Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21592 articles
Browse latest View live

Video: Kaapstad-bekendstelling van Innie Shadows deur Olivia M Coetzee

$
0
0

Olivia M Coetzee se eerste boek, Innie Shadows, is Dinsdag, 3 Desember 2019, by The Book Lounge in Kaapstad bekendgestel. “Dis ’n donker, maar baie mooi storie,” het Barbara Boswell, gespreksleier, tydens die bekendstelling gesê. “En die taal is so delicious!”

“Ek het probeer om die boek in Engels te skryf, maar my manuskripleier het baie mooi vir my gesê ek kan nie in Engels skryf nie. Toe skryf ek dit soos ek praat en die taal het net gekom,” het Olivia gesê.

Kyk hier na die gesprek:

............

Titel: Innie Shadows 
Skrywer: Olivia M Coetzee 
Uitgewer: Modjaji Books 
ISBN: 9781928215929

Innie shadows wroeg met die duiwels van ’n gemeenskap wat gebuk gaan onder die maatskaplike euwels van dwelms, onverdraagsaamheid en homofobie, en waar paaie te midde van wrede brutaliteit kruis. Baanbrekersfiksie waarin die onteiendes uiteindelik hul eie stories vertel.

............

Olivia M Coetzee by The Book Lounge

Barbara Boswell het met Olivia gesels

Die jong dramaturg, Tasneem Daniels, met Innie Shadows

’n Uitstalling van Olivia se debuut, Innie Shadows

Jeremy Veary in die gehoor

Lueen Conning, skrywer van die toneelstuk, A Coloured Place

Innie Shadows

Lees ook

Innie shadows: ’n onderhoud met Olivia M Coetzee

The post Video: Kaapstad-bekendstelling van <i>Innie Shadows</i> deur Olivia M Coetzee appeared first on LitNet.


Internasionale erkenning vir kosblogger Ilse van der Merwe

$
0
0

Ilse van der Merwe se pragtige resepteboek, Cape Mediterranean, is onlangs gepubliseer en sy het reeds ’n internasionale prys daarvoor ingepalm (haar resepteboek, Cape Mediterranean, is aangewys as die Suid-Afrikaanse wenner in die Mediterreense kategorie by die Gourmand World Cookbook Awards). Remona Voges het met Ilse gesels. 

Ilse van der Merwe (foto's: verskaf)

Hallo Ilse. Jy is bekend as kosblogger. Hoe het The Food Fox tot stand gekom?

Ek het einde 2010 ’n groot begeerte gehad om van loopbaan te verander (vanaf musiekbestuur na iets in die koswêreld) en het die blog begin om hopelik ’n voet in die deur te kry met my gekombineerde liefde vir skryf en kook. My musiekbesprekingsagentskap se naam was al die jare Red Fox Events, so The Food Fox was so half ’n tong-in-die-kies uitvloeisel daarvan.

Jou resepteboek, Cape Mediterranean, is aangewys as die Suid-Afrikaanse wenner in die Mediterreense kategorie by die Gourmand World Cookbook Awards. Baie geluk daarmee! Kan jy ’n bietjie meer oor dié kompetisie vertel asseblief?

Ek moet eerlik wees ─ ek het geweet van die kompetisie, maar ek het nie eens geweet my uitgewer het die boek ingeskryf nie! Dit was vir my ’n reuse-verrassing. Al wat ek voorheen van die Gourmand toekennings geweet het is dat Suid Afrikaanse outeurs baie graag inskryf, want om op ’n globale vlak erkenning te kry is van groot waarde vir ons almal, en maak gewoonlik ’n daadwerklike verskil aan boekverkope. Nou ding my boek verder mee met ander lande se wenners in die Mediterreense kategorie (ek dink daar is in totaal 18 wenboeke in hierdie kategorie, van lande soos Turkye, Monaco, Griekeland, Frankryk, Portugal ens) om die titel vir beste Mediterreense kookboek in die wêreld, volgens die Gourmandtoekennings. Ek vier ELKE mylpaal vir hierdie boek, so al kom daar niks verder hiervan nie, is dit vir my reeds fantasties!

Wat is Kaaps-Mediterreense kos presies? En hoe verskil dit van tradisionele Mediterreense disse?

Kaaps-Mediterrreense kos is ’n natuurlike interpretasie van klassieke Mediterreense resepte en manier van eet/onthaal, maar al die bestanddele is eg aan die Wes-Kaap. Ons het mos ’n natuurlike Mediterreense klimaat hier, so alles wat jy in die Mediterreense streek kry, kry jy ook hier ─ en fantastiese kwaliteit as jy reg kies. Suid-Afrikaners eet steeds heelwat meer vleis as in die Med, en ons olyfolie-kultuur is nog jonk en relatief klein, maar mense omarm al hoe meer die klassieke Mediterreense leefstyl en manier van onthaal.

Vanwaar jou belangstelling in dié spesifieke kossoort?

Ek was maar nog altyd net baie diep aangetrokke tot Mediterreense kos! Alles, van pizza en pasta tot geroosterde groente, en tapas en mezze, en tzatziki en olyfolie, en focaccias en charcuterie, en goeie kaas ─ daai soort kos maak my grensloos gelukkig!

Fotografie deur Tasha Seccombe, stilering deur Ilse van der Merwe en Tasha Seccombe

Sal jy so gaaf wees om een van jou resepte in die boek met ons lesers te deel?

Alte graag! Hier is ’n maklike resep vir ’n krakerige, vars, groen slaai met baie min bestanddele, maar elke keer as ek dit maak dan smul die mense daaraan en vra die resep. Dis net seldery, groen appel en vars vinkelbolle wat jy baie fyn sny (’n mandoliensnyer of voedselverwerker werk beste) en dan bedruip met ’n slaaisous van olyfolie, vars suurlemoensap, heelkorrelmosterd en ’n bietjie heuning. Hemels saam met vis of hoender op ’n warm somersdag!

VINKEL-, SELDERY- EN GROENAPPELSLAAI:

Fotografie deur Tasha Seccombe, stilering deur Ilse van der Merwe en Tasha Seccombe

Bestanddele: (bedien 6 as ’n bykos)

  • 2 groot vinkelbolle, afgespoel
  • 2 lang stingels seldery
  • 1 groot Granny Smith-appel
  • ongeveer 15 ml (1 eetlepel) vars suurlemoensap
  • 30 ml (2 eetlepels) ekstra suiwer olyfolie
  • 10 ml (2 teelepels) heelkorrelmosterd
  • sout en peper na smaak

Metode:

Sny die vinkelbolle en ’n bietjie van die vinkelfraaiings baie fyn met ’n mandoliensnyer en plaas in ’n mengbak. Sny die seldery ook baie fyn en voeg by. Sny die appel in fyn strokies en voeg by (sonder die skil). Gooi dadelik die suurlemoensap, olyfolie en mosterd by, en meng dit saam tot dit oraloor goed nat is. Geur met sout en peper. Bedien dadelik, of binne ’n uur (of twee) vir beste resultaat.

The post Internasionale erkenning vir kosblogger Ilse van der Merwe appeared first on LitNet.

Afrikaans/Afrikaaps-gehoorgesprek tydens die Innie Shadows-bekendstelling: ’n perspektief

$
0
0

Die spreekwoord lui: “Spyt kom altyd te laat” en hierdie was ware woorde toe ek die Kaapstad-bekendstelling van Olivia M. Coetzee se Innie Shadows gedek het.

Kort ná die gesprek tussen Olivia en Barbara Boswell, het ek die tripod weggepak, die kamera om my nek gehang, rondbeweeg en begin foto’s neem. Een vraag vanuit die gehoor het ’n wonderlike gesprek oor Afrikaaps, Afrikaans en ander variëteite van Afrikaans begin. Hierdie gesprek het ek nie op film vasgelê nie (jammer!).  

Ek het onlangs baie taalgesprekke bygewoon, veral omdat die oorlewing van Afrikaans na die Konstitusionele Hof-uitspraak ’n baie aktuele saak is. Dié gesprekke laat my dikwels geïrriteerd of teleurgesteld, want dit kan baie vinnig in ’n rasse-gesprek ontaard.

............

“Is ons as kallits (die rasbeskrywing wat ek verkies) skaam omdat ons nie ‘standaard’ of ‘suiwer Afrikaans’ praat nie?”

............

Tydens die bekendstelling het ek egter die gesprek as oop, vry en eerlik ervaar. Niemand was aanvallend of verdedigend nie, en ek het soms vergeet om foto’s te neem, want die gesprek was boeiend en het tot baie van my eie ervarings en vrae gespreek.

Olivia skryf gereeld rubrieke vir LitNet in Kaaps, en is tans besig om die Bybel in Kaaps te vertaal. ’n Lid van die gehoor het gevra hoe lede van die bruin gemeenskap reageer op dié vertalings.

“Hulle reageer nie regtig op die vertaalde werke nie,” het sy erken. “Dis nogal disappointing, want hier skep jy ’n werk vir mense in hul taal en hulle engage nie daarmee nie.”

“Dink jy dis omdat hulle skaam is oor hul Afrikaans?” het hy gevra en dié kommentaar het ’n gesprek geopen oor Afrikaans en skaamte in die bruin gemeenskappe. Is ons as kallits (die rasbeskrywing wat ek verkies) skaam omdat ons nie “standaard” of “suiwer Afrikaans” praat nie? Dis ’n tema wat ek ’n keer of wat raakgeloop het, asook self ervaar het.  

Ek onthou baie duidelik een geleentheid tydens universiteit waar ek van iets gepraat, en een van my medestudente laggend gevra het of die woord “regte Afrikaans” is. Ek onthou glad nie wat die woord was nie, maar ek onthou die skaamte, die frustrasie omdat ek nie ’n geskikte “regte Afrikaanse” sinoniem kon kry nie.

Om te sien dat ander dit ook ervaar het, het ’n helende effek gehad. ’n Gevoel dat om skaam te wees, selfs vir ’n oomblik, nie van my ’n slegte kallit maak nie. Dit is oukei om te leer om trots te wees op my kultuur.

............

“Hoewel ek Afrikaaps geniet, wonder ek soms hoe sal my Afrikaans ervaar word? Moet dit ’n titel kry om dit meer geldig te maak? Sal dit ook verwelkom word of nie?” 

............

Die gesprek het ook gegaan oor hoe Afrikaaps tans “toegelaat” word in tradisionele Standaardafrikaans-spasies. ’n Opkomende digter, Shaun Warner, dig in Standaardafrikaans, wat hy die “baas se taal” noem, en in Afrikaaps. “Ek verkies om in beide tale te dig, maar ek vind dat meeste mense reageer as ek in Afrikaaps dig. Die reaksies is gewoonlik iets soos ‘oulikkies’ of ‘cute’,” het hy gesê en die gesprek het gelei na hoe Afrikaaps soms as iets oulik of as anders afgemaak word.

Barbara Boswell, ’n professor in feministiese letterkunde aan UWK, het lekker bygedra tot die gesprek deur te praat oor die effek van die White gaze en hoe ons dit binne onsself moet uitroei. 

Een van die treffendste oomblikke vir my was toe Lueen Conning, skrywer van die A Coloured Place-teaterstuk, gesels oor haar ervarings van Afrikaans. Sy is van Durban, en haar Afrikaans verskil van Afrikaaps. “Ek praat nie Afrikaaps nie, dit is vir my mooi. Maar ek praat dit nie en weet nie regtig hoe om mý Afrikaans te noem nie,” was haar woorde toe lede van die gehoor gevra het wat sy haar Afrikaans noem.

Ek weet self ook nooit wat om my “weergawe” van Afrikaans te noem nie. Ek kan redelik goed Standaardafrikaans praat, maar wanneer ek gemaklik of emosioneel voel, begin ek ’n Afrikaans praat wat nie as “suiwer” beskou word nie.

Ek noem soms hierdie taal kallitkaans of beskryf dit as Oranje-Afrikaans as iemand vra waarvandaan ek kom. Dit pas egter nooit in ’n bestaande beskrywing nie of die beskrywings vang nooit my taal lekker vas nie.

Hoewel ek Afrikaaps geniet, wonder ek soms hoe sal my Afrikaans ervaar word? Moet dit ’n titel kry om dit meer geldig te maak? Sal dit ook verwelkom word of nie? Dit was gerusstellend om te sien dit is ’n stryd waarmee baie mense sukkel.

Lees ook 

Innie shadows: ’n onderhoud met Olivia M Coetzee

Job 1: Bybel in Kaaps

The post Afrikaans/Afrikaaps-gehoorgesprek tydens die <i>Innie Shadows</i>-bekendstelling: ’n perspektief appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Verwelkom die Jagter by ikoniese Taalmonument – Sterrekykpiekniek se fokus is op die sterrebeeld Orion

$
0
0

Kapenaars en besoekers kan hierdie Desember die skitterende sterrehemel – spesifiek die Jagter, ook bekend as Orion – van nader leer ken tydens ’n somerpiekniek op Paarlberg op Saterdag, 21 Desember 2019.

Dit beloof om weereens ’n feestelike aand in die beeldskone omgewing te wees; boonop is ’n pragtige sonsondergang en ’n gratis begeleide toer van die ikoniese beeldhouwerk ingesluit én is die aand ten bate van ’n goeie saak.

Besoekers kan die sterrehemel verken met behulp van Orion Observasie Groep (OOG) se lede wat graag hul kennis en teleskope gratis deel. Die fokus is op Orion, wat vroegaand in die ooste sigbaar is en bekend is om sy pragtige newel. Orion was volgens Griekse mitologie ’n reus en jagter wat deur Zeus tussen die sterre geplaas is.

Die pieknieks is baie gewild onder plaaslike inwoners en oorsese besoekers wat veral die mooie vergesigte van die valleie, berge en skiereiland geniet. Die tema is “Verwelkom die Jagter” en die piekniek begin om 18:00. Die begeleide toer van die monument is om 18:30 en besoekers kan van 20:00 tot 22:30 deur die teleskope na die hemelruim tuur.

Gaste is welkom om hul eie piekniekmandjies te bring of een vooraf te bestel (R300 vir twee persone of R400 met ’n mandjie ingesluit) by die koffiewinkel op 021 863 2800. Dit sal ook oop wees vir koffie en ligte verversings asook pizza.

Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Onthou asseblief verkykers en warm kleding. Besoekers word aangemoedig om die omgewing te verken en daar is buitelug-speletjies en speelparke vir die kinders.

Die piekniekreeks word aangebied ten bate van “Laat ons Lees!”, die Taalmonument se geletterdheidsprojek vir kinders, derhalwe word piekniekgangers versoek om nuwe of tweedehandse kinderboeke ter ondersteuning van dié projek te skenk.

Die toegangsprys is R50 per volwassene en R10 per kind; kaartjies is by Computicket of die hek beskikbaar, maar bespreking (021 863 0543/4809) is noodsaaklik sodat daar vir genoeg teleskope voorsiening gemaak kan word.

  • Sterrekykpieknieks sal helaas gekanselleer word indien die weer nie saamspeel nie – skakel 073 853 3100 of 083 544 6510 vir weernavrae. 
  • Voorafgekoopte kaartjies kan oorgedra of vergoed word.

Vir meer inligting oor al die ander opwindende geleenthede, konserte en kursusse by die Taalmonument (wat in 45 jaar in 2020 vier), skakel 021 872 3441/863 0543, besoek www.taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook.

Die volgende Sterrekykpieknieks is op 18 Januarie, 22 Februarie en 21 Maart 2020.

............

Greet the Hunter at iconic Taalmonument – Stargazing picnic focuses on Orion constellation

Locals and visitors can get to know the glittering night sky – specifically the Hunter, also known as Orion – better during a summer picnic on Paarl Mountain on Saturday, 21 December 2019.

It promises to once again be a festive evening in the beautiful setting; in addition, a spectacular sunset and a free guided tour of the iconic sculpture is included, and the evening is in aid of a good cause.

Visitors can explore the starry skies with the help of Orion Observation Group (OOG) members who like to share their knowledge and telescopes for free. The focus is on Orion, which is visible early in the evening in the east, and known for its beautiful nebula. According to Greek mythology, Orion was a giant and hunter placed among the stars by Zeus.

The picnics are very popular with locals and overseas visitors who especially enjoy the beautiful views of the valleys, mountains and peninsula. The theme is “Greet the Hunter” and the picnic starts at 18:00. The guided tour of the monument is at 18:30, and visitors can stare into the skies from 20:00 to 22:30.

Guests are welcome to bring their own picnic baskets or pre-order one (R300 for two people or R400 with a basket included) at the coffee shop on 021 863 2800. It will also be open for coffee and light refreshments as well as pizza. Safe parking is available and entry is controlled.

Please remember binoculars and warm clothing. Visitors are encouraged to explore the area, and there are outdoor games and playgrounds for the children.

The picnic series is in aid of “Let’s Read!”, the Taalmonument’s literacy project for children, and therefore picnic-goers are requested to donate new or second hand children's books in support of this project. The entrance fee is R50 per adult and R10 per child; tickets are available at Computicket or the gate, but booking (021 863 0543/4809) is essential to ensure sufficient telescopes.

  • Unfortunately, Stargazing picnics will be cancelled if the weather doesn’t play along – call 073 853 3100 or 083 544 6510 for weather inquiries. 
  • Pre-bought tickets can be transferred or reimbursed.

For more information on all the other exciting events, concerts and courses at the Taalmonument (which is celebrating 45 years in 2020), call 021 872 3441/863 0543, visit www.taalmonument.co.za or follow them on Facebook.

The next Stargazing picnics are on 18 January, 22 February and 21 March 2020.

The post Persvrystelling: Verwelkom die Jagter by ikoniese Taalmonument – Sterrekykpiekniek se fokus is op die sterrebeeld Orion appeared first on LitNet.

Skrywersonderhoud: Kobus van der Westhuyzen oor Landbouweekblad: Hart tot hart

$
0
0

Kobus van der Westhuyzen praat met Naomi Meyer oor sy grootdrukboek, Landbouweekblad: Hart tot hart.

Titel: Landbouweekblad: Hart tot hart
Skrywer: Kobus van der Westhuyzen
Uitgewer: Lux Verbi
ISBN: 9780796321916

Kobus, die boek is geestelike bepeinsinge vir elke dag van die jaar. Is die boek net vir boere bedoel, of wie het jy in gedagte gehad toe jy die boek geskryf het?

Ek het aanvanklik met die ander boeke wat dit vooraf gegaan het, Die aarde nuut en vry en Daar is geen einde aan sy liefde nie, gefokus op die boere, want dis stukkies wat ook in Landbouweekblad verskyn het. Die groter leserstal is mos maar boere. Toe was daar so ’n goeie reaksie van mense wat nie boere is nie, maar met ’n sterk boere-agtergrond. Dit is vir my opvallend as jy met mense gesels, jy gesels nie lank nie dan sien jy daar is ’n boere-agtergrond. Toe besluit ek om dit oop te maak. ’n Boer se behoeftes is baie keer ook ’n ander mens se behoeftes. Toe ek hierdie boek geskryf het, het ek nie net aan boere gedink nie. Ek het meer gedink aan aktuele aangeleenthede wat ons almal raak. Wat vir my, soos ek ouer geword het, al hoe meer geraak het.

Wat dink jy lê boere die naaste aan die hart? Mens sou amper kon dink dat ’n mens nie ’n boer sou kon wees sonder om geloof te hê nie, of hoe? Waaroor bekommer hulle hulle die meeste, na jou mening? Is dit grondhervorming, droogte, of siekte of gevare weens isolasie op ’n plaas, of geld? Of wat is alles in hulle gedagtes, as jy dink aan gesprekke wat jy met boere het? 

Die groot ding wat maar die afgelope paar jaar die boere vasdruk, is die droogte-kwessie. Ek dink ook ’n bietjie die grondkwessie tot ’n mate. Hoewel die ingeligte boer besef hulle kan nie té rof aangaan met die grond nie, want die grond moet kos gee vir die land. Ek dink hulle besef dit. Grondhervorming is nie in my ervaring so ’n groot bekommernis by boere nie, maar jy kan nie baklei teen die natuur nie. Jy moet vandag heeltemal ’n nuwe denkwyse oor die boerdery hê as jy wil aanhou boer. Tewens, as jy kyk hoeveel naweekboere daar is – dit is mense wat lankal besef het hulle kan nie op die boerdery alleen leef nie. Daar is mense wat dink dit is ’n lekker betalende beroep, maar boerdery is nie vir sussies nie. Die boere kry swaar. Die kleiner plasies is al met die jare uitverkoop. As jy nie vandag op grootskaal boer nie, dan moet jy tweekeer dink oor boer. Jy kan gaan speel as jy die geld het, maar jy moenie dink jy gaan lewe daaruit nie.

As ek met boere praat, en ek het familie en ’n seun wat boer, en ek sien wat hulle moet spandeer om net die diere aan die gang te hou. Dis nie meer soos in die ou dae waar ’n skaap is ’n skaap en ’n bok is ’n bok nie. Die mense werk deesdae met kwaliteit vee. Asjy daardie goed verloor wat deur ’n geslag opgebou is, waar gaan jy dit weer kry? So die boere besef jy moet die goed aan die gang hou en maar kos koop en as daar nie geld is nie, moet jy skuld maak. Jy kan ook net tot op ’n sekere punt skuld maak, dan wil die ouens ook nie meer vir jou geld leen nie. Dit is ’n ander vorm van lyding waarmee hulle te doen het. Hoe staan ek vanoggend op? Hoe gaan slaap ek vanaand as ek nie weet hoe gaan 1 000 of meer skape, ooie en bokke kos kry as jy dit nie het nie? Dit is ’n diere-bekommernis en ek dink daar is baie boere wat vandag hulle grond sal verkoop as hulle net ’n ordentlike prys daarvoor sal kry. 

Ek kom al hoe meer agter die ouens boer omdat dit vir hulle ’n liefhebbery is. Hulle kan nie loskom nie, hulle is verslaaf daaraan. Dit is amper soos ’n diamantdelwer. Jy kry dalk nie vandag ’n diamant nie, maar dan gaan jy maar more weer terug en dan sif jy maar weer deur daardie grond, want jy leef in die hoop dat jy dit eendag gaan kry. 

“Die groot reën kom nog,” is die gesegde waarmee boere mekaar moed in praat. “Toemaar, die groot reën kom nog.”

Landbouweekblad is 100 jaar oud. Wat dink jy het oor die jare verander en wat het dieselfde gebly? In boere se lewens, en as dit kom by geestelike sake?

As ek nou terugkyk op my eie lewe, wat nou ook al ’n klompie jare strek en ek kom ook self van ’n plaas af, ken ek die soet en die suur van ’n plaas. Baie boere se seuns het nie verder gaan studeer nie en die pa het nie altyd besef dat hy nie die plaas, wat reeds nie ’n groot ekonomiese eenheid is nie, gaan verdeel nie. Dan maak dit dit onmoontlik vir die kinders om te boer. Dit het nie altyd gebeur nie. So jy het op baie plekke gekry dat plasies klein was, dit was onekonomies en daar was nie kans om te ontwikkel en groot te gaan nie. Vandag is dit nie meer so nie. Vandag boer boere dikwels as deel van ’n groter eenheid.

Ook die kinders wat gaan boer, moenie dink hulle kan net plaas toe gaan, op ’n trekker klim en boer nie. Hulle moet kundig wees, Boerdery is vandag ’n wetenskap en as jy nie gewillig is om te leer nie en die beste metodes te vorm en die beste keuses te maak nie, dan gaan jy dit nie maak nie. Boerderye het gemoderniseer. Daar het wonderlike aanpassing plaasgevind. Ons het goeie boere in Suid-Afrika, regtig.

Rakende wat dieselfde gebly het kry ek by boere daardie sterk geloof. Jy kan nie boer as jy nie glo nie. Daar is sekeres wat nie so dink nie, maar die meerderheid is wel. Hulle is nie net aardsgebonde nie, hulle is ook Godsgebonde. 

Is daar verskillende temas ter sprake (boek se indeling)? Of hoe is hierdie boek saamgestel?

Ek het maar stukkies geselekteer wat ek gedink het aktueel is vir alle mense om te lees. Tog as jy oplettend lees sal jy op herhalende temas afkom. Daar was dinge wat my sterk aangespreek het, hoe ouer ek geword het. As iets jou innerlik aanspreek is daar die geneigdheid dat dit uitkom op ’n manier. Ek het die wonderlike voorreg gehad, wat Landbouweekblad my gegee het, om daardie dinge ook in hierdie rubriek te laat uitkom. 

Een ding was die swak bestuur van die planeet aarde wat God vir ons gegee het. Of jy nou glo in die skeppingsverhaal of nie, dit is ’n belangrike punt dat toe die Here die mens gemaak het, het Hy hulle totaal anders gemaak as enige ander skepping. Hy het vir die mens ’n redelike en ’n sedelike bewussyn gegee. Hy kan onderskei tussen reg en verkeerd. Hy het vir die mens ’n Godsbewussyn gegee en vir hom gesê dat die mens anders gemaak word. Hy het vir die mens ’n opdrag gegee en dit is dat die mens Sy verteenwoordiger op die aarde is. Jy kan in Genesis daaroor lees. God gee aan ons bestuurskap. Hy gee dit nie aan die primate of ander diere nie, maar die mens. Dit is ’n besonderse verantwoordelikheid en as ek nou vandag moet punte gee aan my geslag, my Homo sapiens, vir hoe hulle hierdie opdrag uitgevoer het, jong, dan gee ek hom ’n baie lae punt. Ons het werklik swak gedoen in ons verhouding tot die natuur. Ons het soveel verkeerde besluite geneem wat die aarde verniel het. As jy kyk hoe lyk ons riviere, hoe ons ontbos, ons water is besmet, ons grond is verspoel. Ek dink die Here huil as hy sien wat ons aangevang het. Dit is beslis ’n tema in die boek.

’n Ander ding wat jy ook sal optel wanneer jy die boek lees, is ons soeke na ’n oplossing vir ons probleme in Suid-Afrika. Ons het ’n land wat geweldige wonderlike potensiaal het, maar ons het ’n land wat so swak bestuur word dat ons nie by die werklike oplossing uitkom nie. Dit het vir my duidelik geword in my roeping as predikant, wat ten nouste met die opvoeding en onderwys saamgehang het. Ek was my lewe lank daarby betrokke en ek kan nie verstaan, en ek verstaan al minder, dat ons nie kan besef waar die probleem in ons land lê nie. Ons wil hier van bo af met mekaar baklei en waaroor? Ons baklei nie oor beginsels nie. Ons baklei oor belange. Ons politiek is belangepolitiek. Nou kom ons en ons soek na oplossings. Kyk hoe lyk ons onderwys. Ek kry ons kinders so jammer. Dit verbaas my nie dat hulle baie dinge aanvang wat my hare laat rys nie. 

Ek sê dit nie sonder my waardering vir die talle onderwysers wat wonderlike werk doen nie, maar daar is leerkragte wat nie eens betyds opdaag om vir die kinders skool te gee nie. Skole wat laat begin, mense wat nie ’n kundige op hulle vakgebied is nie, want onderwys is tog die oordra van die kundige tot die nie-kundige. As jy dit nie het nie, hoe dra jy dit dan oor? As jy gaan kyk na die statistieke, is dit absoluut skokkend. Dit is ’n tema wat jy ook sal raaklees. 

’n Laaste ding, wat my in my eie bediening soos ’n mislukking laat voel het en steeds voel, is hoe spreek jy die tema van lyding aan. Lyding is ’n werklikheid en dit verskil. Ander se lyding is dalk groter. Baie mense dink dominees moet die antwoorde hê en dalk moes ons die antwoorde beter gehad het. Ek het dit blykbaar nie goed gehad nie, want ek het so skuldig gevoel wanneer iemand na jou kom en vertel wat met hulle of hulle kinders gebeur het. Ek hoef nie eers stories te vertel nie. Jy kan net die koerant oopmaak dan kan jy sien die verskriklike goed wat met klein, onskuldige kindertjies gebeur. Dan kom mense na jou toe en hulle dink jy kan hulle help. Dan vra hulle jou: “Dominee, waar was God? Hoekom het Hy dit toegelaat?”

En dan moet jy antwoorde kry en jy het dit nie. Ek behandel dit ook in hierdie stukkies – nie dat ek ’n antwoord het nie, maar om te bely dat ek wel nie het nie. Ek weet nou nog nie. Miskien sal dit een van die eerste vrae wees wat ek eendag vir die Here sal vra wanneer ons van aangesig tot aangesig kom.

Wat is jou agtergrond en wat was jou betrokkenheid by boere en by die Landbouweekblad oor die jare?

Ek het ’n boere-agtergrond. Ek kom van ’n plaas wat ses geslagte in die familie was. Ek is gebore en grootgemaak op daardie plaas. My eerste twee gemeentes was ook plattelandse gemeentes. So ek het van kleins af met boere te doen gehad. Ek het nie net vir hulle gepreek nie, maar ek was saam met hulle in die veld.  Ek het saam met hulle gejag en baie dinge gedoen wat ons verhouding op ’n ander vlak geplaas het omdat ek self iets van boerdery geweet het. Ek het as student ’n kursus in graangradering voltooi en vakansies het ek gaan werk en dan werk jy met boere. Op ons eie plaas kon jy as student vakansie hou, maar jy moes deel hê aan die boerdery. Jy moes soggens die koeie gaan melk en ons het nie masjiene gehad nie. Met sulke en etlike ander dinge het ek ’n nou verhouding met boere gehad.

Boere sou my, byvoorbeeld, soggens vroeg bel terwyl ek nog slaap net om te sê hulle het ’n lekker reëntjie gehad. Dan wil hy praat, want hy is bly. Ek dink ek kan oor die boere praat omdat ek met hulle gepraat het en saam met hulle geleef het en toe ek die kans kry om vir Landbouweekblad die Hart tot hart-rubriek te behartig. Toe het die destydse redakteur vir my baie uitdruklik gesê ek moet tot die boere se harte praat sodat hulle my kan verstaan. Ek moenie vir hulle ingewikkelde preke gee nie. Hulle is nie lus daarvoor nie. Hulle wil uit die hart praat. Dit was ’n wonderlike voorreg wat Landbouweekblad vir my gegee het en die stuk of agt redakteurs met wie ek gewerk het. Dit het my gemeente seker die grootste in Suid-Afrika gemaak. Ek het mense leer ken al het ek hulle nooit gesien nie, maar ons het met mekaar gesels asof ons ou vriende is, want ons het dieslfde taal gepraat, letterlik en figuurlik. 

Wat is die vreugdes van boerdery en die belangrikheid daarvan in Suid-Afrika?

Die vreugdes sal elke boer seker vir jou kan sê – dis mooi as jy ’n land gesaai het en dit staan pragtig, en as die sybokkies uit die diptenk gejaag word en hulle begin hardloop. Dit is ’n mooi gesig wanneer die veld groen is en die skape gaan uit en hulle speel wanneer die son ondergaan. Dan gaan staan ek daar om vir ’n tyd lank net die skouspel te aanskou. Dis mooi dinge van die boerdery.

Oor die belangrikheid van boerdery kan ek nie vir jou genoeg sê nie. ’n Land, veral soos ons s’n wat gebuk gaan onder armoede, gaan moeilik bestaan as mense nie iets kan eet wat hulle self produseer nie of as dit nie op ’n billike manier aan hulle verskaf word nie. Suid-Afrika het ’n besondere sterk behoefte aan ’n sterk landbou-sektor. Ons kan nie baklei oor grondhervorming en al sulke goed as ons nie eers seker maak dat daar genoeg kos vir die mense is nie.

Enige mens moet kan sien hoe belangrik boerdery is en die regering gee en doen bitter min. As jy sien hoe hulle in ander lande die boerderye subsideer, veral in moeilike tye. By ons is daar min daarvan.

Waarom vandag, in 2019, boer en ook elke oggend of elke dag ’n dagstukkie lees en daaroor nadink?

’n Mens kan nie lewe sonder voedsel nie. Daar is die voedsel wat ons almal ken en dis die kos wat jy eet. Maar daar is ook ander voedsel, daar is ook geestelike voedsel. As jy nie daardie voedsel kry nie, gaan jy swaar kry en nie weet waarnatoe nie. Elke mens soek ’n adres om by te gaan sê “help my” as jy voel jy gaan sink. Die stukkies in die boek het daarvan kennis geneem. Partykeer was dit net ’n geroep saam met die boere om te sê “Here, ons is in die nood, help ons”. Ek het ook baie wonderlike, waarderende reaksie van mense gekry, wat gesê het hulle was tot teen die grond gedruk en het nie geweet waarnatoe om te gaan nie. Toe maak hulle ’n Landbouweekblad oop en lees die stukkie wat ek geskryf het en kon weer opstaan en weet hulle het ’n God wat lewe en Hy sal hulle dra. Ek dink Landbouweekblad het op hulle eie manier ’n wonderlike bydrae gemaak om ons boere in tye van nood by te staan en aan te moedig. 

Moed, mense, hou moed:
Die kwaad sal verander in goed -
Die môrelig kom uit die duister!” 
 – C Louis Leipoldt (1980)

Wat is vir jou die diepere betekenis en sin van die lewe?

Ek dink dit word vir ons baie mooi weergegee in die samevatting van die Wet. Jy moet God liefhê bo alles en almal en jou naaste liefhê soos jouself. As ons dit doen, sal ons ’n wonderlike wêreld hê. Die liefde is so diep, dat jy jou lewe vir iemand anders sal gee. Ek kan niks beter kry as dit nie en dit was en is my strewe om te lewe volgens die eise wat die Here vir my stel en om iets vir my medemens te beteken. Om ’n verskil in iemand anders se lewe te maak omdat my Skepper ’n verskil in my lewe gemaak het. Dat mense kan sê, hy het iets beteken, hy het ’n verskil gemaak, hy het iets probeer skep, hy het probeer heelmaak wat ander gebreek het, hy het probeer versoen waar ander kwaad gestook het. Ek kon niks dieper as dit kry nie. Jou menswees moet kwaliteit wees en die standaard van daardie kwaliteit gee Hy vir ons in sy Woord. Hy sê vir ons hoe om te lewe. Dan sal jy sien hoe dit van jou werklik die mens maak wat God wil hê jy moet wees.

The post Skrywersonderhoud: Kobus van der Westhuyzen oor <em>Landbouweekblad: Hart tot hart</em> appeared first on LitNet.

Nuut by LAPA: Desember 2019

$
0
0

Die jaar is om. Skop jou skoene uit. Lees ’n lekker boek.
Baie, baie dankie aan almal wat LAPA en ons drukname so ondersteun het hierdie jaar.

***

And so the year has run out. Time to put up your feet and relax with book.
Thank you to everyone who has supported LAPA and our imprints through this year!

Niefiksie | Nonfiction

A Road Called Down on Both Sides
Caroline Kurtz

Imprint: Catalyst Press
Memoir
9781946395153
R245,00

Today the term “third-culture kid” is all over the internet. It has become a huge field of research, but when Caroline Kurtz grew up, only a handful of misunderstood kids knew what it was like never to belong anywhere. Those kids, with parents in the mission field, military or diplomatic services, had no support and no-one studied their needs.Caroline Kurtz grew up in the remote mountains of Maji, Ethiopia in the 1950s. Inside their mud hut, living with her missionary parents and three sisters, she enjoyed an American family life.Outside, her world was shaped by drums; Jeep and mule treks into the countryside; ostriches on the air strip; and several Ethiopian languages she barely understood but longed to learn.Finally, she returned to the USA, a country she did not understand, despite her upbringing. Caroline felt like she had been exiled to a foreign country when she went to college in Illinois.After completing her studies, she returned to Ethiopia to teach, only to discover how complex working in another culture and language really is.The best-known book with a similar theme is Barbara Kingsolver’s The Poisonwood Bible. It was a mega-seller about American girls from missionary parents who struggled to find their home – neither belonging in Africa, nor in the USA.Closer to home, Kopano Matlwa wrote a big seller called Coconut about a girl who grew up between cultures.

* * *

Vra maar ’n sendingkind: Jy het nooit regtig behoort nie; nie daar waar jou ouers gewerk het nie, ook nie in Suid-Afrika waar jy uiteindelik kom skool gaan of op universiteit probeer vriende maak het nie.

Kinders wat in vreemde kulture groot word, besef dikwels later, as volwassenes, dat hulle sekere sosiale vaardighede gewoon nooit aangeleer het nie.

Vandag word daar baie studies oor hierdie onderwerp gedoen, maar vir baie sendingkinders het dié navorsing te laat gekom.

Caroline Kurtz skryf van binne. Sy was daar. Sy was ’n sendingkind.

Vir haar was die navorsing ook te laat.

Vir die jongspan | For the young ones

In Opleiding-reeks|
Cath Ard

Drukaam: LAPA
Kinderniefiksie
Ouderdom: 7+
9780799392500 (Veearts)
 9780799392517 (Atleet)
9780799392531 (Brandbestryder)
9780799392524 (Kodeerder)
R140,00

Met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewens van hierdie verskillende beroepsmense, sal dié boeke jong lesers leer hoe om diere te versorg, hoe om ’n topatleet te wees, hoe brandveiligheid werk en hoe om te kodeer.

Veearts in opleiding is propvol nuttige inligting. Vind meer uit oor die verskillende tipes veeartse, hoe ’n veeartspraktyk werk, hoe om diere se liggaamstaal te verstaan en hoe om gesondheidsprobleme te diagnoseer en behandel.

Atleet in opleiding bevat alles wat jong lesers wil weet oor hoe om ’n atleet, sportman of sportvrou te wees. Kinders kan meer leer oor hoe om ’n topatleet te wees en ’n prettige toets doen om te sien in watse sportsoort hulle die beste sal presteer.

Brandbestryder in opleiding bevat brokkies inligting oor brandveiligheid en sal jou alles leer van die belangrike werk wat brandbestryders doen.

Kodeerder in opleiding bevat inligting oor hoe om kodes te skep, watter vaardighede ’n kodeerder nodig het en hoe om jou eie webwerf te skep.

* * *

These books are packed with bite-sized chunks of information and fun facts about careers, like being a vet, an athlete, a firefighter or a coder.

My groot lofkleuterbybel
Jan de Wet

Kleuterniefiksie
Druknaam: LAPA
Ouderdom: 5+
9780799398144
R220.00

Lees, luister en geniet die Bybelverhale, -liedjies en illustrasies saam met jou kleuter. Die Bybelverhale is geskryf om saam met die skrywer se voorlesings en liedjieopnames gebruik te word. ’n QR kode word in die boek ingesluit wat lesers gratis toegang bied tot die skrywer se voorlesings en liedjieopnames. Kleuters kan na die voorgeleesde opnames en liedjies luister terwyl hulle na die illustrasies kyk.

Jy kan óf die kleuter aan die Bybelverhale bekend stel deur dit voor te lees terwyl hy of sy na die illustrasie kyk, óf deur saam na die storie op die opname te luister.

Terwyl elke Bybelverhaal met groot sorg getrou aan die Skrif oorvertel word, is die taalvlak en die ontwikkeling van ’n gesonde Godbegrip by die kleuter in ag geneem by die skep van hierdie publikasie.

Deurgaans word Bybelse waardes deur die teks en illustrasies beklemtoon.

Gebruik die illustrasies om gesprekke met jou kleuter te stimuleer.

Ná die Bybelverhaal is daar ’n gebed wat jy saam met jou kleuter kan bid. Let ook op na die dierevriende wat die Bybelreis saam met die kleuter af lê. Die diere help die kleuter om te onthou wat die hoofboodskap of -waarde van die verhaal is.

* * *

Read, listen and enjoy the Bible stories, songs and illustrations in this book along with your children. The stories are written along with an audio recording of the stories. Children can listen to the stories while they look at the pictures. You can introduce your child to the stories while they are looking at the illustrations, or by reading the stories while listening to the recordings.

Keegan en Samier
André Trantraal

Kinderfiksie
Druknaam: LAPA
Ouderdom: 7+
9780799397666
R60,00

Ontmoet vir Keegan en Samier. Hulle is beste vriende en Samier se tweelingsussie, Samia, kuier ook gewoonlik saam. Dan is daar ook Jenni-Lee, Keegan se klein sussie, en Keegan se slim en streng ouma. Saam het hierdie vriende hope heerlike avonture! Ongelukkig is Brent Petersen, die klasboelie, altyd daar om dinge bietjie te versuur …

Hierdie splinternuwe reeks, geskryf en geïllustreer deur André Trantraal, is perfek vir beginnerlesers. Die stories is eenvoudig, identifiseerbaar en geskryf met ’n lekker pas wat lesers se aandag sal hou.

* * *

Keegan and Samier are best friends. Samier’s twin sister Samia are also part of their circle. Then there is also Jenni-Lee, Keegan’s little sister, and his smart, but strict, grandmother. These friends have a lot of fun together! Unfortunately, Brent Peterson always spoils some of the fun, he is the bully!

Drama

Môre as ons groot is
Fanie Viljoen

Tienerdrama – slegs as e-boek te koop
Druknaam: LAPA
Ouderdom: 15+
9780799397147
R150.00

Dis matriekafskeid – die wonderlikste aand in elke tiener se lewe. Maar wat gebeur wanneer dit verby is, wanneer selfs die after party end kry? Vier jongmense staan op die grens van hulle grootmenslewe. Liza, Quin, Noku en Wayne kom elkeen uit verskillende agtergronde en die toekoms lyk ook vir elkeen van hulle anders.

Vanaand neem hulle afskeid van hulle skool, hulle vriende, hulle kindwees... en dalk hulle drome.

Hierdie sonderlinge tienerdrama sal as e-boek te koop wees op LAPA se webruimte.

* * *

It is the matric farewell – the greatest night in every teenager’s life. But what happens when it is all over, when even the after party comes to an end? Four young people are on the brink of adulthood.

Tonight, they will bid farewell to their school, their friends, their childhood… and perhaps even their dreams.

Romanse | Romance

Sonvanger
Frenette van Wyk
Druknaam: LAPA
SuperRomanza
9780799396768
R240,00

Narissa is ’n volbloedhippie. Sy is optimisties oor die lewe en sy het ’n wil van haar eie. Sy glo daarin dat ’n mens die lewe moet geniet en oomblikke van blydskap vir jouself moet skep. Sy gaan vir haar die son se lag vang op Springbok. Haar grootste irritasie op twee bene is Franz Lamont, meneer volg-die-regte-pyltjies, baie aantreklik, baie bitter, en hy ry ’n vintage hippie kombi met daisies op die deure soos sy nog altyd wou hê. Hy stem nie saam met haar lewensopvatting nie. Pret en plesier is net vir ’n oomblik, en van min waarde. Werk, reëls nakom en dinge reg doen, is belangriker, en die swaar tye van die lewe weeg ook swaarder. 

* * *

Narissa and Franz are different as night and day. She’s a hippy and he’s a widower with a dark past. All they need is a little luck and a lot of sunshine to find the love they both desperately crave.

Want hy praat tjoklits
Elsa Winckler

Druknaam: Romanza
Romanse
9780799396645
R95,00

Friede Tredoux het ’n slegte stel met ’n branderplankryer afgetrap. Hy’t nie gewerk nie en het geen toekomsvisie gehad nie. Sy ontmoet vir Matthys Combrink op Philadelphia terwyl sy en Jody by Leah kuier. Hy bak brood by die plaaslike deli. Sy is ’n arbeidsterapeut op George en begin oefen vir ’n marathon. Tot haar verbasing is Matthys een Saterdagoggend ook daar. Daar is beslis allerhande vibrasies wanneer sy naby hom is, maar sien sy kans vir ’n man wat brood bak vir ’n lewe?

* * *

Friede had a nasty experience with a surfer. Then she meets Matthys – the local deli baker. There are all kinds of emotions between them, but does she have the courage for a man who bakes bread for a living?

Die onwillige strooimeisie
Alma Carstens

Druknaam: Romanza
Romanse
9780799396676
R95,00

Zita vra die onmoontlike van Anja.  Om haar strooimeisie te wees is een ding, maar om darem in haar vriendin se afwesigheid vir Alec, Zita se verloofde, te moet help met hulle troureelings, is hopeloos te veel gevra.  Want wat Zita nie weet nie, is dat Anja ook haar hart op Alec verloor het. Alec is ’n werkolis wat meeste van sy tyd op kantoor bestee, maar Zita oortuig hom om Anja te help om hulle troue te reël terwyl sy vir nege maande Londen toe gaan. Hy stem teensinnig in, maar sou nooit kon raai tot watter uiteinde hierdie besluit sou lei nie.

