Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21784 articles
Browse latest View live

Skryf Afrikaans van A tot Z, ’n onderhoud met  Sebastian Pistor

$
0
0

Foto van Sebastian Pistor: verskaf

Skryf Afrikaans van A tot Z – Die essensiële gids vir taalgebruikers (heruitgawe)
Uitgewer: Pharos

Redakteurs: Sebastian Pistor, Dalene Müller
ISBN: 9781868902378 

Sebastian Pistor, een van die redakteurs van Skryf Afrikaans van A tot Z (SAAZ3) praat met Naomi Meyer oor dié hersiene uitgawe.

Hallo Sebastian. Ek het die voorreg gehad om Pharos se derde hersiene uitgawe van Skryf Afrikaans van A tot Z te kon bekyk. Baie geluk hiermee! Die subtitel van die boek is: Die essensiële gids vir taalgebruikers. Is alle taalgebruikers van Afrikaans jul ideale lesers? Wie het julle in gedagte gehad toe hierdie Skryf Afrikaans van A tot Z (SAAZ3) hersien is?

SAAZ3 is vir alle taalgebruikers, maar veral skrywers, taalversorgers en vertalers in ʼn werksomgewing. Ook vryskuttaalpraktisyns en studente vind dit uiters nuttig. Hoewel SAAZ3 ’n essensiële bron is vir professionele taalwerkers wat daagliks Afrikaanse teks vir publikasie moet voorberei, kan enige Afrikaanse taalgebruiker uit hierdie onontbeerlike bron put om sy of haar skryfwerk te versorg.

...........
Hoewel SAAZ3 ’n essensiële bron is vir professionele taalwerkers wat daagliks Afrikaanse teks vir publikasie moet voorberei, kan enige Afrikaanse taalgebruiker uit hierdie onontbeerlike bron put om sy of haar skryfwerk te versorg.
.............

In die inleiding van die 2022-uitgawe is die klem vir my op die aspek van die dooie hout uitsny: “Die tyd vir die nuwe Afrikaans is hier – Kortpadafrikaans.” Voorbeelde wat genoem word, is spelwyses soos ’maraton’ wat as wisselvorm net so geldig is soos ’marathon’, of ’inskryfvorm’ in plaas van ’inskrywingsvorm’. Ek sien die inleiding wys ook op Nederlandse oorblyfsels in Afrikaans, soos die ’t’ van ’agt’ – en dat hedendaagse Afrikaanssprekers net sowel van ’ag’ kan praat. Is dit ’n wenk vir enigiemand wat in Afrikaans skryf, byvoorbeeld leerders wat opstelle moet skryf, joernaliste wat berigte skryf of skrywers wat boeke skryf: Hou dit kort, hou dit soepel, haal onnodige woorde en letters uit? Dus, moderne taal: kort, rats en gebruikersvriendelik. Of wat is die kriteria? Brei asseblief ’n bietjie uit op hierdie aspek van “kap uit wat onnodig is”.

Die wenk “hou dit kort” is, weer eens, vir alle taalgebruikers. Afrikaans het uit heelwat erfgoed, leengoed en eiegoed ontwikkel. Invloed uit ander tale het oor die eeue ons eie taalgebruik en spelvorme beïnvloed, en so is heelwat langer Nederlandse vorme mettertyd vereenvoudig of letters wat nie uitgespreek word nie, het weggeval in ons spelling. Natuurlik kan niemand vir ander voorskryf hoe hulle moet praat nie – sprekers in byvoorbeeld die noorde van die land gebruik ander woorde, frases en uitdrukkings as sprekers in ander dele van die land, en ’ag’ naas ’agt’ is maar een voorbeeld daarvan. Die verskillende variëteite van gesproke Afrikaans het ook/ok/oek ’n invloed op hoe mense skryf! Verder is dit ook so dat sommige mense kort en kragtig gesels, en ander borduur lank voort op een gedagte en gebruik baie herhalings wanneer hulle praat. Dit is ’n natuurlike taalverskynsel.

In skryftaal of versorgde teks wil ’n mens onnodige herhaling, verdubbeling, oorvleueling, vanselfsprekendhede en omslagtigheid beperk, aangesien die lesers die essensie van die boodskap so vinnig en maklik moontlik moet kan ontvang. So kan byvoorbeeld ’ ʼn onbekende bedrag geld’ net ’ʼn onbekende bedrag’, ’sy knik haar kop’ net ’sy knik’ of ’die speler het ʼn besering opgedoen’ net ’die speler is beseer’ wees, want dit dra presies dieselfde boodskap oor, maar korter. In vertalings van byvoorbeeld mediaverklarings en weervoorspellings is daar ook dikwels omslagtigheid, meestal onder invloed van die Engelse stelwyse: ’musikale direkteur’ in plaas van ’musiekdirekteur’ vir musical director of ’noordwestelike wind’ in stede van ’noordwestewind’ vir northwesterly wind.

.............
Die probleem is dat die meeste taalgebruikers nie genoeg moeite doen om woorde, frases en stelwyses na te slaan nie. Hulle vertaal dikwels net direk of letterlik uit Engels omdat dit vir hulle reg klink. As iets in Afrikaans en Engels dieselfde klink, moet ’n mens maar twee keer dink. En slaan dan na!
...............

Die probleem is dat die meeste taalgebruikers nie genoeg moeite doen om woorde, frases en stelwyses na te slaan nie. Hulle vertaal dikwels net direk of letterlik uit Engels omdat dit vir hulle reg klink. As iets in Afrikaans en Engels dieselfde klink, moet ’n mens maar twee keer dink. En slaan dan na!

Wat sê dit van die stand van Afrikaans as woorde sodanig in onbruik geraak het dat ’n mens die boek in die hand neem en heel eerste aan mediamense en radio-omroepers dink? Is dit ’n spieël wat opgehou word na ’n gewone spreker van Afrikaans, die taalgebruiker wat hom soepel hierin wil uitdruk? Ek het hierdie sin ook in die boek raakgesien: “Sy [dws Afrikaans se] soepelheid en aanpasbaarheid maak dat hy nog baie lank kan voortbestaan.” Neem asseblief die taal se temperatuur.

Alle tale ontwikkel en groei. Oral in die wêreld is daar al hoe meer kontak tussen verskillende tale, en Engels is die taal wat sekerlik die meeste ander tale beïnvloed weens die magdom nuwe woorde wat daagliks geskep word. Baie tale se uitbreiding en ontwikkeling beteken bloot meer en meer leenvertalings of sommer leenwoorde (soms net so uit Engels oorgeneem, soms met spellingveranderinge). In Afrikaanse omgangstaal is dit algemeen en normaal om Engelse terme te gebruik wat almal binne konteks gebruik word. Sprekers verkies dikwels om eerder die Engelse terme te gebruik omdat dit verstaanbaar is binne konteks. Dit is weliswaar so dat die gemiddelde Afrikaansspreker nie bewus sal wees van wat sekere woorde en terme in Afrikaans is nie, omdat hulle dit slegs in Engels hoor. Baie taalgebruikers beskou dit as gedwonge of onnatuurlik om “suiwer Afrikaans” te praat. Dit is selfs ’n uitdaging om in vandag se Engelse omgewing heeltyd aan elke woord, vakterm en enige ander konsepte slegs in Afrikaans te dink.

.............
Dit is weliswaar so dat die gemiddelde Afrikaansspreker nie bewus sal wees van wat sekere woorde en terme in Afrikaans is nie, omdat hulle dit slegs in Engels hoor. Baie taalgebruikers beskou dit as gedwonge of onnatuurlik om “suiwer Afrikaans” te praat. Dit is selfs ’n uitdaging om in vandag se Engelse omgewing heeltyd aan elke woord, vakterm en enige ander konsepte slegs in Afrikaans te dink.
...............

Die gedrukte media is juis die plek waar daar aan gewone sprekers gewys kan word dat Afrikaans “in Afrikaans” kan groei en vernuwe en dat dit wel natuurlik kan klink. Solank Afrikaanse taalgebruikers Afrikaans na die beste van hul vermoë gebruik, is die stand van Afrikaans dat dit lewend en organies is. Die Afrikaans van 2022 klink heel anders as die Afrikaans van 1922, en die Afrikaans wat oor ’n paar dekades van nou af gepraat gaan word, sal ook heel anders daar uitsien. In geskrewe Standaardafrikaans (soos in alle geskrewe tale) bly die standaardgebruik juis behoue en opgeteken, maar daar is ook soepelheid in die standaard nodig sodat die taal nie outyds en verstok raak, en selfs onbruikbaar nie!

Die titel bevat spesifiek die woord “skryf. Hoe verskil algemene spreektaal (van al die verskillende variëteite) van die korrekte skryftaal? Is dit wenslik dat dit verskil? Moet die sprekers van die omgangstaal na taalgidse soos hierdie een kyk om hulle taalgebruik aan te pas, of geskied dit ook andersom, dat taalgidse aanpas by die sprekers se taalgebruik?

Ons moet onderskei tussen spreektaal/omgangstaal en versorgde geskrewe standaardtaal. Enige taal se geskrewe standaardvorme ontstaan uit die behoefte om terme en ander woorde uit die gesproke taal se betekenis so eenduidig as moontlik in die geskrewe vorm oor te dra. Dit is nodig omdat die spreker en luisteraar nie langs mekaar staan en die een kan verduidelik wat hy/sy bedoel as die ander een nie dadelik snap nie. Die konteks help dikwels om betekenis oor te dra, asook nieverbale leidrade soos visuele verwysings in die omgewing of liggaamstaal en gesigsuitdrukkings. Dit gaan verlore in geskrewe taal indien die konteks nie duidelik beskryf word nie. Om hierdie rede ontstaan daar standaardwoorde waarna almal kan verwys as die norm, en dus dieselfde deur beide standaardtaalsprekers en niestandaardtaalsprekers verstaan kan word.

Koerante, tydskrifte en boeke help om nuwe woorde en uitdrukkings in die spreektaal én geskrewe taal te skep en te vestig. Wanneer woorde genoeg in geskrewe bronne gebruik word, word dit uiteindelik weer in normeringsbronne soos woordeboeke en taalgidse soos hierdie een opgeneem. Sprekers skep woorde en gebruik naslaanbronne vir hul skryftaal. Bronne soos SAAZ3 teken spreektaal op en help met normering van die skryftaal en strewe daarna om woorde te laat voortleef, asook om die opsie te kan gee sou ’n leser of taalversorger dit wou naslaan en gebruik. Woordeboeke en taalgidse is juis daar om aan alle taalgebruikers wat spesifieke woorde en terme nie ken nie (of al vergeet het), leiding te gee.

Só is daar altyd ’n wisselwerking tussen taalgebruikers en professionele taalwerkers, en só groei Afrikaans!

Die boek bestaan uit drie dele. Deel I handel oor die praktyk van wetenskaplike Afrikaanse teksversorging, waaraan ’n aansienlike gedeelte van die boek gewy word. Ek het al ’n paar mense hoor sê hulle dink dat hulle proefleeswerk vir ’n publikasie kan doen. As ek na hierdie afdeling van die boek kyk, en lees “’n deeglike teksversorger volg presies dieselfde, kritiese werkwyse as ’n ondersoekende joernalis”, besef ek terdeë wat ’n kuns die praktyk van goeie teksversorging is. En hoe onontbeerlik hierdie boek vir ’n teksversorger is! Wat is ’n paar belangrike punte vir ’n teksversorger waarop hierdie boek klem lê?

Dit is ʼn betreklik algemene verskynsel dat mense dink hulle kan Afrikaanse proefleeswerk goed doen omdat hul huistaal Afrikaans is en hulle baie Afrikaans lees. Ons het egter al Afrikaanssprekendes met doktorsgrade teëgekom wat nie goed gevaar het in taaltoetse vir teksredakteurs nie. Dit verg gereelde oefening om ʼn gedissiplineerde skrywer of professionele, vertaler of teksversorger te wees. Die grondslag daarvoor is deeglike kennis van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) en voortdurende raadpleging van ander gesaghebbende naslaanbronne.

.............
Dit is ʼn betreklik algemene verskynsel dat mense dink hulle kan Afrikaanse proefleeswerk goed doen omdat hul huistaal Afrikaans is en hulle baie Afrikaans lees. Ons het egter al Afrikaanssprekendes met doktorsgrade teëgekom wat nie goed gevaar het in taaltoetse vir teksredakteurs nie. Dit verg gereelde oefening om ʼn gedissiplineerde skrywer of professionele, vertaler of teksversorger te wees.
................

’n Paar belangrike punte vir taalversorgers waarop SAAZ3 fokus, is die verskil tussen korrekte en keurige Afrikaans, die huisreëls by verskillende media- en uitgewersmaatskappye, die versorging van verskillende soorte tekste (byvoorbeeld koerantberigte teenoor lang manuskripte), wenke en slaggate by vertaling, voorbeelde van algemene foute in skryfwerk en redigering, die gebruik van e-speltoetsers, hoe om proefleestekens te gebruik, lees- en skryftekens, hoof- en kleinletters en afkortings. SAAZ3 gee ook spesifiek leiding oor onder andere persoonseiename, geslagsvorme, die skryf van lande, streke, plekke, regerings, departemente, groepe en organisasies se name, en die korrekte weergee van dae, datums en jaartalle.

Teksversorgers, sowel as algemene sprekers van Afrikaans, kan maar weet dat dit met taal werk soos met algemene feite en fopnuus: Net omdat die internet so sê, beteken dit nie dis korrek nie. Hoe gaan iemand wat twee verskillende spelwyses vir ’n woord raakgoogle, weet watter een is korrek?

Die wetenskaplike werkwyse om in gevalle soos hierdie te volg word uiteengesit in Deel I onder die afdeling “Naslaanbronne: soorte, rangorde en wyse van gebruik”. Dit kom daarop neer dat ʼn mens die tersaaklikste gesaghebbende bron of bronne vir die regte spelling van ʼn bepaalde woord, uitdrukking of naam moet raadpleeg.

Die gesaghebbendste bron vir geskrewe Afrikaans is en bly die jongste uitgawe van die AWS (elfde uitgawe, 2017). Dié bron word sedert 1917 deur taalkundiges en taalpraktisyns wat in die Afrikaanse Taalkommissie dien, in opdrag van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns opgestel en gereeld bygewerk. Die AWS gee duidelike, vaste riglyne vir spelling en skryfwyses in Standaardafrikaans. Daar is ook voorskrifte wat op sekere taalkwessies betrekking het wat in wetgewing vasgelê is. Hieronder tel die voorskrifte oor skryfwyses wat in die wetgewing oor metrisering vervat is, asook die amptelike spelling van Suid-Afrikaanse geografiese name.

Volgende in die rangorde is natuurlik bestaande gesaghebbende verklarende woordeboeke in Afrikaans, asook vertalende woordeboeke soos Pharos se Tweetalige Woordeboek (Afrikaans–Engels|Engels–Afrikaans), wat deur professionele taalkundiges en leksikograwe opgestel en bygewerk word. Daar is ook verskeie gesaghebbende taalgidse en handleidings beskikbaar. Enige twyfel oor skryfwyse of spelling kan in hierdie bronne nageslaan word om onsekerheid uit die weg te ruim. Hoewel die gesaghebbende bronne almal steeds as gedrukte boeke bestaan, word baie moeite deur verskeie uitgewers en taalinstansies gedoen om hierdie bronne ook elektronies beskikbaar te stel. Só byvoorbeeld is die AWS, die Verklarende Afrikaanse Woordeboek en die Tweetalige Woordeboek ook volledig op PharsoAanlyn beskikbaar.

Deel II van SAAZ3 is ’n A tot Z van taalkwessies. Hier kan ’n mens sien watter woord verkieslik is: ’naatloos’ teenoor ’soomloos’; ’bel’/’kontak’/’skakel’; gaan ’n vergadering ’plaasvind’ of is dit ’belê’? Hierdie afdeling sal interessant wees vir enigeen wat in Afrikaans skryf. Kan jy ’n bietjie meer hieroor sê?

Deel II van SAAZ3 is inderdaad die deel wat waarskynlik die meeste geraadpleeg word. Woorde en taaltameletjies is alfabeties gerangskik om vinnige naslaan te vergemaklik. Hier word honderde taalkwessies met voorbeelde bespreek, asook wisselvorme, verwarrende woorde en sinonieme gegee. Wat hierdie afdeling ook baie nuttig maak, is dat Engelse stelwyses uitgewys word, met die korrekte Afrikaanse vertaling. Enkele voorbeelde:

aandag Jy bepaal jou aandag by of wy jou aandag aan iets, spits jou op iets toe, of jy bestee/gee/skenk aandag aan ’n saak of vestig iemand se aandag op iets.

❏ pay no attention to jou nie aan iemand steur nie, nie op ’n versoek ingaan nie, nie op iets let nie of nie aandag daaraan gee nie.

blootlê x blootstel x ontbloot Blootlê beteken om bv wandade aan die lig te bring, openbaar te maak of aan die kaak te stel. Blootstel beteken om in gevaar te bring, onbeskerm te laat of oop te stel vir invloede. Ontbloot beteken om bv klere uit te trek.

klant x kliënt ’n Winkel het klante, maar ’n onderneming wat ’n professionele diens lewer, asook professionele of geleerde mense, behalwe dokters, het kliënte. Dokters het pasiënte. Veeartse het kliënte wie se diere die pasiënte is. Die gebruik van kliënt het verruim en dit kom al hoe meer voor waar klant oorspronklik gebruik is.

liefde

❏ there is no love lost between the two die twee (mense) kan mekaar nie veel/uitstaan/verdra nie, of hulle hou nie (bra) van mekaar nie [NIE: daar is geen liefde verlore tussen die twee nie].

naatloos x soomloos Naatloos kan in Afrikaans net in ’n letterlike sin gebruik word en beteken ’sonder ’n naat of nate’. Onder invloed van Engels se figuurlike gebruik word seamless soms anglisisties as naatloos vertaal of sommer net klakkeloos oorgeklank as soomloos wanneer ’seepglad’, ’vlot’ of ’sonder haakplek’ bedoel word: Die oorskakeling na die nuwe stelsel het gelukkig glad verloop. Seamless is in Afrikaans (letterlik) naatloos.

persent x present Jy is/het honderd persent reg; present is sinoniem met geskenk.

skou ’n Sinoniem vir tentoonstelling: Wapens word op die skou uitgestal.

➤ Sien ook TENTOONSTELLING X UITSTALLING.

Ek is by Deel III: Aarde en heelal, afbreek van woorde, reg en orde, geslag, transliterasie, vervoermiddels, woorde van vreemde herkoms, sport … Hoe het julle op hierdie verskillende kategorieë besluit? Waar begin mens as mens ’n groot kamer vol woorde wil sorteer – in watter rak pak ’n mens elkeen?

Daar is al 20 jaar gelede met die samestelling van SAAZ1 (2003, Dalene Müller) op die kategorieë en indeling van die inhoud besluit, en dit is so uitstekend gedoen dat dit nie nodig was om dit te verander nie. Ons het wel vir SAAZ2 (2012) ʼn nuwe deel bygevoeg: “Deel I: Die praktyk van wetenskaplike Afrikaanse teksversorging” – iets wat my na aan die hart lê.

Die oorspronklike kategorieë in Deel III was gebaseer op die jare lange versameling van taalkwessies en “taalslaggate” waarin verslaggewers, kopieskrywers, vertalers en teksversorgers deur die bank bly trap het. Die lys het sedert die negentigerjare bly groei en is met die manuskripvoorbereiding van SAAZ I in kategorieë georden. Die kategorieë in Deel III is alfabeties gerangskik, dus van die tematiese “Aarde en heelal” tot die taalkundige “Woordorde”, om naslaanwerk te vergemaklik. Die tematiese kategorieë stem ooreen met temas en vakgebiede waaroor daar dikwels in die media berig word, byvoorbeeld die sakewêreld, reg en orde, sport en vervoermiddels. Ander kategorieë is taalkategorieë wat ook ooreenstem met wat in die AWS bespreek word, byvoorbeeld die afbreek van woorde, lees- en skryftekens, hoof- en kleinletters, transliterasie, woorde van vreemde herkoms en woordorde.

Nou die dag staan ek langs die hokkieveld by die skool. Ek hoor die ouers wat oor hokkieposisies praat. Kort na die wedstryd kom slaan ek die Afrikaanse woorde na: regterbinnespeler, doelwagter, linkerskakel. Ek dink hoe eienaardig dit sal wees as doodgewone sprekers van Afrikaans, sal skree: “Mik! Slaan ’n doel!” Ek keer terug na die eerste vraag en die boek se subtitel: Is die boek gemik op algemene Afrikaansgebruikers, soos die ouers langs die hokkieveld? Of is dit, soos die argitekte van kusdorpe in Portugal of Spanje geredeneer het, ’n geval van: “If you build it, they will come.” As die boek en die woorde daar is, sal mense dit gebruik? Sal dit een van die boek se oogmerke of strewes wees? En dan ook: Nie al die sportsoorte is hierin opgeneem nie. Wat van byvoorbeeld perdry of waterpolo? Hoe is besluit wat die boek haal en wat nie? Is enigiets wat nie in die gedrukte SAAZ3 beskikbaar is nie, wel aanlyn beskikbaar?

Dit is baie prysenswaardig dat jy ná die hokkiewedstryd sekere sportterme in Afrikaans gaan naslaan het. Dit is hoe ons taalkennis ontwikkel en ons en die taal groei!

Soos vroeër genoem, in Afrikaanse omgangstaal is dit algemeen om Engelse terme binne sekere konteks te gebruik. Miskien sal die redaksie van ’n skoolkoerant oor die vorige Saterdag se hokkiewedstryd wil berig en verkies om eerder die Engelse terme te gebruik, en dit is verstaanbaar binne die konteks, want daar is ook ’n bepaalde teikenleser (die skoolkinders, ouers) wat alles reg sal verstaan.

By ’n professionele mediahuis of nasionale koerant wat wyd versprei word, sal die standaardtaal verkies word, en waar nodig kan woorde eers beskryf word voor dit weer en weer gebruik word. Koerante, tydskrifte en boeke kan dus wel ’n rol speel in die skep en vestiging van nuwe woorde in talle velde. Wanneer woorde genoeg in geskrewe bronne gebruik word, word dit uiteindelik weer opgeneem in normeringsbronne soos woordeboeke en taalgidse soos hierdie een. SAAZ3 strewe daarna om woorde te laat voortleef, asook om die opsie te kan gee sou ’n leser of taalversorger dit wou naslaan en gebruik.

..............
Wanneer woorde genoeg in geskrewe bronne gebruik word, word dit uiteindelik weer opgeneem in normeringsbronne soos woordeboeke en taalgidse soos hierdie een. SAAZ3 strewe daarna om woorde te laat voortleef, asook om die opsie te kan gee sou ’n leser of taalversorger dit wou naslaan en gebruik.
...............

Sport is ʼn gebied wat baie uitbrei, en daar is byvoorbeeld ’n byvoeging in SAAZ3 oor voertuigsport in hoofstuk 15. Sport is ’n gespesialiseerde veld soos baie ander vakgebiede. Daar is talle vakwoordeboeke wat oor die laaste dekades opgestel is juis om in die behoefte aan Afrikaanse terme in enige wetenskaplike, tegniese of ander vakgebied te voorsien. Al die vakgebiede, sport ingesluit, kan ongelukkig nie in een publikasie gedek word nie, veral nie ’n taalgids wat soveel ander kwessies ook aanraak nie. Dit sou iets wees vir ’n omvattende sportwoordeboek, hetsy beskikbaar in gedrukte of elektroniese formaat, of aanlyn. SAAZ3 gee wel die Afrikaanse terme vir atletiek, gholf, hokkie, krieket, netbal, rugby, seiljagvaart, sokker, tennis en voertuigsport, aangesien dié sportsoorte die algemeenste sportsoorte in Suid-Afrika is en oor geskryf word. Die gedrukte SAAZ3 is omgeskakel na aanlyn formaat (nie ’n e-publikasie nie) – die aanlyn SAAZ3 is beskikbaar op PharosAanlyn, as ’n enkelopsie, of as deel van ander opsies wat woordeboeke insluit.

Terwyl ek na ander sportsoorte en die sportterme in die boek gekyk het, het ek onmiddellik gedink aan iemand wat sport op die radio uitsaai. Jy moet ’n prent bou met woorde, want die luisteraar sien nie ’n span speel nie. Ek het ook gedink aan iemand wat ’n koerantberig skryf met nuusgebeure of sportuiteensettings. Hierdie gids behoort dus vir skoolkoerante beskikbaar te wees in elke skool, in mediakantore van radio-omroepers of TV-aanbieders, en joernaliste wat in Afrikaans skryf, op elke lessenaar. Watter ander professionele gebruikers van Afrikaans sal ook by ’n boek soos hierdie baat?

Dit is inderdaad so dat omroepers, uitsaaiers, verslaggewers en alle ander mense wat gereeld met teks werk (wat deur die ontvanger gehoor of gelees word), prentjies met woorde moet skilder. Hulle moet dit wat hulle sien gebeur, visueel probeer weergee deur slegs woorde te gebruik. Dié wat dit wat hulle sien die beste kan beskryf, dié wat die grootste skatkamer van woorde het om uit te put, dié wat die leser of luisteraar die beste kan intrek in dit wat hulle nie self kan sien of ervaar nie – dít is die skrywers en uitsaaiers wat die beste slaag in hul doel. Indien hierdie vaardigheid al op skoolvlak, by skoolkoerante en skoolradiostasies, ontwikkel word, kweek jy nuwe geslagte van professionele werkers in talle velde wat prentjies met hul woorde gaan skep!

...........
Mense het soveel verskillende belangstellingsvelde – vir party is dit sport, vir ander is dit die natuurlewe, kookkuns, die uitvoerende kunste, die wetenskap, toerisme. Dink net aan die pragtige woordbeelde wat byvoorbeeld reisjoernaliste kan optower! Uiteindelik kan almal wat die beste wil kommunikeer aan hul gehoor, hetsy deur die gesproke of die geskrewe woord in Afrikaans, in enige vakgebied by ’n boek soos hierdie baat.
................

Mense het soveel verskillende belangstellingsvelde – vir party is dit sport, vir ander is dit die natuurlewe, kookkuns, die uitvoerende kunste, die wetenskap, toerisme. Dink net aan die pragtige woordbeelde wat byvoorbeeld reisjoernaliste kan optower! Uiteindelik kan almal wat die beste wil kommunikeer aan hul gehoor, hetsy deur die gesproke of die geskrewe woord in Afrikaans, in enige vakgebied by ’n boek soos hierdie baat. SAAZ3 is daar vir skoolkinders, onderwysers, studente, dosente, joernaliste, vakspesialiste en enigiemand wat meer opsies wil hê om hul boodskap in goeie Afrikaans oor te dra.

My volgende vraag handel nie oor die uitkap van onnodige letters of moderne spelwyses nie. Dit handel oor die skep van woorde, om iets neer te skryf en op te teken. Dan bestaan dit. Help hierdie Skryf Afrikaans ’n keerwal bewerkstellig teen ’n storting van woorde wat in ’n groot donker poel afstort en nooit weer terugkeer nie? Is dit hoe dit met taal werk? Laat ek jou eerder vra: Hoe werk ’n taal?

’n Taal word eerstens gepraat, en alle tale word deur hul sprekers geskep. Taal word opgeteken en verskyn in gedrukte formaat of elektroniese formaat. Skrywers pen die taal neer en professionele taalwerkers teken die taal op in normeringsbronne soos woordeboeke en taalgidse. Skeppende skrywers verewig die taal in letterkunde, niefiksie en duisende ander skryfstukke, ook op sosiale media. Woorde wat nie meer nodig is nie en ook nie opgeteken word nie, verdwyn of verval in onbruik. Daar is honderde woorde en uitdrukkings in Afrikaans wat ’n paar dekades gelede nog wyd gebruik is in die spreektaal, maar nou vreemd klink op die hedendaagse Afrikaans oor. Dit is natuurlik dat sekere woorde verouder en uiteindelik uitsterf. Terselfdertyd kom nuwe woorde in omgang, en sommige daarvan bly, want die sprekers hou daarvan en gebruik dit. Daar is altyd mense wat kreatief met taal is. Selfs kinders kan nuwe woorde skep, soos die bloedjong meisietjie wat oor die radio vertel het hoe sy aan die woord ’koudserig’ gekom het. Haar woord is deur die Buro van die WAT erken en opgeneem.

Interessant hoe die taal saam met die tydsgees groei, hoe dit tred hou met woorde wat as seksisties en rassisties beskou kan word. Hoe wys SAAZ3 sulke voorbeelde uit om taalgebruikers leiding te gee?

Afrikaans hou beslis tred met en is sensitief vir woorde, skelname, stereotiperings en uitdrukkings wat krenk en aanstoot kan gee. Dit is een van die gebiede waarop ons nie agterbly nie en waarop vernuwing voortdurend plaasvind. SAAZ3 wys byvoorbeeld daarop dat ons nie meer in mediatekste “brandweer-, polisie-, ambulansmanne” nie, maar eerder “brandweerbeamptes”, “polisiebeamptes”, “ambulanspersoneel” of “paramedici” gebruik.

Rassistiese, seksistiese, stereotiperende taalgebruik, sensitiewe kwessies en woorde wat aanstoot gee, word in die alfabetiese lys belig (Deel II), en ook in Deel III, afdeling 9, “Lees- en skryftekens” en in afdeling 16, “Teksversorgers se rol by ’n koerante of tydskrif”, bespreek.

Die boek bied skryfriglyne vir Kaaps. Joernaliste van byvoorbeeld Son sal die boek as naslaanbron kan gebruik. Daar is wel ’n wye verskeidenheid variëteite van Afrikaans – nie net Kaaps nie. Voorsien julle dat nog meer variëteite in Afrikaans nuwe afdelings in ’n volgende SAAZ sal regverdig?

Daar kan beslis in die toekoms nuwe variëteite van Afrikaans ontstaan. Woorde uit verskillende variëteite van Afrikaans is al in verskeie bronne opgeneem, byvoorbeeld in Annerlike Afrikaans (Anton Prinsloo). Talle woorde uit niestandaardvariëteite van Afrikaans verskyn in die omvattende Woordeboek van die Afrikaanse Taal, en woorde wat vantevore deel van niestandaardvariëteite was het nou standaardstatus deurdat dit in die AWS opgeneem is.

Wat Kaaps betref, is dit noemenswaardig dat daar tans aan die Drietalige Woordeboek (Standaardafrikaans/Engels/Kaaps) gewerk word, en dit is selfs moontlik dat Kaaps uiteindelik as ’n nuwe taal erken kan word. Wanneer ’n variëteit in normeringsbronne opgeneem word, daar ’n letterkunde, koerante, tydskrifte en boeke daarin geskep word en dit amptelike status verkry, word dit ’n taal.

In SAAZ3 word Kaaps (of Kaapse vernakulêre Afrikaans) in Deel I ingesluit, met enkele voorbeelde en die woorde of uitdrukkings se betekenis, onder andere:

afbene wees: platsak wees

dikding/diknek: grootkop, ou in beheer – Ek dink nie eens my klagtes kom by die tronk se diknekke uit nie.

lange, ’n lange gooi: jou skaars hou, van die toneel verdwyn – Haar berk het ’n lange gegooi nadat sy hom vir papgeld gesue het.

piemp: verklik (piemper = verklikker) – Sy het die skollies wat met die gesteelde goed daar aangekom het, by die cops gaan piemp.

iemand se vel van sy gesig aftrek: iemand in die skande steek – Volgens haar trek die bure met hul geskel en gevloek haar vel van haar gesig af wanneer sy besoekers het.  

SAAZ sal Kaaps bly insluit, hetsy in druk of aanlyn.

Hierdie gesprek het oor een boek gehandel. Watter ander naslaanbronne van Pharos is beskikbaar en waar kan mense dit in die hande kan kry?

Pharos bied ’n reeks gedrukte én digitale produkte aan gebruikers. Nuwe woordeboeke word telkens in beide gedrukte en aanlyn formaat beskikbaar gestel.

Pharos het ’n voltydse span leksikograwe wat voortdurend nuwe gedrukte woordeboeke in Afrikaans en Engels skryf en bywerk. Hieronder tel die gewilde Tweetalige Skoolwoordeboek en die Junior Tweetalige Skoolwoordeboek, asook die onlangse toevoeging in ons skoolstal, die tweetalige Grondslagfasewoordeboek. Pharos se vlagskip- tweetalige woordeboek, die Afrikaans–Engels Woordeboek / English-Afrikaans Dictionary, is ook aanlyn beskikbaar – nog ’n onontbeerlike hulpbron vir vertalers, redigeerders en opvoedkundiges.

Pharos het ook tweetalige en meertalige woordeboeke vir die nege amptelike Afrikatale in gedrukte formaat beskikbaar, en die South African Multilingual Dictionary (aanlyn en gedrukte boek).

Pharos het verskeie taal- en stylgidse as gedrukte bronne beskikbaar, onder andere die gesaghebbende AWS, Pharos Afrikaansgids, Sinonieme en verwante woorde, Spreekwoorde en ander segswyses (nuut in September), Afrikaans vir Almal, English for All, The essential companion for writers and editors en Plain Language en The Write Stuff. Sommige van hierdie boeke is ook op PharosAanlyn beskikbaar.

Vakwoordeboeke wat uit druk geraak het, is mettertyd gedigitaliseer en aanlyn beskikbaar gestel, waaronder die Plantkundewoordeboek, die Ekonomiese en bedryfswoordeboek, Geologiese en verwante terme, die Wiskundewoordeboek, die SA Musiekwoordeboek, die Woordeboek van Regs- en Handelsterme, die Tegniese Woordeboek en die Woordeboek vir die Gesondheidswetenskappe.

Pharos se aanlyn bronne is beskikbaar op PharosAanlyn by www.pharosaanlyn.co.za. Ons gedrukte boeke is by alle goeie boekhandelaars verkrygbaar, en kan ook deur digitale platforms bestel en afgelewer word.

Lees ook:

PEN Afrikaans: Om boeke in Kaaps te publiseer

Kaaps en (her)standaardisering

LitNet Akademies-resensie-essay: Kaaps in fokus

Die eerste Kaaps-woordeboek: ’n onderhoud met Quentin Williams

Press release: The first trilingual dictionary of Kaaps

Bybel in Kaaps: Markus 10 (deel 2)

Kaaps is the future of Afrikaans

PharosAanlyn nou varser, vinniger en kragtiger

Resensie: Grondslagfasewoordeboek deur Annemie Stoman (red)

Die aap is uit die mou: Pharos se skoolwoordeboeke sal iets vir elke kind beteken

Nuut by Pharos: Grondslagfasewoordeboek / Foundation Phase dictionary

Pharos Woordeboeke: Groot Woordeboek Afrikaans en Nederlands

Pharos Woordeboeke en alle Suid-Afrikaanse tale as nasionale bate: ’n onderhoud

"Reken op ons woord": ’n onderhoud oor Pharos-woordeboeke

Pharos Afrikaansgids deur Nicol Faasen: ’n resensie

Nuut by Pharos: Skryf Afrikaans van A tot Z (3de hersiene uitgawe) deur Dalene Müller en Sebastian Pistor

 

 

The post <em>Skryf Afrikaans van A tot Z</em>, ’n onderhoud met  Sebastian Pistor appeared first on LitNet.


Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywer: ’n sagte landing vir Bibi in Cradock

$
0
0

Foto: Lisa Antrobus-Ker

Bibi Slippers, Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywer, het verlede week haar intrek op Cradock geneem, waar sy vir ’n maand lank in vrede en stilte gaan skryf aan ’n nuwe digbundel. Sy rapporteer oor hoe sy en haar windhond, Matilda, verwelkom is:

’n Sagte landing is noodsaaklik vir ’n goeie begin, en ons het heerlik sag geland in Cradock. Lisa Antrobus-Ker van die Tuishuise en Victoria Manor het ons ’n voorsmaak van Cradock se legendariese gasvryheid gegee: daar het tuisgemaakte mayonnaise, koeksisters, vetkoekies, marmalade, lemoene en ’n kruieruiker uit haar tuin in ons huisie se kombuis gewag, en sy het ons op ’n dorptoer geneem om uit te wys waar ’n hondjie haar beste stappies kan maak (Matilda se sagte landing).

Oor hoe dit met die werk gaan, sal ons volgende week in meer detail sê, maar ons het begin. Skryf gaan mos maar altyd stadig. Ons vorder egter heelwat vinniger met die stappies en die opeet van die tuisgemaakte mayonnaise.

Bibi het ’n video gestuur om te wys hoe sy met die beplanning en uitleg van haar nuwe digbundel vorder. Klik op die foto om na die video te kyk:

En Matilda is die snuffelende koningin van Cradock:

Foto: Bibi Slippers

Lees die aankondiging van Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywerskap, en ook ’n onderhoud met Bibi. Volg Bibi tydens haar verblyf op Instagram by @bibi_slippers.

The post Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywer: ’n sagte landing vir Bibi in Cradock appeared first on LitNet.

Klaskamer: aanlyn

$
0
0

Foto: Unsplash.com

Klaskamer: aanlyn
Ek mis die dae toe ons in die klaskamer kon sit en luister
’n klas vol leerders wat lag,
spot,
slaap en soms nooit opdaag.
Die onnie wat hom vererg oor huiswerk wat onvoltooid is,
mondelinge wat nooit voorbereid is en
hoe hy altyd leerders uitmekaar moes hou.
Nou
sit ek agter ’n skerm en hoor net stemme.
PowerPoint-skyfies word ons nuwe handboeke
en reaksies met ’n knoppie is ons voorland.
Dit neem ons onnie die helfte van die lesing net om sy rekenaar aan te skakel
en uit te figure of ons almal nog daar is.

The post Klaskamer: aanlyn appeared first on LitNet.

New from Penguin: My journey to the top of the world by Saray Khumalo

$
0
0

“This forms the nub of a dilemma that every Everest climber eventually comes up against: in order to succeed you must be exceedingly driven, but if you’re too driven you’re likely to die.” – Jon Krakauer

In this truly remarkable life story, Saray Khumalo shares her epic journey to the top of the world: Mount Everest. From her childhood in Zambia and Zaire, to a corporate career in South Africa, through marriage and motherhood, Saray harboured one overriding ambition: to reach the summits of the world’s highest mountains. She first summited Mount Kilimanjaro, and then others, but her ultimate goal was to summit Everest. After three unsuccessful attempts, Saray became the first black African woman to summit the world’s highest peak. Her success was hard won, though – along the way, she suffered severe personal setbacks, serious health issues and life-threatening injuries.

