Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21502 articles
Browse latest View live

Nuut by Penguin: Kosbaar deur Elmarie Berry

$
0
0

Kosbaar is Elmarie Berry se eerste kookboek hoewel sy reeds sedert 2015 ’n bekende kosblogskrywer is. Haar hartsbegeerte is om ’n boek uit te gee wat jou siel sal voed en waarmee jy in jou kombuis met jou nabye vriende en familie herinneringe kan skep. In haar eie woorde: “Kos is ’n manier en plek om bymekaar te kom, om rustig te raak en om jou hart oop te maak om te deel, lief te hê en lekker te lag. Geniet die reis en samesyn!”

Kosbaar bevat meer as 100 eg Suid-Afrikaanse resepte. Met ’n Libanese ouma toon haar kosvoorkeure ’n goeie mengsel van boerekos met ’n sterk Libanese invloed. Daar is ou gunstelinge soos roosterkoek en nostalgiese melktert, en party kry ’n nuwe baadjie, soos malvapoeding met ’n pinotagesous, gebakte patat met za’atar-speserye, New York Shake Shack-kaasburgers en stadig geroosterde lamskouer met jogurtplatbrood. Kosbaar bevat ook heelwat graanvrye resepte omdat Elmarie onlangs uitgevind het sy is allergies vir graan.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

Hier is jou naaste tak van Bargain Books

As jy nie die boek sien nie, vra gerus die personeel om dit te bestel.

The post Nuut by Penguin: <i>Kosbaar</i> deur Elmarie Berry appeared first on LitNet.


New from Jonathan Ball: Masters of money by KC Rottok Chesaina

$
0
0

The chief financial officer (CFO) is critical to a company’s financial success. In Masters of money, chartered accountant and entrepreneur KC Rottok Chesaina interviews 31 CFOs from South Africa’s top companies, most JSE-listed, to uncover their strategies for success.

Masters of money goes behind the scenes and allows students, professionals, entrepreneurs and managers to learn from the best. In sharing valuable lessons – learnt over many years – these finance leaders give readers the inside track to make it in the world of business. They share insights on the key elements of an effective strategy, the power of good communication, how to lead teams effectively, why values are important in the workplace, and how to deal with crises.

Their stories show the human face behind the number cruncher and give readers a glimpse of the X-factor needed to rise to the top.

Click here for more information about this publication.

Find a Bargains Books store near you.

If you do not see the book, please ask the staff to order it.

The post New from Jonathan Ball: <i>Masters of money</i> by KC Rottok Chesaina appeared first on LitNet.

New from Icon Books: Unforgiven by Liz McGregor

$
0
0

A searing, intimate memoir tracing the author’s attempt to find out the truth about her father’s murder

Robin McGregor, an older man who has recently moved into a small town outside Cape Town, is brutally murdered in his home. Cecil Thomas is convicted for the crime, but his trial leaves more questions than answers. As much as his daughter Liz McGregor tries to move beyond her grief – she finds new work, she even discovers love – she still wants answers. What drove Thomas to torture and kill a complete stranger?

The author meets the murderer's family and discovers that he comes from a loving, comfortable home. He is educated and skilled, there is no apparent reason for his descent into delinquency. After protracted obstruction from the prison authorities, she finally gets to confront him but not without putting herself in danger. She finds answers, but not the answers she is looking for.

Unforgiven tells a story seldom told: What happens to a family when one of their own is murdered? In a country where, year upon year, tens of thousands of people lose a loved one to violence. Where restorative justice is preached but not practiced. Where prisons are universities of crime. What would it take to achieve redemption? For the victim, the perpetrator and the country?

Click here for more information about this publication.

Find a Bargains Books store near you.

If you do not see the book, please ask the staff to order it.

The post New from Icon Books: <i>Unforgiven</i> by Liz McGregor appeared first on LitNet.

Foto’s: Bekendstelling van Lina Spies se Aarde na firmament

$
0
0

Lina Spies

Aarde na firmament
Lina Spies
Naledi

Lina Spies se 11de digbundel, Aarde na firmament, is kort na haar 83ste verjaarsdag op 16 Maart by La Sala op Stellenbosch bekendgestel. Naomi Bruwer het namens LitNet gaan foto’s neem.

Die bundel kan by Naledi se aanlyn winkel bestel word.

https://naledi.co.za/product/aarde-na-firmament/

Douglas en Carin Lawrie gesels met Rouston Gilfillan.

Danie van Wyk

Andries Visagie en Yves T’Sjoen

Nic de Jager

Jan Odendaal

Jean Oosthuizen

Hermann Giliomee

Willem Bester, Johan van Zyl en Peter van Noord

Louise Swanepoel was in beheer van boekverkope.

Hanno Cornelius, Johan Coetzee (Naledi) en Chris Jones. Die bundel is opgedra aan Hanno Cornelius, en Chris Jones het die gesprek met Lina Spies gevoer.

Adéle Steyn

Pieter Coertzen

Cas Wepener

La Sala (www.lasala44.com) het onlangs as funksielokaal op Stellenbosch oopgemaak.

Jean Oosthuizen wens Lina Spies geluk met die bundel.

Die bundel begin met die gedig “Genesis”, veral gepas as begin aangesien Lina Spies haarself as ‘n Ou Testamentiese gelowige beskou.

Genesis

Daagliks staan ek op die aarde
met sy mak diere en plantegroei
en verlustig my in die skoonheid daarvan
maar soms moet ek my in die wolke kry
om my geloof te behou in die mens
as bewaarder en nie as plunderaar
van die heerlikheid van die geseënde
Godgegewe verbondenheid aan mekaar
van mens en dier en plant
om weer op aarde vas te staan.

Vir Lina Spies is musiek onontbeerlik – sy kan nie sonder musiek lewe nie en sal geweldig eensaam en verlate voel as sy nie musiek het nie. Sy verwoord dit in die gedig “Musiek”:

Musiek

Musiek kan my teken
soos die son ’n blaar
al die sypelkante
van die self gesluit,
maar al die kanale
van hart en sinne oop:

Aar vir aar
sigbaar teen die blou
is ek deel van die ewigheid
en van nóú.

Chris Jones, Willem Botha en Lina Spies

Annemarie de Villiers

Volgens Lina Spies het sy glad nie die titel “Aarde na hemel” oorweeg nie, aangesien sy geen religieuse konnotasies aan die naam wou koppel nie. Die titel verwys letterlik na hierdie aarde en hierdie firmament. Volgens die WAT beteken firmament “uitspansel”, “sterrehemel” of “hemelgewelf”.

Lina Spies teken Danie van Wyk se bundel.

Johan Coetzee, Chris Jones, Hanno Cornelius, Lina Spies, Amelia Burger en Karen Cronje

Foto’s van Lina Spies saam met onderskeidelik Uys Krige en haar mentor, DJ Opperman.

Die bundel word afgesluit met die gedig “Onwetend”:

Onwetend

Die nadoodse grimeersessie gedaan
en die familiebesoek
van agtergeblewenes gebring,
sal iemand ’n laken oor my trek
en ek gereed wees om stof te word,
ingespit in die onheilstuin
wat ek, binne van pyn verskeur
of van vreugde oorstelp,
in al sy seisoene bewandel het.

Hier is jou naaste tak van Bargain Books

As jy nie die boek sien nie, vra gerus die personeel om dit te bestel.

The post Foto’s: Bekendstelling van Lina Spies se <em>Aarde na firmament</em> appeared first on LitNet.

Swerfjaar vir seniors, aflewering sewe: Oor ons ver verlate vlaktes

$
0
0

Foto’s en teks: Marita van der Vyver

En nou sit ek eindelik op ’n stoep in Aurora en staar na die wye, dor vlaktes wat ek so dikwels in my drome sien. Anders as die Amerikaanse vlaktes waar ons laas maand nog was, anders as die droë landskap van die Griekse eiland waar ons teen einde laas jaar getoer het, anders as enigiets wat ons gedurende ses maande van swerf in Europa en Amerika aanskou het.

Dis ’n ander vasteland dié. Dit lyk anders, dit ruik anders, dit vóél anders. Ek voel tuis hier, op ’n manier wat nêrens anders moontlik is nie.

.........
In my kop draal die lirieke van Amanda Strydom se “Pelgrimsgebed”: “Alle pelgrims keer weer huis toe, Elke swerwer kom weer tuis.”
...........

In my kop draal die lirieke van Amanda Strydom se “Pelgrimsgebed”: “Alle pelgrims keer weer huis toe, Elke swerwer kom weer tuis.”

Aurora is ’n Sandveldse dorpie naby Velddrif, Dwarskersbos en Elandsbaai aan die Weskus, waar my ma se as meer as twee dekades gelede in ’n gedenkmuur langs die kerk gebêre is. My pa het daardie muur laat bou, omdat Ma nie in die treurige begraafplasie buite die dorp wou lê nie. Haar naam was die eerste op die muur, en maande lank die enigste, maar intussen het baie ander name bygekom. Twee-en-twintig jaar se sterftes op ’n klein dorpie, oorgenoeg geselskap vir Ma.

Verlate padkostafeltjies in die Karoo

En nou moet ek Pa se as ook daar gaan bêre, presies ’n jaar nadat hy dood is. Vanweë die inperkings kon ek nie laas jaar in Maart by sy begrafnisdiens wees nie. En soos miljoene mense wêreldwyd wat die afgelope twee jaar afskeidsrituele moes ontbeer, het ek ook van nuuts af besef hoe noodsaaklik sulke rituele is.

Dit voel asof ek nog nie rêrig vir Pa gegroet het nie. Ek hoop om dit hierdie week in Aurora te doen, deels deur die eenvoudige ritueel van ’n bietjie aardse oorskot wat in ’n muur toegemessel word, maar eintlik nog meer deur net op ’n stoep te sit en staar na die vlaktes waarvoor hy so lief was. Dís waar hy wou doodgaan, op sy stoep, met hierdie uitsig voor hom, nie in ’n hospitaalbed nie.

Hy kon ongelukkig nie kies nie. Hy is in ’n Kaapse hospitaal dood, en al wat vir my oorbly, is om hom terug te bring, op ’n manier, na waar hy wou wees.

Verlate padkostafeltjies in die Karoo

Gelukkig is hierdie hartseer taak nie die enigste rede waarom ek weer in my geboorteland is nie. Ons het die derde been van ons swerfjaar bereik. Na drie maande in Europa en drie maande in die VSA, toer ons nou vir drie maande deur my komvandaan. My Fransman was al verskeie kere in die land, maar gewoonlik net ’n week of twee op ’n slag, altyd te kort om genoeg te sien. Dié  keer gun ons onsself die geskenk van tyd, genoeg tyd om afdraaipaaie te vat en ompaaie te ry, na die kleiner kolletjies op die kaart, na ver verlate vlaktes en kranse wat antwoord gee.

Na skaars drie weke was ons al op verskeie afgeleë plekke waar ek óf nog nooit voorheen was nie óf so lank gelede dat ek niks meer herken nie. En omdat ek deur die Fransman se oë kyk, lyk alles in elk geval nuut, eksoties, anders. Dis ’n rare ervaring om jou eie land soos ’n toeris te benader – en terselfdertyd elke dag al hoe meer tuis te voel. Asof jy ’n dubbele bewussyn gekry het. Aan die een kant die verwondering van die buitestander, aan die ander kant die herkenning wat van binne af kom. 

Beskilderde rots iewers tussen Graaff-Reinet en Richmond

Die Vallei van Verlatenheid naby Graaff-Reinet is een van daardie plekke wat ek nog altyd wou besoek (hoe kan enige woordmens so ’n digterlike naam weerstaan?), maar ek het dit nog nooit voorheen reggekry nie. Dié keer het ek dit vir Alain gaan wys, teen sonsondergang wanneer die fabelagtige rotsformasies in ’n goue gloed gebaai word. Dis ’n skouspel wat al ons woorde weggevat het. Ons kon net in stilte staan en staar, en staar, en wens ons oë was groter om alles in te drink.

Sonsondergang in die Vallei van Verlatenheid

Terwyl ons in Graaff-Reinet was, het ons ook die kronkelende bergpad na Nieu-Bethesda onder in ’n vrugbare vallei gevat. Nóg ’n plek wat ek al hoeveel keer in my verbeelding besoek het, maar nog nooit in lewende lywe nie.

Sonsondergang in die Vallei van Verlatenheid

Eers moes ek vir Alain verduidelik wie Miss Helen Martins van Die Uilhuis was. Haar afgesonderde lewe, en die obsessiewe manier waarop sy haar eenvoudige tuiste in ’n kunswerk omskep het, het ons herinner aan Le Facteur Cheval van die dorpie Hautrives in Frankryk. ’n Posman (facteur) met die van Cheval (wat “perd” beteken) het van 1879 af op sy daaglikse roete om pos af te lewer, klippe opgetel en huis toe gedra. Met hierdie klippe het hy meer as drie dekades lank aan ’n fantastiese klein kasteeltjie gebou, ’n kunswerk gebore uit drome en frustrasie, met vreemde standbeelde wat sy bure laat vermoed het hy is die kluts kwyt. Ná sy dood is sy skepping, Le Palais Idéal (Die Ideale Paleis), as ’n nasionale monument verklaar, ’n manjifieke voorbeeld van art brut, kuns geskep deur iemand sonder enige kunsopleiding, en vandag maak daardie Franse dorpie ’n bestaan deur die toeriste wat daarheen gelok word om die posman se paleis te kom bewonder. Soos met Miss Helen se Nieu-Bethesda gebeur het.

Agter Die Uilhuis

Vir my was die grootste verrassing op Nieu-Bethesda egter nie Die Uilhuis nie, maar hoe heerlik ons in die dorpie geëet het. Die Uilhuis het ons immers verwag, die onvergeetlike sesgangmaal by Stirlings beslis nie. Die jong sjef Barbara Weitz toor die afgelope twee jaar in hierdie restaurant wat vernoem is na haar lewensmaat, Johan, se oupa wat lank gelede die algemene handelaar op die dorp besit het. Dis ’n stylvolle, sober ruimte waar sy elke maand ’n nuwe spyskaart-met-’n-storie skep, ’n sesgangmaal met plaaslike produkte, plante soos spekboom, kruie soos wildeals, balderjan en kankerbos, Karoo-lam en heuning so donker en dik soos melasse.

Stirlings se spyskaart

Ons plan was om net gou by Stirlings skuins oorkant Die Uilhuis in te glip omdat ’n smulpaapvriend op Cradock vir ons van Barbara se fantastiese knoffelroomys vertel het. Hierdie rare roomys wou ons opsluit proe – Alain omdat hy gek is oor enige roomys, ek omdat ek altyd op soek is na onverwagse smaakkombinasies, en roomys met knoffel klink so opwindend soos sjokolade met rissie. Die oomblik toe ons by die eetplek instap en Barbara se spyskaart sien, het ons geweet ons gaan nie net roomys eet nie.

Elke gereg is so besonders, met sulke opwindende kombinasies van smake, elke keer op ’n unieke manier voorgesit – wilde Kaapse appelliefies en spekboompesto op ’n stuk hout uit die omgewing, springbok-carpaccio op ’n gladde klip wat miljoene jare oud is, groentesop met ’n mosbolletjie op ’n erfbord van porselein, moerkoffie in ’n blikbekertjie met mebos langsaan – dat die ganse maal ’n onweerstaanbare storie word.

Die befaamde knoffelroomys saam met 'n meringue waarin plaaslike kruie gemeng is.

Wat kom volgende? Die vraag wat alle stories voort stu. Hoe gaan dit eindig? Ons het aan Barbara se lippe gehang – en aan haar kosskeppings gesmul – terwyl sy vertel hoe elke gereg ontstaan het.

Nieu-Bethesda was lank nie die enigste plattelandse dorpie waar ons verras is deur voedsel vir die gees én die maag nie. Kuns wat die siel verryk en kos wat die lyf voed. Richmond was nog ’n voorbeeld. Daar het ons laatmiddag deur die stil strate gewandel toe Tino Williams ons by die MAP- (Modern Art Project-) galery ingelok het. Hy het letterlik in die straat voor die gebou gestaan en ons nader geroep, anders het ons dalk verbygestap, salig onbewus van die skat van kunswerke wat agter daardie mure gevind kan word.

Want wie verwag nou kuns van internasionale gehalte, van ’n wye verskeidenheid van kunstenaars, op ’n slaperige agtermiddag in die middel van die Karoo?  

Tino Williams wat ons by MAP in Richmond ingelok het.

Na ons ons aan die kunsversameling vergaap het, het Tino ons begelei na die boekbindprojek langsaan, waar ou aartappelsakke en meelsakke omskep word in buiteblaaie vir verleidelike notaboeke. Ek het dadelik een aangeskaf om nog reisherinneringe in neer te skryf. Nog stories wat langs die pad opgetel word.

En weer eens kon ons meer as net voedsel vir die gees vind. By Richmond Café and Rooms het ons stilgehou vir ’n koppie sterk filterkoffie saam met ’n massiewe sny melktert. (Dit bly my verbaas dat dit soveel makliker geword het om goeie koffie op die Suid-Afrikaanse platteland te vind as op die Amerikaanse platteland.) Toe ons “tradisionele skilpadjies” (lewer in netvet) op die spyskaart teen die muur sien, het ons sommer ook ’n tafel vir aandete bespreek.

Richmond se wonderlike woorde teen 'n muur.

Op verskeie ander dorpies langs ons roete het ons uitstekende koffie gedrink – langs die vuurtoring op Cape St Francis, by Karoobrew op Cradock, in Bokkomlaan op Velddrif – en keer op keer moes ek vir Alain verduidelik dat gesofistikeerde koffiekroeë en stylvolle eetplekke ’n taamlik onlangse verskynsel op die Suid-Afrikaanse platteland is. Maak nie saak hoeveel sinkgate daar in die strate van Cradock is nie, ons kon Olive Schreiner se huis op dié dorp besoek (nadat ek eers weer vir Alain moes verduidelik wie Olive Schreiner was) en ’n koppie koffie in die ouwêreldse sjarme van Victoria Manor geniet. Dit was genoeg om ons van sinkgate te laat vergeet.

Koffie en melktert by Richmond Café and Rooms.

Nou rus ons ’n paar dae op Aurora, so sit-sit op ’n stoep, so staar-staar na die vlaktes, voor ons verder swerf. Ek voel nader aan my pa as ooit sedert sy dood. Ek wens ek kon al die reisstories van die afgelope maande met hom deel, oor ’n glas rooiwyn.

En Olive Schreiner se onsterflike woorde in haar huis in Cradock.

..........
En terwyl ek uitkyk oor die goue vlaktes onder ’n wolklose blou lug, onthou ek weer dat die Suid-Afrikaanse landskap ’n kunswerk is wat meer vir my gees beteken as selfs die mooiste mensgemaakte kuns wat ons langs die pad ontdek.
...........

En terwyl ek uitkyk oor die goue vlaktes onder ’n wolklose blou lug, onthou ek weer dat die Suid-Afrikaanse landskap ’n kunswerk is wat meer vir my gees beteken as selfs die mooiste mensgemaakte kuns wat ons langs die pad ontdek. Nature’s Valley se uitgestrekte strand op ’n mistige oggend, Graaff-Reinet se Vallei van Verlatenheid in gloeiende laatmiddaglig, die strakheid van die Kokerboomwoud naby Nieuwoudtville, die wasige blou berge wat die Karoo se ooptes omhels.

En die veld rondom Aurora.

Elke swerwer het ’n tuiste, inderdaad.

Lees ook:

Booktown Richmond, BookBedonnerd XII: full programme

’n Swerfjaar vir seniors: Aflewering nommer een

’n Swerfjaar vir seniors, aflewering twee: Wees gereed om verras te word

’n Swerfjaar vir seniors, aflewering drie: Allerhande alledaagse wonderwerke

Swerfjaar vir seniors, aflewering vier: Watter fliek was dit nou weer?

The post Swerfjaar vir seniors, aflewering sewe: Oor ons ver verlate vlaktes appeared first on LitNet.

’n Unieke noirdebuut: Junx deur Tshidiso Moletsane

$
0
0

...
Dis ’n unieke noirdebuut in ’n vars stem, eie en eg aan ons gekwelde, kreatiewe en gevaarlike hartseer land. Skryf kan dié man skryf, en die element van magiese realisme met die pratende kokkerot-en-rot-vretende engel-duiweltjie op die skouer werk uitstekend.
...

Titel: Junx
Skrywer: Tshidiso Moletsane
ISBN: 9781485904403
Uitgewer: Umuzi Trailblazer

“It starts normally enough.”

So begin Tshidiso Moletsane se debuutroman Junx, maar die jong hoofkarakter se Jozi-partytjienag wat strek van township shacks tot middestadse hole is allesbehalwe doodgewoon.

