Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21513 articles
Browse latest View live

Press release: ekstasis

$
0
0
 To be released on 21st January 2022 on the Vimeo account of Unusual Bones.: https://vimeo.com/unusualbones

Cape Town, South Africa, January 2022

Unusual Bones., in association with Couscous and Cream, presents an intricate short film, ekstasis, written and directed by Emilie Badenhorst and Kanya Viljoen, that explores the unravelling nature of intimacy through the eyes of two young South African women. The film stars the sensitive performances of Inez Robertson and Mariana Del Carmen in the leading roles, supported by veteran performers Grant Swanby and Ilse van Niekerk. The film was shot by an intimate group of filmmakers in the summer of 2019 in Cape Town city centre and along the west coast towards a local fisherman’s town, Velddrif.

The film is an exploration of a young woman that discovers love and intimacy, and the loss thereof, through a blossoming relationship with her best friend and the dissipation of her parents’ marriage. The 35 minute film uses the landscape of multilingualism in South Africa, the Afrikaner culture and LGBTQIA+ bodies to question the moments of existing in between these spaces and borders created within society. Both Badenhorst and Viljoen created this film as they wanted to explore the navigation of the young, female body in relation to identity and how this then navigates the familiarity felt and found in others.

“As two emerging female writers and directors we knew that we wanted to create a film based on the landscape of multilingualism in South Africa, the Afrikaner culture and LGBTQIA+ bodies. We wanted the film to explore and question the concept of intimate relationships, including the difficulty of shifting boundaries and the honesty required of these relationships”. ‒ Kanya Viljoen, Emilie Badenhorst

The film was created following a collaborative process where many elements emerged through workshops between the writers, actors and the production team throughout filming. It set out to explore what could happen if certain spaces were left for creative input from all bodies on set, thus allowing an immediate truth to emerge within the story.

ekstasis won a Silver Screen at the Cannes Young Director Awards for Best Direction, Best Young Director at Jozi Film Festival, and Best Direction at the New Renaissance Film Festival.

Additional official selections: Rhode Island International Film Festival, Toronto International Women Film Festival, Big Apple Film Festival (Spring Edition), Shnit Worldwide Shortfilmfestival, Worldfest Houston International Film Festival, Jozi Film Festival, Berlin Lift-Off Film Festival, OUTshine Film Festival, Rapid Lion South African International Festival, One People International Film Festival. 

****

Unusual Bones. is a collective of creatives in Cape Town, that seeks to explore alternative and interdisciplinary ways of creating projects through a collaborative framework. The collective, founded by Kanya Viljoen and Emilie Badenhorst, seeks to question and explore the human spirit in South Africa. The vision of Unusual Bones. is to gently command a change in the social attitudes of South Africans through gutsy, honest, and excellent stories, amplifying the ‘othered’ voices in our local community. The collective carves out safe spaces for South African women to revive their creative expression in an industry that is often ruled by vertical hierarchies and ‘set methods’.

The post Press release: <i>ekstasis</i> appeared first on LitNet.


Dis groter as net Djokovic

$
0
0

Head-raket (foto: Unsplash)

My belangstelling in tennis het getaan omtrent saam met Björn Borg se uittrede uit die sport. Dus raak Novak Djokovic se Australiese probleempie my glad nie op sportgronde nie.

Waar dit my wel interesseer, is hoe gepolariseerd mense skynbaar is omdat hy in kwarantyn gehou word. Dis heeltemal in orde vir ander mense om op dieselfde gronde nie toegang tot ’n land te verkry nie, maar o wee, wanneer dit ’n sportlegende is, dan is dit ’n ander saak. Uitsonderings moet vir sportsterre gemaak word, alhoewel hulle geen belangstelling daarin toon om die reëls te eerbiedig nie.

Djokovic het nog nooit ’n geheim gemaak daarvan dat hy antivaks en antimasker is nie. Hy het al vantevore ’n geleentheid gereël wat uiteindelik ’n superverspreider geword het. Oor die naweek het sy prokureurs gesê hy het op 16 Desember 2021 weer positief getoets vir Covid. Op 17 Desember het hy sonder ’n masker by ’n openbare geleentheid verskyn en saam met tallose kinders foto’s geneem. Natuurlik is daar nie nou enige inligting bekend oor hoeveel mense na daardie geleentheid positief getoets het vir Covid nie.

Maar Djokovic gee net om vir Djokovic.

Dit maak nie saak of sy ongemaskerde aansteeklike liggaam in aanraking kom met mense wat dalk ernstig siek kan raak of selfs sterf as hulle die virus opdoen nie. Dit maak nie saak of al die ander atlete wat deelneem en toegelaat is om die land binne te kom, die spesifieke reëls van die land eerbiedig nie. Dit maak nie eens saak of Australië alreeds geweldige verliese gely het as gevolg van Covid-sterftes en ernstige siekte nie.

Gee Djokovic om dat Australië ernstige arbeidstekorte in die landbousektor in die gesig staar as hulle weer deur ’n superverspreider bedreig word? Ek dink nie so nie. Maak dit vir hom saak dat enige arbeidstekorte nou tot langertermyntekorte in die voedselmark in Australië kan lei? Glad nie. Verstaan hy dat die globale ekonomie afhanklik is van die ekonomiese gesondheid van individuele lande? Ek twyfel. Maar dan is ek ook nie seker dat hy omgee, selfs indien hy verstaan, dat ’n krisis in Australië kan lei tot voedseltekorte in die res van die wêreld nie.

Djokovic gee immers net om vir Djokovic, en hy sleep sy aanhangers wat hom klakkeloos napraat, saam. Hy word uitgemaak as ’n Serbiese martelaar, as ’n tipe Jesus-figuur wat gekruisig word aan die hand van onredelike Australiese burokrasie. Hy word geteken as ’n politieke speelbal wat gebruik word om Australiese politici meer relevant te laat lyk.

Maar wie is regtig besig om hierdie hele situasie in ’n teater van die absurde te omskep? Die antivakstennisspeler.

Die Australiese owerhede se eerste verpligting is immers teenoor hul landsburgers, nie teenoor skatryk toeriste wat nie omgee watse effek hul dade op die plaaslike bevolking het nie.

En soos Andy Murray tereg opgemerk het, net omdat ’n gesonde, fikse atleet nie erg affekteer word deur die virus nie, beteken dit nie hulle hoef nie met sorg op te tree teenoor ander wat dit minder gelukkig tref nie.

Djokovic se appèl was suksesvol. ’n Regter het beslis dat die Australiese owerhede hom toegang tot die land moet gee en dat hy mag deelneem. Dis ’n jammerte, want dit skep die indruk dat sekere persone op grond van sosiale status beter behandeling mag eis as ander.

Dit skep presedente, nie net binne die land self nie, maar ook vir sportbyeenkomste elders. Ons kan net hoop dat dit nie tot nuwe uitbrekings lei nie.

Dalk is dit kleinlik van my, maar ek hoop hy verloor elke enkele wedstryd wat hy daar speel.

The post Dis groter as net Djokovic appeared first on LitNet.

Pasverskyn: Nog stories teen my muur deur Matthys Strydom

$
0
0

Nog stories teen my muur
Matthys Strydom

Uitgewer: Inset-Uitgewers
ISBN: 978062093289

Reaksies op Stories teen my muur, waarvan Nog stories teen my muur die opvolg is:

Abraham H de Vries, 2016: "Dit gebeur soms dat mens ’n boek nog in manuskripvorm te lese kry waarvan jy weet hierdie boek gaan baie mense nog baie plesier besorg. Stories teen my muur is ’n waardevolle bydrae tot die geskiedenis en die wêrelde van die kunste in ons land."

Marthinus van Bart in Rapport, 15 Januarie 2017: "Synde ’n seldsame publikasie in sy soort, is Stories teen my muur ’n ware juweel vir kunsversamelaars en -beleggers – ’n lekkerlees-boek in keurige Afrikaans."

Elna van der Merwe in Huisgenoot, 11 Mei 2017: "Die Strydom-galery was ’n onverwagte kunsmekka in George. Die oprigter daarvan, Matthys Strydom, en sy vrou, Helene, het vanaf hul eerste uitstalling dieselfde resep gevolg: 'Ons het verkies om al die genooide kunstenaars persoonlik te besoek, hulle te leer ken en hul werk vir die uitstalling asof vir onsself it te kies.' Dit gee ’n intieme trant aan dié toeganklike en insiggewende stories."

Amanda Botha in Rapport, 18 June 2017: "Stories teen my muur bied boeiende insigte in kunstenaars en hul werk."

Ilse Schoonraad in George Herald, 5 Januarie 2017: "Vir talle mense wat steeds met groot heimwee terugdink an die Strydom Galery, is daar goeie nuus. Die stigter, Matthys Strydom, het ’n wonderlike boek die lig laat sien waarmee hy die galery, die kunstenaars en kunswerke laat herleef. Strydom se kennis en heerlike skryfstyl maak Stories teen my muur ’n moet vir almal wat die Strydom Galery besoek het en dit steeds mis."

Melvyn Minnaar beaam in Die Burger (Julie 2017) Strydom se waarskuwing in Stories teen my muur dat mens kuns moet beoordeel op grond van hoe goed dit as kuns is en nie oor wat iemand bereid is om daarvoor te betaal nie.

Riana Scheepers: "Stories teen my muur is die verhaal van die avontuurlike, komplekse verhouding tussen ’n ware kunsliefhebber en die kunswerke, mét hul kunstenaars, wat Strydom gekies het om deel van sy lewe te wees. Die verhale wys sonder skroom op die interessante dimensies van elke kunstenaar se psige, en die skrywer se uitsonderlike waardering en respek vir daardie kompleksiteite (dalk eksentrisiteite?). Met groot plesier word die leser deel van die avontuur, omdat elke storie ’n speurverhaal, en ’n ontdekking word."

Ton Vosloo van Naspers in ’n e-pos van 9 Februarie 2017: "Ek het die boek Stories teen my muur omtrent sonder neersit klaar gelees en het dit baie stimulerend gevind. Sulke eerstehandse vertellings is van onskatbare waarde."

The post Pasverskyn: <i>Nog stories teen my muur</i> deur Matthys Strydom appeared first on LitNet.

Die bloed in my are

$
0
0

Foto: Unsplash

My ouma Nicolaas Grobler (gebore Grobler, en getroude van ook Grobler) was sexy. Mag ’n mens dit van ’n voorsaat sê? ’n Fyngeteelde merrie met nerveuse neusvleuels. Op foto’s van vroeg in die vorige eeu is sy rond van oog met ’n wolk donker hare, soel vel en hardkoppige mond. Die foto’s is bruin-en-wit, maar ek weet haar oë was geel en bruin soos tieroog en haar blasserige vel was sag soos seemsleer. Toe ek haar geken het, het sy soos ’n krimpvarkie gelyk: sout-en-peper haar met ’n effense krul, vierkantige handjies, maer arms en bene, ronde lyfie in crimplene. Sy was kort en besig, ’n patroon.

Op foto’s uit haar jeug lyk sy soos Camille Claudel, Rodin se minnares, ’n beeldhouer wat van haar kop af gegaan en die meeste van haar werk vernietig het. ’n Wildheid in die oog, ’n sinisme om die mond, iets kopsku wat kan opskrik.

Haar pa is voor haar geboorte op die slagveld dood en dit was sy wens dat die ongebore kind sy naam sou dra. Vandaar die Nicolaas.

Sy is op 16 getroud met haar neef Hendrik, ’n mooie man. Die Van Oudsthoorn-neefs het blykbaar beplan om hom te vermoor om haar in die hande te kry. Toe was sy al ’n kranige naelloper – haar stiefpa het haar oraloor na byeenkomste geneem, waar sy prysgeld losgehardloop het. Sy was altyd los voor. Sy het my vertel toe sy al ’n paar kinders gehad het, het sy die jong meisies uitgestof en by die wenpaal gestaan en kyk hoe hulle aangehardloop kom.

Hulle het in Ermelo se omgewing geboer. Op ’n familiefoto lyk hulle soos die Romanoffs, maar almal het destyds swierig en welgesteld gelyk op foto’s.

Haar eggenoot en neef Hendrik was baie gesog. Hy was aantrekliker as Clark Gable en het glo geleerdheid gehad, maar miskien was hy ’n outodidak. Hy het Shakespeare en al die klassieke boeke gelees en klavier gespeel. Die boere van die omgewing het kom luister en gesê: “Hindrik, speel vir ons daar die Blou Denoup.”

Hy was dodelik sjarmant en so sterk soos ’n bees. Hy kon ’n gedekte geelhouttafel met sy tande van die vloer oplig. Hy kon vier sakke mielies dra: een oor sy rug, een oor elke skouer en een met sy tande. Hy het op 15 weggeloop oorlog toe en op die slagveld 16 geword. Hy was spyt dat hy nie poeding op sy verjaardag kon eet nie. Op sy bruilof het hy in ’n kryt wat vir die geleentheid opgerig is, om die beurt 12 mans met uitklophoue verslaan.

Hulle het winters Swaziland (nou Eswatini) toe getrek met die skaap. Later het hulle plase daar gehad. My ouma Nicolaas (genoem Niekie) was gou swanger met Hans, ’n seun wat lewenslank effens geknak gelaat is deur sy groter as lewensgrootte-pa. Die kinders was almal óf verskrik óf arrogant. Hulle het op skool uitgeblink in akademie, sport en kultuur. Hulle pa, Hendrik, het vir hulle gesê: “Julle moenie dink julle is beter as ander nie. Julle moet dit weet.” Ek het hom nooit geken nie – hy is dood die jaar toe ek gebore is. Maar ek het sy skaduwee oor almal gesien.

Die tweede seun, Hendrik, het hom deur niks en niemand laat knak nie, maar hy het gedans op ’n wysie wat net hy kon hoor. Hy het altyd ’n natuur aan hom gehad; susters en niggies het glo geweet om voet in die wind te slaan. Hy is getroud met Lida wat amper so lank soos hy was (knap oor die ses voet) en ewe donker, soel van vel met ’n Italiaanse voorkoms. Hulle was gek oor mekaar. Hy het graag in nonsenswoorde gepraat en was altyd uitermate opgewek. Hy het haar Kalf genoem en sou dinge sê soos: “Kalf, jy’s ’n beker.” Dinge soos: “Dis ’n lylike djaimors.” Dit het hy gekry van sy pa, wat eendag vir ’n winkelier met halitose gesê het: “Jou neus sit te na aan jou towerkol.” Hendrik en Lida het ses seuns gehad, rowwe bliksems wat kranige rugbyspelers en groot kroegvegters was.

Hans, bedeesd en onseker, het met Cilla getrou, ’n aanvallige ongehude moeder wat manies godsdienstig geword het in die Apostoliese Kerk en oor alles gekla het. Haar dogter was liewer vir Hans as vir haar en het vir dae aaneen gehuil toe sy uitvind hy is nie haar pa nie. Cilla het hom ’n lewe gely. Sy het handskoene gedra en wou net in ’n Mercedes ry, ’n wit een met min myle op. In haar kerk het hulle na haar verwys as Suster Sights.

Daar was ook Sus. Toe sy al oud was, het sy vir my gesê sy was altyd bang vir haar pa en daarna was sy bang vir haar man. Sy het ’n droë humorsin en ’n wakker verstand gehad. Sy was ’n pastoriema met vyf kinders.

Ná Sus het Karlien gekom, ’n karakter. Sy was blas van vel, met klein, donker oë en ’n moedswillige humorsin. Sy was ’n storieverteller van formaat. Ek onthou toe ek baie klein was, het ek eenkeer ’n glips in haar badkamer gehad en daar gestaan en huil. Toe kom sy in en sê: “Jou tante Karlien het jou kom red.” Sy het die lekkerste hawermoutpap in die wêreld gemaak, met botter en bruinsuiker. Sy is met Paul Krog getroud, ’n briljante Krog met ’n groot neus en effens waansinnig – bomskok van die Tweede Wêreldoorlog, waar hy vegvlieënier in Italië was. Hulle het soos kat en hond baklei en mekaar vurig liefgehad. Hulle was albei kort en het mekaar te lyf gegaan. “Ons veg in dieselfde gewigsklas,” het hulle gesê.

Karlien was ’n roekelose bestuurder met min agting vir ’n motor. “Jy sal nog ry tot jy met die con rod tussen jou tande sit,” het Paul vir haar gesê. Hulle het baie gelag. Hulle het drie briljante kinders gehad, orrelpypies wat almal tragies vroeg dood is. Toe Karlien swanger was met die derde, sê Paultjie, die oudste, toe omtrent drie, vir haar: “Jy moet nou nie weer ’n bybie in jou maag kry nie. Ek is moeg vir kinders.” Sy het graag kaal geloop in die huis. Sy het ’n groterige maag en boude gehad. Paultjie was twee toe hy vir haar sê: “Klere bedek ’n menigte sondes.”

Daarna was daar Hermien, Sarie, Susan, Rina, Niklaas, Freda en Dingi, my ma. Toe was ouma Nicolaas al moeg. Nou leef net die elfde kind, my ma, nog. Almal was welskape en slim, passievol en met ’n streep.

Dit laat my dink aan die refrein van Jacques Brel se liedjie wat só in Engels vertaal is:

There was my grandfather, he was a young soldier
There was my grandmother, she was so much bolder
He knew how to do it
and she let him do it
They lived in sin, deliciously
Now they pray for my virginity.

The post Die bloed in my are appeared first on LitNet.

On The fall of the University of Cape Town by David Benatar: a discussion

$
0
0

The fall of the University of Cape Town
David Benatar
SKU: 9783982236438

When LitNet approached David Attwell to review David Benatar’s The fall of the University of Cape Town (2021, Politicsweb) he suggested that instead of a review, he would be willing to take part in a conversation. Here he is in discussion with (the fictional) Bernard Kripke, imagined as a retired professor of philosophy at UCT.

David, what’s your overall impression of David Benatar’s book?

There’s a substantial and still growing archive on Fallism and its consequences, in fiction, poetry, memoir, and analysis. This book is the most detailed and candid account thus far – of course from a particular point of view – about Fallism and the wider debates around transformation and decolonisation. It’s a courageous work. Having said all that, I do have difficulties with it, some philosophical, some ethical.

Go on.

Well, I think it’s helpful to understand David Benatar’s intellectual position. He is a distinguished philosopher. He is not affiliated politically, but his outlook is liberal. In this book he is certainly in the trenches, responding to events and the arguments that swirl around them.

Occasionally, he reveals his philosophical leanings. There’s a disparaging remark about “French philosophy”, meaning poststructuralism and deconstruction. In one of the appendices (3) he refutes some lazy and inaccurate remarks about what is taught in the Philosophy Department at UCT. In response to the accusation that “to study philosophy in South Africa [meaning Cape Town] is to study a series of pronouncements from white, European men”, he writes: “If anyone knows anything about academic philosophy, and especially its analytic branch, one knows that it is not the study of anyone’s ‘pronouncements’. Instead it is the critical evaluation of arguments” (410).

........

Clearly, he is comfortable in the British analytic tradition. From that position the book is an exercise in applied ethics, which is one of the fields in which analytic philosophy has made its mark.

........

Clearly, he is comfortable in the British analytic tradition. From that position the book is an exercise in applied ethics, which is one of the fields in which analytic philosophy has made its mark. The purpose of the book, decidedly, is to “critically evaluate arguments”. On these terms, the book is powerful and persuasive. I imagine there will be quite a few people at UCT who will be looking into a mirror as they read it, feeling uncomfortable. The problem, as I see it, is that there is more at stake in the situation at UCT and elsewhere than the critical evaluation of arguments. As Hamlet says, “There are more things in heaven and earth, Horatio, than are dreamt of in your philosophy.’

.........

I imagine there will be quite a few people at UCT who will be looking into a mirror as they read it, feeling uncomfortable. The problem, as I see it, is that there is more at stake in the situation at UCT and elsewhere than the critical evaluation of arguments. As Hamlet says, “There are more things in heaven and earth, Horatio, than are dreamt of in your philosophy.’

.........

And what things are those? What would Hamlet be referring to with reference to UCT?

The wider context, mainly. I would have liked to see a greater effort to understand why the situation is what it is. The book is preoccupied with a contagion of unreasonableness, a malaise, but if so, that is a cultural problem worth exploring. The situation is seldom addressed in these terms, except to pass judgement.   

How would you read the context, then?

.........

Well, there are global economic trends that have undermined the prospects for this entire generation, but on top of that, for local students, the venality of state capture and corruption, the very real prospect of state failure, has opened up a profound moral abyss. We have a democratically elected government that is failing.

..........

Well, there are global economic trends that have undermined the prospects for this entire generation, but on top of that, for local students, the venality of state capture and corruption, the very real prospect of state failure, has opened up a profound moral abyss. We have a democratically elected government that is failing. If there were a credible, unifying vision nationally, we would not have had such intense arguments around the semiotics at universities.

So you would shift the emphasis to the state, rather than the university? Surely the defining event was the fall of the Rhodes statue?

Up to a point. After #RhodesMustFall, #FeesMustFall came closer to addressing the underlying issues. It’s interesting that long before he went after the statue, Chumani Maxwele aimed his sights at Jacob Zuma. In 2010 he was locked up for “giving the finger” to Zuma’s motorcade and swearing at his bodyguards. By 2015, when Fallism started, the entire constitutional order post-1994 was in question. So the statue was a symptom and a catalyst. We can’t ignore the quasi-religious millenarianism of these movements, and the politics of shame and shaming. There was more at stake than statues, or even than the university.

........

So the statue was a symptom and a catalyst. We can’t ignore the quasi-religious millenarianism of these movements, and the politics of shame and shaming. There was more at stake than statues, or even than the university.

........

And you feel that the book doesn’t adequately address this?

Not adequately, no. Of course, I’m interested in the cultural narratives in which subjectivity takes root. The problem with applied ethics, in the terms practised in the book, is that one is predisposed to expect people to be reasonable. If it becomes patently obvious that they are not, that they are driven by other compulsions, then the more you insist on reason the more you paint yourself into a corner. You might expose your opponents’ faulty arguments, you might outwit them, but if they respond by fortifying themselves with cultural symbols, then what do you do? Every victory is Pyrrhic, a defeat in fact.

........

If it becomes patently obvious that they are not, that they are driven by other compulsions, then the more you insist on reason the more you paint yourself into a corner. You might expose your opponents’ faulty arguments, you might outwit them, but if they respond by fortifying themselves with cultural symbols, then what do you do? Every victory is Pyrrhic, a defeat in fact.

........

You probably know that there are branches of philosophy that would make sense of this.

Yes, no doubt. I’m not suggesting that literature has all the keys. It depends on what one means by the literary. The later Wittgenstein, for example, would have encouraged us to ask whether the critical evaluation of arguments is the only, or even the most appropriate, kind of language game to be playing in a situation like this.

You’re implying that David Benatar is unsympathetic, or uninterested, in the historical background. That would be unfair, surely. He responds to the accusation that he doesn’t understand, or doesn’t want to understand, why people experience themselves as victims. He says he understands it all too well, and reluctantly he discloses that his perspective is influenced by his being Jewish.

Yes that’s true. It’s a moving – movingly understated – argument.   

So, to push you a bit further, if your point of reference in this crisis – let’s accept for the moment that, as you say, it is a crisis, of language, and of moral recognition – if your point of view is informed by an older, European, and Jewish memory, then the kind of liberalism that expects people to be reasonable has its virtues, not so?

Meaning?

Well, to be blunt, if at the back of your mind you are aware that racial nationalism can lead to genocide, then you would want reason to prevail. You would fight unreasonableness tooth and nail. Isn’t that what’s at stake in David Benatar’s brand of liberalism?

I take that point. The book is forensic in going after hypocrisy, double standards, the manipulation of evidence to support arguments decided in advance, and so forth. In that respect, David Benatar is issuing a kind of cris de coeur on behalf of reason. Or, in the interests of a constitutional dispensation, in which basic human rights are understood and respected. Some of his most rigorous arguments are in defence of academic freedom and freedom of expression. And he doesn’t defend only the rights of people who are in his corner. He defends the right to speak of people who hold extremely noxious views.

........

The book is forensic in going after hypocrisy, double standards, the manipulation of evidence to support arguments decided in advance, and so forth. In that respect, David Benatar is issuing a kind of cris de coeur on behalf of reason. Or, in the interests of a constitutional dispensation, in which basic human rights are understood and respected.

........

So on one hand, David, you’re saying that he isn’t attentive enough to people’s wounds. But on the other hand you’re also saying that he is right to demand that people must behave reasonably. Isn’t this contradictory?

There’s a tension there, certainly. Let me slow down a bit and try to throw some light on the problem.

In the opening paragraphs of The wretched of the earth, Frantz Fanon says that decolonisation “is always a violent phenomenon”. He writes: “At whatever level we study it – relationships between individuals, new names for sports clubs, the human admixture at cocktail parties, in the police, on the directing boards of national or private banks – decolonization is quite simply the replacing of a certain ‘species’ of men by another ‘species’ of men” (sic).

That is pretty close to the bone, especially in a text that is so widely admired today. David Benatar complains that terms like transformation and decolonization are just empty slogans, that they are never properly defined. Perhaps the problem is different, though. He might be challenging his opponents to actually say what they mean. If terms like transformation and decolonization mean what Fanon takes them to mean, then the very idea of the university as a space where people of different backgrounds can freely exchange ideas will cease to exist. He might well be asking are we, or are we not, in Algeria in 1960?

.........

David Benatar complains that terms like transformation and decolonization are just empty slogans, that they are never properly defined. Perhaps the problem is different, though. He might be challenging his opponents to actually say what they mean. If terms like transformation and decolonization mean what Fanon takes them to mean, then the very idea of the university as a space where people of different backgrounds can freely exchange ideas will cease to exist.

..........

So he is taking an ethical position, which is a refusal to accept that what is taking place is simply a transfer of power from one racial elite to another, as many have argued. If this is what is happening then the idea of the university collapses. If it is the case, as supporters of Fallism would argue, that the ideal of the free circulation of ideas has never materialised, then a straightforward transfer of power to a new elite will not solve the problem. It might get worse. That’s a fate that David Benatar (or rather, his book) won’t entertain.

To put it yet another way, there’s a kind of Pascalian wager here. Even if it doesn’t feel like we live in a rights-based constitutional democracy with equal access to the law and to the free exchange of ideas, which is what universities are for, we have no option but to continue to believe and act as if we do. Perhaps that explains his determination to hold on to the idea that people can and should do better. It’s part of his belief in the university as an institution. If I understand him correctly.

.........

Even if it doesn’t feel like we live in a rights-based constitutional democracy with equal access to the law and to the free exchange of ideas, which is what universities are for, we have no option but to continue to believe and act as if we do. Perhaps that explains his determination to hold on to the idea that people can and should do better. It’s part of his belief in the university as an institution.

..........

Fallists would claim, as you hinted at there, that UCT has never supported the free exchange of ideas. There’s a charge of hypocrisy.

It never exists in a perfect state, but I would encourage you to look at the debate over the admissions policy in 2010. It’s all on YouTube. David Benatar was on the panel, as was Sizwe Mpofu-Walsh, and Archbishop Ndungane as Chair of Council. The interesting clash was between Max Price and Neville Alexander. Max Price argued that UCT should continue using race as an indicator of disadvantage. Neville Alexander argued that, this being South Africa, UCT should take the high road of principle and remove race altogether from official university discourse. It’s a lively, public debate. It’s hard to imagine that taking place now.      

One of David Benatar’s senior colleagues has said on social media that someone who attacks the university in this way should not be earning a professorial salary. What’s your view of this?

That opinion is just plain wrong. The book is a leap of faith. You don’t have to agree with it to see this, and I hope the university leadership will see it in that light.

When we began you said you had some ethical difficulties with the book. What did you mean?

I spoke loosely. I don’t mean that it is in any way unethical. I mean that there are some arguments in which the ethics are not fully developed. The debate on the use of force, for example, in chapter 7 (“The university of capitulation”). The argument is that the university executive capitulated again and again to brutality and vandalism. Red lines would be drawn, only to be ignored, then redrawn, and so on, with a downward spiral.  

There’s more than a grain of truth in this, but the argument is actually that the university ought to have been willing to call in the police sooner. That assumes that the police have the training and capability to provide a non-lethal show of force. But this is SAPS. The university tried using private security, with mixed results, which inflamed the debate even further. I don’t think the book fully faces up to the implications, or the prospect of worse violence. Where I do agree with him is that the executive might have polled the university community on this and other issues, as was done at Wits.

David, you’re mentioned in the book, in connection with the deanship of the Faculty of Humanities. What did you make of that?

Yes, I’m in the dramatis personae, in a very minor role. It’s a fair account. He doesn’t have all the facts as I saw them, but he can’t be expected to have known them.

What facts, for example?

Let me tread carefully here. I wasn’t looking for a position at UCT. I was invited to apply, twice – first in 2013 by members of the selection committee, the second time in 2017, by Max Price.  

On both occasions you were not appointed, on racial grounds, by David Benatar’s account. Is that so?       

Yes. When the invitation came in 2013 I was assured that the committee would like to have my application. I allowed myself to think, naively in retrospect, that they must have known what they were doing – that there must be a nuanced understanding of transformation, that it didn’t have to depend on the candidate’s race, but on their intellectual interests, and so on. Otherwise why approach me?

You were proved wrong. But why did you apply again?   

It was more complicated than that. After giving it much thought I said I would put in the second application, adding that if they were able to shortlist any candidates from the designated groups I would understand and immediately withdraw. As it turned out, Max Price, who chaired the process on both occasions, didn’t convey this position to the committee, nor the faculty. He was procedural, but to the best of my knowledge he never fulfilled this request.

It became awkward at the presentation to the faculty. The first person to respond to my talk was Lwazi Lushaba, who is a major role player in the book. He fired five questions at me in a row, the first being, “Professor Attwell, you have published in African literature. Don’t you think you should step aside in favour of a black candidate?” Max Price kept stumm.

That sounds difficult, but you still haven’t answered the question. Why did you agree to go through this?

Thuma mina, to quote President Ramaphosa. UCT is an alma mater.  

David Benatar gives the results of the faculty votes. In 2013, 70% of the faculty supported you, but another appointment was made. In 2017, it was 56%, just short of the required 60%. He says the drop from 70% to 56% “is not attributable to any negative change in the candidate”, but that it reflects either a change in the membership of the faculty, or a change in the climate. What did you make of it?

It was the climate. In a faculty of over 300 people, 106 were present. There was widespread disaffection. If a handful of the abstentions had voted for me, it would have gone through.

I must thank Bernard for writing to me afterwards to apologise for the conduct at that meeting and on behalf of UCT generally, for the shabby treatment. I wasn’t there, of course, but from what I could gather there were garbled facts and racial squabbling.  

From what you now know from the book you must feel that you dodged the bullet?

Yes, up to a point. In 2017 I asked my friend Harry Garuba, who was acting dean (we were PhD students together in Austin, Texas), to arrange for me to meet with members of the BAC [Black Academic Caucus]. I wanted them to tell me whether they were prepared to accept the appointment. Harry kept this low profile, but I met two people. One of them was Lwazi Lushaba – whether he was actually a member of the BAC or not, I don’t know. We got on surprisingly well, despite the earlier encounter, even reminiscing about our past lives in KwaZulu-Natal. On the way to the dean’s suite, Harry arranged for a staff member to go off and buy lunch for the four of us. As she left, Lwazi shouted after her in Zulu, asking her to make sure there would be meat!

This was in reference to the row that David Benatar reports in chapter 4 (“The censure”) about a proposal to serve only vegetarian food at faculty functions.

Yes. It reads like a bad campus novel, the kind of squabble that gives academics a bad name.

What would you have done, if you had been the dean?

I would have allowed the proposal to go before a normal faculty board meeting, fully expecting it to be defeated. Carnivores, of all hues, have the numerical advantage. But I would have made a counter-proposal. The faculty has no obligation to provide food, since people earn salaries. The money it spends on catering could be given to a charity feeding scheme. People could bring their own food to meetings – even better if it were shared out on a common table.

Any final thoughts on the book?

Yes. It’s disappointing to read that David Benatar had no success with the mainstream commercial or academic presses. If they felt the book was too hot to handle, they might have sent him a good editor to cut out some of the repetition and create a clearer, more temperate spine of argument. It’s long because he wants the empirical record to stand, but I wonder if the polemic could have been dialled down just a bit, for his sake, and for everyone involved.

Thank you, David.

My pleasure, Bernard. Thank you for platforming me.

Also read:

Hélène Passtoors: The life and times of an MK soldier

US-konvokasie 2016: Courage, Compassion and Complexity - Reflections on the new Matieland and South Africa

Why English should be the language of South African universities

The role of African universities in the intellectualisation of African languages

Full particulars: A podcast on historical fiction – David Attwell in conversation with Zoë Wicomb and Andrew van der Vlies

Full particulars: Where in the world is the South?

University Seminar 2016: Achille Mbembe on the new politics of the South African student

Interview: Different conditions on the campuses, different protests

As by fire – the end of the South African university by Jonathan Jansen: book review

Ngũgĩ wa Thiong’o: Decolonising the mind

Open Stellenbosch: Beyond the rainbow, towards a change of climate

The removal of art at UCT: interview with Edward Tsumele

A comment on Peter Kallaway’s book titled The changing face of colonial education in Africa

Fees Must Fall, edited by Susan Booysen: student revolt, decolonisation and governance in South Africa

“The problem with decolonisation”: Jonathan Jansen seminar

Reclaiming Multilingualism

#FeesMustFall: vervreemding en protes

Decolonising education in South Africa: An interview with Aslam Fataar

Dekolonialisering van die Suid-Afrikaanse familiereg in die lig van transformasiegerigte konstitusionalisme: ’n praktiese benadering vir generasie Z

"Standing up for injustices"? – Nine notes on #FeesMustFall

The post On <em>The fall of the University of Cape Town</em> by David Benatar: a discussion appeared first on LitNet.

