Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21831 articles
Browse latest View live

Hersieningsvraestel en memorandum vir Wiskunde (graad 7, November)


Boekpakkie-weggee: Pret met Wiskunde, uitgegee deur NB-Uitgewers

$
0
0

Is jou kind volgende jaar in die grondslagfase? Jy kan nou al drie boeke wen om jou kind volgende jaar met wiskunde by te staan! Hier is nog besonderhede rondom die boeke:

Titel: Pret met Wiskunde-werkboeke
Skrywer: Mart Meij & Best Books-paneel

Uitgewer: NB Uitgewers
ISBN: 9781776070435

Wiskunde-angs is ’n werklikheid wat kinders – en hul ouers – se lewens versuur en uiteindelik ook beroepskeuses beperk. Onder die redes daarvoor is dat basiese syfervaardighede kleintyd nie deeglik vasgelê word nie, en dat Wiskunde só aangebied word dat kinders belangstelling verloor.

Om suksesvol in Wiskunde te wees, moet ’n kind onder meer ’n parate of outomatiese kennis van getalle en die vier hoofbewerkings hê, sodat dit oombliklik, sonder om te dink, opgeroep kan word. Best Books se Pret met Wiskunde-reeks vir die grondslagfase vergemaklik die verwerwing van dié kennis met verbeeldingryke aktiwiteite wat dit maklik én lekker maak om vaardighede stap vir stap in te oefen en heeltemal te bemeester. So word ’n stewige grondslag vir die kind se hele skoolloopbaan gelê.

Die Nuwe Alles-In-Een Pret met Wiskunde-werkboeke vir Graad 1–3 volg die KABV-kurrikulum en toon aan wat deur die jaar van jong leerders verwag word. Die werkboeke bestaan uit oefenbladsye, werkvelle en ’n volkleurspeletjie per kwartaal. Oefenbladsye oefen parate vaardighede in, die werkvelle bevorder kreatiewe denke en probleemoplossing, en die speletjies help om vaardighede verder in te skerp.

Al die vereiste inhoudsareas word gedek: patrone, funksies en algebra; getalle, bewerkings en verwantskappe; ruimte en vorm; datahantering; en meting.

Die boeke is geskik vir gebruik in die klaskamer en tuis.

  • Stuur ’n e-pos aan naomimeyer@litnet.co.za met “Wen: Pret met wiskunde-boeke” as die titel van jou e-pos.  Onthou om jou kontakbesonderhede en ’n Suid-Afrikaanse posadres in te sluit! Die wenner sal deur middel van ’n gelukstrekking bepaal word. Die sluitingsdatum is 4 Desember 2019. 

The post Boekpakkie-weggee: <i>Pret met Wiskunde</i>, uitgegee deur NB-Uitgewers appeared first on LitNet.

Boer soek 'n vrou: leer ken vir Boer Graham

$
0
0

Die immergewilde TV-reeks, Boer soek 'n vrou, se twaalfde seisoen is tans op kykNET te sien. Remona Voges het 'n paar vinnige vrae vir Boer Graham gevra.

Is jy sedert Boer soek ’n vrou ’n local celebrity op die dorp?

Ek sal definitief nie dink dat ek ’n celebrity is nie. Ek moet sê, mense gesels baie met ’n ou oor Boer soek ’n vrou en wil heeltyd weet wat aangaan en hoe dit is, en dit is lekker dat mense belangstel in mens se journey, maar ek sal myself nie as ’n local celebrity beskou nie.

Wat moet mens doen om jou aandag te trek?

Iemand wat weet wat hy of sy in die lewe wil hê, is iemand wat baie vinnig my aandag trek. En wanneer iemand seker is in wat hulle doen en hoekom hulle dit doen, is dit ook vir my baie aantreklik. Iets wat my ook baie aantrek, is wanneer mens kan sien dat iemand hulself is en tevrede is met hulself.

Kies tussen die volgende:

  • fliek kyk / boek lees
  • kersligete / piekniek
  • rokkie / denim
  • braai /dans

Wat is mense se mees algemene wanindruk oor jou?

Ek dink mense kan dink dat ek partykeer kwaai of baie streng is, maar dit is definitief nie die geval nie. Ek hou net daarvan dat dinge netjies, reg en op hulle plek is.

Wat is jou gunsteling soort musiek?

Ek hou baie van musiek en ook ’n wye verskeidenheid van musiek. Op die oomblik is Spoegwolf se “Lenie blou III” iets waarna ek baie luister, maar ek luister na ’n wye verskeidenheid van musiek: van Spoegwolf af regdeur tot by die Klipwerf Boereorkes.

Wie is jou celebrity crush en hoekom?

Rolene Strauss is Boer Graham se celebrity crush

My celebrity crush is eintlik iemand plaaslik: Rolene Strauss. Dit is definitief omdat sy weet wat sy in die lewe wil hê en wie sy is. En definitief omdat sy so stylvol is. Dit is een van die mooiste vrouens in die wêreld. O, en dan was sy nog gekroon as Mejuffrou Wêreld ook, ja!

Jy het ingenieurswese op Stellenbosch studeer. Voltooi die sin: Stellenbosch is ... studente, wyn, son, akkerbome, min klas en rowwe eksamens.

Lees Boer Willem se pofiel hier. Hier is sy video:

Boer soek 'n vrou word op Donderdae om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai.

Lees meer oor die ander boere op Boer soek 'n vrou:

Boer soek 'n vrou: Vinnige vrae vir Boer Hentie

Boer soek 'n vrou: Wie is Boer Willem?

 

 

The post <em>Boer soek 'n vrou</em>: leer ken vir Boer Graham appeared first on LitNet.

Perlemoenstroping: biltongjag wat toeneem

$
0
0

Daar is ’n tipe biltongjag wat toeneem. Dit is nie seisoensgebonde nie, ’n permit is nie nodig nie en eiendomsreg is nie van toepassing nie.

Dit is die onwettige jag van perlemoen aan die Suid-Afrikaanse kus. Gedroogde perlemoenvleis is duur en gesog, en word as lekkerny in Hongkong, Taiwan en China beskou. En dit word al die afgelope 20 jaar op groot skaal uitgevoer, meestal onwettig.

Perlemoenstropery geniet nie dieselfde aandag as ander omgewingsmisdade nie. Tog is dit, net soos ander omgewingsmisdade, nou verbonde aan dwelmsmokkelary en bendemisdaad, met sommige perlemoensindikate wat dié mariene slak direk verruil vir dwelms, veral metamfetamien, meer bekend as tik (of die onverwerkte bestanddele wat gebruik word om dit mee te vervaardig).

Deesdae is die aanvraag na Suid-Afrikaanse perlemoen in Asië só hoog dat dit voel of die Ooste ons natuurlike erfenis stuk vir stuk opeet. Die naam perlemoen is afkomstig van die oorspronklike Nederlands vir pêrel se moeder, wat in die volksmond perlemoen geword het. Suid-Afrikaanse perlemoen is, naas sy Japanse eweknie, die gesogste in die mark. Tot twee derdes van die perlemoen wat in Hongkong te koop is, is van Suid-Afrika afkomstig. En blykbaar is tot twee derdes hiervan onwettig.

Daar is vyf endemiese spesies perlemoen wat aan die Suid-Afrikaanse kus van Port St Johns aan die Ooskus tot Saldanhabaai aan die Weskus voorkom. Haliotis midae is die bekendste en kan tot 230 mm groot word.  Perlemoen is herbivore wat in rotsagtige gebiede voorkom en van seewier leef. Natuurlike vyande soos seekat, kreef en otters, en temperatuurskommelings wat ’n impak op die ontwikkeling van die larwe het, beïnvloed verder die verspreiding en voorkoms van perlemoen.

Behalwe dat perlemoen teen ’n ongekende koers gestroop word, het dié mariene diere ’n baie stadige groeitempo en bereik hulle eers teen die ouderdom van sewe jaar seksuele volwassenheid (hulle kan tot 30 jaar oud word in die natuur). Stropers se onoordeelkundige gebruik van volwasse perlemoen noodsaak hulle om kleiner en jonger perlemoen te oes, wat veroorsaak dat die natuurlike bevolking sigself nie kan vernuwe nie. 

Reeds tien jaar gelede het die uitvoer van perlemoen tot 81% van die totale inkomste van Suid-Afrika se akwakultuurproduksie uitgemaak. In China, veral tydens die Chinese Nuwejaar in Februarie, word dit as ’n statussimbool beskou om perlemoen aan gaste voor te sit. Perlemoen is wel ’n bedreigde spesie en op die WWF se SASSI-lys, wat beteken verbruikers moet liefs perlemoen wat van kommersiële plase afkomstig is, eet. Perlemoen is vroeër op CITES se lys as ’n Bylae 3-spesie gevoeg, maar is afgehaal weens druk deur die visserybedryf.

Dit is welbekend dat die onwettige handel in diere en liggaamsdele, naas dwelms, vuurwapens en mensehandel, een van die grootste onwettige handelsoorte ter wêreld is, maar dat dit ook dikwels enige van die bogenoemde insluit, is nie so bekend nie. Sindikate van Port Elizabeth tot in Houtbaai neem arm kinders en jongmense onder hul vlerk, help hulle finansieel en stel hulle dan stelselmatig bloot aan dwelms en perlemoensmokkelary. Dit is gewoonlik dié mense wat duikers of drywers word. Die perlemoen wissel gewoonlik hande tussen die duiker (wat deur ’n guardjie op die strand beskerm word), die runner, die drywer en dan ’n sindikaatleier. Die perlemoen word gewoonlik in ’n frontbesigheid gedroog (’n goeie voorbeeld hiervan is ’n nagklub) voordat dit na Suid-Afrika se buurlande gaan, van waar dit deur Chinese sindikate uitgevoer word. Die ruil van perlemoen vir dwelms, soos vroeër genoem, is voordelig vir albei partye, aangesien daar geen kontant by betrokke is nie. Perlemoenstropers loop ook nie dieselfde gevaar as renosterstropers wat dalk geskiet kan word nie. Hulle betaal natuurlik nie vir permitte of dra by tot belasting nie.

Die slegte nuus hou nie op nie. Blykbaar is daar amptenare van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye wat amptelik perlemoenhandel beheer, wat by die smokkelsindikate betrokke is. Daar word beweer dat sommige van die amptenare wat vasgetrek is, gekonfiskeerde perlemoen aan die sindikate terugverkoop of hulle tydens hulle onwettige vervoer en aflewerings begelei.

Die oseane kan tot R20 miljard per jaar tot die Suid-Afrikaanse ekonomie bydra en minstens een miljoen werksgeleenthede teen 2033 skep. Perlemoenstropers ontneem ons van ons natuurlike erfenis en neem ook inkomste uit ons land se koffers. Onwettige vangste kan tot agt ton per dag beloop. Na raming is nagenoeg 96 miljoen stuks perlemoen teen ’n geskatte waarde van R10 miljard tussen 2000 en 2016 gestroop. En as mens in ag neem dat slegs een uit elke 10 000 perlemoene volwassenheid bereik, is die huidige regulasies en pogings om die spesie te beskerm onvoldoende.

Die onvermydelike is hier en dit is tyd vir ons om dit te erken, dit te verstaan en daaraan voorrang te gee. Die mens se toekoms op aarde hang nie meer in die weegskaal nie, dit is gewis byna verby. Behalwe die ooglopende probleme in Suid-Afrika en die res van die wêreld, oorheers slegte nuus oor ons natuurlike omgewing uiteindelik die voorblaaie. En dit hoort so en moes al lankal so gewees het. Ons lees van spesies wat uitsterf. Nie gáán uitsterf of in die moeilikheid is as ons nie iets doen nie, néé. Ons lees van spesies wat weg is. Gone. Vir altyd. Spesies wat al miljoene jare op aarde teenwoordig is, is aan die verdwyn. En dit kan regstreeks gekoppel word aan die mens se selfsug. Gaan ons kinders wat oor ’n dekade of wat gebore word, weet wat ’n renoster is? Of ’n ietermagog, broodboom, of ’n perlemoen?

 

Bronnelys

Sanbi.org

Stopillegalfishing.com

Aquarium.co.za

Environment.gov.za

Theguardian.com

The post Perlemoenstroping: biltongjag wat toeneem appeared first on LitNet.

Persverklaring: Liefde by die Dam 2019

$
0
0

Liefde by die dam 2019
In samewerking met Bok Radio en VIA kanaal 147, DSTV
Saterdag 16 November, Meerendal, Durbanville

Die immergewilde Liefde by die Dam konsert wat elke jaar by Emmarentia Dam in Johannesburg aangebied word, maak ook nou elke jaar `n draai in die Wes-Kaap. Liefde By Die Dam, vernoem na Valiant Swart se bekende treffer met dieselfde naam, strewe daarna om as vertoonvenster vir die beste plaaslike talent te dien. Die program sorg vir die heerlikste musiek vir jonk en oud, `n ideale musiekbelewenis vir die hele gesin of `n lekker dag uit saam met goeie vriende.

Elf bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars en groepe gaan vanjaar die verhoog behoorlik laat vlamvat: Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke, Early B, Arno Carstens, Majozi, Karlien van Jaarsveld, Snotkop, Spoegwolf, Tasché, Lukraaketaar en Loki Rothman.

Die kunstenaars op die program is gereeld besig met opwindende dinge. Loki Rothman gaan `n paar nuwe liedjies by Liefde by die Dam speel.  “Ek doen gewoonlik solo shows, maar ek gaan by Liefde met `n band optree. Dit is 'n totaal en al 'n nuwe rigting vir my show. Ek kan nie wag nie!” Die immergewilde Karlien van Jaarsveld gaan ook twee van haar nuwe liedjies by die konsert uitvoer. Majozi sien uit daarna om terug te wees op die Liefde by die Dam verhoog. “Ek sal die liedjies wat my fans ken sing en mense kan lekker saamsing. Die Liefde tema laat my dink aan Quincy Jones se woorde: “Wees `n beter persoon as wat jy `n musikant is.”  Die rocker Arno Carstens gaan meestal liedjies van “Die Aandblom13” na die partytjie bring. Dit is sy eerste optrede in die Liefde by die Dam-reeks. Oor die vraag hoe mens `n bietjie meer liefde kan gee het hy laat weet: “Konsentreer op die gevoelens van ander, grou diep in daai klip van `n hart en glimlag.”

Die gewilde komediant Schalk Bezuidenhout sal die MC wees wat die dag verloop bymekaar gaan hou. Wat meer liefde gee betref het hy laat weet: “DEUR TE REPLY! Niks wys 'n gebrek aan liefde soos geen antwoord op WhatsApp nie. Of dit nou jou meisie of jou ma is. Die mense met die koudste harte in hierdie wêreld is die mense wat jou boodskap lees en jou los met twee blou ticks en 'n gebroke hart.”

So kom ons hou by good vibes! Liefde by die Dam gaan hand aan hand met goeie gees. Liefde Wen samel na die afloop van die konsert komberse in vir minderbevoorregtes. Greeff sê: “Ons help graag ander; bring jou kombers en los dit na die konsert agter. Liefde Wen sal seker maak dit kry die regte huis.”

Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties, ook een van die organiseerders van Liefde by die Dam, sê: “Meerendal met die wynlande en berge as prentjiemooi agtergrond is die ideale venue vir ons Kaapse konsert. Hierdie jaar maak ons meer spasie vir konsergangers en daar sal ook meer kroeg-fasiliteite wees. Kom kuier saam!”

Daar het jy dit. Mag Liefde bly wen!  Kom deel in `n heerlike, gesellige musiek-dag by die dam – bring piekniek mandjies. Daar sal ook `n verskeidenheid kosstalletjies wees.

Hekke maak oop 08h00 – Tot 19h00.

Volgorde van kunstenaars:

Majozi
Loki Rothman
Lukraaketaar
Karlien van Jaarsveld
Arno Carstens
Spoegwolf
Snotkop
Die Heuwels Fantasties
Early B
Francois van Coke + gas Tasché

KAARTJIES: 

Algemeen: R195
Kinders 3-12: R75
Kinders onder 3: Gratis

VIP: R795 – (uitverkoop) Geniet Liefde By Die Dam 2019 in styl met prioriteit ingang. Ontspan in die VIP-area met 'n bietjie skaduwee, sitplekke en privaat toilette. Alle kos en alle drankies is ingesluit by die VIP kaartjie. 

Kaartjies by Howler: https://www.howler.co.za/lbddcpt19

Volg #LiefdeByDieDam op Sosiale Media:

Web: http://www.liefdebydiedam.co.za
Facebook: https://www.facebook.com/LiefdeByDieDam
Twitter: https://twitter.com/LiefdeD
Instagram: https://www.instagram.com/LiefdeByDieDam

 

The post Persverklaring: Liefde by die Dam 2019 appeared first on LitNet.

“If you have tears, prepare to shed them now” – toespraak deur Jan Heunis SC, president van die Konvokasie van die US, 2019

$
0
0

Speech by JC Heunis SC, President of the Convocation of the University of Stellenbosch, on the occasion of the 2019 Annual General Meeting of the Convocation

Toespraak deur JC Heunis SC, president van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch, by geleentheid van die Algemene Jaarvergadering van die Konvokasie, 2019

“If you have tears, prepare to shed them now.” – Julius Caesar, William Shakespeare

From a governance perspective, these are dark days indeed for Stellenbosch University.

From the perspective of the administration of justice at the highest possible level, these are dark days for South Africa.

It was with a sense of utter disbelief and astonishment that we had to learn that the rector had telephonically contacted, on a number of occasions, one of ten judges who presided over a matter in which the rector himself was the first respondent, to discuss with him the possibility of making himself available as a candidate for the position of chancellor of the university before the matter was argued and after it had been argued but before judgment was handed down.

The rector’s response to the appointment of Judge Burton Fourie to investigate the matter, as reported in Die Burger of 24 October 2019, that he had accepted Judge Cameron’s initial response that he was not available for the position and that there was no further contact between them until after Judge Cameron was informed in writing that his nomination as chancellor was acceptable to the applicants in the Constitutional Court case against Stellenbosch University, is not correct.

For example, he called me on the morning of 26 August 2019 and during the course of the conversation and in response to a question by me, told me that he had spoken to Judge Cameron a couple of times during the past two weeks. That was the reason why I reported the matter to his legal representatives. If he denies this, then the question is why did he make the call? If the answer is to tell me that Judge Cameron would be available if the applicants had no objection – they never gave their approval – then how did he know that?

In any event, the contact between him and Judge Cameron subsequent to Judge Cameron’s acceptance of the nomination but before judgment was handed down in the matter was also highly irregular.

“But Brutus is an honourable man.” (Julius Caesar, William Shakespeare)

It was also with a sense of shock that we learnt that the judge in question not only took the phone calls from the rector but, while the case was pending and before judgment was handed down, arranged to meet, and met, with the rector.

All of this is significantly aggravated by the fact that the judge was responsible for the Constitutional Court’s unanimous judgment in that matter and that even before judgment was handed down, he was elected as the next chancellor of this university.

It gets worse. Not only did the rector seemingly approach Judge Cameron with the blessing or knowledge of one or more members of his management team and one or more members of the University Council, itself the second respondent in the matter before the Constitutional Court, but one of the members of the Council similarly spoke to Judge Cameron while the matter was pending and judgment awaited about his possible candidacy for the position of chancellor, on which occasion, as is apparent from a letter which he subsequently wrote to Judge Cameron, he was seemingly given the green light by the judge to go ahead and attempt to persuade him to accept the nomination.

Of course we raised this matter, serious as it is, with the Chief Justice, saying, as we did, that the developments evidenced irregular and inappropriate conduct on the part of the judge who wrote the Court’s judgment, and requested him to indicate what he intended to do about it. After eleven days the Chief Justice responded nonchalantly and non-specifically that “(t)he procedure to be followed whenever a Judge finds himself or herself in a potential conflict of interest situation were complied with in this matter”.

Of course this raised more questions than answers. In fact, it was no answer at all.

We accordingly wrote to the Chief Justice and Acting Chief Justice asking for particulars of the procedure of which it was said that it had been followed and of how and when the aforesaid procedure was complied with in the matter. This letter was dated 6 November 2019 and we have yet to receive a response thereto. Hopefully we will get one when someone on Constitution Hill mercifully realises that the boil has to be lanced and the facts have to be faced.

I say this because article 13 of the Code of Judicial Conduct provides as follows:

“A judge must recuse him- or herself from a case if there is a –
  1. real or reasonably perceived conflict of interest; or
  2. reasonable suspicion of bias based upon objective facts,  and shall not recuse him- or herself on insubstantial grounds.”

Significantly note 13(i) provides that recusal is a matter regulated by the constitutional fair trail requirement, the common law and case law.

Note 13(iv) provides that if a judge is of the view that there are no grounds for recusal but believes that there are facts which, if known to a party, might result in an application for recusal, such facts must be made known timeously to the parties, either by informing counsel in chambers or in open court, and the parties are to be given adequate time to consider the matter.

According to Die Burger of 24 October 2019 the rector responded as follows:

Ek het beslis nie met die regsproses ingemeng nie. Ek is tevrede dat ek in absolute goeie trou opgetree het en dat die verkiesingsproses korrek verloop het. Trouens, regter Cameron se nominasie vir Kanselier het voortgegaan met die instemming van Gelyke Kanse.

This is simply not correct. The judge’s nomination as chancellor did not proceed with Gelyke Kanse’s approval.

The first point that has to be made is that the fact that he had variously been approached by at least the rector and a member of the Council of the university was never disclosed to Gelyke Kanse by Judge Cameron. It was disclosed to me during the rector’s ill-advised telephone call, a development which I virtually immediately reported to the university’s lead counsel that very same morning.

The fact that Judge Cameron had requested an indication as to whether there would be an objection from the applicants in the matter if he were to be nominated as a candidate for the position of chancellor was conveyed to me by my opposite number, not the judge, a day or two later, and with his knowledge and consent I informed the judge as follows:

  1. It so happens that a number of alumni who have links with Gelyke Kanse themselves considered nominating you as a candidate for that position but, in the final analysis, decided against it because we concluded that it would not be appropriate to approach you in that regard in view of the fact that you are a member of the Court who is seized of the matter involving Gelyke Kanse, on the one hand, and the University, on the other.
  2. Be that as it may, this serves to inform you that there will be no objection from the parties which I represent in that case to your acceptance of a nomination as candidate for the position of Chancellor to Stellenbosch University.

Article 13 of the Code of Judicial Conduct was clearly not complied with in the present instance, particularly if regard is had to the fact that the legal representatives of the applicants in the matter were never informed by the judge himself, or the Chief Justice, of the fact that the former had been approached by respondents in the matter. We found that out only after the case was argued, before judgment was handed down, because it was naively brought to our attention, clearly without the knowledge of his own legal representatives, by the rector himself in an obvious attempt to advance Judge Cameron’s candidacy.

These developments are particularly serious, especially if one bears in mind that the public at large and the applicants in the court proceedings learned the full extent of the contact between De Villiers and Cameron and Cameron and Meiring only after the Constitutional Court judgment, authored by Judge Cameron, was handed down.

It was, after all, only when the judgment had been delivered and it became apparent that the judge had dismissed very powerful facts and arguments put up by the applicants on very flimsy grounds indeed, that the correspondence between him and the rector and Advocate Meiring was called for.

Only then did the full extent of the contact between the rector and the judge and a Council member and the judge became apparent.

To provide some perspective as to exactly how inappropriate this conduct was, I would mention that on occasion before the matter was argued, both lead counsel enquired whether they could have a telephonic discussion with Judge Cameron regarding aspects of the logistics of the case, the reason for attempting to speak to him about it being the fact that he was previously appointed by the Chief Justice, as senior judge, to attend to some aspects of the administration of the matter. Judge Cameron declined to take the call from the two advocates of the opposing parties, yet, on the rector’s own showing, he took several calls from him, a party to the proceedings, while the case was pending, and also arranged for a meeting between the two of them.

This will not go away. It cannot be swept under the carpet. It has all the makings of a major scandal embroiling not only the university but the highest court in the land.

Of course it is to be welcomed that Judge Burton Fourie was appointed to investigate the matter; if anything his brief should have been wider to include the possibility that other members of the rector’s management team knew of the approaches as well as Council members who approached, or knew of approaches to, Judge Cameron since the Council was, after all, a party to the proceedings by virtue of the chairman being the second respondent.

Of course, the upshot of this is that the court’s judgment is irredeemably tainted. We will not accept that justice was done and it certainly was not seen to be done. This means, of course, that these developments, in conjunction with the myopic decisions of the Senate and the Council to effectively dispense with Afrikaans as a language of instruction, have now finally resulted in Afrikaans no longer being a language of instruction at this university, except, of course, in the Afrikaans Department, much like French in the French Department.

Ten spyte van al hierdie gebeure het die rektor in Die Burger van Saterdag 19 Oktober 2019 onder meer soos volg geskryf: "Ons glo ons kan die land ten beste dien as 'n nasionale bate wat toeganklik vir almal is, nie 'n insulêre enklawe wat agter 'n taalgordyn toegetrek is nie."

Waarvan praat die rektor? Niemand wil die universiteit agter 'n taalgordyn toetrek nie. Al wat verlang word, is dat die taal van die meerderheid van die bevolking van die Wes-Kaap en van die meerderheid van die meerderheidsbevolkingsgroep van die Wes-Kaap 'n primêre taal van onderrig met gelyke status aan Engels aan die Universiteit Stellenbosch sal wees.

Hy sê ook:

"Aan die US bly Afrikaans een van ons twee onderrigtale – om grondige pedagogiese redes. Sowat 8 000 studente dui jaarliks steeds aan Afrikaans is die medium wat hulle ten beste toegang tot die US se kennisbronne gee, en dit is hoekom ons ons aanbod daarin voortsit – op innoverende maniere wat niemand uitsluit nie."

Hierdie veralgemening is gewoon nie waar nie. Hoekom luister die rektor nie na wat Frederick van Dyk, verlede jaar se primarius van Helshoogte, en Tiaan Alberts, vanjaar se primarius van Dagbreek, sê en skryf nie? Daar kom van Afrikaans as onderrigtaal, soos ons voorspel het, in die praktyk niks tereg nie.

Nogtans sê die rektor, hierdie keer by geleentheid van die bekendstelling van die Eerste Leerstoel vir Afrikaans by die universiteit, dat dit “loutere snert” is dat die universiteit Afrikaans die rug toegekeer het en dat die geleentheid 'n herbevestiging daarvan is dat die universiteit voortgaan om Afrikaans as onderrigtaal te bevorder.

Hierdie tipe stelling is soortgelyk aan die bewerings in die voorsitter van die Raad, George Steyn, se eedsverklaring in die Konstitusionele Hof-saak waar hy by herhaling sê dat die nuwe taalbeleid nie 'n beduidende afskaling van die gebruik van Afrikaans as onderrigtaal aan die universiteit te weeg sal bring nie.

Dit is nie wat die Konstitusionele Hof sê nie. Regter Cameron sê byvoorbeeld in paragraaf 6 van die uitspraak onder meer die volgende:

Although the University disputed that the 2016 Language Policy “invariably” reduces Afrikaans tuition – claiming “it merely reconfigures it” – this is not so. The 2016 Language Policy effectively gives preference to English in circumstances the Policy specifies.

In die daaropvolgende paragraaf sê hy die volgende:

The practical effect is that, while undergraduate classes are still generally offered in Afrikaans, Afrikaans has lost its position of primacy. Instead it is placed on a sandy footing where the deluge of English predominance, both local and global, could well destabilise and eventually topple it.

Of course, if he had regard to the replying affidavits, which he declined to do, he would have known better still. He would have known, for example, that the rector told Council member Johan Theron that the university was destined to become an English university.

Volgens Regter Froneman beteken die uitspraak in praktiese terme onder meer dat eerstetaal-Afrikaanssprekendes wat Afrikaans verkies, voorgraads afgewaterde onderrig in Afrikaans in verskillende variasies sal ontvang. Andersins sal dit in Engels wees. Op nagraadse vlak sal hulle onderrig slegs in Engels ontvang.

Die hof wou nie na getuienis kyk wat in repliek, en nadat die nuwe Taalbeleid in werking getree het, aangebied is nie en waarvolgens dit duidelik blyk dat vir alle praktiese doeleindes Afrikaans, afgesien van in die Departement Afrikaans, nie meer 'n taal van onderrig aan die universiteit is nie.

Elders sê regter Froneman dat hierdie standpunt landwyd herhaal word en dat “(e)erstetaal-Afrikaanssprekendes wat Afrikaans verkies, [...] by die Universiteit Stellenbosch afgewaterde onderrig in Afrikaans [sal] ontvang en onderrig in Afrikaans met Engelse vertaling by die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit”.

Dit volg hy op met die volgende stelling:

Mens benodig nie internasionale studies nie, waarvan daar vele is, om te besef dat hierdie stand van sake Engels as dominante taal bevestig, nie net op tersiêre vlak nie, maar, soos ons sal sien, ook vanaf laerskool na hoërskool tot by universiteit. Menings mag wissel oor die wysheid hiervan, maar dit is seer eienaardig dat hierdie Hof, die uiteindelike bewaker van minderheidstaalregte ingevolge die Grondwet, sy goedkeuring daaraan gee.

Vervolgens sê hy ook:

Die derde, mees kommerwekkende, gevolg is vir die hoofsaaklik swart en bruin mense op die laagste sosio-ekonomiese skaal van ons samelewing. Hulle woon die swakste toegeruste skole by, beide in befondsing en personeel, in die landelike en stedelik gemarginaliseerde gemeenskappe en word die meeste benadeel deur slegs Engels as hul keuse van onderrig. Hulle ontvang onvoldoende moedertaalonderrig wanneer hulle hul opvoeding begin en die Engelse onderrig is ook dikwels van ‘n swak gehalte.

He continued as follows:

The evidence before us shows that Afrikaans is the home language of a significant proportion of brown people in the Western Cape (and also the Northern Cape). It also shows that they are predominantly working-class people and that many of them are not proficient in English. Statistically they are the smallest of all population groups proceeding to tertiary education. Poverty means that it is more difficult for them than for most even to aspire to tertiary education. And if they do get that far, they have only one university to go to in the Western Cape where Afrikaans may be chosen as a medium of instruction. Now, when they arrive at Stellenbosch, they will find that their choice of medium of instruction is not as comprehensive as those more privileged students who choose English. The grim message that seems to be sent to this segment of extremely marginalised brown people is that, if they are to be accommodated, they need to grow out of poverty and learn English fast.

There is something deeply disturbing and wrong about this.

And yet he agreed with the outcome of Cameron’s judgment!

World-renowned expert on universities, Phil Altbach, posed the question: What is an academic community? He responded as follows to his own question: “It includes a sense of generally shared academic values along with the commitment to a university, to colleagues and to students.”

If this is true, then at governance level Stellenbosch University is the antithesis of an academic community.

For example, I cannot use the university’s database to communicate freely with alumni or members of the Convocation, because everything that I may want to communicate has first to be approved by the rector and the chairman of the Council. Censorship in the 21st century in an open democracy at a universitas magistorium et scholarium.

The last time I spoke to the latter and asked him how he was, he swore at me, said that he was not obliged to tell me how he was and walked away, subsequently to deny when the press asked him about it, what he had said to me.

More recently, I requested a copy of the Executive Committee of the Council’s resolution to appoint Judge Burton Fourie, also since I had to testify before him and wanted to know first-hand what his brief was. The Registrar of the university responded to me this morning by saying that she had discussed my request with Mr Steyn and that Committee reports do not get put in the public domain as a rule, since they are regarded as internal Council documents. Accordingly my request was turned down.

I am the duly elected President of the Convocation of the University of Stellenbosch. I was elected as a Council member on two occasions by members of the Convocation with the most votes. I have remained true to the position adopted by my immediate predecessors in respect of languages of instruction at this university, as I have stayed true to the popularly expressed views of the Convocation itself.

I shall not sit down and keep my own counsel because the mythical king can do no wrong.

However, if the Chairman of the Council and the Rector do not resign their positions in the near future, and if Judge Cameron is sworn in as the next chancellor of this university, I will no longer be prepared to remain President of its Convocation and I shall resign.

Stories op die Rooiplein: Veeltalige Maties of gerusstellende leuens?

Gelyke Kanse en die Konstitusionele Hof-beslissing: uit 'n US-tolk se perspektief

US geherkoloniseer

 

 

The post “If you have tears, prepare to shed them now” – toespraak deur Jan Heunis SC, president van die Konvokasie van die US, 2019 appeared first on LitNet.

