Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21831 articles
Browse latest View live

’n Gesprek met HemelBesem oor “Witbooi”

$
0
0

Foto van HemelBesem: Liné Loff

Die kundige woordsmid HemelBesem het onlangs die grond onder ons kom skud met sy nuwe rap-lied "Witbooi", waarvan die treffende refrein lui:

wiet’ ie altyd watte' kant toe nie
en ’it voel dat ek is man-allien
ons is mos oek al lankal hie’
is ek han niks hie’ in my land in nie?
dis unbelievable! Xam was hie’ gekul, down tot even ’n nul
die country is stil, lat ons net hum terwyl ’ie Nama people ’it gil
skrie; "Witbooi! Witbooi! Witbooi!" 

HemelBesem is die verhoognaam van Simon Witbooi, ’n direkte afstammeling van die legendariese Nama-leier Hendrik Witbooi. Wat dus veral treffend is van hierdie snit, is die manier waarop HemelBesem die Suid-Afrikaanse sosiopolitieke konteks en geskiedenis met sy persoonlike ervaring en familie- en stamgeskiedenis so vernuftig verweef in die lirieke. Die produk is nie slegs ’n catchy hip-hop-lied nie, maar die veelvlakkige, digte lae van betekenis daarin noop die druk van die replay-knoppie. En met elke luister word nog betekenis onthul.

Na die soveelste luister stuur ek vir Besem ’n WhatsApp. En dit word die begin van ’n boeiende stemboodskapgesprek wat oor drie dae strek. Ek deel hier graag die hooftrekke.

Ek vra: "Jy het al voorheen in jou lirieke na jou Nama-herkoms verwys. Maar met ‘Witbooi’ spreek jy die Nama-geskiedenis spesifiek aan. Hoe sal jy self die tema van die lied beskryf?"

"Kyk," antwoord hy, "ek dink die lied spreek nie noodwendig Nama-geskiedenis aan nie, dit spreek ook nie noodwendig Witbooi-geskiedenis aan nie. Dis wel die Khoi ... die ondertoon is die Khoi-consciousness as ek dit so kan noem." Dis ’n bewussyn wat volgens hom heers onder die moderne afstammelinge van die Khoi, San, Griekwa en ander inheemse bruin stamme, want "die moderne ou se probleem is dit wat hy nou ervaar".

Hy brei uit: "Ons verstaan sekere goete nie; hoekom tel my sê dan nie so baie nie? Jy weet, daar’s die stereotipering van hierdie mense wat afstammelinge dan is. Dit is wat tans gevoel word, veral in die konteks van Afrika, as ek sê Suid-Afrika en Namibië ook. Jy kan even die omliggende ander Afrika-lande ook byvoeg. So, daar’s baie, baie vrae."

Volgens hom is dit iets uit die verlede wat tans herleef. "Dit wat ons tans voel en dan waarvanaf ons kom, is ’n groot issue. Dit wat was. Jy weet, daar’s ’n consciousness van daai tyd wat weer beginne opstaan, wat die vrae eintlik aanvuur en wakker maak, en die vuur kan ’n bietjie vir mense ongemaklike hitte verskaf in Suid-Afrika en Namibië, maar dit is belangrike vrae."

Waar hy hom tans bevind, sowel as bepeinsinge oor sy herkoms en bloedlyn het hom as kunstenaar en as mens dus ongemaklike vrae laat vra: "Dis amper ... ek kan nie sê dis onmoontlik om sukses te behaal nie, maar daar’s ’n oorkoepelende staalplafon wat ons mense hou in ’n spesifieke hoogte. Van skoolopleiding ... geestelik ... dis verskillende goed, man, daar’s net so ’n ysterplafon wat ons onder hou. En ek het beginne vrae vra oor Hendrik Witbooi."

Hy vertel my van sy fassinasie met revolusionêre karakters, en vandaar ook sy fassinasie met sy revolusionêre stamvader. "Ek meen, op my arm is [’n tatoeëermerk van] William Wallace, die vertolking soos Mel Gibson dit vertolk het; daai movie is so ’n kerndeel van wie ek is. Ernstig, ek het nie hierdie geskiedenis heeltemal verstaan nie – ek praat nou van ’95, ’96 – maar ek het daai tyd Braveheart en dié goed gekyk, en dit het my lewe geshape, dit is eintlik wie ek is." Maar terwyl die storie van Wallace hom in sy jeug diep getref het, het hy nie geweet dieselfde tipe storielyn lê ingebed in sy gene nie. "Ek het nie dit geweet nie. Daai selfde ding! En nou skielik raak daai ding ... hoekom ek so aanklank vind daarby ... is nie oor wié nie, wat dit is nie ... a, Skotland of whatever nie (terloops, ek het Skotse bloed ook) ... maar eintlik is dit omdat: dis embedded in my DNS, daai revolutionary ding."

Hy sê daar is beperkte literatuur oor Hendrik Witbooi geredelik in Suid-Afrika beskikbaar. "Dis so moeilik vir ons om literatuur te kon kry om ons bloedlyn en ander kwellinge en vrae te kon opsoek. Ek het byvoorbeeld ’n tatoeëermerk van Hendrik Witbooi op my linkervoorarm, en die rede hoekom hy daar is, is ek wil hê mense moet my vra: Wie is die ou? En dan gee dit my die geleentheid om te praat, en daai consciousness van wie ons is, om daai te share." Dis volgens hom nie ’n politieke ding nie, maar gaan eerder oor die "essence, die spirit van wie hierdie man was".

Volgens hom verteenwoordig die lied "almal van ons mense", insluitende Khoi- en San-stamme, "maak nie saak of dit gemeng is nie". En, meen hy, "ons het daai unanimous ding dat ons mis icons in ons histories in, wat gedeel moet word."

Hierdie lied poog met ander woorde om die storie van Hendrik Witbooi te vertel, maar ook om wat HemelBesem "die Witbooi-consciousness" noem, te deel. "Daai fokus, daai drome, daai visie ... daai raak dan ’n general thing [...] So ek dink die song moet dáái aanspreek." Hy vergelyk die uitroep van "Witbooi" in hierdie sin met die uitskree van "amandla!".

Foto: Johan Kotzé

"‘Witbooi!’ raak dan met ander woorde ’n kreet wat ’n consciousness vergestalt?" sê-vra ek. En dan verder: "Hoe skakel dit vir jou as rapper met die hip-hop consciousness?"

"Ja, kyk, hip-hop op sigself is maar iets wat ’n baie conscious movement is," antwoord hy. "Obviously, die commercial idea is nie waarvan ek praat nie." Volgens hom het kommersiële, radiovriendelike hip-hop wel ’n plek, ofskoon dit "baie middeweg" is. "Maar daar’s ’n rede daarvoor: brugbou."

Hy trek hierdie "brugbou" in die hip-hop-beweging terug na sy herkoms: "Dit is die consciousness van Hendrik gewees, uiteraard, om netwerkte te bou onder ons mense, tribes bymekaar te bring."

Wanneer hy oor Hendrik Witbooi gesels, raak hy byna liries. Hy praat oor Witbooi se "geestelikheid" en hoe hy reken dit deel was van alles wat Witbooi gedoen en waarvoor hy gestaan het. "Hy was gegrond in sy idees, sy interpretasie van wat hy dink God vir hom gesê het. En daai’s ’n heavy consciousness en ’n fokus eintlik, en ’n roep wat ’n consciousness raak. Jy weet, dit raak deel van jou physical body, jou mentality, dit verblind jou tot jy net dit sien." Hiermee identifiseer HemelBesem, sê hy.

Maar dit was nie altyd so nie; hy het eers later in sy lewe meer van Hendrik Witbooi te lere gekom. Hy vertel hoe hy baie oor hierdie stamvader kon leer by die hedendaagse Nama-leier Kaptein John Cornelius, asook by Conny Braam, die skrywer van Ik ben Hendrik Witbooi. Ook het ‘n rasta in Observatory destyds vir hom The Hendrik Witbooi Papers gegee. Dít was vir hom ’n openbaring: "Daar was net raakpunte; dit was daai Braveheart-ding, op eie bodem. En nie net op eie bodem nie, dieselfde gene. En dit was vir my verstommend.

"So my kuns, die rede hoekom ek hip-hop doen, is juis gegrond in brugbouwerk, in daai netwerke, aan ’n boodskap deel. En al my ondertone is geweldig ... enigiets wat ek aanpak het ’n geweldige geestelikheid, en dit is nie iets wat ek eenkant toe net kan definieer nie; daai geestelikheid is beslis ’n realiteit vir my."

Vir hom is dit nie ’n geloof of oortuiging nie, maar ’n waarheid. "Dit is my kontaklens. En dit is deurdag; dis nie ’n bubble waarin mens leef nie, dis net ’n realiteit. Met sy eie wette en reëls en goed, en ek dink almal hét dit."

Wat Hendrik gedoen het, sê hy, "dit strook met my." En inherent daarin is ’n balans. Hy reken: "Rebelle het ’n geweldige balans, revolutionaries het ’n geweldige balans in hulle lewe: Aan die een kant het jy hierdie wrede bra wat hy kan wees, en aan die ander kant is hy ’n poet. En Hendrik Witbooi is hierdie sagte ou in terme van sy geestelikheid en approach en sy confidence, maar daai selfde lam raak net so ’n leeu wanneer hy brul."

Hy bring hierdie balans weer in verband met William Wallace, en verwys na die Braveheart-dialoog "waar die French ou sê weet jy wat, hierdie man is ’n savage, moenie na hom luister nie. En dan praat [Wallace se karakter] in Frans terug en dan sê hy: ‘I never lie,’ sê hy, ‘but I am a savage.’ En jy verstaan dit. Dis dignified, dis civil, dis poetry."

Soos Wallace, reken HemelBesem, was Hendrik Witbooi "always against the odds". Maar as grondslag het hy ’n sekere waarheid gehad en was hy "a seeker of truth". En op soek na hierdie waarheid was hy op ’n reis.

Dit word vir my duidelik dat HemelBesem hier praat oor selfverwesenliking. Veral wanneer hy sy identifikasie met Hendrik Witbooi weer terugvoer na die hip-hop-bewustheid: "Dit is seker hoe dit vir my strook met my hip-hop consciousness [...] die actual intention is daai self-ding. Dis basically waaroor die gaan, daai deep self, daai essence ... om daai goete te communicate."

Hy verwys dan na die sogenaamde vyfde element van hip-hop,* naamlik die kennis van die self: "Die fifth chapter in die culture van hip-hop het te doen met ’n consciousness; jy moet weet wie en wat jy is as ’n mens en ’n fokus. En dit is die belangrike ding wat hip-hop aanbetref, om daai te gaan search. En Hendrik het nét daarmee te doen. Sy hele lewe, hy’t so doodgegaan ..." Hy praat in hierdie verband ook van die "guidance van God" wat volgens hom Hendrik Witbooi se doen en late onderskraag het.

Wanneer dit kom by praat oor God, geloof en die Bybel, is HemelBesem versigtig, maar nie skaam nie. Hy vertel dat die twee boeke wat die grootste rol in sy lewe gespeel het, onderskeidelik The Hendrik Witbooi Papers en die Bybel is. En sy geboeidheid aan laasgenoemde is by hom ’n weldeurdagte ding. "Ek het ’n bietjie teologie geswot en ek was ’n pastor op ’n tyd, vir amper tien jaar. En al hierdie goed speel ’n rol." Maar, sê hy, vir hom gaan die bekoring en identifikasie daarmee eerder oor die Skrif se poësie, lewenskragtigheid en hoe lank dit al eggo. Hy besing die "technicalities" daarin, die "beauty" van die narratiewe. "Oe, ek like mos die David story," sê hy dan, "daai altyd-against-the-odds-bra." Hy wil hom ondersteun, en wees, want hy identifiseer met hom.

Ek sê: "Van daai Bybelse Dawidverhaal, tot William Wallace, tot Hendrik Witbooi. Die storie van die underdog resoneer dus by jou. En die storie van die underdog is die storie van hip-hop, dan nie? En so is dit ook in hierdie lied: ‘ons het plak, steam, mas, alles / no luck, ons sien ons butt in alles / op drugs, is siek, os vat van anders […] gestraf, ek siek en sat van alles / sat gestiek, en plat soes wallets.’"

En verder: "Behalwe die vyfde element van hip-hop – waaroor ons nou reeds gepraat het – wat dink jy maak rap so ’n funksionele wapen in die ‘rebellie’ en die ‘brugbou’ waarvan jy praat?"

"Hip-hop is in ’n mate die storie van die underdog," sê hy, "maar jou commercial hip-hop, dink ek, vertel van hoe ’n ou van die underdog af [tot by die] top kom." Hy noem hierdie kommersiële rappers die "distortionists" en voeg by dat bewuste hip-hop nie deel is van hierdie hoofstroom nie: "Die music in hip-hop wat gaan oor die underdog se struggles gaan jy nie noodwendig op die radio kry nie." In kommersiële hip-hop praat "daai underdogs wat dit gemaak het, die top dogs, praat eerder en aksentueer die top dog status die heeltyd. Van die karre, van geld, whatever, alles." En dit is iets wat HemelBesem probeer vermy, sê hy. "Ek probeer nie brag oor enigiets nie. Dis meer [...] funksioneel, en soos jy sê, rap is ’n funksionele wapen."

En brugbou en rebelleer?

"Almal rebel teen iets," reken hy. "So rebel is nie ’n nuwe ding nie, dis maar net binne die konteks van waar ons onsself bevind. Iets kan vir jou soos rebellie oorkom, vir ander mense is dit normaal."

Hip-hop was dus nie vir hom noodwendig ’n kwessie van rebellie nie, maar het gespreek tot sy realiteit. En dít het hierdie genre anders gemaak as enige ander musiek wat daar tot sy beskikking was.

HemelBesem is in 1981 gebore, en toe hy so 10 of 11 jaar oud was, is hy bekendgestel aan hip-hop en het hy dit "ingedrink". Hy vertel hy het ander uiteenlopende tipes musiek ook geluister. Maar geen ander musiek was vir hom "so direk" soos hip-hop nie.

In sy grootwordjare was sangers soos Bles Bridges, Rina Hugo en Annelie van Rooyen algemeen op die plaaslike televisie en radio. "En dit is nice music, tot vandag toe luister ek daarna. Jy kan my niks vertel van dit nie. Maar daai musiek is net esteties, dit is al wat dit was. Net mooi. Ek kan dit nie toepas in my lewe nie, want you can’t redeem what you can’t relate to. So ek kon nie relate met dit nie, en hulle kon my nie redeem uit my situasie uit nie."

En dié situasie was een van sosio-ekonomiese marginalisering. "Ek het grootgeraak in ’n sinkhok, in die ghetto’s. En waar ek grootgeraak het, die gangs, al daai goed is normaal," vertel hy. Van jongs af het hy saam met sy pa as ’n timmerman gewerk, en van vroeg af was hy "tussen die boys, een van die boys". En dan verduidelik hy verder hoe die populêre sangers van hierdie era wel gemaklik op die oor geval het, maar nie tot hom gespreek het nie: "Daai musiek van ’n vrou in ’n blommerok onder ’n boom [met] ’n kitaar, jou tipiese tagtigs-ding ... of ’n man in ’n suit, die minnesanger-tipe styl. Dit was mooi. Selfs die musiek waarna ons geluister het op 21sts, verjaarsdagpartytjies of Krismis en al dié goed, dis altyd die minnesangers. Engelbert Humperdinck, Percy Sledge, whatever, jy kan dit noem. Maar dis ouens met ’n suit, en dit is nice, dis daar, maar dit is nog nie ... dit is [net] aesthetic."

Self musiek wat belaai is met emosie en met ’n klank waarmee hy kon "connect", soos dié van Luther Vandross of Peabo Bryson, kon nie aan hom bied wat hip-hop het nie. "Toe ek die eerste keer hip-hop hoor, was dit wow, dit is eerlik. En ek sê altyd hip-hop het ’n manier om ... dis nie altyd reg nie, jy hoef nie altyd saam te stem met als wat ’n ou sê nie, maar dis altyd opreg, as jy na regte hip-hop luister."

Sover dit hom aanbetref, vertel hy, kon hy identifiseer met die boodskappe in hip-hop: "Ek het na alles geluister en die hip-hop-ouens was ... dit wat ’n man gedink het, het die ouens gesê. En ek praat nie noodwendig van die politiek nie, want dit was die groot klankgolf, die ding wat soos ’n tsunami deurgekom het eerste, en dit het nêrens radio airplay gekry nie, dis die weird ding." Hy sê hy weet nie hoe hulle as kinders die hip-hop-kassette onder mekaar gesmokkel het nie, want dis deurspek met vloekwoorde en is beskou as "duiwelsmusiek". Maar, sê hy dan, "ons almal weet ons ouers vloek of wat ons ouers dink of wat hulle doen in hulle slaapkamer, maar mens praat [net nie daaroor nie]." Hy praat van "daai denkbeeldige grense" van toelaatbaarheid, en reken "hip-hop het alles oopgevlek".

Teenoor hip-hop het rock en metal nie op dieselfde wyses tot hom gespreek nie, ofskoon hy ’n mate van waardering daarvoor gehad het: "Rock in daai tyd, hard metal en daai goed, het emotional goed aangeraak, maar dit was – om dit baie kras te stel – young white problems." Daarteenoor was die "problem van rap" volgens hom "anti-establishment straight from the gate".

En dit wat agter daardie anti-establishment-sentiment gelê het, is iets wat hy maar alte goed geken het. "So ouens praat van ‘arm yourself’, ouens praat van polisie wat vir jou kom skud [...], jou kom deursoek. En dit het ek eerstehands ervaar as ’n kind. Jy het geloop daarso in die strate en dan as ’n polisie-van verby ry, dan stop hulle almal, en boem!, teen die Vibacrete, almal word deurgeskud en gekyk wat het julle op julle; dit was ’n normal occurrence."

Sodanige gebeure het volgens hom die gevolg gehad dat ’n jongman soos hy kon dink: "Dit is seker maar wie ek is, dit is reg. Tot jy ouer raak en besef: Maar ek ís nie dit nie. Daai ding wat op my geplak word en embleem wat ek moet dra is nié wie ek is nie." Daardie selfde boodskap het hy in hip-hop gehoor, en wil hy ook in sy eie musiek oordra: "Ek noem daai goed in my songs, as honest as possible. En goed wat conflict in my mind, spiritual issues, dis embedded in wie ek is. So ek deel dit soos ek dit ontvang het."

Dis daardie eerlikheid en outentisiteit wat aan hom ’n sin van vergenoegdheid verskaf as ’n kunstenaar, iets wat hy glo kommersiële gewin nie sal kan bied nie.

Ons praat nog lank oor die lirieke van "Witbooi", en ek besef hoe elke liewe woord fyn gekies is, die dubbelsinnighede en woordspel doelbewus, die intertekste fyn deurweef. Want soos HemelBesem sê: "Elke happie moet vir jou iets beteken." Sy musiek het lae, sê hy. "I don’t waste lines. It might not generate millions of views, dis nooit daai intention nie, maar elke keer as jy dit gaan luister, gaan dit hit, en it will reveal something different."

En daardie vervlegting van lae van betekenis rus volgens hom ook op die Witbooi-van "en die consciousness wat dit teweeg gebring het". Die invloed daarvan strek ver, want meer as honderd jaar ná Hendrik Witbooi se afsterwe, het dit op hom, Simon Witbooi, ’n invloed. "Tot hier om te sê, nou: Ons het heroes, hulle is waardige manne en raise jou fist aan die binnekant, it’s not about being condescending towards other people, [...], dit gaan oor celebrating wie ons is, en dis daai wortel wat eers net gou, hier waar ons staan, gou net daai waters gaan opsoek, voor dit uitbranch om ander plekkies langsaan ook water te gaan haal. Net vir dié oomblik in dié song, maak jou oë toe, laat daai wortel skiet, in jou hart in dwarsdeur die space waar jy staan, en draw van jou eie space af. En dra vrug. En gee vir ander, cause that’s what we do."

Nota

* Daar word algemeen aanvaar dat hip-hop bestaan uit vier elemente, naamlik breakdancing, graffiti, DJ’ing / die gebruik van draaitafels, en MC’ing (ook gespel emceeing), oftewel rap. Vir sosiaal bewuste hip-hoppers geld ’n vyfde element, naamlik selfkennis, daarby.

Annie Klopper is ’n skrywer, digter en nadoktorale navorsingsgenoot verbonde aan die Universiteit van Wes-Kaapland waar sy tans besig is met ’n studie oor rap in Namakwaland en die Boland as voortsetting van plaaslike mondelinge praktyke.

Lees ook:

Wie is Walkie Talkie?

HemelBesem: “Ek glo dat die taal steeds besig is om te groei”

The post ’n Gesprek met HemelBesem oor “Witbooi” appeared first on LitNet.


Blomtyd in die Richtersveld

$
0
0

Fotobron: https://en.wikipedia.org/wiki/Richtersveld

Die opgewondenheid van ’n moontlike blommeskouspel word so mooi opgesom in die gedig "Namakwaland" van DJ Opperman: "Op die groot saaidag van die heelal / het reeds ’n entjie duskant Wupperthal / oor die kaal Noordweste / ’n sakkie van die Heer se beste / saad per ongeluk gelek, gelek en uitgeval." Die saad het gewis op die regte plek geval en dít in die middel van ons Skepper se blomtuin. Wat Namakwaland so spesiaal maak, is dat jy nie weet wat die volgende seisoen gaan optower nie; dit kan enigiets wees.

’n Blom is natuurlik soos ’n vrou. Behalwe dat hulle mooi is, is hulle boonop net so wispelturig en baie keer onwillige kunstenaars in ’n groot uitstalling, met die weer boonop as choreograaf. Die dag moet eksie-perfeksie wees, want op ’n koue dag gaan die dames nie eers onderrok wys nie, wat nog te sê van gesig. Op ’n warm dag wanneer die bergwind loei is hulle sommer gou kaalgat geskroei en binne ’n paar uur is die show heeltemal oor. Wys die malmokkie gesig, gaan dit ’n laaaang dag wees van baaaaaiiiie tee drink, want die kanse op ’n live show is feitlik nul.

Na uitsonderlike reëns is die Richtersveld vir die eerste keer in donkiejare in volle bloei en moet ek dit gaan verken. Eksteenfontein is maar 60 km van Vioolsdrift af en met die son wat kop uitsteek oor die Nababeep-berge was die vroegoggend opstaan weer eens die moeite werd. Die 500 km rondrits deur die Richtersveld is geskeduleer om saam te val met ’n namiddagafspraak met ’n klompie mooi jong dames iewers tussen Kuboes en Eksteenfontein. Die skaduwees wat vroegoggend rondskuif veroorsaak gedurige kleurveranderinge in en om die berge en alhoewel vygies die wêreld vol is, wys hulle nog nie gesig nie. Daar is egter so baie van hulle dat dit lyk asof ’n rivier deur die woestyn vloei en net wegraak in ’n gat in die middel van nêrens.

Van Eksteenfontein af verander die landskappe dramaties soos ek uit die berge en in die sandveld in ry. Die see se een kant is ook mooi en alhoewel ek in my vorige lewe langs die see gewoon het, doen "Port Jolly" dit nie vir my nie. Ek is ’n bergmens en Port Nolloth is net goed genoeg vir ’n garage pie en ’n Coke. Dit gaan nie eers deug om te probeer soek na ’n krefie of selfs ’n ou blink dingetjie nie, want die spietkops is orals. Tyd staan nie stil nie en soos ek aankruie raak die voorspel al meer uitbundig soos die verskeie kunstenaars my aandag probeer trek. Die "splattered canvasses" is amazing en alles is au naturel. Die son trek water en ek kry die gevoel hier kan ’n goeie ontmoeting wees. As al die byspelers hul bydrae lewer, kan die girls my selfs hulle sexy Victoria’s Secret-onderklere wys. Mmmmmmmm. ’n Haantjie mag mos ook droom. Die ontmoetingsplek is nog ’n hele entjie weg en die Colt seil soos ’n viking-skip deur die woestyn na die rendezvous-plek iewers tussen Eksteenfontein en Kuboes en my hart klop soos ’n tydbom.

Op presies die regte oomblik is ek daar en met groot glimlagte, hul gesigte na my gedraai en met ’n vonkel in die oog, sê hulle hallo. Ek is tot oor my ore verlief en weet nie so mooi wie om eerste vir ’n wals te neem nie. Ek kan mos nou nie help dat almal flikkers gooi nie, want sien, ek is immers ’n baie charming jong man. Dit was nie maklik om te kies nie, want almal is mooi en verseker die mooiste wallflowers wat ek al op my weë teëgekom het. Uiteindelik wikkel ek my boude stoksielalleen op die maat van ’n polsende tango terwyl die dames my rasend toejuig. Almal was te mooi en ek kon toe nie ’n keuse maak nie. Die ironie is dat die Richtersveld ’n paar maande terug nog in ’n erge droogte vasgeklem was en nou is hier oorvloed. Gousblomme staan heuphoogte en dit kos mooitrap om nie ’n klein gesiggie iewers anders te vergruis nie. Die wete dat dit vroeër die jaar toetentaal anders daar uitgesien het ,maak die feesvieringe soveel meer uitbundig.

Plek-plek versper suurpootjies die pad en op ander plekke verlei ’n gekraakte sementdam die oog met velde vol blomme as versiering daaragter.  Blêrende skape probeer in ou motorwrakke wegkruip vir die alewige aanslag van steekvlieë en ’n ou verlate skaapkraal op ’n canvas bespat met deurmekaar kleure en lyne wat kopsmokkelend sin maak staan tussen al die mooi jong dames. Die mooi hou nie op nie, want met die herwaarts keer bevind ek my weer tussen die berge, net om deur spekvet beeste en kalwers wat jubelend en vrolik tussen die klippe rondhuppel begroet te word. Donkies neem stofbaddens in geriewe "fit for a king" en voor ek my oë vir ’n tweede keer kan knip is alles oor. Dis 11 uur later en het ek nie eers agtergekom ek is deur Helskloofpas nie.

Hoe kan ek selfs begin verduidelik wat vandag vir my beteken het behalwe deur te sê, en ek haal aan: "Die belangrikste dag van jou lewe is vandag. Die enigste ware deel van jou lewe is nou. As jy te veel oor gister se hartseer en drome tob gaan dit nie lank vat voor jy vind dat die lewe by jou verby is nie." Unquote.

Carpe diem.

The post Blomtyd in die Richtersveld appeared first on LitNet.

Kommadagga-kortverhaal: Jy het nie ’n graad nodig vir common sense nie

$
0
0

Helena Troskie was vanjaar ’n deelnemer aan LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool. Sy het hierdie kortverhaal tydens haar residensie in Somerset-Oos geskryf.

................

Waar in die wêreld kry jy ’n Rolex op ’n menu?

By die Stanley Hotel in Kampala.

“One Rolex and an Africa tea, mwattu,” bestel ek.

Hier kry jy dié omelet met groente, toegedraai in ’n chapatti. Op die rooi-polish-stoep van die hotel is tafels waar gaste hul kos kan geniet, en groot dakwaaiers. Voor my skud en skommel Luggogo Road se verkeer verby. My maag maak ’n senuagtige draai as ek dink aan my terugrit huis toe.

Ek bestuur ’n trekker al vandat ek agt jaar oud is. Skrik, skrik ek nie sommer vir enige verkeer nie, maar in Uganda word alle normale verkeersrëels verbreek. Elke rit is ’n nagmerrie. Totale chaos met verdraagsaamheid en humor vermeng. Jy toet net as ligte waarskuwing. Nooit soos in “Toooeeet, voertsek, jou padvark!” nie. Motors, minibustaxi’s, boda bodas (motorfietstaxi’s), bokke en beeste ding mee vir ’n neus voor in die ry.

Vir die voertuie is daar drie verskillende verkeersafdelings. Die pienk-uniform-konstabels beheer net die boda bodas. Die kakie uniforms kyk na gewone motors en die swart uniforms fokus op minibustaxi’s. By elke sirkel is all of the above met hulle fluitjies teenwoordig. Mense skree uit taxi’s vir mekaar: “Siiba bulungi!” Have a nice day! Fluitjies blaas en bokke blêr. Helderkleurige vroue met groot plat mandjies vol piesangs op die kop vleg ligvoets soos dansers tussendeur.

“Enjoy your meal, Madame,” sê die waiter terwyl hy my kos neersit. Die Rolex en spicy marsala tea on the side is net wat ek nou nodig het.

Terug by Plot 6, Archer Road, Kololo kry Owore my in die garage om te help afdra aan die groceries. Met die teken van ons huurhuiskontrak het die eienaar, mevrou Kalinga, gesê: “Owore Adonga comes with the house. He started working for me at the age of 27, he’s been my houseboy for nineteen years.”

Ek en die nederige Ugandese man is baie saam in die kombuis. As ek vir ons sterk melkerige tee maak, ontvang hy dit met ’n skaars waarneembare vooroorbuig. Net so ’n agste van die buig wat mens voor die Queen sou uitvoer. Dit doen hy elke keer as hy enigiets by my aanvat. Hy verstaan en praat basiese Engels.

“Do you have a wife?” vra ek terwyl ons staan en tee drink.

“Yes, Madame, wife and children.”

“So where are they now?”

“In Tororo. She is farmer and mother.”

“But when do you see them? What is your wife’s name?”

“She is Afiya. I see them end of month when I go home. It takes a long time in the taxi to get to them.”

Terwyl my maat lang ure as hoof van ’n bankgroep werk, is ek aangewese op Owore se raad omtrent alles in Kampala. Hy is die een wat my wys waar die naaste convenience store vir brood en melk is. Ons huis sit op ’n koppie. Vanaf die stoep beduie hy my waar Idi Amin se vorige huis teen die afdraand sit. ’n Oordadige wit paleis. Hy leer my alles vsn hoe om ’n groentetuin in die trope aan die gang te hou.

Smiddae wanneer ons voorberei vir aandete, gesels ons op ons lekkerste.

“Tell me about your children?”

“I have four boys, one of them is late.”

“Ag, I’m so sorry!”

“It’s okay, Madame, it is long time ago. It was very difficult for Afiya. Me working here and she alone on the farm with younger boys.”

“So she has no grown-up to help her?”

“Only the two boys when they come from school. The oldest works in another town. My wife works in the field herself. She plants cassava.”

Soos wat die maande aanloop, kry die prentje van Owore se gesin gaandeweg kleur uit die stukkies geselskap wat ons tussen ons rondgooi. Sy vrou doen die meeste van die harde werk alleen met ’n skoffelpik en graaf. Daar word ook mielies op die plasie geplant. As die oes groter as gewoonlik is, kom help die bure. Die guns word terug bewys soos nodig. ’n Hele jaar se oes is nie altyd genoeg om Owore se familie te voed nie, daarom werk hy in Kampala. Sy kinders stap skool toe in die village, waar hulle in Engels leer. By die huis praat hulle Luganda met Afiya. Sy verstaan nie Engels nie. Kan ook nie lees of skryf nie.

Dieselfde soort bokke wat hier in die verkeer rondloop, hou Afiya ook op die plaas aan. Elke bok lyk anders. Unieke skakerings van wit, swart, tan en baksteen.

Op ’n dag, terwyl ons blaarslaai in die groentetuin pluk, kom Owore met dié vorendag: “Madame, me and you talk secondhand English.”

Ek lag en antwoord: “But second-hand is better than no hand, Owore?”

Ons giggel soos twee skoolkinders oor die grappie.

“No hand, haii!” herhaal hy laggend terwyl ons kombuis toe loop met die oes.

Hoe meer ek uitvind oor hom en sy gesin, hoe meer dink ek aan sy vrou op die plaas. Sal dit nie Owore se hart bly maak as sy kom kuier nie? Wat kan ek doen om haar te help? As ek haar help, help ek hom indirek – dié sagte man vir wie ek so baie respek gekry het.

Nog voor Owore die volgende oggend môre sê, vra ek hom of sy vrou sou kom kuier. Ek sal betaal vir die taxi heen en weer. “Please, Owore, you have been so kind to me. You don’t know what a big role you have played in helping me adjust to living in this country. Now is the time for me to do something for you.”

“Madame, I will ask her when I go home. I tell her about Kampala, she shakes her head. She has never been. But thank you.”

Toe hy weer ná ’n wegnaweek van Tororo terugkom, is ek bly om te hoor dat sy vrou tog wil kom, maar op geen manier kan ons die reisgeld by haar uitkry nie. Die internet in Kampala is vir drie dae af. Die banke op die platteland is reeds ’n week van lyn af. Tororo het nie ’n winkel waar jy kontant kan gaan afhaal nie. Eers die volgende maand vat Owore die Ugandese sjielings self vir haar.

Weke daarna, een laatmiddag terwyl ek koffie maak, staan Owore en sy vrou onverwags in die kombuisdeur. “Madame, this is my wife, Afiya.”

Einde ten laaste staan die seningrige boervrou voor my. “Nice to meet you. I’m so glad you are here at last,” groet ek en vat haar hand. Soos die tradisie hier is, hou ek haar hand langerig vas. Growwe hande wat self spit.

Donker oë kyk my vinnig aan, dan slaan dit af. Afiya is ’n kort vrou. Sy werk met haar hele lyf. Haar voorkoms vertel dit.

“She is very tired from taxi ride. May we please go to our quarters? Tomorrow morning we will speak more.”

Ek het begrip vir die eise van reis in Uganda. Daar is min teerpaaie in die land en dié word glad nie onderhou nie. Jy vra nooit hoe ver dit in kilometer is nie, jy vra hoe lánk iemand ry.

Die aand lê en wonder ek wat Afiya van die stad dink. Wat kan ek doen om haar kuier onvergeetlik te maak? Dalk moet ek vir haar geld gee om op haarself te splash. Sekerlik het sy nog nooit geld vir luukses gehad nie? Wat sou vir die bestaansboer van Tororo as luukse kwalifiseer? Ek het geen idee nie, maar droom sommer vir haar part oor krale en uitspattige helderkleurige rokke, parmantige headdresses, oor parfuum en hoëhakskoene. Rooies.

Die volgende oggend kom groet hulle my in die kombuis. Owore het die dag af.

“Oli Otya, Afiya, how are you this morning? I hope you rested well. Please enjoy the market today. Here is some money to spend on yourself. Spoil yourself.”

Owore antwoord namens haar: “Weebale njo. Thank you, she says she feels not easy. The strange noises make her want to run. I will go with her to the market.”

“Musiibe bulungi,” groet ek. Laat dit goed gaan.

Kort daarna gaan ek en my man Jinja toe vir die naweek om die oorsprong van die Nyl te sien. Ons kom die Sondagmiddag terug by die huis.

Owore wag ons alleen in: Afiya het net een nag gebly.

“Madame, my wife Afiya thank you for the money. She’s not going to buy dress at the market. She’s going home with the money. There she will buy a she-goat. The she-goat is going to bring in much more money than dress.”

Ek staan verstom en besef instinktief: ’n Boektitel is so pas aan my openbaar: World economics, deur Afiya Adonga.

 

The post Kommadagga-kortverhaal: Jy het nie ’n graad nodig vir common sense nie appeared first on LitNet.

LAW FOR ALL's Top 10: "Exit" by Maretha Maartens

$
0
0

LAW FOR ALL recently hosted a writing competition called "Write the future, right the wrongs".

The three winning entries are published on LAW FOR ALL’s website. LAW FOR ALL granted LitNet permission to publish the seven other entries of the Top 10. Below is "Exit" by Maretha Maartens.