Johannes Chrusostomus se pedagogiese eksegese: Die geval van die toring van Babel (Gen. 11:1–9)

$
0
0

Johannes Chrusostomus se pedagogiese eksegese: Die geval van die toring van Babel (Gen. 11:1–9)

Chris L. de Wet, Universiteit van Suid-Afrika

LitNet Akademies Jaargang 19(1)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die doel van hierdie artikel is om te toon dat Johannes Chrusostomus (ca. 349–407 n.C.) pedagogiese eksegese toepas, en om die eienskappe van hierdie eksegese aan die hand van ’n voorbeeld te ontleed. Die gevallestudie wat gekies is, is die storie van die toring van Babel (Gen. 11:1–9), weens dié storie se blywende invloed op die vroeë Christelike verstaan van taal en identiteit. Die studie toon dat die hoofdoel van Chrusostomus se eksegese en prediking was om mense se gedrag te verander sodat dit op Christelike beginsels geskoei sou wees, en om mense te help om die regte gewoontes aan te kweek. ’n Literêre en sosio-kulturele ontleding van Chrusostomus se Homilie 30 op Genesis vorm die kern van die artikel. Daar word getoon dat die eksegese van Gen. 11:1–9 op grond van spesifieke pedagogiese temas gedoen word. Dié temas is: 1) die mens ken nie sy perke nie; 2) die probleem van die mens se verwaandheid en soeke na nalatenskap; 3) God se neerbuigendheid (συγκατάβασις) en lankmoedigheid; en 4) die idee dat regverdige verdeeldheid beter as bose eenheid is.

Trefwoorde: eksegese; Genesis 11; Johannes Chrusostomus; meertaligheid; pedagogie; toring van Babel

 

Abstract

John Chrysostom’s pedagogical exegesis: The case of the tower of Babel (Gen. 11:1–9)

The nature of John Chrysostom’s (ca. 349–407 C.E.) exegesis has been a contested matter among historians of early Christianity for some time. Traditionally, it has been understood that Chrysostom was part of the Antiochene school of exegesis, who preferred the literal interpretation of the text, gave attention to the rhetoric of the text, used typology, and tried to avoid allegory in general. This stands in contrast to the so-called Alexandrian school of exegesis, whose proponents preferred allegorical interpretations of ancient texts. But the dichotomy between Antiochene and Alexandrian schools of exegesis is no longer accepted as such, as Young (2002:161–215) and Fairbairn (2007:1–19) have shown.

Others, like Behr (2004) and Macdonald (2017), suggest that we should rather speak of pro-Nicene and anti-Nicene biblical interpretation, due to the lasting impact of the council of Nicaea on early Christian thought. But even this proves to be problematic, especially for understanding Chrysostom’s exegesis. When reading Chrysostom’s homilies, we see that he does not devote that much attention, explicitly, to doctrinal issues. One of the classic criticisms against Chrysostom is that he was more of a moralist than a theologian; however, this criticism is unfounded. Rylaarsdam’s (2014) important study shows that Chrysostom was more of a “rhetorical theologian”, and correctly states that a distinction between a theologian and a moralist, in the fourth century C.E., would not have existed.

How should we then understand the nature of Chrysostom’s exegesis? The purpose of this article is to show that Chrysostom follows what we might call “pedagogical exegesis”; that is, a mode of exegesis in which pedagogy, or teaching, gains precedence and even structures the exegetical discourse. This pedagogy is focused on human (and divine) behaviour, and especially aims to correct behaviour and cultivate good habits. The article also aims to delineate the features of this mode of exegesis. The main purpose of Chrysostom’s exegesis was to change people’s behaviour and habits (Maxwell 2009:118–68). The features of Chrysostom’s pedagogical exegesis are delineated by means of a case study, namely his exegesis of the narrative of the tower of Babel (Gen. 11:1–9). I have selected this case study because of its lasting influence on early Christian thought about communication, language, and identity, as Minets (2021:99–169) has shown more recently. This narrative, as will be demonstrated, proved to be ripe for pedagogical exegesis. The main source for Chrysostom’s exegesis of this narrative is his Homily 30 on Genesis, although other minor references in Chrysostom’s works are also examined.

The study illustrates that Chrysostom’s exegesis of this text is based on several pedagogical themes: 1) human beings do not know their limits; 2) the problem of humanity’s conceit and desire for remembrance; 3) God’s adaptation (συγκατάβασις) and patience; and 4) the notion that a righteous division is better than an evil unity.

In terms of the first pedagogical principle, we see Chrysostom here returning to one of his favourite moral themes, namely self-control and discipline. He argues that the people from the story of the tower of Babel did not recognise their limits, but always desired more. This is seen in their acts of conquering more lands, and even wanting to reach to the heavens by building the great tower (Gen. 11:1–2). Humanity is therefore never satisfied with their due and appropriate limits. We should note here that excess (ἀμετρία) in anything was a great vice. The caution of the tale, in this instance, is that people should learn be moderate and self-controlled, and not indulge in excessive vice.

The second pedagogical theme relates to the problem of humanity’s conceit and their longing for remembrance. Chrysostom lays emphasis on Gen. 11:4 here, which states that the reason for the building of the tower was to ensure the people had a great legacy and reputation after they were gone. He relates this problem to the interesting phenomenon in Roman culture of damnatio memoriae. This practice illustrates humanity’s obsession with being remembered. At the same time, Chrysostom also addresses the related problem of civic benefaction. Chrysostom states that people in his own time and society also want to build monuments, like large houses, baths, and porticos, to show their worth and assure their legacy. This represents the same sin as the people who built the tower of Babel. In response to this, Chrysostom advises his audience to build a reputation in heaven by caring and providing for the poor.

The third pedagogical theme is not related to human nature and behaviour, but to what might be deduced from God’s behaviour. In his interpretation of Gen. 11:5, in which the Lord descends to the people to see their endeavours, Chrysostom develops the theme of descent with reference to God’s adaptation, or συγκατάβασις. The notion of συγκατάβασις is central to Chrysostom’s biblical interpretation, and he reads it into the text of Gen. 11:5. God’s actions towards the people who sinned by building the tower only testify to his mercy and providence, and most of all, his desire to instruct humanity through the punishment of sin.

The fourth pedagogical theme introduces the notion that a righteous division is more beneficial than an evil unity. This principle serves to justify the confusion caused by multilingualism and the scattering of the peoples across the lands. Chrysostom contextualises this principle with that of the centrality of peace and concord in Roman culture. Peace (pax) and concord, or unity (concordia), were seen as fundamental virtues in the Roman world. But Chrysostom corrects this view, and notes that peace and unity should not come at the cost of doing evil. Division was therefore necessary and beneficial to humanity to control the effects of sin. Multilingualism, just like some other institutions, such as marriage, slavery, and imperial governance, functions as a bridle for sin, according to Chrysostom.

Thus, the article demonstrates that Chrysostom’s exegesis displays a clear pedagogical nature. He is less concerned with theological matters, as is seen with some other interpreters of the text, such as Augustine. Chrysostom rather wants to provide his audience with practical guidelines on how to behave and which good habits to cultivate. Thus, the people who built the tower of Babel function as exempla − examples of how not to behave. The theme of pedagogy is often explicitly noted in the texts, especially when discussing the nature of God’s behaviour and habits.

Keywords: exegesis; Genesis 11; John Chrysostom; multilingualism; pedagogy; tower of Babel

 

1. Inleiding

Johannes Chrusostomus (ca. 349–407 n.C.), aanvanklik ’n priester in Siriese Antiogië en later die biskop van Konstantinopel, was een van die mees produktiewe Griekse skrywers van die vroeë Christendom. Ons het bykans ’n duisend geskrifte van Chrusostomus, waarvan die meeste homilieë is. Dié homilieë is dikwels gepreek, verwerk en versamel in reekse. Daarom, onder Chrusostomus se werke, bestaan daar volledige homiletiese kommentare op ’n hele aantal Bybelboeke, onder andere, Genesis, Job, Psalms en die meeste van die boeke van die Nuwe Testament. ’n Verdere kenmerk van die homilieë is dat hulle uitleggende prediking bevat; dit wil sê, die homilieë is dikwels ’n vers-na-vers-kommentaar op ’n Bybelse perikoop. Chrusostomus gee aan elke belangrike woord in die teks aandag, en verskaf inligting oor die historiese, sosiale en retoriese konteks van die teks in die geheel.

Die aard van Chrusostomus se eksegese is wel ’n problematiese kwessie onder historici van die vroeë Christendom. In die verlede is dit oor die algemeen verstaan dat Chrusostomus deel was van die sogenaamde Antiogeense “skool” van eksegese. Dié skool, of stroom, van eksegese het klem op die historiese en retoriese konteks van die teks gelê, die teks letterlik geïnterpreteer, tipologie gebruik, en allegorie probeer vermy. Onder Antiogeense eksegete word Chrusostomus gelys, saam met skrywers soos Diodorus van Tarsus (d. 390 n.C.), Theodorus van Mopsuestia (c. 350–428 n.C.), en Theodoretus van Sirus (c. 393–458 n.C.), onder andere. Dus staan die Antiogeense skool van eksegese in kontras met die Aleksandrynse skool van Egipte, wat lief was vir hoogs allegoriese interpretasies van Bybelse tekste. Skrywers soos Origenes (c. 184–253 n.C.) en sy student, Didumus die Blinde (313–398 n.C.), word gewoonlik beskou as die vaders van hierdie skool. Maar die digotomie tussen die Antiogeense en Aleksandrynse skole van eksegese is ongelukkig nie ten volle akkuraat nie, en kan selfs misleidend wees oor die aard van ’n betrokke outeur se eksegese, soos Young (2002:161–215) en Fairbairn (2007:1–19) aangedui het.

Ander navorsers, soos Behr (2004) en Macdonald (2017), meen dat ons eerder moet verwys na Niceense of nie-Niceense eksegese, as gevolg van die blywende effek van die Konsilie van Nicaea op die vroeg-Christelike denke. Selfs hierdie veralgemening kan egter problematies wees. Wanneer Chrusostomus se werke ontleed word, merk ons byvoorbeeld op dat dogmatiese kwessies nie altyd die kollig in sy homilieë kry nie. Een algemene kritiek teen Chrusostomus was juis dat hy nie baie deelgeneem het aan die teologiese debatte van sy tyd nie, en dat hy eerder ’n moralis was. Maar selfs hierdie kritiek is ongegrond. Rylaarsdam (2014) se belangrike studie oor Chrusostomus se teologie en Bybelinterpretasie maak die afleiding dat hy eintlik ’n “retoriese teoloog” was − ’n beskrywing wat beslis meer geldig blyk te wees. Rylaarsdam (2014:3) meen dat die onderskeid tussen ’n moralis en ’n teoloog in die vierde eeu in elk geval nie werklik sou bestaan het nie.

Hoe moet ons dan die aard van Chrusostomus se eksegese verstaan? Die oogmerk van hierdie artikel is om te toon dat Chrusostomus eerder ’n soort pedagogiese eksegese toepas, en om die dinamiek van hierdie eksegese aan die hand van ’n voorbeeld verder te ontleed. Pedagogie, in die vroeg-Christelike konteks, verwys veral na gedragsonderrig. Dit gaan gepaard met die klassieke konsep van παιδεία (“onderrig”), dus, hoe ’n mens grootgemaak moet word. Wanneer daar na pedagogiese eksegese verwys word, word die soort eksegese wat didakties op die mens se etiese en sosiale gedrag gerig is, bedoel. Die hoofdoel van Chrusostomus se eksegese en prediking was om mense se gedrag te verander sodat dit op Christelike beginsels geskoei sou wees, en om mense te help om die regte gewoontes aan te kweek (Maxwell 2009:118–68). Om die aard en dinamiek van Chrusostomus se pedagogiese eksegese te illustreer, sal daar spesifiek gekyk word na hoe hy die narratief van die toring van Babel (Gen. 11:1–9 LXX) uitlê.

Hierdie gevallestudie is gekies weens sy blywende invloed op die vroeë Christelike verstaan van taal en identiteit, soos Minets (2021:99–169) onlangs bewys het. Minets (2021:99–106) redeneer dat die narratief van die toring van Babel as die grondslag vir die onderskeiding van identiteit, etnies sowel as linguisties, gedien het. Soos ons deur die loop van hierdie studie sal waarneem, was die toring-van-Babel-narratief ryp vir morele onderrig oor die aard en gedrag van die mens en selfs God. Die verloop van die storie, soos dit in die Hebreeuse Bybel voorkom, toon in sigself reeds die kenmerke van ’n les in morele en godsdienstige waardes. Die teks lees as volg:

Die hele aarde het een taal gehad en dieselfde woorde. Met hulle trek na die ooste kom hulle toe af op ’n vallei in die land Sinar en gaan woon daar. Hulle het vir mekaar gesê: “Kom ons maak kleistene en bak dit hard.” Die kleistene word toe hulle boustene, en asfalt word hulle messelklei. Hulle sê toe: “Kom ons bou vir ons ’n stad en ’n toring met sy bopunt in die hemel, sodat ons vir onsself naam maak; anders versprei ons oor die hele aarde.” Maar die Here het afgedaal om na die stad en die toring te kyk wat die mensekinders bou. Die Here sê toe: “Kyk, dit is een volk, en hulle almal het een taal, en dit is maar die begin van wat hulle gaan doen. Nou sal niks van wat hulle beplan om te doen, vir hulle onmoontlik wees nie. Kom, laat Ons afgaan en hulle taal daar verwar, dat die een nie die ander se taal verstaan nie.” Die Here het hulle daarvandaan oor die hele aarde versprei, en hulle het opgehou om die stad te bou. Daarom word dit Babel genoem, want daar het die Here die taal van die hele aarde verwar. Daarvandaan het die Here hulle oor die hele aarde versprei.1 (Gen. 11:1–9)

Die storie van Babel se toring, in sy antieke Joodse konteks, word hoofsaaklik verstaan as ’n mite wat die verskynsel van verskillende tale en taalverwarring probeer verduidelik (Sherman 2013:11–43; Strawn g.d.).

Figuur 1. Pieter Brueghel die Ouere: De bouw van de toren van Babel
(Afbeelding van kunswerk in die openbare domein: https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=22178101)

Harris (2003:50–1) meen dat die storie van die toring van Babel eintlik beïnvloed is deur die Babiloniese ziggoerat, Bel-Marduk, oftewel Etemenanki, wat in Sumeries die “tempel van die fondasie van die hemel en aarde” beteken. Maar as dit die geval is, is die storie eintlik baie laat geskryf, in die tyd van Nabopollasar (ongeveer 625–605 v.C.) (Gmirkin 2006:120). ’n Laat datering vir die narratief is immers nie ongeloofwaardig nie. Ander, soos Speiser (1958:32–6), redeneer dat die toring moontlik kan verwys na Esagila, Etemenanki se voorganger. Dit is natuurlik baie moeilik om die invloed van ’n bepaalde ziggoerat te kan bewys, en dit is waarskynlik veiliger om bloot te stel dat die toring na die een of ander Babiloniese ziggoerat verwys (Sarna 1978:70).

Figuur 2. ’n Model van Etemenanki by die Pergamon Museum, Berlyn
(Deur O. Mustafin – Eie werk, CC0, https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=17198677; verklein en gebruik ingevolge die Creative Commons-lisensievoorwaardes: https://creativecommons.org/licenses/by-sa/4.0/deed.en.)

Die storie het ’n ryk en interessante nachleben in die antieke Joodse literatuur. In die Boek van die Jubileums 10:20–1, geskryf tussen die tweede en eerste eeu v.C., word selfs spesifieke afmetings van die toring gegee. Die antieke Joodse geskiedskrywer, Josefus, het ook ’n lang deel oor die toring van Babel in sy Oudhede van die Jode geskryf. Een van die mees interessante verwysings na die toring van Babel kom voor in 3 Barug 3:5–8. In hierdie teks kry Barug ’n visioen van die siele wat die toring gebou het, en hul gepaste straf. In hierdie teks word die bouers en raadgewers as honde uitgebeeld.

Soos met baie van hierdie vroeë Joodse bronne, gebruik Chrusostomus die toring-van-Babel-narratief om sy gehoor bepaalde morele en teologiese lesse te leer. Ons sal nou in meer diepte na Chrusostomus se eksegese van die verhaal kyk, en ook vra hoe dit met sommige ander vroeë Christelike outeurs vergelyk.

 

2. Johannes Chrusostomus se pedagogiese eksegese van die toring-van-Babel-narratief

Chrusostomus het een volle homilie gewy aan die storie van die toring van Babel, naamlik Homilie 30 op Genesis (hierna Hom. Gen. 30).2 Hierdie homilie verskyn in die reeks van 67 homilieë op die teks van Genesis. Ongeveer die helfte van die homilieë is gedurende die Vastyd gepreek, waarskynlik in Antiogië, waar Chrusostomus eers as diaken en toe as priester gedien het. Die jaar waarin die homilie gelewer is, is moeilik om te bepaal. Volgens Quasten (1990:434) en Hill (1999:5–6), op grond van interne leidrade in die teks van die homilieë, is die reeks waarskynlik tussen 385 en 386 n.C. gepreek. Dit beteken dat Chrusostomus waarskynlik nog ’n diaken was toe hy hierdie homilieë gepreek het. Hom. Gen. 30 is na aan die einde van die Vastyd gepreek. Daar is ook korter verwysings na die toring van Babel in ander geskrifte van Chrusostomus, wat geraadpleeg sal word. Die fokus sal wel op Hom. Gen. 30 wees, aangesien dit een van die mees uitvoerige vroeg-Christelike eksegetiese kommentare op Gen. 11:1–9 is. Die teks van Gen. 11:1–9, wat Chrusostomus gebruik, is dié in die Septuaginta (LXX). Daar sal getoon word dat die eksegese van hierdie teks op grond van baie spesifieke pedagogiese temas gedoen word. Dié temas behels: 1) die mens ken nie sy perke nie; 2) die probleem van die mens se verwaandheid en soeke na nalatenskap; 3) God se neerbuigendheid (συγκατάβασις) en lankmoedigheid; en 4) die idee dat regverdige verdeeldheid beter as bose eenheid is.

2.1 Die mens ken nie sy perke nie

Chrusostomus gee noukeurige aandag aan elke vers in die perikoop, en voorsien sorgvuldige verduideliking oor elke woord wat dalk problematies kan wees. Gen. 11:1 lees byvoorbeeld letterlik: “En die hele aarde was een lip, en daar was een stem vir almal” (Καὶ ἦν πᾶσα ἡ γῆ χεῖλος ἕν, καὶ φωνὴ μία πᾶσιν).3 Chrusostomus begin om die beeldspraak in die vers aan sy gehoor te verduidelik. Hy noem dat die Griekse woord χεῖλος, wat “lip” beteken, nie letterlik verstaan moet word nie: “‘Een lip’ beteken taal, en ‘stem’ beteken weer dieselfde, sodat die teks sê dat almal dieselfde taal en idioom gehad het” (Χεῖλος ἓν, τὴν λαλιάν φησι, καὶ φωνὴν πάλιν τὸ αὐτὸ, ἵνα εἴπῃ ὅτι ὁμόφωνοι καὶ ὁμόγλωσσοι πάντες ἦσαν) (Hom. Gen. 30.4; Migne 1862:53:274).

Chrusostomus verwys ook na Gen. 11:1 in sy homilie Aangaande die verborgenheid van die profete 2.5 (Migne 1862:56:182–3), waarin hy sê dat die teks onduidelik of obskuur (ἀσαφής) is. Dáár verduidelik hy nie net die betekenis van χεῖλος nie, maar ook dié van γῆ, oftewel, “aarde” (sien ook ’n soortgelyke bespreking in Chrusostomus se Uiteensettings van die Psalms 46; Migne 1862:55:206). Hy noem dat γῆ op twee maniere verstaan moet word. Enersyds, verwys dit na die materie waarvan die mens se liggaam gemaak is, en dat die mens ’n skepsel is. Dit moet eintlik die mens aan sy nederige posisie teenoor God herinner. Andersyds, volgens Chrusostomus, het die woord ook ’n negatiewe konnotasie in hierdie vers. Hy verduidelik dat elke keer wanneer hulle gesondig het, word die mens “aarde” genoem. Hy verwys dan na Gen. 3:19b LXX, “Aarde is jy, en tot die aarde sal jy terugkeer” (γῆ εἶ καὶ εἰς γῆν ἀπελεύσῃ). Hierdie woorde is vir Adam gesê na hy gesondig het. Dié kosmomorfiese uitdrukking vir die mens, as “aarde”, is dus gekoppel aan menslike liggaamlikheid en vleeslikheid, wat in die Bybel en in die vroeë Christendom met sonde verbind was. Dus verwys Gen. 11:1 se beeldspraak ook na die sondige toestand van die mens, en sinspeel alreeds op die feit dat die mens weer gaan sondig teen God. Hierdie noukeurige en spitsvondige lees van afsonderlike woorde in die teks weerspieël die eksegetiese beginsel van ἀκρίβεια, dit wil sê, skriftuurlike “presiesheid”. Chrusostomus verwys dikwels na die belangrikheid van ἀκρίβεια wanneer die Bybel geïnterpreteer word (Hill 1981a:32–6). Geen woord in die skrif word toevallig gesê nie; elke woord het ’n doel. Deur ἀκρίβεια toe te pas, kan die verborge en onduidelike aard van die teks ontsluit word.

Die feit dat Chrusostomus die mense van Babel as gewone mense beskou het, is ook betekenisvol. Daar was sommige mense in die antieke tyd wat geglo het dat die toring-bouers van die oertye eintlik reuse (γίγαντες) was. Die antieke kerkhistorikus Eusebius (Voorbereiding vir die evangelie 9.17.2–3) verwys na ’n sekere pseudo-Eupolemus (via Aleksander Poluhistor), wat geglo het dat reuse die toring van Babel gebou het (Kulik 2010:147). Die vroeë Christelike skrywer pseudo-Dionusius (Brief 9.1105B) sê ook dat die toring van Babel deur reuse gebou is (Louth 2001:168). Augustinus (Stad van God 16.4) noem dat Nimrod, die persoon wat Babel gestig het, ’n reus was. Maar só ’n interpretasie sou nie Chrusostomus se argument en doelwitte gepas het nie. Wanneer Chrusostomus beklemtoon dat dié bouers mense was − en mense in hul nederigste vorm, naamlik γῆ, en nie γίγαντες nie − stel hy homself in staat om dié mense as voorbeelde, of exempla, te gebruik. Hy kon tog nie sy gehoor met reuse vergelyk nie; maar hy wys deurlopend in Hom. Gen. 30 dat die mense van Babel net soos die mense in sy eie tyd was. Op hierdie wyse bring hy die teks baie nader aan sy gehoor.

Chrusostomus lees Gen. 11:2 ook nie oppervlakkig nie. Die teks lees: “En soos hulle getrek het na die ooste kom hulle toe af op ’n plein in die land Sinar en gaan woon daar” (καὶ ἐγένετο ἐν τῷ κινῆσαι αὐτοὺς ἀπὸ ἀνατολῶν εὗρον πεδίον ἐν γῇ Σεννααρ καὶ κατῴκησαν ἐκεῖ). Volgens Chrusostomus gee hierdie vers nie bloot inligting oor die mens se beweging nie, maar sê ook iets van hul karakter:

Kyk net hoe die menslike natuur, eerder as om binne sy eie perke te bly, altyd meer begeer en uitstrek tot groter dinge. Hierdie is veral wat die menslike geslag vernietig [met die Sondeval], om nie bereid te wees om die perke van sy eie natuur te erken nie, maar om altyd meer te begeer en om oor dinge bo sy vermoëns te droom. Só ook wanneer mense wat wêreldse sake nastreef, vir hulself baie rykdom en mag verwerf, vergeet hulle as’t ware van hul eie natuur, en begeer hulle om hulself te verhef tot só ’n hoogte dat hulle dan sink tot dieselfde laagtepunt.

Ὅρα πῶς ἡ ἀνθρωπίνη φύσις οὐκ ἀνέχεται ἵστασθαι ἐπὶ τῶν οἰκείων ὅρων, ἀλλ' ἀεὶ τοῦ πλείονος ἐφιεμένη ὀρέγεται τῶν μειζόνων. Καὶ τοῦτό ἐστιν ὃ μάλιστα ἀπόλλυσι τὸ ἀνθρώπινον γένος, τὸ μὴ βούλεσθαι τῆς οἰκείας φύσεως ἐπιγινώσκειν τὰ μέτρα, ἀλλ' ἀεὶ τῶν μειζόνων ἐφίεσθαι, καὶ τὰ ὑπὲρ τὴν ἀξίαν φαντάζεσθαι. Ἐντεῦθεν καὶ οἱ περὶ τὰ τοῦ κόσμου ἐπτοημένοι πράγματα, ἐπειδὰν πολὺν περιβάλλωνται πλοῦτον καὶ δυναστείαν, ὥσπερ ἐπιλανθανόμενοι τῆς οἰκείας φύσεως, μέχρι τοσούτου εἰς ὕψος ἐπαίρεσθαι βούλονται, μέχρις ἂν εἰς αὐτὸν τὸν πυθμένα κατενεχθῶσι. (Hom. Gen. 30.2; Migne 1862:53:275)

Gen. 11:2 verwys dus na die mens se onvergenoegdheid, die mens se begeerte om meer te hê. Dit staan in teenstelling met die mens se werklike status as γῆ. In hierdie verband sien Chrusostomus dus die sonde van die mense in die narratief van die toring van Babel as dieselfde as dié van Adam en Eva, Kain en Abel en die mense van Noag se tyd wat met die vloed omgekom het. Volgens Hom. Gen. 1.6 (Migne 1862:53:23) het die duiwel die eerste mense verlei “om nie binne die toepaslike perke te bly nie maar om na groter dinge te streef” (τὸ μὴ μένειν ἐπὶ τῶν οἰκείων ὅρων, ἀλλὰ τῶν μειζόνων ἐφίεσθαι). Oormatigheid is as ’n groot ondeug in die antieke wêreld gesien, en Shaw (1998:129–60) en Sandnes (2002:251) redeneer tereg dat oormatigheid as die oersonde in die vroeg-Christelike denke getipeer word. Byvoorbeeld, volgens Chrusostomus, in die geval van Adam en Eva, was hul oormatigheid verwesenlik in die sonde van vraatsug (De Wet 2019:445–6). God se eerste bevel aan die mens was om van een boom in die tuin te vas:

Kyk, toe God die mens aan die begin gemaak het, het God geweet dat hulle ’n groot behoefte aan hierdie geneesmiddel [om te vas] sou hê tot die redding van sy siel, en gee God dadelik uit die staanspoor die eerste mens hierdie bevel: “Van enige boom in die tuin mag jy na hartelus eet, maar van die boom van die kennis van goed en kwaad mag jy nie eet nie” [Gen. 2:16–17 LXX]. Daardie teks wat handel oor om te eet en nie te eet nie verwys figuurlik na die vas.

Πλάσας γὰρ ἐξ ἀρχῆς τὸν ἄνθρωπον ὁ Θεὸς, καὶ εἰδὼς, ὅτι τούτου αὐτῷ μάλιστα δεῖ τοῦ φαρμάκου πρὸς τὴν τῆς ψυχῆς σωτηρίαν, εὐθέως καὶ ἐκ προοιμίων τῷ πρωτοπλάστῳ ταύτην δέδωκε τὴν ἐντολὴν εἰπών· Ἀπὸ παντὸς ξύλου τοῦ ἐν τῷ παραδείσῳ βρώσει φαγῇ· ἀπὸ δὲ τοῦ ξύλου τοῦ γινώσκειν καλὸν καὶ πονηρὸν, οὐ φάγεσθε ἀπ' αὐτοῦ. Τὸ δὲ λέγειν, τόδε φάγε, καὶ τόδε μὴ φάγῃς, νηστείας ἦν εἰκών. (Hom. Gen. 1.6; Migne 1862:53:23)

Oormatigheid (ἀμετρία) dien as die goue draad wat die sonde van al die mense in Gen. 1–11 verbind. Dié tema is natuurlik ook baie gepas as daar in ag geneem word dat die homilie tydens die Vastyd gepreek is. Chrusostomus meen Kain se onvoldoende offer en moord op sy broer was ook ’n geval van oormatigheid. Hy het nie sy plek teenoor God en sy broer erken nie (De Wet 2021:131–53). Die sondige volk in Noag se tyd se oortredinge was so oormatig dat God nie anders kon as om hulle met die dodelike vloed te straf nie (Amirav 2003:79–101). Die mense wat die toring van Babel gebou het, was onvergenoegd met die land wat hulle gehad het, en het meer begeer, en toe hulle dit ingeneem het, was hulle steeds so ontevrede dat hulle selfs tot die hemel wou styg (Hom. Gen. 30.2–3). Hul dade is ’n simptoom van ’n onstandvastige ingesteldheid, of in Grieks, γνώμη. Hierdie begrip (γνώμη) was ook baie belangrik in Chrusostomus se morele denke (sien veral Laird 2012). Die mens se γνώμη, wat spreek van denkgewoontes, bepaal of hulle gematigdheid en selfbeheersing sal toepas.

Die eerste pedagogiese beginsel wat Chrusostomus dus uit sy eksegese aflei is dié van gematigdheid en selfbeheersing, wat in Chrusostomus se werke hoofsaaklik in die woord σωφροσύνη vervat word. Die mens moet sy status as “aarde” erken, en so ook binne die toepaslike perke bly. Die waarde van σωφροσύνη was baie belangrik in die antieke Christendom. Dit het gespreek van selfdissipline, en was die beliggaming van die kloosterlike lewe (De Wet 2015:235–6). Alhoewel daar waarskynlik monnike in sy gehoor was, spreek Chrusostomus hoofsaaklik die gewone bewoners van die stad aan. Hy verwag nie dat hulle almal die radikale asketisme van die kloosterlewe moet aangryp nie, maar dat hulle ’n gematigde asketisme binne die stad en hul huise sal bedryf (sien ook Brown 1988:305–22).

2.2 Die probleem van die mens se verwaandheid en soeke na nalatenskap

Nadat Chrusostomus uitgebrei het oor die oormatigheid van die mense in Gen. 11:1–9, beweeg hy aan na hul volgende ondeugde, naamlik verwaandheid en die soeke na nalatenskap. Dié sonde lei hy af uit Gen. 11:4: “En hulle het gesê: ‘Kom, laat ons vir ons ’n stad bou en ’n toring met sy bopunt in die hemel, sodat ons vir onsself naam maak, anders verstrooi ons oor die ganse aarde’” (καὶ εἶπαν Δεῦτε οἰκοδομήσωμεν ἑαυτοῖς πόλιν καὶ πύργον, οὗ ἡ κεφαλὴ ἔσται ἕως τοῦ οὐρανοῦ, καὶ ποιήσωμεν ἑαυτοῖς ὄνομα πρὸ τοῦ διασπαρῆναι ἐπὶ προσώπου πάσης τῆς γῆς). Chrusostomus verduidelik as volg (Hom. Gen. 30.6; Migne 1862:53:274): “Het jy die wortel van hul boosheid gesien? Dat ons onsterflike aansien sou geniet, wat beteken: dat ons in ’n plek sal wees waar ons vir ewig onthou sal word” (Εἶδες τὴν ῥίζαν τῆς κακίας; Ἵνα, φησὶ, μνήμης διηνεκοῦς ἀπολαύσωμεν, ἵνα εἰς τὸ διηνεκὲς ἔχωμεν μνημονεύεσθαι). Nalatenskap en nagedagtenis, om vir altyd onthou te word, was van die belangrikste elitewaardes in die antieke Romeinse samelewing (Hope 2007:46–84). Daarom was een van die ergste strawwe ook die sogenaamde damnatio memoriae, oftewel die “vervloeking van herinnering”, wat veral teen vyande van die staat uitgevoer is. Selfs keisers soos Domitianus en Nero was nie van die moontlikheid van damnatio memoriae vrygestel nie. Hierdie straf het geïmpliseer dat die skuldige persoon se naam uit die amptelike optekening verwyder word, sodat sy of haar nagedagtenis en nalatenskap vir altyd verlore en vergete (oblivio) sal wees. Vir die Romeine was dit ’n baie erge straf, maar hoe dit prakties toegepas was, weet ons nie presies nie. Daar is gevalle waar sommige geskiedkundige werke oorgeskryf is, en iemand se naam daaruit verwyder is, of hul beelde en portrette is ontsier, of die inskripsies van hul name is uit die steen gekrap (sien veral die uitstekende ontleding van Flower 2006 oor damnatio memoriae).

In die figuur hier onder het ons ’n goeie voorbeeld van damnatio memoriae. Dit is ’n portret, of tondo, van die Severiaanse keiserlike gesin, met Septimius Severus, Julia Domna, en hul seuns Karakalla en Geta. In die tondo is dit waarskynlik Geta se gesig wat uitgekrap is, nadat sy broer, toe hy keiser was, hom met damnatio memoriae gestraf het na sy afsterwe.

Figuur 3. Die Severiaanse tondo, met die Geta se gesig (links onder) uitgekrap
(Foto: © José Luiz Bernardes Ribeiro, https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=62550709, verklein en gebruik ingevolge die Creative Commons-lisensievoorwaardes: https://creativecommons.org/licenses/by-sa/4.0/deed.en.)

Dus, wanneer Gen. 11:4 sê dat die mense vir ewig hul nagedagtenis wou laat voortleef, was dit ’n begeerte waarby die meeste Romeine aanklank kon vind. Chrusostomus het dit geweet, en sê in hierdie verband die volgende:

Daar is baie mense ook vandag wat, in nabootsing van hierdie mense [van Gen. 11:4], ook vir altyd vir hul prestasies onthou wil word, en dan luukse huise, baddens, kolonnades en strate bou. Want as jy vir elkeen van hulle sou vra waarom ’n mens so swoeg en sweet, en so baie geld vir geen goeie rede spandeer, sal jy niks anders as hierdie woorde hoor nie: sodat hul nagedagtenis bewaar sou word, en om te hoor dat hierdie so-en-so se huis is, en so-en-so se grond is. Inteendeel, hierdie is nie herinnering waardig nie! Dit is eerder ’n aanklag! Want dadelik na hierdie woorde volg ook woorde wat talle aanklagte waardig is: so-en-so die geldgierige, die rower, wat weduwees en weeskinders kaal stroop. Só ’n reputasie beteken nie om nagedagtenis te geniet nie, maar om gedurige aanklagte in die gesig te staar, en om opspraak selfs na die dood te maak, en om die tonge van die toeskouers aan te hits in vervloeking en veroordeling van diegene wat hierdie monumente geskep het.