Seepglad-rubriek nommer 3: Oor virtuele fietsry in Barcelona

$
0
0

Ek is tans in Barcelona, en in München, sowel as in Stellenbosch, en op pad Valencia toe, terwyl ek saam met Alan Winde aan ’n fietstoer meedoen. In die Boland. Alles tegelyk.

Soortvan. Die onnodige detail om dit alles te probeer verduidelik is soos volg: Ek is in die sogenaamde vlees eintlik in die Bosch, en hang maar soos gewoonlik in die een of ander kletsplek rond, tans Kompanjie, en neem aan gesprekke, meetings, info-sessies, one-on-ones en allerhande ander goed deel, reg oor die wêreld, wyl ek hier is en nie daar nie.

In München gesels ons oor sport, kinders, STEM (science, technology, engineering, mathematics) en hoe om jongmense meer geïnteresseerd te kry in vakgebiede wat nie die kunste is nie, sodat hulle sekerlik meer robotte en wolk-rekenaarprogramme en allerhande slim scooters en dinge kan bou sodra hulle groot is. (Van die os op die jas dink ek ons mis die punt, want eintlik wil mense kuier, speel en gesels.)

Intussen is daar baie goed wat ek ook (tans) in Barcelona aanvang. Tussen werk en speel wen speel, maar daar is ’n baie klein verskil tussen die twee. (Dis belangrik. Vertel jou kinders.) Ek het gemeenskap met ’n groot groep mense wat in vliegtuie syntoe kon vlieg, of met vinnige treine soontoe kon reis, net om die reg te geniet om een-een of twee-twee, of selfs in groepswoeps-verband, met mekaar te gesels, en te luister, en rond te staan, en mooi te lyk. En om te voel. Dit is dus wat ons in Barcelona doen: om oor die tegnologieë van môre te gesels, sodat mense minder kan voel en meer kan speel. (Voel, in hierdie geval, sluit beide betekenisse van die woord in.)

Kom ons maak bostaande nog duideliker. Mense gaan al hoe meer tyd op hul fone deurbring, en al hoe minder tyd met mekaar. Hulle gaan al hoe minder lees en skryf, en al hoe meer praat en luister. Jip, die sintuie. Kan jy glo, en jy doen, in Barcelona is daar ’n IoT- (internet of things) konferensie, en ek sou ook graag iets sag op die oog by my voel, maar helaas, ek moet maar stoepsitter speel met wat in die fisiese hier op die Bosch se strate te vinde is. Dis al waar ek tans iets kan voel. So, terwyl ek my lot betreur dat ek nie in München of in Barcelona is nie, stap ek met die hulp van tegnologie so effe deur Katalonië se strate, en kyk en luister na alles om my, maar ek is nie heeltemal daar nie. You get that, of hoe?

How do I do this? Wel, presies soos jy, elke dag. Ons is aan die internet vasgemaak. Julle almal weet reeds dat as ons nou na die La Sagrada Familia in Barcelona wil gaan, ons nie nodig het om op die grasperkie buite hom aan te tree en ’n paar uur te wag vir ’n kaartjie nie – ons kan net op die foon spring en gaan kyk wat ons wil kyk; die binne- en buitekante van hierdie malle katedraal is oop vir een en almal. Onthou jy die 2000's se super-info hoofweg? Wel, dit het sekerlik nou ontaard in ’n realiteitspyp wat my alles laat doen in bykans enige plek, buiten voel, eet, drink, ruik, en so meer. Maar ek kry my werk gedoen. En hulle hulle s’n.

So, hoekom Barcelona? Wel, iemand wat ek goed ken het ’n IoT-besigheid wat poegies en fietse aan die internet vasmaak. Noem hom Victor. Ja, dieselfde Victor as in laas se skrywes: (https://www.litnet.co.za/author/carinus-lemmer/). Die manier hoe dit werk is soos om jou tuin, woud, yskas, kar of skaatsplank met die eter te verbind. Die rede is grotendeels tweeledig: 1) as die skollie jou wiele steel, kan jy hom onmiddellik agtervolg, of iemand stuur om hom te volg en uit te sort; en 2) as jy neerfoeter, stuur die fiets ’n boodskap na die mediese mense in jou area om jou te kom haal en hospitaal toe te vat indien nodig.

So, waarnatoe gaan dit verder? Staatsdepartemente sal data oor fietsryers se gewoontes kan bekom, en dalk die paaie en roetes só verbeter dat dit lei tot nog fietsry, wat blykbaar goed is vir mense, die ekologie en ’n paar ander goed. So ook sal vervaardigers telematiese data kan verwerk om die fietse, poegies, en ander mikro-mobiliteitsmasjiene vlytiger, ligter, beter en mooier te maak. Kyk maar na ujet.com om ’n idee te kry van wat nog met menslike konnektiwiteit kan gebeur.

O, die Tour de Boland saam met Alan Winde en Jan Braai het toe op geen manier – met my saam – gebeur nie. Ek het nooit die uitnodiging ontvang nie, en sou in elk geval nie kon gaan nie, want ek moes my gees op te veel verskillende plekke plaas, en alhoewel mens virtueel kan fietsry, is dit dan soos he(i)den-nagse seks net nie so lekker soos die real thing nie. So hoor ek.

The post Seepglad-rubriek nommer 3: Oor virtuele fietsry in Barcelona appeared first on LitNet.

Hersieningsvraestel en memorandum vir Wiskunde (graad 6, November)


Ekstrinsieke bevorderingshindernisse: Die ervarings van onderwyseresse in leiersposisies by sekondêre skole in die postapartheid era

$
0
0

Ekstrinsieke bevorderingshindernisse: Die ervarings van onderwyseresse in leiersposisies by sekondêre skole in die postapartheid era

Idilette van Deventer, Philip C van der Westhuizen en Mariska Ewart, Departement Onderwysbestuur en Leierskap, Noordwes-Universiteit

LitNet Akademies Jaargang 16(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die navorsing vestig die aandag op die mate waarin ekstrinsieke bevorderingshindernisse in die postapartheid era steeds ’n rol in die onderwyseres se beroepsbevordering speel. Die doel van die navorsing is eerstens om uit die literatuur te bepaal wat die aard van ekstrinsieke bevorderingshindernisse is wat binne en buite die skool voorkom en tweedens om empiries vas te stel in watter mate ekstrinsieke bevorderingshindernisse die beroepsbevordering van die onderwyseres in sekondêre skole beïnvloed.

Uit die literatuuroorsig blyk dit dat die volgende faktore as ekstrinsieke hindernisse voorkom: netwerke, mentorskappe, aanstellingsprosedures, organisasiekultuur en die onderwyseres se beroepsprofiel. Dié faktore word opgeweeg teen wetgewing wat in die postapartheid era aanvaar is. Hierdie geïdentifiseerde faktore het die basis gevorm vir die konstruksie van ’n gestruktureerde vraelys. 

’n Kwantitatiewe navorsingsbenadering is in die postpositivistiese paradigma gevolg. Die data-insamelingsinstrument was ’n gestruktureerde vraelys wat uit vyf konstrukte bestaan het, ingedeel in 50 vrae of items. Die vraelys is aan onderwyseresse op posvlak 2 en hoër (n=365) uitgedeel met ’n terugvoerrespons van 83,6% (n=305). Die berekening van Cronbach se alfakoëffisiënt het betroubaarheid en interne konsekwentheid van die meetinstrument te bepaal. Met behulp van die SAS-rekenaarprogram is gemiddeldes, standaardafwykings, frekwensies en persentasies uit die response op die vrae bereken. Uit die navorsing kan afgelei word dat netwerke, mentorskappe, aanstellingsprosedures, organisasiekultuur en beroepsprofiel in ’n mindere tot geen mate as ekstrinsieke bevorderingshindernisse ervaar word nie.

Trefwoorde: bevordering; ekstrinsieke bevorderingshindernis; geslagsgelykheid; onderverteenwoordiging; onderwys; onderwysers; onderwyseresse

 

Abstract

Extrinsic barriers to promotion: Experiences of female teachers in leadership positions at secondary schools in the post-apartheid era

The research focused on the extent to which extrinsic barriers to promotion continue to play a role in female teachers’ career advancement in the post-apartheid era in South Africa. The study consisted of both a literature and an empirical study aimed at determining the nature and extent of extrinsic barriers to promotion in secondary schools and used a quantitative questionnaire in the post-positivist paradigm.

Notwithstanding excellent non-discriminatory South African legislation and policy documents specific to education, the reality is that management posts in education are still dominated by male teachers. This situation is incongruent with the larger population of female teachers who find themselves captured in post level 1 teaching positions. Between 2010 and 2016 the percentage of female teachers grew from 68,2% to 70,4%.

The Department of Basic Education’s official statistics and annual reports indicate that data at national level on gender stratification in managerial positions is not officially available. However, unofficial information (documents and articles) on the underrepresentation of women in promotion posts shows that less than 38% of women are school principals.

The democratic dispensation has not lived up to the promises made in the legal documents promulgated since 1995.

The literature review examined the various extrinsic barriers to promotion affecting female teachers’ professional career development in education in the post-apartheid era. The most prominent research themes are still discrimination, gender and leadership, prejudice and stereotyping, while networking is exclusionary in nature and tends to be – male dominated. Mentorship, appointment procedures, organisational climate and career profile are typically external barriers to promotion for female teachers. Women who are not part of a network feel that they are disadvantaged and have poorer access to promotional opportunities. The reasons for the discrimination are stereotyping, gender discrimination, and family responsibilities which bar women from participating in and accessing networks and promotional opportunities. Increasingly, formal networks such as principals’ meetings and financial and governing body meetings are no longer men-only environments, but are bringing about increased visible and audible presence of women in schools. The benefits of mentoring relationships include building self-confidence, professional and personal development opportunities, increased job satisfaction, career planning, positive leadership perceptions and loyalty to the organisation. To the detriment of women, it is not only men in education who act as barriers, but also women in management positions, who prevent other women from being promoted, a phenomenon commonly referred to as the “queen bee syndrome”. 

Organisational culture is not prioritised by organisational leaders, while insufficient resources, inadequate rewards, limited mobility and lack of role models are cited as barriers to planning and managing school leadership succession. Appointment procedures – overt and covert – are viewed as discriminatory and reference is made to advertising and interviewing processes evident in pre-set appointment policies, promotion criteria, advertising and recruitment practices. Analysis of disparities between male and female principals’ qualification levels shows that female teachers’ qualifications are often higher than those of their male peers. It is argued that qualifications and experience are of crucial importance in the appointment of principals and impacts on their salary scale. One of the objectives of the South African democratisation project is to achieve equal gender representation in management positions. It is reassuring to read that these appointment procedures are meeting the legal requirements and can no longer be regarded as barriers to promotion. 

Female teachers often find the organisational culture challenging and that little has changed between 2001 and 2018. Practices in schools as organisations remain a barrier to promotion for female teachers. Men often act aggressively or take on the role of innocent seducers. The professional profile of female teachers shows that family responsibilities are regarded as the most important barrier to promotion.

A tangible similarity exists in the relationship between job motivation and satisfaction, which is found in the extent to which a person experiences a sense of self-actualisation and fulfilment. The gradual decline in the popularity of education as a career choice and the high number of teachers exiting education are indicative of low job satisfaction and motivation.

This review provided the basis for the development of a structured questionnaire. 

The research followed a quantitative research approach in the post-positivist paradigm. The data collection tool was a structured questionnaire consisting of five constructs, divided into 50 questions or items to determine the extent to which extrinsic barriers affect the career advancement of female teachers in the post-apartheid dispensation. The questionnaire was distributed to female teachers already appointed in promotional positions from post level 2 and above (n = 365); the feedback response was 83,6% (n = 305).

The calculation of the Cronbach alpha coefficient determined the reliability and internal consistency of the measuring instrument. Using the SAS computer program, averages, standard deviations, frequencies and percentages were calculated from the responses to the questions.

The Ethics Committee of the North-West University’s Faculty of Education approved the research project. Subsequently, the Gauteng District Office and school principals granted permission to conduct the research, while participant respondents at the selected schools provided consent based on detailed information on the data collection process. The respondents’ protection and anonymity were ensured and participants were informed that they could withdraw from the research at any time and that the data would be kept confidential. 

The respondents’ profile indicated that they were on average 40 years and older (84%); had 21 years’ teaching experience (60%); were married (76%) and had children (83%). They were in head of department positions (69%) and 4% are school principals. They all had post-graduate qualifications and higher (39%) and had held management positions (44%) for the past five years. More than half (59,7%) had not applied for further promotion.

Most respondents (74%) indicated that gender did not play a major role in networking opportunities, contradicting earlier findings. Similarly, the respondents (86%) were willing to be mentors and share positional power with other women, also contrary to the literature study. A high percentage of respondents (82%) did not regard appointment procedures as an extrinsic barrier to promotion. This finding is indicative of alignment between legislation and appointment practices. However, 82% of respondents felt that they must have higher qualifications than their male counterparts to be considered for the same positions. 

The organisational culture had also changed over the past few years as respondents (67%) felt they did not have to prove that their home and family responsibilities interfered with their professional duties; that they were equal to their male colleagues in attending professional development events (76%), and that they have not been placed in a less important portfolio because of their gender (75%). Female teachers’ career profiles reveal that 73% of the respondents are moderately to highly competitive. Relocation due to a spouse’s career did not prevent respondents (65%) from applying for a promotional position in another town or city.

The findings indicate that being part of a network is important and that the respondents did not view their gender as a barrier to belonging to a network at school. Male teachers no longer hold the most prominent promotional posts and there are equal promotional opportunities for both male and female teachers. A mentorship programme and acting-principalship positions are important to prepare female teachers for promotional posts. Furthermore, a sufficient number of role models are available in schools. This availability is enhanced by female teachers’ attending principal and departmental executive meetings where mentors and role models in education could be met. The research results indicate a shift in the perceptions of the role of extrinsic barriers to promotion, which differs substantially from the literature. This is in line with literature findings on intrinsic barriers to promotion, where it was found that only 16 of 75 items played a practically significant role as intrinsic barriers to promotion.

Finally, it is recommended that women in education, the education community and government should be instrumental in creating a gendered perspective on educational change and development, promoting gender equality in leadership and decision-making, and also the use of sufficient skills, experience and qualifications that women possess. A total change in the attitude of society is required – including among members of the education sector – for women to take their warranted place among educational leaders.

Keywords: education; extrinsic barriers to promotion; female teachers; gender equality; promotion; teachers; underrepresentation

 

1. Inleiding

In hierdie artikel word gefokus op watter ekstrinsieke bevorderingshindernisse die onderwyseres in ’n postapartheid era negatief beïnvloed, en in watter mate. Die doel van die navorsing was eerstens om die probleem vanuit die literatuur te belig om te bepaal wat die aard van ekstrinsieke bevorderingshindernisse binne en buite die skool vir die onderwyseres is. Tweedens is empiries met behulp van ’n kwantitatiewe vraelys in die postpositivistiese paradigma vasgestel in watter mate ekstrinsieke hindernisse die bevordering van die onderwyseres in sekondêre skole steeds in die postapartheid era beïnvloed, indien enigsins.

 

2. Probleemstelling

Die Suid-Afrikaanse Grondwet (1996) bepaal in artikel 9(4) dat die staat of burgery nie regstreeks of onregstreeks teen enige persoon mag diskrimineer op een of meer gronde ingevolge subartikel 9(3) nie. Artikel 9(5) bepaal dat die parlement nasionale wetgewing moet verorden om “onbillike diskriminasie te voorkom of te belet”. Van belang is dat artikel 9(5) billike diskriminasie wettig deur ’n voorwaarde in subartikel 9(3) in te bou, naamlik dat “diskriminasie onbillik is, tensy vasgestel word dat die diskriminasie billik is”. Die grondwetlike regsuitgangspunt, soos verder vervat in die Wet op Gelyke Indiensneming (55 van 1998), die Wet op Indiensneming van Opvoeders (76 van 1998) en die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie (4 van 2000), is van die maatstawwe waarteen onbillike diskriminasie as ekstrinsieke bevorderingshindernis by die onderwyseres in hierdie studie ondersoek is. In die Suid-Afrikaanse konteks is die stelling in Mischke, Christianson en Strydom (reds.) (2005:204) en Israelstam (2019) dat nie alle diskriminasie onbillik is nie, van belang.

Wetgewing is aanvaar om onder andere diskriminasie teen vroue te bekamp, die aantal vroue in onderwysbestuursposte te vermeerder en hul status en erkenning in bestuursposisies te verhoog (Mthembu 2007:2). Dit is egter opmerklik dat selfs nadat die Suid-Afrikaanse regering hierdie beleid geïmplementeer het om die genoemde probleem van geslagsdiskriminasie teen onderwyseresse die hoof te bied, dit uit die literatuur blyk dat onderwyseresse steeds in die minderheid is in bevorderingsposte. 

Onderwysbestuursposisies word tans deur manlike onderwysers oorheers. Daarteenoor blyk dit uit bestaande inligting dat die onderwyskorps (die persone wat in die klaskamer is) grootliks uit onderwyseresse bestaan (Shakeshaft en Grogan 2011:215). Tabel 1 toon die bestaande ongelyke getalleverhouding van vroulike onderwysers in verhouding tot die totale getal opvoeders in Suid-Afrika in openbare skole soos dit uit amptelike statistiek blyk (Departement van Basiese Onderwys 2012:18–9; 2015:14, 16–7; 2018:14, 20–1). 

Tabel 1. Getalleverhouding van vroulike teenoor manlike onderwysers in Suid-Afrika1 

Jaar

Vroulike onderwysers

Manlike onderwysers

Totaal

%

2010

285 525 (68,2%)

132 584 (31,8%)

418 109

100

2013

296 292 (69,7%)

128 731 (30,3%)

425 023

100

2016

294 675 (70,4%)

123 937 (29,6)

418 612

100

 

Dit blyk dus uit amptelike statistiek dat die getal vroue die getal mans in die klaskamer steeds ver oortref. Uit die jaarlikse onderwysstatistiekverslae (soos hier bo genoem) en jaarverslae blyk dit dat inligting op nasionale vlak oor die stratifisering van geslag in bestuursposte nie amptelik deur die Departement van Basiese Onderwys beskikbaar gestel word nie.

Word daar na ander inligting gekyk, blyk nie-amptelike inligting oor die verteenwoordiging van mans en vroue in bevorderingsposte wel beskikbaar te wees. In ’n referaat, “The employment status of educators” (Arendse 2007:1, 15), blyk dit dat daar in 2005 in Suid-Afrika ’n verspreiding van 62% manlike skoolhoofde en slegs 38% vroulike skoolhoofde was. Naidoo en Perumal (2014:8–9) (verwysende na ’n persoonlike mededeling) meld dat daar in 2012 in die Gautengse Onderwysdepartement slegs 727 van die 2 164 (dus 33,6%) skoolhoofde vroue was. Schmidt en Mestry (2015:813) (ook verwysende na ’n persoonlike mededeling) meld dat in 2014 in die Gautengse Onderwysdepartement (Johannesburg-distrik) slegs 84 van die 201 (dus 41,8%) skoolhoofde vroue was. Davids (2018a:159) wys in haar artikel daarop dat die getal manlike onderwysers in totaal op 119 579 (31,7%) was, van wie 14 337 (64%) skoolhoofde was. Hierteenoor is vroulike onderwysers in totaal 257 633 (68,3%), van wie slegs 8 210 (36%) die pos van skoolhoof beklee. Sy bied geen verwysing of bewysvoering vir haar inligting nie, maar meld dat die inligting gebaseer is op ’n toespraak van die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, in Augustus 2013.

Wat uit bogenoemde inligting belangrik is, is dat onderwyseresse die meerderheid van opvoeders in die klaskamer uitmaak, maar steeds onderverteenwoordig of in die minderheid in bevorderingsposte (i.c. skoolhoofposte).

Internasionaal is daar reeds oor die afgelope twee tot drie dekades navorsing gedoen oor intrinsieke en ekstrinsieke bevorderingshindernisse vir onderwyseresse deur onder andere Acker (1989), Shakeshaft (1989) en Blackmore (1999). Young en Skrla (2003) in die VSA en Ellemers (2018) in Nederland het die rol-, houding- en gedragsverskille en selfs stereotipering tussen vroulike en manlike skoolhoofde ondersoek, terwyl Coleman (2005), Kaparou en Bush (2007) en Kelleher (2011) in die Verenigde Koninkryk ook navorsing op hierdie terrein gedoen het. 

In die Suid-Afrikaanse konteks kan verwys word na die navorsing wat deur Van Deventer en Van der Westhuizen (2000), De Witt (2010), Moorosi (2010), Greyling (2013), Uwizeyimana, Modiba en Mathevula (2014) en Schmidt en Mestry (2014; 2015) gepubliseer is. In Suid-Afrika is daar al sedert 1989 (Greyvenstein 1989) resultate oor feminisme, geslagsdiskriminasie en beroep- en bevorderingshindernisse by die vrou en haar loopbaanontwikkeling in die onderwys gerapporteer. Hierdie resultate het bestaan in artikels, hoofstukke in boeke, navorsingsverslae, proefskrifte en verhandelings. Die studies het ’n verskeidenheid intrinsieke en ekstrinsieke faktore opgelewer wat as bevorderingshindernisse geklassifiseer is wat met die onderwyseres se bevordering in die onderwys verband hou. Schmidt en Mestry (2014; 2015; 2019) beveel aan dat interseksionaliteit (“intersectionality”) as navorsingslens gebruik moet word wanneer beleidsprosesse – spesifiek navorsing oor ras, klas en geslag – in die huidige politieke klimaat nagevors word. Die politieke ontnugtering na demokrasiewording in 1994 het nie die belofte van demokratisering van die onderwys bewerkstellig nie, nieteenstaande wetgewing en beleid. Interseksionaliteit hou in dat beleidmakers die kompleksiteit van konteks, klas, geslag en ras moet verstaan.

In Suid-Afrika kon daar egter nie enige indringende studies oor ekstrinsieke bevorderingshindernisse by die onderwyseres opgespoor word nie. Die enigste empiriese kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsing wat tot op hede ten opsigte van bevorderingshindernisse uitgevoer is, kan as kleinskaalse ondersoeke beskryf word. Meer omvangryke ondersoeke is deur Van Deventer en Van der Westhuizen (2000) en Chabalala (2006) gerapporteer, maar in hierdie publikasies word daar slegs op die intrinsieke bevorderingshindernisse vir die vrou in die onderwys lig gewerp. 

Uwizeyimana e.a. (2014) het deur middel van semigestruktureerde onderhoude (n=20) in een kring van een distrik se laerskole navorsing gedoen oor persepsies by die deelnemers oor ekstrinsieke bevorderingshindernisse. Naidoo en Perumal (2014) het resultate van ’n kwalitatiewe ondersoek, gebaseer op onderhoude wat met drie (n=3) vroulike skoolhoofde gevoer is, gepubliseer.

Uit bogenoemde inligting blyk dit nodig te wees dat ’n meer deurtastende ondersoek ingestel moet word na die ekstrinsieke bevorderingshindernisse wat ’n rol by die onderwyseres in die Suid-Afrikaanse konteks speel. Bydraende faktore is die moontlikheid dat ’n verskuiwing in die onderwyseres se persepsies oor bevorderingshindernisse kon plaasgevind het as gevolg van die veranderende juridiese, politieke en onderwyslandskap oor die afgelope twee dekades.

Die sentrale probleem en vraag in hierdie navorsing is soos volg: Watter ekstrinsieke hindernisse speel ’n rol in die onderwyseres se beroepsbevordering in die postapartheid era en in watter mate?

 

3. Navorsingsdoel

Die doel van hierdie ondersoek was om vas te stel watter, en in watter mate, ekstrinsieke hindernisse ’n rol speel in die onderwyseres se beroepsbevordering in die postapartheid era. Die navorsingsdoelwitte wat die studie gerig het, was eerstens om uit die literatuur te bepaal wat die aard van ekstrinsieke bevorderingshindernisse by die onderwyseres in die skool is met inagneming van die bestaande billikheid- en gelykheidswetgewing en tweedens om vas te stel in watter mate ekstrinsieke hindernisse die beroepsbevordering van onderwyseresse in sekondêre skole beïnvloed.

 

4. Agtergrond vir die navorsing

Intrinsieke en ekstrinsieke bevorderingshindernisse is deur talle navorsers gedokumenteer (Acker 1989; Shakeshaft 1989; Wolpe, Quinlan en Martinez 1997; Blackmore 1999; Greyvenstein 2000; Van Deventer en Van der Westhuizen 2000:235).

Intrinsieke hindernisse hou verband met hoe die vrou haarself waarneem; dus bestaan die aanname dat ’n vrou in ’n sekere mate beheer het oor haar loopbaanontwikkeling. Intrinsieke hindernisse sluit in geslagstereotipering, gebrek aan aspirasie, geslagskonflik en lae selfvertroue (Pirouznia 2006; De Witt 2010). Gevolglik ervaar vroue wat topposisies nastreef, hindernisse om die beroepsleer te klim. 

Ten spyte van beleidsinisiatiewe wat geïmplementeer is om klem te lê op geslagsbillikheid, word diskriminasie, vooroordeel en stereotipering deur onderwyseresse in die skool ervaar en is dit moeilik om te verklaar waarom onderwyseresse steeds die minderheidsgroep in bestuursposte is (Ellemers 2018:279). Die wanbalans tussen mans en vroue in bestuursposte word aan ’n verskeidenheid bevorderingshindernisse toegeskryf (Ng’ambi 2015:43).

’n Hindernis is ’n versperring, struikelblok of belemmering wat as ’n faktor, gebeure of verskynsel werk om individue te verhinder om vooruitgang te maak. In hierdie artikel word hoofsaaklik aan ekstrinsieke hindernisse aandag gegee, alhoewel die verskil tussen intrinsieke en ekstrinsieke hindernisse dikwels ononderskeibaar is. Ekstrinsieke hindernisse word gedefinieer as veranderlikes wat ’n invloed op die toetrede en vordering van vroue in die bestuurshiërargie van die onderwysstelsel uitoefen (De Witt 2010:551). Ng’ambi (2015:42) voeg daarby dat bevorderingshindernisse struikelblokke, obstruksies of verskynsels is wat toegang tot vooruitgang verhinder of beheer.

Uit die literatuur blyk dit dat ekstrinsieke hindernisse op drie vlakke voorkom, naamlik binne die skool, buite die skool as instansie en binne die onderwysstelsel. Binne die skool kan stereotipering, geslagsroldiskriminasie, netwerke, mentorskap, aanstellingsprosedure en die beroepspad die onderwyseres as ekstrinsieke hindernisse in die gesig staar (Uwizeyimana e.a. 2014:354). Rao (2018) verwys verder na institusionele ingesteldhede, persepsies en individuele denkraamwerke wat as hindernisse dien.

Hierdie faktore sluit aan by Makori (2018:4) se bevinding dat onderwyseresse ook buite die skool bykomende druk in die gemeenskap ervaar. Die onderwyseres se geleentheid ten opsigte van bevordering sal deur die gemeenskap se persepsie van vroue beïnvloed word omdat bestuursliggame hoofsaaklik uit verteenwoordigers van die ouergemeenskap bestaan. Indien die ouergemeenskap die siening huldig dat hul skoolhoof manlik behoort te wees, sal dit in hul besluitneming weerspieël word. Rao (2018) bevestig dat hierdie ingesteldhede en persepsies steeds in groot organisasies bestaan.

Derdens blyk dit dat die onderwysstelsel in Suid-Afrika nie genoeg ondersteuning aan onderwyseresse bied om die bevorderingshindernisse wat binne en buite die skool voorkom, te oorkom nie. Uwizeyimana e.a. (2014:1205) stel dit onomwonde dat vroue in die onderwys sistemiese geslagsdiskriminasie ervaar. Die onderverteenwoordiging van vroue in bestuursposisies vestig die aandag nie op die individu as vrou nie, maar op die hindernisse wat deur die onderwysstelsel, beleid en praktyk daargestel word. Dit behels dat mans by voorkeur in bevorderingsposte aangestel word, terwyl vroue nie bevorder word nie. Jaga, Arabandi, Bagraim en Mdlongwa (2018) verwys ook na die sistemiese geslagsvooroordeelmodel as hindernis, wat insluit ’n gebrek aan netwerke, vroulike rolmodelle, diskriminerende aanstelling- en bevorderingspraktyke en ’n gebrek aan mentorskapstelsels en leierskapsontwikkelingskursusse, wat noodsaaklik is om sukses in ’n bestuurspos te behaal.

Teenstrydig met die algemene indruk dat diskriminasie steeds in die onderwysstelsel in Suid-Afrika aangetref word, vermeld Lumby, Azaola, De Wet, Skervin, Walsh en Williamson (2010:39) dat diskriminasie nie as ’n veralgemenende verskynsel beskou kan word nie. In hul studie is bevind dat sommige vroue geen diskriminasie ervaar het nie of nie daarvan bewus was nie.

Uit die voorgaande bespreking blyk dit dat ekstrinsieke bevorderingshindernisse vir vroue in die openbare, private en onderwysstelsel steeds ’n werklikheid is. Hierdie regstreekse of onregstreekse hindernisse dra by tot die feit dat baie vroue verkies om nie aan die beroepswedloop deel te neem nie, wat moontlik ook as ’n vorm van selfvervullende profesie gesien sou kon word.

 

5. Juridiese raamwerk

Die argument hier bo het hoofsaaklik op die onderverteenwoordiging van onderwyseresse in bevorderingsposte en navorsing op die terrein van intrinsieke en ekstrinsieke bevorderingshindernisse klem gelê, terwyl hierdie gegewens eerder teen die agtergrond van die Suid-Afrikaanse regstaat sedert 1996 gekaats behoort te word. Die niebeskikbaarstelling van statistiek oor geslagsverspreiding, soos hier bo bespreek is, en die voortgaande diskriminasie teen vroue in die onderwyssektor wat as bevorderingshindernis manifesteer, strek tot nadeel van nie net navorsing nie, maar ook die Departement van Basiese Onderwys en provinsiale onderwysdepartemente. Van groter belang is dat die Departement se nalate om statistiek oor geslagsverspreiding in die onderwys beskikbaar te stel, daarop neerkom dat wetgewing wat onbillike diskriminasie en geslagsgelykheid in Suid-Afrika moet bevorder, nie aan voldoen word nie of dat daar ’n onwilligheid is om wetgewing toe te pas. 

Wat is onbillike diskriminasie in hierdie konteks dan? Deur die publikasie van die Wet op Arbeidsverhoudinge (66 van 1995) in die Staatskoerant is die hoeksteen vir billike arbeidsverhoudinge in Suid-Afrika gelê. Die doel van die wet is om ekonomiese ontwikkeling, maatskaplike of sosiale geregtigheid, dus ook gelykheid by implikasie, en die demokratisering van die werksplek te bevorder. Van belang is dat die parlement in 2002 die volgende Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge aanvaar het: Spesifiek is artikels 186 en 187 gewysig deur “onbillike arbeidspraktyk” te definieer as “enige onbillike handeling of versuim wat tussen ’n werkgewer en ’n werknemer ontstaan met betrekking tot die onbillike gedrag van die werkgewer rakende die bevordering, demosie en proeftydperk” (artikel 2(a)). In die Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge (83 van 1988) is die begrip onbillike diskriminasie op die wetboek geplaas, wat geag word as enige handeling of versuim wat op onbillike wyse inbreuk maak op die arbeidsverhouding tussen ’n werkgewer en ’n werknemer en die onbillike diskriminasie deur enige werkgewer teen enige werknemer slegs op grond van ras, geslag of geloof insluit (De Villiers 2014). De Wet, Serfontein, Kuhn en Namate (2010:23) definieer onbillike diskriminasie as die ongebalanseerde handeling waar een groep bevoorreg word ten koste van ’n ander en wat op so ’n wyse geskied dat dit hul fundamentele waardigheid as mense aantas. Werknemers, en dus ook onderwyseresse, word nie alleen deur die Grondwet teen onbillike diskriminasie beskerm nie, maar ook spesifiek deur die Wet op Gelyke Indiensneming (55 van 1998), artikels 186 en 187(1)(f) en 6(1). Volgens Stoffels (2013:6) word daar teen ’n persoon gediskrimineer as bepaalde regte vir een persoon beskore is terwyl dit ander persone ontsê word. In hierdie artikel is Stoffels (2013:7) se stelling van belang in die mate waartoe diskriminerende optrede ’n party se menswaardigheid krenk, wat in ooreenstemming is met De Wet e.a. (2010:23) se definisie wat na onbillike bevoorregting verwys. Stoffels (2013:7) noem verder dat enige moontlike optrede deur die werkgewer om die werknemer – in hierdie geval die onderwyseres – se menswaardigheid te skend, op onbillike diskriminasie neerkom.

