Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21874 articles
Browse latest View live

Kwarantynketting: "The future has been rewritten" by Fred Khumalo

$
0
0

Writer Fred Khumalo tells more about his experience of the lockdown:

The future has been rewritten

The future has been changed. The future has been rewritten. These are the lines that bleep on my mental radar screen almost every morning as I get out of bed these days.

Under normal circumstances – which is to say, pre-lockdown, and since the kids went away to boarding school and I started working from home – I get out of bed at 6:30. I brush my teeth, pad towards my office and switch on my computer. While the computer yawns and stretches and scratches its electronic armpits, I go get some coffee downstairs. Then, back at my work station, I quickly go through my emails and scan the news sites while drinking my coffee. Only at around 7:30 do I start working. At around 10:30, it’s breakfast, and then immediately back to work. Around 1:30, I go jogging for an hour.

However, with the advent of lockdown, the routine has had to change. For a start, the kids are back from boarding school. With them around, breakfast arrangements are different. And the changes don’t stop at breakfast.

As a family – my wife and my three kids, who range in age from 16 to 21 – we are not very much into television. When we are not reading books, we sit and listen to each other’s stories. If not that, we are in front of our computers or interacting with the world through our smartphones.

With lockdown, this changed. Lockdown brought us together again in a way that threw us back to that time when our kids were still very small and were all in love with television and insisted on watching with us. So, the other day, we sat down as a family and embarked on a visual journey, which I know for sure we would have missed out on in a coronavirus-free country.

This is how the journey went: take this huge dollop of Brakpan. Put it in that big dust bowl called Oklahoma. Throw in lots – and I mean lots – of tigers and lions. Don’t be shy, throw them in. Now, sprinkle some redneck gay guys. Throw in a modern-day Hindu guru with a predilection for cultish behaviour. For good measure, throw in some meth addicts. Season with some polygamy. Throw in a pinch of some true, sincere animal love. Shoot some guns. Draw blood. Then, stir it all together again. For yeast, use some supersized egos, which will ensure that the whole thing rises and swells quickly. Stir it up again. Wait for it to bubble. Put it in the oven. Turn on the heat to super hate levels. And voila! There you have Tiger king. Sit back and enjoy.

So, we binged on Tiger king. What made Tiger king so infuriating was that it was not a fictional story. It was real. How the land of the brave could allow such abuse of animals was simply beyond me. I didn’t know this, but according to the series, there are more tigers in captivity in the United States than there are in the wild in the entire world.

And then came the Michelle Obama doccie. Again, we watched it together as a family. Afterwards, we had an animated discussion on it. My eldest daughter, my son and I have read the book on which the doccie is supposed to be based. We felt that the doccie had done an injustice to the book. My wife and my other daughter, who have not read the book, thought that the doccie had told them all they wanted to know about Michelle Obama. They laughingly called us elitists for privileging the book over the doccie. I think the last time we had this kind of robust talk about a film was when the kids were much younger, and they debated with us the good and bad points about whatever kiddies’ movie we were watching.

The kids have grown up, and their interests are diverse. Whenever they are home from school – my eldest daughter stays on campus at university, and her siblings are at boarding school – we insist on sitting down for dinner as a family. And no cell phones at the dinner table. They gulp the dinner like long-starved prisoners. We try to engage them in small talk, with very little success. They answer questions politely, but you can see that their minds are elsewhere. They can’t wait to go back to their gadgets, to be online again, talking to their friends, catching up on Korean pop or whatever stuff is fashionable that week. And they’ll sometimes be at it until three in the morning.

With lockdown, however, something changed. Yes, they still spend inordinate amounts of time on their gadgets, but they are now the ones who initiate family TV-watching marathons. Before lockdown, I knew there was something called Netflix, but I didn’t pay it much attention. TV has never been my cup of tea. I’d rather curl up in bed with a good book than sit in front of the box.

But, thanks to lockdown – and my kids – I have become a Netflix zombie. And, yes, it has affected my reading habits. But then again, it has brought me closer to my kids again. I’d given up on getting them back again – a feeling of loss accentuated by the fact that they are growing up so fast, and doing all this growing up while at boarding school, nogal.

Lockdown is giving me one last chance to enjoy these creatures – a reprieve, you might say. And so, yes, the future has been rewritten.

Also read

The post Kwarantynketting: "The future has been rewritten" by Fred Khumalo appeared first on LitNet.


met nuwe geskiedenis op virusvryheidsdag

$
0
0

Fotobron: Canva

27 April 2020

(wie praat van laissez-faire?)

so stap ek straataf enkel dan om die hoek
op na die hoofstraatwinkel
en sien hierdie Maandagmôre om my heen
net skaars ’n ietsie van ’n ou vroegherfs

my oë bespreek dit al langes die pad

twee-en-twintig tarentale dit bondel soos note op ’n balk
een kat wat van naby staar en verder vier afgewende honde
twee ganse rumoer vroeg platvoets wit
vyf hoenderhenne trap-trap weg met ’n haan(-tjie)
vyf perde die kou lippe by die grond
tot selfs ’n twaalf-verstilde-skape-tablo

wag op ’n afstand nog organiese beweging eers een
’n tweede en ook ’n derde … dubbelpunt
verlore burgers van ons dorpie platsak gemuteer
ja van ons eie dorpie

The post met nuwe geskiedenis op virusvryheidsdag appeared first on LitNet.

Die Bloemfonteinse Skrywervereniging, 50 jaar oud: Skryfwedstryd en slypskool 2020 onbepaald uitgestel (nie afgestel nie)

$
0
0

Fotobron: Canva

Aan alle lede en deelnemers aan die jaarlikse nasionale BSV-skryfwedstryd 2020 geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat en SUNMeDIA, Bloemfontein, wat op 11 Mei 2020 sou gesluit het:

Na versigtige oorweging en gegewe die COVID-19- en inperkingsbeperkingsfeite wat op die oomblik op die tafel is op nasionale sowel as internasionale vlak wat RSA se proses ’n bietjie tydsgewys vooruit is, het die bestuur van die BSV van 2020 en vanjaar se twee dinamiese Slypskoolaanbieders, Hans du Plessis en Bernard Odendaal, besluit om die BSV-Skryfwedstryd 2020 se voorheen gepubliseerde sluitingsdatum van 11 Mei 2020, sowel as die Slypskooldatum van 22 Augustus 2020, onbepaald uit te stel (nie af te stel nie) – die COVID-19-landsituasie sal leer tot wanneer. Ons wil nie datumvoorspellings waag en dit dan telkens weer moet aanpas nie. Dié besluit is geneem weens die feit dat gewone pos- en koerierdienste weke gelede reeds gestaak is, die inskrywings landwyd ongesorteerd lê en wag vir sortering in die sisteem en ons nog glad nie eers begin bereik het nie, en die poskantore en koeriers op die oomblik net medies-verwante pos mag hanteer. Ook die nasionale BSV-Slypskool wat in Augustus sou plaasvind, sal vermoedelik onbepaald uitgestel word na ’n tyd wanneer dit weer veilig is vir almal, aangesien dit lyk of die ergste COVID-19-statistiek eers heelwat later in die jaar verwag word en beweging tussen provinsies moontlik dan nog (weer) onwettig mag wees. (Bernard Odendaal sê dat ook hul ATKV-Skryfskoolbedrywighede, net soos in die BSV se geval, alles onbepaald uitgestel is.)

Wees dus rustig en hou voorlopig u inskrywings – dit mag dalk die weninskrywing wees! – veilig by u op ys (so ook die skole s’n by die onderwysers) as u dit nog nie gestuur het nie. Stuur dit gerus eers sodra die poswese en koeriers in aksie kom en NALN weer oop is. Moet asb nie u inskrywings per e-pos stuur nie, aangesien dit nie ’n digitale kompetisie is nie, omdat skole meestal ons onderwerpe in hul sillabusse inskryf en in klaskamers skryf om internetplagiaat te minimaliseer en omdat ons ons NALN-(pos-)vennootskap van meer as vier dekades koester weens outomatiese bekendstelling van NALN aan skole en individue. 

Ons sal oorgenoeg tyd laat vir die posagterstand se stertkant om ons te bereik, maar wil nie ’n vaste datum daaraan koppel nie, omdat niemand regtig weet wat die toekoms inhou, wanneer die pos weer mag begin funksioneer en wat die nuwe regulasies en fases gaan behels nie. Die feite wat ons in die agterkop moet hou, is dat NALN, wat die skryfwedstrydpos al vir dekades ontvang, en Noorderbloem, waar ons vergaderings en slypskool gewoonlik plaasvind, ook steeds onbepaald toe is.

Baie dankie aan Roline Brits, wat saam met my ontelbare navrae die afgelope tyd hanteer het.

Maak gerus met ons kontak by bloemsv@gmail.com vir enige navrae. Ons sal hierdie besluite ook op die BSV-webwerf, Facebook, en Twitter plaas en die mediavrystelling oor die besluit aan Netwerk24 en LitNet stuur.

Baie dankie vir u begrip – ons is almal in dieselfde COVID-19-bootjie.

Veilig bly en skryf sommer nog ’n storie of gedig terwyl u geduldig wag vir die virus om te wyk. Die onderwerpe en reëls in die wedstrydpamflet is steeds saam met die inskrywingsvorms in PDF-formaat op ons webwerf by bloemsv.wordpress.com beskikbaar.

Lekker skryf tydens die inperkingsperiode! Daar is nog genoeg tyd.

The post Die Bloemfonteinse Skrywervereniging, 50 jaar oud: Skryfwedstryd en slypskool 2020 onbepaald uitgestel (nie afgestel nie) appeared first on LitNet.

Die biblioteek aan die begin van my wêreld

$
0
0

Deborah Steinmair (Foto: verskaf)

In die hoeveelste fase maak biblioteke oop? Lank voor die pandemie het biblioteke reeds vir my hartseer ruimtes geword: afgeskeep, effens vervalle, onderbefonds, met te min nuwe uitreikings. Eens was dit anders.

My heel eerste werk was as assistent in die Potchefstroomse Openbare Biblioteek. Dit was ’n polsende, besige plek. Ek het nie biblioteekwese geswot nie, maar was nie seker wat om in die lewe aan te vang nie en het gereken solank ek deur boeke omring is, is daar nie veel wat kan skeefloop nie.

Min het ek geweet.

Ek was ’n patetiese werknemer. My kop was in die wolke en ek kon slegs met groot moeite vir ’n paar sekondes op enigiets konkreet fokus. Sekere dinge was maklik, soos die Dewey-sisteem: my geheue was goed en ek was nuuskierig. Maar om vir ure agter die toonbank te staan en Die Publiek te bedien, was ’n uitdaging. Veel erger was egter die ledige minuutjies tussen klante wanneer ’n mens papiertjies na ’n sekere grootte moes knip om in die kaartjies te steek van boeke wat laat uithuisig is en die sondaars te bel en aan te maan.

As ’n mens kan spoedlees, verorber jy die hele stofomslag van ’n boek wat teruggebring is in twee kyke voordat jy dit in die sorteermandjie sit. En dikwels gryp dit jou aandag en begin jy die eerste hoofstuk lees. Tot die hoofdame agter jou (gedemp) brul: “Deborah!” Lees op die job was verboten, soos baie dinge.

Ons was omtrent ’n dosyn dames (ja, daar is van dames gepraat) en een heer. Ons is op die naam genoem, maar die bibliotekaris was “Meneer”. “Wat is Meneer se naam?” vra ek eendag in jeugdige onkunde vir die hoofdame. Haar oë agter brilglase rek eers in skok en vernou toe in agterdog: “Vivian. Maar ons sê maar ‘Meneer’.”

As ek terugdink, was dit ’n werksomgewing ontdaan van venyn. Die dames het almal BBib-grade gehad en was lief vir lees en boeke. Hulle was miskien nie glansryk nie, maar elk was in haar eie opsig eksentriek en goedig. Hulle was belese Doppervroue en het baie geduld met my gehad en dikwels my knoeiwerk verdoesel. My groot aandeel aan die piekniek het stelselmatig ontvou: Ek was die kantoornar wat in die tweedaaglikse teetye vermaak verskaf het. Maar meer hieroor later.

Meneer was nie onaantreklik nie, op ’n stil en donker manier. Sy naam en van was Engels, maar hy was Afrikaans en waarskynlik diep in die kas. Ongetroud en inwonend by sy moeder, met ’n spraakgebrek. Hy het besluit ek het ’n aanvoeling vir kreatiewe skryfkuns en het my gereeld na sy kantoor ontbied. Daar lees hy die langdradige sakebriewe wat hy geskryf het, hakkelend vir my goedkeuring voor. Hy het selfs ’n rekenaar gehad, maar dit was voor die dae van e-posse. Dan gaan sit ek voor sy rekenaar en tik die brief oor soos dit vir my beter klink, terwyl hy oor my skouer loer. Daarna gaan sit hy weer, kyk lank na my poging en sê mymerend oor elke sin: “S-sal ’n me-Ns nie eer-der sê ...?” en dan noem hy presies wat hy in die eerste plek getik het. Ek beaam maar alles en hy tik dit weer met twee voorvingers oor soos hy dit in die eerste plek geskryf het. Dan is ons al twee hoogs tevrede. Keer op keer.

Behalwe Meneer was daar nog ’n man: die bode, ’n bruin man wat ons Ou Gert genoem het. Hy was goedig soos dit in daardie dae iemand van sy amp betaam het. Jare later, lank ná my biblioteekloopbaan, word Nelson Mandela uit die gevangenis vrygelaat. Ek sien sy liewe gesig op TV en dink: Ek ken jou; ek ken jou goed. Van waar? Eendag daal die begrip. Ek bel die biblioteek en vra: “Dink julle nie Ou Gert en Madiba is dubbelgangers nie?” “Ja,” sê hulle, “almal praat daaroor.”

Eendag sit daar ’n boek vas tussen die bodem en wand van die sorteertrollie. Die trollie was van hout en het ’n bodem gehad wat kan beweeg: As die trollie leeg is, is die bodem bo, maar hoe voller dit word, hoe laer sak die bodem. Toe ek aan die boek pluk soos die Bybelse herder wat glo nie ’n enkele skapie mag verlore gaan nie, verduidelik een van die dames gelate: “Jy sal dit nie uitkry nie. Meneer én Ou Gert het al probeer.” Net daar slaan ek ’n slag vir feminisme deur te kreun “Ek sál” en die boek met brute krag vry te pluk.

