Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 22024 articles
Browse latest View live

Blindekol

$
0
0

Jitsvinger (foto: verskaf)

“As hy jou aankyk dieselfde way as wat hy ’n masala steak Gatsby aankyk … trou met hom!”

Wit ouer: “Piet, jy sal eendag ’n goeie antropoloog maak.”

Coloured ouer: “Shoprite soek mense.”

“God het die wit man gemaak. God het die swart man gemaak. God het die Chinees, Indiër en Jood gemaak. Maar Jan van Riebeeck, hy het die kleurling gemaak.”

In ’n samelewing met ’n toenemende obsessie met suiwerheid staan die kleurling kop en skouers uit as die mongrel, onsuiwer en onbetroubaar, die bron van verleentheid vir die wit rassis as herinnering van ’n verval in moraliteit en die bewysstuk van die deurlaatbaarheid van rassegrense op die mees intieme vlak.

Die neerhalende karaktertrekke van die kleurlingidentiteit het gelei tot die gewoonte om daarna te verwys as ’n skande.

Jy kan jou maar klaar maak, die oorheersende opinies van die sogenaamde kleurling is, onder andere: onambisieus, dronk grapjas, gangster of buite-egtelik. Die feit dat jy wat as kleurling geklassifiseer is altyd harder moet werk vir wat jou toekom en nie tot politiese leierskap in staat is nie, plaas die assimilasie om geïntegreer te word in die progressiewe Westerse bourgeoisie onder ’n skerp soeklig.

Die Kleurling-benaming is in 1904 deur die sensuskomitee van die Britse administrasie in gebruik geneem; ’n gentleman se sinoniem vir baster, wat dit ’n meer nuanced wending gee. Awê, so was die afstammelinge van die inheemse Khoi en San tydens die Britse bewind aan die Kaap genoem. Dit was nie die benaming vir sogenaamde Swartes nie, maar verwys wel na die fenotipies diverse groep mense afkomstig van die Khoi, Kaapse slawe, verskeie swart stamme en Europese setlaars wat in die Kaapse kolonie geassimileer was. Tydens die 20ste eeu, met ’n beduidende gebrek aan politiese en ekonomiese mag, het die sogenaamde Kleurlinggroep die marginale mense van die Suid-Afrikaanse samelewing geword. As jy nie in enige van die wit of Afrikaanse kategorieë geval het nie, was jy in die Kleurlingboks gedompel. Dit sluit nou in Indiër, Malay, Griqua, Nama en Rehoboth Basters. Die Wet op Bevolkingsregistrasie het sommer ’n extra boksie, “ander Kleurling”, geskep vir die wat nie hier pas nie; ’n subkategorie wat die Kleurlinggroep verder verdeel het.

Die Kleurling-benaming het in die laat 19de eeu tydens die samesmelting van die koloniale Swart bevolking aan die Kaap gekristalliseer en is dekades na die bevryding van slawe in 1838 gebruik om na die Swart werkersklas te verwys.

In vandag se samelewing aanvaar baie van gemengde herkoms hierdie benaming, maar wat beteken dit? Vereenselwig die kleurling haar/homself met die onmeetbare diversiteit van die sogenaamde kleurling se gene pool, insluitende die gepaardgaande kulture en geskiedenis wat daaraan geheg is? Is dit die knee-jerk-effek van ’n white supremacy-tydperk om jou te assosieer met ’n sosiaal en polities dominante samelewing? Ongelukkig dien dit nog steeds as ’n poging om enige swart heenkome in die naam van selfverbetering en beskawing te verwerp wanneer ek hoor hoe die ouer garde van die goeie ou dae praat.

In vandag se lewe is die mees konstante en voortdurende kenmerk van kleurlingmentaliteit steeds die assosiasie met witheid deur waarde te heg aan ’n ligte velkleur en gladde hare. Moenie nog praat van die opheffing van wit voorouers wat ’n sekere nabyheid aan Westerse kultuur gee nie.

Die begeerte om met die wit middelklas te integreer was ’n skiet in die voet. Die historiese ramp het gekom deurdat Kleurling- politieke partye geforseer is om volgens rasselyne te mobiliseer om hul belange en regte as ’n groep te beskerm. Hierdie intermediêre status was die fondasie van hul identiteit in die Suid-Afrikaanse rassehiërargie. Enige protes van die politiese Kleurlinggroepe was gesien as ’n sideshow en geen van hul standpunte is ernstig opgeneem deur die owerhede nie. Hul invloed het progressiewe afgename geniet tydens die grootste deel van die 20ste eeu.

Nog ’n woord wat soos botter oor die tonge van menige rol, is bruinmens, wat dikwels die woord kleurling vervang. Dit was deel van die verskansing van die kleurlingidentiteit met ghoene van die Afrikaanse literêre wêreld, soos NP van Wyk Louw, wat hierdie woord bo kleurling verkies het en Christian Ziervogel, ’n sogenaamde kleurlingintellektueel, wat geprotesteer het dat hy nie ’n kleurling is nie maar ’n bruinman. Politieke leier Peter Marais identifiseer homself as bruin Afrikaner en noem dat hierdie uitdrukking common is in die Kaapse vernacular, wat ’n aanduiding gee dat dit reeds aanvaar is.

’n Uittreksel uit Trevor Noah se boek, Born a crime, was onlangs onder vreeslike scrutiny geplaas op social media. Hy beweer dat die sogenaamde kleurling geen kultuur het nie, dat die kleurling geen Afrikataal praat nie (alhoewel Afrikaans wel ’n Afrikataal is) en dat alle kleurlinge nie weet waar hulle vandaan kom nie en daarom meer as die sogenaamde Swartes gely het. Sulke verklarings versterk die marginalisering van hierdie rassegroep; so ook die idea dat die kleurling oorerflik gebrekkig is.

Die kleurlinggemeenskap se reaksie op die voorkeur van marginaliteit is sentraal tot die manier waarop die identiteit sosiaal en polities manifesteer. Dit is opsigtelik hoe die kleurling haar-/homself as deel van ’n groep sien, met al die teenstrydigheid en dubbelsinnigheid in hul identiteite sowel as die veranderinge wat hulle onder hul huidige omstandighede ondervind. Dit dien as die bron van enorme frustrasie, selfhaat en die noodlottige predestinasie van die kleurlinggemeenskap.

Hierdie meningstuk is veral vir diegene wat self-identifiseer as kleurling. Voorspoed. Vir diegene wat op soek is na ’n dieper en betekenisvolle identiteit: Daar was intensiewe navorsing gedoen rondom die erfenisse, kultuur en geskiedenis van ons pre-colonial bestaan in Suider-Afrika. Platforms deel deesdae mee oor ’n wye verskeidenheid aspekte wat die aanhits van ’n nuwe en meer progressiewe identiteit bevorder. Jongspanne in elke area van die samelewing express hulle soeke na ’n meer betekenisvolle toekoms waar rassepolitiek ’n baie onbelangrike rol sal speel.

Dankie vir julle werk, Mohamed Adhikari en historikus Patric Tariq Mellet, van wie ek ’n humble student is. Hierdie meningstuk sou nie sonder julle werk gedoen kon word nie.

Salutasie!

The post Blindekol appeared first on LitNet.


Die kunste in die tyd van COVID-19: Riku Lättie se ope brief aan 2020

$
0
0

Jackie en Riku Lätti tydens die Gerefomreerde Blues Band se show by Evita se perron (foto: Stefan Hurter)

Almal wat gedink het 2019 was ’n kak jaar verlang, soos ons, seker ook nou terug na die meer eenvoudige, duister tye, toe load shedding ons grootste nasionale probleem was. Moet ook ’seblief nie vergeet dat ons verlede jaar die Rugbywêreldbeker gewen het nie. Ai, die goeie ou donker dae van 2019.

Die Geborduurde Gereformeerde Blues Band. Borduurwerk deur Ilze Breytenbach. (Foto: Gideon Breytenbach)

Die koronavirus, of soos dit onder van ons vriende bekendstaan, die koronafokkenvirus, het ons almal hier behoorlik agter die plasmaskermgordyn vasgepen en is besig om ons almal in selfgeskoolde viroloë te omskep. Ons leer ten minste iets, en die enigste ding wat vinniger as die virus versprei, is WhatsApp-memes en -video’s van ander vasgekeerdes wat met humor en frustrasie ook hul dilemmas en insigte met die wêreld wil deel. Die mooiste ene seker die video van mense wat in Turkye kospakke op straathoeke los vir diegene in nood.

Ook hier tuis laat ons buurvrou weet sy bring lasagne en ontsmettingsmiddele. Sonder dat ons daarvoor gevra het, kom die familie hier aan met pakke pasta, blikkies kos, koffie, vleis en ’n bottel gin. Hulle weet ons is musici en al ons vertonings (en daarmee saam ons inkomste) is voorlopig gekanselleer. Ons harte is warm en bly vir die meelewing om ons. Maar baie musikante wat nie ’n vaste voet in die finansiële wêreld het nie, sit vandag met hul hande in die hare. Daar word naarstiglik plannetjies gemaak om kos op die tafel te sit. Om die elektrisiteit en water aan die gang te hou. Om die huispaaiement te betaal. Om die internet aan die gang te hou. Mense met kinders wat nie geld het vir koorsmedisyne vir ingeval nie. Talentvolle mense wat hul geliefde instrumente verkoop of verpand omdat daar eenvoudig nie ’n ander uitweg is nie. Waar sal ons hulp vandaan kom? Hierdie keer nie van die berge nie, maar letterlik van oral om ons. Ons moet mekaar help, want dis hoe ons deur hierdie ding gaan kom: as ’n kragtige netwerk van mense wat aan mekaar verbind is. Toevallig en ironies genoeg is hierdie verbintenisse met mekaar presies dieselfde ding wat hierdie gevaarlike virus so vinnig laat versprei. Die koronavirus, gebore in die Ooste, gebruik ook ’n beginsel sterk ingelê in Oosterse vegkuns: Gebruik die vyand se kragte teen homself.

Ons het met Die Wasgoedlyn begin omdat ons opgelet het daar is ’n groot kloof tussen die musiek waarvan ons hou en die musiek wat groot sukses en sigbaarheid op omtrent elke denkbare platform in Suid-Afrika geniet. Ons ideaal was (en is nog steeds) om daai wonderlike liedere en gedigte van onbekende (meestal sukkelende) musikante en digters op te neem of te verfilm en dit te verewig, sodat dit darem ’n kans staan om iets anders vir iemand anders elders te beteken.

Maar Die Wasgoedlyn se nederige sukses is nie slegs van ons afhanklik nie. Ons het tóé al die menslike net van welwillendheid ervaar. Skrywer C Johan Bakkes en sy mede- (aan ons onbekende) trustees het befondsing beskikbaar gemaak om my gesteelde rekenaar, waarmee ek opnames gemaak het, te vervang. Sonder hulle het belangrike albums soos Die Wasgoedlyn Volume 1–3 net eenvoudig glad nie gebeur nie:

Wasgoedlyn 2: https://distrokid.com/hyperfollow/diewasgoedlyn/dDFf

Wasgoedlyn 3: https://distrokid.com/hyperfollow/diewasgoedlyn/die-wasgoedlyn-volume-3

’n Baie gawe organisasie het Die Wasgoedlyn gehelp met die verfilming van die eerste Die Wasgoedlyn-TV-reeks. Dié het eerste op kykNET se minder bekende kleiner kanaal kykNET NOU! uitgesaai vir ’n somtotaal R0 kontant, maar die publisiteit was baie meer waardevol as al die dollars wat nie ingekom het nie.

Dit alles genoem, bly die grootste faktor in Die Wasgoedlyn se sukses die mense, die kunstenaars en die musikante wat altyd so vrygewig en gretig is om hulle talente, kunswerke en beautiful songs en gedigte met ons te deel. Nou praat ek nie net van Piet Botha, Stef Bos, David Kramer, Anton Goosen en Koos Kombuis wat so lekker saam met ons ander plebs op die bierkratte onder die wasgoedlyn kom sit en lawaai nie, maar ook van mense soos Brain Cloete, Dawie de Jager, Benjamin Voete en vele ander wonderlike kreatiewe siele; die kunstenaars wat ongesiens waardevolle bydraes lewer tot ons kultuurskat en wat nié gevier word nie.

Dit is veral vir hiérdie mense wat ons en Kilroy Was Here! se Gideon Breytenbach op die oomblik kyk na moontlikhede om die Wasgoedlyn-reekse op die internet beskikbaar te maak. Daar sal ’n donasiestruktuur in plek wees, en ons wil die fondse aanwend om vir die sukkelende musikante van Die Wasgoedlyn, wat in hierdie tye geen inkomste geniet nie, darem elke nou en dan ietsie te stuur wat hulle hopelik uit ’n penarie sal help. Dit is die minste wat ons kan doen en dit is iets wat ons móét doen, want ons weet hoe dit voel om ’n onoorkombare probleem in die oë te staar en dan uitgehelp te word.

Dis snaaks genoeg in tye soos dié, wanneer die storm losbars en alles chaoties word, wat mens ewe skielik ’n helder prentjie ontwikkel van wat jou te doen staan. Jy het dan die keuse om daarop te reageer, of om te wag tot alles verbygaan. Maar van niksdoen kom malheid, so hier kom dit nou; wees opgesaal, want binnekort is daar baie meer Wasgoedlyn aanlyn.

Ek het ook op talle plekke gelees van kunstenaars wat beoog om hierdie tyd te gebruik om produktief te verkeer. Drie weke van nou af sien ons, ’skuus, hoor ons, dalk honderde nuwe liedjies en gedigte. Ek weet van ons kant af is daar alreeds ’n nuwe plaat op pad, wat ons so fokken gelukkig is om saam met Tonia en Willem Möller te kan maak, maar dis ’n verrassing wat niemand gaan verwag nie, so vergeet dat ek enigiets hieroor gesê het.

Hierdie COVID-19 ding is erg en ernstig en baie slegte goed kan gebeur. Maar ek weet voor my siel jy maak jouself siek as jy jou heeltyd bemoei met die ergste wat kan gebeur, so daarom fokus ons op die positiewe. Dit gesê is my hart veral seer oor Die Wasgoedlyn se optredes saam met Churchil Naude en die Gereformeerde Blues Band wat gekanselleer is. Want dis net, ai, wat kan mens sê, behalwe soos wat Stef Bos ook op Die Wasgoedlyn gesê het: “Dis die lewe.”

Die musikante wat ek bewonder is groot geeste met ruim harte, newwermaaind dat hulle nooit op Huisgenoot se voorblaaie gaan pryk nie. Hulle is nederig en vrygewig, en sal hul laaste sente met mekaar deel. Ons is almal één masjien. Een masjien met baie persoonlikhede aanmekaar gekoppel. Één masjien wat groot goed kan vermag wat lank kan wapper en resoneer met ’n klankbaan wat die wêreld ’n klein bietjie beter maak.

Lesers wat lus is vir 'n konsert of sommer net lus voel om musikante te ondersteun kan hierdie skakel besoek.
 

Lees ook:

Die kunste in die tyd van COVID-19: Mercy Kannemeyer

 

The post Die kunste in die tyd van COVID-19: Riku Lättie se ope brief aan 2020 appeared first on LitNet.

Dag 4: Kwarantyn-ketting – "Dagboek van dankbaarheid in die tyd van die virus" deur Marita van der Vyver

$
0
0

Met die land wat vir drie weke in kwarantyn is, gaan 21 skrywers – een per dag – ’n korona-kettinggesprek voer oor hul gevoelens en ervarings as skrywers in hierdie moeilike tyd. Volg die kwarantynketting daagliks!

Dag 4: “Dagboek van dankbaarheid in die tyd van die virus” deur Marita van der Vyver

’n Hele ruk gelede, in wat nou soos ’n vorige lewe voel, het ek twee sinnetjies op sosiale media raakgelees waaraan ek die afgelope dae aanhoudend dink: “Dis nie gelukkige mense wat dankbaar is nie. Dis dankbare mense wat gelukkig is.”

Dis so ’n eenvoudige waarheid dat dit eintlik ’n cliché behoort te wees, soos die meeste eenvoudige waarhede, en tog gryp ek skielik daarna soos ’n drenkeling na ’n reddingsboei. In hierdie skrikwekkende nuwe wêreld van inperking en afsondering moet ons almal maniere kry om kop bo water te hou. Om nie weg te sink in wanhoop oor ons gebrek aan vryheid en ons finansiële kwellinge en ons algehele onsekerheid oor die toekoms nie. En dan praat ons nie eens van die vrees dat die virus ons of ons geliefdes sal aanval nie.

Ek het nog altyd gespot met tannies wat stigtelike dagstukkies skryf. En selfs (laat ek nou maar eerlik wees) met tannies wat sulke stukkies lees. Nou het die virus my sowaar in so ’n soort tannie verander. Cometh the hour, cometh the (wo)man, sê hulle mos, en in hierdie vreemde uur moet ons almal ’n ander soort mens word as wat ons voorheen was.

Daarom het ek op die eerste dag van inperking in Frankryk begin om elke dag ’n foto te neem van iets wat my dankbaar of bly maak, iets wat my hoop gee of moed laat skep, en dit met vriende en familie gedeel.