Hierdie veranderende politieke en onderwyslandskap hou ten nouste verband met die juridiese raamwerk wat sedert 1994 in Suid-Afrika daargestel is. Ingevolge artikel 4 van die Handves van Menseregte (1996) moet nasionale wetgewing aanvaar word om alle onbillike diskriminasie te voorkom en uit die weg te ruim. Dus het ook alle onderwysbelanghebbendes ’n plig om te verseker dat die Handves van Menseregte bevorder en toegepas word. Die onderverteenwoordiging van onderwyseresse in bevorderingsposte is in stryd met die regstaat van die Suid-Afrikaanse demokratiese bestel. 

Die Suid-Afrikaanse Grondwet (1996) bepaal dat alle burgers se menswaardigheid, geregtigheid en gelykheid eerbiedig en deur die staat sowel as burgers bevorder moet word. Met die promulgering van die Suid-Afrikaanse Grondwet is alle wetlike bevorderingshindernisse uit die weg geruim. Die Grondwet maak in hoofstuk 2, in artikel 7(1) van die Handves van Menseregte voorsiening vir die beskerming van elke individu se fundamentele reg op gelykheid. Gelees saam met die gelykheidsklousule, artikel 9(2), is gelykheid die volle en gelyke genietinge van alle regte en vryhede asook ook die reg van vroue in die onderwys op bevordering. Onbillike diskriminasie word in die Grondwet omskryf as “uitsluitlik op grond van ras, kleur, etniese of sosiale herkoms, geslag, godsdiens of taal” (Suid-Afrika, Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling 1996:22). Voortspruitend uit hierdie subartikel is verskeie wette en beleidsdokumente sedert 1996 aanvaar om te verseker dat gelykheid beskerm en ontwikkel word. Dit geld vir individue en bepaalde groepe individue, soos onderwyseresse, wat deur onbillike diskriminasie benadeel is.

Wat onderwyswetgewing spesifiek betref, is die Wet op die Indiensneming van Opvoeders (76 van 1998) van belang. Artikel 7(1) verwys spesifiek na gelykberegtiging wat in ag geneem moet word by aanstellings en die vul van opvoederposte wat kragtens hierdie wet op gelykheid, billikheid en die ander demokratiese waardes en beginsels wat in artikel 195(1) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (1996) vereis word, nagekom word. Dit sluit in 7(1)(a) oor die bekwaamheid van die kandidaat en 7(1)(b) oor die behoefte om die wanbalanse van die verlede reg te stel ten einde breë verteenwoordiging te bewerkstellig. Daar word egter, buiten die verwysing na die regstel van wanbalanse in ooreenstemming met die Grondwet, nie spesifiek na vroue in bevorderingsposte verwys nie.

Hierbenewens is die Wet op Gelyke Indiensneming (55 van 1998) vir onderwyseresse van belang. Die Wet moet teen die geskiedkundige apartheidsagtergrond, diskriminerende wetgewing en regstreekse of onregstreekse praktyke gelees word. Die doel van die Wet is om die grondwetlike reg op gelykheid (Grondwet 1996, artikel 9) te bevorder, onbillike diskriminasie in die werksplek uit te skakel en regstellende maatreëls toe te pas om gelyke verteenwoordiging van aangewese groepe, waaronder vroue, in die werksplek te bevorder. Om verder uitvoering aan artikel 9 van die Grondwet te gee, is vir die doeleindes van hierdie artikel ook die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die voorkoming van Onbillike Diskriminasie (4 van 2000), ook bekend as die PEPUDA-wet, van belang. Hierdie wet word beskou as een van die mees omvattende stukke antidiskriminasiewetgewing in Suid-Afrika. In die aanhef tot hierdie wet word dit gestel dat die waardes wat in die Grondwet neergelê is, nl. menswaardigheid, gelykheid, vryheid en sosiale geregtigheid, moet lei tot ’n nierassige en nieseksistiese samelewing waarin almal kan floreer. Ook in hierdie wetgewing word spesifiek na geslagsdiskriminasie verwys. 

Uit die bespreking oor wetgewende imperatiewe vir geslagsgelykheid, ook vir vroue in bevorderingsposte, bevestig Mohapi en Netshitangani (2017:9134) dat geregtigheid met betrekking tot geslagsgelykheid en verteenwoordiging vir die regering baie belangrik is om sodoende die ongelykhede van die verlede uit die weg te ruim. Desnieteenstaande is die werklikheid, soos hierbo bespreek, baie duidelik: Vroue hou skool en mans bestuur; dus word die speelveld vir vroue om by gelykheidsmaatreëls te baat, nie gerealiseer nie.

Die vraag is dus: As wetgewing nie meer die probleem is nie, watter faktore speel dan steeds ’n rol om vroue in die klaskamer en uit bestuursposisies te hou? Is die antwoord deels te vinde in die feit dat wetgewing alleen nie stereotipering en subtiele praktyke van diskriminasie uit die weg kan ruim nie?

Hierdie status quo bestaan ondanks fundamentele wetgewing, bo en behalwe die Grondwet, wat sedert 1996 tot voordeel van vroue uitgevaardig is. Hierdie wetgewing sluit die Wet op Nasionale Onderwysbeleid (Wet 27 van 1996), die Wet op Gelyke Indiensneming (55 van 1998) en die Wet op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie (4 van 2000) in.

 

6. Teoretiese raamwerk vir ekstrinsieke bevorderingshindernisse

Volgens Mestry en Schmidt (2012:535) is die oorheersende temas in navorsing oor vroue se rol in die onderwys steeds diskriminasie, geslag en leierskap. Hulle bevestig dat nieteenstaande omvattende en ingrypende wetgewing wat geslagsgelykheid, diskriminasie, vooroordeel en stereotipering verbied, hierdie faktore steeds ’n rol speel as bevorderingshindernisse in die onderwys. Hierdie konseptuele raamwerk vir ekstrinsieke bevorderingshindernisse wat vroue in die onderwys ervaar, word vanuit die literatuur oor netwerke, mentorskap, aanstellingsprosedures, organisasiekultuur en beroepsprofiel belig. 

6.1 Netwerke (samewerkingsgroepe)

Netwerke is belangrik vir bevordering (Ng’ambi 2015). Martin (2011:19) omskryf ’n netwerk as die samewerking tussen skoolhoofde of kollegas van verskillende skole of kringe om probleme, oplossings, sake en beste praktyke binne skole te bespreek. Sterk netwerke in organisasies is voordelig vir verhoogde motivering en beter prestasie van personeel (Stallings 2008:1). Onderwyseresse ondervind dat manlike netwerke vir hulle ontoeganklik is, wat dus gesien kan word as ’n ekstrinsieke hindernis vir onderwyseresse wat in bevordering belangstel (Shakeshaft, Irby, Brown, Grogan en Ballenger 2007:112). Vroue wat nie deel uitmaak van ’n netwerk nie, voel dat hulle benadeel word en swakker toegang het tot bevorderingsgeleenthede (Washington, 2011:163). Stereotipering, geslagsdiskriminasie en familieverpligtinge dra by tot die verhindering van vroue om deel te neem en toegang tot netwerke te verkry (Mestry en Schmidt 2011:535).

Vroue ervaar familieverpligtinge as ’n bydraende faktor tot die ontoeganklikheid van netwerke (Brinia 2012:186). Brinia toon drie ekstrinsieke faktore aan: onderbreking van diens en hertoetrede; deeltydse aanstellings wat tot mindere ervaring lei voordat ’n onderwyseres permanent op posvlak 1 aangestel word en dus later as hul manlike eweknieë om bevorderingsposte aansoek kan doen en derdens gesinsverpligtinge. In sommige gevalle gebeur dit selfs dat mans doelbewus vroulike uitsluiting orkestreer (Ng’ambi 2015).

Fourie (2012:117) onderskei tussen twee vorme van informele netwerke, naamlik oudstudente- of alumniverenigings en werksverwante vriendskapsvoorkeure. Mans word deur alumninetwerke bevoordeel deur mondelinge aanbevelings wat uitloop op bevorderingsgeleenthede, wat egter vroue isoleer (Pirouznia 2006:40). Wat werksverwante vriendskapsvoorkeure (“buddy-buddy systems”) betref, wys De Witt (2010:555) daarop dat hierdie vorm van netwerke meestal tussen mans aangetref word. Dié soort mansnetwerke sal doelgerig verseker dat die ander mans in so ’n netwerk aangestel of bevorder word. Hierdie vorm van netwerke hou verband met kameraadskapsvriendskappe, waarin bevordering plaasvind as gevolg van wie ’n persoon ken en nie op grond van bewese werksprestasie nie. Formele en informele netwerkgeleenthede strek dus meestal tot voordeel van die man en laat die vrou met min geleenthede om haar beroepsposisie deur professionele vriendskappe te verbeter.

Professionele vroue vorm egter tans vroue-alliansies deur middel van aanlyn netwerke, een-tot-een-netwerke, konferensies en seminare. Deur middel van dié netwerke kan vroue in staat gestel word om inligting oor vakatures en bevorderingsgeleenthede te bekom (UNESCO 2002:12). Vrouenetwerke bied ’n groot verskeidenheid inisiatiewe om hul lede te bevorder en bevordering moontlik te maak. Sodanige inisiatiewe sluit in werkswinkels, seminare, vergaderings en leierskapsontwikkelingsprogramme wat ’n bydrae lewer om die geslagsgaping tussen mans en vroue in bevorderingsposte te verklein.

Hierdie “nuwe” netwerke is meer toeganklik vir die vrou, in teenstelling met die tradisionele mansnetwerke wat in sportklubs en restaurante of op gholfbane gevorm word. Om te voorkom dat bevorderingsposte nie op die gholfbaan uitgedeel word nie, is dit belangrik dat vroue aanlyn netwerke moet gebruik om inligting oor bevorderingsposte te bekom (Fourie 2012:117). Dit is egter nuutgestigte netwerke en nog nie so goed ontwikkel soos mansnetwerke wat hulle met die besluitnemers in die organisasies in verbinding plaas nie. Daar is meer voordele verbonde aan gevestigde mansnetwerke, omdat mans nog steeds getalsgewys op senior bestuursvlak oorheers.

Die literatuur toon wel aan dat formele netwerke, soos hoofde-, finansiële en beheerliggaamvergaderings, nie meer tot mans beperk is nie. Onderwyseresse word toenemend sigbaar en hoorbaar in die skooldinamika, waar hulle op rade van skole dien en jaarlikse konferensies bywoon en daaraan deelneem om op hoogte te bly van die jongste bestuursontwikkelinge binne die skool (Bailey 2017). Hieruit kan afgelei word dat netwerke ’n belangrike faktor in die loopbaanontwikkeling van die vrou is. Dit bring haar in verbinding met ander mans en vroue, nuwe vakatures, geleenthede, idees en wenke; dit moedig haar aan en bied ondersteuning aan haar (Janhans en Johansson 2006:26). Uit navorsing van Moreau, Osgood en Halsall (2005:85) word bevestig dat vroue in die onderwys veral by plaaslike netwerke en vakspesifieke assosiasies betrokke is en dit positief as kollektiewe meganisme ervaar. Moreau e.a. (2005:96) beveel geleenthede vir mentorskap en netwerkdeelname aan om vroue in die onderwys te ondersteun om die bevorderingsleer te klim.

Netwerke is vir die onderwyseres ’n belangrike middel tot bevordering, omdat dit haar met ander onderwysers in verbinding bring waar inligting aangaande vakante posisies, werksgeleenthede en ondersteuning gedeel word.

6.2 Mentorskap

’n Mentor is ’n kollega of persoon wat aan ’n ander leiding en opleiding verskaf deur sy of haar kundigheid, professionele ondersteuning, inligting, wysheid en ondervinding, en verwagtinge en raad met die protégé deel met die uitsluitlike doel dat die protégé bevordering in ’n gedeelde organisasie kan verkry (Malinoff en Barott 2011:279). Jandeska en Kraimer (2005:462) verdeel die mentorproses in twee groepe. Die eerste groep is professionele ontwikkeling wat borgskappe, blootstelling en sigbaarheid meebring, terwyl dit ook afrigting en beskerming bied. Terselfdertyd word die protégé blootgestel aan uitdagende take om sodoende beroepservaring op te doen. In die tweede groep bied mentors psigologiese mentorskap aan die protégé, wat aanvaarding, bevestiging, berading en vriendskap behels, en dien die mentor ook as rolmodel vir die protégé. Mentorskap word gebou op ’n vertrouensverhouding tussen die mentor en die protégé (Malinoff en Barott 2011:280).

Die voordele wat uit mentorskapverhoudinge voortspruit, sluit in die opbou van selfvertroue, professionele en persoonlike ontwikkelingsgeleenthede, verhoogde werkstevredenheid, beroepsbeplanning, positiewe leierwaarnemings en lojaliteit teenoor die organisasie wat toeneem terwyl bevorderingshindernisse uit die weg geruim word (Washington 2011:1, 10). Om ’n mentor te hê is van kritieke belang vir die sosialisering van vroue in die onderwysberoep (Shakeshaft e.a. 2007:112). 

Moro (2011:16–7) noem dat die aantal mentorskapverhoudinge binne organisasies oor die afgelope paar jaar vermeerder het, maar dat nie alle teikengroepe, byvoorbeeld vroue, by die mentorproses ingesluit word nie. Vir vroue bly beperkte toegang tot mentorskap, of minder doeltreffende mentorskap as wat hul manlike eweknieë geniet, een van die grootste bevorderingshindernisse (Sperandio en Kagoda 2010:24). Vroue ervaar dus bevorderingshindernisse in die werksplek omdat hulle beperkte mentorskapervarings van hoë gehalte ondervind (Washington 2011:11). Hierdie bevinding hou vir vroue ’n bedreiging in, omdat personeel wat ’n mentorskapprogram deurloop het, vinniger bevorder word. Vroue, veral diegene wat na bevordering streef, verstaan dat loopbaanontwikkeling inhou dat daar aandag aan hul behoefte aan deurlopende mentorskap en loopbaanontwikkeling gegee moet word (Stager e.a. 2006:6). Mentorskap behels dat vroue as protégés wil weet dat ander persone hulle ondersteun en vertroue in hul vermoëns en bekwaamhede het (Pirouznia 2006:28).

Daar is verskille tussen manlike en vroulike mentors (Moro 2011:16). Manlike mentors voorsien toegang tot die binnekring van mag en invloed wat meer werksondersteuning bied, terwyl vrouementors meer psigososiale ondersteuning bied, soos identifisering en empatisering met die hindernisse wat vroue in hul beroepsvordering ervaar. Die skoolhoof is gewoonlik die ideale mentor vir ’n onderwyseres, maar is dikwels onbewus van haar behoefte aan mentorskap. Voorts is die moontlikheid om in ’n geslagsensitiewe omgewing ’n professionele mentorverhouding oor geslagslyne op te bou nie baie groot nie (De Witt 2010:554). Sodanige verhoudinge staan bekend as kruisgeslagmentorskap, wat deur seksuele insinuasies bemoeilik word.

Vroue wat na bevordering streef, ondervind dikwels dat dit nie slegs die man in die onderwys is wat as struikelblok dien nie, maar ook dat vroue wat reeds in bestuursposte is, ander vroue verhinder om bevorder te word (Janhans en Johansson 2006:15). Hierdie situasie staan bekend as die “koninginbysindroom” en behels dat ’n vrou wat reeds ’n bestuursposisie beklee, ander vroue wat na soortgelyke posisies streef, doelbewus van dieselfde vlak, status of werksklassifikasie uitsluit. So ’n gevestigde beroepsvrou sal ander vroue kil behandel en vrees dat sy haar magsposisie sal verloor of dit met ’n ander vrou sal moet deel en haar status kan verloor (Branson 2007:67). Dus volg dit logies dat hierdie vroue dan ook nie geneë sal wees om by die mentorproses betrokke te raak nie.

Diegene wat hulself as gevestigde leiers in die onderwys bewys het en bereid is om as mentors op te tree, kan ander onderwyseresse egter wel goedgesind wees en ondersteun in die proses om die bevorderingsleer te klim. Hulle is bereid om hul eie ervarings en kennis met ander vroue te deel deur tot die protégé se versterking van haar eie selfbeeld en -konsep by te dra (De Welde en Laursen 2011:584). As sodanig is hierdie vroue rolmodelle wat ’n standaard stel waarna die protégé moet streef omdat hulle as voorbeeld dien van hoe daar opgetree moet word (Shakeshaft e.a. 2007:111). Ongelukkig is daar volgens Stager e.a. (2006:6) ’n tekort aan rolmodelle wat vir ander vroue as voorbeeld van ’n werk-lewe-balans kan dien. Vroue het te min vroulike rolmodelle wat hulle in staat kan stel om hul eie toekoms in die bestuurshiërargie te visualiseer. Volgens De Welde en Laursen (2011:584) se navorsing het ’n vrou ’n behoefte aan ’n rolmodel wat met haar eie waardes ooreenstem – ’n vrou wat ’n standvastige werk het en haar werk- en gesinsverantwoordelikhede kan balanseer, maar wat nogtans vriendelik en energiek bly. Sodanige rolmodelle en mentors skep ruimte vir opvolgbeplanning, wat noodsaaklik is in die ewig veranderende onderwyslandskap.

Wat opvolgbeplanning betref, stel Lacey (2002) dat hierdie proses toenemend ’n langtermynbeplanningsproses geword het. Lacey (2002) verwys na Leibman, Bruer en Maki (1996:22) se artikel “Succession management: The next generation of succession planning” wat opvolgbeplanning definieer as ’n doelgerigte en stelselmatige poging deur ’n organisasie se leierskap om individue wat oor ’n stel vaardighede beskik, te bepaal, te ontwikkel en te behou ten einde huidige en toekomstige organisasiedoelwitte te bereik. Toekomstige leiers word deur hierdie beplanning as deel van ’n leierskapspoel voorberei op ’n wye verskeidenheid leierskapsvaardighede. Lacey (2002) noem dat opvolgbeplanning meer as net werksvervanging beteken. Dit behels ’n strategiese benadering wat met organisasiedenke, die eksterne omgewing en individue se ontwikkelingsbehoeftes rekening hou. Lacey (2003) kom tot die gevolgtrekking dat strategiese opvolgbeplanning op organisatoriese en skoolvlak tot verhoogde bevordering- en leierskapsaspirasies bydra, met die gevolg dat die aantal aansoeke om sodanige posisies daardeur verhoog sal word. Verder sal skoolhoofde voortdurend aan leierskapsontwikkelingsprogramme aandag gee en sal geleenthede om as skoolhoof of leier waar te neem hulself voordoen.

6.3 Aanstellingsprosedures

Vroue in die onderwys ervaar dikwels subtiele diskriminasie tydens advertering en onderhoudsvoeringsprosesse. Hierdie vorm van diskriminasie is dikwels moeilik bewysbaar en dit is duidelik herkenbaar as filtreertegnieke wat regstreeks of onregstreeks tydens onderhoude gebruik word. Voorbeelde hiervan is voorafopgestelde aanstellingsbeleide, bevorderingskriteria, advertensies en werwingspraktyke wat as onderhoudfiltreerders dien (Fourie, Van der Westhuizen en Mentz 2014:391).

Wills (2015:15) verwys spesifiek na die persentasies skoolhoofde en onderwyseres wat vroue is (Tabel 2).

Tabel 2. Persentasie vroue as skoolhoofde en onderwysers per skoolfasevlak in 2012

Openbare skole

Primêre/ Intermediêre fase

Gekombineerde fase

Sekondêre fase

Alle skole

Vroue-SH2

Vroue in klaskamer

Vroue-SH

Vroue in klaskamer

Vroue-SH

Vroue in klaskamer

Vroue-SH

Vroue in klaskamer

43%

79%

27%

76%

15%

71%

34%

71%

(Aangepas uit Wills 2015:15; Bron: Persal-EMIS matched data set)

Wills (2015:15) wys egter daarop dat hierdie situasie nie uniek aan Suid-Afrika se onderwysstelsel is nie. Wills (2015:19) rapporteer ook oor skoolhoofde se vlak van kwalifikasies. Van belang vir hierdie artikel is haar stelling dat ongelykhede wat skoolhoofde se kwalifikasies raak, belangrik is om die geskiedkundige nalatenskap van die apartheidsbeleid uit die weg te ruim, veral in die lig van kwalifikasies en ondervinding wat noemenswaardig tussen onderpresterende en presterende skole verskil. Alhoewel dit nie deel van hierdie studie vorm nie, is Wills (2015:30) se opmerking van belang vir verdere navorsing, waar verwys word na kwalifikasies en ervaring wat internasionaal van deurslaggewende belang is by die aanstel van skoolhoofde en ook hul salarisskaal bepaal. Aansluitend is die gevolgtrekking wat Mestry (2017:8) maak dat skoolhoofde ’n betekenisvolle bydrae tot skoolontwikkeling kan lewer indien hulle voldoende vir hul leierskapsrol voorberei is.

6.3.1 Stereotipering

Mestry en Schmidt het navorsing gepubliseer wat deurgaans dui op diskriminasie en stereotipering as bevorderingshindernisse teen vroue in die onderwys (Mestry en Schmidt 2012:353; Schmidt en Mestry 2014; 2015). Hierdie vorme van geslagsdiskriminasie in Suid-Afrika kom voor nieteenstaande wetgewing daarteen. Uit die navorsing blyk min vooruitgang gemaak te gewees het wat met wetgewing belyn is om hierdie en ander bevorderingshindernisse uit die weg te ruim. Diskriminasie en stereotipering word voor die deur van die patriargale kultuur geplaas (Mestry en Schmidt 2012:353), wat onder alle etniese groepe in Suid-Afrika voorkom. Dit deurdring die sosiale vesel van die onderwys as alomteenwoordige maar onsigbare mag, wat in en deur die onderwysstelsel voortgedra word en ongelykheid laat voortduur. Hierdie kultuur van oorheersing, argumenteer die navorsers, is belemmerend vir vroue om bevordering in bestuur- en leierskapsposisies te kry.

Geslagsvooroordeel teenoor Suid-Afrikaanse vroulike skoolhoofde bly ’n dwingende kwessie wat navorsing vereis (Mestry en Schmidt 2012:353). Die aanvaarde persepsie en stereotipering van vroue as ondergeskik, onbevoeg en onbekwaam om leierskapsposte in die onderwys te beklee, bestaan steeds (Mestry en Schmidt 2012:535). Mestry en Schmidt se verwysing na stereotipering wat steeds ’n belangrike hindernis in vroue se loopbaanpad is, word deur Lumby en Azaola (2014:31) ondersteun in hul navorsing oor geslagsinvloed op die ervaring van vroulike skoolhoofde in Suid-Afrika. Daar word ook verwys na vroue se leierskapstyl wat as minder aanvaarbaar en suksesvol geag word en gereduseer word tot een van moederlikheid (“mothering”) (Naidoo en Perumal 2014:808, 813–4). Alhoewel vroue meer geneig is as mans om eerder samewerking as konfrontasie te soek, is hulle ook meer geneig om personeelweerstand te ervaar (Gallagher 2017:27). Die balansering van familie- en skoolverpligtinge bly ook ’n moeilike kwessie vir vroue in leiersposisies (Gallagher 2017:71).

Ng’ambi (2015) wys op bestaande stereotipering van mans wat as gebore leiers beskou word, terwyl vroue dikwels as alleen verantwoordelik vir gesinsverpligtinge gesien word. Ng’ambi verwys na Shakeshaft (1989:83) se drie modelle wat tot stereotipering bydra: eerstens “vroue-se-plek”-model wat op sosiaal aanvaarde norme gebaseer is; tweedens die diskriminasiemodel wat sekere groepe – waaronder onderwyseresse – sistemies-organisatories uitsluit; en derdens die meritokrasiemodel waar vroue by voorbaat as die minderes geag word op grond van gewaande geslagspesifieke bekwaamheid of onbekwaamheid.

Vir Davids (2018a) en Skosana (2018) is die onderverteenwoordiging van vroue te wyte aan geslagstereotipering, diskriminasie en die feit dat minder vroue aansoek doen om bevorderingsposte. Skosana (2018) verwys egter ook na die gebrek aan statistiese data wat deur die regering beskikbaar gestel word om te bepaal wat die persentasie mans en vroue is wat om bevordering aansoek doen, watter geslag aangestel word en wat die persentasie vroue is wat onsuksesvol is om bevorder te word. Daar kan geargumenteer word dat die persepsie dat vroue nie aansoek om bevordering doen nie, versterk word deur die weerhouding van sinvolle data hieroor.

6.3.2 Aanstellingsbeleid en bevorderingskriteria

Aanstellingsbeleid en bevorderingskriteria word onder andere deur wetgewing gerig. Vir die doeleindes van hierdie artikel word klem gelê op die Suid-Afrikaanse Skolewet (84 van 1996), die Wet op die Indiensneming van Opvoeders (76 van 1998), die Suid-Afrikaanse Grondwet (1996), die Departementele omsendbrief (nr. 25 van 2011) en die Personeeladministrasiemaatreëls (Departement van Basiese Onderwys 2016; Suid-Afrika 1999).

Die Suid-Afrikaanse Skolewet bepaal in artikel 4(1) dat die kwalifikasies vir aanstelling en bevordering as opvoeders deur die minister bepaal word, terwyl artikel 4(3)(c) bepaal dat die Departement van Onderwys van ’n aanstelling mag afwyk en dus ’n aanbeveling soos deur die beheerliggaam gemaak, nie mag volg as daar voldoende bewys bestaan dat die aanbeveling op onbehoorlike beïnvloeding berus het nie. Verder bepaal artikel 20(8)(a–d) dat die volgende faktore in ag geneem moet word by die aanstelling van kandidate: (a) die bekwaamheid van die kandidaat; (b) die beginsel van billikheid; (c) die behoefte om ongeregtigheid van die verlede reg te stel; en (d) die behoefte om verteenwoordigend te wees. 

Die Wet op die Indiensneming van Opvoeders (76 van 1998), artikel 3(b)(v) bepaal, onder die opskrif “Bevoegdhede van Werkgewers”, dat sekere prosedures gevolg moet word om te verseker dat die aanbeveling nie deur onbehoorlike invloed op die lede van die beheerliggaam of raad, na gelang van die geval, verkry word nie. Verder bepaal artikel 7(1), naamlik “Aanstellings en vul van poste”, dat wanneer ’n aanstelling kragtens hierdie wet gemaak word, gelykheid, billikheid en die ander demokratiese waardes en beginsels wat in artikel 195(1) van die Grondwet beoog word, behoorlik in ag geneem moet word, naamlik (a) die bekwaamheid van die kandidaat en veral (b) die behoefte om die wanbalanse van die verlede reg te stel ten einde breë verteenwoordiging te bewerkstellig.

Die aanhef van die Grondwet stel dit dat die “ongeregtighede van die verlede” erken moet word: maar belangriker nog: in artikel 1(a) word verklaar dat die Suid-Afrikaanse demokrasie op die waardes van menswaardigheid, die bereiking van gelykheid en die uitbou van menseregte en vryhede gegrond is. Vir die doeleindes van hierdie artikel is artikel 1(b) kernbelangrik, omdat dit vir nierassigheid en nieseksisme in die Suid-Afrikaanse samelewing – dus ook in die onderwys – voorsiening maak. Artikel 1(a–b) behoort dus tot gelyke verteenwoordiging van geslag in bestuursposte te lei. Deur die aanvaarding van die Wysigingswet op Onderwyswette (24 van 2005) is klem gelê op die keuring en aanstelling van onderwysers in openbare skole. Bepalend is artikel 7(1–2), wat vereis dat die wanbalanse van die verlede tydens die aanstellingsproses reggestel moet word ten einde breë verteenwoordiging te bewerkstellig. Onderhoudvoering en aanstellingsprosesse moet deur die beginsels van gelykheid, billikheid en ander demokratiese waardes, soos in die Grondwet vervat, gerig word.

Die posbeskrywing van alle onderwysers in die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel word in die Personeeladministrasiemaatreëls (1999, 2016; Fedsas 2015) beskryf, soos vervat in die 2016-Goewermentskennisgewing (nr. 39684). Statutêre vereistes om bevorder te word sluit in registrasie as professionele opvoeder by die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (SARO) en dat die onderwyser oor gevorderde kennis van onderrig, soos in ’n professionele kwalifikasie vervat, asook goeie bestuurs-, leierskaps-, onderrig- en assessering- sowel as buite- en kokurrikulêre vaardighede beskik (2016:B – 46, 55), paragraaf 3, hoofstuk B–B5 en wat uit die Wet op Indiensneming van Opvoeders (1998 hoofstukke 3 en 6) voortspruit. Van belang is dat daar ook in artikel B.3.1.6 vir heraanstelling na diensonderbreking voorsiening gemaak word. Fedsas (2015) het met die toestemming van die Departement van Basiese Onderwys die Beleid oor die Suid-Afrikaanse standaard vir skoolhoofskap (hierna “Suid-Afrikaanse Standaard vir Skoolhoofskap”) in Afrikaans vertaal. In hierdie dokument verklaar Fedsas (2015) dat die Suid-Afrikaanse Standaard vir Skoolhoofskap ’n duidelike rolomskrywing vir skoolleiers en ’n uiteensetting van wat van die skoolhoof verwag word, bied. Hierin word mede- en samewerking tussen skoolhoofde, skoolbestuurspanne, skoolbeheerliggame en die verteenwoordigende rade van leerders en die breër gemeenskap aangemoedig. Van belang is dat hierdie kokurrikulêre groepe klem plaas op onderrig en leer van die hoogste gehalte en gesamentlik moet toesien dat kurrikulêre aangeleenthede doeltreffend bestuur, ondersteun en bevorder word (Fedsas 2015). Sodanige doeltreffende bestuur, ondersteuning en bevordering behels die instaatstelling van leerders “om vir hulle eie beswil, tot voordeel van hulle gemeenskap én van die land in die geheel die hoogste prestasievlakke te bereik”.

In die Personeel Administratiewe Maatreëls (PAM) (nr. 396684 van 2011) word bepaal dat die Staat – ook die Onderwysdepartement – ’n gelyke geleenthede werkgewer is. Die PAM bepaal spesifieke prosedures wat tydens die vul van vakatures – spesifiek vir skoolhoofde – gevolg moet word. Hierdie beleid bepaal dat die vakaturelys vir openbare kennisname beskikbaargestel moet word, dat dit ’n oop vakaturelys is en dat daar by die oorweging van ’n geskikte kandidaat aan kernaspekte van die Gelyke Indiensnemingsplan van die Departement van Basiese Onderwys (2011:1) voldoen moet word. Hierdie Plan bepaal dat vroue uit die aangewese groepe in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse Grondwet (1996) en die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (75 van 1997) voorkeurbehandeling tydens die aanstellingsproses moet geniet.

Nieteenstaande wetgewing ondervind vroue wat om bestuursposte aansoek doen, bevorderingshindernisse in die vorm van die samestelling van ’n onderhoudpaneel.

6.3.3 Onderhoudpaneel

Onderwyseresse in bevorderingsposte word hoofsaaklik op middelbestuursvlak eerder as in senior bestuursposisies aangetref (Wolpe e.a. 1997:195; Hlatywayo, Hlatywayo en Muranda 2014:33; Wills 2015:15). Die literatuur dui aan dat vroue in die onderwys ook met aanstellingsprosedures, soos met ander eksterne bevorderingshindernisse, ondervind dat die aanstellingsprosedures as ekstrinsieke bevorderingshindernis dien (Moorosi 2010:549). Talle onderwyseresse het aangedui dat die onderhoudpaneel hul grootste hindernis in die weg van bevordering is. Vrae wat tydens die onderhoud gestel word, het oor haar huwelikstatus, ouderdom van kinders, gesinsbeplanning en voorsiening vir kindersorg gehandel, nieteenstaande wetgewing wat hierdie soort geslagsdiskriminerende vrae teen vroue verbied (Moreau e.a. 2005:79). Die vrae is in stryd met die vrou se regte soos vervat in die Wet op Gelyke Indiensneming, artikel 6(1), wat bepaal dat geen persoon onregmatige diskriminasie – regstreeks of onregstreeks – op grond van onder andere geslag mag ervaar nie.

