Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21830 articles
Browse latest View live
↧

LitNet Akademies: Volledige joernaaluitgawes

$
0
0

Jaargang 15, Nommer 3 – 2018

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

Jaargang 15, Nommer 2 – 2018

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 15, Nommer 1 – 2018

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 14, Nommer 3 – 2017

Afdeling: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 14, Nommer 2 – 2017

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 14, Nommer 1 – 2017

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 13, Nommer 3 – 2016

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 13, Nommer 2 – 2016

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 13, Nommer 1 – Mei 2016

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 12, Nommer 3 – Desember 2015

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 12, Nommer 2 – Augustus 2015

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

Afdeling: Natuurwetenskappe                                 

 

Jaargang 12, Nommer 1 – April 2015

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 11, Nommer 3 – Desember 2014

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Regte

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opoedkunde

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 11, Nommer 2 – Augustus 2014

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Regte

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 11, Nommer 1 – Maart 2014

Afdeling: Regte

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

 

Jaargang 10, Nommer 3 – Desember 2013

Afdeling: Regte

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

 

Jaargang 10, Nommer 2 – Augustus 2013

Afdeling: Regte

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

 

Jaargang 10, Nommer 1 – Maart 2013

Afdeling: Regte

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

 

Jaargang 9, Nommer 3 – Desember 2012

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Regte

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

 

Jaargang 9, Nommer 2 – Augustus 2012

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Regte

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 9, Nommer 1 – Maart 2012

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Regte

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 8, Nommer 3 – Desember 2011

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 8, Nommer 2 – Augustus 2011

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 8, Nommer 1 – Maart 2011

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 7, Nommer 3 – Desember 2010

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 7, Nommer 2 – Augustus 2010

 

Jaargang 7, Nommer 1 – Maart 2010

 

Jaargang 6, Nommer 3 – Desember 2009

 

Jaargang 6, Nommer 2 – Augustus 2009

 

Jaargang 6, Nommer 1 – Maart 2009

 

Jaargang 5, Nommer 3 – Desember 2008

 

Jaargang 5, Nommer 2 – Oktober 2008

 

Jaargang 5, Nommer 1 – Augustus 2008

 

The post <i>LitNet Akademies</i>: Volledige joernaaluitgawes appeared first on LitNet.

↧

Dry White: Nik Rabinowitz bly een van ons beste komediante

$
0
0

Nik Rabinowitz is terug in die Baxter met sy twaalfde eenmanvertoning, Dry White en hoewel hy kla dat hy die plakkate, foto’s en dialoog voorberei het toe #DayZero nog ’n werklikheid was en die feit dat daar nou water is, bietjie op sy battery piepie, praat hy reg in die gehoor se harte in oor hoe die waterskaarste ons Kapenaars tog op ’n vreemde manier verenig het.

Hy praat oor verskeie ongemaklike kwessies – selfs die opspraakwekkende soen tussen hom en die ander vrou in die motor, wat koerantopskrifte vroeĂ«r vanjaar gehaal het en natuurlik die hele kwessie van ontrouheid weer in die kollig geplaas het.

Daar is geen twyfel dat Nik Rabinowitz weet hoe om gehore te vermaak nie – hy weet hoe om die laggolf te ry as hy die kol tref, maar weet ook om ’n ander rigting in te slaan en van die onderwerp af te stap as die gehoor nie met sy vertellinge tred hou nie.

Hy spot met homself; hoe mense hom met mense soos Dion Bing verwar – “hoe dit die lae vlak is van sy internasionale roem”, maar die selfversekerde houding oortuig jou gou dat hy weet die gehore eet uit sy hand. Hy is al vir meer as 17 jaar ’n komediant en sy internasionale aansien strek wyd: van Holland tot AustraliĂ«, Kanada tot die VK waar hy gereeld optree.

Hy spot nie net fyn met ons vooroordeel, seks en voorspel, die waterbeperkings en padwoede nie, maar sy fyn waarneming van die politiek slaan ook gereeld deur. En natuurlik steek hy die draak met Waldorf-skole, geleenthede wat nooit aangegryp is nie en ook die harde werklikheid van 42, wit en manlik wees in Suid-Afrika van 2018.

Hier en daar skemer van sy ou gunstelinge deur, soos dat hy graag as kind met homself gespeel en graag rugbykommentator was, maar vir die nuwelinge in die gehoor is dit vars en nuut en jy kan nie help om weer saam te lag nie.

Die hele skets oor hoe die land teruggegee is aan voormalige werkers toe sy pa wegval, het luide applous ontlok. Nik sorg weer eens vir ’n lekker agteroorsit en lag in diĂ© vertoning en niemand spring sy skerp tong en waarnemingsvermoĂ« vry nie. Lag vir jouself, dit maak alle probleme sommer eenvoudiger lyk.

Daar is ’n kort inleiding deur die jong Paarlse komediant, Lindy Johnson, wat die gehoor net so lekker laat lag het. Die totale vertoningstyd was veel langer as die geadverteerde 70 minute, maar niemand het gekla nie!

Dry White

Met: Nik Rabinowitz

Regie: Brent Palmer

Baxter Teater, Rondebosch

Van 18 Desember tot 12 Januarie 2019

Kaartjies deur Webtickets www.webtickets.co.za of uitgesoekte Pick n Pay-takke. 

Daar is ’n "geen onder 14"-ouderdomsbeperking.

The post <i>Dry White</i>: Nik Rabinowitz bly een van ons beste komediante appeared first on LitNet.

↧
↧

LitNet: Jou feestyd

↧

PEN Afrikaans bring hulde aan Naas Steenkamp

$
0
0

Naas Steenkamp en Kerneels Breytenbach by die eerste PEN Afrikaans Algemene Jaarvergadering.
Foto: Naomi Bruwer

PEN Afrikaans het met hartseer verneem dat Naas Steenkamp, een van ons stigterslede, gisteroggend oorlede is.

Naas Steenkamp was saam met John Miles, Fanie Olivier en Kerneels Breytenbach die dryfkrag agter die stigting van PEN Afrikaans in 2012.

Steenkamp het sy agtergrond as besturende direkteur van General Mining en president van die Kamer van Mynwese goed kon benut met die moeilike proses om Pretoria PEN en die Afrikaanse Skrywersunie saam te voeg en te herkonstitueer as PEN Afrikaans. Steenkamp het die proses soos ’n groot kampanje benader, en danksy sy vriendskap met die destydse voorsitter van PEN South Africa, Anthony Fleischer, kon hy PEN International oorreed om PEN Afrikaans onmiddellik as sentrum te erken. Hy het ook ’n sleutelrol gespeel in die opstel van PEN Afrikaans se grondwet en die skep van die nodige administratiewe struktuur.

Steenkamp het AndrĂ© P Brink as student aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike HoĂ«r Onderwys leer ken. Hul vriendskap het daartoe gelei dat Steenkamp vir Brink alle nodige inligting kon gee oor die werking van ’n Suid-Afrikaanse ambassade in ’n Europese hoofstad vir Brink se roman Die ambassadeur.

Steenkamp het later self ’n bundel vertellings by Human & Rousseau gepubliseer. Op ’n galop na Buckingham-paleis handel oor sy tyd as junior diplomaat in Londen in die laat vyftiger- en vroeĂ« sestigerjare.

Hy was iemand wat ’n groot bydrae gelewer het waar hy gegaan het. Ook by PEN Afrikaans.

Ons innige meegevoel aan sy naasbestaandes.

Naas Steenkamp, Kerneels Breytenbach en Fanie Olivier by eerste PEN Afrikaans Algemene Jaarvergadering.
Foto: Naomi Bruwer

The post PEN Afrikaans bring hulde aan Naas Steenkamp appeared first on LitNet.

↧

JH en JM

$
0
0

Ek stem saam met JH (12/18) – bulder dit maar:
 “Skoenmaker, hou jou by jou lees.”

 Meen te sĂȘ, JM is ’n regsgeleerde, seker in Romeinse reg, want hy’t ’n  Hons in Latyn. JH is ’n prof, uiters wel belese in die literatuur, haar vakgebied.

Sy klim nie in op JM se gebied nie, maar hĂœ  is na my mening verwaand.

Nuwejaarswense vir almal.

Raed-na-Gael.

 

The post JH en JM appeared first on LitNet.

↧
↧

Stephen Johnson: ’n huldeblyk

$
0
0

Stephen Johnson, Johannesburg 2013
Foto: Naomi Bruwer

Stephen Johnson was groter as die lewe. Hy was my baas, my mentor en my vriend.

Stephen het my in April 1988 by Exclusive Books, Sunnypark aangestel. Saam het ons in Pretoria ’n tuiste vir Afrikaanse boeke geskep.

Hy het met sy Queen’s English net so ’n liefde vir Afrikaans gehad. Ons het in 1989 die heel eerste boekefees in Sunnypark aangebied. Daar was 40 uitgewers betrokke en ons het die hele onderste vlak van Sunnypark in ’n reuseboekwinkel omskep. Daarmee saam het ons ’n literĂȘre ontbyt in die Holiday Inn gehou, waar ongeveer 50 skrywers saam met lesers gekuier het.

