Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21534 articles
Browse latest View live

Adam Small-fees 2019: Adam Small se profetiese stem is steeds relevant

$
0
0

Izak de Vries
Foto: Suki Lock

Die profetiese stem van Adam Small is vandag nog net so relevant soos tydens die apartheidsjare toe hy met sy digkuns in opstand gekom het teen apartheid en die onreg van ’n onderdrukkende samelewing.

Die bevraagtekening van die godsdiens en teologie is egter tot ’n groot mate afwesig by vandag se digters.

So het Izak de Vries tydens die Adam Small-fees op Pniël gesê toe hy hulde gebring het aan die digter na wie die fees vernoem is.

De Vries het gepraat oor Small se rol om apartheid tot ’n val bring deur middel van sy digkuns. Dit is veral sy teologiese bevraagtekening daarvan wat deur De Vries beklemtoon is. Hy sê Small se profetiese stem het vandag steeds iets vir die Guptas en Ramaphosas te sê in ’n land waar soveel mense honger ly en waar die rykes ryker en die armes armer word.

De Vries het vertel hoe Small se eie gesprek met God binne enkele jare radikaal verander het tussen twee van sy digbundels. In sy eerste bundel, Verse van die liefde, wat in 1957 verskyn het, en Sê sjibbolet ses jaar later, in 1963, is daar ’n wesenlike verskil hoe Small met God in gesprek tree .

In Verse van die liefde voer hy nog met ’n strenge piëteit gesprek met God. Dit is die stem van iemand wat onderdrukking ken, maar steeds smeek vir liefde.

Ses jaar later verskil Small se gesprek met God radikaal van die gesprek wat hy in die eerste bundel met God voer en tree daar ’n woede in sy digkuns na vore wat voorheen nie daar was nie.

“Dit is wanneer hy spottend die kerk aanvat dat ek veral na sy profetiese stem luister,” het De Vries gesê en voorbeelde daarvan aangehaal. Wanneer daar sprake is van kerkkaping of staatskaping, is dit vandag steeds Small se profetiese stem wat opklink en sê “not ’n dêm”.

Highpriest van die Socialism
’n Profit van die liberation djy?
’n socialist?
djy met djou hys-palys
met djou lang slap mouterkar
djy met daai kamma sed bek van djou oorie plight van die
oppressed
met djou tears
en djou woera warra oppie stage
met djou skorrelsvol yt daai plush hotels ennie first class
vannie jets
djou spiritual hys oppie level vannie people? nou sal my
djou verbeel!
En hoe lyk dit met ordinary living vi’ daai five star style
Hoe lyk dit met djou blink suits vir overalls en soe
Hoe lyk dit met djou skorrelsvol vir take away fish ’n chips?

Die gedig “Sê Sjibbolet” is gebaseer op Rigters 12:5 in die Ou Testament: “Die manne van Gilead het die Jordaandriwwe na Efraim toe beset, en wanneer ’n Efraimitiese vlugteling sê ‘Ek wil deurgaan’, sê hulle vir hom: ‘Jy is ’n Efraimiet.’ As hy sê: ‘Nee, ek is nie’, sê hulle vir hom: ‘Sê bietjie Sjibbolet’, maar dan sê hy ‘Sibbolet’, want hy kan dit nie reg uitspreek nie. Dan gryp hulle hom en maak hom daar by die Jordaandrif dood.”

Sê Sjibbolet (Rigters 12)

Sê Sjibbolet
djulle ammal, djulle,
djulle wat sê djulle het
die Here,
djulle wat sê djulle is gared, 
...
en glo djulle hoef is vet
moet olie vannie Here, 
... 
sê net!
want ons wil wiet
wie’s Gileadiet,
wié’s Efraimiet,
wie veg regdeur tot by Minniet
en wie is riet
en wie moet staan
en wie kan gaan
deurie driwwe vannie Dood
ennie Jordaan
... 
nai? 
ôrait, 
ma sê net, 
sê net Sjibbolet!

Nog een van Small se gedigte waarna De Vries verwys het, is “Second coming 1”, wat op ’n satiriese wyse dui op Jesus se wederkoms. Die werke is destyds deur baie mense as godslasterlik beskou, maar was in werklikheid ’n profetiese stem. Daardie stem is volgens De Vries vandag nog net so relevant.

Izak de Vries
Foto: Suki Lock

Volgens De Vries was Small se werk ’n voorbeeld van protesteologie. Wanneer hy teen onderdrukking en die verdrukkers in opstand gekom het, geld dit ook vir die onderdrukking en uitbuiting van die armes vandag. Wanneer die heerser van destyds sê “apart maar gelyk”, is dit Small se profetiese stem wat sê “nie vir my nie”.

Vir Small was dit wat op die aarde gebeur wat saak gemaak het, en nie die belofte van ’n hemelse hiernamaals waar almal gelyk sal wees nie.

In sy omdigting van 1 Korintiërs 13 in die Nuwe Testament in Klein simbool skryf hy: “Al sou hierdie land myne wees, en al sy rykdom, maar die liefde ontbreek my, dan is hierdie land myne net met sy armoede./ Al sou hierdie land myne wees, en al sy godsdiens, maar die liefde ontbreek my, dan is hierdie land myne sonder God./ .../ Toe ek ’n kind was , het ek gehaat soos ’n kind, maar noudat ek ’n man is het ek lief soos ’n kind./ As daar nou swart en bruin en wit bly, is die grootste hiervan vir my die liefde.”

 

Lees ook

Adam Small-fees 2019: foto's van die derde dag

The post Adam Small-fees 2019: Adam Small se profetiese stem is steeds relevant appeared first on LitNet.


Video: Grabouw-bekendstelling van Jagter deur Bettina Wyngaard

$
0
0

Bettina Wyngaard se jongste misdaadroman, Jagter, is onlangs by Liberty Books in Grabouw bekendgestel. Maryke Roberts het met haar gesels.

Maryke Roberts en Bettina Wyngaard

Bettina Wyngaard

Bettina Wyngaard

Eerwaarde Glenda Jordaan (middel) saam met Bettina en haar ma, Katie Wyngaard.

 

Jagter
Bettina Wyngaard
Uitgewer: Umuzi, 2019
ISBN: 9781415210048

Oor die boek op Penguin Random House se webwerf:

Klippe, messe en pyle uit ’n kruisboog: Die vreemste – en wreedste –misdaadtoneel in Kaptein Nicci de Wee se loopbaan
 
Dan moet sy en haar nuwe taakspan boonop bontstaan om saam met die nimlike Blackie Swart ’n internasionale insident te voorkom. Ook op haar lessenaar: die dood van twee jong meisies. En die angswekkende vermoede dat al hierdie sake met mekaar verband hou. Met soveel kinkels in die kabel soos dooies in die staatslykhuis, moet Nicci-hulle alles tot hul beskikking inspan om ’n nuwe hel af te weer: van ’n rekenaarfundi, tot stiletto’s en selfs ’n paar petrolbomme. 
 
Gou kom Nicci agter die monsters wat haar lewe en dié van haar kollegas bedreig, is gevaarliker as Ramoth, vlymskerp polisiefotograaf Stella Jansen se mak Komododraak.
 
In Jagter,  haar derde Nicci de Wee-riller, draai Bettina Wyngaard al die krane oop.
 

Lees ook

https://www.litnet.co.za/spanning-intrige-en-baie-aksie-maak-jagter-n-meesleurende-ervaring/
 

 

The post Video: Grabouw-bekendstelling van <i>Jagter</i> deur Bettina Wyngaard appeared first on LitNet.

US Woordfees 2019: WAT se Nuutskeppingskompetisie

$
0
0

Dit is weer tyd vir ons jaarlikse Nuutskeppingskompetisie saam met Monitor op RSG, die US Woordfees en die ATKV.  Stuur NOU jou nuutskepping of nuutskeppings na wat@sun.ac.za met Nuutskeppings in die onderwerpsveld asseblief. Eerskomende Maandag kondig ons reeds die eerste vyf nuutskeppings aan waarvoor RSG-luisteraars kan stem. Dinsdag is die laaste dag waarop jy Nuutskeppings kan instuur.

Vanaf Maandag  4 Maart word daar elke dag op Monitor vyf woorde gegee waarvoor luisteraars kan stem op RSG se webtuiste by rsg.co.za onder Kitspeiling. Daar is elke dag ’n kontantprys van R500 geskenk deur die ATKV en Vrydag word die uiteindelike wenner aangekondig wat vier dae vir vier persone in ’n ATKV-oord van die wenner se keuse wen.

Waarvoor moet Nuutskeppings gemaak word?

Jy kan ’n nuwe woord maak vir ’n nuwe konsep waarvoor daar nog nie ’n woord bestaan nie, iets soos hommeltuig, of jy kan ’n nuwe woord maak vir iets wat nog nooit voorheen werklik benoem is nie, soos weggenoot vir ’n eksman of eksvrou, of vonkelwater vir gebottelde water "met prik" soos die Nederlanders sê.  Dit KAN, maar dit hoef nie  ’n Afrikaanse ekwivalent vir  ’n Engelse woord te wees nie. Dit HOEF ook nie te rym, of van die woepsie-wapsie-tipe  te wees nie.

Stuur NOU jou nuutskepping na wat@sun.ac.za met Nuutskepping in die onderwerpsveld, sodat ons Maandag in Monitor die eerste vyf woorde kan aankondig waarvoor luisteraars kan stem. 

Prystrekking vir Sanlamprys van R25 000

Op 7 Maart om 13:30 neem Tracey Lange die Prystrekking waar vir die Sanlamprys van R25 000 by die Borg ’n Woord-stalletjie by die Adam Small Teater by die Woordfees. Maak seker dat jy kwalifiseer vir hierdie rondte se prystrekking deur vroegtydig (weer) ’n woord te borg of te koop.

The post US Woordfees 2019: WAT se Nuutskeppingskompetisie appeared first on LitNet.

Adam Small-fees 2019: Adam Small se nalatenskap herleef op Pniël

$
0
0

Thuli Madonsela
Foto: Suki Lock

’n Filosoof, digter, toneelskrywer, skrywer, maar bo alles ’n stem wat dapper en aanhoudend die krag van waarheid verkondig het.

So het die voormalige openbare beskermer, Thuli Madonsela, die ikoniese digter Adam Small opgesom tydens die eerste Adam Small-gedenklesing wat by die jaarlikse Adam Small-fees op Pniël gehou is.

Madonsela het ’n helde-ontvangs in die skilderagtige dorpie gekry. Pniël se inwoners en ander feesgangers het haar in die Congregational-kerk se saal toegesing voordat sy haar toespraak gelewer het, asook na die tyd.

Dit was vanjaar die derde Adam Small-fees ter viering van Small se nalatenskap, maar die eerste Adam Small-gedenklesing wat by die fees gehou is. Die fees vier Small se lewe en werk en gee ’n stem aan elkeen op wie sy nalatenskap ’n indruk laat. Hy het Afrikaans bemagtig, bevorder en beskerm, en Suid-Afrika en die Afrikaanse letterkunde is armer na sy dood in 2016. Hierdie fees word deur sommige beskryf as een van die blinkste skatte in ons feesskatkamer.

Madonsela sê Adam Small is deel van die galery Suid-Afrikaners wat die land van die afgrond help red het en op die verhoog van hoop geplaas het.

Met sy opvoeding en betreklik middelklas-agtergrond het Small ’n mate van mag en bevoorregting geniet wat nie beskore was vir die breër swart gemeenskap (bruin, swart en Indiër) nie, het Madonsela gesê. Tog het sy velkleur hom steeds verhoed om aan die universiteit van sy keuse te gaan studeer of in die woonbuurt van sy keuse te woon.

Hy wou graag aan die Universiteit Stellenbosch (US) verder studeer, omdat Afrikaans sy moedertaal was. Omdat bruin studente destyds nie by dié universiteit toegelaat is nie, moes hy uiteindelik in Engels aan die Universiteit van Kaapstad verder studeer. Die ou HB Thom-teater by die US is verlede jaar na die Adam Small-teaterkompleks herdoop.

Small was ’n voorloper van ’n hele generasie Afrikaanse digters en iemand wat in sy leeftyd ’n belangrike bydrae daartoe gelewer het om ’n bewustheid te kweek van die wel en wee van die onderdruktes en die werkersklasgemeenskap waarin hy geleef en gewerk het. Hy het dikwels satire gebruik om die onhoudbaarheid van die destydse stelsel uit te wys. Op Afrikaans.com word hy beskryf as klein van gestalte maar ’n reus onder sy tydgenote en in die geskiedenis van die land en die Afrikaanse letterkunde.

Adam Small se oorkoepelende nalatenskap is volgens Madonsela die leierskapskeuse wat hy uitgeoefen het tussen slagoffer en hoop en tussen liefde en vrees. Sy sê Small het hoop gekies in plaas daarvan om ’n slagoffer te wees, en liefde bo vrees.

Madonsela het aangehaal uit sy gedig “But o!” en gesê dit vertel alles van Small se onherroeplike selfbestemming.

if it comes to that
you can even stop me hatin’
but o
there’s somethin’ you can never
never never do –
you can’t
ever
ever
ever stop me
loving
even you!

Sy benadering in die nastreef van ’n regverdige en demokratiese gemeenskap waar almal se menswaardigheid en selfrespek bevestig word, was doelgerig en eties gedrewe, het Madonsela gesê. “Dit was geanker in sy gewete en ’n verbintenis om die mensdom te dien ongeag die verskille.”

Madonsela het ook verwys na Hugh Masekela se inspirerende lied “Thuma mina” (“Stuur my”) as die kuns hoe om jouself en ander te inspireer om op ’n sekere manier te dink en op te tree. Die “Thuma mina”-manier, wat ook deur Cyril Ramaphosa gebruik is as motivering tydens sy eerste toespraak as staatspresident in die parlement, is volgens Madonsela almal van ons se verantwoordelikheid.

Thuli Madonsela en Marlene le Roux
Foto: Suki Lock

Die Adam Small-fees in Pniël is ’n gepaste viering van Adam Small se nalatenskap. Die program het vanjaar weer soos ’n liefdesbrief vir Afrikaans gelees. Dit was propvol boeke, skrywers, storievertellers, meningsvormers en musiekmakers.

Feesgangers kon vanjaar skouers skuur met mense soos Rita Gilfillan wat gesels het oor haar nuutste kortverhaalbundel, Wanneer die bloekoms dans. Lynthia Julius het gesels oor die drama Orange earth, wat nou ook in Afrikaans gedruk word. Hierdie werk word beskou as een van Adam Small se mees intieme literêre werke en vra wat presies in gedrang is wanneer dit kom by taal, godsdiens en ons land.

Michael le Cordeur het gepraat oor die Kaapse Klopse. Kirby van der Merwe, Gaireayah Fredericks, Howard Feldman en Peter Braaf was ook gedurende die fees aan die woord. Ander bekende deelnemers was Marlene le Roux wat gepraat het oor hoop, ook ’n nalatenskap van Adam Small. Diana Ferrus en joernalis/skrywer Julian Jansen het vanjaar ook hulle buiging by die fees gemaak.

Die man wie se breinkind die fees was, Darryl David, het feesgangers verras toe hy aankondig dat hy beplan om hom eersdaags permanent in Pniël te vestig. Hy is organiseerder van verskeie literêre feeste oor die land heen, en tans dosent aan die Universiteit van KwaZulu-Natal. David is einde verlede jaar deur drie mans by sy huis in Howick, KwaZulu-Natal aangeval, en het dit ernstig oorweeg om na die buiteland te verhuis. Hy het egter besluit om Pniël toe trek en sê binnekort kry die dorp ’n blas Engelse inwoner by, want dit is sonder twyfel die mooiste plek op aarde.

 

Lees ook

Adam Small-fees 2019: Adam Small se profetiese stem is steeds relevant

The post Adam Small-fees 2019: Adam Small se nalatenskap herleef op Pniël appeared first on LitNet.

die taal (vir ampie coetzee, na ingrid jonker se "die kind")

$
0
0

Clinton V du Plessis (foto: Naomi Bruwer)

Clinton V du Plessis op Facebook:

die taal is nog nie dood nie
die taal draai sy gekneusde gesig na sy moeder
afrikaans skreeu skreeu die kleur
vol van verwyt en verbittering
in die taalrepubliek van die gekoesterde tong

die taal draai sy gekneusde gesig na sy vader
dra die sonde van die geslagte
afrikaans skreeu skreeu die kleur
van ongeregtigheid en suiwer bloed
in die kerkhowe van die stommes sterf die klank

die taal is nog nie dood nie
nog by magersfontein nog by kammieskroon
nog by pella nog by kakamas
nog by die hospitaal of hof
waar hy lê met ’n strop aan die nek

die taal is die murg in die bene
maar die taal is ook tenger en weerloos
die taal is uitgesluit by al die vergaderings en wetgewings
swyg in raadsale en lesingslokale
die taal staan buite, kyk deur die tralies van die land in die oë
van die moeders
die taal wat net wou soepel lê in die mond van ’n mens is nêrens,
roggel, weifel, vergeefs …

die taal wat ’n boom kon word met baie wortels, 
wat kon tak en blaar oor afrika
die taal wat ’n beitel kon word, kan nie meer reis nie
sterf, met sy meulsteen, 
sonder ’n paspoort
sonder ’n land
sonder ’n tong.

The post die taal (vir ampie coetzee, na ingrid jonker se "die kind") appeared first on LitNet.