Picture of Maretha Maartens: https://blogs.litnet.co.za/izak/tag/maretha-maartens/

"Exit" by Maretha Maartens 

I don’t need this, Joy had thought a mere 37 minutes before her exit.

The swollen lesion had felt like a flea or mosquito bite, ignorable and the least of her worries. Only when she felt the sticky liquid oozing from it, did she look closer. Red streaks were leaking  from the abrasion between her thumb and inner wrist. A purple centre had developed: the onset of necrosis, as with the previous bite on her thigh?

An oozing prick compared with the pain under her breast. The blow had been hard enough to crack – or fracture – one or more ribs. It had been insane enough to injure her spleen or lung. She had been in pain during the night and had been dizzy and short of breath the whole morning.

Twenty-nine minutes before her exit, Heaven-Leigh wanted something to eat – vetkoek with golden syrup. No, not an apple. Vetkoek with syrup, Mamajoy.

"I want to be at the supermarket early, Heaven-Leigh."

"Why so very early? Didn’t Dada say …"

Don’t honour him with such an endearing name. Stop calling him father, daddy, dada, daddy, whatever.

"I want to do my shopping when most surfaces have been disinfected and the floors mopped. There’s a sandwich for you in my handbag. You may eat it in the taxi. Let’s just get going. Where’s your face mask?"

The child had lifted the shabby diaper bag off Jerry’s TV chair: "Are we fucking off, now, Mommy?"

"Heaven-Leigh! What makes you think that? Mommy will never do anything like that!"

 "Shouldn’t we go to the clinic first, Mamajoy?"

"Why would we do that?"

"To help you survive."

Shut up, vroumens. Jy het bleddiewil hiervoor gesoek. You’ll survive.

At five, Heaven-Leigh was omnipresent, smart and streetwise – a thoroughbred and hardy little South African, a spin-off of the stubbornness, misconception and lust of her mother. Heaven-Leigh was the fruit of a gullible teenager’s womb, but as smart as any American.

"I’ll carry the nappy bag," she said.

***

The COVID-19 pandemic has both revealed and exacerbated the negated and unaddressed inequalities in our society. To millions of women in our country, staying at home is an unaffordable luxury, while home itself may be a perilous space shared with an abusive spouse or partner.

In the new reality after COVID-19, we as a supermarket group are committed to extended social responsibility. We are now reaching out to voiceless women who have been in psychological and relational lockdown since long before the onslaught and physical lockdown associated with the COVID-19 pandemic. Thousands of traumatised women still envisage a future of never-ending hardship, humiliation, abuse and fear.

As a supermarket group in the completely altered post-pandemic landscape, we are now teaming up with legal firms committed to equality and justice for all such women.

As a supermarket group, we are now offering abused women and children safe and free access to expert legal, financial and psychological counselling.

This is how we do it:

In close proximity to the main entrance to our supermarket, customers will now notice a door marked Exit 4 women & minors. A female security guard is posted at the door. Free online legal, financial and psychological counsel can be obtained in the consultation room on the other side of this door. Compassion and respect from the multidisciplinary counselling team is guaranteed for you as a courageous human being. Should you need a safe shelter on your way out of domestic abuse and violence, free transport to a haven for victims of abuse will be offered to you, as well as to any of your children who have entered the Exit 4 women & minors consultation room with you.

There is an Exit 4 women & minors now. Go in, and our team will help you find the way to restored dignity and a life worth living.

Kind regards

Your trusted supermarket group


Read an interview with Jackie Nagtegaal on the outcome of the competition.

The winning entry of the competition was: "When I dream of a future" by Belita Andre

The second prize went to "The image of justice: a double duplex", by Nomyezo Mqhele

Third prize went to "The commute", by Sesetu Holomisa

Herewith the names of the Top 10 entries:

  • "Exit" by Maretha Maartens
  • "Green" by Naomi Meyer
  • "Breath of law" by Inga Ntantala
  • "Say something" by Harry Owen
  • "Brave" by Monicca Rampine
  • "When justice meant the world had to stop, so Ayanda could dream" by Sumayya Mohamed
  • "Nqo" by Siyabulela Javu

LAW FOR ALL’s Top 10: "Breath of law" by Inga Ntantala

LAW FOR ALL’s Top 10: "Brave" by Monnica Rampine

The post LAW FOR ALL's Top 10: "Exit" by Maretha Maartens appeared first on LitNet.

Reaksie op Michael le Cordeur se mening oor Kaaps in die Afrikaans-kurrikulum

$
0
0

Michael le Cordeur lewer ’n prikkelende bydrae getitel “’n Strategie vir die insluiting van Kaapse Afrikaans by die formele skoolkurrikulum” (LitNet-nuusbrief, 2020-10-19). Tog is daar ’n paar sake waaroor menings gewissel sou kon word:

1. Le Cordeur se sentrale argument is dat moedertaalonderrig wêreldwyd die beste resultate lewer; ’n argument wat as ’n aksioma aangebied word. Vir die doel van hierdie reaksie kan dit as ’n gegewe aanvaar word. Meer problematies is sy betoog dat om in Afrikaans te leef en in Engels skool te gaan, sonder meer gelykgestel kan word aan die situasie waarin leerders in Kaaps leef en in Standaardafrikaans onderrig ontvang. Naas bepaalde leksikale items, uitdrukkings en uitspraak verskil Kaaps nie radikaal van Standaardafrikaans nie. Indien ons gelyk het, is die pleidooi van Le Cordeur om dit orals deel van ’n Afrikaans-kurrikulum te maak, natuurlik absurd. In hierdie opsig is die situasie van Kaaps teenoor Standaardafrikaans ook kwalik vergelykbaar met dié van Afrikaans en Nederlands in die 19de en vroeë 20ste eeu: Nederlands verskil onder meer grammatikaal en ten opsigte van uitspraak radikaal van Afrikaans.

2. Le Cordeur sê ook onomwonde (en dit is ’n sentrale deel van sy argument) dat daar vandag byna sewe miljoen “Afrikaans-huistaalsprekers [is], van wie 3,4 miljoen mense Kaapse Afrikaans as moedertaal het”. Die feite is anders. Volgens Carstens en Raidt (2019:242), met verwysing na Ponelis (1987:9), word Kaaps hoofsaaklik in bepaalde gebiede gepraat; “[d]it sluit grotendeels die huidige Wes-Kaap-provinsie in.” Volgens hulle statistieke is daar 6,8 miljoen sprekers van Afrikaans in Suid-Afrika (bl 799), van wie 2 820 643 in die Wes-Kaap woonagtig is (703). Le Cordeur sê self dat “nie alle bruin mense Kaaps” praat nie. Boonop is ’n beduidende aantal van die ongeveer 2,8 miljoen sprekers van Afrikaans in die Wes-Kaap wit en praat die oorgrote meerderheid nie Kaaps nie. Le Cordeur beweer dat daar “talle wit sprekers van Kaaps” is, maar verstrek geen feitelike gegewens nie. Maar al is ’n mens ook hoe toegeeflik en welwillend; al praat 50% van alle Wes-Kaapse inwoners Kaaps, is dit steeds net 1,4 miljoen sprekers. Le Cordeur oordryf dus. Dit is ook ’n vraag of alle bruin mense in die Wes-Kaap Kaaps praat.

3. Daar is ’n leemte in Le Cordeur se omskrywing van ’n taal. ’n Taal is volgens hom “’n instrument vir denke en kommunikasie en om kennis te verwerf” en “ook ’n kulturele en estetiese middel sodat leerlinge in staat sal wees om daarmee uitdrukking te gee aan kulturele diversiteit”. Maar om as ’n instrument vir kommunikasie te dien, is ’n (standaard)taal ook bo-individueel; dit gee, ideaal gesproke, gelyke geleentheid vir kommunikasie aan alle sprekers daarvan. Variëteite vestig inderdaad diverse identiteite – en dit is goed ook in tye van globalisering – maar steeds is daar by elke standaardtaal die behoefte aan algemene kommunikasie oor grense heen. Die hele Vlaamse beweging en die “taalstryd” in België is ’n goeie voorbeeld. Gou is besef dat ’n taal wat in variëteite versplinter is, geen weerstand kan bied teen ’n magtige kultuurtaal soos Frans nie. Daarom is ’n feitlik kunsmatige eenheidstaal geskep, dikwels met groot opofferings van sprekers van variëteite (en selfs “tale”, soos Wes-Vlaams). Ook hulle het dikwels vervreemd gevoel, veral aan die universiteite. Maar dit was ’n opoffering ten bate van die uitbou van ’n volwaardige kultuurtaal met hoër funksies, waarmee bowendien geld verdien kon word. Le Cordeur se pleidooi vir onderrig in Kaaps is onprakties (op verskeie aspekte daarvan wys Tom McLachlan in sy reaksie), maar dit dryf ook ’n wig in tussen Kaaps en Standaardafrikaans (en die sprekers van die twee variëteite). Is dit Le Cordeur en ander voorstanders van Kaaps se voorneme om Kaaps slegs vir literêre werke te gebruik, of ook vir wetenskaplike werk? In laasgenoemde geval gaan dit Standaardafrikaans verswak, wat reeds oor woordeboeke, wetenskaplike en letterkundige werke en dergelike beskik en tans ’n opdraande stryd teen Engels voer. Dus twee soorte Afrikaans in ’n land waarin Engels alreeds die oorheersende taal van die openbare lewe en die hoër onderwys is? ’n (Waarskynlik onbedoelde) gevolg van Le Cordeur se strewe sal wees dat leerders in Kaaps ná skool dan maar in Engels gaan studeer, publiseer en uiteindelik leef, want ’n korpus wetenskaplike werke ontbreek byna volledig in Kaaps.

4. McLachlan opper in sy reaksie ’n belangrike kwessie: Wêreldwyd het die destyds sosiopolitieke denke en wêreldbeskouings radikaal verskil van dié van die tweede helfte van die 20ste eeu en vandag. Dit is heel ter sake wanneer Le Cordeur met wrewel praat oor die sosiale ongeregtigheid waarmee die standaardisering van Afrikaans geskied het as gevolg van die “suiweringsproses” waarin Standaardafrikaans gesien is “as ‘beskaafde Afrikaans’ teenoor ander variëteite (soos Kaaps) wat as ‘onbeskaafd’ beskou is”. Dit is nogal ’n ietwat ongenuanseerde en selfs oordrewe siening, want talle Khoi- en Maleise woorde bestaan al lank in Afrikaans en het deel van die woordeskat gebly. Nietemin, hierdie siening kry ’n mens ook by sommige ander taalkundiges wat hulle dikwels bekla oor die “vernederlandsing” van Afrikaans, veral in die gesaghebbende Woordelys en spelreëls. Maar Afrikaans moes destyds ’n stryd om oorlewing voer teen twee groot kultuurtale, Nederlands en Engels. Om strategiese redes kon aanhangers van Nederlands nie vervreem word nie. Waar nuutskeppings nie dadelik beskikbaar was nie, was Nederlands in elk geval die enigste bron waaraan ekwivalente vir Engelse wetenskaplike terme ontleen kon word. Maar ook om ander redes was dit strategies belangrik: Afrikaans kon dadelik die Nederlandse letterkunde opeis as deel van sy literêre verlede en hom op hierdie wyse posisioneer as ’n taal met tradisie. Dit is nie onbelangrik nie: Die Franse smaaksosioloog Bourdieu het daarop gewys dat ’n tradisie (al is dit geskep) legitimiteit verleen aan enige “dissipline” of aktiwiteit, soos die fotografie. Kreolisering het tóé kwalik die erkenning geniet wat dit vandag in ’n postkoloniale denkraamwerk het.

5. Spelling is een van die kardinale sake wanneer daar oor Kaaps gedebatteer word. Dit blyk uit lesersbriewe in die pers dat juis dit een van die ernstigste bedenkinge is wat skrywers van Standaardafrikaans oor Kaaps het. Hulle sien dit soms as ’n taalvorm met “verkeerd gespelde” woorde as kenmerk. Die spelling is trouens een van die kwessies waarom die Afrikaanse taalbeweging aanvanklik soveel teenstand ondervind het. GR von Wielligh sê dat lesers en skrywers teësinnig vir die radikaal nuwe spelvorme soos y vir ei was. Selfs die meeste lede van die Genootskap van Regte Afrikaners was daarteen (Steyn 2014:23). SJ du Toit het by die aanvang van die 20ste-eeuse taalbeweging teenoor Gustav Preller erken dat een van die redes vir die mislukking van die Patriot-beweging “gelege was in die fonetiese rigting wat hy gevolg het”. Du Toit het “aan die hand gegee ’n skrifbeeld van Afrikaans te soek wat soveel as mogelik verband moes bewaar met die Nederlandse stam-taal” (Steyn 2014: 154). Twee spellingsisteme vir dieselfde taal – trouens ook elke spellinghervorming – benadeel ’n taal, nie soseer om taalkundige redes nie, maar om letterkundige en algemene kulturele redes. Dit maak die deel van die literatuur wat reeds op skrif gestel is, altyd moeiliker toeganklik vir ’n deel van die taalgemeenskap, veral die jong taalgebruikers. Selfs sterk-gevestigde kultuurtale soos Engels en Frans pak geen spellinghervorming aan nie.

6. Le Cordeur opper ’n belangrike kwessie wanneer hy vra: : “Moet alle Kaapse woorde aanvaar word as korrek?” Die Kaapse bydraes wat ons wel te lese kry, bevat dikwels ’n groot komponent Engels. Sluit Kaaps die moderne Engelse woorde in wat altans in Standaardafrikaans nie erken word nie? Vir baie gebruikers van laasgenoemde vorm van Afrikaans is dié groot hoeveelheid Engels in Kaaps ’n belangrike struikelblok in die aanvaarding daarvan. Dit voel vir party van hulle of dit onbewus ’n polities korrekte kortpad na verengelsing is.

7. Dit is opvallend dat van die poësie wat Le Cordeur aanhaal, soos die gedig van SV Petersen (en in literêre werke waarna hy verwys) én in die aanhaling van Adam Small later, gebruik gemaak word van Standaardafrikaans. Dit is onteenseglik waar dat Kaaps dié variëteit is wat streef na hoër taalfunksies (soos literêre publikasies). Maar daar moet ook onthou word dat baie vooraanstaande bruin skrywers en digters (soos Vincent Oliphant en Clinton V du Plessis) in Standaardafrikaans skryf.

8. As herstandaardisering impliseer dat met nuwe oë gekyk moet word na variëteite (naas Kaaps ook dié van die Noord-Kaap) én dat van hulle woorde en uitdrukkings erken en wyer bekend gestel moet word, is ons dit roerend daarmee eens. Maar dat Kaaps skielik deel moet uitmaak van alle leerplanne van Afrikaans (en dat insluiting van werke daarin ’n dwangmaatreël raak) is te radikaal en herinner boonop aan al die soorte taaldwang wat die land al beleef het. Wat herstandaardisering betref, sê McLachlan iets wat ons met instemming herhaal: “Niemand sê […] presies wat dit [herstandaardisering] moet of sal behels, hoe dit gedoen moet word en wie dit moet doen nie.”

9. Ten slotte ’n opmerking oor Le Cordeur se strategie. Enige argument steun op minstens twee komponente: feitelike gegewens en retoriese strategieë. Vir die doel van hierdie skrywe kan die laasgenoemde gedefinieer word as enige strategie wat ten doel het om die leser/luisteraar te oortuig. Dikwels word uit die oog verloor dat oorreding op veel meer berus as die boodskap self. Selfs logiese en oortuigende argumente alleen is onvoldoende om ’n boodskap te laat slaag – dit het denkers oor die retorika al oortuigend aangetoon. Net so is dit gesteld met redenasies soos dié van Le Cordeur wat ten doel het om mense van ’n bepaalde standpunt te oortuig: Dit kan ook nie net steun op die feitelike inhoud alleen nie. Ander strategieë is nodig om die ontvangers te oortuig van die waarde van die boodskap. Die drie hoofwyses van oorreding (retorika) is vir Aristoteles etos, patos en logos (Korthals Altes 2014:vii). Terwyl patos ’n beroep doen op emosies en logos betrekking het op objektivering en rasionele argumente, het etos te doen met karaktereienskappe wat aanleiding gee tot ’n geloofwaardige beeld van die spreker. Volgens Aristoteles se beskouings bestaan etos op sigself uit drie komponente, naamlik praktiese wysheid, deugsaamheid en welwillendheid.1 Welwillendheid (eunoia) verwys na wat nodig is om ’n gehoor van ’n spreker (of skrywer) se goeie bedoelinge te oortuig. Daarom moet ’n spreker sy/haar gehoor goed ken en ook weet watter styl en argumente aanklank sal vind by die betrokke groepering. Dit is dus eintlik ’n vorm van bemarking. Diskoers is die uitdrukking van ’n spreker se karakter; daarom kan die belang daarvan in die beeldvorming van die spreker nooit onderskat word nie: “[D]iscourse is likely to determine deep down what message is conveyed, superseding actual semantic content […] [T]o strategically fashion one’s discursive ethos is crucial” (Korthals Altes 2014:5). Korthals Altes (2014:4) voel dat emosies inderdaad die oorredingsvermoë van ’n diskoers kan versterk. Etos, patos en logos, as die drie hoofmiddele van oorreding, ondersteun mekaar en werk saam ten einde die betroubaarheid en gesag van die spreker, en dus van sy/haar diskoers, te verseker.

Hoewel Le Cordeur se stuk waarskynlik gemik is op besluitnemers (en dus nie noodwendig primêr sprekers van Kaaps nie) mis hy ’n gulde kans om empatiese meelewing te bereik (patos) deurdat hy nie sy stuk juis in Kaaps skryf nie. Hierin verskil dit sterk van baie van hierdie selfde soort programmatiese en argumentatiewe stukke ten behoewe van Afrikaans in die laat 19de en vroeë 20ste eeu. Soms het mense wel in Nederlands vir Afrikaans gepleit, soos SJ du Toit in sy eerste artikels in De Zuid-Afrikaan in 1874 en Gustav Preller aan die begin van die 20ste-eeuse taalbeweging. Taalstryders soos Du Toit in latere publikasies, en DF Malherbe, het ook die doeltreffendheid van Afrikaans as kultuurtaal gedemonstreer, as taal wat geskik is vir die “hoër funksies”. Le Cordeur se besluit om sy argumente in Standaardafrikaans te stel gee dus implisiet te kenne dat Kaaps óf nie geskik is vir hoër taalfunksies nie óf dat dit lesers sal vervreem.

Aangehaalde werke

Carstens, WAM en EH Raidt. 2019. Die storie van Afrikaans, deel 2. Pretoria: Protea.

Du Plessis, H en LT du Plessis (reds). 1987. Afrikaans en taalpolitiek. Pretoria: HAUM Opvoedkundige Uitgewery.

Korthals Altes, L. 2014. Ethos and narrative interpretation. University of Nebraska Press. Sample books and chapters. Lente-uitgawe. http://digitalcommons.unl.edu/unpressamples?273 [2018, Januarie 5].

McLachlan, Tom. 2020. Oor Kaaps en herstandaardisering, LitNet, Seminare en essays, 2020-11-02

Ponelis, FA. 1987. Die eenheid van die Afrikaanse taalgemeenskap. In Du Plessis en Du Plessis (reds) 1987:3–15.

Steyn, JC. 2014. Ons gaan ’n taal maak. Pretoria: Kraal.

*

1 Volgens Korthals Altes (2014:3) stel goeie begrip of praktiese wysheid (phronesis) ’n mens in staat om ’n situasie op te som. Goeie begrip het ook betrekking op die idee van vaardigheid uit ondervinding.

Lees ook:

’n Strategie vir die insluiting van Kaapse Afrikaans by die formele skoolkurrikulum

Oor Kaaps en herstandaardisering: ’n mening

Sake voortspruitend: ’n Reaksie op Michael le Cordeur se hervormingstrategie vir die Afrikaans-skoolkurrikulum

Kaaps in fokus-referaat: Verrekening van Kaaps en ander taalvariëteite in die onderwys

ATKV-taalerfenissimposium: Gerda Odendaal oor die herstandaardisering van Afrikaans

Video: "Die toekoms van Kaaps"-webinaar

Herstandaardisering van Afrikaans: die tameletjie en uitdaging van opsies en besluite

Kaaps en (her)standaardisering

Kaaps: deel van die standaard?

Verandering en toekoms: om 'n kreoolse Afrikaans te bedink

Kreolisering, die Afrikaanse letterkunde en kultuur: ’n onderhoud

Die klassifikasie van Afrikaans

Afrikaans: the language of dissent

Lekker Afrikaanse woordeskat: kanalla, poenankies, nxa!

Afrikaans: 10 kitsfeite

Oranjerivierafrikaans is nxa!: ’n onderhoud met Anzil Kulsen

ATR-komvandaan-seminaar 2019: Van “brokwa” tot “broodgoed” – op reis met Oranjerivierafrikaans (Gariep-Afrikaans)

Geskiedkundige konferensie oor Afrikaans in die Noord-Kaap

Lees ook op LitNet Akademies:

''Ons skryf soos ons praat'': Informalisering van geskrewe Afrikaans onder Afrikaanse tieners

Wij spreken zo niet onder ons - taalstandaardisasie en die konstruksie van identiteit

S.V. Petersen se tydskrifverhale

The post Reaksie op Michael le Cordeur se mening oor Kaaps in die Afrikaans-kurrikulum appeared first on LitNet.

Agter die skerms met Barack Obama se megatreffer

$
0
0

Die eerste deel van Barack Obama se memoires, A promised land, het vandeesweek verskyn. Dié baksteen van 701 bladsye het boekwinkelrakke wêreldwyd op Dinsdag 17 November getref. Ná die sukses van Michelle Obama se Becoming verlede jaar, is die verwagting groot dat die Amerikaanse oudpresident se memoires die boekebedryf, wat groot verliese as gevolg van die pandemiekrisis moes trotseer, van ’n broodnodige hupstoot uit die COVID-koors sal voorsien.

Dit lyk of Barack Obama se A promised land die rekordverkope van Michelle Obama se Becoming gaan verpletter. (Omslae: Penguin Random House)

En dit lyk asof dit waarvoor Penguin Random House gehoop het, inderdaad gebeur. Die eerste dag na die boek se verskyning, berig Netwerk24, laat A promised land die rekords oral spat. Dis vinnig op pad om die presidensiële memoires te word wat die vinnigste nog in die moderne geskiedenis verkoop. Michelle Obama se Becoming is die enigste voormalige Withuis-bewoner se boek wat naastenby hierby kers vashou.

Die Suid-Afrikaanse boekemark sal sonder twyfel baat by A promised land se verwagte verkope. Verlede jaar is meer as 60 000 eksemplare van mevrou Obama se Becoming deur plaaslike lesers opgeraap. Wêreldwyd het haar outobiografie meer as 10 miljoen verkope behaal. Penguin Random House se voorskot van $65 miljoen aan die Obama-egpaar vir hul boeke was dus kleingeld in vergelyking met die verwagte opbrengs.

Morné Bam, Penguin Random House se hoof van verkope, en Amanda van Rhyn, die uitgewer se bemarkingshoof (Foto’s: verskaf)

Volgens Morné Bam, Penguin Random House SA se hoof van verkope in Johannesburg, het die uitgewershuis op 17 November om en by 28 000 eksemplare van A promised land aan boekwinkels regoor Suid-Afrika gelewer. Dié hoeveelheid sal na verwagting binnekort aangevul word soos wat Kersfees nader kom.

En hoewel Morné nie met sekerheid kan sê hoe groot die impak van die Obama-boek op verliese gaan wees wat die boekmark in 2020 gely het nie, staan die feit dat dit wel ’n positiewe effek gaan hê: “Die plaaslike boekmark is stadig aan die herstel na ’n woeste eerste ses tot sewe maande van hierdie jaar. Ek dink almal het maar swaar getrek en die mark sal definitief nie vir die verlies van vroeër kan opmaak nie, maar ’n boek soos hierdie is die perfekte manier om die jaar op ’n hoogtepunt af te sluit.”

Die Kersmark is die ideale teiken vir megatreffers soos die Obama-boeke. Amanda van Rhyn, Penguin Random House SA se bemarkingshoof, sê: “Dis altyd ’n hoogtepunt om ’n boek van hierdie kaliber vry te stel, en mens kan die opwinding voel – nie net by ons nie, maar in die boekwinkels en ook aanlyn is die afwagting groot.”

Een van die foto’s uit A promised land (Foto: Pete Souza/The White House)

Morné sê dat die Kersseisoen by verre die besigste tyd van die jaar vir die boekbedryf is. “As mens elke jaar in middel November kyk na die aanvraag, besef jy dat daar rêrig bitter baie lesers is wat boeke as noodsaaklike items sien. Juis daarom stel uitgewers heelwat van hulle sterkste titels in dié tyd bekend.” Navorsing bevestig dat middel November die beste tyd is om die gewildste boeke in die mark te stoot. “Dis nou maar net die tyd wanneer die oorgrote meerderheid lesers op soek is na ’n volgende boek. Met ’n boek soos A promised land wil jy soveel mense as moontlik bereik. Ek kan ook nie rêrig dink aan ’n beter Kersgeskenk vir geswore boekwurms nie.”

Die Obamas se verhaal vind groot byval by lesers regoor die aardbol, en natuurlik ook in Suid-Afrika. Plaaslike politieke kommentators fynkam reeds A promised land vir die oudpresident se taksering van die plaaslike politieke toneel. En natuurlik word die wyse waarop korrupsie Suid-Afrika verlam het, en die ANC-regering se onbeholpe hantering daarvan, krities bejeën.

Volgens Amanda van Rhyn simboliseer die Obamas se nalatenskap inklusiwiteit en verdraagsaamheid, en lesers ervaar dit as inspirerend. Boonop stuur die Obama-stigting se fokus op die jeug en die ontwikkeling van ’n nuwe generasie leiers ’n ongelooflike positiewe boodskap saam met die boeke uit,” sê sy.

Om megatreffers soos A promised land op dieselfde tydstip regoor die wêreld beskikbaar te stel, verg fyn logistieke voetwerk. Die boek word, net soos in die geval van Becoming, in Suid-Afrika gedruk. Om plaaslik te druk is goedkoper en dit skakel hoofbrekens met die verskeping van voorraad uit. Boonop verskaf dit ’n stewige finansiële inspuiting aan die Suid-Afrikaanse drukkersbedryf. Met seevrag is daar dikwels probleme, verduidelik Morné: “Menige kere sukkel skepe met onstuimige weer in hawens, en dit veroorsaak vertragings wat weke duur. Met plaaslike drukwerk spring mens daardie kopseer vry.”

Bokse en bokse vol boeke – só lyk dit in die pakkamers waar Barack Obama se boek hanteer word. (Foto: Zita Castanho)

Hoe kry mens dit reg om so baie eksemplare tegelyk oral in boekwinkels beskikbaar te kry?

“Met moeite,” grap Morné. Maar op ’n ernstige noot vervolg hy: “Al die departemente by Penguin Random House – verkope, bemarking, logistiek en finansies – speel ’n baie groot rol. In Suid-Afrika het ons om en by middel September gehoor die boek kom definitief op 17 November uit. Sedertdien het almal van ons elke dag iets met A promised land te doen gehad om seker te maak dinge gebeur op tyd. Kom ons sê net ek het in die laaste twee maande ’n hele paar grys hare bygekry, maar met ’n belangrike boek soos hierdie is dit meer as die moeite werd.”

Wanneer die hele wêreld op die verskyning van ’n megatreffer wag, geld daar verskeie embargo’s en geheimhoudingsooreenkomste word links en regs geteken. “Boekwinkels teken die standaard embargo-ooreenkoms en dan (as alles goed gaan) ontvang hulle die voorraad in verseëlde bokse – ongeveer ’n dag of twee vóór die amptelike verskyningsdatum,” verduidelik Morné. “In A promised land se geval kon hulle byvoorbeeld eers om 00:01 op 17 November die bokse oopmaak.

“Maar, ek moet sê, ons is gelukkig dat ons sulke wonderlike kliënte in Suid-Afrika het. Al die boekwinkels is maar net te bly om hulle deel te doen. Hulle is geduldig genoeg om saam met ons te wag vir die vrystellingsdatum.”

En daar is maar altyd klein jakkalsies wat in die wingerd rondhang. “Ek hoop nou nie ek tart die noodlot nie,” waarsku Morné, “maar Barack Obama se boek was tot dusver die blockbuster waarmee ons bitter min logistieke probleme ervaar het. Die klein jakkalsies kom gewoonlik in die gedaante van fratsongelukke of wanneer ’n afleweringstrok met boeke wat vir Johannesburg bestem is, êrens in die Vrystaat breek. Of ’n boekwinkel oorstroom en die voorraad word nat.”

Verlede Vrydag moes twee werknemers van die uitgewershuis na die koeriers toe jaag om dokumentasie vir 150 bokse vol boeke oor te doen nadat ’n fout ingesluip het. “Dit is egter wonderlik om te sien hoe boekmense van oral af saamtrek en alles in ’n goeie gees doen sodat dinge uitwerk,” sê Morné.

Dat A promised land die Suid-Afrikaanse boekbedryf wel na ’n post-COVID beloofde land gaan lei, lyk na ’n sterk moontlikheid. Intussen begroet Barack Obama se gesig jou by elke boekwinkel waar jy instap:

Hierdie gesig begroet jou by Exclusive Books in Sandton City. (Foto: Penguin Random House)

Lesers wat op LitNet se nuusbrief inteken, staan die kans om ’n eksemplaar van Barack Obama se A promised land te wen. Klik hier vir meer besonerhede.

The post Agter die skerms met Barack Obama se megatreffer appeared first on LitNet.

Als is ‘n f*kop: ’n gesprek met Tobi Jooste

$
0
0

Tobi Jooste met sy nuutste boek in die hand. (Foto verskaf)

"Als is ’n f*kop."

Klink dit dalk soos die eggo van jou eie gedagtes? Of jou vriende se woorde om die braaivleisvuur? In hierdie geval is dit nie een van genoemdes nie. Dit is die ongewone titel van Tobi Jooste se boek oor die ongewone tyd waarin ons ons bevind. Dit was reeds ’n deurmekaar tyd waarin ons leef en toe tref Covid ons ook.

"Die boek gaan nie oor COVID-19 nie, alhoewel die virus die mat onder my voete uitgeruk het, nes by die mense in die res van die wêreld," vertel Tobi. "Ek kon nog met van die inperkingsreëls (hoe belaglik dit soms ook is,) saamleef, maar wat my bekommer, is die emosionele impak wat die pandemie op mense het."

Volgens die persverklaring is dit ’n boek waarin Tobi  daardie jakkalsies wat tussen ons en ons geluk staan, kaalvuis aanpak. Die skrywer het begin navorsing doen, boeke lees en mense bel.

"Gedurende die navorsing het ek ’n goue draad gevind wat deur almal se stories geloop het: Ons humeure is kort; ons is bitter; ons bekommer ons oor die toekoms. Ons is bang," sê hy. Volgens Tobi is die oorsprong van al die spanning en onsekerheid die "onbekende". "Ons kan nie meer beplan en dieselfde dinge doen soos ons dit voorheen gedoen het nie," meen hy. "Ons is onseker en die brein weet nie mooi wat om met die onsekerhede te doen nie,"

Geweld teen vroue en kinders, selfdood en depressie is van die sake wat onder die vergrootglas geplaas is. "Die mensdom is goed met fisieke aanpassing," sê hy, "maar die meeste van ons sukkel met emosionele aanpassing. Ons brein hou van roetine."

Tobi verwys ook na die tuisvideo’s wat aan die begin van die pandemie die ronde gedoen het en waarvoor almal lekker gelag het. "Dis nou maar in ’n Suid-Afrikaner se bloed," meen hy. "Gaan dit moeilik, dan lag ons vir onsself. Maar die grappies het gou flou geword." Volgens hom is ons vermoë om dinge te beheer van ons weggeneem. Gevolglik het depressie toegeneem.

"Die onsekerheid en onbekende van wat kom, bring emosies uit wat ons nie ken nie. Dit help egter nie dat ons ons hande elke uur ontsmet, maar vergeet om ons emosionele welstand skoon te hou nie," meeen hy.

Steve Hofmeyr, wat die boek se voorwoord geskryf het, sluit hierby aan. "Die tema van kwesbaarheid verdien om bespreek te word, nou meer as ooit. In verstaanbare taal," skryf Hofmeyr. "Niks meer of minder sal help nie. Dit verdien meer as ’n braaivleis en ’n twiet. Dit eis meer as die rou statistiek van ylende politici. Dit verdien 2020-visie. Meer eenvoud sal ’n vervlakking wees van empatie en dalk ook ’n onderskatting van ons pyn. Meer hoogdrawendheid sal pretensieus wees. En daarvoor het niemand meer tyd nie.

"Tobi Jooste omskryf ons tameletjie en lei ons daardeur met ’n deernis eie aan hom," skryf Hofmeyr voorts. "Hy wil hê gewone mense moet die Abraham Lincoln in hulself gaan vind."

Vra jy uit oor die titel, antwoord Tobi dat die inspirasie daarvoor van ’n bejaarde man kom. Laasgenoemde sou sê dat dit voel of hy homself nie meer ken nie en vir niks lus het nie; ook dat almal hom vergeet het. Sy slotsom is dus: Alles is deesdae net ’n f*kop.

Die boek is nog kraakvars.  Dit sal by alle boekwinkels in die land beskikbaar wees en Naledi-uitgewers kan ook gekontak word.

Benewens skrywer wees, is die talentvolle boorling van die Karoo ook sanger, TV-aanbieder en sakeman. Nie net is Tobi direkteur van sy eie maatskappy nie, maar hy is ook ’n man met ’n passie vir reis en kook. Tans is hy die boeke- en kosredakteur van die tydskrif Bloss. Tobi inspireer ook graag mense met sy sang en motiveringspraatjies tydens geleenthede.

The post <em>Als is ‘n f*kop</em>: ’n gesprek met Tobi Jooste appeared first on LitNet.

Persverklaring: Koker-wenners 2020 versinnebeeld diversiteit van Afrikaans  

$
0
0

Zalman Davis, Constance Thomas en Zebulon Kock

’n Jong matrikulant van Paarl-Oos, ’n 23-jarige Engelssprekende uitgewer met ’n besondere liefde vir Afrikaans,  'n vierdejaar-onderwysstudent wat Afrikaans aan medestudente gee en ’n voormalige taalaktivis en lid van die Menseregtekommissie van die Verenigde nasies (VN), is almal onder die ontvangers van die Afrikaanse Taalraad (ATR) se Koker-toekennings vir 2020.

Altesaam agt Afrikaansliefhebbers het vanjaar ’n toekenning in verskeie kategorieë ontvang.

Die Kokertoekennings gee erkenning aan mense se bydraes tot die bevordering van Afrikaans en die belange van sy sprekers.

"Dit is vir ons veral belangrik dat mense wat agter die skerms werk die erkenning kry wat hulle verdien. Dit is veral waar van vanjaar se Kokertoekennings vir lewenslange bydraes. Sommige mense maak ongesiens enorme bydraes tot die taal, oor alle grense heen, wat verdien om raakgesien te word. Jonger Kokerwenners dien as voorbeelde vir ander. Hulle word daarmee ook aangemoedig om meer te doen. Vir ’n taal om te groei, moet erkenning aan jonk en oud gegee te word," sê Conrad Steenkamp, uitvoerende hoof van die ATR.

