Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21534 articles
Browse latest View live

PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Februarie 2020

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Februarie 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Februarie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

1 Februarie

Kunsblad: “Vergete” Engelse gedigte van Olga Kirsch uitgegee

Meer as 100 ongepubliseerde Engelse gedigte van Olga Kirsch word eersdaags in ’n bundel uitgereik.

 3 Februarie

Boekevat: Resensente moet anker gooi teen krulle

Rubriek deur Charl-Pierre Naudé

Resensie: Vertaalde verse síng

Joan Hambidge resenseer Die singende wêreld deur Marc Tritsmans (Vertaler: Daniel Hugo)

Resensie: Verhaal van oorleef, omgee

Jonathan Amid resenseer Vegters deur Lucia Prinsloo

Resensie: Gedenkboek wat onthou

Kerneels Breytenbach resenseer Tulbagh onthou deur Rosette Jordaan, Calvin S Van Wijk, Theoniel Potgieter ea.

4 Februarie

Kunsblad: Willem Anker laat Buys self praat oor insinuasies oor plagiaat

Die skrywer en dramaturg Willem Anker reageer op verdagmakery oor plagiaat in sy bekroonde roman Buys: ’n Grensroman

8 Februarie

Kunsblad: JM Coetzee vier 80ste verjaardag

Melvyn Minnaar onthou ’n storie van lank gelede

Kunsblad: Coetzee se “Disgrace” slaan steeds hard

’n Nobelprys en een van net drie skrywers wat die gesogte Booker-prys twee keer ontvang het, onderstreep JM Coetzee se aansien in die Engelse literêre wêreld.

9 Februarie

Kunsblad: Roman verbeel ’n ander verhaal vir Tsjechof se lewe

Die dame met die hondjie deur William Oosthuizen is deur Tsjechof se gelyknamige kortverhaal geïnspireer

Resensie: Coetzee se Kaaps trek sluier oop

Ronelle Simmons resenseer Innie Shadows deur Olivia M Coetzee

17 Februarie

Resensie: Die meetsnoere val nie perfek vir almal

Francois Bekker resenseer Geen engel nie deur André Krüger

19 Februarie

Kunsblad: Penguin kry Afrikaanse voet in deur

LAPA-Uitgewers is nou in Penguin Random House SA se kraal

21 Februarie

Kunsblad: Prys vir kortverhale na Chris Barnard hernoem

Die Croyez-prys, wat verlede jaar vir die eerste keer toegeken is, heet nou die Chris Barnard-kortverhaalprys

22 Februarie

Kunsblad: Bekroonde “Valsrivier” vind sy weg na verhoog

Valsrivier deur Dominique Botha debuteer as toneelstuk by die Toyota US Woordfees

24 Februarie

Resensie: Ommie wêreld in min woore te contain

Louise Viljoen resenseer Oolog deur Nathan Trantraal

27 Februarie

Boeke: Viljoen wen Lapa-jeugprys met distopiese verjaal

Die skrywer Fanie Viljoen het met sy distopiese jeugroman Offers vir die vlieë die Lapa-jeugromankompetisie gewen.

Boeke: Fanie Viljoen verheug oor Jeugroman-prys

28 Februarie

Kunsblad: Vertaling van Anker-roman haal Booker-langlys

 

Die Groot Ontbyt

Leonie van Rensburg het in Februarie die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:

4 Februarie

  • Geen engel nie deur André Krüger 
  • My LullaBybel vir meisies en My LullaBybel vir seuns deur Alette-Johanni Winckler 
  • My babaseuntjie se mylpale en My babadogtertjie se mylpale 
  • Klankboeke: Raserige plaas, Mooi meermin, Gelukkige olifant   
  • Moenie met ’n prinses mors nie deur Rachel Valentine (Vertaler: Kobus Geldenhuys)

11 Februarie

  • Die Vywervrou-trilogie deur Chanette Paul 
  • Soete sonde saamgestel deur Lizz Meiring 
  • In Opleiding-reeks: Brandbestryder, Veearts, Atleet en Kodeerder

18 Februarie

  • Mindful Eating deur Izelle Hoffman 
  • Die belydenis deur Jodi Picoult (Vertaler: Daniel Hugo) 
  • Die afloerder deur Anel Heydenrych  
  • Vrolike liedjies volume 1 en 2, Jesus-liedjies, Rympieland

25 Februarie

  • Die SAW en Cuito Cuanavale deur Leopold Scholtz 
  • Die antie met die pienk rok en ander stories deur Jan Spies 
  • Albertus die jakkalsie-reeks  
  • Kinders wat moor deur André le Roux

LitNet

 Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Februarie op LitNet verskyn:

Resensie: A century of South African theatre deur Loren Kruger

Resensie: Klikbek deur Sidney Gilroy

FMR-resensie: Noorman deur SD Fourie

Resensie: Die kind uit die wingerd deur Helene de Kock

Resensie: Toring van Jasmyn deur Derick van der Walt

Resensie: Pieter Fourie: Teatermaker – ’n huldiging deur Fanie Olivier (redakteur)  

Resensie: Innie Shadows deur Olivia Coetzee

Resensie: grondwater deur Marlise Joubert

LitNet Akademies-resensie-essay: Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden

'n Onderhoud met Danie du Toit van Spoegwolf

Skrywersonderhoud: Cas Vos oor Job en Met my hand op my hart

As jy van moord droom: ’n onderhoud met Deborah Steinmair

"Ek wou die boek skryf wat ek nie as kind gehad het nie" – ’n onderhoud met Bianca Flanders

As if born to you: An interview with Susan Newham-Blake

Of Motherhood and Melancholia: a bilingual interview with Lou-Marié Kruger

Die Alfadokument: ’n onderhoud met René van Zyl

Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Adellé von Ronge Kotzé

Danie van Spoegwolf opgewonde oor debuutdigbundel

Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Frederick Botha

Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Johan de Nysschen

Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Jeanetta Basson

What the water remembers: ’n onderhoud met Pieter Odendaal

Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Madeleen Welman

Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Jelleke Wierenga

Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Isabel Martinson

Rapport

 Die volgende resensies het gedurende Februarie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

2 Februarie

Resensie: Nathan Trantraal resenseer Innie Shadows deur Olivia M Coetzee

Resensie: Theunis Engelbrecht resenseer Mindf*ck: Inside Cambridge Analytica’s Plot to Break the World deur Christopher Wylie en Permament Record deur Edward Snowden

Resensie: Me deur Elton John, geresenseer deur Theunis Engelbrecht

Nuut op die rak: ’n Viertal vir die feiteverslaafdes

  • Blydskap: Mindfulness-wenke vir ’n vreugdevolle lewe deur Johannes de Villiers 
  • Tuinvetplante deur Gideon F Smith en Ben-Erik van Wyk 
  • South Africa’s Greatest Bowlers deur Ali Bacher en David Williams 
  • Aanvallende agterspel in rugby deur Martyn Redelinghuys

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/nuut-op-die-rak-n-viertal-vir-die-feiteverslaafdes-20200202

9 Februarie

Resensie: Bun Booyens resenseer Dream of a Lifetime: Crossing Antarctica deur Mike Horn

Resensie: Barend Barends: Die vergete kaptein van Danielskuil deur Bart de Graaff, uit Nederlands vertaal deur Daniel Hugo, en geresenseer deur Bill Nasson

Resensie: Rachelle Greeff resenseer Die mooie Jan en ander Afrikaanse kortverhale, saamgestel deur Anine Vorster en Anita Stander

 

Nuut op die rak: ’n Keur van nuwe kortkuns

  • Die antie met die pienk rok en ander stories deur Jan Spies 
  • Die nag ruik na spoed deur Schalk Schoombie 
  • Daniël Lötter se Die grootpad is ’n grondpad: ’n Koffiekuier by Karoomense 
  • Luistervink: 13 Stories deur Madré Marais 
  • Brian Fredericks se As die Cape Flats kon praat

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/binnekort-op-die-rak-n-keur-van-kortkuns-20200209

16 Februarie

Resensie: Abel Esterhuyse resenseer Die SAW en Cuito Cuanavale: ’n Taktiese en strategiese analise deur Leopold Scholtz

Resensie: Joan Hambidge resenseer Los gedagtes deur Jeanne Goosen

Resensie: By die brandende berg deur Piet van Rooyen, geresenseer deur Jonathan Amid

Nuusbrok/Nuut op die rak: Jodi Picoult praat nou Afrikaans

23 Februarie

Resensie: Sophia van Taak resenseer Blydskap: Mindfulness-wenke vir ’n vreugdevolle lewe deur Johannes de Villiers

Resensie: Daniel Hugo bespreek Die waarheid oor duiwe deur Gisela Ullyatt

Resensie: Jonathan Amid resenseer Die afloerder deur Anel Heydenrych

Nuut op die rak: “’n Ruim porsie poësie” 

  • Duifiedorings deur Thomas Deacon
  • Van my beste vriende is groen pyltjies en bruin bottels deur Kleinboer 
  • Parlement van uile deur Johann van der Walt 
  • Nagblind deur Francis Grobler 
  • Verskuilde verse deur Hennie Smith 
  • Ou laaie deur Fanie Olivier 
  • Onder die vlerk van liefde deur Cas Vos 
  • Pleks van plaas deur Jerzy Koch

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/n-ruim-porsie-poesie-20200222

Maroela Media

Die volgende resensies het gedurende Februarie op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

4 Februarie

Boekresensie: Die nuwe Afrikaanse prosaboek

Liefhebbers van kortverhale sal verheug wees oor die groot verskeidenheid verhale wat in die bundel verskyn.

Lees die resensie

11 Februarie

Boekresensie: Leef jou emmerskop-lys nóú

’n Emmerskop-lys moet eintlik ’n lééf-lys wees. Die lewe is ’n geskenk wat elke dag ten volle geniet en gebruik moet word.

Lees die resensie

19 Februarie

Boekresensie: Iemand wat verdrink en ander verhale

Tieners wat van lees hou maar nie altyd genoegsame tyd op hande het om gedurende skoolkwartale dik boeke te verslind nie, sal baie opgewonde wees oor dié boek. Die verhale is kort genoeg dat mens dit saans voor slaaptyd kan kafdraf.

Lees die resensie

20 Februarie

Boek van die maand: Die dame met die hondjie

William Oosthuizen gebruik Anton Tsjechof se kortverhaal “Die dame met die hondjie” as aanknopingspunt vir sy roman met dieselfde titel.

Lees die resensie

25 Februarie

Boekresensie: Dit proe soos huis

’n Kookboek tjokkenblok vol nostalgiese koesterkos en pragfoto’s met Herman Lensing se herinneringe aan sy ma.

Lees die resensie

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Februarie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 5 Februarie

Ilse Salzwedel gesels met Stefaans Coetzee, skrywer van Wit Wolf, oor hoe boeke sy lewe tydens sy byna twee dekades in die tronk verander het. 1 Februarie was Internasionale Hardop-voorleesdag, maar hoekom is dit so goed vir kinders? Ilse vertel ook meer van ’n paar oulike kinderboeke vir voorlees en selflees. In sy internasionale bydrae gesels Johan Myburg onder andere oor die kortlys vir die Dylan Thomas-prys.

Woensdag 12 Februarie

Hoe omskep jy ’n klassieke roman soos Die swerfjare van Poppie Nongena in ’n rolprent? Dramaturg Saartjie Botha vertel hoe sy en haar mededraaiboekskrywer Christiaan Olwagen dit gedoen het vir die rolprent Poppie Nongena. Jy kan ook luister na ’n klanksnit uit die argief waarin Elsa Joubert vertel van die reaksie op haar bekroonde roman. Marié Heese vertel vir Ilse Salzwedel van die inspirasie vir haar boek Peter Pan en Laurie, ’n opvolgverhaal vir die klassieke jeugverhaal Peter Pan and Wendy. Johan Myburg vertel in sy internasionale insetsel meer oor die Costa Boek van die Jaar-wenner, The Volunteer.

Woensdag 19 Februarie

Luister na argiefmateriaal oor die digter, liedjieskrywer en dramaturg Rosa Keet, wat onlangs haar 75ste verjaarsdag gevier het. Keet was instrumenteel in die ontstaan van die Musiek-en-Liriek-beweging. Die werk van die Nobelprysbekroonde skrywer JM Coetzee, wat onlangs 80 geword het, word ook belig. Johan Myburg gesels in sy bydrae oor interessante gebeure in die internasionale boekewêreld.

Woensdag 26 Februarie

Sonya van Schalkwyk-Barois, die vrou agter die splinternuwe Afrikaanse vertalings van die Kuifie-strokiesprentreeks, vertel vir Ilse Salzwedel hoe sy die enorme taak benader. Sonya is ook die vertaler van die baie gewilde Asterix en Obelix-reeks, waarvan daar reeds meer as 20 nuwe Afrikaanse titels op die rak is. Jy kan ook luister na ’n mini-drama uit die argiewe uit die pen van Cor Nortjé. En Johan Myburg vertel meer oor die kortlyste vir die gesogte British Book Awards, of Nibbies.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Februarie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 4 Februarie

Anrich Herbst en Roeline Daneel lees gedigte oor wind, wat nie eintlik ’n lied in die hart bring by meeste mense nie, maar wel gedigte uit ons digters se penne laat vloei. Jy kan uitsien na gedigte deur Cas Vos, Marlise Joubert, Zandra Bezuidenhout, De Waal Venter, Daniel Hugo, Pieter Odendaal en Koos du Plessis.

Dinsdag 11 Februarie

Jana Kruger lees gedigte oor reën, wat vir Suid-Afrikaners ’n spesiale bekoring inhou en ’n gans ander betekenis kry, veral in ’n tyd wanneer groot dele van die land gebuk gaan onder droogte. Jy kan uitsien na gedigte deur C Louis Leipoldt, Nini Bennett, Hilda Smits, Petra Müller, Cas Vos, Pieter Odendaal, Koos van der Merwe en Ingrid Jonker.

Dinsdag 18 Februarie

Amor Tredoux lees gedigte oor grond. Digters herinner ons telkens daaraan om naby die grond te leef, ons behoefte aan grondbesit en ons eie grondigheid. Jy kan uitsien na gedigte deur Cas Vos, Pieter Odendaal, Koos van der Merwe, Antjie Krog, Ingrid Jonker, Daniel Hugo, Gilbert Gibson en TT Cloete.

Dinsdag 25 Februarie

Martelize Kolver lees gedigte met die tema: digters in gesprek met heiliges. Mense wat, in Adam Small se woorde, deurdrenk is van ware menslikheid. Jy kan uitsien na gedigte deur Cas Vos, Koos van der Merwe, Johann de Lange, Sheila Cussons, IL de Villiers, NP van Wyk Louw, Ina Rousseau, Tom Gouws, Clinton V du Plessis en Mellet Moll.

Woorde wat weeg

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied.

In Februarie het sy die volgende boeke vir Fine Music Radio geresenseer:

Oolog deur Nathan Trantraal

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

22 Februarie

Alwyn Roux resenseer Oolog deur Nathan Trantraal

Vrouekeur

Willie Burger het gedurende Februarie die volgende resensies en rubrieke gelewer: 

1 Februarie

Die storie agter die storie: Sensoriese waarnemings in prosa

8 Februarie

Kies ’n boek: Kansvatter. Die rustelose lewe van Ben Viljoen deur Carel van der Merwe

15 Februarie

Só skryf ’n wenner: Pablo Neruda

22 Februarie

Kies ’n boek: Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden

29 Februarie

Kies ’n boek: Die nuwe Afrikaanse prosaboek saamgestel deur Sonja Loots en Steward van Wyk

The post PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Februarie 2020 appeared first on LitNet.


Nou in die verlede: Rhodesië, Zimbabwe en “die verkeerde kant van die geskiedenis”

$
0
0

I don’t believe in majority rule ever in Rhodesia – not in 1 000 years … I repeat that I believe in blacks and whites working together. If one day it is white and the next day it is black, I believe we have failed and it will be a disaster for Rhodesia. (Ian Smith, 20 Maart 1976)

In hierdie week word twee geskiedkundige gebeurtenisse in Zimbabwe in herinnering geroep: die 50ste herdenking van Rhodesië wat haarself eensydig tot ’n republiek verklaar het, en die 40ste herdenking van die ZANU-PF van Robert Mugabe se oorwinning in die eerste inklusiewe algemene verkiesing in daardie land.

Gedurende die vroeë 1960’s was die Britse regering bereid om formeel aan Suid-Rhodesië (of bloot Rhodesië nadat Noord-Rhodesië in 1964 herbenoem is tot Zambië) onafhanklikheid te verleen. Die Britte se beleid was egter: “Geen onafhanklikheid sonder meerderheidsregering nie”. Hierdie beleid was spesifiek daarop gemik dat Britse kolonies met ’n beduidende wit bevolking wat in beheer van die regerings was, slegs onder swart meerderheidsregering onafhanklikheid sou verkry. Wit Rhodesiërs het aanvanklik hierdie idee verwerp, met sommige wat van oordeel was dat hulle, ten minste vir die onmiddellik voorsienbare toekoms, die reg op absolute politieke beheer het. Die Rhodesiese owerheid was ook baie bekommerd oor die chaos wat op die onafhanklikheid van ander sub-Sahara-Afrika-state gevolg het. Maar toe Rhodesië eers ’n onderwerp van bespreking deur internasionale instansies soos die Verenigde Nasies geword het, het dit al moeiliker geword om die status quo teenoor die res van die wêreld te regverdig en dit het met verdrag ’n al groter verleentheid vir Brittanje begin word.

Vlag: Actarux via Wikimedia Commons

In 1963 het die Britse eerste minister, sir Alec Douglas-Home, daarop aangedring dat enige gesprekke oor onafhanklikheid moet draai om wat hy die vyf beginsels genoem het: onbeperkte vordering na meerderheidsregering; versekering teen enige toekomstige wetgewing wat hoofsaaklik swart belange sal benadeel; verbetering in die politieke status van swart Afrikane; stappe om rassediskriminasie te beëindig; en ’n ooreenkoms op ’n skikking wat aanvaarbaar sal wees vir die hele bevolking. Toe Harold Wilson en sy Arbeidersregering aan bewind kom, het hulle ’n selfs sterker standpunt ingeneem en geëis dat hierdie vyf aspekte eers behoorlik aangespreek moet word selfs voor daar enige sprake van ’n agenda gerig op die verkryging van onafhanklikheid sou wees.

Intussen is Ian Smith, ondervoorsitter van die ultrakonserwatiewe Rhodesian Front-party, in 1964 tot Rhodesiese eerste minister verkies. Smith was die kolonie se eerste premier wat ’n Rhodesiër van geboorte was en het gou die personifikasie van verset teen die liberalisme in die Britse regering sowel as teen meerderheidsregering geword.