* * *

Anja is secretly in love with Alec, her best friend’s fiancé. Now they have to arrange a wedding while Zita goes to London for nine months.

Wat jy gee
Karlien Badenhorst

Druknaam: Romanza
Romanse
9780799396737
R95,00

Mieke Küsler is terug in die Laeveld na drie jaar oorsee. Sy weet dat Migal Roos, haar oud-universiteitsvriend, ’n dokter is in die stad. Gelukkig hoef sy nie bang te wees om hom raak te loop nie. Hy het hulle vriendskap beëindig die aand voor sy op die vliegtuig geklim het met ’n vinnige en hartstogtelike soen. Sy het gehoop hy sal haar vra om by hom te bly, maar sy het nooit weer iets van hom gehoor nie. Die noodlot bring hulle bymekaar in die dokter se spreekkamer. Haar angstigheid om saam met haar kêrel Nederland toe te gaan oor ’n paar dae, raak al hoe meer ondraaglik nou dat sy terug in Suid-Afrika en in Migal se teenwoordigheid is.

* * *

Mieke is back in the Lowveld after three years abroad. Migal, her former university friend, ended their friendship with a quick and passionate kiss – but true love is not so easily extinguished.

Ter wille van Nina
Cheryl Rogers

Druknaam: Romanza
Romanse
9780799396706
R95,00

Olivia droom baie aande van ’n sorgsame wonderlike man met blougroen oë. Sy kan die kleur van sy oë in haar drome uitmaak, maar nooit sy gesig nie. Toe haar pad met dié van Zak Brunner kruis, lyk sy oë vir haar só bekend, nes dié in haar drome, maar sy is oortuig Zak kan onmoontlik die man wees van wie sy droom. In haar drome voel sy altyd veilig en gekoester. Sy is nie bang vir die man nie en sy vertrou hom onvoorwaardelik. Maar Zak maak haar benoud en sy vertrou hom nie so ver as wat sy hom kan sien nie. Maar Olivia het ’n sagte plekkie vir Zak se dogtertjie, Nina, en ter wille van Nina begin sy tyd saam met Zak deurdring. Haar opinie oor Zak verander mettertyd, en toe hy haar vra om met hom te trou, sodat hy voogskap oor Nina kan behou, oorweeg sy dit baie sterk. Sy wéét sy is lief vir Nina en sal amper enigiets doen om haar te beskerm, maar is dit genoeg rede om met Zak te trou?

* * *

Olivia dreams of a caring man with blue-green eyes. When she meets Zak, his eyes look familiar, but he makes her nervous and she doesn't trust him. Will she learn to feel safe and cherished by him for his daughter's sake?

The post Nuut by LAPA: Desember 2019 appeared first on LitNet.

FMR-resensie: Wanneer bloekoms dans deur JM Gilfillan

$
0
0

Titel: Wanneer bloekoms dans
Skrywer: JM Gilfillan
Uitgewer: 
Naledi
ISBN: 9781928426578

Kortverhaalbundels word dikwels misgekyk wanneer mense iets lekkers soek om te lees, maar by die toemaak van Gilfillan se jongste kortverhaalbundel staan 'n mens oorbluf deur die wye verskeidenheid karakters, temas en aanbiedingswyses wat inderdaad iets vir elke smaak bied.

Maar hoe sluit sulke wyduiteenlopende verhale in bundelkonteks by mekaar aan? Die wasige foto op die omslag toon 'n bloekombos of -laning met 'n suggestie van sonstrale, reënslierte en sirkeltjies wat waterdruppels, seepbelle, blinkertjies of Kersboomversierings kan wees. Saam met die titel bied dit twee moontlike bindingsmotiewe, naamlik bloekoms en dans.

Bloekombome is reeds in 1828 vanaf Australië en Indonesië na die Kaap gebring en floreer sedertdien op enige plek en onder enige toestande – hoofsaaklik as windskerm op plase en lanings langs plattelandse paaie. Daarbenewens is dit 'n uitstekende lugsuiweraar en word die olie as skoonmaak- en tradisionele geneesmiddel aangewend.

Geen wonder dan dat die bloekom nostalgiese snare by Afrikaanse lesers tokkel nie. In sy MA-verhandeling getiteld “In die skadu van soveel bome” (2011, Universiteit van Kaapstad) beskryf Hennie Nortje byvoorbeeld Barend Toerien se "Bloekoms" as 'n vers vol verlange na die wêreld van die vaalblaarbloekom, en in Joan Hambidge se "Boom" word 'n gehawende bloekomboom volgens Nortje 'n metafoor vir die verganklikheid van herinneringe.

Annette Jordaan verruim hierdie metafoor in ‘n interessante artikel getiteld “Die bloekomboom as metafoor in die Afrikaanse taalruimte” (Stilet, Maart 2009) waarin sy bevind: “Binne die konteks van identiteit, gemeenskap en taal kan die bloekomboom dien as metafoor (of, meer konkreet, as simbool) van die ‘storie van Afrikaans’ – ’n verhaal wat hom in ’n bietjie meer as een eeu afspeel te midde van hewige konflikte, botsende belange, oorloë, rebellies, stakings, armoede, verkiesingsveldtogte, apartheidsbeleide, onluste, noodtoestande, tronkgeskiedenisse en, uiteindelik, ’n nuwe bedeling wat tot nog toe nie Afrikaansvriendelik blyk te gewees het nie.” As voorbeelde bespreek sy JC Steyn se verwysig na “bloekombome as rolspelers in die lewe van MER” (Die 100 jaar van MER, 2004), asook die Durbanse “Taal en Strydkongres” (April 1989) waartydens Elize Botha na haar Wes-Transvaalse grootwordwêreld te midde van die Afrikanerarmoede in die middeldertigerjare verwys as “’n bloekombos-omsoomde wêreld”, teenoor Hein Willemse se verwysing tydens dieselfde kongres na Kraaifontein se “Bloekombos”-plakkers wat gedwonge verskuiwing moes trotseer .

Gilfillan laat egter die bloekoms “dans”, wat die aandag dan vestig op verwysings na plante en voete in hierdie bundel. Sy verras met onverwagte wendings, antistereotipiese karakters, ironiese en galgehumor en onbeskaamde erotiek. Bykans tagtig jaar van fyn waarneming tydens 'n lewe wat nie die gewone gebaande weë gevolg het nie, put sy behendig uit 'n welige bloekombos van ervaring en verbeelding – met ander woorde die “brokstukke menslikheid” waarvan die karakter Dina in die verhaal “Laaste dans” getuie is.

Rita Gilfillan is op 29 April 1941 op Ermelo gebore as die oudste en enigste dogter van Hendrik en Lena Eksteen van die plaas Swartwater. Vyf jaar later sterf haar 28-jarige moeder aan hartversaking en begin Gilfillan se swerwersbestaan tussen ‘n wewenaarpa, familie en skoolkoshuise. Sy woon minstens vyf verskillende laerskole by en beland twee jaar in ‘n “aanpassingsklas” voordat ‘n simpatieke meneer Hechter haar help om haar voete te vind. Ná matriek werk sy as bibliotekaresse in Pretoria en Amsterdam en verwerf kwalifikasies in biblioteekkunde. Sy trou in 1967 met Rouston Gilfillan, en volg hom na verskeie universiteite waar hy Afrikaans en Nederlands doseer. Intussen verwerf sy ’n MA-graad met ’n verhandeling oor “Tristia-interpretasies, met toespitsing op ‘Groot ode’” en betree self die akademie as dosent in Afrikaans. Haar debuut-kortverhaalbundel, Van stiltes en stemme, wen in 1989 die Ou Mutual- en die FAK-Helpmekaarpryse.

Wanneer bloekoms dans is Gilfillan se sesde kortverhaalbundel. Anna Kemp skryf tereg in haar knap en deeglike resensie, “Gilfillan glip moeiteloos onder karakters se vel in” in Rapport (14 April 2019):

So subtiel weef sy haar drade dat die leser dikwels eers later besef hoe hard sy geslaan het, hoe diep die pyn en hoe groot die vreugde was, en hoe kompleks die lewens wat sy geskep het in haar skrywershande verander. […] Daarby benut sy die moontlikhede van die kortverhaalgenre ten volle: Sy vertel, dramatiseer, beskryf in liriese sowel as saaklik-opsommende taal, speel met verhaaltitels, en vind telkens ’n slotsin wat bevredigend afsluit óf evokatief bly hang.

Kortverhale is natuurlik nie net heelwat korter as 'n roman of novelle nie, maar ook baie meer gekondenseerd of “digter”, en Gilfillan is 'n bedrewe meester van verdigtingstegnieke soos beelding, naamgewing en intertekstualiteit wat die gewillige leser, net soos die talle paaie en reise in die bundel, na ryk verwysingswêrelde meevoer. In dié opsig dien die openingsverhaal, “Girlie”, dan as 'n soort “programverhaal” vir die werkwyse in die bundel. Girlie se besonder wit vel en steenkoolswart krulle herinner aan Sneeuwitjie, die sprokieskarakter wat onderdanige en dienende vroulikheid versinnebeeld. Die naam Girlie verteenwoordig insgelyks die tradisionele manlike chauvinisme in 'n minder-gesofistikeerde sosiale klas. Girlie se “ongemaklike” liggaamsbou en begeerte om te “gaan leer vir mekêniek” ironiseer egter haar naam en dien as vooruitskaduwing van die verrassende slot. Sy is haar ouers se enigste hoop op 'n nageslag en hulle skep vir haar 'n paradystuin op haar erfgrond. Op Girlie se troudag word die leser deur die tuin gelei – verby krismisrose, roomwit waterlelies en snaterende voëls. Maar dan kies die bruidsmoeder 'n smaller paadjie verby 'n groepie koorsbome met wit skoenlappers en swaar frangipani- en speserygeure, na 'n verskuilde tuin waar dit warm en vogtig is en die stamme fosforagtig en boaards glim … en dit is waar die bruidsmoeder en die leser ontgogel word deur 'n suggestiewe toneel met kaal voete as evokasiesneller. 

Die tweede verhaal, “Nagrit deur die Karoo”, skakel met die “koorsbome” in die eerste verhaal deurdat gemelde nagrit vir die hoofkarakter 'n “koorsdroom waarvan sy so gou moontlik wil vergeet” word met 'n ongenooide reisgenoot “wat so stil soos die dood self langs haar sit” en iets soos 'n magnetiese krag wat die motor voortstu. Ook hier dien naamgewing as verdigtingstegniek wanneer Anna Elizabeth Parker haarself na Amber Evita Parker herdoop om te pas by haar veranderde voorkoms en die superluukse motor wat sy as deel van 'n bedenklike transaksie in Sandton moet gaan aflewer. Kemp bevraagteken in haar resensie of die “op die oog af hardegat Amber wel gedagtes oor ‘haar tydruimtelike begrip’ sou kon koester, maar die ingeligte leser sal besef dat die voertuig 'n “vuurwa” genoem word wat verander in “’n skim sonder bestuurder” en dus intertekstueel heenwys na mitologiese figure soos Faust wat hul siel aan die duiwel of noodlot verkwansel, des te meer as ons let op die woorde “want in hierdie oneindigheid het haar identiteit weggesyfer en van haar is daar niks oor nie”.

Die Karoo skakel weer met Anna Benade se Karootuintjie in die derde verhaal, “Anna”. Soos haar taai vetplante, hunker die verstandelik-belemmerde Anna na aandag. By menslike aanraking word haar verwaarlooste lyf “nes ‘n bottel gemmerbier wat wil ontplof as die prop nie bietjie-bietjie skiet gegee word nie”. Die stinkblaar wat sy liefdevol versorg, kan pyn verlig, maar terselfdertyd “malpitte” voortbring wat 'n mens óf waansinnig van liefde óf dood maak. Dit word dan 'n metafoor vir versmaaide liefde en verraad. Die beskrywing van Anna se voete in die slotsin as “verbasend smal en mooi […] selfs ten spyte van die dorings wat daarin afgebreek het”, word dan 'n religieuse heenwysing na “voete was” en “doringkroon”, wat die slot ooplaat vir interpretasies van slagofferskap en skuld en die leser sodoende tot ongemaklike selfondersoek mag noop.

Die volgende twee verhale word tematies verbind deur die pad-motief. In “Byeenkoms van die eensames” word die woord “byeenkoms” skreiend ironies wanneer die eertydse vlugvoetige atleet twaalf jaar later 'n geselligheid verlaat, “so waardig soos hoë hakke en 'n lyf wat klots van wyn dit toelaat” en haar dan op 'n pad bevind wat uiteindelik “die kortpad na ontgogeling” blyk te wees. In “Breekgoed” besef die hoofkarakter ná ‘n besoek aan haar grootwordplek dat die pad wat sy gekies het, onomkeerbaar is.

Hierdie spel met skakels word egter gefnuik deur die volgende twee verhale, “Familiefees” en “Foonoproep” wat antichronologies aangebied word. Die datums as subopskrifte dien egter as aanwysing dat die eerste verhaal se oop slot deur die daaropvolgende verhaal veronderstel word. Daarbenewens verleen die datums 'n gevoel van waarheidsgetrouheid wat die indruk skep dat die verhaalgebeure outobiografies mag wees, hoewel die name fiktief blyk te wees. Die bloekomboom as metafoor vir “verganklike herinneringe” tree sterk na vore wanneer die verteller haar oorlede broer se as in 'n holte tussen die wortels van 'n oeroue bloekomboom bêre op 'n hoogte van waar die plaas na alle kante toe uitstrek.

Ruimte ontbreek om al 17 verhale sinvol te bespreek. Ter afsluiting, dus, dan net die jong Sara se beskrywing van die dansende bloekom in “Sara en die dansende boom” as sprekende metafoor vir die genotvolle “ontsnappingsroete” wat Gilfillan se verhale vir die meelewende leser bied:

Die bloekom wat waghou oor my pa se huis het ons nie sien kom nie. Daarom het ons haar betrap in die middel van haar dans. Op maat van 'n fris windjie het sy haar blare geskud. So energiek dat die son in duisend silwer skerfies daaruit weggespat het. Haar rok was opgetrek en ons kon sien hoe haar wit bene vol bruinerige ekseemvlekke die ritme uitstamp. Tot in die punte van haar arms het sy getril en gebewe van lekkerkry.

Maar toe sien sy die kar oor die bult aankom en op die plek stol sy. Voor my oë verander sy weer in 'n doodgewone bloekom met 'n gevlekte stam en 'n kroon van ritselende blare waarin die laaste sonstrale wegkruipertjie speel.

The post FMR-resensie: <em>Wanneer bloekoms dans</em> deur JM Gilfillan appeared first on LitNet.

’n Mistieke lesing van Psalm 42/3

$
0
0

’n Mistieke lesing van Psalm 42/3

Nico Viljoen en P.G.R. de Villiers, Universiteit van die Vrystaat

LitNet Akademies Jaargang 16(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die probleem wat hier aangespreek word, is dat ’n teks soos Psalm 42/3, wat ’n gepaste teks is om met ’n mistieke lens te lees, nog net in ’n beperkte mate vanuit die hoek van mistiek ondersoek is. Buiten Waaijman se hantering daarvan in Mystiek in de Psalmen en sy ontleding in Spirin (die webbladsy van die Titus Brandsma Instituut vir spirituele en mistieke studies), is hierdie teks nog nie voorheen in besonderhede met die lens van mistiek ondersoek nie. Die hipotese is dat belangrike aspekte van Psalm 42/3, wat as een psalm hanteer word, slegs vanuit ’n mistieke perspektief verstaan kan word. Die doel is dus om aan te toon hoe ’n konsekwente, teoreties begronde mistieke lees van Psalm 42/3 sal bydra om ’n sekere noodsaaklike toon van die gedig te ontgin. Hierdie studie beoog om deur die ondersoek van Psalm 42/3 ook ’n bydrae te lewer tot die verstaan van die mistiek vanuit ’n Bybelse perspektief en om aan te toon hoe dit ’n noodsaaklike toevoeging tot en verryking van bestaande resepsies van die Bybel kan wees.

Die werkswyse is om direk na die inleiding ’n kort teoretiese, hermeneutiese en metodologiese verantwoording te doen. Bybelse Spiritualiteit as die ontmoeting van twee dissiplines, naamlik Bybelwetenskappe en Spiritualiteitkunde, word ondersoek. Waaijman se spirituele hermeneutiek word ook hier bestudeer as instrument waarmee ’n mistieke lesing van Psalm 42/3 gedoen kan word. In die volgende afdeling vind daar ’n eksegetiese ontleding van Psalm 42/3 plaas. Grammatikale, tekskritiese, leksikografiese, poëtiese en historiese insigte, kenmerkend van die histories-kritiese benadering, word hier verwerk. Deurentyd word die lens van die mistiek aangewend en bring ’n formele ondersoek van die teks aan die lig dat daar ’n mistieke proses in die gedig verskuil lê wat stelselmatig op vier vlakke ontvou. Die daaropvolgende afdeling is ’n gedetailleerde ondersoek na elk van hierdie vier vlakke van die mistieke proses. Die vier vlakke behels eerstens ’n liminale situasie as geboorteplek vir die mistieke proses. Dit word opgevolg deur ’n verinnerlikingsproses waardeur die liminale situasie verwerk word. Derdens volg mistagogie wat die proses van verinnerliking tot op die vierde vlak, naamlik dié van aanskouing, neem. Met aanskouing bereik die mistieke proses ’n hoogtepunt.

Trefwoorde: aanskouing; Bybelse Spiritualiteit; eksegese; hermeneutiek; liminaliteit; mistagogie; mistiek; nietiging; spirituele verinnerliking; transformasie

 

Abstract 

A mystical reading of Psalm 42/3

The problem addressed here is that a text such as Psalm 42/3, which is an appropriate text to read with a mystical lens, has only to a limited extent been examined from the angle of mysticism. Apart from Waaijman’s investigation in Mystiek in de Psalmen and his analysis in Spirin (the webpage of the Titus Brandsma Institute for spiritual and mystical studies), this text has not been studied in detail with a mystical lens before. The hypothesis is that important aspects of Psalm 42/3, which is treated as one psalm, can be understood only from a mystical perspective. Accordingly, the purpose is to show how a consistent, theoretically based mystical reading of Psalm 42/3 will contribute to the exploration of a certain essential tenor in the poem. Important aspects of the text can be understood through a mystical lens. This study aims to contribute to the understanding of mysticism from a biblical perspective through the investigation of Psalm 42/3, as well as to show how it may be an essential addition to, and enrichment of, existing biblical receptions.

The method entails giving a short theoretical, hermeneutical and methodological account directly after the introduction. Biblical Spirituality as the meeting place of two disciplines, namely Biblical Sciences and Spirituality Studies, is investigated. Waaijman’s spiritual hermeneutics is also examined as an instrument to undertake a mystical reading of Psalm 42/3. An exegetical analysis of Psalm 42/3 follows in the next section. Grammatical, text-critical, lexicographic, poetical and historical insights, characteristic of the historical-critical approach, are investigated. A mystical lens is applied throughout. Consequently, in a formal examination of the text, a mystical process is revealed that unfolds systematically on four levels. This is followed by a detailed examination of each of these four levels of the mystical process. The four levels entail, firstly, a liminal situation as place of birth for the mystical process; secondly, a process of internalisation as a means for dealing with the liminal situation; thirdly, a mystagogical process that carries the internalisation to the fourth level, namely contemplation. With contemplation, the mystical process reaches its peak. 

The first of the four levels of the mystical process is a liminal situation. Liminality is a concept that anthropologists use to apply to the transitional stages in human life. The speaker in Psalm 42/3 is most likely a pilgrim on his way to the temple and who, for some reason, is prevented from arriving at his destination and finds himself in a liminal situation. What is striking in the text is the way the speaker struggles to deal with the liminal situation. It becomes a lived experience that is dealt with in conversation with God, through questions, reminders and pleadings.

In Psalm 42/3, five constants characteristic of a person who allows the liminal situation to permeate him or her, namely disintegration, loneliness, isolation and vilification by the community, bestial aggression and an afflicted relationship with God, are visible. Disintegration is imaginatively depicted in the water images in the poem: a dry riverbed, tears and a fast-moving river that collapses in a waterfall. Loneliness is evident from the speaker’s yearning to march with the faithful to the House of God and vilification in the enemy’s persistent, defiant questioning of the presence of God in his life. This the speaker experiences as a dagger stab in the heart. Underlying all of these experiences is one core experience, namely to be forsaken by God. 

In a second phase of internalisation the processing of the liminal situation is now taken a step further. In Spirituality as Discipline, internalisation is an inextricable part of the mystical process that characterises the spiritual path. In this phase a person opens his or her inner self in the presence of God. This is exactly what happens in Psalm 42/3: The speaker performs certain outward actions, like praying, pleading and questioning – all of which are focused on opening up to God. Detachment and surrender play an important role in this process of internalisation.

For the speaker, detachment entails a release of all self-interest, any dependence on other people, and even giving up his concepts about God. This act of detachment is, at the same time, an illustration of annihilation: to declare those things the speaker adhered to as insignificant. The flipside of detachment is surrender: to submit oneself entirely to God. These acts of detachment and surrender indicate a shift of the action centre from the speaker to God.

The manner in which the external acts are directed to the innermost dimension of humanity is by means of the spiritual practice of mystagogy. In Spirituality as Discipline, mystagogy aims at guiding someone to interpret a particular experience in the light of the hidden Presence, i.e. God. In Psalm 42/3 the striking self-reflection in the poetic structure of the poem indicates the existence of such a mystagogical process. Self-reflection emerges in the cohortatives, but especially in the speaker’s conversation with his soul in the repeated refrain. As a mystagogue, the speaker’s core command to his soul is to wait on God. However, nearer to the end of the poem another mystagogue emerges, namely God. By requesting God to bring him to the holy mountain, the speaker declares God to be the ultimate guide of the spiritual journey: the only One capable of realising the divine encounter.

The fourth phase, and the culmination of the mystical process unfolding in the three stanzas of Psalm 42/3, is the face-to-face encounter with God. This is the ultimate focus of the mystagogical process: to experience the mystery of God in a face-to-face encounter. In Spirituality as Discipline, this entails contemplation, namely God’s self-communication, the “revelation of the mystery”. In Psalm 42/3 the phrases in the refrain, “the liberation of his face” and “the liberation of my face”, bear witness to the reality of this face-to-face encounter between the speaker and God. A bond of unity has emerged among the companions. This unity has a liberating effect on the speaker. It is striking that this liberation can be linked to death and rebirth. In the end, it can be concluded that the face-to-face encounter has a transforming effect on the speaker and his soul.

Keywords: annihilation; Biblical Spirituality; contemplation; exegesis; interiorisation; liminality; mystagogy; mysticism; spiritual hermeneutics; transformation

 

1. Inleiding 

Die waarde daarvan om ’n Bybelse teks met die lens van mistiek te lees, kom veral in Psalm 42/3 duidelik na vore: ’n gedig waarin die verborge teenwoordigheid van God op verskillende maniere deurskemer. Belangrik is om van die staanspoor af te vermeld dat Psalms 42 en 43 as ’n eenheid gesien en ondersoek word.1 Die krisis waarmee die spreker worstel, is dat God oënskynlik uit sy lewe verdwyn het.2 Die presiese situasie word nie uitgespel nie, maar die vrae in die teks bring hierdie ervaring duidelik na vore: “Waar is jou God?” (42:4, 11); “Waarom het U my vergeet?” (42:10); “Waarom verwerp U my dan?” (43:2). Die spreker beleef ’n Godverlatenheid. Desondanks kom die Godsnaam אֱלֹהִֽים nie minder nie as 21 keer in die gedig voor en verskyn die verbondsnaam יְהוָ֨ה op ’n strategiese plek reg in die middel van die gedig (42:9).3 Vanuit mistieke perspektief is dit nie maar toevallig nie en lyk dit asof die skrywer daarmee wil suggereer dat God, ten spyte van sy ervaring, inderwaarheid teenwoordig is. Word die lens van mistiek nog fyner ingestel, dan bring ’n eksegetiese ondersoek van die teks aan die lig dat daar in die drie dele van die teks ’n herhalende mistieke proses afspeel wat telkens vanuit ’n posisie van liminaliteit deur die fases van verinnerliking en mistagogie na ’n uiteindelike Godsaanskouing beweeg.

Die fokus val hier op ’n mistieke lesing van Psalm 42/3. Alvorens dit egter ondersoek word, val die soeklig vir ’n wyle op die studiegebied van Bybelse Spiritualiteit, aangesien die bestudering van die mistieke aard van ’n teks soos Psalm 42/3 eie is aan hierdie wetenskaplike veld.

 

2. Bybelse Spiritualiteit 

Bybelse Spiritualiteit behels ’n ontmoeting tussen Bybelwetenskappe en Spiritualiteit. In Bybelse Spiritualiteit word die eksegetiese aanslag van die Bybelwetenskappe met die meer ervaringsmatige aanslag van die spiritualiteitswetenskappe gekombineer. So word die eiesoortige karakter van Bybelse Spiritualiteit veral gekenmerk deur ’n benadering wat die geloofservaring of die deurleefde geloof van die Bybelse tekste teoreties ondersoek en aandag skenk aan hul transformatiewe impak op die eertydse en latere lesers wat met hierdie tekste resoneer.

Belangrik is dat Bybelse Spiritualiteit daarmee nie die geldigheid van die histories-kritiese benadering as noodsaaklike instrument vir Bybelinterpretasie negeer nie. Schneiders (1999:169–72), wat baanbrekerswerk op die gebied van Bybelse Spiritualiteit gedoen het, beklemtoon die belangrikheid van ’n kritiese benadering tot die Bybelse teks om die leser van die teks te beskerm en eweneens die teks van ’n voortydige toe-eiening deur die leser.4 Tog behoort die omgang met die Bybelse teks nie daar te eindig nie: “The distancing of the text ... has, at its ultimate goal, not the alienation of the text from the reader but a second, and postcritical, naïveté” (Schneiders 1999:171). Dít is waar ’n geestelike en mistieke lees van die Bybelse teks inkom: nie om die histories-kritiese benadering te ignoreer nie, maar as ’n noodsaaklike aanvulling tot bestaande eksegetiese benaderings (vgl. De Villiers 1999:424–5).5 

Schneiders (2013:130–4; vgl. 2005:2–4 en 2002:134–7) ken drie betekenisse aan Bybelse spiritualiteit toe, te wete: die spiritualiteite wat tot uitdrukking kom in die teks; die toe-eiening van daardie spiritualiteite deur Christelike geloofsgemeenskappe; en die spiritualiteit wat die teks in die leser tot stand bring. Daarmee maak sy die navorsingsveld van die dissipline in verskeie rigtings oop (vgl. Welzen 2011:43).6 ’n Ondersoek na die mistieke aspekte in ’n teks, soos hier die geval is met Psalm 42/3, val in die kader van eersgenoemde, dit wil sê om die spiritualiteit in die teks te ontgin. Waaijman (2002:689–773) se model vir ’n spirituele hermeneutiek is ’n nuttige instrument vir hierdie tipe ondersoek, omdat dit ruimte skep vir eksegese en spiritualiteit om mekaar te ontmoet (vgl. Welzen 2008:169). Om by ’n mistieke lesing van Psalm 42/3 uit te kom, word hierdie model as raamwerk gebruik.

Waaijman se model, wat op die praktyk van geestelike lees, oftewel lectio divina, in die kloosterlewe geskoei is, bestaan uit ses stappe: die vier stappe van die leesproses, naamlik die leeshandeling (lectio), kritiese ontleding (meditatio), teologiese pragmatiek (oratio) en die openbaring van die verborgenheid (contemplatio), wat dan voorafgegaan word deur die voorverstaan en opgevolg word met die voortgaande impak.7 Om dit verder te belig, word dit kortliks op die lees van Psalm 42/3 toegepas:

  • Voorverstaan gaan oor die aanvanklike houding waarmee die leser die teks benader. Onder andere behels dit die voorveronderstelling dat die Hebreeuse teks waarmee gewerk word, in hierdie geval, Biblia Hebraica Stuttgartensia, so na as moontlik is aan ’n betroubare weergawe van die skrywer se verwoording van wat as Psalm 42/3 oorgelewer is.
  • Die leeshandeling veronderstel dat die teks van Psalm 42/3 met begrip hanteer word. Daarvoor is kennis van die Hebreeuse taal en grammatika ’n voorvereiste.
  • Met die kritiese ontleding is dit onder meer die komposisie van die teks, die dieptestruktuur, intertekstualiteit en konteks wat ondersoek word. In die geval van Psalm 42/3 is die komposisie van die teks veral van besondere belang, aangesien dit, anders as wat vroeëre tekste van die Hebreeuse Bybel en hedendaagse vertalings aandui, nie twee aparte psalms is nie. In die navorsingswêreld word dit saamgelees as ’n eenheid. Daarbenewens word daar baie aandag verleen aan die driedelige vorm van die psalms.
  • Teologiese pragmatiek bring die God-mens-verhouding onder die soeklig en in die geval van Psalm 42/3 is dit die oënskynlike afwesigheid van God en die spreker se hantering daarvan wat die fokus van ondersoek word.
  • Die openbaring van die verborgenheid gaan oor ’n inisiatief van die ander kant, oor God wat in die gebed van die spreker in breek. In Psalm 42/3 gebeur dit telkens in die refrein wanneer daar sprake is van “die bevryding van sy/my gesig”.
  • Die voortgaande impak gaan oor die transformerende impak van die leeshandeling op die leser.

Die fokus val hier op die vier fases van die leesproses en die leeshandeling (lectio) en kritiese ontleding (meditatio) word hand aan hand ondersoek, en so ook die teologiese pragmatiek (oratio) en openbaring van die verborgenheid (contemplatio).

 

3. ’n Eksegetiese ontleding van Psalm 42/3: lectio en meditatio

Die vertrekpunt vir ’n mistieke lesing van Psalm 42/3 is ’n eksegetiese ontleding van die Hebreeuse teks. Dit behels ’n vertaling van die teks, met inagneming van alle relevante tekskritiese inligting. Vervolgens word die formele komposisie van die psalm onder die soeklig geplaas. Vir hierdie studie is dit belangrik, aangesien daar met die oppervlakstruktuur van die teks gewerk word en erns gemaak word met die aanname dat elke skrywer sy narratief sodanig organiseer dat dit optimaal kommunikeer. Die kritiese ontleding sluit ook ’n ondersoek in na die konkrete lewensituasie waarin die psalm tot stand gekom het. 

Die eksegetiese ontleding verteenwoordig die eerste twee dimensies van spirituele hermeneutiek, wat die lees (lectio) en refleksie oor die betekenis van die teks (meditatio) as belangrike aksies ag. 

3.1 Vertaling van die teks8

42 1   Vir die koorleier. ’n Maskiel. Van die seuns van Korag.
  2 a9 Soos ’n wildsbok smag by waterstrome,
    b so smag my siel10 na U, God.
  3 a My siel dors na God, na die lewende God.
    b Wanneer sal ek kom
    c en gesien wees deur God se gesig?
  4 a My trane is my brood dag en nag,
    b as hulle heel dag vir my vra:
    c “Waar is jou God?”
  5 a Hieraan wil ek my herinner
    b terwyl ek my siel uitstort:
    c hoe ek met die magtige skare optrek, hoe ek hulle na die huis van God lei
    d met die geluid van juigkrete en lofsange, ’n feesvierende menigte.
  6 a Waarom is jy neerslagtig, my siel,
    b en so onrustig in my?
    c Wag op God,
    d want ek wil Hom steeds loof, die bevryding van sy gesig.11
  7 a My God! My siel is neerslagtig binne my;
    b daarom dink ek aan U vanuit die Jordaanstreek en die Hermonberge,
      vanaf Misarberg.
  8 a Diepte roep diepte op by die klank van u watervalle;
    b al u branders en golwe het oor my heen gespoel.
  9 a Bedags sal Jahwe12 sy troue liefde gebied,
    b en snags is sy lied by my –
    c ’n gebed tot die God van my lewe.
  10 a Ek wil vir God, my rots, sê:
    b “Waarom het U my vergeet?
    c Waarom moet ek rouklere dra omdat die vyand my verdruk?”
  11 a Met ’n doodsteek in my gebeente tart my teenstander my
    b deur die heel dag vir my te vra:
    c “Waar is jou God?”
  12 a Waarom is jy neerslagtig, my siel,
    b en waarom is jy so onrustig in my?
    c Wag op God,
    d want ek wil Hom steeds loof, die bevryding van my gesig,13 my God.
43 1 a Handhaaf my reg, o God,
    b en verdedig my saak teen ’n ontroue nasie;
    c bevry my van mense wat bedrog en onreg pleeg.
  2 a U is immers my toevlug-God.
    b Waarom verwerp U my dan;
    c waarom moet ek rouklere dra omdat die vyand my verdruk?
  3 a Stuur u lig en u waarheid;
    b laat dit my lei;
    c laat dit my bring na u heilige berg, na u woonplek.
  4 a Dan sal ek kom by die altaar van God,
      by God wat my van blydskap laat jubel.
    b en ek sal U loof met die lier, God my God.
  5 a Waarom is jy neerslagtig, my siel,
    b en waarom is jy so onrustig in my?
    c Wag op God,
    d want ek wil Hom steeds loof, die bevryding van my gesig, my God.

 

3.2 Die vorm van Psalm 42/3

In die poging om die mistieke aspekte van die teks te ontsluit is dit belangrik om die formele komposisie van die teks te belig. Nie alleen die taal wat in die Psalms gebruik word, artikuleer die omvang van God se teenwoordigheid nie; ook die vorm vervul daardie funksie. Drie aspekte van die formele komposisie van Psalm 42/3 is hier van belang. Die eerste is die feit dat die twee psalms eintlik as ’n eenheid gelees moet word. Tweedens kom dit duidelik na vore dat daar binne die eenheid ook sigbare aanwysers is dat die gedig uit kleiner dele bestaan. Dit is juis hierdie kleiner dele wat die basis is vir die mistieke proses wat in die gedig ontvou. Daarteenoor blyk dit derdens dat daar tog ook ’n goed waarneembare samehang tussen hierdie kleiner dele is. Dit dui daarop dat ons hier met ’n interafhanklike, spiraalagtige, mistieke proses te doen het.

3.2.1 Psalm 42/3 as ’n eenheid

Daar is beduidende aanduidings dat Psalms 42 en 43 oorspronklik een teks was. Die herhalende refrein, kongruensie in taal, styl en metrum, en die feit dat daar by Psalm 43 ’n opskrif ontbreek, is oortuigende redes vir die eenheid van die twee psalms. Derhalwe geniet die BHS-redakteur se bevestiging dat baie manuskripte Psalm 43 met Psalm 42 verbind, reeds vir ’n lang tyd vakkundige konsensus (vgl. o.a. Durlesser 1980:187; Wilson 1985:407 en Alter 2009:3820). ’n Verdere versterkende faktor vir die eenheid van die twee psalms is die mistieke proses wat in die driedelige struktuur van die gedig as ’n geheel ontvou, waarin mistieke aspekte van elke deel verband hou met die ander dele. Dit sal duidelik kristalliseer namate die formele komposisie ondersoek word.

3.2.2 Die onderverdeling van Psalm 42/3

Waar daar akkoord gegaan word met die eenheid van Psalm 42/3, is dit eweneens so met die onderverdeling wat in die strofiese samestelling van die gedig waarneembaar is. Vanuit hierdie hoek is daar al omvattend aandag gegee aan Psalm 42/3.14 Word die strofiese samestelling van die teks dan ondersoek, asook die stilistiese verskynsel van herhaling, blyk dit dat die gedig uit ’n opskrif (42:1) en drie dele of stansas (42:2–6; 7–12 en 43:1–5) bestaan. Die wyse waarop die twee psalms as eenheid tog in drie dele uiteenval, is van groot waarde in die interpretasie van hulle mistieke aard, naamlik dat daar in elk van die drie stansas ’n mistieke proses is wat parallel aan mekaar ontwikkel; met ander woorde dieselfde mistieke proses kom in elk van die drie stansas na vore. 

3.2.3 Die samehang van Psalm 42/3

Net soos wat die onderverdeling van die gedig in drie stansas meehelp met ’n mistieke interpretasie van die teks, is dit ook die geval met die samehang. Indien dit so is dat dieselfde mistieke proses in elk van die drie stansas voorkom, soos wat mettertyd aangetoon sal word, dan is die samehang van belang om te bepaal hoe hierdie parallelle mistieke prosesse aaneenskakel om uiteindelik ’n tipe spiraal te vorm. Weer eens is dit die stilistiese verskynsel van herhaling wat hier ingespan word. Van der Lugt (2010:19) toon aan dat daar ’n liniêre patroon in die herhalings in die strofes van die onderskeie stansas bespeur kan word, wat daarop dui dat die drie dele van die gedig in mekaar verweef is.

3.3 Die konkrete lewensituasie van Psalm 42/3 

Alhoewel ’n mistieke lesing van die teks veral in die mistieke proses wat in die teks self ontvou, geïnteresseer is, is dit so dat die proses binne ’n bepaalde konteks plaasvind. ’n Mistieke lesing neem die konteks ernstig op, omdat dít die konkrete lewensituasie is waarin God se teenwoordigheid aan die mens openbaar word (vgl. Waaijman 2004a:17).15 

Die konkrete lewensituasie waarin Psalm 42/3 tot stand gekom het, is egter nie so ooglopend of eenvoudig om te bepaal nie. Alhoewel daar baie oor geskryf is en daar steeds heelwat onsekerheid is, kan enkele gevolgtrekkings tog gemaak word.16 Die beste benadering is om inligting in die teks as vertrekpunt te gebruik, en dan dui die motiewe van eensaamheid, lyding op pad en die uiteindelike aankoms by die tempel op ’n tipe oorgangsituasie (vgl. Hauge 1995:101). Teen daardie agtergrond vind die siening dat hierdie psalms in die konkrete lewensituasie van ’n pelgrimsreis op pad na die tempel in Jerusalem tuishoort, tans wye ondersteuning.17 Dan verwoord Psalm 42:3 die doel van die pelgrimsreis, naamlik om “gesien te word deur God se gesig”. Vanuit hierdie gesigspunt is die bidder ’n voornemende pelgrim wat om die een of ander rede verhoed word om die pelgrimsreis na die tempel te onderneem (vgl. Kraus 1986:76). Dit is moontlik dat die bidder een van die ballinge is en daardeur nie in staat is om die pelgrimsreis mee te maak nie (vgl. Waaijman 1986:7; Brueggemann en Bellinger 2014:206). Dit kan ook wees dat die bidder wel op die pelgrimspad is, maar weens die fisieke uitdagings daaraan verbonde ook geestelik uitgeput raak en so ’n vervreemding van God ervaar.

In die lig van hierdie sterk bewysmateriaal is die uitgangspunt van hierdie studie dat Psalm 42/3 in die konkrete lewensituasie van ’n pelgrimsreis tot stand gekom het. Dat hier ook sprake is van ’n innerlike reis wat deur verskillende ontwikkelingstadia gegaan het, sal in die verdere ondersoek duidelik na vore kom.

 

4. Die mistieke proses (oratio en contemplatio)

Net soos met die eerste twee fases van die leesproses self, word ook die derde en vierde fases, naamlik teologiese pragmatiek (oratio) en openbaring van die verborgenheid (contemplatio) in samehang met mekaar gedoen. Vanuit die leeshandeling en kritiese ontledings het na die oppervlak gekom dat daar in Psalm 42/3 ’n mistieke proses is wat spiraalagtig ontvou. Hierdie mistieke proses bestaan uit vier fases of dimensies, te wete: ’n liminale situasie wat deur verinnerliking en mistagogie hanteer word om telkens by ’n punt van aanskouing uit te kom. Hierdie vier mistieke dimensies word nou in besonderhede ondersoek.

4.1 Liminaliteit as mistieke dimensie

Uit die staanspoor is dit duidelik dat die spreker hom in ’n benarde situasie bevind. In elke stansa word hierdie benarde situasie op verskillende wyses uitgebeeld: die droë rivierbedding (42:2a), trane (42:4a), bruisende waters (42:8), bespotting (42:10–1) en die donkerte van kwaadwillige regspraak (43:2). Hierdie benarde situasie, wat die spreker ten diepste as godverlatenheid ervaar, kan as ’n liminale situasie getipeer word.

4.1.1 Die begrip liminaliteit

Liminaliteit is ’n konsep wat antropoloë gebruik om op die oorgangsfases in die menslike lewe toe te pas.18 Die liminale fase word gekenmerk deur donkerte, dood en nietigheid. In die geval van die pelgrimstog is liminaliteit dikwels inherent aan die pelgrimservaring. Die pelgrim het die bekende omgewing verlaat en bevind hom in ’n oorgangsituasie waar hy of sy iewers op die pelgrimstog ’n fase van totale uitputting bereik en by die grense van sy of haar bestaan te staan kom.19

Liminaliteit kan kompleks van aard wees, soos duidelik blyk uit Psalm 42/3. In die drie stansas van die gedig word die liminale situasie vanuit verskillende hoeke belig. In beide die eerste en die tweede stansas word verskillende waterbeelde gebruik om uitdrukking te gee aan die spreker se ervaring van verlatenheid. Ook die bespotting van die teenstanders in die tweede stansa gee ’n bepaalde inhoud aan die liminale situasie. In die laaste stansa kom nog ’n aspek na vore, te wete ’n hofsaak waarin die spreker die verontregte party is. 

Opvallend is dat die spreker toelaat dat die liminale situasie tot hom deurdring. Dit word ’n deurleefde ervaring wat in ’n gesprek met God, weliswaar deur vrae, herinnerings en pleitredes, hanteer word. Wanneer iemand toelaat dat die liminale situasie tot hom deurdring, is daar volgens Waaijman (2004a:193) vyf konstantes wat opval:

In de eerste plaats is er sprake van disintegratie: water, rook, woestijn, nacht, versijperen, verdrogen en dergelijke. Vervolgens zien we vereensaming. Ten derde, de eenzaamheid wordt versterkt doordat de omgeving de uitgestotene isoleert en verguist. Ten vierde, is er sprake van beestachtige aggressie. Ten slotte, de godsverhouding is in het geding.

Al vyf hierdie konstantes, te wete disintegrasie, vereensaming, isolasie en verguising deur die omgewing, dierlike aggressie en ’n beproefde Godsverhouding is in Psalm 42/3 sigbaar. Aan die hand van hierdie vyf konstantes word die liminale situasie nou verder ondersoek.

4.1.2 Liminaliteit as disintegrasie

Dat hier van disintegrasie sprake is, dit wil sê, van ’n situasie waarin alles as’t ware uitmekaar val, blyk duidelik in hierdie gedig. Op verbeeldingryke wyse bring die skrywer dit met die waterbeelde na vore. In die skrywer se denke is die primêre rol van water om lewe te gee, en wanneer dit afwesig is, of selfs in oorvloed kom, bedreig dit lewe. Telkens word die beeld dan vergeestelik om die ervaring binne die Godsverhouding uit te beeld.

Die eerste waterbeeld is dié van ’n wildsbok wat by ’n droë rivierbedding na water staan en smag (42:2). Die afwesigheid van water het tot gevolg dat alle lewe uit die rivier verdwyn het. Hiermee beeld die spreker sy ervaring van God uit. God is die lewende God, die bron van lewe, maar dit is nie hoe hy God tans ervaar nie. God se teenwoordigheid het vervaag en daarmee saam het daar ’n leegheid ingetree, wat die spreker laat smag na dít wat hy geken het: om God as lewende God te ervaar. 

Die beeld van trane (42:4), wat die spreker as sy daaglikse brood beskryf, is ’n verdere aanduiding van die disintegrasie wat ingetree het. Bloot die teenwoordigheid van trane suggereer dat hier ’n grenssituasie betree is – ’n plek waar die sekerhede van die lewe tot ’n einde gekom het en die dood in die gesigsveld kom. Opvallend is dat die trane hier die plek van brood inneem. Brood is ’n basiese lewenselement – dit hou mens aan die lewe. Net soos die leë waterstrome waar die lewegewende element, water, ontbreek, is dit ook die geval met brood. Brood as bron van lewe is vervang met trane wat tekenend is van lewensleegheid. 

