Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21582 articles
Browse latest View live

Jakes Gerwel-gespreksreeks (Suidoosterfees): Oekraïne kan tot kernoorlog lei

$
0
0

Die ANC se onwilligheid om ’n sterk standpunt teen die oorlog in Oekraïne in te neem, het ’n boekgesprek by die Suidoosterfees heeltemal oorheers.

Die gesprek tydens die Suidoosterfees se Jakes Gerwel-gespreksreeks was veronderstel om oor die oud-ANC-politikus Ronnie Kasrils se jongste boek te handel.

Kasrils is ’n marxistiese revolusionêr wat sy militêre opleiding in die 1960’s tydens die ou Sowjetunie se bewind in Oekraïne ontvang het. Tydens sy opleiding in Odessa was Oekraïne nog deel van die USSR.

Hy is genooi om as deel van die Jakes Gerwel-gesprekke by die fees oor sy jongste boek International brigade against apartheid: Secrets of the people’s war that liberated South Africa te gesels.

Die gespreksvoerder was Anthony Butler, professor in politieke studies aan die Universiteit Kaapstad.

Anthony Butler en Ronnie Kasrils (Foto: Jean Oosthuizen)

Die boek vertel die verhale van sogenaamde internasionaliste wat in die geheim vir die ANC se gewapende vleuel, Umkhonto we Sizwe (MK), gewerk het in die stryd om Suid-Afrika van apartheidsheerskappy te bevry.

Hulle het as koeriers opgetree, veilige huise in die buurstate en binne Suid-Afrika verskaf, gehelp om vegters oor grense heen te infiltreer, en het glo tonne
wapens op die mees kreatiewe maniere die land in gesmokkel.

Volgens Kasrils het van die smokkelaars gemaak of hulle gaan draf en dan van die wapens begrawe. Hy beweer die grond in die Kaap was so sag dat hulle maklik van die wapens kon begrawe as hulle kamstig gaan draf of piekniek gehou het. In die noordelike dele van die land waar die grond harder is, was dit volgens Kasrils moeiliker om die wapens, wat die land ingesmokkel is, te begrawe.

Die Kubaanse, Oos-Duitse en Russiese bydraers in die boek se bydraes skets daardie lande se steun vir die ANC en MK.

Wat egter soos ’n donker wolk oor die gesprek gehang en uiteindelik die hele gesprek oorheers het, was die oorlog in Oekraïne en die vraag of Rusland enige morele reg gehad het om Oekraïne binne te val.

Vir Kasrils was dit duidelik ’n teer saak. Hy het nog steeds ’n groot bewondering vir die ontbinde USSR en het ’n yslike weersin in veral die lande van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO). Daarom was dit vir hom ’n ongemaklike vraag om te beantwoord.

Hy het heeltyd gehamer op die “Westerse propaganda” wat ons gevoer word en is vies omdat Suid-Afrikaners nie meer na die Russiese staatsbeheerde TV kan kyk nie.

Hoewel hy die oorlog in Oekraïne veroordeel, het hy die heeltyd tussen die lyne vir Rusland geskerm. Hy pak die skuld vir die konflik op NAVO omdat hulle volgens
hom ’n wesenlike bedreiging vir Rusland inhou. Lande soos Pole en Finland is ook nie in Kasrils se goeie boekies nie. Hy beweer hulle hits die oorlog aan met behulp van die valke in NAVO en gooi olie op die vuur.

In die doodsnikke van die Koue Oorlog het al hoe meer Sowjet-republieke hul onafhanklikheid van Moskou aangekondig, en in die res van Oos-Europa is kommunistiese regerings, soos in Pole, vreedsaam omvergewerp, asook in lande soos Hongarye, Tsjeggo-Slowakye en Bulgarye. Vir kommuniste soos Kasrils moes
dit ’n bitter pil wees om te sluk.

Kasrils sê met die beëindiging van die Koue Oorlog tussen die Sowjetunie en die Westerse wêreld in 1991, was daar geen regverdiging meer vir NAVO se bestaan nie en moes hulle eintlik ontbind het. “Waarom het hulle dit nie gedoen nie?”

Hy het diegene wat uitgesproke is teen die oorlog in Oekraïne daarvan beskuldig dat hulle niks doen wanneer die bomme op Gaza in Palestina val nie. “Daar is nie ’n
ewewigtige oordeel by Westerse lande wanneer dit oor oorlog gaan nie,” sê hy.

Butler het by Kasrils aangedring op ’n antwoord of die oorlog in Oekraïne geregverdig kan word waarna hy toegegee het dat Rusland nie die land moes binneval nie.

Hy verdedig egter Suid-Afrika se sagte benadering om buite stemming te bly wanneer Rusland in die Verenigde Nasies (VN) vir die inval veroordeel word. “Wat is verkeerd daarmee as Suid-Afrika saam met 17 ander lande in Afrika buite stemming bly?”

Hoewel hy Poetin glad nie verdedig het nie, beskou hy president Wolodimir Zelenski van Oekraïne as ’n liggewig politikus wat heeltemal uit sy diepte is.

“Die hele ding is ’n baie komplekse saak,” het Kasrils by meer as een geleentheid gesê.

Hy het ook die vrees uitgespreek dat die huidige konflik tot ’n kernoorlog kan lei, wat die hele planeet sal verwoes as dit gebeur.

Tydens die gesprek het sy gedagtes dikwels teruggedwaal na die Rusland wat hy as 23-jarige kommunistiese revolusionêr leer ken het. Hoewel hy Oekraïne se onafhanklikheid erken, was Oekraïne vir hom tydens sy opleiding in Odessa deel van Rusland, en vir die Russe daar in die stedelike gebied is dit vandag nog deel van Rusland, sê hy.

Hy is ook vies vir Poetin omdat Lenin deur hom blameer word vir die situasie waarin Rusland hom tans bevind.

Poetin beweer dat voormalige Russiese leiers, Josef Stalin en Wladimir Lenin, die grond in gebiede soos die Donbas-streek onregmatig aan Oekraïne gegee het.

Volgens Kasrils is dit glad nie so eenvoudig nie. Hy sê Lenin was met sy rug teen die muur en dis die Weste se skuld. “Poetin is nie Rusland nie,” sê Kasrils. “Dit is ’n komplekse gemeenskap. Ek het nog nooit van Poetin gehou nie, maar Suid-Afrika kan nie ’n land in die steek laat wat hom tydens apartheid bygestaan het nie.”

Hy meen die huidige oorlog kon gekeer word as Poetin tydens die 2014-konflik in die land strenger opgetree het. Hy glo die destydse regering is deur middel van ’n staatsgreep omvergewerp. Hy beweer ook die nuwe regime het die Russiese taal in die pro-Russiese gebiede in Oekraïne verban toe hulle daar
oorgeneem het, en dat dit die spanning in die land verder verhoog het. Kasrils maak hierdie uitsprake ondanks die feit dat Zelenski se moedertaal Russies is.

“Maar ons is eintlik hier om oor my boek te praat,” het Kasrils die gesprek na sy boek probeer teruglei. Tydens vraetyd was daar byna geen vrae oor sy boek nie, maar wel oor sy standpunt ten opsigte van Oekraïne.

Volgens Kasrils help dit nie nou meer om hare te kloof oor die vraag of die Europese Unie of Rusland reg is nie. Ons is verby daardie punt. Al wat nou moet gebeur is om hierdie malligheid te stop, want as daar ’n kernoorlog uitbreek sal daar niks van die planeet oorbly nie. “Nie ’n enkele mens of dier sal dit oorleef nie.”

Die valke in NAVO en die Europese Unie wat die oorlog volgens hom aanblaas, speel met vuur en sal ’n groot deel van die blaam moet dra as ’n kernoorlog ons lot is,
sê Kasrils. Daarom ondersteun hy president Cyril Ramaphosa se sagte benadering teenoor Rusland om ’n einde aan die oorlog te probeer maak.

Lees ook:

Jakes Gerwel-gespreksreeks (Suidoosterfees): Krotoa – wat beteken sy vandag?

Fotogalery: Jakes Gerwel-gesprekke (Suidoosterfees 2022)

Oekraïne: Berigte te velde

Kasrils’s battle for a free South Africa

Lees ook op LitNet Akademies:

Die ANC/SAKP en die USSR. Deel 1: Wêreldbeskouings

Die ANC/SAKP en die USSR. Deel 2: Gevallestudies

The post Jakes Gerwel-gespreksreeks (Suidoosterfees): Oekraïne kan tot kernoorlog lei appeared first on LitNet.


Press Release: NIROX Winter Sculpture Exhibition 2022 Good Neighbours

$
0
0

NIROX Foundation presents Good Neighbours, an exhibition that re-enjoins local universities, public, and private institutions across South Africa, Zimbabwe, Eswatini, Mozambique, Namibia, Angola, and Botswana to co-develop and present an evolving programme of exhibitions, residencies, workshops, talks, and a concert.

Following the successful inaugural OPEN LABORATORY Winter Sculpture Exhibition in 2014, NIROX has invited universities across the country to each appoint a curator to develop their own take on Good Neighbours, as well as private and public institutions in neighbouring states to submit contributions that examine the subject from their perspective. The result envisaged is a diverse conversation made cohesive by the guidance of NIROX’s curatorial team.

Held across NIROX Sculpture Park in the Cradle of Humankind World Heritage Site, Good Neighbours provides a timely reflection on the relations amongst South Africans and our neighbours. The exhibition and its supporting programmes interrogate and encourage relations amongst South Africans and our neighbours to foster peace and commonwealth in the face of growing global instability.

One question posed by the exhibition has to do with the word ‘good’: What makes for a ‘good’ neighbour? And does neighbourliness not in itself suppose some kind of communal responsibility, some sense of shared space? Or is neighbourliness today more closely aligned to the view outlined in Robert Frost’s poem that ‘good fences make good neighbours’?

Daniel Bruce Gray, Vibrationology, 2019. Still of sound performance on mild steel pipes and spring steel wire, 2hours 30mins. Service tunnels under Wits School of Arts, Johannesburg. Photo: Riley Grant. Courtesy of the artist.

The three dictionary definitions suggest that a neighbour is someone who lives next door to, or in immediate proximity of, another. This is the most common definition, but it can also extend beyond the individual to encapsulate the relationship between communities or places — say, a neighbouring town or country. Neither suppose collegiality or compassion, yet the third definition—‘any person in need of one’s help or kindness’—speaks more directly to an underlying ethics that seems apposite within the context of this exhibition.

Leon Witthuhn, Correlations, 2022. Concrete, steel; 200 (h) x 80 (w) x 450 (l) cm. Courtesy of the artist.

Another productive avenue when considering the meaning of neighbourliness can be found in the word’s etymology. Broken down into its constituent parts — nigh (meaning ‘nearby, close together, adjacent’) and *bheue- (‘to be, exist, grow’) — the idea of neighbourliness seems to imply a certain relation that enables others the space and means to flourish. This understanding is also echoed in the isiZulu word for neighbour, umakhelwane, where -akha means ‘build,’ but the question posed by this exhibition remains: what is it that we want to build, and how can the various and divergent aspirations of a people best serve each other?

The exhibition supports the work of more than 30 artists, 24 of whom have received production grants from The Claire and Edoardo Villa Will Trust to produce new work that reflects on the given theme. Collaborating institutions include the University of Cape Town, University of Johannesburg, University of the Witwatersrand, University of Pretoria, University of the Free State, Tshwane University of Technology, ELA-Espaço Luanda Arte, the National Gallery of Zimbabwe, and the National Gallery of Namibia. The exhibition is also supported by the Portuguese Embassy to South Africa.

The opening weekend of the exhibition is the 7 – 8 May 2022. It will include a series of curator-led walkabouts, performances, and screenings, with other satellite exhibitions, workshops, and talks programmes scheduled throughout the course of the exhibition, which runs until 31 August 2022.

Contact the NIROX foundation via the website.

The post Press Release: NIROX Winter Sculpture Exhibition 2022 Good Neighbours appeared first on LitNet.

Nommer, asseblief! Telefoonpoeding

$
0
0

Prent van telefoon: https://pixabay.com/photos/telephone-vintage-monochrome-phone-3594206/; prent van poeding: Karen Hart

..........
Die herkoms van resepte het my nog altyd gefassineer. Ek kan ure lank op die internet of in ou boeke rondsnuffel om die geskiedenis van klassieke ou resepte na te speur. Met ons eie ryke kosgeskiedenis is dit nie altyd so maklik nie en moet jy jou maar verlaat op vertellings en herinneringe.
..........

Die herkoms van resepte het my nog altyd gefassineer. Ek kan ure lank op die internet of in ou boeke rondsnuffel om die geskiedenis van klassieke ou resepte na te speur. Met ons eie ryke kosgeskiedenis is dit nie altyd so maklik nie en moet jy jou maar verlaat op vertellings en herinneringe.

Resepte het behoue gebly danksy die ryke erfenis wat ons kosskrywers vir ons nagelaat het. En dan is daar natuurlik ook die boekies met saamgestelde resepte wat deur onder meer kerkgroepe, fondsinsamelaars by skole en vroueverenigings uitgegee is.

Baie van die resepte is in handgeskrewe notatjies wat ons oumas en ma’s by teepartytjies en kuiers saam met buurvroue en vriendinne opgeteken het. By my eie ma het ek resepte vir ’n sjokoladekoekpoeding, ’n heerlike mosterd en pappadelle gekry. (Laasgenoemde is “frikkadelle” wat van ’n papmengsel van mieliemeel en mieliegruis gemaak is en in ’n tamatiesous gebak is – dit klink afgryslik, maar dis die wonderlikste bykos by ’n braai.)

Ek kan nie onthou dat my ma een van dié resepte self gemaak het nie, maar sy was ’n meester met die heuningkwas en het selfs die mees geheime resepte uit haar gasvroue gekry. Soos die oornagslaai wat in lae gemaak word – buurvrou Engela se trots en feitlik staatsgeheim.

My ma vra vandag nog met so ’n regte teepartytjie-stemmetjie na die resep wanneer sy my probeer komplimenteer vir my kos. Sy kom lankal nie meer in die kombuis nie. Die dag wanneer sy probeer om selfs net ’n koppie tee vir haarself te maak, sal met die geloei van óf ’n ambulans óf die brandweer eindig!

............
Maar dis in die nederige ou boekies wat saamgestel is in ’n poging om fondse in te samel waar ek op die wonderlikste ou resepte afkom. Soos “Kies en keur”, ’n resepteboek wat in die sewentigerjare deur die Goudveldse Dagsentrum vir Gestremdes saamgestel is. Dis daar waar ek dié resep vir telefoonpoeding raak gelees het.
.............

Maar dis in die nederige ou boekies wat saamgestel is in ’n poging om fondse in te samel waar ek op die wonderlikste ou resepte afkom. Soos “Kies en keur”, ’n resepteboek wat in die sewentigerjare deur die Goudveldse Dagsentrum vir Gestremdes saamgestel is. Dis daar waar ek dié resep vir telefoonpoeding raak gelees het.

Dis ’n ou resep wat van ver kom en dit het soveel herinneringe in my losgemaak.

Kleintyd het my pa ons ’n speletjie laat speel. Hy het dit telefoontjie genoem. Ons moes almal in ’n kring staan. Dan het die een op wie die lot geval het, ’n sin opgemaak en dit in die oor van die een langs hom gefluister. Dié moes dan wat hy gehoor het, aan sý buurman fluister. Die laaste een in die kring moes dan kliphard sê wat hy gehoor het voor die oorspronklike fluisteraar sy eintlike woorde verklap. Elke keer was die sin feitlik onherkenbaar verdraai.

Net die onthou daarvan laat my sommer uit my maag uit lag. Dit was dekades voor die internet eens ’n gedagte was, maar dis presies wat elke dag in die kuberruim gebeur. Goed, die feit dat dit daar geskryf staan, hou darem die leisels so ’n bietjie stywer vas. Maar selfs wanneer dit net so gekopieer en elders geplaas of gedeel word, keer dit nie die deler om sy eie interpretasie en konteks daaraan te gee nie.

Op Volmoed, waar ek ’n kind was en in die Karooveld gespeel het, het ons net slingertelefone geken. Ons het ’n sentrale gehad en, natuurlik, ’n partylyn ... waarop almal ingeluister het. Wanneer die telefoon gelui het, het jy geluister om jou lui te herken. Twee langes en ’n korte ... of wat ook al joune was. Dit het natuurlik nie nuuskieriges gekeer om ook op te tel nie. My pa het dikwels gemor wanneer hy die hoenders van die grootste ou skinderbek in die agtergrond hoor kekkel het.

En dis hoe ek my voorstel hoe Telefoonpoeding sy naam gekry het ...

Met die verskyning van Wat die hart van vol is: herinneringsreise van ’n fynkok (in samewerking met Elmari Rautenbach) het Peter Veldsman in ’n onderhoud aan Herman Lategan vertel: “Die mense het sosiaal verkeer deur besoek af te lê. Tydens die besoeke is daar oor landbou, gesondheid, welstand ens gepraat. Daar is ook geskinder en die dames het graag resepte bespreek. Dikwels met ʼn bietjie skinder daarby oor so-en-so se weergawe. Met die koms van die telefoonlyne na plase is daar heerlik geskinder en het ’skinderpoeding’ ’telefoonpoeding’ geword.”

Wat ek net nie mooi kan kleinkry nie, is hoe die resep darem op die ou einde reg uitgewerk het. Want ek kan my voorstel hoeveel ander tantes wat op die lyn ingeluister het, hulleself nie kon keer om ook by die gesprek betrokke te raak en ’n paar regstellings of byvoegings te maak nie.

En al die dwaalspore ... Cass Abrahams het destyds vir my vertel hoe sy moes sorg dat sy vir minstens drie verskillende vroue ’n resep moes vra voordat sy ’n prentjie van die geheel kon kry. Elkeen het ’n belangrike bestanddeel weggelaat om te sorg dat sy alleenmandaat op die heerlike eindresultaat sal hê. 

En ek? Ek is dankbaar vir al die tantes wat oor ’n koppie tee of oor die telefoon resepte uitgeruil het. En vir die mense wat al daardie handgeskrewe notatjies sorgvuldig bewaar het.

Telefoonpoeding

Genoeg vir 4–6

Vir die beslag

1 koppie suiker
115 g botter
1 eier
2 eetlepels appelkooskonfyt
1 koppie koekmeel
1 teelepel fyn gemmer
’n knippie sout
1 teelepel koeksoda
1 koppie melk

Vir die stroop

2 koppies water
1 koppie suiker.

