Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21497 articles
Browse latest View live

Nasionale gesondheidsversekering nodig om armes se menswaardigheid te herstel en om bevoorregtes menswaardigheid te leer

$
0
0

Suid-Afrika is ’n konsensussoekende land en ook van voortdurende oorgang na lang-en ewigdurende oplossings om die ongelykhede van ons gedeelde koloniale en apartheidsverlede suksesvol aan te spreek om op die duur die lewenskwaliteit van alle Suid-Afrikaners, veral die armes, te verbeter.

Die regering se omvattende nasionale gesondheidsversekering (NGV) blyk so ’n projek te wees om dié ideale te bereik. Die NGV het ten doel om eenvormige gesondheidsorg aan al die land se inwoners te verskaf en gaan eers in 2022 in volle werking tree.

Die NVG-wetsontwerp, wat saam met ’n wetsontwerp oor mediese fondse gepubliseer is, lui dat mediese fondse na die inwerkingstelling van die NGV net aanvullende dienste wat die NGV nie doen nie, sal lewer.

Om paniek te voorkom, omdat bevoorregtes of NGV-teenstaanders veral bekommerd is op die beperkings op mediese fondse, het die regering intussen gepaai dat mediese fondse eers beperk sal word nadat die NGV behoorlik funksioneer.

’n Mens het begrip vir die NGV-teenstaanders want soos die rubriekskrywer en sosio-politieke kommentator Heindrich Wyngaard in Rapport geskryf het – is “hulle eintlik meer bekommer dat hulle na die inwerkingstelling van die NGV private gesondheidsorgfasiliteite met die arm massa sal moet deel”.

Bygesê die bevoorregtes of NGV-teenstaanders se vrees oor wat met NGV-geld gaan gebeur is nie ongegrond nie omdat korrupsie en staatskaping dreig om die land tot bankrotskap te reduseer. Verder is hulle bekommerd dat die NGV te duur gaan wees en dat persoonlike belasting die hoogte in gaan skiet om die NGV te finansier.

Hieroor het die minister van finansies Tito Mboweni gesê dat die NGV geïmplementeer gaan word teen ’n pas wat bekostigbaar is vir die land.

“Given our current macro-economic outlook and our constrained fiscal environment, full implementation is likely to take longer than initially anticipated.”

Die swak gesondheidsorg by openbare gesondheidsorgfasiliteite – soos klinieke en hospitale – is alombekend. Gewone mense kla van ’n gebrek aan ambulanse, medikasie en ervare personeel, dat mense doodgaan omdat klinieke nie 24 uur oop is nie en dat hulle te ver van hospitale woon.

Nog kritiek op die NGV is dat die staat nog ’n staatsentiteit sal moet skep om die NGV te bestuur wat uiteraard miljarde rande sal beloop. Die Hospital Association of South Africa (Hasa) waarsku nou weer dat die implementering van die NGV tot nagenoeg 132 000 werksverliese kan lui.

Sommige kritici argumenteer dat mediese spesialiste en ander mediese personeel soos verpleegsters die land moontlik kan verlaat omdat hulle glad nie geneë is met die NGV nie en gevolglik groener weivelde in die buiteland sal gaan soek. Hulle sê ook die NGV gaan die private gesondheidsektor en mediesefonds skemas skend en dat dit ’n verdere negatiewe impak op die ekonomie sal hê.

Die NGV-teenstaanders sê verder hokaai, stop die lorrie. Waarom verseker die staat nie eerder eers ’n verbetering van bestaande gesondheidsdienste nie. Eers dan sal die NGV kan werk. Met ander woorde alles moet eers perfek wees. Eers dan sal die NGV kan werk.

Die NGV-teenstaanders moet kennis neem dat Brittanje se universele gesondheidsorg, die nasionale gesondheidsdiens (NHS), tot stand gekom het in 1948 te midde van groot na-oorlogse ekonomiese probleme wat Engeland in die gesig gestaar het.

Die datum 5 Julie 1948 staan in Engeland opgeteken as ’n fundamentele keerpunt in die land se gesondheidsgeskiedenis omdat die NHS tot stand gekom het – nege jaar nadat die Tweede Wêreldoorlog in 1939 begin het.

Die Britse historikus Jessica Brain skryf “on the 5th July an historic moment occurred in British history, a culmination of a bold and pioneering plan to make healthcare no longer exclusive to those who could afford it but to make it accessible to everyone. The NHS was born.”

Brain skryf verder: “The creation of the NHS in 1948 was the product of years of hard work and a motivation from various figures who felt the current healthcare system was insufficient and needed to be revolutionised. Before the creation of the NHs or anything like it, when someone found themselves needing a doctor or to use medical facilities, patients were generally expected to pay for those treatments.”

Soos die huidige debatsverskille tussen politici van Brittanje se grootse politieke partye in die aanloop tot die algemene verkiesing op 12 Desember dit uitwys is die NHS 71 jaar na sy stigting nie sonder probleme nie. So dit is mos onrealisties om te verwag dat die NGV sonder enige uitdagings moet wees. Nog voor dat dit begin het.

Die NHS is so afgeskeep deur opeenvolgende Arbeiders-en Tory-regerings dat dit ’n daadwerklike en meetbare invloed begin hê op die diens wat aan pasiënte gelewer word.

Die NGV-teenstaanders moet dus kennis neem dat die armes nie vir ewig op universele gesondheidsorg kan wag nie, want baie van hulle het nie toegang tot mediese fondse nie.

Nuutste syfers oor ongelykheidstendense van Statistieke Suid-Afrika toon dat net 10.1% van alle swart mense het toegang tot ’n mediese fondse teenoor 72.4% van die wit bevolking. Net 20.2% van bruin huishoudings en 48.9% van Indiër-en Asiese gesinne het toegang.

Nagenoeg 84% van alle Suid-Afrikaners is op die staat se gesondheidsdienste aanwesig, terwyl die oorblywende 16% – wat mediese fondse kan bekostig – maak gebruik van private mediese sorg. Mediese professionele volg finansiële hulpbronne en reeds daarom volgens syfers van die departement van gesondheid is 80% van mediese spesialiste in die land in die private sektor werksaam.

Wat ook skokkend is, is dat Suid-Afrika tans 4.4% van sy Bruto Binnelandse Produk (BBP) op slegs 16% van die bevolking se gesondheidsdienste spandeer, en alleenlik 4.1% vir die 84% van die bevolking.

Die skokkende syfers skreeu ten hemele dat iets daadwerkliks gedoen moet word om die menswaardigheid van arme mense te verbeter en dat die bevoorregtes in die proses geleer moet word om te deel met diegene wat minder het of glad nie het nie, sodat ook hul menswaardigheid herstel kan word.

Dit is misleidend van bevoorregtes en NGV-teenstaanders om veldtogte te voer net om hul belange te beskerm en te bevorder deur te sê die NGV gaan die land bankrot maak. Die departement van gesondheid het reeds die onderneming gegee dat die NGV-fonds deur gekwalifiseerde en bevoegde mense geadministreer gaan word, wat versigtig gekeur gaan word en op ’n gepaste wyse opgelei gaan word om ’n doeltreffende onderneming te bestuur.

Alle belanghebbendes in die regering en die private sektor moet nou saamstaan en saamwerk om die NGV se doelwitte van ’n eenvormige gesondheidsorg vir die land se inwoners te verseker.

The post Nasionale gesondheidsversekering nodig om armes se menswaardigheid te herstel en om bevoorregtes menswaardigheid te leer appeared first on LitNet.


In memoriam: Réna Pretorius

$
0
0

Réna Pretorius (foto’s verskaf)

Nerina Bosman deel die huldeblyk wat sy by Réna Pretorius se gedenkdiens gelewer het, met LitNet se lesers.

Ek voel baie onbekwaam om hierdie huldeblyk te lewer, maar ek doen dit graag en met baie liefde. Ek doen dit ook as lid van die Departement Afrikaans by die Universiteit van Pretoria (UP), waar ’n foto van haar, saam met ander departementshoofde en dosente, teen die muur hang.

Ek onthou (prof) Réna Pretorius die heel beste as poësiedosent by Tukkies. Omdat sy en my pa (Louis Eksteen) sedert 1966 kollegas was toe hy ook by UP begin werk het, het ek haar ook as “tannie” Réna geken, en dikwels by haar aan huis gekom, waar sy saam met haar pappie gebly het. Kind wat ek was, het ek nie geweet van die ander wonderwêreld in haar lewe nie.

In my eerste jaar sit ons in ’n volgepakte Roossaal in die Kanseliersgebou. Sy stap in, haar dik bos blonde hare keurig versorg, fyn uitgevat  in ’n snyerspakkie, met handskoene aan en ’n klein handsakkie. Die handskoene trek sy eers netjies uit en drapeer hulle oor die handsakkie voor ons verstomde oë. Dit het ons nog nie in die eerste paar weke op universiteit gesien nie. Ek dink sy het baie goed geweet watter indruk sy op ons maak.

Toe skryf sy op die bord: "dat liefde so tot haat kon skif" en sy lees die hele gedig in haar unieke stem met haar unieke uitspraak voor. Daarna sit ons vasgenael en luister hoe sy die kort gediggie vir ons uitlê ─ en ’n hele nuwe wêreld begin daardie dag vir baie van ons. Hierdie indruk wat sy gemaak het, is deel van baie van my tydgenote se universiteitservaring – verskeie mense het nou met haar heengaan haar vermoë om gedigte oop te breek,  om ons vas te vang en mee te neem,  beklemtoon.

Natuurlik onthou ons ook dat sy die assistente in die departement probeer opvoed het, Arzberg-koppies en al. Sy het ons, byvoorbeeld, duidelik laat verstaan dat wit skoene en togas nie pas nie. Sy het ons “juffrou” en “meneer” genoem. Maar wat ons die duidelikste bybly, is haar besondere stem en die wonderbaarlike manier waarop sy die poësie vir ons laat leef het.