Sy wipwarit van drank-en-dwelm-aangevuurde wellustige avonture wissel tussen doodsveragtelik en doodsverlangend – die skaam, angstige antiheld weier al vir maande sy depressiemedikasie en raak al hoe meer uitgeteer, maar sy briljante, vrugbare en welbelese brein werk oortyd en hy beland al hoe dieper in die moeilikheid. Hoe later hoe kwater.

Wat begin as ’n plan om die jaarlikse Sexy-Honey-Super-Chubby-musiekkonsert-en-paartie in Braamfontein by te woon en tussendeur ’n vry met ’n gelukkige einde te kry, loop uit op ’n gesteelde toeristehuurkar met ’n rewolwer in sy lyfband, via ’n dwelmsmousvriend se oordosis, smerige bordeeleskapade en pizza-etery by sy twee besties cum vaderfigure se kwasispirituele Wits-studentekommune, voor hy met die polisie en bedonnerde woke toeriste op sy hakke by die jol opdaag en daarna treinspoor langs vlug tot op ’n verlate treinwa. Gaan dit goed uitwerk? Maak dit saak? Inderdaad skadu’s van Trainspotting, net met Mzansi se nihilistiese, Netflix-kykende en taxiryende verlore Gen Z in plaas van verslaafde bleek Skotte.

Die verhaal begin waar die eerstepersoonsverteller ná ’n eksistensiële, galaktiese droomvlug in sy smerige kamertjie wakker word en ’n zol met sy maat Ari deel. Dié verbeeldingsvriendjie is sy konstante metgesel en gespreksgenoot van kleindae af, ’n gevleuelde en parmantige bont pelsdiertjie, sowel beskermengel as duiwelsadvokaat wat altyd die waarheid praat (die naam Ari se herkoms is hoeka óf arend óf leeu). Hul aand uit word meer van ’n wakker nagmerrie as wat die openingstoneel kon voorafskadu.

Lewe en dood, seks en seksualiteit, drank en dwelms, ras en politiek … Junx skram nie weg van die harde werklikheid en taaiste vrae nie en tref soos ’n vuishou in liriese, beeldryke taal vol raak verwysings na skrywers, musiek, flieks en eietydse populêre kultuur en omstrede plaaslike figure.

Daar’s ’n wonderlike toneel in die kommune waar die studente hom vra om ’n gebed aan hul profeet te lei voor hulle gaan dans en drink, en dit blyk dié is niemand minder nie as Trevor Noah as kleuter in ’n ornaat geraamde portret. Mens kan Junx net daarvoor alleen gaan koop – die slot van sy dis-moerse-weird-maar-hier-gaat-ons-gebed lui: “It is only with your grace that we are able to navigate our way through this accursed existance, Trevor. And as we head out tonight we know you are with us in spirit. Please watch over and protect us, Trevor. Shield us from drunken fights and STDs and bad drugs. Help us get back home with our sanity intact and without incident. In your holy name, dearest prophet Trevor, we pray. Amen.” En dan: “I kiss little Trevor Noah on the forehead once I’ve finished. I’m not sure if I was supposed to say amen or if I should’ve just said enkosi, since he’s Xhosa.”

Daai was een van vele onvergeetlike tonele, maar ’n enkele saak om tog te opper is nie ’n morele een oor die geweld, seks en drank-en-middel-misbruik nie, want mens besef dis menige jongmens se realiteit; dis net effens jammer die droewige, depressiewe (naamlose?) hoofkarakter gaan mank aan reddende eienskappe wat mens meer vir hom wil laat cheer. Hy’s darem lief vir sy ma, wat hy as ’n heilige beskryf, maar sy figureer glad nie. Die keuse van iemand só donker en meedoënloos selfvernietigend dat die leser nie lekker vat aan hom kan kry nie, herinner op ’n vreemde manier aan die soortgelyke “royal fokop van ’n lewe” van die gehawende joernalis en selferkende vieslike verloorder Flip Lochner in André P Brink se roman Duiwelskloof met sy mislukte huwelik, mislukte loopbaan en mislukte lewe. Nie dat hul omstandighede of agtergronde ooreenstem nie, en Junx se arme antiheld se jong lewe is grootliks om historiese redes so uitsigloos en miserabel. Dit sou net help as daar darem meer as ’n sprankie likeability was, of ten minste meer vonke van humor of hoop, sodat sy lot jou sterker kan aangryp. Hy praat wel hier en daar reguit met die leser, wat ’n mate van betrokkenheid skep, en hy mag “hoog”, dronk en honger wees, maar hy bly vlymskerp soos ’n Minora-lemmetjie.

...
Gordel in, drink genoeg lewerpilletjies en gaan paartie saam. Dis ’n willewragtig van ’n lang nag.
...

Dat dié roman met sy treffende voorblad van ’n swart man met etniese velversierings en gloeiende groen lense in die rooi neonlig ’n raak refleksie van ons tye is, ly geen twyfel nie. Die Witsgegradueerde letterkunde- en filosofiestudent en EFF-lid Koketso Poho skryf in sy voorwoord vir Junx dat swart lewe ’n ewige jukstaposisie is, altyd ’n stryd om gesien en gehoor te word, en by verstek so naby aan die dood as wat die mensdom kan kom. Geweld, hetsy fisiek of in terme van materiële omstandighede, is die gegewe van swart lewe. Mense stomp hulself af van hul werklikheid deur hedonisme en gevoelloosheid. Daar is volgens hom twee Suid-Afrikas: die glansryke een in toerismetydskrifte en op Instagram, en die Azanië wat brand omdat swart mense soos agterplaasbewoners en tweederangse burgers in hul eie land bly. Hy skryf: “Junx is ’n fiktiewe maar eerlike uitbeelding van swart mense se gemeenskap en psige, al mag dit vulgêr en grotesk voorkom vir sensitiewe lesers. Dis ’n konfrontasie met ’n nasie wat probeer worstel met sy realiteite.”

Moletsane het sy manuskrip al in 2016 aan ’n uitgewer voorgelê met die meeste van sy notas om die boek te voltooi op sy foon – maar toe word hy gekaap en geskiet en verloor als. Hy’t darem oorleef en van voor af begin en verdeel deesdae sy tyd tussen Soweto en Weltevreden Park. Junx is sy eerste roman.

Dis ’n unieke noirdebuut in ’n vars stem, eie en eg aan ons gekwelde, kreatiewe en gevaarlike hartseer land. Skryf kan dié man skryf, en die element van magiese realisme met die pratende kokkerot-en-rot-vretende engel-duiweltjie op die skouer werk uitstekend. Gordel in, drink genoeg lewerpilletjies en gaan paartie saam. Dis ’n willewragtig van ’n lang nag.

Junx is uitgegee deur Umuzi as die eerste in die nuwe Trailblazer-reeks vir korter, grensverskuiwende fiksie van Afrika onder die vaandel van Penguin Random House SA, en is in sagteband (ISBN 978-1-4859-0440-3) en elektroniese formaat (ISBN 978-1-4859-0495-3) beskikbaar.

Hier is jou naaste tak van Bargain Books

As jy nie die boek sien nie, vra gerus die personeel om dit te bestel.

The post ’n Unieke noirdebuut: <em>Junx</em> deur Tshidiso Moletsane appeared first on LitNet.

Giselle at Artscape: an interview with Debbie Turner, CEO of Cape Town City Ballet

$
0
0

Brandon Lawrence, Principal at Birmingham Royal Ballet as Albrecht, with Cape Town City Ballet's Leanè Theunissen as Giselle (photographer: Joan Ward).

Debbie Turner, CEO of Cape Town City Ballet, talks to Naomi Meyer about Giselle, now playing at the Artscape Theatre in Cape Town until 9 April 2022.

The ballet Giselle is well known, but please could you tell our readers about this special production running at the Artscape this March and April?

DT: We are honoured to have international ballet legend Maina Gielgud with us to stage this production for Cape Town City Ballet. Ms Gielgud presents works all over the world, and the experience of her illustrious career brings another dimension to the production.

We are also privileged to have our international guest artists joining us for select performances: Vadim Muntagirov (principal of The Royal Ballet), Ksenia Ovsyanick, principal ballerina with Staatsballet Berlin, and Brandon Lawrence, principal at Birmingham Royal Ballet, who partners with Cape Town City Ballet’s Leanè Theunissen as Giselle.

........
In addition, we have a South African double debut in the roles of Giselle and Albrecht, danced by Cape Town City Ballet’s Chanté Daniels and Gabriel Ravenscroft, who have been dancing together since they were children.
...........

In addition, we have a South African double debut in the roles of Giselle and Albrecht, danced by Cape Town City Ballet’s Chanté Daniels and Gabriel Ravenscroft, who have been dancing together since they were children. Our principal ballerina, Kirstel Paterson, performs Giselle opposite Lêusson Muniz. So, this is indeed a very special run all round for our production of Giselle.

The times during which the production is taking place are also special – if this is the correct word. A pandemic and a war cannot stand in the way of this ballet. Please could you tell our readers about the challenges Giselle had to face to return to the stage?

DT: Cape Town City Ballet has been operating under COVID-19 protocols since June 2020, when we returned to the studio space with masks and social distancing, among other measures. We have faced uncertainty about international travel, audience capacity and whether we will be able to perform live. We have taken one step at a time and dealt with challenges we have faced as they have arisen, and we are delighted to be here, able to present Giselle on the Artscape stage.

..........
We have taken one step at a time and dealt with challenges we have faced as they have arisen, and we are delighted to be here, able to present Giselle on the Artscape stage.
.........

Please could you elaborate on the practicalities or mention anything you would like to share with people wishing to see Giselle – times, prices, specials, when and where?

DT: Tickets range from R175 to R750, depending on your choice of seating and performance. Select performances feature international guest artists and are accompanied by the Cape Town Philharmonic Orchestra. All performances present the talented dancers of the Cape Town City Ballet company.

Why is live theatre important and relevant in this country at this stage in history – even a production as European, if you wish to call it that, as Giselle? Why bring this to a stage in Africa? Why is music universal, even though it looks different in different cultures – why is the language of music and dance understood by everyone?

DT: In times of uncertainty and difficulty, it is art in all its forms that sees us through. Giselle remains a universal story of love and betrayal that can be understood and appreciated anywhere. Music, dance, art and theatre have the power to rise above language and culture to share a common humanity and appreciation of art.

...........
In times of uncertainty and difficulty, it is art in all its forms that sees us through. Giselle remains a universal story of love and betrayal that can be understood and appreciated anywhere.
.............

As a company, Cape Town City Ballet strives to deliver a varied programme that aligns with the global dance landscape, including diversity, creativity, presenting with integrity and the pursuit of excellence.

Book tickets here: https://www.artscape.co.za/event/maina-gielguds-giselle/

The post <em>Giselle</em> at Artscape: an interview with Debbie Turner, CEO of Cape Town City Ballet appeared first on LitNet.

Openbarend: 1 Recce, volume 3 deur Alexander Strachan, ’n leserindruk

$
0
0

...
Hierdie spesiale soldate, wat operateurs genoem word, was van wêreldklasgehalte. Hulle was uitsonderlike mense wat nie geskroom het om hul lewens op te offer vir Afrika nie. Met ’n menigte televisiereeks oor spesmagte mag iemand dalk dink dat hierdie boeke net nog ’n draaiboek kan wees vir een van een van hierdie reekse. Maar wat ’n verrassing!
...

Titel: 1 Recce, volume 3, onsigbaarheid is ons krag
Skrywer: Alexander Strachan
ISBN: 9780624088851
Uitgewer: Tafelberg

Ja, daar het ek dit nou! Om jou eie menings te hê is goed, gesond en demokraties. Maar om dit sonder die nodige kennis te lug, is dom.

Die moeilikheid met wysheid is dat ’n mens nie weet dat jy nie weet nie. Ek het my mond vol gehad oor die bosoorlog, net om nou met ’n bloedbek te bieg dat ek honderd en een persent boggherol daarvan geweet het nie. Ek was net nog een van die visse wat in die stroom van onkunde oor hierdie onderwerp geswem het. My opinie van die soldate wat deel was van hierdie operasies, was ongegrond en onwetend stupid.

Dank Vader vir boeke! Alexander Strachan het nie net my oë laat oopgaan nie, maar my mond is seker steeds gapend oop.

In sy derde en finale boek van die trilogie 1 Recce het hy my by wyse van spreke “basiese opleiding” gegee. Ek het nou ’n amperse seer hart oor die twak wat ek al kwytgeraak het. Sonder om polities te werk te gaan, het hy my meesterlik in army boots laat klim. Ek kon hierdie boek eenvoudig nie neersit nie. Vryheid van spraak is nie iets wat jou toelaat om los en vas te sê wat jy wil nie. Daar rus ’n yslike verantwoordelikheid in enige vorm van vry wees. Om te wees waar ons is, het daar baie in die agtergrond plaasgevind waarvan ek minder as niks geweet het nie. 

Zander, wat self ook ’n recce was, het “opdrag gekry” om die recces se storie te vertel, goed wat as geskiedenis geleer behoort te word.

Hierdie spesiale soldate, wat operateurs genoem word, was van wêreldklasgehalte. Hulle was uitsonderlike mense wat nie geskroom het om hul lewens op te offer vir Afrika nie. Met ’n menigte televisiereeks oor spesmagte mag iemand dalk dink dat hierdie boeke net nog ’n draaiboek kan wees vir een van een van hierdie reekse. Maar wat ’n verrassing! Ek kan net van die laaste boek praat, omdat ek nog nie die eerste twee boeke gelees het nie. Ek beveel dit sterk aan dat jy al drie hierdie boeke lees.

In 1969 het hierdie operateurs gedoen wat ons nou sien, met die tegnologie wat tóé tot hulle beskikking was. Nagvisie is seker die naaste aan vandag se tegnologie wat hulle gehad het. Geen selfone of GPS was beskikbaar nie. Net kaarte en kompasse en toewyding tot ’n klomp harde werk. Verkenning, sabotasie en oorlog was hierdie manne se werk.

Saam met Unita het hulle ’n volskaalse oorlog in Afrika afgeweer. Jy hoor my reg: saam met Unita.

Die recces was fisiek, emosioneel en sielkundig opgelei om teen baie sterk magte weerstand te bied. Hulle het operasies ingeoefen, en is eers, net voordat hulle ontplooi is, ingelig wat van hulle verwag word.

Daar is aan alles gedink – beserings, beperkings, omgewing en moontlike gebeurlikhede wat kon maak dat die operasies nie uitgevoer kon word nie.

Daar was deurentyd bystand, maar dit was nie naby nie. Hulle moes alles in gedagte hou, ook die spoed waarteen hulle beweeg, en watter afstand en in watter rigting hulle moes gaan in die mees onbegaanbare plekke denkbaar. Dit moes alles onopsigtelik plaasvind, sodat die uitkoms van die operasie nie gekompromitteer word nie.

Indien daar vermoed is dat daar enige moontlike blootstelling was, moes hulle onttrek, en alles weer bespreek.

Plofstof, ammunisie en oorlog was deel van die recce se DNS.

Jy sal vergewe word indien jy dink hierdie manne was die kluts kwyt. Hulle het geweet dat alles op die spel was, en dat môre geen waarborg is nie. Hier en nou is wat hulle gehad het, en natuurlik ure, dae en maande se oefening. Dit was ’n baie klein groepie mense wat gedoen het wat ’n massa soldate nie gedoen kon kry nie.

1 Recce lees soos ’n krimmie, soos fiksie.

Dit was ook ontnugterend, elke keer wat ek die boek moes neersit, om te besef dit is wat gedoen is. Regtig-egtig. En om alles te kroon, in die tyd waarin dit gebeur het.

Ons het eers in 1975 televisie gekry, toe hierdie manne al ondenkbare take uitgevoer het met dit wat tot hulle beskikking was. Die toewyding, presisie, dissipline en respek is ongeëwenaar. Hulle is voorberei om beserings en tekorte te bowe te kom.

En hier kla ek oor beurtkrag …

Alles is egter ook nie net bloed, sweet en derms nie. Daar is baie humor in hierdie verhale. Maar meer as dit, daar is baie waarhede waarvan ek niks sou geweet of verstaan het nie. Daar is propaganda wat maak dat mens baie sterk negatiewe menings het oor die bosoorlog.

Ek sal jou selfs uitdaag om hierdie trilogie te lees. Jy sal nie kan sonder om ’n stukkie menswees en verstaan te kry van hierdie era in ons Suid Afrikaanse geskiedenis nie.

Jy mag dalk net die kind saam met die badwater wil uitgooi sonder mense soos Alexander Strachan se uitnemende skryftalent en kennis. Hy het ses jaar lank aan hierdie reeks gewerk. Vir die derde boek het hy tagtig onderhoude gevoer om dit feitelik korrek te kan oorvertel.

Buiten dat dit heerlik was om die boek te lees, was dit vir my ’n openbaring.

Met dit wat tans aan die gang is tussen Rusland en Oekraïne, is daar nie ’n beter tyd om meer van ons eie oorloë te leer nie.

Ons het baie helde wat onsigbaar tussen ons leef sonder enige erkenning. Ek salueer elkeen van julle met meer as een traan in my oë. Dankie.

Onderhoud met Alexander Strachan.

Hier is jou naaste tak van Bargain Books

As jy nie die boek sien nie, vra gerus die personeel om dit te bestel.

The post Openbarend: <em>1 Recce, volume 3</em> deur Alexander Strachan, ’n leserindruk appeared first on LitNet.


kykNET Silwerskermfees 2022: Apokaliptiese kortfilm Die beskermer ook diep persoonlike reis

$
0
0

Foto: verskaf

Masjiene jag die laaste oorlewendes in ’n postapokaliptiese Kaap, waar die wit strande verlate is afgesien van die moorddadige masjiene wat alles in vlamme en roet verander. Tink en haar getroue volgeling, Indy, ’n skaaphond, soek robotonderdele, want saam met haar suster Kari bou hulle ’n beskermerrobot waarop al hul hoop rus.

Die kortfilm My beskermer is een van 17 by vanjaar se Silwerskermfees en dis in Afrikaaps. Jazmine Ryan, Shamilla Miller, Hein de Vries en Christy Morcos speel daarin.

Maryke Roberts gesels met Diana Mills Smith, regisseur en medeskrywer van My beskermer, vir wie hierdie film veel meer as net kykgenot gebring het. Dit was ’n persoonlike ontdekkingstog.

Diana Mills Smith as Tink (foto: verskaf)

Diana vertel dat sy tydens die projek as ’n trans vrou “uitgekom” het. “Ons het die projek in die nasleep van die apokalips as ’n storie van die oorgang na volwassenheid voorgestel. Ek het gevoel my persoonlike storie was ’n uitkoms in die nasleep van die pandemie.”

Diana sê die film is nie ’n transnarratief nie, maar deur die skryf en ontwikkeling van hierdie verhaal is daar eggo's van baie dinge wat sy oor haarself geleer het.

“Kuns was nog altyd ’n manier waarop ek my kon uitdruk wanneer ek nie gevoel het ek kan in die regte wêreld nie. Hierdie storie is egter geskryf gedurende die mees kwesbare tyd van my lewe. Hoe meer ek oor hierdie karakter geskryf het, hoe meer het ek besef dat haar karakterontwikkeling juis die ding was wat in my eie lewe ontbreek.”

Die film volg ’n jong meisie wat voel sy moet haarself aan haar familie bewys. Aan haar suster en die nalatenskap van haar ouers. Sy dra hierdie “kuberletsels” op haar lyf, waaroor sy haar diep skaam. Diana verduidelik dat Tink op ’n jong ouderdom deur ’n “beskermer” aangeval is en haar pa kubernetika moes gebruik om haar aan die lewe te hou. Sy glo dit is die herinnering dat sy swak en kwesbaar is; dat sy nie goed genoeg is nie. Sy gaan op hierdie epiese reis om die vermiste stuk vir haar gesin se robotvoogprojek te vind en dit word as’t ware ’n reis om daardie letsels uit te vee.

........
Tink leer uiteindelik dat die ontbrekende stuk om ’n familiebeskermer te wees, nog altyd binne-in haar was. Sy leer om daardie letsels nie uit te vee nie, maar om dit te omarm.
.........

Tink leer uiteindelik dat die ontbrekende stuk om ’n familiebeskermer te wees, nog altyd binne-in haar was. Sy leer om daardie letsels nie uit te vee nie, maar om dit te omarm.

“Ek was lank skaam oor wie ek is. My reis was lank en moeilik, maar dit het een van selfliefde geword. Ek is dankbaar vir die film, aangesien ek die vermoë gehad het om my emosies en ervaring in ’n projek te stort, wat vir my só baie beteken. Dit is dalk ’n besonder betekenisvolle storie vir myself, maar daar is reeds so baie mense wat ook daaraan gekoppel is.

