Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21541 articles
Browse latest View live

die ontknoping van ons

$
0
0

het begin met ’n square knot
onskuldig soos hasie-gaatjie
om die draaitjie
toe ’n butterfly jou mond uitglip 

hier teen die einde het ek jou
ge-rolling hitch ge-prusik knot
ge-soft shackle ge-whoopie sling
ge-flemish flake en ge-windsor tie
spring gou deur
vasgekeer!

ek wou ’n vlindernet vleg om ons swerm te red
maar dié word toe ’n spinnerak
en ek die spinnekop wat wag

Lees ook 

tuinwerk

The post die ontknoping van ons appeared first on LitNet.


Matrieknostalgie

$
0
0

Matrieknostalgie is dalk vir jou die reuk van nuwe handboeke of die kraak van blou penne teen papier. Dit is dalk die glimlag van jou eerste liefde of die smaak van KFC op ’n Vrydagmiddag. Dalk is dit die angs van die eerste keer agter ’n karstuurwiel sit.

Vir my is Matrieknostalgie die klank van verfkwaste wat teen mekaar klink in ’n waterglas wanneer ek my verfkwas skoonmaak voordat ek moet oppak om Afrikaans toe te draf. Dit is die smaak van swart koffie, laat in die aand wanneer ek ’n taak moet klaarmaak, die reuk van waterverf op koerantpapier.

Matrieknostalgie is die gevoel wat jy kry voordat jy jou geliefde soen op ’n matras wat op die agterkant van ’n bakkie lê. Dit is die laat aande wanneer McDonald's ál eetplek is wat oop is en die parkeergrond ’n parkie word. Die gevoel net voordat mens verdrink.

Matrieknostalgie is die eerste “Ek is lief vir jou” van ’n jong verhouding. Dit is die oggend wat jy laat is en graankos in die kar eet. Dit is die hartseer wat jy beleef voor die laaste keer wat jy iemand groet. Die moedeloosheid wat jy ervaar drie-uur in die oggend, wanneer nóg ’n kêrel jou per SMS verlaat het.

Laaste, maar nie die minste nie, is matrieknostalgie hoop. Hoop vir die jaar ná matriek, hoop vir ’n goeie verhouding. Hoop vir uitstekende vriendskappe wat storms kan weerstaan. Hoop dat die nostalgie jou nooit sal verlaat nie.

The post Matrieknostalgie appeared first on LitNet.

Mediaverklaring: Die Afrikaanse Taalraad loods ’n meertaligheidsinisiatief vir studente en dosente

$
0
0

Die Afrikaanse Taalraad loods ’n inisiatief om studente met taalklagtes te ondersteun en met dosente en tersiêre instellings saam te werk om meertaligheid ’n sukses te maak.

“Studente se toegang tot Afrikaans en die ander inheemse tale binne en buite die lesingsale móét eenvoudig verbeter,” sê dr Conrad Steenkamp, uitvoerende hoof van die Taalraad. “’n Nuwe benadering is egter nodig om te verseker dat studente én dosente meertaligheid as ’n waardevolle hulpbron beskou wat inklusiwiteit en studentesukses bevorder. Om taalkonflik en Engelse hegemonie in lesingsale te bekamp, moet meertaligheid van onder af opgebou word.”

Dié samewerking vereis ’n de-eskalering van die debat oor Afrikaans, eerder as nog hofsake. Die inisiatief volg dus ’n konstruktiewe benadering tot meertaligheid wat probeer om die beste van universiteite se bestaande taalbeleide te maak.

Die Taalraad moedig studente met taalklagtes aan om universiteite se formele klagteprosedures te gebruik. Studente en dosente met taalklagtes en konstruktiewe idees vir meertaligheid kan ook daaroor met die Taalraad skakel (atr@afrikaansetaalraad.co.za).

The post Mediaverklaring: Die Afrikaanse Taalraad loods ’n meertaligheidsinisiatief vir studente en dosente appeared first on LitNet.

Die Afrikaanse Taalraad loods meertaligheidsinisiatief vir universiteite

$
0
0

Studente se toegang tot Afrikaans en die ander inheemse tale binne en buite die lesingsale móét eenvoudig verbeter. Die Afrikaanse Taalraad loods dus ’n inisiatief om studente met taalklagtes te ondersteun en met dosente en tersiêre instellings werk om meertaligheid ’n sukses te maak. Die inisiatief volg ’n konstruktiewe benadering wat daarop mik om die beste van bestaande taalbeleide, insluitende die hersiene Nasionale Taalbeleid vir Hoër Onderwys, te maak.

Om taalkonflik en kruipende Engelse hegemonie in lesingsale te bekamp, moet meertaligheid van onder af opgebou word. Beide studente én dosente moet met oortuiging entoesiasties kan wees oor die voordele van meertaligheid as ’n waardevolle hulpbron, iets wat inklusiwiteit en studentesukses makliker maak.

’n De-eskalering van die debat oor Afrikaans, eerder as nog hofsake, is nodig om die gesprek op ’n nuwe vlak te plaas. Die vyandigheid van die verlede moet tersyde gestel word en nuwe verhoudinge ontwikkel word. Afrikaanssprekendes wat hul taal se akademiese status wil behou, moet verseker dat meertaligheid by hulle instellings werk – ook vir die ander inheemse tale. Vennootskappe is nodig om meertaligheid te laat werk.

Die Taalraad moedig studente aan om waar moontlik hulle instellings se grieweprosedures te gebruik om taalklagtes te opper. Mens kan selfs van instellings wat nét Engels as voertaal gebruik, verlang om meer ruimte vir meertaligheid te skep.

Taalklagtes bly ’n goeie manier om groot instellings soos universiteite te laat weet daar is ’n probleem op voetsoolvlak. Wanneer mense swyg, kan universiteite met reg sê almal is tevrede en niks hoef te verander nie. Indien interne klagteprosedures nie gevolg is nie, is dit ook vir organisasies soos die Taalraad moeiliker om studente te ondersteun of taalkwessies met universiteite op te volg.

Formele taalklagtes word nie altyd met oop arms ontvang nie en veral eerstejaarstudente kan dit as intimiderend ervaar om dit te doen. Dit is egter jou reg as student om binne die raamwerk van jou instelling se taalbeleid oor geldige taalkwessies te kla; ook om klagtes verder te neem indien nodig.

Wees egter altyd so konstruktief as moontlik en soek altyd vennote vir meertaligheid. Afrikaans kan nie in isolasie bevorder word nie. Hou asseblief goed boek van taalsituasies in lesingsale en elders. Hou rekord van interaksies en stappe wat geneem is om taalkwessies onder die aandag van die universiteit te bring of op te los.

Die doel hiermee is nie om “bewysmateriaal” teen enigiemand in te samel nie, maar om taalkwessies meer deursigtig te maak.

Studente kan nietemin op ’n vertroulike basis oor enige taalverwante probleme aan die Afrikaanse Taalraad skryf (atr@afrikaansetaalraad.co.za), selfs al wil hulle geen persoonlike klagte by die betrokke universiteit indien nie. Ons luister graag en studente moet weet hulle is nie alleen nie.

Ook dosente of studentegroepe wat konstruktiewe oplossings vir taalprobleme het of goeie voorbeelde van situasie waar meertaligheid werk, is welkom om met ons te skakel. Saam kan ons ’n ware meertalige tersiêre omgewing skep.

The post Die Afrikaanse Taalraad loods meertaligheidsinisiatief vir universiteite appeared first on LitNet.

MuST: ’n gevallestudie oor die ontwikkeling van kunsmatige-intelligensiestelsels teen die Suid-Afrikaanse agtergrond

$
0
0

Die Meertalige Spraaktegnologieë-navorsingsgroep (Multilingual Speech Technologies, of MuST) het in 2010 by Noordwes-Universiteit (NWU) tot stand gekom, en is tans deel van die Fakulteit Ingenieurswese. Soos die naam suggereer, het die groep se navorsings- en ontwikkelingswerk van meet af aan op spraaktegnologie gefokus, en dan spesifiek in ’n meertalige konteks, en vir tale waarvoor daar min hulpbronne bestaan (soos wat die geval is met al Suid-Afrika se tale buiten Engels). Die benadering tot hierdie werk was tipies masjienleer en patroonherkenning; data word vir ’n rekenaarstelsel gevoer sodat dié daaruit kan leer, patrone identifiseer, en op grond daarvan afleidings kan maak wat op nuwe data toegepas kan word.

MuST bied elke jaar in Potchefstroom ’n inleidende kursus in diepleer vir nagraadse studente aan. Hierdie groepfoto is by 2020 s’n geneem. (Foto: verskaf)

MuST se werk strek oor verskeie areas van spraaktegnologie, waaronder masjienleer- en spraakprosesseringsnavorsing, asook die toepassing daarvan in tegnologieontwikkeling, en die integrasie daarvan in taalhulpbron- en eindgebruikerstoepassings.

Tegnologieontwikkeling en navorsing

Spraakherkenning en spraaksintese is van die bekendste tegnologieë in spraak. Die rekenaarmatige vermoë om te kan herken wat ’n persoon sê, vind nut in oneindig baie toepassings. Die mees voor die hand liggende is dikteerstelsels, en ander voorbeelde sluit in stelsels wat radio- en TV-uitsendings moniteer vir wat die media oor ’n besigheid berig, spraakgebaseerde soekfunksies soos wat Google op slimfone bied, en die slim assistente soos Siri wat gesproke vrae en instruksies kan herken deur spraakherkenningstegnologie.

Spraaksintese is die omgekeerde van spraakherkenning; Siri en die Google-assistent se antwoorde op vrae word gewoonlik in ’n teksformaat voorberei, en met spraaksintese word die teks dan na spraak omgeskakel (ook genoem teks-na-spraak) vir ’n oudio-antwoord. Hierdie tegnologieë kan ook in toepassings geïntegreer word om dienste en inligting toeganklik te maak vir mense wat nie kan skryf of lees nie, vanweë byvoorbeeld ongeletterdheid of gestremdhede.

In teenstelling met die goeie vooruitgang wat daar ten opsigte van spraaktegnologienavorsing en -ontwikkeling in die groot wêreldtale gemaak is, kon Suid-Afrika se inheemse tale as gevolg van ’n gebrek aan die nodige taalbronne en ander unieke uitdagings nie dieselfde ontwikkeling geniet nie. Wêreldwyd het ’n nisnavorsingsveld ontstaan waarin navorsers verskillende benaderings ondersoek om oplossings vir die eiesoortige probleme van tale met min hulpbronne te vind. Die Workshop on Spoken Language Technologies for Under-resourced Languages is een van die kongresse waar hierdie navorsers gereeld ontmoet om resultate te deel. MuST het ook hier ’n aantal aanbiedings gedoen oor spraakkorpusontwikkeling (spraakdataversamelings) en spraakherkenning, en was in 2012 medegasheer van die kongres toe dit in Suid-Afrika plaasgevind het.

Suid-Afrikaanse oplossings

Spesifieke vraagstukke waaraan MuST-navorsers in hierdie veld gewerk het, sluit in:

  • Verbetering van prosodie om spraaksintese meer natuurlik te laat klink – iets wat in die vroeë dae van hierdie werk vir Suid-Afrikaanse tale ’n besondere uitdaging was. Toon is ook ’n belangrike kenmerk in die Afrikatale; woordbetekenis verander na gelang van toonhoogte en daarom is die akkurate herkenning en generering hiervan krities vir goeie spraakstelsels.
  • Hantering van eiename en kodewisseling in spraaktegnologiestelsels. Suid-Afrika het plek- en mensename wat van verskillende tale afkomstig is, met die gevolg dat ’n spraakgebaseerde stelsel wat net vir ’n enkele taal opgelei is, nie optimaal kan funksioneer nie. Waar die groot wêreldtale se stelsels net op een taal hoef te fokus, moet stelsels in die Suid-Afrikaanse konteks tussen tale kan onderskei om effektief te wees. Hierdie stelsels moet byvoorbeeld die uitspraak van eiename in ’n veeltalige konteks kan voorspel, asook die interaksie tussen die spreker se taal en die oorsprong van die naam. MuST het binne die bestek van hierdie navorsing ’n aantal spraakkorpusse ontwerp en ontwikkel as hulpbronne om hierdie kwessies beter te verstaan.
  • Innoverende toepassings vir die vinnige en effektiewe insameling, annotasie en analise van spraak as ’n oplossing vir die tekort aan korpusse vir die meeste plaaslike tale. Spraaktegnologiewerk is oor die algemeen baie afhanklik van die beskikbaarheid van data: In die masjienleerbenadering tot spraakverwerking word honderde ure se klanklêers en transkripsies in die betrokke taal benodig. Die hulpbronontwikkelingsinisiatiewe wat deur die Suid-Afrikaanse Departement van Kuns en Kultuur ondersteun is, was prysenswaardig, maar die projekbegrotings was nietig in vergelyking met internasionale korpusontwikkelingsprojeke, aangesien goeie gehalte korpusse moeisaam en tydrowend is om te versamel en te annoteer. Kreatiewe benaderings, soos slimfooninsamelingstoepassings met intydse kwaliteitsbeheer, was dus noodsaaklik om herbruikbare taalhulpbronne vir die Suid-Afrikaanse landstale te ontwikkel. MuST het saam met die Meraka Instituut van die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad (WNNR) aan die NCHLT- en Lwazi-korpora gewerk om spraakkorpusse vir elk van die elf amptelike landstale te ontwikkel (Suid-Afrikaanse Engels word in die wêreld van spraaktegnologie as ’n heel ander taal as ander variasies van Engels beskou, en kan boonop nog verder onderverdeel word in Afrikaanse Engels, Indiërengels, ensovoorts, vandaar die nodigheid om korpora vir Engels ook te ontwikkel).