Εἰσὶ πολλοὶ καὶ νῦν τούτους μιμούμενοι, καὶ ἀπὸ τοιούτων πράξεων μνημονεύεσθαι βουλόμενοι, οἱ τὰς λαμπρὰς οἰκοδομοῦντες οἰκίας, καὶ τὰ λουτρὰ, καὶ τὰς στοὰς, καὶ τοὺς περιπάτους. Ἐὰν γὰρ καὶ τούτων ἕκαστον ἐρωτήσῃς τίνος ἕνεκεν πονεῖ καὶ ταλαιπωρεῖται, καὶ τοσαύτην ἐπιδείκνυται χρημάτων δαπάνην εἰς οὐδὲν δέον, οὐδὲν ἕτερον ἀκούσῃ, ἣ ταῦτα τὰ ῥήματα, ὥστε τὴν μνήμην διηνεκῶς σώζεσθαι, καὶ ἀκούειν ὅτι τοῦ δεῖνος ἡ οἰκία, καὶ τοῦ δεῖνος ὁ ἀγρός. Ἀλλὰ τοῦτο οὐκ ἔστι μνήμης ἀξιοῦσθαι, ἀλλὰ μᾶλλον κατηγορίας. Εὐθέως γὰρ τοῖς λόγοις τούτοις ἐπεισέρχεται καὶ τὰ μυρίων κατηγοριῶν ἄξια ῥήματα· τοῦ δεῖνος τοῦ πλεονέκτου, τοῦ ἅρπαγος, τοῦ χήρας καὶ ὀρφανοὺς γυμνώσαντος. Οὐκ ἔστι τοίνυν τοῦτο μνήμης ἀπολαύειν, ἀλλὰ κατηγορίαις διηνεκέσι βάλλεσθαι, καὶ μετὰ θάνατον στηλιτεύεσθαι, καὶ τὰς τῶν ὁρώντων γλώττας ἀκονᾷν εἰς βλασφημίαν καὶ κατηγορίαν τοῦ ταῦτα κτησαμένου. (Hom. Gen. 30.7; Migne 1862:53:275–6)

Ons sien ook hier dat Chrusostomus se interpretasie van Gen. 11:4 direk en toepaslik gemik is op die antieke Romeinse gebruik van weldoenerskap (euergetisme). In die Romeinse wêreld was dit aanvaar dat ryk en vooraanstaande persone monumente en inskripsies moes oprig om nie net hul eie nagedagtenis te verseker nie, maar om ook die breë samelewing te help. Dit het dikwels ook hul toewyding aan God of die gode uitgedruk.

Sulke monumente en inskripsies kan regoor die hele antieke Romeinse wêreld aangetref word. Chrusostomus het, sonder twyfel, dié soort gedenktekens in gedagte gehad toe hy hierdie deel van die homilie gepreek het. Maar hy noem dat hierdie gedrag glad nie prysenswaardig is nie. Inteendeel, deur damnatio memoriae te probeer ontwyk, maak hierdie individue hulle skuldig aan diefstal en verwaandheid. Die stelling is ironies. Deur dit te probeer vermy, verwerf hierdie persone vir hulself ware geestelike damnatio memoriae, en word hulle slegs vir hul ondeugde onthou.

Brown (2002; 2012) het getoon dat daar in die laat antieke tydperk oor die algemeen ’n sterk reaksie teen tradisionele Grieks-Romeinse publieke weldoenerskap was, en dat ons ’n verskuiwing kan waarneem waar die waardes van weldoenerskap vervang is met die waarde van armesorg. Die groot verskil was dat dié wat vir die armes sorg en hul besittings uitdeel juis nie erkenning moet soek nie. Só verseker hulle vir hulself ’n “skat in die hemel” (Brown 2016). Chrusostomus se stelling hierbo moet in die konteks van hierdie breë kulturele verskuiwing verstaan word. Chrusostomus meen:

Maar as jy voortdurende nagedagtenis begeer, sal ek jou ’n weg wys om dit reg te kry om vir elke prestasie onthou te word en ook, saam met ’n eerbare naam, om vir jouself groot gerustheid in die hiernamaals te verseker. Hoe sal jy dit dan regkry om elke dag onthou te word en om die ontvanger van huldeblyke te word selfs na jy ook die tydelike met die ewige verwissel het? As jy hierdie besittings wat jy het in die hande van die armes gee, en om van stene en groot huise, en lande en baddens afskeid te neem. Hierdie is die onsterflike nagedagtenis, hierdie nalatenskap word vir jou ’n voorsiener van talle skatte, hierdie herinnering verlig jou van die sondelas, en voorsien aan jou baie vrymoedigheid voor die Here.

Εἰ δὲ ὅλως μνήμης ἐρᾷς διηνεκοῦς, ἐγώ σοι ὑποδείξω ὁδὸν, δι' ἧς δυνήσῃ καὶ μνημονεύεσθαι διὰ παντὸς, καὶ μετ' εὐφημίας πολλῆς καὶ πολλήν σοι τὴν παῤῥησίαν ἐν τῷ μέλλοντι καιρῷ παρέξεις. Πῶς οὖν δυνήσῃ καὶ μνημονεύεσθαι καθ' ἑκάστην ἡμέραν, καὶ τοῖς ἐγκωμίοις βάλλεσθαι καὶ μετὰ τὴν τῆς ζωῆς μετάστασιν; Εἰ ταυτὶ τὰ χρήματα εἰς τὰς τῶν πενήτων διανείμῃς χεῖρας, ἀφεὶς τοὺς λίθους καὶ τὰς μεγάλας οἰκοδομὰς, καὶ τοὺς ἀγροὺς, καὶ τὰ βαλανεῖα. Αὕτη ἡ μνήμη ἀθάνατος, αὕτη ἡ μνήμη μυρίων σοι θησαυρῶν πρόξενος γίνεται, αὕτη ἡ μνήμη τοῦ φορτίου τῶν ἁμαρτημάτων κουφίζουσα, πολλήν σοι τὴν παῤῥησίαν προξενεῖ παρὰ τῷ Δεσπότῃ. (Hom. Gen. 30.7; Migne 1862:53:276)

Hier sien ons presies Chrusostomus se voorkeur vir armesorg bo konvensionele weldoenerskap, soos Brown (2002) en Rhee (2012) ook by ander vroeg-Christelike skrywers opgemerk het. Die fout van die mense wat die toring van Babel gebou het, is dieselfde as dié wat nagedagtenis en aansien deur weldoenerskap najaag. Chrusostomus spreek dus nie ondeug in ’n vakuum aan nie, maar konseptualiseer dit binne die sosiale gebruike en instellings van sy tyd. Dit verskil, byvoorbeeld, ietwat van Augustinus (Traktate op die Evangelie van Johannes 6.10.2) se interpretasie, waarin hy slegs noem dat die groot sonde van dié mense hoogmoed was (Louth 2001:167). Hierdie is dus die tweede belangrike pedagogiese beginsel wat ons kan aflei uit Chrusostomus se eksegese, naamlik dat menslike verwaandheid en die strewe na nagedagtenis vervang moet word met armesorg en selfontsegging.

2.3 God se neerbuigendheid (συγκατάβασις) en lankmoedigheid

Chrusostomus se eksegese funksioneer nie slegs om die mens se gedrag uit te lig (en te verander) nie, maar dit wil sy gehoor ook iets van God se karakter en gedrag leer. Hy bereik hierdie doel in sy eksegese van Gen. 11:5: “En die Here het afgedaal om na die stad en toring te kyk wat die seuns van die mense gebou het” (καὶ κατέβη κύριος ἰδεῖν τὴν πόλιν καὶ τὸν πύργον, ὃν ᾠκοδόμησαν οἱ υἱοὶ τῶν ἀνθρώπων). In Hom. Gen. 30.10 noem Chrusostomus dat hierdie neerdaling van God eintlik ’n teken is van God se neerbuigendheid, of in Grieks, God se συγκατάβασις. Die konsep συγκατάβασις lê aan die hart van Chrusostomus se eksegetiese praktyke, soos Hill (1981b:3–11) en Rylaarsdam (2014) breedvoerig aangetoon het. Rylaarsdam wys veral dat συγκατάβασις eintlik goddelike pedagogie verteenwoordig. In Chrusostomus se denke is συγκατάβασις God se genadige neerdaling en meewarigheid, om die mens op sy eie vlak te ontmoet met een hoofdoel: om die mens te onderrig. Rylaarsdam (2014:13–44) verstaan συγκατάβασις ook as God se “aanpassing” by die mens se omstandighede (in Engels word verwys na “condescension” en “adaptation”). Wanneer Chrusostomus dus hierdie vers interpreteer, gaan dit nie net oor God wat van een plek na ’n ander gaan nie. Die neerdaling van God spreek van sy gesindheid en karakter:

Kyk net hoe die skrif dit uitlê sodat mense dit sal begryp. Dit sê: “En die Here God het afgedaal.”4… Sien jy, hierdie is die rede waarom alles by God gebeur, en waarom God sulke neerbuigendheid toepas, om sodoende die natuur van die mens te onderrig. Dit sê: “En die Here God het afgedaal om na die stad en toring te kyk.” Kyk, God spreek nie onmiddellik hul waansin aan nie, maar beoefen baie geduld en wag dat al hul boosheid na dade oorgaan, en dan stuit God hul poging.

Ὅρα πῶς ἀνθρωπίνως ἡ Γραφὴ διαλέγεται. Καὶ κατέβη, φησὶ, Κύριος ὁ Θεός· Πάντα γὰρ τὰ παρὰ τοῦ Θεοῦ διὰ τοῦτο γίνεται, καὶ τοσαύτῃ κέχρηται τῇ συγκαταβάσει πρὸς διδασκαλίαν τῆς τῶν ἀνθρώπων φύσεως. Καὶ κατέβη, φησὶ, Κύριος ὁ Θεὸς ἰδεῖν τὴν πόλιν καὶ τὸν πύργον. Ὅρα αὐτὸν οὐκ ἐκ προοιμίων ἀναστέλλοντα αὐτῶν τὴν μανίαν, ἀλλὰ πολλῇ τῇ μακροθυμίᾳ κεχρημένον, καὶ ἀναμένοντα εἰς ἔργον αὐτοὺς ἀγαγεῖν τὴν πονηρίαν ἅπασαν, καὶ τότε ἐκκοπῆναι τὴν ἐπιχείρησιν. (Hom. Gen. 30.10; Migne 1862:53:277)

Waarom laat God hulle toe om die toring te bou? Sodat hulle sal leer, volgens Chrusostomus, uit hul foute. Hy is baie lief daarvoor om mediese beeldspraak in hierdie gevalle te gebruik, en vergelyk God met ’n uitmuntende dokter (ἰατρὸς ἄριστος) wat nie dadelik aan sy pasiënt wil opereer nie, maar wat eers wag tot God nie anders kan nie, en die sweer verwyder moet word (Hom. Gen. 30.11; Migne 1862:53:277). Sonde word dikwels, in Chrusostomus se geskrifte, verstaan as ’n sweer van die siel. Hy gebruik dieselfde mediese beeldspraak in verband met die toring van Babel in sy Homilie 35 op Mattheus 1 (Migne 1862:57:405). Die mediese diskoers wat gebruik word om God se karakter uit te lig dra by tot die dissiplinêre en sorgsame aard van God se gedrag.

God se karakter en gedrag word verder uitgebou in die eksegese van Gen. 11:6, wat lees: “En die Here het gesê: ‘Kyk, een volk en een lip vir almal, en hulle het begin om hierdie te doen, en nou sal niks wat hulle beplan om te doen, onmoontlik vir hulle wees nie’” (καὶ εἶπεν κύριος ᾿Ιδοὺ γένος ἓν καὶ χεῖλος ἓν πάντων, καὶ τοῦτο ἤρξαντο ποιῆσαι, καὶ νῦν οὐκ ἐκλείψει ἐξ αὐτῶν πάντα, ὅσα ἂν ἐπιθῶνται ποιεῖν). Chrusostomus sê: “Want hierdie is sy gewoonte, wanneer God op die punt is om te straf, om eers al die omvattendheid van die sondes uit te lig, soos om ’n verduideliking te gee, en dan stel God die saak reg” (Τοῦτο γὰρ ἔθος αὐτῷ, ἐπειδὰν μέλλῃ τιμωρίαν ἐπάγειν, πρότερον δεικνύναι τῶν ἡμαρτημένων τὸ μέγεθος, καὶ ὥσπερ ἀπολογίαν τινὰ συντιθέναι, καὶ τότε ποιεῖσθαι τὴν διόρθωσιν). God word dus gekenmerk, hier, aan sy lankmoedigheid en begeerte om die mens uit hul foute te leer. Chrusostomus se preek het op hierdie punt ’n baie sterk pastorale inslag.

Hy vermy ook ingewikkelde teologiese debatte oor die aard en wese van God. Byvoorbeeld, aan die begin van Gen. 11:7a lees ons weer: “Kom, laat ons afgaan en hulle taal verwar” (δεῦτε καὶ καταβάντες συγχέωμεν ἐκεῖ αὐτῶν τὴν γλῶσσαν). Die gebruik van die eerste persoon meervoud in die Grieks was vir sommige vroeg-Christelike skrywers ’n aanduiding van die Drie-Eenheid. Vergelyk dit byvoorbeeld met wat Augustinus oor hierdie vers gesê het:

Dit is moontlik dat daar hier [in Gen. 11:7a] dalk ’n heenwysing na die Drie-Eenheid is, as ons aanneem dat die Vader aan die Seun en die Heilige Gees gesê het: “Kom, laat ons afgaan en daar hulle taal verwar.” Dié veronderstelling is geldig. Maar as dit so is, moet ons die moontlikheid dat dit na die engele verwys, uitsluit …

Poterat et hic eadem intellegi trinitas, tamquam Pater dixerit ad Filium et Spiritum sanctum: Venite, et descendentes confundamus ibi linguam eorum, si aliquid esset, quod angelos prohiberet intellegi … (Stad van God 16.6; Dombart en Kalb 1955:506–7)

Augustinus gebruik die pluralis maiestatis in hierdie vers as ’n wegspringpunt om te praat oor die Drie-Eenheid en die rol van engele in verhouding met God. Novatianus (Aangaande die Drie-Eenheid 17.7) volg ’n soortgelyke interpretasie, maar noem dat dit slegs Christus, die Seun, die Woord van God, kon wees wat afgedaal het na Babel toe, en nie die Vader of die engele nie (Louth 2001:168). Chrusostomus sê net in een kort sinnetjie dat die stelling na “persone van gelyke status” (ὁμοτίμος) verwys (Hom. Gen. 30:12; Migne 1862:53:278), maar hy brei nie verder daaroor uit nie. Sy interpretasie bly pragmaties en pedagogies.

2.4 Regverdige verdeeldheid is beter as bose eenheid

Chrusostomus glo ook dat die storie van die toring van Babel die verskynsel van meertaligheid en etniese verdeeldheid probeer verduidelik (sien ook Minets 2021:196–9):

En toe hierdie mense, wat waardig geag was om dieselfde taal te hê, die voorreg wat aan hulle gegee is, misbruik het vir bose redes, het God die dryfveer van hul boosheid gestuit deur die verskillendheid van taal. Dit sê: “En laat ons hulle taal verwar, sodat die een nie die ander se taal verstaan nie.” Net soos die eenheid van taal hul samelewing gegrond het, net so was dit God se doel dat die verskillendheid van taal hulle sou verstrooi. Hoe kan mense wat nie dieselfde taal en dialek het nie, enigsins saamleef?

Καὶ οὗτοι τοίνυν ἐπειδὴ τιμηθέντες τῇ ὁμοφωνίᾳ, εἰς κακίαν ἐχρήσαντο τῇ δοθείσῃ τιμῇ, διὰ τῆς ἑτεροφωνίας ἵστησιν αὐτῶν τῆς κακίας τὴν φοράν. Καὶ συγχέωμεν αὐτῶν, φησὶ, τὴν γλῶτταν, ἵνα μὴ ἀκούσωσιν ἕκαστος τῆς φωνῆς τοῦ πλησίον· ἵνα ὥσπερ ἡ ὁμοφωνία τὴν συνοίκησιν εἰργάζετο, οὕτως ἡ διαίρεσις τῆς φωνῆς τὴν διασπορὰν αὐτοῖς κατασκευάσῃ. Οἱ μὴ τὴν αὐτὴν ἔχοντες φωνὴν καὶ διάλεξιν, πῶς ἂν ἠδύναντο κατὰ ταὐτὸ οἰκεῖν; (Hom. Gen. 30:13; Migne 1862:278–9)

Die waardes van vrede en eenheid, in Latyn, pax en concordia, en in Grieks, εἰρήνη en ὁμόνοια, was ook belangrike siviele deugde in die antieke Romeinse wêreld, en daar was selfs ’n godin genaamd Concordia (in Grieks was dit Harmonia [Ἁρμονία]). Daar is ook algemeen geglo dat die Romeinse Ryk vrede op die aarde gevestig het, die sogenaamde pax Romana. Hier onder is ’n voorbeeld van ’n muntstuk wat Concordia uitbeeld:

Figuur 4. ’n Muntstuk van Concordia uit die tydperk van die Romeinse Ryk
(Deur die Classical Numismatic Group, Inc.: http://www.cngcoins.com, CC BY-SA 3.0, https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=380111; verklein en gebruik ingevolge die Creative Commons-lisensievoorwaardes: https://creativecommons.org/licenses/by-sa/4.0/deed.en.)

Vrede en harmonie was ook belangrike sosiale en huishoudelike waardes. Hier onder is ’n voorbeeld van ’n baie bekende Christelike mosaïek, wat aandui hoe hierdie waardes ook in die laat antieke tyd verchristelik was:

Figuur 5. Replika van ’n mosaïek wat ’n ete uitbeeld, met die woorde pax et concordia (Tipasa Museum, Algerië)
(Deur Fayeqalnatour – Eie werk, CC BY-SA 4.0, https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=73492551; verklein, gesny en gebruik ingevolge die Creative Commons-lisensievoorwaardes: https://creativecommons.org/licenses/by-sa/4.0/deed.en.)

Dié mosaïek beeld ’n feesmaal (convivio) uit, met die woorde In Chr[isti] Deo / pax et concordia sit / convivio nostro (“In Christus God, laat vrede en harmonie in ons feesmaal wees”). Ons sien alreeds hier hoe belangrik hierdie waardes was. Maar Chrusostomus se interpretasie impliseer dat pax en concordia nie op hul eie deugde is nie. Wanneer die mens sy samehorigheid vir bose doeleindes aanwend, kan God net antwoord met verdeeldheid, en dat ’n regverdige verdeeldheid beter is as ’n bose samehorigheid. Hierdie is ’n belangrike pedagogiese les uit die storie van die toring van Babel. In sy Homilie 35 op Mattheus 1 (Migne 1862:57:405) gebruik Chrusostomus hierdie begrippe uitdruklik: “want God het hul bose vrede beëindig deur hul goeie verdeeldheid, en so het God vrede bewerkstellig… want samehorigheid is nie altyd goed nie; selfs rowers stem met mekaar saam” (τὴν γὰρ κακὴν εἰρήνην ἡ καλὴ διαφωνία ἔλυσε, καὶ ἐποίησεν εἰρήνην… Οὐ γὰρ πανταχοῦ ὁμόνοια καλόν· ἐπεὶ καὶ λῃσταὶ συμφωνοῦσιν). Chrusostomus voorsien dus ’n regstellende perspektief op sy gehoor se aannames oor samehorigheid en vrede.

Die straf van die meertaligheid (ἑτεροφωνία) is, volgens Chrusostomus, veronderstel om ’n herinnering en les te wees vir al die geslagte wat sou volg:

Kyk net wat gedoen word om seker te maak dat die herinnering [aan die verstrooiing] vir ewig sal duur. Eerste, die verdeling van die tale, of selfs nog voor hierdie, die naam wat gegee is − want die naam Peleg, wat Heber vir sy seun gegee het, beteken verdeeldheid. Daarna, die naam van die plek: want die plek word “Verwarring” genoem, want dit is wat Babel beteken. Dan hou Heber dieselfde taal as wat hy voorheen gehad het, sodat hierdie ’n duidelike teken van die verdeeldheid sou wees. Sien jy op hoeveel wyses God die herinnering wou behou, en hoe God keer dat hierdie gebeure vergeet word? Want van daardie tyd af moes ’n vader aan sy kind die rede vir meertaligheid verduidelik, en ’n kind het gesoek om die rede vir die plek se naam by sy vader te leer.

Σκόπει πόσα γίνεται, ὥστε τὴν μνήμην παντὶ τῷ αἰῶνι συμπαρεκτείνεσθαι. Πρῶτον μὲν ἡ τῶν γλωσσῶν διαίρεσις, μᾶλλον δὲ καὶ πρὸ τούτου ἡ τοῦ ὀνόματος προσηγορία· τὸ Φαλὲκ γὰρ ὄνομα, ὅπερ ὁ Ἕβερ ἐπέθηκε τῷ παιδὶ, μερισμὸν σημαίνει. Ἔπειτα ἡ τοῦ τόπου προσηγορία· Σύγχυσις γὰρ ὁ τόπος ὠνομάσθη, ὅπερ ἐστὶ Βαβυλών. Ἔπειτα αὐτὸς ὁ Ἔβερ ἔμενε τὴν αὐτὴν ἔχων διάλεξιν, ἥνπερ καὶ πρότερον, ἵνα καὶ τοῦτο σημεῖον ἐναργὲς γένηται τῆς διαιρέσεως. Εἶδες διὰ πόσων ἠβουλήθη διηνεκῆ τὴν μνήμην διασώζεσθαι, καὶ μηδέποτε λήθῃ παραδοθῆναι τὸ τότε γεγενημένον; Καὶ γὰρ ἐξ ἐκείνου λοιπὸν πατὴρ παιδὶ ἀνάγκην εἶχε τὴν αἰτίαν λέγειν τῆς ἑτεροφωνίας, καὶ παῖς παρὰ πατρὸς μανθάνειν ἐζήτει τῆς τοῦ τόπου προσηγορίας τὴν αἰτίαν. (Hom. Gen. 30.13; Migne 1862:53:279)

In hierdie gedeelte verwys Chrusostomus terug na die geslagsregister in Gen. 10:25 LXX, waar daar verwys word na Heber en sy een seun, Peleg, “want in sy tyd het die aarde verdeeld geraak” (ὅτι ἐν ταῖς ἡμέραις αὐτοῦ διεμερίσθη ἡ γῆ). Chrusostomus noem dat Peleg se naam, wat verdeeldheid impliseer, reeds ’n heenwysing was na wat by die toring van Babel sou gebeur. Dit is nie presies duidelik wat Chrusostomus bedoel het toe hy na Eber se taal, wat dieselfde gebly het, verwys het nie. Die feit dat Heber se taal dieselfde is, is vir Chrusostomus ’n pedagogiese teken van die straf. Volgens Gen. 10:24 is Sem die stamvader van die nageslag van Heber, en hul taal was Hebreeus (en later Aramees). Baie vroeë Joodse en Christelike skrywers het geglo dat die eerste taal wat die mens gepraat het, Hebreeus was (Minets 2021:99–100). Dus, die feit dat die Jode steeds in Chrusostomus se tyd Hebreeus (of eerder, Aramees) gepraat het, is ’n teken van God se straf. Dit mag dalk verwys na die feit dat die meeste mense in die antieke Romeinse wêreld Grieks gepraat het − party het Latyn selfs as bloot ’n dialek van Grieks beskou. Dié idee staan bekend as aeolisme (Minets 2021:74). Dit lyk asof Chrusostomus glo dat die Jode steeds geskei van die res van die samelewing was as gevolg van hul taal en etniese identiteit. Hierdie interpretasie is eenstemmig met Chrusostomus se negatiewe houding teenoor Jode oor die algemeen. Chrusostomus is ook bewus van die woordespel in Hebreeus op “Babel” wat “verwarring” (oftewel, “babbel”) beteken, selfs al is hierdie woordespel nie duidelik in die Grieks van die LXX nie (sien ook Chrusostomus se verduideliking in sy Uiteensettings van die Psalms 4; Migne 1862:55:49).

In hierdie deel keer Chrusostomus ook weer terug na die tema van nagedagtenis en damnatio memoriae. Die straf is weereens ironies. Die mense van Babel het hul begeerte eintlik gekry. Hulle word tot vandag toe onthou, maar nie vir hul groot en goeie prestasies nie, maar vir hul oormatigheid en verwaandheid. Hul storie word ’n les wat ouers aan hul kinders moet leer. God het hulle nie vernietig soos met die groot vloed in Noag se tyd nie, maar nou verstrooi God die mensdom oor die hele aarde, en vervreem God die mense van mekaar. Die tema van God se pedagogie sien ons deurlopend in die homilie. Maar die straf van die toring van Babel word ook omgekeer, volgens Chrusostomus, in die gebeure van Handelinge 2 en die uitstorting van die Heilige Gees. In sy Homilie 35 op 1 Korintiërs 3 (Migne 1862:61:296) sê Chrusostomus dat die verskynsel van talespraak (of glossolalie) ’n aanduiding is dat God die vloek van Babel begin omkeer deur die sendingwerk van die apostels (sien ook Minets 2021:192–4). Op hierdie wyse staan die apostels dan ook as die teenoorgestelde van die mense van Babel (Uiteensettings van die Psalms 8; Migne 1862:55:109).

Chrusostomus sluit sy preek af met ’n lang relaas oor die belangrikheid van gebed tydens die Vastyd (Hom. Gen. 30.14–19; Migne 1862:53:279–282). Hy behou wel die beeldspraak van bouers. “Laat ons dan ook die apostels naboots,” sê Chrusostomus (Hom. Gen. 30.19; Migne 1862:53:282), “deur ’n muur rondom ons lewe te bou met die gewoonte van gebed en laat niks ooit vir ons ’n struikelblok wees nie” (Τούτους μιμησώμεθα καὶ ἡμεῖς, καὶ τῇ συνεχείᾳ τῶν προσευχῶν τειχίζωμεν ἡμῶν τὴν ζωὴν, καὶ μηδὲν ἡμῖν ποτε κώλυμα γενέσθω). Waar die mense van Babel ’n toring gebou het, moet Chrusostomus se gehoor eerder ’n muur van gebed bou. Gebed het ook die vermoë om die mens, deur middel van taal, nader aan God te bring:

Gebed is ’n groot deug. Want as iemand wat met ’n deugsame persoon gesels, geen klein baat daarby vind nie, hoeveel meer goeie dinge sal die persoon wat met God gesels nie geskenk word nie? Gebed is tog gesprek met God.

Μέγα ἀγαθὸν ἡ εὐχή. Εἰ γὰρ ἀνθρώπῳ τις διαλεγόμενος ἐναρέτῳ, οὐ μικρὰν ἐξ αὐτοῦ καρποῦται τὴν ὠφέλειαν, ὁ Θεῷ διαλέγεσθαι καταξιωθεὶς πόσων οὐκ ἀπολαύσεται τῶν ἀγαθῶν; Ἡ γὰρ εὐχὴ διάλεξίς ἐστι πρὸς τὸν Θεόν. (Hom. Gen. 30.16; Migne 1862:53:280)

Waar taal dus vroeër gebruik was om die mens te beteuel en sonde in te perk, fokus Chrusostomus nou op gebedstaal as toerusting om die mens met God te vereenselwig. Hierdie is vir Chrusostomus ’n meer gepaste toepassing van sy les, aangesien hy geglo het dat die glossolalie nie meer so algemeen was nie (De Wet 2011:104–17). Hierdie slot van die preek is, weereens, baie prakties, en Chrusostomus spoor sy gehoor aan om vas en gebed ’n gewoonte (συνέχεια) te maak, en dit nie net tydens die Vastyd te beoefen nie.

 

3. Gevolgtrekking

Daar is in hierdie artikel getoon dat Chrusostomus se eksegese ’n onmisbare pedagogiese aard weerspieël. Hy stel minder belang in groot teologiese kwessies soos die Drie-Eenheid. Hy probeer eerder om aan sy gehoor praktiese riglyne en waarskuwings te gee oor hoe hulle moet dink en hulself gedra. In hierdie verband funksioneer die mense van Babel as ’n exemplum, ’n voorbeeld, van hoe ’n mens nie moet optree teenoor God en mekaar nie. Selfs die tema van pedagogie word op talle kere uitdruklik in die homilie uitgelig. Vir Chrusostomus is God en Christus die groot leermeester, wat met lankmoedigheid en genade mense op die regte spoor probeer hou. Soms word strawwe en beperkings aan die mens gegee om te verhoed dat hulle nog méér sondig. Vir Chrusostomus was meertaligheid nie oorspronklik deel van God se plan nie (sien Homilie 34 op 1 Korintiërs 1; Migne 1862:61:291). Maar hy beskou dit nou as ’n toom vir sonde, net soos die huwelik, slawerny en sekulêre regering (De Wet 2018:108–9).

Die dinamiek van Chrusostomus se pedagogiese eksegese is hoofsaaklik om gedrag en gedragspatrone uit te lê en te ontleed, en om dan die goeie gedrag en gewoontes vir nabootsing uit te wys. Deur na Bybelse exempla te verwys, het hy ’n ryk bron van materiaal. Die narratiewe genre bied veral baie moontlikhede in hierdie verband. In die geval van die toring van Babel, word sy gehoor gewaarsku teen die gevare van oormatigheid, verwaandheid en bose sameswering. Die meeste van hierdie ondeugde kontekstualiseer hy binne die sosiale gebruike en instellings van sy tyd. Chrusostomus kyk ook nie net na die gedrag van mense, goed en sleg, nie. Hy probeer ook iets van God se gedrag en gewoontes te skets. Dié beginsel berus op die aanname dat een van God se uitmuntendste eienskappe sy neerbuigendheid en lankmoedigheid is. Dit is juis hierdie neerbuigendheid wat die mens in staat stel om God se gedrag en gewoontes te kan ontleed. Chrusostomus vorm so ook sy eie identiteit − net soos God in sy diepste wese ’n leermeester is, so wou Chrusostomus ook mense deur sy eksegese onderrig.

 

Bibliografie

Amirav, H. 2003. Rhetoric and tradition: John Chrysostom on Noah and the flood. Traditio Exegetica Graeca 12. Leuven: Peeters.

Behr, J. 2004. The Nicene faith. Crestwood, NY: St. Vladimir’s Seminary Press.

Brown, P.R.L. 1988. The body and society: Men, women, and sexual renunciation in early Christianity. New York: Columbia University Press.

—. 2002. Poverty and leadership in the later Roman Empire. Hanover, NH: University Press of New England.

—. 2012. Through the eye of a needle: Wealth, the fall of Rome, and the making of Christianity in the West, 350–550 AD. Princeton, NJ: Princeton University Press.

—. 2016. Treasure in heaven: The holy poor in early Christianity. Charlottesville: University of Virginia Press.

De Wet, C.L. 2011. John Chrysostom’s exegesis of the spiritual gifts (1 Cor. 12:27–13:3): A commentary on Homilia in primum epistulam ad Corinthios 32. Ekklesiastikos Pharos, 93:104–17.

—. 2015. Preaching bondage: John Chrysostom and the discourse of slavery in early Christianity. Oakland: University of California Press.

—. 2018. The unbound God: Slavery and the formation of early Christian thought. Londen: Routledge.

—. 2019. The preacher’s diet: Gluttony, regimen, and psycho-somatic health in the thought of John Chrysostom. In De Wet en Mayer (reds.) 2019.

—. 2021. Cain’s disease: Murder, medicine, and pedagogy in John Chrysostom’s reading of the Cain and Abel story. In Dunn en Shepardson (reds.) 2021.

De Wet, C.L. en W. Mayer (reds.). 2019. Revisioning John Chrysostom: New approaches, new perspectives. Leiden: Brill.

Dombart, B. en A. Kalb (reds.). 1955. Augustinus episcopus Hipponensis: De civitate Dei. Corpus Christianorum: Series Latina 47–48. Turnhout: Brepols.

Dunn, G. en C. Shepardson (reds.). 2021. Dealing with difference: Patterns of response to religious rivalry in Late Antiquity. Tübingen: Mohr Siebeck.

Fairbairn, D.M. 2007. Patristic exegesis and theology: The cart and the horse. Westminster Theological Journal, 69:1–19.

Flower, H.I. 2006. The art of forgetting: Disgrace and oblivion in Roman political culture. Chapel Hill, NC: University of North Carolina Press.

Gmirkin, R.E. 2006. Berossus and Genesis, Manetho and Exodus: Hellenistic histories and the date of the Pentateuch. New York: T & T Clark.

Harris, S.L. 2003. Understanding the Bible. Boston: McGraw-Hill.

Hill, R.C. 1981a. Akribeia: A Principle of Chrysostom’s Exegesis. Colloquium: The Australian and New Zealand Theological Review, 14:32–6.

—. 1981b. On Looking at Synkatabasis. Prudentia, 13:3–11.

—. (red. en vert.). 1999. St. John Chrysostom: Homilies on Genesis 1–17. The Fathers of the Church 74. Washington, DC: Catholic University of America Press.

Hope, V. 2007. Death in ancient Rome: A sourcebook. Londen: Routledge.

Kulik, A. 2010. 3 Baruch: Greek-Slavonic Apocalypse of Baruch. Berlyn: De Gruyter.

Laird, R.J. 2012. Mindset, moral choice and sin in the anthropology of John Chrysostom. Strathfield: St. Paul’s.

Louth, A. (red.). 2001. Genesis 1–11. Ancient Christian commentary on scripture: Old Testament 1. Chicago: Fritzroy Dearborn.

Macdonald, S.J.C. 2017. Pro-Nicene exegesis in Hilary of Poitiers’ De Trinitate and Basil of Caesarea’s Contra Eunomium: A comparative study. Ongepubliseerde PhD-verhandeling. Macquarie Universiteit, Sydney.

Maxwell, J.L. 2009. Christianization and communication in Late Antiquity: John Chrysostom and his congregation in Antioch. Cambridge: Cambridge University Press.

Migne, J.P. (red.). 1862. Patrologiae cursus completus: series Graeca. 162 volumes. Parys: Migne.

Minets, Y. 2021. The slow fall of Babel: Languages and identities in late antique Christianity. Cambridge: Cambridge University Press.

Quasten, J. 1990. Patrology III: The golden age of Greek patristic literature from the council of Nicaea to the council of Chalcedon. Notre Dame, IN: Christian Classics.

Rahlfs, A. (red.). 2006. Septuaginta. Hersien deur R. Hanhart. Stuttgart: Deutsche Bibelgesellschaft.

Rhee, H. 2012. Loving the poor, saving the rich: Wealth, poverty, and early Christian formation. Grand Rapids, MI: Baker.

Rylaarsdam, D. 2014. John Chrysostom on divine pedagogy: The coherence of his theology and preaching. Oxford: Oxford University Press.