Smith het onomwonde al vyf die beginsels wat moes nagekom word en onafhanklikheid moes voorafgaan, verwerp, en aangevoer dat Rhodesië alreeds geregtig was op sy onafhanklikheid. Hierdie aanspraak is oorweldigend bevestig deur die geregistreerde (wit) kiesers tydens ’n referendum in November 1964, en Rhodesië het gedreig om hul soewereiniteit te verklaar sonder Britse toestemming. Wilson het hierop gereageer deur te waarsku dat dit sou neerkom op verraad. Wilson se bewese onwilligheid om militêre mag teen Engelse “familie en kennisse” te gebruik het Smith egter aangespoor om voort te gaan met ’n eensydige onafhanklikheidsverklaring, later in die volksmond bekend as UDI (Unilateral Declaration of Independence). Op 11 November 1965 het die Rhodesiese leierskap sy eensydige onafhanklikheidsverklaring uitgereik, maar dit is onmiddellik in Brittanje veroordeel as “’n daad van rebellie teen die Kroon”.

Die Verenigde Nasies het die Smith-regering onmiddellik as ’n onwettige rassistiese minderheidsregime gebrandmerk en het lidstate versoek om alle ekonomiese bande met Rhodesië te verbreek en aanbeveel dat sanksies ten opsigte van petroleumprodukte en krygstuig ingestel word en dat Rhodesiese uitvoere afgesny word. Hierdie reëlings van Brittanje en die Verenigde Nasies het egter min daartoe bygedra om ander nasies te verhoed om handelsbande met Rhodesië te behou. Nie-Verenigde Nasies-lande soos Switserland en Wes-Duitsland het voortgegaan om wettiglik met Rhodesië handel te dryf, met Wes-Duitsland Rhodesië se grootste handelsvennoot tot 1973, toe dit ook by die Verenigde Nasies aangesluit het. Iran het olie verskaf en Japan het meer Rhodesiese goedere ingevoer as enige ander land. Suid-Afrika het openlik geweier om gehoor te gee aan die Verenigde Nasies se sanksies, hoewel dit toe nog ’n lidland was, terwyl Portugal heimlik meegehelp het om Rhodesiese goedere deur Mosambiek uit te voer deur dit as hulle eie te bemark en vals sertifikate van oorsprong daarvoor uit te reik. Maar ten spyte van die oneffektiwiteit van die sanksies het die Rhodesiese regering dit steeds bykans onmoontlik gevind om diplomatieke erkenning in die buiteland te kry. Selfs die Suid-Afrikaanse en Portugese regerings het Rhodesië nie as ’n onafhanklike staat erken nie. Desnieteenstaande het hulle darem ’n geakkrediteerde diplomatieke verteenwoordiger wat as ambassadeur sou optree, in Rhodesië ontplooi, wat beide Pretoria en Lissabon in staat gestel het om Brittanje se soewereiniteit oor Rhodesië te erken, maar terselfdertyd ook erkenning te gee aan die de facto-situasie van die Smith-regering wat die land regeer.

Aanvanklik wou die Rhodesiese regering sy trou en lojaliteit aan die Britse monarg, koningin Elizabeth II, handhaaf deur haar as koningin van Rhodesië te erken. Die Britse goewerneur, sir Humphry Gibbs, het UDI egter verwerp as ’n daad van verraad. Nadat UDI oor die radio afgekondig is, het Gibbs die mag van sy amp gebruik om Smith en sy kabinet af te dank. Die Rhodesiese ministers het egter sy kennisgewing van hulle afdanking geïgnoreer en aangevoer dat UDI Gibbs se amp as goewerneur afgeskaf en die magte wat daarmee saamgaan, opgehef het.

Vlag: Pixabay.com

In 1968 het die Appèlafdeling van die Rhodesiese Hooggeregshof beslis dat die Smith-regering nie net die de facto-regering van Rhodesië is nie, maar ook die de iure-regering. Daarom kon dit regtens enigiets wat sy voorgangers in titel soos Gibbs kon doen, ook self doen. Dit het die weg gebaan vir Rhodesië om ’n republiek te word. Tydens ’n referendum wat in 1969 onder die geregistreerde (wit) kiesers gehou is, is die voorstel dat alle bande met die Britse Kroon verbreek word, met ’n meerderheid van 61 130 stemme teenoor 14 327 aanvaar. En so het dit toe gekom dat Rhodesië sigself op 2 Maart 1970 tot ’n republiek verklaar het.

Ingevolge die nuwe grondwet het ’n president as seremoniële staatshoof gedien in plaas van die Koningin, met die eerste minister wat aan die president rapporteer. Binne die Rhodesiese regering was daar sommige wat gehoop het dat die verklaring tot ’n republiek ander lande sou aanmoedig om Rhodesië as wettige, onafhanklike staat te aanvaar. Dit het egter nie gebeur nie. Die meeste kenners stem daaroor saam dat UDI en die daaropvolgende verklaring tot ’n republiek bloot daarop gerig was om die belange en voorregte van ’n koloniale wit minderheid te beskerm ten koste van die verarmde swart meerderheid. Daarbenewens het dit gelei tot ’n vakuum van onderdrukking wat uiteindelik gevul is deur Robert Mugabe se diktatorskap.

In die algemeen het daar ’n gespanne houding onder die wit bevolking geheers ten opsigte van UDI, al was die uitslag van die referendum naby aan eenparig. Baie wit Rhodesiërs het hulleself ten spyte van alles nog steeds beskou as lojale lede van die Britse Ryk. Maar hierdie houding is ’n ernstige knou toegedien deur die Britse regering se weiering om onafhanklikheid op hulle voorwaardes aan hulle toe te staan. Wit Rhodesiërs het egter volgehou dat dit hulle is wat die Britse “beginsel” in stand hou en dit verdedig teen die aanslae van kommunisme, militante swart nasionalisme en, ironies genoeg, Britse inmenging.

Tussen 1968 en 1970 was daar byna geen verdere dialoog tussen Rhodesië en Brittanje nie. Met die verkiesing van ’n Konserwatiewe Party-regering onder Edward Heath, is onderhandelinge egter heropen. Smith het geglo dat Heath sal probeer om Anglo-Rhodesiese verhoudings te herstel.

In November 1971 het die voormalige eerste minister van Brittanje, sir Alec Douglas-Home, nou in sy hoedanigheid as minister van buitelandse sake, ’n ooreenkoms voorgestel wat hy geglo het bevredigend vir beide partye sou wees. Brittanje sou Rhodesië se republikeinse grondwet van 1969 erken as die wettige basis van die regering, tesame met instemming dat geleidelike swart verteenwoordiging in die wetgewer die formule sou wees tot uiteindelike meerderheidsregering. Daarbenewens is voorgestel dat swartes se politieke status onmiddellik verbeter word, dat daar ’n manier gevind moet word om rassediskriminasie in geheel te beëindig, en dat daar ’n onomstootlike waarborg gegee moet word dat die grondwet nie gewysig sal word om die bepalings van die ooreenkoms te ondermyn nie.

Die Smith-regering het egter geweier om hierdie voorstelle aan ’n referendum (wat swartes se stemme sou insluit) te onderwerp. In 1972 is daar ’n kommissie aangestel om die openbare houding teenoor hierdie nuwe voorgestelde ooreenkoms vas te stel, en volgens die kommissie was wittes in die algemeen ten gunste daarvan, terwyl die swartes oorweldigend daarteen was. Dit het daartoe gelei dat die Britse regering die voorstel onttrek het.

Teen 1975 was Rhodesië se dae egter alreeds getel. Na die ineenstorting van Portugese beheer oor Mosambiek was Rhodesië bykans omring deur vyandige state, wat die situasie onhoudbaar gemaak het. Selfs die Suid-Afrikaanse eerste minister, BJ Vorster, het ook die skrif aan die muur gesien, en hoewel hy nie bereid was om toegewings teenoor sy eie land se swart bevolking te maak nie, het hy tot die slotsom gekom dat wit minderheidsregering onvolhoubaar is in ’n land waar die verhouding tussen swartes en wittes 22:1 is.

ZANU, die swart Afrika-nasionalistiese beweging onder Mugabe, het alreeds met ’n militêre veldtog vir “die bevryding van Zimbabwe” begin na die aankondiging van UDI. Die veldtog het ingesluit aanvalle op wit boere, vernietiging van oeste, ontwrigting van elektrisiteitstoevoer in stedelike gebiede en petrolbomaanvalle. Die verskaffing van fondse en wapens deur ondersteuners, meer spesifiek private ondernemings en Sowjetbloklande, het die guerrillastryders van beide ZANU en Joshua Nkomo se ZAPU daartoe in staat gestel om gesofistikeerde krygstuig te verkry, waardeur die militêre druk op Rhodesië verhoog is. Die brutaliteit en intensiteit van die oorlog het met verdrag tussen al drie partye toegeneem, met die burgerlike bevolking wat uiteindelik die spit moes afbyt.

ZANU en ZAPU was terdeë daarvan bewus dat die Rhodesiese staat se grootste probleem tydens die oorlog sy gebrek aan mannekrag was. Van die ongeveer 3 000 manskappe wat in 1973 opgeroep is vir diensplig, het net ongeveer 1 000 opgedaag. In Februarie 1978 het die Rhodesiese weermag aangekondig dat hy ’n minimum van 1 041 mansskappe nodig het ten einde militêre operasies voort te sit. Slegs 570 hiervan het egter vir diens aangemeld; die res het eerder na Suid-Afrika uitgewyk. Desnieteenstaande het die Rhodesiese weermag, die geweldige tekorte ten spyt, deurgaans die guerrillastryders die loef afgesteek in militêre operasies. Derhalwe het die guerrillas, in ’n poging om wit emigrasie aan te moedig, enigiets wat van ekonomiese waarde kon wees, aangeval ten einde die staat te dwing om meer en meer ekonomies aktiewe manskappe op te roep om so die ekonomie tot stilstand te laat knars. Hulle het ook doelbewus hul teikens ingestel op enige wit persoon, omdat dit tot ’n “eggo-effek” sou lei, wat beteken het dat na aanleiding van elke enkele wit persoon wat vermoor word, twintig Rhodesië sou verlaat. 

Die situasie het selfs meer onhoudbaar vir Rhodesië geword toe dit die ekonomiese en militêre ondersteuning van Suid-Afrika ook verloor het. Pretoria het begin om beperkings te plaas op die hoeveelheid brandstof en ammunisie wat dit aan die Rhodesiese weermag verskaf het. Personeel en toerusting wat voorheen verskaf is om in die stryd te help, is ook onttrek. Smith het in ’n skrywe genoem dat hoewel baie wit Suid-Afrikaners Rhodesië ondersteun het, Vorster se beleid van détente met swart Afrikastate daartoe gelei het dat Rhodesië as die offerlam aangebied is om meer tyd vir Suid-Afrika te koop.

Smith se droom vir Rhodesië was verby.

In ’n desperate poging om nog tot ’n mate aan die mag vas te klou, het Smith met gematigde swart-nasionalistiese partye onderhandel en ingestem tot verkiesings waaraan hierdie partye ook kon deelneem. Die ooreenkoms het basies neergekom op magsdeling tussen wit en swart wat aan wittes ’n derde van die parlementêre setels gewaarborg het. Dit was natuurlik steeds hopeloos disproporsioneel tot die bevolkingsamestelling. Daarbenewens sou die land se polisie, weermag, staatsdiens en regbank steeds onder wit beheer bly. Smith sou as eerste minister vervang word deur die swart gematigde biskop Abel Muzorewa en die land sou Zimbabwe Rhodesië genoem word. Beide ZANU en ZAPU het egter die ooreenkoms verwerp en die oorlog het voortgeduur.

In 1979 het die Britse regering onder Margaret Thatcher al die partye genooi om ’n vredeskonferensie by Lancaster House by te woon. Hierdie onderhandelings het ná drie maande gelei tot die Lancaster House-ooreenkoms. Hierdie ooreenkoms was veronderstel om alle vyandelikhede te staak, maar geweld het bly voortduur in die aanloop tot die algemene verkiesing en het daartydens voortgeduur tot selfs daarna. ’n Algemene verkiesing is egter desnieteenstaande in Februarie 1980 gehou en Mugabe se ZANU het as wenners uit die stryd getree. Die ironie is dat Mugabe op 4 Maart 1980, presies ’n dekade en twee dae na Smith Rhodesië ’n republiek verklaar het, ingehuldig is as die eerste eerste minister van ’n internasionaal-erkende onafhanklike republiek van Zimbabwe.

Smith het leier van die amptelike opposisie geword ten spyte daarvan dat hy deur vele, in besonder die regerende ZANU-PF, beskou is as ’n rassis sonder berou wie se beleidsrigtings en optrede daartoe gelei het dat duisende mense gesterf het. Sy regering sou ook later aanspreeklik gehou word vir die vele krisisse wat hulle greep op Zimbabwe uitgeoefen het. Smith het egter ’n heftige kritikus van Mugabe se regering gebly voordat, en ook nadat, hy in 1987 uit die politiek getree het. Toe Mugabe se reputasie begin verkrummel tydens die ekonomiese chaos wat Zimbabwe tydens die draai van die 20ste eeu getref het, het sommige mense Smith se nalatenskap begin eer en sy waarskuwings as profeties begin beskou. Aan die einde van sy lewe is Smith deur die Zimbabwiese opposisie-ondersteuners geprys as ’n “onkreukbare mag van verset”. Ian Douglas Smith het in 2007 in Kaapstad gesterf. 

Mugabe se nalatenskap, daarenteen, is net so kontroversieel. Hy was aanvanklik voorgehou as die heldhaftige leier van die guerrillamagte wat uiteindelik sy mense tot bevryding van wit oorheersing gelei het. Na sy verkiesing is hy deur Westerse waarnemers geprys vir sy pogings om die onderskeie rasse met mekaar te versoen. Sy verhouding met Nkomo en ZAPU het egter mettertyd versuur en uiteindelik het dit gelei tot die Gukurahundi van 1982 tot 1987, waartydens Mugabe se militêre magte ZAPU-opposisie in Matabeleland uitgemoor het. Dit het gelei tot die dood van meer as 20 000 mense, van wie die oorgrote meerderheid burgerlikes was. Verder het Mugabe gedurende 2000, in najaging van sy idee van dekolonialisasie, swart mense aangemoedig om op gewelddadige wyse plase in wit besit te beset. Dit het ’n geweldige impak op voedselproduksie gehad en uiteindelik gelei tot hongersnood, ekonomiese verval en sanksies deur dieselfde lande wat Mugabe twintig jaar tevore so hoog aangeprys het.

Hoewel binnelandse verset teen Mugabe toegeneem het, is hy nogtans verskeie kere daarna tot president van Zimbabwe herkies ná verkiesingsveldtogte wat gekenmerk was deur staatgefundeerde geweld en verkiesingsbedrog. Tydens sy bewind is hy en sy regering beskuldig van korrupsie, verskeie menseregtevergrype, en staatsgeïnisieerde terreur teen sy eie mense. In 2017 is hy uiteindelik uit die kussings gelig tydens ’n geweldlose staatsgreep deur lede van die ZANU-PF sowel as sy weermag. Robert Gabriel Mugabe sterf uiteindelik in 2019 en laat sy land in sosio-ekonomiese en sosiopolitieke puin.

Dit kan nie ontken word nie dat beide leiers, Smith en Mugabe, bygedra het tot die gemors waarin Zimbabwe hom nou bevind. Kenners argumenteer dat indien die Rhodesiese regering vroeër sou ingestem het tot die Britse aandrang op meerderheidsregering, dit Zimbabwe waarskynlik sou gevrywaar het van ’n bloedige oorlog wat tot die voortsetting van rassehaat en die radikalisering van baie swart-nasionalistiese bewegings bygedra het. Dit sou weer tot gevolg kon gehad het dat, weens die feit dat radikalisme minder algemeen onder die swart bevolking sou voorgekom het, die minder radikale swart leiers na vore sou getree het om deur die meerderheid verkies te word.

Hoe dit ook al sy, Mugabe se rol in die sistematiese onderdrukking van sy mense en die vernietiging van sy land se ekonomie kan nie oorbeklemtoon word nie. Hoewel Smith se hardkoppigheid waarskynlik die fondasie gelê het vir die puin waarin Zimbabwe hom nou bevind, was Mugabe en sy kornuite sonder twyfel die argitekte daarvan. Desnieteenstaande word Mugabe steeds deur baie Afrika-leiers, insluitende dié van Suid-Afrika, as ’n bevrydingsheld geprys. Volgens die joernaal The Black Scholar is Mugabe, “afhangende van na wie jy luister (...) óf een van die wêreld se groot tiranne óf ’n vreeslose nasionalis wat hom die argwaan van die Weste op die hals gehaal het”.

Insgelyks het Smith en sy regime ook ’n onlangse toename in hulle ondersteuning gekry, veral van wit-heerskappy-groepe, soos waargeneem in ’n 2018-New York Times-artikel. Hierin skryf die joernalis John Ismay (my vertaling):

Foto’s (op Instagram) van soldate wat deur grasvelde en riviere marsjeer, spesmag-eenhede wat uit helikopters spring en burgerlikes wat met vuurwapens voor hulle huise poseer, het honderde, soms duisende “likes” ontlok op plasings wat oënskynlik hulde bring aan ’n geharde en vergete lid van Koue Oorlog-era-bosvegters. 

Nostalgie oor Rhodesië het sedertdien gegroei tot ’n subtiele en lonende (daar is verskeie goedere met die Rhodesië-tema aanlyn te koop) rassistiese seinnetwerk met sy eie terminologie en kodes. Sosiale-media-persone en instansies wat Rhodesië-tema-goedere verkoop, ontken dat hulle wit-heerskappy-boodskappe onderskryf. Ander sê weer dat hierdie nuutgevonde belangstelling lê in die ou Rhodesiese regering se “antikommunistiese houding”.

Maar ander wat hierdie vreemde herlewing waarneem, merk op dat daar ’n ander, meer kommerwekkende inspirasie daarvoor is. In Junie 2015 het Dylan Roof, ’n Amerikaanse wit-heerskappy-aanhanger, nege swart kerkgangers in Charleston, Suid-Carolina, doodgeskiet. Roof het vooraf ’n aanlyn manifes opgestel wat op die webblad genoem The Last Rhodesian verskyn het, waarin hy op ’n foto verskyn geklee in ’n baadjie met die Rhodesiese vlag op (reg onder die ou Suid-Afrikaanse vlag). Sedertdien het die aanvraag vir goedere met ’n Rhodesiese tema skerp toegeneem.