Dit is veral die derde waterbeeld – dié van die voortsnellende rivier in die rigting van ’n afgrond waar dit in ’n waterval na benede tuimel (42:8) – wat die disintegrasie die sterkste na vore bring. Hierdie beeld staan in sterk kontras met die eerste beeld van droë waterstrome, maar net soos die droë waterstrome word dit aangewend om die spreker se innerlike ervaring te weerspieël. Dit lyk asof die neerstortende water ’n uitbeelding is van die neerslagtige siel wat die situasie van God se afwesigheid as oorweldigend, vernietigend en verwarrend ervaar (vgl. Waaijman 1986:57). 

Deur middel van waterbeelde van ’n droë rivierbedding, trane en ’n voortsnellende rivier wat in ’n waterval na benede stort, kom die disintegrerende aard van die liminale situasie duidelik na vore. Al drie beelde beskryf hoe die spreker die lewe tans ervaar: gestroop van vroeëre sekerhede, is dit asof sy lewe aan die verbrokkel is.

4.1.3 Liminaliteit as vereensaming 

Hand aan hand met disintegrasie gaan die volgende konstante, wat eie is aan ’n liminale situasie, te wete: vereensaming. Gewoonlik vereensaam iemand wanneer hy of sy afgesluit raak van ander mense. Dat dit hier inderdaad die geval is, blyk vanuit die spreker se hunkering om saam met die geloofsgenote na die Godshuis op te mars (42:5). Dit sinspeel daarop dat hy tans uitgesluit is uit die geloofsgemeenskap. Waar die pelgrimsreis inderwaarheid ’n gemeenskapsaktiwiteit was, moet die spreker van Psalm 42/3 die pad op hierdie stadium alleen aandurf.20 

Hoe belangrik die gemeenskap was en om deel van die gemeenskap te wees, moet nie onderskat word nie. Die individu was allereers deel van die gemeenskap. Kommunale identiteit was belangriker as individuele vryheid: 

Just as the family was inextricably connected with its landholdings, so too were individual family members economically and psychologically embedded in the domestic group ... The family as a residential, landed group was a collectivity, with its corporate goals and fortunes valued above the welfare of its constituent members. (Meyers 1997:21–2)21 

In die lig hiervan is dit te verstane dat afsluiting van die geloofsgenote inderdaad vereensaming tot gevolg sou hê. 

Wat egter ten diepste ten grondslag van die spreker se vereensaming lê – en in wese die oorsaak is vir sy disintegrasie, is die ervaring van godverlatenheid. Dit word reeds met die inleidende beeld van die smagtende wildsbok geïmpliseer. Die lewende God het uit die spreker se gesigsveld verdwyn en dit bring ’n groot leegte te weeg. Eksplisiet word dit met die trane se aanhoudende vrae, “Waar is jou God?” (42:3c), te berde gebring. Gedagtig daaraan dat dit eintlik vrae is wat die spreker homself afvra, is dit duidelik dat dit ’n eksistensiële ervaring is: God se teenwoordigheid ontwyk hom.

Twee verdere vrae wat die spreker direk aan God rig, bevestig hierdie ervaring van godverlatenheid: “Waarom het U my vergeet?” (42:10b) en “Waarom verwerp U my dan?” (43:2b). Dit gee verdere definisie aan hierdie ervaring van godverlatenheid. Dat God die spreker vergeet het, veronderstel dat God nie meer aan hom dink of bewus is van hom nie. Nog sterker kom die verwydering van God na vore met die werkwoord “verwerp”. Dit is ’n doelbewuste handeling van verstoting of afsnyding. Dit is hierdie ervarings van die spreker wat aanleiding gee tot ’n intense eensaamheid. 

4.1.4 Liminaliteit as isolasie, verguising en aggressie

Die spreker se vereensaming as intense belewenis van godverlatenheid word verder versterk deur die isolasie, verguising en aggressie van buitestanders. Hiermee kry die derde en vierde konstantes, wat ’n liminale situasie kenmerk in Psalm 42/3, gestalte. Wat as verguising ervaar word, is die vyand se aanhoudende, tartende gevra: “Waar is jou God?” (42:11c). So word dít wat die spreker reeds aan die lyf ervaar, verder deur die vyand by hom ingeprent: God het hom verlaat. Hierdie verguisende optrede van die vyand isoleer die pelgrim geheel en al: Hy staan heeltemal alleen. Die intensiteit van hierdie ervaring word deur die spreker beskryf as ’n dolksteek wat deur die beendere dring (42:11a). Daarmee word die aggressiewe aard van die teenstander se aanslag verwoord: Dit is daarop gemik om te vernietig. 

Voorts is die oënskynlike hofsaak wat in die laaste stansa afspeel, ’n verdere uitbeelding van die spreker se belewenis van isolasie en verguising. Hy staan alleen teen ’n groter party, wat hy as ’n ontroue en bedrieglike nasie beskryf (43:1b–c). Die spreker beskou homself as ’n beskuldigde in ’n regsaak waarin ’n regverdige verhoor nie gewaarborg is nie. Dit is ’n situasie wat hom baie broos, as’t ware weerloos, laat: om soos prooi uitgelewer te wees aan ongenadige jagters. Hiermee kom die aanvanklike beeld van die wildsbok weer na vore. Die beeld van die rondswerwende wildsbok aan die begin van die gedig word nou na die sosiale dimensie getransponeer: Die lydende spreker voel soos een wat deur die omgewing gejag en onderdruk word. Soos ’n dooddorstige dier smag en skreeu hy na redding (vgl. Zenger 1991:261).

Isolasie, verguising en aggressie as handelinge wat ekstern uitgevoer word, dit wil sê deur ’n vyandige buitestander, kenskets die liminale situasie van Psalm 42/3. Die spreker se innerlike ervaring van vereensaming en disintegrasie word deur hierdie eksterne handelinge geïntensiveer.

4.1.5 Liminaliteit en die Godsverhouding: mistieke deurlewing

Die laaste konstante wat ’n liminale situasie kenmerk, is dat die Godsverhouding in gedrang kom. Uiteraard is dit die geval in Psalm 42/3. Onderliggend aan die disintegrasie, vereensaming, isolasie, verguising en aggressie lê een kernervaring: godverlatenheid. Dit is inderdaad ’n grenservaring wat die spreker op die rand van die dood bring, want daar waar die lewende God as afwesig ervaar word, het die lewe as’t ware tot ’n einde gekom. 

Wat van besondere betekenis is, is dat die liminale situasie die spreker nie uit die Godsverhouding laat wegbreek nie. Die teendeel is wel waar: Hy poog juis om nader aan God te beweeg. Die hele gedig is ’n getuienis van iemand wat nie as slagoffer van die liminale situasie in selfbejammering ten gronde gaan nie. Hier is iemand wat aktief poog om die doodskrisis te deurleef. Die liminale situasie is in hierdie geval die geboorteplek van ’n mistieke proses wat ingestel is op die deurlewing van die doodskrisis. Vanuit die liminale situasie kom daar ’n intense verlange na God na vore wat in gebed en pleitredes uitgedruk word (42:2–3; 43:1, 3). Die spreker se versugting is om tot ’n Godsontmoeting te kom. Hierdie verlangende uitreik na God kom daarop neer dat die handelingsentrum vanaf die spreker na God verskuif.22 Hiermee kom ’n proses van verinnerliking aan die gang. Verinnerliking is die volgende fase in die viervoudige patroon van die mistieke proses wat in elkeen van die drie stansas van Psalm 42/3 afspeel.

4.2 Verinnerliking as mistieke dimensie

Merkwaardig is dat die spreker van Psalm 42/3 sy ervaring van godverlatenheid nie daar laat nie, maar daaroor reflekteer, poog om die liminale aard daarvan te verstaan en toelaat dat dit tot hom deurdring. So word hy nie lamgelê deur die ervaring van godverlatenheid nie, maar probeer hy om dit te peil en homself oop te stel vir waar God werklik is. Die verwerking het al na vore gekom in die verbeeldingryke manier waarop die skrywer die liminaliteit beskryf het. In ’n proses van verinnerliking word die verwerking van die liminale situasie nou verder gevoer.

4.2.1 Die begrip verinnerliking 

In Spiritualiteitkunde is verinnerliking onlosmaaklik deel van die mistieke proses wat die geestelike weg kenmerk:

However one may picture the mystical process, in any case it is certain that we are not “dealing with a trajectory between two points but with a spiritual process that unfolds spirally, embracing all the levels and dimensions of human existence”. In this spiral-like development “a spiritual and mystical process occurs in which the divine attributes are interiorized”. (Waaijman 2002:676)23 

Wat in die verinnerlikingsfase gebeur, is dat iemand sy of haar innerlike self na binne voor God oopmaak. Met groeiende innigheid gaan hy of sy die innerlike van God tegemoet en laat vir God, wat alleen daartoe in staat is om die dieptes van die menslike innerlike te kan peil, toe om God se heilsame invloed daar uit te oefen (vgl. Waaijman 2015b). Verinnerliking is ’n dialogiese proses waarin die onmiddellikheid van die aangesig-tot-aangesig-ontmoeting iemand in persoonlike kontak bring met die onmiddellike werklikheid van God self, die Bron van alle dinge. Dit is belangrik om daarop te let dat verinnerliking nie beteken dat iemand hom of haar van die uiterlike dinge afsny nie, maar dit verreken vir wat dit werklik is en om deur middel van losmaking bevry te word van enige afhanklikheid van hierdie uiterlike dinge.24

In die geval van Psalm 42/3 is dít presies wat met die proses van verinnerliking gebeur: die spreker voer enkele uiterlike handelinge uit wat op hulle beurt innerlik gerig is op nadenke en herinnering. Hierin speel losmaking en oorgawe ’n belangrike rol.

4.2.2 Verinnerliking deur middel van uiterlike handelinge

In Psalm 42/3 is daar ’n verskeidenheid uiterlike handelinge, te wete: verlangende en pleitende gebed (42:2; 43:1, 3), verootmoediging as simbool van nietiging (42:10; 43:2) en bevraagtekening (42:3, 4, 6, 10, 11, 12; 43:2, 5). Al hierdie handelinge word ekstern uitgevoer, maar die fokus is na binne gerig: om God in die kern van die bestaan te ontmoet.

Elkeen van hierdie uiterlike handelinge word nou verder ondersoek.

4.2.2.1 Biddende en pleitende verlange as verinnerliking

Met sy verlangende gerigtheid op God openbaar die spreker as’t ware ’n verset om slagoffer van sy omstandighede te wees. Die inleidende vergelykende beeld van die dorstige wildsbok stel dit duidelik in watter rigting hy beur: “na U, God” (42:2). Dit is wat biddende verlange doen; dit beweeg nader aan, strek uit na God. Hierdie toenadering tot God is vir Waaijman (2002:761) die eerste sleutelvorm van oratiewe dinamiek, waardeur inhoudgefokuste spraak oor God getransformeer word in ’n dialogiese modus van betrokkenheid. Met sy toenadering tot God gee die spreker daaraan erkenning dat hy self in hierdie liminale situasie volkome op God gerig is. So verskuif die handelingsentrum weg van die spreker na God – God word die ervaringskern. Belangrik om raak te sien is dat biddende verlange as uiterlike handeling deel uitmaak van die verinnerlikingsproses. Die verlange wat uitstrek na God, soek toevlug in God om so oor te gee aan God met die oog daarop om in God te bly.

Verinnerliking behels egter nog meer as om in God te bly – dit gaan ook daaroor om God in te neem in die self. Hiermee kom die tweede sleutelvorm van oratiewe dinamiek aan die orde (vgl. Waaijman 2002:761). Dit is veral die pleitredes van die derde stansa, “handhaaf my reg, o God” (43:1a), “verdedig my saak” (43:1b), “bevry my” (43:1c), “stuur u lig en u waarheid” (43:3a), “laat dit my lei” (43:3b) en “laat dit my bring” (43:3c), wat hierdie aspek verder belig. Net soos biddende verlange is die pleitredes afgestem op oorgawe: Die spreker verlaat hom volkome op God, vir wie hy as “my toevlug-God” (43:2a) beskryf. Die handelingsentrum verskuif – die aksie moet nou van God uitgaan. Daarop sinspeel die tweede stel pleitredes, waarin die spreker vra dat God se “lig” en “waarheid” moet oorneem (43:3). Hierin word dit duidelik dat die spreker God in die diepste lae van menswees ontvang, só een word met God dat dit nou God is wat sy stryd stry, hom bevry, lei en by die heiligdom bring.

4.2.2.2 Nietiging as verinnerliking

’n Ander uiterlike handeling wat in Psalm 42/3 afspeel en aan die proses van verinnerliking meewerk, is ’n ritueel van verootmoediging wat onderliggend is aan die trane (42:4) en die rouklere (42:10c en 43:3c).25 Hier is dit van betekenis om die rituele in die Ou Testament wat met die rouproses gepaard gaan, in die visier te kry. Weeklag en trane was ’n gebruiklike uitdrukking van iemand se hartseer wanneer ’n geliefde gesterf het. Daarmee het ook ander fisieke rituele handelinge gepaardgegaan, soos om die klere te skeur en stof op die voorkop te gooi. Baie belangrik egter is dat hierdie uiterlike rituele handelinge ’n innerlike fokus gehad het: Die droefheid is verinnerlik deur as’t ware die dood in jou bestaan in te neem om dit daar in verhouding met God deur te werk.26

Dat die spreker die volledige rouritueel deurgaan, word nie eksplisiet uitgespel nie – sy liminale situasie is immers nie die verlies van ’n geliefde nie. Tog kan die ervaring van godverlatenheid daaraan gelykgestel word. Bloot die vermelding van trane en rouklere dui daarop dat die spreker dit as ’n doodservaring beleef – en implisiet hieraan verbonde is ’n rouritueel. Belangrik dan is om raak te sien dat die ritueel nie maar net ’n uitdrukking van die spreker se verlieservaring is nie, maar dat dit hom na binne rig om vir God in die innerlike mens te ontmoet. Derhalwe kan dit wat hier afspeel, as ritueel van verootmoediging geëien word en pas dit in die kader van nietiging. Die handelende spreker raak ontdaan van homself. Alhoewel die uitvoering van die ritueel inderdaad ’n aktiewe uiterlike handeling is, val die fokus nie op die uitvoerder daarvan nie. Die fokus val op God. Die ritueel werk mee aan die verskuiwing van die handelingsentrum van die spreker na God. Net soos biddende verlange en die pleitredes het die ritueel van verootmoediging ten doel om los te maak en oor te gee en om God op dié wyse in die diepste vlakke van menswees in te laat.

4.2.2.3 Bevraagtekening as verinnerliking 

Die derde uiterlike handeling wat tot die proses van verinnerliking bydra, is bevraagtekening. Bloot die feit dat daar in die loop van Psalm 42/3 nie minder nie as 12 vrae gevra word, suggereer dat vraagstelling hier ’n belangrike funksie vervul. Waaijman (2004b:520–9) toon aan hoe die sogenaamde vraaggebed in die psalms spesifiek daarop gemik is om sin te maak van sekere lewenservarings. Deur middel van vraagstelling daal die bidder tot in sy diepste ervarings van onsekerheid, angs, onmag, sinloosheid en ongeduld:

Echt “vragen” is veel meer dan een paar vragen stellen. Het betekent: indalen in je eigen onzekerheid. Dat roept gevoelens van angst op: zal ik het kunnen uithouden? Gevoelens van onmacht ook: kan ik het nog langer aan? Gevoelens van zinloosheid: waar is het goed voor? Gevoelens van ongeduld: is het onderhand niet mooi geweest? Vragen is indalen in het vloeiende en gloeiende lava van je eigen onzekerheid. (Waaijman 2004b:525)

Wanneer die spreker vra: “Wanneer sal ek kom en gesien wees … ?” (42:3b–c), druk hy daarmee die begeerte uit om in God se teenwoordigheid te wees. Die oogmerk met die “wanneer?”-vraag is derhalwe om in die dieper vlakke van menswees in te daal om God daar te kan ontvang. Dit is weliswaar ook die funksie van die volgende vraag van die vyande: “Waar is jou God?” (43:4c). Hierdie vraag, wat aan die trane toegedig word as ’n onverbloemde verwoording van die spreker se ervaring van godverlatenheid, dien as verdere verskerping van die innerlike fokus op God. 

Dit is ook die geval met die “waarom?”-vrae (42:10b–c en 43:2b–c). In beide gevalle is daar sprake van “rouklere” en sou dit derhalwe deel kon vorm van die ritueel van verootmoediging met verinnerliking as die mikpunt. Die innerlike dinamiek van die “waarom?”-vraag is nie om antwoorde te bekom nie, maar om ’n spasie oop te maak vir God se genadige openbaring.

Dit is duidelik dat die vrae in die gedig ten doel het om in die dieper lae van menswees in te daal en daar ’n dialogiese ruimte te skep waarbinne daar ’n ontmoeting met God kan plaasvind.

4.2.3 Verinnerliking deur herinnering en nadenke

Die tweede wyse waarop verinnerliking plaasvind, is deur middel van herinnering en nadenke (42:5a en 42:7b). Herinnering en nadenke staan nie los van die uiterlike handelinge nie, maar is as’t ware die fokuspunt daarvan. Anders gestel: Die uiterlike handelinge is innerlik gerig op herinnering en nadenke. Die werkwoord זכר dui op ’n aktiwiteit waardeur sekere gebeure of persone voor die gees geroep word, deurdink of bepeins word en ter harte geneem word, dit wil sê verinnerlik word (vgl. Eising 1997:65–6).

Twee aspekte van die begrip זכר kan waargeneem word. Aan die een kant gaan dit daaroor om die werklikheid van die verlieservaring van God se oënskynlike afwesigheid volledig toe te eien. Aan die ander kant is dit daarop gerig om God binne die diepste lae van menswees in te laat en behels dit ’n daad van oorgawe. 

4.2.3.1 Herinnering as toe-eiening van die verlieservaring

Wanneer die spreker homself in 42:5a in ’n staat van herinnering bring: “Hieraan wil ek my herinner”, spruit dit voort uit die ritueel van verootmoediging waar die trane gevloei het en die werklikheid van die verlieservaring tot hom deurgedring het. In ’n daad van doelbewuste herinnering, wat as intense bepeinsing geëien kan word, wil die spreker dat hierdie werklikheid hom nog dieper penetreer. Herinnering help hom om ’n ander perspektief te kry op God se oënskynlike afwesigheid: dat God juis hierin teenwoordig is – dat die werklikheid niks anders is nie as ’n God-deurtrokke verborgenheid.27

4.2.3.2 Nadenke as oorgawe

Wanneer die begrip זכר weer ter sprake kom, in 42:7, is die objek van die nadenke of bepeinsing duidelik in die visier, naamlik God: “My God … daarom dink ek aan U.” Opvallend is die intimiteit waarmee hierdie bepeinsing uitgedruk word. Dit is ’n direkte aanspreek van God, voorafgegaan deur die eerste-persoon- pronominale suffiks aan die Godsnaam. Om aan God te dink is om die hart volkome op God te rig. Die gedagtenis aan God in die konteks van hierdie strofe, waar die toestand van disintegrasie met treffende waterbeelde beskryf word (42:8), kom neer op totale oorgawe. Die spreker en die siel verloor alle houvas en in ’n staat van totale nietiging waar die siel uitgestort word, werp die spreker hom op God, laat hy vir God in om oor te neem. Die handelingsentrum het verskuif. God is die ervaringskern. Dit alles gebeur in ’n Godgerigte gedagtenis wat in ’n intieme gebedsgebaar vorm aanneem. 

Hier kristalliseer ’n mistieke antifrase. Dieselfde beeld wat uitdrukking gee aan die neerslagtigheid van die siel, d.w.s. die voortsnellende, malende, vallende water, dien as vergestalting van God se teenwoordigheid. As ’n lewegewende, bevrydende teenbeweging in verhouding tot die uitmergelende ervaring van neerslagtigheid verrys die naam Jahwe (42:9a). Die essensie van die mistieke antifrase is dat dit in gebed, waar die spreker hom volkome aan God oorgee, voltrek word. In wese is die mistieke antifrase wederkerig: Die aanraking van die gebed en die aanraking van Jahwe is mistiek-dialogies één. Hiermee word die mistieke dimensie van die naam Jahwe ook sigbaar – die naam Jahwe is tegelykertyd ’n gebed – “Wees daar!” – en genadige teenwoordigheid “Ek is hier” (vgl. Waaijman 2004a:197–8).

4.2.4 Gevolgtrekking

Sentraal tot die proses van verinnerliking is losmaking en oorgawe. Losmaking behels dat die spreker homself losmaak van alle eiebelang, enige afhanklikheid van ander mense en selfs om die konsep wat hy oor God gehad het, prys te gee. Hierdie losmaakhandeling is terselfdertyd ’n illustrasie van nietiging: om dié dinge waaraan die spreker binne en buite homself vasgehou het, nietig te verklaar. Die keersy van losmaking is oorgawe: om die self geheel en al aan God vas te maak. Die handelinge van losmaking en oorgawe dui daarop dat die handelingsentrum van die mens na God verskuif.

Bydraend tot die proses van verinnerliking met gepaardgaande losmaking en oorgawe is die volgende vlak in die mistieke proses, te wete: mistagogie. Dit word voorts ondersoek.

4.3 Mistagogie as mistieke dimensie 

Die wyse waarop die uiterlike handelinge en herinneringe na die mees innerlike dimensie begelei word, is deur die geestelike praktyk van mistagogie (vgl. Waaijman 2013).28 Die sleutel vir die ontsluiting van die mistagogiese proses in Psalm 42/3 is die opvallende selfrefleksie in die poëtiese struktuur in die gedig. Die selfrefleksie kom op verskillende maniere na vore: in die vergelyking waarmee die gedig begin: “Soos ’n wildsbok smag … so smag my siel” (42:2); deur middel van die kohortatiewe: “ek wil my herinner … my siel uitstort” (42:5a–b), “ek wil sê” (42:10a) en “dan sal ek kom” (43:4a); en veral in die gesprek van die spreker met sy siel in die refrein, bestaande uit die vraag: “Waarom is jy so neerslagtig, my siel …” (42:6a–b,12a–b; 43:5a–b), ’n bevel: “Wag op God” (42:6c, 12c; 43:5c) en ’n belydenis: “want ek wil Hom steeds loof …” (42:6d, 12d; 43:5d). In die raamwerk van spiritualiteit hou dit verband met mistagogie as ’n pedagogiese aktiwiteit: “Just as a pedagogue helps a child in its maturation toward adulthood, as an androgogue accompanies adults in their further development, so a mystagogue accompanies a person in his or her growth in relation to God” (Waaijman 2002:565).

4.3.1 Die begrip mistagogie 

Die begrip mistagogie is in die 4de eeu deur die kerkvaders aan die antieke misteriegodsdienste van Griekeland en Rome ontleen (vgl. Mazza 1989:1).29 Wanneer mense tot ’n bepaalde heilige aanwesigheid aangetrokke geraak het en hulle geloof daaraan wou koppel, moes hulle eers onderrig ontvang en die een of ander inisiasierite ondergaan. Die kerkvaders het by hierdie gebruik aangesluit en ’n tweeledige toepassing van hierdie begrip gemaak: eerstens op die kategumenaat, waardeur bekeerlinge onderrig ontvang het in die misteries, wat verborge is in die Skrifte en wat in die liturgie gevier word; en tweedens op die uitvoering van die doop en eucharistie as gewyde inisiasiehandelinge (vgl. De Jong-Van Campen 2009:50–7).

In Spiritualiteitkunde het mistagogie dan, in kombinasie met spirituele begeleiding, ’n volwaardige plek ingeneem. Hier het mistagogie ten doel om iemand (die persoon wat geïnisieer word) te begelei om ’n bepaalde ervaring in die lig van die verborge teenwoordigheid van die misterie, naamlik God, te interpreteer: “Mystagogy suspends the boundaries of human existence and transforms it into an expectant openness to the divine mystery (musterion), leads individuals into (agein) God’s gracious self-communication, and helps them understand their unique calling” (Waaijman 2002:870). Wat dus met mistagogie gebeur, is dat daar ’n uitklaring plaasvind van wat daar in ’n spesifieke persoon se geestelike reis aan die gang is. Die belangrike saak is om te onderskei waar en hoe God aan die werk is en in watter koers daar beweeg moet word: “An ongoing process of discernment is the core of the process as both conversational partners seek to discover the origin, meaning, direction and purpose of religious experience” (Ruffing 2005:243).

In mistagogie is daar drie belangrike rolspelers: die persoon wat op sy of haar geestelike weg begeleiding ontvang (die begeleide), die mistagoog as begeleier en God wat in die sentrum staan (vgl. Waaijman 2002:882–3, 893–4, 920 en De Jong-Van Campen 2009:74–7). ’n Belangrike uitkoms van die mistagogiese proses is dat daar geestelike transformasie plaasvind. Mistagogie veronderstel onsekerheid wat die soek na ’n uitweg vra. 

Met hierdie inleidende opmerkinge oor mistagogie in gedagte kan die mistagogiese proses in Psalm 42/3 nou onder die soeklig kom. Reeds die aanvangsvergelyking van die dorstige wildsbok as voorstelling van die smagtende siel (42:2) stel die drie rolspelers, naamlik die sprekende “ek”, die siel, en God, aan die woord. Deur middel van die kohortatiewe, “ek wil my herinner” (42:5a) en “ek wil sê” (42:10a), betrek die spreker homself in ’n gesprek met homself aan die een kant en met God aan die ander kant. In die refrein tree die spreker dan direk as ’n mistagoog vir die siel op met die vraag: “Waarom is jy so neerslagtig, my siel …?” (42:6a–b, 12a–b; 43:5a–b), opgevolg deur die bevel: “Wag op God” (42:6c, 12c; 43:5c) en dan die persoonlike belydenis: “want ek wil Hom steeds loof” (42:6d, 12d; 43:5d). As mistagoog is die spreker besorg dat sy siel as gevolg van die liminale situasie van koers af gedryf is en wil hy die siel deur gebed en pleitredes, die ritueel van verootmoediging en herhaaldelike vrae, wat alles gerig is op herinnering en nadenke, begelei om insig te verkry in die mistieke aard van die geestelike weg.30 In die derde stansa tree daar egter ook ’n ander mistagoog in die voorgrond, naamlik God self, weliswaar in die vorm van God se lig en waarheid, wat leiding moet neem en koers moet gee in die rigting van die heiligdom. Daarmee kom die uiteindelike fokus van die mistagogie helder voor die oog, naamlik om die goddelike misterie van die aangesig van God te ervaar, d.w.s. om tot ’n ontmoeting met God te kom.

Die mistagogiese proses in Psalm 42/3 word nou vanuit die perspektief van die twee mistagoë in oënskou geneem: die spreker as spirituele gids vir die siel, en God, wat in werklikheid as hoofgids vir die spreker optree.

4.3.2 Die spreker as mistagoog

Uitsonderlik van Psalm 42/3 is dat die spreker eintlik die rolle van beide begeleier en begeleide inneem. Die een persoon is tegelykertyd mistagoog, wat insig het ten opsigte van die geestelike weg, én angstige, neerslagtige pelgrimsreisiger. As pelgrimsreisiger is hy absoluut eerlik oor sy huidige ervaring op die geestelike weg en word dit sonder skroom uitgespel. As mistagoog, aan die ander kant, weet hy dat die teenswoordige ervaring as sodanig nie die probleem is nie, maar wel die hantering daarvan. Die mistagoog besef dat die uitdaging daarin lê om die liminale situasie vanuit die Godsverhouding te benader en dat ’n Godsontmoeting moontlik is.31 Die weg tot die Godsontmoeting is die proses van verinnerliking, soos wat hier bo reeds aan die lig gekom het. Om hierdie proses te begelei tree die spreker as mistagoog vir die siel na vore.

Deur middel van die mistagogiese proses kry die verinnerlikingsproses nou ’n spesifieke fokus, naamlik om op God te wag. Dít is die spreker se kernopdrag aan sy siel. Daarteenoor staan die spreker se eie ingesteldheid van blywende vertroue in God, wanneer hy telkens bely: “want ek wil Hom steeds loof” (42:6d, 12d; 43:5d).

Hierdie twee aspekte in die mistagogiese proses, te wete om op God te wag en belydende vertroue, word nou ondersoek.

4.3.2.1 Wag op God

Die opdrag van die spreker aan die siel om op God te wag moet in verband met die verinnerlikingsproses gelees word. Waar die herinnering en nadenke die visier al hoe skerper op God instel en oorgawe aan God impliseer, is dit ten diepste die geval met die wag op God. Om op God te wag is om alles te laat los, geen ander steunpunt te hê as die daad van oorgawe aan die Een op Wie gewag word nie:

Wachten is uitzien zonder enig houvast, zoals wachters uitzien na die morgen (Ps. 130:5–6). Dit wachten levert zichzelf volledig uit aan een gebaar van die andere kant, gunnende liefde (Ps. 130:7). Want wachten dwingt op geen enkele wijze. Wachten is wachten op genade, op gunnende liefde (zie Ps. 33:18 en 147:11). Wachten is uitzien naar het onorganiseerbare: de vrije aanspraak van de Ander. (Ps. 130:5 en 7; 119:74). (Waaijman 2004a:84)

Daar is ’n taaiheid aan die begrip wag – dit gee nie op nie:

In the Psalms “to wait” means not giving up, not growing tired, not surrendering to overwhelming grief, but persevering expectantly. The distinctive feature is the certainty that the eyes of the Lord are upon those who “hope in this steadfast love” (Ps 33:18). The hope of those who wait is based on the conviction that Yahweh is gracious, that he will bestow on them his חסד (“tender mercies”) ... (Kraus 1986:158)

Om te wag ís ’n aktiewe handeling. Die “wag” beteken om oop te maak; dit is ontvanklik, hoopvol en afwagtend: “The waiting is an expectancy, a hoping, not simply a passive waiting around. It is an attitude that truly does expect to experience God’s delivering help” (Miller 1998:225). Dit is inderdaad in Psalm 42/3 se geval nie ’n oorgawe aan oorweldigende droefheid nie, maar aan God. Daarin is dit terselfdertyd juis ook passief – dit verplaas die handelingsentrum – alles word ootmoedig in God se hande gelaat.

Wanneer die spreker as mistagoog die siel maan om op God te wag, verwag hy van die siel om alle eie pogings tot bereddering van die liminale situasie te laat staan en om geheel en al ontvanklik te wees vir die inwerking van God.32 So is ook die wag-handeling ’n gebaar van nietiging: om in alle opsigte ontdaan te wees van die self en vir God die geleentheid te gee om na goeddunke te handel. Die een wat wag, ontledig homself van alle verstandelike of wilspogings om sin te probeer maak, of ’n verandering te probeer bewerkstellig. Hy betree ’n staat van nie-wete en verlaat hom volkome op God, die Een wat lewe gee, wat die oorgang verleen van niebestaan na bestaan.

4.3.2.2 Belydenis van vertroue

Opvallend is die belydenis wat telkens direk volg op die bevel om op God te wag: “want ek wil Hom steeds loof” (42:6d, 12d; 43:5d). Dit lyk asof die spreker met dié belydenis vir oulaas as mistagoog na vore tree en op dié wyse sy eie gesindheid van volgehoue vertroue in en erkentlikheid teenoor God te midde van die proses van volkome selfontlediging wil beklemtoon. Hierdie belydenis van vertroue bevestig die Godsbegrip wat in die mistagogiese proses na vore gekom het, naamlik van God as lewensbron, die Een wat vorm gee aan alles wat geskape word én wat die skepping en skepsels bewaar.33 Die inhoud van die belydenis van vertroue is derhalwe dat God as Skepper en Bewaarder erken word.

Dit is verhelderend om die spesifieke verband tussen die belydenis van vertroue en God se bewaring uit te lig. Die frase “ek wil loof” word altyd in verband met God se reddende, verhorende en bevrydende handelinge gebruik.34 Derhalwe kan die afleiding gemaak word dat die spreker met sy belydenis van vertroue erkenning daaraan gee dat wat ook al mag gebeur, hy verseker is van God se bewaring.35 

Van betekenis is om op hierdie punt te let op die opmerklike samehang tussen God se bewaring aan die een kant en menslike prysgawe aan die ander kant. Dít word duidelik in Psalm 50:14 en 23 aangetoon, waar daar sprake is van “lof as ’n offer”. Om lof te offer is om erkenning te gee dat my lewe nie in my eie hande is nie, dat ek deur God bewaar word. Dít is wat agter die spreker se belydenis sit. As mistagoog besef hy dat nie net die oorsprong van lewe van God kom nie, maar ook die behoud daarvan en dat hy alle pogings tot en elke vorm van selfbehoud moet aflê. So is die belydenis van vertroue, net soos die waghandeling, ’n gebaar van nietiging. 

4.3.3 God as mistagoog

Alhoewel die mistagogiese gesprek van die spreker met die siel ook in die derde stansa voorkom, tree daar nou ook ’n ander mistagoog na vore, naamlik God. In Psalm 43:3 versoek die spreker vir God om self die plek van mistagoog in te neem, weliswaar deur God se lig en waarheid. Die werkwoorde “lei” en “bring” het duidelike mistagogiese ondertone. Dit is God self wat deur middel van God se lig en waarheid vir die pelgrimsreisiger leiding moet gee op die geestelike weg en hom moet uitbring by die plek van ontmoeting, die heilige berg. Daarmee gee die spreker aan God erkenning as die hoofgids van die geestelike reis, as die Een wat alleen daartoe in staat is om die weg deur die woestyn van donkerte en onreg te baan en die Enigste wat die goddelike ontmoeting kan verwerklik. 

Om God as mistagoog te eien is nie ’n vreemde verskynsel in die Ou Testament nie. ’n Treffende voorbeeld is in Eksodus 19 wanneer die Israeliete aan die voet van Sinaiberg kom en Moses die opdrag kry om die volk te reinig alvorens hulle die wet kan ontvang. Moses tree as geestelike gids op om hulle gereed te kry vir die ontmoeting met God, maar dit is God self wat die volk na God toe bring: “This is essential: God’s people will be brought into the holy encounter with Him by himself. The initiation in the divine-human intimacy – being brought to Him – is carried out by God himself” (Waaijman 2016:6).

Dieselfde mistagogiese proses is in Psalm 42/3 in werking. Die spreker tree as mistagoog vir die siel op, maar uiteindelik is God die hoofgids en daaraan gee die spreker erkenning met die versoek dat God se lig en waarheid hom sal lei en by die heilige berg sal bring. Ook hierdie versoek staan in die teken van die handelingsentrum wat verskuif het. Die enigste selfaktiwiteit is om aan God oor te gee en te wag op die kontemplatiewe moment wanneer God die ontmoeting laat realiseer.

Die laaste vlak waarop die mistieke proses in die gedig ontvou, is deur aanskouing. Hiermee word kontemplasie betree, waar die inisiatief van die ander kant af kom. 

4.4 Aanskouing as mistieke dimensie 

Die mistieke proses, wat in die liminale situasie met ’n biddende verlange tot stand gekom het en deur uiterlike handelinge, herinneringe en nadenke, aangehelp met mistagogiese begeleiding, ’n innerlike gerigtheid gekry het, kom tot voltooiing in die ontmoeting met God van aangesig tot aangesig. Dit is die vierde fase en die hoogtepunt van die mistieke proses wat telkens in die drie stansas van Psalm 42/3 ontvou. Die mistagogiese proses se uiteindelike fokus is juis dít: om die verborgenheid van God te ondervind in ’n ontmoeting van aangesig tot aangesig. 

Die aangesig-tot-aangesig-ontmoeting met God word vroeg reeds in 42:3 aangeraak wanneer die spreker die begeerte opper om deur God gesien te word. Daarna kom dit telkens in die refrein ter sprake as bevrydende gebeurtenis waarvoor daar gewag word. Die konsep van ’n Godsontmoeting verdien deeglike oorweging vanweë die besondere mistieke aard daarvan. In Spiritualiteitkunde gaan dit hier oor kontemplasie, naamlik God se selfkommunikasie, die “openbaring van die verligting”.36

Die aard van die Godsontmoeting word nou verder verken. Alvorens die wyse waarop dit in Psalm 42/3 vorm aanneem, aan die orde kom, word die mistieke begrip van aanskouing, oftewel kontemplasie, eers onder die loep geneem.

4.4.1 Die begrip aanskouing, of kontemplasie

Kontemplasie is ’n omvangryke begrip wat vanuit verskillende hoeke benader kan word. Waaijman (2002:342–4) het dit vanuit ’n historiese hoek ondersoek as ’n begrip wat veral met die monastieke lewe verbind is, waar daar op ’n kontemplatiewe lewe gefokus is met die oog daarop om ’n suiwer en diepsinnige, liefdevolle kennis van God te verkry. Ook Merton (1961:1) omskryf kontemplasie in hierdie terme: as ’n gewaarwording, ’n besef en bewussyn van ’n onsigbare, oneindige, oorvloedige Bron wat die lewe voortbring en dat hierdie bewussyn gepaardgaan met ’n bepaalde kennis van die Bron, “that goes both beyond reason and beyond simple faith”. Dit gaan dus oor meer as blote verstandskennis van God. Dit gaan oor ’n diep bewuswording van die goddelike teenwoordigheid as die direkte en transformerende sentrum van die lewe (vgl. McGinn 2006:xv–xvi).

Vier belangrike aspekte om rondom hierdie Godsaanskouing in gedagte te hou, is die volgende:

  1. Die oorsprong van hierdie bewuswording lê nie by die mens nie. Dit kom van die Bron self. God self maak die bewussyn wakker. So noem Waaijman (2002:343) dit ’n geskenk van genade: “However necessary one’s own involvement may be, contemplation as such is a gift of grace.”37 
  1. Daar is ’n wederkerige aard aan aanskouing. In sy verhandeling “On the vision of God”, kom Nicholas van Cusa (1401–1464) vanuit sy bestudering van verskillende Skrifgedeeltes oor die aanskoue van God tot die gevolgtrekking dat om God te sien behels om gesien te wees (vgl. McGinn 2006:348). 
  1. Aanskouing het ’n verenigende impak. Daar kom ’n eenheidsband tussen God en mens tot stand wat deur mistieke skrywers met verskillende beelde beskryf word, soos yster in vuur, riviere wat in die see vloei, vervloeiing of versmelting (vgl. Robinson 2005a:82). Teresa van Avilla en Jan van die Kruis se beeld van die geestelike huwelik gee daaraan uitdrukking dat dit ten diepste ’n liefdevolle eenheid van wil is. 
  1. Uiteraard is dit so dat die Godsontmoeting ’n mens nie onveranderd laat nie. Die ontmoeting, die Goddelike aanraking, het ’n transformerende effek. Met Martin Buber se I and Thou (1937) in gedagte gee Waaijman (2002:560–1) só daaraan uitdrukking: “The presence of the Creating One, a presence which ‘burns into us and changes us’ touches a human being to his or her very being.” 

Terug by die moment van aanskouing in Psalm 42/3 is dit duidelik dat hier van ’n aangesig-tot-aangesig-ontmoeting tussen die spreker en God sprake is. ’n Eenheidsband het tussen die genote ontstaan waarvan daar ’n bevrydende uitwerking uitgaan. Die ontmoeting as verenigende gebeurtenis kom eerste onder die soeklig. Daarna word die bevrydende uitwerking van die ontmoeting ondersoek. Opvallend is dat hierdie bevryding aan sterfte en hergeboorte verbind kan word. Dat daar ’n aspek van ekstase aan die ontmoeting verbonde is, kom ook hier na vore en word vervolgens bestudeer. Laastens word daar ’n saak daarvoor uitgemaak dat die ontmoeting ’n transformerende effek op die spreker en sy siel het.

4.4.2 Die ontmoeting as verenigende gebeurtenis

Uit die staanspoor is dit duidelik dat die spreker en die siel se verlange daarop gefokus is om in God se gesigsveld te verskyn (42:3b–c). Die plek waar dit verwerklik word, is die heiligdom (42:5c; 43:3c). Derhalwe het die pelgrimstog dít ten doel, naamlik om God in die tempel te gaan ontmoet (43:4a). Dít is waarheen die spreker op pad is, maar soos wat dit tot hiertoe duidelik aan die lig gekom het, het hierdie pelgrimstog intussen ook ’n innerlike reis geword. Wat met die proses van verinnerliking, ondersteun deur die mistagogiese begeleiding, gebeur het, is dat die handelingsentrum van die spreker en die siel na God verskuif het. Treffend het dit in die mistagogiese proses na vore gekom: Die spreker en die siel laat los hulle greep en verloor hulle as’t ware in God deur volkome aan God oor te gee en alles in God se hande te laat. Dit is in hierdie moment van oorgawe, waar die handelingsentrum verskuif het en die subjek-objek-verhouding uitgewis is, dat daar ’n intieme ontmoeting voor God se aangesig plaasvind. In hierdie ontmoeting kom “sien” en “gesien-wees” bymekaar uit. ’n Mistieke eenheid tussen die spreker en God kristalliseer: 

In de ontmoeting – van gelaat tot gelaat – zijn de beminden één. In de ontmoeting zegt die beminde: “Zijn spreken is mijn horen. Mijn horen is zijn spreken.” In de minne gaan spreken en horen onmiddellijk in elkaar over. Er zit geen middelijkheid (ruis, bijbedoeling, instrumentaliteit) tussen spreken en horen. Ze zijn één. (Waaijman 2004a:66) 

Die belangrikheid van hierdie verenigende gebeurtenis lê daarin dat die spreker sy eie werklikheid nou vanuit God se perspektief definieer: “The individual has come to know the created world through the loving perspective of God ... All of reality is experienced as being taken into God’s sublime love: the fullness of redemption has won its way in the life of the individual” (Perrin 2005:629–630). 

4.4.3 Die bevrydende aard van die ontmoeting

Daarbenewens het die aangesig-tot-aangesig-ontmoeting tussen God en die spreker ook ’n bevrydende uitwerking. Die finale frase van die refrein openbaar die bevrydende krag wat daar van die gesig uitgaan: “bevryding van sy gesig” (42:6) en “bevryding van my gesig” (42:12 en 43:5). Hierdie bevrydende aksie kan met sterfte en hergeboorte verbind word. 

4.4.3.1 Bevryding as sterfte 

In die eerste refrein gaan bevryding met sterfte gepaard. Om dít raak te sien, moet daar gelet word op die betekenisvolheid van die werkwoord “kom” by 42:3b, waar die spreker die behoefte uitspreek om te “kom en gesien (te) wees deur God se gesig”. Daarmee val die fokus op die finale bestemming van die pelgrim se reis, te wete die ontmoeting in die tempel. Wat hier in ag geneem moet word, is dat die ontmoeting by die tempel vir die pelgrim ook offerhandelinge sou insluit. Derhalwe is dit van betekenis om daarop te let dat die werkwoord “kom” ook ondertone van oorgawe en offer insluit (vgl. Waaijman 2013). Die beeld wat opgeroep word, is dié van ’n offerdier wat na die altaar “kom” om geoffer te word. So wil dit voorkom asof die aangesig-tot-aangesig-ontmoeting vir die spreker ’n offer van homself inhou. Die spreker “kom” na die gesig van God om te sterf – nié fisiek nie, maar in homself, deur sy eie behoeftes, begeertes en verwagtings prys te gee. Die mistieke begrip nietiging kom hier in sy volle konsekwensie ter sprake. Die offerhandeling is ’n blyk daarvan om nietig verklaar te word in die eie bestaan, die bestaan waarvan die ek die sentrum is.38 Dit kom daarop neer om inderwaarheid niks of niemand te word nie: “to become ‘no-thing’ or ‘no-self’” (Robinson 2005b:112).