Sandnes, K.O. 2002. Belly and body in the Pauline epistles. Cambridge: Cambridge University Press.

Sarna, N.M. 1978. Understanding Genesis. New York: Schocken.

Shaw, T.M. 1998. The burden of the flesh: Fasting and sexuality in early Christianity. Minneapolis, MN: Fortress.

Sherman, P.M. 2013. Babel’s tower translated: Genesis 11 and ancient Jewish interpretation. Leiden: Brill.

Speiser, E. 1958. In search of Nimrod. Eretz-Israel, 5:32–6.

Strawn, B.A. Focus on tower of Babel. Oxford Biblical Studies Online. https://global.oup.com/obso/focus/focus_on_towerbabel (2 Desember 2021 geraadpleeg).

Young, F.M. 2002. Biblical exegesis and the formation of Christian culture. Grand Rapids, MI: Baker Academic.

 

Eindnotas

1 Die Bybel 2020-vertaling.

2 Die Griekse teks van Hom. Gen. 30 word in Migne (1862:53:272–82) aangetref.

3 Alle Afrikaanse vertalings van antieke tekste is die outeur se eie vertalings. Die Griekse teks van die Septuaginta kom uit dié van Rahlfs (2006). Daar moet kennis geneem word dat die antieke tekste − veral Chrusostomus se lang en tegniese sinne − in hierdie artikel dinamies vertaal is, om dit sodoende meer toeganklik vir lesers te maak. Vir lesers wat die letterlike sin van die teks wil sien, is die Griekse tekste by elke vertaling bygevoeg.

4 Chrusostomus se teks verskil hier van Hanhart se kritiese LXX teks. Chrusostomus se teks voeg ὁ Θεός na Κύριος by.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Johannes Chrusostomus se pedagogiese eksegese: Die geval van die toring van Babel (Gen. 11:1–9) appeared first on LitNet.

John Chrysostom’s pedagogical exegesis: The case of the tower of Babel (Gen. 11:1–9)

$
0
0

Abstract

The nature of John Chrysostom’s (ca. 349–407 C.E.) exegesis has been a contested matter among historians of early Christianity for some time. Traditionally, it has been understood that Chrysostom was part of the Antiochene school of exegesis, who preferred the literal interpretation of the text, gave attention to the rhetoric of the text, used typology, and tried to avoid allegory in general. This stands in contrast to the so-called Alexandrian school of exegesis, whose proponents preferred allegorical interpretations of ancient texts. But the dichotomy between Antiochene and Alexandrian schools of exegesis is no longer accepted as such, as Young (2002:161–215) and Fairbairn (2007:1–19) have shown.

Others, like Behr (2004) and Macdonald (2017), suggest that we should rather speak of pro-Nicene and anti-Nicene biblical interpretation, due to the lasting impact of the council of Nicaea on early Christian thought. But even this proves to be problematic, especially for understanding Chrysostom’s exegesis. When reading Chrysostom’s homilies, we see that he does not devote that much attention, explicitly, to doctrinal issues. One of the classic criticisms against Chrysostom is that he was more of a moralist than a theologian; however, this criticism is unfounded. Rylaarsdam’s (2014) important study shows that Chrysostom was more of a “rhetorical theologian”, and correctly states that a distinction between a theologian and a moralist, in the fourth century C.E., would not have existed.

How should we then understand the nature of Chrysostom’s exegesis? The purpose of this article is to show that Chrysostom follows what we might call “pedagogical exegesis”; that is, a mode of exegesis in which pedagogy, or teaching, gains precedence and even structures the exegetical discourse. This pedagogy is focused on human (and divine) behaviour, and especially aims to correct behaviour and cultivate good habits. The article also aims to delineate the features of this mode of exegesis. The main purpose of Chrysostom’s exegesis was to change people’s behaviour and habits (Maxwell 2009:118–68). The features of Chrysostom’s pedagogical exegesis are delineated by means of a case study, namely his exegesis of the narrative of the tower of Babel (Gen. 11:1–9). I have selected this case study because of its lasting influence on early Christian thought about communication, language, and identity, as Minets (2021:99–169) has shown more recently. This narrative, as will be demonstrated, proved to be ripe for pedagogical exegesis. The main source for Chrysostom’s exegesis of this narrative is his Homily 30 on Genesis, although other minor references in Chrysostom’s works are also examined.

The study illustrates that Chrysostom’s exegesis of this text is based on several pedagogical themes: 1) human beings do not know their limits; 2) the problem of humanity’s conceit and desire for remembrance; 3) God’s adaptation (συγκατάβασις) and patience; and 4) the notion that a righteous division is better than an evil unity.

In terms of the first pedagogical principle, we see Chrysostom here returning to one of his favourite moral themes, namely self-control and discipline. He argues that the people from the story of the tower of Babel did not recognise their limits, but always desired more. This is seen in their acts of conquering more lands, and even wanting to reach to the heavens by building the great tower (Gen. 11:1–2). Humanity is therefore never satisfied with their due and appropriate limits. We should note here that excess (ἀμετρία) in anything was a great vice. The caution of the tale, in this instance, is that people should learn be moderate and self-controlled, and not indulge in excessive vice.

The second pedagogical theme relates to the problem of humanity’s conceit and their longing for remembrance. Chrysostom lays emphasis on Gen. 11:4 here, which states that the reason for the building of the tower was to ensure the people had a great legacy and reputation after they were gone. He relates this problem to the interesting phenomenon in Roman culture of damnatio memoriae. This practice illustrates humanity’s obsession with being remembered. At the same time, Chrysostom also addresses the related problem of civic benefaction. Chrysostom states that people in his own time and society also want to build monuments, like large houses, baths, and porticos, to show their worth and assure their legacy. This represents the same sin as the people who built the tower of Babel. In response to this, Chrysostom advises his audience to build a reputation in heaven by caring and providing for the poor.

The third pedagogical theme is not related to human nature and behaviour, but to what might be deduced from God’s behaviour. In his interpretation of Gen. 11:5, in which the Lord descends to the people to see their endeavours, Chrysostom develops the theme of descent with reference to God’s adaptation, or συγκατάβασις. The notion of συγκατάβασις is central to Chrysostom’s biblical interpretation, and he reads it into the text of Gen. 11:5. God’s actions towards the people who sinned by building the tower only testify to his mercy and providence, and most of all, his desire to instruct humanity through the punishment of sin.

The fourth pedagogical theme introduces the notion that a righteous division is more beneficial than an evil unity. This principle serves to justify the confusion caused by multilingualism and the scattering of the peoples across the lands. Chrysostom contextualises this principle with that of the centrality of peace and concord in Roman culture. Peace (pax) and concord, or unity (concordia), were seen as fundamental virtues in the Roman world. But Chrysostom corrects this view, and notes that peace and unity should not come at the cost of doing evil. Division was therefore necessary and beneficial to humanity to control the effects of sin. Multilingualism, just like some other institutions, such as marriage, slavery, and imperial governance, functions as a bridle for sin, according to Chrysostom.

Thus, the article demonstrates that Chrysostom’s exegesis displays a clear pedagogical nature. He is less concerned with theological matters, as is seen with some other interpreters of the text, such as Augustine. Chrysostom rather wants to provide his audience with practical guidelines on how to behave and which good habits to cultivate. Thus, the people who built the tower of Babel function as exempla − examples of how not to behave. The theme of pedagogy is often explicitly noted in the texts, especially when discussing the nature of God’s behaviour and habits.

Keywords: exegesis; Genesis 11; John Chrysostom; multilingualism; pedagogy; tower of Babel

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Johannes Chrusostomus se pedagogiese eksegese: Die geval van die toring van Babel (Gen. 11:1–9)

The post John Chrysostom’s pedagogical exegesis: The case of the tower of Babel (Gen. 11:1–9) appeared first on LitNet.

Die troebadoer, ’n vertelling: ’n onderhoud met Marié Heese

$
0
0

Die troebadoer, ’n vertelling
Marié Heese
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485314519

Amanda Botha in gesprek met Marié Heese oor haar jongste publikasie, Die troebadoer, ’n vertelling

Ons kom ’n lang pad saam vanaf ons skooldae aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad. Baie gedeelde belangstellings en eertydse herinneringe het ’n gemeensaamheid en respek gebring waar ons ook saam aan skryfprojekte kon werk. Met LitNet se uitnodiging om ’n resensie oor Marié Heese se Die troebadoer, ’n vertelling, te skryf, het ek opnuut besef dat ek nie die objektiwiteit het om hieraan reg te laat geskied nie.

Met die lees daarvan het ek besef dat die vertelling ook vele insigte bied in die ryk binnewêreld en intertekstuele verwysings wat sy hier mildelik aanwend vir dié wat dit wil raak lees. Die troebadoer (2021) is ook, soos Vuurklip (2013), haar roman oor die vroeë mense van die Suid-Kaap, ’n verbeeldingskepping, ’n storie wat sig uit niets aangemeld het.

Heese het ’n indrukwekkende publikasielys: kinderlektuur, jeugboeke, haikoes, essays, ’n reisboek, Afrikaanse en Engelse romans en as samesteller van ’n keurbundel essays van haar ma, Audrey Blignault. Hierbenewens het sy ook verskeie akademiese boeke en artikels op haar kerfstok.

Historiese romans is by uitstek Marié se genre. Haar eerste titel, Die uurwerk kantel (1976), is eers baie later, in 2009, opgevolg deur The double crown: secret writings of the female pharaoh; The colour of power: A story of Theodora, Empress of Byzantium (2011); Vuurklip (2013); en Maestro: ’n roman oor die vormingsjare van Gianlorenzo Bernini (2016). Die troebadoer word ook in die verlede gevestig, hoewel die era en plek waar dit afspeel, vaag is. Hierdie keer ’n allegoriese vertelling waar ook gebruik gemaak word van hiperbool, ironie en satire.

Hier is ’n verslag van ons gesprek oor die skryfproses en verskillende inhoude, betekenisse en verwysings wat in Die troebadoer aan die orde kom.

.......

Hier is ’n verslag van ons gesprek oor die skryfproses en verskillende inhoude, betekenisse en verwysings wat in Die troebadoer aan die orde kom.

........

Marié, ek herinner my dat jy vir my gesê het ná Maestro en Peter Pan is jy nou klaar geskryf. Hoekom het jy toe wel weer geskryf? En wanneer het jy aan Die troebadoer begin skryf?

Toe ons verneem van die algehele inperking wat op hande was, het ek besluit ek moet skryf, want anders gaan ek gek word. Die troebadoer het toe in my kop ingestap, met verflenterde hond en al. Ek het begin skryf op dag een van die eerste inperking, 26 Maart 2020.

Ek is gewoond aan jou deeglike navorsing, honderde aantekeninge met ’n lang leeslys, voordat jy ernstig begin skryf. So jy het dié keer net gaan sit met niks meer as ’n karakter nie en begin skryf? Het jy al vantevore so gewerk?

Ja, ek het so begin en nee, nog nie vantevore sonder enige beplanning hoegenaamd nie. Maar ek is beïnvloed deur ’n boek deur Andy Martin wat ’n jaar lank by Lee Child gesit het (ek is ’n Lee Child fan) om te kyk hoe hy een van sy boeke skryf. Martin se boek is getitel Reacher said nothing. Martin vertel hoe Child begin met sy karakter en elke dag gaan sit en kyk wat gebeur. Ek het dus hierdie voorbeeld in my kop gehad. Toe dink ek, kom ek maak so, dit kan net pret wees. En dit was.

........

Martin vertel hoe Child begin met sy karakter en elke dag gaan sit en kyk wat gebeur. Ek het dus hierdie voorbeeld in my kop gehad. Toe dink ek, kom ek maak so, dit kan net pret wees. En dit was.

.........

Hou die troebadoer se aanvanklike geheueverlies verband met hierdie “seat of my pants”-skryfbenadering? (Omdat jy self ook algaande moes uitvind wat het en nog gaan gebeur?)

Ja, beslis. Ek het gereeld ingewings gekry oor wat hy moet onthou en dan skryf ek dit. Dit was ook ’n nuttige tegniek om mense toe te laat om vir hom te verduidelik wat in die land aangaan. Maar ek het redelik gou ingesien wat ek eintlik met die vertelling wou bereik.

Het jy dit van dag een af as nog een van jou historiese romans gesien? Jy is nie in hierdie werk baie spesifiek oor die presiese tyd en plek nie. Alhoewel die leser wel ’n duidelike “sense of place” beleef, al het dit nie ’n naam nie.

Nee, dis juis nié ’n roman nie en daarom geen spesifieke eiland nie, alhoewel dit herinner aan Engeland, en ook geen spesifieke tyd nie, hoewel dit klink na die Middeleeue. Daar staan immers op die voorblad: ’n vertelling. En Deborah Steinmair het ingesien dis ook nie ’n fantasie nie. Op die agterblad sê sy dit is “universeel en tydloos”. Dankie, Deborah.

.......

Ek het dit lankal in my kop om ’n storie te skryf van dieselfde aard as Animal farm en Lord of the flies. Daardie twee werke is albei vaag oor tyd en ruimte, alhoewel albei in die eerste plek goeie stories is. Ek maak geen aanspraak op dieselfde gehalte nie, maar Die troebadoer is wel dieselfde tipe skryfsel, dus ’n allegoriese vertelling waarvan die leser die toepassing(s) self moet insien. Sulke vertellings lewer dikwels kritiek van ’n politieke aard. Toe dink ek, maar hier is nou my kans.

.........

Ek het dit lankal in my kop om ’n storie te skryf van dieselfde aard as Animal farm en Lord of the flies. Daardie twee werke is albei vaag oor tyd en ruimte, alhoewel albei in die eerste plek goeie stories is. Ek maak geen aanspraak op dieselfde gehalte nie, maar Die troebadoer is wel dieselfde tipe skryfsel, dus ’n allegoriese vertelling waarvan die leser die toepassing(s) self moet insien. Sulke vertellings lewer dikwels kritiek van ’n politieke aard. Toe dink ek, maar hier is nou my kans.

Animal farm was volgens Orwell bedoel as kritiek op die Russiese revolusie van 1917 en op die totalitêre Stalinisme wat daarop gevolg het. Maar dis sedertdien ook gesien as toepaslike kritiek op verskeie ander gevalle van “bevryding” wat uitloop op onderdrukking. Kan Die troebadoer gelees word as kritiek op die situasie in Suid-Afrika?

Ja, dit kan beslis. Die motto voor in die boek dui dit aan. Dit stel die hooftema van die allegorie: Mense, neem kennis, julle moet jul vryheid koester en verdedig, julle moet waaksaam wees. Hier wil ek jou iets vertel wat die dramaturg Bartho Smit eenkeer gesê het by ’n byeenkoms van die Skrywersgilde waar ek was. Hy het gesê jy moet altyd onthou jou onderbewussyn is jou medeskrywer. Die allegoriese benadering het my as’t ware bekruip. Maar toe sien ek nou maar goed, dís waarheen ek hiermee op pad is.

........

Hier wil ek jou iets vertel wat die dramaturg Bartho Smit eenkeer gesê het by ’n byeenkoms van die Skrywersgilde waar ek was. Hy het gesê jy moet altyd onthou jou onderbewussyn is jou medeskrywer. Die allegoriese benadering het my as’t ware bekruip.

.........

Die aanhaling van John Philpot Curran wat jy as motto gebruik, lees: “The condition upon which God hath given liberty to man is eternal vigilance; which condition if he break, servitude is at once the consequen of his crime and the punishment of his guilt.” Dis ’n belangrike merker vir die leser.

Dit kan gesien word as waarskuwing en spieëlbeeld van ons eie beskawing en tyd. Die afleidings hiervan is vir die insig van die leser. Daar is op bladsy 200 twee paragrawe oor die “vetgevoerde elite” wat vir enige leser herkenbare satire behoort te wees, en kennelik op Suid-Afrika van toepassing.

Jy verdeel jou vertelling in twee dele: “Die langpad roep my aan” en die slotdeel: “Anderkant die Dwaarsrivier”. Die eerste deel is pikaresk en die tweede meer dramaties, heeltemal ’n struktuurverandering. Het jy die bedoeling gehad om die gedagte aan die Rubicon te suggereer?

Ja, ek het die bedoeling gehad om die gedagte aan die Rubicon te suggereer. Daar was al meer as een Rubicon in die geskiedenis van Suid-Afrika. FW (de Klerk) was die een wat dit regtig oorgesteek het. En saam met hom die Afrikaners wat met die referendum willens en wetens hulself uit mag gestem het. Die eerste volk in die geskiedenis van die mensdom wat dit gedoen het. En daar was ’n alternatief, wat tevore oraloor gekies is, naamlik ’n bloedige burgeroorlog. Wat net verloorders oplewer. Ons het omgedraai.

Die twee godsdienste wat jy geskep het, en eintlik teenoor mekaar opstel, is interessant. Die Moederheer is afgelei van die naam van die Egiptiese godin Ma’at, nie waar nie? En die Voorgode, waar kom hulle vandaan? Wat wou jy met hierdie teenoorstelling bereik? Hou dit verband met jou hooftema? 

Ja, die Moederheer is, soos jy noem, afgelei van die naam Ma’at – dit kom uit my navorsing vir my roman oor antieke Egipte, The double crown. Maar vir hulle was sy maar net een van vele. Ek het ’n hele godsdiens op haar geskoei. Ma’at staan vir orde teenoor chaos, en elke mens se hart (maar veral die Farao s’n) moet teenoor ’n veer van haar vlerk geweeg word na afsterwe. ’n Bose hart sal teen jou getuig – dit sal swaar weeg en jy sal vir ewig deur die doderyk vol demone dwaal.

Die Voorgode is ’n godsdiens wat ek saamgestel het uit verkillende gode wat iewers aanbid word, en die kern daarvan is dat die Voorgode irrasioneel is en offers opeis sonder om van hul aanbidders ’n etiese leefwyse te verwag.

Dis die belangrike verskil tussen hierdie twee godsdienste en ja, dis van toepassing op Suid-Afrika, waar sommige burgers se geloof duidelik geen individuele verantwoording vereis nie en ander s’n wel. Ons kan almal waarneem dat ’n land wat regeer en bestuur word deur mense sonder ’n besef van persoonlike verantwoordelikheid, vir die ashoop bestem is. Dis nou tensy die burgers van die land opstaan teen die onverantwoordelikes, wat ook al hoe meer na tirannie gryp hoe meer hulle misluk.

En dit sluit weer by jou motto aan. Nou iets oor die karakters. Jy noem dat die troebadoer in jou kop ingestap het. Waar het die ander karakters vandaan gekom? Of het hulle ook as’t ware aangemeld?

Ek het toe besef Die troebadoer moet meer karakters kry. Ek het sommer besluit die groepie moet altesaam sewe wees. Irina het wel aangemeld, maar vir die res het ek na tarotkaarte gekyk. Jy sal seker weet, dis ’n stel speelkaarte wat sedert die 15de eeu vir verskeie kaartspeletjies gebruik is en later vir voorspellings. Daar is beelde op die kaarte wat spesifieke betekenisse het. Toe sien ek die troebadoer self en Irina pas ook daarby in. Hy is die towenaar en sy is die hoëpriesteres. En die donkiekar is die strydwa.

Goed, dis dan waar die karakters vandaan gekom het. Maar soos wat hulle saans om vure in die veld vir mekaar hul lewensverhaal vertel, word dit duidelik dat elkeen sy eie “quest” het. Was dit van dag een af jou plan, of hoe het dit gebeur?

Nee, dit het naderhand tot my deurgedring dat so iets nodig is om spanning te skep. As jy so onbepland skryf, kry jy algaande insigte en dan moet jy teruggaan op jou spoor en dinge inskryf en oorskryf. Skryf is altyd vir my ’n iteratiewe handeling, nie liniêr nie.

Is dit nie ’n groot toeval dat al die verskillende karakters wat by die troebadoer aansluit, goeie musikante is nie? Hulle bespeel instrumente wat nie in vandag se tyd bekend is nie (soos die luit en die vielle, wat ’n soort ouderwetse viool is). Dus steeds binne die kader van die Middeleeue, al is dit nie ’n historiese roman nie?

Ek het probeer om die gebeure te laat afspeel binne ’n tydperk waar daar min tegnologie was, om dit so tydloos moontlik in te kleur. Dit is min of meer die Middeleeue, daarom het ek gewaak teen anakronismes. Dis juis ’n goeie rede hoekom almal dalk ’n instrument kon bespeel, want daar was geen TV, grammofoonplate, kassette, DVDS’s of radio’s nie. Mense het saans hul eie vermaak geskep, musiek gemaak, gesing ... Die groepie se sukses met die musiekmaak sou ook simbolies gesien kon word. Samewerking is nodig.

Dit val my as leser op dat jy ’n soort refrein gebruik ten opsigte van die ietwat beteuterde groepie wat telkens een lid bykry. Uiteindelik word hulle “sewe stuks, met ’n hond, ’n donkiekar, en vyf perde”. Hoekom het jy dit gedoen?

Dit is ’n kenmerk van ’n vertelling, dat daar sulke herhalings voorkom. Ek wou daarmee klem plaas op die feit dat dit ten beste min mense is, en ja, beteuterde mense wat elk met die een of ander besering loop. Hulle is die uiterste teenoorgestelde van mense met mag en met allerlei middele, insluitend geld, tot hul beskikking.

En tog is dit hierdie groepie onmagtiges wat ’n hele ommekeer teweegbring. Heel ironies, moet ’n mens sê. Selfs die patetiese donkiekar speel ’n belangrike rol.

Net so. Dis presies die punt. Intelligensie en waagmoed is wat saak maak.

Die sprokiesgevoel in die slot waar alles vir almal – en die bestel – ten goede meewerk ... ’n “happily ever after vibe”?

Ja, die sprokiegevoel werk vir my by ’n allegoriese vertelling. Alles kan regkom as jy die regte keuses maak. Minder goed as jy ’n roman skryf. Maar sê jy nou vir my hoekom ek vaag sou gewees het as ek ’n roman wou skryf. ’n Historiese roman steun juis op spesifieke besonderhede en ek doen oneindig baie navorsing om dit reg te kry wanneer ek ’n roman aandurf. Sprokie, ja.

En dis sekerlik nie toevallig dat dit ’n vrou is – eintlik ’n jong meisiekind – wat die kritieke rol speel nie. Elke vrou in jou verhaal is sterk op haar eie manier. En ’n vrou is die regmatige kroonopvolger.

Ek is nie die soort feminis wat mans haat nie. Ek het nie self onder enige patriargale juk moes buk nie. Inteendeel. Daar was wonderlike mans in my lewe. Is steeds – een van die dae is ek 58 jaar getroud met een. Maar as ek waarneem dat vrouens onderdruk, mishandel en verguis word, dan raak ek moeilik. En skryf daaroor.

Ek het groot plesier gehad met my speurtog na die talle intertekstuele verwysings en wat in Die troebadoer meewerk tot ’n ryk tekstuur. ’n Patina van deurleefde insigte. Vertel meer hiervan?

Ek het dit sommer vir die pret ingevoeg, byvoorbeeld “die maer man met die groen trui” (Breyten Breytenbach) wat ’n skep pap koop by ’n mark. Die resep vir die pap (frumenty) kom uit The mayor of Casterbrigde (Thomas Hardy) waar die hooffiguur sy vrou op ’n mark verkoop. Daar’s ook Shakespeare en sint Augustinus.

Shakespeare is Rufus wat in Afrikaans op bladsy 111 sê: “Man, proud man, drest in a little brief authority” wat kom uit Measure for measure. Sint Augustinus het my gehelp aan “As jou hart daarvoor gesnaar is.” Daar’s ook “Bring vir die harlekyn (viellespeler) nog wyn” (Sonja Herholdt). Boerneef ja – op bladsy 109 staan daar die troebadoer “flennie die snare”.

O ja, en die gedeelte wat die kolonel voorlees uit die fiktiewe Boek van die Voorgode by Basjan se begrafnis kom uit die Oepanisjad – ek het net die verwysing na die sewe Voorgode ingewerk (bladsye 167–8). Seker nie meer kopiereg daarop nie. Ek dink dis pragtig. Ek kan nie onthou waar het ek ut honorem deorum gekry nie – ek dink dit was by Cicero. Ek was nie in my ernstige akademiese naslaanmodus soos ek altyd is as ek historiese romans skryf nie.

Daar mag nog leengoedjies wees waarvan ek nou self vergeet het.

Maar dis nie die hooftema van hierdie boek nie, is dit? Hoe sou jy dit opsom?

Alle burgers moet jaloers oor hul vryheid waak.

Nota: Ken Swart is die jonger broer van Audrey Blignault en Marié Heese se oom aan wie Die troebadoer opgedra is. Hy was ’n bekende radio-omroeper en het later as ’n redakteur vir Tafelberg-uitgewers gewerk. Hy het lank by die Blignaults in Pinelands gewoon toe Heese op skool was. In haar matriekjaar(1959) kon hy nie werk nie, want hy het herstel van ’n operasie vir ’n gewas op die brein. Heese vertel: “Ek het vir matriek Engels sowel as Afrikaans op hooftaalvlak geneem. Hy het daardie jaar vir my getutor in die Engelse letterkunde en ek het daarvoor ’n A gekry in die eksamen. (Vir Afrikaans ook.) Toe ek by die Universiteit Stellenbosch aanland, was ek klaar goed opgelei in die verwagte benadering tot letterkundige kommentaar. Hy is gedurende my tweede universiteitsjaar oorlede. Ek mis hom nog en wens hy kon geweet het van The double crown se sukses. Dit wat ek by hom geleer het, beïnvloed steeds hoe ek skryf. Hy was ’n absoluut rigtinggewende invloed in my lewe.” (Amanda Botha)

The post <i>Die troebadoer, ’n vertelling</i>: ’n onderhoud met Marié Heese appeared first on LitNet.


Ek is mal oor jou

$
0
0

Foto: Canva.com

Ek is mal oor jou 
Ek is telkens versot op jou. 
Toe Tafelberg nog kind was, 
was ek reeds mal oor jou. 
Lank voor die branders se stemme wou breek 
of die wind sy eie wil kon ken, 
was ek gaande oor jou. 
Seisoene voor Tulbagh mooi was, 
somers voor Kanonkop kon pinotage maak 
of Blouberg die see kon sien 
was jy reeds in my gedagtes. 
Jare voor die spore op Matjiesfontein se stoep wou stop 
en oom Sias kon sê waar die liefde lê, 
was ek telkens versot op jou.

Toe Engels praat nog ’n sonde was 
so lank is ek al mal oor jou 
dat ek jou nou al lief het in elke taal. 
In ’n tyd waar Laurika wou sing oor Mannetjies, 
het ek gesing oor jou. 
So lank, ja, 
is ek al mal oor jou.

The post Ek is mal oor jou appeared first on LitNet.

Nagereg

$
0
0

Foto: Canva.com

Nagereg 
skinderbekke is vullishope
waar seksueel aktiewe tieners jintoes gedoop word
waar hustlers as prossies en drug lords gesien word
waar councillors van steel bedink word
waar school dropouts mislukkings genoem word

soggens op die straathoeke staan
hulle met pienk gowns,
stukkende nagbroekies, soolkouse,
en stink bekke
hulle drink dan die warmste
“Rosie-het-nou-’n-swartman-en-hy-het-haar-vigs-gegee”

smiddae onder die koeltebome sit
hulle met hare wat vyftig rigtings inslaan,
uitgerekte spaghetti-toppies,
en valse tande wat kort-kort uitval
hulle eet dan die leftover
“daai-klimmeid-se-ma-het-haar-toe-ingevat-om-’n-aborsie-te-hê”

saans sluip hulle manne uit die huis uit
om die jong dames van wie hulle
sleg gepraat het op te soek

The post Nagereg appeared first on LitNet.

Sadness

$
0
0

Photo: Canva.com

Sadness 
sadness cannot be contained 
nor repressed 
it seeps unceremoniously 
through the tiniest slit 
of words thoughts feelings 
into a mangled forest 
of regret and pain 
sadness cannot be contained 
nor repressed 
it hides behind your eyes 
slithers uninvited into 
your mouth 
drools over 
your hands groping for air 
sadness cannot be caught or tamed 
flies its flags of wrath and revenge 
over the empty plains of your heart 
run away if you want 
think you can conquer its venom 
around the turn truth lies in wait 
haunts you all the way back to 
where sadness’s cloak bellows in the wind 
and beckons you to come inside 
its folds familiar dark and musty 
sadness gifts you with amulets of tears 
as charms against the heaviness inside 
leads you to a lonely bridge 
with a wonderful view 
it nudges you slightly 
and as you fall 
one with the wind 
it lies you down neatly but bloody 
on the ground 
and as sadness cannot be contained 
nor repressed 
it leaves satisfied with the last whisper 
of air from your lips

The post Sadness appeared first on LitNet.

Cliffordene Norton se nuwe skryfwerk: ’n Onderhoud

$
0
0

Foto van Cliffordene Norton: verskaf

Cliffordene Norton, wat LitNet se nuwe skryfwerk hanteer, praat met Naomi Meyer oor Cliffordene se eie skryfwerk.

Cliffordene, baie geluk met al jou skryfsuksesse van die afgelope tyd! Wou jy nog altyd skryf?

Ja, Naomi. Ek kan eerlik nie onthou wanneer ek besluit het om te skryf nie, maar behalwe vir my tomboyfase was ek altyd lief vir stories. Ek geniet boeke en series, en maak gewoonlik baie notas oor wat ek geleer het en hoe ek dit in my eie stories kan invoer. Ek is ’n absolute storie-nerd!

Ek het op 15 jaar ’n liefdesverhaal geskryf, al was ek meer onbevoeg as ander tieners om oor romantiese liefde te praat. (Liefde was nie vir my ’n prioriteit nie.) My niggie was egter baie opgewonde oor die storie en van daar af het stories in my kop geleef. Dis seker die eerste keer toe ek gedink het: Ek wil hierdie doen.

.......

Dis seker die eerste keer toe ek gedink het: Ek wil hierdie doen.

........

Wat was die stories of boeke wat die grootste indrukke op jou gemaak het, op enige stadium van jou lewe?

Daar is drie boeke wat altyd ’n besonderse plek in my hart sal volstaan: Diekie vannie BoKaap deur Zulfah Otto-Sallies, Driehoek deur Sophia Kapp en The opposite of loneliness deur Marina Keegan.

Ek het Diekie vannie BoKaap in standerd 6 (graad 8) in Afrikaans by meneer Moses gelees. Ek onthou die mosterdgeel dun boekie en die titel wat so maklik op my tong geval het. Ek onthou die dag toe ons dit klaar gelees het, die stilte in die klas omdat ons (spoiler alert!) ’n goeie vriend in Diekie verloor het. Ek onthou hoe gretig ons almal was om dit op te voer, en hoe beïndruk ons was met ons klasmaat, Revine, se acting. Ek onthou dat ek en my vriendin, Nadia, “ouens op die hoek” was en terug na ons bank gestap het terwyl ons “Jaloersbokkie” gesing het.

Ek is baie lief vir Diekie en Ice om die volgende redes:

  • Dit was die eerste keer waar ek my alledaagse lewe in print gesien het.
  • Die karakters was bekend; mense wat ek ken en liefhet.
  • Die taal was bekend op my oor en tong – ek het nooit gesukkel om dit te lees nie. Ek kon ’n woord lees en die bedoeling, en hart, daaragter verstaan.
  • Dit was nie vir my ’n “mooi storie oor bruin mense” nie, dit was bloot ’n mooi storie.

Ek het Tessa Badenhorst in Die verhuising ontmoet. Sy was bekkig en ’n no bullshit-vrou, maar ek het nie gedink sy sal my gunsteling-Sophia Kapp-karakter word nie. Tessa is die vrou teen wie elke ma jou waarsku: Sy is seksueel vry, het ’n indrukwekkende vloekskat, is brutaal eerlik, skeer almal oor dieselfde kam en word ’n alkoholis gedurende die verloop van die storie. Op die bad girl-skaal weeg sy ’n solid 7, maar is ’n goeie vrou. Tessa is ook die vrou wat ek graag wil wees:

  • Wat verantwoordelikheid aanvaar vir haar eie lewe, foute en besluite.
  • Wat nie haar foute wegsteek nie.
  • Wat eerlik is met almal, maar veral met haarself.
  • Wat empatie met almal se omstandighede het.
  • Wat aan haarself werk, want sy weet sy is dit waardig.

In ’n wêreld waar Instagram so maklik as die waarheid aangesien word, is Tessa steeds ’n heldin na wie ek streef. Sy is ’n hot mess – op die beste manier – en deur haar het ek geleer daar is nie iets is soos perfeksie nie. 

In 2019 het ek deur ’n bietjie van ’n droë skryftydperk gegaan. Ek het vir ’n paar weke nie geskryf nie en ek het natuurlik baie (geldige) redes gehad vir hoekom ek nie kon skryf nie.

Ek het The opposite of loneliness deur Marina Keegan gelees. In die inleiding vertel Anne Fadiman die storie oor hoe Marina gereageer het toe sy nie vir een van Yale se geheime verenigings gekies is nie:

I ended up getting a bit screwed over on the secret society front so I’ve vowed to spend the 12 hours a week writing a novel. (Tonight is tap.) If I was willing to devote that much time chatting in a tomb, I should be willing to devote it to writing! 6–12 Sundays and Thursday. Might call it BOOK and BOOK.

Dit het my laat besef dat as skryf my passie is, sal daar tyd wees – ongeag of ek twee minute of 12 ure per week skryf.

Foto van Cliffordene Norton: Naomi Bruwer

Vertel my van jou Woordfeesstorie, wat nou opgeneem gaan word in die nuwe Woordfeesbundel?

Ek moes drie keer lees voor ek geglo het my naam is op die lys. Die storie speel al minstens twee jaar in my kop af. Ek was geïnspireer terwyl ek agter in ’n Uber gesit het. Ek kon hierdie statige ouer vrou sien sit, baie senuweeagtig vir haar laaste kans om weer haar passie op die verhoog uit te leef. Dan hierdie jong meisie, haar bestuurder, wat nie kon glo sy het haar hero op haar day job ontmoet nie en net nie kan ophou gesels nie.

........

Die storie speel al minstens twee jaar in my kop af. Ek was geïnspireer terwyl ek agter in ’n Uber gesit het. Ek kon hierdie statige ouer vrou sien sit, baie senuweeagtig vir haar laaste kans om weer haar passie op die verhoog uit te leef. Dan hierdie jong meisie, haar bestuurder, wat nie kon glo sy het haar hero op haar day job ontmoet nie en net nie kan ophou gesels nie.