Stephen het my soveel van boeke geleer.

Hy was die ewige “gentleman”. Wat ek altyd sal onthou was sy klere. Jy kon hom altyd deur ’n ring trek met sy pakke en sy dasse.

Met die vrystelling van Marita van der Vyver se Griet skryf ’n sprokie het die uitgewers vir CNA alleenreg op verkope die eerste drie weke gegee. Ek was woedend en het vir Stephen gebel. Hy was binne 40 minute by my winkel en saam het ons gery en by elke CNA in die dorp elke eksemplaar gaan koop. By een van die sentrums, waar daar twee CNA’s was, het ek buite vir hom gewag. Die winkelassistent was baie agterdogtig toe hy haar vertel dat hy die 30 boeke koop vir Paasgeskenke. Sy het hulle hoofkantoor geskakel. Toe hulle vra hoe hy lyk, sĂȘ sy dat hy ’n baie deftige man is en sy vrou wag buite die deur. Van diĂ© dag af het hy my altyd aangespreek as Mevrou Johnson. 🙂

Binne vier uur was Exclusive Books in Sunnypark die enigste winkel in Pretoria met voorraad.

Stephen het later by Random House-uitgewers begin werk en ook daar het ons baie nou saamgewerk. As voorsitter van PASA het hy ongelooflike diep spore in die uitgewersbedryf getrap. Stephen se boekfunksies was altyd die heel beste, keurigste en grootste.

Stephen was my grootste ondersteuner toe ek 15 jaar gelede my eie besigheid begin het. Hy het my bygestaan met raad en daad. Stephen was altyd net ’n oproep ver.

Stephen Johnson, ek salueer jou. Jy sal vir altyd in my hart wees.

The post Stephen Johnson: ’n huldeblyk appeared first on LitNet.

↧

ATKV-Mediaveertjies 2019: skryf nou in!

↧

Prooi deur Deon Meyer: ’n resensie

$
0
0

Prooi
Deon Meyer

Human & Rousseau
ISBN: 9780798177757

Om ’n Deon Meyer-boek te resenseer is nie altyd ’n maklike taak nie. Die woorde “Die gewildste skrywer in Afrikaans” pryk nie om dowe neute op die omslae van Meyer se boeke nie. Almal, van die Kaap tot in Slowakye, weet Meyer is goed. Konsekwent goed.

Met 13 romans en talle literĂȘre toekennings agter die blad het Meyer die kuns van die Afrikaanse misdaadriller so te sĂȘ vervolmaak. En dit raak ĂĄl moeiliker om clichĂ©s en selfplagiaat te systap as dit by die resenseerwerk kom.

Meyer se jongste roman, Prooi, is (kom ons sĂȘ dit nou maar) ’n kragtoer.

Aanhangers van kaptein Bennie Griessel sal bly wees om te verneem dat hierdie gewilde karakter saam met sy kollega Vaughn Cupido weer terug aan die stuur van sake is in Prooi.

Bennie is deesdae al agt maande op die waterwa, sewe kilogram ligter en sien gereeld sy “shrink” om die duiwels van posttraumatiese stres en alkoholisme te besweer. Boonop is daar ’n ring in sy boonste laai by die werk wat hy vir Alexa Barnard wil gee.

Ondanks hierdie goeie verwikkelinge is daar maar altyd moeilikheid wanneer Griessel en Cupido in die omtrek is. En hierdie keer is dit moeilikheid met slagtande.

Die twee speurders is maar bra onwillig om ’n dossier wat op die Valke se elite-Eenheid vir Ernstige en Geweldsmisdade afgedwing word, aan te pak. Dis nou die saak van Johnson Johnson, ’n oudpolisieman wie se lyk langs die treinspoor naby Drie Susters ontdek is.

Die saak is so koud soos verlede week se Krismispoeding en boonop het die “rocky scientists” van die plaaslike SAPD al weer drooggemaak met die dossier. DiĂ© hoĂ«r op is gretig om die saak as selfmoord af te maak. Johnson het glo self vanuit ’n luukse trein van Rovos Rail na sy dood gespring, maar die storie steek nie lekker inmekaar nie. Twee van die passasiers op die trein is dan “spoke” wat glad nie bestaan nie.

Soos Griessel en Cupido die drade begin volg, raak dit al hoe duideliker dat hierdie saak hulle gevaarlikste saak nog is, een wat hulle moontlik hulle loopbane kan kos. Want al die leidrade dui op een ding: staatskaping.

Die twee speurders se soektog na Johnson se moordenaar word afgelos deur die verhaal van Daniel Darret, ’n afgetrede KGB-sluipmoordenaar wat hom in Bordeaux gevestig het. Darret se rustige bestaan as die handlanger van ’n bekende antiekemeubel-restoureerder word omvergegooi wanneer hy deur sy oudkamerade opgeroep word om ’n sluipmoord op ’n president in Parys uit te voer.

Griessel en sy kollegas se jagtog na die treinmoordenaar en Darret se bekruip van sy eie prooi word uiteindelik in ’n kragtige klimaks saamgesnoer.

Prooi raak-raak aan ernstiger kwessies, soos Kaapstad se opdoemende Dag Zero, alkoholisme en die verpletterende gevolge van posttraumatiese stres. Dit is egter Meyer se sterk politiese kommentaar op korrupsie en die huidige ondersoek na staatskaping in Suid-Afrika wat die meeste trefkrag het.

Lesers wat nie heeltemal gelukkig was met Koors (2016) se distopiese elemente nie, kan ontspan. Prooi is klassieke Meyer op sy heel beste – deels Murder on the Orient Express, deels “buddy cop”-verhaal, met genoeg aksie, kwinkslae en intriges om te verseker dat jy die boek in een sitting sal wil verslind.

Diegene wat nie bekend is met Bennie Griessel nie, kan gerus eers in Meyer se Infanta (2005), 13 Uur (2008), 7 Dae (2011), Kobra (2013) en Ikarus (2015) met dié bobaasspeurder gaan kennis maak.

Oor die enigmatiese Daniel Darret wil ek nie te veel sĂȘ nie, behalwe dat die storielyn by Meyer se Proteus (2000) en Infanta (2005) aansluit.

 

Lees ook

Prooi deur Deon Meyer: ’n lesersindruk

The post <i>Prooi</i> deur Deon Meyer: ’n resensie appeared first on LitNet.

↧

Losprys deur Martin Steyn: ’n resensie

$
0
0

Losprys
Martin Steyn
Uitgewer: LAPA Uitgewers
ISBN: 
9780799390889

’n Kind is weg. ’n Stewige losprys roep, en so begin ’n week van onverdunde hel – gepak met onderhandelinge, die gejaag agter leĂ« leidrade aan en verskillende agendas wat ontvou tussen Llandudno en Mitchells Plain in die Kaap.

Die storie draai om Steven, ’n jong stil seun van die welgestelde Amerikaanse paartjie Heath en Donna Gordon, wie se roetinemiddagstappie na die rotse op ’n ontvoering uitloop. Beperkte beeldmateriaal op die omgewing se sekuriteitskameras, ’n vermiste tuinier en gedokterde samoesas is van die leidrade wat die span deskundiges van die polisiediens moet gebruik. Intussen wag die Gyselaaronderhandelingseenheid vir die gevreesde oproep van die verdagte om ’n losprys te beding.

Steyn se boeke getuig van deeglike navorsing en bevat interessante karakters. In Losprys word die leser blootgestel aan die binnewerke van die Suid-Afrikaanse Polisiediens – kompleet met die onderliggende frustrasies, magteloosheid en politiek wat taakmagte, die Ernstige Geweldsmisdaadeenheid en die Gyselaaronderhandelingseenheid beleef. Die leser besef gou dat ’n menseroofscenario ’n groep gespesialiseerde persone vereis wat die verantwoordelikheid van lewe en dood op hulle gefrustreerde skouers moet kan dra, en dat geduld, deursettingsvermoĂ«, hoop en kennis nodig is om ’n gyselaarsdrama suksesvol te ontlont.

Verskeie karakters se verhale vervleg met die hoofgyselaarsdrama en verleen sodoende diepte en tekstuur aan die boek. Die intensiteit van die oplos van moordsake word beklemtoon en leidrade wat spook, veroorsaak dat polisiebeamptes persoonlike verantwoordelikhede afskeep. Daar is byvoorbeeld adjudant Enzo Ariefdien wat streef om geregtigheid te laat geskied, terwyl die stof dik voor sy eie voorstoep lĂȘ. So ook is posttraumatiesestressindroom duidelik in die optrede van die primĂȘre onderhandelaar, Karla Blackenberg, wat verskeie geraamtes in ’n destruktiewe en dramatiese kas probeer oorwin, maar bewys dat dit soms nie moontlik is om die druk van die ongenaakbare werk wat sy verrig, teĂ« te sit nie.