Persverklaring: Inskrywings ingewag vir 2019 Jan Rabie-Rapportprys

$
0
0

Uitgewers word genooi om boeke voor te lê vir die 2019 Jan Rabie-Rapportprys ter waarde van R125 000.

Die prys maak deel uit van die kykNET-Rapportpryse en word toegeken vir die beste debuut- of tweede prosawerk (roman, novelle of kortverhaalbundel) wat gedurende 2018 verskyn het. Die doel met die prys is om nuwe skrywers aan te spoor om Afrikaanse prosa van gehalte te lewer en om nuwe stemme met belofte te ondersteun.

  • Slegs boeke wat tussen 1 Januarie 2018 en 31 Desember 2018 verskyn het, kom in aanmerking vir die prys.
  • ’n Tweede werk van ’n skrywer wat reeds die Jan Rabie-Rapportprys gewen het, sal nie oorweeg word nie.
  • Boeke moet oorspronklik in Afrikaans geskryf wees en moet die skrywer se eie, oorspronklike werk wees. Geen vertalings of verwerkings word aanvaar nie.
  • Geen selfpublikasies word oorweeg nie.
  • Boeke wat slegs as e-boeke verskyn het, word aanvaar en moet in PDF-formaat verskaf word.
  • Die sperdatum vir inskrywings is Maandag 11 Maart 2019.
  • Inskrywings, volledige riglyne en versendingsbesonderhede is beskikbaar by die koördineerder, Anita van Zyl.

Die wenner van die 2019 Jan Rabie-Rapportprys word in September 2019 in Kaapstad bekend gemaak.

Rig asseblief alle navrae aan Anita van Zyl by 083 709 6677 of anita@vanzylpr.co.za.

The post Persverklaring: Inskrywings ingewag vir 2019 Jan Rabie-Rapportprys appeared first on LitNet.

Murray’s food trails: Andringa Street, Stellenbosch

$
0
0

Stellenbosch’s visitors, tourists and residents will certainly find a great deal of attraction in the area of Andringa Street, Stellenbosch, particularly the leg between Dorp and Plein Streets.

There is a great deal to discover there, and lots to do  ̶  everything from ice cream parlours, fashion boutiques, a book shop, to antique stores and a range of restaurants/eateries.

On streets lined with oak trees, which are a national heritage, one is assured of walking alfresco and close to nature under the beautiful oaks and, at the same time, experiencing the urban energy.

Andringa Street, lined with one of Stellenbosch’s principal heritage features – oak trees

At the heart of this area is the intersection of Andringa Street and Church Street, another of Stellenbosch’s favourite streets among tourists.

Perhaps starting from here and pacing oneself, one might find going either left or right to be a good way to go.

A point that immediately strikes one (lamentably so), however, is that this leg of Andringa Street is not lined with heritage buildings, as some of the other Stellenbosch streets are. For further details on these, go to “Plein Street, central Stellenbosch” and “Dorp Street, central Stellenbosch”.

A feature of Andringa Street is its sidewalk eateries – more than half a dozen of them, each with its own characteristics and specialities.

Craft Wheat and Hops serves artisan beer and tapas dishes from a small but tasty menu created by well-trained bakers and chefs. Patrons can sit at tables on the sidewalk, or inside, for a vibey meal with friends or colleagues. Telephone: 021 882 8069. Hours: Monday to Thursday 3:00 – 9:30 pm, Friday and Saturday 12:00 noon – 9:30 pm.

One of the eateries worth experiencing for its excellent table is the Stellenbosch Kitchen on the corner of Dorp and Andringa Streets.

It’s situated at the historic Stellenbosch Hotel, a landmark of the town. There, one can experience real, classic dishes from around the world, made as much as possible from local produce – from a spicy veggie burger to braised Karoo lamb, or fresh pan linefish with veggies in season. Choose to sit at tables outside or inside. Telephone: 021 883 2893. Hours: Monday to Sunday 7:30–10:30 am, 12:00 noon – 4:00 pm and 5:30–9:30 pm.

Fabio’s Gelato Restaurant, on the corner of Andringa and Church Streets, is more than just an ice cream parlour. See the menu here, from which you can select breakfast, lunch, wine and pizza – not just ice cream. It’s a great place to meet and is centrally located. Telephone: 021 886 5123. Hours: Monday to Sunday 8:00 am – 10:00 pm.

Africa Silks has an interesting history. The outlet at Stellenbosch is part of a nationwide operation. The company started when Ronel Swart began working with silkworms in conjunction with the South African government as a job creation initiative. Unfortunately, the government eventually closed down the project, as it considered it to be using up too many resources. Ronel took up the project herself, and travelled to Taiwan to learn more about the industry. Local demand for this product has increased greatly, hence a number of branches opening across South Africa. Telephone: 021 882 9701. 

Thérèse de Villiers showcases her fine and contemporary jewellery collection at her store, which is also online. Her trademark is to combine art and elegant design in her products. Gold and platinum are her medium, along with diamonds and a selection of precious gemstones. 

Shop times are Monday to Friday 10:00 am – 5:00 pm, Saturday 10:00 am – 2:00 pm, closed Sundays. The address is 7 Andringa Street, the telephone number is 021 883 3819 and appointments can be made at therese@theresedevilliers.co.za. For examples of designs and products from Thérèse de Villiers, visit the website

E Gallery at no 7 Andringa Street is a great treat for the visitor. It combines colourful decor with really lovely things to purchase as gifts and for home decoration. Opening hours: Monday to Friday 9:00 am – 6:00 pm, Saturday 9:30 am – 4:00 pm, Sunday 10:00 am – 3:00 pm. The telephone number is 082 909 1446. Many objets d’art are available at the gallery. This is an excellent venue for purchasing gifts to take home.

Pour La Vie sells Cotonnier cotton clothing and textiles. All products are designed locally and characterised by their product quality. Classic and current trends merge – with an Eastern twist – creating “a unique and relaxed range comprising vibrant colours, exotic prints and textures that are hand block printed on cool, breathable, 100% cotton”. The range comprises dresses, skirts, trousers, shirts, blouses, kimono gowns, kaftans, sarongs and scarves. The shop hours are Monday to Friday 9:00 am – 5:00 pm, Saturday 9:00 am – 2:00 pm; the address is 5 Andringa Street (near Dorp Street), and the telephone number is 021 887 3723 (email: plvstellenbosch@gmail.com).

Augenta at 7a Andringa Street manufactures homemade jewellery. The proprietor, David Evans, emphasises natural and rarer gemstones to create unique, handmade jewellery; yet, it’s simple and functional. Colour is essential for his design, as is consultation between the manufacturer and the client in order to get what you want. The phone number is 021 883 8288, and trading hours are Monday to Friday 9:30 am – 5:00 pm, Saturday 9:30 am – 2:00 pm, closed Sundays. Contact dylan@augenta.com

Jardine (1 Andringa Street; telephone: 021 886 5020) was closed on the day I walked down the street to take photographs for the site. However, it seemed to be popular on the days I looked in. View sample menus here. Lunch is served Tuesday to Saturday 12:00 noon – 2:30 pm, and dinner Tuesday to Saturday 6:00–8:30 pm. 

Stellenbosch Antiques at 17 Andringa Street has been dedicated to supplying “high quality antique merchandise for the past 40 years, and is the oldest antique store in Stellenbosch, making use of the same premises from which it began operating”. The majority of the stock is English and Continental furniture, with a selection of antique items, a vast array of oriental rugs and woven kelims, as well as silver cutlery, fine porcelain and Art Deco jewellery. There are some amazing bargains to be found here. The telephone number is 021 883 3917.

Courage and Candy at 18 Andringa Street displays its love for the “rebellious freedom of self-expression, ... [and] allows for recreating yourself every day”. It was founded in 2009 in the town and, after its initiation, it soon became known for sourcing well-established lifestyle brands in footwear and sports apparel. Trading hours are Monday to Friday 9:00 am – 8:00 pm, Saturday 9:00 am – 6:00 pm, and Sunday 10:00 am – 4:00 pm. The telephone number is 021 883 3029.

The Missing Sock is a laundry and same-day dry-cleaning operation, with a coffee shop attached, at no 20 Andringa Street; telephone: 079 481 7928.

While you wait for your laundry, under the portico (on the stoep) is a yellow bench on which to sit and enjoy some freshly ground coffee. Tribe coffee is served here.

There are certainly going to be surprises as you wait and watch, such as a yellow and white 1950 Ford Zephyr possibly driving past, resplendent in concours condition.

There is an Exclusive Books at 14 Andringa Street, with a wide range of travel and other books. Telephone: 021 886 9277. 

The Red Teapot Gallery is on the corner of Church and Andringa Streets. It offers funky, colourful, joyful, exquisite items, and is “so much, much more than your ordinary art gallery”, offering “an explosion of beautiful paintings, sculptures, jewellery, handmade objets d’art and designer cushions”. A phrase on its website reads: “If you walk into this gallery and don’t feel creative, you’ll never be creative in your life.”

Man’oushe is a Lebanese restaurant at 14 Andringa Street. Tables overflow from the restaurant onto the sidewalk, and it’s popular with students. The telephone number is 021 886 7545. It opens each day from 8:00 am to 9:30pm, except Sundays (12:00 noon – 9:30 pm). See items from the menu here.

Fidders specialises in designer lighting and is ideal to buy gifts to take home. This shop was founded in 1945 as an electrical repair shop and gifts outlet, and “has grown into one of the oldest landmark establishments in Stellenbosch”. Here, you can buy anything from fine glassware, tea services and a selection from the widest variety of paper serviettes, to designer lighting and decor, exclusive gifts and kitchenware. Email: info@fidders.co.za. Telephone: 021 886 4655. Trading hours are Monday to Friday 8:15 am – 5:15 pm, Saturday 8:30 am – 1:00 pm.

Love Wine is a quaint wine bar where a wide selection of wines is available; it is nice to sit outside on a lovely evening and try a selection of South Africa’s best. Telephone: 082 897 9757.

Wijnhuis in Stellenbosch has become an institution and pairs up with its sister restaurant in Newlands, Cape Town.

Dining on the portico, alfresco. Wijnhuis has an Italian-international menu.

.......................................

Stellenbosch
021 887 5844, 021 887 5833, 021 887 7196
Corner of Church and Andringa Streets 
Stellenbosch 
South Africa ‎
wijnhuis@mweb.co.za

Newlands
021 671 9705, 021 671 9706
Corner of Kildare and Main Streets 
Newlands 
South Africa
wijnhuisct@mweb.co.za

.......................................

There is a downstairs wine bar for those wanting to sample South Africa’s wines, particularly the local brand (left). Try different wines – a very big selection is available at the restaurant (right).

One of the specialities is the seafood pasta, divine with a crisp, dry chenin blanc.

Stellenbosch has much to offer the visitor and locals. Andringa Street has an intense concentration of shops, design and food, among other things, that can keep you going for many a day, come rain or shine.

  • All photographs are by the writer.

The post Murray’s food trails: Andringa Street, Stellenbosch appeared first on LitNet.

Eietydse kuns kraai koning by Kaapstadse kunsskou

$
0
0

Die Investec Cape Town Art Fair (ICTAF) het onlangs in Kaapstad plaasgevind

’n Uiteenlopende verskeidenheid skilderye, tekeninge, beeldhouwerke, foto's, video's en installasiekunswerke. ’n Ontploffing van kleur, tekstuur en allerlei interessante konsepte. ’n Swierige affêre, waar eietydse kuns gevier word. Dié jaar se Investec Cape Town Art Fair (ICTAF) het beslis nie teleurgestel nie.

Toeskouers bespreek die kuns

Die geleentheid is ’n jaarlikse instelling waar kuns gevier word

ICTAF is ’n jaarlikse instelling en behels die uitstal van eietydse visuele kuns. Die geleentheid het die afgelope naweek in die CTICC in Kaapstad plaasgevind, waar galerye hul beste kunswerke vir die publiek ten toon gestel het.

Skilderye, tekeninge, beeldhouwerke, foto's, video's en installasiekunswerke is net sommige van die tipes kunswerke wat te sien was

’n Lewendige atmosfeer en stampvol lokaal wat bruis met stemme het besoekers die naweek begroet en daar was vir seker nie ’n tekort aan kunswerke om te besigtig nie. Hierdie sewende kunsskou het immers gespog met oor die honderd versamelings en kunswerke van regoor Afrika. Skilderye, beeldhouwerke, aangrypende foto's, videokunswerke en installasiekunswerke was net sommige van die verskeie tipes kunswerke te sien. Unieke en interessante konsepkunswerke het die oog gevang. Interessant was dat talle van die kunswerke digitale komponente gehad het. Temas soos geografiese skoonheid, kultuurerfenis en identiteit is in kunswerke aangespreek.

’n Toeskouer besigtig die kuns

Die kunsskou behels ’n uitstalling van eietydse visuele kuns

Kaapstad is bekend vir sy dinamiese visuele-kunste-toneel en daarom was dit geen verrassing dat talle Kaapstadse galerye teenwoordig was by die geleentheid nie. Tog was die kunsskou nie beperk tot net Kaapstadse galerye nie, en was daar galerye en instansies van regoor die land en vasteland teenwoordig. Angola, Zimbabwe en Nigerië is onder die Afrika-lande wat teenwoordig was. Plaaslike galerye het ingesluit Stevenson, Smac, 99 Loop Gallery, Goodman Gallery, Guns and Rain, SMITH en The Melrose Gallery, om net ’n paar te noem. Galerye van oorsese lande soos Italië, Duitsland, Frankryk en België het ook hul beste voetjie voor gesit. Instansies soos die South African Foundation for Islamic Art, Kuenyeiha Trust for Contemporary Art, en Southern African Foundation For Contemporary Art (SAFFCA) was betrokke by die geleentheid. Verder was daar ook talle praatjies wat besoekers kon bywoon, soos "Artists in dialogue", "Art in the digital age" en “Curating in the 21st century".

Toeskouers bekyk die interessante kuns

Kuns van Williams Chechet

Kunstenaars wie se werk te sien was, sluit in Zyma Amien van Kaapstad, Kyu Sang Lee van Kaapstad, John-Michael Metelerkamp van Knysna, Azael Langa van Pretoria, Angel Ihosvanny van Angola, Armand Boua van die Ivoorkus, Prince Gyasi van Ghana en Michael Cook van Australië, om net ’n paar te noem. Toekennings soos die Africa First-prys en die Tomorrows/Today-prys was ook op die spel. Tumelo Mosaka is die kurator van die Tomorrow/Today-afdeling, waar ontluikende kunstenaars verteenwoordig word. Opkomende kunstenaars soos Chris Soal van Suid-Afrika, Medina Dugger van Nigerië en Troy Makaza van Zimbabwe het deelgeneem. Mongezi Ncaphayi het die Africa First-prys losgeslaan, en Makaza die Tomorrows/Today-prys, wat ’n kontantprys sowel as ’n solo-uitstalling by die Zeitz Mocaa insluit.

  • Foto's: Marli van Eeden

The post Eietydse kuns kraai koning by Kaapstadse kunsskou appeared first on LitNet.


US Woordfees 2019: ’n onderhoud met Ellen Deckwitz

$
0
0

Ellen Deckwitz praat met Naomi Meyer oor haar digkuns en haar betrokkenheid by die US Woordfees 2019.

Hallo Ellen, is dit jou eerste besoek aan Suid-Afrika? Indien nie, wat was jou vorige ervarings van die land? Indien wel, waarna sien jy die meeste uit?

Dit is mijn eerste bezoek aan Zuid-Afrika! Ik ben heel erg benieuwd, ook omdat ik veel Zuid-Afrikaanse literatuur heb gelezen, van Krog tot Jonker, van Coetzee tot Eybers. Ik zie uit naar de gesprekken met de bezoekers, hoe zij literatuur ervaren, welke plek het inneemt in hun leven. 

In Nederland is jy bekend as digter, maar ook as rubriekskrywer en joernalis. Dink jy 'n skrywer/digter moet betrokke wees by die politiek en sosiale vraagstukke van die land waarin hy homself bevind?

Ja, absoluut, al was het maar omdat schrijvers en dichters zich bedienen van taal hét politieke middel bij uitstek. Aantonen waar de venijnigheden zitten in de jargons waarvan populisten en politici zich bedienen en het ondergraven van common sense behoren tot de hoofdtaken van de schrijver en dichter, of dit nu in columns, gedichten of verhalen gebeurt. Onlangs had ik een gesprek met Antjie Krog hierover, en we waren het erover eens dat poëzie gevaarlijk moet durven zijn: de vinger op de zere plek leggen, verder gaan dan waar we tot dusver in gesprekken nog durfden te komen.

Is die poësie bedoel vir die publieke podium of vir die binnekamer?

Beide! Poëzie is communicatie, hoe vaag ze volgens sommigen ook kan zijn. Er zit wel een verschil tussen waar je die poëzie tot je neemt. Op het podium deel je de tekst met de spreker of toehoorders, je brengt het direct over op je medemens. Dat is mooi en kan verbinden, maar kan ook ervoor zorgen dat het te hard binnenkomt. Binnenshuis, in de veiligheid van de eigen muren kan poëzie lezen voelen als pootjebaden in je eigen geest: de woorden kunnen gedachten activeren die er al waren, maar die je zelf nog niet onder ogen durfde te komen.

Ken jy enige Suid-Afrikaanse digters of skrywers se werk? Is daar raakpunte tussen temas van jou eie land se skryfwerk en Suid-Afrika s'n?