Eindgebruikerstelsels

Deur verskillende tegnologieë, soos dié waarna hierbo verwys word, te kombineer, kan baie nuttige eindgebruikershulpmiddele ontwikkel word. MuST se entrepreneuriese jonger navorsers het ’n aantal prototipes ontwikkel om die potensiaal van spraaktegnologie in die alledaagse en werksomgewing te demonstreer.

Die mees ambisieuse hiervan was ’n veeltalige spraaktranskripsieplatform. Die projek is deur die Departement van Kuns en Kultuur befonds en met die nasionale parlement se verslagdoeningseenheid as vennoot uitgevoer. Die doel van die projek was om spraak- en taaltegnologieë in ’n webgebaseerde stelsel saam te voeg om transkribeerders in hul taak te help. Die stelsel se funksionaliteit sluit outomatiese segmentering van oudiolêers volgens sprekeridentiteit, outomatiese transkripsie en speltoetsing in. Die stelsel kan die oudio en teks outomaties belyn sodat soektogte na spesifieke woorde in ’n oudiolêer uitgevoer kan word sonder om na die hele opname te moet luister. Verder is daar voorsiening gemaak vir ’n werkvloeibeheerstelsel vir werksverdeling, transkripsie en kwaliteitsbeheer. Die prototipe se bronkode is gratis beskikbaar gestel en in SADiLaR se katalogus opgeneem.

Diepleer: ’n herlewing in kunsmatige intelligensie

Binne die groep van masjienleertegnieke is daar ’n kategorie masjienleeralgoritmes wat as diepleer bekend staan. Daar is verskillende diepleerargitekture, waaronder diep neurale netwerke en konvolusienetwerke.

’n Diep neurale netwerk bestaan uit ’n aantal lae, elkeen met nodusse wat aan elke vorige en volgende nodus koppel. Elke laag onttrek toenemend hoërvlakkenmerke van die rou inset. Byvoorbeeld, in beeldherkenning sal die eerste lae die rante van voorwerpe identifiseer, en die daaropvolgende lae sal konsepte identifiseer, soos byvoorbeeld ’n syfer, gesig of kankergewas. Uiteindelik vind die netwerk die korrekte wiskundige manipulasie om die inset na ’n uitset om te skakel. Die neurale netwerk beskik dus oor die merkwaardige vermoë om uit die data wat vir hom gevoer word, te leer, en die kennis oor te dra na nuwe data wat hy nog nie voorheen gesien het nie.

Neurale netwerke as sulks is niks nuuts nie; daar word reeds vanaf die 1960’s daaroor gepubliseer en die onderwerp maak van tyd tot tyd sy verskyning, met tussenposes waar mense belangstelling verloor omdat die resultate nie na verwagting is nie. Dit is deels te wyte aan die onlangse verbetering in hardeware en rekenaarverwerkingskrag dat die potensiaal van neurale netwerke begin ontsluit word.

Voorbeeld van ’n neurale netwerk (Foto: verskaf)

Neurale netwerke het inderdaad in die laaste paar jaar wêreldwyd ’n herlewing in navorsing en ontwikkeling op die gebied van kunsmatige intelligensie veroorsaak – van rekenaars wat mense in bordspeletjies wen en motors wat self bestuur, tot spraak- en taaltegnologie. 2019 was, om die waarheid te sê, ’n grensverskuiwende jaar vir natuurliketaalprosessering. Daar is byvoorbeeld stelsels ontwikkel wat vrae vanuit ’n stuk teks kan beantwoord met veel beter uitkomste as enige voorafgaande oplossings (hoewel nog baie ver van menslike vermoëns in hierdie verband).

Nuwe navorsingsfokus

In onlangse jare het MuST se belangstelling begin skuif vanaf spraaktegnologie as sulks na die teorie agter een van die nuwe benaderings tot spraaktegnologie: diep neurale netwerke. Ten spyte daarvan dat diep neurale netwerke ’n sleutelkomponent in ontwikkelingswerk binne die breë veld van kunsmatige intelligensie is (insluitend spraak- en taaltegnologie), bly dit onduidelik waarom hulle so suksesvol werk.

Daar is ’n verskeidenheid instrumente en dienste op die internet beskikbaar, wat die bekostigbaarheid en toeganklikheid van netwerkafrigting toenemend verbeter, veral vir klein groepe en selfs individue tuis. Google en Amazon, onder andere, bied platforms aan waar netwerke afgerig kan word. Wat binne hierdie afrigproses gebeur, is egter ’n raaisel; niemand verstaan wat tussen die inset- en uitsetlae van die netwerk gebeur nie, en moet gewoon die uitset aanvaar, of blindelings hier en daar verstellings maak, die netwerk weer afrig en hoop dat die uitset sal verbeter.

Sedert 2018 fokus MuST se werk daarop om hierdie raaisel uit te pluis, hoofsaaklik op ’n teoretiese vlak, om die beginsels van veralgemening in diepleertegnieke te verstaan. Saam met ’n vinnig-groeiende internasionale gemeenskap van wetenskaplikes soek die groep na antwoorde op die vrae rondom hierdie netwerke. ’n Beter verstaan van diep neurale netwerke sal die metode van leer en probeer in netwerkafrigting verander na een waar verstellings doelgerig en afgemete geïmplementeer kan word om verrigting te verbeter. Deurbrake op hierdie vlak kan die grenslyne in wat tans in kunsmatige intelligensie moontlik is, beduidend verander en produkte lewer wat tans nog net in drome en films bestaan.

Hierdie artikel is deel van die miniseminaar "Die Vierde Nywerheidsrevolusie" wat in samewerking met die SA Akademie viir Wetenskap en Kuns, die ATKV en Solidariteit Navorsingsinstituut aangebied word. Lees al die bydraes hier:

Miniseminaar: Die Vierde Nywerheidsrevolusie

The post MuST: ’n gevallestudie oor die ontwikkeling van kunsmatige-intelligensiestelsels teen die Suid-Afrikaanse agtergrond appeared first on LitNet.

Spraak-na-spraak slimfoonvertaling vir verloskunde

$
0
0

Jy het dalk al ’n advertensie vir so iets gesien: ’n toestel wat aan jou oor haak en na bewering jou gespreksgenote se spraak uit ander tale na joune vertaal terwyl hulle aan die praat is. Hoe moeilik kan dit wees?

Taaltegnologie is al sedert die begin ’n integrale deel van die mitologie van kunsmatige intelligensie. Van die bekendste voorbeelde hiervan is HAL 9000 in die film 2001: A Space Odyssey en die idee van ’n “universal translator” in Star Trek, maar wetenskapsfiksie is deurspek met sulke denkbeeldige taaltegnologieë. Die verwagting dat rekenaars soos mense moet kan kommunikeer, of selfs beter as mense, dui miskien in die eerste plek op die mate waartoe taal as een van die vernaamste voorbeelde van intelligensie – en dus kunsmatige intelligensie – geag word, en bevestig ook tweedens mense se groot behoefte om oor taalgrense heen te kan kommunikeer.

Hierdie behoefte is veral groot in die konteks van mediese hulp in Suid-Afrika. Volgens Stats SA se 2018-data1 is Engels die huistaal van 8,1% van Suid-Afrikaners, terwyl dit vir ’n verdere 16,6% die primêre taal is waarin hulle buite die huis kommunikeer. ’n Mens kan moontlik hieruit aflei dat amper driekwart van Suid-Afrikaners nie op ’n gereelde basis Engels gebruik nie, en dus beter in ander tale by klinieke en hospitale gehelp sal kan word. Tans is dit gereeld die geval dat enigiemand op die perseel wat die pasiënt se taal praat, as tolk ingespan word – van skoonmakers tot sekuriteitswagte. Dit het ernstige nagevolge vir privaatheid en die mate van respek waarmee gesondheidsorg gebied kan word.

Is dit moontlik om vir die Suid-Afrikaanse konteks ’n oplossing te bied wat dokters en verpleegsters in staat sal stel om direk met pasiënte in hul eie taal te kommunikeer?

Die tendens wêreldwyd is om op enorme datastelle sogenaamde diepleertegnieke toe te pas, en die resultate is indrukwekkend. Google Translate is ’n industrieleier wat masjienvertaling betref, met ’n groeiende lys van ondersteunde tale, waaronder Afrikaans, Xhosa en Zulu. Google Translate is ’n tegnologie wat hom toespits op breë dekking: Die eerste prioriteit is om op enige invoer ’n resultaat te lewer, selfs al is die kwaliteit nie altyd na wense nie. Vir baie scenario’s is dit ’n nuttige en aanvaarbare vertrekpunt, maar in sekere kontekste, soos die mediese domein en die reg, is gewaarborgde kwaliteit moontlik ’n groter prioriteit as breë dekking. ’n Dokter sal verkies dat ’n vertaalstelsel ’n foutboodskap gee eerder as dat “jy het nie kanker nie” vir een of ander rede as “jy het kanker” vertaal word – sonder dat die dokter dit weet!

AwezaMed is ’n slimfoontoepassing wat gekontroleerde spraak-na-spraak vertaling vir die domein van verloskunde bied, met Engels as brontaal en Afrikaans, Xhosa en Zulu as doeltale. Anders gestel, ’n gesondheidsorgpraktisyn (GSP) gebruik die toepassing in Engels, terwyl die pasiënt uitinge in Afrikaans, Xhosa of Zulu hoor. Wanneer die GSP iets in Engels sê, is die eerste stap dus spraakherkenning van die uiting. Die spraakherkenningskomponent se doel is om die klanksein om te skakel na ’n teksvoorstelling van die uiting. Die teks word dan na die vertalingskomponent gestuur, wat teks in die doeltaal produseer. Dan word die nuwe teks na die spraaksintese-komponent gestuur, wat dit omskakel in ’n klanksein, sodat die toepassing as’t ware die vertaling van die uiting in die pasiënt se taal praat.

Gekontroleerde vertaling het ’n ander fokus as breëdekkingvertaling soos Google Translate, naamlik die betroubaarheid van die vertaling. Hiervoor span AwezaMed veeltalige rekenaargrammatikas via die Grammatical Framework-formalisme2 in. ’n Rekenaargrammatika kan beskryf word as ’n stel reëls wat die konstruksie van uitinge in ’n natuurlike taal beskryf. Byvoorbeeld, volledige sinne bestaan tipies uit ’n onderwerp en ’n predikaat: “Ek sien jou”. Ek is die onderwerp en sien jou is die predikaat. In die sin “Ek kan sien dat jy loop” is kan sien dat jy loop die predikaat. ’n Rekenaargrammatika beskryf die komponente waaruit uitinge bestaan en ook die maniere waarop die komponente gekombineer kan word om uitinge te vorm.

Die sentrale module van ’n veeltalige rekenaargrammatika is ’n stel reëls wat die semantiek van uitinge in ’n domein vasvang, en dus in hierdie geval die domein van verloskunde. Hierdie reëls word dan gebruik om semantiese boomstrukture te skep van uitinge in die domein. Byvoorbeeld, die onderstaande struktuur verteenwoordig die uiting “Het jy tydens ’n vorige swangerskap bloeding gehad?”

Vir elke taal in die veeltalige rekenaargrammatika word taalspesifieke reëls gedefinieer wat seker maak dat die betekenis van die uiting reg vasgevang word. Die grammatika kan ook variasies bevat, sodat die Engels “Did you experience bleeding during a previous pregnancy?” ook as “Did you bleed during a previous pregnancy?” uitgedruk kan word. In Zulu (en Xhosa) word ’n heel ander konstruksie as in Afrikaans en Engels gebruik, naamlik die assosiatiewe kopulatief:

Ingabe             uke      waba nokopha            ekukhulelweni            kwangaphambili?

Miskien           al ooit was jy met bloeding   in ’n swangerskap      van voorheen

Die grammatika hanteer sulke verskille nie direk nie: Elke taal het sy eie stel reëls vir hoe die semantiese strukture uitgedruk word. Hierdie taalspesifieke reëls maak dit moontlik om vanuit ’n semantiese struktuur teks in elke taal van die grammatika te produseer (liniarisering), maar ook om vanuit teks ’n semantiese struktuur te konstrueer (ontleding). Vertaling vind dus in twee stappe plaas: ontleed teks in die brontaal en liniariseer die resulterende struktuur in die doeltaal.

