Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21939 articles
Browse latest View live

Winterfoto-kompetisie: Annelize Cloete se inskrywing


JPJ van Rensburg, professor in Grieks op Stellenbosch, die man wat eerste was om die ou Grieke rêrig Afrikaans te laat praat

$
0
0

JPJ van Rensburg

[’n Vertraagde Epitáphios Lógos van ’n oud-leerling aan sy eertydse Griekse leermeester]

Hierdie is noodwendig ’n persoonlike verslag wat ek, pas ná my 82ste verjaarsdag, op rekord moet plaas. Ek is waarskynlik die enigste (hoewel veel latere) tydgenoot van wyle professor JPJ van Rensburg van Stellenbosch wat nog oorgebly het om, uit eie meelewing as oor- en oog-getuienis, hierdie verhaal in enige diepte te kan vertel. Dit is immers nou my plig - voordat die vergetelheid sy gordyn finaal sal laat sak oor hierdie stukkie "drama" in Grieks én Afrikaans. Ek gee wel veel detail, maar baie oor JPJ van Rensburg sal ongesê moet bly. Die uwe het in medias res op die toneel verskyn en dit alles self beleef – wat vir hom ’n groot voorreg was en iets is waarvoor hy altyd dankbaar sal wees.

Professor Johannes Petrus Janse van Rensburg is op 23 Augustus 1911 op Tweedronk in die distrik Standerton in die ou Transvaal gebore. Dít het daarvoor gesorg dat sy goeie gholf-vriende op Stellenbosch hom altyd as "Stannie" aangespreek het. Omdat hy kort van statuur en donker van velkleur was, met kort krullerige hare, het sy vrou (Judith Anna) Wilhelmina, wat ek later aan huis leer ken het as "Tant Wil", hom altyd liefderik haar "Boytjie" genoem. Vir sy studente was hy ons geliefde en alombeminde “Kaffertjie", ’n Israeliet in wie daar geen bedrog was nie. ’n Man enig in sy soort. ’n Man met ’n grenslose intellek en insig. Hy was my groot leermeester wat later ook my groot vriend geword het.

Nadat Van Rensburg in 1929 in die "eerste klas" op Standerton gematrikuleer het, het hy (ook soos ek jare later) na Stellenbosch gekom om hom as predikant te bekwaam aan die plaaslike Teologiese Seminarium. Soos ek, was hy ’n plaasseun. En soos ek moes hy eers die Grieks van die Handboek van die Nuwe Bedeling onder die knie kry. En soos hy, het ek "koue voete" gekry, en het hy onder die Skot professor Charles S Edgar (1903-'43) en die Hollander Pietie van Braam (1913-'46) sy studie in die Klassieke Tale op Stellenbosch voortgesit. Hy het agtereenvolgens die grade BA en MA hier cum laude in 1932 en 1933 behaal. Vir ’n kort tydjie daarna was hy onderwyser in Latyn op Parys in die ou Oranje Vrystaat.

In 1936 (die jaar voor mý geboorte in Namakwaland) verwerf hy die Abe Bailey-beurs vir nagraadse studie in Londen. Hier behaal hy in 1938 die graad MA, ook cum laude, vir ’n skripsie met die titel An Introduction and Commentary to Apuleius: Metamorphosis XI.  Dit was aan die University College in Londen. Terwyl ek hier sit en skryf, lê hierdie skripsie, al vervaal van ouderdom, oop langs my op my lessenaar. Dit beslaan 143 bladsye en is in ’n slap bruin omslag, destyds gebind deur sy vrou self. Omdat hy soveel sentiment daaraan geheg het, het hy dit eers na haar dood in 1973 vir my gegee, net soos ook sy doktorale dissertasie (vir ’n D Litt) daarna op Stellenbosch in 1943 onder die (vir hom) lang titel The Relative Strength of the most important Oriental Religions and their Influence on Roman Life up to the end of the Third Century AD. Sy promotor destyds was professor Pietie Van Braam, met professor Theo J Haarhoff, ’n ander groot doyen van die klassieke in Suid-Afrika, as eksterne promotor. Dit beslaan 263 bladsye en was die heel eerste doktorsgraad in Klassieke Tale wat die Universiteit van Stellenbosch toegeken het. Op 13 Maart 1979, ’n jaar voor sy dood, het Van Rensburg ook hierdie proefskrif van hom een aand met ’n besoek aan sy huis in Soeteweide 6, Universiteitsoord, vir my laat kry – met ’n lang inskripsie voorin. Ook dit hou ek nou in my hande. Alhoewel Van Rensburg al sy nagraadse kwalifikasies met Latyn as hoofvak behaal het, het hy eers in 1951 professor in Grieks aan die US geword. Reeds in Januarie 1947 is hy egter al as professor in Klassieke Tale by die US aangestel (sien GFC de Bruyn, Professore: Universiteit van Stellenbosch en Voorgangers: ’n private uitgawe, 1989,  p 12, lemma 108 – wat ook die rangorde van professorale aanstellings aan die US aandui). Vir 30 jaar was hy dus net professor in Grieks. ’n Merkwaardige oorstap uit die Latynse Letterkunde en die Umwelt, as jy dink wat hy daarna alles vir Grieks op Stellenbosch (en in Suid-Afrika) vermag het. Die Duitsers noem so iemand, reg van sy begin af, ’n Wunderkind. Ek het baie jare later op Cambridge, juis op sy aandrang, aan King's College ’n PhD in die NT Griekse grammatika verwerf, maar ek kon in die vakrigting van suiwer Griekse filologie, reg tot die einde, nooit naby aan hom kom, nadat ook ek op Stellenbosch as dosent aangestel is nie. Hy het ’n meesterlike analitiese brein gehad. Blitsvinnig kon hy ’n grammatiese crux oplos. Ek het hom altyd daarvoor bewonder, al het hy soveel keer vir my gesê: "Gert, ek kan nie doen wat jy met die NT doen nie. Ek is ’n klassikus."

Die Westerse letterkunde, weet almal vandag, vind sy ontstaan, in al sy literêre genres, in die voorbeeld van die oud-Griekse letterkunde (epiek, liriek, die tragedie, die komedie, retoriek, geskiedskrywing, filosofie en later ook die roman). En dit was JPJ van Rensburg wat, ongeëwenaard vir Afrikaans, in vertaling die Klassieke Griekse tekste die een na die ander oor 30 jaar heen oopgebreek het. Hy het altyd suiwer idiolekties vertaal om die atmosfeer en die gees van die oorspronklike te probeer vasvang, sonder om die idioom van die reseptortaal te verkrag. Sy hele lang ry vertalings in Afrikaans het Van Rensburg strykdeur aangebied met ’n gespierde boerse frisheid daarin, vasgelê in ’n sprankelende en ongekunstelde Afrikaanse idioom. Hy kon hoogdrawendheid nooit verdra nie. Die moderne Amerikaanse neiging om dinamies-ekwivalent te vertaal (waarvan Eugène Nida, nou reeds saliger, die groot apologeet was), het hy altyd vermy. ’n Vertaling, op sy direkte beste, het hy geredeneer, bly maar altyd slegs ’n interpretasie van die oorspronklike, soos die Italiaanse spreekwoord ook lui: tradutore tradittore, ’n vertaler is ’n verraaier. Dan is dit juis ’n groot kuns om met die Afrikaanse vertaling uiteindelik ook die reuk en smaak van die oorspronklike teks in te dra. En dit kon Van Rensburg baie goed doen, meen ek (synde ook ’n Graecus). Dit vertel ook die storie van sy "oorgebruik", van die oud-Griekse modale partikels by Homerus, soos "dan","mos", "tog", "darem" en "sommer" (waarvan EL de Kock van die latere RAU hom beskuldig het).  In Van Rensburg se vertaling van die Griekse treurspel Trôádes ("Die vroue van Troje", 1945) het NP van Wyk Louw in sy lang inleiding daarby opgemerk (p 14) dat TJ Haarhoff se vertalings uit Grieks van Aristophanes se Ranae ("Paddas") en stukke uit die werke van die Atheense treurspeldigters Aischulos, Sophokles en Euripides, in sy "Die Antieke Drama" van 1946, vir ’n "poëtiese neteldoek" gesorg het, deur as digter hom streng te hou by die (onvertaalbare) oorspronklike Griekse prosodiese skemas. Theo Wassenaar ("Koning Oidipus" van Sophokles, 1974) en JA Ross (die "Hippolytos" van Euripides, MCMXL) het in dieselfde strik getrap. Ek meen ook dit doen beslis geforseerd aan. Juis daarom het Van Rensburg altyd prosa as medium gekies, sodat hy vry was om nie te probeer vertaal wat nie vertaal kon word nie. En was hy vry om net die inhoud van die Griekse teks so sekuur as moontlik weer te gee. Die oud-Griekse prosodie was kwantiterend (met ’n afwisseling wat in lang en kort sillabes geskandeer kan word) en nie aksentuerend soos in Afrikaans nie. Buitendien weet ons vandag bitter min van die werklike notering van die oud-Griekse musiek (vir die aulós, "fluit", en vir die lúra, "lier") wat koorlirieke begelei het. Wat ons vandag hiervan oor het, lyk na die standbeeld (soos in ’n museum) van een van die oud-Griekse gode waarvan die kop afgekap is en verlore gegaan het.

Toe Van Rensburg in 1980 as professor in Grieks aan die US uittree, het hy vir my plegtig sy  groot Liddell & Scott se A Greek-English Lexicon, wat in 1843 vir die eerste keer in Oxford  verskyn het en 2 111 bladsye beslaan, met dié woorde gegee: "Gebruik dit elke dag vir ’n paar uur, en blaai dit verder stukkend as dit daarop aankom, (geteken tt JPJ van Rensburg)." Grieks, kan ek hier net byvoeg, het in al sy groot verskeidenheid van dialekte (tradisioneel Ionies/Atties, Dories en Eolies – wat egter ’n minder akkurate indeling is) én in die verskillende fases van sy ontwikkeling as taal (Homeries/Epies, Klassiek, Hellenisties, Bisantyns en Moderne Grieks) sekerlik die grootste woordeskat van enige taal op aarde. Deur blote agglutinasie kan dit feitlik enige woord uit sy derduisende wortelstamme skep. Net daar. Die langste woord in die Griekse taal vind ons byvoorbeeld só by Aristophanes in sy Ecclesiazusae ("Vroue in die parlement"), reëls 1169, vervolgens (hier in klank weergegee, in Griekse teks tel dit egter altesaam 169 letters):

lopadotemachoselachogaleokranioleipsanodrimupotrimmatosilphioparalomelitokatakechumenokíchlepikossuphophaphattoperistralektruonoptegkephalliokigklopeleiolago[i]osiraiobaphêtragalopterugôn

Van Rensburg se vertalings uit Klassieke Grieks sluit die volgende in: Homerus (850 vC) se twee eposse, die Ilias (1954, wat 15 693 heksameter versreëls beslaan) en die Odusseia (1963, wat 11 760 heksameter versreëls beslaan); sy vertaling van Herodotus se groot Geskiedenis van die Persiese Oorloë teen Griekeland (490-480 vC), onder die titel Die Ooste teen die Weste, wat 505 bladsye tel in Hans Kirsten van Menlopark, Pretoria, se 1994-uitgawe daarvan en wat eers 14 jaar ná sy dood verskyn het - waarvoor hy weer eens, hierdie keer helaas postuum, soos ook verskeie kere sedert 1948, die SA Akademie-prys vir vertaling in Afrikaans ontvang het.

Vir sy eerste toekenning vir ’n vertaling uit Grieks (Die vroue van Troje van Euripides) wou die Akademie aanvanklik die Hertzog-prys aan hom toeken, maar het hulle toe besef dat net die vertaling sy oorspronklike werk is. Die brief aan hom vir daardie toekenning lê nou voorin my eksemplaar van Die vroue van Troje: op 17 November 1948 geteken deur die bekende Afrikaanse taalkundige FCL Bosman, toe die Sekretaris van die Fakulteit vir Taal, Lettere en Kuns van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Iets meer hier oor Van Rensburg se gigantiese vertaling in Afrikaans van die twee groot Homeriese eposse waaraan hy 14 jaar bestee het. Professor van Rensburg se vrou het my vertel dat wyle Anton Rupert en sy vrou Huberte een aand by hulle kom kuier het. Die Ruperts het glo opgemerk dat daar iewers "dood in die huis" is. Toe vertel Ant' Wil hulle dat haar man sewe jaar lank aan die vertaling van die Ilias van Homerus (die boek waarmee die Westerse letterkunde letterlik begin) bestee (lees: geswoeg) het en dat geen uitgewer in Suid-Afrika kans sien om dit te publiseer nie. Want wie sal ooit so iets wil koop? Op hulle terugrit daardie aand na Thibaultstraat, het Anton toe vir Huberte gesê dat hy hieroor, as uitvoerende direkteur van die Rembrandt Tabak-korporasie, by die eerste en beste geleentheid sal voorstel dat dié maatskappy die uitgee daarvan volledig sal borg om dit teen ’n "billike prys" vir die publiek beskikbaar te stel. Dit het toe ook gebeur. En gou was hierdie juweel op die mark in Suid-Afrika, gedruk deur Pro Ecclessia-Drukkery op Stellenbosch, en teen 15 sjielings per eksemplaar aangebied. In "Van alle kante" het Die Burger van Maandag, 22 November 1954, die lof van hierdie boek besing. Daarin het Van Rensburg dit aan ’n onderhoudvoerder gestel dat dit ’n "unieke blyk van vertroue" in Afrikaans is. Dit was ook in ’n uiters aantreklike formaat uitgegee: ’n boek van 404 bladsye met goue letters op ’n omslag van rooi kunsleer, beskerm in ’n spesiale kartonhouer. Tipies die aanslag van Aton Rupert. Van Rensburg het ook vertel dat hy weke lank, tydens langverlof, in ’n "afgesonderde kamertjie" naby Paardekop in Oos-Transvaal die laaste vyf van die 24 boekdele van die Ilias sit en vertaal het met sy Little & Scott langs hom, terwyl sy skoonmoeder die hele tyd vir hom koffie bly aandra het. Later het hy sy werk voortgesit aan huis van sy eie moeder in Sabie. Gevra of hy dink hierdie werk van Homerus, wat die Bybel van die ou Grieke was, is al sedertdien net soveel keer gelees as die Christelike Bybel self, was sy antwoord dat hy huiwerig is om daarop te antwoord ("comparisons are odious", het die skrywer hiervan hom dikwels hoor sê). "Wat wel waar is, is dat die Ilias van Homerus reeds sy invloed laat geld het amper ’n volle duisend jaar voordat die Christelike Bybel daar was. Alexander die Grote (gebore in 356 vC in Macedonië, ten Noorde van die Griekse moederland, en sterf  in 323 vC aan koors [(of was dit dalk crapula?] in Babilon - toe maar net 32 jaar oud) het die Ilias van Homerus in ’n spesiale juweelkissie wat van die Perse geroof is as sy handboek elke dag op al sy grootse en seëvierende krygstogte in die Ooste saam met hom gedra. Van Rensburg het my later vertel dat ’n vrou uit Portland in die Amerikaanse staat Maine, nadat sy van sy vertaling van die Ilias in ’n nuusberig gehoor het, in ’n brief aan hom gevra het of Afrikaans dieselfde is as Swahili. Sy wou graag ’n eksemplaar daarvan bekom aangesien sy boeke in vreemde tale versamel om iets daaruit te probeer leer. Sy besit wel reeds die Koran in Arabies, maar dit is darem te moeilik vir haar om gelees te kry en te verstaan, het sy bygevoeg.

Danie van Niekerk, een van JPJ van Rensburg se mees begaafde oud-studente, het op 1 Januarie 1955 ’n gloeiende artikel in die "Byvoegsel" van Die Burger oor Van Rensburg se vertaling van die Ilias geskryf. Toe hy vir Van Rensburg vra waarom hy ooit so ’n reuse taak aangedurf het om die Ilias te vertaal, het dié hom ’n menigte redes gegee – waaronder dat dit tog ’n mooi (en pakkende) storie is; dat dit handel oor tydlose karakters, mans en vroue, soos oor Achilles se wrok (die eintlike leitmotiv van hierdie epos, beskryf oor die bestek van slegs 51 dae in die laaste jaar van hierdie tienjarige oorlog van 1194-1183 vC) en Andromachê wat in haar huis in die ommuurde stad Troje die aand angstig gewag het op die terugkoms van haar man, die vermaarde Trojaanse held Hektor, en selfs sy badwater vir die aand warm gemaak het, sonder dat sy geweet het sy dat sy warm lyk aan beesrieme vasgemaak deur gate aan altwee sy enkels rondom die stadsmure van Troje deur sy Griekse oorwinnaars met ’n strydwa gesleep word (waar die digter Homerus homself hier van "skandelike dade" [aeikéa érga, boek, 22, reël 395] beskuldig het); en derdens, dat hierdie epos eintlik, hoewel in ’n ontsaglike groot pre-klassieke woordeskat en grammatika, tog met die grootste eenvoud geskryf is, binne ’n strenge vormvolmaaktheid van heksameterverse, reël vir reël, waar anapeste (v v -) met spondeë (- -) afgewissel word. Die Ilias is ’n nasionale volksepos waarin elke mens die blote storie kan verstaan, in vergelyking byvoorbeeld met John Milton se Paradise Lost, wat weer ’n kultuurepos is en wat jy alleen kan verstaan in die lig van eindelose geleerde letterkundige verwysings. Tradisie wil dit hê dat Homerus ’n blinde digter van (moontlik) die rotsagtige eiland Chios aan die Klein-Asiatiese kus was. Sy naam self impliseer dit ook etimologies in die oorspronklike Grieks. Net ’n blinde digter, is daar  geglo, kan die vates van sy volk wees, omdat hy die onsienlike kan sien – dit wat die siende nie kan sien nie. Die filosoof Plato het hom tereg die "Opvoeder van Hellas" genoem.

Van Niekerk, in sy artikel hierbo, het (seker met blote wensdenkery) daarna uitgesien dat Homerus se Odusseia ook "eendag" in ’n Afrikaans vertaling sal verskyn. En dit hét.

Sewe jaar later was JPJ van Rensburg se vertaling van die Odusseia gereed. Dié keer het Human en Rousseau van Kaapstad dit onmiddellik gepubliseer en die SA Akademie-prys vir vertaling is daar en dan daarvoor aan hom toegeken. Hoe relatief is alles tog nie in hierdie lewe nie. Die ou Griekse vóór-Sokratiese natuurfilosoof, Herakleitos van Efese, het by geleentheid gesê: nta rheî kaí oudén ménei ("Alles vloei en konstant bly daar niks" - want niemand kan ooit twee keer deur dieselfde water van ’n rivier loop nie). Anton Rupert het hierdie keer ’n kopie van die Odusseia in wit kalfsleer laat bind en aan professor Van Rensburg oorhandig met die volgende inskripsie voorin: "Aan die man wat nie ’n skok sal hè [sic] aan die "Ewigheid" nie. Dankie vir ’n tweede 'sewe vet jare'. Anton Rupert." Sedertdien is die gordyn oor beide getrek, maar Homerus het in Afrikaans agtergebly. Die vertaler sélf het gesorg dat ek daardie gesogte "wit" eksemplaar van Homerus se Odusseia bekom. In die hoofartikel van die Die Burger op Saterdag, 16 November 1963, is Van Rensburg geluk gewens met sy andermaal groot prestasie. Dit is ook genoem dat die ver-Afrikaansing van hierdie twee heldedigte van Homersus nog kan lei tot ’n herlewing van die studie van Grieks in Suid Afrika, waarvan die naelstring deur verwaarlosing hier te lande byna reeds afgesny was. En daar is die wens uitgspreek dat jongmense sal opstaan wat weer na die antieke bron sal wil terugkeer. Die uwe was een van hulle, geïnspireer deur die einste professor JPJ van Rensburg.

Ander vertalings van JPJ van Rensburg wat nou ook in Afrikaans op hulle eie pedestale staan, sluit dié van die volgende oud-Atheense treurspeldigters in: die Antigone (1961) en Iphigeneia in Aulis (1967) van Euripides; die Elektra (1969), Philoktetes (1976) en die Oidipus by Kolonos (1979) van Sophokles (laasgenoemde hier is onverskoonbaar weggelaat deur sy jarelange vriend en kollega, Frans Smuts, die professor in Latyn, in die Suid-Afikaanse Biografiese Woordeboek, vol. V, pp 873-74, ’n man wat ook [tensy dit setfoute was] in die Latynse titel van Van Rensburg se meesterskripsie in Londen ’n growwe fout gemaak het met Metamorphoses XI vir Metamorphosis XI).

Professor Van Rensburg het altyd gesê dat hy Sophokles se Oedipus Coloneus ("Oidipus by Kolonos") eers op sy oudag  gaan vertaal, omdat dit die uiters tragiese verhaal vertel van hoe koning Oidipus van Thebe, heel onwetend, mislei deur ’n orakel van Delphi, sy pa (Laios) doodgemaak het, toe met sy ma (Jokasta) getrou het en by haar vier kinders verwek het: twee seuns (Poluneikes en Eteokles) en twee dogters (Antigone en Ismene). Toe hy tot die waarheid van die wrede werklikheid hiervan kom, het Oidipus sy eie oë met die borsspeld van Jokasta uitgesteek en as blinde banneling na Athene gevlug, aan die hand gelei deur die onwrikbare Antigone. Van Rensburg se Oidipus by Kolonos het dan ook net ’n jaar voor sy dood by Human & Rousseau in Kaapstad verskyn. ’n Orakel vervul.

 Van Rensburg het ook Aristophanes se wulpse komedie, die Lusístrata, in Afrikaans vertaal – "met sondige genot," soos hy altyd gesê het. Maar hieroor later meer as ons by die opvoering van Van Rensburg se vertaalde dramas op Stellenbosch kom. Inderdaad is hierdie vertaalde  dramas in Afrikaans van Van Rensburg ook heel opvoerbaar, juis omdat dit in sulke uiters kollokwuale eenvoud geskryf is.

’n Pragtige boekie wat Van Rensburg ook in ’n Afrikaanse vertaling uitgegee het, is Die mooiste fabels van Esopus (ook 1970, met illustrasies deur JJ Grandville). Hierin is 119 van die 123 fabels van Esopus, ’n Thrasiër wat volgens Herodotus teen die middel van die sesde eeu vC tydens die heerskappy van die bekende koning Amasis in Egipte gewoon het. Dit verhaal almal episodes uit die dierelewe wat dan op didakties-satiriese wyse heerlik die gek skeer met die wonderlike mens se "verhewe" moraal.

Van Rensburg het ook die eerste Afrikaanse grammatika van Grieks geskryf, ’n Eerste Griekse Grammatika (1953, vier keer herduk) met die tipiese dubbelsinnige titel wat hy daaraan gegee het, omdat hy hier, vir die eerste keer, akademies-grammatikale begrippe in die studie van Griekse moes ver-Afrikaans. Inderdaad baanbrekerswerk, bygestaan professor Meyer de Villiers van die Departement Afrikaans-Nederlands op Stellenbosch. Professor Van Rensburg het, na sy aanstelling as professor in Grieks by die US, onmiddellik daaraan begin werk omdat al sy studente (admissante) in werklikheid Afrikaanssprekend was. Vir die vorige amper honderd jaar moes die voornemende Afrikaanse dominee Grieks met behulp van Engelse handboeke leer. Saam met sy Grammatika het Van Rensburg ook Griekse oefeninge met woordelyste (1955) opgestel. Dit alles binne sewe jaar nadat hy in hierdie pos aangestel is. Hierdie Griekse grammatika, plaaslik uitgegee deur UUB op Stellenbosh, het in 1956 gesorg vir mý eerste kennismaking met Grieks én met een van die briljantste en grootste geeste wat ek ooit geken het – ’n leermeester wat my jare later op 21 September 1980 na sy sterfbed in Bellville sou ontbied.

En ja, Van Rensburg het ook by UUB op Stellenbosch die eerste Oorsig van die oud-Griekse letterkunde in 1969 in Afrikaans gepubliseer, onder die motto ΓΗΡΑΣΚΟΙΜΙ  ΔΙΔΑΣΚΟΜΕΝΟΣ (wat hy by die groot [Philip)]August Boeckch, 1785-1867, professor in Grieks op Heidelberg-aan-die-Nekar en ook die Duitse hoofstad Berlyn, geleen het – ’n man wat vandag beskou word as dié grondlegger van die Alertumswissenschaft in Wes-Europa). "Mag ek al lerende (vir ander), oud word," was sy boodskap. En dit is ook hoe ’n dosent in sy vak groei en grootword.

By Van Rensburg se "Die vroue van Troje" (Trôádes in Grieks) het sy vriend en waarskynlik die grootste digter wat Suid-Afrika ooit opgelewer het, NP van Wyk Louw, ’n uiters insiggewende inleiding van 27 bladsye geskryf oor die "Klassieke Literatuur" en oor die "vertaling" daarvan. Van Rensburg het nie die poëtiese tekste wat hy vertaal het probeer her-poëtiseer nie. Laasgenoemde poging kan soms tot verregaande inlegkunde lei. Daarom het hy altyd by prosa gehou, maar prosa wat in sy ritme skerp aangewend was.

Van JPJ van Rensburg se vertalings van Griekse dramas is op Stellenbosch in die HB Thom-teater opgevoer. Aletta Gericke van die SAUK het reeds in 1938 in Londen vir Van Rensburg gevra om die Trôádes, dit is Die vroue van Troje van Euripides, in Afrikaans te vertaal. En hy het dit ook sewe jaar later gedoen. Die eerste opvoering daarvan het in die Kunsskool van Stellenbosch (onder beskerming van die VLV) plaasgevind op 21 en 22 April 1944, met Truida Pohl as regisseuse, bygestaan deur die nimlike Aletta Gericke. Pieter de Waal het hier die rol van die seegod Poseidon gepeel, Ria Olivier die rol van Hekabe (die eggenote van Priamos, die koning van Troje), Aletta Gericke die rol van Kassandra (die profetes-dogter van Hekabe), en Suzanne van Wijk die rol van die skone Helena (wat deur Paris, die prins van Troje, uit Sparta ontvoer is), met Alida Gericke as Pallas Athena. Hierdie anti-oorlogdrama (dit was tydens WOII) is daarna, op 29 April, ook in Kaapstad in die Hofmeyr Hall onder beskerming van die Cape Town Training College opgevoer, met Fred le Roux, later professor in Drama aan die US, as die herout van die Griekse leër voor Troje. Ek noteer dit slegs hier om groot name in die teaterwêreld van die dag weer in ere op te roep.

Van 22 tot 27 Mei 1978 is Die vroue van Troje weer op Stellenbosh opgevoer, dié keer met Ria Olivier (die vrou van professor Fred le Roux) wat die regie behartig het. Die digter Ronny Belcher het die rol van Poseidon gespeel, Estelle Venter was Hekabe, Heidemarie Rossocha was Pallas Athena, Dawid Minnaar was Talthubios, Rachelle Greeff was Kassandra, Emile Aucamp was Astuanax (die seuntjie van Hektor en Andromachê wat die seëvierende Achaioí, dit is Grieke, op barbaarse wyse buite die mure van die stad Troje om die lewe gebring het), en Juanita Swanepoel was die Koorleidster. Hierdie opvoering het ek self bygewoon. Die opvoering het sowat 90 minute geduur sonder ’n pouse tussenin. Al die oud-Griekse dramas is relatief kort in bestek.

Die vroue van Troje is ook weer op 21 Februarie 1987 in die hoofteater in die Windybrow-kompleks in Hillbrow en die Adcock-Ingram van Tuks opgevoer, in Jean Paul Sartre se verwerking van hierdie drama. Babs Laker het die rol van Hekabe gespeel – daardie Trojaanse koningin wat as die tragiese held al haar kinders deur die dood verloor het, die een na die ander met spiese deur die Achajers doodgesteek. Dieter Reible was die regisseur van hierdie drama wat JPJ van Rensburg destyds in Suid-Afrika bekend gemaak het.

Van Rensburg se vertaling van Sophokles se Antigone is weer tydens die Kunsfees op Stellenbosch op 11 September 1961 opgevoer onder regie van Fred Engelen. Die groot naam daardie aand op die program was (die onvergeetlike) Tine Balder, die vrou van profesor Fred Engelen, toe die hoof van die Dramadepartement, en Fred le Roux wat later self, na die tragiese vroeë dood van Fred Engelen, die direkteur van die Dramadepartement aan die US geword het. Dit moes ek, tot my groot spyt, misloop. Juis daardie oggend het ek met die Pendennis Castle na South Hampton in Engeland vertek vir verdere studie aan King's College op Cambridge. My verloofde, Christa de Wit (ons is nou al 56 jaar getroud), het die opvoering egter "namens ons altwee" daardie aand gaan bywoon. Self het ek toe reeds in Grieks III hierdie tragedie in die oorspronklike Grieks bestudeer onder professor PJ Conradie. Van Rensburg sê in sy Voorwoord by hierdie vertaling dat (die aristokratiese) professor WJ du P Erlank (alias Eitemal) hom oorgehaal het om hierdie vertaling uit sy laai te haal (en af te stof) vir publikasie. So ook professor Engelen.

Nog was dit nie die einde nie. Engelen, as minder konserwatiewe Europeër, het Van Rensburg op ’n dag gevra om die Lusístra ("Sy wat leërs laat ontbind") van die komedieskrywer Aristophanes vir hom in Afrikaans te vertaal. Hy het dit toe gedoen en ek was een van die eerstes wat die handgeskrewe manuskrip te sien gekry het. Dit was kaalkop die ware Aristophanes, uiters lagwekkend, maar eweneens uiters kru in sy suggesties en taalgebruik.  Die Dramadepartement het dit begin instudeer. Na slegs één aand is die opvoering daarvan gestaak. Stellenbosch was nog nie ryp genoeg daarvoor nie. Daar was konsternasie onder die spelers. Die destydse Bettie Kemp, nou nog net so jeugdig jonk as toe, wat steeds gereeld op ons televisieskerms verskyn (en radiodiens), was een van dié wat glo hewig teen die summiere stopsit van Lusístrata geprotesteer het. Van Rensburg het die teks later effens afgewater, die angels van die woordgebruik daarin uitgetrek, sonder om die tydlose intrige daarvan te verander. Human & Rousseau van Kaapstad het dit in 1970 gepubliseer. Al wat Van Rensburg voorin die kopie daarvan wat ek ontvang het, geskryf het, was: "Lekker lag, Gert en Christa".

Laastens, iets meer persoonliks oor JPJ van Rensurg. Hy was, soos reeds gesê, kort van postuur en het altyd ’n swart snorretjie gedra. Hy het hoogdrawendheid verpes. Sê alles op die eenvoudigste manier. My kantoor by die Ou Hoofgebou van die US was onmiddelik naas syne. Heel dikwels het hy my soggens tussen klasse gevra om by hom te kom inloer. Dan het hy sy pyp rustig met ’n vuurhoutjie opgesteek en net blou dampe het gestaan. Meermale het hy sy kantoordeur agter my toegemaak en het ons diep dinge gesels. Dit was nie oor Grieks nie, maar oor persoonlike aangeleenthede. Ek was vir hom ’n klankbord en hy was my wyse raadgewer.

Die Van Rensburgs was kinderloos – iets wat vir sy vrou, natuurlikergewys, baie swaar was om te aanvaar. Maar Van Rensburg het nooit toegelaat dat sy probleme na binne sy absolute gentlemanship na buite versteur nie. Hy het altyd die ware heer gebly: diep menslik, altyd opreg, toeganklik vir almal, direk eerlik, simpatiek teenoor die probleme van ander en immer die minsame self.  JPJ van Rensburg was altyd dieselfde man as gister. Toe hy die dag met sy uittrede van my wou weet of hy, omdat hy by daardie geleentheid in die Senaat sekerlik gevra sou word om met ’n gebed af te sluit, sy uitgeskrewe "rympie op ’n stukkie papier" met oop oë kan aflees. Eerlik teenoor sý Skepper en eerlik teenoor homself. Vandag, 30 jaar later, sou ek hom, op blote beginselgronde, ’n beter antwoord kon gegee het.