Volgens Steenkamp wys die wenners dat Afrikaans verskeie gesigte het. "Die verskeidenheid van die wenners, iets wat werklik organies gebeur, wys vir ons dat die Afrikaanse huis nie in kamertjies opgedeel kan word nie. Afrikaans verbind sy sprekers en die taal is die som van al sy sprekers, ongeag van hoe hulle die taal praat. En onderliggend aan alles is natuurlik altyd die idee dat Afrikaans nie op sy eie mishoop sit nie, maar aktief met die sprekers van die ander inheemse tale saamwerk,"sê Steenkamp.

Zebulon Kock (19) van Charleston Hill Sekondêre skool in Paarl-Oos, ’n gebied wat gebuk gaan onder erge misdaad en geweld, het homself met sy woordvaardigheid en lewensinsig ver bo die sosio-ekonomiese toestande waarin hy groot gerword het verhef.

Hy gebruik Afrikaans en die letterkunde om sy drome vlerke te gee en uiteindelik aan sy moeilike omstandige te ontkom.  Kock is aktief betrokke by Afrikaanse diggroepe en sy gedigte word gereeld gepubliseer. Hy is deur LitNet aangewys as een van die top tien nuwe skrywers en drie van sy gedigte het in die AVBOB-digkompetisie die paal gehaal. Van sy gedigte is in versamelbundels opgeneem en op die Ink-webwerf gepubliseer. Kochk is tans ook besig om te werk aan sy eie digbundel. Hy praat met sy digkuns nie net met sy eie mense nie, maar het ’n verstommende vermoë om aan die siele van alle lesers te raak, selfs dié ver verwyderd van sy sosio-ekonomiese agtergrond.  Hy het in 2019 sy eie jeuggroep ’Afries’ by sy skool gestig om Afrikaans te bevorder. Hy spoor die jeug aan om vreesloos Afrikaans te wees en in hul moedertaal hul drome uit te leef.

Zalman Davis, nog ’n ontvanger van die Jeugkoker, is eintlik Engelssprekend maar hy het ’n besondere liefde vir Afrikaans.  Hy het bekendheid verwerf as die jongste uitgewer in die land van hoofsaaklik Afrikaanse boeke. Op 23 het hy reeds naam in die skrywerswêreld gemaak en verskeie bekende skrywers soos Malene Breytenbach en die digter Thomas Deacon se titels uitgegee, wat uitstekende resensies ontvang het, onder meer van ’n gesaghebbende soos Joan Hambidge.

Sy liefde vir Afrikaans blyk daaruit dat hy as jong uitgewer eiehandig verskeie kompetisies vir opkomende skrywers en digters aangebied het. Die jongste hiervan is die Chris Barnard-prys in samewerking met Katinka Heyns en die Ingrid Jonker L’Art Poétique-digkompetisie. 

Zalman se lewe wentel om die skrywerswêreld en die literêre radiopgrogram Subteks, wat hy tans op drie FM-radiostasies aanbied, Radio Laeveld, Kosmos Stereo en JouRadio. Sy kennis van Afrikaans en die Afrikaanse skrywerswêreld, maak van hom ’n buitengewone ambassadeur van Afrikaans en ʼn waardige wenner van ’n Jeugkoker.

Constance Thomas, wat een van die ontvangers van die Jeugkoker is, is ’n vierdejaar-onderwysstudent in die intermediêre fase aan die Sol Plaatje-universiteit in Kimberley. Sy spesialiseer in tale en is passievol oor Afrikaans. Haar passie vir Afrikaans het haar geïnspireer om in haar vryetyd vir tweede-, derde- en vierdejaarstudente ekstra lesse in Afrikaanse taal- en letterkunde aan te bied. Sy het ook saam met hulle ’n boekklub, waaraan sprekers van vyf moedertale deelneem, begin. Sy dra haar passie vir Afrikaans in haar woorde "soos 'n baba wat graag die wêreld omhels"

Danny Titus, bekende Afrikaaanse taalvegter en -aktivis wat vroeër vanjaar oorlede is, het die Koker-toekenning postuum vir sy rol in die beskerming van Afrikaans ontvang. Titus is geen onbekende in die Afrikaanse leefwêreld nie en was juris, regsdosent, lid van die Menseregtekommissie van die Verenigde nasies (VN), lid van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, aktiewe menseregteaktivis, en taal- en kultuurbevorderaar, het ’n onberekenbare bydrae gelewer tot die erkenning en beskerming van die taal- en kultuurregte van Suid-Afrikaanse burgers in die breë, en die Afrikaanse taalgemeenskap in die besonder. Titus het aktief deelgeneem aan die ATR se uitdagende stigtingsproses en het op die organisasie se eerste direksie gedien.

Michael Jonas, voorsitter van die direksie van die ATR, glo dat die wenners van die jaarlikse Koker-toekennings ’n besliste impak op die bevordering van Afrikaans het.

"Elk van die wenners het reeds ’n wesenlike bydrae gemaak om houdings van verdraagsaamheid onder die breë Afrikaanse taalgemeenskap te bevorder, te help met die ontwikkeling van ʼn gedeelde bestaansnarratief, om taaltrots te skep en die aanvaarding van eienaarskap uit te leef. Ons glo die wenners verteenwoodig die breë taalgemeenskap in sy volle totaliteit. Die vereerde wenners, hul onderskiee bydraes en projekte weerspieël voorts ook die diverse aard van ons taal," het Jonas gesê.

Ria Olivier, van die ATR, Vanjaar se Kokerwenners lewer onteenseglik bewys dat daar geesdriftig gewoeker word vir Afrikaans:  nasionaal én internasionaal, oor ouderdomsgrense heen, in verskillende tongvalle en op verskillende terreine. Van die wenners het Afrikaans lewenslank met uitsonderlike toewyding gedien, terwyl ander op jeugdige ouderdom reeds hul merk gemaak het vir Afrikaans.

Die agt wenners van vanjaar se Koker-toekennings is Ernst Kotzé (lewenslange bydrae), Shafick April (lewenslange bydrae – postuum), Ena Jansen (bevordering van Afrikaans), Johan Blaauw (bemagtiging), Danny Titus (beskerming – postuum), Constance Thomas (jeugkategorie), Zebulon Kock (jeugkategorie) en Zalman S Davis (jeugkategorie).

The post Persverklaring: Koker-wenners 2020 versinnebeeld diversiteit van Afrikaans   appeared first on LitNet.


NATi Jong Sterre: Kaap-produksie by Suidoosterfees 2020

$
0
0

Kaap is een van die NATi Jong Sterre-produksies, ondersteun deur die Jakes Gerwel Stigting en Kunstekaap. 

Opkomende kunstenaars word deur dié uitnemende ontwikkelingsprojek bygestaan om hul voete in die teaterbedryf te vind. Die bekwame mentors, Amy Jeptha en Rafiek Mammon, het die talentvolle jongelinge gehelp om hul tekste af te rond en vir die verhoog te verwerk. 

Kaap

Met Lee-Ann van Rooi en Faith Kinniar
Teks: Dianne Albertze
Regie: Dianne Albertze
Ontwerp: Dianne Albertze
Venue: kykNET Atlantic Studios
Datum en tyd 21 November 19:00
Tydsduur: 60 min
Prys: R50

Hierdie geleentheid vind 21 November om 19:00 plaas by die @kykNET Atlantic Studios by Montague Gardens.

Kaartjies kos R50 per persoon en kan deur Computicket gekoop word.

Dianne Albertze

“Die titel verwys na die Afrikaapse woord djep wat ‘beroof’ of ‘steel’ beteken,” vertel Dianne Albertze oor die produksie Kaap wat vanjaar by die Suidoosterfees wys.

Die teks is deur Dianne geskryf, en die akteurs Lee-Ann van Rooi en Faith Kinniar verskyn daarin.

Die beskrywing op die Suidoosterfees se webtuiste lui: “’n Skrywer wort Kaap toe gestuu’ deur die Vrye Burgers Fees omme Cape Coloured storie te vitel. Sy storie ve’vleg met Angel, ’n voo’malige Voëlvry groupie, en Faatiem, ’n charming moeilikgeitmaker. ’n Gevaa’like magspieletjie ontstaan wannee’ Faatiem en die skrywer in love raak. Kyk uit vir die Kaapse klopse, Kewpie en ‘Skipskop’ innie storie.”

Dianne vertel meer.

Vertel asseblief meer oor die produksie – waaroor handel die teks?

Kaap handel oor ’n wit skrywer wat befonds word om ’n Cape Coloured play te skryf. Dinge loop egter nie uit soos die skrywer beplan nie. Twee Kapenaars word gekoek in ’n storie wat bly aan blur tussen kolonialisme, kulturele appropriasie, Johannes Kerkorrel, Kaapse klopse, Kewpie en drank. Die ruilhandel van wyn vanaf historiese tye bly net so relevant soos die skrywer al meer val in die dopsisteem. Die twee Kapenaars, Angel en Faatiem, word egter die skrywer se “mense” – al bly raak die befondsers se verwagtinge rondom die play al meer wrang.

Jy het self die teks geskryf. Wat is die inspirasie agter die produksie?

Ek het die teks begin ontwikkel toe ek nog nuut in die Kaap was – Woodstock om presies te wees. Die stad kan baie pragtig wees, maar ook baie messed up – veral as ons kyk na hoeveel vroue, soos Sarah Baartman, hier slaaf gemaak was, huise wat vernietig was (en steeds word in plekke soos Hangberg) en nuwe toerismewinkeltjies en bars wat dan op daai grond staan. Wat appropriasie aanbetref, voel ek dis belangrik dat ons mekaar se stories ondersoek, maar ook uitfigure hoe om die menslikheid van karakters te behou. Die konflik van kultuur sal altyd vir my fassinerend bly. Hennie Aucamp het eenkeer gesê dat kultuur soos die hoogste vorm van beskawing is; dan kyk ek seker na die ónbeskaafde – dié wat kultuur steel, maar ook kultuurloos is.

Verduidelik asseblief die betekenis van die naam van die produksie?

Die titel verwys na die Afrikaapse woord djep, wat “beroof” of “steel” beteken. Alhoewel die storie afspeel in Kaapstad en kyk na die klank, kleur en kolonialisme van die dorp, gaan dit oor baie meer se "djep" as net daai. Dit gaan oor die diefstal van siel en kop en menslikheid.

Lee-Ann van Rooi

Jy is verantwoordelik vir die teks, regie en ontwerp van die produksie – hoe ervaar jy dit as kunstenaar om vir alles hiervan verantwoordelik te wees?

Dinge het met die repetisieproses baie verander. Lee-Ann doen nou die ontwerp en lei die meeste van die regie. Ek en Faith voel so veilig en ons leer so baie oor mekaar, history en medemenslikheid.

Is dit nie uitdagend om verantwoordelik te wees vir soveel elemente van die produksie nie?

Met ’n ongelooflike mentor soos Lee-Ann van Rooi word daai groot verantwoordelik eerder ’n droom en ook ’n master class. Lee-Ann beoog om die volle produksie te direct, maar vir nou is ons drie mense saam in ’n spasie sonder hiërargieë, judgement en voorgee. Lee-Ann lei met ’n diep geestelikheid, wat ’n storie soos Kaap al meer connected laat voel met Kaap die Goeie Hoop, of eerder Camissa (“Die plek van soet water”).

Hoe het jy op die akteurs besluit wat die rolle vertolk?

Albei Faith en Lee-Ann werk gereeld met soortgelyke politiek en narratiewe; albei ken ook die Kaap baie goed. Lee-Ann veral het al in die meeste van die plays wat geïnterteks word, gespeel, soos Fiela se kind en Bidsprinkaan, en dan is hulle damn eerlike spelers wat nie bang is vir ’n uitdaging soos Kaap nie!

Faith Kinniar

Die beskrywing van die produksie op Suidoosterfees se webtuiste is in Kaaps – is die produksie ook in Kaaps geskryf? Vertel asseblief meer.

Jong, Afrikaaps is eintlik baie meer linguistically kompleks as die praattaal waarmee ek meestal speel. Die play is egter ’n kombinasie van Afrikaans, Afrikaaps, Engels en Gayle. Dus is dit ’n lekker mengelmoes van taal en klank. Ek loer en leer maar van Afrikaaps by meesters soos Jitsvinger, Jethrow Louw en Niko10long.

Is daar spesifieke temas wat aangespreek word in die produksie? Dalk ’n boodskap wat jul wil oordra?

Die djep van Camissa, ruilhandel wat omkoopgoed word, die soek na ’n huis, ’n plek om te behoort, ’n tong-in-die-kies kyk na wit vroue wat soos wit mans aangaan as hulle in magsposisies geplaas word, transfobie in die Afrikaanse industrie, ens.

Vir meer inligting oor die Suidoosterfees, besoek hul webtuiste.

  • Foto's: verskaf
Lees en luister ook:

Persvrystelling: NATi Jong Sterre (Suidoosterfees-inryteater 2020)

Jong dramaturge gesels oor Jakes Gerwel Skrywersresidensie

The post NATi Jong Sterre: <i>Kaap</i>-produksie by Suidoosterfees 2020 appeared first on LitNet.

LitNet: Kry eksamenhulp hier

NATi Jong Sterre: Ek, Eva-produksie by Suidoosterfees 2020

$
0
0

Ek, Eva is een van die NATi Jong Sterre-produksies, ondersteun deur die Jakes Gerwel Stigting en Kunstekaap. 

Opkomende kunstenaars word deur dié uitnemende ontwikkelingsprojek bygestaan om hul voete in die teaterbedryf te vind. Die bekwame mentors, Amy Jeptha en Rafiek Mammon, het die talentvolle jongelinge gehelp om hul tekste af te rond en vir die verhoog te verwerk. 

Ek, Eva

Met: Wahnice du Toit, Robyn September, Brutney Singrew en Meggan-Lee Johnstone
Regie: Stephren Saayman
Teks: Stephren Saayman en die geselskap
Choreograaf & verhoogbestuurder: Wyatt Afrika
Venue: kykNET Atlantic Studios
Datum en tyd: 22 November 12:00
Tydsduur: 60 min
Prys: R50

 

In 2019 se DKES dramafees-wenproduksie word fisieke teater met ’n lieflike poëtiese aanslag gekombineer. Wanneer Eva se oë oopgaan, is sy saam met drie ander vroue in ’n plek waar die slang hulle teister met leuens. Wie gaan voor die serpentyn swig? Soos wat die maskers sak, word die donker waarheid oor uitdagings wat vroue kwesbaar maak, in die oopte gebring.

Hierdie geleentheid vind 22 November om 12:00 plaas by die @kykNET Atlantic Studios by Montague Gardens.
 
 

Ek, Eva (Foto: Suidoosterfees)

Waaroor handel die produksie?

Hierdie produksie handel oor vrouwees. Dit volg die storie van drie verskillende vroulike figure wat deur ’n sisteem onderdruk word. ’n Sisteem wat bestaan uit patriargie, armoede, verlies, seer, ongeluk en vrees. Dit lê klem op die verskillende klasse van die samelewing soos hoër klas, middelklas en laer klas. Dit wys hoe vroue eintlik nie so ver van mekaar geskei is nie, want wat die een raak, het ’n effek op die ander een, ens.

Stephren Saayman

Jy het self die teks geskryf – wat is die inspirasie agter die produksie?

Die idee is wat ek geplant het, maar die teks is eintlik ’n gesamentlike produk. My inspirasie het dus gekom vanaf dit wat rondom ons gebeur ‒ die onderdrukking van vroue, en alhoewel daar so baie bewegings is, is die stem nog baie onhoorbaar.

Verduidelik asseblief die betekenis van die naam van die produksie?

Ons is bekend met die storie van Eva en die slang in die tuin van Eden. Eva, wat verwys na “vrou”, is ’n duidelike aanduiding dat daar nog elke dag met slange geveg moet word. Die slang is die versoeking. ’n Tipe bron van kennis en die inlating vir euwel. Al drie hierdie vroulike figure in die produksie is ’n representasie van die verskillende tipes vroue, so wanneer na die produksie gekyk word, is daar een of ander persoonlike en reflektiewe verbintenis. Die naam suggereer dus dat die vrou met haar eie en eksterne faktore gekonfronteer word. Elke vrou is een in haar soort, maar die refleksie van Eva skyn deur en verbind vrouwees in totaliteit.

Met ’n titel soos Ek, Eva, en ’n geselskap wat net uit vroue bestaan, neem ek aan hierdie toneelstuk spreek sekere temas rakende vroue aan, spesifiek vroue van kleur?

Dis wat hierdie produksie so interessant en anders maak, omdat dit nie net tot vrouens van kleur spreek nie. Alhoewel daar van vroue van kleur gebruik gemaak word, spreek dit tot vroue in die algemeen. En dit is iets wat ons nie genoeg sien in Suid-Afrikaanse teater nie. Ek wil dit reeds so hê, want dié is ’n universele tema en as daar in kleur vasgekyk word tydens die produksie, is daar definitief belangrike vrae wat vir die self gevra moet word.

Jy en die geselskap het saam aan die teks gewerk. Was dit vir jou belangrik om hul insette te hoor aangesien die teks oor vroue handel? Hoe was die ervaring vir jou as man?

Dit was iets nuuts! Ek het so baie geleer. Dit het my oë oopgemaak vir soveel goed en ek verruil dit vir niks nie. Daar is oneindig baie onder en met mekaar gedeel en sade is beslis geplant, want ons geselskap is nog jonk en ons wil goed aanspreek. Ons wil verandering sien en dit moontlik maak sover as wat ons kan.

My verhoogbestuurder, koreograaf en assistentregisseur is ook manlik en dit is so wonderlik, want nou begin ons nie net te leer van mekaar nie, maar ons bou ’n gemeenskap. ’n Gemeenskap van samehorigheid, en waar daar samehorigheid teenwoordig is, is dit wonderlik!

Posted by Ek, Eva on Thursday, January 9, 2020

 

Wat is die boodskap wat julle wil oordra met hierdie produksie?

Elke vrou is uniek geskape. Sy het haar struikelblokke. Sy het haar sterk punte, haar swak punte, maar sy is nooit alleen nie. Sy het ’n ondersteuningsisteem en dit is wat sy moet weet. Dit maak groot aanspraak op kwessies wat deur generasies vloei. Waaroor daar vrylik gepraat moet word. Nie noodwendig met ander mense nie, maar met jouself en teenoor jouself. Gebruik jou stem om geraas te maak en spreek vry teenoor dit wat al vir generasies oor vroue heers.

  • Vir meer inligting oor die Suidoosterfees, besoek hul webtuiste.
Lees ook:

NATi Jong Sterre: Kaap-produksie by Suidoosterfees 2020

Persvrystelling: NATi Jong Sterre (Suidoosterfees-inryteater 2020)

"Die maskers word afgehaal en kwesbaarheid word voor die gehoor neergelê"

The post NATi Jong Sterre: <i>Ek, Eva</i>-produksie by Suidoosterfees 2020 appeared first on LitNet.

Chrusostomos se verstaan en evaluasie van beroepe en vaardighede

$
0
0

Chrusostomos se verstaan en evaluasie van beroepe en vaardighede

Hennie Stander, Universiteit van Pretoria

LitNet Akademies Jaargang 17(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Beroepe, en hoe dit verander, is deesdae ’n baie populêre tema en konstant onder die loep vanweë die Vierde Industriële Revolusie. Die doel van hierdie artikel is om die beroepe wat in Chrusostomos se geskrifte genoem word, verder te belig. Hierdie beroepe sal dan krities bespreek word in die lig van ander sekondêre bronne wat in hierdie besprekings aan die orde kom. So ’n ondersoek werp interessante lig op die antieke sosiale wêreld en hoe daar oor werk, ledigheid, armoede en ander sosiale kwessies gedink is. Chrusostomos het geglo dat God sosio-ekonomiese armoede gegee het sodat mense bewus kon word van God se voorsienigheid. Armoede gee ook struktuur aan die lewe, want sonder armoede sou dit nie nodig gewees het om te werk nie. Sonder werk sou die samelewing platgeval het. Maar Chrusostomos was baie spesifiek daaroor dat beroepe aan drie vereistes moes voldoen: Dit moes nuttig wees, dit moes noodsaaklik wees, en dit moes ook tot voordeel van ander mense wees. Dit was vir Chrusostomos baie moeilik om te verstaan hoe ’n mens handeldryf as ’n “beroep” kon bestempel, want daar is eintlik geen verband tussen werk en die winste wat gemaak word nie. Sosiale stande en rangordes het ’n groot rol gespeel in die antieke wêreld, en daarom het Chrusostomos ook ’n rangordelys van beroepe opgestel, van belangrik tot minder belangrik. En dan was daar ook nog in Chrusostomos se gemeenskap mense wat van ketterse groeperinge afkomstig was en verkondig het dat dit nie goed was vir ’n mens se geestelike lewe om ’n beroep te beoefen nie.

Trefwoorde: ambagsmanne; beroepe; ledigheid; vakleerlinge; vroue

 

Abstract

Chrysostom’s understanding and evaluation of occupations and skills

Careers, and how they change, are a very popular theme nowadays and are constantly under scrutiny due to the Fourth Industrial Revolution. The purpose of this article is to illuminate the professions mentioned in Chrysostom’s writings. These professions will be critically discussed based on secondary literature on relevant themes. Such an investigation sheds light on the ancient social world and how idleness, poverty and other social issues were viewed by the ancients. Firstly, Chrysostom believed that God created socio-economic poverty so that people could become aware of God’s providence. Poverty also gave structure to life, because without poverty it would not have been necessary to work and without work, society would have collapsed. However, Chrysostom made it very clear that a profession had to meet three requirements: It had to be useful (χρήσιμος); it had to be necessary/essential (ἀναγκαῖος); and other people also had to benefit from it. Blacksmiths, shoemakers, farmers and bakers are essential; however, their work must also benefit other people. For example, the latter must also share in the crops of the farmer – if a farmer sows only enough wheat for himself, many people will starve. 

Even these essential professions have to adhere to boundaries. A builder’s work is regarded as essential only if he builds houses, not when he builds theatres. A shoemaker must ensure that the shoes he makes for men are not delicate and soft, which would ultimately make men look like women. These statements were not intended to condemn homosexuality as some scholars have at times argued; they were simply in line with other concepts in Chrysostom’s thinking which De Wet (2014a:189) describes as homoeroticism: A male’s appearance had to be “rough” as a symbol of self-control and of the fact that he is self-sufficient.

Social classes and rankings played a major role in the ancient world. It is, therefore, no surprise to read that Chrysostom also ranked professions from important to less important. The criteria which Chrysostom used to determine the rank of a profession again raises the question whether the profession is useful (χρήσιμος) and essential (ἀναγκαῖος). Chrysostom regarded skills such as agriculture, weaving and construction as being at the top of the list, as these skills are necessary/essential (ἀναγκαῖος) and they keep us alive (συνέχουσιν ἡμῶν τὸν βίον). Other occupations, for example, those of a coppersmith, a carpenter and a shepherd, are merely complementary to these skills. However, Chrysostom states that of all of these professions, agriculture is the most important. God instituted agriculture when God made mankind.

It appears that a woman’s place within the labour market was very limited, with one of the few occupations available to women being that of weaving. Chrysostom considered women to be weak because of their lifestyle and their upbringing. He said they grew up in the shadows, in other words in easy conditions; they did not work in the sun like farmers. Furthermore, they were very inactive; they were constantly in the baths, they used ointments and perfumes, their sofas were soft, and all this made them what they are. Chrysostom’s statements regarding women should be seen in light of the fact that most women in his world were rich, therefore his knowledge regarding women in general was very limited. 

Chrysostom also argued that God made the man different. God gave dominion (ἀρχή) and superiority (ὑπεροχή) to the man, while God gave the woman desire (ἐπιθυμία) and the gift of bearing children. God gave the woman the house, and the marketplace to the man, thereby allotting the task to provide food to the man, since he has to till the soil. God gave the ability to make garments to the woman, since the loom and the distaff belong to the woman. Clarke (2006:167) states that Chrysostom’s construction of women “relies heavily on the stereotyping, naturalising, and universalising functions of ideology”.

The general belief is that the ancients never transformed their trades into industries, yet patristic writings often refer to a kind of industry. Chrysostom refers to, for example, the mistress of the house (ἡ κυρία τῆς οἰκίας) who sits on her chair in the house with all gracefulness (εὐσχημοσύνη) while the maids weave in silence and the other servants continue with their tasks. This is in line with Gregory Nazianzus’s reference to weavers who worked in a large venue. Furthermore, Chrysostom states that artisans who work for themselves earn more money than those who work for employers. Despite all these references, the economy of the ancient world could still not be described as “industrial”, as this was not the overarching feature of the economy.

Like so many of the Church Fathers, Chrysostom also had an aversion to money-making professions. He goes so far as to refer to moneylenders as adders (ἔχιδνα). It was difficult for the Church Fathers to see how trading, for example, could be described as a “job” – what “labour” did the person put in to justify the profit? The Church Fathers in particular had two objections to trading, the first being that it was driven by greed and the second that it was fraudulent, implying that traders deceive those who buy from them. 

Fishermen were often associated with poverty. For example, Chrysostom grouped fishermen, tentmakers, tax collectors, the ignorant and the illiterate together in the same category. He attributed the reason for the success of these professions when the individuals spoke about the hope they had in themselves, to God’s power. Yet the statements made by Chrysostom should not be accepted at face value, as his statements could also be a rhetorical technique to emphasise the marvel of the growth of the Gospel under such circumstances.

All the Church Fathers believed that it was expected of Christians to work hard. Chrysostom denounced those who were idle or unwilling to work. He then referred to Paul who was even willing to be a tentmaker, and he added that people who were craftsmen did not have to be ashamed of their craft. Earning a living from hard work was regarded as a form of asceticism; the souls of such people were brighter and their thinking more powerful. It is quite possible that Chrysostom had the Euchites (derived from the Greek word for pray) and the Messalians (derived from the Syrian word for pray) in mind when he denounced idleness. It is known that these two sectarian groups originated in Syria in the middle of the fourth century. They believed that making handicrafts was not conducive to one’s spiritual life. Several Church Fathers condemned their teaching.

In conclusion: It is interesting to note how many of Chrysostom’s arguments are still relevant today. When students enrol at university, their parents are often worried when their children want to pursue careers that are not considered “useful” or “essential”.

Keywords: apprentices; artisans; careers; idleness; women

 

1. Inleiding

Die afgelope tyd, met COVID-19-regulasies wat die Vierde Industriële Revolusie met ’n spoed nader getrek het, hoor en lees ’n mens dikwels hoe vinnig die wêreld verander. Een van die gevolge van dié revolusie is dat talle beroepe wat nou aan ons bekend is, doodgewoon gaan verdwyn, terwyl nuwe beroepe gaan ontstaan. Ek het onlangs ’n klompie van Chrusostomos se preke gelees, en dit het my opgeval hoe dikwels hy na beroepe en vaardighede verwys het. Dit gee vir ons interessante perspektiewe rakende die beroepslewe van mense in die 4de–5de eeu in die gebiede rondom en in Antiochië (Sirië) en Konstantinopel.

Mayer (2008:567) verduidelik juis watter groot rol homilieë kan speel om vir ons meer te vertel oor die daaglikse lewe van gewone burgers in die antieke tyd. Chrusostomos is in 350 n.C. in Antiochië (Sirië) gebore en het ’n groot deel van sy lewe daar deurgebring. Vanaf 397 was hy biskop van Konstantinopel (Mayer 2009:70). Dis moeilik om te weet watter preke hy waar en wanneer gepreek het, dus moet ’n mens in gedagte hou dat die uitsprake uit verskillende geografiese streke en kronologiese tydperke kom (Allen en Sitzler 2009:27). De Wet en Mayer (2019:11) sê tereg: “The role of Chrysostom in social historiography goes beyond simply using the primary source material as data mines for ancient social mentalities and practices.” Aan die ander kant skryf Marcel van der Linden (2012:x) in die voorwoord van Lis en Soly (2012) soos volg: “Lis and Soly have always preferred to study social life 'from below', when they are very conscious that, for a good understanding of the historical developments, a perspective 'from above' is also required.” Dit is presies wat ek graag in hierdie artikel wil doen, naamlik om die beroepslewe van gewone mense in die 4de–5de eeu te beskryf soos dit blyk uit die preke van Chrusostomos, maar wel met ’n kritiese blik. 

Natuurlik kan ’n mens nooit die woorde van ’n antieke skrywer net op sigwaarde neem nie (kyk Allen en Sitzler 2009:25; kyk ook De Wet 2018:44). Ek sal dus ook poog om die uitsprake oor beroepe te kontekstualiseer in terme van antieke beskouings. Hierdie veld is egter geweldig wyd, en ek sal dit moet afgrens van ander sake wat ook by hierdie tema aansluit. Ek gaan byvoorbeeld nie die rol van slawerny bespreek nie; daarvoor kan werke soos dié van De Wet (2015) geraadpleeg word. Ek gaan ook nie oor kinderarbeid praat nie; daarvoor is daar werke soos Bradley (1985), Sigismund-Nielsen (2013) en Laes (2015). Ek gaan ook nie kerklike ampte as beroepe bespreek nie (kyk Torjesen 2008). Ek beperk my dus tot dit wat Chrusostomos in sy preke openbaar oor sekulêre beroepe.

Ter wille van vakkundiges dui ek telkens aan watter Griekse woord Chrusostomos gebruik het om na ’n bepaalde beroep te verwys. Dit is belangrik om seker te maak presies wat die woord beteken en nie te probeer wegkom met ’n moderne Afrikaanse vertaling of met ’n woord wat ons dink ’n goeie moderne ekwivalent is nie. Let ook op dat ek die Griekse woord aandui soos dit in die woordeboek voorkom, en nie in die naamval soos dit in die teks staan nie.

 

2. Die sosio-ekonomiese konteks van werk

Armoede het ’n baie belangrike rol gespeel in Chrusostomos se lewensbeskouing. Hy verwys na drie soorte armoede, naamlik sosio-ekonomiese armoede (vlak van rykdom), geestelike armoede (die individu se waardesisteem) en vrywillige armoede (asketisme) (kyk Mayer 2009:82). Chrusostomos het geglo sosio-ekonomiese armoede is nodig en dat dit ’n bewys is van God se voorsienigheid. Hy het geargumenteer dat as ’n mens armoede uitroei, dan

sou jy die hele struktuur van die lewe vernietig. Geen seevaarder (ναύτης), of stuurman (κυβερνήτης), of landbouer (γεωργὀς), of bouer (οἰκοδόμος), of wewer (ὑφάντης), of skoenmaker (ὑποδηματοῤῥάφος), of skrynwerker (τέκτων), of kopersmid (χαλκοτύπος), of leerwerker (σκυτοτόμος), of meulenaar (σιτοποιός), of enige ander van hierdie soort ambagsmanne sou dan bestaan het nie. As almal ryk was, sou almal ledig gewees het, en dit sou die hele samelewing vernietig het. (De Anna, MPG 54.673.13–24 – my vertaling; ook elders, tensy anders vermeld)

Chrusostomos haal sy voorbeelde hier uit die breë samelewing, van landbou tot seevaart en ambagte. 

Alhoewel armoede ’n sleutelfunksie in die ordening van die samelewing vervul, moet ’n mens vir geen oomblik aanneem dat alle mense in die antieke tyd gewerk het nie. Die elite van die antieke heidense samelewing het handewerk geminag (Hock 1978:560; Arbesmann 1973:248). Aan die ander kant was daar tog ook diegene wat die ekonomiese, morele en intellektuele waarde van werk belig het (Mondolfo 1954:5). Chrusostomos beweer dat ryk mense in die eerste plek nie oor handvaardighede beskik het nie. Hy sê: “Hulle weet nie hoe om met koper te werk nie (χαλκεύειν), hulle kan ook nie skepe bou nie (ναυπηγεῖν), hulle weet ook nie hoe om te weef nie (ὑφαίνειν), ook nie hoe om huise te bou nie (οἰκοδομεῖν), ook niks van ander soortgelyke dinge nie” (In Matt., hom xlix, MPG 58.500.46–50). 

Ryk mense sou derhalwe nooit ’n vervaardiger (δημιουργός), of ’n huisbouer (οἰκοδόμος), of ’n houtwerker (τέκτων) of ’n skoenmaker (ὑποδηματοῤῥάφος), of ’n bakker (ἀρτοποιός), of ’n landbouer (γεωργός), of ’n kopersmid (χαλκοτύπος), of ’n toumaker (σχοινοστρόφος) kon word of enige ander sodanige ambag kon beoefen het nie. Iemand wat wel so ’n beroep beoefen en ryk geword het, het dit dadelik gelos (In ep. i ad Cor., hom. xxxiv, MPG 61.292.5–20). 

Ryk mense moes ’n ander rol vervul: Hulle moes die armes help. En as hulle dit sou doen, sou dit ’n beter vaardigheid wees as al die ander beroepsvaardighede (In Matt., hom. xlix, MPG 58.500.46–50). Sulke mense se werkswinkel is in die hemel en Christus is hulle leermeester; hulle gebruik nie gereedskap wat van yster en koper gemaak is nie, maar goedheid en ’n goeie gewete. 

Chrusostomos verwys dikwels na die positiewe rol wat armoede speel en hoe beide armes en rykes daardeur bevoordeel word. Ryk mense help arm mense deur vir hulle aalmoese te gee, maar arm mense help ook weer die ryk mense deur vir hulle te bid en hulle te help om toegang tot die hemel te verkry (kyk bv. Holman 2001:19–20).

Chrusostomos veroordeel nie ryk mense as sodanig nie, maar wel ryk mense wat ledig is, met ander woorde ryk mense wat nie met hul rykdom “werk” deur armes te help nie (Grant 1977:95).

 

3. Maatstawwe waaraan beroepe moes voldoen 

’n Mens se beroep moes volgens Chrusostomos aan drie maatstawwe voldoen. Die eerste twee beginsels wat hy keer op keer in sy homilieë benadruk, is dat jou vaardighede en kuns beide nuttig (χρήσιμος) en noodsaaklik (ἀναγκαῖος) moes wees. In een van sy preke (In Matt., hom. xlix, MPG 58.502.7–15) verduidelik hy dit soos volg: Beroepe soos medies (ἰατρικός) en die vermoë om huise te bou (οἰκοδομικός) voldoen aan hierdie vereiste; fyn kookkuns (ὀψαρτυτικός) en die maak van speserye (καρυκευτικός) is egter glad nie noodsaaklik nie – inteendeel, dit het geen voordeel nie en is skadelik vir beide jou liggaam en jou siel. Eintlik moet skilderwerk (ζωγραφικός) en wewery (ποικιλτικός) ook nie as handvaardighede (τέχνη) bestempel word nie, want dit voldoen nie aan die vereiste van nuttigheid nie. God het die mens vaardighede gegee wat noodsaaklik is om te kan lewe. Prente op mure en klere is tog nie nuttig nie. Volgens Chrusostomos behoort bouers huise te bou, nie teaters nie. Dieselfde geld vir die skoenmakers (ὑποδηματοῤῥάφος) en wewers (ὑφαντός): Hulle behoort hulle bedrywighede in te kort, want baie van hulle werke het ontaard. Dit is nog in orde as die kleremakers klere of komberse maak; dan is Chrusostomos nog bereid om dit ’n vaardigheid (τέχνη) te noem. Maar sodra hulle spinnekoppe begin naboots en ’n absurditeit skep deur onuitspreeklike sagtheid (vroulikheid) in te bring, is dit verkeerd. Chrusostomos is bereid om die skoenmakers (ὑποδηματοποιός) se werk as ’n ambag te erken, maar as hulle mans soos vroue laat lyk deur vir hulle verfynde, delikate skoene te maak, sou hy dit nie meer ’n kuns (τέχνη) noem nie (In Matt., hom. xlix, MPG 58.502.7–15). 

