Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21534 articles
Browse latest View live

Einstein-kompetisie: Herman Kamper

$
0
0

hermankNaam: Herman Kamper

Departement: Rekenaarwetenskap

Kompetisie-inskrywing (navorsingstema):
Kom ons red alle sterwende tale: rekenaar-algoritmes wat sin maak van gesproke taal van nuuts af.

Studievlak van opsomming: Doktorsgraad

Universiteit: Universiteit van Edinburgh, Skotland

 

Lees nog kompetisie-inskrywings hier. einsteinlogo200

• Die Einstein-kompetisie is ’n nuwe kompetisie – die eerste in sy soort in Suid-Afrika – wat jong navorsers by universiteite uitdaag om hulle eie navorsing in 130 karakters of minder op te som. Kontantpryse ter waarde van R17 000 is op die spel! 

Klik hier vir kompetisie-besonderhede.

The post Einstein-kompetisie: Herman Kamper appeared first on LitNet.


Einstein-kompetisie: Chané Kruger

$
0
0

ChaneKruger300Naam: Chané Kruger

Departement: Voedselwetenskap

Kompetisie-inskrywing (navorsingstema):
Effek van skoonmaak-in-plek op die ontkieming van Bacillus cereus-spore in melk om sodoende rakleeftyd en veiligheid te verbeter.

Studievlak van opsomming: Meestersgraad

Universiteit: Universiteit van Pretoria

 

Lees nog kompetisie-inskrywings hier. einsteinlogo200

• Die Einstein-kompetisie is ’n nuwe kompetisie – die eerste in sy soort in Suid-Afrika – wat jong navorsers by universiteite uitdaag om hulle eie navorsing in 130 karakters of minder op te som. Kontantpryse ter waarde van R17 000 is op die spel! 

Klik hier vir kompetisie-besonderhede.

The post Einstein-kompetisie: Chané Kruger appeared first on LitNet.

Bateleur

$
0
0

Fotobron: www.sa-venues.com

Versigtig trap jy, 
'n tou gespan tussen
twee wêrelde. 

Elke voettrap geskeur tussen
verwagting en koestering
verdeelde plig
kwartierliks  -
in 'n amper-bipolêre dans van
opoffering. 

Dis oukei om alleen te wees? 
sê-vra jy met drome in jou oë. 
Sê my net, toe?
Jy's my digter, jy sal weet, 
is ek onthef van lank-vergeet?

As jy jou kop neerlê en net
rus rus rus
en my vingers deur jou hare jou
sus sus sus. 

Luister na die bateleur.
Soos die touloper sal jy weet
en
in sy roep sal jy
jou antwoord vind.

The post Bateleur appeared first on LitNet.

digter wordende | nearer becoming

In reaksie op Eusebius McKaiser: Spreektaal versus skryftaal

$
0
0

Newcastle upon Tyne (foto: http://venturefundinghubs.com/hub?hub=newcastleupontyne)

Ek het die artikel van Eusebius McKaiser met belangstelling gelees. Soos ek hom verstaan, wil hy hê dat Afrikaans “dekoloniseer” moet word. Hy voel dat daar van hom verwag word om Radio Sonder Grense-Afrikaans “soos Riaan Cruywagen” te praat, iets wat hy nie met vrymoedigheid kan doen nie. Hy praat dus liewers Engels.

Soos ek dit sien, is dit ‘n kwessie om die gepaste register vir die geleentheid te gebruik. In elke taal van die wêreld is daar verskillende registers: formele skryftaal (akademies en minder akademies) en formele en informele gesprekstaal asook ‘n magdom streekstale en dialekte. Selfs in Brittanje bestaan daar nog steeds Oxford English en BBC English saam met verskeie streekstale en dialekte.

Ek is as jong ingenieur in die sestigerjare na Engeland om tegniese ondervinding op te doen en seker ook om my Transvaalse “Ingels” te verbeter. Die tegniese opleiding was uitstekend, maar my blootstelling aan “goeie Engels” was problematies. Ek beland toe in Newcastle upon Tyne, toevallig die plek waarheen die eerste stiervegter teen die Taalbulle, Chris Brink, later sou uitwyk. Die algemene ingenieurstaal daar was wel goeie Engels en BBC-programme was natuurlik bo verdenking. Die algemene kommunikasietaal was egter Geordie. Om ‘n idee te kry van die taal wat tussen mense gebruik is (en seker nog steeds gepraat word) volg hier ‘n strofe van hul kenwysie, "The Blaydon Races":

O lads, ye shud only seen us gannin,
We passed the foakes upon the road
just as they wor stannin;
Thor wes lots o' lads an lasses there,
all wi smilin' faces
Gannin' alang the Scotswood Road,
to see the Blaydon Races

Hier word dit gesing:

Behalwe die snaakse uitspraak, val sommige woorde ook op: “gannin” is eintlik “going” en herinner sterk aan die Afrikaanse “gaan”, so ook “stannin”. Die dialek toon ‘n mate van ooreenstemming met die Nordiese tale, want Noorweë is net oorkant die Noordsee. Verdere interessante woorde is “bairn” (“child”) en “Howay!” (uitgespreek: “hawaai”, “Come on!”). Die woord “don’t word “deent” (soos in Afrikaans) uitgespreek en ‘n ander vorm daarvan is “divvent”. (Meer inligting by: https://en.wikipedia.org/wiki/Geordie.) Dit het my destyds opgeval hoe sterk die streekstaal gestaan het, ten spyte van jarelange blootstelling aan BBC Engels op die radio, televisie en op skool. Selfs jong kinders het vrolik en onverstaanbaar met mekaar in Geordie gebabbel.

Om terug te kom na Eusebius McKaiser se dilemma. Ek kan my voorstel dat die mense in Newcastle upon Tyne seker voor dieselfde probleem te staan gekom het. Daar is destyds en word seker nog steeds snobisties deur die Londenaars neergesien op “up North”. Die jong professionele mense het tuis in die dialek met mekaar kommunikeer, maar professioneel by die werk tydens vergaderings en voorleggings so na as moontlik aan Standaardengels gebly, met ‘n onmiskenbare Geordie aksent.

Eusebius McKaiser kon dus gerus maar Afrikaans met sy natuurlike aksent gepraat het. As hy nie daarvoor kans sien nie, dan is dit die regte ding om te doen om Engels te praat. Ek kry tog die indruk dat hy ‘n appeltjie te skil het met Standaardafrikaans, geskrewe en gesproke. Daar is deesdae min mense (miskien nog ‘n paar verstote Taalbulle) wat Afrikaans so suiwer as die geskrewe een praat. Luister maar na die jong generasie wie se taal deurspek is met Engelse woorde soos “cool” en selfs op RSG-radio. Verder is daar, benewens dié in die Kaap, ook Transvôlse en Namakwalandse variante.

Die belangrike punt is egter dat elke taal ‘n keurige standaardmodel moet hê, wat selfs sy plek in die akademiese wêreld kan volstaan. Die goeie nuus het ons vanoggend bereik: Afrikaans, vermoedelik die standaardweergawe, word selfs deur Microsoft erken en daar word genoem dat Afrikaans uit 7000 tale wêreldwyd die 140 ste plek inneem, gebaseer op gebruiksfrekwensie, met 7 miljoen sprekers. Ek hoop nie Eusebius McKaiser het ‘n probleem daarmee nie.

The post In reaksie op Eusebius McKaiser: Spreektaal versus skryftaal appeared first on LitNet.

Einstein-kompetisie: Annica Steyn

$
0
0

AnnicaSteyn300Naam: Annica Steyn

Departement: Mikrobiologie

Kompetisie-inskrywing (navorsingstema):
Die verborge verhouding tussen muskiete en giste: goeie of kwaaivriende, gekose gunstelinge en versteekte gevare.

Studievlak van opsomming: Meestersgraad

Universiteit: Universiteit Stellenbosch

 

Lees nog kompetisie-inskrywings hier. einsteinlogo200

• Die Einstein-kompetisie is ’n nuwe kompetisie – die eerste in sy soort in Suid-Afrika – wat jong navorsers by universiteite uitdaag om hulle eie navorsing in 130 karakters of minder op te som. Kontantpryse ter waarde van R17 000 is op die spel! 

Klik hier vir kompetisie-besonderhede.

The post Einstein-kompetisie: Annica Steyn appeared first on LitNet.

Einstein-kompetisie: Lize Swartz

$
0
0

LizeSwartz300Naam: Lize Swartz

Departement: Ontwikkelingstudies

Kompetisie-inskrywing (navorsingstema):
Eendrag maak mag: Burgerlike innovasie as sosiale strategie teen waterskaarste – “aanry-water” tydens die huidige SA-“waterkrisis”

Studievlak van opsomming: Doktorsgraad

Universiteit: Internasionale Instituut vir Sosiale Studies, Erasmus-universiteit Rotterdam

 

Lees nog kompetisie-inskrywings hier. einsteinlogo200

• Die Einstein-kompetisie is ’n nuwe kompetisie – die eerste in sy soort in Suid-Afrika – wat jong navorsers by universiteite uitdaag om hulle eie navorsing in 130 karakters of minder op te som. Kontantpryse ter waarde van R17 000 is op die spel! 

Klik hier vir kompetisie-besonderhede.

The post Einstein-kompetisie: Lize Swartz appeared first on LitNet.

Einstein-kompetisie: Danell de Wet

$
0
0

DanelldeWet300Naam: Danell de Wet

Departement: Erfenis- en Kultuurtoerisme (Departement Geskiedenis)

Kompetisie-inskrywing (navorsingstema):
Stille erfenis: Hoe vergelyk Suid-Afrikaanse wetgewing met internasionale standaarde, in terme van die bewaring van skeepswrakke?

Studievlak van opsomming: Meestersgraad

Universiteit: Noordwes-Universiteit

 

Lees nog kompetisie-inskrywings hier. einsteinlogo200

• Die Einstein-kompetisie is ’n nuwe kompetisie – die eerste in sy soort in Suid-Afrika – wat jong navorsers by universiteite uitdaag om hulle eie navorsing in 130 karakters of minder op te som. Kontantpryse ter waarde van R17 000 is op die spel! 

Klik hier vir kompetisie-besonderhede.

The post Einstein-kompetisie: Danell de Wet appeared first on LitNet.


Einstein-kompetisie: Stephan Kistner

$
0
0

StephanKistner300Naam: Stephan Kistner

Departement: Ingenieurswese

Kompetisie-inskrywing (navorsingstema):
Rekenaarsimulasie-ondersoek om Monwabisi, Valsbaai, se swemstrand veiliger te maak deur middel van strukturele veranderinge.

Studievlak van opsomming: Meestersgraad

Universiteit: Universiteit Stellenbosch

 

Lees nog kompetisie-inskrywings hier. einsteinlogo200

• Die Einstein-kompetisie is ’n nuwe kompetisie – die eerste in sy soort in Suid-Afrika – wat jong navorsers by universiteite uitdaag om hulle eie navorsing in 130 karakters of minder op te som. Kontantpryse ter waarde van R17 000 is op die spel! 

Klik hier vir kompetisie-besonderhede.

The post Einstein-kompetisie: Stephan Kistner appeared first on LitNet.

Einstein-kompetisie: Germarié Viljoen

$
0
0

Germarie Viljoen300Naam: Germarié Viljoen

Departement: Regte

Kompetisie-inskrywing (navorsingstema in 130 karakters):
Hoe die Duitse eiendomsregkonsep van Őffentliche Sache die konsep van openbare voogdyskap in SA se natuurlike hulpbronne kan belig

Studievlak van opsomming: Doktorsgraad

Universiteit: Noordwes-Universiteit

 

Lees nog kompetisie-inskrywings hier. einsteinlogo200

• Die Einstein-kompetisie is ’n nuwe kompetisie – die eerste in sy soort in Suid-Afrika – wat jong navorsers by universiteite uitdaag om hulle eie navorsing in 130 karakters of minder op te som. Kontantpryse ter waarde van R17 000 is op die spel! 

Klik hier vir kompetisie-besonderhede.

The post Einstein-kompetisie: Germarié Viljoen appeared first on LitNet.

Onderhoud: Die SBA se stories uit unieke streke

$
0
0

Die Melkhoutfontein Vertellers

Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) poog om geletterde, selfonderhoudende en omgewingsbewuste gemeenskappe deur die gebruik van Afrikaans te help vestig.

Odile Heunis, 'n projekbestuurder, vertel vir Naomi Meyer van die SBA se "Stories uit unieke streke"-projek.

Hallo Odile, wat is die SBA se "Stories uit unieke streke"-projek? En waar is hierdie streke?

Die SBA het fokusareas waar projekte, gebaseer op die drie pilare, nl Lees is ‘n Fees, Kreatiewe Kunsteontwikkeling, Mentorskap en Slypskole, geïmplementeer word. Skurweberg in die Koue Bokkeveld was ons fokusarea in 2015 en vanjaar is dit die Hessequastreek. "Stories uit unieke streke" sorteer onder Kreatiewe Kunsteontwikkeling. Skurweberg in die Koue Bokkeveld se stories het hoofsaaklik gewentel om ervarings van die sneeu, plaaswerk en die aardbewing in Ceres waarvoor die gebied bekend is.

In die Hessequa fokus ons op Melkhoutfontein se inwoners. Hierdie gemeenskappie is tydens die apartheidsera afgesny van die ekonomiese bedrywighede, veral die visbedryf van Stilbaai, met verreikende gevolge.