Haha, ja, natuurlijk de dichters die ik hierboven noemde, en natuurlijk ook Gert Vlok Nel. Er zitten veel meer raakvlakken tussen Nederlandse en Zuid-Afrikaanse dichters dan je op het eerste oog zou zeggen. In de recente Nederlandse poëzie is de fysieke vorm belangrijker geworden, je lichaam, je huidskleur, je gender. De stoffelijkheid heeft natuurlijk een grote rol in het werk van Krog, Jonker en Eybers. 

Is daar enige gesprekke of geleentheide van die Woordfees wat jy self sal wil bywoon?

Het gaat er vanaf hangen hoeveel tijd er is: familie van mij woont in Stellenbosch dus ik moet tussendoor ook nog snel stroopwafels en drop afgeven 🙂 maar in ieder geval Connie en Radna en voor de rest zoveel mogelijk!

US Woordfees 2019: Nederlandse en Vlaamse komponent

US Woordfees 2019: Volledig bygewerkte program nou beskikbaar

US Woordfees 2019: Boeke en skrywers

The post US Woordfees 2019: ’n onderhoud met Ellen Deckwitz appeared first on LitNet.

Kwela 25: Iconic SA publisher celebrates 25 years of local publishing

$
0
0

Cape Town-based publisher Kwela Books is celebrating a quarter century of publishing books from Africa for Africa, from March to November 2019. The campaign, which kicks off with a party at Exclusive Books in Sandton on 28 February, includes a nine-month promotional programme featuring 100 past and present Kwela titles at participating bookstores countrywide.

Founded in 1994, with the advent of democracy, Kwela’s vision was to give a new generation of authors a voice and to document untold, uniquely South African stories. With the demise of apartheid, it not only became possible for writers of all races to express themselves freely for the first time, there were also many stories by talented authors waiting to be told. Kwela helped introduce these stories and authors, many of them now household names, to readers in South Africa and across the world.

Today, Kwela continues this legacy by producing English and Afrikaans fiction and nonfiction reflecting a contemporary South Africa with relevant local content that continues to resonate with readers.

The anniversary programme will be rolled out on a monthly basis in collaboration with local booksellers, with the titles grouped according to author, genre or theme. The Kwela Library, promoting 100 titles and 70 authors, is an eclectic list of established and new voices. One lucky reader attending the Sandton launch will also win his or her own Kwela Library.

On the fiction side, the promotional list includes titles ranging from Kwela’s very first publication, Vatmaar by AHM Scholtz, and a reprint of Nthikeng Mohlele’s seminal novella A Scent of Bliss, to Ekow Duker’s latest novel, a collection of short stories by Fred Khumalo and a new novel by Tracey Farren. Profiled authors include Niq Mhlongo, Nozizwe Cynthia Jele, K Sello Duiker and Finuala Dowling. Poetry will also feature, with volumes by poets including Adam Small, Rustum Kozain, Gabeba Baderoon and Keorapetse Kgositsile.

Nonfiction includes recent publishing highlights such as Poacher by Shuhood Abader and Kimon de Greef, Feminism Is, a collection of feminist writing from South Africa edited by Jen Thorpe, You Have to be Gay to Know God by Siya Khumalo, the Pocket Revolutionary series, as well as new titles to be introduced during the year.

“Over the years, Kwela has become home to authors who explore social, political and aesthetic issues in uniquely South African ways, with original, often extraordinary writing that has enriched the lives of countless readers,” says Nicky Stubbs, marketing manager at NB Publishers, which includes Kwela Books as an imprint. “We’re proud to share our offering with readers, also acknowledging the role they have played in Kwela’s success over the past 25 years.”

The Kwela story

Since 1994, Kwela Books has introduced readers to works by novelists, short story writers and poets such as Achmat Dangor (whose Bitter Fruit was the first novel published in South Africa to be shortlisted for the Man Booker Prize), K Sello Duiker, Zakes Mda, Kgebetli Moele, Sifiso Mzobe, Niq Mhlongo, Nozizwe Cynthia Jele, Zukiswa Wanner, Rayda Jacobs, Maxine Case, Ronelda Kamfer, Nathan Trantraal and Anchien Troskie – to mention but a few.

"It is a privilege to be part of an imprint with such a rich history in South African literature and to build on that legacy by continuing to publish excellent writing by a diversity of voices," says Carolyn Meads, fiction publisher at Kwela. 

On the nonfiction side, authors of biographies, autobiographies and current affairs titles have included the likes of Zubeida Jaffer, Richard Stengel, Es’kia Mphahlele, Fatima Meer and Linda Fortune.

Kwela also publishes the Pocket Revolutionary series focusing on political thinkers and their work, ranging from speeches, essays and interviews to rare writings. Titles have included the words and thoughts of Nelson Mandela, Oliver Tambo, Anton Lembede, Govan Mbeki, Helen Joseph and Victor Selope Thema. The series, which brings South Africa’s best thinkers from the past into contemporary conversation, is continuously being expanded.

“Kwela is honoured to promote relevant South African literature and we’re so proud of how the brand has evolved over the years. We’re thankful for loyal readers and authors who’ve made our Kwela community that much stronger,” says Na’eemah Masoet, publisher of Kwela nonfiction.

Kwela authors are read around the globe – in addition to Europe, Great Britain, Scandinavia and the USA, also in countries such as China, Russia, Egypt, Thailand, Greece, Lithuania and Slovenia. International rights have been sold of 23 authors’ work – 36 titles in total.

Some Kwela titles have also been adapted for the big screen. Films released to critical acclaim and success at the box office have included Dis ek, Anna, based on two novels by Anchien Troskie about the devastating consequences of child sexual abuse, and Happiness Is a Four-Letter Word, a romantic drama based on Nozizwe Cynthia Jele’s novel of the same name. More recently, film rights or options have been granted for Die tragiese saak van Pamina Vermaak by Annie Klopper, Young Blood by Sifiso Mzobe and Amazulu by Walton Golightly.

“We’re proud of the role Kwela has played in enriching and promoting uniquely South African literature,” says Stubbs. “As we celebrate this milestone, we will continue our tradition of making new local voices heard and keeping our legendary voices alive.”

The post Kwela 25: Iconic SA publisher celebrates 25 years of local publishing appeared first on LitNet.

Press Release: SALAAM STORIES

$
0
0

"Theatrical magic"

-- Cape Argus

"Ground-breaking theatre"

--  Cape Times

There is an active intelligence in Johaardien's writing, and he has a sharp ear for the dialogue of the street.

He neatly counterbalances the serious and the humorous ...

-- Independent Online

NZLEE Productions presents Ashalin Singh in Ashraf Johaardien’s award-winning play Salaam stories directed by newcomer Niquita Hartley under the mentorship of Standard Bank Young Artist alumna and Naledi Award-winner Jade Bowers.

Set against the historical backdrop of the Cape slave trade and the Malay diaspora in South Africa, Johaardien’s award-winning play has been performed in London, New York, Amsterdam, Denmark and all over South Africa. Through artful storytelling, the playwright focuses on themes of identity, history and group belonging through an intimately personal lens taking audiences on a journey across the Cape Flats to Robben Island – and then to and from Bombay – back in time, to the 17th century, when the Dutch were at war with the Portuguese. Moving fluidly through multiple timeframes, the writer conjures to life a colourful community of characters from the recesses of memory, history and imagination.

“There have been several incarnations of Salaam stories internationally but it is significant that nobody else has ever been granted the rights to direct, produce or perform this particular version,” comments Jade Bowers, who previously directed the play. “That’s because the solo version of the play has, up to now, only really existed in relation to Ashraf’s own identity as a creative and cultural being.”

Ashalin Singh graduated from Wits University in 2011 as an actor, writer and director. He has performed in a number of stage and television productions, most notably the dramatic series Mishika Shika, John Kani’s production of Othello, Reza de Wet's Diepe grond and Scorched by Wajdi Mouhad.

Niquita Hartley made her debut as a performer at the age of 13 in The guitar that rocked the world by Themi Venturas. She also performed in the original production of Salaam stories at Spier and in subsequent productions of the play at the Baxter Theatre, the University of the Western Cape and the Cape Town Book Fair. The 2019 revival of the play marks her debut as a director.

Jade Bowers is a director and designer who experiments with physical style and conceptual form to make theatre that is fuelled by invention and creativity. She was the winner of the 2016 Standard Bank Young Artist Award for Theatre.

Ashraf Johaardien is an award-winning playwright, performer and arts manager. He is the outgoing executive producer of the National Arts Festival and the Cape Town Fringe. He takes up the role of CEO at Business and Arts South Africa in March.

SALAAM STORIES 2019 is presented with support from the National Arts Council of South Africa.

The post Press Release: SALAAM STORIES appeared first on LitNet.

Press Release: The ninth Zabalaza Theatre Festival 2019

$
0
0

The Baxter’s Zabalaza Theatre Festival returns for its ninth edition, from 8 to 16 March, with fresh and vibrant works and a Weekend Programme for the whole family.

The Baxter’s annual Zabalaza Theatre Festival returns for its ninth edition, from 8 to 16 March, with a fresh and creative line-up, showcasing some of the finest theatre and emerging artists from all over the Western Cape.

This year, the Baxter will buzz with ground-breaking works by new theatre-makers as nearly 40 theatre productions and events, featuring well over 100 artists and performers, make up the programme, which is filled with innovation, relevance and originality.

The dynamic team that make up the festival comprises the award-winning actor and director Mdu Kweyama as curator, along with artistic director Bongile Mantsai, coordinator Zoleka Helesi, administrator Jestine Sias and Monde Myataza (marketing and sales).

The continued support from the Western Cape Department of Cultural Affairs and Sport, the City of Cape Town, Distell, HCI Foundation and Pick n Pay has enabled the successful and sustained growth of the festival every year, allowing it to maintain its reputation as one of the leading development platforms of its kind in South Africa.

Following the overwhelming support and success of the Zabalaza Challenge in 2018, this vital initiative will once again become an important way to contribute in a meaningful and impactful way, to not only the festival, but also to the artists and the arts. Baxter CEO and artistic director Lara Foot, who introduced the challenge last year, encourages and challenges individuals, businesses, corporates, organisations and the public, to join her in purchasing bulk tickets, at only R30 per ticket. These tickets will be offered and distributed to those who are not able to afford them.

“This is an investment into the future of theatre-making in the Western Cape,” explains Foot. “Not only will these tickets be given to learners or communities who cannot afford to purchase them, the door takings from each show will go straight back the groups or artists, which, in turn, means more plays by more talented artists.”. Taking up the challenge is simple and easy and can be done by visiting  www.baxter.co.za/ZabalazaChallenge.

The University of Cape Town’s Vice Chancellor, Professor Mamokgethi Phakeng, will be the keynote speaker at the gala opening this year.

The festival kicks off with the Family Carnival Weekend on Saturday 9 and Sunday 10 March, which is aimed at and curated for the entire family to enjoy together, with a wide range of activities and shows on offer. Every venue and space in the Baxter will come alive with energetic performances, alongside some fun family activities. Kids will have plenty to do with jumping castles and face-painting while the rest of the family will be able to enjoy the shows on offer, as well as the food, clothing and accessory stalls.

Six productions from the Department of Cultural Affairs and Sport (DCAS) finals will be staged over the weekend with participants from the Overberg, Cape Winelands, Central Karoo and Garden Route Districts presenting their best work.

The weekend line-up will boast some top local performances and artists. On Saturday, at 3pm, in the Concert Hall, afro-jazz music sensation Liso Somila Toyi will present Mdantsane Grooves, featuring Luyolo Lenga, accompanied by Wimbo Project, with artists from Gauteng, Mpumalanga and Cape Town. At 4.30pm in the Theatre, Hip-Hop music artist Pzho Thee Kulguy and friends will stage an all Hip-Hop concert called Incwadi (The Book).

Popular comedian Siya Seya returns to the festival to offer all the laughs in his exclusive isiXhosa comedy show entitled, Critical but Stable at 7pm, in the Baxter Concert Hall. Reggae Edition, which is on in the Masambe Theatre at 7pm, takes reggae music from the streets of Khayelitsha, Gugulethu and Mitchell’s Plain, into the mainstream at the festival.

Rising afro-jazz young star, Linomtha, along with Sobantwan and Buhlebendalo Mda from The Soil-fame will present She Multiplied on Sunday, at 3pm in the Theatre. The show is dedicated to women of South Africa and pays tribute to those women who came before them, celebrating legends like Winnie Mandela, Busi Mhlongo, Miriam Makeba and Dorothy Masuka.

The award-winning actor/director Thando Doni’s brand-new play Isithyilelo, looks at the scourge of corrupt priests who misuse their powers by urging congregations to donate money to the church and become rich in the process, while the poor remain poor. Doni, who was last seen in the Baxter’s production of #JustMen, will be showcased on the Platform for Special Talent at the Zabalaza Festival.

The main festival runs from 11 to 16 March with daily shows at 10am, 11:30, 4.30pm and 7pm throughout the week. The full programme can be viewed on the Baxter website at www.baxter.co.za. These productions were the strongest productions chosen from four mini festivals that took place over two weekends in Khayelitsha, Delft, Nyanga and Langa.

On 16 March, at 7pm, in the Concert Hall, the acclaimed poetry and spoken word group Lingua Franca, explores how fatherlessness affects young black males from the townships in post-colonial South Africa by using poetry, images and sounds. It is directed by Lwanda Sindaphi.

The festival will close with an award ceremony on Saturday, 16 March, where accolades will be awarded to artists and productions in various categories. The Best of the Zabalaza Theatre Festival winner will be announced, and the production will receive a two-week run at the Baxter in May.

Tickets for each production on the main festival cost R30 each, while shows over the Family Carnival Weekend are priced differently. Bookings for the ninth instalment of the Zabalaza Festival is through Webtickets on www.webtickets.co.za or at Pick n Pay outlets. Visit the Baxter’s website www.baxter.co.za (http://bit.ly/Zabs2019) for the full programme.

For discounted school or group block bookings, fundraisers or charities contact Monde Myataza on 021 680 3980, Sharon Ward on 021 680 3962 or email sharon.ward@uct.ac.za or Carmen Kearns on 021 680 3993 or email her at carmen.kearns@uct.ac.za

The post Press Release: The ninth Zabalaza Theatre Festival 2019 appeared first on LitNet.

Humor in kinderliteratuur: ’n Beskouende ondersoek na enkele soorte humor en die waarde van humor in fiksietekste vir kinders

$
0
0

Humor in kinderliteratuur: ’n Beskouende ondersoek na enkele soorte humor en die waarde van humor in fiksietekste vir kinders

Nandi Lessing-Venter, onafhanklike navorser

LitNet Akademies Jaargang 16(1)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Enkele soorte humor in kinderliteratuur word in hierdie artikel oorweeg. Verskeie navorsers (Kappas 1967; Smith 1967; Monson 1968; Mallan 1993; Shannon 1999) het gepoog om soorte humor waarby kinders aanklank vind te definieer, asook te kategoriseer. Die vyf bogenoemde navorsers se kategorieë humor wat moontlik aanklank vind by kinders, is onderskeidelik oordrywing, teenstrydigheid, verrassing, verspotheid, die absurde, menslike penarie, bespotting, uitdaging, geweld, verbale humor en skatologiese humor, of toilethumor ("potty humor"), waaronder grillerigheid en taboewoorde en -konsepte gelys kan word.

Die bogenoemde kategorieë is verder saamgevoeg en in vyf voorgestelde kategorieë van humor verdeel (komiese karakter, draak steek met gesag, fisieke humor, humoristiese diskoers en onsinnigheid) en die geldigheid hiervan word in hierdie artikel aangetoon deur gebruik te maak van Fleiss (1981) se kappa, ’n bepaling van nominale skaalooreenkoms tussen verskeie beoordelaars. Fleiss voer aan dat wanneer daar meer as twee beoordelaars van ’n konsep is, die beoordeling nie as uniek beskou kan word nie. Wanneer daar byvoorbeeld drie beoordelaars is, is daar geen aanname dat die drie beoordelaars wat oor een konsep saamstem, dieselfde gaan wees as die drie beoordelaars wat oor ’n volgende konsep saamstem nie. Die nie-unieke beoordelaarsgeval kan afgebreek word in drie subgevalle: (i) daar is twee moontlike beoordelings, een positief en een negatief; (ii) daar is meer as twee moontlike beoordelings, maar die aantal beoordelaars per konsep is dieselfde vir alle konsepte; en (iii) daar is meer as twee moontlike beoordelings, en die aantal beoordelaars per konsep wissel. Kappa hanteer al hierdie gevalle (Fleiss 1981).

Hierdie artikel vorm deel van ’n studie oor humor as motivering vir die teësinnige kinderleser en volg op twee vorige artikels oor kinders se leesmotivering en hoe dit deur middel van humor aangemoedig kan word, asook ’n beskouende ondersoek van humorontwikkeling, humorsin en enkele meganismes onderliggend aan humor. In ’n vorige artikel (Lessing-Venter en Snyman 2017) is die ekstrinsieke en intrinsieke wyses waarop kinders geleer of gemotiveer word om te lees, bespreek. Die artikel het afgesluit met die voorstel dat humor ’n moontlike sleutel tot leesgenot, leesmotivering, leesbelangstelling en uiteindelik leesbevordering is. ’n Opvolgartikel (Lessing-Venter 2018) het daarop gedui dat kennis van die verskillende fases van die ontwikkeling van kinders se sin vir humor aan rolspelers ’n maatstaf gee vir die kies van boeke vir kinders. In die huidige artikel word ’n voorgestelde maatstaf van kennis van enkele soorte humor wat in kinderliteratuur teenwoordig is, beskou.

