Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21514 articles
Browse latest View live

Dark matter

$
0
0

Photo: Canva.com

Dark matter 
How can nothing be growing? 
The star doctors say it is 
Is the nothingness showing? 
Clear, brutal, less 
More
Less?

I don’t know anymore 
Is it to be known? 
Is it to be seen? 
Does nothing mark its presence? 
What lurks behind the screen? 

If emptiness exists 
The head doctor says it is 
What is it wearing? 
Black, white, green 
Anything  
Nothing?

I don’t know anymore 
Is it to be known? 
Is it to be seen? 
Does nothing mark its presence? 
What lurks behind the screen? 

The post Dark matter appeared first on LitNet.


Die mure maak sin

$
0
0

Foto: Canva.com

Die mure maak sin
Binne die vier mure van my huis 
hoor stoele as die son spikkels lag ínskater 
voel banke as nag nikssêwoorde úitblaker. 
Veilig, maak ek my hier tuis.

Bokant die vaste fondasie van my huis 
ruik vensters eerste die somerreënstorm 
proe pilare die wegwyserwoorde wat vorm. 
Verlig, weet ek die’s mý huis.

Here, my wêreldwoonbuurt is wreed –  
maak doof my ore vir brandnetelwoorde 
maak stom my tong vir snedige snylyne. 
Strek vandag weer wyd uit U waterdigvlerke 
sodat ek veilig en vreesloos en vasberade 
my veilige vesting tyd’lik, selfs ewig kan verlaat.

The post Die mure maak sin appeared first on LitNet.

Tram 23

$
0
0

Tram 23 
(From the pre-COVID-19 archive)

I find Tram 23 to be the most peculiar. Whereas other tram rides are more conventional, follow standard routes, or where one finds oneself somewhat ill at ease – with someone else’s wallet pressed up against your thigh or a few smelly armpits too close for comfort – Tram 23 does not follow suit. Tram 23 is a spaceship of a different breed.

Tram 23 follows the usual busy route, but then all of a sudden it darts to the right, seemingly not going anywhere in a hurry, before it stops, three stops down the line. No curve. No loop. So unfulfilled and incomplete for a final destination.

The people on Tram 23 are spread out in a similar fashion to the strategy that men employ when they use urinals in a public bathroom. It’s as if the only purpose of their ride is to stare out the window. To see the sights, as it were. With no particular destination in mind, perhaps they are here merely for the ride. And that’s beautiful.

The post Tram 23 appeared first on LitNet.

’n Donker wolk en ’n nuwe skooljaar: ’n gesprek met ’n skoolhoof van Kuilsrivier

$
0
0

Foto: https://pixabay.com/photos/heaven-clouds-grim-dramatic-592415/

Daar’s ’n oomblik se stilte.

“’n Donker wolk,” sê hy dan. “Ek kan dit nie anders beskryf nie. Ek wil amper sê … mens adem dit in as jy die woonbuurt binnery.”

Ek praat telefonies met ’n skoolhoof van Kuilsrivier wat verkies om anoniem te bly.

Die gesprek handel oor die situasie in sy skool. (Dis ’n laerskool.)

Die skooljaar het pas in die Wes-Kaap afgeskop. Sedert Maart 2020 het die meerderheid Suid-Afrikaanse kinders nog nie elke dag teruggekeer skool toe nie.

Op ’n dag waarop my persoonlike sosiale media bevolk word deur helder kindergesiggies in skooluniform wat op pad is na hul eerste skooldag vanjaar, is hierdie foto’s nie ’n getroue weerspieëling van hoe sake in die hele land verloop nie.

........

Op ’n dag waarop my persoonlike sosiale media bevolk word deur helder kindergesiggies in skooluniform wat op pad is na hul eerste skooldag vanjaar, is hierdie foto’s nie ’n getroue weerspieëling van hoe sake in die hele land verloop nie.

..........

Toe ek die vrae aan die skoolhoof begin vra, kom sy antwoorde aaneenlopend, byna sonder kommas en punte. Ek teken dit aan.

Vertel my iets van jou skool en die gemeenskap waarbinne die skoolkinders grootword?

“Jy vra oor die skool. Kom ek vertel jou die konteks van ons gemeenskap. Skole in die land word ingedeel in kwintiele. Die armste van die arm skole is in kwintiel een. Daar is ook ’n kwintiel twee, drie, vier en vyf van arm skole.

........

“Mens sou kon sê kwintiel vyf is die ryk skole van die arm skole. Ons skool is ingedeel in kwintiel vier. Dit beteken ons skool bedien ’n gemeenskap waar die meerderheid van die kinders van informele nedersettings af kom.”

........

“Mens sou kon sê kwintiel vyf is die ryk skole van die arm skole. Ons skool is ingedeel in kwintiel vier. Dit beteken ons skool bedien ’n gemeenskap waar die meerderheid van die kinders van informele nedersettings af kom.”

Hy noem die omgewing op die naam. Dis iewers in die groter Kaapstad.

“Die ouers self,” vertel hy my, “... die werkloosheidskoers is 90%. Die kinders se situasie is: Voed die outjies by die skool, of hulle kry nie kos nie. Ons is ’n ’no fee school’. Ons word gesubsidieer deur die staat.”

Hy bly ’n oomblik stil.

“Ek moet jou vertel van die gemeenskap waar die kinders grootword.”

“Hier is dwelms, daar is drank, hier is afhanklikheidsgebruiksmiddels. Dit voer die botoon. 85% van die leerders het … kom uit daardie omstandighede. Die ouers het niks nie. Niks om voor te lewe nie.”

Hy vertel my van sy laerskool.

Daar is 1 353 leerders van graad R tot graad 7.

“Dis ’n groot skool.”

Is die leerders gelyktydig in die skool, of roteer hulle?

“Ons kinders … die klasse werk op ’n roteringsbasis. Dit is vanweë die klasgroottes. Daar is tussen 48 en 52 kinders per klas. Daar is nie spasie vir afstand tussen die kinders nie. Hier is waglyste. Vandag was hier ouers wat steeds kom aansoek doen vir plek vir hulle kinders. Die skool is vol.”

Hoe werk die rotasie in die skole?

“Kom ek vertel jou eerste die voordele van rotasie: Outomaties is ons klasse kleiner. Maandag kom een helfte en Dinsdag kom die ander helfte. Die dissipline by die skool is beter – kleiner klasse, sien?

“Ons kombuis kan nou by die voedingstye hou, soos ons dit beplan het. Daar is minder kinders elke dag daar.

“Wat die leerders betref … baie van ons leerders kom skool toe net vir die kos.”

.......

“Wat die leerders betref … baie van ons leerders kom skool toe net vir die kos.”

.......

Hy bly weer ’n oomblik stil.                                                         

“Daar’s niks kos by die huis nie. Mense praat van tegnologie om te leer. By ons skool is daar nie kos vir elke dag nie – watse ding is ’n rekenaar by die huis?”

Hy keer terug na die onderwerp: “Die WKOD betaal vir drie kombuispersoneellede. Ons moet 350 leerders per dag voed. Dis waarvoor daar kapasiteit is. Maar ons voed gemiddeld elke dag tussen 600 en 700 leerders.”

Wat is die nadele van rotering?

.......

"Kom ek begin by die onderwyser. Hy moet dieselfde les herhaal die volgende dag. Maandag gee hy klas vir een groep. Dinsdag vir die volgende groep. Woensdag moet hy met nuwe werk aangaan vir Maandag se groep. Maar teen daai tyd het hulle al Maandag se werk vergeet."

..........

“Kom ek begin by die onderwyser. Hy moet dieselfde les herhaal die volgende dag. Maandag gee hy klas vir een groep. Dinsdag vir die volgende groep. Woensdag moet hy met nuwe werk aangaan vir Maandag se groep. Maar teen daai tyd het hulle al Maandag se werk vergeet. Outjies is gedemoraliseer … en die kinders verval in ’n gemaksone: ’Ek gaan eers Dinsdag skool toe, ek hoef niks te doen nie.’ Of: ’Dis weer langnaweek.’ Later lei die hele situasie tot permanensie. Ons het ’n leerderverlies van jaarlikse uitvalle.

“Ons kan net 40% tot 50% van die sillabus dek as ons op rotasiebasis bly. Ek sê vir jou so: Ons het die kind Maandag tot Vrydag by die skool nodig om die volle kurrikulum te dek.

“Die ander ding is, die onderwysers is ook gedemoraliseerd. ’Ek gaan nie die kurrikulum afgehandel kry nie.’

“Die WKOD het die kurrikulum ingekort. Afgeskaal. Net klem gelê op die belangrikste boublokke. Maar ten spyte hiervan: Ons kan onmoontlik by die afgeskaalde kurrikulum byhou.

“En die afwesigheidsyfer is groot. Die kinders maak somme. Hulle kom net wanneer hulle moet kom. Na 10 agtereenvolgende werksdae kan ’n leerder van die skool onttrek word. So hy sorg dat hy binne daardie 10-dae-spektrum bly. Dan kan hy nog ingeskryf bly.

“Die kwaliteit van assessering word noodwendig ingeboet.

“Ons het pre-Covid ’n hoë akademiese standaard gehandhaaf. Maar as gevolg van die afgeskaalde kurrikulum moet daar ’n vraestel opgestel word wat nie op standaard is nie.

“Nog iets … die ouers raak verward. Ons het twee groepe: die Beertjies en die Dolfyne.

........

"Ons het gedink WhatsApp gaan ons kan help – tuiswerk en addisionele werk kan aan ouers deurgegee word. Maar ons ontdek 85% van die ouers het selfone aan die begin van die jaar, maar later is daar net 20% van die ouers wat bereik kan word."

..........

“Ons het gedink WhatsApp gaan ons kan help – tuiswerk en addisionele werk kan aan ouers deurgegee word. Maar ons ontdek 85% van die ouers het selfone aan die begin van die jaar, maar later is daar net 20% van die ouers wat bereik kan word. Dis die aard van die gemeenskap. Dit is nie meer ’n handige leermiddel nie. Sosiale media is uit. So ook afstandsonderrig ... dis onmoontlik. Dis ’n luukse om ’n rekenaar in die huis te hê as daar ’n geveg om oorlewing is.”

Waarmee is weggedoen in hierdie tyd – akademies, buitemuurs, ens – en wat is behou of het bygekom?

“As gevolg van die lockdown van 2020 was alle aktiwiteite gestaak. Verlede jaar het dit so stadigaan opgetel, maar weens onsekerheid het dit nie tot sy reg gekom nie.

“Ons het ’n poging aangewend om dit weer in te bring, maar die kokurrikulêre program het doodgeloop.

“Die hoofbron van inkomste is die staat en donateurs. Maar die geld is te min. Die onderwysers probeer fondse genereer. Maar as gevolg van faktore soos dat ouers nie bemagtig genoeg is nie, is dit moeilik. Vir dié skool om R20 000 te genereer … dit is groot geld, en ons kry dit nie bymekaar nie. Die fondsinsamelingspogings het tot stilstand gekom.”

Hoe is die impak op die skool se kosvoorsieningsprogram?

“Ons is deel van die National School Nutrition Programme. Die kinders kry broodjies met grondboontjiebotter in die oggende, en in die middae groente of pasta. ’The doors of learning are open’ is ons sê-ding. Ons het besluit: Indien Ma en Pa werkloos is, dan kom eet die ouers ook saam. Ons kon dit regkry: As daar 350 hier is … ons kan hulle voed. Maar wat van die 350 by die huis? Toe is ons proaktief, omdat ons ’n gemeenskaps- en gemeenskaplike gewete het. Mense het kos geskenk. Daardie kind wat vandag by die skool is, hy kan vandag kom eet, en die ouers kan ook kom eet. En die volgende dag … hulle wat nié by die skool is nie, kan ook kom eet.

“Ons het donasies gekry vanaf restaurante in die Waterfront, voordat hulle self begin swaarkry het. Plaaslike kerke het donasies gebring. Dit het ons in staat gestel om ’n outjie wat Maandag hier was, ook Dinsdag te kon laat kom eet.

........

"Die hele gemeenskap was welkom – hulle het kos kom kry, vanaf 4 tot 6. Die barmhartigheid van die meer bevoorregte Suid-Afrikaanse gemeenskap het ons gehelp. Ons stel dit in die vooruitsig om dit weer te doen."

.........

“Die hele gemeenskap was welkom – hulle het kos kom kry, vanaf 4 tot 6.

“Die barmhartigheid van die meer bevoorregte Suid-Afrikaanse gemeenskap het ons gehelp.

“Ons stel dit in die vooruitsig om dit weer te doen. Ek sê: Prys die Here, halleluja.”

Dis wonderlik, oor die kos en die skenkings!

“Dit ís wonderlik, ek is dankbaar. Maar ek wil van die rekord af sê … as my kinders klaar studeer het … mens wil hulle waarsku. Jy wil sê kom weg hierso … dit is so donker …”

Wat is die sielkundige impak op die kinders en die mense van die skool?

“Dis nie empiries bewys nie, maar dit wys tog: Ons het apaties geraak. Oor die akademie. Oor die lewe.”

Hy bly ’n oomblik stil.

“’n Donker wolk van depressie – ek kan dit nie anders beskryf nie. Jy adem dit in as jy die woonbuurt binnery.”

Lees ook:

Suid-Afrikaanse skole so onveilig soos Suid-Afrikaanse strate

COVID-19 en verlore skooltyd: Faeed Amardien se wenke aan ouers en onderwysers

COVID-19 en verlore skooltyd: Earl Basson se wenke aan ouers en onderwysers

The post ’n Donker wolk en ’n nuwe skooljaar: ’n gesprek met ’n skoolhoof van Kuilsrivier appeared first on LitNet.

Reguit met Robinson: ’n Video-gesprek met Theuns Eloff

$
0
0

Freek Robinson gesels met Theuns Eloff, voorsitter van die Trust vir Afrikaanse Onderwys, oor opwindende inisiatiewe rakende moedertaalonderrig binne die openbareskoolstelsel asook in onafhanklike / aanlyn skole.

Lees meer oor skoolverwante sake en die taaldebat op LitNet:
Lees en kyk ook:

Afrikaans: ’n Tydlyn vir skole

’n Donker wolk en ’n nuwe skooljaar: ’n gesprek met ’n skoolhoof van Kuilsrivier

Hersien jou gedagtes oor Afrikaans, minister Nzimande

https://www.litnet.co.za/afrikaans-uitheems-nzimande-se-bedrieglike-woordspeletjies/

Mediavrystelling: Afrikaanse Taalraad oorhandig ope brief aan Ramaphosa

Afrikaans oorleef by US solank dit "redelikerwys doenlik" is

Nuwe taalbeleid van die US – die Afrikaanse Taalraad reageer

Universities South Africa [USAf] colloquium: "The challenges in the implementation of the new language policy"

Hofuitspraak oor Afrikaans by Unisa ’n ligpunt in ’n donker omgewing

US-taaldebat 2021: Is die Universiteit Stellenbosch besig om Afrikaanse studente te ont-taal?

Griefskrif met sewe eise vir Afrikaans aan US oorhandig

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Hein Willemse en Conrad Steenkamp

Die eerste Kaaps-woordeboek: ’n onderhoud met Quentin Williams

Barakat-program: Eis jou moedertaal terug

Belgiese akademikus stuur sterk boodskap aan US

https://www.litnet.co.za/die-klassifikasie-van-afrikaans/


  • Foto van Theuns Eloff (onderhoud-grafika): Naomi Bruwer

The post Reguit met Robinson: ’n Video-gesprek met Theuns Eloff appeared first on LitNet.

LitNet: Skole op die keper

Eet my woorde: Inskrywings (10)

$
0
0

Foto: Unsplash

Hier is die tiende groep inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Eet my woorde" ontvang is. Die kompetisie sluit op 21 Januarie 2022.

Klik hier vir die volledige kompetisie-inligting.
Klik hier om nog inskrywings te lees.

..........

Inskrywings word chronologies geplaas in die volgorde waarin LitNet dit ontvang het.

Die volgende mense se inskrywings verskyn op hierdie blad:

Bester Meyer Jos Cloete Amber Nicolle Visagé Marietjie Venter
Hermien van der Poel Gerrie Keen Shaun-neil du Bruyn Juanita van der Westhuizen
Rouxnique Vermeulen Liezel van der Merwe Hester van Rensburg Nicci Barnard
Nicoline Lingenfelder Annelize Cloete Christo Visser Annalene Kinghorn
Sanri Bouman Annie Farao Helen Liebenberg Axliane Meyer
Marleze Cloete Hennie du Toit Inandi Smit Michael Abrahams
Suzaan Hester Erasmus Georina Westraadt Leo Hoekstra Pedro Koetzee
Irma Steffens Marthie Botha Werner Steyn Margaret Cordier
Raymond Rympies Evertse Jacqueline Brits Jeannie Nieuwoudt Quzette Bosman
Lara Badenhorst Luandi Uys Kobus Grobler Dayne Nel

Bester Meyer

26 Desember 2021

Freedom is meaningless if people cannot put food in their stomachs – Nelson Mandela

In die kombuis van ’n vakansiehuis
maak Man Oosterse groentegereg en rys.
In motorhuis van huis sit Russel Mabaso
tuinier en opsigter voor televisie
en kyk hoe Tutu gehuldig word –
Man en Mabaso en Tutu
– selfs hulle vriend die Dalai Lama –
almal reisigers van die wind
soekers wat dalk nooit sal vind:
ter aarde bestel
om te eet te drink te vrolik wees
want môre stap ons soos
opregte vry-hede
die stembus tegemoet
waar die rye lank is
en dit nét mense soos Man en Goethe is
wat ’n volgemagtigde verteenwoordiger
sal kan bekostig
om namens hul
in die ry te wag vir kruisiemaakslag

Man lag in sy mou as die gemeenskap hom
en ouens soos Goethe geleerdes noem
en wens hy kon eerder
in die motorhuis van dié huisie by die see bly
elke dag môre in die see se branders baljaar
en soos die Dalai Lama op die strand in zazen sit.
Vir nou, egter, staan hy in die kombuis
en maak soos ’n barmhartige Samaritaan
vir hom en Mabaso
– Zoeloe van Izingolweni se geweste –
’n Oosterse groentegereg ter herdenking van Tutu se lewe

Man skep die gereg vir hom in ’n vakansie-hou-bakkie;
vir Mabaso in ’n blikbord soos sy ouma hom geleer het
en kry grootkop oor sy daad van medemenslikheid.
In die motorhuis staan Mabaso en sny aartappelskywe
uit ’n sak aartappels wat Man vir hom
en sy familie as Kersgeskenk uitgeloof het

Man voel in die gesig gevat toe hy Mabaso se blikbord
in motorhuis kom neersit, om verlief te neem
dat Mabaso – vir nou – eerder wil smul
aan doodgewone slaptjips

Man gaan sit voor rekenaar
en verwerk Tutu se dood, Mabaso se nood
maar ook die nood van die bakhandkinders
wat hy op sy reise van Port St Johns tot McLeod Ganj ontmoet het.
Hy wens dat hy ’n lys kon maak soos Oskar Schindler
en in stede van Joodse name
die name
met Zoeloe, Khosa
selfs Indiese hande vervang
en in stede van ’n belofte
op moontlike immuniteit teen mense soos Goethe
aan elkeen op die lys
’n sak aartappels uit kan loof

en te weet
dat dié wat nie op die lys is nie
weldra – per trein – verplaas sal word
na die arms van hierdie neo-liberalistiese nag
om gedienstig gedwee op net nóg ’n stemdag te wag


 

Jos Cloete

Smullekker tjoppie!

Skryf is my kos – dit maak Jos se gedagtes los!
Skryf, Jos oor kos – kostelike, kosbaar Afrikaans!
Kosmos kos mos niks!
Kos kos mos altyd te veel – so word verbeel!

Nammies jammies – die lekker skaaptjoppies!
Die mooi begeerlik verpakte vleisies, met watertandlekker vetjies!
Oom Timmie het ons verlos van die skyneuwel van vetjies en vleis se geraai!
Dankie tog – maar ai tog, ek sou kon doen met nog ’n halfmiljoen!
Kyk die prys van vleis – was dit dan stoetramme?
Die boer loop verstom verby – as ek dit maar net kon kry,
sou my bankbestuurder my prys en ophou preek!
My vriend –
Vat net die tjoppies en loop – braai, jou vrou is dit wragtig werd,
dalk maak sy nog ’n tert, soos net jy daarvan hou, vir poeding.
Kou te veel aan die prys van kos, laat jou die gesondste, lekkerste, los, glo vir Jos! 
Los die kitskos en die goedkoop goedjies – koop duursaam en min!
Te veel bekostigbare kos eet, kos jou weer die onbekostigbare vetrolletjies!
Te veel kos maak net die skaal boos en nors!
My vriend –
Eet min en lekker gesond soos oom Timmie sê!
Eet om te lewe, eet met ’n lekker hart!
Eet jou vleiskos, los gemorskos,
Eet my woorde – sê Jos!