Laasgenoemde moet nie slegs as uitsprake teen homoseksualiteit geïnterpreteer word nie. In ’n uitstekende artikel verduidelik De Wet (2014a:189) dat ’n hele klomp konsepte in Chrusostomos se denke as homoërotisme bestempel kan word, insluitende pederastie, prostitusie en die verskynsel van mans wat vroulik voorkom. ’n Man se uiterlike voorkoms moet “grof” wees as simbool van sy selfbeheersing en dat hy selfonderhoudend is (De Wet 2014a:208–9). De Wet verduidelik dat “homoerotic behaviour caused a gender inversion, which replaced natural relations with the unnatural, and caused enmity between the sexes which made marriage obsolete” (De Wet 2014a:199). Beroepe het dus duidelike grense, en beroepsmense moet seker maak dat hulle nie hierdie grense oorskry nie.

Maar dan is daar ook ’n derde maatstaf waaraan ’n mens se beroep moet voldoen: Dit moet nie net noodsaaklik en nuttig vir jouself wees nie, dit moet ook vir ander mense tot nut wees. Ambagsmanne (χειροτέχνης), soldate (στρατιώτης), landbouers (γεωργός) en handelaars (ἔμπορος) leef nie net vir hulleself nie, maar dra by tot hul naaste se voordeel en die algemene voordeel (πρὸς τὸ κοινῇ συμφέρον) (In Matt., hom. lxxviii, MPG 58.710.26–31). Die ystersmid (σιδηροκόπος), leersnyer/skoenmaker (σκυτοτόμος), landbouer (γεωργός) en bakker (σιτοποιός) beoefen almal beroepe wat nodig (ἀναγκαῖος) is, maar hulle moet die vrug van hul arbeid ook met ander deel (In ep. i ad Cor., hom. x, MPG 61.87.3–6). Net so moet ander mense ook kan deel in die winste van die seeman (ναύτης) se vaarte, die soldaat se suksesse in oorloë, en die landbouer (γηπόνος) se oeste. As die boer byvoorbeeld besluit om sy oes in sy huis weg te steek, sal hy ’n groot hongersnood veroorsaak (In ep. i ad Cor., hom x, MPG 61.87.7–28).

Chrusostomos (In Matt., hom. lii, MPG 58.523.7–17) verduidelik breedvoerig hoe mense by mekaar se beroepe baat kan vind. Hy gebruik die landbouer (γεωργική) as voorbeeld van iemand wat by ander se werk baat: Die kopersmid leen vir die landbouer ’n skoffel (δίκελλα), ’n ploegskaar (ὕννη), ’n sekel (δρεπάνη), ’n byl (πέλεκυς) en ander werktuie; die skrynwerker (τεκτονικός) maak die raamwerk van die ploeg (ἄροτρον), ’n juk (ζεύγλη) en ’n wa (ἅμαξα); die skoenmaker (σκυτοτομικός) maak ’n leerharnas (ἱμάς); die bouer (οἰκοδομικός) bou ’n stal vir die osse (ταῦρος) waarmee die landbouer ploeg en huise vir die saaiers (σπείρειν γεωργός); en die houtkapper (δρυμοτομική) kap die hout.

In ’n ander geskrif benadruk Chrusostomos dat geen beroep net sy eie voordeel mag soek nie. As ’n seevaarder (κυβερνήτης) net sy eie wins soek, sal hy gou sink. As ’n landbouer (γεωργός) net genoeg koring vir homself saai, sal hy en ander mense verhonger. Ook soldate (στρατιώτης) wil nie net hul eie veiligheid verseker nie, maar ook dié van die stede. En ’n sakeman (ἔμπορος) bring nie net vir homself goedere huis toe nie, maar ook vir ander (In ep. i ad Cor., hom. xxvi, MPG 61.210.61–211.15).

Wanneer ’n mens al Chrusostomos se uitsprake noukeurig bestudeer, kom jy agter die rede vir sy oortuiging dat ’n gelowige altyd sy bronne met ander moet deel, is dat ons en al ons bronne aan God behoort en dat ons almal medediensknegte van mekaar is (Avila 1983:84). Almal staan onder God se sorg, en elkeen het dus die reg om bevoordeel te word deur God se voorsienigheid. ’n Verdere rede vir die verpligting om te deel, is die konsep van genoeg versus oorvloed wat soos ’n goue draad deur al die geskrifte van die kerkvaders loop (Stander 2014:29).

 

4. Hiërargie van beroepe

Arbesmann (1973:252) sê: “As all Christian authors before him, Augustine does not recognize any gradation of labor according to social status.” Volgens Arbesmann is Augustinus se enigste vraag of ’n beroep “honorable” of “dishonorable” is, dit wil sê of dit moreel toelaatbaar is. Maar Arbesmann is nie korrek nie. Chrusostomos groepeer die toumaker (σχοινοστρόφος) en die kopersmid (χαλκοτύπος) saam met die groot aantal mense van die laer klas (ὁ πολὺς τῶν ἀγοραίων δῆμος) (In Matt., hom. xx, MPG 57.288.39–43). Elders verwys hy na sekere beroepsmense as “waardelose broers” (εὐτελής ἀδελφός) wat nietemin ons omgee en sorg verdien. Maar dan voeg hy gou by dat ons nooit moet sê iemand is ’n dwaas (ἀνόητος) omdat hy ’n kopersmid (χαλκοτύπος) of ’n skoenmaker (ὑποδηματοῤῥάφος) of ’n landbouer (γεωργός) is nie. Ons moet nie sodanige beroepsmense verag nie (In Matt., hom. lix, MPG 58.569.32–37). Chrusostomos sê Christus vra ons om beskeie te wees. Hieruit kan ons aflei dat die gemeenskap op hierdie beroepe neergesien het.

Net soos in ons eie samelewing het sosiale rangorde ’n groot rol gespeel in die antieke samelewing. Malina (2000:369) definieer social ranking as “the ordered arrangement of social units (persons and/or groups) along a scale or scales calibrated in terms of some commonly accepted basis of valuation”. Die kriteria wat vir so ’n sosiale rangorde gebruik word, verskil van samelewing tot samelewing. In ons moderne samelewing is dit rykdom/geld. Een van die kriteria in die antieke wêreld was familieverwantskap. Ook beroepe het rangordes gehad. Soos Malina (2000:369) sê: “Not only were occupations rank-specific, so were the places where these occupations were pursued.” Hierdie beginsel van rangorde kom duidelik na vore in Chrusostomos se bespreking van beroepe. Die kriterium wat Chrusostomos gebruik om te bepaal waar in die rangorde ’n beroep inpas, is weer eens die vraag of die beroep nuttig (χρήσιμος) en nodig (ἀναγκαῖος) is. Hy sê vaardighede soos landbou (γεωργικός), weefkuns (ὑφαντικός) en bouwerk (οἰκοδομικός) is bo aan die lys, want dit is nodig (ἀναγκαῖος) en dit hou ons aan die lewe (συνέχουσιν ἡμῶν τὸν βίον); ander beroepe, soos kopersmid (χαλκευτικός), houtwerker (τεκτονικός) en herder (ποιμαντικός), is bloot aanvullend (διάκονος) hiertoe. Maar van hulle almal, sê hy, is landbou die belangrikste. God het dit in elk geval ingestel toe God die mens gemaak het. ’n Mens kan nog sonder skoene en klere leef, maar nie sonder landbou nie (In ep. ad ii Cor., hom. xv, MPG 61.506.33–507.11).

Chrusostomos voeg by dat mense hulle behoort te skaam as hulle ’n behoefte het aan oorbodige vaardighede of kunste (οἱ τῶν περιττῶν χρῄζοντες τεχνῶν) soos die kookkuns (μάγειρος), koekbak (πλακουντοποιός), borduurwerk (ποικιλτής) en duisende ander soortgelyke vaardighede; dit is alles nuttelose kuns (ματαιοτεχνία). Dan prioritiseer Chrusostomos die beroepe ondubbelsinnig: eerstens landbou (γεωργικός), tweedens weefwerk (ὑφαντικός), derdens bouwerk (οἰκοδομικός), en laastens om skoene (ὑπόδημα) te maak. Dit is dan volgens hom die beroepe wat nuttig (χρήσιμος) en nodig (ἀναγκαῖος) is (In ep. ad ii Cor., hom. xv, MPG 61.506.33–507.11).

 

5. Vroue in die werkplek 

Dit lyk of vroue se plek in die arbeidsmark maar baie beperk was (kyk Stander 2014:29). Een van die min arbeidsterreine vir vroue waarvan Chrusostomos ons vertel, is wewery. Hy beskou vroue as swak vanweë hul leefstyl en hul opvoeding. Hy sê hulle het in die skaduwee grootgeword, met ander woorde hulle het onder maklike omstandighede grootgeword; hulle het nie in die son gewerk soos landbouers nie. Hulle is baie onaktief, hulle is gedurig in die baddens, hulle gebruik salwe en hope parfuumsoorte, hulle sitbanke is sag, en dit alles het hulle gemaak wat hulle is (In ep. ad Hebr., hom. xxix, MPG 63.206.44–50). Ons moet egter ook maar bedag wees op Mayer (1999:266) se opmerking dat die meeste vroue in Chrusostomos se leefwêreld ryk was. Chrusostomos se kennis rakende vroue in die algemeen was dus baie beperk.

Chrusostomos sê God het mense verskillend gemaak. God het heerskappy (ἀρχή) en superioriteit (ὑπεροχή) aan die man gegee, terwyl Hy aan die vrou begeerte (ἐπιθυμία) gegee het en die gawe om kinders te kry (παιδοποιίας δὲ δῶρον). Verder het God die huis aan haar toegewys, en die markplek aan die man; aan haar die maak van klere, want die weefstok en die spinstok is vir die vrou, en aan hom die taak om kos te verskaf, want hy moet die grond bewerk. Volgens Chrusostomos het God self aan die vrou die vermoë gegee om te weef (In ep. ad i Cor., hom. xxxiv, MPG 61.291.42–61). Karras (1991:136) argumenteer egter dat Chrusostomos geglo het God het nie aanvanklik bedoel die man moet die vrou oorheers nie; manlike oorheersing het eers ná die sondeval ingetree as straf vir die vrou wat haar gelykheid met die man misbruik het toe sy haar man van God af weggelei het. Maar Clark (2006:167) sê heel tereg Chrusostomos se konstruksie van die vrou “relies heavily on the stereotyping, naturalizing, and universalizing functions of ideology”. 

Chrusostomos se siening van manlike superioriteit is die heel duidelikste sigbaar in sy bespreking van die imago Dei in Genesis 1:27 (Clark 2006:169). Chrusostomos betreur die feit dat daar ’n “verslapping” (βλακεία) in die weefbedryf ingetree het wat gemaak het dat mans met die weefstoel (ἱστός) begin werk het en ’n weefspoel (κερκίς), dwarsdraad (κρόκη) en skering (στήμων – lengtedrade van weefsel) in hul hande geneem het (In ep. ad i Cor., hom. xxxiv, MPG 61.291.42–61). Chambers (1889:205) vertaal βλακεία met “effeminacy”. Dit lyk dus of hy dink dat mans vroue se werkplek oorgeneem het vanweë hulle verfyndheid. Dit is egter nie korrek nie. Die “verslapping” (βλακεία) van die konvensie het niks met die mans se verfyndheid te doen gehad nie. Chrusostomos skryf die vervanging van vroue met mans by die weefstoel direk toe aan geldgierigheid (φιλαργυρία). Dalk kon die mans meer produkte lewer, wat tot meer weelde kon lei, en het hulle daarom gekies om ook op die weefstoel te werk. Dit strook met De Wet (2014b:249) se opmerking dat “the most notable un-men in Chrysostom’s writings are men who submit to the passions, especially lust, vainglory, and luxury.”

Chrusostomos voeg egter by dat vroue gelukkig steeds in ander noodsaakliker sake benodig word (ἐν ἄλλοις ἀναγκαιοτέροις σφόδρα δεόμεθα). Hy meen ons benodig die hulp van ons ondergeskiktes (ἐλάττων) in dinge wat ons lewe bymekaar hou. Daarmee sê hy dat die vrou steeds ’n belangrike rol in die huis vervul (In ep. i ad Cor., hom. xxxiv, MPG 61.291.42–61).

 

6. Nywerhede

Die algemene opvatting is dat die antieke mens nooit enige ambag tot ’n bedryf omvorm het nie. Tog lees ’n mens dikwels in patristiese werke van ’n soort nywerheid. Chrusostomos vertel byvoorbeeld die meesteres van die huis (ἡ κυρία τῆς οἰκίας) sit op haar stoel in die huis met alle gepastheid (εὐσχημοσύνη) terwyl die diensmeisies (θεραπαινίς) in stilte weef en elkeen van die ander diensknegte (οἰκέτης) met hul toegewyste take voortgaan (In ep. i ad Cor., hom. xxxvi, MPG 61.313.22–27). Dit strook met Gregorius Nazianzus se verwysing na wewers wat in ’n weefsaal gewerk het (Oratio xliii.57). Verder sê Chrusostomos dat ambagsmanne (τεχνίτης) wat vir hulleself werk, meer geld kry as diegene wat vir werkgewers werk (In ep. i ad Cor., hom. xliii, MPG 61.372.11–15). Chrusostomos verwys ook na Paulus wat as tentmaker (σκηνοποιός) nie alleen velle aanmekaar vasgewerk het nie, maar ook oor ’n werkswinkel toesig gehou het (ἐργαστηρίου προειστήκει) (In ep. ad Rom., hom ii, MPG 60.407.17–21). Ondanks al hierdie verwysings kan ’n mens steeds nie die ekonomie van die antieke wêreld as industrieel beskryf nie, omdat dit nie die oorhoofse kenmerk van die ekonomie was nie.

 

7. Handeldryf

Soos so baie van die kerkvaders, het ook Chrusostomos absoluut ’n afsku gehad van beroepe wat om geld gegaan het. Hy verwys selfs na geldskieters as “adders” (ἡ ἔχιδνα) (In Matt., hom. lvi, MPG 57.558.19). Dit was vir die kerkvaders moeilik om te verstaan hoe handeldryf byvoorbeeld as ’n “beroep” bestempel kon word (Stander 2014:31). Watter “arbeid” het die persoon ingesit om die wins te regverdig?

Die kerkvaders het veral twee besware teen handeldryf gehad. In die eerste plek is dit gedryf deur gierigheid. Chrusostomos gebruik onder andere die geldskieter (δανειστής) as ’n voorbeeld. Hy sê die geldskieter kan nie eens sy besittings geniet nie, want selfs wanneer die rente aan hom terugbetaal word, is hy bedroef dat die kapitaalbedrag nog uitstaande is (In Matt., hom. lvi, MPG 58.558.13–19). 

Die tweede beswaar teen handel was dat daar geglo is dat dit op bedrog neerkom. Handelaars bedrieg diegene wat by hulle koop. Chrusostomos se sterk afkeuring van handel word veral duidelik wanneer hy sê dat ’n mens die kerk veel minder onteer deur ontlasting (κόπρον) in die kerk in te dra as deur in die kerk oor winste (κέρδος), handeldryf (ἐμπορία) en klein verkope (καπηλεία) te praat. Hy voeg by dat die kerk eerder met engelekore gevul moet wees, en dit moet ’n hemel wees met gebede en waar daar geluister word (In Matt., hom. lxxxviii, MPG 58.781.7–782.4). ’n Mens moet hierdie uitspraak ook sien in die lig van die kerkvaders se sterk teenkanting teen enige gepraat en geraas tydens die dienste; daar moes stilte in die kerk wees, soos wanneer monnike in kloosters aanbid (Adkin 1985:161–163).

Chrusostomos was baie ontsteld wanneer materialisme in die kerk ingekom het. Hy betreur byvoorbeeld die feit dat sommige biskoppe meer besorg was oor dinge waaroor skatkisamptenare (ὑποδέκτης), belastinggaarders (φορολόγος) en boekhouers (λογιστής) besorg was as oor siele (In Matt., hom. lxxxv, MPG 58.24–29). Pleks dat hulle bid en die mense leer, spandeer hulle tyd daaraan om te baklei met wynverkopers (οἰνοπώλης), koringverkopers (σιτοπώλης) en ander wat ander items verkoop (τὰ ἕτερα καπηλεύουσιν ὤνια) (In Matt., hom. lxxxv, MPG 58.762.39–44). Ondanks die feit dat die kerkvaders rykdom dikwels veroordeel het, het die kerk en kerklike amptenare vanaf die 4de eeu baie eiendomme deur erflating en geskenke verkry (Stander 2014:27). En saam met die rykdom het hulle ook mag verkry.

Die handelaars se goedere moes vervoer word, en die goedkoopste vervoer was per see. Daarom lees ons dikwels van handelaars (ἔμπορος) wat met seevaarders saamgewerk het om wins te maak. Ons weet die Romeine het al van die 1ste eeu v.C. groot skepe van 250 tot 450 ton gebou (Garnsey en Saller 1987:49). Net die rykes kon sulke duur skepe bekostig, en dit onderstreep ons afleiding dat handelaars en skeepsvaarders gewoonlik welvarend was. Chrusostomos vertel dat ’n handelaar wat graag wou ryk word, ’n skip aangeskaf het, seemanne (ναύτας) bymekaargemaak het, ’n stuurman (κυβερνήτης) aangestel het, geld geleen het, en dan die see oorkruis het en gevare trotseer het om sy doel te bereik (In Joan., hom. i, MPG 59.28.19–26). Die skepe het ook roeiers (ἐρέτης) gehad, iemand by die uitkykpos op die boeg van die skip (πρωρεύς) en ’n stuurman (κυβερνήτης) (In Matt., hom. xlix, MPG 58.501.1–42).

 

8. Landbou

Baie Grieke het geglo die sloofwerk van landbou is ’n vloek (Welles 1967:22). Verder is in die Antieke Oudheid geglo ’n landbouer moes sy afhanklikheid van die godheid erken as hy suksesvol wou wees (Danzig 2003:72). Maar daar was ook ander stemme, soos dié van Plato en Aristoteles, wat landbou as eerwaardig beskou het (Balme 1984:145). Al die sogenaamde eerlike beroepe (δίκαια ἐμπορία) op Chrusostomos se lys is geassosieer met velde (ἀγρός), kuddes (ποίμνιον), troppe vee (βουκόλιον), veeteelt (θρέμμα), handewerk (χείρ) en die versorging van eiendom (ἡ ἐπιμέλεια τῶν ὄντων) (In Matt., hom. lvi, MPG 58.558.3). Aangesien die antieke ekonomie primêr ’n landelike ekonomie was, is hierdie lys heeltemal te begrype (Stander 2014:29).

 

9. Vissermanne 

Vissermanne is dikwels met armoede geassosieer (In Ioan., hom. ii, MPG 59.29.38–41). Chrusostomos groepeer byvoorbeeld die visserman (ἁλιεύς), tentmaker (σκηνοποιός), tollenaar (τελώνης), onkundige (ἰδιώτης) en ongeletterde (ἀγράμματος) almal saam en sê dit moet Goddelike krag wees wat gemaak het dat hulle die filosowe, die meesters van retorika en die slim debatteerders kon oortref wanneer hulle oor die hoop in hulle gepraat het (In ep. i ad Cor., hom. iii, MPG 61.28.17–30). 

Tog moet ’n mens hierdie uitsprake van Chrusostomos nie op sigwaarde aanvaar nie, aangesien dit ook ’n retoriese tegniek kon wees om die wonderbaarlikheid van die opgang van die Evangelie onder sulke omstandighede te benadruk. Hy sê byvoorbeeld ook dat alles teen die verkondiging van die Evangelie getel het. Jesus is nie alleenlik gebore uit ’n arm Joodse vrou wat met ’n ambagsman getroud was nie, daar was ook ander goed wat mense met afsku vervul het, soos die feit dat die boodskap deur ’n tentmaker (σκηνοποιός) en ’n visserman (ἁλιεύς) bevestig is (In ep. i ad Cor., hom. v, MPG 61.46.32–40). Chrusostomos het geglo Paulus het so ’n beroep beoefen omdat hy nie van ’n hoë sosiale stand afkomstig was nie (De laud. S. Pauli, MPG 50.494.20–22). Hock (1978:556–9) meen egter dat Paulus van ’n aristokratiese klas was, maar dat hy as tentmaker gewerk het om sy status te verloor en as ’n slaaf voor te kom. Still (2006:791) verskil met Hock en sê dat Hock te swaar op Grieks-Romeinse parallelle gesteun het, terwyl hy Joodse geskrifte nie genoegsaam in ag geneem het nie.

 

10. Militêre lewe

Om aan militêre bedrywighede deel te neem was een van die merkers van manlikheid in die antieke Romeinse Ryk (De Wet 2014b:230–1). Anders as baie ander Christelike outeurs het Chrusostomos ’n redelik gematigde houding teenoor deelname aan militêre bedrywighede gehuldig. Hy gebruik dus ook dikwels beelde uit die militêre lewe om die geestelike lewe te illustreer (De Wet 2014b:232). In een so ’n geval vertel Chrusostomos dan ook vir ons van ’n hele klomp beroepe in die weermag: boogskutters (τοξότης), diegene wat met ’n slingervel gooi (σφενδονιστής), offisiere (ταξιάρχος), generaals (στρατηγός), voetsoldate (ὁπλίτης), perderuiters (ἱππεύς), spiesdraers (ἀκοντιστής), bevelvoerders van trireme (τριήραρχος), en gewone soldate (στρατιώτης) (De sac., bk. vi 6.12.135–142).

 

11. Geneeshere

Alhoewel sekere ketters, soos Marcion, op grond van hul uitermatige dualisme gekant was teen die gebruik van medisyne, het die meeste kerkvaders medisyne gunstig beoordeel, selfs al het hulle ook geglo dat God sonder medisyne kan genees (Amundsen 1982:349–350). Chrusostomos moedig byvoorbeeld die siek Olympias aan om bekwame dokters te gaan besoek (Amundsen 1982:340). Al was Chrusostomos nie ’n medikus nie, is dit uit sy geskrifte duidelik dat hy deeglik ingelig was oor die laat-antieke mediese kennis en praktyke (De Wet 2019:412). Dit is duidelik dat hy groot respek vir mediese dokters (ἰατρός) gehad het (In ep. i ad Cor., hom. v, MPG 61.40.54–56). Chrusostomos gee selfs vir ons so ’n kykie in hoe die dokters hulle beroep beoefen het. Hy vertel dat die geneeshere (ἰατρός) verskillende metodes gebruik het om te genees. As een nie werk nie, probeer hulle ’n ander metode. Hulle gebruik die mes, of hulle verbind net die wond (In Matt., hom. xxx, MPG 57.362.18–27). Die geneesheer (ἰατρός) kon ook die liggaamsdeel wat nie genees nie, amputeer (In Matt., hom. xxxv, MPG 57.405.16–17). Wanneer ’n geneesheer (ἰατρός) ’n sweer (σηπεδών) wou uithaal, moes hy sy vingers in die wond druk, en as hy nie sy eie hande wou vuil maak nie, sou hy nie die wond kon genees nie (In ep. ad i Thess., hom. v, MPG 62.427.14–17). Wanneer ’n dokter (ἰατρός) ’n sweer wou verwyder, het hy nie eens gewonder oor hoe hy sy hande gaan skoon hou nie; hy het net een doel gehad, en dit was om die sweer te verwyder (In ep. i ad Cor., hom. xxxvii, MPG 61.320.39–42). Dit is uit hierdie beskrywing duidelik dat daar nie juis veel sprake van higiëne was nie!

Chrusostomos vertel dat geneeshere ( ἰατρός) nie alleen hulle professionele vaardighede (ἡ τέχνη μόνη) aangewend het wanneer iemand siek was nie, maar dit soms ook met bedrog (ἀπάτη) vermeng het. In een so ’n geval wou ’n pasiënt wat erge koors gehad het, geensins van die dokter se professionele kennis gebruik maak nie en het gevra dat hulle eerder vir hom ’n beker suiwer wyn moet gee. Almal het geweet dat dit dodelik sou wees vir hom. Die dokter neem toe ’n beker wat pas uit die bakoond gekom het, week dit in wyn, gooi toe die wyn uit en vul dit met water. Daarop vra hy dat die kamer donker gemaak moet word sodat die pasiënt nie kon sien dat dit water is nie. Die pasiënt het die wyn geruik en was dus onder die indruk dat hy wyn drink. So is hy toe genees (De sac., bk 1.7.1–1.7.40).

Hierdie verhaal suggereer moontlik dat Chrusostomos soms ook maar sy bedenkinge oor die eerbaarheid van geneeshere gehad het. Geen wonder nie dat hy elders ook sê as ’n mens na ’n dokter (ἰατρεῖον) toe gaan, is dit nie die einde van die storie nie; ’n mens moet leer om jouself te behandel en medisyne (φάρμακον) te gebruik (In ep. ad Eph., hom. vii, MPG 62.49.15–17).

 

12. Filosowe 

Die Griekse kerkvaders was oor die algemeen nie gekant teen Griekse filosofie nie, alhoewel hulle sekere aspekte daarvan veroordeel het (Constantelos 1991:114–115). Chrusostomos het ’n goeie klassieke opvoeding gehad (Constantelos 1991:111), maar was nogtans baie krities teenoor die Griekse filosofie (Constantelos 1991:118). Hy verwys onder andere na hoe min waarde Plato se Republiek het. Selfs as so ’n werk dalk wel enige voordeel sou hê, dra dit nog steeds niks by tot ’n mens se lewe nie. Chrusostomos sê as ’n plaasboer (γεωργός), ’n kopersmid (χαλκοτύπος), ’n bouer (οἰκοδόμος), ’n stuurman (κυβερνήτης) of enigiemand anders wat sy lewensbestaan aan die werk van sy hande te danke het, soveel tyd moes spandeer om vas te stel wat regverdigheid (τὸ δίκαιον) is, dan sou hulle van honger doodgegaan het sonder om enigiets nuttigs (τὸ χρήσιμον) te geleer het (In Matt., hom. i, MPG 57.19. 43–57).

 

13. Leermeesters 

Verskeie beroepe was betrokke in die versorging en opvoeding van kinders. Dit is nie altyd duidelik presies wat die verskille tussen dié beroepe was nie. Ons weet kinders het elke dag na hulle onderwysers (διδάσκαλος) gegaan en dat hulle soms ook in die nag les moes gehad het (In Ioan., hom. xxv, MPG 59.147.43–48). Maar kinders het ook versorgers (τροφεύς) en tutors (παιδαγωγός) gehad (In ep. i ad Thess., hom. ix, MPG 62.445.47–51). Dit lyk of die onderwysers hul taak in die skool verrig het, terwyl die versorgers en tutors se hulp eerder ondersteunend was; hulle het onder andere die kinders ook tuis gehelp.

Ons kry ook nogal ’n interessante prentjie van hoe die skooldag verloop het. Die leermeesters (διδάσκαλος) moes die letters vir die kinders mooi neerskryf sodat hulle dit kon naboots (In Ioan., hom. lxxi, MPG 59.385.55–58). Chrusostomos sê Moses het die tablette met die Tien Gebooie stukkend gegooi net soos ’n skoolmeester (διδάσκαλος) ’n kind se tablet stukkend gooi om sy woede te wys as hy sien die kind het verkeerd geskryf. Kinders se ouers was nie eens kwaad as ’n onderwyser ’n tablet gebreek het omdat die kinders hulle eie ding gedoen het en nie aandag gegee het nie (In ep. ad Col., hom. iv, MPG 62.329.26–36). As die ouers egter agtergekom het dat hul kinders niks daarby baat om na ’n spesifieke leermeester (διδάσκαλος) te gaan nie en selfs met leë skryftablette (δέλτος) huis toe kom, dan het hulle die onderwyser daarvoor blameer en hulle kinders na ’n ander onderwyser gestuur (In Matt., hom. xi, MPG 57.200.27–35).

 

14. Ambagsmanne

In die lig van die kriteria wat Chrusostomos self aangelê het om te bepaal wat goeie beroepe was, het hy ambagsmanne (χειροτέχνης) hoog aangeslaan. Hulle het immers ’n regverdige taak in die sweet van hul aangesig verrig. Tog het hy hulle gewaarsku om nie te verval in booshede soos gierigheid nie. Deur te koop en te verkoop kon hulle maklik ook in hulle edele beroep ongeregtigheid (ἀδικία) soos vals beloftes en leuentaal inbring en van die armes vergeet (In Matt., hom. lxi, MPG 58.591.23–34). Sommige ambagsmanne het goed geld gemaak wanneer hulle hul goedere verkoop het. Ons lees dat daar baie geld te vinde was in die winkel van ’n silwersmid (ἀργυροκοπεῖον), in die tavernes (πανδοχεῖον), en in die winkels van hulle wat goud gesmelt het (χρυσοχοεῖον)(In ep. i ad Cor., hom. xi, MPG 61.92.58–61). Ook die toumaker (σχοινοστρόφος), die kopersmid (χαλκοτύπος) en die handelaar (ἀγοραῖος) is met weelde geassosieer (Ad illum. cat., MPG 49.238.50–60).

Selfs die aard van ambagsmanne se beroep kon aan ’n beroep waarde gee. Wanneer Chrusostomos byvoorbeeld gesien het hoe mense die erts uit ’n myn smelt, of hoe die grond in hulle hande tot goud, silwer of koper verander, het die ambagsman se werk hom aan God se skeppende krag herinner. Party het sand gebruik om deurskynende glas te maak en ander het leer verwerk of klere purper gekleur ( In ep. i ad Cor., hom. xvii, MPG 61.142.20–28). Volgens Chrusostomos het ambagsmanne dus net op kleiner skaal gedoen wat God op groot skaal gedoen het!

 

15. Vakleerlingskap

Die antieke mens het nie onderskeid getref tussen ’n vaardigheid en ’n beroep nie. Die woord τέχνη is gebruik om alle beroepe te beskryf, ongeag of dit ’n bouer of ’n dokter was (Westermann 1914:305). Elke beroep het uit twee bene bestaan, naamlik die beoefening van die beroep, en om iemand anders te leer om die beroep te beoefen. Die dokter wat touwys maak, is ’n leermeester (διδάσκαλος), en die vakleerling is ’n student (μαθητής) (Westermann 1914:305). Die beroep wat iemand gevolg het, was dikwels oorgeërf, al was dit vanweë noodsaak. Chrusostomos noem byvoorbeeld dat ’n baie arm visserman soms verplig was om sy seun in dieselfde ambag (ἐργασία) op te lei. Hy sê almal het geweet geen ambagsman (χειροτέχνης) sou kies om sy seun in sy eie ambag op te lei nie, behalwe as hy daartoe gedwing is deur armoede, veral in die geval waar dit ’n waardelose of goedkoop (εὐτελής) ambag was (In Ioan., hom. ii, MPG 59.29.38–44).

Vakleerlinge het ten nouste saam met hulle leermeesters gewerk. So lees ons dat ’n stuurman (κυβερνήτης) sy leerling langs hom laat sit het en hom dan gewys het hoe die roerpen werk. Ook ’n huisbouer (οἰκοδόμος) het die een wat ’n muur wou oprig, langs hom laat sit, en net so ook die wewer (ὑφάντης), die borduurwerker (ποικιλτής), die goudsuiweraar (χρυσοχόος) en die kopersmid (χαλκοτύπος). Al hierdie beroepsmense het hulle vakleerlinge beide mondelings en prakties geleer wat hul werk behels (In illud: Pater, si possibile, MPG 51.38.23–38).

 

16. Die verloop van ’n werksdag

Chrusostomos wys daarop dat God die seisoene so bepaal het dat ons liggame tot rus kan kom. Die meeste mense kon nie hulle beroepe in die winter beoefen nie. Die seevaarder (ναύτης), die stuurman (κυβερνήτης), die reisiger (ὁδοιπόρος), die soldaat (στρατιώτης) en die landbouer (γεωργός) moes vir die grootste deel van die winter by die huis sit en kon dan nie werk nie as gevolg van die ryp en sneeu (Ad pop. Antioch., hom. ix, MP49.107.7–13).

Verder was ’n werksdag ten nouste gekoppel aan die natuurelemente: Wanneer die son opgekom en sy strale na alle kante gegooi het, het dit die mense opgeroep om te gaan werk. Die landbouer (γεωργός) het dan sy tweetandvurk (δίκελλα) gevat, die goudsmid (χαλκοτύπος) sy hamer (σφῦρα), elkeen van die ambagsmanne (δημιουργός) hul onderskeie gereedskapstukke, en die vrou haar spinstok (ἠλακάτη) of haar weefstokke (ὕφασμα) en werk toe gegaan (In Acta, hom. xxxv, MPG 60.256.29–34).

Gedurende die dag was daar min rustyd. Hulle het van sonsopkoms tot sononder gewerk. Chrusostomos sê ’n ambagsman (τεχνίτης) het dikwels gesweer hy sal nie sy handlanger toelaat om te eet of te drink voordat hy sy werk afgehandel het nie. Maar wanneer die aand hulle oorval het en die werk steeds nie klaar was nie, moes die ambagsman maar sy woorde herroep en sy handlanger toelaat om te eet sodat hy darem nie sou sterf nie (Ad pop. Antioch., hom. xiv, MPG 49.145.25–31). Handwerkers (χειροτέχνης) kon darem psalms sing terwyl hulle so gesit en werk het, hetsy hardop of in die hart (Ad illum. cat., MPG 49.237).

Alhoewel daar in die antieke Romeinse wêreld geen amptelike aftree-ouderdom was nie, het ouer mense soms teruggetrek na hul villas en daar gerus (kyk De Wet 2016:505–506). Dit was egter nie vir arm mense en slawe beskore nie. Chrusostomos vertel ons dat die seevaarder (κυβερνήτης) en die soldaat (στρατιώτης) tot op ’n hoë ouderdom (μέχρις ἡλικίας ἐσχάτης) moes werk (In ep. ii ad Cor., hom. ix, MPG 61.465.1–5). Hy gebruik hierdie twee beroepe waarskynlik bloot as voorbeelde; dit beteken nie dat dit nie ook waar was van ander beroepe nie.

 

17. Ledigheid

Die kerkvaders het deur die bank geglo dat daar van Christene verwag word om hard te werk (Ovitt 1986:490). Chrusostomos het te velde getrek teen mense wat ledig was of nie wou werk nie (In ep. i ad Cor., hom. v, MPG 61.47.1–6). Hy verwys dan na Paulus wat selfs bereid was om ’n tentmaker (σκηνοποιός) te wees, en voeg by dat mense wat handewerk gedoen het, hulle nie daaroor hoef te skaam nie. Dit is veel eerder ’n skande om nie te werk nie, of om deur ’n klomp diensknegte bedien te word. Om jou lewensonderhoud met harde werk te verdien, is eintlik ’n soort asketisme (φιλοσοφίας εἶδός). Sulke mense se siele is helder en hulle denke is kragtig.

Hierdie preek is waarskynlik in Antiochië in Sirië gelewer, en daarom was dit heel moontlik teen die Euchiete (afgelei van die Griekse woord vir bid) en Messaliërs (afgelei van die Siriese woord vir bid) gemik. Florovskij (1973:246) sê hierdie twee sektegroepe het in die middel van die 4de eeu in Sirië ontstaan. Hulle het geglo dat dit nie bevorderlik was vir ’n mens se geestelike lewe om handewerk te doen nie. Verskeie kerkvaders het hulle lering egter veroordeel.