Sy motto in hierdie onewe lewe het hy so dikwels vir my uit Aischulos se Agamemnon (reël 117) aangehaal: páthei máthos ("deur lyding kom wysheid"). Dít was Johannes van Rensburg (soos sy skoomoeder hom altyd genoem het). Alleen ’n mens wat deur hierdie lewe gelouter is, kan homself  ’n ware mens noem. Professor van Rensburg is slegs drie jaar na aftrede aan prostaatkanker oorlede. Hier op my lessenaar lê die vulpen waarmee hy vir soveel jare al sy vertalings uitgeskryf het. Sy tweede eggenote, Sylvia Barnard, het dit vir my na sy dood gegee. En in my klerekas hang die toga wat hy as Dekaan van Lettere en Wysbegeerte by geleentheid moes dra en wat hy op ’n dag ook vir my gegee het (ék wat nooit ’n Dekaan sou wou wees nie). Dit is vandag kosbare kleinnode vir my, gegee aan ’n man wat nooit ’n vader geken het nie – omdat hý, FC, so vroeg (op 31 Desember 1947), toe ek maar tien jaar oud was, reeds ’n skim in Hades geword het (binne die oud-Griekse tradisie). En sy handgeskrewe manuskrip van Die vroue van Troje het die Universiteitsbiblioteek van die US bekom sáám met my volledige Afrikaanse biblioteek van die vorige eeu deur tydige bemiddeling van die destydse rektor van die US, professor Andreas van Wyk.

Requiescat in pace, ô áriste didáskale. Ek is jammer dat ek nie met u sterfdag na ’n Bellvillese hospitaal kon kom nie, nadat u my dringend daardie dag daarheen ontbied het. Ons moes juis net toe inderhaas na die Oranje Vrystaat gaan waar my eie skoonvader ernstig siek geword het. Wat wou u vir my sê? Ek sal dit nooit weet nie. Maar soos ’n Odusseus, in die 11de boek van Homerus se Odusseia, sal ons mekaar weer in Hades raakloop – en ek sal hoor wat u laaste woorde aan my op hierdie tydelike ondermaanse was - daarvan is ek baie seker. Niks kan ons vir altyd skei nie.

’n Post Scriptum. My studie van die Griekse Ou Komedie van Aristophanes, wat pas by Naledi verskyn het, het ek aan wyle Johannes Petrus Janse van Rensburg, op my eie oudag, opgedra. Professor JPJ van Rensburg was inderdaad die een wat my destyds "Cambridge toe" gestuur het sodat ek daar in NT Grieks kon gaan spesialiseer onder die internasionaal bekende professor Charles Francis Digby Moule van Clare College, een van die enkele Britse medewerkers aan die groot Duitse Theologisches Wörterbuch zum NeuenTestament  in agt volumes (Stuttgart, 1933-76). CFD Moule was vir 25 jaar die Lady Margaret's Professor in Divinity aan Cambridge, die oudste leerstoel aan dié Universiteit wat reeds in 1502 ingestel is. Moule self het 99 jaar oud geword. Op Cambridge, aan Queen's College, was die bekende Nederlandse humanis Desiderius Erasmus van Rotterdam immers die eerste "reader in NT Greek" (1509-14). Tydens sy verblyf op Cambridge het hy die eerste Griekse grondteks van die NT weer vir Europa voorberei, ’n teks wat toe ook op 1 Maart 1516 by Johann Froben van Basel in druk verskyn het – om Hieronymus se Latynse Vulgaat van 404 (voltooi in opdrag van pous Damasus) as laaste gesag te vervang. Die Vulgaat was die kanselbybel in Europa waarvoor ’n kommissie onder pous Clemens VIII in 1592 reeds meer as 3 000 "korreksies" voorgestel het, wat toe nooit aangebring is nie omdat die Vulgaat met die Konsilie van Trente, tydens die Vierde Sitting op 8 April 1546, reeds authentica verklaar was – en dus vir ewig onveranderd moet bly.  Juis daarom moet dié wat die oorspronklike Griekse teks van die tien verskillende NT-skrywers bestudeer, sorg dat daardie teks sover moontlik, deur die blote kollasionering van meer as 5 000 teksgetuienisse tot sy suiwerste staat gevoer word.

Terug op Stellenbosch het ek dan ook, juis met aansporing van professor Van Rensburg, in 1975 die eerste partikuliere Inleiding tot die studie van Nuwe-Testamentiese Grieks in Afrikaans gepubliseer - ’n werk wat destyds in Meppel, Nederland, gedruk moes word en deur Boekhandel T Wever op Stellenbosch uitgegee is. Daarna het ek dit in 1981 opgevolg met ’n aparte analise van die afsonderlike, eiendomlike idioomgebruike van elk van die tien afsonderlike skrywers van die NT, onder die titel Die Skrywers van die Nuwe Testament  - die keer óók deur U.U.B. (SWJ Liebenberg en Seun) op Stellenbosch uitgegee, net soos JPJ van Rensburg se eie Eerste Griekse Grammatika in 1953 wat alleen vir Klassieke Grieks bedoel was. Toe ek destyds, aan die begin van 1956, my eerste kopie van hierdie einste uiters kompakte én saaklike Griekse grammatika by die Liebenbergs se Boekhandel op Stellenbosch gaan koop het, en daarin loop en kyk het al met Van Riebeeckstraat langs, het ek myself afgevra wat ek op Stellenbosch kom soek het. Want, Graecum est, non potest legi  ("Dit is Grieks; dit kan nie gelees word nie"), het die gevierde Roomse Bybelgeleerdes mos altyd in die Middeleeue van alle Grieks gesê.                             

The post JPJ van Rensburg, professor in Grieks op Stellenbosch, die man wat eerste was om die ou Grieke rêrig Afrikaans te laat praat appeared first on LitNet.

Persversklaring: Skryf nou in vir die Toyota US Woordfees-kortverhaalkompetisie 2020 

$
0
0

Beste skrywer

Dit is tyd vir die vyfde Toyota US Woordfees-kortverhaalbundel. Die eerste vier bundels is baie goed deur skrywers en die leserspubliek ondersteun en ook gunstig deur kritici ontvang. Hierdie kortverhaalbundels sal in die komende jare dien as ’n dokument van die tydsgees waarin veral Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners hulself tans bevind.

Du Toitskloof Wyne, ’n gewaardeerde Woordfees-vennoot, borg weer in 2020 die R30 000 prysgeld wat aan die skrywer van die wenverhaal toegeken word. Die skrywers wat in dié bundel opgeneem word, sal elkeen R5 000 ontvang. Du Toitskloof maak ook ’n bydrae tot hierdie prysgeld en borg die bekendstellingsgeleentheid van die kortverhaalbundel, wat by die 2020 Toyota US Woordfees aangebied sal word. 

Soos vanjaar sal een van die verhale in die 2020-bundel gekies word om as kortfilm deur kykNET vir die Silwerskermfees verwerk te word.

Skrywers wie se verhale in die bundel opgeneem gaan word, sal by die Woordfeesprogrambekendstelling in November 2019 bekend gemaak word. Die wenverhaal asook die verhaal wat vir ‘n verwerking tot kortfilm gekies is, sal eers tydens die bekendstelling van die bundel, gedurende die Toyota US Woordfees van 6-15 Maart 2020, aangekondig word. (Die wenverhaal is nie noodwendig die verhaal wat vir filmverwerking gekies word nie. Verskillende kriteria geld.)

Die bundel word in ’n beperkte oplaag uitgegee wat aanvanklik slegs by die Toyota US Woordfees te koop sal wees. Indien enige eksemplare oorbly, sal dit by enkele uitgesoekte boekwinkels beskikbaar gestel word en weer op die volgende jaar se fees te koop wees.

Kompetisiereëls en riglyne vir inskrywings:

  • Slegs Afrikaanse kortverhale sal aanvaar word.
  • Die kompetisie is oop vir alle skrywers. Werknemers en familielede van Du Toitskloof Wyne en/of die US Woordfees word nie toegelaat om deel te neem nie.
  • Slegs een inskrywing van 1 500 tot 3 000 woorde word per skrywer aanvaar.
  • Verhale moet nuutgeskryf wees en nie voorheen op enige platform gepubliseer wees nie.
  • Die skrywers wie se verhale in die bundel opgeneem word, sal elkeen ’n eenmalige betaling van R5 000 teen April 2020 ontvang.
  • Daar sal ongeveer 25 verhale in die bundel gepubliseer word.
  • Die skrywer van die wenverhaal ontvang prysgeld ter waarde van R30 000.
  • Kopiereg van die verhale berus by die skrywers, maar kopiereg van die bundel setel in die Toyota US Woordfees. Indien verhale wat in die bundel verskyn ook elders gepubliseer word, moet dit geskied met skriftelike kennisgewing aan die US Woordfees sowel as volledige erkenning met publikasie.
  • Keuring word streng anoniem gedoen. Die skrywer se naam en kontakbesonderhede moet op die onderstaande inskrywingsvorm ingevul word. Slegs die titel moet op die verhaal verskyn, ten einde anonieme keuring te verseker.
  • Verhale moet in 12pt Times New Roman en 1.5-spasiëring in MS Word-formaat aangebied word. Geen PDF’s sal aanvaar word nie. Elke bladsy moet genommer wees met die titel van die verhaal duidelik sigbaar.
  • Indien daar enige blatante verwysing na die skrywer in die verhaal gemaak word waaruit beoordelaars sy/haar identiteit kan aflei, sal die verhaal summier gediskwalifiseer word.
  • Verhale sal geredigeer word voor publikasie, met goedkeuring daarvan deur die skrywer.
  • Hoewel die bundel die feestema as titel sal hê, moet skrywers dit nie as riglyn vir of onderwerp van die verhaal gebruik nie. Die tema van die verhaal word geheel aan die skrywer oorgelaat.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is om 16:00 op 30 September 2019.

Stuur inskrywings per e-pos aan Olivia Wollow by fees@sun.ac.za.

Inskrywings wat later as 16:00 op 30 September 2019 ontvang word, sal nie in aanmerking kom nie. Inskrywings sal met ontvangs erken word.

Navrae kan ook per e-pos aan Olivia Wollow by fees@sun.ac.za gerig word. Slegs skriftelike navrae sal beantwoord word.

Ons is opgewonde oor hierdie projek en wag gretig om jou inskrywing te ontvang.

Met allerbeste groete

Die Toyota US Woordfeesspan

Vir meer inligting oor die Toyota US Woordfees, besoek gerus www.woordfees.co.za of kontak vir Danie Marais by die feeskantoor by daniemarais@sun.ac.za. Die US Woordfees word van 6-15 Maart 2020 in Stellenbosch aangebied. Die feesprogram word in November bekend gemaak.

Inskrywingsvorm: Toyota US Woordfees en Du Toitskloof Wyne 
Kortverhaalkompetisie 2020 

Titel van verhaal:

Naam en van:

E-posadres van skrywer:

Foonnommer van skrywer:

Verklaring van egtheid:

Hierdie verhaal is my eie, oorspronklike werk en is nog nie voorheen op enige platform gepubliseer nie.

 

_______________                                                                                        _______________

Handtekening                                                                                                   Datum

The post Persversklaring: Skryf nou in vir die Toyota US Woordfees-kortverhaalkompetisie 2020  appeared first on LitNet.

Woordfees-musiekmeningspeiling: Wen kaas en kontant

$
0
0

Klik vir kaas en kontant

Voltooi die Toyota US Woordfees-meningspeiling oor musiek aanlyn en jy staan ’n kans om ’n R1 000 kontant en 5 kg kaas te wen. Dit sal jou net 3 minute neem.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 13 Augustus 2019.

Wie kwalifiseer om deel te neem?

Enige Suid-Afrikaanse burger kan deelneem, maar deelnemers jonger as 18 moet toestemming van hul ouers of voogde verkry. Werknemers van Toyota US Woordfees en hul familielede word nie toegelaat om deel te neem nie.

Reëls, bepalings en voorwaardes:

Een wenner sal deur die US Woordfees getrek word.
Geen inskrywings wat na die sluitingsdatum ontvang word, sal in aanmerking kom nie.
Die subjektiewe besluit van die beoordelaars is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Die wenner sal telefonies in kennis gestel word dat hy/sy gewen het. Die wenner sal ook op 20 Augustus 2020 op alle Woordfeesplatforms aangekondig word – webblad (woordfees.co.za), Facebook, Twitter, Instagram.
Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet.

***

Click for cheese and cash

Complete the Toyota SU Woordfees music survey online, and you can win R1 000 in cash and 5kg cheese. The survey will only take you 3 minutes.

The closing date for the competition is 13 Augustus 2019.

Who is allowed to enter?

Any South African citizen is allowed to take part, but participants under 18 need permission to enter from their parents or legal guardians. Employees of the Toyota SU Woordfees and their family members are not allowed to enter.

Rules, terms and conditions:

One winner will be drawn by the Toyota SU Woordfees. No entries received after the closing date will be considered. The judge’s decision is final and no correspondence will be entered into. 

The winner will be informed telephonically that he/she has won.

The winner will also be announced on 20 August 2020 on all Toyota SU Woordfees platforms – website (woordfees.co.za), Facebook, Twitter, Instagram.
This competition complies with the Consumer Protection Act.

The post Woordfees-musiekmeningspeiling: Wen kaas en kontant appeared first on LitNet.

Die gradering en ordening van drie teikentake binne ’n taakgebaseerde leer-en–onderrig-program vir nie-Afrikaanssprekende internasionale universiteitstudente

$
0
0

Die gradering en ordening van drie teikentake binne ’n taakgebaseerde leer-en–onderrig-program vir nie-Afrikaanssprekende internasionale universiteitstudente

Vernita Beukes en Elbie Adendorff, Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch

LitNet Akademies Jaargang 16(2)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die artikel spruit uit navorsing wat deur die eerste skrywer onderneem is vir die ontwerp van ’n taakgebaseerde program vir internasionale studente wat aan Universiteit Stellenbosch studeer (Beukes 2017). Die doel van die artikel is om aan te dui hoe drie1 teikentake2 binne ’n taakgebaseerde leer-en–onderrig-program gegradeer en georden kan word ten einde optimale taalverwerwing3 binne sillabusontwerp te illustreer. Die studie word deur die volgende navorsingsvraag gelei: Watter faktore moet in ag geneem word wanneer take vir ’n taakgebaseerde program gegradeer en georden word? Onder meer Robinson (2001; 2005; 2009; 2010; 2011) se kognisiehipotese en kriteria vir die gradering en ordening van take; Pica, Kanagy en Falodun (1993) se taaktipologie soos verwerk deur Gleason en Slater (2016); Van Avermaet en Gysen (2006) se taalgebruiksituasies; asook Foster, Tonkyn en Wigglesworth (2000) se Analise van Spraak- (AS-) eenhede vorm deel van die teoretiese raamwerk van hierdie studie. Die deelnemers was die internasionale studente wat die kursus Beginner-Afrikaans Vlak I by die Universiteit Stellenbosch bygewoon het. Die kursus is deur die Taalsentrum se personeel wat in taalverwerwing spesialiseer, ontwikkel en verfyn, en word aangebied aan enige internasionale student wat aan die Universiteit Stellenbosch studeer en geen voorafkennis van Afrikaans het nie. Die metodiek wat gevolg is, spruit uit die studente se voorstelle in ’n vraelys wat as deel van ’n behoefte-ontleding aan hulle gegee is. Na aanleiding van die teoretiese raamwerk word aangetoon hoe teikentake effektief gegradeer en georden kan word deur die toepassing van die navorsers se aanbevelings. In die bevindinge toon ons aan hoe die teoretiese raamwerk toegepas word op die drie teikentake wat as voorbeeld in die artikel gebruik word.

Trefwoorde: Afrikaanse taalaanleer; Afrikaanse taalverwerwing; gradering en ordening van take; sillabusontwerp; taakgebaseerde leer en onderrig; taakkompleksiteit; taaktipologie

 

Abstract

The grading and sequencing of three target tasks within a task-based learning and teaching programme for non-Afrikaans-speaking international university students

This article focuses on research previously done by the first author, who developed a task-based teaching and learning programme for international students studying at the University of Stellenbosch (Beukes 2017). The main aim of this article is to indicate how the grading and sequencing of three target tasks within a task-based teaching and learning programme can be done to optimise language acquisition. The study was conducted according to the following research question: Which aspects should be considered during the grading and sequencing of tasks for a task-based programme?

After careful investigation into different teaching approaches, for example suggestopedia and the communicative approach, the authors decided to find an alternative approach because there are problem areas in each of the approaches just mentioned. These earlier teaching approaches mainly support a behaviouristic model of teaching and learning. They see language as linguistic systems (phonologically, lexically and grammatically) and fail to prepare learners to use spontaneous contextualised language. The authors therefore decided to investigate the task-based approach because international researchers like Ellis (2003; 2017), Nunan (2010) and Skehan (2018) as well as national researchers, for example Kruger and Poser (2007), Adendorff (2012) and Beukes (2017) believe that this approach facilitates language acquisition the best. The abovementioned researchers state that the task-based approach offers the most opportunities for interaction so that meaning negotiation can take place effectively.

The task-based approach is a development within the communicative approach where the use of tasks as a methodological base and as the units from which courses can be designed is the most important component. It is an approach which centres on tasks and not according to language structures. Within the task-based approach real-world tasks are the starting point when a task-based syllabus is being designed. Within a task-based teaching and learning programme tasks cannot be haphazardly presented to students. Well-thought-out decisions about the presentation of tasks must be made. Therefore the grading and sequencing of tasks play a very important role in the design of a syllabus, in the design of tasks done in class, as well as in task methodology.

The research of Robinson (2001; 2005; 2009; 2010; 2011) on his cognition hypothesis as well as his criteria for the grading and sequencing of tasks are used in this article. The research on task typology done by Pica, Kanagy and Falodun (1993) and adapted by Gleason and Slater (2016) as well as the language use situations described by Van Avermaet and Gysen (2006) also formed part of the research for the article. Further research about Analysis of Speech Units (ASU) done by Foster, Tonkyn and Wigglesworth (2000) is also used for the grading and sequencing of the three tasks and forms part of the theoretical framework. The abovementioned researchers’ work was used specifically because they provide the most complex and most complete breakdown for the grading and sequencing of tasks.

The participants in this study were international students enrolled for the course Afrikaans for Beginners Level I at the University of Stellenbosch. The course was developed and refined by staff of the Language Centre who specialise in language acquisition and is offered to any international student studying at the University of Stellenbosch who does not have any previous knowledge of Afrikaans. Most of the students enrolled for the course come from Germany and the United States of America.

The number of students for the last offering of this course in 2018 was 116. Seventy-eight students came from Germany and 20 students were Americans. There were also six students from Finland, four from Norway, three from Sweden, four from China and one from South Korea. Eighty of the students were female and 36 were male. Dutch students are not allowed on the course because there is a separate course tailor-made for their specific language needs. Most of the students are familiar with the Common European framework of references (2001) and they indicated that their Afrikaans language skills were even lower than an A1 level on the framework. This grading confirms that the students enrolled in the course have no previous knowledge of Afrikaans.

The planning of a task-based syllabus includes certain procedures. The first procedure is to identify the language needs of the language learners. The use of needs analysis within a task-based programme has increased, because the students’ needs are central. Needs analysis is also important so that the objectives with regard to the content, skills level as well as the assessment criteria can be determined. Van Avermaet and Gysen (2006) state that different methods and resources, for example interviews, questionnaires, observations, role play and simulations, can be used within a needs analysis. Using two or more of the abovementioned methods creates triangulation that also helps to confirm the reliability and validity of the findings. Shekan (2018) states in his book Second language task-based performance that there should be a harmony between qualitative and quantitative methods within a needs analysis. The authors therefore used questionnaires that provide more quantitative data, as well as interviews and observations that provide more qualitative data. For the purpose of this study the researchers used the Common European framework of references (2001) as one of the measures to determine the language proficiency level of the students. The language use situations as defined by Van Avermaet and Gysen (2006) as the situations where typical fluent and natural language use is needed were also used for this purpose.

The main purpose of the needs analysis was to identify subjects that the students want to talk about with native students of Afrikaans. The eight subjects identified were: places to visit in South Africa; directions; hobbies; housing; ordering food; weekend plans; buying food in a supermarket and favourite movies, actors and actresses. The article will focus on only three of these subjects, namely weekend plans, asking for directions and places to visit in South Africa. The information that came out of the needs analysis was used to construct target tasks which represent subjects that the students want to talk about in a social environment. These are segments of authentic communication themes and subjects. The target tasks are used as examples of authentic language and are used in class to form the content from which lessons are planned. The students study the target tasks and use them outside of the class so that at the end of the course they can use them to create their own dialogues. Before the abovementioned target tasks are presented to the students, they are first rated by native speakers of Afrikaans so that the authenticity of the tasks can be confirmed. These tasks are written texts that contain possible conversations that native speakers of Afrikaans may have with one another. These tasks are semi-authentic because they contain representative content and language structures of real-world language use.

After the needs analysis the three tasks were analysed according to the task typology of Gleason and Slater (2016), the framework of Robinson (2005:8) and an analysis of the speech units as done by Foster, Tonkyn and Wigglesworth (2000). The aim was to determine the complexity of each task. The grading and sequencing of the three tasks indicated that the target tasks would be graded with the less complex tasks done before the more complex tasks. The conclusion that the authors came to is that the sequencing of the three tasks would take place in the following order: Target task three would be done first in the syllabus, followed by target task two, and lastly target task one, since the latter is linguistically and cognitively complex and offers the most opportunity for the negotiation of meaning.

The article attempted to present a workable model for the grading and sequencing of target tasks to illustrate how different theoretical approaches could be used for syllabus design.

Keywords: Afrikaans language acquisition; Afrikaans language learning; grading and sequencing of tasks; syllabus design; task-based learning and teaching; task complexity; task typology

 

1. Inleiding

Die Nagraadse en Internasionale Kantoor (NGIK) van die Universiteit Stellenbosch is gestig met die doel om internasionale studente se leerervaring in Stellenbosch te koördineer en te fasiliteer. Een van die kursusse wat onder die NGIK se vaandel aangebied word, is Beginner-Afrikaans Vlak I. Die doel van die kursus is onder meer vir studente om sosiale Afrikaans aan te leer. Studente volg die kursus vir een semester en het vier ure ’n week vir 14 weke klas. Hierdie kursus is ’n kredietdraende kursus en die studente verkry 12 Suid-Afrikaanse krediete daarvoor.

Die studente wat die kursus volg, kom meestal uit Europa en Amerika. Die totale aantal studente vir die kursus in 2018 was 116. Daar was 78 studente uit Duitsland, en 20 het uit Amerika gekom. Daar was verder ses studente uit Finland, vier uit Noorweë, drie uit Swede, een uit Suid-Korea en vier uit China. Van die totale aantal studente was 80 vroulik en 36 manlik. Nederlandse studente word nie tot die kursus toegelaat nie, omdat daar ’n aparte kursus spesifiek vir hulle behoeftes ontwerp is. Wat die taalvaardigheid van die studente betref, het die meeste van die studente hulself as laer as ’n A1-vlak (Council of Europe 2001) op die Europese Referensiekader (European framework of references)4 wat deur die Europese Raad se opvoedkundige afdeling vir moderne tale opgestel is, aangedui. Dié gradering bevestig dat hierdie studente geen voorafkennis van Afrikaans het nie.

Nadat ondersoek ingestel is na verskeie onderrigbenaderings vir tweedetaalleer en -onderrig, soos suggestopedia en die kommunikatiewe benadering, het die enkele probleemgebiede in elke benadering geverg dat daar na alternatiewe benaderings gesoek moet word. Die vroeëre benaderings steun hoofsaaklik op ’n behavioristiese model vir leer en sien taal as linguistiese sisteme (fonologies, leksikaal en grammatikaal) wat misluk om taalaanleerders vir spontane, gekontekstualiseerde taalgebruik voor te berei. Die navorsers van hierdie artikel het besluit om die taakgebaseerde benadering tot leer en onderrig te ondersoek, aangesien internasionale navorsers soos Ellis (2003; 2017), Nunan (2010) en Skehan (2018) en plaaslike navorsers soos Kruger en Poser (2007), Adendorff (2012) en Beukes (2017) van mening is dat dit taalaanleer die beste fasiliteer. Bogenoemde navorsers meen dat hierdie benadering die meeste geleenthede vir interaksie bied sodat betekenisonderhandeling effektief kan plaasvind. Die gradering en ordening van take binne die taakgebaseerde benadering speel ’n baie belangrik rol in sillabusontwerp, in die ontwerp van klaskamertake en in taakmetodologie, dus fokus die artikel juis verder op hierdie twee aspekte. Ons ondersoek in die artikel die navorsingsvraag van watter aspekte in ag geneem moet word wanneer take vir ’n taakgebaseerde program gegradeer en georden word?

 

2. Teoretiese raamwerk

Die taakgebaseerde benadering is ’n ontwikkeling binne die kommunikatiewe benadering, met die belangrikste komponent die gebruik van take as metodologiese grondslag, maar ook as die eenhede waarvolgens kursusse ontwerp word. Dit is ’n benadering tot taalleer én taalonderrig wat rondom take georganiseer is en nie volgens taalstrukture nie. Binne die taakgebaseerde benadering is regte-wêreld-take (of teikentake) die uitgangspunt in die ontwerp van ’n sillabus.

Take kan egter nie net lukraak binne ’n taakgebaseerde leer-en-onderrig-program aangebied word nie en daarom moet weldeurdagte besluite rondom die aanbied van take geneem word. Verskeie navorsers oor die taakgebaseerde benadering maak voorstelle vir die gradering en ordening van take.

Vir die doel van die artikel is op onder meer twee navorsingsgebiede gefokus, naamlik Gleason en Slater (2016) se aanpassing van Pica, Kanagy en Falodun (1993) se psigolinguistiese klassifikasie in die vorm van ’n taaktipologie, en tweedens Robinson (2001; 2005; 2009; 2010; 2011) se kognisiehipotese. Hierdie navorsers se werk is spesifiek gekies omdat hulle die mees komplekse en volledige uiteensetting vir die gradering en ordening van take verskaf.

Volgens Ellis (2003:214) klassifiseer ’n psigolinguistiese klassifikasie take in terme van hulle moontlikhede vir taalaanleer, naamlik taalaanleer deur interaksie. Pica e.a. (1993) stel vier kategorieë voor vir hulle tipologie van take:

a) Deelnemersverhouding: Hierdie kategorie veronderstel dat wanneer daar ’n wedersydse verhouding van vraagstelling en inligtingsverskaffing tussen die deelnemers is, betekenisonderhandeling behoort plaas te vind. 
b) Interaksiebenodighede: Die kategorie verwys na die vereistes vir suksesvolle taakvoltooiing. Indien interaksie van al die deelnemers vereis word, dan behoort betekenisonderhandeling plaas te vind.
c) Doeloriëntasie: Hierdie kategorie hou daarmee verband of deelnemers moet saamstem of verskil oor ’n uitkoms, met ander woorde of die taak konvergent of divergent is. Konvergente take lei tot meer betekenisonderhandeling.
d) Uitkomste-opsie: Die kategorie verwys na die omvang van die taaluitkomste wat beskikbaar is aan die deelnemers om die taakdoelwit te bereik. Geslote take het een uitkoms terwyl oop take verskeie uitkomste kan oplewer. Volgens Pica e.a. (1993) lei geslote take tot meer betekenisonderhandeling.

Gleason en Slater (2016:4) pas bogenoemde taaktipologie van Pica e.a. (1993) se vyf taaktipes aan, aangesien hulle van mening is dat Pica e.a. se taaktipologie slegs op kommunikatiewe aktiwiteite toegepas kan word soos gevind word in pedagogiese take en nie op teikentake (soos onder meer in akademiese diskoers) nie. Probleemoplossing en meninguitruiling vorm dikwels kernelemente van universiteitskursusse, wat juis interaksie benodig, terwyl kettingtake en inligtingsgapingstake belangrik in inhoudsgebaseerde kursusse is. Hulle beweer voorts dat die tipologie net wanneer die deelnemers in groepe werk, gebruik kan word.

Tabel 1. Gleason en Slater (2016:4) se taaktipologie5:

Taaktipe

Wie het die inligting? In watter rigting vloei die inligting

Doel/Uitkoms?

Interaksie benodig?

Meninguitruiling

Die studente het toegang tot dieselfde inligting vir die taak, maar deel hulle eie sienings ten einde menings uit te ruil.

Die studente hoef nie by een uitkoms uit te kom nie. Daar mag een of meer uitkomste wees of geen uitkoms wees nie.

Nee6

Besluitneming

Die studente het toegang tot dieselfde inligting vir die taak, maar deel hulle verskillende menings oor die besluit.

Die studente moet oor een of meer uitkomste besluit.

Nee

Probleemoplossing

Die studente het toegang tot dieselfde inligting vir die taak, maar werk saam om ’n probleem op te los.

Die studente moet saamwerk om een moontlike uitkoms te bereik.

Nee

Inligtingsgaping

Student A het die inligting wat student B benodig. Student B moet die inligting aanvra en student A moet die inligting verskaf. Die inligting vloei van student A na student B.

Studente moet saamwerk om een moontlike uitkoms te bereik.

Ja

Kettingtaak

Die studente het verskillende dele van die inligting. Elke student benodig inligting van die ander student. Die student moet saamwerk om hulle groepmaat se inligting te kry.

Studente moet saamwerk om een moontlike uitkoms te bereik.

Ja

 

Adendorff (2012:98) noem dat pedagogiese take (ook genoem klaskamertake) volgens Robinson se kognisiehipotese in ’n stygende kompleksiteits­rangorde geplaas moet word. Dit bevorder nie net tweedetaalontwikkeling nie, maar dit verbeter ook die studente se vermoë om tweedetaal-teikentake uit te voer. Robinson en Gilabert (2007:162) voer aan dat die doel van pedagogiese taakordening is om geleidelik regte-wêreld-taakeise in die klaskamer­omgewing in te voer. Ellis (2017:509) se kritiek teen Robinson se kognisiehipotese is dat Robinson nie onderskeid tref tussen die ontwerpkenmerke van ’n taak en die implementeringskenmerke daarvan nie: hy bevraagteken byvoorbeeld die insluiting van beplanningstyd as ’n kompleksiteitskenmerk in Robinson se kognisiehipotese, terwyl Ellis vir Skehan (2016) ondersteun wat beplanningstyd as ’n implementeringskenmerk van take beskou. Ellis (2017:510) lewer voorts kritiek op Robinson se toepassing van die kognisiehipotese op nét gesproke take (mondelinge aktiwiteite) en stel voor dat die kognisiehipotese op ander insetgebaseerde take toegepas moet word ten einde meer verteenwoordigende data te verkry.

Robinson (2005:4–7) onderskei tussen hulpbrongerigte (“resource-directing”) en hulpbronverspreidende (“resource-dispersing”) kenmerke ten einde taakkompleksiteit te verduidelik. Hierdie kenmerke word tydens taakontwerp gemanipuleer om sodoende die taak meer of minder kompleks te maak (Robinson 2001:30).

Volgens Robinson en Gilabert (2007:163) is die hulpbrongerigte kenmerke daardie kenmerke waar eise op die gebruik van die taal gemaak word deur middel van die volgende kenmerke:

a) Min elemente / baie elemente: Wat is die aantal en die aard van elemente wat onderskei moet word?
b) Ruimtelike redenering: Is die inhoude se ruimtelike plasings bekend of onbekend en is dit maklik identifiseerbaar of nie?
c) Hier en nou / daar en dan: Word teenswoordige tyd of nieteenswoordige tyd vereis?