“Die span was passievol daaroor om hierdie storie lewe te gee, omdat hulle hulself daarin kon sien. Dis ’n verhaal van moed en reusestruikelblokke wat soms onoorkombaar lyk. Dit het skaal, aksie en hart. My persoonlike reis is dalk uniek, maar hierdie storie is universeel.

“Dit is ’n boodskap vir enigiemand wat al ooit gevoel het dat hulle nie genoeg is nie. Jy is egter. Omhels dit. Jy is alles wat jy moet wees om dinge te laat slaag.”

Waarom ’n postapokaliptiese kortfilm in Afrikaaps?

Ek en die filmmakers agter hierdie projek, is groot aanhangers van dié genre. Vir my was genre nog altyd meer as net ontvlugting. Ek dink dit is 'n geleentheid om werklike wêreldwaarnemings en vrae in ’n versterkte medium te verken. Wetenskapfiksie gaan nie dikwels oor ons toekoms nie, maar is ’n allegorie van die hier en nou.

Die wêreld van My beskermer verskil nie so van ons eie nie. Ons leef in ’n wêreld waarin daar ’n reuse-welvaartgaping en ’n veranderende klimaat is wat vinnig versleg. Die rykes en magtiges is meer besorg oor hul eie welvaart as oor die welstand van dié in nood.

........
Die wêreld van My beskermer verskil nie so van ons eie nie. Ons leef in ’n wêreld waarin daar ’n reuse-welvaartgaping en ’n veranderende klimaat is wat vinnig versleg. Die rykes en magtiges is meer besorg oor hul eie welvaart as oor die welstand van dié in nood.
.........

Die wêreld van die film verduidelik hoe die elite die aarde verlaat en ’n plan bewimpel om die oorblywende mense van kant te maak sodat die aarde se klimaat kan terugkeer na wat dit eens was. Ons storie word vertel vanuit die perspektief van diegene wat agterbly.

Dit was vir ons belangrik om die storie vanuit ’n Suid-Afrikaanse – en selfs Kaapstadse –  ervaring te verken. Met die geskiedenis van die stad en die manier waarop haar burgers behandel is as agtergrond, was dit vir ons vanselfsprekend om ’n outentieke Kaapse stem in die dialoog te hê. Ek praat nie Afrikaans nie, maar Suid-Afrikaanse skrywers wat Afrikaans praat, was van begin tot einde by die projek betrokke. Ek is wit en weet nie waardeur mense van kleur is nie.

Dit was belangrik dat ek luister en ander se professionaliteit, eerder as my eie insette, respekteer. Ek is so dankbaar dat ek filmmakers aan boord gehad het wat hul kundigheid kon bring. Ons het baie tyd aan die dialoog bestee en dit is nie net deur die skrywers verfyn nie, maar ook deur die ​​akteurs. Die elfjarige Jazmine Ryan (Tink) praat ’n pragtige en bekoorlike Afrikaaps wat só innemend is. Sy het gereeld gevra of sy die dialoog van haar toneel kan aanpas om meer eg vir beide die taal én haar ouderdom te klink. Ons was verheug om so baie storievertellers as deel van die projek te kon hê wat só passievol oor die taal is.

Hoe het julle die masjiene gebou?

Dit was pret! En oorweldigend. Ons het ’n boosaardige antagonis nodig gehad wat oortuigend lyk. Ons wou nie net hê dat hy kon kers vashou by karakters uit Hollywood-rolprente nie; dit moes ook vars en opwindend wees.

Ons almal het al baie moordrobotte gesien. Ons wegspringplek was die wêreld van die storie en hoe dit moes lyk. Ons het ’n amper stoom-punk apokaliptiese Kaap ontwikkel wat gevul is met geroeste en gebreekte metaal. Die aanvanklike inspirasie vir die voorkoms van die “beskermers” was die doodsengel.

Ons wou wegbreek van die norm waarin die antagonis ’n reusagtige, gespierde robot is en het ons robot afgeleef en verslete gemaak. Ons het saam met my goeie vriend Hein de Vries gewerk wat die “beskermer” uitgebeeld het op ’n manier wat net ’n gesoute akteur en eersteklas waagkunstenaar kon doen. Die fisiese spel wat hy na dié rol gebring het, was uitmuntend.

Jy kon nie hierdie rou weergawe van die storie met rekenaareffekte gedoen het nie. Ons het hard gewerk om die grimering en prostetika reg te kry. Ons is so dankbaar vir die harde werk wat die Opulence-groep aan die kostuum, grimering en finale voorkoms van die karakter gedoen het. Dit was eers op die dag toe die kameras begin rol dat ek gevoel het ons het uiteindelik die voorkoms van die beskermer reggekry. Dit was ’n maak-of-breek-oomblik. Ek is opgewonde oor die finale voorkoms en ek dink die gehore sal hom vreesaanjaend vind.

Wat het die spesiale effekte behels?

Daar was baie dink en beplanning in elke individuele VFX-skoot op hierdie projek. Ons het saam met bekroonde maatskappye Black Ginger en Left Post Production gewerk. Ons is geëerd dat ons saam met van Suid-Afrika se bestes in hul veld kon werk.

Gesprekke met produksiehuise het begin terwyl ons nog besig was om die draaiboek te skryf. Spesiale effekte soos die letsels, vuurpyle en matskilderye was drome wat ons van die begin af gehad het. Die VFX moes die karakters en storie dien. Dit gaan nie oor spoggerige beelde wat  beïndruk nie. Ons wou eerder hê die kyker moet verlore voel in hierdie uitgebreide vertelling. Daar kon geen oomblikke wees waar die gehoor uit die ervaring geneem word bloot omdat die effek nie oortuigend is nie.

Tyd en geld is altyd beperk, maar ek is absoluut verstom oor wat ons bereik het. Elke skoot is noukeurig bespreek, volgens ’n storiebord uitgelê en uitgevoer. Ons het geweet ons moet versigtig wees om nie hoër te probeer vlieg as wat ons vlerke lank is nie

Vertel meer oor die twee jong aktrises?

Hierdie is 'n storie oor 'n gesin van drie: ’n ouer suster, ’n baie jonger suster, en hul hond. Hulle is alleen in hierdie wêreld en moet mekaar teen dodelike meganiese jagters beskerm.

Hierdie susterdinamiek is pragtig uitgebeeld deur Shamilla Miller (Blood and water, Dead places en Troy: Fall of a city), ’n gesoute aktrise wat in uitsonderlike plaaslike en internasionale rolprente te sien is, en Jazmine Ryan, ’n nuweling met geweldige rou talent en professionaliteit wat haar ouderdom jare vooruit is.

Dit was amper ongelooflik om Jazmine te ontdek. Dit was asof ons die einste karakter gevind het wat ons neergepen het. Sy is dié karakter in voorkoms en gees en het – soos haar karakter Tink – ’n aura van avontuur. Ek is so dankbaar dat ons haar aan boord gehad het, want sy is duidelik ’n ster met ’n blink toekoms.

Ek wou al lank saam met Shamilla werk. Haar vermoë om een te word met haar karakter was gou duidelik. Die band tussen die susters speel ’n groot rol in die film. Ons het geweet ons moet dit regkry. Kari is ’n komplekse rol, omdat sy beide rolle van suster én ma moet balanseer. Shamilla kon albei rolle uitbeeld met ’n unieke dinamiek.

Hulle het soos susters gevóél. Nie net voor kamera nie, maar agter die skerms ook. Ek dink hulle was albei perfek vir hul rolle in die film.

  • My beskermer is Vrydag 25 Maart om 15:00 te sien.

Vervaardiger: David Franciscus
Produksiehuis: Protagonist Studios
Uitvoerende vervaardigers: kykNET, Silwerskerm, IdeaCandy
Regisseur: Diana Smith
Draaiboekskrywer: Diana Smith, David Franciscus
Redigeerder: Dan Mitchell
Kinematograaf: Rick Joaquim
Klankbaan: Ettiene Hachler
Rolverdeling: Jazmine Ryan, Shamilla Miller, Hein de Vries, Christy Morcos
Ouderdomsperk: 13 VLH

 

 

The post kykNET Silwerskermfees 2022: Apokaliptiese kortfilm <em>Die beskermer</em> ook diep persoonlike reis appeared first on LitNet.

’n Onderhoud met Jerzy Koch oor Pole, Rusland en Oekraïne

$
0
0

Jerzy Koch. Die foto is twee jaar gelede geneem, digby die Pools-Oekraïnse grens, omtrent 30 km van die plek waar die eerste Russiese bomme onlangs geval het in Jaworów.

...
Ek noem dit om te wys dat baie Poolse mense soos my voorsate direkte ervaring met Rusland, die Russiese kultuur en taal gehad het, want hulle was vir enkele generasies die tsaar se onderdane. En tog was hulle altyd burgers van die tweede kategorie wat gewoon het in die sogenaamde Aan-die-Vistula-Rivierland (Priwislinskij kraj), soos die Russe die geannekseerde Poolse gebiede pejoratief genoem het.
...

Jerzy, die missiele val tans baie na aan die Poolse grens. Is dit moontlik ’n manier om Pole te probeer bang maak? Die Poolse regering steun natuurlik Oekraïne se onafhanklikheid.

Dit spreek vanself dat dit Poetin se poging is om mense ook buite Oekraïne skrik te maak; hy toets ook Navo se reaksie. Ek dink dat elke regering wat self ’n onafhanklike staat wil regeer of dit nastreef, Oekraïne se onafhanklikheid móét steun. Dis óf “ja” óf “nee”. Daar is geen tussenoplossings moontlik nie, des te meer omdat die voorwendsel waarmee die Russe Oekraïne aangeval het, naamlik dat die Oekraïners die Russiessprekende bevolking uitmoor,  gewoon nie waar is nie. Ook dat Oekraïne deur dwelmverslaafdes en fasciste geregeer word, het die Russiese regering as redes vir die oorlog gegee. Albei is uit die duim gesuig en so absurd dat die vermoede ontstaan dat Poetin die internasionale opinie vir die gek wil hou. Zelenski is self Russiessprekend (maar praat vanaf die begin van die oorlog net Oekraïens) en van Joodse afkoms. Poetin gebruik ook ’n ander rede, soortgelyk aan wat Hitler in 1938 in Tsjeggo-Slowakye gedoen het: “Ons moet ons eie mense verdedig” en “Ons laat ons eie mense nie in die steek nie.” Toe het dit oor die Duitsers in Sudetenland (’n deel van Tsjeggo-Slowakye), gegaan en dit was ook nie waar nie. Dit moes eintlik vir almal duidelik geword het dat Poetin na die anneksasie van Krim in 2014 vir die gewelddadige oplossings sal kies.

Geen wonder, dus, dat baie mense, veral op sosiale media, die samestelling “Putler” (Put[in] + [Hit]ler) gebruik nie. Dis die kompakte manier om uitdrukking te gee aan hoe die president van Rusland hom gedra wanneer hy voorwendsels gebruik, die reëlregte oorlog ’n “spesiale aksie” noem en skynbaar opdragte gee om hospitale, woonbuurte, biblioteke, teaters en die mense wat daar bly, aan te val, te vernietig en dood te maak. Dat die woord “oorlog” met betrekking tot Oekraïne nou by die Russiese wet verbied is, is ’n bewys dat daar wel oorlog gaande is. Selfs as jy op die Rooiplein met ’n skoon blad papier bly staan, word jy binne enkele sekondes gearresteer en weggevoer. Hoekom is die president en sy trawante so angstig as hulle nie verkeerd is nie? Hy is al ’n oorlogsmisdadiger genoem. Baie ander mense in die wêreldgeskiedenis vóór Poetin het gedink hulle kan alles doen, vernietig en moor omdat daar geen geregtigheid is nie – dink maar aan ’n klomp Serwiese of Kroatiese oorlogsmisdadigers – die meule van geregtigheid maal stadig, maar vroeër of later word die daders gevang.

In Suid-Afrika loop talle regse mense skielik agter Poetin se leuens aan en probeer dit die hele tyd versprei. Gelukkig is hulle die uitgesproke minderheid. Hoe voel die gemiddelde Pool oor Poetin se aggressie?

Die afgelope weke sedert by terugkeer uit Suid-Afrika kyk ek minder na die Suid-Afrikaanse nuus en veel meer na die Oekraïense. Ek weet dus nie of dit (slegs?) regse mense is nie; vir my was veral die afwagtende houding van die regering in Pretoria verstommend. Wat die reaksies betref van gewone mense wat geen toegang tot die inligtingsdiens se informasie soos die regeerders het nie, moet ons konstateer dat daar altyd mense sal wees wat wêreldgebeure nie verstaan nie en geen onderlinge verband sien nie. Ons behoort dit eintlik op skool te leer, maar daar bly altyd diegene wat nie geluister het nie, of bloot geen vermoë het om oorsake met gevolge te verbind nie. Dat daar ook in Suid-Afrika – met ’n geskiedenis van onreg en geweld en wat uiteindelik gesprekke as oplossing van historiese probleme gekies het – mense is wat dink een groep mense kan ’n ander uitwis, is ongelooflik. Ek praat nie van trolle op die internet nie, maar van mense wat glo die ander kan nie aanspraak maak op hulle eie vryheid nie, maar gun dit wel vir ander groepe êrens in die wêreld teenoor mense soos hulleself.

Daar sal natuurlik altyd bruikbare idiote wees wat hulle laat misbruik. Ek wonder net hoeveel van daardie mense wat die Russiese regering se optrede goedkeur, sal hul eie seuns soontoe stuur om aan die “spesiale aksie” deel te neem? Ongelukkig was die bruikbare idiote altyd en sal altyd wees. Ek moes vir baie jare, veral in die Weste, reeds toe ek as student soontoe begin reis het, en ook later as ondersoeker, vir my Nederlandse, Duitse of Engelse gespreksgenote verduidelik dat ons wantroue en agterdog wat Rusland betref, nie die gevolg is van die vermeende Russofobie nie. Dis die resultaat van die eeue lange ervarings wat in die denke van baie inwoners van Midde-Europa geïnternaliseer is: Jy kan die Russiese staat nooit vertrou nie.

Tsaristiese Rusland het altyd in die Poolse politiek ingemeng en aan die einde van die 18de eeu in drie stappe van 1772, 1793 en 1795 saam met Pruise en Oostenryk Pole geannekseer en die land se grond onder mekaar verdeel sodat die staat Pole vir 123 jaar nie bestaan het nie. In Suid-Afrika was daar ’n interessante eggo daarvan toe J.H. Hofmeyr in Is ’t ons Ernst? Onze eigen fouten en gebreken in verband met onze Taalgrieven (1905) geskryf het: “Het gros der POLEN is ook meer dan honderd jaar onder Pruissische en Russische heerschappij en niettegenstaande de meest desparate pogingen van de eene mogendheid om het volk te ver-Duitschen en van de andere om het volk te ver-Russischen, breidt de invloed van het Poolsch zich dagelijks uit en erlangt de Poolsche letterkunde allengs eene Europeesche vermaardheid in plaats van uit te sterven. (Toejuiching).” Preller wat met hom gepolemiseer het, het ook na Pole verwys is sy Laat ’t ons toch Ernst Wezen! Waar ons lees: “De Poolse volkstaal wortelt in de Poolse nasie, en meer dan een eeuw van vervolging en ‘uitroeiing’ door de overheersers, is nog niet in staat geweest die taal ten onder te brengen – integendeel, een paar weken geleden maar werd wereldkundig gemaakt dat die ‘uitroeiing’ gestaakt en de taal der Polen voortaan door Rusland ge-erbiedigd zou worden.” Miskien moet ek bysê dat die polemiek in 1905 plaasgevind het toe in Rusland en die geannekseerde Poolse gebiede die revolusie 1905-1907 reeds gaande was. Dit wil voorkom die Afrikaner se intellektuele het toe baie van die verre wêreld geweet.

Die gevolge van die Eerste Wêreldoorlog (die opbreek van die Oostenryks-Hongaarse monargie, die verswakking van Duitsland en die revolusie van 1917 in Rusland) het dit moontlik gemaak dat die land weer in 1918 herrys het. Direk daarna het die nuut opgerigte Sowjetunie, waar die revolusie en die teenrevolusie nog gewoed het, oorlog met Pole begin voer. Tussen Februarie 1919 en Maart 1921 het die nuwe revolusionêre regering in Rusland probeer om die herrese Poolse staat te ontwrig en die grond in te palm en die vlam van revolusie oor die lyk van Pole na die Weste te bring, soos die bolsjewistiese propaganda dit genoem het. Aangeneem hulle het werklik vir die vryheid van arbeiders en boere geveg, hoekom het hulle die reg van vryheid aan ander nasies ontsê, is daar geen parallelle met die Oekraïne vandag?

In pak My oupa Michał van moeder se kant wat op ’n Russiese skool was voor 1914 en gedurende die Eerste Wêreldoorlog selfs in Moskou. Hy het vlot Russies gepraat, soos trouens ook my ouma, sy vrou. Hier is hy op ’n foto, vermoedelik vóór April 1918 geneem, toe hy in Moskou studeer het. Sy skool in Słuck (Slutsk) is na Moskou ontruim voor die Duitsers Słuck begin 1918 beset het.

My oupa aan my ma se kant het aan die begin van die 20ste eeu in die omgewing van Słuck (Slutsk), suid van Minsk en tans in Wit-Rusland, gewoon. In die Eerste Wêreldoorlog, toe die Duitse front nader aan daardie stad gekom het, het die Russiese owerheid die skool na Moskou verskuif en my oupa het dus sy skoolopleiding in die hoofstad van die magtige ryk ontvang. Later in 1920’s het hy met my ouma getrou wat haar jeug deurgebring agter die Oeralgebergte in Siberië waar haar ouer broer oa met hout handel gedryf het. Ek noem dit om te wys dat baie Poolse mense soos my voorsate direkte ervaring met Rusland, die Russiese kultuur en taal gehad het, want hulle was vir enkele generasies die tsaar se onderdane. En tog was hulle altyd burgers van die tweede kategorie wat gewoon het in die sogenaamde Aan-die-Vistula-Rivierland (Priwislinskij kraj), soos die Russe die geannekseerde Poolse gebiede pejoratief genoem het. Jy het jou kanse op sukses vergroot as jy verder na die Russiese binneland gegaan het, soos my ouma se ouer broer, want daar was die samelewing baie multikultureel en oop en as Pool kon jy daar ver van die politieke sentrum ook ’n goeie bestaan maak.

Ek het ’n gedig hieroor geskryf:

truitjie
(ballade)

die sprekende herinnering oorval en vang my
soos ’n net uit rooi woldrade, die droombeeld
is sag en dig gebrei tot ’n warm weefsel

lank gelede het ek eens ’n truitjie gehad
wat my ouma gebrei het, kersierooi en mooi
was die trui en op die kind van vier se maat

voor die kleur sou verskiet, het die trui skril
gekontrasteer met ander kinders se klere
op die speelgrond en teen die blou hemel

die rooi was deurdringend soos suurstofryke
bloed uit die slagaar en uit die verhaal
oor die ou tonele van vergieting van bloed

my ouma het my oor die groot oorlog vertel toe
ek in die oggende wakker word en hardloop om
by haar in die bed te klim en innig te omhels

my koue voete teen haar gladde geswolle
kuite en ek speel met haar grys haarstring
en spits my ore vir die gevlegte verhaal

die grootouers het haar na władek gestuur
die ouer broer wat houthandel gedryf het
in die verre siberië anderkant die oeral

daar het sy na ’n russiese skool gegaan
die lewe was goed, mense vriendelik
en almal nog die tsar se onderdane

die plek was vol bannelinge en fortuinsoekers,
van poolse delinge en mislukte opstande
het zofia met haar broer glo nie veel gepraat nie

op god se onbewerkte plaas het władek
geboer, bome laat kap en op riviere vervoer
in die onmeetlike bosse om roebels te verdien

in siberië het my ouma boeke in cyrilliese skrif
leer lees en my later met my skooltake geduldig
gehelp, my spelling verbeter, my uitspraak verfyn

toe die groot oorlog uitbreek, kantel die wêreld
toe die revolusie als opnuut omverwerp, woed in
daardie siberië van haar nog die spaanse griep

my ouma het my dikwels na haar vriendin gevat
wat in dieselfde straat in donker kamers
alleen gewoon het met baie onbekende boeke

jadzia was in petersburg op ’n meisieskool,
toe die revolusie begin, ontdek sy hoe dit sal
eindig en sy vertel dit vir my dan elke keer weer

hulle het die seekadette soos eende geskiet toe
hulle in hul vlootblou uniforme uit die vensters
gespring het, het sy gesê en herhaal: soos eende

die vroue het gepraat oor die oorloë en revolusies
ek het geluister en saam met hulle vlug ek uit
rusland na die nuwe pole baie jare voor my geboorte

my ma se ou trui was rooi nie vlootblou nie
en gepluis, gerafel en sy kon dit nie meer
dra nie want dit was op die elmboë verslete

wat van goeie drade oor was, kon slegs vir die kind
se truitjie gebruik word en my ouma het dit
oorgebrei want die lewe het haar knaphandig gemaak

die truitjie se knopies was donkerrooi, byna bruin
soos skurfte op my knie toe ek weer geval en
huis toe gestruikel het met die oopgekrapte wond

die voorkant was vinnig verflenter, handsakkies
uitgerek, by die kraag liggies geslyt in sy geheel
uitgewas maar die rooi kleur was nog opvallend

die beeld van die trui keer terug en breek
skielik my slaap oop, my nugter gedagte
steek uit die droom uit soos trompe-l’oeil

Jy het jou jongmensjare in Pole geleef voor die val van kommunisme. Hoe was dit om Rusland se houvas op jou alledaagse lewe te ervaar?