Die Departement van Basiese Onderwys maak voorsiening vir Departementele amptenare en vakbondverteenwoordigers om tydens ’n onderhoud teenwoordig te wees. Hul rol is om te verseker dat billike arbeidspraktyke tydens die onderhoud beoefen word deurdat hulle dit monitor (Fourie e.a. 2014:391). Ten spyte van wetgewing en beleid het vroue in die onderwys nog baie min hierby baat gevind en noem Mampane (2008:3) dat baie min tot nog toe verander het. Dehaloo (2008:3) bevestig hierdie bevinding deur die stelling dat wetgewing en beleid inherent gebrekkig is. 

Die gebrek aan gelyke verteenwoordiging en transformasie in bevorderingsposte word dikwels voor die deur geplaas van beheerliggame wat nie aan beleid en wetgewing oor billikheid, regstelling en verteenwoordiging met betrekking tot die aanstellingsproses voldoen nie. Die werklikheid is dat Suid-Afrikaanse skoolbeheerliggame saamgestel is uit lede wat nie altyd oor die nodige kennis van onderwyswetgewing beskik nie en dikwels nie in staat is om wetgewing en beleid effektief toe te pas nie (Mampane 2008:58; Fourie e.a. 2014:391). Die verklaring vir hierdie verskynsel is ook te vinde in die kontekstuele werklikhede van die uiteenlopende Suid-Afrikaanse onderwys- en sosiale landskap. Hierdie landskap weerspieël die uniekheid van verteenwoordiging en demokrasie op skoolvlak, waar skoolbeheerliggame wetgewing en beleid meermale ooreenkomstig hul eie unieke kulturele agtergrond, geskiedenis en kontekstuele interpretasie in die aanstellingsproses volg. 

Aansluitend by aanstellingsprosedures is organisasiekultuur, wat in skoolbeheerliggame se optrede weerspieël word, meermale vir die onderwyseres ’n bevorderingshindernis.

6.4 Organisasiekultuur

Wills (2015:15) wys daarop dat manlik-oorheerste leierskap oënskynlik onbeheerbaar is. Hierby word ingesluit die geslagtelike karakter van organisasiekultuur, voortspruitend uit apartheidsonderwys waarin die vrou minder betaal is as die mans, en hoe vroue in hierdie ondeurdringbare geslagtelikheid hul weg moet vind. In die onderwys is die gebrek aan sigbaarheid en erkenning sleutelfaktore in Chisholm (2001:392) se navorsing. Chisholm (2001:397 rapporteer dat die gebrek aan Departementele bestuursondersteuning en die voorkoms van gevalle waar vroue se gesag ondermyn word, vroue in die onderwys benadeel. Chisholm (2001:397) beveel aan dat bewustelike verandering noodsaaklik is om die organisasiekultuur te verander, geslagsgelykheid te bevorder en die geslagsgedrewe kultuur by skole te verander om sodoende die onregstreekse vorme van seksisme in skole as organisasies die stryd aan te sê.

Dit blyk dat daar nie veel verander het tussen 2001 en 2018 nie. Tot so onlangs as 2018 is bevind dat organisasiekultuur en -praktyke as bevorderingshindernisse ervaar word deur vroue (Netshitangani 2018:211–2). Netshitangani noem enkele voorbeelde wat as onbehoorlike organisasiegedrag beskou word, waar manlike kollegas ’n junior manlike kollega na vergaderings sal saamneem in plaas van ’n vrou wat op ’n posvlak net laer as dié van die man is. Waar ’n vroulike skoolhoof die telefoonoproep beantwoord, word outomaties aangeneem dat sy die sekretaresse is (Bailey 2017:84). In ander gevalle word vroue se bydrae tydens ’n vergadering geïgnoreer, terwyl die manlike bestuurder dit later aanbied asof dit sy idee was (Bailey 2017:91). Netshitangani (2018:212) verwys ook na voorvalle waar mans aggressief teenoor vroue optree of die rol van verleier teenoor hulle inneem. Mans verwag ook dat vroue die huislike rol tydens vergaderings sal inneem en byvoorbeeld verantwoordelikheid vir die verversings sal dra. In sommige gevalle word ’n vroulike bestuurder oor die hoof gesien en word ’n jonger man aangestel. Netshitangani (2018:212) kom tot die gevolgtrekking dat die meeste vroulike bestuurders daagliks blootgestel word aan negatiewe en onbehoorlike gedrag. Konteks speel ’n onlosmaaklike rol in hoe vroue hulleself in die beroepswêreld, en spesifiek die onderwys, as vroue, moeders, eggenotes, Afrikane en onderwysbestuurders vestig (Netshitangani 2018:220).

Moreau e.a. (2005:42, 85) bevestig dat vroue in die onderwys bevoordeel word deur die toeganklikheid tot die onderwysberoep. Verder het vroue groter toegang tot onderwysersopleiding op hoër onderwysvlak asook die beskikbaarheid van professionele ontwikkelingsgeleenthede wat op provinsiale onderwysvlak beskikbaar is. Vir Moreau e.a. (2005:95) hou die groter toeganklikheid tot hierdie geleenthede die voordeel inhou dat dit op die individuele behoeftes van vroue wat hulle op loopbaanontwikkeling toespits, in ag neem. Hierdie aandag moet egter nie net tot die skool beperk bly nie, maar moet toegang verleen tot spesifieke leierskapsopleiding, soos openbare deelname en versterking van selfgeldingsvaardighede. Verder beveel Moreau e.a. (2005:95) aan dat onderwyseresse baat sal vind deur byvoorbeeld klasse om te ruil, skadu-onderrig van ervare kollegas by te woon en goeie bestuurspraktyke met mekaar te deel. Bailey (2017:10) verwys spesifiek na die adjunkhoof, wat verantwoordelik is vir personeelontwikkeling en om die professionele praktyke van onderwysers te hersien met die doel om onderwysleer en -bestuur te verbeter. Bailey (2017:13) meld dat die Personeeladministrasiemaatreëls vereis dat die professionele praktyke van onderwysers gereeld hersien moet word met die oog op die verbetering van onderwysleer en –bestuur om sodoende professionele groeigeleenthede daar te stel.

Wat vroue se persepsies oor verhoogde werkslading betref, bevind Smith (2011:526 soos aangehaal deur Bailey 2017:50) dat vroulike skoolhoofde hul werkslading en gesinsverpligtinge op ’n eiesoortige wyse hanteer. Smith beveel algemene strategieë aan om vroue in bevorderingsposte te ondersteun. Vroue moet gemaklik tussen die rolverwagtings waaraan sy moet voldoen, kan beweeg deur min of geen onderskeid tussen huis- en werkstyd te tref nie. Werk moet ná ure by die huis afgehandel word omdat daar minder onderbrekings as by die skool is. Hulle moet die belangrikheid van samewerking met die bestuurspan verstaan en lang werksure as ’n gegewe in die onderwys beskou. Bailey (2017:115) is van mening dat nieteenstaande die intense werksdruk en baie groot werkslading, daar ook uitsonderings is waar ’n werk-lewe-balans bewerkstellig word deurdat vroue die nodige beplanning en ondersteuningstrukture beskikbaar het. 

Acker (2010) het bevind dat strukturele en organisatoriese faktore ’n belangrike rol in die onderverteenwoordiging van vroue in bestuursposte speel. In ’n studie wat in Zimbabwe onderneem is, bevestig Hlatywayo e.a. (2014:30) dat vroue dikwels oor hoër akademiese en professionele kwalifikasies beskik, maar in minder uitdagende bestuur- en besluitnemingsposte aangestel word. Shepherd (2017:86) is daarvan oortuig dat dit belangrik is dat, bo en behalwe geskiedkundige hindernisse, homososialisering (“homosociablity”), dit wil sê die geneigdheid om mense soos jyself te bevorder, ’n strukturele bevorderingshindernis is en nie ’n geïndividualiseerde, persoonlike bevorderingshindernis nie. Volgens hierdie argument word die bevorderingshindernis van die vrou as die oorsaaklike faktor verskuif na die organisasie en moet organisasies dienooreenkomstig sistemiese en prosedurele veranderinge maak om vroue in bestuursposte toe te laat. Van nog groter belang is Shepherd (2017:86) se stelling dat mikropolitiek en kulturele aannames wat as hindernisse dien, erken en ondersoek moet word.

’n Wesenlike faktor wat as bevorderingshindernis dien, is seksuele teistering in die onderwys. Smit en Du Plessis (2011:183) beskryf seksuele teistering as ’n verhouding tussen mag en beloning waar bevordering of meriete-erkenning gegee of weerhou word namate seksuele gunste uitgedeel word, al dan nie. Snyman-Van Deventer, Du Plessis en De Bruin (2004:28) wys daarop dat seksuele teistering in die werksplek ’n ernstige probleem en ’n toeganklikheidshindernis is. Seksuele teistering is volgehoue, ongewenste en onwelkome verbale of nieverbale gedrag of optrede wat op seks, geslag of seksuele oriëntasie gebaseer en ernstig, vernederend of afbrekend is (Snyman-Van Deventer e.a. 2004:28). Dit skep ’n vyandige, aanstootlike, intimiderende omgewing van ’n seksuele aard wat ’n persoon se leervermoë of werk benadeel (Claassen 2019).

Verskillende vorme van seksuele teistering kom in die onderwysstelsel voor, maar is nie tot dié stelsel beperk nie. Seksuele teistering as verskynsel is ’n brandende vraagstuk in die onderwyssektor (Smit en Du Plessis 2011:173). Hierdie vorm van teistering behels onwelkome navrae oor ’n persoon se seksuele lewe, telefoonoproepe of boodskappe met ’n seksuele ondertoon, growwe of seksistiese grappe en so meer. Nieverbale vorme sluit in onwelkome seksuele insinuasies en gebare, onwelkome maar volgehoue flirtasie en uitnodigings, asook opmerkings van ’n hoogs persoonlike aard. Visuele vorme sluit pornografiese materiaal, foto’s en andere in, terwyl fisieke vorme onwelkome aanraking, betasting, molestering en verkragting insluit (De Wet e.a. 2010:38). De Wet e.a. (2010:38) en Claassen (2019) verwys ook na quid pro quo-vorme van seksuele teistering, soos seksuele omkopery en seksuele afpersing. Die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie (4 van 2000), artikel 11 bepaal dat geen persoon ’n ander persoon aan enige vorm van teistering mag onderwerp nie. Dit sluit seksuele teistering in. Werkgewers moet verseker dat werknemers in ’n veilige omgewing werk, sonder seksuele teistering, deur ’n beleid oor seksuele teistering neer te lê en te verseker dat die werknemers daarvan kennis dra (Claassen 2019). As seksuele teistering wel plaasvind, moet die korrekte dissiplinêre stappe volgens die beleid gevolg word.

Smit en Du Plessis (2011:192) is van mening dat die Gedragskode vir die hantering van seksuele teistering van 2005 ’n rigtinggewende dokument is om seksuele teistering te verstaan. Hulle verwys ook na gemeneregbeginsels waaraan die werkgewer moet voldoen om ’n gesonde werksomgewing aan werknemers te bied. In ’n geval waar die werkgewer versuim om sodanige veilige ruimte te bied, is daar ’n moontlikheid dat die werkgewer op grond van sy regsplig onregmatig aanspreeklik gehou kan word as nalate oor seksuele teistering in ’n hof bewys word. Smit en Du Plessis (2011:190) argumenteer dat seksuele teistering nie as ’n spesifieke onregmatige daad in die Suid-Afrikaanse regstelsel erken word nie, maar dat enige handeling of nalate wat tot ’n vermindering van ’n persoon se fisieke integriteit of wat sy of haar goeie naam in gedrang bring, lei en die waardigheid van die individu in gedrang bring, wat kan insluit privaatheid, gevoelens en identiteit, as ’n onregmatige daad geag kan word as al die ander elemente van onregmatigheid teenwoordig is. Sodanige optrede of onregmatigheid sal die slagoffer in staat stel om aanspraak te maak op die herstel van vermoënskade asook skadevergoeding vir vermoënskade.

Van belang is dat Smit en Du Plessis se navorsing daarop dui dat seksuele teistering in Amerikaanse skole en hoëronderwysinstellings ontstellend toeneem (Walsch 2007 soos na verwys in Smit en Du Plessis 2011:197). Desnieteenstaande wys hulle daarop dat die aantal slagoffers wat formele stappe doen, in skrille kontras staan teenoor die persentasie slagoffers wat emosionele angs as gevolg van seksuele teistering ervaar het. Smit en Du Plessis (2011:204) vermeld dat slegs 15% van sake van seksuele teistering formeel deur slagoffers aanhangig gemaak word en slegs 6% formele aksie teen die oortreders instel. 

6.5 Beroepsprofiel 

Die beroepsprofiel van vroue in bestuursposte in die onderwys bly ’n bron vir navorsing. So verwys Ng’ambi (2015:iv) daarna dat vroulike skoolhoofde hul bestuursrol definieer as een waarin hulle verantwoordelikheid aanvaar vir die beplanning, organisering en monitering van leerdersukses, maar ook die beginsel van sorgplig nakom deur ’n positiewe onderrig-en-leer-klimaat te skep.

In navorsing oor bevorderingshindernisse wat Makori (2018:6–8) in Kenia gedoen het, het hy ’n drievlakraamwerk saamgestel uit ’n kwantitatiewe opname wat die persepsies oor bevorderingshindernisse van mans en vroue in die onderwys bepaal het. Makori (2018:6) verwys na hoë-, medium- en laevlakhindernisse. Wat hoëvlakhindernisse betref, het hy bevind (2018:7) dat mans die gebrek aan werk-familie-ondersteuning as die belangrikste beskou het, terwyl familieverantwoordelikhede (90%) tweedens as hindernis uitgewys is. Hierteenoor het vroue familieverantwoordelikhede (100%) as die belangrikste bevorderingshindernis aangedui. Verder het vroue die volgende sewe faktore as hoëvlakbevorderingshindernisse uitgewys: manlike beeld van leierskap en bestuur, gebrek aan motivering, geslagsbeskrywing, glasplafon, ’n gebrek aan mededingendheid, vroue se vrees vir mislukking en die houding van die samelewing. Vroue se vrees vir mislukking (72%) is nie so hoog as wat die mans (85%) aangetoon het nie. Makori (2018:7) se bevinding stem ooreen met dié van Moreau e.a. (2005:31) oor die korrelasie tussen manlikheid en gesag en dié van Gallagher (2017:71), wat ook werk- of familiewanbalans uitwys as die belangrikste hindernis vir vroue om die bevorderingsleer te kan klim.

Die onderwyssektor het ’n verantwoordelikheid om verandering in die samelewing se siening van die onderwyseres in bestuursposisies te bewerkstellig. Davids (2018:169) is van mening dat die twee geslagte gelyke geleenthede gegun moet word om ’n keuse uit te oefen oor die groot verskeidenheid loopbaan- en opleidingsmoontlikhede wat die onderwys bied. Dit is opmerklik dat jonger vroue die onderwysprofessie as beroep kies, en daarom ook meer gemotiveerd is om tot onderwysbestuursposte toe te tree as deel van hul loopbaanbeplanning en professionele groei (Fourie e.a. 2014:391).

’n Aanduibare ooreenkoms bestaan in die verhouding tussen werksmotivering en werksbevrediging, wat sigbaar word in die mate waarin ’n persoon ’n sin van selfaktualisering en vervulling beleef (George, Louw en Badenhorst 2008:135). George e.a. (2008:135) argumenteer dat ’n verskeidenheid dimensies geïdentifiseer kan word om fisieke, psigososiale, emosionele en ekonomiese faktore deur die werknemers se algehele ervaring van werksbevrediging te bepaal.

Motivering en werksbevrediging in die onderwys kan deur ekonomiese en psigososiale omstandighede en goeie werksomstandighede bevorder word (UNESCO 2006:19). George e.a. (2008:136) verwys na die toename in navorsing om onderwysers se werksbevrediging te bepaal. Die redes vir hierdie toename is die afname in gewildheid van onderwys as loopbaan en die hoë aantal onderwysers wat die onderwys verlaat. Onderwysbeleid, kinderregte en uitbranding word as redes verskaf. Hierteenoor word manlike onderwysers se professionele bevrediging deur die organisasiekultuur van die skool en ekstrinsieke motivering en beloning, soos hul salaris, beïnvloed. Navorsing dui egter daarop dat ’n groot aantal onderwysers dit oorweeg om die onderwys te verlaat (Armstrong 2015:11). Hierdie verskynsel kom na vore in navorsing wat bevind het dat vroue in die onderwys die hoogste beroepsfrustrasies van alle gegradueerde vroue ervaar (Botha 2006:5). So dui Armstrong (2015:45) lae werksbevrediging en ’n gebrek aan bevorderingsgeleenthede aan as redes vir hoë vlakke van werksontevredenheid, wat ook werksomstandighede en dissiplinêre probleme met leerders insluit. Hierdie verskynsel word bevestig deur Maddock (2018:207). 

Vroue vind dit dikwels problematies om die rol van moeder en onderwysbestuurder te verenig en moet dan noodgedwonge besluit watter een van die twee die belangrikste is (Coleman 2009:17). Kaparou en Bush (2007:229) verduidelik dat vroue wat hul gesinslewe bo ’n loopbaan stel, dikwels nie om bevorderingsposte aansoek doen nie, omdat hulle verkies om meer tyd aan hul gesin en huishoudelike pligte te bestee. Vroue wat hierdie keuse uitoefen, durf heelwat later eers die bevorderingsleer aan (Sanchez en Thornton 2010:6). Ook doen onderwyseresse nie aansoek om bevordering nie as gevolg van die genot wat onderrig hulle gee, die aansoek- en keuringsprosesse en ’n gebrek aan selfvertroue, terwyl ander bloot nie in bevordering belangstel nie (Kaparou en Bush 2007:226–9). 

Hierdie posisie is egter in skrille kontras met die bevindinge van Lumby e.a. (2010:17), wat aanvoer dat sommige vroue reeds so vroeg as in die hoërskool besluit om ’n skoolhoof te word, wat dui op selfgerigtheid of lokus van kontrole, wat tot hul strewe om ’n bevorderingspad te kies, bydra. Lumby e.a. (2010:17) wys egter ook daarop dat vroue versigtig is vir kritiek uit eie geledere om té ambisieus te wil wees.

Nog ’n faktor is die tradisie waarin die vrou haar man se loopbaan bo haar eie stel, dikwels sonder dat haar posisie en strewe na bevordering in ag geneem word, en haar man volg sodat sy telkens van nuuts af by ’n skool moet begin (Ng’ambi 2015:44). Vroue inisieer nie soortgelyke verskuiwings ter wille van bevordering nie, maar offer hul eie loopbane op om hul eggenote wat verplaas word om ’n bevorderingspos te beklee, te volg (Ng’ambi 2015:44). Makori (2018:3) stel dit duidelik dat een van die faktore wat vroue in die klaskamer hou, en hulle nie na bestuur te laat verskuif nie, hul onwilligheid is om te verhuis, nie alleenlik omdat hul familieverpligtinge verhuising bemoeilik nie, maar ook omdat ’n pos wat baie reis sal meebring, hul besluit om aansoek te doen sal beïnvloed.

Die vrou se rol is steeds een van ondergeskiktheid, selfs onderdanigheid, aan die man, wat ’n groot invloed uitoefen op die onderwyseres se loopbaanprofiel en -ontwikkeling in haar strewe na ’n bestuursposisie (Chabalala 2006:35). Kinder- en gesinsversorging is die verantwoordelikheid van die vrou, en in die oë van die samelewing word die onderwysberoep steeds gesien as die ideale beroep vir ’n vrou om haar rol as gesinsversorger te kan nakom (Ng’ambi 2015:43).

 

7. Navorsingsontwerp

7.1 Navorsingsbenadering

Daar is van ’n kwantitatiewe navorsingsbenadering gebruik gemaak, naamlik opnamenavorsing. Die postpositivistiese filosofiese navorsingsbenadering het die studie gerig. Hierdie benadering bied die geleentheid om logiese en realistiese bewyse van kennis (konseptuele raamwerk) deur middel van statistiese ontledings te toets deur vrae te stel (opnamenavorsing) aan ’n bepaalde populasie en die antwoorde (data) te gebruik om daardie populasie te beskryf (Cohen, Manion en Morrisson 2011).

Nieteenstaande die voordele van ’n postpositivistiese filosofiese navorsingsbenadering, vermaan Cohen e.a. (2011:19), deur na “antipositivists” te verwys, dat individuele gedrag slegs teen die gemeenskaplike verwysingsraamwerk van die navorser en die deelnemers aan die studie verstaan kan word. Wanneer onderwyskundige navorsers individue se interpretasie van ’n werklikheidsverskynsel verstaan en weergee, kan daardie interpretasie slegs van binne en nie van buite nie verstaan word. Die sosiale werklikheid van bevorderingshindernisse wat die vrou in die onderwysstelsel ervaar, is ’n subjektiewe eerder as ’n objektiewe navorsingsonderneming. Hierdie sosiale navorsers gaan met begrip (verduidelikend en dikwels ontnugterend) met sosiale werklikhede – soos bevorderingshindernisse vir vroue in die onderwys – as verskynsel in die onderwysstelsel om (Cohen e.a. 2011:19).

7.2 Studiepopulasie en steekproef

Al die sekondêre skole (n=107) in ’n onderwysdistrik in Gauteng het deel uitgemaak van die populasie. Hiervan wou nege skole (n=9) nie aan die ondersoek deelneem nie. Dit is 8,4% van die populasie. Uiteindelik het die studiepopulasie uit 98 sekondêre skole in die onderwysdistrik bestaan. Al die onderwyseresse op posvlak 2 en hoër het die gestruktureerde vraelyste beantwoord. Dit het ’n totaal van 365 onderwyseresse uitgemaak. Van die getal gestruktureerde vraelyste (n=365) wat uitgedeel is, is 305 terug ontvang. Dus was die responskoers 83,6%. Die motivering vir waarom die bepaalde studiepopulasie gekies is, was dat hulle amptelik op ’n hoër posvlak aangestel is en hulle dus reeds aan bevorderingsprosesse blootgestel was en ervaring daarvan gehad het. Onderwyseresse op posvlak 2 en hoër is reeds bevorder en het die sukses of mislukking wat daarmee gepaardgaan, ondervind. Hulle het dus reeds met bevorderingshindernisse te kampe gehad, terwyl posvlak 1-onderwyseresse sodanige hindernisse nog nie in dieselfde mate eerstehands ondervind het nie.

7.3 Data-insameling: vraelys en betroubaarheid

’n Gestruktureerde vraelys is opgestel waarin ’n vierpunt-Likertskaal gebruik is. Die respondente het op vrae gereageer wat op ’n vierpuntskaal van “geen mate” tot “geringe mate”, “’n mate” en “groot mate” gewissel het. Die vraelys het uit vyf afdelings en 46 items bestaan. Dit het oor persoonlike inligting (8 vrae) en vyf konstrukte/afdelings gehandel, naamlik netwerke (7 vrae), mentorskappe (12 vrae), aanstellingsprosedures (9 vrae), organisasiekultuur (8 vrae) en beroepsprofiel (10 vrae). Die vrae was op inligting wat uit die literatuurstudie verkry is, gebaseer.

Normale prosedures is gevolg om die geldigheid en betroubaarheid van die vraelys te bepaal. Dit is gedoen met behulp van ’n loodsondersoek, en die bepalings van inhouds-, gesigs- en konstrukgeldigheid is noukeurig gevolg. Die berekening van Cronbach se alfakoëffisiënt is gebruik om die betroubaarheid en die interne konsekwentheid van die meetinstrument te bepaal.

7.4 Data-ontleding

Met behulp van die SAS-rekenaarprogram is gemiddeldes, standaardafwykings, frekwensies en persentasies uit die response op die vrae in die vraelys bereken.

7.5 Etiese aspekte en administratiewe prosedures

Etiese goedkeuring vir die navorsing is van die Noordwes-Universiteit verkry. Toestemming om die projek uit te voer is vervolgens van die Gautengse Distrikskantoor en skoolhoofde verkry. Deelnemende respondente by die geselekteerde skole het ingeligte toestemming verleen, waarin besonderhede oor data-insameling en die beskerming van die respondente en hul anonimiteit aan hulle beskikbaar gestel is. Al die respondente het daarvan kennis geneem dat hulle te eniger tyd aan die navorsing mag onttrek en dat die data vertroulik hanteer sou word.

 

8. Resultate

8.1 Profiel van die studiepopulasie

Die onderwyseresse in bevorderingsposte is meestal 40 jaar en ouer (83,6%), en 60,3% het meer as 21 jaar onderwyservaring. Die meerderheid (75,7%) is of was getroud en 83,3% het kinders. Die meeste onderwyseresse is departementshoofde (68,9%), terwyl slegs 4,3% skoolhoofde is. Die minderheid het verdere nagraadse kwalifikasies (honneursgraad en hoër – 38,6%) behaal. Die meeste onderwyseresse (44,3%) is al die afgelope vyf jaar in hul huidige bestuursposisies. Meer as die helfte (58,7%) van die onderwyseresse het nog geensins om verdere bevordering na ’n hoër posvlak in die skoolbestuurshiërargie aansoek gedoen nie.

8.2 Ontleding van response

8.2.1 Netwerke as ekstrinsieke bevorderingshindernis by die onderwyseres

Netwerke as intrinsieke bevorderingshindernis by die onderwyseres kan grootliks uitgeskakel word as ’n bydraende faktor tot die onderverteenwoordiging van vroue in bestuursposte. Die respondente meen dat hul deelname aan ’n netwerk in ’n matige tot groot mate bevorderlik is vir hul bestuurswerk (62,7%). Dié respons was te verwagte.

Volgens die literatuur word vroue uit mansnetwerke gehou as gevolg van stereotipiese vooroordele. Die terugvoer dui egter daarop dat 66,5% van die respondente in geen tot ’n geringe mate meen dat ’n onderwyser nie meer bestuursverantwoordelikhede as ’n onderwyseres het nie. Voorts is 69,2% van mening dat hulle nie minder bevorderingsgeleenthede het as manlike onderwysers nie. By een item is dit opmerklik dat 74,1% van die respondente van mening is dat hul geslag hulle in geen tot ’n geringe mate benadeel het om by ’n mansnetwerk in te skakel. Hierdie bevinding verskil dus van die bevinding uit die literatuurstudie, naamlik dat onderwyseresse van mening is dat hul geslag hulle benadeel om by ’n mansnetwerk in te skakel (Moreau e.a. 2005:85; Janhans en Johansson 2006:26). As onderwyseresse op grond van geslag by netwerke uitgesluit word, doen hulle nie bestuursvaardighede op nie en ontvang hulle geen werksverwante inligting oor bevorderingsgeleenthede nie. Die literatuur toon wel dat formele netwerke, soos hoofdevergaderings, finansiële vergaderings en vergaderings van beheerliggame, nie meer tot mans beperk is nie. Onderwyseresse word toenemend sigbaar en hoorbaar in die skooldinamika, waar hulle op die rade van skole dien en jaarlikse konferensies bywoon en daaraan deelneem om op hoogte van die jongste bestuursvaardighede binne die skool te bly.

Hierdie bevindinge dui daarop dat die onderwyseres op gelyke voet met haar manlike eweknieë is en dat sy haar in die werksplek as die gelyke van die man ag. Netwerke is vir die onderwyseres ’n belangrike middel tot bevordering omdat dit haar met ander respondente en onderwysers in verbinding bring waar inligting aangaande vakante posisies, werksgeleenthede en ondersteuning gedeel word. 

8.2.2 Mentorskap as ekstrinsieke bevorderingshindernis by die onderwyseres

Volgens die literatuurstudie wil vroue in bestuursposte nie aan die mentorskapproses vir onderwyseresse deelneem nie omdat hulle vrees dat hul magsposisies in gedrang sal kom en hulle hul status kan verloor. Dit lei daartoe dat ander vroue uit bestuursposte gehou word. Hierteenoor toon die navorsing dat 85,5% van die respondente hulself in ’n matige tot groot mate as mentors vir ander onderwyseresse beskou. ’n Totaal van 83,6% van die respondente meen ook dat dit belangrik is vir bevordering en dat die mentorproses hulle selfvertroue gegee het (69,2%), terwyl slegs 57,3% meen dat hulle ’n behoefte aan ’n mentorverhouding gehad het.

Daar kan dus afgelei word dat die meerderheid respondente in ’n matige of groot mate bereid is om ander onderwyseresse te mentor en sodoende ook hul magsposisies te deel. Hierdie bevindinge kan aan die ouderdom van die respondente wat aan die studie deelgeneem het, toegeskryf word. Die meerderheid respondente (83,6%) was, soos reeds gemeld, ouer as 40 jaar. Dit is moontlik dat die respondente meer senior, ervare opvoeders is, wat moontlik alreeds van die bevorderingshindernisse oorkom het. Hierdie senior onderwyseresse wil ander onderwyseresse help om die bestuursleer makliker te klim deur hul eie ervarings en kennis met ander vroue te deel. Sodoende word tot daadwerklike opvolgbeplanning bygedra vir wanneer hulle aftree, sodat daar jonger onderwyseresse is wat die leisels by hulle sal kan oorneem. 

’n Verskeidenheid voordele spruit voort uit mentorskapverhoudinge, wat insluit die verwerwing van selfvertroue, professionele en persoonlike ontwikkelingsgeleenthede, verhoogde werkstevredenheid, beroepsbeplanning, positiewe leierwaarnemings, groter lojaliteit teenoor die organisasie en bevorderingshindernisse wat makliker oorkom word.

Uit die terugvoer blyk dit verder dat 67,9% van die respondente meen dat die tekort aan ’n mentorskapverhouding hulle in geen mate tot ’n geringe mate weerhou het om bevordering te kry, terwyl 76,1% van mening is dat kruisgeslagmentorskappe nie seksuele spanning veroorsaak nie. ’n Totaal van 74,4% van die respondente meen in geen tot ’n geringe mate dat onderwyseresse in senior bestuursposte hulle nie uitsluit nie. 

Van die respondente meen 76% dat manlike mentors die onderwyseres nie as minder bekwaam ag as gevolg van hul geslag nie. Die respondente (76%) meen ook in geen tot ’n geringe mate dat onderwyseresse in bestuursposte nie onwillig is om as mentors op te tree nie. Hierdie bevindinge verskil van die literatuurstudie, waar dit na vore kom dat die aantal mentorskapverhoudinge binne organisasies oor die afgelope paar jaar toegeneem het, maar dat nie alle teikengroepe, byvoorbeeld vroue, by die mentorproses ingesluit word nie. Mans wat reeds bestuursposisies beklee, sal eerder die volgende generasie mans ontwikkel, aanmoedig en oplei. Mans dink vroue is nie bekwaam genoeg om bestuursposisies te vul nie en wil nie as mentors vir vroue optree nie (Mestry en Schmidt 2012:535). Dit wil voorkom of daar in die onderwys vordering gemaak is ten opsigte daarvan dat onderwyseresse by die mentorproses inskakel. Dit is waarskynlik dat sosiale verandering besig is om plaas te vind, wat meebring dat al hoe meer onderwyseresse die belangrikheid van formele mentorskapverhoudinge ter bemagtiging van onderwyseresse vir toekomstige geslagsdiversiteit in bestuursposte besef en dus bereid is om ander onderwyseresse te mentor. Ouer onderwyseresse het reeds die weg gebaan vir jonger onderwyseresse om bevorderingsposte te beklee en wil ander onderwyseresse help deur hul kennis, professionele ondersteuning, inligting, wysheid, ondervinding, verwagtinge en advies te deel sodat ander onderwyseresse binne die skool bevorder kan word.

Verrassend was die respons van 80% dat daar in geen tot ’n geringe mate ’n tekort aan rolmodelle in die onderwys is wat hulle langer kan weerhou om die bevorderingsleer te klim nie. Die literatuur dui egter die teenoorgestelde aan, naamlik dat daar ’n gebrek aan vroulike rolmodelle is wat vir ander vroue as ’n voorbeeld kan dien om hulle in staat te stel om hul eie toekoms in die bestuurshiërargie te visualiseer. Vroue het die behoefte aan ’n rolmodel met ’n beeld soortgelyk aan haarself – ’n vrou met ’n standvastige werk, wat haar werk- en familieverantwoordelikhede balanseer, maar nogtans vriendelik en energiek bly.