Trefwoorde: humor; humorontwikkeling; humorsin; kinderliteratuur; kognitiewe ontwikkeling; leesbevordering; leesmotivering.

 

Abstract

Humour in children’s literature: An exploratory investigation into some types of humour and the value of humour in fiction texts for children

This article explores the types and categories of humour in children’s literature. It also reflects on the value of humour in this genre.

Knowledge of different phases of the development of children’s sense of humour, as discussed in a previous article (Lessing-Venter 2018), gives role players a benchmark for the selection of books for children. Another criterion is knowledge of the types of humour that are present in children’s literature, as will be explained in this article.

The use of humour in children’s literature is investigated on the basis of the hypothesis, as discussed by Lessing-Venter and Snyman (2017), that reading involvement and reading motivation can be encouraged by the reading pleasure that humour can provide in children’s literature. Some types of humour in children’s literature are considered in this article. Several researchers (Kappas 1967; Smith 1967; Monson 1968; Mallan 1993; Shannon 1999) attempted to define and categorise types of humour that appeal to children. The five aforementioned researchers' categories of humour are exaggeration, incongruity, surprise, the absurd, human predicaments, ridicule, defiance, violence, verbal humour and scatological humour or toilet humour (potty humour), which includes gross humour and taboo words and concepts.

These categories are synthesised here into five suggested categories of humour – comic characters, poking fun at authority, physical humour, humorous discourse, and slapstick – and its validity is shown in this article using Fleiss’s (1981) kappa. Fleiss’s kappa is a statistical measure to determine nominal scale agreement among various reviewers. Fleiss (1981) argues that when there are more than two reviewers of a concept, the assessment cannot be regarded as unique. For example, when there are three reviewers, there is no assumption that the three judges who agree on one concept will be the same as the three judges who do not agree on a next concept. The non-unique judge case can be broken down into three sub-cases: (i) there are two possible judgements, one positive and one negative; (ii) there are more than two possible assessments, but the number of reviewers per concept is the same for all the concepts; and (iii) there are more than two possible assessments, and the number of reviewers per concept varies. Kappa encompasses all these cases (Fleiss 1981).

This article forms part of a study of humour as motivation for the reluctant young reader. It follows two previous articles on children’s reading motivation and how it can be encouraged by humour, as well as a perceptive study of humour development, sense of humour, and some mechanisms underlying humour. A previous article (Lessing-Venter and Snyman 2017) discussed the extrinsic and intrinsic ways in which children are taught or motivated to read. The article concluded with the suggestion that humour is a possible key to reading pleasure, reading motivation, reading interest and, finally, reading promotion. A subsequent article (Lessing-Venter 2018) indicated to role players that knowledge of the different phases of the development of children’s sense of humour provides a measure for choosing children’s books. The current article observes a suggested measure of knowledge of some kinds of humour that is present in children’s literature.

As mentioned, several researchers (Kappas 1967; Smith 1967; Monson 1968; Mallan 1993; Shannon 1999) attempted to define and categorise the types of humour that appeal to children. Kappas distinguished ten kinds of humour in children’s literature, all of which are based on incongruity. (According to her, incongruity is the basis of all kinds of humour.) She identified the following kinds of humour: exaggeration, incongruity, surprise, slapstick, the absurd, human predicament, ridicule, defiance, violence and verbal humour.

The validity of the aforementioned types of humour (which from here on are called subcategories) is confirmed by the corresponding reports by researchers (Smith 1967; Monson 1968; Mallan 1993; Shannon 1999) on these respective subcategories.

Mallan (1993) and Shannon (1999) made an important addition to Kappas’s (1967) ten types of humour, namely scatological humour or toilet humour (potty humour), including gross humour and taboo words and concepts.

According to the percentage of each of the subcategories of humour found in children’s literature, as referred to in the work of Kappas (1967), Smith (1967), Monson (1968), Mallan (1993) and Shannon (1999), verbal humour and human predicament seem to be the most common subcategories of humour in children’s literature. Non-verbal incongruity, slapstick, surprise, exaggeration and absurdity follow. It was further found that the abovementioned researchers refer less to ridicule, defiance, violence and scatological and gross humour.

The corresponding grouping by the researchers (Kappas 1967; Smith 1967; Monson 1968; Mallan 1993; Shannon 1999) of the abovementioned 11 subcategories of humour can further be sorted into five possible synthesised categories of humour. Each of the subcategories can be placed in more than one synthesised category. Ridicule can be placed in two different synthesised categories: poking fun at authority (Kappas 1967; Mallan 1993) and comic characters (Smith 1967; Monson 1968). Human predicament can be included under comic characters (Smith 1967; Monson 1968; Mallan 1993; Shannon 1999) as well as poking fun at authority (Kappas 1967). Defiance can be included under comic characters (Kappas 1967; Shannon 1999) and poking fun at authority (Mallan 1993). Each of the 11 subcategories can be grouped similarly to the five synthesised categories of humour that appeal to children.

The five synthesised categories can be listed hierarchically, according to the respective categories of Kappas (1967), Smith (1967), Monson (1968), Mallan (1993) and Shannon (1999). The categories are comic character, humorous discourse, physical humour, slapstick, and poking fun at authority.

There can be no assumption of the constant identity of the reviewers on topics; therefore, the specified variables contain a number of judges’ reviews on topics in a particular category.

Fleiss’s (1981) kappa can be explained as follows: Kappa is the degree of agreement achievable beyond coincidence, divided by the degree of actual agreement reached by chance.

If the judges (researchers) fully agree on a topic, the kappa will be 1. If there is no agreement between the reviewers (researchers) on a topic (other than might be expected by chance), then the kappa will be less than 0 (zero).

The standard error (se) for the number of categories (k), to the power of items (j), is determined by the square root of 2, divided by the number obtained by the number of judges (researchers) (m) with the number of items to be judged to be multiplied and then measured with the number of reviewers (researchers) (m) minus 1:

It is therefore important that each item (n) should be evaluated m times (if each researcher did not judge each item).

Fleiss’s (1981) kappa was applied to the five synthesised categories of humour according to the extent to which five researchers (Kappas 1967, Smith 1967, Monson 1968, Mallan 1993 and Shannon 1999) matched the classification of the 11 subcategories in the five synthesised categories of humour that appeal to children.

The validity of the five proposed categories is proven in this article using Fleiss’s (1981) kappa. The kappa in this article shows a result of 0,86, which implies that the reliability of the proposed categories, as well as the subcategories, is sufficient.

A subsequent article involves an in-depth content analysis of the examples of humour found in a selection of the books of the South African children’s writer Jaco Jacobs, grouped according to the categories and subcategories of humour discussed.

Keywords: children’s literature; cognitive development; humour; humour development; reading motivation; reading promotion; sense of humour

 

1. Inleiding

In hierdie artikel word die soorte en kategorieë humor in kinderliteratuur bespreek. Daar word ook besin oor die waarde van humor in hierdie genre.

Kennis van verskillende fases van die ontwikkeling van kinders se sin vir humor, soos in ’n vorige artikel bespreek is (Lessing-Venter 2018), gee rolspelers ’n maatstaf vir die keuring van boeke vir kinders. Nog ’n maatstaf is kennis van die soorte humor wat teenwoordig is in kinderliteratuur, soos in die volgende afdeling uiteengesit sal word.

Die gebruik van humor in kinderliteratuur word in hierdie studie ondersoek op grond van die hipotese, soos bespreek deur Lessing-Venter en Snyman (2017), dat leesbetrokkenheid en leesmotivering aangemoedig kan word deur die leesplesier wat humor in kinderliteratuur kan verskaf.

 

2. Die begrip kinderliteratuur

Aangesien hierdie studie humor in kinderliteratuur ondersoek, is dit noodsaaklik om kortliks na die studieveld van kinderliteratuur te verwys.

Die genrekodes en -konvensies wat by kinderliteratuur gebruik word, speel ’n groot rol by die bepaling van die definisie van die begrip kinderliteratuur (Oosthuizen 2010:30). Indien aanvaar word dat kinderliteratuur en jeugliteratuur twee verskillende genres is, impliseer dit dat die genrekodes en -konvensies van die twee soorte literatuur gaan verskil. Gevolglik word kinderliteratuur anders gedefinieer as jeugliteratuur (Oosthuizen 2010:30):

Alhoewel die genres kinderliteratuur en jeugliteratuur familietrekke mag hê wat die gebruik van ’n sambreelterm regverdig, is die twee soorte boeke so afhanklik van die ontwikkelingsfase van die mens dat dit nie as een en dieselfde ding bestempel kan word nie, net soos wat ’n kleuter en ’n tiener nie dieselfde “ding” is nie.

Vanweë die fokus van hierdie studie sal daar slegs kortliks na ’n paar definisies van kinderliteratuur verwys word.

Kinderliteratuur word deur navorsers op verskillende wyses gedefinieer. Lynch-Brown en Tomlinson (2005:3) definieer kinderliteratuur as “good quality trade books for children from birth to adolescence, covering topics of relevance and interest to children of those ages, through prose and poetry, fiction and nonfiction”.

Ghesquière (2009:10), wat ’n bekende navorser van kinder- en jeugliteratuur in Vlaandere was, het die term kinderliteratuur soos volg verduidelik: “Kinderliteratuur verwijst na boeken en teksten voor kinderen vanaf de peuterleeftijd tot ongeveer 11–12 jaar (puberteit).”

Oosthuizen (2010) stem nie saam dat ’n enkele algemene definisie van kinderliteratuur moontlik is nie. Sy is van mening dat die lesers van die literatuur die definisie daarvan bepaal. Die kind stel sekere eise aan sy/haar literatuur afhangende van sy/haar ontwikkelingsvlak en belewenisveld. Die ontwikkelingsfases van die kind bepaal dus watter literatuur vir die spesifieke leser geskik is.

Daarteenoor verskaf Steenberg (2013) moontlik ’n meer substansiële, wetenskaplike beskrywing van kinderliteratuur:

Kinderliteratuur is ’n aparte, selfstandige tak van die literatuur. Die ooreenkoms met volwasseneliteratuur is dat die skrywer daarvan ook uiting gee aan die drang om die menslike bestaan en elke faset van die mens se lewe te verken en deur die woord daaraan vorm en sin te gee. Die verskil is dat die skrywer dit in kinderliteratuur op kindgerigte wyse doen sodat die kind dit met sy bepaalde geestelike, verstandelike en emosionele toerusting kan begryp en dit tot hom spreek op ’n wyse wat aansluit by sy unieke eienskappe as kind.

Dit is egter nie die doel van hierdie studie om die definisie van die term kinderliteratuur verder te ondersoek nie. Bostaande definisies verskaf slegs agtergrond oor die soort literatuur waarin humor bespreek sal word. Die definisie van kinderliteratuur as “’n vorm van literatuur gerig op die kind” sal in hierdie studie as ’n werksdefinisie gebruik word.

 

3. Die soorte humor in kinderliteratuur

Verskeie navorsers (Kappas 1967; Smith 1967; Monson 1968; Mallan 1993; Shannon 1999) het gepoog om die soorte humor waarby kinders aanklank vind te definieer, asook te kategoriseer. In hierdie afdeling word hierdie navorsers se kategorieë bespreek.

Kappas (1967) het tien soorte humor in kinderliteratuur onderskei wat almal op vorme van teenstrydigheid (“incongruity”) gegrond is. Volgens haar is teenstrydigheid dus die basis van alle vorme van humor. Die tien soorte humor wat sy geïdentifiseer het, is die volgende:

Oordrywing: Die gebruik van oor- of onderbeklemtoning van byvoorbeeld grootte, getalle, verhoudings, feite, gevoelens, dade en ervarings.

Teenstrydigheid/ongerymdheid: Die assosiasie van twee elemente wat gewoonlik as onversoenbaar beskou word; met ander woorde die gebrek aan ’n rasionele verband tussen voorwerpe, mense of idees aan mekaar of aan die omgewing.

Verrassing: Die voorkoms van die onverwagse – hetsy feit, gedagte, gevoel of gebeurtenis (in ’n meer gesofistikeerde vorm sou dit op ironie dui).

Verspotheid ("slapstick"): Hierdie soort humor behels ’n vinnige, uitbundige en uitspattige fisieke aktiwiteit of woordspel wat dikwels gepaard gaan met rumoerige verbale humor.

Die absurde: ’n Situasie of aksie met ’n tekort aan rede. ’n Karakter wat dwaas of belaglik is, met ’n gebrek aan gesonde verstand. Hierdie soort humor sluit in: onsinnigheid – die gebruik van onsinnige logika en taal; die verregaande – wat voortspruit uit die teenstrydigheid van die werklikheid en fantasie; en eienaardigheid ("whimsicalness") – ’n fantastiese denkbeeld, voorwerp of skepping, veral in skryfwerk of kuns.

Menslike penarie: Dit behels benoude situasies waarin ’n karakter hom of haar bevind. Hierdie kategorie van humor sluit die meerderwaardigheidsmeganisme van humor in (soos in Lessing-Venter 2018 bespreek), gebaseer op selfverheerliking of die tentoonstelling van vyandigheid deur middel van die verwarring, mislukking of ongeluk van ander. Komiese penaries wat gebaseer is op ’n gesindheid van simpatieke aanvaarding van die menslike penarie kom te voorskyn in situasies waar ’n persoon vir ’n oomblik as dwaas of gekul deur die lewe voorkom. In hierdie geval is daar geen vyandige gevoelens betrokke nie.

Bespotting: Hoofsaaklik die terg van en spot met ander of jouself. ’n Voorbeeld hiervan is die bespotting van volwassenes, byvoorbeeld hul grootte, krag, swakhede, wêreld van gewoontes en instellings. Negatiewe bespotting ontstaan uit gevoelens van selfverheerliking of die tentoonstelling van vyandigheid deur die bespotting van ander (soos vroeër genoem). Speelse bespotting, daarenteen, is gebaseer op die simpatieke aanvaarding van menslike swakhede. Satire is in die eerste plek ’n gesofistikeerde artistieke vorm van humor wat uit bespotting voortspruit.

Uitdaging: Hierdie soort humor spruit hoofsaaklik uit die tentoonstelling van vyandigheid of aggressie deur rebellie, insluitend die skending van konvensies, die skep van situasies wat sosiaal onaanvaarbaar is (volgens volwassenes), die uitdrukking van verbode idees en die skending van volwasse gesag.

Geweld: Dit behels die tentoonstelling van vyandigheid of aggressie deur die uitdrukking van ’n komiese uitbeelding van geweld.

Verbale humor: Die manipulasie van taal deur woordspel, trefreëls, grappe, sarkasme en ’n skerp sin vir humor of skerts kan óf ’n positiewe óf ’n negatiewe emosionele inhoud bevat, maar verskil van die ander vorme van humor omdat dit ’n verbale eerder as ’n situasionele vorm van humor is.

Die geldigheid van die bogenoemde soorte humor (waarna ek verder as subkategorieë sal verwys) word aanvaar deur navorsers (Smith 1967, Monson 1968, Mallan 1993 en Shannon 1999) se ooreenstemmende melding van hierdie onderskeie subkategorieë.

Mallan (1993) en Shannon (1999) het ’n belangrike toevoeging gemaak tot Kappas (1967) se tien soorte humor, naamlik skatologiese humor, of toilethumor ("potty humor"), waaronder grillerigheid taboewoorde en -konsepte gelys kan word.

Mallan (1993:42), Shannon (1999) en Mawter (2005:8) verwys na grillerige humor ("gross humor") en taboekonsepte in hul navorsing. Die volgende voorbeeld word deur Mallan (1993:42) voorgehou:

Children’s enjoyment of vulgar and obscene forms of humour is a universal phenomenon. Children show delight in exploring topics regarded as taboo by adults. Children’s vulgar rhymes include jokes, stories, parodies, tongue twisters and riddles. Often figures from popular culture are the focus; at other times world leaders or sacred icons, such as the Bible or the Pope, are the targets.

Mawter (2005:8) sluit by die bogenoemde aan deur haar verduideliking waarom skatologiese humor en taboekonsepte dikwels as humoristies ervaar kan word:

One component of gross humour is scatological humour, the mockery of the secretions of the human body. It is interesting to note that this type of humour is appreciated by both the young and old. As much as some adults detest it, others love it. William G. Plank in his study, The Psycho‐Social Bases of Scatological Humour: The Unmasking of the Self, takes a close look at what happens in scatological humour. He says, “… scatological humour removes the props by which the self attempts to create and control its image: clothing, privacy, secrecy, composition of the face, and self-control. It shows humans as being vulnerable and less than perfect and many adults just cannot cope with this. But as David Lubar points out, “Denial begets taboo” (1999). Anything taboo is highly appealing to children.

Twee voorbeelde van hierdie skatologiese vorm van humor blyk duidelik uit kinderboektitels soos Wie het bollie gegooi? (oorspronklik Who flung dung?) (Redlich 2011) en Die storie van die molletjie wat wou weet wie op sy kop gedinges het (oorspronklik Vom kleinen Maulwurf, der wissen wollte, wer ihm auf den Kopf gemacht hat) deur Holzwarth en Erlbruch (2002). Albei boeke se fokus is op ekskrement of liggaamlike uitwerpsels:

Eendag steek die molletjie sy kop bo die grond uit om te sien of die son al opgekom het. En daar tref dit hom! (Dis bruinerig en lyk bietjie soos ’n wors. Maar die ergste van alles: dit beland reg bo-op sy kop.)