Vir dieselfde projek word onbekende, opkomende visuele kunstenaars uit die omgewing geïdentifiseer wat die stories in ‘n kunsvorm uitbeeld. Hierdie kunswerke word ook uitgestal.

Foto: http://sbafrikaans.co.za/ouma-penvloei-stories-uit-unieke-streke/

Het ons nie almal 'n storie nie? Hoe is die storievertellende volwassenes geïdentifiseer? 

Die vertrekpunt vir die identifisering van die vertellers is gewoonlik een van die skole in die omgewing. In Skurweberg is een van die leesfasiliteerders versoek om bejaarde persone in die omgewing – verkieslik diegene wat hul lewe lank reeds daar bly – te identifiseer en byeen te bring. In Hessequa – Melkhoutfontein Stories – het ‘n onderwyseres aan die Primêre Skool Melkhoutfontein die bejaardes bymekaar gekry.

Waarom dink jy word sekere mense se stories nooit vertel nie?

Bejaardes, veral van gemeenskappe wat gemarginaliseer, verafgeleë en selfs vergete is, kry nooit die blootstelling en geleentheid om stories te vertel nie. Hierdie stories bevat kosbare geskiedenis wat vir die nageslag bewaar moet bly en met ons video- en kunsinstallering dokumenteer ons nie net hierdie stories nie, maar bied ons dit ook aan die wyer publiek op ‘n vermaaklike, toeganklike manier aan.

Fotobron: https://issuu.com/kwailappies

Waar gaan mense na hierdie "Stories uit unieke streke" kom kyk/kom luister – en gaan enige hiervan in boekvorm verskyn?

Die SBA, in samewerking met kykNET en die finansiële ondersteuning van die Departement van Kultuursake en Sport, maak ‘n video-opname van die stories. Sandra Prinsloo, ‘n SBA direksielid, hanteer die projek as navorser, opsteller, regisseur en inleier. ‘n Gebaretaal-insetsel word ook gedoen vir toeganklikheid aan hoorgestremdes.

Die "Skurweberg Stories" se video is in Maart 2016 by die US Woordfees bekend gestel en word in Augustus 2016 by die Vrouefees in die Artscape herhaal tesame met die "Stories uit Melkhoutfontein". Ons beplan dan ook nog storie-opnames van Verlorenvlei by Elandsbaai om volgende jaar by die US Woordfees te première.

Stories van die Dowes en Kalkbaaivissers is ook nog in die vooruitsig. Daar was nooit sprake van die stories in boekvorm giet nie, aangesien ons juis dit op ‘n tegniese basis of mediavorm wou dokumenteer ter wille van die vermaaklikheidswaarde daarvan.

Hier is nog inligting oor die SBA.

The post Onderhoud: Die SBA se stories uit unieke streke appeared first on LitNet.

My Afrikaans is niks nie

$
0
0

Dat my Afrikaans dalk beskuit en dalk kerrievis

dalk bier en dalk bompie

dalk fok en dalk flippen – kan wees

ja, sure.

… maar my Afrikaans is niks nie.

 

Onthou jy, oom? Nie so lank terug nie.

Jou Afrikaans se isse is by jou werker se keel afgedruk

dis wetlik gesluk, saam met die bitter moerkoffie van jou Oppermagtige

wit vel.

 

… daarom is my baster Afrikaans niks nie.

Nie eens die kroon op my kop nie

miskien die waslap

om my huishulp se voete mee te was

Ja, why not.

Hoogtyd, hoogheiliges.

 

Nee, voortrekkerige meisie

my Afrikaans is nie boerebeskuit en mielies nie.

my Afrikaans is ook nie biltong en rugby nie

 

dis dalk hel-uit tasbaar

dalk insecure, tannie,

maar dis beslis nie meer 'n verkrampte lat wat jy kan gebruik om iemand

of die taal

mee tem nie.

Nie meer nie.

 

Gaan haal dan nou my broers en susters

van die FAK

van die ATKV

van die HAT

die pen

NG my tog net die geleentheid

om te sê

te spoeg

soos Antjie in die Kroeg sou sê, sonder 'n fênsie rooirok

 

dat ons eers

 

die is uit ons eie oog moet haal

voor ons verder kan praat oor wat ons taal moontlik kan wees

en nooit sal wees nie.

 

The post My Afrikaans is niks nie appeared first on LitNet.

Wat is in 'n naam?

$
0
0

Shirmoney Rhode (foto verskaf)

‘n Naam is groot ding. Dis ‘n draer van identiteit. Dis soveel meer as net ‘n naam. Dis omtrent altyd die eerste ding wat mense van jou wil weet as hulle jou ontmoet.

Ek vat name baie ernstig op. My naam word soms op so baie verskillende maniere uitgespreek dat ek dit nie eers meer kop toe vat as iemand dit verkeerd uitspreek nie. My biologie-meneer het my altyd Shir-money genoem. Die klas het dit natuurlik die snaaksste gevind. Maar ek was heel OK daaroor, want ek is nie moeilik oor my naam nie. Ek het nie ‘n tweede naam nie, maar ek wou altyd een hê, toe gee ek myself sommer een: Shamia. En my een vriendin het sommer nog een by gesit: Rhomecia. En dis die lekkerste om te hoor hoe sy “Shirmoney Shamia Rhomecia Rhode” sê as sy haar foon optel. Shamia, wat op my Facebook-profiel gesave is, het al sy voetjies tot in my offisiële korrespondensie gemaak. Mense glo wragties dis my tweede naam.

Naamgewing het baie verander. Maria en Gerthryda en Hendrika kan maar gaan slaap. Deesdae gee ouers hulle kinders baie fancy name. Dis asof naamgewing ‘n kompetisie geword het. Veral op die Kaaps Vlakte. Die een naam meer expansive as die ander. Lecharchey, Trumecia, Raylentia, Chardenenia – die lys is lank (my naam is seker maar ook ‘n borderline case). Ouers meng ook deesdae graag hul eie name om hul kinders se name te gee. My neef, Eugene, en sy vorige meisie, Chandré, het ‘n seun en sy naam is Eudré. Dan is daar ook my niggie Nicolette en haar vorige kêrel, Johan, wie se dogtertjie se naam Jonick is. Soms kom die aangelaste of mix-and-match name heel oukeierig uit, maar dit werk ook nou nie altyd nie. Ek het ‘n slegte habit om hardop te lag as ek ‘n snaakse naam hoor, want in my kop sê ek vir myself: “Jou ma het jou nie lief gehad nie.”

Daar is ook dan natuurlik die kwessie van byname op die Kaapse Vlakte. Dis die ergste: Eiers, Tossie, Baart, Bolle, Kool, Toetas, Meire, Ore, Voete (elke woonbuurt het ‘n Voete). Hierdie byname word met trotsheid aanvaar. Gaan kyk maar op die skoolbanke of toiletmure. Ek het steeds my “hemp” van matriek. As jy nie weet van watter hemp ek praat nie: dis die hemp wat jy op “nomme dag” aantrek. Die hemp waarop almal kom skryf as jy afskeid van die skool neem. Ek lag nog lekker as ek na al die name op my hemp kyk.

Ons het familievriende wie se kinders baie “snaakse” byname gehad het. Al wat ‘n onderdeel is. Die een is Bal, die ander een Tollie, die een Toetie, en so gaan die lys aan. Ek onthou hoe daar lekker gelag was as ons oor hul name gepraat het. Bal en Tollie was later in hul lewens albei in die tronk vir seksuele mishandeling. Tollie het onder die invloed van tik sy eie ma verkrag. Behalwe die feit dat dit my so kwaad gemaak het dat ek wou opgooi, het dit my hartseer en depressief laat voel. Vir my is hulle byname allesbehalwe snaaks. Ek en my ouma, Francis Rhode, het op ‘n stadium gepraat oor hoe hulle name eintlik maar vloeke was wat oor hulle uitgespreek was. Selfs in die Bybel is daar voorbeelde van name wat gegee was as ‘n vloek. Ek sê nie hul name het hulle beïnvloed om die besluite te neem wat hulle geneem het nie. Maar ek dink tog dat dit ‘n rol gespeel het.

My ouma het ook altyd baie vies geword as dames wat gaan trou, vol eiers en meel, met ‘n wortel en twee aartappels tussen die bene, straat af stap vir ‘n bietjie sout hier en ‘n bietjie suiker daar. Dis natuurlik als vir die sport, maar sy het gesê dis vloeke. “Die meisiekinders loop’e spreek vooraf vloeke oor hulle liewens uit – siesa, ek wil al vir my so laat ken.”

Aan die begin van laasjaar was dit ‘n gesukkel om van die kinders by die skool se name te onthou. Juis omdat hulle ook sulke mondvolname gehad het. Ek het baie keer hulle name verkeerd gesê, maar hoe meer ek dit gebruik het, hoe beter het die uitspraak daarvan geword.

Een van die opsigters by die skool, Thembisile, word Mr Klaas genoem. Toe ek die naam op sy uniform sien het ek dit nie verstaan nie. Hy het dan so ‘n maklike en ‘n mooi naam, hoekom dan nou vir hom Mr Klaas in plaas van Thembisile noem? Ek het net daar en dan besluit ek noem hom nie so nie. Ek het vir hom gevra hoekom almal hom so noem en hy’t gesê dis omdat hulle sy naam moeilik vind (twak). Maar ook omdat dit sy van is. Hy het my vertel dat sy pa lank terug as ‘n plaaswerker in Tulbagh gewerk het en dat die van daar ontstaan het. Hulle het sy pa gehelp om sy naam te gaan opgee en Klaas was as sy van opgegee. Thembisile het my ook vertel hoedat hy eenkeer aansoek gedoen het vir ‘n werk by die destydse Athlone College, deesdae Cape Town College. Hulle het op basis van sy van gedink dat hy Afrikaans is en telefonies gesê dat hy die werk gekry het, maar toe hy daar aankom en hulle sien dat hy swart is, het hulle ‘n hele ander storie gespin. Toe ek hom vra of hy nie sy van haat nie, het hy nee gesê. Want dis al van wat hy ken.

Ek maak myself dikwels skuldig aan eavesdropping. Nie net omdat ek nuuskierig is nie, maar ook omdat ek saam Adam Small (my obsessie met hom is seker nou al duidelik) glo: die mense is die poets. Ek hou daarvan om die storie uit die perd se bek te sit en afluister. Dis vir my die lekkerste ding om te doen. Ek het al die sappigste stories sit en afluister in die trein en die taxi. So sit ek eendag in ‘n koffiewinkel en luister die twee dames wat agter my sit se gesprek af. Die een vertel hartstogtelik hoe sy vermoed dat haar domestic weer heeldag niks sit en doen het nie. Die ander een ja en amen net vir alles wat sy sê. Dwarsdeur haar gesprek gebruik sy nie een keer haar domestic se naam nie. Dis net “my domestic” voor en agter. Haar storie het ‘n gebrek gehad. Ek wou graag sien hoe die domestic lyk, en omdat sy nie ‘n naam gebruik het nie, kon ek my nie indink hoe die domestic lyk nie. Later het ek gedink aan hoe haar domestic dalk net dit vir haar is. Net ‘n domestic. Niks meer. Niks minder. Ek sê nie ek wil hê sy moet gevoelig raak oor haar domestic nie, maar die domestic het tog ‘n naam. En haar naam is deel van haar identiteit. Sy mag die domestic wees, maar dis nie al wat sy is nie.

In my honneursjaar het ek as deel van my kreatieweskryfwerk-module ‘n klomp kortverhale van Audrey Blignault bestudeer en dit herskryf omdat my oupa se ma se oudste suster, Maria Rhode, daarin verskyn het. Maria was Audrey se huishulp. Audrey het gereeld vir tydskrifte geskryf en sy het ook baie van haar eie boeke gehad. Maria het net een dogter gehad, Edna. Ek en my ouma het haar op gaan spoor in Steenberg en sy kon my meer vertel van die Blignaults. Edna het saam haar ma agter in die huishulpkamer gewoon, alhoewel dit onwettig was as gevolg van apartheid. Sy kon my gelukkig ‘n boek en kortverhale van Audrey leen. Toe ek Audrey se kortverhale lees, was dit besaai met beskrywings en stories van Maria. Daar was nooit gepraat van “my huishulp” nie. Maria se naam was genoem. Maria was vir haar ‘n mens. Nie net ‘n huishulp nie. Edna en Audrey se dogter, Marié Heese, het glo steeds kontak. Lank na hul albei se ouers se sterfte.

Daar is krag in ‘n naam. Maar ‘n goeie naam is meer as net ‘n klomp aangelaste letters. ‘n Goeie naam word nie by geboorte verkry nie. Om ‘n goeie naam te kry vat tyd. Dit word oor jare van menswees gesaai. En mense maak foute. Moet dit ook nou nie teen hul name hou nie.

Dalk hou ek my net te groot vir my skoene om so oor alles te wil sê-sê. Wees gerus: ek moet altyd terugkeer na my size 2–3-skoentjies.

The post Wat is in 'n naam? appeared first on LitNet.

Aardverwarming

$
0
0

Die aarde word warmer
Ys begin smelt
Habitatte word geraak
Graslande, woude en veld.

Gasse word te veel in ons atmosfeer vrygelaat
Berade word gehou om oor die probleem te praat
Die mensveroorsaakte toename van koolstofdioksied, en ander kookhuisgasse
Gaan groot sigbare verandering meebring vir alle rasse.

Temperature styg en dus ’n groot omgewingskwessie
Ongeag al die waarskuwings, leer die mens maar, net nie sy les nie.
Steenkool, ru-olie en petrol word gebrand
Dus nadelig vir lug, water, weer en land.