Dit is duidelik dat Smith en Rhodesië aan die een kant en Mugabe en Zimbabwe aan die ander kant uiteenlopende reaksies ontlok. Daar is geen tussengrond nie: Óf hulle word verafgod óf hulle word verafsku. Hierdie geneigdheid tot binariteit is niks nuuts nie, maar in ’n wêreld wat vinnig besig is om na ekstremisme te neig, hetsy ver regs of ver links, is dit uitsonderlik verontrustend. En dit is wat die toenemend gewilde frase “om aan die verkeerde kant van die geskiedenis te wees” voortsit. Histories beskou, het beide Smith en Mugabe hulle land in die steek gelaat. Maar hierdie frase word nou aangewend deur groepe met ’n spesifieke politieke agenda om die aandag af te lei van hul eie swak of totaal ongefundeerde argumente. Soos die filosofieprofessor Jim Spiegel opmerk, is die frase bedoel om twee moontlike dinge te beteken: Eerstens kan dit suggereer dat met die verloop van tyd almal moontlik met die bepaalde sienswyse sal saamstem. As ’n meerderheidsopinie egter bepaal wat die korrekte siening is met betrekking tot ’n bepaalde saak, word feite deur opinie omvergewerp, wat dan lei tot foutiewe logika, wat in die filosofie bekend staan as die ad populum­-drogrede (drogrede met ’n beroep op die populêre opinie). Selfs as almal met ’n bepaalde sienswyse saamstem, beteken dit nog nie dat dit waar is nie. Baie mense sal byvoorbeeld saamstem dat Smith “aan die verkeerde kant van die geskiedenis” was in ag genome sy vele mislukkings as ’n leier en sy rassistiese beleidsrigting. Net so sal Rhodesië ook onthou word as ’n muishondstaat wat uit die staanspoor tot mislukking gedoem was. Smith en Rhodesië was verteenwoordigend van rassisme en blanke oorheersing. As gevolg van hierdie oorweldigende veroordeling is hulle nie erken nie en het hulle baie min internasionale ondersteuning geniet in hul stryd teen ZANU en ZAPU. Dit het dit moontlik gemaak vir guerrillagroepe om hulle aanvalle op sowel swart as wit burgerlike teikens te verskerp met baie min, indien enige, internasionale kritiek. Hierdie gruweldade is óf geïgnoreer óf geregverdig deur buitelandse waarnemers ten einde die bevrydingsnarratief te dien. Dit het uiteindelik die weg gebaan vir Mugabe om voort te gaan om misdade teen die mensdom te pleeg toe hy en ZANU-PF eers die mag gehad het, en het hulle in staat gestel om enige opposisie teen sy regime as misdadig af te maak. Op 15 Januarie 2016 het die staatsmondstuk The Patriot byvoorbeeld ’n artikel gepubliseer waarin gesê word dat David Coltart, ’n stigterslid van die Movement for Democratic Change (MDC) “aan die verkeerde kant van die geskiedenis” was toe hy daarop aangedring het dat Mugabe om verskoning vra vir die massamoorde in Matabeleland. Die artikel gaan voort en verklaar dat Coltart “een van die Rhodesiese oorblyfsels” is wat verantwoordelik is vir die “massaslagtings gedurende die vryheidstryd”. Om bloot op die beskouings van die meerderheid as ’n morele maatstaf te vertrou, is ’n gevaarlike gebruik, want dit kan maklik deur persone met ’n politieke agenda misbruik word.

Die tweede moontlike betekenis van “aan die verkeerde kant van die geskiedenis” is dat dit opgehaal word omdat die bepaalde siening uiteindelik as korrek bewys sal word. Daar is egter nie substantiewe getuienis om dit te staaf nie. Die steun wat Rhodesië byvoorbeeld tans van wit-heerskappy-groepe ontvang, is deels gebaseer op die aanname dat Smith korrek was toe hy voorspel het dat swart meerderheidsregering ’n fout sal wees indien dit op onverantwoordelike wyse aan hulle oorhandig sou word. Hierdie beskouing word onderlê deur die uitgangspunt dat Smith se regime ’n baken van voorspoedige, vooruitstrewende Westerse beskawing in Afrika was totdat dit deur kommunisme en swart Afrika-nasionalisme vernietig is. Daarom was Brittanje en die ander state wat geweier het om Rhodesië as onafhanklike staat te erken, bewese “aan die verkeerde kant van die geskiedenis”, terwyl Smith en die Rhodesiese wittes die helde was wat teen ’n groot getalle-oormag die kommunistiese bedreiging probeer afslaan het. Hierdie narratief hou egter nie rekening met die onderdrukking van die swart bevolking, hul uitbuiting vir hul goedkoop arbeid en die weerhouding daarvan om hulself in die regering te verteenwoordig nie. Daarbenewens is dit histories duidelik dat Rhodesië se posisie onder Smith onvolhoubaar was; dermate dat selfs apartheid-Suid-Afrika hom van Rhodesië gedistansieer het. Derhalwe is die grandiose en romantiese feeverhaal van wittes wat saamstaan teen die aanslag van liberalisme en die swart en kommunistiese gevaar, ook ’n bewese wanopvatting.

Die geskiedenis van Rhodesië se oorgang tot Zimbabwe is kompleks en genuanseerd en moet as sodanig benader word. Geskiedenis is vol verskillende skakerings, want geskiedenis is vol verskillende mense. Daar is nooit bloot tweevoudigheid nie. Daar is nooit net een aanvaarde ideologie wat teen ’n ander opgeweeg kan word nie. Daar is geen absolute goeie teenoor ’n absolute bose nie. Die geskiedenis het dit by herhaling bewys. Maar weens die meer onlangse sosiopolitieke onstuimigheid wat die wêreld aangegryp het, het die openbare populêre debat gedaal tot binêre ekstremisme, en dit wil nou voorskryf hoe daar na die verlede gekyk moet word. Dit is gevaarlik en moet vermy word, voordat ons onsself werklikwaar “aan die verkeerde kant van die geskiedenis” bevind.

Bronne

Brownwell, J. 2008. The hole in Rhodesia’s bucket: White emigration and the end of settler rule. The Journal of Southern African Studies, 34(3):591–610.

Cornwell, R. 2019. A life in focus: Ian Smith – last white leader of Rhodesia, now Zimbabwe, who fought to preserve minority rule. The Independent, 2 Februarie.

https://www.google.com/amp/s/www.independent.co.uk/news/lifeinfocus/a-life-in-focus-ian-douglas-smith-last-white-prime-minister-rhodesia-zimbabwe-a8754971.html%3famp.

Cowell, A. 2017. Ian Smith, defiant symbol of white rule in Africa, is dead at 88. The New York Times, 21 November.

https://www.nytimes.com/2007/11/21/world/africa/21smith.html?pagewanted=all&_r=0.

Graham, DS. 2015. The wrong side of “the right side of history”. The Atlantic, December.

https://www.google.com/amp/s/amp.theatlantic.com/amp/article/420462.

Guvamatanga, G. 2016. Coltart on the wrong side of history. The Patriot, 15 Januarie.

https://www.thepatriot.co.zw/old_posts/coltart-on-the-wrong-side-of-history.

Ismay, J. 2018. Rhodesia’s dead – but white supremacists have given it new life online. The New York Times, 10 April.

https://www.gooogle.com/amp/s/www.nytimes.com/2018/04/10/magazine/rhodesia-zimbabwe-white-supremacists.amp.html%3f0p19G=7900.

Meredith, M. 2002. Our votes, our guns: Robert Mugabe and the tragedy of Zimbabwe. New York: ?uitgewer?

Power, S. 2003. How to kill a country. The Atlantic, December.

https://www.google.com/amp/s/amp.theatlantic.com/amp/article/302845.

Shire, G. 2007. The case for Robert Mugabe: Sinner or sinned against? The Black Scholar, 37(1):32–5.

Spiegel, J. 2012. The hidden fallacies of “the wrong side of history”/ Wisdom and Folly, 23 August. https://wisdomandfollyblog.com/the-hidden-fallacies-of-the-wrong-side-of-history.

The post Nou in die verlede: Rhodesië, Zimbabwe en “die verkeerde kant van die geskiedenis” appeared first on LitNet.

Toyota US Woordfees 2020 Instagram-resensie: Kraai

$
0
0
 

Seksualiteit is op die beste van tye ’n kontroversiële issue en Kinsey se glyskaal is maar één verduideliking van die kompleksiteit van aantrekkingskrag. As jy reken dié saak is bloot swart of wit, woon jy onder ’n klip en het jy waarskynlik ook berading vir etlike ander dinge nodig. Kraai, geskryf deur Mike Bartlett en vertaal deur Wessel Pretorius, ondersoek presies hoe glibberig die glyskaal dan nou is. Dit vra ook daai ongemaklike vraag: Kan jy jou seksualiteit kies? As jy vir 7 jaar lank in ’n verhouding met ’n man was (en voor dit nog nooit met wellus na ’n vrou gestaar het nie), kan jy skielik van plan verander?

Johan, vertolk deur Wynand Kotze, is onseker oor sy verhouding. Hy slaap saam met ’n vrou en dit ontaard in ’n verhouding. Wat volg is ’n toutrekkery tussen Johan, sy partner en sy skelmpie. En jy weet, iewers gaan Johan moet kies — is hy heimlik straight, hunkerend na ’n gewone lewe met kinders om ’n kerstafel of is die lewe wat hy tot op hede gelei het, die ware weergawe van homself?

Die nuwe gier in plaaslike teater is om die kykers rondom die speelspasie te laat sit, soos toeskouers om ’n bokskryt. Dis ’n wonderlike manier om die kyker intiem te betrek. Met Kraai is dit geen uitsondering nie. Nicole Holm het ’n bedrewe regisseurshand en Ilana Cilliers se choreografie gee ’n interessante edge aan die vertelling van dié dikwels komiese verhaal. Wian Taljard is heerlik om na te kyk en Karli Heine en Stian Bam gee solid performances, soos mens van hulle verwag. Die spil waarom als egter draai is Johan, maar dis ongelukkig ’n redelike wankelrige wiel. Die karakter se besluiteloosheid dryf mens tot raserny en frustreer die kyker mateloos. Iemand in die gehoor het op ’n stadium kliphard gemompel: "Skiet hom net!" Mens sukkel om te begryp hoe twee sterk, aantreklike karakters (Taljard en Heine) hulle koppe verloor oor die vaal en vervelige Johan. Selfs Kotze se vertolking is futloos in vergelyking. Wanneer Johan na baie drama uiteindelik ’n besluit neem, laat ook dít mens ongemaklik en onvergenoegd. Kraai is standaard-feesmateriaal. Dit vra baie vrae, maar moenie al die regte antwoorde verwag nie.
#instagramresensie #kraai (📷✏@nakadien

The post Toyota US Woordfees 2020 Instagram-resensie: <em>Kraai</em> appeared first on LitNet.

Toyota US Woordfees 2020 Instagram-resensie: Gerhard Marx se Vehicles: soundings and fathoms

Toyota US Woordfees 2020 Instagram-resensie: Die voordele van eierwit

$
0
0
 

Retief Scholtz is ’n mens-mens. Dié verloopte boertjie, wat nou voltyds skryf, verstaan die human condition baie goed en met Die voordele van eierwit wys hy weer hoekom akteurs toustaan om in sy toneelstukke te speel. Margit Meyer-Rödenbeck en Marion Holm span na etlike jare weer kragte saam en die energie tussen hulle is elektries. Hulle vertolk die rolle van Ans en Elna, twee susters, absoluut moeiteloos. Die stuk speel ook al vir langer as ’n jaar en die gemak waarmee die twee met mekaar en met die stel omgaan, is “onsettend” (inside joke) gerusstellend. Die gehoor eet behoorlik uit hulle hande.

Die premis is heel eenvoudig. Ans (’n bekwame Afrikaans-onderwyser met groen vingers en ’n stukkie raad vir elke kwaal) en Elna (’n eiendomsagent, met ’n tweeling en ’n dokter vir ’n man) pak hulle pa se woonstel op, want dié moet na ’n beenamputasie in ’n versorgingseenheid gaan bly. Hulle klim in die hysbak, volgelaai met als van ’n gemakstoel tot ’n opgemaakte kersboom, en dan breek die ding op vloer vier. In die tyd wat dit vat om die herstelwerk te doen, leer Ans en Elna mekaar van voor af ken. ’n Interessante boek en ’n boks gemerk “Privaat” is die katalisator van ’n lang overdue gesprek. Ou koeie word uit slote gegrawe, aannames word gemaak en weerlê en splinternuwe geheime word met deernis gedeel. Mens dink jy ken jou familie, maar dit vat ’n uur in ’n gebreekte hysbank om te besef hoe min julle eintlik van mekaar weet.

Hierdie stuk is ’n feestreffer en die kaartjies verkoop soos soetkoek. Jy lag jouself silly, net om 'n minuut of wat later ook ’n ou traantjie of twee te pink. Dis héérlike, onpretensieuse teater.

#woordfees2020 #instagramresensie
#voordelevaneierwit
@retiefscholtzproduksies @retief.s
@margitmeyerrodenbeck
@marionholmactress (📷✏ Nadine Petrick @nakadien)

The post Toyota US Woordfees 2020 Instagram-resensie: <em>Die voordele van eierwit</em> appeared first on LitNet.

Woordeboek van die Afrikaanse Taal: nuutskeppingskompetisie

$
0
0

Dit is weer tyd vir die jaarlikse nuutskeppingskompetisie van die WAT in vennootskap met RSG en die ATKV. Ons nooi almal om hul Afrikaanse nuutskeppings te stuur na wat@sun.ac.za met die woord NUUTSKEPPINGS in die onderwerpsveld. 

Jou nuutskepping hoef nie te rym nie en dit hoef nie 'n Afrikaanse ekwivalent vir 'n Engelse woord te wees nie.  Dit moet werklik NUUT wees en jou nuutskepping moet die potensiaal hê om deel te word van die Afrikaanse woordeskat. Gee vrye teuels aan jou kreatiwiteit en stuur vandag nog jou Nuutskeppings aan wat@sun.ac.za. Maandag 9 Maart kondig ons die eerste groep woorde aan waarvoor luisteraars kan stem in die Kitspeiling op RSG se webtuiste by rsg.co.za. Daar kan van Maandag tot Woensdag vir ’n dagwenner gestem word en op Donderdag 12 Maart stem ons vir die finale wenner wat op Vrydag 13 Maart aangekondig word.

Die ATKV borg elke dag se wenprys van R500 en ook die finale prys van 4 nagte vir 4 persone in enige ATKV-oord in Suid-Afrika. 

Die sluitingsdatum vir Borg ’n Woord se prystrekking vir R25 000 geborg deur Sanlam is Vrydag 6 Maart.  Maak seker dat jy kwalifiseer deur NOU ’n woord te borg of koop. Volledige inligting is hier beskikbaar.

The post Woordeboek van die Afrikaanse Taal: nuutskeppingskompetisie appeared first on LitNet.

Toyota US Woordfees 2020 Instagram-resensie: Wat die water onthou / What the water remembers

$
0
0

mylitnet

Reën, rivier, vlei, see, oseaan. Water is ons almal se begin, ons almal se behoud. Dit gee lewe, dit koester en troos. Wanneer dit opraak, is ons in die moeilikheid. Wat die water onthou / What the water remembers (die titel waarskynlik ontleen van Louis Esterhuizen se gelyknamige publikasie), is 'n veeltalige produksie wat poësie en musiek inspan om ons verhouding met water te ondersoek. Kaapstad se onlangse droogte is die motivering agter al die sosio-ekonomiese, historiese en diep persoonlike vrae wat deur die span akteurs en musikante gevra word.

Pieter Odendaal, wat in 2019 die Ingrid Jonker-toekenning ontvang het, is pro-aktief besig met digkuns. Met hierdie stuk klim hy ook in die vervaardig se stoel en speel hy sélf die klawerbord. Hy word ondersteun deur 'n span bekwame akteurs wat in Engels, Xhosa en selfs 'n spatsel Somalies die mensdom se versugtinge, soeke na en uitspattige blydskap oor water in al sy vorme, besing. Die musiek in die stuk herinner sterk aan sekere werke van Laurinda Hofmeyr, wie se wêreldmusiek waarskynlik as inspirasie gedien het.

Die dekor is beperk, met kontrasterende temas van donker en lig, modern en ouwêrelds (klawerbord in die een hoek en Afrika-trom in die ander) en dodelike brokkies ys wat algaande smelt (dit het ongelukkig gesorg vir 'n onelegante neerploeg) op die verhoog. Dis effektief en ondersteun die gevoel van nietigheid wat mens ervaar wanneer die water uiteindelik opraak. "Water is the keeper of stories," lui 'n reël uit een van die gedigte. Dit onthou ook als wat die mensdom doen, spreek die titel dit uit. Odendaal en sy span kry dit reg om die oeroue wysheid, lewegewende krag en universele band tussen die mens en die natuur op 'n mooi en simplistiese manier te omtower sodat jy wel die titel én al die stories moet glo.

#instagramresensie #woordfees2020 @woordfees
@pieterjlodendaal
#watdiewateronthou (✏ en 📷 Nadine Petrick @nakadien)

Lees ook:

Toyota US Woordfees 2020 Instagram-resensie: Die voordele van eierwit

Toyota US Woordfees 2020 Instagram-resensie: Kraai

The post Toyota US Woordfees 2020 Instagram-resensie: <em>Wat die water onthou / What the water remembers</em> appeared first on LitNet.

Woordeboek van die Afrikaanse Taal: nuutskeppingskompetisie

$
0
0

Dit is weer tyd vir die jaarlikse nuutskeppingskompetisie van die WAT in vennootskap met RSG en die ATKV. Ons nooi almal om hul Afrikaanse nuutskeppings te stuur na wat@sun.ac.za met die woord NUUTSKEPPINGS in die onderwerpsveld. 

Jou nuutskepping hoef nie te rym nie en dit hoef nie 'n Afrikaanse ekwivalent vir 'n Engelse woord te wees nie.  Dit moet werklik NUUT wees en jou nuutskepping moet die potensiaal hê om deel te word van die Afrikaanse woordeskat. Gee vrye teuels aan jou kreatiwiteit en stuur vandag nog jou Nuutskeppings aan wat@sun.ac.za. Maandag 9 Maart kondig ons die eerste groep woorde aan waarvoor luisteraars kan stem in die Kitspeiling op RSG se webtuiste by rsg.co.za. Daar kan van Maandag tot Woensdag vir ’n dagwenner gestem word en op Donderdag 12 Maart stem ons vir die finale wenner wat op Vrydag 13 Maart aangekondig word.

Die ATKV borg elke dag se wenprys van R500 en ook die finale prys van 4 nagte vir 4 persone in enige ATKV-oord in Suid-Afrika. 

Die sluitingsdatum vir Borg ’n Woord se prystrekking vir R25 000 geborg deur Sanlam is Vrydag 6 Maart.  Maak seker dat jy kwalifiseer deur NOU ’n woord te borg of koop. Volledige inligting is hier beskikbaar.

The post Woordeboek van die Afrikaanse Taal: nuutskeppingskompetisie appeared first on LitNet.


Toyota US Woordfees 2020: Eerste foto's

$
0
0

Die Toyota US Woordfees het op 6 Maart in Stellenbosch afgeskop. Liné Loff deel haar eerste paar foto's van die fees.

Karen Zoid 20 jaar Pops

Karen Zoid

Die Kaapstadse Filharmoniese Orkes het saam met Karen Zoid opgetree.