Die taalspesifieke reëls kan só gekies word om idiomatiese taal te verseker. In Afrikaans en Engels behoort daar byvoorbeeld vir elke simptoom ’n toepaslike werkwoord gebruik te word: “Het jy al ooit flitsende ligte gesien?” Zulu en Xhosa toon selfs groter linguistiese variasie vir hierdie soort uiting. Die idiomatiese manier om “Het jy onlangs erge hoofpyn ervaar?” in Zulu uit te druk, is “Ingabe uke waphatwa yikhanda elibuhlungu kungekudala?”, wat direk vertaal kan word as “Miskien is jy onlangs gepla deur ’n kop wat pynlik is?” Hierdie soort variasie word hanteer deur vir elke taal die gepaste konstruksies vir die verskeie simptome te definieer. Dieselfde geld vir enige ander konsepte in die domein.

Om ’n domeinspesifieke grammatika te ondersteun, word daar van meer algemene grammatikas gebruik gemaak. Enige rekenaargrammatika moet beide die morfologie (hoe woorde gevorm word) en die sintaksis (hoe uitinge gevorm word) van ’n taal reg implementeer. Beide morfologie en sintaksis is byvoorbeeld ter sprake wanneer ’n rekenaargrammatika die regte vorm van die byvoeglike naamwoord produseer, afhangende van hoe dit in ’n uiting gebruik word, bv “Die lig is dof” en “Dit is ’n dowwe pyn”. Hierdie soort reëls is nie spesifiek tot enige domein nie, en daarom word sogenaamde hulpbrongrammatikas ingespan, wat fokus op die linguistiese eienskappe van elke taal. Die hulpbrongrammatikas implementeer die algemene morfologie en sintaksis van die tale, en die domeingrammatika definieer die spesifieke woorde en konstruksies wat gebruik moet word om die konsepte in die domein reg uit te druk.

Een van die grootste voordele van so ’n benadering is die verifieerbaarheid van die vertalings. Nie net kan daar op ’n leksikale vlak nagegaan word dat die regte woorde in elke taal vir die konsepte in die domein gebruik word nie, maar kan die reëls waarvolgens konsepte saamgevoeg word om uitinge te produseer ook nagegaan word. Dit beteken eerstens dat die gebruiker ’n groter mate van vertroue in die vertalings kan hê, en tweedens, wanneer foute wel gevind word, die oorsaak daarvan opgespoor en reggemaak kan word. Met vertaalstelsels wat op groot datastelle afgerig word, is dit nie altyd maklik of selfs moontlik om foute so reg te stel nie.

’n Tweede belangrike voordeel van hierdie benadering is dat dit veral die spraakherkenning tot ’n mate vergemaklik. Een van die sentrale komponente van ’n spraakherkenningstelsel is die sogenaamde taalmodel: ’n model van die taal wat voorspellings kan maak oor die manier waarop woorde in die taal op mekaar volg. Sulke modelle kan met statistiese of diepleermetodes op domeinspesifieke data afgerig word, maar dit kan ook van ’n grammatika afgelei word. Die taalmodel van die spraakherkenningskomponent word dan beperk tot presies daardie uitinge wat deur die grammatika vertaal kan word. Enige klanksein wat deur die gebruiker ingevoer word, word herlei na die mees waarskynlike uiting in die taalmodel.

’n Betekenisvolle newe-effek is egter dat die gebruiker beperk word tot die uitinge wat deur die vertaalstelsel ondersteun word, dws uitinge wat konsepte in die domein op gedefinieerde maniere bymekaarvoeg. Hoewel dit nie ’n onredelike beperking is nie, skep dit tog ’n leerkurwe wat die gebruiker moet bestyg om die toepassing ten volle te kan benut. Vir hierdie doel bied die toepassing ’n tweede invoermodaliteit, naamlik die skerm: Die gebruiker kan met enkele klikke uitinge konstrueer om te vertaal. Namate die gebruiker via die skerm die stelsel leer ken, word spraakinvoer die maklikste en vinnigste manier om die toepassing te gebruik.

Die laaste stap in spraak-na-spraak vertaling is spraaksintese. AwezaMed gebruik ses sintetiese stemme, manlik en vroulik in elk van die drie doeltale, om die vertaalde uitinge aan die pasiënt te kommunikeer. Hierdie stemme is beskikbaar via die Qfrency spraaksintesediens.3

Die gebruiker, naamlik ’n gesondheidsorgpraktisyn, kan dus uitinge vanuit Engels aan die pasiënt in haar doeltaal kommunikeer. Maar wat volgende? Hoe reageer die pasiënt?

Hier is dit belangrik om die kommunikasiekonteks van die soort konsultasies waarop AwezaMed toegespits is in gedagte te hou. Die GSP is ’n kenner met tersiêre opleiding wat gesondheidsorg met respek aan die pasiënt wil bied. Tipiese uitinge van die GSP is relatief maklik om te voorspel, soos “Wanneer het die bloeding begin?” Aan die ander kant is die pasiënt ’n leek en boonop, in hierdie geval, nie Engels voldoende magtig nie. Dit is dus baie moontlik dat die pasiënt ’n lae geletterdheidsvlak het. Antwoorde op vrae is ook baie minder beperk: “Net toe ek by die winkel aankom”, “Maandag”, “Ek kan nie presies onthou nie, maar seker al so ’n week of twee”, ens. ’n Reëlgebaseerde spraak-na-spraak stelsel is dus nie die beste benadering om sulke uitinge te hanteer nie, bloot omdat die domein van antwoorde soveel wyer en meer onvoorspelbaar is. Verder berus die verantwoordelikheid primêr op die GSP om verstaanbaar en korrek te kommunikeer, terwyl dieselfde soort verantwoordelikheid nie op die pasiënt berus nie.

Om hierdie redes fokus AwezaMed in die eerste plek op kommunikasie van die GSP na die pasiënt. Die reëls wat uitinge beskryf is só gekies dat die pasiënt slegs met “ja” of “nee”, en hier en daar met ’n getal of ’n jaartal, hoef te reageer. Die toepassing fasiliteer dus nie kommunikasie van die pasiënt na die GSP direk nie, maar maak dit wel tot ’n mate moontlik.

Een van die mees prominente uitdagings vir almal wat aan taaltegnologie vir die Suid-Afrikaanse tale werk, is die tekort aan hulpbronne. In so ’n omgewing is dit van kritieke belang dat die regte tegnieke ingespan word om met die hulpbronne wat daar wel is, soveel moontlik reg te kry om werklike probleme in die samelewing aan te pak. Die tegnieke wat hier beskryf word om spraak-na-spraak vertaling vir die domein van verloskunde te bied, is belowend. Daar word tans loodsstudies gedoen om die gebruik van AwezaMed in klinieke en hospitale regoor Suid-Afrika te toets. Op hierdie manier hoop ons om iets van die mitologie van kunsmatige intelligensie in ons eie konteks te realiseer sodat daar ’n daadwerklike bydrae tot openbare gesondheidsorg in Suid-Afrika gemaak kan word.

Eindnotas

1 Statistiek SA, Algemene Huishoudelike Opname, 2018. http://www.statssa.gov.za/publications/P0318/P03182018.pdf
2 Grammatical Framework. http://www.grammaticalframework.org/
3 Qfrency. http://www.qfrency.com/

 

Hierdie artikel is deel van die miniseminaar "Die Vierde Nywerheidsrevolusie" wat in samewerking met die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, die ATKV en Solidariteit Navorsingsinstituut aangebied word. Lees al die bydraes hier:

Miniseminaar: Die Vierde Nywerheidsrevolusie

The post Spraak-na-spraak slimfoonvertaling vir verloskunde appeared first on LitNet.

Is die paradys in die hemel of op die aarde? ’n Onderhoud met Chris L de Wet

$
0
0

Paradise deur Jan Bruegel (Skildery: openbare domein)

"Ek dink die paradys is binne elkeen van ons. Dit maak dit nie noodwendig minder werklik as om dit te sien as ’n plek onder die aarde nie."

....................

Chris L de Wet se artikel “Is die paradys in die hemel of op die aarde, en hoekom? Die aard en funksie van die paradys volgens die interpretasie van Johannes Chrusostomus” het onlangs in LitNet Akademies verskyn. Floris Voges en Remona Voges het met hom oor die onderwerp gesels.

Vertel my asseblief van jouself. Watter is jou beroep en met watter projekte is jy tans besig?

Ek is tans medeprofessor in Nuwe Testament en Vroeg-Christelike Studie in die Departement Bybelse en Antieke Studie by Unisa, en ’n navorsingsgenoot by die Australian Lutheran College in Adelaide, Australië. Ek is ook redakteur van die akademiese tydskrif Journal of Early Christian History, wat akademiese artikels oor die vroeë Christendom publiseer.

My navorsing tot op hede het veral gefokus op slawerny in die vroeë Christendom. Ek stel ook baie belang in die vierde-eeuse kerkvader, Johannes Chrusostomus. Ek is tans in die proses om twee projekte klaar te maak. Die eerste handel oor hoe slawerny as ’n diskoers in die vroeg-Christelike Siriese asketisme gefunksioneer het, en die ander oor hoe die eerste Christene manlikheid gekonseptualiseer het.

My volgende navorsingsprojek handel oor die verhouding tussen godsdiens, gender en die sosiale en kulturele geskiedenis van gesondheid, medisyne, genesing en gestremdheid in die laat-antieke wêreld. My werk oor antieke Romeinse en Christelike slawerny duur ook voort.

Wat het jou belangstelling in antieke studie en vroeë Christendom geprikkel?

Ek het in 2001 begin deur teologie aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit te studeer, met die oog om in die bediening in te gaan. Ek het baie vinnig besluit dat my passie by die akademie lê, en veral in die studie van antieke tale en geskiedenis. Ek is steeds by kerke betrokke, maar ek beskou die akademie as my eerste roeping. Ek het in 2005 na die Universiteit van Pretoria gegaan om antieke tale, met fokus op antieke Grieks en Latyn, te gaan studeer. Dit was juis in my meesters- en doktorale studies dat ek die wêreld van die vroeë Christendom ontdek het, en my belangstelling in hierdie vakgebied groei elke dag.

Wat is vir jou die mees fassinerende en ook uitdagende dele van jou werk?

Daar is min dinge wat vir my so lekker is soos om met ’n antieke teks te worstel. Dit bied vir jou ’n venster na ’n ander wêreld; selfs ’n ontvlugting of toevlug. Om te leer hoe mense, nes ek en jy, maar ook baie anders, gedink, gepraat en opgetree het, en waarom, bly my fassineer.

Wat verder baie lekker maar ook uitdagend is, is om moderne historiese en filosofiese kritiese teorieë en metodieke toe te pas op die antieke tekste. So, alhoewel my groot liefde in die antieke tekste en wêreld lê, benader ek dit altyd met die oog daarop om sin te gee aan hedendaagse vrae. Kwessies soos gender, seksualiteit, spiritualiteit, mag, verslawing, kolonialisme, rassisme en gesondheid is alles ook brandpunte in ons huidige samelewing. Soms help ’n goeie verstaan van hierdie kwessies in die antieke tyd ons om ook vandag sin te maak van hierdie verskynsels en probleme. Die werk wat ek doen is dus tot ’n mate dialekties. Ek benader dus die antieke materiaal met vrae wat vandag vir ons saak maak. Die Franse filosoof Michel Foucault verwys na die “geskiedenis van die hede” (“histories of the present”); en ek sien my eie werk in ’n soortgelyke lig.

Jy het ’n boek geskryf met die titel The unbound God: slavery and the formation of early Christian thought. Beplan jy om nog ’n boek te skryf? Indien ja, waaroor?

Ek is inderdaad besig met drie ander boekprojekte. Twee van die boeke is reeds geskryf en in die publikasieproses. Die een handel juis oor slawerny en die vroeg-Christelike asketisme in die laat-antieke Ooste. Hierdie boek volg eintlik op The unbound God; waar The unbound God gefokus het op die verskynsel van slawerny in Christelike denke en diskoers, fokus die opvolgboek op hoe slawerny Christelike godsdienstige praktyke, veral die kloosterwese, beïnvloed het. Die ander boek fokus weer op Johannes Chrusostomus, en hoe hy die formering van manlikheid, en gender oor die algemeen, verstaan het. Die derde projek, wat nog in ’n vroeë stadium is, handel oor bejaardheid en oudword in die laat-antieke wêreld.

Hoekom dink jy is dit belangrik vir mense om oor die geskiedenis van die aard en funksie van die paradys te leer?