..........

Ek kon dit nooit klaar skryf nie, maar toe ek besluit om vir die Woordfees-kompetisie in te skryf, het ek besluit om plak vas te maak en die storie klaar te maak. Daardie week was alle vlakke van loadshedding besig om amok te maak.

Jy het onlangs ’n Kuier-kortverhaalkompetisie gewen. Wil jy van daardie verhaal en die inspirasie daarvoor vertel?

Ek is baie lief vir Kuier – dis in ’n sekere sin die goue draad deur my skryfloopbaan. Dis waar ek my eerste kortverhaal, “Opoffering”, en my gunstelingverhale gepubliseer het. Ek was aanvanklik nie van plan om in te skryf nie, want ek het uitgebrand gevoel en ek het geen inspirasie vir ’n oorspronklike storie gehad nie.

Toe Jaydey Sass my kontak om te vra of ek al die kompetisie gesien het, het ek uit nuuskierigheid ’n Kuier gaan koop en gelees.

’n Week voor die kompetisie sou sluit, het ’n toneel in my kop opgespring. Dit was ’n ander begin as wat ek uiteindelik ingesluit het: Missy het van die werk gekom en die skokkende nuus gekry dat haar suster baie min tyd op aarde het en het besluit om haar ’n goeie Kersfees te gee.

Ek het ’n werksprojek gehad en skryftyd was baie skaars, en met loadshedding nog minder. ’n Uur en ’n half voor die spertyd het ek nog in die donker sit en proeflees, en toe ingestuur. My doel was nie om te wen nie, net om die verhaal klaar geskryf te kry en in te skryf. Ek wou die belofte aan myself nakom.

Die week toe Kuier laat weet ek het gewen, was ek siek. Ek het eers by my uitgewer, Miemie, gehoor en toe haastig my e-posse gekyk. Ek was so trots ek het onmiddellik my ma, aunties en beste vriendin laat weet.

En dan is daar nog ’n aap om uit die mou te laat. Wil jy vertel van ’n jeugboek waarvan ons lesers kan kennis neem ...?

Gabby en haar niggie Georgia lyk baie na mekaar met hulle krullerige hare, hoë wangbene en vol lippe, en toe hulle jonger was, was hulle onafskeidbaar. Maar iewers het hulle vreemdelinge vir mekaar geword en al wat hulle nou gemeen het, is die bloed in hulle are.

Toe die matriekgroep van Barkley op ’n toer na Kaapstad vertrek, ontdek Gabby dat Georgia se dagboek in haar rugsak is. Hulle ma’s het vir hulle identiese blou dagboeke vir hul verjaarsdag gekoop, en hulle deel ’n kamer, so dit kon maklik gebeur het dat sy die verkeerde dagboek ingepak het. Dit beteken waarskynlik ook dat háár dagboek in Georgia se besit is.

Kort voor lank kry Gabby se nuuskierigheid die oorhand en begin sy Georgia se dagboek lees. Wanneer Georgia daarvan uitvind, breek ’n volskaalse niggie-oorlog uit wat nie eens Kaapstad se besienswaardighede of hulle vriende se pogings om raad te gee, kan keer nie. Gaan Gabby se verraad die niggies nog verder uitmekaar dryf of sal dit dalk daartoe lei dat hulle mekaar beter begin verstaan?

Weet jy Naomi, hierdie boek het ek nooit beplan om in te stuur nie. Miemie het my gekontak vir ’n kortverhaal vir tieners. Ek het nooit voorheen vir tieners geskryf nie, al verslind ek YA-fiksie. Ek het agt kortverhale geskep wat ek tot twee gesny het.

Toe ek een van my beste vriendinne kontak om te vertel dat ek mal is oor jeugboeke, was sy soos: “Ek het nog altyd gedink dis ’n genre wat jou sal pas. Hoekom het jy nooit daarin geskryf nie?” Dis hoe Om jou te ken gebore is. Ek het dit hopend en biddend na Miemie toe gestuur, eintlik in die hoop dat sy my ’n ferm: “Jy mag of jy mag nie” sal laat weet. Sy het belang gestel en ek het dit geniet.

.......

Die storie gaan oor die verhouding tussen twee niggies wat soos susters grootword. Hulle is twee opposites, maar hulle het hierdie gedeelde ervaring, familie, en op ’n matriektoer leer ken hulle mekaar op ’n ander manier.

........

Die storie gaan oor die verhouding tussen twee niggies wat soos susters grootword. Hulle is twee opposites, maar hulle het hierdie gedeelde ervaring, familie, en op ’n matriektoer leer ken hulle mekaar op ’n ander manier.

Lees ook:

Die meisie met uitroeptekens in haar oë: Cliffordene Norton oor haar storie, "Die kind smaak jou"

The post Cliffordene Norton se nuwe skryfwerk: ’n Onderhoud appeared first on LitNet.

Terugkeer se tweede seisoen op VIA: ’n Onderhoud met Hevette Ates

$
0
0

Mustafa en Hevette Ates (foto: verskaf). As kinematograaf kon Mustafa nie hierdie keer by die program betrokke wees nie, omdat hulle in die VSA woon. Hulle is egter steeds gesamentlik medeskeppers van die program en met sy regie-ervaring het Mustafa gehelp om die episodes se inhoud en vloei te beplan, voordat Hevette elke opname met Media 24-POP (produksiespan) en -regisseur Mia Cilliers bespreek het.

Hevette Ates keer terug na Terugkeer. Hevette praat met Naomi Meyer oor dié TV-reeks, wat vanaf vandeesweek weer op VIA uitgesaai word.

Hevette, ek het ’n rukkie gelede met jou oor ’n TV-reeks gepraat wat jy en jou man vervaardig het. Nou keer julle terug na Terugkeer vir ’n tweede reeks! Kan jy dalk net gou weer opsom wat die idee en inspirasie hiervoor was?

En wat het nie alles sedert ons laaste gesprek gebeur nie! Intussen het ’n pandemie die wêreld getref en ons het Amerika toe getrek. Dankbaar om nou aan die ander kant van dit alles te kan staan. Die samesyn rondom kos aan etenstafel en die bekoring van die leefstyl in klein dorpe was die inspirasie vir die program. Natuurlik ook belangstelling in mense: om te sien waar bekendes gevorm is; wie deel van hul binnekring is; en die hartlikheid en innoverende gees van mense op die platteland.

Bekendes keer terug na hulle herkoms. Hulle ontdek weer hulle grootwordomgewings en onthoukos uit hul kleintyd. Hoe het julle die deelnemers aan julle program gekies?

Om mee te begin moet hulle afkomstig wees van klein dorpe, of sterk bande met ’n dorpie hê. Inhoud rondom die platteland is hoogmode, so die ideaal is dat die spesifieke area nog nie te veel blootstelling ontvang het nie. Mense vind aanklank by die konsep en het deelname van die hand gewys slegs as hulle reeds ander verpligtinge gehad het.

Julle self is albei ver van julle onderskeie grootwordomgewings en lande af. Wat was die unieke uitdagings ten opsigte van die verfilming van hierdie reeks?

........

Ja kyk, as jy in Amerika foto’s van roosterkoeke en droëwors sien, pyn jou hart!

..........

Ja kyk, as jy in Amerika foto’s van roosterkoeke en droëwors sien, pyn jou hart! Die tydsverskil is maar ’n ding. Tans is Oregon 10 ure agter Suid-Afrika. Waar ek in Suid-Afrika 06:00 gaan draf het, moes ek hier al met koffie geolie en op die foon wees! Maar te danke aan tegnologie, toegang tot die nuus, sosiale media en WhatsAppCalls (goedkoopste manier van bel) kan mens doen wat jy moet. Ons is dankbaar vir Olof Bergh wat weer die program se hoofborg was, en in seisoen 2 was ClemenGold ook betrokke. Moes goed beplan om te verseker hul mandaryne is in seisoen en beskikbaar vir opnames.

Watter ontdekkings het julle in die eerste reeks, of tydens die tweede reeks se verfilming gemaak? Van kos, van mense, van grootword, van julself, of enigiets anders.

In stede leef mens dikwels net vir jouself en ’n klein kring mense. Op die platteland weet mense hoe afhanklik ons van mekaar, én van natuurlike hulpbronne vir oorlewing is.

........

In stede leef mens dikwels net vir jouself en ’n klein kring mense. Op die platteland weet mense hoe afhanklik ons van mekaar, én van natuurlike hulpbronne vir oorlewing is.

.........

In my vorige onderhoud het Mustafa gepraat oor Turkye se koskultuur en julle het ook verwys na Prins Albert se kos. Watter kos onthou julle uit jul kinderdae - wil julle iets hiervan deel?

........

Toe Mustafa se familie in Prins Albert kom kuier het, het hy hulle een oggend aangetref waar hul aan droë beskuit smul. Toe hy wys hoe om dit in koffie te doop, was hulle nóg maller daaroor.

........

Toe Mustafa se familie in Prins Albert kom kuier het, het hy hulle een oggend aangetref waar hul aan droë beskuit smul. Toe hy wys hoe om dit in koffie te doop, was hulle nóg maller daaroor. In Suid-Afrika is beskuit van kleins af deel van ons dieet en ek mis dit in Amerika! (Die Fahrenheits en ounces het my bakpogings ontmoedig, so vir nou eet ek maar biscotti.)

Mustafa was as seuntjie mal oor manti (’n tipe dumpling) wat basies maalvleis is wat in ’n degie gekook en met jogurt bedien word. So ook dolmas, ’n mengsel van gegeurde rys en vleis wat in ’n dryfblaar toegedraai is.

Lees ook:

Terugkeer op VIA: ’n Onderhoud met Hevette Ates en Mustafa Ates

The post <em>Terugkeer</em> se tweede seisoen op VIA: ’n Onderhoud met Hevette Ates appeared first on LitNet.

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Glynnis Breytenbach

$
0
0

Die  Zondo-kommissie-verslag: slegs inligting, nie getuienis

Het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) kapasiteit om dié wat in die Zondo-kommissie se verslag oor staatskaping geïmpliseer is, strafregtelik aan te kla en te vervolg? Freek Robinson gesels met adv Glynnis Breytenbach, DA-LP, DA-woordvoerder oor justisie en voormalige staatsaanklaer. 

The post Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Glynnis Breytenbach appeared first on LitNet.

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Ilse Salzwedel en Rudie Heyneke

$
0
0

President Cyril Ramaphosa het onlangs die eerste deel van die Zondo-kommissie se langverwagte verslag oor die ondersoek na staatskaping in ontvangs geneem. Gaan die wiel van die reg tot by optrede teen korrupsie draai? Freek Robinson gesels met joernalis en skrywer Ilse Salzwedel (Permitted plundering ‒ how parliament failed SA) en Rudie Heyneke (Organisation Undoing Tax Abuse (OUTA)).

Kyk ook:

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Glynnis Breytenbach

The post Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Ilse Salzwedel en Rudie Heyneke appeared first on LitNet.


LitNet: En na Zondo, wat dan?

Eet my woorde: Inskrywings (4)

$
0
0

Hier is die vierde groep inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Eet my woorde" ontvang is. Die kompetisie sluit op 21 Januarie 2022.

Klik hier vir die volledige kompetisie-inligting.

..........

Inskrywings word chronologies geplaas in die volgorde waarin LitNet dit ontvang het.

Die volgende mense se inskrywings verskyn op hierdie blad:

Esmarié van der Westhuizen
Gameeda Henry
Anra Plaatje
Madelein Klopper
Andries Fourie
Johan van Niekerk
Marie Le Hanie
Marthinus van Rooyen
Tasneem van Rooyen
Marieke Buys
Hesré Visagie
Elmarie Visagie
Pieter Lübbe
Hadley Basson
Bernice Saulse
Johan de Jager
Theolla Langenhoven
Jani van der Watt
David Bezuidenhout
Elsa-Nel Strauss
Stefan Jansen van Vuuren
Dries van Heerden
Marie van Rensburg
Jerzy Koch
Zelda Esterhuysen
Hendrik Botha
Loretta Szikra
Maryke Kitching
Avril Julia Crouch
Mariena Stander
Marcelle Petzer
Jeffrey "Oarasib" Hartzenberg
Susan Smuts
Lee-Anne Cornelius
Benito Trollip
Renette Symington
Andries Breytenbach
Esmé Dercksen
Leonita Coutts
Machtilt de Beer

Esmarié van der Westhuizen

Dis doodstil op ’n Sondagaand
wil opstaan en gaan
tot ek is by die maan
ek hardloop agter jou aan
want die klere wat jy dra is een stukkie vyeblaar
jy vertel van manna wat val hier en daar
jy is grondboontjiebotter-lekker
ek soek jou en ’n Oukersaand-krekker
jy is my groot jolyt
my moskonfyt
jy is mos
my bord boerekos


 

Gameeda Henry

Kosmaak

Gekapte uie wat in olie braai,
laat jou neus jou maag verraai
gevoer na hoogtes van hongerte
verlei deur dekadente geure
van verskillende aromas en kleure
met koolfrikkadelle, katvis, kebabs en kasserolle.

Kosmaak is soos ’n simfonie
waar die bestanddele note is van die melodie,
potte en panne, die tromme, die simbale,
luisterryke liedere, die eindresultate,
nooi jy as dirigent jou gaste met bon appetit
vir bredies, braai, breyani, en bobotie verniet.

Verskeie arias en wysies word ontlok
ou resepte wat opnuut ontpop
nou en dan word geïmproviseer
vir magies wat vra vir encore, vir meer,
slaan jy met elke dis die spyker op die kop
met smoortjies, soetpatat, sosaties, selfs
sop.

Om dinge makliker vir jou te maak
hou getrou by ’n weeklikse spyskaart
wissel rooi en wit proteïene af elke dag
varieer disse na vier weke op ’n slag
om "wat-moet-ek-maak" totaal te vermy,
kook pampoenbredie, pizza, paella of pastei.

So is kosmaak stresvry en sonder pyn,
lang inkopielyste wat in die niet verdwyn,
die geheim my vriend is om genot te ervaar
en tevrede eters wat dink jy’s raar én waar,
want deesdae se gesukkel laat my koud
eet liewer lewer, lensiekerrie, lasagne of lamsboud!


 

Anra Plaatje

Vir my

hallo vir die soveelste keer
ek is hier, kan jy my voel
ek weet jy is seer
jy moet eet, vir my

my magie is leeg
maak jou oë toe dat jy nie sien
die groen lagie om die gaar deeg
sal jy dit nie proe

ek voel jou pyn
die trane oor jou wange
in jou mond is dit fyn
en jy sluk dit, vir my

krummels op die bord
elke walglike hap was vir my
onthou, eendag sal ek groot word
maar vir nou, met ’n skop, dankie ma


 

Madelein Klopper

Eet jou woorde

Soetworteltjies, blomkool en kaassous
Rys, gebakte aartappel
Appelkooshoender en sappige sampioene
Romerige malvapoeding
Sien altyd uit na driegang se soetding

Sagte groenboontjies en spek
Pypkaneel kalbassiepampoen
Ryk stampmielies met room en kaas
Peperbiefstuk en speserye-uie
Fluweel pepermenttert
Kleur in elke bord, maak elke dis die moeite werd

Stadig verslind my pen papier
Spyskaarte verruklik swart op wit
Watertandlekkerte, lusmakend
Bevredigende heerlikheid

Macaroni en kaas gebak
Groen ertjies, botter en uie
Kraakvel varktjop
Soetsuur pynappelyskastert
’n Tradisionele gereg, amper soos beesstert

Gebraaide roosmaryn en knoffel
Vul die kombuis met geur
Patats, gekaramelliseer, rol in ink
Oor wit papier
En proe gulsig
Spyskaart op spyskaart
aan elke woord wat dit eet


 

Andries Fourie

Ondervoed

aan sy honger hang ’n hemel
maar tussen dit en daar
neffens die dood se sterwensuur
lê ’n lewenslus geblus
en styf hier om sy kring van pyn
brand daar ’n helse konkavuur

wie kies ’n kind se keuses
wie pleeg sy wasdom moord
en kom sy vrae ook tot bekering
of lê die bidlyn duskant brood


 

Johan van Niekerk

So uit die bloute (die onversadigde honger)

Aan tafel het hy saam gesit
Ons opskepborde oorvol gelaai
Ons oë met lus en drang uitgeput

Hy het ons gepaai en gevoer
Ons monde, gedagtes volgestop
Met vetgesmeerde wange beloer

Maar nooit kon ons versadig word
Nooit het ons genoeg gehad
Al lek ons elke krummel uit daai bord

Die honger en die pyne het bly staan
Ons duime druk-druk en vee
As die sweet op ons blouglansgesigte uitslaan

Met sy lyf in die palm van ons hand
Word ons eensaam deur die wêreld omvou
Alleen skreeu ons teen ons verstand

Glas en plastiek word ’n vloek
As die werklikheid ons ontwyk
En als is Instagram, Twitter en Facebook

Het jy gehoor, gesien, gelees
Die skerm vervang die brood
Ons eet net posts en shares en vrees

Ons vul ons oë en elke drang
Maar versadiging is daar nie
As die Wêreldwye Web-god ons vang

Vasgevang in die gonsende datanet
Word ons oorlopens toe volgestop
Maar net ons ego’s loop oor van vet

Ons brose siel bly knaend honger
Maar ons bly vasgenael voor elke skerm
Elke app maak ons mooier en jonger

En dan eendag ... so uit die bloute
Besef ons die eensaamheid
In ’n huis gevul met mense ...
Ken ons niemand ...
Leef ons eenkant ...
... verby mekaar in stilte ...
Saam met almal is ons alleen ...
Besef ons eendag ... so uit die bloute


 

Marie Le Hanie

Asblik-klonkie

motor volgelaai op pad,
houers met lekkernye,
gekookte eiers, frikkadelle en slaai
blik met koekies het ma nog gebak

knibbel aan ’n appel,
knaag aan ’n heerlike stuk droëwors
’n knippie sout saam met die gekookte eier
slukkie koeldrank vir die dors

motor word gevul met brandstof
lang pad lê nog voor
daar gewaar ons die klong
kop in die vuilgoeddrom
op soek na iets te ete vóór die donker kom

dankbaar kry hy ’n piesangskil
gulsig knibbel hy die sagte effens soet maar bitter buit,
my hart ruk en skaamte maak my lam,
is dié wat ’n honger kind doen?

vinnig gryp ek ’n kardoes
plaas hande vol eetgoed as aalmoes ...
waarheen het die klong verdwyn?
my hart klop in my keel,
waar is hy heen?

straat op en straat af
ons móét hom vind
die kind is honger en nog ’n donker nag wag ...
uiteindelik gewaar ons hom!

die aalmoes-kardoes
hou ek by die venster uit
soos blits gryp hy die kardoes en hol
ek gewaar die swerm honger jongens agterna

kan dit wees?
soveel honger kinders dié op straat ...
veg vir jou maal hoe groot of klein
veg vir oorlewing,
honger ...
dis ek of jy.


 

Marthinus van Rooyen

Smagting

Dit is my staanplek hierdie.
By hierdie robot is ek tuis!
Dag na bruinbrandende dag smeek my geoefende hande;
knieë knak eerbiedig; mond gaan oop en toe:
  "Dankie Tannie vir die toebroodjie."
  "Dankie meneer vir die geldjie."
Met die gawes kan ek tydelike verligting koop,
maar my onlesbare honger soek meer as dit!
My smagting word net al groter.
Ek gil met oopgesperde mond
teen die gesigte wat strak verby my staar:
"Sien tog raak my dieper honger en dors!"


 

Tasneem van Rooyen

Die leë koskaste

Die enkelma kyk na haar seun,
haar grommende maag moet opsy gesit word, want sy is die enigste op wie hy kan steun.
Hy kyk na haar met sy blink oë;
sy sit met haar diep, hartseer denke, ingetoë.
Wat het geword van "die lewe is ’n lied"?
As enkelma is daar net soveel wat jy jou kind kan bied.
Haar donker, leë koskaste het ’n metafoor kom word vir haar lewe.
Hy het haar alleen gelos, maar tog moet ons vergewe, 70 x 7.
Maand na maand is daar byna nie genoeg vir albei om te eet,
hoewel sy daagliks douvoordag opstaan om bloed te sweet.
Spreuke sê: "Vertrou volkome op die Heer",
maar hoe doen jy dit na al die jare se seer?
Wanneer sal die ellende en swaarkry tog stop?
Sy magie is leeg en haar geld is op.
Ja, haar leë koskaste het ’n metafoor kom word vir haar lewe,
tot sy eendag besluit het om ten volle te vergewe.
Sy kon die kettings breek en haarself optel;
sy kon ’n slag haarself en haar kind eerste stel.
Op ’n dag beskou sy aandagtig die helderblou lug;
die bejammering van ’n enkelma word skielik ’n klug.
Nuwe avonture en lewensveranderinge wag,
sy is uit die kloue van die status quo se mag.
Sy magie is nou vol en daar is kos in oorvloed;
alles oor sy ma geglo het aan "hou goeie moed".
Haar vol koskaste het ’n metafoor kom word vir haar lewe:
danksy haar vermoë om te vergewe, het Hy haar verhewe.


 

Marieke Buys

Rooiwyn

Sy is rooiwyn:
Gesofistikeerd, maar nie almal se smaak nie.

Tyd maak haar eksklusief,
maar ook swaarder.
Donkerder.

Sy los ’n droë smaak op jou tong
en maak jou lippe pers,
maar sy's die vlekke werd.
Onder haar invloed
word jy nie dronk nie –
Net rustig.

Haar soetbessienote breek
subtiel – elke dan en wan –
deur die bitterheid van die
gefermenteerde druiwe,
wat maak dat net een glasie van haar
nooit genoeg sal wees nie.

Die aroma van die eikehoutvat
waarin sy jare lank moes ryk word,
verryk die bittersoet geure
wat harmonieus op jou tong dans.

Sy is smaaklik,
maar net as jy van rooiwyn hou.


 

Hesré Visagie

Hongerte van ’n straatkind

Gevul met honger verlange,
staar ogies uit onder ’n verslete jas
wat lankal nie meer pas.
Heerlike disse staan uitgestal,
families wat skaterlag,
terwyl straatkinders na ’n bietjie warmte smag
op ’n yskoue wintersnag.

Die hongerte knaag aan die binnekant
van sy maag,
maar hy het nóg ’n hongerte:
Die verlange na ’n moeder
wat hom sal houvas,
aan die slaap sing
en met Kerstyd geskenke bring.

’n Kombers so sag en knus,
die leemte in sy hart gevul met die liefde van ’n moeder,
wat die monsters van sy realiteit sal verjaag.
Die hongerte is gerusgestel,
al grom die binneste vir ’n stukkie brood
uit hongersnood.

Diep onder karton,
steek twee kaalvoetjies uit.
As iemand hom net kon help,
teen die ysige reën
wat tans die aarde seën.
Hongerte vlam op,
maar hy klou vas aan die moederlike beeld in sy geestesoog,
met sy kop op die sypaadjie neergelê.


 

Elmarie Visagie

Droogte is ’n hongerte vir water

Hongersnood sak toe op die land,
Trane tref die dor oppervlakte van die aarde
En na ’n lang dag kleef die stof en sweet vas
In die boere se baarde.
Die aarde roep uit na die lug vir reën,
Sodat dit die plooie, diep ingekeep,
Kan uitwis en ondersteun.

Dis soos al daardie honderde eeue gelede:
Sewe jare voorspoed en daarna
Sewe jare hongersnood.
Trane biggel selfs oor die wange
Van dié met ’n harde hart
Net om halfpad op te droog, oë steeds
Gevul
Met smart.

Die mensdom ly honger omdat
Die boorgate en fonteine opgedroog het.
Al wat boere nou kan red,
Is gebed.
Vee was eens op ’n tyd spekvet,
Maar met die droogte het die weiding
Verander in stof.
Bossies is nou net droë takke sonder ’n
Greintjie lewe,
Swak vee se lywe bewe.
Die hongerte onttrek die murg uit hul pype.

Families moet versorg word,
Maar met watse kos?
Hunkerend na ’n lewe vry van honger,
Staan trotse Suid-Afrikaners bymekaar,
Hoopvolle oë opgeslaan na die hemele,
Wagtend op die reën om die hongerstryd
Te kom verslaan.


 

Pieter Lübbe

Verlepte angelier

Verlepte angelier
teug-teug aan jou bier

dis die dwelms
dis die skelms
dis die donker skerms
van jou siel tot jou derms

soms die kurk
soms oopgedraai
plat, pateties en sommer poegaai

môre nuwe dag
wat jou dadelik inwag

bottel, papsak
probleme aanpak

armer, slegter
dít weet ek egter

verlepte angelier
teug-teug aan jou bier
sak-sak maar verder af
met jou rug teen die muur


 

Hadley Basson

Nog net een happie van jou sappigheid

My maag sing liedjies aanhoudelik soos ’n radio sonder grense.
Duidelik en hoorbaar ...
Selfs die ontvangsdame aanskou my met arendsoë.
Terwyl my dermpies bollemakiesie met mekaar baklei.
Dis asof stilte die spreekkamer betree het.
Pasiënte bekyk my onbeskaaf aan
Asof ’n gedruis van ’n geselskapklub in my maag ontstaan het.
Duidelik en hoorbaar ...
Skielik lus ek nou braaivleis met roosterbrood.
Hier val ek nou uit die pan in die vuur.
Toe die helpster my naam noem:
’n Ou honger windjie verlaat my agterstewe soos ’n atleet op ’n wedstryd.
Duidelik en hoorbaar ...
Dit het gevoel asof ek in ’n glas water verdwaal het.
Kos! Kos!
Dis al woorde wat ek geuiter het.


 

Bernice Saulse

Feesmaal vir my lover

Kom, proe
’n stukkie van my hart
En sluk dit af
met liefdessap


 

Johan de Jager

Eet van my woorde ...

Die kosbaarste lewensles wat voortvloei
is om woorde in goud te omskep,
Die diepe waarde van wysheid
is ’n ware wenresep

Soos koel waters in ’n droë dorsland
is ’n beker vol heilsaamheid,
’n bord gevul met omgee
en liefde soos soet konfyt

So staan daar dan geskryf,
’n stukkie droë brood, met vrede daarby
is veel beter as ’n huis vol disse
met groot getwis waar seer gedy

Voedsel is ook sieletaal
en raak ’n ontdekkingsreis,
inner- en uiterlik ’n geestesdis
verby aartappels, pampoen en vleis

Kom blaai dan deur my resepteboek
as ’n skatkis op jou pad,
dit is gevul met hartsbestanddele
Om so te bêre as ’n skat


 

Theolla Langenhoven

Ek is ’n provider

Dis past five innie môre, die eerste drom is buite.
Stoot my 2 m x 2 m- wit sak op four wheels nader:
soekend na treasures.
Om kousel aan my kinta te provide.

Ek sien myself as ’n groene.
An environmentalist on grassroot level.
Krap heeldag tussen parties, funeral-kosbakkies en kiembies –
vir plastic, bottels, kratte en bokse.

Maak dit met sorg en liefde skoon, vir die inweeg,
Want dis my loon.
Die Mandelas lê tussen my melkkanne en bra.
For safekeeping.

Terwyl ek met ’n smile na die spaza shop stap
met my shopping list: ’n brood, sakkie melk,
R5 se appels, blikke Lucky Star pilchards, pak kerse en my BB-tabak.
Dan gaan park ek my 2 m x 2 m virrie aand.

Want ek is ’n provider.


 

Jani van der Watt

Kos smaak anders as ’n mens hartseer is

Volgens my sielkundige –
"’n ongesonde hanteringsmeganisme".
Dit is glad niks nuuts vir my
om ongesond my te bevry.
Beter as om lem te vat,
vel te krap, vleis verbrand.

Dus vul ek die leemte met voedsel.
Maar net soos my geluk,
Bly die "vol" net tydelik.


 

David Bezuidenhout

Versadig of net bietjie verstop

Ag "fork"it man!
Smul jy ook aan ’n skaaptjoppie so nou en dan?
Jy eet hom sommer net-net so,
want so storie raak mos ’n totale "mes" teen die wang.

Deur die sweet van jou aangesig sal jy jou loon verdien.
Te veel kere word ons by die verkeerde tafel raakgesien.
Is Die Laaste Avondmaal waar jy jou wil voed,
of is dit by mense wie jou nie eers met ’n masker kan groet?

Merkwaardig.
Vervaardig.
Vals.
Vol van als.

Elke gram word deeglik ingeklop.
Insta"gram" is nou wat ons honger oë vensters verstop.
Weet jy hoe om ’n vasgestelde resep te lees,
of het Uber Eats klaar jou strokie gereed?

Kom ek maak jou nie heeltemal "bord".
Wat het jy in gedagte gehad, of het alles net ’n "leë-pil" geword?
LitNet ’n bietjie op,
ken jy werklik die verskil tussen versadig of net bietjie verstop?


 

Elsa-Nel Strauss

’n Smeltweg van sleg

Die soet smaak van sjokolade
Na die bitter hartseer; pyn
en die swaar van ewige verlies
Dis romerig in die kies
Maar niks meer nie.

Die soutsappige geur van braaivleis ...
dit smelt in die keel
maar die berge wat jou steek
verdamp nie ook af in jou keel.

Dit bly te veel om
te smelt in jou mond
En vir jou is die enigste skoonheid
In die oggendstond –
die lekker brekkie wat volg na jy wakkerword
Indien moeite en verdriet
nie ditself sal wegsmelt
Word sjokoladekoek en slaptjips
nou jou enigste held.

Opstaan en weer probeer is te veel van jou gevra
Dus besluit jy om nou net iets ligs en soets te dra
Toffies verlig jou hart
Al beteken dit ook jy verloor die tyd
Om te broei oor lewensinsig tussen die smart.

Daar is net een weg vorentoe en dit is boontoe – Boontoe
Al voel dit vir ’n oomblik beter –
soos jy nou hier sit en dink
Om in gesmelte roomys
En nie nog meer treur nie – te verdrink.


 

Stefan Jansen van Vuuren

Mamma maak kos vir Kersfees

Mamma maak kos vir Kersfees.
Hoender in die oond, bykosse reeds op die tafel.
Die vertrek is omring deur Kersfees-versierings
om die atmosfeer te skep.

Ek proe die speserye,
dit neem my terug na my kinderdae.
Mamma se lip-lek-lekker etes
En die stories wat aan tafel vir ons vertel is.

Mamma is in die kombuis,
ek staan langs haar.
Bewonder die wonderwerk in bewerking
’n Bekwame kos-kenner in werking

Ek vertel haar dat ek ook deel daarvan wil wees;
leer kook.
So vat sy my aan die hand
En wys my haar wêreld

Die aroma verwelkom my
En elke keer as ek eet
onthou ek haar
En alles wat sy my geleer het:

Oor kos
liefde
En lewe.


 

Dries van Heerden

Kersfeeskroniek

Na vele weke
se spaar, swoeg en sweet,
breek die Groot Dag aan.

’n Ster verlig die feestafel
met kleur en klank,
hol woorde wat luglangs sweef.
Melodieë meng God's lof en eer
oor tafels wat Kerskos weeg.
... maar die Goud-kind in die krip
skyn dof en half verweer.

Na eet en vele glase wyn,
volg erge sooibrand,
naarheid en luiheid,
onmin en grade van babelas.
Dan wonder mense soms
waar die God van Liefde was.


 

Marie van Rensburg

Die nuus om ag.

Beurtkrag! Beurtkrag! Beurtkrag! Dekselse beurtkrag.
... hier volg die nuus om ag.
Eindelik jip, eindelik brekfis op my se bêrrie bord
... vier bendelede gewelddadig op straathoek gewond
Ag damn, Ma … a …. a my eiers is ysig koud
... kragstasie buite werking sê Eskom is die fout.
Ma, my bacon is wragtig nog in sy maai in bloediglik rou.
... brand woed nog verbete en buite beheer in onse Parlementsgebou.
Ma, hierdie kasaterwater-koffie maak almal net kwater en kwater
... duisende mense al weke sonder drinkwater.
Fronsend staar Pa na sy brood wat smaak nes semellappe
... ondersoek word gedoen na duisende tienerswangerskappe
My maag draai rond soos ’n Vrystaatse daredevil
... ses wreed vermoor in ’n woonstel in Bothaville.
Tevrede, met goeie rede, vra ons met dikpensmae
... VREDE op aarde en vir die mens ’n welbehae.


 

Jerzy Koch

die meisiekind

daardie klein meisiekind uit sirië is
sonder water sonder kos sy leef nog en
ly terwyl die dae verbygaan en die honger
die nagte in sy krampgreep hou en wakker

haar ouers is by haar maar ook hulle
kan nie beweeg of help nie en bly steek
tussen die grense tussen die groen
uniforms van die twee partye

die skildwagte stoot en stamp hulle
van albei skeidslyne druk en du
dit na die ander onsigbare kant
van die laaste oerwoud van europa

die manskappe is ook christene maar nie
van die siries-ortodokse kerk nie die een
is oosters-ortodoks die ander rooms-katoliek
maar hulle is van hulle god af

wat na bewering die staatsgrens is
van pole en witrusland is eintlik ’n lyn
dun getrek in die brakkerige grond
tussen moraal en moord

die gebied hier is nie grys nie omdat daar
donker woude is of mistige moerasse
standhou in die kontreie wat god vergeet
het om in den beginne droog te lê

maar omdat regerings sê hul is moeg vir al
die onheil op die ondermaanse bowendien
dis winter en voor jy iemand vind word
die wye wêreld vinnig in duisternis gehul

hulle vergeet hoe vreet die honger in die donker
en dat dit winter word en koud maar hul
wag liewer tot dit begin sneeu dan is dit beter
om die lyke te bêre en makliker om uit te lê


 

Zelda Esterhuysen

Onthou se proe

Ek ruik jou in die knuswarmte van vars brood, die sagtheid versmelt in Illovo-stroop

Toe pak jy dit weg: toegedraai in sagte lap
nog klam geadem.