Schalk van der Merwe

Henry Steel

Karen saam met die dirigent van die orkes, Brandon Phillips

Schalk van der Merwe

Henry Steel

Karen Zoid

Fred Mouton-uitstalling by die Adam Small-teater

Toets jou kennis en kyk hoeveel van die volgende bekendes jy kan uitken. Klik op die foto's vir ’n groter weergawe.

Feeskunstenaar: Gerhard Marx

The post Toyota US Woordfees 2020: Eerste foto's appeared first on LitNet.

SARS-COVID, MERS en COVID-19

$
0
0

In 2002 was SARS-COVID bekend gemaak. Die oorsprong, China. 5 jaar gelede MERS in Sirië.  Daar is nooit spesifieke inentings of medikasie ontwikkel in 18 jaar nie. Is dit oorlewing van die sterkstes in die "slim" benadering met afsondering van simptomatiese pasiënte? Ons het nog steeds net dieselfde ou medikasie. In 1918/-19 het "Spaanse Griep" meer lewens geeïs as die slagting van die oorlog. Tog is die wêreld nog steeds oorbevolk. Die Vierde Industriële Rewolusie kan nog steeds nie hierdie menslike virale bedreiging hanteer nie, tegnologie het ook beperking. Wat sê Greta Thunberg oor hierdie aangeleentheid? Longsiektes was al in tyd van Hippokrates en Plato. So: is moderne mens regtig slimmer as antieke mense? 

Hans Richardt 

The post SARS-COVID, MERS en COVID-19 appeared first on LitNet.

Toyota US Woordfees 2020 Instagram-resensie: Johnny Boskak voel ’n bietjie ...

$
0
0

'n Kaalkopman, volledig in denim geklee, staan met ’n army balsak oor die skouer en ryloop. Hy loop en rook en rook en loop. Die oorlog is verby en nou moet Johnny Boskak weer die regte wêreld vierkantig in die oë gaan staar. Op pad na wie-weet-wat, loop Johnny hom vas in verskeie gure karakters en die ewe sluwe Eve, wat uiteraard onmiddellik sy hart steel. Eve is aan die hardloop van haar kêrel, en saam-saam vlug Johnny en Eve voor die bose boyfriend in sy monster bakkie uit. Is die man in die trok bloot ’n verontregde kêrel of is dit eintlik die duiwel wat vir Johnny jaag? Johnny Boskak voel ’n bietjie ... is Barry Strydom se vertaling van Greig Coetzee se Johnny Boskak is feeling funny wat bykans 20 jaar gelede reeds gedebuteer het. Die bosoorlog en die emosionele skade wat dit aan ’n hele generasie mans aangerig het, is nooit ou nuus nie. Dié gegewe is ryke stof vir boeke, dramas en films en die verloopte soldate is ewige tydbomme wat wag om te ontplof. Johnny is nie die uitsondering op die reël nie. Die vraag is net, wanneer gaan daai bom ontplof?

Craig Morris, wat die rol van Johnny vertolk, lewer ’n vertolking van ’n leeftyd. Hy slaan jou asem weg met ’n fisieke energie en choreografie wat lyk na ’n dans. Die storie word vertel in rymformaat (so bykans ’n rap), en die woorde word afgevuur soos ’n sarsie skote uit die AK47 wat Johnny saamdra. Morris het onder die befaamde Andrew Buckland studeer en die mimiektradisie slaan sterk deur in sy uitbeelding van ’n handvol uiteenlopende karakters in dodgy kroeë en vuil hotelle.


Hierdie is ’n moet-sien. Morris het nie verniet in 2019 die Kanna vir beste akteur gewen nie.

#johnnyboskak
@craigmime @woordfees #instagramresensie (✏📷 Nadine Petrick @nakadien )

The post Toyota US Woordfees 2020 Instagram-resensie: <em>Johnny Boskak voel ’n bietjie ...</em> appeared first on LitNet.

WTF Geluksbos?

$
0
0

Ek sien en hoor van die Geluksbossage/-storie. Dit is twee dames wat met mekaar in die eg in wil tree. Geen pyn daarmee nie, hulle kan met mekaar in die eg tree soveel kere soos hulle wil. Die tweetjies besluit toe Geluksbos is die aangewese plek vir die huweliksbevestiging. Geen probleem ook daarmee nie.

Wat egter die probleem veroorsaak is dat die eienaar van Geluksbos nie selfdegeslagtroues huweliksbevestigings paartjies op sy domicilium wil gaan sal of oorweeg nie.

Hier kom die probleem. Elke mense het volgens die "beste konstitusie in die wye wêreld" die reg op oa 'n opinie ens. Jy het eiendomsreg en verskeie ander voordele en regte.

Waarom is die bohaai oor die eienaar wat nie sulke huweliksbevestigings op sy eiendom wil toelaat nie? Nou skielik is die eienaar van die Geluksbos onder skoot en die vark in die verhaal.

Die plek is met sy sweet op sy voorhoof opgebou. Sy banklening het die verband betaal. Sy kontantvloei betaal sy werkers elke maand. Sy belasting en BTW gaan in die staat se poel van wanbesteding in.

Skielik word hy verguis om net sy demokratiese reg van Reg van Toegang voorbehou toe te pas. Dit is slegs agv die tweetjies met hul leefstyl wat hul op die man wil afdwing waaroor elke Piet Paul en Pel hul bekke oor die eienaar se optrede wil uitwas wat my oor ons samelewing laat wonder. Maw die twee besluit: fok jou en jou ganse, honde, perde op Geluksbos ons gaan jou nou letterlik six luv opfok agv ons leefstyl. Ons tweetjies ontneem jou demokratiese reg van eiendomsreg en ons gaan ons leefstyl op jou afdwing. Vlieg jy in jou moer in en ons kry regshulp. Die probleem gaan voort. Nou word daar van die eienaar van Geluksbos sekere voorwaardes geeis. Oa 'n verskoning. Die eienaar het net gesê nee.

Geluksbos gaan Tokkolosbos word. Ek is al hoe meer bekommerd oor goed, lewenswyses en style en wat ook al se stront nog alles wat op my afgedwing word.

Jy moenie jou kak op my kom afdwing nie. Jy gaan dan probleme optel waarvoor jy nie voorsiening gemaak of begroot het nie. Ek het ook regte.

Reusedwerg

The post WTF Geluksbos? appeared first on LitNet.

Wat het jy in 1966 gelees?

$
0
0
Wie kan onthou toe die hele literêre wêreld deur ’n handvol groot name gedomineer is, met die enigste alternatief net romanses, of swakkerige speurverhale? En daar neergesien was op die lees van liefdesverhale?
 
Deesdae is dit so lekker, daar is hordes skrywers, nuwe genres en oorskryding van grense op alle gebiede wat voorheen netjies afgebaken was. Niemand is meer te oud om te skryf nie (Dink Daan se Dao) en die jonges se stories wat oral te lees is verstom my. Geen onderwerpe of taalgebruik is meer verbode nie en niks word as minderwaardig geag nie. Name van wie mens nog nooit gehoor het nie, wen pryse (dink Marie Toerien). Met die Woordfees wat aan die gang is, is daar soveel keuses, soveel kuns. Hoe kies mens? Daar is soveel produksies waar woorde, musiek en teater ontmoet. Dit is so in pas met die lewe deesdae, anything goes. En die sale sit vol en die volgende kunsfees word gereël. En ons wat ouer is wat kan onthou hoe dit was, kan vergelyk en waardeer wat nou aangebied word.
 
My liefde vir kortverhale kom ’n ver pad. In ’n baie klein plattelandse skooltjie met 4 onderwysers in Noordwes, Pansdrif Laerskool, was die verskeidenheid leesstof in die biblioteek maar beperk en ek die enigste kind in my klas wat vrywillig boeke uitgeneem het – tot die irritasie van juffrou Millie, wat die biblioteek spesiaal vir my moes gaan oopsluit. Daar het ek die kortverhaalbundel "Roosmaryn" en "Wynruit" deur Linda Joubert (skuilnaam van Henriette Grové), in 1966 uitgeneem. Dit was my heel eerste "volwasse" boek wat ek ooit gelees het en dit het ’n groot indruk op my gemaak. My ma het dit ook gelees en daarvan gehou.
 
Sedertdien het ek oor die jare ongeveer alles gelees wat in Afrikaans gepubliseer is. Tot ’n klompie jaar gelede, toe ek besef hoe het die literêre aanbod ontplof, en ek kan nou maar net hier en daar stukke daarvan vang. My Kindle se brein bly vol, ek lees elke dag, maar dan het my belangstellings ook gegroei en ek lees ook baie nie-fiksie en noodwendig vakliteratuur omdat ek weer gejeuk het om iets te leer.
 
Hiermee net ’n groot dankie aan elke skrywer, elke uitgewer, elke resensent, elke webblad soos LitNet wat hierdie dinge op ’n skerm iewers in my sig bring. Lees is en was altyd my groot liefde en ons sal as minnaars sterf.
 
Trisa Hugo

The post Wat het jy in 1966 gelees? appeared first on LitNet.

Toyota US Woordfees 2020 Instagram-resensie: Valsrivier

$
0
0
 

Dominique Botha het in 2014 die plaaslike boekemark getref met haar debuutroman, Valsrivier, en dié coming-of-age storie (geskoei op haar eie grootwordjare op die plaas Rietpan in die Vrystaat) het verskeie welverdiende toekennings ingepalm. Die ontsporing van Dominique se ouer broer en held, Paul, staan sentraal tot die Botha-gesin wat te midde die apartheidsregime, hulle kinders verlig dóg streng grootmaak. Paul, sy ma se oudste, slimste en mooiste, rebelleer van meet af teen als – skool, weermag en die meeste konvensies. Hy breek keer op keer sy ouers én die leser se hart. Jy hoop vir ’n mooi en gelukkig einde, maar jy weet heimlik dit is bloot wensdenkery. Valsrivier is ’n ontsaglike en roerende boek oor verlies.

Om dan ’n boek van dié statuur in ’n drama te verwerk, sit nie in enige man se broek nie, maar gelukkig het die taak ’n bekwame vrou te beurt geval. Saartjie Botha kry dit reg (soos wat sy maar doen) om hierdie stuk liriese prosa in ’n beelskone teaterervaring te verander. Die karakters kry lewe in die baie veilige hande van die regisseur Janice Honeyman en die sterk rolverdeling, waaronder Anna-Mart van der Merwe en Tinarie van Wyk Loots. Robert Hindley as Paul is relatief onbekend, maar hy steel sonder twyfel die show. Die kyker het dadelik deernis met dié sensitiewe, gebroke siel. Na dié huilmooi vertolking gaan die aanbiedinge vir dié jong man waarskynlik teen ’n tempo instroom. (Nog ’n pluimpie gaan aan Wolf Britz, wie se stel en beligting soos gewoonlik ’n uitstalplek vir sy onuitputbare bron van kreatiwiteit is. Dis altyd lekker om te sien hoe hierdie teaterman se kop ’n storie sien.) As Valsrivier jou nie laat huil nie, is jy dalk van klip gemaak. Hierdie produksie is, volgens hierdie kyker, ’n instant classic.

#valsrivier #instagramresensie
@woordfees @theatrerocketsa @roberthindley @janice_honeyman @wolfbritz (✏Nadine Petrick @nakadien)
(📷 Lindsey Appolis @appster )

The post Toyota US Woordfees 2020 Instagram-resensie: <em>Valsrivier</em> appeared first on LitNet.

’n Reddingsboei-omgewing vir suksesvolle leer by matriekleerlinge in toestande van veelvuldige ontneming

$
0
0

’n Reddingsboei-omgewing vir suksesvolle leer by matriekleerlinge in toestande van veelvuldige ontneming

Hettie van der Merwe, Departement van Skoolleierskap en Skoolbestuur, Universiteit van Suid-Afrika

LitNet Akademies Jaargang 17(1)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Hierdie artikel bespreek die onderrig-en-leerreëlings vir matriekleerlinge by ’n townshiphoërskool. Die hoërskool kon daarin slaag om sy matriekleerlinge wat aan huis- en omgewingsomstandighede van ontneming blootgestel is, suksesvol vir die matriekeindeksamen voor te berei. Met Bronfenbrenner se ekologiesestelselteorie en Bandura se selfdoeltreffendheidsteorie as teoretiese lense is ’n kwalitatiewe gevallestudieondersoek gedoen wat gebaseer is op individuele onderhoude met die skoolbestuurspan, matriekonderwysers en matriekleerlinge van die betrokke skool. Bevindinge lig die belemmerende huislike en omgewingstoestande van leerlinge uit en dit verduidelik ook die skoolbestuurspan en onderwysers se onderrig-en-leeraksies om matriekleerlinge vir die eindeksamen voor te berei. ’n Reddingsboei-omgewing is ’n omgewing waarin leerlinge die geleentheid het om te leer. Hierdie omgewing bied holistiese ondersteuning by wyse van ’n program van ekstra klasse en ’n studiekamp voor die aanvang van die matriekeindeksamen. Die bevindinge dra by tot die diskoers oor leersukses en hoe dit in ’n omgewing van veelvuldige ontneming behaal word.

Trefwoorde: armoede; holistiese ondersteuning; leersukses; matriekleerlinge; onderrig-en-leeraksies; selfdoeltreffendheid; sosiale mobiliteit; townshipomgewing; veelvuldige ontneming

 

Abstract

A life buoy environment for successful learning of matric learners in conditions of multiple deprivation

This article discusses the teaching and learning arrangements for matric learners at a township school. The school succeeded in preparing its matric learners adequately for the final matric examination, despite these learners’ exposure to conditions of multiple deprivation. The ecological systems theory by Bronfenbrenner and the self-efficacy theory of Bandura served as theoretical lenses for the qualitative study, as part of which individual interviews were conducted with the school management team, teachers teaching grade 12 learners, and grade 12 learners themselves. Research findings elicited details of learners’ debilitating home and environmental conditions and of the teaching and learning actions by the school management team and teachers to prepare matric learners adequately for the final examination. The opportunity to learn functions as a life buoy environment for learners. This environment provides holistic support to matric learners by means of extra classes and a study camp event two weeks before the final examination commences. The findings contribute to the discourse on successful learning and how this success is achieved in an environment of multiple deprivation.

Accountability for classroom achievement is mainly defined by academic outcomes in standardised tests. School leaders account for these outcomes by focusing on mission formulation, instructional programme management and school-learning culture promotion (Hallinger 2011:127). Teachers serve as co-managers in obtaining these outcomes by pursuing successful learning through effective teaching. The specific context determines the construction and implementation of specific teaching and learning actions, with cognisance of learners’ own input for success. Multiple deprivation represents a specific context characterised by poverty which inhibits opportunities and attainments in education and society. This results in sustained marginalisation, fuelled by school failure. One way of countering these circumstances is arranging contextually tailor-made opportunities for successful learning. These opportunities are based on teachers’ perseverance in ensuring that learning happens and on learners’ self-initiated responses to teacher input, regardless of family and environmental conditions that might threaten to hamper them.

Ecological systems theory explains learner development as reciprocal interaction between the individual learner and other human beings, objects and symbols in the immediate and distant environment (Bronfenbrenner 1979). This development is contingent on learners’ self-efficacy levels, which serve as a primary factor fuelling their own development. The four sources of information by which learners assess their self-efficacy capacity, namely performance accomplishment, vicarious experience, verbal persuasion and emotional arousal, are dominated by performance accomplishment, as previous mastery encourages future accomplishment (Bandura 1997). Due to the interactive functioning of ecological systems, interaction between self-efficacy factors in learners’ maturing biology, their immediate family and community environment, and the societal landscape in which they are placed fuels and steers learners’ development.

Learner development in a multiple-deprived environment is inhibited by poverty, which is understood by means of five categories of deprivation with indicators for each category (Barnes, Noble, Wright and Dawes 2009:185). The category of material and income deprivation includes children living in households with no refrigerator for the safe storage of food, and no radio or television to access information. The category of deprivation due to unemployment includes children of households where no adults aged 18 or over are in employment. Education deprivation occurs in households where children in the age group 7 to 15 are not in school or are in the wrong school grade for their age. A lack of running water and electricity and crowded households where children share sleeping space with several persons of a different age or gender represents living environment deprivation. The category of adequate care deprivation includes children growing up in households where both the mother and the father are deceased, or where the mother and the father are not living with their children in the same household. These categories of deprivation negatively influence children’s development and increases the reliance on schools to expose children to consistency and regularity to acquire social skills and work attitudes for possible social mobility.

The three factors determining learners’ educational achievement are the quality of parenting, the quality of schooling, and the quality of the community culture within which children grow up (Barnes and Horsfall 2010:18). Although some children growing up in a context of deprivation achieve well at school due to sound family networks, many children are acutely exposed to deficient parenting, combined with debilitating community conditions. These children are dependent on effective schools where realistic mission formulation, constructive instructional programme management, and consistent learning culture promotion result in successful learning. Many deprived learners are exposed to constant noise within their homes and the external environment and this inhibits focused studying. To ensure a successful learning environment for these learners, the school management team and grade 12 teachers of the selected school established an away-from-township environment on the school premises. With this environment – consisting of extra classes on Saturday mornings during the first three school terms and on the mornings of one week in the April school holiday and two weeks in the July school holiday – learners receive holistic support on a regular basis. This holistic support entails emotional assistance with personal problems, the provision of a nutritious meal and the facilitation of core subject matter, the latter based on a timetable that prioritises challenging subjects. The extra classes conclude with a study camp event a fortnight before the final matric examination commences.

Holistic teaching in a supportive learning environment guides learners to interactive engagement with subject content, encouraging the positive functioning of the four sources of self-efficacy development. In this regard, supportive learning – through critical teaching prompting realistic expectations – ensures that learners from multiple-deprived environments achieve positive outcomes in the final matric examination. However, a score of 30% for some subjects (including languages) and an extended matric year for learners, many of whom have been promoted to subsequent grades despite failing, portray inferior attainment. Lowered efficacy expectations because of the protracted time taken to obtain a substandard pass mark impede diligent attainment of essential knowledge and skills. Even so, the opportunity to learn by means of a life buoy environment consisting of extra classes and a study camp provides receptive township learners with the possibility of social mobility, all based on examination success that is related to convincingly attaining essential knowledge and skills for potential employability. Questions remain about the extent to which this life buoy environment equips multiple-deprived learners with deep learning that can generate competence for further study and that may, ultimately, result in first-generation families with higher education qualifications. Answers are also needed about the extent to which this life buoy environment ensures the kind of deep learning that prepares deprived learners for further studies in challenging courses with training in scarce skills for high-status employment possibilities. Only when deep learning of such an extent is achieved will the perpetual marginalisation of learners from multiple-deprived environments be ended, despite the lack of both quality parenting and a community culture conducive to learning.