But her perseverance finally paid off, and Saray’s success at high altitude has helped change the narrative about who belongs on the mountains and whose stories are told. Saray’s story, which redefines common perceptions about what women are capable of doing and achieving, will inspire girls and women from all walks of life. In this fascinating memoir, she shares not only her incredible mountaineering feats, but also the lessons she learnt about life, perseverance and failing forward.

Click here for more information about this publication.

The post New from Penguin: <i>My journey to the top of the world</i> by Saray Khumalo appeared first on LitNet.

New from Jonathan Ball: Take charge: Life lessons on the road to CEO by Nyimpini Mabunda

$
0
0

I believe there are many potential senior leaders out there who simply lack the self-belief and toolkit to begin their own journey to the top. There are, as they say, many ways to skin a cat ...

Join Nyimpini Mabunda on his journey from his childhood in an apartheid-era homeland to the CEO’s office at one of the world’s leading businesses.

In a career spanning Procter & Gamble, Nando’s, Diageo and Vodacom in South Africa, the UK and Uganda, Mabunda actively sets out to always improve his business acumen and leadership skills.

Constantly in learning mode and infused with positive energy, Mabunda’s path offers insightful lessons and practical advice for anyone who wants to succeed in their career, build and lead a business. This is your toolkit to take you the top!

Click here for more information about this publication.

The post New from Jonathan Ball: <i>Take charge: Life lessons on the road to CEO</i> by Nyimpini Mabunda appeared first on LitNet.

New from Penguin: Bricks for chicks: Property investment for women who kick ass by Tanya Haffern

$
0
0

Bricks for chicks introduces women (and men who are smart enough to read it!) to property investment, demystifying industry lingo and introducing the basic strategies a budding investor can employ to maximise returns in what can often turn into a field of broken dreams. The book aims to grow the reader’s financial skillset to acquire the confidence to become financially independent. The author’s savvy, fun personality shines through as she delivers invaluable insights into property investment so that reading this book feels like having a fun conversation with a battle-sharpened, clued-up girlfriend who doesn’t spare the punches and, at the same time, makes you believe that you, too, can succeed in property investment.

The case studies keep the book light and humorous and make it easily accessible for novice investors. For anyone who wants to start investing in property but feels overwhelmed by the terminology, expenses and inherent risk, this book is going to change her life, starting TODAY.

Click here for more information about this publication.

The post New from Penguin: <i>Bricks for chicks: Property investment for women who kick ass</i> by Tanya Haffern appeared first on LitNet.

Nuut by Lux Verbi: Blinde mol of wyse uil? deur Susan Coetzer

$
0
0

“Met hierdie boek wil ek almal aanmoedig om minder blinde mol en meer wyse uil te word.”

Daar is ’n groot behoefte aan mense met integriteit – mense met die volledige stel goue eienskappe wat hulle veelsydige, standvastige en betroubare wyse uile maak. Mense op wie jy kan peil trek.

Susan Coetzer, bekende skrywer en motiveringspreker, help jou op haar skreeusnaakse maar eerlike manier om jou eie lewe te ondersoek en seker te maak dat jy met integriteit leef.

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

The post Nuut by Lux Verbi: <i>Blinde mol of wyse uil?</i> deur Susan Coetzer appeared first on LitNet.

Gendertemas in Topsy Smith se Trompie-boeke

$
0
0

Gendertemas in Topsy Smith se Trompie-boeke

Corene de Wet, navorsingsgenoot, Suid-Kampus, Universiteit van die Vrystaat

LitNet Akademies Jaargang 19(2)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die doel van hierdie artikel is tweeledig: (1) om deur die lens van Connell (1995) se manlikheidsteorie gendertemas in Topsy Smith se Trompie-boeke uit te wys en te bespreek en (2) om te bespiegel oor die moontlikheid om die Trompie-boeke as vertrekpunt te gebruik om ’n bewustheid van genderongelykhede by kinders te kweek. Vier-en-twintig van die oorspronklike Trompie-boeke (1950–6), wat gedurende die jare 2013 tot 2020 in agt omnibusse versamel en heruitgegee is, dien as data vir hierdie studie. ’n Interpretatiewe kwalitatiewe navorsingsbenadering is gevolg. Drie gendertemas is met behulp van kwalitatiewe inhoudsontleding geïdentifiseer: (1) Die idealisering van Afrikanerseuns en mans. Trompie is die versinnebeelding van die “ideale” Afrikanerseun. Hy is dapper, avontuurlustig en sportief, besit ’n oormaat selfvertroue en is ’n gebore leier. Daarteenoor word verfynde en gekultiveerde seuns negatief uitgebeeld. Mans word as Afrikanerelite voorgehou. (2) Vrouekarakters in die patriargale Afrikanergemeenskap word óf uitgebeeld as versorgers en huisvroue of individue vasgevang in kenmerkende vroueberoepe, soos ontvangsdames en onderwysers, óf bespot. Die meisies wat paaie met Trompie kruis, word as oppervlakkige, geldgierige en ydel randfigure gestereotipeer. (3) Die patriargale Afrikanerhuisgesin is ’n geïdealiseerde huisgesin. Die pa is die broodwinner en die ma ’n gelukkige versorger wie se lewe om haar man en kinders draai. Hierdie gendertemas word teen die agtergrond van plaaslike en internasionale studies oor gendertemas in jeuglektuur bespreek. Die gevaar bestaan dat negatiewe genderstereotipering in jeugboeke tot ’n lae selfbeeld en minderwaardigheidsgevoel onder meisies en oordrewe selfvertroue onder seuns kan lei. Kennis moet dus geneem word van internasionale navorsingsbevindinge dat kinders se blootstelling aan nieseksistiese boeke ’n verandering in vooropgestelde gendersienings te weeg kan bring. Dit is voorts belangrik dat ouers en onderwysers ’n bewustheid van en kritiese ingesteldheid teenoor genderstereotipering en hegemoniese manlikheid by kinders kweek. Die moontlikheid om deur die kritiese lees van jeugboeke ’n sinvolle, verrykende bydrae tot die graad 7‒9-Lewensoriënteringsonderrigplan vir Suid-Afrikaanse skole te maak, word kortliks aangedui.

Trefwoorde: Connell; gendertemas; genderstereotipering; hegemoniese manlikheidsteorie; jeugliteratuur

 

Gender themes in Topsy Smith’s Trompie books

Abstract

Trompie and the Boksombende (“Boxing Gang”) are part of the reading and viewing experience of many generations of Afrikaans-speaking youths. The original Trompie series, which consists of 25 books, was published during the 1950s and has been reprinted several times. Twenty-four of the original 25 Trompie books were revised during the years 2013 to 2020 and collected in eight omnibuses. The continuing demand for Trompie books is remarkable, especially seen against the background of the growing supply of new youth books worldwide and the changing emphasis of books for the youth. The South African and especially Afrikaans youth literature, up to and including the 1970s, dealt exclusively with the white middle-class child, who grows up in an almost idyllic family with a loving homemaker mother and a hard-working father. Since the 1980s, characters have been created whose lives have not been so secure and idyllic. During the 1990s there was an overemphasis on social and personal problems. The traditional patriarchal family has made way for an absent father and a mother who is a single parent and breadwinner.

The importance of youth literature for the book market is evidenced, among other things, by the awarding of literary prizes for the recognition and promotion of high-quality youth literature. There is a growing awareness among library staff, teachers and therapists of the value of youth literature. The first Trompie book appeared in 1950, in an era when youth literature consciously or unconsciously presented traditional white middle-class norms as the ideal. The Trompie books therefore probably played and still play an important role in shaping the views of several generations of young people on issues such as race, class and gender. The purpose of this article is twofold: (1) to indicate and discuss gender themes in the Trompie books through the lens of Connell’s (1995) masculinity theory; and (2) to reflect on the possibility of Trompie books as a point of departure to cultivate an awareness of gender inequalities in children.

From a literature review of international youth books it transpires that, since the Women’s Movement (1960s), researchers and publishers have made a conscious effort to expose the positive portrayal of male characters to the detriment of female characters. Although this awareness has created a sensitivity among some writers and publishers about the portrayal of female characters, popular youth literature that appeared as recently as 2004 (Dear Dumb Diary series) and 2011 (Twilight series) still emphasizes boys as protagonists.

Research on gender themes in Afrikaans youth books published since the 1950s has found that Afrikaans youth books published up to the 1970s are mainly about the rough and the smooth of Afrikaner boys growing up in a secure, patriarchal family. Research publications further point out that since the 1980s, Afrikaans youth books have moved away from patriarchy and the idealized family with the father as the head, the mother as the caregiver and obedient, submissive children, to broken, eccentric, reconstituted and dysfunctional families. Recent research (2018) has found that Afrikaans youth books that have been published since the 1990s portray women as strong, intelligent and independent. From the literature it also transpires that, over time, the portrayal of female characters has gradually conformed with those of their male counterparts with regard to, among other things, marital status, role in the household, occupational status and ambition, fearlessness, independence and intellect.

Connell’s (1995) masculinity theory, which underpins this study, provides insight into how boys’ or men’s behaviour, attitudes, and values depend on their dominance over girls, women, and femininity or refinement. This dominance is central to what Connell calls hegemonic masculinity. According to Connell, hegemonic masculinity is about more than just justifying unequal husband-wife relationships; it is also about the unequal relationship between different groups of men. Here, among other things, class, race, sexual orientation, age and nationality can play a role. Hegemonic masculinity is thus, according to Connell, the way in which (a specific group of) men acquire or possess positions of power and wealth and how they justify, maintain and expand this domination.

The eight Trompie omnibuses served as data for this study. An interpretive qualitative research approach was followed. Three gender themes were identified using qualitative content analysis:

(1) The portrayal of Afrikaner boys and men. Trompie is the epitome of the alpha male: he is an autocratic, egocentric leader with an excess of confidence in his intellectual and physical abilities. It is important for the alpha male to enjoy prestige among adults and children. Trompie’s participation in violent confrontations and sports is characterized by brute force. The Trompie books are about much more than the domination of women by men; it is also about men’s dominance over other men. Violent clashes between boys are an important way in which the alpha boys establish and reaffirm their dominance over other boys. In almost all the Trompie books analysed, some of the members of the Boksombende are involved in a fistfight with fellow learners, usually newcomers, to “teach” these newcomers what is acceptable behaviour, to stifle and incite bullying behaviour, and to show who is the pack leader. Violence therefore seems to be the solution to many problems and the restoration of the balance of power. It is clear from the many descriptions of how the members of the Boksombende react to severe corporal punishment and other forms of physical discipline that it is important proof of boys’ masculinity. Sport plays an important role in the development and establishment of hegemonic masculinity. From the stories it appears that winning is everything and that boys who do not strive to excel and win on the sports field or do not participate in so-called “male” sports are marginalized and humiliated. In contrast to Trompie, the hegemonic, dominant protagonist, refined and cultured boys and men are despised and portrayed negatively in a 1950s school and community environment where patriarchy flourished. To the contrary, the white men referred to in the Trompie books are, with a few exceptions, portrayed as leaders in the local or international community.

(2) Female characters in the patriarchal, idealized Afrikaner community are either portrayed as caregivers and housewives or individuals trapped in characteristic female occupations, such as receptionists and teachers, or mocked. The women’s lives revolve around their homes, husbands and children and the local community. The girls who cross paths with Trompie are stereotyped as superficial, money-hungry and vain. None of the female characters can serve as inspiration or example for young female readers to spread their wings.

(3) The patriarchal Afrikaner household is an idealized household. The traditional family is presented as the norm: Trompie’s mother performs tasks in and around the house. She prepares food, takes care of her children and is involved in church and community activities. In the idealized patriarchal Afrikaner family, Trompie’s father plays a leadership role inside and outside the family. He is the “head of the family”, the breadwinner (bank manager), the person who carries the wallet. In the Trompie books, the family and the marriage are viewed through romanticized, rosy glasses.

There is the danger that negative gender stereotyping in youth books can lead to low self-esteem and feelings of inferiority among girls, and excessive self-confidence among boys. One should therefore take notice of international research findings that children’s exposure to non-sexist books can bring about a change in preconceived gender views. It is also important that parents and teachers cultivate an awareness of, and a critical attitude towards gender stereotyping and hegemonic masculinity in children. The article discusses the possibility of making a meaningful, enriching contribution to the Grade 7‒9 Life Orientation Teaching Plan for South African schools through the critical reading of youth books.

Keywords: Connell; gender stereotyping; gender themes; hegemonic masculinity theory; youth literature

 

1. Inleiding

Trompie en die Boksombende is deel van die lees- en kykervaring van vele geslagte Afrikaanssprekende jeugdiges. Die Trompie-boeke is die pennevrug van Matthys Gerhardus Smith (1914–85). Smith, wat onder die skuilname “Topsy Smith” en “Bettie Naudé” die gewilde Trompie- en Saartjie Baumann-boeke onderskeidelik geskryf het, het ook as M.G. Smith (sy voorletters en van) volwasse fiksie die lig laat sien (Schalkwyk 2020:1). Die oorspronklike Trompie-reeks, wat uit 25 boeke bestaan, het gedurende die vyftigerjare van die vorige eeu die lig gesien en is verskeie kere herdruk. In 1962 en 1963 verskyn nog ses Trompie-boeke, wat bekend staan as die “nuwe Trompie-reeks”. Vier-en-twintig van die oorspronklike 25 Trompie-boeke is gedurende die jare 2013 tot 2020 hersien en in agt omnibusse versamel (WorldCat s.j.[a]). In 1975 verskyn die film Trompie onder regie van Tony van der Merwe (Worldfilmgeek 2021). Die televisiereeks Trompie en die Boksombende (s.j.), bestaande uit elf episodes, is in 1980 uitgesaai. Anton Goosen het die bekende kenwysie gesing.

Die voortgesette vraag na Trompie-boeke is merkwaardig, gesien teen die agtergrond van eerstens die groeiende aanbod van nuwe jeugboeke sedert die 1990’s, nie net in Suid-Afrika nie (De Wet 2016:49), maar wêreldwyd (Cart 2008:1; Silva en Savitz 2019:323), en tweedens die verandering van die klem van plaaslike en internasionale jeuglektuur (Geldenhuys en Anker 2018:362). Geldenhuys en Anker (2018:362) wys daarop dat Suid-Afrikaanse en veral Afrikaanse jeuglektuur tot en met die 1970’s uitsluitlik oor die wit middelklaskind, wat grootword in ’n byna idilliese gesin met ’n liefdevolle tuisblyma en ’n hardwerkende pa, gehandel het. Sedert die tagtigerjare is karakters geskep wie se lewens nie so geborge en idillies was nie. Gedurende die negentigerjare is onderwerpe wat eens taboe was, soos bloedskande, tienerseks, prostitusie, homoseksualiteit en seksuele oriëntasie, aangeraak. Die tradisionele patriargale familie het in onder andere Lien se lankstaanskoene (Van der Walt 2008) en Droomwa (Hough 1990) plek gemaak vir ’n afwesige pa en ’n ma wat ’n enkelouer en broodwinner is. Van Coller (2022a:9) waarsku dat daar teenswoordig (2020s) ’n oorbeklemtoning van sosiaal-maatskaplike en persoonlike probleme in jeugboeke is. Dit lei volgens hom tot ’n “versugting” by lesers na boeke waarin die manlike karakters “nie versukkeld, gekweld of paranoïes” is nie. Hierdie versugting kan ’n moontlike verklaring vir die voortgesette gewildheid van die Trompie-boeke wees.

Die belangrikheid van jeugliteratuur vir die boekemark blyk onder meer uit die toekenning van literêre pryse ter erkenning en bevordering van hoëgehaltejeugliteratuur (Gooden en Gooden 2001:89; Cart 2008:2; De Wet 2016:49). Uit navorsing (Cart 2008:2–3) blyk dit dat daar ’n groeiende bewuswording onder biblioteekpersoneel, onderwysers en terapeute oor die waarde van jeugliteratuur is. Jeugliteratuur bied aan lesers die geleentheid om dit wat gemeenskaplik aan hulleself en ander is, maar ook dit wat uniek aan hulleself en ander is, te erken. Jongmense het ’n behoefte daaraan om te behoort; hulle wil weet dat daar ander is wat met dieselfde probleme as hulleself worstel – en dit bied jeugliteratuur aan hulle. Voorts het jeugliteratuur die vermoë om by lesers begrip en empatie vir ander, wat soos hulleself of anders as hulleself is, te kweek. Jeugliteratuur het volgens Silva en Savitz (2019:324) ook die vermoë om “die waarheid” bloot te lê, of die leser daarvan hou of nie, en ’n bewuswording van moeilike kwessies, soos rassisme, kultuurverskille, boeliegedrag, seksuele identiteit en geslagsgeweld, te skep. Jeugliteratuur kan ’n belangrike rol in jeugdiges se groei tot volwassenheid speel en hulle onder andere voorberei vir die aanvaarding van hul verantwoordelikhede as landsburgers. Dikwels verskaf jeugliteratuur aan jong lesers ’n religieuse of filosofiese verwysingsraamwerk, rolmodelle, begrip van wat reg en wat verkeerd is en ’n sensitiwiteit vir hul eie sowel as ander se sosio-ekonomiese omstandighede (Silva en Savitz 2019:324). Deur biblioterapie – die gebruik van literatuur vir die doel van emosionele herstel en groei – kan kinders geleer word om moeilike omstandighede soos boeliegedrag, hakkel, disleksie, gestremdhede, dood of ernstige siekte van geliefdes te hanteer (De Wet 2016:51).

Indien daar in ag geneem word dat die eerste Trompie-boek in 1950, in ’n era toe jeuglektuur bewustelik of onbewustelik tradisionele wit middelklasnorme as die ideaal voorgehou het, verskyn het (De Villiers en Bester 1992:174), kan afgelei word dat die Trompie-boeke waarskynlik ’n belangrike rol in die vorming van verskeie geslagte jongmense se sienings van kwessies soos ras, klas en gender gespeel het en steeds speel (Taber en Woloshyn 2011:227). Die doel van hierdie artikel is tweeledig: (1) om deur die lens van Connell (1995:77) se manlikheidsteorie gendertemas in die Trompie-boeke aan te dui en te bespreek en (2) om te bespiegel oor die moontlikheid om Trompie-boeke as vertrekpunt te gebruik om ’n bewustheid van genderongelykhede by kinders te kweek.

 

2. Navorsing oor gender in jeuglektuur

Jeugliteratuur is gerig op die belangstelling, probleme en lewenservaringe van adolessente tussen die ouderdomme van twaalf en agtien jaar (Adigüzel en Ayaz 2020:551; Geldenhuys en Anker 2018:356). Volgens Geldenhuys en Anker (2018:357) bevat jeugliteratuur die volgende elemente: ’n adolessent as protagonis; ’n duidelik identifiseerbare adolessente verteller, houding of stem; en ’n reis na volwassenheid. Adigüzel en Ayaz (2020:551) noem dat jeugliteratuur om die volgende twee redes ook as oorgangsliteratuur bekend staan: Die held of protagonis van die verhaal se soeke na identiteit eindig dikwels in positiewe veranderinge en insigte teen die einde van die verhaal en die lees van jeugliteratuur is ’n belangrike bousteen in die kweek van ’n liefde vir lees en dien as inleiding tot volwasse en klassieke literatuur.

2.1 Navorsing oor gender in buitelandse jeuglektuur

Die Vrouebeweging van die 1960’s moet volgens Turner-Bowker (1996:463) as die stukrag vir navorsing oor gendervooroordele in jeugliteratuur gedurende die 1970’s gesien word. Uit Turner-Bowker (1996:463) se literatuuroorsig van drie navorsingspublikasies wat in die 1970’s verskyn het (Key 1971; Weitzman, Eifler, Hokanda en Ross 1972; Rachlin en Vogt 1974), blyk die ooreenstemming in die bevindinge van die drie publikasies soos volg te wees: Manlike karakters word by uitstek positief uitgebeeld as onder meer broodwinners, leiers en dapper avonturiers. Daarenteen word vroue as passief of as slagoffers uitgebeeld.

Williams, Vernon, Williams en Malecha (1987:148–56) se studie word deur hierdie skrywers as ’n voortsetting van Weitzman e.a. (1972:1127) se navorsing voorgehou. Beide studies het wenners en naaswenners van die Caldecottprys vir jeuglektuur as data gebruik. Weitzman e.a. (1972:1125–50) het agtien boeke wat gedurende die jare 1967 tot 1971 verskyn het, kwantitatief ontleed en Williams e.a. (1987:149) het dieselfde gedoen met 53 wenners en naaswenners van die prys wat gedurende die 1980’s verskyn het. Williams e.a. (1987:151) het bevind dat as daar na illustrasies met net vroue in die boeke wat hulle ontleed het, gekyk word, 37,1% van die illustrasies slegs vroue uitgebeeld het, terwyl Weitzman e.a. (1972:1130) bevind het dat slegs 11,7% van die illustrasies in die boeke wat deur hulle ontleed is, net vroue bevat het. Voorts is bevind dat daar in ongeveer ’n derde van die boeke wat Weitzman e.a. (1972:1130) ontleed het geen vroulike karakters was nie. Williams e.a. (1987:152) het bevind dat hierdie persentasie stadig maar seker besig was om te daal: Gedurende 1972 tot 1979 was die persentasie pryswenners en naaswenners waarin geen vroulike karakters verskyn nie 27,6%. Hierdie persentasie het tot 12,5% in die 1980’s gedaal. Beide studies het bevind dat meer seuns as meisies in die ontlede boeke buite speel. Williams e.a. (1987:152) redeneer dat hierdie binne-buite-verdeling in ooreenstemming is met ’n vroeëre, tradisionele siening dat meisies passief is en in die huis hoort – ’n meisie se plek is langs haar ma in die huis. Voorts het beide studies bevind dat vrouekarakters meer afhanklik, onderdanig, versorgend, dienend en passief as manlike karakters is. Manskarakters word uitgebeeld as meer onafhanklik, mededingend, kreatief en aktief as vrouekarakters (vgl. Williams e.a. 1987:154). Williams e.a. (1987:154) skryf dat beide studies die tradisionele stereotipering van mans en vroue in die Amerikaanse kultuur herbevestig, maar dat die felheid van die negatiewe stereotipering van vroue besig is om af te neem. ’n Kwantitatiewe inhoudsontleding deur Gooden en Gooden (2001:89) van 83 boeke wat gedurende die jare 1995 tot 1999 verskyn het, bevestig vorige navorsing, naamlik dat mans of seuns steeds die oorheersende rol in Amerikaanse kinderboeke speel en dat vrouekarakters stereotipies uitgebeeld word.

Turner-Bowker (1996:461) se kwantitatiewe studie van 30 boeke wat gedurende die jare 1984 tot 1994 pryse vir jeugliteratuur in die Verenigde State van Amerika verower het, het ten doel gehad om die getal manlike en vroulike karakters waarna in die titels van die boeke verwys word, te bepaal. Voorts wou sy die getalleverhouding tussen manlike en vroulike hoofkarakters bepaal, asook watter en hoeveel byvoeglike naamwoorde gebruik word om manlike en vroulike karakters te beskryf (bv. pragtige, oulike, bang, honger en dapper). Turner-Bowker (1996:461) se belangrikste bevindinge kan soos volg opgesom word: Getallegewys word daar meer dikwels na mans as na vroue in die titels van die ontlede boeke verwys. Meer manlike as vroulike karakters verskyn in die illustrasies. Mans word as sterker en aktiewer as die vrouekarakters uitgebeeld. Laastens het die studie bevind dat meer byvoeglike naamwoorde met ’n positiewe betekenis gebruik is om vroulike karakters te beskryf, eerder as manlike karakters.

In Amerika is daar, soos reeds genoem, sedert die Vrouebeweging gedurende die 1960’s, ’n bewustheid onder ouers en onderwysers geskep oor negatiewe geslagstereotipering in jeug- en kinderlektuur. Sedert die middel-sewentigerjare het verskeie navorsers en uitgewers, op grond van boekresensies, lyste van gewilde seksistiese en nieseksistiese jeug- en kinderboeke gepubliseer (Diekman en Murnen 2004:376). Diekman en Murnen (2004:376–7) het twintig boeke, tien seksisties en tien nieseksisties, geïdentifiseer vir ’n studie oor seksisme en genderstereotipering in boeke. Veertig deelnemers (twintig mans en twintig vroue) is gevra om die uitbeelding van verskillende vorms van seksisme, waaronder stereotipiese persoonlikheid, genderspesifieke beroepe en genderrolle binne die gesin, op ’n sewepuntskaal te beoordeel. Die studie het bevind dat selfs boeke wat as nieseksisties voorgehou word, ’n uiters beperkte blik op gendergelykheid gee. Vrouekarakters sal dikwels manlike eienskappe tentoonstel en stereotipiese manlike rolle vervul, maar nie die omgekeerde nie. Diekman en Murnen (2004:382) kom tot die gevolgtrekking dat die ontlede nieseksistiese boeke die boodskap oordra dat die hedendaagse vrou ’n onafhanklike, gedrewe persoon is wat met groot sukses ’n uitdagende beroep kan volg. Min boeke dra egter die boodskap oor dat seuns of mans suksesvolle tuisteskeppers is wat in hul volwasse lewe sal kan omsien na hul vroue en kinders se fisieke en psigiese behoeftes.

Taber en Woloshyn (2011:230–9) se navorsing oor gendertemas in drie dagboekstrokiesprente, naamlik Dear Dumb Diary: Let’s Pretend this Never Happened deur J. Benton (2004), Diary of a Wimpy Kid: Greg Heffley’s Journal deur J. Kinney (2007) en Dork Diaries: Tales from a NOT-SO-Fabulous Life deur R.R. Russel (2009), identifiseer vyf gendertemas: (1) Gewildheid: Die gewildste karakters is fisiek aantreklik. Kriteria vir gewildheid verskil tussen seuns- en meisiekarakters in die drie boeke. Vir die meisies is dit belangrik om mooi en aantreklik vir seuns te wees. Gewilde meisies het baie of genoeg geld en is deel van die in-groep (“in-crowd”). Vir die seuns in hierdie verhale is dit belangrik om gewild, aantreklik, goed gebou en sterk te wees – dit sal voorkom dat hulle deur boelies geviktimiseer word. (2) Boeliegedrag: Uit die drie verhale blyk dit dat boeliegedrag deel van skoolkultuur is. (3) Selfbeeld: Die hoofkarakters in al drie verhale worstel met die ontwikkeling van ’n positiewe selfbeeld. Hierdie worsteling blyk uit hul onsekerheid oor hul liggame, talente, belangstellings en akademiese vermoëns. (4) Vriendskap: Die waarde van opregte en langdurige vriendskap word deur sowel die seuns- as die meisiekarakters in die drie boeke erken. (5) Volwassenes se naïwiteit: Ouers en ander volwassenes word grootliks as sorgsaam en liefdevol uitgebeeld. Volwassenes blyk egter nie bewus te wees van jongmense se probleme nie (Taber en Woloshyn 2011:230–9).

Owens (2011:124) ondersoek geslagstereotipering in Stephanie Meyer se gewilde Twilight-reeks. Die reeks, wat gedurende die 2010’s die lig gesien het, handel oor die verhouding tussen ’n tiener, Bella Swan, en haar vampierkêrel, Edward Cullen. Owens (2011:124) het bevind dat kenmerkende geslagstereotipering gebruik word om die vrouekarakters uit te beeld. Bella is byvoorbeeld slank en het lang donker hare. Sy hou daarvan om kos te maak, huishoudelike takies te verrig en te lees. Cullen is op sy beurt weer baie aantreklik. Hy versamel luukse motors, luister graag na musiek en is ’n gedagteleser. Bella is die kenmerkende “meisie in die moeilikheid” en Cullen “die ridder op die wit perd” wat haar van ander vampiere moet red (Owens 2011:130). Owens (2011:124) is van mening dat die skrywer té swaar op stereotiperings leun in haar uitbeelding van die hoof- en newekarakters. Lesers identifiseer hulle dus moeilik met dié karakters, aldus Owens (2011:124).

Uit bostaande literatuuroorsig blyk dit dat navorsers en uitgewers sedert die Vrouebeweging (1960’s) ’n bewustelike poging aangewend het om die positiewe uitbeelding van manskarakters ten koste van vrouekarakters aan die kaak te stel. Hoewel hierdie bewusmaking ’n sensitiwiteit by van die skrywers en uitgewers oor die uitbeelding van vrouekarakters geskep het (vgl. Diekman en Murnen 2004 se navorsing), beklemtoon gewilde jeugliteratuur wat so onlangs as 2004 (Dear Dumb Diary-reeks) en 2011 (Twilight-reeks) verskyn het, steeds seunsprotagoniste.

2.2 Navorsing oor gender in Afrikaanse jeuglektuur

Navorsing oor gender in Afrikaanse jeugliteratuur is volgens Geldenhuys en Anker (2018:362) reeds in 1989 gedoen toe Niehaus (1989:4) ondersoek ingestel het na die invloed van feminisme op tradisionele sprokies. De Villiers en Bester (1992:174) se studie oor Afrikaanse jeugliteratuur konsentreer op Scheeperspryswenners wat oor ’n tydperk van 36 jaar (1956–92) verskyn het. Die belangrikste bevindinge van hierdie projek is soos volg: (1) Die verteenwoordiging van manlike en vroulike karakters: Op enkele uitsonderings na is die hoofkarakters manlik. Vroulike karakters is “meestal maats, nooientjies, of susters en word dikwels gebruik om meer ontwikkelingsgeleenthede aan die manlike hoofkarakters te gee” (De Villiers en Bester 1992:177). (2) Beweeglikheid van die karakters: Manlike hoofkarakters oorheers die boeke wat die Scheepersprys ontvang het. Óf die vroulike newekarakters is passiewe toeskouers óf hulle verrig stereotipiese takies. (3) Tradisionele rolle en huwelikstatus: Die pa’s is die besluitnemers, leiers en broodwinners in die patriargale gesin; die ma’s is die onderdanige versorgers. (4) Manlike en vroulike take: Vroue in die ontlede boeke verrig hoofsaaklik take in en om die huis. Die mans, daarenteen, verrig take buite die huis. Die navorsers het bevind dat daar ’n duidelike onderskeid tussen “vroue-” en “manswerk” is. (5) Beroepe: Die navorsers het bevind dat die mans oor die algemeen “beroepe beoefen waarvoor meer geleerdheid nodig is” (De Villiers en Bester 1992:178), terwyl vroue meer ondersteunende of versorgende beroepe, byvoorbeeld as huisvroue of tuisverpleegsters, volg. (6) Voorkoms van karakters: Fisieke krag word by mans beklemtoon, en skoonheid by vroue. (7) Persoonlikheidseienskappe: De Villiers en Bester (1992:179) het bevind dat, op enkele uitsonderings na, seuns as “dapper, sterk, vindingryk, vreesloos en beskermend teenoor die vroulike geslag” uitgebeeld word. Die vroue, daarenteen, word as “oordrewe emosioneel, … bang, broos en afhanklik” uitgebeeld. Vrouekarakters is voorts “giggelrig, katterig, nuuskierig, onvoorspelbaar en listig” (De Villiers en Bester 1992:179).

’n Artikel deur Nieman en Hugo (2004:1–14) dien volgens dié twee skrywers as ’n “opdatering” van De Villiers en Bester (1992:174–80) se publikasie. Nieman en Hugo (2004:1–14) ondersoek elf tekste wat gedurende die periode 1992 tot 2001 die Scheepers- en Sanlampryswenners vir jeugliteratuur was. Hulle gebruik in ’n groot mate dieselfde groepe as De Villiers en Bester (1992:174–80) in die bespreking van hul navorsingsbevindinge. (1) Die verteenwoordiging van manlike en vroulike karakters: In vyf van die boeke is die hoofkarakters manlik en in ses vroulik. (2) Beweeglikheid van karakters: Nieman en Hugo (2004:8) het bevind dat die vroulike karakters net so baie of selfs meer aktief is as hul manlike eweknieë. “Waar dit meestal om manlike hoofkarakters se innerlike stryd gaan, word die vroulike karakters nou blootgestel aan avontuurlike uitstappies” (Nieman en Hugo 2004:8). (3) Tradisionele rolle en huwelikstatus: Uit die navorsing blyk dit dat hoewel beide ouers by die opvoeding van hul kinders betrokke is, die ma ’n duideliker rol, veral ten opsigte van die geestelike welstand van hul kinders, as die pa speel. (4) Spesifieke voorgeskrewe en duidelik omlynde take vir mans en vroue: Nieman en Hugo (2004:9) wys daarop dat daar min aandag aan “take in en om die huis” in die boeke wat hulle ontleed het, gegee is. Daar is volgens hulle geen aanduiding dat van die vroulike hoofkarakters betrokke is by huislike take nie. Vroulike newekarakters is egter steeds betrokke by skoonmaakwerk of kosmaak. (5) Koppeling van beroepe aan geslag: Alhoewel manlike karakters meestal tradisionele “manlike” beroepe, soos motorhandelaar en polisieman, beoefen het, is van hulle ook topmodelle en verpleërs. In slegs twee van die tekste word huisvroue aangetref. Sommige vroue in die verhale beoefen tradisionele “vroulike” beroepe, soos verpleegster en klerk, maar van hulle is ook landskapsargitekte en prokureurs (Nieman en Hugo 2004:9–10). (6) Voorkoms van die karakters: Die uiterlike voorkoms van sowel manlike as vroulike karakters geniet aandag in die tekste. Op enkele uitsonderings na is die vroulike hoofkarakters beeldskoon en die manlike hoofkarakters aantreklik en gespierd. (7) Persoonlikheidseienskappe: Nieman en Hugo (2004:11) het bevind dat “daar slegs in uitsonderlike gevalle gesuggereer word dat ’n seun dapper, vreesloos en beskermend teenoor die teenoorgestelde geslag moet wees”. Inteendeel. Mans se swakhede word beklemtoon. Daarteenoor is “geen bewyse … gevind … van giggelrigheid, nuuskierigheid, listigheid of voorspelbaarheid onder vroulike karakters nie. … Vroulike karakters is trouens dikwels op intellektuele vlak as hulle manlike eweknieë se meerdere uitgebeeld”.

Geldenhuys en Anker (2018:363) gebruik feministiese diskoersontleding om vyf Afrikaanse jeugromans wat tussen 2002 en 2019 gepubliseer is, te ontleed. Die kernbevindinge van Geldenhuys en Anker (2018:363) se navorsing is soos volg: (1) Die vroulike hoofkarakters word as sterk individue uitgebeeld. (2) Die oorbeklemtoning van die uiterlike voorkoms van meisies word bevraagteken. (3) Direkte en indirekte feministiese uitsprake en denke is by van die vrouekarakters geïdentifiseer. (4) Die tradisionele uitbeelding van die patriargale gesin en vrouekarakters word bevraagteken en ondergrawe. (5) Hoewel manlike karakters as sterk en intelligent uitgebeeld word, is dit nooit ten koste van vroue nie. (6) Die ontwikkeling van meisies tot onafhanklike en selfstandige individue word beklemtoon.

Van der Walt en Nieman se studie (Van der Walt en Nieman 2009:156) oor die uitbeelding van die gesin in van Marita van der Vyver se jeugboeke het bevind dat daar ’n duidelike wegbeweeg van die uitbeelding van geïdealiseerde patriargale huishoudings, met die pa as die hoof, die ma as die versorger en gehoorsame, onderdanige kinders, na “gebroke, eksentrieke, hersaamgestelde en disfunksionele gesinne” is. Van Coller (2022a:9) skryf dat baie van die jeugboeke wat gedurende die 21ste eeu die lig gesien het, feitlik elke sosiaal-maatskaplike en politieke probleem onder die son aanspreek. Van Coller (2022b:8) skryf voorts: “In die Afrikaanse letterkunde het die Afrikaner klaarblyklik voëlvry geraak, want in boek ná boek word geskryf oor gesinsgeweld, molestering, verkragting, owerspel, wreedhede, ensovoorts in Afrikaanse gesinne of deur Afrikaners (byvoorbeeld Afrikaanse mans)”.

Die voorafgaande paragrawe gee ’n oorsig van navorsing oor gendertemas in Afrikaanse jeugboeke wat sedert die 1950’s uitgegee is. Dit blyk uit die oorsig dat Afrikaanse jeugboeke wat tot en met die 1970’s gepubliseer is hoofsaaklik oor die lief en leed van Afrikanerseuns wat in ’n geborge, patriargale gesin opgroei, handel. Daaropvolgende navorsingspublikasies wys daarop dat Afrikaanse jeugboeke sedert die 1980’s wegbeweeg het van patriargie en die geïdealiseerde gesin. Hedendaagse probleme word nou belig. Die oorbeklemtoning van hedendaagse sosiaal-maatskaplike probleme in veral Afrikaanse gesinne, lei tot ’n skeefgetrekte beeld van die Afrikanerman binne gesinsverband. Uit ’n vergelyking van die opeenvolgende navorsingspublikasies blyk dit dat die uitbeelding van vroulike karakters met verloop van tyd geleidelik in ooreenstemming met dié van hul manlike eweknieë gekom het ten opsigte van onder meer huwelikstatus, rol in die huishouding, beroepstatus en -ambisie, onverskrokkenheid, selfstandigheid en intellek.

 

3. Teoretiese raamwerk

Vir my studie oor gender in die Trompie-boeke dien Connell (1995:77) se teoretisering van manlikheid, gender en mag as teoretiese raamwerk. In onderstaande bespreking van Connell (1995) se manlikheidsteorie sal onder andere verwys word na Foucault (1976) se invloed op Connell. Connell (1995:77) se manlikheidsteorie bied insig in hoe seuns of mans se optrede, houding en waardes afhang van hul oorheersing van meisies, vroue en vroulikheid of verfyndheid. Hierdie oorheersing is sentraal in wat Connell (1995:77) hegemoniese manlikheid (“hegemonic masculinity”) noem. Connell (1995:77) definieer hegemoniese manlikheid as die konfigurasie van genderpraktyke wat die regmatigheid van patriargie beliggaam en die oorheersende plek van mans en die onderhorige plek van vroue verseker of waarborg. Hegemoniese manlikheid gaan volgens Connell (1995:77) egter om meer as net die regverdiging van ongelyke man-vrou-verhoudinge; dit gaan ook oor die ongelyke verhouding tussen verskillende groepe mans. Hier kan onder meer klas, ras, seksuele oriëntering, ouderdom en nasionaliteit ’n rol speel. Hegemoniese manlikheid is dus volgens Connell (1995:77) die wyse waarop (’n spesifieke groep) mans posisies van mag en rykdom bekom of besit en hoe hulle hierdie oorheersing regverdig, in stand hou en uitbou.