Die hele brood, netso
kompleet met korsies
ongesny

Jy sê jy wil wegloop

Jy broodmes
onverskillig
deur my hart
woordeloos

Geen getuies
merk die gemeenheid

Marokkaanse lamsbredie
met komyn en paprika
sag ingedut met
appelkose, pruime
en verdik met
amandellym:
dit was ons wennerdis

Toe trek jy na NZ
twee covidjare
smaakloos
reukloos
verlang ons
traanloos

Vriendskapspore toegewaai

Ouma wat ek nie kon ken,
hier is vir jou rolkoek sonder krake
met warm appelkooskonfyt
tuisgemaak:
jou resep in jou handskrif
geskryf in my hart


 

Hendrik Botha

Stroop

Gee my nog meer water, voedsel en son,
vir jou sou ek verdriedubbel as ek kon.
Maande lank deur die elemente stoei,
’n oorlewingsinstink om te bly groei.

Beskerm my teen hael, siektes en roof,
vir my klaagliedere is jou ore nie doof.
Oorgelewer aan die natuur se leer,
sien ek hoe jy vir my veg, koes en keur.

Voer my vet, ent my in en lei my nat,
sonder sekerheid oor wins om te vat.
Genade of geluk besluit maar self,
die tyd het gekom om dieper te delf.

Kyk hoe staan ek voor jou in al my prag,
al weer gereed vir stroop of pluk of slag.


 

Loretta Szikra

Oorvloed

Gesellig sit ons aan.
Dankbaar vir die feesmaal,
die oorvloed
en die hande wat dit voorberei het.

Die liggies op die kerstafel skitter.
Flikkers val op verglansde ham
en ’n sappige skaapboud
wat tussen vetmaak-smulkos
wag om verorber te word.

Maar teenstrydig met wat was,
sluk ek swaar vanjaar.
Die kos in my mond word dik
soos my denke droewig dwaal
na dié wat niks het nie;
wat haweloos en honger
hopeloos
na dooie drome staar
terwyl ek weet,
dit wat vandag hier mors
word môre hondekos …


 

Maryke Kitching

Kosmiese wanvoeding

Die mens benodig kos om te oorleef.
Dit is in ons basiese behoeftes verweef.
Maar wat kos dit die siel om na waarheid te streef
as die kostuum van onsekerheid aan ons denke vaskleef?

Ons staar na die ruimte op soek na kosmetiese antwoorde,
maar in werklikheid kyk ons terug na ’n kookprogram sonder woorde.
Die mensdom voed die betekenis van ons bestaan met hol akkoorde
en spoeg die kostelike sielskos uit ten koste van identiteitsmoorde.

Aristoteles se voedsame resep aan die magteloos
– om ons van emosionele hongersnood te troos –
kom in die vorm van eenvoud, geluk so broos:

om te wees as wese
                                                  is
                                                                        kosteloos.


 

Avril Julia Crouch

Ek en jy op die strate in Dromme-land …
(Opgedra aan straatkinders)

In Dromme-land sit ek en jy,
want ons weet kos is hier altyd vry
en ’n kosbare skat wat ons graag deel,
al voel dit soms of ons hiérdie kos ook steel.

Diep krap ons in vullisdromme vir oorskietkos en kyk kort-kort om –
honger en koud en bang vir die polisie wat om die draai vir óns kom,
want net in Dromme-land word straatkinders se magies effens gevul,
omdat mense ons as skelms sien wat hul om elke hoek en draai wil kul.

As straatkinders wens ons aand ná aand vir ’n lekker bord gekookte kos,
soos dáárdie kos en toebroodjies by die skool voor ons die skool móés los.
Ons verlang na Pa en Ma wat ons saans toegevou het in ’n warm kombers ...
nou is ons ouerloos, liefdeloos en kosloos onder ’n donker bos sonder kers.

Hier sit ons op die strate weens omstandighede oorgelaat aan ons eie lot –
wesies en swerwers in Dromme-land deur die wrede Covid-19-komplot
en uitgelewer aan genadelose landsleiers en ’n ongevoelige mensdom
wat glad nie omgee vir straatkinders wat op die strate kan omkom.
Dáárom swerf ons en slaap ons nog op die strate in Dromme-land,
want hier kan ons nog krap vir kos en bakhand bedel vir ’n rand!


 

Mariena Stander

Kosmologie

Ek, die kosmograaf van my koskas
loer suutjies by sy kosyn verby.
’n Kosbare oomblik waar koshuiskos
my geheue deurdring ...

Van kosmakery weet ek taamlik min,
maar kosmeties kan die avokadopeer
wonders aan my gesig aanbring.


 

Marcelle Petzer

Die ewige verderf

Die sappigste melktert wat sag oor my tong rol
Soet en romerig slaan hy daai kol
Die souserige koeksister wat drip op my ken
Sal ek nog Mej SA wen?
My tong speel met die koue sagtheid van die pienk roomys in my droom
Skynheilig vermy ek die geklitste room

Die stryd in my kop laat my maag draai
Ten minste voel ek nou so maer soos ’n kraai
Tot môre in my diepste alleenste spasie
Vergryp ek my dalk weer aan ’n kasie.
Die honger ruk my maag uit
Hoe lank kan ek aangaan voor die ewige spyt
Hierdie ander mens hier binne-in my
Hou uit tot op ’n punt, dan wil sy vry
Die spyt en die seer na die binge
sal die skindermedia laat cringe

Ek vee die spoeg af om die gal uit te wis
Miskien sal die mense die suur reuk mis
Tande borsel voor hulle ruik
Onvergenoegd is my leë buik
Twee dae hou ek uit, met
mengelslaai en water
Die demoniese hongerte kom eers later.
Ek voel so goed, twee kilo’s af.
Die monster lê dormant en wag.


 

Jeffrey "Oarasib" Hartzenberg

Vir die siel

Vertroos my siel soos woorde
in die tong van akkoorde

Woorde is soos die toonbeeld
wat stil jou honger onverdeeld

Gevul word jy deur troos
in frases wat jou nie behou boos

Al die bogenoemdes herinner jou aan voedsel
soos die siel versadig word in sinne in elke proesel.


 

Susan Smuts

Emigrasie-hongersnood

Twee vriende verskyn uit die wilde wind
hul wis hoe donker mis ek ieder kind
die wyn bloedrooi by feesmaal en kers
hul omgee omarm met sorg en ’n vers
In die gloed van saamwees en brood
smelt my weemoed en verlate nood.


 

Lee-Anne Cornelius

Voedsel vir die siel

Dit is sommer lekker om kos te eet
Somkeer help dit om jou sorge te vergeet
Kos is goed vir die liggaam
En beter te eet met familie saam

Alhoewel daar so baie voordele in kos is
Kos soos hoender, groente en vis
Aartappels, rys en selfs spinasie en kool
Die kosse help jou groei van kop to sool

Daar is wel ’n tekort aan kos in baie lande
Mense geboei deur armoede se bande
Kos voed die mensdom se hart en brein
En verbeter hongersnood se lot en pyn


 

Benito Trollip

met ’n sop-sop hier

’n dunnerige-bruin-dikkerige warmte, ’n vleiserige, waterige poging
        plek-plek romerig, terstond verrassings en nog
        plek-plek teleurstellings wat my mond brand
’n brand-swets-vloekerigheid volg. wie kan anders
as om te ... wag! ... anders as om dankbaar te slurp
        aan die nieamptelike dis van siekes
in ’n honger heelal waar warmte ’n aandoening of pure
        smullekkerte is. keer my of ek eet
die hele pot op, ma! Maar ma, sop
in hierdie somer? My seun, troos is altyd enige sop soggens om
                          elf


 

Renette Symington

Die maaltyd

Lewe is ’n groot, ongesonde bord kos.

Iets wat ek amper teen my wil in my kieste prop om nie ongeskik voor te kom nie.
Ek prop en stop tot ek trommeldik en ongemaklik voel.

Ek vervreet my aan my werk, soos aan olierige skyfies.
Depressie en angs bekruip my soos die suiker in my tannie se Kersfeeskoekstruif.
Verwagtinge en teleurstelling rol my rond soos ’n Sondagfrikkadel in die rys se sous.
Wat sal ek kies tussen pasta en pastei? Ag, sommer albei. Hoekom skei as ek in ’n ongesonde huwelik kan bly?

Soms word daar vír my geskep, ek kan nie kies nie.
Sal ek iets sê?
Sal ek dit skree?

Nee, ek vreet my woorde op, sonder om te kou en sluk dit heel in om die smaak daarvan effens te verbloem.

Enigiets om tog net nie ongeskik voor te kom nie.


 

Andries Breytenbach

’n Feesmaal vir kinders

Gehurk om die swart pot,
sit hulle in ’n kring.
Pa-goed het weer meel gebring!

In glimlagte wys wit tandjies.
Gewoond aan honger,
brei gretige bruin handjies
die wit krummelpap.

Dis tik in die sousie en hap,
tik in die sousie en hap.
Die poetoe is ’n feesmaal,
die sinkkaia word ’n banketsaal.

Hierna is dit verby
tot pa-goed êrens weer
’n los skroppie kry.


 

Esmé Dercksen

Die onversadigbare gat

Ek loop deur die gang;
Die kamers van my hart
Gevul met lag en leed en lief en smart.

Ek stop hierdie honger
Wat hier diep in my bruis,
Met elke stuk brood en koek
In hierdie huis.

Ek gryp na die brood en die wyn van die lewe
Met hande wat soos ’n alkoholis s’n bewe.

Ek honger, ek dors, ek smag
Na ’n lewe wat verdwyn het laas nag.

Die slang het sy gif in my ma ingespoeg
En my hele wese het geskree "Dis genoeg!"

Nou eet en drink ek hierdie diep gat vol
Maar ek het nêrens waarheen my seer siel kan hol.

Ek verdrink in hierdie maalkolk
Van weergalmende gille!
Gedagtes en denke aan ’n onversadigbare
Smagting na die vrugte;
die skille wat van my oë afdop ...

’n Neutedop ...
My lewe in ’n neutedop ...

Ouma het geglo aan hoendersop.

Maar selfs haar boereraat
Kan nie die slang se gif in my matriarg
Se verhongerde, verwronge liggaam stuit nie.

Nie eers mamma se boerebeskuit nie.
Al skyn die son op die boerestoep terwyl ek teug aan dit wat my Afrikanersiel voor roep ...

Bly die gat onveranderd.
Diep. Donker. Onversadigbaar.


 

Leonita Coutts

Hunkerende siel...

Voedingsmaal – gedeeltelik vertroostend en dalk vernuwend, maar so kortstondig.
Sielswroegend ... swoegend, soos my liggaam hunker, so hunker my siel.
Want die donker wat in my skuil ... my besoedel en vervuil, kan nie gestil word deur jou!

Soos die dag verander na nag ... so voorsien jy my van krag.
Maar jy faal my! Wat is die doel van hierdie tango as jy my halfhartig dien, nie in my siel kan sien?
Soekend en mistroostig ...
Want ek sit by jou tafel, maar jy voed net die deel wat ek aan jou weerspieël.

My hart bly dus donker, die kamers gehul in duister... Soekend is ek, terwyl ek fluister – "Red my."
Dus moet ek besluit, gee ek jou die genot om my te vul terwyl die reën teen my hart se venster val.
Óf stop ek hierdie tango ... sonder ritme, sonder passie – ’n nodelose "one man show" ...


 

Machtilt de Beer

Straatkind

hier op my laslappie-pad vol gate,
waar ek elke dag moet loop, sien ek ’n
straatkind se droom en ’n straatkind se hoop
net vir ’n stukkie brood, sy naam is job,
met sy voete kaal en sy ogies groot

job kan nie lees of skryf, daar’s
niemand om sy ruggie warm te vryf, ’n
roomys te deel of ’n soentjie te steel,
te veel stukkende harte en gebroke
drome in hierdie laslappie-land van my

in my laslappie-hart moet ek leef
en laat leef, honger ogies en leë
magies, die winters is koud en die
sonnetjie skaars, ’n bedelhandjie wat
vra vir ou gelapte klere om te dra

so waar as ek lewe, ek vra vir
waar-word-drome, vir harte heel, ’n
Afrikason in my laslappie-land
waar jy en ek wil bly, hy sorg vir
die boemelaar onder die brug en
elke voëltjie in die lug,
hy sorg vir die jobs van ons
wêreld en ook vir jou en my


 

Aangebied in samewerking met die

The post Eet my woorde: Inskrywings (4) appeared first on LitNet.

Eet my woorde: Inskrywings (5)

$
0
0

Hier is die vyfde groep inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Eet my woorde" ontvang is. Die kompetisie sluit op 21 Januarie 2022.

Klik hier vir die volledige kompetisie-inligting.

..........

Inskrywings word chronologies geplaas in die volgorde waarin LitNet dit ontvang het.

Die volgende mense se inskrywings verskyn op hierdie blad:

Dolla Lerm Marissa Fourie Jo-Marie Erasmus Farrah Hartung
Marianne Buys Daleen Venter Yolanda Scherer Alecia Hattingh
Corné Lottering Heidi Kleinhans Veronica Williams Hennie Schutte
Nicolette Steel Riaan Conradie Jorja van Niekerk Ciska Duraan
Stephanie Smith Annabella Coetzee Mariana Holtzhausen Tanya Coetzer
Johan Eloff Gerda Taljaard Lisa Schwartz Madelie Broodryk
Sunita Keyser Liza Vermaak Hester Steenkamp Melody de Winnaar
Jan Schaafsma Lynette Vorster Roelien Geyser Estelle Diederiks
Renette Vosloo Estella Mouton Ernie Mellet Liezel Hanekom
Lizaan van Heerden Marietha Moolman Christelle Truter Christo Meyer

Dolla Lerm

Skepsels bon appétit

I

Keuses à la carte
so aards so ongeduldig so onopgevoed tap gekaapte sap uit gifappel terug in skaapvelsap

pogings van ontsnap sluimer in millenniums se aftap steeds gekrom ontvorm dronkstom

Met die uiterlike versterk spring die innerlike aan die werk om die begenadigde te versadig en as besadigde nou met behae van nugterheid, waardes opgedis te merk

II

Stewig lê die gans verdik en meer verstik in sleurhonger vangstrik se verkwik, voel verdrukking die knuppeldik se verruk as vergrype na eie tuingronde die dwaalmaal verklik.

Baie brawe bye hou van blomme, zoem vir nektar opgewonde in tonne tog verdeeld gebonde die wegvoer na eie lushof tonnel waar werkers hommel

ander skreeu o' die sonde ... ruk dit tog uit gesonde monde maar val self oor groen grondboongronde.

III

Verslete sweef die wete van die wees wat nie sy waarde ag na liggaam en vlees ...

Vergete hierdie gees wat nie vaardig groei bloei en snoei om as voldoende, weer volledig te wees ...

Vergeefs die eter wat sloer in oorbrugbare sintuiglike beurse wat oor vleis koer en na mampoer loer.

IV

As wysheid in ondenkbare dieptes van voorkennis manifesteer om wanvoeding te probeer hanteer beheer en genees.

In konteks van my neokorteks gekoeksister, stry die indeks van my daaglikse spyskaart teen vergrype se aard
want ek weet my woorde sal ek telkens weer moet eet

Met my geleerde reënboogkleurvrugte draai ek my rug op vlug, weg van die oorvloedstafel, verder weg van die verdomde verdoemde verbode vrug.


 

Marissa Fourie

Janus

In die see van swaarkry
weergalm honger waarheid.
Bakhande en rasende blikke gebleik
– hul hoop vir die toekoms geyk.

Niemand is mos verkeerd
behalwe almal wat begeer.
Maar nee, dis korrupsie se wurggreep
vermors en vermink, hoe kan ons vergeet?

Moenie die hand byt wat jou volvoer nie;
as jy net sou afkyk, sou jy sien
jy’t reeds jou eie polse afgekou.


 

Jo-Marie Erasmus

Koue liefde

Maer staan jy daar teen die muur
met nuwe verwagting oor die inhoud van die uur.
Wat bring die Spreuke-hande na jou toe vandag?
Wat lê in die holte van die enkele plastieksak?

Maer sit ek hier op my stoel,
versadig en vervul met jou lewensdoel.
Eet en vreet, het my bedkas-boek geweet,
is die vreugde van ons swoeg en sweet.

Soms is jy stil maar soms lewe jy hier,
in die hoek van my woning, my wittebrood-plesier.
My kameraad,
my blinkvos-blik.
My yskas, oor my beskik.

In vertroue is jy altyd aan diens,
vir wanneer die wegneemetes my vernietig tot weersiens.
My koue liefde en betroubare vriend,
dankie vir jou bystand, soms onverdiend.

Enkellopend loop ons saam
en loop sal ons loop tot die gas vergaan.


 

Farrah Hartung

Bedel op straat

Ek krimp ineen
Dit maak my lam van kop tot been
Die pyn onbeheerslik
Dié soort lewe is vreeslik
Geen geld, geen werk
As moeder bly jy sterk

Die mense staar en kyk jou kwaad
Vir hul lyk jy so verward
Hul voel jy moet net ’n werkie kry
Probeer, telkemale, glo my!
Krampe wat my gryp na my maag
Die hongerte hou nooit op knaag

Die kinders by die huis huil en hoop
Mamma kom dalk huis toe met brood
Dis nie asof ek hier wil staan
Maar waarheen moet ek tog heen gaan
Iemand moet die honger stil
Al is dit vir my kinders wat van dit gil.


 

Marianne Buys

Smaak se tintel

tafels wat swaar kreun
geurig kleurvol gedek
aromas wat sintuie terg
geregte laat die tong tintel

vrugte in blomfigure gekerf
heldergeel, rooi en groen
waaier-palmboom pryk
uitlokkend op houtbord

gaste skep borde vol
’n maaltyd saam te geniet
verhoudings weer innig gesmee
rondom tafels van feestelikheid

voedsel keurig voorberei
spreek van omgee en liefde
maak leë harte mildelik vol
bevestig saamwees se innig

feestelikhede se kroon
borde vol soet en sout
deel van vreug en leed
kos samesyn se gom


 

Daleen Venter

Twintig en twintig een

Twintig twintig en twintig een
die samesyn van kaas en wyn het verdwyn.

Om myself te weerhou van saamlag en kou
saam met jou ...
laat ’n hongerte in my wat als wegvreet
en my los met net die grate van onthou.

Dae en maande van wag en terughou
"Be safe" is wys.
Een jaar nou twee, ek kan nie meer
Daar is geen keer.

Ek oorvreet my aan die interaksie
saam met jou en die dood.

Die doderyk, onversadigbaar sit en wag
sluk ons in dae na mekaar.
Nou ewig saam sit ons aan
Die Bruilofsmaal.


 

Yolanda Scherer

Wat eet ek, Here?

"U berei ’n tafel voor my aangesig ..."

So refrein die belofte van voorsiening deur my kop;

"U berei ’n tafel VOOR my aangesig ..."

                   Maar wat eet EK Here?

Is dit die fyn maal van saggekookte lam met aartappels en wit rys,
Met soet pampoen en fyngedrukte groenboontjies met ’n groot skep botter in,
Soos my ma en my ouma voor haar dit kon maak ...
Saam met die lekkerte van saamsit om die groot houttafel met al die ooms en tannies en niggies en nefies, boeties en sussies

Terwyl ’n omgee-maaltyd geniet word?

Of is dit ’n voorbereide tafel met vreemde teksture en uitlandse smake en kulture?
Iets soos basil pesto, songedroogde tamaties in olyfolie, ontpitte olywe met platbrood en gevulde pimiento’s
By ’n tafel waar kulture bymekaarkom en brood met die hand gebreek word en aangegee word met ’n glas verouderde rooiwyn ...
Met ringe en armbande en stemme wat klingel en die kerslig ’n riel dans teen die mure en in vurige oë ...

"U berei ’n tafel voor my aangesig ..."

Here, is dit gister se brood van onvergewensgesindheid
Wat in gal gedoop is
Wat ek vanaand eet?
Of dalk die ou brood van hartseer en verdriet wat vanaand in ’n louwarm souterige sop gedoop word?
Brood wat nog nie oud genoeg is om weggegooi te word nie, maar waaraan mens ’n paar keer druk om te voel of dit nog vir nou se sop sal werk?
Solank dit nog nie muf op het nie ... bygesê!

"U berei ’n tafel voor my aangesig ..."
Dawid sê nie wat op die tafel voorgesit word nie, wat hy wel se is ... "teenoor my teëstanders ..."

                    Ek moet kies wat ek wil eet

Vredeskos,
            liefdeskos,
                         vrugte van die gees,
Olyfolie om my hart te salf

Of die galsterige bitterheid met
Klipharde brood en suur gegiste wyn
met vetterige taai vleis sonder kruie
Wat mens moeg maak vir kou
En lui maak vir omgee

Ons is wat ons eet

"U berei ’n tafel voor my aangesig, teenoor my teëstanders (my issues)
My beker loop oor!"


 

Alecia Hattingh

Skinder

Jou woorde maak my leeg,
ek voel hoe ek krepeer.
Die wêreld is besig om te sterwe,
ja dis erger met die bedorwes
Hulle maak soos hul wil,
spat woorde uit links en regs uit gemoedsverskil
Niemand verstaan die eintlike saak
Van lewensbelangrike lesse
uit jou kombuiskaste se messe
Steek geliefdes in die rug,
vriende raak verlam uit jou nuusberig
Hoe jy skinder en hul beswadder, om uit te praat is mos jou plig
Nee weg met jou, jou onverskillige mens
Weet jy dan nie ons almal het ’n hart, het ’n wens
Om mooi woorde te hoor,
dis ons sielslied, ons jubelkoor
Wat jy nou met jou stories verniel
Eet jou woorde, dis gif in almal anders se mond
Word siek van jou eie swart hart,
ek hoop jy leer daaruit en word weer gesond


 

Corné Lottering

Versadig en dankbaar

Tong, boud, kalkoen, gammon
en somme nog klomp anne vleise, slaaie en kosse
met name bó my vuurmaakplek
maak ’n mengelmoes reuke buite
want môre is Christmas
en op Oukersdag is ons almal chefs
onse mense hou mos van lekke eet.

In my eenvertrek-wendyhuis
is die stoof leeg
(kon weer nie die maand die gas volmaak)
maar at least is daar polony in die yskas
so môre; wanneer die rykmanskosreuke
hulle by al die splete en krake in my plankmure inwurm
en my reuksintuig oorweldig
sal ek smaaklik sit en eet aan my ou getroue polony.


 

Heidi Kleinhans

Sielskos

Dis ’n donker tyd
en dit bly ’n donker tyd
en ma – vergewe my,
wees lief vir my

Ek kan myself nie
vergewe nie.
Wees lief vir my, ma.
Vergewe my,
Ek soek kos,
kos vir my siel.

Vir 21 jaar het ek my oorwerk.
Soms het ek
gaan sit in die kerk

Vir 40 jaar wandel ek die aarde
en soek ek ...
ek soek kos vir my siel.

Ek het my selfrespek begrawe en my seer met drank probeer lawe

En ek weet nou en besef dat drank nie kos is vir ’n siel

Maar die skade is gedoen en ek is verniel

Verniel
Myself verniel

Mamma en ek kry so skaam
elke keer wanneer ek
voor ’n spieël staan

en my waarheid moet erken,
ek kan nie meer.

Ek wandel, alleen
soos ek verkies,
op soek na kos vir
my siel
en kyk ek in die spieël en sien wie
het die mens verniel.


 

Veronica Williams

Krummels innie koskas

Jou oë sink diep weg in jou kop
en jou wange is hol van hongerte
en jou maag skrie op pad
skool toe, huis toe, kooi toe
kaalvoet innie reën en harde gras

Ma, ek is honger sê Davy Meisie Lennie
Jonny Sanna (ekke) Lisbit en Georgie.

Ma skrie Sanna! loep koep vi' my groceries
oppie boekie
by Bai se winkel oppie hoekie
in Francisstraat D6 nineteen fifty nine

Vrek honger krap ek innie koskas
net krummels, ’n kokkerot en een sad-looking korsie
hard soos ou toast maarit issie toastie.
maak soos ’n haas en vriet liewerste gras!

Sanna (ekke) iet maarie korsie
en suinag is my naam!
ek iet krummeltjie vi' krummeltjie
wanit moet lank hou tot venaand.

Ek droom van regte toast ’n jêm ’n tea na skool
of sopbene-kos met ’n lang sous
lat Ma, Pa, Davy, Meisie, Lennie, ensovoorts
ammal kan iet van een blikkie baked beans

Miskien Sondag braaihoender
en Sanna (ekke) is gelukkig sy kry die wishbone.
jong, ek wens tot ek blou innie gesig is.

Krismis trim ôs die dining room
met crinkle paper en sterretjies
en ballonne en engeltjies
en Boeta Aram ve'tel vi' ammal
"Kyk! Ôs is arm, ma' darem!"

Ek dink miskien eendag ... eendag ... darem ...

Toe kom eendag darem en Sanna (ekke) eet –
skool is klaar, holwange is klaar,
kaalvoete is klaar, kollege is klaar
gras onner my voete is groen!

nou wiet djy hoe lekker smaak
tempura prawns innie One&Only?


 

Hennie Schutte

Soos ’n vark op ’n ashoop

Hier waar ek nou sit en huil en dink
Terwyl ek vuil bruin water uit ’n boombas drink
Geen meisie sal ooit van my hou
Ek is sulke arm, verwaarloosde ou

Glad nie nooit is ek tevrede
Met my kos en met my hede
My gesin se kos is vuil, gemuf en vrot
Meestal proe dit soos ’n vrot dooie rot

Dit proe soos afval op ’n ashoop
Al het ons soms vyf sent om iets varser te koop
My ma sê die groente en vrugte is darem gesond
Daarom gee ek dit nooit vir my verbeeldingshond

Vars kos het ons so selde
Ons stoor dit in lang gras in die velde
In die oggend is die vleis vol sand en vlieë
Nee, ek het nie eens krag on daaroor te huil en skree


 

Nicolette Steel

"The bravest thing that you can ever do, is to say what you don’t want"
– Brené Brown

Daar is ’n dun lyn tussen dapperheid en eerlikheid.
Tussen eerlikheid en arrogansie.
Tussen arrogansie en standpunt inneem.
Tussen Jan Rap in die media verneder oor koninklike protokol wat nie gevolg is nie en in dieselfde straat gaan slaap Jan Rap se maat leë maag.

Vyf belowende sterre teen die hotelmuur.
Een daarvan skitter dof.

Netjies en skoon, skitter ’n hotelster dof.
Onbeskof.
Uitbytery.
Kwarantynpakket.
Smaakloos.
Glinster die res.

Vyf dae verpligtende kwarantyn teen ’n fooi genoeg om ’n gesin ’n kwartaal lank aan die lewe te hou.

Een porsie rys is genoeg vir ’n ryk gesin van vyf.
Hoenderstukke wreed opgekap, wit gekook bo-op een groen jalapeno.
Oneetbaar.

Vir Jan Rap se maat ’n koningsmaal.
Aan die ander kant, vernederend teen ’n hoë prys.

Daar is ’n dun lyn tussen die besef van hongersnood en die besluit om aan te dring op ’n maaltyd "fit for the fee".

Wanneer dring jy aan op ’n maaltyd regverdig geweeg teen ’n prys?

Ek betaal hiervoor.
Woorde met gewig.
’n Sin met peinsende besef.

Daar is ’n dun lyn tussen honger ly en onbeskaamd uitgebyt word.

Dapperheid maak dat ek sê die maaltyd regverdig nie die prys nie.
Dapper wees se rimpeleffek sit nie lekker op die besef van my binnemenslyf nie.


 

Riaan Conradie

Ek eet jou woorde

vreet vreet alles opvreet
jou woorde inkluis sal ek ook eet
uit jou mond steel ek jou stem
jou maagkramppyne is vir my eie gewin

in die donkerte is ek die plaag
wat groei in die hol kol van jou maag
jy maak my stil maar ek kom weer
om jou van binne te verteer

ek knibbel jou hier en knaag jou daar
vir ’n wyle langer sal ek jou spaar
van ver hou die wêreld jou fyn dop
en kyk hoe blaas ek jou magie op

vreet vreet alles opvreet
jou woorde inkluis sal ek ook eet
uit jou mond steel ek jou stem
saam sal ons sterf, maar ek sal wen


 

Jorja van Niekerk

Die uitgehongerde ideaal

Die warrelwind ruk deur my derms,
die stem in my brein baklei al weer.
’n touspring tussen wakker bly en dood
wat waai by die deur.

"Net ’n happie," smeek my gedagtes.
My bene voel lam, my oë val plat.
Hulle soebat maar hulle lieg.
Gee ek in dan skel hulle my sat.

Klippe lê op my bors,
Leegte trek deur my lyf.
’n dunner kompleksie, ’n uitgeskulpte gesig
is wat ek na toe dryf.

Die naarheid sak in met geweld
en sterretjies verdof my visie.
Deur sal ek druk,
want ek het geen "kondisie".

Die reuk van vars vetkoek
hang soos walle in die lug.
Alles binne my skreeu vir kos
maar perfeksie is my plig.

Die gevreesde vraag val dood teen my ore.
"Is jy honger, my kind?"
Natuurlik ja, antwoord ek innerlik
maar my mond is toegebind.


 

Ciska Duraan

Vakansie

Moerkoffie en ouma se boerebeskuit
Bacon, eiers en vars witbrood
Katjiebotter en stroop
Cream Soda met baie ys
King Cones en KitKat
Koerantpapier- vis en slaptjips
Kaas-en-tamatie-broodjies
Spookasem en melkskommels
Skaapboud en groenboontjies
Malvapoeding met roomys
Stywepap en sous
Skaaptjoppies met braaisout
Braaibroodjies en Savanna Loco
Aartappels in foelie en knoffelbrood
Ma se gin en tonic
Pa se brannas en Coke


 

Stephanie Smith

Smaaklike herinneringe

Ek wil weer ’n kind wees
wat lekkers eet en boeke lees,
wat met my ouma winkels toe loop
om Checkers se koekies te koop.

Vat my terug na kindwees
wat partytjies hou
en vir ’n week lank saam met my ma
die lekkers aanmekaar bou
– dat dit soos karretjies en prinsessies lyk –
en kolwyntjies bak wat lekker ruik.

Ek wil weer ’n middernagfees
op ’n kermisbed hou
waar ons Disney-video's kyk
en aan Ghost Pops kou
en groen en pers gaskoeldrank drink ...
sonder om aan siektes te dink.

Vat my terug na my ouma
wat piesangs-met-stroop braai
of hoenderboudjies met ’n komkommerslaai.
Ek wil weer fietsry na die winkel oppie hoek
vir vis en tjips
(toegedraai in ’n bruinpapierdoek).

Vat my na die skool se snoepie
waar ek pouse lank staan
en die skoolklok nie hoor roep nie
           vir ’n Wilson's-toffie
                    en ’n Fizz Pop-suigstokkie
of sherbet wat my mond rooi vlek
en my droë lippe gee, van al die suiker aflek.

Vat my terug na moerbeibome en granate ...
wat ons pluk en eet en mekaar spoeg met die sade.
Vat my terug na die NG Kerkbasaar
vir gemengde jelliepoedings en pannekoek gaar
                 en kerrie en rys
en die reuk van anys.

Kindwees was pret
maar nou soek ek net my bed,
want ek is volwasse – en ernstig verby,
oor gesondheid en vars groente sny,
want Google-diëte doen hulle rondte
en ongesonde kos gee mens bloedklonte!

Maar wat ek het is herinneringe so      smaaklik
van kos en kuier (en kindwees, hoofsaaklik).
Ek het altyd so lekker geëet en lag
– sonder skuldgevoelens in die nag –

Maar nou het Netflix vir my geleer
dat diere eet moet jy definitief keer,
want hulle verdien om asem te haal
– hulle praat selfs hulle eie taal!
         Keto sê weer BROOD is sleg
            net ROOIVLEIS eet is reg.
Banting belowe dat VET is goed
maar vermy tog enige iets SOET.
     Fasting wil hê jy moet kos vermy
want dán is jou liggaam eers oukei ...
en ons almal weet MSG gee jou kanker
net ORGANIES is jou anker!

Maar noudat ek my eie kindjies het,
wil ek hulle uit die skuldgevoelens red
want ek weet nou lewe is té kort
vir geen soetigheid op jou bord.
         Want om alles te vermy
is daar geen smaaklike herinneringe
wat    by   jou    kan   bly.


 

Annabella Coetzee

Bitterbekkie bid

Woorde val en spring rond in my mond
soos springmielies op die grond

Ek byt die wrede woorde stukkend
My bitterbekkie bid
Ek proe soet-suur herinneringe
Ek verteer die hartseer woorde
wat rond en bont lê in my siel
Pyn verniel

Verlore woorde
 wat ek met trane optel
 skommel en spring
 en rol nou
bollemakiesie in my kop

Halsoorkop verlief

Soetste gedagtes word met teer woorde geklee
georden om my liefde vir jou te gee

Jy is terug
Jou soet soene smaak soos stroop
wat my honger siel wil stil
Ek het jou lief
Soos God se wil


 

Mariana Holtzhausen

Voedsel vir die siel

Sodra dinge moeilik gaan in ons lewe, of wanneer ons hartseer, ongelukkig of bang voel, hunker ons na trooskos en wil dan bewe.

Ons stop ons vol allerhande eetgoed. Sommer enigiets wat voorkom. Selfs soetgoed.

Solank ons net kan kou en sluk. Iets soek vir geluk.

Eintlik rig ons net meer skade. En prop ons vol van skanse.

In plaas van beter voel, voel ons net slegter en omdat ons slegter voel eet ons meer en omdat ons meer eet voel ons erger

So kringloop die hele proses in ’n soort sooibrand wat jou van binne af opvreet en jou laat met ’n groter brand.

’n Seer en leegheid; nietig en die trooskos word die gif waarmee ons onsself uiteindelik vernietig.

Maar daar is ’n ander soort voedsel wat ons van binne af genees.
Die voedsel wat ons verkry van die Heilige Gees.

Dis gratis en verniet. Dit ontneem ons van ons verdriet.

Al wat ons moet doen, is om te vra en Hy sal jou op Sy hande dra.

Ons word genooi om te kom aansit by die feesmaal en te eet soveel ons wil.

Hierdie kos genees en vul die hongerpyne van seer en smart.
Hierdie kos is lig op die gemoed en strelend vir die hart.

Jy sal nie weer hunker na trooskos maar sal smag na die dors en troos vind op Sy bors.

Dis manna, dis kos uit die hemel, dis voedsel vir ons siel en sal jou gemoed nie verder verniel.


 

Tanya Coetzer

Die tafels weet

Warm melktert-aromas sweef deur die lug
Om die mooiste versierde huis teen die kus
Ouma Tienie se geregte, ’n bakkerykoek
Voorgereg, hoofgereg, ietsie stroopsoet
Tien koppe buig, twintig oë sluit
’n innige danksê net voor die maaltyd
Oor die kosborde klink sjampanjeglase
Op ’n nuwe jaar, en vriendeliker base!