 

Amber Nicolle Visagé

tien jaar

op die ouderdom van twee
was daar niks wat ek lank begeer
op die ouderdom van twaalf
was ek reeds te vêr verslaaf

aan mense se menings en
het ek hulle opinies geleen en
verruil vir validasie
het ek geglo en gesweer en
probeer om alles vir almal te wees

Tevergeefs.

twaalf was
te vroeg
om te verstaan
twaalf is te vroeg
om te verstaan
dat tyd nie alles regmaak
dat wonde mense suur maak
dat mense mekaar seermaak

dat die wêreld eintlik sin maak.

oor so goeie tien jaar.

vandag het ek die sleutel tot sukses
vandag besit ek die geheime resep
vandag weet ek om myself te bevredig
moet ek meer verstaan en minder verdedig

vandag weet ek 10 jaar gelede was ek net so seker oor my gevoelens en menings

dalk is twee en twintig ook te vroeg
om te verstaan
dat alles altyd sin sal maak

Oor so goeie tien jaar.


 

Marietjie Venter

Honger

Vasgevang in ’n wêreld vol ultimatums, perfeksie, honger, dors en gruwelike trots, lê die trane van ’n dogtertjie soos dou op die grond.

Soveel hoekoms en waaroms op papier saamgevat maar nêrens gee dit uitkoms vir die honger wat knaag.

Jy sê God sorg vir jou en vir my, en tog sit die leë kol, uitgeteer staan sy met handjies uitgesteek vraend bedelend na haar volgende stukkie kos.

Oë wat skroei haar siel deurboor wat het die kind om te verloor. Gebede, trane, verlange en hoop dit is haar kos haar anker haar droom.

God van Israel Jacob en Josef vul my versterk my, dra my o Here help my. Smekend, hopend op die ashoop net ’n gebed maar dis net die Here wat my nou kan red.

Armoede verswelg, verteer, verarm mens o Heer, vul die hongerpyne voed die siel die donker kommer verdryf nie die honger.

Knielend, vraend, biddend staan sy die arm honger dogtertjie voor my.


 

Hermien van der Poel

My droomwêreld

Ek kan die dag nog goed onthou
Boet en vriende lag vir my maag
Ek was maar vyf

Watervaltrane wat nie wil stop
Vet en lelik
Dis my enigste definisie

Al wat lekker was
Is skielik ’n straf
Met dit, kan ek nie,
Sonder dit, ook nie.

Is ek meer as die vel aan my lyf
Meer as die konstante baklei
Moet ek of moet ek nie?

Eet net minder
Oefen net meer
Is dit?
wat my lewe regeer ...

Die spieël
Reflekteer nou nog
Net my lelik
Dis al

Nie glimlag, gesig, hare of oë
Kan my laat glo
In innerlike skoon

Selfbewus oor elke krummel
Skuldgevoel diep binne

Knop in die keel vir
Depressie
Anoreksie en
Net ’n bietjie
Vetsuggie

Waar sal dit stop?

Maar geen genade is daar
Vir siele soos ons en
Blindelings struikel ons voort

Ek wil net weet,
Is ek meer as
Wat ek
Eet?

Of lewe ek maar weer in my droomwêreld?


 

Gerrie Keen

’n Hand wat gee

Soveel mense het nooit swaargekry
en sal eerder by ’n bedelaar verbyry
sonder om eens ag te slaan
op die emosies wat op sy gesig staan
met ’n beursie styf toegemaak
oë toegesluit vir sy saak
hart gesluit vir sy seer
hy kan mos op ’n ander gaan teer

"Vader," smeek hy in sy gebed,
"Wat is dit wat die mense so verander het?
Het niemand meer ’n meegevoel
lewe almal nou so sonder doel?
Waar het alles verkeerd gegaan
het hulle ooit die boodskap verstaan
Om U te dien moet ons na mekaar omsien
om so ’n plek by U te verdien"

’n Klein handjie vat aan sy soom
"Hier is iets om te eet, Oom.
Dit is nie baie, dis al wat ek het
die Vader het geluister na oom se gebed"
"Nee, my kind, jou hart is rein
jou gebaar is groot, selfs al is jy klein
luister nou na wat ek wil sê
en vertel vir almal wat ek wil hê"

"Tweeduisend jaar terug was Ek ook hier
My Vader het My nou weer hierheen gestuur
om die mense se harte aan te raak
sodat hulle, in plaas van oorlog, vrede kan maak
om hulle te leer om mekaar se laste te dra
om barmhartigheid te toon sonder dat iemand daarvoor hoef te vra
My Vader wou sy oordeel oor die mensdom vel
Hy het hulle verdoem tot in die hel
maar deur jou kleine gebaar
het jy die ganse mensdom van uitwissing gespaar"

"My Vader het gesien wat die mense doen
vir hulle was daar geensins iets te versoen
hulle kyk neer op mekaar
nie eers die bedelaar word gespaar
maar My Vader het My versoek gehoor
Ek het gesê daar is nog goeie mense oor
gee My nog een kans om aan U te bewys
U het My nie verniet laat sterf op die kruis"

"Jy sal nou een van My engele wees
en die wêreld help genees
hulle leer om aan mekaar erbarming te toon
om hulle te wys dat Ek in hulle woon
dat naasteliefde nog bestaan
en dat niemand hoef te vergaan
en dat hulle dit reg kan kry
dat geen een van My kinders ooit weer honger hoef te ly"


 

Shaun-neil du Bruyn

Die haker se voedselkwessies

Wie weet hoeveel ’n haker kan verorber?
Wie weet watter magdom van kos ’n haker in sy mag in kan vorder?
Hoeveel keer was hy/sy al met ’n hoenderboudjie in die hand gestop?
Hoeveel keer moes hulle hul gevoelens daaroor binne opkrop?

Hulle word wakker met ’n vreeslike honger.
Niks is onduidelik, als is konkreet.
Hulle word wakker met ’n oorverdowende hart en blasende longe.
Geen bord kos gaan hul van die honger laat vergeet.

Elke posisie het hul eie kenmerke.
Elke posisie het hul eienskappe, maar ’n haker s’n is definitief sy pens se rekmerke.
Geen slot, senter, stut of flank
sal die honger haker kan stop wat jaag agter die yskasklank.

Nie te meer
vir hom sal jy nie kan keer.
Die trok haas na die koelkas vir die honderdste keer.
Soms word hul selfbeheer gehinder.
Soms is hul gesê "eet minder!"

Die haker probeer maar net die seisoen oorleef.
Ons is eintlik net lief vir die haker wie se vetterige vingers in ons besorgde hartjies in weef.


 

Juanita van der Westhuizen

Verterende soeke

moederliefde
koesterkos
proe soos
kerrie op ’n koue dag

geestelike wanvoeding
vreet aan die siel
soekend na vervulling

hoenderpastei
berei met liefde
en ’n skeutjie
vertroosting

soete verleiding
fluweelsagte poeding
en warm vla

emosionele oorvreter
onblusbare honger
hunkerend na sielskos


 

Rouxnique Vermeulen

Anoreksie

Jy het my gekies
Jou voedsel weggestoor
Om jou honger te smoor
Net een kilo verloor

Jy het my gekies
Vir ’n liggaam so skraal
Sal enige prys betaal
Solank die nommer op die skaal net daal

Jy het my gekies
Om jou sleutelbeen te wys
Jou perfeksie te lys
Dat hulle jou prys

Jy het my gekies
Teen wins of verlies
Jou verander, stelselmaties
Jou refleksie vries

Jy het my gekies
Dit was jou keuse
Gemaak deur vrese
My naam jou leuse

Jy het my gekies
Ek is deel van jou
Met leuens toegevou
’n Maandag so blou

Jy is deel van my
En ek van jou
My naam is Anoreksie


 

Liezel van der Merwe

Gee ons ons daaglikse brood ...

Here ...
Wat het U bedoel?
Coke, brownies en dagga
Of wat van hierdie honger-hart-gevoel ...

Glo ek te min ...
Bid ek te min ...
Eet ek te min ...
Here, wat doen ek te min?

want hierdie honger hart word net nie gevoed nie
en Here ek het nie meer moed nie

Gee ons ons daaglikse brood, Here,
laat ek van U eet

woord

            vir

                        woord


 

Hester van Rensburg

Alles wat mooi is

My bord is ’n gevulde palet
En ek die skildery
Binnekort gaan dit alles      deel word van my:
Helder geel-oranje, rooi en dowwe groen
Met so bietjie Titanium Buff en wit
En as alles op is, skraap ek dit mooi skoon
En teken dan daaronder
Want dis deur myself gedoen ...


 

Nicci Barnard

Kos vir ons liggame

Kos, ’n voedsel, als wat ons eet.
Dit kom in baie vorme, soos wat jy weet;
Vleise en groente en allerhande pappe,
Vrugte en lekkers en gesonde sappe.

Kos is nodig vir lewe op aarde,
Dis gegroei in die grond vir jare en jare.
Diere word geslag vir hulle vleis en vel
Net sodat ons dit kan geniet met ’n pel.

En nou, as jy dit hoor,
Klink dit naar en mal
Maar as jy hoor wat in ’n fabriek gemaak is,
Sal jy skoon van jou stoel af val.

Duisende tjips en swieties en lekkers
Is gemaak met chemikalieë deur moeë werkers.

Nou dink jy vir jouself;
"Is dit rêrig wat ek eet?"
Wel ja, hierdie's als in ons daaglikse dieet.

Ons moet begin om beter na ons liggame kyk
Dit maak mos saak hoe hulle lyk.
Hulle is net so delikaat en fyn,
Miskien, eendag, eet ons oor die lyn.


 

Nicoline Lingenfelder

Honger

Die koue het tande vanaand. ’n Man lê buite, dis koud en reën.
Honger verteer sy liggaam, maak die vleis maar min om sy bene.
Geen genade word aan hom verleen. Geen huis, bed of matras aan hom geleen.
Die lewe is gemeen. ’n Sementtrap sy kussing. Sy teerbladmatras verteer sy liggaam.
Sy drome vir sy lewe lê veras in sy verlede.
Met ’n leë maag wat benoud na hom roep, kerm.
Hy druk sy maag net meer ferm vas. Die honger skree teen sy siel. Hy bid
"Liewe Heer, help my die honger kalmeer." Hy trek sy oor toe,
maak sy oë toe en probeer vergeet. Die lewe het hom verneuk.
Die berge lê wit van die sneeu. Ek glo sy kombers is reeds deurweek.
Sy verslete klere sit klam aan sy menswees vas. Honger, koud, uitgelewer.
Iemand sit ’n koppie sop en broodjie by sy kop neer.
Hy lig sy kop verbaas, dis soos manna uit die hemel.
Hy verslind die brood en sluk groot monde sop af, kou skaars.
Stilte kom in sy derms. Hul kerm nie meer. Hy kry krag vir die nag.
Vanaand was daar manna, maar môre onthou sy maag weer die honger.


 

Annelize Cloete

Anoreksie is sinoniem aan jou.

Stil,
Dis wat dit is in die vertrek.
My droë lippe skuur teen die koffiebeker
terwyl ek in gedagte die donker druppels teen die rand aflek.
Die see lê vandag weer doodstil voor my oë,
bedrieglik teenoor die misnoeë wat in my hart kom nesmaak het.

Die Ouma-beskuit lê en terg in die piering,
hoe ironies dat hulle nie werklik vertroosting kan bring
vir hierdie hart in my borskas wat in stukke geruk is,
soos broodkrummels wat vir die voëltjies gestrooi word.
My kop is vol golwe van emosie net soos ’n dreigende storm in die diepste see,
maar hier buite in die werklikheid is dit
Stil.

Die beker is nou yskoud in my hande,
iewers het ek tyd verloor in my hartgebroke gedagtes.
Miskien kan die mikrogolf die saak red.
Ek ruk regop, sleepvoet na die kombuis,
bliep, 30 sekondes.
Waar is jy nou,
noudat jy net weg is,
Dood, vermoor, begrawe.
Die reuk van koffie hang in die lug,
proe-proe of dit warm is.
Dit smaak nie reg nie, dit smaak dan nou so kits.

Terug op die rusbank kyk ek na die simpel piering beskuit,
dis dan waar my lewe nou kom draai het, hier voor hierdie besluit,
Die wêreld daar buite loop oor van honger mense
en ek gooi die koffie in die drein af, en verwens die gebak hier voor my.
My maag smag na kos,
my siel smag net na jou.

Dis dan waar die stilte my nou het
in ’n wêreld waar jy nog by die voordeur gaan instap
jou peppermint reuk die huis gaan vul, en jy my op my tone hou, want jy soek
Kos.

Die mensdom vergaan van die hongersnood
Maar hier in my sitkamer met die mooiste see-uitsig sit ek in dieper nood.
’n Behoefte aan jou soos ’n tiener met anoreksie
behoefte het aan dood, lewe, wie weet wat, kos?
Wanneer laas het ek iets geëet?
Wie weet.

Die storm in my kop wil my nie in vrede laat nie.
Die hongerpyne in my maag maak nie saak nie.
As ek ook nooit weer iets eet nie is dit nog te gou,
want al waarna my siel smag is net na jou.
Nou sit ek hier, uitgeteer, verhonger, verwaarloos,
want vandat jy weg is, is anoreksie sinoniem aan jou.
Ek wens jy was hier, ek sou die wêreld laat omkom van honger as ek jou net weer kon vashou,
maar nou
is daar net ’n realiteit sonder jou.

Ek staar voor my uit.
My maag soek iets te ete,
my siel soek net na jou
En om my is alles
doodstil.


 

Christo Visser

Versadig

Kom nader my lief,
kom proe die appelkoosbloeisels
van my enjambement, suiwer
die soutsmaak van my alliterasie en
die heuninggeur van my assonansie.

Raak liggies aan
die brosheid van al te broos
woorde oor my blanko blad,
soos krummels op ’n broodbord,
soos rasperkrulle lê hul hier rond.

Ruik die kraakvars
geur van perskesap en
pypkaneel in die reëls en sinne
wat, eensklaps uit die lug gegaps,
ek met jou hier deel.

Sien die anyssaad
soos elke mosbolletjie-strofe
goudbedek oprys, botterblink
en veersag, ’n geur wat rym
bring aan hierdie vryversdag.

Kom sit nou aan geliefde,
by dié feesmaal van woorde,
vul jouself met die gedigtedis
en drink die lafenis van
my goed beleë, wynrooi woorde.


 

Annalene Kinghorn

s(krap)s

krap krap
in my buitedrom
soek soek
na ’n korsie

hoe lank nog
kan ek
bekostig
be kos tig

om die plat
du jour
by spierwit tafels
te nuttig

hoe lank nog
of die krap krap
skop skop my
in die maag


 

Sanri Bouman

Brood van die lewe

"Het Miesies vir my ’n brood se sente?
Die Jirre sal dit vir mevrou teruggee met rente"
Vir die soveelste keer
Is daar nóg een wat my hulp vra weer ...

Ek was al ergerlik met hulle, soms kwaai
Al gedink: stuur hulle tog net in hulle maai!
Maar hoe min sal ons weet ...
Hoe die honger hulle van binne vreet.

Kinders wat vra met waterige oë
Hoe verduidelik mens vir hul om te bly glo?
Hoeveel van die SASSA kan hul werklik sien?
Honger is nie iets wat ’n kind verdien.

Party vra net "polony en ’n halwe brood"
Hulle drom almal saam by die winkel – klein en groot.
Ek het al ophou ergerlik raak:
Kinders se welstand is iets wat almal traak.

Die koskaste by die huis het lankal leeg geraak.
Mommy het die naweek die laaste pak cheap wors gaargemaak
Melk en suiker is ’n luxury
Daar’s ook nie meer airtime en koopkrag nie.

Hoe sê jy vir hulle om moed te hou?
As hul die halwe brood in hul arms toevou.
Iemand waarsku my: Mevrou, moenie gee
Môre "skarrel" hul hier net weer.

Maar honger vra nie ’n kleur of ouderdom –
Dis iets wat weer en weer terugkom
Mense wat het sal nie vra.
Dié wat niks het sal nooit kla.

Nes die groceries raak die planne op
Oor hoe om die hongerpyne te laat stop.
Maar dis ’n "sosio-ekonomiese probleem".
Sommige is selfs van hul familie vervreem.

Miskien is geloof juis om te lewe van dag tot dag.
Om – soos hul – op die Vader te vertrou
Vir hul daaglikse halwe brood wat hul toevou
Staande te bly deur Sy genade en krag.

Diesulkes het reeds die Brood van die Lewe ontdek
En van die Fontein van Lewende Water verniet gedrink
Eendag dek Vader vir hul ’n feesmaalplek
Daar waar strate van goud sal blink

Ook vir jou met die goeie hart:
Wat empatie het met ander se smart
Sal Hy ’n ereplek voorberei,
Hy sal sê: omdat jy vir jou naaste gegee het soos aan My.

Laat ons dan nooit moeg
word om goed te doen in lief en leed
Laat ons dan dink aan dié wat wroeg
Laat ons hulle nimmer vergeet
Hy beloof ons: Met ’n oop hand sal ons altyd hê ... Genoeg.


 

Annie Farao

Bedelaarskind
Op winkel se stoep
Jou wese gevorm deur storm en wind
Bedelaarskind, vuil en verflenter
Staan jy daar
Wonder jy soms oor die lewe se swaar

Van dag tot dag
Net ’n stukkie brood mevrou
Die rympie wat meesal teleurstel
Maar nooit nie verflou

Wat van winter se kou
wat naderkruip
Vuil, verflenterde baadjie
Stywer om vermaerde lyfie gevou

Bedelaarskind
Hoe het jy hier beland
Bedelaarskind
Verwaai deur die wind
Wat hoop jy om hier
Op winkelstoep te vind


 

Helen Liebenberg

Hol kol in my siel

Stop die mond, stop die praat
Vul die gate wat jou siel agterlaat
Sonder om te wonder, sukkel om jouself te vind.
In ’n doolhof ... ’n gevoel van leemte nooit verbind

Ek is moeg gepraat, oor dinge wat ek haat
Dis maklik om te prop om die gate toe te stop
Vatterige hande en vingers met trommels,
word burgers en melkskommels.

Oom met ’n snor en geel tande wat lag,
verander in pizza en lasagne wat wag
So verdwyn die pyn met 7 glase wyn

Jare se skelm kyke en vergrype
Word ’n leeftyd se vet met verwyte.
Wens ek kon dit keer; netnou gebeur dit weer met my.
Vet is gelyk aan lelik, so sê my kop vir my
Dalk hou hul eendag net verby

Ek eet myself vol, weg is die hol kol
Tot ’n halfuur later, dan word ek kwater
Sal die siklus ooit stop ... of was dit net in my denke soos die eerste pannekoekflop.


 

Axliane Meyer

Wat eet ons gees

God voed elke dag ons gees
Manna uit die Woord gegee
Brood gebreek
Om ons te red en te genees
Soos heuning op jou tong
Is die evangelie in jou mond
Soos uitgeparste druiwekorrels
Het bloedsweet van sy voorkop afgetap
Granaatrooi het sy bloed gevloei
Soos neute gekraak en gebreek
Is Sy liggaam vir jou en my
Brood en vis het Hy vermeerder
Hoop te gee keer op keer
Hy het sy skure vol kos gepak
Om ons gees te voed dag na dag


 

Marleze Cloete

Die manna in die leefstyl

Die sonsopkoms vroegoggend lei die koeie na die stal, nie ’n wroeging nie maar ’n leefstyl.
Die stoom van die kaaspot styg na die dak en die reuk van warm melk hang soos soet nostalgie in die lug.
’n Maand of twee loop verby en die liefde-arbeid van kaas maak staan soos ’n Kersfeesgeskenk en wag, dis tyd vir proe.
Soos manna uit die hemel, dit is vervullend. Vervullend nie net in die eet nie, maar vervullend vir die siel dit is die liefde van die saak.