Silverman (2012:3) is van mening dat Connell se manlikheidsteorie swaar op Foucault (1976) se siening dat alle identiteite sosiaal gekonstrueer en nie-noodsaaklik is, steun. Connell pas hierdie siening toe op gender. Hy redeneer dat dit wat ’n spesifieke gemeenskap of kultuurgroep as manlik beskou, kan verander omdat die siening oor manlikheid sosiaal gekonstrueer is. Die moontlikheid om te kan verander gee aan mans die geleentheid om aan die sosiale norme van ’n spesifieke gemeenskap oor manlikheid te voldoen. Silverman (2012:3) wys voorts daarop dat Connell (1995) Foucault (1976) se idee van regimes of stelsels van waarheid as vertrekpunt gebruik het ter ondersteuning van sy siening dat sosiaal gekonstrueerde manlike identiteite deur kultuur en tydsgees beïnvloed word. Met verloop van tyd kan ’n spesifieke manlike identiteit die voorkeur- of dominante identiteit word. Individue wat nie aan die sosiale norme van die dominante diskoers in die gemeenskap voldoen nie, word gevolglik as “abnormaal” gebrandmerk.

Hegemoniese manlikheid is volgens Connell (1995:77) sinoniem met die mag wat veral patriargale kultuurgroepe en gemeenskappe aan mans en seuns gee. Mag staan vir Trites (2001:473) sentraal in jeuglektuur. Volgens Trites (2000:46) het lees ’n groot invloed op die vorming van adolessente se identiteit, veral met betrekking tot magsverhoudinge. Dit is om hierdie rede dat jeugverhale volgens Trites (2000:46) dikwels ’n magstryd insluit. Hierdie magstryd kan ’n stryd tussen die skrywer en die leser, of tussen die karakters en instellings “van mag” soos die ouerhuis, die skool en die owerheid wees (Geldenhuys en Anker 2018:355). Trites (2001:473) onderskryf Foucault (1978:93) se standpunt dat mag beide bemagtigend en beperkend kan wees, omdat dit altyd teenwoordig is.

Mayeza en Bhana (2021:3) wys daarop dat hegemoniese mans of seuns ’n wye verskeidenheid strategieë gebruik om hul belange en magsposisie oor vroue, meisies en vroulikheid of verfyndheid, asook seuns en mans wat nie aan hul kriteria van “manlikheid” of die oorheersende kultuur- of rasgroep voldoen nie, uit te bou en te beskerm. In haar bespreking van Connell (1995) se manlikheidsteorie gee Bortolin (2010:204) voorbeelde van hoe hegemoniese mans of seuns verskuilde en selfs openlike geweld gebruik om hul mag oor seuns en meisies onderskeidelik te normaliseer. Die volgende twee voorbeelde is voldoende: Seuns se afknouery van meisies op die skoolterrein, neerhalende opmerkings en skending van meisies se persoonlike ruimte – en om dit daarna af te maak as pret – is wyses waarop seuns hul mag oor meisies herbevestig. Seuns wat aan ’n gestoei, boeliegedrag en hardhandige speletjies op die skoolterrein deelneem, vestig weer hul mag oor ander seuns.

In my artikel word daar onder meer gefokus op hoe Trompie en van die ander karakters (mans en seuns) se optrede as korrek, aanvaarbaar, alledaags en normaal in ’n Suid-Afrikaanse gemeenskap gebed in patriargale tradisie (vgl. Coetzee 2001:300) voorgehou word. Gestereotipeerde meisies en vroue, waaronder onderwyseresse, tantes van die gemeenskap en Trompie se ma, asook verfynde seuns, word as teenpool vir die heldhaftige, sportiewe en gewilde leier van die Boksombende en manlike gemeenskapsleiers gestel.

 

4. Navorsingsmetodologie

4.1 Navorsingsbenadering

Ek het ’n interpretatiewe kwalitatiewe navorsingsbenadering gevolg. Sentraal tot interpretatiewe navorsing is die idee van Verstehen of verstaan. Volgens Bhattacharya (2012:467) is begrip of verstaan en vertolking met mekaar verbind. Alle kwalitatiewe navorsing is op ’n sekere vlak interpretatief of vertolkend omdat navorsers na begrip, en dus vertolking, strewe (Bhattacharya 2012:467). Dit gaan by interpretatiewe navorsing oor meer as die blote insameling van data. Die wyse waarop die data beoordeel, gerekonstrueer en georganiseer word, verander die data. Die bevindinge is daarom soveel meer as die blote beskrywing of weergee van die data (Henning, Van Rensburg en Smit 2011:103). Die doel van hierdie artikel is dus nie net om te beskryf hoe Topsy Smith gender in die Trompie-boeke uitgebeeld het nie, maar ook om te verstaan hoe hegemoniese manlikheid in die verhale neerslag gevind het.

4.2 Data

Vier-en-twintig van die aanvanklike 25 Trompie-boeke is gedurende die jare 2013 tot 2020 in agt omnibusse versamel (WorldCat. s.j.[a]). Dié agt omnibusse, wat vrylik in die handel beskikbaar is, dien as data vir hierdie studie. Merriam (2009:143) skryf dat naas amptelike en persoonlike dokumente, die mens dokumente skep wat ten doel het om die gemeenskap in te lig, te vermaak en/of te beïnvloed. Hierdie dokumente is gewoonlik geredelik beskikbaar vir navorsers, asook Jan en San Publiek. Dit sluit onder andere televisie- en radioprogramme, koerantberigte, strokiesprente, die internet en literêre werke in. Hierdie dokumente, wat nie deur die toedoen van die navorser tot stand gekom het nie, kan volgens Merriam (2009:143) as navorsingsdata gebruik word. Die besonderhede van die omnibusse wat as data vir hierdie studie gebruik is, word in Tabel 1 opgesom. Die datum langs die spesifieke omnibus dui op die verskyningsdatum van die spesifieke druk wat as data gebruik is. Die datums langs die titels van die 24 Trompie-boeke is die datum waarop die spesifieke boek die eerste keer uitgegee is.

Tabel 1. Die Trompie-omnibusse

Smith 2020a: Omnibus 1 Bladsye
Omnibus 1.1 Trompie (1950) 9–134
Omnibus 1.2 Trompie die stouterd (aanvanklik uitgegee as Trompie die onnut) (1950) 135–260
Omnibus 1.3 Trompie die soet seun (1951) 261–400
Smith 2020b: Omnibus 2  
Omnibus 2.1 Trompie die hoërskoolseun (1951) 9–142
Omnibus 2.2 Trompie die dromer (1952) 143–262
Omnibus 2.3 Trompie die speurder (1952) 263–382
Smith 2020c: Omnibus 3  
Omnibus 3.1 Trompie die kragman (aanvanklik uitgegee as Trompie die sterk seun) (1952) 9–134
Omnibus 3.2 Trompie die hartedief (aanvanklik uitgegee as Trompie die groot minnaar) (1952) 135–260
Omnibus 3.3 Trompie die held (1952) 261–383
Smith 2021: Omnibus 4  
Omnibus 4.1 Trompie die mooi seun (1952) 9–140
Omnibus 4.2 Trompie die leier (aanvanklik uitgegee as Trompie die prefek) (1952) 141–280
Omnibus 4.3 Trompie die rugbyreus (1952) 281–409
Smith 2020d: Omnibus 5  
Omnibus 5.1 Trompie die vegter (1955) 9–112
Omnibus 5.2 Trompie die krieketspeler (1955) 113–214
Omnibus 5.3 Trompie die filmster (1955) 215–317
Smith 2017: Omnibus 6  
Omnibus 6.1 Trompie die sakeman (1956) 9–112
Omnibus 6.2 Trompie die rebel (1956) 113–230
Omnibus 6.3 Trompie die waaghals (1956) 231–347
Smith 2018: Omnibus 7  
Omnibus 7.1 Trompie die sportman (1956) 9–124
Omnibus 7.2 Trompie die hanswors (1956) 125–240
Omnibus 7.3 Trompie die reisiger (1956) 241–355
Smith 2020e: Omnibus 8  
Omnibus 8.1 Trompie die kaptein (1956) 9–126
Omnibus 8.2 Trompie die alleenloper (aanvanklik uitgegee as Trompie die meisiehater) (1957) 127–234
Omnibus 8.3 Trompie die atleet (1956) 235–346

 

Die 24 Trompie-boeke, saamgevat in agt omnibusse, wat as data vir hierdie studie gebruik is, vertel van die lief en leed van die inwoners, in die besonder Trompie en sy medebendelede, van die fiktiewe dorpie Kwaggaberg, ongeveer 30 kilometer van Johannesburg. In Trompie, die eerste boek in die reeks, maak ons kennis met die elfjarige Trompie, die grootkaptein van die Boksombende, en sy vriende, Rooie, Blikkies en Dawie. In die daaropvolgende boeke vertel die skrywer, Topsy Smith, van Trompie en sy vriende se avonture, ideale, suksesse en mislukkings op die sportveld en die verhoog, op akademiese gebied en in hul verhoudings met hul ouers, onderwysers, lede van die gemeenskap, medeleerders, besoekers aan Kwaggaberg en meisies oor ’n tydperk van ses jaar.

Dit is belangrik om daarop te let dat die doel van hierdie studie nóg literêre kritiek nóg kritiek op die pogings van die uitgewers om die boeke te moderniseer, is (verwys bv. na die Springbokrugbyspanne wat die 1995- en 2007-Rugbywêreldbeker gewen het, Jeugdagvieringe [sedert 1999] en die maanlanding [1969]).

4.3 Dataontleding

Kwalitatiewe inhoudsontleding is as dataontledingsmetode gebruik om gendertemas in die data (Trompie-boeke) uit te wys. Hierdie metode was ideaal vir die studie omdat dit nie net metodies is nie, maar my ook in staat gestel het om die groot hoeveelheid data tot my beskikking (24 Trompie-boeke) te verminder. Voorts het die metode my gedwing om op voorafbepaalde inhoud, naamlik dit wat direk met die navorsingsvraag te doen het, te konsentreer (vgl. Nieuwenhuis 2007:101). Henning e.a. (2011:104–11) se riglyne vir kwalitatiewe dataontleding is gevolg. ’n Oop koderingstelsel is gebruik. Aanvanklik het ek die agt omnibusse (data) vinnig deurgelees. Met verloop van tyd het ek vertroud geraak met die skrywer se skryfstyl en herhalings wat soos ’n refrein in byna al 24 boeke teenwoordig is (bv. Trompie se ma se liefde vir hom, Trompie se selfbewondering en Rooie wat nie skoene dra nie). Daarna het ek die boeke deeglik bestudeer, woorde, frases en selfs paragrawe onderstreep en kantaantekeninge gemaak. My vertroudheid met die inhoud van die boeke, asook insigte bekom tydens my literatuurstudie, het my in staat gestel om van die oop na ’n meer gestruktureerde koderingsraamwerk te beweeg. Ek het kodes aan woorde, sinne en paragrawe wat ’n openlike of verskuilde genderboodskap of ‑betekenis aan die leser oordra, toegeken. Daarna het ek verbandhoudende kodes gekategoriseer en tematies georganiseer. Twee algemene temas is geïdentifiseer: Topsy Smith se uitbeelding van seuns en mans en sy uitbeelding van vroue en meisies. ’n Derde verbandhoudende tema, die patriargale huisgesin, is ook geïdentifiseer.

4.4 Geloofwaardigheid van die studie

Die geloofwaardigheid van interpretatiewe studies word dikwels bevraagteken omdat daar nie feite nie, maar slegs interpretasies, in interpretatiewe navorsing bestaan (Bhattacharya 2012:467). Om die geloofwaardigheid van die ondersoek te verhoog, is gepoog om aan die volgende betroubaarheidstrategieë, wat deur Nieuwenhuis (2007:113–4) en Buzzanell (2018:796) aanbeveel word, te voldoen:

  • Openbaarmaking van die navorser se vooroordele: Dit is derhalwe belangrik dat ek my afkeer van geslagsgeweld en -diskriminasie, asook rassisme, onomwonde stel.
  • ’n Beskrywing van die navorsingsmetode in besonderhede sal dit vir kritici moontlik maak om leemtes in my navorsing bloot te lê en ander navorsers in staat stel om soortgelyke studies te onderneem. Die volgende is enkele gewilde Afrikaanse jeugboek-reekse waaraan aandag geskenk kan word: Bettie Naudé se Saartjie (1993)-, Cor Dirks se Uile- (1992) en Otters- (2010), asook Nerine Ahlers (2019) se Rietrotte-, Carina Diedericks-Hugo (2011) se Thomas@- en Maritha Snyman (2018) se Reënboogrant-reeks.
  • Weerhouding van veralgemenings: Kwalitatiewe navorsing het nie ten doel om algemene waarhede bloot te lê nie. Hierdie studie het die soeklig op sekere boeke van slegs een Afrikaanse skrywer uit die vorige eeu laat val.
  • Versigtig gekose aanhalings: Aanhalings speel ’n belangrike rol in die interpretasie van data. Ek het gevolglik gepoog om aanhalings binne verband te plaas en nie meer in aanhalings te lees as wat daarin staan nie.
  • Vergelyk bevindinge van huidige studie met soortgelyke, vroeëre studies.
  • Betroubaarheid en toeganklikheid van die data: Die agt omnibusse wat as data vir hierdie studie gebruik is, is vrylik in die handel en in die meeste biblioteke beskikbaar. Die inligting vervat in Tabel 1 is gebruik om na ’n spesifieke Trompie-boek in ’n spesifieke omnibus te verwys. Die teksverwysing “Omnibus 6.1, 2017:19” verwys byvoorbeeld na die eerste Trompie-boek wat deel vorm van Omnibus 6 (Trompie die sakeman, wat oorspronklik in 1956 verskyn het). Die bladsynommer (19) verwys na die bladsy in die spesifieke omnibus. Die omnibus, wat as data gebruik is, is in 2017 gepubliseer.

 

5. Navorsingsbevindinge en bespreking: Gendertemas in die Trompie-boeke

5.1 Tema 1: Topsy Smith se uitbeelding van seuns en mans in die Trompie-boeke

5.1.1 Tema 1.1: Trompie as versinnebeelding van die alfa-man

Kaufman (2015:1) definieer alfa-mans as diegene bo-aan die sosiale rangorde. Hierdie mans het op die oog af groter toegang tot mag, geld en lede van die teenoorgestelde geslag as ander mans (“beta-mans”). Hierdie toegang verkry hulle onder andere deur fisieke krag, intimidasie en oorheersing. Volgens Kaufman (2015:1) word alfa-mans dikwels as “regte” of “ware” mans beskryf. Uit onderstaande bespreking (temas 1.1.1 tot 1.1.6) sal dit onder andere blyk dat Trompie geweld en intimidasie gebruik het om sy magsposisie oor sy medelede van die Boksombende en ander seuns te vestig en in stand te hou.

5.1.1.1 Tema 1.1.1: Trompie, die leier van die Boksombende

Hegemoniese manlikheid gaan oor veel meer as die oorheersing van vroue deur mans; dit behels ook mans se oorheersing oor ander mans. Sodanige oorheersing is nie net die oorheersing van feministiese of verfynde mans deur chauvinistiese, oorheersende alfa-mans nie, maar ook die stryd tussen mans of seuns om die septer te swaai. Die verhouding tussen Trompie en sy medebendelede is tekenend van die stryd om die leierskapposisie.

In die eerste hoofstuk van die eerste Trompie-boek word Trompie aan die lesers voorgestel as ’n elfjarige baasspelerige graad 7-kind wat glo dat sy medebendelede hom slaafs moet navolg – hy wonder waarom lede van sy bende “deesdae so opstandig is … net verlede week moes hy Rooie met ’n taai klap stilmaak. Selfs klein Dawie wat hom altyd blindelings gevolg het, begin teëpraat en dit lyk vir hom Blikkies wil-wil ook astrant word” (Omnibus 1.1, 2020:15). Daar is altyd spanning tussen Trompie en die ander lede van die bende aan die begin van hul vergaderings omdat Trompie sy gesag as kaptein wil herbevestig (Omnibus 6.1, 2017:19; Omnibus 7.2, 2018:174; Omnibus 5.2, 2020:196; Omnibus 8.1, 2020:17). In ’n brief waarin hy die ander lede van die Boksombende kennis gee van ’n vergadering, skryf hy byvoorbeeld: “Sorg dat julle almal daar is. … En die een wat nie daar is nie – wel, hy sal nie net my vuis ruik nie” (Omnibus 7.2, 2018:170). Trompie se baasspelerige houding teenoor die lede van die bende blyk ook uit ’n nota waarin hy ’n vergadering belê. Hy beskryf homself in hierdie nota as “julle groot leier … die leier wat julle blindelings moet volg. Dié wat nie wil nie staan eenkant! Ek sal met julle afreken!” (Omnibus 1.1, 2020:64).

Dit is vir Trompie ’n gegewe dat hy blindelings deur sy bendelede gevolg sal word, want “[a]lmal weet tog hy is die sterkste en die beste. Elke keer wat hulle in die moeilikheid is, red hy hulle … En boonop klim hy die beste boom, gaps die meeste vrugte uit die Griekse oom Stavrinos se boord en spoeg verreweg die verste” (Omnibus 1.1, 2020:15–6; vgl. Omnibus 1.2, 2020:153 en Omnibus 1.3, 2020:271 vir soortgelyke uitsprake deur Trompie). Trompie verwys na die bendelede as sy “manskappe” (Omnibus 1.1, 2020:20). Hy dring daarop aan dat sy “manskappe … hom as kaptein moet aanspreek wanneer dit ’n amptelike vergadering is” (Omnibus 6.1, 2017:19). Indien van die lede dit sou waag om Trompie tydens een van hul “amptelike” vergaderings op sy naam te noem, word die skuldige dadelik oor die kole gehaal met ’n “ek is nie jou Trompie nie, verstaan?”, waarop die skuldige reageer met onder meer “[j]a, Kaptein” (Dawie) (Omnibus 1.1, 2020:66) en “[o]rraait dan – Kaptein” (Blikkies) (Omnibus 1.2, 2020:141). Trompie duld ook nie dat een van die lede van die Boksombende hom in die rede val tydens “amptelike” vergaderings nie (Omnibus 1.2, 2020:141). Tydens een so ’n vergadering “gluur” Trompie hulle aan en beveel hulle: “Hou nou julle smoele!” (Omnibus 1.2, 2020:153).

5.1.1.2 Tema 1.1.2: Oordrewe positiewe selfbeeld

Trompie het ’n oordrewe positiewe selfbeeld – “Ja-nee, boks kan hy goed. … hy is beslis ook ’n uithalerdanser. En sing kan hy definitief ook. … Hy is boonop ook ’n beeld van ’n man. As hy net sy pinkie lig, sal al die meisies agter hom aanhardloop. Hy weet hulle sal” (Omnibus 1.1, 2020:125). Sy gedagtegang is vermeng met dié van die skrywer wat melding maak van Trompie se “lomp danspassies” en vals gesingery in die sangklas (Omnibus 1.1, 2020:125). Volgens die verteller lewe Trompie “in ’n fantasiewêreld van sy eie” (Omnibus 2.3, 2020:280). Hy sien homself byvoorbeeld as ’n “beroemde speurder” wat die vlaag van fietsdiefstalle op Kwaggaberg, wat “die polisie so dronkslaan”, sal oplos (Omnibus 2.3, 2020:280). Trompie se verbeeldingsvlugte ken geen perke nie – hy gaan onder meer ’n beroemde skrywer (Omnibus 2.3, 2020:282), ruimtereisiger (Omnibus 5.1, 2020:15) en “die wêreld se beste vlieënier” word (Omnibus 8.3, 2020:243). Hy sien homself ook as Die Skim, “miskien nie dieselfde groot Skim nie, maar ’n kleiner een met sterk spiere. … Hy sien in sy verbeelding hoe hy deur die hemelruim vlieg” (Omnibus 8.3, 2020:268). Toe Trompie as lid van die leerlingraad verkies word, is dit net nog water op sy meul van selfbewondering. Daar is ’n “veraf blik in sy oë” toe hy selfvoldaan tot die volgende gevolgtrekking kom: “Hy gaan van nou af bekend staan as Trompie die leerderraadslid. Of sommer net: Trompie die leier” (Omnibus 4.2, 2021:173). Volgens Trompie is hy nou nie “sommer net ’n gewone ou nie. Hy is ’n gebore leier!” (Omnibus 4.2, 2021:175). Hierdie siening word deur die verteller herhaal: “Hy is ’n uitmuntende leerderraadslid” (Omnibus 4.2, 2021:247).

Nie al Trompie se dagdrome is van alle waarheid ontbloot nie – hy is ’n uitstekende sportman, is gewild onder die meisies, toon goeie speurvernuf en is, volgens die verteller, ’n goeie leerderraadslid. Die stem van die alomteenwoordige verteller dien egter as korrektief vir sekere van Trompie se verbeeldingsvlugte: Trompie is byvoorbeeld nié ’n begaafde voorsanger of ’n uitstekende danser nie. Hy sing vals en is onbeholpe en lomp op die dansbaan (Omnibus 1.1, 2020:125).

5.1.1.3 Tema 1.1.3: Voorkoms

Trompie se positiewe selfbeeld (tema 1.1.2) vind ook neerslag in sy beoordeling van sy voorkoms. In verskeie van die Trompie-boeke word melding gemaak van die feit dat Trompie dink hy is besonder aantreklik – “Hy knipoog vir homself in die spieël. Ja-nee, hy is ’n baie aantreklike ou” (Omnibus 5.3, 2020:232; vgl. ook Omnibus 8.3, 2020:286). Hierdie positiewe selfevaluering stem egter nie ooreen met die sienings van onder meer sy ma, Katrien, Rosa en die vroue van die gemeente nie (vgl. ook tema 2.2).

In al die boeke in die reeks word Trompie as slordig beskryf. In Trompie die stouterd kyk die leser na hom deur die oë van sy ma en sien ’n sproetgesigseun met ongekamde hare. Sy hemp hang altyd by sy broek uit, sy kouse lê op sy skoene en sy skoene se punte is ingeduik (Omnibus 1.2, 2020:147). Aan die begin van sy hoërskoolloopbaan het sy voorkoms nie veel verander nie (vgl. Omnibus 2.1, 2020:14). Sy slordige voorkoms word teenoor dié van ander seuns, onder meer die “skoon en netjiese” Pieter, gestel (Omnibus 1.2, 2020:146). Trompie kan nie glo dat Katrien reken Ben ou Pen is aantrekliker as hy nie. Katrien huiwer nie om Trompie te antwoord toe hy wil weet waarom sy so sê nie: “Jou neus is te plat, jou ore is te groot, jou hare is te lank en daar is te veel sproete op jou gesig” (Omnibus 6.2, 2017:153). Trompie is “kwaad en teleurgesteld [dat] Katrien dink ’n onooglike ou soos Ben is aantrekliker as die Boksombende se Grootkaptein” (Omnibus 6.2, 2017:153). Die vooraanstaande dames van die gemeente, waaronder die predikantsvrou, “kyk afkeurend na die slordige seun … die ongekamde boskasie, die hemp wat by die broek uithang en die kouse wat op die skoene lê” (Omnibus 6.2, 2017:163).

Slegs toe Hanno Breedt in Trompie se graad 10-jaar by Kwaggabergskool inskryf, begin Trompie oor sy voorkoms twyfel: “Voor Trompie die aand gaan slaap, trek hy eers sy atletiekbroekie aan en staan en bekyk homself voor die spieël. … Hy is nie baie tevrede met wat hy sien nie. Hy lyk maar klein en uitgeteer” (Omnibus 8.3, 2020:285).

Die voorblad van ’n boek het nie net bemarkingswaarde nie, dit hoort ook vir die leser of potensiële leser ’n blik op waaroor die boek handel en/of wie die hoofkarakter(s) is, te gee. Op slegs een van die agt omnibusse (Omnibus 4, 2021) se voorblad is daar ’n foto van die gesig van ’n jong seun. Dit lyk asof die seun, wat skynbaar gereed maak om te boks, ’n effense glimlag om sy mondhoeke het. Op die ander sewe voorblaaie pryk foto’s van die bolyf en/of onderlyf en bene van ’n goedgeboude seun in onder andere krieket- en rugbydrag. Die voorblaaie van hierdie omnibusse laat weinig twyfel by die potensiële lesers dat hulle kennis gaan maak met ’n selfversekerde, goedgeboude en sportiewe seun. Uit ’n rekenaarsoektog op WorldCat.org (WorldCat s.j.[a]; WorldCat s.j.[b]; WorldCat s.j.[c]), blyk dit dat die Trompie-figuur wat op die voorblaaie van vroeëre uitgawes van die Trompie-boeke verskyn het, ’n skraal, atleties geboude seun met ’n oormaat selfvertroue is. Dit wil dus voorkom asof die voorblaaie van die Trompie-boeke deur al die jare dieselfde boodskap aan lesers en potensiële lesers oorgedra het: Trompie is die versinnebeelding van die alfa-man.

5.1.1.4 Tema 1.1.4: Die intellektuele vermoëns van die alfa-seun, Trompie

Die skrywer skryf tong in die kies oor Trompie se intellektuele vermoëns en sy oormaat selfvertroue in sy eie intellek. Hy verloor byvoorbeeld gou belangstelling gedurende klasse en dagdroom oor sy prestasies of toekomstige prestasies. Indien hy uitgevang word, probeer hy om die omstandighede te beredder deur voor te gee dat hy weet waarvan die onderwyser gepraat het. Toe die geskiedenisonderwyser byvoorbeeld vir hom vra waaroor die les handel, staar Trompie “peinsend” voor hom uit en sê die antwoord is “op die punt van my tong, Meneer” (Omnibus 1.3, 2020:269). Wiskunde is volgens die verteller “een van Trompie se swak vakke. Hoewel sy punte in die laerskool altyd beroerd was, meen Trompie nogtans hy is slim met ‘somme en sulke klas goeters’”. Gevolglik sit en dagdroom hy omdat hy reken hy “kan dit baie vinniger as die res van die klas doen” (Omnibus 2.1, 2020:71). Sy ongeërgde houding teenoor skoolwerk en sy vertroue in sy eie intellek word treffend beskryf in sy voorbereiding vir die finale graad 8- (vgl. Omnibus 2.3, 2020:273) en graad 10-eksamen (vgl. Omnibus 5.1, 2020:21). Sy misplaaste selfvertroue word deur die skrywer aan die kaak gestel deur die draak met Trompie se swak Engels te steek. Wanneer die Engelse onderwyseres by geleentheid vir hom vra wat skort, antwoord hy haar: “Nuttink really important, Miss” (Omnibus 5.3, 2020:229). Hy sê wel vir die onderwyseres dat hy “plenty trôbels” het (Omnibus 5.3, 2020:230). Volgens die verteller hou Trompie daarvan om Engels te praat, want “hy glo hy gooi Engels sommer propperlies” (Omnibus 5.3, 2020:230). Trompie se Engels kom krom en skeef uit – tot groot vermaak van sy klasmaats. Hy het egter geen insig in die feit dat hulle vir sy swak Engels lag en nie vir wat hy as pittige kwinkslae beskou nie (Omnibus 2.1, 2020:65; Omnibus 2.3, 2020:276).

Trompie staan vyftiende uit 31 leerders aan die einde van sy graad 8-jaar. Hy is in sy skik met die eerste sin wat sy klasonderwyser op sy rapport geskryf het: “Trompie is ’n skrander leerder”. Hy wys die sin vir almal in die klas wat wil kyk, maar hou sy hand oor die laaste twee sinne onder aan sy rapport: “As gevolg van sy woeligheid in die klas, sy onoplettendheid en sy laksheid behaal hy slegs die 15de klasposisie” (Omnibus 2.3, 2020:350). Dapperheid, gewildheid en prestasies op die sportveld is van meer waarde vir die alfa-seun as akademiese prestasie. Dit beteken egter nie dat die alfa-seun as dom uitgebeeld word nie; “hy was heel intelligent” (Omnibus 8.3, 2020:312). Jeuglektuur wat na die bewindsaanvaarding van die Nasionale Party verskyn het, het Afrikanermans nie net as boere en jagters uitgebeeld nie, maar ook as regsgeleerdes, bankbestuurders, mediese dokters en skrywers (vgl. Bester en De Villiers 1992:178). Die Afrikanerseuns van die 1950’s is dus as die leiers van die toekoms voorgehou (vgl. tema 1.1.2).

5.1.1.5 Tema 1.1.5: Strewe na gewildheid

Nie net glo Trompie hy is die beste nie (tema 1.1.2), maar hy wil ook die gewildste onder sy medeleerders en volwassenes wees. Ten spyte van sy egosentriese houding is Trompie gewild onder sy medeleerders: “Trompie is deesdae sommer ’n groot kokkedoor onder die graadagtseuns by die hoërskool. Daar is altyd ’n groep wat met hom wil gesels of saam met hom, Rooie, Blikkies en Dawie wil speel” (Omnibus 2.1, 2020:83). Na Trompie se wedervaringe met die fietsdiewe besluit hy om die volgende dag skool toe te gaan, hoewel sy ouers gesê het hy kan tuis bly. “By die skool sal almal na hul asem snak wanneer hulle die verband om sy kop sien. Hy sal sy storie vandag baie keer moet herhaal” (Omnibus 2.3, 2020:317). Nadat die skoolhoof by geleentheid die leerders ingelig het dat die gerugte dat Trompie skuldig was aan diefstal van alle waarheid ontbloot was, is “Trompie gewilder as ooit by die skool [en] die graadagts kyk met heldeverering in hulle oë na hom” (Omnibus 4.2, 2021:247).

Dit blyk uit die data dat buitestanders, hetsy nuwe intrekkers of seuns wat ’n skoolvakansie op Kwaggaberg vertoef, ’n bedreiging vir Trompie se gewildheid inhou (vgl. Omnibus 1.2, 2020:141). Trompie is bang hy sal “sy posisie as die Kwaggabergers se held” verloor toe die begaafde Hanno Breedt as leerder by die skool inskryf (Omnibus 8.3, 2020:283). Trompie is duidelik jaloers op Hanno: “Hy wens hy het sy hare ook vanoggend netjies gekam en sy vingers nie net vinnig deur sy boskasie getrek voor hy sy pet windmakerig skeef op sy kop gesit het nie” (Omnibus 8.3, 2020:299).

5.1.1.6 Tema 1.1.6: Die “ideale” seun

In twee van die Trompie-boeke, naamlik Trompie die leier en Trompie die reisiger, kry die leser ’n blik op wat in die 1950’s as die “ideale” seun voorgehou is. In ’n hoofstuk met die titel Die hoop van die toekoms (Omnibus 4.3, 2021:402) word Trompie deur een van die organiseerders van Jeugdagfeesvieringe gevra om saam met ander jongmense op ’n sierwa deur Kwaggaberg se strate te ry. Terwyl Trompie homself in ’n spieël bewonder, dink hy terug aan hoe die vroue gepraat het “van die optimistiese kyk in sy oë, sy kompakte figuur en sy waterpas skouers as hy regop staan” (Omnibus 4.3, 2021:402). Die oggend ry hy deur die strate “op ’n vlot met ’n groot landsvlag en baniere waarop “Die Hoop van die Toekoms” staan (Omnibus 4.3, 2021:402) en die aand verskyn hy op die verhoog tydens ’n konsert waar ’n man ’n gedig oor “die jeug wat die hoop van môre is” voordra (Omnibus 4.3, 2021:405). Hierdie hoofstuk is ’n vermenging van Afrikanernasionalisme tydens die apartheidsera (Trompie sê vir sy medebendelede: “My volk het my nodig!” [Omnibus 4.3, 2021:285] en dra ’n veelkleurige onderbaadjie en ’n groot rooi sakdoek om sy nek wat herinner aan Voortrekkerdrag) en ’n post-apartheidsvakansiedag (Jeugdag) (Omnibus 4.3, 2021:402).

Trompie neem deel aan en wen ’n kompetisie wat deur Kaapstad se Toerismeraad en ’n koejawelfabriek geborg word. Die borge soek na “die tipiese Suid-Afrikaanse seun” tussen die ouderdomme van dertien en sestien jaar (Omnibus 7.3, 2018:247). Aanvanklik wil hy nie deelneem nie. Hy vra homself af: “Hoe lyk ’n tipiese Afrikaanse seun? Hy is mos maar so gemaak en so gelaat staan” (Omnibus 7.3, 2018:276). Die beoordelaars van die koejawelkompetisie nader die plaaslike predikant om meer oor Trompie uit te vind. Die predikant beskryf Trompie soos volg: “… ’n tipiese Suid-Afrikaanse seun, vol lewenslus en streke, maar eerlik en opreg. Hy beland wel dikwels in die moeilikheid, maar dit is nooit ernstige moeilikheid nie. Trompie is ’n seun uit een stuk” (Omnibus 7.3, 2018:323).

Smith se 1950’s-uitbeelding van Trompie, die alfa-seun (temas 1.1.1–6), stem ooreen met die stereotipiese uitbeelding van mans en seuns deur vele Amerikaanse jeugboekskrywers (vgl. 2.1, in die besonder navorsingsbevindinge deur Williams e.a. 1987:152; Turner-Bowker 1996:463; Diekman en Muren 2004:376; Taber en Woloshyn 2011:230–39). Smith se uitbeelding van Trompie as die alfa-seun stem voorts grootliks ooreen met ander Afrikaanse jeugboekskrywers se uitbeelding van seunskarakters (vgl. 2.2, in die besonder navorsingsbevindinge deur De Villiers en Bester 1992:178; Nieman en Hugo 2004:1–14; Geldenhuys en Anker 2018:362). Seunskarakters in baie van die jeugboeke is intelligente, dapper, heroïese leiers wat opwindende avonture beleef en meisies en diere red. Hulle is onafhanklik, mededingend en aggressief, beskik oor ’n positiewe selfbeeld en baie selfvertroue, kan hulleself in moeilike omstandighede laat geld en streef na beroepe wat aansien en verdere opleiding vereis. Voorts is hulle gewild en geniet hulle aansien onder sowel volwassenes as kinders van beide geslagte.

5.1.2 Tema 1.2: Verfynde of gekultiveerde seuns of mans

Die Trompie-boeke gaan oor seuns en is hoofsaaklik vir seuns geskryf. Dit is dus verstaanbaar dat die protagonis nie net vroue en meisies (vgl. temas 2) nie, maar ook seuns, in die besonder diegene wat nie aan die kriteria van manlikheid voldoen nie (vgl. tema 1.1.6 vir ’n beskrywing van die “ideale” seun), afkraak. Die teenpool vir die manlike Trompie is Dawie. Dawie word as “hoogs intelligent” beskryf (Omnibus 8.1, 2020:14). Daar is verwysings na Dawie se “piepstem” (Omnibus 1.2, 2020:205), “piepstemmetjie” (Omnibus 2.1, 2020:50) en sy “skril stemmetjie” waarmee hy “Help! Help!” skree terwyl hy verskrik op ’n verbouereerde donkie, wat op volle vaart hardloop, ry (Omnibus 3.1, 2020:23). Rooie en Trompie is neerhalend teenoor Dawie omdat hy die standpunt huldig dat ’n mens nêrens in die lewe sal kom sonder om te leer nie. Trompie koggel hom: “Mamma se babatjie hou van skool” (Omnibus 2.3, 2020:271). Dawie steur hom egter nie veel aan sy vriende se “belaglike” redenasie dat skool afgeskaf moet word nie: “Hulle verdien nie sy ernstige aandag nie” (Omnibus 2.3, 2020:271). Volgens Trompie word Dawie “heeltemal te ernstig met sy skoolwerk en hy het boonop begin om hier by die hoërskool tennis te speel” (Omnibus 2.1, 2020:71; vgl. ook tema 1.6).

Wynand Roux en Hanno Breedt word as gekultiveerde, intelligente seuns uitgebeeld. Hulle het egter voete van klei en is nie in staat om hulleself te laat geld teen die hegemonies manlike leier, Trompie, nie. Wynand Roux word as ’n teenpool van Trompie geskets: “Hy is altyd netjies uitgevat … hy hou nie van rowwe speletjies soos rugby nie. Hy hou glo van die skone kunste … Verder is Wynand ook ’n boekwurm” (Omnibus 8.1, 2020:90). Tot groot ontsteltenis van die Boksombende sê Wynand dat hy “rugby as benede ’n opgevoede persoon se waardigheid” beskou (Omnibus 8.1, 2020:97). Hy is altyd “in netjiese klere uitgevat. Sy kouse is tot onder sy knieë opgetrek … Sy hare blink en is met ’n paadjie aan die een kant gekam. Daar is nie ’n haar op sy kop uit sy plek nie” (Omnibus 8.1, 2020:95). Wynand is ’n doring in Trompie se vlees. Dus konfronteer Trompie vir Wynand oor sy neerhalende opmerkings oor rugby, waarop Wynand in ’n “bewende” stem om verskoning vra toe hy besef dat Trompie nie sal huiwer om geweld teen hom te gebruik nie (Omnibus 8.1, 2020:99). Hoewel Wynand nie ’n belangrike karakter in die Trompie-boeke is nie, beklemtoon die onderonsie tussen hom en Trompie weereens die alfa-man of -seun se oorheersing oor die nie-hegemoniese, verfynde man.