Daar was nog ’n handvol dames wat nooit dames genoem is nie en apart tee gedrink het. Die paksters. Jong bruin vroue. Ek het graag (onwettig, in werktyd) met hulle geklets, want ons het iets gemeen gehad: Ek het onlangs in ’n tentkerk radikaal tot bekering gekom en was, soos hulle, dolverlief op Jesus. “Suster Deborah” het hulle my genoem, soos hulle mekaar genoem het. Hulle was nie Doppers nie, maar in een of ander streng Pinksterdenominasie, en het gewoonlik oor die kerkdiens of Die Skrif gepraat. Eendag kom staan een langs my, kyk my op en af en lyk bitter ongemaklik. Daar is iets wat hulle vir my wil vra, prewel sy. En toe, sonder om asem te skep: “Sister-Deborah-mág-vrouens-broekdra?”

Nog iets oor die hoofdame: Sy het sykouse en hofskoene en dikwels geruite rompies en wit bloeses gedra. Haar hare was netjies gedoen. Sy het soos ’n sekere manlike Engelse kontinuïteitsaanbieder op TV gelyk, dit het ek eers later gesien – eintlik ’n oulike hasiegesiggie agter die swaar bril. Onder die strengheid het sy ’n speelse, lawwe streep ook gehad. Sy het byvoorbeeld ’n ding vir Meneer gehad, dit kon almal sien. Eendag gedurende teetyd verklaar sy luid: “Meneer kan my koek kry!” en begin onbeheers giggel.

Baie van die dames deel om die een of ander rede bisarre, intieme besonderhede oor hul lewens met my wanneer ons saam op aandskof is. So vertel die hoofdame eenkeer vir my haar man hou nie daarvan dat sy in die huis broekies (panties) dra nie. ’n Ander dame vertel my dat sy op haar wittebroodnag gedroom het sy is ’n klein wit hondjie wat haar been teen ’n boom lig, toe word sy wakker en sien sy het in die bed gepiepie. ’n Ander dame se man, ’n professor, het vir die hele gesin truie gebrei.

Nou: die teetye. Elkeen het ’n aangewese stoel gehad. Die hoofdame was altyd langs Meneer. Later het ek aan die ander kant langs Meneer beland, want ek het hom geamuseer. Hy het my graag uitgevra oor my lewe. Die dames het gewoonlik in stilte hul tee gesluk, maar die gebruik het ontstaan dat Meneer my iets vra en ek begin vertel. Daar het ek (pynlik skaam) vir die eerste keer ontdek dat ek met groot gemak voor ’n groter groep kan optree. Miskien was hulle ’n maklike gehoor. Hulle het aan my lippe gehang en geskater wanneer ek vertel van my lewe voor die bekering, my vreemde jeug en my eksotiese vriendekring. Dikwels sou een van hulle sê: “Vertel ons weer van die keer ...” Kortstondige roem so vroeg.

Muriel Spark het later in haar lewe ’n boek geskryf oor haar werk in die uitgewersbedryf in haar prille jeug: A far cry from Kensington. Miskien skryf ek eendag oor my biblioteekdae. Daar is nog soveel staaltjies, soos oor die arme Parkinson-lyer wat ek een aand bly oorslaan het, want sodra ek voor hom gaan staan het om sy hopie boeke te stempel, het hy sy kop heen en weer geskud en dan draai ek maar na die persoon langs hom om haar eers te help. Hoe het hy gelees gekry?

Lees ook:

Vroue wat skryf kan toor en tuinmaak

 

The post Die biblioteek aan die begin van my wêreld appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Taalmonument vier 45ste jaar met Bybel in Kaaps

$
0
0

Fotobron: Canva

Vrinne
lat ons die Bybel oepeslaan
en lat ons daaryt lies –
o Allahoegste Gies
lat die volgende woorde na ons almal se harte gaan!
En maak vir ons lig moet hierie woorde
Soos moet kerse.
Adam Small in "Kȏ lat ons sing"

Ter ere van die feit dat Afrikaans – en eindelik ook die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) wat 45 jaar in 2020 vier – deels te danke is aan pogings om die Bybel in hierdie taal te vertaal, is die instelling verheug om kreatiewe kragte met die onafhanklike joernaal LitNet te snoer om nuwe vertalings van die Bybel in Kaaps in die Groen Galery uit te stal. Weens die koronavirus-pandemie is dit vir eers slegs gratis via die kuberruim by www.taalmuseum.co.za/groen-galery/ beskikbaar, maar sodra moontlik, sal dit ook in die buitelug te sien wees.

Volgens Michael Jonas, ATM direkteur, is die instelling ʼn lewende monument waar daar gedurig ʼn interaksie tussen die struktuur, natuur, besoekers en taalskeppers is. "Ons gee graag aan opkomende skrywers, musikante en digters die kans om hul werk aan ʼn groter gehoor bloot te stel. Die meeste besoekers is nie net baie geïnteresseerd in die geskiedenis van Afrikaans nie, maar ook nuuskierig oor die taal se ontwikkeling en haar jongste skeppende gedaantes aangesien dit nuwe perspektiewe bied op die bestaanswêreld van Afrikaanssprekende Afrikane," sê hy. "Hoewel ons tans tydelik weens Covid-19 gesluit is, beskou ons dit as ʼn gulde geleentheid om ons web- en sosiale mediavoetspoor onder meer mense bekend en bemind te maak."

Olivia M Coetzee, wat gereeld in Kaaps vir LitNet skryf en dele van die Bybel in Kaaps vertaal, was een van die beoordelaars van ’n kompetisie waarin deelnemers Genesis 1:1-8 kon vertaal. Die vertalers het onder andere Christo Meyer, Hein Kleinbooi, Handry Kortje, Ilne Fourie, Ivor Swartz en Kyle Deon Manuel ingesluit.

Hierdie spesifiek teks is reeds in 1893 in die Paarl in Afrikaans vertaal as deel van die destyds omstrede projek om Afrikaans tot ʼn kanseltaal te verhef. Die eerste openbare pleidooi vir die vertaling van die Bybel in Afrikaans was ’n brief deur dr Arnoldus Pannevis wat op 7 September 1872 in De Zuid-Afrikaan verskyn het. Uit korrespondensie wat gevolg het, het dit egter geblyk dat die meeste mense sterk daarteen gekant was. In reaksie daarop is die Genootskap van Regte Afrikaners op 14 Augustus 1875 in die Paarl gestig in die huis waarin die Taalmuseum nou gevestig is. Dieselfde teks is mettertyd in die Afrikaanse bybelvertalings van onder meer 1933, 1953, 1983 asook Die Lewende Vertaling van 2011 aangepas – voorbeelde hiervan asook die 1893-vertaling verskyn in die uitstalling. Dele van die Koran is reeds in die mid-1850's in Afrikaans vertaal met die gebruik van Jawies, die Arabiese skrif soos aangepas vir die taal.

Die argitek van die monument, Jan van Wijk, het sterk gevoel oor die natuur en daarom word hy vereer deur dié buiteluggalery waar sy as in ’n rots ingemessel is, knus omring deur inheemse olienhout en graniet. ʼn Uitstalling van verskeie opkomende Afrikaanse skrywers word elke paar maande in dié galery se uitstalkaste van herwonne hout en glas aangebied om hiermee op die monument se kulturele én natuurlike aspekte te fokus. Hierdie spesifieke uitstalling is opgedra aan Chris Brunette (1961-26 Maart 2020). As LitNet-redaksielid het hy ʼn belangrike rol in hierdie en ander gesamentlike projekte tussen die Taalmonument en LitNet gespeel. Sy positiewe bydrae en ondersteuning sal erg gemis word. Sien www.litnet.co.za/in-memoriam-chris-brunette-1961-2020/ vir meer.

Sien www.taalmuseum.co.za/groen-galery/ vir die Kaaps- en vorige uitstallings. Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in ses tale oor die simboliek van die Taalmonument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Daar is ook heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte.

Vir navrae oor die monument of om meer te wete te kom oor die talle gewilde geleenthede en afslagpryse, ook rakende die ATM se 45-jarige feesvieringe, besoek www.taalmonument.co.za of hul Facebookblad. Kontak die ATM op 021 863 0543/ 872 3441 of stuur ʼn e-pos na admin@taalmonument.co.za. Meer oor LitNet se Bybel in Kaaps-projek te siene by www.litnet.co.za/bybel-kaaps-kompetisie-wenners-aangekondig/

Lees ook:

Bybel in Kaaps: Jesaja 26

Bybel in Kaaps: Psalm 11 tot 13

Bybel in Kaaps: Markus 10 (deel 2)

The post Persvrystelling: Taalmonument vier 45ste jaar met Bybel in Kaaps appeared first on LitNet.

Allan Boesak, Nelson Mandela, Jakes Gerwel en nierassigheid

$
0
0

Alan Nelson (fotobron: Wikipedia) en Jakes Gerwel en Nelson Mandela (fotobron: Jakes Gerwel-stigting)

Dit is ’n regverdige vraag om te vra of nierassigheid dood is, of het dit ooit bestaan, want die Suid-Afrikaanse samelewing het in ’n mismoedige sin agteruitgegaan. Tot so ’n mate dat minderhede toenemend neerslagtig voel omdat hulle besef hulle word vanweë ras of etnisiteit uitgesluit en tot ’n ekonomiese sukkelbestaan gereduseer.

Minderhede voel ellendig, ten spyte van die feit dat die Grondwet, Wet 108 van 1996, nierassigheid as ’n waarde van demokrasie neerlê, omdat hulle voel die samelewing is terug by die ANC se vroeë wortels as ’n swart nasionalistiese party wat ras as basis gebruik om net Africans te bevoordeel.

Oudpres Kgalema Motlanthe het op ’n keer bevestig dat nierassigheid nog steeds ANC-beleid is, maar wel toegegee dat die party dit nie geïnternaliseer het nie. En verder: dat nierassigheid nie meer in die ANC se houdings en uitsprake gereflekteer word nie.

Minderhede voel weer dat dié ANC se uitsprake van nierassigheid bloot sinlose gepraat is, omdat die ANC nog altyd ’n historiese en ideologiese dispuut met die beginsel van nierassigheid sedert sy stigting in 1912 gehad het. In so ’n mate dat alhoewel die kwessie van nierassigheid binne die kongresbeweging met die stigting van die UDF in 1983 traksie begin gekry het, selfs binne die ANC, was die party nog altyd skepties oor nierassigheid en die politieke posisie van minderhede in die algemeen.

Die nierassige samestelling van die UDF se leierskap het die party nog meer ongemaklik gemaak, veral omdat ’n sekere nasionalistiese groep binne die ANC geglo het dat die “struggle” alleenlik aan Africans behoort. En ook geïsoleerd deur net Africans beheer behoort te word.

Selfs in die buiteland is ’n groep African ANC-leiers oortuig dat senior bevrydingsleiers soos Oliver Tambo beheer is deur minderhede – wat glo ook hulpbronne beheer het.

Die aanvaarding van die Vryheidsmanifes deur progressiewe magte in die ANC in 1955 wat verklaar Suid-Afrika behoort aan almal, wit en swart, het verder druk op die nasionalistiese groep binne die ANC geplaas. In so ’n mate dat die ANC hom in 1958 in sy jaarverslag herverbind het tot nierassigheid.

Op die ANC se Morogoro-konsultasiekonferensie in Tanzanië in 1969 was die mees omstrede kwessie van bespreking die posisie van “non-Africans” – oftewel nierassigheid – binne die ANC.

Selfs nadat die ANC sy lidmaatskap vir alle rasse oopgegooi het, die alliansie met die SAKP (wie se leierskap deur minderhede oorheers is) formeel gesluit is, en selfs nadat die UDF gestig is, het die ANC se nasionalistiese groep nog steeds nierassigheid probeer vernietig.

By die ANC se nasionale konferensie in 1985 in Zambië het die nasionalistiese groep nog ’n poging aangewend om selfs die verkiesing van minderhede tot die nasionale uitvoerende komitee (NUK) van die ANC te verhoed. Hulle het selfs aangevoer dat minderhede geen sake het om hulle met die anti-apartheidstryd te bemoei nie.

So is daar minderhede wat vandag glo dat die ontbinding van die UDF aangepor is deur swart nasionaliste in die ANC wat die UDF se nierassige samestelling en karakter verpes het.

Allan Boesak, UDF-medestigter en anti-apartheidsaktivis, het in ’n onderhoud in 2017 met die Pretoria News gesê hy was gekant teen oudpres Nelson Mandela en die ANC se voorstel dat die UDF moet ontbind.

“I will always regret very much that I allowed myself to be pressured, not just by acquiescing, but also being on a stage when the announcement was made. They asked me to speak, and I did. It did not come from my heart, but I spoke – and that should never have happened. I’m ashamed of that moment.”

In ’n toespraak in 2005 by die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) het wyle Jakes Gerwel, oud-UWK-rektor, sekretaris van die kabinet en voormalige hoof van Mandela se presidentskantoor, ons daarop gewys dat die betekenis van nierassigheid dikwels uitgebrei is om te lui “non-racialism ideally under African leadership”.

Volgens Gerwel het dit nie enige noodsaaklike “entitlement” beteken nie. Of dat posisies van leierskap op enige meganiese wyse Africans toekom nie; of dat as gevolg van die “most oppressed and exploited group” te gewees het, Africans nou op simplistiese wyse die grootste regstellingbeloning verdien nie.

“‘African leadership’ het in daardie konteks in die eerste plek eerder verwys na ’n morele dimensie en selfs verpligting.”

Volgens Gerwel is nierassigheid die mees kosbare geskenk van Africans aan Suid-Afrika.

“Africans is dus nie in die eerste plek die ontvangers van nierassigheid nie, maar as gevolg van hul ervaring van rasse-onderdrukking en hul vermoë om daaruit te kon leer oor die immoraliteit van sulke onderdrukking, die toonaangewende klas in die soeke na en skepping van uiteindelike nierassigheid. Vandaar die leidende en dus emansipatoriese rol van Africans in die vestiging van ’n nierassige samelewing.”

Luister ons egter na Boesak, is presies die teenoorgestelde besig om te gebeur: African “entitlement” neem toe en die toedeling van leierskapposisies word hoofsaaklik aan Africans toegedien.

By die 36ste verjaarsdagvieringe van die UDF in Mitchells Plain in 2019 het Boesak gesê daar is ’n doelbewuste politieke poging – wat hy ’n handeling van “unremembering” noem – van uitsluiting om die geskiedenis en nalatenskap van die UDF te manipuleer en te vernietig vir suiwer ideologiese redes.

In die Pretoria News-onderhoud in 2017 het Boesak Mandela daarvan beskuldig dat hy apartheid se raskategorisering van wit, swart, bruin en Indiër teruggebring het.