Wanneer mense vandag oor hul godsdiens en geloofsoortuigings praat, verwys ons dikwels na konsepte soos die hemel, die hel, die vaevuur, die paradys en limbo. Ons stel almal belang in wat na die dood gebeur. Hierdie kort studie oor die paradys was ’n ontdekkingsreis om te sien hoe die eerste Christene sin gemaak het van die bonatuurlike en nadoodse wêreld. Dit is om drie redes belangrik om daaroor te leer:

  1. Dit demonstreer dat daar ’n verskeidenheid van denke oor hierdie tema (lewe na die dood) onder die eerste Christene was.
  2. Dit leer ons ook dat wanneer ons vandag van die hemel of die paradys praat, of selfs van die hel, daar verstaan moet word dat hierdie nie eenvoudige en vanselfsprekende konsepte is nie. Daar is ’n geskiedenis van ontwikkeling in hoe ons die hemel, die hel, die paradys en die nadoodse wêreld verstaan. Deur die antieke sienswyses van hierdie tema te begryp, kan ons dalk ook beter verstaan waarom ons vandag op ’n bepaalde manier oor die nadoodse wêreld dink.
  3. Laastens wys die studie dat die vroeg-Christelike diskoers oor die paradys, en die na-doodse wêreld oor die algemeen, ongelukkig van so aard was dat dit groepsgrense benadruk het, en gereeld só gefunksioneer het dat dit sommiges binne die groep bekragtig het en ander wat buite die groep was vervreem het. Dit help ons vandag, hopelik, om meer verantwoordelik te wees wanneer ons vrae vra soos: “Gaan hierdie groep mense hemel toe of nie?” Ons moet verstaan dat wanneer ons sulke vrae vra en op dieselfde gronde probeer beantwoord, ons onmiddellik een persoon of groep vervreem en as anders of selfs afwykend klassifiseer.

Hoekom dink jy het mense so ’n groot fassinasie met wat gebeur as jy doodgaan?

Want dit is die een vraag wat niemand kan beantwoord nie, maar waaroor ons almal wonder, en selfs vrees. Ons het al so diep in die ruimte in gekyk, die diepste bodem van die see verken; die dood bly die laaste groot onbekende. Dit is waarskynlik waarom godsdiens vir baie mense steeds sinvol is, want dit probeer sin gee aan hierdie groot verborgenheid van die lewe.

Die filosoof Michel De Certeau het die volgende oor die dood geskryf: “Considered on the one hand as a failure or a provisional halt in the medical struggle, and on the other, removed from common experience and thus arriving at the limit of scientific power and beyond familiar practices, death is an elsewhere ... given over, for example, to religious languages that are no longer current ... Death is the problem of the subject (1984, The practice of everyday life. Berkeley: University of California Press, pp 191–192, my kursivering). Ek dink hy was reg.

Wat beteken die paradys vir jou?

Dit is ’n moeilike vraag. Die vroeë Christene gebruik konkrete konsepte op verskeie maniere om eintlik die onsegbare uit te druk. Ek aanvaar nie noodwendig ’n antieke, pre-moderne wêreldbeeld nie. Om die paradys vandag te sien as ’n plek onder die aarde of bo in die lug is moeilik om te doen. So om die vraag te beantwoord: Ek dink die paradys is binne elkeen van ons. Dit maak dit nie noodwendig minder werklik as om dit te sien as ’n plek onder die aarde nie. Die paradys kan binne elkeen van ons wees, maar ons moet dit ontdek deur onsself te leer ken, en deur gesonde verhoudings met ander, en met God.

Wie is Johannes Chrusostomus waaroor jy in jou artikel skryf, en watter impak het hy op die Christendom gehad?

Johannes Chrusostomus was ’n kerkvader van die vierde eeu n.C. (ca. 349–407 n.C.). Hy was aanvanklik eers, vir ’n kort ruk, ’n monnik in die gebied wat vandag in Sirië en oostelike Turkye lê. Daarna het hy teruggegaan na Groot Antiogië (in Turkye), waar hy gepreek en geleer het, en baie gewild geraak het. Hy het so gewild geraak dat hy later ook die biskop van Konstantinopel geword het. Dit was ’n baie groot eer – dit was die tweede belangrikste en grootste bisdom in die ryk, naas Rome. Dit is ook waar die keiser gewoon het.

Hy het baie sukses daar gehad, maar was uiteindelik, na ’n lang en ingewikkelde politieke stryd met die bisdom van Aleksandrië in Egipte, en die keiserlike huis self, in ballingskap na Armenië gestuur, waar hy ook op 14 September 407 gesterf het.

Hy is belangrik om verskeie redes. Hy is een van die vroeg-Christelike skrywers wat die meeste geskrifte geskryf het – ons het meer as ’n 1 000 van sy werke, baie daarvan preke. Hy is juis bekend vir sy prediking. Die bynaam Chrusostomus wat hy na sy dood gekry het, beteken “die goue mond”. Hy het in antieke Grieks geskryf, en word dikwels gesien as die Augustinus van die Ooste. Wat hom verder besonders maak, is die feit dat hy, saam met ’n paar ander Oosterse skrywers, ’n unieke vorm van Bybelinterpretasie gehandhaaf het wat aandag gee aan die historiese konteks en die retoriek van die teks, en wat allegorie vermy het. Hy kan dus beskou word as een van die antieke voorgangers van wat later bekend sou staan as die histories-kritiese metode van eksegese, wat vandag so te sê die standaard is. Hy is ’n baie groot en sentrale figuur in die Oosters-Ortodokse Kerk, in word in die Katolieke en Ortodokse Kerke beskou as een van die vier Doktors van die Oosterse kerk. Hy was ook baie invloedryk in die Ortodokse liturgie – vandag is die Liturgie van Johannes Chrusostomus een van die belangrikstes in die Ortodokse Kerk, selfs al het hy die dit self geskryf nie.

Hoekom het jy besluit om in jou navorsing spesifiek op hom te fokus?

Ek werk al vir jare op die werke van Chrusostomus. Ek stel eintlik belang in die kulturele en sosiale geskiedenis van die vroeë Christendom. Vir hierdie rede is Chrusostomus baie belangrik, want sy preke gee vir ons heelwat inligting oor alledaagse lewe in die vroeë kerk. Ek stel ook belang in sy werk juis omrede hy ’n meer historiese en retoriese lees van die Bybel volg. Ek dink Chrusostomus se werke is steeds vandag vir die kerk baie waardevol.

Jou artikel lê klem op die feit dat die debat rakende die paradys hoofsaaklik vroeë Christen-denkers die geleentheid gebied het om hulself binne hul eie teologiese raamwerke te oriënteer. Dink jy dat alle geloofsdebatte fundamenteel hierdie selfde funksie verrig? Dit wil sê, is geloofsdebatte bloot ’n spel waaraan mense deelneem om hul reeds bestaande oortuigings en verstaansraamwerke te verfyn en te versterk?

Dit is ’n baie goeie waarneming en vraag. Ongelukkig dink ek dit is waar dat baie mense slegs aan debatte deelneem om hul voorveronderstellings te bevestig – dit geld vir geloofsdebatte in die kerk, maar ook debatte oor die algemeen. Ons sien dit veral in politiese debatvoering.

Maar ek dink tog dat ons, deur gesprek en debat, tot ander oortuigings kan kom. Maar dit vereis dat ons die ander persoon of groep met wie ons debatteer, ontmoet waar hulle is, hulle standpunt probeer verstaan, en eers luister. Verdraagsaamheid is die sleutel tot gesonde debat.

Wat lig hierdie artikel uit aangaande die mens se soeke na waarheid?

Wat die artikel uitlig is dat “waarheid” deur ’n bepaalde magsdiskoers geskep word, en dié diskoers is altyd kultureel en sosiaal begrond. Ons kan waarheid slegs binne ons eie verwysingsraamwerke definieer. Maar wanneer waarheid gekonstrueer word, gebeur dit dikwels ook dat valsheid geskep word – dikwels word waarheid en valsheid dan aangewend om ons eie magsbelange ten koste van ander te bevorder. Waarheid en valsheid word dan beliggaam deur individue, en naderhand gebeur dit dat ons onsself of ons groep personifieer as die waarheid, en ander mense word as valsheid gepersonifieer. Dít is wanneer die skepping van waarheid en valsheid gevaarlik raak.

Wat kan Christen-gemeenskappe wat tans deel vorm van die gaydebat, moontlik uit hierdie artikel leer?

Ongelukkig spreek niks in die artikel spreek direk tot die gaydebat nie. Maar wanneer my bogenoemde antwoord (oor die skepping van waarheid) in ag geneem word, moet ons dalk vra teen watter koste ons reg wil wees en ander as verkeerd wil bestempel. Wanneer ons eie godsdienstige diskoerse bydra tot die vervreemding van ons medemens, en lei tot geweld in woord en daad, ongeag seksuele oriëntasie, dan is dit dringend nodig om hierdie diskoerse te hersien. Alhoewel godsdiens een van die min dinge in die lewe is wat mense bymekaar kan bring (saam met musiek en stories, dink ek), is dit tragies dat dit steeds gebruik word om ons van mekaar te vervreem. Hoe is dit moontlik dat ons met soveel ander verskille tussen ons tog onder mekaar kan leef en laat leef, maar wanneer ons praat van hoe mense ander liefhet, ons nie bereid is om hierdie verskille te duld nie?

Met betrekking tot die idee dat Niceense Christendom gesien kan word as ’n lappieskombers van uiteenlopende stemme wat ’n geheel vorm: In watter opsigte kan die hedendaagse, meesal gepolariseerde, sekulêre wêreld baat deur besinning oor die inhoud van hierdie artikel?

Om weer ’n bekende aanhaling van Foucault te gee, uit sy Madness and civilization (1961): “People know what they do; frequently they know why they do what they do; but what they don’t know is what what they do does.” Ek hoop die artikel sal dien as ’n voorbeeld van hoe ’n eenvoudige godsdienstige diskoers, soos dié van die paradys, groot gevolge kan hê vir hoe ons ander beskou en behandel.

Sou jy sê dat daar ’n groot gaping is tussen akademiese kennis en verstaan van godsdiens en godsdienstige gemeenskappe se kennis en verstaan van godsdiens?

In sommige gevalle dink ek dit is waar, maar ek dink daardie gaping raak al hoe kleiner, en dat mense vandag baie meer ingelig is as in die verlede. Daar is wel steeds ’n behoefte dat mense binne godsdienstige gemeenskappe deur lering en formasie gaan om meer krities en verantwoordelik met godsdiens om te gaan.

Lees verder:

Is die paradys in die hemel of op die aarde, en hoekom? Die aard en funksie van die paradys volgens die interpretasie van Johannes Chrusostomus

The post Is die paradys in die hemel of op die aarde? ’n Onderhoud met Chris L de Wet appeared first on LitNet.

Toyota US Woordfees 2020, Kamphoer: Naomi Meyer se indrukke

$
0
0

Sandra Prinsloo (bron: woordfees.co.za)

Vervaardig deur Theatrerocket
Gebaseer op Kamphoer deur Francois Smith en The Boer whore deur Nico Moolman

Cecilia du Toit, Sandra Prinsloo en Lara Foot: Verwerkers
Lara Foot: Regisseur
Patrick Curtis: Stel- en beligtingsontwerp
Birrie le Roux en Mariechen Vosloo: Kostuums
Simon Kohler: Klankbaan
Jeanne Steenkamp: Verhoogbestuurder
Ondersteun deur KunsStig
Met: Sandra Prinsloo

Daar is net een vrou op die verhoog, maar sy’t die stamina van ’n leërskare. Sandra Prinsloo gee tegelyk lewe aan die karakter Susan Nell sowel as aan die woorde van die boek Kamphoer.

Die toneelstuk open met die boek se openingshoofstuk, en verwysings na die merke op ’n man se oor. Hierdie oor behoort aan die verkragter van Susan Nell, die vrou op wie se verhaal die boek gebaseer is.

Die verhaal beskryf hoedat Susan Nell in die Winburg-konsentrasiekamp verkrag en as ’n dooie agtergelaat is. Sy word deur ’n barmhartige Samaritaan, ’n Sotho-man, en sy vrou versorg totdat sy genoeg krag het om voort te gaan met haar lewe. Letsels en al. Uiteindelik kruis haar pad weer met dié van haar verkragter.

Sandra Prinsloo vertel die karakter se storie met gevoel. Sy wissel die emosies in een uur af soos al die seisoene in een jaar. Veral soos herfs; daar is kleur en diepte in haar vertolking. Dit word dalk swaar en gewigtig, maar nooit eentonig nie.

Woorde uit die boek bied interessante besonderhede wanneer haar karakter daarna verwys: Elke toneel word in die fynste besonderhede beskryf dat ’n mens dit helder kan sien.

Die stel is eenvoudig: ’n Stukkende tent. Maar ander karakters wat help om die storie te help vertolk, is die klank en die beligting. As die huis aan die brand gesteek word, hoor mens die geknetter van die vlamme en die tent ontvlam in helder oranje en rooi.

In ’n tyd waartydens nagedink word oor wie durf wie se storie vertel, veral waar ’n verkragtingstoneel ter sprake is, besef ek dat dit my glad nie hinder dat die boeke Kamphoer (of The Boer whore) enigsins deur mans geskryf is nie. Die storietekste was sterk genoeg om ’n uiters effektiewe teaterstuk daaruit te kon skep.

Die verkragtingstoneel is uiters ontstellend. Ek dink ’n oomblik lank aan die TV-reeks The handmaid’s tale. Hoedat ander mense in dieselfde omgewing niks doen nie; die verkragting bloot laat voortgaan sonder om ’n vinger te verroer.

Die stuk konfronteer die teaterganger met die gebeure, maar tog is dit nie eksplisiet nie. Alles wat nie gewys word nie, en net verbeel word, is des te meer effektief.

