Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21496 articles
Browse latest View live

George Hallett (1942–2020): Flitse van ’n fotograaf se lewe

$
0
0

Foto van George Hallett: Jimi Matthews

George Hallett, wat privaat veras word (Donderdag 9 Julie), was ’n cat met ’n kamera. Hulle word nie meer so gemaak nie. ’n Cat dra die kamera, waar hy ook al gaan, gemaklik om die skouer of om die nek; ’n cat sweefstap; ’n cat is aantreklik; en ’n cat is altyd, na die Kaapse uitdrukking, “nat geslat” – of in die Engels van Hallett se een broer, John: “He liked to dress well.”

Om dié cat se mond en in sy oë het altyd ’n ondeunde glimlag getrek waarvan jy nie sommer kon wegkyk nie; waarop jy, soos met bepaald die skoner geslag die geval was, maklik verlief kon raak. Dít, en sy kenmerkende bos donker hare. Maar wanneer ’n cat ’n fotograaf is – en dit is dalk die vernaamste karaktereienskap om van George Hallett te onthou – stel hy jou, die model, gerus voor die kamera, laat hy jou glo die kamera se lens (én die fotograaf) respekteer jou én is verlief op jóú.

Die persoon, die subjek, wat hy afneem, het hy geglo, moes nooit as ’n blote objek gehanteer word nie: “You could not photograph the subject if you didn’t understand the subject,” is wat die nuusman Jimi Matthews aan’t huis by Hallett in die suide van Frankryk geleer het.

Én dat jy foto’s máák; nie slegs maar foto’s néém nie.

“George was always conscious of the potential power of his images and that is why he spent so much time in planning his portraits,” skryf Ryland Fisher in verlede naweek se Weekend Argus.

*

Die kreatiewe vurk in die pad vir Hallett, wat in Houtbaai by sy grootouers opgegroei het, was op ’n jong ouderdom ’n keuse tussen sy twee groot belangstellings: skilderwerk en fotografie.

Hierin het die skrywer Richard Rive, destyds sy Engels-onderwyser aan South Peninsula High, ’n bepalende rol gespeel. Rive was ’n gerekende literêre figuur, bekend in kunskringe, en dié wêreld het ook uit ander cats bestaan, soos die kunstenaar Peter Clarke en die digter en kortverhaalskrywer James Matthews. Clarke is deur Rive vir sy mening oor Hallett se vroeë skilder- en fotografiepogings gepols; en Clarke se gevoel was dat Hallett meer potensiaal as ’n fotograaf eerder as ’n skilder getoon het.

Clarke, ook digter, skrywer en illustreerder van boeke, se gevoel was in die kol.

Dit was in dié soort geselskap van Rive, Clarke, Matthews en Clarence Coulson en ook die vroeë proponente van wat nou alom as Kaapse jazz bekend staan, onder wie die pianis Abdullah Ibrahim, toe nog Dollar Brand, dat Hallett se liefde vir boeke, lees, kuns en musiek ontkiem het. Ook sy politieke bewustheid, en nie net sy kulturele ontwaking nie, het sodoende gegroei.

Hierdie bewustheid en ontwaking is waarskynlik waarom ons vandag toegang het tot die waardevolle Hallett-portefeulje van die ou Distrik Ses voordat dié woongebied in 1966 wit verklaar en daarna platgestoot is. Dit was Matthews (sr) wat hom aangemoedig het om dit te doen, lees jy in More than brothers – Peter Clarke & James Matthews at 70, saamgestel deur Hein Willemse (Kwela Boeke, 2000), en waarvoor Hallett talle foto’s van die twee uiteenlopende mentors en skrywerbroers verskaf het.

Maar sy eie vyf jonger broers was van kindsbeen af reeds sterk onder die indruk van sy artistieke flair waaraan hy hulle ook mettertyd blootgestel het: in ’n donkerkamer vir die ontwikkeling van sy foto’s wat hy in die gesin se agterplaas ingerig het. Foto’s was sy skilderwerk, sy komposisies, sy poësie. En daarmee saam onthou John: “George was a restless individual, always looking for a change.”

*

Foto van George Hallett: Jimi Matthews

Hierdie “rusteloosheid” het gemaak dat Hallett, wat verlede Woensdag op 78 jaar oorlede is, in 1970 sy geboorteland vir Europa verruil het. “Sometimes the exile is self-imposed; sometimes it is enforced,” herinner Cosmo Pieterse lesers in die voorwoord van die versamelbundel Seven South African poets (Heinemann, 1971); “but it is exile, not the grand global tour.”

Selfopgelegde ballingskap was egter goed vir Hallett, het hom tot ikoniese status as fotograaf verhef, met aansien soortgelyk aan die aansien wat ander fotograwe plaaslik geniet, onder andere Peter Magubane, Jürgen Schadeberg, Omar Badsha, David Goldblatt. Dit was grootliks te danke aan die feit dat sy paaie in Londen met die uitgewer James Currey van Heinemann gekruis het, ’n geleentheid waarvoor ’n ou vriend en Suid-Afrikaanse uitgewekene, Isaiah Stein, die aanvoorwerk gedoen het.

“We met in a beautiful traditional pub with ornate mirrors and dark wooden interiors,” beskryf Hallett met die gedetailleerde oog van ’n fotograaf die ontmoeting in Currey se boek Africa writes back – The African Writers Series & the launch of African literature (2008).

Die atmosfeer was plesierig en gemoedelik, vertel hy voorts; ander direkteure van Heinemann was ook teenwoordig, “enjoying a tankard of bitter”, terwyl Currey geanimeerd gepraat het oor die African Writers Series (AWS) en hoedat hy die omslae wou aanpas van die “akademiese” gebruikstyl van tekeninge voorop na ’n meer kontemporêre gebruik van foto’s. (Wat die AWS toe reeds in die uitgewerswêreld onderskei het, sê Willemse, was die gebruik van sagtebanduitgawes eerder as die standaardgebruik van hardeband eerste.) Het hy al enige omslae in Suid-Afrika gedoen? wou die uitgewer Currey van die fotograaf Hallett weet. Um, natuurlik, ja; ja, het die fotograaf geantwoord ... behalwe dat hy nie enige voorbeelde saamgebring het nie, maar as Currey hom ’n geleentheid sou gun, sou hy hom wys waartoe hy in staat is.

Boekomslag voorsien deur Dickie & Bugler Narratives

’n Afskrif van die manuskrip van Dominic Mulaisho se The tongue of the dumb is dié dag saam met Hallett huis toe en nadat hy tot omtrent middernag daaraan gelees het, het hy sy gedagtes laat gaan oor moontlike illustrasies vir die voorblad. Dit is toe dat hy onthou van die foto wat hy van ’n houtbeeld van Frank Brown, familie van Clarke, geneem het; dié foto het hy in repe opgesny, herrangskik en ’n nuwe illustrasie daaruit geskep.

Currey kon die volgende oggend sy oë nie glo nie – en só is die weg gebaan vir ’n kreatiewe verhouding met Heinemann Educational Books wat langer as ’n dekade geduur het. Modelle vir die omslae het bestaan uit lede van die Suid-Afrikaanse gemeenskap van politieke bannelinge – Pallo Jordan (later onder meer minister van kuns en kultuur), Gavin Jantjes, Louis Moholo, Lorna de Smit en ander, terwyl artefakte en uniforms uit die Britse museum en ’n massiewe pakhuis, asook Afrika-maskers uit plaaslike galerye, gesorg het dat tonele herskep kon word asof die fotosessie in Nigerië, Gabon, of selfs Distrik Ses plaasgevind het.

“Dit was veral die intellektuele binding tussen sy fotografie en die teks van die boeke wat die AWS ’n spesifieke identiteit gegee het,” sê Willemse vir die doel van hierdie huldeblyk.

Maar Hallett het sy rol nie beperk tot net die skep van kreatiewe voorblaaie nie; die skrywersfoto’s wat op die agterblaaie gebruik is, aanvanklik meestal van die paspoorttipe, moes ook ’n omwenteling ondergaan, het hy hom voorgeneem. Wanneer hy dan gehoor het een van Heinemann se Afrika-skrywers was op besoek aan Londen, het hy ’n afspraak gereël om ordentlike portretfoto’s van die skrywer te neem.

Ook die Afrika-skrywerskonferensies in 1979 in Berlyn en in 1980 in Frankfurt, asook die Culture & Resistance-konferensie in 1982 in Gabarone, Botswana, het hom die gulde geleentheid gebied om hierdie skrywers op film vas te lê.

Jy kan dié foto’s op die voorblad van Currey se Africa writes back sien. Dit stel die room van die pioniers van Afrika-letterkunde in Engels ten toon: Chinua Achebe, Ngũgĩ wa Thiong'o, Bessie Head, Alex la Guma, Wole Soyinka, Dennis Brutus, Dambudzo Marechera, Nuruddin Farah.

Hallett se fotografie “is ’n rekord van ’n periode”, sê Willemse, professor in letterkunde aan die Universiteit van Pretoria. “En het jy die omslag van Maru van Bessie Head gesien?” vra hy. Die voorblad is ’n illustrasie van ’n opmerking oor sy werk deur Hallett self in Currey se boek: “I had to create my covers with real people and objects.” In dié geval is ’n jonger weergawe van die nou ook befaamde Suid-Afrikaanse skrywer Zoë Wicomb as model gebruik.

*

Portretstudies is waardeur hy hom onderskei het, ofskoon dit vir nuusfoto’s was dat hy sy grootste internasionale erkenning ontvang het, naamlik ’n Golden Eye-toekenning van die World Press Photo-vereniging in Amsterdam. Dit was vir die opdragwerk van die ANC (moontlik gemaak deur Jordan) om Nelson Mandela in die aanloop tot die geskiedkundige 1994-verkiesing op film vas te lê; om dié onlangs vrygelate vryheidsvegter, onderweg na sy reïnkarnasie as eerste staatshoof van ’n demokratiese Suid-Afrika, “aan die wêreld te wys” (in Neelika Jayawardane se woorde op die webwerf Africa is a Country).

Ongetwyfeld is dit hierdie werk wat later ook aan Hallett die rol as amptelike fotograaf van die Waarheid-en-versoeningskommissie besorg het. (Meer volledige inligting oor sy lewenslange werk, tentoonstellings en publikasies kan onder meer op die SA History Online-webwerf gevind word: https://www.sahistory.org.za/people/george-hallett.)

“Wat jou die meeste van sy portraiture getref het, was die stille wyse waarop hy die persoon of die toneel kon vasvang – en dit is opvallend in die [pryswenner-]reeks met Nelson Mandela,” sê sy vriend Rashid Lombard, self ’n legendariese fotograaf. “En ook die feit dat hy, jy weet, ’n konneksie maak met die persoon wat hy afneem; dat hy seker maak die persoon is bewús van hom.”

Om dit te kon vermag, verduidelik Lombard, moes hy homself eers instudeer in die persoon en in die onderwerp en in die omstandighede en in die politiek en, uiteindelik en vernaamlik, in die lewe. Hierby voeg Matthews (jr) ’n belangrike les wat hy by Hallett geleer het toe hy vir sowat agt maande by hom in die suide van Frankryk gewoon het: “Indien die persoon nie afgeneem wil word nie, dan doen jy dit nie.” Maar veral die volgende les van ’n leermeester aan sy leerling (wat ook as model vir van die Heinemann-omslae diens moes verrig): “Fotografie is die uitdrukking van ’n idee of iets wat jy wil sê.”

Dit waaraan George Hallett onomwonde in sy fotografie uitdrukking wou gee, wat hy wou beklemtoon, was die léwe van ’n individu en ’n samelewing en ’n land – en sy eie passie daarvoor en belangstelling én geloof daarin, hetsy dit die memorialisering van Distrik Ses was voor hy land-uit is of ná sy terugkeer, ’n kwarteeu later, die land se eerste demokratiese verkiesings en die WVK-proses. Soos Zaza Hlalethwa op Arts24 skryf: “As South Africa goes through another cycle of addressing the legacies left by colonialism [and apartheid], Hallett’s ability to capture pockets of pride and joy in the midst of perpetual turmoil continues to serve as a pertinent part of the country’s visual archive.”

Die woord joy kom ook voor in sy dogter Maymoena se huldeblyk: “Nobody can doubt his artistry in capturing beauty and joy in everything he saw through his eyes and his lens (...)”, toe sy verlede Woensdag op Facebook sy dood bekend gemaak het – vreedsaam in sy slaap, ná ’n lang siekbed. Gedurende hierdie tydperk, omtrent vier jaar lank, wou hy nie werklik mense sien nie. Miskien wou hy hê almal wat hom geken het, moes hom onthou soos wat die foto’s deur Matthews (sr) en ander hom uitbeeld en soos wat Lombard hom in ’n onderhoud op eNCA en Mymoena hom op Facebook beskryf het: “We will always remember him for his light, his laughter, his boisterous personality, his outrageous jokes and being the life and soul of many a party.”

Oor die kunstenaar Beauford Delaney het James Baldwin in 1965 geskryf: “Perhaps I should not say, flatly, what I believe – that he is a great painter, among the very greatest; but I do know that great art can only be created out of love, and that no greater lover has ever held a brush.”

Oor die fotograaf George Hallett word daar gesê dat hy sonder twyfel een van Suid-Afrika se grootstes was; en as dit waar is wat Baldwin oor Delaney geskryf het, dat gróót kuns slegs uit liefde geskep kan word, dan het geen groter minnaar al ooit ’n kamera vasgehou as die cat George Hallett nie.

The post George Hallett (1942–2020): Flitse van ’n fotograaf se lewe appeared first on LitNet.


Pasverskyn: Maggie – My lewe in die kamp deur Maggie Jooste

$
0
0

Titel: Maggie – My lewe in die kamp 
Outeur:
Maggie Jooste 
Uitgewer: Tafelberg

ISBN: 9780624090250

Maggie is die merkwaardige verhaal van ’n Afrikaanse tienermeisie en haar belewenis van die Anglo-Boereoorlog.

Margaretha (Maggie) Jooste was net 13 jaar oud toe oorlog uitbreek, en haar lewe onherroeplik verander. Ná maande se huisarres in Heidelberg, Transvaal, is sy, haar ma en jonger broers en susters na ’n konsentrasiekamp in Natal. Daar het hulle honger, onsekerheid en verlies ervaar, maar ook verrassende goedhartigheid van Britse soldate.

Hierdie baie persoonlike vertelling, in haar eie woorde, is ’n verhaal van swaarkry, maar ook van medemenslikheid en vriendskappe oor vyandsgrense. ’n Goue draad is die band tussen die Joostes en die Engelssprekende Russell-familie wat lank voor die oorlog bure en vriende was. Terwyl die Britse soldate en Boerekommando’s oorlog voer, het die Russells in die geheim aan die Joostes kos voorsien om hulle te help oorleef, en hulle ook ná die oorlog ondersteun.

’n Aangrypende en diep ontroerende, maar ook hartverskeurende, ware verhaal.

The post Pasverskyn: <i>Maggie – My lewe in die kamp</i> deur Maggie Jooste appeared first on LitNet.

LitNet: Reguit met Robinson

Afrikaanse dialekte in die klaskamer: Kô lat ôs praat

$
0
0

Foto van Elvis Saal: verskaf

1. Inleiding

Dialekte geniet maar nog steeds slegs beperkte aandag in die Afrikaans-klaskamer, en daarmee saam is die sosiale evaluering van dialekte is ook nie altyd gunstig nie. Dialekte word dikwels eerder gesien as ’n besoedeling van die standaardvariëteit, eerder as wat dit as ’n hulpbron gesien word wat waarde tot die verwerwing van die standaardvariëteit kan toevoeg.

Daar is ook nog weinig ondersoeke gedoen na dialektiese gebruik in die klaskamer.

In hierdie praatjie word van die veronderstelling uitgegaan dat dialekte as bepaalde hulpbronne beskou behoort te word wat die Afrikaans-klaskamer kan verryk en kan bydra tot ’n versterking van die standaardvariëteit.

’n Gesprek oor dialekte in die Afrikaans-klaskamer behoort die volgende diskoerse in te sluit:

  • die houdings van onderwysers en leerders ten opsigte van die gebruik van dialekte in die klaskamer
  • die verbreding van Standaardafrikaans deur voorsiening te maak vir dialektiese variasie.

 2. Watter waarde kan dialekte tot die Afrikaans-klaskamer toevoeg?

Die heersende siening is dat dialektiese gebruik in die klaskamer ’n negatiewe invloed kan hê op die bemeestering (of verwerwing) van die standaardvariëteit. Niestandaarddialekte word gesien as struikelblokke om die standaardvariëteit baas te raak. Hierdie beskouing van dialekte lei daartoe dat niestandaarddialekte geassosieer word met "verkeerde", "slegte", "onopgevoede", "afwykende", "skollie"-taalgebruik. Nie net word hierdie persepsies en sosiale evaluerings van dialekte gehuldig deur die onderwysers nie, maar die leerders self ontwikkel ’n gestigmatiseerde beeld van hul dialektiese gebruik – die standaardvariëteit word gesien as "goed" en "reg", en die niestandaarddialekte noodwendig as "sleg" en "verkeerd". So ’n verwerping en stereotipering van dialekte bedreig die individuele en sosiale identiteit van die spreker (en kan tot vervreemding van die standaardvariëteit lei en die bemeestering daarvan bemoeilik).

Die Afrikaans-klaskamer behoort dialekte te erken, terwyl leerders bemagtig word om die standaard te bemeester. Dit is belangrik dat Standaardafrikaans nie gesien word as ’n vervanging van die dialek nie, maar eerder dat Standaardafrikaans voorgehou word as ’n alternatiewe en addisionele dialek wat bepaalde (sosiale en akademiese) voordele inhou vir diegene wat dit goed genoeg bemeester (Babich 1987:93). Die klem moet dus in die Afrikaans-klaskamer daarop val om bidialektiese en multidialektiese leerders te produseer eerder as op ’n monodialektiese benadering (met Standaardafrikaans wat al die ander dialekte vervang). Leerders moet aangemoedig word om hul linguistiese repertoire uit te brei deur ’n tweede dialek, die standaarddialek, te bemeester as deel van ’n breër kommunikatiewe beheersing (Babich 1987:92). Dit stel leerders dan in staat om soomloos by verskillende gesprekskontekste aan te pas deur die gepaste dialek, styl of kode vir die verlangde konteks te aktiveer.

Die literatuur wys daarop dat dialekte ook waardevol kan wees in die bemeestering van die standaardvariëteit. Een tegniek wat Afrikaansonderwysers kan inspan, is om leerders te wys op die verskille tussen hul dialekte en Standaardafrikaans. Navorsing in tweedetaalverwerwing het aangetoon dat die bewuste identifisering van die taalkenmerke wat aangeleer moet word, die proses van verwerwing kan fasiliteer. Dialekte kan ingespan word as ’n hulpbron om die verskille tussen twee taalsisteme op ’n bewuste vlak te aksentueer/identifiseer, en sodoende kan die standaardvariëteit wat beheers (verwerf) moet word, optimaal gefasiliteer word (Sharifan 2008:132–3). Afrikaansonderwysers behoort te put uit die ryk linguistiese struktuur van leerders se dialekte om hulle te help om Standaardafrikaans gepas te beheers. Op hierdie wyse kry Afrikaanse dialekte ’n groter legitimiteit in die klaskamer en word die beheersing van Standaardafrikaans ’n meer positiewe ervaring. So ’n vergelykende benadering, eerder as ‘n foutontledingsbenadering, impliseer natuurlik dat die onderwyser self ’n mate van dialektiese kennis moet besit om die relevante verskille te kan uitwys. Dialektiese opleiding word dan ’n belangrike dimensie in die talige opleiding van onderwysers om hulle te sensiteer vir dialektiese verskynsels en hoe dit van Standaardafrikaans verskil.

Deur ’n dialeksensitiewe benadering kan leerders ’n bidialektiese beheersing ontwikkel wat hulle bemagtig om meerdere identiteite te projekteer na gelang van die sosiokulturele konteks.

Die vrese dat dialekte die standaardvariëteit sal besoedel indien dit in die klaskamer ingebring word, blyk ongegrond te wees. Navorsing dui daarop dat in kontekste waar dialekte aanvaar en as hulpbron aangewend word (soos in klaskamers), dialekte weinig tot geen negatiewe invloed op die verwerwing van die standaard het nie. Trouens, die navorsers wys daarop dat sulke dialektiese blootstelling in die klaskamer positief inspeel op leerders se vermoë om die standaard te bemeester, asook hul algehele akademiese prestasie (vgl Sharifan 2008:135). Literêre tekste waarin dialekte verteenwoordig is, is ’n waardevolle hulpmiddel om ruimte te skep vir dialekte in die klaskamer. Sulke tekste kan gebruik word om te beweeg van die bekende (dialekte) na die onbekende (die standaard), van die private na die openbare taalgebruik, en leerders kan ’n sensitiwiteit ontwikkel vir die vele konteksgebruike van dialekte. Afrikaansonderwysers wat blootgestel word aan dialekte in die klaskamer, kan baat daarby vind om die geskiedenis en kultuur van Afrikaans in sy vele geografiese skakerings te bestudeer.

Die Afrikaans-klaskamer behoort nie ’n ruimte te wees waar dialekte heeltyd "gekorrigeer" moet word nie; dit behoort eerder ’n ruimte te wees waar bidialektiese sprekers ’n bepaalde stel linguistiese vaardighede ontwikkel wat hulle in staat stel om in meerdere kontekste gepas en effektief te kan funksioneer. So ’n bi- of multidialektiese benadering in die klaskamer vra vir ’n bepaalde kopskuif van die Afrikaansonderwyser waardeur dialekte in die Afrikaans-klaskamer die nodige erkenning en respek sal geniet en ook met ’n groter sensitiwiteit bejeën sal word.

3. ’n Veelkantiger Standaardafrikaans (oftewel Skryfafrikaans) met ’n breër dialektiese basis?

Al in die negentigerjare het Ponelis (1992) gewag gemaak dat Standaardafrikaans in oorgang is, maar hierdie oorgang is hoofsaaklik toegedig aan die bepalende rol wat Engels in Afrikaans speel. Vanaf die negentigerjare het daar sporadies stemme opgegaan vir die herstandaardisering oftewel demokratisering van Standaardafrikaans, dws dat die leksikale en grammatikale basis van Standaardafrikaans uitgebrei moet word om dialektiese variasie te vergestalt. Wat leksikale variasie betref, is daar belangrike kopknikke al gemaak in die verskillende uitgawes van die AWS (2007; 2017). Die insluiting van leksikale items uit Kaapse Vernakulêre Afrikaans (en veral woorde van Arabiese en Maleise oorsprong) getuig hiervan:

boeja (vader), barakat (gasvryheidsgeskenk), eid/labarang (fees), eid-moebarak (seëngroet), garaam (verbode), inkommer, kanalla (asseblief), koefia (fes), kris (Christen), ouboeja (oupa), pang (aanspreekvorm vir man), sjoekran (dankie), tatta (oupa), trammakassie (dankie).

In die 2017-uitgawe van die AWS is die volgende paar leksikale items uit Oranjerivierafrikaans ingesluit:

aans/aanstons (binnekort), groos (trots), onbruikbaar, onlekker, sibbie of siebie (sagte reën), vaaldag (dagbreek), voorstebos.

Leksikale variasie in Standaardafrikaans kan deur normerende bronne soos die AWS en HAT gelegitimeer word. Ongelukkig bestaan daar nie ’n soortgelyke normerende bron/liggaam vir die grammatikale variasie van Afrikaans nie. Om te bepaal wat as grammatikaal aanvaarbaar of gepas gesien word, wend taalgebruikers hulle tot gesaghebbende handboeke/bronne oor taal soos Norme vir Afrikaans (jongste uitgawe: Norme vir Afrikaans: Moderne Standaardafrikaans (2018)). In hierdie normerende bron word daar egter nog weinig voorsiening gemaak vir die insluiting van dialektiese kenmerke as talige opsies by Standaardafrikaans. ’n Polilektiese grammatika ontbreek dus nog in Afrikaans, dws ’n grammatika wat talige opsies uit die dialektiese rykheid naas die standaard- grammatikale kenmerke legitimeer.

Die vraag ontstaan watter dialektiese kenmerke, grammatikaal gesproke, in so ’n polilektiese grammatika verreken behoort te word. Indien frekwensiegebruik as bepalende maatstaf gebruik word, dan kan die volgende algemene en dialektiese spreektaalmerkers as potensiële talige opsies oorweeg word vir insluiting in so ’n veelkantiger grammatika (vgl die korpuslinguistiese studie van Saal en Donovan 2019 oor Afrikaanse tieners se skryftaal):

  • Veranderinge in die voorsetselpatroon: Die hoë voorkomsfrekwensie van veranderinge in die voorsetselpatroon dui op die wisselende gebruik van voorsetsels wat taalverandering in die hand kan werk. Voorbeelde:

En hulle gaan vir ons vir ’n spin vat.
Ek het nie vir hom gehoor nie.
Daar is baie tienerswangerskappe in die jeug (x onder).
Hulle almal loop net heeldag op die strate (x in).

  • Agteropplasing van bepaalde uitdrukkings: Onder invloed van Engels kan die verskynsel eindrelevering algemener word in formele Skryftaalafrikaans.

Toe wil die hond my byt van Duncan-hulle.
En die ander voertuie het gewag aan die linkerkant.
’n Klein hond wat by die hek gestaan het en blaf aanhoudend.

  • Die onverboë vorm van die attributiewe adjektief in die plek van die verboë vorm.

Ons land het pragtig inwoners.
Meestal van die tieners vandag in die modern lewe dink alles gaan oor populêriteit.

  • Die toenemende regularisering van die werkwoordvorme ‒ die frekwente voorkoms van regularisering in verskeie streke verhoog die waarskynlikheid dat hierdie verskynsel in die toekoms toenemend in die skryftaal sal voorkom.

Dis lekker om vandag hier te is.
Hoe kan jy ᾽n kind het en jy is self ᾽n kind?
Hulle het toe toegang tot die geld gehet.

  • Die weglating van die lidwoorde en die toenemende gebruik van mees as graadtrapvorm – die vorm meeste sonder die lidwoord die, asook die graadtrapvorm mees (soos in mees algemeenste) maak alreeds ᾽n gereelde verskyning in die skryftaal.

Daar is nie geld om huis af te betaal nie.
Die tieners word deel van bende.
Meeste van die mense rook hier.

  • Herstrukturering van die werkwoordpatroon (infinitiefvorm ingesluit) – onder Engelse invloed kan veranderinge in die werkwoordpatroon al hoe gereelder voorkom:

Ek dink dat hy het dit gesê.
Die kind het nou sy ma gaan sê wat is hy aangedoen.
Terwyl ons stap swembad toe, kry ek ᾽n helse koppyn.

  • Die voegwoord wat om tydspuntbysinne in te lei – die wisselende gebruik van wat en toe as voegwoorde kan taalverandering in die hand werk:

Wat ons by die N7 kom ...
Wat ek bo water kom asem ek eers ᾽n klomp suurstof ...

  • Weglating van die hulpwerkwoord het, die koppelwerkwoord is, onderwerp en voegwoord:

Ons toe stilgehou om vir haar te wag, maar al wat uitkom is sy. (x Ons het toe ...)
... dat dit die regte oomblik om seks te beoefen (x die regte oomblik is ...)
Kon nêrens afswaai nie, want daar was klippe langs die pad. (x Ek kon nêrens ...)
 Hulle los die sport gebruik alkohol (x Hulle los die sport en gebruik ...)

Om grammatikale verbreding teweeg te bring, is natuurlik geen maklike taak nie. Dit is wel moontlik dat ’n assesseringsliggaam soos Umalusi bepaalde dialektiese opsies as legitieme skryfvorme vir Skoolafrikaans kan onderskryf waardeur hierdie dialektiese vorme groter erkenning geniet en as gepaste skryfvorme aanvaar word. Dit is egter ’n proses wat met groot omsigtigheid bestuur moet word, sodat dit nie lei tot verdere negatiewe taalhoudings wat weer vervreemdend inwerk op leerders se dialekbeskouing nie. Dit is egter belangrik dat grammatikale variasie strukturele wettiging moet geniet en nie bloot aan individuele oordeel toegelaat moet word nie. Hulpbronne (in die vorm van leermateriaal, oefeninge, handleidings, ens) moet ontwikkel word waarvolgens so ’n veelkantiger grammatika aangebied word.

Waar laat dit Afrikaansonderwysers egter? Onderwysers se taak bly ’n komplekse taak deurdat dialektiese variasie in Skryfafrikaans tans nog as stilisties onvanpas gesien word in meer formele skryfstukke. Dit bly die taak van die onderwyser om met die nodige sensitiwiteit hierdie stylfoute aan te toon en die standaardopsie te voorsien. Sulke styl-"foute" kan natuurlik die basis vorm vir ’n taalles oor die verskille tussen die leerder se dialek en die standaardvorm/skryftaal wat hy/sy poog om te bemeester.

Die literatuur wys daarop dat grammatikale variasie nie so sigbaar is as leksikale variasie nie en dus eintlik onder die oppervlak voorkom. Om grammatikale verandering in Standaardafrikaans teweeg te bring vereis ’n bepaalde taalaktivisme en dat dialekte toenemend in die openbare domein ingespan word as skryfkode om die sigbaarheid daarvan te verhoog. Op hierdie wyse sal dialekte as skryfkode weinig geïgnoreer kan word, en sal daar ruimte gemaak moet word vir hierdie dialektiese skryfvorme in Standaardafrikaans.

Bibliografie

Babich, RM. 1987. Dialects in the classroom: Their functions, some potential problems and guidelines for teachers. Journal of Thought, 22(4):89–94.

https://www.jstor.org/stable/42589251 (3 Februarie 2020 geraadpleeg).

Carstens, WAM. 2018. Norme vir Afrikaans. Moderne Standaardafrikaans. Sesde uitgawe. Pretoria: Van Schaik.

Ponelis. FA. 1992. Standaardafrikaans in oorgang. In Webb (red) 1992. 

Saal, EO en D Lawrence. 2019. "Ons skryf soos ons praat": Informalisering van geskrewe Afrikaans onder Afrikaanse tieners. LitNet Akademies, 16(1):19–63. https://www.litnet.co.za/category/akademies/litnet-akademies (3 Februarie 2020 geraadpleeg).

Sharifian, F. 2008. Aboriginal English in the classroom: An asset or a liability? Language Awareness, 17(2):131–8. https://www.tandfonline.com/action/journalInformation?journalCode=rmla20 (3 Februarie 2020 geraadpleeg).

Webb, VN (red.). 1992. Afrikaans ná apartheid. Pretoria: Van Schaik.

Lees ook:

Kaaps in die klaskamer – ’n onderhoud met Earl Ray Basson

’n Manifes vir Afrikaans – ’n repliek

Multilingual schools, multilingual universities: an interview with Russell Kaschula and Michael Kretzer

Wie is die “bruin mense” en watter taal praat hulle? Repliek op Mercy Kannemeyer

 

The post Afrikaanse dialekte in die klaskamer: Kô lat ôs praat appeared first on LitNet.

Skrywersonderhoud: Nederlandse skrywer Esther Verhoef gesels oor Liewe Mamma

$
0
0

Esther Verhoef praat met Naomi Meyer oor die Afrikaans-vertaling van Verhoef se boek, Liewe Mamma.

Foto van Esther Verhoef: Wikipedia

Liewe Mamma
Esther Verhoef
Uitgewer: LAPA
ISBN:9780799399189

Esther, jy is ’n bekende skrywer in Nederland en skryf ook graag rillers. Liewe Mamma sou as domestic noir beskryf kon word. Wat trek jou na hierdie genre aan?

Mijn solothrillers zijn allemaal domestic/psychologische thrillers. Ik vind het interessant om relatief normale mensen, bij voorkeur gezinnen, in een extreme situatie te plaatsen, zodat je je als lezer goed met hen kunt verhouden en je je vroeg of laat gaat afvragen: wat zou ík doen?

Een gewapende home invasion is een dankbaar thrilleronderwerp en ik wist dat ik er invoelbaar over kon schrijven. We zijn zelf, als gezin, door het oog van de naald gekropen. Toen onze kinderen nog klein waren, de jongste was nog een baby, hebben dieven ’s nachts bij ons ingebroken. Ze hebben onder meer de autosleutels uit de keukenla gepakt en zijn er met onze auto vandoor gegaan. Dat de hond, een Duitse herder, niet geblaft heeft, was vreemd. De volgende ochtend kwamen we er pas achter. De recherche herkende de manier van werken en vertelde ons dat we bestolen waren door professionals. Leden van een internationale bende uit Oost-Europa die de bewoners een vuurwapen tegen het hoofd zetten als ze de autosleutels niet snel genoeg konden vinden. We hadden geluk gehad, zeiden ze. Ik heb hier jarenlang slecht van geslapen. De dieven zijn nooit gepakt.