Beleide om aardverwarming die hoof te bied
Blyk vir voorstanders van die kwessie net verniet
Die kweekhuisgasse in die atmosfeer is grotendeels menslike aktiwiteit
As ons nie nou gehoor gee aan die pleit, is ons later bitter spuit.

The post Aardverwarming appeared first on LitNet.

Ons jeug / Our youth

$
0
0

Ons Jeug

Hulle is altyd reg!
Val nooit in hul fout.
Van hulle bloot onskuldig,
Ander weer stout.

Raak groot in ’n wêreld,
Anders as ons.
Toegang tot als,
As hulle ’n adres inpons.

Hulle hou hul slim,
Maar, die denke nog klein.
Hulle houding so groot,
Geen speel meer op die brein.

Het nog so baie om te leer,
Nog so onervare.
Wil eksperimenteer met als,
Besef nie die gevare.

’n Groot wye wêreld,
Wat hulle wil verken.
Maar, ouers wil hul beskerm,
Soos ’n hoenderhen.

Haar kuikens,
Veilig bewaar.
Teen berge groepsdruk,
Wat hul in die oë staar.

***

Our youth

They are always right!
Never admit when they’re wrong.
Some of them still innocent,
Others with a willpower so strong.

Growing up in a world,
Different to ours.
With access to everything,
Twenty four hours.

Can be so clever,
But their thoughts still small.
Have an attitude,
"I know it all!"

Still so much to learn,
So much inexperience.
But wants to experiment,
With overconfidence.

A big world out there,
They want to explore.
Parents must protect,
Against danger, lurking behind closed doors.

Like a hen makes sure,
Her chicks are safe.
Against peer pressure,
That makes youth misbehave.

The post Ons jeug / Our youth appeared first on LitNet.


So is dit nou deur Johan van Wyk is op pad

$
0
0

By die bekendstelling van So was dit in 2013: Johan van Wyk, Hennie van Deventer en Tobie Wiese.

Toe die dominee langs die graf “amen” sê, begin die grond onder hom verkrummel. Die herder raap hom op. Met fladderende togapante vlieg hy – ribbok se moses – bo-oor die gapende graf. Toebroodjietyd kom vra 'n familielid: hy wil presies so begrawe word, asseblief; met "simboliese triomfsprong" oor die dood en al!

Ou vastighede verkrummel deesdae onder die ouer garde met stormgeweld. Ons wil ook spring. Maar waar, o waar, is terra firma? Al vastigheid lê agter – by die bekende simbole van die "goeie ou dae". Voordat die wêreld begin het om "elke oggend gatoorkop te slaan".

Aldus die deurwinterde skrywer-joernalis Johan van Wyk.

Op pad na die Keisie met sy nuwe Triumph. Foto: Tobie Wiese

Van Wyk is bemind oor die geleide herinneringstoere waarop hy sy lesers terugvat. Na die Hantam waar hy gebore is. Na die era van windpompe wat tsjierie-tsjierie; gloeiende Agas; skuurdanse; konsertinas; koue skaapnek; hardgekookte eiers in gevlegte padkosmandjies; warm plaasbrood en vyejêm, die "lekkerste jêm" …

Dié kollega ken die kuns om nostalgie vleuels te gee. Goeie skryfwerk beskou hy as ‘n “beleë kuns”, soos “goeie wyn en goeie seks, geslyp deur ervaring en ‘n dwingende begeerte na die onbereikbare”. Op 'n "beleë" 77 is hy lank nie meer die stroomop-karnallie van die ’80's nie. Juis sy beleënheid het sy geskrifte vir lesers 'n broodnodige stukkie terra firma gemaak.

Die son sak by Sutherland. Johan op sy nuwe Triumph. Foto: Tobie Wiese

'n Persoonlike gunsteling is die innige onthoustorie oor sy verswakte 85-jarige pa se afskeid van sy vervreemde geboortegrond, Sandkraal, by Calvinia:

By sy vader, my oupa, oorlede in 1921, se eenvoudige graf, nou net 'n hopie uitgewaste grond, omring deur ‘n stukkende heining met 'n skewe hekkie tussen gannabosse, het hy sy hoed afgehaal, met sy een hand bewend op die verweerde tuisgebeitelde kopklip van ruwe sandsteen moeisaam op 'n knie neergesak en 'n handvol grond opgetel. Trane het oor sy wange gerol ... Dit was een van die roerendste, hartseerste, en tegelyk mooiste, mees deernisvolle oomblikke van my lewe. Toe gooi ek vir ons 'n Mellowoodjie vir versterking en toe eet ons die koue skaapnek daar langs die ou voorvader.

"Afskeid van Sandkraal" was later, gepas, die slothoofstuk in sy debuutbundel, So was dit – stories van gister en vandag (Tafelberg, 2013). Binnekort volg, ook by Tafelberg, 'n langverwagte tweede: So is dit nou (subtitel nog onbekend).

By sy getroue ou Gold Wing by Matjiesfontein. Foto: Tobie Wiese

Van Wyk (die "Oom") het 'n kwarteeu elke dag "Stop van Myne" in (Die) Volksblad geskryf – 'n asemrowende 6 000 rubrieke, of vier miljoen woorde. Sy resep het hom ikoonstatus besorg. Van sy uitdrukkings het volksbesit geword. Dink aan “ohopoho” wanneer dinge rof raak. Of "Hef 'n siegret" ("Ingels" vir "Stop van Myne"). 'n Keer het hy 'n dokter toegeroep: "Hef 'n bedpan." Dié het dit letterlik vertolk en sterk aanstoot geneem.

Ryk prokureurs is gereeld geroskam oor hul mooi huise, karre en liefde vir geld. Hulle melk 'n mens behoorlik, het Van Wyk bevind: "soveel vir 'n hoes, soveel vir 'n nies en soveel vir 'n dinges!" Hoofregter Pierre Rabie het gevoel die eer van die beroep raak aangetas. Die redakteur is vir 'n nie alte welwillende geselsie nie ontbied. PW Botha het Van Wyk 'n "skermonkel" genoem. Raak vinnig van hom ontslae, was sy "vaderlike" advies ná 'n relletjie oor "vet boervroue wat op tjoeps op Maselspoort se swembad ronddobber".

Johan van Wyk en Hennie van Deventer in (Die) Volksblad se braaispan in 1986. In die middel staan wyle Johan Uys van Spoornet.

Hoekom dan “Oom”? Van Wyk het 'n aand met Anneline Kriel (19), vars gekroon as Mej Wêreld, gedans. Agterna sê sy toe: "‘Dankie, Oom. Dit was lekker."

Min joernaliste val die eer te beurt dat hul eie publikasie 'n hoofartikel oor hulle skryf. Hy het. By (Die) Volksblad was geen twyfel nie "dat geen ander rubriekskrywer só gelees, só bespreek, só bemin en só gehaat word nie". Die weeklikse "Potjiekos" in Beeld het hy agt jaar so saam-saam behartig. Later word hy sinoniem met Landbouweekblad (waarin van sy blinkste juwele verskyn), en begin hy toenemend ook in Weg en Die Burger 'n lojale korps bewonderaars opbou. Toe hulle eers "ge-sta, le, proe het, toe raak hulle meer erg." ""Van alle kante"-artikels vloei uit sy energieke pen, veel vinniger as wat Die Burger kan voorbly om dit te plaas!

'n Uiters vrugbare, uiters gewilde woordeman. Hoe dan dat hy eers in 2013 debuteer? Die antwoord is nie so eenvoudig nie.

By (Die) Volksblad het sestig-plus joernaliste al sowat 700 boeke geproduseer. Tydgenote van Van Wyk was oa Deon Meyer, Chris Karsten en Rudie van Rensburg. Sy kollegas was vuur en vlam oor 'n Johan van Wyk-boek. Dit sou ‘n "moerse" boek wees, het Herman le Roux gemeen. Die uwe was dit eens, en het ‘n bundeling van uitsoek-"Stoppe" by Tafelberg loop aanbeveel. Die uitgewer was positief.

Een knoop: iemand sou die tamaaie oes moes sif. Van Wyk self? Nee, hy was min gebodder. Sy skaapboerdery (Tierpoort en Reddersburg), melkbeeste, monster van 'n Gold Wing en "Stop" het hom genoeg vasgevat, dankie. Niemand anders wou dit waag nie.

Van Wyk se tikmasjien (later, onwillig, rekenaar) het ná aftrede in 2000 kwalik spoed verloor. Teen 2012 was in sy arsenaal al 'n gedugte 7 400 rubrieke en vyf miljoen woorde.

Johan van Wyk, Hennie van Deventer en Tobie Wiese

Toe daag 'n ridder op 'n ysterperd op: Tobie Wiese, 'n jonger kollega en motorfietsmakker.

So saam op die grootpad het Van Wyk (wie se hartewens, terloops, is dat sy as in die Karoo uit 'n valhelm geskud word terwyl die Harley-Davidsons, BMW's en Gold Wings volspoed bly voortdreun, en Nat King Cole sing: "There goes my everything") en Wiese op 'n raamwerk ooreengekom. Maar hulle sou nog 'n hele paar sakke growwe sout saam moes opeet –'n oefening wat soms glo maar gekners het. Oplaas is Wiese met 'n manuskrip na Tafelberg.

So was dit was op pad – onstuitbaar soos die Oranje-Snel in een van die stories op ‘n nagtelike jaagtog deur die Karoo "met ‘n John Waynerige treindrywer agter die deadman’s handle".

 ‘n "Fantastiese, wonderlike boek" het Nicol Stassen van Protea dit genoem. "Moers" inderdaad. Herman le Roux se woorde was profeties. Drukoplae is ingeryg.

Nóg, het almal gesmeek. In die Strand (Johan se aftreeplek) het egter 'n onheilspellende stilte gebroei.

Nou, uiteindelik, drie jaar later: heuglike nuus. Johan van Wyk se skare "fens" lek lippe af. Hulle is oorgehaal om "aan te smeer en te kom". Ek is in die voorste linie.

The post So is dit nou deur Johan van Wyk is op pad appeared first on LitNet.

Kreatieweskryfmodule: Wenke vir onderwysers

$
0
0

https://klaskenades.wordpress.com/

Hoe help 'n mens leerders om opstelle te skryf? Dink buite die boks: gebruik die internet, luister musiek.  Hier is 'n onderhoud tussen Estelle Kruger en Marian Clift wat onderwysers wenke gee om hul leerders se kreatiewe skryfpotensiaal te ontsluit. 


I saw the angel in the marble and I carved it until I set him free. (Michelangelo)

Estelle Kruger het ’n kreatieweskryfmodule vir Hons BEd-studente aangebied wat sy Klaskenades[1] noem. Sy gesels met een van die studente, Marian Clift, oor haar ervaring en eie toekomstige toepassing van die module, sowel as haar leerteoretiese interpretasie daarvan

Marian, wat was jou eerste indruk van die blog waaraan julle moes deelneem as deel van deurlopende assessering?

Voor ek met hierdie module begin het, was ek heel blog-ongeletterd. Ek het geweet dat dit baie populêr in onderrigkringe word, maar ek het nie gedink dat dit werklik vir my eie situasie relevant was nie. Jy het ons baie slim geforseer om blog-geletterd te raak, Estelle, deurdat jy ons gedwing het om na elke les ons eie kreatiewe pogings op die blog laai en ons is op die blog blootgestel aan wat ‘n vulkaan van idees was. Daar is ‘n legio oorspronklike idees en lesmateriaal wat genoeg is om enige onderwyser wat vir enige ouderdom klasgee, baie lank besig te hou. Ek was ook verstom oor al die skakels na ander relevante bladsye en webwerwe wat op die Klaskenades-webwerf is. Ek kon hierdie een webwerf gebruik as ‘n poort om baie wyer oor die skeppingsproses te lees.

As jy hierdie program sou wou gebruik/kopieer in jou eie konteks, hoe sou jou aangepaste weergawe daarvan lyk? Vertel dit asseblief in besonderhede.

Ek sou inderdaad graag jou program kopieer, met my eie idees daarby, en skeppendeskryf-programme wou aanbied vir volwassenes, spesifiek onderwysers wat hulle eie kreatiwiteit weer wil aan die brand skop voordat hulle dit terugploeg in hulle leerders in. Die konstruktivistiese metode wat jy volg, werk soos ‘n bom. Ons almal leer deur self te doen en te skep. As mens self – soos ons nou – deur die proses gegaan het en beleef het hoe uitstekend die program gestruktureer is om almal kreatief aan die skryf te kry, is dit ‘n logiese gevolg dat mens weer wil hê ánder moet die sukses ervaar wat jy ervaar het.

My ideale program vir volwassenes sou vier weke lank duur, met ‘n weeklikse 90-minute-sessie in ‘n warm, informele en stimulerende omgewing. Elke student moet ‘n joernaal hou waarin hulle kreatiewe idees, die klaspogings en hulle eie pogings wat voor of na die klas plaasgevind het, kan neerpen. Hulle kan ook foto’s, prente, tekeninge, ens byvoeg en moet die joernaal altyd byderhand hê. Daar sal ook ‘n blog beskikbaar wees waarheen studente kan gaan vir inspirasie, hersiening van klaswerk, vir toegang tot ander relevante bronne. Elke klas se voltooide gedig moet op die blog gelaai word as ‘n manier om produkte te “showcase”. Studente kry geleentheid om mekaar se werk te lees en positiewe kommentaar in die vorm van resonerende sinne[2] (Kruger 2016:60; op die blog oor “Kommentaar of kritiek?”) te lewer – dit is sinne as reaksie uit die hart en nie net die verstand nie. Studente is dus nie ongemaklik omdat hulle hul werk vir ander moet voorlees nie. Die kursusaanbieder (ek) kyk dat die skeppings aan die stylvereistes voldoen en lewer self ook positiewe kommentaar op elke poging.