Die boek bied talle verrassings – een daarvan is dat daar moontlik nie slegs een kind vermis is nie, wat die storie ’n interessante wending gee. Jou eie morele kompas speel ook woer-woer as jy gekonfronteer word met die ongeregtigheid wat ’n sekere demografie van Suid-Afrikaners beleef – want klas- en rasverskille in Suid-Afrika is beslis die teelaarde waarop die verhaal gebou is.

Daar is verskeie verdagtes, en jy vind dat jy self speurder speel met karakters se motiewe, modi operandi en hul emosionele besluitneming. Regverdig die doel die middele wanneer ’n magtelose ouer of randfiguur enigiets sal doen om geregtigheid te laat geskied?

Is daar ’n skakel met Steven se broer en sy bruin vriendin wat ’n koffiewinkel bedryf in Houtbaai? Is daar ’n moontlikheid dat oorsese besigheidsreuse suur is na ’n besigheidstransaksie wat skeefgeloop het? Of is die eenvoudige karboef skuldig?

Naamgewing in die boek is in sekere opsigte problematies. Alhoewel die name van karakters wel ’n etnisiteit of kulturele sein wil stuur, kan foneties soortgelyke of moeilike name en plekke soos Ariefdien, Lubambo, Llandudno, Ruhling, Raweena, Rashad en Roshaan uitspraak bemoeilik in jou gedagtes of selfs lei tot verwarring van karakters. Die tempo is ook aanvanklik stadig, maar mettertyd tel die verhaal spoed op soos wat leidrade ondersoek word en speurkonneksies gemaak word.

Hierdie boek byt en hy klou – jy word meegesleur met die spannende jagtog, die ontrafeling tot op die klimaks en ontknoping. Die slot belowe ’n sug van verligting, of ’n mistroostige “nee!”. Steyn sit gemaklik in sy misdaadskryfvel en hy het daarin geslaag om ekstra spanning en diepte aan ’n gyselaarsdrama te verleen deur ’n slim toevoeging van sosiale kommentaar as interteks. Die grond lĂȘ braak vir die ontwikkeling van nuwe stories vanuit Losprys en sy karakters.

Hierdie is Steyn se vierde spanningsroman. Sy boek Donkerspoor is reeds in Engels vertaal en ’n Turkse vertaling is moontlik in die pyplyn.

The post <em>Losprys</em> deur Martin Steyn: ’n resensie appeared first on LitNet.

↧
↧

Die skaap op Clifton en die olifant in die vertrek

$
0
0

Die mens is nie die enigste wese met ’n persoonlikheid, denke, emosies en regte nie. Ons tree wel soms so op wanneer ons oor die ander spesies “heers”, skryf ElsabĂ© Brits.

Die vurige debatte wat die onlangse slag van ’n skaap op Clifton se strand ontketen het, wys weer hoe verskillend mense ander spesies bejeĂ«n. Ons wens onsself geluk met die prestasies van ons spesie, of eien ons die reg van tradisie toe sonder om aan die regte van enige ander spesie op aarde te dink.

Drie punte op sosiale media was opmerklik: “Ons gee meer om vir diere as vir mense”; “Dit is mense se reg om ’n skaap te slag hoe en waar hulle wil, dit gebeur dan elke dag”; en “Jou braaivleis het erger gesterf by die slagpale.”

Is dit? Is die skaap op Clifton nie wreed behandel om bloot ’n politieke standpunt te maak nie? Tot watter mate was die slag van die skaap kultuur of protes, en was dit ’n etiese manier om ’n dier te behandel? Kan ’n mens sulke vergelykings tref?

Dit is wat op die strand gebeur het, volgens al die beskikbare video’s van nuuskanale wat ek herhaaldelik gekyk het: Die manier waarop die skaap op Clifton se strand gedra is, sou minstens een van die bene gebreek, of uit die potjie geruk het. Sy word aan haar ore getrek. Sy sukkel om te loop, en struikel. Plakkate word bo-op die skaap geplaas. Een lui: “Run Racist Run!” en “#Reclaim Clifton Beach”. Sy lĂȘ bewend op die sand. Sy lewe nog. Die musiek speel hard. Mense staan in ’n kring. Die skaap se agterpote is vasgebind.

 “Ons gaan die skaap losmaak en hom loop na die see om die water van Nxele te drink!” het Chumani Maxwele, een van die leiers van die Black People’s National Crisis Committee, kort voor diĂ© slagtery geskree. Hy was ook een van die leiers tydens die Rhodes Must Fall-protesoprede. Nxele was ’n Xhosa-krygsman wat dood is in ’n geveg teen die Britte in 1819 in Grahamstad.

Mense trek haar verder aan haar ore. Sy sukkel om te loop. Iemand tel haar aan die voorbene op – op so ’n manier dat dit na bo buig; nog iemand dra haar aan die oor. Die skaap se kop word in die see gedruk. Dan word herhaaldelik geskree: “ Viva black people viva! Away racist away!”

Haar keel word deur Maxwele afgesny. Bloed drup op die sand. Daar is baie selfone te sien. Min tradisionele seremonie, buiten een man wat bossies brand. Hoe ver die skaap gereis het, en onder watter omstandighede, is onbekend.

’n Dieregte-aktivis skree dan: “Die enigste ding wat jy weet om te doen is om dood te maak!” En iemand slaan haar op die bors met ’n sandaal.

Dit raas en daar is kameras en selfone orals. Kliek-kliek. Talle diereregte-aktiviste het probeer keer. “Hey fuck you, fuck you” word herhaaldelik op ’n vrou geskree. “Why are you so violent?”; “This is not your land!”; en “What do you know?” met nog vloekwoorde tussenin word oor en weer geskreeu.

’n Mens sien nie ’n polisielid in uniform op enige van die video’s nie.

Die Kaap van Goeie Hoop se Dierebeskermingsvereniging (DBV) wou teenwoordig gewees het, maar die polisie en metropolisie het hulle gevra om nie daar te wees nie, want hulle sal die situasie hanteer. Hieroor is die DBV met nabetragting woedend, omdat die polisie nie opgetree het om die wreedhede te voorkom nie.

’n Joernalis vra: “Was dit nodig om ’n dier op so manier uit te buit? Julle kon seker julle standpunt op ’n ander manier oorgebring het?” “Ons doen dit van toeka se dae af; wat gee jou die vermetelheid om te sĂȘ ons buit die dier uit ... Ons wil ons voorsate oproep op die manier wat ons altyd gedoen het. Miskien is dit net ’n bietjie arrogant ...”

In ’n onderhoud met die SABC vertel ’n sangoma, Zuko Mhukwu, dat die regte tradisionele manier om so ’n ritueel te doen nie gevolg is nie. Hy het onder meer gesĂȘ die korrekte spreuke is nie voor en nĂĄ die tyd gespreek nie. Volgens hom is die voorvadergeeste wat opgeroep is, en diĂ© van mense wat dalk daar sou verdrink het, nie weer ter ruste gelĂȘ nie. Die manier waarop die bossies (imphepho) gebrand is, was verkeerd gedoen, ook die manier waarop daar “Viva!” nĂĄ die tyd geskree is. Hy meen dit was nie ’n ritueel nie, maar was versigtig met sy kritiek.

Die wetgewing is baie duidelik in die Dierebeskermingswet nr 71 van 1962. Die skaap is mishandel (https://www.animallaw.info/sites/default/files/AnimalsProtectionAct71-62.pdf). Hoewel die wetgewing redelik omvattend is, is dit uiters verouderd en die strawwe bly lig. Dit behoort aangepas te word en daar is in 2017 ’n wetsontwerp voorgestel, onder meer om die boete tot ’n maksimum van R40 000 en/of ’n maksimum van tien jaar tronkstraf te verhoog om met die res van die wĂȘreld tred te hou.

Dit is ook ’n oortreding van ’n munisipale verordening om ’n dier op ’n openbare plek te slag.

Wat van die bewering dat diere elke dag oral sĂł geslag word? Volgens artikel 4 van die Wet op AbattoirhigiĂ«ne van 1992 mag diere net 12 uur lank gehou word voordat hulle geslag word. Die dier mag nie onder stres wees op enige tyd nie, en moet op ’n menslike manier hanteer word. Dit moet geslag word in ’n area waar ander mense dit nie kan sien nie, ook nie die naburige besighede nie, of enige lid van die publiek nie. Die vleis moet op ’n higiĂ«niese manier hanteer word, en dit mag nie verkoop word indien dit ’n rituele slagting was nie.

Wat is die welstand van diere tydens rituele slagtings in Suid-Afrika? Nie goed nie. Die Universiteit van Pretoria se Skole vir Landbou en Veeartsenykunde het dit gaan ondersoek. Net 2% van mense in die studie het gesĂȘ die keel word een keer vinnig afgesny – die kele word afgesaag. Die diere word meestal sonder kos en water vasgebind en in motors vervoer en doen vele beserings op, en dit was duidelik uit die studie dat die mense nie weet wanneer die diere dood is nie.

Dit was duidelik uit diĂ© studie dat die diere ly – op vele maniere. Die kenners was ook teenwoordig van by die slagtings en het dit bevind.