Hanno Breedt is vir Trompie ’n enigma – hy lees graag (selfs pouses), praat suiwer Afrikaans, maar is ook ’n uitstekende atleet en rugbyspeler. Volgens Trompie het “daai ou … ’n skroef los” (Omnibus 8.3, 2020:301) en is Hanno “besig … om verkeerde dinge in die Kwaggabergers se koppe te prop” (Omnibus 8.3, 2020:303). Trompie vrees dat sy gewildheid ’n knou gaan kry. “Hy voel half naar op sy maag. Hier begin sy troon al klaar wankel. Selfs Dawie praat nou met heldeverering in sy oë van Hanno” (Omnibus 8.3, 2020:311). Die alomteenwoordige verteller het die volgende oor Hanno en Trompie te sê: “Hanno is besonder gewild in die skool. Hy is ’n boekwurm, maar ook ’n briljante atleet. Trompie is nie juis ’n boekwurm nie – hy lees mos eintlik net strokiesverhale – maar hy is ook heel intelligent en ’n briljante atleet” (Omnibus 8.3, 2020:312). Hanno se optrede tydens die jaarlikse atletiekbyeenkoms by Kwaggaberg Hoërskool word egter negatief geskets: “Die seuns gaap Hanno oopmond aan. Hulle het nog nooit sulke ongelooflike selfvertroue teëgekom nie” (Omnibus 8.3, 2020:323). Blikkies noem hom ’n “windlawaai” (Omnibus 8.3, 2020:323). Trompie wonder of ’n “ou wat omtrent bars van verwaandheid so ’n goeie atleet kan wees” (Omnibus 8.3, 2020:323). Hoewel Hanno vir Trompie in die verspring gewen het, wen Trompie twee eerste plekke in die naellope en ’n tweede plek in die verspring. Hy ontvang ook die Victor Ludorum-beker. Weereens is Trompie die gewildste en beste: “Almal praat net van hulle dorp se wonderlike atleet wat vir die Kaapse kampioen gewys het waar Dawid die wortels gegrawe het” (Omnibus 8.3, 2020:333). Deur Hanno as ’n held met voete van klei uit te beeld, herbevestig die skrywer die idee dat manlike leiers nie “sissies [is] … wat musiek as vak doen en oor kuns en sulke goed praat” nie (Omnibus 8.3, 2020:282). Die skrywer beklemtoon dus die ongelyke verhouding tussen die hegemoniese manlike leier (Trompie) en seuns wat nie aan die oorheersende groep behoort nie.

Terwyl die veelsydige Hanno skynbaar voete van klei het, word daar goedkeuring verleen aan Trompie se deelname aan aktiwiteite wat as verfynd beskou kan word. Belangstelling in die uitvoerende kunste word reeds in die eerste Trompie-boek gestel as strydig met Trompie se siening van wat ’n seun mag doen. Tydens ’n oudisie vir ’n skoolkonsert kyk die lede van die Boksombende “met afkeer” na Arnold, wat die hoofrol gekry het (Omnibus 1.1, 2020:106). Dawie wou graag in hierdie toneelstuk speel, maar hy was bang dat Trompie hom sou “kortvat” omdat sodanige deelname sou neerkom op ’n “belediging en ’n vernedering” vir die Boksombende. Gevolglik neem Dawie nie aan die oudisie deel nie (Omnibus 1.1, 2020:107). Maar wanneer dit Trompie pas en daar geld by betrokke is, is hy betrokke by ’n blommerangskikkingkompetisie (Omnibus 4.2, 2021:249), reël en neem hy deel aan ’n konsert in hul sitkamer (Omnibus 1.2, 2020:241) en vertolk hy die rol van ’n sterwende seun in “die beroemde Sebastiaan Zwiegers se toneelgeselskap … se hartroerende drama” (Omnibus 3.3, 2020:377). Hierdie deelnames word egter gemotiveer: Die moontlikheid om ’n ekstra geldjie te verdien, en nie ’n belangstelling in onder meer blommerangskikking, wat hy ’n “meisiekindaffêre” noem (Omnibus 4.2, 2021:249), of die skone kunste (Omnibus 1.2, 2020:241; Omnibus 3.3, 2020:377) nie, is die dryfveer.

5.1.3 Tema 1.3: Geweld is die oplossing vir byna alle probleme

Gewelddadige botsings tussen seuns is ’n belangrike wyse waarop hulle hul oorheersing oor ander seuns vestig en herbevestig (vgl. 3). In byna al die ontlede Trompie-boeke is van die lede van die Boksombende in ’n vuisgeveg met medeleerders, gewoonlik nuwelinge, betrokke om onder meer vir hierdie nuwelinge “te leer” wat aanvaarbare gedrag is en wie die toon onder die portuurgroep aangee. Dit beteken egter nie dat die Boksombende die gevegte begin nie. Inteendeel, dit wil voorkom asof hulle eers die antagoniste se uitlokkende gedrag en aanmerkings probeer ignoreer, soms in so ’n mate dat die ander bendelede en hul medeleerders die protagoniste as swakkelinge beskou. So ignoreer Rooie byvoorbeeld, tot groot ergernis van die ander drie lede van die Boksombende, Barend (’n nuwe leerder) se aanmerkings dat hy ’n “skorriemorrie en ’n skobbejak” is (Omnibus 4.2, 2021:273). Eers ná ’n bendevergadering, waartydens Rooie as ’n bangbroek uitgekryt word, en wanneer Barend dreig om Rooie in die water in te stamp, breek ’n “geveg duisend” uit. Ben ou Pen, ’n nuweling in die skool, maak openlik vir Katrien ogies en gryp elke geleentheid aan om Trompie te tart, in so ’n mate dat selfs Dawie vir hom sê hy is “siek” vir Trompie se vredeliewende houding (Omnibus 6.2, 2017:184) en sy klasmaats skimp dat Trompie “sy mamma se soet seuntjie is” (Omnibus 6.2, 2017:186). Die strooi wat die kameel se rug breek is toe Ben mompel dat die hoof nie vir Trompie oor die padda-insident gestraf het nie “omdat hy natuurlik soos ’n lafaard in die kantoor op sy knieë gegaan en die hoof om genade gesmeek het” (Omnibus 6.2, 2017:189). Toe Trompie hom uitdaag om hom die middag by die fietsrakke te ontmoet, vra Ben “skrikkerig en bleek” om verskoning en herwin Trompie sy aansien onder sy klasmaats (Omnibus 6.2, 2017:194).

Voorgemelde beteken egter nie dat die skrywer die Boksombende as vredeliewende seuns uitbeeld wat geweld ten alle koste probeer vermy en slegs as die laaste uitweg sien as niks anders help nie. In hul daaglikse omgang met mekaar of ander kinders is die lede van die Boksombende bra geniepsig: “Trompie se groep … loop mekaar en stamp en pootjie. Die speletjie word al hoe wilder. … Dit is nou hulle vier teen al die ander … [hulle] hou hulle hande styf voor hulle vas en loop mekaar dan met die skouer storm … Twee seuns loop Trompie tegelyk storm en vang hom onkant. Hy … trek soos ’n vrot vel deur die lug en slaan op die stowwerige grond neer. Trompie kom dadelik weer laggend op die been” (Omnibus 4.2, 2021:159). Die lede van die Boksombende val hul medeleerders ook gereeld met handevol akkers aan wanneer dié dit waag om pouses naby die ou akkerboom waar die bende sit, verby te loop (Omnibus 3.3, 2020:282).

Die vuisgevegte onder die seuns word in besonderhede beskryf. Een voorbeeld is voldoende: “Die twee frisgeboude, sterk seuns staan nou botstil en moker mekaar! Daar is nie iets soos mooi voetwerk en ’n blaaskans nie. Elke hou is raak en elke enkele een maak seer. Dit gaan ’n geval wees van wie die taaiste is en die langste kan aanhou slaan” (Omnibus 4.2, 2021:278). Daar was selfs ’n erkende manier, bestaande uit twee stappe, onder seuns, ook dié woonagtig in Kwaggaberg, gedurende die 1950’s om mekaar die stryd aan te sê. Die eerste stap is om mekaar tot ’n vuisgeveg uit te daag deur iemand “kesj te gee”. Hierdie uitdaging het gewoonlik gepaard gegaan met ’n ligte vuishou op die bolyf of arm (Kritzinger, Pienaar en De Villiers 1927:68). Die tweede stap is om ’n streep in die grond te trek en te sê: “Trap oor daai streep en ek tik jou dik” (Omnibus 8.1, 2020:70).

Dit blyk uit die data dat geweld, oftewel ’n bakleiery tussen van die seuns, die oplossing vir baie probleme is. Gewelddadige optrede het nie net aan Trompie mag óór ander seuns gegee nie, maar het ook áán hom mag verskaf. Foucault (1980:102) se siening dat mag beide beide positief en negatief kan wees, word deur hierdie studie bevestig. Uit onderstaande voorbeelde blyk dit dat die Kwaggaberggemeenskap moeilik van ongewenste boeliegedrag en diefstal ontslae sou kon raak indien Trompie nie aan homself mag oor ander toegeëien het nie. (1) ’n Leierskapstryd tussen Trompie en Rooie loop uit op ’n woeste vuisgeveg tussen die twee seuns. Trompie “voel trots, [want] hy het Rooie goed op sy plek gesit. Nou kan hulle weer maats wees” (Omnibus 1.1, 2020:103). In die daaropvolgende Trompie-boeke word gereeld na dié vuisgeveg verwys. Rooie “gedra hom mooi nadat Trompie hom laasjaar ’n blouoog gegee het en probeer nie meer oorneem as Kaptein van die Boksombende nie” (Omnibus 1.2, 2020:141). (2) Nadat Trompie vir Freek, ’n boelie, goed afgeransel het, het “die ou sy geboelie heeltemal gelos” (Omnibus 1.3, 2020:397). (3) Nadat Trompie vir Riet, die koshuisboelie, ’n goeie drag slae gegee het, is die strydbyl tussen die Boksombende en Riet en sy koshuisvolgelinge begrawe. Deur geweld met geweld te beantwoord herstel Trompie die magsbalans (Omnibus 2.1, 2020:55). (4) Trompie gee ook vir Barend Brits, ’n boelie wat Asjas, ’n laerskoolseun, se eiendom gesteel het en hom weggestamp het toe dié vir Barend gesmeek het om sy goed terug te gee, ’n goeie drag slae toe dié boonop ontken dat hy van Trompie-hulle se eiendom gesteel het (Omnibus 6.1, 2017:110). Weereens is geweld ’n kitsoplossing, want Barend “sal nou twee keer dink voor hy iemand weer boelie” (Omnibus 6.1, 2017:111). (5) Nadat Trompie vir Jorrie, ’n boelie, in ’n “geveg duisend” gewen het (Omnibus 5.1, 2020:71), blyk dit dat “die loesing hom [Jorrie] sowaar ’n les geleer het. Hy los sy streke om ander af te knou en is baie vriendeliker” (Omnibus 5.1, 2020:79).

5.1.4 Tema 1.4: Lyfstraf

Die Trompie-boeke het die eerste keer gedurende die vyftigerjare van die vorige eeu verskyn. Oor die meer as 70 jaar wat die Trompie-boeke uitgegee en herdruk en in ’n mate verander is om met veranderende tye tred te hou (vgl. 4.2), het standpunte en wette oor lyfstraf verander (Lenta 2020:185–92). Die doel van hierdie artikel is nie om kritiek oor hierdie vorm van dissiplinering te lewer nie, maar om lig te werp op seuns se hantering van lyfstraf as ’n teken van hul manlikheid. Uit die lees van die boeke lyk dit asof lyfstraf algemeen in Kwaggaberg se skole voorkom. Die onderwysers dreig die leerders ook gereeld met lyfstraf. “Ek slag julle velle van julle lywe af! Hoor julle my” (Omnibus 5.3, 2020:231) is ’n waarskuwing wat die kinders dikwels hoor.

Seuns wat oortree, word dikwels deur die skoolhoof of onderwyser voor ’n keuse gestel: óf detensie óf lyfstraf (Omnibus 1.2, 2020:172; Omnibus 3.3, 2020:276). Sonder uitsondering verkies die seuns lyfstraf (Omnibus 1.2, 2020:174; Omnibus 2.1, 2020:80; Omnibus 8.1, 2020:112). By geleentheid stel die skoolhoof Trompie en Rooie voor die keuse: lyfstraf of hulle mag vir die eerste twee weke van die rugbyseisoen nie saam met hul span oefen nie. Die twee seuns kies onmiddellik lyfstraf (Omnibus 6.3, 2017:255). Die wyse waarop ’n seun lyfstraf hanteer, is ’n versinnebeelding van sy manlikheid. Nadat Trompie byvoorbeeld ’n drag slae by die hoof gekry het, kan hy nie wag om te kyk hoe sy “wonde” lyk nie. Hy vertel trots vir twee graad 8-seuns dat hy “vandag vier van die bestes by die hoof gekry” het. Die twee seuns snak na hul asem en wil weet of Trompie gehuil het. Sy antwoord: “Natuurlik nie! … Dit was seer, maar ek het soos ’n man rotsvas gestaan” (Omnibus 6.3, 2017:271).

Lyfstraf word in fyn besonderhede beskryf: “[Trompie] hoor die houe duidelik – die lat swiep eers deur die lug en dan is daar ’n skerp fluitgeluid soos dit Rooie se agterstewe tref … Rooie kom uit … Rooie se oë blink, maar hy huil nie. Trompie stap in. Ou Bles [’n onderwyser] staan en slaan ’n paar houe deur die lug … ‘Buk!’ Trompie maak so. Hy knyp sy oë styf toe. Ondervinding het hom geleer dit help as jy aan iets anders dink” (Omnibus 3.3, 2020:291). Daar word ook vertel van die swiepgeluid as die skoolhoof die rottang deur die lug swaai om sy arm los te maak sodat hy die seuns “behoorlik kan looi” (Omnibus 6.3, 2017:255).

Nie net die onderwysers nie, maar ook ouers dien lyfstraf toe. Nadat Trompie ’n pak slae by die skool gekry het omdat hy die hoof oor die interkom nagemaak het, besluit hy dat hy liewer nie vir sy ouers van sy straf sal vertel nie, want “netnou gee sy pa hom dan sommer ook ’n loesing” (Omnibus 6.3, 2017:269). Toe Trompie sonder sy ouers se toestemming ’n konsert in hul sitkamer hou, is sy pa woedend. “Meneer Toerien stamp Trompie dat hy op ’n stoel neerval. … Vandag slaan ek jou dat jy vir ’n week nie kan sit nie” (Omnibus 1.2, 2020:241). Trompie se pa slaan hom met ’n leerlyfband (Omnibus 7.3, 2018:264). Uit die beskrywing van Trompie se reaksie op die lyfstraf, is dit duidelik dat dit seer was: “Hard klap die eerste hou en Trompie skree: ‘Eina, Pa! Dit was seer!’ … Nog ’n hou val en nog een en nóg een!” (Omnibus 1.2, 2020:242). Ook Rooie vrees, nadat die seuns ’n venster met ’n krieketbal gebreek het, dat sy pa sy “velle van [sy] lyf sal aftrek” (Omnibus 5.2, 2020:163).

Lyfstraf is nie die enigste vorm van fisieke dissiplinering waaraan die seuns blootgestel is nie. Toe Trompie in die Afrikaansklas teken in plaas van sinne neerskryf, wil die onderwyser hom ’n “oorveeg” gee en spring Trompie net betyds weg (Omnibus 5.3, 2020:250). Ou Pottie, die wiskundeonderwyser, laat die leerders wiskundeprobleme op die swartbord doen, maar het die “manier om suutjies agter ’n ou te kom staan en jou kop dan skielik hard teen die bord vas te druk as jy sukkel om iets reg te kry” (Omnibus 6.2, 2017:128). Toe die skoolhoof op Trompie en Rooie afkom in die personeelkamer waar hulle gekskeer oor die interkom, skuif Rooie agter Trompie in, want hy is bang die hoof “begin klappe uitdeel” (Omnibus 6.3, 2017:249). Meneer Botha, die Afrikaansonderwyser, pluk by geleentheid met sy duim en wysvinger aan Trompie se hare (Omnibus 7.1, 2018:34).

Uit Trompie die krieketspeler blyk dit aanvaarbare praktyk te wees dat selfs volwassenes wat nie ’n kind se ouer of versorger of ’n onderwyser is nie, kinders tugtig. Trompie moet byvoorbeeld tuinwerk doen omdat hy een van meneer Moerdyk se dahliablomme geskop het (Omnibus 5.2, 2020:124). Die plaaslike predikant besluit daarteen om die lede van die Boksombende te straf nadat hulle klippe op die kerksaal se dak gegooi het, want hy “besef hulle het dit nie met opset gedoen nie” (Omnibus 5.2, 2020:192). Tydens ’n besoek aan Johannesburg is Trompie en sy medebendelede bang ’n vreemde man sal “miskien begin klappe uitdeel” (Omnibus 7.1, 2018:110). Die lede van die Boksombende is ook versigtig vir die plaaslike sersant en sorg altyd dat hulle “buite trefafstand [is] … ingeval hy miskien sommer klappe begin uitdeel” (Omnibus 7.2, 2018:205).

Dit blyk uit van die vele beskrywings van hoe die lede van die Boksombende op erge lyfstraf en ander vorms van fisieke dissiplinering deur hul onderwysers, ouers en selfs lede van die gemeenskap reageer, dat dit ’n belangrike bewys van seuns se manlikheid is. In haar bespreking van Van de Ruit se Spud-boeke het Robertson (2010:114) ook bevind dat lyfstraf as sodanig en dit wat daarop volg – vriende se bestudering van die rottangmerke en selfs ’n vergelyking van die verskillende seuns se merke – deel van die kameraderie tussen seuns en ’n bewys van hul manlikheid en krag is. Kwaggaberg se seuns se byna gelate aanvaarding van lyfstraf wys op die belangrike rol wat magstrukture in jeugverhale speel. Magstrukture is alomteenwoordig en kom onder andere tot uiting in die magstryd tussen die adolessent aan die een kant en die skool, ouerhuis, wetstoepassers en gemeenskap aan die ander kant (Trites 2001:473).

5.1.5 Tema 1.5: Boeliegedrag

In verskeie van die verhale word aandag aan boeliegedrag geskenk (vgl. ook tema 1.3). In onderstaande bespreking word aandag aan die boeliegedrag van drie seuns – Freek, Wouter en Jorrie – geskenk. Hierdie drie boelies en hul slagoffers word, soos blyk uit onderstaande paragrawe, gestereotipeer. Boelies is gewoonlik nuwelinge wat ouer, groter en sterker as hul slagoffers is. Hulle is skynbaar ook dom, eensaam en teruggetrokke en ly dikwels aan ’n minderwaardigheidskompleks. Voorts is boelies gemeen en put hulle genot daaruit om te lieg en te bedrieg. Daarteenoor word die slagoffers van boelies as tingerig, verskrik en magteloos beskryf (vgl. Olweus 1994:1178–81; Morales, Yubero en Larraňaga 2016:169–73; De Wet, Reyneke en Jacobs 2020:516–7 vir navorsingsbevindinge oor die kenmerke van tipiese boelies en hul slagoffers). Uit onderstaande paragrawe kom nie net vele kenmerke van tipiese boelies en hul slagoffers na vore nie, maar ook een van die wesenskenmerke van boeliegedrag, naamlik die wanbalans tussen die boelie en die slagoffer (Olweus 1994:1174). Die slagoffer wat aan herhalende negatiewe optrede deur die boelie onderwerp word, het weinig, indien enige, kans om hom- of haarself teen hierdie negatiewe optrede te verdedig. Hierdie wanbalans tussen die boelie en sy of haar slagoffer is volgens Mayeza en Bhana (2021:2) tekenend van Connell (1995:77) se hegemoniese manlikheidsteorie (vgl. 3): Boelies kan deur negatiewe fisieke, psigiese of mondelinge gedrag hul oorheersing oor hul slagoffers vestig en in stand hou.

Freek, ’n nuweling in Kwaggaberg, word as ’n kenmerkende boelie beskryf. “Hy soek aanhoudend stry en knou die kleiner outjies af … Hy het Dawie sommer die eerste dag al gestamp dat hy soos ’n vrot vel deur die lug trek” en vir Dawie “onder sy jis geskop”. Voorts vergader Freek ’n klomp kinders om hom. Die ongeveer twaalf kinders het die lede van die Boksombende met klippe bestook en gedreig om hulle te “foeter” (Omnibus 1.3, 2020:390). Freek word as dom maar sterk beskryf – hy is twee jaar ouer as sy klasmaats en so sterk “soos ’n sterk jong leeu” (Omnibus 1.3, 2020:391). Hy is uitdagend en lok konfrontasie uit. Hy pootjie vir Trompie en erken uitdagend dat hy dit gedoen het. So dwing hy ’n vuisgeveg met Trompie af (Omnibus 1.3, 2020:394). Nadat Trompie Freek behoorlik afgeransel het, verander Freek in ’n stil, eensame en teruggetrokke seun (Omnibus 1.3, 2020:397). Uit ’n vertroulike gesprek tussen die skoolhoof en Trompie, waarin die skoolhoof Trompie vra om Freek onder sy vlerk te neem, blyk dit dat Freek aan ’n minderwaardigheidskompleks ly. Dit is die rede waarom “hy hom eers soos ’n buffel gedra het” (Omnibus 1.3, 2020:398).

Toe Wouter, ’n besoeker uit Johannesburg, met sy aankoms in Kwaggaberg amok op die dorp maak deur sy boeliegedrag, kuier Trompie op ’n plaas wat aan Jan van Dyk, ’n kêrel van Anna, se ouers behoort. Wouter is ’n “tamaai groot kêrel … van … amper sewentien”. Hy “maak elke dag amok by die kloofdam … Hy hiet en gebied almal links en regs, en ouens moet sy bevele uitvoer of hy gee hulle lelik opdraand … Hy is so sterk soos ’n leeu en hy is so groot soos … [Trompie se] pa” (Omnibus 2.3, 2020:374). “Arme Pieter”, ’n seun vir wie Trompie swemlesse gegee het, het een middag amper verdrink omdat Wouter hom “aanhoudend gedoop” het. Aanvanklik, toe Trompie se maats hom van die afknouery vertel, wil hy nie betrokke raak nie, “want dit het eintlik niks met ons te doen nie” (Omnibus 2.3, 2020:374). Hierdie distansiëring van Trompie van die boeliegedrag is kenmerkend van die toeskouers in die driehoekverhouding (boelie, slagoffer en toeskouers). Eers toe Trompie hoor dat die lede van die Boksombende ook deur Wouter afgeknou word en dat Wouter vir Boesman, Trompie se hond, in die ribbes geskop en met klippe gegooi het, staan Trompie op teen die boelie. Hy is egter nie bestand teen Wouter se vuiste nie. Op die ou einde val hy en die ander lede van die Boksombende Wouter saam aan en “drie gelukskote beëindig die geveg net so vinnig as wat dit begin het” (Omnibus 2.3, 2020:380). Die vier-teen-een-vuisgeveg het tot gevolg dat Wouter “so mak soos ’n lammetjie is” en beloof om sy afknouery te stop (Omnibus 2.3, 2020:81).

Jorrie Jordaan, ’n nuweling uit die Vrystaat, is ’n “groot en fris” boelie. Trompie en Jorrie het onmiddellik ’n weersin in mekaar. Jorrie versprei leuens oor Trompie in ’n poging om dié se aansien onder sy medeleerders te vernietig. Volgens die stories is Trompie “so verlief soos ’n afkop hoender” op Orgina Gous (Omnibus 5.1, 2020:33). Jorrie gaan uit sy pad om Trompie uit te lok – hy blaas Trompie se fiets se bande af en pootjie hom in die gange. Toe dit nie tot konfrontasie lei nie, gee Jorrie vir Dawie ’n opstopper, smeer sy hare vol kougom en blaas sý fiets se bande ook af. Dié optrede is die laaste strooi en Trompie daag Jorrie uit tot ’n geveg (Omnibus 5.1, 2020:70). Ook hierdie “geveg duisend” word deur Trompie gewen en die twee “stap hand om die nek tussen die klomp juigende kinders deur. Almal is bly dinge het só beskaafd ten einde geloop” (Omnibus 5.1, 2020:78).

Uit bovermelde bespreking wil dit voorkom asof daar net een oplossing vir boeliegedrag is: tree gewelddadig teenoor die boelie op. In elke geval van boeliegedrag is daar vrede ná Trompie en sy bendelede se gewelddadige optrede teen die boelies. Die gewelddadige optrede word selfs as ’n beskaafde oplossing vir boeliegedrag beskou (Omnibus 5.1, 2020:78; vgl. ook tema 1.3). Hoewel boeliegedrag al vir geslagte lank met ons is, is die eerste wetenskaplike navorsing oor hierdie verskynsel en hoe om dit te hanteer eers in 1978, dus byna vier dekades na die verskyning van die Trompie-boeke, gepubliseer (Olweus 1994:1171). Teenswoordig lê teen-boelie-navorsers veral klem op herstellende geregtigheid as teenvoeter vir boeliegedrag (De Wet e.a. 2020:521‒35).

5.1.6 Tema 1.6: Sport en hegemoniese manlikheid

Hegemoniese manlikheid, ’n raamwerk wat stereotipiese manlikheidskenmerke beklemtoon, speel ’n belangrike rol in sport, want sport lê klem op kompetisie en daarmee samehangend die wenmotief, asook fisieke krag (Brake 2011:5; English 2017:183). Sport speel volgens Brake (2022:5) nie net ’n rol in die bevestiging van seuns se heteroseksuele identiteit nie, maar bepaal ook die rangorde tussen verskillende seuns of mans op grond van hul fisieke krag en aggressie. Uit onderstaande bespreking van die rol van sport in die Trompie-boeke kom die idee na vore dat wen alles is en dat seuns wat nie daarna strewe om op die sportveld uit te blink en te wen nie of nie aan sogenaamde “manlike” sportsoorte (Sobal en Milgrim 2019:29) deelneem nie, gemarginaliseer en verneder word.

Reeds as laerskoolseun het Trompie ’n heldeverering vir boksers. Op die ouderdom van elf is Trompie vas oortuig daarvan dat hy ’n kampioenbokser sal word. In sy geestesoog sien hy hoe hy eendag “al sy teenstanders … in die bokskryt platslaan” (Omnibus 1.1, 2020:60). Toe die geleentheid hom voordoen, neem Trompie bokslesse. Hy woon sy lesse toegewyd by: “Hy was altyd eerste by die saal en die laaste een wat huis toe gaan” (Omnibus 1.2, 2020:193). Boks – eintlik alle sportsoorte – is vir Trompie belangriker as skoolwerk. Hy woon eerder ’n boksklas by as om vir ’n geskiedenistoets voor te berei (Omnibus 3.3, 2020:281). Trompie word as ’n “woeste bakleier” beskryf (Omnibus 1.2, 2020:193). Om ten alle koste te wen is vir hom belangriker as om die fyner kunsies van die sport aan te leer. Tydens ’n bokstoernooi besluit hy om “soos altyd te boks: om roekeloos aan te val en aanhoudend te slaan” (Omnibus 1.2, 2020:198). Die oorbeklemtoning van mededinging, die wenmotief en die versaking van die estetiese, fyner kunsies van sport is volgens English (2017:184) tekenend van die alfa-man wat ten alle koste in beheer wil wees. Trompie boks nie werklik ter wille van die sport nie; boks gee hom egter vaardighede wat hy kan benut om sy plek as leier onder die Kwaggabergkinders en besoekers te bevestig (vgl. tema 1.3).

As laerskoolseun het Trompie nie veel van rugby gedink nie. Hy “kon nooit verstaan hoekom almal so ’n bohaai oor rugby opskop nie” (Omnibus 2.1, 2020:115). In graad 6 was hy ’n reserwe vir sy span, “maar het nooit eers sy verskyning op die veld gemaak nie” (Omnibus 2.1, 2020:115). In graad 7 het hy tydens ’n wedstryd die bal onderskep en agter sy eie pale gaan druk (Omnibus 2.1, 2020:116). Met die aanbreek van die rugbyseisoen in Trompie se graad 8-jaar kom hy tot die besef dat die skool “rugbymal” is en dat hy ’n alleenloper sal wees as hy nie rugby speel nie (Omnibus 2.1, 2020:117). Tydens sy eerste oefening is Trompie aanvanklik bang om te speel en sê hy aanmekaar vir die binnesenter dié moet skop. Die seun besluit op ’n stadium om wel die bal vir Trompie te gee. Trompie seil rats onder sy teenstanders uit en druk ’n drie. Daarna druk hy binne vyf minute nog twee drieë. Na die oefenwedstryd voel Trompie ’n “gloed van genoegdoening omdat almal hom prys” (Omnibus 2.1, 2020:120). Hy word as kaptein van die onder 13A-span gekies. Ten spyte van die span se sukses is die skoolhoof en afrigter ontevrede oor Trompie se leierskap en selfsugtige spel. Trompie steur hom egter nie aan die skoolhoof se vermaning oor sy selfsugtige, individualistiese spel nie. “Hy het al baie drieë gedruk en die doel van rugby is mos om punte aan te teken en dis presies wat hy doen. Waarom lol almal dan so?” (Omnibus 2.1, 2020:134). Volgens Trompie is “almal net jaloers” oor sy sukses as voorste driedrukker (Omnibus 2.1, 2020:135). Die wenmotief seëvier ten koste van spangees, samespel en respek vir spanmaats se vaardigheid. Sport stel Trompie in staat om sy dominansie oor ander seuns te vestig (vgl. English 2017:184).

Trompie as atleet word in dieselfde trant uitgebeeld. Hy is ’n uitstekende atleet, besit ’n oormaat selfvertroue en gebruik sport om sy aansien in die gemeenskap te verhoog. Sy eerste plek in die honderdmeterwedloop het volgens hom tot gevolg dat Kwaggaberg Hoërskool die wenners van die interskole-atletiekbyeenkoms is: “Ja-nee, ’n mens kan maar sê hy wat Trompie is, het die oorwinning vir sy skool behaal!” (Omnibus 2.2, 2020:259).

Hoewel tennis deesdae beskou word as ’n genderneutrale sport wat deur sowel mans as vroue beoefen word (Sobal en Milgrim 2019:36), reken Trompie dat dit ’n “skande” sal wees as een van die lede van die Boksombende tennis speel (Omnibus 2.1, 2020:73). Volgens Blikkies “verraai” Dawie die Boksombende deur tennis te speel, want “dis vir sissies” (Omnibus 2.1, 2020:90). Dit is ook vir Rooie ondenkbaar: “Kan julle my soos ’n feetjie daar op die baan agter ’n balletjie aan sien rondhardloop?” (Omnibus 2.1, 2020:91). Ten spyte van sy maats se neerhalende aanmerkings en pogings om hom voor sy tennismaats te verkleineer, staan Dawie vas by sy besluit om tennis te speel (Omnibus 2.1, 2020:91–3). Dawie se medebendelede se geringskattende, vernederende opmerkings teenoor hom kan gesien word as ’n poging om ’n onderskeid tussen hulle – die dapperes, die avontuurlustiges, die sportmanne – en die tingerige, verfynde, intellektuele Dawie te tref. Die kontras tussen Dawie en die ander lede van die Boksombende loop soos ’n goue draad deur al 24 boeke (vgl. tema 1.2).

5.1.7 Tema 1.7: Die uitbeelding van mans in die Trompie-boeke

5.1.7.1 Tema 1.7.1: Wit mans

Die leser het in die Trompie-boeke met die Afrikaanssprekende elite te doen. Die wit mans waarna daar in die Trompie-boeke verwys word, is, op enkele uitsonderings na, leiers in die plaaslike of internasionale gemeenskap. Trompie se pa is reeds vir verskeie jare bankbestuurder op Kwaggaberg. Hy is die broodwinner wat die beursie in die huis dra (Trompie gaan na sy pa as hy nuwe sportdrag of geld wil hê) (Omnibus 1.1, 2020:37) en ook verantwoordelik vir die handhawing van dissipline in die huis (Omnibus 1.2, 2020:245; kyk ook tema 3). Die plaaslike polisiesersant maak gereeld sy verskyning in die Trompie-boeke. Die “statige sersant” wys gereeld “waarskuwend vir [die Boksombende] vinger. Hy glo dit hou die knapies in toom – as hulle miskien kattekwaad beplan” (Omnibus 5.3, 2020:229). Sowel die laer- as die hoërskoolhoof is mans. Trompie beskou die hoërskoolhoof, wat in besit van ’n doktorsgraad is, as “gaaf en vriendelik, maar wanneer hy straf uitdeel, is hy genadeloos!” (Omnibus 3.1, 2020:33). Een van die onderwysers is ’n internasionale kundige oor Inka-tekeninge (Omnibus 8.1, 2020:60). Die plaaslike predikant speel ’n belangrike rol in die jeugdige Trompie se lewe. Tydens een van die bendevergaderings sê hy byvoorbeeld: “Dominee het gepraat van ’n mens se sweet des aanskyns” (Omnibus 5.2, 2020:197). Die predikant het op sy beurt ook ’n sagte plekkie vir die lede van die Boksombende (Omnibus 4.3, 2021:285).

Nie alle wit mans in die Trompie-boeke is vermoënde gemeenskapsleiers nie. In die boeke word gereeld na Rooie se pa, die plaaslike skoenmaker, verwys. Hoewel hy nie vermoënd is nie, is hy ’n trotse man. Toe Rooie eenkeer erge tandpyn het, besluit sy vriende om hom tandarts toe te vat en met Blikkies se geld te betaal. Toe Rooie se ouers van die tandartsbesoek hoor, betaal hulle Blikkies se geld terug, want “Rooie se pa is miskien net ’n skoenmaker, maar hy kan self vir sy seun se mediese onkoste betaal, dankie” (Omnibus 4.3, 2021:359). Smith se fiktiewe Afrikanerelite stem in ’n groot mate ooreen met Stella Blakemore (onder die skuilnaam Theunis Krogh) se Keurboslaanreeks wat gedurende die 1940’s verskyn het. Volgens Du Plessis (2010:5) het dié reeks lesers aan ’n geïdealiseerde, stedelike Afrikanerelite voorgestel.

5.1.7.2 Tema 1.7.2: Swart mans

Ongelykhede tussen die geslagte gaan oor meer as die verhouding tussen die alfa-man en vroue, meisies, vroulikheid of verfyndheid, asook seuns en mans wat nie aan die alfa-man se kriteria van manlikheid voldoen nie. Dit gaan ook oor die verhouding tussen diegene wat aan die oorheersende kultuur- of rasgroep behoort en diegene wat nie daaraan behoort nie (Mayeza en Bhana 2021:3). Die eerste Trompie-boeke het kort na die 1948-bewindsaanvaarding van die Nasionale Party met sy apartheidsideologie verskyn. Die Trompie-boeke wat in die 21ste eeu, na die bewindsaanvaarding van die African National Congress-party, heruitgegee is, getuig steeds van ’n skeefgetrekte verhouding tussen wit en swart. Swart mense is feitlik afwesig in die 24 verhale wat as data vir hierdie studie dien. Hierdie afwesigheid kan as ’n vergestalting van hegemoniese manlikheid gesien word: wit, Afrikaanssprekende mans en seuns speel die leidende rol in die idilliese Kwaggaberg. Wanneer daar wel na swart mans verwys word, word hulle in ’n ondergeskikte posisie teenoor selfs kinders geplaas. Die volgende drie voorbeelde is voldoende: (1) Terwyl Trompie vir sy bendelede wag, “vermaak hy homself deur klippies na Jafta wat onder in die tuin werk te gooi. Hy probeer die tuinier nie raakgooi nie, nee, hy wil maar net sien hoe naby aan Jafta hy die klippies kan kry. Dis mos al!” (Omnibus 1.1, 2020:38–9). (2) Trompie en sy medebendelede jaag die tuinier en sy broer, oom Safanja, skrik op die lyf met ’n pampoenspook en deur klippe op hul kamer se dak te gooi (Omnibus 1.1, 2020:88). (3) In Trompie die hanswors gee Trompie se ma hom die opdrag om die tuinier, Safanja, te gaan help om vuilgoed uit te trek. Trompie groet die “oubaas” op sy naam ten spyte van die feit dat hy al “baie jare by die Toeriens, al van voor Trompie gebore is, werk” (Omnibus 7.2, 2018:215). Safanja is nie baie opgewonde oor die hulp nie, want hy het al deur ervaring geleer dat Trompie “meer in die pad [sal] wees as wat hy help” (Omnibus 7.2, 2018:215). Trompie is gou verveeld met die werkery. Eers tref ’n kluit die tuinier agter die oor en toe trek Trompie ’n groot kakiebos uit en skud die bos so hard dat die grond aan die wortels oor Safanja neerreën.

Die gebrek aan agting vir swart mans is selfs in die skrywer se byna argelose, inkonsekwente omgaan met die naam van die tuinwerker te bespeur. In Omnibus 1.1 (2020:38–9) is Jafta die tuinier. Safanja is Jafta se broer wat slegs vir ’n paar dae op die Toeriens se erf by sy broer gekuier het. In Omnibus 7.2 (2018:216) word genoem dat Safanja al jare, van voor Trompie se geboorte, by die Toeriens werk.

5.2 Tema 2: Die uitbeelding van vroue in die Trompie-boeke

Dit is belangrik om ter inleiding daarop te wys dat die vroue en meisies waarna in die 24 Trompie-boeke verwys word, almal wit is. Hoewel hierdie wit vroue en meisies randfigure is, is hulle nie volkome, soos swart vroue, asook swart seuns en meisies, afwesig in die Trompie-boeke nie.

5.2.1 Tema 2.1: Trompie se verhouding met meisies

In die Trompie-boeke word die verhouding tussen Trompie en meisies tong in die kies uitgebeeld. Sy verhouding met Katrien, die bure se dogter, en die beeldskone Lucille en Rosa, asook sy beweerde verhouding met Orgina Gous en die besoek van die Darling-drieling aan Kwaggaberg lê Trompie se arrogante, chauvinistiese houding teenoor meisies bloot.