“He (Madiba) spoke openly about whites, coloured and Indians. But even more problematical was his response to black consciousness in an essay in a book compiled by another struggle veteran, Mac Maharaj.”

Boesak sê Madiba het in die essay ’n probleem met swartbewussynkwessies gehad.

Mandela het glo ook ’n probleem gehad met die “black consciousness contention that race is a deceitful category that has no scientific basis and that it is a political and social construct. Arising from this, therefore, is that it is one’s humanity that counts more than the question of race or ethnicity, or any of that.”

Volgens Boesak het Mandela fundamenteel hiermee verskil.

“Instead, he made the stunning statement that one could not deny the reality of the texture of your hair, the shape of your nose or the colour of your skin. When Mandela introduced racial categorisation, it became the language of the ANC.”

Volgens Boesak was dit ’n ernstige probleem: Hy het gevoel dit gaan ons in ’n situasie inneem waar die hele kwessie van nierassigheid en sosiale kwessie bevraagteken word.

“Why would you want to make these distinctions in terms of skin colour or ethnicity if it has not attached itself to some privilege – social, economic or racial privilege?

“What was that necessary for? Why would the ANC be interested?

“But now, of course, we’ve seen where they’ve gone.”

Volgens Boesak moet leerlinge ongelukkig nog steeds dokumente waarin hul raskategorie aangedui word, by skole invul.

“But when you ask yourself where this comes from, you can see how easily the ANC, not only in its leadership, but as an organisation and then in its policies and language has embraced the language of apartheid, and all those things we considered the pillars of apartheid.

“It is no wonder that, 23 years later, we have no idea what non-racialism actually means. It is no wonder that something as fundamentally good in principle as affirmative action becomes a contentious issue because they refuse to apply it to all those who were disadvantaged.”

In ’n rubriek in Die Burger in 2015 het Max du Preez, net soos Boesak, beklemtoon dat nierassigheid ’n erkenning is dat ras ’n sosiale konstruksie en nie ’n geldige biologiese identiteit nie. Du Preez skryf ook: “Dit beteken nie dat ons nou die sosiale werklikheid van rasgebaseerde identiteite kan ontken nie. Dit is al te lank met ons om dit nou te probeer ignoreer.”

Hy skryf verder: “Nierassigheid beteken nie ons moet ophou besin oor wit bevoorregting nie, paternalisme en die bewuste of onderbewuste houding van soveel wit mense dat wit en Westers die norm is nie. Nierassigheid is nie per se in botsing met die beginsel (let wel, ek sê die beginsel) van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging nie. Dit ondermyn ook nie multikulturalisme nie.”

Die swartbewussynsleier Steve Biko word allerweë beskou as die persoon wat nierassigheid gepredik het lank voor die ANC dit gedoen het: “Daar is net een ras, en dit is die menslike ras. Ons voorsien ’n heeltemal nierassige samelewing, met geen meerderheid en minderheid nie.”

Was dit profetiese woorde of ’n dagdromery van Biko? Wel, die toekoms sal leer. Intussen moet ons nooit ophou om te intellektualiseer oor die menslike en toekomswaarde van ’n ware nierassige samelewing nie. Ons kan nooit ophou nie. Net aanhou, want aanhouers wen.

The post Allan Boesak, Nelson Mandela, Jakes Gerwel en nierassigheid appeared first on LitNet.

Lesersindruk: Uit die hart van ’n vrou deur Rozaan de Wet

$
0
0

Uit die hart van ’n vrou
Rozaan de Wet
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9781920156220

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer geskryf en aan LitNet gestuur.

“Die Here weet, ’n verkeerde man is die ergste ding wat jou kan oorkom. Dit is erger as die dood. Want dit is ’n langsame marteling” (bl 272).

Uit die hart van ’n vrou is die debuutroman van Rozaan de Wet. Die skrywer het duidelik baie moeite gedoen met die skryf van hierdie boek. Die storie van Claire speel deels af in die strate van Kimberley, daardie stowwerige klein hoofstad van die Noord-Kaap, waar Claire se man Kris ’n kettingwinkel bestuur. Maar Kris kyk tog te graag diep in die bottel, en Claire se hart trek eintlik na die suidwestelike Kaap, waar die strandhuis staan wat sy by haar ouers geërf het. Kris, daarenteen, is gevestig in Kimberley, gevestig in sy drinkpatrone, gevestig in sy huis en beroep, en deel nie Claire se entoesiasme vir haar lewe by die see nie. Dan is daar Claire se vriendin Wanda. Wanda se man Sephus is ’n narsis. Sy oë dwaal gedurig rond na ander vroue. Hy is ’n baie suksesvolle sakeman en vervul al Wanda se materiële behoeftes. Maar sy streke laat haar miserabel. Soos wat die verhaal voortsleep, kom Sephus se geraamtes in die ope. Sy losbandigheid haal hom in.

Die  hele boek sentreer dus rondom die twee vriendinne, Claire en Wanda, hulle vriendskap en hulle onderskeie pogings om hulle huwelike te laat slaag. Dan word die verhaal ook verder ingekleur met twee ander belangrike storielyne, naamlik die homoseksuele kind en aborsie, waarmee die skrywer ’n bietjie “toy”. Verskoon maar die Engels – die boek word ook hier en daar so met Engelse woorde geskryf in die mix, en laat ek sê, vir die taalpuris sal dit seker hoofbrekens besorg, maar vir my verskaf dit eerder ’n lekker aardse gevoel aan die boek. De Wet slaag nogals daarin om die karakters heel oortuigend te laat voorkom. Daar is deurgaans ’n ligte lagie Christelike pedantisme, maar ook baie menslikheid, vergifnis, tweede en selfs derde kanse, en ook die toepaslike vloekwoord op sy tyd.

Om boeke te publiseer moet baie, baie moeilik wees. Ek haal my hoed af vir sulke mense. Die kritiek sal nooit ophou nie. So het ek byvoorbeeld my vrae oor die gebruik van die woord “imbesiel” op bl 258. Dit is darem nie ’n mooi woord nie. Noem my nou maar “polities korrek”, of dalk “sielkundig korrek”, maar nou ja, dit is heel moontlik vir ’n karakter om dalk so te praat. Ek sien net nie in my geestesoog hoe die liewe Wanda van Mosselbaai so ’n woord sal gebruik nie. Hopelik vergeet die hele mensdom eendag sommer heeltemal dié woordjie tesame met “idioot” en “moroon”. Daar is beter maniere om iemand te beledig.

Alles in ag genome, sou ek sê ek het Uit die hart van ’n vrou as ’n heel aangename en interessante boek ervaar. Ek dink daar sal nog baie goeie boeke uit hierdie skrywer se pen vloei. Uit die hart van ’n vrou is ’n boek van geloof, hoop en liefde. Dis daai soort boek. Die titel gee dit ook eintlik soort van te kenne.

The post Lesersindruk: <em>Uit die hart van ’n vrou</em> deur Rozaan de Wet appeared first on LitNet.

Koronavirus open ons oë

$
0
0

Die mens is tot stilstand gedwing en die aarde skep asem. In dorpe en stede die wêreld oor loop wilde diere in strate omdat die mens afwesig is. Die lug is skoon en alles met longe, selfs plante, is dankbaar vir die afwesigheid van motors en vliegtuie, en dít wat roer as gevolg van binnebrandmasjiene.

Na “lockdown” kan ons nie teruggaan na hoe dit was nie. Ja, vliegtuie en motors sal steeds daar wees, maar die soeke na ’n oplossing om te verseker dat die aarde self sy eie nodige koolsuurgas voorsien, moet met net soveel erns benader word as die soeke na ’n entstof om die koronavirus hok te slaan. Die mens, diere en plante se voortbestaan is in gedrang as gevolg van ’n oormaat koolsuurgas wat tot aardverwarming lei … en dis alles die mens se toedoen. Ons skuld ons siek aarde ’n groot verskoning.

So, wat kan ek (slegs ’n druppel in die emmer) doen om die aarde se koors te breek?

Milaan in Italië het reeds die eerste ernstige stap gedoen deur die bane vir motors minder te maak en fietsbane breër. Stellenbosch is ook hard aan die werk om fietsry te bevorder as gevolg van die voordele wat dit nie net vir die persoon op die saal inhou nie, maar ook vir die dorp in sy geheel en alle ander aardbewoners, want trapfietse het nie uitlaatpype nie. Stadsbeplanners werk glo reeds daaraan om strate veiliger en meer aanloklik te maak vir fietsryers. Soos ons destyds, sal duisende kinders weer met hul fietse skool toe ry; die opeenhoping van motors by skole – twee keer per dag – sal mettertyd soos mis verdwyn.

Die gewildheid waarmee fietsry in die 21ste eeu toeneem, kan met die Oerknal vergelyk word. Die tempo waarteen dit versnel, is soos die klankgolwe van die Knal – al wyer en vinniger. Elektriese fietse het hul verskyning gemaak en is besonder gewild onder ouer mense wat brandstofbesparing en matige oefening verlang. Deur ’n knoppie te druk kan jy kies hoeveel hulp die elektriese motor moet voorsien, onder andere afhangende van die terrein waar jy ry. Kan ons aanneem dat ons oor 30 jaar slegs elektriese voertuie op ons paaie sal toelaat – of is daar nog mense wat nie die gevaartekens kan sien wat “lockdown” vir ons uitgelig het nie?

Kom ons omhels ’n rustiger en gesonder lewenstyl en ry met fietse om te kom waar ons wil wees, hetsy werk, winkels of ontspanning, en sodoende vir ons nageslag ’n gesonder aarde na te laat. Moontlik kan werkgewers selfs stortgeriewe voorsien, en veilige parkering vir die fietse, om gelukkiger werkers en beter diens te bevorder.

Dink aan die opgewondenheid van ’n kleuter wat leer fietsry: daardie eerste paar treë wanneer hy agterkom dat Pa nie meer die saal vashou nie; die ongeloof in die oë wanneer sy besef sy ry nou op haar eie. Dis ’n grootwordoomblik, ’n fietsry-oomblik wat aan die lewe gehou moet word omdat dit soveel voordele inhou.

Dankie aan almal wat reeds met hul fietse ’n bydrae lewer om vir die nageslag ’n gesonder aarde te verseker. Elke druppel kan ’n verskil maak.

  • Pieter Loots se boek het onlangs verskyn en hier is nog besonderhede:

Uitgewers : Groep 7 Drukkers (Pty) Ltd
ISBN : 978-1-928456-53-7

The post Koronavirus open ons oë appeared first on LitNet.


Skrywersonderhoud met Anton Krueger en Eben Viktor oor Die oog

$
0
0

Die oog is ’n bonatuurlike riller gemeng met ’n goeie dosis tong-in-die-kies humor, ’n tikkie geskiedenis, ’n titseltjie romanse, ’n knippie filosofie en ’n sterk geur van misterie … ’n donker avontuurverhaal vol goedige, doodernstige draakstekery. Ruan Kemp beskryf die roman as "’n esoteriese wakkerdroom wat weldra ontaard in ’n nagmerrie," en sê verder: "Ek gaan nooit weer dieselfde na koeksisters kyk, of seuntjies met lang hare nie …"  

Remona Voges het met Anton Krueger en Eben Viktor oor hul boek Die oog gesels. 

Foto's van Eben Viktor (bo) en Anton Krueger (onder): verskaf

Die oog
Anton Krueger en Eben Viktor
Uitgewer: Naledi
ISBN: 9781928518280

Anton en Eben, kan julle elkeen ’n bietjie agtergrondinligting oor julself verskaf asseblief?

Anton: Ek werk by die Dramadepartement van Rhodes-universiteit in Makhanda (Grahamstad), waar ek klas gee in dramateorie en kreatiewe skryf.

Eben: Ek is voormalig van Pretoria, maar die afgelope 19 jaar woon ek in Oekraïne, waar ek wiskunde en wetenskap doseer by ’n privaat kollege. Vroeër het ek onder andere Afrikaans en Nederlands studeer, en ek is nog altyd lief vir die letterkunde van dié twee tale, en vir letterkunde in die algemeen.

Hoe het die idee ontstaan om saam ’n roman aan te pak?

Eben: Ek en Anton is al vir baie jare bevriend, en hy het my vroeg in 2014 genader om ’n roman wat hy in Afrikaans geskryf het, te redigeer. Dinge het van daar af ontwikkel. Ek dink Anton sal meer wil verduidelik.

Anton: Die boek is aan die een kant baie vinnig, maar aan die ander kant ook baie stadig geskryf – daar was min of meer vyf jaar van beplanning, een maand waarin die draft geskryf is, en daarna nog vyf jaar van redigering en herskryf. Hierdie ongelooflik onekonomiese metode van werk word meer deeglik in die nawoord en erkennings agterin die boek beskryf. Maar kortliks: Die storielyn, milieu, temas en die meeste van die karakters is aanvanklik deur my en ’n groep vriende geskep as basis vir ’n TV-reeks meer as 10 jaar gelede. Die kernidees is versamel oor twee denkskrumnaweke wat deur Tracy Hagerman geborg is, aangesien sy van gedagte was om die reeks te vervaardig. Ek en Werner Mouton (wat tans, onder andere, bestuurder is van Exclusive Books se gewilde Menlyn-tak) het die notas wat uit hierdie naweke voortgespruit het, gebruik om die oorsig en proeflopie vir die reeks te skryf, in konsultasie met Tracy. 

Aangesien almal daarna verskillende rigtings ingeslaan het, is die TV-reeks nooit voltooi nie. Toe ek egter in 2014 ’n maand in ’n chateau op Lake Geneva kon deurbring danksy die Lavigny-skrywerstigting, het ek die tyd gebruik om ’n ruwe eerste draft te voltooi. Toe ek terugkom, het ek Eben genader vir samewerking om die manuskrip deeglik te verwerk, wat toe nog ’n hele paar jaar geneem het. 

Ons is al twee nog steeds gretig om te sien dat ’n reeks of movie eendag van die boek gemaak word, en is besig om vervaardigers en maatskappye te nader. Dit sal ’n fantastiese aksieriller reeks maak. 

Ek is nuuskierig oor die gesamentlike skryf van ’n roman, want mens sien baie medeskrywers wanneer dit by niefiksie werk kom, maar minder so met fiksie. Hoe gaan ’n mens te werk? Hoe hou mens die styl eenvormig?

Anton: Ek het al vorige gesamentlike skryfprojekte aangepak. Ek het byvoorbeeld ’n boek kortverhale (Shaggy: 14 Rather amusing rambles) geskryf saam met Pravasan Pillay en ook ’n paar kortverhale met Werner Pretorius, asook akademiese tekste met kollegas. Ek geniet die proses.