Deurlopend is Susan Nell se vraag: Wie is ek? Dit word ’n paar keer gevra. Soms vertel sy leuens oor haar naam. “My name is Alice Draper.”

Ander kere prewel sy haar regte naam. Maar meestal is die antwoord doodgewoon: Wie is ek? Ek is die kamphoer.

Kamphoer speel af lank voor die tyd van #MeToo. Maar dit laat die teaterganger dink: Hoe durf dit? Verkragting is boos.

Mens verstaan wat Susan Nell bedoel as sy sê: “Ek wou hom doodmaak. Ek wou my eie storie skryf en ek wou hom vermoor.”

Die toneelstuk lig uit dat net mooi almal in die land deur die Anglo-Boereoorlog, ook die Suid-Afrikaanse Oorlog genoem, geraak is. Mans, vroue en kinders van alle rasse en kultuurgroepe in die land.

Die Sotho-man en sy vrou wat vir Susan sorg, is mense wat op die verlate vlaktes in die oorlogtyd ronddwaal. Hulle is die goedhartiges wat hulle pap met haar deel. Daarna het sy gesmag, en dit vul haar mond asof sy haar lewe lank daarvoor gewag het, sê sy, ook terwyl sy in die konsentrasiekamp vir ’n happie kos moes baklei.

Die verhaal wys ook uit: Daar is goeie mans wat Susan Nell se pad kruis, maar as gevolg van wat met haar gebeur het, kneus sy hulle. Sy kan hulle nie naby aan haar toelaat nie. Die rimpeleffek van die oorlog was nie net sigbare slagoffers wat aktief besig was om met mekaar te veg nie. Soveel van die wonde en merke is weggesteek.

Aan die einde van die toneelstuk staan die hele gehoor soos een man op om vir die een vrou op die verhoog hande te klap.

The post Toyota US Woordfees 2020, <em>Kamphoer</em>: Naomi Meyer se indrukke appeared first on LitNet.


Westworld: "New gods are coming, and they are very angry"

$
0
0

Obviously, everyone knows Westworld season two was a perplexing mess of gorgeous imagery, remarkable acting and relevant commentary, but good lord, a haphazard plot that was all over the place. I could not keep track of who was a host, who was not, or who was a crook and who was a cowboy. In contrast, season one was perfection. It was fresh, it had a clear narrative and quite a few thrilling gut punches.

As I had been offered to screen the first four episodes of season three, I opened Rotten Tomatoes a week ago to do some light reading on the series. Shock and horror echoed through me as I noted that the critics disagreed about S2!? I clutched my pearls – okay, okay, my MedicAlert bracelet – and I soldiered on through review after review. RT posits that season two is only a paltry 1% worse than season one. Evidently, I had lost the plot and needed to retreat to Shady Pines Retirement Home.

Out of curiosity I temporarily decided against early pension (which, for a freelance writer, consists of a long-term Jurgens karavaan at the Vredehoek Dam) and sat down to screen the promised episodes. Based on the first two seasons (or my disconnect from reality), it could go either way. It could be more confusing or more brilliant.

Turns out it is both!

The brilliant bits

Unsurprisingly, the acting, camerawork, styling, dialogue and drama are all top notch. You are also introduced to a new and sexy, futuristic world because S3 is mainly set outside of the theme park. Yes, the hosts run amok in our world and the ever-present sense of doom, aided by a goosebumps-inducing soundtrack, keeps you on the edge.

The main narrative is still relatively clear four episodes in. Stop Dolores from destroying humanity, either by sheer force or by placing an obstacle in her path; a good human, of all things. The series, in other words, doubles down on its original quest to find out what makes us human. Keep an eye out for the riveting scene where the predator in Charlotte Hale (Tessa Thompson) is roused by another predator.

The confusing bobs

Without giving away too much, another layer has been added to the host body / black ball thingy scenario. I still do not know who is a host, who is not, or who is a crook and who is a ghost. That can be exhausting at times. There is also a new massive black ball thingy computer that computes all the information stolen at the theme parks, but apparently nobody is in control of it. Well, so far.

Unless the season picks up speed and gains some clarity from episode five onwards, season three might be labelled as same old, same old, just in a new and sexy futuristic world. The showrunners certainly know what kind of competition they are up against.

The crux is, even though I am at times lost in the subtext/host/human confusion, I am interested enough to stick around and see how it all pans out.

Perhaps read this article before diving in: https://editorial.rottentomatoes.com/article/everything-we-know-about-westworld-season-3/

The post <em>Westworld</em>: "New gods are coming, and they are very angry" appeared first on LitNet.

Review: Asleep Awake Asleep by Jo-Ann Bekker

$
0
0

Asleep Awake Asleep
Jo-Ann Bekker
Publisher: Modjaji Books
ISBN: 9781928215783

When I opened Jo-Ann Bekker’s debut collection of short stories, Asleep Awake Asleep, I immediately remembered encountering the first story in the book in its previous incarnation when it was longlisted for the Short.Sharp.Stories Award and included in its Trade Secrets anthology. Opening with the following paragraph, it is a story that is not easily forgotten: “The dolphins left a chocolate in the fridge. I tear open the stapled wrapper and finish it in two bites. Crumbly, with chewy bits.” I also recalled thinking that I wanted to read more work by the story’s author. Thus, Asleep Awake Asleep was eagerly devoured and the other stories included did not disappoint.

Bekker has a fascinating voice and she is not afraid to experiment with the short form. The individual pieces in this book range from flash fiction, arresting specific moments and moods, to interlinked tales, which record a life story. As a whole, it could be read as a short-story novel. The stories portray the loss of childhood’s innocence; personal and professional awakenings; the entanglements of trust, betrayal and transgression; marriage, motherhood and other familial relationships; and the newsroom – everything unfolding against the background of the turbulent history of South Africa’s (post)apartheid years.

Bekker’s background is in journalism. She only turned to fiction writing less than a decade ago, but thematically and stylistically her stories are definitely influenced by her previous career in the best possible way, sporting a crisp prose that has the ability to transport you in time and place and allow you to immerse yourself into the lives of the characters she portrays. Just see how two women’s portraits are drawn in one short paragraph of “The stalwart”: “I waited for this stalwart with her muscular mind to say the things I was ignoring. What about your career? Are you going to give up your dreams to follow a man? Can we call you if we hear of human rights abuses there? At least keep a journal. But she looked at me and said: Look after your skin. Wear sunscreen every day.”

Bekker also repeatedly draws the line where journalism and creative writing diverge as, for example, in “Helen and the mountain”: “This is not a news report. I do not need to begin by explaining who-what-where-when. I could start with Jack, the first time I met him… Still, I’d rather start with Rosie.” The ability to recollect and record reality is thematised in stories like “I was wearing jeans”, in which a traumatised woman is unsure about many of her memories, including the events leading up to her “walking back home and feeling like something wasn’t right” after she’d clearly been drugged and assaulted. The inability to remember and articulate the trauma is countered by the power of the narrative.

In “Starlings” two friends climb up to the attic where they find newly-hatched starlings: “And you know you shouldn’t touch them, they’re too young, but your friend takes a chick in each hand, crawls to the attic window and throws them down to the yard below. Throws them hard and they make red marks on the concrete.” When asked about the reason for this cruel act, the friend explains that “birds bring lice and rats into the dairy and chucks another one out through the window.” The one-paragraph story encapsulates the helplessness of witnessing violence that is beyond comprehension, evoking outrage in the reader and setting the tone for several other stories in the collection.

Stories like “Carousel” and “Fallacies” – the latter begins with the sentence “You must choose whom to betray” – relate to the dilemma of professional trust and treachery for a journalist in times of political instability when one’s integrity is challenged by historical forces seemingly beyond one’s control. And, as always, the political is intertwined with the deeply personal, as for example in “Contractions” when Rip, the protagonist of many of these stories, gives birth to a baby: “A bundle with eyes that looked straight at Rip, with a mouth that clamped around her nipple. Nothing else mattered. Everything else was peripheral: Jay, his parents, doctors, nurses, friends, flowers, fruit, radio news reports, newspaper headlines about reconciliation, magazines screaming about genocide There are no devils left in hell.” At the end of the day, there is the understanding that “I’ll never have the same shared history with anyone” (“The Good Housekeeping magazine quiz”), and yet the lives depicted in these pages will resonate with many readers because of the raw honesty with which they have been captured by the author.

The post Review: <em>Asleep Awake Asleep</em> by Jo-Ann Bekker appeared first on LitNet.

Filmresensie: Little women

$
0
0

Draaiboek en regie: Greta Gerwig

Akteurs: Saoirse Ronan, Florence Pugh, Emma Watson, Timothée Chalamet, Eliza Scanlen, Laura Dern, Meryl Streep

Little women deur Louisa May Alcott, in die 1860’s gepubliseer, kan met reg ’n klassieke verhaal genoem word. Dis deur die jare verskeie kere verfilm, en die boek word vandag nog gelees.

Hierdie weergawe van die March-susters – Meg (Emma Watson), Jo (Saoirse Ronan), Beth (Eliza Scanlen) en Amy (Florence Pugh) – fokus op die tydperk ná die Amerikaanse Vryheidsoorlog, met terugflitse wat begin by sewe jaar vroeër toe hulle die welgestelde buurseun, Laurie (Timothée Chalamet), die eerste keer ontmoet het. Toe was hul predikant-pa nog nie terug van die oorlog nie, maar die wonderlik goedhartige Marmee (Laura Dern) en die meisies het die fort gehou, onder meer met die geld wat Jo, die hoofkarakter, met haar skryfwerk ingebring het. Nou woon Jo, met haar brandende ambisie om ’n roman te publiseer, in New York, maar sy moet teruggaan huis toe om die sterwende Beth te help verpleeg.

Greta Gerwig verdien lof vir beide haar draaiboek en regie. Sy slaag uitstekend daarin om die sentrale problematiek van ’n vrou se lewe uit te beeld: enersyds die vryheid en selfvervulling wat ’n eie beroep en inkomste bied, en andersyds die vasgevangenheid van trou, huishouding en kinders. En al het vroue se posisie in die (Westerse) samelewing deur die eeue al drasties verbeter, is dit steeds ’n worsteling om ’n goue middeweg te vind.

Gerwig word bygestaan deur ’n span besonderse aktrises wat elkeen perfek is vir hulle rol, met Timothée Chalamet wat netjies sy man staan tussen al die vroue. Die konflik tussen Saoirse Ronan en Florence Pugh se karakters sorg vir noodsaaklike balans in ’n verhaal wat andersins te soet sou kon raak, en al twee se Oscar-benoemings was welverdiend. 

Elke ma en dogter, man en muis moet sommer opruk om hierdie pragtige fliek te gaan kyk!

Sterre: 4

The post Filmresensie: <i>Little women</i> appeared first on LitNet.

Filmresensie: Military wives

$
0
0

Regisseur: Peter Cattaneo
Met: Kristin Scott Thomas, Sharon Horgan, Greg Wise, Jason Flemyng, Emma Lowndes, Gaby French, Lara Rossi, Amy James-Kelly en India Ria Amarteifio
Speeltyd: 115 minute
Ouderdomsbeperking: 13
Suid-Afrikaanse vrystellingsdatum: 20 Maart 2020

Daar word tot vervelens toe films gemaak oor wat met die soldate gebeur wat vir maande in Irak, Afghanistan of Sirië diens doen. En soms is daar klein flitse van die vroue wat tuis wag. Military wives draai die kamera egter heeltemal om en fokus op die vroue wat agterbly, en in hierdie geval dié wat in ’n Britse militêre kamp wag.

Om iets te kry om die vroue mee besig te hou wat darem ook stimulerend en opbouend is, word al hoe moeiliker, veral as nie almal van hekel, boekklubs of tuinmaak hou nie. En as die kaptein se vrou besluit ’n koor moet gestig word, dan sal ’n koor gestig word.

Maar die vroue geniet ’n glas wyn en grappies maak om die spanning te verlig, terwyl hulle wag op mans en vroue wat dalk nooit weer gaan huis toe kom nie, baie meer as stywe kooroefening.

Veral nie as die kaptein se vrou nooit haar pêrels en netjiese klere verruil vir iets ligter en gemakliker nie.

Kate (Kristin Scott Thomas) is die kaptein se vrou. Sy het ’n seun verloor en het soos ’n oester toegeklap. Sy sluit almal uit en is dus nie die gewildste koorleier nie. Lisa (Sharon Horgan) is gemaklik, toeganklik en duidelik die vroue se gunsteling, en daar is vonke en lelike uitbarstings wanneer hierdie twee vroue die koor as persoonlike projek aanneem.

Die film wys ook tussendeur die sielkundige effek van die gewag: die wip van die skrik as iemand aan die deur klop; die vrees as die amptelike motor in jou straat afdraai. Want is hierdie dié nuus dat ’n geliefde in ’n kis huis toe kom?

Die koor vorder egter, ten spyte van menings- en persoonlikheidsverskille, en dinge word op ’n spits gedryf as hulle genooi word om in die Royal Albert Hall te gaan optree vir die Herinneringsdag-konsert.