Die Trompie-boeke is vir seuns oor seuns geskryf. Hoewel meisies randfigure is, is dit vir die protagonis belangrik om sy heteroseksuele oriëntering te beklemtoon. Trompie is van mening dat “as hy net sy pinkie sal lig, sal al die meisies agter hom aanhardloop. Hy weet hulle sal” (Omnibus 1.1, 2020:125). Om sy onweerstaanbaarheid vir die teenoorgestelde geslag aan sy bendelede te bewys, spog Trompie by hulle dat hy reeds die volgende dag ’n meisie sal hê. Trompie besluit om Katrien, die bure se dogter, wat volgens Trompie “nie eintlik die mooiste suid van die Noordpool is nie” (Omnibus 1.1, 2020:127) te vra om sy meisie te wees. Met oordrewe sjarme maak hy haar die volgende oggend voor skool die hof. Die oomblik toe Katrien instem om sy meisie te wees, raak sy ’n oorlas vir hom. Hy en sy bendelede besluit toe om ’n “ruil”-transaksie met haar aan te gaan. As sy “van die meisie-en-kêrel-besigheid vergeet”, maak hulle haar ’n halwe lid van die Boksombende (Omnibus 1.1, 2020:131). Sy aanvaar die ooreenkoms. Die halwe lidmaatskap hou egter vir haar geen voordele in nie. Inteendeel. Sy moet vir die bendelede lekkers koop (Omnibus 1.1, 2020:131). By geleentheid vra Trompie haar om hom na die Sondagskoolpiekniek te vergesel, bloot om sy skuld vir geld wat Katrien vir hom geleen het, afgeskryf te kry (Omnibus 3.1, 2020:43). Tydens sy graad 10-jaar besef Trompie dat Katrien “eintlik nogal heel mooi” is; haar voortande is nou gelyk en sy het heelwat minder sproete. Hoewel sy “nou wel niks besonders in sy lewe [is] nie … voel [Trompie] effe gekrenk” omdat sy tydens die vakansie ’n seunsvriend ontmoet het (Omnibus 4.2, 2021:161). Trompie wil nie vir Katrien as sy meisie hê nie, “maar hy hou net niks van die idee dat sy iemand anders se meisie is nie” (Omnibus 6.2, 2017:168). Katrien is dikwels, as ’n randfiguur, teenwoordig in die Trompie-boeke. Trompie is “gewoonlik vriendelik met haar – veral wanneer sy hom met huiswerk moet help” (Omnibus 7.2, 2018:154; vgl. ook Omnibus 7.3, 2018:297). Hy is egter ook dikwels geniepsig met haar; hy het eenkeer in die laerskool haar vlegsels so hard getrek dat sy aan die huil geraak het, tot groot vermaak van Trompie (Omnibus 7.2, 2018:154). Hy vaar teen haar uit omdat sy by geleentheid sê sy verkies Wynand Roux bo hom omdat laasgenoemde netjieser as Trompie is: “Jy wat Katrien is, sal nog eendag na my kyk en dan sal jy nie dink ek is slordig en vuil en lelik nie. Nee, jy sal dink ek is wonderlik. Jy sal vir my sê: ‘Trompie, ek is bly en trots om jou te ken!’ Dit is wat jy sal sê. En weet jy wat ek sal sê? … Ek sal sê: ‘Weg is jy, meisiekind! Ek ken jou nie!’ Dis wat ek sal sê!” (Omnibus 8.1, 2020:82). Nadat Trompie as kaptein van die onder 17-rugbyspan verkies word, raak Katrien “weer baie vriendelik” met hom (Omnibus 8.1, 2020:113). Trompie word by dié geleentheid nie as ’n ongevoelige buffel uitgebeeld nie. Nadat hy as kaptein van die Goue Leeus se onder 17-rugbyspan aangewys is, wens Katrien hom geluk. Hy kan sien sy dink aan sy gewraakte woorde (“Weg is jy, meisiekind! Ek ken jou nie!”) maar Trompie wil Katrien nie seermaak nie. “Die Grootkaptein [sê] net: ‘Baie dankie vir die mooi wense, Katrien,’ en hy druk haar hand sag” (Omnibus 8.1, 2020:125). Trompie en Katrien se wipplankverhouding werp lig op Trompie se mening dat meisies, in die besonder Katrien, nie bestand is teen sy sjarme nie. Dié siening is nie vêrgesog nie. Katrien jak Trompie slegs by enkele geleenthede af en laat hom verstaan dat hy nie die middelpunt van haar bestaan is nie (vgl. die Wynand Roux-insident [Omnibus 8.1, 2020:82] en haar vakansieromanse [Omnibus 4.2, 2021:163]).

Trompie se gebrekkige insig in die teenoorgestelde geslag word treffend uitgebeeld in die vertellings oor sy kortstondige verhoudings met Lucille en Rosa. Aan die begin van sy graad 8-jaar is Trompie tot oor sy ore verlief op die beeldskone Lucille. Tot groot ontsteltenis van sy vriende vergesel sy hom na die skool se danspartytjie. Tydens die partytjie maak Trompie se vriende snedige aanmerkings, soos “pantoffelregering” en “mak soos ’n lammetjie”, binne hoorafstand van Trompie (Omnibus 2.2, 2020:182). Lucille word negatief as koketterig (“sy staan skamerig en giggel”) en geldgierig (Trompie moet vir haar lootjies en versnaperinge koop) voorgestel. Sy noem Trompie se maats “skarminkels” (Omnibus 2.2, 2020:183). Na ’n rampspoedige danspoging deur die twee is die kortstondige verhouding tot groot vreugde van die ander lede van die Boksombende tot ’n einde (Omnibus 2.2, 2020:185). In graad 10 raak Trompie verlief op die “glimlaggende droommeisie”, Rosa. Haar “sagte stem klink vir Trompie soos die mooiste musiek wat hy nog ooit gehoor het” (Omnibus 8.2, 2020:133). Trompie dink hy is “onweerstaanbaar, [maar] al glimlag [Rosa] liefies terug, lyk hy vir haar net soos ’n grinnikende bobbejaan” (Omnibus 8.2, 2020:134). Volgens die verteller is Trompie “vir die eerste keer in sy lewe verlief, smoorverlief” (Omnibus 8.2, 2020:136). By die skool “staar [hy] net soos ’n verliefde hoender” na Rosa. Rosa word beskryf as ’n “klein flerrie” (Omnibus 8.2, 2020:203) wat die seuns om haar pinkie draai. Sy maak ’n bespotting van Trompie en eis aanmekaar goed van hom om sy liefde en lojaliteit teenoor haar te bewys, onder meer sjokolade en sywurms (Omnibus 8.2, 2020:220). Die rampspoedige verhouding is tot groot vreugde van die lede van die Boksombende van korte duur.

Uit die voorafgaande paragrawe blyk dit dat uiterlike skoonheid belangrik vir die seuns in die Trompie-boeke is. Daarom is dit vir die Boksombende ’n vernedering dat Jorrie, ’n boelie, stories versprei dat Trompie verlief is op Orgina Gous, wat volgens die lede van die Boksombende “verreweg die lelikste meisie in hul klas én die hele skool” is (Omnibus 5.3, 2020:271). Sy het “baie oop plekke waar daar tande moes gewees het en … miljoene rooi sproete en vuurrooi hare” (Omnibus 5.3, 2020:271). Erger as haar voorkoms is blykbaar die feit dat sy ’n klikbek is (Omnibus 5.1, 2020:41). Die skrywer is kwetsend in sy beskrywing en naamgewing van Orgina. Orgina word nie net as ’n uiters onaansienlike, ongewilde meisie beskryf nie, maar selfs deur naamgewing word haar vroulike karakter afgebreek en word sy ’n tipe dierlike karikatuur (vgl. Possa-Mogoera 2020:1–2).

In haar bespreking van die rabbedoe in gewilde jeugliteratuur noem Gardiner (2021:17) dat die rabbedoe in jeugverhale ’n subtiele boodskap aan die leser probeer oordra dat vroue en jong meisies onafhanklike, dapper individue is wat hulleself kan laat geld. Gardiner (2021:17) is egter van mening dat die rabbedoe, deur haar “seunsagtige” optrede, erkenning aan die persepsie gee dat manlikheid belangriker as verfyndheid en vroulikheid is. Die Darling-drieling wat tydens ’n somervakansie by Dawie-hulle kuier, kan as rabbedoes beskou word. Die drieling sit die Boksombende behoorlik ore aan. Hulle kan verder as die seuns spoeg, kan goed boomklim en perdry en wen Dawie met gemak op die tennisbaan. Dit voel vir die seuns “die hele tyd asof die Darling-drieling op ’n baie slim manier met hulle gekskeer” (Omnibus 4.1, 2021:49). Trompie voel “mismoedig. Dit lyk of daar niks is wat hulle beter kan doen as hierdie drieling van Darling nie” (Omnibus 4.1, 2021:50).

Met die uitsondering van Katrien, is die verhoudings wat Trompie met meisies (Lucille en Rosa) aanknoop, kortstondig. Klem word op die uiterlike skoonheid van die geldgierige, giggelende en ydel flerries, Lucille en Rosa, gelê. Die belangrikheid van skoonheid kom veral na vore in die seuns en Katrien se negatiewe houding teenoor Orgina. Hoewel Katrien op die oog af as ’n onafhanklike meisie met ’n wil van haar eie uitgebeeld word, blyk dit dat Trompie haar wel om sy pinkie kan draai en dat sy prestasies op die sportveld vir haar belangrik is. Smith se uitbeelding van meisies in die Trompie-boeke as oppervlakkige en ydel randfigure stem ooreen met dié van ander Suid-Afrikaanse (vgl. 2.2, asook Nieman en Hugo 2004:1‒14; Geldenhuys en Anker 2018:362) en internasionale (vgl 2.1, in die besonder Turner-Bowker 1996:461; Williams e.a. 1987:154) jeuglektuur wat gedurende die vorige eeu die lig gesien het. In ’n resensie-essay van die Saartjie-boeke, wat ook deur Smith onder die skuilnaam Bettie Naudé die lig gesien het, wys Hambidge (2011:2) onder andere daarop dat die skrywer Saartjie as sportief, slim en gewild uitgebeeld het. Hambidge (2011:5) skryf voorts dat “Saartjie altyd in staat [is] om enige uitdaging die hoof te bied: skoolwerk, reddingspoging van ’n ander kind of ’n bye-aanval. Sy is geliefd, mooi [en] ’n grapjas en skrywer”. ’n Mens sou waarskynlik kon argumenteer dat die skrywer van die Trompie- en Saartjie-boeke se uitbeelding van seuns en meisies grootliks bepaal is deur die spesifieke reeks se teikenmark.

5.2.2 Tema 2.2: Uitbeelding van vroue

5.2.2.1 Tema 2.2.1: Trompie se ma

Smith beeld Trompie se ma uit as ’n liefdevolle, gelowige versorger, moeder en eggenoot. Hierdie uitbeelding stem ooreen met die uitbeelding van die huisvrou en moeder in die patriargale Afrikaanse (vgl. tema 3, asook 2.2, in die besonder De Villiers en Bester 1992:178) of Amerikaanse (vgl. 2.1, in die besonder Turner-Bowker 1996:463; Williams e.a. 1987:152) huisgesin gedurende die tweede helfte van die vorige eeu. Trompie se ma se lewe draai om haar man, kinders, huis en kerk- en gemeenskapaksies (Omnibus 7.3, 2018:248). In Trompie die atleet word daar wel melding gemaak dat sy ma op universiteit was (Omnibus 8.3, 2020:291).

’n Deurlopende tema in die Trompie-boeke is Trompie se ma se liefde vir haar seun. Ek volstaan met enkele voorbeelde: “hy is so slordig, maar sy het hom lief” (Omnibus 1.2, 2020:147); “Hy is soms so stout en amper altyd in die moeilikheid, maar hy is vir haar baie dierbaar” (Omnibus 7.1, 2018:89); Trompie se ma “se oë rus sag op [Trompie] en haar stem is teer” (Omnibus 4.2, 2021:195; kyk ook Omnibus 7.2, 2018:140 en Omnibus 7.3, 2018:246 vir byna dieselfde beskrywings wanneer sy met hom praat); en as Trompie by sy pa raas of pak kry, vind hy altyd ’n simpatieke oor by sy ma (Omnibus 1.1, 2020:37).

Die liefde waarna in die vorige paragraaf verwys word, is wedersyds – Trompie sê byvoorbeeld vir sy ma: “Ma weet mos Ma is vir my die mooiste vrou in die hele wêreld” (Omnibus 4.2, 2021:195). Hy beskou sy ma as die “wonderlikste” (Omnibus 1.2, 2020:245) en “die beste ma in die wêreld” (Omnibus 2.1, 2020:108–12). ’n Hoofstuk getitel Trompie se ma is ’n lofrede aan moeders. Die impetus vir die lofrede is Trompie se ma se verjaarsdag en ’n noodoperasie as gevolg van blindedermontsteking (Omnibus 7.3, 2018:248).

5.2.2.2 Tema 2.2.2: Trompie se suster Anna

Trompie se suster, Anna, is ’n randfiguur. Trompie “steur hom … nooit veel aan haar nie” (Omnibus 4.1, 2021:14). Sy figureer slegs om Trompie se karakter te belig. Sy beskryf hom as ’n “barbaar” wat haar gereeld in die verleentheid stel wanneer sy besoekers ontvang (Omnibus 1.1, 2020:41). Maar nadat Trompie ’n drag slae by sy pa gekry het, bring sy vir hom sjokolade en soen hom op sy voorkop en hy kom tot die gevolgtrekking dat sy “darem nie te sleg [is] nie”, al baklei hulle gereeld (Omnibus 1.2, 2020:245).

5.2.2.3 Tema 2.2.3: Vroue word dikwels karikatuuragtig voorgestel

Met die uitsondering van Trompie se ma, sy suster en ’n paar onderwyseresse, word daar bykans nooit melding van vroue in die verhale gemaak nie. Wanneer daar wel na hulle verwys word, is dit op ’n spottende wyse. ’n “Kordon gillende, histeriese vrouens” kyk byvoorbeeld hoe Dawie op ’n wild hardlopende donkie deur Kwaggaberg se strate jaag (Omnibus 3.1, 2020:23). ’n Groep vroue, wie se vergadering deur die Boksombende, ’n klomp honde en ’n bobbejaan onderbreek word, word as “histeries” beskryf (Omnibus 6.2, 2017:134). Dit is nie ’n ongewone verskynsel dat vroue flou neerval as hulle skrik nie (Omnibus 1.1, 2020:122; Omnibus 3.1, 2020:23; Omnibus 6.2, 2017:134; Omnibus 7.2, 2018:237). In van die verhale word ’n bespotting van oorgewig vrouens gemaak. (1) ’n Oorgewig vrou loop “waggelend, … buk kreunend … [en] die sweet tap van haar voorkop af” in haar pogings om ’n muntstuk wat op die grond lê, op te tel (Omnibus 4.3, 2021:333); (2) Trompie kruip deur die opening in die heining tussen sy en Katrien se erf. “Op die grond ’n paar duim voor sy oë, sien hy ’n paar plathakskoene … Net bokant die skoene is dik enkels en dik bene met wolkouse aan … Katrien se lywige ma” (Omnibus 7.3, 2018:293); (3) Tydens bovermelde bobbejaanepisode snak die “kolossale tant Grieta … na asem [en] prewel ‘Ag jittetjie, help tog’ en sak met ’n plofgeluid op die plankvloer neer” (Omnibus 1.1, 2020:22).

Die data sinspeel daarop dat die “vooraanstaande” vroue van Kwaggaberg ’n misplaaste, opgeblase siening van hul kundigheid en die rol wat hulle in die samelewing speel, het. Tydens ’n vergadering van “Kwaggaberg se vooraanstaande dames – [wat] besig was met ’n vergadering [aan huis van die Toeriens] waarin hulle wêreldprobleme bespreek en oplos”, veroorsaak Trompie se pet, wat hy na die kapstok gooi, konsternasie toe dit op een van die dames (wat ingesluimer het) se skoot beland. “Sy glo verskrik dis ’n vlieënde piering” (Omnibus 6.2, 2017:162). Nadat Trompie homself uit die voete gemaak het, besluit die dames om tydens hul volgende vergadering te praat “oor hoe onbeskof die moderne jeug is” (Omnibus 6.2, 2017:163).

Terwyl die skrywer die draak steek met die “vooraanstaande” vroue van die gemeenskap, is hy meer simpatiek, dog paternalisties, in sy vertelling van “die goedige ou vroutjie” (Omnibus 5.2, 2020:199) wat onderneem om die Boksombende R20 te betaal vir elke mol wat hulle vang. Op die ou einde vang hulle net een mol, maar wys dieselfde mol vier keer “vir die goedige weduwee” (Omnibus 5.2, 2020:205). Sy aanvaar goedertrou hul woord en betaal vir elke mol R20. Volgens die skrywer is dit “nogal kostelik dat hulle elke keer dieselfde mol vat en dan daarvoor betaal word” (Omnibus 5.2, 2020:206). Die lede van die Boksombende kom egter tot inkeer en gee vir haar R60 terug. Dit is dus die Boksombende se eerlikheid en nie die vrou se oplettendheid nie wat verhoed dat die seuns haar inloop.

5.2.2.4 Tema 2.2.4: Professionele vroue

Jeugverhale wat in die vorige eeu verskyn het, het vroue as onderdanig, passief en dienend uitgebeeld. Hul doel in die lewe was om mans te ondersteun en nie om hul eie interessante en uitdagende loopbane te volg nie (vgl. 2.1 en 2.2; Williams e.a. 1987:152). In ooreenstemming met hierdie tendens is die enigste professionele vroue waarna in die 24 boeke verwys word, enkele onderwyseresse wat vir Trompie skoolhou en die ontvangsdame van ’n neurochirurg. Die wiskundeonderwyseres, juffrou Necker, onder die kinders bekend as Nukke, word as ’n ferm, simpatieke persoon met ’n sin vir humor uitgebeeld. Trompie se pogings om hierdie onderwyseres met wolhaarstories om die bos te lei, misluk (Omnibus 1.1, 2020:96). Toe ’n padda wat Trompie in die Engelse onderwyseres se lessenaarlaai gesit het, in die klas rondspring, is daar chaos in die klas. Juffrou Carelse slaan flou neer (Omnibus 6.2, 2017:134). Later dieselfde dag hoor Trompie “daardie soort gil. Dit is die gil van ’n vroumens wat ’n monsteragtige padda gesien het” (Omnibus 6.2, 2017:143). Naas die onderwyseresse word daar verwys na die ontvangsdame van ’n Johannesburgse neurochirurg. Die ontvangsdame van dokter Berg word as ’n deftige maar gevoellose vrou geskets: “Sy het effense grys hare en lyk deftig en aristokraties … deftige oujongnooi … Die vrou maak ’n gebaar met haar wit hand soos ’n koningin wat haar onderdane goedgunstelik verlof gee om haar teenwoordigheid te verlaat … Die elegante vrou sit asof sy nie net ’n hart van klip het nie, maar asof alles van haar met ’n beitel uit klip gekap is” (Omnibus 4.1, 2021:131). Die vroue beklee dus almal stereotipiese vroueberoepe. Nie een van die drie vroue beklee ’n leierskapposisie nie. Die ontvangsdame word as ’n gevoellose oujongnooi beskryf.

Uit Smith se uitbeelding van vroue is dit duidelik dat hulle nie hoog geag word in die geïdealiseerde Afrikanerdorpie nie. Die vroue word nie net as liefdevolle huisvroue en moeders uitgebeeld nie, maar ook as onbeholpe, naïewe en oningeligte tantes wat maklik om die bos gelei kan word of waarmee die draak gesteek kan word. Die vroue se lewens draai om hul huise, mans en kinders en die plaaslike gemeenskap. Hulle is vasgevang in tradisionele beroepe. Nie een van die vrouekarakters kan as inspirasie of voorbeeld vir jong vroulike lesers dien om hul vlerke te sprei nie.

5.3 Tema 3: Die patriargale huisgesin

Die klem van Afrikaanse jeuglektuur gedurende die 1950’s was op die geborge, wit middelklaskind wat in byna idilliese omstandighede in ’n patriargale huisgesin grootword (vgl. Van der Walt 2005:25; Hambidge 2011:2; Geldenhuys en Anker 2018:362). Die bevindinge in my studie oor die uitbeelding van die gesin is in ooreenstemming met dié van ’n studie deur De Villiers en Bester (1992:199–78) oor die uitbeelding van vroue as die onderdanige versorgers in die tradisionele Afrikaanse gesin. Vroue, soos Trompie se ma, verrig take in en om die huis. Sy maak kos, versorg haar kinders en is betrokke by kerk- en gemeenskapaksies. Daar word sydelings in een van die 24 Trompie-boeke verwys na die feit dat Trompie se ma universiteitsopleiding het (vgl. tema 2.2.1). In al die boeke is sy egter ’n versorger wat haar “versorgingsrol en huiswerk as vanselfsprekend aanvaar en glad nie as ‘werk’ beskou nie” (vgl. Van der Walt en Nieman 2009:151).

In die geïdealiseerde patriargale Afrikanergesin van die 1950’s speel die pa ’n leierskaprol binne en buite gesinsverband (vgl. tema 1.7.1). Trompie se pa speel ’n sentrale rol in die boeke. Wanneer Trompie byvoorbeeld geld nodig het om ’n fiets vir Rooie te koop of nuwe rugbystewels of atletiekskoene wil hê, nader hy sy pa (Omnibus 1.1, 2020:37). Hoewel meneer Toerien as liefdevol beskryf word, huiwer hy nie om sy seun te tugtig nie (vgl. tema 1.4). Hy is dus, in ooreenstemming met die stereotipiese mans of vaders in die patriargale gesin, die “hoof van die gesin”, die broodwinner, die persoon wat die beursie dra (vgl. Coetzee 2001:300; De Villiers en Bester 1992:178).

Van der Walt en Nieman (2009:151) en Hambidge (2011:3) se siening dat daar in boeke wat die tradisionele gesin as norm voorhou deur ’n geromantiseerde, rooskleurige bril na die gesin en die huwelik gekyk word, word deur die huidige studie bevestig. Die Toeriengesin word as ’n baie liefdevolle, hegte gesin geskets. Die liefde van Trompie se ouers en sy suster, Anna, kom duidelik na vore nadat Trompie soek was omdat hy fietsdiewe agtervolg het. Anna skryf Trompie se skuld af. Sy pa se stem is hees as hy vir Trompie sê hoe trots hy op sy seun is, “maar in die toekoms moet jy asseblief versigtig wees”. Sy hand rus op Trompie se skouer as hy effe hees sê: “Nag, my seun”. Sy ma se stem is sag as sy hom ’n goeie nag toewens (Omnibus 2.3, 2020:317). As Trompie se ma na sy pa kyk, is daar “’n teer glans in haar oë” (Omnibus 4.3, 2021:408). In teenstelling met hierdie geïdealiseerde, geromantiseerde Toeriengesin, skets baie van die 21ste-eeuse jeugboekskrywers die moderne gesin as kompleks en wanfunksioneel. Die skuld vir hierdie wanfunksionaliteit word volgens Van Coller (2022b:8) veral voor die deur van Afrikanermans geplaas. Die oorbeklemtoning van die wanfunksionaliteit van die Afrikanergesin het volgens Van Coller (2022a:9) tot gevolg dat daar tereg gevra kan word “of daar êrens dalk nog funksionele gesinne bestaan, met hardwerkende, liefdevolle ouers wat soos honderdduisend ander gewone mense hulle bes doen om eties en sinvol te lewe”.

 

6. Enkele aanbevelings

My studie het vele voorbeelde van genderstereotipering en hegemoniese manlikheid blootgelê. Maak dit werklik saak? Indien daar op navorsing oor jeugliteratuur en die Kurrikulum en assesseringsbeleidsverklaring: Lewensoriëntering, graad 7–9 (Departement van Basiese Onderwys 2011) gelet word, is die antwoord onteenseglik “ja”. Volgens Hamilton, Anderson, Broaddus en Young (2006:757) dui gesonde verstand daarop dat stereotipiese uitbeeldings van verskillende geslagte en die onderverteenwoordiging van vrouekarakters kinderontwikkeling negatief kan beïnvloed. Dit kan onder meer tot beperkte beroepsambisie onder meisies en skeefgetrekte sienings oor ouerskap lei.

Voorts het navorsers (Hamilton e.a. 2006:757; Tsao 2008:16) bevind dat negatiewe stereotipering tot ’n lae selfbeeld en minderwaardigheidsgevoel onder meisies en oordrewe selfvertroue onder seuns kan lei. Kinder- en jeugliteratuur vestig volgens Pollack (1999:xxiv), Hamilton e.a. (2006:758) en Tsao (2008:16) standaarde of rolmodelle wat vir die lesers sê wat as aanvaarbare en onaanvaarbare gedrag vir seuns en meisies beskou moet word. Ten spyte van die verandering in die genderfokus van Afrikaanse jeugliteratuur (Geldenhuys en Anker 2018:362) kan geredeneer word dat die gewildheid van die Trompie-boeke met hul sterk hegemoniese manlikheidsonderbou die mites en verouderde idees oor manlikheid in stand hou. Bogemelde beteken egter nie dat kinders se stereotipiese gendersienings nie omgekeer kan word nie. ’n Studie deur Trepanier-Street en Romantowski (1999:156) onder 75 kinders het byvoorbeeld met behulp van voor- en natoetsing bevind dat kinders se blootstelling aan ses boeke met nie-stereotipiese genderrolle en werksaamhede vir ’n periode van twee maande ’n verandering in hul sienings van spesifieke beroepe tot gevolg gehad het.

Daar is ’n magdom boeke vir jongmense in biblioteke, e-boekwinkels, tweedehandse en tradisionele boekwinkels en selfs straatmarkte en supermarkte beskikbaar. Dit is belangrik dat ouers en onderwysers uit hul pad gaan om ’n liefde vir lees by jongmense te kweek en te vestig. Hierdie volwassenes moet vertroud wees met nie net die werke waarmee hulle opgegroei het nie, maar ook hedendaagse boeke wat eietydse probleme hanteer. Ek onderskryf Lundgren en Khau (2015:7) se standpunt dat ouers en onderwysers ’n kritiese ingesteldheid by lesers van werke soos die Trompie-boeke, waarin genderstereotipering as normatief voorgestel word, kweek. Dit is belangrik dat lesers met die karakters in verhale kan identifiseer, maar dit is eweneens belangrik dat hulle deurdagte kritiek uitspreek teenoor manlike oorheersing en die redusering van vroue tot randfigure. Dit is egter net so belangrik dat onderwysers en ouers se pogings om kinders bewus te maak van genderstereotipering en hegemoniese manlikheid nie die vreugde van lees moet vernietig nie. Kinders kan gelei word om spesifieke tekste in byvoorbeeld die gewilde Trompie-boeke wat duidelike of verskuilde voorbeelde van genderstereotipering en hegemoniese manlikheid bevat, krities te lees. Voorbeelde van stereotipering, geslagskeiding en ongelykhede – ook ongelykhede tussen verskillende rasse en binne dieselfde geslag – kan uitgelig en bespreek word (Morales e.a. 2016:177; Nebbia 2016:30–2). ’n Ondersoek na gendertemas in die Trompie-boeke sal nie net by jong lesers nie, maar ook by van die volwasse lesers ’n groter bewustheid van hul eie, dikwels diepgewortelde gendervooroordele lei.

Die moontlikheid om deur die kritiese lees van jeugliteratuur ’n sinvolle, verrykende bydrae tot geselekteerde onderwerpe, gelys in die graad 7‒9-Lewensoriënteringonderrigplan (Departement van Basiese Onderwys 2011:10) te maak, sal vervolgens, met spesifieke verwysing na die Trompie-boeke, op gelet word.

Temas wat tydens my dataontleding geïdentifiseer is, sal byvoorbeeld gebruik kan word tydens die bespreking van die volgende Lewensoriënteringonderwerpe: “selfontwikkeling in die samelewing”; “grondwetlike regte en verantwoordelikhede”; en die “wêreld van werk” (Departement van Basiese Onderwys 2011:10).

Trompie se oordrewe positiewe selfbeeld (temas 1.1.2 en 1.1.3), strewe na gewildheid (tema 1.1.5), outokratiese leierskapstyl (tema 1.1.1), boeliegedrag (tema 1.5), en sy verhouding met meisies (tema 2.1) kan as vertrekpunt gebruik word om die volgende onderwerpe oor selfontwikkeling in die samelewing te belig: selfbeeld, groepdruk, selfbeeldvorming en selfmotivering, asook verhoudings en vriendskappe (Departement van Basiese Onderwys 2011:10).

Gedurende hul graad 8-jaar maak leerders kennis met temas soos geslagsgelykheid en kulturele diversiteit in Suid-Afrika. Die twee temas is onderafdelings van die onderwerp “grondwetlike regte en verantwoordelikhede” (Departement van Basiese Onderwys 2011:10). In hul bespreking van genoemde onderwerp sal onderwysers raakpunte tussen hierdie onderwerpe en geslagstereotipering (temas 2.1, 2.2 en 3) en hegemoniese manlikheid (temas 2.1 en 1.7.2) kan uitwys.

’n Bespreking van die uitbeelding van vrouens as randfigure en die rol wat swart mans in die Trompie-boeke gespeel het, bied aan onderwysers die geleentheid om geslag- en rasstereotipering aan die kaak te stel. Smith se uitbeelding van vrouens as versorgers en randfigure (temas 2.2 en 3), wit mans as broodwinners en leiers in die werkplek en huis (temas 1.7.1 en 3) en swart mans as ongeskoolde werkers (tema 1.7.2) bied aan onderwysers die geleentheid om “die wêreld van werk” (Departement van Basiese Onderwys 2011:10) te bespreek.

Deur die kritiese lees van die Trompie-boeke kan kinders tot die besef gebring word dat die werkplek van die 1950’s anders as dié van die 2020’s lyk. Alle leerders – ongeag ras of geslag – kan groot hoogtes in uitdagende beroepe bereik. Die Trompie-boeke wat in die 1950’s verskyn het, kan dus jongmense van die 2020’s motiveer om standpunt teen genderstereotipering, -ongelykheid en -geweld in te neem én jeugliteratuur deur onder andere Marita van der Vyver (2001) en John van de Ruit (2012), waarin genderstereotipering, -ongelykheid en -geweld bevraagteken word, te lees.

 

7. Ten slotte

Hierdie artikel werp lig op gendertemas in die gewilde, immergroen Trompie-jeugboeke. Trompie is die versinnebeelding van die alfa-man: hy is ’n outokratiese, egosentriese leier met ’n oormaat selfvertroue in sy intellektuele en fisieke vermoëns. Dit is vir die alfa-man belangrik om aansien onder volwassenes en kinders te geniet. Teenoor Trompie, die hegemoniese, oorheersende protagonis, word verfynde en gekultiveerde seuns en mans in ’n skool- en gemeenskapsmilieu van die 1950’s waar patriargie hoogty gevier het, gering geskat en negatief uitgebeeld. Trompie se deelname aan gewelddadige konfrontasies en sportsoorte word gekenmerk deur brute krag en sy aanvaarding van lyfstraf “soos ’n man” onderskei hom van seuns wat nie aan die kriteria van “die ideale” seun voldoen nie. Teenoor hierdie dapper, avontuurlustige en sportiewe seun word meisies as giggelrig, ydel en geldgierig gestereotipeer.

Wit Afrikaanssprekende mans word in die Trompie-boeke as intelligente, hardwerkende gemeenskaps- en internasionale leiers uitgebeeld. Vanuit ’n paternalistiese, meerderwaardige perspektief word klem op die vrou se rol as moeder, versorger en randfiguur in ’n patriargale huisgesin gelê. Connell (1995:77) se hegemoniese manlikheidsteorie gaan oor meer as die oorheersing van mans oor vroue en vroulikheid of verfyndheid; dit gaan ook oor die oorheersing van spesifieke kultuur- en taalgroepe oor ander. In die enkele verwysings na swart mans in die Trompie-boeke word hulle as arm, hardwerkende en lojale arbeiders uitgebeeld. Daar word glad nie na swart vroue en kinders in die verhale verwys nie.

 

Bibliografie

Adigüzel, F.B. en P. Ayaz. 2020. Values in youth literature: The case of Bridge Books. African Educational Research Journal, 8(3):551–9.

Ahlers, N. 2019. Die Rietrotte van Rietvallei Hoër. Boek 1. Pretoria: Protea Boekhuis.

Allen, M. (red.). 2018. The Sage Encyclopedia of Communication Research Methods. Thousand Oaks: Sage.

Bhattacharya, H. 2012. Interpretive research. In Given (red.) 2012.

Bortolin, S. 2010. “I don’t want him hitting on me”: The role of masculinities in creating a chilly high school climate. Journal of LGBT Youth, 7(3):200–33.

Brake, D.L. 2011. Sport and masculinity: The promise and limits of Title IX. In Cooper en McGinley (reds.) 2011.

Buzzanell, P.M. 2018. Interpretive research. In Allen (red.) 2018.

Cart, M. 2008. The value of young adult literature. https://www.ala.org/yalsa/guidelines/whitepapers/yalit (3 November 2021 geraadpleeg).

Coetzee, D. 2001. South African education and the ideology of patriarchy. South African Journal of Education, 21(4):300–4.

Connell, R. 1995. Masculinities. Sydney: Allen & Unwin.

Cooper, F.R. en A.C. McGinley (reds.). 2011. Masculinities and law: A multidimensional approach. New York: New York University Press. https://papers.ssrn.com/sol3/papers.cfm?abstract_id=1782889 (15 Februarie 2022 geraadpleeg).

Departement van Basiese Onderwys. 2011. Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring, graad 7–9. Lewensoriëntering. Pretoria: Staatsdrukker.

De Villiers, C.M. en M. Bester. 1992. Vrouekarakters in bekroonde Afrikaanse jeugboeke. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Bibioteekkunde en Inligtingswese, 60(3):174–80.

De Wet, C. 2016. The portrayal of bullying in contemporary South African young adult fiction. Child Abuse Research: A South African Journal, 17(2):49–62.

De Wet, C., M. Reyneke en L. Jacobs. 2020. Bullying and cyberbullying. In Reyneke en Reyneke (reds.) 2020.

Diedericks-Hugo, C. 2011. Thomas@rock-ster.net. Pretoria: LAPA Uitgewers.

Diekman, A.B. en S.K. Murnen. 2004. Learning to be little women and little men: The inequitable gender equality of nonsexist children’s literature. Sex Roles, 50(5/6):373–85.

Dirks, C. 1992. Die Uile. Omnibus 1. Midrand: Perskor.

—. 2010. Die Otters. Boek 1. Pretoria: Protea Boekhuis.

Du Plessis, I. 2010. Afrikaner nationalism, print culture and the “capacity to aspire”: The imaginative powers of popular fiction for young readers. African Identities, 8(1):320.

English, C. 2017. Towards sport reform: Hegemonic masculinity and reconceptualizing competition. Journal of the Philosophy of Sport, 44(2):183–98.

Foucault, M. 1976. Truth and power. In Rabinow (red.) 1976.

—. 1978. The history of sexuality: An introduction. Volume 1. Vertaal deur Robert Hurley (1990). New York: Vintage Uitgewers.

—. 1980. Power/Knowledge. Brighton: Harvester Uitgewers.

Gardiner, K. 2021. Tomboys: Performing gender in popular fiction. Image & Text, 35:1–22.

Geldenhuys, I. en J. Anker. 2018. Die aard van genderuitbeelding van vroulike hoofkarakters in onlangse Afrikaanse jeugliteratuur. LitNet Akademies, 15(1):352–80.

Given, L.M. (red.). 2012. The Sage encyclopedia of qualitative research methods. Thousand Oaks: Sage.

Gooden, A.M. en M.A. Gooden. 2001. Gender representation in notable children’s picture books, 1995–1999. Sex Roles, 45(1/2):89–101.

Hambidge, J. 2011. LitNet Akademies-resensie-essay: Alice Miller – Saartjie Bauman en Thomas. LitNet Akademies. https://www.litnet.co.za/litnet-akademies-resensie-essay-alice-miller-saartjie/ (17 Mei 2022 geraadpleeg).

Hamilton, M.C., D. Anderson, M. Broaddus en K. Young. 2006. Gender stereotyping and under-representation of female characters in 200 popular children’s picture books: A twenty-first century update. Sex Roles, 55:757–65.

Henning, E., W. van Rensburg en B. Smit. 2011. Finding your way in qualitative research. Pretoria: Van Schaik.

Hough, B. 1990. Droomwa. Kaapstad: Tafelberg.

Kaufman, S.B. 2015. The myth of the alpha male. Greater Good Magazine. https://greatergood.berkeley.edu/article/item/the_myth_of_the_alpha_male (20 Mei 2022 geraadpleeg).

Key, M.R. 1971. The role of male and female in children’s books: Dispelling all doubt. In Unger en Denmark (reds.) 1971.

Kritzinger, M.S.B., E.J. Pienaar en A.A.M. De Villiers, 1927. Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, ens. https://www.dbnl.org/tekst/krit001afri02_01/krit001afri02_01_0013.php (7 April 2022 geraadpleeg).

Lenta, P. 2020. Corporal punishment and the costs of judicial minimalism. South African Law Journal, 137(2):185–200.

Lundgren, B. en M. Khau. 2015. Broken promises – A novel’s impact on shaping youth identity. Reading & Writing, 6(1):1–8.

Maree, K. (red.). 2007. First steps in research. Pretoria: Van Schaik.

Mayeza, E. en D. Bhana. 2021. Boys and bullying in primary school: Young masculinities and the negotiation of power. South African Journal of Education, 41(1):1–8.

Merriam, S.B. 2009. Qualitative research: A guide to design and implementation. San Francisco: John Wiley & Son.

Morales, J.F., S. Yubero en E. Larraňaga. 2016. Gender and bullying: Application of a three-factor model of gender stereotyping. Sex Roles, 74:169–80.

Naudé, B. 1993. Saartjie. Omnibus 1. Johannesburg: Perskor.

Nebbia, C.C. 2016. Gender stereotypes in children’s literature. MA-verhandeling. Universiteit van Noord-Iowa.

Niehaus, S.L.J. 1989. Die eietydse weergawe van tradisionele sprokies en die feminisme se invloed daarop. MA-verhandeling, Johannesburg: Randse Afrikaanse Universiteit.

Nieman, M.M. en A.J. Hugo. 2004. Vrouekarakters in bekroonde Afrikaanse jeugboeke: ’n Opdatering. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 44(1):1–14.

Nieuwenhuis, J. 2007. Introducing qualitative research. In Maree (red.) 2007.

Olweus, D. 1994. Bullying at school: Basic facts and effects of a school based intervention program. Journal of Child Psychology & Psychiatry & Allied Disciplines, 35(7):1171–90.

Owens, A. 2011. Limited by stereotypes: Gender bias in Stephanie Meyer’s Twilight series. LOGOS: A Journal of Undergraduate Research, Herfs:124–37.

Pollack, W. 1999. Real boys: Rescuing our sons from the myths of boyhood. New York: Owl Books.

Possa-Mogoera, R. 2020. A bad name is an omen: Stigmatising names amongst the Basotho. Literator – Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies, 41(1):1–9.

Rabinow, P. (red.). 1976. Essential works of Foucault. Volume 3. New York: J.D. Faubion Uitgewers.

Rachlin, S.K. en G.L. Vogt. 1974. Sex roles as presented to children by coloring books. The Journal of Popular Culture, 8(3):549–56.

Reyneke, M. en R. Reyneke (reds.). 2020. Restorative school discipline: The law and practice. Claremont: Juta Uitgewers.

Robertson, J. 2010. Making the man, keeping the boy. Natalia, 40:110–20.