Ek wil nie graag dat mens van jou karakters se geheime verklap nie, maar dalk kan jy my meer van jou karakters vertel?

Als ik begin te schrijven, heb ik vaak nog nauwelijks een beeld bij de karakters. Ze ontstaan gaandeweg. Het kan heel goed zijn dat iemand in het begin van het schrijfproces een ander uiterlijk of een andere baan heeft dan halverwege het boek. Ik herschrijf heel veel, blijf schaven totdat het een vloeiend geheel wordt.

Wat betreft Ralf, Helen en Werner: het zijn mensen die we hier in Nederland allemaal wel kennen. Een werkende moeder die worstelt met haar puberende kinderen, een afwezige vader die alleen maar met zijn werk bezig is, en een onbegrepen, boze jongen die zich laat beïnvloeden door verkeerde vrienden.

Hoe doen jy jou navorsing?

Voordat mijn eerste thriller werd gepubliceerd heb ik circa 60 informatieve boeken over dieren geschreven, waaronder encyclopedieën. Ik ben het gewend om te researchen en vind dat ook heel leuk om te doen. Uiteindelijk gebruik ik misschien nog geen procent van wat ik te weten ben gekomen over de onderwerpen, maar het helpt mij als schrijver wel om me volledig in te kunnen leven. Helen, de moeder van het gezin in Liewe Mamma, is verkoeververpleegkundige (verpleegkundige op herstelkamer). Om me te kunnen verplaatsen in haar leven ben ik gaan praten met verkoeververpleegkundigen in een ziekenhuis, met hun leidinggevenden en artsen. Een verkoeververpleegkundige heeft me de operatiekamers laten zien en me verteld hoe haar werkdag eruit ziet. Ze heeft alle protocollen met me doorgenomen en ook verteld hoe de onderlinge verhoudingen zijn tussen de mensen die er werken. Zo leerde ik bijvoorbeeld dat iedereen dezelfde schoenen en uniformen moet dragen, en dat je je alleen maar kunt onderscheiden door middel van je sokken. Daarom zijn kleurrijke, grappige “happy socks” heel erg in trek bij verplegend personeel. Ik leerde ook dat je je telefoon niet mee naar de werkvloer kan nemen, in verband met bacteriën, dat is belangrijke informatie: Helen kan dus niet bellen of gebeld worden tijdens haar werk. Ook leerde ik dat verkoeververpleegkundigen wat dominanter zijn van karakter dan een gemiddelde verpleegkundige, omdat ze moeten kunnen omgaan met chirurgen. Zo leer je duizenden dingen, en een deel ervan kan ik dan gebruiken. Hoe meer inside info ik krijg, hoe beter ik me kan inleven in mijn protagonist, en hoe echter het wordt. De verkoeververpleegkundige heeft me daarom ook laten zien waar ze haar auto parkeert, via welke route ze naar binnen loopt, waar ze een access-pas nodig heeft, waar camera’s hangen, wie je wel/niet groet, et cetera. Pas als ik achter mijn laptop zit en met gesloten ogen de hele route kan lopen, voelen, ruiken, dan kan ik de betreffende scène schrijven. Mijn doel als schrijver is dat mensen áchter de woorden komen, dat ze mijn verhaal beleven, dat de personages net zo gaan leven voor hen als voor mij.

Op ’n stadium skryf Ralf oor “hierdie mense”. Dis asof jy self oor “hierdie mense” nadink, en binne-in jou storie is. Ek het gewonder of jy “hierdie mense” ken, of mense wat optree soos die karakters in jou storie. Ken jy die mense op wie jy jou karakters baseer?

Ha! Dit is een van de mooiste complimenten die ik me kan wensen, en ik denk dat dit ook een mooie opsteker is voor de vertaler. Ik schrijf altijd op deze manier, ik word één met mijn karakters. Er komt altijd een moment in het schrijfproces waarin de fictieve wereld echter aanvoelt voor mij dan de werkelijke wereld.

Antwoord op je vraag: nee, ik ken deze mensen niet, ik heb ze gecreëerd J. Maar kan ik me voorstellen dat zogenaamd normale mensen (als die al bestaan) dit soort dingen doen? Jazeker. Als het gaat over liefde, geld, je gezin beschermen, dan geloof ik dat mensen tot alles in staat zijn. En helemaal als ze in het nauw komen.

Wat van Ralf? Het jy tieners in jou huis?

Beide. Toen ik Liewe Mamma schreef waren onze kinderen 14, 16 en 19 jaar oud. Ik kende (en ken nog steeds) mensen met kinderen in deze leeftijden.

Vertel my van die tienerkarakters soos Ralf in ’n land soos Nederland.

Er bestaat een grote groep jongeren in Nederland zoals Ralf. De leeftijd van 17-19 jaar is, vind ik, een heel verwarrende. Er gebeurt veel op sociaal vlak. Je krijgt de drang om je eigen leven te gaan leiden, om uit te zoeken wie je bent en wat je wilt in je leven, maar je bent nog totaal afhankelijk van je ouders en leraren, en op de arbeidsmarkt tel je niet echt mee. Er is nog zoveel onzeker over je toekomst. Voor Ralf betekent zijn auto zijn persoonlijke vrijheid, daarom gaat al zijn geld eraan op. Geld is altijd een issue op die leeftijd. Ik wilde zo’n jongen profiel geven, hem leren begrijpen.

Via mijn zoon ben ik geïntroduceerd bij jongens die buiten de maatschappij dreigden te vallen. In het begin zaten ze onderuitgezakt op een rijtje op de bank met hun pet diep over hun voorhoofd getrokken wantrouwend naar me te kijken, of ze keken me helemaal niet aan, maar toen ze doorkregen dat ik werkelijk interesse had in hun levens, dat ik wilde weten wat er in hun hoofd en levens speelde om hen een stem te geven, en niet meteen met een oordeel klaarstond, heb ik veel van hen geleerd. En daarvan uiteraard veel in Liewe Mamma verwerkt.

Vertel my van misdaad in Nederland: Hoe is die situasie daar?

We hebben onze problemen, maar in vergelijking met wat ik over ZA lees, geloof ik dat we in een zeer veilig land wonen.

Met 17 miljoen inwoners die relatief dicht op elkaar wonen (Nederland is 30x kleiner dan ZA) hebben we te maken met 100-150 geregistreerde moorden per jaar.

In een onlangs gehouden onderzoek geeft circa tweederde van de Nederlanders aan zich veilig te voelen (vrouwen 60%, mannen 75%). Er zijn verschillen per gemeente en provincie. In Amsterdam en Rotterdam wordt je sneller beroofd dan in een plattelandsdorp.

Seksueel geweld tegen vrouwen is nog steeds wel een issue. Er wordt aangenomen dat één op de ca 6-9 Nederlandse vrouwen is verkracht. De officiële cijfers vallen vele malen lager uit omdat het merendeel van de vrouwen geen aangifte doet. Dat doen ze onder meer niet uit angst en schaamte, en omdat het heel erg moeilijk is om een verkrachter veroordeeld te krijgen. De opgelegde straffen zijn bovendien laag. Het wettelijke maximum is 12 jaar, maar dat wordt nooit gegeven. Gemiddeld gaat een verkrachter hier 1,5 jaar de gevangenis in. Daders zijn vaak bekenden van het slachtoffer.

In Liewe Mamma krijg je wel een en ander mee van de manier waarop de kinderen in Nederland kunnen bewegen. Nederlandse jeugd fietst naar school, die soms wel 10-12 km van huis ligt, en naar hun sportclubs. Vaak ook als het donker is of slechter weer. Jongere kinderen, van 6-10 jaar gaan vaak lopend naar school, die in dezelfde wijk staat. Iedere ouder leert zijn kinderen op te passen voor onbekenden, die angst zit er natuurlijk bij iedereen, vooral bij moeders, in, maar de grootste, en mijns inziens reële angst is waarschijnlijk dat het kind in het verkeer gewond raakt, of erger.

Het jy Liewe Mamma beplan voordat jy dit geskryf het? Of hoe werk jou skryfproses – is dit organies?

Tijdens een schrijfperiode ben ik volledig toegewijd aan het werk. Ik verdwijn in de wereld van mijn personages. Het nieuws volg ik dan niet, ik ben niet beschikbaar voor interviews en mijn telefoon staat meestal uit. Ik schrijf meer vanuit mijn onderbewuste dan met mijn rationele hoofd. Vaak zet ik een koptelefoon op en draai ik muziek die me in een bepaalde stemming brengt en houdt.

Het verhaal, de plot, de karakters, vrijwel alles ontstaat gaandeweg, tijdens het schrijfproces. Ik begin met een scène of een dialoog die in me opkomt en waar ik een goed gevoel bij heb. Het eerste hoofdstuk dat ik schrijf kan midden in het boek terechtkomen, of zelfs het laatste hoofdstuk worden. Of zelfs helemaal niet in het boek terechtkomen.

Ik wil als schrijver bij voorkeur, net zoals de lezer, verrast worden. 

Natuurlijk kan ik wijzigen wat ik wil. Ik kan teruggaan in de tekst en een kind ietsje ouder maken, zodat het wél een rijbewijs heeft als dat verderop in het boek handiger uitkomt. Ik kan een extra personage toevoegen. Er zijn altijd manieren om een verhaal kloppend te krijgen, al komt het niet vanzelf. Deze manier van werken brengt veel onzekerheid en frustratie met zich mee. Ik heb het dus al vaker op andere manieren geprobeerd, om net als collega’s die ik ken, te beginnen met een raamwerk dat ik later kan invullen. Maar dat werkt voor mij helaas gewoon niet.

Het jy van jou karakters gehou, ook al neem hulle swak besluite?

Ik denk dat deze vraag grotendeels is beantwoord in de voorgaande vragen. Ik leef me overmatig in, research veel, dompel me volledig onder in mijn verhaal. Omdat ik me weken, maar als het nodig is ook weleens maanden achtereen terugtrek, voelen de mensen uit mijn boeken soms echter dan de mensen in de werkelijke wereld.

Ik hoef de personages uit mijn boeken trouwens niet per se leuk te vinden. Het gaat erom: heb ik er plezier in om ze vorm te geven? Hoe verder iemand van mij als persoon afstaat, hoe interessanter het vaak wordt om in zijn of haar huid te kruipen. Acteurs vinden het ook vaak leuker om een bad guy te spelen in plaats van een brave burger. Juist met die twisted characters kun je als schrijver stevig gas geven.

Wie is van jou gunstelingskrywers?

Ik ben een heel brede lezer van bij voorkeur non-fictie, dat zal niet als een verrassing komen. Fijne boeken die ik afgelopen jaar las, zijn bijvoorbeeld Sapiens van Yuval Noah Harari en The hidden life of trees van Peter Wohlleben. Ik grijp daarnaast liever naar een roman dan een thriller. Omdat ik zelf thrillerauteur ben, zie ik vaak wat mijn collega doet, of probeert te doen, en dat neemt het leesplezier weg. Bovendien ben ik meer geïnteresseerd in de schrijfstijl en psychologie dan in “de technische puzzel”.

Tot de beste thrillers die ik heb gelezen reken ik Gone girl van Gillian Flynn en de Japanse thriller De nachtploeg van Natsuo Kirino. De laatste roman die ik las en erg goed vind, is van Pat Barker: The silence of the girls.

Is Ralf bang vir die polisie? In hierdie tyd waarin #blacklivesmatter op die voorgrond is, is Ralf ook ’n soort simbool van ’n karakter op die marge?

Ralf is niet op deze manier bang voor de politie.

[Even voor de duidelijkheid: Hij is bang voor de straf, niet om vermoord te worden. Die grote issues spelen hier veel minder.]

Bij jongens van Ralfs leeftijd spelen in Nederland andere dingen. Ik heb deze verhalen gehoord van zowel witte als gekleurde jongens. Met name in provinciesteden (waar Liewe Mamma zich afspeelt) is de politie geneigd om jongens van circa 13-19 jaar weinig ruimte te geven. Generaliserend is het overdag op school voor hen al moeilijker dan voor meisjes. Jongens zijn drukker, onrustiger, ze willen bewegen en kunnen zich minder goed concentreren en halen minder goede punten. In groepjes bij elkaar op straat gaan staan praten en roken wordt niet altijd getolereerd, omdat het omwonenden een onveilig gevoel geeft. (In onze cultuur blijf je vaak binnen, op straat hangen wordt niet gewaardeerd.) Ze worden veel vaker gecontroleerd in het verkeer, krijgen vaker boetes voor kleine vergrijpen zoals lopen door rood licht of een fietslampje dat het niet doet. Dat beetje geld dat ze dan verdiend hebben door bijvoorbeeld vakken te vullen in een supermarkt of kranten rondbrengen, zijn ze dan weer kwijt aan de boete. Dat zien veel van deze jongens als pesterijen en machtsmisbruik, ze worden er opstandig en boos van. Meisjes hebben deze ervaringen niet, of veel minder.

Onze zoon had een app op zijn telefoon waarop jongens elkaar inseinden over politiecontroles.

Why did you choose such a subject to build a career on? What do you want to acchieve with the book?

I didn’t.

What I specifically tried to do with Liewe Mamma – besides writing a page-turner that feels very genuine and crawls under your skin – was to bring two worlds together: those of the teenagers and their parents. There is a large gap between most parents and their teenage children. Many parents don’t have a clue what their children are doing when they are not at home. By reading the other one’s perspective you get some insight into their specific problems, which hopefully leads to more understanding. Liewe Mamma is read by parents and their teenage children.

Videoland/RTL has made a television series of Liewe Mamma which will be broadcast in The Netherlands in autumn.

The post Skrywersonderhoud: Nederlandse skrywer Esther Verhoef gesels oor <em>Liewe Mamma</em> appeared first on LitNet.

Bekroonde Libertaskoor hou aanlyn vertoning ten bate van liefdadigheid

$
0
0

Die bekroonde Libertaskoor (Foto: Mark Cloete Photography)

Sluit aan by die bekroonde Libertaskoor op Saterdag 11 Julie om 19:00 vir ’n virtuele aanlyn vertoning, gelei deur seremoniemeester Gillian Arendse. Die koor beplan om ’n verskeidenheid ikoniese Suid-Afrikaanse liedjies te sing, en daar is ook solisuitvoerings om die gehoor te betower. Instrumentale begeleiding word aangebied deur Gerhard Niemand op die klavier, die Ramon Alexander Trio, en Zorada Temmingh op die orrel.

Die vertoning sal tot 18 Julie beskikbaar wees om te kyk.

Die konsert word aangebied deur Visit Stellenbosch as die eerste aanbieding in die konsertreeks Stellenbosch On Stage, waarvan alle inkomste ten bate is van Stellenbosch Unite se welsynspogings ten opsigte van kwesbare gemeenskappe gedurende die COVID-19-pandemie.

Johan de Villiers, wat sedert die stigting van die koor in 1989 die dirigent van die koor is, vertel meer oor hul eerste aanlyn vertoning.

Johan de Villiers (Foto: Mark Cloete Photography)

Vertel asseblief meer oor die Libertas-koor se opkomende aanlyn konsert – wat maak jou opgewonde daaroor?

Die COVID-19-pandemie is ’n geweldige nekslag vir kore, aangesien repetisies en konserte voor gehore tans buite die kwessie is. Die Libertas-koor se opkomende aanlyn konsert is dus vir ons ’n fantastiese geleentheid om steeds aktief en relevant te bly.

Wat beplan jul vir die optrede? Watter liedjies gaan die koor sing?

Ons program is kontemporêr en gevarieerd, met ’n sterk fokus op ons land en die uitdagende tye wat ons nou beleef. Koorverwerkings van musiek deur ons eie ikone soos Laurika Rauch, Amanda Strydom, Ibrahim Khalil Shihab, Miriam Makeba en Dan Heymann word afgewissel met ’n tradisionele Zoeloe-gebed, asook ’n verskeidenheid van immergroen internasionale treffers, tesame met ’n toonsetting van Nelson Mandela se aangrypende “Let there be justice for all”-toespraak deur die eietydse Walliese komponis Karl Jenkins. Die Libertas-koor se talentvolle soliste tree gereeld op die voorgrond, en die begeleiding word verskaf deur Gerhard Niemand op klavier, sowel as die Ramon Alexander Trio.

Die Libertaskoor by ’n optrede in 2019 (Foto: André Engelbrecht)

Dit is die eerste keer dat julle ’n aanlyn konsert aanpak, reg? Wat is die uitdagings hiervan vir julle?

Hierdie is inderdaad ons eerste aanlyn konsert, met al die gepaardgaande unieke uitdagings daarvan. Die opnames is ’n mengsel van aparte video’s deur my as dirigent asook elke koorlid aan huis, tesame met sommige van die soliste se bydraes waarvoor daar ’n spesiale sessie gehou is. Ons is bevoorreg om ’n videoredigeerder van die kaliber van Gys Loubser te hê, terwyl die klankaspekte ten beste versorg word in die bekwame hande van Heinrich Frans. Om alles sinvol te integreer in ’n musikale produksie wat visueel sowel as klankgewys bevredig, was ’n opwindende spanpoging vir ons in die Libertas-koor en ons hoogs gewaardeerde tegniese deskundiges.

Is dit vreemd om te dink dat daar nie “fisies” ’n gehoor gaan wees vir hierdie optrede nie?

’n Virtuele gehoor in plaas van ’n fisiese een is beslis ’n nuwigheid vir ons, maar ons gaan vir seker deur die skerm probeer dring om dieselfde soort kontak met ons gehoor te bewerkstellig!

Die Libertaskoor by vanjaar se Toyota US Woordfees (Foto: Mark Cloete Photography)

Die Libertaskoor by vanjaar se Toyota US Woordfees (Foto: Mark Cloete Photography)

Die konsert is ten bate van liefdadigheid, reg?

Ja, absoluut! Die konsert word aangebied deur Visit Stellenbosch as die eerste aanbieding in die konsertreeks Stellenbosch On Stage, waarvan alle inkomste ten bate is van Stellenbosch Unite se welsynspogings ten opsigte van kwesbare gemeenskappe gedurende die pandemie.


Kaartjies vir die konsert is slegs R100 en nou beskikbaar via Computicket, met die opsie om ’n #Support Stellenbosch Wine Box ook te koop.

Dié wynboks bestaan uit ses uitgesoekte bottels wyn en is in drie opsies beskikbaar: eksklusief witwyn teen R670/boks, eksklusief rooi teen R770/boks en gemengde bokse teen R720 elk. Bokse word gepak met ’n niespesifieke samestelling van ’n wye reeks van die streek se top produsente.

The post Bekroonde Libertaskoor hou aanlyn vertoning ten bate van liefdadigheid appeared first on LitNet.

Die nuusmedia se toekoms het opgedaag

$
0
0

Die aankondiging deur Media24 vandeesweek dat verskeie van sy publikasies gaan sluit, het hewige emosies onder Afrikaanse lesers ontlok. Volksblad en Die Burger Oos-Kaap sal voortaan nie meer op winkelrakke te koop wees of op lesers se voorstoep neerplof nie – hulle sal slegs in digitale formaat beskikbaar wees op Netwerk24. Verskeie ander Afrikaanse titels bly egter heeltemal in die slag: Die Afrikaanse poniekoerant Son op Sondag en Son Oos-Kaap gaan sluit; die gemeenskapskoerante Noordkaap en Kalahari Bulletin word saamgevoeg as ’n enkele publikasie; so ook Kroonnuus en Vrystaat Nuus wat Vrystaat Kroonnuus word.

Die Afrikaanse tydskrif-landskap gaan ook anders daar uitsien. Die frekwensie van maandblaaie soos Sarie, Tuis, Weg! en ander bekende publikasies word verminder tot tweemaandeliks, en die redigering van verskeie van hierdie publikasies word uitgekontrakteer.

Die sterk reaksie van Afrikaanse lesers is waarskynlik gegrond op die hegte band wat hulle oor jare met hierdie titels opgebou het. Die Afrikaanse drukmedia se geskiedenis is nou verweef met Afrikaner-identiteit en ’n etniese nasionalisme – die Vrystaatse dagblad is immers die “volk” se blad; Sarie is ’n “vriendin” vir haar lesers; geslagte lesers het grootgeword met Huisgenoot op die koffietafel in hul ouerhuis.

Dis ook ’n emosionele saak vir ’n Afrikaanse leserspubliek wat al vir jare voel hul taal word bedreig (ten spyte daarvan dat die Afrikaanse middelmootmark in populêre musiek en vermaak skynbaar onstuitbaar is). Nietemin sal Media24 se besluit ’n beduidende impak hê. Meer as 500 mense sal na raming hul werk verloor en ’n groot aantal redaksionele posisies sal slegs op vryskutbasis bly voortbestaan. ’n Vaste salaris in die Afrikaanse joernalistiek gaan in die toekoms klaarblyklik al meer van ’n uitsondering word.

Hoewel dit dus vir baie werknemers ’n tragiese besluit sou wees, en vir baie lesers ’n hartseer een, is die skuif nie verrassend nie. Wêreldwyd was die drukmedia al vir jare in ’n wurggreep. Die migrasie van lesers van gedrukte publikasies na digitale platforms het meegebring dat tradisionele advertensie- en intekenaargebaseerde sakemodelle in duie gestort het – hoewel daar nog nie een duidelike en beproefde suksesresep is om wins uit aanlyn joernalistiek te maak nie.

Die COVID-19-pandemie het hierdie proses skielik versnel en die krisis verdiep. Die advertensie-inkomste van nuuspublikasies – sowel in die druk- as in die uitsaai- en digitale media – het skielik skerp gedaal. Dis nie slegs ’n Suid-Afrikaanse probleem nie: derduisende nuusmediawerknemers in die VSA het vanjaar al hul werk verloor, of hul salarisse is besnoei, en heelwat publikasies moes al hul deure sluit. Daar word voorspel dat die helfte van nuuswerkers dwarsoor Afrika hul werk voor die einde van die jaar kan verloor. Die eerste Suid-Afrikaanse slagoffers was die tydskrifgroep Associated Media Publishing (AMP) wat verlede maand sy deure gesluit het, met die gevolg dat tydskrifte soos Cosmopolitan, House & Leisure, Good Housekeeping en Women on Wheels nie meer sal verskyn nie. Kort op hul hakke was die uitgewer Caxton. Met die sluiting van CTP se tydskrifafdeling het onder meer Rooi Rose in die slag gebly. Dis veral die klein, onafhanklike publikasies wat swaar getref is. Die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (SANEF) bereken dat sowat 80 klein drukmediapublikasies reeds moes toemaak, met 700 werksgeleenthede wat verdwyn het. Vryskutjoernaliste het nie aan die slagting ontkom nie – na raming het sowat 60% van vryskutjoernaliste ’n groot proporsie, indien nie alles nie, van hul inkomste verloor.

So erg is die wydverspreide werkverlies dat dit SANEF genoop het om ’n noodfonds op die been te bring met die doel om joernaliste wat hul werk verloor het, by te staan met noodsaaklike uitgawes soos kos en klere.

Die sluiting van drukmediapublikasies moet egter nie misverstaan word as die kwyning van joernalistiek as sodanig nie. Plaaslike navorsing deur SANEF, sowel as internasionale navorsing deur die Reuters-instituut aan die Universiteit van Oxford,  toon ’n skouspelagtige toename in die gebruik van veral digitale nuus rondom die COVID-19-pandemie. Dit blyk duidelik dat te midde van die oorweldigende hoeveelheid inligting, sowel as die groeiende bedreiging van misinformasie (wat reeds as ’n infodemie beskryf is), daar ’n groot behoefte aan betroubare inligting is. Terwyl Suid-Afrikaanse radiostasies ’n toename in luistergetalle bemerk het gedurende die grendeltyd, is daar terselfdertyd ’n reusetoename in die gebruik van nuuswebtuistes (’n 72%-styging in Maart, met ’n 44%-styging in unieke besoekers byvoorbeeld). 

’n Ander skynbare ironie rondom Media 24 se sluiting en afskaling van hul drukmedia-afdeling is deur verskeie kommentators aangedui: Dit volg kort op Media24 se moedermaatskappy, Naspers, se jaarverslag waarin daar gerapporteer word dat Bob van Dijk, hoof- uitvoerende beampte van dié konglomeraat, die afgelope jaar R276 miljoen se vergoeding (’n basiese salaris van R23,5 miljoen plus byvoordele) ontvang het. Vir dié kommentators dui dit op misplaaste prioriteite in die maatskappy of op ’n ongevoeligheid jeens die lot van werknemers.

Die moraliteit van die vergoeding van hoof- uitvoerende beamptes is ’n legitieme onderwerp wat waarskynlik in die postpandemie wêreld meer aandag sal geniet nadat die skreiende ongelykhede en onvolhoubaarheid van ongebreidelde kapitalisme deur die virus aan die kaak gestel is. In hierdie geval dui die gaping tussen Van Dijk se reusevergoeding en die skielike werkloosheid van honderde Media24-werknemers egter nie bloot op die inherente ongelykhede van kapitalisme nie. Dit vergestalt in hierdie geval ook die verskuiwing in die maatskappy se prioriteite – en in ’n groot mate, die verskuiwings wat in die mediabedryf oor die algemeen plaasgevind het. Van Dijk staan aan die hoof van ’n reusesakeonderneming waarvan Media24 maar slegs een onderdeel is. Naspers is, ondanks sy ontstaansgeskiedenis as die joernalistieke en literêre onderbou van Afrikanernasionalisme, nie meer primêr op die nuus- en boekbedrywe ingestel nie. Dié konglomeraat sou vandag meer akkuraat as ’n globale tegnologiemaatskappy beskryf kon word met belange regoor die wêreld. Binne hierdie internasionale opset val die klem al meer op e-handel, soos die ontbondeling van die verbruikersinternetgroep Prosus (wat op sowel die Johannesburgse as die Amsterdamse effektebeurse genoteer is) getuig. Die grootste opgewondenheid rondom Prosus (waarvan Naspers ongeveer ’n kwart besit) die afgelope maande was die (mislukte) poging van Prosus in Desember verlede jaar om die kitskosafleweringsdiens Just Eat teen sowat 5,1 miljard Britse pond te koop (die maatskappy besit reeds aandele in soortgelyke afleweringsdienste in Duitsland, Indië en Brasilië). Naspers se verbintenis tot e-handel blyk ook uit sy investering in die plaaslike e-handel-platform Takealot, wat gegroei het tot die grootste van sy soort in Suid-Afrika. Gesien vanuit hierdie maatskappyperspektief, maak dit kommersieel minder sin om te bly belê in die aflewering van papierkoerante op voorstedelike voorstoepe as in die aflewering van verbruikersgoedere.

Anders as kitskos, is die nuusmedia egter natuurlik ’n kommoditeit wat ’n belangrike impak op die gesondheid van ’n demokratiese, ingeligte samelewing het.  Die kommer oor die sluiting van Media24 se publikasies behoort dus oor meer as die nostalgiese verlange na ’n verbygegane era of die kwyning van Afrikaans te gaan. In ’n tyd waarin misinformasie hoogty vier, waar mense op sosiale media al hoe meer hulself onttrek in die knus gemak van filterborrels, omring van ander wat net soos hulle dink, en waar die openbare diskoers dikwels al meer lyk soos ’n modderstoeikryt, is ’n veelstemmige mediasektor uiters belangrik. Vanuit hierdie perspektief sal die vraag dalk anders klink: Tot watter mate dra publikasies by nie slegs tot maatskappywinste nie, maar ook tot die dividende van die demokrasie? Vanuit hierdie oogpunt is dit veral jammer dat soveel kleiner gemeenskapskoerante – die meeste daarvan onafhanklike uitgewers buite die Media24-stal –  reeds hierdie jaar die onderspit gedelf het. Vir baie lesers in plattelandse gemeenskappe of townships spreek hierdie publikasies moontlik veel duideliker tot hul eie ervarings as groot nasionale media of digitale platforms. Dit is hoekom die uitsaaimedia, veral die openbare sender en gemeenskapsradiostasies, so ’n onmisbare deel van ons medialandskap moet bly en waarom die gesondheid van hierdie sektor ook veel meer aandag en besorgdheid moet geniet.

Die digitale omwenteling is onafwendbaar, en geen mate van rou oor die drukmedia van die verlede gaan dié proses keer nie. Daar is reeds vele voorbeelde van hoe digitale platforms gebruik kan word om betroubare nuus te verskaf, verskeie daarvan juis binne die Media24-groep – News24 is byvoorbeeld onlangs bevind as die mees vertroude nuusplatform in die land. Daar is ook verskeie ander voorbeelde van hoëgehalte- digitale nuusplatforms met die potensiaal om spesifieke taal- en kultuurgemeenskappe te bedien (LitNet en Vrye Weekblad), ondersoekende joernalistiek te onderhou (soos Daily Maverick), as ’n nuusagentskap te dien (soos Groundup), of spesialisnuus te verskaf (die platform Bhekisisa doen wonderlike verslaggewing oor die pandemie).

Die omwenteling het egter ook genoodsaak dat alternatiewe befondsingsmodelle ondersoek sal moet word – dit sluit in betaalmure, intekenings of befondsing deur nieregeringsorganisasies, filantropiese stigtings of donateurs.

Sover dit die kommersiële media betref, is die era van gratis internetnuus waarskynlik verby.

Soos die Media24-afleggings toon, het die nuusmedia nie die pandemie se ekonomiese verwoesting vrygespring nie. Die toekoms van die nuusmedia het net vinniger opgedaag as wat moontlik verwag is.

The post Die nuusmedia se toekoms het opgedaag appeared first on LitNet.

ATKV vier vanjaar 90ste bestaansjaar

$
0
0

Gerrie Lemmer

Die ATKV is vanjaar 90 jaar oud en so ’n mylpaal kan nie anders as om gevier te word nie.

Die afgelope 90 jaar al spits die ATKV hom daarop toe om Afrikaans te bewaar en te bevorder, en het dié organisasie van krag tot krag gegaan. Vandag se ATKV is ver verwyderd van die ATKV wat in 1930 deur slegs 12 mense gestig is – die organisasie het volgens hul webtuiste nou ongeveer 70 000 hooflede, met 30 kultuurprojekte per jaar  wat bykans 55 000 inskrywings genereer en meer as 220 000 mense regstreeks betrek.

Gerrie Lemmer, die uitvoerende hoof van kultuur van die ATKV, gesels oor dié mylpaal.

Gerrie, die ATKV is vanjaar 90 jaar oud – hoe voel dit om hierdie mylpaal te vier en wat beplan jul alles?

Watter groot jaar is dit nie vir die ATKV nie. Om 90 kersies dood te blaas is beslis nie almal beskore nie. Mason Cooley het eenkeer gesê: “Lees gee vir ons ’n plek om heen te gaan wanneer ons moet bly waar ons is.”

Min het ons geweet wat 2020 vir die land (en die wêreld) inhou, en dat die COVID-19-pandemie-regulasies ons letterlik sou inperk.

Ons besluit om in dié feesjaar veral op lees te fokus, het weer eens onderstreep dat lees die ideale manier is om jou wêrelde te verbreed (veral as jy letterlik by die huis moet bly).

ATKV-takke woeker reeds om projekte aan te pak wat die waarde van lees onderstreep.

Vat ons terug na 90 jaar gelede, na die ATKV se beginjare – hoe en waarom is die ATKV gestig?

Die naam van Sybie van der Spuy word onlosmaaklik aan die ATKV verbind. Onder sy leiding is die aanvoorwerk gedoen om die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging op 19 Augustus 1930 in Kaapstad te stig. Die ATKV is destyds as debatsvereniging in die Suid-Afrikaanse Spoorweë & Hawens gestig om aan die werkgewer te toon dat taal en kultuur vir die Afrikaanse personeel belangrik was. By hierdie debatsaande was daar ook optredes van mense wat ’n sang- of klaviersolo gelewer het – seker daar waar die ATKV se kultuurafdeling begin het. In 1936 is die plaas Hartenbos naby Mosselbaai aangekoop sodat die personeel daar kon gaan vakansie hou. Dit was inderdaad die begin van die ATKV-oorde.

Die ATKV is deur 12 mense gestig as ’n organisasie waar mense die lekkerte van Afrikaans-wees met mekaar kon deel.

Hoe lyk vandag se ATKV teenoor die ATKV van 90 jaar gelede?

Die ATKV was oor al die jare, en is nog steeds, ’n voorloper ten opsigte van talle aspekte van die Suid-Afrikaanse taal-en-kultuur-huishouding en in die toerismebedryf. Dit is nie nou anders nie, en die ATKV vervul op vele terreine steeds ’n leidende rol.

In die woorde van die besturende direkteur, Sonél Brits, is die ATKV se “selfopgelegde taak” om teen 2020 steeds “om te sien na die diverse Afrikaanse gemeenskap se taal- en kultuurbehoeftes met sy fisieke, intellektuele en morele komponente”. Ná 90 jaar wil die organisasie steeds die verskil wees wat hy al vir jare vir Afrikaans in Suid-Afrika was.