Terwyl Suid-Afrikaners die eerste dae van inperking aandurf, is ons in Frankryk reeds aan die einde van die tweede week. Europa is nou die middelpunt van die wêreldwye oorlog, soos president Macron dit onlangs genoem het, hoewel die VSA waarskynlik binnekort die gevaarlikste land gaan word, want daar sit hulle met ’n president wat tot omtrent ’n week gelede die omvang van die virus ontken het. “There’s a very contagious, um, there’s a contagious virus, it’s a, incredible. But it’s something we have tremendous control over.” “We’re all going to be great.” Woord vir woord aangehaal uit een van sy nuuskonferensies.

Die Franse maatreëls is weliswaar ’n bietjie minder streng as in Suid-Afrika. Ons mag darem nog met ’n hond gaan stap of om die blok gaan draf – een keer ’n dag, gewapen met ’n amptelike permit waarop jou adres en die presiese tyd van jou uitstappie aangedui is, want dit mag nie langer as ’n uur duur nie en jy mag nie meer as ’n kilometer van jou huis af gevang word nie. Of dalk is dit teen dié tyd slegs 500 meter. Die reëls verander aanhoudend en dis moeilik om tred te hou.

Maar ná byna twee weke van algehele afsondering deel ek graag my “Dagboek van dankbaarheid” met almal in my geboorteland wat die afgelope naweek benoud gevoel het oor hoe die volgende drie weke gaan verloop. Dis nie One hunded years of solitude nie, dis bloot Twelve days of solitude. Of Hoop in die tyd van korona, om die titel van nóg ’n roman van Márquez te vervorm.

Dag 1: By ons naaste kroeg en kuierplek staan laas naweek se boodskap nog op die swartbord geskryf: “Weens die koronavirus word daar nie meer as 100 mense toegelaat nie.” Maar nou is die deur toe en die buitetafeltjies verlate. Eendag as die virus ons nie meer bangmaak nie, as ek weer geïrriteerd raak met al die toeriste wat elke somer hier geraas maak, sal hierdie foto my herinner aan hoe hartseer die verlatenheid my laat voel het. En dan sal ek hopelik meer verdraagsaam teenoor die rumoerige toeriste wees.

Dag 2: Virusse kom en gaan, maar liefde bly staan. My geliefde het vanoggend vars brood by ’n oop bakker gevind – en vars brood is baie belangriker as toiletpapier in Frankryk – asook die eerste aarbeie van die seisoen in die plaaslike supermarkie. Ondanks die leë rakke wat winkels in Kuba of die Sowjetunie oproep. En op die sypaadjie voor die blommewinkel (wat ook moes toemaak) was daar bosse gratis blomme vir almal wat verbystap. The kindness of strangers! wou ek soos Blanche in A streetcar named Desire uitroep. Die bedagsaamheid van vreemdelinge kan ons dalk net deur hierdie krisis help.

Dag 3: “Jy moet eensaamheid kan hanteer.” Hierdie raad van die skrywer Dot Serfontein, ma van die skrywer Antjie Krog, het ek ’n jaar gelede op die prentebord langs my lessenaar vasgesteek. Vandag voel dit meer waar as ooit voorheen – en nie net vir skrywers nie.

Dag 4: Ek kan gewoond raak hieraan. Om in die middel van die week in ’n hangmat uit te strek – met die protesterende Calvinis in my binneste tydelik op mute gestel – en weer eens te besef hoe gelukkig ek is om nie in ’n klein woonstelletjie in ’n groot stad vasgevang te wees nie. Op ons plattelandse werf kan ek byna – byna! – ’n rukkie van die virus vergeet terwyl ek rustig langs die geel affodille lê en wieg.

Dag 5: As jy nie winkel toe mag gaan elke keer wanneer daar iets in jou yskas makeer nie, moet jy die varsprodukte benut wat jy in jou huis vind. Ek het vanoggend twee witlowwe, een peer, ’n brokkie bloukaas en ’n korsie van eergister se baguette gevind. Ons het croutons van die baguette gemaak en die res van die bestanddele saamgevoeg vir ’n slaai wat soos ’n lotusblom lyk. ’n Knypie sesamsaad en ’n knipsel sprietuie bo-oor gestrooi – en ons het soos konings geëet.

Dag 6: Soos Augustinus of Martin Luther – of was dit my oorle’ ma? – gesê het: “As ek weet dat die wêreld môre eindig, sal ek steeds vandag ’n appelboom plant.” Ons maak tuin teen angstigheid, saai blomsaad vir die somer, want ons weet die somer sál weer kom. En ons gaan blomme nog nodiger as gewoonlik hê.

Dag 7: Humor (en goeie tamaties) sal ons deur hierdie krisis kry. In my enigste uitstappie van die afgelope twee dae het ek die laaste eksemplaar van die satiriese koerant Charlie Hebdo in die enigste oop Presse Tabac-winkel in die omgewing aangetref. En hoewel die supermarkie se rakke steeds gestroop lyk, het ek ryk gevoel toe ek met ’n kardoessakkie vol kleurvolle tamaties kon uitstap.

Dag 8: Uiteindelik is my jongste kuiken terug in die nes! Toe Macron laas week die inperking aankondig, was ons studentedogter in haar universiteitstad in die noorde van die land vasgevang. Die meeste treine na die suide is onmiddellik gekanselleer en sy moes by ’n klasmaat se ouers in ’n dorp naby Lille gaan skuiling soek. Gister kon sy oplaas plek in ’n trein kry, maar toe dié trein ook op die nippertjie gekanselleer word, moes sy tot in Parys reis en daar van stasie verander. Aangesien openbare vervoer in die stad bitter skaars en baie gevaarlik geword het, het sy ’n uur lank met ’n swaar rugsak deur verlate strate gestap, terwyl ons hier by die huis heeltyd stres dat die laaste trein na Avignon ook gekanselleer gaan word voordat sy kan wegkom. Al wat ek nou wou doen, was om haar styf vas te druk, maar sy het my gekeer. “Nee, Mamma, kom ons wag eers vyf dae om te sien of ek nie die virus opgetel het in my reis deur die land nie.” Sy is natuurlik reg. Ons moet nou rasioneel eerder as emosioneel optree.

Dag 9: Vir my vriende wat wil weet hoe die “pas” lyk wat ek moet wys elke keer as ek die huis verlaat: Hier is ’n prentjie van die Attestation de déplacement dérogatoire (Verklaring van noodsaaklike verplasing), wat teen môre weer anders gaan lyk omdat die reëls intussen nog strenger geword het. Afgeneem onder die eerste bloureënbloeisels van die lente in ons agterplaas. Skoonheid bied tog troos teen al die reëls en regulasies.

Dag 10: Verstom om te sien dat die wildevyeboom agter die huis reeds klein blaartjies en babavytjies dra. Die lente kom vanjaar besonder vroeg, asof die natuur wil vergoed vir die gemors waarin die mensdom verkeer.

Dag 11: Days without end – dis hoe dit begin voel, vasgevang agter glas, verlangend na die wye wêreld daar buite. Maar daar is ’n streep sonskyn op ons kleiteëldak, en die bome anderkant die dak word elke dag groener, en ek het eindelik tyd gekry om hierdie lieflike boek te lees.

Dag 12: Pa en dogter werk in die eetkamer. Hy het sy hoed op, want hy kan nie meer wag vir ons daaglikse stappie in die wingerd voor die huis nie. Ek dink aan my geliefdes in Suid-Afrika wat die naweek nie eens kan gaan stap nie, en ek tel weer eens my seëninge. Dalk kan ek vandeesweek ook nie meer gaan stap nie – wat my net nog meer aanspoor om nóú te gaan stap, ondanks die mistralwind wat my in normale omstandighede binne sou hou. Dis die nuwe normaal dié. ’n Staat van aanhoudende dankbaarheid.

Lees Dag 1–Dag 3:

Dag 1: Kwarantyn-ketting – "Liefde en leef in die tyd van korona" deur Christine Barkhuizen-Le Roux

Dag 2: Kwarantyn-ketting – "Tussen die boom en die bas" deur Lien Botha

Dag 3: Kwarantyn-ketting – "Vandag sou die laaste dag van die fees gewees het" deur Koos Kombuis

The post Dag 4: Kwarantyn-ketting – "Dagboek van dankbaarheid in die tyd van die virus" deur Marita van der Vyver appeared first on LitNet.

The low-down on the lockdown

$
0
0

Fotobron: Canva

On Friday 27 March 2020, South Africa embarked on its first ever lockdown. In the words of President Cyril Ramaphosa, “This is unprecedented, not only in our democracy but also in the history of our country, that we will have a lockdown for 21 days to go out and wage war against an invisible enemy, coronavirus.” South Africa, along with Italy, France, India, China, Poland, New Zealand and the United Kingdom, has implemented the world’s largest and most restrictive – yet necessary – lockdown measures.

It is important to differentiate between self-quarantining, social distancing and self-isolation. Self-quarantining can be defined as avoiding contact with others after close contact with a confirmed COVID-19 case, but displaying no symptoms. Self-isolation means staying indoors and avoiding contact after displaying symptoms of COVID-19. Social distancing means restricting gatherings to stop or slow the spread of COVID-19. Social distancing should be practised until the pandemic ends, and self-quarantining should be practised for 14 days after exposure to someone who has tested positive for COVID-19; self-isolation should occur for no less than seven days from symptom onset, and 72 hours after the fever has disappeared and there is an improvement in respiratory symptoms.

Social media users have joked that South Africa is currently fighting two pandemics, COVID-19 and stupidity. Despite the president’s advice, many still flooded to the stores before the lockdown, thinking only of themselves and their families as they bought all the toilet paper, sanitiser and essentials that the stores’ restrictions would allow. The words of the Joker resonate at a time like this: “Their morals, their code; it’s a bad joke. Dropped at the first sign of trouble. They’re only as good as the world allows them to be. You’ll see – I’ll show you. When the chips are down, these, uh, civilized people? They’ll eat each other.”

While some have failed to take cognizance of the fact that a 21-day lockdown is a necessity and continue to go about their daily routine, many speak from a place of privilege and do not understand that many stores were flooded with customers during the lockdown because they live hand to mouth and cannot afford to buy in bulk. With payday occurring on different dates and many South Africans relying on social grants to survive, it is likely that stores will still see many customers over the next few days, as most South Africans are not fortunate enough to be able to stockpile in times of panic.

In this time of uncertainty, it is vital to do research before sharing news surrounding the virus, especially now as it is a crime in South Africa to share false information intentionally. In terms of section 11(5) of the regulations under the Disaster Management Act of 2002, it is an offence to publish a statement through any medium with the intention to deceive about COVID-19, anyone’s COVID-19 infection status or government measures to address the pandemic. The penalty is a fine or imprisonment for six months, or both. Should you be uncertain about any piece of information, a quick google search will usually do the trick. However, the most reliable source of information is most likely the World Health Organization, which provides advice for the public, myth busters, answers to frequently asked questions, situation reports and the latest information available on the COVID-19 outbreak.

Democratic Alliance interim leader, John Steenhuisen, along with Democratic Alliance shadow minister of health, Siviwe Gwarube, has pleaded with the public to snitch on people transgressing the regulations of the lockdown. In the president’s speech on Monday 23 March 2020, it was evident that the government intends putting its best foot forward in dealing with the virus. However, each member of society has a role to play and should keep in mind that the virus does not move – we do. Consequently, the onus is on each individual to minimise nonessential travel.

With the police and army’s active presence, we can only hope for peaceful, effective law enforcement, and not police brutality. The Independent Police Investigative Directorate (IPID) has urged members of the public to lodge only complaints falling within its mandate, due to an influx of calls relating to police officers not wearing protective gloves and shoppers not maintaining safe distances. The mandate of the IPID is strictly confined to investigating the following complaints: death in police custody, death as a result of police action, discharge of a police firearm, rape by a police official (on or off duty), rape in police custody and assault by a police officer. Complaints that are not of this nature may be directed to the local police, not the IPID.

On the first day of the lockdown, rating agency Moody’s cut South Africa’s credit rating to junk, stating that it is likely that the coronavirus will exacerbate the country’s economic and fiscal challenges. Failure to adhere to the government’s instructions would likely lead to an extension of the lockdown, which would be fatal to South Africa’s economy, which is already in a recession. The sooner individuals abide by the lockdown, the sooner the country will be able to get a hold on the virus.

In the same breath, one must remain aware of South Africa’s socio-economic circumstances. With many South Africans enduring food shortages and high debt, it comes as no surprise that many people are still trying to make a living despite the lockdown. Most people still have to pay rent at the end of the month, their insurance payments will still be going off from their account in a few days, their electricity meter is not going to top itself up and food is not going to appear magically on their family’s table. In this time of need, we have seen great generosity, not only from Johann Rupert, Nicky Oppenheimer and Patrice Motsepe, but also from other individuals and businesses, making a difference where they can. May we continue to embrace our humanity and uphold the spirit of ubuntu as we give generously and help one another wherever we can. As Mahatma Gandhi famously said, “Be the change you want to see in the world.” This might be the only time we are able to stay at home, spend time with family, read a book, watch a movie and be making a positive impact.

The post The low-down on the lockdown appeared first on LitNet.

As jy van moord droom deur Deborah Steinmair: domestic noir op sy beste

$
0
0

As jy van moord droom
Deborah Steinmair
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799399240

Hoe oorleef ’n ma die ontvoering van haar enigste kind? Sy skep ’n alternatiewe realiteit, ’n verbeeldingswêreld waarin haar dogter nie op die ouderdom van ses verdwyn nie, maar waarin sy ’n suksesvolle volwassene word.

Die ma in Deborah Steinmair se nuwe roman skep egter nie net ’n ander, meer aanvaarbare werklikheid nie, sy droom ook van moord – hoe sy die booswigte wat haar kind 20 jaar gelede gesteel en as seksslaaf verkoop het, die een ná die ander afmaai. Soos boewe in ’n rekenaarspeletjie. Of moor sy werklik? Want die lede van die pedofielring wat by haar kind Maryna se verdwyning betrokke was, word een vir een van die gras gemaak ...

In dié roman is daar dus nie net een werklikheid nie, maar verskillende weergawes daarvan, en vervaag die grense tussen realiteit en verdigsel, met die gevolg dat die hoofkarakter, Erin, sowel as die leser, soms nie kan onderskei tussen hersenskim en realiteit nie. “Hoeveel werklikhede kan een kop akkommodeer?” wonder sy.

Soos dikwels die geval is by die hoofkarakter van domestic noir, verloor Erin de Ridder deur die loop van die boek haar greep op die werklikheid. Wanneer haar verdwene dogter ná 20 jaar by haar voordeur instap, merk Erin op: “My kop het weer versplinter. Die werklikheid wat ek met moeite aanmekaargestik het, is losgeruk, al die nate.”

Huishoudelike noir word trouens gekenmerk deur ’n onbetroubare (vroue)verteller met ’n beskadigde psige, sodat die leser oorgelewer is aan haar verdraaide persepsie van die werklikheid.

Omdat domestic noir se verhaalgebeure meestal in en rondom die huis plaasvind, word daar grotendeels uit die vrou se perspektief geskryf, en gaan dit oor die “female experience” van verhoudings, moederskap en veral die huwelik binne die ruimte van ’n huishouding. Die huis is egter nie die geborge, veilige plek wat dit veronderstel is om te wees nie. Dit is ’n slagveld waar verskeie vorme van geweld gepleeg word, hetsy dit mishandeling, molestering of drankmisbruik is.

Ten opsigte van dié gegewe, maak die verteller in As jy van moord droom die volgende opmerking teenoor haar man:

Huise is gevaarlik, Bert. Dis nie in oerwoude of middestede waar gevare skuil nie. Suburbs is oorlogsones, picket fences is vlymskerp. Daar is woorde so blink soos messe, daar is steakmesse, lemmetjies, skêre, miergif, whiskey, oop dreine, swembaddens, lewende kragdrade ...

Juis omdat domestic noir se storielyn, soos reeds genoem, binne die ruimte van die huis, of in die “veilige” omgewing van ’n voorstad voltrek word, en daar gevolglik uit die oogpunt van die vrou vertel word, het dit dikwels ’n sterk feministiestiese karakter. As jy van moord droom se verteller pas nie in binne die konvensionele rolle van dienende eggenote en versorgende moeder nie; inteendeel. Dit is eerder haar man wat die versorger en “verpleër” is: “Ons rolle was omgekeer. Jy wou eindeloos analiseer en oor emosies praat. Ek het opgekrop en gedoen.”

Bowenal kom Erin in opstand teen die “pedogemorste” wat betrokke was by haar kind se ontvoering, sowel as “die oom” wat vir Erin as kind misbruik het. Herhaaldelik laat sy haar uit oor hoe sy mans wantrou, en dat sy nie van hulle hou nie. Tog is sy bewus van die feit dat kinderverkragters dikwels vroulike “handlangers” het, soos Gert van Rooyen se Joey Haarhoff, of Dirk Prinsloo se advokaat Barbie.

Steinmair pak die onderwerp van kindermolestering aan sonder om prekerig of grafies te raak. Sy benader dit op haar idiosinkratiese, dikwels eksentrieke manier van waarneem, en met dieselfde skerp humorsin en spitsvondigheid wat ook haar vorige romans, Marike se laaste dans (2011), Die neus (2012), Wenkbrou (2013) en Moestas (2013), gekenmerk het.

Die trefkrag van As jy van moord droom lê veral in die geloofwaardige karakterisering van die twee vroupersonasies, Erin en Maryna. Aanvanklik vind Erin geen aanklank by die bot, vetsugtige en daggarokende Maryna nie, maar deur middel van boeke, musiek en ’n speelding genaamd Miesies Muis ontstaan daar ’n gemoedelikheid en selfs aanvaarding tussen ma en kind, maar sonder dat hulle mekaar se beste vriendinne word.