Op voetsoolvlak het ’n mens eintlik nie baie daarvan beleef nie, as jy nie bereid was om goed te kyk of nie wou sien nie. Jy is gebore in sekere maatskaplike omstandighede en jy weet nie van beter nie. Kom ons vergelyk dit met apartheid. Ek ken verhale van André P Brink of van my vriende dat hulle die onreg in hulle eie land goed begin verstaan het toe hulle in Parys of in Amsterdam gekom het en swart mense ontmoet het wat meer van die filosofie of kuns geweet het as hulle. Dit was dieselfde met ons, dws met die jonger geslag wat ná die Tweede Wêreldoorlog gebore is: ons het ook nie van beter of ander geweet nie. Gelukkig was daar ouer generasies se ervarings en verhale. Ons geskiedenisboeke op skool het oor ’n klomp onderwerpe gelieg, maar baie van ons tieners het van die huis af geweet wat die waarheid is. Op belangrike deurbraakmomente het my ouers, wat wou weet wat in hulle eie land aangaan, na die Poolse sender uit München geluister waar Radio Free Europe, wat deur die Amerikaanse kongres gefinansier is, uitgesaai het. Daar was ook die Poolse deel van die BBC se uitsaaiwese. In Pole self was daar in die openbare sfeer die sogenaamde dubbelspraak: Jy het die propagandaplakkate gelees, maar dit nie geglo nie; jy het na die TV of die amptelike inligting of uitlatings van hooggeplaastes geluister, maar jy het geweet dat die werklikheid altyd ’n bietjie anders of selfs heeltemal anders was. As burger het jy min of meer soos skrywers of kunstenaars gewerk: Waar dit moes, het jy selfsensuur toegepas of jou mond gehou en waar moontlik het jy die boodskap tussen die reëls geplaas.

Daar was verskille tussen die lande van die sogenaamde volksdemokrasie (albei dele van die woord eintlik tussen aanhalingstekens, want dit was geen egte demokrasie nie en die volk het ook geen stem gehad nie). My pa was ’n professor aan die tegniese universiteit, maar hy was nooit lid van die kommunistiese Poolse Verenigde Arbeidersparty (PZPR) nie. So iets was in die DDR of in Tsjeggo-Slowakye onmoontlik, want mense in senior poste, soos professore en skoolhoofde, moes lede van die kommunistiese party wees of hulle is nie in daardie poste aangestel of bevorder nie. In Pole was dit anders. Terwyl private grondbesit in die Sowjetunie, die DDR of Hongarye onmoontlik was en in die landbou slegs kolkhosse (plase in gemeenskaplike besit) of sovkhosse (plase in staatsbesit) bestaan het, het my oom sy eie plaas gehad waar ek gereeld my vakansie deurgebring het. Enkele gedigte in my bundel Pleks van plaas (Naledi 2020) gaan juis daaroor.

Die stelsel wat die Russe ná 1945 ingevoer het, het diep in die mense se koppe gewerk en in verskeie lande die sogenaamde homo sovieticus geskep. Daar is natuurlik groot verskille tussen die 1950’s, met die regstreekse Stalinistiese terreur, die 1960’s, met die “klein stabilisasie” in die ekonomie, en die 1970’s, wat ek goed onthou omdat ek toe ’n tiener was. Dit was toe ons vryer was om byvoorbeeld na die Weste te reis en ook die intensiewe groei begin het, maar ongelukkig het die koste van buitelandse krediete opgeloop. Die land moes dit later begin afbetaal en dit het die ekonomiese ellende net groter gemaak. Die kommunisme is ’n sisteem van materiële herverdeling wat nie op demokratiese beginsels berus nie. In ’n demokratiese bestel word besluite geneem oor hoe rykes belas moet word en watter armes ondersteun moet word sodat die verdeling van middele plaasvind en nie die verdeling van tekortkomings en armoede soos dit in die kommunisme die geval was nie. Die foute in die stelsel het in Pole teweeggebring dat daar op die lange duur gebrek aan alles was, soos in die 1980’s. Daar was geen vleis, botter of suiker nie, en selfs basiese produkte moes met voedselkoepons verkry word, soos in die oorlogsjare. Nadat die kommunistiese regering die Solidariteit-beweging (Augustus 1981 tot Desember 1982) onwettig verklaar het, was dit al hoe erger. Toe moes hulle in 1989 met die opposisie begin praat. En toe het alles baie vinnig gegaan, ook in die omliggende lande.

Wat is jou vroegste herinnering aan Rusland?

Ek dink dis die taal. My ouma het na plate met Russiese liedjies geluister en die taal was sagter as Pools, wat ook ’n Slawiese taal is, maar tot die groep Wes-Slawiese tale behoort en nie soos Russies of Oekraïens wat deel is van die Oos-Slawiese groep. Dit het vir my mooi geklink. My ouma het my ook gehelp met my uitspraak en skooltake toe ek vanaf standerd vyf Russies moes leer as eerste addisionele taal. Ja, ook dit is soos in die 19de eeu op ons afgedwing ─ geen Duits, Engels of Frans nie, maar Russies as eerste addisionele taal op skool. As tieners en studente het ons baie gehou van Russiese sangers en liedjies van byvoorbeeld Bulat Okudzhava of Wladimir Wisotski (beter bekend onder sy naam soos dit in Engels geskryf word: Vladimir Vysotsky). Hulle was uiters gewild, maar hulle lirieke was óf vol verbloemde kritiek teen die totalitêre bestel, óf suiwer poëties, en dit het tot ons gespreek. Jy was in ’n soort wydsbeenposisie met aan die een kant ’n kommunistiese bestel wat ons met Rusland/Sowjetunie geassosieer het waarin mense tot ’n ander soort slaaf gemaak word, en aan die ander kant die Russiese kultuur of individuele Russe soos daardie kunstenaars.

Rusland het, ná die VSSR uitmekaar geval het, skynbaar in ’n meer verligte staat ontwikkel. Dit het natuurlik alles weer omgeswaai toe Poetin president geword het. Ken jy Russe wat die beter tye in Rusland beleef het?

Eintlik ken ek daar net ’n klomp navorsers of akademici, en dié groepe is nie verteenwoordigend van die samelewing nie. Daarbenewens dink ek dat sekere gedragsnorme en denkwyses as’t ware in die kultuur ingeprent is ─ die eeue se ervarings praat deur ons; dis in die taal, dis in die kultuur of politiek; dit hang in die lug. Poolse mense, behalwe dié wat nasionaal-megalomaan is, neem gewoonlik ’n verdedigende of defensiewe houding in. Talle Nederlanders kry ’n sekere meerderwaardigheidsgevoel saam met hulle moedersmelk, en daarteenoor leef die heelwat Russe die imperiale gedagte uit. Ek dink baie mense in Suid-Afrika maak ’n growwe fout om imperialisme tot Westerse kolonialisme te beperk. Ons is oor die algemeen geneig om imperialisme eerder aan die Engelse toe te skryf, maar Russiese politiek was ook altyd imperialisties. Die verskil is dat Westerse lande soos Portugal, Spanje, Nederland, Engeland en Frankryk hulle ryke oorsee gebou het. Daarteenoor het Rusland altyd naburige lande aangeval, ingelyf of in ’n soort invloedsfeer in bedwang gehou ─ dink maar aan Pole, die Baltiese lande, Finland, Georgië, Moldowa, Wit-Rusland of Oekraïne nou. Daar is een rooi lyn in die tsaristiese, Sowjet- en nou Russiese politiek: Hulle wil geen buurlande hê wat onafhanklik is en hulle eie politiek bedryf nie. Hulle wil ’n buffersone skep. As jy in die WAT kyk na die woord buffer, wat kry jy daar as voorbeeld? “Pole moes dien as buffer tussen Duitsland en Rusland.” Maar dink ook aan die apartheidsregime – die aangrensende lande moes ook ’n soort buffersone in Afrika skep sodat die “rooi gevaar” van buite nie met die “swart gevaar” van binne saamsmelt nie. Poetin het Rusland weer op die imperiale spoor gesit soos die kommuniste wat in 1968 in Praag eie ontwikkeling nie toegelaat het nie, of vroeër nog in 1956 in Boedapest, of soos die tsaristiese Rusland alle Poolse opstande in 1830–1831 en 1863–1864, of gewapende stryd teen die Delinge van Pole in 1794, bloedig gesmoor het. Ons beleef tans weer die poging om pax russica of die Groot Russiese Gedagte in ander lande in te stel en op mense van ander nasionaliteite af te dwing. Dis die moderne en brutale imperialisme wat binnelands altyd aanhangers vind en buitelands bruikbare idiote.

In Suid-Afrika praat ons gereeld oor die moeilike konsep van erfenis. Wat beteken jou Poolse erfenis vir jou, en hoe het dit moontlik verander toe Pole se verhouding met Rusland verander het?

Ons geskiedskrywing, soos dié van ander lande en nasies, het ontstaan met ’n sekere doel, naamlik veral om die samehorigheidsgevoel te versterk, om die verskille plat te stryk en om een blik op die verlede te vestig. Maar die Poolse erfenis is ryker en meer divers as wat die meeste van ons wil aanvaar. Eeue gelede was dit Rzeczpospolita, rzecz–pospolita, letterlik “ding-gemeen”, ’n soort gemenebes; dit was die letterlike vertaling van res-publica. (Die oudste gedateerde gebruik van die term Rzeczpospolita kom uit 1358; jy spreek dit uit as [ʒɛʧ̑pɔˈspɔlʲita].) Hierdie koninkryk het vanaf 1454 tot die derde en laaste verdeling van Pole in 1795 bestaan, maar ná 1569 het die struktuur verander en die naam was die Pools-Litause Gemenebes of amptelik die Gemenebes van die Poolse Kroon en die Grootvorstedom Litaue. Daar was ’n koning wat die adellikes self gekies het (daardie konings was oa uit die Poolse, Litause, Saksiese, Franse, Sweedse of Hongarse) en vorme van demokrasie wat tot hulle groep beperk was, ongeveer 1,5% van die bevolking. Maar die algehele bevolking het naas Pole ook bestaan uit Litauers, Wit-Russe, Oekraïners (of Roetene soos hulle in die ou dae genoem is); daar was Jode en Duitsers, Armene en Tatare, soos die voorsate van die bekende Amerikaanse akteur Charles Bronson – laasgenoemde groep was Moslems en die mees troue onderdane van Poolse konings. Hulle nasate woon steeds in die ooste van die huidige Pole en daar is die ou moskees wat monumente is, maar steeds vir gelowiges diens doen. Ons het in Pole ou geskrifte wat in Arabies geskryf is, maar in ’n idioom wat ’n samestelling van Pools en Roeteens is. Ek noem hierdie besondere verskynsel in my boek A history of South African literature: Afrikaans literature. Part one: From the 17th to the 19th century (Van Schaik 2015) in die hoofstuk oor Arabies-Afrikaans geskrifte. Rzeczpospolita was dus altyd meer as Pole. Ek kan ook verwys na die beeld van die 18de-eeuse koninkryk wat die Nobelpryswenner Olga Tokarczuk in haar roman Jakobsboeke skets.

Die vraag is dus wat eintlik jou erfenis is, en of dit in ’n land wat histories gesproke altyd multikultureel was, eendimensioneel kan wees. Neem my as voorbeeld. Oor die familie aan my ma se kant het ek al iets vertel. My ma se voorouers het ’n adellike patent gehad wat hul herkoms bevestig het, maar hulle was glad nie ryk nie (ek hoop net hulle het hul adellik gedra). My grootouers is in die laaste jare van die 19de eeu gebore as Russiese onderdane en het direkte ervaring met daardie kultuur gehad, en hoewel hul huistaal Pools was, het hulle Russies op skool geleer en dit uitstekend gepraat. Dit het my oupa nie daarvan weerhou om in die Pools-Sowjet-oorlog (1919–1921) teen die Russe te veg nie (hy was ’n rapportryer in die vierde eskader van die Poolse lugmag, en ek het nog ’n foto van hom met sy magtige motorfiets waarop hy tussen die afdelingsbevelvoerder en sy eskader vliegtuie ry). In die Tweede Wêreldoorlog is hy in Warskou deur die Duitsers  na die konsentrasiekamp Gross-Rosen geneem. Hy is vroeg in 1950 oorlede, want hy was swak en siek.

Oupa Michał met sy motorfiets in die Pools-Sowjet-oorlog as rapportryer vir die lugmag.

Aan die ander kant is daar die familie van my pa. Hulle het in Galisië gewoon, die suidoostelike deel van die ou Pole wat deur Oostenryk beset is. Hulle kom van die Duitse koloniste af wat uit Rynland-Palts in die jare 1783–1784 na die ooste getrek het en hulle in die dunbevolkte gebiede van die Oostenrykse monargie gevestig het. Die keiserin Marie-Therese en haar seun Joseph II was vurige voorstanders van hierdie “josephinische kolonisation”, ’n soort modernisering van hulle uitgestrekte Habsburgse monargie. Hierdie voorsate van my was dus onderdane van die Oostenrykse keisers; hulle het stadigaan begin verpools in daardie mengelmoesomgewing van Pole, Duitsers, Oekraïners, Wit-Russe en Jode. Ek hoor my oorgrootjie het nog ’n Duitse gebedeboek gehad en my ouma kon nog die Swabiese Duitse dialek praat. In daardie tyd het baie mense in my familie Oekraïens geken omdat die platteland in daardie gebied (waar die Russiese vuurpyle waaroor julle gevra het, nou geval het) oorwegend deur Oekraïners bewoon was. Een tante het vloeiend Oekraïens gepraat en haar Oekraïnse buurvrou Pools, maar in hulle gesprek het elkeen haar eie taal gepraat en hul het uitstekend gekommunikeer. Dit klink soos ’n beeld uit die sepie 7de Laan, nie waar nie? My oupa het in die Eerste Wêreldoorlog in die Oostenrykse leër gedien. Hy was ’n hoefsmid soos sy voorvaders en het vir die perde van die kavallerie gesorg. Een van sy broers, die enigste in die gesin wat met groot geldelike moeite opgelei is en selfs matriek deurgekom het, is in 1916 in die Oostenrykse uniform op die slagveld dood.

My oupa Karol in die Oostenrykse leër, vlak voor die Eerste Wêreldoorlog. Hy was drie jaar in diens, toe breek die oorlog uit. Hy moes nog vir vier jaar diens doen en kon eers in 1919 met my ouma trou.

Dit is dus ook ’n deel van my erfenis en daarmee moet jy in die reine kom.

My grootouers se families op vlug voor die Russe, die foto is geneem op 7 Julie 1920 gedurende die Pools-Sowjet-oorlog.

Jou eggenoot is ’n besonderse mens. Sy het soveel van die tale in julle geografiese streek bemeester. Hoe raak die oorlog haar en haar werk?

Magda(lena) het nou ’n sabbatsjaar wat sy deels saam met my in Suid-Afrika deurgebring het, en nou werk sy tuis in Pole. Haar gebied is veral die literatuur uit Serwië, Kroasië, Bosnië en Montenegro. Soos julle sien, hou ons twee van lande met ’n uitdagende geskiedenis en hede! Sy het naas Serwo-Kroaties, soos die taal vroeër geheet het, ook Russies studeer. Haar MA-skripsie het oor Tsjechof gegaan, haar PhD oor die Serwiese skrywer Isidora Sekulić, en nou doen sy navorsing oor die Suid-Slawiese feministiese essay en keer terug na ’n ou liefde van haar met navorsing oor die toneelbedryf. Sy gebruik haar kennis van Russies nou om mense uit Oekraïne te help, want daar is baie Russiessprekende Oekraïners wat geen Groot Russiese Gedagte huldig nie, maar vir wie Oekraïne die vader- en moederland is. Ons het op 12 Maart agt oorlogsvlugtelinge uit Oekraïne ontvang: vyf volwassenes en drie kinders. Hulle is gehuisves in ons ou woning (wat die ouer seun verhuur het om sy lening af te betaal en waar daar toevallig sedert die vorige maand geen huurders was nie). Hulle is tweetalig Oekraïens-Russies; een praat ook Engels, die ander Frans, opgeleide mense – twee aptekers, een hidrogeoloog en een dermatoloog. Tans word die aantal oorlogsvlugtelinge in Pole op meer as twee miljoen geskat, maar dit groei elke dag en die meeste wil digby hul land bly. Ander lande is ook nie gretig om hulle te ontvang nie. Soos ek op die radio gehoor het, is Frankryk bereid om 40 000 mense in te neem ... Nou ja ... Deesdae is daar orals op strate en in winkels Oekraïense taal wat jy hoor.

Rusland en Poetin is gelukkig nie dieselfde nie, maar talle Russe gaan nou weer swaar tye in die gesig staar weens Poetin se oorlog. Het jy ’n idee hoe gewone mense met hul lewens sal voortgaan, noudat Rusland finansieel van die wêreld afgesny is?

Dat die Russe Poetin gekies het en dat hy steeds steun geniet, staan vas. Die skattings beloop 70% se steun vir Poetin. Ons hoop daardie steun gaan vinnig afneem. Maar wie weet? Ek dink die maatreëls soos deur die EU, VSA en baie ander lande toegepas, is ook bedoel om daardie steunbasis te laat krimp. Dat die Russe nie weet wat in Oekraïne werklik aangaan nie, soos partykeer beweer word, glo ek nie. Uit die buitelandse bronne het almal geweet dat McDonald’s of Ikea of ander onderneminge sluit en hulle het na die winkels gestroom en die rakke leeg gekoop. Trouens, ons ken dit uit die geskiedenis van Duitsland of Suid-Afrika dat mense hulle oë sluit as hulle niks wil sien nie, maar as hulle wil, bly hulle ingelig oor die toedrag van sake. Dis beslis vandag die geval, met al die media en sirkulering van inligting. Jy en jou land kan nie deel wees van die internasionale gemeenskap as jy op so ’n brutale wyse die regte van ander mense skend nie. Ek sien met verstomming hoe talle Russe op sosiale media die Z-teken met hul vlae of eie lywe maak en uitstal om steun te betuig aan Poetin en Rusland se oorlog. Dit laat my dink aan die oorlogsentoesiasme voor 1914. Ek kan glo en verstaan dat baie Russiese mense angstig is om hulle afkeur van die oorlog en die regering se optrede te toon want die wette wat nou uitgevaardig is, is werklik drakonies.

Rusland en die land se inwoners het enkele karaktertrekke waarvan ander mense nie altyd bewus is nie. Rusland is hiërargies: Jy moet jou as mens onderwerp en luister. Die idee van ’n burgerlike samelewing het daar nooit posgevat nie. Selfs mense wat in die Weste studeer het of ander lande ken, gedra hulle op daardie manier. ’n Deel van die hiërargiese struktuur is die Oosters-Ortodokse Kerk, wat ’n bondgenoot van die owerheid is en nooit onafhanklik was nie. Die gevolg is dat die mag in Rusland, omtrent soos in die Europese Middeleeue, altyd feitlik heilig. Maar die revolusie soos in Frankryk, die verandering van die absolutistiese monargie na die konstitusionele soos in Engeland, en die industriële ontwikkeling, het die lewe in Wes-Europa gedemokratiseer. In Rusland was die tsaar, en later Lenin of Stalin, asook die eerste sekretarisse van die kommunistiese party onaantasbaar en soos heiliges of halfgode.