Room die suiker, botter en eier saam en roer die appelkooskonfyt by. Meng die koekmeel, fyn gemmer en sout en roer dit by die bottermengsel. Meng die koeksoda met die melk en gooi by die deeg en meng goed. Gooi al die bestanddele vir die stroop in 'n kastrol saam en bring tot kookpunt. Giet die kokende stroop in 'n oondvaste bak en skep die deegmengsel in die stroop. Bak in ’n voorverhitte oond van 180 ºC vir 30–40 minute.

Wenk: Dié poeding het niks nodig nie, maar as jy nou regtig vir ’n bietjie oordaad wil sorg, kan jy dit met regte vla bedien.

Lees ook:

Lesersindruk: Wat die hart van vol is deur Peter Veldsman met Elmari Rautenbach

Onderhoud: Wat die hart van vol is

 

The post Nommer, asseblief! Telefoonpoeding appeared first on LitNet.

Fleur du Cap Awards 2022: an interview with Wolf Britz

$
0
0

Picture of Wolf Britz: provided

Winners for the 2022 Fleur du Cap Awards were announced in 19 categories this year.

Naomi Meyer interviewed some of the winners of the awards.

An interview with Wolf Britz:

Wolf, you were awarded for your lighting design in Valsrivier. Congratulations! Please would you share your own experiences and thoughts on the play with our readers?

The Valsrivier process completed itself at the end of the pre-pandemic world we used to know. The play, as with the source text, deals with laying to rest a brother, a son, a scholar, a gun, a lover. Much of how I used to practise belongs to that old world we’ve moved on from and only reflect on in relation to a new set of values that celebrate life and its possibilities for a future.

When I think of Valsrivier, I fondly remember the people whose contribution to that process culminated in the theatrical event:

  • Rudi Sadler
  • Johan van der Merwe
  • Dominique Botha
  • Janice Honeyman
  • Saartjie Botha
  • Anna-Mart van der Merwe
  • Peggy Tunyiswa, Wiseman Sithole
  • Stian Bam
  • Tinarie van Wyk-Loots
  • Robert Hindley
  • Kaylie van Heerden
  • Amber Fox Martin
  • Charl Johan Lingenfelder
  • Marie Vogts
  • Carin Bester
  • Elisha Zeeman
  • Alexander Brits
  • Marguerite de Waal
  • Wynand Kotze
  • Gaerin Hauptfleisch
  • and Brechmari van Wyk.

The past two years were not kind to theatre. I saw Valsrivier at the Woordfees in 2020, and this was maybe the last festival where people could see this on stage as live theatre. Did Valsrivier play at other festivals as well? Maybe share some memories of the various live performances with our readers.

Correct, Woordfees was the last open festival before the onset of the lockdown, and Valsrivier did not have an extended run thereafter. When I think of the last two years in relation to our profession, I have memories of live performances being cancelled, theatres and theatrical companies closing down, and the devastation of the lives of those who rely solely on live performance for survival. I also have memories of the change in the theatrical landscape and how to be more present in the creative process.

...........
When I think of the last two years in relation to our profession, I have memories of live performances being cancelled, theatres and theatrical companies closing down, and the devastation of the lives of those who rely solely on live performance for survival. I also have memories of the change in the theatrical landscape and how to be more present in the creative process.
...............

I learned not to wallow in the misfortunes of the past, but to actively change our reality for a better future. Valsrivier was lucky to be immortalised on film as part of the Proscenium project under the direction of Christiaan Olwagen and the cinematography of Vicky Turpin. Proscenium played an integral role in bringing relief to a crippled industry and also in creating film-theatre hybrids as part of the growing collection of content available on digital platforms. These experiences and new ways of working have brought about the reorganisation of theatrical practice. In my opinion, collaboration between mediums has enriched and invigorated the stage. Our audiences have collectively gained new perspectives on life and the stories we tell about it.

............
In my opinion, collaboration between mediums has enriched and invigorated the stage. Our audiences have collectively gained new perspectives on life and the stories we tell about it.
.............

What does an award like this one mean to you in times like these?

I am very grateful to have been awarded this accolade. It is an honour and a privilege at any moment in time. However, it takes some effort to marry the awarded work to the value change COVID-19 brought into effect. Recent events at the 2022 Oscars ceremony and the discourse surrounding the validity of its significance in our current geopolitical climate is part of an important conversation we are having. This is especially prevalent among the people, like me, who benefit from the existence of these bodies that celebrate excellence in artistic practice, and the responsibility that comes with creating work for public consideration.

Do you think that the arts are still relevant during pandemic times? Why keep on creating theatre?

..........
I think the pandemic has reiterated the relevance of art as an integral part of our lives. It is my personal opinion that art making is a behavioural trait specific to our species which ensures our sustained survival and affluent existence on this planet. If we did not keep on creating theatre, what would be the alternative?
...........

I think the pandemic has reiterated the relevance of art as an integral part of our lives. It is my personal opinion that art making is a behavioural trait specific to our species which ensures our sustained survival and affluent existence on this planet. If we did not keep on creating theatre, what would be the alternative? It is easy to confuse the impact of the pandemic on the success of creative industries with artistic practice. However, theatre does not happen in isolation, and it is in numbers that we find the means to overcome life’s adversities collectively. The survival of theatre is evidence of the endurance, tenacity and adaptability of our communities ingrained in our social fabric.

Also read:

Fleur du Cap Awards 2022: an interview with Peggy Tunyiswa

57th Fleur du Cap Theatre Awards winners press release: a thrilling mix of established and emergent talent

Fleur du Cap Awards 2022: an interview with Anna-Mart van der Merwe

Fleur du Cap Awards 2022: an interview with Qondiswa James

The post Fleur du Cap Awards 2022: an interview with Wolf Britz appeared first on LitNet.

Daar is nog hoop: Eben Viktor gesels uit Oekraïne (2 Mei om 15:00)

$
0
0

Is daar nog hoop onder die inwoners van Oekraïne?

Daar is, sê Eben Viktor, maar alles is nie rooskleurig nie. Hy praat oor die positiewe dinge wat steeds gebeur, maar ook oor die ontmensliking van die oorlog en kollaborateurs wat geld ontvang in ruil vir koördinate waarmee hulle land gebombardeer kan word.

Luister ook hoekom ’n Afrikaanse gedig wat op LitNet verskyn het, nou op PEN Oekraïne se webblad verskyn – in Oekraïens, en in Engels.

Dit en veel meer in hierdie potgooi.

Onder die potgooi deel ons foto’s van Dnipro se plaaslike koerant.

Wees asseblief gewaarsku: Moenie afrol daarnatoe as jy ’n sensitiewe kyker is nie.

Hier is die skakel na Eben Viktor se gedig op PEN Oekraïne se blad.

Hier is die skakel na Eben Viktor se oorspronklik gedig op LitNet.

Die volgende beelde mag sensitiewe kykers ontstel.

Vir diegene wat meer besonderhede verlang, klik gewoon op die foto – ’n groter weergawe sal oopmaak.

Lees ook:

Oekraïne: Berigte te velde

Liefde is ... oorlogskuns: Eben Viktor gesels uit Oekraïne (12 April om 15:00)

Reusagtig soos Zelenski, Oekraïne op my TV-skerm: Lag. En húil.

Oorlog in Oekraïne ruk Suid-Afrikaners se sakke

 

The post Daar is nog hoop: Eben Viktor gesels uit Oekraïne (2 Mei om 15:00) appeared first on LitNet.

Andrew Nash by FilosofieKafee: "Denke wat kan dans: Johan Degenaar se gesprek as filosofiese kunsvorm"

$
0
0

Vir meer as 40 jaar was die filosoof Johan Degenaar (1926–2015) ’n bron van voortdurende inspirasie vir sy studente op Stellenbosch, maar ook die oorsaak van frustrasie vir die akademiese, kerklike en politieke owerhede. Hoe het hierdie establishment Degenaar tot orde probeer roep? Wat was die aard, struktuur en uitwerking van sy eiesoortige gesprek met studente en ander? Kan sy vernuwende filosofiese praktyke vandag nog voortleef en verder ontwikkel?

Andrew Nash (Foto: verskaf)

Andrew Nash studeer en doseer by die universiteite van Wes-Kaapland, Kaapstad en Stellenbosch in Politieke Filosofie. Hy publiseer gereeld essays oor aktuele onderwerpe en bedryf ’n blog, www.dialectic.co.za, waar van hierdie skrywes beskikbaar is.

Tema: “Denke wat kan dans: Johan Degenaar se gesprek as filosofiese kunsvorm”

Spreker: Andrew Nash

Modereerder: Mariana Kruger

Datum: Vrydag 6 Mei 2022, 18:00

Plek: Bôrdienghuis, Breytenbach Sentrum, Wellington

R190 pp (sluit aandete en ’n glasie wyn in); kontantkroeg beskikbaar

Spyseniering: Gerhard van Aardt

RSVP: oopgesprek@filosofiekafee.co.za of teks 0828951139; betaal asb by hierdie portaal: http://pay.yoco.com/filosofiekafee of per EFT na Absa Spaarrekening; naam en nr: Lamar 9242373000

 

  • Foto van Johan Degenaar in die fokusprent: LitNet-argief.

The post Andrew Nash by FilosofieKafee: "Denke wat kan dans: Johan Degenaar se gesprek as filosofiese kunsvorm" appeared first on LitNet.

Is dit die laaste sien van die blikkantien vir Roe vs Wade?

$
0
0

Bettina Wyngaard (foto: Izak de Vries)

Met Brett Kavanaugh se bevestiging was die vrese uitgespreek dat aborsieregte, soos bevestig in die beslissing in Roe vs Wade, in gevaar is. Destyds was dit afgemaak as die histeriese paniek van liberale vroue.

Die naweek is uitgelekte notas na bewering van ’n uitspraak wat Roe omverwerp, gepubliseer deur Politico, ’n organisasie wat hulle beywer vir politieke joernalisme. As dit korrek is, en daar is geen rede om te dink die notas is nie eg nie, dan is aborsieregte se dae getel in Amerika. Die vroue was toe destyds reg. Kavanaugh se aanstelling was die begin van die einde van heelparty regte wat vroue as vanselfsprekend aanvaar.

...........
Daar is alreeds in verskeie state aanslae op aborsieregte, maar meer verreikend ook op ander regte wat vroue tans as vanselfsprekend aanvaar. Word Roe vs Wade omvergewerp, is baie ander vroueregte op ’n baie wankelrige grondslag.
.............

Daar is alreeds in verskeie state aanslae op aborsieregte, maar meer verreikend ook op ander regte wat vroue tans as vanselfsprekend aanvaar. Word Roe vs Wade omvergewerp, is baie ander vroueregte op ’n baie wankelrige grondslag.

Daar is natuurlik heelwat vrae. Die heel belangrikste vir my is: Hoe op dees aarde word die notas vir so ’n verreikende beslissing nie beter bewaar nie? Het dit sommer net rondgelê vir enigeen om daarna te kyk? My vermoede is dat een van die regters ’n assistent het wat nie heeltemal gelukkig is met die rigting waarin daar beweeg word nie.

Die woede, en die gepaardgaande paniek, is heeltemal geregverdig. Dit gaan hier nie net om ’n vrou se reg om keuses omtrent haar eie liggaam te maak nie. Om beëindiging van swangerskappe te verbied, gaan veel verder. Dis die begin van vele inperkinge op ’n vrou se regte. Daar is geen voorsiening vir sosiale dienste om die kind wat nou teen wil en dank in die lewe gebring gaan word, te versorg nie. Dit beteken dat vroue nou potensieel verder in armoede gedompel gaan word.

.............

Dit gaan hier nie net om ’n vrou se reg om keuses omtrent haar eie liggaam te maak nie. Om beëindiging van swangerskappe te verbied, gaan veel verder. Dis die begin van vele inperkinge op ’n vrou se regte. Daar is geen voorsiening vir sosiale dienste om die kind wat nou teen wil en dank in die lewe gebring gaan word, te versorg nie. Dit beteken dat vroue nou potensieel verder in armoede gedompel gaan word.

..............

Dit gaan egter ook nie net om beëindiging van swangerskappe om ekonomiese redes nie. Daar is alreeds beperkinge op aborsies wat gedoen word om die ma se lewe te red. In my boek Onverskrokke vroue bespreek ek ’n geval waar die vrou kunsmatig aan die lewe gehou is, teen haar familie se wense, om haar swangerskap te voltooi. Die kind was so erg gestrem dat daar nooit ’n lewende geboorte verwag was nie. Die dokters het dit geweet, en tog het hulle die familie deur die trauma gesleep, om redes wat nog steeds onduidelik is.

..........
In ’n ander geval is ’n vrou wat ’n miskraam gehad het, strafregtelik aangekla omdat sy nie geboorte geskenk het nie. Let wel, sy het nie die fetus geaborteer nie, sy het ’n miskraam gehad.
.............

In ’n ander geval is ’n vrou wat ’n miskraam gehad het, strafregtelik aangekla omdat sy nie geboorte geskenk het nie. Let wel, sy het nie die fetus geaborteer nie, sy het ’n miskraam gehad. Neem in ag die feit dat tot 15% van alle swangerskappe in die eerste trimester in miskrame eindig, en die moontlikhede vir vergrype in die regspleging neem eksponensieel toe.

Hierdie tipe wreedheid gaan nou aan die orde van die dag wees indien die hoogste hof in Amerika Roe vs Wade omverwerp.

Dit sou erg genoeg wees indien dit daar eindig, maar sal dit? Dis net ’n baie kort logiese sprong van daar tot ’n besluit dat voorbehoed ook neerkom op moord op ’n potensiële lewe. En ’n selfs nog korter sprong om te besluit dat dit neerkom op kindermishandeling indien die ma werk en nie by die huis bly om na die kind se belange om te sien nie.

Dit begin al meer klink soos die storielyn van The handmaid’s tale. Dis egter nie ’n storie nie. En dis nog minder ’n bron van vermaak om te sien hoedat die voormalige bastion van progressiewe regte in die wêreld so maklik lamgelê kan raak deur een of twee strategiese aanstellings. Trump is dalk nie meer aan bewind nie, maar terwyl hy mense in sleutelaanstellings het, gaan sy invloed ’n buitengewoon groot skaduwee gooi.

Selfs meer ontstellend is die wete dat hierdie terugskaal van regte onverpoosd sal voortgaan totdat minstens twee van die huidige konserwatiewe regters aftree of sterwe tydens ’n demokratiese bewind. Word hul dienstermyn beëindig gedurende ’n konserwatiewe bewind, is dit natuurlik die einde van progressiewe regte in die VSA ten minste in my leeftyd.

Dié wete maak my elke dag dankbaar dat ek in Suid-Afrika woon. Maak nie saak hoe sleg dit gaan nie, en soms gaan dit maar beroerd in ons land, basiese regte word beskerm en is nie onderworpe aan die politieke nukke en grille van die dag nie.

Vir al die dollars in die wêreld wil ek nie vandag ’n vrou wees in die VSA nie.

Lees ook:

Onverskrokke vroue: uitdagings en oorwinnings van Bybelse tye tot vandag – ’n onderhoud met Bettina Wyngaard

Koebaai, Roe vs Wade

The post Is dit die laaste sien van die blikkantien vir Roe vs Wade? appeared first on LitNet.

Graad 11: Wiskundetoets en -memo, tweede kwartaal

$
0
0

Fotobron: https://pixabay.com/vectors/eleven-number-11-rounded-rectangle-38427/

Wat rym met 11? Doen dit self! Moenie wag dat iemand anders vir jou sê om nou al vir volgende jaar voor te berei nie. Kry nou al jou Wiskunde onder die knie. Laai hierdie gratis oefenvraestel en -memo deur Lee-Ann West af en begin vandag jou kwartaalwerk oefen.

Klik hier om die toets gratis in PDF-formaat af te laai.

Klik hier om die memo gratis in PDF-formaat af te laai.

Lees ook:

Indeks: notas, toetse en vraestelle

 

The post Graad 11: Wiskundetoets en -memo, tweede kwartaal appeared first on LitNet.


Teerpad, eikebome en Good’s Motel

$
0
0

...
Ai tog, if I only knew wat protest betekend het daai tyd I would have put up a show fight om daai mooi bome te behou. Hulle het dan daai hele Kerkstraat so beautiful gemaak … Só beautiful.
...

In my kleintyd was die pad van Middelburg via Graaffernet oppad Baai toe ’n national road gemaak; so oppie drumpel vannie ’60’s.

At last en eventually moes die terrible sinkplaatpad tussen Graaffernet en Middelburg nou toe mos geteer word.

Die lorries, bakkies en trokke met die baie extra outsize bale skaapwol en sybokhaar hoog opeengestapel, wat op pad FCU toe innie Baai was, het dit só uitgery dat dit erge sinkplaat gemaak het. Top speed mos! Kan g’n niks geworry het nie oor anyone else nie. Dit móés top speed wees. En dit wás lorries hoor – yslike goed. G’n niks taxi’s nie.

Dust en stones oralster oor as jy verbygekruip kom. Even Andries Pretorius se statue en die golf course wassie gespaar nie. Stof galore!

En dan ook nog die groot railways lorries ok. “SAS&H” oppie rooi deure gepaint. Nes die railway coaches. Maar dié lorries het wol net so ver assie stasie gevat, want dis dan verder met die trein Baai toe. Hulle het ok darem beter gemanierd gejaag, meer geplooid.

En as mens Lootsberg met sy sinkplaatdraaie moes oor met Oupa behind the wheel, het jou tande omtrent gechatter – ál asof daar sneeu oppie berg is net waar jy kyk. I’m telling you! Jy’t heeltyd onder jou kieliebakke uitgeloer of die kar nog oppie pad was.

Toentertyd was daar ok net witgekalkte klippe langs die pad gepak wat jou waarsku van afgronde. Niks van hierdie nuwerwetse heininkies wat mens nou kry met reflectors op nie.

Die turn-off Pearston toe was ok nog nie geteer daai jare nie en my nerves was daar ook klaar en gedaan as ons plaas toe moes gaan visit. Die sinkplaat het my altyd karsiek en naar gemaak. Die kar kon sommer maklik slide sykant toe also, so Oupa móés stadig ry om die draaie. En boonop het die Melkrivier by Noodhulp ok net one-way traffic op ’n keer allow op die smal bruggie met ogiesdraad teen die kante. En as kleinveë van kampe moes verander en met die pad aangeja moes wôre en jy oor die brug moet ry, you simply moes wait till die whole lot oor is en dan eers ry.