Hierdie sterfte van die bidder in die aangesig-tot-aangesig-ontmoeting bewerk bevryding. Dít waarvan die bidder bevry is, is ’n selfgerigte vasklemming aan eie behoeftes en begeertes:

Voorbij de angstvallige zorg om onszelf bestaat een leven waarin wij in de zelfvernieting van die totale oorgave onmiddellijk uit Gods gelaat leven ... Een mens is innerlijk vrij, wanneer hij zich niet meer laat regeren door zijn eigen behoeften en verlangens en zo vrij naar de werkelijkheid kan kijken zoals zij in zichzelf is ... Echte vrijheid vinden we pas wanneer we zo in de ogen van de Ander en dus in liefde opgaan dat we de zorg om onszelf vergeten. (Huls 2006a:180–1)

In die gedig vind bevryding plaas binne die ontmoeting met God: die spreker word bevry deur God se aanskoue – “die bevryding van sy gesig” (42:6d):

Het mystieke moment bestaat erin, dat de toewending van de Machtige (zijn gelaat) het van zichzelf ontledigde verlangen (wachten), dat bij alle lewensvermindering (zijgen, druisen) blijft vashouden aan de Machtige (erkennen), de persoonlijke overgave van die pelgrim (mijn gelaat) ontvangt en van zichzelf bevrijdt. Dit is het moment van-gelaat-tot-gelaat. (Waaijman 2004a:162)

4.4.3.2 Bevryding as hergeboorte

Die aangesig-tot-aangesig-ontmoeting is gevolglik ook die poort tot ’n nuwe lewe, om hergebore te word. Hierdie aspek van bevryding kom in die tweede en derde refreine (42:12 en 43:5) na vore met ’n effense verandering in die pronominale suffiks. Nou is dit: “bevryding van my gesig”. Die sleutel tot die ontginning van die betekenis van hierdie frase lê in die uitdrukking “my God” wat die tweede stansa omsluit (42:7a en 42:12d) en die gedig afsluit (43:5d).

Die uiting “my God” kan teruggeneem word na die spiritualiteit van die patriargale tydperk wat gekenmerk is deur ’n persoonlike vroomheid. Hierdie spiritualiteit is deur ’n verhouding met God gedefinieer waarin God as “my God” aangespreek is (vgl. Waaijman 2002:20). Daarmee word God aangetoon as die Een wat die mens in die moederskoot vorm, geboorte bewerkstellig en die mens deur die lewe lei en laat floreer (vgl. Kraus 1986:163). 

In die tweede stansa suggereer die insluitende voorkoms van “my God” aan die begin (42:7a) en einde (42:12d) van die stansa ’n hergeboorte, oftewel dat God tot lewe kom in “my” (verwysend na die spreker en sy siel). Hierdie geboorte van God in die spreker en sy siel, wat ’n verdere bevestiging is van die eenheidsband tussen God en die spreker, word dan as “bevryding van my gesig” (42:12d) ervaar. Dit geld ook vir die derde stansa waar “my God” ook twee maal voorkom, in 43:4d en in 5d as slotwoorde van die gedig. Die “bevryding van my gesig” (43:5d) bestaan daarin dat God deurgebreek het in die verlangende en pleitende uitreik van die spreker en sy siel. Die oorgawe ís ontvang; die spreker is gesien en is nou só intiem aan God verbonde dat God sigbaar is in die spreker.39

In die derde stansa is dit weer eens ’n rouritueel (43:2c) en vraaghandeling (43:2b–c, 5a–b) wat deel vorm van die proses wat uitloop op hergeboorte. Ook die pleitredes (43:1a–c, 3a–c) speel hier ’n rol. Uiteindelik word die donkerte en verlatenheid van nie gesien wees nie, sowel as die ervaring van onreg, deur God se bevryding deurbreek. Die spreker weet dat hy deur God gesien is. “My God” (43:5d) kom tot lewe in “my gesig” (43:5d). Hergeboorte het plaasgevind en dit word sigbaar in die blydskap wat daar van die spreker uitgaan (42:6d, 12d; 43:4a, 5d). Hierdie blydskap kom vervolgens onder die soeklig.

4.4.4 Die ekstatiese aard van die ontmoeting

Binne die bevrydende aangesig-tot-aangesig-ontmoeting ervaar die spreker dat God hom “van blydskap laat jubel” (43:4a). Dit versterk die idee dat die handelingsentrum nou in God gesetel is. Die sentrum van beweging lê in God. God trek die spreker uit homself in God in (vgl. Waaijman 2002:678).40 Daarom is die wese van hierdie mistieke blydskap nié ’n losbandige, sinlose uitbundigheid nie, maar om buite die self te wees (ekstase) in God (vgl. Waaijman 2004a:164–5).41 Dit gaan oor ’n vreugdevolle tuiskoms by God. Sodanige tuiskoms behels om die eie te verlaat en ’n gas te word in die tent van die Gasheer. Dít is waaroor die pelgrimstog gaan en waarin die pelgrims hulle gemeenskaplike doel ontdek, naamlik om afstand te doen van hulleself en gas te word in God se tent.

De mystieke dimensie van de vreugde, die de pelgrim in het heiligdom ervaart, bestaan in “de bevrijding van mijn gelaat”: ik overschrijd de grenzen van mij eigene en word getrokken in het niet-eigene, in de tent van de Gasheer. Dit is “de bevrijding van zijn gelaat”: de bevrijding die de Machtige aan mij voltrekt. Deze dubbele bevrijding – loskomen uit het eigene en ontvangen worde door het geheim – gaat gepaard met uitzinnige vreugde. (Waaijman 2004a:166) 

Die tuiskoms by God is ’n saak van vreugde; dit is op sigself vreugde: “[J]oy is the very union with God, that knowledge which is also an indwelling” (Redmont 2005:390). Die klem lê dus nie op ekstase as bevryding nie, maar op vreugde wat in ekstase – buite die self, in God – uitbreek. Dit kontrasteer met die onrus oor die liminaliteit. Die spreker se ervaring van God word duidelik in die vreugde: vreugde nie bloot net as emosie nie, maar as ervaring van die Godswerklikheid. Derhalwe dat die vreugde telkens deel van die slot van elke stansa vorm: “ek wil Hom steeds loof” (42:6d, 12d; 43:5d).

4.4.5 Die transformerende aard van die ontmoeting

Die laaste aspek van die Godsontmoeting wat belig word, is dat dit transformasie in die menslike pool van die God-mens-verhouding bewerkstellig. Bloot net die feit dat daar in Psalm 42/3, naas die fisieke pelgrimstog, ook ’n innerlike, geestelike reis na vore kom, veronderstel dat transformasie plaasvind.42 Transformasie is ’n onlosmaaklike deel van die geestelike weg – dit is die bedoeling van die geestelike weg, nie as eenmalige gebeurtenis nie, maar as ’n deurlopende vormende werklikheid op die geestelike weg (vgl. Waaijman 2006:41–2). Onder die begrip transformasie word verstaan die betekenisvolle oorgange wat daar in die God-mens-verhoudingsproses plaasvind, vanaf niebestaan tot bestaan, misvorming tot hervorming, ens. (vgl. Waaijman 2002:455).43 Van belang is om daarop te let dat God self die outeur is van hierdie transformasieproses: 

Wij kunnen geen stap in de goede richting zetten zonder de genade van God. De geestelijke weg is Gods project in ons, waardoor Hij ons langzaam maar steeds meer op Hem gericht doet zijn. Daarom hebben we de genade van God nodig om een eerste stap te zetten. (Blommestijn 2006a:228)

Alhoewel die spreker van Psalm 42/3 met ’n biddende verlange uitstrek na God en daarmee bewys lewer van ’n gerigtheid op God, is sy uitsig op God vanweë die liminale situasie egter sodanig verduister dat hy vasgevang is in ’n begrensde verstaan van God. Soos hier bo aangetoon is, het hy in homself ingekeer geraak en kan daar gesê word dat sy perspektief verskuif het van die Oneindige (God) na die eindige dinge (o.a. die teenstanders en hulle vrae). Deur die prosesse van verinnerliking en mistagogie gaan hierdie Godsverduistering egter oor in ’n ontmoeting met God van aangesig tot aangesig. Deur in homself te sterf en hergebore te word, word die spreker bevry en is die weg vir transformasie gebaan:

Bevrijd van de terugbuiging op onszelf, verkrijgen wij de lichtvoetigheid van de vogels aan het zwerk, de hemelbewoners die God dag en nacht lof zingen ... We zijn bevrijd van de vermenging van onze geneigdheid met menselijke zelfbekommernis en voorwaardelijkheid, waardoor se het gelaat van de Ander uit de oog verliezen ... We zijn vrij geworden van de ontregeling die voorkomt uit angstige bezorgdheid om onszelf en de neiging om die werkelijkheid naar onze hand te zetten. (Blommestijn 2006b:204–5)

Die mistieke prosesse van verinnerliking en mistagogie, wat spasie skep vir die groot oomblik van aanskouing, staan dus in die teken van transformasie: die verwringing is deurbreek, ’n nuwe Godsverstaan het deurgebreek; daar het ’n transformasie in die spreker se Godsbewussyn plaasgevind.

 

5. Samevatting 

Wanneer Psalm 42/3 met die lens van mistiek gelees word, word dit duidelik dat hier baie meer op die spel is as bloot ’n neerslagtige spreker wat sukkel om sin te maak van sy omstandighede. Met behulp van die model vir ’n spirituele hermeneutiek, wat terselfdertyd erns maak met die metodes van die Bybelwetenskappe én Spiritualiteitkunde, is daar vanuit die teks ’n mistieke proses ontgin wat parallel in elkeen van die drie stansas van die psalms ontvou. Die mistieke proses begin met ’n liminale situasie wat ten diepste as godverlatenheid ervaar word en dan deur die fases van verinnerliking en mistagogie beweeg om in aanskouing tot voltooiing kom. Verskillende aspekte van die mistieke ervaring word in hierdie proses waargeneem, te wete: biddende verlange, ’n verskuiwing van die handelingsentrum vanaf die spreker na God as ervaringskern, nietiging, loslating, oorgawe en vereniging met God. Dit alles werk daartoe mee dat daar in die uiteindelike aanskouing ’n transformasie in die spreker se Godsbewussyn plaasvind.

 

Bibliografie

Alter, R. 2009. The book of Psalms: a translation with commentary. Kindle-plekke: 3731–842. New York: Norton.

Baers, J., G. Brinkman, A. Jelsman en O. Steggink (reds.). 2003. Encyclopedie van de mystiek. Fundamenten, tradities en perspectieven. Kampen: Kok.

Blommestijn, H. 2006a. Omvorming in Christus. In Van Dijk e.a. 2006.

—. 2006b. De weg van de omvorming. In Van Dijk e.a. 2006.

Blommestijn, H. e.a. (reds.). 2008. Seeing the seeker. Explorations in the discipline of spirituality. A Festschrift for Kees Waaijman on the occasion of his 65th birthday. Leuven: Peeters. 

Bocken, I. 2006. De verinnerliking van het licht. In Van Dijk e.a. 2006.

Botterweck, G., H. Ringgren en H.-J. Fabry (reds.). 1997. Theological dictionary of the Old Testament IV. Grand Rapids: Eerdmans.

—. 1998. Theological dictionary of the Old Testament IX. Grand Rapids: Eerdmans.

Brueggemann, W. 2011. The Psalms and the life of faith: A suggested typology of functions. In Jacobson (red.) 2011.

Brueggemann, W. en W.H. Bellinger. 2014. Psalms. New York: Cambridge. (New Cambridge Bible Commentary.) 

Buschat, N.R. 2011. Tears. In Scorgie (red.) 2011.

Carter, C.E. 1996. A discipline in transition: The contributions of the social sciences to the study of the Hebrew Bible. In Carter en Meyers (reds.) 1996.

Carter C.E. en C.L. Meyers (reds.). 1996. Community, identity and ideology: social science approaches to the Hebrew Bible. (Sources for Biblical and Theological Study 6.) Winona-meer: Eisenbrauns.

De Jong-van Campen, A.M.G. 2009. Mystagogie in werking. Hoe menswording en gemeenschapswording gebeuren in christelijke inwijding. Doktorale proefskrif. Universiteit van Tilburg. Zoetermeer: Boekencentrum.

De Villiers, P.G.R. 1999. The Psalms and spirituality. Old Testament Essays, 12(3):416–39.

Durlesser, J.A. 1980. A rhetorical critical study of Psalms 19, 42 and 43. Studia Biblica et Theologica, 10:179–97. 

Dykstra, C. en D.C. Bass. 2002. A theological understanding of Christian practices. In Volf en Bass (reds.) 2002. 

Eaton, J.H. 2003. The Psalms. A historical and spiritual commentary with an introduction and new translation. Londen: T&T Clark.

Egan, K.J. 2005. Contemplation. In Sheldrake (red.) 2005. 

Eising, H. 1997. זכר. In Botterweck, Ringgren en Fabry (reds.) 1997. 

Fokkelman, J.P. 2001. Reading biblical poetry: An introductory guide. Louisville: Westminster John Knox. 

Goldingay, J. 2007. Psalms 2. Psalms 42–89. Grand Rapids: Baker Academic. (Baker Commentary on the Old Testament.)

—. 2009. Old Testament theology. 3. Israel’s life. Downers Grove: InterVarsity. 

Goulder, M.D. 1982. The Psalms of the sons of Korah. Sheffield: JSOT.

Green, B. 2006. This old text: An analogy for biblical interpretation. Biblical Theology Bulletin, 36:72–83.

Grogan, G.W. 2008. Psalms. Grand Rapids: Eerdmans. (The Two Horizons Old Testament Commentary.)

Gruenwald, I. 2003. The reference library of Judaism: Rituals and ritual theory in ancient Israel. Leiden: Brill. 

Hauge, M.R. 1995. Between sheol and temple: Motif structure and function in the I-Psalms. Sheffield: JSOT.

Hernandez, W. 2011. Soul. In Scorgie (red.) 2011.

Holder, A. (red.). 2005. The Blackwell companion to Christian spirituality. Malden: Blackwell

Holder, A.G. 2005. Discipline. In Sheldrake (red.) 2005.

Hossfeld, F.-L. 2010. Der Elohistische Psalter. Entstehung und Programm. In Zenger (red.) 2010.

Hossfeld, F.-L. en E. Zenger. 2003. The so-called elohistic Psalter: A new solution for an old problem. In Strawn en Bowen (reds.) 2003.

Huls, J. 2006a. De innerlike mens. In Van Dijk e.a. 2006. 

—. 2006b. From theology to mystagogy: the interiorization of the Protestant tradition by a world citizen. http://spirin.org/from_theology_to_mystagogy:_The_interiorization_of_the_Protestant_tradition_by_a_worldcitizen (1 Julie 2016 geraadpleeg).

Humphrey, E.M. 2011. Ecstasy. In Scorgie (red.) 2011.

Jacobson R.A. (red.). 2011. Soundings in the theology of Psalms. Perspectives and methods in contemporary scholarship. Minneapolis: Fortress. 

Jenni, E. en C. Westermann (reds.). 1984. Theologisches handwörterbuch zum Alten Testament I. München: Kaiser.

Klingbeil, G.A. 2007. Bridging the gap: Ritual and ritual texts in the Bible. Bulletin for Biblical research Supplements 1. Winona-meer: Eisenbrauns.

Kraus, H.-J. 1978. Psalmen 1–59. 5. Auflage. Neukirchen: Neukirchener. (Biblischer Kommentar Altes Testament 15/1.) 

—. 1986. Theology of the Psalms. Minneapolis: Augsburg.

Linafelt, T. en T.K. Beal (reds.). 1998. God in the fray. A tribute to Walter Brueggemann. Minneapolis: Fortress. 

Lincoln, A.T., J.G. McConville en L.K. Pietersen (reds.). 2013. The Bible and spirituality. Exploratory essays in reading scripture spiritually. Eugene: Cascade.

Lombaard, C.J.S. 2006. Four recent books on spirituality and the Psalms: some contextualizing, analytical and evaluative remarks. Verbum et Ecclesia, 27(3):909–29.

Mahoney, E.J. (red.). 2005. Scripture as the soul of theology. Collegeville: Liturgical Press. 

Mays, J.L. 2011. Psalms. Louisville: Westminster John Knox. (Interpretation. A Bible commentary for teaching and preaching.)

Mazza, E. 1989. Mystagogy. A theology of liturgy in the patristic age. New York: Pueblo.

McGinn, B. 2006. The essential writings of Christian mysticism. New York: Modern Library. 

Merton, T. 1961. New seeds of contemplation. New York: New Directions.

Meyers, C.L. 1997. The family in early Israel. In Perdue, Blenkinsop, Collins en Meyers (reds.) 1997. 

Miller, P.D. 1998. Prayer and divine action. In Linafelt en Beal (reds.) 1998.

Perdue, G., J. Blenkinsop, J.J. Collins en C. Meyers (reds.). 1997. Families in ancient Israel. Louisville: Westminster John Knox. 

Perrin, D.B. 2005. Unitive way. In Sheldrake (red.) 2005.

Raabe, P.R. 1990. Psalm structures: A study of Psalms with refrains. Sheffield: JSOT.

Redmont, J.C. 2005. Joy. In Sheldrake (red.) 2005.

Rienstra, D. 2011. Waiting. In Scorgie (red.) 2011.

Robinson, J.M. 2005a. Absorption. In Sheldrake (red.) 2005.

—. 2005b. Annihilation, Spiritual. In Sheldrake (red.) 2005.

Ruffing, J.K. 2005. Direction, spiritual. In Sheldrake (red.) 2005.

Schneiders, S. 1999. The revelatory text. Interpreting the New Testament as sacred literature. Minnesota: Liturgical.

—. 2002. Biblical spirituality. Interpretation, 56(2):133–42.

—. 2005. Biblical foundations of spirituality. In Mahoney (red.) 2005.

—. 2013. Biblical spirituality. Text and transformation. In Lincoln, McConville en Pietersen (reds.) 2013. 

Scorgie, G.C. (red). 2011. Zondervan dictionary of Christian Spirituality. Grand Rapids: Zondervan. 

Seebass, H. 1998. נפשׁ. In Botterweck, Ringgren en Fabry (reds.) 1998.

Sheldrake, P. 2005a. Practice, spiritual. In Sheldrake (red.) 2005.

—. 2005b. Journey, spiritual. In Sheldrake (red.) 2005.

Sheldrake, P. (red). 2005. The new Westminster dictionary of Christian spirituality. Louisville: Westminster John Knox.

Steggink, O. 2003. Mystiek: Woordgebruik en theorievorming. In Baers, Brinkman, Jelsman en Steggink (reds.) 2003.

Strawn, B.A. en N.R. Bowen (reds.). 2003. A God so near. Essays on Old Testament theology in honor of Patrick D. Miller. Winona-meer: Eisenbrauns. 

Turner, V. 1969. The ritual process. Structure and anti-structure, New York: Cornell.

Van der Lugt, P. 2006. Cantos and strophes in Biblical Hebrew poetry I. Leiden: Brill. 

—. 2010. Cantos and strophes in Biblical Hebrew poetry II. Leiden: Brill.

Van Dijk, R. e.a. 2006. Nuchtere mystiek. Kampen: Ten Have. 

Volf, M. en D.C. Bass (reds.). 2002. Practicing theology: beliefs and practices in Christian life. Grand Rapids: Eerdmans (Kindle Uitgawe). 

Waaijman, K. 1984. Betekenis van de naam Jahwe. Kampen: Kok. 

—. 1986. Psalmen vanuit ballingschap. Verklaring van een Bijbelgedeelte. Kampen: Kok. 

—. 2002. Spirituality. Forms, foundations, methods. Leuven: Peeters.

—. 2003: Mystieke ervaring en mystieke weg. In Baers, Brinkman, Jelsman en Steggink (reds.) 2003. 

—. 2004a. Mystiek in de Psalmen. Baarn: Ten Have.

—. 2004b. Vragen als geestelike weg. Praktische Theologie, 31(4):518–30.

—. 2006. Conformity in Christ. Acta Theologica Supplementum, 8:41–53.

—. 2013. Psalmencommentaren (Waaijman)/042–043. http://spirin.org/Psalmencommentaren_(Waaijman)/042_-_043 (3 Junie 2013 geraadpleeg).

—. 2015. Devotion. https://spirin.org/Devotion (1 Julie 2016 geraadpleeg).

—. 2016. Holiness in spirituality. HTS Teologiese Studies / Theological Studies, 72(4), a3463. https://doi.org/10.4102/hts.v72i4.3463.

Welzen, H. 2008. “Were not our hearts burning within us while he was talking to us on the road, while he was opening the Scriptures for us?” (Luke 24:32). Spiritual hermeneutics as a heuristic model for the spiritual aspects of intertextuality within the Lucan corpus. In Blommestijn e.a. (reds.) 2008. 

—. 2011. Contours of Biblical spirituality as a discipline. Acta Theologica Supplementum, 15:37–60. 

Westermann, C. 1981. Hoofdlijnen van een theologie van het Oude Testament. Kampen: Kok.

—. 1984. ידה. In Jenni & Westermann (reds.) 1984. 

White, S. 2005. Ritual studies. In Holder (red.) 2005.

Wilson, G.H. 1985. The use of “untitled” Psalms in the Hebrew Psalter. Zeitschrift für die alttestamentliche Wissenschaft, 97:404–13. 

Zenger, E. 1991. Ich will die Morgenröte wecken. Psalmenauslegungen. Freiburg: Herder. 

Zenger, E. (red.). 2010. The composition of the book of Psalms. Leuven: Peters.

 

Eindnotas

1 Die eenheid van Psalm 42/3 word in afdeling 3.2.1 gemotiveer.

2 Aangesien die spreker homself in 42:3, 10 as manlik identifiseer (אֱלֹהֶֽיךָ), word die manlike voornaamwoorde deurgaans gebruik.

3 Kraus (1978:470–1) verkies om יְהוָ֨ה in plaas van אֱלֹהִ֥ים dwarsdeur die teks te lees. Hy baseer sy besluit op die wyd aanvaarde beskouing dat die elohistiese psalms (Psalms 42–83) oorspronklik die naam יְהוָ֨ה sou bevat het en deur redaksionele hersiening in die 4de eeu v.C. verander is (vgl. Eaton 2003:28). Die afgelope tyd word hierdie siening deur Millard, Hossfeld en Zenger teengestaan (vgl. Hossfeld 2010:204–6). Hulle is daarvan oortuig dat die voorkeur vir die gebruik van אֱלֹהִ֥ים vir die Godsnaam in Psalms 42–83 nie na ’n onafhanklike redaksie herlei moet word nie. Hulle stel eerder voor dat die meer algemene generiese benaming אֱלֹהִ֥ים ’n uitdrukking van ’n teologiese gedagte kan wees wat die universele magsaanspraak van die God van Israel beklemtoon: “Moreover, the use of ‘elohim’ emphasizes God’s distance and transcendence; the distant, dark, mysterious God is accentuated” (Hossfeld en Zenger 2003:51). Buiten hierdie oortuigende standpunt is dit vir ’n mistieke lees van die teks van besondere betekenis dat die naam יְהוָ֨ה slegs een maal gebruik word te midde van die oorheersende voorkoms van אֱלֹהִ֥ים, aangesien daar ’n bepaalde mistieke betekenis in die Godsnaam, יְהוָ֨ה is: “In de psalmen functioneert de Naam als een centraal symbool om de eenheid tussen God en mens te verwoorden” (Waaijman 2004a:13). 

4 Vgl. Green (2006:82): “But living when we do, it is not possible or desirable to rewind centuries of historical-critical work and the decades of insights from literary and readerly study, to step aside from engagement with them.” 

5 Sien ook Lombaard (2006:909). 

6 Welzen (2011:43) merk tereg op: “The way Schneiders discusses the meaning of the term ‘Biblical Spirituality’ seems very important for setting the outlines of the field of research indicated by this term.” Drie redelik onlangse publikasies wat hierdie drie rigtings duidelik na vore bring soos wat Schneiders die navorsingsveld van Bybelse Spiritualiteit oopmaak, is: The Spirit that inspires: Perspectives on biblical spirituality (2011), The Bible and Spirituality: Exploring essays in reading Scripture spiritually (2013), waarvan in eindnota 24 melding gemaak word, en The Spirit that guides. Discernment in the Bible and Spirituality (2013).

7 Sien Welzen (2008:169–97) vir ’n toepassing van die model vir ’n spirituele hermeneutiek as heuristiese model om enkele spirituele aspekte van intertekstualiteit in die Lukaanse Korpus te ondersoek. 

8 Die uitgangspunt ten opsigte van tekstuele keuses is om so ver as moontlik die Masoretiese Teks (voortaan: MT) te volg. Hierdie teks word algemeen aanvaar as die mees betroubare teks vir vakkundige werk (vgl. Grogan 2008:3).

9 Die alfabetletters is ’n aanduiding van die verskillende kola. ’n Kolon is die kleinste onafhanklike tekseenheid. 

10 In teenstelling met die hedendaagse neiging van vertalers en kommentators om נֱפֶשׁ met “ek” of “wese” te vertaal (bv. Goldingay 2007:19–20 en Alter 2009:716–8), word hier doelbewus gekies om dit met “siel” te vertaal. Daarmee word nie ontken dat die skeiding tussen liggaam en siel ’n vreemde konsep in die Hebreeuse Bybel is nie (vgl. Hernandez 2011:765). Tog is dit so dat baie tekste suggereer dat mense in ’n bepaalde verhouding met hulleself staan (vgl. Seebass 1998:510). Dit kom treffend na vore in die selfgesprek in Psalm 42/3, wat as ’n gesprek tussen die “ek” en “die siel” voorgestel word. Waaijman (2002:436) toon aan hoe die menslike aspek in die God-mens-verhoudingsproses in die geskiedenis van spiritualiteit veral met die woord “siel” beskryf word omdat dit so ’n veelkantige verskynsel is. Ook Kraus (1986:145) onderskryf hierdie vertalingswyse: 

Humans need nourishment; they are eager to satisfy the hunger and thirst of the nephesh (Ps 42:1–2; 143:6). The nephesh is the seat of all the tumultuous longing and desire, seeking and yearning of humanity (Ps 24:4; 35:25; 42:1–2). It also represents the seat and the process of spiritual feelings and inner conditions. In matters of this sort it is appropriate to translate nephesh “soul” (Ps 31:7; 35:9: 42:5–6, 11; 43:5, etc).

11 Anders as wat deur die redakteur van BHS, in navolging van die Septuaginta en die Siriese vertaling, voorgestel word, naamlik dat פָּ֝נַ֗י וֵֽאלֹהָֽי (soos in 42:12 en 43:5) in plaas van פָּנָֽיו gelees word, word daar by MT volstaan. Wanneer die saak vanuit ’n mistieke oogpunt bekyk word, is daar ’n betekenisvolle verskil tussen “die bevryding van sy gesig” (42:6d) en “die bevryding van my gesig” (42:12d; 43:5d). Dit word in afdeling 4.4.3 in besonderhede bestudeer.

12 In Afrikaanse vertalings word die Tetragrammaton יהוה met “Here” (Nuwe Vertaling 1983) of “HERE” (1953-Vertaling, Nuwe Lewende Vertaling 2006 en Direkte Vertaling 2014) vertaal. Waaijman verkies om יהוה deurgaans met “Weser” (Ndl. “Wezer”, of Eng. “Be’er”) te vertaal omdat dit vir hom beter uitdrukking gee aan die eenheid van die mens se roep of smeking dat God dáár moet wees (“wees hier”) en God se bevestiging van God se dáár-wees (“Ek is hier”). In sy Betekenis van de Naam Jahwe (1984) beredeneer Waaijman hierdie standpunt in besonderhede. In ooreenstemming met die meeste kommentators, asook Engelse vertalings, word die vakkundige gebruik om הוה as “Jahwe” weer te gee, hier gevolg.

13 Eindnota 8 het weer hier betrekking. MT word weer eens gevolg in die lig van die betekenisvolle verskil tussen “die bevryding van my gesig” (42:12d; 43:5d) en “die bevryding van sy gesig” (42:6d). Laasgenoemde dui op die bevryding wat van God af uitgaan en eersgenoemde dat ek bevry is. Sien verder in afdeling 4.4.3. 

14 Uitgebreide en gedetailleerde werk in hierdie verband is onlangs deur onder andere Raabe (1990), Fokkelman (2001) en Van der Lugt (2006 en 2010) gedoen.

15 In die geskiedenis van psalmnavorsing was die studie van die konkrete lewensituasie, oftewel Sitz im Leben (n.a.v. Mowinckel), ’n belangrike fokuspunt. Aanvanklik het dit saamgehang met Gunkel se vormhistoriese ondersoek na die spesifieke literêre genre van die onderskeie psalms, maar sedert Brueggemann (2011) se bydrae oor die funksie van die psalms en sy bekende driedeling van die Psalms in psalms van oriëntasie, disoriëntasie en heroriëntasie het daar nuwe perspektief op die saak gekom. Hoewel daar sekerlik ’n verbintenis tussen die Psalms en die kultus is, is die situasies waarin dit tot stand gekom het, nie tot die kultus beperk nie. 

16 Hauge (1995:75–6) gee ’n goeie oorsig van die verskillende moontlikhede wat aangebied word vir die konkrete lewensituasie waarbinne hierdie gedig tot stand gekom het. Dit wissel van siekte, wat gepaard kon gaan met kultiese onreinheid, tot verbanning en die moontlikheid van oorlog.

17 Sien bv. Goulder (1982:17), Eaton (2003:31–2), Waaijman (2004a:13, 158); Grogan (2008:16) en Mays (2011:174).

18 Die begrip liminaliteit (die woord kom van die Latyn limen, wat dui op “drempel”) is vroeg in die 20ste eeu deur die antropoloog Arnold von Gennep bekendgestel. Liminaliteit word gebruik om ’n spesifieke fase in Von Gennep se konsep van “oorgangsrituele” aan te dui. Onder “oorgangsrituele” verstaan hy “rites which accompany every change of place, state, social position and age” (Turner 1969:94). Dit gaan dus oor oorgangstye in die mens se lewe. Von Gennep identifiseer drie fases in hierdie oorgangsrituele: skeiding, liminaliteit en aggressie. Turner (1969:94–130) vind aansluiting by Von Gennep se gedagtegang en verbreed dit om prosesse in preliterêre, sowel as in Westerse kulture te verklaar. Hy vestig die gedagte van “struktuur-antistruktuur”. Struktuur behels ’n samehangende geheel van sosiale rolle en posisies wat in ooreenstemming met gewettigde norme en sanksies funksioneer. Antistruktuur is die gebied daar buite: “fruitful chaos, a place of incubation for new ideas and lifestyles, of resistance and creativity” (vgl. Waaijman 2002:214). Liminaliteit is ’n vorm van antistruktuur: individue bevind hulle buite die sosiale struktuur in ’n staat van onsekerheid.

19 Waaijman (2004a:161) omskryf dit so: “Het mystieke moment bestaat erin, dat die pelgrimstocht enerszijds de gewone levensenergieën uitput (geween; ten einde zijn), anderzijds het verlangen na God versterkt (minnen, onstuimig, ziel, hart, vlees, juilen).” 

20 Vgl. Ps. 122:1 waarin die gesamentlikheid van die pelgrimsreis duidelik na vore kom: “Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van Jahwe.’”

21 Die sosiologie van antieke Israel is ’n uitgebreide navorsingsveld wat sedert die aanvanklike werk van W. Robertson Smith vele gesaghebbende bydraers opgelewer het, waaronder Max Weber en meer onlangs George Mendenhall en veral Norman K. Gottwald (vgl. Carter 1996:13–23). Deurgaans word die siening gehandhaaf dat groepsidentiteit baie belangrik was, soos mooi saamgevat word deur Goldingay (2009:20): “In the First Testament I am who I am as a member of my family, and my experience, work decisions, and fate are interwoven with, indeed dependent on, those of my family.” 

22 Biddende verlange en die verskuiwing van die handelingsentrum is tipiese kenmerke van ’n mistieke ervaring, soos wat Waaijman (2003:57–79) se ondersoek dit aantoon. Mettertyd sal dit duidelik aan die lig kom hoe ander aspekte van die mistieke ervaring, soos nietiging, ekstase, passiwiteit, onmiddellikheid, vereniging en aanskouing, ook deel uitmaak van die mistieke proses wat in Psalms 42 en 43 (of dan Psalm 42/3) afspeel.

23 Verinnerliking pas in die konteks van toewyding (devotio). Om toegewyd te leef behels die nakom van sekere uiterlike handelinge soos rituele en gebed, maar die innigheid waarmee dit uitgevoer word, is van bepalende belang:

The basic word “devotion” situates the reality of spirituality in the field of tension between an inward attitude (dedication, surrender) with vivid affective colors (inwardness, fervency) on the one hand, and external practices (rituals, prayers, times, places, objects) on the other. The goal is that these practices should be sustained by fervent surrender to God. (Waaijman 2015) 

24 Vgl. Bocken (2006:71–2):

Wie verinnerlijk, “devoot” leeft, sluit zich niet af van de dingen “buiten” zichzelf ... Wie innerlijk leeft, benadert ook de dingen in hun innerlijkheid, dit wil zeggen, hun onvergelijkbaarheid ... Een verinnerlijkt leven behelst de zoektocht naar de juiste verhouding tot de dingen.

25 Gedagtig daaraan dat Psalm 42/3 vanuit ’n liminale situasie tot stand gekom het en liminaliteit deur antropoloë met oorgangsrituele in verband gebring word (Turner 1969:94), is dit te verwagte dat hier rituele na vore sal kom. Alhoewel daar ’n wye verskeidenheid van uiteenlopende definisies vir die begrip ritueel is (Klingbeil 2007:10–8), is die mees basiese omskrywing waaroor geleerdes in rituele studies saamstem dat dit ’n kultureel gekonstrueerde sisteem van simboliese kommunikasie is wat uit patroonmatige herhaling van woorde en handelinge bestaan (vgl. White 2005:387–8). Meestal het rituele ten doel om die aanvanklike orde of eksistensiële ekwilibrium wat op die een of ander wyse geaffekteer is, te herstel (vgl. Gruenwald 2003:16).

26 Vgl. Buschat (2011:785–6) se studie van die rol van trane in Christelike spiritualiteit:

Tears are pointers to a deeper inward reality. Human tears release one’s grasp of power and control, and may signal a willingness to experience human emptying that mirrors the kenosis (emptying) of God in Christ (Phil 2:1–11). Christian transformation, expressed in trusting dependence on God’s mercy, requires this relinquishment, which will often be expressed with tears or surrender and acceptance.

27 Vgl. Huls (2006a:184): “Wij worden niet innerlijk door veel te bidden of te mediteren, maar in dit gebed en deze meditatie kunnen wel opengebroken worden voor de werkelijkheid als een God doortrokken geheim dat ons onmiddellijk aanspreekt.”

28 In Spiritualiteitkunde is geestelike praktyke ’n spesifieke navorsingsfokus. Drie terme word in wisselwerking met mekaar gebruik om aan dieselfde konsep uitdrukking te gee, te wete oefeninge, dissiplines en praktyke (vgl. Holder 2005:250 en Sheldrake 2005a:502). ’n Ouer, meer spesifieke gebruik van geestelike oefeninge dui op asketiese gebruike, waarmee mense doelbewus poog om fyner ingestel te wees op die heilige (vgl. Dykstra en Bass 2002:216–7). In die Benediktynse Reël is geestelike oefeninge daarop gemik om monnike voor te berei om die teenwoordigheid van God te kan “proe” (vgl. Waaijman 2002:173–4). Vanuit hierdie beskouing is geestelike oefeninge se doel dan om die hart te reinig met die oog op ’n ontmoeting met God: “Forms of spirituality are inconceivable without specific spiritual exercises whose purpose is to purify and open up the human subject. The exercises make people receptive to the God-relation and prepare them for contemplation” (Waaijman 2002:662).

29 Steggink (2003:28) brei uit op die herkoms van die begrip: “De woord mystikós is ook verwant met myéo = inwijden in de mysteriën, dat wel een direct religieuze betekenis heeft: mystès = wie in de mysteriën is ingewijd, mystagogós = in de mysteriën inwijdend, en mystagogia – inwijden in de mysteriën.” 

30 Vgl. Waaijman (2002:871–2), met verwysing na die rol van mistagogie in geestelike vorming: 

In spiritual formation mystagogy means the clarification of the spiritual way: one seeks to gain insight in the course of the way, into the mechanisms which either help or hinder the “going” of that way. Here mystagogy assumes the form of instruction or dialogue, retreat or consultation.

31 Sien Huls (2006b): “In this way the personal situation – which seems so significant – may be discovered as the Face of God. In things happening God is looking at us and in these concrete circumstances we may discover who God is.”

32 Vgl. Rienstra (2011:827): “The most counterintuitive feature of spiritual waiting is the surrender of our human desire to work, try, earn. Instead, we must allow God to act, revealing actions and purposes beyond our perception or comprehension.” 

33 Vgl. Waaijman (2004a:23): “De geschapen vorm komt tot bestaan vanuit de Vormer en wordt door de kracht van de Vormer bewaard.” 

34 Vgl. Westermann (1984:676). Sien ook Westermann (1981:161): “De Godslof wasemt door het hele bestaan van de Israëliet heen; hij is de natuurlijke reaktie op gebeurtenissen, waarin Gods goedertieren bestuur ondervonden werd.” 

35 Miller (1998:224–5) se opmerkings oor smeekgebed belig hierdie reddende handeling van God:

Petitionary prayer is – despite all its complaining, all the radical questioning of the hiddenness of God, and the experience of God-forsakenness that can come boiling to the surface in the prayer – a confident act, an expectant word. The petitioner prays between fear and trust. But the prayer has a form, and part of that form is an expression of confidence and expectation of God’s response. 

36 Vgl. Waaijman (2002:707): “In spiritual reading the perennial issue is the turnabout from text to the non-text of divine Self-communication, the revelation of Enlightenment.”

37 Vgl. ook Egan (2005:211): “Christians perceive contemplation as a divine gift of grace.”

38 Sien Waaijman (2002:680): “The I must be delivered of its self-defined identity by entering into nothingness. … To be attached to the Creator is to be nullified in one’s own existence, that is, in the existence of which one is himself the center.” 

39 Sien Waaijman (2013): “De openbaring van mijn Machtige betekent het vrijkomen van mijn gelaat in God. Deze bevrijdingen van mijn gelaat (nu niet meer van zijn gelaat) worden in één adem verbonden met mijn geboorte uit de Machtige: ‘mijn Machtige’.” 

40 Waaijman (2002:761) skryf dat oratiewe dinamiek hier passief raak: “Orative dynamics is passive here: I am seen, heard, received. I am being included in intimacy with God, hidden in the recesses of his tent.” 

41 Sien ook Humphrey (2011:420–1):

Instead, we will consider Christian ecstasy in terms of being “directed to the other” and as patterned for the church by the triune God himself. After all, true communion is possible only for those who “stand outside” themselves (ecstasy is from the Latin ek-stasis, “standing outside”). 

42 Sheldrake (2005b:388) skryf dat die tema van die Christelike lewe as pelgrimsreis ’n ryk konsep is wat in die spiritualiteitsliteratuur baie aandag geniet het. Transformasie is ’n grondliggende faset hiervan: “The Christian understanding of the spiritual journey is thus a lifelong process of commitment to this process of turning – in other words, a movement of ongoing transformation.” 

43 Waaijman (2002:456) onderskei vyf vlakke van transformasie: transformasie in skepping (vanaf niebestaan tot bestaan in God se skepping van die mens); in herskepping (vanaf misvorming na hervorming in God se herskepping van die mens); in gelykvormigheid (na ’n spesifieke God-mens- transformerende model), in liefde (waarin die siel gelei word in God en God inwoon in die siel); en in heerlikheid (wat eers in die lewe hierna verwerklik word, maar waarvan transformasie in liefde reeds ’n voorstelling is). Tegnies sou daar in Psalm 42/3 van transformasie in herskepping sprake wees.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post ’n Mistieke lesing van Psalm 42/3 appeared first on LitNet.


A mystical reading of Psalm 42/3

$
0
0

Abstract 

The problem addressed here is that a text such as Psalm 42/3, which is an appropriate text to read with a mystical lens, has only to a limited extent been examined from the angle of mysticism. Apart from Waaijman’s investigation in Mystiek in de Psalmen and his analysis in Spirin (the webpage of the Titus Brandsma Institute for spiritual and mystical studies), this text has not been studied in detail with a mystical lens before. The hypothesis is that important aspects of Psalm 42/3, which is treated as one psalm, can be understood only from a mystical perspective. Accordingly, the purpose is to show how a consistent, theoretically based mystical reading of Psalm 42/3 will contribute to the exploration of a certain essential tenor in the poem. Important aspects of the text can be understood through a mystical lens. This study aims to contribute to the understanding of mysticism from a biblical perspective through the investigation of Psalm 42/3, as well as to show how it may be an essential addition to, and enrichment of, existing biblical receptions.

The method entails giving a short theoretical, hermeneutical and methodological account directly after the introduction. Biblical Spirituality as the meeting place of two disciplines, namely Biblical Sciences and Spirituality Studies, is investigated. Waaijman’s spiritual hermeneutics is also examined as an instrument to undertake a mystical reading of Psalm 42/3. An exegetical analysis of Psalm 42/3 follows in the next section. Grammatical, text-critical, lexicographic, poetical and historical insights, characteristic of the historical-critical approach, are investigated. A mystical lens is applied throughout. Consequently, in a formal examination of the text, a mystical process is revealed that unfolds systematically on four levels. This is followed by a detailed examination of each of these four levels of the mystical process. The four levels entail, firstly, a liminal situation as place of birth for the mystical process; secondly, a process of internalisation as a means for dealing with the liminal situation; thirdly, a mystagogical process that carries the internalisation to the fourth level, namely contemplation. With contemplation, the mystical process reaches its peak. 

The first of the four levels of the mystical process is a liminal situation. Liminality is a concept that anthropologists use to apply to the transitional stages in human life. The speaker in Psalm 42/3 is most likely a pilgrim on his way to the temple and who, for some reason, is prevented from arriving at his destination and finds himself in a liminal situation. What is striking in the text is the way the speaker struggles to deal with the liminal situation. It becomes a lived experience that is dealt with in conversation with God, through questions, reminders and pleadings.

In Psalm 42/3, five constants characteristic of a person who allows the liminal situation to permeate him or her, namely disintegration, loneliness, isolation and vilification by the community, bestial aggression and an afflicted relationship with God, are visible. Disintegration is imaginatively depicted in the water images in the poem: a dry riverbed, tears and a fast-moving river that collapses in a waterfall. Loneliness is evident from the speaker’s yearning to march with the faithful to the House of God and vilification in the enemy’s persistent, defiant questioning of the presence of God in his life. This the speaker experiences as a dagger stab in the heart. Underlying all of these experiences is one core experience, namely to be forsaken by God. 

In a second phase of internalisation the processing of the liminal situation is now taken a step further. In Spirituality as Discipline, internalisation is an inextricable part of the mystical process that characterises the spiritual path. In this phase a person opens his or her inner self in the presence of God. This is exactly what happens in Psalm 42/3: The speaker performs certain outward actions, like praying, pleading and questioning – all of which are focused on opening up to God. Detachment and surrender play an important role in this process of internalisation.

For the speaker, detachment entails a release of all self-interest, any dependence on other people, and even giving up his concepts about God. This act of detachment is, at the same time, an illustration of annihilation: to declare those things the speaker adhered to as insignificant. The flipside of detachment is surrender: to submit oneself entirely to God. These acts of detachment and surrender indicate a shift of the action centre from the speaker to God.

The manner in which the external acts are directed to the innermost dimension of humanity is by means of the spiritual practice of mystagogy. In Spirituality as Discipline, mystagogy aims at guiding someone to interpret a particular experience in the light of the hidden Presence, i.e. God. In Psalm 42/3 the striking self-reflection in the poetic structure of the poem indicates the existence of such a mystagogical process. Self-reflection emerges in the cohortatives, but especially in the speaker’s conversation with his soul in the repeated refrain. As a mystagogue, the speaker’s core command to his soul is to wait on God. However, nearer to the end of the poem another mystagogue emerges, namely God. By requesting God to bring him to the holy mountain, the speaker declares God to be the ultimate guide of the spiritual journey: the only One capable of realising the divine encounter.

The fourth phase, and the culmination of the mystical process unfolding in the three stanzas of Psalm 42/3, is the face-to-face encounter with God. This is the ultimate focus of the mystagogical process: to experience the mystery of God in a face-to-face encounter. In Spirituality as Discipline, this entails contemplation, namely God’s self-communication, the “revelation of the mystery”. In Psalm 42/3 the phrases in the refrain, “the liberation of his face” and “the liberation of my face”, bear witness to the reality of this face-to-face encounter between the speaker and God. A bond of unity has emerged among the companions. This unity has a liberating effect on the speaker. It is striking that this liberation can be linked to death and rebirth. In the end, it can be concluded that the face-to-face encounter has a transforming effect on the speaker and his soul.