Die ander aspek is ’n sekere mistiek – die aantal sieners, voorspellers of waarsêers is in Rusland enorm en moeilik om te vergelyk met wat in ander lande op hierdie gebied aangaan. Dis natuurlik ’n paradoks as ’n mens die baie jare toe die materialisme en marxistiese dialektiek by die mense ingeprent is, in aanmerking neem. Daar is in Russe iets fatalisties en geheimsinnigs wat hulle dwing om hulle te beroep op die onbegrypbare en die mistiese. Ons sien ook baie duidelik die sindroom van die beleërde vesting wat hulle hulself laat afsonder: Daar is Russe én die res van die wêreld wat sleg is en ’n bedreiging vorm. Die Russe is ook altyd onskuldig – in hul eie oë kan hulle slagoffers wees, maar nooit die boelie nie. In die 16de eeu het die biskop Filoteus, biskop uit Pskof, verklaar dat Moskou “die derde Rome” is. Hierdie teologiese en politieke konsep was later die basis van die imperiale strewe van die prinsdom van Moskou en later die Russiese Ryk. Na die val van Rome (476) en Konstantinopel (1453) sou Moskou groei tot die sentrum van die wêreld, die derde Rome. Dis vanselfsprekend dat daar nooit plek was vir ’n vierde een nie. Hierdie imperiale denke, die partykeer onbewuste grootheidswaan, gemeng met komplekse teenoor die Weste se kultuur en tegniese vooruitgang, het vir die Russiese psige en politiek fatale gevolge.

Rusland is ’n pragtige land, maar is deur ’n reeks vreemde leiers getref. Uit Rusland het van die mooiste kuns, musiek en literatuur gekom. Kan jy Russies lees en verstaan? Op ’n soortgelyke noot: Kan jy die Oekraïense taal lees?

Ek sukkel, omdat my Russies verroes is en die Oekraïnse Cyrilliese skrif ’n klomp ander karakters het as Russies of Serwies. Maar as ek konsentreer, kan ek dit verstaan. En daar is altyd Google Translate wat kan help. Dis nie sonder foute of verdraaiings nie, maar jou eie kennis en hierdie soort middele help. Daar is trouens in Oekraïens en Pools baie woorde wat ooreenstem, baie meer as tussen Russies en Pools. Maar jy moet daaraan gewoond raak. Die afgelope week het ons na die oorspronklike fliek Слуга народу (Servant of the People) met Zelensky begin kyk wat 2015–2019 drie seisoene beleef het en waar hy die “toevallige” president speel wat in sy amp begin groei. Presies wat nou in werklikheid gebeur. Ek verstaan ook die taal steeds beter.

Kan jy dalk enige Oekraïense literatuur aanbeveel?

Oksana Zaboeshko (geb 1960) is baie gewild in Pole. Kort voor die uitbreek van die oorlog is haar essaybundel in Pole gepubliseer en sy het gekom om die boek bekend te stel. Van haar ander boeke is ook vertaal. Sy praat, soos baie Oekraïense of Wit-Russiese intellektuele, vlot Pools. ’n Ander skrywer wat al dikwels bekroon is, is Jurie Andrukhovych. Hy praat uitstekend Pools en Duits. Trouens, die Nobelpryswenner Josip Brodtsky het ook vlot Pools gepraat, want in die Sowjet-tye was Poolse kultuur vir baie burgers van die Sowjetunie die venster na die wêreld. Die ander Oekraïner wat ’n mens kan aanbeveel, is Serhij Zhadan (geb 1974). Die Poolse Akademie vir Wetenskap het hom pas voorgestel vir die Nobelprys vir letterkunde. Uit die jonger geslag kom Kateryna Babkina, ook ’n gevierde skryfster. Ek behoort ook die Wit-Russiese skrywer Svetlana Aleksijevitsj te noem. Al hierdie skrywers is werklik woordkunstenaars uit die boonste rakke.

Lees ook:

Interview with a former refugee, Karina Szczurek

Of Slavic Souls, continued

Godsdiens, oorlog en sneeuklokkies in die winter van Oekraïne

Russians: Hostages of our own state

Die Rusland-Oekraïne-konflik: die geskiedenis en Poetin se wêreldbeskouing

Wat Hobhouse ons van Oekraïne kan leer

Oekraïne: Berigte te velde

The post ’n Onderhoud met Jerzy Koch oor Pole, Rusland en Oekraïne appeared first on LitNet.

In die tyd van die gif deur Dana Snyman: ’n lesersindruk

$
0
0

Titel: In die tyd van die gif, ’n jaar en ’n half in stories
Skrywer: Dana Snyman
ISBN: 9780624090885
Uitgewer: Tafelberg

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer geskryf en aan LitNet gestuur.

Die joernalis Dana Snyman het ’n ruk lank by Huisgenoot gewerk. Sy boeke herinner my ook nogal aan daardie tydskrif. Net ’n soort deluxe-weergawe daarvan, en minus die Europese adellikes en Hollywood-sterre. Daar is die beroemdes. Dikwels rugbyspelers soos Frik du Preez of skrywers soos Karel Schoeman. Die berugtes, soos Eugene Terre’Blanche. En dan is daar die onbekendes. Die doodgewones. Mense met wie Snyman dikwels terloops paaie kruis, en wat die objekte word van sy fyn waarnemingsvermoë. Hy meng dan sy vertellinge ruimskoots met heimwee en wit skuld weens apartheid, en neem so sy lesers op meesleurende paaie – letterlike paaie, maar ook figuurlike paaie.

.........
Snyman se nuutste boek, getiteld In die tyd van die gif, volg dieselfde patroon as al sy ander boeke, maar dit is hegter saamgesnoer tot ’n eenheid as wat gewoonlik die geval is, met veral die wêreldwye pandemie as oorhoofse onderwerp. Snyman skryf dikwels oor die werkloosheid, armoede en ekonomiese gemors waarin Suid-Afrika verkeer, en die maatskaplike gevolge wat dit op mense het. Die pandemie het hierdie kopsere natuurlik na volslae migraines begelei.
..........

Snyman se nuutste boek, getiteld In die tyd van die gif, volg dieselfde patroon as al sy ander boeke, maar dit is hegter saamgesnoer tot ’n eenheid as wat gewoonlik die geval is, met veral die wêreldwye pandemie as oorhoofse onderwerp. Snyman skryf dikwels oor die werkloosheid, armoede en ekonomiese gemors waarin Suid-Afrika verkeer, en die maatskaplike gevolge wat dit op mense het. Die pandemie het hierdie kopsere natuurlik na volslae migraines begelei. Die boek begin egter iewers in 2019, net voor die Wêreldrugbybeker wat Suid-Afrika in Japan verower het. Dit is ’n interessante oefening om Snyman se herinneringe te vergelyk met jou eie, en soos die pandemie in die boek ontwikkel jou eie ervaringe te meet aan wat geskryf is.

Uiteraard is dit nie moontlik dat al 77 sketse in die boek ewe sterk sal wees nie. Daar is sake wat reeds welbekend is, soos byvoorbeeld die verhaal van Koos Sas (1882–1922), wat herbegrawe was nadat sy skedel vir jare lank in ’n museum gepryk het (miskien is daar egter wel lesers wat niks van die saak weet nie, en Snyman slaag wel daarin om dit op ’n interessante manier aan te bied). Die verhaal van John Mgaga wat sy hamer probeer verkoop  in ’n poging om basiese kositems te kan bekostig, laat mens so ’n bietjie ambivalent. Aan die een kant sal baie mense waarskynlik daarmee assosieer, want daar is sekerlik heelwat gevalle soos dié van Mgaga in elke uithoek van die land. Aan die ander kant kan die verhaal moontlik ook die indruk skep dat dit ’n geval is van ’n bietjie armoedepornografie (in “’n Ander land” koop Snyman Mgaga se hamer, en gee die hamer dan vir hom terug). Mgaga keer ook weer terug in ander verhale en vorm dus ’n herhalende onderwerp in die boek en dit is miskien noodsaaklik om ook toe te gee dat dit geen maklike taak is om oor iets soos armoede te skryf nie. Daar is egter ook van die ander hoofstukkies wat minder opwindende leesstof is. “Al hierdie name” herinner byvoorbeeld aan van Snyman se werk in sy vorige boeke. Daar is ook twee sketse wat maar net bestaan uit gedeeltes wat oorgeneem is uit president Cyril Ramaphosa se “familievergaderings” in verband met Covid-ontwikkelinge, en wat skynbaar net geplaas is om by die oorhoofse tema van die boek aan te sluit.

Hierdie enkele gevalle is egter die uitsonderinge in wat andersins vir my ’n uiters meesleurende boek was. Soos kenmerkend van Snyman se sketse, is daar heelwat sosiale kommentaar, byvoorbeeld in “Die baas” en “Radikale ekonomiese transformasie”. Suid-Afrika is ook ’n land wat bekend is as ’n uiters godsdienstige samelewing, en dit het ook al ’n tradisie geword dat Snyman ’n soort liefde-haat-verhouding met godsdiens het (by wyse van spreke, want “haat” is dalk ’n te sterk begrip vir wat eerder ’n soort frustrasie of normale ontnugtering is met verloop van tyd). Twee van die verhale wat ek as hoogtepunte in die boek beskou, is dan ook “Katedraal” en “Torings van hoop”. Die eersgenoemde vertel die verhaal van ’n kerk in die omgewing van Loeriesfontein, terwyl die tweede weer iets dokumenteer van die verstommende bediening van ds De la Harpe le Roux van die legendariese Tweetoringkerk in Bloemfontein, wat eens ’n heiligdom van die koloniale orde was, maar vandag veg teen die verval van die Vrystaatse hoofstad onder ANC-beheer. Daar is egter verskeie ander verhale in die boek met godsdienstige konneksies en “Die Jobhuis” is ook ’n ander verhaal wat vir my uitgestaan het.

Van die ander sterk verhale is Snyman se herinneringe na aanleiding van ’n besoek aan Pretoria (wat uitloop op ’n “toe en nou”) en die invloed van die ontslape Afrikaanse rocksanger Piet Botha op Snyman. Daar is ook ’n interessante vertelling op die spoor van die skrywer Karel Schoeman. Bekende karakters uit Snyman se vorige boeke maak ook weer welkome verskynings, wat dit lekker maak vir gesoute lesers van sy boeke. Voorbeelde hiervan is Johannes Bogosi, Thabi Zuma en Kitte Honiball wat die land vol swerf met sy honde en planne. In “Video killed the radio star” skryf Snyman oor die einde van die “videowinkel”, ’n saak waaroor seker ook amper alle lesers hulle eie weergawes sal kan vertel, en dit ontketen ook baie heimwee. Daar is ook, soos mens kan verwag, baie vertellinge waarin hy sy gewaarwordinge en ervaringe van die grendeltyd beskryf.

........
Die stories werk, omdat dit spreek tot baie soorte lesers, van die meer gewone mens op straat tot die meer gesofistikeerde intellektueel. Mens kan dit ’n bietjie vergelyk met ’n goeie ou Theuns Jordaan-treffer. Die hoofouderling en die kroegvlieg luister ewe lekker saam. So is dit met Snyman se boeke.
........

Met “In die tyd van die gif” lewer Snyman al weer ’n goeie oes van stories. Die stories werk, omdat dit spreek tot baie soorte lesers, van die meer gewone mens op straat tot die meer gesofistikeerde intellektueel. Mens kan dit ’n bietjie vergelyk met ’n goeie ou Theuns Jordaan-treffer. Die hoofouderling en die kroegvlieg luister ewe lekker saam. So is dit met Snyman se boeke. Dit is goed dat hierdie verhale gedokumenteer word, want dit is verhale uit eie bodem, en dit sou ’n skade wees as iemand dit nie opteken nie.

Hier is jou naaste tak van Bargain Books

As jy nie die boek sien nie, vra gerus die personeel om dit te bestel.

The post <em>In die tyd van die gif</em> deur Dana Snyman: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Donkerberg/Bloodwood deur Dominique Botha: ’n resensie

$
0
0

https://voertaal.nu/tyd-is-skemer-tyd-is-gras-tweespraak-met-dominique-botha/

Donkerberg/Bloodwood
Dominique Botha

Dwarsrivier Uitgewers
9780620942638

Dominique Botha ryg met haar debuutroman, Valsrivier (2013), sommer ’n hele rits pryse in. Nie net ontvang sy vir die Afrikaanse weergawe van die roman die UJ-debuutprys nie, maar die ekwivalente prys vir ’n Engelstalige debuutwerk word ook aan False River (2013) toegeken. Die resepsie van die roman (in Afrikaans sowel as Engels) was baie positief, en met goeie rede. Ná twee dekades van romans wat peins oor die Afrikaner se geskiedenis aan die hand van ’n soort bildung van ’n wit protagonis, was baie lesers al ’n bietjie moeg vir dié resep. Maar Valsrivier het op allerlei wyses aan die meeste van die hebbelikhede van sy voorgangers in die genre ontkom, en was – verál vir ’n debuut – ’n kragtoer. Daar verskyn ’n klein bietjie poësie in die roman en dit is daarom nie geheel verbasend dat ’n digbundel uit Botha se pen nou ook die lig gesien het nie. ’n Mens wil natuurlik nie altyd bly vassteek by ’n skrywer se debuutwerk nie, maar wanneer ’n skrywer na ’n ander genre oorslaan, ontstaan daar die vraag of ’n talentvolle prosaskrywer ook as digter kan slaag.

.........
Maar Valsrivier het op allerlei wyses aan die meeste van die hebbelikhede van sy voorgangers in die genre ontkom, en was – verál vir ’n debuut – ’n kragtoer.
............

In 2021 verskyn die dubbeldoorteks Donkerberg/Bloodwood. Hierdie digbundel, wat uitgegee word in ’n Afrikaanse en Engelse spieëlbeeldformaat, kan op verskeie maniere deur die leser benader word. Enersyds is dit ’n digbundel wat op sy eie staan. Andersyds is dit ’n bundel wat as ’n soort begeleidingsbundel vir Valsrivier (en False River) dien. ’n Leser hoef nie noodwendig vertroud te wees met Botha se roman om hierdie bundel na behore te interpreteer en geniet nie, maar die lees van die bundel baat wel by ’n kennis (en miskien selfs ’n herlees) van Valsrivier. Hiermee wil ek nie die indruk skep dat Donkerberg nie sterk genoeg is om alleen te staan nie, maar eerder stuur ek daarop af dat die bundel en die roman gelees kan word as deel van ’n verhaal en verhaalwêreld wat deur mekaar aangevul kan word. In hierdie resensie bemoei ek my met die Afrikaanse helfte van die digbundel.

........
Hiermee wil ek nie die indruk skep dat Donkerberg nie sterk genoeg is om alleen te staan nie, maar eerder stuur ek daarop af dat die bundel en die roman gelees kan word as deel van ’n verhaal en verhaalwêreld wat deur mekaar aangevul kan word.
...........

Die bundel is in vyf afdelings verdeel, maar hierdie onderskeid is losweg ’n rangskikking van temas wat ondergeskik is aan die hooftema, aangesien sekere verwysings en personae oor en weer en deurgaans na vore tree sonder om hulle te veel te steur aan die grense wat met die eerste oogopslag deur die afdelings se titels gesuggereer word. Die sentrale tema wat in byna al die gedigte na vore tree, is die landskap van die platteland, en spesifiek die Vrystaatse platteland. Ook die titel en die keuse om die omslag met ’n Pierneef-landskap te illustreer beklemtoon hierdie verbondenheid. Die eerste afdeling van die bundel, getiteld “die mooiweer en warm koninkryk”, open met ’n vers wat deel van die toon aangee (11):

alles is stuifmeel selfs die bitter blomme

ek reis met die witduif van my oë                       1
terug na die mooiweer en warm koninkryk
op jou verjaarsdag die eerste januarie
waar die son met sy geel snawel
gesnaar aan die basiliekblou                              5
die hoogste van alle voëls
in die hemel kan vlieg
en wolke ophoop soos uitskotvag
oor die sluistrog van landerye

ek wil my oë sluit                                            10
in die immergroen olyf
gewortel in jou vrede
waar kosmos
die modder is wat sing
tussen jou vingers                                           15
ingestem tot op die laaste blaar
in die kaal stempel
van nog ’n jaar.

In die eerste strofe word die beweging van die werkwoord “reis” (reël 1) op twee wyses versinnebeeld. Ná die aankondiging dat ’n reis hier ter sprake is, word die leser en aangesprokene meegeneem na “die mooiweer en warm koninkryk” (reël 2). Die daaropvolgende reëls word stelselmatig korter, waardeur die spoed van die reis voorgestel word, terwyl die son, wat vergelyk word met ’n voël, stelselmatig ook hoër teen die hemelgewelf beweeg. Die opwaartse beweging word kragtig uitgedruk deur die werkwoord “vlieg” tot die uiterste einde van die sinsdeel uit te stel. In die sewende reël bereik die strofe sy vinnigste pas, wat dan dadelik met die daaropvolgende reël gerem word wanneer “wolke ophoop soos uitskotvag”. Die vroeëre beeld van die “basiliekblou” hemel word verder met hierdie beeld versier, en herinner die leser aan die plattelandse landskap wat hier geskets word deur die gebruik van die woorde “uitskotvag”, “sluistrog” en “landerye” (reëls 8–9). Die reis na die land van “mooiweer en warm” en die andersheid van hierdie land word juis beklemtoon deur die gebruik van die nie-alledaagse woorde “uitskotvag” en “sluistrog”. Die gebruik van woorde wat in onbruik geraak het of bloot nie algemeen aangetref sal word in die stedelike spreker se woordeskat nie, loop die gevaar om geforseerd aan te doen, maar hier is dit nie die geval nie. Inteendeel ondersteun dit die reis wat in die eerste reël aangekondig word, en is dit ook gepaste beskrywings vir die landskap wat hier uitgebeeld word. In die tweede strofe word hierdie landskapsbeeld voortgesit, met die treffende slot in die laaste drie reëls wat deur die rymende “blaar” en “jaar” die belofte van ’n nuwe jaar – reeds in reël 4 genoem – uitroep.

Dit sou verkeerd wees om aan te neem dat die toon wat in hierdie openingsvers gevestig word, deurgedra word na ’n bundel vol net mooi pastorale verse. So beklemtoon die realisme van die tweede vers die nostalgiese aard van dit wat in die vorige vers beskryf word, en stelselmatig word die leser daarvan bewus dat die gedigte eintlik waarsku teen die gevare van ’n eenvoudige nostalgiese blik op vervloë tye en vergane plekke.

“ten minste het die wind gaan lê” (bl 12) handel oor Pa, ’n boer wat van sy plaas, implemente en ook plaaslewe moet afskeid neem. Die belofte van ’n beter lewe vir die seun van ’n voormalige plaasvoorman neem ’n hartseer wending (strofe 1) en die vaderfiguur se verdriet skemer ook deur soos wat hy stuk-stuk van sy plaasimplemente ontslae raak:

vandag moes hy al die ou implemente van die hand sit
handgredrewe mieliestropers
tefsaaiers
vleismeulens
die eerste trekker wat hy ooit gekoop het
’n klein rooi massey ferguson
wat die boere destyds ’n vaaldonkie genoem het.

Daar verskyn wel steeds iets van die gemoedelike landelike gemeenskap wanneer daar verwys word na die Malans, die familie wat die plaas by Pa koop: “inhalige mense die malans / wat nog altyd elke pennie so hard knyp / dat van riebeeck daarvan kreun” (reëls 31–33). Die bittersoet beskrywing van die vader word terstond deur die digter onderbreek: “ek sit my pen neer / dis te warm / ek maak die deur oop en stap af rivier toe” (reëls 37–39). Hierop volg ’n verslag van die lot van Marie Malan, wat byna saaklik – duidelik in teenstelling met die draaiende detail van die voorafgaande strofes – aangebied word: Marie is tydens ’n plaasaanval en herhaaldelik daarna verkrag en het gesterf. Dit is hierdie skielike digterlike poging tot afstand wat die wrede aard van plaasaanvalle tuisbring. Met hierdie saaklikheid is dit juis asof die spreker aanvoer dat trauma soms nie na behore in selfs kreatiewe taal vasgevang kan word nie.

’n Eweneens geslaagde struktuur van ’n sagte nostalgie gevolg deur ’n gewaarwording van die barsheid van die plaaslewe kom ook voor in “my kinders is ryk maar my kinders is arm” (26). Deurgaans in die bundel voel die leser aan dat die digterlike sketse van die plattelandse wêreld juis wil ingaan op die dramatiese teenstellings waardeur dit gekenmerk word. In die afdeling getiteld “in die huwelik van ons asem” (36–48) wyk Botha met ’n reeks erotiese en liefdesverse hiervan af. Die mooi “minnekoors” toon hoe die digter vernuftig geykte liefdesbeelde vermy:

minnekoors

kom deur die poort
met jou arms vol perlemoenduiwe
en jou keel vol rose
volg die klein suiderkruis
wat tot sporing kom op my dy
soos seewier wat verlangend opwel
na die son se soen

ek wag op jou
aronskelke in die skaamvlei
van hartjiesgras
wande gekarring
uit moederlint en kaneel

my mond is takkies en donsvere
wat wil oopbreek op joune
soos koors breek
op spiraaltrappies
in laatmiddagvoortuine.