Hoe het die ATKV dit reggekry om die “toets van die tyd” te deurstaan en 90 jaar later steeds voortstrewend te wees? 

Die ATKV se rol om inklusief te wees, om brûe te bou, en om persepsies te verander, staan vas. Die voordele van hierdie benadering word bevestig met die uitstekende impak van die ATKV se projekte. Die suksesse wat by ATKV-takke behaal word, was nog nooit so inspirerend soos nou nie. Die derduisende jongmense wat aan ATKV-projekte deelneem en by ATKV-jeugtakke aansluit, skep hoop vir die toekoms.

Hoe sou jy sê het die ATKV dit reggekry om oor die jare relevant te bly, te transformeer, en by die veranderende tye aan te pas?

Aanpasbaarheid is ’n vaardigheid wat individue en organisasies in staat stel om voort te bestaan. In 90 jaar moes die ATKV by veranderende tye aanpas en het ons dit ook reggekry. Dink maar aan die vernuwing van projekte (hier moet ons beslis ook verwys na ons nuutste DigiProjekte), die lidmaatskapmodel wat oopgestel is vir ’n ieder en ’n elk wat lief is vir Afrikaans, en ook ons fokus op Afrikaans se tweedetaalsprekers.

Die ATKV het nog nooit teruggestaan vir ’n uitdaging nie. Deur te luister kon ons daarin slaag om behoeftes in die mark wat ons dien te identifiseer en planne te beraam om dit te vervul.

Wat is sommige van die noemenswaardige mylpale of hoogtepunte wat die ATKV oor die afgelope dekades gevier het?

Die ATKV het ’n baie interessante tydlyn. Ons het nog altyd die vermoë gehad om by die eksterne omgewing aan te pas. Dit is die rede waarom die ATKV na 90 jaar nog sterk staan. Van die mylpale is:

1930 – Die ATKV word gestig!

1931 – Die eerste uitgawe van die Taalgenoot.

1934 - Mev MS Pienaar word die eerste vroulike lid van die ATKV.

1936 – Die uitvoerende komitee koop die plaas Hartenbos.

1938 – ’n Simboliese ossewatrek vertrek vanaf Hartenbos na die Voortrekkermonument in Pretoria.

1943 – Die Vrou-en-Moeder-beweging word deel van die ATKV.

1946 – Die ATKV koop die huis van generaal Johan Rissik om die ATKV-hoofkantoor te vestig.

1949 – Die ATKV se ledetal steek die 50 000-merk verby.

1956 – ATKV-Natalia-strandoord word gekoop.

1965 – ATKV-Tienertoneel word vir eerste keer aangebied.

1973 – ATKV-Klein-Kariba word gekoop.

1974 – ATKV-Crescendo word vir eerste keer aangebied.

1976 - Die Hartenbos-museum word geopen.

1980 – Die ATKV vier sy 50ste bestaansjaar.

1983 – ATKV-Kampustoneel en Toneelteksprys word vir die eerste keer aangebied.

1984 – Die ATKV-prosaprys word bekendgestel. Dalene Matthee was die eerste ontvanger van die prys vir Kringe in ’n bos.

1990 – Die ATKV-skryfskool word bekendgestel.

1993 – Die ATKV koop ATKV-Buffelspoort en ATKV-Goudini Spa.

1994 – ATKV-Debat, -Redenaars, -Jeugberaad en ATKV-Applous skop af.

1995 – Die ATKV en ander vennote vestig die Pendoring-advertensietoekennings. In dieselfde jaar is oudpresident Nelson Mandela die gasspreker by die ATKV se algemene jaarvergadering.

1996 – Die ATKV koop JP van der Walt-uitgewers.

1997 – Die eerste ATKV-Entrepreneurskompetisie word aangebied.

1998 – ATKV-Christusfees skop af.

2000 – JP van der Walt-uitgewers se naam word verander na LAPA-uitgewers.

2006 – ATKV-Drakensville word gekoop.

2007 – Die ATKV-veertjies word verdeel in Mediaveertjies en Woordveertjies.

2008 – Die ATKV stel sy eerste kindertydskrif, Hoezit, bekend en begin Abbasorg-sorgsentrums.

2009 – ATKV-Postmatriek skop af en ATKV-Eiland Spa word aangekoop.

2011 – ATKV-Universiteitedebat skop af.

2013 – Die ATKV brei sy besighede uit deur die vestiging van aftree-oorde.

2014 – Die Vriend van Afrikaans word ’n filiaal van die ATKV.

2015 – Die ATKV speel ’n aktiewe rol in die vestiging van die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)

2017 – Die ATKV steek 70 000 lede verby.

2020 – Die eerste digitale projekte word bekendgestel.

Wat is van jul suksesvolste projekte wat vir jou uitstaan? 

Die ATKV bied jaarliks meer as 60 nasionale projekte aan. Projekte soos ATKV-Tienertoneel, ATKV-Redenaars en Debat, ATKV-Applous, ATKV-Sêr en Universiteitedebat, ATKV-Postmatriek, ATKV-Spelathon, ATKV-Media- en Woordveertjies, die VVA en ATKV-Crescendo staan vir my uit.

Wat maak jou opgewonde oor die ATKV?

Vir die afgelope 90 jaar het die ATKV aangepas en relevant gebly. Die ATKV is ’n MSW wat op gesonde besigheidsbeginsels bedryf word. Dit is ’n voorreg om deel van ’n organisasie te wees wat ’n verskil in alle gemeenskappe maak. Ons bedryf nie politiek nie; ons bemark en bevorder Afrikaans en die kunste op ’n inklusiewe wyse.

Wat hou die toekoms vir die ATKV in?

Die ATKV sal altyd daar wees om die Afrikaanse taal en kultuur op ’n vernuwende, inklusiewe wyse te bevorder. Daar is geen twyfel dat Afrikaans en die kunste onder groot druk is nie. Die ATKV sal deur goeie besigheidsbeginsels aanhou om ’n verskil te maak in duisende mense se lewens. Ons is baie opgewonde oor die geleenthede wat ’n veranderende wêreld vir die ATKV in die toekoms bied.

  • Besoek die ATKV se webtuiste vir meer inligting oor waarmee hulle alles besig is.

The post ATKV vier vanjaar 90ste bestaansjaar appeared first on LitNet.


Nog net een ding, Meneer …

$
0
0

Foto: Canva.com

’n Berg is gemaak om te klim. Of om uit te hardloop. Vandag is die dag en niemand gaan my keer nie. Nie eers tyd nie. Vandag draf ek die berge plat. ’n Halfmarathon onder twee uur.

“Bastiaan, ’n trail run is nie vir sissies nie. Jy ken nie Worcester se berge nie. Om padfiks te wees is een ding. Jy het stamina nodig vir dié gedoente en jy is nie meer ’n kind nie.” Ja, dink ek, nie eers ou Wickus sal my ontmoedig nie. Hy is net jaloers omdat hy oor die muur is. Eet, sit en lê net heeldag. Ek sal hom wys.

My bakkie is spesiaal vir die geleentheid gewas. Gespierde vrou, dink ek en swaai die sleutel ’n paar keer in die aansitter. “Kom nou Laika, hoes jou longe skoon! Ons verstaan mekaar mos goed. Vandag gaan jy my nie in die steek laat nie. Dis net om hierdie verdomde V6-hart van jou ordentlik aan die gang te kry.”

Sowat vyf kilometer uit die dorp, breek die oggendson skielik goudgeel oor die grasveld. “Laika, ek stop net gou. Die oggend het weer sinusritme. Gee my net ’n oomblik kans. Daar is niks wat aspirien nie kan fix nie.” Ek draai Laika se stuurwiel links en sy gaan stop wragtig weer meer regs as links.

“Laika, my magtig, jy het ’n maand gelede nuwe tekkies gekry!” Sy sug vanself en vrek in haar vier spore voor Skilpadrug se afrdraai. Wheel alignment. Hier gaan my spaargeld. Verdomp, hierdie negatiewe gedagtes het ek nie vanoggend nodig nie. Nog minder Wickus wat dink ek is kêns omdat ek met my bakkie praat. Ek sluk ’n Disprin en ’n beta-blokkeerder met mening af.

“Laika, nou moet ons laat wiel. Rook jou rook – ek gaan nie vir jou wag nie.”

Net toe ons wou ry, doem ’n jongerige man voor Laika se neus op. Hy loop na die bestuurderskant en kyk deur die venster verby my na die beursie op die passasiersitplek.

“Môre, Meneer, het Meneer nie vir my ietsie vir die pad nie?” Sy broek en hemp is opvallend netjies.

“Waar kom jy skielik vandaan?” vra ek maanbleek geskrik.

“Ek ryloop,” sê hy saaklik. 

Vinnig dink Bastiaan, vinnig dink, die ou het ’n agenda. “Ek het R400 by my en ek het dit nodig, broer.” Ek gaan nie lieg nie, nie nou nie. Nie in dié situasie nie.

Hy kyk na die klubklere wat ek aan het en sê: “’n Honderdrand sal reg wees.”

Ek trap die pedaal en Laika beur my terug in my sitplek. Die naamlose skim word ’n klein kolletjie in die truspieël. Ek kan die spasma in my skouers voel en voel hoe my hart in my ore klop. “Laika, kan jy glo, hy het nie eers dankie gesê nie?” 

Wolseley slaap nie op ’n Saterdagoggend nie. Voetgangers hang in die hoofstraat rond en wag vir besighede om oop te maak. By die vierrigtingstop drom naartjieverkopers om Laika. “Wil Meneer nie ’n sakkie naartjies koop nie?” vra een. “Twenty a box,” sê ’n ander een. “Soet,  stroopsoet naartjies,” beaam nog ’n makker.

“Nee, dankie,” sê ek. Ek gaan laat wees en ry effe vorentoe. “Net ’n twenty Meneer, asseblief.” ’n Ongeduldige motoris agter my lê op sy toeter. Ek krap in my beursie en kry ’n R50-noot. “Hier, gooi dit sommer op die agtersitplek.”

“Ek kry net gou die change,” sê-vra hy. Die Jeep agter my wil-wil raak aan Laika se buffer. “Los dit,” sê ek en kry koers na die T-aansluiting na Worcester net buite die dorp. Nou sal ons moet ry of ek sal nie voor die wedloop kan opwarm nie. 

Met die T-aansluiting in sig, sien ek ’n paar motors staan. ’n Verdomde padblokkade dié tyd van die oggend. ’n Verkeersman wys ek moet aftrek. Hy vra my bestuurderslisensie, kyk na die foto en kyk weer na my. “Ja, dit is ek, mens bly nie dieselfde lyk nie.” Hy stap om Laika. “Nuwe bande,” sê hy.

“Meneer, asseblief, ek is haastig, ek moet binne veertig minute in Worcester wees.” Hy kyk na sy horlosie.

Is die man doof? Sy maag skuur teen Laika se neus en hy kyk na die lisensieskyf. “Maak die kappie van die bakkie oop, asseblief,” beveel hy saaklik.

“Dit is oop en daar is niks agter in die bakkie nie,” en ek wys met my hand agtertoe. “Meneer,” sê hy ongeduldig, “maak die kappie oop.” Ek klim uit, sopnat gesweet en maak die kappie oop. “Sien, daar is niks nie.” Hy kyk na die leë ruimte asof hy iets móét sien en stap weer om Laika.

“Is daar nog iets?” vra ek. “Jy kan maar ry,” sê hy. Ek spring verlig in Laika. “Wag, daar’s nog een ding,” sê die beampte. “Dit gaan warm word vandag. ’n Man speel nie met die son nie. Ek sien jy het twee bottels water by jou. Gee daar vir my een, asseblief man?”

Dis asof die dag met my gekskeer, my koggel, my uitlok. Kwart-voor-agt en die buitetemperatuur is 34 grade Celsius. Dit help ook nie ek peuter aan die lugreëling nie – Laika blaas net warm asem uit.

Verby die Makataan-padstal en die wynkelders word die pad korter. Nog so vyftien kilometer en ons is in Worcester – genoeg tyd om my registrasie te bevestig en op te warm. By die Worcester-afdraai slaak ek ’n sug van  verligting en Laika seil soos ’n  kobra om die sirkel verby die mall reguit na Kerkplein. Motors staan bankvas geparkeer. Reg oorkant die poskantoor gaap ’n parkeerplek vir haar. Van die atlete warm op en ’n paar staan in die ry om registrasie af te handel. Ek maak seker dat my tekkies se veters ordentlik vas is en gryp die oorblywende bottel water.

Die registrasievorm! Waar is my bewys van registrasie? Dit was op die sitplek by my kospakkie. Magtig Bastiaan, jy het dit by die huis vergeet! 

Van die atlete staan rond by die wegspringpunt. Ek probeer deur die mense beur om by ’n registrasietafel uit te kom. Uiteindelik. ’n Dame kyk my verbaas aan en sê: “Jy is nou by die Juniors se tafel. Jy mag nie hier registreer nie. Die ry daar ánderkant,” en sy beduie met haar wysvinger na die oorkant van die plein.

By die ander registrasiepunt staan ’n man met voorarms soos Jimmy Abbot. “Hoe help ek vandag?” vra hy en probeer die sweet uit sy rooi snor vee.

“Meneer, ek het vooraf geregistreer, maar my bewys van registrasie by die huis vergeet. Kan u my help, assseblief?”

Ek hoor in die agtergrond die atlete wat gereed maak om weg te spring.

“Asseblief, Meneer?” vra ek weer.

“Jy is laat,” sê hy kortaf.

“Ek het aanlyn geregistreer en moet net my nommer kry,” pleit ek. Ja, ek pleit. In Worcester sê jy nie. Jy vra en jy vra mooi. Dis Wórcester dié.

Hy kyk my aan asof ek van ’n ander planeet is. “Dis load shedding. Jy sal weer moet registreer. R150.”

“Maar ek hét betaal,” probeer ek protesteer.

Die man staan op en sê: “Ons is nie ASA-geregistreer nie. Die wedloop is vir liefdadigheid,” en hy begin om die inskrywings op sy tafel met mening weg te pak. 

“Wag asseblief, ek gaan haal gou geld,” keer ek.

“Maak gou. Ek het nie heeldag tyd om hier te staan en wag nie!” snou hy met ’n bloedrooi gesig.

Op pad na Laika klap die skoot en die atlete spring weg. Ek gryp ’n R200 uit my beursie.

Iemand wat soos ’n karwag lyk sê: “Ek sal mooi na jou  bakkie kyk.”

“Ja, ja!” skree ek en hardloop terug. Die beampte teken die vorm en soek ’n nommer. Se-wen-tien minute ná die amptelike wegspringtyd begin ek draf.

Een kilometer, twee, drie, vyf, nege en dit begin voel of die hel op my kop nesmaak. By die tien kilometer-merk is my tyd vier-en-vyftig minute, sonder die agterstand van sewentien minute wat ek nie sal kan inhaal nie. By die twaalf kilometer-merk is daar nie ’n watertafel nie en my 350ml-bottel is byna leeg. By die halfpadmerk staan ’n paar ondersteuners. Een leegloper steek sy hand uit en skree: “Kan ek die bottel water kry?” Ek wou vloek. Die pad is lankal nie meer gelyk nie en die helling word al hoe steiler. Van die drawwers begin loop.

Ja, ’n trail run in Worcester is nie vir sissies nie. Die kwik staan op 41 grade Celsius en my kuite begin kramp. Sweet loop in my oë en dit brand soos kookwater en sout. Worcester lê en bak in die vallei. Ek soek na ’n boom vir koelte, maar sien nie ’n enkele skaduwee nie. Die casino in die verte met sy paar palmbome is al wat sigbaar is. Ons groep drawwers word ’n kermkoor. Een van die atlete noem dat ons by die een-en-twintig kilometer-merk verby is. Ek kyk op my horlosie en ’n ander atleet bevestig die afstand – twee-en-twintig kilometer. Ons het tog die regte roete gevolg? ’n Vrou gaan sit plat op die warm, vaal sand en begin huil. “Kyk agter jou,” troos ’n senior-atleet. “Hier is nog ’n miernes mense wat agter ons aankruip.”

Die laaste drie kilometer hardloop ons verby die stasie. Die teer voel taai van die hitte. Nog net een afdraai in Tulbaghstraat en ons het die wedloop voltooi. Ek hoor afkondigings oor ’n luidspreker. “Beurtkrag is verby!” roep iemand agter my. Nog vierhonderd meter. Die digitale horlosie is in sig. 03:15.26.

Kyk ek reg? Ek voltooi die wedloop met ’n tyd van 03:18:00, ontvang ’n medalje en gaan lê op die warm, harde gras. Van die atlete bevraagteken die afstand. “Ja,” hoor ek, die roete was drie en ’n half kilometer langer. My tong klou aan my verhemelte vas.

Ek stap na een van die tente toe en vra vir ’n glas Coke. “Jammer,” sê die dame, “dit is op.”

“En die afstand?” Sy kyk my verbaas aan en sê: “Ons doen dit vir liefdadigheid.”

Liefdadigheid. Ja, liefdadigheid. 

Ek moet net by Laika uitkom, geld kry en vir my Energade gaan koop. Ek krap in my beursie.  Leeg. O ja, ’n R50-noot is in my drafbroek. In die paneelkissie skraap ek R40 bymekaar.

“Meneer,” tik iemand my aan my skouer. “Ek het mooi na Meneer se bakkie gekyk,” en hy praat voort: “Sien jy, oorkant die straat is ’n slaghuis en ek het vleis en bene nodig vir sop vanaand.” Dié man vra nie – hy sê.

Vleis en bene is beter as ’n pap wiel of ’n krapmerk teen my bakkie en gee ek vir hom veertig rand en stap na die naaste kafee. Verby die OTM koes ek net betyds vir iemand wat na my selfoon gryp en druk my foon en kontant binne my onderbroek onder my drafbroek in. Uiteindelik. ’n Bottel Energade. Ek sluk die helfte af. ’n Jongeling op die sypaadjie vra: “’n Slukkie, Meneer?” Ek ignoreer dit en is ook te moeg om sleg te voel oor my onbaatsugtige houding.

By Laika keer ’n netjies geklede man my voor. Das en al in die hitte. Hy noem dat hy HIV-positief is en vra vir ’n donasie. 

Ek het twintig rand oor en ’n paar los sente en hou dit na hom uit.

“Vyftig rand is die minimum,” sê hy en druk die donasievorm onder my neus in.

“Ek het net twintig rand. Wil jy nie my sak naartjies ook hê nie?” vra ek met ’n moermeter wat in die rooi stoot.

“Ek soek nie naartjies nie,” mompel hy en stap weg.

Terug in die bakkie luister ek na ’n stemboodskap van Wickus. “Het jy toe onder twee ure klaargemaak?” en sonder om verder te luister, druk ek die foon dood. Nou moet ek en Laika net by die huis kom. 

By die afdraai vanaf die snelweg na Ceres, foeter die oop bottel Energade om en loop tussen my bene teen die sitplek af. Ek stop en probeer die taai gemors met ’n handdoek afdroog.

“Meneer,” vra ’n stem agter my. 

“Ja, wat is dit?” vra ek geïrriteerd.

“Ek sien dis ’n CCM-bakkie. Kan ek asseblief ’n lift kry?” Hy staan terug. “My vervoer het vir my wiggery.”

“En wat nog?” blaf ek. “Nee Meneer, net ’n lift asseblief. Ek sal agter in die bakkie gaan sit.”

“Jy kan nie agter in die bakkie sit nie,” sê ek heftig. “Die injectors het die gees gegee en jy sal versmoor van die rook. Klim voor in.”  

Hy huiwer nie vir ’n oomblik nie en maak hom tuis met die kospakkie op sy skoot. Dit is doodstil in die voertuig.  

Naby Wolseley vra hy: “Het Meneer nog nie geëet nie?” en kyk na die toebroodjies in die oop sak.

“Jy kan dit maar kry as jy honger is,” sê ek terwyl ek voor my in die pad kyk. “Hier is naartjies ook agter jou.”

Ná sowat ’n halfuur se ry en stilswye, draai ek links na Tulbagh. By die T-aansluiting in die dorp lig hy sy hand en sê: “Meneer kan my maar hier aflaai. Ek bly net hier oorkant die sloot.”

Ek stop. Hy maak die deur oop, steek sy hand uit na my en sê: “Baie dankie, Meneer. My naam is Alfred.”

Ek skud sy hand en sê: “Ek is Bastiaan.”

“Nog een ding, Meneer,” sê Alfred.

Nog ’n ding, nóg ’n ding, dink ek en sug hard.

Hy steek sy hand in sy sak en sit ’n R200-noot op die passasiersitplek neer.

“Baie dankie vir die lift en die kos, Meneer.”

Hy draai om, maak Laika se deur toe en begin wegstap.

Ek spring uit die bakkie en roep agter Alfred aan: “Ek wil nie die geld hê nie! Kom vat dit! Ek wil dit nie hê nie!”

Alfred kyk om en sê: “Dit was warm in Worcester, Meneer, baie warm.”

Hy wuif toe hy onder die brug deurstap en ’n perfekte refleksie-silhoeët van vrede teen die warm horison van sy nedersetting se sinkhuis-rykdom word.

The post Nog net een ding, Meneer … appeared first on LitNet.

Sê vir Hannes van Brendan

$
0
0

Foto: Canva.com

Gewoonlik is Linda hierdie tyd van die dag druk in die kombuis besig met die aandete, maar Hannes is al ’n uur lank tuis van die werk af en sy is steeds nêrens in die huis of op die werf te sien nie.

Hy vind ’n lysie doendinge wat op die vloer langs die bed beland het.

Koop brood, meel en pleisters 
Ruil bibboeke om
Gaan haal eiers by boerewinkeltjie 
Sê vir Hannes van Brendan

Vreemd. Hy bel weer ’n keer en nogeens kom haar warm stem: “Hallo, ek is Linda. Ek is nie nou beskikbaar nie, maar laat gerus ...”

En weer laat hy ’n stemboodskap.

“Is alles oukei?”

“Waar’s jy? Hoe laat kom jy?”

“Jy maak my bekommerd.”

’n Rukkie lank volg hy die sportnuus op TV, maar sy ore bly gespits of hy haar motor op die oprit hoor inkom.

Sy sou by haar vriendin, Rita, kon wees, hoewel sy nooit hierdie tyd van die dag meer kuier nie. Daarvoor is sy te geheg aan haar huis. Hy kry Rita se huisnommer in die foongids en bel.

“Nee, Hannes, ek het haar seker ’n week laas gesien. Sy was nogal skaars die afgelope tyd. Maar sê tog groete as sy tuiskom en dat ek haar mis.”

Die son se strale lê skuins oor die huis langsaan se dak. Dit voel vir hom so ongewoon sonder Linda dat hy teen die deurkosyn gaan leun en sy hande deur sy hare trek. Is daar iets wat hy besig is om mis te kyk?

Brendan. Hoekom het sy nie sommer vanoggend klaar gesê nie? Sy kan soms alledaagse goed soos pampoene en verskeie gesprekspunte in een asem te noem. Soos nou op hierdie doenlysie. Dis Linda en dis hoekom hy op haar verlief geraak het. Sy leef in ’n gewiglose seepbel.

Dalk is dit net die naam van ’n nuwe fliek, of dalk ’n hond by die dierebeskerming. Dit kan niks ernstigs wees nie. Tog is daar ’n hol kol op sy maag wat hy nie weggedink kry nie. Sy kan netsowel in gevaar wees en wou sy hom nog waarsku oor iemand wat haar lastig val.

Hy klim in sy viertrek en ry deur die buurt. Dis sommer verspot, maar hy onthou skielik voor die Chinese restaurant dat sy eenmaal gesê het: “Kyk die pragtige papierlanterntjies!”

Self hou hy nie van Chinese eetplekkies nie.

En langs die spruitjie sou sy sê: “Stop net gou! Ek wil surings pluk om huis toe te vat.”

“Hoekom wil jy surings hê?”

“Sommer mooi in ’n glas water. En die stingels is lekker in waterblommetjiebredie.”

By die kinderpark is dit al skemer tussen die bome. Dikwels kom sy op ’n Saterdag hierheen met twee kinders van die Botterblom Kindertuiste. Hy het al gesien hoe stoot sy hulle op die swaaie en wiel totdat hulle gil van lekkerkry. Onder die bome lees sy dan ’n storie uit ’n boek voor. Nou lyk die swaaie, wiel en wipplank verlate op die grens tussen donkerte en lig net voor dit nag word.

Self wou hy nog nooit kinders hê nie, al het sy al dikwels in die verlede die onderwerp aangeroer. Linda met ’n boepie? Deesdae weet sy dit is ononderhandelbaar.

Haar motortjie is nie tussen die ander wat by die supermark geparkeer staan nie. Langsaan lok die neonteken van die pizza-plek. ’n Groot pizza is net die antwoord. As sy dalk al by die huis vir hom wag, kan hy haar sommer daarmee verras.

“Sit ekstra kaas en pynappel by,” sê hy met ’n glimlag. “Sy is ’n regte pynappellekkerbek.”

Terwyl hy wag, bel hy weer vir Rita.

“Brendan?” herhaal Rita, “Nee, ek het nog nie die naam by haar gehoor nie. Wat ek wel weet, is dat sy rondverneem het na iemand betroubaar as tuinhulp.”

Dalk het sy ’n kandidaat vir die tuinwerk gevind en wou dit met hom bespreek. Hy loop by die supermark in en staan ’n paar oomblikke daar en kyk na die emmers vol blomme. Lelies.

“Ek is mal oor lelies!” het sy gesê daardie eerste aand toe hy haar in die foyer van ’n teater ontmoet het. Sy het haar verkyk aan ’n vaas vol lelies.

Laasjaar het sy aangesluit by die tuinbouklub. Sy wou hê hy moet ook, maar hy was min lus vir tuinboupraatjies. Ná die sportprogramme saans kyk hy movies totdat hy vaak raak. Hy het oorgenoeg spanning by die werk, en daar is net nie nog tyd vir tuinpraatjies ook nie. Onlangs het sy begin leliebolle plant. Hy draai om en stap weg van die blomme af buitentoe.

Hulle baklei amper nooit nie. Sy laat hom begaan as hy wil movies kyk of Saterdae gaan gholf speel. Hy sorg goed vir  haar. Sy het nie nodig om te gaan werk nie. Om die waarheid te sê, hy is dodelik gekant daarteen. Net soms beweeg gesprekke in die rigting van skoolhou. Onlangs het sy glo met ’n skoolhoof gepraat. As hierdie Brendan nie ’n tuinhulp is nie, is dit dalk die nuwe skoolhoof. Hy sal wel sorg dat die skoolhoustorie oorwaai.

Hulle twee is gelukkig getroud. Net onlangs nog het hy dit weer besef toe hulle bure, Koos en Bettie, se huwelik op die rotse geloop en die huis langsaan verkoop is. Sommer netso. Alles daarmee heen. Iemand het intussen weer langsaan ingetrek. Hy weet net dis ’n ou wat grassny op Saterdagmiddae.

Sterrekunde is nog ’n gier. By die biblioteek kry sy gereeld boeke oor die onderwerp, of lees daaroor op die internet. Terwyl hy movies kyk, lê sy buite op die grasperk na die naghemel en opkyk. Onlangs het sy na ’n tweedehandse teleskoop begin soek. Dalk is dit ’n Brendan wat ’n teleskoop iewers geadverteer het, alhoewel hy twyfel, want dan sou sy tog op die lys geskryf het Sê vir Hannes van teleskoop, nie Sê vir Hannes van Brendan nie.

Toe hy in die oprit by die huis stilhou, met die pizza langs hom, weet hy sommer sy is nie daar nie.

Sou sy na haar ma toe gery het sonder om hom te sê? Vyf-en-twintig kilometer na die volgende dorp toe as sy nie betyds voor donker kan tuis wees nie? Haar ma was die afgelope tyd siekerig. Miskien het sy bekommerd geraak en skielik besluit om te gaan kyk hoe dit gaan.

Sy skoonma klink aangenaam verras toe hy bel en belangstellend uitvra oor haar gesondheid. Hy wil nie sê dat hy eintlik na Linda soek nie. Sy sal tog self noem as Linda daar opgedaag het. Sy wei lank uit oor haar en haar papegaai se skete en kwale en daarby oor die stukkende ketel en stofsuier. Toe hulle eintlik alreeds gegroet het, vra hy haar tog.

“Het Ma nie dalk vandag iets van Linda gehoor nie?”

“Nee, Hannes, ek het nie. Hoekom vra jy? Is sy dan nie by jou nie? Sy het wel vanoggend gebel en gesê sy moet op baie kort kennisgewing vandag die karretjie invat vir ’n diens. Dit sou mos eers môre wees.”

Dalk was sy hoeka bang om môre saam met die garage se motorbestuurder huis toe gebring te word. Maar hoekom het sy hom nie laat weet van die nuwe reëlings nie?

Hy bel vir Fritz, die baas van die garage. Ja, Linda het die kar ingebring en ’n bestuurder het haar teruggeneem huis toe. Sy naam? Maans het haar huis toe gevat. En hy hoef nie te bekommer nie, die kar sal môre gereed wees.

Hy laat nogeens ’n stemboodskap.

“Waar is jy, Linda? Ek is bekommerd oor jou, man. Ek het al orals gesoek,” Hierdie keer sukkel hy om die tjank uit sy stem te hou.

Agterna staan hy in die nagdonkerte met die foon nog in die hand. Brendan.

’n Vermoede kom by hom op. Miskien het sy die lys daar laat val juis vir hom om te sien. Maar hoekom? Moet hy iets daaruit aflei? Dis tog ’n onsinnige gedagte.

’n Rukkie loop hy heen en weer in die oprit. Dis ’n maanlose nag. Hy stoot die hek oop en gaan staan onder die sypaadjieboom en kyk ’n paar oomblikke straatop en straataf. Hy sal moet polisie toe. Moet hy net eers die hospitaal bel? Hy talm nog. Daar is ’n stilte in die lug. Dan loop hy die entjie tot by die buurman se hek en besluit om die voordeurklokkie te gaan lui. Hier het Koos en Bettie nog tot onlangs gewoon voor die breukspul. Hy sal moet verskoning maak dat hy nou eers met die alleenloper kom kennis maak. Toe hy die knoppie druk, hoor hy die klokdeuntjie duidelik binne weerklink, maar niemand kom maak oop nie. Deur die riffelglas skyn ’n flou lig iewers, maar alles is doodstil.

Hy huiwer, maar stap dan tot by die heining wat die voortuin van die agtertuin skei. Hy tuur in die skaduwees in. In die donkerte verbeel hy hom hy sien twee figure langs mekaar op die gras lê. Dit lyk al asof hulle na die sterre lê en kyk. Hy kyk op in die wolklose nag na die naghemel vol flonkerende sterre. Die Orion? Die Suiderkruis? Sterre is maar net sterre. Sy oë soek weer die skaduwees op die grasperk. Nee wat, dis maar net sy verbeelding.  

Dis toe hy omdraai om terug te stap dat hy die man se stem hoor, en haar hoor lag.

The post Sê vir Hannes van Brendan appeared first on LitNet.

’n Brief aan my ouma

$
0
0

Foto: Canva.com

Die Waterberge 
Dag 80, COVID-19

Liewe ouma Lenie,

Dis winter in die Bosveld, Ouma. Die boekenhout se blare het verroes en die vaalbome staan weerloos en kaal. Wanneer die wind waai skuur die raasblaar se takke teen mekaar en dan huil die bome. Wanneer dit hoogsomer is, kan mens jouself maklik verbeel daar gaan nooit ’n winter kom nie. Ek kry swaar, Ouma. Ons kry almal swaar. Die lewe het skielik langs die pad gebreek. Nou staan ons almal alleen langs die pad en wag en wag vir hulp. Die warrelwind waai stof in ons oë. Dit voel of die hele wêreld ophou leef het. Dis swaar om net stil te staan, Ouma.

Ek wou Ouma nog altyd gevra het oor swarigheid, maar wanneer ’n mens jonk is hardloop jy die lewe vooruit. Dan wil jy nie terugkyk nie. Toe Ouma nog geleef het, het Ouma nooit gepraat oor swaarkry nie. Hoe het Ouma dit reggekry om bo-oor die swaarkry te bly lewe? Hoe gaan ’n mens aan met jou lewe wanneer die dood heeltyd oor jou skouer loer? Wanneer jy met die dood begin praat asof dit ’n lastige bedelaar is wat hierdie keer vra vir jou lewe? Die dood is die eerste ding waarmee jy worstel wanneer jy drie-uur in die môre wakker word. Die laaste ding waarmee jy saans bed toe gaan.