In ander beroepe het enkele vroue daarin geslaag om rolmodelle as ekstrinsieke bevorderingshindernisse te oorkom. Hierdie verskynsel het onderwyseresse moontlik aangemoedig om die bestuursleer suksesvol te klim en het die weg gebaan vir onderwyseresse om bestuursposte te beklee. 

8.2.3 Aanstellingsprosedures as ekstrinsieke bevorderingshindernis by die onderwyseres

Vir talle onderwyseresse wat om bestuursposisies aansoek doen, is die onderhoudpaneel die grootste hindernis in die weg van die verkryging van die posisie. Vrae tydens die onderhoud wat handel oor haar huwelikstatus, ouderdom van kinders, gesinsbeplanning en voorsiening vir kindersorg is onwettig omdat dit as geslagsdiskriminerende vrae teen vroue geag word en nie oor werk handel nie. Sodanige vrae is in stryd met die vrou se regte. Die vrae wat tydens onderhoude gestel is, is deur 81,6% respondente aangedui as in ’n matige tot ’n groot mate by hul skole gestandaardiseer, terwyl 60,7% meen dat onderhoudpanele by die skool in ’n mate tot ’n groot mate geslagsgebaseerd saamgestel is. Die respondente is van mening dat die aanstellingskomitee in geen tot ’n geringe mate (73,1%) dubbele standaarde toepas ten opsigte van aansoekers se bestuurspotensiaal nie. Ook meen 81,7% van die respondente dat hulle nie oor hoër kwalifikasies as hulle manlike eweknieë moet beskik, om vir ’n bestuurspos in aanmerking te kom.

Een van die doelwitte van die Republiek van Suid-Afrika is om ’n gelyke verteenwoordiging van geslag in bestuursposte te bewerkstellig. Die regering het verskeie wette uitgevaardig met die oog daarop om doelwitte van geslagsgelykheid te bereik. Artikels 6 tot 9 van die Wysigingswet op Onderwyswette (24 van 2005) lê klem op die keuring en aanstelling van onderwysers in openbare skole. Artikel 7(1–2) stel dit dat wanneer ’n opvoeder aangestel of bevorder word, dit gedoen moet word deur die beginsels van gelykheid, billikheid en ander demokratiese waardes, soos in die Grondwet vervat is, in ag te neem. Die aanstelling van iemand of die vul van ’n pos moet die wanbalanse van die verlede regstel ten einde breë verteenwoordiging te bereik.

Besonderhede oor die aanstellingsproses en aanstellingsprosedures, byvoorbeeld die advertering en die onderhoud, word gevind in, onder andere, die Personeeladministrasiemaatreëls (Departement van Basiese Onderwys 2016, paragraaf 3, hoofstuk B tot B5), wat voortspruit uit die Wet op Indiensneming van Opvoeders (1998 hoofstukke 3 en 6). Die juridiese raamwerk en wetgewing laat geen diskriminasie toe nie en dwing skole om onderwyseresse in bestuursposte aan te stel.

Dit blyk dat die aanstellingsprosedures volgens Departementele voorskrifte en regulasies plaasvind. Aanstellingsprosedures kan daarom nie as ’n bevorderingshindernis beskou word nie. Hierdie bevinding stem ooreen met dié van Uwizeyimana e.a. (2014:356).

8.2.4 Organisasiekultuur as ekstrinsieke bevorderingshindernis by die onderwyseres

Die respondente (66,9%) meen dat hulle in geen tot ’n geringe mate hoef te bewys dat hul huis- en gesinsverpligtinge nie inmeng met hul verantwoordelikhede in bestuursposte nie. Hierdie bevinding strook met die response van respondente (76%) wat meen dat hulle net soveel gebruik maak van professionele ontwikkeling as hul manlike kollegas. Hierdie bevinding verskil dus van dié van die literatuurstudie, waarvolgens indiensopleidingsprogramme, soos dié wat deur die Departement van Basiese Onderwys ingestel is, nie deur vroue bygewoon (kan) word nie as gevolg van huishoudelike verpligtinge wat alreeds heelwat van hul tyd in beslag neem, kindersorgprobleme en verhoogde werkslading (Bailey 2017:115). Die afleiding kan gemaak word dat die onderwyseres se huishoudelike pligte in die eerste plek nie meer so baie van haar tyd in beslag neem nie omdat al hoe meer vroue en hul huweliksmaats die huishoudelike take tussen mekaar verdeel, of dat beroepsvroue iemand het wat na hul kinders omsien. Vroue meen hulle hoef nie meer hul gesinne of beroep tweede te plaas nie; dus het hulle meer tyd tot hul beskikking om professionele-opleidingsprogramme by te woon. 

Die respondente (74,6%) meen in geen tot ’n geringe mate dat hulle, in die huidige bestuurspos wat hulle beklee, in ’n minder belangrike portefeulje geplaas is as gevolg van hul geslag nie. Dit blyk hieruit dat personeel geplaas word om ’n sekere werk te verrig en dat geslag nie hierin ’n rol speel nie. 

Opmerklik is die groot persentasie respondente (84,9%) wat aangedui het dat seksuele teistering in geen mate tot ’n geringe mate hul bevordering beïnvloed het nie. Dit staan in kontras met die literatuur wat seksuele teistering as ’n ernstige probleem uitwys, met ’n jaarlikse toename in klagtes van seksuele teistering. Die teenstrydige bevindinge kan moontlik toegeskryf word aan sensitiwiteit ten opsigte van seksuele teistering. Dit mag wees dat die respondente nie op hul gemak voel om oor hierdie onderwerp ondervra te word nie of die afmerk van hierdie item vernederend vind omdat hulle sodoende sou erken dat hulle seksuele teistering as ’n probleem ondervind.

8.2.5 Beroepsprofiel as ekstrinsieke bevorderingshindernis by die onderwyseres

Uit die response blyk dit dat 73,4% van die respondente in ’n matige mate of ’n groot mate mededingend is. Dit kan moontlik toegeskryf kan word aan die feit dat hedendaagse vroue meer geleenthede het om bevorder te word as voorheen en dat die respondente reeds in ’n bevorderingspos is. Normaalweg word die onderwyseres in die klaskamer gesien, en nie as ’n bestuurder nie. Van die respondente het 61,6% aangedui dat hulle in geen mate nie of in ’n geringe mate die onderwysberoep met die oog op ’n bestuurspos betree het. Hierdie data word ondersteun deur die literatuur, wat aantoon dat die jonger generasie vroue die onderwys betree omdat hulle dit as ’n beroep kies en daarom gemotiveerd is tot toetrede as onderwysbestuurders as deel van hul beroepsbeplanning. 

Die meerderheid van die respondente (73,2%) is van mening dat huis- of gesinsverpligtinge hulle in geen mate nie of in ’n geringe mate verhinder het om verdere kwalifikasies te verwerf. Die literatuur toon egter aan dat getroude onderwyseresse wat jong kinders het, dit moeilik kan vind om tot lewenslange leer toe te tree. ’n Moontlike verklaring vir hierdie verskil in bevindinge is die toename in kindersorgfasiliteite, hulp tuis, of dat take gelykop verdeel word tussen vroue en hul eggenote, wat onderwyseresse meer tyd gun om aandag aan hul studie te skenk. ’n Ander moontlike verklaring is dat al hoe meer pas-gegradueerde vroue, met waarskynlik minder gesinsverpligtinge as hul ouer eweknieë, vir nagraadse studies aan hoëronderwysinstellings registreer.

Volgens die literatuur kan die vrou se beroepsbevordering verhinder word deur haar man wat nie wil verhuis as daar vir haar beroepsgeleenthede in ’n ander dorp is nie. Hierteenoor toon hierdie navorsing dat 64,9% van die respondente van mening is dat die ligging van hul eggenoot se werksplek hulle in geen mate nie of in ’n geringe mate verhinder het om vir ’n bevorderingspos in ’n ander dorp of stad aansoek te doen. Daar moet egter in gedagte gehou word dat die data wat ingewin is, in ’n stedelike gebied, naamlik Ekurhuleni-Suid in Gauteng, ingesamel is. Die skole is groter en nader aan mekaar geleë as die meeste plattelandse skole. Die geografiese ligging van die skole kan dus meer bevorderingsgeleenthede bied en dit makliker bekombaar as in plattelandse skole maak. Die vervoerinfrastruktuur binne die stede van Ekurhuleni-Suid is goed, wat dit ook vir die onderwyseres makliker maak om na ’n nabygeleë dorp of stad se skool te reis sonder om te verhuis om ’n bevorderingspos op te neem.

 

9. Bevindinge

Uit die navorsing het dit geblyk dat ’n aantal faktore of items in ’n mate of in ’n groot mate ’n rol as ekstrinsieke bevorderingshindernis by die respondent-onderwyseresse in bevorderingsposte speel, wat met die literatuur strook. 

Dit het geblyk dat die respondente meen dat dit noodsaaklik is om deel te wees van ’n netwerk, dat hul geslag hulle nie benadeel om deel te wees van ’n netwerk by die skool nie, dat manlike onderwysers nie meer bestuursverantwoordelikhede het as onderwyseresse nie, en dat daar gelyke bevorderingsgeleenthede is. Die respondente meen dat ’n mentorskapprogram vir bevordering belangrik is en dat hulle ook as mentors optree. Verder is daar voldoende rolmodelle in skole. Beter bywoning van hoofdevergaderings en bestuursopleidingsgeleenthede van die onderwysdepartement bied verdere geleenthede om mentors sowel as rolmodelle in die onderwysomgewing te vind. Wat die aanstellingsprosedures betref, geskied dit hoofsaaklik volgens regsvoorskrifte. Nóg huislike of gesinsverpligtinge nóg die eggenoot se ligging van werksplek word as ’n bevorderingshindernis of hindernis om verdere kwalifikasies te verwerf, beleef.

In die geheel gesien, blyk ekstrinsieke faktore nie ’n noemenswaardige rol by die bevordering van onderwyseresse te speel nie. Die navorsingsresultate dui op ’n verskuiwing in die persepsie van die rol wat potensiële ekstrinsieke hindernisse speel, wat wesenlik van die literatuur verskil. Dit stem ooreen met Van Deventer en Van der Westhuizen se bevindinge wat reeds in 2000 ten opsigte van intrinsieke bevorderingshindernisse gemaak is, waar aangetoon is dat slegs 16 van 75 items ’n prakties betekenisvolle rol as intrinsieke bevorderingshindernisse gespeel het.

Voorgaande dui op ’n moontlike tekortkoming van ’n kwantitatiewe navorsingsmetode. Daar sou dalk verdere insigte verkry kon word as daar ook van ’n kwalitatiewe en fokusgroepbespreking as navorsingsmetode gebruik gemaak word. Hiervoor kan daar van ’n vervlegte navorsingsmetode gebruik gemaak word. Dit laat egter ’n vraag vir verdere en meer omvangryke ondersoek, sodat die situasie van onderverteenwoordiging van vroue in bestuursposte beter verstaan en vasgestel kan word.

Dit is dan wel van belang dat die onderwyseres in die eerste plek verantwoordelikheid moet aanvaar vir haar eie groei en eie ontwikkeling. Tweedens sal die geleentheid tot self- en bestuursontwikkeling deur haar, die skool, die onderwysdepartement en die staat geskep moet word. Dit impliseer dat die Departement van Basiese Onderwys, die provinsiale onderwysdepartemente en die onderwysdistrikte vroue ten opsigte van ontwikkeling, ondersteuning en bemagtiging in die steek laat.

 

10. Aanbeveling

Toekomstige navorsing sal bepaal of geslagsongelykhede in die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel se leierskap toegeskryf kan word aan ’n gebrek aan toepassing van doeltreffende wetgewing en of die afwenteling van wetgewing na provinsiale departemente en gepaardgaande prosesse en beleid nie doeltreffend toegepas word nie. Ander bydraende faktore vir die onderverteenwoordiging is individuele hindernisse, kulturele, sosiale of godsdienstige voorkeure, of ’n kombinasie van bogenoemde faktore. Die vraag wat ontstaan, is dan of hierdie verskynsel steeds toegeskryf kan word aan die voorkeur wat mans tydens die aanstellingsproses ondervind en wat die status quo – nieteenstaande uitmuntende wetgewing – in stand hou.

Ten slotte kan aanbeveel word dat vroue in die onderwys, die onderwysgemeenskap en die regering aandag moet gee aan die skep van ’n geslagsperspektief op opvoedkundige verandering en ontwikkeling, die versekering van sosiale geregtigheid deur geslagsgelykheid in leierskap en op besluitnemingsvlakke te bevorder, die voorhou van vroulike besluitnemers as rolmodelle aan meisies wanneer hulle loopbaankeuses oorweeg en die benutting van genoegsame vaardighede, ondervinding en kwalifikasies waaroor vroue beskik (Makori 2018:4). Verder is dit noodsaaklik om eksterne hindernisse wat met die strukture van die onderwysstelsel verband hou, uit die weg te ruim; dit sluit in vroue wat in lae magsposisies ingeperk word, lae sigbaarheid handhaaf en doodloopstraatwerk moet verrig wat hul prestasie en geleenthede beperk.

 

11. Slotopmerking 

Bostaande bespreking van die bevindinge laat dan die vraag oor die onderverteenwoordiging van onderwyseresse wat reeds in bevorderingsposte is, steeds in ’n mate onbeantwoord. Ten spyte van nasionale en provinsiale beleid en wetgewing beklee die meeste respondente slegs departementshoofposte en nie dié van adjunkhoof of skoolhoof nie.

Die stand van sake het vir Davids (2018b:3) – ook ’n vrou – na aanleiding van haar navorsing uit onderhoude met ses skoolhoofde die volgende laat opmerk:

These findings correlate with other international studies on educational leadership which maintain that the reason female principals are under-represented has less to do with external barriers and discrimination than it does with women’s understanding of themselves.

So, it might be a lack of leadership identity which inhibits women, rather than specific barriers which hold them back. This means that while they might be seen as “disrupting” traditional male spaces, they do not (yet) have leadership identity which allows them to believe in and assert their own capacity as leaders.

 

Bibliografie 

Acker, S. 1989. Teachers, gender and careers. Londen: Falmer Press.

—. 2010. Gendered games in academic leadership. International Studies in Sociology of Education, 20(2):129–52. 

Arendse, F. 2007. The employment status of educators. (Referaat gelewer by die “Teacher development and institutional change in an evolving education context”-konferensie, Benoni, 29 Mei 2007.) 

Armstrong, P.L. 2015. Teachers in the South African education system: An economic perspective. PhD-proefskrif, Universiteit Stellenbosch.

Bailey, J.M. 2017. Navorsing oor die beleefde ervaring van vroue-adjunkhoofde: ’n Studie van vier skole in die Overberg Onderwysdistrik. MEd-verhandeling, Universiteit Stellenbosch.

Blackmore, J. 1999. Troubling women: Feminism, leadership and educational change. Buckingham: Open University Press.

Botha, J. 2006. Die invloed van die werksomstandighede van hoërskoolonderwysers op hulle houding teenoor hulle werk en hulle motiveringsvlak. MEd-verhandeling, Universiteit van Pretoria.

Branson, D.M. 2007. No seat at the table: How corporate governance and law keep women out of the boardroom. New York: New York University Press.

Brinia, V. 2012. Men vs women; educational leadership in primary schools in Greece: an empirical study. International Journal of Educational Management, 26(2):175–191.

Chabalala, L.W. 2006. What women teachers identify as barriers to promotion. MEd-verhandeling, Universiteit van Pretoria.

Chisholm, L. 2001. Gender and leadership in South African educational administration. Gender and Education, 13(4):387–99.

Claassen, A. 2019. Seksuele teistering in die werksplek. The South African Labour Guide. https://www.labourguide.co.za/afrikaanse-artikels/594-seksuele-teistering-in-die-werksplek (13 Januarie 2019 geraadpleeg).

Cohen, L.L. Manion en K. Morrison. 2007. Research methods in education. Londen: Routledge. https://islmblogblog.files.wordpress.com/2016/05/rme-edu-helpline-blogspot-com.pdf (14 Januarie 2019 geraadpleeg). 

Coleman, M. 2005. Gender and secondary school leadership. International Studies in Educational Administration, 33(2):3–20. 

Creswell, J.W. 2014. Research design: Qualitative, quantitative and mixed methods approaches. Los Angeles: Sage.

Davids, N. 2018a. When identity and leadership intersect: The experiences of six female principals in South Africa. Africa Education Review, 15(1):157–74.

—. 2018b. Female principals in South Africa: The dynamics that get in the way of success. The Conversation, 1 Augustus, ble. 1–3. http://theconversation.com/female-principals-in-south-africa-the-dynamics-that-get-in-the-way-of-success-100698 (12 Januarie 2019 geraadpleeg).

Dehaloo, G. 2008. The appointment process of education managers and its consequences for schools. MEd-verhandeling, Universiteit van Suid-Afrika.

Denton, J. 2018. Mixing methodologies: A sliding continuum or an iterative cycle? In Reyes, Charteris, Nye en Mavropulou (reds.) 2018.

Departement van Basiese Onderwys. Kyk Suid-Afrika. Departement van Basiese Onderwys.

De Villiers, D. 2014. Arbitrêre gronde vir onbillike diskriminasie en die bewyslas in arbeidsgeskille. LitNet Akademies (Regte). https://www.litnet.co.za/arbitrre-gronde-vir-onbillike-diskriminasie-en-die-bewyslas-in-arbeidsgeskille (12 Januarie 2019 geraadpleeg).

De Welde, K. en S.L. Laursen. 2011. The glass obstacle course: Informal and formal barriers for women PhD students in STEM fields. International Journal of Gender, Science and Technology, 3(3):572–95. 

De Wet, A., E.M. Serfontein, E. Kuhn en J. Namate. 2010. Onderwysreg. (Studiegids EDCC 411A.) Potchefstroom: Noordwes-Universiteit. 

De Witt, J.T. 2010. The role of women in educational management. In Van der Westhuizen (red.) 2010.

Ellemers, N. 2018. Gender stereotypes. Annual Review of Psychology, 69:275–98. 

Fajardo, C. en M. Erasmus. 2017. Gender (dis)parity in South Africa: Addressing the heart of the matter. Bain & Company Report, 24 Mei, ble. 1–32. https://www.bain.com/insights/gender-disparity-in-south-africa (9 Januarie 2019 geraadpleeg).

Fedsas. 2015. Beleid oor die Suid-Afrikaanse standaard vir skoolhoofskap: Die verbetering van die professionele beeld en vaardighede van skoolhoofde. http://www.ico.org.za/wp-content/uploads/2017/12/SA-Standaard-vir-skoolhoofskap.pdf (9 Januarie 2019 geraadpleeg).

Fourie, A.W. 2012. Management strategies for principals for the career development of female teachers in primary schools. PhD-proefskrif, Noordwes-Universiteit.

Fourie, A.W., P.C. van der Westhuizen en E. Mentz. 2014. Principals’ involvement in the career development of female teachers: A case study in South Africa. Problems and Perspectives in Management, 12(4):391–6.

Gallagher, K. 2017. Barriers to pursuing the role of head of school as perceived by female administrators in independent schools. DEd-proefskrif, St. John Fisher College, Rochester, New York.

George, E., D. Louw en G. Badenhorst. 2008. Job satisfaction among urban secondary-school teachers in Namibia. South African Journal of Education, 28:135–54.

Goldin, C. 2006. The quiet revolution that transformed women’s employment, education, and family. NBER Working Paper No. 11953. JEL No. J1, J2, N3. https://www.nber.org/papers/w11953.pdf (11 Januarie 2019 geraadpleeg).

Greyling, S.M. 2013. Faktore wat ’n rol speel in vroue se aspirasies vir skoolhoofposte. MEd-verhandeling, Unisa. 

Greyvenstein, L. 1989. The development of women for management positions in education. DEd-proefskrif, Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.

—. 2000. The untapped human resource: An overview in educational management in South Africa. South African Journal of Education, 20(1):30–3.

Hankivsky, O. en J.S. Jordan-Zachery (reds.). 2019. The Palgrave handbook of intersectionality in public policy. Cham, Switserland: Palgrave Macmillan. 

Hlatywayo, L., S. Hlatywayo en Z.A. Muranda. 2014. The extent to which females occupy leadership positions in Zimbabwean teachers’ colleges. IOSR Journal of Humanities and Social Science, 19(9):28–36.

Israelstam, I. 2019. “Section 6 of the Employment Equity Act (EEA) prohibits unfair discrimination ...” (Ongetitelde artikel). The South African Labour Guide. https://www.labourguide.co.za/discipline-dismissal/623-take-note-discrimination-is-not-always-unfair (1 Februarie 2019 geraadpleeg).

Jaga, A., B. Arabandi, J. Bagraim en S. Mdlongwa. 2018. Doing the “gender dance”: Black women professionals negotiating gender, race, work and family in post-apartheid South Africa. Community, Work & Family, 21(4):429–44.

Jandeska, K.E. en M.L. Kraimer. 2005. Women’s perceptions of organizational culture, work attitudes, and role-modeling behaviors. Journal of Managerial Issues, 17(4):461–78. 

Janhans, L. en E. Johansson. 2006. Woman, how did you come this far? A study of how women reach top positions. MBA-verhandeling, Jönköping Universiteit.

Kaparou, M. en T. Bush. 2007. Invisible barriers: The career progress of women secondary school principals in Greece. Compare, 37(2):221–37. 

Kats, M.B., M.J. Stern en J.J. Fader. 2005. Women and the paradox of economic inequality in the twentieth century. Journal of Social History, 39(1):65–88.

Kelleher, F. 2011. Women and the teaching profession: Exploring the feminisation debate. Londen: Common Wealth Secretariat.

Klaas, M.C. 2008. Challenges associated with the selection and recruitment of women as school managers in Ekurhuleni East High School. MEd-verhandeling, Universiteit van Johannesburg.

Krivkovich, A., M-C. Nadeau, K. Robinson, N. Robinson, I. Starikova en L. Yee. 2018. Women in the workplace. McKinsey & Company. https://www.mckinsey.com/featured-insights/gender-equality/women-in-the-workplace-2018 (9 Januarie 2019 geraadpleeg). 

Lacey, K. 2002. Succession planning in education. http://citeseerx.ist.psu.edu/viewdoc/download?doi=10.1.1.202.565&rep=rep1&type=pdf (9 Januarie 2019 geraadpleeg). 

Lumby, J., C. Azaola, A-M. de Wet, H. Skervin, A. Walsh en A. Williamson. 2010. Women school principals in South Africa: Leading the way. Commonwealth Council for Educational Administration and Management Conference. Sydney: Universiteit van Southampton.

Lumby, J. en M.C. Azaola. 2014. Women principals in South Africa: Gender, mothering and leadership. British Educational Research Journal, 40(1):30–44. 

Maddock, L. en W. Maroun. 2018. Exploring the present state of South African education: Challenges and recommendations. South African Journal of Higher Education, 3(2):192–214. 

Makori, A. 2018. Hindrances to women advancing to principals’ decision making positions in secondary schools in Kenya: Evidence of convergence and divergence views among current male and female principals. American Research Journal of Humanities and Social Sciences, 4(1):1–13.

Malinoff, L.K. en Barott, J.E. 2011. Both sides of mentoring: A leader’s story. In Martin, (red.).

Mampane, S.T. 2008. How school governing bodies understand and implement changes in legislation with respect to the selection and appointment of teachers. PhD-proefskrif, Universiteit van Pretoria.

Mangan, K. 2019. Former U. of Oklahoma dean sues President, Provost, and University for bias and free-speech violation. The Chronicle of Higher Education, 29 Maart. https://www.chronicle.com/article/Former-U-of-Oklahoma-Dean/246019 (13 Januarie 2019 geraadpleeg).

Martin, J.L. (red.). 2011. Women as leaders in education: Succeeding despite inequity, discrimination, and other challenges. Santa Barbara: Praeger.

Martin, J.L. 2011. Toward a conceptual model of feminist leadership in American education. In Martin (red.) 2011. 

Mestry, R. 2017. Empowering principals to lead and manage public schools effectively in the 21st century. South African Journal of Education, 37(1):1–11.

Mestry, R. en M.J. Schmidt. 2012. A feminist postcolonial examination of female principals’ experiences in South African secondary schools. Gender and Education, 24(5):535–51. 

Mischke, C., M. Christianson en E.M.L. Strydom (reds.). 2005. Essential labour law. Centurion: Labour Law Publications. 

Mohapi, S.J. en T. Netshitangani. 2017. Women principals’ reflections of curriculum management challenges in rural South African schools. Gender & Behaviour, 15(2):134–41.

Moorosi, P. 2010. South African female principals’ career paths: Understanding the gender gap in secondary school management. Educational Management Administration & Leadership, 38(5):547–62.

Moreau, M., J. Osgood en A. Halsall. 2005. The career progression of women teachers in England: A study of barriers to promotion and career development. Londen: London Metropolitan University. 

Moro, A. 2011. Who will show me the way? Entrustment, mentoring and role modeling. MEd-verhandeling. Athabasca University, Edmonton, Alberta.

Mthembu, T.P. 2007. The gendered perceptions of women in management positions in a primary school in the Kwadukuza (Lower Tugela) Region. MEd-verhandeling, Universiteit van KwaZulu-Natal. 

Naidoo, B. en J. Perumal. 2014. Female principals leading at disadvantaged schools in Johannesburg, South Africa. Educational Management Administration & Leadership, 42(6):808–24. 

Netshitangani, T. 2018. Constraints and gains of women becoming school principals in South Africa. Journal of Gender, Information and Development in Africa, 7(1):205–22.

Ng’ambi, H.L. 2015. Perceptions and experiences of female high school principals of their leadership roles. MEd-verhandeling, Noordwes-Universiteit.

Pillay, S. 2005. A study of the barriers to career progress of women in an organization. MEd-verhandeling, Nelson Mandela Universiteit.

Pirouznia, M. 2006. The obstacles in women’s pathway to principalship. PhD-proefskrif, Edith Cowan Universiteit, Perth.

Rao, M.S. 2018. Climbing the leadership ladder: Challenges women must overcome. The People Space. https://www.thepeoplespace.com/ideas/articles/climbing-leadership-ladder-challenges-women-must-overcome (15 Januarie 2019 geraadpleeg).

Reyes, V., J. Charteris, A. Nye en S. Mavropoulo (reds.). 2018. Educational research in the age of the Anthropocene. Hershey: IGI Global.

Sanchez, J.E. en B. Thornton. 2010. Gender issues in K-12 educational leadership. Advancing Women in Leadership Journal, 30(13):1–15.

Schmidt, M.J. en R. Mestry. 2014. South African principalship, agency and intersectionality theory. Comparative and International Education, 43(1):1–16.

—. 2015. The experience of female principals in Gauteng Province. American Journal of Education Research, 3(7):813–21.

—. 2019. Through the looking glass: An intersectional lens of South African education policy. In Hankivsky en Jordan-Zachery (reds.). 2019.

Shakeshaft, C. 1989. Women in educational administration. Newbury Park: Corwin Press.

Shakeshaft, C. en M. Grogan. 2011. Women and international leadership. San Francisco: Wiley.

Shakeshaft, C., B. Irby, G. Brown, M. Grogan en J. Ballenger. 2007. Increasing gender equity in educational leadership. Handbook of gender equity. Mahwah: Lawrence Erlbaum.

Shepherd, S. 2017. Why are there so few female leaders in higher education: A case of structure or agency? Management in Education, 31(2):82–7.

Skosana, I. 2018. Women teach and men lead? Gender inequality in South African schools examined. Africa Check, 1 Augustus. https://africacheck.org/reports/women-teach-and-men-lead-gender-inequality-in-south-african-schools-examined (19 Januarie 2019 geraadpleeg). 

Smit, M.H. en V. du Plessis. 2011. Sexual harassment in the education sector. Potchefstroomse Elektroniese Regsblad, 14(6):172–17. 

Snyman-Van Deventer, E., J.V. du Plessis en J.H. de Bruin. 2004. Seksuele teistering in die werkplek: ’n Suid-Afrikaanse perspektief. Journal for Juridical Science / Tydskrif vir Regswetenskap, 29(1):28–61.

Sperandio, J. en M.A. Kagoda. 2010. Women teachers’ aspirations to school leadership in Uganda. International Journal of Education Management, 24(1):22–36. 

Stager, P., K. Goddard, C. Gray-McGuire, E. Davis, M. Hellerstein, H. Kaung, C. Landis, G. Lynch, A. Mathews, L. Montgomery, L. Siminoff en M. Walsh. 2006. Barriers to career development for women faculty of the School of Medicine: Findings from the focus groups at the 2005 WFSOM Fall Program. http://casemed.case.edu/wfsom/files/career_development.pdf (12 Oktober 2012 geraadpleeg).

Stallings, M.M. 2008. Whom would you approach for advice: Gender differences in network preferences? Philadelphia: Universiteit van Pennsilvanië.

Stoffels, M.C. 2013. Onbillike diskriminasie by die aanstelling van regstellende aksie kandidate vanuit die verskeie aangewese groepe. LLM-verhandeling. Noordwes-Universiteit.

Suid-Afrika. 1988. Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge (83 van 1988).

—. 1995. Wet op Arbeidsverhoudinge (66 van 1995).

—. 1996. Wet op Nasionale Onderwysbeleid (27 van 1996).

—. 1996. Suid-Afrikaanse Grondwet (1996).

—. 1996. Suid-Afrikaanse Skolewet (84 van 1996).

—. 1997. Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (75 van 1997). 

—. 1998. Wet op Gelyke Indiensneming (55 van 1998). 

—. 1998. Wet op die Indiensneming van Opvoeders (76 van 1998).

—. 2000. Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie (4 van 2000). 

Suid-Afrika. Departement van Basiese Onderwys. 

—. 2011. Departementele omsendbrief, 19 Julie 2011. Pretoria: Departement van Basiese Onderwys. 

—. 2012. Education statistics in South Africa 2010. Pretoria: Staatsdrukkers. (EMIS10/2/012.) 

—. 2015. Education statistics in South Africa 2013. Pretoria: Staatsdrukkers. (EMIS13/2/015.)

—. 2016. Personeeladministrasiemaatreëls. Goewermentskennisgewing, nr. 39684.

—. 2019. Gelyke Indiensnemingsplan van die Departement van Basiese Onderwys.

—. 2018. Education statistics in South Africa, 2016. Pretoria: Staatsdrukkers. (EMIS16/2/018.)

Suid-Afrika. Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling. 1996. Die basiese bepalings van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996: Vereenvoudig vir leerders. http://www.justice.gov.za/legislation/constitution/FoundingProvisions_Constitution_AFR.pdf (12 November 2018 geraadpleeg). 

UNESCO (United Nations Educational, Scientific and Cultural Organization). 2002. Women and management in higher education: A good practice handbook. Parys, Frankryk: UNESCO (ED-2002/WS/14).

Uwizeyimana, D.E., N.S. Modiba en N.S. Mathevula. 2014. Barriers to women’s promotion in primary school management positions. Journal of Social Sciences, 41(3):353–62. 

Van der Westhuizen, P.C. (red.). 2010. Effective educational management. Kaapstad: Kagiso Tertiary. 

Van Deventer, I. en P.C. van der Westhuizen. 2000. A shift in the way female educators perceive intrinsic barriers to promotion. South African Journal of Education, 20(3):235–41. 

Waller, N. 2016. How men and women see the workplace differently. The Wall Street Journal, 27 September. http://graphics.wsj.com/how-men-and-women-see-the-workplace-differently (9 Januarie 2019 geraadpleeg). 

Washington, C.E. 2011. Mentoring organizational rank, and women’s perceptions of advancement opportunities in the workplace. International Journal of Business and Social Science, 2(9):162–78. 

Wills, G. 2015. A profile of the labour market for school principals in South Africa: Evidence to inform policy. Stellenbosch Economic Working Papers 12/15. Buro vir Ekonomiese Navorsing. Stellenbosch: Universiteit Stellenbosch. 

Wolpe, A., O. Quinlan en L. Martinez. 1997. Gender equity in education: Report of the gender equity task team. Pretoria: Departement van Onderwys.

Yokozeki, Y. 1998. Gender in education and development. Journal of International Cooperation in Education, 1(1):45–63.

Young, M.D. en L. Skrla (reds.). 2003. Reconsidering feminist research in educational leadership. New York: SUNY Press.

 

Eindnotas 

1 Die amptelike statistiek van 2016 is eers in 2018 gepubliseer (dus na twee jaar).
Die amptelike 2017 statistiek word in 2019 gepubliseer en is nog nie beskikbaar nie.
Die amptelike statistiek van 2018 sal eers in 2020 gepubliseer word, terwyl 2019 se statistiek dan eers in 2021 gepubliseer sal word.