Eben: Ja, om ’n kenmerkende styl, of toon, of "stem" te ontwikkel was een van die moeilikste aspekte van die projek. Ek is nie ’n professionele skrywer nie. Daar was wel vroeër skryfpogings, maar my lewe het intussen ander draaie geloop. Toe ons nou besluit dat ek medeskrywer moes word, het ek dit aanvaar asof ek ’n kursus neem in kreatiewe skryfkuns by iemand wat sy storie ken. Ek is veral bly dat die feit dat ek en Anton mekaar al so lank ken, niks gehelp het om my te spaar nie! Ek het soos baie mense romantiese idees oor skryf gehad, maar hierdie ervaring het my laat besef dis ’n craft, soos enige ander, dis iets wat jy moet leer. Daarom, in terme van styl en struktuur en wat werk en wat nie werk nie, is ek dankbaar vir die geleentheid om Anton se kundigheid te kon deel. En ons het ook ’n goeie boel pret gehad met alles; plus, ek hoef nie eers te betaal het nie!

Wat is die grootste uitdagings wanneer mense saam aan ’n roman werk?

Anton: Ek vind die saamskryfproses baie verfrissend en hernuwend. Mens kan soms baie alleen voel as jy so baie jare lank aan ’n projek werk, maar om dit saam met ’n vriend aan te pak beteken daar is altyd iemand anders om die ding verder te vat as jy op ’n punt moedeloos raak. Dis ook lekker om saam met iemand anders te lag of dink. Dis meer direk en onmiddellik as dit ’n medeskrywer is. Maar ek dink mense moet goed oor die weg met mekaar kom, want dis baie jare se saamwerk, en jy wil nie vasgevang wees in ’n eindelose taak met iemand wat op jou senuwees werk nie. 

Eben: Ek reken dit hang af van die betrokke partye. As jy twee gevestigde skrywers het, kan die ego’s dalk probleme veroorsaak. In hierdie geval was dit meer ’n kwessie van tyd en die betrokkenes se werkskedules wat nie altyd ooreenstem nie – sulke praktiese goed.

Die oog is ’n riller oor die bonatuurlike. Kan julle ’n bietjie oor die verhaal vertel?

Eben: Die boek is eintlik baie divers wat genre betref, en daarom moeilik om te plaas. Ek dink ons het gegaan vir die oorkoepelende gevoel. Anton sal dalk meer kan verduidelik.

Anton: Die storie vind plaas in ’n alternatiewe, parallelle wêreld van ’n groep trekkers wat al sedert die Groot Trek in isolasie lewe, en hulle eie rituele en gelowe ontwikkel het. Daar is ’n hele paar kinkels in die storie, so ons wil nie te veel hier verklap nie. Miskien is dit die maklikste om die beskrywing wat agter op die boek verskyn hier aan te haal:

Die oog is ’n bonatuurlike riller gemeng met ’n goeie dosis tong-in-die-kies humor, ’n tikkie geskiedenis, ’n titseltjie romanse, ’n knippie filosofie en ’n sterk geur van misterie … ’n donker avontuurverhaal vol goedige, doodernstige draakstekery.

Alles is nie pluis in Donkerstroom nie. Die inwoners van hierdie afgesonderde dorpie se daaglikse lewe word gekenmerk deur bygeloof en sinistere rituele wat ontstaan het met ’n gelofte wat ’n groep verhongerde trekkers toentertyd gemaak het. Die burgemeester en sy dorpsraad is al jare lank in konflik met ’n geheimsinnige vrouevereniging om die oppermag in die dorp te verkry. En verder woel die hele dorp in die greep van iets wat onder in Donkerstroom se water ronddraai …

Die onderliggende spanning in die gemeenskap word tot ’n spits gedryf, en dinge begin roer in die verlore vallei wanneer ’n waterinspekteur uit Johannesburg tydens ’n fratsongeluk vermis raak. Sy kollega, Stefan die wetenskaplike, sou eerder graag wou vlug. Zadie, sy vuurvreter van ’n assistent, se aspirasies om ondersoekende joernalis te speel, kry egter die oorhand. Of miskien is dit die wulpse Ismérie en die melankoliese Lorelei wat Stefan se gewone koelkop besluitneming beduiwel terwyl hulle al dieper in ’n spiraal van misterie en geweld ingetrek word ... 

Luister hier na ’n voorlesing uit die boek:

Wat is elkeen van julle sê gunstelingkaraker in die boek en waarom?

Eben: Die idee was om genuanseerde karakters te skep, en daarom is Stefan Booysen, een van die hoofkarakters, ten spyte van sy eerlikheid en goeie bedoelings, ook ’n bietjie van ’n lafaard as gevolg van sy besluiteloosheid, en nie heeltemal ongeneë om roem en rykdom na te jaag ten koste van andere nie. Maar dit maak hom menslik, en daarom kan mens van hom hou. Zadie September is ’n karakter en ’n half, so kleurvol dat haar panache by tye dreig om almal te oorskadu. Ook die baddies het ’n ander sy: Die burgemeester – kolonel Beaunard – is ’n opperste tweegesig wat mag en rykdom agter die skerms najaag, maar dan het hy ook die welsyn en voortbestaan van die gemeenskap op die hart. Dit sou in elk geval moeilik wees om van Loubser, die buffel van ’n brandwag/polisieman te hou.

Wie sal van hierdie boek hou?

Eben: Die boek lees lekker en daar is genoeg aksie en avontuur wat ontvou, wat dit die gevoel van ’n avontuurroman gee. Maar die leser kom gou agter daar is meer: bietjies filosofie en geskiedenis en sosiale kommentaar ingegooi. En dan is daar hope humor, soms ironies, soms droog. 

Anton: Soos ek op ’n vorige vraag geantwoord het, ek sou self bly wees as daar ’n Showmax- of Netflix-reeks uit die storie kon kom. Charles Fourie het dit onlangs gelees en gesê hy dink dit sou moontlik ook goed werk as ’n radiodrama op RSG. Soos ek gesê het, ons het nou begin om mense te nader, en as daar enige regisseurs of vervaardigers is wat graag die boek sou wou sien, kan hulle gerus van hulle laat hoor.

Wat lees julle gedurende die inperkingstyd?

Anton: Ek doen hierdie jaar navorsing oor meditasie, improvisasie en "spontane uitdrukking" in die kunste, so ek lees baie boeke oor hierdie interessante onderwerpe. Ek probeer ook my Duits verbeter (want ek gaan hopelik nog Berlyn toe vir navorsing hierdie jaar, as die grense weer oopgaan), so ek lees elke dag iets uit Doris Dörrie se biografie (Leben, schreiben, atmen). En dan vir pret, net-voor-slaaptyd-tipe-lees, onlangs ’n paar lekker, nuwe romans: Enter the Aardvark (Jessica Anthony), The wandering (Intan Paramaditha) en die ongelooflike Overstory deur Richard Powers. Ek hou ook baie van Bill Bryson en lees weer sy boek oor Engels in Amerika (Made in America) en luister na sy nuutste boek, The body, op audio. Het ook gister Pinker se boek oor taal, The stuff of thought, weer opgetel, asook ’n ou roman deur Mike Nichols, The Ibis Project.

Eben: Ek werk voltyds, dus is daar min tyd vir lees, maar ek vind ek lees uit die paar boeke wat ek hier by my het, willekeurig-gekose gedeeltes: Naipaul, WF Hermans, Saramago, Saul Bellow, die Russe, allerlei goed, en heelwat analitiese filosofie en boeke oor kosmogenie.

Is julle tans by ’n kreatiewe projek betrokke? Waarmee hou julle julself op die oomblik besig?

Anton: Ek is besig met ’n produksie vir die Nasionale Kunstefees. Ons was op die hoofprogram met ’n nuwe eenvrouvertoning (... ellipses ...) wat deur die Chicago-danser/performer Lisa Fay opgevoer sou word. Maar nou het hulle die fees virtueel gemaak hierdie jaar, so ek het dit herskryf as ’n Zoom show, en wil graag self daarin speel. Die huidige naam is The voice in your head. Ons is sover voorlopig aanvaar vir die fees, maar dis nog nie finaal bevestig nie. Soos ek gesê het, werk ek ook hierdie jaar aan ’n akademiese boek oor improvisasie en meditasie. Ek is ook besig om ’n webtuiste klaar te maak wat verskillende projekte koppel: films, beelde, joernalisme, artikels, asook ’n blog en dies meer. 

Eben: Ek was so begeester deur die ervaring met Die oog dat ek ’n bundel lang verhale geskryf het wat ek aan die hersien is met die hoop om dit later vanjaar gepubliseer te kry. Die titel daarvan is Buitengewoon binnegedring. Dan hou ek my ook nou en dan besig met die vertaling van kontemporêre Oekraïniese digters se gedigte in Afrikaans.

Kyk hier na nog onderhoude en voorlesings:

 

The post Skrywersonderhoud met Anton Krueger en Eben Viktor oor <em>Die oog</em> appeared first on LitNet.

Kwarantynketting: "The Afrikaans patient" deur Naomi Meyer

$
0
0

Met die land wat tans in kwarantyn is, voer skrywers ’n korona-kettinggesprek oor hul gevoelens en ervarings as skrywers in hierdie moeilike tyd.

Naomi Meyer skryf oor haar ervaring in die grendeltyd (Fase 4).

The Afrikaans patient

Die man in die huis is siek.

“Ek hoop nie dis dit nie,” whatsapp ’n vriendin.

Ek hoop ook nie so nie.

In die bed lyk hy grys in die gesig. Ek voel bekommerd oor hom. En oor die wêreld. In die tyd van COVID-19 dink ek aan die film The English patient, met al die siekte en boonop die Tweede Wêreldoorlog wat op Die Groot Depressie gevolg het.

Hy het nie koors nie. Maar hy is nie lekker nie. Die virus kan allerlei eienaardige gedaantes aanneem. Wat is die volgende simptoom van COVID-19 wat ontdek sal word: ingroeitoonnaels?

Ingroeitoonnaels – dis nie snaaks nie. Die virus het alles verander. Die grappies oor alkohol en lang hare op die sosiale media stroom in, maar as ons nou lag, lag ons minder.

’n Ruk terug sou hierdie selfde vriendin reageer het met: “Man flu?” Ek sou ’n emotikon teruggestuur het van ’n gesiggie wat haar oë rol (“jy weet mos”).

COVID-19 het normale interaksie verander. Wat is snaaks, watter wetgewing is grondwetlik in hierdie dae, wat is die virussimptome? Alles het verander: politiek, ekonomie, feeste, teater, sport, universiteite. Is dit meer gesond om ons in huise af te sonder, of meer gesond om dit nie te doen nie? Dis waaroor nou gepraat word.

Sekere gesprekke het heeltemal vervaag. Afrikaans op universiteitsvlak is in die intensiewe eenheid, maar die gesprek het verdwyn, saam met gesprekke oor ander lewensgevaarlike siektes. Oor ’n toekoms met geleenthede word ook nie gepraat nie.

The Afrikaans patient se vrou

The Afrikaans patient se vrou is ook siek. Sy is siek en sat vir al die daaglikse onderbrekings. Sy is bevoorreg om ’n werk te hê en ’n man en kinders vir wie sy lief is in haar huis. Sy is wel siek en sat vir haar biologiese samestelling, met haar medulla oblongata, wat sy op skool geleer het verleng is om toe te laat dat sy gelyktydig aan meer as een taak kan aandag gee.

Sy is siek en sat vir al die boeke wat sy nie skryf nie. Sy sien op die sosiale media dat daar baie ander vroue is wat ook siek en sat is vir al die navorsing wat hulle nie doen nie, en wat skakels uit The Guardian deel van al die ander vroulike akademici wêreldwyd wat nie navorsing doen nie, terwyl manlike akademici se navorsing inderwaarheid toeneem.

Ek stap in die oggend en dink aan tendense wat skuif, soos aardplate onder die kors van die grond waaroor ek loop.

Dié wat voorheen geld gehad het vir kos, het met vreugde piesangbrode gebak. Nou wonder almal wat bevoorreg genoeg is om kos in die huis te hê watter ete hulle volgende vir hul gesin sal uitbroei. Toe die eerste fase van inperking verby is, het mense uitgelate soos kinders strate toe gehardloop om weer oefening binne vyf kilometer van hul huise af te doen. Nou lyk al hierdie selfde mense agter hulle lappe soos beelde uit The English patient. Ek vrees die langtermyneffek van die virus: so baie siekte en dood, ekonomiese depressie, opstand, nasionalisme en oorloë. En ook: Het die staat van inperking plaasgevind net sodat daar massagrafte gegrawe kon word?

The Afrikaans patient se ouers

Die ouers word verpak as “bejaard” en het nou heeltemal verdwyn. Hulle moet opgepas word om nie aan die kieme blootgestel te word nie en in die proses het hulle onsigbaar geword. Niemand sien hulle meer raak nie.

Almal is nie gelyk voor die virus nie. Ouderdom, geslag en ekonomiese omstandighede bewerkstellig groter ongelykheid as wat voorheen die geval was.

The Afrikaans patient se kinders

Die kinders se lewens is aanlyn soos nooit tevore nie. Grense vloei ineen, die huislike en die skoollewens vermeng. Dis vir die dogtertjie in die huis nou baie belangrik om die kartonpophuis waaraan sy lank  gelede begin werk het, op koers te kry, voordat tuisskool soggens begin. Haar eie pophuis, wat sy een slag vir Kersfees gekry en ten volle gemeubileerd is, staan bo in haar kamer. Die seun se krieketproewe hang in die lug soos onvoltooide storielyne van al die boeke wat sy ma nie skryf nie, omdat sy besig is om rys op die stoof te verbrand in die tyd wat haar man te siek is om kos te maak.

The Afrikaans patient en sy vrou weet nie of hulle hul kinders moet skool toe stuur as die onderwysdepartement uiteindelik besluit het wat moet gebeur nie. The Afrikaans patient sit met sy voorgeslagte se bagasie. Hy hoor uitsprake deur die onderwysdepartement op TV en hy weet nie of hy kan vertrou wat enigiemand sê nie. The Afrikaans patient is enersyds nie ’n eiland nie (“no man is an island”), maar andersyds woon hy steeds op ’n eiland. Daar is buurte, so onsigbaar soos bejaardes in afsondering, waar mense in hierdie dae verhongerd dwaal. Die virus het net nóg groter klowe bewerkstellig.