Swarigheid kom nie op bestelling nie. Skielik, onverwags sien jy dit aankom soos ’n ongenooide gas. Dan sit jy op die stoep en wag ... en wag. Is die wag reeds die begin van ’n rouproses? Die verwagting van verlies? Die afwagting? Die nagmerrie-moontlikhede wat binne-in jou kop teen mekaar bly rondstamp? Dan begin jy allerhande redes versin waarom die dood juis jou en jou geliefdes sal verbyloop. Dan begin jy vir rukkies vergeet – probeer leef asof niks gebeur het nie, asof niks gaan gebeur nie.

Jy draai van die bospaadjie af en loop die veld in. Jy ruik die suur van die gras waardeur jou voete loop. Jy kyk op na die blou lug en voel die koelte van die wind wat oor jou gesig speel. Die terugruk uit hierdie oomblik se vergeet is brutaal, Ouma. Dit kom wanneer die TV jou vertel van die nuutste getalle. Wanneer jy die voorbereiding sien van massagrafte – net ingeval dit nodig gaan word.

Ouma is gebore tussen massagrafte. In ’n konsentrasiekamp in Middelburg. Ouma se ma moes Ouma vertel het van die rye en rye kindergraffies wat in gelid gestaan het. Wat vertel het van masels en loopmaag en ander siektes, van die doodsengel wat deur die kampe getrek het.

Toe kom die groot oorlog van 1914 en kort op sy hakke die rebellie. Ouma was maar twaalf toe die wêreld vir die eerste keer uitmekaar begin val het. Was Ouma ook kwaad? Kwaad oor die lewe Ouma in die steek gelaat het. Oor die broedertwis van die rebellie wat families verdeel het. Oor die baie lyke wat begrawe moes word van familie en bure se seuns. Eers hier op eie bodem en later in ver en vreemde lande.

Ek is ook soms kwaad, Ouma. Kwaad omdat die lewe my ook in die steek gelaat het. Kwaad oor mense se roekelose domastrantheid. Ek wil mense voorsê, skreeu dat hulle versigtig moet wees. Is dit arrogansie, ontkenning, of wat is dit wat mense laat voortgaan asof niks besig is om te gebeur nie? Dit maak my kwaad.

Baie mense is kwaad. Daarom probeer hulle blaam uitdeel. Soek hulle na iemand vir wie hulle kwaad kan wees. Kwaad het ’n adres nodig waaraan dit gerig kan word. Sensasie-stories oor sameswerings en nalatigheid sprei soos die stank van oorloop-riool tussen mense.

Siekte is ’n groteske vyand. Die groot oorlog was in sy laaste stuiptrekkings toe die Groot Griep hand aan hand saam met skarlakenkoors by Ouma-hulle aangekom het. Ouma was vyftien. Was Ouma se skool ook gesluit? Was Ouma ook alleen op die plaas terwyl Ouma wag – luister hoe die siekte al hoe nader kom? Geweet hoe dit voel wanneer alleenheid binne-in jou kom lê, wanneer jy afgesny word van vriende en familie? Dit voel soos ’n donker put waarin jy val. Terwyl jy val weergalm jou skreeu teen die kante van die put en wonder jy hoe ver die bodem nog is.

Ek weet nie of Ouma ooit die Groot Griep gekry het nie, maar ek weet Ouma het wel skarlakenkoors gekry. Dat die hoë koors Ouma se hart aangetas het. Hoe voel dit as jy nie weet of jy gaan bly lewe nie? Wanneer jy weet jou hart-letsels is vir altyd. Dat dit agter jou aanloop soos ’n aasdier wat wag om jou aan te val. Ek het al vergeet hoeveel hartaanvalle en beroertes Ouma gekry het, maar ek onthou wel dat ek as kind die binnekant van hospitale leer ken het elke keer wanneer ons Ouma besoek het.

Die bangheid staar my aan met ’n ongeskiktheid wat my verstom. Ek het klaar soveel verloor. Die stukkende skerwe van my lewe lê rondom my gestrooi: My sekerheid is gebreek. Ek mag nie my kinders en kleinkinders sien nie. Ek moet ander mense soos die pes vermy. Hierdie afgesaagde gesegde het nou vir ons ’n nuwe, skrikwekkender betekenis gekry. Onrus in plaas van vrede het vir hom ’n blyplek in my hart kom oopwurm.

Maar die groot verlies lê miskien nog vir ons en wag, soos dit ook vir Ouma lê en inwag het. Dit was ’n windverwaaide Augustus-dag in 1927. Die oorlog en die Groot Griep was verby. Ouma was getroud met Ouma se groot liefde. ’n Dogtertjie van drie het in die plaashuis rondgehuppel. Ouma was vyf maande swanger met my pa. Die oupa, wat ek nooit geken het nie, is met sy fiets dorp toe. Dit was voor die tyd toe gewone mense karre kon bekostig en ná die tyd toe mense nog met perde dorp toe gery het.

Miskien het Ouma brood gebak, sodat Oupa vars brood met varkvet en stroop kon eet wanneer hy moeg van die dorp af terugkom. Toe die son reeds na die horison begin trek het Ouma kort-kort by die venster uitgekyk. Allerhande redes uitgedink waarom Oupa moontlik laat kon wees: Miskien sukkel hy om alles te kry wat hy moes gaan koop. Of miskien het hy ’n ou vriend raakgeloop en aan die gesels geraak sonder om te besef dat dit laat word. Eintlik is dit ver om met ’n fiets dorp toe te ry en vat dit langer as wat ’n mens dink.

Toe die skemer onverbiddelik oor die Hoëveld toesak het Ouma Ouma se voorskoot uitgetrek en die huishulp gaan roep om na die dogtertjie te kom kyk. Ek weet nie hoe ver Ouma in die plaaspad afgeloop het nie. Ouma se hart moes geruk het toe Ouma die fiets en die lyf in die pad sien lê het. Die pyngevoel van bene wat te vinnig probeer hardloop, die ydele hoop wat baklei met die donker wete dat dit te laat is – heeltemal te laat. Het Ouma langs Oupa se koue lyf gaan sit en sy donker krulkop op Ouma se skoot getel? Die mengsel van sand en skuim, wat ná die toeval in Oupa se mondhoeke gaan sit het, saggies uitgevee?

Toe was Ouma alleen en dit was die begin van die Groot Depressie. Ouma moes met ’n skreeuende baba op die rug ander mense se vuil klere was om aan die lewe te bly. Dit maak my bang, Ouma. Die onsekerheid. Die verskriklike moontlikhede van wat vir ons voorlê.

Tog het Ouma nooit oor swaarkry gepraat nie. Ek het meeste daarvan by tannie Sue, Oupa se jonger suster, gehoor. Ek het Ouma nooit sien huil nie, al was Ouma ’n sagte mens. Miskien het Ouma binnekant toe gehuil. Wat ek die beste onthou is Ouma se vertelling hoe julle as jongmense in die berge naby Loskopdam gaan stap het. Ek onthou Ouma se lag, nie die vals lag van iemand wat voorgee om immer vrolik te wees nie, maar die lag van iemand wat die klein stukkies vreugde in die lewe kan geniet. Is dit hoe Ouma dit reggekry het om aan te hou lewe?

Nou is Ouma al amper vyf dekades lank dood en ek is self oud, en ek hoop dat ek ook iewers die moed sal kry. Moed wat liefde en hoop lewend kan hou. Oor geloof is ek nie meer so seker nie ...

Petie

The post ’n Brief aan my ouma appeared first on LitNet.

Die lewe volgens Wim Vermaak: ’n onderhoud

$
0
0

Titel: Die lewe volgens Wim Vermaak
Skrywer: William Oosthuizen
Uitgewer: Human & Rousseau

ISBN: 9780798180313

Wim Vermaak se lewe is onderstebo. Hy is op die punt om graad 9 te dop, omdat sy aandag in die LO-klas afgetrek word deur die nuwe meisie met die vlegsel. Sy tweelingsuster, Maddie, wil opsluit deel word van Mars One se sending na Mars en veroorsaak vir hom selfs meer probleme wanneer sy van die dak af foeter en haar enkel breek, omdat sy wou sterre kyk. Hul verstrooide ouma Hantie, wat pas by hulle kom intrek het en boonop Wim se kamer beset, eet ’n internetslenter vir soetkoek op en nou moet hý oppasser speel. En dan is daar Harold, sy ma se menslike geraamte wat die kunsstudente in opstand bring, en sy advokaat-pa wat as hoof van die Menseregtekommissie in ’n botsing van belange beland wat ’n groot rusie in die huis veroorsaak. Maar dalk is Wim se LO-taak tog die antwoord om dinge weer op koers te kry.

Cliffordene Norton gesels met William Oosthuizen oor sy eerste jeugverhaal.

Wat was die inspirasie vir hierdie storie? Kan jy die oomblik onthou toe jy besef het dít is die tema en hierdie is die karakters? Of het hierdie boek meer organies ontwikkel?

Foto: verskaf

Definitief organies. Jare gelede het ’n mensgeraamte een nag in ons spaarkamer oornag. Dit het my laat dink – ’n storie met ’n geraamte in ’n sleutelrol, maar nie ’n spookstorie nie, kan interessant wees. Toe ’n Mars-ekspedisie ’n werklikheid begin word, het nog ’n gedeelte van die storie sy plek gevind. En ons almal weet hoeveel moleste ouer mense kan aanvang as hulle nuwe dinge aanleer, soos Wim se ouma en tegnologie. En toe begin die karakters hulself aanmeld.

Hoekom voel Wim Vermaak verantwoordelik vir sy familie? Ís hy die familie se beskermheer?

Wim het ’n nogal goed-ontwikkelde sin vir verantwoordelikheid, al is hy ’n dromer. Hy besef net nie altyd dat die werklikheid baie fasette het nie.

Uit die beskrywing lei ons af wat belangrik is vir Wim se familie. Wat, behalwe sy familie, is belangrik vir Wim? Wat is sy stokperdjies? Wie is sy vriende? Wie is hy wanneer niemand kyk nie?

Wim is ’n dromer, effens naïef en goedgelowig. Hy glo nogal in “going with the flow” en nie golwe maak nie, en is telkemale geskok deur die werklikheid wat anders manifesteer as sy weergawe daarvan. Hy het een goeie vriend, Freek, wat baie meer realisties is oor die lewe, en saam is hulle ’n goeie span.

Tienerjare is ’n moeilike fase om vas te vang. Waarom skryf jy jeugboeke? Wat is jou geheim om hierdie lewensfase opreg vas te vang?

Nou vra jy my vas. Miskien is die antwoord dat ek self twee tieners gedurende daardie tydperk aan huis gehad het en dit eerstehands beleef (en oorleef) het.

Wat is die eerste jeugverhaal wat jou tot die genre bekeer het?

Vir seker Robert Louis Stevenson se Treasure Island, die beste kinderboek ooit. En in Afrikaans, Willem Poprok – ’n klassieke voorbeeld van die genre.

Hierdie is jou eerste jeugverhaal. Wat was die grootste struikelblokke en/of hoogtepunte wat jy tydens die skryf van die boek ervaar het?

Ja, Wim is my eerste jeugverhaal. Die beste was om te sien hoe die stukke van Wim se lewe stadig maar seker bymekaar kom ten spyte van struikelblokke wat hy soms self geskep het weens sy dromerige lewensuitkyk.

Hoe lank het jy aan die boek geskryf en is daar planne vir ’n opvolg?

Wim het seker so oor ’n driejaartydperk ontwikkel, met verskeie herskrywes in die proses. Ek oorweeg ’n opvolg, en wag dat ’n goeie storie hom kom aanmeld.

Sommige skrywers begin met karakters, ander met ʼn storie (plot) of ruimte. Watter deel van ʼn storie ontkiem eerste in jou kop?

Definitief die storie – as ek ’n idee het, begin die karakters hulle opwagting maak.

Wat is jou skryfproses? Hoeveel beplanning doen jy voordat jy begin skryf?

Ek beplan die storielyn nogal in besonderhede en benader ’n boek soos die skryf van ’n draaiboek van ’n film, met soveel visuele elemente as moontlik, en met definitiewe krisispunte en ’n sterk subplot wat die storielyn ondersteun.

Watter boek(e) is op die oomblik op jou bedkassie?

Ek lees verskeie boeke op een slag – tans Carver se Where I’m calling from en Ingrid Winterbach se nuutste.

The post <i>Die lewe volgens Wim Vermaak</i>: ’n onderhoud appeared first on LitNet.

Wanneer die verlede herhaal

$
0
0

Foto: Unsplash.com

Heil die leser!

Verbeel jou, liewe leser, ons bevind onsself in ’n uitsonderlike jaar met uitsonderlike uitdagings.

Buite bedreig die gevaar. Ons moet binnenshuis bly. Eers vind ons dit amusant. Dan verveel dit ons. Die verveling neem toe. Ontstellende drogbeelddrome. Die hele huishouding loop op eiers. Sommiges is kort van humeur. Sigarettekort,sien. Die huishouding is gespanne, angstig en later, depressief. Weens geldtekort is alle etes eenvoudig. ’n Gebrek aan sinvolle aktiwiteite help nie. Die nuus word na waarde geskat omdat dit as enigste baan na die buitewêreld dien. Weke gaan verby. Eentonigheid word die norm. Ons lewe word oorheers deur die geskepte persepsie van die monster daar buite en die ontvlugting daarvan af wat, ten spyt, bedreig.

Met die abnormale wat die normale word, word gewonder wat ons mis, wat die dinge is wat ons opnuuts gaan besef sodra die inperking verby is, wat ons wonderlik gaan vind en hoeveel daarvan ons nie van vooraf, soos met ’n kind, gaan geniet nie. Hierdie dinge, eenvoudig van aard, wat ons altyd tot ons beskikking gehad het, maar nooit op aandag spandeer het nie.

Die eise wat aan elke regeringstelsel gestel word, ontbloot hul foute. Die publiek raak oproerig, onrustig – om die onvergenoegdes te stop bly ’n onmoontlike taak.

Die middelmatige chaoskondisionering en die oorlog wat vanaf die veld na binne die hospitale verskuif. Saam met alles, om maar net te noem, die uit- of afstel van groot wêreldgeleenthede soos die Oscars, die Olimpiese Spele, en ander sportgebeurtenisse.

Bo alles die uitputtende onsekerheid wat voorlê en die onsekerheid dat dit tot ’n einde sal kom – wanneer weet ons nié.

As jy dalk gedink het, liewe leser, dat ek van die jaartal 2020 praat, dink weer. Al my opvattings kom uit die dagboek van Anne Frank.

Ons is maar net weer in soorgelyke omstandighede.

The post Wanneer die verlede herhaal appeared first on LitNet.

Waarnemings van langdurige struktuur in tydreekse van finansiële markte

$
0
0

Waarnemings van langdurige struktuur in tydreekse van finansiële markte

Daniel J. Joubert, onafhanklike navorser

LitNet Akademies Jaargang 17(2)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Met gebruik van my eie programmatuur bestudeer ek reeds etlike dekades patrone op grafieke van die pryse van finansiële markte. Ek het gevind dat markpryse ’n voorkeur openbaar om by herhaling langs tendenslyne met sekere hellings van rigting te verander. Die verskynsel is in alle finansiële tydreekse waargeneem, wat daarop dui dat dit ’n inherente eienskap van finansiële tydreekse is wat deur korrek-geplaaste tendenslyne sigbaar gemaak word. Ek het dit op grond van hierdie waarnemings gestel dat sodanige tendenslyne tydreekse se eienskap van voorkeurhellings openbaar. Rigtingveranderings wat by ’n voorkeurhelling gebeur, kan beperk en van korte duur of ’n langdurige verandering in die tendens van die prys wees. 

Verskillende voorkeurhellings kan op ’n prysgrafiek van ’n tydreeks van voldoende lang duur herken word. Voorkeurhellings kom in enkelstaande finansiële instrumente soos die pryse van aandele en kommoditeite voor, maar die verskynsel word ook in wisselkoerse van twee geldeenhede en komplekse saamgestelde indekse van finansiëlemarkpryse waargeneem.

Verskeie gevalle van dieselfde voorkeurhelling van ’n tydreeks word deur ’n stel ewewydige tendenslyne op die prysgrafiek verteenwoordig. Die verspreiding van so ’n stel ewewydige tendenslyne, wat almal in prominente keerpunte van die prysgrafiek geanker is, vertoon ’n struktuur wat in al die finansiële tydreekse ’n bestendige aard het. ’n Besondere eienskap van dié struktuur word hier in voorbeelde van vyf verskillende tydreekse verbeeld. Dit is naamlik dat die verhouding van die twee bane tussen drie ewewydige korrek geplaaste tendenslyne wat dieselfde voorkeurhelling verteenwoordig, dikwels met enkele bekende waardes wat vry algemeen in alle tydreekse gesien word, ooreenstem. 

Met een uitsondering word net maandgemiddelde waardes vir die voorbeelde gebruik. Die tema van die voorbeelde is deurgaans dat ’n bepaalde en duidelik omskrewe algoritme gebruik word om drie ewewydige tendenslyne wat voorkeurhellings verteenwoordig en in prominente keerpunte geanker is en wat ’n kanaalpaar genoem word, te skep. Hierdie voorgeskrewe prosedure lewer by herhaling korrek geplaaste kanaalpare waarvan die kanaalverhoudings goed met enkele van die reeds bekende waardes ooreenstem.

Soos in die voorbeelde gesien sal word, bestaan ’n herkenbare standvastige struktuur in die tydreekse van finansiële markte. Dit sal vir verskeie dissiplines nuwe vrae na vore bring. Hierdie vrae sal slegs kortliks en oorsigtelik genoem word. Die voor die hand liggende verklaring vir die verskynsel van voorkeurhellings is dat dit ’n ontluikende eienskap van finansiële markte as komplekse selfaanpasbare stelsels verteenwoordig.

Trefwoorde: doeltreffendemark-hipotese; Dow Jones-indeks; euro; Fibonacci-verhouding; finansiële markte; goudprys; kompleksiteit; maandgemiddeldes; patroonmatigheid; S&P500-indeks; struktuur in markpryse; Suid-Afrikaanse rand; Switserse frank; tydreekse; voorkeurhellings

 

Abstract

Observations of long-term structure in the time series of financial markets

Click here to read an extended abstract of this article.

 

1. Inleiding

Programmatuur vir die grafiese ontleding van finansiëlemarkpryse is in 1982/83 deur my ontwikkel. Die tegnieke wat ek daarvoor ontwikkel het en wat akkurate tendenslyne insluit, gebruik ek sedertdien om die patroonmatigheid in finansiële tydreekse mee te ondersoek.

Deur tendenslyne op analitiese wyse te gebruik om die patroonmatigheid van prysgrafieke van finansiële tydreekse te ondersoek, het ek reeds vroeg al besef dat markpryse geneig is om langs reguit lyne van rigting te verander (Joubert 1993, 1996). Hierdie verskynsel wat oor alle tydskale van tydreekse waargeneem is, is vertolk as synde ’n inherente eienskap van finansiële markpryse. Daar kan verskillende voorkeurhellings op ’n prysgrafiek van lang genoeg duur herken word. Party voorkeurhellings vertoon ’n sterker mate van wisselwerking met die prominente keerpunte op die prysgrafiek as ander; dit is daaraan toe te skryf dat sekere voorkeurhellings in hierdie opsig dominant ten opsigte van ander voorkeurhellings optree.

Wanneer drie ewewydige tendenslyne wat ’n voorkeurhelling verteenwoordig, in prominente keerpunte van ’n prysgrafiek geanker is, is hulle spasiëring nie lukraak nie. Die verhouding van die twee bane van sodanige kanaalpare kom gereeld met ’n beperkte aantal bekende waardes ooreen. Die bekende kanaalverhoudings wat by herhaling in finansiële tydreekse herken word, word ook as ’n inherente eienskap van die tydreekse van finansiële markte beskou.

Die bekende kanaalverhoudings is gemeenskaplik aan alle sodanige tydreekse ongeag die tydskaal of die aard daarvan. Elke tydreeks vertoon ook kanaalverhoudings wat nie in die bekende reeks val nie. Wanneer hierdie vreemde of onbekende kanaalverhoudings meer as een keer in kanaalpare op die prysgrafiek herken kan word, bevestig dit dat hulle saam met die bekende kanaalverhoudings ook as ’n eienskap van daardie tydreeks beskou kan word.

Die verskillende voorkeurhellings van ’n finansiële tydreeks vertoon ’n onderlinge verband wat beteken hulle waardes is ook nie lukraak nie. Indien ’n bekende voorkeurhelling met die Fibonacci-verhouding vlakker of steiler gemaak word, is die resultaat van die berekening weer ’n voorkeurhelling van daardie tydreeks. Op grond van hierdie verwantskap tussen die voorkeurhellings, asook ander waarnemings van die bestendige aard van die verskynsel, kon ’n gedissiplineerde metodiek vir die ontleding van patroonmatigheid in finansiële tydreekse ontwikkel word. Hierdie metodiek is doelgerig vir die skep van die voorbeelde ingeperk en aangepas om eienskappe van die kanaalstruktuur in finansiële tydreekse volgens ’n streng algoritme op geloofwaardige wyse bloot te lê.

Die maandgemiddelde tydreekse van die daaglikse sluitingswaardes van vier finansiëlemarkveranderlikes is vir die voorbeelde gebruik. Hulle is Standard & Poor se indeks van 500 top aandele op die New Yorkse aandelebeurs, die goudprys in euro, die Switserse frank / VSA-dollar-koers en die dollar/rand-koers. Die Dow Jones-nywerheidsgemiddelde se daaglikse sluitingswaardes is die vyfde markveranderlike wat vir die voorbeelde gebruik word. Die bron vir die tydreekse se geskiedenis is die Federale Reserwe se databasis in St Louis en ook die Sentrale Bank van Brasilië se databasis (FRED, Quandl). Al die tydreekse word vanaf hulle begindatum gebruik.

Die prysgrafieke van maandelikse tydreekse vertoon minder uitstaande keerpunte as wat met daaglikse of selfs weeklikse tydreekse van soortgelyke duur die geval is. Die skraler voorkoms en wyer verspreiding van duidelike keerpunte op maandgrafieke beperk die keuse van ankerpunte wat vir tendenslyne gebruik kan word, wat die geloofwaardigheid van die voorbeelde verbeter. 

Dit word reeds lank in die teorie van finansiële markte aanvaar dat die geskiedenis van ’n markprys nie gebruik kan word om die toekomstige verloop daarvan te voorspel nie (Malkiel 2003). Sou die bestendige struktuur in finansiële tydreekse wat in die voorbeelde gesien word wel bestaan, sal dit in beginsel die voorspelbaarheid van pryse se toekomstige verloop impliseer; iets waarvoor daar op die oomblik geen voorsiening in die teorie gemaak word nie. Die vir my beskikbare literatuur bevat dan ook geen bespreking van die bestaan van struktuur of enige reëlmaat in pryse van finansiële markte nie. Pines (2014) se beskrywing van ontluiking dien as ’n riglyn vir die moontlike verklaring van die verskynsel:

When electrons or atoms or individuals or societies interact with one another or their environment, the collective behavior of the whole is different from that of its parts. We call this resulting behavior emergent. Emergence thus refers to collective phenomena or behaviors in complex adaptive systems that are not present in their individual parts.

 

2. Agtergrond oor die verskynsel van voorkeurhellings 

Die moontlike bestaan van struktuur in tydreekse van finansiële markte is meer as 20 jaar gelede reeds beskryf (Joubert 1993, 1996). Die programmatuur was toe egter onvoldoende om die verskynsel indringend te bestudeer. ’n MCom-verhandeling het die verskynsel as die eenvoudige aanname dat ewewydige tendenslyne wat in prominente keerpunte geanker is, eweredig gespasieer sal wees, statisties ondersoek. Dit het bevind dat die waarskynlikheid dat struktuur wel bestaan, nie uitgesluit kan word nie (Beukes 2011).

In die praktyk word tendenslyne op prysgrafieke hoofsaaklik as raaklyne aan die prysgrafiek getrek om weerstands- en steunvlakke te wys (Murphy 1999:49–59; Pring, hfst. 8). ’n Markprys wat vir ’n geruime tyd heen en weer tussen twee ewewydige tendenslyne beweeg om verhandelingskanale te vorm, is reeds lankal welbekend. Sulke kanale word egter nie as ’n inherente eienskap van tydreekse beskou nie (Pring 2002:148–50; Murphy 1999:80–5; Edwards 2007:301–3). W.D. Gann (Marisch 1996:29–40) grond sy metodiek op aannames oor ’n standhoudende verband tussen prys en tyd. 

Die beperkte rol van tendenslyne in die ontleding van prysgrafieke word bevestig deur die feit dat vooraanstaande programmatuur vir die grafiese ontleding van pryse in finansiële markte (MetaTrader 5 2020) gebruikers net in staat stel om tendenslyne slegs by benadering aan ’n prysgrafiek op die rekenaarskerm te pas. Dit bevestig dat tendenslyne nie normaalweg vir akkurate analitiese ondersoek van grafieke gebruik word nie. 

Daar is wel sekere metodieke en tegnieke reeds geruime tyd in gebruik om patroonmatige eienskappe van tydreekse mee te ontleed. Hulle herhaalbaarheid is egter nie voldoende om akademiese erkenning te ontvang nie. W.D. Gann het in sy boek How to make profits trading in commodities: A study of the commodity market (Gann 1942) die aanname dat markpryse geneig is om by herhaling langs ’n sekere vaste helling rigting te verander as vertrekpunt gehad – ’n waarneming wat op voorkeurhellings van toepassing is. Gann het egter nie toegang tot rekenaartegnologie gehad nie en kon nie sy metodiek beter as net ’n rigiede matriks wat bo-oor ’n prysgrafiek superponeer word, verfyn nie. ’n Rigiede matriks is egter nie akkuraat of plooibaar genoeg om die komplekse struktuur van die verskynsel van voorkeurhellings mee te ondersoek nie. Elliott se golfteorie soos in sy boek The wave principle (1938, Investopedia) beskryf ’n patroonmatigheid in prysbewegings wat egter nie van tendenslyne gebruik maak nie.

Die kennis van die eienskappe van voorkeurhellings wat reeds opgebou is, is voldoende om aspekte daarvan as riglyne vir die ontleding van prysgrafieke op te stel. Die metode wat normaalweg vir die ontleding van die verskynsel van voorkeurhellings gebruik word, is dan ook gegrond in eienskappe van voorkeurhellings wat bekend is, en dit lewer goeie resultate. ’n Strenger weergawe hiervan is vir die voorbeelde gebruik.

Wanneer ’n bekende voorkeurhelling herhaaldelik met die Fibonacci-verhouding steiler of vlakker gemaak word om weer ’n voorkeurhelling te lewer, is die resultaat ’n waaier wat uit verskillende voorkeurhellings bestaan. Naasliggende voorkeurhellings in die waaier verskil 61,8% van mekaar en die waaier kan van enige lid daarvan herskep word. Daarom word so ’n waaier ’n voorkeurhellingfamilie genoem. In finansiële tydreekse van betreklik lang duur kan etlike verskillende voorkeurhellingfamilies herken word; ’n boperk vir die aantal families wat mag bestaan, is nie bekend nie.

In die voorbeelde word slegs tendenslyne met hellings van een familie gebruik. Dit beperk die vryheid van keuse watter hellings in die ontleding gebruik kan word, en die resultate wat so behaal word, is van hoë gehalte wanneer tendenslyne van ’n dominante familie gebruik word.

Die bronkode van programmatuur wat spesifiek in ’n vorm van BASIC ontwikkel is om die voorbeelde volgens die voorgeskrewe algoritme te herskep, sal op die internet geplaas word. Tydreekse wat vir die voorbeelde gebruik is, sal ook beskikbaar wees, of die oorspronklikes kan op die internet gevind word. Eie tydreekse kan ook ondersoek word.

Die term tendenslyn of lyn met verwysing na die voorbeeld verteenwoordig voortaan en deurgaans een van die voorkeurhellings van die tydreeks. Meervoude daarvan verwys na gelang van die omstandighede na ’n stel ewewydige tendenslyne of na ’n versameling van verskillende voorkeurhellings.

 

3. Wisselwerking tussen prys en voorkeurhelling en die ontledingsmetode

Deur studie van die verskynsel is bevind dat alle prysveranderings op ’n prysgrafiek wys waar wisselwerking tussen die prys en voorkeurhellings plaasgevind het. Met voldoende ontleding kan elke verandering in die prys, hetsy groot of klein, aan die teenwoordigheid van een of meer verskillende voorkeurhellings gekoppel word. Daar is twee patrone in besonder wat dien as aanduiding van waar voorkeurhellings in prysgrafieke geleë is. Hierdie patrone word in Diagram 3.1 gewys. Dit is afgesien van duidelike hoogte- of laagtepunte.

3.1 Die wisselwerking tussen die prys en voorkeurhellings

Diagram 3.1. Standaardwyse van wisselwerking tussen prys en voorkeurhelling 

Die tendenslyne V1 en V2 in Diagram 3.1 verteenwoordig twee voorkeurhellings waarvan V1 ’n reeds bekende voorkeurhelling is en V2 se bestaan nog nie herken is nie. In beginsel kan die rolle omgekeer word sodat V2 reeds as voorkeurhelling herken is en V1 se bestaan nog onbekend is. Die skemas A en B in die diagram wys hoe die prys tydens wisselwerking met die twee voorkeurhellings van rigting verander. Die eerste skema is gewoonlik ’n tydelike en dikwels beperkte verandering, terwyl die tweede een in die meeste gevalle met ’n meer langdurige omkeer in die hooftendens gepaard gaan. 

Die wisselwerking tussen prys en voorkeurhellings soos skema A van die diagram wys, word as ’n totsiensgroet op V1 beskryf. Die reaksie by die bekende voorkeurhelling V1 dui eerstens daarop dat die voorkeurhelling deur die rigtingverandering daarteen bevestig word. Verder dui dit op die teenwoordigheid van een of meer nog onbekende voorkeurhellings waar die prys teen die voorkeurhelling V2 die omkeer na onder maak.

Die meer komplekse wisselwerking van skema B ontwikkel dikwels ná ’n volgehoue styg- of daaltendens. ’n Gevurkte keerpunt, hetsy as laagtepunt soos in die diagram gewys word of as die spieëlbeeld wat ’n hoogtepunt is, dien gewoonlik om die rigting van die tendens om te swaai. Die twee onderste keerpunte van die gevurkte laagtepunt wat teen voorkeurhelling V2 plaasvind, hoef nie albei teen die dieselfde voorkeurhelling plaas te vind nie. Gevurkte hoogtepunte is vertikale spieëlbeelde van Diagram 3.1 B.

Die sentrale keerpunt van gevurkte patrone waar die prys in Diagram 3.1B by voorkeurhelling V1 ’n omkeer maak asof dit ’n totsiensgroet soos in Diagram 3.1A kon word, vind dikwels plaas by ’n voorkeurhelling wat lid van ’n dominante familie is. Sulke sentrale keerpunte van gevurkte patrone is daarom ook geskik om as ankerpunte vir meesterhellings en afgeleide tendenslyne te dien. 

Diagram 3.1 wys twee eenvoudige skemas van die wisselwerking tussen ’n prys en voorkeurhellings. Beide die totsiensgroet en die gevurkte patrone ondergaan dikwels in die praktyk meer verwikkelde prysveranderings en kan van langer duur wees voordat die patroon voltooi is.

3.2 ’n Metode vir die ontleding van voorkeurhellings

Duidelike riglyne gegrond in kennis van die verskynsel is vir die ontwerp van die voorbeelde vooropgestel. Die riglyne beskryf ’n gestruktureerde algoritme wat die doel het om slegs kanaalpare met kanaalverhoudings wat met bekende waardes ooreenstem, te lewer. Hierdie algoritme word streng op die vyf tydreekse toegepas met die aanname dat kanaalpare met kanaalverhoudings wat bekende waardes het, in elke tydreeks bestaan.

Om hierdie aanname sinvol te toets, vereis die volgende voorwaardes vir die metodiek: eerstens dat net tendenslyne wat lede van dieselfde familie voorkeurhellings is, gebruik word; tweedens dat die tendenslyne wat gebruik word, uitsluitlik in aanvaarbare keerpunte op die prysgrafiek geanker sal wees; derdens dat die toets streng opgestel word deur net die drie meer bekende kanaalverhoudings wat in alle tydreekse gesien word, in ag te neem; en vierdens moet die tydreekse in hulle geheel gebruik word om keusevoorkeur uit te sluit. 

Die mate waartoe onder die verskillende omstandighede van die vyf tydreekse wat in die voorbeelde gebruik word in hierdie doel geslaag kan word, sal dien om die voorkoms van kanaalpare wat tipies van die verskynsel in finansiële tydreekse is, te bevestig al dan nie. Sukses sal beteken dat die twee eienskappe wat in die algoritme verteenwoordig word, wel die aard van die verskynsel korrek vertolk.