Maar die liefdesverse is ’n kort verposing van die bundel se tematiese bemoeienis met ’n familie teen die agtergrond van die landelike wêreld. Hierin lê ook die bundel se sterkste ooreenkomste met die tematiek van Valsrivier. Figure uit dié roman kom in talle gedigte ter sprake: die spreker, die vader en moeder, die grootouers, en uiteindelik ook die broer, Paul. Elkeen van hierdie figure word deur ’n kombinasie van ’n gebalanseerde verwondering en objektiewe oorweging in verse vasgevang. Die laaste afdeling van die bundel, “die kind wat geen perke geken het nie”, word dan in sy geheel aan Paul gewy. Die lang gedig waarmee Valsrivier geëindig het (“roudig”, bl 74), sluit dan ook Donkerberg af, en hervestig sodoende die skakel met die digter se debuutroman.

Die bundel is in pragtige hardeband met stofomslag uitgegee. Hoewel lesers sal baat by voorkennis van die digter se eerste werk, is ’n mens ook genoop om te erken dat dit beslis nie ’n voorvereiste is om hierdie digbundel te waardeer nie. Donkerberg is nou dalk nie die oorrompelende kragtoer wat Botha se debuutroman was nie, maar dit is immers nie wat ’n mens noodwendig van die poësie sou verwag nie. Ten spyte van ’n gedeelde tematiek met haar roman is die gedigte in sekere opsigte stadiger en bepeinsend, en hulle draai so nou en dan van die blik op ’n verlede af, soos die geval is met die liefdesverse in die derde afdeling. Donkerberg is ’n knap poësiedebuut.

 

Hier is jou naaste tak van Bargain Books

As jy nie die boek sien nie, vra gerus die personeel om dit te bestel.

Lees ook:

Toyota US Woordfees op TV: Anna-Mart van der Merwe oor Valsrivier

Toyota US Woordfees 2020: Dominique Botha oor Valsrivier op die verhoog

"Tyd is skemer, tyd is gras" ‒ Tweespraak met Dominique Botha

The post <em>Donkerberg/Bloodwood</em> deur Dominique Botha: ’n resensie appeared first on LitNet.

Tuis of ontuis – die woonbuurte en stede van ons toekoms

$
0
0
Hoe gaan Suid-Afrikaanse stede in ’n post-COVID wêreld lyk? Wat hou die grootste bedreiging vir ons woongebiede in? Wat doen mens as ontwikkelaars jou rustige straat omskep in ’n oorbevolkte studentenes? Hoe behoort gewone mense na die waarde van hul eiendom te kyk? Gaan daar binnekort keerwalle om ons kusstede opgerig word?

Tarina Jordaan (Foto verskaf)

Melt Myburgh het dié vrae aan Tarina Jordaan gestel. Tarina het haar meesters- en doktorsgrade in stads- en streekbeplanning aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Haar en Karen Puren se navorsingsartikel, “Gemeenskapsweerstand teen stedelike ontwikkeling in stadsbeplanning: Twee gevallestudies van inwoners van Die Bult, Potchefstroom, se belewenisse van plekgehegtheid, met spesifieke verwysing na verplasingsliteratuur”, het vroeër vanjaar in LitNet Akademies verskyn.

Soos wat julle artikel aandui, is die onderskeiding tussen ruimte en plek belangrik vir landsburgers. Ruimte is basies die fisiese omgewing waarin mense hulle bevind, en plek is, vanuit ’n sielkundige perspektief, die omgewing waarin mense geborgenheid en kontinuïteit beleef. Indien plek versteur word, bly bestendigheid in die slag en kan dit “gevoelens van verlies en rou” tot gevolg hê. Gegewe die maatskaplike uitdagings wat Suid-Afrikaners in die gesig staar, wat is tans die grootste bedreiging vir burgers se sielerus in die plek waarin hulle hul bevind?

“Misdaad – selfs die persepsie van misdaadmoontlikhede – is iets wat mense se sielerus in ’n geliefde plek negatief beïnvloed.”

Die maniere hóé en redes wáárom mense aan ’n spesifieke plek geheg voel, is ’n komplekse onderwerp en wissel na gelang van tyd, plek en persoon. Dit is dus moeilik om ’n enkele faktor te identifiseer wat geklassifiseer kan word as die grootste of algemeenste bedreiging vir mense se plekgehegtheid. Dit is wel moontlik om ’n breë tema uit te lig wat Suid-Afrikaners se plekbelewenisse negatief kan beïnvloed, naamlik wantroue op beide sosiale en sistemiese vlak.

My siening is dat sosiale wantroue ’n algemene bedreiging vir Suid-Afrikaners se plekgehegtheid is. Misdaad – selfs die persepsie van misdaadmoontlikhede – is iets wat mense se sielerus in ’n geliefde plek negatief beïnvloed. ’n Mens voel eenvoudig nie meer so gerus in jou tuiste of buurt as jy, of iemand in die buurt, die slagoffer van huisbraak of gewapende roof was nie. ’n Mens ontwikkel ’n wantroue in ander Suid-Afrikaners wat dieselfde ruimte gebruik waarin jou (voormalige) veilige hawe geleë is.

Ongelukkig is misdaad in Suid-Afrika ’n onderwerp wat aan groter sistemiese probleme gekoppel is: armoede, werkloosheid en ’n groot gaping in inkomstevlakke tussen burgers weens historiese ontwikkelingsbeleide wat die land vir meer as ’n eeu gevolg het. Onderskat ook nie die invloed van sistemiese wantroue in Suid-Afrika nie: wantroue in ’n staat wat nie altyd voldoende sosio-ekonomiese vangnette vir alle burgers kan verseker nie. As vertroue in die staat wankel wanneer dit kom by die instandhouding van openbare ruimtes in nedersettings, die verskaffing van basiese dienste en die deurlopende onderhoud daarvan sodat die kwaliteit van plek nie verbrokkel nie, en die versekering van veilige openbare ruimtes vir burgers, hoe kan Suid-Afrikaners werklik sielerus vind in die plekke waarin in hulle hul bevind?

Foto deur hunt-er op Pixabay

Tarina, gaan ons stede anders lyk in ’n post-COVID wêreld? Is dit so dat minder mense deesdae vanuit kantoorgeboue werk, en meer van die huis af? Of dwing werkgewers die massas terug kantore toe? Gaan kantoorblokke wat leegstaan nou omskep word in bekostigbare behuising? Of is dit nie werklik op die kaarte nie?

“Groot kantoorontwikkelings is baie keer in die hande van die privaat sektor, wat beteken dat wins die groot dryfveer agter kantoorontwikkelings is.”

Ek is spesialiseer nie in kantoorontwikkelings nie en kan dus net breedweg hierop antwoord. Daar is tekens dat meer werkgewers en werknemers bewus is daarvan dat liggingsonafhanklike werk moontlik is in sekere sektore. Sou hierdie liggingsonafhanklike denkrigting volgehou word oor die langer termyn, sal dit waarskynlik – in die mees ekstreme geval – eerder lei tot ’n daling in die vraag na nuwe monofunksionele kantoorontwikkelings (met ander woorde kantoorontwikkelings wat nie ander grondgebruike soos wonings, winkels en skole insluit nie). Waarskynlik sal meer bestaande kantoorontwikkelings, in plaas daarvan dat een besigheid ’n hele kantoorgebou gebruik, onderverhuur word aan of gedeel word deur meerdere besighede omdat die vraag na kantoorruimte dan laer sal wees as in die pre-COVID tydperk.

Sal leegstaande kantoorblokke omskep word in bekostigbare behuising? Gesien vanuit die markmeganismes van die eiendomsmark, sien ek nie dat dit noodwendig ’n algemene tendens gaan word nie, tensy die staat regulasies in plek stel om ontwikkelaars in hierdie rigting te dwing. Groot kantoorontwikkelings is baie keer in die hande van die privaat sektor, wat beteken dat wins die groot dryfveer agter kantoorontwikkelings is. Die eiendomswaarde per vierkante meter vir kantoorontwikkelings is hoër as dié waarop bekostigbare behuising gewoonlik gebou word en ’n herontwikkeling van ’n kantoorblok na bekostigbare behuising gaan nie noodwendig dieselfde winsmarge oplewer nie. Afhangend van die ligging van sulke leegstaande kantoorblokke en die wins wat hulle pre-COVID opgelewer het, sal privaatsektor-eienaars meer daarna neig om hierdie kantore te herontwikkel na middel- en hoë-inkomste wooneenhede, tensy hulle ’n individu of maatskappy is wat spesialiseer in die verskaffing van bekostigbare behuising.

Hoe stede post-COVID daar gaan uitsien, is ’n ope vraag. Formele stedelike ontwikkeling gebeur in meeste gevalle teen slakkepas, dus moet ons nie verwag dat ons stede noodwendig binne die volgende vyf jaar drasties anders gaan lyk as wat dit tans lyk nie. Die tegnologiese ontwikkeling van die 21ste eeu, wat liggingonafhanklike werksmoontlikhede ’n werklikheid maak, maak dit moontlik dat meer mense van hulle huise af kan werk. Die kwaliteit van mense se woonplekke en buurte raak dus belangriker, omdat meer mense meer tyd in hierdie plekke deurbring.

Openbare ruimtes buite die tuiste raak belangriker, om die eenvoudige rede dat ’n mens moeg raak daarvoor om heeldag in die huis te wees. Slegte kwaliteit openbare ruimtes gaan dus meer opvallend raak, wat – in ’n ideale wêreld – meer druk op die plaaslike owerhede plaas om buurte te skep wat beter onderhou word en waar werk-, woon- en sosialiseringsgeleenthede beter geïntegreer is: strate met meer plantegroei, parke wat goed onderhou word, en ’n gevarieerde leefomgewing wat meer stap- of fietsvriendelik is.

Foto deur webandi op Pixabay

In die inleiding van die artikel wys jy en Karen Puren daarop dat gemeenskappe deur ontwikkelaars gekonsulteer moet word sodat hulle insette kan lewer alvorens groot vernuwings of uitbreidings in stadsomgewings plaasvind. Hoe skakel ontwikkelaars met mense in ’n bepaalde omgewing? Word daar indaba gehou of beland daar briefies in mense se posbusse?

“Ongelukkig is daar ook ontwikkelaars en beplanners wat gemeenskapsdeelname sien as ’n lastige fase wat deur wetgewing op hulle afgedwing word.”

Die mate waarin gemeenskappe betrek word, hang grotendeels af van die bedryfskultuur en beskikbare mannekrag van ontwikkelaars en stadsbeplanningsbesighede. My eerste werk as stadsbeplanner was vir ’n groot besigheid wat ’n aparte afdeling gehad het wat gespesialiseer het in gemeenskapskonsultasie. Die funksie van hierdie afdeling was om aan die begin van ’n projek – voordat enige planne opgetrek is – indaba te hou met die betrokke gemeenskap. Hierdie proses is herhaal soveel keer as wat nodig was vir ’n spesifieke projek. Die bedryfskultuur was ook sodanig dat ons projekte wóú voorsien wat ekonomies, dog aangenaam en aanvaarbaar was vir die betrokke gemeenskap, dus was dit belangrik om met belanghebbendes te konsulteer voordat ontwikkelingsplanne opgetrek is.

Kleiner stadsbeplanningsbesighede of ontwikkelaars het nie noodwendig die mannekrag of tyd om ’n uitgebreide gemeenskapskonsultasieproses te behartig nie. Ongelukkig is daar ook ontwikkelaars en beplanners wat gemeenskapsdeelname sien as ’n lastige fase wat deur wetgewing op hulle afgedwing word. In hierdie twee gevalle is die beste wat ’n gemeenskap kan verwag ’n kennisgewing (i) op die betrokke eiendom, (ii) in die plaaslike koerant, en (iii) in die Staatskoerant, wat aantoon dat die eiendom onderhewig is aan ’n stadsbeplanningsaansoek. Ek sal hierdie proses nie noodwendig as konsultasie bestempel nie, al is dit die woord wat gebruik word in die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, Wet 16 van 2013, om hierdie proses te beskryf. Die gemeenskap word nie gekonsulteer om ’n konseptuele bydrae te lewer nie; hulle word in kennis gestel dat hulle die opsie het om te betoog teen die voorgestelde ontwikkeling.

Julle verwys ook na die interessante verskynsel van nimbuïsme, naamlik mense se interne, byna outomatiese weerstand teen ontwikkeling in hul gebiede, al hou die ontwikkelinge nie werklik ’n bedreiging in nie. Ontwikkelaars gebruik dan ook dikwels nimbuïsme as verskoning om hulle nie aan gemeenskappe se besware te steur nie. In watter situasies, sou jy sê, is mense se vrese vir ontwikkeling in hul buurte werklik geregverdig, en in watter situasies is dit eintlik maar onsinnig?

“Seker dinge is eenvoudig onvervangbaar ...”

Nimbuïsme, op die mikro- en meso-ruimtelike skaal, is geregverdig in gevalle waar mense se gesondheid, fisiese veiligheid en sosio-ekonomiese welstand benadeel kan word deur ’n voorgestelde ontwikkeling. The death and life of great American cities van Jane Jacobs is ’n boek wat baanbrekerswerk gedoen het in hierdie opsig.

Op ’n makroskaal is nimbuïsme geregverdig waar die groter ideale van gemeenskappe benadeel word. Seker dinge is eenvoudig onvervangbaar, byvoorbeeld ’n ongeskonde stuk natuur wat belangrike ekologiese dienste aan die mensdom lewer, of ’n gebied wat diepe kulturele of simboliese betekenisse vir ’n gemeenskap het. Dit hang alles af van die konteks en die mense wat daaraan gekoppel is.

Jy vra in watter situasies nimbuïsme onsinnig is. Dit is onsinnig in gevalle waar ontwikkelaars beswaar maak teen mede-ontwikkelaars se voorgestelde ontwikkelings om hulle eie markaandeel te vergroot.

Fotograaf onbekend, Pixabay

Julle artikel berus op die uitgangspunt dat stadsbeplanners die weerstand vanuit gemeenskappe dikwels beter kan verstaan as hulle deur die lens van “verplasingsliteratuur” na die verskynsel kyk. Vir nie-akademiese lesers – wat presies is “verplasingsliteratuur”? En in watter mate het stadsbeplanners toegang tot sulke literatuur? Mens veronderstel dat stadsbeplanners deurgaans op hoogte moet bly van wat navorsing aan hulle bied, nie waar nie?

“Ek dink die groot kwessie rondom onkundigheid oor verplasingsliteratuur het te doen met die spesifieke denkskool waarin beplanners opgelei word.”

Eenvoudig beskryf is verplasingsliteratuur studies oor die lewens van vlugtelinge en migrante, die redes hoekom mense gevlug of migreer het, en die impak van hierdie gebeure op hulle lewenskwaliteit. Die mees dramatiese effekte van verplasing kom voor onder mense wat gedwing word om hulle plek van oorsprong te verlaat en sulke gedwonge vlugtelinge beleef ernstige nagevolge in terme van hulle gesondheid, finansies en psigososiale welstand.

Verplasingsliteratuur is maklik toeganklik vir enigiemand wat weet hoe die internet of ’n biblioteek werk. Soek net na “displacement research”. Op ’n praktiese vlak het stadsbeplanners dus geen verskoning om nie verplasingsliteratuur te bestudeer nie. Ek dink die groot kwessie rondom onkundigheid oor verplasingsliteratuur het te doen met die spesifieke denkskool waarin beplanners opgelei word. Stads- en streekbeplanningopleiding word deur verskeie universiteite in Suid-Afrika aangebied. Sommige beplanningsdepartemente fokus meer op die sosiale aspekte van beplanning, ander meer op die tegniese en ontwerpaspekte van die dissipline, terwyl ander weer na die dissipline kyk vanuit ’n ekonomiese of geografiese oogpunt. Die kans dat stadsbeplanners kennis dra oor verplasingsliteratuur is groter as hulle by ’n department studeer het wat ’n sterk sosiologiese onderbou het.

As vrywaring moet ek wel noem dat my eie belangstelling in verplasingsliteratuur waarskynlik te doen het met die feit dat ek my akademiese loopbaan in sielkunde begin het en toe oorbeweeg het na stadsbeplanning toe. My belangstelling in verplasingsliteratuur is nie noodwendig die norm binne my dissipline nie.

Illustrasie deur PaliGraficas op Pixabay

Wanneer inwoners hulle verset teen ontwikkeling in hul gemeenskappe, neem dit gewoonlik die vorm aan van “petisies, die werwing van openbare ondersteuning deur verskillende media, protesoptogte, en selfs die vorming van ’n menslike ketting deur individue rondom ’n eiendom as ’n teken van protes”. Is aksies soos dié ooit suksesvol, en is daar makliker, effektiewer maniere vir mense om beswaar te maak?

“Let op na kennisgewingborde vir beplande ontwikkelings in jou omgewing.”

Daar ís gevalle waar gemeenskapverset suksesvol is om ’n plek te beskerm teen ongewenste ontwikkeling. Hier is dit wel belangrik om die definisie van sukses in so ’n konteks uit te klaar. Sukses in gevalle van gemeenskapsbesware kan beteken dat (i) die gemeenskap ’n ongewenste ontwikkeling heeltemal in die kiem smoor, (ii) die verset die eienaar/ontwikkelaar/beplanner dwing om die aanvanklike ontwikkelingsplanne aan te pas na ’n vorm wat meer aanvaarbaar vir die gemeenskap is, of (iii) die gemeenskap en ontwikkelaar mekaar tegemoetkom.

’n Voorbeeld van die laasgenoemde is die Piet Malan-woning (nie Piet Malan die rugbyspeler nie) in Potchefstroom, ’n unieke stuk bou-erfenis wat byna gesloop is om plek te maak vir ’n reuse-studentewoonstelkompleks. Dié historiese woning staan steeds (die gemeenskap se doel), alhoewel dit nou omring is deur ’n woonstelkompleks (die ontwikkelaar se doel) wat heeltemal buite skaal staan met die woning (die ongemaklike tegemoetkomingspunt).

Op hierdie stadium word daar wetlik net een manier voorsien vir mense om beswaar te maak teen ’n voorgestelde ontwikkeling, en dit is skriftelik en binne die 30-dag-beswaarmakingstydperk vandat ’n stadsbeplanningskennisgewing bekendgemaak word. Petisies en die werwing van openbare ondersteuning deur verskillende media is gewoonlik ’n bewusmakingsproses vir die breër publiek en is meer suksesvol wanneer dit binne die 30-dag-beswaarmakingstydperk plaasvind. Protesoptogte en menslike kettings is gewoonlik die gevolg van óf ’n ontwikkelaar wat buite die grense van die wet optree, óf ’n gemeenskap wat te laat besef het wat gaan gebeur of ontevrede is met die plaaslike owerheid se besluit rondom die voorgestelde ontwikkeling. Die sukses van hierdie handelinge hang af van die opening in die beswaarmakingstydperk, die druk wat deur die gemeenskap op die plaaslike owerheid uitgeoefen word en die ontwikkelaar/eienaar/opdraggewer se bereidwilligheid om die ontwikkeling wetlik (en selfs buite die grense van die wet) te beskerm.

Binne die huidige wetlike raamwerk is die beste manier vir mense om hulle plekke teen ongewenste ontwikkeling te beskerm om bewus te wees van hulle omgewing en hoe die beswaarmakingstydperk werk. Let op na kennisgewingborde vir beplande ontwikkelings in jou omgewing. Besoek die plaaslike munisipaliteit en vra om die lêer oor die beplande ontwikkeling te besigtig. Maak ’n nota van die datum van die beswaarmakingstydsgrens indien die voorgestelde ontwikkeling dwars in die krop steek. Maak skriftelik beswaar by die adres wat op die kennisgewingbord voorkom voordat die tydsgrens verby is.

Een van die hoofbesware wat huiseienaars gewoonlik aanvoer wanneer ontwikkelings in ’n buurt plaasvind, is dat die waarde van hul eiendom gaan daal. Maar stadsbeplanners, privaat ontwikkelaars en plaaslike owerhede kyk anders na “waarde”, nie waar nie? Hoe behoort gewone mense hul perspektief op “waarde” aan te pas om dalk meer in lyn met dié van die ontwikkelaars te wees? Of is dit verskillende wêrelde wat eenvoudig nooit bymekaar gaan kom nie?

“Die dissonansie kom in wanneer die eienaars/opdraggewers/ontwikkelaars nie in die buurt woon waar die ontwikkeling gaan plaasvind nie ...”