Sy was ons dosent in die Goue Era van die Afrikaanse Letterkunde en Taalkunde ─ die era van ’n hele aantal begenadigde liefhebbers van die Afrikaanse taal in al haar fassinerende fasette. Saam met haar in daardie era was daar ander formidabele kollegas by UP: haar leermeester Alewyn Grové, Elize Botha wat prosa gegee  het, Fanie Strydom wat ons met sy voorlesings van Nederlandse poësie geroer het; en taalkundiges soos Louis Eksteen en Christo van Rensburg.

Ek wil ook vandag iets van daardie tyd in herinnering roep. Afrikaans was so vanselfsprekend deel van ons lewe soos asemhaal en in daardie ruimte kon die taal, studente én dosente floreer. Prof Pretorius was later jare lank hartseer en geskok en selfs vervreemd van haar Alma Mater oor die teloorgang van Afrikaans en die aanvalle wat onnodig aggressief en onverdraagsaam, en haar en haar tyd- en sielsgenote nie waardig was nie. 

Min van ons vandag hier teenwoordig is nie met haar lewensloop en loopbaan bekend nie. Ek noem dus net enkele hoogtepunte:

Sy is op Lichtenburg gebore en het aan die Hoërskool Monument op Krugersdorp gematrikuleer. Aan die Potchefstroom Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys verwerf sy ’n BA-graad en die Transvaalse Onderwysdiploma. Sy behaal LTCL in klavier aan die Trinity College of Music ─ sy was, onder andere, ook ’n bekwame orreliste.

Nadat sy aanvanklik onderwys in wiskunde en wetenskap gegee het,  word sy onderwyseres by die Afrikaanse Hoër Meisieskool en later adjunkhoof. Vanaf 1961  studeer sy by UP en behaal  die grade BA (Hons) en MA (albei met lof) en in 1971 die DLitt, met  “Die begrip intellektueel  by N.P. van Wyk Louw” as haar proefskriftitel.

Sy het ’n besondere liefde vir Louw se werk en sy poësie in die besonder gekoester en sy was ook een van die eerstes wat Louw se Groot Ode aangedurf het in ’n uitstekende artikel wat in 979 in Standpunte verskyn het.

Vanaf Januarie 1966 tot haar aftrede (toe as departementshoof) het sy veral poësie (ek moet dit nou mooi uitspreek – sy kon dit nie verdra as iemand “poëzie” gesê het nie) by UP doseer, maar ek het in my honneursjaar Drama by haar geneem (poësie by Grové). Sy het, onder Anadere, Oedipus behandel en ons aan die Griekse tragedie bekendgestel. Haar wydbelesenehid was ook hier op te merke.

Sy het baie toekennings en akademiese prestasies behaal – maar een wat vir ons by die Departement Afrikaans die naaste aan die hart lê, omdat die prys nog steeds elke jaar toegeken word, was die Tafelbergprys vir die beste honneursstudent in 1961.

Tannie Réna, tannie het uitgestap uit hierdie lewe en in ’n ander lewe in. Ons gun u die verlossing van pyn, van die ongenaakbaarheid van die ouderdom. Ons sal bly verlang na toe ons almal jonger was en by die oopslaan van ’n gedig deur Van Wyk Louw, altyd u stem nog hoor.

Ek sluit af met ’n deel uit Groot Ode – daardie geliefde gedig van Réna Pretorius – mens, leser, begaafde pianiste, bewonderaar van al die kunste, diep gelowige:

Ons sʼn is dit: bestaán (hoe klein ook), bly bestaan
met: juistheid; bietjie trots; en heelwat liefde;
en eindeloos vergiffenis vir áls: niemand tref dit móói met die heelal nie;
eintlik moet ons leer ironies lewe:
én: binne ironie nog liefde hou.

The post In memoriam: Réna Pretorius appeared first on LitNet.

Seisoengroete aan die einde van die dekade

LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2019 – hier's ons wenner!

$
0
0

’n Woord kan ’n tydsgees vasvang.

Die wenwoord vir 2019 se Afrikaanse woord van die jaar is “droogte”, voorgestel deur meer as een deelnemer maar Martie Muntingh se naam het uit die hoed verskyn ná ’n gelukstrekking. Baie geluk!

 

Hier is ons lys van inskrywings:

Die kompetisie is nou gesluit.

Gustaf Claassens – haatspraak
Hennie Malan – klimaatkrisis
Annelien Diedericks – Verneukpan
Riaan Visman – kultuurkapitaal
Alyssa Eksteen – taalgelykheid
Ingrid Seipel – platform
Hans Richardt  – troostantes
Amanda Ahave De Meillon – #I'mstaying 
Herman Meulemans – vliegskaamte
Abraham de Vries – grondonteiening
Stoffel Cilliers – bederfbokse
Ria Jansen van Vuuren – wanbestuur
Ingrid Seipel – platform
Yvonne Schonborn – beweerde
Bevan Boggenpoel – Zondo-kommissie
Linda Claassen – onkapabel
Ada Venter – Eskom
Liz de Villiers – Eisjkom
Estha Singeling – onderrigtaal
Waldemar Gouws – kabeldiewe
Joke d’ Ath – Springbokke
Susan Tiervlei – mamparra
Alddin Siebritz – beblits
Damolene Tiervlei – onus
Maya Venter – #myfokmarelize
AletheaJade Siebritz – skoorvoetend
Gesie Louw – grondonteiening
Bianca Viviers – geslagsgeweld
Zebulon Kochk – lugdiens
Linda Ferreira – staatskaping
Philip van der Westhuizen – Zondo-kommissie
Zandra Bezuidenhout – Trumpisme
Sidney Gilroy – vervolging
Morné du Preez – vernietnaaiers
Elsa van Rooyen – Springbokke
Dayne Nel – vervolging
Rina Robinson – haatspraak
Carien van Niekerk – kokkerotkommentaar
Anita Stanley – droogte
Hendie Grobbelaar – klimaatsverandering
Theresa Troskie – plaasmoorde
Martie Rossouw – water
Martie Muntingh – droogte
Ria Muller – haatspraak
Hannelie Nel – sakeredding
Sybrandus Adema – eko-krisis
Nicol Stassen – taalmoord
Sanna Swart – droogtehulp
Rex Bester – pontifikaal
Christiaan van Huyssteen – geslagsgebaseerdegeweld
Hanlie Bester – rassisme
Barend van der Merwe – ontbondel
Sunita Keyser – klimaatsveranderingaktivisme
Maricel Krügel – 4IR
Lynette van der Merwe – plaasmoord
Sonja de Swardt – droogtehulp
Joanie Ruddeck – boer
Ria Greaves – aardverwarming
Janene Vermeulen – boerepompie
Roelene Vermeulen – Wêreldbeker
Herold Laerskool – water
Chanell Badenhorst – Wêreldbeker

 

Die kompetisie is nou gesluit.

The post LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2019 – hier's ons wenner! appeared first on LitNet.

Daknatmaak-kompetisie: Wen ’n boekpakkie!

$
0
0

Die bekende feesorganiseerder Darryl David (BookBedonnerd-, Adam Small-, Etienne van Heerden Veldsoirée-, Schreiner Karoo-skrywersfees en die Midlands Literary Festival) het ’n huisie in Richmond in die Karoo aangeskaf.

Richmond is amptelik in 2007 as Suid-Afrika (en Afrika) se enigste Boekedorp aangewys. Die gerestoureerde huisie dateer uit 1834 en Darryl is op soek na ’n naam daarvoor.

  • Stuur jou voorstel aan daknatmaak@litnet.co.za en dalk wen jy ’n boekpakkie van vier boeke, wat deur ons voorste uitgewerye geskenk is. 
  • Dit kan ’n naam uit enige taal wees en Darryl sal self die wenner aandui. (Hy behou hom die reg voor om nie ’n naam te kies nie.)
  • Sluitingsdatum: 15 Januarie 2020
Boekpakkie

Kaap, kerrie en koesisters deur Fatima Sydow en Gadija Sydow Noordien (NB Uitgewers)

Karlien kan nie kook nie deur Karlien van Jaarsveld & Izelle Hoffmann (LAPA Uitgewers)

Die ABC van Suid-Afrikaanse baanbrekervroue deur Ambre Nicolson (LAPA Uitgewers)

50 Jaar met Fred: Fred Mouton se beste spotprente deur Bun Booyens and Fred Mouton (Jonathan Ball)

  • Foto’s: Darryl David

The post Daknatmaak-kompetisie: Wen ’n boekpakkie! appeared first on LitNet.

LitNet: Die jaar wat was

Kersfees: Jode, Christene en aardverwarming

$
0
0

Die Jode het pas Hanukkah gevier, die fees vir oorwinning van lig oor donker. 

Christene gaan die fees van Christus se oorwinning oor hel vier. 
 
Oral in die winkelsentrums is "faked" sneeu, maar in die Karoo het ons net te veel sonlig. Alles verdor ... Dis soos hel op aarde.
 
Wanneer is daar ’n fees vir oorwinning oor die droogte?  Die reënboog is die viering dat daar nie weer vloed sal wees nie ...
 
Wanneer gaan Santa  nou ’n ander prentjie kry agv "aardverwarming"? 
 
Hans Richardt 

The post Kersfees: Jode, Christene en aardverwarming appeared first on LitNet.

Uittreksel uit "Wanneer dit reën op Rietfontein" deur EN Marais

$
0
0

Na al die baie en oorvloedige reën is dit tog maar iets om oor dankbaar te wees.

Wanneer dit reën op Rietfontein
En deur die stof ’n straal van groen verskyn,
Wanneer die wolke, swart en swaar belaai
In voue oor die berge pak en swaai,
Dan sit oom Gysbert op die stoep alleen;
Hy asem sag die geur gemeng van stof en reën
En as jy net sy kalm gelaat bespeur,
Sou jy nooit dink iets wonderliks het gebeur –
Dat daar ’n jaar van knagend’ angs verdwyn.
Wanneer dit reën op Rietfontein.                         (1)

Uit: "Wanneer dit reën op Rietfontein", EN Marais

Hierdie is sy laaste gepubliseerde gedig.

(Hierdie uittreksel soos opgeneem in die Junior Verseboek – DJ Opperman)

Raed-na-Gael

The post Uittreksel uit "Wanneer dit reën op Rietfontein" deur EN Marais appeared first on LitNet.