Keywords: annihilation; Biblical Spirituality; contemplation; exegesis; interiorisation; liminality; mystagogy; mysticism; spiritual hermeneutics; transformation

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

’n Mistieke lesing van Psalm 42/3

The post A mystical reading of Psalm 42/3 appeared first on LitNet.

Resensie: Vloek deur Rudie van Rensburg

$
0
0

Titel: Vloek
Skrywer: Rudi van Rensburg

Uitgewer: Queillerie
ISBN: 9780795801976

In Rudie se eerste Kassie Kasselman-roman, Slagyster (gepubliseer in 2013), ontmoet ons vir Carl Bester, gevalle oudspeurder. In Vloek is Carl terug. Hy kan na Suid-Afrika kom – sy bannelingstatus uitgewis, teen ’n prys. “Ons vergeet jou sondes in ruil vir ’n teenprestasie,” sê sy nuwe werkgewer. Hy moet ’n lykbesaaide saak van internasionale belang help ontrafel – een wat met lyke besaai lê. Nou sal hy weer soos ’n volbloedspeurder moet redeneer om dié saak saam met ’n spul rookies op te los.

Carl se polisiedae lê ver in die verlede en hy word gedwing om as volbloedspeurder te redeneer om dié saak saam met ’n spul rookies op te los. Dié berugte rokjagter het natuurlik ook versoekings, soos die pragtige Sarah. Sal hy die versoeking kan weerstaan om betrokke te raak by dié beeldskone kollega? Gaan sy paaie kruis met Kassie Kasselman, die speurder wat sy diefstal destyds aan die Skerpioene blootgelê het? Dan is daar die neo-Nazi uit Carl se verre verlede. Gevul met die “heilige krag van die Führer” is hy vasbeslote om wraak te neem op die man wat hom agter tralies laat beland het.

Vloek is beslis ’n boek wat jou vasgenael hou, byna soos ’n speurderverhaal wat op die kassie afspeel. Skielik lees jy nie net meer'n boek nie, jy is deel van die gebeure:

Hy skud die gevoel van verlammende paniek af en hardloop, druk mense uit sy pad, struikel toe hy 'n paar kissies groente by 'n straatstalletjie met sy heup omstamp, behou sy balans en beur vorentoe. Elke sening en spier in sy lyf is gespan, maar dit voel of hy lood in sy skoene het. Hy sien die steeg tien meter voor hom. Dit is donker en smal. Daar is skielik voetstappe agter hom. Hulle het hom die steeg sien vat, besef hy. Paniek klop opnuut in sy slape.

Riloomblikke is daar vele van, dalk te veel vir die gemiddelde vrou se smaak. Die meeste vroue is sensitief wanneer dit by kinders en wreedheid/marteling kom, soos wanneer klein Imani lyfstraf kry:

Twee gryp hom aan sy arms en 'n derde aan die bene. Hulle dra hom protesterend en spartelend na die boom langs die hooftent. Die luitenante maak die seun se gewrigte bo sy kop aan 'n laaghangende tak vas. Hy bewe soos 'n riet.

Daar is geen gebrek aan ’n deurlopende spanningslyn wat jou op die punt van jou stoel hou en beslis sal wakkerhou sou jy slaaptyd dié skrywe aandurf nie. Dit lees gemaklik en alhoewel dit jou hare laat regop staan en beslis nie ’n boek is om op ’n nugter maag te lees nie, getuig dit van ’n goeie woordeskat en storielyn wat perfek ingespan en saamgesmee word.


Agtergrondinligting, wikipedia:

Rudie van Rensburg is op 6 Oktober 1951 in Bloemfontein gebore as die oudste van twee seuns. Ná skool studeer hy verder aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat, waar hy eers ’n Hoër Onderwysdiploma en later deeltyds ’n BA-graad in Kommunikasiekunde behaal. Aan die Universiteit van Suid-Afrika behaal hy daarna ’n BA Honneurs-graad in Kommunikasiekunde. Nadat hy sy onderwysdiploma verwerf het, begin hy sy loopbaan as joernalis by Volksblad in Bloemfontein, waar hy hoofsaaklik in die sportredaksie diens doen. In 1982 word hy medestigter en uitgewer van die plaaslike koerant en later redakteur van die saketydskrif Die Ekonoom. Hy verlaat die joernalistiek na sowat tien jaar en sluit aan by die Universiteit van die Vrystaat se skakelburo. In 1987 aanvaar hy ’n pos in Sanlam se reklame-afdeling en verhuis na Kaapstad. Hy is ook ’n bekende skilder en van sy kunswerke is in versamelings in verskeie lande te sien.

In 2009 tree hy af by Sanlam, waarna hy hom aanvanklik op sy skilderkuns toespits, maar later op sy skryfwerk. Vir twee dae in die week werk hy ook as taalversorger by Die TygerBurger. Hy het al sewe gewilde panningsverhale geskryf: Slagyster, Kopskoot, Judaskus, Piranha, Kamikaze, Ys en Medusa, ’n kleuterboek, Die Doempies van Tafelberg (self geïllustreer en gepubliseer), die komiese roman, Hans steek die Rubicon oor asook ’n drama, Die begrafnis. Kamikaze was die 2018-wenner van die ATKV-Woordveertjie vir Spanningsfiksie. Hy skryf ook onder die skuilnaam Phil Janse.

Hy is getroud met Lize en hulle het drie kinders, MC, Neil en Amieke.

The post Resensie: <em>Vloek</em> deur Rudie van Rensburg appeared first on LitNet.

Richard O’Brien’s Rocky Horror Show Rock ’n Roll Musical

$
0
0

The cast of Rocky Horror (photo: Jesse Kramer)

Clearly, the full house to which the Rocky Horror Show opened on the main stage at the Artscape in Cape Town for its latest run, shows that time has not dimmed this star.

The play debuted in London in 1973 and was adapted to film two years later. Since then, it has spun off to become one of those seemingly permanent, starry fixtures of the entertainment universe. 

If you’ve seen the show, skip to the next paragraph. From the programme, Rocky Horror was inspired by B-grade movies and the sci-fi genre of the 1960s and 70s, and tells the story of a newly engaged couple, Brad and Janet, getting caught with a flat tyre in a storm and taking shelter in the home of a mad transvestite scientist called dr Frank N Furter. As their innocence is lost, Brad and Janet meet a houseful of wild characters, including a rocking biker and a creepy butler. Through elaborate dances and rock songs, Frank N Furter unveils his latest creation: a muscular man named Rocky Horror.

Rocky and dr Frank N Furter (photo: Jesse Kramer)

Having achieved cult status, it’s more an event than theatre. People dress up in the style of the costumes; and, there’s a script for audience participation that developed spontaneously over time and which is available online. Rocky Horror is akin to the goose that laid the golden eggs ─ it’s an easy reach to get bums on seats. 

Of course, no one believes just scheduling a traditional hit will guarantee success. Also, implying this performance was overripe would be unfair. No show or performance is the same, and especially in the case of Rocky Horror, you always remember your first and cherish your favourite.  

Our sentiments are then doomed to follow the old trope. You’ll sit and wonder what it will be like; will it be as good? Then, somewhere into the first act, you disappear in the spectacle of it all. Next thing, you’re on your feet with the rest of the audience doing the time warp again.

There’s the anticipation to see how Craig Urbani (like all who came before him) matches up to the presence of Tim Curry’s original Frank N Furter.

Answer: Magnificently.

Whether Kristian Lavercombe as Riff Raff and Marlee van der Merwe as Magenta truly own their dark and sexy cheerleading roles. 

Response: Absolutely.

If Didintle Khunou as Janet and Anthony Downing as Brad pull off the babe-in-the-woods routine.

Retort: Yes, yes, yes.

And so it all deliciously goes. One can only imagine how bewildering it must all be to the Rocky Horror virgins. It shouldn’t have to be said by now, but in case you haven’t cottoned on already: if you bring anyone not au fait with adult themes (like the censorship board that banned the film when it first reached South African shores during Apartheid), then be prepared to have some tricky conversations afterwards.

This performance did a great job building on that sense of belonging, which we all get to feel on that second time around. 

Whether the much-vaunted new set contributes much, this reviewer isn’t convinced. An oversized spool of film may remind us of the history of the tale, but does nothing for the tale itself, which is after all what we all came to love and to see.

Nonetheless, Rocky Horror continues to be a fun night out and even more fun when you’ve prepared. 

Richard O’Brien’s Rocky Horror Show

With: Craig Urbani, Kate Normington, Anthony Downing and Didintle Khunou
By: Peter O’Brien
Director: Christopher Luscombe
Set Designer: Hugh Durrant
Costume Designer: Sue Blane
Choreographer: Nathan M Wright
Lighting Designer: Nick Richings
Sound Designer: Gareth Owen
Musical Arrangements: Richard Hartley
ARTSCAPE OPERA HOUSE, 6 December 2019 – 12 January 2020
TEATRO, MONTECASINO, 17 January 2020 – 1 March 2020
Tickets at Computicket

The post Richard O’Brien’s <em>Rocky Horror Show Rock ’n Roll Musical</em> appeared first on LitNet.

Wenner aangekondig: Pret met Wiskunde, uitgegee deur NB-Uitgewers

$
0
0

 

Die volgende kompetisie is onlangs op LitNet aangebied:

Boekpakkie-weggee: Pret met Wiskunde, uitgegee deur NB-Uitgewers

Die wenner van die Pret met Wiskunde-boeke is deur middel van 'n gelukstrekking bepaal, en is Alta Burger. Baie geluk, Alta!


Nog inligting rondom die boeke:

In dié video sê drie graad 2-leerders twee grootmense die stryd aan met Wiskunde! Jy sou nooit kon raai wie beter vaar nie . . . 

 

The post Wenner aangekondig: <em>Pret met Wiskunde</em>, uitgegee deur NB-Uitgewers appeared first on LitNet.

Fotogalery: Suidoosterfees 2020-programbekendstelling

$
0
0

Die Suidoosterfees 2020 se program is op 9 Desember by ’n glansgeleentheid by Nasdak (Media24) in Kaapstad bekendgestel. Die fees vind plaas vanaf 27 April tot 3 Mei 2020. Die volledige program is nou beskikbaar op die Suidoosterfees-webtuiste en kaartjies kan deur Computicket bespreek word. 

Die Suidoosterfees se nuwe logo is tydens die bekendstelling onthul. (Foto: Gys Loubser)

Jawaahier Petersen was die gasvrou (Foto: Gys Loubser)

Jana Hattingh, die nuwe uitvoerende hoof van die Suidoosterfees (Foto: Gys Loubser)

Corli Botha van NATi (Foto: Cliffordene Norton)

“Ons het onlangs getel hoeveel debuutproduksies ons geskep het en dit was 1626 debuutproduksies. Dit sê baie van die Afrikaanse skeppende gemeenskap,” het Karen Meiring, M-Net se direkteur van Afrikaanse kanale, tydens die Suidoosterfees 2020-programbekendstelling gesê. (Foto: Cliffordene Norton)

Anroux Marais, Wes-Kaapse minister van kuns, kultuur en sport (Foto: Cliffordene Norton)

Jawaahier wens Anroux geluk met haar onlangse verjaarsdag (Foto: Cliffordene Norton)

Shirley Levendal, ondervoorsitter van die Suidoosterfees-direksie (Foto: Gys Loubser)

Corneil Muller (Foto: Cliffordene Norton)

Tyd vir feesvier! (Foto: Menán van Heerden)

Ivor Price (Foto: Cliffordene Norton)

Saartjie Botha, feesdirekteur van die Woordfees (Foto: Cliffordene Norton)

Eureka Barnard en Niël Rademan (Foto: Cliffordene Norton)

Erns Grundling (Foto: Cliffordene Norton)

Johannes Slabbert (Foto: Cliffordene Norton)

“Suidoosterfees is ’n fees vir almal, dus het ons probeer om die pryse bekostigbaar te maak vir alle inkomstegroepe,” het Brian Figaji, Suidoosterfees se direksievoorsitter, gesê. Hier gesels Suidoosterfees-direksielid, Johann Maarman (links), met Brian (regs). (Foto: Gys Loubser)

Studente van Dance for All South Africa (Foto: Gys Loubser)

Kanya Viljoen en Herschelle Benjamin (Foto: Cliffordene Norton)

Studente van Dance for All South Africa (Foto: Gys Loubser)

Van links: Ramon Alexander, David Kramer, Frazer Barry en Deniel Barry (Foto: Gys Loubser)

Van links: Beatrix Roux, Carien van der Westhuizen, Marlene le Roux en Herman van der Westhuizen (Foto: Gys Loubser)

Babalwa Mentjies sing Miriam Makeba se Pata Pata en George Werner-kwartet (Foto: Gys Loubser)

Tasneem Daniels loer deur die program (Foto: Cliffordene Norton)

Hein Gerwel en Charles Esau (Foto: Gys Loubser)

Frazer Barry gesels met David Kramer (Foto: Cliffordene Norton)

Foto: Menán van Heerden

Cheers op 2020! (Foto: Menán van Heerden)

Lees ook

Die fees wat waai(b)! Die 2020-Suidoosterfeesprogram beloof ’n fees-ervaring uit die boonste rakke

Suidoosterfees verwelkom nuwe uitvoerende hoof

The post Fotogalery: Suidoosterfees 2020-programbekendstelling appeared first on LitNet.

Fresh off the press: For the love of the land – Ivor Price and Kobus Louwrens

$
0
0

Title: For the love of the land – being a farmer in South Africa today
Author: Ivor Price and Kobus Louwrens 
Publisher: Tafelberg 
ISBN: 9780624088998

Away from the heated political debates, in the shadow of uncertainty and shifting policies, farmers are putting seeds into earth in what seem like forgotten parts of the country.

Who are they?

For the love of the land introduces South Africans to the heroes of agriculture. A diverse crop of farmers from across the country share complex, layered stories about heritage and land, at times surviving traumas like land dispossession and forced labour and the more current spectre of violent farm crimes. From the small farms to the agri-businesses who feed South Africa against the odds, this book relays the power of land to heal, by telling stories that are often overlooked.

The post Fresh off the press: <i>For the love of the land</i> – Ivor Price and Kobus Louwrens appeared first on LitNet.

For the love of the land: ’n onderhoud met Ivor Price en Kobus Louwrens

$
0
0

Ivor Price, links (foto verskaf) en Kobus Louwrens, regs (foto-erkenning: Winelands Photography)

Title: For the love of the land – being a farmer in South Africa today
Author: Ivor Price and Kobus Louwrens 
Publisher: Tafelberg 
ISBN: 9780624088998

For the love of the land: Ivor Price en Kobus Louwrens praat met Naomi Meyer oor hulle boek.

Ivor, ek het nou die dag jou fassinerende gesprek met Anita Visser op RSG oor hierdie boek gehoor. Jy het genoem dat die hele landskap van boerdery verander het. Wil jy dalk vertel van jou ontdekkings rondom plase en landbou en Suid-Afrikaanse boere?

Ek skrik nog elke keer wanneer ek by sommige boekwinkels instap en For the love of the land tussen die boerderyboeke vind. Dit is ’n boek oor boere, ja, maar bowenal is dit ’n boek wat hopelik nuwe lig werp op van die grootste politieke brandpunte van ons tyd, soos grondhervorming. Ons praat daagliks met landbouers as deel van ons opwindende Food For Mzansi-platform. En die een ding wat ek geleer het, is dat die gronddebat in Suid-Afrika eintlik oor waardigheid en gelykheid gaan – nie die Grondwet nie. Ons het besef ons ervaring van boere strook nie met sommige van ons politici se dom uitsprake oor veral wit, kommersiële boere nie. En aan die ander kant het ons besef dat die meeste mense nie eens besef dat die meeste boere in hierdie land swart is nie. Trouens, as jy vandag vir die meeste mense vra hoe die tipiese Suid-Afrikaanse boer lyk, sal hulle waarskynlik ’n prentjie van ’n wit, Afrikaanse man sien. Alles dui daarop dat die toekomstige boer in hierdie land waarskynlik ’n swart vrou gaan wees. Dis waarheen die meeste van die regerings- en ander ontwikkelingspogings tans gaan.

Toe skryf ons ’n boek wat die skone diversiteit van landbou wys; wat met die mense praat wat elke liewe dag help om voedselsekerheid in Suid-Afrika te help in stand hou. Ons wou hulle absolute toewyding tot die land dokumenteer. Hoe boere plattelandse gemeenskappe aan die lewe hou. Hoe hulle inspring waar die plaaslikeregeringstrukture mense in die steek gelaat het. Hoe hulle huise, skole, klinieke en hospitale bou en paaie regmaak. Dit is verhale wat gereeld onder die mat gevee word, omdat dit makliker is om te glo dat die enigste goeie boer ’n dooie boer is, soos my oorlede oupa altyd gesê het. Dalk is ek en Kobus naïef, maar ons glo dat landbou die mag het om sosiale samehorigheid te bewerkstellig in hierdie pragtige dog gebroke land van ons. Ons wou ’n boek skryf wat die debat van “Give back the land” se geykte retoriek na “Vir die liefde van die land” kon verskuif.

Kobus, wat is jou agtergrond?

Ek is ‘n plattelander van die Oos-Kaap. Die naaste wat ek kleintyd aan die landbou gekom het, was partytjies op plase. Maar ek dink soos die meeste Afrikaanse mense het ek altyd in ‘n mate deel van die landbou gevoel, al was dit dalk net ‘n nostalgiese illusie. Ek sê altyd ons Afrikaners kry ‘n warm gevoel as Laurika Rauch sing: “Seën my pa en seën my ma, en my oom op sy plaas in Afrika”, al het jy nog nooit aan ‘n bees gevat nie.

As ‘n voormalige omgewingsjoernalis is ek ook baie bewus van kwessies oor voedselsekerheid, so ek het die sektor altyd met belangstelling dopgehou.

Ivor, hoe het jou en Kobus se verskillende aanslagte tot die skryfproses die boek help vorm?

Dit is nie maklik om ’n boek met 30 verskillende boere van regoor Suid-Afrika te baar nie. Ons spertye was ook redelik knap, maar ek dink die feit dat ek en Kobus al 20 jaar boesemvriende is, het dinge baie vergemaklik. Ons kon ’n stelsel uitwerk wat op albei se sterk punte inspeel. Hier is ‘n voorbeeld: Van al die dinge wat ek doen, beskou ek myself eerstens as ’n skrywer, hoewel dit nie ’n etiket is waarmee Kobus maklik kan identifiseer nie. Ek wou ’n boek met literêre waarde help skep – iets wat met mense se verbeeldings kon toor. Kobus, daarenteen, was meer aangetrokke tot feite, plekke, datums, daai soort ding. Die uiteindelike kombinasie was ’n wenner.

Kobus, farming is one of the hot topics of the year, but why did you write For the love of the land?

It is a continuation of our collaboration on the agriculture news and lifestyle website Food For Mzansi, which in turn flowed from a realisation of how differently South Africans of different ethnic backgrounds feel towards farming and farmers, how diametrically opposed attitudes and perceptions on this topic are.

At the same time we noticed how negative the coverage of agriculture in the mainstream media was: all disaster and abuses. The stories of farmers going out of their way to support a collapsing platteland is nowhere to be seen, nor the ones of the everyday bravery of large- and small-scale farmers who keep working against the odds to produce our food.

The website was born to tell these unrepresented stories. Also, since agriculture is such a nexus of the fault lines along which South Africa is divided – race, gender, economic exclusion, you name it – we believe that the sector could be a powerful point to actually start building social cohesion, literally from the ground up. The book is an extension of these mandates.

Ivor, ons almal het ons eie idees oor plase. Ek het aangeneem dat ‘n boek oor landbou en plase in Afrikaans sou wees, omdat ek gedink het die meeste boere is Afrikaanssprekend. Waarom het julle die boek in Engels geskryf?

Ons wou ’n boek vir gewone Suid-Afrikaners skryf. Die mense wat bedags by radiostasies inskakel omdat hulle omgee oor wat in die politiek en die ekonomie gebeur. Die mense wat so dikwels in die slaggat val om in lelike Twitter- en Facebook-gevegte oor landbou en grond betrokke te raak. Baie van hulle is mense wat nogtans daartoe verbind is om aan ’n beter Suid-Afrika te help bou. Is dit ’n landbouboek? Ja, dalk tog. Is dit ’n politieke boek? Ek glo so. Kan die boek gemaklik lewe langs ander plaaslike niefiksie boeke? Ja. Dit is dus veral ’n boek vir mense wat nie noodwendig tans in landbou belangstel nie, maar tog ’n belang het by die vooruitgang van Suid-Afrika.

Kobus, from your perspective, why did you choose to write this book in English? And for whom did you write it - who is your ideal reader?

As Ivor would probably say, he travelled the country for the TV show Landbouweekliks, meeting 52 exceptional farmers, three of whom made it into the book, because we were struck by their personal stories of growth and their unique perspective on the past and future.

Some of the other farmers we encountered through Food For Mzansi and enjoyed the opportunity to explore their stories in more depth for the book.

Lastly we identified some farmers that we didn’t know because we felt their stories could touch on themes or issues we felt were important. The idea for me was to create a kind of mosaic of stories that are fairly representative of the diversity of farmers that we’ve discovered out there, and that would touch on some of the main issues agriculture is facing at the moment. We were also careful to include multiple perspectives on land ownership and land reform, hoping to help the reader understand the thinking and emotion behind different stances on the contentious topic.

Our website, Food For Mzansi, is notable for being the only agricultural media platform in South Africa that does not have farmers or the industry as its primary or only target audience. We strive to find stories in agriculture and tell them in such a way that they interest ordinary urbanites, and perhaps get them to look differently at the hands that grow the food and clothing they consume. To be honest, we didn’t even consider doing the book in Afrikaans first. We needed it to be accessible to the people who feel the most alienated from or shunned by agriculture.

Ivor, neem julle standpunt oor grondhervorming en onteiening sonder vergoeding in?

Nee, as ’n joernalis probeer ek om nie my eie opinies oor enigiets te ernstig op te neem nie. Ek het dus nie ’n formele posisie oor grondhervorming en onteiening nie. Wat ek eerder kan bied, is die baie persoonlike ervarings wat ek met boere gehad het. Ek het nog nie ’n enkele wit boer ontmoet wat teen grondhervorming gekant is nie. Almal vra net die regering om dit op ’n sinvolle, verantwoordelike manier te hanteer wat nie ons voedselsekerheid sal bedreig nie, en ook nie die toekoms van ons plaaswerkers in gevaar sal stel nie.

Ek glo egter dat die regering eers moet kyk na verlate grond, plase met hopelose skuldvlakke, grond wat uitsluitlik vir spekulatiewe doeleindes gehou word, grond wat deur staatsondernemings gehou word en nie benut word nie, grond verkry deur kriminele aktiwiteite, grond wat reeds bewoon is en deur huurarbeiders gebruik word, geboue in die middestad met afwesige eienaars, grondskenkings en planne vir ekwiteit. As ’n buitestander tot landbou maak dit vir my meer sin dat die regering eerder bestaande eiendomsreg beskerm terwyl hulle hard werk om vir mense huise, elektrisiteit en werk te gee.

Kobus, complete the sentence: Being a farmer in South Africa means ... 

… so much more than most of us think. It means you have a special connection with the land and feel privileged to be able to do hard, risky, often unrewarding work with (on the commercial side) no protection from government, or (on the up-and-coming side) receiving badly managed support that often sets you up for failure. Despite this, I’ve met some of the brightest and best South African in this industry.

Ivor, watter stories staan vir jou uit?

Ek hoop dat Siviwe Tikana, ’n jong melkboer van Oos-Londen, my sal vergewe, maar sy politieke sieninge sal waarskynlik die meeste mense afskrik. En hulle sal in die proses heelwat verkeerde aannames oor hom maak ... Hy is egter ’n dinamiese man wat saam met sy ma boer op grond wat hulle van die regering ontvang het. Maar sy lewensverhaal is waarlik Suid-Afrikaans. Hy was op Hoërskool Grens, het sy hart vir Afrikaans gegee, sy pa was ’n motorwerktuigkundige en sy oupa het die land bewerk. En die een ding wat my van Siviwe se storie ontroer het, was hoe die Tikanas steeds sukkel om die persepsie dat hulle tenderpreneurs is, af te skud. Dat hulle nie ware boere is nie, maar slegs regeringsgeld melk, terwyl die teendeel eintlik waar is. Hulle moet baie hard werk om die ligte aan te hou, maar hulle kan staatmaak op die ondersteuning van hul wit bure wat hulle bystaan wanneer niemand anders wil nie.

Die verhaal van Ritha-Theresa du Plessis van der Mescht is ook baie aangrypend. Hoewel sy op ’n plaas gebore is, wou sy altyd ’n haarkapster word. Maar die lewe is nie ’n sprokie nie en sy is ook nie ’n prinses nie, so nadat haar pa skielik siek geword het, moes sy op die plaas voorvat. En soos die meeste Suid-Afrikaners het sy eenvoudig gedoen wat sy moes doen. Sy was nogal senuweeagtig oor hoe die werkers daarop sou reageer dat sy skielik as ’n vrou die septer swaai, maar hulle het haar gehelp om een van Mpumalanga se voorste boere te word.

En dan het Wadea Jappie en Pieter Oosthuizen, boere van onderskeidelik die Kaapse Vlakte en Queenstown, my heeltemal uitgeboul. Hulle kan nie méér verskillend van mekaar wees nie, maar hulle liefde vir hierdie land is ongelooflik. Wadea breek as ’n redelik konserwatiewe Moslemvrou allerhande stereotipes oor die “gesig van boere” af, en Pieter se besonderse verhouding met sy werkers en die plaaslike Xhosa-gemeenskap is een vir die boeke.

Die Prinsloos is self al twee keer onder die vorige bedeling van hul grond onteien. Dit het hulle nie bitter gemaak nie, maar eerder ’n seldsame deernis en verstaan gegee van die belangrikheid van verantwoordelike grondhervorming en die bemagtiging van mense. 

En vir jou, Kobus?

One of my favourites as a piece of writing is Malixole Gwatyu’s “The day I cried for Bertie”. He tells the story of his childhood as a farm worker’s son and his friendship with the farm owner’s son. He writes very understatedly and subtly, but somehow manages to evoke so much of the socio-political universe that doomed the two little boys’ friendship from the start.

Kobus, kom ons praat oor die droogte, grondhervorming en oor misdaad op plase. Wat dink jy oor hierdie kwessies?

Droogte: Dis ‘n skande dat die regering nog nie ingegryp het nie. Dit getuig van ‘n gebrek aan insig in die blootgestelde posisie van landbouers en onbegrip van die lewensbelangrike diens wat hulle lewer. Dieselfde met landelike misdaad en geweld. Net soos met dienslewering en instandhouding van lewensnoodsaaklike infrastruktuur soos paaie, is landelike gemeenskappe dikwels heeltemal oorgelewer. Dis maklik om die gevoel te kry dat die staat glad nie vir hulle omgee nie.

Grondhervorming: Die regering is uitgevang nadat hulle dekades lank god’s water oor god’s akker laat loop het wat betref (broodnodige) grondhervorming. In hulle verswakte toestand het hulle hul in ‘n hoek laat verf deur populiste en nou is dit skaakmat – die Grondwet moet verander. Die ironie is dat in die landbou die grootste behoefte nie bykomende grond is nie. Kleinboere kort eers betroubare, weldeurdagte en goedgekoördineerde steun om hul ondernemings te laat groei tot hulle kommersiële skaal bereik en die aansig van Suid-Afrikaanse kommersiële landbou kan help verander.

Kobus, your book has a positive focus. How can one stay positive in the midst of loadshedding, of economic problems, of animals dying in the heat? What did you hear from the farmers?

It is definitely not easy to stay positive against such overwhelming odds, even for people who have often seemed to have optimism in their DNA. Farming is such a fundamentally optimistic thing to do: Farmers throw a dice every season in hope and faith that climate, politics and the international economy will combine to allow them success, and they do this with the patience to keep building for generations. Like Oom Nick Serfontein says in the book: They plant trees they know they will never enjoy the shade of. To hear of farmers driven to despair and to give up, or worse, is truly, truly tragic.

Kobus, we started this conversation about farming perceptions and prejudices. How did this change or how were you influenced by what you discovered during your research? Looking back: Did the writing of this book change you, as people?

Writing and compiling this book, as well as working on Food For Mzansi for almost two years now, has been one of the most personally rewarding experiences of my life and career. I’ve met so many people of goodwill from such a diversity of backgrounds and places in South Africa. Ivor and I have been good friends for 20 years, and we both are old-school, 1990s vintage, Rainbow Nation-believing idealists! Meeting so many farmers has strengthened my belief that we can all understand one another if we listen and talk and if we intentionally ignore the differences and emphasise the commonalities.

Ek onthou naby aan die begin van die proses wat later Food For Mzansi en die boek sou teweegbring, het ons die megalandbouskou Nampo besoek om ons idealistiese nasiebou-idee met boere en agri-ondernemings te toets. Wat my toe opgeval het, was die dag-en-nag-verskil ten opsigte van die laegraadse rasse-oorlog en katastrofering wat op Twitter gewoed het, terwyl Suid-Afrikaners van verskillende kleure en stande in die werklike lewe mekaar met soveel oopheid, medemenslikheid en humor in die oë kyk. Die reaksie op die boek en die gesprekke wat ons al daaroor gehad het met lesers en boere, laat my voel asof dit ons gehelp het om Suid-Afrikaners mekaar te help raaksien.

Ivor, anything you wish to add?

We still can’t believe the immense success of Food For Mzansi, our little agriculture news and lifestyle platform. In one year we’ve smashed digital records and won two international prizes. It is now Africa’s Best Digital News Start-up and also the runners-up in the category for Best Social Media Strategy on the continent. We will continue saluting the unsung heroes of agriculture through great heart-centred journalism. We believe that many South Africans are quite gatvol of some of the political rhetoric surrounding farmers and the agricultural sector who often get entangled in the bigger debates about land reform. So, we’ll continue challenging stereotypes and authorities with facts and figures and stories of actual people doing their bit to make Mzansi one of the most food-secured nations on the continent.

The post <em>For the love of the land</em>: ’n onderhoud met Ivor Price en Kobus Louwrens appeared first on LitNet.


Elisabeth Eybers se “soetste kettery”: Die woord en die Woord in haar poësie

$
0
0

Elisabeth Eybers se “soetste kettery”: Die woord en die Woord in haar poësie

Lina Spies, Universiteit van die Vrystaat

LitNet Akademies Jaargang 16(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

In my artikel oor die invloed van die taal van die Bybel en die godsdiens op die poësie van Elisabeth Eybers het ek uit veral twee bronne geput: haar essay oor haar kinderjare, “’n Pastoriedogter” in Herinnering se wei (1966), ’n aantal skrywers se jeugherinneringe wat aanvanklik in 1953 in My jeugland verskyn het, en die hoofstuk oor haar poësie, “Elisabeth Eybers: Die vroulike aanvulling” in D.J. Opperman se seminale studie Digters van Dertig. Die essay oor haar kindertyd as die tweede van drie dogters van wie die vader predikant was in die Nederduitse Gereformeerde Kerk op die klein Wes-Transvaalse dorpie Schweizer-Reneke, skryf Eybers toe sy 38 was en bekend en gewaardeer as die enigste vrouedigter onder die belangrike geslag van Dertig in die Afrikaanse poësie. 

In Digters van Dertig, waarvan die eerste druk in 1953 en die tweede druk in 1962 verskyn, blyk dit dat vir Opperman die betekenis van ’n gedig weliswaar op strukturele wyse deur die digter verwesenlik word, maar hy betrek ook lewensbesonderhede van die digter daarby om die betekenis te verdiep en te verruim. Hy skryf dus oor die Dertigers se poësie voordat die New Critics met “close reading” ’n taboe gemaak het van ’n poëtika wat ’n digter se poësie met sy/haar lewe in verband bring. Die Afrikaanse ekwivalent van “close reading” die Stilistiek op linguistiese grondslag (Johl 1986: 51–61) het eweneens die outonomie van die gedig as selfvervullende , selfgenoegsame entiteit die uitgangspunt gemaak van die heersende literêr-kritiese bespreking van die poësie in die 20ste eeu, waarvan onder andere Opperman geen klakkelose navolger was nie. Feministiese Amerikaanse vroulike kritici, by name Paula Bennett en Barbara Antonina Clarke Mossberg, het teen die New Critics ingeskryf en my oortuig dat die lewe van die vrouedigter van wesenlike belang is vir die begrip van haar poësie. Bennett sê in haar boek My life a loaded gun oor die vrouedigters wat sy bespreek: “They do not just write about women; they are women in their poems and their identity as women is what they write about” (1990:8).

Elisabeth Eybers se oeuvre oorspan twee verskillende periodes wat van ingrypende betekenis is vir haar identiteit as digter en vrou. Dié twee periodes word van mekaar geskei deur haar emigrasie na Nederland ná haar egskeiding in 1961 en haar vestiging in Amsterdam. In die eerste periode vind naas haar kindertyd, haar lewe as vrou en moeder tydens haar huwelikslewe in Johannesburg tot haar vroeë middeljare, poëtiese uitdrukking. Die voltrekking van vreemdheid tot akkulturasie wat ’n nuwe lewenswyse vestig, vind neerslag in al sy besondere aspekte in die poësie van haar Nederlandse periode. Waar dit vir my in hierdie artikel gaan oor die religieuse moment in die poësie van Elisabeth Eybers, gaan ek in op die neerslag van die taal van die Bybel in haar gedigte, ook binne niereligieuse verband. Daarnaas fokus ek veral op die domineevader se geloof en sy dogter se latere agnostisisme met die implikasies daarvan vir die vader-dogter-verhouding wat voorop staan in haar verse.

Eybers se breuk met haar pastoriejeug en die ontbreking van ’n mistieke ingesteldheid en religieuse soeke by haar, is geen traak-my-nie-agtige onverskilligheid nie, maar ’n heftige opstand teen Calvyn se predestinasieleer wat sy nie kon versoen met haar liefdevolle vader se aanhang daarvan nie. Haar moeder het haar angs as kind vir die voorbestemmingsleer besweer deur te wys op die liefde wat dit kortwiek. Eybers noem dit haar “soetste kettery”. Aan die begrip rymdwang gee sy in haar bundel van 1987 die positiewe betekenis van die dwang waaronder die digterskap haar plaas en waaraan sy nie wil ontkom nie. Met betrekking tot die woordkuns gee sy ook aan predestinasie ’n positiewe konnotasie: Die gedig is gepredestineer om op ’n bepaalde wyse deur die skeppende woord uitdrukking te gee aan wat die digter wil sê. Die insig impliseer haar versoening met haar vader; hulle is uitverkies om respektiewelik die woord en die Woord te dien. Eybers se religieuse poësie gee verder uitdrukking aan ’n vermenslikte Jesus. Daarnaas is dit die musiek en die liefde wat Eybers aan die transendente verbind en iets te make het met God as “hiëroglief” wat “begrip / en definisie uittart en ontglip” (“Miskien” in Rymdwang).

Ten slotte: Sonder ontkenning van die algemeen-menslike dimensie van Elisabeth Eybers se religieuse poësie, gaan ek uit van haar vroulike identiteit, want om dit te ontken sou wees om haar soos Emily Dickinson die swye op te lê (Mossberg 1982:7). Eybers het in haar hele oeuvre net een protagonis wie se geloof ’n vrou se “soetste kettery” is, wat sy aan haar moeder dank en met haar deel.

Trefwoorde: dogma; feminis; geloof; herinnering; kerk; moederskap

 

Abstract 

Elisabeth Eybers’s “soetste kettery” (sweetest heresy): The word and the Word in her poetry

In this article on the influence of Biblical language and religion on the poetry of Elisabeth Eybers, I draw on two sources in particular: Eybers’s essay on her childhood, “’n Pastoriedogter” in Herinnering se wei (1966), a collection of the author’s earliest memories, which initially appeared in My jeugland in 1953, as well as the chapter on her poetry, “Elisabeth Eybers: Die vroulike aanvulling” (“Elisabeth Eybers: The female complement”), in D.J. Opperman’s seminal study Digters van Dertig (Poets of the Thirties). The essay on her childhood, about her as the middle child of a minister’s three daughters, Eybers wrote at the age of 38 when she was celebrated and respected as the only female poet among the important Afrikaans poets of the Thirties generation.

In Digters van Dertig, which first appeared in 1953 and was reprinted in 1962, it appears that for Opperman the meaning of a poem is indeed realised by the poet in a structural manner; however, he also refers to biographical details of the poet to deepen and broaden our understanding. He therefore writes about the poetry of the Thirties poets before the “close reading” of the New Critics made it taboo to connect a poet’s work with aspects of his/her life. The Afrikaans equivalent, “Stilistiek op linguistiese grondslag” (“Stylistics on linguistic grounds”), equally made the autonomy of the poem as a self-fulfilling, self-sufficient entity the premise of reigning literary critical discussions of poetry in the 20th century. Opperman was no blind follower of this school of thought. Female feminist critics in the United States Paula Bennett and Barbara Antonina Clarke Mossberg wrote against the New Critics and persuaded me that the life of the female poet is of crucial importance for the understanding of her poetry. In her book My life a loaded gun, Bennett says the following in her discussion of female poets: “They do not just write about women; they are women in their poems and their identity as women is what they write about” (1990:8).

Elisabeth Eybers’s oeuvre spans two different periods which are of crucial importance for her identity as a poet and as a woman. These periods are separated from each other by her emigration to the Netherlands and her settlement in Amsterdam in 1961, after her divorce. In the first period, in addition to her childhood, her life as wife and mother in Johannesburg up to her early midlife find poetic expression. The shift from foreignness to acculturation in the establishment of a new life is vibrantly communicated in the poetry from her Dutch period. Since my focus in this article is on the religious element in Elisabeth Eybers’s poetry I examine the occurrences of Biblical language in her poems, also within non-religious contexts. Secondly, I pay particular attention to the minister father’s beliefs and his daughter’s later agnosticism and its implications for the father-daughter relationship as reflected in her poems.

Eybers’s break with her ecclesiastical youth and the absence of any search for religion or a mystical stance in her work does not suggest an indifferent carelessness on her part; it speaks, rather, of a fierce resistance to Calvin’s doctrine of predestination, which she could not reconcile with her loving father’s belief in that doctrine. Her mother allayed her childhood fears of the predestination doctrine by pointing out the way in which it restricts love. Eybers calls this her “sweetest heresy” (“soetste kettery”). She gives a positive spin to the term forced rhyme (“rymdwang”) in her 1987 collection by referring to this as the constraint under which poetry places her and from which she does not want to escape. Regarding literary art, or wordcraft, she also gives predestination a positive connotation: the poem is predestined to express in a particular way, by means of the creative word, what the poet intends to say. This insight suggests her reconciliation with her father: They have been chosen to serve the word and the Word respectively. Eybers’s religious poetry further portrays a humanised Jesus. In addition, music and love connect her to the transcendental and reveal something of God as a “hieroglyph” who “taunts and evades understanding and definition” (“Miskien” [“Perhaps”] in Rymdwang).

In conclusion: Without denying the universally human dimension to Elisabeth Eybers’s religious poetry, I regard her female identity as integral to reading these poems; to deny this would be to silence her like Emily Dickinson (Mossberg 1982:7). In her entire oeuvre Eybers has only one protagonist whose religion is a woman’s “sweetest heresy”, which she owes to and shares with her mother.

Keywords: church; dogma; feminist; memory; motherhood; religion

 

1. Inleiding: ’n Digterskap van 70 jaar 

Elisabeth Francoise Eybers is op 26 Februarie 1915 op Klerksdorp in Suid-Afrika gebore en op 92-jarige ouderdom in die Nederlandse stad Amsterdam oorlede. Ná haar eerste lewensjaar het haar vader, wat predikant was in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, ’n beroep na die Wes-Transvaalse dorp Schweizer-Reneke aanvaar, waar sy haar kinderjare deurgebring en haar skoolloopbaan deurloop het. Op die jeugdige leeftyd van 16 jaar het sy in Johannesburg aan die Universiteit van die Witwatersrand gaan studeer en in die huwelik getree met die sakeman Albert Wessels, by wie sy vier kinders gehad het. Ná haar egskeiding van hom in 1961 emigreer sy op 46 na Nederland. In 1936 debuteer sy op die jeugdige leeftyd van 21 as digter met die bundel Belydenis in die skemering en op haar 90ste verjaarsdag verskyn haar 21ste bundel, Valreep/Stirrup-cup. Tussen dié twee datums het ’n indrukwekkende digterskap hom voltrek waarin die verwoording van ’n volle vrouelewe neerslag gevind het.

Met haar debuut het Elisabeth Eybers lid geword van die generasie van Dertig wat verantwoordelik was vir die belangrike vernuwing in die Afrikaanse digkuns deur die skryf van die belydenisvers. D.J. Opperman wy in sy seminale studie Digters van Dertig ’n hoofstuk aan Eybers onder die titel “Elisabeth Eybers: Die vroulike aanvulling”. Opperman stel dit duidelik dat hy geen denigrerende konnotasie aan die woord “aanvulling” heg nie: “Die Afrikaanse letterkunde was baie lank hoofsaaklik ’n letterkunde van die man se siening van die lewe … Eers met die Dertigers – daardie geslag by wie ons reeds so ’n groot verskeidenheid en hoë gehalte van werk aantref – kry ons die vroulike aanvulling in ons letterkunde: in die poësie met Elisabeth Eybers en in die prosa met Hettie Smit” (1962:351). Vir haar eerste twee bundels ontvang Eybers die Hertzogprys in 1945, en in 1971 vir haar bundel Onderdak, die eerste bundel wat in sy geheel in Nederland ontstaan het. In Nederland word die P.C. Hooft-prys in 1991 aan haar toegeken, die belangrikste prys vir ’n Nederlandse outeur, waarmee indirek ook erkenning gegee is aan Afrikaans as die taal van haar verse.

 

2. Die singewende betekenis van die vrouedigter se lewe vir haar poësie

In Digters van Dertig, Opperman se gepubliseerde proefskrif, betrek Opperman biografiese besonderhede by sy bespreking van ’n gedig wat hy belangrik ag vir die begrip daarvan en vir die digterskap van die individuele digter. In laaste instansie bespreek hy die waarde van die individuele digter se bydrae tot die poësie van Dertig en die poësietradisie waarbinne die digter skryf.

Digters van Dertig het in sy eerste druk in 1953 en in sy tweede druk in 1962 verskyn. Opperman skryf dus oor die Dertigers se poësie voordat die New Critics met “close reading” ’n taboe gemaak het van ’n poëtika wat die digter se poësie in verband bring met sy lewe. In soverre “close reading” die leser se aandag toespits op die teks, sou Opperman ten volle daarmee akkoord kon gaan. Vir hom word die betekenis van ’n gedig deur sy struktuur verwesenlik, maar om sinvolle lewensbesonderhede van die digter daarby te betrek, verdiep die leser se insig in dié betekenis. Met die New Critics se “close reading” wat die inbring van lewensbesonderhede van die digter by die interpretasie van ’n gedig belet, sou Opperman hom kennelik nie kon vereenselwig het nie. 

Feministiese Amerikaanse kritici van die tagtiger- en negentigerjare van die 20ste eeu het teen die New Critics ingeskryf deur oortuigend te bewys dat die vrouedigter se lewe belangrik is vir die begrip van haar poësie. Hulle het my daarvan oortuig dat die lewe van die vrouedigter eweneens belangrik is vir die poësie van Afrikaanse vrouedigters, o.a. in hoë mate vir die werk van Elisabeth Eybers. Dié insig het ek hoofsaaklik te danke aan die literêr-kritiese beskouings in onderskeidelik drie publikasies: Paula Bennett se My life a loaded gun: Dickinson, Plath, Rich and female creativity (1990) en Emily Dickinson: Woman poet (1990), en Barbara Antonina Clarke Mossberg se Emily Dickinson: When a writer is a daughter (1982). Uit die titels blyk die belangrikheid van die poësie van Emily Dickinson ter stawing van hul hipoteses oor die vrouedigter. Die kwalifikasie van Dickinson se lewe as ’n “gelaaide geweer” deur Bennett in haar eersgenoemde boek suggereer vroulike kreatiwiteit as innerlike strydvaardigheid. Daarnaas is die titel van Woman poet ’n stellinginname. Mossberg stel op haar beurt met haar titel die vader-dogter-verhouding aan die orde as ’n sentrale tema in Emily Dickinson se poësie en dit is eweneens in Elisabeth Eybers se oeuvre ’n deurlopende tema. 