 

Hennie du Toit

Ek vra net ’n stukkie brood

Asseblief meneer, help my tog met ’n stukkie kos,
al is dit dan ook net ’n droë broodkorsie.
Of as jy jou so ’n paar stukkies chips kan oorlos
sal dit vir my genoeg wees vir ’n porsie.

Ek het iets oor my lippe gehad, drie dae laas
maar ek dood eerder voordat ek iets steel.
Ek sal enigiets vir jou doen, selfs sê "baas",
as jy maar net jou broodkorsie met my deel.

Ek soek nie geld nie, net iets om te eet,
want die hongerpyne knaag aan my.
As jy vanaand asdrom uitgooi, moenie my vergeet.
As ek mag, sal ek jou afval daarin kry.

Maar die ryk man jaag die bedelaar weg.
Voordat ek vir jou iets gee,
gooi ek dit eerder weg,
al staan jy ook op jou knieë,
want as jy sleg is, is jy sleg.

...

Maande later verloor die ryk man sy werk.
Ouderdom en nasionaliteit tel teen hom.
Hy moet vir kos gaan aanklop by die kerk.
Hoe verlang hy nou na sy weggooikos in die asdrom.

My vriend,
honger is ’n werklikheid,
ras of ouderdom ten spyt.
So help vandag waar jy kan,
want môre is jy dalk ook die ontvanger daarvan.


 

Inandi Smit

Varkvet

Voorheen; verdrink in voorspoed
verswelg in die net van verbruikerswese
Bereid om te versmoor vir vark, vet, volk en
Vaderland

moederaarde hang aan die galgtou.
Kan jy haar hoor skree?
Verdoof


 

Michael Abrahams

Somaliland se sand

Die grys Somaliland se sand kners saggies tussen hulle opgehoopte blinkswart tone.

Met geboë skouertjies en magies wat grom en brom trotseer die drietjies aan.
"Nog net tot daai koppie," word daar gefluister.

"Dan is ons daar, dan is ons daar" Die son steek sterk en die honger knaag kwaai.

Uiteindelik bereik die drie hul huis vanaf die dorp so ver. Al nader tot die gehuggie. Die geur van die kos val die koel lug aan.
Tafels is gedek, met geel pampoen en skorsies groen.

Dis dadels en neute en piesangs en roomys, gedoop in ’n sousie soos net mamma dit kan doen.

Ons was die knopperige hande gou want die gegrom dreig soos ’n vaal wolk wat wil-wil bars oor ons binnegoed.

In stilte is ons nou aan tafel, die pyn van honger het plotseling verdwyn.

Ons hap aan die warm tuisgebakte knoffelbrood, besaai met sesamsaadjies, volgeprop met stroopsoet rosyne en sultanas.
Vir nagereg word yskoue vars gespeende bokmelk voorgesit.

"Dis nou hoe mamma haar dank betuig"

Drietjies wat elke maand die pad aandurf om goedjies te koop sodat daar genoeg kan wees ... vir ieder en elk.

Asook die vreemdeling.

"Aah, dis hoe jy dit doen as jy Somaliland kom kuier en aan tafel sit.

Met kraakvars uie gebak in olyfolie en ’n titseltjie witwyn sodat die tong bollemakiesies maak na hartelus.

Na dit ... die hoofgereg!"


 

Suzaan Hester Erasmus

My eerste liefde, my langste verhouding

Wat is die definisie van ’n gesonde verhouding?
Iemand wat jou bystaan, jou troos, vir jou vreugde bring?
Dis dan hoe ek oor jou voel, dis dan presies wat ek van jou af kry!
Daar is ’n verstaan van my moods in elke een van jou sny, sny, sny.

Wit, bruin of met sade bedek
Met elke hap kan ek my hart oopvlek
Goeie nuus wil ek dadelik met jou deel
Ek geniet jou veral wanneer ek myself voor die TV verveel

Jy daag selfs op by ’n samekoms vir die dood
Natuurlik praat ek van jou ... my liefste, my langste ... my brood
Hoe kan dit ’n verslawing én ’n gesonde verhouding wees?
Jy maak my dan gelukkig, saam met jou vier ek fees!

Met botter, met sous, sommer net so kaal
Jy is die hero, jy kom tot my redding in elke verhaal
Ek het my draai na jou al probeer keer,
Maar dan smag ek na jou comfort met my elke seer

Jy voldoen dan aan alles wat ’n goeie verhouding smag
Maar diep binne my weet ek ... ek gee vir jou te veel krag
Emosionele eter, dit noem hulle my
Want ek gryp na brood om my pyn te vermy

Met elke hap kan ek verbeel dat my probleme verdwyn
Met elke hap word my maag groter, my emosionele kapasiteit ... klein
My eerste liefde, my langste nog, sal ek moet erken?
Dat jy my eintlik seermaak, al voel dit of ek wen.

Die opgewondenheid wat jy bring!
Elke keer wat jy uit die toaster spring!
Jy bring net als wat mooi is, nóóit óóit vrees!
Hoe kan dit dan ’n gesonde verhouding én ’n verslawing wees?


 

Georina Westraadt

Ouma is in kaneel

Smake, geure, kleure en teksture:
die kuns van saamvoeg en opdis tot ’n smaaksimfonie,
deur die jare verfyn tot ’n unieke vaardigheid
in die voorsit van disse wat nie net voed nie,
maar elke honger kind, gas of familielid kon wegvoer en versadig laat opstaan
dankbaar vir die heerlike ete, maar ook die samesyn.

In die verlede was daar eers ’n tafelgebed,
was dank uitgespreek oor die kos en seën op die hande wat dit voorberei het.
Daar was gedink aan dié wat minderbevoorreg is.

Nou val almal net weg,
Geselsend, met hier en daar ’n sydelingse loer na ’n selfoon
deur ’n jonge wat bang is om iets te mis.

Kou hulle ooit die kos?
Proe hulle ooit?
Is hulle bewus van die geure en sien hulle die kleure en teksture op die gelaaide borde?

Later, almal versadig
word die borde afgedek.
Gelukkig het Ma ’n masjien wat kan was.

Toe sy ten einde alleen agterbly
die borde uitvee, wegpak en opruim,
is herinneringe al wat oorbly op haar leë bord.


 

Leo Hoekstra

Ek soek nog

Ek ... wie is ek
wat hier sit op my grysgroen bank?
My vingers voel-voel in die bak
wat op my skoot vir my staar
met leemte en verdriet ... kaal
sonder enigiets om dit op te vul

Ek soek nog!
Nog ’n happie om my hart se snare te herstel
Nog ’n glimmer van hoop wat in my mond gekou word ...

Nog ...
Nog ... kos.

Die enigste middel wat my lewe koester
Die bak se leemte smeek na ... nog
Nog peuselhappies om dit op te vul
Nog morfien
Nog ... van my eie persoonlike dwelmmiddel

Ek moet op my voete kom:
Figuurlik ... Letterlik
Maar die letterlike sal net lei na
nog ... ’n tree na die doodloopstraat

My voete sal my dra na die kombuis
na ’n wye verskeidenheid van middels –
skyfies, sjokolade ... dwelms

Dis wat dit is:
Nog ... en nog dwelms

Ek soek nog!
Nog ’n happie
en nog een
en nog een
totdat my oë toeval
en die realiteit wegvaar

Nog en nog ... soebat ek

Ek het altyd nog nodig
van my eie persoonlike ontsnappingsmiddel


 

Pedro Koetzee

Mieliepap

Hulle is okay
Hulle het darem iets om te eet
Hulle het mos darem pap

Dis ook maar al wat hulle nodig het

Los hulle maar, hulle is okay


 

Irma Steffens

Herinneringe

Ek stap in die winkel, van rak tot rak
Kyk na kossoorte hoog opgepak
Kleurvolle verpakkings vol geure en smaak
Ek sien in alles herinneringe aan mense
Wat deel van my lewe uitmaak

Groente verplaas my na my pa se tuin
Waar aartappels, wortels, patats, boontjies en beet
O ja, en moenie die uie en ertjies vergeet
Met liefde geplant, en welig gegroei
Sy trots was, hom met vreugde laat gloei

Blikke vol vars koekies en beskuit
Laat herinneringe aan my ma voortleef
Gesondheids-, karringmelk-, anysbeskuit
Koffiekoekies, klapper- en sjokolade- smelt sag in jou mond
Hoe drup my lus nou sommer tot op die grond

Tuisgebakte brood soos net Ouma kon maak
Dik gesmeer met plaasbotter, dalk ook konfyt
Die harde korsie se kraak
Wanneer jy jou oë vir ’n oomblik toemaak
Jou tande daarin slaan, ’n stukkie afbyt

Vars vrugte uit Oupa se boord
Koejawels, lemoene, ’n perske of twee
Altyd iets lekker om vir ander te gee
Geld was min, tye was swaar
Maar met vars vrugte was Oupa altyd daar

Dan is daar trifle met Kerstyd gemaak
Spesiaal vir Pieter, wat val in sy smaak
Net genoeg vla, jellie en room
Perfek gestol in lae van kleure en prag
Wat op die tafel vir my vriend se lepel staan en wag

Deur net te kyk na die kos in my bord
Kan ek aan iemand spesiaal herinner word
Iemand wat was, maar in herinnering steeds bly
Iemand vir wie ek lief was
Iemand soos jy


 

Marthie Botha

Genadebredieresep

"Mamma, ek is honger ..."
Hoor sy vir die hoeveelste keer.
Die Vader weet, sy kan nie meer.
Ken jy die krag van gebed?
Sê die wat gewoonlik baie het.
Maar vanaand gaan sy bid tot God haar hoor.
Sy het tog niks om te verloor.
Voor die leë borde laat sy haar twee kinders sit.
Voor ons eet moet ons tog bid.
"Liewe Heer, ons sal u nooit vergeet."
"Maar mamma, hier is niks om te eet!"
’n Klop aan die deur duidelik, tog sag.
Moet sy huil of moet sy lag?
Oorskietbredie ... wat maak dit saak!
Hulle gaan met vol magies aan die slaap raak.
En daar is nog genoeg vir ontbyt.
Dankie Heer, U sorg altyd.


 

Werner Steyn

Die volgende happie

Selfs al weet ek
jy's sleg vir my
Wil ek in elk geval
hier saam jou bly

Selfs al weet ek
jy maak my seer
Sien ek altyd
kans vir meer

Ek eet en eet
en eet net nog
Ek haat jou,
maar dink ook tog

"Dit kan die volgende happie wees
wat die leemte vul, hier in my gees."


 

Margaret Cordier

Boeke is brood
Met erkenning aan Elize Botha

gis
en gemaalde korrels
meng
word ingekniede woorde
rys op

wag

voor die bakker
helaas die woordbrood
gepan
in ’n vuurvlam sit

die geur wat hang
wakker my honger aan
wanneer goudgebak
die boek gekors
my honger stil


 

Raymond Rympies Evertse

Op ’n skarrel

Ek sien en hoor van soggens tot snags
Haweloses, hulpbehoewendes, op ’n skarrel.
’n geskarrel na hoop om ’n maag te vul
’n skreeuende maag van honger en ’n dors te stil.

Ek sien die karretjiesmense, stoot vir
’n lewe
Van die een straat na ’n ander met hoop,
Hoop op om af te kom op ’n stukkie geluk
Uit een of ander se gemorsblik.

Soekend, krappend na ’n stukkie oorskiet
Soekend na enigiets waardevol.
Waardelose gemors van iémand anders,
Goud werd vir hom of haar, op ’n skarrel.
Skarrel vir oorlewing.
Dankie pa ... die ou stuk metaal,
is ’n stukkie weer, vir die kragboksie.

Ek sien ’n rolstoel elke dag.
Sy passasier in die middel van druk verkeer ...
met sy vierwielaangedrewe "wa" op ’n skarrel
Swart gebrand van die genadelose Afrikason
Op ’n skarrel, met sy blikkie in die hand
Sê niks ... sy verbitterde, hartseer, moedelose gesig sê alles, op ’n skarrel.
Om ’n honger of ’n dors te stil

Op elke kruising, sien ek hulle
’n jonge man, op die middelstreep
Op sy knieë in ’n biddende posisie.
Skaamteloos, en ’n uitroepkreet op sy gesig,
Met sy trots in sy sak, weggesteek.
Smekend, sy lyftaal praat,
Here, sê vir hulle ek is op ’n skarrel.
’n geskarrel om oorlewing ...

Orals skarrel hulle ... wyd en syd
Hul behoeftes, geskrewe op ’n ou stuk karton.
Hangend om die nek, of hande uitgestrek
Wagtend op ’n rooi verkeerslig ...
Sê niks, die oë sê alles, pleitend.
Van die een motor na ’n ander ...
"Ek is op ’n skarrel ... vir spyse en dranke.
Op ’n skarrel na hoop."


 

Jacqueline Brits

Herinnering

Die wrakke van herinnering
Lê wit gebleik in die oggendson
En onderdruk die verlange
Na ’n ou, bekende pyn

Ek breek die onthou in klein stukkies af
Doop hulle in my suikersoet oggendkoffie
Die bitterheid van koeëlwondwoorde
Sagter en makliker om te sluk

Ek eet my versadig aan selfbejammering
Sprei my piekniekkombers by God se voete oop
Pak die verwyt saam met Short Story Biscuits
En ’n tikseltjie trane in my wyn

Wanneer die feesmaal in my maag begin pyn
Kry my hart kans om te rus
Ek raak gemaklik tussen die blou kolle op my lyf
En sluk ’n paar poedingpille af


 

Jeannie Nieuwoudt

Ek is klein

Met groot ogies sit ek en staar
wraggies kyk al die kinders daar
Op die kassie sien ek hul
geen tekorte soos hul smul
My mondjie water as ek sien
dat net hul die lekker kosse verdien
In my ogies is ’n traan
Ek is klein maar ek verstaan
Arm het ons geword
maar voorheen was ons gesort
Hongerte begin te knaag
diep binne-in my maag
Opgewonde spring ek op
nou sommer op gallop
Ek kry ’n snytjie brood van die kas
Vir my is dit van pas
En ek bid: Dankie Heer al is ek klein
vir my kossies en my brein, amen.


 

Quzette Bosman

Elke jaar se voorneme

Hoe vergeet jy van jou vet
en die lewe wat jy het
Hoe bly jy kou
aan wat jou koud hou
seker maar ’n ou hoop
wat in jou hart rondloop
Op ’n bu-vet rondomtalie


 

Lara Badenhorst

’n leë holte

in die oggend hoor ek die gedreun van
’n leë holte
in die aand is hy skaars stilgemaak
met mietmeel, suur melk
en liggies oorgesprinkel – masonja
laatmiddag smag ek na ouma martie se melktert
die laaste geel botterkoekie onder in haar koekblik kruip weg in my geheue
soos die son agter die heuwel
verdwyn
die geskroeide stukkie brood op my stokstofie neem die maan se plek in ...
die nag is honger
middernag is honger
donder
Ek is honger.


 

Luandi Uys

Twee kante van hongerte

Twee kinders, wêrelde geskei;
een met ’n bord vol kos en die ander
wat aan hongerte ly.

Een gaan slaap, spekvet en gesond,
maar die ander een sukkel want die gevoel van hongerte
dwaal nog in sy maag rond.

Een staan op, eet ontbyt en pak die nuwe dag aan.
Een staan op, geen energie;
moeg en gedaan.

Een lewe met die wete dat, indien hy sou vra sou
hulle vir hom gee.
Maar die ander een weet dat indien hy sou vra: "Is daar kos?"
sal hulle hom beantwoord: "Ek is jammer, nee."

Twee kinders, wêrelde geskei;
een met ’n bord vol kos en die ander
wat aan hongerte ly.


 

Kobus Grobler

Tafelgebed

Aan tafel van spys en drank
loer vandag ’n kleinkind op my plek
met rooi papierkroon op sy kop
na ’n Kersfeesklapper langs sy bord gedek.
Oor tafel, bord en wit servet
swaai my vrou se lepel septer
terwyl sy herinneringe skep
van Karoolam en soetpatat.
Om tafel kring kinders vir gebed
hande vind mekaar en herken
die woorde wat my mond sou bid.
Eet vandag my woorde en bly tog weet:
dis ek, jul vader hier wat vra vir seën
en laat ons hom nimmer vergeet.


 

Dayne Nel

Ek het nog altyd van begrafniskos gehou

Ek het nog altyd van begrafniskos gehou.
Ek dink nou aan Oupa se biltongtoebroodjies en marshmallowtert,
Oom Jack se lamingtons en kaasskons,
Maar ek was te jonk om Ouma Dulcie se spyskaart te onthou.

Ek het nog altyd van begrafniskos gehou.
Mense bring die vreemdste goed.
Gewoonlik is daar hertzoggies en worsrolletjies,
gevulde eiers en hoendervlerkies.
As jy gelukkig is dalk ’n koppie sop,
of selfs vrugtekoek – in Maart.

In die ou dae moes dit ’n feesmaal gewees het.
Geen kroek met Today Pies of Ouma Rooi se koeksisters
(wat een of ander vrou gou by Checkers gekoop het) nie.
Die catering was nie ’n afgerammelde saak, ’n second thought nie.
Die ander dag was ek by ’n diens,
waar vyf mense dieselfde Smiling Oven-melkterte gebring het.
Natuurlik het die familie nie agtergekom nie,
Maar ek het.

Terwyl ek in die kerk my trane afvee,
dink ek reeds aan die koek in die saal.
Dit help.

Ek hou nog steeds van begrafniskos ... as daar is.
Dis wel net moeiliker as jy low-carb eet.
Min mense bring crudité en kombucha na ’n roudiens toe.
Dis nie juis trooskos nie.

En, hoe vreemd as jy nie mag kuier na die diens nie.
Waar gaan mens dan?
Die huis is eensaam, die winkels lawaai.
’n Spur-burger pleks van ’n kaasbord met pampoenkoekies.

Ek oorreed myself dat ek van begrafniskos hou,
maar die waarheid is,
die begeerte van vyf nuwe minute saam jou,
die grootste feesmaal op aarde sou wees.


 

Aangebied in samewerking met die

The post Eet my woorde: Inskrywings (10) appeared first on LitNet.

Ekstasis and the intricacy of intimacy

$
0
0

Ekstasis
A short film
Unusual Bones. in association with Couscous and Cream
Written and directed by Emilie Badenhorst and Kanya Viljoen

Ekstasis can be seen on the Vimeo account of Unusual Bones.

First and foremost, Ekstasis reminds us of the senses we have otherwise forgotten to cherish. From water drops cascading down the skin to the smell of naartjie juice on your fingertips, this stunning study of the interconnectedness of identity is perhaps the gentle reminder we all need to savour the human experience and all its delicious complexities. Emilie Peta Badenhorst and Kanya Viljoen look not only at the blurring of relationships in that strange limbic space between friendship and something more, but also at the fragility of family dynamics and how quickly they can come tumbling down.

...
This stunning study of the interconnectedness of identity is perhaps the gentle reminder we all need to savour the human experience and all its delicious complexities.
...

Inez Robertson and Mariana Del Carmen give a beautifully raw performance as the film’s leading roles, with the free-spirited and feisty Marizaan perfectly balanced out by the strong and quiet presence of her best friend, Phella. Through these young women’s honest performances, we find not only the delicate intimacy that makes up the core of the film, but we also learn just how important silences can be when words are simply not enough. “Why can’t people just fucking say what they want to say to each other?” screams a confused and overwhelmed Marizaan in light of learning of the growing friction between her parents. A very bold question to pose in a time when communication has been overpowered by the falsities of online personas. This is perhaps why the simplicity and almost nostalgic art direction, from the warm yellow tones of Marizaan and Phella’s kitchen to the clean minimalist nineties-like fashion, set the viewer’s mind back to what might be considered a simpler time. But, even with barely any presence of modern distractions, it is still the silences, the things unsaid, that truly strike clear and true.

Marizaan and Phella’s unconventional love scenes expressed through dance-like movements are so inherently sensual and intensely intimate, that the blandness of the unemotional sex scenes that usually plague modern romance stories feels inconsequential in comparison. To allow the simplest of touches, fingers lightly skimming skin and the chaste press of cheek to cheek, to become so heightened and heart-rending is no easy feat, but this perfectly paced slow-burn love story does just that. Jason Prins’s cinematography echoes the quiet intimacy of Marizaan and Phella’s relationship, giving the sense almost of a home movie with its documentary-style handheld camera and cosy close-ups. In conjunction with the soft, inviting and at times haunting score, there isn’t one moment when you don’t feel fully immersed in this little corner of Cape Town and the coastal town of Velddrif.