Hulpbronverspreidende kenmerke is volgens Robinson en Gilabert (2007:165) die kenmerke wat performatiewe/prosesseringseise omskryf. Hierdie kenmerke stimuleer volgens Adendorff (2012:104) die toegang tot die studente se bestaande tweedetaalkennis deur byvoorbeeld beplanningstyd toe te laat. Robinson en Gilabert (2007:166) onderskei die volgende kenmerke:

a) Beplanningtyd: In watter mate vereis die inhoude voorafbeplanning deur studente?
b) Parate kennis: In watter mate vereis die inhoude parate voorafkennis van die studente?
c) Enkeltaak: In watter mate voer die studente slegs ’n enkeltaak uit (praat of luister), of ’n dubbel- of veelvuldige taak (byvoorbeeld praat en luister plus beplanning of ontleding)?

Figuur 1 verskaf opsommend die hulpbrongerigte en hulpbronverspreidende kenmerke as ’n generiese matriks wat gebruik word in die gradering en ordening van take. Die numerering in die tabel van 1 tot 4 dui die volgorde aan waarin die take uitgevoer moet word ten einde taakkompleksiteit en dus taalverwerwing te bewerkstellig.

Figuur 1. Kognitiewekompleksiteitskenmerke

Kwadrant 1

Lae performatiewe en lae ontwikkelingskompleksiteit

Hulpbronverspreidende kenmerke
+ beplanningstyd
+ parate kennis
+ enkeltaak

Hulpbrongerigte kenmerke
+ min elemente
+ min redenering
+ hier en nou

Kwadrant 2

Hoë performatiewe en lae ontwikkelingskompleksiteit

Hulpbronverspreidende kenmerke
- beplanningstyd
- parate kennis
- enkeltaak

Hulpbrongerigte kenmerke
- min elemente
- min redenering
- hier en nou

Kwadrant 3

Lae performatiewe en hoë ontwikkelingskompleksiteit

Hulpbronverspreidende kenmerke
+ beplanningstyd
+ parate kennis
+ enkeltaak

Hulpbrongerigte kenmerke
+ baie elemente
+ redenering
+ daar en dan

Kwadrant 4

Hoë performatiewe en hoë ontwikkelingskompleksiteit

Hulpbronverspreidende kenmerke
- beplanningstyd
-parate kennis
- enkeltaak

Hulpbrongerigte kenmerke
+ baie elemente
+ redenering
+ daar en dan

 

Adendorff (2012:144) maak die afleiding dat indien ’n teikentaak oor min elemente beskik wat geen redenering vereis nie en dit geplaas word in die hier en nou, dan is die teikentaak kognitief eenvoudig. Die teikentaak toon die volgende kenmerke: [+ min elemente], [+ min redenering], [+ hier en nou], [+ beplanningstyd], [+ parate kennis] en [+ enkeltaak]. Die teikentaak beskik net oor [+]-kenmerke, wat toon dat al hierdie kenmerke in die teikentaak teenwoordig is. Die teikentaak sal dan as ’n kwadrant 1-taak geklassifiseer word. Deur die kenmerke een-een of meer as een op ’n keer te verander, kan die kognitiewe kompleksiteit van die teikentaak geleidelik verhoog word. Die teikentaak toon in die laaste kwadrant die volgende kenmerke: [+ baie elemente], [+ redenering], [+ daar en dan], [- beplanningstyd], [- parate kennis], [- enkeltaak].

Op grond van hierdie raamwerk maak Robinson (2001; 2005; 2010) dit moontlik om teikentake op grond van kognitiewe kompleksiteit te gradeer en orden. Teikentake wat in kwadrant 1 voorkom, sal eerste uitgevoer word, voor teikentake wat in die ander kwadrante voorkom.

Dié taaktipologie van Gleason en Slater (2016:4) en Robinson (2001; 2005; 2010) se kognisiehipotese is gebruik om ons take te gradeer en te orden ten einde voorstelle vir die ontwerp van ’n taakgebaseerde program te maak.

Verder word die linguistiese kompleksiteit van die teikentake ook ondersoek. Dit word gedoen aan die hand van Foster, Tonkyn en Wigglesworth (2000) se Analise van Spraak- (AS-) eenhede. Die AS-eenhede is hoofsaaklik sintaktiese eenhede wat gepas is as eenhede vir ontledings en bestaan uit ’n onafhanklike klousule (hoofsin) of ’n subklousale eenheid, saam met enige ander subordinaat­­klousule (bysin) wat daarmee verbind kan word. Die doel hiervan is om aan te toon hoe eenvoudig of kompleks die taal is, want in die program word op taalstrukture soos die verlede tyd en die toekomende tyd, asook voegwoorde gefokus.

Die beplanning van ’n taakgebaseerde sillabus sluit sekere prosedures in waarvan die eerste die identifisering van taalaanleerders se behoeftes is. Die gebruik van behoefte-analises kom toenemend in taalkursusse voor, aangesien dit belangrik is om te weet wat die doelwitte van die kursusse moet wees ten einde die inhoud, vaardigheidsvlak en assessering daarvan te bepaal. Navorsers soos Van Avermaet en Gysen (2006) wys daarop dat daar verskillende metodes en bronne, onder meer onderhoude, vraelyste, waarnemings, joernale, rolspel en simulasies, is wat in ’n behoefte-analise gebruik word om deur middel van triangulasie die betroubaarheid en geldigheid van die bevindings te bevestig. Skehan (2018) noem in sy boek Second Language task-based performance dat daar ’n harmonie tussen kwalitatiewe en kwantitatiewe metodes moet wees. Ons maak daarom gebruik van vraelyste wat meer kwantitatiewe data verskaf, sowel as onderhoude en waarnemings, wat meer kwalitatiewe data verskaf. Vir die doel van hierdie studie is die Europese Referensiekader (Council of Europe 2001) gebruik om die taalvaardigheidsvlak van die internasionale studente te bepaal, asook Van Avermaet en Gysen (2006) se taalgebruiksituasies. Van Avermaet en Gysen (2006:28) definieer taalgebruiksituasies as situasies waarin die tipiese vlot en gemaklike gebruik van taal vir alle betrokkenes benodig word.

 

3. Metodologie

Die drie teikentake (regte-wêreld-take) wat as voorbeeld gegradeer en georden word, is na aanleiding van ’n behoefte-ontleding geskryf. Die doel van die teikentake is om ’n eenheid voor te stel wat in ’n taakgebaseerde sillabus gebruik word, wat studente in die ontwikkeling van hulle intertaal7 fasiliteer en optimale leer bevorder.

’n Behoefte-ontleding is voltooi onder die internasionale studente wat die kursus Beginner-Afrikaans Vlak I, wat deur die Taalsentrum van die Universiteit Stellenbosch aangebied word, gevolg het. Etiese klaring is vanaf die Afdeling Institusionele Navorsing en Beplanning verkry.

Die hoofdoel van die behoefte-ontleding was om onderwerpe waaroor studente graag wil praat, te identifiseer. Die agt onderwerpe wat deur die studente geïdentifiseer is, was: bestel kos in ’n restaurant; huisvesting; bespreking van naweekplanne; vra raad oor plekke wat in Suid-Afrika besoek kan word; koop produkte by supermarkte / ander winkels; verstaan verkeerstekens en vra vir aanwysings; praat oor stokperdjies en bespreek gunstelingakteurs en -aktrises en -flieks. Dié artikel fokus slegs op drie van hierdie onderwerpe. Die inligting wat uit die behoefte-ontleding verkry is, het aanleiding gegee tot die konstruksie van teikentaakinhoude (byvoorbeeld verblyf, kosse, inkopies) binne die sosiale terrein waarmee studente tydens hulle verblyf in Stellenbosch te doen kry.

Die teikentake is stukke geskrewe teks van moontlike gesprekke wat eerstetaalsprekers van Afrikaans met mekaar mag hê. Dit is dus nie transkripsies van werklike teikentake nie en kan as semi-outentieke take beskou word, want dit bevat verteenwoordigende gesprekinhoude en taalstrukture van regte-wêreld-taalgebruik deur studente oor onderwerpe waaroor die studente sosiaal met mekaar wil kommunikeer. Dit bevat voorts nie suiwer of hiperkorrekte Afrikaans nie, om die aard van spontane en outentieke gesprekke te behou. Hierdie teikentake word aan die studente voorgelê as voorbeelde van outentieke taal en word in die klas as die inhoude gebruik waarvolgens lesse ontwerp is. Die student bestudeer die teikentake in die klasse en gebruik dit buite die klas sodat hulle dit aan die einde van die kursus as voorbeelde kan gebruik om hulle eie dialoë8 te skep. Die teikentake is deur eerstetaalsprekers beoordeel sodat die verteenwoordigende aard ten opsigte van die outentisiteit daarvan bevestig kon word.

Elke teikentaak toon die volgende makrogeneriese ordeningstrukture:

a) ’n Inleidende fase: Tydens hierdie eerste fase groet die deelnemers mekaar, dra persoonlike besonderhede oor en vra mekaar hoe dit gaan. Die fase bevat gewoonlik enkelvoudige sinne alhoewel komplekse sinne kan voorkom.
b) ’n Beskrywende fase: Dit is die tweede fase van die teikentaak en vorm die grootste deel daarvan. In dié gedeelte word belangrike aspekte oor die taakinhoud oorgedra. Die fase bevat gewoonlik meer komplekse sinne, want uitbreidings en verduidelikings kom in hierdie gedeelte voor.
c) ’n Afsluitingsfase: In dié gedeelte word die taak beëindig en finale besonderhede word oorgedra. Die deelnemers groet mekaar ook in dié gedeelte en daarom word meer eenvoudige sinskonstruksies gebruik.

Die take word in geen spesifieke volgorde aangebied nie, aangesien die gradering en ordening wat in die artikel geïllustreer word, nie afhanklik is van die volgorde waarin die take aangebied word nie. Die take word juis aan die einde van die artikel gebruik om hulle volgorde in sillabusontwerp voor te stel.

Die volgorde van aanbieding van elke taak is dieselfde: Dit begin met die taakomskrywing met daarna die kommunikatiewe doelwitte en die taak wat gevolg word deur die ontleding van die onderskeie taakkenmerke aan die hand van verskillende navorsers se perspektiewe.

Die ontleding van die taakkenmerke begin met die taalgebruiksituasie en taaltake volgens die navorsing wat deur Van Avermaet en Gysen gedoen is. Vervolgens is elke teikentaak volgens Gleason en Slater (2016:4) se taaktipologie ontleed. Dit word gedoen sodat aangetoon kan word watter taaktipe die beste sal help vir die studente se intertaalontwikkeling, aangesien die verband tussen die betrokke teikentaak en die vereistes wat dit stel, met die studente se intertaalontwikkeling gekoppel word. Die ontleding van die drie teikentake word voortgesit deur die toepassing van Robinson se generiese model vir kognitiewe kompleksiteit. Robinson (2010) se twee subkategorieë, hulpbrongerigte en hulpbronverspreidende kenmerke, tree met mekaar in interaksie en beïnvloed sodoende taakproduksie.

Elke kenmerk het ook verskillende veranderlikes wat aantoon hoe kompleks of eenvoudig die taak is. Volgens Robinson (2010) moet teikentake in stygende kompleksiteits­gradering ontwerp word om sodoende studente se intertaalsisteem te ontwikkel sodat hulle aan die vereistes van die teikentake kan voldoen. Laastens word elke taak se linguistiese kompleksiteit volgens Foster e.a. (2000) se ontleding van spraakeenhede (AS-eenhede) beskryf. Foster e.a. stel dit duidelik dat die gebruik van onder meer onderskikkende en neweskikkende bysinne aanduidings van linguistiese kompleksiteit is. Daar word ook aandag aan prominente taalstrukture soos die verlede en die toekomende tyd en voegwoorde gegee.

3.1 Teikentaak 1

“Julle is vier studente (Anna, Elsa, Nina en Susan) wat praat oor julle planne vir die naweek. Julle wil Kaapstad gaan verken en ook na die omliggende areas ry. Julle het ’n paar brosjures gekry en besluit om daarna te kyk en dan plekke te kies wat julle die naweek wil besoek. Een van julle het ’n kar en bied aan dat julle saam met haar kan ry. Julle besluit ook hoe laat julle wil ry. Een vriendin het ’n kennis wat in Kaapstad bly en sy bied aan om die persoon te bel en te hoor of julle daar kan oorbly.”

Kommunikatiewe doelwitte

  • Om informeel oor naweekplanne te praat.
  • Om menings uit te ruil oor plekke wat besoek kan word.
  • Om voorstelle te maak.

 

Inleidende fase

Anna: (1) Hi julle, hoe gaan dit?

Elsa: (2) Dit gaan goed, dankie.

Nina: (3) Ek kan nie kla nie!

Susan: (4) Ek is net moeg, want ek het gisteraand min geslaap.

Beskrywende fase

Anna: (5) Ek het vir ons ’n paar brosjures oor plekke in Kaapstad gekry. (6) Ons kan daardeur gaan en dan besluit of ons die naweek iets wil doen of nie.

Elsa: (7) Ek het gehoor dat Kampsbaai fantasties is. (8) Ek was nog nie daar nie. (9) Daar is glo die ongelooflikste kuierplekke.

Nina: (10) Ek sal graag na die Waterfront en Tafelberg wil gaan. (11) Ek is mal oor berge en ek wil graag ’n foto van ons vier bo-op die berg neem.

Susan: (12) Ek hou van jou idee, maar ek wil graag die kabelkarretjie gebruik. (13) Ek was nog nooit in ’n kabelkarretjie nie!

Anna: (14) Hier is ’n brosjure oor die kabelkarretjie. (15) Dit het glasdeure, en jy sal sommer terwyl ons opry foto’s kan neem. (16) Ek sal graag met die oopdekbus ook wil ry.

Susan: (17) Wat dink julle moet ons doen? (18) Ons kan nie alles gelyk doen nie.

Elsa: (19) Ek stem vir die oopdekbus en Tafelberg.

Nina: (20) Solank ons net Tafelberg kan sien. (21) Ek dink ons moet eerste Tafelberg toe gaan, en dan neem ons die bus vir die res van die dag.

Anna: (22) Ja, en ons kan dan die dag in Kampsbaai eindig met ’n heerlike mengeldrankie by een van die kuierplekke.

Susan: (23) Ek het mos ’n kar so julle kan sommer saam met my ry. (24) Ek sal net koeldrank kan drink, want ek wil nie graag drink en bestuur nie.

Nina: (25) Ja, ons moet maar liewers versigtig wees. (26) Ek wil nie in die tronk beland nie!

Anna: (27) As ons met die kabelkarretjie wil ry, moet ons so agtuur vertrek. (28) Hulle maak nege-uur oop. (29) Sal dit julle pas?

Nina: (30) Ja, en daarna kan ons met die bus ry. (31) Ons sal seker so halfsewe die aand na Kampsbaai toe ry sodoende sal ons genoeg tyd hê.

Elsa: (32) Ek onthou nou net dat my suster se vriendin in Kaapstad bly. (33) Sy het gesê dat ons enige tyd welkom is om daar te kom bly.

Nina: (34) Ek weet nie of ek lus het om oor te slaap nie. (35) Miskien moet ons maar liewers terugry na Stellenbosch toe.

Elsa: (36) Nee, ek dink ons moet maar liewers oorbly aangesien ons die hele dag besig gaan wees. (37) Dit sal veiliger wees as ons iewers in Kaapstad slaap.

Susan: (38) Ek stem saam. (39) As ons in Kampsbaai kuier, kan dit dalk laat raak. (40) Ek gaan dan nie lus wees om terug Stellenbosch toe te ry nie.

Nina: (41) Nou maar goed. Dan bly ons oor.

Elsa: (42) Ek gaan sommer vanaand my suster bel en haar vriendin se nommer kry. (43) Ek dink nie dit sal ’n probleem wees nie. (44) Ek sal julle laat weet as ek met haar gepraat het.

Afsluitingsfase

Susan: (45) Dankie. (46) Ek moet nou hardloop, anders gaan ek laat vir klas wees.

Almal: (47) Baai!

3.1.1 Taakkenmerke

Vir taak 1 is die volgende taalgebruiksituasies en taaltake volgens Van Avermaet en Gysen (2006:28) se raamwerk geïdentifiseer:

Tabel 2. Taalgebruiksituasies en taaltake van taak 1

Taalgebruiksituasie

Taaltake

Praat met medestudente

  • Gebruik gepaste groet- en aanspreekvorme
  • Begryp vrae en antwoorde oor welstand
  • Stel en beantwoord vrae oor welstand

Praat oor spesifieke plekke

  • Begryp vrae en antwoorde oor spesifieke plekke
  • Stel en beantwoord vrae oor spesifieke plekke
  • Begryp inligting oor spesifieke plekke
  • Motiveer keuses van spesifieke plekke

Praat oor spesifieke tye

  • Begryp tydsaanduiding
  • Begryp vrae en antwoorde oor tydsaanduidings
  • Motiveer keuse van tyd

Praat oor veilige gewoontes

  • Stel en beantwoord vrae oor veilige gewoontes
  • Begryp inligting oor veilige gewoontes
  • Motiveer keuses oor veilige gewoontes

 

3.1.2 Taaktipologie

Taak 1 word skematies na aanleiding van Pica e.a. (1993) se taaktipologie soos volg voorgestel:

Tabel 3. Taaktipologie van taak 1

Volgens Gleason en Slater (2016:4) sou dié taak ’n kettingtaak wees. Die vier studente moet saamwerk om ’n enkeldoelwit (wat om daardie naweek te doen) te bewerkstellig. Anna, Elsa, Nina en Susan het verskillende dele van die inligting wat uitgeruil moet word: elkeen het belangrike inligting en die ander studente moet dit aanvra. Anna, Elsa, Nina en Susan hou, vra en verskaf inligting en daarom kom daar ’n gesamentlike vraag-en-verskaffingsverhouding voor.

Verder lei die inligtingsgaping in hierdie taak daartoe dat die inligtingsvloei meerrigting is, aangesien die inligting vloei van Anna na Elsa na Nina na Susan en van Susan na Nina na Elsa na Anna.

Daar kom dus interaksiebenodighede [+ benodig] voor. Daar is ’n konvergente doel [+ konvergent] en ’n enkeluitkoms (die naweekaktiwiteite) en die studente werk saam om die doel en uitkoms te bereik. Interaksie word beslis benodig, omdat almal moet saamstem oor die naweekaktiwiteite; daarom [1 uitkomste-opsie]. Pica e.a. (1993) noem dat ’n kettingtaak die meeste geleenthede vir betekenis­onderhandeling bied. Gleason en Slater (2016:4) skryf dat die studente by inligtingsgapingstake moet saamwerk om een uitkoms te bereik. Daarom is dit nodig dat interaksie benodig word want die studente moet werk na begrip, terugvoering en intertaalontwikkeling, wat dan tot uiteindelike suksesvolle tweedetaal­verwerwing lei.

3.1.3 Kognitiewekompleksiteitsontleding

Na aanleiding van Robinson (2005:8) toon die taak die volgende hulpbrongerigte kenmerke:

[+ baie elemente]

Die taak handel oor verskillende lokaliteite. Soos gesien kan word, moet die studente tussen komplekse ruimtelike plasings navigeer, byvoorbeeld al die verwysings na plekke: Kampsbaai (7, 22, 31 en 39), Tafelberg (10, 19, 20 en 21) en Kaapstad (5, 32 en 37). Verwysings na tyd kom voor in: “die naweek” (6), “die res van die dag” (21) en “halfsewe” (31). Die gebruik van ’n infinitiefklousule en die negatiefvorm “nie lus wees om terug Stellenbosch toe te ry nie” (40) dui op die komplekse taalgebruik wat die studente moet bemeester. Teikentaak 1 word as ’n [+ baie elemente]-taak geklassifiseer.

[+ redenering]

Die taak vereis dat daar oordrag van eenvoudige kennis sowel as redenering plaasvind, want die vier studente moet verduidelik wat hulle die naweek wil doen. Hulle moet boonop redes verskaf oor waarheen hulle wil gaan en waarom. Logiese subordinate en konneksies soos: “so julle kan sommer saam met my ry” (23) word in die teks gebruik. Verder kom kognitiewestellingswerkwoorde voor – soos “dink” in sin 36: “ek dink ons moet maar liewers oorbly”. As gevolg van die omvang van die argumentering wat in hierdie taak verskyn, kan dit as ’n [+ redenering]-taak geklassifiseer word.

[+ daar en dan]

Die taak vereis van die vier studente om ’n gesprek te voer oor sake wat in die toekoms gaan gebeur. Die gesprek word meestal in die teenwoordige tyd gevoer, byvoorbeeld: “ek is mal oor berge” (11), maar die grootste fokus is op die toekoms. Die gebruik van “sal” en “gaan” toon dit, byvoorbeeld in: “ek sal graag met die oopdekbus wil ry” (16); “ons gaan die hele dag besig wees” (36); en “ek gaan dan nie lus wees nie” (40). Daar is ook die deiktiese gebruik van “dan” in sin 22 wat dit bevestig. Die fokus in die taak is op die toekomende tyd, daarom die kenmerk [+ daar en dan].

Volgens Robinson (2005:8) se hulpbronverspreidende kenmerke toon taak 1 ’n hoë mate van performatiewe kompleksiteit.

[+ beplanningstyd]

Studente praat oor plekke wat onbekend aan hulle is en daarom vra die taak beplanning van hulle. Daar word vir die doeleindes van die taak aangeneem dat studente in die onderrigsituasie wel beplanningstyd sal kry om die taak te voltooi.

[- parate kennis]

Die taak vra vir voorafkennis, omdat die studente oor ’n onbekende onderwerp praat. Daar is wel ’n onderwerpbekendheid met die inhoud van naweekplanne, maar die studente benodig agtergrondkennis oor die plekke wat hulle wil besoek. Die onderwerp wat bespreek word, vereis spesifieke eerder as algemene kennis. Die hoeveelheid spesifieke voorafkennis vir die taak dra by tot die kognitiewe kompleksiteit van die taak. Daarom die klassifikasie as ’n [- parate kennis]-taak.

[- enkeltaak]

Die studente moet meervoudige aksies uitvoer. Hulle moet luister en praat én beplan en redeneer. Hierdie aksies vind gelyktydig plaas. Omdat omvattende luister, praat, beplanning en redenering voorkom, is die klassifikasie [- enkeltaak].

As daar dus na die ontleding gekyk word, val teikentaak 1 in kwadrant 4 van Robinson (2005:8) se model. Dit het hoë performatiewe en hoë ontwikkelingskompleksiteit. Al die taakkenmerke behalwe [+ beplanningstyd] word in hierdie taak gevind, wat beteken dat die eis van beplanningstyd nie bydra tot die kompleksiteit van die taak nie. Dit beteken dat die taak ietwat minder kompleks as ’n tipiese kwadrant 4-taak is.

Opsommend lyk die taak so:

Taak

Hulpbrongerigte
kenmerke
(hoë ontwikkelings-
kompleksiteit)

Hulpbronverspreidende
kenmerke
(hoë performatiewe
kompleksiteit)

Kwadrant

1

+ baie elemente
+ redenering
+ daar en dan

+ beplanningstyd9
- parate kennis
- enkeltaak

4

 

3.1.4 Linguistiesekompleksiteitsontleding

Taak 1 bevat neweskikkende sinne, wat uit hoofsinne bestaan. Die neweskikkende voegwoord maar kom as teenstellingsaanduidervoor: “Ek hou van jou idee, maar ek wil graag die kabelkarretjie gebruik” (12). Die skakelende voegwoord en is ook teenwoordig, byvoorbeeld by: “Ek is mal oor berge en ek wil graag ’n foto van ons vier op die berg neem” (11). Nog voorbeelde van sulke aaneenskakeling van inligting is merkbaar in sinne 20 en 22.

Die plaasvervangende neweskikkende voegwoord of word in sinne gebruik – waarskynlik omdat dit hier gaan om keuses wat uitgeoefen moet word. Sinne 6 en 34 illustreer dit: “en dan besluit of ons die naweek iets wil doen of nie” en “ek weet nie of ek lus het om oor te slaap nie”. Volgens Foster e.a. (2000) se bespreking oor AS-eenhede dra hierdie komplekse sinne by tot die toenemende kompleksiteit van die taak.

Voorbeelde van onderskikkende bysinne is aanwesig in taak 1. Foster e.a. (2000) verklaar dat hierdie soorte sinne bydra tot die toenemende kompleksiteit van die teikentaak: “want ek het gisteraand min geslaap” (bywoordelike bysin van rede) (4), “aangesien ons die hele dag besig gaan wees” (bywoordelike bysin van rede) (36) is voorbeelde hiervan. ’n Voorwerpsin word in sin 34 gebruik: “of ek lus het om oor te slaap nie” Sinne waarin die infinitief gebruik word, is byvoorbeeld: “Ek weet nie of ek lus het om oor te slaap nie” (34) en “Ek gaan dan nie lus wees om terug Stellenbosch toe te ry nie” (40).

Ander konstruksies wat ook voorkom is die dat-konstruksie, soos gesien in: “Ek het gehoor dat Kampsbaai fantasties is” (7) en “Ek onthou nou net dat my suster se vriendin in Kaapstad bly” (32).

Omdat dit hier gaan om keuses wat nog gemaak moet word, word die modale werkwoord gaan in etlike sinne gebruik met ’n toekomende moontlikheidsbetekenis: “aangesien ons die hele dag besig gaan wees” (36) en “Ek gaan sommer vanaand my suster bel en haar vriendin se nommer kry.” ’n Ander modale werkwoord is moet: “As ons met die kabelkarretjie wil ry, moet ons so 08:00 vertrek” (27).

Nog ’n komplekse sinstruktuur wat gebruik word, is ontkenning. Hierdie konstruksie is byvoorbeeld: “want ek wil nie graag drink en bestuur nie” (24), “Ek wil nie in die tronk beland nie!” (26) en “Ek gaan dan nie lus wees om terug Stellenbosch toe te ry nie” (40). Kousale redenering word gevind in sinne soos: “so julle kan sommer saam met my ry” (23) en “sodoende sal ons genoeg tyd hê” (31). Die logiese voegwoorde want en aangesien is bywoordelike voegwoorde van rede. Dit lei die dele van die sinne in waarin redes verskaf word: “want ek wil nie graag drink en bestuur nie” (24) en “aangesien ons die hele dag besig gaan wees” (36).

Na aanleiding van bostaande sintaktiese ontleding is dit duidelik dat taak 1 sintakties tot ’n hoë mate kompleks is.

3.1.5 Samevatting

Teikentaak 1 is ’n komplekse taak. Alhoewel Pica e.a. (1993) hierdie taak as ’n kettingtaak (wat die meeste geleentheid vir begrip, terugvoering en modifikasie van insette bied) sou beskryf, moet die ander teoretiese benaderings in berekening gebring word. Robinson (2005:8) se kompleksiteitsontleding plaas die taak in kwadrant 4. Foster e.a. (2000) se sintaktiese ontleding toon aan dat taak 1 kompleks is.

3.2 Teikentaak 2

Sanet is ’n nuwe student wat vir ’n ander student (Pieter) aanwysings vra na die administrasiegebou sodat sy haar studentekaart daar kan aktiveer. Pieter verduidelik vir Sanet die pad en gee vir haar raad wat om te doen ten opsigte van die aktivering van die kaart. Sanet bedank vir Pieter en stap dan na die gebou toe.

Kommunikatiewe doelwitte:

  • om oor studentesake, soos die aktivering van ’n studentekaart, te gesels
  • om vir aanwysings na ’n spesifieke plek te vra
  • om te luister wanneer ’n persoon verduidelik hoe om by ’n spesifieke plek te kom
  • om informeel te kan kommunikeer

 

Inleidende fase

Sanet: (1) Haai Pieter. (2) Hoe gaan dit?

Pieter: (3) Dit gaan goed, Sanet. (4) Ek het jou lanklaas gesien. (5)10 Ek is net besig met beplanning vir een van my take, maar dit gaan stadig.

Beskrywende fase

Sanet: (6) Ek het ’n probleem en ek het gewonder of jy my kan help? (7) Ek moet vandag na die administrasiegebou toe gaan om my studentekaart te aktiveer, maar ek weet glad nie hoe om daar te kom nie. (8) Dit voel of ek heel verlore is. (9) Kan jy dalk vir my verduidelik hoe om by die gebou te kom, asseblief?

Pieter: (10) Natuurlik! (11) Ek was net gister daar gewees. (12) Jy moet reguit aanstap tot by Jansenstraat. (13) As jy by Jansenstraat kom, moet jy links draai in Truterstraat. (14) Die administrasiegebou is die tweede gebou van die hoek af. (15) Dit is oorkant die groot fietswinkel en langs die Moutongebou.

Sanet: (16) Baie dankie. (17) Ek dink nie ek sal nou sukkel om dit te kry nie. (18) Waar moet ek my kaart aktiveer?

Pieter: (19) As jy in die administrasiegebou instap, moet jy dadelik links draai. (20) Die kantoor waar jy jou kaart moet aktiveer is die tweede deur aan jou linkerkant. (21) Dit kan soms lank neem om dit te doen, want daar is baie studente. (22) Ek dink dit sal goed wees as jy sommer nou gaan. (23) Maak net seker dat jou kaart ook vir die twee rekenaargebruikersareas geaktiveer word sodat jy toegang daartoe het.

Afsluitingsfase

Sanet: (24) Dankie! (25) Ek sal so maak. (26) Jy moet ’n lekker dag verder hê.

Pieter: (27) Jy ook. (28) Ek hoop jy kry die plek maklik.

3.2.1 Taakkenmerke

Uit die teikentaak wat taak 2 illustreer, kom die volgende taalgebruiksituasies en taaltake na aanleiding van Van Avermaet en Gysen (2006:28) se raamwerk voor:

Tabel 4. Taalgebruiksituasies en taaltake van taak 2

Taalgebruiksituasie

Taaltake

Praat met medestudente

  • Gebruik gepaste groet- en aanspreekvorme
  • Begryp vrae en antwoorde oor welstand

Praat oor studentekaart

  • Stel en beantwoord vrae oor studentekaart
  • Begryp vrae en antwoorde oor studentekaart

Praat oor hoe om daar te kom

  • Stel en beantwoord vrae oor hoe om daar te kom
  • Begryp vrae en antwoorde oor hoe om daar te kom
  • Maak stellings oor aanwysings en lokaliteit

Motiveer ander student

  • Motiveer student om stappe te doen m.b.t. die aktivering van die studentekaart
  • Begryp motivering oor aksie oor aktivering van studentekaart

 

3.2.2 Taaktipologie

Volgens Gleason en Slater (2016:4) se klassifikasiesisteem sou taak 2 ’n probleemoplossingstaak wees.

Tabel 5. Taaktipologie van taak 2

Die een student (Sanet) soek hulp by die ander student (Pieter), wat dit kan verskaf. Sanet en Pieter het beide toegang tot die inligting en daarom is tweerigtingkommunikasie moontlik. Die taak is gerig op ’n enkeloplossing van die probleem, met ander woorde waar Sanet haar studentekaart moet aktiveer. Die taak is dus ’n geslote taak en daar is net een uitkoms en ’n konvergente doel. Geslote take lei ook na meer betekenisonderhandeling en spraakmodifikasies.

Pica e.a. (1993) noem dat probleemoplossingstake meer geleenthede aan die deelnemers verskaf om hulleself verstaanbaar te maak. Dit gebeur omdat een deelnemer inligting soek en die ander deelnemer hulp verskaf, maar Gleason en Slater (2016:4) is van mening dat interaksie nie nodig is tussen die twee deelnemers om die taak te voltooi nie.