2 SH = Skoolhoof

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Ekstrinsieke bevorderingshindernisse: Die ervarings van onderwyseresse in leiersposisies by sekondêre skole in die postapartheid era appeared first on LitNet.

Extrinsic barriers to promotion: Experiences of female teachers in leadership positions at secondary schools in the post-apartheid era

$
0
0

Abstract

The research focused on the extent to which extrinsic barriers to promotion continue to play a role in female teachers’ career advancement in the post-apartheid era in South Africa. The study consisted of both a literature and an empirical study aimed at determining the nature and extent of extrinsic barriers to promotion in secondary schools and used a quantitative questionnaire in the post-positivist paradigm.

Notwithstanding excellent non-discriminatory South African legislation and policy documents specific to education, the reality is that management posts in education are still dominated by male teachers. This situation is incongruent with the larger population of female teachers who find themselves captured in post level 1 teaching positions. Between 2010 and 2016 the percentage of female teachers grew from 68,2% to 70,4%.

The Department of Basic Education’s official statistics and annual reports indicate that data at national level on gender stratification in managerial positions is not officially available. However, unofficial information (documents and articles) on the underrepresentation of women in promotion posts shows that less than 38% of women are school principals.

The democratic dispensation has not lived up to the promises made in the legal documents promulgated since 1995.

The literature review examined the various extrinsic barriers to promotion affecting female teachers’ professional career development in education in the post-apartheid era. The most prominent research themes are still discrimination, gender and leadership, prejudice and stereotyping, while networking is exclusionary in nature and tends to be – male dominated. Mentorship, appointment procedures, organisational climate and career profile are typically external barriers to promotion for female teachers. Women who are not part of a network feel that they are disadvantaged and have poorer access to promotional opportunities. The reasons for the discrimination are stereotyping, gender discrimination, and family responsibilities which bar women from participating in and accessing networks and promotional opportunities. Increasingly, formal networks such as principals’ meetings and financial and governing body meetings are no longer men-only environments, but are bringing about increased visible and audible presence of women in schools. The benefits of mentoring relationships include building self-confidence, professional and personal development opportunities, increased job satisfaction, career planning, positive leadership perceptions and loyalty to the organisation. To the detriment of women, it is not only men in education who act as barriers, but also women in management positions, who prevent other women from being promoted, a phenomenon commonly referred to as the “queen bee syndrome”. 

Organisational culture is not prioritised by organisational leaders, while insufficient resources, inadequate rewards, limited mobility and lack of role models are cited as barriers to planning and managing school leadership succession. Appointment procedures – overt and covert – are viewed as discriminatory and reference is made to advertising and interviewing processes evident in pre-set appointment policies, promotion criteria, advertising and recruitment practices. Analysis of disparities between male and female principals’ qualification levels shows that female teachers’ qualifications are often higher than those of their male peers. It is argued that qualifications and experience are of crucial importance in the appointment of principals and impacts on their salary scale. One of the objectives of the South African democratisation project is to achieve equal gender representation in management positions. It is reassuring to read that these appointment procedures are meeting the legal requirements and can no longer be regarded as barriers to promotion. 

Female teachers often find the organisational culture challenging and that little has changed between 2001 and 2018. Practices in schools as organisations remain a barrier to promotion for female teachers. Men often act aggressively or take on the role of innocent seducers. The professional profile of female teachers shows that family responsibilities are regarded as the most important barrier to promotion.

A tangible similarity exists in the relationship between job motivation and satisfaction, which is found in the extent to which a person experiences a sense of self-actualisation and fulfilment. The gradual decline in the popularity of education as a career choice and the high number of teachers exiting education are indicative of low job satisfaction and motivation.

This review provided the basis for the development of a structured questionnaire. 

The research followed a quantitative research approach in the post-positivist paradigm. The data collection tool was a structured questionnaire consisting of five constructs, divided into 50 questions or items to determine the extent to which extrinsic barriers affect the career advancement of female teachers in the post-apartheid dispensation. The questionnaire was distributed to female teachers already appointed in promotional positions from post level 2 and above (n = 365); the feedback response was 83,6% (n = 305).

The calculation of the Cronbach alpha coefficient determined the reliability and internal consistency of the measuring instrument. Using the SAS computer program, averages, standard deviations, frequencies and percentages were calculated from the responses to the questions.

The Ethics Committee of the North-West University’s Faculty of Education approved the research project. Subsequently, the Gauteng District Office and school principals granted permission to conduct the research, while participant respondents at the selected schools provided consent based on detailed information on the data collection process. The respondents’ protection and anonymity were ensured and participants were informed that they could withdraw from the research at any time and that the data would be kept confidential. 

The respondents’ profile indicated that they were on average 40 years and older (84%); had 21 years’ teaching experience (60%); were married (76%) and had children (83%). They were in head of department positions (69%) and 4% are school principals. They all had post-graduate qualifications and higher (39%) and had held management positions (44%) for the past five years. More than half (59,7%) had not applied for further promotion.

Most respondents (74%) indicated that gender did not play a major role in networking opportunities, contradicting earlier findings. Similarly, the respondents (86%) were willing to be mentors and share positional power with other women, also contrary to the literature study. A high percentage of respondents (82%) did not regard appointment procedures as an extrinsic barrier to promotion. This finding is indicative of alignment between legislation and appointment practices. However, 82% of respondents felt that they must have higher qualifications than their male counterparts to be considered for the same positions. 

The organisational culture had also changed over the past few years as respondents (67%) felt they did not have to prove that their home and family responsibilities interfered with their professional duties; that they were equal to their male colleagues in attending professional development events (76%), and that they have not been placed in a less important portfolio because of their gender (75%). Female teachers’ career profiles reveal that 73% of the respondents are moderately to highly competitive. Relocation due to a spouse’s career did not prevent respondents (65%) from applying for a promotional position in another town or city.

The findings indicate that being part of a network is important and that the respondents did not view their gender as a barrier to belonging to a network at school. Male teachers no longer hold the most prominent promotional posts and there are equal promotional opportunities for both male and female teachers. A mentorship programme and acting-principalship positions are important to prepare female teachers for promotional posts. Furthermore, a sufficient number of role models are available in schools. This availability is enhanced by female teachers’ attending principal and departmental executive meetings where mentors and role models in education could be met. The research results indicate a shift in the perceptions of the role of extrinsic barriers to promotion, which differs substantially from the literature. This is in line with literature findings on intrinsic barriers to promotion, where it was found that only 16 of 75 items played a practically significant role as intrinsic barriers to promotion.

Finally, it is recommended that women in education, the education community and government should be instrumental in creating a gendered perspective on educational change and development, promoting gender equality in leadership and decision-making, and also the use of sufficient skills, experience and qualifications that women possess. A total change in the attitude of society is required – including among members of the education sector – for women to take their warranted place among educational leaders.

Keywords: education; extrinsic barriers to promotion; female teachers; gender equality; promotion; teachers; underrepresentation

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Ekstrinsieke bevorderingshindernisse: Die ervarings van onderwyseresse in leiersposisies by sekondêre skole in die postapartheid era

 

The post Extrinsic barriers to promotion: Experiences of female teachers in leadership positions at secondary schools in the post-apartheid era appeared first on LitNet.

Is die NG Kerk ’n slagoffer van kerkkaping?

$
0
0

Is die NG Kerk ’n slagoffer van kerkkaping? Indien wel, wat nou?[1]

1. Inleiding

Die term staatskaping het hom die afgelope paar jaar in die Suid-Afrikaanse samelewing tuisgemaak. Die woord verwys na die praktyk waar persone via maatskappye ondernemings in staatsbesit ("state owned enterprises") finansieel plunder tot die individue en hulle maatskappye se eie en onregmatige voordeel. Dit wat wesentlik tot die entiteit behoort, word van die entiteit beroof tot so 'n mate dat daar by wyse van spreke net 'n leë dop oorbly. In 'n onlangse artikel word die volgende omskrywing van staatskaping gegee: "[S]tate capture can be defined as the actions of individuals or groups both in the public and private sectors, influencing the formation of laws, regulations, decrees and other government policies to their own personal advantage" (Martin en Solomon 2017:22). Die belangrikste gevolg (aldus die artikel) van staatskaping is dat die staat sy effektiwiteit en legitimiteit verloor (Martin en Solomon 2017:22). Tans is die Zondo-kommissie na staatskaping byna daagliks 'n nuusitem.

Ek gebruik die begrip staatskaping as metafoor vir wat in die kerk aan die gebeur is en vra die vraag of daar nie ook dalk iets soos kerkkaping is nie.[2] Kan die kerk (onwetend) geplunder word van dit wat wesentlik tot die identiteit, die aard en missie van die kerk behoort tot so mate dat ons op 'n dag gaan ontdek al wat van die kerk oorgebly het is niks anders as 'n leë dop nie en dat die kerk sy effektiwiteit en legitimiteit verloor het? Indien wel, is daar 'n weg uit kerkkaping?

2. Die kerkkapers van ons dag

2.1 Tydsgees

Vir die doeleindes van die artikel word net twee terme,[3] sekularisme en postmodernisme, onderstreep in die omlyning van die tydsgees, gewoon omdat die bepaling van die tydsgees eintlik ('n komplekse) tema op sigself is. Ons leef in 'n tyd van toenemende sekularisme; trouens sekularisering as proses is besig om hom in die Suid-Afrikaanse samelewing te voltrek. Die politieke oorgang van 1994 het die proses versnel. Formeel en grondwetlik is Suid-Afrika 'n sekulêre staat. Die beoefening van die Christelike godsdiens in openbare ruimtes het vir alle praktiese doeleindes verdwyn; vergaderings word nie meer noodwendig met Skriflesing en gebed geopen nie; gebedsbyeenkomste en Bybelstudies by besighede tydens die etensuur word ontmoedig.

Verder was die politieke bevryding vir 'n beduidende deel van Afrikaanssprekende persone meer as net 'n politieke bevryding. Dit was ook 'n godsdienstige bevryding – ek hoef nie meer lidmaat van 'n kerk te wees nie. Ek mag maar sê ek is 'n ateïs of agnostikus, Richard Dawking se God delusion maak vir my sin, om te glo in 'n God wat jy nie kan sien nie en in wie se naam 'n beleid van apartheid godsdienstige en teologiese legitimiteit verkry het, is net nie meer houdbaar nie en maak ook nie sin nie. Wat Van de Beek (2017:169) oor die toestand in Europa sê, is waar vir 'n beduidende deel van Afrikaanssprekende persone in Suid-Afrika: "We moeten ons geen illusies maken. Europese mensen in de eenentwintigste eeuw zijn God kwijt en we kunnen denken, doen en willen zo veel als we kunnen, we krijgen Hem er niet mee terug." Dan is dit 'n klein tree om te gee om te sê van die kerk distansieer ek my. Daar kan ook in dié verband van "post-Christenskapheid" gepraat word – dit is die tyd waar die Christelike godsdiens sy invloed verloor het (Niemandt 2007:10).

Postmodernisme het ook bygedra tot 'n tydsgees waarin daar min ruimte vir godsdienstigheid en kerk is. Terselfdertyd en byna kontrasterend maak postmoderniteit ruimte vir godsdienstigheid/spiritualiteit en is dit begryplikerwys glad nie voorskriftelik ten opsigte van watter godsdiens nie. Instansies soos die kerk is deel van die sogenaamde grand narrative wat met agterdog bejeën moet word en wat voortdurend gedekonstrueer moet word. Postmodernisme het ook as een van sy kenmerke 'n toenemende individualisme. Migliore (2014:260) merk in dié verband op: "Some of our most powerful cultural myths and images center on the self-made and independent individual, who achieves success in life without assistance from others. Independence rather than interdependence is our cultural bias ..."

Die gevolg hiervan is 'n gevoelige funksieverlies van die kerk. Waarvoor is die kerk nog daar? Die kerk bemiddel nie vir God nie. Die kerk is nie die enigste ruimte waar ek 'n ontmoeting met God kan of hoef te hê nie. Hierdie tendens word duidelik gesien by belangrike gebeurtenisse in mense se lewens. Huwelike word voltrek by huwelik-"venues" wat ook klein en intieme kapelletjies het. Waar 'n huwelik dus nog kerklik bevestig word, is die kerkgebou van die plaaslike gemeente nie meer nodig nie. Begrafnisdienste waar daar afskeid geneem word van 'n geliefde, kan sekulêr wees sonder 'n sweem van godsdienstigheid in die vorm van godsdienstige rituele. Daar is versoeke om die doop van 'n baba 'n privaat familiegebeurtenis te hou wat buite die erediens van 'n plaaslike gemeente gedoen word. Sulke belangrike draaimomente in die lewe word geprivatiseer en verindividualiseer en dus weggeneem uit die domein van die kerk, waar juis hierdie en ander draaimomente gemeenskaplik beleef word deur die gemeente binne die gemeenskap van gelowiges. Indien sulke geleenthede nog godsdienstig ingeklee word, word die kerk gesien as die instansie wat die behoeftes van individue en klein homogene groepe moet dien (Migliore 2014:260).

Buite die kerk is daar ook (miskien selfs veral) spiritualiteit te vind. Die tydsgees van sekularisme en postmodernisme het die kerk gekaap.

2.2 Finansies

'n Refrein wat van die kleinste gemeente in die diep platteland tot in die kantore van die algemene sinode van die NG Kerk gehoor word, gaan oor die toenemende gebrek aan fondse. Te min geld plaas gemeentes in 'n soort van oorlewingsmodus. Dominees word nie volgens sinodale skaal vergoed nie; kontrakposte word al hoe meer algemeen; dominees tree af om pensioen te ontvang en word onmiddellik weer aangestel in dieselfde gemeente om hulle bekostigbaar vir die gemeente te maak en vir die dominee die dubbele voordeel van pensioen en salaris te verseker. In sommige gemeentes het die werk van die dominee verskraal tot dié van fondswerwer. Vir die dominee in 'n gemeente wat finansieel sukkel, is dit belangrik dat die gemeente finansieel oorleef, want dit is letterlik die brood en botter van die dominee en sy gesin wat hier onder bedreiging kom.

Gemeentes se rede vir bestaan word geldinsamelingsprojekte om die gemeente vlot te hou en om 'n dominee te bly bekostig. In 'n onlangse artikel in Kerkbode (Bosman en Nel, bl 12) word die vraag gevra of die NG Kerk nie deur die instandhouding van middelklaswaardes gekaap is nie, waardes wat op selfinstandhouding en dissipelskap met minimale koste neerkom.

Geld (of die gebrek daaraan) het die kerk gekaap. Die voortdurende gebrek aan voldoende fondse tap die energie van kerke en so word die kerk gekaap van haar eintlike roeping en bestaansreg.

2.3 Politieke klimaat en beroepswêreld

Ons leef in 'n hoogs onstuimige politieke klimaat. Die bekende lysie van korrupsie, gewelddadige misdaad, plaasmoorde, stakings, geweld, gebrekkige dienslewering, populistiese retoriek wat rassespanning aanwakker en werkloosheid het 'n effek op die psige van Afrikaanssprekende lidmate van die kerk. Die Ramaforie nadat Cyril Ramaphosa in Desember 2017 as leier van die ANC verkies is en toe ook president van die land geword het, taan. Die politieke onstabiliteit in byvoorbeeld Noordwes wat onder administrasie is, die sage rondom die burgemeester van Kaapstad, die politieke spanning in KZN, die voortdurende interne verdeeldheid binne die regerende party, en politieke moorde maak van Suid-Afrika 'n onseker omgewing. Die algemene verkiesing van 2019 is besig om 'n al groter rol in politieke retoriek te speel. Die dominante politieke diskoers van grondonteiening sonder vergoeding het 'n verlammende uitwerking op verskillende sektore (landbou, politiek, ekonomie) van die samelewing.

In die Mail & Guardian van 2–8 Junie 2017, bl 23 verskyn daar 'n artikel met die titel "The politics of anger in an angry world" waarin die skrywer die saak beredeneer dat daar ten spyte van soveel vooruitgang 'n inherente woede in gemeenskappe is. Woede word gevoed deur ervarings van vernedering en verraad. Toegepas op Suid-Afrika is my indruk dat ervarings van vernedering en verraad inderdaad deel is van die Suid-Afrikaanse werklikheid. Die sensitiwiteit rondom rasverwante voorvalle wys hoe Suid-Afrikaners die gemeenskap nog as vernederend ervaar en dat die politieke bevryding van 1994 nie die verwagte resultate gebring het nie, wat Suid-Afrikaners laat voel hulle is verraai.

Die kerk, en met name die NG Kerk, speel in die groter prentjie van die Suid-Afrikaanse landskap 'n al kleiner rol. Die kerk kan nie sekerhede verskaf vir die onseker tyd wat ons nou beleef nie. Die kerk kan nie misdaad bekamp of 'n werkverskaffer word nie. Versoekskrifte, petisies of verklarings van die NG Kerk aan wie ook al het nie regtig invloed nie. Die NG Kerk se invloed by die regering is op 'n laagtepunt. Lidmate besef dat hulle 'n baie klein minderheid in die land is waarin daar weinig of geen politieke bedingingsmag beskikbaar is nie. Volgens die jongste statistiek is ongeveer 80% van die bevolking swart en net 8% van die bevolking wit. Polities is Afrikaanssprekende mense ontmagtig (Giliomee 2014:582) en daarom is hulle ook onmagtig om enige verandering te weeg te bring. Die ontmagtiging het ook 'n ontnugtering meegebring. Die ontmagtiging met die ontnugtering het ook ontvlugting tot gevolg. Navorsing wat hieroor gedoen word, praat van 'n inwaartse migrasie en toon aan hoedat Afrikaansprekendes hulle terugtrek agter 'n "boereworsgordyn" in bepaalde woonbuurtes in groot sentra om sodoende enklawes te vorm (Van der Westhuizen 2016:1–9). Ek vermoed dat Afrikaanssprekende kerke hierin ook 'n rol speel om 'n veilige hawe vir Afrikaanssprekendes te wees. In 'n artikel op Netwerk24 van 11 Julie 2018 skryf Reggie Nel: "Om gemeentelid van 'n kerk te wees, is in talle gevalle steeds 'n vorm van laer trek. Ons verkies steeds om in ons private lewe te onttrek en tyd deur te bring met mense wat dieselfde as ons is." Die kerk is die een plek waar ek nog onbevange in Afrikaans kan praat, bid en sing, en sosiaal verkeer sonder om bedag te wees op politieke korrektheid of om oor te slaan na Engels wanneer my Engelssprekende Hindoe-Indiër-kollega haar by die geselskap aansluit.

Die politiek het die kerk gekaap. Trouens, om lidmaat van die NG Kerk te wees tel eerder teen jou as wat dit vir jou tel. Polities het die wind teen die kerk gedraai.

Dit is in dié verband dat ek die vraag wil vra: Is die deursneedominee in die NG Kerk al tuis in die demokratiese Suid-Afrika van na 1994? Ek vra die vraag, want die gemiddelde NG Kerk-dominee se kontak met mense is waarskynlik in die omgewing van 90% nog met wit, waarskynlik Afrikaanssprekende, NG Kerk-lidmate, en min met die diversiteit wat Suid-Afrika kenmerk. Die leefwêreld van die lidmate,daarenteen, is drasties anders. Lidmate werk meestal saam met kollegas van ander kulture, godsdienste en waardes, in 'n omgewing waar Engels die medium van kommunikasie is. Kollegas van lidmate is dikwels professionele mense wat goedgekwalifiseerd is en in toenemende mate die lynhoofde van Afrikaanssprekendes is. Terwyl dominees onderling grappies maak oor hulle onvermoë om hulle goed uit te druk in Engels, het lidmate 'n vaardigheid in Engels wat gewoon die taal van die besigheid, administrasie en wetenskap is. In dié verband het Giliomee (2014:579–80) oortuigend aangetoon hoe ingrypend die skuif na Engels as taal van besigheid en wetenskapstaal is. Tot watter mate is daar selfs enige oorvleueling tussen die wêreld van die dominee en die wêreld waarin lidmate van die gemeente leef? As dit regtig twee wêrelde is, tot watter mate is die dominee nog bevoeg om relevant te preek om gelowiges toe te rus vir hulle getuienis in 'n ander en soms ook vreemde wêreld?

2.4 Teologiese klimaat

Die kerklik-teologiese klimaat is moeilik om te peil. Aan die een kant is daar die verskynsel wat ek noem 'n privaat piëteit. Mense trek hulle terug in 'n knus en veilige persoonlike verhouding met die Here wat privaat beoefen word. Is preke nie ook al hoe meer gerig op die koestering van dié soort van 'n privaat piëteit nie? Ek is gelowig buite die kerk. Migliore (2014:260) skryf in sy "Faith seeking understanding" van "a self-centered piety in which the church is quite secondary and entirely optional. Being a Christian is an individual matter and is not essentially bound to life with others." Tot watter mate sou hierdie tipering van die kerk en gelowiges in die VSA ook in Suid-Afrika onder Afrikaanssprekende gelowiges geld?

Terselfdertyd is daar 'n soeke na 'n openbare demonstrasie van geloof. Massasaamtrekke van duisende mense, verkieslik in die oop veld waar gelowiges saam kan Bybel lees en bid en na 'n vurige prediker kan luister, is een van die kenmerke van ons tyd. Ons hou kerk buite die kerk. Ons is akerklik kerklik. Dit wat tipies kerk was, is weg uit die kerk na ander plekke waar “magtige mans” vergader en waar dit “nou die tyd” is.

Maklike antwoorde op moeilike vrae is wat ons verkies. Moenie geloof kompliseer nie. Moenie etiese vraagstukke kompliseer nie. Sê net wat die Bybel sê. "Dit staan mos duidelik in die Bybel," is die soort van uitsprake wat gemaak word. Dit is waarom die kerk so sleg vasgeval het in die gesprek rondom selfdegeslagverhoudings. Die tekste sê dit mos. Moenie ons verwar met die kompleksiteit van literêre en historiese kontekste van Bybeltekste nie. Dit is net te ingewikkeld. Fundamentalisme bied 'n maklike uitweg uit komplekse probleme.

Preke moet verbruikersvriendelik aangebied word. Hoe pittiger die sêgoed van die dominee en hoe roerender die videogreep, hoe beter. Die dominee het 'n verhoogkunstenaar geword wat lidmate moet boei met kwinkslae wat hulle laat skater van die lag en wat verhoogtoertjies uithaal wat met een woord merkwaardig is. Eredienste vergelyk goed met goedvoelrubrieke in tydskrifte en motiveringsprekers wat landwyd optree. Hoe dunner die teologiese basis van 'n preek is, hoe dikker word die aantreklike verpakking waarin dit aangebied word. Om die dun teologiese basis te verbloem, moet preke vermaaklik aangebied word (Snyman 1998:16).

Ook op dié manier word die kerk gekaap. Die inhoud en rykdom van die boodskap van die evangelie wat aan die kerk toevertrou is om te verkondig (Matt 28:18–20), word gestroop en verplaas na 'n private piëteit en na massademonstrasies van geloof en aanbidding. Ons word verlei met maklike antwoorde op komplekse vrae. Die teologiese inhoud van 'n liturgiese gebeure word verdun tot maklik-verteerbare oppervlakkige sêgoed van 'n dominee wat met los dog treffende gedagtes lidmate laat goed voel oor hulleself.

Teologies word die kerk gekaap – beroof van die durf om grondig teologies na te dink oor die vraagstukke van die dag.

Hierdie omlyning van die tyd waarin ons leef, is belangrik vir 'n koersbepaling vir die toekoms. Om die toekoms waarvoor ons bid en werk in te gaan is dit goed om te weet van waar ons vertrek. Hierdie soort van teologiese karteerwerk is 'n poging om 'n roetekaart binne 'n bestaande geloofslandskap uit te werk. Teologiese kartering is dus nodig en belangrik vir almal wat deur die landskap van geloof reis.[4] Die kartering van die tyd het te doen met die groter prentjie van wat besig is om te gebeur. Dit het ook te doen met die kleiner, plaaslike prentjie van wat aan die gebeur is in die provinsie/stad/dorp/gemeenskap/gemeente waarin ek as predikant my bevind.

3. Riglyne vir die oplossing vir kerkkaping (oftewel, die toekoms waarvoor ons bid en werk)

3.1 Om geloofwaardig oor God te praat

Dit is die kerk se taak om God ter sprake te bring in die wêreld. As die kerk dit nie doen nie, gaan niemand anders dit doen nie. Dit is opmerklik hoedat daar in die teologie tans 'n nuwe fokus op God is. Twee onlangse boeke deur Nederlandse dogmatici handel pertinent oor die Godsleer (in beide gevalle oor God as Vader) (Van de Beek 2017; Muis 2016). Verder is daar 'n hernude belangstelling in die Triniteit op te merk (Chalamet en Vial (reds) 2014; Grenz 2004; Phan (red) 2011; Woźniak & Maspero (reds) 2012). Hoe ons oor God praat en wat ons van God sê, staan in die sentrum van teologiese gesprek.

Om geloofwaardig oor God te praat het die betekenis van om oortuigend oor God te praat. Ons moet 'n oortuigende argument op die tafel kan sit waarmee geloof in God verwoord kan word. Teenoor 'n toenemend gesekulariseerde omgewing het die kerk 'n taak om God op 'n oortuigende wyse ter sprake te bring in die wêreld. Die kerk sal homself die vraag moet afvra hoe om dit te doen. Die gehalte en diepte van 'n kerk se teologie is dus hier ter sprake. Teologies moet die kerk toegerus wees om God effektief ter sprake te bring in die komplekse konteks waarin ons leef.

Dus: teenoor oppervlakkige eredienste wat eerder wil vermaak, waar die dominee motiveringspraatjies aanbied in die plek van preke, waar maklike antwoorde op moeilike vrae gegee word, moet God ter sprake gebring word vanuit die Bybel; en vanuit 'n werklike belewenis van die sakrament word eredienste egte ontmoetingsgeleenthede met God. Eredienste word die aanrakingspunt tussen God en mens deur die Woord, die sakrament, gebed en sang en die gemeenskaplike belewenis van 'n gemeenskaplike geloof.

Om God ter sprake te bring moet ook gedoen word op 'n manier wat waardig die geloof is waarin ons staan. Dit gebeur nie altyd nie. Die styl waarin en die manier waarop die debat rakende selfdegeslagverhoudings hanteer is, was nie altyd waardig die geloof nie. Die kerk doen en sê dinge wat neerkom op 'n onwaardige manier van doen en praat oor geloof en God. 'n Amerikaanse pastoor wat beweer Jesus het hom oortuig om 'n vliegtuig van etlike miljoen dollar aan te koop is nie 'n waardige wyse om geloof ter sprake te bring nie. Om mense met insekdoder te bespuit of om hulle gras te laat eet as deel van religieuse handelinge is nie waardig die evangelie nie. Om met fanfare ‘n persoon uit ‘n doodskis te laat opstaan, is nie waardig die evangelie nie. Ons maak die geloof soms ongeloofwaardig met die woorde en dade van die kerk. Migliore (2014:261) praat van die "conspicuous and disturbing discrepancy between the expressed faith of the church and the actual practice". Die boodskap van God se liefde en genade in Jesus Christus wat die kerk verkondig, klop nie altyd met die liefdeloosheid en ongenadige manier van doen en sê van die einste kerk wat liefde en genade verkondig nie.

Die geloofwaardigheid waarmee ons in en buite die kerk oor God praat, word gerugsteun deur die manier waarop God ter sprake gebring word op nieverbale manier in die handelinge van die kerk. Wat die kerk en haar lidmate doen, bring God ter sprake in 'n post-1994, hoogs gesekulariseerde, postmoderne Suid-Afrikaanse gemeenskap. Die metafoor van die kerk as die liggaam van Christus (I Kor 12:27) is hier van toepassing. Die kerk as liggaam van Christus maak God in en deur Christus teenwoordig in die wêreld. Die kerk is die beliggaming van God in die wêreld. Die metafoor van die kerk as die volk van God lê ook die hegte verbintenis tussen God en die kerk. Dit is deur die kerk dat God teenwoordig is en word in die wêreld. Resane (2017:228) argumenteer dat Christene die beelddraers is van die Drie-enige God. Vir die wêreld om God te sien, word na die kerk gekyk. Die kerk is dus die verteenwoordiging van Christus.

Gemeenskapsbetrokkenheid op 'n manier waarop kerke sigbaar en uiteindelik ook onmisbaar vir die gemeenskap geag word, is 'n saak waaroor die plaaslike kerk kreatief kan nadink en doen. Die kerk het 'n roeping om sosiaal relevant vir die gemeenskap te wees. Dit is nie maklik nie, want die funksies wat die kerk tradisioneel in die gemeenskap vervul het, het selfstandig en los van die kerk ontwikkel, soos die voorsiening van onderwys in die vorming van skole en universiteite en gesondheidsdienste in die vorm van hospitale.

As daar 'n teenstrydigheid is tussen dit wat die kerk van haarself glo en wat die kerk in die praktyk doen, maak dit die kerk ongeloofwaardig in die wêreld en word die praktyk van die kerk 'n vorm van 'n ongeloofwaardige praat oor God. Egtheid is 'n absolute en onontbeerlike voorwaarde in die konteks waarin ons leef (Lemmelijn 2017:17). Positief gestel: die kerk moet waardig die evangelie wat verkondig word, optree in die wêreld.

3.2 'n Herontdekking en beklemtoning van die kenmerke en eienskappe van die kerk

In die teologie besoek ons gewoonlik die verlede om van daaruit riglyne vir die toekoms te kry. In die tyd van die Reformasie is daar twee kenmerke van die kerk geïdentifiseer: Woord en sakrament. Calvyn (Institusie IV, I, 9) sê die volgende van die kerk: "Want op geen enkele wijze moeten we er aan twijfelen, dat overal, waar we zien, dat Gods Woord zuiver gepredikt en aangehoord wordt, en de sacramenten na Christus' instelling bediend worden, een kerk van God is ..." Die kerk is dus die gemeenskap van mense vergader rondom Woord en sakrament (Grenz 2003:262). God kom ter sprake via die Woord.

Die Bybel is die dokument waardeur God Homself bekendstel en daarom kan ons nie anders as om vanuit die Bybel God ter sprake te bring in die kerk en die gemeenskap nie. Om presies dit te kan doen het die kerk teologiese vaardighede nodig. Teologiese vaardighede wat die Bybel ernstig opneem as 'n ou boek wat eeue verwyderd is van die kultuur, taal, tydsgees, wêreldbeeld en idioom van vandag. Teologiese vaardighede wat hermeneuties en teologies so met die ou boek omgaan dat dit 'n geloofwaardige woord kan wees ondanks die enorme afstand tussen ons en daardie boek. Die teologiese vaardighede moet Sondag vir Sondag in eredienste van die kerk gesien word in die liturgie wat gevolg en die preke wat gepreek word. Die teologiese vaardighede moet ook weerspieël word in die manier waarop daar deelgeneem word aan die debatte van die dag en vraagstukke wat op die kerk se tafel kom en waaroor daar uitsprake moet kom. Wanneer so met die Bybel as 'n ou boek in 'n nuwe wêreld omgegaan word, ontdek ons dat die Bybel ook 'n nuwe boek in 'n ou wêreld is. Die Bybel is die verhaal van God se voortdurende nuwe inisiatiewe met mense. Die Bybel is die boek wat telkens nuwe moontlikhede vir die mens open. In plaas van sonde is daar verlossing; in plaas van die ewige dood is daar die ewige lewe; in plaas van 'n lewe sonder God leef ons die lewe met God; in plaas van ongeloof is daar geloof; in plaas van vergelding is daar vergifnis; in plaas van verwydering is daar versoening; in plaas van wanhoop is daar hoop; in plaas van haat is daar liefde.