The Afrikaans patient zoom sy dokter. Hy het toe oplaas nie die gevreesde virus nie. Hy’t iets anders, waarvoor daar medikasie bestaan om hom te genees. Uiteindelik staan hy gesond op, draai hy ’n lap om sy gesig en stap die strate binne. ’n Nuwe dag, ’n nuwe virus, ’n nuwe onbekende toekoms tegemoet.

Lees ook

The post Kwarantynketting: "The Afrikaans patient" deur Naomi Meyer appeared first on LitNet.

Korona-kortverhaalfees: Kristel Loots oor "Eende van dieselfde dam"

$
0
0

Kristel, Afrikaanse humor lyk vir mense maklik om te skryf wanneer hulle verhale lees, maar ek weet die teenoorgestelde is waar. Hoe benader jy humor in jou skryfwerk, en is daar sekere reëls waarvolgens jy Afrikaans ontgin?

Humor het baie gesigte, en die trefkrag daarvan is onvervangbaar én onverklaarbaar. Wat vir die een skreeusnaaks is, is vir ’n ander bloot simpel. Die humor in my stories is selde uitgedink en word gewoonlik lukraak en spontaan deur die muse afgevuur. Ek dink nie dis iets waaraan ’n mens kan werk nie. Om te probeer snaaks wees, stuur maklik af op ’n tert-in-die-gesig-klug. Die magic van skryfwerk is dat ’n mens jouself soms tot lekkerlag, of trane, kan skryf. Komedie en tragedie loop hand aan hand.

Jy is bekend as ’n liefdesromanskrywer, en literêre snobs trek hul neuse dikwels vir dié genre op. Hoe voel jy daaroor?

Daar word ’n trappe-van-vergelyking-onderskeid getref tussen ’n romanseskrywer (’n kuns op sy eie) waar die lakens gelig word en dit hoofsaaklik gaan oor die liefde, die volle liefde en niks anders as die liefde nie, en ’n liefdesromanskrywer – die etiket om my nek.

In ’n liefdesroman word daar ook gesoen en gedoen, maar die karakters kom darem soms op vir lug om te werk of te kerk. Dit vertel dikwels wat gebeur wanneer die wittebrood verby is en die sewejaarjeuk, of erger, om die hoek loer. Daar is kinders, ’n hond met vlooie en ’n skoonma, en niemand is meer beeldskoon met albasterblou slaappop-oë of kuiltjies in die ken nie.

Maar “body issues” kan selfs in die postfeministiese era ’n lewe heeltemal beduiwel. Vlees-en-bloed-vroue is vet of vervelig of verveeld, en mans loop rond. Soms. Die rou werklikheid van ’n onvolmaakte lewe met die soeke na ’n warm lyf om teen lepel te lê steeds brandend in jou.

Ek skryf ook graag met groot guitigheid Afrikaanse chicklit wat met Bridget Jones en haar per-ongeluk-“bloemer” wêreldwyd nuwe lewe gekry het. ’n Hele paar subgenres het daaruit ontstaan, selfs ’n “Bridget Jones goes to church”-tendens.

Liefde (én misdaad, spanning, moord en doodslag) verkoop, maar ek “doen” nie bloed en derms en maaiers wat op lyke krioel nie. Daarom skryf ek eerder vroue- of gesinsverhale. Met liefdesverhaalondertone. Want in elke storie wat onder die son vertel word, skuil daar tog verborge aspekte van ’n liefdesverhaal. Selfs in ’n cowboyboekie, waar die held in die verhaal teen die gelukkige einde eers sy perd terugkry, dan sy hond en uiteindelik sy vrou. Eers dán kan hy tydens die slottoneel die horison tegemoet galop.

Ek skryf wat ek skryf wat ek skryf, maar ek het ’n sterk vermoede Die Groot Afrikaanse Roman gaan nie deur hierdie tien vingers op ’n sleutelbord gepleeg word nie. En dis oukei so!

Sonja Loots, wie se skryfwerk in “ernstige” hogere literêre kringe met reg ten hemele aangeprys word, is jou dogter. Sonja se sukses is natuurlik te danke aan jou briljante gene. Ek is nuuskierig om te weet wat julle tweetjies vir mekaar oor julle werk en skryfsake in die algemeen te sê het.

My gene bloos ’n bietjie en hoop hulle word nie as doodgewoon uitgevang nie. En dan is daar Sonja … Die ekstra lang sub A-sinne, die grootmens-Afrikaans (pure afshow, het die familie gesê), die goue sterretjies, later jare die beskrywing van ’n spinnekop wat sy web span, die woorde hoeka ragfyn soos spinnedrade verweef. Wat my met ontroering, verstomming en verwondering laat stilstaan het. Miskien moet ek net noem dat Sonja eintlik voor my begin skryf en publiseer het. En dit so lekker laat lyk het dat ek ook probeer het.

Ek het groot respek en bewondering vir my meisiekind se skryfwerk en dink heimlik “de helft is nog niet verteld”. Maar nee, ons speel nie op dieselfde stoepie met ons skryfwerk nie, wuif net vir mekaar “from afar” en wys soms ’n duimpie in die lug.

Hoe het die idee van “Eende van dieselfde dam” by jou tuisgekom?

Daar was ’n dag toe die buurvrou met haar Delillalyf ’n sigaret kom bedel het by die een wat ek liefgehad het. Die twee rokers het hand om die blaas eenkant toe gaan staan, daar waar dit donker was. Hy, dapper ridder van die dag, het die aansteker beman, buurvrou het haar hande om syne gevou om te keer dat die wind nie sou wegwaai wat begin vlamvat het nie. En ver vooroor gebuk om die sigaret aan te steek, so ver dat jy net cleavage sien. En die cleavage was destyds nog ’n mooi cleavage. Dis dan dat mens begin dink jy moet maar weer begin rook, al hoes en proes jy ook hoe onstigtelik waar jy jou ook al bevind. Want jy wil een van die eende van daai dam wees, sien?

 

Lees Kristel Loots se kortverhaal, “Eende van dieselfde dam”, hier:

Eende van dieselfde dam

The post Korona-kortverhaalfees: Kristel Loots oor "Eende van dieselfde dam" appeared first on LitNet.

Eende van dieselfde dam

$
0
0

In die huis waar Amalia grootword, is rook ’n sonde. Amper net so erg soos om nie in ’n wit trourok voor die preekstoel te staan nie, of om jou naaste se os of esel te begeer.

Die Van der Merwes maak ’n duidelike onderskeid tussen dié wat rook en dié wat dit nie doen nie. Die een is eende van hulle dam, die ander word nie naby die water toegelaat nie.

Wat natuurlik verklaar waarom Amalia toe so halsoorkop verlief raak op Jack. Dis toe Jack Amalia die eerste keer in sy arms neem en sy die pakkie sigarette in sy bosak teen haar wang voel dat sy finaal voor die versoeking val. Sy adem Jack se geur in, die rokersreuk aan sy klere, in sy nek, die smaak van sy mond. Dis die geur van ’n roker, dis die geur van ’n man.

Om te sien hoe Jack sy sigarette hanteer is om na ’n movie met ’n streng ouderdomsbeperking te kyk. Hoe hy net die regte sigaret uit die pakkie kies, sag en tergend tydsaam daaroor streel, die voue om sy mond sag en soet, loom gedagtes in sy oë. Hoe hy die sigaret ’n oomblik lank met sy lippe liefkoos, die aansteker aanhits, en dan daardie eerste teug van genot … Sy oë versluier, ’n simfonie van sensualiteit wat Amalia laat ril van begeerte. Eintlik wil sy op sy skoot spring, arms om sy nek gooi, bene om sy lyf slaan – maar sy weet niks kom tussen ’n man en sy sigaret nie en sy hou haar in.

“Daar sal nooit weer vir my ’n liefde soos hierdie wees nie,” konfronteer sy haar pa en ma wat neusoptrekkerig aan Jack ruik.

Op ’n skoon somersdag trou Amalia met Jack. In ’n spierwitte trourok, nogal. “Ook maar net-net, as jy my vra,” brom haar pa terwyl hy sy vrou uit haar floutes probeer lawe en onderskraag. Jack wag tot na die seremonie om op te steek, maar die onthaal gaan min of meer in ’n rookwolk verby. En Amalia is gelukkiger as ooit voorheen in haar rooklose lewe.

Net jammer dat geen huwelik gevrywaar is van die sewejaarjeuk nie. Dat vuil asbakke die hele huis vol later hul bekoring verloor, dat selfs rokersoene nie meer dieselfde verlammende uitwerking op jou lyf het nie.

“Jy is nou nes daardie ou ma van jou,” verwyt Jack toe Amalia haar streng rokerswette begin uitvaardig. “As jy so aangaan, sal ek later nie meer in my eie huis kan rook nie.”

Dit gebeur nie oornag nie, maar dit gebeur. Dat Jack later na die buitenste duisternis verban word om daar sy longe te gaan verniel. Maar Amalia, liefdevolle vrou wat sy is, sorg darem dat daar vir hom ’n gemaklike stoel op die stoep is.

En toe trek die nuwe buurvrou in. Een wat in ’n uitgerafelde denimkortbroek in die tuin werk. Blond soos die môredou, om die cliché van rou vroulike verleidelikheid verder te voer. Van ’n man is daar geen teken nie, van kinders om haar besig te hou sodat sy minder in die tuin kan kom, nog minder.

Amalia sit in die sitkamer en televisie kyk toe sy die gegiggel hoor, die stemmetjie skerp soos ’n outydse skeermeslemmetjie en Jack se basstem wat agterna brom. Hulle staan by die muur, Jack en die buurvrou, elkeen darem nog in sy of haar eie grondgebied. Maar dis die twee vuurvonkies naby mekaar in die donker wat die aarde onder Amalia laat bewe. Die buurvrou rook!

Kyk, van die samehorigheid tussen rokers hoef niemand haar te vertel nie. Daarvoor is sy al te veel uit die kring van die rokers en die stokers gestoot. Hulle staan sáám, hulle stem saam, want hulle rook saam. Roetswart harte klop met dieselfde verwoestende ritme.

Skielik is Jack nie meer so dikbek om saans buite te gaan rook nie.

“Waaroor gesels jy en die buurvrou so lekker?” wil Amalia weet.

“Ag sommer … oor die weer en so.”

Maar praatjies oor die weer kan nie so amusant wees dat Jack en die buurvrou so lekker daaroor sal lag nie.

Dis toe Amalia die buurvrou die aand hier onder haar neus op die stoep hoor lag dat sy behoorlik strip. Sy storm uit. Dit ís darem nog haar huis hierdie. As daar buurskaplik gekuier gaan word, sal sý die tee maak. En sommer ook haar vinger daarin steek vir ekstra geur.

“Ek het net ’n sigaretjie by Jack kom bedel,” verduidelik die voorbarige vroumens. Jack is dadelik by met ’n aansteker toe sy die sigaret tussen haar lippe laat glip. Hy wat nie daarin glo om sy sigarette uit te deel nie. “Want ek loop altyd leeg wanneer ek nie naby ’n kafee is nie.”

Dit word ’n gewoonte, Jack en Buurvrou en hul verpestelike sigarette. Amalia sien hulle gereeld saam rook, maar sy hoor hulle nie meer so baie saamlag nie. Dis asof daar ’n vreemde rusteloosheid in Jack roer.

“Die werk stuur my vir ’n maand oorsee,” kom vertel hy. “Amerika toe.” Amalia skrik. ’n Maand is lank. En Amerika is ver.

“Ons kan mekaar skype,” soek sy gerusstelling vir haar ongemak. “Jy kan maar rook terwyl ons gesels,” stel sy voor. “Dit sal my nie pla nie.”

Miskien moes hulle dit lankal gedoen het. Tegnologie ingespan het om nader aan mekaar te wees sodat hulle nie so ver van mekaar af dryf nie.

“Ons kan nie. Die konferensie word in die Rocky Mountains gehou. Daar is glad nie ’n selfoonsein of wi-fi nie.”

Sommer al op die derde dag wat hy weg is, tref die eensaamheid en verlange na haar man vir Amalia. “Ek haat sy rokery,” vertel sy vir die vier mure om haar. “Maar ek is lief vir die bliksem.”

Sy sien nou die verkeerdheid van haar weë in. Is sy mal? Wat probeer sy doen? Haar man in ’n ander vrou se arms indryf? Hoe kan sy hom soos ’n hond by die deur uitjaag om buite te gaan rook? In wind en weer, somer of winter?

Selfs – sy skaam haar – die enkele kere wanneer Jack nog na haar lyf vra. Daar word nooit meer na die tyd gecuddle nie. “Na aksie, satisfaksie,” het Jack graag vroeër genotvol gesê wanneer hy agteroorlê en na sy pakkie sigarette langs hom op die bedkassie tas. Nou moet hy uit sodra hy weer reëlmatig asemhaal.

Dis tóé dat die gloeilampie bo haar kop aanskakel. Sy weet wat sy moet doen en sy moet dit gou doen. Sy moet die kuns binne weke bemeester, haar longe oefening gee sodat sy soos ’n pro sal rook teen die tyd dat sy Jack op die lughawe gaan haal. ’n Huwelik vra opofferings. Sy sal seker so vyf tot tien jaar minder leef, maar wat is die lewe tog werd sonder Jack?

Dis net dat dit nie so maklik is om te leer rook nie. Orals op die internet is daar raad om op te hou, maar nie andersom nie. Wat sy nodig het, is iemand om haar touwys te maak, maar oor haar dooie liggaam sal sy die buurvrou vra om dit te doen. Die winter hou die vrekselse vrou blykbaar uit die tuin, want daar is nie ’n roering buite nie. Sit heel moontlik ook vingeralleen in haar huis, net so eensaam soos Amalia. Ook sonder kind of kraai soos sy.

Gelukkig kan jy nie my man bykom nie, wil Amalia vir haar sê. Want hy is oseane ver van jou af verwyderd. In die boendoes, in die Rocky Mountains, in Denver, in Colorado, in die VSA. Waar hy nie gekontak kan word nie.

Miskien kan hulle al drie saam rook wanneer Jack terug is. Oor die weer gesels en lag. Hoewel sy Jack lanklaas hoor lag het.

Voor die maand om is, weet Amalia waarom rook van die duiwel is en dat mens kortasem van benoudheid kan raak wanneer jou kop en lyf na ’n sigaret vra en daar nie een binne ’n armlengte van jou af is nie. Sy verstaan nou Jack se verslawing; hulle sal nou sielsgenote wees.