Elke les bestaan uit dieselfde fases met verskillende stimuli wat gebruik word en verskillende tipes gedigte wat geskryf word.

Die fases is: Voor skryf, Tydens skryf en Na skryf.

Voor skryf: Studente moet eers tot stilstand kom en binne-in hulself keer. Hulle moet dink waar hulle was, waar hulle nou is en hoekom hulle hier is. Asemhalingsoefeninge kan ook gebruik word om die aandag te fokus of hulle kan op ‘n kersvlam konsentreer as ‘n tipe van kort meditasie.

Les 1:

Hiervoor is daar verskillende foto’s van bome (op die blog beskikbaar) op ‘n tafel uitgesit. Party bome is kaal, sommige het interessante strukture, een fokus op die wortels van die bome, ens. Elke student kies een wat by hom/haar aanklank vind. (Visueel) Verder is daar stukkies boombas, herfsblare, varsgesnyde gras, ens om die reuksintuig te betrek. In die agtergrond speel Beethoven se Pastorale Simfonie of “Morgenstimmung” uit Grieg se Pier Gynt Suite. Vivaldi se Vier seisoene sal ook werk.

Tydens skryf: Studente word ingelig dat hulle vandag ‘n haikoe gaan skryf en die struktuur word kortliks bespreek. Daarna moet elke student ‘n rustige plekkie vind en vryskryfwerk doen. Hulle moet aanmekaar skryf, mag nie uitvee of uitkrap nie (bewussynstroom-skryf), terwyl die musiek steeds in die agtergrond speel. Studente raak bewus van hulle bewussynstroom en soos hulle kreatiewe ratte begin loskom, begin hulle vryskryf beweeg in die rigting van wat in hulle onderbewussyn skuil. Terselfdertyd is die proses bevrydend.

Na 10–15 minute moet hulle stop, en dan sleutelwoorde in hulle skryfwerk omkring wat hulle gaan gebruik om ’n haikoe te skep. Kognitiewe interpretasie, eksplorasie en inligtingsverwerking vind nou plaas. ‘n Gepaste titel help gewoonlik om die skryfwerk in konteks te plaas.

Na skryf: Studente hersien nou hulle pogings en laai dit op die blog wanneer hulle gereed is. Die klas eindig met refleksie-/leidende vrae deur die aanbieder. Studente praat oor hoe hulle die proses ervaar het en word aangemoedig om meer daaroor te skryf in hulle joernaal.

Les 2:

Voor skryf: Nadat studente asemhalingsoefeninge gedoen het om te fokus, speel ons ‘n metafoor- en verbeeldingspeletjie (na aanleiding van jou Klaskenades-gids, 2016:17–8)[3]. “Verbeel jou jy is ‘n kleur, vorm, storie, ens.” Studente word weer voorgestel aan beeldspraak en in besonder aan die eenvoudige skoonheid en effektiwiteit van die metafoor. Die slim vorm van ‘n pantoen word bespreek en die klas kyk na ‘n paar voorbeelde.

Tydens skryf: Studente vind weer hulle eie plek vir die vryskryfaktiwiteit. Vandag brand daar gegeurde kerse in die klas en die musiek in die agtergrond is “wêreldmusiek”. Weer vryskryfaktiwiteit wat daarna op dieselfde manier as die vorige week omgesit word in ‘n ‘n pantoen.

Na skryf: Studente hersien en verbeter taalgebruik en voltooide produkte word weer op die blog geplaas. Aan die einde van die les reflekteer almal op presies wat nou eintlik gebeur het in die klas. Die kreatiewe proses word ontleed.

Les 3:

Voor skryf: Vandag begin die studente onmiddellik deur mandalas wat hulle self gekies het, in te kleur. Vandag speel daar liedere in die agtergrond in tale wat die studente nie magtig is nie. Voorbeelde is "Gabriella’s song" uit As it is in heaven, Edith Piaf, Cesaria Evora, Frida Boccara, ens. Daar is nie bepaalde beelde of reuke om studente se verbeelding te rig nie.

Tydens skryf: Studente gaan daarna direk in ‘n vryskryfaktiweit in. Na die vryskryf moet die studente met behulp van die riglyne op die skerm en die materiaal wat hulle in die vryskryfaktiwiteit gegenereer het, ‘n snelsonnet skryf.

Na skryf: Studente reflekteer op hul indiviuele kreatiewe proses deur leidende vrae van die aanbieder. Pogings word op die blog gelaai.

Les 4:

Voor skryf: Daar is items met interessante teksture op die tafel waarvan elke student vyf moet kies (skulpe, klippies, kinderspeelgoed, ens).

Tydens skryf: Elkeen moet in hulle vryskryfaktiwiteit die vyf artikels noem. Daar is daarna ‘n kort bespreking van die genre van “memoire” en daarna moet elke student die vryskryfaktiwiteit verwerk na ‘n beknopte memoire van 100 woorde.

Na skryf: Na die refleksie en eie redigering moet die studente hulle memoires op die blog laai. Hulle kan persoonlike foto’s ens bysit as hulle wil.

Fotobron: http://proessaywriter.net/8-inspiring-creative-writing-blogs/

Hoe interpreteer jy hierdie lesreeks in terme van leerteoretiese beginsels?

My skryfonderrigprogram is konstruktivisties en my studente leer deur te doen (ervaringsleer). As die onderwysers eers verstaan presies hoe die skeppingsproses werk agv direkte ervaring, sal hulle dit baie makliker vind om hule leerders op die reis te begelei. Konstruktiviste glo dat mense leer deur hul eie begrip van die wêreld te vorm dmv hulle eie ondervindings. Hulle reflekteer dan ook oor hulle eie ondervindings. Omdat elkeen se brein anders werk (Gardner[4] se meervoudige intelligensies) en elkeen ‘n ander verwysingsraamwerk het, is ek nie te voorskriftelik nie. Ek probeer so leerdergesentreerd as moontlik wees, veral in die reflektiewe fase van die klas. Die klas en die kursus is ‘n proses. Die voor-skryf-proses help studente om in die oomblik te wees en die vryskryfaktiwiteit laat werklik die “creative juices” loskom. Hulle kom in noue kontak met hulle emosies en gedagtes en verfyn so hulle woordkeuses.

Ek wil hê dat my studente, en hulle studente daarna, volgens Piaget se beginsels in kontak kom met hulle “essence”. Hulle moet verstaan dat kreatiwiteit nie reg of verkeerd is nie. My skryfklas is proses- en nie produkgeoriënteerd nie. Studente word nie gevra om hulle gedigte vir die klas te lees nie. Ek is net ‘n fasiliteerder wat die kreatiewe proses aanhelp – die proses is vir elkeen intens persoonlik.

Die idee van ‘n joernaal is om die idee dat skryf altyd ‘n 3-bladsy-essay is, teen te werk. In die joernaal is daar nie reëls nie; elkeen is vry om hulself uit te druk. Die uiteindelike doel is – soos vir die hele kursus wat ons by jou gedoen het – dat studente meer oor hulself moet leer. Dit gee studente insig in wat onder hulle eie velle lê en is terapeuties. Deur my keuses van materiaal wat ek gebruik, stimuleer ek hulle verbeelding.

Verbeelding is, volgens Rorty (2000),[5] die plek waar die kognitiewe denke en die estetiese by mekaar uitkom. Die kurrikulum in skole konsentreer op die kognitiewe, maar bitter min aandag word aan die verbeelding en die ontwikkeling van kreatiwiteit gegee. Baie onderwysers neem aan dat die verbeelding vanselfsprekend is en dat dit nie gestimuleer hoef te word nie. My lesreeks is daarop gemik om almal te laat besef dat kreatiwiteit nie net vir ‘n uitverkore paar mense bedoel is nie, maar dat almal kreatief kan wees. As die regte situasie geskep word met stimulasie en opvoedkundige ondersteuning, kan enigiemand die bevrediging wat saam met kreatiwiteit kom, ervaar. Volgens Margaret Meek[6] is kreatiwiteit net ‘n mengsel van verbeelding en kognitiewe bewustheid. Ons het dit almal.

Deel van die module-inhoud was dat julle moes kyk na sir Ken Robinson[7] se video: Do schools kill creativity?. In watter mate bevestig hierdie video jou ervaring op skoolvlak van die ontwikkeling van jou eie kreatiwiteit?

Ek stem volkome saam met Ken Robinson dat die meeste skole daar buite die dood van kreatiwiteit probeer bewerkstellig. Sy stelling dat kreatiwiteit net so belangrik soos geletterdheid is, is in die 21ste eeu meer relevant as ooit tevore. Leerders is dikwels so bang dat hulle antwoord “verkeerd” sal wees dat hulle ophou om kreatief te dink en eerder by aanvaarde denkpatrone hou. Soos Robinson tereg sê: “We are educating them out of their creative capabilities.”

In my eie ervaring het ek gesien hoe die skeppende kunste altyd die laagste status in skole geniet. Jaar na jaar moes ek hoor dat my mees talentvolle student nie wil voortgaan met musiek nie, want “wat kan hulle na skool daarmee doen?”. Ons akademiese sisteem gee al die prestige aan akademiese vaardigheid – die ander intelligensies wat Gardner so akkuraat uitlig, geniet weinig status in die skolastiese sisteem.

Die wêreld het oor die laaste 30 jaar radikaal verander met konsepte soos globalisasie, kennisekonomie en neoliberalisme wat gesprekke oor opvoeding oorheers. As ‘n mens kyk hoe anders die wêreld nou lyk as selfs 20 jaar gelede, moet ons almal erken dat ons eintlik geen benul het hoe die wêreld waarvoor ons veronderstel is om ons leerders voor te berei, nou eintlik gaan lyk nie. Robinson sê tereg dat ons dringend oor die beginsels van opvoeding moet herbesin om leerders te help om die meeste van hul onsekere toekoms te maak. Die meerderheid mense leef hulle hele lewens sonder om ooit werklik gebruik te maak van hulle talente. Robinson praat van die “tyranny of common sense”. Die verbeeldingrykes onder ons word afgeskiet en gemedikeer om “normaal” te wees; om nie met die status quo te wil peuter nie.

Passie vir iets is inderdaad wat die gees energie gee. Elke leerder behoort die reg te hê om sy/haar passie te vind en na te volg. As ‘n mens doen wat jou passie is, is nie een dag ‘n schlep nie.

Julle moes ook reflekteer oor die gebruik van die blog en ’n reflektiewe joernaal in die module. Jou medestudente het die volgende hieroor geskryf – hoe reageer jy daarop?

Oor die algemeen

  • Ek het die gebruik van die blog en veral die joernaal baie geniet en ek het baie geleer uit hierdie ervaring. Die gebruik van hierdie instrumente het my toegelaat om baie van myself te ontdek waarvan ek nie eers bewus was nie. (Annine Schultz)

Die blog

  • ... ek het dit geniet om ander studente en persone se werke en kommentaar te lees. Dit gee ‘n mens soort van ‘n venster of opening tot hul gedagtes en hul manier van dink ... (Annine Schultz)
  • Ander persone se kreatiwiteit kan jou eie kreatiwiteit soort van ‘n “push in the right direction” gee ... (Amy Williams)
  • Een van die probleme wat ek ervaar het met die blog, is dat dit baie tyd verg. Jy moet gereeld online gaan en post ... (Amy Williams)
  • Die blog is ‘n slim instrument om kreatiwiteit met tegnologie te integreer. (Annine Schultz)
  • Blog was ‘n fun experience. I was able to post poems and stories. It helped met a lot to know there is a platform where you read your work after posting. (Josefina Asheeke)
  • It fascinated me to communicate on Google Hangouts with the lecturer [while she] was at a different [geographical] place. (Josefina Asheeke)

Die joernaal

  • Dit is ‘n goeie manier om gedagtes te genereer, vir ontwikkeling en hoe om te leer en dit wat jy dink op papier te sit ... (Annine Schultz)
  • Dit het ook my skryfwerk en manier hoe ek skryf verbeter. Na ‘n paar dae of weke is dit altyd goed om terug te gaan in jou joernaal en weer deur te lees. Jy kan reflekteer oor dit wat jy neergeskryf het en kyk aan die einde hoe jou eie kreatiwiteit “geblom” het en hoe jy as persoon verander het of nie. (Amy Williams)
  • Die joernaal is ‘n beter manier [as die blog] om alles saam te voeg. Jy het alles voor jou en vir my is dit altyd beter om goed wat in my eie handskrif is, te waardeer. Dit is meer persoonlik ... (Amy Williams)
  • Die realiteit is dat nie alle leerders toegang het tot die internet of ‘n rekenaar nie, so dit sal nie regverdig wees teenoor hierdie leerders nie. Daarteenoor sal almal die joernaal kan verwelkom. Leerders hou van teken en om gebruik te maak van kleur. Die hou van die joernaal sal ook hul skryf en spelling verbeter. (Amy Williams)
  • Die joernaal het gedien as ‘n uitlaatklep vir my. Ek kon my probleme, emosies en ervarings weergee in die produsering van poësie en werk my in joernaal. (Amy Williams)
  • I have grown as a student, it has helped me with learning goals, by integrating life eperiences with learning endeavours. The journal allows freedom of expression because I write in my journal the way I feel, my emotions. It is an investment. I become aware of myself, my personal thoughts and feelings. It enhanced my ability and self-discovery. (Josefina Asheeke)
  • I recommend that, at least every school learner to have a journal in creative writing because it improves writing. (Josefina Asheeke)
  • It also helps learners who do not like talking in public. It improves grammar – I have noticed that the way I wrote in the first day, it improved after many writings. (Josefina Asheeke)

Ek dink die ander se insette is uitstekend. Myns insiens was dit onontbeerlik vir hierdie kursus. Ek het kinderlik trots gevoel as my pogings op die blog gelaai is en was werklik totaal emosioneel betrokke by my joernaal. Daar is ‘n besitterskap en trots wat mens het wat jy nie het as jy net take inhandig om hulle eers weer te sien nadat die onderwyser met rooi pen oor alles geskryf het en wat jy daarna net êrens neersmyt nie. Die feit dat daar na elke les ‘n produk was, was ook uiters bevredigend. Mens kon week na week monitor hoe die kreatiewe proses vinniger en beter word.