3.2.3 Kognitiewekompleksiteitsontleding

Na aanleiding van die hulpbrongerigte kenmerke toon taak 2 lae ontwikkelingskompleksiteit volgens Robinson (2005:8) se raamwerk:

[+ min elemente]

In taak 2 kom daar nie baie soortgelyke elemente voor nie. Daar is slegs een maklik onderskeibare element, naamlik waar om ’n studentekaart te aktiveer. Temporele en ruimtelike verwysings vorm wel deel van die teikentaak. Voorbeelde van die temporele verwysings kan gesien word in: “ek moet vandag na die administrasiegebou toe gaan” (7) en “Dit kan soms lank neem” (21). Verwysings na ruimte word gevind in: “in die administrasiegebou” (14), “langs die Moutongebou” (15), “tweede deur aan jou linkerkant” (20) en “as jy in die administrasiegebou instap” (19). Die ruimtelike plasings is maklik identifiseerbare landmerke, maar is tog belangrik en noodsaaklik vir die teikentaak omdat dit hier gaan oor die aanwysings wat gevolg moet word om by die administrasiegebou te kom. Die temporele en ruimtelike verwysings is egter min en word nie gebruik om te onderskei tussen soortgelyke elemente nie. Die taak kan daarom as ’n [+ min elemente]-taak geklassifiseer word.

[+ min redenering]

Redenering is nie baie belangrik in taak 2 nie. Die taak vereis basies net dat eenvoudige kennis oorgedra word. Ander persone se intensies en redenering oor kousaliteit word nie vereis nie. Intensionele redenering word gebruik: “Ek dink dit sal goed wees” (22). Die aak bevat geen kousale redenering en logiese subordinate nie. As gevolg van die aard en omvang van argumentering in hierdie taak word dit as ’n [+ min redenering]-taak geklassifiseer.

[+ hier en nou]

In die taak word daar van die twee deelnemers vereis om ’n gesprek te voer oor sake wat in die hede (die hier en nou) plaasvind. Die gesprek vind in die teenswoordige tyd plaas. Dit kan gesien word in sin 3, 12, 19, 22 en 23. Die verledetydsvorm kom plek-plek voor, soos in: “Ek het jou lanklaas gesien” (4) en “Ek was net gister daar gewees” (11). Die taak vind oorwegend in die hede plaas en daarom word dit as [+ hier en nou] geklassifiseer.

In terme van die hulpbronverspreidende kenmerke toon taak 2 hoë performatiewe eise.

[- beplanningstyd]

Vir die doel van die artikel veronderstel ons dat die deelnemers nie beplanningstyd kry om die taak uit te voer nie. Sanet moet dadelik besluit wat om te sê en te vra om uit te vind waar die administrasiegebou is. Pieter moet weer dadelik besluit wat om te antwoord en die korrekte aanwysings en advies gee.

[- parate kennis]

Die taakinstruksies verskaf nie aan die deelnemers algemene inligting wat as genoegsame parate kennis beskou word nie. Die een student vra raad oor hoe om êrens te kom en die ander student weet waar die spesifieke plek is. Die onderwerp (aanwysings) vereis spesifieke kennis eerder as algemene kennis.

Op ’n kontinuum beskou is die hoeveelheid spesifieke voorafkennis wat nodig is om die taak suksesvol te kan uitvoer, sodanig dat dit sal bydra tot die kognitiewe kompleksiteit daarvan eerder as om die kompleksiteit te verminder. Die taak kry dus ’n [- parate kennis]-klassifikasie.

[- enkeltaak]

Die taak vereis van die twee deelnemers om gelyktydige aksies, naamlik luister na en praat oor, uit te voer. Die luister en praat vind gelyktydig plaas en benodig omvattende luister- en praatvaardighede. Verder moet die deelnemers terwyl hulle praat, beplan wat hulle wil sê. Daar word meervoudige aksies uitgevoer, daarom [- enkeltaak].

Gebaseer op die ontleding wat gedoen is, word taak 2 in kwadrant 2 van Robinson (2005:8) se model geplaas. Dit verskaf aan studente hoë performatiewe en lae ontwikkelingskompleksiteit in die taalaanleerproses. Hierdie taak sal dus vroeër in die taaksiklus gedoen word.

Opsommend vertoon taak 2 dan die volgende kenmerke:

Taak

Hulpbrongerigte
kenmerke
(lae ontwikkelings-
kompleksiteit)

Hulpbronverspreidende
kenmerke
(hoë performatiewe
kompleksiteit)

Kwadrant

2

+ min elemente
+ min redenering
+ hier en nou

- beplanningstyd
- parate kennis
- enkeltaak

2

 

3.2.4 Linguistiesekompleksiteitsontleding

In taak 2 word daar wel voorbeelde van komplekse sinne gevind, alhoewel dit oorwegend uit enkelvoudige sinne bestaan. Die taak handel oor hoe om by ’n spesifieke gebou uit te kom. Dit bevat min redenering; daarom bevat die taak nie baie komplekse sinne nie.

Volgens Foster e.a. (2000) se AS-eenhede is voegwoorde en onafhanklike sinne aanduidings van linguistiese kompleksiteit. Etlike neweskikkende sinne, wat uit hoofsinne bestaan, is teenwoordig. Die teenstellende neweskikkende voegwoord maar kom voor in: “Ek is net besig met beplanning vir een van my take, maar dit gaan stadig” (5) en “om my studentekaart te aktiveer, maar ek weet glad nie hoe om daar te kom nie” (7).

Die skakelende voegwoord en word o.a. in “Ek het ’n probleem en ek het gewonder” (6) en “Dit is oorkant die groot fietswinkel en langs die Moutongebou” gebruik (15). Die onderskikkende voegwoord of word in sin 6 en 8 gebruik: “en ek het gewonder of jy my kan help” en “Dit voel of ek heel verlore is.”

Voorbeelde van onderskikkende bysinne as spesifieke taakrelevante kompleksiteitsaanduiders is teenwoordig in: “As jy by Jansenstraat kom moet jy links draai” (bywoordelike bysin van tyd) (13) en “geaktiveer word sodat jy toegang daartoe het” (bywoordelike bysin van tyd) (23).

Sinne waar die infinitief gebruik word, is: “ek weet glad nie hoe om daar te kom nie” (7), “verduidelik hoe om by die gebou te kom” (9), “nou sukkel om dit te kry nie” (17) en “Dit kan soms lank neem om dit te doen” (21).

Die taak bevat sinne in die teenswoordige tyd, soos gesien in: “Ek is net besig met beplanning” (5). Tog kom verledetydsinne natuurlik voor: “Ek het jou lanklaas gesien” (wat die tydbywoord lanklaas insluit) (4) en “Ek was net gister daar gewees” (met die tydbywoord gister) (11).

Omdat redenering nie belangrik in die aak is nie, word komplekse sinstrukture nie gebruik nie. Kousale en intensionele redenering ontbreek. Die taak is daarom nie sintakties kompleks nie.

3.2.5 Samevatting

Nadat die verskillende teoretiese perspektiewe op taak 2 toegepas is, maak ons die volgende afleiding: Dit is nie ’n komplekse taak nie. Die taak is aanleiding van Gleason en Slater (2016:4) se taaktipologie ’n probleemoplossingstaak. Robinson (2005:8) se generiese model vir taakkompleksiteit wat dit in kwadrant 2 plaas, en Foster e.a. (2000) se sintaktiese ontleding, toon dat dit nie kompleks is nie.

3.3 Teikentaak 3 

Tania moet besluit na watter plek in Suid-Afrika sy wil gaan vir vakansie. Sy besluit om haar vriend Neels vir raad te vra. Hy was al orals in Suid-Afrika en stel die Tuinroete of die Krugerwildtuin voor. Tania en Neels bespreek dan die voordele en nadele van elke plek. Tania wil verder ook weet wat die beste manier is om by die plek wat Neels voorstel te kom en sy doen ook navraag oor of daar winskopies op vakansiepakkette na die plek is.

Kommunikatiewe doelwitte:

  • om informeel met ’n vriend te praat
  • om oor plekke in Suid-Afrika te praat
  • om na die raad wat gegee word oor plekke in Suid-Afrika te luister

 

Inleidende fase

Tania: (1) Hi Neels. (2) Hoe gaan dit?

Neels: (3) Nee, ek kan nie kla nie. (4) Ek is net besig met een groot projek by die Stellenbosch-winkelsentrum. (5) Hoe gaan dit met jou?

Tania: (6) Dit gaan baie goed. (7) My eksamens het gister klaargemaak en ek het lus vir ’n lekker vakansie. (8) Ek het jou raad nodig. (9) Ek wil graag in Suid-Afrika toer, maar weet nie waarnatoe om te gaan nie. (10) Het jy enige voorstelle?

Beskrywende fase

Neels: (11) Vir my is daar net twee plekke in Suid-Afrika om te besoek. (12) Die een is die Tuinroete en die ander een is die Krugerwildtuin. (13) Dit is my gunstelingplekke. (14) Was jy al daar gewees?

Tania: (15) Nee. (16) Ek het nog nie tyd gehad om baie in Suid-Afrika te reis en daardie plekke te sien nie.

Neels: (17) Wel, dan moet jy beslis gaan.

Tania: (18) Watter plek verkies jy, as ek mag vra?

Neels: (19) As ek moet kies, dan sal ek die Tuinroete kies. (20) Ek is mal oor die Tuinroete, want daar is soveel dinge om te sien. (21) Daar is die mooiste dorpies om te besoek. (22) George het die mooiste natuurskoon en dan is daar ook Knysna. (23) The Heads by Knysna is seker een van my gunstelingplekke op aarde. (24) Jy kan ook branderplank gaan ry by Jeffreysbaai. (25) Dit is ook nie so ver soos die Krugerwildtuin nie. (26) Die Krugerwildtuin het egter ’n eie bekoring en jy kan die groot vyf sien.

Tania: (27) Wat sal die maklikste manier wees om by die Tuinroete te kom? (28) Moet ek ’n kar huur of kan ek daarnatoe vlieg?

Neels: (29) Man, ek het al tot in George gevlieg en ek het ook die Tuinroete met ’n kar gedoen. (30) Jy gaan beslis vinniger met die vliegtuig in George kom, maar jy gaan die mooiste natuurskoon en dorpies op pad daarheen mis.

Tania: (31) Ek sal daaroor dink. (32) Weet jy of hulle spesiale winskopies het op vakansiepakkette?

Neels: (33) Ek weet nie. (34) Jy kan na een van die reisagente in die dorp gaan en daar gaan hoor.

Afsluitingsfase

Tania: (35) Baie dankie. (36) Jy het my baie gehelp. (37) Ek dink ek sal gaan uitvind oor vakansiepakkette na die Tuinroete. (38) Ek sal ’n ander keer na die Krugerwildtuin gaan.

Neels: (39) Dit is my plesier. (40) Jy kan ook ’n koerant koop en kyk of hulle nie daar vakansiepakkette adverteer nie.

Tania: (41) Dankie. (42) Jy moet ’n lekker dag verder hê.

Neels: (43) Jy ook. (44) Baai!

3.3.1 Taakkenmerke

Uit taak 3 is die volgende taalgebruiksituasies en taaltake na aanleiding van Van Avermaet en Gysen (2006:28) se raamwerk geïdentifiseer:

Tabel 6. Taalgebruiksituasies en taaltake van taak 3

Taalgebruiksituasie

Taaltake

Praat met medestudent

  • Gebruik gepaste groet- en aanspreekvorme
  • Begryp vrae en antwoorde oor welstand
  • Stel en beantwoord vrae oor welstand

Dra inligting oor plekke in Suid-Afrika oor

  • Begryp vrae en antwoorde van persoon wat inligting oor plekke vra
  • Begryp persoon wat inligting oor plekke vra

Vergelyk verskillende plekke in Suid-Afrika

  • Begryp vrae en antwoorde oor plekke in Suid-Afrika
  • Stel en beantwoord vrae oor plekke in Suid-Afrika
  • Dra persoonlike voorkeure en wense oor spesifieke plekke oor
  • Motiveer keuse van gunstelingplek
  • Begryp keuse van gunstelingplek

 

3.3.2 Taaktipologie

Volgens Gleason en Slater (2016:4) sou taak 3 ’n inligtingsgapingstaak wees.

Tabel 7. Taaktipologie van taak 3

In taak 3 word daar na inligting gesoek, want Tania wil ’n gepaste plek vind om vakansie te hou. Daar is verder ’n gaping in die inligting. Die een deelnemer (Neels) beskik oor inligting waarvan Tania nie kennis dra nie. Tania het die inligting nodig om die taak te voltooi. Neels beskik oor belangrike taakrelevante inligting oor vakansieplekke en Tania moet dit aanvra. Daar vind eenrigtinguitruiling plaas van Neels (wat die sender-deelnemer is) na Tania (wat die ontvanger-deelnemer) is. Neels is die deelnemer wat die inligting oor vakansieplekke verskaf aan Tania, wat die inligting benodig. Interaksie is nodig om die teikentaak te voltooi en daar moet by ’n konvergente doel en enkeluitkoms uitgekom word, naamlik die vind van ’n gepaste vakansieplek in Suid-Afrika vir Tania.

Pica e.a. (1993) verklaar dat hierdie tipe taak minder geleenthede vir verstaanbaarheid bied as ’n kettingtaak, aangesien elke deelnemer ’n vasgestelde rol het.

3.3.3 Kognitiewekompleksiteitsontleding

Taak 3 toon die volgende kenmerke in terme van Robinson (2005:8) se raamwerk vir taakontleding:

[+ min elemente]

In taak 3 moet daar net tussen twee vakansieplekke gekies word. Daar is nie veel elemente wat die student moet baasraak nie. Die taak neem die vorm van vraag en antwoord aan. Ruimtelike plasing soos in: “by die Stellenbosch winkelsentrum” (4) en “in die dorp” (34) word wel gebruik, maar dit is van so ’n aard dat dit nie komplekse navigasie van die ruimte behels nie. Die deiksisgebaseerde verwysing van “daardie” in “en [nie] daardie plekke te sien nie” (16) gee ’n ietwat meer komplekser karakter aan die taak. Dit is maklik identifiseerbare landmerke waarvan gepraat word. Die plekaanduidings is eenvoudig en maklik identifiseerbaar en daarom kry die taak die klassifikasie van [+ min elemente].

[+ min redenering]

Daar is min redenering in taak 3. Dit vereis die eenvoudige oordra van feite: Tania vra die vrae en Neels beantwoord dit. Daar vind wel ’n bietjie redenering plaas, soos waar Neels sy keuse van ’n vakansieplek regverdig: “want daar is soveel dinge om te sien” (20). In hierdie taak is daar min kousale en intensionele redenering. Een voorbeeld van waar dit wel voorkom, is: “Ek dink ek sal gaan uitvind” (37). Die tipe redenering en die omvang daarvan dra nie by tot die ontwikkelingskompleksiteit van die taak nie; daarom [+ min redenering].

[+ hier en nou]

Taak 3 bevat hoofsaaklik sinne in die teenswoordige tyd en het betrekking op die hier en nou. Die deelnemers se gesprek vind meestal in die teenswoordige tyd plaas, soos gesien in: “Hoe gaan dit” (2), “Dit gaan goed” (6), “Vir my is daar net twee plekke” (11) en “Dit is my gunstelingplekke” (13). Omdat die taak in die teenwoordige tyd plaasvind, word dit geklassifiseer as ’n [+ hier en nou]-taak.

Soos gesien kan word, toon die hulpbrongerigte kenmerke van taak 3 ’n lae vlak van ontwikkelingskompleksiteit.

[+ beplanningstyd]

Die taak vereis wel van die deelnemers om te beplan, want een van die deelnemers (Tania) praat oor ’n onbekende onderwerp, naamlik vakansieplekke wat sy nog nie besoek het nie. Vir die doeleindes vir die suksesvolle afhandeling van die taak word daar aangeneem dat die studente wel beplanningstyd sal kry; vandaar die klassifikasie van [+ beplanningstyd].

[+ parate kennis]

Die taak vra van die studente om watter parate kennis hulle ook al het, te gebruik. Die studente verstaan die breë konteks waarin die gesprek plaasvind. Werklike spesifieke kennis is nie nodig om die taak te voltooi nie. Die parate kennis is genoegsaam om die taak suksesvol te voltooi. Daarom word die klassifikasie [+ parate kennis] gedoen.

[+ enkeltaak]

Die taak vereis van die deelnemers om gelyktydige aksies, naamlik luister en praat, uit te voer. Omvattende luister en praat word nie werklik benodig nie. Tania sal eerder net luister om die inligting in te neem as om werklik intensief te luister sodat sy daaroor kan redeneer. Omdat hier nie werklik meervoudige take uitgevoer word nie, kan ons dit as ’n [+ enkeltaak] klassifiseer.

As daar na die hulpbronverspreidende kenmerke van die taak gekyk word, toon dit lae vlakke van performatiewe kompleksiteit.

Na aanleiding van die ontleding van taak 3 kan dit volgens Robinson se model in kwadrant 1 geplaas word. Die taak bewerkstellig lae performatiewe en ontwikkelingskompleksiteit. Dit stel min eise aan die deelnemers en sal dus vroeg in die taaksiklus geplaas word.

Opsommend vertoon taak 3 die volgende kenmerke:

Taak

Hulpbrongerigte
kenmerke
(lae ontwikkelings-
kompleksiteit)

Hulpbronverspreidende
kenmerke
(lae performatiewe
kompleksiteit)

Kwadrant

3

+ min elemente
+ min redenering
+ hier en nou

+ beplanningstyd
+ parate kennis
+ enkeltaak

1

 

3.3.4 Linguistiesekompleksiteitsontleding

In taak 3 kom daar plek-plek voorbeelde van komplekse sinne voor, maar dit bevat oorwegend eenvoudige sinstrukture. Daar is baie min lang verduidelikings aangesien dit die vorm van vraag en antwoord aanneem.

Neweskikkende sinne kan in taak 3 gesien word. Die neweskikkende voegwoord maar kom voor in: “maar jy gaan die mooiste natuurskoon en dorpies op pad daarheen mis” (30). Die skakelende voegwoord en word in die volgende sin gebruik: “George het die mooiste natuurskoon en dan is daar ook Knysna” (22).

In taak 3 is daar voorbeelde van onderskikkende bysinne: “Ek dink ek sal gaan uitvind” (voorwerpsin) (37) en “want daar is soveel dinge om te sien” (bywoordelike bysin van rede) (20). Die onderskikkende voegwoord of word in sin 40 gebruik: “en kyk of hulle nie daar vakansiepakkette adverteer nie”. Sinne waarin die infinitief gebruik word, is sin 9: “waarnatoe om te gaan nie” en sin 20: “soveel dinge om te sien”. Foster e.a. (2000) verklaar ook dat hierdie strukture ’n aanduiding van linguistiese kompleksiteit is.

Die taak bevat baie sinne in die teenswoordige tyd, soos in: “Ek is net besig” (4). Daar kom egter sinne in die toekomende tyd ook voor: “Ek wil graag in Suid-Afrika toer” ( 9) en “ek sal daaroor dink” (31). Die modale werkwoorde hierbo suggereer ’n toekomsmoontlikheid. Dit word ook gevind in: “Jy kan ook ’n koerant koop” (40). Hierdie struktuur sal op ’n natuurlike wyse in die taak voorkom. Taak 3 bevat wel etlike voorbeelde van komplekse sinstrukture, maar omdat dit nie baie redenering vereis nie, is die komplekse sinne nie so opvallend nie. Na aanleiding van bogenoemde sintaktiese ontleding kan daar aanvaar word dat taak 3 redelik eenvoudig is.

3.3.5 Samevatting

Na aanleiding van die ontleding van taak 3 lei ons af dat dit nie ’n komplekse taak is nie. Die taak sou volgens Pica e.a. (1993) ’n inligtingsgapingtaak wees. Dit help dus tot ’n mate met studente se intertaalontwikkeling. Robinson (2005:8) se kognitiwiteitsontwikkeling plaas die taak in kwadrant 1. Dit is ook nie volgens Foster e.a. (2000) se AS-eenhede oorwegend kompleks nie.

 

4. Afleidings en gevolgtrekkings

In hierdie artikel is drie take volgens die teorieë van Van Avermeat en Gysen (2006), Gleason en Slater (2016:4), Robinson (2005) en Foster e.a. (2000) ontwerp. Die drie take is geskep na aanleiding van verskillende behoefte-ontledings wat onder die internasionale studente onderneem is.

Die behoefte-ontledings het getoon dat dit die kommunikasiebehoeftes van die internasionale studente is om met medestudente te kommunikeer oor sosiale aangeleenthede soos gesien in al die teikentake behalwe teikentaak 2. Dit is die enigste teikentaak wat meer verwys na ’n akademiese omgewing omdat dit spesifiek gaan oor die aktivering van ’n studentekaart en hoe om by die gebou waar dit gedoen kan word, uit te kom. Verskillende gespreksinhoude is in die drie teikentake geïdentifiseer waaruit ’n verskeidenheid taalgebruiksituasies volgens die navorsing van Van Avermaet en Gysen (2006) afgelei kan word soos gesien in tabel 8.

Tabel 8. Opsomming van taalgebruiksituasies

Teikentaak

Taalgebruiksituasies

1

  • Praat met medestudente
  • Praat oor spesifieke plekke
  • Praat oor spesifieke tye
  • Praat oor veilige gewoontes

2

  • Praat met medestudente
  • Praat oor studentekaart
  • Praat oor aanwysings
  • Motiveer ander studente

3

  • Praat met medestudente
  • Dra inligting oor plekke in Suid-Afrika oor
  • Vergelyk verskillende plekke in Suid-Afrika

 

Die doel van hierdie opsomming is om die taakontwerpers te help om die spesifieke taalgebruiksituasies van die studente te identifiseer. Uit die opsomming word gesien watter tipe taalgebruik die internasionale studente wat die kursus volg, verlang: taalgebruik wat byvoorbeeld te doen het met plekaanduidings, hoe om met medestudente te praat en hoe om aanwysings te vra.

Die voorafgaande drie take is volgens Gleason en Slater (2016:4) se taaktipologie geklassifiseer om te toon hoe die take die ontwikkeling van die studente se intertaal bevorder. Net taak 1 verskaf die meeste geleentheid vir suksesvolle taalaanleer, aangesien dit ’n kettingtaak is wat die hoogste interaksievlak aan studente bied. Sulke take bied die meeste geleenthede vir deelnemers om na begrip, terugvoering en intertaalontwikkeling te werk. Tabel 9 (na aanleiding van Adendorff 2012:346) verskaf ’n opsomming van al drie take se kognitiewe kompleksiteit volgens Robinson (2005:8) se generiese model vir kognitiwiteitsanalise. Die hulpbrongerigte en hulpbronverspreidende kenmerke gee daartoe aanleiding dat die teikentake in een van die vier kwadrante van Robinson (2005:8) se raamwerk (sien afdeling 2.8) geplaas word. As ’n taak in kwadrant 1 geplaas word, beteken dit dat die taak as minder kompleks as ’n taak in kwadrant 4 beskou word.

Tabel 9. Opsomming van kognitiewekompleksiteitsanalise

Teiken-
taak

Hulpbrongerigte
/ ontwikkelings-
kenmerke

Hulpbronverspreidende
/ performatiewe
kenmerke

Kwadrant

1

+ baie elemente
+ redenering
+ daar en dan

+ beplanningstyd
- parate kennis
- enkeltaak

4

2

+ min elemente
+ min redenering
+ hier en nou

- beplanningstyd
- parate kennis
- enkeltaak

2

3

+ min elemente
+ min redenering
+ hier en nou

+ beplanningstyd
+ parate kennis
+ enkeltaak

1

 

Uit die tabel word afgelei dat taak 3 aan die begin van die sillabus georden behoort te word, daarna taak 2 dan laaste taak 1. Tabel 10, aangepas uit Steenkamp (2009:367), verskaf ’n opsomming van die resultate van die ontleding van kognitiewe kompleksiteit van die take.

Tabel 10. Opsomming van resultate van kognitiewekompleksiteitsanalise

Kwadrant

Taakkenmerke

Teikentaak

1

+ min elemente
+ min redenering            lae ontwikkelingskompleksiteit
+ hier en nou

+ beplanningstyd
+ parate kennis               lae performatiewe kompleksiteit
+ enkeltaak

3

2

+ min elemente
+ min redenering           lae ontwikkelingskompleksiteit
+ hier en nou

- beplanningstyd
- parate kennis               hoë performatiewe kompleksiteit
- enkeltaak

2

4

+ baie elemente
+ redenering                  hoë ontwikkelingskompleksiteit
+ daar en dan

- beplanningstyd
- parate kennis              hoë performatiewe kompleksiteit
- enkeltaak

1

 

Deur die drie take volgens Robinson (2005:8) se raamwerk te orden, is dit vir die taakontwerper moontlik om elke taak in terme van sy relatiewe kognitiewe kompleksiteitsvlak te klassifiseer. As die taakontwerper hierdie kognitiewekompleksiteitsanalise van die take met mekaar vergelyk, gradeer die taakontwerper die take in ’n rangorde van minder kompleks na meer kompleks. Na aanleiding van die ontledings wat hier bo geïllustreer is, is die volgorde waarin die take aangebied word, die volgende:

Tabel 11. Opsomming van ontleding

Teikentaak 3

Kwadrant (Robinson 2005)

1

Linguistiese kompleksiteit (Foster e.a. 2000)

nie oorwegend kompleks nie

Taaktipologie (Gleason en Slater 2016:4)

inligtingsgapingstaak

Teikentaak 2

Kwadrant (Robinson 2005)

2

Linguistiese kompleksiteit (Foster e.a. 2000)

nie oorwegend kompleks nie

Taaktipologie (Gleason en Slater 2016:4)

probleemoplossingstaak

Teikentaak 1

Kwadrant (Robinson 2005)

4

Linguistiese kompleksiteit (Foster e.a. 2000)

oorwegend kompleks

Taaktipologie (Gleason en Slater 2016:4)

kettingtaak

 

Ons maak die afleiding dat die teoretiese benaderings wat vir die studie gebruik is, mekaar ondersteun: taak 1 is linguisties en kognitief kompleks; en ook tipologies bied dit die meeste geleenthede vir betekenisonderhandeling om plaas te vind.

 

5. Slot

Die artikel het op die gradering en ordening van drie teikentake gefokus. Daar is aangetoon dat die proses ordelik en volgens ’n grondige teoretiese basis gedoen moet word. Al die navorsers na wie in die artikel verwys word, is dit eens dat indien teikentake nie korrek en metodies gegradeer en georden word nie, dit optimale tweedetaalaanleer sal verhinder. Ons navorsingsvraag aan die begin van die artikel was: Watter aspekte moet in ag geneem word wanneer take vir ’n taakgebaseerde program gegradeer en georden word? Aan die einde van die artikel is die vraag beantwoord op grond van die inligting wat van verskeie navorsers verkry is, asook ons toepassing daarvan op drie teikentake. Die artikel het gepoog om ’n werkbare model voor te lê waarvolgens die graderings- en ordeningsproses van teikentake aangepak kan word.

 

Bibliografie

Adendorff, E.M. 2012. Kompleksiteit in taakgebaseerde onderrig en leer van Afrikaans as tweede taal binne universiteitskonteks. Doktorale proefskrif, Universiteit Stellenbosch.

Beukes, V. 2017. ’n Taakgebaseerde leer- en onderrigprogram vir sosiale Afrikaans vir nie-Afrikaanssprekende internasionale studente aan die Universiteit Stellenbosch. Doktorale proefskrif, Universiteit Stellenbosch.

Council of Europe. 2001. Common European framework of reference for languages: Learning, teaching, assessment. Cambridge: Cambridge University Press.

Crookes, G. en S.M. Gass. 1993. Tasks and language learning: Integrating theory and practice. Clevedon: Multilingual Matters.

Ellis, R. 2003. Task-based language learning and teaching. Oxford: Oxford University Press.

—. 2017. Position paper: Moving task-based language teaching forward. Language Teaching, 50(4):507–26.

Foster, P., P. Tonkyn en G. Wigglesworth. 2000. Measuring spoken language: A unit for all reason. Applied Linguistics, 21(3):354–75.

Gleason, J. en T. Slater. 2016. Patterns of tasks, patterns of talk: L2 literacy building in university Spanish classes. Language, Culture and Curriculum. http://dx.doi.org/10.1080/07908318.2016.1195398 (15 Februarie 2019 geraadpleeg).

Järvinen, H.M. 2005. The common European framework in teaching writing. In Kohonen 2005.

Kohonen, V. (red.). 2005. The European language portfolio in Finland: The background and results of the research and development work. Helsinki: WSOY.

Kruger, E. en M. Poser. 2007. Taakgerigte aktiwiteite om die kommunikasievaardighede van addisioneletaal-leerders in Afrikaans te ontwikkel. Tydskrif vir Taalonderrig, 41(1):1–13.

Long, M. en C.J. Doughty (reds.). 2009. The handbook of language teaching. Chichester: Wiley Blackwell.

Nunan, D. 2010. Task-based language teaching. Cambridge: Cambridge University Press.

Ortega, L. 2009. What do learners plan? Learner-driven attention to form during pre-task planning. In Van den Branden, Bygate en Norris (reds.) 2009.

Pica, T., R. Kanagy en J. Falodun. 1993. Choosing and using communication tasks for second language instruction. In Crookes en Gass (reds.) 1993.

Pütz, M. en L. Sicola (reds.). 2010. Cognitive processing and second language acquisition: Inside the learner’s mind. Amsterdam: John Benjamins Publishing Company.

Robinson, P. 2001. Cognition and second language instruction. Cambridge: Cambridge University Press.

—. 2005. Cognitive complexity and task sequencing: Studies in a componential framework for second language task design. International Review of Applied Linguistics in Language Teaching, 43(1):1–32.

—. 2009. Syllabus design. In Long en Doughty (reds.) 2009.

—. 2010. Situating and distributing cognition across task demands: The SSARC model of pedagogic task sequencing. In Pütz en Sicola (reds.) 2010.

—. 2011. Task-based language learning: A review of issues. Language Learning, 61:1–36.

Robinson, P. en R. Gilabert. 2007. Task complexity, the cognition hypothesis and second language learning and performance. International Review of Applied Linguistics in Language Teaching (IRAL), 45(3):161–76.

Skehan, P. 2016. Tasks versus conditions: Two perspectives on task research and their implications for language pedagogy. Annual Review of Applied Linguistics, 36:34–49.

—. 2018. Second language task-performance: Theory, research, assessment. New York en Londen: Routledge.

Steenkamp, A.W. 2009. Focus on form in a framework for task-based IsiXhosa instruction in a specific purposes multimedia curriculum. Doktorale proefskrif, Universiteit Stellenbosch.

Van Avermaet, P. en S. Gysen. 2006. From needs to tasks. Language learning needs in a task-based approach. In Van den Branden (red.) 2006.

Van den Branden, K. (red.). 2006. Task-based language education: From theory to practice. Cambridge: Cambridge University Press.

Van den Branden, K., M. Bygate en J.M. Norris (reds.) 2009. Task-based language teaching: A reader. Amsterdam: John Benjamins Publishing Company.

 

Eindnotas

1 Vir die artikel word slegs drie teikentake gebruik om die proses van gradering en ordening te illustreer. Daar was oorspronklik agt teikentake.

2 Teikentake word ook regte-wêreld-take genoem. Die doel van dié take is om outentiek ten opsigte van die taalgebruiksituasie en die interaksie te wees. Hierdie take vorm ’n spieëlbeeld van die situasies waarin studente hulle kan bevind – byvoorbeeld om kos in ’n restaurant te bestel.

3 Die terme taalaanleer en taalverwerwing word dikwels in die navorsing oor taalverwerwing as sinonieme gebruik omdat effektiewe kommunikasie beide vloeiende en akkurate taalgebruik insluit. Taalaanleer lei gewoonlik tot akkurate taalgebruik terwyl taalverwerwing tot vloeiende taalgebruik lei. Die oorkoepelende term taalverwerwing sluit die onbewuste en die bewuste aanleer en verwerwing van die addisionele taal in.