As jy ’n fliekganger is wie se voet onbewustelik op maat van die musiek saamtik in films soos Calendar girls en The full Monty, is hierdie film beslis vir jou. Dat Peter Cattaneo die regisseur is, behoort al ’n bietjie van die suksesstorie te verklap: hy het weer ware gebeure gebruik om sy hartroerende storie te vertel.

Die film is gebaseer op die verhaal van die koormeester Gareth Malone wat in 2011 ’n groep militêre vroue onder sy vlerk geneem het toe hy aan die BBC-program The choir gewerk het. Navorsing het getoon dat koorsing help om stres en angs te verlig. Dit help ook diegene wat afgesonder of alleen voel.

Die stokperdjie vir ’n klein groepie vroue word toe ’n klein vlammetjie wat vuurtjies regoor die wêreld begin aansteek. Tans is daar meer as 2 300 vroue met een of ander militêre verbintenis in 75 Britse en oorsese kore.

Daar is iets omtrent films wat op ware verhale gebaseer is wat mens ekstradiep insluk, jou emosies soos ’n reusewasmasjien deurmekaar woel en half uitgedroog aan die ander kant uitspoel. Military wives is so ’n film.

Daar is aandoenlike oomblikke wanneer een van die vroue wel haar jong eggenoot verloor; die saamstaan van die ander vroue om haar te ondersteun. Die vroue besluit om ’n liedjie te skryf uit al hul briewe aan hul geliefdes in militêre diens en dan loop die trane.

Die enigste klein klippie in my skoen was die vinnige en oppervlakkige omkeer in die wedywerende verhouding tussen die twee hoofkarakters. Ek weet dit gebeur in die werklike lewe wanneer mense hul skanse laat sak, maar vir die film word dit so vinnig gedoen dat dit geloofwaardigheid verloor en vir my wegneem van die boodskap.

Maar as jy lus is vir ’n goeie huil, met ’n positiewe boodskap, is hierdie beslis die film vir jou.

Kyk die lokprent hier:

The post Filmresensie: <em>Military wives</em> appeared first on LitNet.

Ek het vandag weer vye geëet

$
0
0

Ek het vandag weer vye geëet.
Soet-vars van ’n geil groen boom
Wat hemel- en sywaarts uitreik.

Ek het vandag weer vye geëet.
By ’n opstal-murasie van ’n vreemde plaas
’n Nêrens tussen êrens en êrens.
Die boom het my in die verbyry geroep
Uitspattig groen teen die grou mure van vergeet.
Ek het vandag weer vye geëet.

Ek het stadig ingedraai op die hobbelpad
Tot teen die boom gery, stram-stram uitgestrek.
Ek het vandag weer vye geëet.

My hande het tussen die harde blare gewoel
Sagte vye, die vel al amper geel,
Verwonderd gepluk,
Die vrugsteel gedraai tot dit wit drup.

Versigtig die velletjie afgeskilfer,
Stadigversigtig.
En skielik, ’n leeftyd later, aan jou gedink.
Terwyl my tong dorstig die soet indrink.

Ek het vandag weer vye geëet, vars soos die veld.
Nie winkelvye wat dae lank op rakke lê en kreukel
Of ingelegde vye deur gemmer en suiker verskans.
Ek het vandag weer vars vye geëet.
My in die smaak en onthou van destyds verkneukel
Teenmekaar. Deurmekaargevleg. Onbeskans.

Jou asem het branders oor my kop gebreek,
Jou vingers sandkastele oor my blaaie gehark.
Stadigversigtig het ek jou vlees verken,
Jou middelpunt gesoek.

Verwonderd het ek in jou smaak verdrink
My kop op die smulbord van jou dye
Tot jou bekken my lippe stuwend kneus

Ek het vandag weer vye geëet.
Na jare en jare ophou vergeet,
Nostalgies gewonder;
Dink jy soms aan ons muskussweet?

Lees ook

Ses eietydse mikrosprokies

Ses verse in drie liriese middeleeuse style

The post Ek het vandag weer vye geëet appeared first on LitNet.

Hoekom representation saak maak

$
0
0

In die nuwe BBC TV-reeks Noughts and crosses is daar een toneel waar die karakter Callum sy vinger sny. Sephy gaan haal ’n pleister om die wond te bedek. Dis waarskynlik een van die mees potent tonele in die eerste episode, want die pleister is donkerbruin, en Callum is wit.

Die meeste wit lesers sou waarskynlik nog nooit agtergekom het dat vleeskleurige pleisters altyd wit vlees verteenwoordig nie. Hoekom sou hulle? Wit is hulle normaal. Ten spyte van die feit dat wit mense verreweg die minderheid in Suid-Afrika is, is pleisters vir wit velle steeds die norm. Wat Callum op die skerm ondervind, en wat blykbaar ’n geweldige skok vir wit kykers was, is normaal vir die meeste swart kykers (en pleistergebruikers). Selfs vandag, in 2020, moet ek moeite doen as ek pleisters wil kry wat by my vlees pas. Stap in by Clicks of Dis-Chem en enige ander winkel wat pleisters verkoop. Die kanse dat daar pleisters vir donkerder velle is, is bitter skraal.

Maak dit regtig saak watter kleur die pleister om jou vinger is? Vir doeleindes van ’n wond skoon, droog en higiënies hou, seker nie. Maar daar is ’n subtiele, dieper boodskap daaragter, van wie as die norm beskou word, wie se behoeftes en belange voorop gestel word. Sou die verbeelde wêreld van Noughts and crosses, waar swart mense se behoeftes vooropgestel word en wittes onderdruk word, regtig bestaan het, sou die wit opstand teen donker pleisters vinnig kom.

In Australiese televisie, op die sepie Home and away, word daar op die oomblik ’n selfdegeslagpaartjie uitgebeeld. Willow en Alex word deur hul ondersteuners as #Willex beskryf.Die reeks word in onder andere Australië, Nieu-Seeland en die Verenigde Koninkryk uitgesaai. Dit is algemeen beskou as ’n positiewe uitbeelding van ’n selfdegeslagverhouding totdat toegewyde kykers agtergekom het dat sekere tonele nie sin maak nie. Dit blyk toe dat stukkies dialoog en intieme oomblikke uit die Australiese weergawe gesny is, maar behoue gebly het in die Nieu-Seelandse en VK-uitsendings. Dis ’n sepie, so daar is in elk geval geen stomende tonele nie, maar selfs gewone intieme oomblikke soos ’n ligte soen op die mond is gesny. Dialoog waar die karakters vir mekaar sê hoe hulle oor mekaar voel, is gesny. Terselfdertyd word bedtonele tussen straight paartjies as roetine gewys.

Wat doen dit aan gay persone as enige verwysing na ’n emosionele komponent aan hul verhoudings net eenvoudig uitgesny word? Meer as dit, watter boodskap stuur dit aan heteroseksuele persone wat dalk nie andersins aan gay persone blootgestel word nie? Dit versterk bloot stereotipes dat gayverhoudings net oor seks gaan.

In The bold type, ’n Amerikaanse TV-reeks wat drie vriendinne by ’n glanstydskrif volg, ontgin die een karakter, Kat, haar biseksualiteit. Sy word deur haar vorige selfdegeslag partner gewaarsku dat die lesbiese gemeenskap haar nie sal aanvaar nie. “Really, bi erasure is still a thing?” vra haar kollega Oliver. The bold type word as revolusionêr beskou, omdat hulle biseksualiteit en ook die uitvee daarvan bespreek.

Op subtiele en minder subtiele maniere word daar steeds die boodskap uitgestuur dat queer mense abnormaal is, dat hulle nie geregtig is op dieselfde behandeling as ander nie. Is dit dan verrassend dat geweld teen queer mense aan die toeneem is?

Die laaste paar jaar het flieks soos Black panther en Hidden figures groot opslae gemaak, omdat dit die swart ervaring normaliseer. In hierdie flieks, en in TV-reekse soos Noughts and crosses, is swart karakters sentraal tot die storie. Hulle is nie net tokens, die hulpvaardige bediende of oppasser wat altyd beskikbaar is om die wit agenda te dien nie.

Sulke uitbeeldings maak saak. In ’n wêreld wat toenemend meer regs beweeg, waar daar al sterker beweging is om swart mense van hul regte te ontneem, is dit nodig dat positiewe swart beelde uitgesend word. Kyk maar na Amerika. Waar stemregte onderdruk word, is dit nege uit die tien keer swart kiesers wie se stemreg onderdruk word. Waar polisiebrutaliteit uitgeoefen word, is dit meesal teen swart burgers. Waar howe beskuldigdes in die steek laat, is dit meestal swart beskuldigdes wat in die steek gelaat word.

Net verlede week is daar ’n persoon tereggestel in Alabama. Nathaniel Woods was skuldig bevind aan die moord op ’n polisiebeampte, ten spyte van die feit dat daar geen direkte getuienis teen hom was nie. Iemand anders het vorendag gekom en skuld beken aan die moord. Verdere ondersoek het bevestig dat die ander persoon wel die skuldige was. Die vermoorde polisiebeampte se familie het gesmeek dat Woods se lewe gespaar moes word, omdat hy onskuldig was. Nogtans het die howe, en die goewerneur van Alabama, wat by magte was om die teregstelling te stop, besluit om voort te gaan. ’n Onskuldige man is deur die staat vermoor vir ’n misdaad wat hy nie gepleeg het nie.

Terselfdertyd, in Dallas, was ’n seun met die naam JT Hollis in aanhouding vir moord. Hy is gearresteer toe hy 14 was. Twee en ’n half jaar later, verlede week, is hy onskuldig bevind aan die moord. Die polisie het steeds geweier om hom vry te laat.

Woods en Hollis is albei swart. Sou hulle anders hanteer gewees het as die uitbeelding van swart mense nie konstant negatief was nie? Ek dink tog so.

Dit mag dalk lyk soos ’n soen hier en ’n pleister daar, maar wanneer mense se ervarings uitgevee word, het dit gevolge in die regtige lewe. Dis waarom representation saak maak. Dis hoekom ’n reeks soos Noughts and crosses so revolusionêr is.

Dis hoekom kuns saak maak.

The post Hoekom representation saak maak appeared first on LitNet.

Fotogalery: Toyota US Woordfeesbundel-bekendstelling

$
0
0

Die Woordfeesbundel is op Vrydag 6 Maart bekendgestel.  Remona Voges het foto's van dié geleentheid geneem.

Woordfeesbundel 2020

Jonathan Amid en Naomi Meyer

Gerrit Rautenbach en Jacques Myburgh

Naomi Bruwer en Madri Victor

Anske van Niekerk

Danie Marais, Anske van Niekerk en Ed Beukes

Danie Marais

Rodger Gibson en Gerda Taljaard

Suzette Kotzé-Myburgh

Ed Beukes

Karen Meiring

Tenita Kidelo en Cliffordene Norton

Elmarie Dercksen en Naomi Meyer

Marie Toerien en Francois Botha

The post Fotogalery: Toyota US Woordfeesbundel-bekendstelling appeared first on LitNet.


Toyota US Woordfees 2020: INK gratis beskikbaar – Uitgawe twee

Valsrivier: Naomi Meyer se indrukke

$
0
0

Die Valsrivier-akteurs (bron: woordfees.co.za)

Valsrivier, Domique Botha se hoogs aangeskrewe debuutroman van 2014, maak vanjaar by die Toyota US Woordfees ’n buiging as toneelstuk. Theatrerocket vervaardig die produksie, wat deur Saartjie Botha vir die verhoog verwerk is. Janice Honeyman is die regisseur en die rolverdeling spog met Anna-Mart van der Merwe, Stian Bam, Tinarie van Wyk Loots, Robert Hindley, Wiseman Sithole en Peggy Tunyiswa. (Bron: https://www.litnet.co.za/toyota-us-woordfees-2020-dominique-botha-oor-valsrivier-op-die-verhoog.)


Valsrivier by die Woordfees – te midde van die korona.

Vroeg in die vertoning hoes iemand in die teater. Dit klink nie te ernstig nie. Maar ek wonder tog, vlugtig, of ek meer gespanne sou voel oor daardie onskuldige hoesbui in die volgepakte teater as daar reeds gevalle van die virus op hierdie dorp  gediagnoseer is.

Die toneelstuk is ’n verwerking van Dominique Botha se gelyknamige boek, wat as memoires geskryf is. Die verhaal handel oor Dominique se ouerhuis in die apartheidsjare – haar ouers met hul verligte idees vir die tyd, en haar problematiese broer, wat uiteindelik selfdood gepleeg het. In die boek word die land se apartheidsgebeure sterk beklemtoon en is daar beelde van die landskap (die Vrystaat) waar Dominique grootgeword het. Dit is ook baie sterk in die toneelstuk teenwoordig.

Op die verhoog is daar één kernmiddelpunt. As toneelstuk wentel die verhaal om Dominique se broer. Hy is die hoofkarakter in hierdie verhaal, al is ook al die ander karakters belangrik – veral weens die impak wat elkeen van hulle op hom het.

“Om te skryf, is gesprekke met dooies,” is die openingswoorde.