 

18. Gevolgtrekking 

Chrusostomos se geskrifte kan inderdaad ’n waardevolle rol speel om vir ons inligting te gee oor die rol en aard van beroepe in sy leefwêreld. Dit blyk eerstens dat Chrusostomos oortuig was dat armoede ’n sleutelfunksie vervul het om die samelewing te orden en struktuur daaraan te gee, want sonder armoede sou daar nie beroepe gewees het nie. Dit is derhalwe ook bewys van God se voorsienigheid vir die mens. Maar beroepe moes altyd aan drie kriteria voldoen: Dit moes eerstens noodsaaklik wees, tweedens moes dit nuttig wees, en derdens moes ander mense ook voordeel daaruit trek. Op grond van hierdie drie kriteria het Chrusostomos beroepe hiërargies volgens ’n sosiale rangorde georden. Landbou is natuurlik heel bo aan die lys, omdat God dit ingestel het toe Hy die mens gemaak het.

Dit blyk dat vroue ’n baie beperkte rol in die werksplek gespeel het. Die beroepswêreld was eintlik maar ’n manswêreld. Chrusostomos skryf dit alles toe aan God wat vroue net so anders as mans gemaak het. Natuurlik is Chrusostomos se denke vol stereotipering. Soos ander kerkvaders, kon Chrusostomos nie insien hoe ’n mens handelswins kon regverdig nie, want dit hou nie verband met werk nie. Om ’n ambagsman te wees, was ’n goeie beroep, maar dan moes ’n mens nie in die strik trap om groot winste met die verkope van jou produkte te maak nie. Sommige beroepe (soos om ’n visserman te wees) het min inkomste gelewer. Maar nie almal was beroepsmense nie. Ryk mense het dikwels nie gewerk nie, en dan was daar ook ketterse groepe wat geglo het dat dit nie bevorderlik was vir ’n mens se geestelike lewe om te werk nie. 

Ten slotte: Dit is tog interessant om te sien hoe baie van Chrusostomos se argumente vandag steeds aan die orde van die dag is. Wanneer studente kom inskryf by die universiteit, is talle ouers bekommerd dat hul kinders beroepe wil volg wat nie as “nuttig” of “noodsaaklik” beskou word nie! Daar het al baie beroepe gekom en gegaan, maar dit is interessant om te sien hoeveel van die beroepe uit Chrusostomos se tyd vandag steeds bestaan, al word dit heel anders bedryf!

 

Bibliografie 

Adkin, N. 1985. A problem in the Early Church: Noise during sermon and lesson. Mnemosyne, 38(1–2):161–3.

Allen, P., B. Neil en W. Mayer. 2009. Reading the texts: A methodology of approach to genre. In Allen, Neil en Mayer (reds.) 2009.

Allen, P., B. Neil en W. Mayer (reds.). 2009. Preaching poverty in Late Antiquity. Leipzig: Evangelische Verlagsanstalt.

Allen, P. en S. Sitzler. 2009. Introduction. In Allen, Neil en Mayer (reds.) 2009. 

Amundsen, D.W. 1982. Medicine and faith in Early Christianity. Bulletin of the History of Medicine, 56:326–50.

Arbesmann, R. 1973. The attitude of Saint Augustine toward labor. In Florovskij, Neiman en Schatkin (reds.) 1973.

Avila, C. 1983. Ownership: Early Christian teaching. Oregon: Wipf and Stock Publishers.

Balme, M. 1984. Attitudes to work and leisure in Ancient Greece. Greece and Rome, 31(2):140–52. 

Bradley, K.R. 1985. Child labour in the Roman World. Historical Reflections / Réflexions Historiques, 12(2):311–30. 

Chambers, T.W. 1889. The homilies of Saint John Chrysostom. Epistles of Paul to the Corinthians. Grand Rapids, Michigan: Wm. B. Eerdmans Publishing Company. 

Clark, E.A. 2006. Genesis 1–3 and gender dilemmas: The case of John Chrysostom. In Feichtinger, Lake en Seng (reds.) 2006.

Constantelos, D. 1991. John Chrysostom’s Greek Classical education and its importance to us today. Greek Orthodox Theological Review, 36(2):109–29.

Danzig, G. 2003. Why Socrates was not a farmer: Xenophon’s Oeconomicus as a philosophical dialogue. Greece and Rome, 50(1):57–76.

De Wet, C.L. 2014a. John Chrysostom on homoeroticism. Neotestamentica, 48(1):187–218.

—. 2014b. Virtue and the (un-)making of men in the thought of John Chrysostom. In Mayer en Elmer (reds.) 2014. 

—. 2015. Preaching bondage. John Chrysostom and the discourse of slavery in Early Christianity. Oakland: University of California Press.

—. 2016. Grumpy old men? Gender, gerontology, and the geriatrics of soul in John Chrysostom. Journal of Early Christian Studies, 24(4):491–521.

—. 2018. Old age, masculinity, and martyrdom in Late Antiquity: John Chrysostom and the Maccabean martyrs. Journal of Early Christian History, 8(1):43–67.

—. 2019. The preacher’s diet: Gluttony, regimen, and psycho-somatic health in the thought of John Chrysostom. In De Wet en Mayer (reds.) 2019.

De Wet, C.L. en W. Mayer. 2019. Approaching and appreciating John Chrysostom in new ways. In De Wet en Mayer (reds.) 2019. 

De Wet, C.L. en W. Mayer (reds.). 2019. Revisioning John Chrysostom. New approaches, new perspectives. Leiden: Brill.

Esler, P.F. (red.). 2000. The early Christian world (vol. 1). Londen: Routledge. 

Feichtinger, B., S. Lake en H. Seng. 2006. Körper und Seele: Aspekte spätantiker Anthropologie. (Beiträge zur Altertumskunde 215.) München: K.G. Saur.

Florovskij, G., D. Neiman en M.A. Schatkin (reds.). 1973. The heritage of the Early Church: Essays in honor of the very reverend Georges Vasilevich Florovskij. Roma: Pontificium Institutum Studiorum Orientalium. 

Garnsey, P. en R. Saller. 1987. The Roman Empire. Economy, society and culture. Berkeley: University of California Press.

Grant, R.M. 1977. Early Christianity and society. New York: Harper & Row Publishers.

Grubbs, J.E. en T. Parkin (reds.). 2013. The Oxford handbook of childhood and education in the Classical world. Oxford: Oxford University Press.

Harvey, S.A. en D.G. Hunter (reds.). 2008. The Oxford handbook of Early Christian studies. Oxford: Oxford University Press.

Hock, R.F. 1978. Paul’s tentmaking and the problem of his social class. Journal of Biblical Literature, 97(4):555–64. 

Holman, S.R. 2001. The hungry are dying. Beggars and bishops in Roman Cappadocia. Oxford: Oxford University Press.

Karras, V. 1991. Male domination of woman in the writings of Saint John Chrysostom. The Greek Orthodox Theological Review, 36(2):131–9.

Laes, C. 2015. Children and their occupations in the city of Rome (300–700 CE). In Laes, Mustakallio en Vuolanto (reds.) 2015.

Laes, C., K. Mustakallio en V. Vuolanto (reds.). 2015. Children and family in Late Antiquity: Life, death and interaction (Interdisciplinary Studies in Ancient Culture and Religion 15). Leuven: Peeters.

Lis, C. en H. Soly. 2012. Worthy efforts: Attitudes to work and workers in pre-Industrial Europe. In Van der Linden (red.) 2012. 

Malina, B.J. 2000. Social levels, morals and daily life. In Esler (red.) 2000.

Mayer, W. 1999. Constantinopolitan women in Chrysostom’s circle. Vigiliae Christianae, 53:265–88. 

—. 2008. Homiletics. In Harvey en Hunter (reds.) 2008.

—. 2009. John Chrysostom on poverty. In Allen, Neil en Mayer (reds.) 2009.

Mayer, W. en I. Elmer (reds.). 2014. Men and women in the early Christian centuries (ECS 18). Strathfield, NSW: St Paul’s Publications.

Mondolfo, R. 1954. The Greek attitude to manual labour. Past and Present. 6:1–5.

Oslington, P. 2014. The Oxford handbook of Christianity and economics. Oxford: Oxford University Press.

Ovitt, G. 1986. The cultural context of Western technology: Early Christian attitudes toward manual labor. Technology and Culture, 27(3):477–500. 

Sigismund-Nielsen, H. 2013. Slave and lower-class Roman children. In Grubbs en Parkin (reds.) 2013.

Stander, H.F. 2014. Economics in the Church Fathers. In Oslington (red.) 2014. 

Still, T.D. 2006. Did Paul loathe manual labor? Revisiting the work of Ronald F. Hock on the apostle’s tentmaking and social class. Journal of Biblical Literature, 125:781–95. 

Torjesen K.J. 2008. Clergy and Laity. In Harvey en Hunter (reds.) 2008. 

Van der Linden, M. 2012. Studies in Global Social History (Studies in Global Social History, vol. 10). Leiden: Brill.

Welles, C.B. 1967. Hesiod’s attitude toward labor. Greek, Roman and Byzantine Studies, 8:5–23.

Westermann, W.L. 1914. Apprentice contracts and the apprentice system in Roman Egypt. Classical Philology, 9(3):295–315.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Chrusostomos se verstaan en evaluasie van beroepe en vaardighede appeared first on LitNet.

Chrysostom’s understanding and evaluation of occupations and skills

$
0
0

Abstract

Careers, and how they change, are a very popular theme nowadays and are constantly under scrutiny due to the Fourth Industrial Revolution. The purpose of this article is to illuminate the professions mentioned in Chrysostom’s writings. These professions will be critically discussed based on secondary literature on relevant themes. Such an investigation sheds light on the ancient social world and how idleness, poverty and other social issues were viewed by the ancients. Firstly, Chrysostom believed that God created socio-economic poverty so that people could become aware of God’s providence. Poverty also gave structure to life, because without poverty it would not have been necessary to work and without work, society would have collapsed. However, Chrysostom made it very clear that a profession had to meet three requirements: It had to be useful (χρήσιμος); it had to be necessary/essential (ἀναγκαῖος); and other people also had to benefit from it. Blacksmiths, shoemakers, farmers and bakers are essential; however, their work must also benefit other people. For example, the latter must also share in the crops of the farmer – if a farmer sows only enough wheat for himself, many people will starve. 

Even these essential professions have to adhere to boundaries. A builder’s work is regarded as essential only if he builds houses, not when he builds theatres. A shoemaker must ensure that the shoes he makes for men are not delicate and soft, which would ultimately make men look like women. These statements were not intended to condemn homosexuality as some scholars have at times argued; they were simply in line with other concepts in Chrysostom’s thinking which De Wet (2014a:189) describes as homoeroticism: A male’s appearance had to be “rough” as a symbol of self-control and of the fact that he is self-sufficient.

Social classes and rankings played a major role in the ancient world. It is, therefore, no surprise to read that Chrysostom also ranked professions from important to less important. The criteria which Chrysostom used to determine the rank of a profession again raises the question whether the profession is useful (χρήσιμος) and essential (ἀναγκαῖος). Chrysostom regarded skills such as agriculture, weaving and construction as being at the top of the list, as these skills are necessary/essential (ἀναγκαῖος) and they keep us alive (συνέχουσιν ἡμῶν τὸν βίον). Other occupations, for example, those of a coppersmith, a carpenter and a shepherd, are merely complementary to these skills. However, Chrysostom states that of all of these professions, agriculture is the most important. God instituted agriculture when God made mankind.

It appears that a woman’s place within the labour market was very limited, with one of the few occupations available to women being that of weaving. Chrysostom considered women to be weak because of their lifestyle and their upbringing. He said they grew up in the shadows, in other words in easy conditions; they did not work in the sun like farmers. Furthermore, they were very inactive; they were constantly in the baths, they used ointments and perfumes, their sofas were soft, and all this made them what they are. Chrysostom’s statements regarding women should be seen in light of the fact that most women in his world were rich, therefore his knowledge regarding women in general was very limited. 

Chrysostom also argued that God made the man different. God gave dominion (ἀρχή) and superiority (ὑπεροχή) to the man, while God gave the woman desire (ἐπιθυμία) and the gift of bearing children. God gave the woman the house, and the marketplace to the man, thereby allotting the task to provide food to the man, since he has to till the soil. God gave the ability to make garments to the woman, since the loom and the distaff belong to the woman. Clarke (2006:167) states that Chrysostom’s construction of women “relies heavily on the stereotyping, naturalising, and universalising functions of ideology”.

The general belief is that the ancients never transformed their trades into industries, yet patristic writings often refer to a kind of industry. Chrysostom refers to, for example, the mistress of the house (ἡ κυρία τῆς οἰκίας) who sits on her chair in the house with all gracefulness (εὐσχημοσύνη) while the maids weave in silence and the other servants continue with their tasks. This is in line with Gregory Nazianzus’s reference to weavers who worked in a large venue. Furthermore, Chrysostom states that artisans who work for themselves earn more money than those who work for employers. Despite all these references, the economy of the ancient world could still not be described as “industrial”, as this was not the overarching feature of the economy.

Like so many of the Church Fathers, Chrysostom also had an aversion to money-making professions. He goes so far as to refer to moneylenders as adders (ἔχιδνα). It was difficult for the Church Fathers to see how trading, for example, could be described as a “job” – what “labour” did the person put in to justify the profit? The Church Fathers in particular had two objections to trading, the first being that it was driven by greed and the second that it was fraudulent, implying that traders deceive those who buy from them. 

Fishermen were often associated with poverty. For example, Chrysostom grouped fishermen, tentmakers, tax collectors, the ignorant and the illiterate together in the same category. He attributed the reason for the success of these professions when the individuals spoke about the hope they had in themselves, to God’s power. Yet the statements made by Chrysostom should not be accepted at face value, as his statements could also be a rhetorical technique to emphasise the marvel of the growth of the Gospel under such circumstances.

All the Church Fathers believed that it was expected of Christians to work hard. Chrysostom denounced those who were idle or unwilling to work. He then referred to Paul who was even willing to be a tentmaker, and he added that people who were craftsmen did not have to be ashamed of their craft. Earning a living from hard work was regarded as a form of asceticism; the souls of such people were brighter and their thinking more powerful. It is quite possible that Chrysostom had the Euchites (derived from the Greek word for pray) and the Messalians (derived from the Syrian word for pray) in mind when he denounced idleness. It is known that these two sectarian groups originated in Syria in the middle of the fourth century. They believed that making handicrafts was not conducive to one’s spiritual life. Several Church Fathers condemned their teaching.

In conclusion: It is interesting to note how many of Chrysostom’s arguments are still relevant today. When students enrol at university, their parents are often worried when their children want to pursue careers that are not considered “useful” or “essential”.

Keywords: apprentices; artisans; careers; idleness; women

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Chrusostomos se verstaan en evaluasie van beroepe en vaardighede

The post Chrysostom’s understanding and evaluation of occupations and skills appeared first on LitNet.

"Bokvelletjies oor arms"-bedrog vir vaderlike seën?

$
0
0

Fotobron: https://commons.wikimedia.org/wiki/File:Esau_and_Jacob.jpg

Die verskil tussen godsdiens versus ware geloof? Jacob- en Esau-verhaal? Jacob wat bedrog pleeg met bokvelletjies oor sy arms vir vaderlike seën? Oor die dekades het ons al vele godsdienstige, geestelike narsiste beleef op LitNet. Angus, ek wonder darem hoeveel van ons versiegedrewe vrinne hier is ware gelowiges, wat God's diens opreg doen, wat weet dat die geestelike narsistiese bokvelletjies van godsdiens nie veel gaan help om die Alsiende Vaderlike seën te kry nie? 

Hans Richardt

The post "Bokvelletjies oor arms"-bedrog vir vaderlike seën? appeared first on LitNet.

Woord van die jaar 2020: eerste inskrywings

$
0
0

Wat is 2020 se Afrikaanse woorde wat ontstel, prikkel of die heersende gesprek saamvat?

Hier is die inskrywings wat tot dusver ontvang is vir LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2020:

  • Jaco Roux: pandemie
  • Danie Botha: positief
  • Sidney Gilroy: aanlyn
  • Mari Weber: grendeltyd
  • Llewellyn Abdoll: grendeltyd
  • Henriette Louw: inperking
  • Jean-Marie Potgieter: fokop
  • Franco Colin: entstof
  • Wessel Pienaar: panemie
  • Michelle van Zyl: pandemiepandemonium

Klik hier vir die kompetisie-inligting. Geen inskrywings in kommentare op LitNet of op die sosiale media sal oorweeg word nie.

The post Woord van die jaar 2020: eerste inskrywings appeared first on LitNet.


Joburg noir, edited by Niq Mhlongo: reader impression

$
0
0

Photo of Niq Mhlongo: LitNet

Joburg noir
Edited by Niq Mhlongo (2020)
Jacana Media
https://jacana.co.za/

This reader impression was written and sent to LitNet on the writer’s own initiative.

In a world consumed by the ravages of COVID-19 and the unfolding drama of the US presidential election, Joburg noir, edited by Niq Mhlongo (2020), is a welcome relief from the overwhelming and dispiriting headlines clogging international and local media. Even more welcoming are the pleasure, treasures and insights that the short stories offer through the selection of young and established authors constituting this new collection of modern South African writing.

While neither Johannesburg nor any other African city features in The world’s most written about cities,[i] it is no conjecture that Johannesburg is the most written about city in Africa. An example is a compelling special edition of Public Culture edited by Achille Mbembe and Sarah Nuttall (2004).[ii] This special edition, according to Mbembe and Nuttall, "is, and is not, about Africa. It is, and is not, about Johannesburg".[iii] And, like Joburg noir, "[i]t is an exercise in writing the worldliness – or the being-in-the-world – of contemporary African life forms"[iv] in Johannesburg. Citing Amin and Thrift’s Cities: Reimagining the urban (2002), Mbembe and Nuttall note that "[i]ndeed, a city is not simply a string of infrastructures, technologies, and legal entities, however networked these are. It also comprises actual people, images and architectural forms, footprints and memories; the city is a place of manifold rhythms, a world of sounds, private freedom, pleasures, and sensations."[v]

Joburg noir is a collection of 20 short stories ranging between seven and twelve pages long, from native writers from immigrant parents and/or grandparents, to new African immigrants from across the northern borders of our country. These stories tell of urban legends and myths ("Feasting"), love lost and found ("The waste picker", "Nineteen questions") and wrestling with introspection, self-awareness, sensitivity, identity and the search for meaning through human contact, regardless of one’s station in life ("Obedient dog", "Joburg hustlers", "Dreams and other deceptions"). They also deal with coming of age, losing your innocence and finding yourself ("Mud", "Spit and polish", "Finda finda", "Moonlight sonata"); reckoning with hypocrisy and questionable faith ("Johustlerburg prison cell", "Jozi is calling"); corruption in the church, government and business ("Man of God", "Weep for me, Willow", "The airport project"); crime, drugs and redemption ("The unauthorised biography slow flow", "Three strangers", "Like a cocked pistol"); culture, music, cuisine and art ("A little something from the pot", "Yeoville"); and a futuristic treatment of an old notion that the reason for the city’s existence will also be its demise ("The return").

While the majority of the stories in this collection treat specific experiences and concerns about life in Joburg, "A little something from the pot" and "Yeoville" come close to rising to the challenge raised by Mbembe and Nuttall concerning writing about Africa and Johannesburg, which is to depart from the practice of reducing the legibility of the city to "an experience of the pathological and of the abnormal".[vi]

"A little something from the pot" is written by Gloria Bosman, the multi-award-winning South African jazz musician. Her contribution to Joburg noir shows her to be a literary virtuoso and master storyteller. Her abiding metaphor of a pot which she is preparing and sharing with the reader resonates deeply with the African notion of "feeding one’s soul" and the melting pot that Johannesburg is to all and sundry. It also conjures up the image of jazz, its continuous evolution through synthesis and improvisation, augmented by new, exciting, intoxicating and unexpected evocations of memory, movement, experience and sound, conjoined by a melody that keeps it all moving toward a crescendo. The tempo and energy of her synthesis of the complex metaphor, from old roots in Sophiatown, to Soweto, Berea, Hillbrow and Yeoville, allude to the jazzy headiness of the city, its landscape and the souls that wander and populate its streets, high-rises, shebeens, churches and back yards. Here is a lyrical manifestation of a city rich in tradition, trauma and triumph!

Having risen in the middle of nowhere to become one of the greatest metropolises on the African continent – imagined, entreated and canonised through music, song and dance – Joburg is now reborn lyrically through storying by Bosman in letters as well. What a magnificent encapsulation of the racy, treacherous and marvellous soul of a brilliant and deviant city. Through her music and now her word, Bosman has become a true chronicler of the soul of the City of Gold. She captures not only the glitter and charm of the city and its inhabitants – the perpetual immigrants – but also the sharp edges and dark shadows each contour offers and hides. Her exposition is a lyrical rendition of the city in words that reveal a remarkable artist born and raised in the sun, sound, rain and thunder of the city, as perhaps only an attuned musical poet can imagine and articulate.

"Yeoville" by Sam Mathe is a portrait of the brilliance which immigrants have brought to the city, enriching its diversity and vibrancy while also eroding its stability, ushering in its degeneration. It also portends the dangers lurking in unchecked and unplanned transitions that can leave a vibrant city bereft of all its wonders and plundered by fear, opportunity and insecurity.

Ordering the stories differently might have provided a better geospatial navigation of the themes and contents. The collection could have, for example, opened with Bosman’s story, which is expansive, overarching and multifarious, and concluded with "Yeoville", which focuses on a specific part of the city with extraordinary focus, detail and contextual texture.

Joburg noir is a present-day attempt to capture and reflect the people, images, architectural forms, footprints, aspirations, fears, dreams, cuisine, culture and memories of the City of Gold in contemporary times and for the modern reader. Joburg noir rages with the pulse, anxiety, uncertainties and dogged conviction characteristic of Johannesburg over the years. It is, in the final analysis, a window into the modern-day experiences of the age-old and enduring immigrant character and nature of this magnificent African metropolis. Harkening back to Max Ehrmann’s Desiderata, with all its shams, drudgery and broken dreams, "it is still a beautiful world".[vii] As Joburg noir reminds us, Joburg’s beauty, hopes and aspirations are found in its continuously evolving physical and metaphysical spaces, diverse cuisine, music and people. If you want a glimpse of modern-day Johannesburg, then – notwithstanding the regrettable lack of rigour in the editing of the text apparent in the first few stories – you would do well to read Joburg noir and hear the voices of this city’s children from all over South Africa, Africa and the world.

[i] https://www.dwh.co.uk/advice-and-inspiration/the-worlds-most-written-about-cities/

[ii] Mbembe, JA and Nuttall, S (2004). "Writing the world from an African metropolis". Public Culture. Volume 16, Number 3, Fall 2004, pp 347–72.

[iii] Mbembe, JA and Nuttall, S (2004). "Writing the world from an African metropolis". Public Culture. Volume 16, Number 3, Fall 2004, p 348.

[iv] Mbembe, JA and Nuttall, S (2004). "Writing the world from an African metropolis". Public Culture. Volume 16, Number 3, Fall 2004, p 348.

[v] Mbembe, JA and Nuttall, S (2004). "Writing the world from an African metropolis". Public Culture. Volume 16, Number 3, Fall 2004, p 360.

[vi] Mbembe, AJ and Nuttall, S (2004). "Writing the world from an African metropolis", Public Culture, Volume 16, Number 3, Fall 2004, p 354.

[vii] Ehrmann, M (1927). Desiderata. https://www.desiderata.com/max-ehrmann.html.

The post <em>Joburg noir</em>, edited by Niq Mhlongo: reader impression appeared first on LitNet.

Die buigsaamheid van demokratiese verkiesings in Afrika: Manipulasie in belang van faksiebeskerming of mensgerigte veiligheid?

$
0
0

Die buigsaamheid van demokratiese verkiesings in Afrika: Manipulasie in belang van faksiebeskerming of mensgerigte veiligheid?

Andreas Velthuizen, Thabo Mbeki African School for Public and International Affairs, Universiteit van Suid-Afrika

LitNet Akademies Jaargang 17(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming 

Die doelstelling van die artikel is om te bepaal of verkiesingsmanipulasie deur heersers in Afrika die welsyn van alle mense (burgers van die staat en andere) in die staat bevorder, of slegs die belange van mense wat deel vorm van ’n heersersfaksie. Om hierdie doel te bereik, word tersaaklike teoretiese begrippe soos verkiesingsdemokrasie; verteenwoordigende demokrasie; liberale demokrasie; sosiale demokrasie; oligargiese diktatuur; demokratiese verkiesings; nasionale veiligheid; mensgerigte veiligheid; sekurokratisering; desekurokratisering en stabilisering bespreek om ’n raamwerk daar te stel vir toepassing op die Afrikakontekste en Suid-Afrika as ’n spesifieke gevallestudie. 

Op grond van ’n literatuurstudie en vertolkings gegrond op persoonlike waarnemings onder verskillende omstandighede, het ek bevind dat liberale demokrasie volgens Westerse verwagtinge, waar mensevryhede grondwetlik gewaarborg is (soos in die VSA en Europa), in Afrika nie volle wasdom bereik het nie. Alhoewel verkiesings volgens internasionaal aanvaarbare beginsels plaasvind en verkiesingsbedrog of manipulasie onwettig is, mik heersers daarop om eerstens die belange van hul getroue ondersteuners te beskerm en die welvaart van al die burgers van die staat is nie die hoofoorweging nie (soos in Zimbabwe, Uganda, Nigerië en Egipte). State soos dié slaag nie daarin om armoede en gewelddadige konflik te bekamp nie en val eerder terug op verkiesingsmanipulasie om ten alle koste aan bewind te bly, in die wete dat die ondersteuning van die meerderheid burgers van die staat nie gewaarborg is nie en die risiko bestaan om ’n verkiesing te verloor. Manipulerende aktiwiteite gaan gepaard met verandering in wetgewing (soos byvoorbeeld in Egipte), manipulasiestrategieë wat uitsluitingstaktiek (soos byvoorbeeld in Ghana en Tunisië), intimidasie en geweldpleging (soos byvoorbeeld in Uganda en Zimbabwe) en selfs militêre ingryping insluit (soos gereeld in state in Wes-Afrika gebeur), asook onwettige knoeitaktiek op tegniese vlak (soos byvoorbeeld in Nigerië en Zimbabwe). Daarmee saam hang pogings om op grond van etniese sentimente en ideologiese lojaliteite steun te mobiliseer (soos byvoorbeeld in Suid-Afrika, Tanzanië en Zimbabwe).

Trefwoorde: demokratiese verkiesings; desekurokratisering; liberale demokrasie; mensgerigte veiligheid; nasionale veiligheid; oligargiese diktatuur; sekurokratisering; sosiale demokrasie; stabilisering; verkiesingsdemokrasie; verteenwoordigende demokrasie

 

Abstract 

The flexibility of democratic elections in Africa: Manipulation in the interests of factional protection or people-oriented security?

The discussion starts off with the assertion that many states in the world, including some African states, are no longer fully complying with the requirements of free, fair, and valid democratic elections. The question arises as to whether democratic electoral processes in some states in Africa can still be in the interest of the well-being of all the people in a state. The aim of the article is, therefore, to determine how electoral manipulation by rulers in Africa promotes the interests of a ruling faction instead of the well-being of all people in the state (citizens of the state and others). To achieve this aim, the discussion analyses theoretical concepts applicable to the discussion: democratic elections; de-securitisation; liberal democracy; human security; national security; oligarchic dictatorship; social democracy; electoral democracy; representative democracy; securitisation; and stabilisation.

The author applies these concepts to different African contexts by referring to examples of electoral manipulation, including the case of South Africa as a liberal-democratic state in Africa. The discussion focuses on the underlying issues of electoral manipulation in Africa, in such a way that the article makes a contribution to political science as a general academic discipline and specifically to related disciplines such as public policy, peace studies, and security studies. The intention is also that the article will contribute to the strategic thinking of practitioners involved in avoiding and managing conflict while searching for solutions amid autocratic and oligarchic challenges. 

The author argues that a political ruling class has emerged in African states to protect the interests of their loyal supporters first. In these cases, the prosperity of all the citizens of the state is not the main consideration and ruling class governments do not succeed in addressing poverty and violent conflict. Incumbent governments rather fall back on electoral manipulation and intimidation to stay in power in the face of losing power through democratic elections. Election manipulation can be a combination of a change in legislation, manipulation strategies that include exclusionary tactics, intimidation, violence and even military intervention, as well as illegal tampering tactics at the technical level.

Indications are that autocratic states rely heavily on ethnic sentiments and ideological loyalties to consolidate a political ruling class. This argument is supported by the integration of literature research over a period of several years, own views based on the interpretation and physical observation of elections in Africa at different times and different settings over the past 40 years, as well as participation in conferences and training programmes over the past decade.

The discussion makes special reference to the work of experts from Africa, who base their knowledge on research conducted within the African field of knowledge to soften the usual dominant views from the Western world. This mitigation is done without ignoring valuable work by experts from outside Africa. The author expands on how democratic elections are manipulated and electoral fraud is committed by autocratic governments in Africa, without claiming that fraud takes place in all African states. In the discussion, events such as the Arab Spring that began in 2010 in North Africa and the Middle East were taken into account. 

The author found that liberal democracy, according to Western expectations, where human freedoms are constitutionally guaranteed (as in the US and Europe), has not reached full maturity in Africa. Although elections are held according to internationally accepted principles, and election fraud or manipulation is illegal, rulers aim to eliminate political competition to protect the interests of their loyal supporters. In such cases, the well-being of all the citizens of the state is not the main consideration of rulers (as in Zimbabwe, Nigeria, and Egypt). In states like these, representative democracy is compromised and governments fail to address poverty and violent conflict. Rather, governments of the day fall back on election manipulation to stay in power at all costs, knowing that the support of the majority of citizens is not guaranteed and that incumbents can lose an election.

Manipulative activities are accompanied by changes in legislation (such as in Egypt), manipulation strategies involving exclusionary tactics (such as in Ghana and Tunisia), intimidation and violence that may even include military intervention (such as happens regularly in West African states), as well as illegal tampering tactics at the technical level (such as in Nigeria and Zimbabwe). At the same time, efforts are being made to consolidate a ruling class based on ethnic sentiments and ideological loyalties (such as in South Africa, Tanzania and Zimbabwe). The author predicts that tendencies towards oligarchic dictatorship in Africa will continue and that the public space will probably be increasingly dominated by a political ruling class. This new political class is likely to pursue material wealth for itself while the multifaceted inequalities that exist in African societies will not be successfully addressed. A political ruling class in Africa is likely to come increasingly into conflict with a neglected civil society. Incumbent governments will depend on control over the legal system, institutions such as electoral commissions, and security forces to manipulate elections and intimidate voters.

Expanding the discussion to South Africa as a specific case study, the author investigates the risk of election manipulation in South Africa by presenting a political background and cites recent election experiences as well as the approach of the current South African government. In the case of South Africa, he finds that there are no indications that the government of president Ramaphosa will seek to change electoral legislation, or that a manipulation strategy is unfolding. However, a risk remains that people inside and outside the state structures, with suitable technical capabilities, may be ready to tamper with or illegally manipulate election results. The risk of manipulation will increase if the ruling party develops the perception that it will lose the election or suffer unacceptable losses at the ballot box, in which case loyal party cadres will maintain control over state security mechanisms and be ready to intervene if necessary. It is therefore important that all citizens of states in Africa, including security observers and activists in the run-up to elections, develop mechanisms to observe and detect indicators such as an effort towards legislative changes, policy statements, manipulation strategies, tampering and interventions that entrench the interests of a ruling class during elections at the expense of the people.

Keywords: democratic elections; de-securitisation; electoral democracy; human security; liberal democracy; national security; oligarchic dictatorship; representative democracy; securitisation; social democracy; stabilisation

 

1. Inleiding 

Verkiesingsknoeiery tydens nasionale verkiesings is niks nuuts in die wêreld waarin ons leef nie. Demokratiese gebruike soos die demos-vergadering of ekklesia is deur antieke Athene daargestel, maar het hedendaagse gebruike soos stemreg en politieke deelname deur burgers van beide geslagte in algemene verkiesings uitgesluit. Vandag is verkiesings, in die een of ander vorm, ’n demokratiese werklikheid en gegrond op wetlik omskrewe burgerskapsregte wat lede van die moderne staat saambind. Sedertdien het verskynsels soos outokratiese tendense en die menslike honger na politieke en ekonomiese mag egter die klassieke ideaal laat verwelk. Moderne kiesstelsels in liberale demokrasieë het in politieke manipulasie en knoeiery ontaard en hierdie paradigma het in Afrika posgevat vandat die eerste state die juk van kolonialisme in die 1960’s afgeskud het om as onafhanklike nasiestate eie politieke heersers te verkies. 

Ons sien dat talle state in die wêreld, insluitend Afrikastate, nie meer ten volle gehoor gee aan die vereistes vir vrye, regverdige en geldige demokratiese verkiesings nie. Die vraag ontstaan dus of demokratiese verkiesingsprosesse nog in belang van die welstand van al die mense in ’n staat kan wees. 

Teen hierdie agtergrond is die doel van die artikel om te bepaal of verkiesingsmanipulasie deur heersers in Afrika die welsyn van alle mense (burgers en andere) in die staat bevorder, of slegs die belange van mense wat deel vorm van die heersersfaksie. Hierdie doel sal bereik word deur die bespreking te fokus op die onderliggende problematiek van verkiesingsmanipulasie in Afrika, op so ’n wyse dat dit ’n wesentlike bydrae lewer tot die politieke wetenskap as ’n algemene akademiese vakgebied en spesifiek tot verwante vakgebiede soos publieke administrasie, Afrikastudies en veiligheidstudies. Die bedoeling is ook dat dit sal bydra tot die denkraamwerk van praktisyns betrokke by die vermyding en bestuur van konflik op soek na oplossings vir gemeenskapsvraagstukke te midde van outokratiese en oligargiese uitdagings. 

In hierdie artikel betoog ek dat ’n politieke heersersklas in Afrikastate ontstaan het wat ten doel het om eerstens die belange van hul getroue ondersteuners te beskerm. Die welvaart van al die burgers van die staat is nie die hoofoorweging nie en heersersklasregerings slaag nie daarin om armoede en gewelddadige konflik aan te pak nie, maar val eerder terug op verkiesingsmanipulasie en intimidasie om aan bewind te bly in die aangesig van magsverlies deur middel van demokratiese verkiesings. Manipulasie van verkiesings kan ’n kombinasie wees van verandering in wetgewing, manipulasiestrategieë wat uitsluitingstaktiek, intimidasie, geweldpleging en selfs militêre ingryping insluit, asook onwettige knoeitaktiek op tegniese vlak, terwyl swaar gerus word op etniese sentimente en ideologiese lojaliteite om ’n politieke heersersklas te konsolideer. 

Hierdie betoog word ondersteun deur die integrering van literatuurnavorsing oor ’n tydperk van ’n paar jaar, eie beskouings gebaseer op die interpretasie van fisiese deelname aan en waarnemings van verkiesings in Afrika die afgelope 40 jaar, asook deelname aan konferensies en opleidingsprogramme die afgelope dekade. Die betoog word aangebied deur te begin by ’n teoretiese raamwerk wat die begrippe wat in die artikel gebruik word toelig, gevolg deur ’n bespreking van verkiesingsmanipulasie in Afrika met spesifieke verwysing na Suid-Afrika as ’n gevallestudie.