Keywords: holistic support; learning success; matric learners; multiple deprivation; poverty; self-efficacy; social mobility; teaching and learning actions; township environment

 

1. Inleiding

Onderrigleierskap vervat al die onderrig-en-leeraksies wat by skole uitgevoer word om te verseker dat leer plaasvind. Hierdie leersukses word deur akademiese uitkomste in gestandaardiseerde toetsing, soos byvoorbeeld die Trends in International Mathematics and Science Study- (TIMSS)-toetsing, omskryf. Skoolleiers bewerkstellig hierdie onderrig-en-leersukses deur op missieformulering, die bestuur van die onderrigprogram en die bevordering van ’n leerkultuur te fokus (Hallinger 2011:127). Onderwysers dien as medebestuurders om hierdie uitkomste te behaal deur suksesvolle leer aan die hand van doeltreffende onderrig na te streef. Leersukses hang af van die mate waartoe die omgewing onderrig en leer bevorder en die mate waartoe leerlinge aanspreeklikheid vir hul eie leer neem (Barnes en Horsfall 2010:19). Veelvuldige ontneming het betrekking op ’n spesifieke omgewing met faktore wat leersukses belemmer.

My artikel handel oor die onderrig-en-leeraksies by ’n gemeenskapskool wat ten doel het om leerders in staat te stel om ’n positiewe uitkomste in die matriekeindeksamen te behaal. My navorsing is deur die volgende navorsingsvraag gerig: Wat dra tot die leersukses van matriekleerlinge in omstandighede van veelvuldige ontneming by ten einde aanvaarbare akademiese uitkomste in die matriekeindeksamen te behaal?

Omdat gemeenskapskole algemeen as townshipskole bekend staan, met ander woorde skole in stedelike en buitestedelike gebiede wat meestal deur swart mense bewoon word, word die term townshipskool in hierdie artikel gebruik. Teen die agtergrond van die talle disfunksionele skole in ons samelewing, is hierdie townshipskool se onderrig-en-leeraksies ’n reddingsboei-omgewing van uitnemendheid en ’n voorbeeld van wat moontlik is. Hallinger (2011:138) beklemtoon dat nie net inligting oor wat “werk” nie, maar ook inligting oor wat “in verskillende omgewings werk”, verkry moet word. Die onderrig en leer by die bepaalde townshipskool wat verseker dat leerlinge die matriekeindeksamen slaag, dien as voorbeeld van wat in ’n Suid-Afrikaanse omgewing van veelvuldige ontneming “werk”. My argument is dat begrip van suksesvolle onderrig en leer in ’n omgewing van veelvuldige ontneming bydra tot die diskoers oor die reël van leersukses in die algemeen.

In my bespreking van onderrig en leer by die townshipskool gebruik ek Bronfenbrenner (1979) se ekologiesestelselteorie en Bandura (1977) se selfdoeltreffendheidsteorie as teoretiese lense. Ek bespreek ook onderrig en leer in townshipskoolomgewings. Hierdie teoretiese onderbou rig die empiriese ondersoek waarby lede van die skoolbestuur, matriekonderwysers en matriekleerlinge van die betrokke townshipskool betrek is. Ek sluit my artikel af met ’n bespreking van die navorsingsbevindings wat verband hou met onderrig-en-leeraksies ter wille van positiewe uitkomstes in die matriekeindeksamen danksy geleenthede vir suksesvolle leer.

 

2. Onderwys in townshipomgewings

Ten spyte van die demokratisering van onderwys in postapartheid Suid-Afrika is 60% van openbare skole disfunksioneel (Bloch 2009:59; Msila 2017:91). Ondanks die verbreding van toegang tot onderwys vir voorheen gemarginaliseerde gemeenskappe, die herverdeling van hulpbronne aan voorheen benadeelde skole, die verhoging van staatsubsidies aan leerlinge by wyse van ’n geenskoolgeld-beleid, en voedingskemas by skole in benadeelde gemeenskappe, bly ’n tweevlakstelsel vir openbare skole voortbestaan (Smith 2011:80; Maringe en Moletsane 2015:348). Hierdie tweevlakstelsel word gekenmerk deur 25% funksionele teenoor 75% disfunksionele openbare skole (Spaull, 2012:1). Disfunksionele enkelrasskole in townships gaan mank aan gebrekkige onderrig met beperkte leermoontlikhede (Msila 2017:94). Hierdie tweevlakstelsel bestaan steeds, ondanks die staat se voorneme om die rasseskeiding uit te wis wat voor 1994 geheers het toe swart en wit Suid-Afrikaners in afsonderlike gebiede gewoon en in afsonderlike skole skoolgegaan het (Evans en Cleghorn 2014:2). Hoewel die reg om ’n skool te kies ’n uittog na voormalige wit, bruin- en Indiërskole tot gevolg gehad het, bly voormalige swart skole swart (Spaull 2015:34). ’n Skoolkeuse het baie swart leerlinge in staat gestel om gehalteonderwys in skole wat voorheen uitsluitlik vir wit, bruin- of Indiërleerlinge voorsiening gemaak het, te ontvang (Msila 2005:180). Doeltreffende skole beskik egter nie oor onbeperkte ruimte nie, en baie ouers van leerlinge in townshipskole het nie die finansiële vermoë om te verhuis ten einde gehalteonderwys vir hul kinders te reël nie (Lumby 2015:402). Bruin-, Indiër- en al hoe meer wit gesinne is ook aan ontneming onderhewig omrede gehalteonderwys nie meer op ras berus nie, maar op sosio-ekonomiese status.

Erge armoede, oorbevolking en lae vlakke van opvoeding het die stedelike en buitestedelike gebiede wat as townships bekend geword het, voor en gedurende apartheid gekenmerk (Wills en Hofmeyr 2018:4). Hierdie toestande heers steeds en meer informele nedersettings verrys in hierdie gebiede. Baie kinders wat uit hierdie toestande kom, is nie skoolgereed en ontvanklik vir onderrig en leer nie (Bloch 2009:58; Spaull 2015:35). Hierdie gebrek aan skoolgereedheid hou in ’n groot mate verband met die toestande wat in huishoudings met ’n lae sosio-ekonomiese status heers. Toestande soos fisieke verwaarlosing, sielkundige letsels, ’n leef-vir-die-oomblik-ingesteldheid, tienerswangerskappe, gesinsverbrokkeling en bendes belemmer normale leer en strem hierdie kinders se ontwikkeling (Burnett 2010:31; Hick 2016:285). Hulle ontbeer ook dikwels goeie primêre versorging wat gekenmerk word deur onvoorwaardelike liefde en steun, harmonieuse wedersydse interaksie, en verryking deur toenemend ingewikkelde aktiwiteite (Jones en Schipper 2015:10). Jensen (2009:136) en Bick en Nelson (2017:2) beklemtoon dat sodanige emosionele verwaarlosing die produksie van nuwe breinselle verhinder en sosiale en kognitiewe disfunksie in die benadeelde kind kan veroorsaak.

Armoede in ’n gemeenskap van ontneming gaan met beperkte geleenthede vir goeie onderwys en swak skoolprestasie gepaard (Wills en Hofmeyr 2018:6). Dit kortwiek mense se sosiale mobiliteit en handhaaf hulle sosio-ekonomiese uitsluiting en randfiguurstatus (Swift 2003:61; Maringe en Moletsane 2015:348). Een manier om dit die hoof te bied, is om voorsiening te maak vir suksesvolle leer. Meelewende onderwysers wat leersukses nastreef om positiewe akademiese uitkomste te verseker, is belangrik (Smith 2011:99; Smit 2014:120). Ewe belangrik is dat leerlinge, ongeag belemmerende gesins- en omgewingsomstandighede, die verantwoordelikheid vir hul eie leer op hulself neem (Barnes en Horsfall 2010:19). In my artikel verteenwoordig onderwyserbetrokkenheid ’n rolmodelverpligting om ’n naskoolse studieomgewing te skep waar leer suksesvol kan plaasvind. Suksesvolle leer verwys na die verwerwing van kennis en vaardighede om ’n matriekkwalifikasie oortuigend te verwerf.

 

3. Die teorieë van ekologiese stelsels en selfdoeltreffendheid as ’n grondslag vir onderrig en leer

Volgens die ekologiesestelselteorie vind menslike ontwikkeling plaas deurdat sosiaal georganiseerde substelsels interaktief funksioneer om optimale groei te steun of te belemmer (Bronfenbrenner 1979). Hiervolgens is leerlingontwikkeling ’n proses van interaksie tussen die individuele leerling en ander mense, voorwerpe en simbole in die onmiddellike en wyer omgewing oor ’n lang tydperk wat óf tot bekwaamheid óf tot disfunksie lei. Binne hierdie netwerk van invloede wat op mekaar inwerk, reageer leerlinge op omgewingstimuli deur kennis te verwerk en vaardighede te verwerf as bydrae tot hul eie ontwikkeling en lewensomstandighede (Bandura 1977). Hierdie bydrae word bepaal deur leerlinge se selfdoeltreffendheidsvlakke, wat dien as ’n primêre faktor om hulle te motiveer om take te verrig.

Selfdoeltreffendheid, wat gegrond is op ’n uitkomsverwagting, is onderliggend aan individue se vertroue in hul vermoë om bepaalde gedrag suksesvol uit te voer (Bandura 1997). ’n Uitkomsverwagting het betrekking op leerlingdeelname aan onderrig en leer, met die verwagting dat insette tot ’n bepaalde uitslag sal lei, soos die verbetering van kennis en vaardighede met gepaardgaande positiewe akademiese uitkomste. Die wilskrag om ’n taak uit te voer word bepaal deur die moeilikheidsgraad van die taak, die leerling se oortuiging van sy of haar persoonlike vermoë, en die mate waartoe die leerling oor die algemeen sukses met die uitvoer van take behaal (Bandura 1997). Dit beteken dat prestasie en motivering deur individue se persepsie van hul eie vermoë bepaal word. Met ander woorde, as leerlinge glo hulle kan ’n taak suksesvol uitvoer, sal hulle die vermoë verwerf om dit uit te voer, ongeag of hulle aanvanklik die vermoë gehad het.

Die vier wyses waarop leerlinge se selfdoeltreffendheidsvermoë ontwikkel, is werksverrigtingprestasie, eweknievoorbeelde, mondelinge oorreding en emosionele stimuli (Bandura 1997). Werksverrigtingprestasie (bemeesteringservaring) oorheers die ander drie in die sin dat vorige bemeestering toekomstige bemeestering veronderstel. Leerlingsukses steun swaar op selfdoeltreffendheid, terwyl ’n gebrek aan sukses selfdoeltreffendheid ondermyn, veral wanneer ’n gebrek aan sukses beleef word voordat ’n gevoel van selfdoeltreffendheid stewig gevestig is. Leerlinge ontwikkel hoë of lae selfdoeltreffendheidsvlakke deur die eweknievoorbeelde van portuurgroeplede of ander mense se prestasies (Bandura 1997). Om te aanskou hoe ander mense uitdagende aktiwiteite sonder nadelige gevolge uitvoer, skep dit die verwagting van eie sukses deur volharding met verhoogde insette (Bandura 1977). Wanneer leerlinge sien hoe ander leerlinge sukses behaal, verhoog hulle eie selfdoeltreffendheidsvlakke, terwyl hulle portuurgroep se gebrek aan sukses hul eie selfdoeltreffendheidsvlakke negatief beïnvloed.

Die verhoging van selfdoeltreffendheid deur mondelinge oorreding hang af van die geloofwaardigheidsvlak van die oorreding en die oorrederbron (Schwarzer en Hallum 2008:159). Leerlinge vind nie by leë lofprysinge baat nie, maar floreer op die opregte erkenning van eerlike onderwysers. Hoewel die wek van selfdoeltreffendheidsverwagtinge deur mondelinge oorreding algemeen is, is hierdie verwagtinge minder doeltreffend as persoonlike prestasie (Bandura 1977). Mondelinge oorreding het egter trefkrag as dit ontmoedigend is en selfdoeltreffendheidsvlakke verlaag (Schwarzer en Hallum 2008:160). Veeleisende situasies wat deur ’n emosionele appèl gekenmerk word, het ’n invloed op persoonlike bekwaamheid in die sin dat hoë vlakke van emosionele appèl prestasie verswak (Bandura 1977). Die persepsie van onbekwaamheid kan tot hoë vlakke van angs lei wat die angs wat normaal is vir die werklike bedreigingsituasie (soos eksamen skryf) ver oorskry.

Vanweë die interaktiewe funksionering van ekologiese stelsels word leerlinge se ontwikkeling gerig deur die interaksie tussen selfdoeltreffendheidsfaktore in hul biologiese ontwikkeling, hul gesins- en gemeenskapsomgewing en die sosiale landskap waarin hulle hul bevind (Bandura 1977; Bronfenbrenner 1979; Jensen 2009; Jones en Schipper 2015). Hierdie interaksie geld ook vir leerlinge in omgewings van veelvuldige ontneming. Die gevolg is dat leerlinge in omgewings van veelvuldige ontneming ook die onderrig wat hulle ontvang hul eie moet maak en dienooreenkomstig verantwoordelikheid vir hul eie leer en uiteindelik hul eie welsyn moet aanvaar (Barnes en Horsfall 2010; Smith 2011). Die interaktiewe funksionering van ekologiese stelsels beklemtoon dan die waarde van gehalteonderrig aan leerlinge in omgewings van veelvuldige ontneming met die oog op leersukses wat tot moontlike sosiale mobiliteit kan lei.

 

4. ’n Begrip van veelvuldige ontneming

Gesien vanuit ’n onderrig-en-leerperspektief, het veelvuldige ontneming betrekking op faktore wat suksesvolle leer verhinder. Hierdie faktore is nou verweef met sosio-ekonomiese benadeling en sluit erge armoede, die gebrek aan ’n opvoedkundig stimulerende omgewing en dissonansie tussen sosiale en kulturele betekenisbelewing in (Maringe en Moletsane 2015:348). Hoewel armoede nie noodwendig ’n aanduider van ontneming is nie, lei dit tot ontneming as dit individue se menswaardigheid aantas of hulle die geleentheid ontneem om hul persoonlike omstandighede te verbeter (Barnes e.a. 2009:183; Spaull 2015:36). Ontneming is dan die gevolg van armoedeverwante faktore wat fisiese ontwikkeling verhinder, soos om op ’n lewensbeperkende inkomste te moet oorleef, swak of geen behuising, onvoldoende voeding, en om aan ’n gesondheidsbedreigende omgewing blootgestel te wees. Ongeletterdheid, ’n gebrek aan moraliteit en beperkte kennis en insig as epistemologiese eienaarskap belemmer psigokognitiewe ontwikkeling (Whelan, Layte en Maître 2002:98; Noble, Wright, Magasela en Ratcliffe 2007:122). Armoede is relatief, want immorele dwelmhandelaars kan aansienlike materiële rykdom besit. Wanneer armoede veelvuldig van aard is en van die een generasie na die ander oorgedra word, is dit omvattend (Noble e.a. 2007:123; Wills en Hofmeyr 2018:6).

In Suid-Afrika is die armoede van kinders vanweë ontneming omvattend. Barnes e.a. (2009:185) ontleed hierdie ontneming aan die hand van vyf kategorieë van ontneming met aanduiders vir elke kategorie. Die kategorie van ontneming vanweë inkomste en materiële besit verwys na kinders wat in huishoudings grootword met geen yskas vir die bewaring van bederfbare voedsel nie, en geen radio of televisie om toegang tot inligting te verkry nie. Werkloosheid is die tweede kategorie van ontneming en sluit kinders van huishoudings in waar geen volwassenes van 18 of ouer werk het nie. Onderwysontneming as die derde kategorie van ontneming het betrekking op huishoudings waar kinders in die ouderdomsgroep 7 tot 15 nie skoolgaan nie of in die verkeerde skoolgraad vir hul ouderdom is. ’n Gebrek aan lopende water en elektrisiteit en oorvol huishoudings waar kinders hul slaapruimte met persone van verskillende ouderdomme of geslagte deel, verteenwoordig ongunstige lewensomstandighede as die vierde kategorie van ontneming. ’n Gebrek aan voldoende versorging as die vyfde kategorie van ontneming sluit kinders van huishoudings in waar die vader en moeder oorlede is of waar die vader en moeder nie albei in dieselfde huis as hul kinders woon nie (Barnes e.a. 2009:187). Die kombinasie van hierdie vyf kategorieë van ontneming het tot gevolg dat kinders skool toe gaan sonder die basiese sosiale kapitaal om ontvanklik vir volgehoue vordering te wees. Die orde en etiek van doeltreffende skole waar konsekwentheid en toegewydheid in die aanleer van sosiale vaardighede en konstruktiewe werksbenaderings gevestig word, kan hierdie leerlinge op moontlike sosiale mobiliteit voorberei (Bloch 2009:146; Spaull 2012:1).

 

5. Onderwys in toestande van veelvuldige ontneming

Leerlinge se skoolprestasie word deur drie faktore bepaal, naamlik die gehalte van ouerskap, die gehalte van onderwys en die gehalte van die gemeenskapskultuur waarin hulle grootword (Barnes en Horsfall 2010:18). Hoewel sommige kinders wat in ’n omgewing van ontneming grootword, goed op skool presteer danksy gesonde gesinsnetwerke, ly baie kinders onder gebrekkige ouerskap en ongunstige gemeenskapstoestande (Hick 2016:285). Met betrekking tot die disfunksionele skole in Suid-Afrika, word hierdie gebreke vererger deur swak onderwys as gevolg van onprofessionele onderwysergedrag (Msila 2017:91). Daar is egter skole wat sukses behaal ten spyte van belemmerende omgewingsomstandighede (Lumby 2015:408). Die sukses van hierdie skole is te danke aan realistiese missieformulering, die konstruktiewe bestuur van die onderrigprogram en die konsekwente bevordering van ’n leerkultuur (Hallinger 2011:127).

’n Haalbare skoolmissie word verwesenlik deur realistiese maar hoë verwagtinge aan leerling te stel en optimale tydsbenutting te beklemtoon (Bush 2013:6). Die konstruktiewe bestuur van die onderrigprogram verwys na kritiese maar ondersteunende toesig oor onderrig en die voortdurende kontrolering van leerlingvordering (Spillane 2006:71). Bevordering van ’n leerkultuur waarvolgens leergerigtheid gekweek word, omsluit die professionele ontwikkeling van onderwysers en die handhawing van volgehoue hoë sigbaarheid (Bisschoff en Watts 2013:24).

Om goeie onderrig en leer in ’n omgewing van veelvuldige ontneming in werking te stel vereis deernis met leerlinge wat aan ontneming blootgestel is, en ’n passie vir hul opheffing (Maringe en Moletsane 2015:349). Deernis behels dat leerlinge met empatie aangemoedig word om bereikbare uitkomstes te behaal (Kamper 2008:5). Respek vir leerlinge se menswaardigheid behels die inagneming van hul stryd om oorlewing (Lumby 2015:409). ’n Passie vir leerlinge se opheffing vind gestalte in ’n onderrigprogram waarvolgens onderwysers holistiese skoling aan leerlinge bied en hul vordering nougeset kontroleer (Smit 2014:119). Om ’n leerkultuur in omgewings van veelvuldige ontneming te verseker, vereis van skoolleiers bekwaamheid om vennootskappe aan te gaan en netwerke te vorm ten einde genoeg hulpbronne vir suksesvolle onderrig en leer te verseker (Barnes en Horsfall 2010:23). Die personeel van skole wat in omgewings van veelvuldige ontneming suksesvol is, los onderrig-en-leeruitdagings op deur onwrikbaar te glo in die potensiaal van leerlinge om ten spyte van ongunstige omstandighede persoonlik en akademies te vorder.