My siening is dat dit eerder ontwikkelaars (of hulle opdraggewers) is wat hulle perspektief moet aanpas om in lyn te wees met die gewone mens op straat. Plaaslike owerhede, stadsbeplanners en ontwikkelaars is diegene wat die kennis, finansiële vermoë en etiese verantwoordelikheid het om goeie kwaliteit plekke vir mense te skep. In essensie staan hierdie rolspelers in diens van die mens op straat en daar ís plaaslike owerhede, ontwikkelaars en beplanningsbesighede wat hierdie rol ernstig opneem.

Die dissonansie kom in wanneer die eienaars/opdraggewers/ontwikkelaars nie in die buurt woon waar die ontwikkeling gaan plaasvind nie, of entiteite soos multinasionale besighede is. Ontwikkelaars en stadsbeplanners word dan as professionele partye aangestel om die ontwikkelingsproses van die perseel namens die eienaars/opdraggewers te bestuur. In so ’n geval is beplanners en ontwikkelaars net die medium waardeur die proses plaasvind. Die eienaar/opdraggewer wil wins maak en die beplanner of ontwikkelaar moet die hierdie wens waar maak op die effektiefste manier. Beplanners en ontwikkelaars het ’n verantwoordelikheid om hulle werknemers te betaal, al het hulle simpatie met die gemeenskap wat beswaar maak teen ’n voorgestelde ontwikkeling.

Die groot kwessie rondom wisselende sienings van wat “waarde” is, is eintlik ’n filosofiese kwessie; die siening van wie het die “reg” oor ’n klein stukkie van ons planeet en wie se siening dra die grootste gewig. Dit is ’n kwessie wat nie binne die grense van ’n enkele artikel bespreek kan word nie. Die doel van ons artikel was eintlik om die middelman – die beplanners en ontwikkelaars – ’n alternatiewe verduideliking te gee oor hoe die gewone mens op straat waarde definieer met betrekking tot ’n geliefde plek en hoe en hoekom hierdie alternatiewe waardebeskouing binne die beplanningsproses manifesteer.

Foto deur Pexels op Pixabay

In dorpe en stede waar universiteite gevestig is, sien ’n mens dikwels veranderinge in “die sosiale en fisiese strukture” van voorstede, veral wanneer huisvesting vir studente geskep word. Soms gebeur dié dinge deur “ongereguleerde, onwettige of spekulasie-ontwikkelings”, iets wat volgens julle artikel as ’n dryfveer vir die verplasing van gemeenskappe en individue gesien kan word. Hoe is stadsbeplanners veronderstel om te werk te gaan wanneer “korridors” vir studenteverblyf in voorstede geskep word?

“Daar moet anders na studentebehuising gekyk word om dit oor die lang termyn volhoubaar en verantwoordbaar te maak.”

’n Deeglike markondersoek, voordat enige planne opgetrek word, is ’n stadsbeplanner se beste vriend. ’n Markondersoek kan toon of daar ’n tekort, al dan nie, aan studentebehuising in die omgewing is.

Die probleem kom in wanneer die stadsbeplanner net die middelman in die ontwikkelingsproses en nie die opdraggewer is nie. Die opdraggewer het soms ’n spesifieke idee van wat op die perseel moet gebeur. As hierdie idee nie strook met die bevindinge van die markondersoek nie, is dit die stadsbeplanner se verantwoordelikheid om op te tree as bemiddelaar tussen die gemeenskap, die realiteite van die eiendomsmark, die plaaslike munisipaliteit en die opdraggewer.

Op ’n groter skaal is die grootste uitdaging bet betrekking tot studenteverblyf vir stadsbeplanners en plaaslike munisipaliteite uiteindelik ’n vae langtermynvisie vir stedelike omgewings. Suid-Afrikaanse nedersettings, veral dié wat geleë is in die binnelandse provinsies, beweeg nou in ’n fase in waarin sommige geboue 60 jaar of ouer is en dus die potensiaal het om in die nabye toekoms as bou-erfenisse verklaar te kan word, volgens die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne, Wet 25 van 1999.

Gesiene dat buurte soos Hatfield in Pretoria en Die Bult in Potchefstroom ouer buurte is, is daar vele voorbeelde van potensiële bou-erfenisse wat verdwyn het in die golf van studentewoonstelle. Dit is ’n groot en onherroeplike verlies vir Suid-Afrika se bou-erfenisgeskiedenis. Die potensiële bou-erfenisbydrae wat hierdie ou buurte vir Suid-Afrika oor die langer termyn inhou, word dus onderskat deur diegene wat besluite neem oor die ontwikkeling van stede, gemeet teen ’n handjie vol individue se korttermyn- finansiële voordele.

Daar moet anders na studentebehuising gekyk word om dit oor die lang termyn volhoubaar en verantwoordbaar te maak. Die vraag na studentebehuising word beïnvloed deur ’n land se bevolkingsgroeitempo, besteebare inkomste en die vraag na universiteitsopleiding. As ’n land se bevolkingsgroeitempo afneem (navorsing toon die tendens is dat hierdie tempo oor die lang termyn geneig is om te daal), is daar minder studente en daal die vraag na studentebehuising. As Suid-Afrika se ekonomie stagneer en mense se besteebare inkomste daal, kan minder mense bekostig om te gaan studeer en neem die vraag na studentewoonstelle ook af.

Studentebehuising moet dus anders beskou word: nie as ’n enkelfunksie-eiendom vir korttermynstudentehuisvesting nie, maar iets wat oor die langer termyn meerdere funksies kan verrig, soos byvoorbeeld bekostigbare behuising vir jong gesinne in ’n voorsienbare toekoms wanneer die bevolkingsgroeitempo en die vraag na studentewoonstelle afneem.

Vanuit ’n stadsbeplanningsoogpunt beteken dit dat studentewoonstelontwikkelings anders benader moet word. Eerstens moet daar wegbeweeg word vanaf die “weggooi-mentaliteit”: die weggooi van potensiële bou-erfenisgeskiedenis en die weggooi van waardevolle, gevestigde stedelike groenruimtes wat ekologiese en psigososiale dienste aan buurte verskaf. Verdigting (die vaandel waaronder sommige studentebehuisingontwikkelings gemotiveer word) van stede is onafwendbaar binne die huidige ontwikkelingsraamwerk van die Suid-Afrikaanse owerheid, maar verdigting kan sosio-ekologies verstandig aangepak word deur te fokus op die bestaande konteks en langtermynvolhoubaarheid.

Kyk na die eiendomsmark, skaal en aard van die omgewing: Is daar werklik ’n langtermynvraag na studentebehuising? ’n Markondersoek kan toon hoe hierdie vraag gaan lyk binne vyf, tien en vyftien jaar. Toon die markondersoek dat hierdie vraag gaan daal of dat studente se smaak in studentebehuising gaan verander? Beplan dan ’n projek wat maklik omskep kan word in ’n ander tipe behuising oor die lang termyn.

Wat is die skaal van die beboude omgewing? Is dit regtig nodig om mense soos sardientjies in te pak as die menslike skaal van die omgewing juis die element is wat dit aanloklik maak vir mense om daar te woon? Watter tipe geboue is dit en wie woon/werk/sosialiseer daarin? Waarom woon/werk/sosialiseer mense in hierdie omgewing – is dit omdat die omgewing iets spesiaal bied wat die studentewoonstelontwikkeling kan eggo en gebruik om in te pas by die konteks, iets wat die sin van plek (“sense of place”) kan versterk en positief bydra tot die omgewingskwaliteit? Doen moeite om die gemeenskap vóóraf te leer ken en hulle belewenis van plek te verstaan, te respekteer en selfs te gebruik as verkoopspunt vir studente-ontwikkelings.

Hoe sal die voorgestelde studentewoonstelle die omgewing op ’n sosiale, ekonomiese en ekologiese vlak beïnvloed? Skep liewer ’n woonkompleks wat multifunksioneel is, een wat ruimte laat vir koffiewinkels, kleinskaalse winkels, kantoorruimtes en groenruimtes wat ook deur ander inwoners van die buurt geniet kan word. Dit beteken dat daar lewe is, die sogenoemde “oë op die straat”, gedurende vakansies wanneer studentewoonstelle gewoonlik leeg staan en inbrekers lok. Hoe meer die ontwikkeling deur ander inwoners in stiller tye gebruik word, hoe veiliger sal die omgewing wees.

Is daar geen ruimte vir groenruimtes op grondvlak nie? Ontwikkel dan ’n studente-ontwikkeling wat ’n daktuin of vertikale tuine het. Integreer die studentekompleks fisies met die omgewing, moet dit nie isoleer agter hoë mure en myle geplaveide parkeerareas nie.

Om op te som oor hoe beplanners te werk moet gaan met studentewoningkorridors: Dink breed. Dink lang termyn. Dink geïntegreerd en multifunksioneel. En plaas jouself in die skoene van diegene vir wie die ontwikkeling gaan wees en diegene wat reeds daar woon.

Foto deur picaidol op Pixabay

Watter tendense is daar wat Suid-Afrikaners in gedagte moet hou oor die manier waarop ons dorpe en stede verander? Hoe gaan die ruimtes waarin ons woon oor 10 tot 20 jaar lyk?

“Winkelsentrums sal waarskynlik hulle aantrekkingskrag verloor ...”

Dit is moeilik om die toekoms van Suid-Afrikaanse dorpe en stede te voorspel binne die snelveranderende konteks van klimaatsverandering en die langtermyneffek wat die oorlog in Oekraïne op internasionale ontwikkeling, handel en energieverskaffing gaan hê.

Suid-Afrikaanse stadsbeplanning is meestal gewortel binne die Noord-Amerikaanse en Europese beplanningstradisies, wat beteken dat die ontwikkeling van ons dorpe en stede in sekere opsigte na Noord-Amerikaanse en Europese ontwikkelingspatrone gaan kyk vir inspirasie.

As daar na hierdie internasionale konteks en die huidige ontwikkelingsdoelwitte van die Suid-Afrikaanse staat gekyk word, sien ’n mens ’n vergrote fokus op verdigting en multifunksionele, ekologies verantwoordbare en tegnologies gedrewe ontwikkeling. Verwag meer medium- en hoëdigtheidontwikkelings, stede wat woon-, werk- en sosialiseringsgeleenthede integreer, wat voetganger- en fietsvriendelik is, slimtegnologie (“smart technology”) gebruik om bv verkeer te reguleer, en wat ’n groter klem lê op alternatiewe energieverskaffing (soos sonkrag) en waterhergebruik (die hergebruik van gryswater).

“Groen” strate, parke en daktuine gaan noodsaaklik word om die effek van aardverwarming op ’n mikroskaal te mitigeer. Daktuine of vertikale tuine kan algemeen word. In dieselfde asem sal die waarde van openbare ruimtes soos parke weer waardeer word soos wat meer mense in digontwikkelde gebiede met minimale toegang tot private tuine woon.

Winkelsentrums sal waarskynlik hulle aantrekkingskrag verloor soos wat meer geïntegreerde woon-, werk- en sosialiseringsomgewings (her)ontwikkel word. Openbare vervoer sal voorkeur kry bo die privaat motor.

Sou die Suid-Afrikaanse ekonomie verbeter, sal ons hopelik ’n verlaging in misdaad en die verskansingsmentaliteit (“fortification”) in ontwikkeling sien. In ’n ideale wêreld sal dit ’n einde bring aan die gruwelike neiging om massaproduksie-sekuriteitskomplekse en -leefstylontwikkelings te bou – ’n ontwikkelingspatroon wat ons stede en dorpe op ’n groot skaal ruimtelik en sosiaal fragmenteer, en openbare ruimtes privatiseer en verbeeldingloos maak.

Alhoewel Suid-Afrika se topografie dusdanig is dat die impak van stygende seevlakke minder ekstreem is as in ander wêrelddele, sal sekere kusstede en -dorpe oorstromingbeskermingsmeganismes, soos keerwalle, moet oorweeg weens die stygende seevlak. Gesiene dat daar erfenisgebiede en bou-erfenisse in kusnedersettings geleë is, sal belangrike besluite geneem moet word oor hoe om hierdie erfenisse te beskerm.

Bogenoemde veranderinge is natuurlik gebaseer op ’n “best-case scenario” en sal aanvanklik te bespeur wees in die metropole. In alle waarskynlikheid sal hierdie veranderinge eerder oor ’n langer termyn as 10 of 20 jaar gebeur, omdat Suid-Afrika nie teen dieselfde tempo ontwikkel as die wêrelddele waaruit inspirasie geput word nie.

 

* Die fokusprent by hierdie artikel deur picaidol is geneem en aangepas van Pixabay.

Lees ook:

Tarina Jordaan se LitNet Akademies-artikel: Plekgehegtheid binne stadsbeplanning: ’n literatuurstudie en voorstelle vir Afrikaanse terminologie

 

 

The post Tuis of ontuis – die woonbuurte en stede van ons toekoms appeared first on LitNet.

Afrikaans EAT: wenke vir onderwysers en toetse vir graad 10-leerders

$
0
0

Bron: https://pixabay.com/photos/number-advertisement-yellow-colour-437928/

LitNet is by uitstek ’n ruimte waar onderwysers van Afrikaans in al sy gedaante hul narratiewe kan deel en waarby hulle kan baat. Besoek LitNet se Skole–afdeling vir nog skolemateriaal. Besoek ook LitNet se Skoleseminaar vir aktuele gesprekke rondom warm en dringende sake in die onderwys.


Foto van Willene Paulse: https://www.wynghs.co.za/about–us/

Willene Paulse, ’n Afrikaans Eerste Addisionele Taal–onderwyseres, het LitNet vanuit die oogpunt van haar ondervinding op hierdie terrein genader en wenke vir die aanbied van Afrikaans Eerste Addisionele Taal gestuur. Sy deel ook twee toetse en hul memo’s, wat uit onderskeidelik 40 en 80 punte tel, met taalonderwysers en leerders wat daarby baat sal vind.

Wenke vir taalonderwysers

In die aantekeninge hier onder verduidelik Willene waarom Afrikaans EAT–onderwysers somtyds van 40–punt– en somtyds van 80–punt–vraestelle gebruik maak. Afrikaans EAT–onderwysers kan hierby baat wanneer hulle volgende keer vraestelle moet opstel.

Volgens die assesseringsprogram vir Graad 10 Afrikaans EAT tel Taak 3 in kwartaal 1 slegs 40 punte; leesbegrip tel 20 punte, opsomming 10 punte en taal in konteks 10 punte. Die groot vraag vir ’n Afrikaans EAT–onderwyser is dan die volgende: Hoe toets jy ’n kind se vaardighede in net 40 punte, en dan spesifiek taal in konteks in net 10 punte?

Ons weet dat Afrikaans EAT–leerders baie meer taal–in–konteks–reёls het wat geleer moet word, en dan praat ons nie eers van die uitsonderings op die reёls nie. Wat ook in ag geneem moet word, is dat baie van hierdie leerders Afrikaans net in die Afrikaans–klas hoor.

Om hierdie rede is dit baie moeilik om in 40 punte die leerders se egte vaardighede en begrip van die taal te toets. (Hier is ’n voorbeeldtoets en die bypassende memo wat uit 40 punte tel.)

Om onderwysers die kans te gee om wel die leerders se egte vaardighede, veral in die taal–in–konteks–deel, te toets word die 80 punt–toets aanbeveel. Die 80 punte word dan verwerk na 40.

........

Om onderwysers die kans te gee om wel die leerders se egte vaardighede, veral in die taal–in–konteks–deel, te toets word die 80 punt–toets aanbeveel. Die 80 punte word dan verwerk na 40.

.........

Hierdie toets kan gebruik word slegs indien daar wel genoeg tyd is tydens klas of ’n toetsperiode om dit te voltooi. Dit kan ook verdeel word in twee dele, waar die leesbegrip in een toetsperiode getoets word en dan die opsomming en taal in konteks in ’n ander toetsperiode.

Indien die onderwyser nie genoeg tyd het om ’n 80 punt–toets af te handel nie (laai ’n voorbeeld van ’n 80–punttoets en –memo af), en leerders dalk aan die begin van kwartaal 1 op ’n alternatiewe basis skool toe gekom het, sal die 40 punt–toets aanbeveel word. Die rede hiervoor is dat die onderwyser dalk nie genoeg werk in die kwartaal kon onderrig nie, of dat die skool se toetsrooster net nie genoeg tyd toelaat om die langer toets te akkommodeer nie.

..........

Die groot verskil tussen hierdie twee vraestelle lê in die taal–in–konteks–gedeelte. In die 80 punt–toets is 50% vir taal in konteks en in die 40 punt–toets is dit slegs 25%. Hierdie verskil is dan juis die riglyn waarvolgens die onderwyser die keuse moet maak wat die beste vir sy of haar leerders sal werk ten opsigte van wat gedurende die kwartaal onderrig kon word.

..........

Die groot verskil tussen hierdie twee vraestelle lê in die taal–in–konteks–gedeelte. In die 80 punt–toets is 50% vir taal in konteks en in die 40 punt–toets is dit slegs 25%. Hierdie verskil is dan juis die riglyn waarvolgens die onderwyser die keuse moet maak wat die beste vir sy of haar leerders sal werk ten opsigte van wat gedurende die kwartaal onderrig kon word.

Die toets uit 40 leen hom meer daartoe om die klem op leesbegrip te plaas, en die ander een word op taal in konteks geplaas. In die 40 punt–toets is dit dan ook moeilik om ’n visuele teks by die leesbegrip te voeg, aangesien die puntetelling net 20 is, en dus leen die ander toets hom daartoe om wel ook ’n visuele teks as leesbegrip te toets.

Dit is wel in die onderwysers se hande om te kies waarop hulle in ’n kwartaal klem wil lê,
afhangend van wat onderrig was.

Klik hier om ’n 40–punt–toets gratis in PDF–formaat af te laai.

Klik hier om die memo van die 40–punt–toets gratis in PDF–formaat af te laai.

Klik hier om ’n 80–punt–toets gratis in PDF–formaat af te laai.

Klik hier om die memo van die 80–punt–toets gratis in PDF–formaat af te laai.

Ander onderwysers word genooi om LitNet te nader vir hul narratiewe en om vraestelle te deel. Stuur gerus ’n e–pos na litnet@litnet.co.za.

Lees ook:

Indeks: notas, toetse en vraestelle

 

The post Afrikaans EAT: wenke vir onderwysers en toetse vir graad 10-leerders appeared first on LitNet.

Toyota US Woordfees 2022: Enkele foto’s en US Koor-video by die Langtafel

$
0
0

In die video hierbo, opgeneem en gedeel met die toestemming van Helené Prinsloo,  sing die US Koor roerend oor die liefde wat sal bly staan. Die lied is uitgevoer by die Toyota US Woordfees se Langtafel-geleentheid.

Die US Koor, wat sedert 2012 nommer een op die internasionale Interkultur-ranglys van 1 000 amateurkore is, het verwerkings van drie ikoniese Suid-Afrikaanse liedjies uitgevoer: Bright Blue se “Weeping”, Laurika Rauch se “Stille waters” en Miriam Makeba se “Pata Pata”.

Simon van der Merwe, 'n graad 9-leerder, deel ook 'n paar van sy Langtafel-foto's met LitNet.

Die Toyota US Woordfees kon op Maandagaand 14 Maart die eerste keer sedert Maart 2020 weer die Langtafel aanbied. Dié tradisie is tradisioneel die amptelike begin van die Woordfees, maar vanweë onsekerheid rondom die pandemie is besluit om nie vanjaar ’n fees vir Maart in Stellenbosch te beplan nie.

Foto: Simon van der Merwe

Foto: Simon van der Merwe

Saartjie Botha, direkteur van die Toyota US Woordfees en WOW Projek, het aangekondig dat ’n fees in die vlees vir 10 tot 15 Oktober vanjaar in die vooruitsig gestel word: “Hoewel daar steeds ’n Covid-wolk oor die beplanning van samekomste hang, is ons versigtig ambisieus en hoopvol dat ons vanjaar in Oktober ’n Woordfees in persoon sal kan vier. Die kunstebedryf en die dorp se gasvryheidsektor het dit nodig en ons kan nie wag om weer feesgangers te ontvang nie.”

Foto: Simon van der Merwe

Foto: Simon van der Merwe

Gugu Aseda, inhoudsportefeuljebestuurder van MultiChoice, het namens DStv by die Langtafel gepraat. Sy het gesê Woordfees TV, wat van 1-10 Oktober 2021 as ’n pioniersprojek op ’n opwipkanaal uitgesaai is, was so suksesvol dat DStv-kanaal 150 weer vanjaar gebruik kan word om vanaf 1 Julie ’n TV-fees in Suid-Afrika en Namibië aan te bied.