 

2. Teoretiese raamwerk

Die teoretiese raamwerk word aangebied met spesiale verwysing na die werk van deskundiges vanuit Afrika, wat hul kennis grond op navorsing wat binne die Afrikakennisveld gedoen is om sodoende die gewone oorheersende sieninge vanuit die Westerse wêreld te versag. Hierdie versagting word gedoen sonder om waardevolle werk deur deskundiges van buite Afrika te ignoreer. In hierdie deel van die bespreking word die begrippe verkiesingsdemokrasie; verteenwoordigende demokrasie; liberale demokrasie; sosiale demokrasie; oligargiese diktatuur; timokrasie; demokratiese verkiesings; nasionale veiligheid; mensgerigte veiligheid; sekurokratisering; desekurokratisering en stabilisering aangebied. 

2.1 Demokratiese verkiesings

Afkomstig van die Griekse woord demokratia, is daar breedweg konsensus dat die begrip demokrasie verband hou met volksregering. Dit verwys dus na ’n politieke stelsel waarin alle volwasse stemgeregtigde burgers van ’n staat die reg het, as deel van vele ander regte en vryhede, om hul owerheid periodiek aan verkiesings te onderwerp en aan te wys om oor hulle te regeer. Vir Afrikafilosowe soos Claude Ake (2000:7) is daar niks kompleks of verwarrend aan die begrip demokrasie nie: dit beteken “volksmag”, of “regering van die volk, vir die mense, deur die mense”. Die kern van demokrasie is ’n stelsel wat die mense in staat stel om op grond van kritiese politieke ondersoek te kies wie hulle moet regeer. Ake se tydgenoot Shadrack Gutto (2002:1) betoog dat noodsaaklike norme vir menseregte soos vryheid van beweging, vryheid van vreedsame vergadering, vryheid van assosiasie en vryheid van uitdrukking noodsaaklik is vir verkiesingsdemokrasie. Hierdie norme is die grondslag van institusionele vorme, politieke leierskap, struktuur van die regering asook die kulturele, sosiale en ekonomiese organisasie wat lewensgehalte bepaal en definieer. ’n Stelsel wat op demokratiese norme gebaseer is, is dus essensieel vir die verkiesing van ’n regering deur die mense in ’n staat. 

Onderskeid word gemaak tussen indirekte demokrasie en direkte demokrasie. Indirekte demokrasie is ’n soort demokratiese regering waarin kiesers afgevaardigdes kies om namens die regering wette te skep en daar word ook daarna verwys as verteenwoordigende demokrasie. Indirekte demokrasie word gewoonlik gekontrasteer met direkte demokrasie. In direkte demokrasie stem mense direk oor ’n kwessie of aanvaarding van ’n wet, maar in indirekte demokrasie kies mense net die verteenwoordigers wat dan die wet sal maak. Regerings, parlemente en partye is sleutelrolspelers in verteenwoordigende demokrasie, maar speel ook ’n sentrale rol en beheer die direkte demokratiese proses. Direkte demokrasie verswak nie noodwendig verteenwoordigende demokrasie nie. Hierdie stelsel word effektief in Switserland toegepas (Lutz 2006:45).

In ’n demokratiese bestel is die verkiesing van regeerders die kernpunt. Schumpeter (1976:22–3) wys uit dat in die moderne staat die magtigste besluitnemers gekies word deur middel van regverdige, eerlike, periodieke verkiesings waarin kandidate vryelik meeding om die stemme van die volwasse bevolking. Dit is ook die moderne definisie en uiteensetting van demokrasie wat gedurende die 20ste eeu deur deskundiges aanvaar is. Schumpeter (1976:270) beklemtoon dat kreatiewe politieke leierskap die resultaat van suksesvolle verkiesings is en dat lewenskragtige leierskap erken moet word. Die mate van inisiatief wat in die klassieke teorie van die kiesers verlang word, is onrealisties en die rol van politieke leierskap kan nie geïgnoreer word nie. Mededinging om leierskap is dus die grondslag van demokratiese verkiesings.

Schumpeter (1976:282) bevind dat, alhoewel dit die rol van die burgers van ’n staat is om na afloop van demokratiese mededinging ’n regering saam te stel vir politieke leierskap, wetgewing in ’n demokratiese stelsel deur politici opgestel word wat dan ook staatsake bestuur. Ongelukkig ontwikkel hierdie politici die begeerte om hul politieke posisies te handhaaf en te verbeter, wat ontaard in ’n stryd om mag en amp wat wel die sosiale doel dien, maar aan magsmededinging onderhewig is. Demokratiese norme word dus nie konsekwent deur verkose leiers nagevolg nadat hulle verkies is nie. 

’n Uiteensetting van die ontwikkeling van demokrasie deur Huntington (1997:3–12) beskryf hoe die eerste golf van demokratisering, wat vroeg in die 19de eeu begin het, teen 1930 gelei het tot die “triomf” van demokrasie in ongeveer 30 state in die wêreld. Hernude outoritarisme en die toename in fascisme in die 1920’s en 1930’s het egter teen 1942 die aantal demokrasieë in die wêreld tot 12 verminder. Die tweede, kort golf van demokratisering na die Tweede Wêreldoorlog het weer ’n toename in die aantal demokrasieë in die wêreld gesien. Dit is egter die derde golf van demokratisering wat tydens die 1960’s in Portugal begin het, wat vinniger plaasgevind het as die vorige twee golwe ondanks die bestaan van outoritêre regerings, kommunistiese politburo’s, militêre juntas en persoonlike diktature gedurende die 1970’s. Teen 1997 was daar meer as 60 state wat as demokraties beskou kon word weens die een of ander vorm van openbare, regverdige en mededingende verkiesings wat in hierdie state plaasgevind het. Teen die einde van die 20ste eeu het honderde miljoene mense, wat voorheen onder tiranne gely het, demokratiese vryhede geniet wat die waarskynlikheid van interstaatlike konflik verminder het. Die belangrikste uitkoms van die derde golf was egter om die universele toepassing van demokrasie in die Westerse beskawing te verseker en tin ander wêrelddele te bevorder.

Huntington (1997:7) verwys spesifiek na liberale demokrasie as ’n Westerse produk wat gewortel is in die begrip individuele menswaardigheid. Huntington verwerp die siening dat liberale demokrasie onmoontlik buite Westerse state is en wys uit dat daar vele ander state is waar liberale demokrasie gevestig is. Liberale demokrasie of verkiesingsdemokrasie is versoenbaar met nie-Westerse kulture waar Westerse beïnvloeding plaasgevind het. Huntington verwys na Suid-Afrika as ’n voorbeeld. Hy erken egter dat Westerse invloed in Moslemstate en die Arabiese hartland van Islam en China beperk is. In hierdie state hang menseregte en vryhede van die regering af. Harmonie en samewerking word verkies bo meningsverskil en kompetisie. Die handhawing van orde en respek vir hiërargie word as sentrale waardes beskou. Konflik van idees tussen groepe en partye word as ’n bedreiging beskou en demokrasie word ontwikkel om eerder konsensus te bereik as om vrye keuse toe te laat. Huntington glo dat groter klem gelê moet word op wat hy noem die transformasie van verkiesingsdemokrasieë om te ontwikkel in liberale demokrasieë en om ’n internasionale gemeenskap van liberale demokrasieë te ontwikkel waarin burgerlike organisasies saam met staatsinstellings verbind is tot die uitbreiding van demokrasie. Ons sien dus dat die toepassing van demokrasie van plek tot plek in die wêreld verskil en dat state verskillende voorkeure het oor hoe verkiesingsdemokrasie toegepas kan word sonder om noodwendig gehoor te gee aan die oproep om liberale demokrasie universeel toe te pas.

Nelson (2018:314) stel dit soos volg: 

Eerstens is die konsolidering van demokrasie nooit ’n afgehandelde of voltooide taak nie, maar ’n voortdurende proses van versterking en verstewiging van die demokratiese orde of stelsel. Tweedens word die konsolidering van demokrasie, benewens die rol van politieke partye en verkiesings, deur etlike ander grondliggende faktore bepaal. 

Ake (1996:129–32) is ook daarvan oortuig dat Afrika iets meer as ’n “verarmde” liberale demokrasie vereis omdat dit die idee skep dat die mense van ’n staat effektiewe besluitnemingsmag het. Vervolgens stel hy ’n sosiale demokrasie voor wat klem plaas op konkrete politieke, sosiale en ekonomiese regte, in teenstelling met liberale demokrasie wat abstrakte politieke regte beklemtoon. 

Volgens ’n ander Afrikafilosoof Archie Mafeje (2002:11) is dit moontlik om klassieke demokrasieë soos liberale demokrasie en sosiale demokrasie gelyktydig te handhaaf. Hy brei verder daarop uit (1998:8) deur te noem dat sosiale demokrasie oral in die wêreld ’n dringende saak geword het en verwys na ’n “siek” Asië en Oos-Europa wat teen die einde van die vorige eeu verbrokkel het asook ’n krisisgeteisterde Afrika. Teen hierdie agtergrond wys hy uit dat sosiale demokrasie die billike verdeling van mag en lewensmiddele behels in ’n samelewing wat vatbaar is vir plaaslike inisiatiewe en meganismes vir implementering in die belang van die welstand van alle mense in die staat. In die hedendaagse Afrikageskiedenis kom dit die beste tot uiting in die eise van die “populêre beweging vir demokrasie” wat onderdrukking, materiële ontneming en burokratiese oplegging betwis. Die veronderstelling van sosiale demokrasie is dat daar ’n burgerlike samelewing buite die staat en sy burokrasie bestaan, wat in staat is om ’n diktatuur omver te werp.

Dit is egter nie so maklik om van diktature ontslae te raak nie. ’n Diktatuur is ’n regeringsvorm wat gekenmerk word deur ’n enkele leier (’n outokraat) of groep leiers wat min of geen verdraagsaamheid vir politieke pluralisme of onafhanklike programme of media het nie. Daarom is ’n diktatuur of outokrasie nie vorme van demokrasie nie. (Ezrow 2011:17). Michels (2001:225) verwys na oligargie as ’n universele verskynsel waar mag in politieke elites gesetel is wat ’n minderheid van die bevolking is. Hierdie elites vorm magstrukture om in eiebelang op te tree. Daar is min verskil tussen ’n individuele diktatuur en ’n oligargie en albei verskynsels vorm ’n direkte antitese met demokrasie. ’n Oligargiese diktatuur is ’n vermenging en assimilering van heersers behorende aan verskillende en selfs opponerende belangegroepe.

Minderheidsgroeperinge afkomstig van die bourgeoisie of die werkersklas verenig hul ekonomiese en sosiale belange, oefen beheer uit oor magsinstrumente van die staat en sal alles moontlik doen om die beheer te behou. In hierdie verband verwys Ramose (1999:5) spesifiek na die bestaan van timokrasie as ’n vorm van oligargie, waar slegs eiendomsbesitters aan die regering mag deelneem, óf ’n regering waar regeerders gekies word en/of voortgaan om te regeer op grond van die status relatief tot ander in hul samelewing, portuurgroep of klas. 

Michels (2001:225) voer aan dat die verskynsel van ’n “dominante” of “politieke” klas onbetwisbaar is en ’n samelewing nie daarsonder kan bestaan nie. Die beginsel dat een dominante klas onvermydelik is, lei tot ’n “wet” dat oligargie ’n kombinasie van mededingende sosiale kragte is wat tot die oorheersing van ’n politieke klas lei. Volgens hierdie siening moet die regering, of die staat waarin dit funksioneer, niks anders as ’n minderheidsorganisasie wees nie wat die “regsorde” vir die res van die samelewing bepaal. Die gevolg is uitbuiting van die massa wat net die voetstuk is van ’n regerende minderheid wat nie verteenwoordigend van die meerderheid is nie. Weerstand teen uitbuiting bereik ’n hoogtepunt wanneer burgers van die staat poog om die heersers van mag te ontneem (Michels 2001:233–4). Dit blyk dus dat weerstand teen ’n oligargiese diktatuur deur ’n burgerlike samelewing, soos aangevoer deur Ake en Mafeje en andere, ’n opsie is om “die wet van Michels” te oorbrug. Die vraag is hoe weerstand op ’n demokratiese wyse kan plaasvind. 

Demokratiese verkiesings, wat volgens internasionaal aanvaarbare beginsels plaasvind, is noodsaaklik om ondemokratiese neigings teen te staan. Beginsels vir demokratiese verkiesings skryf voor dat alle stemgeregtigde burgers van die staat die reg het om deel te neem aan die regering en die uitvoering van openbare sake van hul state. Hierdie voorskrif is vervat in Artikel 21 van die Universele Verklaring van Menseregte en Artikel 25 van die Internasionale Verbond oor Burger- en Politieke Regte (ICCPR). Geldige verkiesings word deur inklusiwiteit, onpartydigheid, onafhanklikheid, integriteit, deursigtigheid, professionaliteit en die strewe na operasionele uitnemendheid gekenmerk. Die sleutelbeginsels van inklusiwiteit, deursigtigheid en aanspreeklikheid is byvoorbeeld deel van internasionale menseregtewetgewing, wat bepaal dat hierdie beginsels noodsaaklik vir demokratiese verkiesings is en wat belangrike leiding verskaf wanneer die breër raamwerk van kieswetgewing aangespreek word.

Die beginsels help om regverdigheid te verseker, openbare vertroue te bevorder en fundamentele elemente van ’n wetlike raamwerk daar te stel. As voorbeeld is die beginsel inklusiwiteit ’n sentrale oorweging in die keuse van ’n staat se kiesstelsel en is dit van toepassing op die ontwikkeling van die kombinasie van wette wat die regsraamwerk vir verkiesingsprosesse vorm. Net so is die beginsel van gesag van regering wat voortspruit uit die wil van die burgers − uitgedruk deur universele en gelyke verkiesing − ’n voorvereiste wat gerespekteer moet word. Artikel 25 van die ICCPR vereis dat elke burger dus voorsien moet word van die reg en die geleentheid, sonder diskriminasie op grond van ras, geslag, godsdiens, taal, eiendom of politieke of ander opinie en sonder onredelike beperkings, om te stem en verkies te word deur geldige, periodieke verkiesings, deur universele en gelykwaardige geheime stemming, met die vrye uitdrukking van die wil van die kiesers as waarborg. Dit is belangrik dat burgers veilig voel om hierdie regte uit te oefen.

Die teorie van demokratiese verkiesings lei ons om bepaalde aspekte daarvan te ontleed. ’n Tema wat sterk na vore tree is die noodsaaklikheid van weerstand om ’n oligargiese diktatuur (“die wet van Michel”) deur middel van hetsy liberale demokrasie of sosiale demokrasie te oorbrug. Handhawing van die demokratiese ideaal vereis weerstand teen oligargiese neigings, insluitend deur organisasies in die burgerlike samelewing wat buite parlementêre prosesse om politieke leierskap meeding. ’n Tweede tema wat verder ontleed sal word, is hoe verkose magshebbers te werk gaan om politieke mag te behou, insluitend manipulasie van verkiesings, bevoordeling van etniese en belangegroepe, kompromittering van verteenwoordiging en konsensus in politieke besluitneming, asook die implikasies daarvan vir nasionale en mensgerigte veiligheid.

2.2 Nasionale veiligheid en mensgerigte veiligheid 

Nasionale veiligheid verwys na die bekamping van pogings om ’n staat te ondermyn in die staat se strewe om soewereiniteit, onafhanklike identiteit, funksionele integriteit en oorlewing te handhaaf deur die staat teen vyandige magte te beskerm. Sodoende fokus state op toestande wat hul bestaan bedreig. As hierdie bedreigings beduidend is, wend die state hulle tot noodoptrede en uitsonderlike maatreëls soos die gebruik van geweld om die bedreiging teen te werk. Nasionale veiligheid is deel van die politieke dinamika van enige staat. ’n Gewilde hedendaagse siening is dat nasionale veiligheid ook mensgesentreerd moet wees, en nie net na die belange van die staat moet omsien nie. Daar word na die beskerming en bemagtiging van individue verwys as mensgerigte veiligheid, wat beteken dat veiligheid meestal van toepassing is op alle mense teenwoordig in die staat, nie net burgers van die staat nie (UNDP 2009). 

State, as boustene vir binnelandse en globale veiligheid en stabiliteit, is steeds ’n wêreldwye praktyk wat deur die meeste mense aanvaar word. In sulke state is die strafregstelsel (polisie, regstelsels en korrektiewe diens/gevangenisdiens), die weermag en die intelligensiegemeenskap instrumente van nasionale veiligheid. Die verantwoordelikheid van hierdie instellings is om burgers teen fisiese bedreigings en ander misbruik te beskerm volgens die statute, norme, waardes en beginsels van doeltreffendheid, ’n verwysingsraamwerk wat in die individuele, nasionale en internasionale konteks oorvleuel. Mense kan nie teen die risiko van ernstige ontbering, besering of dood beskerm word sonder dat die staat verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie. State is dus verantwoordelik vir die veiligheid van elke persoon in ’n staat en die gemeenskappe waarin hulle woon, om hulle in staat te stel om ’n veilige lewe te lei. Daarom bly die staat die primêre verskaffer van veiligheid (Cilliers 2016:10–1).

Teoretiese beskouings oor nasionale veiligheid en mensgerigte veiligheid bevestig dat verkose leiers nie hul verantwoordelikheid teenoor alle mense binne die staat kan vermy nie. Dit lei tot ’n belangrike tema: Hoe gaan politieke heersers te werk om die nasionale veiligheidsbeginsel as verskoning te gebruik om politieke mag te behou?

2.3 Sekurokratisering, desekurokratisering en stabilisasie 

Volgens Vreÿ en Solomon (2020) kan die reaksie van ’n staat teenoor ’n bedreiging deels verklaar word deur middel van sekurokratiseringsteorie, hoofsaaklik eksistensiële spraakhandeling, maar ook ten opsigte van buitengewone sekuriteitsmaatreëls. Die rimpeleffek van sekurokratisering in samelewings is onvoorspelbaar en is sigbaar in die manier waarop leiers beheermaatreëls toepas om wilsbesluite deur middel van die polisie en selfs militêre agentskappe af te dwing.

Hierdie siening is in navolging van die Kopenhagen-denkrigting wat aanvoer dat ’n staat sekurokratiseer wanneer ’n regering onveiligheid of bedreigings teen sy bestaan as ’n bedreiging vir die oorlewing van ’n spesifieke belangegroep voorlê. In hierdie geval word ’n veiligheidsbedreiging as ’n absolute prioriteit bo enige ander probleem beskou om die toepassing van uitsonderlike maatreëls te regverdig en te legitimeer. In uiterste gevalle word spesifieke retoriek deur heersers wat doelbewus veiligheidsprobleme hanteer om hul eie belange te dien, gebruik om enige situasie te verpolitiseer (Waever 1989:6). Besluitmakers poog om ’n gehoor te oortuig dat ’n saak bo die politiek verhewe is om hul oorlewing te verseker. Sekurokratisering is egter ’n uiterste weergawe om veiligheidskwessies te verpolitiseer (Buzan 1998:11–26).

Sekurokratisering hou gevaar in vir enige vorm van demokrasie. In die konteks van sekurokratisering verwys ’n eksistensiële bedreiging na die bestaan van maksimum gevaar vir die staat en vereis moontlik onbeperkte stryd en opoffering. Buitengewone maatreëls mag die gebruik van geweld insluit. Afgesien van militêre optrede, kan maatreëls gepaard gaan met gewelddadige politieke, sosiale en ekonomiese onrus. Die politiek van sekurokratisering ondermyn demokrasie, veral as buitengewone maatreëls in uitsonderlike omstandighede normaal begin raak (Agamben 1999:50). Die Parys-denkrigting oor sekurokratisering (Bigo 2010:388–420) waarsku dan ook dat uiterste sekurokratisering demokratiese beginsels vernietig, deurdat individuele vryhede (’n fundamentele mensereg en sentraal tot die demokrasie) aan bande gelê word. Veiligheidsmaatreëls en praktyke moet nie beginsels in gevaar stel wat tot ’n totalitêre of toesigstaat sal lei nie. In plaas daarvan moet ’n balans tussen veiligheid en vryheid gehandhaaf word, met die fokus op die mate van bykomende veiligheid wat benodig word sonder om individuele vryhede te beperk. 

Buitengewone maatreëls kan stabilisasie insluit wat ’n aggressiewe weergawe van sekurokratisering is. Stabilisasie beteken dat staatstrukture deur ’n veiligheidslens na situasies kyk. Dit is waar stabilisering die wettige en hoofstroomaktiwiteit in ’n spesifieke ideologiese omgewing en politieke ekonomie word (Booth en Wheeler 2007:5). ’n Toename in geweld vereis stabiliserende bedrywighede. Burgerlike, militêre en polisie-rolspelers word ontplooi om plaaslike veiligheid te handhaaf en geleenthede vir die veiligheidsmagte van die staat te skep om die veiligheidsbedreiging te bekamp (British Army Stabilization Unit 2009).

Stabilisasie spruit uit konserwatiewe leerstellings en behels agendas deur ’n staat wat poog om beheer oor die samelewing uit te oefen en kiesersdeelname te verminder, staatsbeheer oor ekonomiese of sosiale beleid uit te oefen, asook institusionele metodes aan te wend om kreatiewe, vernuwende weerstand en pluralisme uit te sluit. Stabilisasie verhoed ook nasiebou, goeie bestuur en die ontwikkeling van ’n samelewing waar belangegroepe mekaar in ’n gees van respek akkommodeer deur middel van diplomasie en beleefdheid om konflik te versag, eerder as om oorlog te maak (McGinty 2012:20–30). 

Die teenoorgestelde van sekurokratisering is desekurokratisering, wat Kasim (2013) beskryf as ’n eksplisiete verandering in die wyse waarop gesprekvoering as ’n deurlopende proses binne ’n staat plaasvind om te beweeg na minder militêre en gewelddadige benaderings. Desekurokratisering word gekenmerk deur die stabilisering van verhoudings tussen teenstanders en die vind van politieke oplossings om bedreigings te hanteer. Herartikulasie van die konflik vind plaas, waartydens opposisiepartye aanvaar dat ’n geskil opgelos kan word deur samewerking, akkommodasie en onderhandeling om gesamentlike belange en politieke visies te dien. Buzan (1990:432–3) beskryf desekurokratisering as ’n verskuiwing in die wyse waarop kwessies opgelos word, van ’n krisisbenadering tot ’n bedingingsproses wat in die politieke sfeer plaasvind. Williams (2003:511–6) beaam dat desekurokratisering met die demokratiese politiek van deursigtigheid en openbare ondersoek ooreenstem. In ’n situasie van buitengewone maatreëls is desekurokratisering ’n uitweg om demokratiese gedrag te herstel en is dit die soort politiek wat mense verkies. Wil mense politiek van buitengewone maatreëls hê of wil mense langsame demokratiese prosedures hê wat betwis kan word?

Literatuur oor sekurokratisering, desekurokratisering en stabilisasie wat met demokratiese verkiesings verband hou dui daarop dat sekurokratisering ’n algemene wyse is waarop regerings demokratiese praktyke, soos openbare debat, so demp dat ’n verkiesingsproses nie meer as demokraties beskryf kan word nie. Ongelukkig ontaard die uitoefening van demokratiese vryhede soms in geweldpleging. Stabilisering van die situasie is dan die hoofdoel om ’n krisis op te los en as uitsonderlike omstandigheid te hanteer. Die demokratiese gebruik (in sowel sosiale as liberale demokrasie) is dan om veiligheidsmagte binne ’n regsraamwerk aan te wend terwyl ’n bedingingsproses tussen mededingende groeperinge plaasvind. ’n Veiligheidstrategie word gevolg sonder om individuele vryhede onnodig aan bande te lê (soos wat gereeld in state soos Suid-Afrika en toenemend in die VSA ondervind word). Stabilisering kan egter (maar nie noodwendig nie) in ’n oligargiese of diktatoriale wanpraktyk ontaard wanneer ’n regering beheermaatreëls toepas en veiligheidsmagte aanwend om, as ’n normale deurlopende aktiwiteit, die politieke belange van faksies in ’n regering te bevorder ten koste van die demokratiese vryhede van ’n bevolking. ’n Hedendaagse empiriese voorbeeld hiervan is die wyse waarop die Chinese regering op politieke aktiwiteite in Hong Kong toeslaan.

2.4 Die rol van veiligheidsmagte tydens demokratiese verkiesings

Volgens Huntington (1957:11) se invloedryke studie oor burgerlik-militêre verhoudings, het die staat tydens die twee wêreldoorloë van die 20ste eeu op militarisme gefokus. Huntington beskryf militêre professionaliteit as ’n wedersyds bindende verhouding tussen die samelewing en sy militêre professionele persone met die verstandhouding dat in ’n burgerlik-militêre verhouding amptenare hul pligte vervul deur te voldoen aan die beleid van die staat en die regering. Terwyl groot omsigtigheid benodig word om die teorieë van Huntington op die Suid-Afrikaanse konteks en hedendaagse globale denke toe te pas, moet ons tog kennis neem van sy standpunte oor militêre professionaliteit en dit binne konteks na waarde skat. 

Hierdie standpunt word deur die militêre professie in demokratiese state gehuldig, soos byvoorbeeld Blair (2012:3–15) wat aandui dat in ’n ideale demokrasie gewapende magte trou betoon aan al die burgers van die staat, en weier om gesien te word as ondersteuners van ’n individuele politikus, politieke party, etniese groep of godsdienstige faksie. Die gewapende magte volg die bevele van ’n vrye en regverdig verkose regering, met die handhawing van die missie om hul staat te verdedig en die mense wat daarin woon, te beskerm. In die geval van die ontplooiing van militêre magte om geweld in die staat te onderdruk, is dit vir ’n beperkte tyd ter ondersteuning van ander regeringsdepartemente, streng in ooreenstemming met die bepalings van ’n grondwet en ander wetgewing. 

Ongelukkig word regimes in baie state deur die gewapende magte ondersteun om hulle aan bewind te hou. Daar moet ook in gedagte gehou word dat die weermag nie die enigste veiligheidsmag is wat binne ’n demokrasie funksioneer nie. ’n Strafregstelsel, bestaande uit ’n bevoegde polisiemag en ’n onafhanklike regbank, moet verantwoordelik wees vir die waarborg van demokratiese vryhede. Die waarde van die betrokkenheid van veiligheidsmagte in verkiesings hang af van hul kennis om die beveiligingsbehoeftes van die verkiesingsproses te hanteer (gedragsvereistes); die wettigheid van hul deelname; die vermoë om die vereiste dienste te voorsien (bevoegdheidsvereistes) en die beskikbaarheid van finansiële, materiële en menslike hulpbronne vir die taak (hulpbronvereistes). Die ontoereikendheid van veiligheidsmagte kan ernstige negatiewe gevolge vir die veiligheid van die verkiesingsproses hê, dit in gevaar stel, of dit onmoontlik maak om ’n gepaste beeld te projekteer, wat tot misverstand tussen mense kan bydra. Oormatige ontplooiing van veiligheidsmagte kan kiesers bedreig laat voel (Hounkpe en Gueye 2010:31–2). 

Dit is belangrik dat veiligheidsmagte met verkiesingskommissies saamwerk, soos byvoorbeeld die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) in Suid-Afrika. Verkiesingskommissies is veronderstel om beheer en toesig oor alle verkiesingsbedrywighede uit te oefen en die take van die veiligheidsmagte te bepaal. Die navorsing van Hounkpe en Gueye (2010:37) dui egter daarop dat samewerking tussen verkiesingskommissies en die veiligheidsmagte ’n uitdaging is, veral wat die tydige en akkurate beoordeling van die veiligheidsituasie en bepaling van veiligheidsbehoeftes en inligtingbestuur betref. 

Professionele veiligheidsmagte is daartoe in staat om verkiesings te beveilig, maar dit kan die verkiesing beslissend beïnvloed ten gunste van die heersende regerings en hul internasionale vennote, terwyl die politieke opposisie onderdruk word. Gegrond op die fundamentele aanname dat veiligheidsmagte primêr verantwoordelik is vir die welstand van alle burgers in die staat en dat verdere vooruitgang slegs kan plaasvind as alle burgers van die staat kan stem, moet die beginsels van burgerlike eienaarskap, wettigheid, moderering van sekurokratisering en stabilisering, verkiesingsintegriteit en die de-artikulering van geskille gehandhaaf word (Velthuizen 2019:204). 

Bogenoemde sieninge oor die rol van veiligheidsmagte bevestig die noodsaaklikheid van veiligheidsmagte tydens demokraties verkiesings. Die ontplooiing van die magte moet egter volgens bepalings van die grondwet (waar dit bestaan soos in Suid-Afrika) en ander wetgewing plaasvind. Verder behoort veiligheidsmagte mense nie af te skrik om aan die politiek deel te neem en onder andere te stem nie. Veiligheidsmagte moet ook tydens ontplooiing die algemene welstand van mense in die staat handhaaf. Dit is van kardinale belang om stabiliseringsmaatreëls, waarin die rol van verkiesingskommissies en burgerlike organisasies onafhanklik is van mededingende partye, te modereer. Verder word prosedures en meganismes vereis om verkiesingsgeskille te de-artikuleer sodat die geskille nie in geweldpleging ontaard nie. Uiteindelik moet alle vredesoekende burgers van die staat gemaklik met die rol van veiligheidsmagte voel en met die regeringsbesluit saamstem. Die fundamentele maatstaf vir die aanwending van veiligheidsmagte tydens demokratiese verkiesings is dus professionaliteit om die integriteit van verkiesings vanuit die oogpunt van die kiesers te verseker.

2.5 Ontledingsraamwerk 

’n Belangrike veranderlike wat uit die bespreking na vore tree, is die wisselwerking tussen verkiesingsdemokrasie, liberale demokrasie en sosiale demokrasie om neigings tot oligargiese diktatuur te bekamp. Samehangend met die wisselwerking is die rol van burgerlike organisasies om in samewerking met staatsinstellings, of afsonderlik, vreedsame omstandighede vir politieke mededinging te skep. ’n Verbandhoudende veranderlike met die geldigheid van demokratiese verkiesings is die wyse waarop veiligheidstrategie binne regsraamwerke toegepas word. 

Verkiesings wat gebuk gaan onder ’n gesekurokrateerde samelewing is ’n verdere veranderlike wat ontleed moet word. Nie alle state is so getrou in die praktiese toepassing van demokratiese beginsels nie en uiteenlopende denkrigtings bestaan daaroor. So byvoorbeeld kan magshebbers wat op die een of ander wyse in die verlede aan bewind gekom het, besluit om hul verworwe mag toe te pas om aan bewind te bly omdat hulle verwag dat die meeste kiesers nie vir huidige posbekleërs gaan stem nie. Wat duidelik hiermee verband hou, is hoe verkose magshebbers te werk gaan om politieke mag te behou, hoofsaaklik deur middel van verkiesingsmanipulasie. Tersaaklik vir magshandhawing is hoe politieke heersers veiligheidsmagte in eiebelang aanwend ten koste van die bevolking. 

’n Verdere veranderlike wat ontleed word, is die ontstaan al dan nie van ’n outokratiese oligargie, waar die staat onder beheer kom van ’n enkele persoon (diktator) of ’n groep mense wat met absolute mag regeer. In dié geval word die regeringsvorm in die staat gewettig en ’n permanente, regerende klas ontwikkel op byvoorbeeld etniese, godsdienstige of ideologiese grondslag, wat die meerderheid van die mense in ’n staat uitsluit van regeringsdeelname, teenstrydig met die gebruike van mensgerigte nasionale veiligheid.

’n Verdere veranderlike is die wyse waarop geldige demokratiese verkiesings verseker word. Hier sien ons dat kompromittering van demokratiese verkiesings nie beperk is tot outokratiese regeringstelsels nie. Ons sien dat selfs state wat as legitieme, demokratiese state deur sowel die burgers van die staat as die internasionale gemeenskap beskou word, soms van demokratiese verkiesingsbeginsels afwyk.

 

3. Verkiesingsmanipulasie in Afrika

Hierdie afdeling brei uit oor hoe demokratiese verkiesingsmanipulasie in Afrika toegepas word. Voorbeelde word aangebied van verkiesingsknoeiery deur outokratiese regerings sonder om te beweer dat dit in alle Afrikastate plaasvind. My aanbieding sluit die bespreking van voorbeelde van sekurokratisering in Afrikastate in. Die bespreking is nie tot Sub-Sahara-Afrika beperk nie, en gebeure soos die Arabiese Lente wat in 2010 in Noord-Afrika en die Midde-Ooste begin het, is in ag geneem.

3.1 Toepassing van demokratiese verkiesingsbeginsels in Afrika 

Volgens Thomson (2004:228–44) het daar tydens die laaste dekade van die 20ste eeu dramatiese politieke veranderinge in Afrika plaasgevind. ’n Golf van demokratisering het oor die hele kontinent gespoel. Van Tunisië tot Mosambiek, van Mauritanië tot Madagaskar, is regerings genoodsaak om veelpartyverkiesings in te stel, wat ou, nuwe of herleefde opposisiepartye in staat gestel het om politieke mag te bekom. Gedurende hierdie tydperk het die kontinent ’n politieke “renaissance” beleef. Teen 1995 het die meeste state in Afrika aan die beginsels van veelparty-demokrasie voldoen deur die aanbied van deursigtige, geloofwaardige, vrye en regverdige verkiesings om die grondslag van ’n “meer volwasse” kultuur van politieke demokrasie te vorm. Teen die einde van die 20ste eeu het die meeste Afrikastate grondwette ingestel wat politieke pluralisme aangemoedig het. Oor die algemeen was verkiesingsuitslae ’n redelike weerspieëling van die kiesers se wense en is veelpartyverkiesings wat in die 1990’s en daarna gehou is deur buitewaarnemers as “redelik” vry en regverdig verklaar. 

Die vraag ontstaan natuurlik wat die geskikste vorm van demokrasie vir Afrika is. Wiredu (2004:20) is van mening dat die veelparty- politieke stelsels wat tans in Afrika bedryf word beter is as gevreesde eenparty-diktature, alhoewel dit nie noodwendig die geskikste vorm van demokrasie is nie. In die ontwikkeling van alternatiewe vorms van demokrasie moet in ag geneem word dat baie dele van tradisionele Afrika gebaseer is op konsensusbesluitneming, wat buite die hedendaagse stelsel van politieke partye val. Die probleem vir die hedendaagse Afrika is om ’n stelsel te ontwerp wat, anders as eenparty-regimes uit die onlangse verlede, die reg erken van vrye en volle politieke deelname aan die regering deur al die mense van die staat. Wiredu twyfel of sommige politieke stelsels in Afrikastate dit vreedsaam kan doen weens die ingewikkelde etniese samestelling van die meeste state.

Wiredu (2004:508) bevind vervolgens dat kiesers tydens Afrikaverkiesings geneig is om te stem op grond van hul verpolitiseerde etniese of godsdienstige identiteit, om sodoende ’n diktatuur van getalle te skep waar die etniese meerderheidsgroep sy wil op die minderheid afdwing, wat die geldigheid van demokratiese verkiesings in Afrika bevraagteken. Dan word daar ook oorweldigend klem op die prosedurele aspekte van verkiesings geplaas, met die negatiewe gevolg dat daar nie onderskei word tussen die beginsels van demokrasie en die institusionele praktyke en hul implementering nie. 

Rupiya (2019:396) identifiseer ’n bepaalde tendens wat die verdieping van demokrasie sedert die 1990’s in Afrika verhoed het, naamlik die terugkeer na en hernuwing van geërfde eenparty-staatstelsels in die regeringsinstellings van die postkoloniale tydperk. Binne hierdie omgewings het sekere etniese groepe of gemeenskappe as die voorkeur van bewindvoerders ontstaan, terwyl ander hulle buite die politieke klas bevind. Dit verklaar byvoorbeeld deels die etniese verskille wat sedert 2007 op die Keniaanse politieke toneel afgespeel en tot verkiesingsgeweld gelei het, en wat verdiep het ná die betwiste presidentsverkiesing van Augustus 2017. 