So ook is daar ’n opvatting dat die diere wat kosjer en halaal geslag word, “beter sterf”. Dit is nie waar nie, omdat hulle nie vooraf geskok word nie. Om die dier te skok (“stun”) word goedgekeur deur die diereregte-organisasies omdat dit die brein se funksie versteur en die dier nie pyn voel voor die dood nie.

Wat doen ons aan ander spesies?

Jane Goodall se foto op wikipedia (bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Jane_Goodall)

Jane Goodall, die wĂȘreldbekende primatoloog wat vanjaar 85 jaar oud word, was nog altyd my rigtingwyser met opmerkings soos: “Ons gee meer om vir diere as vir mense.” Dit is bloot onwaar. Haar antwoord daarop is: “Deur vir diere om te gee, vir die natuur, gee jy vir mense ook om.” Jy kan nie medelye en empatie leer as jy nie omgee vir diere wat kwesbaar en “ondergeskik” aan jou is nie. So leer jy respek vir jouself en vir ander.

“Enigeen wat die lewe van diere probeer verbeter, ontvang gereeld kritiek van diĂ© wat glo sulke pogings is misplaas in ’n wĂȘreld waarin mense ly,” skryf sy.

Thomas Aquinas (1225–1274) se uitkyk was ook dat wreedhede teenoor diere verkeerd is omdat dit mense aanspoor om ook wreed teenoor mense te wees. Indien jy jou ontferm oor diere, sal jy jou ook ontferm oor mense. Hy is deur Aristoteles (384–322 vC) beïnvloed, maar mense is steeds boaan die piramide geplaas.

Diere het net soveel reg om nie mishandel te word nie as mense. Mense is deel van die diereryk, nie apart daarvan nie. Tog leer die meeste gelowe dat die aarde geskep is tot voordeel van die mens, en diere het nie ’n siel nie.

Die tradisionele Christelike beskouing is dat diere nie wreed behandel mag word nie. So ook volgens Islam (wat honde as vuil beskou). Maar diere is in die verlede en word nou nog steeds nie oor die algemeen as heilig beskou nie, en hulle het nie ’n noemenswaardige reg op lewe nie, omdat daar aangevoer word hulle het nie ’n verstand nie. Hulle mag maar gebruik word.

Ons vergrype in die manier waarop ons ander spesies behandel, het begin met die aanvang van veeboerdery. Ons het bokke, perde, skape, beeste, varke en pluimvee op die mees brutale maniere misbruik, onnodige eksperimente gedoen, hulle geslag en in hokke aangehou. Deur die eeue heen is hulle gebruik om te ploeg, vir vermaak gebruik, oorlog mee te voer, gekastreer, van hulle ma weggehou en beheer. En het uiteindelik op plase beland waar hulle in rye en rye hokke staan.

Jan Baptist Weenix se skildery van René Descartes op wikimedia (bron: https://commons.wikimedia.org/wiki/Ren%C3%A9_Descartes#/media/File:Utrecht_Weenix_Descartes.JPG)

RenĂ© Descartes (1569–1650), die filosoof, het ons vertel daar is ’n groot gaping tussen die mens en die dier, want die liggaam is net ’n masjien. En mense is spesiaal, want hulle alleen kan praat, redeneer en pyn voel. Die antroposentriese beskouing van die wĂȘreld waarin die mens sentraal is, is eeue lank al stewig in die stoel.

Selfs in die era van verligting kon die beste natuurkundiges en filosowe nie besef ander spesies kan ook pyn voel nie. Viviseksie was tot nie lank gelede nie gewild.

Die welsyn van diere het die afgelope 200 jaar flink agteruitgegaan, met die modernisering van landboupraktyke. Die afgryslike wreedhede jeens plaasdiere soos skape, varke, beeste en hoenders om hulle eiers, melk en vleis te bekom word deur Yuval Noah Harari in sy boek Sapiens beskryf.

Die maniere waarop varke in China aangehou, vervoer en geslag word – dit is die hoofbron van vleis – is afgryslik. En moenie dink diere word nie in IndiĂ« en Bangladesj geslag nie – dit is nie ’n mooi gesig nie. Of dat dierewelsyn hoog op die agenda is in IndiĂ« net omdat die koeie heilig is nie.

Ons is almal eintlik skuldig. Die hele wĂȘreld. Diere ly oral, elke dag. Min mense kan hiervan wegstaan en onskuld pleit.

In die 1970’s het Richard Ryder die begrip spesiisme ontwikkel; hy beskryf dit as wanneer mense hulself eerste stel en het dit gelyk gestel aan rassisme. Beide is nie logies nie. Ryder het onder meer gevra wat sal gebeur indien mens byvoorbeeld ’n professor in biologie kruis met ’n aap – sal die nasate in ’n hok of ’n wiegie gehou word?

Peter Singer het dit verder gevoer en gesĂȘ so ’n uitkyk is net daar om die mens te bevoordeel. Moreel en eties is dit verkeerd. Die grens tussen mens en dier is toenemend arbitrĂȘr.

Dit is omdat ons vandag weet – en daar is honderde bewese voorbeelde, al sedert Goodall haar werk in die 1960’s gedoen het – dat talle diere ook in ’n interne leefwĂȘreld het. Hulle het individuele persoonlikhede, dra selfs kultuur, soos die gebruik van gereedskap en kommunikasie, oor van een geslag na die ander; speel, treur, ervaar angs, voel pyn, waak by siekes, kan komplekse probleme oplos, ontwikkel lewenslange bande met mekaar, en wys emosie. Hulle is allesbehalwe onnosel.

Om hierdie rede is dit arm van ons om die mens volgens sekere kenmerke te beskryf en behoort ons lank te dink oor die morele en etiese status van diere. Wat rasioneel is, is relatief. Is ’n baba, ’n persoon met ’n ernstige kognitiewe agterstand of selfs ’n neurodegeneratiewe siekte rasioneel? Nee. Tog beskerm en erken ons hulle regte. Daarom behoort ons nie na die verskille tussen ons en ander spesies te kyk nie, maar na die ooreenkomste, want alles wat leef, het ’n inherente waarde.

Ons is disrespekvol teenoor onsself wanneer ons nie alle spesies met waardigheid hanteer nie. In die lewe en in die dood.

  • ElsabĂ© Brits is ’n vryskut-wetenskapjoernalis.

The post Die skaap op Clifton en die olifant in die vertrek appeared first on LitNet.

↧

Open letter to President Ramaphosa: support the true arts in this country

$
0
0

Dear President Ramaphosa

I realise there is a commission of inquiry currently underway investigating state capture. But I want to go on record and bring to your attention the fact that the arts and culture sector in this country was captured. Long before the Guptas. Your party, our government has squandered billions of rands meant for the struggling artists of South Africa. And all of this can be traced back to cadre deployment. Why not appoint a man like Njabulo Ndebele as minister of arts and culture? Why always individuals whose creativity extends only to creative ways of defrauding their artists?

But Jacob Zuma becoming a recording artist must surely rank as a low point, even by the low standards of the ANC. To use arts and culture money to record the favourite struggle songs of Jacob Zuma is a slap in the face of every artist and writer in this country. And as the acting director of Durban’s bid – Durban’s successful bid – in becoming the first Unesco City of Literature not only in South Africa, but in Africa, I hang my head in shame that the City of Durban can fund Jacob Zuma's struggle songs, but do nothing in 14 months to show the world what the literary capital of Africa should look like. Nothing. In 14 months they could not even constitute a governing body to oversee the functioning of what other countries consider a crowning glory. (By the way, to show you another example of corruption: When a delegation was sent earlier this year to an international Unesco City of Literature gathering in Iowa, neither I as the director nor my deputy director was a part of the contingent!) And now they fund Jacob Zuma’s struggle songs. Under the Unesco City of Literature banner. A project that they have not worked on, let alone celebrated (unless we were not invited!) since 1 November 2017! It is a disgrace.

The City of Durban are a disgrace, using monies promised for Unesco City of Literature projects to fund the legal bills of a man who is soon to swop designer suits for the orange garb. Do they think we are stupid?

This is how TimesLive reported the story: “Ngcobo [Thembinkosi Ngcobo, head of parks, recreation and culture – DD] said after the city had been named as the City of Literature in November by the UN Educational, Scientific and Cultural Organisation Unesco, it had decided to celebrate this through many forms, including music.” This is rich coming from a city that has barely marketed the city as a Unesco City of Literature since November 2017. And did anyone tell Dr Ngcobo there is such a thing as a Unesco City of Music?! Which Durban is not! Moreover, what gives him the right to pronounce on Unesco City of Literature matters? He was not even involved in the bid process. Surely democracy implies consultation with relevant stakeholders?

As the director of Durban’s successful Unesco City of Literature bid I want you to know, Mr President, that I regret the day I brought such an accolade to Durban. Forget the narrative the city tries to spin about how they worked on this bid. This bid was driven and won by six ordinary citizens. We gave our lives for this project, but I want publicly to declare I regret ever bringing such an honour to Durban. I know my committee members feel the same.  I feel I have let the writers down. I should have listened to wiser counsel who warned me that the City of Durban would use this project only as the proverbial feeding trough. And so it has come to pass.