 

6. Navorsingsontwerp vir die empiriese ondersoek

Die doel van hierdie navorsing was om die onderrig-en-leeraksies waarvolgens matriekleerlinge in omstandighede van ontneming suksesvolle leergeleenthede gebied word, te verstaan. Ek herhaal die navorsingsvraag: Wat dra tot die leersukses van matriekleerlinge in omstandighede van veelvuldige ontneming by ten einde aanvaarbare akademiese uitkomstes in die matriekeindeksamen te behaal? Om antwoorde op hierdie vraagstelling te kry was my empiriese ondersoek op ’n interpretivistiese paradigma met ’n kwalitatiewe navorsingsontwerp geskoei. Daarvolgens is data aan die hand van semigestruktureerde individuele onderhoude ingesamel.

Met inagneming van gerief en toeganklikheid (Cohen, Manion en Morrison 2011:109) en die doelgerigte keuse van ’n navorsingsomgewing (Toma 2011:264), is ’n hoërskool gekies waarvan die matriekslaagsyfer van 29% in 2011 tot 52% in 2016 verbeter het. Die hoërskool is in ’n townshipomgewing geleë waar armoede heers. Leerlinge woon in informele nedersettings waar hulle ouers ’n bestaan uit informele handel en deeltydse werk maak. Verbeterde matriekuitslae by hierdie skool is te danke aan daadwerklike onderrig-en-leeraksies om matriekleerlinge tot leersukses aan te spoor

Semigestruktureerde, individuele onderhoude is met die skoolbestuurspan, wat die skoolhoof, adjunkhoof en twee departementshoofde ingesluit het, gevoer. Aangesien die skoolbestuurspan verantwoordelik was vir die reël van en toesig oor onderrig-en-leergeleenthede vir matriekleerlinge, is die bydrae wat hulle tot die insamel van inligtingryke data kon maak, as waardevol beskou. Semigestruktureerde individuele onderhoude is ook met ses onderwysers en agt matriekleerlinge gevoer. Onderwyserdeelnemers moes minstens vyf jaar ervaring in die onderrig van matriekleerlinge by die spesifieke skool hê. Dit is as genoegsaam geag om gesaghebbende mededelings oor matriekonderrig binne die bepaalde omgewing te kon maak. Leerlingdeelnemers het goeie, gemiddelde en swak presteerders ingesluit om voorsiening te maak vir ’n geheelbeeld van leersukses in ’n omgewing van veelvuldige ontneming.

Met inagneming van die aanbevelings van Toma (2011:267) oor deeglikheid met die insameling van data, is triangulasie bewerkstellig deur die antwoorde van die deelnemers op dieselfde vraagstelling naas mekaar te oorweeg. Deur verdere vraagstelling ter wille van groter helderheid, wat deur intensiewe betrokkenheid bewerkstellig is (onderhoude het minstens ’n halfuur geduur), kon tussen vae en spesifieke stellings onderskei word. In dié verband het kwalitatiewe inhoudsontleding behels dat ek die elektroniese opnames van die onderhoude self getranskribeer het as ’n onmiddellike betrokkenheid by die data en ’n eerste kennisname van moontlike reëlmatighede en opvallende patrone.

Ek het die onderhoude herhaaldelik gelees om alle elemente te identifiseer wat die navorsingsvraag kon beantwoord (Henning, Van Rensburg en Smit 2004:104). Daarna is die gedekodeerde data vertolk deur verbandhoudende elemente en patrone as afsonderlike temas saam te groepeer. Daarvolgens het die geanaliseerde data van die 18 individuele onderhoude reëlmatighede en herhalende patrone uitgewys. Hierdie reëlmatighede, wat met literatuurbevindings in verband gebring is, het ’n perspektief verteenwoordig van wat onderrig-en-leersukses binne ’n omgewing van veelvuldige ontneming behels.

Akademiese integriteit, eerlikheid en respek vir almal wat by die navorsing betrokke was is met etiese klaring gereël. Ingeligte toestemming is vooraf van onderwysowerhede en deelnemers verkry nadat almal volledig oor die navorsing en die rede vir hulle deelname ingelig is. Toestemming is van onderwysowerhede verkry om leerlinge as deelnemers te betrek. Die leerlingdeelnemers, almal in matriek, was 18 jaar oud of ouer. Alle deelnemers, insluitende leerlingdeelnemers, is sorgvuldig oor die navorsing en die waarde van hul deelname daaraan ingelig. Die instemming van leerlingdeelnemers en hul ouers se toestemming het gepaard gegaan met die versekering dat hulle enige tyd van deelname kon onttrek. Die individuele onderhoude met leerlinge is tydens pouses, wanneer dit die betrokke leerling gepas het, gevoer. Onderhoude is met die ander deelnemers gevoer wanneer dit hulle gepas het op voorwaarde dat die onderrigprogram nie daardeur geaffekteer sou word nie. Toestemming om ’n elektroniese opname van die onderhoud te maak, is vooraf van elke deelnemer verkry. Elke getranskribeerde onderhoud is aan die betrokke deelnemer voorgehou om die akkuraatheid van die data te bevestig. Deelnemers se anonimiteit en die vertroulikheid van hul bydraes is deurgaans verseker.

 

7. Navorsingsbevindings

Twee hooftemas het uit die data-ontleding na vore gekom. Hierdie twee temas hou verband met die belemmerende omgewingstoestande waaraan leerlinge in die townshipomgewing blootgestel is, en die wyses waarop onderrig-en-leeraksies vir matriekleerlinge gereël is. Vervolgens word hierdie twee temas bespreek. My bespreking van die temas word met woordelikse aanhalings uit die onderhoude toegelig. Ek dui die skoolhoof aan as S, die adjunkhoof as A, die twee departementshoofde as D1 en D2, die onderwysers as O1 tot O6, en die leerlinge as L1 tot L8.

7.1 Huis- en omgewingstoestande wat matriekleerlingsukses beïnvloed

’n Faktor in townshipomgewings wat leerlinge se selfdoeltreffendheidsverwagtinge verlaag, is die gebrek aan rolmodelle wat leerlinge motiveer om in hul skoolwerk te volhard. Die gebrek aan behoorlike polisiëring het tot gevolg dat bendelede in duur klere en blink motors die strate beheer (“Tsotsis and gangsters drive fancy cars; they wear expensive labels”, L2). Hierdie misdadigers skep die indruk by townshipleerlinge dat misdaad die enigste middel tot ’n beter en makliker lewe is. Vermoënde inwoners wat townshipomgewings verlaat wanneer hulle finansieel daartoe in staat is, veroorsaak dat kinders in townshipomgewings sonder identifikasiefigure grootword (“Learners in townships grow up without role models”, O5). Aangesien baie leerlinge die hele dag sonder kos bly, is dit ’n uitdaging om hulle van die waarde van skoolopleiding te oortuig en hulle te oorreed om in hulle skoolwerk te volhard (“Many learners spend the whole day on empty stomachs”, O4).

Die geraasvlakke waaraan townshipleerlinge tuis en in hulle onmiddellike omgewing blootgestel word, verhinder hulle om suksesvol te studeer. Baie gesinne van tien of meer woon in enkelkamerstrukture wat as kombuis, sitkamer en slaapkamer dien. Leerlinge ondervind probleme om tuis te studeer vanweë die geraas van familietwiste en ’n televisie wat deurgaans aan is (“I cannot study at home because of family quarrels and the television that is on non-stop”, L4). Die besit van ’n televisiestel ten spyte van volslae armoede word toegeskryf aan ’n leef-vir-die-oomblik-ingesteldheid en die pogings van weldoeners om die lewensgehalte van arm mense te verbeter (“Benefactors want to improve the quality of life of poor people”, O1). Daar is deurentyd ’n botsing van belange tussen leerlinge wat wil studeer en gesinslede wat televisie wil kyk. Gesinslede wat hul tyd met kompulsiewe televisiekyk verwyl, heg min waarde aan goeie skoolopleiding. Die gevolg is dat leerlinge nie op die ondersteuning van hul families kan staatmaak vir stilte in die huis sodat hulle op hul skoolwerk kan fokus nie (“Consideration for me studying is a fallacy”, L1).

Die geraas van fuifpartye wat gedurig in die townshipomgewing gehou word, is nie bevorderlik vir studie nie. Hierdie partytjies word gekenmerk aan harde, polsende musiek en ’n skril geskree wat gepaardgaan met drank, dwelms en seksuele misbruik (“The parties are characterised by loud beating music and shrill screaming”, D2; “The parties include liquor, drugs and sexual abuse”, O5). Dit spreek van ’n toksiese omgewing wat konstruktiewe studieroetines in so ’n mate kortwiek dat ’n leerling aangedui het dat hy wens hy kon iewers weg van die townshipomgewing studeer (“You wish that you could go somewhere, away from township, where you could study”, L3).

Die wens van hierdie leerling, wat dié van baie ander townshipleerlinge verwoord, het die bepaalde skool laat besluit om vir matriekleerlinge ’n studiegeleentheid weg van die township te reël. Dit strek oor ’n aansienlike tydperk waarin leerlinge kans kry om die vakinhoud deeglik te bemeester. Hulle ontvang holistiese maar kritiese onderrig in ’n ondersteunende omgewing. Daar word hoë verwagtinge aan hulle gestel. Die ekstra klasse op die skoolterrein gaan met emosionele steun en voedsame kos gepaard. Klasse vind elke Saterdagoggend in die eerste drie skoolkwartale, en elke oggend vir een week in die Aprilskoolvakansie en vir twee weke in die Julieskoolvakansie plaas. Hierdie studieomgewinginisiatief sluit twee weke voor die matriekeindeksamen met ’n studiekamp af.

7.2 Onderrig-en-leeraksies vir matriekleerlinge

Die onderrig-en-leeraksies ten bate van matriekleerlinge verteenwoordig twee inisiatiewe, naamlik die inisiatief van Saterdagoggend- en skoolvakansieoggendklasse en die inisiatief van ’n studiekamp net voor die eindeksamen begin.

7.2.1 Saterdagoggend- en skoolvakansieoggendklasse

’n Departementshoof en twee senior onderwysers is verantwoordelik vir die opstel van ’n rooster vir die Saterdagoggend- en skoolvakansieoggendklasse. Elke skoolvak se marktersaaklikheid en die moeilikheidsgraad van die inhoud word in ag geneem met die opstel van die rooster. Die fokus is op Wiskunde, Natuurwetenskappe, Rekeningkunde en Engels (“The challenging subjects are addressed: […] Mathematics, Physical sciences, Accounting, English”, D1). Vakonderwysers kontroleer die bywoning van klasse met ’n bywoningsregister. Die skoolbestuurspan volg gereelde afwesighede op deur afwesiges se versorgers te kontak.

Emosionele steun kom spontaan in die ekstra klasse voor deurdat die ontspanne maar gefokuste omgewing leerlinge van hul onderwysers se besorgdheid oor hul skolastiese en algemene welsyn verseker. Onderwysers se oogmerk is dat hul leerlinge die matriekeindeksamen oortuigend sal slaag en terselfdertyd kennis sal verwerf wat hulle konstruktief in die samelewing kan toepas (“I want to instil knowledge in them, for them to impart that knowledge further”, O1). Dit is vir die onderwysers ook belangrik om ’n oopkopbenadering by hul leerlinge te kweek en hulle te laat besef dat sukses wel moontlik is met toegewyde werk (“We have the desire for the African learner to be broader-minded”, D2; “We want to make them understand that success is possible through hard and consistent work”, O1).

’n Beduidende aantal uur (kwantitatief) van interaksie met die vakinhoud het tot gevolg dat ’n ondersteunende leeromgewing met gehaltebetrokkenheid (kwalitatief) geskep word. Dit stel leerlinge in staat om die moeilike vakinhoud te bemeester wat hulle motiveer om in hulle skoolwerk te volhard. Die betrokkenheid van besorgde onderwysers wat die hersiening van belangrike vakinhoud fasiliteer, motiveer leerlinge om selfdoeltreffend te wees en om ook hul persoonlike probleme te hanteer. Leerlinge met persoonlike probleme het dikwels nie die vrymoedigheid om by die skool met ’n onderwyser daaroor te praat of by die skoolhoof om hulp aan te klop nie. Die gemoedelike atmosfeer wat by die ekstra klasse heers, maak dit egter vir leerlinge moontlik om openlik met hul vakonderwysers oor hul probleme te praat (“Learners have problems and cannot open up in class or come to the office, but can talk to you openly at the extra classes”, O2).

Motiveringsprekers spreek leerlinge een keer per maand tydens ’n Saterdagoggendklas en een keer per week tydens die vakansieklasse toe. Hierdie sprekers is dikwels vertroud met die omgewing waarin die leerlinge woon omdat hulle self in soortgelyke omstandighede grootgeword het. Die sprekers vervul ’n rolmodelfunksie wat leerlinge se selfdoeltreffendheidsvlakke by wyse van ewekniebeïnvloeding verhoog. Hierdie motiveringspraatjies wek by leerlinge die hoop op ’n beter lewe deur ’n goeie skoolopleiding en volharding.

Erge armoede het tot gevolg dat baie leerlinge die ekstra klasse op ’n leë maag bywoon. Daarom is daar ontbyt om tienuur elke Saterdagoggend- en skoolvakansieoggendsessie. Privaat ondernemings borg die etes wat deur lede van die gemeenskap wat by spyseniering betrokke is voorberei word. KFC bederf leerlinge af en toe met hoenderstukke en aartappelskyfies (“On occasion, KFC will bring packs of Streetwise 2 with chips as an extra treat”, O4). Wat hierdie voedselskenkings betref, het die skoolhoof die belangrikheid van ’n behoorlik funksionerende skool as ’n oorredingsmaatreël beklemtoon. Besighede word tot borgskappe oorreed wanneer hulle potensiaal raaksien (“You cannot go to businesses and say: ‘Look, I want sponsorship’ and when they visit the school, they can’t see any product there”, S).

7.2.2 Die studiekamp

Vir die studiekamp twee weke voor die matriekeindeksamen word die skoolsaal in ’n koshuis omskep (“The school hall is turned into a hostel”, D2). Leerlinge bring hul eie beddegoed. Die privaat sektor borg alle maaltye. Die studiekamp is verpligtend vir alle matriekleerlinge en daar is geen koste aan bywoning verbonde nie.

Hersieningslesse word volgens ’n rooster aangebied. Die lesse begin om 08:00 en eindig om 17:30, waarna selfstudie van 19:00 tot 22:00 volg. Die skoolbestuurspan hou toesig oor onderrig en leer by die studiekamp om te verseker dat leerlinge suksesvol leer (“We monitor that learners find the direction that is needed”, D1). Die hersieningsrooster sluit alle matriekvakke in. Meer lesse word in die moeilike vakke soos Wiskunde en Natuurwetenskappe aangebied. Onderwysers ontvang betaling uit die skoolfonds vir elke les wat hulle gedurende die studiekamp aanbied.

Groepsonderrig vind tydens die studiekamp plaas deurdat onderwysers vakonderwerpe aan die hele leerlinggroep onderrig. Terselfdertyd word die kerninhoud by leerlinge ingeskerp deurdat verskeie vakonderwysers dieselfde onderwerp aan die hele leerlinggroep onderrig (“Learners are organised into subject groups, and each group is taught the same content by different educators”, D2). Hierdie onderrigstrategie word gevolg omdat leerlinge uit verskillende invalshoeke met die kernvakinhoud kennismaak en dit beter begryp (“This teaching strategy extends learners’ horizons of understanding”, S). Aangesien ewekniebeïnvloeding so doeltreffend is, word leerlinge wat die vakinhoud bemeester het, gevra om dit aan hul medeleerlinge te verduidelik (“We can help each other so that we all pass”, L7).

Individuele onderrig word saans tydens die selfstudiegeleentheid gegee wanneer onderwysers leerlinge individueel bystaan. Al hierdie onderrig-en-leeraksies help leerlinge in ’n townshipomgewing om die matriekeindeksamen oortuigend te slaag (“The study camp helps learners in township schools to connect what they learn in the classroom with what they learn and revise with camping, to perform well in the examination”, O2).

Leerlinge verstaan hulle eie verantwoordelikheid om te slaag. Een leerling het leerlinge se aanspreeklikheid vir kennisverwerwing met die plant en natgooi van ’n saadjie vergelyk. Onderwysers fasiliteer die vakinhoud en leerlinge maak die gefasiliteerde vakinhoud met toegewyde studie hul eie (“You have to work on your own […] teachers plant the seed, but you have to water it”, L3). Sommige leerlinge vind egter dat onderwysers te veel druk op hulle plaas en hulle met onrealistiese verwagtinge oorweldig (“It’s like this one teacher working towards obtaining a 100% pass for her subject, and the same thing happens with other teachers”, L6). Onderwysers is weer bekommerd oor die gebrek aan toegewydheid by baie leerlinge in die townshipomgewing (“There is a lack of seriousness in learners from townships”, O4).

Leerlinge se selfdoeltreffendheidsvlakke is laag omdat aansporing volgens die vier wyses waarop selfdoeltreffendheid gevorm word, erg gebrekkig is. Swak leerlingprestasie is egter ook te wyte aan regeringsmaatreëls wat leerlinge toelaat om hul matriekjaar oor twee jaar te versprei. Baie leerlinge wat van die tweejaaropsie gebruik maak, is in die eerste plek na ’n volgende skoolgraad bevorder, al het hulle gedruip. Die doel hiervan is om te voorkom dat leerlinge ’n graad verskeie kere herhaal en naderhand te oud vir ’n skoolgraad is (“These are the stipulations by government to avoid multiple repetitions and being over-aged in the grade”, D2).

’n Verlengde matriekjaar en talle leerlinge wat tot hul matriekjaar bevorder is sonder dat hulle die basiese leeruitkomstes in vorige grade behaal het, benadeel leerlinge se werkywer. Daarbenewens stel die bevorderingsvereiste van slegs 30% vir sommige finalejaarskoolvakke (tale ingesluit) lae standaarde en doeltreffendheidsverwagtinge. Dit lei tot ’n situasie waar baie leerlinge van townshipomgewings nie aan die basiese indiensnemingsvereistes voldoen nie (“Many township learners fail to meet basic employment requirements in the labour market”, O2). Ten spyte hiervan slaag die skool se onderrig-en-leerprogram wel daarin om toegewyde matriekleerlinge suksesvol vir die eindeksamen voor te berei (“The extra classes and study camp confirm success to do what you can with what you have where you are”, S).