4 Die Europese Referensiekader is ’n verwysingsraamwerk om taalvaardigheidsvlakke te bepaal (Järvinen 2005:145). Die internasionale graderingskaal bepaal die posisie van ’n taalstudent op ’n bepaalde vlak in ’n spesifieke taal. Die taalvaardigheidsvlakke word verdeel in die basiese gebruiker (A), onafhanklike gebruiker (B) en die vaardige gebruiker (C).

5 Die taaktipologie illustreer ’n taak tussen twee studente, maar dit kan aangepas word wanneer daar meer deelnemers aan die taak werk.

6 Omdat die studente toegang tot dieselfde inligting het, beteken dit dat hulle nie in gelyke mate aan die taak hoef deel te neem en dus is interaksie nie werklik nodig nie.

7 Ortega (2009:307) beskryf ’n intertaal as ’n taalsisteem wat studente gedurende hulle taalontwikkeling op enige gegewe oomblik in die aanleer van die tweede taal konstrueer. Die intertaal van die studente weerspieël dus hulle vaardighede en demonstreer hoe hulle tweedetaalkonsepte en tweedetaalelemente verstaan.

8 Die dialoë is “geskep” – ons het dit daarna ontleed volgens al die navorsers waarmee ons gewerk het.

9 Die vetgedrukte kenmerk dui aan dat die kenmerk nie tipies is van die kenmerke van kwadrant 4 nie. Die konvensie word wel later in die artikel gebruik om die teikentake te gradeer en te orden.

10 Alhoewel die inleidende fase uit enkelvoudige sinne bestaan, is sin 5 ’n voorbeeld van ’n komplekse sin.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Die gradering en ordening van drie teikentake binne ’n taakgebaseerde leer-en–onderrig-program vir nie-Afrikaanssprekende internasionale universiteitstudente appeared first on LitNet.

The grading and sequencing of three target tasks within a task-based learning and teaching programme for non-Afrikaans-speaking international university students

$
0
0

Abstract

This article focuses on research previously done by the first author, who developed a task-based teaching and learning programme for international students studying at the University of Stellenbosch (Beukes 2017). The main aim of this article is to indicate how the grading and sequencing of three target tasks within a task-based teaching and learning programme can be done to optimise language acquisition. The study was conducted according to the following research question: Which aspects should be considered during the grading and sequencing of tasks for a task-based programme?

After careful investigation into different teaching approaches, for example suggestopedia and the communicative approach, the authors decided to find an alternative approach because there are problem areas in each of the approaches just mentioned. These earlier teaching approaches mainly support a behaviouristic model of teaching and learning. They see language as linguistic systems (phonologically, lexically and grammatically) and fail to prepare learners to use spontaneous contextualised language. The authors therefore decided to investigate the task-based approach because international researchers like Ellis (2003; 2017), Nunan (2010) and Skehan (2018) as well as national researchers, for example Kruger and Poser (2007), Adendorff (2012) and Beukes (2017) believe that this approach facilitates language acquisition the best. The abovementioned researchers state that the task-based approach offers the most opportunities for interaction so that meaning negotiation can take place effectively.

The task-based approach is a development within the communicative approach where the use of tasks as a methodological base and as the units from which courses can be designed is the most important component. It is an approach which centres on tasks and not according to language structures. Within the task-based approach real-world tasks are the starting point when a task-based syllabus is being designed. Within a task-based teaching and learning programme tasks cannot be haphazardly presented to students. Well-thought-out decisions about the presentation of tasks must be made. Therefore the grading and sequencing of tasks play a very important role in the design of a syllabus, in the design of tasks done in class, as well as in task methodology.

The research of Robinson (2001; 2005; 2009; 2010; 2011) on his cognition hypothesis as well as his criteria for the grading and sequencing of tasks are used in this article. The research on task typology done by Pica, Kanagy and Falodun (1993) and adapted by Gleason and Slater (2016) as well as the language use situations described by Van Avermaet and Gysen (2006) also formed part of the research for the article. Further research about Analysis of Speech Units (ASU) done by Foster, Tonkyn and Wigglesworth (2000) is also used for the grading and sequencing of the three tasks and forms part of the theoretical framework. The abovementioned researchers’ work was used specifically because they provide the most complex and most complete breakdown for the grading and sequencing of tasks.

The participants in this study were international students enrolled for the course Afrikaans for Beginners Level I at the University of Stellenbosch. The course was developed and refined by staff of the Language Centre who specialise in language acquisition and is offered to any international student studying at the University of Stellenbosch who does not have any previous knowledge of Afrikaans. Most of the students enrolled for the course come from Germany and the United States of America.

The number of students for the last offering of this course in 2018 was 116. Seventy-eight students came from Germany and 20 students were Americans. There were also six students from Finland, four from Norway, three from Sweden, four from China and one from South Korea. Eighty of the students were female and 36 were male. Dutch students are not allowed on the course because there is a separate course tailor-made for their specific language needs. Most of the students are familiar with the Common European framework of references (2001) and they indicated that their Afrikaans language skills were even lower than an A1 level on the framework. This grading confirms that the students enrolled in the course have no previous knowledge of Afrikaans.

The planning of a task-based syllabus includes certain procedures. The first procedure is to identify the language needs of the language learners. The use of needs analysis within a task-based programme has increased, because the students’ needs are central. Needs analysis is also important so that the objectives with regard to the content, skills level as well as the assessment criteria can be determined. Van Avermaet and Gysen (2006) state that different methods and resources, for example interviews, questionnaires, observations, role play and simulations, can be used within a needs analysis. Using two or more of the abovementioned methods creates triangulation that also helps to confirm the reliability and validity of the findings. Shekan (2018) states in his book Second language task-based performance that there should be a harmony between qualitative and quantitative methods within a needs analysis. The authors therefore used questionnaires that provide more quantitative data, as well as interviews and observations that provide more qualitative data. For the purpose of this study the researchers used the Common European framework of references (2001) as one of the measures to determine the language proficiency level of the students. The language use situations as defined by Van Avermaet and Gysen (2006) as the situations where typical fluent and natural language use is needed were also used for this purpose.

The main purpose of the needs analysis was to identify subjects that the students want to talk about with native students of Afrikaans. The eight subjects identified were: places to visit in South Africa; directions; hobbies; housing; ordering food; weekend plans; buying food in a supermarket and favourite movies, actors and actresses. The article will focus on only three of these subjects, namely weekend plans, asking for directions and places to visit in South Africa. The information that came out of the needs analysis was used to construct target tasks which represent subjects that the students want to talk about in a social environment. These are segments of authentic communication themes and subjects. The target tasks are used as examples of authentic language and are used in class to form the content from which lessons are planned. The students study the target tasks and use them outside of the class so that at the end of the course they can use them to create their own dialogues. Before the abovementioned target tasks are presented to the students, they are first rated by native speakers of Afrikaans so that the authenticity of the tasks can be confirmed. These tasks are written texts that contain possible conversations that native speakers of Afrikaans may have with one another. These tasks are semi-authentic because they contain representative content and language structures of real-world language use.

After the needs analysis the three tasks were analysed according to the task typology of Gleason and Slater (2016), the framework of Robinson (2005:8) and an analysis of the speech units as done by Foster, Tonkyn and Wigglesworth (2000). The aim was to determine the complexity of each task. The grading and sequencing of the three tasks indicated that the target tasks would be graded with the less complex tasks done before the more complex tasks. The conclusion that the authors came to is that the sequencing of the three tasks would take place in the following order: Target task three would be done first in the syllabus, followed by target task two, and lastly target task one, since the latter is linguistically and cognitively complex and offers the most opportunity for the negotiation of meaning.

The article attempted to present a workable model for the grading and sequencing of target tasks to illustrate how different theoretical approaches could be used for syllabus design.

Keywords: Afrikaans language acquisition; Afrikaans language learning; grading and sequencing of tasks; syllabus design; task-based learning and teaching; task complexity; task typology

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Die gradering en ordening van drie teikentake binne ’n taakgebaseerde leer-en–onderrig-program vir nie-Afrikaanssprekende internasionale universiteitstudente

The post The grading and sequencing of three target tasks within a task-based learning and teaching programme for non-Afrikaans-speaking international university students appeared first on LitNet.

Elders gesien: Uittreksel uit Henk Serfontein se Amsterdam-dagboek

$
0
0

Die bekroonde visuele kunstenaar, Henk Serfontein, reis tans deur Amsterdam. Hier is 'n uittreksel van sy Amsterdam-dagboek, soos gesien op Facebook.

Die wêreld het darem al so verander. So is die eerste e-pos wat ek ontvang het in Amsterdam, een van 'n heteroseksuele vriendin wat my herinner het daaraan dat dit binnekort Amsterdam Pride is. Dit terwyl my gay vriende my herinner daaraan om na Van Gogh se zonnebloemen te gaan kyk. So het ek toe vandag my eerste Amsterdam Pride bygewoon. Dit was my eerste Pride ooit. Dit was massief, vrolik en sweterig. My gunsteling-moment was die bejaarde in pienk se kind, die chihuahua in die pram. Pride het die trams vir twee ure tot stilstand gebring. 'n Ander vriend stuur vir my 'n whatsapp uit Kaapstad en vra hoe lyk my outfit. Blou blokkies hemp en 'n swart sambreel antwoord ek toe. Ek kon seker deurgaan as the black widow. Halfpad deur Pride het ek uitgesak en besluit ek voel lus vir iets minder fancy soos 'n toasted cheese sandwich. Soms het mens iets basies nodig soos menseregte. #blacklivesmatter #loveislove

Foto deur Henk Serfontein

Foto deur Henk Serfontein

Foto deur Henk Serfontein

Foto deur Henk Serfontein

Foto deur Henk Serfontein

 

The post Elders gesien: Uittreksel uit Henk Serfontein se Amsterdam-dagboek appeared first on LitNet.

The old man and the sea: maskers en pop bring ander dimensie na Hemingway-meesterstuk

$
0
0

Foto verskaf

The old man and the sea word gereken as een van die Amerikaanse outeur, Ernest Hemingway, se bekendste werke wat in 1951 in Kuba geskryf is en die jaar daarna verskyn het. Dit wen in 1953 die Pulitzerprys vir fiksie en word deur die Nobel-komitee voorgehou as bydraende faktor vir die toekenning van die Nobelprys vir Literatuur aan Hemingway in 1954.

In die teaterproduksie is die storie is ’n kortverhaal saamgevat. Dit speel in Kuba af en vertel die verhaal van die ou visserman, Santiago, wat vir 84 dae sonder enige vis in sy skuit terugkeer wal toe.

Die dorpie se mense begin agter hul hande fluister, dat hy aan die einde van sy eie lyn gekom het en moet oorgee.

Sy jong vriend, Manolin, word deur sy pa verbied om weer saam met Santiago op die see te gaan, en eerder met ander “suksesvolle” vissermanne uit te gaan, maar Manolin vind die ander vissermanne oppervlakkig en nie gefokus op die kuns van visvang nie.

Santiago gaan op die 85ste dag alleen uit en haak ’n reuse marlyn aan sy lyn. Dit word ’n stryd wat twee dae duur tussen hom en die vis; maar ook met die sinspeling op die stryd tussen hom en die dood. Die ou man se kragte is te min om die reuse vis oorboord te trek en die vis sleep hom al dieper in die oop see in.

Uiteindelik kry hy dit reg om die vis naby die boot met sy harpoen te steek en teen die kant van die boot vas te maak. Hy begin die vaart huis toe, maar die vis se bloed lok haaie, waarvan hy een doodmaak, ander wegjaag en beseer, maar tevergeefs.

Toe hy doodmoeg op die strand uitklim, is net die vis se kop, ruggraat en stertvin oor. Hy gaan val in sy bed, terwyl die ander vissermanne die karkas kom meet en vind die vis was 5,5 m lank. Die vissermanne kyk op hul neuse oor die ou man se dae wat getel is.

Manolin se vriendskap en bewondering vir die ou man verdiep net en terwyl hy na die ou man se beseerde hande omsien, belowe hy dat hulle twee voortaan weer saam sal gaan visvang.

Na afloop van die vertoning nooi die akteurs die gehoor om na die maskers, gemaak deur Jenine Collocott, te kom kyk. Mense gesels en wens die akteurs geluk, nuuskierig oor die maskers wat die akteurs se monde ooplos, maar die res van hul gesigte en hare bedek.

James Cairns, Taryn Bennett en Jacques de Silva vertolk elkeen verskeie rolle, met behulp van maskers, fisiese teater en verskillende stemme. Taryn is in 2018 genomineer vir ’n Naledi-toekenning vir beste ondersteunende aktrise vir haar rol in die produksie. Die stuk het ook ’n Naledi vir die beste klankbaan in 2018 ontvang.

Taryn verdien beslis lof vir haar empatiese vertolking van Manolin. Met haar handgebare en houding, word sy voor jou oë ’n klein seuntjie, maar gly net so maklik in die rol van visserman of die taverne-eienaar in.

Die Contagious Teatergeselskap was vroeër vanjaar in dieselfde teater met “The Snow Goose”, wat kritici vol lof gehad het.

Ek gesels later in die voorportaal met ander teatergangers oor ’n glas rooiwyn. Die opinies is uiteenlopend: “dis briljante werk”; “die gebruik van die maskers is slim”; “die middeldeel het te lank uitgerek”; “dit maak ’n ernstige stuk amper komiese poppeteater” en “die aksente het my na ’n klein dorpie in Kuba meegevoer”. Gevra of die spreker al in Kuba was, was die antwoord ‘nee’, maar ek vermoed waar die storie afspeel is nie regtig die kruks van die verhaal nie — die feit dat almal een of ander tyd in hul lewe aan die einde van hul eie vislyn gaan kom, wel.

Ons was 15 jaar gelede in Kuba — drie salige weke van kuier in klein dorpies, Kubaanse rum drink, vars vis uit die see geniet en sigare by strandkroegies rook. Ek kon my indink hoe lekker mens by daardie kroegie kon kuier en vars vis en aartappels eet, terwyl jy na die vissermanne in hul skuite op die groot, oop see kyk. Jy kan nie anders as klein voel, as jy op ’n eiland midde-in ’n potblou nimmereindigende watermassa kuier nie.

Die een toneel met die klein poppie aan toutjies op die rand van die boot, is treffend in sy eenvoud, omdat dit die ou man se nietigheid op die groot oseaan so mooi illustreer. Die poppie is deur Alida van Deventer gemaak.

Die res van die toneelstuk dra die akteurs swaar, amper komiese maskers, wat teatergangers ontneem van die voorreg om hul gesigsuitdrukkings te sien. Hier moet hul fisiese bewegings en stemtoon vergoed.

Die toneelstuk se styl herinner effe aan die geïllustreerde uitgawe van die boek, met swart en wit prente deur Charles Tunnicliffe en Raymond Sheppard.

Alex Barrera skryf in 2017 oor die oorspronklike boek: “Waar Tolstoy oor beskrywings en lang dialoë is; is Hemingway bondig. Hy is op die man af. Nie ’n woord meer nie; nie ’n woord minder nie. Genoeg om jou die verhaal voor te stel, terwyl dit eenvoudig genoeg is dat jy meer wil hê.”

Dit is presies hoe die teatergeselskap die verhaal benader het. Op die man af, eenvoudig, maar dit laat jou hunkerend na meer.

Ek moet saamstem dat daar ’n hele paar ekstra minute in die middel van die verhaal was, waar dinge effe langdradig geword het, maar met ’n 10 minute sny, sal hierdie teater van wêreldklas-gehalte wees. Dit verander ’n baie swaar, intellektueel-filosofiese tema in iets baie meer verteerbaar vir gehore van alle ouderdomme, sonder om die ware boodskap van verganklikheid te verloor.

 

The old man and the sea
Met: James Cairns, Taryn Bennett en Jaques de Silva

Deur: Ernest Hemingway, aangepas deur Nick Warren met Jenine Collocott
Regie en ontwerp: Jenine Collocott
Oorspronklike musiek: Sue Grealy
Pop van die ou man: Alida van Deventer
Maskers: Jenine Collocott
Die Fugardteater, Caledonstraat 6, Kaapstad.
Tot 24 Augustus 2019
Kaartjies aanlyn by www.thefugard.com of by die Fugardteater se kaartjieskantoor by 021 461 4554.

The post <em>The old man and the sea</em>: maskers en pop bring ander dimensie na Hemingway-meesterstuk appeared first on LitNet.


Vrouedag-skryfkompetisie: Teresa – ’n vrou wat ék onthou

$
0
0

Met klein bietjies bietjies
pêrels van liefde
het jy die wêreld se ballinge
met hoop aangeraak;

kreupel gepeupel
wat geen ander wou hê
het langs die armste van armes
teen jou boesem gelê
Krotbuurtkinders het bakhand
hoopvol na jou gedraai,
wyl die wesies van Kolkata
(persona non grata)
in moederliefde kon baai

Vir terminaal siekes
was jy ’n halfweghuis
waar jy die pad na die lig
aan die sterwendes kon wys
Heidene se sondes
sou jy goedgunstig afspoel,
al het jy self soms
godverlate gevoel

Geloof ras en status
het jou nimmer geskeel
die liefde vir jou naaste
was fundamenteel
o n b a a t s u g t i g
in humaniteit geseël

Skryf hier in:

Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Vrou wat ek onthou

The post Vrouedag-skryfkompetisie: Teresa – ’n vrou wat ék onthou appeared first on LitNet.

In gesprek oor witwees in Suid-Afrika met Melissa Steyn en Christi van der Westhuizen / In conversation about whiteness in South Africa with Melissa Steyn and Christi van der Westhuizen

$
0
0

Op versoek van LitNet het Kees van der Waal vrae oor witwees aan twee kenners, Melissa Steyn en Christi van der Westhuizen, gestel. Die vraag-en-antwoordgesprek het per e-pos plaasgevind. 

At the request of LitNet, Kees van der Waal posed questions on whiteness to two experts, Melissa Steyn and Christi van der Westhuizen. The Q&A conversation took place via e-mail.

.....................

  • Also read the (Afrikaans) LitNet Akademies (Humanities) article by Liezl Dick (2018), "Assemblage theory, affect and whiteness. An alternative perspective on whiteness and its mechanisms". Read the English abstract here.

..................... 

Melissa Steyn is professor en eerste direkteur van die Wits Sentrum vir Diversiteitstudies en beklee die Suid-Afrikaanse Nasionale Navorsing-leerstoel in Kritiese Diversiteitstudies. Sy is die outeur van Whiteness just isn't what it used to be: White identity in post-apartheid society1 en (mede)redakteur van ses boeke oor ras, kultuur, gender en seksualiteit.

Melissa Steyn is a professor and founding director of the Wits Centre for Diversity Studies and holds the South African National Research Chair in Critical Diversity Studies. She authored Whiteness just isn't what it used to be: White identity in post-apartheid society and (co)edited six books on race, culture, gender and sexuality.

Christi van der Westhuizen is medeprofessor by die Sentrum vir die Bevordering van Nie-rassigheid en Demokrasie aan die Nelson Mandela-Universiteit en skrywer van Sitting Pretty – White Afrikaans Women in Postapartheid South Africa2 en White Power & the Rise and Fall of the National Party3. 

Christi van der Westhuizen is an associate professor at the Centre for the Advancement of Non-Racialism and Democracy, Nelson Mandela University and author of Sitting Pretty – White Afrikaans Women in Postapartheid South Africa and White Power & the Rise and Fall of the National Party.

 Kees van der Waal is emeritus-professor in Sosiale Antropologie, Universiteit Stellenbosch.

Kees van der Waal is emeritus professor in Social Anthropology, Stellenbosch University.

.............................

Kees van der Waal: Die mag en aansprake van sogenaamde blankes is reeds tydens kolonialisme deur swart Suid-Afrikaners uitgedaag en hulle is ook later deur wit radikale teenstanders van apartheid hierin gesteun. In postapartheid Suid-Afrika is daar hewige openbare debatte oor witwees. Hierdie begrip vra vir nadere ontleding en eerstens vra ek dus: Wat beteken witwees ("whiteness") en waar kom die debat daaroor vandaan? 

The power and claims of so-called whites were already challenged by black South Africans during colonialism and they were lateron also supported in this by white radical opponents of apartheid. In postapartheid South Africa there are intense public debates about whiteness. This notion asks for closer examination and therefore I start by asking: What does whiteness mean and where does the debate on whiteness originate?

Melissa Steyn: Let me start with the question about where the debate originates. In the latter part of the past century, we saw very important changes in the way in which we understand power, based on the insights of poststructuralist philosophers (such as Foucault). We came to understand that it operates largely through the ability of social norms to shape knowledge, discipline bodies and produce subjectivities.

While those at the centre of the normative arrangements seem merely "normal" and unexceptional, those that fall outside of the norm are marked. It took a while for this insight to filter into analyses of the functioning of the discourse of "race" in society, but in time the recognition grew that "race" shapes society through creating a racial norm, the space of whiteness, which deflects attention away from its own operations by keeping us fixated on the "others".

…………

"To understand whiteness in South Africa one has to remember the historical rivalries between English and Afrikaans whitenesses, in a context where English whiteness had the power of Empire backing it." – Melissa Steyn 

…………

This was the understanding that informed the early development of the field of Whiteness Studies. Before the conceptual framework of Whiteness Studies developed, the problems of "blackness" were widely understood to be what needed addressing; now we understand that our attention should be more directly focused on where the problem emanates, which is the power of whiteness.   

When one understands this conceptual shift, it becomes easier to see whiteness as the positionality of power that people of Europe, and European descent, have inhabited in the modern global world order.

Europeans were able to construct themselves as the norm for the human, the benchmark of intelligence, beauty, civilisation, culture, knowledge, rationality and so on. Whiteness is the space of entitlement in which the everyday privileges that come with being the assumed norm of humanness are taken for granted, and when we are socialised into whiteness we tend to internalise certain ways of being in the world.

One important aspect of the privilege is a tendency not to recognise or take seriously how racial privilege and oppression shape both our own, and others' lives.

Christi van der Westhuizen: Om by witwees uit te kom, begin ’n mens by rassisme, wat benader kan word as die valse toeskrywing van menslike waarde op die grondslag van fenotipe, ter wille van materiële bevoordeling. Witwees verwys nie eenvoudig na velkleur nie, maar is eerder ’n konsep wat ’n rasseformasie vasvat.

Hierdie rasseformasie is binne die denkraamwerk van wit dominasie geskep wat met kolonialisme en apartheid geassosieer word. Witwees verwys dus na ’n sosiale identiteit met sielkundige, emosionele en ook materiële dimensies, wat omtrent vier eeue oud is en verskillende gedaantes in hierdie tyd aangeneem het.

Die vroegste werk oor witwees kom in Kritiese Arbeidstudies en Feministiese Studies voor, byvoorbeeld David Roeddiger se Wages of Whiteness (1991)4 en Ruth Frankenberg se White Women, Race Matters (1993)5.

Die debat oor witwees is een van die jongste verwikkelinge in denke en aktivisme oor die afgelope twee eeue wat spesifiek téén rassisme gemik is. Die intellektuele invloede kom oorwegend van swart denkers soos WEB du Bois, Ida B Wells, Frantz Fanon en, ter plaatse, Steve Biko.

Die ontwikkeling van die transdissiplinêre veld Kritiese Witwees-studies vanaf die vroeë 1990's kan gelees word as die implementering van die idee dat kritiese intellektuele werk van "die rasse-objek na die subjek" moet verskuif, soos Toni Morrison dit in 19926 uitgedruk het.

In die Suid-Afrikaanse sosiale wetenskappe het ons in die verlede ’n uitermatige beklemtoning van die marges van onderdrukking gesien, terwyl die magsentrums soos witwees, manlikheid en heteronormatiwiteit onbestudeer was. Suid-Afrikaanse studies oor witwees is een van die pogings om hierdie skeefgetrekte ontleding te korrigeer. Ek brei verder uit in my volgende antwoord. 

Is die begrip "witwees" toepaslik op die Suid-Afrikaanse sosiale situasie? Waarom is die debat daaroor juis nou so heftig? 

Is the notion of "whiteness" applicable to the South African social situation? Why is the debate on it particularly intense at this point in time?

Melissa Steyn: The notion of whiteness as the correct, proper, best, ideal (and even the only) way to be human was part of the global oppression of people throughout the era of colonial expansion and domination, and has continued to inform the way in which people all over the world understand who they are.

The norm of whiteness is deeply embedded within all our psyches here in South Africa as we are heirs to this world view. It has been internalised as part of our identities and has informed our politics and history, providing ideological assumptions about who had/has the right to control and is best able to manage society and who should be the subordinated within the system.

White people have been systematically advantaged, while black people have systematically had power, wealth, opportunity, dignity, agency, recognition, and so much more, sapped away from them. 

…………

"Alle mense in Suid-Afrika het op ’n daaglikse basis met ras en rassisme te doen, en moet probeer om daaromheen of daardeur te maneuvreer, of hulle probeer om ander daarmee te manipuleer of intimideer."
Christi van der Westhuizen

…………

And again, while in South Africa we had a particularly blatant legalisation of white domination through the apartheid machinery, most of the operations of whiteness happen through institutionalisation that is seldom so overt, or even fully conscious.

All areas of hegemonic social organisation in South Africa have been built from DNA that has whiteness at its nucleus. It takes much more than a change in legislation to make us aware of deeply embedded assumptions and it takes conscious organisation to change norms and turn society around.

Power does not name itself as such and because the power of the norm lies precisely in its ability to operate without detection, making whiteness visible as the above analysis does is the first step to defusing its power.

We are seeing this happening throughout the contemporary world as black people reclaim their right to matter equally in every respect and refuse to reproduce long standing white-dominated systems.

It goes without saying that power resists its own dismantling. This is why we have so much intense backlash to the changing norms around issues of race – any challenge to the normativity of whiteness means the power relations are being changed.

For those in the position that has been centred for so long, this is not experienced as the creation of a more just world, but rather that the world they felt entitled to is being rudely confiscated from them. 

Christi van der Westhuizen: In die liberale en die Afrikaner-nasionalistiese intellektuele tradisies is ras as ’n onveranderlike essensie en ’n natuurlike hiërargie benader.

Die liberale tradisie het selfverontskuldigend met rassisme omgegaan, en apartheid aan Afrikaners se "inherente agterlikheid" toegeskryf. Afrikaner-nasionaliste het rassisme genormaliseer as ’n noodwendige resultaat as mense van verskillende "rasse" hulle in dieselfde ruimte bevind. Só is kolonialisme en apartheid geregverdig. Witwees is in albei gevalle implisiet as ’n verhewe vorm van menswees benader.

Andersins was die fokus in die Suid-Afrikaanse sosiale wetenskappe op klas, wat uit ’n Marxistiese oogpunt beskou is. Apartheid is verstaan as "rassekapitalisme", wat ’n handige ontleding is, maar reduksionisties is en baie aspekte van apartheid onverklaar laat. Tussen dié twee maniere van dink oor verskille het min werk gebeur om te verduidelik hoe wit rassiste geskep word.

Die werk wat ek en ander tot dusver in Kritiese Witweesstudies gedoen het, probeer die gaping vul. Dit laat verder ook toe om die verskillende vorme van witwees in Suid-Afrika te beskryf, insluitend hoe Britse of wit Engelssprekende witwees ’n raamwerk geskep het waarin Afrikaner-witwees ontwikkel het.

Die debat is nou heftig omdat ’n eeue-lange stryd ’n kritiese massa bereik het. Hierdie stryd is teen ras, geslag, seksualiteit en ander sosiale kategorieë op grond waarvan mense as "minder werd" verklaar is as wat hulle is. Daar is pogings van sommige om aan die ou sekerhede van hierdie valse hiërargieë vas te hou, terwyl ander probeer om vir eens en vir altyd hierdie hiërargieë plat te slaan. 

Wat is die regverdiging vir ’n fokus op witwees terwyl die Suid-Afrikaanse samelewing na nie-rassigheid moet strewe? Maak die studie van witwees ’n bydrae tot die bereiking van die ideaal van ’n gedeelde menslikheid? Nadat die vooroordele van witwees vasgestel is, wat volg dan daarop? 

What is the justification for a focus on whiteness while South African society ought to aim at non-racialism? Does the study of whiteness contribute to attaining the ideal of a shared humanity? After the biases of whiteness have been identified, what follows from there?

Melissa Steyn: One of the biggest misconceptions is that not naming race is to be somehow innocent of racial contamination. Colour-blindness is not the opposite of racism, it is a form of racism.

It is to deny the legacy of injustice that we still carry in society, and the ways in which “race’" still continues to shape life opportunities, thus frustrating attempts to redress the ongoing consequences of centuries of white-identified social organisation.

………… 

"All areas of hegemonic social organisation in South Africa have been built from DNA that has whiteness at its nucleus." – Melissa Steyn 

…………

We cannot get from a racist society to a non-racial society without being race-conscious. In other words, we have to actively and deliberately work to achieve the actuality where a white child and a black child have the same access to all of society's opportunities and benefits, and are nurtured equally by our society. Only then will our society be non-racial. 

One cannot hold onto white privilege and protect the entitlements of the spoils of racial injustice and attain the ideal of a shared humanity. These are mutually contradictory.

For white people the processes of discovering the full humanity of those racialised as one's other and unlocking our own humanity on the one hand, and letting go of one's whiteness on the other, are two sides of the same coin. A new way of being human together then becomes possible.

Christi van der Westhuizen: Anders as liberale "kleurblindes", meen ek as kritiese ras-skrywer dat ras as begrip net vernietig kan word as dit behoorlik verstaan en uitmekaar gehaal word. Dit is beide ’n intellektuele en politieke missie, met nie-rassigheid as doelwit.

My jongste boek, Sitting Pretty – White Afrikaans Women in Postapartheid South Africa (2017), is ’n stelselmatige ontleding van konstruksies van witwees in interaksie met vroulikheid, heteroseksualiteit en middelklasheid. Die argument arriveer uiteindelik by ’n voorstel van hoe ’n wedersyds vermenslikende alternatief teenoor onderdrukkende vorme van identiteit geskep kan word.

Ons kan nie hoop om ’n samelewing gegrond op geregtigheid en vermensliking vir swart en wit, vroue en mans en gay en straight te skep as ons nie ons verlede en dus ook die nalatenskappe en kontinuïteite van verwoestende rassisme en heteropatriargie verstaan nie.

Het die studie van witwees in Suid-Afrika bygedra tot akademiese insig en word dit met goeie effek buite die akademie deur politieke rolspelers, kunstenaars en nie-regeringsorganisasies gebruik? 

Has the study of whiteness in South Africa contributed to academic insight and is it used with good effect outside of the academy by political role-players, artists and non-government organisations?

Melissa Steyn: The language developed to expose whiteness has permeated contemporary social analysis, enabling us to see relations and dynamics that previously had simply been normalised and invisible.

This work has been gaining momentum since the mid-1990s and is increasingly becoming part of the lexicon of broader society, not only academics. As that language increasingly enters our shared language for talking about social relations, it obviously gets taken up by different interest groups and is used for different purposes, not all of which are necessarily socially progressive.

………… 

"Net soos witwees nie monolities is nie, is swartwees ook nie."
Christi van der Westhuizen 

…………

This is true for any concept and we always have to look at who is using the term and to what effect. For example, people can study or portray whiteness in such a manner that whiteness is seen as a positionality of victimhood, rather than privilege. We have to always come back to analysing the underlying power relations in order to evaluate how it is being deployed.

Christi van der Westhuizen: Belangrike kritiese werk word in verskillende sfere gedoen deur wit en swart mense om die rassenalatenskappe van die verlede uit te wis. Witweesstudies dra by tot hierdie projek. My ander antwoorde spreek ook reeds hierdie vraag aan.

Kan die begrip ’n helende effek hê op ’n samelewing wat nog getraumatiseer is deur kolonialisme en apartheid? Word die begrip nie maklik deur politieke radikales gekaap nie? 

Can the concept have a healing effect on a society still traumatised by colonialism and apartheid? Is the concept not easily hijacked by radicals?