Robertson, J. 2011. “Hell’s view”: Van de Ruit’s Spud – changing the boys’ school story tradition? Literator, 32(2):33–63.

Schalkwyk, L. 2020. Skrywersaanhaling van die week – 13 Julie 2020. Kraal Uitgewers. https://www.kraaluitgewers.co.za/skrywersaanhaling-van-die-week-13-julie-2020/ (17 Mei 2022 geraadpleeg).

Silva, A.F. en R.S. Savitz. 2019. Defying expectations: Representation of youths in young adult literature. Journal of Adolescent & Adult Literature, 63(3):323–31.

Silverman, J. 2012. Hegemonic Masculinity and the use of Foucault. https://www.academia.edu/2339354/Hegemonic_Masculinity_and_the_Use_of_Foucault (16 Mei 2022 geraadpleeg).

Smith, T. 2017. Trompie: Omnibus 6. Kaapstad: Human & Rousseau.

—. 2018. Trompie: Omnibus 7. Kaapstad: Human & Rousseau.

—. 2020a. Trompie: Omnibus 1. Kaapstad: Human & Rousseau.

—. 2020b. Trompie: Omnibus 2. Kaapstad: Human & Rousseau.

—. 2020c. Trompie: Omnibus 3. Kaapstad: Human & Rousseau.

—. 2020d. Trompie: Omnibus 5. Kaapstad: Human & Rousseau.

—. 2020e. Trompie: Omnibus 8. Kaapstad: Human & Rousseau.

—. 2021. Trompie: Omnibus 4. Kaapstad: Human & Rousseau.

Snyman, M. 2018. Reënboogrant maats. Omnibus 2. Midrand: LAPA Uitgewers.

Sobal, J. en M. Milgrim. 2019. Gendertyping sports: Social representations of masculine, feminine, and neither-gendered sports among US university students. Journal of Gender Studies, 28(1):29–44.

Taber, N. en V. Woloshyn. 2011. Dumb dorky girls and wimpy boys: Gendered themes in diary cartoon novels. Children’s Literature in Education, 42(1):226–42.

Trepanier-Street, M.L. en J.A. Romantowski. 1999. The influence of children’s literature on gender role perceptions: A reexamination. Early Childhood Education Journal, 26(3):155–9.

Trites, R. 2000. Disturbing the universe: Power and repression in adolescent literature. Iowa City: Universiteit van Iowa Uitgewers.

—. 2001. The Harry Potter novels as a test case for adolescent literature. Style, 35(3):472–85.

Trompie en die Boksombende. s.j. https://www.imdb.com/title/tt7527542/ (2 November 2021 geraadpleeg).

Tsao, Y. 2008. Gender issues in young children’s literature. Reading Improvement, 45(3):16–21.

Turner-Bowker, D.M. 1996. Gender stereotyped descriptors in children’s picture books: Does “Curious Jane” exist in the literature? Sex Roles, 35(7/8):461–88.

Unger, R., en J. Denmark (reds.). 1971. Women: Dependent or independent variable? New York: Psychological Dimensions.

Van Coller, H. 2022a. Jy kry hulle nie meer in boeke en op TV nie. Die Volksblad, 3 Mei 2022, bl. 9. https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/menings/hennie-van-coller-jy-kry-hulle-nie-meer-in-boeke-en-op-tv-nie-20220503 (2 Junie 2022 geraadpleeg).

—. 2022b. Dan verkies ek maar liewer vir Rooi Jan. Die Volksblad, 18 Mei 2022, bl. 8. https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/gesels-saam/dan-verkies-ek-maar-liewer-vir-rooi-jan-20220517 (2 Junie 2022 geraadpleeg).

Van de Ruit, J. 2012. Spud – exit, pursued by a bear. Johannesburg: Penguin Boeke.

Van der Vyver, M. 2001. Griet kom weer. Kaapstad: Tafelberg.

Van der Walt, D. 2008. Lien se lankstaanskoene. Kaapstad: NB-Uitgewers.

Van der Walt, T.B. 2005. Afrikaanse kinder- en jeugprosa. In Wybenga en Snyman (reds.) 2005.

Van der Walt, T.B. en M.M. Nieman. 2009. Die feministiese uitbeelding van die gesin in Marita van der Vyver se boeke vir jong volwassenes. Mousaion, 27(2):150–63.

Weitzman, L., D. Eifler, E. Hokada en C. Ross. 1972. Sex role socialization in picture books for preschool children. American Journal of Sociology, 77:1125–50.

Williams, J.A., J.A. Vernon, M.C. Williams en K. Malecha. 1987. Sex role socialization in picture books. Social Science Quarterly, 68(1):148–56.

WorldCat. s.j.(a). https://www.worldcat.org/search?q=au%3ATopsy+smith+ti%3Atrompie&qt=advanced&dblist=638 (22 Junie 2021 geraadpleeg).

—. (b). https://www.worldcat.org/title/trompie-die-speurder/oclc/608635764/editions?editionsView=true&referer=br (22 Junie 2021 geraadpleeg).

—. (c). https://www.worldcat.org/title/trompie-omnibus-1/oclc/851028225/editions?editionsView=true&referer=br (22 Junie 2021 geraadpleeg).

Worldfilmgeek. 2021. https://worldfilmgeek.com/2021/04/26/trompie-1975/ (2 November 2021 geraadpleeg).

Wybenga, G. en M. Snyman (reds.). 2005. Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom. ’n Gids tot die Afrikaanse kinder- en jeugboek. Pretoria: LAPA Uitgewers.

 

• Die fokusprent by hierdie artikel is ’n detail uit ’n boekomslag van NB-Uitgewers.


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Gendertemas in Topsy Smith se Trompie-boeke appeared first on LitNet.


Gender themes in Topsy Smith’s Trompie books

$
0
0

Abstract

Trompie and the Boksombende (“Boxing Gang”) are part of the reading and viewing experience of many generations of Afrikaans-speaking youths. The original Trompie series, which consists of 25 books, was published during the 1950s and has been reprinted several times. Twenty-four of the original 25 Trompie books were revised during the years 2013 to 2020 and collected in eight omnibuses. The continuing demand for Trompie books is remarkable, especially seen against the background of the growing supply of new youth books worldwide and the changing emphasis of books for the youth. The South African and especially Afrikaans youth literature, up to and including the 1970s, dealt exclusively with the white middle-class child, who grows up in an almost idyllic family with a loving homemaker mother and a hard-working father. Since the 1980s, characters have been created whose lives have not been so secure and idyllic. During the 1990s there was an overemphasis on social and personal problems. The traditional patriarchal family has made way for an absent father and a mother who is a single parent and breadwinner.

The importance of youth literature for the book market is evidenced, among other things, by the awarding of literary prizes for the recognition and promotion of high-quality youth literature. There is a growing awareness among library staff, teachers and therapists of the value of youth literature. The first Trompie book appeared in 1950, in an era when youth literature consciously or unconsciously presented traditional white middle-class norms as the ideal. The Trompie books therefore probably played and still play an important role in shaping the views of several generations of young people on issues such as race, class and gender. The purpose of this article is twofold: (1) to indicate and discuss gender themes in the Trompie books through the lens of Connell’s (1995) masculinity theory; and (2) to reflect on the possibility of Trompie books as a point of departure to cultivate an awareness of gender inequalities in children.

From a literature review of international youth books it transpires that, since the Women’s Movement (1960s), researchers and publishers have made a conscious effort to expose the positive portrayal of male characters to the detriment of female characters. Although this awareness has created a sensitivity among some writers and publishers about the portrayal of female characters, popular youth literature that appeared as recently as 2004 (Dear Dumb Diary series) and 2011 (Twilight series) still emphasizes boys as protagonists.

Research on gender themes in Afrikaans youth books published since the 1950s has found that Afrikaans youth books published up to the 1970s are mainly about the rough and the smooth of Afrikaner boys growing up in a secure, patriarchal family. Research publications further point out that since the 1980s, Afrikaans youth books have moved away from patriarchy and the idealized family with the father as the head, the mother as the caregiver and obedient, submissive children, to broken, eccentric, reconstituted and dysfunctional families. Recent research (2018) has found that Afrikaans youth books that have been published since the 1990s portray women as strong, intelligent and independent. From the literature it also transpires that, over time, the portrayal of female characters has gradually conformed with those of their male counterparts with regard to, among other things, marital status, role in the household, occupational status and ambition, fearlessness, independence and intellect.

Connell’s (1995) masculinity theory, which underpins this study, provides insight into how boys’ or men’s behaviour, attitudes, and values depend on their dominance over girls, women, and femininity or refinement. This dominance is central to what Connell calls hegemonic masculinity. According to Connell, hegemonic masculinity is about more than just justifying unequal husband-wife relationships; it is also about the unequal relationship between different groups of men. Here, among other things, class, race, sexual orientation, age and nationality can play a role. Hegemonic masculinity is thus, according to Connell, the way in which (a specific group of) men acquire or possess positions of power and wealth and how they justify, maintain and expand this domination.

The eight Trompie omnibuses served as data for this study. An interpretive qualitative research approach was followed. Three gender themes were identified using qualitative content analysis:

(1) The portrayal of Afrikaner boys and men. Trompie is the epitome of the alpha male: he is an autocratic, egocentric leader with an excess of confidence in his intellectual and physical abilities. It is important for the alpha male to enjoy prestige among adults and children. Trompie’s participation in violent confrontations and sports is characterized by brute force. The Trompie books are about much more than the domination of women by men; it is also about men’s dominance over other men. Violent clashes between boys are an important way in which the alpha boys establish and reaffirm their dominance over other boys. In almost all the Trompie books analysed, some of the members of the Boksombende are involved in a fistfight with fellow learners, usually newcomers, to “teach” these newcomers what is acceptable behaviour, to stifle and incite bullying behaviour, and to show who is the pack leader. Violence therefore seems to be the solution to many problems and the restoration of the balance of power. It is clear from the many descriptions of how the members of the Boksombende react to severe corporal punishment and other forms of physical discipline that it is important proof of boys’ masculinity. Sport plays an important role in the development and establishment of hegemonic masculinity. From the stories it appears that winning is everything and that boys who do not strive to excel and win on the sports field or do not participate in so-called “male” sports are marginalized and humiliated. In contrast to Trompie, the hegemonic, dominant protagonist, refined and cultured boys and men are despised and portrayed negatively in a 1950s school and community environment where patriarchy flourished. To the contrary, the white men referred to in the Trompie books are, with a few exceptions, portrayed as leaders in the local or international community.

(2) Female characters in the patriarchal, idealized Afrikaner community are either portrayed as caregivers and housewives or individuals trapped in characteristic female occupations, such as receptionists and teachers, or mocked. The women’s lives revolve around their homes, husbands and children and the local community. The girls who cross paths with Trompie are stereotyped as superficial, money-hungry and vain. None of the female characters can serve as inspiration or example for young female readers to spread their wings.

(3) The patriarchal Afrikaner household is an idealized household. The traditional family is presented as the norm: Trompie’s mother performs tasks in and around the house. She prepares food, takes care of her children and is involved in church and community activities. In the idealized patriarchal Afrikaner family, Trompie’s father plays a leadership role inside and outside the family. He is the “head of the family”, the breadwinner (bank manager), the person who carries the wallet. In the Trompie books, the family and the marriage are viewed through romanticized, rosy glasses.

There is the danger that negative gender stereotyping in youth books can lead to low self-esteem and feelings of inferiority among girls, and excessive self-confidence among boys. One should therefore take notice of international research findings that children’s exposure to non-sexist books can bring about a change in preconceived gender views. It is also important that parents and teachers cultivate an awareness of, and a critical attitude towards gender stereotyping and hegemonic masculinity in children. The article discusses the possibility of making a meaningful, enriching contribution to the Grade 7‒9 Life Orientation Teaching Plan for South African schools through the critical reading of youth books.

Keywords: Connell; gender stereotyping; gender themes; hegemonic masculinity theory; youth literature

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Gendertemas in Topsy Smith se Trompie-boeke

The post Gender themes in Topsy Smith’s Trompie books appeared first on LitNet.

LitNet Akademies-resensie-essay: Dol heuning deur SJ Naudé

$
0
0

Dol heuning deur SJ Naudé
Umuzi (2021) [Penguin Random House]
ISBN: 9781415210796

SJ Naudé (fotobron: https://www.litnet.co.za/sj-naud-1970/)

I

Met Dol heuning (2021) keer SJ Naudé nie net terug na sy “groot liefde”,[i] kortverhale, nie, maar verower hy ook vir die tweede agtereenvolgende keer die Hertzogprys vir prosa.[ii] Soos die sewetal verhale in sy gerugmakende debuutbundel, Alfabet van die voëls (2011), is die meeste verhale in Dol heuning langer-as-gewone kortverhale wat die indruk van kompakte novelles eerder as tradisionele kortverhale skep. Opvallende uitsonderings in dié verband is “Twee libretto’s”, wat skaars twee bladsye beslaan en “Daar is mans” wat binne die omvang van ses bladsye tot ’n roerende slot gevoer word. Ongeag die lengte daarvan bevat elke vertelling – selfs die drieluik “Landskappe met figure” wat meer as 50 bladsye beslaan – die kenmerkende onmiddellikheid van ’n kortverhaal wat jou uitnooi om dit tydens ’n enkele sitting deur te lees.

Volgens Cilliers van den Berg (2011) lê die trefkrag van die verhale in Alfabet van die voëls by uitstek “in die saamlees daarvan”. In sy resensie wonder hy selfs of die impak van sekere verhale dieselfde sou wees indien hulle in isolasie gelees word. Hoewel die verhale in Dol heuning enersyds heeltemal afsonderlik van mekaar gelees kan word, wen hulle andersyds ook aan betekenis vanweë die verbande wat hul naas mekaar plasing in bundelverband tot gevolg het. ’n Mens moet egter fyn lees om die subtiele skakels tussen die verhale in dié bundel te raak te sien.

............
Wanneer ’n mens Naudé se nuutste kortverhaalbundel in die hand neem, val veral twee dinge jou op: die aanvanklik raaiselagtige bundeltitel en die buitengewoon helderkleurige omslag (veral in vergelyking met dié van sy vorige twee boeke).
................

Wanneer ’n mens Naudé se nuutste kortverhaalbundel in die hand neem, val veral twee dinge jou op: die aanvanklik raaiselagtige bundeltitel en die buitengewoon helderkleurige omslag (veral in vergelyking met dié van sy vorige twee boeke).

Boekomslae-erkenning: https://www.penguinrandomhouse.co.za/

 

II

“Dol heuning” (’n vernuftige vertaling van die Engelse “Mad honey”, die titel van die bundel in Engels) verwys na ’n tipe heuning wat deur reusebye (Apis laboriosa) van die nektar van die blomme van die bergroos (rhododendron) gemaak word. Dié heuning, met ’n kenmerkende rooi kleur en effens bitter smaak, is veral gewild omdat bergrose grysnotoksien bevat, ’n stof wat dramatiese fisiologiese reaksies by mense en diere kan veroorsaak.[iii] Afhangende van die hoeveelheid heuning wat geëet word, kan die simptome wissel van hallusinasies en ’n verlaagde harttempo tot tydelike verlamming en selfs bewusteloosheid. Hierdie simptome duur egter selde langer as 24 uur.

In Nepal en Turkye word dol heuning (in klein dosisse) medisinaal aangewend om, onder meer, hoë bloeddruk te verlaag, energievlakke te verhoog en ereksies aan te help. Dit word beskou as ’n liefdesdwelm of seksstimuleermiddel (afrodisiakum) wat seksuele probleme oplos en slaapkamerprestasie verbeter. Aangesien dit allerlei vitamines, kalsium en aminosure bevat, hou dol heuning ook ander gesondheidsvoordele in, soos die oplos van maagsere en spysverteringsprobleme, die verligting van hoes en keelseer en die verbetering van die immuniteitstelsel. Voorts bevat dit ook antibakteriële en antifungale bestanddele wat kanker en hartprobleme kan voorkom.

.............
Meestal is dit dus veel gevaarliker om dol heuning uit te haal as om dit in matige hoeveelhede te verbruik.
..............

Meestal is dit dus veel gevaarliker om dol heuning uit te haal as om dit in matige hoeveelhede te verbruik. In Nepal bestyg sogenaamde dapper byemanne van die Gurung-stam die steil bergkranse met “bamboeslere van honderde meter lank” (43) om die bye uit hul halfronde korwe te rook en die heuning te versamel. In Turkye trotseer byeboere woude met gevaarlike bere in die Kaçkar-berge bokant die Swart See om dié gesogte heuning in die hande te kry.

Tog is dit nie soseer die dol heuning self nie, maar veel eerder die assosiasies wat daardeur opgeroep word, wat as skakel tussen van die verhale in die bundel funksioneer: die simptome wat die inname van dol heuning kan veroorsaak; die gebruik van dol heuning as ’n “wapen” tydens oorlogvoering (Harissis en Mavrofridis 2013:730) om niksvermoedende vyande onskadelik te stel,[iv] maar ook die uiterstes waartoe iemand moet gaan om dol heuning in die hande te kry.

In sy bekentenis “What it’s like tripping on mad honey” beskryf die Russiese joernalis Niko Vorobyov sy reaksie op die inname van ’n paar lepels dol heuning soos volg:

A light, gently pleasant buzz flowed over my whole body. I felt slightly dizzy and relaxed, and had a mild sense of lightness and euphoria, even though my head felt a little heavy. Feeling lazy, I didn’t want to stand up from my chair, and things did seem slightly slower and dreamlike.

Ofskoon dit slegs by uitsondering deur dol heuning veroorsaak word, speel droombelewenisse en -toestande ’n deurslaggewende rol in die bundel. Soms verbeel karakters by wyse van dagdrome meer aanneemlike realiteite en/of oplossings vir hul probleme. Voorbeelde hiervan is Frans se voorneme in “Fawzi al-Junaidi” om hulle huis in die mark te sit en kommervry in die Tsitsikamma-woud te gaan woon (24–5) en Marcus se droom van die aanbreek van  ’n “nuwe seisoen” (87) terwyl hy doel- en rigtingloos deur die sneeu voortstrompel aan die einde van “Wonderwerk”. Ander kere bring drome vir karakters helderheid en insig, of spoor dit hul tot doelgerigte handeling aan, soos Laura se nagmerrie oor haar besoek aan platform 14 op Parkstasie (132) in “Die dal van doodskaduwee” of Mark se laaste droom in “Warm kompos”, waarin sy rou uiteindelik ’n duideliker objek vind en hy oplaas van sekere spoke uit die verlede ontslae raak (164–5).     

III

Die omslag van Dol heuning bevat ’n afdruk van die landskapskildery Ottoline VI deur die Britse kunstenaar David Wightman. Dié skildery, asook die voorbereidende skets daarvoor (wat Wightman “Cartoon for Ottoline” noem), is by die katalogus van Wightman se eerste solotentoonstelling getiteld Empire in 2016 ingesluit.

Ottoline VI, akriel- en muurpapiercollage op (skilder)doek, 80 x 120 cm

As kunstenaar is Wightman veral bekend vir sy helderkleurige, fiktiewelandskapskilderye en -afdrukke. Die oppervlakke van sy akriellandskappe bestaan uit ’n collage van handgesnyde, getekstureerde muurpapier wat op skilderdoek of -bord aangebring word deur middel van ’n tegniek soortgelyk aan inlegwerk (marquetry).

Oor Wightman se kleurvolle landskappe skryf Sarah Long (2016) die volgende in die katalogus wat die Empire-uitstalling vergesel:

The intricate collaged wallpaper and unusual colour choices are compelling: they function as abstract compositions as well as imaginary vistas. His paintings offer a glimpse of another world – seemingly real yet entirely fictional.

Dié gedagte van ’n blik op ’n “ander” wêreld – oënskynlik werklik, maar terselfdertyd heeltemal fiktief – kan uiteraard ook op Naudé se verhale van toepassing gemaak word. Lesers van die verhale in Dol heuning kan beslis ook ag slaan op Cherie Frederic, redakteur van Aesthetica Magazine, se raad aan die besigtigers van Wightman se landskapskilderye: “You must spend time with Wightman’s paintings; on the surface they are beautiful and intricate and like the layers they are made from, there is so much depth.”

Soos in die geval van Wightman se skilderye, is dit veral die gelaagdheid, die opeenstapeling van betekenisvlakke, wat Naudé se verhale so boeiend en onthutsend maak (vergelyk ook Myburg 2021). Agter die “glashelder” oppervlak van elke verhaal is daar allerlei donker skadu’s aan die roer. Enersyds blyk dit uit die herhaalde gebruik van beelde waarin oënskynlik onskuldige oppervlakke mettertyd verontrustende kerne/dieptelae onthul – die beeld van die Maagd en Suigeling wat na “jare in die duisternis” (77) in “Wonderwerk” uit ’n afgekapte boomstam verskyn; die “rimpeling van onderaardse vuur” deur die koue bos waarin Mark en Chloë in “Warm kompos” vakansie hou; die skielike roerings van die “siel van die wese” (194) in die diervel waarin Thomas hom in “Berg” (die eerste deel van “Landskappe met figure”) toewikkel; en die gloeiende palings wat telkens onder die kalm oppervlak van die poel verskyn wanneer Christophe hulle in “Vallei” (die tweede deel van “Landskappe met figure”) voer. Andersyds raak die leser ook bewus van allerlei simboolvelde en bewussynstoestande wat in elke verhaal op verwikkelde wyse oor mekaar skuif en die leser se soeke na sluitende interpretasies bemoeilik. In hierdie opsig ervaar die leser van Naudé se kortverhale ’n soortgelyke gewaarwording as die karakter Frans in “Fawzi al-Junaidi”[v]:

[H]y probeer, terwyl hy rondrol, die indrukke van die afgelope paar dae by mekaar uitbring. Om een of ander voorlopig singewende verband te trek tussen die sambokaanval, die hadidas en die snelgroeiende riete. Iewers moet ’n verborge patroon begin vorm … (15)

Een van die merkwaardigste aspekte van Naudé se verhale is egter dat daar nie sprake is van ’n enkele verborge patroon wat uiteindelik vorm aanneem nie, maar eerder van voortdurend verskuiwende betekenislae wat hulle met elke lees (of herlees) van die verhale in nuwe patrone rangskik.

IV

Wat oorhoofse tematiek betref, kan daar ’n subtiele fokusverskuiwing ten opsigte van Naudé se opeenvolgende prosawerke aangetoon word. In al drie – Alfabet van die voëls; Die derde spoel (2017) en Dol heuning – staan intiem persoonlike verhoudings (en veral ouer-kind-verhoudings) sentraal. Die fokus val egter in elke teks op ’n ánder figuur in die triade: moeder, vader en kind.

Teenoor Erika Terblanche erken Naudé dat sy terugkeer na Suid-Afrika ná ’n verblyf van 16 jaar in die buiteland hom die geleentheid gegee het om nader aan sy ouers te wees. Sy ma is egter kort na sy aankoms in Suid-Afrika met kanker gediagnoseer en nie lank daarna nie oorlede: “Mens kom terug na die moederland en saam daarmee is ’n verlies van ’n moeder. Dan projekteer jy die een op die ander […] ’n komplekse soort ervaring.” Iets hiervan vind neerslag in Alfabet van die voëls, ’n bundel wat Naudé aan sy oorlede moeder opdra en waarin daar talle spore/tekens van die moederfiguur, maar ook die moederland en -taal is.

Wanneer Sandrien Gouws, die hoofkarakter in “Die mobile”, met borskanker gediagnoseer word, begin sy haar gesin (en veral ook haar eie bejaarde ma) afskeep ten koste van die armes, siekes en vigslyers in die streek vir wie sy op bykans verbete wyse ’n reddende en vertroostende plaasvervangerma probeer wees. In “’n Meester uit Duitsland” sien die hoofkarakter sy ma kort voor haar kankerdood vir die eerste keer in sy lewe naak. Hoewel hulle albei verleë wegkyk en maak of dit nie gebeur het nie, merk die hoofkarakter later op:

Die retina laat die beeld tóg nie los nie, […]. Dit bly hom by. Hy wonder wat dit beteken, die draling daarvan. Ja, dit dra wel iets daarin van toe en nou, die man vóór die tyd en ná die tyd. Hoe hy die onderskeie selwe behoort te konstrueer, sal hy nooit weet nie. Maar hy weet dit is ’n skeidslyn, ’n ligflits waarin alle beskerming weggeruk word. (79)

Die hoofkarakter in “Oorlog, bloeisels” vergelyk die versorging van sy sterwende ma met ’n oorlogstryd – ’n voortslepende veldslag waarin hy as volwasse kind “die instinkte en trots van sy terminaal siek ouer moet teenstaan” (Olivier 2012). En in “Moederskwartet” lei die besoek wat Ondien om die beurt aan haar sibbe in die buiteland bring, tot ’n herbesinning oor haar verhouding met haar ma (wie se begrafnis sy nie eens bygewoon het nie), maar ook oor haar ambivalente band met haar moederland (Suid-Afrika) en moedertaal (Afrikaans).

In Naudé se debuutroman, Die derde spoel, verskuif die moederfiguur na die agtergrond, terwyl dit veral die vader (en by implikasie ook die vaderland) is wat ’n lang, dreigende skadu oor die verhaalgebeure gooi. In hierdie opsig merk Smith (2012:202) heeltemal tereg op: “Ná sy ingenieurstudie in Pretoria ontsnap die protagonis, Etienne Nieuwenhuis, na Londen, ooglopend om diensplig te ontduik, maar in essensie om weg te kom van ’n verdrukkende patriargale bestel waarvan sy politikus-pa die versinnebeelding is.” Etienne doen inderdaad alles in sy vermoë om sy vaderland – “daardie Republiek van Stof” (48) – agter hom te laat. Daar is gewis véél meer as net dienspligontduiking op die spel; dit is eerder “’n opstand teen die patriargie, teen gesag as sodanig – en teen sy eie fascistiese vader in die besonder”. Etienne kom veral in opstand teen die droom wat sy pa ten opsigte van sy toekoms in Suid-Afrika uitspreek: “’n [M]an moet sowel ’n gesin kan onderhou as waardevol wees vir sy land. Die tyd breek aan om die kinderdinge af te skud” (17). Tog is Bernard-Naudé (2017) van mening dat “die beeld van (verlore) kindskap” dwarsdeur die roman by Etienne bly spook.

............
In Dol heuning staan die ouer-kind-verhouding weer eens sentraal, maar nou word dit – anders as in Alfabet van die voëls en Die derde spoel – hoofsaaklik vanuit die perspektief van ’n ouerfiguur (of altans ’n volwasse karakter wat baie graag ’n ma of pa sou wou wees) aangebied.
..............

In Dol heuning staan die ouer-kind-verhouding weer eens sentraal, maar nou word dit – anders as in Alfabet van die voëls en Die derde spoel – hoofsaaklik vanuit die perspektief van ’n ouerfiguur (of altans ’n volwasse karakter wat baie graag ’n ma of pa sou wou wees) aangebied. Ontredderde fokaliseerders besin in verhaal na verhaal oor aspekte van die lewe soos huweliksontrou, kinderloosheid (onvrugbaarheid, miskrame), surrogaat-ouerskap en die uitgelewerde posisie van kinders in ’n onherbergsame, gewelddadige wêreld. Hoewel die kinderfigure in heelparty verhale as slagoffers van hul omstandighede uitgebeeld word (byvoorbeeld Sebastian, Patience se seun en Fawzi al-Junaidi in die openingsverhaal; Xavier/Juliette in “Die dal van doodskaduwee”; en Cian in “Daar is mans”), vertoon hulle in baie gevalle ook buitengewone veerkragtigheid wat vir die volwasse hoofkarakters in die onderskeie verhale tot voorbeeld is.

V

Indien die beskrywing kosmopolities verstaan word as “nie beperk tot slegs een deel van die wêreld nie”, kan ’n mens Bibi Burger (2021:177) en Francois Lion-Cachet (2021) gelyk gee dat Naudé se nuutste versameling kortverhale, net soos sy debuutbundel, kosmopolities van aard is. Die verhale speel inderdaad af in ruimtes so uiteenlopend soos Suid-Afrika, Namibië, Ysland, Engeland, Amerika, België, Oostenryk, Frankryk en Japan, terwyl heelwat van die karakters van een vasteland na ’n ander beweeg.

In ’n artikel getiteld “Perspektiewe op die kosmopolitisme en transnasionalisme in SJ Naudé se Alfabet van die voëls” toon Louise Viljoen (2014:31–47) egter oortuigend aan dat alhoewel ’n mens inderdaad ’n kosmopolitiese bewussyn in die bundel aanvoel “in die wyse waarop die kontemporêre wêreld beskryf word en waarop daar ondersoek ingestel word na die waardes, psigiese konfigurasies en ook estetiese praktyke wat dié nuwe kontekste verg”, die verhale terselfdertyd ook meedoënloos is “in die wyse waarop hulle bepaalde veronderstellings in verband met die kosmopolitiese instelling toets en aan die kaak stel” (Viljoen 2014:46).

Sou daar met kosmopolities bedoel word “tuis op enige plek in die wêreld”, is die meeste karakters in Dol heuning juis nié kosmopolities nie. In feitlik elkeen van die verhale raak die leser bewus van karakters wat op een of ander manier uitgelewer is aan die land- of stadskappe waarin hulle hul bevind. Soos Wightman se landskapskildery op die omslag, is dit dikwels oorweldigende landskappe wat die karakters verdwerg en nietig laat voel. In die drieluik “Landskappe met figure” verwys Thomas veelseggend daarna as sublieme landskappe – “iewers waar die natuur sy uiterste vorm of toestand bereik” (178). Van ekstreme natuurverskynsels is daar heelwat voorbeelde in die bundel: die “kolossale, slingerende bane blou en groen” (45) van die noorderligte in “Dol heuning”, die lewensgevaarlike sneeustorms in “Wonderwerk” en “Berg” (“Landskappe met figure”), die smeulende teenwoordigheid van ondergrondse vure (grondvure) wat baie stadiger uitbrand as bosbrande bo die grond in “Warm kompos”, en die woestynwinde wat elke vier, vyf jaar “tonne sand uit die Sahara” (184) na Griekeland en Turkye oorwaai, waar dit in die atmosfeer opgesuig en dan saam met die sneeu oor die Alpe uitsak in “Berg”. Thomas beskryf laasgenoemde as ’n “toksiese landskap, onwêrelds: Woestyn en sneeutoendra in een” (184).   

Prent ter toeligting (fotobron: https://pixabay.com/photos/aurora-northern-lights-1197753/)

VI

Die verhale in Dol heuning kan ook gelees word as “droewe liefdesverhale”[vi] wat uiteindelik ’n sonderlinge hoogtepunt in “Landskappe met figure” bereik. Maar dan moet ek onmiddellik byvoeg dat dit hier oor liefde en begeerte in die ruimste sin van die woord gaan en dat die aanslag allesbehalwe romanties is. Verhoudings word eerder in ál hul fasette, en soms in morsige en ontstellende besonderhede, belig.

In die openingsverhaal, “Fawzi al-Junaidi”, probeer Frans sy “grensloos geliefde” seun, Sebastian, ten alle koste teen ’n wêreld van geweld (en meer spesifiek die wreedheid van sekere mans) beskerm. Daarom hou hy hom doelbewus weg van die komposhoop waar Sebastian se ander pa, Johannes, van die “veragtelike” hadidakuikens ontslae raak en probeer hy sy ore toedruk wanneer Patience vertel wat met haar seun gebeur het. Anders as in baie ander Afrikaanse verhale waarin stedelike huiswerkers figureer,[vii] is Patience nie die toonbeeld van lydsame geduld en deemoedigheid wat haar eie gevoelens sublimeer en slegs praat wanneer daar met haar gepraat word nie. Aan die begin van die verhaal draai sy haar rug veelseggend “op die wasbak vol skottelgoed” (9) en konfronteer sy vir Frans (en by implikasie dus ook vir Sebastian) met die verhaal oor die mans wat haar seun tydens ’n gewelddadige homofobiese aanval by ’n sjebien met sambokke verrinneweer het. Haar vertelling is ’n aanklag, aangesien haar seun voor Sebastian se geboorte vir Frans en Johannes “soos hul eie kind” (met ander woorde soos familie)[viii] was. Wat vir Frans veral soos ’n “skuldlem” (18) in sy borskas voel, is die bewustheid dat hy hierdie seun se naam nie kan onthou nie:[ix]

Dié kind, die een wat hulle jare lank amper elke dag gesien het, wat hulle soveel honderd male geroep en aangespreek het, wat ’n tyd lank soos hulle eie was, lê nou tussen hospitaallakens met bloedhale oor sy rug, sy vel oopgebreek. En Frans weet nie wat hy hom moet noem nie. (18)

Soos familie deur Ena Jansen (erkenning: https://www.litnet.co.za/litnet-akademies-resensie-essay-soos-familie-deur-ena-jansen/)

Ten spyte daarvan dat hulle getroud is, is daar in “Dol heuning” sprake van ’n onoorbrugbare kloof  tussen die hoofkarakters, Ellen en Andrew. In die verhaalhede rig Andrew, soos etlike jare vantevore, ’n uitnodiging aan Ellen om hom by die Borg-hotel in Reykjavik te ontmoet. Hoewel Ellen Andrew se beweegredes met agterdog bevraagteken, blyk dit mettertyd dat hy – bykans op desperate wyse – eintlik net die een of ander emosionele reaksie by Ellen probeer ontlok: die eerste keer was dit met sy bekentenis dat hy ontrou is aan haar; dié keer aan die hand van die potjie dol heuning wat hy vir haar gekoop het. By Andrew is daar die hoop dat die dol heuning, benewens liefdesdwelm, ook ’n geneesmiddel vir die gapende kloof tussen hulle sal wees. Ongelukkig is ook die uitwerking van sy dol heuning net tydelik, en boonop nie naastenby kragtig genoeg om die hart van iemand te verower wat “temperamenteel eenvoudig nie geskik is vir saamwees met enigiemand nie” (35).  

In “Wonderwerk” ontstaan daar weldra ’n uiters verwikkelde driehoeksverhouding (liefdesdriehoek?) tussen Lev Brackmann, senior vennoot en hoof van samesmeltings en oornames in ’n vooraanstaande New Yorkse regsfirma, die hooffokaliseerder van die verhaal, Marcus, “een van Lev se ratsste en mees produktiewe assosiate” (54) en die Kastiliaanse kunstenaar Guillermo, wat om den brode as posafleweraar by die regsfirma werk. Wanneer Marcus ’n verhouding met Guillermo aanknoop, maak hy voorbrand vir sy kunswerke by Lev “met sy geraffineerde smaak en klaarblyklik vlymskerpe aanvoeling vir die kunsmark” (68). Dit wil egter voorkom asof Lev se groeiende belangstelling in Guillermo min met kuns te doen het. ’n Beduidende deel van Marcus se wonderwerk (bespiegeling) in die verhaal het te make met Lev se skielike belangstelling in Guillermo: “Marcus vind Lev se belangstelling in Guillermo moeilik om te verklaar (…) Dis asof Marcus se verbintenis met die Spanjaard spesifiek Lev se interesse dryf” (68). Later merk hy bykans verras op dat Guillermo die interaksie tussen hom en Lev buite die kantoor “lubriseer” (73). Uiteindelik kom daar bloedweinig tereg van die “wonderwerke” waaraan Marcus en Guillermo hulle harte gehang het (bevordering tot vennoot en opgang in die kunswêreld onderskeidelik), terwyl Lev op uiters geslepe wyse ’n (dodelike) wig tussen die “bloedbroers” indryf.

“Twee libretto’s” kan gelees word as die kort, liturgiese liefdesverklaring deur ’n moeder aan haar pasgestorwe seun (in altstem) en die seun se aangrypende antwoord daarop (in kontratenoor). So beskou, roep dié verhaal onwillekeurig die moeder-en-kind-beeld wat in die vorige verhaal so wonderbaarlik uit ’n ou boomstam bevry is, in herinnering.

Kort na haar verhuising van Kaapstad na Johannesburg moet Laura, die hoofkarakter in “Die dal van doodskaduwee”, haar motor op Parkstasie gaan afhaal. Haar besorgde buurvrou, Jenna, wat met sovéél sekerheid weet uit watter oorde bedreiging verwag kan te word, waarsku haar: “Jy begeef jou in ’n dal van doodskaduwee, angel” (90). Op platform 14 raak Laura bewus van ’n dolende jong seun oor wie sy haar onmiddellik ontferm. Jenna se kamstige besorgdheid oor Laura se veiligheid word op so ’n wyse teen Laura se opregte ontferming oor Xavier/Juliet afgeteken dat die verhaal uiteindelik ’n waarskuwing word teen die oorhaastige, oningeligte wyse waarop daar soms tussen welwillendheid en kwaadwilligheid in dié wye en droewe land onderskei word. Wanneer Laura aan die einde van die verhaal op platform 14 van Xavier afskeid neem en sê “ek is lief vir jou”, weet sy ook dat niks wat sy doen ’n verskil aan Xavier se situasie kan maak nie. Op die reis deur die dal van doodskaduwee is elkeen uiteindelik op slegs hom-/haarself aangewese. Daarom is dit uiters gepas dat die geluid van Ansel se weeklaag nie net opstyg na die plafon van die stasie en die massiewe ruimte van die hoofsaal vul nie, maar stadigaan ook uitsypel na die res van die stad.

In “Warm kompos” verlaat Mark se vrou, Chloe, hom tydens hul vakansie in ’n houthuis naby die see. Hoewel Mark Chloe se vertrek aanvanklik as onverwags en skielik ervaar, besef hy egter soos wat hy aan hul lewe saam terugdink dat dit in ’n sekere sin heeltemal onvermydelik/onafwendbaar was. Net soos die woud waarin hulle nou tuisgaan, was hulle huwelik nog altyd ’n “koue bos” (148) wat uit die staanspoor besonder “broos” was. Sonder dat hulle dit besef het, en ten spyte van al hulle pogings om die verhouding tussen hulle te versterk en te versier, het ’n “onderaardse vuur” stadig maar seker begin versprei en die vlak boomwortels doodgebrand. “Behalwe dalk vir ’n bietjie stomerige rook en gifdampe” (155) het alles bogronds min of meer dieselfde gelyk, totdat die bome hulle blare begin verloor en geleidelik begin wegkwyn het: “’n Onsigbare vuur. Stille verwoesting” (155). By haar vertrek snou Chloe Mark die volgende woorde toe: “Laas nag het ek wakker geword en besef: Jy het die blik van die kadawer wat ek ’n jaar lank op Universiteit moes dissekteer. Tot daar omtrent niks van hom oor was nie” (156). Hierop antwoord hy veelseggend: “Gaan kyk maar in ’n spieël. Jy kyk met daardie selfde oë vir die kadawer terug” (157). Dat die doodsheid wat hulle hier op mekaar projekteer, onlosmaaklik verbind is met Chloe se miskraam en die gedagte dat die sorgvuldig ingerigte babakamer oornag “die koudste kamer in ’n koue kasteel” (163) geword het, blyk veral uit die drome wat Mark na Chloe se vertrek droom. Dit is veral tydens sy “laaste droom in die boswoning” (164) dat sy rou ’n duidelike objek vind en daar ’n gevoel van berusting by hom begin daag. 