“Hoe gemeen!“ skree die molletjie.

“Wie het op my kop gedinges?“

(Maar hy is so bysiende dat hy niemand daar naby gewaar nie.) (Holzwarth en Erlbruch 2002:3–4)

Die molletjie vra elke dier wat hy teëkom: “Het jy op my kop gedinges?”, en die dier sal dan verontwaardig antwoord: “Nee! Myne lyk só!” en ’n genotvolle, grillerige beskrywing sal volg met ’n kleurvolle illustrasie om dit te benadruk.

’n Soortgelyke situasie word gevind in Wie het bollie gegooi? (Redlich 2011): Ferdinand die apie het rustig onder ’n boom gelê en slaap. Die volgende oomblik tref iets hom:

"Wie het bollie gegooi?” vra Ferdinand vies, want nou is hy vol bollie en dit STINK. (Redlich 2011:4)

Ferdinand besluit om uit te vind wat aan die gang is. Hy verdink, net soos die molletjie in die vorige voorbeeld, elke dier wat hy raakloop:

“Moenie na óns kyk nie!” sê Olifant.

“Ek sal jou eerder vol stof trap, as om so ’n vuil en vieslike ding aan jou te doen!”

“En ek sal jou eerder bestorm en met my neus stamp!” sê Renoster.

“Gaan soek die bolliegooier op ’n ander plek!” (Redlich 2011:8)

Nog ’n voorbeeld van skatologiese humor kom voor in Dino poef ’n planeet! (Fletcher en Poynter 2018). Dino en Dirkman besoek ’n museum en druk op al die verkeerde knoppies. Toe hulle weer sien, is hulle op pad na die ruimte toe, maar hulle het hul padkos vergeet. Dino begin dan alles opvreet wat hy sien. Gelukkig kry hy ’n “poeftastiese” plan om hulle weer op die aarde te kry ...

Voorskoolse kinders wat deur die proses van potjie-opleiding ("potty-training") gaan, vind skatologiese humor veral snaaks en gebruik dit ook graag (Cunningham 2004:102–3):

The scatological stage of humour development, which often makes its first appearance around a preschool lunch table, may also be interpreted as evidence of this deepening understanding, as children discover that words such as “peepee” and “poop” elicit strong reactions from adults and other children.

Figuur 1 beeld die persentasie van elk van die bogenoemde subkategorieë van humor uit wat in kinderliteratuur voorkom soos wat daarna verwys word in die werk van Kappas (1967), Smith (1967), Monson (1968), Mallan (1993) en Shannon (1999)

Figuur 1. Die persentasies van subkategorieë van humor in kinderliteratuur

Verbale humor en menslike penarie blyk die algemeenste subkategorieë te wees ten opsigte van humor in kinderliteratuur te wees. Daarna volg nieverbale teenstrydigheid, verspotheid, verrassing, oordrywing en die absurde. Daar is verder bevind dat bogenoemde navorsers minder verwys na bespotting, uitdaging, geweld, skatologiese humor en grillerigheid.

Die onderstaande tabel toon Kappas (1967), Smith (1967), Monson (1968), Mallan (1993) en Shannon (1999) se ooreenstemmende groepering van die bogenoemde 11 subkategorieë van humor onder vyf moontlike saamgevoegde kategorieë.

Tabel 1. Die groepering van die subkategorieë van humor onder die vyf saamgevoegde kategorieë van humor

  Kappas (1967) Smith (1967) Monson (1968) Mallan (1993) Shannon (1999)
Bespotting Die draak steek met gesag Komiese karakter Komiese karakter Die draak steek met gesag  
Menslike penarie Die draak steek met gesag Komiese karakter Komiese karakter Komiese karakter Komiese karakter
Uitdaging Komiese karakter     Die draak steek met gesag Komiese karakter
Geweld Fisieke humor Fisieke humor      
Oordrywing Komiese karakter Fisieke humor Komiese karakter Die draak steek met gesag  
Verrassing Fisieke humor Fisieke humor Fisieke humor Fisieke humor  
Verbale humor Humoristiese diskoers Humoristiese diskoers Humoristiese diskoers Humoristiese diskoers Humoristiese diskoers
Skatologiese humor en grillerigheid (taboewoorde en -konsepte)       Onsinnigheid Onsinnigheid
Teenstrydigheid Humoristiese diskoers Fisieke humor Komiese karakter Komiese karakter  
Die absurde Onsinnigheid   Onsinnigheid Fisieke humor Onsinnigheid
Verspotheid Fisieke humor Fisieke humor Fisieke humor Fisieke humor  

 

Uit tabel 1 kan daar afgelei word dat van die subkategorieë onder meer as een saamgevoegde kategorie geplaas kan word. Bespotting kan byvoorbeeld geplaas word onder twee verskillende saamgevoegde kategorieë: die draak steek met gesag (Kappas 1967; Mallan 1993) en komiese karakter (Smith 1967; Monson 1968). Menslike penarie kan geplaas word onder komiese karakter (Smith 1967; Monson 1968; Mallan 1993; Shannon 1999) en die draak steek met gesag (Kappas 1967). Uitdaging kan geplaas word onder komiese karakter (Kappas 1967; Shannon 1999) en die draak steek met gesag (Mallan 1993). Elk van die 11 subkategorieë kan soortgelyk gegroepeer word onder die vyf saamgevoegde kategorieë van humor waarby kinders aanklank vind.

Vyf saamgevoegde kategorieë (figuur 2) kan hiërargies volgens Kappas (1967), Smith (1967), Monson (1968), Mallan (1993) en Shannon (1999) se onderskeie kategorieë gelys word, naamlik komiese karakter (25%), humoristiese diskoers (25%), fisieke humor (20%), onsinnigheid (20%) en die draak steek met gesag (10%).

Figuur 2. Die persentasies saamgevoegde kategorieë van humor in kinderliteratuur

Die vyf bogenoemde kategorieë se geldigheid is verder bepaal deur ’n meting van nominale skaalooreenkoms tussen verskeie beoordelaars. Cohen (1960) se kappa is ’n meetinstrument vir die ooreenkoms tussen twee beoordelaars, waar ooreenkoms wat haalbaar is bo toeval, bereken is. Cohen se kappa word verder uitgebrei vir gevalle waar daar meer as twee beoordelaars voorkom. Hierdie uitbreiding staan bekend as Fleiss (1981) se kappa.

Wanneer daar meer as twee beoordelaars van ’n konsep is, kan die beoordeling nie as uniek beskou kan word nie. Wanneer daar byvoorbeeld drie beoordelaars is, kan daar geen aanname gemaak word dat die drie beoordelaars wat oor een konsep saamstem, dieselfde gaan wees as die drie beoordelaars wat oor ’n volgende konsep nie saamstem nie. Die nie-unieke beoordelaarsgeval kan in drie subgevalle verdeel word: (i) daar is twee moontlike beoordelings, een positief en een negatief; (ii) daar is meer as twee moontlike beoordelings, maar die aantal beoordelaars per konsep is dieselfde vir alle konsepte; en (iii) daar is meer as twee moontlike beoordelings, en die aantal beoordelaars per konsep wissel. Kappa hanteer al hierdie gevalle (Fleiss 1981).

Daar kan geen aanname van konstante identiteit van beoordelaars oor onderwerpe gemaak word nie, en daarom bevat die gespesifiseerde veranderlikes ’n aantal beoordelings van beoordelaars oor onderwerpe in ’n bepaalde kategorie. Fleiss (1981) se kappa kan soos volg verduidelik word: kappa is die mate van ooreenkoms wat haalbaar is bo toeval, gedeel deur die mate van werklike ooreenkoms wat bo toeval bereik word.

Indien die beoordelaars (navorsers) ten volle saamstem oor ’n onderwerp, sal die kappa 1 (een) wees. Indien daar geen ooreenkoms tussen die beoordelaars (navorsers) oor ’n onderwerp is nie (anders as wat per toeval verwag sou word), dan sal die kappa kleiner as 0 wees.

Die standaardfout (sf) vir die aantal kategorieë (k), tot die mag items (j), word bepaal deur die vierkantswortel van 2, wat gedeel word deur die getal wat verkry word deur die aantal beoordelaars (navorsers) (m) met die aantal items wat beoordeel word (n) te vermenigvuldig, en dan gemaal word met die aantal beoordelaars (navorsers) (m) minus 1:

Dit is dus belangrik dat elke item (n) (m) keer beoordeel moet word (as elke navorser nie elke item beoordeel het nie).

Fleiss (1981) se kappa is toegepas op die vyf saamgevoegde kategorieë van humor na aanleiding van die mate waartoe die vyf navorsers Kappas, Smith, Monson, Mallan en Shannon saamstem oor die indeling van die 11 subkategorieë in die vyf saamgevoegde kategorieë van humor waarby kinders aanklank vind (figuur 3).

Figuur 3. Navorsers se klassifikasie van kategorieë

’n Interpretasie, per saamgevoegde kategorie, van die bogenoemde data dui op die volgende: Die aantal navorsers wat die kategorie van die draak steek met gesag geïdentifiseer het, word in figuur 4 aangedui. Twee navorsers (Kappas en Mallan) het saamgestem dat die subkategorie bespotting ’n vorm van draak steek met gesag is. Kappas het verder die subkategorie van menslike penarie in hierdie kategorie gegroepeer, en Mallan het uitdaging en oordrywing as subkategorieë hier gegroepeer.

Figuur 4. Aantal navorsers wat sekere subkategorieë gegroepeer het in die kategorie die draak steek met gesag

Die aantal navorsers wat fisieke humor as ’n kategorie geïdentifiseer het, word in figuur 5 aangedui. Die subkategorie geweld is in hierdie kategorie deur twee navorsers gegroepeer (Kappas en Smith). Die subkategorie oordrywing is deur Smith as fisieke humor beskryf en vier navorsers (Kappas, Smith, Monson en Mallan) het die subkategorie verrassing as vorm van fisieke humor bevestig (figuur 5).

Figuur 5. Die aantal navorsers wat sekere subkategorieë in die kategorie fisieke humor gegroepeer het

Humoristiese diskoers: Al vyf die hoofnavorsers oor wie dit hier gaan, het saamgestem dat die subkategorie verbale humor ’n vorm van humoristiese diskoers is. Kappas het ook die subkategorie teenstrydigheid in hierdie kategorie geplaas (figuur 6).

Figuur 6. Die aantal navorsers wat sekere subkategorieë in die kategorie humoristiese diskoers gegroepeer het

Komiese karakter: Vyf van die 11 subkategorieë van humor is in die kategorie van komiese karakter gegroepeer: Smith en Monson het bespotting beskryf as ’n subkategorie; Kappas en Shannon het uitdaging genoem; Kappas en Monson oordrywing; en Monson en Mallan teenstrydigheid. Vier van die vyf navorsers (Smith, Monson, Mallan en Shannon) het saamgestem oor die gewildheid van menslike penarie waarin komiese karakters hulle dikwels bevind (figuur 7).

Figuur 7. Die aantal navorsers wat sekere subkategorieë in die kategorie komiese karakter gegroepeer het

Onsinnigheid: Mallan en Shannon het die subkategorieë skatologiese humor en grillerigheid as voorbeelde van onsinnigheid beskryf. Die absurde is ook as ’n vorm van onsinnigheid geklassifiseer (Kappas, Monson, Shannon) (sien figuur 8).

Figuur 8. Die aantal navorsers wat sekere subkategorieë in die kategorie onsinnigheid gegroepeer het

Ten slotte kan daar afgelei word dat die vyf saamgevoegde kategorieë, asook elkeen van die 11 subkategorieë, geldig is na aanleiding van die bogenoemde vyf navorsers se navorsing oor hierdie kategorieë. Aangesien daar 86% ooreenstemming tussen die vyf genoemde navorsers is, soos bewys is deur Fleiss (1981) se kappa-uitslag, kan daar aangeneem word dat die kategorieë van humor in hierdie studie geldig is.

Elk van die vyf saamgevoegde kategorieë van humor in kinderliteratuur sal vervolgens bespreek word.

3.1 Komiese karakter

Kinders identifiseer graag met ’n komiese karakter (Jauss 1977, in Greyling 1999). Kinders geniet veral die oordrywing van menslike eienskappe en swakhede wat gebruik word by die skep van ’n komiese karakter (Mallan 1993:15). Ook teenstrydighede in karakters of die kontraste tussen karakters amuseer kinders (Smith 1967).

Shannon (1999:130) het bepaal dat kinders karakters in die volgende situasies as snaaks beskou: (1) meerderwaardigheid teenoor jonger kinders, (2) sukses, en (3) afrekening ("getting even").

Kinders beskryf volgens Shannon (1999:130) die sogenaamde swakhede van jonger kinders as snaaks. Voorbeelde van komiese karakters in hierdie geval is Alie en Lulu se jonger boeties se eskapades (Rivierplaas, Bouwer 2007); Kwaai Babatjie, Kwaatjie se bababoetie, wat alles glo wat Liewe Heksie hom vertel (Die Liewe Heksie-omnibus, Vels 2002); en Lisa se boetie, Wessel, wat homself in die badkamer toegesluit het nadat Lisa hom skrikgemaak het en toe nie weer wil uitkom nie (Lisa het ’n plan, Preller 2008).

Situasies waar karakters deur uitdagings in die gesig staar word, of besin oor die uitdagings wat verband hou met fisieke, intellektuele of sosiale sukses, word ook deur kinders as snaaks bestempel (Shannon 1999:130). Die volgende kan moontlik as voorbeelde dien: Heleen, wat ’n nare heks wat kinders haat, uitoorlê het (Heleen en die heks met hoofpyn, Fourie 2008); Bessie Hemelbesem, die jong meisie wat altyd met intellektuele planne vorendag kom om skelms se planne te fnuik (Bessie Hemelbesem en oom Sak Sarel se testament, Oosthuysen 2008); en Trompie se sukses om vir Boesman, die hond wat eers aan Sefanja behoort het, te mag hou nadat Sefanja weg is (Trompie, Smith 2013).

Komiese karakters kan dit vir kinders moontlik maak om ontslae te raak van spanning deur middel van karakters se verspotheid en oordrewe voorkoms of aksies (optrede). Hierdie karakters is ook dikwels snaaks omdat hulle oor verrassende vaardighede beskik. Deur vir ’n komiese karakter te lag blyk nie te vereis dat die leser hom- of haarself met die karakter vergelyk nie, en indien wel, is so ’n vergelyking nie gebaseer op ’n gevoel van meerderwaardigheid nie.

3.2 Draak steek met gesag

Talle navorsers het gevind dat gesagsfigure dikwels die fokus van humor in kinderboeke is (Mallan 1993:15; Mawter 2005:4; Martin 2007:262; Chapman en Foot 2013:232; Attardo 2014:126).

Wolfenstein (1954:12) dui aan dat dit ’n positiewe psigologiese uitwerking op kinders het om met sekere volwassenes (gewoonlik onredelike volwassenes) die spot te dryf:

From an early age, children avail themselves of joking to alleviate their difficulties. They transform the painful into the enjoyable, turn impossible wishes and the envied bigness and powers of adults into something ridiculous, expose adult pretensions, make light of failures, and parody their own frustrated strivings.

Dit is belangrik om uit te lig dat daar nie met alle volwassenes gespot word nie; daar is ook volwassenes wat aan die kind se kant is. Dit is die aard van die volwassene en sy of haar houding teenoor kinders wat die spot veroorsaak. ’n Voorbeeld hiervan is die rol wat die Koningin van Engeland speel wanneer sy vir Sofie help om ontslae te raak van al die kindervreterreuse in Die GSR (Die Groot Sagmoedige Reus, Dahl 2016c). Die Koningin gee opdrag aan die leër en die lugmag om die nege reuse tydens hul middagslapie te oorweldig. Die soldate bind die reuse met kettings en toue vas en hulle word aan nege groot helikopters gehang en na Engeland geneem om in ’n reusagtige kuil gegooi te word.

Roald Dahl het dit as normaal beskou dat preadolessente kinders hulle teen sekere grootmense verset. Daarom dryf hy gereeld die spot met sekere gesagsfigure. Dahl kon homself identifiseer met kinders en die intriges van die meeste van sy stories behels die gekonkel saam met kinders om die oorhand oor onderdrukkende volwassenes te kry (James en die reuse perske,Dahl 2016a, Matilda,Dahl 2016b en Die Groot Sagmoedige Reus,Dahl 2016c is voorbeelde hiervan). In Roald Dahl’s guide to railway safety (1991) waarsku hy dat dit volwassenes (of reuse, soos hy na volwassenes verwys) se plig is om kinders te dissiplineer, maar nie om kinders te ondermyn nie:

What the child does not understand is that unfortunately the GIANTS have to do this. It is the only way to bring up a child properly. When you are born you are an uncivilized little savage with bad habits and no manners and it is the job of the GIANTS (your parents and your teachers) to train you and discipline you. The child hates this and resists it fiercely. Yet it has to be done. (Dahl 1991:3)

Mawter (2005:4) is van mening dat kinders dit van nature snaaks vind om die draak te steek met volwassenes: “(H)umour often ridicules those who hold power. It’s natural then that kids love to ridicule adults. This mocking of authority, this subversive laughter, is what so often disturbs adults.”

Tant Potjierol (Bessie Hemelbesem en oom Sak Sarel se testament, Oosthuysen 2008) is ’n voorbeeld van ’n gesagsfiguur waarmee die draak gesteek word:

“Is dit nou ’n seekoei, of is dit nie?” wonder Bessie.