Dit is duidelik dat hierdie module tot jou kreatiwiteit gespreek het. Het jy enige planne vir die nabye toekoms in hierdie verband? Dalk verdere studie ...?

Ek hoop die Departement Kurrikulumstudie vra jou om die tweede module aan te bied, Estelle, want ek hoor dis meer teoreties en “akademies”. Daarin sal ek graag wil navorsing doen oor my eie toepassing van hierdie idees. Ook wat die waarde van kreatiwiteit is – ons leef in ‘n tyd van soveel brandende kwessies oor taal, oor geweld en armoede in skole ... Die vraag is: Waar pas kreatiewe skryfwerk in?

Maar, miskien moet ek nie die perde voor die kar inspan nie – dalk is dit net toekomsmusiek.

[1] www.klaskenades.wordpress.com.

[2] https://klaskenades.wordpress.com/kommentaar.

[3] Kruger, Estelle. 2016. Klaskenades: Vernuwende idees vir kreatiewe skryfonderrig. Ongepubliseerde studiegids vir Hons BEd-studente. Universiteit Stellenbosch.

[4] Gardner, H. 1999. The disciplined mind. New York: Simon & Schuster.

[5] Rorty, R. 2000. Being that can be understood in Language. The London Review of Books, ble 23–4. http://www.lrb.co.uk/v22/n06/richard-rorty/being-that-can-be-understood-is-language (26 Mei geraadpleeg).

[6] Meek Spencer, Margaret. 2003. What more needs saying about imagination. Reading Research Quarterly; Pro Quest Education Journal, 38:4.

[7] https://www.ted.com/talks/ken_robinson_says_schools_kill_creativity?language=en.

The post Kreatieweskryfmodule: Wenke vir onderwysers appeared first on LitNet.

#GelykeKanse: Versoekskrif aan die Raad van die Universiteit Stellenbosch

$
0
0

Persvrystelling deur die Gelyke Kanse-inisiatief

Hierdie versoekskrif vra dat US-Raadslede versigtig die implikasies van die huidige konsep vir ’n nuwe US-Taalbeleid moet oorweeg. Ons is oortuig dat die voorstel ernstige negatiewe implikasies vir Afrikaans as onderrigtaal by US, vir die breë Afrikaanse taalgemeenskap en die land in sy geheel inhou, aangesien die vaaghede en voorbehoude wat dit bevat, ’n stelselmatige erosieproses by US gaan ondersteun.

Uitgangspunte

  • Dat die Universiteit Stellenbosch as tersiêre opvoedkundige instelling ’n gemeenskaplike bate is wat ten doel het om die menslike en sosiale kapitaal van die Suid-Afrikaanse samelewing, wat uit 11 taalgemeenskappe bestaan, te ontwikkel.
  • Dat volhoubare menslike en gemeenskapsontwikkeling binne hierdie diverse Suid-Afrikaanse samelewing ontdooi en kaskadeer vanuit die begripswêreld van ’n taalgemeenskap – wat beteken ontdooiing en kaskadering vanuit moedertaalonderrig en kulturele ontwikkeling.
  • Dat die volhoubaarheid van hierdie ontdooiing- en kaskaderingsproses in ’n aansienlike mate afhang van die beskikbaarheid van hoëvlak-vakkundigheid binne die taal- en kultuurgemeenskap wat leiding kan neem en ’n katalisator kan wees vir die opvoedkundige en gemeenskapsontwikkeling van so ’n gemeenskap.
  • Dat tersiêre instellings soos universiteite en kolleges hierin ’n sleutelrol het om te vervul, en dus die leiding moet neem om moedertaalonderrig ten bate van ’n besondere taal- en kultuurgemeenskap te bevorder.
  • Dat hierdie proses nogtans inklusief moet wees, aangesien die uitsonderlike eienskappe van ’n taalgemeenskap nie ’n obstruksie moet wees tot die ontwikkeling van ’n gemeenskaplike, diverse, Suid-Afrikaanse samelewing nie – dit beteken dat meertaligheid by Suid-Afrikaanse opvoedkundige instellings ’n belangrike rol in die land se ontwikkeling kan speel.
  • Dat die Universiteit Stellenbosch in 1918 spesifiek gestig is om ’n onderdeel van die Afrikaanse taalgemeenskap te dien (die ou “idee”) – en daardeur dan ook ’n groot bydrae tot hierdie onderdeel se ontwikkeling gelewer het – en dat dit nou die verantwoordelikheid het om dieselfde te doen met die hele Afrikaanse taalgemeenskap (die nuwe “idee”) wat byna een derde van die Suid-Afrikaanse bevolking uitmaak, van wie die meeste onder haglike omstandighede moet oorleef.
  • Daarom is dit Gelyke Kanse se standpunt dat die Universiteit Stellenbosch ’n roeping het om Afrikaans op ten minste ’n gelyke basis met Engels in sy onderrigbeleid te behandel, en ook isiXhosa te help ontwikkel as wetenskapstaal ten einde werklike diversiteit by die universiteit te bevorder.

Die Universiteit Stellenbosch se bestuursuitdagings

Gelyke Kanse is bewus van die finansiële uitdagings waarvoor die Universiteit Stellenbosch sedert die 1990’s te staan gekom het. Die Staat se bydrae het oor die afgelope 20 jaar afwaarts geneig in reële terme, terwyl die koste van gehalte-onderrig en navorsing by die universiteit steeds toegeneem het. Dit het die universiteit gedwing om na ander bronne te soek vir sy onderrig- en navorsingprogramme. Dit skep ’n klimaat van kommersialisering in denke en praktyk by die universiteit, wat goed verwoord is in ’n brief van ’n voormalige voorsitter van die Universiteitsraad, dr Edwin Hertzog, wat op Vrydag 17 Junie 2016 in Die Burger gepubliseer is – met die opskrif: “US pas beleid by markomstandighede aan”. Dit sou onder meer kon beteken dat die US sy programme by vermoënde ouers buite sy normale bedieningsgebied bemark. Dit is moontlik een verklaring waarom studente met Engels as moedertaal oor die afgelope 15 jaar na die US gestroom het.

Gelyke Kanse is ook bewus van die druk op die US-bestuur deur politici en van burgerlike organisasies om te “Afrikaniseer” en te verengels. Die voorsitter van die huidige Universiteitsraad, mnr George Steyn, het dit op ’n onlangse vergadering van die Raad ondubbelsinnig gestel dat die universiteit sal brand as Afrikaans op ’n gelyke voet met Engels by die US geplaas word. Gelyke Kanse beskou hierdie dreigement in ’n baie ernstige lig, aangesien dit beteken dat enige redelike en rasionele verdediging van Afrikaans by die US-Raad ipso facto by die deur uitgegooi sal word. Dit beteken dat Raadsbesluite oor hierdie belangrike saak onder dwang geneem word, en dat die US-taalbeleid onder dwang sal beweeg in die rigting wat politici en burgerlike organisasies aan hom voorskryf.

Gelyke Kanse wil ’n beroep doen op Raadslede en alle betrokkenes om met eerlikheid en openhartigheid die saak vir of teen Afrikaans by die US te bespreek. Dit raak die toekoms van die breër Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap, van wie die meerderheid arm en sonder hoop vir die toekoms voortbestaan. Gelyke Kanse is bewus van die geweldige uitdaging wat die saak vir Afrikaans moet oorkom, maar glo dat hierdie uitdaging die moeite werd is om aan te pak. Dit raak verder ook die toekoms van Suid-Afrika, waar meer as 60 persent van sy jongmense werkloos is en ook nie die vaardighede het om hierdie land op te bou tot iets waarop ons almal trots kan wees nie.

Voorwaardes vir tweetaligheid by die Universiteit Stellenbosch

Sosiolinguiste is dit eens dat tweetalige universiteite slegs op bepaalde voorwaardes kan oorleef, te wete:

  • Die inrigting self moet die visie van tweetaligheid as ’n rigtinggewende waarde onderskryf en daar moet die politieke en institusionele wil wees om die inrigting tweetalig te hou.
  • Die tweetalige onderrigmodel van die inrigting moet in ’n ondubbelsinnige en konsekwente taalbeleid uiteengesit word. (Sodra kwalifiserende frases voorkom, soos “waar prakties uitvoerbaar” of “na gelang van aanvraag”, sal die model binne ’n kort tydperk begin wankel.)
  • Die taalbeleid moet in harmonie met die aanstellingsbeleid en beleid vir studentekeuring bestuur word.
  • Daar moet ’n duidelike visie- en missiestelling bestaan wat toekomstige ontwikkelinge in hierdie verband rig.
  • Daar moet akkuraat en eerlik met studente gekommunikeer word oor die implementering van die taalbeleid waarop hulle kan reken.
  • Metodes moet gevind en deurlopend toegepas word om te monitor wat regtig in lesinglokale plaasvind, asook wat betref aantekeninge, voorgeskrewe werke, werkopdragte, toetse en eksamens. (Vraelyste, sonder meer, aan studente is vir hierdie doel ontoereikend, des te meer as dosente wat ’n partydige belang daarby het, dit opstel en beoordeel.)        
  • Wanneer nodig, kan deeltydse buitedosente aangestel word om ’n bepaalde projek te bestuur of in sy geheel alleen uit te voer.
  • Gevorderde moderne tegnologie maak dit al hoe makliker om veeltaligheid en daarmee gepaardgaande kultuuroordrag sinvol te bedryf.
  • Dit sal noodsaaklik wees om die inrigting deurlopend vir die doel van tweetaligheid behoorlik te befonds.

Gelyke Kanse se standpunt oor die voorgestelde Taalbeleid

Die finale konseptaalbeleid wat Woensdag vir bekragtiging voor die Raad dien, toon sulke ernstige gebreke dat die Raad dit in geen omstandighede kan goedkeur nie.

Die konsep gaan die US onafwendbaar op ’n vinnige glybaan van verengelsing plaas, hoewel dit met die eerste oogopslag billik, regverdig en verdedigbaar klink en klaarblyklik opgestel is om dit met regte en voorregte in die Grondwet te probeer verbind.

’n Diepgaande ontleding daarvan toon egter dat met implementering Engels op feitlik alle terreine ten koste van Afrikaans bevoordeel sal word. So word die onderrigtaal deur die taalvaardigheid van die betrokke dosent bepaal. Met mikpunte wat in die langtermynplan rakende transformasie gestel word, gaan die meeste nuwe dosente net Engelstalig wees. Verder word verpligte leermateriaal net in Engels beskikbaar gestel. Die getal Engelssprekende studente het ook reeds eksponensieel toegeneem en gaan volgens die rektor nog verder toeneem.

Die konsep bots dus regstreeks met die standpunt wat die Raad onlangs gestel het toe hy oplaas as beleidmakende liggaam beleid neergelê het, nadat die rektor se bestuurspan (RBS) reeds geruime tyd op eie stoom en onregmatig taalbeplanning begin aankondig het. Volgens die jongste Raadsbesluit moet die Afrikaanse aanbod as onderrigtaal nie verminder word nie. Die teenoorgestelde word baie duidelik in hierdie konsep gedoen.

Uiteindelik is die konsep ’n poging tot wettiging van die onwettige afwykings van die taalbeleid wat vroeër in hofstukke toegegee is. Die erkende verengelsing in 268 modules in 7 fakulteite sal volgens hierdie konsep, wat taalbeleid na die fakulteite afwentel, gemaklik kan voortgaan, tot nadeel van die oorwegend Afrikaanse taalgemeenskap waarin die US hom bevind.

In die konsep is daar ook geen aanduiding dat, behalwe erkenning van ontvangs, behoorlik kennis geneem is van ’n paar honderd voorleggings wat die RBS-pogings opponeer nie. Van hierdie voorleggings het ’n wye ondersteunersbasis en bevat talle konstruktiewe voorstelle oor ’n volwaardige parallelmediummodel, maar blykbaar is slegs ’n dag of twee daaraan aandag geskenk.

Ten slotte

Afrikaans het oor byna ’n eeu op unieke wyse bygedra tot die nasionale en internasionale aansien en status van die universiteit, en het ’n groot bydrae tot die opheffing van sy teikengemeenskap gelewer. ’n Bepaalde karakter, etos, trots en verbondenheid by die personeel, oud-Maties en huidige studente, donateurs en die breë gemeenskap is gevestig. Daar is oorweldigende bewyse dat indien hierdie karakter vinnig verander word, ’n universiteit van sy beste personeel, studente en ondersteuningsgroepe gaan verloor, met die gevolg dat standaarde daal en aansien verflou.