Ontleding van voorkeurhellings lewer beter standhoudende strukture wanneer daar slegs van lede van ’n dominante familie voorkeurhellings gebruik gemaak word. Daardie hellings is geneig om dikwels prominente keerpunte op die prysgrafiek te raak. Verder is dominante voorkeurhellings se wisselwerking met die prys gewoonlik ook bestendig oor langer duur as wat met hellings van ander families die geval is.

Daarom moet elke voorbeeld met die definisie van ’n geskikte meesterhelling begin word. Die hellings van al die ander tendenslyne in die ontleding sal dan daarvan afgelei word om lede van net een familie te wees. Die meesterhelling word bepaal deur ’n tendenslyn tussen twee uitstaande keerpunte of ander belangrike punte op die prysgrafiek te trek. Die twee punte moet nie naby mekaar geleë wees nie, om die waarskynlikheid dat dit ’n dominante familie voorkeurhellings sal verteenwoordig, te verhoog.

Die twee ankerpunte wat vir die meesterhelling gebruik word, kan albei twee hoogtepunte of twee laagtepunte wees; een kan ook ’n hoogtepunt wees en die ander een ’n laagtepunt. Die sentrale punt van ’n gevurkte patroon is ook aanvaarbaar, en dit is bevind dat die eerste datapunt van ’n tydreeks ook ’n belangrike punt vir die verdere verloop van die prys is. Hoe langer die tydsverloop tussen die meesterhelling se twee ankerpunte is, hoe groter word die waarskynlikheid dat dit ’n bruikbare meesterhelling sal wees.

Kanaalverhoudings wat by herhaling in ontledings van finansiële tydreekse voorkom, sluit die volgende in: die 500:500-verhouding van ’n hoofkanaal wat in twee gelyke bane verdeel is en die 382:618-Fibonacci-verhouding. Naas hierdie twee verhoudings wat gewoonlik die meeste gesien word, is daar die vier rondegetalverhoudings 400:600, 300:700, 200:800 en 100:900. Die laaste drie hiervan kom minder dikwels tydens ontledings voor, moontlik omdat daar tydens die proses van ontleding ’n voorkeur vir kanale met meer gebalanseerde kanaalverhoudings is. Vir die doel van die toets sal net die volgende verhoudings aanvaar word: die 500:500-, 382:618- en 400:600-verhoudings.

’n Duimreël wat reeds lank in gebruik is, stel dit dat ’n kanaalpaar se kanaalverhouding met ’n bekende verhouding ooreenstem wanneer hulle slegs in die derde desimaal van mekaar verskil. Die akkuraatheid van ±1% as arbitrêre besluit in die lig van bestaande kennis van die verskynsel het tot dusver aanvaarbare resultate gelewer.

 

4. Oorwegings by die ontwerp van die voorbeelde

Die voorbeelde moet aan twee vereistes voldoen. Eerstens moet daar genoeg verskeidenheid wees om te staaf dat die ontledings nie ’n sekere patroon gevolg het wat die gewenste resultate lewer nie. Tweedens moet daar gemeenskaplikheid in die resultate wees om te demonstreer dat die strukture nie die gevolg van toeval is nie, maar betekenend van ’n veralgemeende en bestendige meganisme wat hiervoor verantwoordelik is, wat dit ook al mag wees.

Die doelwit van verskeidenheid word afgesien van verskille in die ontledings veral deur die gebruik van verskillende tydreekse bereik. Gemeenskaplikheid sal volg uit ooreenstemming tussen kanaalverhoudings van kanaalpare wat onder verskillende omstandighede geskep is, maar wat deurgaans van dieselfde streng beperkende algoritme gebruik maak.

4.1 Die metode vir die skepping van die voorbeelde

Enkele aspekte van hierdie verskynsel wat lank genoeg waargeneem is om as eienskappe van finansiële tydreekse aanvaar te word, is by die omskrywing van die metodiek vir die skep van al die voorbeelde in ag geneem. Dit sluit die volgende in:

  • Voorkeurhellings wat lede van dominante families is, is geneig om die prominente keerpunte op die prysgrafiek te raak en te verbind.
  • Prominente keerpunte wat ’n voorkeurhelling raak, kan hoogtepunte, laagtepunte of die sentrale punte van gevurkte omkeerpatrone wees; veral tydelike algehele hoogte- en laagtepunte in die prysgeskiedenis word as prominent gereken en dit sluit die eerste datapunt van ’n tydreeks en raaklyne aan die prysgrafiek ook in.
  • Voorkeurhellings wat lede van net een familie is, se hellings verskil minstens 61,8% van mekaar; dit is dus nie moontlik om aanpassings aan ’n kanaalpaar se helling te maak om die kanaalverhouding effens te verander nie. 
  • Kanaalpare waarvan die helling van die ewewydige tendenslyne lid van ’n dominante familie voorkeurhellings is en al drie tendenslyne in uitstaande keerpunte geanker is, is geneig om kanaalverhoudings wat met die bekende reeks waardes ooreenstem, te hê. 

Die algoritme is ’n proses van verkenning wat begin met die definisie van ’n meesterhelling. Dit beperk die afgeleide hellings wat vir die voorbeeld gebruik kan word tot net een familie. Geskikte afgeleide hellings word dan getoets om kanaalpare in verskillende kombinasies van drie aanvaarbare ankerpunte te skep en aan te teken watter helling en stel ankerpunte een van die gevraagde kanaalverhoudings lewer. Daar mag toevallig kanaalpare wees wat aan die voorwaardes voldoen, maar indien al vyf tydreekse ’n voldoende aantal kanaalpare met een of meer van die drie voorgeskrewe kanaalverhoudings kan lewer, sal so ’n uitslag die waarskynlikheid dat toeval die verklaring vir almal bied, verlaag. 

Die programmatuur maak dit moontlik om elke datapunt in die prysreeks op die prysgrafiek met behulp van ’n merker wat langs die prysgrafiek beweeg, individueel aan te spreek. Deur so twee paslike datapunte op die prysgrafiek te kies, kan hulle koördinate gebruik word om ’n tendenslyn akkuraat met die korrekte helling te trek. Nadat ’n meesterhelling getrek is, kan die merker na ander punte op die prysgrafiek beweeg word om daar in ’n gekose punt ’n nuwe tendenslyn met ’n helling wat volgens keuse van die meesterlyn se helling afgelei is, te trek. 

Die afgeleide tendenslyn se helling kan dieselfde as die meesterhelling wees, of dit kan ’n helling wees wat met een of meer toepassings van die Fibonacci-verhouding steiler of vlakker gemaak is en met dieselfde of ’n omgekeerde teken. Drie ewewydige afgeleide tendenslyne in prominente keerpunte geanker vorm ’n kanaalpaar wat met regte keuse van die afgeleide helling en die drie ankerpunte ’n bekende kanaalverhouding behoort te lewer. 

Dit kan nie voorsien word dat alle kombinasies van afgeleide helling en drie ankerpunte ’n bekende helling sal lewer nie. Die doel van hierdie toets is egter om te demonstreer dat onder verskillende omstandighede en met ’n beperkende prosedure etlike kanaalpare wel op elke prysgrafiek gevind kan word wat met net drie bekende kanaalverhoudings ooreenstem.

Wanneer hierdie prosedure korrek toegepas word, is ’n kanaalpaar se kanaalverhouding ’n funksie van die koördinate van die twee ankerpunte wat vir die meesterhelling gebruik is en die koördinate van die ankerpunte van die kanaalpaar se tendenslyne. Die presiese helling wat vir die afgeleide tendenslyne gebruik word, word ook deur die twee stelle koördinate van die meesterhelling se ankerpunte en die Fibonacci-verhouding bepaal. Die resultate se geloofbaarheid word dan uitsluitlik bepaal deur eerstens die keuse van die meesterhelling se twee ankerpunte en daarna die aard van die kanaalpaar se drie ankerpunte. 

Die vyf stelle koördinate van die ankerpunte wat vir die definisie van die meesterhelling en vir die drie afgeleide tendenslyne gebruik is, moet in ’n spesifieke verband tot mekaar staan om ’n kanaalpaar met een van die drie bekende kanaalverhoudings te lewer. Dit geld ook indien een of meer van die afgeleide tendenslyne ’n ankerpunt met die meesterhelling deel. Wanneer meer as een kanaalpaar suksesvol van dieselfde meesterhelling afgelei kan word, vergroot dit die aantal stelle koördinate wat in ’n verband tot mekaar betrek word om die hele ontleding moontlik te maak. Dit geld veral wanneer die kanaalpare se afgeleide hellings van mekaar verskil. Die waarskynlikheid dat die verband tussen die koördinate van soveel prominente keerpunte vir verskillende afgeleide hellings van een meesterhelling lukraak kan wees, word dan verder verminder.

Die strukture in die voorbeelde bestaan feitlik uitsluitend uit kanaalpare van drie ewewydige tendenslyne met betreklik min kanaalstelle wat uit meer as drie tendenslyne bestaan. Dit is so gedoen om die voorbeelde nie oormatig met tendenslyne te bevolk nie. Verder beteken dit die kanaalpare wat wel in die voorbeelde gebruik is, moet kan oortuig dat hulle nie lukraak tussen ’n wye keuse moontlikhede uitgesoek is nie. Ongelukkig verhoed dit die voorkoms van simmetrie in die spasiëring tussen vier en meer tendenslyne. Die simmetrie van drie of meer naasliggende bane in ’n kanaalstel is ’n eienskap van die verskynsel wat eerder op struktuur as toeval vir die verklaring dui. 

Twee vrae sal deur hierdie toets beantwoord moet word. Eerstens: Sal daar met die beperkings wat geld, ’n voldoende aantal gevalle van die gevraagde kanaalverhoudings in al vyf die tydreekse gevind word om hierdie eienskap as inherent aan tydreekse van finansiële pryse te bevestig? Tweedens: Sal die S&P500-tydreeks wat in meer as een voorbeeld met gebruik van verskillende meesterhellings ontleed is, bevestig dat die gewenste resultate nie deur die keuse van die meesterhelling beïnvloed word nie?

 

5. Voorbeelde

Een voorbeeld van elk van vier tydreekse gebruik die maandgemiddelde tydreeks van die Switserse frank / VSA-dollar-wisselkoers, die dollar-rand-wisselkoers, die prys van goud in D-mark vanaf 1971 en daarna in euro vanaf 1999. Vier voorbeelde maak van die S&P500-indeks se maandgemiddelde tydreeks gebruik en een van die daaglikse sluitingswaardes van die Dow Jones-nywerheidsgemiddelde.

Voorbeeld 5.1. Switserse frank / VSA-dollar-wisselkoers

Voorbeeld 5.1. Maandgemiddelde Switserse frank / VSA-dollar-koers vanaf Januarie 1971 tot November 2019

Die rooi tendenslyn M, wat die meesterhelling verteenwoordig, se twee ankerpunte wat in Oktober 1978 en in Augustus 2011 23 jaar later geleë is, word met ’n x aangedui. Dit tree as ’n akkurate raaklyn aan etlike keerpunte langs die onderkant van die prysgrafiek op. Hierdie raakpunte bevestig dat hierdie tendenslyn en sy afgeleide hellings voorkeurhellings verteenwoordig.

Daar word van ’n duimreël gebruik gemaak om te bepaal of ’n keerpunt naby genoeg aan ’n tendenslyn is om dit as ’n raakpunt aan die tendenslyn te aanvaar. Die verskil tussen die keerpunt en die tendenslyn moet dan minder as 0,5% wees, uitgedruk teenoor die vertikale skaal van die grafiek. Die verskil word so genormaliseer om vergelyking tussen verskillende grafieke moontlik te maak. Die persentasie word deurgaans opgerond na twee desimale. 

Van die nege keerpunte, groot en klein, wat by drie geleenthede naby die meesterlyn gesien kan word, is drie wat met ’n punt aangedui word, nie binne 0,5% van die tendenslyn nie. Die breek na onder die tendenslyn by die tweede punt wat so gemerk is, is presies 0,5% deur die lyn, terwyl die derde gemerkte keerpunt 1,4% bokant die lyn is. Dit dien om ’n begrip van die keerpunte naby ’n tendenslyn wat ’n raakpunt mag wees, by die leser te vestig. Dit is egter nie die doel van die ondersoek om keerpunte wat raakpunte aan tendenslyne mag wees op te soek nie. 

Die ankerpunte van die afgeleide tendenslyne B, C, Q, R en S word met ’n o aangedui. Die twee tendenslyne A van kanaalpaar ABC en P van kanaalstel PQRS is in die oorsprong van die tydreeks geanker en is nie op die grafiek sigbaar nie. Kanaalstel PQRS bestaan uit twee oorvleuelende kanaalpare en die voorbeeld se drie kanaalpare wat in vetdruk verskyn om leesbaarheid te verbeter se kanaalverhoudings is: ABC 384:616, PQR 506:494 en QRS 602:398.

Al drie kanaalverhoudings stem met die voorgeskrewe waardes ooreen; paar ABC met die 382:618 van die Fibonacci-verhouding en die ander twee kanaalpare met die 500:500- en 600:400- bekende verhoudings. Tendenslyne P en S is albei raaklyne aan die tydreeks. Dit beteken dat die binnelyne van kanaalstel PQRS onder bykomende beperkings ten opsigte van die keuse van hulle ankerpunte staan, want die ankerpunte van hierdie tendenslyne moet twee verskillende kanaalverhoudings bevredig.

Die meesterhelling se twee ankerpunte is bo verdenking as twee prominente laagtepunte op die prysgrafiek en die tendenslyn pas ook as raaklyn aan ander laagtepunte. Die ankerpunte van al die afgeleide tendenslyne is alleenstaande en prominente keerpunte wat nie met nabygeleë keerpunte verwar kan word nie. Tendenslyn R verskil van die middelpunt van die gevurkte hoogtepunt as 1 gemerk met 0,05% wat dit as ’n raakpunt bevestig. 

Dit volg dat die ankerpunte van die meesterhelling en die drie ankerpunte van kanaalpaar ABC waarvan die helling van die meesterhelling afgelei is, ’n spesifieke verband tot mekaar deel om kanaalpaar ABC se kanaalverhouding met die Fibonacci-verhouding ooreen te laat stem. Eweneens staan die meesterhelling se ankerpunte en die ankerpunte van tendenslyne P, Q, R en S ook in ’n spesifieke verband tot mekaar. Dit volg verder dat indien die eerste datapunt en die ander vyf keerpunte wat as ankerpunte gebruik is se koördinate in terme van tyd en prys meer as net minimaal anders was, hierdie voorbeeld nie geskep sou kon word nie. Al die ankerpunte wat gebruik is, deel daarom ’n gemeenskaplike verband. 

Voorbeeld 5.2. S&P500-meesterhelling tussen die 1929- en 1987-hoogtepunte

Voorbeeld 5.2. S&P500 (1) Maandgemiddelde vanaf Januarie 1871 tot Junie 2018

Voorbeeld 5.2 se meesterhelling is tussen die 1929- en 1987-hoogtepunte soos met ’n x aangedui, getrek. Met ’n tydsverskil van 58 jaar is die twee ankerpunte lank genoeg van mekaar verwyder om ’n akkurate meesterhelling te skep. Die kanaalpaar XYM is ewewydig aan die meesterhelling met ankerpunte soos aangedui. Kanaalpaar PQR se eerste twee tendenslyne is saam met die meesterhelling in die 1929- en 1987-hoogtepunte geanker. Tendenslyn R is saam met die tendenslyne X en D in die algehele hoogtepunt in Januarie 2018, wat net enkele maande lank so gegeld het, geanker. Ook tendenslyn Y is in ’n duidelike keerpunt in die stygmark vanaf 2009 tot 2018 geanker.

Die kanaalstel ABCD bestaan uit twee oorvleuelende kanaalpare ABC en BCD waarvan die tendenslyne A en B met ’n vlakker afgeleide helling as kanaalpaar PQR ook in die 1929- en 1987-hoogtepunte geanker is. Tendenslyn C is in die sentrale punt van die 2007- gevurkte hoogtepunt geanker en dit is ’n lid van albei kanaalpare. 

Die kanaalverhoudings van die vier kanaalpare is: ABC 500:500, BCD 500:500, PQR 398:602 en XYM 380:620.

Die kanaalstel ABCD is simmetries, met al drie bane daarvan ewe wyd. Dit bevestig dat die tendenslyn C korrek geplaas is. Kanaalpaar PQR stem met die bekende 400:600-verhouding ooreen en kanaalpaar XYM verskil min van die Fibonacci-verhouding. Hierdeur word die Januarie 2018-hoogtepunt as ’n prominente keerpunt vir drie kanaalpare bevestig. 

Die koördinate in terme van tyd en prys van die besondere hoogtepunte in 1929, 1987 en Januarie 2018 definieer ’n verwysingsraamwerk vir die familie voorkeurhellings wat van die meesterhelling tussen die 1929- en 1987-hoogtepunte afgelei is. Die tendenslyne A en P asook B en Q deel ankerpunte met die meesterhelling, terwyl die kanaalpaar XYM direk die meesterhelling betrek. Dus is al drie die kanaalstelle ABCD, PQR en XYM almal integraal deel van daardie raamwerk. Net vyf keerpunte word as ankerpunte vir die 10 tendenslyne in die voorbeeld gebruik om vier kanaalpare mee te skep. Geeneen van die vyf keerpunte se koördinate kan selfs net minimaal verander word sonder om die geheel van die voorbeeld met die kanaalpare wat bekende verhoudings het, te versteur nie.

Voorbeeld 5.3. Goudprys in D-mark en euro – aangepas

Voorbeeld 5.3. Maandgemiddelde goudprys in D-mark en euro vanaf Januarie 1971 tot April 2020 

’n Historiese tydreeks van die D-mark–dollarkoers is op so ’n wyse by die euro-VSA dollarkoers bygewerk dat die D-mark (Duitsland se geldeenheid voor die euro) gladweg met die euro se koers teen die VSA-dollar saamsmelt. Die maandgemiddelde van die nuwe wisselkoers is hier gebruik. Ontleding van hierdie saamgestelde tydreeks vertoon duidelike kanaalstrukture oor die volle bereik daarvan, maar dit word nie hier gewys nie.

Vir Voorbeeld 5.3 is hierdie tydreeks gebruik om die prys van goud vanaf 1971 effektief in euro te bereken. Die meesterhelling is tussen die eerste datapunt en die voormalige hoogtepunt in September 2012 getrek en dit strek uit die tydperk vanaf die D-mark tot nadat die euro as geldeenheid oorgeneem het.

Die breë kanale AC en XZ omsluit elkeen omtrent die geheel van die prysgrafiek wat oor nagenoeg 60 jaar strek. Al vier tendenslyne kan as raaklyne aan die grafiek beskou word. Tendenslyn Z is as raaklyn aan laagtepunte van die prysgrafiek getrek. Dit beweeg effens bokant die eerste datapunt verby, wat nog laer is. Indien lyn Z se ankerpunt na die eerste datapunt verskuif sou word om ’n egte raaklyn te wees, sou die verhouding van kanaalpaar XYZ van 382:618 na 379:821 verander om steeds goed met die Fibonacci-verhouding ooreen te stem.

Die kanaalverhoudings is: ABC 499:501, PQR 395:605 en XYZ 379:621.

Twee van die verhoudings stem met die 500:500- en 400:600-verhoudings ooreen en die derde met die Fibonacci-verhouding.

Met die twee buitenste tendenslyne van die kanaalpare wat die hele prysgrafiek omsluit en as raaklyne nie verskuif kan word nie, word die plasing van kanaalpare ABC en XYZ se binnelyne van kardinale belang. Tendenslyn B is in die sentrale punt van ’n gevurkte laagtepunt geanker. Tendenslyn Y se ankerpunt is die eerste regstelling ná ’n lang been van die 2005–2012-stygmark en ontvang ook ’n totsiensgroet voordat die stygmark voortgesit word. Dit is soortgelyk aan lyn Y in Voorbeeld 5.2. Beide hierdie ankerpunte is uitstaande genoeg om gebruik te kan word.

Die verskil tussen tendenslyne C en X by die twee keerpunte as 1 en 2 gemerk, is onderskeidelik 0,03% en 0,07%. Indien tendenslyn X na die hoogtepunt met die X gemerk verskuif sou word, verander kanaalpaar XYZ se verhouding na 399:601. 

Voorbeeld 5.4. S&P500-meesterhelling tussen eerste datapunt en 2020-hoogtepunt

Voorbeeld 5.4 gebruik die S&P500-tydreeks vanaf die eerste datapunt in 1871 tot die nuutste algehele hoogtepunt in Januarie 2020. Die maandgemiddelde van die tydreeks vir Februarie 2020 teen 3277,31 is effens minder as die waarde van Januarie 2020 teen 3278,20. Met die effek van die COVID-19-virus op die aandelebeurs in New York kan sekerlik verwag word dat die waarde vir Januarie 2020 ’n geruime tyd die algehele hoogtepunt sal bly.

Voorbeeld 5.4 bestaan uit ses kanaalpare en een kanaalstel van vier tendenslyne. Albei die buitelyne van die kanaalpare en kanaalstel is raaklyne aan die prysgrafiek en is in die eerste datapunt en die Januarie 2020-hoogtepunt gesetel. Kanaalpaar MAB strek langs die tendens van die prysgrafiek. Die ander tendenslyne wat dwars oor die prysgrafiek loop, is van 1 tot 6 genommer, elkeen met ’n eie kleur. Die kanaalverhoudings van al die kanaalpare word dus slegs deur die plasing van hulle binnelyne bepaal. Die binnelyne van die kanaalpare asook die twee binnelyne van kanaalstel 4 is in uitstaande keerpunte op die prysgrafiek geanker; twee pare tendenslyne in beide die hoogtepunte van 1929 en 1987 en twee ander tendenslyne in die 2007-hoogtepunt en 2009-laagtepunt van die prysgrafiek se sentrale gedeelte. 

Die kanaalverhoudings van die kanaalpare is: MAB 617:383, 111 594:406, 222 320:680, 333 406:594, 444a 290:710, 444b 616:384, 555 496:504 en 666 593:407.

Voorbeeld 5.4. S&P500 (2) Maandgemiddelde vanaf Januarie 1871 tot Januarie 2020

Tendenslyn A van kanaalpaar MAB is in ’n tydelike en kortstondige algehele hoogtepunt kort voor die Augustus 2000-hoogtepunt geanker. Dit is ’n gevurkte hoogtepunt. Die eerste van die twee sentrale punte daarin is net té ver van die tendenslyn om ’n raakpunt te wees. Sou lyn A se ankerpunt na daardie sentrale punt verskuif word, verander die kanaalverhouding van 617:383 na 619:381, wat ewe goed is. 

Van die agt kanaalverhoudings stem drie met die Fibonacci-verhouding ooreen en vier met die bekende 400:600-kanaalverhouding. Die eerste kanaalpaar van die kanaalstel 444 met die eerste tendenslyn in die eerste datapunt geanker se kanaalverhouding verskil rakelings té veel van die bekende 300:700-verhouding, maar dit sou in elk geval nie vir die toets in aanmerking gekom het nie. Dat net die ankerpunt van tendenslyn A enigsins aanvegbaar kan wees, beteken dat voorbeeld 5.4 suksesvol aan die doelstelling in afdeling 4.1 vir die voorbeelde se ontwerp presteer. 

Voorbeeld 5.5. VSA-dollar/SA-rand-koers

Voorbeeld 5.5 bevat vier kanaalpare: ABC, PQR, MXY en UVW. Die meesterhelling is tussen die eerste datapunt en die algehele hoogtepunt in Januarie 2016 getrek. Kanaalpare ABC en MXY se buitelyne is almal raaklyne aan die prysgrafiek met die gevolg dat hul kanaalverhoudings slegs deur die plasing van tendenslyne B en X bepaal word. Lyn X is in ’n ou gevurkte laagtepunt geanker toe die rand nog waarde gehad het, terwyl lyn B in ’n meer onlangse vlak gevurkte hoogtepunt se middelpunt geanker is. Lyn X beweeg binne 0,24% van daardie middelpunt verby, maar kom nader as 0,03% aan die prysgrafiek by die regterpiek van die gevurkte hoogtepunt. Kort nadat dit deur lyn Q beweeg, raak lyn X ook ’n keerpunt binne 0,07%.

Voorbeeld 5.5. Maandgemiddelde VSA-dollar/SA-rand-koers vanaf Januarie 1971 tot Januarie 2020

Kanaalpaar PQR omvat die vlugtige beermark in die rand sedert 1985. Kanaalpaar UVW is geleë tussen die twee hoogtepunte op die prysgrafiek in Desember 2001 en Januarie 2016 toe die rand by twee geleenthede waarde verloor het. Die kanaalpaar se drie tendenslyne is in hoogtepunte van die prysgrafiek geanker met tendenslyn V wat in die middelpunt van ’n gevurkte hoogtepunt geleë is. Tendenslyn R dien as raaklyn van die stygmark sedert die laagtepunt in Maart 2018.

Die kanaalverhoudings van die vier kanaalpare is: ABC 502:498, MXY 496:504, PQR 382:618 en UVW 399:601. 

Indien tendenslyn B vanuit die middelpunt van die gevurkte hoogtepunt opeenvolgend na die twee pieke weerskante geskuif word, verander die kanaalverhouding van kanaalpaar ABC van 502:498 na 482:518 en 500:500 onderskeidelik. Die verskil tussen die middelpunt en die tweede hoogtepunt is klein genoeg om steeds die middelpunt as die ankerpunt vir lyn B te verkies. Eweneens, sou tendenslyn V opeenvolgend na die hoogtepunte geskuif word, sal kanaalpaar UVW se kanaalverhouding van 399:601 na 394:606 en 589:411 onderskeidelik verander. Die gevurkte hoogtepunt se middelpunt is hier dus die korrekte ankerpunt.

Kanale AC en MY word deur tendenslyne B en X in twee nagenoeg gelyke dele verdeel. Die kanaalpaar PQR se verhouding stem met die Fibonacci-verhouding ooreen en kanaalpaar UVW is in die 400:600-verhouding verdeel.

Voorbeeld 5.6. S&P500-meesterhelling tussen eerste datapunt en 1929-hoogtepunt

Voorbeeld 5.6. S&P500 (3) Maandgemiddelde vanaf Januarie 1871 tot Januarie 2020

Die meesterhelling M lê langs die gelykmatige basislyn van die grafiek; dit is gedurende die tydperk voordat die tydreeks steil in waarde toegeneem het. Die meesterhelling is tussen die eerste datapunt en die 1929-hoogtepunt getrek. Omdat die helling daarvan so vlak is, is die afgeleide tendenslyne etlike veelvoude van die Fibonacci-verhouding steiler as wat die meesterhelling is. Tendenslyn K is 8 en tendenslyn B is 10 Fibonacci-transformasies steiler, wat beteken hulle is onderskeidelik 76 en 123 keer steiler as die meesterhelling.

Voorbeeld 5.5 het vier hoofkanaalpare, ABC, JKL, PQR en XYZ. Die bane KL en QR van die kanaalpare JKL en PQR word verder deur die bykomende tendenslyne U en V in twee dele verdeel. Daardeur ontstaan vier nuwe kanaalpare, JKU, KUL, PQV en QVR. Die voorbeeld bestaan dus uit agt kanaalpare waarvan kanaalpare JKL en PQR met die nuwe kanaalpare oorvleuel. Die twee eerste tendenslyne A en X van die kanaalpare ABC en XYZ is in die eerste datapunt geanker en is daarom nie op die voorbeeld sigbaar nie.

Die kanaalverhoudings van die vier hoofkanaalpare is: ABC 615:385, JKL 503:497, PQR 507:493 en XYZ 622:378, en van die nuwe oorvleuelende kanaalpare wat geskep word wanneer tendenslyne U en V bygereken word, is dit: JKU 665:335, KUL 497:503 en PQV 613:387 en QVR 615:385. 

Al agt kanaalpare het bekende kanaalverhoudings, maar dié van kanaalpaar JKU, wat met die bekende 1/3:2/3-verhouding ooreenstem, word nie vir die doel van hierdie studie as ’n sukses bygereken nie. Drie van die sewe kanaalpare wat aan die voorwaardes vir die toets voldoen, stem met die 500:500-verhouding ooreen en die ander vier kanaalverhoudings met die 382:618-Fibonacci-verhouding.

Tendenslyn C is in die tydelike algehele hoogtepunt van September 2018 geanker, terwyl tendenslyn P in die tydelike hoogtepunt van Desember 2019 geanker is. Tendenslyn Z se ankerpunt is die Januarie 2020- algehele hoogtepunt. Tendenslyn K wat in die hoogtepunt van 1929 geanker is, sny binne 0,013% onderkant die Desember 2019- tydelike algehele hoogtepunt verby om dit ’n raakpunt aan daardie hoogtepunt te maak.

Voorbeeld 5.7. Dow Jones-indeks se daaglikse waardes 14 Julie 1896 tot 14 Februarie 2020

Die Dow Jones-indeks se tydreeks strek oor ’n termyn langer as 120 jaar vanaf Julie 1896 tot 28 Februarie 2020. Die aantal datapunte is 33 568. ’n Daaglikse tydreeks is moeilik om oor die korter termyn te ontleed, omdat daar soveel verskillende en kortstondige keerpunte wat as ankerpunte gebruik kan word naby aan mekaar geleë is. Hierdie indeks het op 12 Februarie 2020 teen 29 9551,42 punte die mees onlangse algehele hoogtepunt bereik. Die meesterhelling is tussen die eerste datapunt en die skerp laagtepunt in Maart 2009 getrek. 

Drie van die vier kanaalpare in Voorbeeld 5.7 se eerste tendenslyne is met ’n negatiewe helling in die eerste datapunt geleë en is dus nie op die voorbeeld sigbaar nie. Dit is die drie tendenslyne J, P en X van kanaalpare JKL, PQR en XYZ. Die laaste tendenslyne van hierdie drie kanaalpare, naamlik L, R en Z, is almal in die Januarie 2020-hoogtepunt geanker. Hulle kanaalverhoudings word daarom net deur die drie kanaalpare se verskillende hellings wat van die meesterhelling M afgelei is en die ankerpunt wat vir van die kanaalpare se middelste tendenslyn gebruik is, bepaal.

Twee van die drie kanaalpare se middelste tendenslyne is in die hoogtepunte van Oktober 1987 en Oktober 2007 geanker. Tendenslyn Y van kanaalpaar XYZ soos hier langsaan gewys word, is in ’n sentrale punt van die Maart 2009- gevurkte laagtepunt geanker. Indien die lyn na die algehele laagtepunt verskuif word, verander kanaalpaar XYZ se verhouding van 497:503 na 510:490 net skrams meer as die limiet om ook as ’n bekende waarde gereken te word. Sentrale punte van gevurkte patrone is egter wel aanvaarbaar as ankerpunte, met die gevolg dat die kanaalpaar XYZ vir die doel van die toets aanvaar word.

Voorbeeld 5.7. Dow Jones-indeks daaglikse waardes vanaf 14 Julie 1896 tot 19 Maart 2020 

Die tendenslyn A van die vierde kanaalpaar ABC is met die laaste tendenslyne van die ander drie kanaalpare in die algehele hoogtepunt geanker. Tendenslyn C is as ’n raaklyn aan die prysgrafiek by ’n keerpunt in die skuins gedeelte van die grafiek kort ná die hoogtepunt in 1987 getrek. Later beweeg dit binne 0,08% verby die laagtepunt op 9 Maart 2009.

Die kanaalverhoudings van die vier kanaalpare is: ABC 614:386, JKL 504:496, PQR 695:305 en XYZ 497:503.

Kanaalpaar ABC, wat feitlik die hele prysgrafiek omsluit, se kanaalverhouding stem goed met die Fibonacci-verhouding ooreen. Die hellings van die twee kanaalpare JKL en XYZ verskil met twee Fibonacci-transformasies van mekaar. Dit is die verskil wat nodig is sodat tendenslyne K en Y, wat wyd van mekaar geleë is, die twee kanale JL en PR wat tussen dieselfde raakpunte aan die prysgrafiek geleë is, nagenoeg halveer.

Met die bykomende tendenslyn W in die 1987-hoogtepunt geplaas, is kanaalpaar XWY se kanaalverhouding 700:300. Die soortgelyke kanaalpaar YVZ, waarvan tendenslyn V by die eerste van twee laagtepunte tydens die 2009–2008-stygmark geanker is, het ’n kanaalverhouding van 401:599. Die verhoudings van hierdie nuwe kanaalpare bevestig dat die plasing van tendenslyn Y korrek gedoen is.