Sy staar steeds met haar hande bo haar oë na onder. Ma Hemelbesem haal ’n spieëltjie uit haar sak en kyk daarmee na onder. Toe neem sy dit weg en kyk daarsonder na onder. Eers tóé skree sy opgewonde:

“Dis nie ’n seekoei nie, dis tant Potjierol!” (Oosthuysen 2008:12)

Tant Potjierol word geensins openlik bespot nie, maar in die verwysings na haar doen en late word daar wel subtiel met haar gespot. Wanneer tant Potjierol byvoorbeeld besef wie die “ou antie” is wat die skelms volgens hul afpersbrief beplan om te ontvoer, word sy flou:

Haar gesig word spierwit. Toe kantel sy om en beland bo-op Pa Hemelbesem wat steeds langs haar sit. Haar groot liggaam pen hom vas teen die kant van die rusbank sodat hy nie kan roer nie. […] Toe die skoot koue water tant Potjierol tref, ruk haar dik arms en bene rond en sy hoes en sy proes. Tot almal se verligting, veral Pa Hemelbesem s’n, kom sy gou by en staan sukkel-sukkel op. (Oosthuysen 2008:46)

Deur middel van draak steek met gesag bied hierdie kategorie van humor ’n gesonde uiting aan kinders se emosies van magteloosheid wat hulle soms teenoor volwassenes beleef. Wanneer volwasse karakters op ’n humoristiese wyse bespot of verneder word, word die gaping tussen die volwassenes en kinders kleiner gemaak.

3.3 Fisieke humor

Fisieke humor is ’n soort humor wat fokus op die manipulasie van die liggaam vir humoristiese effek, byvoorbeeld wanneer iemand op ’n piesangskil gly of wanneer ’n persoon se broek voor ander mense afval en sy onderklere ontbloot. Fisieke humor maak dikwels staat op die kind se assosiasie met die lot van ’n karakter wat hom of haar in ’n penarie, soos bo genoem, bevind, asook empatie met die karakter (Dickie 2011:102).

Fisieke humor laat kinders lag omdat dit vir hulle maklik is om die gebeure in die verhaal te visualiseer. Deur ’n visuele beeld van die karakter of situasie te skep, kan kinders die humor duidelik herken.

Fisieke humor sluit ook die visuele voorkoms van ’n karakter in. Uiterste oordrywing is ’n bekende strategie in die beskrywing van karakters (Backes 2005:1):

Physical humour can be anything from slapstick for younger readers (a clumsy duck or near-sighted dog), to a character who dresses outrageously in middle grade novels. Physical humour is used in picture books and early readers more than in upper middle grade and young adult novels – the older children appreciate more cerebral humour.

Kappas (1967:68) beskryf fisieke humor as “the form of humour that depends for its effect on fast, boisterous, and zany physical activity and horseplay”.

Smith (1967:271) beskryf hoe hierdie kategorie van humor mense van alle ouderdomme amuseer: “Obviously, physical humour causes people of all ages to laugh – instinctively, unreasoningly, with unintellectual belly laughters.”

Jonger kinders vind verspotte karakters en onrealistiese of oordrewe gebeure die snaaksste (McGhee 1979). Jonger kinders lag dikwels vir ’n karakter wat anders as die normale lyk en optree.

Figuur 9. Geraamte in die klas

Die voorblad van Fanie Viljoen se Geraamte in die klas (2006) is ’n voorbeeld van fisieke humor omdat die geraamte aangetrek is soos ’n onderwyser (figuur 9). Die voorblad van hierdie boek is ’n uitbeelding van die gebeure in die verhaal, waar twee leerders, Stephan en sy vriend Cobus, per ongeluk vir juffrou Beneke in ’n geraamte verander. Die ongeluk gebeur nadat Cobus en Stephan se wetenskap-eksperiment skeefloop. Die konkoksie in hul proefbuis ontplof net toe juffrou Beneke by hulle lessenaar kom staan, en die ontploffing is so groot dat juffrou Beneke die plastiekgeraamte wat voor in die klas staan, disnis val. Juffrou Beneke verdwyn en net die geraamte bly oor. Die seuns se lawwe avonture met die lewende geraamtejuffrou behoort groot plesier aan kinders te verskaf vanweë die humoristiese situasies, visuele beelde en fisieke humor in die verhaal.

Oupa Eben in Wolfgang Amadeus Muis (De Vos 2010) is ook ’n voorbeeld van ’n karakter wat fisieke humor verteenwoordig. Hy loop in sy slaap en hy droom hy is ’n aasvoël terwyl hy sy arms wyd uitstrek en sy valstande en boek van die bedkassie afstamp.

Fisieke humor maak staat op oordrywing van basiese gebeure en karakters se voorkoms, asook die onskuld en onbevoegdheid van ’n karakter. Skatologiese humor kom ook dikwels in hierdie kategorie van humor voor. Jonger lesers behoort grotendeels aanklank by hierdie kategorie van humor te vind.

3.4 Onsinnigheid

Nonsensliteratuur is literatuur wat onsinnige (nonsens-) elemente gebruik om taalkonvensies of logiese redenering uit te daag (Tigges 1988). Hierdie soort humor kan volgens Kappas (1967:68) gedefinieer word as die “onsinnige gebruik van logika en taal” (my vertaling).

Onsinnigheid is ’n element van humor wat dikwels in kinderliteratuur gevind word. Kappas (1967) verwys daarna as absurde humor.

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) definieer nonsensliteratuur as: onsinliedjies, onsinrympies, onsinversies, nonsens-liedjies en nonsens-stories.

Die volgende aftelrympie is ’n voorbeeld van onsinnigheid:

Olke bolke riebiekie stolke
Olke bolke knor
Êrie tjêrie tjiekerie tjêrie
Êrie tjêrie tjorts!

Philip de Vos is bekend vir sy onsinversies en -rympies. Die titels van sy verseboeke, wat oënskynlik op kinders gerig is maar tog ook volwasse en diep is, verskaf ’n voorsmaak van die onsinnigheid wat daarin voorkom: O togga! ’n Gogga (1984); Brommer in die sop (1986); Daar’s bitterals in die heuningwals (1988); Die Worcester Asporcester en ander lustige limericke (1989); Moenie ’n mielie kielie nie (1995); Die Dêng van Gauteng (1995); Kat se blad (1999); en Mallemeuleman (2004).

Smith (1967) verwys na Lewis Carroll se "Jabberwocky" as ’n voorbeeld, terwyl Mallan (1993) en Shannon (1999) weer Roald Dahl en Dr. Seuss se boeke as voorbeelde noem.

Onsinnigheid dui op humoristiese teenstrydigheid “waarin een van die heel basiese eienskappe van humor gebruik word, naamlik die omkering van die gewone, die ’norm’-ale of die verwagte” (Van der Westhuizen 2008:127). In die versie “Dieremaniere” van Fanie Viljoen (in Scheepers en Kotzé-Myburgh 2010:62) word daar onsinnige vrae aan die leser gestel:

Het jou hond ’n skewe stert?
Is daar kolle op jou perd?
Loop jou kat ’n bietjie skeef?
Dink jou vis hy is ’n kreef?
Swem jou eendjie agteruit?
Het jou muis se maag ’n fluit?
’n Veearts het die regte medisyne
vir elke dier se skeet en pyne.

Die humor in Viljoen se versie spruit uit die onversoenbare of teenstrydige kombinasie van eienskappe van diere, soos in reëls 4, 5 en 6: ’n vis kan nie dink dat hy ’n kreef is nie (reël 4); ’n eendjie kan nie agteruit swem nie (reël 5); en ’n muis se maag kan nie ’n fluit hê nie (reël 6).

Onsinnige humor is belangrik, veral vir die jonger kind (Jalongo 1985:111): “The nonsensical, slapstick, and comic mishap are all elements of children’s books suitable for primary level children.”

Die jong kind put genot uit hierdie soort humor, omdat daar met taal gespeel word. Onsinnige woorde word geskep net omdat dit snaaks klink – dus vir die vermaaklikheid daarvan.

3.5 Humoristiese diskoers

Navorsers en kritici kategoriseer taalspel as ’n kategorie van humor (Kappas 1967; Smith 1967; Monson 1968; Nilsen en Nilsen 1982; Whitmer 1986; Shaeffer en Hopkins 1988; Landsberg 1992; Mallan 1993).

Taalspel verwys onder meer na idiomatiese uitdrukkings, personifikasie en woordspel. Tydens taalspel word daar gespeel met taalreëls, klanke, herhaling, oordrywing en onverwagte assosiasies, metafore en vergelykings.

Taalspel bied geleenthede vir kinders om intelligente interpretasies te maak van kinderboekskrywers se spel met taal (Whitmer 1986:532):

Playful experimentation with language is a pleasant strategy for introducing critical reading to even the youngest children, as they increase their vocabularies while forming new concepts and broadening old ones. Word play offers children much experience in categorizing as they discern likenesses and differences, compare and contrast meanings, and evaluate what is appropriate and inappropriate to the situation.

Taalspel is ’n onlosmaaklike deel van kinders se idee van pret. Humoristiese taalspel is nie net snaaks nie, maar dit is dikwels ook ’n genotvolle uitdaging vir kinders. Om taalspel te snap, moet die kind in staat wees om die humor kognitief te verstaan (Vygotsky 1978; Whitmer 1986; Shaeffer en Hopkins 1988; Mallan 1993):

Incongruities in discourse can be appreciated by older children who command a certain sophistication of language and literary experience. Language play can take many forms, from nonsense talk to incisive forms of wit. As we have seen, young children usually enjoy nonsense language and odd-sounding or inventive words, and, as they grow older, linguistic ambiguities and challenges become more important to them. (Mallan 1993:15)

Wanneer lesers begin om humoristiese literatuur te verken, word hulle uitgedaag om met taal te speel (Mallan 1993:18):

They are also invited to view people and their actions in ways which tend to reveal discrepancies between expectations and reality. They find the accepted order frequently turned upside down as they are presented with deviations from conventional social behaviour.

’n Voorbeeld van humoristiese taalspel kom voor in Vincent van Gogga (De Vos 2009): Vincent van Gogga se naam sinspeel op die naam van die beroemde skilder Vincent van Gogh (1853–1890). Hierdie woordspel behoort snaaks gevind te word deur lesers van ’n ouer ouderdomsgroep wat weet wie die skilder was. In Madame Zelda, die Egiptiese sigeuner, se bos rooi hare woon daar ’n familie vlooie genaamd die Van Goggas – Ma van Gogga, Pa van Gogga en hul drie kinders Willemien, Theo en Vincent van Gogga. Madame Zelda het ’n skilferprobleem. Vincent maak egter “skilferye” (De Vos 2009:56) van die wit vlokke met behulp van naellak. Hierdie woordspel (“skilferye”) kan dalk by jonger kinders aanklank te vind. Die woordspel tussen die woord “skilderye” en die onsinnige woord “skilferye” is humoristies. Nie net is dit snaaks dat “skildery” en “skilfers” nou as een konsep beskryf word nie, maar dit is ook snaaks omdat mense dikwels skaam is oor ’n skilferprobleem en dit nie as gepas gesien word om daaroor te praat nie. Deur die woord “skilferye” word hierdie taboekonsep nou tot ’n kunswerk omskep wat in die publiek uitgestal word.

 

4. Samevatting

Humor kan op ’n individueel-psigologiese vlak sowel as op ’n literêr-sosiologiese vlak ’n heilsame en positiewe invloed hê. Dit is noodsaaklik dat ’n jong leser plesier put uit wat hy lees sodat dit hom of haar motiveer om steeds meer te wil lees.

Die geldigheid van die vyf voorgestelde kategorieë van humor (komiese karakter, draak steek met gesag, fisieke humor, humoristiese diskoers en onsinnigheid) is in hierdie artikel bewys deur gebruik te maak van Fleiss (1981) se kappa, ’n bepaling van nominale skaalooreenkoms tussen verskeie beoordelaars. Die kappa in hierdie artikel toon ’n resultaat van 0,86, wat impliseer dat die betroubaarheid van die voorgestelde kategorieë, asook die subkategorieë, genoegsaam is.

’n Opvolgartikel behels ’n diepgaande inhoudsontleding van die voorbeelde van humor in ’n seleksie van Jaco Jacobs se boeke vir jong lesers, gegroepeer volgens die bespreekte kategorieë en subkategorieë van humor.

 

Bibliografie

Attardo, S. 2014. Encyclopedia of humor studies. Thousand Oaks, CA: Sage.

Backes, L. 2005. Make ’em laugh: Using humor. http://www.writerswrite.com/childrens/makeemlaugh.htm (29 Januarie 2014 geraadpleeg).

Bouwer, A. 2007. Rivierplaas: Alba Bouwer omnibus. Kaapstad: Tafelberg.

Chapman, A.J. en H.C. Foot (reds.). 2013. It’s a funny thing, humour: Proceedings of the international conference on humour and laughter. Oxford: Pergamon Pers.

Cohen, J. 1960. A coefficient of agreement for nominal scales. Educational and Psychological Measurement, 20(1):37–46.

Cole, M., V. John-Steiner, S. Scribner en E. Souberman (reds.). 1978. Mind in society: The development of higher psychological processes. Cambridge, MA: Harvard University Press.

Cunningham, J. 2004. Children’s humor. http://www.sagepub.com/upm-data/4884_ScarlettChapter5.pdf (19 Februarie 2014 geraadpleeg).

Dahl, R. 1991. Roald Dahl’s guide to railway safety. Londen: British Railways Board.

—. 2016a. James en die reuse perske. Kaapstad: Human & Rousseau.

—. 2016b. Matilda. Kaapstad: Human & Rousseau.

—. 2016c. Die GSR. Kaapstad: Tafelberg.

De Vos, P. 1984. O togga! ’n Gogga. Kaapstad: Tafelberg.

—. 1986. Brommer in die sop. Kaapstad: Tafelberg.

—. 1988. Daar’s bitterals in die heuningwals. Kaapstad: Tafelberg.

—. 1995. Moenie ’n mielie kielie nie. Kaapstad: Tafelberg.

—. 1989. Die Worcester Asporcester en ander lustige limericke. Kaapstad: Tafelberg.

—. 1995. Die Dêng van Gauteng. Kaapstad: Tafelberg.

—. 1999. Kat se blad. Kaapstad: Tafelberg.

—. 2004. Mallemeuleman. Kaapstad: NB-uitgewers.

—. 2009. Vincent van Gogga. Kaapstad: NB-uitgewers.

—. 2010. Wolfgang Amadeus Muis. Kaapstad: NB-uitgewers.

Dickie, S. 2011. Cruelty and laughter: Forgotten comic literature and the unsentimental eighteenth century. Chicago: University of Chicago Press.

Fleiss, J.L. 1981. Statistical methods for rates and proportions. New York: Wiley, John & Sons.

Fletcher, T. en D. Poynter. 2018. Dino poef ’n planeet! Kaapstad: NB-Uitgewers.

Fourie, C. 2008. Heleen en die heks met hoofpyn. Kaapstad: Protea Boekhuis.

Ghesquière, R. 2009. Jeugdliteratuur in perspectief. Leuven: Acco.

Greyling, F. 1999. In die storiewêreld in – Die jong leser en identifisering met karakters. http://www.storiewerf.co.za/artikels-dinkskrum/identifisering.htm#jauss (13 Mei 2016 geraadpleeg).

Holzwarth, W. en W. Erlbruch. 2002. Die storie van die molletjie wat wou weet wie op sy kop gedinges het. Vertaal deur Linda Rode. Kaapstad: Human & Rousseau.

Jalongo, M.R. 1985. Children’s literature: There’s some sense to its humor. Childhood Education, 62(2):109–14.

Jauss, H.R. 1977. Ästhetische Erfahrung und literarische Hermeneutik 1. München: Wilhelm Fink.

Kappas, K.H. 1967. A developmental analysis of children’s reactions to humor. The Library Quarterly, 37(1):67–78.

Landsberg, M. 1992. Liberating laughter. American Education, 16(3):34–48.

Lessing-Venter, N. 2018. ’n Beskouende ondersoek van humorontwikkeling, humorsin en enkele meganismes onderliggend aan humor. LitNet Akademies, 15(3). https://www.litnet.co.za/n-beskouende-ondersoek-van-humorontwikkeling-humorsin-en-enkele-meganismes-onderliggend-aan-humor/ (29 Oktober 2018 geraadpleeg).

Lessing-Venter, N. en M. Snyman. 2017. Aspekte wat kinders se leesmotivering beïnvloed. LitNet Akademies, 14(3):866–95. https://www.litnet.co.za/aspekte-wat-kinders-se-leesmotivering-beinvloed (29 Oktober 2018 geraadpleeg).

Lynch-Brown, C. en C. Tomlinson. 2005. Essentials of children’s literature. 5de uitgawe. Boston: Pearson.

Mallan, K. 1993. Laugh lines. Newtown: Ambassador Pers.

Martin, R.A. 2007. The psychology of humour: An integrative approach. Londen: Elsevier Academic Press.

Mawter, J. 2005. Humour in literature: Why gross works for kids. http://www.jenimawter.com/pdfs/Humour%20in%20Literature.pdf (26 Februarie 2014 geraadpleeg).

McGhee, P.E. 1979. Humor: its origin and development. New York: Freeman.

Monson, D. 1968. Influence of method of questioning upon children’s responses to humorous situations in literature. Referaat gelewer tydens die jaarlikse vergadering van die American Educational Research Association. https://archive.org/details/ERIC_ED017433 (15 Mei 2016 geraadpleeg).