Secretly, I hope that Unesco will take a principled stand and make history by withdrawing Durban’s status as a Unesco City of Literature. Because Durban, an ANC-led municipality, has made a mockery of writers of this country; they have made a mockery of the Unesco City of Literature brand and of the ideals of the Unesco Creative Cities Network. In their first act as a Unesco City of Literature, Thembinkosi Ngcobo, the head of arts and culture and the ANC-led City of Durban have chosen to fund Jacob Zuma. The only thing that comes close to this act being regarded as a Unesco City of Literature project is the well-worn phrase “stranger than fiction”.

I sincerely hope, Mr President, you will investigate this flagrant state capture of the arts and culture sector in our Unesco City of Literature. As the most experienced curator of book festivals in this country, and the only person in the world to have pioneered both a Book Town and a Unesco City of Literature, I can assure you this is only the tip of the iceberg, albeit the most obscene act of corruption in the arts and culture sector to date. 

As a man whose inaugural speech as president captured the hearts of all South Africans with your famous Hugh Masekela quote “Send me”, I can only hope that you will send me to lead the City of Durban’s Unesco City of Literature programme and not let me be banished to the outer edges of Siberia like all the valiant whistleblowers to date. Use your power to crush corruption and ensure the independence of a democratically elected governing body for South Africa’s and Africa’s first Unesco City of Literature. Empower us to be free to invite authors who write books like Why the ANC will fail or The President’s keepers. For was it not the writers of this country who fanned the struggling embers of resistance during apartheid? I don’t need money. The team of six that brought Unesco City of Literature glory to Durban never asked for a cent. We are the dreamers, for whom money is secondary. SEND US MR PRESIDENT TO TAKE OVER THE UNESCO CITY OF LITERATURE IN DURBAN. And send Dr Thembinkosi Ngcobo and the City of Durban back to Nkandla to inform Mr Zuma there will be no recording contract.

Forever BookBedonnerd
Darryl Earl David

Also read

Press release: Update on Durban's bid for Unesco City of Literature

Durban first city on the African continent to become a Unesco World City of Literature

The post Open letter to President Ramaphosa: support the true arts in this country appeared first on LitNet.

↧

50 blertse blou deur Blouwillem: ’n FMR-resensie

$
0
0

50 Blertse blou
Blouwillem
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485308607
Genre: Rubrieke
Prys: R180

’n Resensie deur Danie Botha in Fine Music Radio se Boekkeuse. Uitgesaai op 19 Desember 2018.

In 127 bladsye is 50 koerantrubrieke van Blouwillem versamel. Op elkeen is daar iets waaroor jy spontaan glimlag, grinnik of hardop lag. Gewoonlik vir meer as een situasie of sĂȘding op een bladsy.

Ek gee nou voorbeelde van hoe Blouwillem sy uiters leesbare en meevoerende tekste skep.

Daar is sy nuutskeppinge wat heerlik dui op oorspronklikheid, goeie waarneming, satire en humor.

Enkele voorbeelde: Strikdas word skrikdas. Ek is nie seker hoe hy daarby uitkom nie. Is dit die das se punte wat opwys soos jou hande as jy skrik? AvĂȘre is die Afrikaans vir “affair”; ’n selfie word ekkekiekie; die gewaagde foto’s wat van “die suidelike streke” van spesifiek die vroulike liggaam geneem word heet plekkiekiekies.

Hy wend hom tot die nasionale kromminsaris:

Al wat ons net wil weet, agbare kromminsaris, is wat  gaan gebeur as ons ou landjie nou ook Nasionale Matroosdag, Nasionale Onderwysersdag, Nasionale  Straatvroudag en nog dertig ander nasionale dae moet kry?

Oom Johnny sĂȘ hy het gehoor die vakbond vir polisiehonde (Vakhond) het ’n dringende versoek  gerig om ook ’n dag af te kry. Natuurlik het hulle gevoel elke hond moet sy polisiedag kry. Want Popkroek het dit dan vir sy lede beding. (53) 

Nou die volgende soort vermaak: Blouwillem is lief om name spottenderwyse te verander. In die vorige uittreksel het ons al ’n voorbeeld daarvan: Popkroek vir Popcru. Olivia, ’n tweejarige verjaardagmeisietjie, word Oulyfie en Ouliefie. Nkandla: Nskandalig. Krugerwildtuin is Krugerwilletuin. Eskom ... Eksdom. Mense wat lief is vir die sosiale media sal die volgende herken: Vuisboek, Wikkie Pieterse (Wikipedia) en Wat’sAap. Ander name: Kroektas vir Guptas en oom Ollie Tambo se lughawe.

Nou ’n aanduiding van die vele temas: aandpakgeleenthede, eetgewoontes, liggaamsgewig, rugby (Frik du Preez, Mannetjies Roux, Gerhard Viviers, Bakkies Botha, en ander), vloek in die hof, jagtyd, inbraak gewoonlik terwyl jy lĂȘ en snork, beginjare van ons televisie, motors, kondoomgebruik in die weermag, destydse skyfievertonings en wildtuinervarings met kameelperde, ens.

Oor groot gesinne vertel hy:

My oom Fritz wat sewe kinders het, het eenkeer vir  my gesĂȘ: “Ja, ou nefie, ek weet ons het ten minste een kind te veel, maar ons kon nog nooit besluit  watter een nie.” (12)

O, en die politiek! Veral oor ons gewese staatshoof, Jacob Zuma, is hier heelwat:

Oom Johnny sĂȘ as daar nou ’n man is wat hy altyd jammer gekry het, was dit Nommer Een met sy  vier ander kwarte. “Kan jy jou indink in watse  skermutseling jy jou kan inloop as hy daar by Spur  met diĂ© vier en ongeveer twintig kinders ingewals  kom,” sĂȘ hy. “Ek sĂȘ julle, selfs die Guptas sal sukkel  om daai rekening uitgesorteer te kry.” (...) Maar soos neef Bartel toe byvoeg: Dit moet vir Nommer  Een, selfs met vier-en-twintig gaste, nog steeds  lekkerder in die Spur wees as by ’n Koesatoe-dwarstrek in  Bloemfontein. (47)

Blouwillem vertel van skrywers soos Fanus Rautenbach en PG du Plessis. Oor Du Plessis:

Daar verskyn eenkeer ’n koerantberig oor al die  rampe en teĂ«spoed wat deur die jare die Maak ’n  las-span getref het, maar helaas verskyn die kop toe sonder vraagteken en al wat daar staan is: “Rus vloek  op Maak ’n las.” Dis toe wat PG opmerk: “Ek kan  nie onthou dat ons in al die jare ooit ’n Rus op die  program gehad het nie.” (126)

Dit is einste PG wat ’n waar woord voorin ’n kopie van sy Fees van die ongenooides vir Blouwillem geskryf het: “Blou, ek lees jou graag!”

Blouwillem se reaksie: “So goed Naas Botha gee vir ’n derdespan-skoleloskakel ’n kompliment oor sy skopwerk” (126).

 

Lees ook

Foto's: Bekendstelling van 50 blertse blou deur Blouwillem

The post <i>50 blertse blou</i> deur Blouwillem: ’n FMR-resensie appeared first on LitNet.

↧

Verdraaide geskiedenis?

$
0
0

Ek dink byvoorbeeld aan Groot Trek.  By Piet Retief se moord was Maleiers betrokke. By Blouwkrans was 300 Maleier-vroue en -kinders vermoor.

Was Slag van Bloedrivier werklik wit setlaars vs swart oorlog? 

Ek het die vraag oordink en besef dat feitlik was dit oorlog teen volksmoordenaar en diktator, wat minderhede onderdruk het en geen menseregte gegun het nie! In die laer by Bloedrivier was net mans, maar nie net wit mans/setlaars nie. Daar was 20 Zoeloes as verkenners, verskeie Maleiers en Andries Pretorius se bruin predikantsekretaris wat ook Pretorius se weergawe van die finale Gelofte geskryf het, waaroor Sarel Cilliers groot meningsverskil gehad het.

Tog word waarheid verdraai, om dit politieke korrektheid kleur te gee van rassisme? Daar was GEEN rassisme of apartheid in die Gelofte nie en dit is 'n gelofte vir genade, nie vir politieke korrektheidbeleid nie, na een of ander kant toe nie. Wat teen Silkaats as diktator gebeur het, het ook teen Dingaan as diktator gebeur. 

Dalk moet kleptokrate en hul meelopers weer gaan dink oor geskiedenis.

Hans Richardt 

 

The post Verdraaide geskiedenis? appeared first on LitNet.

↧
↧

Deur vuur en water deur Karin Combrinck: ’n resensie

$
0
0

Deur vuur en water
Karin Combrinck
ISBN: 9780796321176
Lux Verbi

Hierdie roman is vanuit ’n oorheersend Christelike perspektief geskryf. Die titel suggereer reeds ’n vorm van loutering. Dit is egter moeilik om dit in ’n spesifieke genre te plaas, aangesien dit nie alleen ’n speurverhaal is nie maar ook ’n roman waarin liefdesverhoudings figureer en veral dieper kwessies in die samelewing aangeraak word.