 

6. Ondersoek na voorkeurhellings se gevoeligheid vir ’n verandering in die helling 

Die mate of omvang van fynstruktuur in die verskynsel van voorkeurhellings is nie bekend nie. Daarvoor is dit nodig om te kan bepaal wanneer daar nie meer duidelik tussen twee voorkeurhellings wat al nader na mekaar op die prysgrafiek beweeg word, onderskei kan word nie. In beginsel verskil twee hellings van mekaar wanneer hulle nie presies dieselfde waarde het nie. Omdat ’n tydreeks uit diskrete waardes bestaan, verander die berekende hellings egter nie kontinu nie. Daarom sal die fynstruktuur in die praktyk kunsmatig bepaal word wanneer daar op die prysgrafiek van die tydreeks wat ondersoek word, nie meer grafies tussen twee nabygeleë voorkeurhellings onderskei kan word nie. Die aantal datapunte in die tydreeks sal daarom ook ’n faktor wees, want dit sal ’n boperk stel vir die mate van die spreiding tussen twee nabygeleë voorkeurhellings. 

Tydens die skep van Voorbeeld 5.6 is gevind dat ’n tendenslyn wat in die 1929-hoogtepunt met die korrekte afgeleide helling geanker is, maar toe nie daar gebruik is nie, binne 0,13% van die 1987-hoogtepunt verby beweeg. Die afgeleide tendenslyn se helling verskil dus min genoeg van die meesterhelling in Voorbeeld 5.2. om die 1987-hoogtepunt as ’n raakpunt aan die grafiek te aanvaar. Verdere ondersoek het bevind dat ’n afgeleide tendenslyn van die meesterhelling in Voorbeeld 5.4 wat in die hoogtepunt van 1929 geanker is, binne 0,07% van die 1987-hoogtepunt verby beweeg. Met die afgeleide tendenslyne van die ander twee meesterhellings wat goed met die derde meesterhelling ooreenstem, is die vraag of drie meesterhellings in Voorbeelde 5.2, 5.4 en 5.6 lede van dieselfde familie voorkeurhellings mag wees en andersins of daar wel op ’n manier tussen hulle onderskei kan word.

Voorbeeld 6.1. Ondersoek van die meesterhellings in Voorbeelde 5.2, 5.4 en 5.6

Dit is nie bekend wat die dimensies van enige moontlike fynstruktuur in die verskynsel van voorkeurhellings mag wees nie. Hierdie aspek daarvan kan wel op twee maniere ondersoek word: eerstens deur te toets of die kanaalverhoudings van soortgelyke kanaalpare van twee nabygeleë hellings van mekaar verskil, of tweedens deur te toets of afgeleide tendenslyne van die twee hellings twee duidelike keerpunte op die prysgrafiek ewe goed pas.

Die doel van Voorbeeld 6.1 is om uitspraak te lewer oor die mate waartoe hierdie twee maniere van toets in staat is om tussen meesterhellings wat naby aan mekaar geleë is, te onderskei. Eerstens word die kanaalverhoudings van drie soortgelyke kanaalpare met hellings wat van die verskillende meesterhellings in Voorbeelde 5.2 en 5.6 afgelei is, vergelyk. Tweedens word toepaslike steiler afgeleide tendenslyne van die meesterhellings in Voorbeelde 5.2 en 5.6 met die meesterhelling wat in Voorbeeld 5.4 gebruik is, vergelyk.

Al drie meesterhellings verskyn in Voorbeeld 6.1 en is as M6-2, M6-4 en M6-6 gemerk. Die bondels tendenslyne wat as A, B en C gemerk is, bevat afgeleide tendenslyne van die drie meesterhellings. Bondel A is in die laaste datapunt van die tydreeks geanker; bondel B in die regstelling tydens die 2009–2018-stygmark, en bondel C is as raaklyne onder aan die prysgrafiek getrek. In bondel A is twee van die afgeleide tendenslyne gemerk.

Verder onderskei die kleure tussen die drie meesterhellings en hulle afgeleide tendenslyne. Twee ander bondels wat elkeen afgeleide tendenslyne van die drie meesterhellings bevat, is as Y en Z gemerk. Hulle is in die 1987-hoogtepunt en in die laaste datapunt in Januarie 2020 onderskeidelik geanker. ’n Derde soortgelyke bondel X om sodoende kanaalpaar XYZ van die bondels te vorm, is in die eerste datapunt geanker en is nie op die voorbeeld sigbaar nie.

Voorbeeld 6.1. Vergelyking van die drie S&P500-meesterhellings

Die verskillende kanaalverhoudings van die afgeleide tendenslyne in die bondels kanaalpare word in Tabel 6.1 aangetoon.

Tabel 6.1. Verskillende meesterhellings se afgeleide kanaalverhoudings 

Kanaalpaarbondel

M6-2

M6-4

M6-6

ABC

496:504

497:503

495:505

XYZ

593:407

594:406

591:409

 

Die twee stelle kanaalverhoudings verskil met een syfer in die derde desimaal, behalwe kanaalpaar XYZ se kanaalverhouding van meesterhelling M6-6 waar die verskil twee syfers in die derde desimaal is. Meesterhelling M6-2 het 8 Fibonacci-transformasies nodig om langs die M6-4-meesterhelling te pas wat dit 47 keer steiler maak en wat enige rondingsfoute in die twee ankerpunte van die meesterhelling se betreklik klein waardes sal vergroot, maar wat nie merkbaar gebeur het nie.

Volgens die duimreël word die verhoudings as dieselfde kanaalverhouding beskou. Daaruit volg dit dat indien die drie meesterhellings lede van verskillende families sou wees, dit nie met behulp van kanaalverhoudings geredelik onderskei kan word nie. 

Die meesterhelling van Voorbeeld 5.4 is in die laaste datapunt van Januarie 2020 geanker. Die derde steiler afgeleide tendenslyn van die meesterhelling in Voorbeeld 5.2 wat in die eerste datapunt geanker is, beweeg 0,77% onderkant die laaste datapunt verby. Dit is meer as die gebruiklike limiet van 0,50% om dit as ’n raakpunt aan die prysgrafiek te aanvaar. Die agtste steiler afgeleide tendenslyn van die meesterhelling in Voorbeeld 5.6 beweeg 2,40% onderkant die laaste datapunt verby, wat ook te veel is om dit ’n raakpunt aan die tendenslyn te maak.

In Voorbeeld 5.6 beweeg tendenslyn K wat in die 1929-hoogtepunt geanker is, binne 0,02% onderkant die tydelike hoogtepunt in Desember 2019 verby. Soortgelyke tendenslyne wat van meesterhellings M6-2 en M6-4 afgelei is, beweeg onderskeidelik 1,21% en 1,97% aan die bokant van die Desember 2019-hoogtepunt verby. Waar die afgeleide tendenslyn K met ankerpunt in die 1929-hoogtepunt die Desember 2019-hoogtepunt raak, doen nie een van die ander twee meesterhellings se afgeleide tendenslyne dieselfde nie. Hiervolgens is die drie meesterhellings nie lede van dieselfde familie nie. 

Voorbeeld 6.1 wys dat afgeleide tendenslyne wel tussen die drie meesterhellings as lede van verskillende tendenslynfamilies onderskei. Die kanaalverhoudings wys ook verskille tussen die drie meesterhellings, maar nie voldoende om die gebruiklike duimreël van die verskil in die derde desimaal te betrek nie. Tog dui beide benaderings daarop dat daar ’n fynstruktuur in die verskynsel bestaan.

Die gebruik van tendenslyne het die nadeel dat die uitslag vir die duur van die tydreeks se prysgrafiek gevoelig is. Die uitslag sal verander wanneer die tydsduur van die prysgrafiek verkort of verleng word sodat die toets nuwe pare punte wat nader of verder van mekaar is vir die vergelyking moet gebruik. In teenstelling hiermee sal die kanaalverhoudings van twee soortgelyke kanaalpare wat vergelyk word, nie deur die grafiek se tydsduur beïnvloed word nie. Sou dan ten gunste van kanaalverhoudings om tussen hellings se families te onderskei besluit word, sal die gebruiklike limiet van minder as 10 plekke wat in die derde desimaal van twee verhoudings mag verskil, hersien moet word. So ’n besluit sal die diskrete aard van ’n tydreeks se waardes in ag moet neem, want dit stel ’n onderperk aan hoeveel twee hellings van mekaar kan verskil en nog lede van verskillende families kan wees. 

Meer insig in die eienskappe van die verskynsel is nodig om te kan motiveer of ’n absolute limiet bestaan wat onder alle omstandighede sal geld. Dit is egter meer waarskynlik dat daar bruikbare limiete vir verskillende omstandighede sal wees.

Voorbeeld 6.2. S&P500-meesterhelling tussen eerste datapunt en 2007-hoogtepunt

Voorbeeld 6.2. S&P500 (4) Maandgemiddelde vanaf Januarie 1871 tot Januarie 2020

Soos bespreek, het die meesterhellings in die eerste drie voorbeelde van die S&P500-tydreeks te min van mekaar verskil om uitspraak te lewer oor die vraag of gebruik van verskillende meesterhellings ook kanaalpare met bekende kanaalverhoudings sal skep. In Voorbeeld 6.2 word ’n meesterhelling wat heelwat van die ander drie verskil, gebruik. Nog ’n verandering van die vorige drie S&P500-voorbeelde is dat die Januarie 2018-hoogtepunt nou in die plek van die Januarie 2020-hoogtepunt as ankerpunt van die kanaalpare se derde tendenslyne gebruik is. Voorbeeld 6.2 verskil dus in twee opsigte van Voorbeelde 5.2, 5.4 en 5.6 om die effek van die ander meesterhelling te toets. 

Die meesterhelling is tussen die eerste datapunt en die 2007-hoogtepunt getrek. Die drie tendenslyne X, Y en Z is ewewydig aan die meesterhelling. Tendenslyne X en Z is raaklyne aan die prysgrafiek en lyn Y is in ’n tydelike algehele hoogtepunt tydens die steil stygmark tussen 2009 en 2018 geanker. Die kanaalpaar JKL en die twee kanaalstelle ABCDEFGH en PQRS se eerste tendenslyne is in die eerste datapunt geleë en is nie sigbaar nie.

Tendenslyne L en S van kanaalpaar JKL en kanaalstel PQRS asook lyne G van kanaalstel ABCDEFGH is soos in Voorbeeld 5.2 in die Januarie 2018 hoogtepunt geanker. Van die 19 tendenslyne in die voorbeeld is net twee in moontlik aanvegbare ankerpunte gesetel. Die tendenslyn F se ankerpunt is in ’n klein en kortstondige huiwering in die steil stygmark onderweg na die tydelike hoogtepunt in Januarie 2018 waar die prys ’n totsiensgroet teen lyn F uitgevoer het. Tendenslyn H van die groot kanaalstel is in die Desember 2019- tydelike algehele hoogtepunt kort voor die Januarie 2020- algehele hoogtepunt geanker. 

Die kanaalverhoudings van die kanaalpare in Voorbeeld 6.2 is: JKL 600:400, XYM 696:304, YMZ 298:704, PQR 335:665 en QRS 497:503, ABC 383:617, BCD 505:495, CDE 508:492, DEF 501:499, EFG 496:504 en FGH 621:317.

Van die 11 kanaalpare wat almal bekende verhoudings het, kom drie nie as suksesvol vir die toets in aanmerking nie. Hulle is XYM, YMZ en PQR. Die ander agt stem met die 500:500-verhouding (5), die Fibonacci-verhouding (2) en 400:600-verhouding ooreen. Kanaalstel XYMZ se twee kanaalpare het soortgelyke verhoudings in omgekeerde vorm met die gevolg dat die hele kanaalstel met die tendenslyne X en Z as raaklyne aan die prysgrafiek simmetries is. Dit plaas besondere belang op die ankerpunte van die twee binnelyne, Y en M.

Van die ses kanaalpare in die kanaalstel ABCDEFGH stem vier kanaalpare met die 500:500-verhouding ooreen en die eerste en laaste wat die Fibonacci-verhouding deel. Die vier kanaalpare met 500:500-kanaalverhoudings is naasliggend met die gevolg dat kanaalstel BCDEFG simmetries is.

Die twee pare met die Fibonacci-verhouding wat weerskante van die simmetriese kanaalstel geleë is se verhoudings is omgekeerd. Dit bring mee dat die volledige kanaalstel wat uit agt tendenslyne bestaan, simmetries is. Dit is die eerste keer dat sodanig uitgebreide simmetrie gesien is en die besondere verband tussen die agt stelle koördinate van die ankerpunte dien om beide tendenslyne F en H as korrek geplaas te bevestig.

Omdat daar simmetrie in die ses kanaalpare van kanaalstel ABCDEFGH bestaan, mag daar ook groter kanaalpare in die kanaalstel wees wat aanvaarbare verhoudings sal vertoon. Vier sodanige kanaalpare is die volgende: ACD 623:377, EFH 387:613, ABD 238:762, EGH 768:232. 

Kanaalpare ACD en EFH is weerskante van kanaal DE geleë en albei verskil net vyf plekke van die Fibonacci-verhouding in omgekeerde verhouding. Dit beteken dat die kanaalstel ACDEFH ook simmetries is. Dieselfde geld vir kanaalstel ABDEGH, maar in hierdie geval stem hulle kanaalverhouding met ’n seldsame verhouding ooreen, naamlik met 236:764 waar 0,236 die derde mag van die Fibonacci-getal 0,618034 is. 

Dit volg uit Voorbeeld 6.2 dat die bekende kanaalverhoudings van Voorbeelde 6.2, 6.4 en 6.6 nie deur die ooreenkoms in hulle meesterhellings bepaal word nie, maar dat ’n ander meesterhelling wat geloofwaardig gedefinieer is ook bekende kanaalverhoudings lewer.

 

7. Bespreking van die voorbeelde

Die voorbeelde is ontwerp om slegs een aspek van die verskynsel van voorkeurhellings te betrek. Ondersoek oor ’n lang tyd het geleer dat met die gebruik van ’n korrek-geplaaste meesterhelling om tendenslyne wat net aan een familie behoort in ’n ontleding te trek, die volgende geld: Dit is moontlik om vir die korrekte afgeleide helling daarvan drie keerpunte op die prysgrafiek van ’n finansiële tydreeks te vind, sodat ’n kanaalpaar wat daarin geanker is se kanaalverhouding met een van die kort lys van bekende waardes sal ooreenstem.

Die gestruktureerde metodiek wat vir die skep van die voorbeelde gevolg is, beskryf ’n soektog na sodanige kanaalpare. Deur slegs aanvaarbare keerpunte wat die eerste datapunt insluit as ankerpunte vir die meesterhelling en die afgeleide tendenslyne te gebruik, word die soektog begrens en dan nog verder beperk deur slegs die kanaalpare met een van die drie van die bekende kanaalverhoudings wat meeste gesien word, in ag te neem.

Die voorbeelde se resultate word in Tabel 7.1 opgesom. Die voorbeelde in rooi druk verwys na die vier voorbeelde van die S&P500-tydreeks. Kolom 1 verwys na die voorbeelde en die aantal kanaalpare wat daarin voorkom. Die verspreiding van die kanaalpare se verhoudings word in die ander kolomme vertoon.

Tabel 7.1. Verdeling van kanaalverhoudings in die voorbeelde

Voorbeeld

500:500

382:618

400:600

300:700

Ander

5.1 (3)

X

X

X

 

 

5.2 (4)

XX

X

X

 

 

5.3 (4)

X

X

XX

 

 

5.4 (8)

XX

XXX

XX

 

290:710

5.5 (4)

XX

X

X

 

 

5.6 (8)

XXX

XXXX

 

 

665:335

5.7 (6)

XX

X

XX

X

 

6.1 (2)

X

X

 

 

 

6.2 (15)

XXXXX

XXXX

X

XX

665:335
236:764 2x

Totaal 54

19

17

10

3

5

 

Die verdeling van die kanaalverhoudings in die voorbeelde word in Tabel 7.1 voorsien. Van die 54 kanaalpare se kanaalverhoudings stem die agt (15%) in die laaste twee kolomme nie met die voorgeskrewe verhoudings ooreen nie. Vier van hierdie agt verhoudings, waarvan een rakelings té veel verskil, stem met die 300:700-verhouding wat nie vir die toets aanvaar word nie ooreen. Twee stem ooreen met die 335:665-verhouding (1/3:2/3) wat ook in baie tydreekse gesien word. Nog twee se verhouding stem met die derde mag, 0,236, van die 0,618034-Fibonacci-verhouding ooreen.

Die aantal van die 500:500-, 382:618- en 400:600- bekende verhoudings in die voorbeelde stem goed ooreen met wat in ontledings van voorkeurhellings van allerlei tydreekse gesien word. Tydens ontleding is daar ’n bewustelike voorkeur vir kanale wat naastenby eweredig verdeel is, eerder as kanaalpare wat ekstreme verhoudings sal hê. Dit is nog nie bekend of hierdie verdeling ook die werklike verspreiding in tydreekse weerspieël nie.

Daar is 46 (85%) kanaalpare waarvan die kanaalverhoudings met die drie waardes wat vir die toets aanvaarbaar is, ooreenstem om as suksesse van die soektog te kwalifiseer. Dit is voldoende vir ’n positiewe antwoord op die eerste vraag of die prosedure wat vir die skep van die voorbeelde gevolg is, suksesvol sal wees om voorbeelde van die kanaalstruktuur van die verskynsel te vind. Hiermee word ook die teenwoordigheid van die eienskappe van die verskynsel wat in vele ontledings waargeneem en in die prosedure ingebou is, in minstens vyf verskillende tydreekse bevestig.

Die vraag of die keuse van meesterhelling die resultate kan beïnvloed, word nie goed deur die eerste drie voorbeelde van die S&P500-tydreeks beantwoord nie. Daarvoor verskil hulle meesterhellings te min van mekaar. Dit het behoefte aan ’n verdere voorbeeld geskep en in Voorbeeld 6.2 is die resultaat duidelik dat die keuse van ’n ander meesterhelling steeds resultate wat aan die toets voldoen, sal lewer. 

Die meesterhellings in die S&P500-tydreeks se eerste drie voorbeelde skep 20 verskillende kanaalpare met bekende verhoudings. Soos uit Voorbeeld 6.1 volg, kon enige van die drie Voorbeelde 5.2, 5.4 en 5.6 met gemak met enige een van die drie meesterhellings in daardie voorbeelde geskep word. Dat die aannames wat die algoritme onderlê, die aard van die verskynsel korrek beskryf, word verder bevestig deur die aantal verskillende kanaalpare met een van die drie vooropgestelde kanaalverhoudings wat met gebruik van een meesterhelling suksesvol afgelei kan word.

Tabel 7.2. Verdeling van die gebruik van prominente keerpunte

Ankerpunte

5.2

5.4

5.6

6.2

N – 69

11

23

15

20

1/1871 (16)

 

7

5

4

9/1929 (9)

3

2

2

2

8/1987 (9)

3

2

2

2

8/2000 (2)

1

 

1

 

2/2003 (1)

 

 

 

1

10/2007 (5)

 

2

1

2

3/2009 (3)

 

1

1

1

1/2018 (6)

3

 

 

3

12/2019 (2)

 

 

1

1

1/2020 (8)

 

6

1

1

Totaal 61

10

20

14

17

 

Die gebruik van verskillende ankerpunte vir die meesterhellings en afgeleide tendenslyne in die vier S&P500-voorbeelde word in Tabel 7.2 opgesom. Vir elkeen van die vier voorbeelde word die totale aantal ankerpunte wat gebruik is, in rooi druk in die tweede ry van die tabel aangetoon. Die eerste datapunt en ander prominente ankerpunte wat in die voorbeeld gebruik is, word in die eerste kolom aangedui tesame met die aantal kere wat dit as ankerpunt gedien het. Die gebruik in die verskillende voorbeelde van die 10 ankerpunte word in die rye aangedui. Die onderste ry dui die totale gebruik van die 10 verskillende keerpunte vir elke voorbeeld aan.

In die geval van die gevurkte laagtepunt in 2003 en gevurkte hoogtepunt in 2007 word al drie keerpunte van hierdie patrone in ag geneem. Nie al die belangrike keerpunte is in elke voorbeeld gebruik nie, maar net agt van die totale aantal ankerpunte was glad nie in een van hierdie 10 belangrike keerpunte nie. Dit is opmerklik volgens Tabel 7.2 dat die drie S&P500-voorbeelde met nagenoeg dieselfde meesterhelling nie van dieselfde kombinasies ankerpunte vir kanaalpare gebruik gemaak het nie. Vergelyking van die 18 kanaalpare in daardie voorbeelde, wat met die voorgeskrewe verhoudings ooreenstem, wys dat hulle almal verskillend is. Hierdie verskeidenheid dien ook as stawing van die aannames waarop die algoritme gegrond is.

In Voorbeeld 5.7 dien die laagtepunt van die Dow Jones-nywerheidsgemiddelde op 9 Maart 2009 as een van die meesterhelling se twee ankerpunte. Dit speel dus ’n besondere rol in die ontwikkeling van die hele ontleding. Pryse in finansiële markte ontwikkel normaalweg op ordelike wyse as die tussenspel van aanvraag en aanbod in die mark soos weerspieël in die besluite van al die markspelers. Dit bring die ontluiking van ’n komplekse selfaanpasbare stelsel as ’n moontlike verklaring na vore. Die laagtepunt op Wallstraat op 9 Maart was nie die gevolg van normale markbesluite nie. Die VSA se Federale Reserwe, hulle sentrale bank, het tot die finansiële krisis toegetree met die aankondiging dat ’n reusebedrag beskikbaar gestel is om die finansiële stelsel te herkapitaliseer en so die krisis te ontlont.

Aangesien die kanaalpare in die drie S&P500 voorbeelde asook in Voorbeelde 7.1 en 7.2 na weerskante van die Maart 2009 laagtepunt strek en nogtans bekende kanaalverhoudings vertoon, het die feit dat daardie laagtepunt die gevolg van ’n wilsbesluit deur die Federale Reserwe is op die oog af nie die inherente patroonmatigheid van die verskynsel versteur nie. Beleggers se besluitneming moes daardie gebeurtenis en die effek op Wallstraat in ag geneem en gemaklik verwerk het om die tydreeks se koördinate gladweg by dit wat Maart 2009 voorafgegaan het, aaneen te skakel. Hieruit, en ook uit die voorbeelde van verskillende tydreekse, blyk dit dat die meganisme wat vir die waargenome struktuur verantwoordelik is, robuust, aanpasbaar en bestendig op langer termyn is.

 

8. Gevolgtrekkings

Dit is uit Tabel 7.1 duidelik dat die algoritme wat met die skep van die voorbeelde gevolg is, suksesvol was om kanaalpare met een van drie bekende kanaalverhoudings te skep. Daarom kan aanvaar word die aannames wat vir die ontwerp daarvan gebruik is, bied ’n korrekte beskrywing van eienskappe van die verskynsel wat oor ’n lang tyd in tydreekse van die pryse in finansiële markte waargeneem is. Die sukses van die algoritme in die voorbeelde van die vyf tydreekse wat ondersoek is, bevestig dat die verskynsel in al vyf tydreekse teenwoordig is. 

Daar is geen verwysing na enige struktuur van naastenby hierdie aard in die literatuur wat aan my beskikbaar is nie. Dit weerspieël die aanvaarde mening in finansiëlemarkteorie soos Burton Malkiel in sy artikel (Malkiel 2003), waarin kritiek op die Doeltreffendemark-hipotese weerlê word, bespreek. Dit kom daarop neer dat die geskiedenis van ’n prys nie gebruik kan word om die verdere verloop daarvan vooruit te loop nie. Aangesien die bestaan van enige struktuur in pryse van finansiële markte voorspelbaarheid impliseer, is dit te verstane dat die moontlike bestaan van enige struktuur in markpryse nie meer veel navorsing ontlok het nie.

Dit is bekend dat die Instituut vir Kompleksiteit in Santa Fe heelwat navorsing oor ontluiking in pryse van finansiële markte gedoen het, maar daar is nie verslae van sukses wat behaal is, beskikbaar nie. Dit mag wees dat hulle soektog uitsluitlik na ’n lineêre patroonmatigheid gedoen is. Die verskynsel wat hier bespreek is, is egter tweedimensioneel van aard.

Die fynstruktuur van die verskynsel wat op grond van Voorbeeld 6.1 as moontlikheid gestel word, dien om te veronderstel dat prysveranderings altyd by ’n voorkeurhelling sal plaasvind. Die verskillende voorkeurhellings van ’n tydreeks sal dan ’n fyn netwerk vorm met die gevolg dat die beweging van die prys met verloop van tyd dan met Brown se beweging van ’n molekule in ’n gas vergelyk kan word (Encyclopaedia Britannica 2018).

Daar kan op grond van die voorbeelde min tot geen twyfel wees nie dat daardie tydreekse wel struktuur vertoon. Die aard van die struktuur word aan die hand van net enkele aspekte uitgelig en daar is nog veel om na te vors. Die bestaan van akkurate struktuur in markpryse wat oor vele dekades strek en wat moontlik die ontluiking in komplekse selfaanpasbare stelsels verteenwoordig, skep nuwe vrae oor die werking van die brein en die aard van menslike besluitneming wat wyd strek.

’n Eenvoudige program en data waarmee die voorbeelde herskep kan word, sal by hierdie skakel beskikbaar gestel word. Die inhoud van die skakel kan vir gebruik na die rekenaar afgelaai word. Die tekslêer 0-Read-me.docx bied aanwysings vir hoe om voort te gaan.

 

Erkenning

My dank aan me. G. van Reenen vir die taalversorging.

 

Bibliografie 

Beukes, G.J. 2011. Preferred gradients: Evidence of emergent symmetry in financial markets. Ongepubliseerde MCom-verhandeling, Universiteit van Johannesburg.

Encyclopaedia Britannica. 2018. Brownian motion. https://www.britannica.com/science/Brownian-motion (4 Augustus 2018 geraadpleeg).

Edwards, R.D., J. Magee en W.H.C. Bassetti. 2007. Technical analysis of stock trends. 9de uitgawe. Cleveland: Taylor and Francis.

Elliott R.N. 1938. The wave principle. Faksimilee herdruk. https://www.alanpuritrading.com/shop/stock-market-psychology/wave-principle-1938-r-n-elliott (17 Januarie 2016 geraadpleeg).

FRED. 2019. Switserse frank-VSA dollarkoers. https://fred.stlouisfed.org/series/EXSZUS (17 Desember 2019 geraadpleeg).

FRED. 2020a. D-mark-VSA dollarkoers. https://fred.stlouisfed.org/series/EXgeUS (22 Maart 2020 geraadpleeg).

FRED. 2020b. Euro-VSA Dollarkoers. https://fred.stlouisfed.org/series/EXUSEU (22 Maart 2020 geraadpleeg).

FRED. 2020c. Maandgemiddelde VSA-dollar/SA-rand-koers. https://fred.stlouisfed.org/series/EXSFUS (19 Februarie 2020 geraadpleeg).

Gann, W.D. 1942. How to make profits trading in commodities: A study of the commodity market. 2008-herdruk. Pomeroy, WA: Lambert Gann Publishing. 

Investopedia. s.j. Introduction to Elliott Wave Theory. https://www.investopedia.com/articles/technical/111401.asp (6 Julie 2018 geraadpleeg). 

Joubert, D.J. 1993. Evidence of symmetry in price behaviour. Investment Analysts Journal, 22(37):47–51.

—. 1996. An underlying symmetry on price charts. Investment Analysts Journal, 25(43):11–20.

Malkiel, B.G. 2003. The efficient market hypothesis and its critics. Journal of Economic Perspectives, 17(1):59–82.

Marisch, G. 1996. The W.D. Gann method of trading. A simplified, clear approach. Brightwaters, NY: Windsor Books. 

MetaTrader 5. 2020. A powerful platform for forex and exchange markets. https://www.metatrader5.com/en (21 Augustus 2018 geraadpleeg).

Murphy, J.J. 1999. Technical analysis of the financial markets. Hersiene uitgawe. New York: New York Institute of Finance.

Pines, D. 2014. Emergence: A unifying theme for 21st century science. Santa Fe Institute of Complexity. https://medium.com/sfi-30-foundations-frontiers/emergence-a-unifying-theme-for-21st-century-science-4324ac0f951e (3 Mei 2016 geraadpleeg).

Pring, M.J. 2002. Technical analysis explained. Vierde uitgawe. New York, NY: McGraw-Hill.

Quandl. 2019. Dow Jones-nywerheidsindeks. https://www.quandl.com/data/BCB/7809-Dow-Jones-NYSE-index (26 September 2019 geraadpleeg en daarna met die hand bygewerk).

Quandl. 2020a. S&P500 maandelikse gemiddelde. https://www.quandl.com/data/MULTPL/SP500_REAL_PRICE_MONTH-S-P-500-Real-Price-by-Month (16 Februarie 2020 geraadpleeg).

Quandl. 2020b. Maandgemiddelde: goudprys. https://www.quandl.com/data/LBMA/GOLD-Gold-Price-London-Fixing (9 Mei 2020 geraadpleeg).

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Waarnemings van langdurige struktuur in tydreekse van finansiële markte appeared first on LitNet.

Observations of long-term structure in the time series of financial markets

$
0
0

Abstract

Suggested citation: The citation should list the original Afrikaans paper, followed by the link to this abstract in English.
Note: This tightly constrained English abstract is in point form. Software and additional information with which to replicate the examples can be found here.

 

1. Introduction

Extended exploration of financial time series, using my own software, provided evidence of structure in prices of financial markets. Prices tend to change direction repeatedly along specific straight lines to indicate the presence of preferred gradients (Joubert 1993, 1994).

1.1 Three instances of a preferred gradient located in prominent points on a price chart form a channel pair. The channel ratios identified in all financial time series are 500:500, 382:618, 400:600, 300:700, 200:800, 150:850, 100:900, 333:667 and 236:764. 

1.2 Different preferred gradients are related through the Fibonacci ratio. Changing a known gradient by this ratio delivers another preferred gradient. Repeated transformations deliver a “family” of gradients that differ by at least 61,8%.

An algorithm based on these two features is used to create bias-neutral examples which demonstrate the existence of a consistent and accurate phenomenon.

 

2. The analysis of preferred gradients

Prices change direction at preferred gradients. In Diagram 2.1, V1 is a known preferred gradient with V2 unknown. Diagram 2.1A, a “goodbye kiss” on V1, occurs in a sustained trend. Diagram 2.1B is a bifurcated low, with its inverse being a bifurcated top. The centre reversal of bifurcated patterns typically identifies important preferred gradients.

Diagram 2.1. Standard interactions between price and preferred gradients

The algorithm used to create the examples consists of two steps: 

2.1 Define a master gradient between two prominent points on the chart: The gradients of all other trend lines are derived from this to enforce only one family of gradients being used in an example.

2.2 Search systematically for three instances of a derived gradient located in prominent chart points that have a known ratio. 

Once a master gradient is defined, the ratios of all such derived channel pairs to be found by a mechanistic search are predetermined. Only three commonly seen ratios – 500:500, 382:618 and 400:600 – qualify to determine whether the algorithm correctly represents features of the phenomenon. Acceptable channel ratios may not differ by more than 9 places in the third decimal from a known ratio (±1%).

 

3. Examples

An x identifies anchor points used for the master gradient; an o identifies the locations of derived trend lines. When the initial trend lines of channel sets are located in the first data point, these may not be visible. Examples employ the monthly averages of the SP500 index, price of gold in euro, Swiss franc–US dollar and US dollar–SA rand exchange rates, and the daily Dow Jones Industrial Average (FRED, Quandl).

Example 3.1. Swiss franc-U–US dollar exchange rate. January 1871 to November 2019

ABC 384:2016, PQR 506:494 and QRS 602:398

Line R differs by 0,05% from the central point of bifurcated top 1, expressed in terms of the vertical scale. The difference must be less than 0,5% to qualify as an intersection.

Even quite minimal changes to any of the sets of coordinates of time and price of the five anchor points will collapse the specific relationship between the sets of coordinates that makes this example possible.

Example 3.2. Master gradient defined between the 1929 and 1987 highs

Example 3.2. S&P500 (1). January 1871 to June 2019

ABC 500:500, BCD 500:500, PQR 398:602 and XYM 380:620

Channel set ABCD is symmetrical, which confirms the location of line C.

Example 3.3. Master gradient defined between first data point and September 2012 high

Example 3.3. Gold price in D-mark/euro. January 1971 to April 2020

ABC 499:501. PQR 395:605 and XYZ 379:621

The D-mark and euro time series were normalised before calculating the gold price.

Example 3.4. Master gradient defined between January 1871 and January 2020

Six channel pairs and one channel set of 4 trend lines are located between the first data point and the January 2020 high.

Example 3.4. S&P500 (2). January 1871 to January 2020

MAB 617:383, 111 594:406, 222 320:680, 333 406:594, 444a 290:710, 444b 616:384, 555 496:504 and 666 593:407

Example 3.5. Master gradient defined between first data point and January 2016 high

Example 3.5. US Dollar–SA Rand exchange rate. January 1971 to January 2020

ABC 502:498, MXY 496:504, PQR 382:618 and UVW 399:601

Lines X and B are located in bifurcated tops.

Example 3.6. Master gradient defined between first data point and 1929 high

Channels KL and QR of the four main channel pairs are divided by additional trend lines U and V. Trend lines K and B are 76 and 123 times steeper than the master gradient. 