En toe kom Jack onverwags met Uber van die lughawe af daar aangesit. Hy groet nie. “Daar is iets wat ek vir jou moet sê,” kondig hy aan die oomblik toe hy sy tasse neersmyt.

“Ek het vir jou gelieg. Ek was nie weg vir werk nie, maar dit was beter vir my om nie met jou kontak te hê nie. Ek moes dinge vir myself uitklaar. Afgesonder. Op my eie.”

Amalia sak in die naaste stoel neer.

“Ek is jammer, Amalia, ek het nie langer kans gesien vir die lewe wat ons gelei het nie. Ek was ’n gevangene, ’n slaaf, ek moes net wegbreek uit die groef waarin ek beland het.”

Jack neem haar hande in syne. “Ek het dit reggekry, Amalia. Daar het vir my ’n nuwe wêreld oopgegaan. Dinge sal nooit weer dieselfde wees nie.”

Amalia voel-voel na haar sigarette. As hy haar net nog ’n kans wil gee …

Maar Jack staan regop, gooi sy arms oop. “Ek is vry, na ’n maand se terapie, uiteindelik heeltemal vry.” Hy lag. “Ek het ophou rook, Amalia!” spog hy triomfantelik. “Vir altyd.”

 

The post Eende van dieselfde dam appeared first on LitNet.

Persverklaring: Die bekendstelling van Taalportaal en Taalonderrigportaal

$
0
0

Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) stel op 21 Mei 2020 Taalportaal en Taalonderrigportaal bekend.

Die vlagskipprojek van die Virtuele Instituut vir Afrikaans was vanaf die stigting van die instituut in 2015 die behoorlike beskrywing van Afrikaans se grammatika. ’n Soortgelyke projek is vir Nederlands en Fries onderneem, en Afrikaans het daarby ingeskakel, wat beteken dat Afrikaans se unieke, geleende en oorgeërfde taalstrukture nou vir internasionale navorsers toeganklik is. Hierdie inhoud word in Taalportaal gehuisves.

Uit Taalportaal het ’n tweede projek, Taalonderrigportaal (TOP), gevloei. In TOP word Afrikaans se grammatika ook beskryf, maar op ’n manier wat vir universiteitstudente en vir onderwysers toeganklik is. Die universiteitswerk word vervat in ’n algemene Afrikaanse grammatika (AAG) en die skoolwerk in ’n Afrikaanse skoolgrammatika (ASG).

Die eerste afdeling, woordsoorte, is nou voltooi. Hierdie enorme werk is gedoen in ooreenstemming met die nuutste internasionale navorsing en is deur verskeie kundiges gehalteverseker. Gebruikers van Taalonderrigportaal kan seker wees dat hulle korrekte, gehalteversekerde en geverifieerde taalkundekennis verkry.

Die inhoud van AAG is gerig op die onderrig van Afrikaanse taalkunde op voorgraadse vlak. Die inhoud van die skoolgrammatika is geskryf met die onderwysers van Afrikaans Huistaal in die VOO-fase as teikengebruiker. Dit beteken natuurlik nie dat ander gebruikers dit nié mag gebruik nie, maar ons het aanvaar dat die vereistes vir grammatikaonderrig in die VOO-fase die grootste uitdagings stel en die breedste grammatikakennis vereis.

As eerste stap van die proses is die KABV vir al die fases behoorlik deurgewerk, en die vereistes vir die onderrig van “taalkonvensies en -strukture” is aangeteken. Die werk wat in ASG aangebied word, is dus volledig met die vereistes in die KABV belyn.

Nie AAG of ASG is ’n handboek nie. Dit is nie eksamenafrigting nie, en dit vervang nie onderwysers of enige ander hulpmiddel wat tans vir die onderrig van Afrikaans ontwikkel is nie. Dit bevat wel die vakinhoud wat ’n mens nodig het om ’n handboek te skryf of wat onderwysers nodig het om lesinhoud of leerhulpmiddels te ontwikkel.

Albei hierdie grammatikas word op ons webtuiste gehuisves, en is gratis toeganklik vir enige geregistreerde VivA-gebruiker. (Registrasie is gratis.)

VivA glo onwrikbaar in die reg van dosente en onderwysers om onbeperkte toegang te hê tot die kennis wat hulle nodig het om die taal te onderrig. Ons glo ook in die reg van taalgebruikers om toegang tot kennis oor hulle eie taal te hê, en ons glo in die reg van leerders om toegang te hê tot korrekte vakinhoud. As taalonderrig ’n uitdaging is, moet dit wees omdat die vakinhoud uitdagend is, nie omdat die vakinhoud verkeerd of ontoeganklik is nie.

TOP is ’n lewende, digitale bron wat deurlopend aangevul en bygewerk word. Die volgende afdeling wat aangepak sal word, is taalkundeonderrig se groot uitdaging, sintaksis.

Op 21 Mei 2020 maak ons Taalportaal en Taalonderrigportaal oop. Die geleentheid vind virtueel plaas, en sal die vorm aanneem van ’n paneelbespreking waar die belangrikheid van digitale onderrig en die noodsaak van digitale hulpmiddels in ’n onderrigomgewing aan bod sal kom. Dit vind van 10:00 tot 11:00 plaas, en belangstellendes kan met Alizma Prinsloo by navraag@viva-afrikaans.org skakel om ’n plek in die virtuele ruimte te bespreek.

The post Persverklaring: Die bekendstelling van Taalportaal en Taalonderrigportaal appeared first on LitNet.

’n Blom op ’n kindergraf

$
0
0

“Ek kom om ’n kransie van rou te breng,                   
op kindergraffies ’n traan te pleng.                                              
Maar kyk, dis ’n fees wat my oog gewaar                                              
van blommetjies, blommetjies aanmekaar,                               
op ranke stingel oor graffie en steen –                         
soos graan op die lande aaneen, aaneen;”

’n Uitreksel uit die gedig “Blomme” van Jan FE Celliers (Irene, 1911, al die grafte toegegroei met kosmosblomme)                        

Dis Erfenisdag 2019 en ek staan in Irene se gedenktuin met my emosies toetentaal besig om te ontrafel. Ek is besig om diep in die geskiedenis in terug te “lewe” na die tyd van die Anglo-Boereoorlog (ABO) toe.

Foto: Canva.com

Daai tydperk in die lewe van die “Boerevolk” toe ons vrouens en kinders in “konsentrasiekampe” die hoogste offer gebring het vir volk en vaderland. Hulle was “gehok” in haglike toestande en dit in hul eie land. Het ek die reg om so te voel? Wat maak die amperse “volksmoord” anders as al die soortgelyke “uitwissings” en “ander” erge vergrype die afgelope 119 jaar van regoor die wêreld? Gee enigiets my die reg om wraak te koester teen Queen Victoria en die “empaaier” vir al die vrouens en kinders wat weens siektes, blootstelling, swak voorsiening van lewensmiddele en onvoldoende mediese sorg die hoogste tol betaal het. Die ergste van alles is dat dit gedoen was om die “Boer” te probeer knak en hom sy reg van bestaan in die land te ontneem. 

Kan ’n oorlog die verlies van agt en ’n half persent van die Boere-bevolking regverdig, en dis feitlik net vrouens en kinders waarna hierbo verwys word. Hoe vergelyk die lewensverlies van die ABO met ander soortgelyke gebeurtenisse soos volksmoorde en wêreldoorloë die wêreld oor?

Ek is in ’n diep worsteling met myself dat ons in ’n baie geweldadige samelewing woon en daar sedert die begin van die vorige eeu so baie vergrype in ’n betreklik kort tydjie plaasgevind het. Het ek enige reg om ’n traan te “pleng” oor ’n “minor atrocity”, gepleeg deur ’n “empaaier”?

Dis nou in ’n land waar ek volgens ander geen bestaansreg het nie en moet terugskoert na waar my voorvaders vandaan kom. Ek is ’n Afrikaner van die “Mzungo Boere Tribe” en so “eg” as kan kom en gaan nêrens heen nie. Wat my met nog meer afgryse laat is dat vyftig persent van die Boerevolk se kinders tydens daardie oorlog gesterf het en grens dit mos aan ’n volksuitwissing.

Net so “min” as wat die Franse van die Engelse hou, is my “min” liefde vir die “Souties”, seker ook maar te danke aan my sterk Franse gene. Het ek enige reg om so te voel? Ek sal graag wil sê dit is oor ek ’n Afrikaner is, maar somtyds weet ekself nie wat Afrikanerskap beteken nie. Is ek nie dalk meer Boer as Afrikaner nie? Is dit in my gene soos die van my Hugenote voorvaders dat ek van nature ’n rebel is en nie daarvan hou om voorgesê te word nie?

My emosies loop hoog en kom ek stadig, maar seker tot die besef dat dit die onreg wat teenoor vrouens en kinders, veral die kinders gepleeg word, juis dit is wat indruis teen alles waarvoor ek staan. Dis waarskynlik hoekom ek so sterk voel oor die “empaaier” en haar onderdane, want ek sien hulle as groot boelies.

Hier volg ’n uitreksel uit die boek, Dankie, Generaal deur Nico Moolman:

“Een aand na middernag in die Bethulie-konsentrasiekamp het ’n jong ma in ’n tent gesterf terwyl sy haar kind in die lewe gebring het. Dit was Mei 1901 en bitter koud, met ’n snerpende suide wind wat deur murg en been gesny het. In die kamp, soos in die meeste ander, was die noodlot die dirigent en duisende vrouens en kinders die lydenskoor.   

In die tent was daar ’n veertienjarige meisie – ’n weeskind wat nie verwant was aan die vrou nie. Sy bedek die gestorwe vrou se oë met twee oulap se punte. Wat nou van die pasgebore baba? Sy begin weemoedig te snik wanneer die ander vroue in die tent vir haar sê sy moet hom laat sterf, want daar is geen kos vir die babaseuntjie nie. Hy sal nie oorleef nie.  

Al kry sy self swaar, stu daar ’n diep oorlewingskrag van iewers diep binne haar wese na bo. Van toe af begin sy elke vieruur, dag en nag moedersmelk bedel by al die voedende vroue in die kamp. By meerderheid tente word sy weggewys, maar hier en daar kry sy ’n paar druppels melk. Bietjie vir bietjie voer sy die baba.        

Saans draai sy hom toe in haar ekstra klere om hom warm te hou. Sy versorg hom met al die liefde wat sy kan gee, al gaan dit swaar. Sy sagte blou ogies glinster wanneer sy daarin kyk.”

’n Kind vat verantwoordelikheid vir ’n kind in ’n grootmens se oorlog. Ons ou volkie kan so hard probeer as wat ons wil om apartheid te verdedig, maar ongelukkig sal ons dit nooit kan regverdig nie. Ons was ook aandadig aan ernstige vergrype tydens die “apartheidsjare” en maak nie saak wie die aggressor in watter situasie ookal was nie, dit was ’n vergryp gewees.

Ondanks die reg of verkeerd van die verlede ontneem dit ons nie van mede-eienaarskap van die wonderlike land nie. Die uiteinde is dat daar net een regmatige “erfgenaam” kan wees en dis die kinders van die land. “Ons” kinders en “ons” kinders se kinders. As jy met dit neuk gaan jy dit opdonner en kan ons baie van die blaam op die Zuma’s, Malema’s en ander “verraaiers” uit lang “geleë” plaas, maar dit gaan nie die probleem oplos nie.

Ons kan rondhol en sê; ja, die ander wil nie saamwerk nie, maar wat van ons? Ons het ’n geskiedenis as ’n klomp dwarstrekkers en wou betreklik onlangs nog alles in die rëenboogland net vir onsself toeëien. Nou probeer ons wegkruip agter hoë mure en dink ons gaan ons kinders kan beskerm teen die aanslae van die bose daarbuite. Dit alles is besig om te gebeur terwyl ons nalatenskap in vlamme opgaan, want dis nie ons probleem nie.

Wees baie bedag daarop dat die dag al hoe nader kom waar ek en jy, man en vrou letterlik in “ruimteskip aarde op pad na nêrens gaan wees, een waar ons gaan voel soos weeskinders in ’n eeu met geen môre nie”.

Hoe verduidelik jy dan aan jou kind wat ’n aasvoël is en hoekom hulle, die “skoonmakers” nie meer daar is nie? Die natuur se “skoonmakers” is weg omdat die aarde se vyand “nommer een”, dis nou ons, hulle vergiftig het. Gewoonlik is die “skoonmakers” eerste by die “karkasse” en maak “number one” hulle dood omdat hulle teenwoordigheid in die lug die “vrederegters” vinniger na die misdaad toneel gaan bring. Dit is nou ’n misdaadtoneel wat in die eerste plek deur “number one” geskep is sodat aan sy behoeftes bevrediging gegee kan word.

Nou word hulle deur vergiftiging uit die samelewing verwyder en deur hulle “stemme” stil te maak word die lugstrome “gesuiwer” en neem dit die “vrederegters” langer om op te daag en kom die skuldiges dus met moord weg.

Dis hoekom daar op plekke in Botswana geen aasvoëls meer is nie en is daar ’n duidelike wanbalans, met die natuur se ewewig vir altyd versteur. Is dit ons nalatenskap? Word wakker, want die volgende uitwissing kom nie nog nie, dis reeds besig om te gebeur en vra ek die vraag of wat ek hierbo oor geskryf het nie, maar net ’n presiese weerspieëling is van ons as mens nie. Leef ons nie alreeds in die eeu van die vierde en dalk finale uitwissing nie? Ek vra maar net.

Wat aanvanklik as ’n diep persoonlike reis begin het, begin te ontaard in ’n soektog na die betekenis van woorde en dade. Ek haal graag aan uit Die Burger van Saterdag 21 Augustus 1937 en wat baie opvallend vir my is, is dat die denkrigting van vandag geensins verskil van die een van meer as twee en tagtig jaar gelede nie.  

“Hoe ouer ’n mens word, hoe meer hy die waarheid leer besef dat die mens gewoonlik te haastig is om te praat, te vinnig om toornig te word en te stadig om te hoor… Woorde dien vir opwekking tot die daad, die daad self wat daarop volg, sal ander aanspoor tot wat die woord alleen voldoende ag. Met die daad sal ons nie net onsself gelukkiger maak nie, maar ander ook. Met verwaarlosing van die woord wat ’n aansporing was, sal ons onsself bedrieg en ander ook.”

Baie lang myle lê tussen doen en sê en soos daar die afgelope 119 jaar groot onregte regoor die wêreld gepleeg is, nie net in ons rëenboogland nie, vra ek die vraag; wat gaan ek en jy doen om die wêreld ’n beter plek vir ons kinders te maak? Wat gaan ons doen om hulle erfenis te bewaar? Gaan sit ’n slag ’n blom op ’n kindergraf en dink aan wat daai kind op uitmis in die “kosmos”.