...
Marizaan and Phella’s unconventional love scenes expressed through dance-like movements are so inherently sensual and intensely intimate.
...

Badenhorst and Viljoen manage to give a clear comparison by placing the more expressionistic and emotionally charged youth, seen especially through Marizaan, side by side with the firm and sometimes unforgiving Afrikaner culture represented through Marizaan’s parents – a societal staple with an overbearing but well-meaning good Christian mother and her stern and silent husband. How perfect a comparison to create between the tender beginnings of a relationship of South Africa’s next generation, and the crumbling marriage whose structure was built in a bygone era most wish to forget. Like with many other problems that still plague a post-apartheid South Africa, one could even argue that Marizaan’s parents’ inability to speak freely with one another – to let emotions remain bottled up instead – is another issue passed down to the next generation without any hope of finding a solution anytime soon.

From the get-go, we see Marizaan practising her final exam piece, headphones on and eyes closed to the world around her. Dancing to a tune only she can hear, she already lays out what her future struggles will be – a constant battle of the metaphysical kind, while words otherwise escape her. It is an impeccable representation of the inner struggles of this next generation of youth. A generation who are looking inward and attempting to understand their identities, rather than hide them. Immersed in the multilingual and diverse landscape of South Africa, we ride an emotional roller coaster alongside these characters, flitting between the different facets that make up the self, trying to figure out just how all the puzzle pieces fit together and whether or not there are some parts that need to be reshaped in order to reflect the truest, most honest version of ourselves.

Overall, Ekstasis has lived up to its name. I was immediately ensnared by the story and fell in love with not only the message, but also the way in which it was told. Badenhorst, Viljoen and the rest of their incredible team of creatives have done a magnificent job in exploring the difficulty experienced when shifting between these boundaries inflicted upon us by society. Through Marizaan’s and Phella’s eyes, we learn that the resulting pain can come hand in hand with a kind of bitter-sweet beauty rewarded only to those brave enough to try.

See also:

Press release: ekstasis

Read on Voertaal:

Colonisation and immigration, an interview with Ashlin Winckler

The post <em>Ekstasis</em> and the intricacy of intimacy appeared first on LitNet.


Pieter Uys (1956–2022)

$
0
0

Pieter Uys (Foto verskaf)

...
Die digter, taalkenner, taalpraktisyn en konseptualiseerder in die reklamebedryf Pieter Uys is op 16 Januarie 2022 in Johannesburg oorlede. Johann Lodewyk Marais bring hulde aan hom.
...

Frederik Petrus (Pieter) Uys is op 17 April 1956 in Empangeni in KwaZulu-Natal gebore en het in 1974 aan die Hoërskool Piet Retief gematrikuleer. Sy vader was verbonde aan die Departement van Bosbou as ’n inspekteur vir wattelbas vir uitvoer na Japan en sy moeder ’n verpleegsuster. Ná skool gaan hy na die Randse Afrikaanse Universiteit (nou die Universiteit van Johannesburg), waar hy onder meer Italiaans studeer en ’n honneursgraad in Arabies by die Sentrum vir Arabiese Studies verwerf.

Ek het Pieter aan die begin van die 1980’s leer ken toe hy as dienspligtige by Militêre Inligting in die Poynton-gebou in Pretoria gewerk en in Tuine gebly het. In dié tyd was hy ’n lang, lenige offisier in die lugmag en sy kennis van tale soos Arabies, Duits, Frans en Italiaans is goed benut. (Soms was Ailsa Stuart saam met hom of het hy foto’s van hulle gewys. Sy is later in ’n motorongeluk oorlede, wat een van die groot verliese in sy lewe was.)

Die tydskrif Ensovoort het in Junie 1981 die eerste keer verskyn. Pieter was ’n getroue medewerker en ’n aantal van sy gedigte is daarin gepubliseer. Gereeld was daar ’n koevert met gedigte en vertalings van gedigte (uit onder meer Arabies en Hebreeus) in die pos. Hierdie dokumente – veel meer as wat vir publikasie aanvaar kon word – maak deel uit van my argief by Unisa en verdien ’n herbesoek. Daarin en in ander “little magazines” is die stem duidelik van nog ’n Tagtiger wat ingespeel het op populêre kultuur en vol ironie en patos was.

In die versameling by Unisa is voorts kassette en CD’s waarop Pieter van sy gedigte en vertalings voorlees. Hy het ook opnames van ander se gedigte en musiek deur onder andere Marianne Faithfull en Nina Hagen aangestuur. Nuut vir my was die Arabiese musiek waaraan hy my bekendgestel het.

Pieter het ná sy diensplig onder meer as bibliotekaris by Unisa gewerk en daarna sy brood as konseptualiseerder in die reklamebedryf en as taalpraktisyn verdien (ook vir kliënte in die buiteland). By Unisa het hy gesorg dat kopieë van sy selfgepubliseerde bundels in die biblioteek kom. Dit was ’n geluk, want sodoende kon die Nederlandse digter Gerrit Komrij sy gedigte te lese kry toe hy aan sy omvangryke bloemlesing Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte (Amsterdam, 1999) gewerk het.

Een van die verrassings van Komrij se bloemlesing was die ses gedigte wat hy van Pieter Uys gekies het. Komrij het hoogstens tien gedigte van ’n digter opgeneem en ses gedigte was ongetwyfeld ’n pluimpie. Een van Pieter se gedigte in die bundel lui soos volg:

Woorde

ek dryf handel met woorde
soos ander met muntstukke
tjeks of byekorwe, woorde dreun
dreigend soos bye in korwe
pasop dat jou woorde
jou nie steek nie, benewens
die pyn is sommige giftig
woorde is uiters gevaarlik
soms soek hulle mekaar uit
gaan lê langs mekaar en paar
en dan het jy gesê
wat jy nie bedoel het nie.

Van Pieter se gedigte is ook opgeneem in Fanie Olivier se Goudaar: Gedigte oor Johannesburg (1986) en Johan van Wyk, Pieter Conradie en Nik Constandaras se SA in poësie / SA in poetry (1988).

Pieter het oor die jare onder verskillende skuilname geskryf, waaronder Piet Pompies op LitNet se brieweblad SêNet. Sy skryfwerk het allerlei vorme aangeneem en beskoulike artikels, resensies (onder meer van New Age-publikasies en die mistiek), verhale en vertalings ingesluit. Hy het omvattende resensies geskryf vir die sanger en musikant Jarboe La Salle Devereaux (van die rockgroep Swans), wat gereeld met hom gekorrespondeer het. Op Facebook was hy tot twee weke voor sy dood nog baie aktief en het hy oor onder meer inenting teen COVID-19, die Amerikaanse presidentspolitiek en die klimaatsaktivis Greta Thunberg geskryf. ’n Indringende soektog in die media behoort ’n ryk skat van geskrifte op te lewer.

Pieter Uys is op 16 Januarie 2022 in die Edenvale-streekshospitaal in Johannesburg oorlede. Volgens ’n plasing op Facebook is hy vir ’n aantal ligte beroertes behandel. Daar is ook genoem dat hy sedert Oktober 2021 ernstige gesondheidsprobleme gehad het, sy niere ingegee het en hy uiteindelik longontsteking gekry het.

’n Verslaggewer wat oorweeg het om oor Pieter te skryf, het laat weet “dit blyk niemand weet van hom nie” en die artikel gelos. Pieter leef egter in sy gedigte en sowat twintig (self)publikasies van sy uitgewery Obscure Artifax voort, asook in die herinneringe van vriende en kennisse wat hom as ‘n hoogs intelligente, skerpsinnige en gevatte persoon onthou. ’n Vriend en kollega, Juan Janse van Vuuren, met wie Pieter ’n huis in Orchards gedeel het, som hom soos volg op: “Kluisenaar. Antinomies. Heterodoks. Outyds. Skugter. Hy’t homself as ’n Tagtiger beskou.” Pieter se broer, Kobus Uys, onthou Pieter se liefde vir spitshonde en geloof in selfmedikasie (veral groot hoeveelhede vitamiene C).

Die digter Annesu de Vos skryf by sy dood op Facebook: “My most talented of all #MyTalentedFriends in the literary world of the old country suddenly passed away. No one could compare to the scintillating wit and scimitar sharp mind of my beloved friend Pieter Uys and I made no secret of the utmost regard I had and will always have for his intellect, but also for his pure heart and soul.” Fanie de Villiers (Kleinboer) onthou Pieter het “belang gestel in die ontwikkeling van tale en die oorsprong van woorde, maar sy studie daarvan was veel dieper as myne”. (Sien ’n voorbeeld van wat Fanie bedoel.)

Ek het sporadies Messenger-boodskappe van Pieter ontvang wat van sy passie vir die studie van die ontwikkeling en verwantskap van tale getuig. Daar was ook mededelings oor baie ander onderwerpe, wat sy wye belangstelling en belesenheid bevestig het. Ek is hom dankbaar dat hy my attent gemaak het op die eertydse Geel Nyl wat die Ouaddaï-hooglande in Oos-Tsjaad met die Nylvallei verbind het. Ek het hom belowe om ’n gedig oor dié rivier te skryf.

 

■ Kobus Uys en Juan Janse van Vuuren het bio- en bibliografiese inligting oor Pieter Uys tot my beskikking gestel.

The post Pieter Uys (1956–2022) appeared first on LitNet.

Graad 1: Wiskundevraestel en -memo, eerste kwartaal

$
0
0

Bewerkstellig ’n aptyt by jou graad 1-kind vir Wiskunde, soveel as vir roomys – deur aan hierdie lekker vraestelle van Lee-Ann West te proe. In hierdie vraestelle word aandag gegee aan die werk waarmee die kinders nou, aan die begin van die jaar, besig is.

Klik hier om die vraestel gratis in PDF-formaat af te laai.

Klik hier om die memo gratis in PDF-formaat af te laai.

Lees ook:

Wiskunde, graad 1: vraestel en memo

Indeks: notas, toetse en vraestelle

 

The post Graad 1: Wiskundevraestel en -memo, eerste kwartaal appeared first on LitNet.

Eet my woorde: Inskrywings (11)

$
0
0

Foto: Unsplash

Hier is die elfde groep inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Eet my woorde" ontvang is. Die kompetisie sluit op 21 Januarie 2022.

Klik hier vir die volledige kompetisie-inligting.
Klik hier om nog inskrywings te lees.

..........

Inskrywings word chronologies geplaas in die volgorde waarin LitNet dit ontvang het.

Die volgende mense se inskrywings verskyn op hierdie blad:

Bianca Ehlers Estelle Schoeman Ivan Kruger Ina Kleynhans
Elmarie Stofberg Janelle Verster Natalie Harper Aletta Topham
Elna van Zyl Claryn van Niekerk Odette Labuschagne Vennessa Scholtz
Catherine Jane Janse van Rensburg Leandri Prinsloo Candice Cloete Mana Wessels
Aileen van der Zwan Antoinette Venter Nicolene Pienaar Johan van Rensburg
Hermi Baartman AJ Annandale Jean-Marié Coetzee Matilda Swanepoel
Marileen Steyn Sanet van Niekerk Chenette Combrinck Martie van den Berg
Michelle Thomas Lizelle Olivier Sandra Lategan Sharon Janse van Vuuren
Adéle Theron Marlene Erasmus Henriëtte van Wyk Melanie Lohrentz
Cara Pretorius Charlotte Beukes-Muundjua Belinda Simpson Erika de Jager

Bianca Ehlers

Klaas

In donker nagte en gedagtes
Waar angstigheid en depressie die baas is
Is daar niks om te dun in my dunderm
My leë maag kla en kerm
Smeekgebed van onder my kombers
Vir voedsel om te voed en verversings om te
ververs
Maar hulle hou my mond dan toe
Ek kan niks eet of proe
Want angstigheid en depressie is mos baas
En my skreeuende vriend se naam is klaas


 

Estelle Schoeman

Botterbroodjie by dagbreek – ’n satire

Botterbroodjie by dagbreek
Botterbroodjie in die son
’n Eier het gebreek
Dis nou in die drom

Ons piekniek langs die grootpad
Die gekookte eiers ruik af
Oral draai die walms
Van die Tupperware af

Mosbolletjie herinneringe
Mosbolletjie vergeet
Hoe het dit gebeur?
Ek het my ooreet.

Piesangslaai met kondensmelk
Kaiings gebraai vir my
Totdat ek bedroewig
Na ’n braaibroodjie vry

Tjoklit is geen antwoord
Vetrol my maag al om
Botterbroodjie by dagbreek
Botterbroodjie in die son


 

Ivan Kruger

Bier is kos.
’n sny brood in elke sluk.
Bier is kos.
Dit bring tydelike geluk.

Vodka is kos.
Aartappelsap.
Vodka is kos.
Skyfies in elke kap.

Maar die regte hongerte,
is die hongerte vir die doel van die lewe.
Daar’s hoe bloeddruk in my gemoed,
Want my emosies begin te bewe.


 

Ina Kleynhans

Tongtippietoets-lekkerte

Die kosghoeroe genaamd Nigella
smul smaaklik aan haar baklava.
Maar Jamie smaak nie kitskos
gee hom kaviaar, snoek en mebos.
Jan Braai kan maar laat staan
die gesweet is van die baan.
Shoprite Checkers se boerewors
stuit ons selde teen die bors.
Die tongtippietoets wen kant en klaar
niks kom by boerekos sowaar.
Dalk kies jy
’n bros gebakte varkvel
of mopaniewurms, kaiings en frikkadel.
Soos almal se smake verskil
skree Malema – Dis wat ek wil.
Poetoepap en braairibbetjie
met hef aan op die ou ramkietjie.

BON APPÉTIT!


 

Elmarie Stofberg

Witbrood

laas nag droom sy van
pienk polonie op witbrood
haar daaglikse dood


 

Janelle Verster

Pletterdig

Hoekom maak

’n gedig
                        uitstekend
wie't gesê
om rym te hê

Moet ek hom bou
baksteen vir baksteen
se geheime kamers
met versteekte kiste
van begraafde woordeskat
gange vol vleis vrot
of dalk biltong
delikatesse van droë perd
iewers met ’n ruiter
van sy saal gestamp of
                                afgeklim om hulp?
help
bring ’n allitereer
                            m
                          i
                        l
                      k
                    p
dat ek kan o
tot op die dak om die ritme te soek
voor ek val deur ’n metrum
van verplaaste verba


 

Natalie Harper

My ouma se plaaskombuis

Vanuit die hoek van my ouma se kombuis aanskou ek die passie waarmee my ouma bak
Sy haal naeltjies, gemmer en koljander af vanaf ’n groot rak
My ouma haal uit haar groot mengbak en die handklitser maak golwe binne die vars plaasmelk
Die geure vanaf die stoof omsingel my en gaan roep my oupa van buite af by die stoor
My ouma beweeg fluks en vining vanaf kookpot na mengbak en beskou vinnig wat in die oond rys
Haar hande fladder soos vlinders om nog sout in die pot te gooi
Kort voor lank verskyn die bakke op die tafel en die stoom vorm prentjies in die koue winterlug
My oupa se gebed is vlugtig want die heerlike reuke veroorsaak warrelwinde in ons mae
Met elke hap weet ek ek is terug in my ouma se plaaskombuis


 

Aletta Topham

Magies vol ...

"Jesus het die vissies en brood vermeerder ..." die stille gemurmureer van my moeder
Ai my Meester ek eer U meer en meer ... stuur tog ’n uitkoms grote Voeder van die gees
Singend, erend, krap sy deur die leë kaste, skud sy die leë meelsakke
op soek na iets om te stil die hongerte van die vlees

Haar huis mag dalk ’n tekort aan kos hê, maar ’n tekort aan liefde?
Nee, nogmaals nee, dis die liefde wat maak dat sy trots oorboord gooi
Ou wit dierebene bymekaarmaak, sakke vol, geduldig wag vir die oom met die proestende wit lorrie
Vyftig rand!
Haar hart sing, want vanaand glimlag almal blinkbek om die tafel, magies vol ... Glory!
Geloof hou ons gestand!


 

Elna van Zyl

Kos

Vasgevang tussen yskoue mure
hou yskoue kamera-oë my dop.
Geen beweging word bespeur –
my ingewande is slim geleer.

Skuldgevoel laat my rug op hul draai.
Koubewegings laat mure om my tuimel
wanneer bewende hande ’n uitgedroogde korsie
tussen vasgeklemde kake probeer verorber!

Speeksel versag die growwigheid,
fyngemaal tussen voortand en kiestand.
Impuls om die broeisel te sluk,
gee slukderm net een ruk ...

Wit porselein jy is gemaak
wanneer die nood té intens begin raak.
Geen kamera-oë kan meer vertel,
vasgevang tussen hierdie mure van hel!

Elke braaksel, elke beweging
bring vir liggaam en siel verligting!
So nodig om liggaam op te bou
wanneer jou naastes se verwytende oë na jou staar.

Wat is lewe?
Wat is dood?
Vasgevang in ’n stukkie brood!
Wat verwag jy van my om dit te verwoord?
Elke draaiing van my ingewande
is die oorsaak tussen mond en maag.
Ek is siek om keuses te maak!
Ek is siek om te eet en te braak!

Vat weg my siek!
Vat weg my pyn!
Vat weg die braak
en die verwyte wat my laat kwyn!

Hierdie seer ken geen kleur –
rykdom en armoede ontmoet elke keer.
Ons almal streef
om net te kan leef ...

Eendag sal ek die aroma van geure –
kerrie, bobotie, anys en kaneel –
saam geniet aan ’n gedekte tafel,
sonder asyn, sonder verwyte
met die skink van ’n glasie wyn!


 

Claryn van Niekerk

Kos versadig nie die hart nie

My woorde verdwyn in stiltes van môre
En my pyn word verslinder in die duisternis

Is brood tog genoeg vir ons hongersnood
Genesing vir die grommende mae word vermis

Van gister se trane wat bly lê in die sloot
Handjies in bakkies of sakkies om die arm
Voedsel is meer as net ’n maaltyd

Maar vir die gebroke siele langs die pad
Is liefde eerste op hulle Kerslysies

Kos versorg en kos versadig
Liefde hou vas wat die lewe bederf


 

Odette Labuschagne

Kleure en geure

Kos in my ma se huis is iets om te beleef
Almal omsingel die tafel en daar word geleef
Die kleure en geure prikkel jou sintuie
Niks word verloor met die hemelse kruie

Die slaai is altyd kleurvol en mooi
Alles word met liefde bymekaargegooi
Kraakvars bestanddele, soet, suur en lekker
’n Tweede skep wat my giggel wekker

Die lamsboud getroetel en met liefde gesmeer
Wat rustig in die oond wag vir ons om dit te probeer
Gestop met knoffel, en met sout en peper bedek
Val uitmekaar en ons veg vir die been se gekou en gelek

Soetwortels, gebakte aartappels, rys en ’n hemelse sous
Al die bykosse laat krul ons tone in ons kous
Daar word geëet om my ma se vol gedekte tafel
Almal praat, lag en voel die liefde daar ontrafel

Die Jan Ellis-poeding is die cherry op die koek
Oorstroom met vla, wat meer word daar gesoek
Daai soet, botterige lekker bederf
Vir altyd in ons harte gekerf

My ma se kos was met liefde voorberei
Elke keer nuwe herinneringe, nooit gestry
Tye en dinge het met tyd so verander
Ek mis my ma, haar kos, wat sal ek daarsonder.


 

Vennessa Scholtz

Die soektog

Ek soek na jou in die donker uur
In elke hoek, agter elke muur
Sonder jou is dit leeg
Hier in die huis
Wel, eintlik net
hier in die kombuis

Ek soek hier en daar,
Laag en hoog.
Soos die tyd aanstap,
sak my gemoed, my mond is droog

Jy is net weg, sonder ’n woord
of nota
Ek moet nou wonder
Of jy deel was van my kwota
Ek kry sommer so ’n hol gevoel op my maag
Sonder jou,
is my bloedsuiker laag

Soos ’n vrou met ’n geheim,
het jy vir my geloer
Na my kinderdae,
het jy my teruggevoer

Ek onthou nog goed,
die eerste keer wat ek jou sien
Dadelik het ek geweet,
Dat ons mekaar verdien
Die lewe het sy suur en soet
Jy het meer as net my siel gevoed

Sekondes tik verby
Dit voel soos ’n vuur,
My asem jaag
My bors en maag brand soos vuur

Ek bring jou tot herinnering
Asof dit sekondes laas was
Ek sien jou in my geestesoog,
Daar op die kas

Ek roep na die hemel,
Ek skreeu vir my grootjie
Wie sou dit aan my kon doen?
My op dreef sit in die eensame bootjie,
Al wat ek nou kan vra,
Wie sou jou wegvat, my kaasbroodjie?