Binne die New Critics se perspektief moet die digter hom vir sy individuasie losmaak van sy belangrike voorgangers – as ’t ware “vadermoord pleeg”. Paula Bennett wys in dié verband op die Oedipus-konflik tussen die vader-digter en die digter-seun waarop Harold Bloom in ’n reeks boeke uitvoerig ingegaan en die grond van die digter se stryd om selfbemagtiging en selfdefinisie blootgelê het. Sy voeg daaraan toe dat ook feministiese vakkundiges in ooreenstemming met Bloom gewys het op die oorspronge van ’n vrouedigter se ondeursigtige en moeilike verhouding tot die literêre tradisie waartoe sy behoort en tot haar kreatiewe drif. Vir Bennett is Bloom se siening van die digter se stryd om individuasie en uitsonderlikheid in sy boeke soos The anxiety of influence egter beperkend en slegs indirek relevant met betrekking tot die vrouedigter.

Die vrouedigter se sterkste antagoniste is volgens Bennett nie die groot voorgangers in haar tradisie nie, maar die inhiberende stemme in haarself. Haar vrees is dat sy, in haar vervulling van haar digterlike roeping, gedwing sal word om diegene wat sy liefhet, seer te maak of in die steek te laat en haar die samelewing se afkeer op die hals te haal. Oor die vrouedigter se stryd besluit sy: “Her struggles are, in short, not literary but part of life. It is to her life, therefore, that we must turn to understand the process by which she comes to define and to accept herself as woman and poet” (My life a loaded gun: 1990:10). Sonder om die transendering van die persoonlike tot die universele deur ’n digter, hetsy man of vrou, te ontken, sê Bennett tereg dat ons nie van skrywers kan eis om die waarhede van hulle kultuur en geslag nie te verwoord nie. “Nor can we ask of writers, anymore than we ask of ourselves, that they transcend the perspective to which flesh falls heir. People, not angels, create art, though we long to attribute art to angels. And people, whether male or female, can write only what their lives enable them to say” (1990a:10).

2.1 ’n Pastoriejeug 

Elisabeth Eybers het as die tweede oudste van drie dogters haar kleinkindertyd en vroeë jeug uitsluitend op die Wes-Transvaalse dorp Schweizer-Reneke deurgebring in ’n gelukkige en hegte gesin waarvan die vader predikant van die NG Kerk was. As predikant was hy dikwels tuis, en Opperman wys op die noue betrokkenheid van die gesin by die vader se werk as dominee: “Dikwels het Elisabeth en ’n suster haar vader op ’n Saterdag na ’n sandsloot vergesel en daar gespeel onderwyl hy sy preek voorberei. Die gesin het ook meermale saam met hom huisbesoek op die boereplase afgelê” (1962:351). Die uitgestrekte ruimtes en die oop horisonne van die Wes-Transvaal en haar tuisdorp met die wilgers langs die Hartzrivier het uitdrukking gevind in haar gedig “Wes-Transvaal” in haar eerste bundel, Belydenis in die skemering (1936), en in die poësie van haar Nederlandse periode. Oor die selfgenoegsame wêreldjie van die pastorie in sy groot tuin skryf sy uitgebreid in ’n sensitiewe essay wat opgeneem is in die bundel Herinnering se wei (1962) met sketse van ’n aantal skrywers oor hulle jeug. Dié essay, waaruit Opperman aanhaal, het aanvanklik in 1953 in ’n bundel jeugherinneringe My jeugland verskyn toe Eybers 38 was en bekend as digter deur die publikasie van die vier bundels van haar Dertiger-periode tot Tussensang in 1950. 

Onder die titel “’n Pastoriedogter” bevestig Eybers in die inleidende paragraaf die geluk van haar gekoesterde kinderjare: “In die afgelope tyd dink ek dikwels terug aan my kinderjare, nie bepaald met heimwee soos aan iets wat ek verloor het nie – want so lank as wat ’n mens se herinneringsvermoë lewendig bly, verloor jy niks wat jy eenmaal besit het nie – maar met die duidelike bewussyn dat dit die belangrikste en deurslaggewendste periode van my lewe was, en in baie opsigte ook die gelukkigste” (1966:23). Eybers het inderdaad die vermoë om te onthou nie verloor nie en herinnering het vroeg reeds ’n motief in haar verse geword, o.a. in die sublieme gedig “Herinnering” waarin sy die maan se opkoms en haar adolessente reaksie daarop onthou (Die vrou en ander verse, 1945). In haar Nederlandse periode roep sy die Suid-Afrikaanse landskap in vergelyking met die wesenlik anderse Nederlandse milieu herhaaldelik voor die gees. Dit is egter veral haar ouers wat herhaaldelike gestalte vind in haar latere poësie.

Waar dit vir my in hierdie artikel gaan oor die religieuse moment in Eybers se poësie, is die ervaring van die godsdiens as pastoriedogter waarby sy uitvoerig stilstaan, van wesensbelang. Die kerk was ’n permanente teenwoordigheid in konkrete verbintenis met die lushof van die tuin waaroor Eybers skryf: “Ons tuin was ’n ware lushof, en ek twyfel of daar destyds ’n dergelike oase in die hele Wes-Transvaal bestaan het … Die tuin was ’n ent van die huis … en die paadjie wat van die agterstoep daarheen gelei het, het voor die kerk (wat as ’t ware in ons agterplaas gestaan het) verbygegaan. Die groot, kruisvormige kerk … met sy pragtige swaar klipmure het ook as beskutting vir die tuin gedien” (1966:27).

Veel belangriker as die beskrywing van die kerkgebou is Eybers se weergawe van die indruk wat hulle vader tydens sy preek op die gevoelige kindergemoed van haar en haar susters gemaak het: “Vader se preektrant was sober en innig, sonder die dramatiese stemverheffings wat destyds menige dominee se forte was, en meesal ver bo ons kinderlike begripsvermoë. Gedurende sy preke het ons meer met ons oë as met ons ore ingeneem: die lang, regop gestalte in die swart toga, die asketiese profiel en die gevoelige skraal hande wat langsaam en liefderyk oor die blaaie van die Boek beweeg het” (1966:35). Terugskouend konstateer sy: “Daar was iets onwêrelds, iets misties-ontroerends in die weeklikse getuienis van ’n diep en opregte geloof in die Bo-tydelike” (1966:35). Dié herinnering aan haar vader as prediker verklaar sy as die rede waarom sy dit nie kon “duld as daar spottend of uit die hoogte oor godsdiens gepraat word deur diegene wat persoonlik geen godsdienssin het nie” (1966:35). Ondanks Eybers se latere breuk met die kerk en die godsdiens en haar uiteindelike uitgesproke agnostisisme, het sy steeds arrogante uitsprake van ongelowiges oor gelowiges ten sterkste afgekeur. 

2.2 Johannesburg: Student, digterskap en moederskap 

Die verskuiwing van die bloedjong Elisabeth Eybers op 16 vanuit haar beskermende kindertyd op ’n plattelandse dorp na die grootstad Johannesburg om aan die Universiteit van die Witwatersrand te studeer, was van ingrypende betekenis in haar lewe. Sy self skryf in die slotparagraaf van haar essay dat sy “nog ’n blote kind was” toe sy “oorgeplant is uit die rustige veiligheid van my jeugomgewing in die studentelewe van Johannesburg. Gedurende my eerste jaar in die vreemde omgewing het die knaende heimwee na my ouerhuis my letterlik siek gemaak na liggaam en gees. Van al die pynlike konflikte wat gedurende dié periode van aanpassing ontstaan het, het ek begin om die verse te skryf wat ’n paar jaar later in my eerste bundel opgeneem is” (1966:37).

Terwyl die vader-dogter-verhouding voorop staan in dié essay, was die invloed van Eybers se moeder inderwaarheid sterker op haar as dié van haar vader. In verband met haar debuut, Belydenis in die skemering, sê Opperman tereg dat daar geen “opgaan in die religieuse, ’n oorgawe aan die mistieke en die metafisiese” – wat eie was aan die vader – is nie (1962:352). Oor Eybers se moeder, Elizabeth Susanna le Roux, skryf Opperman dat sy ’n briljante vrou was wat op 23-jarige leeftyd die eerste prinsipale van die Oranje Meisieskool in Bloemfontein geword het. Sy was sterk Afrikaansvoelend, hoewel haar huistaal en opvoeding Engels was, en sy het van die letterkunde gehou en uit die werk van byna al die Victoriane gelees. Opperman besluit: “Elisabeth Eybers kry haar eerste letterkundige belangstelling en vorming van haar moeder, wat haar aanvanklik tuis leer … Van haar moeder erf sy ’n sekere wakkerheid, gekompliseerdheid en ’n tikkie geestigheid” (1962:353). 

Toe Elisabeth Eybers ná die moeilike aanpassing in haar studentejare haar debuutbundel op die jeugdige leeftyd van 21 publiseer, was sy gelukkig gevestig in Johannesburg, wat steeds meer haar tuiste sou word. Daarmee het ’n sekere afstand wat sy van haar ouers geneem het, gepaard gegaan wat verband hou met ’n uitspraak oor hoe sy hulle in haar herinneringsessay onthou: “Die pastorie waarin my susters en ek grootgeword het, was ’n afgesonderde selfgenoegsame wêreldjie waarin my ouers die rol van goedgesinde en alwyse despote gespeel het” (1966:26). Die verwysing na haar ouers as “despote” het ongetwyfeld betrekking gehad op verpligte kerkgang, en alhoewel Eybers dit nie noem nie, uiteraard ook huisgodsdiens, gesien die hegte geloofsgesentreerde gesinslewe van haar generasie Afrikaners. Die woord “despoot” wat sy op albei haar ouers betrek, is veral van toepassing op haar dominee-vader, soos algaande uit haar oeuvre blyk. Die kiem van haar vroeë verset teen die godsdiens is uitdruklik vervat in daardie woord, wat in HAT as “heerser met absolute mag; alleenheerser; dwingeland” verklaar word. Die gedig “Terug” is ’n mindere gedig in haar debuut, maar belangrik, omdat die enigste emosionele pyn wat sy ervaar in haar breuk met die godsdiens, verbind is met die verwerping van haar geliefde, sagsinnige domineevader se geloof wat in haar latere bundels ’n terugkerende motief word:

Ek lê hier op die sofa en droom terwyl
die donker langsaam saamvergaar …
Eerbiedig sluip die aand na binne, asof
die boekrakmure ’n oergeheim bewaar …
Dan voel ek huiwerend hoe fantome ontwaak
wat vreemd na die vreemde indringer staar …

Roerloos sit vader voor die lessenaar;
die lamplig omsluier misties-vaal
sy kalm hoof en peinsende gelaat …
Ek hoor ’n innig-teer herinneringstaal
se stil-weemoedige verwyt … hoe vér
 het ek van hierdie wêreld afgedwaal! 

Naas “Terug” skryf Eybers eweneens met vakansie tuis haar gedig “Maria”, ’n hoogtepunt in haar oeuvre waaruit blyk dat haar breuk met die godsdiens op dié tydstip nog nie bestaan het nie. In die eerste strofe ontvang Maria die boodskap van haar seun se geboorte van ’n engel as “vreugde-boodskap” waardeur sy ’n “lofsang tot Gods eer” sing. Na Jesus word deurgaans net verwys as “hy”/“hom, beklemtoon, maar sonder ’n hoofletter. In strofes 2 tot 6 kontrasteer Eybers telkens die ervarings van die swanger jong meisie Maria en die jong moeder nadat sy aan Jesus geboorte geskenk het met sy ervarings op sy kruisweg. In dié verband is strofe 2 belangrik deur die teenstelling van die swanger Maria se ervaring van “bure-agterdog” omdat sy nie met Josef getroud is nie met die “hele wêreldskande” wat Jesus aan die kruis moes dra. In dié verwysing is die dogma van Jesus se plaasvervangende sterwe aan die kruis vir die sonde van die mensdom vervat, maar vanaf strofe 3 tot 6 bly dit wesenlik dié tot die uiterste vergrote menslike lyding van Jesus tydens sy kruisdood. Dít is die wesenlike betekenis van die boodskap waaroor Eybers se ek-spreker in die slotstrofe Maria (wat in die loop van die gedig gegroei het van “nooi uit Nasaret” tot “vrou van smarte”) vra of sy ná die kruisiging die boodskap “goed verstaan” het. Opperman se besluit oor die gedig lui: “‘Maria’ staan onaangetas as een van die groot gedigte in Afrikaans” (1962:363). 

Ondanks die Bybelsgetroue weergawe van die gedig was die impuls vir die skryf daarvan suiwer menslik. Opperman wys daarop dat Eybers “Maria” op 18 met vakansie tuis geskryf het na aanleiding van “’n besoek aan ’n kraaminrigting waar ’n vriendin van haar moeder juis besig was om ’n kind te soog” (1962:362). 

Veelbetekenend is ook Eybers se vermenslikte siening van Jesus deur twee vroue wat hy genees het. Die outeurs van al drie sinoptiese evangelies vertel die verhaal van Jesus se genesing van die vrou wat aan bloedvloeiing gely het en van die opwekking uit die dood van die dogtertjie van Jaïrus, ’n owerste van die sinagoge, in één tydsbestek (Mark. 5:21–43; Matt. 9:18-26; Luk. 8:41–56). Tereg sê Opperman dat Eybers in die sonnet “Toe het my hoop …” in haar debuut die “vrou wat Jesus se kleed aanraak, sien as verlief op Hom” (1962:360). Haar versugting by die besef dat sy inderdaad genees is, lui: “O, hierdie liggaam het weer sterk / geword om al die onrus te dra / van één Gelaat wat altyd voor my sweef …” Veertig jaar en vier bundels later in Die helder halfjaar (1956) publiseer Eybers haar gedig “Ná dertig jaar” waarin die twaalfjarige dogtertjie van Jaïrus as volwasse vrou Jesus onthou met die verliefdheid op hom wat sy by haar opwekking beleef het. Terwyl haar man rondtrek met die Romeinse leër omdat hy “nie meer / kon veel dat sy verby hom staar …” nie, bly by haar net die verlange oor dat die stem wat haar die dood se slaap ontsê het, haar dit weer sal gun: “Sy lê ’n halwe nag / starogig, styf, en fluister sag / sag en verdwaas: Wanneer, wanneer?”

In ’n radioreeks oor “Watter boek het my die meeste beïnvloed?” in Maart 1945 noem Eybers die poësie van Emily Dickinson wat ’n “verryking van haar geesteslewe” was (Opperman 1962:376) en in haar vierde bundel, Die ander dors (1946), verskyn haar sonnet “Emily Dickinson”. Opperman sê tereg dat “mens selde in Eybers se poësie bewus is van die ‘heelal’ of ’n ‘ander wysheid’ as dié van die vrou” en dat die vermoë haar ontbreek om soos Dickinson in die slotreël van die sonnet “deur die raamwerk van die heelal te staar” (Opperman 1962:376). In dié verband verwys hy na Eybers se “verrassende siening van die moederskoot as Nirvana” in die gedig “Nirvana” (Die vrou en ander verse, 1945), maar bring terselfdertyd haar waarskuwing aan die kritikus H.A. Mulder ter sprake: “Die konsepsie is so eenvoudig en konkreet: ek sou nie kon ‘metafisies’ wees al probeer ek ook hoe hard” (Opperman 1962:370, 371). 

Die helder halfjaar (1956) is die glansende hoogtepunt wat ’n nuwe fase in Eybers se oeuvre inlui tydens haar vroeë veertigerjare. In dié bundel bevestig sy, soos die titel en die subtitel te kenne gee, haar verbondenheid met die aarde in ’n halfjaar van hooggespanne kreatiwiteit: “Verse geskryf vanaf April tot Oktober 1955”. Die bespieëlende gedig is in dié bundel afwesig en het in sy geheel plek gemaak vir die beeldende vers. Eybers is by verskyning van die bundel 41 en in “Op die kruin”, die credogedig van die bundel, is sy ’n vroegmiddeljarige vrou op wie vrouwees en moederskap hul knelgreep losgelaat het en sy daarop terugkyk as ’n vloed wat sy oorleef het: 

Die oggend wat vanuit die kim
die stad oorstroom en opwaarts beur
het man en kind met die gety
na die blink woeling weggesleur
en laat die vrou alleen, en vry
om weer die steilte uit te klim: … 

Sy staan op ’n hoogte asof op die gebergte waarop die ark te ruste gekom het toe God gedink het aan Noag en die mense en diere wat God tydens die sondvloed daarin beveilig het: “En die ark het in die sewende maand, op die sewentiende dag van die maand, op die gebergte van Ararat gerus” (Gen. 8:4). Eybers het aangekom op ’n “(k)lein Ararat wat glansloos staan / hoog bo die deining en gedreun” van die stadsgewoel aan haar voete en kan haar “onderbroke spel / opnuut hervat in son en wind”. In haar geval is dit uiteraard die spel van die poësie, maar haar ervaringswêreld wat daarin uitdrukking vind, het wesenlik dieselfde gebly. Met hernude vreugde en verskerpte sintuiglikheid neem sy die populier in vroegherfs en winter waar (“April”) en luister sy na die fluite van die piet-my-vrou in die gelyknamige gedig. Die verbintenis met die transendente vind Eybers nogtans nie in die natuur nie, wat vir haar betekenis in sigself het, maar wel in die musiek, soos in die gedig ”Musiek”:

Musiek, subtiele, liggaamlose taal,
ontsmet ons van die aardse onheil, haal
ons heelhuids op uit die geslote kring
van tyd en ruimte. Engele het gesing
lank voor die vroegste woordewisseling,

die skraal veewagtertjie moes telkens weer
met siterspel die bose gees besweer,
en bo die dampe van die laaste puin
sal slegs ’n enkele jubelende basuin
die magte van die duisternis ontwrig,
die chaos suiwer soos deur vuur en vloed. 

Dan skrompel die deursigtigste gedig
tot perkament bevuil met mensebloed.

Eybers se woordmeesterskap spreek uit die gebruik van die woord “woordewisseling” in sy dubbele betekenis van sowel die voer van ’n gesprek as ’n rusie. Engele sing, mense twis. Musiek het ook die woordkuns voorafgegaan en is vir Eybers ’n hoër kunsvorm wat sal bestaan ná die uitwissing van die aarde wanneer die “deursigtigste gedig” (die gedig wat sy idee die helderste verwoord) sal verskrompel tot “perkament”. Perkament is die “bereide vel van diere” (HAT) waarop daar eerste geskryf is en die eeue oue bestaan van die woordkuns suggereer. Die beeld van die musiek as beswering van ons geesteskwellinge vind Eybers in die Bybelse verhaal van Dawid as jong seun se verhouding met koning Saul. Toe God Saul verlaat en ’n bose gees hom verskrik het (1 Sam. 16:14), is Dawid, wat sy vader Isai se skape opgepas het, op versoek van Saul gehaal om hom met sy siterspel te kalmeer: “En net wanneer daar ’n gees van God oor Saul kom, neem Dawid die siter en speel …; dan voel Saul verlig en word beter; en die bose gees wyk van hom” (1 Sam. 16:23). Dié gedig getuig van Eybers se intieme kennis van die Bybel en teen haar agnostisisme en aardeverbondenheid in van ’n sekere geloofsperspektief op die einde van die wêreld.

2.3 Eybers se bydrae tot Vyftig: Calvyn se “wrede web”

Elisabeth Eybers se sewende bundel, Neerslag (1958), het nie die indrukwekkendheid van ’n eenheidsbundel deur die samehang van die verse met mekaar soos in Die helder halfjaar nie, maar die beste verse in Neerslag handhaaf die peil van sy voorganger. Binne Eybers se oeuvre het dié bundel ook gewen aan betekenis omdat daaruit blyk dat Opperman se uitspraak oor die rol van die geloof in Eybers se werk wel van toepassing is op haar poësie tot haar vyfde bundel, Tussensang (1950), maar nie op haar latere werk waarmee hy uiteraard op dié tydstip onbekend was nie: “Dit is opvallend dat die lewensbeskouing van die pastorie waarin Elisabeth Eybers grootgeword het, feitlik geen regstreekse uiting in haar poësie vind nie. Dit is asof sy sonder veel moeite en opstand daarvan afskeid geneem het … asof sy geen orgaan vir die ‘religieuse soeke’ besit nie” (1962:372). Van haar pastoriejeug het Eybers in haar latere lewe nie moeiteloos afskeid geneem nie en die ontbreking van diepgaande religieuse besinning het by haar nie beteken ’n traak-my-nie-agtige onverskilligheid oor die godsdiens nie, maar neergekom op heftige opstand teen die kerklike dogma, spesifiek Calvyn se predestinasieleer. In die sonnet “Terugblik” roep sy haar ouers in herinnering ten opsigte van ’n sekere andersdenkendheid oor dié voorbestemmingsleer soos sy dit as kind ervaar het. Teen haar vader se geloof in dié dogma in het sy by haar moeder die sekerheid gevind dat “aardse liefde ewige onheil weer”, wat sy haar “soetste kettery” noem. Sy onthou hoe die voorbestemmingsleer haar “snags, soms tot beswymens bang” laat “voortstrompel” het na die “vrystat” van die bed van haar moeder wat haar vroeg op ’n “verkenningstog” geloods het: 

Jy het die vroegste flits van agterdog
op die gehurkte garingbuik, Calvyn,
wat waghou oor sy wrede web, laat skyn …

’n Mens kan jou beswaarlik ’n meer ontluisterende metafoor as die neologistiese “garingbuik” vir ’n spinnekop vir die Hervormingsteoloog Calvyn voorstel, of ’n groter verwerping van hom. In die gedig “Vader” gebruik Eybers weer eens die metafoor van die flits wat in die hand van die domineevader, anders as in haar moeder s’n, nie haar lewensbaan verlig nie. As kind, wanneer daar in hul dorp “geen enkel lig” meer brand nie, was haar vader haar “wandelmaat” en het sy “vaste hand” haar “teen elke wankeling bewaar”. In plaas van wedersydse vertroue het daar egter wedersydse onbegrip tussen die vader en sy volwasse dogter ontstaan:

Vandat my vingers sy vertroude vuis
ontglip het, bly hy onbegrypend staan
en prik sy flits se flou en lukraak baan
die donker wat ek sorgeloos deurkruis. 

Die slotwoord “deurkruis” suggereer die werkwoord “kruisig” wat die “kruisiging van die eie ek” impliseer, ’n lewenshouding wat Eybers toeskryf aan die Calvinisme wat jou belet om voluit te lewe. Hierdie siening bevestig sy deur wat sy oor Uys Krige sê in ’n artikel “Individualisme in die Afrikaanse liriek”, oorspronklik in Die Brandwag (20 Maart 1937) gepubliseer: “Uys Krige is die eerste Afrikaanse digter by wie daar geen spoor van die Calvinistiese lewenshouding te bespeur is nie. Sy sinnelikheid is met geen skuldbesef gemeng nie; hy weet van geen kruisiging van die vlees ter wille van die gees nie; sy oorgawe aan die aardse en verganklike ken geen voorwaardes of beperkings nie” (Eybers 1978:20; my kursivering).

Ondanks Eybers se verwerping van die ekklesiastiese godsdiens behou sy ’n liefde vir Jesus, maar in sy menslike gestalte soos hy herhaaldelik in haar oeuvre uitdrukking vind. Die beeld van Michelangelo in die Sint Petruskerk in Rome van die moeder van Jesus met op haar skoot die liggaam van haar seun wat volgens Rooms-Katolieke tradisie ná sy kruisiging aan haar gegee is om vas te hou, inspireer Eybers tot haar sonnet “Pietà” in Neerslag. Eybers wou immers “eendag ’n vroulike Michelangelo word” ( Opperman 1962:353) en sy beskryf die beeld met sensitiwiteit soos wat Michelangelo Maria gebeeld het met haar gesig “jonk en verwonderd” in ooreenstemming met haar vergoddeliking deur die Rooms-Katolisisme waarvolgens sy gesien word as deur die tyd onaangetas. Getrou aan haar eie oortuigings skryf Eybers egter in teen dié vergoddeling deur haar vermenslikte siening van Jesus in die vier slotreëls waardeur ook Maria vermenslik word tot ’n algemeen-menslike moeder. In die slotreëls het die woord “makkers” vir Jesus se dissipels die suggestie van familiariteit wat nie kenmerkend was van die verhouding tussen Jesus en sy dissipels nie:

Al het geen ander vrou hom ooit vervreem
word alle seuns uithuisig op die duur.
Sy makkers sal hom uit haar skoot kom neem,
soos vroeër ook, maar nou’s dit nog háár uur. 

Die sonnet “Job” in Neerslag is ’n sterk gestaltevers van uiterste menslike lyding waar “Gods hand” alles uitgewis het behalwe die genadelose tydsverloop waarin Job ’n “ganse dag” “ineengekrimp” het “tot ’n klein pit van pyn”. Dié God van Job is in Eybers se siening die onverbiddelike Beskikker van die mens se lot volgens Calvyn; die Verkeerskonstabel in haar kwatryn “Keerpunt”:

Weerskante wink neonseine langs die straat;
as die verkeerslig wip van geel na groen
wys God sy ondeurgrondelike gelaat
en, werend opgehef, Sy wit handskoen. 

Op dié tydstip impliseer Eybers se verwerping van die God van leerstellige gelowiges nie die moontlikheid van ’n ander wyse van geloof in God nie, ondanks haar agnostisisme. In die kwatryn “Keuse” “verwerp” haar eie diepmenslike lewensbehoefte, haar “nooddruf self” die “wete / van dié wat die geheim van God… / verbrysel tot / ’n braaksel stellings en dekrete”.

 

3. Eybers se Nederlandse periode: Tot aan die einde deur die rym begelei

3.1 ’n Voltooide oeuvre en erkenning 

Ná die publikasie van Neerslag neem Elisabeth Eybers se lewe ’n radikale wending deur haar egskeiding en emigrasie na Nederland in 1961, wat die persoonlike dimensie van haar werk indringend beïnvloed en die ervarings van die immigrant voorop stel. Die belangrikheid van haar digterskap is bevestig deur haar omvangryke Nederlandse periode waarin die volgende bundels verskyn: Balans (1962), wat gedeeltelik nog in Suid-Afrika ontstaan het, Onderdak (1968), Kruis of munt (1973), Einder (1977), Bestand (1982), Dryfsand (1982), Rymdwang (1987), Noodluik (1989) Respyt (1993) en Nuweling (1994). Sy sluit haar oeuvre af met vier tweetalige bundels: Tydverdryf/Pastime (1996), Verbruikersverse / Consumer’s verse (1997), Winter-surplus (1999) en Valreep/Stirrup-cup (2005). 

Naas gedigte oor die Nederlandse samelewing en landskap waarin Eybers algaande tuis raak en geluk vind, is wat bly die invloed van die Bybel op die taal van haar verse en die herinneringsgedigte aan haar ouers. In “Oorsig” in Balans kom haar dualistiese aard weens die verskil in haar genetiese erfenis van haar vader en moeder ter sprake:

Met aftreksels van skaduwee
moet ek my daagliks voed:
my vader was die dominee,
my moeder vlees en bloed.

3.2 Die vader-dogter-verhouding en die gepredestineerde gedig

In Eybers se oeuvre blyk dit mettertyd dat ’n geding met God wesensvreemd was aan haar. Die enigste konflik wat sy ten opsigte van die godsdiens ervaar het, was hoe om die leerstellinge waaraan haar vader geglo het, met sy persoon en met haar agnostisisme te versoen. Sy probeer die versoening bewerkstellig in die inleidende gedig “Die enkel taak” van Onderdak deur te verwys na haar vader se enkelvoudige toewyding aan sy lewenstaak. Die aanvangsreël van strofe 2 lui: “Jy het gestol binne die enkel taak.” Dié taak word in die slotreël gekwalifiseer as “die enkel eis van God en mens te dien”. Die insig waartoe sy kom, is dat sy, soos haar vader, ’n “soort suiwerheid” dien. Dit kom daarop neer dat sy in haar diens aan die woord aan ’n wreder heerser behoort as haar vader in sy diens aan die Woord. Die “wreder heerser” onder wie sy staan, stel sy gelyk aan die afgod Molog waaraan sekere Israeliete hulle kinders geoffer het; ’n gruwel in die oë van God soos spreek uit sy opdrag aan Moses om dié afgodsdienaars in Israel uit te roei (Lev. 20:2–5):

Verlate en bedroë
dien ek ook ’n soort suiwerheid, behoort
ek aan ’n wreder molog van die woord.

Eybers se verwysing na ’n obskure Ou Testamentiese teks is ’n voorbeeld van sowel haar diepgaande kennis van die inhoud as die taal van die Bybel en die omvangryke neerslag daarvan in haar poësie. Sy kom tot die insig dat die digterskap die dwang waaronder dit haar plaas, werd is. In “Dank” in Dryfsand beweer sy dat sy haar ouers kon “verwyt” oor haar teenstrydige aard waarvan hul persoonlikheidsverskil die oorsaak is, maar in teenstelling bedank sy hulle op dié tydstip daarvoor, omdat sy haar digterskap daaraan te danke het; “alles wat ek op rym en maat kon kwyt- / raak en versaak en sódoende behou”.

Met die titel Rymdwang van haar veertiende bundel ontdoen sy die poësie van die verheerlikende assosiasies daaraan verbonde deur die woord “rymdwang” se negatiewe woordeboekbetekenis, “geforseerde gebruik van ’n woord ter wille van die rym” (HAT). Sy gee as bundeltitel aan “rymdwang” ’n positiewe konnotasie soos eweneens aan “predestinasie” met betrekking tot die woordkuns: Die gedig is gepredestineer om op ’n bepaalde wyse vorm te gee aan wat die digter wil sê. In “Opvoeding” bring sy op ironiese wyse die dwang van die woord waaronder sy as digter verkeer, in verband met die gepredikte Woord waaronder sy haar tydens haar kerkbesoek as domineesdogter bevind het: 

Verpligte kerkgang het my toegerus
met blywende afdwalende gedagtes.
Gevolg: dat alles waarvan ek bewus
word eie wette volg en dat verwagtings
en gissings wat ek moes verdring as kind
later ’n paslike onderkome vind. 

3.3 Eybers se soetste kettery: liefde en musiek wat ewige onheil weer

In Rymdwang beskryf Eybers die oorgang van winter na lente soos sy dit van agter haar venster waarneem in wat as ’n siklus van vyf kernagtige verse beskou kan word: “Eerste sneeu”, “Voor my raam”, “April”, “Goeie Vrydag” en “Gure Paasdag”. Dié siklus werp belangrike lig op Eybers se siening van Jesus waar die aanbreek van die lente saamval met die lydenstyd, die passie van Jesus. 

Die interne geweld van die natuurgebeure bring telkens die metamorfose teweeg wat die gewone tot ’n skoonheidsindruk omskep. Die “vyandelike, bitter oostewind” dra elke sneeuvlok “saggies” na die “knekelharde grond” om dit te laat “smelt / tot één groot wit weerlegging van geweld” (“Eerste sneeu”). In teenstelling met die winterse toneel is die “krokusse uit” as die eerste blomme wat die lente aankondig en staan hulle “(s)atynwit, borriegeel en poustertblou”, “geskaar om die rommel van ’n jaar” (“Voor my venster”). Eybers het egter die wispelturigheid van die Nederlandse weer leer ken en wantrou die koms van die lente, met die gevolg dat die merels met hulle sang haar daarvan moet oortuig. Sy betig haarself dat sy ten onregte iets “uitgesprokener” wil hê as hulle “haarfyn pizzicato-taal” wat “die jaar April in stuur” (“April”) om haar van die koms van die lente te verseker.

“Goeie Vrydag” is ’n belangrike vers ten opsigte van Eybers se godsdiensbeskouing. Buite is groen uitsteeksels aan die eike, en binnenshuis luister sy en haar metgesel na die “onverganklike klankvloed” van Bach se “Mattheüs Passie” waarvolgens Jesus as die “verguisde aanspraakmaker” op hulle “hakke is”, dus besig is om hulle – in besonder haarself – in te haal. Die slotreël gee te kenne dat daar nie aan te ontkom is nie: “Hoe ons ons wend of keer, dié Vrydag word deerlik goed” (“Goeie Vrydag”). 

Die laaste gedig in die siklus “Gure Maandag” wek egter weer die twyfel by Eybers aan die werklikheid van die aanbreek van die lente waarvan die merels haar nogmaals opnuut moet oortuig. Meer nog, Jesus word met ligte humor weer so vermenslik dat hy beswaarlik die evangeliese gestalte wat hy vir haar in “Goeie Vrydag” gehad het, in “Gure Paasdag” behou:

Die koloratuurgerinkel van die merels
soek ’n opening in die stormgeloei en glip
glinsterend te voorskyn vyfuur in die môre
op die dag dat ons die opstanding herdink
van daardie opstandeling wat pasgebore
gekrys het van hooiprikkels in die krip.

In “Miskien” laat Eybers die moontlikheid oop dat daar wel ná die dood ’n hiernamaals kan bestaan waar jy van aangesig tot aangesig met God te staan kan kom. By dié toegewing dat die gelowiges met hul vaste, onwrikbare sekerhede dalk reg is, beskryf sy egter met haar kenmerkende ironie dié ontmoeting met God aan die ander kant as ’n trompopbotsing. Sy kan haar “soetste kettery” bely dat God ’n “hiëroglief” is, dat God vir haar ’n verborge betekenis het, en dat net liefde en musiek haar aan die transendente verbind: 

Die saaiste deugde wat jy kan bedink
– uithouvermoë, selfontsegging – blyk
ten slotte dwingend, kan nie meer ontwyk
word wanneer elke tinteling versink.

Onwrikbare voorbeskikking kom straks uit,
die allesweters wis tóg, sal jy sien
sodra jou sin en sintuie faal. Miskien
is dit God self waarop jy eindelik stuit:

die hiëroglief vir alles wat begrip
en definisie uittart en ontglip.

Maar wat vir jóú aan hierdie denkbeeld raak
het iets met liefde en musiek te maak.

 

4. Besluit

Elisabeth Eybers het tot aan die einde van haar lewe agnosties gebly en terselfdertyd onlosmaaklik verbonde aan die skeppende woord. Waar dit in hierdie artikel vir my gaan oor haar siening van die godsdiens, het ek uiteraard by verse stilgestaan waarin sy daaroor besin, in besonder by haar herinneringsgedigte aan haar ouers met hulle verskillende benadering tot die godsdiens. Dit is in dié verse dat sy haar eie religieuse oortuigings die pertinentste verwoord en wat tot die hoogtepunte in haar oeuvre behoort. Terselfdertyd is dit van die beeldendste verse in haar poësie tot haar emigrasie en van die verse waarin beelding en bewering in perfekte ewewig is in haar Nederlandse periode. In haar tweetalige ouderdomsbundels het haar verse weer sterk bewerend geword. Dit was die onvermydelike resultaat van die verlies van wat sy self in ’n openbare lesing geïdentifiseer het as ’n wesenlike eienskap wat ’n digter moet behou, nl. die “sintuiglikheid van sy kinderjare” (1978:109). 

Haar heel laaste bundel, Valreep/Stirrup-cup het egter vergoed vir dié verlies deur haar perfekte beheer oor die kort, kragtige kwatryne wat die hoofinhoud van die bundel uitmaak. Die titel Valreep is die bekendste in sy Nederlandse betekenis as “opening aan schip om aan boord te gaan”, al word dit in Afrikaans verklaar as “op die laaste moment” (ANNA). Die kwatryn “Vir Bert” oor haar seun se dood is by implikasie ook haar eie afskeid van die lewe en ’n bevestiging van haar enigste outentieke siening van die hiernamaals as die groot stilte waarin sy hoop om soos haar seun opgeneem te word sonder die hoop op ontmoeting aan die ander kant van hierdie lewe: 

Noudat jy swyg is daar niks meer
vir my om te begeer
buiten die tydstip waarop ek
dieselfde stilte mag betrek.

 

Bibliografie 

Bennett, P. 1990a. My life a loaded gun: Dickinson, Plath, Rich and female creativity. Chicago: University of Illinois Press.

—. 1990b. Emily Dickinson: Woman poet. Iowa City: University of Iowa Press.

Eybers, E. 1957. Belydenis in die skemering. Kaapstad: Nasionale Boekhandel.

—. 1966. Herinnering se wei. Johannesburg: Perskor.

—. 1978. Voetpad van verkenning. Kaapstad: Human & Rousseau.

—. 1987. Rymdwang. Kaapstad: Human & Rousseau.

—. 1990. Versamelde gedigte. Kaapstad: Human & Rousseau.

—. 2005. Valreep/Stirrup-cup. Kaapstad: Human & Rousseau.

Jansen, E. 1996. Afstand en verbintenis: Elisabeth Eybers in Amsterdam. Pretoria: J.L. van Schaik.

Johl, R. 1986. Kritiek in krisis: Vryheid vir die teks. Durban: Butterworth.

Kannemeyer, J.C. 2005. Die Afrikaanse literatuur 1652–2004. Kaapstad: Human & Rousseau.

Martin, W. 2011. Groot Woordeboek. Afrikaans en Nederlands (ANNA). Kaapstad: Pharos.

Mossberg, B.A.C. 1982. Emily Dickinson: When a writer is a daughter. Bloomington: Indiana University Press. 

Odendaal, F.F. (red.). Handwoordeboek van die Afrikaanse taal (HAT). Vyfde uitgawe. Pinelands: Pearson Education South Africa.

Opperman, D.J. 1962. Digters van Dertig. Kaapstad: Nasionale Boekhandel. 

Spies, L. 1995. Die enkel taak: Die merkwaardige verwantskap tussen Elisabeth Eybers en Emily Dickinson. Kaapstad: Queillerie.

—. 2015. Elisabeth Eybers (1915–2007). In Van Coller (red.) 2015. Pretoria: J.L. van Schaik. 

Van Coller, H.P. (red.). 2015. Perspektief en profiel. Pretoria: J.L. van Schaik.

 

Bybels

De Bijbel. 2004. Haarlem: Nederlandse Bijbelgenootschap.

Die Bybel. 1957. Kaapstad: Britse en Buitelandse Bybelgenootskap. 

Die Bybel. 1983. Kaapstad: Britse en Buitelandse Bybelgenootskap.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Elisabeth Eybers se “soetste kettery”: Die woord en die Woord in haar poësie appeared first on LitNet.

Elisabeth Eybers’s “soetste kettery” (sweetest heresy): The word and the Word in her poetry

$
0
0

Abstract 

In this article on the influence of Biblical language and religion on the poetry of Elisabeth Eybers, I draw on two sources in particular: Eybers’s essay on her childhood, “’n Pastoriedogter” in Herinnering se wei (1966), a collection of the author’s earliest memories, which initially appeared in My jeugland in 1953, as well as the chapter on her poetry, “Elisabeth Eybers: Die vroulike aanvulling” (“Elisabeth Eybers: The female complement”), in D.J. Opperman’s seminal study Digters van Dertig (Poets of the Thirties). The essay on her childhood, about her as the middle child of a minister’s three daughters, Eybers wrote at the age of 38 when she was celebrated and respected as the only female poet among the important Afrikaans poets of the Thirties generation.

In Digters van Dertig, which first appeared in 1953 and was reprinted in 1962, it appears that for Opperman the meaning of a poem is indeed realised by the poet in a structural manner; however, he also refers to biographical details of the poet to deepen and broaden our understanding. He therefore writes about the poetry of the Thirties poets before the “close reading” of the New Critics made it taboo to connect a poet’s work with aspects of his/her life. The Afrikaans equivalent, “Stilistiek op linguistiese grondslag” (“Stylistics on linguistic grounds”), equally made the autonomy of the poem as a self-fulfilling, self-sufficient entity the premise of reigning literary critical discussions of poetry in the 20th century. Opperman was no blind follower of this school of thought. Female feminist critics in the United States Paula Bennett and Barbara Antonina Clarke Mossberg wrote against the New Critics and persuaded me that the life of the female poet is of crucial importance for the understanding of her poetry. In her book My life a loaded gun, Bennett says the following in her discussion of female poets: “They do not just write about women; they are women in their poems and their identity as women is what they write about” (1990:8).

Elisabeth Eybers’s oeuvre spans two different periods which are of crucial importance for her identity as a poet and as a woman. These periods are separated from each other by her emigration to the Netherlands and her settlement in Amsterdam in 1961, after her divorce. In the first period, in addition to her childhood, her life as wife and mother in Johannesburg up to her early midlife find poetic expression. The shift from foreignness to acculturation in the establishment of a new life is vibrantly communicated in the poetry from her Dutch period. Since my focus in this article is on the religious element in Elisabeth Eybers’s poetry I examine the occurrences of Biblical language in her poems, also within non-religious contexts. Secondly, I pay particular attention to the minister father’s beliefs and his daughter’s later agnosticism and its implications for the father-daughter relationship as reflected in her poems.

Eybers’s break with her ecclesiastical youth and the absence of any search for religion or a mystical stance in her work does not suggest an indifferent carelessness on her part; it speaks, rather, of a fierce resistance to Calvin’s doctrine of predestination, which she could not reconcile with her loving father’s belief in that doctrine. Her mother allayed her childhood fears of the predestination doctrine by pointing out the way in which it restricts love. Eybers calls this her “sweetest heresy” (“soetste kettery”). She gives a positive spin to the term forced rhyme (“rymdwang”) in her 1987 collection by referring to this as the constraint under which poetry places her and from which she does not want to escape. Regarding literary art, or wordcraft, she also gives predestination a positive connotation: the poem is predestined to express in a particular way, by means of the creative word, what the poet intends to say. This insight suggests her reconciliation with her father: They have been chosen to serve the word and the Word respectively. Eybers’s religious poetry further portrays a humanised Jesus. In addition, music and love connect her to the transcendental and reveal something of God as a “hieroglyph” who “taunts and evades understanding and definition” (“Miskien” [“Perhaps”] in Rymdwang).

In conclusion: Without denying the universally human dimension to Elisabeth Eybers’s religious poetry, I regard her female identity as integral to reading these poems; to deny this would be to silence her like Emily Dickinson (Mossberg 1982:7). In her entire oeuvre Eybers has only one protagonist whose religion is a woman’s “sweetest heresy”, which she owes to and shares with her mother.

Keywords: church; dogma; feminist; memory; motherhood; religion

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Elisabeth Eybers se “soetste kettery”: Die woord en die Woord in haar poësie

The post Elisabeth Eybers’s “soetste kettery” (sweetest heresy): The word and the Word in her poetry appeared first on LitNet.

Mag, ons gifappeltjie

$
0
0

In alle stories is daar ’n “bad guy” en hierdie karakter wil altyd meer mag hê. Is dit nie ook so in die werklikheid nie? Korrupsie is nie iets onbekend vir Suid-Afrika nie, en ons is al so gewoond daaraan dat ons nie eers meer geskok is oor al die korrupsie wat voorkom nie. Korrupsie is een van die grootste probleme in Suid-Afrika.

Wat is die oorsaak van korrupsie? Twee hoofredes is selfsug en gierigheid. Mag op sy eie is nie die probleem nie, maar die individue wat te veel mag het, is die probleem. Selfsugtigheid en gierigheid begin opborrel by mense en neem oor. Alhoewel die gesegde: “power does not corrupt people, people corrupt power” deur William Gaddis waar is, laat dit my wonder of sekere mense korrup gebore is, of word dit aangeleer deur misbruik van mag?

Begin dit met die eerste proe van mag? Sien ons hoe almal korrupsie opvreet en bedien, dat dit die manier van lewe is? Is korrupsie so deel van ons samelewing dat dit normaal lyk vir ons?  Ons sien soveel korrupsie vandag dat dit mens laat wonder of Suid-Afrika ooit sonder korrupsie gaan wees.

Meeste burgers het gehoop korrupsie stop met die beëindiging van Zuma se era, maar tog is daar koerantopskrifte met: South Africa's President Cyril Ramaphosa accused in corruption row. Hierdie berig is nie om vingers te wys oor wie korrup is en wie nie, dit handel oor of mag die probleem is.

Is enige individu gemaak om soveel verantwoordelikheid, mag en toeganklikheid te kan hanteer? Is die smag van mag verslawend? Hoe hoër die pos, hoe meer kans is daar vir korrupsie.