Ten laaste haal ek weer uit Die Burger van 21 Augustus 1937 aan:

“Gaan wees ’n dader, want onthou die aantal vergeetagtige hoorders is groot, baie groter as die daders van die woord.”

“If you ask me what I came to do in this world, I, an artist, will answer you: I am here to live out loud.” – Emile Zola

The post ’n Blom op ’n kindergraf appeared first on LitNet.

Press release: 55th Fleur Du Cap Theatre Awards winners announced

$
0
0

The winners of this year’s Fleur du Cap Theatre Awards reflected a dynamic, healthy mix of emergent and established local talent, in the view of panel judging chair Africa Melane. “The tough economic times of recent years did not rob theatre and opera lovers of an exceptional quality of productions mounted. The panel and I were once again blown away by what was on offer, especially the new South African works. It demonstrates that talent will flourish regardless of the circumstances. 

 “From the avant garde to more mainstream entertainment, from exciting new names to seasoned stars and other specialists of the stage, this year’s winners highlight the thrilling and world-class standard of what is on offer to local audiences. We are truly fortunate.”

Kinky Boots, staged at the Fugard Theatre, was the indisputable favourite of the judges, taking a total of six awards. Scott won three, with writer and director Morapeleng Molekoa winning two of these, while G7: Okwe Bokhwe (Like/Of a Goat) also won three, and The Glass Menagerie, two awards.  

Kinky Boots (Photo: Jesse Kramer)

This year’s Lifetime Achievement award honoured veteran playwright, director, actor and educator Fatima (Fatts) Dike. Summing up the panel’s comments, Melane said: “She has been instrumental in opening the doors of theatre to all. She educated herself in exile during the struggle, she defied and challenged the laws of segregation and she exposed the abomination of apartheid. We thank her for never abandoning her roots in Langa. Long may she continue to paint with words”.

The Innovation Award went to Junkets Publisher’s Robin Malan and Andi Mgibantaka for their contribution to theatre arts, literature and education. Across its range of imprints, said Melane, the publishing house had continued to promote new writers and ideas, also always providing a platform for the expression of diversity and sexual minorities.

He also mentioned that the organisers had decided to replace the Fleur du Cap medallion awarded to Taliep Petersen in 1999. Won for Kat and the Kings as best contribution to a musical or revue, it had been stolen from the late composer’s family home in December.  

Of the total of 59 productions in the running for top honours in this, the 55th year of the awards, the winners were:

  • Best new South African script: Morapeleng Molekoa | Scott
  • Best new director: Morapeleng Molekoa | Scott
  • Best theatre production for children and young people: Lumka
  • Best performance by an ensemble: Abigail Mei, Carlo Daniels, Luxolo Mboso, Siyavuya Gqumehlo, Sivenathi Macibela, Sizwe Lubengu, Sityhilelo Makupula, Yvonne Msebenzi | G7: Okwe Bokhwe (Like/Of a Goat) | Various roles
  • Best performance in a revue, cabaret or one-person show: Tafara Nyatsanza | Scott | Various roles
  • Best performance by a supporting actor in a musical or music theatre show: Tshepo Ncokoane | Kinky Boots | Angel
  • Best performance by a supporting actress in a musical or music theatre show: Namisa Mdlalose | Kinky Boots | Lauren
  • Best performance by a lead actor in a musical or music theatre show: Earl Gregory | Kinky Boots | Lola
  • Best performance by a lead actress in a musical or music theatre show: Zolani Mahola | The One Who Sings | Herself
  • Best puppetry design: Jenine Collocott | The Old Man and the Sea | Masks
  • Best lighting design: Fred Abrahamse | Equus
  • Best set design: Paul Wills | Kinky Boots
  • Best costume design: Birrie le Roux | Kinky Boots
  • Best sound design, original music, soundscape or live performance: Babalwa Makwetu | G7: Okwe Bokhwe (Like/Of a Goat) 
  • Best performance in an opera – male: Bongani Kubheka | La Serva Padrona | Uberto
  • Best performance in an opera – female: Siphokazi Molteno | I Capuleti e I Montecchio | Romeo
  • Best performance by a supporting actor in a play: David Viviers | Cellist with Rabies | Rabies Virus 
  • Best performance by supporting actress in a play: Jenny Stead | The Glass Menagerie | Laura Wingfield
  • Best performance by lead actress in a play: Fiona Ramsay | The Glass Menagerie | Amanda Wingfield
  • Best performance by lead actor in a play: Alan Committie | Richard III
  • Best director: Mandla Mbothwe | G7: Okwe Bokhwe (Like/Of a Goat)
  • Best production: Eric Abraham and The Fugard Theatre | Kinky Boots
  • Award for innovation in theatre: Junkets Publisher | Robin Malan and Andi Mgibantaka
  • Lifetime Achievement award: Fatima Dike
  • Award for most promising student: Cantona James | Stellenbosch University

Speaking on behalf of sponsor Distell, the company that owns the Fleur du Cap brand, Bridgitte Backman, the organisation’s director of corporate and regulatory affairs said: “We are delighted and immensely proud to be associated with stage talent of such calibre. The winners have made such a significant contribution to local culture, shaping how we see ourselves and our place in society.

Best Lighting: Equus (Photo: Jesse Kramer)

“Of course, it’s disappointing not to be able to celebrate these gifted people at what would have been our traditional red-carpet gala event, but that is how things are in the time of COVID-19, right across the world. Next year, when we hope the world is back on its axis, our plan is to have an even bigger event so we can simultaneously honour this year’s and next year’s winners. Watch this space!” 

Backman also made the point that in times of tragedy, the creative community often produced some of its most outstanding work. “While in no way diminishing the severity of the suffering unleashed by the current pandemic, it could well be the impetus for courageous and inspiring new stage work as has so often been the case, where events of major historical significance have prompted an outpouring of creative excellence.”

G7 Okwe Bokhwe (Like/Of a goat) (Photo: Mark Wessels)

The judging panel, all respected experts in their fields, from critics to journalists, writers and drama educators, included Beverley Brommert, Maurice Carpede, Marina Griebenow, Thabo Makgolo, Mariana Malan, Roxy Marosa, Wayne Muller, Tracey Saunders, Lwando Scott and Hadley Titus, with Africa Melane as non-voting chair.

Jenny Stead and Fiona Ramsay in The Glass Menagerie. (Photo: Pat Bromilow Downing)

Winners each receive R15 000 and a silver medallion.

  • The Fleur du Cap Theatre Awards were audited by The Finance Man, with legal services provided by Cluver Markotter.  
  •  Follow Distell on Twitter (@DistellGroup), Facebook (@DistellGroup) and Youtube (@DistellGroup).  
  •  Follow the Fleur du Cap Theatre Awards on Facebook (@FleurduCap) and Twitter (@FDCTheatreAward). 
  •  Join the conversation and use the hashtag: #FdCTheatreAwards2020

The post Press release: 55th Fleur Du Cap Theatre Awards winners announced appeared first on LitNet.


Elders gesien: Woorde is onnodig

$
0
0

Jo Els skryf op Facebook: 

Hierdie foto het seker nie woorde nodig nie. Nie eens ’n 1000 woorde sal dit kan saamvat nie. In ons Oos-Kaapse dorp is daar buite-politieke verband, met geen stoornis nie, ’n projek aan die gang om die meer armes onder armes van warm etes en bystand te voorsien. En die foto is bloot terugvoering aan die gemeenskap, nie vir skouerkloppe nie.

’n Helpende hand aan ’n bejaarde vrou. ’n Stukkie kontak. ’n Bak dik groentesop met vars brood.   

The post Elders gesien: Woorde is onnodig appeared first on LitNet.

Covid-19 en skole: Bly kalm en fokus op die beste belang van ons kinders

$
0
0

Fotobron: Canva

Ons Grondwet bepaal dat die kind se beste belang deurslaggewend is in elke aangeleentheid wat ’n kind raak, en daarom is dit dié belangrikste kriterium in besluite oor onderwys in dié deurmekaar tyd. Wanneer daar gesoek word na antwoorde op die vraag: “Wat is nou in die beste belang van ons kinders en hul toekoms?”, word mens gekonfronteer met talle dilemmas.

Miskien gee dit perspektief om te kyk na ’n paar dinge wat nie in kinders se beste belang is nie:

Dit is vir seker nie in leerders se belang dat daar tot nou toe reeds 962 skole tydens die grendeltyd gevandaliseer is en dat van krane tot rekenaars eenvoudig gestroop is nie. Dit is ’n misdaad waardeur die toekoms van kinders gekneus word, en die oortreders behoort swaar gestraf word. Waarom kan skole nie nou deur van die 73 000 weermagtroepe wat ontplooi is, beveilig word nie? As al die ander skole gesluit moet bly tot die beskadigde skole almal weer herstel is, soos wat deur sekere vakbonde voorgestel word, gaan miljoene leerders benadeel word.

Hoe is dit moontlik dat, in die woorde van minister Motshekga, 3 500 skole “erge watertoevoeruitdagings beleef”? Onder normale omstandighede is dit onaanvaarbaar, maar waar goeie higiëne en gereelde handewas onmisbaar is om die verspreiding van die virus te stuit, is dit eenvoudig onverskoonbaar. Hoe vinnig sal die Onderwysdepartement die “uitdagings” nou kan aanspreek en noodwater en ablusiegeriewe wat aan COVID-19-regulasies voldoen, kan verskaf sodat skole weer kan funksioneer as hulle dit tot voor die krisis nie kon regkry nie? Die pandemie aksentueer die pynlike onbevoegdheid van talle amptenare op provinsiale vlak.

Die hoogs onprofessionele en deels chaotiese kommunikasie waarmee die voorgestelde planne van die heropening van skole aanvanklik deur die Departement van Basiese Onderwys aangekondig is, is in niemand se beste belang nie. Minister Motshekga kan nie verder bly uitstel om besluite te neem en dit te kommunikeer nie. Dit lei tot frustrasie en spanning by ouers, onderwysers en leerders, en ’n verdere verlies aan vertroue in dié departement.

Dit is nie in leerders se beste belang om oorhaastig terug te gaan na dikwels reeds oorvol klaskamers toe nie. Sosiale distansiëring tussen kinders en die dra van maskers sal, al gaan dit maar sukkel veral by jonger leerders, ’n vereiste moet wees vir die heropening van skole. So ook ontsmetting van klaskamers en kleedkamers en die daaglikse gebruik van elektroniese termometers. Die voorsorgmaatreëls sal vinniger ingestel kom as gemeenskappe wat oor kundigheid en fondse beskik, bydraes kan lewer en alles nie die verantwoordelikheid van die Onderwysdepartement bly nie. Daar is geldige vraagtekens oor die vermoë van die Departement van Basiese Onderwys om vooruit te beplan en vinnig en effektief op te tree.

Dit is egter ook nie in leerders se beste belang om nog veel langer ingehok te wees met ’n klomp ander mense in ’n klein ruimte, sonder speelplek, skootrekenaars, boeke en voldoende voedsame kos nie. Nege miljoen skoolleerders word nou blootgestel aan wanvoeding omdat hulle nie meer daagliks deur voedingskemas by die skool kos kry nie, en daar word nou reeds kinders met erge wanvoeding in hospitale opgeneem. Kindermishandeling het so dramaties toegeneem gedurende grendeltyd dat president Ramaphosa opdrag gegee het dat familiebeskermingseenhede versterk moet word, omdat soveel vroue en kinders in hul huise geterroriseer en gemolesteer word. Volgens dr Glenda Gray, voorsitter van die ministeriële advieskomitee, is die uitfasering van ons grendeltyd totaal onwetenskaplik en sinloos en is ons besig om kinders hul skoolonderrig te ontneem. Marc Mendelson, hoof van die afdeling aansteeklike siektes by Groote Schuur-hospitaal, stem met haar saam dat die grendeltyd in sy huidige vorm meer kwaad as goed doen.

Die oorvol Caps-kurrikulum was nog nooit in die beste belang van ons leerders nie, oa omdat dit geen tyd laat vir die inoefening van basiese kennis of vir noodsaaklike remediëring nie. Ook die oormatige assessering van leerders is nie in hul beste belang nie, omdat dit tyd en energie van leerders en onderwysers vermors wat beter aan kwaliteitonderrig bestee sou kon word. Daar is nou eenvoudig geen tyd meer vir onnodige leerinhoude, oormatige assessering en tydrowende administratiewe rompslomp nie, en daar moet gefokus word op die onmisbare boublokke van elke vak. Die Departement het al voorheen erken dat die huidige kurrikulum te wyd en oorvol is, maar geen daadwerklike optrede het gevolg nie. Mens kan net hoop dat daar nou reeds proaktief gewerk word om ’n meer sinvolle kurrikulum gereed te hê vir wanneer leerders weer teruggaan.

Dit is nie in kinders se belang as die volwassenes in hul lewe nou paniekerig en angstig oorreageer nie. Volwassenes mag nie die ontwrigtende invloed wat die virus op kinders en tieners se lewens het en die angstige belewing dat hul bekende wêreld in duie stort, onderskat nie. Hulle worstel met baie intense vrese en vrae: Gaan die virus my oupa en ouma doodmaak? Waar gaan ons kos kry as Pa sy werk verloor? Sal ek volgende jaar hoërskool toe kan gaan? Wanneer sal ek weer my maats sien? Sal ek vanjaar nog matriek kan skryf?

Wat is dan nou wel in die beste belang van kinders en hulle toekoms?

Dit is in hul beste belang dat hulle geleidelik weer sal teruggaan skool toe en met selfdissipline en harde werk die basiese leerstof van die graad waarin hulle is, sal bemeester. Baie van ons grootouers het in sessies skoolgegaan by Meester; gewoonlik eers die jonger en dan later in die dag die ouer leerders. Waarom kan dit nie nou weer gebeur nie? ’n Ander opsie is dat verskillende grade op verskillende dae kan skoolgaan, sodat onderwysers kans kry om die leerstof te verduidelik, probleme op te klaar en tuiswerk te gee. Leerders het, nieteenstaande al die ontwrigting, geleidelik weer ’n mate van normaliteit, roetine en struktuur nodig.