Teksmark 2019: Diverse nuwe skrywers, relevante tekste en innemende dialoog

$
0
0

Kunste Onbeperk se vierde Teksmark, met die ondersteuning van die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi) en die Baxter-teatersentrum, is vroeër vanjaar aangebied en het weer eens bewys dat Suid-Afrika geen tekort aan talentvolle teatermakers het nie. Diverse nuwe skrywers, relevante tekste en innemende dialoog was aan die orde van die dag.

Teksmark is ’n geleentheid vir skrywers om hul selfgeskrewe tekste aan rolspelers in die bedryf aan te bied met die doel om befondsing te kry om hul toneelstuk uiteindelik op die planke te bring.

Die feeste en vervaardigers wat die Teksmark bygewoon het, besin dus na afloop van die geleentheid oor watter van die produksies vir verdere ontwikkeling oorweeg kan word. Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees vind weer van 23 tot 29 Maart 2020 in Oudtshoorn plaas, waar ’n teks of twee van Teksmark moontlik op die planke sal wees.

“Die terugvoer wat ons ontvang het, is oorweldigend. Die algemene gevoel is dat die skrywers vanjaar tekste gelewer het met baie meer diepte en wat hedendaagse kwessies op ’n kreatiewe wyse aanspreek,” sê Hugo Theart, artistieke direkteur van Kunste Onbeperk.

“Ons is bly dat ons saam met ons vennote kan help om ’n platform te skep waar jong, relevante stemme vir die bedryf ontwikkel kan word.”

Die volgende skrywers se werk was ingesluit:

Herschelle Benjamin (Aghulhasvlakte), Stephanie Burnett, Ayden Kruger, Megan Meyer, Jaime Montgomery en Lezanne Steenkamp (Draft Five), Wilken Calitz en Shaun Oelf  (Karatara), Beyers de Vos (Roosmaryn), Zac Fleishman (Fresh meat), Andrico Goosen (But, Baby I love you), Robert Hindley, Preston Hugo, Alistair Seymour, Tora Turner en William Vermaak (BallBox), Veronique Jephtas (My kroon se krank), Wentzel Lombard (Bring vir my die kindertjies), Thukelo Maka (The boy of the mountain), Rafiek Mammon (Marry-Go-Round), Wessel Pretorius (Valskermstories), Philip Rademeyer (MaanSonde), Lwanda Sindaphi (I will teach you how to share the milk), Bibi Slippers (Al my vriende se dooie honde) en Caitlin Wiggle (A prayer group called Water Wings).

Wat die skrywers oor hulle toneelstukke te sê het:

Alistair Seymour oor Ballbox (in samewerking met Preston Hugo, Robert Hindley, Tora Turner en William Vermaak): “Masculinity has been left to be too powerful and unknown. We set out to discover and play with what it meant to be masculine. The play was inspired by our current socio-political climate around gender violence as we see it as an opportunity for us to experiment with what it means to be a ‘man’ and where we have missed the mark as a society.”

Andrico Goosen oor But, Baby I love you: “This is a play about juxtapositions – an old boxer of colour still fighting to make a living and trying to keep the flame alive and a young Afrikaner who is standing in as coach for his Pa. What started as a play aiming to address toxic masculinity shaped itself into a play about two generations of two races delivering punches at one another as they try to shake off the past. This past manifesting itself indirectly through the character of Pa, a representation of the past, and something I as a millennial am still trying to come to terms with to find my voice amidst an ever changing political arena.

“I wrote the play really because I had to keep on working when there was no work and I want to see other artists work as well. We need to write new plays so that we can give one another opportunities and that we can add to the amazing literary voices which came before us in South Africa. I am also deeply inspired by the work of the Market Theatre and draw inspiration from it. I grew up in Joburg and this fast-paced environment is known to deliver great boxers, such as Baby Jake Matlatla to whom the title of the play also refers and to whom I looked up as a young boy. I suppose he provided hope. Often, we might view boxing only as two individuals throwing punches at each other, when at the core of it, boxing is about immense discipline and respect. I chose boxing as a means to an end because of this dual nature. I suspect that in South Africa, a sport-loving country, this duality could be an effective means to tackle the inequality which remains unremedied due to our history not being wholly and justly dismantled.”

Ayden Kruger oor Draft Five (in samewerking met Jaime Montgomery, Lezanne Steenkamp en Stephanie Burnett): “Draft Five is a sketch comedy depicting problematic gender stereotypes that has woven themselves into the fabric of our society. All our sketches are inspired by events that have actually happened to either ourselves or people we know. The humour lies in the familiarity of the events, but that is also what makes them unsettling and disturbing.”

Beyers de Vos oor Roosmaryn: Roosmaryn is ’n ‘gyselaar-komedie’ oor ’n vrou op soek na wraak vir ’n misdaad wat 25 jaar gelede teen haar gepleeg is. Sy neem twee millennials gevange in ’n poging tot vergelding. Die stuk probeer dié vraag beantwoord: Hoe is dit moontlik dat daar steeds rassiste in Suid-Afrika is? Wat presies is fout met ons?”

Bibi Slippers oor Al my vriende se dooie honde: “Ek wou ’n stuk skryf wat ondersoek wat ons as mense by honde kan leer oor twee dinge waarmee ons nie baie goed is nie: hoe om te lewe, en hoe om dood te gaan. Ek het diep bewondering vir die wysheid van honde, en hoop om iets daarvan te ontgin en oor te dra in Melissa se storie.”

Caitlin Wiggill oor A prayer group Called Water Wings: “This is a one-woman show about an alternative version of the world where everyone gets to meet God once and ask him one question. Maggie is in God’s waiting room, panicking and wondering what could possibly be important enough to ask the creator of the universe.

“A lot of the inspiration for the play is my own anxiety and experience as a young woman living in a world full of questions and absurdity. Ultimately it’s a comedic take on a lot of serious issues facing young people, especially in terms of mental health.”

Herschelle John Benjamin oor Agulhasvlakte: Agulhasvlakte handel oor twee susters wat grootgeraak het op Agullhasvlakte, ’n biodiversiteitsbrandpunt. Die ouer suster is ’n bloemis wat hul ouerhuis geërf het en die jonger sussie is ’n sosiale-media influencer wat terugkeer van die stad. Die stuk kyk na hulle verhouding en wat hulle te make staan met al hoe meer veldblomme op Agulhasvlakte wat op die rand van uitwissing staan. My inspirasie was om te kyk na klimaatsverandering en geestesgesondheid, wat twee belangrike kwessies is vir talle jongmense, en om te sien hoe affekteer dit twee spesifieke jongmense van ’n spesiale gebied in Suid-Afrika.”

Lwanda Sindaphi oor I will teach you how to share the milk: “The play is about the mystery of black and white kids sharing a mother whose identity is always viewed within a domesticated framework. It is about shared black motherhood. I was inspired by Mies Julie and Born in the RSA, but then I had to draw from personal experiences and reconceptualise the narrative and look at the story through my own lens.”

Philip Rademeyer oor MaanSonde: “MaanSonde handel oor familiegeheime wat oor die verloop van ’n naweek onthul word. ’n Jong vrou trou en haar vervreemde tweelingbroer keer na jare terug na die familie se plaas, en sy verskyning veroorsaak probleme vir die familie. Dit vra vrae oor die Afrikaner se plek in Suid-Afrika na 25 jaar van demokrasie, oor die grondkwessie, en handel ook oor mishandeling, liefde en bloedskande. Dis geskryf kort na twee van my ander stukke (Wild en Klippe wat val) en die inspirasie vir al drie stukke is die idee van sosiale isolasie – as mense geïsoleerd is van die samelewing, watse gedrag word genormaliseer? Wie bepaal die reëls vir gedrag en verhoudings?”

Rafiek Mammon oor Marry-Go-Round: Marry-Go-Round is a real-time marriage counselling session (of about 55 minutes) for stand-up comedian Oliver May who married journalist Alan Smith. Alan had an ‘indiscretion’, thus the reason for their six-week treatment with alternative methodologies therapist Amanda Makeba. The audience is privy to this, their third of the six sessions, with hilarious, yet truthful consequences.

“It was inspired by the fact that I really just wanted to write a comedy that pokes fun at the new-age trite we are often sold. Everyone is so serious with so many different fists in the air with issue-laden politics – each demanding to be heard – that we often forget to just be funny and that we also want our stages to reflect our wonderful senses of humour! In the modern axiom, where ‘divorce is the new marriage’ like ‘pink is the new green’ or something equally banal, we find these three characters who make some seriously funny comments about relationships and trust, sex and loyalty and all in between.”

Thukelo Maka oor The boy of the mountain: “The play explores themes of death in black and white communities. It challenges different racial groups to evaluate their individual reaction and relationship to death.”

Veronique Jephtas oor My kroon se krank: “My kroon se krank gaan vir my oor groei en vernuwing. Dit gaan oor die eerlikheid aanspreek binne-in jouself, en ook die gesprekke wat jy so graag in die lewe wil vermy in die gesig staar.”

Wentzel Lombard oor Bring vir my die kindertjies: “Die stuk handel oor die misbruik van onskuld en goedgelowigheid deur bose mense. My inspirasie het ontstaan uit ’n gedeelte in ’n boek oor bababoerdery, ’n verouderde en soms wrede praktyk wat in die laat 1800’s plaasgevind het.”

Wessel Pretorius oor Valskermstories: Valskermstories het onstaan uit gesprekke met Pascual Wakefield oor sy kankerstryd toe hy op universiteit was. Ek het dit as inspirasie gebruik om ’n soortgelyke reis te skep met denkbeeldige karakters.”

Wilken Calitz oor Karatara (in samewerking met Shaun Oelf): “In kort handel dit oor die brande naby Knysna in 2018. ’n Vriend van my, en ’n danser in die toneelstuk, se familie het gesterf in hierdie brande en ons takel allerlei aspekte soos die voorgeskiedenis van die area, die mense wat reeds vir duisende jare daar bly, kolonialisme en ander euwels. Ook die interpersoonlike verhoudings van diegene wat moet deal met die tragedie.”