Die akademikus Jennifer Grant kom terug na Suid-Afrika om by haar pa, Casper, in Kaapstad te kuier. Sy vind dat hy verdwyn het. Penelope, haar pa se vrou, is geheel en al ongeĂ«rg in verband daarmee en blameer die polisie dat haar man nog nie opgespoor is nie. Jennifer roep die hulp van ’n privaatspeurder, ene Fiona Farquhar, in. Fiona stem in, alhoewel sy eintlik net met korporatiewe sake werk.

Op ’n persoonlike vlak is Jennifer se huwelik aan skerwe en sy het haar geloof in God verloor. Sy word ten diepste geraak deur haar pa se verdwyning, maar ook deur sy geestestoestand. Dit word vir haar ’n lewensveranderende ervaring.

Dit is hier waar die verhaal groter kwessies deeglik belig. Daar is veelvuldige gesprekke en innerlike besinnings oor bipolĂȘre depressie asook ander vorme van akute geestesongesteldheid. Die leser word vir seker hierdeur geraak en die skrywer slaag uitstekend daarin om empatie met die lyers van geestesiektes op te wek. Die abstrakte ruimtes van die roman word sterk benadruk deur die onheilspellende werklikheid van nie alleen depressie en verwante geestestoestande nie, maar ook van bejaardemishandeling. Die samelewing se wanpersepsies in verband met hierdie sake word ook beklemtoon. Juis dit wek by die leser begrip en meelewing.

Die verskillende verhaallyne is interessant en dit hou die leser se aandag. Spanning word grotendeels knap gehandhaaf. Die karakters, asook die konkrete ruimtes, word veral deur fyner besonderhede helder en volrond geteken. Hierdie besonderhede, alhoewel meesal hoogs interessant, raak egter soms te veel en kan die leser se aandag van die storie aflei. Die privaatspeurder raak verder so ’n boeiende karakter dat sy die kollig by Jennifer Grant wil-wil steel. Mens hoop eintlik jy hoor weer van Fiona Farquhar.

In hierdie roman word daar vanuit die perspektief of blikhoek van verskeie karakters gekyk. Moontlik te veel. Alhoewel dit verrykend vir die verhaal kan wees, veroorsaak dit soms leesweerstand in die teks. Hierdie vaardige skrywer kon by, op die heel meeste, drie perspektiewe gebly het. ’n Rykgeskakeerde verhaal soos hierdie vra na groter eenvoud in die aanbieding.

Karin Combrinck se taalgebruik is verfrissend en soos genoem, gee sy baie aandag aan besonderhede. Sy het ook ’n wye verwysingsraamwerk en het deeglik navorsing gedoen. Daarby trap sy nie in die strik om te veel inligting te dig aan te bied nie. Die leser raak gou vasgevang deur die karakters se intensiewe soektog na wat die waarheid is. Dit is hier waar Jennifer se stryd met God na vore kom. Haar lewensvrae is opreg uit die hart en sy beleef ’n stadige, besinnende openbaring oor God en wie Hy is. Die Christelike perspektief is selfs in Fiona se speurtog sigbaar sonder dat dit hinderlik is. Teen die einde filosofeer sy byvoorbeeld oor die volkome empatie met die medemens wat in die tweede gebod in verband met naasteliefde opgesluit is. Combrinck het ’n duidelike begrip van wat die Christelike roman behoort te wees. Dit moet naamlik, nes enige ander roman, aan die estetiese eise van die skryfkuns laat reg geskied. Met ander woorde, die Christelike oortuiging mag nooit net ’n sousie wees wat oor die gegewe gegooi is nie. In hierdie roman is die Christelike perspektief voldoende geïntegreer in onder andere die karakters en die ruimtes in die verhaal. Die lees daarvan was ’n goeie ervaring.

The post <em>Deur vuur en water</em> deur Karin Combrinck: ’n resensie appeared first on LitNet.

↧

Herinnering aan Naas Steenkamp

$
0
0

Naas Steenkamp by die André P Brink-gedenkuur by die US Woordfees, 2015
Foto: Naomi Bruwer

Naas was ’n veelsydige mens, tuis in die veld en in die stad. Plante, diere en gesteentes 
 oor alles het hy gelees, sielkunde en ïŹlosoïŹe, die letterkunde, ook sport en politiek. En indringend na klassieke musiek geluister.

Hy kom uit die bekende agtergrond van verarmde Afrikaanse mense wat die tog na die grootstad moes aanpak om daar Engels te leer en ’n bestaansheenkome te vind.

Sy taalvermoĂ«ns het veel verder gestrek as ’n keurige Afrikaans en ’n elegante Engels, hy was ook vlot in Frans, Italiaans en Duits. Sy eerste kennismaking met Italiaans was al vroeg deur ’n speelmaat, later in gesprekke met Italiaanse mynwerkers. Voortgesette toewyding aan die leer van grammatikareĂ«ls loop in 1968 uit op sy vertaling in Afrikaans van Ignazio Silone se invloedryke en veelvertaalde weerstandsroman, Fontamara. (APB 1968)

Tesame met sy taalaanleg het ’n vaardigheid in onderhandeling hom ideaal geskik gemaak vir ’n loopbaan in die diplomatieke diens. Dis dan ook waar hy begin het. Sy eerste (en enigste) pos was in Londen. Die persoonlike hoogtepunte van die Londense verblyf gee hy weer in sy versameling sketse en vertellings Op ’n galop na Buckingham-paleis wat in 2011 verskyn.

Ons eerste kennismaking was in 1967 deur sy suster, Anita Lindenberg, wat destyds saam met my verbonde was aan Wits se Departement Afrikaans en Nederlands. Hy was toe reeds terug in Suid-Afrika met ’n loopbaan in die korporatiewe wĂȘreld. Toe hy te hore kom dat ek nie oor voldoende fondse beskik vir ’n deposito op ’n huis nie (die bougenootskap was destyds van oordeel dat Melville ’n slum-gebied is) het hy terstond onder ’n paar van sy kollegas voorbrand gemaak om my met die nodige R1 000 tegemoet te kom. Sonder enige waarborg. Ek het die lening in paaiemente terugbetaal en baie later vasgestel dat my berekening van die rentekoers nie naastenby in pas was met die heersende koerse nie.

Wie vergeet so ’n daad van medemenslikheid? En ek was nie die enigste nie. Daar was ook sy eie pa wat oor die 100 jaar oud geword het, wat hy enduit ïŹnansieel gedra het.

Sy lang loopbaan in die sakewĂȘreld stel hy in perspektief in ’n onderhoud met Willemien BrĂŒmmer in By van 21 November 2011. Met sy wakker intelligensie en wye belangstelling het dit niemand verbaas dat hy as sewentigjarige vir ’n universiteitskursus in derdejaar-Frans inskryf nie.

Een van die hoogtepunte in sy loopbaan was teen die einde van die sewentigerjare met sy deelname aan die Wiehahn-kommissie wat die regering moes adviseer oor arbeidsverhoudinge. Ongetwyfeld was hy die groot dryfveer agter die herstrukturering van die destydse arbeidswette. Swart vakbonde is volwaardige erkenning gegee, die regte van werkers is uitgebrei en werkreservering afgeskaf.

Baanbrekerswerk doen hy ook as voorsitter van die Parkeraad en die Natuurlewe­vereniging.

In 2012 het ek die geleentheid gehad om nou met hom saam te werk in die poging om Afrikaanse skrywers te verenig in ’n oop en demokraties verkose liggaam onder die vaandel van PEN International. Fanie Olivier was die inisieerder hiervan, maar Naas se tussenkoms, met sy ervaring en takt, sy uitgebreide netwerk, was ’n groot bydraende faktor vir die suksesvolle totstandkoming van PEN Afrikaans. Danksy hom is ruim ïŹnansiĂ«le ondersteuning verkry en kon ’n afvaardiging selfstandige erkenning kry by PEN se internasionale kongres in Korea.

Ek eer sy nalatenskap, sy toewyding en werkvermoë, boweal sy sensitiwiteit vir die omgewing en sy keurige en presiese omgang met taal.

John Miles
6 Januarie 2019

 

Lees ook

PEN Afrikaans bring hulde aan Naas Steenkamp

Briewe van Andan

The post Herinnering aan Naas Steenkamp appeared first on LitNet.

↧

Die generaal deur Hans Pienaar: ’n onderhoud met die skrywer

$
0
0

Die generaal
Hans Pienaar
NB-Uitgewers
ISBN: 9780624085812

Hans Pienaar gesels met Naomi Meyer oor sy boek Die generaal.

Die grensoorlog, Hans. Waarom dink jy prikkel dit mense deesdae van voor af? Mens sien die herlewing hiervan in mense se belangstelling in soos films soos Kanarie, of die toneelstuk Die reuk van appels. Waarom het jy juis nou Die generaal geskryf?