Ondanks vooroordele teenoor moedertaalonderrig op tersiêre vlak wat uit sekere kommentare blyk, sou dit die universiteit baat om saam met instansies soos die SAOU op uitreikprogramme na veral Afrikaanse bruin skole te fokus ten einde hierdie leerlinge te bemagtig in 'n provinsie waar die meerderheid van die inwoners Afrikaans as huistaal besig.

Implementering is veronderstel om vanaf Januarie 2017 plaas te vind. Dit beteken waarskynlik dat daar teen studente gediskrimineer kan word wat hulle in die onlangse verlede aan US ingeskryf het met die veronderstelling dat hulle in Afrikaans onderrig sal word. Implementering behoort dus met minstens vier jaar uitgestel te word.

Die nuwe taalbeleid moet vir vyf jaar geld, maar dit word dadelik ondergrawe deur verskeie meganismes waarvolgens dit jaarliks hersien kan word. Ten einde te verhoed dat daar jaarliks druk uitgeoefen word wat onvermydelik tot onstabiliteit sal lei, soos geweldsdreigemente oor ’n kampus wat sal “brand” of politieke inmenging wat die universiteit se outonomie ondermyn, moet die termyn op vyf jaar vasgelê word.

 

Hierdie artikel is deel van LitNet Akademies (Opvoedkunde) se universiteitseminaar. Klik op die “University Seminar 2016”-banier hierbo om alle essays wat deel vorm van die gesprek, te lees.

This article forms part of the ongoing university seminar, with new essays continually being added. Please click on the “University Seminar 2016” banner above to follow the ongoing conversation and to read more essays on education, access, transformation, language and the Constitution.

 

The post #GelykeKanse: Versoekskrif aan die Raad van die Universiteit Stellenbosch appeared first on LitNet.

Einstein-kompetisie: Willemien Calitz

$
0
0

willemiencalitz300Naam: Willemien Calitz

Departement: Mediastudies

Kompetisie-inskrywing (navorsingstema):
Hoe SA media China dek itv omgewings/menseregte-kwessies. Sluit onderhoude oor sagte mag uit Beijing in.

Studievlak van opsomming: Doktorsgraad

Universiteit: Universiteit Kaapstad

 

Lees nog kompetisie-inskrywings hier. einsteinlogo200

• Die Einstein-kompetisie is ’n nuwe kompetisie – die eerste in sy soort in Suid-Afrika – wat jong navorsers by universiteite uitdaag om hulle eie navorsing in 130 karakters of minder op te som. Kontantpryse ter waarde van R17 000 is op die spel! 

Klik hier vir kompetisie-besonderhede.

The post Einstein-kompetisie: Willemien Calitz appeared first on LitNet.

Afscheidscollege, Ena Jansen: "Van Thandi de nanny tot Thandi de madam"

$
0
0

Ena Jansen (foto: Elize Zorgman)

In beeld is die Aula van die Universiteit van Amsterdam op die middag van 17 Junie 2016. Ena Jansen se college begin om 3nm en duur ongeveer 45 minute. Daarna word sy toegespreek deur prof dr Marita Mathijsen (voorsitter van haar curatorium), prof dr George Harinck (lid van die curatorium namens die Zuid-Afrikahuis) en skrywer en vriend Adriaan van Dis. Haar lewensmaat prof dr Pamela Pattynama, emeritus-hoogleraar koloniale en postkoloniale literatuur- en cultuurgeschiedenis van die UvA, oorhandig dan ’n liber amicorum aan haar, Ena se boek. Daarin is meer as 90 bydraes deur Suid-Afrikaanse en Nederlandse vriende en kollega’s.

Hier is 'n webskakel na die geleentheid, om dit dop te hou soos wat dit plaasgevind het.

Hier onder verskyn Ena Jansen se volledige afskeidslesing - met PowerPoint-skyfies op die korrekte plekke ingevoeg.


 

vanthandi1

Afscheidscollege: UvA, 17 juni 2016

"Van Thandi de nanny tot Thandi de madam"

Zeer geachte dames en heren, meneer de decaan, collega’s, studenten, vriendinnen en vrienden

In april 2002 trad ik aan als bijzonder hoogleraar Zuid-Afrikaanse letterkunde; een jaar later, op 11 april 2003, stond ik achter dit spreekgestoelte mijn oratie te houden – with a little help of my friend Corine de Maijer. De keurig opgestelde computer ging namelijk pal voor mijn neus in slaapstand net toen ik wilde beginnen. Ja, toen was een PowerPoint in deze ruimte nog niet gebruikelijk - men waarschuwde mij er zelfs voor dat de vijf plaatjes die ik wilde laten zien de zeer gewaardeerde toehoorders zouden afleiden van mijn gesproken tekst. Vandaag weten we beter en ik zal zeker veel meer dan vijf plaatjes laten zien.

vanthandi2

Veel namen zullen de revue passeren. Namen van mijn voorgangers, van theoretici en van schrijvers, maar vooral van vrouwen die net als Thandi als oppas en huishoudster hebben gewerkt én in de Zuid-Afrikaanse literatuur als personages figureren, en in een recent boek zélf de madam is.

vanthandi3

Ik blik vanmiddag eerst terug op mijn onderwijs tijdens de afgelopen veertien jaar en sta ook stil bij wat deze jaren hebben betekend voor mijn eigen onderzoek. En dan, voor wij het weten, is het tijd voor dankwoorden en de borrel.

Mijn afscheidscollege wil ik nadrukkelijk plaatsen in de context van de geschiedenis van deze leerstoel.

Ná Gerrit Besselaar, NP van Wyk Louw en Merwe Scholtz ben ik de vierde hoogleraar geweest. Ik eer ook een voorgangster die geen hoogleraar was: Elizabeth Conradie.

vanthandi5

Zij stierf op 36-jarige leeftijd terwijl zij inviel voor de ziekelijke Besselaar. Deze jonge vrouw, oprichtster van het Suid-Afrikaanse Instituut waar de bibliotheek van het Zuid-Afrikahuis uit is voortgekomen, was ruim van geest, maar zij had zich in haar keuze om in onderzoek en onderwijs aan de UvA de "Hollands-Afrikaanse ziel" te propageren naar mijn gevoel wel erg beperkt opgesteld. Dat gold ook voor de insteek van Besselaar, Van Wyk Louw en Scholtz. Wat dat betreft waren zij allen mensen van hun tijd. Voor mij, als eerste postapartheid hoogleraar Zuid-Afrikaanse letterkunde in Amsterdam, was zo’n begrenzing onhoudbaar.

Een zo groot mogelijke diversiteit van zielen, kleuren en talen wilde ik hier aan de UvA betrekken bij mijn onderwijs en onderzoek.

Vandaar dat Krotoa-Eva, kinderoppas en tolk in de 17de eeuw,  zo een dankbaar onderwerp voor mij was: een zwarte vrouw wier bestaan door historici veelal werd verdonkeremaand.

In mijn oratie in 2003 schetste ik de verschuivende beeldvorming rondom Krotoa: precies in die tijd werden fascinerende nieuwe verbeeldingrijke beelden van Krotoa geconstrueerd. Het nummer "Krotoa" door de jazzpianist Dollar Brand/Addullah Ibrahim bestond al sinds 1969. Krotoa werd in 2003 opmerkelijk vaak als oermoeder geclaimed door Zuid-Afrikanen die voorheen in alle toonaarden ontkenden dat een donkere vrouw deel kon uitmaken van hun genealogie. Een fascinerende geschiedenis: van Krotoa de nanny tot Krotoa de oma.

Het verhaal van Zuid-Afrika dat ook hier in Amsterdam de aandacht verdient, is een verhaal van diversiteit, van verdeling, conflict én medemenselijkheid, van representaties door uiteenlopende belangengroepen over zichzelf en over elkaar. Zuid-Afrika is tot op de dag van vandaag een omstreden en ingewikkeld land – en daar dient iedere docent Zuid-Afrikaanse letterkunde en geschiedenis, waar dan ook ter wereld, zich rekenschap van te geven. Als er één letterkunde is waarin het kruispuntdenken in verband met ras, etniciteit, klas, gender en religie noodzakelijk is, dan is dat wel de Zuid-Afrikaanse.

vanthandi9

My collegeseries het ek telkens rondom ’n bepaalde tema opgebou. En telkens het ek ’n waaier van perspektiewe aan die orde gestel. Die mees geslaagde reekse was dié waarin Suid-Afrikaanse stede, landskappe, migrasie en ballingskap, families, en later veral die wisselwerking tussen letterkunde en geskiedenis sentraal gestaan het.

vanthandi10

Die reekse het altyd aansprekende name gehad, aanhalings uit die letterkunde: poëtiese titels soos "Eldorado van tintelende lig" (Eybers), "O, wye en droewe land" (Van Wyk Louw), "Totsiens, Kaapstad" (Breytenbach), "My ma se ma se ma se ma" (Diana Ferrus) en "Want ons is van gister" (Kobus van Zyl, gebore 1931 op Garies). Hierdie lesingprogramme is reg vir die argief. Die vakature word tans geadverteer en dit sal opwindend wees om te sien hoe die leerstoel verder ontwikkel, veral noudat geskiedenis, ’n aspek wat ek self deurentyd benadruk het, formeel ‘n nog sterker onderdeel van die taakomskrywing is.  

It has been a pleasure to be the professor by special appointment of South African literature in Amsterdam for more than 14 years. I was the first to be appointed to this position after many years during which South Africa was academically and culturally boycotted by Dutch universities and institutions.

vanthandi11

As many of you know, each year on the 16th of June, that was yesterday, the students’ protest in Soweto which would change the course of the country’s history, is commemorated. As you also know, South Africa, too soon after 1994, lost much of the momentum it potentially had for deep and profound change. Dates such as 1976 and 1994 are only two of the important, confrontational and contested aspects of South African history which one needs to take into account whilst reading, teaching and researching the literature of that beloved country.

vanthandi12

I realize that the title of my lecture, "From Thandi the nanny to Thandi the madam", contains the promise of a complete make-over. That is unfortunately not the case. To this day South Africa suffers from poverty, inequality, corruption and very poor education. A million black women still work as nannies and domestic workers. And they actually desperately need those jobs in a country bogged down by unemployment. As sociologists have shown, domestic work is actually evidence of the continuity between the apartheid and post-apartheid social orders. Domestic work as an institution and a practice is still intricately woven into the fabric of everyday life and will not change soon. Attitudes to this type of work should and must, however, change.

vanthandi13

I have used the title of today’s lecture before, for a reason; the name Thandi is close to my heart. The twins in the pram are my sister Christine (on the right) and me. Thandi is a popular Zulu name meaning beloved or the loved one. This name is easy to pronounce and remember, but black women with names such as Nomahobe often chose western names for themselves, names such as Bettie, even Patience and Perseverance, or they are given such names by employers who can’t pronounce their real names.

vanthandi14

The same happened to Krotoa, the young woman who took centre stage in my inaugural lecture. As I’ve already mentioned in Dutch, Krotoa was the very first black woman who worked as a nanny for a white family in South Africa.

vanthandi15

Shortly after Jan and Maria van Riebeeck and their children arrived at the Cape in 1652 the young girl came into their service and was renamed Eva. Soon she could speak fluent Dutch and Van Riebeeck started employing her as an interpreter.

vanthandi16

She was often sent from the Fort across the bay to meet with Khoi men from whom Van Riebeeck wanted to barter cattle on behalf of the VOC. For a short while Krotoa was a pivotal figure in the Cape colony of the 17th century. She married a VOC-official, was christened and had children, but after Van Meerhoff’s death she became an outcast and died in shameful circumstances on Robben Island, rejected by society.  

The long history of inequality since the time of Krotoa, the time of colonialism and slavery, has led to a very specific kind of paternalism in South Africa, which still often, to this day, determines how white employers and black domestic workers interact with each other.

vanthandi17

Especially with regards to children there are often very close ties. Relationships are close, but also highly problematic.

vanthandi18

Little wonder that employers and their children, often out of guilt, are very sentimental about the relationship. Their workers are described as "part of the family", "soos familie" and "bijna familie", but when it comes to the push, they are not treated like mothers or sisters.

Domestic workers have always had a unique place in South African society.

vanthandi19

These women could legally live in white backyards during the apartheid years - as long as they lived there alone. Their small rooms were extraordinary spaces of exception in all-white neighbourhoods.

vanthandi20

They could walk on whites-only beaches if they were taking care of white children and even sit on special benches.

vanthandi21

Ironically, even the staunchest supporters of apartheid had servants, and were therefore in an everyday and close relationship with a black woman.

vanthandi22

Children in very conservative families often grew up with a nanny they were very fond of. Despite all odds, thanks to the figure of the domestic worker, practically all South Africans, white and black, rich and poor, urban and rural, have therefore always been in some form of contact with each other. For outsiders it was actually quite hard to comprehend the harshness of apartheid with the intimate but of course highly unequal relationship between domestic workers and employers.

During the past decade or so, based on my reading and personal experience, and especially based on my understanding of Krotoa’s position in the 17th century, I developed a theory that modern-day domestic workers, by the very nature of their work and the intimate knowledge they have of both black and white environments, are also pivotal figures in South African society. To test this theoretical hunch and to get this message out, is the project I embarked on during these last couple of years. 