In dié opsig herinner As jy van moord droom aan Marilynne Robinson se Housekeeping (1980), wat ook uit die perspektief van ’n onbetroubare vrouekarakter vertel word, en handel oor twee aweregse vroue wat gedurig op vlug is – soms letterlik uit die kloue van die patriargie wat hulle wil inperk, soms in die verbeelding. Net soos Robinson se personasies Ruthie en Lucille, is Erin en Maryna in ’n stryd gewikkel met die oorweldigende emosies wat gepaard gaan met verwerping en verlies. Hierdie karakters resoneer met almal wat al ooit ’n randeier was, wat nêrens inpas nie, en wat gekies het om nie die uitgetrapte paadjies te volg wat die samelewing van jou verwag nie.

Soos in die Britse skrywer Ian McEwan se roman The child in time (1987), wat ook handel oor kinderontvoering, word daar in As jy van moord droom geen kitsoplossings vir gebroke verhoudings, of maklike antwoorde gegee op kwessies soos hoe om trauma te hanteer of daarvan genees te word nie. Daar is immers nie eens amptelike vervolging vir die booswigte wat by Maryna se ontvoering betrokke was nie.

Nogtans is daar bevryding van “’n wêreld se mans”, sowel as ’n bevryding van droefheid, vergestalt in Maryna se “hergeboorte” teen die berghang wanneer sy die volgende Chinese woorde in die sand skryf: Mo Chou. “Bevry van hartseer.”

Steinmair skryf hier met ’n vaardige gestropenheid, met “woorde so blink soos messe”, wat As jy van moord droom heerlik leesbaar maak. Sy is, soos haar karakters, ’n vrou vir woordekonomie, wat net die nodigste binne ’n bestek van 299 bladsye sê, sonder onnodige “story fillers” en mooiskrywery.

Dit is hierdie eienskap wat lesers sal laat besef dat dié boek veel meer om die lyf het as die deursnee-domestic noir-roman. Dis ’n gelaagde, strak skildery van “twee katels, ’n waskom en ’n tafel”, en op een van die katels, die silhoeët van ’n logge vrou met ’n katjie op haar skoot ...

Lees ook:

As jy van moord droom: ’n onderhoud met Deborah Steinmair

The post <em>As jy van moord droom</em> deur Deborah Steinmair: domestic noir op sy beste appeared first on LitNet.

Bybel in Kaaps: Jesaja 26

$
0
0

ʼn Loflied vi die Jirre

1 Daai dag sal amal in die land van Juda
hierrie lied sing.

“Ôs stad is nou stêk!
Ôs is omring deu die mure
van Got se redding.
2 Maakie hekke oep
dat die regverdige nasie kan inkô,
die nasie wat geloef het.

3 U hou elke-een in vriede
wat in U gloe,
die mense wie se gedagtes
op U is, wat vetrou in U.

4 Vetrou in die Jirre ve’iewig en altyd,
wan die Jirre Got is vi ve’iewig en altyd
ʼn plek van skeiling.

5 Hy sittie mense in die oë
wat dink dat hulle kwaai is,
en die stervie stad gooi
Hy in die stof nee,
Hy maak die mure plat!

6 Die armes en die vedrukte mense
vetrap dit onne hulle voete.

7 Die pad van die regverdiges is gelyk,
U, die Regverdige Een, maak die pad
van die regverdiges gelyk.

8 Ja, Jirre, ôs doen wat U vi ôs vra,
ôs wag op U,
die ienigste begeerte in ôs hart
is om u Naam te eer.

9 My siel soek heelnag na U,
in die oggent velang my gies na U.
Ees wanne U gat kô om die aarde te oordeel
gattie mense ees lee om te doen wat reg is.

10 Wan deurie goedheid wat U
annie bose mense bewys,
lee hulle nie wat reg issie.
Selfs in ʼn land waa daa reg geskied,
gat hulle nog steeds an om vekeere dinge te doen,
en warrie nie oo die mag van die Jirre nie.

11 Jirre, hulle luisterie wanne U hulle dreigie.
Wys hulle dat U stêk staan en reg is om u nasie te beskerm.
Miskien sal hulle dan skaam raak.
Lat die vuu wat U reg hou vi U vyande hulle insluk.

12 Jirre, U sal vi ôs vriede gie.
Alles wat ôs bereik het,
het U vi ôs gedoen.

13 Jirre ôs se Got, anne het oo ôs geregeer
maa ôs anbid net vi U.

14 Hulle is nou dood, hulle liewe nie meerie.
Hulle sal nooit wee trugkommie.
U het hulle gestraf, en hulle venietig,
en alle herinneringe van hulle het U lat vedwyn.

15 Ôs prys U, Jirre!
U het die nasie groter gemaak.
U het ôs land groter gemaak.
Soe het U u mag gewys.

16 Jirre, ôs het na U toe gekô
toe ôs in die nood was.
Ôs het vi U geroep
toe U ôs gestraf het.

17 Ôs is soes ʼn swanger vrou
wat inmekaakrimp van die kraampyne.
Soe, Jirre, dis hoe ôs was
in u tienwoordigheid.

18 Ôs was swanger,
en het in mekaa gekrimp van die kraampyne,
maa ôs het geboote gegie an wind.
Ôs konnie die wêreld reddie.

Daa issie mense vi die wêreld gebore nie.

19 Maa tog wiet ôs dat die wat an Got behoot,
sal liewe.
Hulle liggame sal wee opstaan!
Die wat in die aarde slaap,
staan op en sing van kan hêppie wies!
Soes die dou liewe gie,
soe gie U krag tot liewe.
Die aarde sal hulle wat gesterf het
wee liewend trug gie.

Maak vi Israel reg

20 Gat huis toe, my mense,
gat in julle kames en sluit die deure agte julle.
Stiek julleself weg vir ʼn kôt rukkie,
tot Got se kwaad veby is.

21 Djy sien, die’s hoe dit is,
die Jirre kô uitie hiemel uit
om die mense van die aarde te straf oo hulle sondes.
Die aarde sal die bloed wat gestort was uitbring.
dit sal uitgebring wôt
soedat amal dit kan sien.

 

 

The post Bybel in Kaaps: Jesaja 26 appeared first on LitNet.

Seen on Facebook: "They aren’t panic buying"

$
0
0

Shanice Appels writes on Facebook (26/03/2020):

If you’re calling these people “stupid” and “selfish” then you’re speaking from a place of privilege, because they only got paid today so there wasn’t money to buy the things they’ll need for the lockdown beforehand.

They aren’t “panic buying” (we don’t have MONEY to panic buy) they getting the essential things, while you were stocking up on toilet paper and buying almost everything in Makro, we were at work trying to make ends meet.

Also if you’re from Mitchell’s Plain, like me, you’ll know that the town centre and the malls are always packed to capacity, because we cater for various communities, so stop acting like this isn’t normal.

I get that you’re scared, I get it, but don’t let your privilege blind you.

The post Seen on Facebook: "They aren’t panic buying" appeared first on LitNet.

Die koms van die dominee

$
0
0

My mens, dit was so ’n paar jaar gelede. Ek kan nie presies onthou nie, maar dit moes dalk drie of vier jaar terug gewees het.

Ek onthou … dit was daardie Woensdag toe al die vrouens in die dorp hare wou kom doen het. Tot dié wat nie eens genoeg hare gehad het om te doen nie, het sommer net gekom vir ’n shampoo en rinse.

Want sien, ek kom toe te hore dat die dorp ’n nuwe dominee gaan kry. Dis mos ’n groot gedoente as ’n dorp ’n nuwe dominee kry. Ek kon nie wag om daardie middag na uitvaltyd, by Ouma uit te kom om te hoor van die Dominee-storie nie. Oupa is mos dik in die gemeente en hulle behoort te weet wat aangaan.

Foto: Pixabay.com

Jong, en Ouma vertel … daar gebeur dit toe dat die dominee uittree en die dorp sit sonder ’n Godsman. Oupa wat sy ouderlingplig moes nakom en Ouma wat hom bystaan. Siestog. 

Jorsie Verwey, wat toe die Hoofouderling was, neem die diens waar. Sy vrou, Ella Verwey, sit in die voorste ry, soos gewoonlik.

Nou kyk, ek het nie baie vattigheid aan ou Ella Verwey nie, want sy doen haar hare by die buurdorp, oor ons hairdressertjie eenkeer te lank die “perming-lotion” aangehou en haar kopvel gebrand het. Die Ella was maar ’n snaakse vrou.

Ouma vertel toe dat hulle daai Sondag in die kerk sit en sy wat Ouma is, druk haarself so effens regop en rek haar nek om vir Ella mooi in die oog te kry.

Mens, ek kan al sien hoe sit Ouma soos ’n nuuskierige Karoo-volstruis in die plek van aanbidding.

Ouma draai haar kop klein bietjie links, trek haar skouers af, want dit help om haar so bietjie langer te laat voel.

Ella het ’n duur rok aan, sykouse (in die middel van die somer), hoëhakskoene, wat haar soos ’n pasgebore kalf laat loop en handsakkie oorgetrek met dieselfde lap as die skoene. ’n Mens kon sien dat sy daardie Saterdag by die haarkapster was, wat natuurlik in die buurdorp is (ek het mos gesê), want haar hare is styf gespuit en agtertoe geborsel met ’n effense kuifie wat netjies tot by haar oogbroue kom. Daai kuif is daar net om ’n paar fronsplooie weg te steek. Sy het ’n groot hoed op, met ’n mooi lint, al om die bol gedeelte geplak. Hoekom jy ’n hoed opsit as jy jou hare laat doen, sal net Ella alleen weet. 

Ella se bene was netjies oormekaar gekruis, met ’n voet wat liggies op en af beweeg en dan weer in sirkels en dan heen en weer, het Ouma vertel.

Ek kon sweer as Ouma daai dag toe sy die storie by die hekkie vir my vertel het, ’n stoel gehad het om op te sit, sy plotselings sou gaan sit en aan die beduie gegaan het.

Ouma kan haar so inleef.

Kan die vrou nie net stilsit nie? het Ouma my vertel en ek kon sien dat sy haarself sommer van voor af erg, maar ek los haar.

Wyk Satan, het Ouma geprewel, met lippe wat beweeg, maar met geen klank, kyk sy toe maar liewer preekstoel se kant toe.

En dis toe Jorsie Verwey die aankondiging maak dat die dorp ’n nuwe dominee gaan kry, dat daar ’n roering in die gemeente is. Sommige van die vrouens oe en ah … hoorbaar.

Ella kruis haar bene ander kant toe oor en ’n afdraande glimlaggie kom sit op haar gesig.

Noudat Ouma van ou Ella se afdraande glimlag praat, moet ek sê dat dit die waarheid is. Daai vrou het nogals afdraand gesmile.

“Suster Ella Verwey bied aan om die verrigtinge te help beplan, in samewerking met die kerkraad, om ’n verwelkomingskomitee bymekaar te sit, sodat ons die nuwe dominee kan verwelkom in ons dorp en gemeente,” maak Jorsie die aankondiging en hy en Ella kyk vir mekaar … en glimlag.

Mens, toe Ouma Ella se afdraand-glimlag namaak, het ek my klaar gelag.

“Suster Ella het voorgestel dat elke suster in die gemeente iets moet maak om te eet of drink, of altwee. Ons kan dan komende Vrydag almal net buite die dorp bymekaarkom en in een stoet ry. Net so vier kilometer buite die dorp waar daardie lang bult is met die ry populierbome aan die linkerkant, daar sal ons dan vir dominee inwag.

Dit sal ’n goeie idee wees as al die susters in die week ’n vergadering hou en dit dan onder mekaar bespreek,” kondig Jorsie verder aan.

Weet jy, dié Jorsie kon darem maar aansitterig praat. Veral as dit by kerksake kom. Maar anyway, Ouma vertel toe verder.

Ouma, wat kruisbene gesit het, laat sak haar regterbeen en met altwee hakke trap sy in die kerkgebou se vloer vas. Met haar linkerhand vat sy die bank se handvatsels vas en trek haar effens vorentoe sodat sy haar regterboud mooi kan lig en bietjie vorentoe kan neersit.

Haar lippe saamgepers soos ’n “jafel”.

As sy nie in die kerk was nie, het sy sowaar haar hande in haar sye gedruk.

Sy kruis haar regterbeen weer oor die linkerbeen en sit.

Toe Ouma hierdie storie vir my vertel, het sy die hekkie se kante vas gegryp, asof dit die kerkbank homself is, net om te demonstreer. Ek het my klaar gelag.

Anyway,Oupa kyk om en sien die ongeduld en irritasie in Ouma.

Ek glo nie hierdie deel so mooi nie, want ek weet Oupa is nie die soort wat in die kerk sal omkyk nie, maar ek vat maar Ouma se woord vir die storie.

“Die nuwe dominee sal van Paul Roux af kom,” het Jorsie verder gesê.

Jorsie se woorde is nog skaars koud met die laaste gedeelte van die Heidelbergse Katagismes, daar waar dit van die Wederopstanding en Ewige oordeel staan, Amen, toe Ouma opstaan en uitstap. Sy beplan dit haarfyn, sodat wanneer Jorsie AMEN sê, sy haar handsak kan vat en loop. 

“Dis nie in my aard om by ’n kerkdiens uit te loop nie, ek weet van beter,” het Ouma gesê.

Ouma gaan sit in die veertienhonderd-bakkie en wag vir Oupa totdat die diens verby is.

Wat na ’n ewigheid voel, kom Oupa aangestap met groot stadige treë, klim in die veertienhonderd en ry.

Ouma vertel toe dat hulle in doodse stilte tot by die huis gery het.

“Ek het nie tyd vir hierdie konsert nie,” sê Ouma en klim uit toe Oupa voor die huis stilhou.

Sy gryp woes na die gekrulde handvatsel van die hekkie, druk hom oop en daar skreeu die hek soos ’n bvarkie wat geslag word. Oupa kom agterna en druk die hekkie toe.

“Dis uitspattig my man,” gaan Ouma toe nou voort, voordat sy die rooi trappies opklim tot op die rooi stoep.

“Vrou, ek is allermins ’n ouderling, hoe gaan dit lyk as ons skeeftrek?”

“Het jy die huis se sleutel?”

Toe wikkel Ouma daardie sleutel met mening in die gaatjie en wikkel links en regs met die sleutel. Eers trek sy die gaasdeur oop en dan so met die heup stoot sy aan die houtdeur.

Die res van die Sondag verloop lekker rustig, maar so met sononder, toe Ouma by die hekkie gaan staan om die wêreld weer te bekyk, sê sy:

“Nou goed Daanjtie, ek sal dit doen, maar ek doen dit nie vir ’n Dominee, Jorsie of Ella nie, ek doen dit vir jou, omdat jy ouderling is. Klaar.”

Volgens Ouma het Oupa sy kop tevrede geknik, maar ek weet darem nie so mooi nie.

“Dankie vrou …” is glo al wat Oupa gesê het, maar ek is seker daar het nog baie ander woorde in sy kop gesit.

Ella het daardie Maandagoggend reeds al vir almal laat weet dat hulle die volgende dag kan bymekaarkom en alles bespreek. Op haar versoek het sy ook sommer gesê sy dink dit is beter dat almal by die kerk ontmoet en nie, soos afgespreek, buite die dorp nie.

Soos Ouma nou vertel, was hierdie Ella se presiese woorde …

“Ek as hoofouderlingsvrou, het dit tog maar goed gedink, dat ons as geheel en gemeente tog maar hier by die kerk ontmoet en dan dorp uitry in ’n stoet, om die dominee te gaan verwelkom. Dit sal tog so mooi stemmig wees, en lyk.” 

Toe Ouma hierdie stukkie van ou Ella vertel, trek sy haar mond so op ’n plooi, lyk amper vir my soos ’n speldekussing. 

Die susters van die dorp het glo vreeslik begin bak, vertel Ouma.

Daardie Donderdag, so in die laatoggend, skreeu die hekkie en toe Ouma by die venster uitkyk, is dit die vrou van die tuisnywerheid. 

Die vrou het nog nie eens drie kloppe aan die deur gegee, of Ouma was al daar om oop te maak.

“As jy dan nou hier rondloop, wie kyk na die winkel?” het Ouma opreg gevra. Ek dink tog dat Ouma en die Tuisnywerheidvrou oor die weg gekom het.

Die tuisnywerheidvrou was blykbaar baie ontsteld oor haar rakke wat leeg is, oor al die dames wat vir haar bak, nou vir die nuwe dominee se aankoms bak. 

Noudat ek so dink, dit moes ’n verskriklike ding gewees het, want ek weet die skool en die vrouesendingbond bestel elke tweede dag iets by die tuisnywerheid.

Die groot dag breek aan.

Die gemeente, soos afgespreek, kom eers by die klipkerk bymekaar.

Dis net mense en karre. Ouma is nog steeds goed omgekrap, omdat Ella besluit het dat almal nou by die kerk moet bymekaarkom en nie buite die dorp nie.

Jorsie Verwey lei die stoet met sy Fastback, die dorp uit. Oupa en Ouma net agter hom met die veertienhonderd.

Ouma maak of sy nie die grêndgeit in die Verweys sien met hulle mooi kar nie. Ouma is in elk geval nie iemand wat haar aan karre en goeters steur nie.

Ouma vertel vir my dat sy so opgewerk was, dat sy sommer gevoel het om in die ry uit die bakkie te klim en terug te stap huis toe.