Prof Shabir Madhi van Wits is oortuig daarvan dat dit in die beste belang van leerders, veral jong leerders, is om nou terug te gaan skool toe. Volgens sy navorsing is kindersterftes aan COVID-19 baie raar en word hulle nie maklik aangesteek nie. Indien kinders wel die virus het, word hulle nie baie siek nie en hulle steek ook nie maklik ander aan nie. Leerders jonger as nege jaar vereis ook meer fisiese versorging, wat probleme gaan veroorsaak wanneer ouers weer gaan werk, en hulle het direkte onderrig-en-leer-aktiwiteite nodig om ’n stewige basis vir lees, skryf en reken te ontwikkel.

Leerders het nou gesonde, kalm, kreatiewe en dapper onderwysers nodig wat hulle begelei, hetsy aanlyn of terug in die skool. Onderwysers behoort nou aan leerders die boodskap te gee dat dinge weer sal regkom. ’n Laerskool in die noordelike voorstede van Kaapstad het in die grendeltyd hierdie versekering aan leerders gestuur: “Al is jy nou alleen by die huis, onthou jy is deel van ’n unieke skool. Jy is deel van ’n plek waar mense vir jou omgee. Moet dit nie vergeet nie. Ons sien hoe hard julle elke dag werk en hoe dapper julle is. Ons is trots op julle.”

Goeie onderwysers wat kwaliteitonderrig gee, is in die beste belang van leerders. Ons mag nie die fout maak om te dink dat tegnologie goeie of swak onderrig heeltemal kan vervang nie. Tegnologie kan goeie onderrig nog meer versterk, maar tegnologie kan nie swak onderrig vervang nie. Inteendeel, tegnologie beklemtoon juis die swakhede in skole, soos swak onderrigmetodes, powere onderwysbestuur en gebrekkige onderwysersopleiding. Volgens die navorser Nic Spaull het daar by ongeveer 80% van ons leerders byna geen sinvolle onderrig en leer plaasgevind tydens die grendeltyd nie, as gevolg van, onder andere, gebrekkige toegang tot tegnologie en ontoereikende voorbereiding vir afstandsonderrig vooraf.

Sterk leierskap wat in die beste belang van leerders en hul toekoms besluite neem en optree, is nou nodig. Onderwysleiers met emosionele intelligensie en morele moed, wat kreatief en proaktief kan dink en dapper besluite kan neem, is nou onmisbaar op elke vlak. Die gevaar is egter dat oormatige sentrale beheer deur die Departement van Basiese Onderwys in publieke skole daartoe kan lei dat bykans ’n hele akademiese jaar verlore gaan, en dit kan ons land nie bekostig nie. Ons kan ook nie bekostig dat SADOU besluite aan die minister voorskryf wat in hul beste belange is nie.

’n Sterk fokus op respek, verantwoordelikheid en selfdissipline is, veral nou, in die beste belang van leerders. Daar is geen plek of tyd meer in ons skole vir droogmaak en die disrespekvolle laegraadse terrorisering van onderwysers nie. Leerders sal toenemend groter verantwoordelikheid vir hul akademiese vordering moet neem en moet leer om met groter selfdissipline te werk.

Talle onderwysers het die afgelope weke baie hard en vernuwend gewerk en sommige het selfs met hul geld vir leerders lugtyd gekoop om hulle op datum te probeer hou. Hulle is helde in die pandemie en ons salueer hulle. Die gemiddelde ouderdom van onderwysers in ons land is 43 jaar; 32% van alle onderwysers is bo 50 en talle van hulle het onderliggende siektetoestande soos hoë bloeddruk en diabetes. Om personeel wat hulself moet afsonder tydelik te vervang, sal administratiewe uitdagings stel, maar dit kan gedoen word om onderwysers te beskerm.

Mens kan verstaan dat die baie onbeantwoorde vrae oor die pandemie besluitneming oor die onderwys hoogs kompleks maak. Maar dit is nie in die beste belang van leerders om skole eenvoudig gesluit te hou en die akademiese jaar af te skryf nie. Kom ons bly kalm en vind ’n middeweg tussen die mediese/gesondheidskant en die akademiese / finansiële kant om skade sover as moontlik te beperk. En kom ons probeer om altyd in die beste belang van ons kinders op te tree en nié in ideologiese belang nie.

The post Covid-19 en skole: Bly kalm en fokus op die beste belang van ons kinders appeared first on LitNet.

Aan die voet van ’n berg

$
0
0

Foto: Canva.com

Aan die voet van ’n berg 
op die stoep van ’n huis, 
sit ’n man met ’n baard 
en ’n pyp in sy vuis

en sy oë kyk ver 
oor die grasvlaktes heen, 
sy gedagtes dwaal wyd 
soos die wind as dit reën

en die son wat gaan lê 
diep herinneringe op 
van ’n huis wat eens vol was 
van liefde en hoop

maar die keuses van gister 
word die hartseer van nou 
as die beelde van saamwees 
in die skemer verflou …

Aan die voet van ’n berg 
op die stoep van ’n huis, 
loop ’n traan oor sy baard 
en die pyp in sy vuis

The post Aan die voet van ’n berg appeared first on LitNet.

My allerliefste

$
0
0

Fotobron: Pixabay

Na "Allerliefste, ek stuur vir jou ’n rooiborsduif" deur Breyten Breytenbach

liefsteling, skenk, ja stuur vir my troos;
met mirre uit die dieptes
en sein jou bekoring
in safraangeel koring, kom stuur jou boodskap
in rooi (so helder soos die son)
en hanteer my teersag soos ’n Noagsduif
omhels my met die groen van ’n olyfblaar en;
sprei jou vlerke soos engellig ─ heilig en veersag

sout die brakwater van ons onsekertye
met die roer van jou hand, verkwik my
innerlike met ’n wit engelsoen en
dra my na die rooi van die wegsakson ─
jóú vlerke sal ons dan verder veilig laat vlieg

The post My allerliefste appeared first on LitNet.

Die plaagdokter: "Doctor Schnabel"

$
0
0

Die bekende arts en rubriekskrywer Heinz Mödler het ’n illustrasie by sy onlangse artikel oor die 17de-eeuse gebruik van maskers gehad (Die Burger, Woensdag 15 April). Dit toon die kleed en voëlsnawelmasker wat deur die 17de-eeuse Fransman Charles de L’Orme tydens ’n plaaguitbreking ontwerp en gedra is. Wat my aandag getrek het, was ’n aantal versies onderaan die prent, weerskante van die dokter se vreemde figuur. Elke vers is ’n mengsel van redelik leesbare Duits, en frases of woorde in Latyn. Verseindes rym, of dit nou Duitse of Latynse woorde is. Ek het die illustrasie op die internet gaan soek. Daarop blyk dit dat die gediggie heelwat langer is as die stukkie daarvan wat by Mödler se artikel gebruik is. Onder die versies is daar, links, ’n tekening van mense wat skynbaar vreesbevange van ’n klein weergawe van dieselfde figuur weghardloop. Regs word van die mees bekende geboue van die Rome van destyds uitgebeeld.

Illustrasie: verskaf

Eers ’n bietjie meer agtergrond: Hierdie gravure is in 1656 deur die uitgewer Paulus Fürst (1608–1666) van die Duitse stad Neurenberg gepubliseer, toe daar juis ’n uitbreking van die sogenaamde Swart Dood in Italië gewoed het – ongeveer 145 000 mense is glo in Rome oorlede, bykans 300 000 in die naburige Napels. Bo is ’n opskrif in Duits: "Doctor Schnabel". Onderaan is die syfer "I" en, in Latyn, "Columbina ad vivum delineavit", oftewel Duifie het d"it volgens ’n lewende model geteken", en dan: "Paulus Fürst excudt". Die derde woord hier is ’n standaard-uitgewersafkorting vir excudit = "het gedruk". My internetbron is onseker of Fürst ook die kunswerk geskep het, en of hy dit slegs gedruk het. Die naam Columbina is waarskynlik ’n skuilnaam, afgelei van die Latyn vir ’n duif, columba. Die byvoeglike naamwoord columbinus het twee betekenisse: "soos ’n duif" of "duifkleurig/grys". Die -a-uitgang dui op ’n vroulike kunstenaar. Dis bekend dat geleerdes in die 16de en 17de eeue dikwels hulle vanne vergrieks of verlatyns het. So het Schwartzerde, die Duitse hervormer, Melancthon geword, en die Nederlandse Van den Kerkhof het Kerkovius geword. Moontlik was die kunstenaar se van terugvoerbaar na die Duitse woord vir "grys", grau. Daar was wél ’n (Nederlandse) vroulike graveerkunstenaar met die voorletters GR, Geertruyd Roghmann (1625–1527), maar om te raai dat sy hierdie Columbina was, is té vergesog.

Nog verder na onder is daar (in Gotiese skrif, wat tot in die 20ste eeu dikwels in Duitsland gebruik is) ’n redelik saaklike beskrywing van die mondering wat deur De L’Orme ontwerp is, maar hierdie bepaalde dokter is blykbaar in Rome werksaam, of liewer, op pad Rome toe.

Die Duitse konvensie om hoofletters vir naamwoorde te gebruik word nie in alle gevalle in die gediggie gehandhaaf nie, en aan die ander kant begin heelwat van die Latynse woorde onnodig met ’n hoofletter, maar die geheel is redelik maklik om met behulp van twee woordeboeke te ontsyfer. Dit is ’n voorbeeld van ’n sogenaamde makaroniese rympie, waar twee tale saam in elke reël voorkom, ’n digvorm wat blykbaar in die Middeleeue gewild geraak het (gedeeltes van die bekende Carmina Burana van 1230 wissel so Engels en Latyn af). Dit kom vandag ook nog voor, ook in gesprekke en niepoëtiese vertellings, veral in veeltalige lande soos Suid-Afrika. Dink maar aan Kaaps, deurspek met Engelse woorde, of luister na twee Xhosasprekendes as hulle eers lekker gesels: Die gesprek slaan dikwels oor na Engelse uitdrukkings, veral met verwysing na datums en tyd.

Die gediggie, in die normale kursief van die tyd, met sy lang s’e en met die Latynse woorde vetgedruk, met my taamlik letterlike vertaling daarnaas, lui so:

Der Doctor Schnabel von Rom

Vos creditis, als eine fabel,

Quod scribitur vom Doctor Schnabel

Der fugit die Contagion

Et aufert seinen Zohn darvon,

Cadevera sucht er zu fristen

Gleich wie der Corvus auf der Misten

Ah credite, zihet nicht dort hin,

Dann Romae, regnat die Pestin,

 

Quis deberet sehr erschrecken

Für seiner Virgul oder stecken,

Qua loquitur, als war er stumm,

Und deutet sein Consilium.

Wiemancher Credit ohne zweifel

Das ihm tentir ein schwartzen Teüfel

Marsupium heist seine Höll

Und aurum die geholte seel.

Dokter Snawel van Rome 

Julle glo, asof dit ’n storie is,

Wat geskryf word van dokter Snawel

Wat die infeksie ontvlug

En sy seun daarvandaan wegdra,

"Hy soek lyke om te vreet       

Net soos die kraai op ’n mishoop."

Ai, glo dit: Hy trek nie elders weg

As na Rome, die Pes heers daar.

 

Wie sou moes vreeslik skrik

vir sy lat of die hou (daarvan)

waarmee hy praat, anders was hy stom,

en daarmee sy raad aandui?

Hoewel sommiges sonder twyfel glo

dat ’n swarte duiwel hom teister,

heet sy "hel" ’n "buidelsak"

En goud, die siel wat "gehaal" is.

 

Maar wat was die bedoeling met hierdie twee syskriffies? Waarom sou die prosa-onderskrif nie genoegsame verduideliking van hierdie 17de-eeuse "PPE"-drag (personal protective equipment) wees nie? Klaarblyklik is fopnuus nie net ’n 21ste-eeuse verskynsel nie. Mense het blykbaar destyds geskrik vir die "voëlgesig" met sy "kristalglas"-bril (so beskryf die Duitse onderskrif dit) en die eienaardige, lang, wasgesmeerde kleed en handskoene. Gou ontstaan daar ’n verklaring: Die dood is tydens die Pes alomteenwoordig; die vreemde "voël" word telkens gewaar, op pad na waar mense die siekste is, soos wat die dokter die sterwendes besoek. Dus: "Dié vreemde gedaante wil lyke opvreet!" Hierdie dokter is nou op pad Rome toe, waar die Pes op sy ergste is.

En die lat, waarvoor die mense verder terugdiens? Hier werk ’n 21ste-eeuse verduideliking goed: Die lat moes blykbaar die goeie dokter help om ’n "sosiale afstand" te handhaaf. Maar hoekom kon hy dan nie mense net aansê om pad te gee as hulle te naby aan hom kom nie? Want hulle sou hom nie hoor nie – die "snawel" is volgeprop met welriekende kruie en speserye om die dokter se werk draagliker te maak. Dit moet help om die stank van lyke te demp én die moontlikheid van aanraking deur besmette lug vir hom te verminder. Blykbaar was hierdie kruieprop so dig dat dit sy spraak onhoorbaar sou maak – hy sou stom wees, sê die gedig immers. Vandaar die lat, om beide ’n veilige afstand aan te dui en diegene wat nie wil hoor nie, te laat vóél.

Die arme dokter is ook verder beswadder: "Dis ’n duiwel wat hom so jaag om lyke op te vreet!" Inteendeel, die enigste leë holte wat hy saam met hom dra, is nie die poort na die hel nie, maar ’n buidelsakkie. Dis vermoedelik onder sy kleed, waarskynlik om die medisyne wat hy ronddra, ook teen besmetting te beveilig. En die dokter self? Sy siel is hemels, dis van goud, dis nie deur die duiwel weggedra nie. Dit verwys blykbaar na die algemeen geldende voorskrif van die tyd dat siekes nie aan die dood moet dink nie, maar aan "goud, silwer en ander dinge wat die hart vertroos" – aldus GL Townsend in die tydskrif The History of Medical and Allied Sciences, 20:276 (1965).

My bronne vertel verder dat hierdie uitbeelding blykbaar in satiriese navolging is van ’n soortgelyke, maar ernstige, gravure wat "’n Mondering teen die dood" uitbeeld, ook in 1656 deur die uitgewer Gerhard Altzenbach (ca 1595–1672) van Keulen gedruk. Slegs die bewoording van die sy- en onderskrifte verskil. Onderaan hierdie weergawe, in Gotiese skrif, is daar ’n saaklike beskrywing van die mondering, en aan weerskante van die figuur staan dieselfde inhoud: links in Latyn, regs in Frans. Fürst se gravure (sien hier onder) is die spieëlbeeld daarvan; sy dokter se snawel wys na links, dié van Altzenbach na regs.

The post Die plaagdokter: "Doctor Schnabel" appeared first on LitNet.

Viewing all 21874 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>