Daar is seker ’n nostalgie op dreef in die benarde tyd waarin ons leef. Dis sentimenteel en ’n teruggryp na ’n gewaande meer stabiele tyd, wat natuurlik nie so was nie. Miskien is mense ook nou reg om weer na die grensoorlog te kyk vanuit die oogpunt van die dienspligtige as slagoffer, iets wat tot nog toe as irrelevant beskou is. Dit kan ook pure toeval wees dat sekere kunsprodukte op dieselfde tyd gedoen is om unieke redes wat meer met mense se individuele loopbane te doen het.

Deborah Steinmair skryf in haar resensie dat die boek in sekere opsigte ’n Bildungsroman is. Hoe outobiografies is dit? En het jy gedeeltes hiervan reeds jare gelede geskryf?

Die eerste weergawe is reeds in die 1990’s geskryf, maar die uitgewery wat dit sou uitgee, het toegemaak. Hierdie weergawe was heeltemal te woordryk, en te eksperimenteel, en ek en verskeie uitgewers daarna kon mekaar nie vind nie. Dit het agter in my laai beland, en ek het dit eers weer vir die Groot Romanwedstryd in 2018 afgestof en herskryf, en diĂ© keer het ek al die eksperimentering laat vaar en dit net ’n leesbare roman probeer maak.

Dis taamlik outobiografies, ja, maar die verhaal, die intrige, is heeltemal fiktief. Ek was self op Chirundu in die destydse Rhodesië, waar die grootste deel van die verhaal afspeel, en ek was diep betrokke by die voorbereidings vir die inval in Angola.

Ek gebruik die doek waarteen jou verhaal geskilder is (die grensoorlog) as vertrekpunt, maar waaroor gaan die storie vir jou?

Oor die verskillende vorme van rebellie, en wat dit aan jou gees doen, hoe dit jou verander. Soos Willie Burger dit mooi gestel het (ek parafraseer): Die hoofkarakter moet besluit waarom hy nie selfmoord wil pleeg nie, wat natuurlik verwys na Albert Camus se argumente hieroor in Die mite van Sisuphus. Onder die jonges is daar drie soorte rebelle en dan is daar op die hoogste vlak die generaal se eie vorm van weerstand.

Wil jy iets oor die karakters in jou storie sĂȘ? (En lewe hulle nog – in jou kop, of in die werklike lewe?)

Dis komposiete karakters, uit verskillende bronne saamgestel. Hulle lewe nog sterk in my kop, maar gelukkig is elkeen ver van die werklikheid af. Daar is dalk net een, mindere karakter wat homself sal herken, maar ek gaan nie sĂȘ wie nie.

Hans Pienaar

In jou storie word Johan grens toe gepos. Dink jy hy het meer van ’n keuse gehad as sĂȘ nou maar die mense wat na townships geskuif is? Dis ’n onregverdige vraag reg aan die begin, maar het Johan ’n keuse gehad?

Johan kon teoreties geweier het. Alle grensdiens was sogenaamd vrywillig. Maar as jy nie wou nie, is die lewe moeilik gemaak vir jou, en is jy dalk in elk geval ge-"volunteer". Die weermag het altyd maniere gehad om jou te kry waar hulle jou wou hĂȘ. Maar Johan huiwer nie, weens die tweespalt wat in hom heers: Aan die een kant geniet hy sy diensplig, die avontuur daarvan, die opwinding van grootskaalse militĂȘre projekte. Aan die ander kant besef hy alles is nie pluis nie – hy is egter net nog te jonk om te sien dat hy bloot ’n pion is, dat hy bitter min sĂȘ in sy eie lot het, dat die uiteindelike doelwitte diĂ© van wit oorheersing en onderdrukking is.

"Die absurditeit van die grensoorlog" gee weer wat jou eie indrukke van hierdie oorlog was. Of is dit? Was die oorlog absurd? (En is die lewe en allerlei ideologieë waaraan mense vasklou, dit nie maar in die algemeen nie?)

Ek gebruik self nooit die frase nie – dis die bemarkingmense. Maar ja, oorlog is in sy wese absurd, futiel. OorloĂ« word bedryf deur die politieke maghebbers van die dag, wanneer rede hul gefaal het. Hulle agenda is nie dieselfde as die dienspligtige s’n nie, hoewel laasgenoemde ’n burger van die land is wat ideaal gesproke deelneem aan die politiek van die land. Op daardie punt alreeds is dit absurd. Vanuit sekere oogpunte gesien is die lewe ook absurd, maar dit beteken nie ons moet mekaar te lyf begin gaan nie. 

Wat was die sneller vir hierdie verhaal? Dalk destyds, maar ook die feit dat dit herleef het, dat jy besluit het: Hierdie verhaal word nĂłĂș ’n boek?

Dit het begin as ’n kortverhaal in Engels om my ervaringe op die grens te probeer vaspen. Mense wat die kortverhaal gelees het, het sekere basiese vrae oor die karakters en storie gevra, en in die pogings om hul vrae te probeer beantwoord het dit tot romanlengte gegroei. Met die laaste herskryf het ek ’n meganisme gevind wat allerlei probleme met die spanningslyn eensklaps kon oplos, en dis seker op daardie punt dat dit lewe gekry het. My medewerking aan die boek Ek is Lisa Smit, waarin die moorde op Robert en Cora Smit die sentrale fokuspunt is, het ook ’n rol gespeel om die aanvanklike flou einde ’n hupstoot te gee.

Waaroor skryf jy die maklikste, of watter gebeure dryf jou tot skryf?

Ek skat die verlede, die persoonlike verlede, werk die beste vir my. Dis oor die algemeen moeilik vir my om te skryf, veral omdat ek in ’n Engelse wĂȘreld leef en werk. ’n Mens se Afrikaans raak afgestomp. Komplekse gebeure prikkel my, waarin verskeie ineengevlegte faktore ’n rol speel. Maar dikwels is dit ’n enkele beeld wat iets aan die gang sit.

Jy skryf as vryskutjoernalis vir verskeie publikasies. Vertel iets van hoe jou joernalistieke skryf verskil van die skryf van ’n roman.

Ja-nee, dit verskil soos dag en nag. In die joernalistiek werk jy met die kwessies van die dag, en jy is ingestel op feitelikhede. Dit moet jy saamvoeg in ’n redenasie met ’n vermaaklike aspek. Dis veel nader aan die skryf van essays, veral as jou redakteur jou kans gee om jou verbeelding te laat gaan, soos ek toegelaat word. ’n Roman is iets veel dieper. Dit woel met geskiedenis, geheue, sielkunde, ens, en doen iets op ’n epiese skaal wat deel is van mense se alledaagse brood-en-botter-lewens: die vertel van stories.

Jy het al heelwat bydraes gelewer tot LitNet se universiteitseminaar. En lewer ook gereeld meningstukke vir Voertaal. As jy bestekopname kan maak van hierdie land, wat sien jy? Op die oomblik, en met die oog gerig op die toekoms?

Die polarisasie pla my. Daar is irrasionele halfgodsdienstige formasies aan die linker- en regterkant wat in ander lande en geskiedenisse nog altyd moeilikheid voorspel het. Daar is ’n geweldige renons in Afrikaans, selfs onder wit Afrikaanssprekendes. Ons beleef die opkoms van ’n swart rassisme, en saam met die onnosele meerderwaardigheidsgevoel wat nog onder baie wittes heers, maak dit die toekoms moeilik. Ek dink tog wel die pragmatiese en tegnokratiese sentrum is sterk genoeg om ons deur te trek.

Lees ook:

Die generaal deur Hans Pienaar: ’n resensie

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Die Generaal deur Hans Pienaar

Kanarie: ’n dorp is ’n plek in jou kop

Kanarie: persoonlike indrukke

 

The post <em>Die generaal</em> deur Hans Pienaar: ’n onderhoud met die skrywer appeared first on LitNet.

↧

Crime pays? Bringie doodstraf trug, dan kyk ĂŽs

$
0
0

Ek wil wiet hoekĂŽ het criminals soe baie regte? HoekĂŽ issit soe maklik vi hulle om Ɖ judge te vra vi ligtere straf ommat hulle “responsibilities” annie buitekan het? Ek wil wiet hoekĂŽ issit soe lekke vi hulle wat anner mense se liewens vewoes deu mense dood te maak, of mense te vekrag, of whateve anne afskiewelik ding hulle doen an anner mense? HoekĂŽ het hulle soe klompie regte? Na hulle self besluit het om te bewys annie res vannie wĂȘreld dat hulle nie mens issie?

Maa hulle is mos maa mense, maak nou nie saak hoe hulleself gedra nie. En elke mens, maakie saak wie hy of sy issie, of wat hy of sy gedoen hettie, maa hulle is mens. En in Ɖ land wat ammal se reg om mens te wies beskerm wîd, moet hulle moes oek beskerm wîd. Of hoe?