Hoe sal ons hierdie probleem kan tackle? Die probleem met Suid-Afrika is dat almal weet hoe korrup die regering is, maar daar is nie sterk genoeg kompetisie om hulle verantwoordelik te hou nie. Om iemand anders in die posisie te plaas is te groot ’n waagstuk om te neem. Is te veel mag en geen toesig nie die probleem nie? Daarom dink ek dat kompetisie so belangrik is, dit sal veroorsaak dat wanneer die regering nie reg optree nie, hulle hul posisie kan verloor. Gesonde kompetisie is belangrik vir ’n demokratiese land.

Ek glo nie dit is so maklik soos wat ek dit stel nie, maar hierdie is die begin van ’n dinkproses oor hoe om korrupsie uit te wis in Suid-Afrika. Die kompetisie sal veroorsaak dat die regering te bang is om ’n te groot hap uit die gifappeltjie te neem, namens korrupsie.

Wanneer daar meer as net een persoon om die tafel sit en elkeen hou mekaar openbaar verantwoordelik, sal korrupsie nie meer bedien word nie.

Korrupsie moet nie ons tweede natuur wees nie. Ons moet liewers fokus daarop om korrupsie uit te wys en te beëindig. Dit moet ons eerste natuur wees.

Tani du Toit

 

The post Mag, ons gifappeltjie appeared first on LitNet.

Rolling milestones

$
0
0

Timelines, dates.
The coming of age.
The oncoming quarter-life crisis.

The whole idea of how we want things,
By this age,
By that time.

But life takes its own navigated turn.
It’s set in the stars and galaxies,
Painted in the Milky Ways,
Written in the land of
Milk and honey.

How wonderful to know we are simply made to follow
A guiding light.
Such freedom to cut the deadlines,
Tear off the expiry dates,
Let the milestones roll into the sea –

And run wild.

Run wild in the
Meant to be,
The meant for me.

Sometimes it’s the wild geese
And not the
Ducks in a row.
Order of the day
And not the
Life in order.

Approaching each day’s sunshine end
What only matters
Is His will,
His way,
My heart.

Also read

Broken gangster child

You did not take her Honour

 

The post Rolling milestones appeared first on LitNet.

Die sublieme in die ekologie: ’n Ekofeministiese teologiese interpretasie van ’n Oos-Kaapse kunstenaar se ekologiese visie, spiritualiteit en identiteit

$
0
0

Die sublieme in die ekologie: ’n Ekofeministiese teologiese interpretasie van ’n Oos-Kaapse kunstenaar se ekologiese visie, spiritualiteit en identiteit

Annalet van Schalkwyk, Universiteit van Suid-Afrika

LitNet Akademies Jaargang 16(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming 

In hierdie artikel word die skilderye in die kunstenaar Heleen du Preez se Essences-reeks geïnterpreteer deur middel van ’n ekofeministiese teologiese beskouing om in die lig daarvan aspekte van Heleen se ekologiese spiritualiteit en identiteit, soos in haar reeks skilderye weerspieël, te verken. Heleen het die reeks tussen 2002 en 2005 geskilder terwyl sy op die Noordoos-Kaapse dorpie Lady Grey gewoon het. Deur hierdie groep werke het Heleen die visuele, fisiese en geestelike interaksie van die elemente van die natuur – aarde, vuur, water en lug – geskilder soos sy dit in die delikate ekologie van hierdie landstreek gesien het. Sy was intens bewus van die wyse waarop die dramatiese interaksie van die elemente skoonheid geskep het. Die navorser probeer die kunstenaar se verkenning van die sublieme in die natuur verstaan, asook temas in die kunswerke, soos broosheid en skoonheid; transendensie; vrede en balans; vernietiging, wanhoop en woede; suiwering en transformering. In die proses is die navorser versigtig om die visuele en tegniese elemente van die kunstenaar se werk te waardeer en korrek te interpreteer. Daar is gevind dat Heleen ’n diep begrip gehad het van die aarde se inherente godsdienstige dimensie en van menslike ekologiese spiritualiteit as ’n werklikheid wat uit ons verbintenis met die aarde voortkom. Dit het ook gelei tot die kunstenaar se verstaan van die verhouding van wederkerige sorg tussen mens en natuur. Verder het sy haar deur haar kuns en lewe vereenselwig met ’n meer inklusiewe ekologiese en sosiale werklikheid as waarvan mense gewoonlik bewus is.

Trefwoorde: die sublieme; ekofeministiese teologie; ekologiese spiritualiteit; elemente; etiek van sorg; identiteit; interaksie; kunsinterpretasie

 

Abstract

The sublime in ecology: An ecofeminist theological interpretation of an Eastern Cape artist’s ecological vision, spirituality and identity

Meeting Heleen

The researcher met the artist Heleen du Preez and had an interview with her on 23 January 2006, with a previous research trip through the Eastern Cape. Heleen introduced the researcher to her Essences series of art works which she had painted between 2002 and 2005 and exhibited at the Grahamstown National Art Festival in 2005. The researcher and artist subsequently became friends and stayed in regular contact until Heleen passed away on 1 August 2018 after a short struggle against cancer. Now, 13 years after the initial meeting, the researcher is once again exploring the Essences series, as guided by Heleen’s explanation of the artworks’ meaning. In this endeavour she uses an interpretative approach to open up the intersubjective worlds of meaning of the artist and the researcher.

In this article, the following questions are explored: 

  • How can an ecofeminist theological researcher resonate with the artistic exploration of the sublime in nature?
  • What can an ecofeminist theologian learn from Heleen’s engagement with the holy in ecology? How can a researcher’s interpretations of these experiences lead to ecospiritual reflection and writing?
  • Which metatheoretical framework and ecofeminist and ecofeminist theological themes are suitable to explore Heleen’s art and vision?
  • How can Heleen’s art work help the researcher to relate to the people (settler and indigenous), the land and the ecology of the Eastern Cape in order to find hope amidst its painful history?

Ecofeminist theoretical framework

To understand the researcher’s ecofeminist theoretical framework which influenced her interpretation of Heleen’s art work, a section on ecofeminism and ecofeminist theology and ecofeminist spirituality in a postcolonial cultural world is included. Although the researcher could not determine after Heleen’s death whether Heleen had been an ecofeminist or not, she could still conclude, from the artist’s strong views on the renewing impetus of nature, the global impact of profit-driven capitalism on the destruction of the ecology, and her ethics of care, that Heleen would have been comfortable within the space of Rosa Braidotti’s (2013) posthumanist, geocentric philosophy and ecofeminist spirituality. 

To make the connections between ecology, ecological consciousness, ecofeminism, theology and, eventually, art, is an all-encompassing task. It has been done by theologians and theorists such as Karen Warren, Rosemary Radford Ruether, Heather Eaton, Anne Primavesi, Sallie McFague, Suzi Gablik, and others. In this article, these topics are introduced and briefly investigated.

Ecofeminism 

Rosemary Radford Ruether (2000:97) defined ecofeminism as follows: 

Ecofeminism, or ecological feminism, examines the interconnections between the domination of women and the domination of nature. It aims at strategies and worldviews to liberate or heal these interconnected dominations through a better understanding of their etiology and enforcement.

The aim and strategy of ecofeminism is to radically transform how humans live in relation to the environment. We are interdependent with everything that forms the natural world. This shift needs to lead to action which may mitigate the processes of ecological destruction and global warming – as far as that is still possible – and new ways of caring for the environment and the earth.

Ecofeminist theology

Ruether (2000) and others criticise classical Christian theology, which has for many centuries dealt with the salvation of humanity from earthly conditions into supernatural or heavenly conditions. She exposes a theological system which is based on the desire to escape the real and finite conditions of human life on earth, to extract wealth from and conquer the earth and thereby to escape from the human body and earth. In the process women, the poor and marginalised and the earth are oppressed by patriarchal and exploitative socio-economic systems. Eaton (2000) proposes that for theology and religion to be turned around and brought back to earth, they need to be studied within the framework of the evolution of the cosmos, earth and ecology, so that the revelatory dimensions of the earth and cosmos can be detected. This will fundamentally challenge the dysfunctional cosmologies in which patriarchal religious traditions are immersed. The works of Anne Primavesi (2000) and Sallie McFague (1993), two ecofeminist theologians who fit within this earth systems paradigm, are also analysed briefly in this article.

Cultural framework: postmodern and postcolonial movements in ecofeminist spirituality and art

The work of ecofeminist theologians has an impact on ecofeminist spiritualities and contemporary spiritualities that are becoming increasingly important within various cultural discourses. Heleen’s ecospirituality as it is expressed in her ecological art can be placed within the matrix of contemporary spiritualities as it is portrayed in art. Spirituality concerns the feelings stirred or probed by art that may prompt viewers to reflect on the meaning of life, often in terms of existential questions such as: Why are we here? What are we doing? A sense of the spiritual also makes people aware that they are part of a larger whole, a larger network and a larger power than the self.

The posthumanist critical theoretician Rosi Braidotti draws on the ecofeminist work of Shiva and Mies (1993) when she says:

The environmental alternative is a new holistic approach that combines cosmology with anthropology and post-secular, mostly feminist spirituality, to assert the need for loving respect for diversity in both its human and non-human forms. Significantly, Shiva and Mies stress the importance of life-sustaining spirituality in this struggle for new concrete forms of universality: a reverence for the sacredness of life, of deeply seated respect for all that lives. (Braidotti 2013:48) 

Here Braidotti brings together various elements of ecofeminist spirituality: She refers to the sacredness at the heart of complex and diverse life forms, to which women relate through attitudes and actions of care, love and respect. Through such a deep awareness of the sacredness of life, women manage to relate to life with care and respect, thereby practically sustaining the networks of the ecology where they are able to do so, in the face of the powers that bring about ecological destruction. 

Heleen’s awareness of the sublime in the ecology and her creation of the Essences series of art works 

A substantial part of this article is devoted to an exploration of Heleen’s art works, their themes and their technical aspects as they relate to her experience and expression of the sublime in ecology. In Heleen’s summary of the exhibition of the Essences art series (2005) she wrote:

In this body of work I explored the visual impact of the physical elements of nature. Living in Lady Grey made me extremely aware of the sensitivity of the environment and how the dramatic interaction of these physical elements creates spectacular beauty. I thus dealt with the sublime in nature. This fragile environment requires special care, and veld fires and overgrazing are human activities that destroy. (From Summary by Heleen du Preez)

The Essences series deals with her understanding of the sublime as that encounter with the physical-spiritual dimension of the ecology which transcends understanding and which leads the artist or viewer to an encounter with the Divine. Through this series Heleen explored the dynamic visual, physical and spiritual interaction between the elements of nature – earth, fire, water and air – as she saw it in the delicate ecology of that region. The researcher endeavours to understand the artist’s exploration of the sublime in nature as it relates to themes like fragility and beauty; transcendence; peace and harmony; destruction, despair and anger; purification and transformation. In the process the researcher is careful to appreciate and correctly interpret the visual and technical elements of the artist’s work.

From the sublime to the transcendent through ecological spirituality 

After exploring the art works, the researcher summarises the contents and meaning of the art works and concludes that the artist had a deep understanding of the earth’s inherent religious dimension and of human ecological spirituality which connects us to the earth. Heleen, by her artistic experience of the sublime in nature, entered into the transcendent and holy dimension of the earth. The holy dimension of nature includes the cyclical processes of death and new life in the ecology. For Heleen, human existence makes sense when it enters into this state of oneness with the earth. Human beings are inextricably part of the complex web of ecology and dependent on it for humanity’s survival. Through her geocentredness and her conviction that the ecology should be cared for and protected by humanity, she became critical of humans who used and abused the ecology in the name of economic prosperity. She shared her understanding of the sublime as connected to an ethics of care, with a movement of contemporary ecofeminist artists who see their role as facilitators and caretakers of ecological recovery as this relates to both nature and humanity.

Heleen’s ecological and social identity 

Furthermore, through her art and in her life, she identified with a more inclusive ecological and social reality and thereby transcended what could have been a limited social identity. Her “enlarged sense of inter-connection between self and others, including the non-human or ‘earth’ others... produces a new way of combining self-interests with the wellbeing of an enlarged community, based on environmental inter-connections”, to use Braidotti’s words (Braidotti 2013:48).

Keywords: art interpretation; ecofeminist theology; ecological spirituality; identity; interaction; interpretation of art elements; ethics of care; the sublime

 

Figuur 1. Heleen du Preez, 2017. Foto deur Heleen du Preez.

 

1. Die wêreld van ’n kunstenaar 

Dit is deel van ons menslikheid om vrede in die natuur se skoonheid te vind. Daar is egter sommige mense wat meer intens deur die skoonheid van komplekse patrone van plaaslike plantlewe en grondsisteme as ander geboei word. Heleen du Preez (1945–2018) was so ’n persoon. Sy het in Kempton Park skoolgegaan, aan die Goudveldse Onderwyskollege in kuns en onderwys gestudeer en die grootste deel van haar lewe as kunsonderwyser en kunstenaar gewerk. In 2000 het sy en haar man, Johan, na die dorpie Lady Grey in die berge van die Noordoos-Kaap getrek. Van toe af was Heleen voltyds ’n kunstenaar en sodoende kon sy haar liefde vir die natuur uitleef. 

In hierdie artikel word die skilderye in Heleen se Essences-reeks ontleed om aspekte van haar ekologiese spiritualiteit en identiteit, soos uitgedruk in haar reeks skilderye, te verken. Dit is ’n hermeneutiese projek deur my as ekofeministiese teoloog. Hierdie ontleding word gesteun deur Heleen se lewe en werk te ondersoek aan die hand van, onder andere, die “liggaam van God”-teologie van Sallie McFague (1993), die posthumanistiese kritiese teorie van Rosi Braidotti (2013) en die werk van die postkoloniale teoloog Mayra Rivera (2007), asook die aanbieding van ekofeministiese teologie en spiritualiteit soos dit verband kon hou met die kulturele invloede op Heleen. Heleen se werk en sienings word origens binne die postmoderne en postkoloniale kulturele konteks van haar tyd ondersoek.

 

2. Ontmoeting met Heleen

Ek het Heleen du Preez op 23 Januarie 2006 ontmoet en ’n onderhoud met haar gevoer gedurende ’n navorsingsreis deur die Oos-Kaap. Heleen het my bekendgestel aan die Essences-reeks, haar kunswerke wat sy tussen 2002 en 2005 geskilder het en wat by die Grahamstadse Nasionale Kunstefees (2005) en in Lady Grey (2005) uitgestal was. Ons het bevriend geraak en in gereelde kontak gebly totdat Heleen op 1 Augustus 2018 oorlede is aan kanker. Gedurende 2006 was ek ook bevoorreg om ander ekofeministiese kunstenaars in die Oos-Kaap te ontmoet. Die intensiteit, breedte en diepte van Heleen se werk was egter te veel om in die navorsing van 2006 op te neem. Nou, 13 jaar later, is ek weer besig om die Essences-reeks te verken, soos begelei deur Heleen se verduideliking van die temas en dimensies van die werke gedurende die onderhoud op 23 Januarie 2006, waarvan ek rekord gehou het.

In hierdie artikel word daar oor die volgende vrae besin:

  • Hoe kan ’n ekofeministiese teologiese navorser aanklank vind by Heleen se kunsverkenning van die sublieme in die natuur in terme van 
    – transendensie, broosheid en skoonheid
    sowel  as
    – vernietiging, wanhoop en woede?
  • Wat is daar om te leer, deur Heleen se kuns, van haar ontmoeting met die sublieme in die Noordoos-Kaapse ekologie en haar spirituele verstaan van die heilige in die ekologie? Hoe kan ’n navorser se interpretasie van hierdie ervarings tot ekospirituele refleksie en skrywe lei?
  • Watter metateoretiese raamwerk en watter ekofeministiese en ekoteologiese temas is gepas om Heleen se kunsbeskouing en -“visioen” te verken? 
  • Hoe kan Heleen se kunswerk ’n navorser toerus om inheemse en setlaarinwoners van die Noordoos-Kaap, sowel as die land en die ekologie, dieper te verstaan en om hoop te vind te midde van die gewelddadige geskiedenis van die Oos-Kaap?

Hierdie artikel is gebaseer op my oorspronklike onderhoud met Heleen, maar is ook ingegee deur vele gesprekke oor 12 jaar van vriendskap. As sodanig is dit ’n projek om Heleen as kunstenaar en mens so getrou as moontlik te onthou.

 

3. ’n Teoretiese raamwerk

Sodat die leser my eie ekofeministiese teoretiese raamwerk verstaan wat my eie oriëntering by die skryf van hierdie artikel en die interpretasie van Heleen se kuns en lewe beïnvloed en rig, volg hier nou ’n afdeling waar ek van die belangrikste aspekte van ekofeminisme en ekofeministiese teologie ondersoek. Dit hou verband met van die belangrikste kulturele en spiritualiteitinvloede op Heleen se werk. Hoewel ek nie na die dood van Heleen kan bevestig of Heleen haarself as ’n ekofeminis geïdentifiseer het nie, neem ek tog waar dat daar ekofeministiese invloede vanuit die postmoderne en postkoloniale kulturele wêreld is wat op Heleen se gedagtegang en werk ’n invloed gehad het. Anders gestel, Heleen se intuïtiewe en nadenkende reaksie op die ekologie en die wêreld rondom haar deur haar kuns en haar lewenswyse, het sterk ooreenkomste getoon met ’n ekofeministiese belewenis en beskouing van die skoonheid en die vernuwende krag van die natuur, van die invloed van winsgeoriënteerde kapitalisme op die vernietiging van die natuur en van ’n ekofeministiese etiek van sorg. Heleen kan sinvol gelees kan word binne die groot ruimte van Rosa Braidotti (2013:48) se posthumanistiese en geosentriese filosofie en ekofeministiese spiritualiteit wat Braidotti as volg verwoord:

The environmental alternative is a new holistic approach that combines cosmology with anthropology and post-secular, mostly feminist spirituality, to assert the need for loving respect for diversity in both its human and non-human forms. Significantly, Shiva and Mies [1993] stress the importance of life-sustaining spirituality in this struggle for new concrete forms of universality: a reverence for the sacredness of life, of deeply seated respect for all that lives. This attitude is opposed to Western Humanism and to the West’s investment in rationality and secularity as the pre-condition for development through science and technology. In a holistic perspective, they call for the “re-enchantment of the world” (1993:18), or for healing the Earth and that which has been so cruelly disconnected. Instead of the emphasis on emancipation from the realm of natural necessity, Shiva pleads for a form of emancipation that occurs within that realm and in harmony with it.

3.1 Ekofeminisme, ekofeministiese teologie, ekofeministiese spiritualiteit en kuns 

Om die verbande te lê tussen ekologie, ekologiese bewussyn, ekofeminisme, teologie, spiritualiteit en, uiteindelik, kuns is ’n omvangryke taak. Dit is vantevore in verskillende vorme gedoen deur bekwame skrywers soos Karen Warren (2000; ekofeministiese filosofie en spiritualiteit), Rosemary Radford Ruether (2000; ekofeminisme en patriargie; ekologiese teologie), Heather Eaton (ekofeministiese teologie en die Nuwe Kosmologie of “New Creation Story”1), Anne Primavesi (ekofeministiese teologie en ekologie); Sallie McFague (ekofeministiese teologie en die aarde as die liggaam van Christus, die “New Creation Story”, in publikasies soos Reweaving the world: The emergence of feminism (1990); ekofeminisme, ekofeministiese teologie en ekofeministiese spiritualiteit), en Suzi Gablik (1991; kuns, postmodernisme, ekologie, gemeenskap en ’n ekofeministiese etiek van sorg). Hier word slegs ’n inleiding en opsomming gegee van die teoretiese agtergrond en groter kulturele, sosiale en globale konteks waarbinne die res van die ondersoek na Heleen se Essences-reeks en haar ervaring van die sublieme in die ekologie van die Noordoos-Kaap gedoen word.

3.2 Wat is ekofeminisme?

Die ekofeministiese teoloog Ruether (2000:97) definieer ekofeminisme as volg:

Ecofeminism, or ecological feminism, examines the interconnections between the domination of women and the domination of nature. It aims at strategies and worldviews to liberate or heal these interconnected dominations through a better understanding of their etiology and enforcement. 

Hierdie ondersoek van ekofeminisme lei tot die oogmerk en strategie daarvan, naamlik ’n radikale transformasie van hoe ons as mense onsself en ons verhoudings met andere en met die aarde beskou. Ivone Gebara van Brasilië beskryf dit as ’n fundamentele verandering in epistemologie, in die wyse waarop ons tot wete en kennis kom. Sy stel dit as volg: “The central assumption of ecofeminist epistemology is the interdependence of all the elements that are related to the human world” (Gebara 1999:51). Hierdie interafhanklikheid omvou en sluit in “nature, the powers of the earth and of the cosmos itself” (1999:52), omdat “the pain of the whole is mysteriously felt in every being” (1999:53).

So ’n fundamentele verskuiwing in bewussyn het implikasies vir die internasionale ekonomie, verhoudings tussen mense plaaslik en wêreldwyd, en die refleksie en praktyk van godsdienste en spiritualiteite. Dit moet ook omgeskakel word in optrede wat die prosesse van ekologiese vernietiging sal omkeer (indien nog moontlik) en wat sal lei tot nuwe wyses om vir mekaar en vir die aarde te sorg (Rakoczy 2004:302).

3.3 Ekofeministiese teologie 

Ruether (2000:97–102) verduidelik dat die ontleding van ekofeminisme ’n diepte-uitdaging aan klassieke teologie op alle vlakke van teologiese refleksie en praktyk bied. Wanneer ekofeminisme in verskillende kontekste met teologie in dialoog gaan, kan ons van ekofeministiese teologieë begin praat. Ruether en andere (sien Johnson 2000:3–21) kritiseer klassieke Christelike teologie wat vir baie eeue gehandel het oor die verlossing van die mens uit die vervalle “aardse” toestand na ’n “boaardse” of hemelse toestand. So word ’n teologiese sisteem ontbloot as een wat gewortel is in ’n begeerte om aan die werklike toestand van menslike lewe op die aarde te ontsnap – die broosheid, beperktheid en sterflikheid daarvan. So ’n teologiese struktuur is gebaseer op ’n behoefte om hierdie liggaamlike, aardse toestand te oorheers, uit te buit en te oorwin en om sodoende aan die liggaam en aarde te ontsnap. Histories was die hoekstene van hierdie teologie – en is dit in ’n groot mate nog – die onderdrukking van vroue, armes en die aarde deur middel van die kultureel-simboliese metastrukture van patriargie wat ineengeweef is met die ideologieë wat die sosiale, ekonomiese en politieke status quo in plek hou.

Soos Eaton (2000:115) dit stel:

At the basis of domination is a flight from life’s proviso. The primal sin of escaping, the fall into domination, and the refusal to acknowledge the sufferings and limitations of life itself have created distortions at the level of foundational theological precepts.

Een wyse wat Eaton (2000:118) voorstel waarop die teologie en godsdiens omgekeer word en teruggebring word na die aarde toe, is deur dit binne die raamwerk van die bestudering van die evolusie van die kosmos, aarde en ekologie te plaas. Terwyl al die fundamentele uitgangspunte van ekofeministiese teologie soos deur Eaton (2000:111–24) voorgestel nie volledig hier aangebied kan word nie, is dit vir die doel van hierdie artikel noodsaaklik om die volgende aspek te verduidelik, soos deur Eaton (2000:118–9) verwoord: 

To consider earth history as a decisive framework is to perceive that the entire religious enterprise is an emerging process of human development within the evolutionary processes of the earth. Thomas Berry is a renowned advocate of this paradigm. Although it is timely, indeed popular, to reiterate that “the earth is our home”, the greater task is to allow our theological understanding to be transformed by this insight. To situate our religious traditions ... that mediate the sacred and make claims upon human actions – within the evolutionary processes of the earth prevents us from situating earth history within the boundaries of our religious traditions ... (so that) we can begin to see the revelatory dimensions of the earth.

To situate earth history within this immense epic and creative drama of the universe, of which we are an integral part, challenges the prevailing and dysfunctional cosmologies in which patriarchal religious traditions are immersed. 

In this light, ... (a) proposal of an ecological consciousness of self has ramifications beyond those apparent ... It is truly a new form of consciousness: of human awareness and moral exigence understood as emerging from an evolutionary process; of reactualizing Christian theology in view of the tapestry of religious revelations; of knowing the earth in its revelatory dimensions; and of relating to a dynamic cosmos, yet rooted in the myriad distinct contexts of communal life. 

Dit is eers wanneer ons godsdiens en teologie binne die evolusionêre prosesse van die aarde plaas dat die impak van patriargale onderdrukking van vroue en gemarginaliseerde mense soos dit verband hou met die onderdrukking van die natuur, volledig verstaan kan word. Dan kan ’n mens sien en onderskei watter skade teen hierdie laat stadium van ’n globale kapitalistiese sisteem aan vrouens met hulle plasings binne gemeenskappe, en aan die aarde en biosfeer gedoen is. Die aarde beweeg tans ’n geologiese era binne wat deur wetenskaplikes beskryf word as die antroposeen (Subramanian 2019:1–3) – die tyd van die aarde se geskiedenis wat negatief geaffekteer word deur die omgewingsveranderings wat menslike aktiwiteite teweegbring. Ons leef daagliks in ’n toestand van skok en ongemak met hierdie werklikheid wat ons elke dag affekteer – aardverwarming, ongereelde reënval, vloede, grootskaalse droogtes, stygende seevlakke, massiewe besoedeling van waterweë en die oseane.

Dit raak nou kritiek belangrik dat die skade wat globale ekonomiese sisteme, ’n verbruikersamelewing, magtige politici en multinasionale konglomerate die aarde aandoen, erken word, en dat ingrypende maatreëls getref word om die skade van aardverwarming as gevolg van die opbouing van koolstofdioksied in die aarde se atmosfeer te beperk. Dit is nou kritiek dat ou ekonomiese en sosiale sisteme afgebreek en vervang word deur sisteme wat sinergisties saamwerk met die hernuwende prosesse van die ekologie, en wat dit nie aftakel nie. Mense, magte en owerhede moet maniere vind om interafhanklik, versorgend en ingebed in die aarde te leef (Rakozcy 2004:302). Ten spyte van al die vernietiging kan ekofeministiese teoloë nog steeds die wonder en die skoonheid van die kosmos en aarde beleef en die Heilige daarin vind (sien die bespreking van McFague 1993 en Primavesi 2000, hier onder). 

Die ekofeministiese teologiese benadering van Ruether (2000) en Eaton (2000) kan vandag met reg teen die agtergrond van die omgewingskrisisse gelees word. Hulle teologieë het belangrike raakpunte met ander ekologiese denkers en teoloë se werke soos dié van Thomas Berry en Brian Swimme, bevrydingsteoloë soos Leonardo Boff, die posthumanistiese teoretikus Rosa Braidotti (2013), en postkoloniale feministiese teoloë soos Chun Hyun Kyung (1991), Kwok Pui-lan (2005) en Mayra Rivera (2007).

3.4 Twee ekofeministiese teoloë

Twee invloedryke ekofeministiese teoloë wie se werk duidelik binne dieselfde paradigma val as dié wat Eaton gebruik, en wie se werk relevant is vir Heleen se kuns, is Anne Primavesi (2000) en Sallie McFague (1993). Dit sal sinvol wees om Primavesi se teologie-as-ekologie en McFague se teologie van die aarde as die liggaam van God saam met Heleen se kunswerke te lees en te interpreteer. 

Die werk van hierdie twee ekofeministiese teoloë, wat verband hou met ekofeministiese spiritualiteit, word nou bespreek.

3.4.1 Van ekologie na teologie – Anne Primavesi

Primavesi (2000:1–14) het die werk van die bioloë Maturana en Varela (1980) bestudeer om te verstaan hoe georganiseerde sisteme van lewe ontwikkel het van lewende selle, in wat Maturana en Varela autopoiesis (“self-making”) noem. Hierdie term verwys na die dinamiese, selfproduserende en selfonderhoudende netwerk van produksieprosesse in lewende organismes. ’n Sentrale eienskap van lewende organismes is dat die funksionering van een komponent tot die ontstaan en funksionering van volgende komponente in die netwerk bydra. Dit is ’n eenvoudige verduideliking van hoe lewende sisteme oor millennia oor die aarde versprei en ontwikkel het. Primavesi het ekologiese wetenskappe leer verstaan sodat sy vanuit die bestudering van ekologie haar teologie fundamenteel kon ingee. Gevolglik kon sy ingelig skryf oor die skepping as die netwerk van ekosisteme, wat ons moet kan verstaan om liefdevol en sorgsaam – of dan volhoubaar – op die aarde te kan lewe. Sy vertolk die “selfmakende” prosesse as prosesse waarbinne en waaromheen die liefdevolle, skeppende en sorgsame God betrokke is. Die skepping is een geheel, wat aanmekaar gehou word deur interafhanklike konneksies en patrone van energie. Elke deel van die skepping is verwant aan elke ander deel. Elke skakel is heilig. Hier is Primavesi met ontsag vervul voor dieselfde web van die ekologie wat Heleen in haar deel van die wêreld so geboei het. 

Wanneer hiërargiese, antroposentriese en winsgedrewe aksies die netwerk van die lewe oorheers en vernietig, ontstaan ’n stryd om oorlewing – vir die aarde in die geheel en vir die lewende wesens van die aarde. Daarom kritiseer ekofeministiese teoloë radikaal die dominerende wyse waarop die mensdom met die aarde omgaan. Hulle sien die verband tussen die verdrukking van die liggame van vroue en die liggaam van die aarde deur patriargale en uitbuitende magte raak.

3.4.2 Die wêreld as die liggaam van God – Sallie McFague

Deur die gebruik van metaforiese taal en sakrament slaag die ekofeministiese teoloog Sallie McFague (1993) daarin om die aarde op oortuigende wyse as die liggaam van God voor te stel. Vanuit McFague se teologiese perspektief gesien, mag mense bewustelik, tog ook mistiek, die aarde as die liggaam van Christus binnegaan deur die viering van die sakrament van die nagmaal. Hier vier gelowiges dat Christus se gestorwe en opgestane liggaam met ons gedeel word. Die liggaam van Christus, gevorm deur die Christiese paradigma, is ook die kosmiese Christus – die liefdevolle, barmhartige God wat aan die kant is van dié wat ly, dié wat weerloos is en dié wat randfigure is. Almal, elke lewende wese, word omhels, nie net wanneer hulle sterk en gesond is nie, maar ook in hulle verslaenheid en radeloosheid. Soos die lewegewende Gees van God uitreik na al die liggame in die kosmos, so reik die bevrydende, helende en lydende liefde van Christus uit na almal. Die gestorwe en opgestane Christus is teenwoordig met alle lewende wesens, op die aarde en in die kosmos (McFague 1993:179).

Die teologiese model van die wêreld as die liggaam van God sorg dat McFague se mistieke taal prakties word: Dit verbreek die dualisme tussen gees en liggaam; dit druk die Goddelike sensitiwiteit vir die basiese versorging van alle menslike en anders-as-menslike liggame uit, en soos met Primavesi se teologie beklemtoon dit die interafhanklikheid van alle liggame wat waardevol en heilig is omdat dit deur die Goddelike omvou en geïnspireer word. Hiermee bevorder McFague haar praktykgeoriënteerde teologie met sy mistieke en metaforiese onderbou wat menslike beoefenaars daarvan in staat stel om op ’n baie diep vlak getransformeer en bemagtig te word om in die sosiaal-politieke wêreld van ons dag te werk vir ’n radikale verandering van die verhouding tussen mens en natuur, soos hier bo deur Primavesi (2000), Eaton (2000) en Gebara (1999) voorgestel.

Deur Heleen se ervaring van die tragiese dog transendente sublimiteit van die ekologie was sy fyn ingestel op die stryd tussen lewe en dood in die omgewing. In die laaste jaar van haar lewe is dit ook geëggo in haar liggaam se stryd teen die verspreiding van kankerselle. Heleen was ’n diep geestelike mens. Soos sy somtyds wanhopig was oor die vernietiging van die omgewing rondom haar, was sy ook bewus van die transformerende en vernuwende prosesse waardeur die natuur gaan, en het dit ook vir haar suiwering en ’n verheffende ervaring van die Heilige in die natuur en in haar lewe gegee. Ek kan daarom verder interpreteer en raaksien hoe Heleen midde-in die aarde en kosmos aan die liggaam van Christus deel gehad het en die dood en opstanding van Christus daardeur beleef het (meer hieroor in afdeling 9).

Die werk van ekofeministiese teoloë het ’n invloed op ekofeministiese spiritualiteit en het implikasies vir hedendaagse spiritualiteite wat teenwoordig is binne wêreldwye ekologiese bewegings, maar ook in die kunswêreld. Hierna word volgende gekyk.

 

4. Kulturele raamwerk: postmoderne en postkoloniale bewegings in ekofeministiese spiritualiteit en kuns

Heleen se ekologiese kuns soos dit haar ekospiritualiteit weerspieël het, kan geplaas word midde-in die matriks van kontemporêre spiritualiteitkunde, ekospiritualiteit, ekofeministiese spiritualiteit sowel as spiritualiteit soos dit in kuns uitgebeeld word. Arya (2016:1) skryf die volgende:

In the 21st century, the concept of spirituality is becoming increasingly important to various cultural discourses, including that of contemporary artwork. Art that is described as spiritual may reference or represent a spiritual and/or religious tradition. Whether referring to specific religious traditions or not, spirituality concerns the feelings stirred or probed by the art, which may prompt viewers to reflect on the meaning of life, often drawing on existential questions, such as: Why are we here? What are we doing? What happens after life ends? A sense of the spiritual also gives people the sense of … a feeling that they are part of something greater than the self … 

Central to the role of the artist has been a preoccupation with the deeper questions of life, often to reveal sights that are normally kept hidden from the public gaze and to challenge entrenched beliefs. The process of creating art is often described in quasi-mystical terms, whereby the artist-as-shaman unleashes or channels special creative powers in a process of making that transports the viewer to a different realm of the imaginary. Given these affinities between the roles of art and spirituality, it is unsurprising that spirituality is an enduring feature of contemporary art. 

Verskillende temas kom na vore in ekofeminisme in die Westerse maar ook in die groter postkoloniale wêreld, wat verband kan hou met van die elemente van spiritualiteit wat ’n mens in Heleen se kuns kan raaksien. Die belangrikste hiervan is seker die identifisering van vroue met die kreatiwiteit van die lewegewende Gees wat van die begin af teenwoordig was in God se skepping van die aarde en kosmos. In ’n soeke na hulle eie kreatiwiteit en ontluikende bewussyn identifiseer vroue met die Heilige Gees, wat as die kreatiewe element in oerskeppingsgebeure geïnterpreteer word. Deur die skeppende Gees ontvou die skepping oor miljarde jare, soos byvoorbeeld voorgestel in die skeppingsteologie (Creation Theology) van onder andere Matthew Fox (1983) en die Nuwe Skeppingsverhaal (New Creation Story; Berry 1990, 2009; Swimme en Berry 1992). In Heleen se werke sien mens juis ’n fyn begrip van hoe die aardprosesse ontwikkel om berge, klippe, grond, grasvelde en waterstrome te vorm wat deur die elemente verweer en verander word. Ek het in ’n vorige publikasie ondersoek hoe hierdie skeppingspiritualiteit ook deur Suid-Afrikaanse vroue van die Bohareng Centre for Integral Spirituality beoefen word (Van Schalkwyk 2008b:17–33). ’n Mens kan hier ook die ooreenkomste met Berry se aardgesentreerde spiritualiteit vind – ’n tema wat later in hierdie artikel verder ondersoek word in verhouding tot Heleen se kuns.2 

Hierdie verskuiwing van die verhaal van die sondeval na die Nuwe Skeppingsverhaal soos die werk van mense soos Berry, Swimme, Carl Sagan en andere genoem is, skep juis ruimte vir ’n groter vryheid vir vroue wat in hulle kontak met die ekologie ’n skakeling vind met die Heilige Gees – of die Skeppergees (Creator Spirit) in Chung Hyun Kyun (1991) se woorde. So vind die diep-ekologie-beïnvloede kunstenaar van Hogsback in die Oos-Kaap, Diana Graham, hoe die Gees van die Skepping die kreatiewe netwerk van die groter aardsisteem moontlik maak; skakel na skakel, sel na sel, organisme na organisme, sisteem na sisteem, tot die groter aardsisteem gevorm is (Van Schalkwyk 2008b:13–4). Ekofeministiese teoloë en beoefenaars van ekofeministiese spiritualiteit beleef die Nuwe Skeppingsverhaal as lewebevestigend (“life-affirming”). Dit bevestig hulle aanvoeling en kennis dat teologie en spiritualiteit beoefen behoort te word in ’n paradigma wat groei in oorvloed inhou vir lewe en lewegewende prosesse, vir die liggame en liggaamlike bestaan van vroue, onderdrukte mense en die “liggame” van lewende wesens en sisteme in die groter aardsisteem. Hulle verkies so ’n lewebevestigende skeppings- en verlossingsverhaal, eerder as ’n teologie wat bestraffend is teenoor vroue, onderdruktes en die natuur se liggame. 

Wêreldwyd is daar verskillende soort intensionele natuur- en ekologiese spiritualiteite aan die groei, ook omdat hoofstroomgodsdienste nog steeds te veel binne antroposentriese en patriargale paradigmas funksioneer en in die proses nog nie voldoende betekenisvol reageer op die werklikheid van ekologiese vernietiging en aardverwarming wat deur die mensdom veroorsaak is en word nie (Sponsel 2016; sien ook Taylor 2001:175–93).

Hierin word die beste elemente van Christelike mistiek opgeneem en herontdek: Vroue en mans wat hulleself vir die kreatiewe Skeppergees oopstel, word draers en versorgers van die lewe. Hulle word deur God vertrou om God se medeskeppers te wees en om vir lewende wesens en volhoubare gemeenskappe te sorg. In die woorde van Meister Eckhart gee hulle geboorte aan God (sien Fox 1983:222–5). Hier is ook raakpunte met die ekofeministiese spiritualiteit van vroue van Indië (Shiva 1989) asook van Suidoos-Asië (Chung Hyun Kyung 1991 en andere), waar vroue wat vir ekologiese geregtigheid werk, sterk identifiseer met die skeppende krag in die natuur – wat hulle as heilig en goddelik beskou. Met haar skep van die Essences-reeks is Heleen juis beïnvloed deur die “Kom Heilige Gees”-oproep van Chung Hyun Kyung by die Sewende Vergadering van die Wêreldraad van Kerke (1991). Braidotti (2013:48) verwys ook na die ekofeministiese werk van Vandana en Mies (1993), wat inherent ekofeministiese lewensonderhoudende (“life-sustaining”) spiritualiteit insluit wat bewus is van die heilige en skeppende krag in die natuur:

The environmental alternative is a new holistic approach that combines cosmology with anthropology and post-secular, mostly feminist spirituality, to assert the need for loving respect for diversity in both its human and non-human forms. Significantly, Shiva and Mies stress the importance of life-sustaining spirituality in this struggle for new concrete forms of universality: a reverence for the sacredness of life, of deeply seated respect for all that lives. 

Ekofeministiese spiritualiteit en ekospiritualiteit vorm deel van die ryk tapisserie van kontemporêre spiritualiteite wat in hedendaagse kuns uitgebeeld word. In The reenchantment of art (1993) ontvou Suzi Gablik ’n beskouing van kuns wat ekologies sterk en gemeenskapsgeoriënteerd is, en gewortel is in ’n herontdekking van lewegewende elemente van mitologie en godsdiens – ook ekofeministiese spiritualiteit (Gablik 1993:163). Ekofeministiese spiritualiteite – of dit Christelik, in die geval van Heleen, of meer diepte-ekologies, soos in die geval van Diana Graham van Hogsback is (sien Van Schalkwyk 2008b:13–4) – is inherent kreatief en is ’n ryk bron vir die skepping van kuns (Ursic 2017:1–17). Deur hulle skepping van kuns beoefen hulle verskillende vorme van ekofeministiese spiritualiteit en ’n etiek van sorg, want deur die skepping van kuns fasiliteer hulle die prosesse van die lewe, om die interafhanklikheid en genesing van mens en natuur te bevorder. Hulle bevorder ’n praktiese lewenswyse en spiritualiteit waarvolgens mense ingebed is in die komplekse web van die ekologie, en afhanklik is van die aarde vir lewe en oorlewing – teenoor ’n hiërargiese siening van die mens wat oor die natuur heers (Miller 1997:82). 

Vervolgens word die fokus verskuif van die oorkoepelende teoretiese raamwerk en kulturele konteks na Heleen se Essences-reeks as sodanig, en my interpretasie daarvan. Hierdie gedeelte vorm die substansiële deel van hierdie artikel, waar die leser die kans kry om Heleen se kunswerke te waardeer. Daarna word ’n paar temas uit haar kunswerke verder vertolk. Heleen se ervaring van die sublieme in die ekologie sal ondersoek word, en dan sal elemente van die gedeelte oor ekofeministiese teologie en spiritualiteit weer na vore kom, in die vertolking van Heleen se spiritualiteit en belewenis van verganklikheid, lewe en dood in die ekologie.

 

5. Heleen se bewussyn van die sublieme in die ekologie en haar skepping van die Essences-reeks

5.1 Die taak van interpretasie 

Interpretasie is een van die belangrikste instrumente waarmee ’n navorser kan werk. Wanneer interpretasie geskied, hetsy van ’n kunswerk, ’n teks of ’n onderhoud met ’n navorsingsubjek, is daar altyd ’n element van onsekerheid. Dit is veral die geval met kuns. Tog is die interpretasie van ’n kunswerk lonend, omdat hierdie proses die veelvoudige betekenisse van ’n kunswerk ontbloot (Stecker 1994:193). Dit laat reg geskied aan die oorvleuelende en intersubjektiewe betekenisse van ’n goeie kunswerk. Dit is in hierdie gees dat ek my interpretasie van Heleen se kunswerke aanbied. Die feit dat ek Heleen geken het en in ’n liminale interkulturele spasie3 in die Oos-Kaap grootgeword het, dra by tot die rykheid van intersubjektiewe betekenisse.

5.2 ’n Interpretatiewe navorsingsmetodologie 

Die proses van interpretasie word deur Paul Ricoeur (1974:107) se hermeneutiese filosofie belig: “Interpretation is the process by which disclosure of new modes of being … gives to the interpreter a new capacity of knowing himself.” Interpretasie bring selfbegrip mee deur die verstaan van andere (Ricoeur 1974:17). Op hierdie wyse open interpretasie ’n intersubjektiewe spektrum van betekenis wanneer die ervaringswêrelde van die kunstenaar die wêreld van die interpreteerder ontmoet. So word die kunswerk aan die wêreld bekendgemaak (Geanellos 2000:114). Dit maak die taak van die interpreteerder sowel ’n voorreg as ’n verantwoordelikheid.

My sienswyses is ingegee deur die wyses waarop feministiese en ekofeministiese sosiaal-wetenskaplikes interpretasie en intersubjektiwiteit verstaan. ’n Ekofeministiese interpretatiewe navorsingsparadigma kry gestalte en word gebruik wanneer vroue standpunt inneem ten opsigte van hulle belewenis van die vernietiging van die ekologie – wat Harding (2009:199–200) sosiale standpunt (“social standpoint” in Engels, wat ietwat meer betekenis dra as “(sosiale) standpunt” in Afrikaans) en wat Haraway (1991:575-599) gesitueerde kennis (“situated knowledge”) noem. Deur so ’n navorsingsparadigma te gebruik, kan die navorser en navorsingsubjekte ’n besonder kreatiewe ervaring hê wanneer die gesitueerde kennisvelde en ervarings van vroue oorvleuel en in gesprek met mekaar tree gedurende ’n onderhoud, gedurende die interpretasie van kunswerke of gedurende die deel van lewenservarings (Donini 1994:64). Hierdie intersubjektiewe betekenisveld kan besonder ryk en dinamies wees wanneer vroue hulle afhanklikheid van en liefde vir Moeder Aarde en hulle besorgdheid oor die ekologie na aanleiding van aardverwarming met mekaar deel.