Melissa Steyn: If we want to heal, we can't avoid being real. One of the biggest obstacles to healing from colonialism and apartheid is the ongoing refusal by some of us to face our unjust past honestly and to deal with the ways in which our present carries the past.

This refusal perpetuates the traumatisation of apartheid and colonialism and continues it into the present. The concept of whiteness can of course be hijacked by radicals and for that matter by conservatives - but that doesn’t change the reality that we have to own the problem and have the courage to take it on.

………… 

"One important aspect of the privilege is a tendency not to recognise or take seriously how racial privilege and oppression shape both our own, and others' lives." – Melissa Steyn 

…………

Christi van der Westhuizen: Die vraag laat dit lyk asof heling moontlik is as ’n mens begrip oor die verlede onderdruk. Soos al gesê is: mense wat hul geskiedenis nie verstaan nie, word verdoem tot die herhaling daarvan. Die sielkunde sê ook vir ons dat wat onderdruk word, uiteindelik altyd weer gestalte kry en selfs dikwels in meer grusame vorms.

Daar is politieke opportuniste wat ras gebruik om die aandag af te trek van hul projekte van korrupsie, of om die kritiese bestudering van sekere brandende kwessies te probeer blokkeer. Hierdie mense maak nie staat op die huidige intellektuele werk oor witwees nie.

Hoe kan die lens van witwees die probleem van essensialisme ontwyk? Is daar dalk verskillende soorte witwees, soos Engelse en Afrikaanse witwees? Is daar ook bruin en swart vorme van witwees? Hoe verander die aard van witwees en die gepaardgaande debat oor die begrip? 

How can the lens of whiteness avoid the problem of essentialism? Are there perhaps various kinds of whiteness, such as English and Afrikaans whitenesses? Are there also forms of brown ("Coloured") and black whiteness? How does the nature of whiteness and the debate on the concept change?

Melissa Steyn: If we think of whiteness in terms of social positioning within a racialised social order, it makes it easier not to confuse it with actual white bodies. We have the capacity to develop insight and take up a position in relation to how we are positioned in society and to reconsider the teachings passed on to us by our socialisation.

So not everybody within the space of whiteness is equally gripped by the ideologies of whiteness, and we should be able to draw such distinctions. And certainly, whiteness is inflected by many variables, and has developed different contours in different groups and in different contexts and at different times.

…………

"In die Suid-Afrikaanse sosiale wetenskappe het ons in die verlede ’n uitermatige beklemtoning van die marges van onderdrukking gesien, terwyl die magsentrums soos witwees, manlikheid en heteronormatiwiteit onbestudeer was. Suid-Afrikaanse studies oor witwees is een van die pogings om hierdie skeefgetrekte ontleding te korrigeer." Christi van der Westhuizen

…………

To understand whiteness in South Africa one has to remember the historical rivalries between English and Afrikaans whitenesses, in a context where English whiteness had the power of Empire backing it. But the family resemblances of assuming racial entitlements are important to recognise.

Taking this non-essentialised understanding of whiteness also means that it is possible for a black person to promote the interests of whiteness, should such a person reproduce the ideologies that inform the social position of whiteness.

In ways that are not possible to analyse in such a short reponse, it is also possible for a black person to reap benefits from being aligned with whiteness. In a simple example, those black people who perform their selfhood in ways that approximate whiteness, such as speaking with certain accents, will in all likelihood benefit in a society that is still white-centred. But these dynamics require more careful analysis than I can do in this format.

Christi van der Westhuizen: Die kritiese studie van witwees in my werk is juis daarop gemik om rasse-essensialisme en monolitiese voorstellings van witwees teen te staan. Byvoorbeeld, Afrikaner-nasionalisme was ’n ideologie wat probeer voorgee het dat daar net een vorm van Afrikaner-witwees was. My werk dui op verskeie politieke posisies binne Afrikaner-witwees, soos beïnvloed deur verskille van geslag, seksualiteit en klas.

Soos genoem, is my werk daarop gemik om te verstaan hoe die twee vorme van witwees, Engels en Afrikaans, op mekaar ingewerk het om kolonialisme en apartheid in die 20ste eeu in die hand te werk. Suid-Afrikaanse studies oor witwees, soos myne en Melissa Steyn s’n, wys duidelik hoe die vorme oor die afgelope eeu verander het. Nell Irvin Painter se The History of White People7 is ’n goeie boek om te lees betreffende die Amerikaanse en Europese kontekste.

Laastens, gegewe die definisie van witwees hierbo, kan dit as ’n strukturele posisie ook beset word deur mense wat as "swart" of "bruin" gerassifiseer is.

Is dit nie beter as slegs swart kommentators witwees blootlê nie? Wit kommentators word mos maklik daarvan beskuldig dat hulle ’n oppervlakkige bewussyn van witwees het. ’n Filosoof, voorheen by die Rhodes-universiteit en nou by die Universiteit van Johannesburg, Samantha Vice, het in 20108 selfs aanbeveel dat wittes in die politieke debat moet stilbly. Is dit die regte rigting om te volg of is daar ruimte vir wittes as bondgenote in die emansipasiestryd van swartmense? 

Would it not be better if only black commentators expose whiteness? White commentators tend to be easily accused of having a superficial consciousness of whiteness. A philosopher, formerly at Rhodes University and now at the University of Johannesburg, Samantha Vice, even recommended in 2010 that whites have to remain silent in political debate. Is that the right direction to follow or is there space for whites as allies in the emancipation of black people?

Melissa Steyn: Of course it is important that we all are conscientious about developing our awareness of how "race" functions differently in our lives, depending on where we fit in relation to the established power relations, as well as that we all commit ourselves to undoing the ongoing consequences for all of us.

It is crucially important that the study of whiteness is not seen as the "own affairs" of white people, but that the insights that emanate from those on the "other" side of racial privilege are given considerable weight in discussions of whiteness.

Having said this, it is also important that white people do not evade their own responsibility in matters of race. It is notoriously difficult to get those in privileged positions to recognise, acknowledge and take on accountability for how they participate in perpetuating an unequal society.

………… 

"For white people's own growth we have to work through our fragility in engaging with the realities of the racialised world we created."
– Melissa Steyn 

…………

This applies to all the positions of social dominance, such as patriarchal male privilege, heteronormative privilege, ableist privilege, nationalist privilege, etcetera, not only whiteness.

For white people's own growth we have to work through our fragility in engaging with the realities of the racialised world we created. Moreover, so much of the ability for whiteness to perpetuate itself depends on the collusion of white people, who do, if they self-reflect honestly, know that they repeat and perpetuate certain views about black people and certain patterns within social organisation.

To break down this unnamed but formidable mechanism of social sculpting, it is essential for conscientised white people to refuse to keep their silence and to expose the operations of whiteness.

In doing this, we must always remember that the main narrative of post-apartheid is the empowerment of those who have borne the brunt of racial thinking and that we should not recentre whiteness, even its deconstruction, as the most critical factor in terms of how we direct our attention, resources and emotional work as a nation. 

Christi van der Westhuizen: Eerstens is dit belangrik om die ontleding van witwees altyd binne die konteks van werk teen rassisme te plaas. Ek verskil van Vice se posisie. Vanuit my perspektief is die teendeel van toepassing vir mense wat teen rassisme werk: wit mense het ’n besondere verantwoordelikheid om rassisme te verstaan en weerstand daarteen te bied, omdat ons in die verlede daarby baat gevind het en dit gaan nog in die hede voort.

Dit is onregverdig om van slagoffers van onderdrukking te verwag dat hulle al die werk moet doen om geregtigheid te bewerkstellig. Dieselfde geld mans betreffende patriargie, heteroseksueles betreffende heteronormatiwiteit en ander bevoordeelde groepe.

Selfs ’n wit persoon wat teen rassisme is, baat steeds by witwees. Ditto ander bevoorregtes. Daarom dat dit nie genoeg is om slegs standpunt teen rassisme in te neem nie; wit mense moet aktief daarteen optree.

Dit is belangrik om die grondwetlike visie van die land te onthou: menswaardigheid, die belangrikste waarde waarop Suid-Afrika se demokrasie gebou word, kan nie verwesenlik word as net sommige mense daaraan werk nie.

Wit mense moet hul volle posisie inneem as burgers wat demokrasie uitbou, insluitend deur waar ook al hulle hul bevind, stappe teen rassisme en ander vorme van diskriminasie te doen. 

As witwees beteken dat daar hegemoniese wit denke en optrede bestaan, is daar nou hegemoniese swart denke en optrede in Suid-Afrika? Swartmense het tog die politieke leierskap hier plaaslik verkry wat ’n heel ander situasie skep as in die Verenigde State waar ’n sterk emansipasiestryd vir die erkenning van die minderheid swartmense nog steeds woed. 

If whiteness means that there is hegemonic white thinking and action, is there now hegemonic black thinking and action in South Africa? Black people did acquire political leadership here locally which creates a totally different situation from that in the United States where a strong emancipation struggle for the recognition of the black minority still rages on.

Melissa Steyn: The dynamics are very different in South Africa, which is what makes this an interesting place to study whiteness. In places such as the United States, political power is still (though increasingly contestedly) aligned with a (decreasing) demographic majority.

In South Africa, where political power is no longer aligned with whiteness in a straightforward way, the power of whiteness is perpetuated mainly though the economy and through the "soft power" of cultural and epistemological hegemony.

For these to hold white privilege in place they depend very heavily on the broader power of whiteness globally. Of course, these are now also being challenged and shown to be problematic in our context by such pressures as the decolonial movement that questions the Eurocentric nature of our education.

…………

"Klas en ras in Suid-Afrika is nou verweef, en die een kan nie sonder die ander verstaan word nie, soos ek uitwys in Sitting Pretty."
Christi van der Westhuizen

…………

But we should not be misled into thinking that because we have a predominantly black government that black people are not up against whiteness in innumerable ways. The government itself has to deal with the power of whiteness, for example in the ways that African governments are perceived internationally.

If a black government were to do many of the things that Trump's government has done, it would face an entirely different set of perceptions, with different economic consequences. There is a surplus credibility that attaches to whiteness which is not afforded to black people, for whom the default perception (created by whiteness) is that they are not to be trusted with power.  

Centres and margins are created all the time as power relations shift, so of course we will find contestations within blackness trying to fix hegemonic understandings of "blackness". Whiteness still plays a role in this process too, though, as understandings of blackness inevitably have to reckon with the original construction of "race" which emanated from the power of those who were constructing themselves as white and an other as black.

So, how to position oneself in relation to the historical and current power of whiteness is integrally part of the field of contestation for those who grapple with the meaning of blackness. 

Christi van der Westhuizen: Wit hegemonie in Suid-Afrika is tot ’n einde gebring met die val van amptelike apartheid. Sedertdien sien ons pogings tot die rehabilitasie van witwees, wat soms na vore kom in die terugval op rassisme, of in teenstelling daarmee die aktiewe en gedeelde vermensliking van mense van alle "rasse".

Dus is die situasie hier baie anders as in die VSA. Hoewel die grondwetlike visie nou alle mense insluit, dink ek nie daar is sprake van swart hegemonie nie. Net soos wat daar tans mededinging is oor die betekenis van witwees, is daar ook intense mededinging oor die betekenis van swartwees. Net soos witwees nie monolities is nie, is swartwees ook nie. Die feit dat die demokraties verkose regering spesifiek die regstelling van onreg teenoor swart mense as beginsel het, maak Suid-Afrika anders as die VSA.

Soos Achille Mbembe al teenoor sy kritici opgemerk het, swart mense het die politieke mag in Suid-Afrika, wat heeltemal ander uitdagings stel as die situasie in die VSA. Om die politieke mag te besit, kom egter nie neer op hegemoniese swartwees nie, gegewe die genoemde mededinging.

Is die fokus op witheid nie dalk maar net ’n luukse kenmerk van die dekolonialistiese gesprek onder wit en swart bevoorregtes nie? Wat word van die belangrike tema van klas en die tergende prioriteite van armoede en werkskepping? 

Is the focus on whiteness not merely a luxury quality of the decolonialist discourse among the white and black privileged? What happens to the important theme of class and the nagging priorities of poverty and job creation?

Melissa Steyn: The conceptual move to separate class and race as mutually exclusive categories of analysis is really not very helpful. We need rather to look at how race informs/inflects class and vice versa.

They are inextricably linked and we deepen our understanding of both when we ask questions about how they work intersectionally, in any context. Being poor and white is not the same experience as being poor and black, nor is being black and middle class the same socially, economically, emotionally or psychologically as being white and middle class.

For example, it is still largely taken as a given that it is somehow shocking for white people to be poor, while it is not viscerally shocking for a huge percentage of black people in our country to be poor; it is "just the way it is”. 

To strip away our attention from "race" in favour of a putatively pure class analysis has benefited whiteness, in that it detracted attention away from the fundamental role "race" has played in colonial contexts. The operations of the construct of "race" shaped class in profoundly different ways from the context of the UK, for example.

To deal with the priorities of poverty and job creation we have to be alive to how "race" still informs how these play out in our context. This includes an understanding on the part of white people that their whiteness implicates them in the unequal nature of our society, and that working to end social injustice is not an act of benevolence, but of self-respect.

Christi van der Westhuizen: Dit is veelseggend dat veral linkses gesprekke probeer diskrediteer wanneer dit in sogenaamde bevoorregte ruimtes gevoer word. Mededinging oor magsverhoudinge vind op alle vlakke van menslike bestaan plaas.

Mededinging in bevoorregte ruimtes moet veral krities ontleed word, omdat dié mense meer mag het en dus ’n groter impak as ander op die samelewing het. Ek dink egter nie ras is slegs ’n knelpunt vir die middelklas en elite nie. Die demokratiese oorgang was nie ’n netjiese afsnypunt waarin alle ongeregtigheid van vantevore daarmee heen is nie.

Alle mense in Suid-Afrika het op ’n daaglikse basis met ras en rassisme te doen, en moet probeer om daaromheen of daardeur te maneuvreer, of hulle probeer om ander daarmee te manipuleer of intimideer. Ons is ongelukkig baie goed geskool in rassedenke wat die teen-rassistiese werk oor witwees noodsaaklik maak. Dit is belangrik om nie verskille te kompartementaliseer, soos veral linkse akademici in die verlede met klas gedoen het nie.

Klas en ras in Suid-Afrika is nou verweef, en die een kan nie sonder die ander verstaan word nie, soos ek uitwys in Sitting Pretty.

.................

1 Steyn, Melissa. 2001. Whiteness just isn't what it used to be: White identity in post-apartheid society. Albany: State University of New York Press.

2 Van der Westhuizen, Christi. 2017. Sitting Pretty – White Afrikaans Women in Postapartheid South Africa. Pietermaritzburg: UKZN Press.

3 Van der Westhuizen, Christi. 2007. White Power & the Rise and Fall of the National Party. Cape Town: Zebra.

4 Roeddiger, David. 1991. Wages of Whiteness. New York: Verso Press.

5 Frankenberg, Ruth. 1993. White Women, Race Matters. Minneapolis: University of Minnesota Press.

6 Morrison, T. (1992) Playing in the Dark: Whiteness and the Literary Imagination. Cambridge: MA/London, Harvard University Press.

7 Painter, Nell Irvin. 2010. The History of White People New York: W. W. Norton.

8 Vice, Samantha. 2010. "How Do I Live in This Strange Place?" Journal of Social Philosophy 41 (3):323-342.

.................

Lees ook

The volksmoeder, ordentlikheid and whiteness

Sitting pretty: ’n onderhoud met Christi van der Westhuizen

Lees meer oor die konsep witwees ook in hierdie LitNet-Akademies-artikel:

LitNet Akademies Weerdink: Skottelbraai in Ghoema-land: die grense van Steve Hofmeyr se identiteitspolitiek

The post In gesprek oor witwees in Suid-Afrika met Melissa Steyn en Christi van der Westhuizen / <i>In conversation about whiteness in South Africa with Melissa Steyn and Christi van der Westhuizen</i> appeared first on LitNet.

Vrouedag-skryfkompetisie: Ouma Parow

Die AVBOB-poësieprys 2019: woorde om die verlies te verlig

$
0
0

Rol ondertoe om profiele van die skrywers op hierdie foto te lees.

Agtergrond: Die AVBOB-poësiekompetisie

Ons word aan mekaar verbind deur die gedeelde ervaring van geboorte en dood, van verlies en liefde. En ons almal sukkel om hierdie transformerende ervarings in ons lewens te verwoord. As Afrika se grootste Onderlinge Versekeringsgenootskap en ʼn huishoudelike naam in die begrafnisdiensbedryf in Suid-Afrika, verstaan AVBOB dit ten diepste. Juis daarom was die bekendstelling van die jaarlikse AVBOB-Poësiekompetisie in Augustus 2017, in al 11 amptelike moedertale, ʼn daadwerklike poging om aan gewone Suid-Afrikaners ʼn manier te gee om te praat oor hierdie ervarings en om die mylpale in hul lewens te beskryf.

Die bekendstellingsjaar van die AVBOB Poësiekompetisie se geskenk aan Suid-Afrika was, en bly, die mees deernisvolle en outentieke vorm van sterwensondersteuning – ʼn poësiepoort gevul met die skeppende woorde van gewone mense van alle ouderdomme, in ons land se 11 ampstale.

In die tweede jaar van die kompetisie het ons digtersgemeenskap tot meer as 11 000 gegroei, met 29 000 gedigte wat ingeskryf is, ʼn toename van die vorige jaar se 22 000 – alles ter ondersteuning en tot voordeel van elkeen wat ʼn geliefde verloor het. Op die vooraand van die derde jaar bevestig die kompetisie weer eens die mag van poësie om te genees en op te hef.

Lewens is weliswaar verander toe die AVBOB-Poësieprys wenners van die tweede kompetisie tydens ʼn sonderlinge gala-aand op 25 Julie 2019 aangekondig is. Die kaliber gedigte wat hierdie jaar se kompetisie gekenmerk het, het dit vir die 11 taalredakteurs ʼn uitdaging gemaak om die wenners te kies.

Uiteindelik en in werklikheid is elke digter wat vir die kompetisie ingeskryf het egter ʼn wenner. En die meer as 29 000 gedigte wat ingeskryf is, is ʼn huldeblyk aan ons merkwaardige land, aan die krag en uithouvermoë van ons mense, en ons vermoë om verby die foute van gister te kyk na ʼn plek van hoop en genesing vandag en môre.

Hier is die 2019 AVBOB-Poësiepryswenners, in alfabetiese volgorde van taalkategorie:

 

TAALKATEGORIE: Afrikaans

WENNER: Tom Dreyer

GEDIG: Slaap jy solank, dan hou ek die fort

2de plek

Gaireyah Fredericks
Gedig: Dood

3de plek

Hélen Möller
Gedig: Ouma

4de plek

Maretha Maartens
Gedig: Spinasie

 

TAALKATEGORIE: Engels

WINNER: Jaco Fouché

POEM: A feeling like leaving harbour

2de plek

Tammy Foyn
Gedig: Sishen

3de plek

Ann Scarborough Moore
Gedig: Meeting Ingrid

4de plek

Retshepisitswe Makhatha
Gedig: The First Step

 

TAALKATEGORIE: Ndebele

WENNER: Mfana Solomon Skhosana

GEDIG: Isivunguvungu

2de plek

Nurse Nonhlanhla Mbonani
Gedig: Sizokubonana kelizako

3de plek

Jabu Mabona
Gedig: Amezwi ayelapha

4de plek

Thabi Nancy Mahamba
Gedig: Ingoma yethu

 

TAALKATEGORIE: Xhosa

WENNER: Simphiwe Ali Nolutshungu

GEDIG: Emaxhoseni

2de plek

Sanelisiwe Mtsewu
Gedig: Saqhwithi

3de plek

Siwaphiwe Fortune Shweni
Gedig: Xa sisobabini

4de plek

Neliswa Sampi-Mxunyelwa
Gedig: Lala Ngenxeba

 

TAALKATEGORIE: Zoeloe

WENNER: Halalisile Patience Mkhize

GEDIG: Ubungumthombo

2de plek

Bigboy Bheki Gasa
Gedig: Duduzekani

3de plek

Philile Mhlongo
Gedig: Umngcwabo womfundisi

4de plek

Lungile Chamane
Gedig: Insika

 

TAALKATEGORIE: Sepedi

WENNER: Kgabo Sebatjane        

GEDIG:  Mmane Makalawua Sebatjane

2de plek

Moses Seletisha
Gedig: Ke Nako

3de plek

Moloko Mahuma
Gedig: Ruri Nkabe

4de plek

Kgotso Bopape
Gedig: Ba go letile

 

TAALKATEGORIE: Suid-Sotho

WENNER: Kaizer Tjokoane

GEDIG: E thobile thatohatsi

2de plek

Tieho Mkhendane
Gedig: Lefa

3de plek

Isaiah Zwane
Gedig: Palesa

4de plek

Serogane Tsotetsi
Gedig: Lerato

 

TAALKATEGORIE: Tswana

WENNER: Thatayaone Dire                                             

GEDIG:  Ke a dira

2de plek

Kgomotso Mokutswane
Gedig: Gae kwa Letsopa

3de plek

Dineo Ntwayagae
Gedig: Botlhoko jwa go tlhoka ngwana

4de plek

Pelonomi Itumeleng
Gedig: Tsoga re omane

TAALKATEGORIE:  Swazi

WENNER: Nokukhanya Mahlalela

GEDIG: Ngiyafisa kube ngasho

2de plek

Lwandle Mdaka
Gedig: Kufa sekungilandzile

3de plek

Beketele Mahlalela
Gedig: Insika seyiwile

4de plek

Vusi J Dlamini
Gedig: Lisela lelikhulu

 

TAALKATEGORIE: Venḓa

WENNER: Maṱodzi Fortunate Magoro

GEDIG: Nga duvha langa la vhufhelo

2de plek

Elelwani Ramaite-Mafadza
Gedig: Vhufuna-funa

3de plek

Rialivhuwa Emmanuel Magoro
Gedig: Lufu

4de plek

Masindi Netshakhuma
Gedig: Lushie

 

TAALKATEGORIE: Tsonga

WENNER: Patrick Khosa

GEDIG:  U tatana

2de plek

Jabu Rikhotso
Gedig: Emahandzeni

3de plek

Given Rhulani Khosa
Gedig: Emahandzeni ya tindlela

4de plek

Musa Aubrey Baloyi
Gedig: Xihundla xa tsolo

 

 

"WAT AS, SUID-AFRIKA?" KOMPETISIE

In Maart 2019 was Suid-Afrikaners se gemoedere met woorde vol tweespalt en onsekerheid gevul. Daar was ʼn desperate behoefte aan positiewe, opheffende boodskappe van hoop en belofte. Vir ons kollektiewe geesteswelstand moes ons ʼn silwer randjie om die donker wolk vind.

En een van die beste maniere om dit te bewerkstellig, was deur ʼn verbeeldingsoefening wat ons in staat gestel het om ons eie toekoms te skep, om die Suid-Afrika wat ons almal graag wil hê te skep en te beskryf. Met hierdie doel voor oë het AVBOB alle Suid-Afrikaners uitgenooi om ʼn enkele oorspronklike gedig van 100 woorde of minder te skryf (slegs een gedig per digter is toegelaat), in Engels, wat ʼn positiewe uitkyk op die toekoms van Suid-Afrika sou bied. Die gedig sou dan as ʼn radio-advertensie en aanlyn-video vervaardig word. AVBOB se mikpunt met hierdie beroep op ʼn herskepte perspektief op ons kollektiewe toekoms, was om ʼn bietjie hoop en optimisme by die Mei-stembusse te skep.

En soos altyd, om hul waardering vir en ondersteuning van die kuns van poësie in Suid-Afrika te toon, het AVBOB die kompetisiewenner met ʼn kontantprys van R10 000 en ʼn boekbewys ter waarde van R2 500 beloon.

En die wenner van die ‘Wat as, Suid-Afrika?’-poësiekompetisie was:

WENNER: Kedibone Mphethi

GEDIG: I heard them say

PROFIEL: "WAT AS, SUID-AFRIKA?"-WENNER

Kedibone is ʼn onversadigbare skrywer van Orlando-Wes in Soweto. As ʼn jong meisie het haar skryfwerk in haar dagboek begin, wat gegroei het tot ‘n joernaal en wat uiteindelik gestalte op die verhoog gekry het. Gerugsteun deur die inspirasie van die AVBOB-Poësiekompetisie, het Kedibone die geleentheid aangegryp om te deel wat sy glo die geheim van ʼn gelukkige lewe is – perspektief: “AVBOB het vir my die geleentheid gegee om te sê dat dit nie saak maak wat gebeur nie; die verskil lê in die manier waarop ons daarna kyk,” verduidelik sy.

PROFIELE: AVBOB-POËSIEPRYSWENNERS

Elkeen van die 11 eersteplekwenners van die AVBOB-Poësieprys het ʼn kontantprys van R10 000 en ʼn R2 500 boekbewys ontvang, beide deur AVBOB geborg. Elke wenner het die kompetisie om haar of sy eie redes met ope arms verwelkom, op soek na iets veel anders as die alledaagse, en in die proses het hulle vorendag gekom met gedigte wat ons almal troos, en uitdaag.

Hoe bring ʼn mens hulde aan hierdie mense; aan elke brawe digter wat ʼn gedig geskryf en onder die kompetisie se soeklig geplaas het? “Ons is geseënd met ʼn oorvloed van talent, moed en karakter in ons land,” sê AVBOB se bestuurshoof, Frik Rademan. “Dit verstom my steeds dat digters bereid is om hul woorde met soveel ruimhartigheid te deel met die mense wat dit die nodigste het. Daarom is ons vanaand hier; om hulle te vereer.”

Tom Dreyer (Afrikaans)

Tom Dreyer is ʼn vryskutjoernalis wat in Stellenbosch werksaam is en hy is ook die eienaar van ʼn IT-maatskappy. Tom skryf sedert sy universiteitsdae en is die naam agter vier romans en ʼn versameling kortverhale. Sy eerste gepubliseerde gedigte het in die bloemlesing Nuwe Stemme in 1997 verskyn, sy roman Stinkafrikaners is in 2001 met die Eugène Maraisprys bekroon, en sy ander romans is vir verskeie Afrikaanse literêre pryse, asook die Sunday Times Literary Award benoem. Tom is opgewonde oor AVBOB se bydrae tot die bevordering van poësie regoor Suid-Afrika, en is gretig om deel van hierdie inisiatief te wees

Jaco Fouché (Engels)

Jaco Fouché het in sy lewe al baie hoede gedra: rekenaarprogrammeerder, kroegman en kopieskrywer. Hy bly nou in Hermanus saam met sy vrou en werk as vryskutskrywer van kortverhale, resensies, romans en boeke vir jong volwassenes. Jaco slyp reeds sedert sy vroeë skooldae sy digtersvaardighede, en terwyl prosa sy passie is, het poësie nog altyd sy werk beïnvloed. Jaco het al verskeie pryse vir Afrikaanse romans ingepalm, insluitend die Eugène Maraisprys in 1997. Die skielike dood van ʼn vriend in 2017 het hom geïnspireer om vir die kompetisie in te skryf as ʼn manier om sy gevoelens van verlies te artikuleer en uiteen te sit.

Mfana Solomon Skhosana (Ndebele)

Mfana Skhosana bly in Gemsbokspruit, KwaNdebele en is ʼn lid van die Isiyalo National Writers Guild met studies in draaibroekskryf en video-, beligtings- en klankbestuur agter sy naam. Hy het vier radiodramas vir iKwekwezi FM geskryf en skoolbloemlesings vir Grade 4 tot 9. Hy het verskeie werke in Ndebele geskryf en gepubliseer, insluitend die roman, Kuvunwa okutjaliweko en dramatekste getiteld Ngingewakabani? en Ibuzwa kabaphambili, waarvan laasgenoemde die derde prys in die Ndebele-kategorie van die Departement van Sport, Kuns en Kultuur ingepalm het. Hy het die afgelope twee jaar sy hand aan poësie gewaag en vir die AVBOB-Poësiekompetisie ingeskryf om vir mense te motiveer en hoop te gee.

Simphiwe Ali Nolutshungu (Xhosa)

Simphiwe Nolutshungu is ʼn dosent aan die Universiteit van Kaapstad se Departement Afrikatale en het ʼn meestersgraad in Skeppende Skryfwerk van Rhodes Universiteit Hy is tans ʼn doktorale kandidaat wat besig is om sy tesis in Xhosa te voltooi. Simphiwe het in 2017 ʼn SALA-poësietoekenning vir sy bloemlesing Iingcango Zentliziyo gewen. Hy het ook ʼn derde prys in die eerste AVBOB-Poësiekompetisie behaal en sy gewilde roman Iingceba Zegazi word vir skole sowel as universiteite voorgeskryf. Simphiwe het ook reeds vier romans en twee poësiebundels in beide Engels en isiXhosa gepubliseer. ʼn Vriend het vir hom vertel van die AVBOB-Poësiekompetisie wat hom in staat gestel het om in sy moedertaal te skryf.

Halalisile Patience Mkhize (Zoeloe)

Halalisile Mkhize is ʼn laerskoolonderwysers wat vroeg in haar lewe reeds begin skryf het.

Jare later is sy voorgestel aan SOZ Mkhize, ʼn talentvolle Zoeloe-skrywer wat haar bekendgestel het aan die werk van die Zoeloe-legendes, Nakanjani Sibiya en NS Ntuli. Sy is later met Mkhize getroud, en het sedertdien een poësie- en vier kortverhaalbundels gepubliseer, met verskeie ander wat gereed is vir publikasie. Halalisile was die 2018 eerstepryswenner in die Departement van Kuns en Kultuur se jaarlikse kortverhaalkompetisie in KZN. Sy het by ʼn voorlees- en skryfklub van die AVBOB Poësiekompetisie te hore gekom en, nadat sy haar suster in dieselfde jaar verloor het, het sy gevind dat haar skryfwerk vir die kompetisie help om haar smart te verlig.

Kgabo Trinity Sebatjane (Sepedi)

Kgabo Sebatjane het in Tembisa gebly, maar teruggekeer na sy tuiste, ʼn klein dorpie in Ga Matlala, Limpopo, om ʼn klein pluimveeplaas, Koko Mmapula Poultry, op die been te bring. Hy het ʼn BSc-graad in Fisiologie, Genetika en Sielkunde aan UNISA verwerf. Terwyl pluimvee sy brood en botter is, is poësie sy werklike passie, en hy skryf wanneer hy ook al kan. Hy deel ʼn verjaarsdag met AVBOB en die trekpleister wat hom na die tweede poësiekompetisie gelok het, was sy passie vir die bewaring van sy moedertaal, Sepedi. Kgabo skryf gewoonlik in Sepedi, maar hy gebruik dikwels ʼn mengsel van inheemse tale om die rykheid, skoonheid en diversiteit van Suid-Afrika se moedertale te demonstreer.

Kaizer Lucas Tjokoane (Suid-Sotho)

Kaizer Tjokoane het in Ficksburg grootgeword, maar bly nou in Katlehong, Johannesburg. Hy het ʼn Hoër Sertifikaat in Openbare Verkryging en Voorraadbestuur aan UNISA behaal en werk tans as ʼn beheerkameroperateur in die privaat sekuriteitsbedryf. Kaizer is van kindsbeen af dol oor die mag en rykheid van woorde, en was nog altyd geïnspireer deur mense met ʼn breë woordeskat. Hy het op die ouderdom van 15 begin skryf en nog nooit weer opgehou nie. Die inspirasie agter sy skryfwerk is die swaarkry wat hy tydens sy jeug ervaar het. Dit is ook wat hom gemotiveer het om vir die AVBOB-Poësiekompetisie in te skryf; hy wou met alle mag die geleentheid aangryp om sy siel deur sy skryfwerk te deel.