Die titel “Daar is mans” roep Patience se verwysing na “[d]aardie mans” (10) wat haar seun so gewelddadig in die openingsverhaal aangerand het, op ironiese wyse in herinnering. Dié verhaal suggereer dat daar wel mans is vir wie geweld nie die antwoord of die finale uitweg is nie. Jacob, wie se vrou hom verlaat het, onder meer oor sy “afsydigheid” teenoor sy eie dogters, ontwikkel ’n toegeneentheid teenoor Cian, ’n hawelose jongman wat deur sy ouers verstoot is as gevolg van sy homoseksualiteit. Wanneer Jakob aan die einde van die verhaal nie net die toegedraaide present aan Cian oorhandig nie, maar ook die oorgroot oopknooptrui om hulle hang met die gedagte “[s]oos ’n saamgegroeide tweeling, sal hulle kort voor lank snoesig teen mekaar insluimer”, slaag hy daarin om iets te doen wat Laura so graag in “Die dal van doodskaduwee” vir Xavier wou doen.

Die drieluik “Landskappe met figure” bevat drie opeenvolgende tydsnitte uit een van die interessantste persoonlike verhoudings wat ek die afgelope tyd in fiksie teëgekom het, naamlik dié tussen Thomas, wat as assistent by ’n uitgewer van niefiksie werk, en sy vriendin Mio, wat ’n pos by ’n Europese beleggingsbank beklee. Die verhaal karteer die komplekse landskap van die verhouding tussen hulle, wat aanvanklik as “onwrikbaar nieseksueel” (178) beskryf word. Tydens sowel die skivakansie in die Italiaanse Alpe as die besoek aan Mio se vriendin, Ngako, in Auvergne (Frankryk) voel Thomas diep gekwel oor die skeiding waarvan hy tussen hom en Mio bewus is. Wanneer Mio Thomas in die laaste verhaaldeel in Namibië besoek, merk sy ook by geleentheid verwytend op: “Ek dink nou terug aan die berge, daardie naweek in die Alpe ... Daar waar jy my so skielik verlaat het” (226–7). Na ’n uiters onbeholpe (en uiteindelik ook onsuksesvolle) poging tot erotiese samesyn in ’n tentjie in die woestyn, staan Thomas en Mia die volgende oggend “los van mekaar” (231). Op die oog af lyk hulle na “’n paartjie: loslittige verliefdes, minnaars. Maar in werklikheid is die verhouding iets heel anders – meer intens, en met vaer grense” (231). En dit is uiteindelik juis hierdie onvaspenbaarheid wat vir Thomas troos bring:

Daar is troos in vreemdheid, besef Thomas. Hierdie volstrekte nuwe afstand tussen hulle, die onoorbrugbaarheid daarvan, paai hom, stel hom gerus. Nou, vir die eerste keer, terwyl hy rondkyk, maak die vreemdheid van hierdie plek ook vir hom sin: al die teenstellinge en onbestaanbaarhede van die dorp met sy Duits-koloniale geboue en duine en golwe. Hy berus in die manier hoe alles hom hier wegstoot en afwys. Dis waaruit hy betekenis kan konstrueer, uit die afwysing. En uit die vergeet – hy wat die plek amper vergeet het, die plek wat amper van hóm vergeet het. Dit is wat hom vorm gee, of minstens, hom sy eie vormloosheid help aanvaar. Hy dink aan al die duine, soos ’n reuse-vel papier. Selfs sy kinderjare wat hy nie kan aanskou nie, kan hy nou daar in groot letters in die sand skryf en dan behoorlik uitvee. Teen die weidse woestyn maak alles sin, kan alles langs mekaar geskryf word. En dan waai die wind oornag en is daar die volgende oggend weer ’n skoon bladsy. (231)

VII

Ek weet van min kortverhaalbundels waarin uiterlike én innerlike landskappe op so ’n genuanseerde, geloofwaardige en uiteindelik ook aangrypende wyse gekarteer word soos in Dol heuning.

 

Bronne geraadpleeg

Barnard-Naudé, J. 2017. Die derde spoel deur SJ Naudé: ’n LitNet Akademies-resensie-essay. https://www.litnet.co.za.

Burger, B. 2021. Dol heuning. (Resensie). Tydskrif vir Letterkunde, 58(1):177–8.

Harissis, HV en G Mavrofridis. 2013. “Mad honey” in medicine from antiquity to the present day. Archives of Hellenistic Medicine, 30(6):730–3.

Hess, P. 2020. Mad honey: What to know before eating hallucinogenic honey from Nepal. https://www.inverse.com.

Jansen, E. 2015. Soos familie. Stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste. Pretoria: Protea Boekhuis.

Lion-Cachet, F. 2021. In gesprek met SJ Naudé oor sy kosmopolitiese skryfwerk. Klyntji. https://www.klyntji.com.

Long, S. 2016. Introduction: David Wightman. Empire. Londen: Long & Ryle.

Myburg, J. 2021. Boek van die maand: Dol heuning deur SJ Naudé. Maroela Media, 25 November. https://wwwmaroelamedia.co.za.

Naudé, SJ. 2011. Alfabet van die voëls. Kaapstad: Umuzi.

—. 2017. Die derde spoel. Kaapstad: Umuzi.

—. 2021. Dol heuning. Kaapstad: Umuzi.

Olivier, F. 2011. Die skrywer as voëlwiggelaar. https://www.slipnet.co.za.

Opperman, AJ. 2021. SJ Naudé keer terug na sy groot liefde: kortverhale. Die Burger, 26 Mei.

Smith, F. 2018. Die derde spoel. (Resensie). Tydskrif vir Letterkunde, 55(1):202–4.

Terblanche, E. 2017. SJ Naudé (1970–). ATKV/LitNet-Skrywersalbum. https://www.litnet.co.za.

Van den Berg, C. 2011. Onder skuil dieper, donker worstelings. Beeld, 30 Oktober.

Viljoen, L. 2014. Perspektiewe op die kosmopolitisme en transnasionalisme in SJ Naudé se Alfabet van die voëls. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans, 21(1):31–47.

Vorobyov, N. 2022. What it’s like tripping on mad honey, the hallucinogenic that (maybe) is an aphrodisiac. Salon. https://www.salon.com. 10 April.

 

Eindnotas

[i] Die woorde wat AJ Opperman in die titel van sy bekendstellingsartikel oor Dol heuning in Die Burger gebruik.

[ii] SJ Naudé ontvang in 2019 die Hertzogprys vir prosa vir sy debuutroman Die derde spoel en dieselfde toekenning in 2022 vir sy kortverhaalbundel Dol heuning.

[iii] Grysnotoksien is ’n neurotoksiese verbinding wat simptome kan veroorsaak wat verband hou met die Engelse toksologiese akroniem daarvoor, naamlik sludgesalivation, lacrimation, urination, defecation, gastrointestinal distress (spysverteringsprobleme) en emesis (braking)

[iv] Reeds in 401 vC het Xenophon, ’n Atheense skrywer en krygsman, beskryf hoe sy manskappe deur dol heuning vergiftig is tydens hul terugkeer van ’n stryd in Turkye. In 67 vC het Romeinse soldate, onder aanvoering van generaal Pompey, die Swart See-gebied ingeval met die doel om Turkye te beset. Hulle is egter vergiftig deur heuningkoeke vol dol heuning wat die ondersteuners van koning Mithridates op hulle pad geplaas het. Hulle het, volgens oorlewering, opgegooi en soos “mal mense” opgetree, maar die volgende dag reeds beter gevoel.

[v]  Fawzi al-Junaidi is die sestienjarige Palestynse seun wat op ’n persfoto verskyn het wat wêreldwyd voorgehou is as bewys van magsmisbruik deur die Israeliese weermag. In die openingsverhaal sien Frans een aand op BBC News hoe dié tenger Palestynse seun met ’n wit lap as blinddoek oor sy oë hardhandig deur swaargewapende soldate gesleep-dra word.

[vi] Francois Smith (2017:203) bestempel die tweede deel van Die derde spoel as ’n “droewe liefdesverhaal”.

[vii] Ek dink hier veral aan die verhale “Agterplaas” en “Telefoon” deur Elsa Joubert en “Season’s Greetings” deur Rachelle Greeff.

[viii] In haar boek Soos familie. Stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste (2015) besin Ena Jansen krities oor die diskoers waarin stedelike huiswerkers deur hul werkgewers as “soos familie” beskryf word.

[ix] Deur hierdie verwysing word Mark Behr se Die reuk van appels (1993) in herinnering geroep, en meer spesifiek die besoek wat Marnus saam met sy ma en suster aan Klein-Neville in die hospitaal bring. Tydens hierdie besoek blyk dit dat Marnus se ma nie weet wat Doreen en Klein-Neville se van is nie, ten spyte daarvan dat Doreen al jare lank in hulle huis werk.

 

Lees ook:

SJ Naudé (1970–)

Die derde spoel deur SJ Naudé: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Die derde spoel deur SJ Naudé: ’n resensie

LitNet Akademies-resensie-essay: Alfabet van die voëls – ’n Intertekstuele labirint

Alfabet van die Voëls stel hoë eise

Poëtiese taal: Dol heuning deur SJ Naudé, ’n resensie

Dol Heuning deur SJ Naudé – ’n lesersindruk

LitNet Akademies-resensie-essay: Soos familie deur Ena Jansen

The post LitNet Akademies-resensie-essay: <em>Dol heuning</em> deur SJ Naudé appeared first on LitNet.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Junie 2022

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Junie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

1 Junie

Onderhoud: Twee digters gesels: Daniel Hugo en Johan Myburg

2 Junie

Nuus: Planne om Louw-broers se vervalle geboortehuis op Sutherland op te knap

6 Junie

Resensie: Kontreiverhale van die hart wat jou ráák
Trisa Hugo resenseer Die hart het sy redes deur Helena Gunter

Resensie: Meesleurende roman uit niere van Kewtown
Jonathan Amid resenseer Hou jou oë oop deur Brian Fredericks

9 Junie

Profielonderhoud: Johan Retief: ‘Wedergebore en verlos van geloof en die Bybel’
Murray la Vita gesels met Retief, onder meer oor sy nuwe boek.

10 Junie

Profielonderhoud: Boek oor eetverslawing tref diep
Cheréne Pienaar in gesprek met Adele Vorster oor haar debuutroman, Tien voor een.

11 Junie

Boekenuus: 2de uitgawe van ‘Om te skryf’ nou beskikbaar

13 Junie

Boekevat: ’n Koningin en ’n noodvoorraad toebroodjies
’n Rubriek deur Jean Meiring

Resensie: Verse vir die oopklief van die SA narreskip
Neil Cochrane resenseer Narreskip deur Johan Myburg

Resensie: Só vóél dit in ’n oorlog
Gert van der Westhuizen resenseer Tenk deur Pieter Stoffberg

Resensie: Jeugroman vir oud en jonk
Louise van der Merwe resenseer Toe als groen was deur An-Mari do Carmo

13 Junie

Profiel: 100 jaar | Etienne Leroux ‘was ’n gentleman’
AJ Opperman het mense oor Leroux uitgevra

14 Junie

Profielonderhoud: Skrywer oor ‘Hou jou oë oop’: Dié fiksie vra of jy weet wie jy is
Candice Jantjies in gesprek met Brian Fredericks

Boekenuus: Kom snuffel ten bate van donkies op Eseltjiesrus-boekefees

18 Junie

Boeke: ’n Bietjie meer noir in Afrikaans, seblief
Deur Carla Lewis

20 Junie

Resensie: Fantastiese hel van ’n stad in hart van Afrika
Jean Meiring resenseer Babilon deur Karel Schoeman

Resensie: Verse van ‘meester’ De Vos
Johan Brits resenseer Môre en gistraand en die einde van die maand deur Philip de Vos

Resensie: Storie vermaak, laat jou gril en jou kop skud
Jonathan Amid resenseer Three Assassins deur Kotaro Isaka

Resensie: Takamura se magnum opus
Sonja van der Westhuizen resenseer Lady Joker deur Kaoru Takamura

Nuus: Van Coller se mening oor ‘randfigure’ in kinderboeke sy eie – Akademie

24 Junie

Nuus: ‘Nou’s ek ’n Gupta’, sê digter oor haar wengeld
Lynthia Julius is die eerste ontvanger van die JC Steyn-beurs vir ’n MA-student in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van die Vrystaat.

Boekenuus: Afrikaanse biografie oor Ingrid Jonker nou in Nederlands uitgereik

25 Junie

Boekenuus: Saul loop binnekort ‘kringe in ’n bos’ in Arabies
Oor die jongste suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds

26 Junie

Resensie: Die krag van taal in ’n Goue ster vir Faizel
Candice Jantjies resenseer dié kinderboek deur Rafiek Mammon

27 Junie

Boekevat: Moenie dat skryf vir jou Skryf word nie
’n Rubriek deur PP Fourie

Resensie: Lotz rig volgelaaide wapen
Stefaans Coetzee resenseer Polsslag deur Marie Lotz

Resensie: Bellville-bromance ’n uitsonderlike bydrae
Ali van Wyk resenseer Die onsigbare pou deur Zirk van den Berg

Resensie: Gety om van kennis te neem
Jonathan Amid resenseer Rooigety deur Bets Smith

28 Junie

Boekenuus: Verpulping van bundel ‘skokkend’
Elretha Britz berig oor die verpulping van die bloemlesing Vers en vrou, saamgestel deur Karen de Wet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Junie op LitNet verskyn:

Moord op Pofadder deur Charné Kemp: ’n resensie

Moer deur Michèle Meyer: ’n lesersindruk

Die Anglo-Boereoorlog in kleur deur Tinus le Roux: Foto’s en nuwe waarheid

Die slegte nuus van die evangelie deur Johan Retief: Sakkie Spangenberg deel sy indrukke

Om beter te kan moor deur Christelle van Rooyen-Wessels, ’n resensie

Resensie: minjonet en bitterbos deur Thomas Deacon

Boereverneuker of opreg? ’n Resensie van Die siener deur Yolanda Barnard-Lemmer

Dood, vrees en hoop: ’n resensie van Tenk deur Pieter Stoffberg

Klein juweel vlieg: ’n resensie van Chisoni deur JG Jesman

’n LitNet Akademies (Regte)-artikel oor Die waarde van stil bure? ’n Onderhoud met Zelda Bezuidenhout

’n Gesprek met al die Marte in Dinge van ’n kind

Toe als groen was deur An-Mari do Carmo – resensie en onderhoud

Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywer: Bibi Slippers oorgehaal vir die muse van die Karoo

Inwoonskrywer: Naomi Meyer

Die volgende resensies het gedurende Junie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

5 Junie

Resensie: Joan Hambidge bespreek Bot deur Carien Smith

Resensie: Polsslag deur Marie Lotz, geresenseer deur Jonathan Amid

Nuut op die rak: “Vier vir verslesers”

  • Die Jirre is my Wagter: Psalms en inkele annerlike tekse ytie Bywel yt deur Elias P. Nel;
  • Pirow Bekker se tiende digbundel, Rakelinks;
  • Skeletaal deur Franco Colin; en
  • Handspoor deur Louse Boshoff

12 Junie

Resensie: Juliana Coetzer resenseer Tien voor een deur Adele Vorster

Resensie: Tenk deur Pieter Stoffberg, geresenseer deur Fanie Olivier

Resensie: Jonathan Amid oor Here’s the thing deur Haji Mohamed Dawjee

Nuut op die rak: “Menslike stories”

  • Hoerkind deur Herman Lategan,
  • Bulelani Ngcuka: The sting in the tale deur Marion Sparg,
  • Mianke fluister vir perde en skryf ’n storie deur Jan Bezuidenhout, en
  • Thando Pato se outobiografie On the rocks: Memoir of a high-functioning alcoholic

 

19 Junie

Resensie: Johann Kriegler lees Bulelani Ngcuka: The sting in the tale deur Marion Sparg

Resensie: Johan van Zyl resenseer Krummels in my koffer: Stories oor kos en plekke deur Emile Joubert

Resensie: Joan Hambidge oor Verdeelde stand / Divided Stance deur Celeste Fritzé

Resensie: Jonathan Amid bespreek Die bewonderaar deur Erla-Mari Diedericks

26 Junie

Resensie: Antoinette Slabbert resenseer Sabotage: Eskom under siege deur Kyle Cowan

Resensie: Die tienduisend dinge deur Maria Dermoût, in Afrikaans vertaal deur Ena Jansen, geresenseer deur Annelise Erasmus

Artikel: “Vertalings bly ’n liefdeswerk”
Nicol Stassen gesels oor Protea Boekhuis se Afrikaanse vertalings

Nuut op die rak: “Uit ander tale”

  • Madame Pylinska en die geheim van Chopin deur Eric-Emmanuel Schmitt en in Afrikaans vertaal deur Naòmi Morgan;
  • Vreemde vis deur Milton Schorr, in Afrikaans vertaal deur Toast Coetzer;
  • Mister Angelo Alzheimer deur Jef Geeraerts, in Afrikaans vertaal deur Fanie Olivier; en
  • Anne van Green Gables deur Lucy Maude Montgomery, in Afrikaans vertaal Jackie Lätti

Resensie: Magdel Vorster resenseer Die Sproetebessies en die hart van die Swart Roos deur Troula Goosen

Die volgende resensies het gedurende Junie op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

8 Junie

My Stasie Straat Kombuis

“Nie net het ek die kommentaar en anekdotes geniet wat sjef Mynhardt bo-aan elke resep lewer nie, maar ek hou veral van die beskrywende name van die geregte.”

Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

21 Junie

Die Anglo-Boereoorlog in kleur

“Die persone op die foto’s kry ‘lewe’. Dis asof jy aan hulle kan raak of hul hoor gesels,” skryf Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

Lees die resensie.

28 Junie

Meer as jou seerkry – Groei as jy stukkend is

“Die gevolg is ’n helende boek wat inspireer en vol wysheid en insig is. Daar is ook praktiese wenke en raad wat die leser kan toepas.”

Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van Francois Lion-Cachet.

17 Junie

Profiel: Van klippe en berge: die poësie van Kobus Moolman
Deur Marike Beyers (vertaal deur Elodi Troskie)

Die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam bied in samewerking met die Taalunie ’n reeks aanlyn gesprekke aan oor Afrikaanse letterkunde: ‘Boeken uit het Huis’. Die gesprekke vind in Nederlands en in Afrikaans plaas.

Daar is nie in Junie ’n episode vrygestel nie.

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Junie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke

Woensdag 1 Junie

Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika is ’n splinternuwe, opgedateerde boek wat ’n baie gebalanseerde oorsig gee oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis. In net meer as 700 bladsye word die hele land se geskiedenis opgesom, beginnende by die eerste nasies wat hier gewoon het, tot die Suid-Afrika van 2022. Ilse Salzwedel se gaste, professore Hermann Giliomee (een van die redakteurs van die boek) en Albert Grundlingh, is albei gerekende geskiedskrywers, en gesels nie net oor hulle bydraes tot hierdie pragboek nie, maar ook oor hul eie publikasies, wat onder andere Die Afrikaners: ’n Biografie (Giliomee) en Van Zyl Slabbert: Man on a mission (Grundlingh) insluit.

Woensdag 8 Junie

Johan Myburg het nuus oor Tomb of Sand, die wenner van die Booker International; The Art of Losing, wat met die Dublin-letterkundeprys bekroon is; en ’n nuwe roman deur die Turkse skrywer en Nobelpryswenner Orhan Pamuk. Ilse Salzwedel gesels ook met Johan, wat in 2018 met die Hertzogprys vir poësie bekroon is, oor sy nuwe digbundel Narreskip. Ina Strydom praat oor kopiereg, en die RSG-bonuspotgooi van Jeanne Goosen se Sneeu in die Karoo. Elsje van Jaarsveld praat met Stephen le Roux oor sy boek Toy van Carnarvon.  In ons reeks radiodrama-slypklasse, bespreek Ina Strydom die ontwikkeling van ’n storie.

Woensdag 15 Junie

Suzette Kotze-Myburgh gesels met Hannes Barnard oor sy misdaadroman Die wet van Gauteng. In Johan Myburg se internasionale boekenuus kan jy meer uitvind oor ’n nuwe roman uit die pen van die Britse skrywer Julian Barnes, die skrywer Abdulrazak Gurnah se bespreking tydens vanjaar se Hay-letterkundefees en ’n inspirerende skoolbiblioteek-veldtog deur die bekende Britse skrywer Cressida Cowell. In die voorlaaste radiodramaslypklas gesels Ina Strydom oor die gebruik van byklanke. SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor die boeke (en mense) wat van haar ’n leser gemaak het.

Bonuspotgooi 15 Junie 

In hierdie bonuspotgooi is daar onderhoude met twee baie uiteenlopende Afrikaanse skrywers, wat albei op die 13e Junie gebore is. Verna Vels, die skepper van die legendariese Liewe Heksie, is in 1922 gebore, en die Sestiger Etienne Leroux in 1933. Albei is reeds oorlede, maar hulle boeke word steeds gelees en geniet. Die onderhoud met Verna is in 2013 deur Ilse Salzwedel opgeneem, byna presies ’n jaar voor haar dood op 21 Augustus 2014 (sy was 81). Die onderhoud met Etienne Leroux is op 14 Junie 1987 uitgesaai in Kuiergaskeuse. Dit was ’n dag na sy 65e verjaarsdag. Twee jaar later is hy in die ouderdom van 67 oorlede.

Woensdag 22 Junie

Ilse Salzwedel gesels met die Christelle Van Rooyen-Wessels oor haar misdaadroman Om beter te kan moor. Voornemende radiodramaskrywers kan luister na die laaste van Ina Strydom se radiodramaslypklasse. Ina gesels met ’n vorige wenner van die radiodramaskryfkompetisie, Lee Doubell.  Johan Myburg se bydrae oor die internasionale boekewêreld klink bietjie anders as gewoonlik. Jy kan luister na ’n gesprek tussen Yves T’Sjoen, hoogleraar in Letterkunde aan die Universiteit van Gent, en Daniël Hugo, digter en die Afrikaanse vertaler van die Belgiese skrywer Hugo Claus se Het verdriet van België.

Woensdag 29 Junie

Die skrywer en dramaturg Athol Fugard het op 11 Junie sy 90ste verjaarsdag gevier. Kom luister saam na ’n profiel oor hom, saamgestel deur wyle Margot Luyt, waarin bekende teatermense, soos Sandra Prinsloo, John Kani, Marius Weyers en Yvonne Bryceland oor Fugard en sy werk gesels. Fugard self kan ook daarin gehoor word. Dan kan jy luister na ’n uittreksel uit ’n 1993-onderhoud waarin Fugard aan Gerda Coetzee vertel oor die inspirasie vir sy bekende Master Harold and the Boys. In Johan Myburg se internasionale bydrae, gesels hy oor Ruth Ozeki en haar boek The Book of Form and Emptiness, en die polemiek rondom ’n onlangse uitlating van die topverkoperskrywer James Patterson.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Junie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi

Dinsdag 7 Junie

Wat skryf ons digters oor die digkuns? Hoe kom hulle aan die dinge waaroor hulle verse skryf? En hoe skep ’n mens iets uit die niet? Luister na gedigte oor die skryf van gedigte deur, onder andere, Cas Vos, Breyten Breytenbach, Elisabeth Eybers en Uys Krige. Die voorleser is die aktrise Nicole Holm.

Dinsdag 14 Junie  

Die winter is nou werklik op ons! Teen die kus langs sak swaar buie uit, en die binneland bibber van die koue! Pak jou kaggelvuurtjie, skink ietsie warms en luister na gedigte oor storms en gure weer. Die voorleser is Elsabé Daneel.

Dinsdag 21 Junie

Die tweede aflewering van gedigte oor die winter en sy storms, soos voorgelees deur Elsabé Daneel. Jy kan ook uitsien na meesterlike toonsettings van gedigte deur Eugéne Marais, H.A. Fagan en Koos du Plessis.

Dinsdag 28 Junie

Die seevaarders van ouds was sekerlik van die dapperse mense ooit. Om die ongekarteerde stormsee aan te durf, het vir sommige groot rykdom bekom, maar ander het nooit weer aan wal gestap nie. Luister na verse oor die rampe waardeur ’n paar skeepskapteine en hulle bemannings getref is. Jy kan uitsien na verhalende gedigte oor die volksheld Wolraad Woltemade, die groot, wit walvis Moby Dick se skrikbewind en natuurlik ook daardie spookskip, die Vlieënde Hollander. Die voorleser is Anrich Herbst.

Boekkeuse, Fine Music Radio

Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde.

In hierdie episode is die fokus op die poësie met Joan Hambidge se bespreking van Johan Myburg se Narreskip,  Philip de Vos se Môre en gisteraand en die einde van die maand en Franco Colin se debuut, Skeletaal. Ronelda Kamfer, Nathan Trantraal en Zarine Roodt is ateljeegaste. Hélene de Kock se roman, Stella se dogters, word ook bespreek.

’n Potgooi van die program is hier beskikbaar: https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

7 Junie

Resensie: Joan Hambidge resenseer Môre en gistraand en die einde van die maand deur Philip de Vos

10 Junie

Resensie: Marlies Taljard resenseer Handspoor deur Louise Boshoff

13 Junie

Resensie: Marius Crous resenseer Rakelinks deur Pirow Bekker

14 Junie

Resensie: Neil Cochrane resenseer Aarde na firmament deur Lina Spies

29 Junie

Resensie: Joan Hambidge resenseer A Short Treatise on Mortality deur Douglas Reid Skinner

SARIE / sarie.com

Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in Junie verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif, en in die tydskrifuitgawe – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:

The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Junie 2022 appeared first on LitNet.

Hallo, donkerte, my ou vriend: ’n onderhoud oor die effek van beurtkrag op die menslike psige

$
0
0

  • Titel van artikel met erkenning aan bogenoemde lied.

Die krag is af en mense se moraal is ook af. So wil dit voorkom.

Naomi Meyer vra vir Louis Awerbuck, ’n sielkundige van Stellenbosch, of lig wérklik mense se gemoed lig.

Hallo Louis. Ek val met die deur in die huis. Vroeër jare, het ek in korrespondensie aan jou geskryf, het mense soms ’n gesprek geopen met die woorde "Goed, en met jou?" Op hierdie oomblik is daardie positiewe klank nie in ons land aan die orde van die dag nie. Baie dinge stem mense terneergedruk – vrae oor die regering, die stygende petrolprys en ander lewenskoste. Die Eskom-situasie is die laaste strooi, soos wat Max du Preez ook onlangs in ’n ope brief geskryf het. Wat is jou ervaring as sielkundige: Het lig of donker ’n werklike effek op die menslike psige?

Lig en donker het beslis ’n kenmerkende effek op die menslike psige. Daar word wêreldwyd in wetenskaplike kringe aanvaar dat sekere vorms van blootstelling aan sonlig ’n beduidende impak op mense se gemoed het vanweë die impak op sekere hormone – veral hormone wat verband hou met emosionele regulering.

............
Lig en donker het beslis ’n kenmerkende effek op die menslike psige. Daar word wêreldwyd in wetenskaplike kringe aanvaar dat sekere vorms van blootstelling aan sonlig ’n beduidende impak op mense se gemoed het vanweë die impak op sekere hormone – veral hormone wat verband hou met emosionele regulering.
...............

Hierdie hormone sluit veral serotonien, melatonien en kortisol in. Deurslaggewende studies dui verder daarop dat lig die pineale klier verskillend stimuleer, wat slaapritmes dramaties kan beïnvloed en ’n verdere beduidende invloed op die gemoed tot gevolg het.

Daar is verskillende studies oor seisoenale depressie gedoen. Sommige studies beweer dat so iets bestaan, en ander sê dis ’n mite dat sonskyn of lig werklik mens se gemoed beïnvloed. Dalk gaan dit oor wat mens ken en gewoond is? Dit kan op ’n manier ook by die Eskom-situasie aansluit – dis nie net die lig, per se, wat veroorsaak dat mens se gemoed lig (!) nie. Dis die voorspelbaarheid en die vanselfsprekendheid van lig waaroor dit gaan. In ’n wêreld waar mens al hoe minder dinge kan beheer, maak ons staat op iets waarop ons wel kan reken? Wat dink jy?

Uiteraard is die saak nie so eenvoudig nie, en kan mense se gemoed nie net aan lig of donker gekoppel word nie.  Dat seisoenale veranderinge, en gepaardgaande voorkoms van sonlig ’n sterk invloed op mense se gemoed het, is egter ’n nagevorste feit. Navorsing oor selfdood help baie hiermee. Nie naastenby alle mense met depressie wend hulle na selfdood nie, maar die meeste mense wat hulle eie lewe neem, is depressief, en die statistiek wys duidelik dat seisoenale wisselinge ’n groot rol speel. Navorsing wat op vorige pogings tot selfdood as ’n risikofaktor fokus, dui op ’n beduidende korrelasie tussen patrone van temperatuur (ook weerverwante patrone), en ongeslaagde selfdoodpogings.

.............
Navorsing oor selfdood help baie hiermee. Nie naastenby alle mense met depressie wend hulle na selfdood nie, maar die meeste mense wat hulle eie lewe neem, is depressief, en die statistiek wys duidelik dat seisoenale wisselinge ’n groot rol speel.
.............

Dit is nie regtig betwisbaar dat faktore soos temperatuur, ure van sonskyn per dag, asook radiasie, ’n groot rol in mense se gemoed speel nie. Wetenskaplikes krap nog kop oor die besonderhede hiervan, maar die impak van wisselende meteorologiese faktore op die menslike gemoed is ’n feit.  Hier ter plaatse is daar nog nie baie beduidende navorsing hieroor gedoen nie, maar die verband tussen gemoed en seisoen word wêreldwyd waargeneem en kan dus ook op Suid-Afrika van toepassing gemaak word. Studies in Europa het byvoorbeeld ’n duidelike verband bevind tussen daaglikse sonskyn vir die dag van selfdood en 10 dae voor selfdood, maar geen verband met die aantal ure van sonskyn tot twee maande voor selfdood nie. Soos in Suid-Afrika blyk dit dat die toename in selfdoodpogings in Australië en Nieu-Seeland gedurende die somer grootliks gekoppel is aan hoe die temperatuur presenteer. Sonlig speel dus beslis ’n kardinale rol, maar dit is nog onseker presies hóé. Soms kom die navorsingsresultate verwarrend voor, en bevindings weerspreek mekaar soms. ’n Onlangse studie in die VSA het byvoorbeeld bevind dat daar ’n beduidend hoër voorkoms is (omtrent 8%) in selfdoodpogings onder die bevolking aan die westelike dele van die land as onder mense wat in die oostelike dele woon. Hiérdie voorkoms word grootliks toegeskryf aan die meteorologiese impak van die verskillende tydsones. Mense in Kalifornië moet met een uur minder sonlig deur ’n dag klaarkom as mense in Florida, en blykbaar speel dit ’n groot rol in die kollektiewe (westelike) gemoed. Dit is egter nog onseker wanneer sonlig te veel is, wanneer dit te min is, en wat presies die korrelasie is.

............
Dit is algemeen bekend dat mense in Suid-Afrika swaarkry op ’n ekonomiese en psigiese vlak, en gebukkend gaan onder erge sosiopolitiese omstandighede. Om dan verder weerhou te word daarvan om byvoorbeeld bloot die ketel te kan aanskakel vir koffie of ’n gunstelingtelevisieprogram te kan kyk vir ontspanning, is ’n verdere konstante herinnering daaraan dat daar oor die algemeen "iets fout is", en dat "dinge nie uitwerk nie".
..............

Hoe dit ook al sy, die meeste mense vind dit onaangenaam en terneerdrukkend om na ’n lang dag by die huis te kom en dan in die donkerte te moet sit of sonder lig moet sukkel. Mense wat reeds geïrriteerd of onder stres is, word net nog ’n rapsie verder gefrustreer as ’n roetine wat as vanselfsprekend aanvaar word (bv lees in die aand by ’n lig), skielik nie meer daar is nie. Dit is algemeen bekend dat mense in Suid-Afrika swaarkry op ’n ekonomiese en psigiese vlak, en gebukkend gaan onder erge sosiopolitiese omstandighede. Om dan verder weerhou te word daarvan om byvoorbeeld bloot die ketel te kan aanskakel vir koffie of ’n gunstelingtelevisieprogram te kan kyk vir ontspanning, is ’n verdere konstante herinnering daaraan dat daar oor die algemeen "iets fout is", en dat "dinge nie uitwerk nie". Daar is dus weinig twyfel daaroor dat beurtkrag ’n negatiewe impak op die Suid-Afrikaanse psige het, en tot kollektiewe moedeloosheid bydra.

Prent van stukkende gloeilamp: https://pixabay.com/photos/lightbulb-broken-light-bulb-6780324/; foto van Louis Awerbuck: Liné Loff (https://www.litnet.co.za/die-covid-19-pandemie-se-invloed-op-sielkundige-trauma/)

Hoe nou, in hierdie winter van misnoeë? Pessimisme is nie die oplossing nie, en toksiese positiwiteit ook nie. Het jy iets oor die alledaagse lewe waaraan jy in donker tye (soms letterlik) dink en met ons lesers kan deel?

Ek weet dit is maklik om te praat, maar daar is ’n eenvoudige beginsel waarmee ons almal sukkel, maar wat ons almal weet eintlik waar is: Mens moet laat los wat jy nie kan beheer nie, en beheer neem van wat jy kan. Hoe ’n groot cliché dit ook al is, ek glo vas dat die antwoord op hantering van moeilike lewensomstandighede daarin lê.

...........
Mens moet laat los wat jy nie kan beheer nie, en beheer neem van wat jy kan. Hoe ’n groot cliché dit ook al is, ek glo vas dat die antwoord op hantering van moeilike lewensomstandighede daarin lê.
..............

So wat jy ook al kan doen of reël of inrig om jou lewe makliker te maak of die donkerte die hoof te bied, moet jy doen, en die res jou nie oor verknies nie. Daar is nie vir alles onmiddellike oplossings nie.

Lees ook:

Gereedstaan-rugsteunkragstelsels: ’n Eenvoudige inleiding tot immuniteit teen beurtkrag

Wie wen wanneer Eskom die ligte afsit?

Eskom: Hoe lyk die toekoms?

Sonkrag: Kan Suid-Afrikaners wegkom van die Eskom-netwerk?

LitNet: Gaan Eskom ineenstort?

Fresh off the press: Sabotage: Eskom under siege by Kyle Cowan

Die COVID-19 pandemie se invloed op sielkundige trauma

 

The post Hallo, donkerte, my ou vriend: ’n onderhoud oor die effek van beurtkrag op die menslike psige appeared first on LitNet.

So long Boris and thanks for nothing

$
0
0

With his usual blustering and unapologetic arrogance, the British prime minister resigned yesterday. Shed a tear for Boris Johnson? Not an Oxford chance. After all, this is a man who wrote in The Spectator in 2002 that the African “continent may be a blot, but it is not a blot upon our conscience. The problem is not that we were once in charge, but that we are not in charge anymore.”

Alexander Boris de Pfeffel Johnson was born into a comfortable existence and spent some of his early years living in Brussels. His father, Stanley Johnson, secured employment at the European Commission, oh the irony, in 1973 and then went on to be Conservative Party Member of Parliament from 1979 to 1984. Like his father did, Boris followed the usual route into the British establishment.

English public schools aren’t government schools and to attend one costs around £50,000 (one million rand) in annual fees. Public schools are the country’s bastions of upper class and aristocratic power. They are where the next generation of the British ruling class is churned out to lord over the miserable peasants. Boris went to the most notorious of them, Eton, and then went on to Oxford and studied philosophy and the classics. Back in the days of Empire that degree qualified one to, you know, for example, land the job of ruling India.

The old boys network swung him a position at The Daily Telegraph, where he was the Brussels correspondent from 1989 to 1994. His reporting consisted of throwing every rock, chunk of toxic metal and pile of steaming manure he could grasp in his power-mongering slimy hands at the European Union. The iron lady of British politics, Margaret Thatcher, rather liked his work. One has to give it to Boris, in terms of political reporting and straight-out agitprop, his contribution to promoting Euroscepticism within the Tory party and the British body politic at large was tremendously successful. Only the sheer deranged rabidity of Brexit’s architect, Nigel Farage, did more to drive the UK out of the EU and into an unending vassalage to the Americans.

Boris’s subsequent career as a columnist and later editor at The Spectator was marked with some interesting turns of phrase. Such as “the modern British male is useless” and “If he is blue collar, he is likely to be drunk, criminal, aimless, feckless and hopeless, and perhaps claiming to suffer from low self-esteem brought on by unemployment.” As for single mothers, he wrote in 1995 that their children were “ill-raised, ignorant, aggressive and illegitimate children who in theory will be paying for our pensions.”

Of course, one should not emulate that petty style of writing. It simply wouldn’t do to say that Boris is a degenerate upper-class toff who revelled in feeding upon the bloody carcass of the working class whom he cheerfully impoverished in the name of continuing a political career that had the sole purpose of glorifying übermensch Johnson. Would not do at all.

With his shock of messy blonde hair and, it has to be grudgingly admitted, a fair amount of charisma, he entered politics as a Conservative MP in 2001. He then went on to be the mayor of London twice, returned to the House of Commons in 2015, and became the Foreign Secretary under Prime Minister Theresa May in 2016.

After Farage drove a stake through the heart of British society and the country voted to leave the EU, Boris saw his opportunity. In 2006, he wrote a book on the Roman Empire, and he learned Rome’s lessons only too well. When Theresa May tried to get her Brexit deal through Parliament, Johnson, and his sidekicks, fine upstanding public school Tory MPs such as the right dishonourable undead Jacob Rees-Mogg, stymied the deal for months upon months. Then, in May 2019, they moved in like it was the Ides of March.