Rupiya dui verder aan dat die beywering van die Afrika-Unie vir vreedsame oplossings gefrustreer word deur regerende ampsbekleërs wat nie in die oorhandiging van mag belangstel nie en hulself eerder wend tot grondwetwysigings om hul heerskappy te verleng. In die Republiek van die Kongo (Kongo-Brazzaville), byvoorbeeld, het president Denis Sassou Nguesso (wat in 2002 aan bewind gekom het) in Oktober 2015 ’n referendum gehou om die grondwet te wysig om vir ’n verdere termyn aan bewind te bly. President Paul Kagame van Rwanda, wat sedert 2000 aan bewind is, het in 2015 met ’n referendum aanvaarding van 98,3% van die bevolking gekry om as staatshoof aan te bly.

’n Ontleding van bogenoemde standpunte van toepassing op demokratiese verkiesingsbeginsels in Afrika dui daarop dat sommige regerings, waarvan voorbeelde genoem is, nie aan die beginsels en verwagtinge vir demokratiese verkiesings voldoen nie. Die idealistiese verwagting dat regerings in diens van alle mense sou staan in ’n gees van versoening, het nie gerealiseer nie. Die liberaal-demokratiese gedagte is dus besig om skipbreuk te ly weens heersers wat die benadering het om aan bewind te bly deur byvoorbeeld grondwetwysigings, ’n fokus op verdelende etniese sentimente, ’n voorkeur vir konsensusbesluitneming bo wedywering en die onregmatige manipulasie van verkiesings. Die gevolg is dat die meerderheid burgers van die staat konkrete politieke, sosiale en ekonomiese regte ontneem word. 

3.2 Sekurokratisering in Afrika

Maringira en Masiya (2017:399) onthul die wyse waarop generaals van die Zimbabwiese weermag (ZNA) ’n politieke rol gespeel het in die Zimbabwiese verkiesing wat nie net ’n politieke bedreiging vir die party inhou nie maar ’n veiligheidsbedreiging vir die staat is. Die skrywers voer aan dat die wyse waarop ZNA-generaals deelneem aan die politieke proses in stryd is met Artikel 208(2) van die Grondwet van Zimbabwe, wat vereis dat die weermag a-polities moet wees. Die leërgeneraals se ondersteuning van die Zimbabwe African National Union-Patriotic Front (ZANU-PF) word voorregte aangebied in ruil vir die politieke beskerming van die heersende regime. Die Africa Center for Strategic Studies sien die ZNA as die staat se magtigste instelling met ’n rekord van bekwaamheid. Politieke meningsverskille in die party en die suiwering van partylede met ’n bevrydingsagtergrond het egter oorgespoel na die ZNA wat hulle genoop het om in te gryp (Africa Center for Strategic Studies 2017). Die risiko van sekurokratisering in state soos Zimbabwe is dus hoofsaaklik daarin geleë dat ’n nuwe heersersklas ontwikkel met die vermoë om hul magsposisies op ’n aggressiewe wyse te handhaaf, wat ’n deurslaggewende intimidasierol tydens verkiesings kan speel. 

Die vermoë van ZANU-PF om verkiesings te manipuleer bestaan reeds sedert die eerste algemene verkiesing in 1980. Op verkiesingsdag het ek dit persoonlik ervaar hoe die ZANU-PF-kandidaat Robert Mugabe oor die radio gedreig het om met die oorlog voort te gaan indien hy die verkiesing sou verloor. Die oorlogsmoeë bevolking, insluitend die veiligheidsmagte van alle partye, het besef dat hy die mag het om die dreigement uit te voer. Ek is van mening dat dit ’n belangrike invloed, alhoewel miskien nie beslissend nie, op die uitslag ten gunste van ZANU-PF gehad het. ’n Verdere persoonlike waarneming as ontleder tydens die verkiesing in Namibië was dat die inval van elemente van die People’s Liberation Army of Namibia (PLAN) vanuit Angola in April 1989 as magsvertoon bedoel was om hoofsaaklik die mense van Ovamboland te oortuig om vir die South West African People’s Organization (SWAPO) te stem wat toe later aan bewind gekom het. So ook het ek as verkiesingswaarnemer in die 2006-verkiesing in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) aanskou hoe die voortgesette teenwoordigheid van gewapende magte wat aan politieke partye verbind is (ongeag pogings tot ontwapening en integrasie) kiesersbesluite daadwerklik kon beïnvloed.

’n Voorbeeld van sekurokratisering en spesifiek verkiesingsprosesse word in Uganda gevind. President Yoweri Museveni maak staat op ’n regsraamwerk wat staatsinstellings die reg gee om verkiesings te belemmer. In die verkiesing van 12 Maart 2001 het hy 69% van die stemme gekry. Al die kandidate was egter “onafhanklike” kandidate omdat politieke partye verban was. Voor die verkiesing het staatsagente ondersteuners van die politieke opposisie se belangegroepe gearresteer, aangeval en geïntimideer. Polisie-ondersoeke het geen resultate opgelewer nie. Daar was ook opvallende ongerymdhede in die registrasie van kiesers, kommer oor die tenderproses vir die druk van die stembriewe, asook versuim van die verkiesingskommissie om teen hierdie onreëlmatighede op te tree (Human Rights Watch 2001). 

Met die verkiesing van 2015 het die situasie nie verander nie. Die gewapende magte en die polisie was steeds lojale dienaars van president Museveni. Die polisie het werklose jeug gewerf en opgelei om “misdaadvoorkomers” te wees, maar hulle was eintlik ’n krygsmag wat gevorm is om die opposisie voor die verkiesing te teister. Tydens die 2016-verkiesing is hierdie groepe dwarsoor die staat ontplooi om opposisie-saamtrekke en kiesers te intimideer, tesame met Power-10-Groups wat in dorpies regoor die staat gesetel was (Collord 2016). 

Uganda is ’n goeie voorbeeld van hoe die geldigheid van ’n demokratiese verkiesing betwyfel kan word indien ’n regering, wat net soos in Zimbabwe uit ’n voormalige vryheidsbeweging spruit, wette verander om bewindhebbing te verseker. Saam met die neiging om kiesers te intimideer, vorm dit ’n kragtige diktatoriale strategie om kiesers te manipuleer.

Sekurokratisering in Afrika is egter geensins tot Zimbabwe en Uganda beperk nie. ’n Studie van ses state in Wes-Afrika naamlik Ghana, Guinee-Bissau, die Republiek van Guinea, Nigerië, Senegal en Togo dui daarop dat die rol van die veiligheidsmagte in state verskil. ’n Gemeenskaplikheid wat al die genoemde state egter ervaar, is die vaagheid van regsraamwerke vir die bestuur van veiligheidsmagte in verkiesingsprosesse. Uit dié studie is bevind dat belanghebbendes saamstem dat state gewapende magte nodig het om veiligheid tydens die verkiesing te waarborg, aangesien dit die enigste entiteite is wat sulke veiligheidsdienste kan lewer. Daar is egter eenstemmigheid dat gewapende magte nooit direk by die bestuur van verkiesings betrokke mag wees nie. Empiriese navorsing dui daarop dat wantroue tussen veiligheidsmagte en die ander belanghebbendes in die betrokke state bestaan (Hounkpe en Gueye 2010:31–2). Wat belangrik van hierdie bevinding is, is dat die rol van veiligheidsmagte tydens verkiesings deur wetgewing bepaal moet word, anders laat dit die weg oop vir inmenging en konflik met die burgery en kan dit selfs ontaard in militêre ingryping, soos die geskiedenis van verkiesings in Nigerië aantoon. 

Volgens die bevindinge van ’n ondersoek deur Ghafar en Hess (2018:31) wat sekurokratisering in Marokko, Tunisië en Egipte vergelyk het, is die weermag in Egipte ’n groot politieke rolspeler wat ’n belangrike faktor is in hoe politieke verandering en geweldpleging in Egipte ontvou. Dit was egter nie die geval tydens politieke verandering in Marokko en Tunisië nie. 

Indien die genoemde gevalle van sekurokratisering in Afrika ontleed word, dui dit daarop dat verkiesings nie noodwendig regerings, en veral nie lank-gevestigde regimes, verander nie. Veiligheidsmagte, soos in Egipte, Uganda en Zimbabwe, beskerm huidige regerings teen die gefrustreerde burgery wat verhoed word om vrye keuses uit te oefen oor wie hulle moet verteenwoordig. In so ’n geval is die veiligheidsmagte ’n inherente deel van ’n regering en staan lojaal op grond van byvoorbeeld ’n bevrydingskultuur of etnisiteit met die mag om te intimideer of selfs militêr in te gryp. Dit ontmoedig burgers van die staat om vir leierskapsposisies mee te ding uit vrees vir vergelding.

3.3 Verkiesingsknoeiery deur outokratiese regerings in Afrika 

Verkiesingsknoeiery in Afrika is vindingryk en inherent aan outokratiese regeringstelsels soos byvoorbeeld in Egipte, Libië, Tunisië, Marokko, Somalië, Uganda en Zimbabwe.

Soos reeds bepaal, sluit verkiesingsmanipulasie die verandering van wetgewing in, deur byvoorbeeld beperkinge op presidensiële verkiesing te verwyder of in te stel. Vanaf 2000 tot 2018 was daar 47 wysigings aan presidensiële termyne in Afrika (insluitend beperkinge op die maksimum-ouderdom van presidensiële kandidate) waarby 28 Afrikastate betrokke was. So byvoorbeeld het die parlement van Tunisië in 2019 ’n wet aanvaar om presidensiële kandidate uit te sluit wat buitelandse befondsing ontvang het, uitsprake teen grondwetlike beginsels gelewer het, of in strafsake skuldig bevind is (Ronceray en Byiers 2019:1). Ook het navorsing bevind dat daar in Ghana ’n ontkoppeling tussen die verteenwoordiging van mense van die staat en verteenwoordiging in die parlement bestaan (Acheampong 2020). Uitsluitingstaktiek deur regerings is dus inherent aan verkiesingsknoeiery.

’n Gunstelingtaktiek van regerings om kiesers van volle deelname uit te sluit nog voor die stemmery begin het, is om te verseker dat stemme in opposisiekiesafdelings nie dieselfde gewig dra as in kiesafdelings waar regeringsondersteuners woon nie (sogenaamde “gerrymandering”). Hierdie knoeiery behels die wanverdeling van die kiesdistrikte om vir posbekleërs gunstig te wees. Gedokumenteerde voorbeelde van state waar wanverdeling plaasvind sluit in Kenia, Tanzanië en Malawi waar kiesers wat in die stad Lilongwe woonagtig was, ongeveer die helfte van die stemme in Malawi verteenwoordig (Ronceray en Byiers 2019:13). Die internasionale voorkeurmetode, die wanverdeling van kiesdistrikte om verteenwoordiging te verwring, is dus ook op Afrika van toepassing.

Sommige state, soos Egipte in 2017, het wetgewing hersien om geregtelike toesig oor verkiesings uit te skakel. In hierdie geval het die Egiptiese parlement ’n wet goedgekeur om die Nasionale Verkiesingskommissie die enigste agentskap te maak wat mag toesig hou oor die monitering van toekomstige algemene verkiesings en referenda, en derhalwe die toesighoudende rol van die regbank verwyder (Ronceray en Byiers 2019:14). Rolspelers en organisasies wat as “waghonde” optree om die impak van knoeitaktiek te fnuik of te versag, soos verkiesingskommissies, onafhanklike howe, die media, teen-korrupsie-agentskappe en ander organisasies uit die burgerlike samelewing asook verkiesingswaarnemingkommissies, kan gemuilband of ondermyn word. In Ethiopië mag nieregeringsorganisasies wat meer as 10% buitelandse finansiering ontvang, byvoorbeeld nie by verkiesingskwessies betrokke raak nie (Ronceray en Byiers 2019:13). Beperkinge op verkiesingsmonitering om knoeiery te verdoesel is dus ’n opsie van ’n regering om aan bewind te bly. 

In state soos Nigerië en Tanzanië waar stempatrone volgens etniese verdelings plaasvind, word begrotingsfinansiering vir openbare dienste en ontwikkelingsprogramme deur die regerings na die gebiede gekanaliseer waar etniese meerderhede woon om lojaliteit te beloon of te kweek. In Suider-Afrika is die tendens ook dat regerings meer belê in gebiede wat etnies nader verwant aan verkose politieke leiers is (Ronceray en Byiers 2019:13). Op hierdie wyse fokus regimes dus die aanwending van skaars hulpbronne, veral begrotingstoekennings, op gebiede waar hulle bewese steun geniet ten koste van die welvaart en veiligheid van mense wat in opposisie teen die regering staan.

Met verwysing na verkiesings in Rwanda, Zambië en Zimbabwe in 2016 en 2017 identifiseer Lepapa (2017:1–3) onregmatige onderdrukking van die opposisie en die koop van stemme en traktering van gemeenskappe vanuit openbare fondse as die twee algemeenste vorme van verkiesingsmanipulasie, wat gewoonlik gepaard gaan met ’n klimaat van wydverspreide vrees en intimidasie deur ’n partybeheerde. Sedert hy aan die bewind gekom het in 2015, het die populistiese president John Magufuli van Tanzanië protesoptogte verbied, die pers gemuilband, onafhanklike instellings gekoöpteer, asook openlik en in die geheim geweld gepleeg teen politieke teenstanders en “andersdenkendes” binne die regerende Chama Cha Mapinduzi (CCM)-party (Africa Center for Strategic Studies 2020). Tanzaniërs leef vandag in ’n klimaat wat toenemend gevul word met vrees en is huiwerig om hul regte uit te oefen, sodat hulle nie deur ’n reeks nuwe beperkende wette gekonfronteer word of fisieke vergelding ly nie. Verkiesingsknoeiery is dus deel van ’n volle pakket van knoeimetodes as deel van ’n strategie om ten alle koste aan bewind te bly.

’n Verdere vorm van verkiesingsknoeiery hou verband met sosiale media. Van Donk en Williams (2016:19) wys op die potensiaal vir massamobilisering en die insameling van eksterne steun vir ’n verkiesingstryd deur middel van sosiale media. Volgens die navorsing bevat Twitter-rekeninge uit Afrika meer oor politiek as op enige ander vasteland. Mwanza (2016) bevind ook dat sosiale interaksie deur mense in Afrika op Twitter meer politieke inhoud het as in ander dele van die wêreld wat tot gevolg het dat regerings op sosiale media toeslaan. In Noord-Afrika het sosiale media soos Facebook byvoorbeeld ’n sleutelrol gespeel in die bevordering en koördinering van die sogenaamde “Arabiese Lente” wat vanaf 2011 gelei het tot regeringsveranderinge in verskeie state in die streek. Manipulasie deur sosiale media is geneig om toe te neem in die laaste fases van verkiesingsprosesse voordat daar gestem word en wanneer daar minder tyd is vir verduideliking. Verspreiding van vals nuus op sosiale media het deel geword van Afrikaverkiesingsveldtogte soos byvoorbeeld tydens die Nigeriese presidentsverkiesing van 2019, toe daar beweer is dat die huidige president Muhammadu Buhari dood is en daarna deur ’n kloon vervang is (Ronceray en Byiers 2019:13). Die kuberruimte is dus besig om in ’n slagveld te ontaard waar sosiale media ’n belangrike instrument vir politieke mededingers is om te mobiliseer. Knoeiery soos vals nuus noodsaak regerings om wetlike beperkinge in te stel en sodoende kiesers se vryheid van spraak en publikasie te beperk. 

Manipulasie van elektroniese verkiesingsregisters en gevestigde regerings wat beperkings op die burgerlike samelewing plaas om onafhanklike stemme uit te bring of standpunte te huldig, voltooi hierdie donker prentjie (Human Rights Watch 2001). Cheeseman en Klaas (2018) verwys na die versuim om voldoende stembriewe te druk en lang vertragings om stemme te tel as deel van die diktator se “gereedskapskas”. Manipulasie sluit ook in die vul van stembusse voordat daar gestem word (Ronceray en Byiers 2019:13). Knoeiery vind dus nie net plaas op ’n strategiese vlak nie maar kan hoogs tegnies en moeilik wees om te moniteer.

Bogenoemde waarnemings dui daarop dat verkiesingsknoeiery in die genoemde Afrikastate op drie vlakke plaasvind: gewettigde knoeiery, knoeistrategie gemik op ’n spesifieke verkiesing en knoeitaktiek wat afhang van noukeurige tydsberekening en gesofistikeerde tegniese vernuf. In die geval van gewettigde knoeiery word wette gemaak en aangepas om die bestaande regering te bevoordeel. ’n Knoeistrategie sluit in ’n reeks handelswyses waar alle moontlike middele, wettig en onwettig, aangewend word om ’n verkiesing te wen. Knoeitaktiek behels die kundige aanwending van tegniese middele om op ’n bepaalde tydstip die verkiesingsuitslag op ’n valse en subtiele wyse ten gunste van die heersers te swaai. Die afwesigheid van ’n onafhanklike, geloofwaardige en betroubare regstelsel beteken dat verkiesingsgeskille nie opgelos kan word nie, met gewelddadige protes as die enigste alternatief, wat lei tot verdere teistering en intimidasie deur die polisie en ondersteuners van die politieke party.

3.4 Betragting 

’n Ontleding van verkiesingsmanipulasie in Afrika skets ’n onrusbarende beeld van demokratiese regte van mense wat tot so ’n mate onderdruk word dat nie alle mense van die staat verkose politieke leiers kan wees of genoegsaam deur verkose leiers verteenwoordig word nie. Hierdie onderdrukking van mense word teweeggebring deur ’n benadering van state om te knoei in verkiesings. Hierdie knoeiery kan in ’n mindere of meerdere mate ’n kombinasie wees van ’n paar aspekte. Eerstens kan knoeiery deur verandering in verkiesingswetgewing plaasvind (’n voorkeur vir grondwetlike verandering word bespeur). Tweedens kan daar ’n doelbewuste implementering van strategie wees om ten alle koste (selfs ten koste van die veiligheid en welsyn van baie mense in die staat) aan die bewind te bly deur manipulasie soos ’n beroep op sentimente soos etniese verdelings en bevrydingsideologie, asook die deurslaggewende rol van gewapende mag om te intimideer of in te gryp. Derdens is die sofistikasie van misdaadtaktiek wat blatante bedrog pleeg in terme van verdoeselde, onwettige aktiwiteite, soos byvoorbeeld rondom die stembus en rekenaarbediener, ’n algemene verskynsel. 

Die gevolg is dat selfs gevestigde demokrasieë in Afrika daarin slaag om op ’n vindingryke wyse instrumente aan te wend om so lank moontlik aan bewind te bly. Uitgebreide sekurokratisering word deur posbekleërs toegepas wat die standpunt voorhou dat nasionale veiligheid afhang van stabiele regering en dat hierdie stabiliteit in belang van al die mense in ’n staat is. Gegrond op hierdie uitgangspunt word wette en regulasies aangepas om veiligheidsbeamptes van die regering in staat te stel om verkiesingsprosesse ten koste van die demokratiese vryhede van ’n bevolking te manipuleer. Gevolglik heers wantroue en vrees tydens ’n verkiesingstydperk dat geweldpleging kan ontstaan, wat kiesers ontmoedig om te stem.

 

4. Die risiko van verkiesingsmanipulasie in Suid-Afrika

Hierdie afdeling pas die voorafgaande bespreking op Suid-Afrika toe. Die politieke agtergrond en onlangse verkiesingservarings en die benadering van die Suid-Afrikaanse regering dien as uitgangspunt vir ’n ondersoek na die risiko van verkiesingsmanipulasie in Suid-Afrika.

4.1 Die politieke agtergrond

Ondanks die volstrekte meerderheid waarmee ANC-regerings in agtereenvolgende verkiesings sedert 1994 aan bewind gekom het, is daar tot dusver nie daadwerklike optredes geloods wat die grondwetlike demokratiese bestel in Suid-Afrika aantas nie. Nelson (2018:324) wys egter op die onrusbarende besluite rakende grondhervorming wat daarop dui dat daar geen sekerheid kan bestaan dat die ANC-beheerde regering nie wetgewing en beleid sal verander nie. In hierdie verband verwys Nelson byvoorbeeld na ’n ANC-beleidsbesluit tydens die 54ste Nasionale Konferensie van die ANC gedurende Desember 2017 wat voorsiening maak vir wysiging van die Grondwet en die Handves van Regte sodat grond sonder vergoeding onteien kan word en wat gevolg is deur ’n besluit van die ANC in Februarie 2018 om ’n soortgelyke mosie van die Economic Freedom Fighters (EFF) in die Nasionale Vergadering te ondersteun sodat die tweederde-meerderheidsvereiste vir grondwetwysiging bereik kan word. Hiermee demonstreer die ANC ’n bereidwilligheid om die Handves van Regte as fundamentele hoeksteen van die bestaande grondwetlike bestel te verander en moontlik afstand te doen van onderhandelings-, konsensus- en kompromiegebaseerde gebruike ten gunste van magsgebaseerde praktyke.

Saam beskik die ANC en EFF oor ’n tweederde-meerderheid in die parlement, wat voldoende is om die Grondwet en die Handves van Regte te wysig. Weens die onduidelike skeiding tussen staat en party, is die twee partye in staat om ’n politieke alliansie te skep waarvan ’n vakbondfederasie deel is, en waar staatsbronne gebruik gaan word om politieke posisies te behou. Saam propageer die revolusionêre groepering in die ANC, die EFF en vakbondfederasies oplossings vir armoede, werkloosheid, ongelykheid en onderontwikkeling en plaas die skuld daarvoor, om hul steun onder die swart burgers uit te brei, op die welvaart van die wit ekonomiese elite wat tydens die koloniale en apartheidsera ontstaan het (Nelson 2018:326). Die revolusionêr-georiënteerde kaders van die ANC hou hulself voor as ’n voortgesette bevrydingsbeweging met die oogmerk om ’n nasionaal-demokratiese samelewing deur middel van ’n revolusie tot stand te bring. Hierdie oogmerk stem ooreen met EFF-retoriek. 

Daar is tans ’n debat dat kiesstelsels in Suid-Afrika sigself leen tot manipulasie en dat dit verander moet word. Verkiesings in Suid-Afrika vind plaas volgens proporsionele verteenwoordiging, gegrond op kandidaatlyste vir beide die Nasionale Vergadering en Provinsiale Rade van die nege provinsies. Alhoewel die ANC (as ’n hoofsaaklik etniesgebaseerde party) die verkiesing van die Nasionale Vergadering onder bykans enige kiesstelsel sou wen, het die keuse van die kiesstelsel wel bepaalde implikasies. ’n Stelsel van proporsionele verteenwoordiging, as ’n integrale deel van ander grondwetlike magsdelingsmeganismes, skep ’n atmosfeer van insluiting en versoening, om politieke geweld te ontmoedig en stabiliteit te skep. Tans duur die debat egter voort oor hoe om die demokratiese aanspreeklikheid en verteenwoordiging van al die mense van die staat te verhoog. Voorstanders van verandering is van mening dat kiesers toegelaat behoort te word om tussen sowel kandidate as partye te kies, sonder dat die proposionele karakter van die parlement beïnvloed word. Tans verteenwoordig streekslyste gebiede wat te groot is, sodat enige vorm van plaaslike voorspraak vir kiesers in die parlement verlore gaan (ACE Projek 2005). Dit blyk dus dat die kiesstelsel in Suid-Afrika dreig om te ontaard in die vorming van ’n klein politieke heersersklas gebaseer op ’n ANC-kandidaatlys wat hoofsaaklik die party se belange bevorder en nie dié van al die burgers van die staat nie.

Op hierdie wyse word sentimente wat gepaard gaan met etnisiteit, ideologie en toenemende ontevredenheid oor sosio-ekonomiese toestande onder die grootste deel van die bevolking in Suid-Afrika uitgebuit. Die risiko bestaan dat wetgewing en beleid so kan verander dat ’n revolusionêre alliansie as nuwe politieke heersersklas na vore tree (wat tiperend is van ’n oligargiese diktatuur) om totale beheer te kry oor die staatsbestel en sodoende verkiesingsprosesse te manipuleer om aan bewind te bly. Dit is belangrik dat die aard en waarskynlikheid van hierdie risiko bepaal word.

4.2 Sekurokratisering in die Zuma-era

In 2006 het die Khampepe-kommissie bevind dat ’n wetstoepassingsagentskap en ’n staatsorgaan grondwetlik gebonde is om binne die wet op te tree. Kreatiewe en vasberade strategieë word vereis wat goeie samewerking tussen die verskillende wetstoepassingstrukture insluit, met die primêre grondwetlike verantwoordelikheid om die staat en sy mense te beveilig. Die uitslag van die kommissie bevestig dus die oorkoepelende gesag van die Handves van Regte soos vergestalt in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (Khampepe 2006:61). 

Sedert 2011 is demokratiese verkiesings in Suid-Afrika, vanuit ’n sekurokratiseringsperspektief, gekenmerk deur die ondersteunende en integrale rol wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), Staatsveiligheidsagentskap (SVA), Nasionale Intelligensiediens (NID) en ander verwante instellings speel. Tydens verkiesings word veiligheidsmagte deur ’n gesamentlike operasionele en intelligensiestruktuur bestuur, waarin alle verwante departemente verteenwoordig word om enige bedreiging vir die sukses van ’n verkiesing te identifiseer. Veral die SAPD het gevolglik ’n groot rol gespeel in die versekering van ’n vreedsame kiesomgewing. Die situasie het geen veiligheidsinmenging geverg nie. Die SANW het die SAPD versterk waar bykomende logistieke ondersteuning nodig was; die SANW het byvoorbeeld die personeel van die Verkiesingskommissie in Limpopo gehelp om toegang tot stemlokale aan die oorkant van ’n rivier, waar daar geen brug was nie, te verkry asook om stemmateriaal teen ’n berg op te vervoer (Onafhanklike Verkiesingskommissie 2014).

Ondanks hierdie positiewe rol van veiligheidsmagte, het verskeie skrywers vanaf ongeveer 2016 (gedurende die Zuma-bewind) die gesprek oor sekurokratisering aan die gang gehou deur publikasies in die vorm van joernalistiek, boeke en wetenskaplike studies. Op grond van die werk van ’n Londense vryskutjoernalis, Paul Holden, voer Jane Duncan (2014) aan dat die ANC toenemend oorheers word deur sekurokrate wat die staat verpolitiseer het, waartydens onder andere voormalige president Zuma en mense na aan hom bevoordeel is. Sy voer aan dat intelligensiedienste in 2008 tydens die opvolgstryd in die ANC ter vervanging van president Thabo Mbeki, misbruik is om die een politieke faksie bo die ander te bevoordeel. Die Staatsveiligheidsagentskap (SVA), wat in 2009 deur president Zuma ingestel is om alle intelligensiedienste onder een sambreel te plaas, het gevolglik verpolitiseerd en buite beheer geraak. Alhoewel die siening van Holden en Duncan nie sonder meer aanvaar kan word nie, bevat dit nuttige aanduiders vir verdere ondersoek. 

Die voormalige Adjunkminister van Verdediging en Minister van Intelligensie Ronnie Kasrils, ook ’n ervare nasionale veiligheidspraktisyn met gevorderde insig in die werking van die regering van voormalige president Zuma, beaam hierdie siening en onthul dat toe hy Minister van Intelligensie was, diegene onder sy bevel sterk verpolitiseerd was, politieke ondersteuners van Zuma was en die professionele werking van die intelligensiestelsel doelbewus ondermyn het. Uiteindelik het hulle mag en hulpbronne misbruik om die Nasionale Vervolgingsgesag, die regbank, die inligtingsdiens en ander agentskappe wat korrupsie kon blootstel, te verswak. Kasrils het destyds gewaarsku dat die Suid-Afrikaanse intelligensiediens besig is met magspolitiek en kommer uitgespreek oor die ontstaan van ’n polisiestaat (Jordan 2015).

Duvenhage (2016:114–5), vanuit ’n meer akademiese perspektief, het bevind dat daar sedert die presidentskap van Zuma ’n proses van sekurokratisering binne die Suid-Afrikaanse staat ontstaan het wat in die vorm van ’n “veiligheidskluster” geformaliseer is. Die ANC se strategiese doel met hierdie stelsel was om beheer oor die veiligheidsdienste as instrument van politieke mag te verkry, oorheers deur etniese Zoeloes en individue wat lojaal was aan die voormalige president. Sodoende is noue samewerking tussen staat en party bewerkstellig deur partykaders te ontplooi. Die belange van die party, die staat en ’n “sterk man” het toenemend verstrengel en geïntegreerd geraak, in teenstelling met die norme van demokratisering. Duvenhage identifiseer hierdie soort sekuriteitsreëling as soortgelyk aan wat ’n praktyk in die Sowjet-unie was, maar sê dat daar op daardie stadium nog nie voldoende aanduidings bestaan het dat Suid-Afrika ’n “polisiestaat” is nie. Die nasionale en provinsiale verkiesing van 2019 sou ’n belangrike barometer wees vir sekurokratisering, veral met betrekking tot die rol wat die nasionale veiligheidsinstellings in die aanloop tot en nasleep daarvan sou speel.

4.3 Die benadering tot nasionale veiligheid in die Ramaphosa-era

Rupiya (2019) bevind dat Suid-Afrika in die ANC-oorgang van 2017 na 2018 die gevaar geloop het om gemilitariseer te word omdat veiligheidsinstellings sterk verpolitiseerd was. In die heersende politieke klimaat van soeke na ’n gemeenskaplike grondslag vir die interpretasie van nasionale en grondwetlike vraagstukke, is dit egter onwaarskynlik dat ’n leier met die vermoë om die SANW te beheer, militarisering van die staat sal toelaat. Die SANW blyk institusioneel sterk en professioneel te wees in vergelyking met die weermagte van byvoorbeeld Angola en Zimbabwe. Verder het die aktiewe en voor-die-hand-liggende rol van media-aktiviste en die burgerlike organisasies, ondersteun deur ’n ewe geloofwaardige en onafhanklike regbank, kragte saamgevoeg om ’n front te vorm teen leiers in veiligheids- en verdedigingsinstellings wat teen die wet handel. Die normalisering van burgerlik-militêre verhoudinge is ’n belangrike verdieping van demokrasie wat in Suid-Afrika manifesteer. 

Die situasie word egter fyn dopgehou deur persone soos De Haas (City Press 2020), wat agterdogtig staan teenoor die Nasionale Veiligheidsraad, wat in Februarie 2020 deur president Ramaphosa tot stand gebring is. Vir haar klink dit soos die Staatsveiligheidsraad vanuit die “apartheidsjare” indien dit gesien word in samehang met wetgewing wat die magte van outoritêre tradisionele leiers vergroot. Volgens De Haas behoort die verskuiwing van mag na ministers weg van ander staatstrukture, alarms te laat lui.

Wat egter in ag geneem moet word, is dat die bestaan van Nasionale Veiligheidsrade ’n normale veiligheidsbestuursinstrument is in gevestigde demokrasieë soos die VSA, maar Raskin (1963:189) waarsku teen oorheersing en formalisering van die lewensuitkyk en standpunte van ’n heersersklas sonder dat dit op ’n demokratiese wyse beding word. Die heersersklas kan byvoorbeeld ’n bedreigingspersepsie handhaaf teenoor die persepsie van “gewone” mense in die staat wat voel dat hul belange deur gevestigde elite-groepe verontagsaam word. ’n Daadwerklike risiko bestaan dus vir demokratiese vryhede in die vestiging van nasionale veiligheidstrukture wat nie ten volle verantwoording doen aan demokraties verkose regerings nie.

Die vlak van sekurokratisering in Suid-Afrika kan beoordeel word aan die bestuurstyl van die Suid-Afrikaanse regering tydens die COVID-19 krisis, veral met betrekking tot die ontplooiing van die SANW, wat deel vorm van die implementering van die ekonomiese noodhulppakket van R500 miljard om COVID-19 te bekamp. Meer as 73 000 SANW-lede sou tot 26 Junie 2020 ontplooi word om die SAPS te ondersteun, met duidelik omskrewe verantwoordelikhede. Die Minister van Verdediging en Militêre Veterane Nosiviwe Mapisa-Nqakula het aangedui dat daar ’n dringende behoefte aan hierdie ontplooiing is, en dat dit op wetenskaplike modellering gegrond is, wat dui op ’n toenemende aantal infeksies en ’n waarskynlike eksponensiële groeikurwe tussen Augustus en September 2020. Rupiya (2020) is van mening dat die Suid-Afrikaanse administrasie en regeringsparty beduidend gekonsulteer het en die vertroue geniet van alle politieke partye wat in die parlement verteenwoordig word, asook verteenwoordigers van die burgerlike samelewing.

Volgens Vreÿ en Solomon (2020) vereis die COVID-bedreiging buitengewone reaksies, insluitend uitsprake wat die bedreiging beklemtoon en beveiligingsmaatreëls. Dit is ’n eksistensiële bedreiging wat dié etiket regverdig. Wêreldleiers aanvaar die erns van die bedreiging en stem saam dat normale reëls weens die gevaar wat dit vir alle mense inhou en die moontlikheid van ekonomiese en sosiale ineenstorting op wêreld- en nasionale vlak, nie meer van toepassing is of voldoende is nie. Hulle waarsku egter dat, alhoewel Suid-Afrika vroegtydig met buitengewone maatreëls gereageer het, die binnelandse ontplooiing van die SANW spruit uit Suid-Afrikaners se gewoonte om die wet te misken, wat die regering dwing om wetgewing in te stel wat meer drakonies is en inbreuk kan maak op demokratiese en menseregte.

Wanneer die benadering tot nasionale veiligheid in die Ramaphosa-era ontleed word, is die aanduiding dat die risiko van sekurokratiserings in Suid-Afrika teen Oktober 2020 laag was, tensy daar ’n verandering ten gunste van die revolusionêre faksie binne die ANC plaasvind. Eerstens is die Nasionale Bevelsraad wat in terme van die Rampbestuurswet saamgestel is wettig, met lede van die kabinet wat daarin dien en die president wat steeds onderhewig is aan parlementêre toesig en ’n mandaat van die meerderheidsparty in die parlement. Genoegsame wigte en teenwigte is dus in plek om die wangebruik van veiligheidsmagte in Suid-Afrika te beperk. Die risiko dat die ANC lojale persone binne veiligheidsdienste kan misbruik om partybelange te beskerm, is tans laag, alhoewel groeperinge binne die party etniese en ideologiese sentimente kan gebruik om ’n meer pragmatiese Ramaphosa-faksie te beveg om politieke beheer oor verkiesingsprosesse te verkry.

4.4 Betragting 

’n Ontleding en vertolking van bogenoemde standpunte bring weer eens na vore dat daar ’n tweespalt tussen voorstanders van ’n liberale vorm van demokrasie in Suid-Afrika en sosiaal-demokratiese ideale is. Hierdie tweespalt is soos ’n pad deur die Karoo wat duidelik in ’n bepaalde rigting beweeg, maar op ’n stadium verdeel die pad in twee paaie waarvan die uiteindelike rigting nie sigbaar is. Op die hoofpad is die vernuwende horison duidelik: die ideaal van ’n demokrasie in Suid-Afrika waar mensevryhede grondwetlik gewaarborg is. Die verdeelde paaie dreig egter om Suid-Afrika van hierdie ideale rigting af weg te neem na onsekere afdraaipaaie wat uiteindelik tussen onbegaanbare sandduine kan eindig.