Zac Fleishman oor Fresh meat: “Fresh meat plays with themes of desire, taboos, order and dirt. It examines the city, ravenous and insatiable, where people increasingly board themselves up in their sanitised box flats, away from the dirt of the street.”

  • Teksmark is ’n inisiatief van Kunste Onbeperk. Vir meer inligting, besoek Kunste Onbeperk se webtuiste.

The post Teksmark 2019: Diverse nuwe skrywers, relevante tekste en innemende dialoog appeared first on LitNet.

LitNet Akademies: Volledige joernaaluitgawes

$
0
0

Jaargang 16, Nommer 3 – 2019

Afdeling: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 16, Nommer 2 – 2019

Afdeling: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 16, Nommer 1 – 2019

Afdeling: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 15, Nommer 3 – 2018

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

Jaargang 15, Nommer 2 – 2018

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 15, Nommer 1 – 2018

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 14, Nommer 3 – 2017

Afdeling: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 14, Nommer 2 – 2017

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 14, Nommer 1 – 2017

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 13, Nommer 3 – 2016

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 13, Nommer 2 – 2016

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 13, Nommer 1 – Mei 2016

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 12, Nommer 3 – Desember 2015

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 12, Nommer 2 – Augustus 2015

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

Afdeling: Natuurwetenskappe                                 

 

Jaargang 12, Nommer 1 – April 2015

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 11, Nommer 3 – Desember 2014

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Regte

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opoedkunde

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 11, Nommer 2 – Augustus 2014

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Regte

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 11, Nommer 1 – Maart 2014

Afdeling: Regte

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

 

Jaargang 10, Nommer 3 – Desember 2013

Afdeling: Regte

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

 

Jaargang 10, Nommer 2 – Augustus 2013

Afdeling: Regte

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

 

Jaargang 10, Nommer 1 – Maart 2013

Afdeling: Regte

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

 

Jaargang 9, Nommer 3 – Desember 2012

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Regte

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

 

Jaargang 9, Nommer 2 – Augustus 2012

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Regte

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 9, Nommer 1 – Maart 2012

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Regte

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 8, Nommer 3 – Desember 2011

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 8, Nommer 2 – Augustus 2011

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 8, Nommer 1 – Maart 2011

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 7, Nommer 3 – Desember 2010

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 7, Nommer 2 – Augustus 2010

 

Jaargang 7, Nommer 1 – Maart 2010

 

Jaargang 6, Nommer 3 – Desember 2009

 

Jaargang 6, Nommer 2 – Augustus 2009

 

Jaargang 6, Nommer 1 – Maart 2009

 

Jaargang 5, Nommer 3 – Desember 2008

 

Jaargang 5, Nommer 2 – Oktober 2008

 

Jaargang 5, Nommer 1 – Augustus 2008

 

The post <i>LitNet Akademies</i>: Volledige joernaaluitgawes appeared first on LitNet.

Artikels wat jy dalk in 2019 gemis het

$
0
0

Foto: Unsplash.com

Daar het vanjaar so baie dinge gebeur dat jy dalk ’n interessante artikel oorgeslaan het. Cliffordene Norton het 10 artikels identifiseer wat jy dalk gemis het:

The post Artikels wat jy dalk in 2019 gemis het appeared first on LitNet.

Menings wat in 2019 gegons het

$
0
0

Die uitspraak in die Konstitusionele Hof gelewer ten gunste van die Universiteit Stellenbosch se taalbeleid. Droogte. Bendegeweld op die Kaapse Vlakte. In 2019 het daar baie dinge gebeur waaroor daar veel gesê is. Cliffordene Norton deel tien artikels waaroor ons lesers heelwat gepraat het. 

Foto: Pixabay.com

  1. Konstitusionele Hof dien Afrikaans ’n gevoelige slag toe deur Danie van Wyk
  2. Jonathan Jansen, Protea Boekwinkel en Twitter: ’n studie in wit broosheid deur  Azille Coetzee
  3. Gedagtes van ’n beroerte-oorlewende deur Jacobus Uys
  4. Droogte: waar sal ons hulp vandaan kom? deur Bettina Wyngaard
  5. NouNet-mening: Beteken bo vyftig dat jy breindood is? deur Hendie Grobbelaar
  6. NouNet-mening: Bendegeweld op die Kaapse Vlakte – ’n humanitêre krisis deur Shirmoney Rhode 
  7. “Navigating your way in a world filled with untruths”: Frederik van Zyl Slabbert lecture 2019 deur Marianne Thamm
  8. Die politiek van gemene spel deur Christo van der Rheede
  9. Johnny Clegg ‒ Uhambe kahle, nkosi! deur Carsten Rasch
  10. Jan Rabie Marjorie Wallace-beurs: Steward van Wyk se repliek deur Steward van Wyk

The post Menings wat in 2019 gegons het appeared first on LitNet.

Die ses weke van Thomas en Ella deur Zelda Bezuidenhout: ’n jong leser se indrukke

$
0
0

Die ses weke van Thomas en Ella
Zelda Bezuidenhout
LAPA
ISBN: 9780799395846

Ek is elf jaar oud en al van kleins af mal oor lees, maar deesdae is dit so moeilik om Afrikaanse boeke te vind om te lees, so meeste van die tyd lees ek Engelse boeke soos Harry Potter, Percy Jackson en Diary of a Wimpy Kid

Want watter Afrikaanse boeke lees jy as jy alreeds al die Saartjie-boeke, al die Maasdorpe en al die Stalmaats gelees het? Hier is jou antwoord: Die ses weke van Thomas en Ella.

Hierdie boek handel oor 'n meisie genaamd Ella wat 'n baie ryk pa het, en al van kleins af sonder 'n ma, maar met baie geld en 'n besondere “gawe” grootgeword het. Die ander hoofkarakter, Thomas, het grootgeword met 'n doodgewone lewe, maar ook sonder 'n ma.  Sy lewe was doodrustig tot hy as Ella se chauffeur aangestel is, aangesien Ella se pa net ’n paar uur gehad het om ’n nuwe een aan te stel nadat die vorige een in die hospitaal beland het.

Daar gebeur dan iets wat veroorsaak dat Ella se pa haar en Thomas verbied om mekaar te sien, wat vir albei van hulle ’n ware marteling is.  Dit veroorsaak dan dat Ella alleen moet oorsese familie gaan besoek vir tien dae, wat dit natuurlik tien keer erger maak. Aan die einde van die boek kan ’n mens sien dit is ’n ware, maar moderne liefdesverhaal.

Hulle moet egter albei ernstige misverstande en hartseer hanteer om op daardie stadium van ware liefde uit te kom.

Hierdie is 'n prettige, maar hartseer boek, en meeste van dit kon definitief in die gewone lewe gebeur (Ella se spesiale talent uitgesluit).

Hierdie is 'n uitstekende boek wat ek vir kinders van ouderdomme 13-18 jaar aanbeveel, al is ek nou maar elf. Ek dink dit is meer gepas vir ouer kinders, want daar is 'n hele paar stukke in wat definitief nie geskik is vir kinders van 8 nie, maar oor die algemeen is die boek redelik onskuldig.

Ek dink dat meisies en seuns hierdie boek ewe veel sal geniet, want die boek is beide uit Thomas en Ella se perspektief geskryf. Hierdie is een van die min boeke wat ’n mens deesdae kry met 'n baie positiewe boodskap.  Dit verduidelik basies vir jou dat dit nie saak maak of jy ryk of arm, 'n Katoliek of 'n Christen, 25 of 40 is nie: liefde is liefde en alle mense moet dit respekteer.

Ek het dit in minder as 'n dag klaargemaak! Hierdie is ook een van die min kinder- en tienerboeke wat grootmense definitief ook sal kan geniet.

  • Karla Sandrock is in 2020 in graad ses.

The post <em>Die ses weke van Thomas en Ella</em> deur Zelda Bezuidenhout: ’n jong leser se indrukke appeared first on LitNet.

Kantelpunt deur Sophia Kapp: ’n FMR-resensie

$
0
0

Kantelpunt
Sophia Kapp
LAPA Uitgewers
ISBN: 9780799390919

Soos Erla-Mari Diedericks tereg opmerk in haar resensie in Die Burger van 20 Maart 2019 het Sophia Kapp met Kantelpunt ongetwyfeld ’n aar by veral vrouelesers raakgeboor. Soveel so dat dié hibriede teks die toptien gehaal het in die kategorie Volwasse Fiksie van die South African Book Awards wat jaarlikse erkenning gee aan Suid-Afrikaanse boeke wat “tot die mark spreek”. (Rapport Weekliks, 25 Augustus 2019)

Die pragtige voorblad toon ’n treffende verwerking van Sandro Botticelli se bekende Nascita di Venere, oftewel Die geboorte van Venus. In die oorspronklike skildery, wat uit ongeveer 1486 dateer en in die Uffizi-galery bewaar word, arriveer Venus, die godin van liefde wat uit die seesproei gebore is, op die eiland Siprus waar sy deur lente verwelkom word. Sy staan poedelnaak op ’n skulp wat deur wind voortgeblaas word terwyl sy beskeie probeer om haar vrouedele met haar hande te bedek.

In die eietydse populêre kultuur het Botticelli se Venus egter, soos Marilyn Monroe, ’n gewilde en misbruikte kommersiële ikoon geword wat al enigiets van Reebok-tekkies tot Lady Gaga se musiekvideo’s moes verkoop. Sodoende word die ikoon van liefde ’n kragtige simbool van vroue-uitbuiting. Insgelyks is is die skroomvallige godin op die voorblad van Kantelpunt vervang met ’n middeljarige vrou in professionele kantoordrag wat die kyker met gevoude arms en ’n uitdagende blik stip in die oë kyk en is die duidelike boodskap dat die inskiklike, onderdanige “mevroutjie” in hierdie boek as ’n selfgeldende, onafhanklike en bevryde mens as ’t ware “wedergebore” gaan word.