Vir wat moet hier so ’n ophef wees?

“Aai my ou vrou, los nou maar die buierigheid net vir vandag,” het Oupa gesoebat.

“Ek is nie lus vir hierdie sirkus nie en ook nie vir ’n dominee nie. En nog minder vir ’n dominee wat “Ja Suster, nee Suster, goedso Suster.” Hierdie gedoente maak my nou eers warm onder die kraag.

My mens, ek kan myself net indink hoe Oupa se senuwees hom geknaag het oor Ouma en haar ewige ongeduld.

“Wil Ella Verwey nie maar palmtakke ook bring en dit in die pad gooi soos met Jesus daardie tyd nie?” het Ouma aangehou. 

Ek ken vir Ouma, as sy eers op dreef is met ’n ding, los sy nie sommer nie.

Toe Ouma hierdie woorde vir my sê, is dit asof ek in haar gesig kon uitbars van die lag.

Ek ken ook nou al vir Ouma as sy warm onder die kraag raak, dan praat sy al vinniger, so asof sy afdraande praat en dan bewe haar wange so asof hulle ’n lewe van hul eie het.

“Stadig nou vrou. Jy raak nou godslasterlik,” sê Oupa kalm.

“Hierdie hele konsert is godslasterlik, maar ek gaan nou maar swyg,” sê Ouma en hulle ry in stilte tot so vier kilometer buite die dorp op die bultjie, met Soutkop aan jou regterkant en die populierbome links.

Heel voor in die stoet bring Jorsie sy Fastback tot stilstand, gevolg deur Oupa en Ouma en dan die res van die gemeente.

Ella Verwey is die eerste wat uitklim en die kattebak oopvlek soos ’n honger dier wat na ’n prooi gryp.

Sy haal ’n deftige tafeltjie uit, spesiaal gaan koop vir die Dominee, en sy begin mandjies, bakke, flesse en bokse uitpak.

Dis eers die Jodetert wat in ’n geblomde bak is. Toe die klomp vleispasteitjies wat in ’n plat blik is met hartseer-katjies daarop.

Nog ’n blik klim by die “dier se bek” uit en dis ’n drielaag-koek beplak met “icing sugar” en bont van die “hundreds-and-thousands” in ’n koekblik met ’n prentjie van ’n hondjie en ’n hasie in ’n mandjie.

Daar is geblomde servette, gekleurde flesse met koffie, warm water en melk. Regte koppies met pierinkies vir die koffie.

Dan is daar nog ’n souttert in ’n pirexbak, wat seker yskoud is teen die tyd wat hierdie dominee sy verskyning gaan maak.

Toe Ouma vir my van al hierdie eetgoed vertel, kom sit daar sommer so ’n honger gevoel op die holte van my maag.

Ou Ella het gesien hoe Ouma haar aangaap oor die eetgoed-vir-Afrika, toe sê sy so in die uitpak:

“Joey, ek weet dominee sal nie alles kan opeet nie, maar ek het dit alles ingepak, net om my tafel voller te laat lyk en dan vir na die tyd vir die pastorie. Dominee kan nie so in ’n leë pastorie instap nie, jy weet.”

Weer het Ouma haar mond soos ’n speldekussing getrek. Ek wou nog lag, maar lag toe maar binnekant toe.

Ella het ’n eenstukrok aan. Sagpienk, met ’n spierwit belt. Moue wat tot oor haar elmboë kom en versier met ’n wit kantlappie.

Dan het die eenstukrok nog ’n kraag wat hoog in haar nek sit, met spierwit knopies tot by haar kuiltjie. Sowaar het sy nog ’n cameo op haar bors vasgespeld en ’n hoed ook nog op.

Die rok kom tot net onder die knieg, betaamlik. Sykouse met spierwit hoëhaksoene aan.

“Jy weet Danie, Ella het haarself so uitgesmeer met die duurste rok en skoene. Ek vra nog altyd waar daai geld vandaan kom. Dit laat my nou sommer so dink aan daardie een dag toe ek kerkkantoor toe gegaan het om ’n nuwe kalender te kry. Ella was besig om die kollektegeld te tel en netjies in banksakkies te sit. Toe sy my gewaar, het sy daardie kyk in die oë gehad net soos wanneer ’n klein hondjie in die gang gepiepie het en skuldig voel daaroor. Jy weet dáárdie soort kyk,” en Ouma probeer ’n skuldig-lyk gesig opsit.

Jy kon my met ’n snoek omklap toe Ouma dit vertel. Ek glo darem nie ou Ella sal so ver gaan nie, maar ek het geleer om nie met Ouma te stry nie.

“Dis belaglik,” dink Ouma, en Oupa gaan staan met sy voet teen die veertienhonderd se wiel en steek sy pyp op. 

Sykouse in die warm son. En daardie rok wat toe is tot by die kuiltjie, nee, dis darem uitspattig. Praat nie eens van die hoëhakskoene nie.

Ouma haal die karavaan-opvoutafeltjie wat hulle altyd gebruik as hulle Kroonstad toe gaan om by die rivier te gaan kamp, van die bak af.

Sommer ’n plastiektafeldoekie wat sy iewers gekry het en ’n paar koekies in ’n tupperbak. Aanmaakkoeldrank in ’n leë Orosbottel.

Sy het darem hierdie koekies self gebak. Peanutbutterkoekies, want haar kleinkinders is so lief vir dit. Hierdie is maar net oorskiet van die baksel.

Ouma het ’n plein sonrokkie aan met pastel-blommotief en die soom hang tot net onder die knieg. Skaflik.

Ek ken daardie rokkie. Sy dra dit altyd as sy die dag dorp toe gaan.

Ooptoon-plathaksandale wat sy by Foschini se uitverkoping gekry het met ’n ligte leerbandjie wat om die enkel vasmaak. Niks uitspattigs nie.

Ouma se bewegings is stadig. Sy stap stadig, kyk stadig, druk haar hande in haar heupe, bekyk die wêreld, haal haar bril af en wasem die lense in haar mond en dan vee sy dit af met die punt van haar rok. Dis alles Ouma se maniere as sy goed befoeterd is en ongeduldig raak met ’n ding. Sy praat min en loer net met skrefies oë.

Sy mik-mik om in die veertienhonderd te gaan sit en die radio aan te sit, want dis haar storietyd en dit nogal die laaste episode van die storie.

Nou moet sy hier in die son op ’n bult vir ’n dominee wag waarvoor sy glad nie lus het nie. Oupa sien dat sy al halfpad in die bakkie is en die radio wil aansit toe hy haar stop.

Dit gaan mooipraat kos. Hy haal sy voet van die veertienhonderd se wiel af en druk die pyp in sy hempsak.

“Ag vrou, hou nou maar net terug.”

Sy buk effens met haar nek soos sy deur die veertienhonderd se deur loer, sit die radio af en klim stadig uit.

Ek sal ja. Ek gaan my nie belaglik maak soos Ella nie, maar onthou een ding Danie, ek doen hierdie net vir jou. Vir geen Dominee, gemeente of Ella nie, het Ouma gesê en maak die ou karavaan-seilstoeltjie oop en gaan sit, bene gekruis. Sy kruis eers links oor regs, dan weer regs oor links. Dan skuif sy haar gewig na die een boud, dan weer na die ander boud. Sy begin alles van voor af, regter been, linkerbeen, regterboud, linkerboud. So gaan dit aan totdat sy voel daar gaan ’n uitbarsting in haar binneste wees.

Ouma sê dat sy nuuskierig en ontsteld op dieselfde tyd is, maar  nuuskierigheid kry oorhand en sy loer weer na Ella se kant toe. Dié pak nog steeds eetgoed uit en Jorsie knyp al sy oë skrefies om te sien of die dominee nie al oor die bult oppad is nie. Paul Roux is mos ook nie so ver nie.

Dit voel asof Ouma ’n toeval kan kry toe sy sien Ella Verwey mik na haar kant toe, maar sy sal inhou.

Aai my mens. Ek probeer nou al vir hoe lank om my lippe so op ’n speldekussing-manier te trek, soos Ouma altyd gemaak het as sy vir Ella naboots. Dis net Ouma wat dit kon doen.

“Middag Joey, hoe gaan dit?” vra Ella vir Ouma en haar mond is pure speldekussing

“Ja, goed Ella. Dis darem maar warm vandag,” en Ouma kyk so af na Ella se bene om te sê … “trek uit daai sykouse dis te warm vir die goed …”

“Is dit al eetgoed wat jy gebring het?” vra Ella en kyk met ’n opgetrekte oogbank en stywe lip na Ouma se tafel.

“Ja Ella. Dis al,” sê Ouma en sy sê die “DIS AL” so met gevoel dat Ella moet voel dat hierdie gesprek verby is.

Ella Verwey dink sy is die bobaasbakster in die distrik net omdat sy twee jaar terug kook- en bakklasse vir minderbevoorregtes gegee het in Bloemfontein, het Ouma nou bygelas.

Oupa staan met sy regtervoet op die veertienhonderd se wiel gestut

en wys net vir ouma om stil te bly. GROOT ASSEBLIEF staan in sy oë geskryf.

“Watse koekies is dit daardie?”

“Klein koekies,” het Ouma aspris gesê.

“Aai, Ouma, Antie Ella was seker goed opgetrek met Ouma?” het ek versigtig gevra.

“Wag jy nou, Evelyn, die storie raak al beter.”

Ouma vertel toe verder.

Ella draai om en stap verder met die stoet af tot onder en weer terug. Bekyk, beloer en vra uit oor al die eetgoed.

“Myne is die mooiste” het Ella sag gesê maar hard genoeg vir Ouma om te hoor.

Ella gaan sit by haar tafeltjie en Oupa en Jorsie gesels.

Die groot wag begin.

Ella is die eerste wat luidkeels aankondig en opspring toe sy ’n beweging op die bult sien.

“Hier is die Dominee!” het sy geskreeu, maar toe sy mooi na die kar kyk, sien sy dit is ’n klein geel Volkswagen Beetle.

“Kan dit wees?” dink sy, of het sy nou ’n fout gemaak.

“Laat hy maar kom,” het Ouma gesê.

Oupa haal sy voet van die veertienhonderd se wiel af. Jorsie gaan staan met sy hande agter sy rug en kyk stip na die aankomende Beetle.

Ella staan kiertsregop met haar voete teen mekaar en wag met ’n breë glimlag, wat nog altyd ondertoe hang, vir die Godsman.

Die Beeteltjie stop en toe daai man uitklim, staan Ouma op en kyk hom stip aan en druk haar bril met haar middelvinger op.

Die man lyk dan glad nie soos ’n dominee nie. Gewone denimbroek en nogal met ’n leerbaadjie daarby, wit hemp sonder das en ’n gewone pet op die kop. Ouma skat hom so vroeg veertig se kant.

My mens, is die dominee ’n aantreklike man. Hy kom altyd hairdresser toe vir daardie short back and sides sny. Maar dan kom sit hy by die wasbak en ek kan sien dat hy die shampoo en kopmassage geniet. Hy druk altyd so ietsie ekstra in my hand. Goeie man. Maar in elke geval, Ouma vertel toe verder.

Is jy seker dat dit die dominee is, het Ouma vir Oupa gevra. 

Oupa nog steeds op sy senuwees oor Ouma wat dalk ’n uitbarsting kan hê, sê toe maar stadig … “JA VROU.”

Die dominee groet vir Jorsie met die hand en glimlag.

“Ek is dominee Jonkers, Schalk Jonkers,” het dominee gesê en steek sy hand uit.

“Broer Verwey en dit is Suster Verwey,” het Jorsie gesê. 

Ouma is stil.

“En dit is broer Danie,” stel Jorsie sommer vir Oupa ook voor.

“Middag, maar hierdie is darem ’n groot verrassing,” het dominee met ’n vriendelike stem gesê en volgens Ouma nou, het dominee reg by Ella se tafel verbygestap, reguit na Ouma se tafel met Peanutbotter-koekies. 

My mens, Ouma het altyd soos ’n broeis hen geraak as sy hierdie storie vertel het.

“Middag Mevrou, ek is Schalk Jonkers. Hoe gaan dit?”

Hy staan kiertsregop en hy kyk met ’n wakker kyk in sy oë. Hy vat sy pet so aan die voorkant en lig dit op. Mooi breë skouers, lyk of die man rugby speel of iets, lang bene, breë glimlag. Dit is baie opmerklik dat die dominee ’n netjiese man kan wees. Mooi hande en skoon vingernaels. Dit is maar ’n ding waarna Ouma kyk. Vuil naels en hande beteken vuil huis en vuil vadoeke.

Ouma bly sit en meteens kom daar ’n kalm-soet gevoel oor haar.

Daardie gevoel wat jy kry wanneer jy vir die eerste keer ’n nuwe koekresep probeer en jou senuwees knaag aan jou want jy weet nie of die ding gaan platval of glad nie eers rys nie, maar wanneer jy hom uit die oond haal en uit die pan skud en hy is perfek. Dit is daardie gevoel. Daai gevoel van vrede. Dis al wat nou in haar is. Vrede. 

“Middag, Dominee, ek is Joey,” sê sy en steek haar hand uit en in dieselfde beweging probeer sy opstaan. Sy druk so met haar regterhand op die  armleuning van die stoel en skuif-skuif vorentoe.

Soos Ouma die dag hierdie storie by daardie tuinhekkie vertel het, gryp sy die hekkie so aan die kante vas. Sy kan haarself tog so in ’n storie inleef.

“Nee, bly gerus sit.”

Ouma vertel toe baie smaakvol, en in detail hoe dominee haar peanutbotterkoekies loof en prys.

“Bly te kenne Mevrou en moet asseblief nie vir my dominee sê nie, noem my maar net Schalk. Magties, kyk hierdie grondboontjiebotter-koekies. My gunstelling van kleintyd af, met aanmaakkoeldrank. Tannie weet ek het tot vandag toe nog daardie stoute gewoonte om in die nag op te staan en van hierdie koekies te eet saam met melk, ek staan sommer so in die donker net met die yskas-liggie aan. Mag ek maar een kry?”

Ouma vertel dat dominee so mooi geglimlag het. ’n Regte egte glimag, nie daardie aansitterige domineeglimlagte nie. Sy vertel ook dat hy so staan en met die regterhand mik om ’n koekie te vat, met sy linkerhand in sy broeksak. Ouma het gesê sy kon daardie stout-seun-glimlag in sy oë sien … “ondeunde kyk” was Ouma se woorde.

Jong, ek kan nou al sien hoe Ouma in daardie opvou-kampstoeltjie sit.

Sy het die gewoonte om haar bene so reguit voor haar uit te skop en dan haar bene so by die enkels oormekaar te kruis. Sy skuif dan so met haar boude effentjies vorentoe en dan kruis sy haar arms so voor haar bors. Sy sit dan haar wysvinger so gebuig op haar lippe … en dan weet jy dat Ouma lekker sit en gereed is vir lekker praat.

“Ek hou van die man, sommer baie,” het sy vertel en toe dominee vra of hy ’n koekie kan kry, sê sy. “Ja, vat maar alles met blik en al. Ek kan weer die blik by dominee kom kry.”

Ouma sê vir my dat ou Ella se oë vuur gespoeg het toe sy sien dat Ouma en dominee so lekker gesels en dat dominee nogal al Ouma se koekies vat en niks by haar, wat Ella is, nie.

Maar mens, ek moet ook nou bysê, ek glo darem nie dat dominee niks by Ella gevat het nie. Hy is darem te ordentlik. Ek glo dat hy tog maar ietsie daar gevat het. Ouma kan dinge lelik aandik.

“Mevrou, maar jy ruik darem maar lekker. Dis daardie soet blommereuk. Net soos daardie pienk pronkertjies. Ek onthou my ma het sulke blomme in die voorbedding van die huis geplant, so teen die sitkamervenster. Die hele sitkamer het daarna geruik as die wind reg gewaai het en die reuk dan by die vensters ingekom het. Hoe verlang ek nou na my Ma.”

Ouma se glimlag is so soet soos daardie blommetjies se reuk toe sy hierdie parfuumstorie aanvat.

“Ja, dis die einste parfuum. Ek hou van ’n blomreuk. Sommige parfuum kleef aan jou soos katpis,” en toe sy dit sê, hou sy haar mond vas, glimlag en sê: “Jammer Dominee, katpiepie …”

“Dit is so Mevrou,” en dominee knik sy kop op en af met sy regteroog wat klein bietjie skrefie trek. 

Aai my mens, ek wonder soms of Ouma nie bietjie stertjies bygelas het nie, maar wie is ek om te oordeel? ’n Storie is ’n storie.

Mens, maar toe slaan Ouma weer oor na ou Ella toe. Ek wou nog oor die parfuum uitvind, maar Ouma is klaar weer by Ella.

Ella het blykbaar vir Ouma soos ’n leeuwyf aangegluur wat haar prooi jag.

Oupa trippel rond soos ’n kat wat op ’n trok met warm kole staan van pure verligting, omdat dinge so mooi afloop met Ouma en die nuwe dominee. Oupa is verlig. Sommer baie verlig.

Oupa gaan staan weer by die ou veertienhonderd so met sy regtervoet op die wiel en stop sommer sy pyp. Hy druk die tabak so met sy duim vas, dan trek hy die vuurhoutjie en maak die pyp brand. Net rookbolle wat trek. Hy kyk weer na Ouma en dominee, haal sy voet van die wiel af en sit die ander voet op.