Niks in die lewe is verseker,
Ek weet dit mos
Ek was lief vir jou,
Al was jy net kos.

Wag dat ek die vraat
Uitlig en summier vang
Ek's so befoeterd, om te kalmeer,
Sing ek sommer ’n gesang
Was ek nou daai dief
Was ek nou baie bang

Om net so ’n ander se middagete
Te vat asof jy dit verdien
So maklik en slinks
Ek het die skelm nie eers gesien

Nou sit ek hier in sak en as
En vee krummels van my mond,
Met dit val daar
’n stukkie tamatie op die grond

Tot my skaamte
Laat sak ek my kop
My brein kan dit nie verwerk,
Ek is gefop
ek besef net daar
Ek het self die broodjie geëet, sommer als op.


 

Catherine Jane Janse van Rensburg

Eva se maan

Is ek maar ’n sekelmaan
Bulimiese skelet wat wieg in die dam
Soos visse deur my hol lyf gly

Omdat ek die vrug van vrouwees wou pluk
En met Adam wou deel

Halwe vrou, halwe mens
Wat met my lenterok als toevou
My vrae wegsteek
Vervloek

God is ek dan ’n sekelmaan
Uit die tuin gejaag met my blaarjas
Om klippe en kakkerlakke te kou

Om lusteloosheid te voed

Ek kniel my skewe lyf
Dat die son sy plek kan vat
En helder oor my maanlyk skyn

God is ek ...
Wie is ek
Kan die halfmaan ook volmaan wees
En skyn
Die slang wat my opeet
Se stert skroei

’n Bal lig oor die dam rol
Dat visse oor my vol maag spring
En juig:
Ek is Eva se maan


 

Leandri Prinsloo

’n Alewige stryd

Dae gaan verby en die weke stap aan,
vir kosmaak is ek hopeloos té gedaan.
Met mae wat grom en kinders wat gil,
waar kan ek idees kry om die honger kolle te vul?

Roetine is ’n vereiste in ons huis,
maar in die kombuis is dinge nie altyd pluis.
Daar is té min tyd en té min kreatiwiteit,
dan nog die kinders wat vir iets te ete pleit.

Kok-speel is nie maklik nie,
ek durf ook nie die dieet vergeet nie.
Take-aways is mos altyd vinniger,
maar dit maak my lyf net al hoe stewiger.

Wie ook al gesê het kosmaak is maklik,
weet duidelik nie ek in ’n kombuis is gevaarlik.
Van spyskaart uitwerk tot inkopies doen,
en dan nog vir Kersfees ’n hele kalkoen!

Kul jou hier en kul jou daar,
hierdie sjef se idees is klaar.


 

Candice Cloete

Uitgevriet

Daar is ’n bet onder die cashiers
of jy die kersietamaties sal los.
Die spel begin
die kosprys-gladiators vergader: Eerste rondte

Die antie met die vierbeenkierie
wie sweef in afwagting
monitor die halfprys-stickers
die kleur is in kompetisie met dié van die soet oorryp rosatjies –
die bonus prys.

Met die spoed en grace van ’n gesoute jagter
maak jy jou mandjie vol.
Jy konsentreer, jy’t die gesig van ’n kraai
Die oorblywende item: daai eksotiese vrug,
wat al drie weke wag vir eksotiese smaak

die antie knip haar oë, sy twyfel.
Was daar regtag so min kos afgemerk?
Sy kyk nuuskierig in jou trollie
sy brom: jy het die morele kompas van ’n tamatie.

Die pepersous is net-net buite jou bereik
jy strek en gryp tot die ander ook afval.
Die klank weerklank in kompetisie met
mense wat hande klap
jou gewoonweg tjoepstil gewete sê:
iemand anders se probleem.

Dieselfde gewete wat jou ook toelaat
om ’n boemelaar direk in die oog te kyk en te lieg
verbied jou om die tweede rondte uit te sit.

Jy vat ’n ketel van die rak af
die vroutjie langs jou smile want sy weet –
dis cheap maar onprakties
sy kyk na die rooi stickers in die res van jou trollie,
en kies stilte.

Tel op, sit neer
tel op, sit neer
totdat elke avokado die letsel en stempel dra
vir volgende week se sale.

Die skare vergader om jou
gesamentlik verdwaas: wat doen een mens met ses sakkies beet?
Die supervisor probeer jou oog vermy.
Laas week se interaksie met jou het haar bonus gekos
en 10 minute van haar lewe
jy vra iets, sy laat jou wag ...

Jy kla oor ’n tienrand-komkommer.
Die mense agter jou in die lyn gee op.
Jy kry ’n vuil kyk van die sekuriteitswag,
die ander deelnemer van rondte twee
wie vrede moes maak met die halfbrood en Sprite.

Daar is baie min viennas in die pakkie
die cashier wonder: wie kyk en wie eet?
Het jy ’n groot familie, of is jy net uitgevriet?


 

Mana Wessels

Etenstyd

Ek dek my tafel met silwer en ’n linnedoek
ek vra my Heer om aan te sit
en my te seën
om weg te neem wat blok en keer
dat ek my oorvloed weg sal gee
elke dag
meer en meer


 

Aileen van der Zwan

Jou stoel is leeg

Om ’n passie te hê beteken dat jy onvoorwaardelike liefde moet toon
’n Begeerte om die wêreld se dors te les,
Ek was elke dag met ’n krummel pap en tee beloon.
Die heelal is afhanklik van voeding en hoop.
Jou pos staan leeg, jou lewe wag vir die mes.

Die mes van ons lewe moet diep binne sny.
Die begeerte om daagliks te veg vir jou volgende vertroosting.
Jy, ja, jy! Jy gaan nog lank moet veg vir môre se bord.
Jou plek by die tafel is leeg, jy rus in vrede.
Honger, maar in vrede.
Jou beendere was lig gewees.

Jou vriende het bygedra tot ons genot,
Vir net so lank.
Die trane het opgedroog, net soos my kaste.

Jy het nie geweet wat om vir ons te sê nie,
Jy was net te bang om te praat.
Ek wens, o, ek wens dat jy net iets wou woord.
Woorde wat ons almal sou kon laat bekommer het.
Woorde wat ons almal sou kon laat saamwerk.


 

Antoinette Venter

Die dissipels het vergeet

"Jesus het die vyf brode en twee visse geneem,
opgekyk na die hemel en God se seën daarop gevra.
Hy het toe aangehou om die brood in stukke te breek
en dit saam met die vis aan sy dissipels gegee om aan
die mense te gee" (Lukas 9:16 NLV).

fees van die gesalfdes
offervure knetter honend hemelhoog
boepenspotte lensiesop
halleluja! halleluja!
ringbelaaide hande in ’n bedeboog
Mammon, o my grote god
die gemeste kalf is uit die put
halleluja! halleluja!
vetblink lippe
plunder die spens
fees van die uitverkorenes 

in die skadu van die vuur se koue as
krap ’n verstotene in ’n roetbevlekte pot
niks om vir ’n hand vol lensies te verruil
tong se vlam verjaag ’n honger hart
skop die vrou en kind tot in die put
al verlossing is die dood
nêrens is geseënde brood
naakte hande in ’n bedeboog
oë gerig op laaste hoop
o my God, u dissipels het vergeet
wanneer stuur u weer u seun?
ons ongesalfdes moet ook eet


 

Nicolene Pienaar

Deur die venster

Asem in dan weer uit.
nou is ek spyt
met my maag wat grom
sien ek nog kos aankom

Al die geure van die kos.
maak my honger mos
gerookte vark, beestong en stert
en eenkant ’n verlate yskastert

Ek ruik nog ’n keer.
en vat ’n happie van elke geur
hoenderboudjies en vlerkies,
stampmielies en ertjies.

Soos ek deur die venster loer.
Myself ’n stukkie droë brood voer
vergete en verlate
staan ek in die strate

Met my stukkie ou brood.
veg ons die dood
van ’n tekort aan kos
is ek honger mos

Met hulle borde vol.
staan ek buite met ’n honger kol
knyp my oë toe gou
voor ek my oë uit grou.

Ek wens ek was daar.
die lewe hier is te swaar
sonder daai lekker kos
bly ek honger mos

As ek maar net daai kant kon wees.
Dan sou ek nie die dood hoef te vrees
kos vir dae aaneen
Wat ’n reuse seën ... (Sela.)

Ek maak maar my oë weer oop.
En sien ’n kind se bord opgehoop
en hy weier om te eet
jy kan maar dít vergeet.

Skielik staan ek en snik,
want ek weet daai gaan na die asblik.
Wel vandag is ek geseënd mos,
want ek kry sy bord kos


 

Johan van Rensburg

Sou mý huis só kon proe ...

Sou mý huis kon proe
Soos my ouma s’n!
Koester klamme beskuit
Snoesig in doeke gewin.

Beskermend omarm
die geur van kaneel,
veilig en geborge –
waar alle séér weer kan héél ...

Ons hulp het verrys
Uit die reuk van skaapboud en rys
Gesondheid gegun
Uit die méér – nie die min ...

Melktert en souskluitjies
En môre wás ons beter!
Toe meng die soet en die bitter ...
Toe word asyn die eter ...

Mý huis proe na kilojoulebeheer.
Vetvrye lae GI en ’n kiemvrye kombuis.
Waar kom ons hulp nou vandaan?
Van die ghoeroes wat ons tot gesond eet maan ...

As my huis maar kon proe
Soos my ouma s’n
Sou doktersonkostes en dieetprogramme
My siel nooit kon oorwin.


 

Hermi Baartman

Boerekos vir Boetie

toe Boetie uit die Ooste terugkeer
neem hy hom voor
hy sit nie sy mond aan noedels en vlermuis weer
sy ma sal vir hom sy gunsteling kos optoor

dit is poetoepap en kaiings vir ontbyt
’n wekkertjie vir sy billike aptyt
in die swartpot gesels die skenkels en rooiwyn
kapokaartappels maak sy met botter fyn

pampoenkoekies swem dekadent in kaneelstroop
babaworteltjies word in lemoensap gedoop
daar is boontjies, ertjies en geelrys
jelliekomkommer en beet-roomvorm voeg sy by die spys

die malvapoeding, net effe lou
tipsytert maak sy nou-nou
vir vieruur is daar melktert
met skilferkors ’n VLV-prys werd

aandete berei Ma lewerskilpadjies in netvet
gevolg deur murgsagte afvalpot
pensies, kop en pootjies, die lot
die lekker huiskos sal hom darem laat vergeet
van al die volksvreemde goed
wat hy oorsee moes eet


 

AJ Annandale

Beetaardigheid

Dit was ’n Maandag.
’n Aardige dag,
Toe die juffrou met die wit rok,
in my rigting mik met daardie rok.

Dit was verseker nie kos.
Daardie lepel rooi beet wat na my toe mik.
Sy mik in my rigting met die sogenaamde kos.
Wat ’n fout om in my rigting te mik!

Ek voel hoe die glibberige rooi sensasie speel.
Hier in my mond die tassensasies oorvleuel.
Ek trek my kuwe na binne.
Na die diep riwwe, na binne.

Dis tóé dat die rooi massa uitspoel.
Reg oor die juffrou wat woel.
Die juffrou se wit rok wat spoel.
En ek dink, juffrou moenie so woel ...


 

Jean-Marié Coetzee

Lus na die verlede

Die soet smaak –
heimwee,
               herinneringe en drome
saam gevleg,
bekende gesigte –
                              gesellig
om ’n kombuistafel,
gedek met geure en reuke
                             geberg in óú kamers
van die geheue,
’n hongerdrang –
                gevul met verlange
na ’n tyd wat was,
                             wil-wil weer wees:
lê versper in ’n nou
    met hongerpyne,
                               gestil
             ten spyte van
                                leë kamers.

Verlange en weemoed:
dít wat die ewigdurende dors les,
is geberg
                in ’n droomfles,
hartkamers vol vreugdes –
             ten spyte van
                                 armoede en ’n leë nes.


 

Matilda Swanepoel

Vraatverraad

Jou verraad sny diep.
Diep hier deur die bodem van my blikmetaal-maag.
Soos klinkende metaal.
Niks liefde nie.
Dit maak my naar.
Wanneer smul jy klaar!

Jou verraad ruk my wese.
Die bietjie wat nog kan voel.
Daar waar jy aan jou koffie en burger sonder moeite sit en smoel.
My blik gewonde binnegoed herkou vanoggend se droë pap met suur melk.
Suur is iets wat my emosies goed verdelg. Suur want vir gewone kos is daar nooit genoeg geld.

Jou verraad vreet my versigtig op.
Jy kom nie eers agter ek hou jou dop.
Dalk sien jy my maar is al so gewoond.
Dis mos normaal.
Dis die wêreld wat ons in woon.

Jou vraatverraad.
My gebrekkige gewaad.
Dis ’n brousel wat gal in my mond agterlaat.
Wanneer smul jy klaar.
Jou vraat.


 

Marileen Steyn

Die eerste maaltyd

Geen twaalf
Net twee
Klinies wit
Half geklee

Honger hande
Harde huil
Sagte trane
Skaamte skuil

Rou vrees
Niks roer
Niks help
Bloot rumoer

Sonder maal
Verloënaar gevind
Hart gebreek
Vat weg my kind!


 

Sanet van Niekerk

Boetie boet, jy proe die soet.
Al wag jy nog agter die muur omdat jy moet.
Nie meer lank nie, glo jy nou, sal hulle kom, die asblik ’n diepe blou.

Die appels, brood en stukkie koek,
vir hulle net iets wat hul nie soek,
maar tuis weet jy is hulle moeg en
desperaat na iets wat net kan voed.

Die hongerpyne ’n rukkie stil,
en môre weer, nie omdat jy wil,
sal jy weer waghou, baie stil.
Totdat die asblik jou begroet, ’n oase van iets stink, iets souts en soet.

Boetie boet, jy proe net soet!


 

Chenette Combrinck

Hongersnood van die hart

So selfsugtig soos wat dit kan wees,
Is die enigste hongerte van die mens nie bloed en vlees.

As kind,
Kon ek nooit die beskrywing of bewoording vir die term vind.

’n Hongersnood van die hart
Is meer as die kos wat jy vanuit jou yskas kan vat.

Die gevoel van koestering, veiligheid en sekuriteit
Was saans so broodnodig dat ek snags gesit en snik het langs my ruit.

Die hongersnood van die hart
Is ’n hongerte wat ek gedink het nooit sou genees
Maar tog in die donkerste van dae was ek ’n paar jaar terug gered vanaf my vrees

Daar is soms dae van die verlede wat deur die krake kom,
so erg dat ek sommer net die klipharde gedagtes vermom.

Party is soms moeiliker as ander
So en so dat ek wens ek kon verander.

Maar was dit nie vir hom,
Ja jy
Wat my deur daardie dae kon kry,
Het ek nog nooit gevoel dat ek meer as welkom is om te bly.

’n Hongersnood van die hart
Is ’n hongerte wat jy dink jy nie maklik van sal kan herstel.
Mag dié gevoed word wat nie die hongersnood van hulle harte kan verduidelik of vertel.


 

Martie van den Berg

Pa is afgelê covid
Moedeloos
Geld is skaars
Koskas leeg
Broodgeld vir môre krap in die koskas
Meel maar geen eiers dankie tog hier is sout
Middagete moet klaar
Potjie op stoof roer en roer trane brand die oë proe sout op die tong
Bloublokkie-tafeldoek op tafel
Wit papborde.
Halwe oop blik gouestroop se soet reuk.
Kos is op die tafel roep Ma se gebroke stem.
Dankie Heer vir wat ons eet.
Laat ons nimmer U vergeet. Amen


 

Michelle Thomas

Opskeptyd – hoe mis ek jou
Opgedra aan my liefste man, Patrick

Vier borde ... elke aand vir twaalf jaar
Vier mense, vier siele verweef vol liefde
Om ’n tafel gesetel of voorie TV bymekaar
Dat jý egter sou wegval kon niemand voorsien

Ek ken niemand wat so smaaklik kon smul
Jy was tevrede met enigiets wat jou maag sou vul
Ek sien jou nog so voor die wasbak staan, kaal bolyf
Pure lekkerte oor jou hele gesig geskryf
Vooroor gebuk, suigend aan ’n mangopit
Geel, sappige sous wat langs jou mondhoeke afdrup

Hoe mis ek jou tergende, laggende oë
As ek skel oor ’n kerriekol met misnoeë
Dit het jou min geskeel
Met skoonma was dit klaar gereël
Kerrie sou sy kook met ’n lang sous
Spesiaal vir jou ... nes jy daarvan hou

Uitsoekerig was jy geensins
"Jy kan my enige dag vis gee!"
Gebakte snoek, gebraaide snoek, snoekbiltong
Maar volgraan "wraps" was vir jou ’n
onding!

Ek mis jou hande ... groot en sterk
Hande wat om my lyf slaan
Om dankie te sê vir ’n lekker maal
Kos op ons tafel uit jou hande, grof gewerk

My man ... aan die begin sonder jou
Die seer nog so ondraaglik rou
Saans aan tafel gewurg aan die kos
En afgesluk met trane vol sout
Wyl jou oë uit ’n foto na my staar en vra wat's fout?

Vier borde word nog steeds uitgepak
Want my oudste het ook huis toe gekom
Ek kook kos om jou te onthou
Met ’n liefde ... wat nie kan verflou


 

Lizelle Olivier

Harte wat smag

In die oggend met sonsopkoms
Staar ek na die hemel met ’n frons

En ek wonder hoeveel mens en kind daar buite
Sit en staar met oë vol trane deur vensterruite

Is dit die gesmag en honger na ’n vredevolle lewe?
Sal God ooit die mens kan vergewe?

In ’n stukkende wêreld so hard ...
Die kleur in my binneste is swart ...

Is dit die honger van ’n kindermagie wat grom?
Hoe kan mens die lewe in een woord opsom?

Armoede ... of geweld ...
Is die antwoord dalk ’n tekort aan geld?

En ek bid ...
God gee tog vir elke mens vandag ’n ietsie op sy bord
Want wat gaan tog van elke kind en mens word

Of dit nou ’n honger na bord kos of ’n vredevolle huis
Asseblief Heer neem elkeen se kruis


 

Sandra Lategan

Verbode oorvloed

hy druk die roosterbrood styf teen sy neus
teug die reuk diep in
voel die speeksel bruis en trane op sy wang
hoor al die kraak knars tussen sy tande
die versoeking is groot
maar die pynmonster lag vir hom
want ’n rooiwarm vuurbal gaan vreet
aan sy ingewande
sal hy dit waag en die monster uitdaag
verbode vir jou sê die monster
hy laat die roosterbrood val


 

Sharon Janse van Vuuren

Honger

Geen mense wat nog nooit honger gely het nie.
Sal verstaan wat honger ly is nie.
’n Knaende gevoel in jou diepste, diepste maag.
Wat aanhou en aanhou.
’n Gevoel van smag na iets wat nie bestaan nie.
’n Smag wat nie bevredig kan word nie.
’n Gevoel van jou maag wat jou maag eet.
’n Gevoel wat diep in jou diepste eet.
’n Diepste wat geen diepte kan voed nie.
’n Pyn wat nie gevoed kan word nie.
’n Gevoel wat so diep lê dat jy self nie weet wat jy daarmee moet maak nie.
’n Diep lê, knaende verlange na net ’n krummel, ’n krummel van ’n krummel.
’n Krummel wat net jou knaende hongerte kan demp.
’n Hongerte wat niemand ken as hulle dit nog nooit gehad het nie.
Dis wat ’n hongerte is.
’n Diep, diep gevoel van niks.
’n Leë leeg wat net nie gevoed kan word nie.


 

Adéle Theron

My liefste Ouma ...