Foto: Simon van der Merwe

Lees nog inligting oor wat vanjaar vir die 2022 Toyota US Woordfees beplan word hier.

Lees ook:

Toyota US Woordfees | TV-weergawe van Valsrivier sal jou meesleur

Toyota US Woordfees | Die Krismis van Map Jacobs, Adam Small het geskryf om ons te laat dink

Toyota US Woordfees | Dié aanbieding van Mis kan nog lank as riglyn bly staan

Persvrystelling | Press release: 23 Skrywers in US Woordfeeskortverhaalbundel 2022 | 23 writers in the SU Woordfees 2022 Short Story Anthology

Toyota US Woordfees | Wenners van die eerste Klaskamer Radiodramakompetisie | Winners of the first Classroom Radio Drama Competition

Press release: Andrew Buckland and Sylvaine Strike star in Firefly at The Baxter

 

The post Toyota US Woordfees 2022: Enkele foto’s en US Koor-video by die Langtafel appeared first on LitNet.


Sonkrag: Kan Suid-Afrikaners wegkom van die Eskom-netwerk?

$
0
0

Is die son se hitte gratis? En as dit nie ’n sonnige dag is nie, of dit hael, wat gebeur?

Freek Robinson gesels met Ben Janse van Rensburg, bestuurshoof van die sonkragmaatskappy Affordable Power Solutions.

The post Sonkrag: Kan Suid-Afrikaners wegkom van die Eskom-netwerk? appeared first on LitNet.

Broodnodige teater: ’n amper-resensie van Contested bodies or Doctor James Barry, Lord Charles Somerset, and I

$
0
0

Marcel Meyer as Lord Charles Somerset en Matthew Baldwin as Dr James Barry; insetsel Lungile Lallie as John Nobody

...
Hierdie stuk moet ervaar word. Elke paar minute is daar ’n nuwe, totaal onverwagse vlak wat ingebou word; die storie neem die hele tyd ’n nuwe draai.
...

Contested bodies or Doctor James Barry, Lord Charles Somerset, and I
Geskep deur Fred Abrahamse en Marcel Meyer
Spelers: Matthew Baldwin, Marcel Meyer and Lungile Lallie
Beligting: Faheem Bardien
Kostuums: Marcel Meyer
Kunstekaap-arena, Kaapstad: 16 Maart – 2 April 2022
Kaartjies by Computicket, Artscape Dial-a-Seat 021 421 7695

Lungile Lallie as Josephine Bonaparte en Marcel Meyer as Elizabeth de Vaudey

“Jy is gewaarsku”

Toe die stuk klaarmaak, sê my vriendin: “Necessary theatre.”

Op pad motor toe het ons egter besluit dat ’n grondige resensie hiervan nie moontlik gaan wees nie, juis omdat dit nie regverdig sou wees om die ware gegewens te verklap nie. Hierdie stuk moet ervaar word. Elke paar minute is daar ’n nuwe, totaal onverwagse vlak wat ingebou word; die storie neem die hele tyd ’n nuwe draai.

Moenie tradisionele teater verwag nie, beslis ook geen stigtelike oomblik nie. Tog: Die kostuums is beeldskoon. Die spel is verstommend. Hoewel jy van een historiese oomblik na die ander gegooi word, is die lyn maklik om te volg.

Wees net bewus van die skokwaarde: Die stuk is nie vir mense wat maklik aanstoot neem nie.

Aan die begin waarsku die een karakter almal dat daar seks, naaktheid, kru taal en erge vooroordeel op die verhoog gaan wees. Die teaterdeur staan dán nog oop en hy nooi enige een om liewer nou te loop. Wanneer hy dan die deur gaan toe maak, sê hy: “Jy is gewaarsku!”

An outrage for the stage

In die promosiemateriaal, en op die verhoog, word die stuk beskryf as “an outrage for the stage”.

Mooi woordspel, want “an outrage” kan natuurlik na ’n woede-uitbarsting verwys, of na diepe verontwaardiging, of iets wat so uitwaans is dat ’n mens nie anders kan as om verontwaardig te wees daaroor nie.

Contested bodies is al bogenoemde.

Poef ...

In Maart 2015 het Chumani Maxwele mense woedend gemaak toe hy ’n slopemmer oor die standbeeld van Cecil John Rhodes uitgegooi het. Mag ons dit ’n “outrage” noem?

Daar is ’n makabere verwysing na daardie dag in Contested bodies, maar ek gaan nie sê hoe nie. As jy bereid is om te ervaar, gaan kyk self. As jy nie wil weet wat die ontlasting op die verhoog doen nie, bly liewers weg.

Niks is heilig in hierdie stuk nie.

Die punt is dat Maxwele se protes – hoe grotesk ook al – mense laat vrae vra het. #RhodesMustFall is gevolg deur #FeesMustFall. Debat is gesond en belangrik. Verkieslik sonder stank, maar soms ...

Lyflikheid

Die lyf word op oneindig baie maniere ondersoek. Dr James Barry was ’n briljante mediese brein. Hy het die eerste keisersnit in Afrika uitgevoer en het afgetree as inspekteur-generaal in die Britse weermag.

Die seuntjie wat weens daardie keisersnit gebore is, is James Barry Munnik gedoop.

Munnik sou ’n landdros in die Kaap word. Toe die agtste kind van ene Johannes Albertus Munnik Hertzog gebore is, is die landdros gevra om die peetpa te word en die baba is James Barry Munnik Hertzog gedoop. JBM Hertzog sou ’n bekende in Afrikaanse politiek word – en ongelukkig ook ’n groot rassis.

Terug na die goeie dokter aan die Kaap.

Toe hy sterf, het die wêreld met skok agtergekom daar was al die jare ’n vrou se lyf onder daardie uniform.

Die beroemde dr James Barry is Margaret Ann by geboorte en is so skool toe.

As vrou was daar geen manier om medies te studeer nie.

James Barry, die mooi, verwyfde(!) jong man het toe sy plek begin vol staan in die anale van ons geskiedenis.

Barry het sy lewe gewaag om suksesvol te wees in ’n manswêreld. Barry het ook ‘n verhouding gehad met lord Charles Somerset en sy naaste vertroueling was John Danson, ’n swart man.

Alles gaan oor lyflikheid ...

Was Barry dalk trans? In sy dae het daardie woorde en begrippe nie bestaan nie.

Was dit bloot sy biologiese vloek om nie as vrou te kon studeer nie, dat hy dus as man moes leef bloot om sy drome na te jaag?

En John, die swart man? Was hy die enigste wat Barry se ware lyf geken het? In die toneelstuk word John Danson herdoop na John Nobody. Bewustelik.

Die lyf – manlik en vroulik, swart en wit – word ’n ruimte waaroor baklei word.

Drie spelers, baie karakters

In die baie mooi program wat die toneelstuk toelig, word verskeie historiese figure genoem: James Barry, Lord Charles Somerset, John Danson, die Marquise de Sade, Napoleon Bonaparte en sy eggenote, Elisabeth de Vaudey, Toussaint Louverture (wat bekend was as die swart Napoleon), Marie Antoinette, Shaka, Richard III, George III, Richard Sheridan, William Shakespeare en nog meer. My vriendin het so oor haar bril geloer en gesê: “Hoe gaan hulle al hierdie karakters betrek?”

Hulle het. Ek gaan nie sê hoe nie.

Gaan kyk self. Fiona MacPherson se mooi foto’s, wat ek hier met toestemming gebruik, lig die rokkies so effens.

Maar wees gewaarsku. Moenie as jy bang is vir naaktheid, seks en kru taal nie.

Matthew Baldwin as Napoleon Bonaparte en Lungile Lallie as Josephine Bonaparte

Internasionaal

Fred Abrahamse en Marcel Meyer se stukke word regoor Europa en die VSA opgevoer.

Contested bodies is puik teater.

Gaan kyk dit. Maar net as jy nie bang is nie.

Jy is gewaarsku.

 

  • Alle fotografie deur Fiona MacPherson, hier met toestemming gebruik.

The post Broodnodige teater: ’n amper-resensie van <em>Contested bodies or Doctor James Barry, Lord Charles Somerset, and I</em> appeared first on LitNet.

LitNet: In stede van die toekoms

Persverklaring: Uitsoek-produksies op Suidoosterfees se NATi Teaterprogram

$
0
0

Justin Redelinghuys se Koeksusters, met Gantane Kusch, Dean Smith en Christian Bennett, verskaf ’n komiese dog ernstige blik op die verskynsel van geslagsgeweld in Suid-Afrika (foto: verskaf).

By die 20ste Suidoosterfees, vanjaar van 27 April tot 1 Mei by Kunstekaap in die Moederstad, gaan teaterliefhebbers smul aan produksies op die NATi Teaterfees-spyskaart. Heelwat trefferstukke is gegrond op boeke deur gewilde Afrikaanse skrywers, en opwindende verhoogstukke deur opkomende jong skrywers is op die program ingesluit.

Philip Rademeyer se drama, Opdrifsel, wat pas in boekvorm deur Protea Boekhuis uitgegee is, handel oor ’n ouerpaar, Mara en Bernard, wat hul tienerseun aan die dood afstaan. Brendon Daniels en Tinarie van Wyk Loots skitter as die ouerpaar wat hul smart moet verwerk sonder om mekaar ook te verloor. In 2021 het die toneelstuk die Opwip-Aardklop-prys vir beste aanbieding gewen.

Radeymeyer is ook verantwoordelik vir die verhoogverwerking van Zirk van den Berg se roman, Ek wens, ek wens, wat onder meer met twee kykNET-Rapport-boekpryse bekroon is. In die verhoogweergawe speel Frank Opperman die rol van Seb, ’n lykbesorger wie se lewe skielik minder saai word wanneer ’n sterwende seuntjie en sy ma by die ondernemers instap.

Die digter Jolyn Phillips is saam met Charlton George, Deniel Barry en Frazer Barry te sien in Bientang: bloedspoor/!nau, gebaseer op Phillips se bekroonde bundel. Dit kyk na die legende van ’n vrou, Bientang, wat in Hermanus in ’n grot gewoon het en met diere kom praat. Verskillende elemente van storievertel en musiek word in dié spogproduksie ontgin om die geskiedenis van “die laaste strandloper” tot lewe te bring.

Mutton Hour, met De Klerk Oelofse en Cintaine Schutte, beloof om mense ná twee jaar van pandemie-grendeltye van voor af op die teater versot te maak. Dié produksie maak sy debuut by die Suidoosterfees, en dit is ’n samestelling van lekker lawwe verhale oor “liefde, verlies, hansworse en katte”. Dean Balie en Jemma Kahn het saam met die akteurs aan die teks geskryf.

Christian Bennett, Dean Smith en Gantane Kusch is in die rolverdeling van Koeksusters, geskryf deur Justin Redelinghuys. Die akteurs vertolk die rolle van drie vroue van die Kaapse Vlakte: Betty, Brenda en Bieba. Al drie gaan gebuk onder geslagsgeweld en die komediedrama spreek dié euwel ondubbelsinnig aan.

Antjie Krog en Antoinette Kellermann word albei vanjaar 70, en om dié mylpaal te vier, gaan die befaamde aktrise ’n keur van die wêreldberoemde digter se werk aan feesgehore bring. Krog se poësie, deurspek met eerlikheid, erns, ironie, genade en liefde, is nommerpas vir die statuur van die legendariese Kellermann. Die oerkluts kwyt is ’n koproduksie van die Suidoosterfees, KKNK en Aardklop.

Die jong dramaturg Herschelle Benjamin, wat die afgelope paar jaar as ’n opwindende nuwe stem gevestig geraak het, se Agulhasvlakte handel oor Milly, ’n bloemis, wat veg teen die skade wat die natuur van haar geboortegrond bedreig. Wanneer haar suster Amy, ’n sosialemedia-ster van die stad, by haar opdaag, word die verhouding tussen die twee op die proef gestel. Kay Smith, René Cloete en Wilhelm van der Walt is in die rolverdeling.

Die halwe huis, Ricardo Arendse se eenmanstuk met Marlo Minnaar, handel oor Bumper Jansen, ’n opkomende jong skrywer wat op die punt staan om sy eie lewe te neem. Bumper probeer sin maak van dinge soos die liefde, verwerping en die wêreld se verwagtinge. Leslie Javan is verantwoordelik vir die musiek.

Ruan Wessels is te sien in Plesierengel, gebaseer op Leon van Nierop se boeke oor ’n sekswerker wat vroue laat swymel en uiteindelik een van die land se gewildste en bes betaalde gigolo’s word. Dié stuk, gegrond op ’n ware verhaal, ondersoek die tragiese omstandighede wat die hoofkarakter tot dié beroep gedwing het.

Waldemar Schultz en Brendon Daniels speel in Dis 20:15, Ferdinand Bekker se komedie oor Pieter en Francois, doodgewone hardwerkende mense wat besluit om bankrowers te word. Dinge verloop egter nie vlot vir dié amateurs nie.

Ses kort, kragtige monoloë wat deel is van die Suidoosterfees en LitNet se Stemme-reeks, word op verskillende tye gratis vir feesgangers opgevoer. Die stukke by vanjaar se fees is geskryf deur Dana Snyman, Dean Balie, Heloïne Armstrong, Jemma Kahn, Buhle Ngaba en Mike van Graan, en sal feesgangers ongetwyfeld herinner hoe kragtig teater werklik is.

Kaartjies kan by Computicket bespreek word. Die volledige feesprogram is op www.suidoosterfees.co.za beskikbaar. Die Suidoosterfees volg ’n inentingsbeleid, soos neergelê deur die gesondheidsowerhede ingevolge Covid-19-pandemieveiligheidsregulasies. Feesgangers sal dus elektroniese of gedrukte inentingsertifikate moet kan vertoon om toegang te verkry, of bewys moet kan lewer van ’n negatiewe SARS-CoV-2-toets wat nie langer as 72 uur tevore geneem is nie.

Die Suidoosterfees word ondersteun en moontlik gemaak deur die department van sport, kuns en kultuur, die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport, Stad Kaapstad, Media24, Die Burger, NATi en kykNET. Verhoogstukke op die teaterprogram word in vennootskap met die volgende instansies aangebied: NATi, Het Jan Marais Nationale Fonds, die NAC, NIHSS, Aardklop, AK21, ATKV, LitNet, Kunstekaap en die LW Hiemstra Trust.

The post Persverklaring: Uitsoek-produksies op Suidoosterfees se NATi Teaterprogram appeared first on LitNet.

Die nuwe Covid-maatreëls: sinvol, of dalk heel sinloos?

$
0
0

Bettina Wyngaard (foto: Izak de Vries)

So elke dan en wan sien ek op sosiale media ’n video oor persone, gewoonlik konserwatiewe Amerikaners, wat weier om ‘n masker te dra, wat ander se maskers van hulle gesigte afpluk, of wat mense wat kies om masker te dra, teister.

Elke keer word die persone wat masker dra, afgemaak as sheeples, die gewaande beledigende naam vir persone wat glo klakkeloos mediese advies navolg. Dít terwyl die aggressor baie keer heel bereid is om te glo  bleikmiddel of beesdip is meer effektiewe teenvoeters vir siekte as tradisionele medikasie. Mense is bereid om van vliegtuie afgeskop te word, of om ander passassiers hulle vlugte te laat verpas om ’n punt te probeer bewys. Baie antimaskermense, en hul bloedbroers die antivaksers, het al hul werk verloor, is op lugrederye se swartlys geplaas, het uitval met hulle familie gekry, alles net omdat hulle nie mediese advies aanvaar nie.

Sover het ons daai manie vrygespring. Nadat die President die afgelope week Covid-maatreëls verder verslap het, met die belofte om binne die afsienbare toekoms die ramptoestand heeltemal op te hef, begin mense egter ander geluide maak. Kommentaar word gelewer dat persone wat verkies om nog steeds op straat masker te dra, se maskers van hulle gesigte afgepluk gaan word, “want die President sê so”. Natuurlik is dit ’n gruwelike en vermoedelik aspris verdraaiing van wat die President wel gesê het.

........
Hoekom en wanneer het mense so onverdraagsaam teenoor mekaar begin word? En wanneer het ons, in navolging van die swakste voorbeeld in die wêreld, besluit dat masker dra ’n politieke besluit is eerder as ’n mediese besluit?
.........

Hoekom en wanneer het mense so onverdraagsaam teenoor mekaar begin word? En wanneer het ons, in navolging van die swakste voorbeeld in die wêreld, besluit dat masker dra ’n politieke besluit is eerder as ’n mediese besluit? Ons was nog altyd as ’n nasie in staat om mense toe te laat om hulself te wees, al is iemand se besluite ook hoe vreemd. Leef en laat leef, wees lekke’, is festive is f**ol is deel van die nasionale ingesteldheid. Of so het ek in elk geval nog altyd gedink.

Dis  asof die inperking van die afgelope twee jaar mense se interpersoonlike vaardighede en hulle empatie laat afstomp het. Daar is minder geduld met mekaar, mense verloor hul humeur vinniger. Leerkragte rapporteer dat leerlinge meer emosioneel is in die klaskamer, en minder in staat om te konsentreer. Al meer mense sien nie kans om terug te keer na werk in ’n kantoor nadat hulle gesien het hoeveel meer tyd hulle met hul gesinne kan deurbring wanneer hulle van die huis af werk nie.

Dis verstaanbaar, tot ’n mate. Meer as twee miljoen mense het hul werk verloor sedert die begin van die inperkings. Besighede het bankrot gespeel. Mense moes hul leefwyse afskaal. Die sterftetal is alreeds op feitlik 100 000. Soms is hele gesinne uitgewis. Die langtermynuitwerking van die siekte moet nog bepaal word.

Die samelewing in sy geheel is onder geweldige stres.

Dalk het die tyd aangebreek dat ons in alle erns daaraan dink om terapie verpligtend te maak vir enigeen wat met ander mense in aanraking kom op gereelde basis. Groepsterapie vir gemeenskappe kan dalk net op lang termyn positiewe gevolge inhou wat min of niks met Covid te doen het nie.

Maar is die skade wat deur Covid aangerig is, dan nie juis ’n argument ten gunste van groter versigtigheid nie? Indien persoon X verkies om steeds masker te dra op straat, ten spyte van die feit dat maatreëls verslap is, doen dit tog nie skade aan enigiemand anders se keuse om sonder masker te loop nie. Waarom dan jou keuse afdwing op die persoon wat verkies om meer versigtig te wees?

.........
Maar is die skade wat deur Covid aangerig is, dan nie juis ’n argument ten gunste van groter versigtigheid nie? Indien persoon X verkies om steeds masker te dra op straat, ten spyte van die feit dat maatreëls verslap is, doen dit tog nie skade aan enigiemand anders se keuse om sonder masker te loop nie. Waarom dan jou keuse afdwing op die persoon wat verkies om meer versigtig te wees?
..........

En wie is dan die groter sheeples – die persone wat die regering se instruksies blindelings navolg, of die persone wat besluite neem onafhanklik van wat die regering mag besluit?

Maskers vir eers eenkant geskuif, is daar baie leerkragte wat ongelukkig is dat die sosiale-afstand-reëls ten opsigte van skole opgehef is. Kinders onder 12 het geen geleentheid om inentings te ontvang nie, maar hulle kan nou maar styf teen mekaar in die skoolbanke sit. Die redenasie is dat hulle minder siek word en vinniger herstel van Covid. Maar wat van die leerkrag wat dalk onderliggende siektetoestande het wat hulle aan groter gevaar blootstel?

Watse sosiale afstand is daar in elk geval wanneer ’n polisiebeampte ’n krimineel moet arresteer wat dalk glad nie ‘n masker dra nie, of alreeds Covid het? Watter sosiale afstand is daar in die aanhoudingselle? Hieroor rep die President se adviseurs geen woord nie.

Die belofte is dat ons kan terugkeer na ’n tipe normaliteit. Maar daar is geen waarborg dat ons nie ook, soos ander lande op die oomblik, weer aan ’n nuwe variant blootgestel gaan word nie. En hoe gaan ons weet, wanneer besoekers aan Suid-Afrika nou nie meer nodig het om ’n negatiewe verslag voor te lê voordat hulle die land mag binnekom nie?

Dalk maak die nuwe maatreëls ekonomies sin, maar solank as wat daar onverdraagsaamheid is teenoor mense wat verkies om meer versigtig te wees, kan dit nie medies of moreel sin maak nie.

Kom ons hoop maar dat ons as ’n land nie maande van nou af die prys gaan betaal vir die terugkeer na ’n tipe normaal nie.

Lees ook:

COVID-19: Die jongste | The latest

 

The post Die nuwe Covid-maatreëls: sinvol, of dalk heel sinloos? appeared first on LitNet.

Viewing all 21502 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>