Ouma staan op, vat vir dominee so aan sy baadjiemou en stap in Oupa se rigting.

“Daantjie, ons het darem ’n knap nuwe dominee.”

“Dominee, dis my man, Oom Danie,” en sy vat so aan die dominee se skouer.

“Ons het reeds ontmoet, maar Oom ek kan een ding sê, hierdie Tannie kan ’n Peanutbotterkoekie bak. My gunsteling,” sê Dominee.

“O ja, Schalk, my huis is nommer 63, die een met die mooi tuinhekkie en pronkertjies teen die draad. Daar is ’n groot klip net voor die hekkie met die nommer op, as jy wil kom vir huisbesoek of sommer vir ’n heen-en-weertjie,” nooi Ouma.

My mens, ek weet nie of ek die hele storie so lekker kan glo nie, of moet ek net die helfte van die storie glo, maar een ding weet ek, Ouma kan stories vertel, en mooi stories en ek weet dat haar peanutbotterkoekies baie lekker is. Sy het al vir my daarvan gegee.

“Ditsim,” het Ouma toe gesê, opgepak en huis toe gegaan …

Ouma vertel toe vir my die volgende dag toe sy tuisnywerheid toe gaan om mosbolletjies te koop, sy al ou Ella se koeke met hundreds and thousands daar op ’n rak sien staan. Asook die Jodetert en ’n paar tertjies, en dit nogal met pryse op.

Ek lag kliphard en wou nog vir Ouma sê dit klink na tweedehandse koek, maar toe los ek maar die storie net daar. Soms is dit beter om ’n storie net te los sodat ’n mens se dink maar verder kan gaan.

The post Die koms van die dominee appeared first on LitNet.


Nasionale inperking: Só kan Afrikaansonnies aanlyn onderrig

$
0
0

Fotobron: Canva

Die huidige landswye afsondering en die gevolglike verlengde skoolvakansie weens die uitbreek van die COVID-19-virus noop onderwysers om die aanbieding van taalonderrig te heroorweeg en te beplan hoe vernuwende onderrig-leer-metodes gebruik kan word om tuisleer te vergemaklik.

Die doel van hierdie artikel is om ondersteuning aan taalopvoeders te bied wat onseker en moontlik angstig voel oor die “e-woord” wat nóú nie meer ’n futuristiese idee vir die moderne taalklas is nie, maar daadwerklike antwoorde bied om dié pandemie se impak op akademiese gebied te versag.

Dit is beslis nie nuwe kennis dat hedendaagse leerders aan tegnologiese toestelle geheg is nie. Soekenjins en die sosiale media is die huidige jong generasie se hulpbronne vir inligting en hulle deel voortdurend kennis en insigte met mekaar deur middel van hierdie media, aangesien hulle in staat gestel word om onmiddellike terugvoer te kan gee en te ontvang. Tydens die korona-afsondering kan taalopvoeders hierdie leervoorkeure van die 21ste-eeuse leerder inspan om te verseker dat onderrig en leer nie gedurende die 21-dae-inperking agterweë bly nie.

Wanneer taalopvoeders planne vir aanlyn leer beraam, is dit egter noodsaaklik om in gedagte te hou dat leer in die kuberruim vir sommige leerders ’n groter uitdaging gaan wees as vir ander. Die meerderheid leerders in Suid-Afrika het nie noodwendig toegang tot onbeperkte data nie, of toegang tot rekenaars en tablette nie. Indien leerders net op hulle selfone moet staatmaak, moet opvoeders dus probeer om lae-data-take en aktiwiteite te gebruik. Hierdie artikel fokus op e-leer, maar opvoeders kan gerus in gedagte hou dat opvoedkundige uitsendings op radio en televisie plaasvind.

Daarbenewens is dit belangrik om duidelike riglyne aan leerders te bied oor hóé leer aanlyn gaan plaasvind en wat daar van hulle verwag gaan word. Opvoeders moet in gedagte hou dat nie alle leerders gekondisioneer is om selfstandig te leer nie. Inteendeel, die meeste leerders is daaraan gewoond om binne ’n tradisionele klaskameromgewing grootliks op die onderwyser as sentrale rolspeler staat te maak vir begeleiding in die onderrigleerproses. Daarom is dit belangrik vir die suksesvolle implementering van e-leer-strategieë dat die nodige ondersteuningsmateriaal vir leerders beskikbaar gestel word. Verder moet daar in ag geneem word dat nie alle leerders gelyke toegang tot die aanlyn ruimte het nie. Leerders moet daarom aangemoedig word om aanlynleermateriaal op hulle persoonlike rekenaars of vanaf ’n selfoon af te laai sodat hierdie bronne ook sonder internettoegang (aflyn) besigtig kan word.

Die Afrikaansdepartement van HMS La Rochelle in die Paarl deel graag die volgende wenke oor hoe om die impak van COVID-19 op taalonderrig te fnuik. Hierdie wenke vir die suksesvolle implementering vir e-leer kan gebruik word om te verseker dat al vier KABV-vaardighede vir taalonderrig vir Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal, naamlik Luister en praat, Lees en kyk, Skryf en aanbied, en Taalstrukture en konvensies, asook die onderrig van letterkunde vasgelê word.

  1. Skep ’n aanlyn klaskamer

Ons het ’n Google Classroom vir elke vakgroep per graad gemaak. Die rede waarom ons op hierdie platform besluit, is dat dit kommunikasie met leerders vergemaklik en toegang tot lesmateriaal te bied. Google Classroom bied ook die opsie om assesserings aanlyn te laai volgens ’n kalender wat kennisgewings aan leerders stuur. Die taalopvoeder kan dus kort toetsies of ’n vasvra aan leerders stel wat onmiddellike terugvoering bied.

  1. Aanlyn bronne

Die onderrig van letterkunde kan deur middel van PowerPoint-opnames aangebied word. PowerPoint bied die funksie om ’n stemopname te maak soos wat die aanbieder die skyfies verduidelik.

Die omgekeerde-klaskamer-benadering kan ook ingespan word. ’n Toepassing van hierdie metode sal wees waar leerders individueel of in groepe aanlyn ’n gedig op ’n Goolge Doc ontleed. Daarna sal die onderwyser op grond van die leerders se ontleding ’n verdere bespreking bied wat hoërorde- kognitiewe vlakke inspan. Die omgekeerde-klaskamer-benadering betrek leerders aktief by die leerproses en aktiveer konstruktivistiese leer, waar leerders hulle eie kennis konstrueer eerder as om passiewe ontvangers van kennis te wees.

Nog ’n gratis aanlyn hulpmiddel is Screencast-O-Matic wat enige beeld wat op jou rekenaarskerm verskyn, as ’n video met beeld en klank vasvang. Screencast-O-Matic maak dit moontlik vir die opvoeder om lesmateriaal wat byvoorbeeld in Word- of PDF-formaat is te verduidelik.

Gidse vir letterkunde en kontekstuele vrae kan op ’n elektroniese platform soos Google Classroom aan leerders beskikbaar gestel word. Die taalopvoeder kan ook skakels na ander elektroniese bronne met leerders op hierdie platforms deel, soos RSG se aanbieding van Reza de Wet se Mis  of Fanie Viljoen se kortvideo’s oor Onderwêreld.

Werkstate vir taalonderrig kan ook só aangebied word of onderwysers kan die taalaktiwiteit in die vorm van ’n aanlyn vasvra aanbied, met die voordeel dat leerders onmiddellike terugvoer ontvang.

Mondelinge oor grense heen

Die assessering van mondelinge neem dikwels baie klastyd in beslag, en met die verlengde skoolvakansie is ons aanbeveling om eerder elektronies te klets! Laat leerders die voorbereide mondeling op hulle selfone opneem en aanlyn laai. Daar is ’n paar platforms wat hiervoor gebruik kan word. Leerders kan hulle mondelinge deur middel van ’n Google Classroom-assessering voltooi, hulle kan die video-opname e-pos, of ’n groep op ’n sosialemediaplatform soos Facebook, WhatsApp of Telegram kan geskep word waarop leerders hulle video’s deel. Luistertoetse kan ook deur die gebruik van ’n podsending en ’n aanlyn vasvra voltooi word. Verrykende mondelingse oefeninge kan deur die selfoontoepassing Speaking Photo, geskied. Hierdie toepassing maak dit moontlik om stemopnames by ’n selfoonfoto te voeg en dit dan op verskeie platforms te deel.

Vernuwende skryf en aanbied-benaderings

Die aanbieding van e-skryf-opdragte bied ’n gulde geleentheid vir outentieke, regtewêreld-skryftake. Die taalopvoeder kan ’n verskeidenheid stimulusse vir kreatiewe en transaksionele skryfwerk gebruik wat ’n outentieke taalervaring vir die leerders skep. Leerders kan byvoorbeeld aanlyn na ’n lokprent van ’n film kyk en dan ’n resensie skryf. Webjoernale met daaglikse/weeklikse kort inskrywings vir hoe leerders die isolasietydperk ervaar kan ’n wonderlike geleentheid vir gereelde skryfoefeninge bied en ’n gratis platform soos Padlet  skep ook die moontlikheid vir samewerking en bied ’n verskeidenheid multimediamoontlikhede. Aanlyn skryfopdragte kan ook voltooi word deur Word-dokumente op Google Classroom te laai of aan die onderwyser te e-pos.

Kletskamers

Google Hangouts is ’n platform wat gebruik kan word vir kontaksessies met leerders. Die platform maak dit moontlik vir tot 150 mense om deel te neem aan ’n aanlyn gesprek, alhoewel die videofunksie die kletskamer tot 25 mense beperk. Hierdie aanlyn platform kan gebruik word om ’n gevoel van samehorigheid tussen leerders en onderwysers te bewerkstellig gedurende ’n tydperk van isolasie.

Ons wil ten slotte beklemtoon dat die gevolge van COVID-19 opvoeders wêreldwyd noop om met ’n nuwe bril na die onderrig-leer-verhouding te kyk. Kom ons gebruik die hedendaagse leerder se tegnologiese bemagtiging tot almal se voordeel om kwaliteitonderrig te midde van ’n wêreldwye krisis te laat seëvier, maar ook om isolasie en vervreemding teë te werk. Dit skep terselfdertyd die geleentheid vir opvoeders om elektroniese-leer-gemeenskappe te vorm en na mekaar uit te reik oor skoolgrense heen om saam te werk aan ’n oplossing vir ’n nasionale krisis.

  • Marné Pedro en Michele van der Merwe is betrokke by onderskeidelik HMS La Rochelle en Universiteit Stellenbosch

Lees nog artikels deur Michele van der Merwe en Marné Pedro:

Taalonderwysers se perspektiewe aangaande vervlegte leer as onderrig- en leerbenadering vir die 21ste-eeuse leerder

’n Kritiese blik op 21ste-eeuse onderrig en leer deur ’n onderwyser- en leerderbril

Superspellers op ’n slimfoon

Leer spel met woordeboeke

’n Toekomsgerigte tegnologieryke taalklaskamer

The post Nasionale inperking: Só kan Afrikaansonnies aanlyn onderrig appeared first on LitNet.

Die kunste in die tyd van COVID-19: Willem Mulder

$
0
0

Willem Mulder (foto: verskaf)

"Life is what happens to you while you’re busy making other plans."

Soos wat John Lennon gesing het. Die quote behoort wel aan iemand anders, genaamd Allen Saunders.

Maar ja, dis nou wat ons almal mee deal. Hier sit ons nou vir 21 dae vasgevang in ons huisies. En hoe deal mens daarmee as kunstenaar? Die meeste kunstenaars werk mos maar anyway vanaf die huis, so dit word nie regtig as ’n straf vir hulle gesien nie. En ja, tot ’n groot mate is dit juis nou die tyd om daardie kreatiwiteit te laat vloei.

Maar dit help ook nie jy weet dat jou werk in ’n toe galery hang nie. Of dat jou toneelstuk nie opgevoer gaan word by die KKNK nie. Dat die vooruitsigte op die oomblik maar bleak lyk nie. Dit kan behoorlik aan mens knaag. En hoe deal mens daarmee? Hoe bly mens positief?

Expose yourself to Duchamp deur Willem Mulder (foto: verskaf)

Ek’t nie regtig die antwoord nie. Ek kan maar net uit my eie perspektief praat. My lewe het onherroeplik verander op 1 Augustus 2019. My vrou van 15 jaar is op daardie dag oorlede op die teatertafel. Daar was net mooi niks wat my kon voorberei het daarop nie. My hele lewe het in ’n ommesientjie net so om my begin intuimel en sou nooit ooit weer dieselfde kon wees nie. Ek was verpletterd en is sekerlik nou nog steeds tot ’n groot mate.

Absoluut niks rondom my het meer sin gehad of kon enigsins sin maak nie. Dit het gevoel of ek net deur hierdie eter sweef. Dat daar geen vashouplek of ’n fondasie meer was nie. Maar elke oggend het my oë weer oopgegaan. Of ek nou wou of nie, die donnerse oë het oopgegaan en moes ek die aaklige realiteit sonder haar in die oë staar. “Through the fisheye lens of tear-stained eyes.”

En sleep het ek my lyf moes sleep kombuis toe, want vir ’n lang tyd was net die proses van koffie maak al rede wat ek vir myself kon create om dit die moeite werd te maak. Aan kos wou ek nie vat nie. Net die idee van moes kos maak het my naar gemaak en laat uitbars van die huil. Ek was die kosmaker in ons verhouding. Dit was óf dit óf leef van rys en sardientjies. Haar favourite voordat ons mekaar ontmoet het.

Die dag na haar begrafnis het ek en drie jare lange vriende van my gaan ry deur die Boland. Dit was ’n triestige laatwintersdag. Ek’t voor aan die passasierskant gesit en net foto’s geneem. Dit wat ek doen. Die enigste wat ek op daardie tyd kon doen. Ek’t gevoel ek doen dit vir haar. Dat ek moet bly leef vir haar.

En fok weet, ek sal vir jou lieg as ek sê dis dan skielik makliker. Dat jy net so suddenly jouself daaruit reg kan ruk en aangaan, want enigiemand wat dit vir jou sê, het geen benul waarvan hulle praat nie. Dis ’n proses wat nooit ophou nie. Maar ons hou aan. Ons skep. Ons droom. Ons skep nog en droom nog en skep, want dis wat ons doen en dis wie ons is. Ons doen dit eerstens nie net vir onsself nie. Ons doen dit juis vir ander.

We shall overcome.

Lees ook:

Die kunste in die tyd van COVID-19: Antoinette Louw

Die kunste in die tyd van COVID-19: Riku Lätti se ope brief aan 2020

Die kunste in die tyd van COVID-19: Mercy Kannemeyer

Die kunste in die tyd van COVID-19: Herschelle Benjamin

The post Die kunste in die tyd van COVID-19: Willem Mulder appeared first on LitNet.

Wiskunde met LitNet: graad 4 – driesyferheelgetalle

Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging word 50

$
0
0

Foto: Canva

Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging het Vrydag 50 jaar oud geword!

Ons het dit Donderdagaand met verjaarsdagkoek saam met ons vennoot van meer as vier dekades, NALN, in die historiese NALN-ouditorium gevier. Twee van die BSV-voorsitters (die langste in die tuig) was teenwoordig. Stoffel Cilliers (81), wat vir 35 jaar die leisels gehou het tot sy uittrede in 2007 nadat Volksblad se skryfwedstrydborgskap verval het, en Corlietha Swart, wat sedert November 2008 vanjaar vir die 12de jaar die leisels hou as voorsitter. Die volledige bestuur van 2020 was ook teenwoordig. Die nasionale skryfwedstryd wat sedert 1979 plaasvind, vanjaar vir die 12de jaar geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat en vanjaar ook deur SUNMeDIA: Bloemfontein, gaan steeds van krag tot krag as een van die grootste skryfwedstryde van sy soort in die land in Afrikaans met ongeveer ’n duisend inskrywings jaarliks (moedertaal, sowel as niemoedertaalinskrywings vir hoërskoolleerders, studente en volwassenes). Hoërskool DF Malan, Bellville, stuur gereeld die meeste skoolinskrywings. Die jaarlikse BSV-Slypskool bemagtig daardie jaar se wenners, en lede van die publiek woon ook graag die slypskool van tussen 80 en 100 mense by.

AfriForum dek die uitgawes van die aanbieder jaarliks gedeeltelik met ’n skenking.

Vanjaar bied Hans du Plessis en Bernard Odendaal die BSV-Eeufeesslypskool op 22 Augustus 2020 aan in Noorderbloemsaal, wat voorafgegaan gaan word deur ons BSV-50-dinee Vrydagaand 21 Augustus 2020. Wat ’n voorreg om hulle twee as dinamiese oud- en huidige ATKV-Skryfskooldirekteure in ons midde te verwelkom. Bernard Odendaal is ook die BSV-beskermheer sedert die oorlye van Gerhard J Beukes in die negentigerjare.

Ons volbetaalde lede, ongeveer 200, kom van regoor die land en kan gewoonlik nie die agt plaaslike byeenkomste bywoon nie, maar hulle ontvang hul agt nuusbriewe met skryfgeleenthede en stuur soms iets vir voorlesing, of neem deel aan die kompetisie of slypskool. Ons het egter ongeveer 7 000 BSV Facebook- en Page-vriende (wat, terloops, oor ons verjaarsdag van lyn af was – en die Page is blykbaar steeds van lyn af) en ons het duisende ouddeelnemers of slypskoolgangers wat op verskeie maniere kontak hou.