Hierdie navorsing moes egter verder en wyer gaan as Harding, Haraway en Donini en verby tweede- en derdegenerasie- feministiese navorsingsmetodologieë beweeg. As ’n Afrikaanse vrou wat in die Suid-Afrika van 2019 leef, huldig ek die beskouing dat Westerse vroue in Afrika wat gender- en ekologiebewus is, buite hulle gemaksones kan beweeg en hulle oë oop kan maak vir werklikhede in die groter samelewing. Werklikhede wat ons in die gesig staar, is dié van die katastrofiese impak van klimaatsverandering op mens en omgewing, grondrestitusie, ongelykheid en rassisme. Dit is noodsaaklik om op niegewelddadige wyse ou koloniaal-rassisties-patriargaal-antropogeniese identiteite en lewenswyses te onderbreek en om op vitale maniere kontak tussen mense en omgewings te bemiddel. Die resultaat kan wees dat vitale konneksies tussen mens, samelewing en ekologie kan ontwikkel wat tot sosiale en ekologiese vernuwing kan bydra (Rivera 2007: hoofstuk 6 van Kindle-uitgawe). Dus soek ek na postkoloniale navorsingsbenaderings (Kwok Pui-lan 2005:125–49; Dube 2000) om met Heleen se kunswerke om te gaan. Hierdie artikel is maar die begin van só ’n soeke.

In die simpatieke interpretasie van Heleen se kunswerke spreek Heleen se begrip van die sublieme in die ekologie en my ekofeministiese teologie tot mekaar. Net so spreek my en Heleen se liefde vir die Noordoos-Kaapse berge en grasvelde tot mekaar (Figuur 2). Hierdie gesprek word die hermeneutiese sleutel waarmee die skoonheid en betekenis van Heleen se kunswerke ontsluit word.

Figuur 2. Google Earth-fotobeeld van ’n gedeelte van die Noordoos-Kaap aangrensend aan Lesotho en die Vrystaat. Let op na die ernstige velderosie in die voormalige tuislandgebied noord van Lady Grey, en ook in Lesotho, noordoos van die dorpie. 

5.3 Essences-kunsuitstalling, opsomming deur Heleen du Preez 

In die kunstenaar se eie opsomming wat die kunsuitstalling in Grahamstad (2005) vergesel het, is daar die volgende opmerking: 

In this body of work I explored the visual impact of the physical elements of nature. Living in Lady Grey made me extremely aware of the sensitivity of the environment and how the dramatic interaction of these physical elements creates spectacular beauty. I thus dealt with the sublime in nature. This fragile environment requires special care, and veld fires and overgrazing are human activities that destroy. Whatever one does on a physical level affects the spiritual. Fire, for example, becomes a metaphor for purging. It can destroy, but also produce change. Through this exploration I became extremely aware of the sameness of things. Fire could have the same patterns as water, and water could have the same patterns as clouds, and so forth. This points to holism in nature. The huge scale, I suppose, is an attempt to envelop the viewer in the physical elements to create intense awareness of our physical existence as part of nature and the impact of this physical existence on our souls.

Die kunstenaar se woorde beklemtoon haar intense bewustheid van die ekologie en van die interaksie tussen die fisiese en die geestelike in die natuur. Sy verwys na ooreenkomstigheid, balans, majesteit en vernietiging – alles elemente in die natuur wat meebring dat daar ’n geweldige dinamika is wat die aarde se ekosisteme in een groot geheel laat funksioneer. Haar gebruik van die frase “die sublieme” verwys na Immanuel Kant se verstaan van die sublieme as selftransendensie wanneer dit georiënteer is tot die groter geheel (Kant 1981:52, in Miller 1997:23). In die Essences-reeks handel haar verstaan van die sublieme oor die fisies-geestelike dimensie van die ekologie, waarvan sy deel is.

5.4 Die vier klassieke elemente in die Essences-reeks 

Heleen het die elemente – grond, vuur, water en lug – gekonseptualiseer soos wat hulle in die antieke Griekse wêreld verstaan is. Alhoewel die moderne wetenskap nie die klassieke skema van die elemente bevestig nie, maar eerder die 118 chemiese elemente van die Periodieke Tabel gebruik, is die klassieke elemente steeds belangrike metafore in die kontemporêre kulturele wêreld. Hulle word as simbole in kuns, metafisika en spiritualiteit gebruik om die samehang tussen al die substansies wat deel vorm van ons fisiese en niefisiese werklikheid te beskryf.4 In haar onderhoud met my het die kunstenaar verduidelik hoe sy die elemente in die Essences-reeks gebruik het. Dit sal uit die bespreking van die kunswerke hier onder blyk. Heleen het ook beskryf hoe sy geboei was deur die interafhanklikheid van delikate sisteme van lewe – rots, grond en gras en ander plantegroei – en die impak wat reën, vloede, wind en vuur hierop gehad het. Sy was ook geïnteresseerd in hoe die interaksie tussen elemente oor millennia heen die topografie en ekosisteme van die Noordoos-Kaap geskep het. Foto’s van die Noordoos-Kaap word by die artikel ingesluit om die skaal en skoonheid van die terrein aan te dui. Daardeur word die intimiteit van Heleen se uitbeelding van elemente of segmente van hierdie groter terrein aangedui.

In die interpretasie van die kunswerke hier onder sal van die volgende temas wat sy gedurende die onderhoud aan my genoem het, na vore kom: broosheid, interaksie en interafhanklikheid, verandering en beweging, vrede, balans en transendensie, vernietiging, medelye, woede, reiniging en transformasie.

 

6. Kunswerke5

Die volgende agt kunswerke is almal olieskilderye op doek. Heleen se kunstige kwastegniek demonstreer haar ondersoek na en voorstelling van elemente van die ekologie van die Noordoos-Kaap. Spesifieke identifiserings van patrone dien om die struktuur en eenheid van die werke binne hierdie unieke ekologiese konteks te plaas.

Figuur 3. Lady Grey-berg. 2009. Olie op doek, 86 x 103 cm. Foto deur Gwenneth Miller. 

Alhoewel hierdie skildery nie deel vorm van die Essences-reeks nie, vorm dit in tema en tegniek ’n geheel daarmee. Dit illustreer Heleen se fyn waarneming van die bergagtige ekologie van die Lady Grey-distrik, sowel as haar geboeidheid met die berg se klipperige grond en die geworteldheid van die graspolle en bossies in die grond. Hierdie plante met hulle wortelsisteme dien om die delikate boonste laag van die berggrond aan mekaar te heg. Heleen gebruik sterk kwashale en ’n ryk kleurpalet om die tekstuur en verskeidenheid van die veldplante weer te gee. Die interafhanklikheid en interaksie van grond en klippe, gras en veldplante, water, lug en sonskyn wat hier uitgebeeld word, word verder ingegee deur die kunstenaar se begrip van die dramatiese interaksie tussen die fisiese elemente (aarde, lug, water en son of vuur), wat ongelooflike skoonheid skep.

Figuur 4. Titel onbeskikbaar. 2005. Olie op doek. 156 x 113 cm. Foto deur Henk Coetzee.

Deur die gebruik van die visuele metafore van gras en grond illustreer hierdie kunswerk die kontras tussen die elemente water, lug en aarde. Die kunstenaar vertaal die kontras van elemente nog verder deur die doek in vier panele te verdeel om sodoende die verskillende elemente te onderskei. Die graspanele met hulle graspolle, grasstingels en grassade wat verlig word deur die son, word in kontras gestel met die panele wat die klipperige berggrond uitbeeld. Die paneel heel aan die regterkant beeld gefragmenteerde sandsteen uit wat uiteindelik sal verbrokkel totdat dit deel word van die boonste laag grond, soos gesien in die paneel tweede van links wat die grond, afgebreekte stukkies rots en klip uitbeeld. Die wortelstelsels van die graspolle sal die afbreekproses van die sandsteen voortsit totdat die rots deel is van die grond. Die interafhanklikheid van die gras en rotsagtige grond word liries uitgebeeld deur die fyn lynwerk van die panele met die gras, wat kontrasteer met die ruwe en hoekige kwaswerk wat gebruik is om die grond en rots uit te beeld. Tog hou gras en grond verband met mekaar omdat die verftegniek herhalend, ritmies en dig is. So word samehang en balans tussen die panele behou.

Figuur 5. Titel onbeskikbaar. 2005. Olie op doek. 119 x 89 cm. Foto deur Henk Coetzee. 

Hierdie skildery stel die elemente vuur en aarde voor. Aarde, soos gesien in die oop area met die geërodeerde grond, word geraam deur ’n digte rangskikking van droë, rooikoper, taan en grys gras wat die potensiaal vir vuur in die afwesigheid van reën suggereer. Die erfenis van setlaarboere – wat binnekort verlore kan raak as gevolg van ekologiese vernietiging – word voorgestel deur ’n wit, grondgevulde porseleinbak. Die verlate bak suggereer ’n verlore, verdwene geskiedenis. Die verlorenheid word verder beklemtoon deur die hartseer toon van die sepia palet wat gebruik is. Dit kan verwys na die wyse waarop die boere die grond en veld deur hulle landbougebruike soos oorbeweiding en veldbrande verniel het. Daardeur het hulle hulle erfenis, die grond, verniel in plaas daarvan om op ’n volhoubare wyse na die grond en veld om te sien. Die donker agtergrond en rooikoperkleure spreek ook van die hartseer, desperaatheid en woede wat die kunstenaar gevoel het toe sy hierdie werk geskilder het, omdat sy gesien het hoe argeloos die veld deur mense vernietig word.

Figuur 6. Titel onbeskikbaar. 2005. Foto deur Heleen du Preez.

In hierdie skildery vervaag die kleure grys en oker en enige ander visuele element tot stof. Die element aarde word hier voorgestel deur geërodeerde grond, los klippe en fragmente van gras en bossies. Die verdwyning van gras en lewe in stof verwys na die tragiese reste in die ou tuislandgebiede van wat eens veld en grond en vee was. Die spookagtige buitelyne van beeste en skape verwys na die verdwynende tradisionele rykdom van inheemse mense – hulle vee – as gevolg van gedwonge oorbeweiding en gronderosie. Heeltemal te veel mense is gedwing om op klein stukkies aarde te woon en te probeer om ’n bestaan te maak. Vee en grasvelde is interafhanklik omdat vee die gras vir voer nodig het, terwyl hulle ook die droë wintergras vertrap sodat nuwe graslote na die eerste reën kan uitspruit.6 As grasvelde verdwyn, kan vee nie bestaan nie. Die dowwe wyse waarop die tradisionele kleibak geskilder is, asof dit in die stowwerige agtergrond verdwyn, stel weer die verdwyning van die godsdienstige en kulturele erfenis van inheemse mense voor.

Hierdie kunswerk gee uiting aan die kunstenaar se hartseer en medelye teenoor die natuur, diere en mense van die ou tuislandgebiede, veral teenoor die vroue wat in hierdie omstandighede moet oorleef. Sy het verskeie skilderye geskep van vroue wat oor lang afstande brandhout op hulle koppe moet dra, maar dit kon nie hier ingesluit word nie. ’n Foto van vroue en van die veld in die Herschel-distrik word aan die einde van die artikel ingesluit.7

Figuur 7. Titel onbeskikbaar. Datum onbeskikbaar. www.artscape.co.za. 19 Januarie 2019 geraadpleeg.

In hierdie werk het Heleen lug en wolke geskilder, wat dui op die dramatiese interaksies tussen die fisiese elemente van die natuur: lug, wind en water. Die skildery demonstreer die kunstenaar se kennis van die lugtonele van hierdie gebied. Die aanhoudende beweging, verdwyning, verskyning en herrangskikking van die wolke spreek van verandering, transformasie en transendensie. Omdat die konsep van die transendente heenwys na die heilige, is my interpretasie van hierdie lugtoneel die volgende: Dit simboliseer die teenwoordigheid in die aarde se atmosfeer van die sublieme en die heilige. Vir Berry (1988:13–35) is die spiritualiteit van die aarde en kosmos inherent teenwoordig in die komplekse lewe van die ekologie binne die aarde se atmosfeer, sowel as die groter dimensies van die aarde se sisteme – die geologie, die atmosfeer en die weerpatrone wat om die aardbol beweeg en wat op velerlei maniere ons ervaring van lewe op aarde beïnvloed.

Figuur 8. Titel onbeskikbaar. Datum onbekend. www.artscape.co.za. 19 Januarie 2019 geraadpleeg.

Hierdie skildery beeld die eb en vloei van ’n rivier gedurende ’n goeie somerseisoen uit. Die kontraste tussen die weerkaatsings van donker en lig op die water, veroorsaak deur die wit wolke en die donkergroen plantegroei op ’n nabygeleë heuwelwand, skep die broeiende atmosfeer van die kunswerk. Sodoende word daar weer eens ’n verwysing gemaak na die sublieme, hierdie keer deur ’n visuele fragment van die natuur. Hier werk die kunstenaar met die elemente water en lug.

Figuur 9. Titel onbeskikbaar. Datum onbekend. www.artscape.co.za. 19 Januarie 2019 geraadpleeg.

Deur die uitbeelding van gesonde, digte gras in die laat herfs spreek hierdie werk van die uitbundigheid van die natuur in die grasvelde van die Oos-Kaap. Nadat die kunstenaar ’n donker agtergrond geskilder het, het sy die grasse uitgebeeld deur elegante lae fyn kwashale van geel oker, koper en roesbruin oor mekaar te skilder. Dit lyk of sy die grassade gestreel het. Die flitse sonlig wat op die gras val, is delikaat geskilder, in skitterende wit. Die tegniese vaardigheid waarmee die kunstenaar met laag op laag kwaswerk die gras skilder, dui aan hoe die element aarde alchemies in lug getransformeer word. Die briljantheid van koperkleurige gras in die laat herfs, een van die grootste skoonhede van die veld, gee uitdrukking aan vreugde, lewensdrif en transendensie, asook aan die vreedsaamheid van herfs wat winter word.

Figuur 10. Titel onbeskikbaar. Datum onbekend. www.artscape.co.za. 19 Januarie 2019 geraadpleeg.

Hier het die kunstenaar kwashale op die hele doek, van hoek tot kant, kragtig aangewend. Sodoende vul sy die doek om ’n oorweldigende natuurkrag uit te beeld. In die droë veld neem ’n veldbrand ’n lewe van sy eie aan en beweeg dit onvoorspelbaar deur gras, struike of woud. Die herhalende, diagonale aanwending van verfhale op doek suggereer ’n gewelddadige energie wat duidelik nie deur die afmetings van die doek ingehou kan word nie. Die intense kleure van rooi oor diepblou en swart het my herinner aan ’n opmerking wat Heleen gemaak het, naamlik dat sy deur hierdie kunswerk te skilder, haar woede geuiter het oor die wyse waarop boere doelbewus veldbrande stig gedurende droogtetye, sodat die vee daarna aan die nuwe groei van delikate grasblaadjies kan wei.

Figuur 11. Vroue dra hout in die Herschel-distrik. 17 Junie 2019. Foto deur Henk Coetzee.

Figuur 12. Gronderosie in Herschel-distrik. 17 June 2019. Foto deur Henk Coetzee.

 

7. Heleen se bewussyn van die sublieme in die Essences-reeks en haar ervaring van die ekologie 

Die sublieme in kuns is daardie ervaring van die onuitspreeklike wat groter is as begrip, ’n oorweldigende bewuswording van skoonheid of ontsetting, van vrees of dood, of van die kunstenaar se ontmoeting met die Goddelike. Die sublieme word teweeggebring deur die kunstenaar se ervaring van selftransendensie in verhouding tot die groter geheel (Kant 1981:52, in Miller 1997:23), of van haar ervaring van die onbeskryflike, die onuitspreeklike. Hierdie selftransendering, die beweeg van die innerlike na die uiterlike, kan ervaar word in ’n kunstenaar se wroeging oor lyding en ongeregtigheid, haar vrede te midde van harmonie en balans in die natuur, en haar verheugdheid en opheffing in haar ontmoeting met skoonheid en met die heilige.

Heleen het die sublieme ervaar deur haar waarnemings en ervarings van lyding en harmonie, wat sy deur die skepping van kuns geïnterpreteer het. Voordat sy na Lady Grey getrek het, was sy ’n kunsonderwyser en akademikus8 en het sy reeds ’n goeie begrip van die sublieme in kuns gehad. Sy het ’n aansienlike invloed gehad op vele individue, insluitende die studente en kunstenaars wat onder haar leiding ontwikkel het. Hierdie deurleefde en relasionele begrip van die sublieme (Diamond en Orenstein 1990:4, 74) het grotendeels bygedra tot haar etiek van sorg. Dit was egter gedurende die 18 jaar in Lady Grey dat sy die sublieme deur die ekologie en die omgewing beleef het. Die ervaring is versterk deur haar liefde vir klassieke musiek, haar lees oor aardgebaseerde wêreldbeskouings en spiritualiteite, die Westerse esoteriese tradisie, die Kaballah, sowel as oor haar eie tradisie, dié van Christelike spiritualiteit.

Haar ervaring van die sublieme het gegroei deur haar empatiese reaksie op die broosheid van die ekologie, haar medelye met die ekologie wat vernietig word, en haar hoop op die natuur se vermoë om te herstel en te vernuwe. Haar gewaarwording van die noodsaak vir ’n vernuwing in ekologiese bewussyn en ekospiritualiteit het bygedra tot haar oortuiging dat die menslike samelewing volhoubare maniere moet vind om van die aarde se bronne te leef. Haar bewussyn van die sublieme in die ekologie het saam met haar toewyding tot ’n “ekofeministiese etiek van sorg” bestaan (Tanner 1996:171–91). Hierdie etiese benadering brei die kring van versorging uit van mense en sosiale verhoudings na die versorging van die hele aarde se ekologie, in die lig van ’n begrip van die interafhanklikheid van alle lewende sisteme. Deur haar kuns het sy veral haar medelye gedemonstreer met die delikate ekosisteme van die grasvelde van die Oos-Kaap wat boere vernietig deur oorbeweiding en veldbrande.

Sy het in haar kuns haar woede geuiter teenoor die ekologiese vernietiging wat winsgeoriënteerde grondeienaars veroorsaak het. Sy het haar hartseer geuiter teenoor haar bure in die ou tuislandgebied rondom Herschel wie se inheemse kulture sterf omdat hulle deur die tuislandbeleid van die grond van hulle voorouers ontneem is. Sy het gedemonstreer hoe ’n ekofeministiese etiek van sorg aangewend moet word om kritiek te lewer en die oorsake van ekologiese vernietiging te ontbloot, terwyl daar terselfdertyd gesoek word na ’n volhoubare lewenswyse te midde van die ekosisteme van die aarde.

Haar denke in verband met die sublieme in die natuur het ooreengestem met ’n beweging van kontemporêre ekofeministiese kunstenaars wat hulle rol sien as fasiliteerders van herstel en versorging van die ekologiese sisteme en van menslike verhoudings met die natuur. Ekofeministiese kunstenaars kritiseer daardie element van die Romantiese kuns wat op die “terreur van die natuur” gefokus het, wat bygedra het tot ’n patriargale en tegnologiese kultuur waarin vroue en mans van die natuur vervreem is (Diamond en Orenstein 1990:6). Hiermee word die ander aspekte van Romantiese kuns wat juis ten nouste geïdentifiseer het met die natuur se skoonheid, nie misken nie. Vanuit die perspektief van ’n ekofeministiese kunstenaar, daarenteen, is mense nie hiërargies verhef bo die natuur nie, maar is mense deel van die komplekse web van die ekologie, onvervreembaar verbind aan die aarde se stryd om oorlewing (Miller 1997:85).

Die temas wat in die Essences-reeks na vore gekom het, soos broosheid, interaksie en interafhanklikheid, verandering en beweging, balans en vernietiging, medelye, woede, reiniging en transformasie, het almal ingespeel op Heleen se begrip van die sublieme, soos sy dit in die ekologie van die Noordoos-Kaap beleef het. Temas soos interaksie en interafhanklikheid spreek tot haar ervaring van skoonheid en van die sublieme in haar interaksie met die komplekse, delikate ekologie van hierdie streek. Deur verandering en beweging in die natuur deur haar kuns te ondersoek, het sy saamgereis in meelewing met die bewegings van water, wolke, tyd, seisoene, droogtetye, tye van desperaatheid en veldbrande, en die oorvloedige weelde van die veld in die somer en laatherfs. Vernietiging, medelye, woede, reiniging en transformasie van die ekologie deur interaksie met die elemente en met menslike praktyke het haar van vuur en donkerte na suiwering, verligting en transendensie geneem. Sy het die sublieme beleef deur die kontras, die balans en die uiterstes van hierdie temas deur haar kuns te verken en uit te beeld.

Heleen se begrip van die sublieme is teweeggebring deur haar ervaring van ekstreme toestande – haar reis van wroeging na ekstase, van die interne na die uiterlike, van donkerte na lig, van desperaatheid na woede; en ook deur haar meelewing met die lyding waardeur die omgewing gaan. Op verskillende maniere het hierdie toestande haar tot ’n ervaring van transendensie geneem en het haar kuns transendente elemente gereflekteer. Hierdie toestande kan byvoorbeeld in haar kuns waargeneem word deur haar voorstelling van kontraste – deur die gebruik van ’n spektrum van kleurtoonwaardes en deur ’n ryk gebruik van kleur. Haar reis deur die hoogtes en dieptes van die sublieme het haar uiteindelik gebring by ’n ervaring van eenwording met die Goddelike, soos sy God ontmoet het deur die ekologie.

Deur haar kreatiewe uiting het sy beweeg van ’n plek van innerlike ekospiritualiteit na een van konkrete identifisering met die fisiese elemente van die ekologie. Sy het hierdie alchemie bereik deur die Essences-reeks te skilder terwyl sy in ’n meditatiewe toestand was. Skilder en meditasie het een aksie geword wat ure, dae, weke en maande aangehou het. Sy het aan my verduidelik dat hierdie meditatiewe proses direk gevloei het uit haar ervaring van die teenwoordigheid van God in die ekologie. Haar praktyk van meditasie is versterk deur haar lees van die San-godsdiens (sien Kruger 1995), inheemse Amerikaanse godsdienste, die Kaballah, die Westerse esoteriese tradisie (sien Wasserman 1993) en ekologiese teologieë van ekumeniese Christelike teoloë soos Chung Hyun Kyung (1990 en 1991) en Leonardo Boff (1997). Dit is ook ingegee deur haar eie Christelike spiritualiteit. 

 

8. Van die sublieme tot die transendente deur ekologiese spiritualiteit

Heleen het begin om ’n groter spiritualiteit en alchemie tussen Gees en Natuur te vind: in haar geval, die Gees – of die spiritualiteit – van die aarde, soos gemanifesteer in die berge en grasvelde en vistas van die Noordoos-Kaap. In die woorde van Berry (2009:69):

The spirituality of the Earth refers to a quality of the Earth itself, not a human spirituality with special reference to the planet Earth. Earth is the maternal principle out of which we are born and from which we derive all that we are and all that we have. We come into being in and through the Earth. Simply put, we are Earthlings. The Earth is our origin, our nourishment, our educator, our healer, our fulfilment; at its core, even our spirituality is Earth derived. The human and the Earth are totally implicated, each in the other. If there is no spirituality in the Earth, then there is no spirituality in ourselves.

Heleen het implisiet die konneksie tussen die sublieme, die Gees van die aarde, die intimiteit tussen mense en die natuur, en die verhouding van wederkerige sorg tussen mens en natuur, verstaan. Sy het dit verstaan wanneer sy die berge, valleie en vistas van die Noordoos-Kaap gesien het. Daarmee het sy beleef hoe die artistieke sublieme deel word van die transendente dimensie van die aarde en die kosmos. Vir haar was dit duidelik dat die menslike bestaan volledig kan sin maak slegs as dit volledig geïntegreer is in die ekologiese sisteme van die aarde. 

Sy het die behoefte gevoel vir die menslike gees om weer kontak te maak met die gemeenskap van alle lewende wesens, waarvan die mens geïsoleer geraak het deur kapitalisme se oorheersing en misbruik van die natuur. Deur hierdie aardgesentreerdheid en haar oortuiging dat die natuur deur mense versorg en beskerm moet word, het sy krities geword teenoor mense wat dink dat hulle mag oor die natuur het en dat hulle dit kan onderwerp en gebruik ter wille van ekonomiese vooruitgang. Sy het besef dat die integriteit van die menslike gees afhang van ’n herontdekking van die sublieme, transendente betekenis van die aarde en kosmos.

In die woorde van Berry (2009:81):

A recovery of the sublime meaning of the universe could lead … to a greater intimacy of the human with the manifestation of the divine in the natural world … It becomes increasingly clear that humans have a common origin and a common destiny with every other component of the Earth community. We live on the same planet. We breathe the same air. We drink the same water. We share the same sunlight. We are nourished by the same soil. In all these ways we share a common spiritual mode of being and a common physical sustenance.

Om in die wildernis in te gaan, kan ’n mens help om die ware verhouding tussen die mens en die aarde en kosmos te begryp (Berry 1988:1–5). Hierdie wilderniservaring is vergelykbaar met die kunstenaar se konfrontasie met haar diepste natuur gedurende die kreatiewe proses, en met die noodsaak om van daardie diepte-ervaring – ook van intense en pynlike belewenisse – sin te maak. Met slegs die instrumente van kwas en verf waag kunstenaars soos Heleen dit om hulle diepste belewenisse deur tegniek en konsep in visuele vorm te vertaal. Die sublieme in kuns kom na vore wanneer ’n kunstenaar se unieke kunswerk daarin slaag om die universele betekenis van haar boodskap in visuele vorm te verteenwoordig.

Vanuit hierdie perspektief was Heleen se verkenning van die metafisiese en natuurlike ’n bewustelike onderneming. Sy het met verf en kwas op doek verkennings verbeeld in waterstrome (Figuur 8), verkennings wat opwaarts gerig was na lug en wolke (Figuur 7), intieme verkennings van kultuursimbole (soos bakke in Westerse en Afrika-kulture, Figure 5 en 6), en nabye verkennings van wroeging en depressie (soos in haar skildery van ’n veldbrand, Figuur 10). Alhoewel sy haar nie uitdruklik geklassifiseer het nie, is my waarneming dat sy haar kuns beoefen het vanuit ’n implisiete ekofeministiese spiritualiteit (vgl. Braidotti 2013:48).

Figuur 13. Landskap tussen Lady Grey en Dordrecht. 23 Julie 2010. Foto deur Henk Coetzee.

 

9. Heleen, die ekologie van die Noordoos-Kaap en die liggaam van Christus 

Deur Heleen se ervaring van die tragiese dog transendente sublimiteit van die ekologie was sy fyn ingestel op die stryd tussen lewe en dood in die omgewing. Hierdie waarnemings is nie slegs in haar Essences-reeks skilderye weerspieël nie, maar ook in haar denke oor die wêreld rondom haar soos sy dit in vele gesprekke aan my meegedeel het. In die laaste jaar van haar lewe is dit ook in haar liggaam se stryd teen die verspreiding van kankerselle geëggo. Heleen het dikwels wanhoop geken, en sy het ook oor die teodiseevraagstuk gewonder: Waar ís God, in ’n tyd van aardverwarming en die vernietiging van ekosisteme as gevolg van onreg teenoor die ekologie, sowel as sosiale onreg?9 

Ten spyte van vrae oor boosheid en teodisee is ek tog hoopvol dat daar ’n teleologiese uitkoms sal wees vir die pynlike proses waardeur die aarde tans gaan. Wanneer ’n mens Heleen se kuns interpreteer, is ’n mens bewus van hoe die dramatiese interaksie van die elemente aarde, vuur, water en lug met verwoesting gepaard gaan, maar tog suiwering en transformasie bring, en dat die vernuwing van die lewe nie gestuit kan word nie (Keller 2008:166–8). Vroeër in die artikel is ’n ekofeministiese teologiese raamwerk vir die interpretasie van Heleen se kuns daargestel. McFague se teologie van die aarde as die lydende, gestorwe en opgestane liggaam van Christus word aangebied as ’n perspektief waaruit Heleen se kuns en lewe geïnterpreteer kan word sodat nog groter diepte en perspektief in Heleen se kuns en lewe gevind kan word. Die goddelike word gevind binne die prosesse van dood en nuwe lewe in die ekologie, waarvan die menslike liggaam en soeke na skoonheid en transendensie deel is. Die kosmiese en aardse dimensie van skoonheid word ontgin binne ’n besef van paradoks en verganklikheid.

Figuur 14. Kosmiese Katedraal. 17 Julie 2010. Foto deur Henk Coetzee.

 

10. Slotsom: Heleen se selfidentiteit van interafhanklikheid tussen self en andere 

Watter hoop en uitdagings hou die kreatiewe werk van Heleen vir Suid-Afrikaners in? Waarom kom ek as navorser tot die gevolgtrekking dat ’n kunstenaar soos Heleen tot Suid-Afrika se wit bevolking kan spreek sodat hulle proaktief kan leer van die wysheid van inheemse Afrikamense? Ek doen dit omdat ek ’n getuie was van Heleen die kunstenaar en die mens se “enlarged sense of inter-connection between self and others, including the non-human or ‘earth’ others ... [that] ... [produce] a new way of combining self-interests with the wellbeing of an enlarged community, based on environmental inter-connections” (Braidotti 2013:48). Ek lees ook in Heleen se kuns en lewe dat haar sin van interafhanklikheid en haar etiek van sorg haar intens bewus gemaak het van die lewens van mense wat vlak naby haar gebly het, maar anderkant die steeds bestaande grense wat deur die apartheidsbewind daargestel is. Hierdie Afrikaanse vrou en kunstenaar, met haar medelye vir dié wat anders as sy was, is getransformeer deur die “andere”. Die postkoloniale teoloog Mayra Rivera (2007, hoofstuk 5 van die Kindle-uitgawe) argumenteer dat hierdie potensiaal om oop te maak vir die transendentale in die ander transformerend kan wees. Dit maak die onderbreking van die oue en disfunksionele en die gesamentlike deelname aan die hernuwing van individue en gemeenskappe moontlik. Rivera (2007, hoofstuk 6 van die Kindle-uitgawe) skryf ook oor hoe aanraking deur die transendentale van die andere – menslik en meer-as-menslik – ons kan help verstaan hoe ons subjektief en tussen andere se subjektiwiteite bestaan, binne-in die kosmiese liggaam van God. Hierdie openheid vir die andere, met inagneming van die verskille tussen mense, en hierdie ingebedheid in die kosmiese en aardse liggaam van God, is van die eienskappe van Heleen du Preez die persoon en die kunstenaar. 

Heleen het direk en indirek die gemeenskap van die Noordoos-Kaap aangespreek oor hulle verantwoordelikheid teenoor die natuur waarvan hulle afhanklik is vir ’n bestaan. Sy het hulle aangemoedig om die ou skeiding tussen “setlaars” en inheemse mense te oorkom. Aan die einde van haar lewe was sy geliefd en gerespekteer deur mense van uiteenlopende agtergronde wat met haar sterk gees en haar passie met die hele ekologiese gemeenskap kon identifiseer.

Die mensdom is besig om in ’n gevaarlike tyd van die aarde se geologiese geskiedenis in te beweeg, dié van die “antroposeen” (Subramanian 2019:1–3), ’n tyd waar die aarde se bestaan negatief beïnvloed word deur die ekologiese vernietiging wat mense veroorsaak. Braidotti (2013:49–54) argumenteer dat om vorentoe te kan beweeg deur die kompleksiteite van ons tyd, kreatiwiteit en helderheid van gees nodig is. Dit sluit ook ’n wye spiritualiteit en ’n diep identifisering met die aarde as ons gedeelde tuiste in. Dit alles is, in my begrip, Heleen du Preez se nalatenskap aan ons.

Figuur 15. Heleen in die berge. 2 Januarie 2013. Foto deur Henk Coetzee.

 

Bibliografie 

Ayra, R. 2016. Spirituality and contemporary art. Oxford research encyclopedia of religion. https://oxfordre.com/religion/view/10.1093/acrefore/9780199340378.001.0001/acrefore-9780199340378-e-209?rskey=phaOtE&result=1 (26 Oktober 2019 geraadpleeg). 

Berry, T. 1990. The dream of the earth. San Francisco: Sierra Club.

—. 1999. The great work: Our way into the future. New York: Harmony/Bell Tower.

—. 2009. The sacred universe: Earth, spirituality and religion in the twenty-first century. New York: Columbia University Press.

Boff, L. 1997. Cry of the earth, cry of the poor. Maryknoll, NY: Orbis. 

Braidotti, R. 2013. The posthuman. Cambridge: Polity.

Chung Hyun Kyung. 1991. Come Holy Spirit – renew the whole Creation. Signs of the Spirit: Official report of the seventh assembly of the WCC. Canberra, Geneva: WCC.

Crowther, P. 1989. The Kantian sublime. From morality to art. Oxford: Clarendon. 

Diamond, L. en G.F. Orenstein (reds.). 1990. Reweaving the world. The emergence of ecofeminism. San Francisco: Sierra Club.

Donini, E. 1994. Women and a politics of diversity: A perspective of radical immanence. Ecofeminism and theology. Yearbook of the European society of women in theological research, 2:59–67.

Dube, M. 2000. Postcolonial feminist interpretation of the Bible. St Louis, MI: Chalice Press.

Du Preez, H. 2005. Opsomming van die Essences-kunsreeks.

Eaton, H. 2000. Response to Rosemary Radford Ruether: Ecofeminism and theology – challenges, confrontations and reconstructions. In Hessel en Ruether (reds.) 2000. 

—. 2007. This sacred earth at the nexus of religion, ecology and politics. European Journal of Science and Theology, 3(4):23–8. 

Fox, M. 1983. Original blessing. Santa Fe: Bear. 

Gablik, S. 1993. The reenchantment of art. Londen en New York: Thames & Hudson. 

Geanellos, R. 2000. Exploring Ricoeur’s hermeneutic theory of interpretation as a method of analysing research texts. Nursing Inquiry, 7(2):112–9.

Gebara, Y. 1999. Longing for running water: Ecofeminism and liberation. Minneapolis, MN: Fortress Press.

Haraway, D. 1988. Situated knowledges: The science question in feminism as site of discourse on the privilege of discourse on the privilege of partial perspective. Feminist studies, 14(3):575–99.

Harding, S. 2009. Standpoint theories: productively controversial. Hypatia, 24(4):192–200.

Hessel, D.T. en R.R. Ruether (reds.). 2000. Christianity and ecology: Seeking the well-being of earth and humans. Cambridge, MA: Harvard University Press.

Ihde, D. (red.). 2007. Paul Ricoeur: The conflict of interpretations. Essays in hermeneutics. Evanston, IL: Northwestern University Press.

Johnson, E. 2000. Losing and finding creation in the Christian tradition. In Hessel en Ruether (reds.) 2000.

Kant, I. 1981. Observations on the feeling of the beautiful and sublime. 2de uitgawe. Los Angeles: University of California Press.

Keller, C. 2008. On the mystery: Discerning divinity in process. Minneapolis, MN: Fortress.

Kruger, J.S. 1995. Along edges. Religion in South Africa: Bushman, Christian, Buddhist. Pretoria: Unisa. 

Kwok Pui-lan. 2005. Postcolonial imagination and feminist theology. Londen: SCM. 

Maturana, H.R. en F.J. Varela. 1980. Autopoiesis and cognition: the realisation of the living. Dordrecht: Reidel.

McFague, S. 1993. The body of God: an ecological theology. Minneapolis: Fortress.

Mesle, C.R. 1993. Process theology: A basic introduction. St. Louis: Chalice.

Miller, G. 1997. The sublime in visual art: From the romantic to the postmodern sublime. MA (Beeldende Kunste)-verhandeling. Universiteit van Pretoria.

Primavesi, A. 2000. Sacred Gaia. Londen en New York: Routledge.

Radford, B. 2016. What is alchemy? Live science, 24 Maart 2016. https://www.livescience.com/39314-alchemy.html (21 Junie 2019 geraadpleeg).

Rakoczy, S. 2004. In her name: Women doing theology. Pietermaritzburg: Cluster Publications. 

Ricoeur, P. 1974. Existence and hermeneutics. In Ihde (red.) 1974.

Rivera, M. 2007. The touch of transcendence: A postcolonial theology of God. Louisville, KY: John Knox Press. Kindle-uitgawe. 

Ruether, R.R. 2000. Ecofeminism: The challenge to theology. In Hessel en Ruether (reds.) 2000.

—. 2005. Integrating ecofeminism, globalisation and world religions. Lanham, MD: Roumane Littlefield. 

Shiva, V. 1988. Staying alive: women, ecology and development. Londen: Zed.

Shiva, V. en M. Mies (reds.). 1993. Ecofeminism. Londen: Zed. 

South African History Online. Eastern Cape Wars of Dispossession 1779–1878. https://www.sahistory.org.za/article/eastern-cape-wars-dispossession-1779-1878 (19 Maart 2019 geraadpleeg). 

—. The homelands. https://www.sahistory.org.za/article/homelands (19 Maart 2019 geraadpleeg).

—. The Natives Land Act of 1913. https://www.sahistory.org.za/topic/natives-land-act-1913 (19 Maart 2019 geraadpleeg).

Sponsel, L.E. 2016. Spiritual ecology. SpringerLink, Encyclopedia of psychology and religion. https://doi.org/10.org/10.1007/978-3-642-27771-9 (24 Oktober 2019 geraadpleeg).

Stecker, R. 1994. Art interpretation. The Journal of Aesthetics and Art Criticism, 52(2):193–206.

Subramanian, M. 2019. Anthropocene now: Influential panel votes to recognize Earth’s new epoch. Nature. https://www.nature.com/articles/d41586-019-01641-5?utm_source=Nature+Briefing&utm_campaign=4037068ff3-briefing-dy-20190522&utm_medium=email&utm_term=0_c9dfd39373-4037068ff3-44048429 (5 Junie 2019 geraadpleeg).

Swimme, B. en T. Berry. 1992. The universe story: From the primordial flashing forth to the ecozoic era. New York: Penguin.

Tanner, K. 1996. The care that does justice: Recent writings in feminist ethics and theology. Journal of Religious Ethics, 24(1):171–91.

Turner, V. 1969. The ritual process: Structure and anti-structure. Chicago: Aldine Publishing. 

Ursic, E. 2017. Imagination, art and feminist theology. Feminist Theology, 25(3):310–26.

Van Schalkwyk, A. 2008a. The cosmos as the body of God: The interpretation of the Christian story in Sallie McFague’s oeuvre. Scriptura, 98:204–21. 

—. 2008b. Women, ecofeminist theology and sustainability in a post-apartheid South Africa. Journal of Theology for Southern Africa, 130:6–23.

—. 2012. Welfare, wellbeing and the Oikos Cycle: An ecofeminist ethical perspective of care. Journal of Theology for Southern Africa, 142:98–119.

—. 2019. Living in the land: An oiko-theological response to the Amadiba Crisis Committee of Xolobeni’s struggle for ubuntu, land and ecology. Missionalia, 47(2):33–60.

Warren, K. 2000. Ecofeminist philosophy: A Western perspective on what it is and why it matters. New York, Oxford: Rowman & Littlefield.

Wasserman, H. 1993. Art and symbols of the occult. Londen: Greenwich.

Onderhoude

Annalet van Schalkwyk voer onderhoud met Heleen du Preez op 23 Januarie 2006.

 

Eindnotas

1 Die Nuwe Skeppingsverhaal (“New Creation Story”) is die projek van onder meer Brian Swimme en Thomas Berry (1992) en Thomas Berry (1990, 1999) om die studie van die evolusie van die kosmos, aarde en ekologie soos deur astrofisici, geoloë, bioloë, ekoloë en ander natuurwetenskaplikes nagevors, op ’n bevatlike wyse aan te bied sodat dit toeganklik is vir sosiaal-wetenskaplikes en veral vir godsdienswetenskaplikes en teoloë wat poog om die mens se herkoms binne die raamwerk van die evolusie van die aarde te plaas. Die kosmos en aarde se geskiedenis word as die beslissende raamwerk verstaan waarbinne die hele godsdienstige verskynsel geïnterpreteer word as ’n menslike groeiproses tot groter bewussyn van hoe ons binne-in die aarde en kosmos se geskiedenis tuishoort en nie as mense wat hierdie geskiedenis ontvlug nie. Vir hierdie doel word die aarde se geskiedenis geïnterpreteer as die “Nuwe Skeppingsverhaal” – dus ’n rigtinggewende verhaal van oorsprong en toekoms ook vir godsdienstige mense. Sodoende word ou skeppingsmitologieë en verlossingsverhale nuut geïnterpreteer om ons te help om ’n sinvolle, geestelike, etiese en volhoubare ekologiese medebestaan met die aarde, ons enigste tuiste, te voer. 

2 Terwyl Berry homself nêrens as ’n ekofeminis beskryf het nie, het hy doelbewus by die ekofeministe aangesluit. Hy het duidelik aangetoon dat veral Westerse godsdienste so begaan was oor die verlossing van die mens uit die sondeval dat hulle die oorspronklike goedheid en lewenskrag – of die oorspronklike genade (“original grace” in Matthew Fox se denke) van die skepping uit die oog verloor het. Sodoende het hulle die kans om geïntegreerd en holisties te dink in terme van die werking van die ekologie soos dit vandag bestudeer word – of die skepping, om die taal van Genesis te gebruik – grotendeels verloor. Vandag word dit weer in die ekoteologie en ekologiese bewussyn ontdek.

3 Die etnograaf Victor Turner (1920–1983) beskryf die toestand van sosiale en kulturele liminaliteit as volg:

The attributes of liminality or of liminal personae (“threshold people”) are necessarily ambiguous, since this condition and these persons elude or slip through the network of classifications that normally locate states and positions in cultural space. Liminal entities are neither here nor there; they are betwixt and between the positions assigned and arrayed by law, custom, convention and ceremony. As such, their ambiguous and indeterminate attributes are expressed by a rich variety of symbols in the many societies that ritualize social and cultural transitions. (Turner 1969:116)

4 Kyk Radford (2016).

5 By die skryf van hierdie artikel was Heleen se Essences-reeks reeds aan verskeie versamelaars verkoop. Gelukkig het ek in 2010 twee skilderye (Figure 2 en 3) gekoop. Heleen het nie ’n elektroniese rekord van die reeks en die besonderhede van spesifieke werke gehou nie. Ek het wel na die onderhoud van 23 Januarie 2006 skriftelik rekord gehou van die werke in Essences. Alhoewel Heleen ’n webwerf vir haar kunsateljee – www.artscape.co.za – gehad het waarop sy vier van die werke geplaas het (Figure 5 tot 8), en alhoewel ek op 19 Januarie 2019 nog toegang gehad het tot hierdie webadres, is die webwerf net ’n rukkie daarna toegemaak. Die spesifieke datums van hierdie vier kunswerke is nie op die webwerf aangedui nie. In hierdie artikel word hulle datums derhalwe as onbekend aangedui. Ek is egter bewus daarvan dat die kunswerke tussen 2002 en 2005 geskilder is. Heleen het elektroniese kopieë van twee van die kunswerke (Figure 3 en 4) op Facebook geplaas, êrens tussen 2006 en 2010. Ek het die elektroniese kopieë op haar eie rekenaar gehou. Gwenneth Miller, ’n jare lange vriendin van Heleen, het my gehelp met van die temas van die werke. Figuur 1, wat nie deel van die Essences-reeks is nie, maar wat tematies en tegnies daarmee verband hou, behoort aan Miller. Hierdie artikel bevat dus nie ’n volledige rekord van al die kunswerke van die Essences-reeks nie.

6 Ek is deur Sinegugu Zukulu ingelig oor die tradisies van die AmaXhosa ten opsigte van die bestuur van beestroppe en die beskerming van grond en grasvelde. Sinegugu is kundig oor die inheemse kennissisteme van die AmaXhosa. Sien Zukulu (2019:33–60).

7 In my gesprekke met haar het Heleen haar skilderye van die vroue van die Herschel-distrik bespreek en haar empatie met hulle veeleisende lewens verwoord. Sy het haar ook geïdentifiseer met die wyse waarop hulle sosiaal met ander vroue verkeer en hulle huise versier.

8 Sy het onder andere by die Hoërskool Alberton, die Johannesburgse Kunsskool en Damelin skoolgehou en onderrig gegee.

9 Sien ’n bespreking van die vraag: “Waarom voorkom God nie lyding nie?” in Mesle (1993) en Keller (2008:87–90).

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Die sublieme in die ekologie: ’n Ekofeministiese teologiese interpretasie van ’n Oos-Kaapse kunstenaar se ekologiese visie, spiritualiteit en identiteit appeared first on LitNet.

Viewing all 21592 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>