Ons het ook 'n herwaardering van die sakramente nodig. Postmoderne mense hou van simbole. Simbole praat met postmoderne mense. Juis in 'n tyd waarin postmoderne mense sensitief is vir, en ook 'n nuwe waardering het vir, simbole, is die gereformeerde tradisie arm aan simbole. Dit is veral 'n herwaardering van die nagmaal waaraan ons 'n behoefte het. Die nagmaal is meer as 'n herinnering aan die kruis van Jesus Christus. Die nagmaal is die sigbare, tasbare, ruikbare, eetbare vereniging van gelowiges met die lewende Christus. Wie dus nagmaal gebruik, dink nie net terug aan die kruis nie; die nagmaal is die konkrete belewenis van gelowiges se hegte en intieme verbintenis met Christus. Calvyn lê groot klem op die misterie van die nagmaal. Op watter wyse Christus in die nagmaal teenwoordig is, is vir hom 'n verborgenheid wat te hoog is om met sy verstand te begryp of in woorde weer te gee (Calvyn IV, hoofstuk XVII, 32). Terselfdertyd huiwer Calvyn nie om te sê: "In zijn heilig Avondmaal gebiedt Hij (Christus) mij onder de tekenen van brood en wijn zijn liggaam en bloed te nemen, te eten en te drinken" (Calvyn IV, hoofstuk XVII, 32). Die viering van die nagmaal, die ontvangs en eet van die brood en die wyn bied ons die ruimte waarin ons die genade en liefde van God in ons lewe kan inneem en daadwerklik ons eie kan maak (Burger 1999:180). Wanneer ons 'n dieper, ruimer begrip van die nagmaal het, vermoed ek ons sal ook minder probleme met die doop hê.

3.3 'n Herontdekking van die klassieke notae ecclesiae van die kerk

Ons sal verder in die geskiedenis moet teruggaan om te kyk wie en wat die kerk is vir 'n koersbepaling na die toekoms toe. By die Konsilie van Konstantinopel in 381 is die sogenaamde vier notae ecclesiae aanvaar wat later ook aanvaar is by Chalcedon in 451 in die Belydenis van Nicea (Bettison 1975:25–6). Hierdie vier notae ecclesiae (una, sancta, catholica en apostolica) is die klassieke uitdrukking van wat die kerk is en wat die kerk behoort te wees of kan wees in die toekoms. Berkhof (1973:429) het in dié verband die opmerking gemaak dat ons in die kerk "een voortdurende bezinning op de notae" nodig het "als zelfbezinning en zelfkritiek". Met die oog op die toekoms waarvoor ons bid en werk, het die kerk dus 'n tweeledige taak. Aan die een kant sou dit goed wees om die klassieke kenmerke en eienskappe van die kerk te herbesoek. Die kerk se tweede taak sou wees om te vra hoe die eienskappe in die toekoms gaan lyk. Watter inhoud gaan die kerk in die toekoms gee aan die eenheid (una), heiligheid (sancta), algemeenheid (catholica) en apostolisiteit (apostolica) van die kerk?

  • Die kerk is een

Dat die kerk een is, hoef skaars betoog te word. "Oneness is the defining attribute of the body of Christ" (Duncan 2011:2). In die Ou Testament het God maar een volk en in die Nuwe Testament is die metafore wat dui op die eenheid van die kerk eintlik oorweldigend: die kerk as die liggaam van Christus (I Kor 12); die bruid van Christus (Efes 5:23–32); gebou van God (I Kor 3:9), volk van God (I Petr 2:9). Die kerk is een en moet daarom een wees. Die kerk is egter helaas nié een nie. Die eenheid van die kerk moet dus op die agenda van die kerk wees vir die toekoms waarheen ons op pad is. Daar is bemoedigende tekens dat die kerk inderdaad 'n groter eenheid vertoon deur die ekumenisiteit van die kerk. Is nouer ekumeniese bande die gestalte van die eenheid van die kerk in die toekoms?

Is die eenheid van die kerk binne-in die NG Kerk-familie laer op die agenda as 10–15 jaar gelede? Vir die geloofwaardigheid van die kerk in sy getuienis in die wêreld sal die groter sigbare eenheid van die kerk baie beteken. Oor presies hoe die eenheid moet lyk, sal ons weer kreatief moet dink.

Teenoor 'n verindividualiserende gemeenskap is die mens 'n sosiale wese waarin die kontak met mense belangrik is vir menswees. Die eenheid van die kerk is nie net 'n eenheid van struktuur nie, maar moet ook gesien kan word in die koinonia van die kerkgemeenskap. Die eenheid van die kerk bring nie net kerke bymekaar nie; die eenheid van die kerk bring veral ook mense in die kerk bymekaar. Om aan die kerk as gemeenskap te dink word al hoe belangriker. Grenz (2003:252) sê in dié verband: "At the heart of of a postmodern Christian ecclesiology is the concept of the church as a community."

In 'n toenemend verdeelde Suid-Afrika word die sigbare eenheid van die kerk al hoe belangriker. Waar gelowiges met mekaar kan versoen, skep dit hoop dat versoening ook in die breër gemeenskap kan gebeur, veral omdat Suid-Afrika 'n land is waar godsdiens nog betreklik belangrik is. Waar lidmate van die kerk eenheid beleef, bring dit gelowiges nader aan mekaar om mekaar se nood en behoeftes met mekaar te deel en om dan op so 'n manier mee te werk aan groter geregtigheid in die samelewing. Die eenheid van die kerk word sigbaar in die solidariteit wat gelowiges met mekaar deel.

  • Die kerk is heilig

Die woord heilig word teologies gewoonlik verstaan in die betekenis van "apart", "eenkant" "afgesonder" met die oog op diens aan God. Barth (1972:143) merk op dat die begrip kerk altyd die idee van afgesonderheid met hom sal hê. Die kerk is immers God se uitverkore volk (Kol 3:12), uit die mag van die duisternis weggeruk en onder die heerskappy van die Seun gestel (Kol 1:13); die kerk is geroep deur die Een wat heilig is en daarom moet die gelowiges in hulle "hele lewenswandel heilig wees" (I Petr 1:15). Om heilig en dus apart te wees het nie die betekenis van onttrekking uit die gemeenskap nie. Die teendeel is eerder waar. Juis omdat die kerk geheiligde sondaars en sondige heiliges is, is hulle deel van die mense in hulle omgewing. Moltman (1977:353–4) verduidelik aangrypend hoedat die kerk tegelykertyd communio peccatorum en communio sanctorum is met die gevolg dat die kerk haar sonde van die verlede kan bely en in die vergifnis van sonde kan glo vir die toekoms.

Lidmate van die kerk word dus gemotiveer om volgens 'n ander etiese kode te lewe (Rom 12:1–2). Waar rassisme sy kop uitsteek in 'n rassensitiewe samelewing, bly gelowiges lief hê; waar 'n gemeenskap toenemend polities en ideologies verdeeld raak, bly gelowiges versoenend leef; waar morele waardes val, bly gelowiges stylvol lewe; waar gelowiges die slagoffers word van die mees gewelddadige misdaad, word hulle nie verbitterd nie; waar korrupsie gepleeg word, bly gelowiges 'n lewe met integriteit leef. Integriteit is 'n belangrike bestanddeel van die heiligheid van die kerk van die toekoms. "Integrity therefore, is integral to Christian life, not as an optional extra or an add-on. In every thing we do as Christians, it is important that we work from pure motives, that is, all we do should be done for the good of others and conform to God's purpose" (Duncan 2011:4). Die integriteit waarmee die kerk en haar lidmate leef, word die maatstaf vir die heiligheid van die kerk.

  • Die kerk is katoliek

Die begrip algemeenheid of katolisiteit word verstaan as dit wat universeel is, verbind met alles (Moltmann 1977:348). Tradisioneel word katolisiteit van die kerk verstaan as 'n ruimtelike katolisiteit (die kerk is letterlik oral op aarde te vinde) sowel as 'n temporele of historiese katolisiteit (die kerk was van altyd af daar). Die kerk is dus meer as net die grense van 'n bepaalde gemeente of selfs kerkverband. Christus is nie net hoof van die kerk nie, God het deur Hom "alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen" (Kol 1:15–20) en daarom het die katolisiteit van die kerk met die universele heerskappy van Jesus Christus (Matt 28:20; Hand 1:8) te doen. Omdat die kerk verbind is aan Christus is die kerk ook verbind met die wêreld as geheel (Moltmann 1977:348).

Die katolisiteit van die kerk beteken aan die een kant 'n openheid teenoor die ander. Omdat die kerk verbind is aan die wêreld, is die kerk oop vir ander uitdrukkings van kerk-wees, ander kultuurgroepe, ander tale, persone met gestremdhede, persone wat seksueel anders is, gemarginaliseerdes in die gemeenskap. Terselfdertyd beteken die openheid teenoor die ander 'n erkenning van andersheid. Nie almal is dieselfde nie! Die erkenning van andersheid beteken nie die legitimering van eksklusiwiteit nie. Die openheid teenoor ander bevorder juis inklusiwiteit. Die katolisiteit van die kerk vra na die mate waarin die kerk inklusief gaan wees in die wêreld waartoe die kerk verbind is.

  • Die kerk is apostolies

Die eienskap van apostolisiteit word op tweërlei manier verstaan. Aan die een kant beteken die eienskap dat die kerk gefundeer is op die leer van die apostels. Dit is die apostels wat die evangelie van Jesus Christus betroubaar oorvertel het aan die kerk. Aan die ander kant beteken dit eweneens die verdere betroubare oordrag van die evangelie wat die kerk betroubaar van die apostels ontvang het (Barth 1972:145). Die kerk verkondig die Woord van God wat deur die apostels oorgelewer is (Heyns 1978:383) en staan dus in 'n kontinue lyn met die geloof en die lering van die apostels (Duncan 2011:6). Die kerk kan nie na gelang van nuwe omstandighede 'n ander evangelie ontwerp en verkondig nie. Die kerk is dus 'n missionale kerk. Die kerk is dus fundamenteel nie gerig op haarself nie maar op ander. Die kerk bestaan nie ter wille van haarself nie, maar ter wille van die mense wat met die evangelie van Jesus Christus bedien moet word.

Missionale kerk-wees is die vlag waaronder die NG Kerk tans vaar. In dié verband wil ek 'n kritiese stem laat hoor. Die kerk is nie nét missionaal nie – dít is 'n verenging en 'n verskraling van wat die kerk behoort te wees. Cronje (2018:15) maak 'n soortgelyke opmerking as hy sê: "Dit is egter te betwyfel of gestuur wees die volle wese van die kerk en geloofslewe omvat", en dan vervolg hy deur te sê: "'n Oordrewe klem op stuur kan maklik daartoe lei dat ons vergeet dit is God wat handel." Diversiteit is die kenmerk van ons tyd. Die kerk kan dus nie in 'n tyd van diversiteit onder net een vlag vaar nie. Inteendeel, die Bybel is 'n baie diverse boek en God handel op 'n verskeidenheid maniere met sy volk, in die kerk en in die wêreld. Die kerk is meer as net 'n missionale kerk. Die kerk is ten minste ook een, heilig en algemeen, waar erns gemaak word met die Woord en sakrament in betekenisryke eredienste.

Dit lê so ‘n bietjie in die DNS van die NG Kerk om een saak (eensydig) te beklemtoon en dan daarmee op loop te gaan vir 'n aantal jare. Dink aan die Jeug-tot-Jeug-Aksie van 1974; die Lidmaattoerustingsprogram (LTP) van die kerk; die gemeentebouteologie van die tagtigerjare, die beklemtoning van eenheid in die negentigerjare; en nou het ons die missionaliteit van die kerk as't ware ontdek as die vlag waaronder die kerk moet vaar.

Die kenmerke van die kerk kan nie los van God verstaan kan word nie. Die kerk is een omdat die kerk die liggaam van Christus is. Die kerk se heiligheid word begrond in die heiligheid van God en in die gawe van die Heilige Gees aan die kerk. Die algemeenheid van die kerk staan in verband met die handeling van God in die wêreld en sy onderhouding van die totale skepping. Die apostolisiteit van die kerk staan in verband met die missio Dei – dit is God wat van die kerk 'n gestuurde kerk in die wêreld maak.

4. Slot

Veranderings in samelewings gebeur teen so 'n vinnige tempo dat die toekoms nou reeds hier met ons is. Die toekoms is nie eendag nie, die toekoms is môre. Die kompleksiteite en die diversiteit van die samelewing, die kerk, die problematieke waarmee ons besig is moet ons verhoed om enkelvoudig of selfs eenvoudig na die toekoms te kyk. 'n Meervoudige, veelkantige aanpak van die uitdagings van die kerk is wat nou gedoen moet word. Die kerk moet weer en meer religieus word. Oor die herkoms van die woord religie is daar twee moontlikhede: religie kom van die Latyns re-ligare, wat "sterk verbind" beteken. Om religieus te wees beteken om sterk verbind te wees aan God, mekaar en die wêreld. Die woord religie kan ook verstaan word as afgelei van die Latyns re-legere wat beteken “herlees” in die betekenis van om intensief te lees. Om religieus te wees beteken om voortdurend die Woord en werklikheid intensief te lees en te herlees (Hoyt 1912:126–29; Lemmelijn 2017:19).

Daar is alle rede om met optimisme en 'n positiewe gesindheid die uitdagings van die kerk in die samelewing aan te durf. Ons het immers 'n goeie kompas in die Woord om die koers wat ons moet inslaan te bepaal. Die kerk kan herwin word van die dreigende kerkkaping wanneer ons daarin slaag om geloofwaardig oor God te praat en te doen.

 

Bibliografie

Barth, K. 1972. Dogmatics in outline. Londen: SCM.

Berkhof, L. 1973. Christelijk Geloof. Een inleiding tot de geloofsleer. Nijkerk: Callenbach.

Bettison, H. 1975. Documents of the Christian Church. Oxford: Oxford University Press.

Bosman, H en C Nel. 2018. Is die NG Kerk 'n gekaapte kerk? Kerkbode, 1 Junie, bl 12.

Burger, C. 1999. Gemeentes in die kragveld van die Gees. Oor die unieke identiteit, taak en bediening van die kerk van Christus. Stellenbosch: Buvton.

Calvijn, J. sj. Institutie of onderwijzing in de Christelijke godsdienst. Derde deel, Boek IV. Vertaling dr A Sizzo. Delft: Meinema. Sevende druk.

Chalamet, C en M Vial (reds). 2014. Recent developments in Trinitarian theology: An international symposium. Minneapolis: Fortress

Cronje, F. 2018. Die volle spektrum van Bybelse getuienis. Kerkbode, 15 Junie, bl 15.

Duncan, GA. 2011. "Ever old and ever new, keep me travelling along with you": 21st- century notae ecclesiae specifically necessary for churches in Southern Africa. HTS, 67(1), Art #851, 8 bladsye. DOI:10.4102/hts.v67i1.851.

Emery, G en M Levering (reds). 2011. The Oxford handbook to the Trinity. Oxford: Oxford University Press.

Giliomee, H. 2014. Die troebel toekoms van die Afrikaners en Afrikaans. Tydskrif vir Geestswetenskappe, 54(4):571–95.

Grenz, SJ. 2003. Ecclesiology. In Vanhoozer (red) 2003.  

—. 2004. Rediscovering the triune God: the trinity in contemporary theology. Minneapolis: Fortress.

Heyns, JA. 1978. Dogmatiek. Pretoria: NG Kerkboekhandel.

Hoyt, SF. 1912. The etymology of religion. Journal of the American Oriental Society, 32(2):126–9.

Lemmelijn, B. 2017. Mindful geluk vanuit eeuwenoude Bijbelse wijsheid. Averbode: Uitgeverij Averbode.

Marais, N. 2018. Op die foutlyn. Teologiese strominge in die NG Kerk. Ongepubliseerde referaat gelewer tydens die Lentekonferensie van die NG Kerk in die Vrystaat (2–4 September 2018).

Martin, ME en H Solomon. 2017. Understanding the phenomenon of "State capture" in South Africa. Southern African Peace and Security Studies, 5(1):21–34.

Migliore, DL. 2014. Faith seeking understanding. An introduction to Christian theology. Michigan: Eerdmans.

Moltman, J. 1975. The Church in the power of the Spirit. A contribution to Messianic Ecclesiology. Londen: SCM.

Muis, J. 2016. Onze Vader. Christelijk spreken over God. Zoetermeer: Uitgeverij Boekencentrum.

Nel, R. 2018. Kerke kan en moet help met genesing in SA. Netwerk24, 11 Julie.

Niemandt, N. 2007. Nuwe drome vir nuwe werklikhede. Geloofsgemeenskappe in pas met 'n postmoderne wêreld. Wellington: Lux Verbi.

Phan, PC (red). 2011. The Cambridge companion to the Trinity. Cambridge: Cambridge University Press.

Resane, KT. 2017. Communion ecclesiology in a racially polarised South Africa. Bloemfontein: Sun Press.

Snyman, F. 1998. Gedagtes oor die funksionering van Skrifgesag in die Nederduitse Gereformeerde Kerk. In Snyman (red) 1998.

Snyman, F (red). 1998. Is die NG Kerk nog die NG Kerk? Antwoorde op die identiteitskrisis in die kerk. Wellington: Hugenote Uitgewers.

Van de Beek, A. 2017. Mijn Vader, uw Vader. Het spreken over God de Vader. Utrecht: Uitgeverij Meinema.

Van der Westhuizen, C. 2016. Afrikaners in post-apartheid South Africa: Inward migration and enclave nationalism. HTS 72(1). a3351.http://dx.doi.org/10.4102/hts.v72i1.3351.

Vanhoozer, KJ (red). 2003. The Cambridge companion to postmodern theology. Cambridge: Cambridge University Press.

Van Wyk, J. 2017. The politics of anger in an angry world. Mail & Guardian, 2–8 Junie, bl 2.

Woźniak, RJ en G Maspero (reds). 2012. Rethinking Trinitarian theology. Londen: T&T Clark.

[1] Referaat gelewer tydens die Universiteit van Pretoria se Lentekonferensie, 18–20 September 2018.

[2] Dit is nie die eerste keer dat die metafoor toegepas word op die kerk nie. Terwyl ek besig was om aan die artikel te werk, verskyn daar in Kerkbode 'n artikel deur H Bosman en C Nel: “Is die NG Kerk 'n gekaapte kerk?” (1 Junie, bl 12) en tydens die Lentekonferensie van die NG Kerk in die Vrystaat (2–4 September 2018) gebruik Nadia Marais in haar referaat “Op die foutlyn. Teologiese strome in die NG Kerk” ook die term.

[3] Muis (2016:11) gebruik in sy boek oor die Godsleer ook die terme sekularisme en postmoderniteit/postmodernisme om die tydsgees in Nederland mee te omskryf.

[4] Marais, N. 2018. Op die foutlyn. Teologiese strominge in die NG Kerk. Referaat aangebied by die Bloemfonteinse Lentekonferensie (2–4 September 2018), ble 2–3.

Lees die LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)-artikels hieronder:

Pastorie of nie? Die invloed van gemeentebehuising op die aftredevooruitsigte van die NGK-predikant

Lees ook ander LitNet-artikels oor die NG Kerk:

Regsgevolge volgens die Gaum-saak vir nienakoming van kerkordelike prosedures ten opsigte van besluite deur die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk

NG Kerk kry pak in die hof

Die NG Kerk se U-draai oor die Rubicon

Die opkoms en ondergang van die NG Kerk deur Jean Oosthuizen: ’n lesersindruk

The post Is die NG Kerk ’n slagoffer van kerkkaping? appeared first on LitNet.

Resensie: Soekmekaar deur Dana Snyman

$
0
0

Titel: Soekmekaar
Skrywer: Dana Snyman
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624088660

Twee boeke wat ek onlangs gelees het, het my ervaring van die Springbokke se oorwinning in Japan dieper en betekenisvoller gemaak. Die een is In my vel deur Azille Coetzee, die ander Soekmekaar van Dana Snyman. Azille is ’n jong filosoof en akademikus wat in Amsterdam studeer het en uit daardie perspektief van haar Afrikanerskap probeer sin maak. Dana is ouer, geen akademikus nie, maar gelouter deur die lewe in Suid-Afrika. Albei is baie bedrewe skrywers. Waar mens egter In my vel toemaak met ’n oorweldigende drag wit skuld op jou Afrikaanse skouers, maak jy Soekmekaar toe met die gevoel dat Dana Snyman op die oomblik die persoon in die openbare lewe is wat Afrikanerskap op die eerlikste wyse verken en met die mees gebalanseerde beeld anderkant uitkom.

Dana Snyman het lank reeds volksbesit geword, op grond van sy boeke en sy TV-reeks Op pad. Op sy uitgewer se webblad kan jy sy indrukwekkende rekord gaan bewonder as jy so voel. Op sy Facebook-blad het hy meer as 39 000 volgelinge, wat hy gereeld trakteer op nuwe skryfwerk wat telkens ’n situasie verwoord waarvoor die gewone mens nie altyd die uitdrukkingsvermoë het nie. Hy is uiteraard ’n hoogs talentvolle skrywer en is al talle kere daarvoor vereer.

Wat sy werk uniek maak, is die manier waarop hy die hart van ons volk kan verwoord. Hy ry met sy ou bakkie deur hierdie wye en droewe land en hy soek na dít wat ons maak wat ons is. Hy hemel nie Afrikanerskap op nie. Hy swaai nie die ou vlag rond nie, sing nie patriotiese liedjies oor dapper Boerekrygers nie. Hy trap sy spore in die Suid-Afrikaanse stof saam met die gewone mense wat hy op sy reise raakloop. Hy het klaarblyklik die vermoë om vir enige mens enige vraag te vra – en ’n eerlike antwoord te kry. Hy het definitief die vermoë om joernalistieke vaardigheid met fyn, evokatiewe skryfwerk te kombineer. Soekmekaar is weer eens ’n reis na nie alleen die hart van die volk nie, maar ook na sy eie hart. In sy soeke na die waarheid neem hy sy leser diep in sy persoonlike lewe in sonder om ooit ekshibisionisties of sentimenteel oor te kom.

Soekmekaar is saamgestel uit 59 stukke van wisselende lengte, toonaard en invalshoek. Die leser word aan ’n reeks uiteenlopende karakters voorgestel. Daar is Eugène Terre’Blanche met sy baard en sy perd en sy pakkie Lexingtons in sy bosak wat laatnag Afrikaanse poësie voordra. Daar is Dana se pa, die predikant wat op sy dag die AWB se hoofkapelaan was, ’n huisvriend van Terre’Blanche, wat telkens met sy enigste seun gebots het en teen die einde van sy lewe ontnugter toegee dat hy niks meer verstaan nie, dat sy waarhede in der waarheid nie standgehou het nie. Daar is Dana se ma wat waarskynlik ’n sakevrou in eie reg kon wees, maar getrou saam met haar man van plattelandse gemeente na plattelandse gemeente trek, wat haar laaste tye feitlik bedlêend slyt met haar sigarette en haar huishulp vir wie sy as “Skattebol” aanspreek en wat haar ook so noem. Daar is Karel Schoeman wat sy eie lewe neem en die twee swart vrouens wat hom op sy laaste reis vergesel het.

Dan is daar natuurlik Johannes en Lettie en Koos, wat op Ventersdorp vir Dana se pa gewerk het en na sy dood sy versoek om na Dana om te sien, letterlik tot uitvoer bring. In die eb en vloed van Dana se verhouding met Johannes en sy mense word ons ewige soeke na mekaar verpersoonlik; die frustrasie, die onbegrip, soms die woede, maar altyd die liefde en die eerlike begeerte om mekaar te aanvaar en te probeer verstaan.

Ook die selfdood van Dana se verloofde word met sy kenmerkende eerlikheid hier verwoord. Die leser gaan saam met ’n verpletterde man op reis die binneland in, na die begrafnis van sy verloofde, na ’n groter begrip van die menslike weerloosheid voor depressie, wat vir sommige ’n terminale siekte is. Daarna pak die leser saam met hom sy huis op Jacobsbaai op en vertrek na ’n nuwe lewe met net die nodigste besittings en sy versameling optelhonde. Ons glo ons sal in ’n volgende bundel ook die res van sy reis kan meemaak.

Die insigte wat Dana ten opsigte van depressie verwoord, kan as een van die belangrikste elemente in die boek beskou word. In ’n tyd waar die stigma nog stewig aan geestesiektes kleef, waar dodelik siek mense nog deur oningeligtes aangesê word om hulle “reg te ruk”, is hierdie woorde soos ligte in ’n donker hemelruim: “Depressie is werklik ’n siekte, ’n verskriklike stuk waarheid wat hoop in wanhoop verander tot jou angs vir die lewe groter kan raak as jou angs vir die dood.”

Soekmekaar is die kroniek van ’n soekende siel, ’n lid van ’n volk wat moeitevol en sukkelend op soek is na sy plek in Suid-Afrika, sy plek in Afrika en in die wêreld. Dana Snyman het nie vir ons antwoorde nie, maar hy vergesel ons getrou op ons elkeen se reis na groter begrip, groter deernis en groter hoop.

Soekmekaar is onontbeerlike leesstof vir elkeen wat hierdie land liefhet, elkeen wat ons uitdagings probeer deurgrond, elkeen wat probeer om ten alle koste die hoop te behou. Dana Snyman se persoonlike reis het ongemerk ’n metafoor vir die reis van elke denkende Afrikaner geword; die dokumentasie van ons eindelose soeke na mekaar en na onsself.

Lees Soekmekaar – en verdiep jou in die wonderlike, skrikwekkende ervaring van Afrikaans-wees, soos verwoord deur iemand wat saam met jou op soek is na die ontwykende waarheid.

The post Resensie: <em>Soekmekaar</em> deur Dana Snyman appeared first on LitNet.

Balletdanser se lewe is hartseer en ontstellend

$
0
0

Claude Barnardo (Foto: verskaf)

Godfrey Johnson bied, in vennootskap met die Fugardteater, die produksie Vaslav aan, wat nie net drie maal vir Fleur du Cap-teatertoekennings genomineer is nie, maar ook wyd lof ontvang sedert dit in 2015 die eerste maal by die Nasionale Kunstefees op Grahamstad op die planke was.

Die vertoning is net vir ’n beperkte tyd by die Fugard.

Lara Bye (Oskar en die pienk tannie; Rainbow scars; London Road; Yellowman) is die regisseur en Johnson (Die Van Aardes van Grootoor; David Kramer se Orpheus in Africa; Fifty shades of Bambi; The shadow of Brel) speel die rol van Vaslav Nijinsky.

Vaslav vang die bekende balletdanser, Vaslav Nijinsky, se kort loopbaan vas in ’n mallemeule van woorde, musiek en beweging. Die man val voor jou oë uitmekaar en die eens trotse, fier danser, word ineengetrek van verslaentheid.

Nijinsky was eens die bekendste balletdanser in die wêreld. Hy is deur resensente “The god of the dance” gedoop. Die Russiese Balletgeselskap se ster is ná sy diagnose as paranoïese skisofreen vir die res van sy jong lewe – 30 jaar – gereeld in psigiatriese hospitale opgeneem.

Hy veg egter nie net teen die warboel in sy kop nie. Toe hy in 1919 as 28-jarige danser vir die laaste keer opgetree het, was die wêreld onderstebo – die Eerste Wêreldoorlog was op sy einde en ’n golf van kreatiwiteit, verandering en industriële en tegnologiese vooruitgang het deur Europa gespoel.

Dis nie maklik om na iemand te kyk wat met ’n geestesversteuring – verkeerdelik of nie – gediagnoseer is nie. As die diagnose korrek is, is die uitwerking van die behandelingstegnieke en medisyne – veral dit wat ’n 100 jaar gelede beskikbaar was – pynlik om te sien, en indien die diagnose verkeerd is, word die persoon as ’t ware vasgevang in ’n bedwelmde, geskokte liggaam.

Die effektiewe gebruik van klaviermusiek (Johnson trek dele uit die werke van Stravinsky, Rachmaninoff, Tchaikovsky, Debussy, Satie en ook sy eie komposisies) bou die spanning in die gehoor en later melankolie baie doeltreffend op. Jy wens later die waansinnige klavierspel wil net ophou; dat alles na normaal kan terugkeer en die man vrede kan kry.

Bye vang die melankolie in haar regisseursnota vas: “Hierdie is ’n tragiese en pragtige menslike storie van ’n kunstenaar wat probeer om heel te word terwyl hy die beginstadium van skisofrenie verwerk.”

Dis nie maklike kykstof nie, maar beslis een van die toneelstukke wat vir jare nog in jou geheue kop en skouers bo ander gaan uitstaan.

Vaslav
Met:
Godfrey Johnson
Deur: Lara Bye, Karen Jeynes, Godfrey Johnson, gebaseer op die dagboeke van Vaslav Nijinsky
Regie: Lara Bye
Bewegingsregie: Fiona Du Plooy

Die Fugardteater, Caledonstraat 6, Kaapstad
Tot 17 November
Kaartjies is aanlyn by www.thefugard.com of by die Fugardteater se kaartjieskantoor by 021 461 4554 beskikbaar.

The post Balletdanser se lewe is hartseer en ontstellend appeared first on LitNet.

An interview with Fiona Snyckers

$
0
0

Fiona Snyckers is a most prolific author, most notably of Lacuna, an answer to JM Coetzee’s Booker Prize-winning novel, Disgrace; the Trinity series of novels; the Eulalie Park mystery novels; as well as two thrillers, Now following you and Spire. Janet van Eeden interviewed her about her ability to produce such a wide-ranging genre of novels, as well as writing in general.

Fiona, I’ve long been a fan of your work. Your Trinity series of novels was enjoyed by my teenage daughter when it first came out, and is still enjoyed by both of us. Your Eulalie Park mysteries also appeal to younger readers. You have an incredible ability to be accessible in your writing in the same way in which Enid Blyton was for me when I was growing up. This accessibility is most appealing to young adults. I know your children are becoming young adults themselves, and I wondered whether this was how you manage to keep in touch with the youth market?

It definitely helps to have teenage humans in the house, but that is not going to last forever. In the end, I have to rely on research, just like anyone else. For Trinity on track, I was especially diligent about researching the experiences of young girls in South Africa who try to access reproductive healthcare services through government hospitals. It was eye-opening, and not in a good way.

One of the interesting aspects of your heroine, Trinity Luhabe, is that she is a thoroughly modern young South African girl, from a very rich family who are powerful in her community. She has a mixed heritage, which also broadens her appeal. She is very much like the current 21st century millennials, quite worldly and full of ambitions, and a sucker for a credit card. Did you choose her character in order to shatter the illusion of poverty that many foreigners have about Africans in general and South Africans in particular?

Chimamanda Adichie famously warned us about the danger of a single story. That and Binyavanga Wainaina’s searing satire on the subject of writing about Africa combine to remind us that the poverty narrative can be one-dimensional. Trinity’s billionaire family may not be typical in any way, but the issues she faces as someone who has been lifted out of her community by sudden wealth are common. I have always been interested in issues of identity, which is why I have quite often written about mixed race characters. Growing up middle class, when your parents were raised working class, is a factor that can confuse one’s sense of identity, too.

The young adult novels are quite “woke”, contrary to the young adult novels of my youth. They deal with very serious subjects, including teenage sexuality and pregnancy, as well as including healthy doses of humour and mystery. How do you know where to push boundaries for your audience, and where to stop? How far can you go in discussing these issues, do you think?

South African teens deal with serious, life-changing issues every day. I have never seen the point in trying to shelter them from situations in fiction that they are often dealing with in real life. That said, I believe my Trinity books handle weighty issues with a light touch. My goal is always to entertain. Young readers know when they are being lectured, and they don’t like it. A book should always be a good read first, and a social critique second.

In contrast, your novel Lacuna is deadly serious. You tackle the grittiest aspects of humanity in your reply to JM Coetzee’s much lauded novel, Disgrace, for which he won the Booker Prize, and was later awarded the Nobel Prize for Literature. I was so pleased when you wrote Lacuna, as I was equally irate about Coetzee’s dismissive use of the young woman in his novel as a scapegoat for all the evils of apartheid. I was incensed by his high-handed appropriation of the female and her degradation as the metaphor for the way in which whites could make amends for past atrocities. In Coetzee’s novel, Lucy Lurie is a passive receptacle for the hatred of the formerly oppressed. Rape, in itself, is such a violent destruction of a victim’s personal volition and sense of personal power, and Coetzee has taken Lucy’s abasement a step further by removing her opinion, too. In contrast, you give Coetzee’s fictional character, Lucy Lurie, a voice for the first time, and, in so doing, she/you attempt to express what the millions of voiceless rape victims endure. Would you please tell me more about your motivation for putting Lucy’s experience into “her” own words, and how and when you decided to do this?

Disgrace bothered me from the day I first read it 20 years ago in 1999. It took a long time for me to be able to articulate exactly what it was about the Lucy Lurie rape metaphor that disturbed me. Public discourse around sexual assault and the way it is framed in narrative has also matured considerably since then. I wouldn’t have been able to write Lacuna any earlier than I did, because my own thinking wasn’t sufficiently developed. Even now, I believe I have only addressed a sliver of the issues around how one writes about sexual assault. I certainly haven’t spoken for rape survivors in general – only for this one specific character I created.

