It is the policy of my department that education should have its roots entirely in the Native areas and in the Native environment and Native community. There Bantu education must be able to give itself complete expression and there it will have to perform its real service. The Bantu must be guided to serve his own community in all respects. There is no place for him in the European community above the level of certain forms of labour. Within his own community, however, all doors are open. For that reason it is of no avail for him to receive a training which has as its aim absorption in the European community while he cannot and will not be absorbed there. Up till now he has been subjected to a school system which drew him away from his own community and partically (sic) misled him by showing him the green pastures of the European but still did not allow him to graze there. This attitude is not only uneconomic because money is spent on education which has no specific aim, but it is even dishonest to continue with it. The effect on the Bantu community we find in the much discussed frustration of educated Natives who can find no employment which is acceptable to them. It is abundantly clear that unplanned education creates many problems, disrupts the communal life of the Bantu and endangers the communal life of the European.
For that reason it must be replaced by planned Bantu Education. In the Native territories where the services of educated Bantu are much needed, Bantu education can complete its full circle, by which the child is taken out of the community by the school, developed to his fullest extent in accordance with aptitude and ability and thereafter returned to the community to serve and to enrich it.
Hendrik Verwoerd Speech as Minister of Native Affairs, 7 June 1954 [Afgelaai 4/12/2018]
Sê djy gou vi my wat is anners oo hoe ôs skole vedag lyk? Issit Funsa? Issit ommat daa ʼn brên-new syllabus is? Issit ommat die ministers nie wit issie? Al gie mens dit ʼn anner naam, betieken dit toggie dat dinge veanner hettie.
Maa kom ôs wies gou heppie soe vi ʼn paa sekondes, wan ek wiet mos nou oek dat meeran ʼn paa matrikulante gat dié jaa baie heppie wies, wan at least staan hulle oek nou ʼn kans om deel te raak vannie “elite”-groep mense wat kan uni of kollege toe gan. Ek mien daa is niks bieter dan om te wiet djy kan annie einde van nog drie jaa se studie met ʼn graad agte jou naam staanie. Trots! En imagine ommie eeste een te wies in jou familie ommit te kan doen. Dis mos iets om oo mal te raak met excitement.
Maa ... Hokaai! Hokaai! Hokaai!
Het hulle rêrig gesê 30%? Ek mien wiet ôs rêrig hoevel 30% is? Soe hulle sê nou actually dat djy hoef net 30% van Engels of Afrikaans te vestaan dan kan djy maa universiteit toe gan? Ek wat met ʼn meer dan average level Engels vestaan het, het gestruggle toe ek daa kô, wat nog te sê van ʼn kind wat minner assie helfte van daai taal vestaan? Wat dink Madam Naledi Pandor om dié goed te doen? Wat kry ʼn mens as djy iemand in ʼn rol sit wattie die nodige gereedskap het om ʼn wêk te doenie? Kyk maa net om jou en sien hoe dit lyk innie publieke sektor. En ek vestaan dat ja dis mos net oek reg dat amal ʼn kans kry vi bietere education, maa wat gat bieter wies? Behalwe die feit dat universiteite nie sal kan byhou met ansoeke nie, is daa die ding van wat gat soek djy op universiteit as djy nie kan vestaan wat djy liesie? Hoevel van daai kinners gat rêrig hulle kursusse kan slaag as hulle 70% van wat hulle liesie vestaanie? En watse toekomstige leierskap wôd gebou as kinners maa net moet 30% vestaan vannie taal wat hulle in gelee wôd?
Dis hoekal klaa een vannie riedes hoekô kinners op skool vaar die way hulle vaar, wan hulle vestaanie die wêkie, wan hulle vestaanie die taalie. Ek sallie vebaas wies assie onnerwysers self oekie die taal vestaanie. Wat issie doel om dinge soe maklik te maak vi mense? Moet ôs dannie die toekomstige leiers inspireer om harder te wêkie? Ek mien baie van ôs gat klaa nie ʼn plek het innie workforce nie. Wan dit gat net makliker wies om artifisiële intelligensie te gebruik, en dit gat net baie minner kos. En as mens net daai punt ʼn bietjie vêder kan vat om te sê dat, ja, robots gat daa wies, maa hulle gat ʼn baas nodig het. En dit lykkie vi my dit gat een van ôs kinners wiesie. Wan hulle wôd dan nou geïnspireer om maa net die minste te gie. Hulle hettie nodig om hulle breine te develop nie. Kan djy nou meer?!
Ek was wel gelukkig om die kans te kry om te gat studeer. En ek proebee baie jongmense of ouer mense wat die kapasiteit het om trug te gan skool toe of universiteit toe om dit te doen. Maa die goed wat hulle hie doen! Ek wiet daremie van dittie. Wan hoekô moet ôs mense opstel om te druip? En behalwe dit, in vegelyking mettie res van Afrika ennie res vannie wêreld hoe sal ôs kan in kompetisie bly wanner ôs met toekomstige leiers sit wattie die taal wat hulle in leer vestaanie? Hoe moet die toekomstige leiers innovative wies, of kritiese vrae vra as hulle opgebou wôd om die minste van hulle mental kapasiteit te gebruik?
Hoekô wôd die publiek nie gevra oo die groot besluite nie? Hoekô wôd ôs net gesê dis hoe hulle dit gat doen? Hulle vang stront an daa boe, en dan moet ôs maa net deal mettie gevolge. Ek dink dis sieke tyd dat mens moet beginte dink an om jou kinners byrie huis groot te maak en skool te gie en alles proebee om hulle ʼn bietere liewe te gie. Of trek Australië of Kanada of een vannie Skandinawiese lande toe, of trek op in Afrika, maa skiep vi Namibië, wan daa vat hulle net soe gat van “education virrie nation”.
Ek wiet dat miskien sal ôs oek geraas het as hulle moet die bar gelig het, maa dis bieter om die bar te lig soedat mens moet hadder wêk om daa uit te kô. Wan as djy vi my vra is skool, soes dit nou is, ʼn gemôs van amal se tyd. En nou try hulle om universiteite oek ʼn môs van tyd maak. Eisj!
Hoe kan ôs gekla het van “Bantu Education” maa dan doen ôs dieselle goed ampe 30 jaa later? Het niemand virrie gawement gesê dat om daa boe innie lighuis te sit gattie oo mag hettie, maa dit gat oo om die liewe te vebieter vi Suid-Afrikaners en Suid-Afrika, en oek om te help met die opheffing vannie res van Afrika. Pandor en Ramaphosa moet van bietere wiet. Net ommat ʼn ding ʼn anner naam het, betieken dittie dat dinge veanner hettie.
Dankie virrie onnersteuning.
Ek is Livy vannie Rive, bly te kenne.
The post Djy kôt net 30%. “Dis genoeg!” sê hulle. appeared first on LitNet.