Dis ook daai tyd wat kapok so alledaags geraak het al deur die wintersmaande. Lootsberg altyd spierwit gecover en sometimes closed for traffic. Die mense vannie dorp het almal gery met hul kinders om sightseeing te gaan kyk en ’n snowman te bou.

Die sybokke en skape vrekked by the hundreds van die koue. Wragtig! Ek kon nooit understand but why moes die goed dan vóór die winter geskeer word en nie behind die time nie? Maar it was always said die wol word te vuil en die quality drops die profyt by die FCU. But hulle vergeet mos van die vee wat so dood freeze vannie koue. Dit kos mos ok money!

Arme Bokkie Loots van Quaggasfonteyn het most of the time van almal die baie swaarste losses gehad in daai wintersmaande. Always die meeste angoras verloor. Shame, hy en Tokkie se Quaggasfonteyn was net aan die voet van Lootsberg. Mens het moes regs afgedraai. Klomp Kingwills ook en Murrays, altyd groot skade.

Anyhow, dis toe, in daai same time, dat die Divisional Council en Tommy van Rooyen aangesê was deur die Department of Roads it’s now time – die pad moet geteer word. Get going!

It’s now hoe die national road all the way to die Baai (Gqeberha deesdae) begint is. Die grand pad van Colesberg to Beaufort-Wes was in daai dae nog net wishful thinking.

Nee kyk, dit was ’n baie groot job gewees! Die padmakers moes kon sien wat hul doen en werk en same time die pad moes meantime nog traffic ook kan handle, tesame met die skrapers en rollers en sulke groot padgereedskapgoeters that give off smoke wanneer hulle so hard moes werk. Hulle moes even in die nag ok werk. Die pad moes klaarkom.

Orals along the road staan die 44 gallon drums vol teer, party leeg but full of rubbish of water, sakke sement en hope dryfsand, yslike hope gravel lê oralster en workers’ huts en caravans en kleinhuisies staan gesaai, plek-plek langers die pad. En dis nie net Lootsberg se pas nie, daar’s nog boonop Naudésberg Pass en Perry’shoogte ok, so it’s no joke gewees nie.

Oralster staan werkers met rooi vlae, grawe, pikke, rollers, surveyors en hul tripods, bakkies en die big yellow machines.

Dis in daai dae wat die Good’s Motel ok sy geboorte gekry het. Die padwerkers moes daam bietjie relax ok now en then. Nou ja, Bert (wat so lekker gholf kon speel saam’t dr Human) was married into the Loots family just otherside die pad en moes van toe af saam met sy vrou wyd bontstaan innie nuwe bar, sy spierwit snor en wavy hair net-net sigbaar tussen die gelag en wolke cigarette smoke. Daar was sommer baie lekker kos ok! Hulle het geken van mixed grills maak vir die padmakers en Sundays was ’n groot pick and choose lunch vir nuuskieriges wat van die dorp af kom kyk het. En dié wattie kom lunch het nie, het gery vir die lekker scones and tea either smoors of smiddags.

But can you believe it, dit was in dié se tyd wat Castle beer nog in bruin glasdumpies verkoop is. En Bert, hy’t al dié leë bottles gecollect en drie rondawels gebou met hulle as if they were his bricks! Met regte sement to keep them together. Nog nie van recycling geken nie. Die bottoms het buitentoe gekyk and the necks na die binnekante toe. En mens kon nie deur die glass walls kyk nie!  Let me tell you, thís was amper ’n groter sightseeing attraction eventually assie pad se gebouery itself. Almal moes mos aldag kom kyk en experience wat aangaan, anders kan hul mos nie op dieselle tyd talk together nie!

Die bungalows was vir travellers wat slaapplek soek – of ooms en tannies se secret “wegkruipplek”.

Dis nou in hierdie same time wat besluit was they will now mos moes consider of Church Street wyer gemaak sal moet wôre or not. Daar gaan mos nou baie meer traffic wees as vroeër tyd toe travellers Cradock en Cookhouse om gery het oor die pad nie geteer was nie. And now it will be tarred.

Die Town Council wou niks weet van ’n bypass soos happened by Middelburg nie – die national road moet dwarsdeur die dorp loop otherwise gaan die winkels niks commercial growth hê en bigger income kry nie. Die dorp sou skade ly nes Middelburg.

But hul kon ok sien dié gaan nou éérs ’n big job word, want al wat ’n Simon van der Stel oak tree is, sou moes uitgehaal word, al die straatligte would gemove moet wôre en die hele lengte van Kerkstraat sal moet sidewalks kry.

Ai tog, if I only knew wat protest betekend het daai tyd I would have put up a show fight om daai mooi bome te behou. Hulle het dan daai hele Kerkstraat so beautiful gemaak … Só beautiful. And to take it away sal al die beauty wegvat. Mense het altoos so die bome admire and there was altyd shade vir parking langs die straat.

And waar gaan die Christmas lights hang?

Granted, allie garages (behalwe Botha’s Garage en die Midlands Garage op Market Square) was almal in Church Street. En karre sou leeg wees as hul laasmaal volgemaak was op Colesberg of Noupoort. Karre kon mos toe nog ry teen 70 miles an hour.

Drivers het agtergekom al vantevore mens kon shortcut vat en eers ’n dop drink by die Graaffernet Hotel se bar ok as hul petrol ingegooi en water gecheck het op Market Square; en dan Somersetstraat tot Church Street toe kortpad vat. Maar daai wattie vannie shortcut geken het nie, moes maar deur Caledonstraat toe hou, stadig, óm by die hoek by die Kerk en dan afry in Kerkstraat. Die meeste garages het sommer vlak hier by Cecil Theron se Seaman’s beginne, Harry Hoard se Gem Garage daarna en allie ander Therons: Frans-, Pietie- en Dries-hulle further along. Verder still was Loots (Otto’s Garage) and College Motors in Spandauville, but hulle was aan’ie wrong side of the road. Hulle was weer goed gesite vir traffic wat van die Baai af binneland toe op pad was.

Another thing was dat die Council se mense initially gave no consideration about, of het van vergeet, dat die houtbrug oor die Sundays River mos nie al hierdie traffic sou kon handle nie. Daar gaan móét ’n concrete bridge gebou moes wôre, net so wyd as die nuwe straat!

What a commotion thát would be, ’n gemors in the first place.

And let me tell you: Wasn’t it just!

Dit was ’n propperste beslommernis toe met dié brugbouery beginne is. Either side vannie houtbrug was eerste begin om concrete pillars uit die bodem vannie rivier uit tot hier vlak onder die brug vanselwers te bou. Oralster is padwerkers, surveyors, bouers, planners, inspectors, you name it, hulle was daar.

En terselfdertyd was daar begin met die widening van Church Street. Mense het hoog en laag complain van die geraas en gemors en stof van die bouery daai tyd. Jy sukkel om by die huis te kom, daar was many late deliveries vannie koöperasies, karre wat queue! Ek sê jou, the Advertiser se Raphaels het hul hande proppers vol gehad van die Letters to the Editor. Die town clerk se office het net eenvoudig hande in onskuld gewas en gesê to phone the Roads Department.

En so het die een gekom en die ander gegaan, begaan, bestaan.

One by one al die 43 bome, die ou brug wat val, die nuwe een rys op, die Advertiser word die Knott-Craigs s’n, the turnout van die decade!

Kyk vir ’n kind is nearly two years amperste ’n leeftyd, maar dit was jolly langer as lank voor die hele pad van Middelburg af tot annerkant die nuwe Berrangébrug klaar was vir al die verkeer op pad Baai toe.

En rekent, die Roads Department was só “nice”, hulle het tot Paardepoort gesidestep en gestraighten tussen Jansenville en Uitenhage ok!

Mens sou nou vinnig in die Baai kon kom deur g’n bypass te ry nie. Tot ou Heydenrych sou sy droëwors kan bly verkoop kry.

Volgende oppie lys sou dit die pad Aberdeen toe wees.

But as jy huis toe gekom het en jy Spandauskop al kon sien van Kruidfonteijn se hoogte af, het die beklemming jou al beginte vashou; jou hart was skoon vol heimwee verby Adendorp en by die TB Hospital verby, af in College Road, links die kollege regs die stasie, en al wat mens sien as jy afsak na die grand nuwe brug toe, is een vreeslike lange reguit, wye straat met wide sidewalks either side en ekstra sterk straatligte weerskante, all the way tot daar bo by die Grootkerk.

Ja, Church Street, but nowhere was daar êrenster even net een oak tree meer te siene nie … Not one!

And since then Graaffernet just never was dieselle Graaffernet, not for me anyway!

The post Teerpad, eikebome en Good’s Motel appeared first on LitNet.

Ek wil vir jou die hemel gee

$
0
0

Foto: Canva.com

Ek wil vir jou die hemel gee
Ek wil graag die morester
aan jou voete kom neerlê.
Ek wil onder die aandster
iets vir jou kom sê:
Ek wil die son se strale vang
en dit vir jou gee.
Ek wil in die maan se lig
jou trane kom wegvee.
Want jy is my ster, my son, my maan
wat in my lewe skyn,
die een wat alle seer en pyn
en trane laat verdwyn.

The post Ek wil vir jou die hemel gee appeared first on LitNet.

Wie dink djy is djy

$
0
0

Foto: Canva.com

Wie dink djy is djy
Wie dink djy 
is djy 
om te roam in die strate 
van my hart 
soe asof djy 
die president is haaso?
Hoe durf djy 
jou hart 
en myne
in jou hand hou?
Hoe durf djy 
my ontneem van jou liefde 
en steeds al myne claim?

The post Wie dink djy is djy appeared first on LitNet.

die scheme

$
0
0

Foto: Canva.com

die scheme
dis donker hie;
die mense is soe snaaks.
amal lyk aliewag kwaad en
nieman praat mee 
ordentlik saamit mekaa.

ek skat dis makliker soe;
dan hoef mens mos nieman te pla
virre stukkie brood offe
twintag rand’ie.
som gloe dit móét soe wies;
ek weier om
vir my soe te lat lieg.

cause ’n goeie wood offe drukkie 
het nog nieman leed angedoen nie.

The post die scheme appeared first on LitNet.

Herinneringe aan my onderwysloopbaan – en my pad met die onderrig van Afrikaans

$
0
0

Prent: https://pixabay.com/photos/road-desert-sunset-highway-3186188/

Agtergrond

Gewapen met twee honneursgrade (die een in Psigologie en die ander in Afrikaans-Nederlands by Noordwes-Universiteit) het my loopbaan in 1976 as jong Afrikaansonderwyser van HT- en EAT-leerders by sekondêre skole (wit, en aanvanklik met seuns en meisies apart) in Potchefstroom, Johannesburg en Louis Trichardt begin. Ek het eers later my onderwysdiploma by Unisa behaal.

Drie senior kollegas wat my vakhoofde was en vriende geword het, het my aangemoedig (en toegelaat) om myself te wees. My dank aan Juliana Kruger en Elsa Krugell (in Louis Trichardt) en later Juliana Heymans (in Pietermaritzburg). Al was my metodes van onderrig nie tradisioneel nie, het my leerders en studente tog goed gedoen in eksterne eksamens (wat ek dus nie opgestel het nie).

Onderrig van Afrikaans in hoërskole (HT en EAT)

Dit was vir my duidelik dat ek nie met die inhoud en struktuur van die taal moet begin as ek klasgee nie, maar eerder moet fokus op die behoeftes en konteks van die leerders. En so het ’n praktyk van leerdergesentreerdheid begin. Wat ’n uitdaging was dit om te probeer uitdink wat die bedrywende vorm in grammatika met die leerders se eie lewensruimte te doen het! Sodra ek dit egter verstaan en toegepas het, het die leerders uit my hand geëet. Ook het ek begin om met behulp van die lewenstemas of -waarhede in kortverhale en gedigte wonderlike gesprekke te ontlok voordat die “formele” klasgee begin, en dit het gelei daartoe dat die leerders konsentreer wanneer ek begin ontleed en struktuur gee.

As aktiewe jeugleier in die kerk op Potchefstroom waaraan ek as jong juffrou op daardie stadium behoort het, het ek agtergekom dat ook my vaardighede in interaktiewe groepwerk ’n oplossing vir die klaskamer kan wees, maar dat daar definitiewe verskille is tussen jongmense wat in groepe wil wees en leerders wat gedwing word om in groepe saam te werk om uiteindelik by koöperatiewe taalleer uit te kom en leerderoutonomie (selfgerigte leer) te bereik. Buiten die chaos wat in ’n klaskamer in ’n seunskool kan ontstaan as daar nie ’n definitiewe struktuur en betekenisvolle terugvoer in groepwerk is nie, was die dinamika, uitdagings en potensiaal van groepprosesse vir my ’n belangrike leerkurwe in my rol as onderriggewer.

...............
Buiten die chaos wat in ’n klaskamer in ’n seunskool kan ontstaan as daar nie ’n definitiewe struktuur en betekenisvolle terugvoer in groepwerk is nie, was die dinamika, uitdagings en potensiaal van groepprosesse vir my ’n belangrike leerkurwe in my rol as onderriggewer.
............

Soweto-onluste in 1976

Dit was ’n aangrypende ervaring om voor (opstandige) hoërskoolseuns in die klas te staan terwyl die 1976-onluste rondom Afrikaans as onderrigmedium in Soweto plaasgevind het. Hoe verduidelik en regverdig ’n mens dit dat leerders gedwing word om in die “landstaal” onderrig te ontvang, terwyl jou eie politieke oortuigings nog aan die ontwikkel is. Uiteindelik was dit moeilike klasdebatte, maar dit het wel die konteks van die Afrikaansklaskamer lewendig gemaak en die leerders laat besef dat hulle woede eintlik die leerders in Soweto se aggressie eggo.

.............
Dit was ’n aangrypende ervaring om voor (opstandige) hoërskoolseuns in die klas te staan terwyl die 1976-onluste rondom Afrikaans as onderrigmedium in Soweto plaasgevind het. Hoe verduidelik en regverdig ’n mens dit dat leerders gedwing word om in die “landstaal” onderrig te ontvang, terwyl jou eie politieke oortuigings nog aan die ontwikkel is.
..............

Ek het duidelik begryp dat ’n onderwyser nie moet kante kies as hulle ’n objektiewe gesprek wil laat plaasvind nie.

Weeklikse voorbereiding

Die eerste deel van my eie onderrigervaring in my rol as Afrikaansonderwyser in die klaskamer was ’n praktyk van probeer en tref om uit te vind wat werk om leerders affektief te laat tuis voel in die klas, konstruktief aan die leergebeure te laat deelneem en die proses van leer in die Afrikaansklas meer doeltreffend te laat plaasvind. Deel van my eie persoonlikheid is dat ek beter kan reflekteer as beplan. My weeksbeplannings was dus ietwat sinneloos en niksseggend. Uiteindelik was die vraag wat ek myself, as lektor van Afrikaansonderrig vir onderwysstudente in die laaste dekade binne ’n akademiese omgewing, moes beantwoord: Hoekom werk dit (of nie), en wat is die teoretiese uitgangspunte daarvan?

Aflosposte

Die feit dat ek vir ’n paar weke in 1981 op Louis Trichardt as Biologie-, Geografie- en Huishoudkundeonderwyser afgelos het, het my laat besef dat ek in die onderrig van Afrikaans ook die vakinhoud meer visueel en konkreet kan maak en dit kan integreer met leerders se belangstellings en behoeftes, dws hul konteks.

Die aflospos waarin ek as Afrikaans- sowel as Geskiedenisonderwyser moes optree, het my geleer om letterkundeonderrig meer konkreet en interaktief te maak en te koppel aan die werklikheid waarin die leerders leef, eerder as om net die vakinhoud klinies en op ’n (objektiewe) afstand aan te bied. Ek het ook in hierdie tyd agtergekom dat ek die verskillende afdelings van Afrikaans (mondeling, begrip, luister, lees, taal, letterkunde en skriftelike stelwerk) sinvol kon integreer rondom ’n tema wat verband hou met die leerders se leefwêreld. Hier het ek dus reeds begin om nuwe kombinasies te maak, want op daardie stadium was dit nog nie die gangbare gebruik in taalonderrig nie. Natuurlik was nie al die vakhoofde hiermee tevrede nie, maar daar was tog enkeles wat my (soms met gelatenheid) toegelaat het om my gang te gaan omdat my leerders en studente positiewe resultate in die eksamens kon toon (vraestelle wat deur myself en ander opgestel is; interne sowel as eksterne eksaminering).

Dissipline en leerdergesentreerdheid

Dit was veral ten opsigte van dissiplineprobleme in die klas (wat ek aanvanklik met lyfstraf probeer oplos het) dat ek mettertyd besef het dat die insluiting van die affektiewe baie goed pas by die onderrig van veral letterkunde, aangesien laasgenoemde met die emosionele ontwikkeling van die leerder te make het. Omdat ek die gevoelsmatige aspekte van die literêre tekste tematies met die verskillende afdelings van die onderrig van Afrikaans begin verweef het, het ek algaande besef dat daar sekere van hierdie onderwerpe is waaroor leerders eerder individueel as in groepe gesprek wil voer, en dit het my die geleentheid gegee (as deel van mondelinge stelwerk) om elke leerder apart en op ’n unieke manier te leer ken. My bewuswording en integrasie van leerders se emosionele geletterdheid en ontwikkeling was die begin van my suksesvolle alternatief vir lyfstraf as vorm van dissiplinering, want ’n nuwe (affektiewe en betekenisvolle) verhouding het tussen ons ontstaan.

Hierdie nuwe verhouding tussen ons het gehelp om die dissiplineprobleme te verminder, veral omdat hulle agtergekom het dat ek leerdergerig is en in hulle as individue belangstel, hul ervarings en (selfs negatiewe) gevoelens respekteer en dit nie gebruik om hulle te intimideer nie. Die gebruik van humormateriaal in die taalonderrigkonteks kon bydra tot die ontwikkeling van leerders se talente en kommunikatiewe vaardighede deur die uitbreiding van my as opvoeder se kennis van leerders se affektiewe behoeftes, sowel as my onderrig- en assesseringsvaardighede. (Thomas Edison se woorde: “I never did a day’s work in my life – it was all fun.”[1])

.............
Die gebruik van humormateriaal in die taalonderrigkonteks kon bydra tot die ontwikkeling van leerders se talente en kommunikatiewe vaardighede deur die uitbreiding van my as opvoeder se kennis van leerders se affektiewe behoeftes, sowel as my onderrig- en assesseringsvaardighede. (Thomas Edison se woorde: “I never did a day’s work in my life – it was all fun.”[1])
................