Krotoa is vanaf het moment van mijn oratie dus een scharnierfiguur in mijn onderzoek hier in Amsterdam geworden.

vanthandi23

Aanvankelijk lag zij, hoe gek dat mag klinken, nog in het verlengde van mijn jarenlange betrokkenheid bij het werk en leven van Elisabeth Eybers – óók een transcultureel figuur die in twee taalgebieden verstaanbaar is, die "risiko en onbegrip" met succes heeft getrotseerd (citaat uit "Brief in Januarie" uit Balans, 1962). Onderzoek naar de beeldvorming rond Krotoa bleek het opstapje te zijn, de intellectuele link naar het onderzoek dat mij de afgelopen jaren steeds meer in beslag ging nemen en dat tot dit boekwerk over de representatie van huisbedienden van de 17de eeuw tot nu heeft geleid.

vanthandi24

Van Krotoa de tolk tot Victoria de rechter. Victoria is de huishoudster die Antjie Krog in 2014 zo dwingend neerzet in een serie gedichten getiteld "bediendepraatjies". Victoria en haar werkgevers zitten gevangen in de wurggreep van ongelijkheid en paternalisme.

Victoria eist steeds meer van haar werkgevers. Die hebben op hun beurt geen zin steeds maar weer op te moeten draaien voor ongelijkheid en onrecht uit de tijd van de apartheid – ondertussen een kwarteeuw geleden. Niet voor niets brengt Krog Victoria dan in een intertekstueel verband met de fascinerende huishoudster Florence in JM Coetzee’s Age of Iron.

Mrs Curren zegt in de roman: "The court belongs to Florence, it is I who pass under review."

vanthandi27

Er is weinig voor nodig om je te realiseren dat de blikkerende bril van Florence uiteindelijk de blinddoek van Vrouwe Justicia is, zoals in de droom van Mrs. Curren: Florence loopt gemaskerd de Regeringslaan af, met haar kinderen Hope aan de hand en Beauty op haar rug.

vanthandi28

"In a white slip ruffled by the wind, she strides past. […] Her eye is open and is blank. She sees and does not see." Voor een onderzoek als het mijne was het belangrijk zo wijd mogelijk informatie in te winnen. Ook heb je theorie nodig. Daarom is de term "contact zone" van Mary Louise Pratt nuttig – die heb ik overigens uitgebreid tot grenszone, tot frontier zone. Ik waardeer Tamara Shefers inzicht dat omdat de relaties zo troubled zijn, ze ook op een troubling manier uitgebeeld dienen te worden.

vanthandi29

Voor mijn boek maakte ik in een enkel geval gebruik van een verhaal dat mij persoonlijk is verteld: de levensgeschiedenis van Nomahobe Cecilia Magadlela. Als letterkundige richt ik me verder op allerlei literaire teksten waarin nanny’s en huishoudsters voorkomen. Die teksten vormen teza­men een zich nog steeds uitbreidend archief dat een gecompliceerd beeld oproept van de verstrengeling tussen zwart en wit, de entanglement waar historicus De Kieviet het in 1957 al over had.

vanthandi30

Laten wij naar een aantal van deze huishoudster-vrouwen gaan kijken. Om te beginnen kijken we naar Thandi in het fotoalbum van mijn oma. Op deze foto zijn mijn zusje en ik 16 maanden oud, we nemen afscheid van Thandi. Of zij wegging omdat zij misschien ging trouwen, weet ik niet.

vanthandi31

Enkele pagina´s verderop zit een andere vrouw, Katrina bij ons, het afscheid is duidelijk al weer vergeten.

Het bijschrift  "Totsiens Thandi" bracht mij wel op het idee speciaal voor vandaag naar een aantal afscheidstonelen op zoek te gaan. In Bijna familie heb ik gemerkt dat afscheid relaties tussen werkgever en werknemer altijd op scherp stellen. Emoties spelen op: verdriet, soms schaamte, maar ook boosheid, onverschilligheid. Bij de werkster is er vaak een sterkte drang om de madam voor te zijn wanneer ontslag dreigt. Door zelf de stap tot weggaan te zetten, behoudt zij agency.

vanthandi32

Sindiwe Magona schrijft in haar autobiografie To My Children’s Children dat zij zich vaak vernederd voelde toen ze in de jaren zestig als huishoudster werkte. "The only reason why I worked for them and not they for me, was that I was black and they were white." Ze verlaagde zich echter nooit tot ruzies met haar werk­gevers. Ze hield de eer aan zichzelf en, tot verbijstering van haar werkgevers die dachten dat zij tevreden was omdat zij altijd haar mond hield, zou ze gewoon op een dag haar spullen pakken en haar vertrek aankondigen. Van een emotioneel afscheid was geen sprake.

vanthandi33

In 2013 publiceert Zukiswa Wanner, schrijfster van het eerdergenoemde boek The Madams waarin Thandi de madam voorkomt, trouwens een heel boek getiteld Maid in South Africa. 30 Ways to Leave your Madam. In dit boek wordt onderscheid gemaakt tussen witte en zwarte en Indiër madams – een sign of the times.

Een paar afscheidscènes die mij altijd weer ontroeren en ontwrichten omdat zij zo knap en nietsontziend zijn beschreven, wil ik nu graag met u delen. Volgens mijn Koenen Woordenboek betekent afscheid niet alleen "het scheiden van personen". Van belang is vooral: "met de bijgedachte aan de gewaarwordingen hierbij." Dit is inderdaad belangrijk: "de gewaarwordingen" bij het afscheid. Om welke gewaarwordingen gaat het? Wie spreekt die gewaarwordingen uit? Door wiens ogen kijken we naar een afscheid? Literatuur is een prachtig medium om achter antwoorden op deze vragen te proberen komen.

vanthandi34

In de roman Roepman door Jan van Tonder komt een onvergetelijk afscheid voor. De huishoudster Gladys moet haar zoontje Boytje naar het verre thuisland wegbrengen. Het verhaal speelt zich af in 1966 in Durban. Vol­gens de Groepsgebiedenwet van 1950 mocht vanaf 1957 slechts een enkele geregistreer­de zwarte arbeider op een erf in een "slegs blankes"-buurt wonen. Pa Rademan heeft als verlengstuk van de apartheidsregering het grote woord gesproken: "Dit is tyd dat Boytjie van die werf af kom." Boytjie is vier jaar oud, te oud om langer bij zijn moeder in de bediendekamer te blijven. Op een dag is het zover:

vanthandi35

Gladys se tasse en goed staan klaar op die gras. Hulle gaan elke jaar weg. Msinga toe waar Gladys se mense bly, maar Boytjie weet nie dat hy nie saam met sy ma van die vakansie af gaan terugkom nie. Braam help laai Gladys se goed in die taxi se kattebak. Die meisiekinders gee Boytjie van die een na die ander aan.

"Goodbye, miesies, goodbye."

Vóór de publicatie van Roepman in 1990 heerste er een diepe stilte over dergelijke afscheidstonelen. Van Tonder was waarschijnlijk zelf getuige van zo’n door de wet afgedwongen afscheidsscène die ook miljoenen andere witte Zuid-Afrikanen door de jaren heen op het eigen achtererf hebben meegemaakt. Na dertig jaar doorbreekt Van Tonder de stilte over deze herinnering en durft hij er zichzelf en zijn lezers mee te confronteren. Wat dacht hij als wit kind destijds? Wat dacht Gladys over het feit dat haar anderszins aardige werkgevers haar dwongen haar kind weg te brengen? Wat dacht de vader? De moeder? Het broertje van Timus en zijn zusjes? Of dachten zij er zo min mogelijk bij?

Dat het afscheid destijds als traumatisch door iedereen werd ervaren, blijk uit de heftigheid van de reacties van familieleden later, maar vooral uit het zwijgen, het doen alsof het normáál was. Ook Gladys zwaaide nog gemaakt vrolijk terwijl zij wegreed met haar kind.

vanthandi36

Het ignorance contract, een begrip dat Melissa Steyn in 2012 introduceerde, had zijn werk duidelijk goed gedaan.

Melissa Steyn substantiated her concept of the ignorance contract by studying the recollections of everyday experiences of apartheid collected by the Apartheid Archives Project which has been based at Wits University since 2009. It shows how ordinary South Africans experienced the everyday life of apartheid, how they performed, perpetuated, enjoyed, suffered and sometimes resisted the system. Steyn explores how an ignorance contract – the tacit agreement to entertain ignorance – lies at the heart of a society structured in racial hierarchy. This ignorance is not a matter of a collective absence of yet-to-be-acquired knowledge, but is understood to be a social achievement with strategic value. Both white and black people were part of this ignorance contract. Whites out of arrogance and fear, blacks to shield and protect themselves.

vanthandi37

Elsa Joubert had het structurele geweld van het thuislandbeleid en de gevolgen van de paswetten, ook voor huisbedienden, al dwingend in 1978 in Die swerfjare van Poppie Nongena aan de orde gesteld. Daarmee had zij veel gedaan om het ignorance contract te helpen doorbreken. Het afscheid van een zwart kind is vóór Roepman echter nooit eerder zo direct in de Afri­kaanse letterkunde beschreven.

vanthandi38

Het volgende afscheidstoneel waarnaar ik wil verwijzen komt voor in de bundel Reisgenoot. De hoofdpersonages van het korte verhaal "Kinders grootmaak is nie pap en melk nie" staan op deze foto. De schrijfster Barbara Fölscher is rechts duidelijk herkenbaar. Het verhaal speelt zich af aan het eind van de twintigste eeuw in Johannesburg. De groepsgebiedenwetten en paswetten zijn in 1986 afgeschaft, maar toch kan de jonge witte mevrouw Ria Stemmet het niet over haar hart verkrijgen om een aids-weesje, het kleinkind van haar huishoudster Liesbeth, in huis te nemen. Aan Liesbeth, de vrouw die háár had grootgebracht en die opnieuw naar de stad kwam toen Ria zelf twee kinderen had om op hén te passen, zegt ze dat zij het extra kind niet in haar huis wil.

vanthandi39

Ek het gepraat van die ruimte in die huis, die stilte wat ek nodig het om te skryf, die een na die ander lamlendige rede tot my woorde eindelik in die helfte van ’n sin opgedroog het. Liesbeth het haar kop geknik en met oormatige respek saamgestem met al my redes. Ek het geweet ek het my vriendin verloor.

Ons het nie weer daarvan gepraat nie, en Liesbeth het aangegaan soos voorheen. En tog nié soos voorheen nie. Dit was die gelatenheid in haar gesig, wanneer sy gedink het niemand kyk nie, wat my die meeste bekommer het. Vir die eerste keer het dit my herinner aan die gesigte van duisende vroue op bussen en taxi’s, op sypaadjies en in buitekamers in Suid-Afrika. Gesigte sonder vegkrag – uitgebluste gesigte sonder hoop of onskuld.

Er was geen wettelijke reden meer waarom Liesbeths kleinkind niét bij haar mocht komen wonen in de stad. De witte vrouw kon zich niet zoals de werkgevers van Gladys achter een wet verschuilen. Puur eigenbelang dreef haar tot de beslissing die zij nam.

vanthandi40

De volgende tekst is geschreven door een groep zwarte huishoudsters. In de kleine fotoroman Thula baba uit 1987 draait het verhaal om de ontreddering van zwarte vrouwen die voortdurend vrezen dat de arbeidscontroleurs naar hun werkplek zullen komen om te kijken of zij een kind bij zich hebben.

vanthandi41

De ene vrouw mag haar kleine baby nog even houden, maar een andere niet. Dit boek is één van de belangrijkste teksten over afscheid vanuit het perspectief van zwarte vrouwen, maar is zo goed als onbekend, had in zijn tijd dus weinig effect.

Ik moet afronden. De titel van het boekje Thula baba is de aanzet tot het laatste gedeelte van dit afscheidscollege. "Tula tula, baba" zijn de eerste woorden van een bekend wiegenlied in Zuid-Afrika. De woorden betekenen "wees stil", mijn kind. Wanneer pasjes-inspecteurs langs kwamen op het erf, moest de kleine Lindiwe die wij zopas op de foto’s hebben gezien letterlijk heel stil zijn.

vanthandi42

Het wiegelied kwam ook de Afrikaanstalige literatuur binnen, in de jaren twintig van de vorige eeuw,  dankzij het bekende gedicht "Ama­keia" van AG Visser. Gedurende tientallen jaren werd het op witte én zwarte scholen voorgeschreven – een interessante en merkwaardige keuze. Vissers gedicht gaat over een ge­beurtenis uit 1834, toen witte grensboeren en de amaXhosa in de Oost-Kaap in een strijd van leven en dood waren verwikkeld. Het gaat over de trouw van een zwarte kinderoppas die bereid was haar leven te geven voor het blanke kind dat aan haar was toevertrouwd. Het gedicht vestigde een sterk beeld van de trouw en loyaliteit van zwar­te kinderverzorgsters. De laatste strofe luidt als volgt:

In die Amatola-klowe
Sing nog net die winterwind
Deur die riete in die maanskyn:
"Tula – Tula – stil, my kind!"

Niet alleen witte maar ook zwarte mensen werden en worden nog steeds door het gedicht aangegrepen. De schrijfster Sindiwe Magona, die in Kaapstad is opgegroeid en in de Oost-Kaap stu­deerde, leerde het kennen als jonge student. In 2009 schreef zij er een aangrijpend stuk over in de Afrikaanstalige krant Rapport. Ze legt vooral de nadruk op de absolute afhankelijkheid van en het vertrouwen van witte kin­deren in hun zwarte verzorgsters, iets wat bijna twee eeuwen na de gebeur­tenissen uit 1834, nog gold tijdens haar eigen jeugd en lang daarna. Ondertussen zijn de zwarte kinderen en kleinkinderen groot geworden.