Thatayaone Raymond Dire (Tswana)

Thatayaone Dire is in Mahikeng gebore. In 2015 het hy ʼn BA-graad in Inheemse Kennisstelsels voltooi, en hy is tans besig met sy meestersgraad aan die Noordwes-Universiteit.

Hy het ook ʼn sertifikaat in Gemeenskapskunsadministrasie- en Bestuur. In 2019 het hy aan die Global Leadership Camp deelgeneem wat deur die Hansao Universiteit in Suid-Korea aangebied is. Thatayaone se kinderboek, Ngwana sejo o a tlhakanelwa, is met die 2015 Maskew Miller Longman (MML) Lettekundetoekenning (Tswana) bekroon. Thatayaone het ook al poësie, opvoedkundige materiaal en kortverhale geskryf. Hy het vir die kompetisie ingeskryf omdat hy sy skeppende werk wil gebruik om die wêreld ʼn beter plek te maak, en om sy moedertaal, wat hy voel bedreig word, te help bewaar.

Soneni Nokukhanya Mahlalela (Swazi)

Nokukhanya Mahlalela is in Mpumalanga gebore, maar bly tans in Stellenbosch waar sy besig is om haar tweede graad aan die Universiteit te voltooi. Sy het haar eerste kwalifikasie, ʼn graad in landbouwetenskap, aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat verwerf. Nokukhanya skryf reeds van jongs af poësie as ʼn  manier om haarself uit te druk. Nokukhanya het vir die AVBOB-Poësiekompetisie ingeskryf – haar eerste kompetisie ooit – om haar talent uit te leef, maar ook omdat dit haar die vryheid gegee het om in haar moedertaal te skryf. Sy was gemotiveer deur die seldsame geleentheid om in Swazi te skryf.

Maṱodzi Fortunate Magoro (Tshivenḓa)

Maṱodzi Magoro is in ʼn klein dorpie buite Ṱhohoyanḓou in Limpopo gebore, waar sy steeds bly. Sy het ʼn Diploma in Vroeë Kinderontwikkeling en werk tans by die Mainganye Daycare Centre as ʼn onderwyseres en versorger by die crèche. Haar liefde vir poësie dateer terug na hoërskooldae en vandat sy begin skryf het, het sy nog nooit weer teruggekyk nie. Matodzi glo sy is ʼn gebore digter, omdat poësie skryf nog altyd vir haar so ʼn natuurlike proses was. Haar affiniteit vir die AVBOB-handelsmerk was die rede waarom sy vir die kompetisie ingeskryf het. Ook omdat dit vir haar die geleentheid gegee het om haar talent te gebruik om in haar moedertaal te skryf.

Patrick Khosa (Tsonga)

Patrick is gebore in die dorpie Jokong in Limpopo. Hy kon nie ná skool verder gaan studeer nie, maar werk tans as ʼn sekuriteitsbeampte en perseeltoesighouer by Microsoft se plaaslike hoofkantoor in SA, gerugsteun deur ʼn totaal van 10 jaar ervaring in die sekuriteitsbedryf. Patrick skryf al so lank as wat hy kan onthou; hy het sedert 2010 met meer as 200 gedigte vorendag gekom wat hy meestal op sy selfoon geskryf het. Hy het ook pas sy eerste roman voltooi. Die AVBOB-Poësiekompetisie is die eerste platform wat hy gebruik het om homself uit te druk. Hy het in 2017 en 2018 ingeskryf, en voel die kompetisie het weer ʼn vonk van hoop in hom wakker gemaak en hom opnuut aangevuur om sy drome na te jaag.

DIE AVBOB POËSIEGALA

Die AVBOB-Poësiegala is op 25 Julie by die St George Hotel in Pretoria gehou. Die talentvolle Rozanne McKenzie was die gasvrou vir die aand en die dinamiese Gloria Bosman het vir opheffende vermaak gesorg. Die aand was ʼn roerende huldeblyk aan die mense van Suid-Afrika en dit was ʼn viering van die mag van poësie om ons verlies te verlig en ons wonde te genees.

Hierdie mag is volmaak vasgevang in die sonderlinge tweede volume van die kompetisie se gedrukte bloemlesing*, I Wish I’d Said 2, wat saamgestel is deur die kompetisie se hoofredakteur Johann de Lange, en die akademikus, digter en skrywer, Mandla Maphumulo. Volume Twee, wat die aand bekendgestel is, bestaan uit 101 gedigte met Engelse vertalings: 55 gedigte wat in opdrag geskryf is en 44 vanuit die tweede jaar se kompetisie.

Soos in die eerste volume, is hulde aan die Khoisan-tale gebring, met die insluiting van twee gedigte deur die /Xam-digter, Diä!kwain. Die pragtige voorbladontwerp het inspirasie geput uit die werk van die ontslape Suid-Afrikaanse kunstenaar, Keith Joubert, wie se kuns ʼn refleksie is van sy diep fassinasie met menslike kulture wat geslagte lank naas die natuurlike omgewing bestaan het.

Die keuse van die kremetartboom op die voorblad verwys terug na AVBOB se Eeufeesvieringstema in 2018. Deur sy seisoenale siklusse, vergestalt dié boom die konsep van dood en opstanding, verlies en troos, hoop, verlossing en nuwe lewe. Hierdie temas word ook deurgetrek na die AVBOB-Poesiekompetisie sowel as die gedrukte bloemlesing, met die motiewe van dood, geboorte, liefde en hoop.

“In ons donkerste uur het ons opheffing en troos nodig,” verduidelik AVBOB se bestuurshoof, Frik Rademan. “En daarom het ons die temas van liefde, hoop en geboorte deel van die kompetisie gemaak. Die AVBOB-Poësiekompetisie en gedrukte bloemlesing – saam met die ‘Wat as, Suid-Afrika?’-veldtog – spreek ons kollektiewe behoefte aan vertroosting en sorgsaamheid aan. En dit is vir ons ʼn meditasie oor al die dinge wat ons as ʼn nasie verenig – ons ervaring van verlies, ons begeerte om te ontboesem, en ons behoefte aan hoop.

En met die derde AVBOB-Poësiekompetisie wat op 1 Augustus ʼn aanvang neem en tot 30 November 2019 duur, sal die digters – en mense! – van Suid-Afrika opnuut in staat wees om hul potlode en papier, selfone en skootrekenaars op te neem en gedigte te skep wat ons met mekaar verbind en wat vir ons hoop en troos bring. Kompetisiedeelnemer Gregory Jumanji het dit met die volgende twiet bevestig: “Ek voel of die poësie in my bloedstroom is. AVBOB het regtig die nasie met hierdie een gered.”

Vir Frik Rademan bevestig hierdie tipe terugvoering die oorspronklike doelwit van die projek. “Ons weet nou die kompetisie is ʼn belangrike, weliswaar noodsaaklike sosiale hulpbron vir ons mense. Juis daarom sal ons voortgaan om hierdie vorm van ondersteuning aan ons AVBOB-familie te gee, as ʼn bewys van ons diepgaande verbintenis met die mense van Suid-Afrika,” is sy slotsom.

Besoek asseblief die AVBOB aanlyn poësieversameling, wat vryelik beskikbaar is op www.avbobpoetry.co.za – en ontdek die roerende materiaal wat geskep is vir AVBOB se kliënte en gemeenskappe, vir digters regoor Suid-Afrika, en vir elkeen in ons land wat ʼn geliefde verloor het; ʼn hulpbron wat oor geslagte heen opnuut waarde sal verskaf. In die woorde van digter en hoofredakteur, Johann de Lange: “Hierdie nuwe versameling – en die aanlyn poësiepoort – vorm ʼn ruimte waar die stemloses gehoor kan word, en waar ons gemeenskaplike grond kan vind. Verlies is ʼn universele taal en poësie is die stem daarvan.”

*Die bloemlesing kan by www.naledi.online of 078 648 8616 bestel word, en is beskikbaar by die meeste goeie boekwinkels. Anders, SMS die woord ‘gedig’ na 48423 (teen ʼn standaardtarief van R1.50 per SMS) om dit per pos by jou te laat aflewer teen ʼn totale koste van R220.

 

The post Die AVBOB-poësieprys 2019: woorde om die verlies te verlig appeared first on LitNet.

Huldigingsgeleentheid: Harry Kalmer

$
0
0
 
Die bekende skrywer, Harry Kalmer, wie se boek 'n Land sonder voëls kort voor sy afsterwe verskyn het, se lewe word by 'n byeenkoms in Johannesburg op 16 Augustus gehuldig. Dié huldigingsgeleentheid vind plaas by die Killarney Country Club se gazebo-kamer. Dit begin om 14:00.
 
***
 
A memorial will be held for the winner of the Barry Ronge Fiction Prize, Harry Kalmer, who died on 26 July 2019.  Kalmer won the above-mentioned prize for his novel A thousand tales of Johannesburg. The memorial will take place in Johannesburg at the Killarney Country Club's gazebo room. It commences at 14:00.
 
 
 

The post Huldigingsgeleentheid: Harry Kalmer appeared first on LitNet.

Repliek op brief oor Gedeeltelik Bewolk in Die Burger

$
0
0
 
Oor DB, of David Bishop: het hom nie geken nie, uiteraard, maar ek het geweet wie DB is voor die skryf van die resensie. Ek het ook geweet dat ek nie bevoeg is om uitsprake te maak oor die man self, of die presiese detail van hoe hy figureer as die protagonis George Moore nie. Fanie Olivier sou kon, en het. Dis waarom ek myself kon berus by die besluit om iets anders te doen met my eie resensie.
 
There are many ways to skin a cat, soos die gesegde lui. Resensies is deel van 'n groter gesprek, en 'n soort eerste indruk. Dit is nooit volledig nie, nooit finaal nie. Dit verruim en ontsluit, eerder as om hekke te sluit. En resensies sal en hoef nie almal tevrede te stel nie. Nes die teks self. 
 
My kort resensie is een respons op 'n fassinerende, brawe roman. Een wat feit en fiksie so vermeng dat ek genoop was om daarop te fokus. As ek daarin geslaag het om die leser - wat waarskynlik nie vir David Bishop geken het nie - nuuskierig te maak, dan het ek my werk gedoen.
 
Hoe meer lesers gesprekke oor die Lettere voer, hoe beter. Hoe meer stemme, hoe meer vreugde.
 
Jonathan Amid
Stellenbosch 

The post Repliek op brief oor <em>Gedeeltelik Bewolk</em> in <em>Die Burger</em> appeared first on LitNet.

Vrouedag 2019: Om tee te drink op Vrouedag is nie genoeg nie

$
0
0

Shirmoney Rhode (Foto: Izak de Vries)

Dis weer daardie tyd van die jaar, die tyd wanneer vroue regoor die land hulle mooiste uitrustings uitsoek om die een of ander Vrouedag- of Vrouemaandfunksie by te woon.

Ons gedenk natuurlik nog die nasionale optogte van 1956 waar veteraanvroue na die Uniegebou gemarch het om die bal aan die rol te kry wat vroueregte in Suid-Afrika betref.

Maar behalwe dit, weet ons regtig wat ons as Suid-Afrikaanse vroue nog vier?

Of gaan dit maar net oor die lekker koek en tee wat dikwels by Vrouedagfunksies bedien word? Wat is ons regte as vroue en wat doen ons om daardie regte te beskerm en uit te leef? Help ons om vroue wie se regte geskend word, te ondersteun en te bemagtig of is ons maar net tevrede dat ons eie regte nie geskend word nie?

..............

“Ek wil ’n leeftyd hê, want vroue doen daagliks fenomenale dinge, soms sonder dat enigeen ooit daarvan te hore kom.”

..............

Ek persoonlik vier nie Vrouedag nie – nie omdat ek nie ’n waardering het vir wat die vroue van 1956 gedoen het nie, maar omdat die realiteit van baie vroue in ons land steeds nie rooskleuring is nie.

As gevolg daarvan sukkel ek om aanklank te vind by die “vieringe”. Ek is ook van mening dat Vrouemaandvieringe ook net nog ’n manier geword het om geld te maak.

Wat ek wel vier, is vroue se vermoë om ten spyte van hulle omstandighede aan te hou en daarvoor het ek nie een dag nodig nie. Om dit te vier, wil ek ’n hele jaar hê, of nee, ek wil ’n leeftyd hê, want vroue doen daagliks fenomenale dinge, soms sonder dat enigeen ooit daarvan te hore kom.

Vrouedagfunksies gaan baie selde oor bemagtiging van vroue en in die meeste gevalle is dit maar net ’n geleentheid om op te dress. En om eerlik te wees, dit irriteer my, want ons is meer as net fancy rokke en hoëhakskoene.

Ons het al ver gekom in die stryd om gelykheid in ons samelewing, maar nog nie ver genoeg nie.

As Suid-Afrikaanse vroue geniet ons natuurlik die regte wat uiteengesit is in die handves van regte van ons grondwet. Dis veral artikel nege van ons grondwet wat op gelykheid fokus wat in vroue se guns tel, omdat dit duidelik maak dat daar teen niemand gediskrimineer mag word op grond van hul “ras, geslagtelikheid, geslag, swangerskap, huwelikstaat, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele oriëntering, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, gewete, oortuiging, kultuur, taal en geboorte” nie.

Dis alles goed en wel dat vroue die regte het en dat hulle weet wat hul regte is, maar as daardie regte steeds geskend word, kan ons ongelukkig nie elke jaar op Vrouedag of in Vrouemaand teetjies drink en koekies eet en maak asof ons as gelykes behandel word nie. Maar wat het vroue nog om oor te kla, word daar nog altyd deur die een of ander man êrens gevra. En die antwoord is: baie.

Die Global Wage Report vir 2018/19 wys vir ons presies hoe ongelyk vroue nog in die werkplek behandel word. Vroue word gemiddeld 28 persent minder betaal as hul manlike “gelykes”.

In Suid-Afrika verdien mans 26,1 persent meer as vroue vir ’n uur se werk, vroue wat voltyds werk verdien 22,7 persent minder as mans terwyl vroue wat deeltyds werk ’n skokkende 39 persent minder verdien.

In Suid-Afrika verdien vroue tans 22 persent minder as hul manlike gelykes. Hierdie syfers maak dit vir ons duidelik dat vroue beslis nie as gelykes gesien word as dit by die pay-pakkies kom nie.

Daar is vandag al heelwat meer vroue in magsposisies in werkplekke in SA, maar transformasie in die werkplek is verskriklik stadig en korporatiewe SA word steeds deur veral wit mans bestuur.

Die pay gap is ’n globale probleem en is veral deur die #MeToo- en #TimesUp-bewegings, wat fokus op aanranding, seksuele teistering en ongelykheid in die werkplek, uitgelig.

..............

“As vroue verdien ons meer en ons might as well begin deur self vir mekaar op te daag. ”

..............

In Suid-Afrika self is daar nie baie opspraak gemaak wat dié kwessies in die werkplek betref nie. Hier en daar was daar ’n vrou wat ’n #MeToo-foto op hul sosiale mediaplatforms gelaai het om die beweging te ondersteun en seker maar om net wys dat hulle wel daarvan bewus is, maar ek kan nie onthou dat Suid-Afrikaanse vroue hul eie stories gedeel het wat hierdie kwessies in die werkplek betref (soos vroue van ander lande) nie.

Dis hartseer, veral as ons na die statistieke kyk.

Foto: Unsplash.com

Het ons as Suid-Afrikaanse vroue al so gemaklik geword daarmee dat ons as ongelykes behandel word dat ongelykhede teen ons, ons nie meer ongemaklik maak nie?

Ek persoonlik dink vroue het al so tevrede geword dat hulle nie veel meer wil eis nie. Die dinge wat vroue destyds bemagtig het, soos gelyke regte waarvoor geveg is, bemagtig nie noodwendig vandag meer vroue op dieselfde manier nie. Dit is waarom ons nie genoeg opspraak maak teen dinge soos ongelyke vergoeding nie. 

Dan is daar die groot wit olifant in die kamer: geweld teen vroue en kinders. Ons hoor amper daagliks in die media haglike stories van geweld teen vroue en kinders. Vroue gaan daagliks gebuk onder die juk van geweld – veral in hul persoonlike lewens.

In Suid-Afrika is daar nie ’n tekort aan grumoordstories waarin vroue altyd die slagoffers is nie – daar is veral baie femicide-moorde. Stories soos dié van Anene Booysen, Karabo Mokoena, Lekita Moore, Courtney Peters, Hannah Cornelius, Franziska Blöchliger … (die lys is lank). Dit is maar net die stories wat die media haal, want nie alle geweld teen vroue en kinders word gerapporteer nie.

Verkragting is net so ’n groot probleem in SA en baie mans glo duidelik nog altyd dat die vroulike liggaam slegs daar is vir hul plesier. Wat geweld teen vroue betref, wil ek ook melding maak van die feit dat daar ook vroue is wat geweld teen ander vroue gebruik.

Ons is reeds so ’n onderdrukte groep, dis tragies dat sommige vroue geweldadig teenoor mekaar optree, maar dis ’n gesprek vir ’n ander dag.

My wens vir hierdie Vrouedag en -maand is eenvoudig: dat ons mekaar as vroue meer ondersteun en bemagtig. Ondersteun mekaar se besighede, gaan doen vrywilligheidswerk by organisasies wat vroue en kinders bemagtig, doen donasies en skenkings.

Om net mooi aan te trek en tee te drink, is nie genoeg nie. As vroue verdien ons meer en ons might as well begin deur self vir mekaar op te daag. 

Bronne:

https://myconstitution.co.za/af/02.html

https://www.thesouthafrican.com/news/gender-pay-gap-south-africa-charts/

https://www.ilo.org/wcmsp5/groups/public/---dgreports/---dcomm/---publ/documents/publication/wcms_650553.pdf

Lees ook

Vrouedag 2019: Waarom al die protes?

Vrouedag 2019: Wees getrou aan jouself

The post Vrouedag 2019: Om tee te drink op Vrouedag is nie genoeg nie appeared first on LitNet.


Vrouedag 2019: Waarom al die protes?

$
0
0

“Net diegene wat die skoen dra, weet waar dit druk.” Dit was een van die leuses van die Stemreg vir Vroue-beweging, maar in werklikheid ’n onderbeklemtoning van wat vroue probeer oordra het oor hoe hulle lewe regeer is, skaars 100 jaar gelede, skryf Elsabé Brits op Vrouedag.

Foto’s uit 1914 van die Britse polisie met beskrywings van militante suffragettes daarby. Die kunswerk Rokeby Venus deur Velázquez's in die Nasionale Galery is deur Mary Richardson (nr 11) beskadig met ‘n mens. Richardson is nege keer in hegtenis geneem. Foto: Wallace Collection/National Archives UK

Die National Union of Women’s Suffrage Societies (NUWSS) onder leiding van Millicent Fawcett is reeds in 1897 in Brittanje gestig; hulle was bekend as "suffragists”. Die meer radikale Women’s Social and Political Union (WSPU) onder leiding van Emmeline Pankhurst is in 1903 gestig; hulle was die “suffragettes”.

Dit was die “suffragettes” wat die bekende wit, groen en pers kleure gedra het. Dit was hulle wat klippe gegooi, vensters gebreek, vergaderings gehou, brande gestig en op eetstakings gegaan het. Talle het hulself vasgeketting teen traliewerk en is as politieke gevangenes in die tronk gegooi. Hulle is pynlik gedwing om te eet deur buise wat in hulle neus afgedruk is.

‘n Suffragette-vergadering in Manchester, England circa 1908. Emmeline Pethick-Lawrence en Emmeline Pankhurst staan in die middel op die platform. Foto: Wiki

“Dade nie woorde nie,” het hulle geglo. Die polisie het jag gemaak op hulle – en in stede daarvan om na hulle te luister, het hulle hulle in die tronk gegooi.

Die vroue – ryk, middelklas en arm – het saam gestaan – nie eens vir gelyke regte nie, maar om te stem sodat hulle oor hulle eie lot kon beskik. Want ’n vrou was ’n besitting, maak nie saak wie sy was nie.

Hoekom het hulle opgestaan? Vroue moes alles wat hulle besit het – indien hulle wel enigiets gehad het – oordra aan hulle man sodra hulle trou. En in die hoogs onwaarskynlike geval dat hulle skei, het hulle dit nie teruggekry nie, en het hulle ook hulle kinders in die proses verloor. Tot in 1878 kon vroue in Brittanje nie universiteit toe gaan nie. Net vier vroue is aanvanklik toegelaat – en hulle is nie met ope arms verwelkom nie.

En eers in 1882 kon getroude vroue uit eie reg eiendom besit; maar ongetroude vroue nie. Die meeste beroepe, ook werk in die staatsdiens, was hulle nie beskore nie.

Om ’n eie bankrekening te open, of later ’n eie kredietkaart te kry, jou werk te behou as jy trou of swanger raak, op die regbank te sit, ’n aanklag in te dien dat jy seksueel gemolesteer of verkrag is, ’n lening te kry, jou eie paspoort afsonderlik van jou man s’n te hê; self ’n motor te koop; te dra net wat jy wil; en ’n magdom ander hekkies om oor te spring het nog voorgelê. Dit het jare geneem voordat vroue op dieselfde gronde as mans kon skei.

In Suid-Afrika het die South African College Council in Augustus 1887 ’n spesiale vergadering gehou om te besluit of vroue toegelaat moet word. Dit is goedgekeur en nege vroue is toegelaat by wat vandag die Universiteit van Kaapstad (UK) is – volgens die UK se webtuiste was twee van hulle Jessie Rose-Innes (née Dodds-Pringle), wat getroud was met James Rodes-Innes, en Mary Sauer (née Cloete), wat getroud was met JW Sauer van Uitkyk, Stellenbosch. Maar baie van ons vroue moes oorsee gaan studeer, soos Charlotte (née Manye) Maxeke, wat in 1898 ’n BSc-graad in Amerika ontvang het, en Gladys Steyn, die land se eerste vroulike advokaat, wat in die 1920’s in Brittanje moes gaan studeer.

‘n Jong Charlotte Maxeke. Foto: Wiki

Eers in 1947 het Suid-Afrika sy eerste swart vrouedokter gehad: Mary Malahlele-Xakana, wat aan die Universiteit van Ford Hare studeer het. Die eerste vrouedokter in Suid-Afrika was Jane Elizabeth Waterston wat in 1867 van Skotland hier aangekom het om onderwys te gee, maar toe teruggekeer het om as dokter te kwalifiseer in 1880, toe sy gehoor het dat vroue toegelaat word. Nadat sy gekwalifiseer het, het sy teruggekom en hier onder armes gewerk tot haar dood.

Dit het dekades geneem vir vroue om poste te beklee wat mans eeue gelede al beklee het. Vroue kon nie pensioenvoordele geniet nie, nie as hulle getroud was nie, want “hulle het mos ’n man”. Die voorbeelde is legio. Die eerste vroueprofessor in ingenieurswese by die Universiteit Stellenbosch is eers in 2018 aangestel; sy is Cara Schwarz. Die wêreld is vol van sulke voorbeelde, selfs van vroue wat die werk gedoen het en die mans wat toe die Nobelpryse gewen het. Twee is Rosalind Franklin, wat nie eens in die teekamer toegelaat is nie, en Jocelyn Bell Burnell.

Gedurende 1918 het die Britse parlement die Representation of the People Act 1918 aanvaar. Dit het aan vroue van 30 jaar of ouer stemreg gegee indien sy of haar man reeds op die Local Government Register as ’n kieser geregistreer was, of as sy eiendom besit het of ’n gegradueerde was wat in ’n universiteitskiesafdeling sou stem. Daarmee het 8,4 miljoen Britse vroue stemreg verkry. (Agt jaar tevore het arm, werkersklasmans ook stemreg gekry.)

In die VSA het wit vroue in 1919 stemreg gekry.

Tien jaar later, in Maart 1928, is die wet hersien, dié beperkinge opgehef en het vroue volwaardige stemreg begin geniet. In Suid-Afrika kon wit vroue vanaf 21 Mei 1930 stem. 

Dit was die vroue, die suffragettes, wat die katalisator was wat rimpelings van gelyke regte begin het. Uiteindelik het dit gelei tot die Tweede Feministiese Golf van die 1960’s, wat twee dekades lank geduur het. Toe het vroue begin aandring op meer as stemreg – onder meer geboortebeperking, aborsie, gelykheid en veranderinge in kultuur.

Daar is steeds vroue, en meisies, wat geen kanse, of nie gelyke kanse, op onderrig het nie, wat nie motors mag bestuur nie, wat geen besluite het oor haar liggaam of reproduksie nie. Vroue werk steeds in haglike omstandighede, kinders ook – vir hongerlone. Kinderbruide en vroulikegeslagsdeelkending bestaan steeds in 2019. Die werk is nog lank nie klaar nie.

Die Wêreld Ekonomiese Forum het in 2017 gesê dit sal nog ’n 100 jaar neem voordat mans en vroue dieselfde geld verdien – dit is basies oral op die planeet nog nie dieselfde nie. Vroue werk vir die eerste 51 dae van die jaar “gratis” en eers dan haal hulle salarisse dié van mans in. In die VSA is daar ’n wet opgestel in 1923 dat mans en vroue gelyk moet wees in alle opsigte en dit is sowaar eers in 1972 deur die Kongres aanvaar, en verlede jaar het Nevada die 36ste staat geword wat dit deurgevoer het. Meer as 100 jaar later! Dit is moeilik om bevoorregting weg te gee as jy voordeel trek.

Die mense wat die mag hou in dié ongelyke situasies is daarvoor verantwoordelik om dit te verander. Die blaam daarvoor berus nie op die vroue en meisies wat “dan gelukkig is om so te leef nie”. Dit is ’n drogargument en so goed jy meen die slaaf is verantwoordelik vir slawerny.

Die Suid-Afrikaanse regering het pas eers ’n wet oor huwelike wat onder die gewoontereg voltrek is, verander sodat vroue wat in óf ’n monogame óf ’n poligame huwelik is, dieselfde reg op eiendom het as die man. Die Wysigingswet op Erkenning van Gewoontereghuwelike gee nou vir vroue wat voor 1998 in die huwelik getree het, gelyke eiendomsregte. En kinders kan nou van die ma ook erf. Nou eers, en eers nadat die Konstitusionele Hof dit moes beslis.

Manlike bevoorregting bestaan en dit is moeilik om vir iemand iets te verduidelik waaraan hulle so gewoond is – hulle weet skaars hulle geniet die voordele daarvan. Of om aan vroue wat so gewoond daaraan is om dit nie te hê nie, te verduidelik wat hulle nie het nie. Die reaksie teen feminisme – wat dit probeer uitlig – is dan baie keer onmiddellik een van aggressie.

Dit is dinge soos om meer geld te verdien en mense wat gewoon net aanvaar die man is die “baas van of die plaas”, of van die besigheid, of is die professor of dokter. Daar word nie gefrons indien ’n man seksueel “ervare” is nie, maar ’n vrou wat is, is ’n slet.

Om dronk te word by ’n kuierplek is maar “tipies man”, maar vir ’n vrou is dit “darem nie mooi nie”. Durf sy dit waag, is sy in elk geval in fisieke gevaar en ’n teiken vir seksuele geweld. Dit is manlike bevoorregting om nie bang te wees dat jy verkrag sal word op ’n afspraak nie – of eenvoudig nie seksueel geteister sal word nie.

Mans loop nie op straat en dan word daar aanmerkings oor hulle klere, hare, skoene en lywe gemaak nie. Ook nie op sosiale media nie. Daar word nie vir hulle gesê wat hulle behoort aan te trek nie. Hulle liggame word nie polisieer nie. Daar word nie vir hulle gesê om hare op hulle liggame te verwyder of “beter na hulself om te sien nie”.

Dit is manlike bevoorregting om al jou ambisies en loopbaandrome na te jaag sonder dat iemand vra of jy ’n goeie pa is. “Hoe doen jy dit? Werk en kinders grootmaak?” Hulle keuses oor ouerskap beïnvloed ook nie hulle loopbane nie. Al vir eeue lank is die mans gestuur om ’n opvoeding te kry en nie die vroue nie; is daar gewens vir ’n seun

Die vroue doen die sloofwerk in landboubedrywighede waar mense bestaansboerderye het. Op haar kop is daar ’n waardeprys as sy trou, en sy moet wegbeweeg van haar familie en elders aanpas.

Bevoorregting van mans het al onsigbaar geword, omdat dit deel van die kultuur en sosiale strukture geword het. Dit is dominant, sterk, en ons is gebaai daarin – versterk deur kleedkamerpraatjies eie aan sportsoorte soos rugby en sokker.

Dit speel af langs ons sportvelde – waar seuns van baie kleins af hierby ingewy word. Dit is soos om laer te trek en ’n baie manlike kultuur vroeg reeds te vestig – by alle bevolkingsgroepe in die land – een waar vroue uitgesluit en minderes is.

Die kultuur om “een van die manne” te wees behoort herskryf te word en dit lê by mans om dit te verander. Alles is nie binêr nie, dit is veel meer divers, en nog minder is die samelewing heteronormatief.

Dit is al lankal tyd dat ons samelewing besef dit is nie vroue se verantwoordelikheid om hulself die hele tyd teen verkragting en seksuele teistering te beskerm nie. Ons hoef nie so te leef nie. Ons hoef nie die hele tyd oor ons skouer te loer nie. En seuns moet geleer word en mans moet besef dit is oral en altyd verkeerd om vroue te teister en te verkrag – van die speelgrond tot die raadsaal. Altyd.

Die blote feit dat Brett Kavanaugh sowaar ’n regter in die Amerikaanse Hooggeregshof geword het, wys waar die wêreld steeds is. Dit kom nadat Christine Blasey Ford voor ’n regterlike kommissie van die senaat en die wêreld getuig het hoe Kavanaugh haar seksueel aangerand het. Sy het skitterend en braaf getuig oor hoe hy haar op die bed neergepen het terwyl twee ander mans gelag het.

Michael Kehler bestudeer aspekte van manlikheid aan die Universiteit van Calgary, en hy het in ’n artikel in The Conversation geskryf:

Men need to stop legitimizing, validating and excusing the harassing, objectifying and sexualizing of women along with the marginalizing and belittling of other men who do not subscribe to the Kavanaugh-esque rules of boys being boys.

To speak up and speak out within and among men and boys, alongside women and girls as allies, is to push back on the myth that boys and men are naturally aggressive, dominating and oppressive. Masculinity is not simply genetic, we learn how to become certain kinds of boys and we also learn which boys are more valued than others.

Juis, nie alles mans is só nie. Maar mans sal ook niks verloor om deel te word van die gesprek nie. Die stilte of kritiek van mans en vroue wanneer bevoorregting en gelyke regte ter sprake is, is nie verskoonbaar nie. Dit hou die status quo netjies op sy plek.

Aborsiewette in Amerika

Vanjaar het 30 state in die VSA hulle aborsiewette gewysig of is hulle besig om dit te doen. Hiervan is 15 besig om te werk aan wetgewing wat aborsie verbied ná ses weke, berig die BBC. Dit terwyl van die klinieke wat dié diens verskaf, sukkel om hulle deure oop te hou.

Dit word die “Heartbeat Bills” genoem, omdat die politici meen dit is wanneer ’n hartklop opgespoor kan word. Dus moet daar ’n hart wees. Dit is nie korrek nie; ’n fetus het nie op ses weke ’n hart nie, ook nie veel meer nie. Daar is bloot stamselle wat uiteindelik die hart sal word.

In Alabama is aborsie nou onwettig, selfs al was daar bloedskande en verkragtig.

Op ses weke is talle vroue nie bewus daarvan dat hulle swanger is nie. Dit laat baie vroue sonder enige keuse oor hulle eie liggame en reproduktiewe gesondheid. Dit alles nadat vroue in 1973 uiteindelik dié reg gekry het danksy die Roe v Wade-uitspraak in die Amerikaanse Hooggeregshof om ’n aborsie in al 50 state te ondergaan.