In die onderrig van Afrikaans het ek ook geleer om allerlei grappies met die seuns te maak rondom die vakinhoud en hul ervarings, optrede en vordering, terwyl die meisies weer graag oor die liefde en seuns wou gesels – elemente wat goed te pas gekom het in letterkundeonderrig (gedigte en stories). Al was dit ’n stereotipering van geslagsrolle, was dit ’n aangename manier om met woorde te speel, en het dit goed te pas gekom in die humormateriaal wat ek as formatiewe assessering in oopboektoetse gebruik het om taalreëls te evalueer.

Onderrig van kreatiewe skryf

My ervaring in die onderrig van Afrikaans in verskeie onderwyskontekste (moedertaal en addisionele taal; sekondêre en hoër onderwys) het my verder laat besef dat kreatiewe skryftake moeilik is om te medieer en te assesseer, en dat die meeste leerders nie werklik daarin geïnteresseerd is om “opstelle” te skryf nie – dalk omdat hulle tog maar net weer dieselfde punt as die vorige keer sal ontvang en nie noodwendig kan agterkom wat reg of verkeerd is aan dit wat hulle geskryf het nie. Kreatiewe skryf is ’n deel van die Afrikaansonderrigkurrikulum wat nie baie aandag op skool kry nie, enersyds omdat daar soveel ander gedeeltes van die kurrikulum is wat geëksamineer moet word, en andersyds omdat die meeste onderwysers nie self opleiding in kreatiewe skryf ontvang het nie. Leerders met kreatiewe skryftalent vorder dus óf op hul eie, óf glad nie.

Wat ’n wenner-idee vir die onderrig van gedigte was, was dat ek vir hulle die konteks geskep het van Totius se “O die pyn-gedagte” (‘n voorgeskrewe gedig), en hulle uitgedaag het om in groepies van twee hulle eie gedigte (vier reëls) daaroor te skryf. Natuurlik wou hulle graag telkens weet wie se gedigte ek voorgelees het (almal s’n), maar ek het dit anoniem gehou – min wetende hoeveel hierdie aktiwiteit in totaliteit ’n element van nuuskierigheid en verrassing ingehou het, wat aspekte van kreatiwiteit is. Aan die einde van dié lesse wou hulle bitter graag die oorspronklike gedig hoor. Hierdie ervaring het die saadjie geplant en my mettertyd meer bewus gemaak daarvan dat ’n leerder ’n gedig beter kan verstaan as hulle self metafore, vergelykings en klank geskep het.

Selfs die bestudering van literêre tekste het selde, indien ooit, gepaard gegaan met ”lees vir genot” (een van die doelwitte van letterkundeonderrig). Die kritiese omgaan met hierdie tekste was dus ’n ideaal wat moeilik bereikbaar was. Ook die onderrig van taalaspekte is meestal baie formeel en struktureel aangebied. Die grammatikaperiodes was iets wat ’n mens as onderwyser en as leerder maar net moes oorleef, sodat dit iewers afgemerk kon word as “gedoen”, en getoets kon word in ’n eksamenvraag, wat reg of verkeerd gemerk sou word.

Millenniërleerders

Later sou ek agterkom dat ek in die onderrig van Afrikaans te make het met millenniërleerders.[2] Hulle openbaar die volgende kenmerke:

  • besit ’n lae verveeldheidsdrumpel
  • het ’n korter aandagspan
  • is teësinnig om te memoriseer
  • wil eerder aktief besig wees as om toe te kyk
  • verkies holistiese leer en inligtingsverwerking
  • is geneig daartoe om minder te ontleed
  • neem die werklikheid eerder stelselmatig en deelnemend as lineêr en objektief waar
  • is op soek na relevante take vir hulle werklikheid en moontlike loopbane
  • wil graag speel en vermaak word
  • wil graag liggaamlik (aktief-kinesteties) betrokke wees by dinkskrum- en gespreksessies
  • leer makliker grafies en visueel
  • verwag intellektuele en bemarkbare vaardighede van die onderwys
  • verkies om teen hulle eie pas te werk met produkte en ervarings wat uit hulle eie werklikheid aangepas is.[3]

Koffiehuiskonsert en meervoudige intelligensies

Uiteindelik het ek in 1984 op Louis Trichardt vyf klasgroepe in standerd 7 (vandag se graad 9) gehad vir wie ek dieselfde inhoud in Afrikaans moes onderrig. Benewens die feit dat ek self later so verveeld met die inhoud was, het ek intuïtief aangevoel dat wat ek elders gelees het, waar is in my klaskamer. Dit is naamlik dat as ek verveeld is, ek kan aanvaar dat die leerders ook verveeld sal wees – dit is net so sleg om verveeld as vervelig te wees. Hierdie probleem het daartoe gelei dat ek innoverend daaroor moes dink en dit uiteindelik reggekry het dat ons as groep (ek en altesaam ongeveer 130 leerders) saam ’n koffiehuiskonsert in die hoërskool se biblioteek vir die plaaslike gemeenskap kon beplan, oefen en aanbied. Dit het baie bygedra tot ons onderlinge verhouding, die leerders se groepskohesie, doelgerigtheid en betekenisgewing aan taalinhoude.

Die koffiehuiskonsert het ook moontlikhede vir tematiese integrasie en uitkomsgerigtheid gebied (al was laasgenoemde nog nie ’n term waarvan ons in die onderwyserskorps geweet het nie), omdat ons iets in die werklikheid ”daar buite” met taal moes doen. Gelukkig het ek die skoolhoof se toestemming gekry om vir ’n kwartaal nét daaraan te werk, met dien verstande dat ek vir hom sou aantoon hoe ek al die afdelings van Afrikaans integreer en alles wat die leerders doen, assesseer. Dit was dus ’n demonstrasie van hul taalvaardighede en ’n soort portefeulje van alles wat hulle in daardie kwartaal gedoen en waaraan hulle aktief deelgeneem het.

Die leerders kon twee opsies kies waaraan hulle wou deelneem. Hulle het elkeen kans gekry om persoonlik met my daaroor te gesels (vir ’n mondelinge punt) terwyl die res van die klas met iets soos begripsoefening aangaan, en dit het onder andere een of meer van die volgende alternatiewe behels:

  • uitnodigings ontwerp en verwoord
  • verversings of servette bring
  • melktert bak
  • kerse maak
  • oudiovisuele materiaal voorberei en versorg
  • die program opstel
  • bemarking en die finansies organiseer en hanteer
  • optree as sangers, dansers, kelners, aanbieders of seremoniemeester
  • skriftelike verslag lewer
  • resensies vir die plaaslike koerant skryf.

Wat ek op daardie stadium nog nie geweet het nie, was dat ek intuïtief individuele leerstyle en die konsep van meervoudige intelligensies (MI)[4] suksesvol in taalonderrig geïmplementeer het. Deur die verskille tussen die leerders se belangstellings en aanleg as basis te gebruik vir die ontwikkeling van onderrigstrategieë rondom (onder andere) die gebruik van humormateriaal, aktiewe deelname en doelgerigtheid, het die koffiehuiskonsert die geleentheid vir die kreatiewe taaluitings van hierdie skoolleerders geskep.

Intussen het ek in 1981 deur middel van afstandsonderrig my hoëronderwysdiploma (HOD) nagraads by Unisa behaal met Didaktiek van Afrikaans en Voorligting as hoofvakke. Die praktiese uitdagings en handhawing van myself, gesag, aktiwiteite en materiaalontwerp in die daaglikse onderrigproses het egter tot dusver meer as enige teoretiese kennis van vakdidaktiek bygedra tot die kwaliteit van my onderrigpraktyk. Toegerus hiermee het ek toegetree tot die (vir my op daardie stadium vreemde) wêreld van swart onderwys by onderwyskolleges – eers, van 19851989, in Venda en later vanaf die einde van 1989 in Pietermaritzburg.

Refleksie as opvoedkundige

My professionele ontwikkeling was ’n soektog na alternatiewe – dalk om uiteindelik (as ek dit gevind het) aan die jeug te gee wat ek self nodig gehad het: aktiewe deelname aan die konstruksie en skepping van kennis, die materiële openbaarmaking van wat binne-in die self is, kommunikasie met ander daaroor en die kreatiewe manifestasie van die self.

...........
Terwyl ek deur ervaring en my vroeë omgewing geprogrammeer is om passief te ontvang en stil te bly, was daar iets eie aan my wat wou soek, verken, ontdek, skep en kommunikeer. Ek het geweet dat ek nooit my leerders of studente wou blootstel aan die “leë” opvoeding wat ek ontvang het nie. Ek móés na alternatiewe modelle soek en in my eie klaskamerpraktyk eksperimenteer.
..............

Terwyl ek deur ervaring en my vroeë omgewing geprogrammeer is om passief te ontvang en stil te bly, was daar iets eie aan my wat wou soek, verken, ontdek, skep en kommunikeer. Ek het geweet dat ek nooit my leerders of studente wou blootstel aan die “leë” opvoeding wat ek ontvang het nie. Ek móés na alternatiewe modelle soek en in my eie klaskamerpraktyk eksperimenteer.

Die spanning tussen teorie (kennis van taal, letterkunde en onderrig) en my onderrigpraktyk het my mettertyd laat besef dat die uitdagings en verskeidenheid van my professionele ervarings my toegerus het om op alternatiewe wyses uitdrukking te gee aan my eie praktiese toepassing van my kennis en dat ek as akademikus daaroor moes nadink.

Die konstruktivistiese onderrig-en-leer-teorie (wat ook deur die WKOD ondersteun word)[5]/[6] en waarvan ek later in my akademiese professie diepgaande kennis opgedoen het, toon vir my aan watter belangrike plek leerders se motivering in die hele leerproses inneem. Ek verstaan verder dat my eie motivering (of behoefte daaraan) ’n stuwende energie was wat rigting gegee het aan my professionele ontwikkeling en die praktiese toepassing van my opvoedkundige waardes.

Eindnotas as bronnelys

[1] Torok, S.E., R. McMorris en W.C. Lin. 2004. Is humor an appreciated teaching tool? Perceptions of professors’ teaching style and use of humor. College Teaching, 52(1):14–20.

[2] Sacks, P. 1996. Generation X goes to college: An eye-opening account of teaching in postmodern America. Chicago: Open Court.

[3] Kruger, E. 2007. Die onderrig van millenniërs in die Afrikaans-klaskamer: Humormateriaal as onderrigstrategie. Tydskrif vir Taalonderrig, 41(2):47–67.

[4] Van den Berg, G. 2003. Taalonderrig en die teorie van meervoudige intelligensie. Tydskrif vir Taalonderrig, 36(3 en 4):232–43.

[5] Suid-Afrika. Departement van Onderwys. 2011a. Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV). Huistaal. Graad 4−6. Pretoria: Staatsdrukker.

[6] Suid-Afrika. Departement van Onderwys. 2011b. Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring vir Afrikaans Huistaal. Graad 7–9. Pretoria: Staatsdrukker.

Lees ook:

Skoleseminaar: Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys

Skoleseminaar en die Wysigingswetsontwerp: Lesufi is die brein agter Afrikaans se verkragting

Skoleseminaar en Wysigingswetsontwerp: waarom Afrikaanse ouers moet kennis neem

(Ab)using language for narrow socio-political and racist interests

Skoolleierskap en die skep van produktiewe leerruimtes in skole deur Johan Burger en Aslam Fataar: ’n resensie

The post Herinneringe aan my onderwysloopbaan – en my pad met die onderrig van Afrikaans appeared first on LitNet.

China se visie vir ’n nuwe wêreldorde

$
0
0

Fanie Herman, navorsingsgenoot in die Universiteit van die Vrystaat se Departement vir Politieke Studies en Regeerkunde, bespreek die Chinese se visie vir ’n nuwe wêreldorde.

Fanie Herman (Foto: verskaf)

 

1. Inleiding

In die laaste paar jaar het Xi Jinping, die president van China, ’n visie vir ’n nuwe, internasionale wêreldorde geartikuleer. Die visie behels twee areas van belang. Die eerste is die totstandkoming van ’n nie-Westerse, niedemokratiese wêreld en die tweede is die verandering of herformulering van die bestaande internasionale norme-en-waardes-stelsel.

Die idee vir die visie dateer in werklikheid van na China se toetrede tot die internasionale gemeenskap in die middel van die 1990’s en spesifiek die land se toelating tot die Wêreldhandelsorganisasie in 2001. Leierskapsposisies in verskeie internasionale organisasies is ook ’n faktor in die vestiging van ’n Chinees-gesentreerde wêreldorde. Teen die einde van 2020 het China bilaterale verhoudinge met 178 van die Verenigde Nasies (VN) se 192 lande gehad. Die aard en omvang van die verhoudinge het tot gevolg dat die Chinese manier van regering en wêreldvisie aan die lande oorgedra word.

Met die bewindsaanvaarding van Xi Jinping in 2013 is die herlewing van die Chinese nasie, die nastrewing van grootmoondheidstatus en die beskerming van nasionale belange as hoofprioriteite gestel. Volgens Xi kan die doelwitte bereik word slegs indien die wêreldorde verander word om Chinese norme en waardes te weerspieël.

China is tans die wêreld se grootste handelsmoondheid; dit is ’n bron van buitelandse beleggings; dit het die wêreld se grootste weermag in terme van personeel; en dit is ’n leier op die gebied van vernuwing en tegnologiese ontwikkeling. Kundiges voorspel dat China se bruto binnelandse produk (BBP) dié van Amerika gaan verbysteek teen 2030. China sal dan die wêreld se grootste ekonomie wees.

 

2. Agtergrond en oorsig

Alhoewel China se visie vir ’n nuwe wêreldorde hoofsaaklik uit vorige modelle van Chinese oorheersing voortspruit, is die internasionale orde wat die regering tans voorstaan, meer normatief van aard. Die visie is nie gewortel in tradisionele Chinese filosofie, denkrigtings, Konfusiaanse beginsels en revolusionêre ideale nie.

Verwysings na China se imperialistiese verlede is nie ’n aanduiding dat Beijing simboliese betekenis aan die visie heg nie. Die visie is gewortel in die Leninistiese konsepte van penetrasie, ondermyning van buitelandse invloed, en die nastrewing van spesifieke beleids- en strategiese doelwitte. Die doelwitte het ten doel om China meer mag en oorheersing in die wêreld te gee.

China se moderne diplomatieke praktyke dien verder as motivering vir die verandering van die internasionale sisteem. Dit sluit in die nastrewing van grootmoondheidstatus, die uitoefening van meer selfgeldende en aggressiewe gedrag in internasionale politiek, en ideologiese wedywering met die Weste.

Selfs met die ekonomiese opkoms van China en Xi Jinping se globale ambisies is daar tog vrae of China ’n nuwe internasionale orde wil vestig of slegs veranderinge aan die bestaande orde wil maak. Wil China sy nasionale belange en ambisies bevorder deur die internasionale sisteem te transformeer, of wil die leierskap ’n defensiewe houding inneem en die status quo handhaaf?

Hier word verwys na kritiek teenoor die land se politieke sisteem en China se reg om sy territoriale soewereiniteit en integriteit te beskerm. Dié beskouing is egter ’n wanopvatting van Xi Jinping se werklike ambisies. Xi se uitgangspunt is dat China alrééds grootmoondheidstatus bereik het en nou oor die mag beskik om die wêreldorde te verander.

Volgens Xi moet China meer selfgeldende gedrag in die internasionale terrein openbaar om op gelyke voet met Amerika mee te ding of om Amerika ekonomies en tegnologies verby te steek. China se oorheersende invloed in die Asies-Pasifiese streek en die land se maritieme beheer oor groot areas in die Oos- en Suid-China See dui op ’n toename in militêre mag. Amerika het nie meer die hulpbronne, soos vlootvaartuie en mannekrag, om die gebiede te betwis nie en het sy maritieme operasies in die gebiede afgeskaal. Die formidabele netwerk van vennootskappe wat Amerika oor 70 jaar opgebou het, is besig om te disintegreer ten gunste van ’n Chinees-gesentreerde raamwerk van dialoog, onderhandelinge en samewerking.

China se internasionale invloed strek ook uit na die bou van infrastruktuur, telekommunikasienetwerke, elektroniese betaalsisteme en satelliete. Soos Amerikaanse, Japannese en Europese maatskappye die tegnologiese leiers in die vorige eeu was, is Chinese maatskappye die leiers in die 21ste eeu.

Die internasionale orde wat tot stand gekom het na die Tweede Wêreldoorlog was hoofsaaklik die gevolg van liberale demokrasieë se fokus op menseregte, die oppergesag van die reg, ’n vryemarkhandelsisteem en beperkte inmenging van die staat in die politieke en sosiale lewens van burgers. Multilaterale instellings is geskep en internasionale reg is geformuleer om dié norme en waardes te beskerm. Tegnologie is dikwels gebruik om dit te versterk.

Xi wil die Westerse benadering omkeer deur die oppergesag van die staat te gebruik om norme en waardes te verander. In die Chinese regeringsraamwerk is dit die taak van instellings, wette en tegnologie om die staat meer beheer oor die lewens van burgers, politieke prosesse en ope markte te gee. Dit is ’n wêreld waar die vloei van inligting deur die staat beheer word, beide binne en buite die land se grense. Daar is geen beperking op die mag wat die staat kan gebruik om die inligting te beheer nie. Chinese amptenare en akademici is dit eens dat die frase “Die opkoms van die Ooste en die verval van die Weste”, die diskoers van internasionale politiek in die toekoms gaan bepaal.

Die seminaar word verder as volg aangebied: Eerstens word ’n raamwerk verskaf wat die hooftemas van navorsing oor die onderwerp aanspreek. Tweedens word die temas met Xi Jinping se persoonlike visie van ’n nuwe wêreldorde geïntegreer.

 

3. Raamwerk vir die internasionale visie

3.1 ’n Sisteem wat gedeeltelik globaal en gedeeltelik streeksgebonde is

China is nie daarop ingestel om die bestaande internasionale orde totaal omver te werp nie. Die doelwit op kort termyn is die vestiging van ’n nuwe internasionale sisteem wat gedeeltelik op die bestaande orde gebaseer is.