Nilsen, D. en A. Nilsen. 1982. Exploration and defence of the humor in young adult literature. Journal of Reading, 26(1):58–65.

Oosthuizen, M.M. 2010. ’n Polisistemiese ondersoek na veranderinge in die Afrikaanse kinderliteratuur-sisteem sedert 1990. MA-verhandeling, Universiteit Stellenbosch. https://docplayer.net/40904144-N-polisistemiese-ondersoek-na-veranderinge-in-die-afrikaanse-kinderliteratuur-sisteem-sedert-1990.html (26 Februarie 2016 geraadpleeg).

Oosthuysen, J. 2008. Bessie Hemelbesem en oom Sak Sarel se testament. Pretoria: LAPA.

Preller, M. 2008. Lisa het ’n plan. Pretoria: LAPA.

Redlich, B. 2011. Wie het bollie gegooi? Vertaler onbekend. Kaapstad: Topline-boekverspreiders.

Scheepers, R. en S. Kotzé-Myburgh (reds.). 2010. Nuwe kinderverseboek. Kaapstad: NB-uitgewers.

Shannon, D. 1999. What children find humorous in the books they read and how they express their responses. Humor: International Journal of Humor Research, 12(2):119–50.

Shaeffer, M. en D. Hopkins. 1988. Miss Nelson, knock-knocks, and nonsense: Connecting through humor. Childhood Education, 65(2):88–93.

Smith, J. 1967. A critical approach to children’s literature. New York: McGraw-Hill.

Smith, T. 2013. Trompie, Omnibus 1. Kaapstad: Human & Rousseau.

Steenberg, E. 2013. Kinderliteratuur. http://www.literaryterminology.com/index.php/18-k/83-kinderliteratuur (12 Desember 2016 geraadpleeg).

Tigges, W. 1988. An anatomy of literary nonsense. Amsterdam: Rodopi.

Van der Westhuizen, B. 2008. Humor in die geesgenootlike kinderpoësie van Annie M.G. Schmidt en Philip de Vos – boeiend tot in die fyn grein van die taal. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans, 15(2):116–38.

Vels, V. 2002. Die Liewe Heksie-omnibus. Kaapstad: Human & Rousseau.

Viljoen, F. 2006. Geraamte in die klas. Kaapstad: NB-uitgewers.

—. 2010. Dieremaniere. In Scheepers en Kotzé-Myburgh (reds.) 2010.

Vygotsky, L.S. 1978. The role of play in development. In Cole, John-Steiner, Scribner en Souberman (reds.) 1978.

Whitmer, J. 1986. Pickles will kill you: Use humorous literature to teach critical reading. The Reading Teacher, 39(6):530–4.

Wolfenstein, M. 1954. Children’s humor: A psychological analysis. Glencoe, IL: The Free Press.

 

Erkennings

* Ek wil graag erkenning gee en my dank betuig aan die Erfenisstigting wat deur middel van hulle Navorsingstrust ’n finansiële bydra tot my navorsing gemaak het.

** Dankie ook aan Werner Brand van die Universiteit van Edinburgh in Skotland vir sy hulp met die statistiese gedeelte van hierdie artikel.

The post Humor in kinderliteratuur: ’n Beskouende ondersoek na enkele soorte humor en die waarde van humor in fiksietekste vir kinders appeared first on LitNet.

Adam Small-fees 2019: ’n fotoblad

$
0
0

Die derde Adam Smal-fees het onlangs in Pniël plaasgevind. Suki Lock het namens LitNet foto’s by die fees geneem. Hier is enkele van haar foto’s.

Pniël Congregational-kerk

Luthando Lucas

Darryl David

Izak de Vries

Izak de Vries

Jacob Meiring, Anroux Marais, Steward van Wyk, Thuli Madonsela en Marlene le Roux

Jacob Meiring, Anroux Marais, Steward van Wyk, Thuli Madonsela en Marlene le Roux

Jacob Meiring, Anroux Marais, Darryl David, Thuli Madonsela en Marlene le Roux

Anroux Marais, minister van kunssake en sport (Wes-Kaap)

Jacob Meiring, Thuli Madonsela en Marlene le Roux

Thuli Madonsela en Marlene le Roux

Thuli Madonsela

’n Dramaverrykingsgroep tree op by die geleentheid

Darryl David en Colin Johnson

Marie Minnaar-McDonald

Meg Vandermerwe

Foto's: Suki Lock

Pniël Adam Small Fees: 22–24 Februarie 2019

Pniël Adam Small-fees 2019: ’n Onderhoud met Marlene le Roux

Pniël Adam Small Fees 2019: Darryl David gesels met Naomi Meyer

The post Adam Small-fees 2019: ’n fotoblad appeared first on LitNet.

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Die dag toe die draak kom deur Fanie Viljoen

$
0
0

LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke, uitgegee deur uitgewers wat LitNet ondersteun. Dié lusmakers verskyn op LitNet as eerste slukkies


Fanie Viljoen

Fanie Viljoen (Foto: Hanneri de Wet)

Fanie Viljoen is op 2 Januarie 1970 in Welkom gebore. Hy matrikuleer in 1987 aan die Hoërskool Goudveld in Welkom. In 1990 begin hy voltyds by Sanlam werk. Hy skryf in dié tyd in vir ’n deeltydse kursus in grafiese ontwerp en behaal die N6-sertifikaat in 1995 aan die Welkom Kollege. In 2002 volg ’n BA-graad in Sielkunde en Sosiologie aan Unisa.


Opsomming

Die dag toe die draak kom (vir meisies)
Fanie Viljoen
Uitgewer: NB-Uitgewers

ISBN: 9780798178679

Hierdie boek takel die uiters belangrike kwessie van kindermolestering.

Dié aangrypende verhaal dien om kinders in te lig en te bemagtig.

Deur middel van ’n karakter en storie waarmee kinders kan identifiseer word die gevaartekens van molestering uitgewys en riglyne gebied oor hoe om in so ’n situasie op te tree.

Sesjarige Kyla is gek oor stories van dapper prinses Arabia wat selfs teen drake veg.

Maar haar ouer sussie, Abby, glo nie meer in sprokies nie. Abby sê daar is ’n draak in hulle huis – een wat vir niks en niemand skrik nie.

Maar wie kan dit wees? Is dit Mamma wat soms raas? Is dit Oupa met sy growwe stem? Is dit hulle stoute nefie, Nico?

Gelukkig leer Kyla net wat om te doen om haarself te beskerm. Want die dag toe die draak uiteindelik kom, kan sy haarself en ook vir Abby red.

Agter in die boek verskyn ook handige riglyne vir kinders, ouers en versorgers: Hoe herken jy ’n draak? Wat is veilige vat en onveilige vat? Wat doen jy as jy vermoed jou kind word misbruik?


 

Die dag toe die draak kom (vir seuns)
Fanie Viljoen
Uitgewer: NB-Uitgewers

ISBN: 9780798178686

Hierdie boek takel die uiters belangrike kwessie van kindermolestering.

Dié aangrypende verhaal dien om kinders in te lig en te bemagtig.

Deur middel van ’n karakter en storie waarmee kinders kan identifiseer word die gevaartekens van molestering uitgewys en riglyne gebied oor hoe om in so ’n situasie op te tree.

Sesjarige Kevin is gek oor stories van die dapper prins van Arabia wat selfs teen drake veg.

Maar sy ouer sussie, Abby, glo nie meer in sprokies nie. Abby sê daar is ’n draak in hulle huis – een wat vir niks en niemand skrik nie.

Maar wie kan dit wees? Is dit Mamma wat soms raas? Is dit Oupa met sy growwe stem? Is dit hulle stoute nefie, Nico?

Gelukkig leer Kevin net wat om te doen om homself te beskerm. Want die dag toe die draak uiteindelik kom, kan hy homself en ook vir Abby red.

Agter in die boek verskyn ook handige riglyne vir kinders, ouers en versorgers: Hoe herken jy ’n draak? Wat is veilige vat en onveilige vat? Wat doen jy as jy vermoed jou kind word misbruik?


Uittreksel

Die dag toe die draak kom (vir meisies)

Die volgende week het Kyla al vergeet wat in die kar gebeur het. Maar in die klas praat juffrou Arendse van iets wat haar aan die geheim herinner.

Soos altyd staan die juffrou die oggend voor die bord. Haar hare is mooi gekam. Haar mond maak ’n puntjie soos ’n aarbei.

“Seuns en meisies, vandag gaan ons iets baie belangriks bespreek,” sê sy. Sy kyk almal streng aan.

Kyla en Vania kyk na mekaar en frons. Juffrou Arendse was nog nooit so ernstig nie. “Vandag gaan ons praat oor onsself. Ons gaan praat oor ons liggame.” ’n Paar van die seuns lag. Juffrou Arendse sit twee prente op die bord – een van ’n meisie en een van ’n seun.

Van die seuns en meisies giggel weer. Maar hulle hou gou op toe juffrou Arendse hulle kwaai aankyk.

Dan gaan sy voort. “Ons lywe is ons eie. Ons moet hulle mooi oppas. Ander mense mag nie sommer net aan ons raak nie. Van watter dele van ons lywe dink julle praat ek?”

“Ons neuse,” antwoord een van die stout seuns in die klas.

Juffrou Arendse rol haar oë.

“Nee, Jaco. Ek praat nou van ENIGE plek op jou lyf waar aanraking jou ongemaklik of bang laat voel. Maar VERAL jou bors, tussen jou bene en jou boude.” Juffrou Arendse wys weer na die prente op die bord. “Net ’n dokter of verpleegster kan daar vat as hulle ons moet ondersoek en gesond maak.”

“Of iemand wat ons bad,” sê een van die ander seuns en almal lag weer.

Juffrou Arendse frons. “Julle is mos nou al mooi groot, so julle kan self bad, tensy jy dalk siek is of iets, en iemand jou moet help. Reg so?”

“Ja­a­a, Juffrou,” sê al die kinders in ’n koor.

“En ons gaan ook nie toelaat dat ander mense daar vat nie, reg so?”

“Ja­a­a, Juffrou.”

Skielik dink Kyla terug aan daardie oggend in die kar. Oom Jason het aan haar bors geraak. Maar dit was mos per ongeluk. Hy het mos gesê hy is jammer. En hy is mos ’n goeie oom?

Nee wat, dink sy, sy hoef nie bekommerd te wees nie.

Juffrou Arendse maak haar keel skoon om almal se aandag te kry. “As iemand aan jou lyf vat en dit laat jou ongemaklik of bang voel, moet jy hierdie rympie onthou:

“Ek het ’n lyf, maar dis myne alleen,
en jy het jou eie – van vel en van been.
My vingers is gemaak om te verf of te skryf,
daarom sit my vingers aan die punt van my lyf.

My neus is gemaak om snollies te blaas,
my mond en my keelgat om lekker te raas.

My bene en voete is gemaak om te spring,
ek kan staan op my tone of dans in ’n kring.

Ek ken mos my lyf – ek weet wat dit doen,
ek mag kies wie ek druk en vir wie ek wil soen.

Geen vashou maak seer nie, jy druk my te styf,
hou daarom jou hande ver weg van my lyf.

Verrassings is lekker, maar geheime is naar,
en ek sê vir almal – finish en klaar!”

Juffrou Arendse laat hulle die rympie oor en oor in die klas opsê. Sy luister tevrede.

Dan sit sy ’n volgende prent op. Dis van ’n hand met name op elke vinger. “Laastens wil Juffrou vir julle van die VEILIGE HAND leer.” Almal steek ’n hand in die lug soos juffrou Arendse verduidelik. “As daar ooit enigiets slegs met jou gebeur, moet jy vyf mense daarvan kan vertel. Een vir elke vinger op jou hand. As die een mens nie kan help nie, moet jy vir die volgende mens vertel. En as hy of sy nie kan help nie, vertel jy vir die volgende mens. Besluit sommer nou wie julle op julle Veilige Hand wil hê.”

Kyla dink en dink. Sy sien Vania kry sommer gou vyf mense. Uiteindelik het Kyla ook hare.

Sy onthou te laat van oom Jason, maar haar vingers is nou vol.

“Wonderlik!” roep juffrou Arendse uiteindelik. “Julle het vandag sommer oulik geleer. Kom ons sluit af met daardie rympie.”

Die hele klas staan en sê dit drie keer saam op.

Later die middag draai die rympie steeds deur Kyla se kop. Sy kyk ook na haar Veilige Hand en onthou almal se name.

As iemand iets leliks met haar gaan probeer, sal sy presies weet wat om te doen.



Die dag toe die draak kom
(vir seuns)

Die volgende week het Kevin al vergeet wat in die kar gebeur het. Maar in die klas praat juffrou Arendse van iets wat hom aan die geheim herinner.

Soos altyd staan die juffrou die oggend voor die bord. Haar hare is mooi gekam. Haar mond maak ’n puntjie soos ’n aarbei.

“Seuns en meisies, vandag gaan ons iets baie belangriks bespreek,” sê sy. Sy kyk almal streng aan.

Kevin en Ethan kyk na mekaar en frons. Juffrou Arendse was nog nooit so ernstig nie. “Vandag gaan ons praat oor onsself. Ons gaan praat oor ons liggame.” ’n Paar van die seuns lag. Juffrou Arendse sit twee prente op die bord – een van ’n meisie en een van ’n seun.

Van die seuns en meisies giggel weer. Maar hulle hou gou op toe juffrou Arendse hulle kwaai aankyk.

Dan gaan sy voort. “Ons lywe is ons eie. Ons moet dit mooi oppas. Ander mense mag nie sommer net aan ons raak nie. Van watter dele van ons lywe dink julle praat ek?”

“Ons neuse,” antwoord een van die stout seuns in die klas.

Juffrou Arendse rol haar oë. “Nee, Jaco. Ek praat nou van ENIGE plek op jou lyf waar aanraking jou ongemaklik of bang laat voel. Maar VERAL jou bors, tussen jou bene en jou bou de.” Juffrou Arendse wys weer na die prente op die bord. “Net ’n dokter of verpleegster kan daar vat as hulle ons moet ondersoek en gesond maak.”

“Of iemand wat ons bad,” sê een van die ander seuns en almal lag weer.

Juffrou Arendse frons. “Julle is mos nou al mooi groot, so julle kan self bad, tensy jy dalk siek is of iets, en iemand jou moet help. Reg so?”

“Ja-a-a, Juffrou,” sê al die kinders in ’n koor.

“En ons gaan ook nie toelaat dat ander mense daar vat nie, reg so?”

“Ja-a-a, Juffrou.”

Skielik dink Kevin terug aan daardie oggend in die kar. Oom Jason het aan die plek tussen sy bene geraak. Maar dit was mos per ongeluk. Hy het mos gesê hy is jammer. En hy is mos ’n goeie oom?

Nee wat, dink Kevin, hy hoef nie bekommerd te wees nie.

Juffrou Arendse maak haar keel skoon om almal se aandag te kry. “As iemand aan jou lyf vat en dit laat jou ongemaklik of bang voel, moet jy hierdie rympie onthou:

“Ek het ’n lyf, maar dis myne alleen,
en jy het jou eie – van vel en van been.
My vingers is gemaak om te verf of te skryf,
daarom sit my vingers aan die punt van my lyf.

My neus is gemaak om snollies te blaas,
my mond en my keelgat om lekker te raas.

My bene en voete is gemaak om te spring,
ek kan staan op my tone of dans in ’n kring.

Ek ken mos my lyf – ek weet wat dit doen,
ek mag kies wie ek druk en vir wie ek wil soen.

Geen vashou maak seer nie, jy druk my te styf,
hou daarom jou hande ver weg van my lyf.

Verrassings is lekker, maar geheime is naar,
en ek sê vir almal – finish en klaar!”

Juffrou Arendse laat hulle die rympie oor en oor in die klas opsê. Sy luister tevrede.

Dan sit sy ’n volgende prent op. Dis van ’n hand met name op elke vinger.

“Laastens wil Juffrou vir julle van die VEILIGE HAND leer.” Almal steek ’n hand in die lug soos juffrou Arendse verduidelik. “As daar ooit enigiets slegs met jou gebeur, moet jy vyf mense daarvan kan vertel. Een vir elke vinger op jou hand. As die een mens nie kan help nie, moet jy vir die volgende mens vertel. En as hy of sy nie kan help nie, vertel jy vir die volgende mens. Be sluit sommer nou wie julle op julle Veilige Hand wil hê.”

Kevin dink en dink. Hy sien Ethan kry sommer gou vyf mense. Uiteindelik het Kevin ook syne.

Hy onthou te laat van oom Jason, maar sy vingers is nou vol.

“Wonderlik!” roep juffrou Arendse uiteindelik. “Julle het vandag sommer oulik geleer. Kom ons sluit af met daardie rympie.”

Die hele klas staan en sê dit drie keer saam op.

Later die middag draai die rympie steeds deur Kevin se kop. Hy kyk ook na sy Veilige Hand en onthou almal se name.

As iemand iets leliks met hom gaan probeer, sal hy presies weet wat om te doen.

The post Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: <i>Die dag toe die draak kom</i> deur Fanie Viljoen appeared first on LitNet.


Press release: Alan Paton Literary Festival 2019

$
0
0

There is so much riding on this 2nd Alan Paton Literary Festival being held at Eden Lassie in the Tala Valley over the weekend of 9–10 March, says festival director Darryl Earl David, the man who led Durban to UNESCO City of Literature glory.