In die proloog, getiteld “Vrywaring” word die leser gewaarsku dat Kantelpunt nie romantiese fiksie wil wees nie, maar wel die boekstawing by wyse van ’n hipomnemata van Nellie van der Merwe se wederopstanding. As verduideliking word Michel Foucault se interpretasie van dié term gegee, naamlik ’n versameling van diverse tekste in ’n soort “lewensboek” vir latere oorpeinsing en moontlike aanwending.

Sophia Kapp is in 1965 gebore as enigste kind van Matthys en Gertina Swart, onderskeidelik ’n prokureur en Afrikaansonderwyseres. Ná haar grootwordjare in Durban en studies aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat doseer sy eers Afrikaans en later Vertaal- en Tolkstudie aan die Noordwes-Universiteit. Tans werk sy voltyds as taaladviseur vir die Virtuele Instituut vir Afrikaans en dien sy sedert 2013 in die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Volgens haar het sy begin skryf om die sleur van redigering en vertaalwerk te breek en net so 'n slag weer gebalanseerd en emosioneel mens te raak. Sy debuteer in 2007 met Die erflating en wen sedertdien bykans elke jaar die ATKVeertjie vir Liefdesroman van die Jaar.

Aanhangers van Kapp se romantiese oeuvre se rooskleurige leesbrille mag egter summier toewasem by die lees van die openingsin in Kantelpunt, wat só lui: “Daar is onteenseglik kakker ervarings in hierdie lewe as ’n besoek aan die ginekoloog, dink Nellie, maar in die halfuur wat sy vir die man moes sit en wag (en haar bes gedoen het om nié te dink aan waarmee hy nou besig is nie) kon sy wragtig nie een daarvan onthou nie.” Maar binnekort sal hul tot vroulike samehorigheid verlei word wanneer Nellie, die sardoniese fokalisator haar soos volg oor ongenaakbare ginekologiese ondersoeprosedures en die onreg van manlike bevoorregting uitlaat:

“Die twee sakkies waarmee hulle geslag gesinjaleer word, is klein en onopsigtelik genoeg dat dit gerieflik in ’n onderbroek pas. Dit mag hang of skud of swaai nes dit wil. Dit hoef nie aan een of ander gemaakte norm van skoonheid te voldoen nie, en dis nie vir hulle nodig om die goed in ’n kontrepsie te verpak van rebar en ’n materiaal wat deur NASA ontwerp is om ruimtevaarder die heelal in te slinger, net om in die openbaar te kan verskyn nie, Hulle kan mans wees en they can just hang. Vrouens kan nooit net hang nie.”

Saam met Nellie, die inskiklike wederhelf van ’n manipulerende mansmens in ’n patriargale stelsel, ervaar die leser haar emosionele stropingsproses – by wyse van ’n miskraam, egskeiding, kinders wat haar huis en land verlaat en verspeelde kanse op ware liefde – totdat ’n histerektomie die metaforiese kantelpunt word wat haar “lossny” van die tradisionele vrouerol as vrugbare voortplanter, gedienstige eggenoot, stoere Calvinis en sosiale slagoffer om haarself opnuut te vind en haar rol in die sameleweing te herdefinieer terwyl sy die slaggate van militante feminisme, moraliserende lekeprediking, en selfopgelegde slagofferskap probeer vermy. Onderweg kan sy haar nuwe vroulikheid meet aan haar “mannehatende, lesbiese vriendin Selma”, ’n skoonma wat grootgemaak is om selfs na haar skoonseun te luister in ruil vir die jaarlikse White Linen op Moedersdag, en ’n Australiese skoondogter wat vierkantig op haar man se kop sit.

Die ginekoloog wat Nellie van haar eertydse vrouwees bevry, se ontvangsdame, Gaia, tree op as begeleier op Nellie se reis na selfontdekking. Gou besef die leser sy is inderwaarheid die oermoeder Gaia, die dogter van Chaos, uit die Griekse mitologie wie se seun, Kronos (Tyd), sy wrede vader, Uranos (die hemelruim) ontman en die testikels in die see gegooi het, wat dan die seeskuim veroorsaak het waaruit Afrodite (die Griekse eweknie van die Romeinse Venus) verrys het. Sodoende is Gaia dan die vroedvrou by die mitiese geboorte van die nuwe Nellie.

Elke hoofstuk word voorafgegaan deur ’n verskeidenheid aanhalings wat lesers, volgens sommige resensente, “mag vervreem”. In ’n gesprek met Naomi Meyer (LitNet Skrywersonderhoude, 21 September 2018) verduidelik Kapp dit egter só: “Kantelpunt is Nellie se hipomnemata, met ander woorde die rou materiaal waarmee sy later 'n behoorlike verhandeling oor haar eie stryd gaan skryf. Die aanhalings is daar sodat die leser weet niks wat Nellie ervaar en geen reaksie wat Nellie het, is ongeldig nie. Daar is 'n rede waarom sy voel wat sy voel, dink wat sy dink, en optree soos sy optree. Dit beteken nie sy is altyd reg nie, maar dit beteken haar reaksie is geldig.” Leser kan dus self kies óf en watter aanhalings hul wil lees aldan nie, hoewel dit tog Nellie se optrede en denkprosesse motiveer.

In dieselfde gesprek erken Kapp dat Kantelpunt uit haar eie woede en frustrasie met “mense se behoefte om ander minder te maak, kleiner te maak sodat hulle in beheer kan bly” spruit. Net so sal menige vrouelesers hul eie frustrasies en woede in Nellie s’n herken wanneer sy telkens moet terugstaan vir die eise van haar manlike onderwyskollegas en skoolhoof wanneer die gebruik van skoolvoertuie ter sprake kom en sy moet besluit of sy kan bekostig om griewe-prosedures aan te pak. Of haar doodse leegheid wanneer sy besef  Hendrik, haar man, “hou gewoon nie van haar nie. Dit wat sy geword het, dit wat sy is, is vir hom afstootlik.” En “saam met dié besef voel sy dit. Laag in haar buk, presies daar waar haar baarmoeder gesit het: ’n Niksheid.” En uiteindelik haar vrees om weer in ’n verhouding wat indruis teen alle tradisionele konvensies, betrokke te raak – totdat die wyse Gaia haar verseker:

 “Jy was nie verkeerd om te gee nie, Nellie. Jy was nie verkeerd om van jouself te gee nie. Jy was nie verkeerd om die koffie te maak nie. Jy het net die koffie vir die verkeerde mens gegee.”

Kantelpunt is nie net prikkelende leesstof vir die denkende vrou nie; dit is ook die ideale geskenk vir elke man wat tot nou toe gedink het dat hy reeds alles het.

The post <em>Kantelpunt</em> deur Sophia Kapp: ’n FMR-resensie appeared first on LitNet.

Boekfees-organiseerder Darryl David se Daknatmaak: Inskrywings tot dusver

$
0
0

Hier is die inskrywings wat ons tot dusver ontvang het vir ons Daknatmaak-kompetisie.

Lees die kompetisiereëls en hoe om in te skryf.

Lys van voorstelle

Lidia Nuala

Boekenhouse / Boekenhause / Oppi-oewer-boeke-huis / Lekkalees / Ontspan-oppi-oewer 

Sybrandus Adema

Die Ryk Residensie / Karooryk / Huis Rykmond / Die Plesierpaleis / Boekhoek / Geboek-gebou / Eenvoud-geenfout / Woordkantoor / Woordoord / Warm Woorde

Dietloff van der Berg

Bedbook 

Denese Heydenrych

Little Gem

Delovia Van Eeden

Carpe Diem / Soete drome

Christine Steenkamp

Papyrus Paradys

Theresa Postma

Kaia-Fiësta

Henriette Neethling

Boeked

Anna Schoeman

Blokhuis

Ilna Stander

Boekboksie / Boekmuishuis

Rina Swart

Boekerest / Bookrich/Boekerich / Boekedoor / Bookmood / Bookmond

 

Lees die kompetisiereëls en hoe om in te skryf.

 

The post Boekfees-organiseerder Darryl David se Daknatmaak: Inskrywings tot dusver appeared first on LitNet.


I wish I’d said ... Vol 1, edited by Johann de Lange and Mandla Maphumulo: a review

$
0
0

I Wish I’d Said
Edited by Johann de Lange and Mantoa Motinyande
Naledi, 2018

ISBN: 978 192 842 6271

A product of the AVBOB Poetry Project

It has taken me a year to review this print anthology. For a year, I have been working my way, slowly, through this ambitious, multi-vocal compendium of South African reflections on death, loss and consolation. I am not generally a slow reader, but the themes are heavy, the material is dense, and much of it is in translation. The last time it took me this long to finish a book was when I encountered Antjie Krog’s Country of My Skull. Like that book, this collection saw me taking long breaks to process the things that the poems made me see, feel, and think about the country I live in, and the relationships that the people of South Africa have with the worlds of the living and the dead.

The anthology is a product of the AVBOB Poetry Project and its online competition. AVBOB is “Africa’s largest Mutual Assurance Society providing a one-stop funeral insurance and burial service solution.” Being in the business of death puts you in a unique position to support strangers at their most vulnerable, in a moment of intense transition. As AVBOB CEO Frik Rademan notes in his introduction, one of the first things that mourners request is assistance with funeral letters, and “somehow poetry, a language that stands outside daily discourse, that condenses and focuses emotion, yielded the perfect vehicle to express that loss” (xvi). The competition attracted 20 744 entries from all over South Africa, in all 11 official languages, as well as a poem in N|uu, one of the oldest Khoisan languages. Seven celebrated poets in each of the eleven languages were commissioned to write a poem, and altogether there are 77 commissioned poems and 22 poems from the competition winners. The overwhelming response to the competition might be explained by the fact that poetry is a powerful and often preferred form of expression for many South Africans. Some of the multiple roles that a poet might occupy include that of praise singer, historian, prophet/shaman, advisor, as well as critic. The poems in this collection thus run a broad spectrum, from intimate confessional poems to elegies, to engaged poetry that comments on collective issues such as poverty and inequality.

Johann de Lange and Mantoa Motinyane guided a team of editors to produce these poems in English translation. The original poems are printed with their English translations on facing pages, which allows a reader to compare the two versions and to read them simultaneously. My reading process mostly engaged the poems in English, but as a native speaker, I preferred to read the Afrikaans originals. Where I thus quote from the poems below, I am quoting in the language in which I read, and the Afrikaans poems appear in original, while the rest are transcribed in English original or translation.