With May bleeding out on the steps of Downing Street, Boris took over as the prime minister on the 24th of July 2019. Whatever his many and profound faults are, he is actually not a clown and has razor-sharp political instincts. After three attempts, Boris managed at the end of October 2019 to get a new general election called. He made the December 2019 general election, in effect, a second referendum on Brexit, and it worked spectacularly well. The Tories swept a bickering Labour off the electoral map.

There’s nothing a Tory politician wants more than power. Over the next three years, the Conservative Party looked every which way but at the growing scandals. Boris violating the very same lockdown regulations that he imposed on everyone else, Boris getting his private residence renovated with an undisclosed ‘loan’, and so on and so on. For all his faults, Boris kept the Party in power, the soiled and dirty masses loved him.

Until they didn’t. The Tories are losing by-elections. Labour and the Liberal Democrats are picking up seats. A dawning realisation hit the Conservative Party that if Boris stays, they will lose the next general election. Inflation is over 9%, GDP growth is slowing, privatisation is dragging down the National Health Service, and Johnson’s great Brexit deal hasn’t brought about the much-promised holy land.

That’s why over the past three days, 28 ministers of his government resigned and joined by another 33 deputy ministers and other high-level officials. Yet make no mistake. All those who resigned and thus brought down the government did not do so out of a vague sense of dignity or some residual echo of morality, but out of a single-minded sense of political survival.

Boris’s career is over. He made his play, became prime minister, mucked up the country, and has now finally been gunned down by his own party. 

Dr. Tristen Taylor is a freelance journalist and photographer. He is also a Research Fellow in Environmental Ethics at Stellenbosch University.

The post So long Boris and thanks for nothing appeared first on LitNet.

LitNet: Jou leeswinter

Persverklaring: LitNet-rubriekskrywer op Woordfees TV

$
0
0

LitNet se rubriekskrywer Elise Bishop is binnekort te sien op Woordfees TV. Haar outobiografie Twee lewens word bekendgestel op die Toyota US Woordfees se opwipkanaal op DStv.

Yvonne Beyers gesels met Elise Bishop oor Twee lewens gedurende die insetsel “Die seuntjie met die rooi handsakkie”.

Die program word aangebied deur Hemel & See Boeke, die uitgewer van Twee lewens.

As ’n seuntjie het Pierre van der Merwe ’n tafeldoek om hom gebind, ’n netjie op sy kop geplak en gespeel hy’s ’n bruid. Nou deel Elise Bishop haar merkwaardige lewensverhaal ná ’n volledige geslagsverandering op 23.

Meer oor die boek

Nota bene: Die boek is tans nog te koop nie, maar voorafbestellings kan reeds geplaas word.
Kontak Hemel & See Boeke by 028 316 4852.

Hoe weet ’n klein seuntjie van skaars drie jaar oud dat hy in die verkeerde liggaam gebore is? Wat ervaar daardie seuntjie in die eerste twee dekades van haar lewe dat sy so oortuig raak van wie en wat sy moet wees, dat sy die lang pad van geslagshertoewysing aanpak sodat sy haar droombestaan kan voer in die liggaam waarvoor sy gebore is?

Min het Pierre van der Merwe daardie tyd geweet wat Elise van der Merwe alles in haar nuwe bestaan gedurende die volgende 50 jaar sou ontdek en ervaar!

Meer oor Woordfees TV

Die Toyota US Woordfees vind vanjaar nogmaals dwarsoor Suid-Afrika en Namibië plaas – eksklusief op DStv. Die Woordfees TV-fees sal vanaf 15 tot 28 Julie op DStv-kanaal 150, en in Namibië ook op GOtv-kanaal 27, op die lug wees.

Alle Suid-Afrikaanse DStv-intekenaars met ’n Premium-, Compact Plus-, Compact- of Family-pakket sal toegang tot dié opwipkanaal hê, maar in Namibië sal Woordfees TV nie ook op Family beskikbaar wees nie.

Lees ook

Elise Bishop verduidelik Graaffrikaans

Scindapsus en sunfilters

Elders gesien: Koöperasie en springbokke

The post Persverklaring: LitNet-rubriekskrywer op Woordfees TV appeared first on LitNet.


Somerset East and the Walter Battiss Museum: an interview with Ros Turner

$
0
0

"Birds at sunset" and "Strange Karoo object" by Walter Battiss (pictures: provided)

After having attended a Jakes Gerwel PEN Afrikaans writers’ residency in Somerset East, Naomi Meyer asks Ros Turner, tourism officer of Somerset East, about the Walter Battiss Museum, next door to Paulet House.

Ros, you most certainly work in a unique office space. Please tell our readers about the building where you work – how old it is, where it is, and maybe why it is not merely “a unique office space”.

The Walter Battiss Art Museum was originally built as the officers’ mess in 1818, when the governor of the Cape, Lord Charles Somerset, sent botanist DFR Joseph Mackrill to find a site for a farm to grow crops and fodder for the British troops fighting the Frontier Wars. Mackrill described the area under the Boschberg Mountain as “the great lawn”. Bester and Trichardt, who were growing tobacco, were bought out, and first Mackrill and later Robert Hart supervised the growing of crops. In 1825, when the farm was closed, the building went through several changes of ownership, until it was bought by local farmer Sawtell, who was responsible for adding the cast iron fence and the Victorian veranda. Between 1914 and 1917, the Battiss family rented the building and ran it as a private hotel. In the late 1970s, two of the mayors of Somerset East donated the building to the Provincial Museums Department, and in 1981 the Walter Battiss Art Museum was opened. The sense of history is strong in the building, and “if only these walls could talk” is a frequent, plaintive remark!

..........
The sense of history is strong in the building, and “if only these walls could talk” is a frequent, plaintive remark!
............

Talking about history: what is your personal background? How did you end up in Somerset East in the Walter Battiss Museum?

I was born in Australia, met and married my South African husband there, and spent 41 years on a farm near Somerset East. In 2006, when we moved to town, I got the tourism officer job. This improved greatly when, after working in a municipal building, we managed to move the Information Office to the Battiss Museum, which was not manned all the time. This move was win-win for the Info Office and for the Battiss Museum, as it is now possible to open the Battiss whenever visitors to town want to see it.

Please could you tell our readers about Walter Battiss?

Battiss is a huge subject! Briefly, he was born in Somerset East in 1906 and became South Africa’s best abstract artist. He is still considered to be our best water colour artist.

...........
Battiss is a huge subject! Briefly, he was born in Somerset East in 1906 and became South Africa’s best abstract artist. He is still considered to be our best water colour artist.
..............

He taught at Pretoria High School for Boys for 30 years and was well known for his interest in rock art, which influenced a lot of his work. Professor Battiss is still noted for coming up with his Fook Island concept. Shortly before his death in 1982, he brought a big collection of his art to open the Walter Battiss Art Museum in the old officers' mess, the lovely double-storey house in which he had lived for a few years as a child, while his family ran it as a private hotel. He caused controversy and was also much loved, and a huge amount has been written about him.

"Karoo ghost", by Walter Battiss (picture: provided)

Somerset East is quite a big town in the Eastern Cape, but is not as familiar a holiday destination as, say, Cape Town. At the Jakes Gerwel PEN (Afrikaans/Nederland/SA) writers’ residency I have just attended, I realised how much history there is to explore in this part of the country. I can recommend reading Mphuthumi Ntabeni’s (fiction) books – for pure pleasure, but also to find out more about the Frontier Wars and the Xhosa heritage in the Eastern Cape. Ros, you have lived in Somerset East for quite a while. What interesting facts about the town can you share with our readers – tourist attractions or interesting historical facts?

Somerset East is not only an agricultural base; there is also a fair amount of light industry here. Because of three early explorers who wrote of their travels – Anders Sparrman in 1775, Robert Jacob Gordon in 1777 and Francois Levaillant in 1882 – the history of the area is fairly well documented. The Slachter’s Nek Rebellion and subsequent executions by hanging of five of the rebels is part of the history as well. On a lighter note, the rumour that there were unicorns on the Boschberg adds a bit of charm. The Boschberg is famous for its plant life, documented by many botanists, and its beauty and bird life attract walkers and bird enthusiasts to explore.

.............
The Boschberg is famous for its plant life, documented by many botanists, and its beauty and bird life attract walkers and bird enthusiasts to explore.
.............

There are many stories: Kepe, the robber and murderer who lived in a cave for many years until he was captured and hanged, and about whom a movie was made recently; and the tragic story from 1935, when four orphans from the local orphanage who ran away from a picnic, died up on the mountain.

There is not always enough money to look after the Walter Battiss Museum, as is the case with many other cultural heritage and artistic sites in this country. Sometimes it is for reasons one cannot argue with – if a hungry child needs food, this is an important place the money should go. But it is a complicated situation in this country – the matter of what is of importance. I met you because I am one of the writers at the Paulet House, next door to where you work – and because Bronwyn Davids, a previous writer at the house, directed me to you. As curator of an arts museum, you surely have thoughts on artists needing space and time to work. At the same time, artists need life to inspire, as well. And in a country like South Africa, is art really that important? What about food, what about jobs, what about other things like feeding hungry children? Simply put, do you think that art matters (in South Africa) – and why (or why not)?

A very complex subject, and as I do not have an art background, I don’t feel I am really qualified to say too much, but here goes.

.............
Man has been creating art for tens of thousands of years, so it obviously fills a very basic need. Battiss took the art of our First People so seriously that he wrote several books about it and did a huge amount of valuable research.
.................
  • Man has been creating art for tens of thousands of years, so it obviously fills a very basic need. Battiss took the art of our First People so seriously that he wrote several books about it and did a huge amount of valuable research. Children need to be introduced to art, and it is a bit disturbing that none of the schools in town offer art as a subject. I miss the school parties that would come here, until the lockdown made that difficult. I have spoken to several of the heads of local schools about getting organised visits going again. Something that horrified me a couple of years ago was having four very bright, articulate teenage boys from one of our schools come to the door and ask me, “Can we come in and look at the art, or is this just for other people?” and I have often told this story to local teachers.
  • The Walter Battiss Foundation, which was formed to take responsibility for the safety and sustainability of this very special museum, needs to source funding just to keep the doors open, and we desperately need funding for maintenance. But in a town where there is poverty, as there is in most towns in South Africa, and where the local old age home and orphanage have lost all their funding, it is necessary to strike a balance. Ideally, we would like to be able to get more local kids into the Battiss and have educational programmes for them, but with no resources, this is difficult. Witnessing the reaction of youngsters to Battiss is always interesting.
  • Through the media, I am aware that the DSRAC, the department responsible for supporting local artists, has fallen badly short of supporting the many local artists left without work because of the lockdown.
  • I guess I am saying that our main drive has to be protecting this museum and making it available to everybody who would like to visit it, but we will need partners to be able to make it available for educational programmes.

Practical matters: if one of our readers is in the area, where can they find you, and what are the costs and practicalities involved in visiting the museum?

The Walter Battiss Foundation has a Facebook page and a website www.walterbattissart.co.za (as well as www.somerset-east.co.za), so it is easy for people to contact me and make an appointment or phone me when they get to town. I am in my office from 10:00 am until 2:00 pm on weekdays. For people who come during those hours, admission is R20 per person. For people who ask me to open on weekends or public holidays, it costs R30 a person with a minimum of R100.

Also read:

Author in residence: Mphuthumi Ntabeni

Inwoonskrywer: Naomi Meyer

Inwoonskrywer: Elodi Troskie

Author in residence: Mia Arderne

Inwoonskrywer: Loit Sōls

Gesprek oor die skrywersresidensie in Paulet Huis, Junie 2022

The post Somerset East and the Walter Battiss Museum: an interview with Ros Turner appeared first on LitNet.

Good luck to you, Leo Grande: ’n resensie

$
0
0

Good luck to you, Leo Grande
Met Emma Thompson en Daryl McCormack
Regisseur: Sophie Hyde

Bestudeer ’n bietjie die titel. Soms kan ’n naam en, vir die algemene kyker, die akteurs, onbekend of onaptytwekkend wees. Alles tel in daardie opsig téén Good luck to you, Leo Grande. Want wat beteken daardie titel? In watter genre val dit? Hoekom hoegenaamd daaroor skryf? En dan die plakkaat met ’n semikaal prostituut en verbysterde gesofistikeerde dame wydsbeen saam op ’n bed? Gaan dit dalk klugtig, neerhalend of aanstootlik eksplisiet en kaal raak?

Destyds, toe Cinema Nouveau nog ’n bloeitydperk beleef het, het gesofistikeerde fliekgangers, wat stimulasie vir die brein gesoek het, hierdie teaters in hul massas ondersteun. Vandag, helaas, word kunsfilms of buitelandse films met subtitels selde aangekoop en konsentreer Nouveau meer op opera- en balletproduksies wat op ’n verhoog verfilm is. Maar in uitsonderlike gevalle tog egter rolprente (soos hierdie een) wat iewers in ’n hoekie sal wegkruip en vinnig weer na stroming verban sal word.

...........
Indien daar dus ’n Cinema Nouveau in jou omgewing is, of hierdie rolprent iewers in ’n kommersiële teater blosend sou opduik, waag ’n kans. Maar dit is op so ’n uitgesoekte smaak gerig dat jy versigtig moet wees wie jy saamnooi. Dalk is dit vir ’n groep vroue wat nadese lank daaroor sal wil debatteer?
.............

Indien daar dus ’n Cinema Nouveau in jou omgewing is, of hierdie rolprent iewers in ’n kommersiële teater blosend sou opduik, waag ’n kans. Maar dit is op so ’n uitgesoekte smaak gerig dat jy versigtig moet wees wie jy saamnooi. Dalk is dit vir ’n groep vroue wat nadese lank daaroor sal wil debatteer?

Dit is eintlik ’n verfilmde verhoogstuk, want feitlik die hele storie en intrige (behalwe die laaste tonele) speel in ’n hotelslaapkamer af.

Beskryf ’n mens waaroor dit gaan is die reaksie dikwels: “Ek gaan kyk nie na hygromans op die skerm nie.”

Prent: YouTube

Weereens ’n miskonsepsie. Want dié drama hanteer soveel temas ernstig, oopkop, verantwoordelik, maar tog ook met tikkies humor, dat jy gou betrokke raak. Dis die humor wat verhoed dat dit in eentonigheid verval. Dit gaan oor onderwerpe wat dikwels as taboe bestempel word en in Pandora se boksie toegesluit moet word. Dis egter so ver van die Fifty shades of grey-fenomeen af (100 miljoen boeke verkoop!) as wat Jurassic world dominion (2022) van ’n kunsfilm af is.

Emma Thompson (uitstekend en baie, baie dapper) is die bekende swaargewigtalent wat grootliks bestaansreg aan Good luck to you, Leo Grande gee – uitspraak “grand” op Engels. Sy is ’n gesofistikeerde maar seksueel gefrustreerde en geïnhibeerde weduwee, slimkop, vol geite en innerlike monsters, en erg neuroties. Sy vra: “Wanneer ’n mens in my situasie verkeer en alleen in ’n vreemde plek in ’n hotelkamer beland, hoekom nie, vir een keer in my lewe, bietjie avontuurlik wees en ’n katelknaap vir die aand huur nie?” (Sy haat die woord prostituut.) Maar hy moet iets vir die oog wees en boonop gesofistikeerd en, nou ja, skadeloos lyk.

Maar ai, die morele dilemma, die verbode-vrug-sindroom en die erkenning dat vroue oor 60 steeds seksuele behoeftes het. Hoe gaan sy daarmee om?

Sy noem haarself Nancy Stokes, probeer ’n ander persona aanneem en haarself dus van buite af bekyk, en huur die duur hings wat blyk ’n bobaas- romantiese plesierspier te wees: Leo Grande. Daryl McCormack gee ’n verrassende genuanseerde en intelligente vertolking. Hy maak tans groot opgang op die Britse verhoog, en speel die rol veelvlakkig, simpatiek en doodgewoon.

Die begin is voorspelbaar. Dis nie vir Nancy so maklik om skielik, as middeljarige vrou, haar klere uit te pluk en tot kooikaskenades oor te gaan nie. Haar paranoia, skaamte, skok oor wat sy aangevang het en brandende selfverwyte skop in. Maar hy is duur en sy soek waarde vir haar geld!

Leo, aan die ander kant, is ewe gesofistikeerd, sagsinnig, vol begrip (’n vorige kliënt was 82) en wil net vir die gespanne vrou oorkant hom haar soort plesier gee. Hy dring homself nie aan haar op nie, nog minder stroop hy al sy klere af wanneer hy, mooi lyf en eksotiese voorkoms en al, die kamer binnestap.

Moenie dat jou verbeelding op loop gaan dat dit in ’n seksuele sirkus gaan ontaard waarin karakters gestereotipeer of verneder gaan word nie. Die verantwoordelike drama ontvou stadig en geleidelik wanneer Leo en Nancy (nie hul regte name nie) openhartig oor die aard van seks, eensaamheid, skugterheid, intimiteit en seks gesels. Ook oor hul eie onsekerhede en tekortkominge. Elkeen van die twee karakters begin dan hul emosies stroop tot hulle kaal en weerloos voor mekaar staan.

.............
Moenie dat jou verbeelding op loop gaan dat dit in ’n seksuele sirkus gaan ontaard waarin karakters gestereotipeer of verneder gaan word nie. Die verantwoordelike drama ontvou stadig en geleidelik wanneer Leo en Nancy (nie hul regte name nie) openhartig oor die aard van seks, eensaamheid, skugterheid, intimiteit en seks gesels. Ook oor hul eie onsekerhede en tekortkominge.
...............

Dit gaan hierna oor hoe Nancy haarself gaan oortuig om nie selfbewus oor haar middeljarige lyf te wees nie, en vir Leo om vir haar te gee wat sy so broodnodig het: intimiteit, ’n sagte aanraking, om gespreksgenote in plaas van seksspeelgoed te word. Ook om oop te maak en Nancy kans te gee om vrede met haarself te maak. Maar dan word die bordjies verhang en is dit Leo se beurt om te verduidelik hoekom so ’n slim, mooi jong man hierdie “werk” (wat steeds teen die wet is) gekies het.

Aanvanklik raak die gesprekke net te lank, te herhalend met soms ’n ligte irritasiewaarde aan Nancy se ongegronde vrese en Leo wat haar maar telkens geduldig en sagkens akkommodeer. Tot by die vierde bedryf.

Van hier af is die handskoene af. Weet elkeen genoeg van die ander en “ken” hulle mekaar goed genoeg om tot seks oor te gaan? Of gaan dit ’n selfbewuste fiasko wees? Kaalgat Karel wat met bibberboudjies in die gang gaan afhol?

Die kliënt/prostituut-storie is al tevore in Afrikaans op beide die verhoog en as romans vertel, en die rolprent loop dieselfde pad omdat die skrywer se motiewe eerlik is en die regisseur, Sophie Hyde, soveel respek en begrip vir haar karakters het. Hulle het al drie soms naak gerepeteer en gesels.

Moenie ’n tipiese seksklug verwag waar naaktheid, konserwatisme en die versugting na “verbode seks” die potensiaal van die storie vervlak nie. Soos ander soortgelyke verhale gaan dit meer oor emosionele naaktheid en seks met ’n brein as ’n blatante kaalhollery soos op ’n skoolkonsert met skeutjies naaktheid.

’n Waarskuwing: Die laaste paar tonele is moeilik en sielsopenbarend skrynend. Emma Thompson erken dat die slottoneel die moeilikste toneel is wat sy ooit verfilm het.

Moenie Good luck to you, Leo Grande op sy bolyf takseer nie. Alhoewel dit eintlik ’n muur-tot-muur-dialoog-verhoogstuk is, delf dit veel dieper en beklemtoon dat daar so min plesier in die lewe is. Moenie dat ’n swak selfbeeld of wanpersepsies jou dit ontneem nie.

En wag tot die woorde eers bedaar het en ons sien wie die karakters eintlik is ...

 

The post <em>Good luck to you, Leo Grande</em>: ’n resensie appeared first on LitNet.

Dwars – rare karakters onder ons deur Daniël Lötter: ’n resensie

$
0
0

Prent van omslag: Protea Boekhuis

Titel: Dwars – rare karakters onder ons
Skrywer: Daniël Lötter
Uitgewer: Protea Boekhuis
Resensent: Carla van der Spuy

Die dwarstrekkers was nog altyd tussen ons. Dit word dikwels aan die Germaanse bloedlyn toegeskryf. Ons is mos maar ’n eiewyse, dwarsbeneukte klomp. Veral diegene wie se koppige Nederlandse bloed dik deur die are pomp. Maar daar is ook ander wat hier kom nesskop het en groot marakkas gemaak het. Dalk het hulle roekeloos kom raak onder die genadelose Afrikason?

Op die agterplat van Dwars (’n raakvattitel) lees jy dat Suid-Afrika meer as sy deel van “nonkonformiste, randeiers en buitestaanders” opgelewer het. Hierdie eksentrieke karakters het mense van die vroegste tye af “na hul asem laat snak of verstom agter hul hand laat fluister”.

Van die karakters het ek in my eie leeftyd teëgekom, maar daar is ook ’n hele paar verrassings uit “die goeie ou dae” waar skinderstories amper vinniger versprei het as vandag se fopnuus op Facebook en Twitter.

...........
Van die karakters het ek in my eie leeftyd teëgekom, maar daar is ook ’n hele paar verrassings uit “die goeie ou dae” waar skinderstories amper vinniger versprei het as vandag se fopnuus op Facebook en Twitter.
...........

“Agterklapperij” is dit destyds genoem. Die toppunt van skynheiligheid wanneer jy katvriendelik met jou naaste klets net om kort daarna die allerverskriklikste bog oor die einste persoon te versprei en almal hoog en laag laat sweer om niks van die sappige stories te verklap nie. Geheime wat soos veldbrande versprei het en eeue later weereens opduik. Weliswaar met stertjies by, maar darem. Dis mos die Sondagkoerante wat glo dat die feite nooit met ’n goeie storie behoort in te meng nie.

Lötter “name and shame” lustig. Daar is veral twee tantes wie se geskinder volgens hom tot baie sonde gelei het. Baie slim van hom, want wie wat duskant Jan van Riebeeck se tyd gelewe het, kan hom nou eintlik vir laster dagvaar? Ons eertydse volksheld wat nou vir alles wat skeefloop geblameer word, was glo ook nie heeltemal van onbesproke karakter nie. Hy was glo vrot van die skuld in Holland, dié dat hy sy goed gevat en Kaap toe geseil het.

’n Vrou wat behoorlik keelvol vir een van die skinderbekke was, het haar hof toe gesleep. Toe is sy as straf aan ’n skandpaal op die balkon van ’n halfklaar kasteel vasgemaak en moes sy by elke verbyganger om vergifnis pleit omdat sy ’n skinderbek is.

Nogal kreatief van die landdros, moet ek bysê.

Moet dus nie dink die vroue uit die “goeie ou dae” was almal onderdanige kombuisslawe en broodbakkers nie. Lötter beskryf meer as een helleveeg wat myns insiens die kortlys vir Satan se persoonlike sekretaresse kon gehaal het.

Kwaai vroue

Dit was gewis nie net ’n geval van teepartytjies en vlugsout vir ons oermoeders nie. In die jare veertig in die vorige eeu het 200 vroue byvoorbeeld in Voortrekkerrokke na die hofverskyning van die skoolmeisie Elsa Nel opgeruk om hul politieke solidariteit aan haar te bewys.

“De quade Martha Ferreira” was vir haar wewenaarman die spreekwoordelike “kat in die sak”. Nie net moes hy met asynlappe verpleeg word nadat sy hom met ’n bakskottel afgeransel en daarna in die hoenderhok weggesteek het nie, sy het ook sommer wild en wakker met ’n sambok ingeklim onder diegene wat met haar swaarde gekruis het.

Dan was daar Hannie Wolmarans wat ’n Joodse veekoper met die vuis bygedam het omdat hy haar skape beledig het. Sy het hom darem net een keer geslaan en toe bly lê hy. Maar so harteloos was sy klaarblyklik nie, want sy het in die hof vertel sy het hom orent gehelp! Die onverskrokke riller van ’n tante het selfs ’n gewapende rowersbende stoksielalleen met ’n sambok agternagesit.

Tant Hannie, wat op ’n foto in die boek nie juis ’n skildery van ’n mens was nie, was boonop glo alombekend ydel. So ydel dat sy selfs voor ’n lang spieël in haar lykskleed in haar kis, wat op twee stoele staangemaak is, geklim het sodat sy kon sien hoe sy in haar dood sou lyk. Mens moet seker darem glansryk die hiernamaals betree. Sy wou boonop tussen haar twee oorlede mans ter ruste gelê word sodat sy met die twee “ou bulle aan die arm by die poorte kon instap”!

Asof hulle sou instem. Ou Sewus het hoeka op ’n foto in die boek die gesig van ’n diep beproefde man. Intens verdrietig staar hy voor hom uit.

Lötter skryf ook onderhoudend oor Mary Pagel, “kwaai miesies van die sirkus”. Mense wat haar probeer ondermyn het, is sommer met ’n oop leeuhok gedreig.

Adellikes

Daar is ook fassinerende stories oor Russiese adellikes, soos die geheimsinnige Ouma Alina, wat vertel het sy was die laaste groothertogin van Rusland.

Hy skryf voorts oor José Dale Lace, die “Boerelady van die Bo-Karoo”.

So deftig was sy dat haar perdestalle met kiaathout en matte versier is.

Nie almal kan van bloubloedgedrag beskuldig word nie.

Die hoofstuk oor Katherine Radziwill, die Russiese prinses sonder ’n gewete, was vir my besonder interessant. Lötter beskryf haar met reg as iemand wat vandag moontlik as ’n sosiopaat gediagnoseer sou word. Sy het gelieg en bedrieg en haar sjarme misbruik om selfs vir Cecil Rhodes, wat glo ’n voorkeur vir mans gehad het, te manipuleer en te betower. Sy was ook ’n skrywer wat graag derms oor die Britte uitgeryg het. Haar storie het my nogal aan dié van die destydse Prins van Pretoria herinner – ’n opperste bedrogspul waarvoor almal geval het en hul rooi tapyte uitgerol het, tot slim sy baas gevang het.

Ek het heel eerste uit pure nuuskierigheid die hoofstuk gelees oor Dr James Barry, wat in die 1800’s geleef het, moontlik die eerste vrouedokter was en haar ware identiteit vir drie en ’n halwe dekades weggesteek het. Die storie bly ’n raaisel waarop die skrywer moontlik lig gewerp het.

Selfs heelwat later, in die jare vyftig, het mense nie so maklik uit die kas geklim soos vandag nie. Hans Strijdom se groot verleentheid toe sy aktrise-vrou Marda Vanne hom vir ’n vrou gelos het, is nogal aardskuddend.

Die bisarste storie wat in my tyd afgespeel het, is die een van Elizabeth Klarer met Akon, haar groot liefde uit die ruimte, by wie glo selfs ’n kind verwek is. Hy en sy verre planeetbewoners kon glo darem Engels praat. Daar bestaan ook nie by hulle siekte en veroudering nie. Klink vir my na ’n plek waar botokssalonne bankrot sal speel.

As ek reg onthou, het die storie ook in Die Huisgenoot verskyn. Dus moet dit waar wees.

Misdadigers

Lötter vertel hoe die aartsskurk Willem Goosen meer as een keer meesterlik uit die tronk ontsnap het. Sy pa het hierdie diep skelm van misdaad geleer toe hy skaars uit sy doeke was. Sy ontsnappingstoertjies het van hom ’n legende gemaak.

Die tragiese storie oor Happy Sindane, die “wit” kind wat by swart mense grootgeword het, is ’n vingerwyser na ons vorige politieke bedeling.

Hendrik Biebouw maak ook ’n kleurryke draai in die boek. Die man met die gevleuelde woorde wat in die 1700’s gesê het: “Ek wil nie loop nie. Ek is ’n Africaander. Al slaan die landdros my dood of al sit hy my in die tronk, ek sal nie stilbly nie.”

Manna uit die hemel vir diegene van ons wat ballisties oor Afrikaans raak.

Uitdrukkings

’n Mens wil jou breek vir party van Lötter se beskrywings. So skryf hy dat ene Theuntje Borns, wie se mond blykbaar meer oop as toe was en haar oral losgeskinder het, “met een (skeel) oog na die galg en die ander een na die duiwel gekyk het”.

Hier is nog enkeles:

“Seil, Sewus Wolmarans, seil oor die klippers huis toe. Jou gat is hard genoeg van heeldag stilsit!” – Tant Hannie aan haar long-suffering eggenoot wat by ’n vol rivier wou weet hoe hy by die huis moes kom

“Hy verdwyn soos ’n opslagdwarrel die nag in” – uit die hoofstuk oor Dirk Ligter

“Onkruidsige maters” – Willem Goosen

“Die boswerkers met hul flenterklere en skurfgesukkelde hande” – Tant Sarah, oujongnooi met die blikwinkel

“Taffy met sy donker oë en donker siel steel gewetes so ver as wat hy gaan” – Taffy Long, wat weens hoogverraad aan die galg geswaai het

Hierdie boek toon weereens dat die stories oor kansvatters, booswigte en boereverneukers onder ons net eenvoudig veel lekkerder lees as verhale oor die vromes.

............
Hierdie boek toon weereens dat die stories oor kansvatters, booswigte en boereverneukers onder ons net eenvoudig veel lekkerder lees as verhale oor die vromes.
............

Die skrywer se verteltrant is soos altyd gemoedelik, gesellig en dikwels humoristies.

As jy gek oor geskiedenis is en terugverlang na die outydse kuns van storievertelling, skaf Dwars aan.

Dit behoort egter met ’n waarskuwing uitgereik word dat die uitgewer nie verantwoordelikheid aanvaar as vroue wat vir hul mans die joos in is dink dis ’n boek met wenke nie.

The post <em>Dwars – rare karakters onder ons</em> deur Daniël Lötter: ’n resensie appeared first on LitNet.

Elizabeth van der Westhuizen, ’n vrou uit een stuk

$
0
0

Prent: https://pixabay.com/photos/photos-album-old-photo-album-256889/

Toe ek klein was, was daar maar min grootmense wat nie rassisties, seksisties en dogmaties was nie.

Daar was darem tannie Ticker. Sy was my pa se niggie en een van sy gunstelingmense. Ek kan haar nie aanlyn opspoor nie. Haar ma was my ouma Maud se suster Debora Jacoba van der Westhuizen. Debora se kinders word in die aanlyn familieboom meestal as “private” aangedui – haar eggenoot ook.

Haar naam was Elizabeth, maar omdat sy rooiblonde hare en ’n vinnige humeur gehad het, is sy Tigger genoem, wat in die familiemond Ticker geword het. Haar broers se kinders het haar tannie Fietsie genoem, hoekom weet ek nie.

............
Sy was haar tyd ver vooruit. Sy was rebels, het ongeregtigheid gehaat en was ’n natuurlike lapswaaier en betoër. Sy was ’n bleeding heart, altyd aan die kant van die verskoppelinge en afvlerkduiwe. Sy wou die wêreld verander.
..............

Sy was haar tyd ver vooruit. Sy was rebels, het ongeregtigheid gehaat en was ’n natuurlike lapswaaier en betoër. Sy was ’n bleeding heart, altyd aan die kant van die verskoppelinge en afvlerkduiwe. Sy wou die wêreld verander. Haar gesin was Jehovasgetuies as ek reg onthou, maar sy wou van godsdiens niks weet nie. Haar feministiese, liberale sienings was vir die familie volksvreemd. Hulle het agter die hand gefluister dat sy as jong meisie promisku was. Wild.

Sy het nooit kinders gehad nie en wyd gereis toe sy jonk was. Sy het in Kenia gewoon soos Karen Blixen. Sy was vir ’n ruk getroud met ’n akteur wie se foto in ’n margarienadvertensie in tydskrifte verskyn het. Sy naam was Magnus, maar ek het sy van vergeet. Sy moes weg uit Kenia in die tyd van die Mau Mau, maar was lewenslank verlief op Afrika. Haar huis was vol Afrikamaskers en -beelde. Dit was ’n koel, donker ruimte met klipvloere; groot vertrekke onder ’n hoë-hoë grasdak.

Sy was blond met lagduiweltjies in haar blou oë en het altyd geamuseerd gelyk, soos Sandra Prinsloo, asof sy in haar enigheid lag oor ’n interessante geheim. Daar was so ’n outydse Hollywood glamour wat haar omgeef het. Sy het gehou van wit, van wasige gewade en hoede. Sy het gerook en klein vertikale plooitjies om haar mond gehad. Sy het, soos my pa, mooi geronde Afrikaans gepraat wat haar mond laat tuit het. Sy was beleefd, maar uitgesproke. ’n Gekantelde blik en droë humorsin. Toe ek al groot was en by haar gaan kuier het, het sy met haar ronde mond gesê: “Kom ek skink vir ons ’n doppie.”

............
Soos dit gaan met geliefdes wat dood is, behou ek ’n paar helder herinneringe. Oomblikke.
.............

Soos dit gaan met geliefdes wat dood is, behou ek ’n paar helder herinneringe. Oomblikke. Ek kuier een keer as student by haar, alleen. Dit ís moontlik om vriende te wees met iemand wat amper vyftig jaar ouer as jy is. Sy het ’n manier gehad om na ’n mens te luister asof jy die belangrikste mens op aarde was. In alles het sy belanggestel en alles het haar geamuseer. Die oomblik wat ek onthou: Ons is in hul swembad wat soos ’n infinity pool uitkyk oor en lyk asof dit oorloop in die Hartbeespoortdam, waar die son dramaties ondergaan. Ons het elk ’n glas witwyn in die hand. Ons praat oor die familie. Sy sê oor ’n oujongnooiniggie van ons: “Is sy nie miskien skuins nie?” Heeltemal ontdaan van oordeel, net lekker nuuskierig.

Sy het weer getrou met Patrick Sale, ’n vrygesel wat heelwat jonger as sy was. ’n Baie pittige, sjarmante man wat soos Patrick Dempsey en bietjie soos ’n skraal Richard Burton gelyk het. Engelssprekend, maar vlot in Afrikaans. Hy het haar “Viermyltjie” genoem en sy het hom “Van Zyltjie” genoem. Hulle het brandarm begin, in ’n hut gewoon en glo buite in ’n sinkbadjie gebad, maar ’n florerende kwekery opgehou en ’n lieflike kliphuis teen Saartjiesnek gebou wat die kontoer van die berg volg en uitkyk op Hartbeespoortdam. Patrick het later voltyds gholf gespeel en te veel gedrink.

Hul partytjies was legendaries. Ek het as kind op die boonste balkon gesit en alles gadegeslaan. Daar was twee huishulpe wat saam met haar grootgeword het en soos haar susters was. Een het die familienaam Debora gehad, maar is Lellie genoem. Alles was elegant en uit die boonste rak. Daar was skares mense, kerslig, kandelare en golden oldies oor die luidsprekers.

Toe ek ’n tiener was, bied oom Patrick een keer aan om my sy nuwe Jaguar in die motorhuis te gaan wys. Ek het glad nie in motors belanggestel nie, maar het hom bewonder, want hy was so gesofistikeerd en snaaks en hy was hartstogtelik lief vir hul katte. In die motorhuis probeer hy my soen. Dié soort van ding het sporadies in my kinderjare gebeur. Ek het maar altyd weggehardloop en nooit iets daaroor gesê nie. Ek was darem nie meer vier jaar oud nie. Tog het dit my skuldig laat voel; het ek onbewus aanleiding gegee?

Patrick het ál meer gedrink en depressief, stug en onseker geraak. In ’n stadium het hy gedreig om van Ticker te skei, behalwe as sy alles wat hulle besit op sy naam oordra. Sy het dit gedoen; geld was nie vir haar belangrik nie. Hy is in elk geval lank voor haar oorlede, aan kanker. Sy was oneindig hartseer.

Sy sou haar laaste trui uittrek vir ander. Sy het verskeie bejaarde familielede tot en met hul dood by haar laat woon en liefdevol versorg, ook ’n voormalige tuinier wat soos familie geword het. Sy het ’n vriendin Kaap toe laat vlieg en vir haar hartoorplanting betaal.

Haar broer Kai se vrou is vroeg dood en sy kinders was soos haar eie kinders. Sy en Patrick het altyd van “die kinders” gepraat. Hulle het as tieners by haar gewoon en later het een dogter en dié se man haar tot haar dood versorg in haar lieflike huis. Sy is in haar tagtigs oorlede en sy het wonderlike tuine nagelaat en baie mense se lewens blinker gemaak.

..............
Ticker het toe nooit die wêreld verander of gesterf vir haar beginsels nie, maar sy het my anders na die bestel laat kyk. Miskien is dit maar al wat ’n mens kan doen: om vir ’n kind te wys dat dit moontlik en veel meer aantreklik is om liefdevol en positief te wees eerder as vervul met haat en vooroordeel.
...............

Ticker het toe nooit die wêreld verander of gesterf vir haar beginsels nie, maar sy het my anders na die bestel laat kyk. Miskien is dit maar al wat ’n mens kan doen: om vir ’n kind te wys dat dit moontlik en veel meer aantreklik is om liefdevol en positief te wees eerder as vervul met haat en vooroordeel.

The post Elizabeth van der Westhuizen, ’n vrou uit een stuk appeared first on LitNet.

Mag die wêreld ons vergeet

$
0
0

Foto: Unsplash.com

Mag die wêreld ons vergeet
Mag die wêreld vandag se digters vergeet
at liewer skryf oor matrasse as leed

Die voorblad verklap dit gewigtig prontuit:
Nog ’n tannie gevind, vermoor in haar bed ...
Tog uit jongdigterspen gly geen greep of geluid
geen woede, geen angs, nie ’n tikkie verset

Mag die boeke vandag se digters verag
wat vinger noord-oos ons mense uitlag

Die owerheid bulder dit woedend en hard:
“Plaas nog wette daar wat Afrikaans sal druk!”
Tog swyg die jong digter oor sy mense se smart,
en lig die pinkie soos hy Sauvignon sluk

Mag die mense vandag se digters vervloek
wat weier om antwoorde vir vrae op te soek

Deur dekades en eeue is rigting gegee
uit begaafdes se penne en harte en monde:
Hou verby! Neem die hand! Of sommer net nee!
Maar vandag se digter bestel liewer nog ’n rondte

Mag die mense minagtend van ons digters praat
wat ons mense in beproewing bespot en verlaat.

The post Mag die wêreld ons vergeet appeared first on LitNet.

Viewing all 21784 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>