Recente acties zoals #RhodesMustFall en #FeesMustFall laten zien hoe ongelukkig en ongeduldig zij zijn. Zuid-Afrika staat voor nieuwe en zeer moeilijke uitdagingen, vooral wat het onderwijs betreft. Alan Paton’s titel Cry, the Beloved Country is nog steeds en nogmaals relevant. Antjie Krog heeft het terecht over het "land van genade en van verdriet". Stil-zijn is zeker niet meer een optie. Van Thandi en het Ignorance Contract tot Thandi en de Hashtag-generatie. Dat is het nieuwe gegeven.

Ten slotte wil ik nog even ingaan op één verhaal waarin dat wiegenlied "Tula tula" voorkomt. Het is een verhaal dat met scheiding en afscheid te maken heeft, met verdriet, maar ook met zelfbeschikking. Ik heb het al aangegeven. Je hoeft maar de woorden "Tula, tula" tegen Zuid-Afrikanen te zeggen of ze kennen de melodie die erbij hoort en worden emotioneel. Dat lied is sentimenteel én aangrijpend.

vanthandi43

Het komt voor in de slotparagraven van een prachtig kort verhaal door Koos Prinsloo dat net als Thula Baba ook in Johannesburg speelt, ook in de jaren 1985 tot 1987.

De zwarte vrouw Katrien Mmathabo Mokoena werkt al jaren bij de witte Rut Naudé. Het verhaal gaat eigenlijk over de dood van Ruts geliefde. Dankzij de vertelwijze kunnen lezers zich het moeilijke leven van Katrien goed indenken, over het hoofd van de ontredderde en toch erg egocentrische Rut heen. Maar dan is het tijd voor afscheid nemen. Katrien heeft andere plannen.

vanthandi44

Drie maande later, terwyl Katrien in die kombuis besig was om groenbone te kerf, sou sy aan Rut sê dat sy met ’n plaasarbeider gaan trou en platteland toe gaan trek. Dit was 1985. Rut het met haar rug teen die yskas gestaan en begin huil.

"Nooie" Katrien het opgestaan van die skottel boontjies af en sonder om haar hande af te droog, Rut in haar arms geneem en begin sing, "Thula, thula ngoana’me …" Deur haar trane en die venster agter Katrien se rug kon Rut die persrooi bougainvillea sien. Halfpad deur die lied het Katrien se stem gebreek.

Rut beseft onmiddellijk hoe eenzaam en ontredderd ze zonder Katrien zal zijn. Geen theatrale ceremonie biedt uitkomst voor dit afscheid. Katrien troost Rut als een kind met het mooiste en oudste wiegenlied van Zuid-Afrika.

vanthandi45

Ik ga nu, ten slotte, dit wiegelied laten horen. De woorden "Tula, tula" die zullen opklinken zijn zeker de meest bekende en geliefde woorden in Zuid-Afrika. Het lied wordt traditioneel in isiZulu gezongen, maar er zijn ook variaties van bekend in isiXhosa, Noord-Sotho en andere landstalen. Met het lied troost een moeder haar kind en zegt dat zij moet slapen; haar vader zal spoedig terugkeren van zijn werk ver weg. Het is uiteraard zeer ironisch dat het lied juist ook zo vaak voor witte kinderen werd en nog steeds wordt gezongen: door een zwarte vrouw die net als zwarte mannen ook háár heil in de stad ging zoeken, en die daar meestal zonder eigen kinderen moet zien te overleven: kinderen en kleinkinderen, ik heb het al gezegd, die uiteraard ongelukkig en steeds ongeduldiger zijn in het vermaledijde geliefde land.

vanthandi46

Er zijn tal van uitvoeringen van “Tula tula” op YouTube te beluisteren. Ik kies voor deze, gezongen door Kimmy Skota. Wanneer André Rieu haar tijdens een concert in Zuid-Afrika vraagt het lied te zingen, kunnen de witte Zuid-Afrikanen in zijn gehoor zich onbeschaamd overgeven aan nostalgische herinneringen aan hun kindertijd.

Populaire cultuur blijkt een uitlaatklep te zijn voor de complexe bijna niet uit te spreken gevoelens van spijt, verdriet en schaamte waar veel Zuid-Afrikanen mee zitten – allemaal gecentreerd om het figuur van de nanny die nog maar mondjesmaat zelf een madam geworden is.

Dankwoord

Eerstens dank ik de leden van mijn curatorium. Ik vind het zeer bijzonder dat Marita Mathijsen en Ieme van der Poel, beiden nu emiriti hoogleraren, al die jaren zitting hebben gehad in mijn curatorium. In 2001 toen ik op sollicitatiegesprek kwam en werd voorgedragen was prof. dr. Vincent Brümmer nog lid namens het Suid-Afrikaanse Instituut. Ondertussen is het SAI onderdeel geworden van de nieuwe overkoepelende Stichting Zuid-Afrikahuis Nederland en is prof. dr. George Harinck de afgelopen jaren lid van het curatorium. Dank aan Hotze Mulder voor je goede zorg in verband met alle formaliteiten. Ook aan Frank van Vree, Thomas Vaessens en Fred Weerman. Veel dank voor alles wat jullie voor vandaag hebben gedaan: Coby Arnoldus, Lilian Bakker en Esther Scheeren.

Zonder het Zuid-Afrikahuis was er geen bijzondere leerstoel Zuid-Afrikaanse letterkunde en stond ik hier niet. Mijn grote dank aan iedereen die mij door de jaren heen heeft geïnspireerd. Mijn onderwijs, en vooral ook mijn onderzoek zijn regelrecht te danken aan de schatten in de bibliotheek en in het archief op de Keizersgracht 141. Zelfs de omslag van Bijna familie heb ik direct aan Corine te danken. Jaren geleden vond je een boek dat dubbel in de collectie was en je wist meteen dat het mij zou interesseren. Daarin stond het artikel “Portraits of Servitude”, met een bespreking van onder meer het schilderij “Cookie, Annie Mavata” door Dorothy Kay – het schilderij dat nu op allebei de uitgaven van mijn boek prijkt.

Omdat die Zuid-Afrikahuis so ’n belangrike plek vir my is vandat ek in 1974 in Nederland kom studeer het, het ek my met hand en tand verset toe die ZASM-bestuur gedreig het om dit te verkoop. Dank aan almal wat meegedoen het aan die aksies wat begin het met die eerste groot artikel wat ek geskryf het in die Maandblad Zuid-Afrika in Junie 2011. Dat die huis vyf jaar later so pragtig gerestoureer is danksy Naspers en die inspanninge van alle betrokkenes, is vir my die grootste wins van my drie termyne as bijzonder hoogleraar. Tydens die resepsie wat die nuutgeformeerde oorkoepelende Stichting Zuid-Afrikahuis Nederland aanbied, kan ons van harte ’n glas klink op die toekoms van die huis! Dank aan die hele Zuid-Afrikahuis-span: bij name Corine en Guido die vooraan zitten.

Aan die Van Ewijck Stigting: baie dankie vir julle jarelange ruimhartige steun. Danksy julle kon ek Suid-Afrika gereeld besoek en ondersoeksreise onderneem. Verder dank ek alle Suid-Afrikaanse kollegas wat ek gereeld op kongresse bly ontmoet het, in redaksies en op bestuursvergaderinge. Ondanks die feit dat ek in Amsterdam werk, het ek my steeds deel van die Afrikaanse akademiese gemeenskap bly voel. Nederlandse en ander buitelandse kollegas was deur die jare ook ’n groot steun en dit verheug my dat daar goeie planne vir ’n Internasionale Vereniging vir Afrikaans is.

Riet de Jong- Goossens  - ’n baie groot dankie voor het grote geschenk van je vertaling van Soos familie. Jaren geleden heb je het eerste prozaverhaaltje dat ik nog over de kinderen van huiswerkers in de Tolipstraat schreef vertaald: ”Happiness en de Leghorn-kip”. Daarvoor al mijn boek Afstand en verbintenis over Elisabeth Eybers en door de jaren heen nog veel meer. Baie dankie. Ook voor het studiefonds dat je hebt georganiseerd voor Rachel, de dochter van Cecilia Nomahobe Magadlela.

Dat Myrtle Witbooi, algemene sekretaris van die vakbond SADSAWU en presidente van die International Domestic Workers Union vandag teenwoordig is, is vir my ’n groot eer en plesier. In Januarie het ek vir jou in Kaapstad ’n eksemplaar van Soos familie gaan gee en vanoggend ‘n eksemplaar van die Nederlandse vertaling.

Tijdens het symposium vanochtend zijn prachtige korte lezingen gegeven over verschillende aspecten van “mijn” onderwerp: huishoudsters. Baie dankie buurvrouw Jacqueline Bel van de VU, my allernaaste Pamela Pattynama, jarelange vriendin Marlene Dumas, ASCA-collega’s en vriendinnen Carrol Clarkson, Hanneke Stuit en Esther Peeren, en my ou makker Adriaan van Dis. Dat uitgeverij Cossee zo keihard heeft gewerkt om Bijna familie voor vandaag gereed te krijgen is zeer feestelijk – dank jullie zeer. Het boek is vandaag als primeur straks in de receptieruimte te koop; anders in september in de boekhandel.

In april 2002 trad ik als eerste van een groep bijzondere hoogleraren postkoloniale literatuur aan bij Moderne Nederlandse letterkunde. Eerst Bert Paasman en na hem Pamela Pattynama kwamen voor de Indische letterkunde en nog later werd Michiel van Kempen benoemd voor de West. Soms trokken we in Amsterdam samen op om lezingen voor leraren te verzorgen. Iedereen is in Zuid-Afrika geweest. In Jakarta hebben we congressen bijgewoond, op Curaçao een master programma ontwikkeld en in Paramaribo colleges gegeven. Ik kijk met veel plezier op onze samenwerking terug.

Hartelijk dank aan alle UvA-studenten die aanwezig zijn. Ik zal geen collegeserie Zuid-Afrikaanse letterkunde meer in het onderwijsprogramma bij Moderne Nederlandse letterkunde verzorgen, maar toch zal ik bij de UvA betrokken blijven dankzij het promotierecht dat ik de komende vijf jaar nog heb. De prettige samenwerking met collega-promotores stel ik zeer op prijs. Uiteraard ook met promovendi.

Het feit dat ik aan de VU in 2001 vaste grond onder de voeten kreeg toen ik van Wits naar Amsterdam kwam, stel ik zeer op prijs. Hartelijk dank aan VU-studenten en collega’s die hier zijn. Een paar oud-studentes zijn ondertussen vriendinnen voor het leven.

My ouers het destyds in April 2003 baie trots op die eerste ry gesit, maar dié keer is die reis ’n bietjie te lank. Danksy die web-opname wat julle bekyk, voel dit of julle tog aanwesig is. Dankie ook vir al die steun van my tweelingsussie Christine. Gelukkig kon ek baie prentjies van ons twee saam wys vanmiddag. Jou en Kosie se oudste seun, my peetkind Hannes Smit, verteenwoordig julle almal hier vandag. Baie dankie Hannes, dat jy saam met Olga van Zürich gekom het om hier te wees. Thank you Olga!

Uit my Johannesburgse vriendinnenkring is Thea de Wet en Engela Venter hier –welkom! Thea is hoogleraar culturele antroplogie aan de Universiteit Johannesburg – de universiteit waar ik “research fellow” ben en die mijn boek onlangs met een grote prijs heeft bekroond.

Aan de Pattynama- en Mondt-families en ook alle vriendinnen en vrienden: heel hartelijk dank voor jullie ondersteuning door de jaren heen: van ’s ochtends vroeg om de Koffie Salon-tafel tot bij Elles en overal elders! Dat veel van jullie veertien jaar geleden ook hier zaten, vind ik erg fijn.

Wie die laaste dankie kry, lag die mooiste! Mijn grootste dank is voor mijn liefste Pamela Pattynama – door dik en dun, al bijna 20 jaar lang, kennen we elkaar en leven we samen op. Je kent mijn verhaal, en dat betekent zeer veel voor mij. Soms lopen we naast elkaar in onze toga’s, iedere dag gewoon in de buurt en de trap op naar ons huis. Samen zijn we blij over de boeken waaraan wij de afgelopen jaren so hard hebben gewerkt: jij aan je prachtig boek Bitterzoet Indië. Jy het nou die grootste aandeel gehad in die eindredaksie van Bijna familie en ongelóóflik hard gewerk om my Soos familie in ’n nuwe vorm te giet tot Bijna familie. Baie dankie daarvoor! Baie dankie: vir ons lekker lewe saam, sowel hier in Amsterdam as in Kaapstad, én op reis: na die ooste en na die weste. Ek sien daarna uit om die jare wat voorlê in ’n baie meer ontspanne ritme saam aan te pak. En om altyd saam in beweging te bly.

Nu kunnen wij, geloof ik, zeer binnenkort naar de receptie – ons aangeboden door de Stichting Zuid-Afrikahuis Nederland. Baie dankie. Ik dank u allen zeer.

vanthandi1


 

The post Afscheidscollege, Ena Jansen: "Van Thandi de nanny tot Thandi de madam" appeared first on LitNet.

Viewing all 21534 articles
Browse latest View live