Translation is a tricky task: the translator must strike a fine balance between the aural, literal and the metaphorical, and this often requires knowledge of context, as the meaning of some vernacular expressions might not be readily known to everyone. Some translations in this collection might thus not render the kind of immersive experience through language that the original poems would have to affect the reader or listener. For example, Jolyn Phillips’s poem, “blindskrif” (16-17) is one of the commissioned Afrikaans poems. The second stanza reads

ek wag dat die slaap jou sôre vir jou teruggee
die dag kyk jou dowwerig met die een oog
pikoog met die ander aanvaar jy jou blindvlek?

The translation renders these three lines as:

i wait for sleep to give you back your soar
the dimmish day looks with one eye and pick-axe eye with the other
have you made peace with your blindblemish yet?

Phillips’s work is explicitly preoccupied with breaking or deforming language — her debut collection was entitled Radbraak (Human & Rosseau, 2016), an archaic Afrikaans word that suggests the breaking of the rules of language, resulting in a kind of nonsense. While her work is thus difficult to translate, her technique also gives the translator licence to bend the rules themselves by making connections through sound, rather than semantics. However, in this case, the words “sôre” (“sorrows”, “worries” or “woes”)  and “blindvlek” (“blindspot”) in the Afrikaans are rendered as “soar” and “blindblemish” in the translation. While these translations do capture the play on sound of the original, they don’t impart the literal meaning, which I think is quite central to the effect of the original poem.

That said, as a non-speaker, I found a number of the siSwati poems in translation particularly evocative and controlled. For example, Sisana Rachel Mdluli’s “The moving boat” (240-243), describes the speaker’s memory of her mother’s funeral: “I felt the pain and regarded it / But others don’t feel it internally as I do, / Like a mentally deficient person I saw the boat / That carried my mother leaving our home” (241). The subjective, dissociated, surreal nature of the experience is rendered in a metaphorical language that emphasises the speaker’s sense of defamiliarisation as she moves toward the final insight that, while her mother taught her everything about life, she did not teach them how life will be when she is no longer with them: “But there is nothing we can do, / We shall learn as we live in this world” (243).

I was struck by the fact that many of the poems in the collection mourn the loss of a mother or grandmother in material terms, focusing on how she laboured to sustain the home and put food on the table, the emotional support she gave, and what she taught the family. This trend is established from the outset, with the first poem in the collection, “’n verlange – radeloos en sonder einde” (2-7) by Antjie Krog:

jou witkop altyd teenwoordig op die agtergrond
wanneer ons ons grootste stryde stry
ons kleinste triomfe vier   ons harte op hulle dunste was
ons selftwyfels op hulle vernietegendste
uit jou oë en jou intense gesig het jou eiening

jou onvoorwaardelikheid teenoor ons gesein
die eetkamertafel was die profesie van jou genade
jou dood die einde van ’n eens oneindige landskap (4)

In this poem, the loss of the mother is the loss of the speaker’s emotional anchor, the reference point by which the family members could measure their own worth.

In contrast to this trend, poems about the loss of a male figure are often more ambivalent. For example, in the isiZulu section, Khenani L Makhoba’s poem, “To us you are everything” (114-117), sketches a complex portrait of the dead father:

Mom tried to control you, but failed,
We also tried to intimidate you, but failed,
You were attracted and crazy for a Newcomer,
You became inseparable lovers
While we became severe enemies.

[...]

We would not be what we are today
If you had not left us in the lurch,
We would not be strong with you present. (115 and 117)

Like Krog’s and Makhoba’s, many of the poems in the collection are addressed to the deceased, in the form of a eulogy. Often, these poems appeal to the dead to intercede on behalf of the living. In Kgabo Sebatjane’s poem “When you arrive” (154-155) in the sePedi section, the speaker instructs the deceased to “call a mass meeting” when they arrive in heaven:

Gather our ancestors and ask them why,
Why are we still poor?
We don’t even have the bare necessities.
Ask them why are they idly watching all this. (155)

These poems reflect a worldview that imagines the spirit realm as an extension of the natural world, where actions in the one realm can have consequences in the other. A poem like Moses Mtileni’s xiTsonga poem “The last will” (302-303), addresses this intersection between the material and spiritual world through the ritual of the funeral. The poem is a set of instructions for the speaker’s burial. He begs not to be left to “shrivel in the vicious rays of the sun” or in the “cold mortuary” with a tag on his foot, or locked in a coffin “like canned beans” (303). Instead he wishes for a warrior’s burial:

dig a pit for me and seat me facing east the land of my forefathers
holding a sharp knife in my left hand
and a spear in my right hand
so I can fight for myself and for you in the battles ahead
then cover me with a blanket of dust (303)

The speaker is acutely aware of his duty as an ancestor to fight for the well-being of the living. He thus insists on a burial ritual that will prepare him adequately for what may lie ahead. The afterlife is imagined not as a place of peace or rest, but of physical action.

In several poems, the intersection between life and death is explored through personfication, where death is addressed directly, or described as an anthropomorphic figure. So, for example, one of the winning poems in the English section, “Puppetmaster” by Caroline F Archer (40), imagines the domesticity of a suburban home and the fleeting nature of childhood. It ends with the image of death which “does not sweep down with a scythe, / does not have a skeleton face. / She sits on the roof, humming listlessly.” Here, death is imagined as an integral part of the seemingly mundane routines of everyday life — a lonely, bored figure waiting at the edge the safe circle of the home for her moment to come, like the Groke in Tove Jansson’s Moomin books. Similarly, Johanna Nurse Malobola-Ndlovu’s commissioned isiNdebele poem “Our family is in for the high jump” (48-51) imagines death as an unwelcome visitor: “Death has silently made its way into my family, / It came and made itself comfortable in our household, / Quietly snatching all of my sisters, / Our cries and screams made no difference” (49). Like Malobola-Ndlovu’s poem, Lydia Moeng’s “Death” (212-215) in seTswana addresses death, asking for

[...] the wisdom to know that I can live with you,
I know you walk with me like my shadow,
Death is a parent to all children,
Death is a child in all families,
I salute you,
You are doing your work,
I only have to let go,
Because you are just a messenger! (215)

These examples depart from the more predictable descriptions of death as a thief or an enemy, to offer a nuanced and revealing meditation on death and its presence in life.

There were a number of poems that used the theme of death to deliver social commentary on the issues pertaining to the living. In the first half of PM Thinane’s seSotho poem “Aids the snatcher” (184-187) the speaker addresses the disease directly, equating it with death: “You’re an amazing visitor, who arrives unexpectedly, / Your presence becomes apparent in dire situations, / [...] /You strike with your lightning and leave sorrow in your wake!” (185). Halfway through, however, Thinane’s speaker switches away from addressing the disease, and addresses the people instead:

Folks, hurting someone to retaliate doesn’t work,
Hurting someone else for retaliation plants undesired things,
The importance is to accept with two hands,
It is not the first disease and not the last
The cure is on the way and we’ve come far. (186)

The poem thus takes on a cautionary, didactic, but surprisingly hopeful and reconciliatory tone. This shift from the description of the effects of death to a more direct social commentary can be seen in several other poems. Interestingly, many of these poems occupy the point of view of the deceased.  

In the poem “Please don’t cry for me” (98-101), Sihle Ndamane, one of the isiXhosa winners, imagines the embittered point of view of the deceased who comments on the hypocrisy of the guests at the funeral:

Why am I lying here?
Stop blaming the witches,
I killed myself, I was not bewitched.
Why am I lying here?
Answer me, where are those who said they loved me? (99)

Moses Shimo Seletisha also uses the device of the deceased as speaker to comment on the behaviour of the living in the sePedi poem “Through the pane of my spirit” (156-159). In this poem, a dead husband berates his wife for taking a new lover:

Hunadi, my dear wife?
what poison has he fed your heart
for being so gullible
are you really drunkenly in love?
now that you are warm in his hands
and I’m left in the cold grave
would you please do right by me!
and bestow on me some modern token
of memory – a tombstone, please!
or are you waiting for the day of resurrection? (159)

These poems articulate a particular concern with the material world, and the poets use the speakers to comment on social behaviour. Naturally, several of the poems that employ the point of view of the deceased also speak of the ways in which death alleviates suffering. The speaker in Thandi Khensani Mkansi’s tshiVenda poem “I am gone” (272-273) revels in the death that finally allows him to go home:

I’ve finally gone home,
In my new house built with proud and loving hands.
All worldly troubles are now history to me.
I’m now well ensconced in my new palatial address

You evil ones, I am now beyond your reach.
My body shall no longer hunger for anything mortal,
Poverty will no longer know my name,
My name will never be mentioned in the same line as poverty and thirst.
Gossipmongers will be without a vocation! (273)

The burdens of poverty and the complications of social relations that continue to haunt the deceased speakers in Ndamane’s and Seletisha’s poems above are here transcended in a gleeful escape: “Death has been left with egg on its face” (273).

The last poem in the collection is the N|uu poem, “The bloodline of language” (314-315) as told by Ouma Geelmeid (aka Katriena Esau). It is an interesting poem on which to end the collection, as it deals not with the loss of life, but with the death of a language. The speaker describes her immersion in the language as an embodied experience: “I never just heard it / or learned it from someone /  I drank it from my mother’s breast” (315). She contrasts this “natural” experience of language acquisition with the experience of learning to speak Afrikaans from “those farmers”: “we had a hard time of it with the white people and that language” (315). The use of the deictic words “those” and “that” single out “those farmers”  and “that language” while simultaneously distancing the speaker from them. The speaker ascribes the demise of the N|uu language to the imposition of Afrikaans: “we weren’t allowed to talk N|uu / we had to speak Afrikaans / That’s why N|uu has died out” (315). The poem ends with the speaker linking the preservation of the language to the preservation of her ancestral line: “I teach it to people,  / So N|uu can stay a while longer / It’s the language of my parents and great-grandparents” (315). The language and the lineage it represents are embodied within her — she becomes the vessel through which the living can learn the language that allows them to connect with their ancestors.