Elders op die platteland ruik die lug na varsgebakte potbrood
Onder die deur is ’n briefie aan Kersvader geskryf in potlood
Pa en ma werk hard vir die beste Kerstyd
’n enkele broodjie met die rooiste konfyt
Vier koppe buig, agt hande sluit die bond
’n dankbare lied vir die goud in die mond
Oor die kosborde klink lagklanke en stories oor die verlede
Op ’n nuwe jaar, vol seën en beantwoorde gebede!

Elke huis het sy kruis met eie olifante wat hul ook maar stukkie vir stukkie moet eet
Dis vasbyt en raakbyt, maar die waarde van samekoms bly ongemeet

Die etes neem in, die tafels weet
Hoe dikwels dan die mens vergeet
Dat alhoewel die etensklokke nie in elke huis dieselfde lui nie
En almal nie dieselfde kos in hul borde kan kry nie
Was en sal maaltye altyd steeds
Die sentraalpunt van saamkoms wees

Die etes neem in, die tafels weet
Dat kos verenig, herenig, en welkom heet
Soos net níks anders kan nie


 

Johan Eloff

Sielskos

Stilswye, die knaag aan hartswande
Soos hongersnood knaag aan jou krag
In sy woorde, slaan sy haar tande
Sy't lank genoeg daarvoor moes wag

Soetsappig, sy smeulende skrewe
Haar mond word dor soos sy lees
Haar binneste smag en dit bewe
Sy woorde, soos kos vir haar gees

Ontbyt is sy "Môresê"-woorde
Belangrikste deel van haar dag
Sy boodskap vanuit alle oorde
Die kos waarna sy daagliks smag

Haar middagmaal is ’n hartjie
Om haar te laat weet sy's gemis
Dis soet oor haar siel soos ’n nartjie
Peuselry, wat sy opraap beslis

Aandete vir twee word gewissel
By foonskermlig in die nag
Hul voer mekaar met liefkosing
En soms laat hy haar bietjie lag

Die liefde, nes lyf, kort soms voeding
Al is dit ’n langafstandmaal
"Gesonde verhouding"-vergoeding
Die maal word met "wegwees" betaal

Dis vreemd hoe gou mens kan vol raak
Van ander se feesmaal-gesels
En hoe onbehoorlik jy vet word
As hulle jou daarmee omhels

Maak seker jy smul aan hul woorde
Maak seker jou honger's geblus
Klets terug in jubel-akkoorde
Want net môre is jy dalk wéér lus

Wees dankbaar jy't nagereg-kelkies
Wees dankbaar jy eet nie alleen
Daar's ander wat smag na geselsies
Wat sal smul, aan jóú "weggooi"-been


 

Gerda Taljaard

proe die nag

om middernag baai sy
in die yskas se vriend’lik lig
glansend oor haar gesig
en oor die parmaham
en agurkies en amandelvla
en appeltert en dadels
alles uitgepak op die tafel

want waar sal haar hulp
vandaan kom, terwyl haar man
en die kinders slaap, kou sy
’n kanaal oop deur jare se koue
seks, kantoorwerk en kerk
tot in Milaan en Amsterdam
waar sy ’n ander lewe smaak
in kroeë, bistro’s en koffiehuise

en die eksotiese drank en spyse
van ’n minnares se rype lyf


 

Lisa Schwartz

Flirt

Losklos
bietjie-baie besembos
ek smaak jou kos!
sopnat
soetpatat!
snoek en hoender
oopgevlek
lippe-lek.

Olie-kruie-spesery.
My lief, ek like die spel-
ery!
Smeer.
Klits.
Soteer.
En so meer ...

Daar kom die Alibama
my poeding, my pie,
hy kom om te (l)aai!
Wie's jou muse?!
My chef.
No excuse!

Soetkoekie.
My eie
Resepteboekie.
Craving jou muis –
Ek's amper tuis.


 

Madelie Broodryk

Die lang pad

Elke oggend as opstaan – wens ek ek was al dood.
Daar is niks om te eet nie – net ’n klein stukkie brood.

Die lang pad vir vandag begin al weer –
jy word sleggesê keer op keer
’n Piesangskil, ’n leë sak ...
Wat kan ek vandag in my sak pak?

’n Twee rand word vir my gegee.
Ek moet dit eintlik aan iets nuttigs bestee.
Dan dink ek terug aan my dogtertjie by die huis,
waar ons elke dag geslaan word met die vuis.

Die paar goedjies wat ek uit die trashcans kon kry,
weet ek moet my verbly.
Die glimlag toe ek by die huis kom is vol hoop:
sy gee nie om nie – my poppie van die ashoop.

Dis laat die aand en vuil hande kom tot rus.
Die lang pad van armoede het my uiteindelik aan die slaap gesus.


 

Sunita Keyser

spys

dit bot en stulp
my woorde eet
van die alfabet se spys
bring lote na vore
skep strofes
groei sinne
wat uit die vrugbeginsel rys
die abc van skryf
letter vir letter
rondgeskommel
om te verorber
te vul en versadig
eet dan my woorde
’n klein voorgereg
op die spyskaart
van oneindigheid
lees om te weet
dat die stom honger kan stil
met die eetmaal wat digters bring


 

Liza Vermaak

Sielskos-mense

Kom ons raak sielskos-mense.
Mense wat mandjies vol liefde uitdeel en resepte van wysheid skryf.

Hulle kom gewoonlik aan met
vroegoggend-mieliepap en absolute aanvaarding
van elkeen wat saam hulle aan tafel sit.
Hulle bak vir jou koeksisters met soet
sagte oë wat niks miskyk nie.
Hulle help kerf aan die biltong wat
soms te taai is om te kou.
Hulle dra liefde aan soos ’n warm koppie boeretroos.

Hierdie is ons mense.
Mense wat soms vergeet word in ’n gejaag
na kos wat nooit sal versadig nie.
Hierdie is ons mense.
Mense wat hulle pakkie seerkry sal
neersit om te help dra aan iemand anders s’n.

Kom ons raak sielskos-mense, want al wat
ons kort is liefde en begrip om hierdie
honger wêreld te versadig.


 

Hester Steenkamp

Die kombuistafel

Ek sit toe-oë by jou lang houttafel –
my vingers vryf oor die geskende blad
waar jare se letsels diep gegroef lê
en ek hoor weer hoe jy sê
dat jy alles het wat jy nog ooit wou hê

Ek sien jou weer hier staan
met jou blou voorskoot aan
en ’n meelwolk wat uit die tafel opstaan
as boepens brooddeeg daarop land,
glad geknie deur jou vetgesmeerde hand

Ek ruik die karamel van honderdduisend ure hier
waar ek vandag jou lewe vier
Die reuk van vanielje, anys en kaneel,
gemmer en neutmuskaat,
liefde en suiker en papawersaad
vou hul arms warm om my lyf
soos ek steeds oor die tafel vryf

Blinkgepoetste flesse op die rak
staan in netjiese rye weggepak –
beet en boontjies en kwepers,
tamatie en makataan
Jy het bêre vir later goed verstaan

Ek proe die soetsuur stroop van samesyn –
kaiings en mosbeskuit,
warm plaasbrood en korrelkonfyt,
suurkos en vaalvleis en wildspastei
met liefde deur jou voorberei

Om hierdie tafel is gepraat en gelag
aan die begin en einde van elke dag
Hier was almal altyd versadig en verkwik
en ek vryf vir oulaas oor die blad
voor ek vir die laaste keer hier uit sal stap


 

Melody de Winnaar

dis ’n twak-maal

hier by my is iemand se kook en geniet
en my pakkie goedkoop sigarette

ek maak myself tuis,
met kers in plaas van kandelaar

terwyl my hande tas na een van min sigarette,
soek ek iets waaraan my oë kan proe

het dit!
gebakte skaapboud met piepklein aartappels
rondom ’n bord gerangskik

my vuurhoutjie knars oor swael
laat ’n effense branderigheid in my neus

die eerste teug is hemels,
die tweede los ’n euforie van behaaglikheid

rookdampe gord die kombuis in dofheid
ek weet die sigaret en fotokombinasie
is genoeg om my honger te stil

vir nou


 

 

Jan Schaafsma

Er staat niet wat er staat

Hier volg die Woord soos in teeblare of alfabetsop onthul:

Glo net, gló! en vis en brood
vul elke townshipmaag in nood.1

Nee! Leer elke kind ’n vak;
om vis te vang en brood te bak.2

Heuning bied ons, ja, en melk –
dit kos maar net ’n stem van elk.3

Gee elke mens ’n lappie grond
vir mielies plant, van hand na mond.4

Ons voel die armoed aan die tand
en maak ’n kind vir toelaagrand.5

Wyk liewer na Amerika uit
en eet McDonalds vir ontbyt.6

Voer in, voer in, dis spotgoedkoop.
Laer rakpryse skep hoop.7

Tamaties en ywe smaak na zat
groen gepluk, subiet gekrat.8

Hoe dúrf Pierre, my god van kos,
kaviaar en truffels net so los?9

Dáái dromme het die beste oes;
voertsek brak, al grom jy woes.10

Ek wens ek kon die drang afskaal
vir soetgoed ná die aand se maal.11

Dit reën; die oes kan nie begin;
die mielieprys skiet hoogtes in.12

Nog ’n kak dag in Afrika: net
braaivleis, sonskyn, Chevrolet!13

O Heer, ons dank dat U nie faal;
darem korsies vir ’n maal.14

Kostelikheid oor kos kos min.
Herkou gerus aan elke sin.*

Voetnote:

  1. Hoeveel vitamien is daar in "Groot"?
    2. Die skool brand af, daar val die dak ...
    3.  Ná kiesdag sal hul hoop verwelk.
    4.  ’n Vrugteboom dra nié terstond.
    5.  Vir kos sal ons maar iets verpand.
    6.  ’n Hartaanval, die gim ten spyt.
    7.  Ons boere moet verkoop en loop.
    8.  Vir ongekneus se huis toe vat.
    9.  Geen brood? Eet koek, sê Marie mos.
    10. "Survival of ..." se ma se ...!
    11. Vinger-in-keel genees die kwaal.
    12. Vir elk ’n lepel pap te min.
    13. Hun ogen puilen uit van vet.
    14. Op skool gaan my gedagtes dwaal.

*En skryf ’n beter einde of begin.


 

Lynette Vorster

Kou, sluk, verstik

Swart, bitter koffie is jou keuse, nie my keuse nie.
Dis die gevolg van my tekort.

Leë beursie, leë spens. Eenvoudig. Nie jou raad oor 10 ways to save
on your grocery bill nie,

Ek verbeel my ’n snytjie brood met 20% fat margarine is ’n Wimpy-burger.
Daar is mense wat minder het.

Wees dankbaar vir die stukke budget-hoender. Kook sop. Chicken
à la King bevorder cholesterol.

Ander se positiewe bullshit word in oormaat vir my opgedis.
En my kop sak in my hande terwyl ek daaraan verstik.


 

Roelien Geyser

Salie en saffraan

Ek wonder soms oor jou
’n Vreemde mengsel van kaneel en rou

Ek sien jou tussen roosmaryn en mint
Jou ewige soeke om geluk te vind

’n Duisend geure verswelg deur smart
Komyn en kwepers verborge in jou hart

Ek sien nog jou geboë rug
Verstrengel met die hoop vir ’n vroeë marakkavrug

Ek wonder soms waar is jy nou
’n Gebed dat salie en saffraan jou altyd sal omvou


 

Estelle Diederiks

Ons het onsself vergeet

Die mensdom het homself versaak
Gegroei en ontwikkel bó homself
Iewers die pad byster geraak.
Ons gee aandag aan alles behalwe onsself
Ons het vergeet om na onsself te kyk.
Ons voed ons daagliks met die verkeerde kos
Met sosiale media en dies meer,
Ons lewens snel verby, en tog ontbreek die leer;
Die wysheid oor onsself vind ons nie.
Ons vergeet om ons siele, ons menswees te voed.
Van brood alleen kan ons nie lewe nie;
Al is daar miljoene ondervoed.
Ons smag na meer.
Ons harte skreeu!
Wanneer gaan die mensdom leer?
Nóg ’n einde van ’n eeu.
Ons bevredig ons met aardse dinge,
Ons jaag na die wind,
Ons wend ons tot verslawinge,
Alles wat ons bind.
Draai terug mensdom!
Draai terug na My.
Eet My Woord
Dit gee lewe en rykdom
Dit gee krag wanneer jy ly,
Dit transformeer,
Gee wysheid, leiding, verantwoordelikheid,
Dit maak jou meer en meer,
’n Koningskind in heerlikheid ...


 

Renette Vosloo

Laat my nooit verlore gaan nie
(’n versugting in drie dele)

Oorskiet (1)

dalk bly daar eendag
(as ek gelukkig is)
iets van my oor –

beentjies
in ’n uilebol
uit die keel van ’n uil
êrens in ’n oop veld
of ...
koraalkos
stinkend groen
uit ’n haai se maag
op die see se bodem

kom daar iets
van my koel karkas –

die een se dood is
die ander een se brood

Oorskiet (2)

dalk bly daar eendag
(as ek gelukkig is)
iets van my oor –

wittige nuttige beentjies
êrens
op die Vrystaatse vlaktes
waar die raaf en die roofvoël sweef
van vleeslike beendere leef
of ...
op ’n dierryke delta
waar hiëna en jakkals en aasvoël
beendere skoonvreet

was my kadawer
bruikbare oorskot:
stof tot stof

Nuttig (3)

dalk bly daar eendag
(as ek gelukkig is)
iets van my oor –

kompos
ingespit in ’n boord
in ryke grond
kan die aarde my nuttig
word ek kos vir ’n boom

bloeisels in die lente
ryp vrugte in die somer
sappige vlees onder tande gebreek

neem en eet,
dit is my liggaam
nuttig vir my
en nou vir jou.


 

Estella Mouton

Sakrament

Jy leef nou van die uitgeteerde woord
om in die hoeke van die huis te kan pas
deur skrefies te kan glip

spoorloos oor sneeustiltes te kan loop
die gestyfde tafeldoeke wit en ongestoord
waarop niksseggende woorde
                                 op dooie tonge draal

agter die asbliksakseile van ’n spookskip
in die karige holtes van woordleegtes
oefen jy jou stram parkour
                                    en haweloosheid

berei jy jou spyskaart jou vangs van die dag
grynslag jou papierdun skelet
                    vou die lieflike beendere oop

in die swart seerowervlag van die nag
flets jou verstarde oë lospryse
                                     uit die doderyk

met die stotterende monosillabes van al die eensame ure
weef jou onaangeraakte hande
                        ’n hunkerende woordeweb

geluidlose langbeenspinnekop uit vergete kripte
uitgehonger skuifel jy nou oor die eter
in die loomwit oë van die gemeste woord
                   dartel Beëlsebul se vlieë.


 

Ernie Mellet

Ontdekking

Hy sien nie hoe die vet sy broek besmeer nie;
Wat is nog ’n vlek meer op ’n reeds besoedelde, geskeurde broekspyp?
Dit loop uit ’n halfgeëte hotdog wat iemand weggegooi het,
maar daar is nog ’n stukkie hardgeworde worsie tussen die vlieë en die myte
en dis oorlewing;
iets om die hol kol effens meer vol te maak ...

Sy skuif die kartonne eenkant toe en maak die Kentucky-pakkie oop
Daar’s net ’n harde been binne-in, maar tog los velletjies vleis
Sy kou dit gretig af met bruin kankertande en soek na nog
Onder in ’n Pick n Pay-sak is twee uie; reeds pap en voos
Sy los dit; selfs bergies het tog standáárde!
Sy trek die longkankerwalms van haar entjie in ...

Hulle is vaak en definitief nie van werk
Vaak van niksdoen en rondslenter van drom tot drom
Teen die aand gaan lê hulle op ’n hopie agter die konkas
Dis koelerig en hulle trek die gunplas-seil oor hulle
In die agtergrond hoor hulle hoe Julian uit ’n Bybel voorlees wat hy by sy maat geskollie het:
"Aan die begin het God die hemel en die aarde geskape,
en die aarde was woes en leeg ..."
VERDOMP!


 

Liezel Hanekom

Wilskrag teen vergryping

Daar is skadu's in my gemoed,
sluiers voor ’n vals fasade.
Storms wat diep binne-in woed,
’n innerlike tirade.

Troostervriend van korte duur,
maar wel ’n soete maat.
Vervulling van ’n oombliklike vreugde,
al slaan die klokuur laat.

Maar tog,
wanneer die soet nasmaak vervaag
en ’n weerkaatsing die waarheid praat,
kom sit spyt op die krop van my maag.
Selfverwyt en nog meer, selfhaat.

Kloue gryp my wilskrag stywer vas,
dis moeilik want min verstaan.
Dis nie sommer enige lawwe las
om te keer dat my mond oopgaan.


 

Lizaan van Heerden

Hoop

Hoenderbene plaasvervangend vir skulpe
by Tweede Nuwejaar se strandmakietie
terwyl my sinke en my planke
die nuwe jaar inwaai ...

Maer skaapstertjies as delikatessen
langs ’n oop Karoo-braaivuur
onder sterre terwyl die stilte uit die
droë, dooie bossies hyg ...

Trifle glimmend op die rooi Kerstafel
vir onthou van Ver Ouma se
blou oë en lagmond
terwyl die son swart word van verlang.

Want ons sien die prentjies
soos dit wás
en soos dit weer sál wees –
op die tippie van my tong.


 

Marietha Moolman

Donderweer
Uit die hart van ’n boer se vrou

My gebed het opgeraak
Ek het oorleef met skietgebedjies
Ek is moeg gehardloop in hierdie wedloop – moeg
Die boere is moeg – ek sien dit – slegs elke ou wat sy eie skoene volstaan
Weet hoe dit VOEL!
Net een tree op ’n slag
Een dag op ’n slag
Môre voer ons weer ...
Ons kan ten minste nog ’n bietjie, daar is wat nie meer kan
Vanoggend kom sit ek by die Here se voete – ek kan nie meer –
Wat nog van die boere?
Ek praat met Hom
Ek stort my hart voor Hom
Ek wil dit eers nie hardop sê nie maar ...

"Here, dis droog ...
Nie net daar buite in die Karoo nie
Maar ook hier binne my!
Waar is my olie Here?
My lampie was vol!
Waar is dit Here, waar is dit?
Waar is die lekplek dan?
My vel is dun my hart is klein
My trane vlak
My lampie leeg
My hart kry ’n krakie elke keer as ek die honger sien
Ek wil my oë toemaak om my hart te bewaar maar
Here ek dink my olie het uitgeloop
My vreugdeolie
Daar is krakies in my hart
Ek het nie meer woorde Here
My gebed is net ’n sug
Ons boere trek swaar Here
Ek is ’n boer se vrou Here
Ek is mos ook lief vir diere Here – baie
U het my dan so gemaak
Skape wat moeg en moedeloos weg van die leë voerkrip loop
Nie om te gaan wei nie – daar is niks meer – maar om te soek
Ja ek soek ook Here ... ek soek U
Niks in hierdie lewe maak mens en dier versadig
Behalwe U Here.
Ek weet dit baie goed Here
Uself het dit vir my kom leer
Van kleins af
U is en was nog altyd daar vir my
Ek het dit gevoel
Ek het dit gesien
Ek het dit geweet
Ek moes baie berge klim Here en deur valleie,
Valleie met doodskaduwees en droogtes – U weet mos –
U was dan self daar, elke oomblik elke sekonde – vir my
By my
Met my
As ek terugkyk dan sien ek hoe U my paaie gelyk gemaak het.
Ek sien hoe U my opgetel het,
Gedra het
Vasgehou het
Toegevou het in U skoot
Teen U bors vasgedruk het
Ek het U hartklop gehoor Here
Ek het dit nie altyd in die situasie besef en beleef nie
Maar wanneer ek terugkyk ...

Diep in my hart voel ek en weet ek hoe U lankal vir my wag,
Wag dat ek hier by U moet kom sit
U was nog altyd net hier
Ek het U weer gekry Here
Nou, in hierdie omstandighede
My hart se krake met U kom deel
Nie skaam te wees daaroor nie want U
Gaan dit weer heelmaak,
Volmaak,
Versadig maak
Here, ek kan nie wag vir die dag –
Die dag wat dit gaan kom reën in die Karoo
Wanneer die veld weer uit sy nate bars
Kalwers wat bokspring
Lammers wat toe-oë en versadig met vol pensies tussen die ruie bossies lê
Wat skemer resies tussen die kapokbossies hardloop
Ooie wat dikgevreet in kringe lê
Rustig en tevrede aan die herkou
Die bakoortjies, die skilpaaie, die hasies, die bokkies, die stoksterte
Voëltjies wat uitbundig sing en ’n harmonie van klanke wat die lug vul
Ja die veld weer vrolik gaan wees
Wanneer ’n boer weer die nuwe dag met ’n glimlag begroet
Al moet hy voor begin
Hy weet sy diere is gelukkig
Ja Here ek kan nie wag vir die dag –
Die dag wat ek ook weer kan terugkyk
Terugkyk en kan sien hoe ek U gesoek het
en hoe U vir my gewag het –

Om weer in U oë te kon kyk
Om U hartklop te kon voel
Die traan op U wang omdat ek die droogte gesien het
U nabyheid en teenwoordigheid te beleef soos mens in geen reënseisoen kan doen nie.
Dis wat mens volmaak
Versadig maak
Ryk maak
Wat jou aanhou laat hardloop met volharding – tot die einde"

Ek gee die hanslammers melk – weeskinders van die droogte
Daar is ’n diepe dreuning in die lug
Donderweer
Ek kyk op
Daar is dan nêrens wolke nie ...
IETS roer in my binneste
Wat is geloof dan anders as om seker te wees van die dinge wat ons hoop en oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.

"Here Jesus, dankie dat U met elke boer is
Gee asb vir hulle wysheid en insig om die regte keuses te maak
Die regte besluite te neem
Mag elke boer by U kom sit vandag –
Dankie dat U hulle moedeloosheid, frustrasies,
Hartseer, kwaad, teleurstelling, depressie watter krake daar ook al is –
Dat U U liefde daaroor sal laat reën
Dat al die krake sal toespoel
Druk hulle styf teen U bors
Dat hulle U hartklop ...
Kan voel
Kan hoor
Kan sien
Dat hulle die beloofde land kan sien – soos Kaleb
En nie die reuse en droogtes wat in hulle pad staan nie.
Dat hulle met nuwe moed
Hoop
Geloof
Die wedloop wat voorlê
Met VOLHARDING sal hardloop
Dankie Jesus
Amen"


 

Christelle Truter

Alles met ’n te-

Het ek jou versadig my siel?
Met borde vol versnaperings gevul met genadelose plesier, het ek jou verniel?

Sonder om aan die onverwagte lying te dink was daar altyd iets om te vier,
Sal ek myself kan oorleef?
Al die soetigheid van versoekings, en dit wat saamkleef.

Verborge gedagtes wat ’n rusplek soek
Êrens geborge in my ouma se ou malvapoeding en soettand-koek.

Ek weet daar is baie idees daar buite
Gesonde verbrousels wat vir my aanstaar en gluur deur die ruite, net vir ’n rukkie, net lank genoeg, sodat ek twee keer moet dink voor ek nog ’n snytjie versoek.

Alles met ’n te-
Of so het my ma gesê. Toe hy uitloop uit my lewe het my te- in ’n bord gaan lê.
Ek het hom daar gaan vind waar hy my nie kon verlaat, hom opgevreet tot hy slegs naarheid agterlaat.

Het ek jou verniel my siel?
Toe ek hom wou vervang met wat in my bord rondhang. More is nog ’n dag ...

’n Dag van weer probeer en harder keer en
tot die duiwels in my kop my los, sal ek elke dag smag na nog meer ... kos.


 

Christo Meyer

’n Droë been sonder vleis

Toe ek na hoeveel trane
Een oggend teen jou vasloop
Droog my woorde op
Soos ’n dam in die Karoo
Waar reëndruppels net so skaars is
Soos vars vrugte en groente

Die band tussen ons twee
Was soortgelyk aan dié
Van ’n suigeling en moedersmelk
Nou is daar niks anders
As ’n naar kol op my maag

Die woorde wat uit jou mond kom
Vloei soos ’n rivier
Iewers op die platteland
Waarheen die inwoners daagliks stroom
Om aan die lewe te bly

Stotterend probeer ek
Deel raak van die gesprek
Soos ’n gas by ’n deftige ete
Maar my tong haak in my keel vas
Soos ’n outydse grammofoonplaat
En ek verstik byna

Sê my, hoe kan jy so kalm wees
Terwyl dit wat gesê was
Steeds oor my kop hang
Soos druiwe aan ’n tak?

Hoe kan jy net maak
Asof niks gebeur het nie
Terwyl ek elke dag
Stukkie vir stukkie kou
Aan ’n droë been
Sonder enige vleis aan
En smag na koningsmaaltye
Van baie lank terug?


 

Aangebied in samewerking met die

The post Eet my woorde: Inskrywings (5) appeared first on LitNet.

A reflection on South Africa’s third Booker Prize winner: The promise by Damon Galgut

$
0
0

The promise
Damon Galgut
Cape Town: Umuzi, 2021
ISBN: 9781415210581

This reader impression was written and sent to LitNet on the writer's own initiative.

The love of reading fiction is certainly one of the binding factors in my relationship with my partner, P, as is our enthusiasm for sharing what we love with other people.

P finished The promise after two days, and couldn’t stop telling our friends: “You have to read it. It’s the best book about South Africa I’ve ever read. An absolute masterpiece. Go and buy it at Die Boek Huis, our local bookstore.”

In his mega enthusiasm, he often forgets that his labelling as “the best ever” is so often used that some eyebrows rise when he goes into exaggerating mode. Mine do not; I trust his reading skills and deduct the exaggeration easily. Great was my surprise when I started reading and found the voice in the book rather irritating. How can a narrator switch in one paragraph between the third person point of view and the first person?

What isn’t weightless is the stone that suddenly comes at him, hurled from a hand who leans out of the scene, bloodshot eyes fixed only on me. (41)

Why did the writer interrupt the characters’ flow for a direct address to the reader? Why was he leaning over the pages and interpreting things as if I hadn’t a thought of my own?

She dislikes her body, as many of you do, but with special adolescent intensity …. (29)

The house is dark except for the floodlights fore and aft, note the nautical terms, illuminating the driveway …. (35)                           

P was irritated with my critical remarks. He said I failed to notice that Damon used his pen as a camera, moving through, over and in the characters.

Some famous writers we know hadn’t liked the book, so maybe I was influenced by their opinion? I think P even suspected me of being jealous, because he knows about my pretensions to being a good writer myself.

I had never had a fight with P over a book before. But, as I continued reading, he proved to be right again. Damn it!

The book is fabulous: ironic, moving, sacrilegious, shocking, painful, insightful.

The narrator’s interventions that irritated me most in the beginning turned out to be a masterful weapon to create:

    • A critical distance, a comment on the artificiality of writing

Jake follows him to a big room with a piano and fake flowers and an assortment of little ornaments, best left undescribed. No energy to name objects, let alone observe them. (167)

Yes, here it comes, the rain, like some cheap redemptive symbol in a story, falling from a turbulent sky onto rich and poor, happy and unhappy alike. It falls onto thin shacks as impartially as it falls on opulence. (241)

    • An off-sense kind of black comedy

But you’d be forgiven for believing, if you wandered into their bedroom at this moment, that they are shipwrecked in the aftermath of a white-hot flash of love making. (163)

You may have noticed it yourself, protesting at destiny is a waste of breath, what happens will happen, regardless of your NO. In the end it’s a fact as neutral as the weather that this morning your husband got up and went outside with his shotgun and contorted himself into an impossible position in order to blow his head off, just because. (209)

    • A political comment, without being hindered by any correctness that hovers over every statement about black and white

Apartheid has fallen, see, we die right next to each other now, in intimate proximity. It’s just the living part we still have to work out. (88)

Whatever is hated is also feared, some consolation in that. (131)

It’s a public holiday, Reconciliation Day or whatever they call it lately, so the staff aren’t in. They’ve got wise to their rights and have been demanding extra pay for holidays, though what they really want is stay at home and get falling-down drunk. Same as me. (197)

In the witty interview by Marianne Thamm with Damon Galgut on YouTube, he says he made a deliberate choice not to go into the thinking and feelings of the black people, because they never had a voice.

If Salome’s home has not been mentioned before it’s because you haven’t mentioned it before it’s because you have not asked, you didn’t care to know. (237)

The only character in the book who really cares about Salome, the family’s house servant all those decades, is the youngest daughter, Amor Swart (the irony in the name!), because she knows what to ask and how to listen, and, contrary to all the other living characters, she is generous. But Amor is damaged, too, powerless to force her father and brother to keep their promises made to their dying wife and mother to give Salome her own house. But she keeps the promise alive, with the hope that redemption is possible.

Read the book, and you might be inspired to be as generous as Amor!

Also read:

Podcast: The promise – Ron Irwin in conversation with Damon Galgut

The promise by Damon Galgut: a book review

The post A reflection on South Africa’s third Booker Prize winner: <em>The promise</em> by Damon Galgut appeared first on LitNet.

Eet my woorde: Inskrywings (6)

$
0
0

Hier is die sesde groep inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Eet my woorde" ontvang is. Die kompetisie sluit op 21 Januarie 2022.

Klik hier vir die volledige kompetisie-inligting.

..........

Inskrywings word chronologies geplaas in die volgorde waarin LitNet dit ontvang het.

Die volgende mense se inskrywings verskyn op hierdie blad:

Melanie van Niekerk Lizette Kruger Eugene Viljoen Marti van Zyl
Lee-Ann Engelbrecht Ellouise Kleingeld Otto Olifant Melieze Visser
Wadith van Wyk Roseline Ruiters Nicó-Lee Du Bruyn Bruno Andries
Hester Harbor Alicia Joubert Anita van der Walt Jaco Strydom
Tia Welman Britney van der Walt Ineke Steyn Celia-Mari Pieterse
Shuneen Adams TC Boshoff Ivania van der Westhuizen Carmen Viljoen
Christo Swart Lizna Kriel Heinz Peter Hiestermann Danie Crous
Driekie Beetge Theresa Postma Laurette Hitchcock Simone Sevenster
Anina Naudé Maya Joubert Adri Antoinette Hiestermann Inge Keyser
Marietjie Pienaar Louise Oosthuizen Abigail Adams Elizma Rheeder

Melanie van Niekerk

Sny broodjie

Was die lewe so lekker soos die sny broodjie wat voor my lê en wink
met al die lekker lae bederf

Die brood gesny
deur die kettingwinkel se bakkery
Perfek elke sny nes
die Here die mens geskape het

Ekstra dik botter om die lae te begin
Die lewenspad glad vol verwagting en hoop vir ’n beter môre

Die swartkat-grondboontjiebotter wat soos die harde kurwes van die lewe
uitlê met die glinsterstukkies grondboontjies
wat lekker tye vasklou in die sirkels van tyd

Die dooieleeu-stroop dik opgeplak soos die glimlagmasker wat als moet verbloem

Sag byt ek in die sny
al die lae smelt ineen
Elke happie verplaas
die mislukte gevoel van my bestaan
Mag die Here ook my so verplaas
tot Sy eer


 

Lizette Kruger

’n Duisend oë

Hoe voel die wolwefluit van ’n jagse man?
Mooi voel, vrouwees sit nie in vernedering!
Nek-ruk, na-kyk, naar wees, ongeloof van ’n duisend oë vra hoe jy kan
Hoe. Jy. Dit. Kan. Toelaat? ’n Onheilige bitsige berisping.

Waar is jou wil, waar is jou nee?
Laat die vet voue jou niks omgee?
Hoe vreet jy óm jou verstand?
Wie vermy dan gesonde weerstand?

Ek weet ek kan weier, ek skree baie nee.
My vet voue maak my fokken verleë!
Ek kén die honger van elke dieet.
Verslawing kan weerstand van môre laat vergeet.

Nek-hang, naar-kyk in die spieël, bitter naak voor ’n duisend man.
Maak toe julle oë wat in ongeloof sweef
Glo die afwesige wolwefluit van ’n jagse man
Is seer verwyte wat vet vroue se harte omgeef.


 

Eugene Viljoen

Jannie worry

My naam is jannie en ek worry
Eish my bru ek worry
Waar sal my next meal vandaan kom
Covid het my job gestiel
My job en my kastiel
Ek slaan my oë op na die berge
Maar ek gaan van hongerte sterwe
Ek het nie meer ’n sent
Never mind ’n tent
Die queue van die sopkombuis is lank
Slaan ek die winkelvenster uit met ’n plank
Nie man officer ek was hungry
Hierdie rumble was mos in my tummy
En nou sit ek in die vyfsterhotel
Die maximum hoor was min
Geen pel om te bel
Eish my naam is jannie en ek worry.


 

Marti van Zyl

Verwagting

Die mall is oorvol van oorgewig mense,
Hulle slof rond, eet roomys met
klere wat styfspan oor boepende pense.
Stoot bultende trollies volgestop
van alles ... en nog,
op hierdie koop, koop, koop, hê, hê, hê ... tog.
Die kredietkaart reeds oor sy limiet
Januarie gaan leegloop van verdriet.
Tussen groot, bonkige karre in die warm son,
wag ’n hoopvolle op hulle –
help gretig oorpak aan die spulle.
Die deure klap toe met skielike haas ...
Sorry my maat, het al die geld geblaas.


 

Lee-Ann Engelbrecht

My derms kerm!

Oooeee jinne eina; dis weer sulke tyd
die kos is op
en niemand hoef meer die vloer te mop
want daar is geen kos om te mors
die breë bors is weg
en die derms begin te veg
die salaris lyk maar sleg
en die skuldeiser staan soos ’n berg
hongerpyne slat my flou
daar is geen kos om aan te kou
my derms begin gee al ’n vou
nou sit ek op ’n ashoop in rou


 

Ellouise Kleingeld

Sielskos

Jou woorde dans
op my gesig
oë glinster-skitter
terwyl ek aan jou mond hang
honger vir die sielskos
waarmee jy my voed


 

Otto Olifant

Elkeen is uniek

Moet Kameelperd so lank en lenig wees?
Moet Krokodil so plat en skubberig wees?
Steenbok so rats en lenig,
en Springbok so viets en vinnig?