Example 3.6. S&P500 (3). January 1871 to January 2020

Primary channel pairs: ABC 615:385, JKL 503:497, PGR 507:493 and XYZ 622:378
Secondary channel pairs: JKU 665:335, KUL 497:503, PQV 613:387 and QVR 615:385

All eight ratios are known, but JKU with a 1/3:2/3 ratio does not qualify.

Example 3.7. Master gradient defined between the first data point and March 2009 low

The DJIA time series spans 120 years (33 568 days) since 14 July 1896. Some trend lines of the four main channel sets are not visible. A line V, not shown, is located at the point marked 1. Channel pairs XWY and YVZ are two additional channel pairs. Line Q is located in the central point of a bifurcated low in March 2009.

Example 3.7. Dow Jones index. Daily closing values from 14 July 1896 to 19 March 2020

ABC 614:386, JKL 504:496, PQR 695:305, XYZ 497:503, XWY 700:300 and YVZ 401:599

Channel pairs XWY and YVZ confirm that line Y is correctly located. The gradients of pairs XYZ and JKL differ by two Fibonacci transformations, which require different locations for lines K and Y for both ratios to correspond to 500:500.

 

4. The sensitivity of preferred gradients for changes in gradient

It happened inadvertently that the master gradients in Examples 3.2, 3.4 and 3.6 belong to the same or similar families of gradients, as illustrated in Example 4.1.

Example 4.1. Three master gradients of Examples 3.2, 3.4 and 3.6

Steeper derivatives of master gradients M3-2 and M3-6 are similar to the master gradient M3-4 of Example 3.4. 

Example 4.1. Comparison of three S&P500 master gradients

Table 4.1 shows the ratios of channel pairs ABC and XYZ of the different master gradients are closely similar. 

Table 4.1. Channel ratios of three different master gradients

Channel pair bundle

M3-2

M3-4

M3-6

ABC

496:504

497:503

495:505

XYZ

593:407

594:406

591:409

 

Steeper derived lines of M3-2 and M3-6 miss the January 2020 high (where M3-4 is defined by 0,79% and 2,74% respectively). This is too far for an interception.

Example 4.1 demonstrates that channel ratios cannot distinguish between closely similar families of gradients, while the fit of derived trend lines to the chart can do so. However, using trend lines has limitations of scale. Example 4.1 suggests the phenomenon has a fine structure.

Example 4.2. S&P500 (4). A fourth master gradient between January 1871 and October 2007

This proves that the results of other SP500 examples do not rely on the similarity of their master gradients. It also employs the January 2018 high instead of the September 2018 high.

Example 4.2. S&P500 (4). January 1871 to January 2020

JKL 600:400, XYM 696:304, YMZ 298:704, PQR 335:665 en QRS 497:503, ABC 383:617, BCD 505:495, CDE 508:492, DEF 501:499, EFG 496:504 and FGH 621:317

All 11 channel ratios are known, but three do not qualify. The ratios of pairs XYM and YMZ are both similar and reversed to make channel set XYMZ symmetrical. Pair PQR has the known 1/3:2/3 ratio. Five ratios correspond to 500:500, two to the Fibonacci ratio; one is 400:600. The set ABCDEFGH is symmetrical to confirm that trend lines F and H are correctly located.

With some lines removed, the remaining sets ACDEFH and ABDEGH also display known ratios.

ACD 623:377, EFH 387:613, ABD 238:762, EGH 768:232.

Both symmetrical sets consist of two channel pairs separated by channel DE. Pairs ABD and EGH do not qualify for the test. Their ratios correspond to the 236:764 ratio of the third power of the Fibonacci ratio (0.618034).

Example 4.2 illustrates that the good ratios from the other S&P500 examples do not result from the close relationship between their master gradients.

 

5. Discussion of the examples 

The examples were designed to substantiate the claim that preferred gradients are a feature of different time series. The algorithm used for the examples ensures compliance with what is known of the phenomenon and is bias neutral, except for the definition of the master gradient. 

Table 5.1. Distribution of channel ratios in the examples

Example

500:500

382:618

400:600

300:700

Ander

5.1 (3)

X

X

X

 

 

5.2 (4)

XX

X

X

 

 

5.3 (4)

X

X

XX

 

 

5.4 (8)

XX

XXX

XX

 

290:710

5.5 (4)

XX

X

X

 

 

5.6 (8)

XXX

XXXX

 

 

665:335

5.7 (6)

XX

X

XX

X

 

6.1 (2)

X

X

 

 

 

6.2 (15)

XXXXX

XXXX

X

XX

665:335
236:764 2x

Total 54

19

17

10

3

5

 

Table 5.1 shows the distribution of the ratios in the examples (S&P500 examples in red). Eight of 54 channel pairs do not qualify, so that 46 (85%) of the ratios satisfy the test requirements. The presence of the phenomenon of preferred gradients as defined by its features encoded in the algorithm is confirmed in all five time series. 

Table 5.2. Distribution of the S&P examples of 10 prominent anchor points

Locations

5.2

5.4

5.6

6.2

N – 69

11

23

15

20

1/1871 (16)

 

7

5

4

9/1929 (9)

3

2

2

2

8/1987 (9)

3

2

2

2

8/2000 (2)

1

 

1

 

2/2003 (1)

 

 

 

1

10/2007 (5)

 

2

1

2

3/2009 (3)

 

1

1

1

1/2018 (6)

3

 

 

3

12/2019 (2)

 

 

1

1

1/2020 (8)

 

6

1

1

Total 61

10

20

14

17

 

The first column of Table 5.2 shows the dates and usage count of ten prominent chart points used to locate 61 of the 69 anchor points in the examples based on the S&P500 time series. This supports evidence in Table 5.1 that the algorithm correctly interprets the observed features of the phenomenon. 

In Example 3.7, the master gradient uses the low on 9 March 2009. Its coordinates of time and price are not the result of normal market forces, but of the decision by the US Federal Reserve to intervene in the financial crisis by injecting funds into financial markets (Yahoo Finance 2009). The S&P500 examples therefore imply that this phenomenon accommodates trend reversals whether due to normal market forces or intervention.

 

6. Conclusions 

Table 5.1 shows that the algorithm was successful in terms of its objective to confirm that the two features of the phenomenon used for the algorithm reflect the presence of structure in all five time series. 

The hypothesis that all trend changes occur at preferred gradients implies that the random changes of market prices result from a similar mechanism as the Brownian movement of a molecule in a gas (Encyclopaedia Britannica 2018).

The observed structure in the examples is assumed to be evidence of emergence in financial markets as complex self-adaptive systems, as described here:

When electrons or atoms or individuals or societies interact with one another or their environment, the collective behaviour of the whole is different from that of its parts. We call this resulting behavior emergent. Emergence thus refers to collective phenomena or behaviors in complex adaptive systems that are not present in their individual parts. (Pines 2014)

Keywords: chart patterns; complexity; Dow Jones Index; Efficient Market Hypothesis; euro; Fibonacci ratio; financial markets; gold price; monthly averages; preferred gradients; S&P500 Index; South African rand; structure in market prices; Swiss franc; time series

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Waarnemings van langdurige struktuur in tydreekse van finansiële markte

The post Observations of long-term structure in the time series of financial markets appeared first on LitNet.


Elders gesien: Die uitslag het gekom

$
0
0

Foto: Canva.com

Erna Jo skryf op Facebook:

Toe Liefie se foon lui vanoggend, sink my hart dadelik af maag toe. Mens weet mos daar kom slegte nuus as jou huisdokter jou bel. En hierdie keer is dit toe weer so: COVID-positief, jammer julle. Die uitslag het gekom.

My hart slaat bollemakiesies van skrik. Liefie se oë is stokstyf, sy mond ’n groot O. Ek wil giggel, maar die oomblik is te ernstig. Ek is oortuig hulle het ’n fout gemaak, niemand kry hulle uitslae so vinnig nie. Of dis seker white privilege.

Met die foon op luidspreker vra ons gou ’n paar vrae. Hoe nou, wat maak mens, hoe lank, wanneer, hoe, waar, wat... en hy sê ek moet maar inkom spreekkamer toe oor die ander sakie.

Die pynlike eier wat besig is om tussen my bors en my ribbes uit te groei. Taken by alien forces, dis nou ek daai. Die ding is so seer, dit voel af die alien tussen my ribbes kleintjies kry.

Nietemin, ons moet net die spreekkamer bel as ons daar is, dan kom hy sommer gou uit buitentoe, en kom loer wat is fout. BWAHAHAHAHAHA!!! Moet ek my klere in die parking lot uittrek?

Ek dog hy maak ’n grap. Ewe gehoorsaam en niksvermoedend volg ons al die instruksies. ’n Blok van die spreekkamer af bel ek om te sê ons ry nou by die parkeerplek in. Die vriendelike ontvangsdame beduie baie mooi waar ons moet parkeer. Ek probeer so tussen die instruksies deur vir Liefie beduie waar hy moet stop, maar hy lees al my handseine verkeerd en trek langs ons dokter se kar in. Lekker in die koelte.

Ek wil weet waarheen nou, toe deel sy my plegtig mee dat ek net daar in die kar moet bly sit. Dokter gaan nou uitkom.

“Seriejaas?” vra ek. “So by my kooltjies, ’n drive-thru dokter. HAHAHA!”

Sy dink nie ek is snaaks nie.

“Moet ek in my kar vir dokter wag?”

“Ja,” antwoord sy.

Ek dink so in my enigheid dis seker hoe apartheid gevoel het. Al is die net ’n flou afskynsel daarvan.

“Hulle is wraggies ernstig,” sê ek vir Liefie, met groot oë en ’n droë mond.

Dis skaars 10 minute, toe stap die spektakel die spreekkamer se trappe af. Twee humanoid bodies. En hulle kom pylreguit na ons toe aangestap. Ek vergeet ek sit aan die passasierskant, en trap-trap die koppelaar en petrol om weg te jaag. No can do. Snaaks wat bietjie skrik en baie verbeelding of koors aan mens kan doen.

Die twee is so gesuit, geboot en gemasker, hulle arms staan soos gewigoptellers s’n skoon van hulle bolywe af weg, en hulle waggel omdat daar nie plek tussen hulle bobene van al die materiaal is nie.

“Hoe gaan dit, Erna? Wat is fout?” wil die langer alien by my weet.

Ek voel ’n ligte histerie in my opstoot net voor ek ons dokter se stem herken.

Hy wil my sommer net daar in die kar ondersoek, maar agv die min spasie tussen die twee karre en al die safety gear wat hulle aanhet, kan nie die dokter of verpleegster by my uitkom nie. Ek gooi my voete by die kardeur uit en gaan lê met my kop op Liefie se skoot. Dit werk ook nie, want nou moet dokter wydsbeen oor my buk, een voet buite die kar tussen myne, die ander voet langs my sitplek. Liefie kyk die storie met ’n stywe nek, maar spraak geen sprook nie.

Ek is later uit die kar uit, gedrapeer oor dokter se eie kar.

“Wag eers,” gil ek benoud toe die dokter my top begin oplig. Met die dat die knop op so ’n eienaardige plek sit, is dit te seer om die nodige onderklere te dra. “Ek het nie ’n bra aan nie! En waar is die karwagte? Ekismorsdood. Enekstripwragtagniehierinjouparkeerruimtenie.” Als in een asem.

Sy verpleegster giggel. Dokter se oë kreukel agter sy drie maskers en kopligte en die vaderweetalleen wat se goed hy nog aanhet. Liefie klem die stuurwiel was en staar net reguit voor hom uit.

Nou moet jy mooi verstaan, as mens kort, oorgewig en oor vyftig is, is mooi anatomie iets wat jy laas voor jou eerste kind gesien het. Waar is die dae toe my borsies kleiner as my skapulas was? Nou sit ek met uiers. Udders. En ek het nie ’n bra aan nie.

Ek het twee hande nodig om een bors mooi stigtelik toe te hou terwyl ek halflyf oor die kar lê, dokter oor my buk en oral druk,voel en peuter, en die ander bors lui-lui begin afswing na die naaste ruitveër toe. Waar hy te hard vat, kreun ek hardop. Dis seer, okay. Maar dit klink weird. Die hele situasie is absurd en bizar. Iemand wat nie weet hier is ’n mediese ondersoek onderweg nie, sal dink ons repeteer vir ’n porn show.

Uiteindelik is als verby. Ek lê met ’n briefie vir ’n sonar en nog een vir medikasie soos slappap oor my sitplek. Seer en gekneus en te moeg om befoeterd te wees. Galblaas se moer, ek DINK die ding gesond. Maar voor ek daarby kom, gaan ek my op my bed uitstrek en my verbeel iemand gooi ’n hele boks Lindt sjokoladeballetjies in my posbus. En biltong vir Liefie en Sarel. Ons verdien ’n trosie. Mos.

The post Elders gesien: Die uitslag het gekom appeared first on LitNet.

Die rol van die Britse regering met betrekking tot slawerny en die konsentrasiekampe

$
0
0

Foto van Danie van Wyk: verskaf

 

Die bekende Britse lied, “Rule Britannia”, se aanhef is as volg:

Rule, Britannia! Britannia, rule the waves!
Britons never, never, never shall be slaves …

Khinde Andrews, ’n professor in swart studies verbonde aan Birmingham City University in Engeland, het onlangs tydens ’n onderhoud met CNN Newsroom gereageer op die vraag of reparasie aan slagoffers van slawerny betaal moet word. Dit was na aanleiding van die Juneteenth-feesvieringe in sekere Amerikaanse state waar die vrystelling van die slawe gevier en herdenk is. Die kwessie was dat slawe hulle vryheid verkry het, maar nie werklik vry was nie. Vergoeding was slegs aan slawe-eienaars betaal, nie aan vrygestelde slawe nie.  Omdat geen reparasie aan hulle betaal is nie, kon hulle nie ’n nuwe begin maak nie.

Hy het verder verwys na slawe wat deur hul eienaars vanaf die kolonies na Engeland gebring was en hulle daar steeds as slawe behandel het, alhoewel daar in England nie regsgronde vir slawerny was nie.

Die onlangse protesoptogte in Engeland het veral gefokus op rassisme, slawerny en die koloniste se rol hierin. Skepe wat slawe vervoer het is deur die Bank of England gefinansier, en die versekeringsmaatskappy, Lloyds of London, het die skepe verseker. Verskeie groot Britse maatskappye, onder andere Greene King, het ’n “substantial investment to benefit the BAME (Black Asian and Minority Ethnic) community and in support of our race diversity in the business as we increase our focus on targeted work in this area” gemaak, het Nick Mackenzie, die hoof uitvoerende beampte van die maatskappy, gesê.

Die maatskappy sê voorts in ’n advertensie: “It is inexcusable that one of our founders profited from slavery and argued against its abolition in the 1800’s. These important and painful issues have a place in our history. We recognise our responsibility to engage with that”. So poog hulle om die ongeregtigheid van die verlede aan te spreek. Die Bank of England het onlangs hul verskonings aangebied vir hul rol in slawehandel. Die Britse regering het lenings aangegaan met verskeie finansiёle instellings van die tyd om slawe-eienaars en handelaars te vergoed vir verliese gely ná die vrystelling van die slawe. Hierdie tipe vergoeding kan nie slegs tot die Verenigde Koninkryk beperk word nie.

Andrews vra verder waarom geen reparasie betaal is aan slawe nie en noem verder dat hierdie verskonings voorkom as publisiteitsfoefies of openbare skakel-reklame en nie werklik die onmenslikheid van slawerny aangespreek het nie. Dit op sigself klink na opportunisme, gesien teen die agtergrond van rassisme in Brittanje. Daar is deesdae baie groot fokus op veral die VSA en minder fokus op lande soos byvoorbeeld Australiё waar groot onregte gepleeg is teenoor die inheemse bevolking, die Aborigines, en Spanje, vir die uitwissing van die inheemse bevolkings in Suid-Amerika. Koning Leopold van Belgiё en sy brutale rol in die Kongo kan ook nie op die agtergrond geplaas word nie.

Om beelde van kolonialiste en slawehandelaars te verwyder spreek nie die wortel van die probleem aan nie, maar dien slegs as ’n uitlaatklep vir protesaksies. Die kwessie wat nie aangeraak word nie, is reparasie.

Dit is dus belangrik dat wanneer daar van reparasie teenoor die slagoffers van misdade teen die mensdom gepraat word, die streep regdeur getrek word en nie selektief omgegaan word met hierdie skandvlek op die mensdom nie.

Vir die doel van hierdie gesprek wil ek op die volgende twee gebeurtenisse in Suid-Afrika fokus:

  • Die lyding van vroue en kinders, asook hul arbeiders, tydens die Anglo-Boereoorlog (ook die Suid-Afrikaanse Oorlog genoem) en reparasie; en
  • Slawerny en reparasie.

Anglo-Boereoorlog en reparasie

Die konsentrasiekampe in die Republieke Vrystaat en die ZAR was deel van ’n verskroeide aarde-beleid en die wreedhede wat daarmee gepaardgegaan het tydens die oorlog, waarvoor Lord Kitchener opdrag gegee het.

Die Britse regering kan nie ongeskonde hiervan afkom asof hulle onkundig hieromtrent is nie. Soos hulle ’n verantwoordelikheid teenoor die nasate en slagoffers van slawerny het, net so het hulle ’n verantwoordelikheid teenoor die nasate en slagoffers van die konsentrasiekampe. ’n Verskoning sal nie genoeg wees nie, wel vergoeding vir lewensverlies en vir pyn en lyding.

Die afbrand van plase en die inhegtenisname van vroue en kinders kan met die Holocaust vergelyk word. Duisende Afrikanervroue en -kinders, sowel as arbeiders, het omgekom van honger en siektes. Daar word beweer dat ongeveer 20 000 swart mense ook in die konsentrasiekampe omgekom het. Hierdie kampe was deur die Britse magte geskep as deel van ’n militêre veldtog teen die twee Boererepublieke: die ZAR en die Oranje Vrystaat. Ek kan nie namens Afrikaners praat of ’n saak vir hulle uitmaak nie, maar dit is ’n aspek wat, nes slawerny aan die Kaap, na my mening ook nie genoeg aangespreek word nie.

’n Konsentrasiekamp tydens die Anglo-Boereoorlog (Fotobron: Wikipedia)

In 2015 het Jacob Rees-Mogg, lid van die Konserwatiewe Party in die Britse Parlement, in ’n verklaring die skep van hierdie kampe geregverdig. Dit was volgens hom geskep vir die beskerming van die vroue en kinders.  Sy verklaring het groot konsternasie veroorsaak omdat dit deurspek was van onwaarhede.

Dit het ’n Britse vrou, Emily Hobhouse, gekos om hierdie onmenslikhede bekend te maak en bewustheid by die Engelse koerante te skep. Sy het groot vernedering in haar geboorteland ervaar, maar het voortgegaan met haar stryd om ná haar besoeke aan Suid-Afrika, oorlogsmisdade bekend te maak. Sy is wyd geloof vir haar bydrae en uit erkenning daarvoor lê haar oorskot vandag by die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein.

Ek het die voorreg gehad om die Vrouemonument in Bloemfontein te besoek. Daar kry jy ’n idee van die omvang van die wreedhede gepleeg in die naam van die Britse Ryk. Die name van die gestorwenes is daar op ’n gedenkmuur aangebring.

Die oproep bly steeds dat die Britse regering nie slegs ’n verskoning moet aanbied nie, maar ’n weg moet vind om reparasie te bied in die vorm van vergoeding. Hulle kan dit nie slegs afmaak as vroue, kinders en swart arbeiders wat slagoffers van die oorlog was nie. ’n Standbeeld van Kitchener is tot sy nagedagtenis opgerig in Chatham, Engeland, en is daar ’n verwysing na hoe hy die oorlog in Suid-Afrika tot ’n suksesvolle einde gebring het, maar niks oor teen watter lewenskoste nie. Hierdie standbeeld behoort ook verwyder te word, want hy het soortgelyke oorlogsmisdade in Soedan gepleeg voor sy koms na Suid-Afrika.

(Kitchener het verdrink toe die oorlogskip, die HMS Hampshire, op 5 Junie 1915 op pad na Rusland gesink het).

Slawerny en reparasie

Slawerny het ná 1652 ’n aanvang aan die Kaap geneem tydens die Nederlandse kolonisasie van die Kaap. Dit was die oorspronklike model van kolonialisme en na die oorname deur die Britte in 1795, is die praktyk voortgesit en was daar geen verandering aan die status van slawe nie. Inteendeel, die getal slawehandelaars en slaweskepe het toegeneem en die verdere kolonisasie van Afrika het slawehandel laat floreer. Baie van die ingevoerde slawe was ambagsmanne wat hul vaardighede na die Kaap gebring het. Hulle het geen vergoeding vir hul werk ontvang nie omdat ’n slaaf as eiendom gesien en behandel is en gedwonge arbeid moes verrig.

Na die vrystelling van die slawe op 1 Desember 1834, wat eintlik vir alle praktiese redes in 1838 plaasgevind het, het die Bank of England lenings aan die Britse regering verskaf sodat kompensasie aan slawe-eienaars betaal kon word. Geen kompensasie is egter aan slawe betaal nie en daar was geen manier hoe hulle ekonomies op die been kon kom nie. Martin Luther King jnr verwys soos volg na die ekonomies agtergelate toestand van slawe na hul vrystelling: “It’s a cruel jest to say that a bootless man must lift himself by his own bootstraps.” Dit kan ook hier van toepassing gemaak word. Die koloniste het grond bekom en vervreem, ’n praktyk wat hulle ekonomies bevoordeel het.

In die VSA het ’n soortgelyke proses plaasgevind toe grond aan immigrante en slawe-eienaars verskaf is, tot die nadeel van vrygestelde slawe. Die Amerikaners vier jaarliks die vrystelling van die slawe, na aanleiding van die Emancipation Proclamation wat vanaf 1 Januarie 1863 van krag was, maar vir die eerste keer op 19 Junie 1865 in Texas gehoor is. Ironies was dit Texas wat juis prominensie aan die vrystelling van die slawe gegee het en dit as ’n vakansiedag beskou het. Vandag word dit in 49 state as ’n amptelike vakansiedag gevier. 

Die geskiedenis van slawerny aan die Kaap geniet nie vandag soveel prominensie nie. 1 Desember is ’n dag wat nie amptelik as ’n vakansiedag geproklameer is nie, en geen feesviering of gedenkdienste of optogte word gehou om slawe se bydrae tot die ontwikkeling van Suid-Afrika te erken nie. Is dit moontlik omdat geïnstitusionaliseerde slawerny nie in die res van die land geken en toegepas is nie en daarom nie dieselfde gewig dra as juis hier by ons aan die Kaap nie? Die tyd het aangebreek dat meer indringend gekyk word na ’n gebeurtenis soos hierdie en groter erkenning op amptelike vlak gegee word.

Geen gedenkteken of beeld is opgerig om slawe se stryd om oorlewing te gedenk nie. Dit wil dus voorkom asof hierdie deel van die Suid-Afrikaanse geskiedenis in die sand verdwyn het. Dit is op die weg van afstammelinge van slawe en die Khoi geleё om die kwessie op te neem en sorg te dra dat reparasie vir onnoembare leed en slawe se verlies aan vryheid en lewenskwaliteit ’n werklikheid word. Ons moet dit as deel van ons erfenis erken en dit eien.

The post Die rol van die Britse regering met betrekking tot slawerny en die konsentrasiekampe appeared first on LitNet.

Etiket en die nuwe normaal

$
0
0

Fotobron: Unsplash

Ek het grootgeword met tannie Emsie, oftewel mev Etiket. Mev Emsie Schoeman. Haas elke huishouding het een van haar boeke besit en dit was bejeën as die tweede Bybel. Die Familiebybel. Etiket is doodeenvoudig bedagsaamheid, hoflikheid en goeie maniere. Tog, etiket het sy wortels in die sosiale konvensies van die Victoriaanse tyd en, soos mens kan aflei, het etiket hoogty gevier tydens die heerskappy van koningin Victoria. Die skadukant van etiket is egter dat dié konvensies gebore is uit streng of selfs neerbuigende klasseverskille. Die koninklikes en ander adellikes was heel bo aan die sosiale hiërargie, en amper elke faset van die bevoorregtes se lewe was gedikteer deur ’n stel reëls, tiperend van die hoër klas. Daar was gedragskodes rondom die skryf van briewe, fatsoenlike taal, die gebruik van eetgerei en breekware en die betaamlike optrede van here (gentlemen) en dames (ladies). Die middelklas, soos byvoorbeeld dokters en onderwysers, het deels meegedoen aan hierdie sosiale leefstyl, maar slegs met die toestemming van die rykes wat hulle in hul binnekring toegelaat het. Die laer klas en armes, soos fabriekswerkers en skoonmakers, is verwens en doodgeswyg deur hulle meerderes. Dit is geen wonder dat kenners etiket ook "die viering van sukses" noem nie. Die mininum vereiste vir etiket om nié ’n barbaar te wees nie, was persoonlike higiëne en om te groet.

Suid-Afrikaanse etiket het sy oorsprong in Westerse gebruike. Hoewel tannie Emsie se etiket vandag mag ruik na motbol en gestyfde tafeldoeke, gaan goeie maniere nooit uit die mode nie. ’n Paar dinge het egter verander. Die Suid-Afrikaanse bevolking is baie meer heterogeen as voorheen. Die bevolking was wit en homogeen toe tannie Emsie se voorskrifte ’n Wet van Mede en Perse was. Die koms van die Internet, asook die invloed van die Amerikaanse populêre kultuur het tot die verslapping van talle korsette gelei. Die toename van kitskosplekke sedert die tagtiger- en negentigerjare het die taboes, dat jy nie kaalhand mog eet nie, verander. Wat is dan nou lekkerder as om ’n geurige pizzadriehoek uit die boks te lig terwyl die mozzarella-kaas in sulke goue drade agterna trek? Ek ken van die ouer garde wat alles met ’n mes en vurk geëet het, selfs ’n appel.

Met die uitbraak van COVID-19 het daar, ironies genoeg, ’n hernieude belangstelling in die oplewing van etiket gekom. Dalk het die inperkings wêreldwyd tot ’n versugting na konkrete sosiale situasies gelei. Nodeloos om te sê: Ons leef in absurde tye; diere loop vry en ongehinderd in die strate rond terwyl die ingegrendeldes magteloos toekyk. Met die risko van besmetting en die noodsaak van social distancing raak al hoe meer mense aangewese op aanlyn programme en virtuele vergaderings om ’n inkomste te genereer. Netiket (netiquette), of goeie maniere op aanlyn platforms, het opnuut onder die soeklig beland. Die internet is ook die groot sosiale gelykmaker. Jou aanlyn persona het net soveel reg tot interaksie as enige ander – jou sosiale status, en of jy uit fyn porselein tee drink of ’n afrondingskool bygewoon het, is irrelevant. Jou aanlyn persona is egter ook onderworpe aan netiket wat bepaal hoe hoflik jou virtuele interaksie met die aanlyn gemeenskap is, wat op sy beurt weer jou reputasie as digitale burger vestig. Daar is vandag dus twee stelle etiket: die oorblyfsels van die ouwêreldse soort en binne reële sosiale situasies, plus netiket, jou optrede as digitale burger. Eindelik vorm jou maniere (aldan nie) ’n amalgaam van laasgenoemde twee.

Met die koms van die virus is intimiteit ingeperk; geen soengroet, drukkie of handdruk nie. Ek moet bieg ... hierdie elmboogstampery voel vir my soos ’n oorlogsdans, en dan is daar die voetskud ook. Jy en jou maat, wat mekaar groet, doen so deur julle voete te lig en teen mekaar te skuur. (Moet asseblief nie voetskud as jy ’n balansprobleem het nie.) ’n Mooier gebruik is egter om jou hande ineen te vleg en voor jou hart te druk as jy iemand groet. Dan is daar die protokolle rondom die dra van gesigsmaskers – en dit sal nie die eerste maal wees dat ’n pandemie die pas aangee vir nuwe modetendense nie. Bypassende maskers raak nou die in-ding, net soos dit die geval was met handskoene, wat aanvanklik tydens die tifus-epidemie gebruik is as bekerming, maar later gevestig is as modieuse bykomstigheid. Soveel dae, soveel dinge, en uiteindelik is dit net bedagsaamheid wat oorbly. Die narratief van etiket het onherroeplik verander. Dan bestaan daar ’n legio stelle riglyne: braai-etiket, hysbaketiket, lughawe-etiket, gholfetiket, tafeletiket, wynetiket, tee-etiket, trouetiket, ooievaarstee-etiket, doopetiket, begrafnisetiket, militêre etiket ... en so kan mens aangaan. Daar was op ’n kol selfs etiket vir kinders. Ons het in die sewentigerjare uitnodigingsboekies vir verjaardagpartytjies by die CNA gekoop en formeel vir elke mater die uitnodigingsbladjie ingevul, dit in ’n koevert gesit, en by die skool in die hand gestop. RSVP en al. En daar was kysbriewe. Ek het my eerste een in graad II by ’n ene Herman gekry ... en ja, hy het die mees eksotiese stel albasters in die hele skool gehad. Dié versameling, met die gesogte ghoens, het my kysgeskenk geword. Ek het hom plegtig bedank en in mý kysbriefie gesê hy het die mooiste sakkie albasters wat ek nog gesien het.

Dus, in vandag se tye is etiket se ergste wettiese tande getrek en is dit net goeie maniere wat bly. Tegnologie het toenemend deel geraak van ons leefstyl, byvoorbeeld die stuur van WhatsApps en SMS'e het in sommige gevalle die plek van handgemaakte kaartjies ingeneem. Naas tannie Emsie is Nataniël ’n gewilde kenner van leefstyl en etiket – en waarskynlik meer in voeling met die tegnologiese realiteite van die dag as sy ouer voorganger. Ten spyte van die kolonialistiese oorerwing van baie gebruike – en die uitlewing daarvan vóór die demokratiese Suid-Afrika van '94 – het enkele riglyne tydloos gebly. Tog moet mens daarop let om kultuursensitief te wees; wat vir die een etiket is, kan aanstoot gee vir ’n ander. Jy gaan byvoorbeeld nie vir jou Moslem-gasheer ’n bottel wyn gee as geskenk om dankie te sê vir ’n ete nie. Van die oorblyfsels van die motbol-etiket weer, gee die feministe aanstoot omdat gedragskonvensies in die laat 1800’s bepaal het dat die man die dominante gender is en ’n dame bloot ’n sieraad aan sy sy is – ’n vrou wat “te intelligent” gesels het, was taboe. Haar stemtoon, eerder as haar intelligensie, het haar vlak van beskaafdheid bepaal. Etiket kan inderdaad ook tot wrywing tussen geslagte lei, met baie ruimte vir generasiegapings … Ouma, wat trots uit haar Noritake tee drink, mag haar dalk vererg vir haar Kleinboet, ’n student wat sy Old Brown Sherry uit ’n koffiebeker met die Groot Vyf op drink. Live and let live! 

Hoe lyk vandag se etiket? Ek het by kenners gaan kers opsteek.

Klere en bykomstighede 

Jy dra nooit Crocs nie. Behalwe tydens die inperking en let wel, level 5, waar niemand jou sien nie. En as iemand jou sien moet die social distancing só groot wees dat hy nie kan uitmaak watse skoene jy aan het nie.

Jy dra nooit wit sokkies by ’n pak nie, behalwe as jy soos Jerry Seinfeld in ’n 80's show wil lyk.

Jy dra nooit jou pet agterstevoor nie, die dakkie kom oor jou oë. Anders lyk jy soos Amerikaanse tiener met basketbal-aspirasies.

Vroue dra die minimum goue juweliersware. Suid-Afrikaanse vroue is as ’n reël behang met bling en skitter soos krismisbome, want hulle dra al hulle juwele gelyk.

’n Man dra nie ’n kortmouhemp met ’n das nie, hy lyk soos ’n laerskoolonnie uit die jaar toet.

As ’n man se beltbuckle groter as ’n vuurhoutjieboksie is, is hy waarskynlik op pad na ’n Mighty Men Conference; óf hy is Buchan self; óf hy het ’n Freudiaanse probleempie.

Vroue wat aan die kort kant is moet nie bell bottoms dra nie, hulle lyk soos middeleeuse hofnarre.

’n Belt is daar om ’n broek bo te hou, nie om ’n selfoon, mes, gun, sleutels of spanners aan te hang nie.

’n Man dra nie ’n das met cartoon-karakters op nie – niemand sal so ou ernstig opneem nie.

Jy haal jou sonbril af as jy met iemand praat, behalwe natuurlik as jy ’n skelm of ’n sigaretsmokkelaar is.

Braai-etiket

Koop ’n goeie kwaliteit vleis. 

Jy maak braaivleis medium of rare gaar (daar is die vampiere wat hul vleis blue of rou eet, of die koolvreters wat van dit well done verkies). Reël met die braaier.