By ending on this poem, the collection affirms the importance of poetry as a vessel for memory, but also its importance as a language that is seen to transcend the boundaries between the living and the dead. Even if these poems might not make for easy reading, I can only urge you to read them anyway. Read them slowly, and take long breaks to process what they reveal to you.

  • Annel Pieterse, University of the Western Cape

The post <em>I wish I’d said ... Vol 1</em>, edited by Johann de Lange and Mandla Maphumulo: a review appeared first on LitNet.

Tories gaan sukkel om Verenigde Koninkryk in een stuk te hou

$
0
0

Jason Lloyd (foto verskaf)

Boris Johnson se segepralende Konserwatiewe Party se kolossale oorwinning van die onlangse Britse verkiesing mag Brexit ’n werklikheid maak, maar die Tories se probleme om die Verenigde Koninkryk (VK) in een stuk te hou, het nou eers begin.

Dit is die Tories se grootste oorwinning sedert 1987 onder leiding van die voormalige Britse premier Margaret Thatcher.

In die proses het die politieke geografie van veral Engeland verander omdat die Tories Jeremy Corbyn se Arbeidersparty amper uitgewis het onder die werkersklas in die Noorde van Engeland, die westelike Middelande en in die noorde van Wallis. Gevolglik het die Arbeiders se sogenaamde “rooi muur” verkrummel omdat dié party sy laagste aantal kiesafdelings sedert 1935 in ’n algemene verkiesing gewen het.

Nog ’n skokkende terugslag vir die Arbeidersparty, is dat hul vorige partyleier Tony Blair (tussen 1994 en 2007) en voormalige Britse premier (1997 tot 2007) se vorige kiesafdeling – Sedgefield, in die Noordooste van Engeland – vir die eerste keer in 84 jaar sedert 1935 deur ’n ander party, in dié geval die Tories, gewen is.

Blair het Sedgefield vir 24 jaar sedert 1983 tot 2007 as parlementslid verteenwoordig. Gedurende dié tydperk het hy die Arbeiders drie keer agtereenvolgend in 1997, 2001 en 2005 tot oorwinning in algemene verkiesings gelei.

Die Tories se oorwinning beteken nie Johnson het as Brittanje se eerste minister ’n probleemvrye VK nie.

Inteendeel, die Tories het nou wel ’n parlementêre meerderheid van 80 setels (die party het 365 kiesafdelings uit 650 in die Britse laerhuis gewen), maar kon net 43.6% van die totaal getal uitgebragte stemme op hulle verenig.

Dit beteken Johnson se Tories het tegnies gesproke nie die meerderheid Britse kiesers se steun nie. Dit plaas Johnson op gelyke voet met sy grootse ondersteuner, die Amerikaanse president Donald Trump.

Trump het minder stemme (62 984 828) as Hillary Clinton se 65 853 514 in die 2016 Amerikaanse presidensiële verkiesing getrek; hoofsaaklik weens die land se ondemokratiese presidensiële verkiesingstelsel.

Die Britte gebruik die first–past–the–post-kiesstelsel (kiesafdelingstelsel) wat in wese ondemokraties is, maar dit verseker tog dat die hele VK in 650 gemeenskappe (kiesafdelings) onderverdeel is – elke gemeenskap (kiesafdeling) het dus ’n parlementslid wat hul belange in die parlement moet behartig en bevorder.

As Suid-Afrika se proporsionele verkiesingstelsel waarvolgens ons parlement en nege provinsiale wetgewers verkies word in Brittanje van toepassing moes gewees het, sou Johnson se Tories met partye soos die Brexit Party (2%), Demokratiese Unioniste-party (DUP) (0.8%) en Ukip (0.1%) koalisies gevorm het. Dit sou hulle egter ver onder die 50%-merk gelaat het, wat beteken die Tories sou nie ’n regering kon vorm nie, want hoofstroom partye soos die Arbeiders (32.2%), Skotse Nasionale Party (SNP) (3.9%), Liberaal-Demokratiese Party (LibDems) (11.6%) en die Groenparty (2.7%) sou nooit met Johnson in ’n koalisieregering saamwerk nie.

Streekpartye – soos die SNP in Skotland en die Noord-Ierse nasionalistiese groepe (Sinn Fein en Sosiaal-Demokratiese & Werkersparty) – het ten koste van die Tories en die Arbeiders goed gevaar deur heelwat meer setels in Skotland en Noord-Ierland as in vorige verkiesings in te palm.

Die SNP en dié nasionalistiese partye wil met alle mag en mening wegbreek uit die VK en sodoende Skotland en Noord-Ierland as onafhanklike republieke vestig.

In Skotland het die SNP 81% (48 uit 59 setels) van die setels gewen, terwyl die Tories, Arbeiders en LibDems onderskeidelik 6, 1 en 4 setels kon inpalm. Die SNP het dus 45% van die totaal getal uitgebragte stemme in Skotland op hulle verenig.

Dit het die Skotse eerste minister en SNP-leier Nicola Sturgeon geprikkel om te sê haar party se verbeterde vertoning in die verkiesing gee haar ’n mandaat vir ’n tweede referendum oor die land se onafhanklikheidswording.

Sturgeon het intussen ook ’n alternatiewe “koninklike toespraak” (Queens Speech) gepubliseer en ’n brief aan Johnson gestuur waarin sy Skotland se grondwetlike en demokratiese saak vir ’n tweede referendum uiteensit.

Die Skotse regering onderhandel tans met die Britse regering om die magte van die Britse parlement na die Skotse parlement te skuif om wetgewing te bepaal vir ’n tweede referendum. Volgens Sturgeon moet daar ’n tweede referendum in 2020 wees wat deur die Skotse parlement bepaal word.

In Noord-Ierland is, vir die eerste keer in die geskiedenis, meer Nasionalistiese parlementslede as Unioniste verkies en die DUP-onderleier en ook leier van dié party in die Britse parlement, Nigel Dodds, het sy setel in die verkiesing verloor.

Die meerderheid Noord-Ierse kiesers het in die 2016 EU-referendum “remain” gestem en het nou na alle waarskynlikheid die DUP by die stembus gestraf omdat hulle sedert 2017 die Tories in die Britse parlement onder leiding van Theresa May gesteun het.

Alhoewel die DUP nog steeds met 30.6% van die totaal getal uitgebragte stemme in Noord-Ierland die grootse party is, gaan die party net 8 setels uit 18 teenoor die nasionaliste partye – Sin Fein en die Sosiaal-Demokratiese & Werkersparty (SDLP) – se gesamentlike 9 setels na die Britse parlement stuur.

Die sege van die Nasionaliste oor die Unioniste in Noord-Ierland en die SNP oor die Tories en Arbeiders in Skotland versterk natuurlik diegene se veldtogte wat ten gunste daarvan is dat beide Noord-Ierland en Skotland die VK moet verlaat as gevolg van Brexit.

Terwyl veral Skotland en Engeland uit ’n politieke perspektief soos twee verskillende lande lyk, het Johnson selfbewus verklaar die VK verlaat die Europese Unie (EU) op 31 Januarie 2020.

Johnson gaan ook sy meerderheid in die parlement gebruik om ’n nuwe ontrekkingsooreenkomswet goedgekeur te kry om te verseker daar is nie ’n verlening van die Brexit-oorgangstydperk na 2020 nie. Dié wet sal die regering dwing om geensins ten gunste van enige verlenging te stem nie. Ook al beteken dit die onderhandelings met die EU oor ’n handelsooreenkoms is nog nie afgehandel nie.

The post Tories gaan sukkel om Verenigde Koninkryk in een stuk te hou appeared first on LitNet.

Krismisoggend

$
0
0

Dis krismisoggend
Tralala
Merrie merrie amal
Dis krismis vidag
Die suit’chies is an, die ha’chies is gekam
Rokkies met alleranne colours
Alles wat mal is
Want dit is krismisoggend, tralala

Die krismisnommes ruk
Wanne die band’chie die carols druk
Merrie merrie amal
Dis krismis vidag
Die kê'klokke lui
Hie kô amal nou veby

Die uncle ennie aunty met hul krosie va vyf
En oem Danie en Aunt Mart loep nog steeds hand ommie lyf
Doeminie trek sy boor’chie reg
Vidag preek hy al jou sônnes weg

Die ou wie oek een kee innie jaar
Sy gesig innie ke'k kô wys
Sit voo innie bankie en maak hom tuis,
Want dis krismis vidag, tralala

Kinne'chies met blink skoen’chies en linte loep saam met ouma en ma en pa
Wan dis tyd om wee familie te wies

En t'wyl die nuwe skoen’chies nog druk
Ennie carols innie kê’k nog ruk,
En amal nog bly is vi die Jesuskind
lies amal uittie sêlle boek,
"dink ma net aan dié wat minner het"
Heer, sal u op hul behoeftes let,
Wan it is krismis,
Tralala ...

Lees ook

Mense uittie Kaap uit

 

The post Krismisoggend appeared first on LitNet.

Ongetiteld

Die stil-stil wetsontwerpe gedurende die feesseisoen: wat behoort landsburgers te doen?

$
0
0

Terwyl Suid-Afrikaners haastig en gefokus voorbereidings tref vir die feestyd, het ’n verfoeilike en laakbare ondemokratiese ding weer eens feitlik ongesiens in die openbare Kerskous geval.

Die regering het ons ’n week of wat gelede getrakteer met twee wetsontwerpe wat die grootskaalse sentralisering van sport en skole behels. Kort hiervoor het die Minister van Polisie, Bheki Cele, ’n amnestie kragtens die Wapenwet afgekondig wat oënskynlik aan geen behoorlike openbare raadplegingsvereistes of ander prosedurele verpligtinge voldoen nie.

Hierdie ou truuk om ingrypende wets- en beleidsveranderinge voor die jaarlikse rustyd in Desember af te kondig, is sprekend van die ANC-geleide-regering se verknogtheid aan ’n bo-na-onder-regeerstyl.