3.2 ’n Hiërargiese subsisteem

China gaan die boonste en middelste vlak van die sisteem uitmaak. Die sisteem gaan oneweredig wees, met China die grootste, kragtigste en tegnologies mees gevorderde staat. Kleiner en swakker state gaan die periferie van die sisteem uitmaak. Dié Chinees-gesentreerde orde gaan nie globaal en ook nie streeksgebonde wees nie. Dit is moontlik dat die orde op lang termyn kan uitbrei om die meeste van die ontwikkelende, nie-Westerse wêreld in te sluit. Dit is hier waar ’n oneweredige verspreiding van mag gaan plaasvind.

3.3 Losse beheer in die skaduwee van China se oorheersing

China gaan nie poog om volle beheer oor ander lande binne die grense van die subsisteem uit te oefen nie. Die fokus gaan wees om dieper interafhanklikheid te ontwikkel, alles binne die skaduwee van China se ekonomiese en militêre oorheersing. Dit gaan dan bitter moeilik vir ander lande wees om China se wêreldwye invloed vanuit ’n posisie van mag uit te daag. Die sisteem sal onderhou word deur politieke, ekonomiese en sekuriteitsverhoudinge wat die lande met China het.

Daar sal nie van ander lande verwag word om die Chinese lewenswyse na te volg nie. Westerse liberale waardes en beginsels moet egter onderdruk en vermy word, aangesien dit ’n bedreiging vir die voortbestaan van die Chinese leefwyse inhou. Verder word lande wat binne die sisteem beweeg, aangemoedig om te eksperimenteer met die manier waarop China regeer, veral wat betref binnelandse en plaaslike regeringsbeleid. Hier word verwys na wette en prosesse, onderrig en opleiding, media, ontwikkeling, en hulpverlening en industriële standaarde en norme.

China verkies ’n sisteem wat los, gedeeltelik en skuifbaar is. Die sisteem is gedeeltelik want dit impliseer die bestaan van ’n sfeer van invloed in teenstelling met die ambisie om die wêreld te regeer. Dit is los want Beijing streef nie direkte of absolute beheer van buitelandse grondgebied of regerings na nie. Dit is skuifbaar want die lande binne die sisteem is nie verbind op grond van geografiese, kulturele en ideologiese raaklyne nie. Die lande moet net oor een aspek saamstem en dit is om China se sentrale oorheersing te aanvaar.

Westerse regerings het na die einde van die Koue Oorlog aangeneem dat China die bestaande internasionale orde sou aanvaar. Daar was geen rede om te vermoed dat China ’n revisionêre beleid sou volg om die sisteem te verander nie. Dit word gesien in die lig van China se toelating tot die Wêreldhandelsorganisasie in 2001 en lidmaatskap van verskeie internasionale organisasies. Die feit is egter dat Xi Jinping ’n ander pad as sy voorgangers inslaan. China wil nie net ’n sentrale plek op die wêreldverhoog inneem nie, maar die behoefte is daar om ’n Chinees-gesentreerde wêreldorde op die been te bring.

 

4. Xi Jinping se visie vir die internasionale wêreldorde

4.1 Die hereniging van die vaderland

Xi se pad na die vestiging van ’n nuwe internasionale orde begin met ’n hertekening van die kaart van China. In ’n toespraak in 2021 het Xi verklaar dat al China se grondgebiede binne die vaderland integreer moet word en dat dit definitief gaan gebeur. Die soewereiniteit van lankbetwiste grondgebiede, naamlik Hongkong, die Suid-Chinese See en Taiwan, is ononderhandelbaar.

Hongkong is reeds binne China se politieke en sekuriteitsinvloedsfeer opgeneem. In 2020 is ’n wet aangeneem wat Hongkong van sy outonome, administratiewe status ontneem. Dit verwys na die “een land twee sisteme”-model wat in 1997 daargestel is toe Engeland Hongkong aan China oorhandig het. Binne ’n paar maande is begin om die demokratiese regte van Hongkongers te onderdruk en is Hongkong verander na ’n Chinese stad, net soos een van die vele in die vaderland.

China se aansprake op grondgebied in die Suid-Chinese See neem ook toe. In die laaste vyf jaar is sewe kunsmatige formasies in die see geskep en ’n groot aantal eilandjies en rotsformasies deur die weermag ingeneem. China se kragtige vloot word toenemend ingespan om die vyf ander lande wat ook aanspraak op die grondgebied maak, te intimideer. Die lande sluit Brunei, Maleisië, die Filippyne, Taiwan en Viëtnam in.

Xi het die paniek wat die globale pandemie by ander lande veroorsaak het, uitgebuit om op meer grondgebied aanspraak te maak. Chinese vaartuie het vir meer as 100 dae die gebiedswaters van Japan, Viëtnam en Maleisië binnegevaar en konflik met dié lande uitgelok. China en Indië het ook vir die eerste keer in vier dekades slaags geraak in ’n grenskonflik.

Geen kaart van China sal volledig wees indien dit nie beheer oor die eiland Taiwan insluit nie. Tydens die 19de Partykongres in Oktober 2017 het Xi verklaar dat een van die 14 doelwitte wat nodig is om die Chinese nasie te laat herleef, hereniging met Taiwan is. Xi het die belangrikheid van hereniging uitgelig deur te sinspeel op die twee lande se gemeenskaplike kultuur en familiebande.

In onlangse opnames in Taiwan het die meerderheid van die bevolking aangedui dat hulle in die eerste plek Taiwannese en tweedens van Chinese afkoms is. Die jonger generasie in Taiwan het hulle eie kultuur en identiteit ontwikkel en sien die Mandarynse taal as die enigste erfenis wat hulle met China deel.

4.2 Die einde van Amerikaanse oorheersing in die Asies-Pasifiese streek

China gaan ook doelgerig te werk om Amerikaanse invloed in die Asies-Pasifiese streek te beperk en die oorheersende moondheid in die streek te word. Xi beskou lande in Asië as deel van een familie. Dit is as gevolg van hulle etniese oorsprong en migrasie honderde jare gelede. Sonder die leierskap van China kan die streek nie ekonomies vooruitgaan en welvarend wees nie.

China dra die meeste by tot handel, tegnologie, die bou van infrastruktuur, die deel van kultuur en sosiale interaksie. ’n Chinees-gesentreerde netwerk van politieke, ekonomiese en sosiale interaksie is daarom nodig om die streek te integreer. China is die grootste handelsvennoot van bykans al die lande in die streek. Die Association of Southeast Asian Nations (Asean) beskou China as hulle hoofhandelsvennoot. Die lande van Asean sluit Brunei, die Filippyne, Kambodja, Lagos, Mianmar, Thailand, Maleisië en Viëtnam in.

4.3 Die Gordel-en-pad-inisiatief (GPI)

Nêrens word China se ambisie om ’n sentrale plek op die wêreldverhoog in te neem beter geïllustreer as deur die GPI nie. Dié inisiatief, wat in 2013 geloods is, bied ’n fisiese manifestasie van Chinese sentraliteit vanaf China tot in Europa. Die GPI in sy oorspronklike vorm het voorsiening gemaak vir die bou van infrastruktuur om ’n Chinees-gesentreerde handelsnetwerk regoor ses toegangsroetes op te rig. Maar dit is nie waar dit opgehou het nie. Daar is tans ook ander inisiatiewe wat uit die GPI voortvloei, wat skakel met digitalisering, gesondheid en die syroetes wat deur die Noordelike Yssee en Noordpoolsirkel loop. Die GPI het China op die voorpunt van ontwikkeling in die wêreld geplaas.

Xi sien die GPI ook as ’n middel om die land se kulturele, politieke en tegnologiese waardes na lande op die roetes bekend te stel. Lande in Afrika, soos Tanzanië en Uganda, is groot ontvangers van Chinese digitale tegnologie. Die tegnologie word in GPI-projekte gebruik, byvoorbeeld in geslotebaantelevisie en e-handel.

In Kenia het China nou die grootste aandeel van buitelandse verskaffers in die oprigting van 5G-netwerke en satellietverbindings. Die GPI sluit ook ’n politieke dimensie in waar partye opleiding in die ideologie van die Chinese Kommunistiese Party (CKP) ondergaan. Dit word gedoen om plaaslike partystrukture en verbindings met die CKP te versterk. Suid-Afrika, Ethiopië en Soedan is van die lande wat die opleiding ontvang.

China het ook die voortou in buitelandse onderwysinstellings geneem in die aanbied van taal- en kulturele opleiding, byvoorbeeld in Liberië en Zambië.

4.4 Ekonomiese mag

China se sentraliteit op die wêreldverhoog is ’n direkte gevolg van die land se ekonomiese mag. Die land se posisie as ’n aandrywer van globale handel gee ander lande die geleentheid om die groot Chinese mark te betree.

Xi het ’n aantal beleidsvoorstelle gemaak om China groter ekonomiese slaankrag te gee, beide by die huis en internasionaal. Die “Made in China 2025”-inisiatief het ten doel om plaaslike vervaardiging aan te moedig en internasionale mededinging te verminder. In 2020 het Xi die dubbele-sirkulasie- (“dual circulation”) ekonomiese paradigma geartikuleer. Dit kom daarop neer dat China deur middel van vernuwing, vervaardiging en plaaslike besteding ekonomies selfonderhoudend moet raak, alles binne die land se ekonomie self.

Dit beteken egter nie dat China homself van die internasionale ekonomie gaan isoleer nie. Die land sal voortgaan om uit te voer en sodoende voorsieningskettings te handhaaf, maar sal minder afhanklik van buitelandse beleggings en kundigheid wees.

4.5 Die hervorming van internasionale organisasies

Xi poog ook om groter beheer in die argitektuur van internasionale organisasies uit te oefen. By verskeie geleenthede is die oproep gemaak dat China leiding moet neem in hervormings van die internasionale regeringsisteem. Die waardes en norme van dié organisasies moet verander word om China se visie te weerspieël.

Die uitgangspunt is dat die bestaande reëlsgebaseerde internasionale orde nie China en die ontwikkelende wêreld se norme en waardes in ag neem nie; dit is geskep om die waardes en norme van ’n klein aantal liberale demokrasieë te bevoordeel. Xi wil toesien dat dié organisasies hervorm word om voorsiening te maak vir Chinese voorkeure en belange, soos die reg van lande om ontwikkeling bo politieke en menseregte te stel, en die daarstelling van tegnologiese standaarde om die staat groter toegang tot die beheer van inligting te gee.

Xi is ook verbind tot ’n langtermynstrategie om globale norme op gebiede soos die internet, menseregte en tegniese standaarde te verander. Dit gaan die staat meer beheer oor individuele regte en vryheid van spraak gee.

China poog om op elkeen van dié gebiede leierskap uit te oefen en pomp groot bedrae geld in die agendas en uitkomste van beleidsvergaderings in. Chinese voorstelle dat inligtingsnetwerke deur die staat beheer word, is tans onder ontwikkeling en oorweging in die VN. Uiteindelik gaan dit beteken dat ’n Chinees-gesentreerde elektroniese netwerk in die vele subinstellings van die VN ingestel word.

 

5. Samevatting

Die verskillende komponente van die GPI vorm die ruggraat van die nuwe wêreldorde en is belangrik om Chinese invloed in ontwikkelende en opkomende lande van die wêreld te vestig. Die visie is nog nie finaal geartikuleer nie en waarnemers is nie seker wanneer dit permanent gaan wees nie. Waarnemers stem egter saam dat ’n gedeeltelike orde as ’n middel kan dien om totale oorheersing te verkry – dit wil sê, as daar geen ander moondheid is wat ook internasionale ambisies nastreef nie. Die steun op militêre mag, en die afdwing van diplomatieke instrumente kan as addisionele keuse aangewend word om die internasionale orde te vestig.

 

Bronne geraadpleeg

Economy, E. 2022. The World according to China. Washington: Council of Foreign Relations.

Li, HY. 2021. China’s New World Order: Changes in the Non-Intervention Policy. Cheltenham, VK: Edward Elgar Publishing.

Shambaugh, D. 2020. China and the world. Oxford: Oxford University Press.

 

Lees ook:

Die Forum vir China-Afrikasamewerking na 21 jaar: Die opkoms van Afrika-agentskap

Chinese sekuriteitskontrakteurs in Afrika: Oorsig, jongste gebeure en ontwikkelinge

China se militêre diplomasie in Afrika: Wat is aan die gebeur?

 

Fanie Herman se navorsingsartikels in LitNet Akademies:

China se partyweermagmodel in Afrika

China se Gordel-en-pad-inisiatief (Belt and Road Initiative, BRI): Die vroeë invloed op Afrika

Amerikaans-Chinese wedywering: ’n Sistemiese en teoretiese ontleding

 

The post China se visie vir ’n nuwe wêreldorde appeared first on LitNet.

A century of South African naval history: ’n onderhoud met André Wessels

$
0
0

https://i0.wp.com/naledi.co.za/wp-content/uploads/2022/03/SA-Naval-History-NET-VOORBLAD_300dpi_RGB.jpg

A century of South African naval history
André Wessels
Naledi
SKU: 9781928530978

André Wessels praat met Naomi Meyer oor André se navorsing oor die vloot en sy boek A century of South African naval history.

André, jou boek A century of South African naval history: The South African Navy and its predecessors 1922–2022 het onlangs verskyn. In hierdie boek skryf jy oor die honderdjarige bestaan van die Suid-Afrikaanse Vloot. Laat ek met ’n persoonlike vraag begin: Waar het jy grootgeword en watter rol het dit in jou belangstelling ten opsigte van seevaart gespeel?

Ek is in 1956 in Durban gebore, het daar skoolgegaan, en ook daar gematrikuleer (in 1974). Dit was die jare voordat die internasionale boikotte Suid-Afrika grootliks geïsoleer het. In die 1960’s en 1970’s (tot ongeveer 1975) het ’n groot aantal buitelandse oorlogskepe (en soms ook duikbote) Suid-Afrikaanse hawens jaarliks besoek. ’n Hele aantal van hulle het ook by Durban aangedoen om brandstof en ander voorrade aan te vul. My oorlede ouers het my en my suster (nou ook reeds oorlede) na Maydon-kaai in Durban geneem wanneer buitelandse (maar ook Suid-Afrikaanse) oorlogskepe Durban besoek en meesal in dié deel van die hawe vasgemeer het. Soms kon ons aan boord die skepe gaan. My vroegste herinneringe in dié verband gaan onder meer terug na Desember 1964, toe die nuwe Tipe 12-fregatte van die Suid-Afrikaanse Vloot, naamlik SAS President Kruger en SAS President Steyn, die ou “Loch”-klas fregat, SAS Transvaal, en die mynveër, SAS Pietermaritzburg, tesame met die Britse Vloot se fregat, HMS Jaguar, Durban besoek het. Ek was agt jaar oud. Hierdie skepe het ’n groot indruk op my gemaak en dit, tesame met my leeswerk van kleins af oor ’n verskeidenheid onderwerpe, hoewel hoofsaaklik geskiedenis, het my belangstelling geprikkel en ’n lewenslange passie geword.

Foto van André Wessels: https://i0.wp.com/naledi.co.za/wp-content/uploads/2022/03/A-CENTURY-OF-SOUTH-AFRICAN-NAVAL-HISTORY.jpg?w=497&ssl=1

In die Suid-Afrikaanse geskiedenis is die see ’n kontroversiële onderwerp. Jy verwys na seevaarders soos die Portugese, die Nederlanders en die Britte. Ongeag hoe Suid-Afrikaners hulle rol in Suid-Afrika beskou, het hulle almal die Suid-Afrikaanse geskiedenis beïnvloed. En hulle het per see hier aangekom, meestal. Mens sou, as mens met vandag se bril na hierdie per-see-aankomste kyk, kon sê dat daar van die begin af ’n ideologiese en ’n magselement betrokke was – vir enige nasie wat ’n ander se grond betree. En die verrassing kon sekerlik soms onaangenaam gewees het vir die landgenote wat nou ’n nuwe skip op die horison gewaar! Wil jy dalk iets hieroor sê of hierop uitbrei?

Die land wat ons vandag as die Republiek van Suid-Afrika (RSA) ken, geleë aan die suidpunt van Afrika, met die Kaapse seeroete wat om ons kuste strek, is besonder strategies geleë. Nadat die Portugese ontdekkingsreisigers van die laat 15de eeu (Bartholomeu Diaz, en na hom Vasco da Gama) die handelsroete om die Kaap ontdek het, het daar met verloop van tyd winsgewende handel tussen Europa en Indië (en aanliggende gebiede) ontwikkel. Wie dus die Kaap beheer het, het die Kaapse seeroete beheer, en wie hierdie seeroete beheer het, het die winsgewende handelsroete na en van die Ooste beheer.

...........
Nadat die Portugese ontdekkingsreisigers van die laat 15de eeu (Bartholomeu Diaz, en na hom Vasco da Gama) die handelsroete om die Kaap ontdek het, het daar met verloop van tyd winsgewende handel tussen Europa en Indië (en aanliggende gebiede) ontwikkel. Wie dus die Kaap beheer het, het die Kaapse seeroete beheer, en wie hierdie seeroete beheer het, het die winsgewende handelsroete na en van die Ooste beheer.
............

Die ekonomiese (en politieke) magsmededinging tussen Europese moondhede het vanselfsprekend implikasies vir die inwoners van suidelike Afrika ingehou. Portugal het nedersettings in Angola en Mosambiek gevestig. Met die opkoms van Nederland as handelsmoondheid het dié klein landjie onder meer met Engeland en Frankryk op handelsgebied meegeding. In 1652 het die Vereenigde Oostindische Compagnie (VOC) ’n verversingspos aan die Kaap gestig – wat met verloop van tyd tot ’n kolonie (en die invloei van meer setlaars) ontwikkel het. Gebeure in Europa het implikasies vir die Kaap (asook vir die inheemse kultuurgroepe, wat lank tevore reeds daar gewoon het) ingehou.

Suid-Afrika as politieke entiteit is inderdaad die produk van wedywering tussen seevarende Europese moondhede. Tydens die Napoleontiese Oorloë het Brittanje die Kaap by twee geleenthede (1795 en 1806) beset ten einde te voorkom dat die Franse beheer oor die suidpunt van Afrika – en die Kaapse seeroete – oorneem. Die wit, bruin en swart inwoners van die Kaap het dus van tyd tot tyd ervaar hoedat ’n nuwe magshebber beheer oor hul woongebied (en hul lewens) neem – met verreikende implikasies.