 

8. Bespreking van bevindings

Veelvuldige ontneming – in die sin van erge armoede – verhoed dat leerlinge uit townshipomgewings leergeleenthede en leerprestasie met hul skoolopleiding ervaar. Die ekologiese, onderling samehangende funksionering van leerlinge se huislike omstandighede en hul eksterne omgewing (Bronfenbrenner 1979) lei daartoe dat ongunstige toestande vir leerlinge heers. Kognitiewe, emosionele, fisieke en sosiale probleme in townshipleerlinge se huislike omstandighede word vererger deur die eksterne omgewing waar misdaad en ’n onverskilligheid teenoor die belang van skoolopleiding heers. Om ’n positiewe verandering in leerlinge se lewensgeleenthede deur skoolopleiding gegrond op onderwyserinsette en leerlingontvanklikheid teweeg te bring, moet daar in die gemeenskapskultuur gunstige toestande heers wat studie bevorder (Barnes en Horsfall 2010). Die skep van ’n reddingsboei-studieomgewing weg van die township gegrond op hoë verwagtinge, kritiese onderrig en ondersteunende leer, bevat al die eienskappe van ’n gunstige gemeenskapskultuur om leerlinge se selfdoeltreffendheidsvlakke positief volgens die vier wyses van selfdoeltreffendheidsaanmoediging te beïnvloed (Bandura 1977; Hallinger 2011).

Die konsekwente en gestruktureerde fasilitering van vakinhoude gee aan leerlinge die geleentheid vir bemeestering. Dit word aangemoedig deur die opregte mondelinge oorreding van onderwysers. Die kognitiewe betrokkenheid by die vakinhoud word met fisiese en emosionele ondersteuning deur middel van voedsame maaltye en empatiese bystand met persoonlike probleme aangevul. Dit help om die verlammende uitwerking van die veeleisende situasies wat leerlinge tuis ervaar, teen te werk. Motiveringstoesprake deur persone met wie townshipleerlinge hulle kan identifiseer, verhoog hierdie leerlinge se verwagtinge oor selfdoeltreffendheid. Al hierdie maatreëls voorsien leerlinge uit omgewings van veelvuldige ontneming met die bes moontlike geleenthede om die matriekeindeksamen oortuigend te slaag.

Die keuse van ’n verlengde matriekjaar en ’n slaagpunt van slegs 30% vir sommige vakke maak inbreuk op die toegewyde verwerwing van kennis en vaardighede wat noodsaaklik is vir moontlike sosiale mobiliteit. Die rede hiervoor is dat ’n slaagpunt van 30% ’n wanvoorstelling van sukses is en die onvoldoende bemeestering van kennis en minderwaardige bekwaamheid versinnebeeld. Daarteenoor funksioneer die studieomgewing weg van die township vir toegewyde townshipleerlinge as ’n reddingsboei-geleentheid met die oog op sosiale mobiliteit. Hierdie mobiliteit hou verband met die slaag van matriek op grond van die verwerwing van kennis en vaardighede op ’n oortuigende manier wat die kanse op indiensneming verbeter. Met verwysing na die vier wyses van selfdoeltreffendheidsontwikkeling (Bandura 1977), stel die onderrig-en-leeraksies van die studieomgewing ontvanklike leerlinge bloot aan werksverrigtingprestasie. Dit word aangespoor deur eweknievoorbeelde en mondelinge oorreding wat leerlinge in staat stel om die emosionele appèl van huislike omstandighede beter te verwerk.

Op grond van leerlingontwikkeling as die interaktiewe funksionering van ekologiese sisteme en selfdoeltreffendheid (Bandura 1977; Bronfenbrenner 1979) behaal leerlinge leersukses ten spyte van veelvuldige ontneming. Hierdie leersukses is te danke aan onderrig-en-leeraksies in ’n reddingsboei-studieomgewing waar ontneemde leerlinge aan hoë verwagtinge voldoen danksy kritiese onderrig en ondersteunende leer (Hallinger 2011).

 

9. Afsluiting

Die hoofdoel van die onderrig-en-leeraksies in die bepaalde reddingsboei-studieomgewing is om randfiguurleerlinge met die nodige kennis en vaardighede toe te rus om ’n matriekkwalifikasie oortuigend te verwerf. Vir baie van hierdie leerlinge is matriek ’n uiteindelike prestasie en ’n potensieel positiewe faktor wat as rigtinggewer kan dien om die armoedesiklus te verbreek. Verdere navorsing is nodig om te bepaal hoe hoë verwagtinge vir die toegewyde verwerwing van voldoende kennis en vaardighede aan leerlinge oorgedra word ten spyte van die maatreël van ’n verlengde matriekjaar en ’n ondergemiddelde slaagpunt. Antwoorde moet ook gevind word oor die mate van diepgaande leer wat ontneemde leerlinge voorberei vir verdere studie ten einde as eerstegenerasiestudente hoër onderwyskwalifikasies te verwerf.

Met inagneming van die potensiaal van onderwyserinsette en leerlingontvanklikheid, en van die Gini-koëffisiënt1 van Suid-Afrika, is antwoorde laastens nodig oor die mate waartoe diepgaande leer met behulp van die onderrig-en-leeraksies daartoe bydra om ontneemde leerlinge vir verdere studie in uitdagende kursusse voor te berei. Uitdagende kursusse veronderstel kursusse wat opleiding in skaars vaardighede verteenwoordig, met gepaardgaande hoëstatus-indiensnemingsmoontlikhede. Sukses met diepgaande leer van hierdie omvang kan die uitsluiting van leerlinge uit omgewings van veelvuldige ontneming beëindig. Leersukses is dan wel moontlik ondanks gebrekkige ouerskap en ’n gemeenskapsomgewing wat nie bevorderlik vir suksesvolle leer is nie.

 

Bibliografie

Bandura, A. 1977. Self-efficacy: Toward a unifying theory of behavioural change. Psychological Review, 84(2):191–215.

—. 1997. Self-efficacy: The exercise of control. New York: Freeman.

Barnes, H., M. Noble, G. Wright en A. Dawes. 2009. A geographical profile of child deprivation in South Africa. Child Indicators Research, 2(2):181–99.

Barnes, J. en P. Horsfall. 2010. It’s your life: Developing a community of learners to combat social deprivation. Education Review, 22(2):17–26.

Bick, J. en C. Nelson. 2017. Early experience and brain development. WIREs Cognitive Science, 8:1387. doi: 10.1002/wcs.1387.

Bisschoff, T. en P. Watts. 2013. Leadership for learning: A case of leadership development through challenging situations. Education as Change, 17(S1):21–31.

Bloch, G. 2009. The toxic mix: What’s wrong with South Africa’s schools and how to fix it. Kaapstad: Tafelberg.

Bronfenbrenner, U. 1979. The ecology of human development: Experiments by nature and design. Cambridge, MA: Harvard University Press.

Burnett, C. 2010. Sport-for-development approaches in the South African context: A case study analysis. South African Journal for Research in Sport, Physical Education and Recreation, 32(1):29–42.

Bush, T. 2013. Instructional leadership and leadership for learning: Global and South African perspectives. Education as Change, 17(S1):5–20.

Cohen, L., L. Manion en K. Morrison. 2011. Research methods in education. 7de uitgawe. Londen: Routledge Falmer.

Conrad, C.F. en R.C. Serlin (reds.). 2011. The SAGE handbook for research in education. 2de uitgawe. Thousand Oaks, CA: SAGE.

Evans, R. en A. Cleghorn. 2014. Parental perceptions: A case study of school choice amidst language waves. South African Journal of Education, 34(2):1–19.

Hallinger, P. 2011. Leadership for learning: Lessons from 40 years of empirical research. Journal of Educational Administration, 49(2):125–42.

Henning, E., W. van Rensburg en B. Smit. 2004. Finding your way in qualitative research. Pretoria: Van Schaik.

Hick, R. 2016. Material poverty and multiple deprivation in Britain: The distinctiveness of multidimensional assessment. Journal of Public Policy, 36(2):277–308.

Jensen, E. 2009. Teaching with poverty in mind: What being poor does to kids’ brains and what schools can do about it. Alexandria, VA: ASCD.

Jones, S. en Y. Schipper. 2015. Does family background matter for learning in East Africa? Africa Education Review, 12(1):7–27.

Kamper, G. 2008. A profile of effective leadership in some South African high-poverty schools. South African Journal of Education, 28(1):1–18.

Lumby, J. 2015. Leading schools in communities of multiple deprivation: Women principals in South Africa. Educational Management Administration & Leadership, 43(3):400–17.

Maringe, F. en R. Moletsane. 2015. Leading schools in circumstances of multiple deprivation in South Africa: Mapping some conceptual, contextual and research dimensions. Educational Management Administration & Leadership, 43(3):347–62.

Msila, V. 2005. The education exodus: The flight from township schools. Africa Education Review, 2(2):173–88.

—. 2017. Leaving a sinking ship? School principals in flight, lessons and possible solutions. Africa Education Review, 14(1):87–104.

Noble, M.W.J., G.C. Wright, W.K. Magasela en A. Ratcliffe. 2007. Developing a democratic definition of poverty in South Africa. Journal of Poverty, 11(4):117–41.

Schwarzer, R. en S. Hallum. 2008. Perceived teacher self-efficacy as a predictor of job stress and burnout: Mediation analyses. Applied Psychology: An International Review, 57(s1):152–71.

Smit, B. 2014. An ethnographic narrative of relational leadership. Journal of Sociology and Social Anthropology, 5(2):117–23.

Smith, M.C. 2011. Which in- and out-of-school factors explain variations in learning across different socio-economic groups? Findings from South Africa. Comparative Education, 47(1):79–102.

Spaull, N. 2012. Education in SA: A tale of two systems. Politicsweb, News & Analysis. https://www.politicsweb.co.za/news-and-analysis/education-in-sa-a-tale-of-two-systems (5 Februarie 2020 geraadpleeg).

—. 2015. Schooling in South Africa: How low quality education becomes a poverty trap. South African Child Gauge, Part 2 – Youth and the intergenerational transmission of poverty. Stellenbosch: Universiteit Stellenbosch. http://www.ci.uct.ac.za/sites/default/files/image_tool/images/367/Child_Gauge/South_African_Child_Gauge_2015/Child_Gauge_2015-Schooling.pdf (8 Februarie 2020 geraadpleeg).

Spillane, J.P. 2006. Distributed leadership. San Francisco: Jossey-Bass.

Swift, A. 2003. How not to be a hypocrite: School choice for the morally perplexed parent. Londen: Routledge.

Toma, J.D. 2011. Approaching rigour in applied qualitative research. In Conrad en Serlin (reds.) 2011.

Whelan, C.T., R. Layte en B. Maître. 2002. Multiple deprivation and persistent poverty in the European Union. Journal of European Social Policy, 12(2):91–105.

Wills, G. en H. Hofmeyr. 2018. Academic resilience in challenging contexts: Evidence from township and rural primary schools in South Africa. Stellenbosch economic working papers: WP18/2018. Ekonomie Departement, Universiteit Stellenbosch.

 

Eindnota

1 Die Gini-koëffisiënt is in 1912 deur Corrado Gini ontwikkel om die mate van ongelykheid in ’n samelewing wat betref materiële rykdom statisties met ’n getal van 0 (volslae gelykheid) tot 100 (volslae ongelykheid) te bepaal. Van al die samelewings wat wel oor sodanige statistiek beskik, is Suid-Afrika se telling van 63 een van die hoogste Gini-koëffisiënte ter wêreld.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post ’n Reddingsboei-omgewing vir suksesvolle leer by matriekleerlinge in toestande van veelvuldige ontneming appeared first on LitNet.


A life buoy environment for successful learning of matric learners in conditions of multiple deprivation

$
0
0

Abstract

This article discusses the teaching and learning arrangements for matric learners at a township school. The school succeeded in preparing its matric learners adequately for the final matric examination, despite these learners’ exposure to conditions of multiple deprivation. The ecological systems theory by Bronfenbrenner and the self-efficacy theory of Bandura served as theoretical lenses for the qualitative study, as part of which individual interviews were conducted with the school management team, teachers teaching grade 12 learners, and grade 12 learners themselves. Research findings elicited details of learners’ debilitating home and environmental conditions and of the teaching and learning actions by the school management team and teachers to prepare matric learners adequately for the final examination. The opportunity to learn functions as a life buoy environment for learners. This environment provides holistic support to matric learners by means of extra classes and a study camp event two weeks before the final examination commences. The findings contribute to the discourse on successful learning and how this success is achieved in an environment of multiple deprivation.

Accountability for classroom achievement is mainly defined by academic outcomes in standardised tests. School leaders account for these outcomes by focusing on mission formulation, instructional programme management and school-learning culture promotion (Hallinger 2011:127). Teachers serve as co-managers in obtaining these outcomes by pursuing successful learning through effective teaching. The specific context determines the construction and implementation of specific teaching and learning actions, with cognisance of learners’ own input for success. Multiple deprivation represents a specific context characterised by poverty which inhibits opportunities and attainments in education and society. This results in sustained marginalisation, fuelled by school failure. One way of countering these circumstances is arranging contextually tailor-made opportunities for successful learning. These opportunities are based on teachers’ perseverance in ensuring that learning happens and on learners’ self-initiated responses to teacher input, regardless of family and environmental conditions that might threaten to hamper them.

Ecological systems theory explains learner development as reciprocal interaction between the individual learner and other human beings, objects and symbols in the immediate and distant environment (Bronfenbrenner 1979). This development is contingent on learners’ self-efficacy levels, which serve as a primary factor fuelling their own development. The four sources of information by which learners assess their self-efficacy capacity, namely performance accomplishment, vicarious experience, verbal persuasion and emotional arousal, are dominated by performance accomplishment, as previous mastery encourages future accomplishment (Bandura 1997). Due to the interactive functioning of ecological systems, interaction between self-efficacy factors in learners’ maturing biology, their immediate family and community environment, and the societal landscape in which they are placed fuels and steers learners’ development.

Learner development in a multiple-deprived environment is inhibited by poverty, which is understood by means of five categories of deprivation with indicators for each category (Barnes, Noble, Wright and Dawes 2009:185). The category of material and income deprivation includes children living in households with no refrigerator for the safe storage of food, and no radio or television to access information. The category of deprivation due to unemployment includes children of households where no adults aged 18 or over are in employment. Education deprivation occurs in households where children in the age group 7 to 15 are not in school or are in the wrong school grade for their age. A lack of running water and electricity and crowded households where children share sleeping space with several persons of a different age or gender represents living environment deprivation. The category of adequate care deprivation includes children growing up in households where both the mother and the father are deceased, or where the mother and the father are not living with their children in the same household. These categories of deprivation negatively influence children’s development and increases the reliance on schools to expose children to consistency and regularity to acquire social skills and work attitudes for possible social mobility.

The three factors determining learners’ educational achievement are the quality of parenting, the quality of schooling, and the quality of the community culture within which children grow up (Barnes and Horsfall 2010:18). Although some children growing up in a context of deprivation achieve well at school due to sound family networks, many children are acutely exposed to deficient parenting, combined with debilitating community conditions. These children are dependent on effective schools where realistic mission formulation, constructive instructional programme management, and consistent learning culture promotion result in successful learning. Many deprived learners are exposed to constant noise within their homes and the external environment and this inhibits focused studying. To ensure a successful learning environment for these learners, the school management team and grade 12 teachers of the selected school established an away-from-township environment on the school premises. With this environment – consisting of extra classes on Saturday mornings during the first three school terms and on the mornings of one week in the April school holiday and two weeks in the July school holiday – learners receive holistic support on a regular basis. This holistic support entails emotional assistance with personal problems, the provision of a nutritious meal and the facilitation of core subject matter, the latter based on a timetable that prioritises challenging subjects. The extra classes conclude with a study camp event a fortnight before the final matric examination commences.

Holistic teaching in a supportive learning environment guides learners to interactive engagement with subject content, encouraging the positive functioning of the four sources of self-efficacy development. In this regard, supportive learning – through critical teaching prompting realistic expectations – ensures that learners from multiple-deprived environments achieve positive outcomes in the final matric examination. However, a score of 30% for some subjects (including languages) and an extended matric year for learners, many of whom have been promoted to subsequent grades despite failing, portray inferior attainment. Lowered efficacy expectations because of the protracted time taken to obtain a substandard pass mark impede diligent attainment of essential knowledge and skills. Even so, the opportunity to learn by means of a life buoy environment consisting of extra classes and a study camp provides receptive township learners with the possibility of social mobility, all based on examination success that is related to convincingly attaining essential knowledge and skills for potential employability. Questions remain about the extent to which this life buoy environment equips multiple-deprived learners with deep learning that can generate competence for further study and that may, ultimately, result in first-generation families with higher education qualifications. Answers are also needed about the extent to which this life buoy environment ensures the kind of deep learning that prepares deprived learners for further studies in challenging courses with training in scarce skills for high-status employment possibilities. Only when deep learning of such an extent is achieved will the perpetual marginalisation of learners from multiple-deprived environments be ended, despite the lack of both quality parenting and a community culture conducive to learning.

Keywords: holistic support; learning success; matric learners; multiple deprivation; poverty; self-efficacy; social mobility; teaching and learning actions; township environment

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

’n Reddingsboei-omgewing vir suksesvolle leer by matriekleerlinge in toestande van veelvuldige ontneming

The post A life buoy environment for successful learning of matric learners in conditions of multiple deprivation appeared first on LitNet.

Crippling fear of Corona becomes a South African reality

$
0
0

Fotobron: Pixabay

Members of the South African public’s jokes about Corona quickly became a reality when the first patient tested positively for the Coronavirus (COVID-19) on Thursday 5 March. On Thursday, the Minister of Health, Zweli Mkhize, confirmed that a 38-year-old male who recently visited Italy and returned from Italy on 1 March had tested positively for the Coronavirus. The man, his wife and two children were part of a group of 10 who returned from a trip to Italy. Both the man and the doctor who treated him have been placed in self-isolation in KwaZulu-Natal. A tracer team with epidemiologists and clinicians from the National Institute for Communicable Diseases (NICD) has been set out to identify all potential persons who both the patient and his doctor may have been in contact with.

On Saturday 7 March the NICD confirmed that subsequent to the tracer team following up on the group of 10 who returned from Italy, a second positive case of COVID-19 was discovered. According to a tweet by the NICD, the patient is a female from Gauteng who travelled to Italy along with the index case as part of the group of 10. The patient had been self-isolated at home and has now been admitted to the isolation facility. She did not have symptoms related to COVID-19 when she arrived back in South Africa through OR Tambo Airport. The fact that individuals were allowed to board and disembark a flight from Italy, a country with the third largest number of COVID-19 patients, and were able to go undetected while having contracted the virus really begs the question: Are the current testing measures in place effective?