Hierdie baasskapmetodiek dra nie net sterk eggo’s van Lenin se demokratiese sentralisme uit die afgestorwe Sowjetunie nie, maar is ’n koloniale oorblyfsel wat in feitelik elke voormalige Britse kolonie bly voortbestaan.

Die oorheersende en afdwingende houding van die ANC-regering het my laat nadink oor die filosofieë van Mahatma Gandhi en Frantz Fanon, twee teenkoloniale stryders en denkers uit die twintigste eeu.

Frantz Fanon, wat ek al in ander skrywes aangehaal het, was ’n Algeriese psigiater wat ten nouste by die Algeriese stryd om onafhanklikheid teen Frankryk betrokke was. Fanon het in sy seminale werk The Wretched of the Earth aangevoer dat die teenkoloniale stryd ook met die sielkundige verlossing van die gekoloniseerde moet saamgaan. Die afgedwingde norme van die koloniserende mag moet ook sielkundig teengestaan word sodat die taal, kultuur, politieke versugtinge en regeerstyl van die gekoloniseerde óf in ere herstel óf behoorlik aan die nuwe grondwetlike norme getoets word, voordat die nuwe onafhanklike staat ontstaan.

Sodoende is die teenkoloniale stryd nie net teen politieke of ekonomiese oorheersing nie, maar ook teen sosio-kulturele dominering. Die maatskaplike sielkunde hiervan, sê Fanon, is dat die gekoloniseerde bevolking bewys dat hul inheemse waardes, tale, norme en stelsels ook eerbiedwaardig is en nie uit noodwendigheid afsteek teen Westerse kulturele verordeninge nie. Self-afhanklikheid en selfbeeld, redeneer Fanon, is ’n integrale stap in die dekoloniale proses.

In Suid-Afrika het hierdie dekoloniale proses nie sy gang behoorlik gegaan nie. Ons stry steeds om die betekenisvolle erkenning van inheemse tale aan ons universiteite en selfs ons skole. Die vermelde wetsontwerpe is voorbeelde van hoe die ANC-regeringselite ingekoop het by die bo-na-onder-baasskap-regeerstyl wat tekenend is van Britse imperiale administrasie in die kolonies. Fanon wy ’n hele hoofstuk aan die “inheemse koloniale elite” - daardie karakters wat afkomstig is uit die voormalige kolonie en selfs deelvorm van die teenkoloniale stryd, maar wat “grootgemaak” is met die koloniserende mag se regeernorme. Dit is dan ook al wat hulle verstaan van regeerkunde.

In Suid-Afrika is die ANC-regering inkopers by die bo-na-onder-regeerstyl wat al van voor Alfred Milner se post-Boereoorlog imperiale skrikbewind kom. Veral tekenend hiervan is die ontstaan van ’n elite groep regeerders en administreerders heel bo, en die res van ons aan die onderkant kry elke paar jaar kans om te stem in ’n verkiesing, maar word andersins verwag om dekrete van bo sonder meer te aanvaar en te eerbiedig.

Protes hierteen word beantwoord deur ’n verwysing na die vrye verkiesing as bron van toestemming. Maar wat help ’n verkiesing as die verkose verteenwoordigers vir alle doeleindes steeds ons belastinggeld en tyd mors deur eksklusief die nasionale agenda uit te dink, wetgewing te skryf en af te dwing ondertoe, terwyl die res van ons kwalik kans kry om repliek te lewer?

’n Hofsaak wat ’n fundamentele deel van ons grondwetlike demokrasie beslaan, is die uitspraak van regter Sandile Ngcobo in Doctors for Life International v Speaker of the National Assembly and Others 2006 (6) SA 416 (CC).  In hierdie saak het die applikant kapsie gemaak teen die parlement se versuim om grondwetlik-verpligte openbare beraadslaging behoorlik deur te voer. Daar is aangevoer - en die hof het hul betoog aanvaar - dat die burgery ingevolge ons deelnemende demokratiese bestel behoorlike toegang moet hê tot geleenthede om ingrypende beleid en wetgewing te debatteer en na te gaan. Die saak vestig dus die beginsel van effektiewe en toeganklike deelnemende demokrasie in ons grondwetlike bestel. Die parlement kan nie kortpaaie neem wanneer nuwe wetgewing deurgevoer word nie. Elke stap moet behoorlik gevolg word en openbare deelname moet so wyd as moontlik gesoek en aangemoedig word.

Gegewe hoe stil-stil en midde-in die feesseisoen hierdie ANC-geleide-wetsontwerpe uitgereik word, en gegewe dat Suid-Afrikaners net tot omtrent 15 Januarie het om terugvoer te gee op hierdie ingewikkelde stelle wetgewing, is dit regtens hoogs betwyfelbaar of hierdie wetsontwerpe aan deelnemende demokrasie gehoor gee.

Dit bevestig weereens die voortdurende kolonialiteit wat in die ANC se regeerstyl te vinde is. Hulle wil, net soos Alfred Milner, van bo af oor hul “onderdane” beskik. In hul geskiedenis en samestelling is daar nie twyfel hieroor nie. Wladimir Lenin, leier van die Bolsjewiste, het destyds die “demokratiese sentralisme” as regeerstyl in die Sowjetunie neergelê. Dit behels dat die sentrale komitees van die kommunistiese regime ’n besluit per stemming neem, en die besluit dan teen wil en dank deur die res van die party en land afgedwing word. Die ANC-bannelinge het hierdie regeerstyl beslis in die kommunistiese Ooste opgetel: Ace Magashule se gehamer daarop dat die ANC se NUK-besluite op ons almal afgedwing moet word, illustreer hierdie styl. Daarby is daar beslis nog ’n (on-)gesonde stel tradisionaliste in die ANC wat die feodale bo-na-onder-styl van die Zoeloe-koning Shaka en ons eietydse Mswati die Derde van eSwatini aanhang. Demokratiese sentralisme en feodalisme is ironies genoeg, nogal nie te ver verwyderd van mekaar in die praktyk nie.

Ons grondwetlike demokrasie behoort nie volgens hierdie regeerstyl te funksioneer nie. Wat doen ’n mens hieromtrent, as jy ’n gewone burger is?

Die optimistiese antwoord is om die demokratiese stelsel met sy wigte en teenwigte aan te wend. Ons kan die oorheersers en koloniale lakeie in teorie uitstem. Ons kan die howe gebruik om die regering te dwing om openbare beraadslagingspligte na te kom. Wanneer ’n prosedureel-onbillike wapen-amnestie afgekondig word, kan ons die relevante Minister ingevolge die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid op hersiening neem.

Maar gestel die patroon van baasskap hou nie op nie? Wat as ons weens subtiele magstrukture, vuilspel, omkopery, die ingebore tekorte van die partypolitieke stelsel en mense se blinde lojaliteit aan die ANC, nie die regering kan uitstem nie? Wat as die howe ons nie juis kan help nie, omdat hul toetrede te diep op die skeiding van magte tussen die regsprekende, uitvoerende en wetgewende gesag sal inbreuk maak?

Wat taal in ons skole en die regering se rol in sport betref, is ons baie naby aan hierdie dooiepunt. In hierdie verband opper ek Gandhi en sy vertroue op vreedsame verset.

Mohandas “Mahatma” Gandhi was ’n prokureur wat in sy idealistiese jongdae in die destydse Natal gehoop het dat die reg hom teen onbillike diskriminasie sal kan beskerm. Hy het gou besef dat die regsproses teen hom gelaai was en dat ’n blinde vertroue op die strukture van onderdrukking om reg en geregtigheid te laat geskied en diskriminasie te beëindig, nie gaan werk nie. Hy het in Suid-Afrika reeds sy filosofie van Satyagraha oftewel “lydelike verset”, op diskriminasie teen Indiërs getoets. Gandhi het vasgeklou aan ’n vertroue in lydelike of vreedsame weerstand teen koloniale oorheersing. Sy pogings het miljoene Indiërs suksesvol verenig om vreedsaam teen koloniale Brittanje in opstand te kom, en Indië het sy onafhanklikheid in 1949 verkry.

In Suid-Afrika het ons ’n lang en selfs roemryke geskiedenis van lydelike verset. Artikel 17 van die Grondwet stel die reg om massa-optrede as ’n mensereg in, solank daar nie wapens betrokke is nie. Die reg word ook skynbaar rojaal uitgelê om verset teen onderdrukkende regering aan te moedig en te beskerm. Die weerstand teen die destyds beoogde Muilbandwet is ’n voorbeeld van suksesvolle vreedsame verset in die demokratiese era.

Maar waar hierdie wetsontwerpe oor skole en sport dalk tot wetgewing deurgedruk word, ten spyte van grondwetlike kwessies met die wese en die proses daarvan, moet ons begin hardegat raak en eenvoudig weier om die koloniale regeerstyl sy sin te gee. 

Verteenwoordigende demokrasie gekoppel met deelnemendheid beteken juis nie dat die verkose partypolitieke verteenwoordigers die alleenskeppers van wetgewing en die nasionale agenda is nie: daardie dinge moet van onder af boontoe opstyg. Nie andersom nie.

En wanneer die politieke partye besig is om hul eie magsbehepte agendas te dryf, wanneer deelname in die wetgewende proses bloot leë formaliteit raak, en wanneer die ANC die verwagting aanhou koester dat ons soos koloniale onderdane moet doen wat daar in Luthuli-huis besluit word, is dit ons morele plig as vrye burgers om onsself vreedsaam maar heldhaftig teen oorheersing te verset.

Ons moet weier om ons sportklubs aan ’n laakbare ideologie oor te gee.

En ons moet volstrek weier om die bestuur en taal van ons skole, wat aan ons gemeenskappe en hul kinders behoort, aan ’n regime van staatskapers en kolonialistiese askari’s oor te lewer.

En as dit beteken dat die regering ’n hele skoolpersoneel, beheerliggaam of sportklub moet toesluit omdat hulle afgedwingde dekrete skooltaal en sportbeheer weier, laat dit so wees! Diktature oorleef nie martelaars nie.

 

The post Die stil-stil wetsontwerpe gedurende die feesseisoen: wat behoort landsburgers te doen? appeared first on LitNet.

Viewing all 21497 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>