Die Vloot betrek natuurlik ’n militêre komponent en jy beskryf die ontstaan van die Vloot en die rol van die Britse invloed. In 1922 was Suid-Afrika ’n Unie, maar betreklik onlangs (op daardie stadium) nie meer ’n Britse kolonie nie. Tog is dit vir my interessant dat die Vloot in hierdie tyd ontstaan het, want op hierdie stadium was daar reeds militêre vliegtuie beskikbaar, of hoe? Wat was een van die hoofredes, en wat het alles die ontstaan van die Suid-Afrikaanse Vloot in 1922 veroorsaak/beïnvloed?

Korrek: Teen 1922 was Suid-Afrika nie meer ’n Britse kolonie nie, hoewel Uniewording op 31 Mei 1910 nie beteken het dat die land 100% onafhanklik van Brittanje was nie. Eers danksy die Balfour-verklaring (1926), die Statuut van Westminster (1931) en die aanvaarding van die Statuswet (1934) het die Unie van Suid-Afrika gelyke status met Brittanje (en ander voormalige Britse kolonies) binne die raamwerk van die Britse Statebond geniet.

Toe die Unieverdedigingsmagte in 1912 tot stand gekom het, was daar aanvanklik slegs landmagte – geen vloot nie. Die Britse Royal Navy (RN), met hul basis in Simonstad, was steeds verantwoordelik vir die beveiliging en verdediging van die Kaapse seeroete, en by implikasie ook verantwoordelik vir Suid-Afrikaanse seewaartse verdediging.

Tydens die Groot Oorlog (later die Eerste Wêreldoorlog genoem) het ’n hele aantal Suid-Afrikaners as deel van die RN teen Duitsland en haar bondgenote geveg. Tydens, maar ook na afloop van die oorlog, was daar persone wat hul ten gunste van die daarstel van ’n seemag vir Suid-Afrika uitgespreek het. Uiteindelik was die persoon wat vanaf 1919 tot 1924 die eerste minister van Suid-Afrika was, naamlik genl Jan Smuts, die groot dryfkrag agter die totstandkoming van die Suid-Afrikaanse Seediens (SASD) op 1 April 1922. Smuts was ook die persoon wat die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) tot stand gebring het (1920). Hoewel vliegtuie vir kuspatrolleringswerk gebruik kon word en steeds gebruik kan word, kan nie alle seewaartse verdediging deur vliegtuie behartig word nie, en dus was dit noodsaaklik om ’n eie vlootmag vir Suid-Afrika tot stand te bring.

.........
Suid-Afrika wou graag so ver as prakties moontlik sy eie verdediging behartig. Nasionale belang en aansien/prestige het dus ook ’n rol gespeel. Die vraag was ook: Wat sal gebeur indien die RN om welke rede ook al besluit om aan Simonstad te onttrek?
.........

Suid-Afrika wou graag so ver as prakties moontlik sy eie verdediging behartig. Nasionale belang en aansien/prestige het dus ook ’n rol gespeel. Die vraag was ook: Wat sal gebeur indien die RN om welke rede ook al besluit om aan Simonstad te onttrek? Aangesien die SASM net oor twee klein mynveërs en ’n klein hidrografiese-opmetingskip beskik het (en al drie hierdie skepe ook weens ekonomiese faktore teen 1934 aan diens onttrek is), was Suid-Afrika vir baie jare lank steeds van die RN vir seewaartse beskerming afhanklik.  

Hoe het die rol van die Vloot verander soos wat moderne vervoer verander het? Wat is die rol van die Vloot in hedendaagse Suid-Afrika?

Die ontwikkeling van moderne vervoermiddels het uiteraard vervoer in die algemeen, en dus ook handel in die besonder, beïnvloed. In hierdie verband moet veral op die ontwikkeling van groot en vinnige passasiers- en vragvliegtuie gelet word, want dit beteken dat die meeste reisigers vandag eerder per vliegtuig as per boot reis, en dat heelwat vrag ook toenemend deur vliegtuie vervoer word. Maar soos wat die wêreld se bevolking groei, neem handel tussen kontinente ook toe, en nie alles kan sinvol met vliegtuie vervoer word nie. Tans vaar jaarliks ongeveer 30 000 skepe steeds om die Kaap, en ongeveer 13 000 van hulle doen by Suid-Afrikaanse hawens aan. Meer as 90% van die RSA se in- en uitvoere word ook deur ons hawens hanteer. Juis daarom het die onluste van Julie 2021 en die vloede van April 2022, wat soveel skade aan onder meer die Durbanse hawe berokken het, soveel negatiewe gevolge vir die land in sy geheel gehad.

Wat die rol van die Vloot in die hedendaagse RSA betref: Die Vloot beskerm die Suid-Afrikaanse kus (en by implikasie ook die Kaapse seeroete); verleen hulp aan ander staatsdepartemente (soos wanneer weerboeie ter see gelê word); dra die beeld van die RSA uit wanneer die land se “grys diplomate” (oorlogskepe) vlagvertoonvaarte na ander lande onderneem (en dus ook by implikasie namens die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking aan diplomatieke uitreikaksies deelneem); doen hidrografiese opmetingswerk by hawe-ingange en langs die kus om dit vir skepe veilig te maak om daar te vaar; onderneem soek- en reddingsoperasies (vergelyk talle soektogte na vermiste seiljagte en vliegtuie, en ook die 1991 Oceanos-ramp); onderneem ander humanitêre hulpverleningswerk (deur byvoorbeeld voedsel, ens. na rampgeteisterde gebiede in Afrika en elders te neem); doen sedert 2011 teenseerowerpatrolleringswerk in die Mosambiekkanaal; en handhaaf ’n teenwoordigheid langs die kus van Mosambiek se Cabo Delgado-provinsie, terwyl grond- en lugmagte van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap op land teen insurgente optree. Boweal behoort die Vloot ’n bron en simbool van nasionale trots, en ’n saambindende faktor in ongeforseerde nasiebou te wees.

..........
Boweal behoort die Vloot ’n bron en simbool van nasionale trots, en ’n saambindende faktor in ongeforseerde nasiebou te wees.
..........

Jy gebruik interessante en relevante beeldspraak in jou boek – soos wanneer jy verwys na hoe die gety gedraai het (in Suid-Afrika, tydens die apartheidsjare byvoorbeeld) en watter waterskeidende dinge daar in die wêreld plaasgevind het (soos met die gebeure in die destydse USSR). Wat vir my soos ’n seestroom deur al jou navorsing rondom die Vloot vloei, is hoedat jy die wêreldgeskiedenis en -gebeure verbind met die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Vloot. Mens kan die een nie van die ander skei nie. Ek kan amper vra: Het jy in jou navorsing rondom die Vloot ten eerste navorsing oor die land en die wêreld se geskiedenis gedoen, of was dit andersom?

My navorsing vloei uit my belangstellings. En uit my nuuskierigheid! Ek het ’n baie wye belangstelling in geskiedenis – van Suid-Afrikaanse militêre geskiedenis (in besonder die Anglo-Boereoorlog, en die geskiedenis van die land se weermag, met spesiale verwysing na die Vloot) tot aspekte van kultuurgeskiedenis (insluitende standbeelde, monumente, ou geboue, en plekke van historiese belang) – en tussenin is daar die algemene landsgeskiedenis, insluitende politieke ontwikkelinge. En dan is daar nog die geskiedenis van die Afrika-kontinent, en van die res van die wêreld (militêr, kultuurhistories, polities, ens, ens). Uiteindelik hang alles met alles saam, en is die een faset van die geskiedenis nie los te dink van al die ander nie, net soos wat die geskiedenis van Suid-Afrika deel vorm van dié van Afrika, en van die res van die wêreld.

............
Uiteindelik hang alles met alles saam, en is die een faset van die geskiedenis nie los te dink van al die ander nie, net soos wat die geskiedenis van Suid-Afrika deel vorm van dié van Afrika, en van die res van die wêreld.
............

Ek het in ’n huis grootgeword waar daar baie boeke en tydskrifte was, en elke dag (behalwe Sondae) twee koerante om te lees: een Afrikaans en een Engels. Só is ek van kleins af blootgestel aan verskillende (politieke en ander) standpunte, en danksy National Geographic aan die wêreld se kulture en geskiedenis (en die natuur, ens). Ek het (gelukkig!) grootgeword in ’n wêreld sonder televisie en lank vóór die internet en al die skerms wat vandag sovele mense se leefwêreld domineer.

My uiteenlopende (maar uiteindelik ook konvergerende) belangstellings in verskeie temas het dus parallel aan mekaar ontwikkel. Wanneer ek oor die Vloot skryf, moet ek deurgaans die ontwikkelinge op vlootgebied spieël teen die agtergrond van sowel ons land se plaaslike politieke geskiedenis as die land se veranderende internasionale posisie in die loop van vele dekades. Dit is van die uiterste belang dat ’n mens deurgaans die breër konteks van sake verdiskonteer, die groter prentjie(s) in gedagte hou, en verbande moet kan lê tussen gebeure op verskillende vlakke en terreine.

Ek moet as tussenwerpsel vra of die navorsing oor die Vloot en die seegeskiedenis, waarmee jy oor baie dekades heen mee besig is, ’n direkte invloed gehad het daarop dat jy navorsing gedoen het oor ander sake wat nie op die oog af hiermee verband hou nie. Of dalk belanggestel het om boeke te lees deur skrywers soos Dan Sleigh of Karel Schoeman. Die see wat jou dus met ’n ander stroom vat en elders heen meesleur …

Soos reeds hier bo aangedui, het my belangstellings in ’n groot mate parallel met mekaar ontwikkel. Dit geld ook vir nóg ’n belangstelling, naamlik letterkunde in die algemeen (van Shakespeare tot Goethe en Schiller; nie dat ek ’n kenner is nie), maar in besonder die Afrikaanse letterkunde (weer eens: geen diepgaande kenner nie). Ek het groot waardering vir Dan Sleigh se werk, veral vir die ongelooflik goeie argivale en ander navorsing wat hy doen. Hy is ’n navolgenswaardige skrywer en rolmodel. Op sy beurt het Karel Schoeman, toe ek in standerd 8 was (dit is nou graad 10 vandag), danksy sy historiese roman By fakkellig, wat ’n voorgeskrewe boek was, my enersyds aan die fassinerende hoewel ook tragiese geskiedenis van Ierland bekendgestel, en my andersyds laat besef dat ’n Afrikaanse skrywer ook geskiedenis en letterkunde in een boek kan kombineer. Vandaar dan ook my belangstelling in historiese romans – weer eens sonder kennersinsig.

.............
Vir baie Suid-Afrikaners is die see (behalwe as vakansiehou- en swemplek) ongelukkig steeds ’n “ander land” (met apologie aan Karel Schoeman, wat ek hier uit konteks aanhaal), en deur middel van my publikasies poog ek om groter bewustheid te kweek ten opsigte van die waarde en betekenis van die see in ons geskiedenis; trouens, vir ons voortbestaan. En dus ook die belangrikheid van ons Vloot.
...............

Vir baie Suid-Afrikaners is die see (behalwe as vakansiehou- en swemplek) ongelukkig steeds ’n “ander land” (met apologie aan Karel Schoeman, wat ek hier uit konteks aanhaal), en deur middel van my publikasies poog ek om groter bewustheid te kweek ten opsigte van die waarde en betekenis van die see in ons geskiedenis; trouens, vir ons voortbestaan. En dus ook die belangrikheid van ons Vloot. Die RSA is immers veronderstel om ’n maritieme moondheid te wees.

In ’n onderhoud op RSG het ek jou name van skepe hoor noem en besef ’n skip is nie net ’n skip nie. Wil jy dalk ’n handvol skepe beskryf wat in die Suid-Afrikaanse Vloot in gebruik is, of was – en wat hulle funksies en rolle was?

In ’n klein vloot soos die SA Vloot (en die Vloot se voorgangers sedert 1922) was daar nooit plek vir groot oorlogskepe soos kruisers, slagskepe of vliegdekskepe nie, maar in die loop van 100 jaar is die volgende vaartuie van die tipes wat al in ons vlootmagte diens gedoen het:

  • Mynveërs. Soos reeds genoem, was twee van die SASM se vaartuie mynveërs gewees. Seemyne is dodelike wapens wat ’n land se ekonomie kan lamlê as hulle by hawe-ingange (of in die Kaapse seeroete, soos tydens twee Wêreldoorloë die geval was) gelê word en nie vinnig opgespoor en onskadelik gestel word nie. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het Suid-Afrika met verloop van tyd oor 45 mynveërs beskik – almal omgeboude vistreilers of walvisjagters. Later het die Vloot tien Ton-klas-kusmynveërs bekom (1955–1959), en in 1981 ook vier mynjagters, wat deur middel van onbemande ondersese voertuie seemyne kan uitsnuffel.
  • Hidrografiese-opmetingskepe. In 1922 is ons eerste sodanige skip, die Protea, en sedertdien ook ’n tweede opmetingskip genaamd Protea (1950–1957), die Natal (1957–1972) en nóg ’n Protea Vyftig jaar nadat sy in 1972 in diens gestel is, help laasgenoemde Protea steeds om ons hawe-ingange en kuswaters op te meet en te beveilig.
  • Tydens die Tweede Wêreldoorlog het 20 gewese vistreilers en walvisjagters in hul nuwe hoedanigheid as duikbootjagters die Kaapse seeroete gepatrolleer; en sommige het selfs in die Middellandse See diens gedoen. In die 1950’s het die SA Vloot vyf Ford-klas-patrolliebote bekom, en in 1977 die missiel-era betree toe die eerste van nege aanvalsvaartuie in diens gestel is. Tydens die sogenaamde Grensoorlog is laasgenoemde vaartuie gebruik om Spesiale Magte (Recces) “agter vyandelike linies” in Angola en Mosambiek te ontplooi. Twee van hulle, SAS Isaac Dyobha en SAS Makhanda, is steeds in diens en word onder meer gebruik om teenseerowerpatrollies in die Mosambiekkanaal te onderneem.
  • Dis skepe wat vanaf die Tweede Wêreldoorlog veral vir duikbootjag aangewend word, maar met verloop van tyd ook vir talle ander take gebruik kan word. Suid-Afrika het drie Loch-klas-fregatte in 1944–1945 bekom. Later ’n Tipe 15-fregat (SAS Vrystaat), toe drie President-klas-/Tipe 12-fregatte (1962–1964) – waarvan een, SAS President Kruger, in 1982 in ’n botsing ter see gesink het. Vandag beskik die Vloot oor vier Valour-klas fregatte. Hulle het die RSA al op talle vlagvertoonvaarte verteenwoordig, en neem gereeld aan maneuvers ter see deel, asook aan patrolliewerk in die Mosambiekkanaal.
  • Torpedojaers, ook bekend as die “jaghonde of windhonde van die see”. Die SA Vloot het nog net twee sulke skepe in diens gehad, naamlik SAS Jan van Riebeeck (1950–1975) en SAS Simon van der Stel (1953–1972) – beide Britse Wager-klas-skepe. Hedendaagse torpedojaers is te groot en te duur om deur ons Vloot aangeskaf en in stand gehou te word.
  • SAS Tafelberg is in 1967 as ’n brandstofaanvullingskip in diens gestel en met verloop van tyd in ’n gevegsteunskip (met ’n beperkte amfibiese vermoë) omgebou. Dit is in 1993 deur SAS Outeniqua vervang, wat tot 2004 diens gedoen het. Intussen is SAS Drakensberg in 1987 in diens gestel – die grootste skip van enige tipe wat al ooit in die RSA ontwerp en (in Durban) gebou is. Dit doen steeds diens in die SA Vloot en kan in sekere opsigte as die mees vooraanstaande en bekendste skip tot dusver in die Vloot se geskiedenis beskou word.
  • Die SA Vloot se Duikbootdiens het in die laat 1960’s tot stand gekom. In 1970–1971 is drie Franse Daphné-klas-patrollieduikbote deur die Vloot in diens gestel. Hulle is in 2006–2008 deur drie Duitse Tipe 209-duikbote vervang. (Kyk hier onder vir meer inligting in verband met die rol van duikbote in die SA Vloot.)

In my boeke Suid-Afrika se vlootmagte 1922–2012 (Sun Press 2017) en A century of South African naval history 1922–2022 (Naledi 2022) verskaf ek uiteraard veel meer besonderhede omtrent al bogenoemde vaartuie, asook oor ander vaartuie wat al in die SA Vloot gedien het of steeds dien.

Duikbote is ’n ander onderwerp. As ’n skip op die horison landbewoners soms onverhoeds betrap, des te meer sekerlik ’n duikboot se deurbreek deur die oppervlak vir matrose op see! Wil jy iets sê oor die rol van duikbote in die Suid-Afrikaanse Vloot?

Sedert die SA Vloot se eerste duikboot in 1970 in diens gestel is, is die Vloot se duikbote onder meer aangewend om ons kuswaters te patrolleer, en ook tydens die sogenaamde Grensoorlog gebruik om Spesiale Magte na agter vyandelike linies in Angola en Mosambiek te ontplooi. Hulle neem ook aan maneuvers met skepe en duikbote van ander vlote deel.

Duikbote het ’n ongelooflik waardevolle afskrikkingspotensiaal. Duikbote is dus by uitnemendheid ook wapens van magsvertoon en magsprojeksie. Suid-Afrika is die enigste Afrika-staat suid van die Sahara wat oor duikbote beskik. Dit gee aan die land ’n bepaalde status. Duikbote vorm ’n noodsaaklike onderdeel van enige gebalanseerde vloot se arsenaal, en is inderdaad ’n onontbeerlike onderdeel van die RSA se seewaartse verdediging.

Indien Oekraïne tans (2022) oor duikbote beskik het, sou hulle kon verseker het dat geen Russiese oorlogskepe of duikbote met veiligheid in die Swart See of die See van Azof ontplooi kon word vir aanslae teen Oekraïne nie.

Die boekbekendstelling het in Simonstad plaasgevind. Baie simbolies! Hoe het jy, na al die navorsing wat jy gedoen het, hierdie omgewing konkreet beleef?