Dominique Botha se gesin is anders as die res van die wit Suid-Afrikaanse samelewing. Haar ma (Anna-Mart van der Merwe se karkter) se woorde klink ironies: “Lank gelede, voor ons land die enigste een in die wêreld geword het.”

Die gesin is enersyds verlig en in opstand teen apartheid. Terselfdertyd is die sisteem se manier van doen, deel van die gesin se grein. Gesprekke oor die dood duik subtiel op. Die pa praat byvoorbeeld met sy seun oor hoe om die dood van ’n vriend te verwerk. Toe die seun te veel gaan drink, is die pa se reaksie: “’n Man moet sy drank kan vat.”

Daar is tonele van lyfstraf. Vir ’n pa wat anders dink as die mense van sy tyd, is daar beslis sekere gebruike wat oorgedra is van generasie na die volgende generasie. Daar is verwyte uit die pa se mond aan sy seun: “Hoekom is jy nie meer soos jou suster nie?”

Tog is daar baie liefde sigbaar. Terwyl ek die toneelstuk kyk, kyk ek dit ook as ma. Ek wonder oor die impak van elke daad op elke kind. En tog kan die ouers dit nie verhelp nie: Hulle bevraagteken ’n sisteem, en bly terselfdertyd daarin vasgevang.

Die werkersgesin wat inkom in die huis van Andries Botha. Die groettoneel is veelseggend: “Jy is ’n wit man met ’n naam, Andries Botha. Ek is Abel Dhlamini.”

Is hierdie verhaal ’n gesin se memoires? Die skrywer s’n? Die samelewing s’n?

Daar is kiekies in die gesinslewe. ’n Begrafnis, ’n datum, ’n gedig, van Vusi Dhlamini se dood.

Pogings tot medemenslikheid van die wit gesin af, maar is dit soos Soos familie waaroor Ena Jansen skryf? Mense wat werklik vir mekaar omgee, maar altyd in ’n soort vertikale verhouding met mekaar staan, wat nie werklik vriende kán wees nie, omdat die gesin nie die samelewing se waardes en orde omver kan werp nie?

Die pa se reaksie op die seun wat nie studeer nie: “Wat hy nodig het, is dissipline en roetine.”

Die ma: “Ek was ook jonk, ek wou ook wegkom.”

Die seun vra: “Wil Ma steeds wegkom?”

Die ma: “Ja.”

Valsrivier. “And a river runs through it,” dink ek. Hoeveel valshede en halwe waarhede is nie in hierdie teks versteek nie.

Iewers noem die ma dat sy nie in God glo nie. Wanneer die seun valse briewe van geluk van die Grens af skryf, skryf die ma terug: “Ek bid vir jou.”

Dalk het die weermag en daardie leuens hom gebreek. Hy het uiteindelik ge-awol. En toe begin die selfdoodpogings. Hier weet mens nou al hoe die verhaal gaan eindig. Mens kyk net toe. “’n Soldaat se liggaam is die eiendom van die staat,” sê die Dominique-karakter in die verhaal (Tinarie van Wyk Loots).

Later is daar gesprekke oor waterpype; die Valsrivier hou aan met vloei, dwarsdeur die huis. Terwyl die pa die seun bad en afdroog, is daar gesprekke oor pype. Water vloei oor die seun se liggaam. Dalk is die liefde van die pa eg, maar die water in die pype, steeds vals.

Daar is verwysings na Dominique: Sy bly gewig verloor. So terloops word dit genoem. Die gewigstema word glad nie ontgin nie. Iemand vertel my dit het haar gehinder met die lees van die boek en in die toneelstuk weer. Slegs twee verwysings daarna. Maar niemand brei hierop uit nie. Dalk doelbewus? Was dit ’n eetsteurnis waaroor niemand praat nie? En is dit ’n kortstondige knik in die rigting van Dominique – dis nie het haar broer wat beskadig is nie; dalk is dit sy ook?

Dominique hoor hoe kwaad haar broer is. Sy luister hoe hy die sisteem vloek en praat oor al die kranksinnige dinge van die tyd. Sy is ’n toeskouer, voortdurend. Sy hou dit vir haarself. Haar pa en ma weet sy weet meer, maar sy praat nie met hulle daaroor nie. Sy slaan gade, die man wat sê: “Jou broer stel in elke denkbare ondervinding belang en elke denkbare ondervinding stel in hom belang.”

Is haar broer gay? Hy slaap by prostitute. Hy is verlief op ’n vrou iewers in Afrika. Hy moet wegkom van die dwelms, sê hy by herhaling.

Hoekom is haar ouers, met hulle verligte idees, dan nie verlig genoeg om te weet hoe om met hul kinders te kommunikeer nie? Of sy, ’n verligte en denkende mens, om vir haar ouers te sê haar broer kry swaar nie? Maar mens veroordeel nie. Mens slaan gade en jy besef: Ons is almal vasgevang in ’n land, in ’n sisteem, in ’n mikrokosmos. Wie weet of ons die regte besluite neem en watter impak dit op ander mense rondom ons het?.

Of kan mens nie alles onder woorde bring nie? Is Valsrivier net so vals en syfer die water so diep dat mens net kan probeer skep en nie by die bron uitkom nie? Skryf as ’n poging om sin te maak. As gesprekke met die dooies.

(Ek dink vlugtig aan Lizette Rabe se Om tot verhaal te kom.)

Die politieke verwysings val my op. Destyds, soos vandag: die woede jeens FW de Klerk wat nou weer kop uitgesteek het. Gesprekke oor dagga as euwel. Vandag soos gister, herhalende patrone.

“Alles eindig waar dit begin,” sê Dominique se ma iewers teen die einde van die toneelstuk rond.

En: “Jy het my altyd vooruit geloop,” sê die Dominique-karakter toe haar broer sy lewe geneem het.

’n Toneelstuk wat mens laat besef die verlede is nog nie verby nie. Dominique dra dit met haar saam, en die res van ons ook.

Is dit oplaas die samelewing en die sisteem wat hom dryf tot by die punt waar hy nie meer kan nie? Is dit sy ouers wat vasgevang is in die sisteem, ten spyte van hulle protes daarteen? Is dit sy eie innerlike samestelling?

Een hoes in die teater beteken nie noodwendig dat die hoesende met die koronavirus besmet is nie. Maar as die deure toe is en die vensters ook, en daardie hoesende dra inderdaad die kiem, is dit so: Almal wat deel is van hierdie tyd, in hierdie tydsgreep en die hier en nou, is hieraan uitgelewer. Jy mag dalk ’n kiem met jou saamdra, miskien met jou hande verder versprei net deur aan ’n oppervlak te raak. Soos ek ook gedagtes oor Valsrivier met my saamdra, die valshede en die besmettinge van daardie tyd, en die impak op elkeen van ons wat vandag nog leef.

Lees ook:

Toyota US Woordfees 2020: Dominique Botha oor Valsrivier op die verhoog

 

The post <em>Valsrivier</em>: Naomi Meyer se indrukke appeared first on LitNet.

Fotogalery: Kuns by die Toyota US Woordfees 2020

$
0
0

’n Groot verskeidenheid kunswerke word tydens die Toyota US Woordfees in die Stellenbosch Stadsaal uitgestal.  Remona Voges het foto's geneem om kunsliefhebbers ’n voorsmakie te gee van wat daar by vanjaar se fees te sien is.

Vry vlug deur Shany van den Berg

Jaarringe deur Shany van den Berg

Igwava ehlabayo deur Thandiwe Msebenzi

The shape of things to come deur Olaf Bischoff

Red crown deur Adriaan de Villiers

Amethyst crown deur Adriaan de Villiers

Vindonite crown deur Adriaan de Villiers

Rendezvous deur Gerhard van Eck

Blessing of completion deur Jacques Dhont

The post Fotogalery: Kuns by die Toyota US Woordfees 2020 appeared first on LitNet.

Dagga, van stiefplant tot allerheilige kruid

$
0
0

Dagga is vinnig besig om sy taboereputasie te verloor. Waar dié veelbesproke kruid vir dekades lank in ’n groot deel van die Westerse wêreld gedemoniseer is, is dit deesdae ’n gesogte kommoditeit. Verby is die dae toe daggarokers as kriminele beskou is. Deesdae skiet markte waar die fokus uitsluitlik op daggaverwante produkte val, gereeld en oral op. En die stigma wat aan daggarokers gekleef het, verdun soos ’n blou warreling in die lug.

Die tydsberekening vir die publikasie van Heinz Mödler se … en daar was dagga kon nie beter gewees het nie. Met allerlei aksies wat aan die gang is om dagga te dekriminaliseer, is die mark ontvanklik vir ’n boek wat bestek opneem van presies waar Suid-Afrikaners hulle met betrekking tot die kruid bevind. Mödler se boek is hoogs leesbaar, propvol interessante feite en nuttig vir almal. Entrepreneurs wat hulle van geldmaakmoontlikhede wil vergewis, ouers wat bekommerd oor hul kinders se rookgewoontes is (of hul eie), sal almal baat vind by die boek. Om nie te praat van mense met skete en pyne waarvoor konvensionele medikasie nie help nie.

Dagga kom al van voor die mensdom af. In Mödler se boek kry jy ’n deeglike oorsig van die oorsprong van die kruid, en hoe dagga in die vroegste tye ’n bron van voedsel, klerasie en medisyne was. Vandag is dit maklik om te verstaan hoe die kruid as medisyne ingespan word, en ook hoe die vesel geskik is om klerasie te “weef”.

Maar hoe sou die grotbewoners destyds die plant as gereg voorgesit het?

Mödler, bedags ’n mediese spesialis wat mense letterlik aan die lewe hou, verduidelik: “Die sade is propvol olies en proteïene. Ons oerouers het dit eenvoudig fyngemaak en geëet, en dit waarskynlik hanteer soos koring, mielies of rog. Ek kan my nie indink dat dit lekker kon gewees het nie, maar hulle resepte het hulle genoegsaam laat oorleef vir ons om nog hier te wees.”

Maar waar staan ons vandag in Suid-Afrika met die wet en dagga? In hoe ’n mate is dit al gedekriminaliseer? Wanneer kan wie nog in hegtenis geneem word?

Heinz Mödler, skrywer van … en daar was dagga. (Foto: verskaf)

“Dagga is tans gewettig vir persoonlike gebruik. Jy mag dus ’n paar plante in jou jaart water gee en jou oes pluk, uitdroog en op jou stoep sit en rook sonder dat die blou ligte in die straat gaan flits,” verduidelik Mödler.

Die probleem kom egter wanneer jy met dagga wil handel dryf. “Indien jy ’n surplus dagga geoes het en ’n geldjie daaruit wil maak deur dit aan die bure te verkwansel, gaan jy in die moeilikheid kom,” sê hy. Die wetgewingsproses rakende dagga moet nog ’n lang pad loop voordat daar klarigheid oor alles is. Vir die gewone burger mag dit lyk asof die regering voete sleep oor die volkome wettiging van die plant, maar dinge is nie so eenvoudig nie. “Die woord oor dagga is nog nie uit nie,” sê Heinz. “Soos nuwe navorsing en inligting na vore gaan kom, gaan wette weer gewysig word. Niemand wil nou die kans waag deur te verklaar dagga is absoluut veilig en dan later met eier op die gesig sit nie.”

’n Mens moet ook nie vergeet dat dagga tot onlangs as ’n vloekwoord en die bron van alle aardse sondes beskou is nie. Dit sal nog ’n rukkie duur voordat die taboereputasie heeltemal afgeskud word. “Ek dink die groot probleem het gekom tydens Nixon se War on Drugs. Dagga is saam in die pot vol ander gevaarliker dwelmmiddels gegooi. Die hoofrede hiervoor was nie soseer omdat dit ’n dwelmmiddel van afsku is nie, maar meer om die man te speel,” sê Heinz.

In die Amerikaanse politiek word die argument dat die kriminalisering van die kruid ’n manier van die regerings is om etniese minderhede op hulle plek te hou, vandag baie sterk deur prodaggafaksies benadruk. Heinz sê Nixon se veldtog was baie effektief: “Ongelukkig het hierdie taktiek aan dagga ’n swak naam gegee en is daar geglo dat dit ’n euwel soortgelyk aan kokaïne, heroïen en ander dwelms is.” Drakoniese maatreëls soos dié is oorbodig. “Deur iets soos dagga te kriminaliseer, iets wat jy weet vir baie mense omtrent die enigste bekostigbare plesiertjie in die lewe is, is venynig en aspris. Deur te sê dit word gedoen vir die mens se eie beswil, is lagwekkend en argaïes. Maar dit was natuurlik ’n handige manier om van ‘elemente’ ontslae te raak wat nie inpas by die regering se siening en oortuigings nie,” sê hy.