Wat van Olifant?
Is dit van so baie eet
Dat hy so rond en gesond is?
En Seekoei?
Is swem dan nie goeie oefening nie?
Dit klink so al na ’n mite, daai ...

Moenie dat mense jou vergelyk
Met die lede van die diereryk.
Jy is uniek in wat jy doen.
Hoe jy lyk, is ’n bysaak.

En dis in elk geval jóú saak.


 

Melieze Visser

Broodnodig

Honger – die sensasie van ’n interne leemte

Die kleinste lyfie met ’n kreet so groot
Wat die leemte onmeetbaar net nie kan verwoord
As alles wat leem was maar troosbaar was met ’n stukkie soete brood
Leemtes wat skree in elke mens, ’n honger van elk ’n ander soort

’n Honger na brood vir jou maag
So ’n honger maak die geduld en suikervlakke laag
’n Oorweldigende honger wat slegs jou maag laat grom
En soms soos ’n beer laat brom
Tog kan jy dit met die toegang van ’n happie vinnig oorkom

Die nood vir kos is iets wat niemand kan vermom
Die leed van honger kinders wat enige brokkie voedsel verwelkom
Te swak om verder te stap om iewers te kom
’n Ma wat krap vir ’n stukkie brood vir haar honger kindjie in die naaste drom

Die honger wat die wêreld inhou sal van huis tot huis verskil

Wanneer die honger ’n roering binne-in jou meebring
Wanneer die oorweldigende behoefte na versadiging jou indring
Geluide uit die diepste dele van jou laat ontbreek
Wanneer ’n maag, ’n hart, ’n siel na iets voedsaam smeek

Die honger vir liefde wat voel die wêreld is koud en kil
Dié wat smag daarna om te vergeet – honger vir nog ’n pil
Dié wat honger smag na hul eie vryheid en eie wil
Dié wat oorverdowend skree – ongehoor – in die donker, in stiltes so stil

Honger vir aanvaarding, honger vir aanraking, honger vrede, honger vir moed, oral is daar ’n honger groot en ongevul

Emosies van leegheid, skadu’s van waardeloosheid, diep verborge pyn versteek agter ’n glimlag en ’n grappie
Word versmoor met koek en kos – ’n vinnige verblinding van tydelike vreugde in elke happie
Eet wanneer jy bly is, eet wanneer jy treur
Eet wanneer jy gespanne is, vind vertroosting in elke geur
Sit weereens – weerloos – met ’n volgestopte kies
Later kom die spyt, die selfverwyt en kyk dit wat skaal terug na jou gee, vies ...
Wat jou net weer herinner aan die seer
Laat terugkeur na die yskas wat troos uitstal in elke kleur en geur

Met aromas van vreugde, volheid en tevredenheid – tydelik –
wat alles op die heupe en gemoed – permanent – gaan sit
’n Honger so groot dat die tydelike demper doodeenvoudig net moet voldoen
Om die volwaarding vol te hou – keer ons terug keer op keer

’n Honger wat verander in ’n dors
’n Honger wat bly hunker in jou bors
’n Honger wat kos nie meer kan troos
’n Honger so diep en donker en broos

Skink vir iemand ’n glas vol tyd,
Dek die tafel met messe wat slegte bande sny,
Met lepels wat luister, en vurke wat vreugde voed
Maak dit mooi met ’n servet van trane afvee
Dek ’n kersie saam wat die donker in elkeen kan verlig
’n Voorgereg wat ons opbou en lus maak vir die lewe
’n Hoofgereg vol kleur, met vreugde wat ons waarlik vul
En sluit dit af met ’n nagereg vol aanvaarding
Rond dit af saam met ’n koppie vol dankbaarheid en roer dit met waardering

Sodat elkeen wat aan die tafel sit weer kan opstaan met ’n hart vol kos
Laat elke gas weer kan lag diep uit ’n versadige maag – wat klanke van vreugde en tevredenheid los.


 

Wadith van Wyk

Leer om te waardeer

Toe ek nie honger was
Met ’n oorvloed in my koskas

Was ek min gepla
Met mense wat kla

Maar nou wat ek in dieselfde skoene staan
Besef ek waardeur ’n honger mens gaan

En dit het my geleer
Om ’n bordjie kos te waardeer.


 

Roseline Ruiters

Getroud met kos

Ek leef vir oomblikke soos dié
’n tjoppie word voor my oë gepamperlang
die geur van rou steak vul my sensitiewe neusgate
my hande jeuk behoorlik net om daaroor te streel
die vleissous waai orals behalwe in my mond

My maag gaan so tekere dat dit brand
wanneer laas het ek nog geëet?
Twee dae laas?
’n Paar chippies word in my hand geprop
maar my oë traan vir die ware jakob

Ek’s ’n slaaf vir lekker vrugteslaai
maar daar word op my hande geslaan
wag, hoor ek die kok sê
maar my tong huil al vir dit wat my blik sien

Alles rondom my het vergaan
die oomblik toe ek my oë op daardie verruklike hoender sit
my hele bestaan draai om daardie een vlerkie
net een happie
dan’s ek versadig
dalk 2, 3 of alles
ek’s ’n sot vir hierdie buffet van vleis

ek’s getroud met dit ... my ander helfte


 

Nicó-Lee Du Bruyn

Suur melktert

Die dag wat ek jou ontmoet het,
was ek so beïndruk.
Ek het besluit om iets vir jou te bak,
iets meer indrukwekkend as koekies druk.

Die pad na ’n man se hart is deur sy maag
en die pad na my ouma se resepteboek was net so soet.
Die resep van my ouma se melktert is heel eerste,
Die klop in my hart sê hierdie is ’n moet.

Jou woorde aan my was so glad soos die botter deur my vingers
wat ek gebruik om die bodem van die glasbak te smeer.
Die kastrol met warm melk kook op die stoof,
so warm soos my vel toe jy jou duim oor my wang vee

Die aand van my 21ste verjaarsdagpartytjie was beurtkrag die teken van ’n flop,
maar jy het my lewe opgehelder toe jy daar aankom.
Net soos die blikkie in my hand,
het my hart kondensmelk in my are gepomp.

Hoe meer ek roer hoe dikker raak die mengsel,
Hoe meer ons kuier en aktiwiteite doen,
Hoe meer is ek in jou kloue verstrengel.

Die lang lys van meisies in jou lewe was die laaste tikkie kaneel,
wat egalig gestrooi word vir kleur en ’n eksotiese geur.
Die reuk van kaneel was te veel,
ek moes loop na die onthulling dat jy net met my gevoelens speel.

Net soos ek die tennisbeskuitjies moet breek vir ’n kors,
het jy my hart in duisende stukkies gebreek.
Na alles, was dit regtig so maklik om van my te vergeet?
Of om my te los?

Die tert is klaar en in die yskas,
wat dit huisves vir dae.
Ek is verlam in my bed, ek kan nie beweeg.
Die stukke van my hart is te swaar.

Van vreemdelinge na vriende en weer vreemdelinge,
Was al daardie gelukkige oomblikke regtig die moeite werd?
Want al wat ek nou het om my te herinner aan jou,
is ’n suur melktert.


 

Bruno Andries

godverlate

êrens in ’n stinkende geut
van ’n godverlate stad in Indië
sterf ’n kind ’n stille hongerdood

’n heilige koei loei
en in die tempel
lag ’n apie hom ’n papie


 

Hester Harbor

Om honger te wees

Om honger te wees
Dis nie normaal
Die pyn op my maag
Smag net na een maal

Om honger te wees
’n Brood tussen vier
Kos vir die week
Dis net ’n plesier

Om honger te wees
Dit breek ’n vaderhart
’n Ego gebreek
Skelm trane wat brand

Om honger te wees
’n Kinderlyfie klein
Wat gaan ons eet
’n Glimlag versteek die pyn

Om honger te wees
Van waar die volgende maal
Dis ’n donker tyd
Maar vandag se normaal


 

Alicia Joubert

Kosmaak

O wee hier gaan ons al weer
rasende magies wat skree!
Die potte se deksels kreun van die stoom
so wag elkeen vir ’n bordjie kos van te droom.

Dit is hoender, groente, rys en bone
wat is ’n maaltyd sonder die ou gewone?
Die skottelgoed lê soos ’n berg
almal lag en dis ’n geterg.

Hoe bevoorreg is ons as mense
om nog te kan aansit vir aandmaal sonder perke en grense.
Dankie Heer dat ons versadig kan gaan slaap,
dankie vir elke geleentheid vir kosmaak wat ek kan opraap.


 

Anita van der Walt

Beheervraat

nog ’n daglig glip deur toe gordyn se split
wakkerwordgedagte dans eerste die koswals
rondomtalie skoffel-skoffel tiekiedraai
wyl ek weet ek nie so baie moet eet
in my keel sit die traan
’n eensame siel skuldig
tussen huismense waar
niemand weet
almal jou vergeet
jou gebruik
sê hoe sleg jy is
dikke ding
lelike ding
niks kan ek reg doen
al wat ek kan beheer
is dit wat ek vreet


 

Jaco Strydom

Die confusion van die skaap se oë

sy lewe lank
vrees hy die donker,
die jakkals,
die wolf,
die lammervanger,
maar dan, een Vrydagmiddag
onder helder son
is dit die herder
wat vir hom kom
hom vasvat, hom wurg,
met lem verskeur
en later onder moeë maan
met wyn, aartappels en beet, lag
der laaste stuk van sy lyf oopbreek
skud en slurp aan sy murg
en sy amper alles opvreet


 

Tia Welman

Skeletkinders

die strate is propvol uitgehongerdes
opsoek na vullisdrommaaltye om die pyne te stil
hulle bedel op straathoeke vir hande vol aandag
of selfs net ’n lepel lewenskrag

ons generasie bestaan uit skeletkinders
met ’n honger wat nie deur aardse etes gevul kan word nie.

nee
die kieste word vol gif geprop
verbode vrugte en oorskietkos
hulle verwar liefde met aandag
en verloor koers van Sy pad

hol wangbene volgestop
met aardse lekkernye
wat hulle van binne verteer

"Maar waar is Hy dan?"
soek hulle met toe oë al weer

die enigste Een wat skeletkinders kan genees
van die alewige honger na liefde sonder vrees.

Ja
Hy was daar langs die straathoek
en daar in die seer
al wat ek moes doen was vra
en Hy sou my skelethart genees.


 

Britney van der Walt

Honger, hoekom

Mielies
Koring
Sonneblom
Pryk lustig in die lande.
Wat kan dan veroorsaak
Dat ons dit nie in die hande
Kan kry?
Note
Munte
Sente
Waardeloos, nutteloos teen die hongerpyn.
Reën
Droogte
Hael
Is dit te blaam?
Dalk eerder is dit onsself
Wat die kruis gebou het en ons kinders dit moet dra.


 

Ineke Steyn

Kom braai by my

Ek staan op en dink aan wat ek gaan maak vandag,
Soms voel dit soos ’n skip sonder vrag.
Ek droom van konfyt met vye, kaasborde met peuselhappies by die dosyne,
Ek droom van ingelegde nartjies in stroop, broodbak, beskuit is my dood.

In die oggende eierbrood of toast, pap en sous,
Enige ding wat jy van kan raai, dit sal ek maak saam ’n slaai.
Kom braai by my, ek belowe jou jy gaan daaroor wil sing.
Al die lekkerste bykosse wat jy kan saambring.
’n Aartappelslaai of kerrienoedels dalk,
Braai pie of ’n potbrood gemaak om kostafels te oorlaai

Daar is nie genoeg dae om als te probeer
Te veel resepte om van te kies en te keur
Maar ek belowe jou een ding meneer
As ons uitgaan vir sushi sal jy my nie kan keer
Want daai is my eerste keuse, voor pizza en braai maak ek sushi my leuse.
Ander mense trek op julle neuse.
Dan vat ek oor en eet hulle s’n eerste.

Smaaklike ete


 

Celia-Mari Pieterse

Emosionele honger

Een knippie sout
om bloeddruk te reguleer.
Dis nodig, want ek lê heel dag net
en skuil van my seer.

Een lepel suiker
vir al die bitter hier binne my.
Wie weet?
Genoeg kan my dalk van hierdie monsters bevry.

Een koppie melk
om al die donker bietjie ligter te maak,
al voel dit soms
of niks beter raak.

Een hele dekselse koek
waarmee ek myself volprop
voor ek besef al wat ek eintlik soek,
is vir hierdie leemte om te stop.

Ek dink ek besef nou
dis my siel wat ek moet vul
voor ek ooit hierdie honger
binne my gaan kan stil.


 

Shuneen Adams

slim vang baas se kind

met ’n slag, twee drie
huise hiervandaan,
hoor ek die gegrendel
van ’n hek.
Swaar, stokstyf toe.
om daarin te kom kos
’n meestersplan
beraam!
ek is honger
ek is covid en ek sal
wag,
uit moet hul kom,
om bene te rek iets te
eet en asem te skep
Ek wag net hier op dié
een plek!

Dag 56 en steeds
staan ek wag.
het nou al oral om hul
huis geloer
en wrintiewaar wat sal
ek sien?
twee woelige pare
bene, trap stewig vas
terwyl twee pare
handjies pa help die
grond bewerk!
Trots staan hul trug
terwyl hul hul
handewerk beskou
wortel in die mond
hoog pronk die blare
van boontjies, mielies
en ui
reguit parmantig, elk in
sy eie ry!

Vergete is my planne,
dae lank het ek
gewag ... en hulle?
soetsalig tuis besig
om groente te plant!
Die outjies het ’n
meestersplan beraam.
Dus bly hul veilig, tafel
bly gedek, magies
gevul
vredeliewend op een
plek.
Rustig wag hul vir die
storm om uit te woed,
wyl hul elke dag
vars lug, vanuit hul
groentetuin begroet
en lekker smul aan
berries mooi rooi en
stroopsoet.

Covid mag dalk koning
kraai maar hier vang
slim nou sy baas se
kind.
As ons almal hul
voorbeeld volg,
ons dink die virus is
dom
Op een of ander
manier sal hy by ons
almal probeer kom.
Ons moet ook in ’n
tuintjie belê,
so sal hongerpyne
ons nooit eens kan
bykom
die beste manier om
ou covid en ou
hongersnood goed uit
te oorlê!


 

TC Boshoff

Afrika-leemte

Boepensie wat kaalvoet die stofpad langs stap
en met uitgestrekte handjies hoop op ’n stukkie pap
met ribbes wat jy kan tel soos die klawers van ’n klavier
les jy daagliks jou dors in die cholerarivier

’n Verkrimpte hart wat bokspring met die gedruis van ’n motor
sigbaar verlig want dié keer is die porsie groter
versigtig koester die wankelrige vingers die kosbare vrag
en in jou wese wonder jy of dit al is, vir vandag

Stadig bak die lewe jou siel tot ’n lyk
al sou jy wat wou gee vir ’n taai stuk steak
maar die aarde is dor en niemand sien jou raak
droom van bredie terwyl die leemte binne braak


 

Ivania van der Westhuizen

Gate

Gate is goed wat gevaarlik is.
Gate gryp jou met gulsige arms.
Dit verswelg jou in die grom-aria van die honger-monster.

Daar is gate wat na jou toe terugstaar uit die kaste van jou kombuis.
Daar is gate ook in jou beursie en jy bedel vir die behoefte om dit te vul.
Daar is geen boeretroos vir die gebedsgroep.
Daar is net die troos van ’n God wat voorsien.

Die gate skree om gevul te word.
R5 se maalvleis van 10 jaar terug is nou R70 of méér!
Groentetuine is die antwoord vir die geldnood-era!

Gate is orals en is dongas wat jou opslurp en jou gebroke anderkant wil uitspoeg.
Emosies gaan lê binne-in dié gate van die vervalle pad na welvaart.
Seer, kwaad en magteloosheid lepellê daar.
En die pyn van verwerping sny soos ’n mes wat ’n vurk in jou verhoudingspaaie dolwe.

Gate groei oor jy nee sê vir "kuier oor ’n koffie" by jou huis of restaurant.
Die kitskoffie is lankal op en daar is net ’n noodgeldjie vir brood.
Gate vorm rondom jou tafel waar eens op ’n tyd jou vriende gesit het.

Gate het nie ’n gevoel vir gewone mense soos ek en jy nie.
Gate gryp enigeen en dit onderskei nie, maar lê en wag geduldig vir prooi.
Soms grou en klou dit om jou daar te hou.
Maar soms kruip jy met moeite en met mening uit tot bo.


 

Carmen Viljoen

Liefdesdade wat bulimie nie kan keer nie

Die bleekgesigvrou sit met ’n glimlag om haar mond
altyd sappige watertandlekker maaltye voor
Met lagplooie om haar oë lyk sy op haar beste
terwyl sy die verskeie maskers dra
Gasvrou, Huisvrou, Mamma, Fantasievrou, Beroepsvrou

Met ’n glasie wyn in die een hand terwyl sy voor die kospotte woel
put sy vreugde daaruit om te weet, dié wat haar kos eet sal met
vol magies en vol harte
daardie aand in die bed klim
Dit is ’n anderste satisfaksie, dit is ’n liefdesdaad
Dit bring haar trots en vervulling wat niemand wat haar ken sal kan raai
sy nie self uit die daad van eet put nie.

Niemand is tog daar agter die badkamer se deur
wanneer sy op haar knee voor haar wit porseleinmeester gaan kniel nie.
Wanneer sy haarself keer op keer leegmaak
as sy te vol voel sodat sy nie later te veel voel nie
Sy wil maer wees
Of ten minste maerder as die vetste vet vrou
Haar verhouding met kos was nog nooit normaal nie.

Kleintyd leer mens dat jy alles op jou bord moet eet
as jy die kleuterskool juffrou se goedkeuring wil wegdra
of daardie aanloklike beloofde bakkie nagereg wil hê
Dan sluk jy maar swaar aan die koue gestolde Maltabella-pap
of daardie gehate skorsie wat op jou bord lê en jou koggel
Dan is jy so ’n mooi soet nooi as jy jou kos afwurg

Later leer jy anders, en niemand laat jou weet presies wanneer daardie punt is nie
Maar eendag is dit net so dat jy skielik te vet is
Die juffrou dink dan sy is vriendelik en noem jou net mollig
maar jy weet dit beteken eintlik vet want die kinders sê dan so

Jy leer dat jy minder moet eet as jy nie die kinders op die speelgrond se graplied
wil hoor nie
Want al hardloop jy hoe baie om die atletiekveld met jou rooi gesig
en die sweetkolle wat soos twee drasakke onder jou T-hemp se moue verskyn
jy het die "fat gene" geërf
en jy sal nooit die lang, slanke atleet wees wat die hardloopding
met soveel grasie kan doen nie

"Dit sal vir jou nou maar altyd ’n effort wees"
leer die bleekgesigvrou
Maar nagereg is dan so lekker, alles wat vet maak is lekker
en een ding wat sy nog nooit gehad het nie was goeie selfdissipline
En so op ’n dag in haar tienerjare vind sy die kortpad
Die enigste kortpad is kniel voor die porseleinmeester
Die volmaak- en leegmaak-badkamerspeletjie
Tot haar kneukels rou is
Sodat sy maer kan wees
Of darem maerder as die vetste vet vrou

Op ’n dag verander dinge tog vir haar
Haar dogter word groot en die bleekgesigvrou
vrees die dag wanneer haar dogter moet uitvind oor mense soos sy
wat die volmaak- en leegmaak-speletjie speel agter die badkamer se toe deur
En hoe sê sy vir ’n pragtige meisie dat dit nie nodig is nie
Dat dit gevaarlik is om daar te kniel
Hoe waarsku sy haar dogter teen die
altyd leë gevoel wat bly
maak nie saak hoe maer dit jou maak nie

Dan dra die bleekgesigvrou maar eerder haar finale masker
Die een van tevrede wees in die vel wat jy gegee is
En die beste maak van dit wat jy het
Terwyl sy die lewenspeletjie meer eerlik probeer speel
"Nee dankie" leer sê vir elke bakkie nagereg
En maar leer om haar skorsies te eet


 

Christo Swart

Fluit, fluit, my etenstyd

Hulle sit rondom oorgekookte kos en gesels oor die eerste vyf links op Google.
Die kinders se oë klou aan handheld skerms vas
Geen klets, geen musiek
Die vrou wat host, kruip weg in die kombuis
want sy kyk nie 7de Laan nie
vroeg soggens gaan ruik sy die mis teen die hange van Tafelberg
haar asem ritmies
tromme
soos ’n sjamaan loer sy in die kospot in
hulle gaan dit nie eers proe nie
hulle het afgeleer hoe om op te let
vêr verwyder


 

Lizna Kriel

Vergifnis opgedis
Johannes 21:1–19

Knetterend het Hy my vergewe,
Om ’n vuur met vars ontbyt
my genooi om te kom aansit
terwyl ek kaalgat
terugswem in Sy arms in,
gestroop van intensies en agendas.
Net ek
met die hoop
dat Hy is wie Hy sê Hy is.

Sout wat sout bly
binne my,
sit voor my
met vergifnis in Sy oë.
Gewonde hande bedien my siel
met hoop
en ek sit nog steeds
kaalgestroop
in die eggo van ’n hanekraai.

By Sy vuur word Lewende Woord
God's Lewende Brood
en voed my siel,
trommeldik,
daar by Sy kosmaak-kampvuur.
Teruggekoop, so kaalgestroop.
Vergifnis opgedis
deur die Visser van mens


 

Heinz Peter Hiestermann

Alles tevergeefs

Dik gevreet en vrek honger,
is uiterstes
soos kondensmelk en bokkoms.

Dik lywe, maer lywe
Sielswroegend
Van vroeg soggens
Tot diepste donker nag.

Die woorde van Prediker
Kom tot herinnering
Alles tevergeefs, alles tevergeefs
Dit is alles tevergeefs

Bord kos, leë bord
Wat maak dit saak as
U siel in hel gaan brand
Soos kaiings op die vuur

U het vandag nog kans
Maak reg, bekeer
Neem die Verlosser aan
Prys Hom in rykdom en in armoede

Die Woord van God
Is ware voeding
Sielskos, Koningskos
Lewende Water


 

Danie Crous

Feesmaal

Of jy sit by die vleispotte van Egipte
of by ’n pappot in jou dorp
of jy deel in ’n koningsmaal
of ’n stukkie bedelbrood
ongeag jou taal,
al praat jy geen woord
die samesyn is goed
vir gees en gemoed.

Hoe skraal die maal ook al
is dit male sonder tal
bewys, en goed om te weet
dat dit mense baat om saam te eet.

Dit bied geleentheid om
– te bespiegel oor die weer
– van ander mense te leer
– te gesels oor mense se familie en kinders,
hul reise, stories en ander ondervindings
– sienings oor godsdiens en politiek te verkry
– jou in ander se voorspoed en vreugdes te verbly
– iets van die stilles se lyftaal af te lei
– ontbloting van eie onkunde te vermy
– te hoor van gesinslede se behoeftes en vrese,
– raad te gee met hul doelwitte en keuses
– saam familie-aktiwiteite te beplan,
en reëls vir saamwerk as ’n span.

Maar rondom die tafel sal dit ook gebeur dat
– mense mekaar wil verskeur
– verskille blyk oor ’n bepaalde saak
– argumente hewiger raak
– partye weier om toegewings te maak
– uitsprake en woorde kwetsend raak,
– mense opstaan en uitloop
en die ete van vrede en vreugde stroop.

Dan dink ’n mens aan die Laaste Avondmaal
toe Jesus tot voetvlak moes daal
om in ’n tyd van onsekerheid en vrees
dissipels te leer om diensbaar en nederig te wees
toe ’n verraaier van die tafel sou wegloop
vir sy eie tragiese storie se verloop
toe brood en wyn verhef is tot ’n feesmaal
wat vertel van ewige lewe, die verlossingsverhaal.


 

Driekie Beetge

my hartstafel

soos wyn aptyt opwek
soos kalmoes seer heilig
soos olywe ’n hart versterk
soos pomegranate reinig

so is my hartstafel
vol lieflike geure
kaleidoskope
in rooies gedoop

so dek ek my hartstafel
met rooi liefdesappels
om die einas te heel
van baie roue sere

my nardus-flam wat brand
versprei ’n lief-aroma
tussen gisters wat was
lawe ’n siel se ode

maak my kop besope
met jou liefdeswyne
geskink uit druiwe-oorde
soete woorde, sonder ydel


 

Theresa Postma

Plakkerskamp

Don’t care with your purse, care with your time,
your heartfelt interest in one another. – Theo du Plessis

O, God, mag ek my gewete nie langer
sus met bessierooi en lint
want, my oë het gesien!
Die kind wat weet van hongerte.
Die kind wat armoede in haar oop hande dra,
my sonder gesigsuitdrukking dophou.
Hier is die lewe net sink, bokskarton en muf.
Geen bome, geen groot ruimtes.
12 gesinne. 12 kosmandjies
: pap, soja, blikkiesvis
wee, o wee, gestrik in rooi lint.
Ja, stomme kind, my oë hét gesien.
Kom, waar Kersmis die blou-blou van die lug ontmoet
sal ek vir jou ’n feestafel dek
met whoopie pies en springmielieballe,
pampoenkoekies, vleis, reënboogslaai,
brownies, én roomys;
ons sal saam rondomtalie draai
en uittelrympies aan ’n sierboom hang:
olke bolke riebiekie stolke.
Jou vetkryt-voëls sal vlerke kry
vlieg daar bo en vooruit ...
Ja, kind, hoe durf ek my gewete
in geskenkpapier toemaak.

O, God, vandag wil my nie los nie,
alleen die liéfde kan hierdie kind red.


 

Laurette Hitchcock

ten koste van

Hoe lank raak ’n dag?
sy is óp van wag
dinge raak net nie beter
alles is onseker
die kinders kerm en kla
sy kry fokkol support van die pa

elke dag ’n oorlewingstryd
sy kom nie met die grant-geld uit
hoe hou mens die pot aan die kook
met ’n man wat nog wil suip en rook?

vier snytjies bruinbrood en ’n blikkie vis
waar is die Man
van die Bybelverhaal?
om dit te laat vermeerder
tot ’n groot feesmaal

haar melk vir die bybie
is lankal op
laaste sente gisteraand
gesteel vir sy dop

sag vou haar hand
oor haar jongste se gesiggie
stil is hy –
ná ’n rukkie


 

Simone Sevenster

Op die rak ...

Hier sit ek stokalleen en kaal
in hierdie winkel – hy is kolossaal.
Ry drie is al vir dae my tuiste
Oor my klap niemand ooit vuiste.

Nes enkellopende ou tannies sit ek op die rak.
Anders as ek, is Appels, Pere en Piesangs só mak.
Al is hulle soms peperduur
woon hulle nie lank hier.
Binne ’n uur word hulle gekies
As mense verby my loop dan hoor ek net "sies".

Gevriesde Ertjies is ook al lank hier
haar eerste verjaardag word amper gevier.
Blomkool vertoef ook al ’n hele ruk
miskien moet ek op my rug lê of anders mik?

Dit is Kersfees en my vleismaats bly nie langer as ’n uur of twee
Gammon, tong en bees – almal het dieselfde idee.
Selfs Sardientjies word gekoop
Dit is net ek wat nog hoop

"Tot siens, liewe vriend. My beurt is uiteindelik hier!" skreeu Eenlaagtoiletpapier ewe
My vietse lyfie begin bewe
Hoe kan dit wees?
Hier sit ek, en almal het elders ’n fees.

Daar draf Sampioene, Vars Room en Knoffel lag-lag
Seker ’n sampioensous wat wag.
Kos in blikkies, vervalde Volroommelk en Polonie vat die pad
Ek is moeg, siek en sat.

Hier kom die man in die jas
hy gaan my verwyder –
een van die dae is ek as.
Niemand wil my in ’n dis gebruik.
Is dit oor hoe ek lyk of ruik?

"Verskoon tog, meneer, waar kan ek Aspersies kry?"
Hoera! Vandag kry ek my ry!
Die dame streel my en dan my tweelingbroer
Waarom moet sy só sloer?
Ek is stom
want toe kies sy hom.

Nou is dit net ek en Gevriesde Ertjies
Ek is vies, waarom wil niemand ons kies?
Nes Tannie Bets in Huis Sonneblom
sit ons steeds op die rak.
Miskien moet ek my maar vermom?


 

Anina Naudé

Lag, leef en vergeet

Kaviaar word verslind deur kaal boepens-
lywe wat dans, lag en slinger

Borde breek, diamante en tande skitter
Spoggend, met oormaat, vol glase klink

Tafels kreun van sjampanje, sushi,
Kersfeeskalkoen en aartappelslaai

Bo in die lug oor ’n uitgeteerde lyfie
van ’n kind ... op rooi stofgrond,

’n honger aasvoël wat draai ...


 

Maya Joubert

Verg(eet)

Ek vergeet soms
hoe maklik mens vergeet, moet vergeet,
hoe dit geknaag het te midde van (honger)nood
Woorde en honger, "asseblief" en "kos"

Deurgeknaag
Opgeknaag
In my íngeknaag
Ek was deurgeskuur, maar my lyf moes (kon) dit verduur

Net my lyf kon.

Handjies reik na vertroosting,
soos ’n naïewe kind na nagmaalbrood,
net ’n herinnering sonder verduideliking, teistering in ’n sekonde van ontvangs geplaas
wat geen kol in my maag kan vul, toeweef

Te min
Net ’n herinnering, proeseltjie
om die smagting te verwek, in dop en wese,
van wat kon wees

Dus mag ek vergeet,
want
hoekom sal jy onthou hoe honger jy was
as jy reeds versadig is?


 

Adri Antoinette Hiestermann

Soet bitter melodie

"Wie weet waar Willie Wouter woon ..."
’n Kinderliedjie, wat soet klanke na
my hart bring.

"Wie weet waar jy woon ...
... waar Willie wasgoed was ..."
 Sê my, kan mens die seer uitwas?
Ek laat my gedagtes vry om die
soet herinneringe se vrugte toe proe

Maar alles verander in ’n bitterbessiebos
’n brandpyn in my maag, of is dit in
my hart, is dit die groen vrugte wat ek
in my verbeeldingsvlugte ryp gewens het?

Nee, dit is ’n honger hart
Wat na jou soet glimlag – net jou aanwesigheid alleen
Die stille verlange kan voed, in my verskanste smart
Kan dit nie in die woestyn weer reën?

Waarin ek terug kan kyk
In my siel se wasige ruit.

’n Soet smaak kom in my mond wanneer –
"... waar was Willie wasgoed?
Waar woeste westewinde waai ..."

Sou jy kon raai, sou jy?
Dat daar partymaal ook in my,
Woeste westewinde waai ...?
Dat dit in my woed.

Soos ’n mens soet klanke uit ’n kitaar kan optower
So is die soet melodie van my hart, maar
iewers is ’n vals noot op my hartsnare gedruk

My liedjie van ’n soet bitterbessiebos
dit is mos! Of was dit ooit al anders, ja –
Het ek dan nie al jou verfrissende soet nabyheid
oor my voel spoel soos bruisende wit branders.


 

Inge Keyser

Tog steeds sondaar

Soek in die kas.
’n Tjoklitjie hier,
’n happie daar,
maar vol word ek nie.

Siel steeds leeg.

Die golf van dopamien,
slegs tydelik.
Na tien minute het ek teruggekring.

Siel steeds leeg.

Soek in die laai.
Pak tjips op,
koeldrank uit die yskas uit ...
weg.

Ma wonder hoekom aandete nie geëet word nie:
"Waaraan het jy gepeusel?"
"Niks nie, Mamma."

"Wie het van die koekies geëet?"
maar
sy weet.
Hoekom vra sy nog?

Sy tel vir ’n rede.

Skuld en skaamte:
"Sal nie weer nie, Mamma."
Ons al twee herken die leuen.

Môre,
dieselfde storie:
"Daar was vyf muffins.
Nou net drie."
Sy weet.
Hoekom vra sy nog?


 

Marietjie Pienaar

Versadig – watwou!

Die wit kas het sy koue verloor
want boetie het kom kuier,
Pa het nog nie ophou kou
en besoek hom met elke draai

Versadig, watwou!
Dan kaas en tamatie
Dan botter vir die brood
Melk vir die Milo
En eiers vir ’n vale

Tien, twaalf, veertien keer
Ek het ophou tel
Versadig – watwou
Die yskas is nou flou


 

Louise Oosthuizen

Massaverorbering

Eet ons om te leef of leef ons om te eet?

Verjaarsdagtafel kreunend
Kersfeestafel steunend
Begrafnistafel bewend

Dekadente tafels gebukkend gepak in die vorm van gevulde eiers en klein wit driehoek- komkommerbroodjies.

Rolkoek
Vetkoek
Vetmaakgoed

Ek bepaal die daaglikse groeitempo van breedte en wydte met my akkurate indeks en wysvinger.
My vetjies vet en my rolletjies rol.

Gewalg (maar honger) deur my tekort aan selfbeheer bou ek kastele uit wafels en room vir moed en bravade.

Môre is Maandag
Slaai-en-water-dag

As die maan van kaas was het ek hom geëet.


 

Abigail Adams

Mammie, ek is honger

Mammie, ek is honger
Wa gaan ons volgende meal vandaan kom?
Pappa-goed werk hulle vrek
En steeds moet ek stilbly as my tjommies oor hulle buffet meals brag
Neh Mammie, ’n man is honger!
Here, help ’n man uit daso
Here, voorsien daso
Want Mammie, ek is honger hieso


 

Elizma Rheeder

Tekort aan brood

Daar’s ’n tekort aan brood, ons noem dit sommer hongersnood.
Maar die narre & die rykes drink net wyn, hulle weet mos nie van hierdie hongerpyn.

Dalk moet ons net leer ons appels deel.
Dan los dit mos niemand wat oor hongerte steel.

Marie Antoinette voer vir almal koek, maar in Afrika slaap sommiges vanaand op ’n hoek.
Hulle kan nie hulle koek kry & dit ook mos eet nie.

Mieliepap, marog of kool met Maltabella,
Dis maar stapelkos dis wat ons ken dié. Geen tjops & ribbes met fancy frikadelle.

Daar’s ’n tekort aan brood, die honger is waar.
Wie gaan hulle voer van die lewende brood klaar?

Daar’s beslis nie net 1 tipe hongersnood.
Daar’s soveel meer wat smag na die siel se brood.


 

Aangebied in samewerking met die

The post Eet my woorde: Inskrywings (6) appeared first on LitNet.

Viewing all 21513 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>