Hoewel die Suid-Afrikaanse Vlootmuseum in Simonstad klein is (in vergelyking met byvoorbeeld die RN se museum in Portsmouth, Engeland en die vlootmuseums te Fall River en Norfolk, Virginia, beide in die VSA), is dit ’n besonder leersame plek om te besoek. Dit word ook uitstekend in stand gehou. Verder beskik dit ook oor ’n biblioteek en argief, waar ek al baie van my navorsing oor die Vloot gedoen het. Ek het die museum al baie besoek, en hoop om dit in die toekoms weer (en weer en weer) te besoek. Dit was vir my ’n besondere voorreg om my jongste boek oor die Vloot op 31 Maart vanjaar daar bekend te stel.     

Jy vestig met die opening en die slot van jou boek die aandag daarop dat die Vloot vir enige kusstrookland van betekenis is. Lande wat omring is deur water, of aan water grens, is inderdaad lande wat nie die see en sy funksies vir die mens kan ignoreer nie. Wat bied die see steeds vandag vir ’n land soos Suid-Afrika? En die Vloot?

Suid-Afrika het ’n kuslyn van ongeveer 2 800 km, en die land se eksklusiewe ekonomiese sone strek 200 seemyl (1 seemyl = 1,852 km) die see in. Dit geld ook vir die RSA se Marion- en Prins Edward-eilande, sowat 1 750 km vanaf Gqeberha. Die RSA se eksklusiewe ekonomies sone beslaan dus meer as 1,5 miljoen vierkante kilometer, wat groter is as die RSA se landoppervlakte van ongeveer 1,2 miljoen vierkante kilometer, en hierdie seegebied kan as die land se tiende provinsie beskou word.

In 2014 het die Suid-Afrikaanse regering Operasie Phakisa van stapel gestuur om die land se seewaartse ekonomiese potensiaal beter te ontsluit, insluitende olie- en gas-eksplorasie; die uitbou en verbetering van die land se hawens; en om maritieme beveiliging te verbeter. Die see bied inderdaad groot potensiaal vir die RSA en al die mense van dié land.

...........
Die feit dat die RSA aan drie kante deur see omsoom word, beteken dat die land, geografies gesproke, ’n groot skiereiland is. Dit vra dus dat die land oor ’n goeie vloot sal beskik. Só ’n vloot kan die land se beeld deur middel van vlagvertoonvaarte na die uithoeke van die oseane uitdra, bande met ander lande smee of uitbou, en saam met ander vlote wêreldvrede probeer handhaaf.
.............

Die feit dat die RSA aan drie kante deur see omsoom word, beteken dat die land, geografies gesproke, ’n groot skiereiland is. Dit vra dus dat die land oor ’n goeie vloot sal beskik. Só ’n vloot kan die land se beeld deur middel van vlagvertoonvaarte na die uithoeke van die oseane uitdra, bande met ander lande smee of uitbou, en saam met ander vlote wêreldvrede probeer handhaaf. En wanneer die RSA bedreig sou word, sal die SA Vloot ’n onmisbare rol in die verdediging van die land speel.

...........
Te veel Suid-Afrikaners ly aan wat as ’n landrotmentaliteit beskou kan word. Te veel Suid-Afrikaners ly ook aan seeblindheid. Die ideaal is dat alle Suid-Afrikaners meer oor hul land se veelbewoë geskiedenis sal lees en op ’n onbevooroordeelde wyse daaroor sal debatteer. Dit sluit ons land se maritieme geskiedenis in, en as onderdeel daarvan ons vlootgeskiedenis.
............

Te veel Suid-Afrikaners ly aan wat as ’n landrotmentaliteit beskou kan word. Te veel Suid-Afrikaners ly ook aan seeblindheid. Die ideaal is dat alle Suid-Afrikaners meer oor hul land se veelbewoë geskiedenis sal lees en op ’n onbevooroordeelde wyse daaroor sal debatteer. Dit sluit ons land se maritieme geskiedenis in, en as onderdeel daarvan ons vlootgeskiedenis. Dit kan meehelp om van ons land waarlik ’n maritieme moondheid te maak, dus ’n land waar al die inwoners die see en die waarde wat die see vir die land en al die inwoners inhou, na waarde skat, die land se maritieme hulpbronne op ’n verantwoordelike wyse ontgin word, en die SA Vloot uitgebou en behoorlik in stand gehou sal word.

The post <em>A century of South African naval history</em>: ’n onderhoud met André Wessels appeared first on LitNet.


Op soek na regsekerheid in die warboel van abduksie, menseroof en mensehandel: ’n onderhoud met Beatri Kruger

$
0
0

Fotobron: https://pixabay.com/photos/playground-empty-lonely-quiet-2263827/

Beatri Kruger praat met Naomi Meyer oor haar LitNet Akademies (Regte)-artikel Op soek na regsekerheid in die warboel van abduksie, menseroof en mensehandel.

Beatri, die volgende artikel het onlangs uit jou pen in LitNet Akademies (Regte) verskyn: Op soek na regsekerheid in die warboel van abduksie, menseroof en mensehandel. Jy was voordat jy in die akademie betrokke geraak het, ’n staatsaanklaer en ’n landdros. Jy het die regstelsel in die praktyk beleef en verstaan ook sy akademiese boustene. Wil jy dalk ten eerste vertel wat vir jou die grootste verskille was tussen praktiese uitleef en toepassing van die regstelsel, teenoor die akademiese?

Ek het al twee sfere baie geniet – hulle vul mekaar aan. My aanvanklike draai in die praktyk het gehelp om die toepassing van die reg prakties by studente tuis te bring. Die praktiese voorbeelde in hofsake kon lekker tydens lesings bespreek word en studente is skerp – hulle het flink daaroor debatteer

Jou artikel fokus op die belang van regsekerheid in die Suid-Afrikaanse regstelsel. Sekerlik sal baie van ons lesers met jou verskil; mense is sinies oor regsekerheid in die land. Soos ook in die vorige bedeling. Dit voel te maklik asof die Suid-Afrikaanse regstelsel nie die audi alteram partem-beginsel volg en aldag na die ander kant luister nie. Dis asof daar te dikwels gevoel word dit hang af van wie verskyn voor die hof, en dan word die uitspraak daarvolgens bepaal. Net een kant van die saak word gehoor. Dis ’n jammerte. En dis veral in prominente sake waar dit so werk. Twee vrae:

  1. a) Ervaar jy in die algemeen regsekerheid ten opsigte van die Suid-Afrikaanse regstelsel vandag?

Soos in die artikel genoem, som Langheld (2016:121) die toepassing van die beginsel van regsekerheid in die strafreg goed op:

Legislation must define clearly offences and the penalties which they attract. That requirement is satisfied where the individual concerned is able, on the basis of the wording of the relevant provision and, if need be, with the help of the interpretative guidance given by the courts, to know which acts or omissions will make him criminally liable.

In die algemeen word regsekerheid in die regspraktyk nagestreef. Die reg ontwikkel egter voortdurend en daarom is sekerheid oor die reg nie rigied nie. Die ontwikkeling van tegnologie het byvoorbeeld nuwe misdaadscenario’s geskep wat tot regshervorming gelei het. Die strewe na regsekerheid is dus ’n voortdurende proses.

  1. b) Indien ’n regspraktisyn nou hier lees: Wat kan gedoen word om aspekte van algemene regsekerheid uit te leef en toe te pas sodat die algemene publiek groter sekerheid kan verkry?

Die beginsel van regsekerheid is ’n kerndeel van die Suid-Afrikaanse reg en word ook deur die Konstitusionele Hof onderskryf omdat dit deursigtigheid, voorspelbaarheid, billikheid en geregtigheid bevorder. Daar is ’n paar aanbevelings in die artikel gemaak oor hoe om regsekerheid te bevorder. Die regsonsekerheid tussen abduksie, menseroof en mensehandel bestaan dikwels omdat die regsdefinisies van hierdie misdade soms nie korrek en konsekwent toegepas is in regspraak nie en omdat sekere wetgewing ook onduidelikhede bevat. Hierdie probleme kan en moet uitgewys en aangespreek word – dit is wat die artikel wil uitlig.

..........
Die regsonsekerheid tussen abduksie, menseroof en mensehandel bestaan dikwels omdat die regsdefinisies van hierdie misdade soms nie korrek en konsekwent toegepas is in regspraak nie en omdat sekere wetgewing ook onduidelikhede bevat. Hierdie probleme kan en moet uitgewys en aangespreek word – dit is wat die artikel wil uitlig.
............

Beatri Kruger (foto: verskaf)

Wat was die inspirasie vir jou belangstelling in hierdie tema(s)? Hoe het dit oor jou pad gekom? En waarom het jy op verdere navorsing daaroor besluit?

Ek het ongeveer 20 jaar gelede vir die eerste keer van mensehandel gehoor – dit was nog ’n baie onbekende misdaad en daar was nog geen wetgewing in Suid-Afrika om dit te bekamp nie. Dit was ’n lang reis totdat uitgebreide wetgewing in 2015 in werking getree het. Dit is baie bevredigend om te sien hoe die howe handelaars vir hierdie uiteenlopende vorme van mensehandel aan die pen laat ry. In mensehandelsake is daar al dikwels lewenslange vonnisse opgelê – in S v Seleso is byvoorbeeld beide vrouehandelaars tot 19 lewenslange vonnisse elk opgelê weens die aanlyn seksuele uitbuiting van ’n minderjarige meisie. Daar is egter nog baie uitdagings om die misdaad doeltreffend te bestry. Daarom is die navorsing hieroor boeiend en kan dit ’n bydrae lewer om geregtigheid te bevorder.

...........
In mensehandelsake is daar al dikwels lewenslange vonnisse opgelê – in S v Seleso is byvoorbeeld beide vrouehandelaars tot 19 lewenslange vonnisse elk opgelê weens die aanlyn seksuele uitbuiting van ’n minderjarige meisie. Daar is egter nog baie uitdagings om die misdaad doeltreffend te bestry. Daarom is die navorsing hieroor boeiend en kan dit ’n bydrae lewer om geregtigheid te bevorder.
...........

Jou navorsing handel oor drie afdelings van die reg wat van mekaar onderskei behoort te word sodat regsekerheid daaroor verkry kan word: abduksie, menseroof en menshandel. Wil jy dalk kortliks vertel wat jy beskou as die kernverskille tussen die drie misdade?

Die verskille tussen die misdade is breedvoerig in die artikel belig, maar in kort fokus elke misdaad daarop om sekere regsbelange te beskerm.

Die misdaad abduksie se omskrywing beskerm ouers se de facto-reg om feitelik beheer uit te oefen oor hul minderjarige ongetroude kinders, en hul de iure-reg om tot sodanige kinders se huweliksluiting toe te stem. Abduksie geskied dus wanneer iemand ’n ongetroude kind jonger as 18 jaar uit die beheer van sy of haar ouer of voog verwyder met die opset dat die oortreder of iemand anders met die kind kan trou of seksueel kan verkeer.

Hierteenoor beskerm menseroofwetgewing hoofsaaklik ons almal se reg op bewegingsvryheid. Die misdaad word byvoorbeeld gepleeg wanneer iemand ontvoer word na ’n ander plek of êrens opgesluit word teen sy of haar wil. Die motief vir die vryheidsontneming is nie van belang by die vasstelling of die oortreder aanspreeklik vir die misdaad is nie. Daar kan dus velerlei motiewe wees vir die ontvoering, soos die eis van ’n losprys, die verhindering dat ’n persoon gaan werk deur hom gevange te hou, of selfs om politieke redes.

Anders as bogenoemde twee misdade is die kern van mensehandel dat die oortreder se doel is om finansiële of ander voordeel te trek uit die uitbuiting van ander persone. Mensehandel het hoofsaaklik drie elemente: a) Die oortreder moet ’n sekere verbode handeling pleeg, soos die werf, vervoer, ontvang, huisves of verkoop van ’n ander person. b) Dit vind plaas deur middel van ’n onregmatige metode soos om die slagoffer met geweld te dwing of te bedrieg. c) Die doel is om hom of haar uit te buit tot voordeel van die oortreder. Oortreders buit hul slagoffers op verskillende wyses uit, soos om hulle te dwing om seksuele dade of dwangarbeid te verrig, organe te skenk, ’n gedwonge huwelik aan te gaan of op ’n straathoek te bedel sodat die oortreder die inkomste kan kry. Slagoffers word dikwels wreed aangerand om te verseker dat hulle die oortreder se instruksies nakom.

Om mense as eiendom sonder seggenskap te beskou, as items waarmee gehandel kan word soos wat hulle wil ... Mens wil nie eens regtig hieroor dink nie. En mens het baie stereotiepe idees hieroor. As mens ’n ouer is, dink mens dadelik aan kinders wat ontvoer kan word. Of jy dink aan geestelike sektes wat meisies ontvoer of beheer. En dan dink mens ook aan welaf gesinne waar kinders teen lospryse teruggekoop moet word. Maar hier is sommer drie losse voorbeelde wat mens ver verwyderd van mens af kan hou. Hoe algemeen is abduksie, menseroof en mensehandel onderskeidelik in hierdie land? Word daar genoeg aandag daaraan gegee in ’n land wat in die algemeen onder soveel misdaad gebuk gaan?

Abduksie kom minder voor, maar menseroof en mensehandel dikwels. Ongelukkig is ons land se kapasiteit en vaardighede om die misdade te bekamp beperk en bly korrupsie ’n groot probleem. Tog is daar uiters toegewyde rolspelers wat ’n werklike verskil maak om die misdaad te bekamp en slagoffers te bemagtig om die trauma te oorkom.

Jy beskou een van die belangrike dinge wat moet gebeur dat die verskillende misdade duideliker en beter-omlynde definisies moet verkry, sodat die regspraktisyn weet hoe om daarmee om te gaan. Uit ’n praktiese oogpunt: Hoe sal dit iemand se saak bevorder as mens kan besef die persoon het deur hipoteties menseroof in die hande van ’n sekere party beland, in teenstelling met byvoorbeeld mensehandel?

..........
Dit sal ’n wesenlike verskil maak vir die slagoffer. In mensehandel is die uitbuiting dikwels brutaal en langdurig met ‘n verreikende emosionele en sielkundige impak op die slagoffers. Wanneer ’n persoon as mensehandelslagoffer identifiseer word, verskaf Wet 7 van 2013 uitgebreide beskerming en hulp aan so ’n slagoffer.
.............

Dit sal ’n wesenlike verskil maak vir die slagoffer. In mensehandel is die uitbuiting dikwels brutaal en langdurig met ‘n verreikende emosionele en sielkundige impak op die slagoffers. Wanneer ’n persoon as mensehandelslagoffer identifiseer word, verskaf Wet 7 van 2013 uitgebreide beskerming en hulp aan so ’n slagoffer.

Laastens: Ek het verwys na hoëprofielsake waar mens nie altyd die gevoel kry dat reg en geregtigheid geskied nie. Eerste vraag: Wat is die hoofdoel van ’n regstelsel? Het dit altyd te doen met die geskied van reg en geregtigheid?

Ja, die hoofdoel van die reg is om geregtigheid te laat seëvier. Eerbare regspraktisyns het ’n groot verantwoordelikheid om die reg so toe te pas dat ons almal se grondwetlike regte beskerm word en alle burgers in vrede kan werk en lewe.

Tweede vraag: Is daar ook kleiner, alledaagse sake waar mense wel kan weet - ons woon nog in ’n land met ’n regstelsel wat mens kan vertrou, en hier kan reg en geregtigheid vir my saak geskied?

...........
Ons land het baie uitdagings met betrekking tot misdaad en korrupsie, maar daar is talle hofuitsprake waar geregtigheid en billikheid realiseer en ’n menigte mense wat steeds verantwoordelike landsburgers is wat Suid-Afrika op hul hart dra.
.........

Ek dink tog so. Ons land het baie uitdagings met betrekking tot misdaad en korrupsie, maar daar is talle hofuitsprake waar geregtigheid en billikheid realiseer en ’n menigte mense wat steeds verantwoordelike landsburgers is wat Suid-Afrika op hul hart dra.

The post Op soek na regsekerheid in die warboel van abduksie, menseroof en mensehandel: ’n onderhoud met Beatri Kruger appeared first on LitNet.

Press Release: Medium | A retrospective exhibition | Isa Steynberg |’n Oorsiguitstalling

$
0
0

(Rol af vir Afrikaans)

Kosmos; Ysloep/Ice lupe; Torque

7 May to 28 May 2022

To celebrate the 80th birthday of renowned and versatile Pretoria artist Isa Steynberg, the Association of Arts Pretoria will be exhibiting several works of art in different media.

“When I was about two and a half years of age, I discovered that I could draw with a little stick in clean, damp sand. I found my medium through which I could express all that I observed. Since then I have not ceased to draw or model everything I could lay my hands on – from the soap in the bathroom to my food. The little pieces of scrap gypsum in the studio of my father (the sculptor Coert Steynberg) were my first drawing chalk on the cement floor.”

Ruimtedans/Space dance

Isa studied art at school and thereafter. In 1960 she was at the Royal College of Art in London where she also spent all her free time in museums and galleries. She also studied graphic art in Paris.

“I devoured art books to master different techniques and my training as sculptor was in the studio of my father. My inspiration still comes from art, nature, music, poetry, philosophy, psychology and the wonderworld introduced by science. My biggest concern is about the damage caused by the greed of human beings.”

The retrospective exhibition will be opened by Johan Myburg on Saturday 7 May 2022 at 11:00 and runs until 28 May 2022.

Ligpaneel/Light panel

Association of Arts Pretoria
173 Mackie Street
Nieuw Muckleneuk
Tel: 012 346 3100 | artspta@mweb.co.za | www.artspta.co.za

Gallery Hours
Tuesday to Friday: 09:00 to 17:00
Saturday: 09:00 to 13:00

  • Images provided, copyright exists on each

Persverklaring: Medium, ’n oorsiguitstalling deur Isa Steynberg

Skyscape; Flamboyant; Icarus

7 Mei tot 28 Mei 2022

Ter viering van die vermaarde Pretoria-kunstenaar Isa Steynberg se tagtigste verjaarsdag, word etlike kunswerke in verskillende media wat sy deur haar lewe gemaak het, by die Pretoriase Kunsvereniging uitgestal.

“Toe ek ongeveer twee en ’n half jaar oud was, het ek ontdek dat ek met ’n stokkie in skoon klam sand kan teken. Ek het my medium gevind om aan alles wat ek waargeneem het, uitdrukking te kan gee. Van toe af het ek nooit opgehou om te teken en te modelleer met alles waarop ek my hande kon lê nie, van die seep in die badkamer tot my kos. Die stukkies afval gips in my pa (die beeldhouer Coert Steynberg) se ateljee was my eerste tekenkryt op die sementvloer.”