On Sunday 8 March 2020, a third patient tested positive for COVID-19. The patient is the wife of the first patient who was part of the group who travelled to Italy earlier this year. In a statement by the Minister of Health, Zweli Mkhize stated: “We expect the results of the other six group members who had travelled to Italy within the next 48 hours. It is important to advise the public that the couple’s children were tested and their results have come out negative. However, as part of taking extra precautions, these children will remain in self-quarantine until their parents have tested negative. At that point, they will also be tested to ensure that they remain negative. Until then they will be regarded as potentially infected. This means they will continue not attending school. This is an effort to curb the risk of spread to other children and teachers.”

The first case of the Coronavirus was reported in Wuhan, China in November 2019. As a result of rapid spreading and the high mortality rate, the World Health Organization (WHO) consequently declared the outbreak of the virus a public health emergency of international concern. Members of the public have expressed their lack of faith in South Africa’s public health system. Hospitals in each of nine provinces have been identified as centres of isolation and treatment for people infected with the Coronavirus:

  • Western Cape: Tygerberg Hospital
  • Gauteng: Charlotte Maxeke Hospital, Steve Biko Hospital, Tembisa Hospital
  • KwaZulu-Natal: Grace Hospital
  • Eastern Cape: Livingstone Hospital
  • Limpopo: Polokwane Hospital
  • Mpumalanga: Rob Ferreira Hospital
  • North West: Klerksdorp Hospital
  • Northern Cape: Kimberely Hospital
  • Free State: Pelonomi Hospital

Generally, most travel insurance policies exclude coverage for pandemics and epidemics like the Coronavirus. To meet the market’s needs, insurance companies such as Hollard have begun offering insurance specifically covering COVID-19. According to Hollard, policyholders who contract the virus while on a trip “will be covered up to the limit of liability under your policy’s overseas medical expenses benefit (subject to the excess amount)”. Furthermore, the insurance company stated in a press release: “If you are not ill but you do not want to risk travelling to another country, you can also claim – but you must both have purchased your policy within 24 hours of paying your trip deposit, and you must cancel your trip more than 48 hours before departure.”

President Ramaphosa has urged South Africans not to panic, and to seek urgent medical attention should they display symptoms of COVID-19. Ramaphosa also expressed his concern about the impact that the Coronavirus may have on South Africa in his statement: “It will have a huge impact on a number of things; travel, our economy. It is already showing signs of a negative impact on tourism.” It is no secret that our economy is currently in a recession. With the uncertainty around the National Health Insurance as well as the unstable power supply, there is much doubt regarding whether South Africa’s hospitals and economy will be able to handle the Coronavirus.

In the same breath, it should be noted that on 27 February, the Department of Health issued a statement informing the public that the president has directed the repatriation of South African citizens from Wuhan in the Hubei province in China. According to the statement, none of the affected individuals has been diagnosed with the virus, nor have they exhibited any symptoms thereof. Upon arrival in South Africa, they are set to be placed in quarantine for 21 days as an additional precautionary measure. The NICD has a toll-free number for the public that deals with COVID-19 questions: 0800 029 999. According to Minister Mkhize, the line is operational 24/7.

While some are distraught by the news of COVID-19 being present in South Africa, others have expressed their awe in the public health system for detecting the country’s first COVID-19 patient. In a tweet by the NICD, the organization stated: “We confirm that a suspected case of #COVID19 has tested positive. This is not as a failure but as a success of our health systems to be able to detect and rapidly identify cases.”

In a statement made by the Department of Health on 23 January, they assured South Africans that measures are in place to detect, manage and contain any cases of the Coronavirus in the event that it came to South Africa. According to Sibongile Walaza of the NICD, viruses in respiratory droplets do not last for long in hot weather. A member of the Department of Health’s Coronavirus response team, Kerrigan McCarthy, stated that it is still unknown how well the Coronavirus survives in the heat. With autumn and winter fast approaching, many are hoping that the virus will be under control before the seasons change as respiratory illnesses spread more easily in winter due to the fact that people stay inside with closed windows and doors.

Due to the fact that the Coronavirus has only been recently identified, there is limited information regarding the mode(s) of transmission, clinical features, and severity of disease at this stage. The main clinical signs and symptoms are fever and cough with a few patients presenting with difficulty in breathing and bilateral infiltrates on chest X-rays. Contraction of the virus can result in infection leading to pneumonia, multi-organ failure, acute respiratory syndrome and, in some cases, death. Currently no vaccine is available for virus. The elderly and those with pre-existing health conditions and weak immune systems are particularly susceptible to the virus and have accounted for majority of the deaths from COVID-19.

Contrary to popular belief, wearing a mask may not help prevent contraction of the virus and is rather a means for patients who already have the virus to be prevented from spreading the virus. Despite this, the very same day that the first Corona patient was discovered in South Africa, popular retailers were left with empty shelves as consumers flocked to purchase masks, hand sanitiser and disinfecting wipes. Medical practitioners have pleaded with members of society not to purchase masks if they are not ill as this causes a shortage of masks for those who are actually ill. According to the WHO and the Centre for Disease Control and Prevention, the increased demand for these masks from people that might not need them only serves to put strain on a supply system with a current six-month backlog in mask production globally.

The US Surgeon General took to Twitter to urge members of the public not to buy masks, stating: “Seriously people- STOP BUYING MASKS! They are NOT effective in preventing general public from catching #Coronavirus, but if healthcare providers can’t get them to care for sick patients, it puts them and our communities at risk!” South African Department of Health spokesperson, Popo Maja, has confirmed that South Africa is currently experiencing delays on shipments of respirator masks. Maja further warned that South Africa's few local producers of speciality masks cannot immediately meet the increased demand for masks. There are also delays as a result of major mask-producing countries such as India and China banning exports of the protective gear to ensure they are secure in terms of their own national supply needs.

The WHO has recommended that individuals exercise good hygiene practices, such as regularly washing your hands, coughing or sneezing into a tissue or the bend of your elbow, and cleaning keyboards with disinfectant. The most effective way to protect yourself against the Coronavirus is by frequently cleaning your hands with alcohol-based hand rub or washing them with soap and water.

The WHO compiled a list of myth busters to clear the air regarding uncertainties around the virus. The information for the public is as follows:

  • Cold weather and snow CANNOT kill the Coronavirus.
  • Taking a hot bath does not prevent the Coronavirus disease.
  • The Coronavirus CANNOT be transmitted through mosquito bites.
  • Hand dryers are not effective in killing the 2019-nCoV.
  • Spraying alcohol or chlorine all over your body will not kill viruses that have already entered your body.
  • At present, there is no evidence that companion animals/pets such as dogs or cats can be infected with the Coronavirus. However, it is always a good idea to wash your hands with soap and water after contact with pets. This protects you against various common bacteria such as E. coli and salmonella that can pass between pets and humans.
  • While there some limited evidence that regularly rinsing the nose with saline can help people recover more quickly from the common cold, there is no evidence that regularly rinsing the nose with saline has protected people from infection with the new Coronavirus.
  • Garlic is a healthy food that may have some antimicrobial properties. However, there is no evidence from the current outbreak that eating garlic has protected people from the Coronavirus.
  • Antibiotics are not effective in preventing and treating the Coronavirus as antibiotics do not work against viruses, only bacteria.
  • Vaccines against pneumonia, such as pneumococcal vaccine and Haemophilus influenza type B vaccine, do not provide protection against the Coronavirus. Nonetheless, vaccination against respiratory illnesses is highly recommended to protect your health.
  • The Coronavirus cannot be transmitted through goods manufactured in China or any country reporting COVID-19 cases.

Amongst the mass hysteria, many continue to spread misinformation, fake cures and malicious hoaxes. Contrary to popular belief, the alcoholic beverage Corona Extra beer is in no way related to the virus. False information and general fear of members of the public has resulted in a great decline in the sales of this Constellation Brands beverage, while some continue to crack open a beer and make a joke or too. Members of the public are urged to do their research before sharing information. Feelings of fear and concern are quite understandable, especially in a country with high tuberculosis, HIV and AIDS statistics, but spreading false information will only create more uncertainty and incite fear. It should be noted that the Coronavirus originated in a seafood market, and should not be used as an opportunity to express any form of xenophobia and racism towards persons of Asian descent. In times of adversity, it is important to hold on to our humanity – it’s what unites us.

The post Crippling fear of Corona becomes a South African reality appeared first on LitNet.

Toyota US Woordfees 2020: INK gratis beskikbaar – Uitgawe een

Kortverhale met lang bene: Woordfeesbundel-gesprek by die Toyota US Woordfees 2020

$
0
0

Vanjaar se Woordfees-kortverhaalbundel is op Vrydagaand 6 Maart bekendgestel en die eerstepryswenner (Marie Toerien) is aangewys. Waarom die volgende dag nog ’n verdere gesprek rondom die bundel aanbied?

Feesgangers wat die geleentheid bygewoon het, sou besef het: ’n Gesprek rondom die Woordfeesbundel het wenke verskaf aan enigiemand wat belangstel om volgende jaar in te skryf – en die gesprek het uitgelig op watter lang bene sekere van die kort stories in vorige jare se bundels deesdae rondstap.

Die paneel op die verhoog was Rudie van Rensburg (wie se kortverhaal drie jaar gelede in ’n bundel opgeneem is), Gerda Taljaard (wie se kortverhale tot dusver elke een van die vyf bundels gehaal het), Michèle Meyer (wie se verhaal in ’n vorige bundel in ’n kortfilm omskep is), Cliffordene Norton (wat meer as 25 kortverhale in baie ander publikasies die lig laat sien het en wie se verhaal in vanjaar se bundel opgeneem is) en Suzette Kotzé-Myburgh (sameroeper en betrokke as beoordelaar en redigeerder by elke bundel tot dusver).

Hier onder volg hooftrekke van die gesprek:

Suzette, sameroeper en keurder, het die agtergrond gegee. Die Woordfees het in 2016 marknavorsing gedoen en gevra: Wat wil mense by ’n fees hê? Die antwoord onder feesgangers, was: ’n T-hemp. Saartjie Botha het daarteen besluit en gesê: Wat van ’n kortverhaalbundel?

Die projek het gegroei en ontvang elke jaar sedert dit oopgestel is vir almal wat wil skryf om deel te neem, honderde inskrywings.

Vanjaar se keurders was Suzette Kotzé-Myburgh, Valda Jansen en Madri Victor.

Hulle het anoniem punte gegee en die ongeveer 25 verhale wat die hoogste punte gekry het, is die stories wat in die bundel opgeneem is.

Gerda Taljaard, vyfmalige bundelopgeneemde, het gesê: “Daar is nie ’n wenresep nie. Al wat ek kan sê, is dit help nie om twee dae voor die tyd ’n storie te probeer skryf nie. Ek begin agt maande voor die tyd. En dan skryf ek sommer drie stories. Ek vra dat vriende dit deurlees en my help om die beste van die drie te kies. Net soveel onderwerpe: liefde, haat, wraak, geweld, seks. Maar dis nie wát mens skryf nie, dis hóé. Ek is bly oor die geleentheid, want uitgewers gee nie graag kortverhale uit nie. Dankie aan die Woordfees.”

Rudie van Rensburg praat oor die rimpeleffek van ’n verhaal wat hy ’n paar jaar gelede in die bundel opgeneem gehad het: “Ek moet eers my kop in skaamte laat sak. Ek het ’n naweek lank aan die storie gewerk. Synde ’n misdaadskrywer, het ek iets heel anders probeer. Iets humoristies. Sedert die storie geskryf is, het dit begin smeek vir ’n boek. Toe word dit Hans steek die Rubicon oor. Die kortverhaal was die eerste twee hoofstukke daarvan. RSG het die boek as ’n voorlesing begin uitsaai. Tobie Cronjé het dit voorgelees. En sedertdien het ek die filmregte verkoop. Ek mag nog nie veel meer daaroor sê nie. Ek kan net sê die kortverhaal het uiteindelik soveel bene bygekry.”

Cliffordene Norton: “Dis my 25ste gepubliseerde kortverhaal. Ek gebruik nie agt maande om ’n storie te skryf nie. Maar ek begin beslis nie die aand voor die tyd nie. Verlede jaar het ek eers gedink: Dis nou te veel rejection. En toe trek ek my sokkies op, en ek skryf nog ’n storie. Ek was baie huiwerig om dit in te stuur, maar stuur dit toe wel in. En toe ek hoor ek’s in die bundel – het ek dit amper nie geglo nie.”

Suzette Kotzé-Myburgh reageer op Cliffordene: “Keurders reageer individueel op ’n verhaal. Elk het ’n 33%-stem. As iemand die eerste keer opgehou het, hou aan met probeer. Moenie opgee nie!”

Die projek is ’n spanpoging van die Woordfees en Du Toitskloof-wyne. Deur Du Toitskloof se borgskappe ontvang die wenner R30 000 en is daar ook ’n bydrae tot elke skrywer se tantieme.

Michèle Meyer sê van haar ervaring: “Verwesenliking van ’n lewenslange droom. ’n Onvergelyklike ervaring.”

Gerda Taljaard op die vraag waar sy aan haar idees kom: “Ek is ’n ou storieslet. Dit kom nogal maklik vir my. Ja, die stories is uiteenlopend. Ek skryf nogal donker stories. Selfmoord, of dood, of enige vreemde tema. Maar musiek is iets wat my inspireer. Ek luister nie na musiek terwyl ek skryf nie, maar wel voor die tyd. Iets anders wat my geweldig inspireer, is film. Met hierdie verhaal, “Drakebloed” ... Die eerste sin het maande voor die tyd al by my opgekom: “Alona Gelderblom het nog altyd ’n oog vir skoonheid gehad.” My storie handel oor haar: die vrou wat twee kinders onder haar vlerk neem; eintlik ’n obsessie met hulle skoonheid het, nie oor sy vir hulle omgee nie. Sy het ’n agenda en die twee kinders het uiteindelik ook ’n agenda.”

Rudie van Rensburg: “Ek wou nie vir die bundel ’n misdaadding skryf nie. In ’n vorige boek het ek gedink oor Kassie Kasselman se ma wat op ’n swendelaar verlief geraak het. Hierdie storie in die misdaadroman, het toe die tema van my inskrywing vir die kortverhaalbundel geword. En daardie einste kortverhaal word toe nou weer ’n ander boek (Hans steek die Rubicon oor). Ek het geleer hoe moeilik dit wel is om humor te skryf!”

Wegneemwenke vir deelnemers aan volgende jaar se bundelinskrywing:

  1. Begin lank voor die tyd, beplan en verfyn jou verhaal.
  2. Kry ’n tegniek, amper ’n hulpmiddel of lekker invalshoek vir jou storie.

En onthou: Daar is ook ’n filmprys wat kykNET geskep het. Vorige jare het ’n wenner en filmprys opgelewer. Vanjaar is daar vyf filmpryse, wat nog nie bekendgemaak is nie.

Die wenners van die filmpryse (hetsy kortfilm, TV-, of vollengtefilm) word op 15 April bekendgemaak.

Daardie kort storie in jou kop mag dalk in ’n volgende Woordfeesbundel opgeneem word. En wie weet – dalk klim een van jou karakters in so ’n Woordfeesbundel sommer heeltemal uit die bundel en loop van daar af op hoë stelte weg met ’n lang skaduwee agter hom aan.

The post Kortverhale met lang bene: Woordfeesbundel-gesprek by die Toyota US Woordfees 2020 appeared first on LitNet.

So amper Alice in Wonderland

$
0
0

Die paaie loop vanaand snaakse draaie. Orde is daar nie. Hoe kan daar dan ook wees as die orde al so lank versteur is, so lank gelede al verdwyn het saam met die eerste opname? Dag-vir-dag veg die medikasie en jou eie miserabele self om selfbehoud ... maar helaas, jy weet jy leef ’n leun.

Kom ek vertel jou van Alice ...

Ja man, jy ken die storie van die dogtertjie wat in die haas se gat (“rabbithole”) afgeval het en toe die fantastiese wêreld vol wonderlike karakters ontmoet het. Surrealisties nè!? Daar was tot ’n “Mad Hatter”. Weet jy dat die oorsprong van die naam kom van die tipe gom wat daardie jare deur hoedmakers gebruik was en gifstowwe bevat het, en dat hoedmakers wat heeldag daarmee gewerk het, geneig het tot sielkundige afwykings weens die blootstelling daaraan?

Nietemin, my storie gaan nie oor ’n dogtertjie en ’n haas nie, maar oor ’n man en ’n wolf, en nee, dis nie die moderne LGBT-weergawe van Rooikappie en die Wolf nie, nee, ek wil net vir ’n oomblik die deksel lig en jou ’n blik gee van die stryd wat min mense sien, maar wat baie daagliks beleef. Die stryd teen die wolf van depressie.

My geval was erg. Twee keer my lewe probeer eindig. Moes uiteindelik skokterapie kry (ECT) as ’n laaste uitweg, wat ’n groot deel van my geheue verwoes het. Maar magtig man, vergeet nou daarvan, ek wil jou vertel van die verdomde wolf! Ek wil jou vertel van die wolf wat my volg elke liewe dag van my lewe. Net ek sien hom! Ek weet hy is daar. Vir seker.

Soos gesê, vanaand loop die paaie snaakse draaie. Die vlamme in die vuur voor my brand hoog. Ek gooi nog hout op die vuur want sien, dit is belangrik want hier waar ek met my rug teen die rots sit, sien ek sy oë deur die vlamme. Dit is net die vuur wat my beskerm van hom. Hy weet, en ek weet dat as ek nie aanhoudend die vuur stook nie, sal hy oorspring en met een byt van sy kragtige kake my nek oopskeur en my lewe sal saam met my bloed op die grond uitvloei. Hy wen.

Die son is op. Ek het dit gemaak deur die nag. Dis tyd om verder te stap en uit die woud te probeer kom. Wat ’n pragtige dag is dit nie! Vir ’n oomblik geniet ek die voëls se vrolike gesang. Ek waardeer die mooi van die veld. Dan sien ek hom uit die hoek van my oog. Hy is altyd naby, net daar waar die veld ophou en die woud begin.

Dit word donker en ek moet weer ’n skuilplek soek waar my rug teen ’n rots is en ek vuur kan maak voor my. Skaars brand my vuur of hy is daar, net aan die naderkant van die vlamme. My getroue vennoot op my pad. Snaaks, daar is dae wat ek hom nie sien nie, aande wat hy my nie geselskap hou by die vuur nie, maar dan hoor ek sy gehuil êrens naby, asof hy my net wil laat weet dat hy altyd daar sal wees, dat ek nooit heeltemal moet ontspan nie.

Vanaand voel ek sterk en ek maak ’n vuur wat groot genoeg is om hom weg te hou vir nog ’n nag. Weet net dat as hy my die dag verskeur, was dit nie omdat ek opgegee het nie, ek het net te moeg geraak om nog hout op te gooi, te moeg geraak vir die speletjie, want sien ... ’n speletjie is nie ’n lewe nie.

The post So amper Alice in Wonderland appeared first on LitNet.

Viewing all 21534 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>