At stake, says David, is the principle of non-racialism, enshrined in the Constitution but somehow gone missing after the Mandela presidency. If one looks at the recent Time of the Writer programme, says David, not a single white or Indian writer feature among the 14 guest writers. In a city with the largest Indian population outside of India, for not a single Indian writer to be invited, that is shocking, says David. Even more shocking is journalists’ uncritical acceptance of literary festival programmes that proudly pronounce on single-race programmes in the name of affirmative action. The Paton Festival represents not only a fight for the principle of non-racialism in the arts and culture sector of South Africa, but also a fight over the blueprint of what a UNESCO City of Literature should look like.

To this end the Alan Paton Literary Festival wears its non-racialism like a badge of honour. Heading the list of writers to the festival is James-Brent Styan with two hard-hitting exposés of corruption in modern-day South Africa. His book Blackout about the crisis at Eskom is bound to be well attended, as is his talk on Steinhoff, or Steinheist, the biggest corporate meltdown in the history of South Africa. In his third slot on the programme James will talk about his recent biography of Dr Chris Barnard, the first man in the world to perform a heart transplant.

Luthando Lucas, someone largely unknown to literary South Africa, will bring tears to the eyes of festivalgoers with his Memoirs of a street child. This is the same man who just a week ago captured the hearts of festivalgoers at the Adam Small Festival in Pniël near Stellenbosch where he stood up and recited an unrehearsed praise poem to Thuli Madonsela.  It was goosebumps stuff.

Tracy Going, well-known as a television presenter, comes to Eden Lassie with her brave memoir Brutal legacy, her experiences of not only growing up an abusive father but also being a woman who had to endure violence from her boyfriend. It is a book that will come close to making the longlist of the Alan Paton Prize, David believes.

Religion was central to the life of Alan Paton.  To this end David asked Hugh Bland, author of Trappist Mission Stations of KZN, to open the festival. The publication is a photographic book that will enjoy pride of place on any coffee table. The Trappist churches are truly the rough diamond of the KZN tourism industry.

Zainab Priya Dala, the writer who was assaulted after having praised Salman Rushdie a few years ago at the Time of the Writer Festival, will launch her second novel, The architecture of loss. Dala played a seminal role in Durban's UNESCO City of Literature bid and is considered a writer on the rise.

Nicola Hayward is a largely unknown name in KZN. But after the publication of Master Jack, her book that won the Jock of the Bushveld Prize at the South African Independent Publishers Awards last year and the BookBedonnerd Prize for Best Self-published book, all that will change. It is a book that will stay with you for weeks and is a lesson to all aspirant writers about what constitutes fine writing.

Many book lovers have already made reservations for renowned vet Dr Johan Marais's talk on The Rhino Orphanage. Johan is the person who has the unenviable task of working at Saving the Survivors, the organisation he started to reconstruct the faces and heal the bodies of rhinos and elephants after the mutilation they had suffered at the hands of poachers who get more savage with every passing day.

On a much lighter note, local Westville vet Steve Wimberley will take us on a journey as Dr Grumble in Africa, about his travels throughout Southern Africa and experiences as a vet.

On the Paton front, Lindy Stiebel will speak on the Alan Paton literary trail that was a project within her Literary Tourism in KZN project. And festival organiser Darryl David will present a talk on The symbolism of mountains in Cry the Beloved Country.

There will also be a short tribute to Paddy Kearney by Philippe Denis, who will then go on to speak about the book he co-authored with Kearney, namely Denis Hurley: A life in letters. We also have a photographic book on a region that was most dear to Paton: Spirit of the Drakensberg by Richard Hunt. Paton's sojourns into the Drakensberg are legendary and David says he hopes Paton will give a nod of approval from his mountain in the sky.

On the poetry front, acclaimed Cape Town poet Christine Coates will read from her two recent anthologies, Homegrown and Fire drought water.

And Mark de Wet comes to the festival with a photographic and poetic ode to wine titled A Cape Rubaiyat. This session will be combined with a free cheese and wine-tasting event. It will be preceded by a Pecha kucha session, something David pioneered at the Articulate Africa Festival two years ago: 30 poems in 30 minutes. Some of the poets to feature include Dime Mabiza with his debut anthology Flames of revolution, Luthando Lucas from his anthologies Poetry of my soul and African Child, Pietermaritzburg teacher Gavin David, and many other unheralded poets sharing a platform with more established poets. If other poets want to contribute to this session, please write to Darryl David at davidd@ukzn.ac.za.

“We are living in a time when politicians and the politically correct suffer from selective amnesia,” says David. “They have forgotten the immense role Paton played in the fight against apartheid. They have forgotten the Paton that was prepared to be a character witness for Mandela at the Rivonia trial. Today, centres that carry his name refuse to honour his memory. Institutions of higher learning that have his name as their physical address refuse to support such initiatives because he is in their eyes nothing more than a white liberal. Support our festival,” says David, “and support a vision of a South Africa we all aspire to.”

   

The post Press release: Alan Paton Literary Festival 2019 appeared first on LitNet.

Foto's: Bloemfontein-bekendstelling van Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey

$
0
0

Charl-Pierre Naudé se Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey is onlangs in Bloemfontein bekendgestel. Margarethie Bredenkamp deel haar foto's.

Corrie Geldenhuys en Wyno Symes van NALN

Bekroonde vertaler Naomi Morgan en die argitek Anton Roodt

Die gehoor sit aandagtig en luister na die onderhoud met die skrywer Charl-Pierre Naudé.

Die skrywer Charl-Pierre Naudé dink na oor 'n vraag.

Charl-Pierre Naudé onderteken 'n boek.

Annelien Diedericks en Charl-Pierre Naudé

 


Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey
Charl-Pierre Naudé
Tafelberg
ISBN: 9780624084341 

Op ’n dag in die vroeë sewentigs bemerk ’n afgeleë Noord-Kaapse gemeenskap ’n gebou in hul midde waar voorheen net ’n stuk braakgrond was. Drie weke later verdwyn die gebou . . . 

Lees ook oor die vreemde werklikheid van mense wat meer as een maal lewe, oor die jong man wat so skaam is dat hy nie op foto’s kan vertoon nie, en oor die intense liefdesverhouding van ’n paartjie wie se lewenspaaie net vir ’n paar sekondes gekruis het. 
                                ---
Die roman het gedien as ’n voorlegging vir die verkryging van ’n MA-graad in literêre teorie, kritiek en skeppende skryfkuns, gedoen aan die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, aan die Universiteit van die Vrystaat, in 2016.

 

Lees ook

Video: Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé word bekendgestel

The post Foto's: Bloemfontein-bekendstelling van <i>Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey</i> appeared first on LitNet.

LitNet: Jou Emily Hobhouse

US Woordfees 2019: Jazz by die Woordfees

$
0
0

Cape Town Music Academy (CTMA) en US Woordfees bied aan:

Jazz in the Quad & Jazz in Kayamandi @ Woordfees 2019

Saamgestel deur CTMA & Jazz in the Native Yards.

 JAZZ IN THE QUAD

Steve Newman Trio

Kalahari Connection

Kyle Shepherd

Ramon Alexander

Schalk Joubert Band ft Sima Mashazi

 5–10 Maart 2019

Visuele Kunste Vierkant, Victoria Street

Laataand kuierplek met kontantkroeg.

GRATIS TOEGANG VIR FEESKUNSTENAARS.

 

JAZZ IN KAYAMANDI

Met Babalwa Mentjies & The Little Giants Band

2 Maart 2019 Amazink

Bespreek by Computicket

Cape Town Music Academy (CTMA) en die US Woordfees bied aan in samewerking met Jazz in the Native Yards (JINY) – JAZZ IN THE QUAD & JAZZ IN KAYAMANDI – ’n reeks top musiekvertonings met van Suid-Afrika se opwindendste musikante. Hierdie unieke musiekervaring en laataand kuier-venue beloof om ’n hoogtepunt van die 2019 Woordfees te wees.

2019 sal die tweede jaar wees wat die CTMA en Woordfees ’n laataand kontemporêre musiek- en kuierplek aanbied in die Visuele Kunste Vierkant. Maar vanjaar beloof om nog beter te wees as 2018, met ’n fenomenale line-up van musikante soos Kyle Shepherd, Steve Newman, Alistair Andrews, Lungiswa Plaatjies, Schalk Joubert, Sima Mashazi, Ramon Alexander en Bongani Sotshononda.

“Verder brei ons die reeks uit met n jazz vertoning in Kayamandi by Amazink met die opwindende sanger Babalwa Mentjies, ondersteun deur George Werner en die Little Giants Orkes.” vertel Vicky Davis, CTMA se programbestuurder. “Vir die wat lus is vir laataand kuier, is Jazz in the Quad die ideale venue – na die vertonings bly die vierkant aan die kook met top DJs van die Future Nostalgia groep, n kroeg en kosstalletjies. Feeskunstenaars word genooi om saam te kom kuier. Hulle kan gratis toegang kry.”

Die reeks konserte is n uitvloeisel van die gewilde Jazz in the Native Yards initiatief begin deur Koko Nkalashe en Luvuyo Kakaza en ondersteun deur Concerts SA, waar gehore in Kaapstad se townships die geleentheid kry om Sondaemiddae Jazz-uitvoerings letterlik in hul agterplaas te hoor. Die motivering agter die suksesvolle konserte is om gehore wat andersins nie die kans sou kry om top jazz musikante te sien en te geniet nie, die geleentheid te gee.

 “Kaapstad was nogal tyd aan die brand met jazz musiek”, voeg Koko Nkalashe van JINY by, “Jazz in the Native Yards neem nou die klanke deur middel van die Woordfees as voertuig na n nuwe jazz roete, en na nuwe gehore in Stellenbosch. Ons sien baie uit na vanjaar se Jazz in the Quad en Jazz in Kayamandi”

Die program bestaan uit SA se top Jazz musikante wat oor die afloop van ses aande by Amazink, Kayamandi en die Visuele Kunste Vierkant, Victoria Straat, Stellenbosch, sal optree.

2 Maart - JAZZ IN KAYAMANDI met Babalwa Mentjies en The Little Giants.                                                      Amazink, Kayamandi.R80 by Computicket / R100 deur. 

JAZZ IN THE QUAD

5-9 Maart - Visuele Kunste Vierkant, Victoria Street:

Jazz in the Quad: Steve Newman Trio: 5 Maart 21h30.

Jazz in the Quad: Kalahari Connection: 6 Maart 21h30

Jazz in the Quad: Kyle Shepherd: 7 Maart 21h30.

Jazz in the Quad: Ramon Alexander: 8 Maart: 21h30

Jazz in the Quad: Schalk Joubert en Sima Mashazi: 9 Maart: 21h30

Kaartjies vir al die ‘Jazz in the Quad’ vertonings beskikbaar by Computicket. R70 (studente) – R90 en R80 – R100 by die deur.

Cape Town Music Academy

CTMA is 'n nie-vir-profyt maatskappy (NPC) wat daarna streef om geleenthede te ontwikkel

vir plaaslike gevestigde en opkomende kontemporêre musikante en kunstenaars in die Wes-Kaap. Die doelwit van die CTMA is om programme en projekte skep wat die werk van plaaslike musikante en die ontwikkeling van werksgeleenthede in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie bewerkstellig. Vicky Davis, CTMA se programbestuurder sê: “Die CTMA glo dat SA huis is vir van die beste kontemporêre musiektalent en dat ons musikante met wêreldstandaarde kan meeding. Ons idee is om ons plaaslike kontemporêre musiektalent op die beste moontlike verhoë en platforms ten toon te stel.

The post US Woordfees 2019: Jazz by die Woordfees appeared first on LitNet.

US Woordfees 2019: Bevestigde spekers van die gratis diskoersprogram

$
0
0

Die Woordfees-gespreksreeks

Weeksoggende om 11:00 is dit tyd vir hierdie gewilde reeks onder die bekwame leiding van Tim du Plessis. Op sy reguit manier het Tim die vermoë om deelnemers die régte vrae te vra en tot die hart van sake deur te dring.

Vanjaar is daar verskeie aktuele sake van dringende belang op die agenda.

4-8 Maart 11:00 | 50 min | Die Plataan | Gratis

Die Woordees-gespreksreeks met Tim du Plessis

 

Tema

Bevestigde sprekers

Maandag

4 Maart

 

Gaan Cyril die pyp rook?

 

 

Piet Croucamp

Prince Mashele

Moeletsi Mbeki

Dinsdag

5 Maart

Verkiesing 2019

 

 

Judith February

Jan-Jan Joubert

Willem Jordaan

Woensdag

6 Maart

SA in ontstuimige wêreld

Ishmail Lagardien

Elizabeth Sidiropoulos

Greg Mills (Brentwood Foundation)

Donderdag

7 Maart

 

Die groot geveg oor grond

 

 

Phephelaphi Dube

Mohammed Karaan

Wandile Sihlobo

Vrydag

8 Maart

Sosiale media

 

 

Chris Roper

Desmond Painter

Schalk Engelbrecht

Praat saam op RSG

Nog ‘n gewilde reeks wat al sinoniem met die Woordfees is, is RSG se oggendreeks Praat saam, met vuurvreter Lynnette Francis agter die mikrofoon. 

4-9 Maart 08:00 | 50 min | Die Plataan | Gratis

RSG Praat saam

 

Tema

Bevestigde sprekers

Maandag

4 Maart

Bestuursvaardighede

Harlan Cloete

Tony Ehrenreich

Lullu Krugel

Dinsdag

5 Maart

Tegnologie en die 2019 verkiesing

Courtney Sampson

Martin Butler

Amanda Gouws

Woensdag

6 Maart

Klimaatsverandering

Guy Midgley (Professor at US)

Patrick Dowling (Environmental Education and Training Expert – Formerly Head of Evironmental Education and Training at WESSA)

Goosain Isaacs (Director, Climate Change Directorate, Western Cape Department of Evironmental Affairs and Development Planning)

Donderdag

7 Maart

 

 

UBI

Servaas van den Berg (Professor in Economics and South African National Research Chair in the Economics of Social Policy)

Stanley Henkeman (Executive Director, Institute for Justice and Reconciliation

Christi van der Westhuizen

Vrydag

8 Maart

Verkiesingsdebat

Pieter Groenewald (VF)

Derrick Hendrickse (EFF)

ANC (Ebrahim Rasool)

Ivan Meyer (kaart en tyd gestuur)

Patricia de Lille

Suna Venter-gedenklesing

Vanjaar word die tweede Suna Venter-gedenklesing, vernoem na een van die brawe joernaliste bekend as die SABC 8, gelewer deur Pumla Gobodo-Madikizela. Sy beklee die navorsingsleerstoel in Studies oor Historiese Trauma en Transformasie aan die Universiteit Stellenbosch, en is ’n ontvanger van die Alan Paton-prys vir haar boek A Human Being Died that Night.

5 Maart 17:00 | 50 min | Drostdy Teater | Gratis

Fredrik Van Zyl Slabbert-gesprekreeks

Kabous Meiring, bekend as aanbieder van Prontuit en MegaBoere, kry vanjaar die jongmense aan die praat oor kwessies wat vir hulle belangrik is.

5-7 Maart 17:30 | 50 min | Visuele Kunste Vierkant | Gratis

Frederik van Zyl Slabbert-gespreksreeks

 

Tema

Bevestigde sprekers

5 Maart

Politieke deelname onder jeug

Farai Mubaiwa

Lwando Nkamisa

Pieter du Toit

6 Maart

Integrasie en hoër onderwys

Carli van Wyk (SR voorsitter US)

Frances Petersen (Rector UFS)

Pamela Dube (Deputy Vice-Chancellor: Student Development and Support - UWC)

7 Maart

Leierskap en gesondheid

Ronelle Carolissen

Melt Hugo (SR – Wellness US)

Richard Van-Zyl Smit

Ongehoord

Vroue uit verskillende akademiese velde laat hul stem hoor oor onderwerpe wat hulle na aan die hart lê en belig dit vanuit 'n ander hoek.

4-8 Maart 09:00 | 50 min | Adam Small Seminaarkamer | Gratis

Ongehoord

4 Maart

Feminisme in ’n distopiese wereld

Amanda Gouws

5 Maart

Grond, natuur, landskap

Cheryl Walker

Marietjie Pauw

6 Maart

Is ons post genoeg post feminisme

Stella Viljoen

Lou-Marie Kruger

Amy Daniels

Joy Watson

7 Maart

Feminisme in Post-feit wereld

Julie Claassens

Lizette Rabie

8 Maart

Vroue en die reg

Amanda Gouws

Seehaam Samaai

Bronwyn Pithey 

Naggesprekke

Kom kry jou loopdop en gesels saam met Mercy Kannemeyer.

4-9 Maart 22:00 | Bosch Restaurant | Gratis

Naggesprekke

4 Maart

Teatertoekennings – Jy het gewen, wat nou?

Ilza Roggeband

Christo David

5 Maart

Transformasie in teater

Wolf Britz

Shihaam Domingo

6 Maart

Shots of shows - hoe kry ons milleniërs in die teater

Martie Meiring

Emma Kotze

7 Maart

Hoekom praat niemand meer oor kulturele appropriasie nie

Cornelia Faasen

Kay Smith

8 Maart

Jou beste shows, wat staan uit?

Oop gesprek

9 Maart

Oop gesprek

Mercy en Saartjie

 

The post US Woordfees 2019: Bevestigde spekers van die gratis diskoersprogram appeared first on LitNet.

Viewing all 21534 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>