Fontein

Op skool het Isa kuns geneem en later kuns studeer. In 1960 was sy by die Royal College of Art in Londen waar sy ure en dae in die museums en galerye deurgebring het. Later het sy ook grafiese kuns in Parys bestudeer.

“Kunsboeke het ek verslind en verskillende tegnieke en mediums leer bemeester. My opleiding in beeldhou was as assistent en leerjonge in my pa se ateljee. My inspirasie put ek steeds uit kuns, die natuur, musiek, poësie, filosofie, sielkunde en die wonderwêreld wat deur die wetenskap blootgestel word. My grootste besorgdheid is oor die skade wat die mens, in sy hebsug, aan ons planeet doen”.

Die retrospektiewe uitstalling word op Saterdag 7 Mei 2022 om 11:00 deur Johan Myburg geopen en duur tot Saterdag 28 Mei 2022.

Kunsvereniging Pretoria
Mackiestraat 173
Nieuw Muckleneuk
Tel: 012 346 3100 | artspta@mweb.co.za | www.artspta.co.za

Galeryure
Dinsdae tot Vrydae: 09:00 tot 17:00
Saterdae: 09:00 tot 13:00

  • Foto’s van skilderye voorsien, kopiereg is van toepassing op almal

The post Press Release: <em>Medium</em> | A retrospective exhibition | Isa Steynberg | ’n Oorsiguitstalling appeared first on LitNet.

Geloofwaardigheid, korrektheid en outensiteit: ’n resensie van The heist men deur Andrew Brown

$
0
0

...
Die skrywer se agtergrond as polisiereservis en advokaat dra ongetwyfeld by tot die geloofwaardigheid, korrektheid en outensiteit van die teks. Ondersoekprosedures, insluitend die frustrasie van burokratiese rompslomp en lomp staatsmasjinerie, word onderhoudend aan die leser weergegee.
...

Titel: The heist men
Skrywer: Andrew Brown
ISBN:  978-1-77609-672-5 (sagteband), 978-1-77609-673-2 (elektroniese formaat)
Uitgewer: Penguin

Daar is ’n toename in transitorooftogte in die groter Kaapstad-area. Die patroon is onrusbarend: Elke rooftog word met militêre akkuraatheid, perfek gechoreografeer, uitgevoer. Die rowers, vasgevang op nuuskieriges se selfoonkameras, toon ’n ongekende kalmte, sofistikasie en koel berekendheid; hulle verwyder selfs rommel op die tonele en neem tyd om hul sitplekgordels vas te maak voordat hulle vlug met die buit. Die ploftoestelle is modern, bekend aan slegs enkele professionele deskundiges, en hulle beskik oor ’n sogenaamde slotmaker – ’n spesialis wat die geldsakke se veiligheidseëls kan breek sonder dat die kleurstofontploffing, gemik daarop om die geldnote onbruikbaar te maak, geaktiveer word. Hulle is telkens die polisie etlike stappe vooruit, laat geen leidrade nie, en verskyn en verdwyn soos skimme.

Die jong, ambisieuse Andile Xaba het vele gesigte. Vir sy bejaarde moeder is hy haar redder, haar seun op wie sy so trots is; hy versorg haar finansieel waar sy ’n nederige leefwyse in ’n informele nedersetting handhaaf, in die vaste geloof dat hy ’n suksesvolle regstudent met ’n blink toekoms is. Vir sy jong, wit vriendin uit die voorstedelike gegoede middelklas is hy ’n simbool van haar toewyding aan die illusie van die reënboognasie; ’n bevestiging van haar status as liberale linksgesinde. Vir sy jeugliefde is hy die pa van hulle jong seuntjie, Lonwabo. Vir ’n groep mans, die sogenaamde heist men, is hy die onverskrokke leier van ’n reeks suksesvolle transitorooftogte, hulle sleutel na rykdom en mag.

...
Die woord heist het nie werklik ’n gepaste Afrikaanse ekwivalent nie. In regsterme verwys dit na (gewapende) roof met verswarende omstandighede.
...

Eberard Februarie is ’n ontnugterde man. In sy middeljare, bewus van ’n toenemende afhanklikheid van alkohol, eensaam na ’n smerige egskeiding, gestroop van illusies na dekades as polisiebeampte, is sy tienerdogter, Christine, die enigste rede waarom hy homself nie aan depressie oorgee en homself die hiernamaals inhelp met sy dienspistool nie. ’n Oproep van sy kollega, Valencia Witbooi, is egter die voorspel tot ’n heel nuwe uitdaging: Hy word bevorder tot kaptein en maak deel uit van ’n spesiale eenheid met ’n baie spesifieke taak – spoor die transitorowers op. Die uitdagings hieraan verbonde is eindeloos: Sy bevelvoerder is ’n gewese apartheidoffisier; sy gewese vrou, Tanja, se bitterheid teenoor hom bereik nuwe hoogtes; Christine het sy ondersteuning en teenwoordigheid meer nodig as ooit tevore; en daar is toenemende aanduidings dat daar ’n verraaier in hulle midde is.

Die woord heist het nie werklik ’n gepaste Afrikaanse ekwivalent nie. In regsterme verwys dit na (gewapende) roof met verswarende omstandighede. In die konteks van hierdie roman verwys dit spesifiek na gewapende rooftogte op transitovoertuie wat kontant vervoer. Die skrywer se agtergrond as polisiereservis en advokaat dra ongetwyfeld by tot die geloofwaardigheid, korrektheid en outensiteit van die teks. Geklassifiseer, en tereg, as misdaadfiksie, verdien die roman ook die spesialiteit-etiket van prosedurele polisiespanningsroman. Ondersoekprosedures, insluitend die frustrasie van burokratiese rompslomp en lomp staatsmasjinerie, word onderhoudend aan die leser weergegee. Die fokus en doel van die ondersoeke is, anders as in die tradisioneel meer oppervlakkige aksieromans, op ’n uiteindelike suksesvolle vervolging, nie bloot die identifikasie en opsporing van die rowers nie. Verdagtes word byvoorbeeld nie lukraak gearresteer en op ad hoc-wyses ondervra nie; die letter van die wet word telkens gevolg. Voldoende getuienis moet dus telkens op ’n regtens toelaatbare wyse bekom word. Die wisselwerking tussen die onderskeie polisie-eenhede en die prosedurele probleme wat daaruit voortspruit, word eweneens in die teks vervleg. Hierdie tegniek dra met groot sukses by tot die leser se insig in die karakters se frustrasies, onmag en beperkinge. (Lesers wat belangstel in ’n feitelike uiteensetting van transitorooftogte in Suid-Afrika kan gerus ook loer na Anneliese Burgess se Heist – South Africa’s cash-in-transit epidemic.) Die skrywer se ondervinding en kennis van die agtergrond waarteen die roman afspeel, sorg ook vir tonele wat van fyn humor (al is dit ietwat donker) getuig. Op bl 2 word daar byvoorbeeld na die irriterende gewoonte van bestuurders om noodflikkerligte as ’n regverdigingsgrond vir ’n verskeidenheid ondeurdagte optredes agter die stuurwiel te misbruik, verwys as ’n Suid-Afrikaanse verskynsel, en op bl 103 is die polisiebeamptes se eerste reaksie wanneer hulle deur ’n massa oproeriges aangeval en met klippe bestook word, dat die krappe en duike op hulle voertuie ’n onmoontlike hoeveelheid papierwerk tot gevolg gaan hê.

Die ruimte waarin en agtergrond waarteen die roman afspeel, is by uitstek die groter Kaapstad-gebied. Spreektaal, unieke uitdrukkings en afkortings word vir die leser wat nie daarmee bekend is nie se gerief verduidelik in ’n woordelys op bl 271. Die tyd is die hede, in die doodsnikke van die pandemie; een karakter dring steeds daarop aan om te alle tye gemasker te wees en ’n ander saniteer steeds outomaties.

’n Gesprek met ’n jong konstabel op bl 85 was vir my insiggewend. Hy is die enigste lid van die spesialiseenheid wat openlik erken dat sy loopbaan in die polisiediens vir hom ’n roeping en ’n voorreg is. Hy motiveer dit deur te sê dat hy betaal word om goeie dinge te doen. Wanneer hy gekonfronteer word met alternatiewe loopbaankeuses waarvan dieselfde geargumenteer kan word, byvoorbeeld verpleging of maatskaplike werk, is sy eenvoudige antwoord dat daardie beroepe daarop ingestel is om dinge wat gebreek is, heel te maak; as polisiebeampte verkies hy om te glo dat hy dit kan voorkom dat die skade in die eerste plek plaasvind. Hierdie insetsel is ’n belangrike teenvoeter vir die sinisme en ontnugtering wat die meerderheid van die polisiekarakters kenmerk.

’n Interessante invoeging was ’n vlugtige ontmoeting tussen Eberard en Bennie Griessel, à la Deon Meyer, op bl 138. Hulle het wel net vlugtig koffie gedrink en Bennie het bevestig dat dit goed gaan met Alexa, maar dit was nietemin ’n lekker, onverwagte kinkel.

Die siel van die roman word egter gevind in die wisselwerking tussen Eberard die protagonis en Andile die antagonis. Tydens die openingstonele is hulle oënskynlik aan teenoorgestelde kante van die sukses-mislukking-spektrum: Andile op ’n triomfantelike hoogtepunt en Eberard in ’n dal van duisternis. Die pendulum swaai geleidelik, maar onvermydelik, en die fokus verskuif na die ooreenkomste eerder as die verskille tussen hulle: Albei bevraagteken hulle keuses wat betref beide hede en toekoms; beide het ’n minderjarige afhanklike as middelpunt van hul bestaan; beide het ambisiegedrewe foute begaan; en beide besef dat verandering noodsaaklik is. Die uiteindelike onmoetingstoneel tussen die twee op ble 224–5 bevestig ook hierdie besef by beide. Andile stel dit dat Eberard hom nodig het; dat sy loopbaan op die gegewe stadium nie sonder hom kan bestaan nie; dat hulle keersye van dieselfde munt is. Eberard besef dit en reageer met ’n teenuitdaging: dat dit sy werk is om Andile te jag; dat hy daarvoor gebore was.

Enkele punte van kritiek verdien vermelding. Die keuse om twee karakters wat soortgelyk in voorkoms is – albei word as buitengewoon groot mans beskryf – dieselfde van (Kotze) te gee, was effe onoorspronklik (ble 62 en 82). Maria se verhouding met Eberard oortuig ook kwalik as eroties; dis eerder moederlik. Sy herhaal frases soos “jy is veilig” en “moenie bang wees nie”; laat hom teen haar bors huil en streel sy hare. Alhoewel toegewing daarvoor gemaak moet word dat sy ’n maatskaplike werker is en sy dienooreenkomstig moet optree, is haar oordrewe besorgdheid en haar geneigdheid om Eberard soos ’n verskrikte kind te behandel, kwalik die optrede van ’n minnaar.

Hierdie spanningsroman is by verre nie die eerste uit die skrywer se pen nie; dit is voorafgegaan deur Coldsleep lullaby; Refuge; Solace; Devils’s harvest en Inyenzi. Coldsleep lullaby, waarin Eberard Februarie ook verskyn, was die 2006 Sunday Times-fiksiewenner. Twee niefiksiewerke deur die skrywer is ook beskikbaar: Street blues en Good cop bad cop.

Lesers wat die romans van Deon Meyer en Mike Nicol geniet, sal ongetwyfeld ook sterk aanklank vind by Brown.

Hier is jou naaste tak van Bargain Books

As jy nie die boek sien nie, vra gerus die personeel om dit te bestel.

The post Geloofwaardigheid, korrektheid en outensiteit: ’n resensie van <em>The heist men</em> deur Andrew Brown appeared first on LitNet.

Fury (1936) wys waarom Malema se vigilantewaarskuwing veroordeel moet word

$
0
0

Die 28-jarige Hillary Gardee is skynbaar brutaal tereggestel. EWN berig dat sy in die agterkop geskiet is. Ander nuusbronne het dit bevestig.

Gardee is die dogter van Godrich Gardee, ’n voormalige sekretaris-generaal van die Economic Freedom Fighters (EFF). Daar is gerugte dat haar moord polities van aard is, maar dit is nog nie bevestig nie.

Enige moord moet veroordeel word, en die EFF het goeie rede om woedend te wees.

Maar Julius Malema het die grens van welvoeglikheid oorgesteek toe hy na bewering gedreig het dat die EFF moontlik die reg in eie hande kan neem as hulle die moordenaars opspoor voor die polisie dit kan regkry.

News24 berig dat Malema die volgende gesê het: "We have committed to the family to find these killers and we have also committed to Bheki Cele's word that he must find them before we do – because, if we find them before him, we will not give him any guarantee."

Dit is gevaarlik, en ’n mens hoop dat die Menseregtekommissie teen hom sal optree.

Ons kan nie verdere vigilante-optrede in Suid-Afrika duld nie.

En dalk kan ’n baie ou film help om die gevaar van sulke uitsprake te verduidelik.

Fury deur Fritz Lang

’n Goeie vriend, wat ’n regsgeleerde is, het aangedring dat ek Fritz Lang se film Fury moet kyk. Dit is in 1936 gemaak.

Die verhaallyn is eenvoudig:

  • Joe Wilson (Spencer Tracy) is verlief op Katherine Grant (Sylvia Sidney). Hulle wil graag trou, maar het gewoon nie geld nie. In daardie dae het mense nie saamgebly nie, dus trek sy na ’n ander dorp waar sy meer geld kan verdien en hy open ’n vulstasie saam met sy broers.
  • Joe is baie lief vir grondboontjies – ’n belangrike deel van die storie.
  • Uiteindelik spaar Joe genoeg geld. Hy bel vir Katherine en sê hy is op pad.
  • Joe vertrek op sy reis van drie dae op dieselfde dag as wat ’n enorme losprys betaal word vir ’n meisie wat ontvoer is, dus is die polisie op hulle hoede.
  • Wanneer Joe aangekeer word in ’n blokkade, tel daar twee dinge teen hom: Op die brief wat die losprys geëis het, was daar restante van grondboontjies en Joe het ’n $5-dollarnoot by hom wat ’n soortgelyke nommer het as die geld waarin die losprys betaal is.
  • Joe word in die selle geplaas terwyl die saak verder ondersoek word.
  • Ongelukkig laat weet die sheriff se hulp sy vrou dat hulle ’n moontlike verdagte aangekeer het, en dat hy laat gaan wees vir ete.
  • Die vrou vertel die buurvrou, die buurvrou vertel haar buurvrou...
  • ’n Halfuur later is die manne in die kroeg vuurwarm oor die krimineel in hulle dorp. Gesterk deur die alkohol ruk hulle op na die tronk en hulle eis dat Joe aan hulle oorhandig sal word.
  • Die sheriff besef hy is in die moeilikheid en vra hulp van die nasionale weermag. Die staat se goewerneur word egter omgepraat om die troepe terug te trek, want dit mag sleg wees vir die verkiesing as daar soldate teen gewone Amerikaners
  • Die uiteinde is dat die tronk afgebrand word met Joe steeds agter die tralies.
Fritz Lang

Fritz Lang is in Wene gebore. Sy ma was ’n Jood, maar hulle het Katoliek grootgeword.

Hitler se oorname het gemaak dat Lang na die VSA gevlug het.

Fury was Lang se eerste Amerikaanse film en is nogal ’n kil kyk op sy nuwe blyplek.

Die storie is baie losweg gebaseer op vigilantes wat koelbloedig opgetree het teen die vermeende moordenaars van ’n ontvoerde Kaliforniër, Brooke Hart. Lang en Bartlett? Cormack het toe ’n storie van Norman Krasna, getiteld Mob rule, verwerk om Fury te maak.

Die feit dat die wit dorpenaars ’n wit man lewend kon verbrand, was belangrik, want dit het vrae oor aanspreeklikheid laat ontstaan, sonder om die raskaart in te gooi.

Daar is ’n paar ander stekies na die Amerikaanse samelewing, veral wanneer die barbier, wat ook ’n immigrant is, vir een van sy Amerikaanse klante aanbeveel om tog ’n slag die Amerikaanse grondwet te lees, aangesien dit nogal ’n oulike dokument is.

Kuns kan help

Dis maklik om mond uit te spoel teen Malema, en wanneer hy gevaarlike goed sê, moet dit aangespreek word.

Suid-Afrika is egter nie bekend daarvoor dat mense aanspreeklik gehou word vir hulle dade nie – ironies genoeg is dit presies hoekom Malema die gevaarlike uitspraak gemaak het.

Soms help kuns om waarhede op ’n sagte manier oor te dra. Sou dit nie wonderlik wees as die SABC Fury ’n paar keer op TV kan laat draai nie?

Show, don’t tell.

Malema het glo uitgevaar teen mense met “peanut brains” tydens sy tirade.

Wel, Suid-Afrikaners is heeltemal slim genoeg om Fury se boodskap uit 1936 oor ’n grondboontjie-eter te verstaan.

As die SABC dit nie uitsaai nie, sou ek enige een aanraai om hierdie klassieke film in die hande te kry. As jy dalk vir Malema ken, nooi hom oor dat hy saam kyk.

The post <em>Fury</em> (1936) wys waarom Malema se vigilantewaarskuwing veroordeel moet word appeared first on LitNet.

Nuut by Best Books: Nuwe Alles-In-Een Graad 1 Pret met Afrikaans Eerste Addisionele Taal-werkboek

$
0
0

Aandag word gegee aan woordeskat wat die kind hardop moet herhaal sodat dat die kind teen die einde van die grondslagfase vlot kan praat en leesstof in Afrikaans kan lees. Die werkvelle en oefenbladsye, wat die kind saam met die praatwerk moet doen, bied geleentheid vir inoefening en inskerping. Die inhoudsopgawe dui duidelik aan wanneer aktiwiteite voltooi moet word. 

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

Hier is jou naaste tak van Bargain Books

As jy nie die boek sien nie, vra gerus die personeel om dit te bestel.

The post Nuut by Best Books: <em>Nuwe Alles-In-Een Graad 1 Pret met Afrikaans Eerste Addisionele Taal-werkboek</em> appeared first on LitNet.

Viewing all 21582 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>