Dagga is nie meer 'n taboe nie. (Foto: Brandon Nickerson, Pexels)

Dagga werk uiteraard nie vir almal nie. Party mense kan dit rook en geniet, maar ander se koppe haak uit wanneer hulle ’n trekkie vat. “Mense reageer verskillend teenoor medisyne of dwelms,” verduidelik Heinz. “En hierdie reaksies is onvoorspelbaar. Party mense kry newe-effekte wat ander nie kry nie.” Wat dus vir een mens werk, werk nie noodwendig vir ’n ander nie. “Dieselfde zol sal een persoon se tone laat krul van plesier, maar die volgende persoon paniekerig en angstig laat.” In … en daar was dagga word hoofstukke afgestaan aan die effek wat ’n splif op die mens se brein het, en ook die uitwerking daarvan op die organe.

Die vraag of dagga wel verslawend is, word tot in die fynste besonderhede uitgepluis. Ouers wat bekommerd is dat hul tieners aan ganja verslaaf kan raak, en dat dit ’n afspringplek na ander dwelmmiddels kan wees, het ’n punt beet. “Dagga veroorsaak verslawing in die brein op dieselfde manier as wat ander verslawende middels dit doen. Maar dit is ’n sagte dwelm, soos alkohol en tabak, want dit neem betreklik lank vir die brein om daaraan verslaaf te raak. ‘Gateway’-probleme is erger in kinders wat vroeg begin om dagga gereeld te gebruik,” waarsku Heinz. “Kinders in families waar daar ’n geskiedenis van skisofrenie is, moet wegbly.”

Oor die medisinale waarde wat dagga inhou, kan mens egter liries raak. Daggaolie is deesdae veral gewild en word deur ’n ieder en elk vir kwinte en kwale aangewend. Heinz se siening hiervan is versigtig optimisties: “Die mediese gebruike van die plant, wat die hoofargument was om dagga te wettig, is nog ver van duidelik. Navorsing is grotendeels nog onvolledig en die meeste suksesstories is anekdoties van aard.” Die mediese toestande wat met die welslae van dagga geassosieer word, is “chroniese pyn, spastisiteit van veelvuldige sklerose, naarheid en braking, en sekere tipes epilepsie. Maar selfs hier is dokters nie oortuig dat dit beter is as enige ander medikasie beskikbaar nie.”

Die ding met dagga is dat dit dikwels in groot dosisse geneem moet word voor dit effektiwiteit toon. En dis hier, waarsku Heinz, waar onaanvaarbare newe-effekte begin kop uitsteek. “Ook wil meeste pasiënte wat dagga neem omdat hulle byvoorbeeld pyn het, nie op ’n high wees nie.” Boonop is daggaprodukte peperduur. “Medikasie wat oorsee beskikbaar is, en nog nie by ons nie, is so duur dat gebruikers dikwels maar zolle koop omdat dit meer bekostigbaar is,” sê hy. “Baie mense wat dagga om mediese redes gebruik, is baie ingenome vir die eerste paar maande. Dan verdwyn dit en gebruik hulle maar weer konvensionele medisyne.”

Daggaolie is deesdae baie gewild onder Suid-Afrikaners. (Foto: Julia Teich, Pixabay)

Die hemelhoë prys van daggaolie is toe te skryf aan twee faktore. Eerstens is dié tipe mark ’n “geldmakery van formaat”, sê Heinz. Verder is die ekstraksieproses van goeie-gehalte-daggaolie nie goedkoop nie. “Indien die produk werklik is wat op die etiket weergegee word, is produksie duur, aangesien die ekstraksie van die kannabinoïede deur middel van koolstofdioksied-ekstraksie, redelik duur is.” Maar meestal, waarsku hy, is die olies duur omdat daar geld op die spel is.

’n Mens kan nie anders as om te wonder hoeveel generasies Suid-Afrikaners deur universiteit gesit is met geld wat uit dagga gemaak is toe die kruid nog heeltemal onwettig was nie. En wat sou die impak op die sukkelende landsekonomie wees as die informele ekonomiese aktiwiteite rondom die kweek en verspreiding van dagga in die hoofstroom opgeneem word? Heinz voorsien nie dat daggaverkope wat deur die regering georkestreer word, gaan slaag nie. “In Amerika en ander lande wat dit probeer het, het die pryse so duur geraak dat niemand dit kon bekostig nie.” Uiteindelik is dit rolspelers in die informele daggasektor wat gaan floreer. “Wie gaan ten duurste dagga in ’n winkel koop as die produk onder ’n lamppaal goedkoper is?” vra hy. “En jy mag mos nou dagga vir persoonlike gebruik in jou sak hê sonder om in die tronk te beland.”

Die daggamarkte wat mens deesdae oral sien, moet deur allerlei reguleringshoepels spring om in wetstoepassers se goeie boekies te bly. “Indien jy ’n produk wil verbou en verkoop, moet jy geregistreer wees. Inspeksies word by jou fabriek gehou en jy hang ’n sertifikaat teen jou muur.” Maar oor die internet kan dagga verkoop word sonder dat vrae oor sertifikate gevra word.

Wanneer dit by sintetiese dagga kom, moet mens veral versigtig wees, sê Heinz. “Die woorde ‘nie vir menslike gebruik’ word op die pakkies gedruk, en dit vrywaar verkopers van vervolging.” Kopers weet nie wat alles in dié produkte skuil nie, en dit wys waarom regulering noodsaaklik is.

In die boek gee Mödler ’n oorsig van die situasie in lande waar dagga gewettig is. Maar telkens wanneer mense daar toegelaat is om dagga te kweek en daarmee handel te dryf, het onvoorsiene praktiese probleme opgeduik. Om dagga deel van die formele sektor te maak, is duidelik kompleks. Waarvoor moet daar voorsiening gemaak word as dié proses in Suid-Afrika sy loop neem?

“Ek dink dit sal dalk werk as die regering nie die kans raaksien om Eskom deur daggaverkope te finansier nie,” sê Heinz. “Indien dagga wel verbou gaan word vir mediese doeleindes, moet daar behoorlik orde gehandhaaf word. Registrasies en analises om te bepaal wat die inhoud van ’n produk is, is noodsaaklik.” Of dit prakties uitvoerbaar gaan wees, betwyfel hy egter. Die meeste mense gaan die informele sektor bly ondersteun, veral omdat dit goedkoper is.

Uiteindelik moet daar in die algemeen verantwoordelik met die “heilige kruid” omgegaan word. En ’n samelewing wat nie sy kinders beskerm nie, het nie bestaansreg nie. “Streng maatreëls is nodig,” volgens Heinz, “om te verhoed dat plekke waar dagga verkoop en gebruik word, ’n teelaarde raak vir hardcore dwelms. Indien dit gebeur, tree kriminaliteit weer na vore en is ons erger af as voorheen. Die dekriminalisering van dagga is reg, maar harde dwelms bring lelike elemente op die speelgrond.”

Sou ’n mens ten slotte kon argumenteer dat die “heilige kruid”, noudat dit sy stiefkindstatus in die samelewing kwyt is, kan kwalifiseer as “allerheilige kruid”?

“Ja, dit maak sin!” antwoord die dokter met die geesdrif van ’n navorser en skrywer. “Dagga het nie ’n gelyke nie. Dit is so ’n diverse en fassinerende plant met soveel verskillende klede. Ek dink nie daar is nóg so ’n plant op die planeet nie. Die daggaplant het iets vir elkeen van ons. Vir skrywers is daar selfs hemp-papier!”

 

 

The post Dagga, van stiefplant tot allerheilige kruid appeared first on LitNet.

"Die maskers word afgehaal en kwesbaarheid word voor die gehoor neergelê"

$
0
0

Stephren Saayman (Foto: verskaf)

Stephren Saayman is ’n jong opkomende akteur en teatermaker. Sy groot liefde lê by die skryf en maak van opregte en hartroerende teater. Twee van sy teaterproduksies, Dankie, maar nee dankie! en Ek Eva, is vanjaar by die KKNK, Suidoosterfees en Vrystaatkunstefees te sien. Hy gesels met Cliffordene Norton.

Stephren, baie geluk met jou twee teaterproduksies, Dankie, maar nee dankie! en Ek Eva, wat tydens die KKNK te sien is. Vertel asseblief meer oor elke stuk – waaroor gaan dit?

Dankie, maar nee dankie! handel oor drie bruin gesinne wat kop aan kop gaan om te kompeteer vir ’n advertensie wat hulle in die Son-koerant sien. Hierdie advertensie is op soek na die twee perfekte coloureds om die nuwe en beter Suid-Afrika te betreë. Die stuk lewer kommentaar oor bruinwees as die middelkind en hoe die stelsel net rondom ons as bruin mense werk. Hoe ons onsself altyd in die middel bevind. Dit maak ’n konneksie tussen familie as ’n tema en hoe ons van ons omstandighede wil wegbreek.

Ek, Eva handel oor drie vrouens wat baie verskillend is van mekaar, maar tog ’n konneksie het. Hulle almal word in ’n wrede tydperk op die proef gestel om te praat oor wat hulle vashou en terughou in hul lewens. Dit lewer kommentaar op die Vrug van die lewe wat geëet moet word om vry te kan wees om te kan onderskei tussen goed en sleg en die stigmas van andere oor vrouwees te verbreek. Al drie is verbind en het ’n konneksie met Eva wat deel vorm van hulle daaglikse bestaan. Die maskers word afgehaal en kwesbaarheid word voor die gehoor neergelê.

Meggan Johnston, Robyn September en Brutney Singrew in Ek, Eva (Foto: verskaf deur KKNK)

Wat was die inspirasie agter elke produksie?

Die inspirasie vir Dankie, maar nee dankie! het gekom vanuit ’n plek wat naby aan huis is en deel vorm van die bloed in my are – die mense naaste aan my. Die leë beloftes en die soeke na identiteit word hier gesien as ’n kans om polities te raak oor die siklus en stelsels.

Ek, Eva s’n het gekom toe ek die bestaan van vrouwees bevraagteken het en die belangrikheid daarvan verstaan het. Ons elkeen ken ’n moederfiguur of vroulike figuur wat iets beteken vir ons. Die seer en pyn wat hulle agter hul maskers wegsteek spreek boekdele. Die verskillende fasades vorm deel van hul daaglikse bestaan en die waarheid daarvan word weerspieël.

Stephren Saayman en Cantona James in Dankie, maar nee dankie! (Foto: verskaf deur KKNK)

Stigmas word gebreek in hierdie storielyn en dis die representasie daarvan wat ’n impak laat. Die magiese realisme as ’n styl word beklemtoon met die gebruik van fisiese teater om die boodskap oor te dra.

Neem ons deur die proses van ’n toneelstuk skryf. Watter uitdagings en hoogtepunte is daaraan verbonde?

Om te skryf, verskaf vermaak. Dit verskaf insig oor ’n spesifieke siening. Dit gaan seker baie ongewoon klink, maar ek sien eers die prentjies voor ek dit neerpen. Die grootste uitdaging is om van my “darlings” ontslae te raak. Om oor en oor neer te pen wat gesê moet word en hoe dit op die mees opregte manier gedoen kan word. Om te sien hoe dit eers by ’n visie begin en dan verder groei is altyd ’n pluspunt om deel te wees van die ontwikkelingsproses.

Jy is een van die akteurs in Dankie, maar nee dankie!. Hoe het dié dubbele rol (as skrywer en akteur) jou benadering tot die stuk as akteur beïnvloed?

Om eerlik te wees wou ek self eers die regie van Dankie, maar nee dankie! doen, maar later het ek besluit om eerder een van my fiksionele karakters uit te beeld. Ek het gesien dat dit vir my ’n groot uitdaging gaan wees om te sien hoe die storie in iemand anders se kop afspeel. Dit leer my baie om van my darlings ontslae te raak, want op so ’n manier sien ek hoe iemand anders die woorde op die bladsy na lewe kan bring. Dit maak eintlik dinge vir my om die karakter te verstaan ’n bietjie beter omdat ek basies ’n meer intieme konneksie met die denkwyse van die karakter het.

Ek, Eva is die Suidoosterfees 2019 DKES-wenstuk. Wat was jou reaksie toe jy uitgevind het?

Ek was totaal en al onkant gevang, want ons het dit regtig nie verwag nie. Ek het nog net so ’n paar minute voor ons optrede gesê dat ons speel vir daardie een persoon wat gekom het om te kom luister en dit nodig het. Dit het regtig vir ons as groep gewys dat die storie net vertel moet word. Al is dit net een persoon wie se ore dit moet hoor, speel jy net vir daardie persoon en outomaties gaan alles reg uitwerk, want die doel is bereik.

Ek, Eva (Foto: verskaf deur KKNK)

Beplan julle om die stuk na ander verhoë ook te neem en verder op te voer?

Wel, Ek, Eva is graag te sien by die KKNK, Suidoosterfees en Vrystaatkunstefees. Ons hou nog iets in die mou vir Vrouemaand wat in Augustus is, maar daar is definitief nog planne vir hierdie stuk. Kaartjies is beskikbaar by Computicket of op ons digitale blad @_ek_eva.

Dankie, maar nee dankie! is te sien by die KKNK en Vrystaatkunstefees. Daar is nog groot planne vir hierdie stuk om sy storie te gaan vertel op soveel platforms as moontlik.

The post "Die maskers word afgehaal en kwesbaarheid word voor die gehoor neergelê" appeared first on LitNet.

Viewing all 21541 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>