Hy probeer nog keer, maar
tee drup uit haar mond
en die eier streep
skeef teen haar swak lippie

Sy kyk na hom,
haar trots, hierdie kleinseun
met haar groen oë

Hy vang haar traan
tussen sy vingers vas
en vee die strepie geel
saggies daarmee af


 

Marlene Erasmus

onthou se smaak

as ek loop op gister se spoor
wil ek myself in onthou verloor
kerriekos met appelkooskonfyt
om nie te praat van mosbeskuit

Sondae was dit gebraaide boud
aartappels bruin, kraaklekker sout
groenboontjies met stukkies spek
wat wou maak dat jy die bord uitlek

tamatiebredie soos Leipoldt sou
wat jou in vrede kom toevou
dan nog souskluitjies en melkkos
so kuier-kuier raak die tonge los

geelrys wat op ou kolestofie prut
wyl ouvrou-onder-die-kombers dut
geure van koljander en neutmuskaat
versigtig afgemeet in presiese maat

daar is geen hartseer so groot
as dié met geen begrip van nood
van talle wat regte honger ken
in stryd om asgatgrawery te wen

daar is ’n groter seer wat kos nie troos
as jy smagtend eensaam en broos
die leemtes vul met nog ’n stuk roomkoek
terwyl jy eintlik net na aanvaarding soek


 

Henriëtte van Wyk

voedsel vir ’n menigte

"There are people in the world so hungry, that God cannot appear to them except in the form of bread." – Mahatma Gandhi

’n boom se vrugte is goed om te eet
loflik op die oë –
begeerlik selfs oor wat dit kan gee

vandaar die verleidelikheid van die paradysboom
toe die middelpunt van sin en betekenis
in die middel van die tuin     knarsend
versluier geraak het in die brood van sweet en barensnood

is daar meteens    in die stond van ’n hap
vir ewig en ewig
’n grommende honger en brullende lus na meer
oopgebyt     verorber     verslind     gesmak    

op elke hoë berg en onder elke groen boom
het die bewoners van die aarde dronk geword –
die oes van Babilon onuitputlik     onweerstaanbaar
die bodem van hul leegte verswelgend dors na nóg

Sy het haar fyn uitgestal, die listige brouer van ontrou –
kaneel en speserye, wyn en olyfolie, koring en meel
konings, sakemanne, seemanne en ook alleman
het gedril in die valse saligheid van eie oordaad

tot daar sewe donderslae dreun en ’n stem uitroep:
"Eet en verteer die boekie uit die hand van die sterke –
sy regtervoet op die see en sy linkervoet op die land!"
Elke volk en nasie     koninkryk en monargie     moet dit op die tong lê

’n boom se vrugte is goed om te eet
loflik op die oë
dog    die blaaie van die boekie is heuningsoet
begeerlik selfs     oor wat dit die menigte versadigend gee


 

Melanie Lohrentz

Die bure

Dis vyfuur en ek is moeg.
Ek het heeldag hard geswoeg.
Die rusbank bring effe vrede
wanneer ek hom inploeg.

Ek hoor ’n pot wat klinkel, iewers in ’n kas,
Maar dink aan die wasgoed wat ek nog moet was.
Om ma en vrou in hierdie tye te wees,
is ook maar ’n verskriklike las.

Daar is ’n reuk wat in die lug hang,
dit trek al die pad deur die lang gang.
In die kombuis ruik ek dit sterker,
’n Ui wat braai is wat my neusholte vang.

My neus steek ek by die agterdeur uit,
en ek loer deur die woonstel langs myne se vensterruit.
Daar sien ek ’n vleisie in ’n pan,
so lekker randjie vet wat braai en fluit.

Ek draai terug en staar na die halwe bruinbrood op my kombuiskas
en ek wonder of daar ’n bietjie jêm is in die warm yskas
vir my om op ’n snytjie te smeer,
terwyl ek wens dat ek so gelukkig soos my buurman was.


 

Cara Pretorius

Belowe my die

Jy se jammer jy kanie vir my gee wat ek wil hê nie
Mar ek het meer as meeste
Jy probeer alis om vir my te gee wat ek nodig het
En ek sê altyd ek het ’n dak oor my kop en kos in my maag, dankie

Jy is lief vir my
Tenkoste van jouself
Jy sit my eerste
Jy din die minste van jouself

So belowe my die
Dink meer aan jouself
Moenie lat iemand jou gebruik nie
Wees lief vir jouself
Ek weet dat ek is wie ek is asgevolg van jou


 

Charlotte Beukes-Muundjua

monoloog
(vir my stom eksman)

laat my toe
om met my krom vingers
vir jou neut-vars woorde skil

rus-rus rasper
versnipper of kerf
nes jy verkies
dan subtiel geur met leestekens
(jou geliefde kommapunt sorgvuldig geknoop
in bouquet garni)
soos jy verwag

met uitgebleikte Valentynsvoorskoot
wens ek jou vir oulaas bederf
met sop
wat langsaam prut
kragtig, organies
soos jy steeds verkies

nog een probeerslag
’n skoon sop
aperitief
vir jou woord-anoreksie


 

Belinda Simpson

Pasta op die tafel

Macaroni en kaas met soppoeier-smaak.
Word in een groot pot op die stoof gemaak.
Foeter bestanddele saam en noem dit ’n ete vir vanaand.
Die saamgeperste ete word in blokke gesny en op ’n ronde bord bedien.
Steek jou vurk in die middel en voor jy hap spat dit oor die tafelblad.

Spaghetti bolognese word in elke taal dieselfde geskryf.
Lang slap wurms gedoop in uie-en-tamatie-smoor met ’n blerts maalvleis om die ete te kleur.
Kry jy dit in jou mond is jou kieste volrond.
Rol die spul op jou vurk en voor jy hap is dit kaplaks op die tafelblad.

Noedelslaai met skulpies of gedraaide skroewe en ’n hoop bestanddele.
Die slaai is vullender as die ete.
Kerrie, uie en tamatiesous klink soos ’n ete op sy eie.
Die enigste verskil jy mag hom met ’n lepel eet, want daar is mayonnaise in.
Die slaai bly in die mond en die sous loop oor die mond.

Pasta vanaand is die algemene naam.
Al is daar fancy name soos fettuccine of rigatoni en nog baie meer wat ek nie kan spel of skryf nie.
Pasta is vullend vir die maag en bekostigbaar vir die maand.
Die algemene naam bly pasta op die tafel.


 

Erika de Jager

Ek sink

Met elke hap kos, koek,
brood wat ek vat
haat ek myself al meer:
vet, lelik, onversorg,
vel grof, beenhare ongeskeer

Dis of alle omgee,
alle trots uit my gestel is
net met die yskas, koskas, broodblik
het ek ’n eensydige verbintenis

Die skottelgoed is nie gewas,
my bed onopgemaak,
niks skoolwerk is gedoen nie:
en wat maak dit tog saak?

Daar is niemand wat dit raaksien,
vir wie dit pla,
niemand wat kwaad is of enige vrae daaroor vra

Dis net ek
alleen,
so alleen
met net die tv wat praat
aaneen ... aaneen ...
Terwyl ek daarna staar
sonder om te hoor
weet ek ek is besig om dieper te sink
om die stryd heeltemal te verloor ...


 

Aangebied in samewerking met die

The post Eet my woorde: Inskrywings (11) appeared first on LitNet.

Die paartie-tapes

$
0
0

Foto: https://pixabay.com/photos/cassettes-sound-carrier-5148602/

Dit was die dae van kassette toe Springbok Hits met ’n TDK-kasset van die radio af opgeneem is. Die beginstukkie was dikwels afgesny omdat die ou nie betyds record-play kon druk nie. Bekende white noise van daardie tyd was die agtergrondgeruis van grondpaaie as jy na plate geluister het – en baie was dankbaar vir kassette, want dit was, nou ja, tegnologies ’n groot vooruitgang. Springbok Hit Parade het nie oorspronklike kunstenaars uitgegee nie. Nee, mfp (Music for Pleasure) het die plesiermark geteiken. Dekades later het die Springbok Nude Girls in Stellenbosch tot stand gekom. Die plaatomslae met die skrapsgeklede meisies was waarskynlik gerig op die jonger mark, veral die troepe van die eertydse SAW. Die Pop Shop-plate wat die oorspronklike songs bevat het was duurder. In die ‘80’s het Now that’s what I call music 1, 2, 3, ensovoorts vlamgevat; later was dit net NOW 30, NOW 31, NOW 32 ...

O, en as daar “Dolby” op jou musiekalbum verskyn het, was die kwaliteit beter, want die hiss was laer.

.......

Vandag se generasie het nie ’n vaagste benul van die frustrasies – en vreugdes – wat die musiekliefhebbers van die sewentiger- en tagtigerjare beleef het nie.

.........

Vandag se generasie het nie ’n vaagste benul van die frustrasies – en vreugdes – wat die musiekliefhebbers van die sewentiger- en tagtigerjare beleef het nie. As jou tape se lint kroeserig gefrommel het, was dit waarskynlik koebaai aan jou gunstelingalbum. Daar was wel ’n soort remedie, ’n magiese kasset genaamd head cleaner wat jy by die naaste CNA kon koop om jou kassetspeler skoon en weer klopdisselboom te laat loop, maar niemand weet regtig of dit gewerk het nie. As bloedjong DJ vir die grootmense se partytjies het ek my toerusting leer ken; ook die moeisame en beproewende ge-rewind en fast forward van die bande, die skril getjirrr om by ’n spesifieke song uit te kom. In die sewentigerjare het die hoëstroustelle soos meubelstukke gelyk, maar iewers was daar ’n kassetspeler, die fokuspunt van die gaste se belangstelling.

Ek was seker so vyf, ses jaar oud toe my ma die paartie-tapes toegesluit gehou het in die imbuia-bal-en-klou-lessenaar in die studeerkamer. As jy gebore was in ’n familie  musiek-elitiste, streng klassiek geskool, was die paartie-tapes die een of ander guilty pleasure wat slegs tydens partytjies uitgehaal is. As ek terugdink, is dit vreemd dat my ouers na die kassette verwys het as “paartie-tapes”, want hulle het altyd ’n suiwer en korrekte Afrikaans gepraat – ek bedoel gebesig – en dié verwysing moes iets te doen gehad het met die geheim van die verbode vrug in die klein lessenaarlaaitjies. Wat het régtig tydens die partytjies gebeur? Want die paartie-tapes was slegs vir partytjies gereserveer. Ek het grootgeword met die swaar en soms muwwe klank van klassieke komponiste wat deur die huis weergalm, gesigte wat stoïsyns met hulle krullerige pruike vanuit die portretrame na my gestaar het.  

Ek was nie net DJ tydens die partytjies nie, ek was die bar lady ook. “Net een vingertjie,” sou my ma maan wanneer die huispartytjie ’n aanvang neem. Een vingertjie het “een tot” beteken en ek kon nooit verstaan waarom sy gedink het ’n kind se vinger is dieselfde grootte as ’n volwassene s’n nie – of het sy ’n baie klein single tot bedoel? Selfs in ’n liberale huishouding sou die begrip “tande tel” ’n nuwe dimensie kry: Ek het geleer om te swyg as ek wou deel uitmaak van die geselskap. Wanneer my ma se skrywersvriende kom kuier het, was die openingsrede ’n halfuur lange geswets oor die een of ander “donnerse resensent” voor die kuiergees ’n aanvang neem. Nee, ek het geleer om waar te neem. Voorskools reeds was ek ’n koelbloedige klein observer van menslike gedrag.

Ek het gedraf tussen die musiekkamer, waar daar bedags musiekles gegee is, en die sitkamer met die klein geelhoutkassie waarin die drank vér weg en diskreet weggesteek was. Richelieu en Krest-gemmerlim. Die grootmense het in die musiekkamer gekuier. Ek het geweet hoeveel die volwassenes kon drink en het hulle toleransie uitgedaag: Twee vingertjies het gou drie, of selfs vier geword. Ek het die kuiergaste se glase dopgehou en was gretig om weer op te vul. My eerste en vernaamste joppie was egter om DJ te speel en dan het my ma met ’n kopersleutel die paartie-tapes uit die stroewe ou lessenaar ontsluit. Dieselfde vlytige vingers wat die drank afgemeet het, het nou die kuns van rewind en fast forward op die paartie-tapes geken. ’n DJ het immers ’n aanvoeling vir die ontvouing van die stemming van ’n partytjie en dat musiek en drienks in sync moet bly.  Iewers het ek  sélf ’n sluk van die brandewyn probeer vat, maar my neus was aan die brand en ek het na my asem gesnak. Nee, het ek terstond besluit, ek hou niks van drank nie. Ek het ander kwellinge gehad: Wat was die binnegeheim van die paartie-tapes? Wie het ’n affair met wie gehad?

Musiek is ’n baie persoonlike ding. En die musikante van hoofstroomtreffers ken die resep – ’n song moet generies maar steeds spesifiek genoeg wees sodat duisende of miljoene luisteraars daarmee kan identifiseer. Menslike ervarings is tot vervelens toe soortgelyk. Soos byvoorbeeld liefdesteleurstellings … sulk-musiek gaan nooit uit die mode nie. Hierdie song is nét vir my geskryf; dit is presiés hoe ek voel. 

Elke musiekgenre het egter sy kwota clichés; klassieke musiek ook.  Mozart, Haydn en Vivaldi kan dalk as die popsterre van die klassieke toneel gesien word. “Vier Seisoene”, “Eine kleine Nachtmusik” ... en Hooked on classics. O, en om van André Rieu nie te praat nie. Nou ja, dan was Johann Strauss seker ’n dans-DJ; Beethoven was Duitse underground en Wagner was waarskynlik die eerste Goth.

As kind het ek gereken “You light up my life” was genuinely ’n mooi song en ek kon die grootmense se partytjie só open. Baie van die ’70’s se populêre musiek was egter deurdrenk met die stroop. Die meeste mense wat nie die woorde van die songs geken het nie, het wel die refreine onthou en innig saamgesing – dit was sulke trekkerige refreine en dan het mens nie aldag mooi geweet of die kasset gerek was nie en of die musiek oorspronklik so geklink het nie. 

’n Meer opwindende (of kreatiewe) keuse vir die afskop van ’n paartie was “Bad moon rising” en die gaste het daarna as “Hasie” verwys.

I see a bad moon a-rising
I see trouble on the way
I see earthquakes and lightnin'
I see bad times today.

As bar lady het ek in dié stadium nog versigtig te werk gegaan met die voggies. Dit was ’n kwessie van tyd voor ek ondeund die sopies sou vermeerder. Ek het die een of ander eienaardige aanvoeling vir die lees van menslike gedrag gehad, vir die trant en toon van die gesprek, maar ook vir die subtiele nieverbale nuanses wat tussen die gaste uitgespeel het. “Living next door to Alice”, of “Sylvia’s mother” sou gewilde opvolgkeuses wees. Geen ’70’s-partytjie was sy sout werd sonder ’n nommertjie van Neil Diamond nie, en wat sou ek speel – “Song sung blue” of “Sweet Caroline”?

Die partytjie se binnelewe was tasbaar soos swart fluweel. Tot die grootste introvert in die hoek van die vertrek het begin ontdooi, en as een van die gaste sou uitroep “Nou het ek ’n lekker lyf!”, sou ek die emosionele intimiteit oopdraai. “Love is a beautiful song”:

Love is a beautiful song
La-lah, la-la-lah, la-lah
Love is a beautiful song
La-lah, la-la-lah, la-lah
Love is a new way of living
A new way of starting each day
Millions of people all over the world
Know that love is a beautiful so-ong
Love is a beautiful song
La-lah, la-la-lah, la-lah ...

En ”Sailing” van Rod Stewart. Die gaste het nou salig weggeseil in die eufemisme wat die bottel bring. En, terwyl hulle seil ... “Bridge over troubled water”. Het die grootmense ooit gemerk hoe clever ek te werk gaan? het ek gewonder, en besluit op “I can see clearly now”. Hier by ronde drie, vier rond het hulle uitkyk op dinge inderdaad verhelder en kon ek The New Seekers se “Never ending song of love” gekies het. Maar dit was weer tyd om ’n cliffhanger in te bou, want die partytjie se intensiteit was besig om toe te neem.

In die ’70’s is “Rivers of Babylon” van Boney M as duiwels bestempel – waarom, kon ek nooit verstaan nie. Dit was immers geskoei op Psalm 137. Dalk het die verwysing na Sion – of Rastafariërs, of perdalks die metafoor van subkulture wat onderdruk word – die Afrikaanse gees van patriotisme (lees apartheid) bedreig. In ieder geval, dit was ’n lekker song om gaste mee te entertain. Of “It’s a heartache” – ’n energieke maar melankoliese nommer was dalk nou net die regte medisyne, gevolg deur Dan Hill se “Sometimes when we touch”. Ouch, ja, want die spul volwassenes het teen dié tyd nogal emosioneel begin raak en inderdaad meer aan mekaar begin vat. Na ’n paar ure van rewind en fast forward en die geskril van die paartie-tapes het grense tussen die gaste vervaag. Mense raak op verskillende maniere hoenderkop. Sommiges gaan aan die huil, ander lag, ánder soek ’n faait. Dit was nou tyd vir “Mama Tembu’s wedding”. Op hiérdie ikoniese nommer het die grootmense begin dans en dit “windsurfing” genoem. Selfs die grootste rassiste het gatgeswaai op Singana se song. (In die ’80’s het die jonges se gedans gelyk soos mense wat water pomp, maar dís weer ’n storie vir ‘n ander dag.) Kyk, ek verpes die cliché van mense se tone wat omkrul van lekkerkry, maar soms is dit wáár. Deel van die repertoire was “Patricia the stripper”:

She says God made her a sinner just to keep fat men thinner
As they tumble down in heaps before her feet
They hang around in groups like battle-weary troops
One can often see them queue right down the street
You see Patricia, or Delicia, not only is a singer
She also removes all her clothing
For Patricia is the best stripper in town.

“Patricia the stripper” was ’n song wat in 1975 vrygestel is op Chris de Burgh se omstrede album Spanish train and other stories. Dit was aanvanklik verbied in Suid-Afrika. Skynbaar het die Russe dit gemastermind om die Amerikaners so ver te kry om bose musiek te vervaardig, spesifiek daarop gerig om die Suid-Afrikaanse jeug te besoedel en te korrupteer. As kind kon ek hierdie conspiracy theory nie kleinkry nie. En om alles te kroon het die Satanic panic van die ’80’s van Amerika oorgewaai na Suid-Afrika en was die duiwel behoorlik los toe Rodney Seale skole begin besoek om die jeug te waarsku teen die gevare van rockmusiek. Afrikaners het bekommerd verwys na “dié kommunis”, “dié antichris”, “dié satanis” – alles is gesien as een en dieselfde ding. Die bepaalde lidwoord “die” het die vyandige Ander op ’n afstand gejukstaponeer teenoor die edele Boerejeug. Lucifer as die sjarmante engel van musiek is met suspisie bejeën. Maar ook dít is natuurlik weer ’n storie vir ’n ander dag. Ja; Spanish train and other stories was hoog op Seale se blacklist. Tog is dit “Patricia” wat die paartie-tape gehaal het, nie “Spanish train” nie. Ek vermoed die kleurvolle stripper het beter ingepas by die partytjiestemming as De Burgh se donker en briljante allegorie oor God en die duiwel wat poker speel – ek sal nie vir seker weet nie. Ook nie of my ouers se Calvinistiese roots halsstarrig teëgeskop het teen daardie bose Spaanse trein nie. 

Daar is ’n fyn grens tussen lag en huil. Want wat sal ’n ouwêreldse huispartytjie tog sonder “Without you” van Harry Nillson wees? Ek het die nostalgie verder aangeblaas met “Mamy Blue”. Terloops, die skrywer Welma Odendaal het nie om dowe neute ’n kortverhaal, “Mamy Blue en ek onthou”, wat al vir blou jare opgeneem is in Die Afrikaanse kortverhaalboek, geskryf nie.  

.........

Ek moet bieg, die finale fase van my jeugdige DJ-dae op partytjies was waarskynlik die lekkerste een. Dit was meermale ’n tranerige gedoente en met die intuïtiewe opportunisme van ’n kind het ek geneul vir sweets, ’n kat of ’n nuwe speelding. En my sin gekry.

........

Ek moet bieg, die finale fase van my jeugdige DJ-dae op partytjies was waarskynlik die lekkerste een. Dit was meermale ’n tranerige gedoente en met die intuïtiewe opportunisme van ’n kind het ek geneul vir sweets, ’n kat of ’n nuwe speelding. En my sin gekry. Mense wat te veel drink voel skuldig teenoor kinders en raak dan baie vrygewig. Nóú was dit tyd vir country. In ’n neutedop handel countrymusiek oor die euwels van drank, dobbel en slegte vroumense. Met die getjank van ’n slide guitar se glissando’s en diep vibrato’s het die tragiese hoenderkopfase uiteindelik aangebreek. “Sunday morning coming down” was profeties. Vra die gaste wat oorgeslaap het omdat hulle te “moeg” was … En vra vir Kris Kristofferson. Of vir Dolly Parton wanneer “Jolene” bly smeek:

Jolene, Jolene, Jolene, Jolene
I'm begging of you please don't take my ma-a-a-a-n
Jolene, Jolene, Jolene, Jolene
Please don't take him just because you ca-a-a-a-n.