As you know, I found Lacuna very difficult to read, because the subject matter is so real, so visceral. How did you manage to write so descriptively about such a traumatic subject without becoming affected by it yourself? Did you have to take action after writing, to “detox” yourself from the subject matter?

I found this subject very difficult to write about. It took me close to four years. I took regular breaks for the sake of my own well-being – which reminded me that rape survivors don’t get to take breaks from what has happened to them. For me, it was a relief to put it all on the page, at last – a kind of catharsis.

Has there been any reaction from Coetzee to your novel that you know of? If not, have other scholars defended him against your claims of his using the character of Lucy Lurie as nothing more than a “lacuna”, an “unfilled space or gap”?

There has been no response from JM Coetzee, to my knowledge, but I wasn’t expecting one. He is known for not wading into discussions about his books. Disgrace and Lacuna will always exist in intertextual conversation with each other, so it’s not necessary for the authors to speak, too.

Some critics have found it hard to separate the fictional “John Coetzee” character I created from the real JM Coetzee, but they are clearly very different. People have accused me of ad hominem attacks against Coetzee, when, in fact, my character is venting her rage against a straw man figure that she never gets to confront in person. Critics have pointed out that Coetzee’s Lucy is adamant in her desire to share the farm with Petrus and the other workers. What they fail to recognise is that being adamant is not the same thing as having a coherent motivation. Yes, Lucy is adamant about what she wants, but we never get the slightest glimpse into her reasoning or motivation.

Jane Austen wrote in Persuasion that the image perpetuated of women of her generation – of being inconstant in love and flighty – was an unfair one, because, she said, while talking to a man, “the pen has always been in your hands”. Do you feel as if you’ve redressed the balance for women in general, and rape victims in particular, through your putting the words into Lucy’s mouth?

I am happy with the book I wrote, but I also believe that there are as many rape narratives as there are rape survivors. Each survivor has their own story to tell and needs to be afforded space to do so.

Is it a relief to leave the trappings of such a difficult genre behind you, and shift into something less challenging and more entertaining, with your young adult novels or your thrillers? How do you negotiate the differences, and does each genre make its own unique demands on you?

I would hesitate to frame one genre as more difficult than another. Writing for young adults is very difficult to get right, as is writing an intelligent thriller. Literary fiction has its own tropes and conventions that provide a roadmap for the writer. Most of my books deal with issues that affect women, and it’s hard to rank these in terms of importance. I like to treat them all as important, even when I am framing them with humour.

I haven’t had the privilege of reading Spire or Now following you. Could you tell me a bit more about these two thriller novels and how you came to write this very different genre to the others?

Now following you is a suspense novel about a young woman who lives her life out loud on social media. When a stalker takes advantage of her openness, she has to decide whether to become more private or to continue living life on her own terms.

Spire is a loose sequel to Now following you, in that the two main characters are sisters. A surgeon and virologist moves to an isolated base at the south pole for the winter to conduct experiments. She has hardly arrived, when her colleagues start dying of diseases that haven’t been seen since the Middle Ages. She quickly realises that the only thing worse that being alone in a base at the end of the world is not being alone.

I have always loved a good mystery. Mystery elements creep into most of my plots – even those of different genres. Writing thrillers comes naturally to me.

Lastly, you are one of the most prolific writers in this country, which is admirable. How do you manage to produce such a large body of work, with the needs of three children and a husband to take into account? Do you have a specific routine you follow, or do you just write when you have time?

I write the way I suspect many busy women do – in the gaps between family responsibilities. If I’m waiting for my daughter at the orthodontist, I’m quite likely to have my laptop open and to be banging out a quick 300 words. Disappearing on a writing retreat for three months is not an option for me, so I make do with the time I have.

More about this writer on LitNet:

Lacuna: an interview with Fiona Snyckers

Book review: Lacuna by Fiona Snyckers

The post An interview with Fiona Snyckers appeared first on LitNet.

Book launch: Being Shelley by Qarnita Loxton


LitNet: Wiksunde

Rooi is die kleur van die politici

$
0
0
Hallo
 
Om natuurlik geboorte skenk óf Mein Kampf te lees, bring ʼn mate van ongemak, maar vir haar wat deurdruk wag daar ʼn baba of dalk die EFF.

Kolonialisme, net soos Hitler, was nie nét sleg nie.

Partyplakkate en -biljette moet in rooi wees, besluit Adolf op ʼn dag, want: “... it has an exciting effect on the eye and was therefore calculated to arouse the attention of our opponents and irritate them. Thus they would have to take notice of us ‒ whether they liked it or not ‒ and would not forget us.”

Die word “comrades” was toe reeds immer gewild. Net soos “struggle”: “The movement ought to educate its adherents to the principle that struggle must not be considered a necessary evil but as something to be desired itself.”

En luister bietjie, oom Adolf in ʼn filosofiese luim: “The greatness of Christianity did not arise from attempts to make compromises with those philosophical opinions of the ancient world which had some resemblance to its own doctrine, but in the unrelenting and fanatical proclamation and defence of its own teaching.”

“Because of this principle, our movement must necessarily be anti-parliamentarian, and if it takes part in the parliamentary institution it is only for the purpose of destroying this institution from within; in other words, we wish to do away with an institution which we must look upon as one of the gravest symptoms of human decline.”

Klink dit bekend?

Wie sou kon dink Suid-Afrika sit ʼn 100 jaar na die Führer tjoekie toe is met sy eie mini-me-Nazipapegaai-party? Ek is teleurgesteld in die gebrek aan oorspronklikheid. 

Werklik. 

Of is Suid-Afrikaners ʼn honderd jaar agter Duitsland …? 

Henning Janse van Vuuren

The post Rooi is die kleur van die politici appeared first on LitNet.

Jedi, Skynet of Projek Maven? En wat van Skybot?

$
0
0
Die self-denkende en ontwikkelende kunsmatige intelligensie is die nuwe vyand van mensdom. 
 
Dis nie meer net so eenvoudig as om oorlog in konvensionele of onkonvensionele oorlogvoering te verdeel nie, want hierdie was van toepassing op menslike vyande van regerings. 
 
Hierdie is my amateur-siening, oor iets wat reeds by VN bespreek word. Net omdat SA in ’n ontwikkelende land verval het, beteken nie dat Kunsmatige Intelligensie voorstedelike legende of samesweringsteorieë is nie. 
 
Skybot was die Russiese ruimtevaarder wat na ISS (internasionale ruimtestasie)  gevlieg het en daar gewerk het, om nuwe tipe vuurpyllanseerders te toets.
 
Dit beteken dat hierdie tipe Skybot ook 'n ruimtereis na bv Mars kan onderneem, sonder die gevolge van bv waaraan mense blootgestel sou wees, bv dat spiere los kan gaan van bene agv langdurige blootstelling aan gewigloosheid. 

The post Jedi, Skynet of Projek Maven? En wat van Skybot? appeared first on LitNet.

Francois van Coke oor die suburbs en sy nuutste album

$
0
0

Francois van Coke is terug met sy derde solo-album (Foto: André Badenhorst)

Die rocker Francois van Coke is terug met sy derde solo-album, Dagdrome in suburbia.

Dié album fokus op sy lewensperspektief vanuit die voorstede van Kaapstad. As kind wou hy lank Bellville verruil vir ’n plek minder banaal en tradisioneel, maar nou is hy terug in die plek wat hy deesdae “tuis” noem.

Die album bestaan uit 11 musieksnitte, met verskeie kunstenaars soos Spoegwolf, rymkletser Riky Rick, The Voice SA-wenner Tasché, en Hunter Kennedy wat ook ’n verskyning maak op die album. Karen Zoid, Johnny de Ridder en Die Gevaar het ook liedjies vir die album geskryf. En dis nie al nie – selfs Riaan Cruywagen kan op die album gehoor word.

Francois het as solokunstenaar die eerste keer aandag getrek met die liedjie “Toe vind ek jou” van sy eerste solo-album, wat hy saam met Karen Zoid sing.

Francois vertel meer oor wat dié album inspireer het.

Francois, vertel asseblief meer oor jou derde solo-album, Dagdrome in suburbia, wat onlangs bekendgestel is. Van waar die inspirasie vir die album en wat maak hierdie album anders as jou vorige albums?

Ek het grootgeword in die ’burbs en wou my hele lewe wegkom. Vanuit Bellville was Kaapstad baie ver en vol mistiek. Ek het vir myself uit suburbia uit gedroom toe ek ’n kind was. Ek het gesoek na iets anders as die vervelige, tradisionele bestaan. Die titel gaan oor daardie gevoel. Ek bly nou weer in die ’burbs na ek getroud is en die album som ook op hoe ek ons land en die wêreld ervaar vanuit suburbia. Ek het ’n klomp goed vir die eerste keer gedoen. Ek het saamgewerk met Spoegwolf, Riky Rick en Tasché. Hunter Kennedy het ’n rap verse op die album gedoen. Dit is ook ’n bietjie meer van ’n rock ’n roll-album as my vorige solowerk.

Een van die liedjies – dis nou behalwe “Dagdrome in suburbia” saam met Spoegwolf, wat tans oral gehoor word – is “Daarsy boys”, ’n lekker tong-in-die-kies-liedjie waar jy en Hunter Kennedy so effens met julself spot. Vertel ons asseblief meer oor hierdie liedjie.

Ja, ons het ’n aand in die Spur spandeer met ons families en die song het daarna ontstaan. Dit is vir ons snaaks dat ons as punk-pa’s nou opgeëindig het in die ’burbs en ons wou ’n bietjie daarmee spot. Ons wou ook ’n bietjie ’90’s channel in daardie tune, so die rif is so ’n bietjie grunge en die rap-dele herinner bietjie aan Beastie Boys rap vibes uit die ’90’s. Dit is inderdaad baie tong-in-die-kies, soos jy sê, en ek is bly mense vind dit snaaks.

Sy nuwe album fokus op sy lewensperspektief vanuit die voorstede van Kaapstad (Foto: André Badenhorst)

Daar is verskeie samewerkings saam met verskillende kunstenaars, onder andere Spoegwolf, Hunter Kennedy en Tasché, op die album. Is dit vir jou belangrik om saam met ander kunstenaars op ’n album saam te werk? Watter dinamiek bring dit na die album?

Ja, ek hou daarvan om saam met ander kunstenaars te werk en my discography sal getuig daarvan. Ek voel ek leer altyd by iemand as ek saam met hul skryf. Ek dink dit dra ook by tot groter variasie op die album en ek wou graag ’n klomp verskillende goed op hierdie album doen.

Een van die interessante mense wat ook op jou album gehoor kan word, is Riaan Cruywagen. Vertel asseblief meer hieroor – hoe het dit gebeur?

Ek het baie gehou van die lyn “rugby en die weer en die openbaring” in die eerste song, “Ek probleem”. Ek het op ’n stadium gedink dit is die album se titel, maar dit het nie gebeur nie. Ek wou graag nog steeds klem lê op die frase en gedink dit sal die beste gedoen word met Riaan Cruywagen wat die reël vir ons voorlees soos hy die nuus sou lees. My bestuurspan het met hom in kontak gekom en hy was bereid om dit te doen. Ek het ’n WhatsApp van Riaan onvang waarin hy vra wat ek wil hê hy moet doen. Hy was ongelooflik vriendelik en hoflik en sy Afrikaans is onberispelik. Baie bly hy was oop vir dit.

Die bekendstelling van die album is deur duisende mense bygewoon – kry jy “stage fright” of nie sommer nie. Hoe berei ’n mens voor om voor soveel mense op te tree?

Ek kry stage fright as ek nie ordentlik voorbereid is nie. Vir die bekendstelling en Francois van Coke en Vriende was ek en my span baie goed voorberei en dit was ’n ongelooflike aand en ’n voorreg om van die nuwe songs voor so baie mense te kon speel en om ’n klomp ander collabs van oor die jare te kon vier.

Francois, as jy nou so terugkyk oor die jare – hoe sou jy sê het jou musiek verander en saam met jou as mens gegroei?

Sjoe, ek probeer om nooit dieselfde album te maak nie. So die musiek verander konstant, maar dit is ook vir my belangrik om te stick to my guns. So, ek probeer altyd daardie balans regkry. Ek is ’n ander mens as wat ek was in 2003, toe ek begin het, maar my denkwyse bly nog baie dieselfde.

Op die verhoog met die gehoor aan sy voete (Foto: Henry Engelbrecht)

Jy was nie altyd bekend vir jou solo-loopbaan nie, maar het eerder bekendheid verwerf as lid van groepe soos Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel – hoe verskil solo optree daarvan om in ’n groep op te tree vir jou?

Daar is nie so ’n groot verskil nie, want ek speel nog steeds met ’n band en daar is nog steeds ’n tipe demokrasie, ek het net die finale sê op alles. Die een ding wat anders is, is dat my naam op die album cover staan en ek ook die meeste van die kritiek moet vat, maar ook seker die meeste van die prys kry.

Francois in sy element tydens ’n optrede (Foto: Henry Engelbrecht)

Wat is die beste raad oor die bedryf wat jy ooit van iemand ontvang het?

Ek kan nie dink aan goeie raad wat ek al gekry het nie. Dalk vergeet ek van iets. Ek kyk tog op na Valiant Swart en Coenie de Villiers as goeie voorbeelde van hoe om cool te bly as hul ouer word.

Wat hou die toekoms vir jou in?

Ek speel shows tot aan die einde van jaar, regoor die land en in Nederland. Dan gaan ek in Januarie vakansie hou saam met my familie en daarna sal ek begin dink aan wat volgende gaan gebeur, maar my definitiewe planne is nog musiek en groter shows!

The post Francois van Coke oor die suburbs en sy nuutste album appeared first on LitNet.

Verstaan die struktuur van wiskunde

$
0
0

Pieta van Deventer gee ’n inleiding tot die basiese struktuur van wiskunde en hoe dit tot verdere klassifikasies en oplossings van wiskundige probleme kan lei.

Ek het op skool Duits as vak geneem. Die vak is aangebied deur middel van ’n studie van die struktuur van die taal. Dit het my getref dat Afrikaans en Engels ook elkeen ’n soortgelyke struktuur het. En dit het my baie gehelp in my begrip van nie net Engels nie, maar ook my eie taal, Afrikaans, oor hoe dinge inmekaarsteek.

Op dieselfde manier is daar ook struktuur in die taal wiskunde, met sy eie woordeskat. Van hierdie woorde is aan die meeste mense bekend, byvoorbeeld plus, minus, vermenigvuldig, resiprook, inverse (nou-nou iets meer oor hierdie laaste twee); dan ook vierkantswortel, kwadraat, dotproduk en nog baie meer. ’n Selfstandige naamwoord in ’n taal is slegs ’n etiket of simbool, byvoorbeeld die woord of etiket lepel roep ’n voorwerp op wat ons almal ken. Die voorwerp kon enige ander naam of etiket gehad het. Dikwels is so ’n naam beskrywend van aard, bv langbroek. Dis weliswaar ’n etiket, broek, maar met die beskrywing lang daarmee saam. So roep die simbool 4 die begrip van ’n sekere aantal, genoem vier, by ons op. Die simbool 4 ís nie vier nie, maar slegs die etiket vir daardie virtuele begrip van ’n sekere aantal.

As ’n mens dit besef, skep dit ’n baie beter begrip van wat ’n mens met syfers en ander wiskundige simbole doen.[1]

’n Punt, as een van die komponente van ’n puntstipping in ’n grafiek, is slegs ’n voorstelling van waar die werklike virtuele punt in die plat vlak ter sprake dan ook veronderstel is om te wees. Die simbole vir plus (+), minus (), vermenigvuldig (×), vierkantswortel (), kwadraat () staan vir dinge om te doen. Ons noem hierdie tekens of simbole operators.

Sekere woorde kan dubbelsinnig wees, maar binne konteks is dit selde ’n probleem. Een so ’n geval is die gebruik van die woord inverse, ook bekend as die resiprook. Die inverse (resiprook) kan wees die vermenigvuldigingsinverse of die optellings- of additiewe inverse (of resiprook) waarby ons nou-nou gaan kom.

Om die struktuur te bespreek, sal dit help om ook die basiese tipes getalle wat voorkom te ken. Jy is reeds met ’n aantal hiervan bekend. Hier volg ’n kort lysie van die mees basiese tipes getalle:

  • , die komplekse getalle, soms foutiewelik genoem die denkbeeldige getalle, van die vorm , waar enbeide reële getalle is en. Die komplekse getalle sluit al die getalsoorte in waarmee ons alledaags te doen kry, die reële getalle inkluis, dws wanneer  in .
  • R, die versameling van reële getalle, wat ’n deelversameling van die komplekse getalle,  is, nl enige getal wat jy jouself op die kontinue getallelyn sou kon voorstel op watter wyse ook al, wat bestaan uit
    • Q, die versameling rasionale getalle, dws daardie getalle wat deur ’n breuk voorgestel kan word waar beide die noemer en die teller heeltallig van aard is, wat onder andere
      • Z, die versameling integers of heelgetalle bevat, wat bestaan uit die
        • N, Die positiewe heelgetalle, dws die natuurlike getalle en
        • Nul of te wel “0” asook
        • Die negatiewe heelgetalle.[2]
      • IR, die irrasionale getalle, dws die reële getalle wat nie rasionaal is nie. Daar is nog deelversamelings hiervan, waaronder die transendentale getalle en ander wat nie nou ter sprake is nie.

’n Verdere getalsoort is die kwatêrnione, wat net ’n dimensie by die komplekse getalle voeg, asook die onderskeid wat getref kan word wat betref niestandaard-wiskunde wat verwys na ’n baie besondere getallegroepering waarmee ons daagliks onbewustelik werk, soos onder andere by differensiasie en integrasie, maar nie regtig dink aan waarmee ons besig is nie, asook die algebraïese getalle, priemgetalle, perfekte getalle, en nog ander.

Let op dat die notasie vir die getalsoorte redelik gestandaardiseer is, maar dat daar soms in die literatuur tog daarvan afgewyk word. Een voorbeeld is die heelgetalle wat soms deur I of H aangedui word. Lees dus maar altyd versigtig en maak seker van die notasie wat gebruik word.

Ons is gewoond daaraan om op skool in sekere operasies getalle op te tel, af te trek, te vermenigvuldig en te deel. Daar is natuurlik nog heelwat meer operasies in wiskunde as hierdie genoemde vier. Die volgorde en assosiasies van baie van die operasies maak dikwels nie saak nie, maar soms wel, bv 2 + 3 = 3 + 2, 2  3 = 3 2, maar 2 – 3  3 – 2 nie, 2/3 3/2 nie, 4(2 + 3) = 4 2 + 4 3; 0/3 is toelaatbaar, maar 3/0 is nie toelaatbaar nie, ens. Deur van hierdie reëls bewus te wees en hulle toe te pas, gebruik jy reeds streng voorgeskrewe struktuurvoorskrifte wat soos hier onder saamgevat word, sien bv Herstein,[3] Baumslag[4] of Clark.[5] Dis die moeite werd om na meer as een skrywer se uiteensetting te kyk. Dit verbeter die insig, want elke weergawe lig sekere gedagtes beter toe.

Een van die mees basiese strukture is dié van groepe wat beskryf word deur die sg groepteorie. Dis ’n baie groot veld, maar ons gaan slegs na die heel basiese beginsels kyk. Jy sal verbaas wees dat dit in ’n groot mate net uitspel wat jy reeds weet en onbewustelik toepas. Daar is ook geen moeilike wiskundige insig nodig om dit te kan volg nie. Groepe word uit semigroepe en ander voorwaardes opgebou. Verdere uitbouings lei na ringe en velde ens. Ons gaan nie al hierdie gedagtes hier bespreek nie, maar slegs kortliks hul plek in die sisteem aandui asook die nut van hierdie navorsingsveld.

Wat ek tov tale ervaar het, geld ook vir die begrip van die eienskappe van groepteorie. Dit skep dikwels ’n nuwe perspektief in verdere toepassings en uitbreidings in wiskunde. Indien vir jou gesê word dat ’n sekere versameling saam met ’n aangewese operator ’n groep vorm, weet jy dadelik wat die eienskappe is van die elemente van die groep en wat jy daarmee kan doen en wat nie.[6]

’n Nie-leë versameling  tesame met ’n operator aangedui deur, genoem ’n binêre operator, wat op die elemente van  toegepas kan word, soos die optel, vermenigvuldiging of watter geldige operator ook al op enige twee van hierdie elemente van toepassing mag wees, word ’n groep genoem indien aan die volgende voorwaardes voldoen word:

  1. Daar is ’n identiteitselement wat dikwels deur die simboolaangedui word, waar . Hierdie identiteitselement is uniek op so ’n wyse dat vir elke element , is  .
  1. Elke element het ’n inverse in  wat impliseer dat daar ’n element is, sodat , diéwat in 1. gedefinieer is. Hierdie element word dikwels aangedui deur die simbool , veral wanneer ons met die vermenigvuldigingsoperator werk, of deur  wanneer ons met die optellingsoperator werk. Hierdie inverse is uniek.[7]
  2. Gegewe drie elemente , geld dat . Die resultaat is dus altyd weer ’n element van . Ons noem dit die assosiatiewe wet.
  3. Let op dat die resultate elke keer elemente is van S. Dus S is geslote onder die gegewe operator.

’n Groep bestaan dus uit:

  • ’n Nie-leë versameling  met ’n binêre operator.
  • Die versameling is geslote onder die binêre operator , dws alle resultate is weer elemente van .
  • Daar is ’n unieke identiteitselement wat ook ’n element is van .
  • Elke element het ’n unieke inverse wat ook ’n element is van .
  • Die assosiatiewe wet geld.

Indien dit verder waar is dat vir enige twee elemente , , sê ons dat dit ’n abelse groep is (vernoem na Niels Henrik Abel, 1802–1829, ’n Noorweegse wiskundige[8]) of dat die groep se elemente kommutatief is. Hierdie eienskap is nie ’n vereistes vir die bestaan van die groep nie, maar is dikwels nuttig vir verdere ontwikkelings.  

Die aantal elemente in  staan bekend as die orde van die groep, wat eindig of oneindig kan wees.

Enkele voorbeelde om bostaande te illustreer volg.

  • Stel en gebruik  as operator.

Nou is byvoorbeeld . Dws S is nie geslote onder die optellingsoperator nie. Dus vorm  nie ’n groep onder die optellingsoperator nie.

  • Stel en gebruik  as operator.

Nou is  en . Hierdie drie resultate is almal elemente van en dus is geslote onder die vermenigvuldigingsoperator. Daar is ook ’n identiteitselement , nl 1, asook ’n unieke vermenigvuldigingsinverse vir elke element sodat die resultaat die identiteitselement is, nl 1. Die assosiatiewe wet geld ook. Dus is ’n groep onder die vermenigvuldigingsoperator.

  • Stel , dws die uitgebreide natuurlike getalle. Laat wees.

Ons weet dat vir die operator , die volgende waar is:

  1. is nie negatief heeltallig nie, dws . Dus is  geslote onder optelling.
  2. Verder is ook. Dus geld die assosiatiewe wet vir optelling.
  3. Beskou . Dus is daar onder optelling ’n identiteitselement waar . (Dit geld nié vir die standaard natuurlike getalle, nie.)
  4. Die vraag is nou: Is ’n groep onder optelling? Ons kort nog een eienskap, nl dié van die inverse.

Die volgende geld egter nie, want indien , is . Dus is daar nie ’n optellingsinverse of resiprook vir elke onder optelling in  nie. Ons kom tot die gevolgtrekking dat  dus nie ’n groep onder die optellingsoperator is nie. Die standaard-segswyse is dat  nie ’n additiewe groep vorm nie.

  • Stel , dws die uitgebreide natuurlike getalle. Laat wees.

Ons weet dat vir die operator  (vermenigvuldiging) die volgende waar is:

  1. is nienegatief heeltallig, dws . Ons sê S is geslote onder vermenigvuldiging.
  2. Verder is . Dus geld die assosiatiewe wet vir vermenigvuldiging.
  3. Beskou . Onder vermenigvuldiging is daar dus ’n identiteitselement, nl 1.
  4. Die vraag is nou: Is ’n groep onder vermenigvuldiging? Ons kort nog een eienskap, nl dié van die inverse.

Daar is nie ’n  wat so is dat  nie. Daar is dus geen vermenigvuldigingsinverse in  vir  nie. Ons kom dus tot die gevolgtrekking dat  ook nie ’n groep onder die vermenigvuldigingsoperator is nie, of volgens die standaard-taal nie ’n multiplikatiewe groep vorm nie.

  • Stel , dws die heelgetalle. Laat wees.

Ons weet dat vir die operator  die volgende waar is:

  1. . Dus is S geslote onder optelling.
  2. Verder is ook . Dus geld die assosiatiewe wet.
  3. Beskou . Dus is daar onder optelling ’n identiteitselement .
  4. Die vraag is nou: Is ’n S = Z groep onder optelling? Ons kort nog een eienskap, nl dié van die inverse.

Indien , is . Dus is daar ’n inverse of resiprook vir elke onder optelling in . Ons kom tot die gevolgtrekking dat S = Z dus wel ’n additiewe groep vorm.

  • Stel , dws die heelgetalle. Laat wees.

Ons weet dat vir die operator , die volgende waar is:

  1. . Ons sê  is geslote onder vermenigvuldiging.
  2. Verder is . Dus geld die assosiatiewe wet vir vermenigvuldiging.
  3. Beskou . Onder vermenigvuldiging is daar dus ’n identiteitselement, nl 1.
  4. Die vraag is nou: Is S = Z ’n groep onder vermenigvuldiging? Ons kort nog een eienskap, nl. dié van die inverse.

Daar is nie ’n  wat so is dat  nie. Daar is dus geen vermenigvuldigingsinverse vir  in  nie. Ons kom dus tot die gevolgtrekking dat  ook nie ’n groep onder die vermenigvuldigingsoperator is nie.

Jy kan gerus self bestudeer hoekom , die versameling van rasionale getalle, ’n additiewe groep vorm en ook hoekom dit nie ’n multiplikatiewe groep vorm nie. In die laaste geval skep die teenwoordigheid van 0 ’n probleem, want 0 het nie ’n vermenigvuldiginginverse nie. Toets nou vir  dws die versameling van rasionale getalle met 0 uitgesluit. Nou het ons nie ’n additiewe groep nie. Hoekom nie? Dit vorm egter nou wél ’n multiplikatiewe groep.

Op dieselfde wyse kan jy die versameling van irrasionale getalle bestudeer. Ons het hier ook nie ’n additiewe groep nie. Hoekom nie? Dit vorm egter ook nie ’n multiplikatiewe groep nie, want let op dat byvoorbeeld . Dus is die proses nie geslote nie.

Om ’n laaste oefening te doen, bestudeer gerus die versameling van reële getalle. Dis interessant dat die reële getalle ’n groep vorm onder beide operasies.

Vir diegene wat bekend is met die komplekse getalle, probeer gerus om die toets vir die komplekse getalle deur te voer.

Dit bring ons by die definisie van ’n ring waarmee ons gaan volstaan voordat ons ’n pragtige toepassing van al hierdie gedagtes aantoon.

Ongelukkig is daar twee wêrelde se definisies vir ’n ring.[9] Ek gee eers die VK-weergawe en dan die wysiging daarop wat die VSA- weergawe verteenwoordig. Ons benodig egter eers die gedagte van ’n semigroep. ’n Semigroep vereis slegs die eienskappe van a) ’n binêre operasie, b)geslotenheid en c) assosiatiwiteit. Geen vereistes word gestel ten opsigte van inverses of ’n identiteitselement nie. Indien laasgenoemdes geld, is dit ’n bonus.

VK-definisie: ’n Ring bestaan uit ’n nie-leë versameling S onderhewig aan twee binêre operasies, gewoonlik additief en multiplikatief, op so ’n wyse dat ’n S additiewe groep vorm en wat onder multiplikatiwiteit ’n semigroep is wat geslote is onder die distributiewe wet vir optelling en aftrekking. Die stelsel in sy geheel moet ook abels wees. Indien die ring boonop ’n multiplikatiewe identiteitselement besit, noem ons die stelsel ’n ring met identiteit. So vorm die heelgetalle ’n ring met identiteit. Uit die aard van die saak vorm die reële getalle ook ’n ring met identiteit.

VSA-definisie: Dis dieselfde as dié vir die VK, maar met die ekstra vereiste dat daar ’n nie-nul-identiteitselement teenwoordig móét wees.

Daar bestaan baie verskillende spesifieke groepe in die reële wêreld, byvoorbeeld die Poincaré-groepe, Lie-groepe, Galois-groepe, sikliese groepe en vele meer. Die Galois-groepe het op ’n manier aanleiding gegee tot die oplossing van ’n eeu oue probleem, nl: Gegewe ’n sirkel, hoe sou ’n mens met net ’n liniaal en passer tot jou beskikking ’n vierkant kan konstrueer wat presies – nie by benadering nie, maar presies – gelyk is in oppervlakte aan die oppervlakte van die sirkel? Gauss het beweer dat dit nie moontlik is nie, maar het geen bewys daarvoor gegee nie. Pierre Laurent Wantzel het in 1837 bewys dat Gauss wel reg was.[10] Breedweg argumenteer hy dat dit onmoontlik is om  met behulp van ’n liniaal en passer alleen te bepaal, en dit word benodig in die oplossing van die probleem, nl om x uit  te bereken. Die rede daarvoor is dat  ’n transendentale getal is wat nie aan enige standaardgroep onder die operasies van optelling of vermenigvuldiging of enige van ’n reeks ander operasies behoort nie, en dus geld die spesifieke groepseienskappe nie daarvoor nie. Jy mag vra wat ’n transendentale getal dan nou sou wees. In ’n verdere artikel sal ons aandag gee aan ’n paar interessante getalle en reekse, waaronder die transendentale getalle. Ons aanvaar dit egter voorlopig net so, anders gaan ons nou baie ver van die huidige onderwerp af weg beweeg. Dit toon egter net weer die geweldige plesier wat in die studie van eenvoudige wiskunde skuil. Voordat jy weet wat jy doen, het jy al weer ’n volgende miernes van plesierige afleiding oopgekrap. 

Ek vertrou dat jy as leser wel kon waarneem en waardeer dat daar baie meer struktuur in ons alledaagse omgaan met doodgewone wiskunde is as wat ons ooit sou kon droom en dat hierdie struktuur vir ons verdere deure kan oopmaak met verdere navorsingsmoontlikhede. Wees net bewus daarvan dat bostaande slegs ’n skrefie oopmaak op groepteorie. Daar is baie meer as wat hier beskryf is. Hierdie is net ’n bekendstelling.

[1] In toegepaste wiskunde maak dit baie sin om uitdrukkings volledig in konteks vol uit te lees deur bv. nie te sê: x-kwadraat plus y kwadraat nie, maar deur te sê: “die som van die kwadrate van die afstande afgelê”, of wat ookal die geval mag wees. Dit skep onmiddelik begrip vir waarmee ’n mens besig is. Op hierdie manier neem dit miskien  meer tyd, maar spaar op die ou einde ook baie tyd, met baie beter begrip.

[2] N word hier dus gedefinieer as . In die literatuur sal ’n mens soms ook egter vind dat N as  gedefinieer word, dws .

[3] Herstein, IN, Topics in Algebra, Xerox College Publishing, Lexington, 1964, ble 26–7.

[4] Baumslag B and Chandler B, Theory and problems of group theory, McGraw-Hill Book Company, New York, 1968, bl 50.

[5] Clark Allan, Elements of Abstract Algebra, Dover Publications Inc, New York, 1971, ble 19–20.

[6] Dis dan ook ’n uiters vereenvoudigde vorm van wat bekend staan as kategoriese wiskunde, wat nie verwar moet word met kategoriese data-analise nie.

[7] Hier kom ook voor die probleem van links- sowel as regsinverses, maar ons gaan nie hier daarop klem lê nie, aangesien matrikse en dies meer nie in hierdie artikel ter sprake kom nie.

[8] https://en.wikipedia.org/wiki/Niels_Henrik_Abel.

[9]  Collins Dictionary Mathematics, EJ Borowski en JM Borwein, 2de uitgawe, Harper Collins Publishers, 2002, bl 490.

[10] http://www.geom.uiuc.edu/docs/forum/square_circle/ 

 

The post Verstaan die struktuur van wiskunde appeared first on LitNet.

Viewing all 21831 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>