Om sake om te keer, sal drukgroepe wat pro-aborsie is na die Hooggeregshof moet gaan. Maar diegene wat teen aborsie is, sal alles doen om Roe vs Wade ter syde gestel te kry. Die regbank tans in die Amerikaanse Hooggeregshof is vyandelik teenoor vroueregte, en Kavanaugh is ook daar.

Mag die verkrampte besluite wat mans die VSA al weer oor die regte van vroue maak, nie ook oorspoel na die res van die wêreld en na ons nie. Want nie net moet jy die skoene self dra om te weet waar hulle knyp nie, maar ook ’n paar honderd kilometer in hulle loop om te weet hoe dit voel.

Vroue se daaglikse stryd gaan hand aan hand met swangerskap en ’n poging om kinders te voed en klee. Net 25% van kinders word in elk geval in ’n gesin groot – die res word, soos nog altyd, alleen deur ma’s, oumas en tannies versorg. Die meeste mans wat saam aan daardie wonder van bevrugting deelgeneem het, is net mooi nêrens te sien nie.

Soos altyd word vroue se liggame en hulle menseregte misgekyk en dan verpolitiseer. Hulle vernietig lewe, glo soos “misdadigers”.

Maar daar is niks heilig aan die manier waarop kinders in ons land grootword nie. Die seksuele, fisieke en emosionele mishandeling van kinders en vroue is so epidemies dat oorsese kenners dit bestudeer. Daar word so hard geveg deur skynheiliges om die embrio’s te red, maar sodra die kind gebore word, staan die einstes eenkant. Trek ons ons moue op en help regtig? Nee.

Mary Wollstonecraft was reg toe sy in 1790 in haar boek A vindication of the rights of woman geskyf het:

My own sex, I hope, will excuse me, if I treat them like rational creatures, instead of flattering their fascinating graces, and viewing them as if they were in a state of perpetual childhood, unable to stand alone. I earnestly wish to point out in what true dignity and human happiness consists – I wish to persuade women to endeavour to acquire strength, both mind and body, and to convince them that the soft phrases, susceptibility of heart, delicacy of sentiment, and refinement of taste, are almost synonymous with epithets of weakness, and that those beings who are only objects of pity and that kind of love, which has been termed its sister, will soon become objects of contempt. 

Bronne

BBC https://www.bbc.com/news/world-us-canada-47940659

National Archives UK

Child Gauge 2018: http://www.ci.uct.ac.za/ci/child-gauge/2018

Mary Wollstonecraft, 1790. A vindication of the rights of woman

The Conversation: https://theconversation.com/masculinity-should-not-be-defined-by-the-kavanaugh-hearings-104551

TimesLive: https://www.timeslive.co.za/news/south-africa/2019-07-29-the-new-customary-marriages-law-what-you-need-to-know

.............

Lees ook 

Vrouedag 2019: Om tee te drink op vrouedag is nie genoeg nie

Vrouedag 2019: Wees getrou aan jouself

The post Vrouedag 2019: Waarom al die protes? appeared first on LitNet.

NouNet-mening: Ons almal kan weer baat by ’n stukkie Madiba

$
0
0

Ek besef dit was seker te vroeg. Maar ek het Long Walk to Freedom gelees net voor en na my 12de verjaardag. Dit was die einde van 1995.

Ja, daardie glorieryke jaar van die Wêreldbekerrugby-oorwinning en Nelson Mandela wat in ’n Springbok-rugbytrui op Ellispark sy verskyning gemaak het. Ons as gesin was vir die eerste keer op ’n Kaapse vakansie daardie Desember. Ek was 11.

En waar ons ook al gegaan het, of dit nou die Tygervallei-sentrum, die Waterfront of Stellenbosch was, oral is Long Walk to Freedom geadverteer in al wat winkelvenster was. En toe dit tyd word vir my om ’n Kersgeskenk te kies, was daar geen ander keuse nie: ek wou ’n Long Walk to Freedom hê.

Verlede Dinsdagaand sit ek vroeg in my kar by die Nelson Mandela Foundation in Houghton. Ek is hier om die bekendstelling van Zelda la Grange se nuwe kykNET-reeks, Uitsonderlike Roeping, by te woon. Dit is ses uurlange episodes waarin Zelda terugstap op Madiba se spore om te gaan kyk wat hom gevorm het en om seker so ook te verstaan hoe hy ons gevorm het.

Ek is vroeg, want ’n mens is nie laat vir so iets nie. Dis doodgewone plaasmaniere. Ek sien hoe stop Carien Loubser, vervaardiger van die reeks, ook vroeg. Karen Zoid, verantwoordelik vir die musiek, stap saam in.

Die sekuriteitswagte en personeel van die NMF slaan kykNET-baniere op. Houghton, hier waar Madiba sy laaste asem uitgeblaas het, is stil en boomryk te midde van die stad se gewoel hierdie tyd van die middag en vir ’n wyle wonder ek oor sy laaste maande, af in die pad van die stigting se kantore.

My eerste Madiba-herinnering is sy vrylating. Voor dit was sy naam aan my bekend. Dit was die laat 80’s, begin 90’s. Die winde van verandering het begin waai. En selfs ek, toe net ses, het gesit en kyk hoe hy aan die hand van sy destydse vrou, Winnie Madikazela-Mandela, by die Victor Verster-gevangenis uitstap. Vuis in die lug, glimlag op die gesig.

Long Walk to Freedom is ’n dik boek en is in klein letters gedruk. Dis was ek nou onthou. Ek het ’n jaar aan die boek gelees. Die meeste Xhosa-name kon ek nie uitspreek nie. Baie historiese verwysings het oor my kop gevlieg. Vele belangrike insigte kon ek sekerlik nie ten volle begryp op die ouderdom van 12 nie. En baie van wat in die boek staan, is vandag vir my vergete.

Maar ek het die boek gelees en besef: hier is ’n merkwaardige man, ek lewe in merkwaardige tye.

Die gastelys vir die bekendstelling het my laat wonder hoekom ek daar is. Geharde nuusmanne Tim du Plessis en Pieter du Toit staan en gesels oor die Stellenbosch mafia. Piet Croucamp staan nader en gesels saam. Anele Mdoda waai in, gevolg deur DJ Fresh en Gareth Cliff. Gesoute joernaliste Marianne Thamm en Diane de Beer groet terwyl ek en Kabous Meiring met Zelda ’n vinnige geselsie maak. Later gesels Rozanne Mckenzie en Bouwer Bosch saam.

Die enigste gemene deler is Madiba en Zelda.

My ma vertel dat ek so ’n paar weke na Mandela se vrylating, terwyl ons in die middestad gery het, opgemerk het: daar stap Nelson Mandela. Sy het in haar spieëltjie gekyk. Dit was hoogs onwaarskynlik, byna onmoontlik. Dit was ’n ander swart man, met dieselfde postuur en gelaatstrekke, in ’n blou oorpak.

Nou, terugskouend, lag ek daaroor: almal wou op daardie tydstip sy aandag hê – ’n stappie deur die middestad sou nie moontlik wees nie. Maar Madiba het geweet van aanpas en of dit nou in ’n netjiese grys pak, ’n rugbytrui of ’n Madiba-hemp was, hy het seker gemaak dat mense by hom aanklank vind. Dan is ’n blou oorpak in 1990 in die strate van Pretoria ook nie seker heeltemal so onwaarskynlik nie.

Mandla Mandela, vandag hoof van die Madiba-clan, kleinseun asook lid van die parlement, deel sy indrukke van die reeks met ons. Hy vertel van sy oupa wat hom in Afrikaans aangespreek het terwyl hy die oggendkoerante lees; blykbaar het hy die Engelses vinnig deurgeblaai, maar Beeld en Rapport tydsaam bestudeer. Hy het geglo die Afrikaanse koerante vertel die storie die beste.

Ek sien baie van Madiba in sy kleinseun: sy gemoedelikheid, sy sin vir humor, sy fisiese teenwoordigheid. Asook al sy kompleksiteite.

............

“Vir baie van ons se morele kompas was Madiba die ware noord. Dalk, net dalk, moet ons saam op hierdie reis terug gaan. Om weer ons kompasse te kan instel vir die reis, die lang reis, vorentoe.”

............

In my matriekjaar, 2002, het ek my enigste vlugtige Madiba-oomblik beleef. ’n Danie Theron-beeld is by die Voortrekkermonument ingewy. Ek was daardie jaar junior burgemeester van Pretoria en was daar saam met ’n verteenwoordiger van my skool. Nelson Mandela het by die geleentheid gepraat.

Vele regse groepe het hul ontevredenheid hieroor uitgespreek. Ons het reggestaan vir Madiba se aankoms. Ek onthou dit was laatsomer, Maartmaand, dink ek, en Pretoria was op sy mooiste. Van die monument af kon jy die hele stad sien. Maar ons oë was op die kar wat stop, Madiba wat uitklim, naderstap, glimlag, mense groet en praat. Almal daar, ongeag ouderdom of politieke oriëntasie, was klei in sy hande. Daardie gevoel, om in die teenwoordigheid van iemand merkwaardigs te wees, is moeilik om vas te pen. Madiba-magic sal moet deug.

Voor Mandla het Karen Meiring en Zelda en Sello Hatang van die NMF gepraat. Anele was die seremoniemeester. Skuins voor my het Derek Hanekom gesit. Direk voor my Kurt Darren. Agter my Hannon Bothma. Osbraai op Kromdraai, het ek gedink. Ons kon die eerste episode kyk wat Sondagaand agtuur op kykNET gewys het. Die afwagting, en verwagting, was groot.

Met die aanhoor van sy stem het ek ’n knop in my keel gekry. Bono praat oor hom, Morgan Freeman praat oor hom, oudkollegas praat oor hom. Graca Machel, sy weduwee, praat oor hom.

Maar dis stem wat ek nodig gehad het om te hoor. Zelda wys ons waar hy gebore is. Waar hy grootgeword het. Waar sy aftreehuis gestaan het. Dis haar eerste besoek terug aan Qunu in die vyf jaar sedert sy dood. Sy onthou hulle eerste ontmoeting, die kontras en die emosie. Die musiek vertel soms die storie. Die wye skote gee jou die gevoel van hoekom sy grootwordjare hom help vorm het: dis waar hy dalk die enigste keer in sy lewe werklik vry was. As student, as prokureur, as gevange en as president – nooit weer sou hy weer so vry wees nie. Vir die res van sy lewe was die land se stryd en sy stryd onlosmaaklik deel van mekaar.

Zelda la Grange by die standbeeld van Nelson Mandela by die Uniegebou in Pretoria. Hier het hulle in 1994 die eerste keer ontmoet en sou sy kort daarna sy persoonlike assistent word.

Ek besef ons kort weer ’n inspuiting van moed en moontlikheid en menslikheid. Ons is deur die meule in hierdie land. Om die verandering rondom 1994 te kon beleef, was ongelooflik; ’n nuwe generasie smag na daardie verandering.

Waar ons hoog was op euforie, is hulle nou hoog op woede, probeer Kabous daarvan sin maak. Madiba se nalatenis is onder die vergrootglas, niks is meer onseker as die verlede nie.

Vir baie van ons se morele kompas was Madiba die ware noord. Dalk, net dalk, moet ons saam op hierdie reis terug gaan. Om weer ons kompasse te kan instel vir die reis, die lang reis, vorentoe.

............

Lees nog NouNet-menings:

............

NouNet-mening: Die Stilswye van Stilte

NouNet-mening: Bendegeweld op die Kaapse Vlakte – ’n humanitêre krisis

NouNet-mening: Skuldlas

............

Hoe skryf ek vir NouNet? Hier is meer inligting:

............

NouNet: publiseer jou mening op LitNet!

 

The post NouNet-mening: Ons almal kan weer baat by ’n stukkie Madiba appeared first on LitNet.

NouNet-mening: Bendegeweld op die Kaapse Vlakte – ’n humanitêre krisis

$
0
0

Dis drie weke vandat die weermag ontplooi is om bendegeweld in bendegeteisterde gemeenskappe op die Kaapse Vlakte te help bekamp. Ek het lank geworstel oor of ek mening moet lewer oor die situasie. Toe ek vanoggend wakker word, het ek geweet ek moet. Ek het heelweek gestry teen daai gevoel wat ek in my maag kry as ek iets uit moét skryf.

Ek is baie verlig oor die feit dat daar uiteindelik na die pleidooi van die mense op die Kaapse Vlakte geluister is, maar ek kan nie help om te wonder of dit ook maar net nog ’n “popcorn solution” is nie.

Hoe gaan die weermag help om die probleme op die Kaapse Vlakte, waarvan bendegeweld maar net een is, op die lang termyn te help bestry? Dit is wat die Kaapse Vlakte makeer, langtermynoplossings om van jare se trauma, geweld en onregverdighede te herstel.

Ek is van mening dat baie meer gedoen moet word om ons gemeenskappe weer leefbaar te maak. Maar wie moet dit doen? Is dit slegs die plig van ons government, wat jare lank hulself blind gestaar het teen die eintlike humanitêre krisis op die Kaapse Vlakte?

Of, kan ons, diegene wat daagliks deur die bullets moet probeer leef, iets doen om ons gemeenskappe weer veilig te maak?

..............

“Maar nes duisende ander mense op die Kaapse Vlakte het ek my eie ervaringe, wat my as jong kind reeds al laat besef het hoe afgryslik bendegeweld regtig is. En daarom het ek besef ek mág kommentaar lewer oor die situasie, want ek weet hoe dit voel.”

..............

Ek is ’n produk van die Kaapse Vlakte. ’n Produk van die goeie en slegte dinge van die gemeenskap waarin ek grootgeword het. Elsiesrivier. Een van die tien distrikte waar die weermag ontplooi gaan word.

Ek woon die afgelope vier jaar nie meer in Elsies nie maar niemand gaan ooit Elsies uit my kan haal nie. Elsies lê te diep. Ek onthou die vreugdevolle dae van kaalvoet springtou in die strate speel, loekwarte uit die bure se bome steel en die laat aande toe dit nog veilig genoeg was om ’n vuurtjie op die veldjie oorkant ons huis te maak, waarin ons aartappels tussen die kole kon gaarmaak.

Maar ek onthou ook die trauma wat ek in Elsies ervaar het. Die kere toe die skote skielik geklap het en ons moes koes in die rigting van die naaste huis, die vrees wat vlak in jou kom sit wanneer jy hoor iemand is weer geskiet en die menigte oop grafte …

Die eintlike rede hoekom ek getwyfel het of ek mening kan lewer oor die situasie, is omdat ek die afgelope vier jaar nie meer aan die trauma van bendegeweld blootgestel is nie.

Maar nes duisende ander mense op die Kaapse Vlakte het ek my eie ervaringe, wat my as jong kind reeds al laat besef het hoe afgryslik bendegeweld regtig is. En daarom het ek besef ek mág kommentaar lewer oor die situasie, want ek weet hoe dit voel.

Net omdat ek nie meer daar woon nie, beteken nie dat ek nie saam met my mense ly nie. Elke dag wanneer ek die nuus van nog ’n jong kind se bendeverwante moord op die nuus hoor, sak my moed en is daar ’n naar kol op my maag. Ek self het my eie rowe wat met elke nuusopskrif oopgekrap word.

Op 15-jarige ouderdom moes ek my 19-jarige broer se lyk op ’n skoolveld gaan uitken. Toe ek 21 jaar oud was, is my kleinneef en vyf ander seuns (almal onder die ouderdom van 17) vlak voor ons huis geskiet deur ’n seun wat hulle ouderdom was.

My kleinneef, Keenan, was maande lank in die hospitaal. Hy loop nou nog met die bullet in hom want dit is te na aan sy ruggraat om uitgehaal te word. Hy mag nie harde arbeid doen nie en kry daarom disability.

..............

“Ons gemeenskappe het totaal en al hul vertroue in die polisie verloor en baie mense is veels te bang om uit te praat juis daarom. Die vrot appels moet eers verwyder word uit die polisiemag voor hulp van die gemeenskap se kant af ingespan kan word.”

..............

Aan die einde van 2015 moes ons dringend my jonger broer, Clayton, na my antie in Calvinia stuur, want die bendelede het hom met die dood gedreig omdat hy nie deel van hulle wou word nie. Oorkant ons was daar ook die moord van ’n 16-jarige seun, Gilmore. Sy eie neef, wat net ’n paar strate weg bly, het hom glo per ongeluk as ’n skollie raakgesien en geskiet. Dis maar net ’n handjievol van die duisende stories wat vertel kan word.

Ek was vir ’n hele ruk kwaad oor die feit dat die krisis op die Kaapse Vlakte nie as krisis aanskou is nie. Ek het gevoel asof die government, maar ook landsburgers wat nie aan bendegeweld blootgestel is nie, ons pyn geïgnoreer het.

Daar is vir jare lank al soveel stories in die nuus oor bendegeweld, en dit is nie net enige stories nie, dis skokkende stories wat jou derms in jou maag laat dans.

Stories soos dié van die twee-jarige Braydon Graff, wat doodgeskiet is in sy ma se arms na ’n dwaalkoeël eers deur sy ma se arm en toe in sy bors gegaan het. Ek kan nie verstaan hoekom daar nie vroeër al ingryping was nie. Daar is nie ’n te kort aan mediablootstelling wat bendegeweld betref nie en daarom was ek convinced dat dit daglig-genocide van my mense is.

Maar ek kon nie besluit wie daaragter skuil nie. En later het ek besef dat dit nie net een entiteit is wat geblameer moet word nie. Dis baie meer kompleks. En om die krisis te probeer red, sal die kompleksiteit van die situasie in ag geneem moet word.

..............

“Skole is nie vir alle kinders ’n veilige en liefdevolle omgewing nie. En dit dra by tot die probleme in die gemeenskappe, want as ’n kind nie in die skoolbanke gehou kan word nie, gaan hy ledig op die hoeke rondhang en dis waar die bendes hulle begin target en intrek.”

..............

Een van die eerste dinge wat genoem was oor hoekom die weermag ontplooi is, is dat hulle veronderstel is om die sukkelende polisiemag te help om die krisis te hanteer.

Daar is te min polisielede om die situasie te hanteer en die weermag bring ekstra hande en voete op grondvloer. Dis great dat daar meer hulp vir die polisie is, maar enigeen wat in ’n bendegeteisterde gemeenskap woon, sal vir jou sê dat hulle nie die polisie vertrou nie – en dit is een van die grootste redes waarom daar nooit getuies is nie, al het die hele straat gesien.

Ek het by myself gewonder wat gedoen gaan word oor korrupte polisielede, want glo my, van hulle is daar ook. Hulle is verantwoordelik daarvoor om case files te laat verdwyn, om evidence op moord-scenes te verwyder en om piempers wat polisiestasie toe kom, uit te wys.

Om nie te praat oor die guns en ammunition wat altyd volop is in die gemeenskappe nie. Kyk byvoorbeeld maar net na ekspolisieman Chris Prinsloo, wat in agt jaar 2 400 guns gesteel en aan gangsters op die Kaapse Vlakte verkoop het.

Ons gemeenskappe het totaal en al hul vertroue in die polisie verloor en baie mense is veels te bang om uit te praat juis daarom. Die vrot appels moet eers verwyder word uit die polisiemag voor hulp van die gemeenskap se kant af ingespan kan word. Eerder bang Jan as dooie Jan. Solank as wat gemeenskapslede se lewens in gevaar is omdat hulle uitspraak lewer, gaan die situasie nie verbeter nie.

Dit het ook duidelik geword dat die skollies nie meer ou manne met baarde is nie, dis jong seuns van so 11 tot 19 wat deesdae met die guns op en af hardloop. En as jy nie self ’n kind het wat vatbaar is om deel van ’n bende te word nie, is dit maklik om vingers te wys na die kinders se ouers. Waar is die ouers dan?

Wel, baie van die ouers staan al vieruur op om van sesuur in die oggend tot vyfuur in die aand in ’n fabriek te gaan werk om kos op die tafel te sit. Dis nie dat ouers nie betrokke in die lewens van hul kinders wil wees nie, maar baie se werksituasies is van so ’n aard dat hulle vroeg uit die huis is en saans laat en moeg by die huis kom.

Ook is daar so baie enkelouergesinne in ons gemeenskappe en ouers sukkel om tred te hou met alles wat deur die dag met hul kinders gebeur het. Baie ouers weet seker nie eens hoe en wanneer hulle kinders deur bendes gelok is nie.

Ek sê nie dis ontmoontlik vir ouers om betrokke te wees in hul kinders se lewens en om te werk nie, al wat ek wil tuisbring is dat dinge nie altyd swart en wit is nie. Bendes prooi veral op kwesbare kinders wat nie veel liefde en aandag tuis kry nie.

By die skole gaan dit ook nie veel beter nie. Baie skole in bendegeteisterde gemeenskappe sukkel geweldig. Skoolbywoning is swak, elke jaar los meer kinders  die skool (selfs op laerskool) en opvoeders sukkel met gedragsprobleme in die klasse.

Die kinders word daagliks aan soveel trauma blootgestel in hul gemeenskappe en daar’s so min hulp beskikbaar by skole om die trauma te verwerk – by baie min van ons skole is daar ’n skoolsielkundige beskikbaar. Ook is daar by baie van die skole amper geen buitemuurse aktiwiteite nie en onderwysers is ook nie altyd engeltjies nie, hulle doen en sê soms dinge wat die kinders verdryf.

My broertjie het eenkeer op laerskool huis toe gekom met trane in sy oë, want sy juffrou het gesê hy gaan ook maar net nog ’n skollie word oor sy huiswerk nie gedoen was nie. En dit na ek amper elke dag van sy lewe vir hom belowe het dat wat met my ouer broer gebeur het nie met hom ook sal gebeur nie.

Skole is nie vir alle kinders ’n veilige en liefdevolle omgewing nie. En dit dra by tot die probleme in die gemeenskappe, want as ’n kind nie in die skoolbanke gehou kan word nie, gaan hy ledig op die hoeke rondhang en dis waar die bendes hulle begin target en intrek. Om kinders se belangstelling te behou, moet daar dringend by skole ook ingegryp word.

Dwelm- en alkoholmisbruik, tienerswangerskap, huishoudelike geweld, diefstal en ander sosiale euwels is alles deel van die groter probleem. Alles is interafhanklik van mekaar en solank as wat dié euwels nog daagliks kop uitsteek, gaan bendegeweld ’n probleem bly.

En dit vir my is waar ons, die mense van die gemeenskappe, inkom. As elkeen verantwoordelikheid vat vir sy eie lewe en dié van hul gesinne, kan daar ’n verandering kom.

Ek het eenkeer amper my koejawels verloor toe ’n pa van ’n jong bendelid af in die straat ge-brag het oor sy seun wat “skiet om vrek te skiet”. Hy het aangegaan oor sy seun wat nie misskiet nie. En dit het my naar gemaak, want dis mense soos hy, ouer mense, wat onkundig is en eerder as om bendegeweld teen te staan dit aanmoedig, bloot omdat hy ’n kind het wat ’n bendelid is.

Sulke denkwyses moet verwerp word. Bendes is nie heroes nie, hulle is dom dwase, wat hulle neuste afsny om hulle gesigte te spite, want hulle maak hulle eie mense seer. Hulle eie families, hulle eie kinders, hulle eie gemeenskappe. Hulle eie toekoms. 

Daar is ook mense in die gemeenskappe self wat in ’n soort droomwêreld lewe, wat hulself totaal en al blind staar teen die probleme om hulle, omdat dit hulle dalk nog nie persoonlik geraak het nie. En as gevolg daarvan praat en dink hulle nie oor bendegeweld nie.

Die geweld in ons gemeenskappe is almal se probleem.

Of jy nou al ’n familielid weens bendegeweld moes begrawe of nie. As meer mense net saam sal staan, sal ons sterker wees. ’n Oudleerder van my, Raeesah Harris, wat laasjaar gematrikuleer het, het sowat ’n week gelede juis dié probleem op haar Facebook-blad aangespreek. Sy het in ’n inskrywing gepraat oor die feit dat nie nagenoeg Suid-Afrikaners oor bendegeweld op die Kaapse Vlakte praat nie. Sy het genoem hoe opvallend dit vir haar was dat Suid-Afrikaners op sosiale media hulle profile pictures na blou verander het in support van Soedan, maar toe ’n soortgelyke opdrag van die #justicefortheCapeFlats beweging (wat begin is deur drie skoolmeisies wat ongelukkig glo dat net bruin mense deur bendegeweld geraak word) af gekom het, was dit maar ’n handjievol mense wat hul profile-foto’s na oranje verander het.

“While it’s all good and well for everyone to change their dp’s and post about Sudan and Syria to create awareness about what’s happening in war-torn countries, it doesn’t make sense to me as to why the injustices that we face in our OWN country doesn’t get the same attention. There’s a war going on right here, on our doorstep.”

 Haar inskrywing het my laat besef dat mense selektief is oor wat hulle raaksien en wat hulle ignoreer. Al kan alle Suid-Afrikaners nie fisies iets doen om bendegeweld te bekamp nie, kan ons help deur nie die mense van die Kaapse Vlakte te ignoreer nie, ons kan help om meer bewusmaking te skep oor die situasie.

Laasnaweek, twee weke na die koms van die weermag, is daar weer tien mense in verskeie distrikte geskiet (twee het gesterf) en onder die tien was daar ’n sesjarige seun.

Die bendes het dit duidelik gemaak dat die weermag hulle nie intimideer nie. Die weermag gaan dus nie ’n permanente oplossing kan verskaf nie. Hulle bied net tydelike verligting en ek kan nie help om te wonder hoe die situasie gaan vererger die dag as hulle moet oppak nie.

Al wat ek weet, is dat ons nie handjies gevou moet sit en wag vir die weermag om dinge reg te ruk nie, want hulle kan nie en hulle gaan nie. Ons self, die goeie mense van die gemeenskappe, gaan die hoof-contributors van die probleem moet highlight en self met oplossings vorendag moet kom. Dit moet oplossings wees wat op die lang termyn verligting vir ons toekoms kan bring.

Onthou, dis wat die Kaapse Vlakte makeer: langtermynoplossings.

..............

Bronne:

https://www.news24.com/SouthAfrica/News/two-convicted-of-killing-braydon-graaff-2-injuring-others-in-gang-shootout-20180927

https://www.news24.com/SouthAfrica/News/ex-cop-gets-18-years-for-stealing-reselling-guns-to-cape-gangsters-20160621

..............

Lees nog menings oor die weermag op die Kaapse Vlakte:

..............

Weermag beurtkrag

Army versus gangstes: Round one, fight!

..............

Lees nog NouNet-menings:

..............

NouNet-mening: Ons almal kan weer baat by ’n stukkie Madiba

NouNet-mening: Die Stilswye van Stilte

NouNet-mening: Skuldlas

..............

Hoe skryf ek vir NouNet? Hier is meer inligting:

..............

NouNet: publiseer jou mening op LitNet!

 

The post NouNet-mening: Bendegeweld op die Kaapse Vlakte – ’n humanitêre krisis appeared first on LitNet.

Vrouedag-skryfkompetisie: Miena

$
0
0

Miena, my unieke huishulp. Sy kan tantrums gooi, is uitgesproke en staan haar man teen "gedugte" werkgewers. Miena … met die naam wat uitstekend by haar pas, want sy is ’n natuurlike "Die lewe is nie so moeilik nie"-mens.

Woensdagoggende kom sy met die plaaspad opgestap. Die ou heup wil nie altyd lekker saamwerk nie. Intussen het ek al haar musiek aangesit. Die “char-geldjie" lê op die tafel. Haar kos op die "butcher's block." Miena weet alles op daardie blok behoort aan haar. Sy stap met swier by die voordeur in. Sommige oggende met flambojante pers lipstiffie aan en dan gryp sy my op Ed Sheeran se "Perfect" en ons dans 7:45 in die oggend "like nobody is watching!"

So in die heen en weer loop, bieg Miena: “Ai, Altea, ek hou so baie van ander vrouens se mans.” Miena is al jare getroud, maar, ai, die liefde blom nie meer so lekker nie! Dan sê ek: "Sies Miena, jy kan en wil mos nie ’n goedkoop vrou wees nie?" Miena antwoord dan met ’n perslippeglimlag: “Ai, Altea, ons soek mos maar net om ’n bietjie liefgehê te word. Altea sal mos verstaan … Die bietjie-liefde-ding." Ons kyk mekaar stip in die oë, glimlag. Ja, ons verstaan! Ek waarsku haar egter oor die ander heup. Ongelukke kan gebeur in jaloerse tye. Miena weet! Sy weet van die lewe, van swaarkry, alkoholisme, verwerping en sommer van al hierdie dinge wat pyn in die hart en letsels vir die siel bring en wat jou laat verlang na ’n "klein bietjie liefde”.

Miena hou van ’n lekker storie en ék kan lekker luister. Sy hang oor my Marilyn Monroe-stoel.

Miena wil vertel, wil nie vertel nie en ek sê: “Vertel, Miena! Ons altwee hou mos van ’n lekker skinderstorie." Sy vertel met oë wat vonkel. Sy het egter intussen die wasbak se kraan oopgedraai om die skottelgoed te was. In die loop van die storievertelsessie hoor ek water loop. Ek en Miena hardloop gelyk. Sy het skoon vergeet. Die storie was "wasbakvergete" lekker. Miena kyk my met kwaai oë aan: "Dis jou skuld, Altea, jy laat my skinder!" Ek: "Miena jy hou van skinder … droog op!"

Ons lag lekker saam – ek en Miena.

Ons praat dikwels oor swaar tye, hartseer tye, ons kinders, oor vrouwees, hoe belangrik dit is om ’n mooi vrou te wees en ons rol in die lewe. Ek en Miena my "huisskoonmaakengel."

Ek besef dat van Miena die huishulp, wat met so min tevrede is, tot die rykste vroue op hierdie aardbodem wil dans "like nobody is watching" en ons wil net ’n klein bietjie liefde hê. Miena is vir my ’n inspirasie.

"Die lewe is baie kort, Altea, ons moet dans, lag en ons moet ’n bietjie liefhê!"

Jy is ’n mooi vrou, liewe Miena!

Skryf hier in:

Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Vrou wat ek onthou

The post Vrouedag-skryfkompetisie: Miena appeared first on LitNet.

Vrouedag-skryfkompetisie: Formidabele vrou …

$
0
0

Diep in die donker nag
met die draai van die uurglas
hingel my gedagtes
in huiwerende trag
oor grense en gebeure
wat deurskif uit diep geheue.

Ek sien haar trotse houding
die sekerheid in haar raakvathande
die wankellose tred
en dapper anker staan
in die voorste linies, waar sy veg
vir selfbehoud en eie reg.

Maar, die waarheid lê verskuil in haar oë -
daar waar pyn en seerkry in stilte golf
waar magteloosheid wriemel
waar kommer kromtrek
in haar daaglikse worstelstryd
wat pêrel stoot in verborgenheid.

Haar omgeestrewe is ongekend
haar siel met liefde oordek
ʼn klein klippie in ʼn groot dam
wat wyd (tot in oneindigheid) uitkring
met ʼn wil vas en sterk
maak sy daagliks haar merk.

Dáárdie vrou weerklink in elke Marlene (le Roux), Miriam (Makeba) of Helen (Zille)
moeder, eggenoot, beroepsvrou
voorloopvrou, bymekaarhouvrou
die wêreld sien slegs die sukses
is onbewus van haar nagtelike onrus
die smeekgebede vir voorspoed en sielerus

en die wete oor wie en wat sy werklik is
wáár haar krag en hulp vandaan kom
dat môre se toekoms en sukses
geborge lê in snags se stilwees en wroeg
om bedags te kan presteer in elke uitdaging se swoeg.

Ek sien haar daagliks in menige vrou
wat daarna streef
om ʼn verskil te maak
nie net stilsit en wag
dat Gods water oor Gods akker vloei
maar self saai en arbei vir voorspoed en groei.

Viva … aan elke formidabele vrou!

The post Vrouedag-skryfkompetisie: Formidabele vrou … appeared first on LitNet.

Viewing all 21939 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>