.........

Die fases van dronkenskap speel uit soos die onderskeie fases van ’n drama: Daar is ’n uiteensetting, ’n opbou, ’n klimaks, ’n ontknoping en dan die einde.

..........

Die fases van dronkenskap speel uit soos die onderskeie fases van ’n drama: Daar is ’n uiteensetting, ’n opbou, ’n klimaks, ’n ontknoping en dan die einde. Mense wat drink se gesigte begin te shapeshift. Hulle kakebene verslap en die wange droop in so ‘n jammergatuitdrukking. In hierdie fase lyk hulle oë kompleet soos PW Botha s’n – die wit van die oogappels in die onderste ooglede raak sigbaar. Hulle is nou luidrugtig, want ná die jammergatfase volg die beterweterige fase – dit is wanneer iemand se vinger opgaan omdat hy groot ’n wysheid met die geselskap te deel, maar dít wat hy wou sê, bly hom ontgaan.

Oor my vermoedens oor potensiële affairs op die huispartytjies kon ek nooit klaarheid kry nie. Die geheim is doodeenvoudig saam met die paartie-tapes terug in lessenaarlaaitjies weggesluit, tot ’n volgende keer.

Verlede week het ek hierdie verlore kassette begin herkonstrueer met die hulp van Spotify, ’n digitale diens wat niks aan die verbeelding oorlaat nie – maar daarmee saam het die betowering van die paartie-tapes vir ewig verdwyn.

The post Die paartie-tapes appeared first on LitNet.

Graad 7: Wiskundevraestel en –memo, eerste kwartaal

$
0
0

https://pixabay.com/photos/snow-white-seven-dwarfs-cheesy-433887/

Al is jy in graad sewe, onthou jy sekerlik dat Sneeuwitjie sewe dwergies in die sprokie leer ken het. Onthou ook om jou Wiskunde sommer vroeg te begin oefen – met hierdie handige vraestel en memo wat deur Wilhelm du Toit opgestel is.

Klik hier om die vraestel gratis in PDF-formaat af te laai.

Klik hier om die memo gratis in PDF-formaat af te laai.

Lees ook:

Graad 7, hersiening van die eerste- en tweede kwartaal se werk: Wiskunde

Graad 7-wiskundevraestel: kwartaal 1

The post Graad 7: Wiskundevraestel en –memo, eerste kwartaal appeared first on LitNet.

Hoekom het Lindiwe Sisulu nog ’n werk?

$
0
0

Foto van Sisulu: U.S. Department of State from United States, Public domain, via Wikimedia Commons

...
Politici klou selfs harder aan hul posisie. Maak jy droog in een pos, dan word jy net geskuif na ’n ander pos waar jy jou gemors kan voortsit.
...

Ons almal weet dis moeilik om ’n staatsamptenaar uit die kussings te lig. Jy moet omtrent moord pleeg voor die hele wêreld om dissiplinêr vervolg te word.

Om geskors te word met volle betaling vir jare is natuurlik iets anders. Jy sit op jou agterstewe by die huis en geniet nog al jou voordele en salaris. Dit word maklik gedoen. En dan vergeet almal van jou en jy geniet ’n sorgvrye lewe tot jy aftree-ouderdom bereik.

Politici klou selfs harder aan hul posisie. Maak jy droog in een pos, dan word jy net geskuif na ’n ander pos waar jy jou gemors kan voortsit. Dis amper soos priesters wat kindertjies molesteer. Daar is geen gevolge vir jou wandade nie. Geen.

Maar selfs terwyl ons almal weet dis hoe dinge werk in Suid-Afrika, is Lindiwe Sisulu se politieke voortbestaan een of ander wonderwerk. Toegegee, sy het die famous van, maar vir hoe lank kan mens nou eintlik op jou ouers se reputasie ry? Sy en Meghan McCain is duidelike voorbeelde van hoe ver die appel soms van die boom kan val. Hulle is soos die spreekwoordelike kakkerlakke wat selfs ’n kernoorlog kan oorleef en sterker anderkant uitkom.

Dit het nou al mode geraak vir sekere politici om die regbank aan te val en daarmee weg te kom. Daar is voorbladberigte vir ’n dag of twee, en dan beweeg almal aan na die volgende nuus. Asof aanvalle op demokrasie al deel van die nuwe normaal geword het. Want moet geen fout maak nie, om regters aan te val is ’n aanval op demokrasie.

...
Beteken dit regters se beslissings is verhewe bo kritiek? Natuurlik nie. Maar daar is regsprosesse om beslissings te kritiseer en te probeer om dit te verander.
...

Beteken dit regters se beslissings is verhewe bo kritiek? Natuurlik nie. Maar daar is regsprosesse om beslissings te kritiseer en te probeer om dit te verander. Maar die oomblik wanneer enigeen verkies om deur populistiese, opruiende aanvalle kritiek te lewer op die regbank as ’n instelling, dan skaats ons op dun ys. En is dit nie presies wat Sisulu met haar meningstuk van 7 Januarie gedoen het nie?

My aanvanklike reaksie toe ek die stuk lees, was om te wonder: Verstaan Sisulu nie hoe regering werk nie, of máák sy asof sy nie verstaan nie? Speel sy vir ’n peanut gallery, en met watter doel?

Hoekom dit vir Uncle Cyril twee volle weke geneem het om te besluit om haar oor die kole te haal, gaan my verstand te bowe. Het hy eers gewag om te sien hoeveel negatiewe kritiek hy gaan kry voordat hy optree? Was hy agter die skerms besig om eers sy bas te bedek voordat hy politieke royalty in die openbaar aanvat?

Of het hy bloot nie gedink dat ’n senior politikus se onverdunde aanval op die regbank ernstig is nie?

Geen van daai opsies vul my met vertroue nie.

Ons weet almal Cyril is ’n trapsuutjies wanneer dit kom by die ontlonting van politieke bomme. Soms werk sy benadering, soms nie. Ek het ’n nare voorgevoel dat hierdie dalk ’n geval is waar die bom in sy, en ons, gesigte gaan ontplof.

Nou is daar teenstrydige uitsprake oor presies wat sou gebeur het in die vergadering waar hy haar oor die kole gehaal het. Dis ’n klassieke “hy sê, sy sê”-situasie. Maar waar die President met ’n minister vergader, behoort daar darem een of ander rekord van die inhoud van die vergadering te wees. As daar inderdaad opnames van die gesprek gemaak was, dan behoort daai rekord voldoende te wees om enige debat te ruste te lê. Maar hoeveel politieke kapitaal verloor die President wanneer hy tot daardie uiterste gedryf word?

...
En hoekom, om vadersnaam hoekom, het Lindiwe Sisulu soveel politieke mag dat sy selfs kan dink daaraan om hom vir die presidensie van die ANC en effektief die land uit te daag?
...

En hoekom, om vadersnaam hoekom, het Lindiwe Sisulu soveel politieke mag dat sy selfs kan dink daaraan om hom vir die presidensie van die ANC en effektief die land uit te daag?

Die President sal vinnig en effektiewelik teen haar en ander opstandige politici in sy party moet optree. Sy versuim kan dalk net die verskil tussen wen en verloor beteken.

The post Hoekom het Lindiwe Sisulu nog ’n werk? appeared first on LitNet.

Meat Loaf in Swapo-wêreld

$
0
0

(Hercules deur AnnyksPhotography | Pixabay)

...
Ek hou steeds daarby dat niemand méér hartstogtelik oor die later-liefde kan sing, as Meatloaf in “For crying out loud, you know I love you” nie.
...

Ben du Toit skryf op Facebook:

In 1980 doen ek “grensdiens” op Okatopi langs die B1-roete in Ovamboland. Dis vrek warm. Ek lê maar laag, niks opgewonde oor hierdie oorlog nie. Dis Swapo-wêreld. Die “plaaslike bevolking” (Ovambo’s) is nie vriendelik nie. Die Flossies (C130 Hercules vragdraers) vlieg boomhoogte verby ons bokant die B1 tussen Ondangwa en Oshakati uit vrees vir vyandelike lugafweer.

Uit die ontspanningsaal hoor ek die onbekende klanke van ’n sanger oor die groot klanksisteem wat die Suiderkruis-tannies uit die “States” vir die troepe gestuur het. Dis harde rock, afgewissel met hartstogtelike ballades. Ongewoon. Ek gaan luister eenkant in ’n hoek. Die lirieke is vars, uitdagend, rou. Met “Paradise by dashboard light” kyk die troepe betekenisvol in my rigting. Soek reaksie. Ek ignoreer dit. Hulle speel die plaat Bat out of hell (1977) oor en oor en ek verwonder my al meer oor die slim en poëtiese woorde en musiek van Jim Steinman (wat verantwoordelik was vir die meeste van Meatloaf se treffers).

Kan verwondering oor liefde mooier gesing word as “you took the words right out of my mouth – it must have been when you were kissing me”? Of méér wanhopig as in “two out of three ain't bad”? Die struktuur van die woorde en sinne slim gekomplimenteer deur die musiek. Hard rock afgewissel met meesleurend, amper gewyde klanke. Totaal nuwe en unieke musiekervaring.

Op Jan Smuts koop ek die kasset-bandjie en kon nie wag om dit vir Elna te speel nie. Daarna word die vriendekring geleidelik ingewy oor die 100 watt-, 10 dm-luidsprekers by die huis. Dit kry ’n ereplek in ons musiekversameling.

Wentzel en ek ry na die Dogmatologiese Werkgemeenskap iewers in die noorde en Meatloaf is ons metgesel deur die Bo-Karoo, Vrystaat tot in die ou Transvaal. Kort daarna vertrek hy VSA toe en met sy terugkom vertel hy opgewonde oor die Rocky Horror Picture Show (van 1975) wat hy gesien het (verban in SA) waarin Meatloaf dramaties en skouspelagtig op sy brandende Harley Davidson die toneel injaag (of uitjaag) met half-oop skedel, golwende breinselle sigbaar, op die musiek van “Bat out of Hell”.

Ek hou steeds daarby dat niemand méér hartstogtelik oor die later-liefde kan sing, as Meatloaf in “For crying out loud, you know I love you” nie. Hierdie lied het hy (volgens sy eie vertelling) net tweemaal gesing. Op hierdie eerste album en baie jare later, saam met die Melbourne Simfonie-orkes in Australië (2004), toe as duidelik ’n ou man.

Tussen ons vriende oor dekades beklee hy ’n ereplek naas Freddie Mercury, die Beatles, die Bee Gees, Chris de Burgh, Roger Waters, Leonard Cohen, Jessye Norman, Jonas Kauffman, Dimitri Hvorostovsky, Anna Netrebko en vele ander onvergeetlike kunstenaars. Ons is verryk!

The post Meat Loaf in Swapo-wêreld appeared first on LitNet.


Buigbreek deur Margaret Cordier: ’n lesersindruk

$
0
0

Foto: https://www.youtube.com/watch?v=mE8_tBckx9o

Buigbreek
Margaret Cordier
Cordis Trust
http://www.cordistrust.co.za/cordis-trust-publikasies.html

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer geskryf en aan LitNet gestuur.

.......

Buigbreek is die debuutbundel van die digter Margaret Cordier (geb 1962). Cordier publiseer haar verse veral op LitNet, waar sy volgens haar skrywersprofiel ook soms prosa skryf en opvoer.

........

Buigbreek is die debuutbundel van die digter Margaret Cordier (geb 1962). Cordier publiseer haar verse veral op LitNet, waar sy volgens haar skrywersprofiel ook soms prosa skryf en opvoer. Op die agterblad van die bundel word die bundel beskryf as "die onvoorspelbare lewensreis van die mens as togganger, nomaad en pelgrim oor berge, deur valleie, woestynsand, water en soms ook boorde". Twee dinge staan hier uit, waarvan een die woord "pelgrim" is. Dit is reeds hieruit duidelik watter soort taal mens in Buigbreek te wagte kan wees. Godsdienstige inspirasie is iets wat baie algemeen is in die Afrikaanse letterkunde. Dit is ook geen verrassing nie, gegewe die invloed van die Bybel en die Christelike geloof in Suid-Afrika en op Afrikaans. Met " sluit Cordier aan by die tradisie. Wat andersins ook opval uit die buiteblad is die innerlike landskap van die mens, wat voorgestel word as een met verskillende landskappe, waarvan sommige uitdagend is, afgewissel met makliker landskappe vir die mens om te deurkruis. Die mens bly die ewige nomaad, en spesifiek die binnewéreld van die mens word gekenmerk aan dié kwaliteit van gedurige afwisseling en verandering.

Die titel van die bundel is oorgeneem uit die vers "Jy is" (bl 103):
meer as hande oor ’n moeë rug
wat gebukkend aan ’n boord
buigbreek aan die rant.

Die bundel is opgedeel in vyf afdelings en die eerste een is getiteld "Oewers van jou mond". Daar is heelwat spirituele verse in hierdie afdeling, en veral die openingsverse skep amper die indruk dat die hele bundel hoofsaaklik uit godsdienstige verse gaan bestaan. "Sonder woorde" wyk egter van die patroon af en so ook "Argeoloog".  Die tweede afdeling is getiteld "Die oggend ruik na seebos". In hierdie afdeling kom die verteller se eie stem sterker na vore. Die natuur bied ook heelwat inspirasie vir Cordier se verse. Ook dit is ’n baie algemene verskynsel in die Afrikaanse letterkunde, maar hier is dit veral die Weskus se eiesoortige fauna wat in van die verse opduik, byvoorbeeld "Augustus in Namakwaland". Dit word weer afgewissel met verse oor die bosveld, byvoorbeeld "Bosorkes in mikrokosmos" (20) en "Donderweer in die Waterberg" (71). Daar is ook verse wat ander geografiese dele van die land as inspirasie het, soos "My Tankwa-liefde" (63), "Clanwilliam" (58) en "Ster" (59).

Deel drie en deel vier is onderskeidelik getiteld "Ek vee oor swart nagte" en "Lyke van jou glo". Wat die struktuur van die verse betref, is daar heelwat variasie. Amper al die verse is in ’n korter formaat. Die verse in die bundel sou nie as "praatpoësie" beskryf kon word nie, hoewel sommige verse wel aan die praatpoësie herinner, veral "Vyf Rose-tee". Die meeste verse volg egter eerder ’n patroon wat miskien as die meer tradisionele Afrikaanse vers beskryf kan word en tipiese verdigsels is, maar met baie variasie. Daar is rym wat ingespan word, maar dit is geensins geforseerd of oordonderend nie. Struktuur is egter beslis belangrik in die bundel, soos gesien kan word in byvoorbeeld "Villanelle" (93) in die laaste afdeling getiteld "Met heuning en lamproet berei".

.......

Die oorhoofse tematiek van Buigbreek is dié van die mens as nomaad, ewig op reis deur die hoogtes en die laagtes, die stiltes en die storms van die lewe.

........

Die oorhoofse tematiek van Buigbreek is dié van die mens as nomaad, ewig op reis deur die hoogtes en die laagtes, die stiltes en die storms van die lewe. Oor stilte word daar aangrypend geskryf in "Ingesluit" (44). Dit is ’n bundel van hoop, geloof en liefde, maar veral van hoop, soos byvoorbeeld in "Laatliefde" (41) geskets:

kyk ek op in jou oë
en lees die hoop
wat nou padlangs
die toekoms in loop

Die boodskap wat mens verder uit die bundel kan neem, is ook dat die mens self beheer kan en moet neem. Die tyd kan die mens se blik versag en vrede in die gemoed bring, veral as mens bewustelik daarna soek:

Vergifnis 2

As jy jou woorde kalligrafeer
en verwronge ratio’s sublimeer
maak die waarheid minder seer

soek ek steeds die eenvoud
in gekerfde kuishoutletters
van vergeef
wat lewe wek en ewig leef. (54)

Die bundel eindig met ’n vers getiteld "Plaashek" (104) wat ook iets hiervan eggo. Die plaashek is nogal ’n beeld wat tot baie mense sal spreek. Hierdie vers sou ’n baie goeie openingsvers vir die bundel gemaak het, omdat dit ook spreek tot die tema van hoop. Die verteller trek ’n vergelyking tussen die plaashek en die "hartshek". Daar is moontlikhede vir dié wat bereid is om die hek weer oop te gooi, die lewe weer in te laat, en opnuut die lewe in te adem:

maak jou hartshek wawyd oop
jou kallers sal dan huppel
en vry die veld in loop.

The post <em>Buigbreek</em> deur Margaret Cordier: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Emeritusaartsbiskop Desmond Mpilo Tutu as "messiaanse" figuur gehuldig

$
0
0

Desmond Tutu (Foto: Dale Frost, Port of San Diego; foto verklein en gebruik ingevolge die Creative Commons-lisiensieooreenkoms)

Oor die vraag watter faktore statuur aan ’n persoon gee, die omstandighede of ingebore wysheid, kennis en sedelike gawes, is daar geen eenstemmigheid nie. Waaroor daar grootliks konsensus bestaan, is dat materiële besittings, aansien en rykdom gewis min of geen bydrae lewer nie. Soos die Nobel-vredesprys slegs aan uitsonderlike openbare figure toegeken word, word die term “messiaanse figuur” met die invloedrykste individue verbind. “Aan min mense is dit gegee om reeds gedurende hulle lewe die bewondering van die mensdom so aan te gryp dat hulle legendariese figure kon word,” aldus wyle Johan Heyns.

Die messiaanse figuur – om heel in die algemeen enkele trekke van hierdie menstipe te skets – is die persoon wat bewus is van die roeping om op aarde ’n hoër, goddelike orde te bring waarvan hy of sy in hom- of haarself die beeld omdra. Sodanige figure wil buite hulself die harmonie verwesenlik wat in hulle aanwesig is. Die wêreld moet anders word as wat dit is – en juis dit lei tot verontrusting en noop tot die uiterste kraginspanning.

Anders as die heroïese mens word die messiaanse persoon nie deur die wil tot mag gedryf nie, maar is besiel met die liefde. Hulle verdeel nie om te heers nie, maar wil wat geskeie is, herenig. Hulle is nie gevul met haat en verset nie. Hulle sien nie in die mens ’n vyand nie, maar ’n broeder of suster met wie hulle kan en moet versoen.

Onwillekeurig word aan Johannes Calvyn, Moeder Teresa en pous Johannes Paulus II se erfenisse gedink. Hulle lewe en werk is as ’n gawe van God gesien in ’n tyd toe hulle roepings juis nodig was. Wat hierdie aspek betref, bestaan daar tussen Johannes Calvyn en Johannes Paulus II enkele merkwaardige ooreenkomste. Eerstens het Calvyn geroepe gevoel om die wankelrige Protestantse geloof uit te bou. Johannes Paulus II het die Rooms-Katolieke Kerk sy menslike beeld van omgee gegee.

Tweedens het hulle albei se swak liggame ’n gees geherberg was soos ’n ster geskitter het en sy lig ver en wyd versprei het, tot in die mees suidelike punt van die sogenaamde donker Afrika. Geen wonder dat daar kort na sy dood na Johannes Paulus II as die “Grote” verwys is nie.

Desmond Mpilo Tutu se heengaan op 26 Desember 2021 is met huldeblyke van regoor die wêreld betreur. Barack Obama, voormalige VSA-president, Time se Persoonlikheid vir 2008 en 2012 en Nobelpryswenner vir 2009, het na Tutu as ’n mentor, vriend en morele kompas vir menige verwys. As universele geestelike was Tutu in die stryd vir vryheid en geregtigheid gegrondves, nie net in sy eie land nie, maar oral waar ongeregtigheid gedy het, aldus Obama.

“Ons moderne geskiedenis kan nie sonder erkenning van sy aandeel geskryf word nie,” het Hein Willemse van die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria met die viering van Tutu se 90ste verjaarsdag in Oktober 2021 geoordeel. Man van vrede, Nobelpryswenner. Man van onbesproke integriteit. Voorsitter van die Waarheid-en-versoeningskommissie, morele kompas van die nasie.

Vir die grootste deel van sy lewe was Tutu die verpersoonliking van die stryd om geregtigheid, wat in die ou Suid-Afrika dikwels met harde en snydende woorde gepaardgegaan het. “As jy neutraal staan te midde van ongeregtigheid, dan kies jy die kant van die verdrukker,” het hy gesê.

