ou Firma” wat betref vryskutwerk. En toe breek 2011 aan. In Augustus ondergaan ek hartomleidings . En in November 2011 ontvang ek ’n oorkonde van die ATKV vir dié soort werk wat ek hier beskryf het.

The post Mense agter boeke: Jaco Botha gesels met oud-uitgewer Danie Botha appeared first on LitNet.

Persverklaring: Inligtingsessies vir liedjieskrywers oor musiekregte

$
0
0

Foto: www.sweetwater.com

Liedjie, CAPASSO en die ATKV-Liedjieslypskool bied inligtingsessies aan vir liedjieskrywers en kunstenaars oor musiekregte en die toekoms van musiek.

Die emosionele woordewisseling en chaos wat uitgebreek het op sosiale media oor Gert Vlok Nel se “Beautiful in Beaufort-Wes” het net weereens versterk dat selfs gesoute liedjieskrywers en kunstenaars nie bewus is van hul regte en al die administratiewe verantwoordelikhede betrokke by die invordering van tantieme in die musiekbedryf nie.

Met die opkoms van YouTube, iTunes (Apple Music) en musiekstroomdienste word hierdie proses selfs meer uitdagend. Elektroniese verspreidings en gebruiksregte is wêreldwyd onder die loep en groot onsekerheid heers daaroor. Dit maak dit soveel meer belangrik vir kunstenaars en skeppers van kreatiewe werk om heeltemal bewus te wees van hul regte en hoe om hul inkomste te bestuur.

Met hierdie doel het Liedjie en die ATKV saamgespan om die leemte te vul met inligtingsessies in Kaapstad en Johannesburg. Hier sal kenners op die gebied van kopiereg, verspreiding en uitgewery aan die woord wees om kunstenaars in te lig oor wat aan die gang is en hoe om te werk te gaan. Die sessies sal onder meer ondersteun word deur CAPASSO (Composers, Authors and Publishers Association) wat spesialiseer op die gebied van digitale en meganiese lisensiëring (www.capasso.co.za).

Belangstellendes kan gerus ʼn e-pos stuur aan musiek@liedjie.com vir meer inligting. Die datums van die sessies sal bekendgemaak word op grond van belangstelling en beskikbaarheid van sprekers in die verskillende dele van die land.


Die ATKV-Liedjieslypskool is die opleiding- en ontwikkelingsprogram van Crescendo en fokus daarop om indiwidueelgefokusde onderrig aan alle Crescendo-finaliste te bied en hul sodoende toe te rus met die nodige kennis en kundigheid om die ATKV-Crescendo-finaal by te woon en uiteindelik ‘n suksesvolle beroep as liedjieskrywers-sanger te bedryf.

Liedjie is die eerste Afrikaanse musiekstroomdiens wat jou in staat stel om al jou gunsteling Afrikaanse Musiek op jou slimfoon te luister. Met speellyste vir elke bui, aktiwiteit of geleentheid, en met ʼn magdom ou en nuwe kunstenaars, bied Liedjie werklik musiek vir elke oomblik. Besoek www.liedjie.com vir meer inligting.

The post Persverklaring: Inligtingsessies vir liedjieskrywers oor musiekregte appeared first on LitNet.

Viewing all 21592 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>