Daar is jaarliks twee publikasies wat onder redakteurskap van Corlietha Swart by SUNMeDIA: Bloemfontein verskyn, naamlik Inkvars en Bloemskryfsels. Eersgenoemde bevat die jaarlikse weninskrywings met die vier beoordelaarsverslae en word gereeld deur stelwerkonderwysers gebruik, en die publikasie word al vir dekades geborg deur ons gewaardeerde Nederlandse borg, die Stichting tot Bevordering van Kulturele Betrekkingen Nederland Zuid-Afrika.

Die skrywer Annerlé Barnard het Donderdagaand tydens die plaaslike groep se viering by ons as gas kom kuier, en Leana Lategan, hoof- vakkundige beampte van NALN, het vir haar vrae opgestel. Wyno Simes, die kurator van NALN, het die BSV gelukgewens, die vennootskap van vier dekades olv wyle Otto Liebenberg, oudkurator van NALN, en sy span en die BSV onderstreep, en die BSV opnuut in die NALN-geledere verwelkom.

Mag die BSV in die toekoms die wegspringblok bly vir net soveel latere gerekende en bekroonde skrywers as wat die vereniging die afgelope halfeeu op nasionale vlak opgelewer het met die hulp van vier bekwame onafhanklike beoordelaars. Dankie, Fanie Viljoen, ons het gesien jy gee weer vir die BSV krediet tydens jou gelukwensing die naweek. Ons is trots op wat die niewinsgewende BSV, onbetaald bedryf deur vrywilligers in hul vrye tyd, as trotse uitvoerproduk van Bloemfontein die afgelope halfeeu reggekry het. Dankie aan Volksblad, Bloemnuus, LitNet, Radio Rosestad en NALN vir dekking. Wenners en debuterendes kom soms selfs van oorsee en landwyd na ons slypskole, en wedstrydpos stroom in van oor die hele land en soms van oorsee.

Mag die BSV van krag tot krag gaan en nog vele drome van potensiële skrywers bewaarheid.

The post Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging word 50 appeared first on LitNet.

Wiskunde met LitNet: graad 5 – tweesyferheelgetalle

Miskien word Donald Trump ge-COVID-19

$
0
0

Donald Trump (foto: Wikipedia)

COVID-19 kan moontlik in die annale van die geskiedenis opgeteken staan as die pandemie wat Donald Trump se kans op ʼn tweede Amerikaanse presidensiële termyn in die wiele gery het.

Die moontlikheid bestaan ook dat Trump (73) se hantering van dié pandemie in die komende sekondes, minute, ure, dae, weke en maande so kan verbeter dat dit sy suksesvolle herverkiesing op 3 November kan verseker.

Trump het aanvanklik sleepvoet op COVID-19 gereageer. Hy het dit afgemaak as minder ernstig en dat dit sommer gou-gou gaan oorwaai. Hy beskou dit ook as ʼn skepping van China, of as ʼn “Chinese virus”.

Sy beeld het egter ietwat versterk veral nadat hy op 13 Maart ʼn nasionale noodtoestand afgekondig het in ʼn poging om die groeiende verspreiding van dié virus te stuit.

Die noodtoestand stel die federale regering in Washington in staat om tot $50 miljard se noodleningsgeld beskikbaar te stel. Dit beteken medieseversekeringsregulasies word verslap en die oprigting van nuwe hospitale en navorsing oor nuwe behandeling kan versnel word.

Terwyl die COVID-19-sterftesyfer in Amerika, veral in die Stad New York, drasties styg, en omdat Trump dreig om Amerika teen Paastyd oop te stel en te “normaliseer”, draai openbare mening deur die publiek, politieke opposisie en gesondheidspesialiste skerp teen hom.

Dié kritiek dat Trump veral die Amerikaanse volk se lewens bedreig, tesame met die berisping deur Joe Biden (77) (oudpres Barack Obama se visepresident) en senator Bernie Sanders (78), twee van die Demokratiese Party se drie oorblywende kandidate vir die presidentsverkiesing, het Trump se voorsprong bo dié Demokrate s’n laat krimp.

Voor die uitbreek van COVID-19 het Trump die golf van gewildheid vir veral die “goeie vertoning” van die ekonomie gery. Meningspeilings het getoon dat 56% van die kiesers tevrede is met Trump se hantering van die ekonomie. Dit verteenwoordig 90% steun onder Republikeine, maar net sowat 7% van Demokrate, die laagste sedert 1950.

Hy het onder meer handelsooreenkomste met ‘n menigte lande heronderhandel, die ekonomie gedereguleer en belastings verlaag.

Werkloosheid is ook die laagste in 50 jaar en gesonde inkomstegroei is veral onder minderheidsgroepe – swart en Latyns-Amerikaanse gemeenskappe – aangeteken.

Dié prestasie van ʼn lae werkloosheidsyfer resoneer sterk met die “Amerikaanse Droom” wat mense tradisioneel aanspoor om ʼn hoër lewenstandaard na te streef. Dit versterk ook die Amerikaanse hegemonie – wat Trump promoveer, uitbrei en verskans – wat reeds vir meer as 100 jaar aan die orde van die wêreldorde is.

Verder is Trump se persoonlikheid problematies, omstrede, rof en onbeskof en beskuldig hy die media van “fopnuus”. Hy betoon min of geen respek teenoor vroue en minderhede nie en ignoreer aardverwarming omdat dit volgens hom nie bestaan nie.

Trump is so verdelend en ongewild onder politieke ontleders en opposisiepolitici dat hy slegs die derde Amerikaanse president geword het in die geskiedenis wat deur die Amerikaanse Kongres in ʼn staat van beskuldiging geplaas is.

Wat wel in Trump se guns kan tel, is die reaksionêre aard van politieke opposisie deur die Demokrate sedert Obama die Withuis in 2017 verlaat het. Dié party is sedert Obama se termyn wat op 20 Januarie 2017 geëindig het, leierloos en ly aan ʼn algehele gebrek aan oorspronklikheid, kreatiwiteit en rigtinggewendheid en loods liewer hul aanvalle gebaseer op die indiskresie van Trump.

Op dié flaters en beperkte wêreldbeskouing van Trump roem die Demokrate en beroep hulle hul telkens op die aanvaarde beginsel van ʼn grondwetlike demokrasie dat indien ʼn leier, in dié geval Trump, sy nasie in die steek gelaat het, hy liewer bedank. Dis die rede hoekom hulle hom in ʼn staat van beskuldiging probeer plaas het. Soos ons weet, het dit in die Demokrate se gesig opgeblaas.

Proaktiewe politieke strategieë deur die Demokrate ontbreek omdat Trump hoofsaaklik op die brood-en-botter-issues van die werkers konsentreer.

Verder loop die Demokrate die risiko om een van hul twee oninspirerende en verouderde presidentkandidate soos Biden en Sanders teenoor die kandidatuur van Trump te stel. Dit blyk dieselfde fout te wees wat hulle in 2016 met Hillary Clinton begaan het. Clinton was nie hul beste kandidaat nie en het dus nie kiesers oor haar kandidatuur opgewonde gemaak nie.

Die buitengewoon linkse Sanders is met sy sosialistiese voorstelle nie baie aantreklik en aanvaarbaar vir sowel gematigde Demokrate as behoudende Amerikaners nie. Hy sal na alle waarskynlikheid ʼn verkiesing teen Trump verloor, omdat Trump se verkiesing in 2016 en die Britse Arbeidersparty se verkiesingsnederlae in 2010 en verlede jaar teen die Konserwatiewe Party ʼn duidelike illustrasie is dat daar wêreldwyd ‘n teenkanting teen vir sosialistiese en sentrum-linkse groeperinge is. Trump se opkoms en die Arbeiders se verliese versterk ook die sentiment dat daar geen alternatief vir neoliberale ekonomiese beleidsrigtings is nie. ʼn Sentiment wat die wêreldwye werksverliese en algehele ekonomiese krisis wat die COVID-19-pandemie gaan bring, na alle waarskynlikheid nie gaan oorleef nie.

Die sentristiese Biden het met die uitslae van die sogenaamde Super Tuesday– voorverkiesings in 14 deelstate getoon hy is meer gewild as Sanders in die Demokratiese Party. Dit beteken die Demokrate se gematigde vleuel het die oorhand oor die wilde sosialisme van die linkervleuel gekry. Of Biden die nodige charisma onder die Amerikaansevolk geniet om Trump te klop, moet nog gesien word.

Die Demokrate se linkervleuel – wat gewilde en prominente lede van die Huis van Verteenwoordigers uit die minderheidsgroepe, soos Alexandria Ocasio-Cortez, Ilhan Omar en Rashida Tlaib, insluit – verwerp Biden se progressiewe beleid ten gunste van Sanders se sosialiste idees. Dit veroorsaak groot hoofbrekens binne die party, omdat jonger Demokrate versnellend na links beweeg. Ook is daar toenemende onsekerheid oor Biden se gevorderde ouderdom en sy gesondheid en fiksheidstoestand.

Met die COVID-19-pandemie staar die Amerikaanse ekonomie egter groot uitdagings in die gesig. Die verwagting dat die ekonomie vanjaar weens dié pandemie gaan afplat, is dus realisties. Dit staan in skrille kontras met verlede jaar se ekonomiese opbloei.

Die geskiedenis bewys dat dienende VSA-presidente ʼn goeie kans het om herverkies te word, maar as die ekonomie swak vaar, verskraal dié moontlikheid. Oudpresidente Jimmy Carter en George HW Bush se herverkiesingsveldtogte is deur ekonomiese uitdagings gekelder.

Wie weet – miskien word Trump ge-COVID-19.

The post Miskien word Donald Trump ge-COVID-19 appeared first on LitNet.

Snellers in die klaskamer – wanneer is ’n veilige ruimte veilig?

$
0
0

Amanda Gouws, dosent aan die Universiteit Stellenbosch, deel haar siening oor universiteite as veilige ruimtes en die hantering van snellerwaarskuwings wat voor lesings aan studente gegee word.

’n Geïrriteerde kollega het onlangs gesê: “Ek gaan in my klaskamer instap en vir die studente sê: ‘In my klaskamer hanteer ons allerhande gruwels – beskou julleself getrigger vir die volgende drie jaar.’” Ek kon haar frustrasie verstaan. Dit voel soms asof ons as dosente die rol van sielkundiges moet inneem.

Die idee van ’n veilige plek (safe space) het na aanleiding van die tweede golf feminisme sy inslag in die hoofstroomwoordeskat gevind. Die idee het gespruit uit die praktyk van bewusmaking waar vroue klein groepies gevorm het om oor die onderdrukking van vroue te praat en hul eie stories te vertel. Mans was nie deel van hierdie groepe nie, want jy kan nie jou storie in die teenwoordigheid van die onderdrukker vertel nie. Een van die primêre beginsels van die tweede golf radikale feminisme was bewussynsverruiming.

Een van die bekendste feministiese regsdosente in die VSA, Catharine MacKinnon, stel dit só in haar boek Toward a feminist theory of the state (1989):

[Feminism is] a way of knowing. Consciousness raising is that way. [An] oppressed group must at once shatter the self-reflecting world which encircles it and, at the same time, project its own image onto history [...] (84; haar beklemtoning).

In veilige ruimtes het vroue gevoel hulle het die vryheid om die probleem sonder ’n naam aan te roer – hul eie onderdrukking. Dit was die begin van die radikale feministiese beweging met die slagspreuk “Die persoonlike is polities”, wat beteken dat dít wat in die privaatheid van mense se huise plaasvind, soos gesinsgeweld, ’n politieke oplossing behoort te hê.

In die sewentigerjare in Suid-Afrika het swartbewussynsorganisasies dieselfde metode toegepas. Wit mense kon nie deel vorm van die veilige ruimtes waar swart mense hulle onderdrukking onder apartheid bespreek het nie. Wit mense is gevra om bewustheid onder wit mense te kweek oor hul aandeel in die onderdrukking.

Nou is die vraag of ons hierdie idee van ’n veilige ruimte op die klaskamer van toepassing kan maak. Waarteen moet studente (met uiteenlopende geslags-, ras-, klas- en seksuele identiteite en gestremdhede) beskerm word sodat hulle veilig kan voel? In ’n poging om veilige ruimtes te skep, is dit nou algemene praktyk onder dosente om vir studente snellerwaarskuwings (trigger warnings) te gee oor inhoud wat hulle moontlik kan ontstel.

In die konteks van sielkunde is ’n sneller iets wat vorige trauma na vore bring. Dit is van toepassing op mense wat aan posttraumatiese stressindroom ly. Gewoonlik word mense geprikkel deur sensoriese insette soos reuke, beelde en geluide wat vorige trauma (soos blootstelling aan die dood, ’n ernstige besering of seksuele geweld) oproep. ’n Sneller kan tot hartseer, ontsteltenis, angs en angsaanvalle lei.

As ’n dosent dus ’n snellerwaarskuwing gee, aanvaar ons dat daar studente is wat aan posttraumatiese stressindroom ly, maar ons skep nie ’n veilige ruimte vir die student(e) om daaroor te praat nie. Die verwagting is dat die student die klaskamer sal verlaat of teen die inhoud opgewasse sal wees. Dit is dus nie ’n veilige ruimte in die ware sin van die woord nie. Daar kan ook nie verwag word dat studente hulle trauma met allerhande vreemdelinge in die klas moet deel nie.

Wat dosente in die buiteland soos die VSA nou doen, is om die agentskap aan studente oor te laat. Een dosent sê byvoorbeeld vir die studente sy gaan sensitiewe materiaal behandel en dat hulle kan “step up, step back or step out”. Sy gee ook die inligting wat nodig is om diegene wat die klaskamer verlaat te help, soos waar die kampussielkundige is, of die nommer van ’n noodlyn. Die aanname hier is dat die dosent nie die rol van berader kan vervul nie en dat, as ontstel word, daar onverwerkte trauma is wat slegs deur kundiges hanteer kan word.

As ’n dosent wat Geslag en Internasionale Betrekkinge as module aanbied, is ek deeglik bewus daarvan dat min of meer elke lesing snellermateriaal bevat. My module dek verkragting as ’n oorlogswapen, mensehandel, immigrasie, oorlog, volksmoord, ens. Die studente moet ook leeswerk oor hierdie onderwerpe doen en films kyk. Al hierdie films is ontstellend. Kan diegene wat daardeur ontstel word enigsins die leeswerk doen of die films kyk? Wanneer druis die sneller in teen vryheid van spraak in die klaskamer? Hoe debatteer ons hierdie kwessies sonder om na die feite te kyk? Waarop moet studente wat nie die leeswerk doen of films kyk nie, geassesseer word? Hoe leer ons vir studente om veerkragtig te wees?

Is dit die geval dat ons nou ’n generasie studente het wat emosioneel minder gereed is vir die lewe buite hulle kokonne, of was hulle nooit in kokonne nie? Is jong mense tussen die ouderdomme van 18 en 22 reeds so blootgestel aan trauma dat hulle ernstig getraumatiseer is en nie die emosionele vermoë besit om dit te verwerk nie? Ons moenie vergeet dat daar ’n eerste generasie studente is wat blootgestel is aan intergenerasie oordrag van trauma nie. Nog ’n vraag is of mense kan reageer volgens ander mense se trauma (vicarious traumatisation). In my eie ervaring het studente wat geraak is deur die inhoud al aan my beken dat iets nie met hulle gebeur het nie, maar dat dit met iemand anders gebeur het. Ek het geen twyfel dat dit waar is nie, aangesien ons in ’n land met een van die hoogste verkragtingsyfers in die wêreld leef. Almal van ons ken iemand – of meer as een persoon – wat verkrag is.

Die invloed van sosiale media op studente moet ondersoek word. Die verskynsel van eggokamers waar mense net met mense praat wat soortgelyke idees/ervarings deel, druis in teen die rol van die universiteit, wat poog om studente aan ’n verskeidenheid van standpunte bloot te stel. In eggokamers word enige persoon met ’n opinie wat die bestaande idees opponeer, uitgewerp – hulle word van die WhatsApp-groep verwyder of “unfriend”. Wat my opval is dat die maatstaf vir eie ervaring dan die emosionele ervaring van almal op die groep word. Met ander woorde mense het nie noodwendig self iets beleef nie, maar dink dat hulle in ’n sekere situasie sus of so moet voel, want dit is hoe dit vir persoon X voel. Dit is onbeleefde trauma, wat ook beteken dat mense hulp soek vir iets wat hulle nog nooit self beleef het nie. Skep ons dus ’n generasie wat nooit gereed sal wees om op so ’n manier oor trauma te lees of na films te kyk dat hulle iets daaruit kan leer nie?

As ’n feminis staan ek veilige ruimtes voor, asook die etiek van versorging waarvan die drie belangrikste kenmerke is om met aandag te luister, om te reageer en om met empatie te versorg. Die klaskamer is egter nie ’n plek waar ons dit kan doen nie, maar ons kan hierdie ruimtes vir studente skep. Baie studente kom praat met my in my kantoor en het groot moeite om hul trauma te verwoord. Gegewe die getalle studente wat klaarblyklik getraumatiseer is, behoort universiteite gerat te wees om sielkundige hulp te verleen. Die meeste beradingsdienste is oorlaai en help die mees gewondes eerste. Dit sal universiteitsbesture baat om meer sielkundiges in diens te neem en meer fondse vir navorsing oor die aard van trauma en die invloed van sosiale media te verskaf.