Een slaai by die braai is genoeg.

Moet in hemelsnaam nie uitpass voor die vleis gaar is nie.

Mense wat die pap, wat saam met braaivleis bedien word, met melk en suiker eet is wanaangepas. Néé.

Hoender en tjops eet jy met die hand; steak en wors met ’n mes en vurk.

Almal weet jy is bitter lief vir Wagter, maar om die borde met oorskietkos op die grond neer te plak vir Woef om skoon te lek, is pleinweg gross.

Algemene etiket

Amerikaners is nie pro's as dit kom by etiket nie … jou filmdoekheld is dalk nie ’n goeie rolmodel nie.

Moet nooit met jou wysvinger point as jy ’n punt wil maak nie. Dit gee mense aanstoot. Waarom? Want as jy vingerwys, vertoon dit beskuldigend of aggressief. Dis net Steve Hofmeyr en rappers wat dink dis cool. As jy na iets wys, gebruik ’n oop hand.

Dieselfde aan tafel – moet nooit jou mes of vurk rondswaai as jy iets benadruk nie. Dit lyk soos poging tot moord.

Vou jou servet links op jou skoot, en los dit op jou stoel as jy opstaan.

Plaas jou persoonlike goed – selfoon, beursie, sleutels – elders; nie op die etenstafel nie.

Jy sit nooit met jou elmboë op die etenstafel nie. Dis nie ’n rugby-dinkskrum nie.

Staan regop wanneer jy iemand ontmoet. Dis net selfrespek en dis onbeskof om op ’n bank of stoel te bly lê. A nee a!

Respekteer die voorgeskrewe kode vir kleredrag – jy daag nie by ’n formele geleentheid op met jou denim en cowboy-stewels nie.

As jy op ’n selfoon praat en daar is ander mense teenwoordig, moet dit nooit op speaker stel nie – dis ’n foon, nie ’n hoorspel nie.

Moenie jou neus met die servet afee of dit daarin blaas nie.

Jy sit botter en konfyt eers op die bordjie voor jy die broodjie smeer.

Moenie ou familiekoeie en goor geskille ophaal aan tafel nie. Moenie te veel drink nie.

Moenie jou make-up opknap in die hysbak se spieël nie.

Onthou om vir die gasvrou ’n klein geskenkie saam te gee met ’n ete-afspraak – blomme, sjokolade of ’n bedankingsbriefie.

Moet nooit iemand per WhatsApp of SMS afsê nie – nee magtie, soms moet mens maar bel. Dieselfde geld vir ’n doodstyding.

Moet nie foto's van mense neem sonder hulle toestemming net om dit later uit te blaker op sosiale media nie.

Glimlag gereeld, wees altyd betyds. Moenie opdaag vir ’n opskeploer nie, en onthou, dankie en asseblief bly steeds die towerwoorde.

RSVP vinnig op ’n uitnodiging.

Wanneer iemand aan tafel vra vir die sout, gee vir die persoon die sout en peper. Dit word saam gegee, want sout en peper is ’n siamese tweeling.

Tydens applous moet jy handeklap voor jou bors, effe na links. Moet nooit in iemand anders se gesig handeklap nie.

Wanneer ’n dame in ’n motor klim, sit sy eers op die sitplek en swaai dan haar bene in. Dit voorkom ’n Margaret van Wyk-blapsie en verhoed dat sy haar kop teen die dak stamp.

Sit jou selfoon weg met etes, gesprekke, vergaderings en kuiers. Dis regtig zef, daardie selfoonslawe wat so boggelrug en hangnek sit en text, afgeslote in hul Faraday-cage.

Wanneer jy oor ’n selfoon praat en jy het ’n gehoor, moenie al hoe harder praat of skree nie. Dis ’n selfoon, nie ’n megafoon nie. Of is dit ’n geval van Ek is oek important?

Netiket

Sorg dat jy reg spel. Al dink sommiges spelling is nie belangrik nie – dit is. Onthou, al wat mense van jou “sien” op forums soos Facebook of met vonkpos, is jou taalgebruik. En daar ís woordeboeke en speltoetsers. In kuberruimtes en kletskamers sien mense nie jou gesigsuitdrukkings of lyftaal nie; emotikons en emoji’s is in ’n sekere sin kuberlyftaal. Dit versag die strakheid van kubersintaksis.

Moenie in hoofletters tik nie, anders skree (shout) jy. En gebruik uitroeptekens spaarsamig, dit klink ook maklik na ’n gegil.

As jy ’n e-pos skryf, wees versigtig met die Carbon copies (Cc's) en die Reply all-funksies. Jy kan maklik ’n gek van jouself maak deur jou e-pos te stuur aan iemand vir wie se oë dit nie bedoel is nie. In geval van ’n geskil, moenie vir die pawiljoen speel deur die hele wêreld te Cc nie. Nie almal stel belang in jou vetes nie.  

Hou e-posse kort en op die man af.

As jy emoji’s gebruik, dui dit op ’n teken van familiariteit. Jy gaan nie die CEO van ’n maatskappy beïndruk met ’n rits gesiggies nie.

Rassisme, seksisme, vuil taal en haatspraak is taboe op alle digitale pletforms. 

Aanlyn vergaderings

Met sosiale distansiëring as gevolg van die koronavirus, is al hoe meer werknemers aangewese op aanlyn tegnologie om hulle vergaderings te hou. Hulpmiddels soos Zoom, Microsoft Teams, Skype of GoToMeeting is inderwaarheid nog in hulle kinderskoene as dit kom by die ewolusie van aanlyn etiket.

Die eerste stap is tegniese gereedheid. Skakel vroeër in en toets die kamera. Maak seker die agtergrond is skaflik en minimaliseer onderbrekings van “buite” – jou nuwe kantoorkollegas is kinders en troeteldiere. Maak seker jou papegaai begin nie saamgesels nie en vra verskoning as die kiddies in die agtergrond amok maak. Jy kan ook jou agtergrond met sekere instellings verander.

Moenie jou mikrofoon en kamera aansit tydens die vergadering nie, dit vreet ander mense se bandwydte. Afhangend van die protokolle kan die voorsitter mense vra om hulle kameras aan te sit ter wille van vertoulikheid; mens wil graag sien wie daar sit, aangesien geslote vergaderings nou in ander mense se huise gehou word. Die nuwe norm(aal) van aanlyn vergaderings vereis ook ’n nuwe etiek wat deurlopend verfyn word. Só word bywoningsregisters en belangeverklarings geteken.

Die "handjie op"-funksie, as jy iets wil sê, is baie nuttig; die voorsitter kan byvoorbeeld ’n volgorde van die handjies bepaal en vir elk ’n spreekbeurt gee. Jy praat nadat jy jou mikrofoon unmute het.

Maak seker jy het die lêers wat jy tydens die vergadering gaan gebruik oop. Dokumente wat mense nodig het kan aan die program geheg word.

Sluit die agendapunte saam met die uitnodiging na die vergadering in. 

Wees gereed met Plan B indien daar tegniese probleme opduik.

Trek netjies aan. Kommunikasie is 70% visueel. Let op jou taal en gesigsuitdrukkings.

Stel jou selfoon se kennisgewings voor die tyd op silent. En moenie jou e-posse lees nie; gee jou volle aandag aan die vergadering. Moenie ’n ou nersderm wees nie.

The post Etiket en die nuwe normaal appeared first on LitNet.

Inter-review with Helen Moffett about her novel, Charlotte

$
0
0

Charlotte
Helen Moffett
Publiher: Bonnier

ISBN: 9781785769108

Please could Helen Moffett write the ending to my life story? Listening to Helen’s delightful Charlotte as an audiobook had me weeping in delight as I learned how things turned out in the end for the unobtrusive Charlotte Lucas, one of Elizabeth Bennet’s closest friends in Pride and prejudice. When Charlotte is married off at the end of Jane Austen’s most beloved novel to the obsequious curate, Mr William Collins, her future happiness seems somewhat compromised. Helen starts the novel a number of years after Charlotte’s marriage to Mr Collins, and throws the reader/listener into the midst of the marital life in which Charlotte finds herself. Helen writes about the realities of 19th century life with honesty and unsentimental accuracy, and we begin to see a glimmer of the steel which underpins the prosaic Charlotte. Without giving away any spoilers: Charlotte finds herself faced with one of the harshest challenges to befall a mother, and – in the midst of sadness – she draws on inner depths which reveal her to be more than an equal for her spirited friend, Elizabeth Bennet. As the novel progresses, more of Austen’s original characters shake off their author’s pale shackles and breathe new life into their latest incarnations. One of my favourites is the anaemic Anne de Bourgh, who leaps from the confines of her origin story into one of the most charismatic characters in Charlotte. Lady Catherine lords it over everyone, as usual, but even she is impressed by the strong woman Charlotte grows into. This novel is a joy from start to finish, and Helen Moffett has captured the idiom and nuance of Jane Austen’s language and world, yet moved the characters into lives with far more agency than their predecessors. She has also injected an air of modern sensibilities into the hearts of the characters. Charlotte turns out to be quite a hottie, truth be told, and her life comes full circle when she is in a position to be a benefactor to many who were previously her social superiors. To use the cliché, it’s a feel-good story, and I loved every word. Over many years, I’ve read and reread Austen’s novels to restore my belief in a sense of order and justice in the world, and Helen Moffett recreates that same sense of well-being with her ending to her delicious novel. It’s the best medicine for COVID-19. I prescribe a copy for everyone today.

Your novel, Charlotte, is a sequel to Jane Austen’s much-beloved Pride and prejudice. In it, you focus on one of the minor characters, Charlotte Lucas, Elizabeth Bennet’s closest friend. What drew you to the character of Charlotte and inspired you to envisage the way her life continued after the end of Pride and prejudice?

I’ve wanted to know how Charlotte’s life turned out ever since my P&P lecturer at university, Jeanne Heywood, pointed out that Charlotte honoured her side of the marital bargain by making a comfortable home for Mr Collins – that she didn’t sulk or flounce, but got on with the job of efficiently managing their home and trying to make him as respectable as possible. She’s also one of the very few characters in Austen whose married life we get a glimpse of after we’ve followed their courtship. I always thought Charlotte was resourceful, not venal or greedy; I always wanted to track her progress, and found myself hoping she had found contentment in the life she seized. And then I realised I could create all that for her – or try, at least.

Have you always been a fan of Jane Austen’s work? (This may have been covered in question 1.) Weren’t you afraid of the army of JA fans who are absolutely religious in their worship of their adored Jane? I know there are Jane Austen societies in America who quote her work and have fan clubs as well as expeditions to her childhood home in England. A lesser writer might have been afraid to incur their wrath by treading on the hallowed ground of JA’s work.

Yes, my parents gave me a copy of Persuasion for my tenth birthday, and I promptly fell in love with Captain Wentworth. (It was decades before I realised he needed a kick in the pants!) And then I fell for Austen herself. I’m sure there are going to be readers who are horrified at the liberties I’ve taken, but it helps that a vast amount of Austenia in the form of fanfic, sequels, spin-offs and so on already exists, so I was treading on hallowed but also very well-trodden ground. I’m busy reading Austenistan at the moment – a collection of short stories based on Austen’s novels, by writers from Pakistan – and it’s great fun and far more outrageous than anything I’ve conjured up. And apparently there’s a category of pornographic novellas based on Mr Darcy (this I did not research!). But, yes, I am braced for critique, even if some of it might have to be taken with a pinch of salt.

You have your doctorate, but I’ve wondered what your specialist subject is. I would guess it is English literature, as you are such a bibliophile and lover of literature? (I could always look it up online, but that wouldn’t be as interesting as reading your answer.)

Ha – I have a standard response to this question. I tell people I am South Africa’s foremost expert on Pre-Raphaelite poetry. This isn’t hard, as I am also South Africa’s only specialist in Pre-Raphaelite poetry! I did my PhD on the poetry of Christina Rossetti – a feminist and biographical analysis in which I looked at the unspoken rivalry between her and her brothers, particularly the more “famous” Dante Gabriel Rossetti. Her brothers tried to control, frame, explain, edit and even censor her work within the context of the gender attitudes of Victorian Britain, and particularly the attitudes of the Pre-Raphaelite circle of artists and philosophers (this was the era of “The angel in the house” – Coventry Patmore’s attempt to locate women ever more firmly in the home as some sort of moral emblem).

You continue Jane Austen’s story from her beloved Hertfordshire, and your depiction of the life and language of early 19th century England is pitch-perfect. Could you tell us about the research which went into the meat of this era in the novel?

I didn’t think of it as research at the time, but I read and reread every word Austen had ever written, as well as the leading biographies by David Cecil, Carol Shields, Claire Tomalin and more. It helped having read so much 19th century British fiction, poetry and history, something I’ve done since childhood. I’ve also always read fairly widely about the English landscape tradition and gardening. What really helped was doing a lot of “location research”: visiting as many Austen sites as I could manage and afford (this element of the research was faint-makingly expensive, but it was vital). I visited as many stately homes and gardens as I could manage, looking at many vistas Austen herself had admired. I don’t think I could have written the Pemberley chapters, for example, if I hadn’t been to Chatsworth (the estate on which Austen based Pemberley). I would write with photos of the garden and house open on my screen, and imagine Charlotte walking or sitting or working within those scenes.

You have achieved the goal of many South African writers: the adoration of British publishers who are promoting your work in the UK and beyond. How did this miracle happen?

I was extraordinarily lucky. First, I had that unicorn – a good British agent. I very tentatively offered him the manuscript of Charlotte (it’s not his usual sort of book), and he said he’d get back to me. Months passed, and then I had three responses – from three good UK publishers, all with excellent feedback. One said, “We’re interested if you think she’d be open to rewriting.” Another said, “We’d be interested if she’s willing to rewrite, and would she be able to chat over Skype?” We had that chat, and that’s how I found myself in the Bonnier stable, under a new imprint they’re launching for literary fiction and creative non-fiction – Manilla Press. I’ve worked long enough in publishing to know this just doesn’t happen, much less to debut novelists! So, yes, it was a miracle.

Even though the coronavirus put paid to the launch of Charlotte in Bath, one of Jane Austen’s most beloved places, you had a virtual launch with e-books and audiobooks being released online in April (am I right?). Although the disappointment of the real-life launch must be enormous, you’ve had excellent reviews and responses from readers, including myself, who have loved the novel. What is it about Jane Austen’s relatively sedate world which appeals to 21st century readers, do you think? 

Yes, in some ways, the pandemic ate my book: I was supposed to go on this glamorous tour to the UK in May, and instead I had to launch the book from self-isolation, taking selfies of myself wearing a bonnet fashioned from a lampshade. Safe to say I didn’t anticipate that! The answers to your last question are very long – I’ve given entire lectures on this topic. I think there’s something stabilising about the world Austen creates: at a safe distance located in a history that is long gone, but still familiar; and she achieves an incredibly satisfying balance between the “happy-ever-after” fairy tale, and creating characters and scenarios that are instantly and often painfully recognisable. She gives weight to some of the acute and mostly invisible trials of the human heart. One critic wrote that the emotional journey of four of her heroines encompasses that particularly exquisite agony of watching the man they love fall for, and court, another woman, all of which they have to bear silently and without anyone to confide in. That takes courage, and we’ve all been there, and yet it’s rarely written about or taken seriously. As for Pride and prejudice, I sometimes think its universal popularity lies in its particular twist on the fairy tale of Prince Charming: a man alters his conduct, indeed his entire personality, under the influence of love – without any hope of reward. In other words, Elizabeth makes Darcy a much better person, without even trying. That’s a pretty irresistible fantasy.

You inject the characters of the novel with modern sensibilities by giving them volition in a manner which may have been too much for Jane Austen during her time. I found it very satisfying to have the characters live out their less-than-sedate lives in a more modern way than JA allowed them to. Have you had any objection to the sometimes outrageous manner in which your characters behave from any Jane Austen stalwarts yet?

There have been a few. The brilliant writer and Austen fan, Petina Gappah, felt I had gone too far in redeeming Mr Collins, and we had an interesting debate about that: I felt I had had to do something about his character to give Charlotte herself a halfway decent life. We agreed that he was very young when he married (only 25 – he was younger than Charlotte), and that perhaps he was more pliable and therefore salvageable than might be first thought. Then, there was a hilarious Goodreads review by someone frothing at the mouth because I had dared allow Charlotte orgasms. Gasp! (Sorry, couldn’t resist.)

Even though we see Charlotte’s story to the almost-end of her life, are you planning a sequel at all? Or is there any other character’s story you might be keen to envisage in the future? I do hope so, as I’m sure your readers will be very keen to continue the next journey. 

The sequel is in progress and is (so far) based on the life of Sarah, Charlotte’s oldest daughter. It’s set in Pre-Raphaelite times, because I had better put all that decorative but useless higher education to use. But all this is subject to change, because I’ve had another idea and want to play with that a little.

Lastly, you have edited work by almost all of the South African literati, and have written a number of books dealing with eco-friendly subjects. This is your first foray into fiction, right? How did you manage to overcome your super-critical editor’s eye to write freely enough to allow your story to breathe? Did you have to remove your editor’s hat for the initial writing, or were you able to circumvent that critical eye enough to allow your creative self to flourish?

I’ve written short stories before, but Charlotte is my first novel. You’re absolutely correct: it is impossible to write while wearing an editor’s hat. It’s taken me a very, very long time to be able to separate the two identities/processes. Writing is a profoundly different experience to editing, and I found it very hard just to leap in and splash around. If it weren’t for the faith my erotica co-authors, Paige Nick and Sarah Lotz, had in me, and their constant encouragement (for which read “relentless prodding”), I would never have persevered. In the end, I would write for an hour in the morning with absolutely no editing allowed, and then edit what I’d written earlier, last thing before going to bed. That helped me to keep the processes separate.

The post Inter-review with Helen Moffett about her novel, <em>Charlotte</em> appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Junie 2020

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Junie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

1 Junie

Boekevat: Akademie verpas "hype"-bus met g’n kortlyste

’n Rubriek deur Jo Prins

Resensie: Speur en distopie maak dié roman besonders

Joan Hambidge resenseer Aanspreeklikheid deur Jaco Fouché

3 Junie

Nuusberig: Jeanne Goosen sterf

Die skrywer Jeanne Goosen (81), bekend om romans soos Ons is nie almal so nie en ’n Paw-paw vir my darling, is dood.

In memoriam: Op sy kop – Jeanne in haar eie woorde

In memoriam: "‘Elke woord uit haar mond soos ’n boek"

In memoriam: ’n "Outsider" wat haar tyd ver vooruit was

Boeke: Ons is almal júís so

Willie Burger besin oor die durende belang van Ons is nie almal so nie deur Jeanne Goosen.

4 Junie

In memoriam: "Daar is niemand soos Jeanne nie"

Boekenuus: Erla-Mari skryf smeulboek in 4 dae

Erla-Mari Diedercks se jongste boek, Agter grendels, is binne net vier dae geskryf.

5 Junie

Boekenuus: Bloem-ma deel haar pad ná dogtertjie (3) se dood

8 Junie

Resensie: Nodige, ryk neweteks met lees van Coetzee

Jean Meiring resenseer JM Coetzee: Photographs from Boyhood.

Resensie: ’n Uitdaging: Lees dié sonder ’n angsaanval

Koos Kombuis resenseer Die jaar toe Pa... deur Hannes Visser

9 Junie

Nuus: Vearey lewer NP van Wyk Louw-gedenklesing

10 Junie

Profiel: Skrywer hoop "moeilike verhaal" bring hoop aan lesers

Cecilia Steyn in gesprek met AJ Opperman oor haar jongste jeugroman, Die vlerke van naaldekokers

Boekenuus: Pandemie "rampspoedig" vir klein uitgewers

Oor die impak van die COVID-19-pandemie op klein uitgewers.

11 Junie

Boeke: Van Wyk Louw praat 50 jaar later dieper as ooit

Oor NP van Wyk Louw se literêre nalatenskap

13 Junie

Boeke: Kortverhaal-finaliste bekend

Die 20 finaliste in die Chris Barnard-kortverhaalkompetisie is bekend gemaak.

14 Junie

Nuus: Hiér kan jy gratis e-boeke kry

Die uitgewer African Sun Media het 80% van sy katalogus gratis aan lesers beskikbaar gestel.

15 Junie

Resensie: Donker van lewe nog hier

Sonja van der Westhuizen resenseer Conviction deur Denise Mina

Boekevat: Hoeveel woorde is nodig om gedig te maak?

’n Rubriek deur Daniel Hugo

Resensie: Sprokiesgevoel tesame met harde realisme

Willie Burger resenseer Swart swaan deur Wilken Calitz

Resensie: Potpourri van Karoo-sketse

Francois Bekker resenseer Die grootpad is ’n grondpad deur Daniël Lötter

In memoriam: Elsa Joubert: Klein van figuur, maar ’n groot intellek

Verskeie mense deel hul herinneringe aan Elsa Joubert met AJ Opperman

17 Junie

Profiel: Fanie delf nog dieper in donker web

Fanie Viljoen oor sy nuwe jeugroman, Donker web

18 Junie

Boekenuus: Die luisterboek vir Julie is...

Boekenuus: Ierse skrywer wen Walter Scott-prys

Die Ierse skrywer Christine Dwyer Hickey het die Walter Scott-prys vir historiese fiksie gewen.

Boekenuus: Hulle wen Media24 Boeke-pryse

Die wenners van Media24 se boekpryse is aangekondig.

20 Junie

Boekenuus: Podsending blom ná saadjie oor literêre tydskrif

Zalman S Davis vertel oor sy nuwe podsending, "Subteks".

22 Junie

Resensie: Viljoen se vervolgriller versit nogmaals grense

JB Roux resenseer Donker web deur Fanie Viljoen

Resensie: Rushdie laat jou soos ’n grootmens voel

André Krüger resenseer Quichotte deur Salman Rushdie

23 Junie

Boekenuus: Armand Aucamp, ma lees stories in virtuele konsert

Boeke: Van Wyk Louw veel meer as net ’n digter

25 Junie

Profiel: Zelda verskuif grense met gay meisie in haar boek

Zelda Bezuidenhourt vertel oor haar nuwe jeugroman, Toe ons oneindig was.

26 Junie

Profiel: Klein boek wat ’n lang skaduwee gooi

n Onderhoud met Zirk van den Berg, wenner van die W.A. Hofmeyr-prys vir Ek wens, ek wens.

Boekenuus: Kookboekkompetisie: Sperdatum uitgestel

29 Junie

Resensie: Nie sommer enige biografie oor dr. Pozzi nie

Francois Bekker resenseer The Man in the Red Coat deur Julian Barnes

Resensie: Hofmeyr se roman propvol wip en woema

Jonathan Amid resenseer Die kwesbares deur Steve Hofmeyr

Profiel: Schoeman is inspirasie vir Winters se reisboek

Die Nederlandse historikus Ria Winters vertel dat e-poskorrespondensie met Karel Schoeman haar nuwe boek onderlê.

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Junie op LitNet verskyn:

Resensie: Dwaalgedagtes op ’n fiets deur Pieter Loots

Resensie: Madness: Stories of uncertainty and hope deur Sean Baumann

Resensie: Porseleinskerwe deur Marié Blomerus

Resensie: Vandag is boordensvol: Pablo Neruda in Afrikaans, vertaal deur De Waal Venter

Resensie: Die slaghuis deur Cas Wepener

Resensie: Mens dier ding deur Alfred Schaffer – ’n verbeeldingryke herbesoek aan Shaka/Chaka

Skrywersonderhoud: Anchien Troskie oor Somtotaal

"Ons is opgewonde om te hoor of lesers meer van die Bitterbosbende wil lees"

Harmonie van nuk en vonk – Johan Myburg oor die Hertzogprys

"Dis hartseer dat ek nie gedigte ten volle in Nama kan skryf nie"

Skrywersonderhoud: Kleinboer gesels oor Van my beste vriende is groen pyltjies en bruin bottels

"Ek wil hê die leser moet die pad saam met Clint Bonthuys stap"

Onderhoud: Leon Wessels gesels met Jean Oosthuizen oor die spoke van apartheid

"Die bestaanheid is genoeg" – ’n onderhoud met Elsa Joubert oor Spertyd

Skrywersonderhoud: Chris Marnewick gesels met Zirk van den Berg

Toe ons oneindig was: ’n onderhoud

Skrywersonderhoud: Hennie van Deventer oor Kroniek van ’n koerantman

Rapport

Die volgende resensies het gedurende Junie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

7 Junie

Resensie: Juliana Coetzer oor Afterland deur Lauren Beukes

Resensie: Rudolf Stehle resenseer Ou laaie deur Fanie Olivier

Binnekort op die rak: "Dié boeke bring buite binnetoe"

  • Sasol Voëls van Suider-Afrika (5de uitgawe)
  • Field Guide to Renosterveld of the Overberg deur Odette Curtis-Scott
  • Night skies of Botswana deur Stephen O’Meara
  • Foreign Native deur R.W. Johnson

14 Junie

Resensie: "Buig jong boompies met dié leesstof" deur Magdel Vorster

  • Diereverkenners: Lola en die singende orgidee deur Sharon Rentta en vertaal deur Jaco Jacobs
  • Die ritme van reën deur Grahame Baker-Smith, vertaal deur Deborah Steinmair
  • Ek kan vlieg deur Fifi Kuo en Manjifieke mier: ’n Storie oor hoe om jou stem te vind deur Claire Freedman, albei vertaal deur Nandi Lessing-Venter
  • Die hasie van fluweel: ’n Storie oor hoe speelgoed rêrigwaar word deur Margery Williams, verwerk en vertaal deur Linda Rode
  • Moenie met ’n prinses mors nie deur Rachel Valentine en vertaal deur Kobus Geldenhuys
  • Prinses Pampoenpit deur Bianca Flanders, vertaal deur Jaco Jacobs 

Resensie: Magdel Vorster bespreek Die 17de veer deur Nanette van Rooyen en Brand deur Fanie Viljoen

Uittreksel: "’n Boer in Parys" uit Met die Vierkleur in Parys deur Renée Conradie

Nuut op die rak: "Keerwalle teen die vergeet"

  • Kortverhale uit die Boland deur Wesley en Edmond de Vries
  • In Christus: Van toeskouer tot spoortrapper deur Callie Roos
  • Encountering Apartheid’s Ghosts – from Krugersdorp to Constitution Hill deur Leon Wessels

21 Junie

Resensie: Dorothea van Zyl resenseer Reza de Wet: Die dramaturg as dromer – ’n huldiging onder redaksie van Temple Hauptfleisch en Marisa Keuris

Artikel: Dorothea van Zyl vertel van die vreemdsoortige, bonatuurlike gebeure wanneer Reza de Wet in die omtrek was…

Nuut op die rak: "Feite en fiksie bied sielslafenis"

  • Die verlore seun vannie Gaatjie deur Ivor Swartz
  • Mia: ’n Ma se storie van verlies en hoop deur Mariska Robberts
  • Hooglied (Israel-reeks 11) deur Marzanne Leroux-Van der Boon
  • Vreugde vir Larissa deur Elsa Winckler
  • Reënboogmelodie deur Anzil Kulsen

28 Junie

Resensie: Lou-Marié Kruger resenseer Madness: Stories of uncertainty and hope deur Sean Baumann

Resensie: Magdel Vorster bespreek Maroelaboomstories deur Leon de Villiers en Hasie, hoekom is jou stert so kort? en ander stories uit Afrika, saamgestel deur Michelle Cooper

Nuut op die rak: "Dié trio "onthou om te onthou'"

  • Reise met Schoeman: In die voetspore van die skrywer deur Ria Winters
  • Die Brug: Na die hel en terug in Angola deur Deon Lamprecht
  • Die dag toe ons Krismis gaan soek het deur Wini Esterhuizen
Maroela Media

Die volgende resensies het gedurende Junie op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

2 Junie

Oorsigresensie: Spanningsfiksie op sy beste

Ons Afrikaanse skrywers van spanningfiksie wéét hoe om lesers op die puntjie van hulle stoele te hou terwyl hul lustig naels kou.

Lees die resensie deur Louise Viljoen

9 Junie

Klikbek

Sidney Gilroy se skryfstyl is vloeiend en gestroop van oordaad en truuks. Die karakters se doen en late is oortuigend en die dialoog intelligent.

Lees die resensie deur Louise Viljoen

18 Junie

Liewe Mamma

Die leser bly deurentyd die vrae vra: "Wat as dit met mý sou gebeur het? Wat sou ék in dieselfde situasie gedoen het?"

Lees die resensie deur Louise Viljoen

23 Junie

Breek vry van jou verlede

"Staan jou gister in die pad van vandag en môre?" Hy antwoord só: "Sit die verlede agter jou, lewe voluit in die hede en sien uit na die toekoms. Genesing ís moontlik."

Lees die resensie deur Louise Viljoen

30 Junie

Hoekom nie? 1 111 vrae en antwoorde

Die ekstra top-10-lyste, raar-maar-waar feite, profiele van ontdekkingsreisigers en allerhande wonderlike aktiwiteite sal enige nuuskierige agie vir baie lank besig hou.

Lees die resensie deur Louise Viljoen

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Junie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 3 Junie

Ilse Salzwedel gesels met Sophia Kapp oor haar nuwe roman Kanaän. Johan Myburg gesels in sy insetsel oor die internasionale letterkunde oor die digter Philip Larkin en die skrywers Charles Dickens en Joyce Carol Oates.

Woensdag 10 Junie

Ilse Salzwedel gesels met Daniël Lötter oor sy bundel Karoostories, Die grootpad is ’n grondpad. Jaco Jacobs vertel meer van ’n gratis e-boek wat help om alles oor die coronavirus vir kinders te verduidelik. Hy gesels ook oor die internasionale eer vir sy boek, ’n Lekker dag vir boomklim, en sy jongste boek, Oupa Zombie. Johan Myburg vertel van Joyce Carol Oates se nuwe roman.

Woensdag 17 Junie

Die skrywer Elsa Joubert is vandeesweek in die ouderdom van 97 jaar oorlede. Luister na ’n heruitsending van ’n onderhoud wat Suzette Kotze-Myburgh in 2018 met haar gevoer het met die verskyning van Spertyd, die derde deel van haar outobiografie. Johan Myburg gesels in sy internasionale insetsel oor Rutger Bregman se boek, Humankind, A Hopeful History, wat ’n vars blik op die mensdom se uitdagings bied.

Woensdag 24 Junie

Ilse Salzwedel gesels met Ben Viljoen oor sy roman ’n Ballade vir Nkunzi.  Phyllis Green gesels oor interessante nie-fiksie wat sy onlangs gelees het, en Johan Myburg gesels oor die wenners en kortlyste van twee groot internasionale letterkundepryse. Jy kan ook luister na ’n uittreksel uit ’n onderhoud met die Nigeriese skrywer Chigozie Obioma.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Junie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:

http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 2 Junie

Danie Marais, bekroonde digter, skrywer, joernalis, radio-aanbieder, musiekkenner, ensovoorts, lees van sy ongepubliseerde en nuwe gedigte voor.

Dinsdag 9 Junie

Nicole Holm lees gedigte voor uit Jeanne Goosen se laaste bundel wat vroeër vanjaar verskyn het: Het jy geweet ek kan toor? Dié digter, dramaturg, kabaret-, prosa- en rubriekskrywer is verlede week oorlede.

Dinsdag 16 Junie

Petru Wessels en Carel Trichardt lees goue gedigte voor, meestal klassiek en baie bekend, met hier en daar 'n uitsondering. Jy kan uitsien na gedigte van Breyten Breytenbach, Totius, Lina Spies, Eugéne Marais, NP van Wyk Louw en Mardene Marais.

Dinsdag 23 Junie

Petru Wessels en Carel Trichardt lees goue gedigte voor, meestal klassiek en baie bekend, met hier en daar 'n uitsondering. Jy kan uitsien na gedigte van Antjie Krog, Hans Andreus, Ina Rousseau, Totius, Breyten Breytenbach, Theunis Engelbrecht, DJ Opperman, Boerneef, Ingrid Jonker, NP van Wyk Louw, Jan FE Cilliers en Philip de Vos.

Dinsdag 30 Junie

Tinarie van Wyk Loots lees gedigte voor uit die literêre vertaler, dosent en digter Gisela Ulyatt se debuutbundel, Die waarheid oor duiwe, wat vanjaar verskyn het. "Die bundel is ’n besondere versameling verse oor kortstondigheid, broosheid en verganklikheid" - Amanda Lourens.

Woorde wat weeg

Prof. Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:

http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

10 Junie

Bernard Odendaal gesels met Lynthia Julius oor haar debuutbundel Uit die kroes

29 Junie

Marlene Malan in gesprek met Yves T’sjoen

30 Junie

Alwyn Roux gesels met Jerzy Koch oor sy bundel Pleks van plaas (2020)

The post PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Junie 2020 appeared first on LitNet.

Viewing all 21496 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>