Een so ’n afdraaipad is die allesoorheersende drang om geld te bekom. ’n Ander afdraaipad is die weg van sosiale demokrasie wat daarop mik om die omstandighede van mense te verbeter deur kwessies soos voortdurende sosiale ongelykhede (byvoorbeeld grondbesit), voortgesette armoede en gebrekkige politieke leierskap te beklemtoon. Intussen beweeg die pragmatiese hoofstroom aan om ekonomiese groei, en daarmee saam besigheidsbelange en welvaart vir alle Suid-Afrikaners, te bevorder. Die vraag is waarheen hierdie paaie lei en of die liberaal- en sosiaal-demokratiese pad dalk verder aan weer kan ontmoet. 

Die stowwerigste pad word verkies deur ’n materialistiese faksie wat daarin geslaag het om die demokratiese strukture van Suid-Afrika te korrupteer sodat openbare fondse na persoonlike bankrekeninge gekanaliseer kan word. Hierdie groepering, wat hoofsaaklik op ’n ANC-platform beweeg, maar alliansie met partye soos die EFF kan soek, probeer die indruk skep dat hul aksies oor die herverspreiding van rykdom deel is van ’n geveg teen apartheid. In werklikheid baat slegs enkelinge en hul aanhangers, byvoorbeeld dié wat sonder genoegsame meriete in hoogsbetaalde posisies in die staatsdiens aangestel is, sodat onwettige tenders aan lojale volgelinge toegeken kan word. Dit is dan ook hierdie vraatsugtige groepering wat waarskynlik nie sal skroom nie om kwessies soos etniese en geslagsverskille na vore te bring om te manipuleer, te intimideer of selfs gewelddadig in te gryp om beheer oor die trog te verseker, ’n benadering wat na verkiesingsprosesse kan oorspoel.

Hier word onwillekeurig aan Zimbabwe as voorbeeld gedink, waar ’n voormalige ZANU-PF as voormalige vryheidsbeweging soortgelyke taktiek toepas, maar dit moet in ag geneem word dat daar in Suid-Afrika belangrike wigte en teenwigte bestaan. Afgesien van enorme transnasionale besigheidsbelange is wedywering binne die ANC ’n teenwig vir radikalisme. Pragmatiese leierskap in die ANC (wat leiers vanuit georganiseerde arbeid insluit) onder aanvoering van die president besef ook dat hul prestasie om welvaart en werkersbelange te verseker (wat van ekonomiese groei afhang) aanstons by die stembus getoets gaan word. Die pragmatiese groepering in die regering sal dus waarskynlik eerder tydens verkiesings op alliansievorming voor die verkiesing en koalisievorming na die verkiesing fokus as om te sekurokratiseer of te knoei. 

Dit is ook so dat ’n algemene respek vir konstitusionalisme en demokratiese praktyk sedert 1994 verseker dat nasionale veiligheidsprosesse en praktyke volgens die beginsels van ’n demokratiese staat bestuur word, ondanks pogings van die Zuma-regering om die staatsbestel tot ekonomiese voordeel van lojale volgelinge te misbruik. Suid-Afrikaners geniet nog breë konsultasie tussen ’n demokraties verkose regering en die burgerlike samelewing om inklusiewe deelname aan demokratiese strukture te verseker. Dit is onwaarskynlik dat die regering genoegsame konsensus onder Suid-Afrikaners sal kry vir besluite oor die aard van veiligheidsmaatreëls tydens verkiesingsprosesse wat nie binne wetgewing val nie. 

Daar is verder geen aanduidings dat die Ramaphosa-regering sal poog om verkiesingswetgewing te verander om verteenwoordiging van kiesers in die parlement te verbeter en sodoende ’n risiko te skep om ’n tweederde-meerderheid in die parlement te verloor nie. Daar is ook geen aanduiding dat ’n manipulasiestrategie besig is om te ontvou nie, maar dit kan aanvaar word dat tegnies-kundige individue op grond van etniese lojaliteite en ideologiese oorwegings, binne en buite die staatsbestel, gereed staan vir knoeiery om op ’n onwettige wyse verkiesinguitslae te manipuleer. 

Hierdie vooruitskouing kan verander wanneer die ANC die persepsie ontwikkel dat die party die verkiesing gaan verloor of onaanvaarbare verliese by die stembus gaan ly. Dit is onwaarskynlik dat die ANC as voormalige bevrydingsbeweging mag sal afstaan. Pogings om alliansies met partye soos die EFF en koalisies met ander presterende partye te vorm sal waarskynlik gepaard gaan met mobilisering van lojale partykaders om beheer oor staatsveiligheidsmeganismes te behou en gereed te staan vir ingryping indien nodig.

 

5. Gevolgtrekking

Die bespreking het begin met die doelstelling om te bepaal of verkiesingsmanipulasie deur heersers in Afrika die welsyn van alle mense (burgers van die staat en andere) in die staat bevorder, of slegs die belange van mense wat deel vorm van die heersersfaksie. Om hierdie doel te bereik, is die teoretiese begrippe van toepassing op die bespreking toegelig. Hierdie begrippe is ontleed en op Afrikakontekste van toepassing gemaak deur na voorbeelde van verkiesingsmanipulasie te verwys en dit op Suid-Afrika as ’n gevestigde demokratiese staat in Afrika toe te pas. 

Ek het bevind dat liberale demokrasie volgens Westerse verwagtinge, waar mensevryhede grondwetlik gewaarborg word (soos in die VSA en Europa), in Afrika nie volle wasdom bereik het nie. Alhoewel verkiesings volgens internasionaal aanvaarbare beginsels plaasvind, en verkiesingsbedrog of manipulasie onwettig is, mik heersers daarna om politieke mededinging uit te skakel ten einde die belange van hul getroue ondersteuners te beskerm. Die welvaart van al die burgers van die staat is nie die hoofoorweging nie (soos in Zimbabwe, Nigerië en Egipte). In state soos dié word verteenwoordigende demokrasie gekompromitteer en regerings slaag nie daarin om armoede en gewelddadige konflik te bekamp nie. Regerings van die dag val eerder terug op verkiesingsmanipulasie om ten alle koste aan bewind te bly, in die wete dat ondersteuning van die meerderheid burgers nie gewaarborg is nie en dat posbekleërs ’n verkiesing kan verloor. 

Manipulerende aktiwiteite gaan gepaard met verandering in wetgewing (soos byvoorbeeld in Egipte) en manipulasiestrategieë soos uitsluitingstaktiek (byvoorbeeld in Ghana en Tunisië), intimidasie (’n algemene praktyk waar vryheidsbewegings aan bewind gekom het), geweldpleging wat selfs militêre ingryping kan insluit (soos gereeld in Wes-Afrikastate gebeur), asook onwettige knoeitaktiek op tegniese vlak (soos byvoorbeeld in Nigerië en Zimbabwe). Daarmee saam hang pogings om op grond van etniese sentimente en ideologiese lojaliteite ’n heersersklas te konsolideer (soos byvoorbeeld in Suid-Afrika, Tanzanië en Zimbabwe). 

Hiermee word voorsien dat neigings tot oligargiese diktatuur in Afrika sal voortduur en die openbare ruimte waarskynlik toenemend deur ’n politieke heersersklas oorheers gaan word. Hierdie nuwe politieke klas sal waarskynlik materiële rykdom vir hulself nastreef terwyl die veelvlakkige ongelykhede wat in Afrikasamelewings bestaan, nie suksesvol aangepak gaan word nie. ’n Politieke heersersklas in Afrika sal waarskynlik toenemend in konflik kom met ’n verwaarloosde burgerlike samelewing geskoei op ’n florerende sosiale demokrasie. Posbekleërs sal dan merendeels afhanklik wees van beheer oor die regstelsel van die staat, instansies soos verkiesingskommissies en veiligheidsmagte, met die doel om verkiesings te manipuleer en kiesers te intimideer. 

Dit is dus belangrik dat alle burgers van state in Afrika, insluitend veiligheidswaarnemers en aktiviste, tydens die aanloop tot verkiesings deurgaans op hul hoede moet wees vir wetsveranderinge, beleidsuitsprake, manipulasiestrategie en knoei-ingrypings wat dui op verskansing van heersersklasbelange tydens verkiesings, veral in omstandighede waar korrupte politiekepartykaders en staatsamptenare enigiets sal probeer om aan bewind te bly.

 

Bibliografie

ACE-Projek. 2005. South Africa: Election systems and conflict management. https://aceproject.org/main/english/es/esy_za.htm (4 Oktober 2020 geraadpleeg). 

Acheampong, M. 2020. Why members of parliament in Ghana can get away with ignoring voters. https://theconversation.com/why-members-of-parliament-in-ghana-can-get-away-with-ignoring-voters-146781 (9 Oktober 2020 geraadpleeg).

Africa Center for Strategic Studies. 2017. Five issues to watch as Zimbabwe’s transition unfolds. https://africacenter.org/spotlight/five-issues-to-watch-as-the-zimbabwe-crisis-unfolds (5 Oktober 2020 geraadpleeg). 

—. 2020. Once a beacon of hope, Tanzanians now resist growing authoritarianism. https://africacenter.org/spotlight/once-a-beacon-of-hope-tanzanians-now-resist-growing-authoritarianism (9 Oktober 2020 geraadpleeg).

Agamben, G. 1999. Remnants of Auschwitz: The witness and the archive. New York: Zone Books.

Ake, C. 1996. Democracy and development in Africa. Washington, DC: The Brookings Institution.

—.2000. The feasibility of democracy in Africa. Dakar: CODESRIA Press.

Bigo, D. 2010. Delivering liberty and security? The reframing of freedom when associated with security. In Bigo e.a. (reds.). 2010.

Bigo, D., S. Carrera, E. Guild en R. Walker (reds.). 2010. Europe’s 21st century challenge: Delivering liberty and security. Ashgate: Farnham.

Blair, D.C. 2012. Military support for democracy. PRISM, 3(10):3–15. 

Booth, K. en N. Wheeler. 2007. The security dilemma: Fear, cooperation and trust in world politics. Basingstoke: Palgrave.

British Army Stabilization Unit. 2009. Planning for stabilisation: Structures and processes. https://assets.publishing.service.gov.uk/government/uploads/system/uploads/attachment_data/file/784001/The_UK_Government_s_Approach_to_Stabilisation_A_guide_for_policy_makers_and_practitioners.pdf (5 Mei 2020 geraadpleeg).

Buzan, B. 1991. New patterns of global security in the twenty-first century. International Affairs, 67(3):432–3.

Cheeseman, N. en B. Klaas. 2018. How to rig an election. New York: Yale University Press.

Cheeseman, N. 2019. Democracy in Africa: Success stories that have defied the odds. The Conversation. https://theconversation.com/democracy-in-africa-success-stories-that-have-defied-the-odds-120601 (5 Mei 2020 geraadpleeg).

Cilliers, J.C.K. 2004. Human security in Africa: A conceptual framework for review. African Human Security Initiative. Institute for Security Studies. https://www.issafrica.org/uploads/AHSIMONO1.PDF (5 Mei 2020 geraadpleeg).

Collord, M. 2016. How Uganda’s government steered another state-controlled election. The Conversation. https://theconversation.com/how-ugandas-government-steered-another-state-controlled-election-54851 (11 November 2020 geraadpleeg).

Duncan, J. 2014. The rise of the securocrats: The case of South Africa. Johannesburg: Jacana Media. 

Duvenhage, A. 2016. Die sekurokratisering van die Suid-Afrikaanse staatkundige bestel – ’n tendensbepaling. LitNet Akademies, 13(1):112–37. https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2016/05/LitNet_Akademies_13-1_Duvenhage_112-137.pdf.

Ezrow, N.M. en E. Frantz. 2011. Dictators and dictatorships: Understanding authoritarian regimes and their leaders. New York: Bloomsbury Academic. 

Ghafar, A.A. en B. Hess. 2018. Islamist parties in North Africa: A comparative analysis of Morocco, Tunisia and Egypt. Washington DC: The Brookings Institution.

Gutto, S.B.O. 2002. Constitutionalism, elections and democracy in Africa: Theory and praxis. Africa Conference on Elections, Democracy and Governance, 7–10 April, Pretoria. https://www.elections.org.za/content/WorkArea/DownloadAsset.aspx?id=1948 (5 Mei 2020 geraadpleeg). 

Hounkpe, M. en A.B. Gueye. 2010. The role of security forces in the electoral process: The case of six West African countries. Abuja: Friedrich-Ebert-Stiftung.

Huntington, S.P. 1957. The soldier and the state: The theory and politics of civil-military relations. New York: Belknap Press.

—.1997. After twenty years: The future of the third wave. Journal of Democracy, 8(4):3–12. 

Human Rights Watch. 2001. Uganda: Not a level playing field. Government violations in the lead-up to the election. https://www.hrw.org/reports/2001/uganda (6 Mei 2020 geraadpleeg). 

Jordan, W. 2015. Inside the battle for intelligence in South Africa. Al Jazeera. https://www.aljazeera.com/blogs/africa/2015/02/battle-intelligence-south-africa-ssa-spy-cables-guardian-security-150224170928946.html (5 Mei 2020 geraadpleeg).

Khampepe-Kommissie van Ondersoek na die mandaat en ligging van die Direktoraat vir Spesiale Operasies (DSO). 2006. Finale verslag. https://www.gov.za/sites/default/files/gcis_document/201409/khampeperptfinal-feb061.pdf (11 November 2020 geraadpleeg).

Kasim, Y.K. 2013. Securitization and de-securitization in Indonesia’s democratic transition: A case study of Aceh separatist movement. Referaat gelewer by die 8ste Pan-European Conference on International Relations, Warskou, 18−21 September.

Lepapa, N. 2017. Challenges to holding free and fair elections in Africa. https://www.africanexponent.com/post/8332-why-its-hard-for-elections-in-africa-to-be-free-and-free (5 Mei 2020 geraadpleeg).

Lipschutz, R. (red.). 1998. On security. New York: Columbia University Press.

Lutz, G. 2006. The interaction between direct and representative democracy in Switzerland. Journal of Representative Democracy, 42(1):45–57. 

Mafeje, A. 1998. Democracy, civil society and governance in Africa. https://citeseerx.ist.psu.edu/viewdoc/download?doi=10.1.1.452.3807&rep=rep1&type=pdf (2 Oktober 2020 geraadpleeg).

—. 2002. Democratic governance and new democracy in Africa: Agenda for the future. Aanbieding tydens die African Forum for Envisioning Africa. Nairobi, Kenia, 26–29 April. http://www.foresightfordevelopment.org/sobipro/download-file/46-222/54 (11 November 2020 geraadpleeg). 

Maringira, G. en T. Masiya. 2017. When the military become a security and political threat: Zimbabwean army generals in electoral politics. African Security Review, 26(7):399–412. 

Michels, R. 2001. Political parties. A sociological study of the oligarchical tendencies of democracy. Vertaal deur E. Paul. South Kitchener: Batoche Books.

Mwanza, K. 2016. Banning social media is quickly becoming a trend in Africa. So who’s next? Afkinsider. http://afkinsider.com/129544/banning-social-media-is-becoming-a-trend-in-africa-so-whos-next (4 Oktober 2020 geraadpleeg). 

Nelson, C. 2018. Die rol van politieke partye en verkiesings in die konsolidering van demokrasie in samelewings, met spesiale verwysing na eietydse Suid-Afrika. LitNet Akademies, 15(3):310–50. https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2018/12/LitNet_Akademies_15-3_Nelson_310-350.pdf

Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika. 2014. National and provincial elections, 7 Mei. http://www.elections.org.za/content/Elections/Election-reports (5 Mei 2020 geraadpleeg). 

Ramose, M.B. 1999. African philosophy through “ubuntu”. Harare: Mond Books.

Raskin, M.G. 1976. Democracy versus the National Security State. Law and Contemporary Problems, 40:189–220. https://scholarship.law.duke.edu/lcp/vol40/iss3/7 (5 Oktober 2020 geraadpleeg).

Ronceray, M. en B. Byiers. 2019. Elections in Africa – Playing the game or bending the rules? ECDPM Discussion Paper (261). https://ecdpm.org/wp-content/uploads/Elections-Africa-Playing-Game-Bending-Rules-ECDPM-Discussion-Paper-261.pdf (4 Oktober 2020 geraadpleeg).

Rupyia, M. 2019. The military and politics in South Africa. How Ramaphosa “dodged a coup” after the ANC’s 2017 succession. In Rupyia e.a. (reds.) 2019. 

—. 2020. SANDF example shows how we can rethink African peace and security architecture. https://mg.co.za/article/2020-04-29-sandf-example-shows-how-we-can-rethink-african-peace-and-security-architecture (5 Mei 2020 geraadpleeg).

Rupyia, M.R., L. Teffo, S. Gutto en R. Gray (reds.). 2019. A glass half full or half empty? The challenges of political succession and elections in Africa. Kaapstad: Ssaali Publishing House. 

Schumpeter, J.A. 1976 [1942]. Capitalism, socialism and democracy. New York: Harper and Row.

Thomson, A. 2010. An introduction to African politics. Routledge: New York.

UNDP (United Nations Development Program). 2009. Elections and conflict prevention: A guide to analysis, planning and programming. http://www.undp.org/content/dam/aplaws/publication/en/publications/democratic-governance/dg-publications-for-website/elections-and-conflict-prevention-guide/Elections-Conflict-Prevention.pdf (5 Mei 2020 geraadpleeg).

United Nations. s.j. The Universal Declaration of Human Rights. https://www.un.org/en/universal-declaration-human-rights (5 Mei 2020 geraadpleeg).

—. s.j. International Covenant on Civil and Political Rights. https://www.ohchr.org/en/professionalinterest/pages/ccpr.aspx (5 Mei 2020 geraadpleeg).

Van Donk, M. en A. Williams (reds.). 2016. Claiming local democratic space. Perspectives from civil society on local governance in South Africa. Good Governance Learning Network. http://afesis.org.za/wp-content/uploads/2016/10/State-of-Local-Governance-SoLG-PublicationState-of-Local-Governance_Reclaiming-Local-Democratic-Space.pdf (11 November 2020 geraadpleeg). 

Velthuizen, A.G. 2019. Stabilisation or disruption: Managing security forces for democratic elections in Africa. In Rupyia e.a. (reds.) 2019.

Vreÿ, F. en H. Solomon. 2020. COVID-19 as a security threat: Some initial perspectives. SIGLA Research Brief, 7. https://www.ufs.ac.za/templates/news-archive-item-more/research/2020/april/covid-19-as-a-security-threat-some-initial-perspectives (5 Mei 2020 geraadpleeg).

Waever, O. 1998. Securitization and desecuritization. In Lipschutz, R. (red.). 1998. 

Williams, M.C. 2003. Words, images, enemies: Securitization and international politics. International Studies Quarterly, 47(4):511–6.

Wiredu, K. (red.). 2004. A companion to African philosophy. Oxford: Blackwell Publishing.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Die buigsaamheid van demokratiese verkiesings in Afrika: Manipulasie in belang van faksiebeskerming of mensgerigte veiligheid? appeared first on LitNet.

The flexibility of democratic elections in Africa: Manipulation in the interests of factional protection or people-oriented security?

$
0
0

Abstract 

The discussion starts off with the assertion that many states in the world, including some African states, are no longer fully complying with the requirements of free, fair, and valid democratic elections. The question arises as to whether democratic electoral processes in some states in Africa can still be in the interest of the well-being of all the people in a state. The aim of the article is, therefore, to determine how electoral manipulation by rulers in Africa promotes the interests of a ruling faction instead of the well-being of all people in the state (citizens of the state and others). To achieve this aim, the discussion analyses theoretical concepts applicable to the discussion: democratic elections; de-securitisation; liberal democracy; human security; national security; oligarchic dictatorship; social democracy; electoral democracy; representative democracy; securitisation; and stabilisation.

The author applies these concepts to different African contexts by referring to examples of electoral manipulation, including the case of South Africa as a liberal-democratic state in Africa. The discussion focuses on the underlying issues of electoral manipulation in Africa, in such a way that the article makes a contribution to political science as a general academic discipline and specifically to related disciplines such as public policy, peace studies, and security studies. The intention is also that the article will contribute to the strategic thinking of practitioners involved in avoiding and managing conflict while searching for solutions amid autocratic and oligarchic challenges. 

The author argues that a political ruling class has emerged in African states to protect the interests of their loyal supporters first. In these cases, the prosperity of all the citizens of the state is not the main consideration and ruling class governments do not succeed in addressing poverty and violent conflict. Incumbent governments rather fall back on electoral manipulation and intimidation to stay in power in the face of losing power through democratic elections. Election manipulation can be a combination of a change in legislation, manipulation strategies that include exclusionary tactics, intimidation, violence and even military intervention, as well as illegal tampering tactics at the technical level.

Indications are that autocratic states rely heavily on ethnic sentiments and ideological loyalties to consolidate a political ruling class. This argument is supported by the integration of literature research over a period of several years, own views based on the interpretation and physical observation of elections in Africa at different times and different settings over the past 40 years, as well as participation in conferences and training programmes over the past decade.

The discussion makes special reference to the work of experts from Africa, who base their knowledge on research conducted within the African field of knowledge to soften the usual dominant views from the Western world. This mitigation is done without ignoring valuable work by experts from outside Africa. The author expands on how democratic elections are manipulated and electoral fraud is committed by autocratic governments in Africa, without claiming that fraud takes place in all African states. In the discussion, events such as the Arab Spring that began in 2010 in North Africa and the Middle East were taken into account. 

The author found that liberal democracy, according to Western expectations, where human freedoms are constitutionally guaranteed (as in the US and Europe), has not reached full maturity in Africa. Although elections are held according to internationally accepted principles, and election fraud or manipulation is illegal, rulers aim to eliminate political competition to protect the interests of their loyal supporters. In such cases, the well-being of all the citizens of the state is not the main consideration of rulers (as in Zimbabwe, Nigeria, and Egypt). In states like these, representative democracy is compromised and governments fail to address poverty and violent conflict. Rather, governments of the day fall back on election manipulation to stay in power at all costs, knowing that the support of the majority of citizens is not guaranteed and that incumbents can lose an election.

Manipulative activities are accompanied by changes in legislation (such as in Egypt), manipulation strategies involving exclusionary tactics (such as in Ghana and Tunisia), intimidation and violence that may even include military intervention (such as happens regularly in West African states), as well as illegal tampering tactics at the technical level (such as in Nigeria and Zimbabwe). At the same time, efforts are being made to consolidate a ruling class based on ethnic sentiments and ideological loyalties (such as in South Africa, Tanzania and Zimbabwe). The author predicts that tendencies towards oligarchic dictatorship in Africa will continue and that the public space will probably be increasingly dominated by a political ruling class. This new political class is likely to pursue material wealth for itself while the multifaceted inequalities that exist in African societies will not be successfully addressed. A political ruling class in Africa is likely to come increasingly into conflict with a neglected civil society. Incumbent governments will depend on control over the legal system, institutions such as electoral commissions, and security forces to manipulate elections and intimidate voters.

Expanding the discussion to South Africa as a specific case study, the author investigates the risk of election manipulation in South Africa by presenting a political background and cites recent election experiences as well as the approach of the current South African government. In the case of South Africa, he finds that there are no indications that the government of president Ramaphosa will seek to change electoral legislation, or that a manipulation strategy is unfolding. However, a risk remains that people inside and outside the state structures, with suitable technical capabilities, may be ready to tamper with or illegally manipulate election results. The risk of manipulation will increase if the ruling party develops the perception that it will lose the election or suffer unacceptable losses at the ballot box, in which case loyal party cadres will maintain control over state security mechanisms and be ready to intervene if necessary. It is therefore important that all citizens of states in Africa, including security observers and activists in the run-up to elections, develop mechanisms to observe and detect indicators such as an effort towards legislative changes, policy statements, manipulation strategies, tampering and interventions that entrench the interests of a ruling class during elections at the expense of the people.

Keywords: democratic elections; de-securitisation; electoral democracy; human security; liberal democracy; national security; oligarchic dictatorship; representative democracy; securitisation; social democracy; stabilisation

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Die buigsaamheid van demokratiese verkiesings in Afrika: Manipulasie in belang van faksiebeskerming of mensgerigte veiligheid?

The post The flexibility of democratic elections in Africa: Manipulation in the interests of factional protection or people-oriented security? appeared first on LitNet.

Cordis Trust se Beiteltjies word wel in 2020 toegeken

$
0
0

Fanie Marais en Petronel Baard (foto’s voorsien)

Die gesogte Ordes van die Beiteltjie van die Afrikaanse Woordkunsakademie word vanjaar weer toegeken vir volgehoue geesdrif, betrokkenheid, deelname en eiesoortige sigbare resultate met verskeie aspekte van die Afrikaanse woordkuns in gemeenskapsverband.

Die toekennings, sal op Maandag, 30 November 2020, om 19:00, virtueel tydens 'n beeldstroom op Facebook en YouTube toegeken word. 

Nie minder as 30 toonaangewend woordkunskeppers- en fasiliteerders het sedert 2015 Ordes van die Beiteljie vanaf die Afrikaanse Woordkunsakademie, wat deur die Cordis Trust bedryf word, ontvang.  

Onder hulle is bekendes soos Marie Bredenkamp, Kobus Burger, Clinton du Plessis, Lisa Hanggli, Jopie Koen, Myra Lochner, Danie Marais, Mathys Roets, Lieze Stassen, Lizanne Barnard en Petro Hansen. 

Fanie Marais, Uitvoerende Trustee van die Cordis Trust, het gesê dit was inspirerend om te sien hoe Afrikaanse woordkuns gedy, selfs te midde van die beperkinge met die Covid-pandemie. "Met dié toekennings wil ons skryf-, dig-, drama- en liriekekuns aanmoedig met die klem op die ontginning van nuwe geleenthede. Ons wil belangstellendes uitnooi om in te skakel op ons beeldstroom op Maandag, 30 November 2020, op Facebook en op YouTube, en om saam met ons die inspirerende werk van die ontvangers te vier."  

Skakel gerus in op 30 November om 19h00.

Cordis Trust se Facebook blad www.facebook.com/cordistrust 

YouTube-kanaal,  https://www.youtube.com/channel/UC97YQxQyGJkbusl17MrwAxw

Besoek ook Cordis Trusts se webwerf vir meer inligting: www.cordistrust.co.za.

The post Cordis Trust se Beiteltjies word wel in 2020 toegeken appeared first on LitNet.

Mediavrystelling: Taalmonument vereer nuwe skrywers van Arabies-Afrikaans

$
0
0

كَن دجَي اَفرِيكَانس تُولِيس اِين عَرَبِيايس اُوف جَاوِي 

Ter ere van Versoeningsmaand, die afskaffing van slawerny asook die bydrae van Arabies-Afrikaans tot die taal se wording, word u uitgenooi na die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se geselligheid op 3 Desember 2020 om pryse aan die skrywers van nuwe Arabies-Afrikaans-werke te oorhandig.

As deel van die instelling se 45ste verjaardag het ons ’n kompetisie geloods waardeur Afrikaanse tekste in Arabiese of Jawiese (Arabies soos aangepas om spesifieke Afrikaanse klanke weer te gee) skrif getranslitereer kon word. Die positiewe reaksie en inskrywings het bewys dat daar steeds ’n groot belangstelling in Arabies-Afrikaans is.

Op 3 Desember sal die drie wenners tydens ’n geselligheid in die Historium Trust, Paarl, aangekondig word. Nie net sal agtergrond-inligting oor Arabies-Afrikaans gegee word nie, maar Hein Willemse, redakteur van Die Afrikaans van die Kaapse Moslems, sal ’n kort lesing lewer waarna vrae uit die gehoor gestel kan word. Die aand sal ook Versoeningsmaand vier en spesifiek die vrystelling van slawe aan die Kaapkolonie in Desember 1834 in herinnering bring. Heerlike Kaapse halaal verversings, nóg ’n bydrae deur die Afrikaanse Moslemgemeenskap, sal bedien word.

Arabies-Afrikaans, oftewel Afrikaans wat met behulp van die Arabiese alfabet geskryf is, word algemeen aanvaar as die eerste geskrewe vorm van Afrikaans. Talle geskrifte – soos studentenotaboeke, verkiesingsplakkate, publikasies en manuskripte – het behoue gebly; tot dusver is 74 van dié werke wat tussen 1845 en 1957 geskryf is, deur kundiges ontdek en geïdentifiseer. Hieronder tel uitstekende voorbeelde van die vroegste Afrikaanse literatuur. Daar word boonop vermoed dat heelwat onopgetekende Arabies-Afrikaanse geskrifte in privaatbesit is.

Volgens Michael Jonas, direkteur van die ATM, is die doel van hierdie kompetisie om ’n moderne bydrae tot hierdie unieke skryftradisie, te lewer. "Ons missie is immers om onder meer die versweë geskiedenisse van Afrikaans te belig en die ryke diversiteit van Afrikaans se ontstaansgeskiedenis asook haar moderne gedaantes te vier. Daarom wou ons mense aanmoedig om ook op hierdie manier hul deelname aan hierdie taal te herbevestig," sê hy. "In die Taalmuseum in die Paarl gee ons heelwat erkenning aan Abu Bakr Effendi wat in die 1800s ’n groot rol in die ontwikkeling van Arabies- Afrikaans, en derhalwe ook Afrikaans, in die Bo-Kaap gespeel het. Ons wil graag sien dat die Afrikaanse gemeenskap hierop voortbou."

Die beoordelaar is Shamiega Chaudhari, hoof van die Departement van Afrikaans aan die Universiteit van Fort Hare. Sy is nie net ’n kenner op Afrikaans en Arabies, en liefhebber van Jawies, nie, maar fokus ook op dekolonisering, identiteitstudies en oratuur. Volgens haar is min jonger Suid-Afrikaners bekend met Jawies, daarom het die kompetisie hulle die opsie gebied om die transliterering met die standaard-Arabiese alfabet te doen. "Ek beskou dit as heerlike uitdaging, en hopelik ook ’n manier om groter belangstelling in Jawies te ontlok," sê sy. Jawies word onder meer ook gebruik om Javanees, Acehnees en Banjarees met behulp van die Arabiese skrif te skryf. Omrede daar nie ’n gestandaardiseerde Arabiese of Jawiese weergawe van Afrikaans is nie, word deelnemers se werke nie gemeet aan wat absoluut korrek is nie, maar aan die oorspronklikheid en leesbaarheid daarvan.

Die wenner sal R5 000 kontant ontvang en die twee naaswenners R2 500 elk, geborg deur die Historium Trust. Die beste 12 inskrywings sal binnekort in die monument se Groen Galery uitgestal word waar die Romeinse en Arabiese/Jawiese weergawes van dieselfde Afrikaans teks naas mekaar sal verskyn. Meer inligting by www.taalmuseum.co.za/arabies-afrikaans/

Getalle word beperk, dus bevestig asseblief teen 1 Desember 2020 indien u die geleentheid gaan bywoon deur Jeffrey Pietersen op 021 872 3441 of bemarking2@taalmuseum.co.za te kontak. Aankoms en verversings is vanaf 18:00, met die amptelike program wat om 18:30 begin. Geen masker, geen toegang.

Vir meer inligting oor die opwindende geleenthede soos die musiekfeeste, pieknieks en gesprekke, skakel 021 863 0543/4809, besoek www.taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook. Jaarpermitte (tans teen 20%-afslag) is beskikbaar teen R120 vir individue of R220 per gesin, wat toegang tot alle Volmaanpieknieks insluit.

(Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/Arabiese_Afrikaans)

 

-------------------                                                                                                                                                                        

MEDIA RELEASE

كَن دجَي اَفرِيكَانس تُولِيس اِين عَرَبِيايس اُوف جَاوِي

 

In honour of Reconciliation Month, the abolition of slavery as well as the contribution of Arabic-Afrikaans to the language's creation, you are invited to the Afrikaans Language Museum and Monument's (ATM)'s event on 3 December 2020 to award prizes to the authors of new Arabic-Afrikaans works.

As part of the institution's 45th anniversary, we launched a competition whereby Afrikaans texts could be transliterated in Arabic or Jawi (Arabic as adapted to reproduce specific Afrikaans sounds). The positive responses and entries have proven that there is still a great deal of interest in Arabic-Afrikaans.

On 3 December, the three winners will be announced during an event at the Historium Trust, Paarl. Not only will background information on Arabic-Afrikaans be given, but Hein Willemse, editor of Die Afrikaans van die Kaapse Moslems, will give a short lecture after which questions can be asked by the audience members. The evening will also commemorate Reconciliation Month and specifically the liberation of slaves in the Cape Colony in December 1834. Delicious Cape halal refreshments, another contribution by the Afrikaans Muslim community, will be served.

Arabic-Afrikaans, or Afrikaans written using the Arabic alphabet, is generally accepted as the first written form of Afrikaans. Many Arabic-Afrikaans writings - such as student notebooks, voting posters, publications and manuscripts - have been preserved; thus far, 74 of these works written between 1845 and 1957 have been discovered and identified by experts. Among these are excellent examples of the earliest Afrikaans literature. In addition, it is thought that many more Arabic-Afrikaans writings are privately owned.

According to Michael Jonas, director of the ATM, the aim of this competition is to make a modern contribution to this unique writing tradition. "Our mission, after all, is to also highlight the lessor-known histories of Afrikaans and to celebrate the rich diversity of Afrikaans's development as well as its modern forms. That is why we want to encourage people to reaffirm their participation in this language in this way," he says. "In the Taalmuseum in Paarl we give a lot of recognition to Abu Bakr Effendi, who played a major role in the development of Arabic-Afrikaans, and thereby also Afrikaans, in the 1800s in the Bo-Kaap. We would like to see the Afrikaans community build on this."

The judge is Shamiega Chaudhari, head of the Department of Afrikaans at the University of Fort Hare. She is not only an expert on Afrikaans and Arabic, and enthusiastic about Jawi, but also focusses on decolonisation, identity studies and oratory. According to her, few younger South Africans are familiar with Jawi, therefore the competition offered them the option to do the transliteration using the standard Arabic alphabet. "I consider it a wonderful challenge, and hopefully also a way of provoking greater interest in Jawi," she says. Jawi is also used for among others to write Malay, Acehnese and Banjarese using the Arabic script. As there is no standardised Arabic or Jawi version of Afrikaans, entrants’ works are not measured by what is absolutely correct, but by their originality and readability.

The winner will receive R5 000 in cash and the two runners-up R2 500 each, sponsored by the Historium Trust. The best 12 entries will soon be exhibited in the monument's outdoor gallery, where Roman and Arabic/Jawi versions of the same Afrikaans text will appear side by side. More information at www.taalmuseum.co.za/arabies-afrikaans/

Numbers are limited, so please confirm by 1 December 2020 if you are going to attend the event by contacting Jeffrey Pietersen on 021 872 3441 or bemarking2@taalmuseum.co.za. Arrivals and refreshments are from 18:00, with the official programme commencing at 18:30. No mask, no entry.

For more information regarding all the other exciting events such as the music festivals, picnics and conversations, call 021 863 0543/4809, visit www.taalmonument.co.za or follow them on Facebook. Year permits (currently at a 20% discount) are available at R120 for individuals or R220 per family, which includes access to all Full Moon Picnics.

(Source: https://af.wikipedia.org/wiki/Arabiese_Afrikaans)

The post Mediavrystelling: Taalmonument vereer nuwe skrywers van Arabies-Afrikaans appeared first on LitNet.

Viewing all 21831 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>