Bron:

MacKinnon, Catharine. 1989. Toward a feminist theory of the state. Cambridge: Harvard University Press.

 

Klik hier vir meer oor die seminaar en en om ander bydraes te lees:

Seminaar: Die universiteit as veilige ruimte

The post Snellers in die klaskamer – wanneer is ’n veilige ruimte veilig? appeared first on LitNet.


Seminaar: Die universiteit as veilige ruimte

$
0
0

Die idee van ’n universiteit as ’n veilige ruimte veronderstel meer as die fisiese omgewing waar studente en personeel hulle bevind.

Binne dié veilige ruimte mag studente nie blootgestel word aan inhoude wat hulle ontstel nie. ’n Veilige ruimte is dus ’n omgewing waar geweld, haatspraak en teistering nie geduld word nie. In dié omgewing kan individue wat voorheen aan marginalisering onderwerp is, bymekaarkom en sonder enige bedreiging oor hul ervarings kommunikeer.

Verskeie meganismes word daargestel om die veilige ruimte te handhaaf, onder meer snellerwaarskuwings, waarvolgens dosente verplig is om studente voor lesings te waarsku indien inhoud gedoseer gaan word wat aanstoot mag gee. Studente het dan die opsie om die lesinglokaal te verlaat indien die leerinhoud trauma gaan veroorsaak.

Baie mense voel dat dié veilige ruimtes vryheid van spraak inperk deurdat robuuste debatvoering vermy of onderdruk word, en dit druis reëlreg in teen die beskouing dat ’n universiteit ’n omgewing moet wees waar die intellektuele omgang met en uitruil van idees sonder enige beperking moet plaasvind. Studente word dus binne ’n kunsmatige kokon beskerm, dikwels ten koste van kritiese en vernuwende denke.

Diegene wat die konsep van veilige ruimtes verdedig en aanhang, redeneer dat onregte van die verlede binne so ’n ruimte reggestel word deurdat diegene wat daaraan onderwerp was, nou gehoor kan word sonder dat die trauma van die verlede heraktiveer word.

Vir die doel van hierdie seminaar het LitNet individue wat in verskeie hoedanighede aan universiteite verbonde is, gevra om hul opinies en ervaring van universiteite as veilige ruimtes te deel.

Lees die seminaarbydraes hier:

Amanda Gouws: "Snellers in die klaskamer – wanneer is ’n veilige ruimte veilig?"

Snellers in die klaskamer – wanneer is ’n veilige ruimte veilig?

 

The post Seminaar: Die universiteit as veilige ruimte appeared first on LitNet.

Verligting in die dorsland

$
0
0

die wolke huil al heelnag
oor die koepel van my huis se dak
so asof hulle die stof van die winter weg wil was
hul vol traandruppels plons en drupval                    
staccato tot ’n crescendo
oorverdowende meesterstuk
in pas met die ritme
van die blarekoor
in die treurwilger
langs die dam
klein druppel trane
dans en baljaar
op die ritme van ’n eeue-oue wals
terwyl ons in jubelsang
’n pryslied uitspreek                                                                   

dankie Here!
die droogte is gebreek 

The post Verligting in die dorsland appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans: Om boeke in Kaaps te publiseer

$
0
0

In hierdie aflewering van PEN Afrikaans se artikelreeks “Die wêreld van die skrywer” vertel Carolyn Meads, fiksie-uitgewer by Kwela Boeke en bestuurslid van PEN Afrikaans, meer oor boeke in Kaaps uitgee. Sy skets ook die historiese agtergrond en steek by skrywers kers op.

Carolyn Meads (foto: verskaf)

Die eerste tekste in Kaaps het al in die vroeë 1800’s verskyn, die eerste gedrukte boek in Kaaps, Gablomatiem, vermoedelik in 1856. Kaaps is egter lank as letterkundige taal misken. Maar nou is daar weer ’n oplewing in publikasies in dié variëteit. Kyk maar na die digbundels van Ronelda Kamfer en Nathan Trantraal, en die novelle Kinnes (Kwela, 2018) deur Chase Rhys.

Geskiedenis van Kaaps

Dit is algemeen bekend dat Afrikaans sy oorsprong kan terugvoer na die koms van Nederlanders aan die Kaap en die kontak tussen tale wat hier plaasgevind het. Dié kontak was naamlik tussen Nederlands en enkele ander Wes-Europese tale, die Khoekhoegowab van die inheemse bevolking, en die Maleis, Javaans, Portugees, ensovoorts van die slawe wat uit Asië en die Ooskus van Afrika (insluitend Madagaskar) gebring is. Dit is egter minder bekend dat die eerste vorm van die taal wat toe ontstaan het inderwaarheid Kaaps was. Ook dat die eerste Afrikaanse tekste in Kaaps geskryf is – in Arabiese skrif!

Selfs voor die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) in 1652 ’n verversingspos aan die Kaap gestig het, was daar sporadiese kontak tussen Nederlands, Maleis en Khoekhoegowab. Só skryf Christo van Rensburg in So kry ons Afrikaans (Lapa, 2012). Dié kontak was weens Nederlanders wat na die Ooste gereis het, waar hul Nederlands deur Maleis en ander tale beïnvloed is. Hulle het soms in die Kaap aangeland op pad terug, waar hulle Khoekhoegowab gehoor het. Partykeer was hierdie Nederlanders skipbreukelinge. ’n Nederlandse ekspedisie in 1611 het byvoorbeeld die woord “kanna” by die Khoekhoe geleer. “Vandag is baie van daardie eerste woorde steeds deel van Kaaps,” skryf Van Rensburg.  

Ná die stigting van die verversingspos en die koms van die slawe in 1658 het die kontak tussen dié tale uiteraard verhoog en ’n groter impak gehad. Verskeie akademici benadruk in die boek Kaaps in fokus (African Sun Media, 2016), saamgestel deur Frank Hendricks en Charlyn Dyers, dat die variëteit Kaaps die produk van dié kontak was. In een van die artikels in Kaaps in fokus noem Van Rensburg woorde wat reeds in daardie vroeë Kaaps gebruik is, soos “wate” (water) en “vagiet” (vergeet).  

In Die Afrikaans van die Kaapse Moslems (SBA, 2018) skryf Hein Willemse dat slawe en politieke bannelinge uit Asië Islamitiese skole aan die Kaap die Goeie Hoop gestig het waar Kaaps sedert ongeveer 1815 as godsdienstaal ingespan is. Willemse se boek is ’n verwerking van Achmat Davids se The Afrikaans of the Cape Muslims (Protea, 2011). Davids het bevind dat godsdienstige geskrifte in daardie tyd in Afrikaans geskryf is, in Arabiese skrif wat aangepas is om die klanke van gesproke Kaaps weer te gee. Vier-en-sewentig van hierdie geskrifte is ontdek. Van die woorde uit die godsdienssfeer wat in Kaaps behoue gebly het, sluit volgens Willemse in “kanalla” (asseblief), “sjoekran” (dankie) en “motjie” (vrou).  

Davids het ook tydens sy navorsing bevind dat daar talle verwysings is na ’n boek wat in 1856 in Kaaps gepubliseer is, getiteld Gablomatiem. Geen kopie het behoue gebly nie, maar daar is genoeg bewyse dat dit die eerste gedrukte boek in Afrikaans is en dat dit in die variëteit Kaaps geskryf is.

Die oudste Afrikaanse publikasie in Arabiese skrif wat behoue gebly het, is Abubakr Effendi se Bayān nūd dīn (of Bajaan Oedien) wat in die1860’s geskryf en in 1879 gepubliseer is. Dit is ook die eerste boek in Kaaps wat van Arabiese skrif na Romeinse skrif toe oorgeskakel is (in 1881). Willemse wys op sekere Kaapse kenmerke in die teks, byvoorbeeld “miril” (middel), “maragh” (middag) en “noeragh” (nodig).  

Ná 1795, toe Brittanje die Kaap beset het, het die Khoekhoe en Vryburgerboere binneland toe getrek en die verdere kontak tussen hul tale het ander variëteite van Afrikaans tot gevolg gehad, hoewel dit ook invloede van Kaaps oorgehou het. Gesamentlik word daar volgens Van Rensburg na dié variëteite verwys as Grensafrikaans.

Afrikaans gestandaardiseer, Kaaps misken

Die Genootskap vir Regte Afrikaners wat in 1875 gestig is, het die verengelsing van die Kaap as ’n bedreiging vir Afrikaans gesien. Hulle doel was om Afrikaans te verhoog van spreektaal na skryftaal deur byvoorbeeld die opstel van taal- en spelreëls, die saamstel van woordeboeke, die publiseer van koerante, en die vertaling van die Bybel in Afrikaans. Willemse erken in Kaaps in fokus dat die standaardisering ’n “besondere prestasie” is, maar beween die feit dat dit só gerig is “dat betekenisvolle seksies van die Afrikaanse spraakgemeenskap, meesal nie-wit sprekers, deurlopend uitgesluit is”. Die geskiedenis wys duidelik dat Afrikaans ontstaan het uit “die samekoms en wedersydse invloed van wit en swart”, maar die standaardisering van Afrikaans is deur bepaalde groepe aangewend om ’n wit nasionalistiese agenda te bevorder wat hierdie invloed misken het. Volgens Michael le Cordeur het die proses die “kreoolse aard” van Afrikaans ontken, terwyl die taal “gesuiwer is” van Khoe- en slawe-invloede. Die gevolg is dat Kaaps volgens Hendricks “bewustelik omseil” is – ’n situasie wat tot in die hoogbloei van apartheid voortgeduur het.  

Met dié dat Afrikaans met nasionalistiese Afrikanerdom verbind is, het daar ’n verdeling volgens ras plaasgevind tussen sprekers van Afrikaans en sprekers van die Kaapse variëteit. Onderdrukking op grond van ras het veroorsaak dat ’n werkersklas-identiteit aan Kaaps toegedig is. Die Groepsgebiedewet het ook ’n geografiese verdeling teweeg gebring. “Dat verskillende groeperinge binne die Afrikaanse gemeenskap vir so lank apart van mekaar gewoon het, sou daartoe lei dat hulle ook talig verder van mekaar sou groei. Sprekers van Kaaps en sprekers van Standaardafrikaans sou mettertyd in ’n ons-teenoor-hulle-verhouding verstrengel raak,” verduidelik Le Cordeur. Standaardafrikaans is deur die apartheidsregering bevorder terwyl Kaaps gemarginaliseer en gestigmatiseer is. Dyers meen dat dit waarskynlik die mees gestigmatiseerde variëteit van Afrikaans is.

Kaaps tydens apartheid

Adam Small is een van die enkele bruin skrywers wat Kaaps tydens apartheid in hoë letterkunde ingespan het, juis om stigmatisering teen te werk. SV Petersen en Peter Snyders het ook in dié tyd Kaaps in hul werke gebruik. Van Rensburg skryf dit is interessant om Small se “keuse van Kaaps in sy literêre werke te sien as ’n protes teen die gebruik van gestandaardiseerde Afrikaans. Gestandaardiseerde Afrikaans was die medium van die regeerders, wat soveel regte van die mense wat Kaaps praat, aangetas het”.  

Small verwoord self sy gevoel oor Kaaps in die voorwoord van die hersiene uitgawe van sy digbundel Kitaar my kruis (Haum, 1973) soos volg: “Kaaps is ’n taal in die sin dat dit die volle lot en noodlot van die mense wat dit praat, dra: die volle lot, hulle volle lewens ‘met alles wat daarin is’; ’n taal in die sin dat die mense wat dit praat, hul eerste skreeu in die lewe skreeu in hierdie taal, al die transaksies van hul lewens beklink in hierdie taal, en hul doodsroggel roggel in hierdie taal. Kaaps is nie ’n grappigheid of snaaksigheid nie, maar ’n taal.”

Small het indertyd nie voldoende erkenning vir sy letterkundige bydrae gekry nie. Dit is eers in 2012 dat die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Small se drama-oeuvre met die Hertzogprys bekroon het.

Post-apartheid: Belangrikheid van publisering in Kaaps

Nou, na apartheid, sien ons ’n nuwe opbloei van letterkunde in Kaaps wat stigmatisering teenwerk. Die geskiedenis het gewys dat Kaaps in die vroegste tye as geskrewe taal aangewend is en dat dit uitdrukking kon gee aan hoë filosofiese en godsdienstige idees. Maar hierdie geskiedenis is misken. Om te wys dat Kaaps veel meer as ’n gesproke variëteit is, is die uitgee van boeke in Kaaps van uiterste belang. Gepubliseerde boeke kan in aanmerking kom vir pryse. En uiteindelik kry boeke in Kaaps nou deur middel van groot literêre pryse erkenning.

Ronelda Kamfer het die Eugène Maraisprys in 2009 ontvang vir haar debuutdigbundel, Noudat slapende honde (Kwela, 2008). Sy gebruik veral Kaapse woordeskat. In November verlede jaar het haar vierde bundel, Chinatown (Kwela 2019), verskyn. Nathan Trantraal se debuutdigbundel in Kaaps, Chokers en Survivors (Kwela, 2013), is in 2014 met ’n ATKV-Woordveertjie en in 2015 met die Ingrid Jonkerprys bekroon. Sy tweede digbundel, Alles het niet kom wôd (Kwela, 2017), het ’n Suid-Afrikaanse Letterkundeprys (SALA) in 2019 ontvang. Trantraal se derde digbundel, Oolog (Kwela, 2020), het in Februarie vanjaar verskyn. Chase Rhys se novelle, Kinnes, wat volledig in Kaaps geskryf is, is met die 2019 KykNET-Rapportprys in die filmkategorie bekroon. Kortverhale deur Trantraal en Rhys is in die Die Nuwe Afrikaanse Prosaboek (Human & Rousseau, 2019) opgeneem. Dit wys hoe Kaaps geleidelik in die Afrikaanse kanon geïnkorporeer word. Die gewilde handelsnaam Vannie Kaap het ook in die afgelope paar jaar baie gedoen om ’n gevoel van trots ten opsigte van Kaaps aan te wakker. Die stigter van Vannie Kaap het pas onder die skrywersnaam Bernie Fabing ’n boek van memes uitgegee, getiteld Is alles oraait byrie hys?. Dit bevat materiaal in Kaaps wat op hul webtuiste en sosiale mediaplatforms gedeel is, asook nuwe memes.

Ek het van hierdie skrywers gevra hoekom dit vir hulle belangrik is om in Kaaps uit te gee.

Trantraal beklemtoon die voordele om jou in jou huistaal uit te druk. “It is vi my belangrik om inne taal te skryf waa in ek qualified voel,” sê Trantraal. “’n Taal wat ek goed genoeg ken om rond te speel mee. Oek, ek praat Kaaps. Hoekom sal ek nie in Kaaps skryf ie?”

’n Mens se leefwêreld is nou verbind aan jou taal. Om dit op outentieke manier uit te beeld, is dit beter om jou huistaal te gebruik. “Te veel Kaapse stories word vanuit ’n buite-perspektief vertel ennie narrative fokus meestal oppie lielikste aspekte vannie gemeenskap. Ek skryf in Kaaps sodat ek my eie kultuur kan curate,” sê Rhys. “As skrywer binne-innie gemeenskap moet ek baie versigtig wies oor wat ek kies om oorie Kaapse Vlakte te wys, want kuns het real-life gevolge. Daas ’n sensitiwiteit wat nodig is virrie vertel van Kaaps-verhale.”

Die wanpersepsie bestaan dat ’n skrywer in Engels moet skryf en publiseer om gelees te word en verkope van sy/haar boek te verseker, maar dit is nie waar nie. In Suid-Afrika is daar ’n lojale Afrikaanse lesersmark wat graag Afrikaans lees en boeke in dié taal koop. Trouens, plaaslike Afrikaanse boeke verkoop beter as plaaslike Engelse boeke. Engelse boeke wat in Suid-Afrika geskryf en gepubliseer word, moet meeding met ’n oorvloed Engelse boeke wat van die VSA en VK ingevoer word. Afrikaanse boeke kan egter net in Suid-Afrika gekry word. Dit geld ook vir die variëteit Kaaps. Jy gaan nie iewers anders in die wêreld Kaaps kry nie. Mense wil boeke in hul huistaal lees en kan dit net hier kry.

Dit is belangrik vir lesers om te sien dat hulle in boeke verteenwoordig word. “Representation matters,” sê Fabing. “It matters in every sphere of societal influence, including literature. There isn’t enough written Kaaps to match the widespread presence of spoken Kaaps. This has to change . . . aspris.”

Verskeie akademici, byvoorbeeld Dyers, Willemse en Le Cordeur in Kaaps in fokus, meen dit is veral belangrik dat skoolkinders hulself en hul huistaal in voorgeskrewe materiaal moet herken. “Onderwysers behoort toegerus te word met vaardighede om ’n bewustheid van die plek en waardigheid van niegestandaardiseerde Afrikaanse variëteite te waardeer en te bevorder,” skryf Willemse. As dit nie gebeur nie kan kinders wat Kaaps praat, volgens Dyers, ’n minderwaardigheidsgevoel ontwikkel. Dit stem hul negatief tot Afrikaans-onderrig in geheel en kan hul akademiese prestasie beïnvloed. Vir Kaaps om in onderrig geïnkorporeer te word, moet daar egter boeke bestaan wat voorgeskryf kan word. Dit is ’n verdere voordeel van publikasie in Kaaps.