Met sy borrelende sin vir humor, dikwels ten koste van homself, het hy internasionaal bekendheid verwerf vir sy stryd teen apartheid. Plaaslik het hy opgestaan vir die vertraptes en onderdruktes. Vol hoop het hy ons met ons politieke bevryding die “reënboognasie van God” genoem.

Tutu was die verpersoonliking van sy eie woorde: “Jou gewone dade van liefde en hoop is bewys van die buitengewone belofte dat elke menslike lewe van onskatbare waarde is.”

Selfs al het Tutu vir miljoene Suid-Afrikaners gepraat, was hy vir talle ’n moeilikheidmaker en ’n huigelaar. By die benoeming vir die Nobelprys het Beeld destyds in ’n hoofartikel geskryf dit “is die eienaardigste toekenning wat tot nog toe gedoen is”; “’n mens moet jou gewete rek” by die aanhoor van “’n hoogs onwaarskynlike ontvanger” van die Vredesprys. Dit was onwaar, aldus Willemse.

Om innerlik heel en geesvervuld te leef terwyl hulle help bou aan ’n nuwe samelewing op die oorblyfsels van ’n bose bestel, weerspieël messiaanse figure edele beginsels. Hierdie beginsels, wat onlosmaaklik deel is van hulle wese, het ’n sterk aantrekkingskrag. Gustav Pienaar, wat by geleentheid spesiaal ’n erediens in die katedraal in Kaapstad met sy dogter bygewoon het in die hoop om Tutu se handtekening in sy nuutste boek te kry, het Tutu op ’n afstand fyn bestudeer. Tutu se religieuse wese en optrede weerspieël sy diep teologiese wortels en dit het Pienaar getref, sê hy. Hy deel met die lesers: “Die Arch het my beïndruk as ’n warm, liefdevolle, meelewende mens – nie verniet ’n Nobel-vredespryswenner nie.” Dit is jammer dat sulke mense moet oud word, het Pienaar met deernis verklaar.

Die vermoë om vergifnis uit te leef is ’n verdere lewenshouding van die messiaanse figuur. As ons diep beseer word, herstel ons nooit voordat ons nie vergewe nie, was een van Alan Paton, bekende skrywer en anti-apartheid aktivis, se oortuigings. “As ’n mens dink hoe Tutu in sy lewe verguis is, kan jy byna nie glo dat hy nie sy vyande gehaat het nie,” verklaar Jeannette Snyman. Hy het altyd sy morele kompas behou en met integriteit opgetree.

En hoe wonderlik was die “wit” vrouens wat so goed was vir sy ma in die vorming van sy wêreldbeeld nie. Dit is weer eens ’n bewys van die rimpeleffek van klein, goeie dade.

Tutu is, soos Nelson Mandela, ’n ikoon. Hulle vergewensgesindheid en totale aanvaarding van mense, ongeag godsdiens, politiek en seksuele oriëntasie, spreek van onbegrenste wysheid. Hulle het die wêreld ’n beter plek gemaak met hul onkreukbare karakters. Dan het hulle ook nie hulself te ernstig opgeneem nie – ’n duidelike teken van mense wat weet hoe om die lewe te vier en tot vreugde vir ander te maak.

Ons onthou die Arch met warmte en dankbaarheid as een van Afrika se grootste manne. Mag hy ons vorentoe steeds inspireer om beter mense te wees.

Vele van Tutu se boeke spreek van die skade wat apartheid aan menseverhoudinge en die psige van landsburgers berokken het. Apartheid het geen eerbied vir die lewe van die meerderheid Suid-Afrikaanse gemeenskappe getoon nie. Die wreedheid, lyding en onreg inherent aan die stelsel moes aangespreek en uitgeroei word. Tutu het by geleentheid geskryf: “Indien ons nalaat om met die verlede in ’n kreatiewe en positiewe wyse om te gaan, bestaan die risiko dat ons geen toekoms mag hê nie.”

Tutu se sterfdag moet die begin wees waarop elke Suid-Afrikaner sy of haar “reis van genesing” moet begin. Dít sal die grootste eerbetoon aan hom wees. So het Mamphela Ramphele, waarnemende voorsitter van die Aartsbiskop Desmond Tutu IP Trust, op ’n nuuskonferensie oor Tutu se dood gesê.

Piet Meiring, teoloog, skryf:

Saam met miljoene in ons land en oor die wêreld heen sal ek hom onthou as die Nobelpryswenner, die charismatiese leier wat plaaslik en internasionaal sy stempel afgedruk het. Ek sal Tutu onthou as die invloedryke swart teoloog wat ’n groot invloed op die denke in ons land uitgeoefen het. Saam met baie sal ek nooit vergeet nie hoe die moedige profeet, die Amos van ons tyd, vreesloos en sonder aansien des persoons vir reg en geregtigheid geveg het, en wat apartheid en alles wat dit meegebring het, vurig veroordeel en bestry het. Wat in die struggle vóór geloop het in die protesoptogte, maar wat altyd bly pleit het vir geweldloosheid. Ook die man wat in die nuwe Suid-Afrika met net soveel passie vir die armes en die gemarginaliseerdes bly veg het, wat nie gehuiwer het om die ANC-regering, sy ou medestryders, aan die kaak te stel nie. In die geskiedenis sal Tutu se rol as voorsitter van die Waarheid-en-versoeningskommissie waarskynlik as sy heel grootste bydrae bestempel word. Dit was my voorreg om dit mee te maak. Daarvan gepraat, wat my altyd sal bybly, is aartsbiskop Tutu se opregte geloof, hoe hy nie een tree sonder die Here wou gee nie. Hy het elke dag met die Here begin en afgesluit, en om eenuur elke middag het hy sy etensuur opsygesit vir gebed en meditasie. Ons kon gaan eet, het hy gesê, hy sal later weer by ons aansluit. Tydens die Sebokeng-verhoor het ek hom een etenstyd in ’n telefoonhokkie sien staan, met sy geboë hoof teen die glasdeur – die enigste stil plekkie wat hy kon kry. Sy liefde vir die Here was aansteeklik.

Nadine Gordimer, ook ’n Nobelpryswenner, het geskryf: “Ek is ’n ateïs. Maar as iemand my ooit so ver sou kry om ’n geloofsprong te maak, sou dit aartsbiskop Desmond Tutu gewees het.”

Op die voetspoor van die Here Jesus was Tutu lief vir mense, ook sondige, skuldige mense. Hy het die sonde en ongeregtigheid, veral van apartheid, verafsku, maar altyd volgehou dat mense kan verander, dat God hulle kan vergewe en hulle nuut kan maak. ’n Voorbeeld hiervan is Tutu se verhouding met die NG Kerk. Hy het die kerk se aanvaarding van afsonderlike ontwikkeling, veral die kerk se teologiese verdediging daarvan, gestriem. Maar hy het altyd volgehou dat ook die NG Kerk kan verander. In die 1970’s en 1980’s toe ’n groepie dominees, oortuig van die sonde van apartheid, begin het om protes aan te teken, om die kerk so ver te kry om sy standpunt te verander, was Desmond Tutu by om aan te moedig en raad te gee.

Toe Willie Jonker by die Rustenburgse Kerkeberaad in November 1990 almal verras het met sy skuldbelydenis oor apartheid, toe hy namens die Afrikanervolk, en heel in besonder namens die NG Kerk, om verskoning gevra het, was Tutu, wat as voorsitter opgetree het, dadelik gereed om die belydenis te aanvaar.

En ses jaar later, toe Freek Swanepoel as moderator van die kerk voor die WVK die moeilike reis van die NG Kerk met apartheid beskryf het, tot by die 1994-sinode toe die kerk uiteindelik apartheid as ’n sonde en die verdediging daarvan as kettery bely het, was Tutu – weer ’n keer in die voorsitterstoel – dadelik gereed om Swanepoel te omhels:

Ek wil die Here dank. Wat vandag hier gebeur het – dat u kom sê het dat u jammer is – was werklik wonderlik … Ek bid dat die Here die NG Kerk op ’n wonderlike manier gaan gebruik. Ek sê altyd, as ’n Afrikaner eers een keer die lig gesien het, draai hy nie halfpad om nie … Ek het lus om vir die duiwel te sê: Pasop, hier kom die NG Kerk! ’n Groot stuk genesing het alreeds begin plaasvind. Ek is bly julle is deel van die proses van versoening.

Neels Jackson, teoloog en joernalis, beklemtoon dat diegene wat oor ’n diepgaande kennis van Tutu se lewensfilosofie en denke beskik, weet dat impulsiwiteit of oppervlakkige oorwegings nie die dryfvere vir sy openbare optredes oor etlike dekades heen was nie. Daar was ’n diepe sekerheid en helderheid oor die geloofwaardigheid van sy strewe om ongeregtigheid aan te spreek.

In April 1988 reageer hy in ’n brief aan die destydse staatspresident, PW Botha, op beskuldigings dat sy teologie bepaal word deur Marxisme en ANC-propaganda. Sy teologiese posisie, het Tutu geskryf, berus op die Bybel en die leer van die kerk, wat eeue ouer as die ANC en die Marxisme is. Hy het verwys na die inherente waarde wat die Bybel aan mense toeken terwyl apartheid juis dít ontken.

Daarop het hy vir Botha geskryf: “Julle apartheidsbeleid is nie net onregverdig en verdrukkend nie. Dit is onbybels, onchristelik, immoreel en boos.” Maar selfs in dié brief verklaar hy: “Ons sien uit na die dag dat wit en swart in vriendskap en harmonie saam in die nuwe Suid-Afrika sal leef.”

Ná die politieke omwenteling van 1990 tot 1994 in Suid-Afrika het Tutu gedink sy rol in die politiek is afgehandel en dat hy hom by kerklike dinge sou kon bepaal. En onder sy leiding het die Anglikaanse Kerk byvoorbeeld vroue tot die priester-amp toegelaat. Maar uiteindelik kon Tutu nie loskom van sy profetiese rol nie.

In ’n stadium het hy vertel hoedat hulle altyd die NG Kerk verwyt het dat hulle nie sterk uitsprake teen die misstappe van die vorige regering gemaak het nie. Dan het die NG Kerklui vir hom gesê hulle praat wel in vertroulike gesprekke met die regering daaroor. Nou, het Tutu gesê, het hy besef hy is besig om dieselfde met die ANC-regering te doen. Daarna het hy nie gehuiwer om die ANC openlik en reguit aan te spreek nie.

Anton van Niekerk, hoogleraar in die Departement Filosofie aan die Universiteit Stellenbosch, beskou Tutu as a “visioenêre” figuur. “Die tragedie met visioenêre soos Tutu, Mandela en Gandhi is dat die wêreld hulle vereer, terwyl baie van hulle eie volgelinge nie hul insigte volledig snap nie en daarom nie die weg volg wat hulle aangedui het nie.” So het Pakistan en Indië se paaie uiteengeloop ten spyte van Gandhi se pleidooie dat Moslems en Hindoes mekaar moet aanvaar.

In Suid-Afrika is daar ten spyte van Tutu en Mandela se visie van ’n gemeenskap waar wit en swart tesame in vriendskap en harmonie leef, nog baie rassespanning. Maar dit beteken nie sy bediening was tevergeefs nie. Sonder hom kon Suid-Afrika se oorgang baie slegter verloop het. En vir die geslagte wat kom, sal Tutu se nalatenskap ’n helder baken bly van geregtigheid en versoening, van deernis met mense wat swaarkry en van God se liefde vir alle mense. Tutu was ’n toonbeeld van die heel beste uit die Christelike tradisie.

Dit gebeur soms dat die donkerste gebeure geboorte skenk aan onvergelykbare leiersfigure – mense wat uitkoms, rigting en hoop skep in sosiale katastrofes. Nelson Mandela en FW de Klerk het sleutelrolle gespeel in Suid-Afrika se bevrydingstryd. En dan is daar Desmond Tutu wat, sonder vrees vir oordrywing, sy regmatige plek in hierdie uitgelese geselskap mag inneem.

In sy boek oor wêreldvrede(makers) skryf Albert Einstein, die grootste wetenskaplike van die 20ste eeu, oor Mohandas Gandhi: “Generations to come will scarcely believe that such a one as this ever in flesh and blood walked upon this earth.” Dieselfde kan van Tutu gesê word.

Wat was egter ten diepste sy geheim – die kérnaspek van sy boodskap wat so ’n onuitwisbare indruk gemaak het op almal wie se paaie met syne gekruis het? Wat die grootste indruk op my gemaak het, was die diepgesetelde spiritualiteit wat al sy woorde en dade geïnspireer het. Sy spiritualiteit was geen oppervlakkige, kwasipiëtistiese of soetsappige vroomheid nie. Tutu het God ernstig opgeneem omdat hy God leer ken het as die menslike God – die een wat nie slegs werklik mens geword het nie, maar wie se menswording die sleutelaspek uitmaak van die humanisering of vermensliking van die wêreld. Tutu se God is die menslike God – en daarom ook die laggende God, soos hy dikwels aangevoer het. Hy is die God wie se beeld ons nie alleen dra nie, maar wat via diegene wat Hom bely die wêreld (wil) omskep in die ruimte waar ons mekaar vind en as medemense dien.

Afgetrede biskop Michael Nuttall, wat lank as adjunk met Tutu gewerk en ’n boek oor hom die lig laat sien het, het Tutu beskryf as iemand wat nie “op die een of ander kruistog van persoonlike verheerliking of selfvoldaanheid” was in sy stryd teen apartheid nie. “Nee, Desmond se reaksie op ernstige onreg kom uit die diepte van sy wese, en baie keer in reaksie op wat hy die Goddelike nudge genoem het. Dit was ons Arch op sy heel beste.

“Sy (stryd) was nie ’n wrede, ideologiese tog vir geregtigheid nie. Dit was altyd gegrond in genade … in ’n blywende, liefdevolle goedhartigheid: die sagte aanraking, die vergewensgesinde hart, die warm glimlag – o ja, die warm glimlag,” het Nuttall gesê.

Hierdie huldeblyke is in wese enkele persone se persoonlike menings wat nie in die minste doelbewus die indruk wil wek dat hy nie sonder foute en gebreke was nie. Die leser moet self oordeel in hoeverre Tutu as messiaanse figuur gehuldig kan word.

 

* Fokusprent by die artikel: Elke Wetzig; gesny, verklein en gebruik ingevolge die Creative Commons-lisiensieooreenkoms)

 

Bibliografie

Boonzaaier, Dawie. 2 Januarie 2022. ’n Nederige en dapper mens. https://www.netwerk24.com/netwerk24/nuus/aktueel/n-nederige-en-dapper-mens-20220101.

Frost, Brian. 1991. The politics of peace. (Voorwoord deur Desmond Tutu.) Darton, Longman & Todd Ltd, ble vii–x.

Heyns, JA. 1867. Denkers deur die eeue. Kaapstad: Tafelberg, bl 120.

Jackson, Neels. 2 Januarie 2022. Tutu: Toonbeeld van hoe ’n goeie Christen kan leef. https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/aktueel/tutu-toonbeeld-van-hoe-n-goeie-christen-kan-leef-20220102.

Meiring, Piet. 2 Januarie 2022. Tutu: die laggende profeet. https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/aktueel/tutu-die-laggende-profeet-20220102.

Pienaar, Gustav. 12 Oktober 2019. Tutu waardige houer van die Nobelprys. https://www.netwerk24.com/netwerk24/za/die-burger/eiendomme/tutu-waardige-houer-van-nobelprys-20191011.

Prince, Llewellyn. 26 Desember 2021. Desmond Tutu. Sy dood “moet begin van reis na genesing wees”. https://www.netwerk24.com/netwerk24/nuus/aktueel/tutu-se-dood-moet-begin-van-reis-na-genesing-wees-20211226.

Snyman, Jeannette. 31 Desember 2021. Mag hy aanhou almal inspireer. https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/gesels-saam/mag-hy-almal-aanhou-inspireer-20211230.

Tyler, Carol. 2005. Punishment, forgiveness, and the rule of law: a vision for conflict resolution in Alan Paton’s Too late the phalarope. Case Western Reserve Law Review, vol 55.

Van Niekerk, Anton. 3 Januarie 2022. Desmond Tutu se groot geheim. https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/menings/desmond-tutu-se-groot-geheim-20220103.

Willemse, Hein. (2021, 6 Oktober). Tutu: Kompas en vredemaker. Beskikbaar by https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/menings/tutu-n-kompas-en-vredemaker-20211005.

 

The post Emeritusaartsbiskop Desmond Mpilo Tutu as "messiaanse" figuur gehuldig appeared first on LitNet.

Graad 3: Wiskundevraestel en –memo, eerste kwartaal

$
0
0

Prent: https://pixabay.com/photos/balls-juggling-balls-juggle-272409/

Help jou graad 3-kind om al die Wiskunde-balle in die lug te hou met hierdie handige oefenvraestelle, opgestel deur Lee-Ann West. Die vraestelle is toegespits op die gedeelte van die werk waarmee die kinders nou besig is.

Klik hier om die vraestel gratis in PDF-formaat af te laai.

Klik hier om die memo gratis in PDF-formaat af te laai.

Lees ook:

Wiskunde, graad 3: eerste kwartaal – vraestel en memo

Indeks: notas, toetse en vraestelle

 

The post Graad 3: Wiskundevraestel en –memo, eerste kwartaal appeared first on LitNet.

Persverklaring: Die SA Akademie se Taalkommissie vir 2022 tot 2024

$
0
0

Die Raad van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het pas die samestelling van die nuutverkose Taalkommissie bekend gemaak. Tydens ’n ad hoc-vergadering op 6 Desember 2021 het die Raad die volgende aanstellings goedgekeur vir ’n periode van drie jaar – van Februarie 2022 tot Desember 2024:

Hoofredakteur: Suléne Pilon; M.A.; Dept. Afrikaans, UP

Taalpraktisyn: Jana Luther; M.A.; WAT

Taalpraktisyn: Fred Pheiffer; M.A.; WAT

Taalkundige: Marius Swart; M. Phil.; Dept. Afrikaans en Nederlands, US

Taalkundige: Annelise de Vries; D.Litt. et Phil.; Vakhoof: Tale, Akademia

Rekenaarlinguis: Jaco du Toit; B.Sc. Hons.; CTexT, NWU

Nuwemediaspesialis: Monique Rabé; Webredakteur: Maroela Media

Die Taalkommissie se ampsdraers bestaan uit die hoofredakteur wat as voorsitter tydens Taalkommissie-vergaderings optree en ook as segspersoon van die Taalkommissie dien. ’n Sekretaris sal by die TK se eerste vergadering aangewys word wat die taak sal hê om rekord te hou van alle besluite en ook as interne skakelpersoon sal optree. ’n Ondervoorsitter wat die voorsittersfunksie sal verrig wanneer nodig, sal ook verkies word. Die Taalkommissie se dagbestuur bestaan uit die voorsitter, ondervoorsitter en die sekretaris wat sake hanteer wat dringend is, maar kan nie finale besluite oor taalsake neem wat nie deur ’n meerderheid van die Taalkommissie ondersteun word nie.

Die Akademie se kommissies is belangrike substrukture wat weens die aard van hulle kollektiewe kundigheid en besondere opdragte van groot belang is om die missie en visie van die Akademie te vergestalt en so die status van Afrikaans as wetenskapstaal te help bevorder. Die Taalkommissie, wat vir meer as ’n honderd jaar die hoogste normatiewe gesag in Afrikaans is, staan kennelik sentraal in hierdie verband.

The post Persverklaring: Die SA Akademie se Taalkommissie vir 2022 tot 2024 appeared first on LitNet.

Desember

$
0
0

Foto: Canva.com

Desember

Desember 
by die see 
laataand 
lê ons saam 
op die bed 
ek lees ’n storie 
vir jou 
ek hoor hoe 
die slaap 
jou kom haal 
langs my 
styf teenaan my 
onder die kombers 
jy’s veilig 
jy’s warm 
jy’s naby 
ek maak my oë toe 
sê stil dankie 
raak bewus 
van hierdie goue oomblikke 
my kleivoete ten spyt 
is ek begenadig 
is ek ryk 
het ek oorvloed 
ontbreek niks my nie 
dis die laaste gedagte 
wat deur my kop gaan 
voordat ek vir laas                 
die storieboek neersit 
die slaap 
my ook vind 
en kom haal

The post Desember appeared first on LitNet.

Viewing all 21514 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>