Trantraal bewys dat Kaaps in ’n akademiese opset gebruik kan word – selfs op tersiêre vlak:  “Ek het my dissertation en thesis in Kaaps geskryf en ek het geslaag mette distinction. Soe, wat annes kan jy nog nie in Kaaps doenie? Sê vi my, dan sal ek jou wys hoe doen ek it, rus-rus.” Hy bied vanjaar ’n meestersgraad oor Kaaps in Kaaps by Rhodes-Universiteit aan.

Daar is ook uitdagings wat die uitgee van boeke in Kaaps betref. Ironies genoeg is dit, volgens Fabing, dieselfde uitdagings wat Afrikaans in die gesig gestaar het toe dit ondergeskik aan Nederlands geag is. Dit word gesien as die “los kind” van iets meer “suiwer” en dus nie ’n geskikte taal om in te publiseer nie. Dit is hierdie persepsie wat hy probeer verander. Oor Kaaps sê hy: “It was swept under the carpet, maa ek en my anne brasse staan hie met vacuum cleaners nou; ôs garrit trug yt syg.”

Die grootste uitdaging volgens Trantraal is “dat daa nie woordeboeke in Kaaps issie. En daa is niks autocorrect in Word vi Kaapse woorde nie. It is swaa om consistent te bly in terms van spelling en grammar, etc. En jy gie baie energy weg annie hele process van alles ’n honned kee te lies om te sien of jy een woord dieselfde spel orals. Dai is energy wat annie creative process behoot, soms voel ek soese taal engineer meer asse writer”.

Dit is ’n uitdaging wat deur vaste spel- en taalreëls vir die variëteit die hoof gebied kan word, met ander woorde ’n standaardisering van Kaaps wat taalkundige legitimiteit daaraan verleen. Trantraal het met Hendricks saamgewerk om die reëls vir sy gebruik van Kaaps te bepaal. “En als wat ek skryf is based op sound linguistic rules,” sê Trantraal. “Ek hettie net goed opgemaak soesit vi my gevoel et ie.”

Hendricks gee ’n taalkundige beskrywing van Kaaps in Kaaps in fokus. Hy dui byvoorbeeld op ontronding (“hys” vs. “huis”), klanke wat hoër of laer of korter uitgespreek word (“loep” vs. “loop”; “briek” vs. “breek”; “lastag” vs. “lastig”; “gan” vs. “gaan”), klanke wat wegval (“hie” vs. “hier; “wan” vs. “want”; “sôg” vs. “sorg”), en verskille by werkwoordvorme (“sal” vs. “sou”). Voorts dui hy ’n woordeskatlys aan, byvoorbeeld: “berk” (kêrel) en “witbene” of “witbiene” (dood).

Die publisering van boeke in Kaaps kan ook help met die standaardisering van die variëteit.

 “Standardisation begin by skrywers wat innie taal skryf,” verduidelik Trantraal. “Soe meer daa is om mee te wêk, soe makliker issit vi academics om te begin lee wattie rules vannie taal is. Ennit is iets wat baie tyd sal vat dink ek.” Publikasies in Kaaps skep ’n korpus waaruit woordelyste, woordeboeke, taalgidse en dies meer saamgestel kan word. Volgens hom sal dit help as elke skrywer wat in Kaaps skryf nie sy eie stel reëls opmaak nie. Alle skrywers is egter nie besorg hieroor of oor die standaardisering van Kaaps nie.

Nie net Kaapse woordelyste sal baat vind by verdere publikasies in Kaaps nie, maar ook bestaande woordeboeke in Standaardafrikaans wat bygewerk word. Hendricks benadruk dat Kaaps nie as ’n bedreiging vir Standaardafrikaans gesien moet word nie, maar eerder as ’n verryking van die taalskat. Hy meen die toekoms van Afrikaans lê daarin om Kaaps en byvoorbeeld Oranjerivierafrikaans as voedingsbron te benut “in diens van alle groeperinge wat hulle met Afrikaans vereenselwig”. Die mees onlangse uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (Pharos, 2017) bevat byvoorbeeld heelwat woorde uit Kaaps en Oranjerivierafrikaans, byvoorbeeld “poenankies” (oulik).

Heelwat is al gedoen om die stigmatisering van Kaaps teen te werk en erkenning aan die variëteit te gee, maar meer kan nog gedoen word. Die hoop bestaan dat nog skrywers na vore sal tree wat in hul huistaal, Kaaps, wil publiseer.

Carolyn Meads is die fiksie-uitgewer by Kwela Boeke, ’n druknaam wat ten doel het om diverse stories uit te gee wat nie vantevore gehoor is nie. Hierdie artikel het oorspronklik in Kaapse Bibliotekaris, Vol. 64, no.1, Jan/Feb 2020 verskyn.  

The post PEN Afrikaans: Om boeke in Kaaps te publiseer appeared first on LitNet.

Dag 5: Kwarantyn-ketting – "A day in the life ..." deur Kerneels Breytenbach

$
0
0

Foto van Kerneels Breytenbach: Naomi Bruwer

Met die land wat vir drie weke in kwarantyn is, gaan 21 skrywers – een per dag – ’n korona-kettinggesprek voer oor hul gevoelens en ervarings as skrywers in hierdie moeilike tyd. Volg die kwarantynketting daagliks!

Skrywer Kerneels Breytenbach vertel meer oor die eerste dae van die inperking en lees voor uit sy nuwe roman, Servaas (werkstitel):

Dag 5: “A day in the life ...” deur Kerneels Breytenbach

Oorlede my ma het altyd gesê al wat sy nodig had om haar kinders groot te maak, was Job se geduld. Ek hoop daai geduld het genetiese dimensies. Dít is waarvan ek nou baie nodig het, hier in die eerste dae van die inperking. Synde iemand wat half introvert, half ekstrovert is. Hou daarvan om op my eie te wees, kan nie sonder mense klaarkom nie.

Vir die rekord: Ingeperk saam met my is my geliefde, Ali, my dogter Jana, twee honde en drie katte. Ons beplanning vir die inperking is gedoen op die veronderstelling dat noodinkope onnodig is, dat ons steeds by winkels sou kon uitkom vir die allernoodsaaklikste.

Ons grootste bekommernis is Nombeko, die vrou wat een dag in die week kom help om die huis ordentlik te hou. Ali is haar vertroueling, en ons het gesorg dat daar in die drie weke geld vir die onderhoud van haar vier kinders en werklose man sou wees. Ali het al haar ander werkgewers gekontak met die versoek dat hulle ook sulke bystand sou oorweeg.

Nombeko en haar gesin het geen geriewe nie. Gister was daar berigte oor mense op straat, mense in toue, mense wat die inperkingsbevel verontagsaam. Ons sal by die reëls hou, maar ek verkwalik hulle nie. Cyril die Wyse en sy karnavalkomitee se lockdown konsentreer op dié wat het en nie op diegene wat nie het nie. (Ja, ek is pynlik bewus van die invalshoek waaruit ek hierdie opmerking maak.)

Maar ons is ’n selfoonoproep van Nombeko af, en daar is afgesproke planne vir wanneer haar situasie onuithoudbaar word.

Tuis is dit wesentlik geen groot verandering nie. Jana was die afgelope jaar in ’n groot stryd teen beenmurgkanker gewikkel. Haar behandeling het ingesluit die volledige afbreek van haar immuunstelsel ten einde ’n nuwe een te vestig. Sy was in Oktober en deel van November 2019 reeds in eensame afsondering, en het sedertdien hier by ons aangesterk. Ons vermy kontak met siek mense, en sorg dat haar kontak met die groter mensdom minimaal is.

Die inperkingstyd bied haar die kans om haar immuunstelsel sterk genoeg te kry om al die inspuitings wat sy as baba en as peuter gekry het teen kindersiektes, weer van voor af te kry. Die geneuk is net dat sy tans deel van die uiters-hoërisiko-groep is wat die koronavirus betref.

Dit is hier waar Job se geduld inkom.

Ek en Ali het elkeen ons eie strategieë vir die inperktyd. Ali het haarself van Facebook en haar selfoon gespeen, en lees vervaard. Slaap laat, doen wanneer sy kans kry die dinge wat al lank uitgestel is: kaste regpak, uitdun aan jare se clutter. Sy het ’n lys van take. Heel diplomaties vra ek nie daaroor uit nie.

Jana slaan soms onverwags toe, soos vanoggend toe sy Anna Olsen se plaatkoekieresep gemaak het. Maar in die algemeen is sy rustig. Haar hare is besig om van die fel aanslag van haar laaste chemo te herstel, en sy is nou al mooi poenskop. Oor drie weke, sê sy, kyk sy die mensdom in die oë.

Ek is aan ’t werk aan ’n nuwe roman, en daar is ander skryfprojekte wat ook tyd opslurp. Tussendeur soek ek resepte vir pastasouse wat my spens pas. Daar is ’n braai-aartappel-resep waarby gemmer ’n rol speel wat ek wil beproef. Ali het gisteraand ’n vegetariese lasagna gemaak; ek sal haar moet bedank met iets wat daarby aanpas. Ek gaan kers opsteek by Jamie Oliver se TV-reeks oor Italië, en interessante soorte pasta self maak. So gaan die tyd verby.

Saans haal ons ou TV-reekse in. Ons het die afgelope maande Vera tot by die 10de seisoen kafgedraf, Silent witness tot by die 23ste, en selfs nuwe dinge soos Giri/Haji beproef. Tans besig met Homecoming, mik na Freud. Teen die derde week van die inperking behoort ons diep binne My brilliant friend se tweede seisoen te wees. Jana stig saans kortliks af om Masterchef te kyk, soms The bachelor.

Vanoggend die nuus gekry dat die ondersese kabel wat Suid-Afrika help om via die internet verbind te bly, weer gebreek is. Ook maar goed so. Ek hou van Ali se idee om nie in hierdie weke ’n slaaf van die internet te wees nie. Dis ’n goeie idee, maar nie altyd prakties nie. Ons het baie vriende wat alleen ingeperk is, en probeer daagliks met soveel van hulle via WhatsApp gesels. 

Altyddeur, op die agtergrond, is daar nuwe musiek. Oor die noen het ons Bob Dylan se nuwe liedjie, “Murder most foul”, geluister. Dit sink stadig in. Soos ek nog altyd met Dylan se beste musiek gevind het, sal dit met die herluisters algaande meer nuanses verklap. Sy stem, sy klavier en ’n tjello. Frases waarin tye vasgevang is, van Kennedy se dood af aan. Die ou verrukking tree weer in. Die profeet se suiwer oog, die siener se silwer tong.

Sodra ons koppe swymel, beweeg ons aan na Alice Coltrane se Journey in Satchidananda, Snarky Puppy se We like it here en Dominic Miller se First touch

Job se geduld. Die dag is nie leeg nie.

Kerneels lees voor uit sy nuwe roman, Servaas (werkstitel):

Lees ook

LitNet Akademies-resensie-essay: Hond se gedagte deur Kerneels Breytenbach

Video: Bekendstelling van Hond se gedagte deur Kerneels Breytenbach

Kerneels Breytenbach (1952–)

Lees Dag 1–4 van die Kwarantyn-ketting:

Dag 1: Kwarantyn-ketting – "Liefde en leef in die tyd van korona" deur Christine Barkhuizen-Le Roux

Dag 2: Kwarantyn-ketting – "Tussen die boom en die bas" deur Lien Botha

Dag 3: Kwarantyn-ketting – "Vandag sou die laaste dag van die fees gewees het" deur Koos Kombuis

Dag 4: Kwarantyn-ketting – "Dagboek van dankbaarheid in die tyd van die virus" deur Marita van der Vyver

The post Dag 5: Kwarantyn-ketting – "A day in the life ..." deur Kerneels Breytenbach appeared first on LitNet.

COVID-19 in Zambië

$
0
0

Fotobron: Pixabay

Zambië het nog net 12 gevalle van korona, maar ons is baie versigtig. Die statistiek is net so betroubaar soos die laboratoriumfasiliteite. 

Sosiaal beweeg ons hoofsaaklik in ’n ekspatgemeenskap waar mense voortdurend na en van Europa reis. Die ekspats in Zambië is meestal goedversorgde mense met uitstekende byvoordele, een daarvan dat ’n gesin dikwels verskeie kere per jaar op die werkgewer se onkoste huis toe kan vlieg. Ons gebruik dit terdeë. Mens wil immers ’n bietjie asem skep, wegkom van, onder andere, gevreesde siektes soos ebola, malaria, cholera, geelkoors en dengue hier in donker Afrika.

En toe draai die wêreld op sy kop en bring die “ontwikkeldes” die pes na Afrika.

Vir maande stap ons soggens deur plastiek, slaggate tussen strome werkendes, skoliere. Mense vermy oogkontak, groet nie. Ons hou aan met groet, maar dis uitputtend om “Good morning” elke paar sekondes te herhaal. Ons kom agter ’n glimlag en ’n handgebaar is makliker en sluit sommer almal in. So gaan ons voort, reaksie al dan nie. Net ’n paar weke gelede besef ons mense groet terug en party steek die straat oor om na ons welstand te verneem.

Dis ons derde plasing in Zambië en ons het feitlik elke hoekie van die land in ons Land Rover deurkruis. Zambiërs is diep gelowige, goeie mense. Winkelname vertel ’n storie van geloof, hoop en volharding: God is the answer, Spark of Hope Medical Centre, Jesus is my Way Grocery, Three Kings Shop, en Blessings Grocery. Die gemoedelikheid wat ons mettertyd terug ontvang op ons oggendstappies, bevestig net ons hoë dunk van ons gasheerland – tot COVID-19 ook ons oggendstappies ’n risiko maak.

Hoe gemaak as die klein boggelrugvroutjie wat elke oggend al voor 07:00 by die Ghanese ambassadeur se hek aanmeld, oor die straat stap om ons ’n mooi dag toe te wens? Hoe hanteer ons die drie graad 1’s, met skoolbroeke wat onder die knie hang en met ’n tou om die maag gebind is, wat ons gereeld soggens high five? 

Die president, Edgar Chagwa, sê op 25 Maart in ’n amptelike verklaring in hoofletters:

I HAVE GONE ROUND THE CITY AND I HAVE SEEN FOR MYSELF THAT MANY AMONG US ARE NOT TAKING THIS COVID-19 SERIOUSLY. I HAVE SEEN MULTITUDES PATRONISING BARS OR FREELY HUGGING AND SHAKING HANDS AT FUNERALS, CONTRARY TO HEALTH ADVISE [advice].

Ons is intens bewus van ons bevoorregte posisie om wel fisiese afstand van mense te kan hê, tuis en by die werk. My man is in die doodsnikke van ’n projek wat deur die Wêreldbank befonds is en hy werk aan die voltooiingsverslag. Hy kan van die huis werk, en waar hy nog met die Chinese kontrakteur moet praat, vind hy dat die Westerse persepsie van die Chinese in Afrika nie altyd gebalanseerd is nie. Die kontrakteurs tref elke moontlik voorsorg met maskers, afstand en handewas elke paar treë. Hulle doen nie net goeie werk nie, maar is ingeligte mense wat ander se gesondheid respekteer.

Ons lewens gaan dus byna normaal aan te midde van ’n dreigende gevaar. Korona is vir ons gevaarlik, maar meer so vir die miljoene vriendelike mense wat tien ’n in kamertjie woon en ’n kraan en ’n toilet met honderde ander moet deel. Ek dink aan my seun wat jare gelede sy praktiese kursus in tuinboukunde in temperature van 50° ̊C in Dubai gedoen het. Hy het saam met jong Pakistani’s gewerk, en as hy ná werk by ’n lugverkoelde huis instap, het hy meermale gesê: “Ma, ek dink mens word bevoorreg gebore.”

Sekere dinge verander nooit. F Scott Fitzgerald was presies ’n eeu gelede in afsondering saam met sy vrou Zelda tydens die gevreesde Spaanse griep. ’n Eeu nadat hy die brief uit die suide van Frankryk aan sy vriendin Rosemary skryf, verwoord hy die 21ste-eeuse korona-inperking baie raak. Vervang net die woord square (dorpsplein) met mall en die brief sou vandag gedateer kon wees.

Dearest Rosemary

It was a limpid dreary day, hung as in a basket from a single dull star. I thank you for your letter. Outside, I perceive what may be a collection of fallen leaves tussling against a trash can. It rings like jazz to my ears. The streets are that empty. It seems as though the bulk of the city has retreated to their quarters, rightfully so. At this time, it seems very poignant to avoid all public spaces. Even the bars, as I told Hemingway, but to that he punched me in the stomach, to which I asked if he had washed his hands. He hadn’t. He is much the denier, that one. Why, he considers the virus to be just influenza. I’m curious of his sources. 

The officials have alerted us to ensure we have a month’s worth of necessities. Zelda and I have stocked up on red wine, whiskey, rum, vermouth, absinthe, white wine, sherry, gin, and lord, if we need it, brandy. Please pray for us.

You should see the square, oh, it is terrible. I weep for the damned eventualities this future brings. The long afternoons rolling forward slowly on the ever-slick bottomless highball. Z says it’s no excuse to drink, but I just can’t seem to steady my hand. In the distance, from my brooding perch, the shoreline is cloaked in a dull haze where I can discern an unremitting penance that has been heading this way for a long, long while. And yet, amongst the cracked cloudline of an evening’s cast, I focus on a single strain of light, calling me forth to believe in a better morrow.

Faithfully yours

F Scott Fitzgerald

The post COVID-19 in Zambië appeared first on LitNet.

Viewing all 22024 articles
Browse latest View live