Daa is mos veskillende soorte kriminele. En die kriminele wat ek van praat is diĂ© wattie twie kee sal dink om jou liewe in Ɖ hel in te draai nie. Ek praat van mense wat hulle menswies uit gat trek het om Ɖ gedierte te raak wat afbriek waa oekal hulle kom. Die ding is dit voel vekeerd om te sĂȘ dat een crime ĂȘger is assie neks crime, maa daa moet Ɖ invisible lyn getrek wĂŽd tussen iemand wat Ɖ stuk kaas steel en iemand wattie liewe van Ɖ mens of dier niem. Wan soe kan dinge mossie angannie. Ek meen kyk nou hoe maklik was dit vi die een moodenaar van baba Zahnia om te vra vir Ɖ ligtere straf wan hy moet kyk na sy siewe kinners. “Is djy reg, outjie?” wil ek skrie, maa wat baat dit. Ôs sit in Ɖ system wattie gemaak is vi mense wat rĂȘrig net Ɖ geseĂ«nde liewe wil hĂȘ nie.

In my binneste bly dit opkĂŽ dat Ɖ krimineel iemand is wat voel hy of sy stappie onnerie banner van wat dit is om Ɖ mens te wiesie. Maa hoeveel mense doen dinge soes kos steel, en soe omdat hulle rĂȘrig honge is, en hoeveel mense doen dit maa net ommat hulle dit kĂĄn doen? Wan niemand “sĂȘ” vi hulle nie. Ɖ Paa jaar trug, toe my kop propvol van akademiese boeke was, het ek Ɖ bietjie anners gedink oo die hele storie. En daai tyd wassit nie soe mĂŽsag hie buite soesit nou issie. Ɖ Mens kon darem nog gat liggies kyk sonner om te warrie dat jou liewe in gevaar is, you know! Die een dag wĂŽd daa toe Ɖ discussion op Facebook oepgemaak oo hoe die doodstraf moet trugkĂŽ, hoekal vi hulle soot wat somme Ɖ mens, kind of dier se liewe sal beĂ«indig sonne dat hulle twie kee daaoo dink. My ding was van diĂ©: Elke mens het Ɖ reg om te liewe; en oek: daa is bietere maniere om te deal met die vullis in ĂŽs gemeenskap. En ja, ek vestaan hoekĂŽ my jonger self, wat soe diep in akademialand gesit het, sou dink dat daa bietere maniere is om met kriminele te deal. Maa ek is groot en oud genoeg om te admit dat ek vekeerd was. Wan diĂ© issie Canada of Norway nie. Die harde kriminele “moet byrie bek geruk wĂŽd” het antie Des altyd gesĂȘ.

Wat issie gevolg vi iemand wat Ɖ anner mens vekrag, se liewe vat, of van Ɖ anner mens af steel? Die gevolge is dat djy kan weg stap met Ɖ klap op jou hand, of Ɖ kot sentence waa djy heeldag op jou gat sit ennie taxpayers se geld opiet. Crime pays, mense, crime pays! En hulle wiet dit.

Die gawement wil oek somme nou jou reg wegvat om Ɖ gun te besit vi self-defence. Soe, eestens kon djy anyway nie jouself rĂȘrig proetek hettie, wan djy mag toe net jou gun vuur as djy in rĂȘrige gevaar is, wat natuurlik die regte ding is, maa nou kan djy heeltemallie Ɖ gun besit om jou self te proetekkie. Maa dis hoe dinge nou is vi ĂŽs as “free” mense in ĂŽs se pragtige Suid Afrika, waa die vullis vannie nasie somme lag-lag jou liewe kan vat, of somme die liewe van jou hele gesin. Dis mos om ienige een mal te maak. Die gawement se mense sal mossie warrie vannie war zone hie annie buitekantie, wan hulle staan stĂȘk met hulle private sekuriteit of die army. Julle kan sieke onthou hoe gou Zuma die army lat roep het om hom te proetek.

Maa issie doodstraf rĂȘrig die antwoord? Ja! sal ek sĂȘ. En miskien is daa baie wattie saamstemmie, maa dit kan rĂȘrigie soe angannie. As djy voel om jouself te gedra soes Ɖ monster dan moet djy mos die gevolge dra van dit, of hoe? Ek mien, is dit rĂȘrig Ɖ slegte ding om te velang na Ɖ veliede waa djy nog tot middernag toe Ɖ trein kon vat sonne warrie dat djy nie die son mĂŽreoggend sal sien opkommie? Ek mien, ek velangie trug na apartheid toe nie, maa ek velang daai tyd waa Ɖ mens se liewe iets betieken het. Waa die vullis bang was om te maak en doen net soes hulle wil, wan daa was iets soes die doodstraf. Dis hoe ĂȘg die goed hie buite is dat ek velang na Ɖ tyd waa my velkleur my dood kon betieken het. Wan dis hoe my oem op Ɖ jong ouderdom sy liewe veloorit, wan hy’t Ɖ short-cut gevat deu Oubaas se lot. Maa daai tyd het ek gewiet wat ekkie mag doenie om te survive.

Ôs moet rĂȘrig bykom. En annie gawement, los my reg af om Ɖ gun te kan dra as ek wil. Dis my reg om myself te kan proetek – my liewe het werd. Genoeg is genoeg, hunting season virrie vullis om te maak en doen soes hulle wil moet nou end kry! Die Bybel sĂȘ ‘n oeg vir Ɖ oeg. En die kriminele kry te lekke, rĂȘrig.

Ek wens julle maa Ɖ goeie nuwe jaa toe. Kom îs hoep maa dat îs veilig annerkant sal uitkî, wan dis mos maa hoe îs îs liewens moet beskerm, met hoep!

Dankie virrie onnersteuning.

Ek is Livy vannie Rive, bly te kenne.

 

The post Crime pays? Bringie doodstraf trug, dan kyk ĂŽs appeared first on LitNet.

↧
↧

Retoer, Pretoria–Provence deur Marita van der Vyver: die begeerde lewe

$
0
0

Retoer Pretoria–Provence
Marita van der Vyver
LAPA-Uitgewers
ISBN: 9780799384796)

“Wanneer fiksieskrywers ’n outobiografie skryf, word daar soms meer gelieg as wanneer hulle ’n roman skryf,” sĂȘ Marita van der Vyver in die voorwoord van haar nuutste boek, Retoer, wat rubrieke en essays van die afgelope jare in Suid-Afrikaanse tydskrifte saamvat. Dit is nie ’n reisjoernaal nie, maar stel dikwels twee bestemmings met hul auras teenoor mekaar: Suid-Afrika, waar die skrywer haar jeugjare deurgebring het, en haar aangenome tuiste, Frankryk se Provence-streek. Sy bedrieg nie doelbewus nie, skryf sy, maar “as ’n mens jou verbeelding moet gebruik om die pot aan die kook te hou, kan dit moeilik wees om daarmee op te hou en jou tot die vervelige waarheid te beperk”.

Met die subtitel van die boek, “Die ongelooflike avonture van ’n skrywende ma”, versterk sy haar vele aanhangers se fassinasie met haar beroep en lewe. “Deesdae vind my ongelooflikste avonture hoofsaaklik in my skryfwerk, kop en verbeelding plaas terwyl ek in my kantoor vol boeke op die Franse platteland sit en stories uit my duim suig.” Sy vertel dat ’n mens ’n saai, doodgewone lewe kan lei en nogtans die ongelooflikste avonture kan belewe as jy ’n goeie verbeelding het, maar sy en haar lesers weet dis vir min mense beskore. Lesers hou egter van die illusie dat niks verder nodig is om uit ’n saai bestaan te ontsnap nie en dat die droom vir elkeen moontlik is.

Vir gewone mense is dit al klaar ’n ongelooflike avontuur om jou gunstelingaktiwiteit op ’n geïdealiseerde plek te kan beoefen en dan nog die pot daarmee aan die kook te hou. Van der Vyver kultiveer dus doelbewus ’n publieke persona met die sesde sintuig van ’n goeie selfpromotor, en dit dra baie by tot haar gewildheid as skrywer. En watter skrywer het dit nie nodig nie? Sy weet waarskynlik intuïtief dat dit net soveel deel van haar sukses is as haar onbetwiste skryftalent.

Vir haar tydgenote is nostalgie en kritiese nabetragting te vind in haar herinnerings waarmee baie ouer lesers kan identifiseer. Haar rubrieke gee die leesbevrediging van ’n afgeronde klein geheel wat in ’n sirkelbeweging oop- en weer afgesluit word. In die stuk getiteld “En dan gebeur die lewe met jou” begin en eindig sy byvoorbeeld met John Lennon se uitspraak dat die lewe met jou gebeur terwyl jy ander planne maak. In hierdie essay het sy dit oor die destydse gebruik op Afrikaanse universiteite om van “dameskoshuise” te praat, maar hoekom dan nie “herekoshuise” vir die teenoorgestelde geslag nie? “Manlike studente het blykbaar die reg gehad om hulle soos doodgewone mans in hulle koshuise te gedra, maar die toekomstige moeders van die volk moes asseblief tog dames word,” sĂȘ sy tong-in-die-kies.

Die agtergrond van eietydse verskynsels kom aan bod, soos stedelike terreur in Europa en die moordtog op die redaksie van die Paryse tydskrif Charlie Hebdo. Hier vind ek toe uit Hebdo beteken nie “onhebbelik” soos ek heimlik vermoed het nie, maar doodgewoon “weekliks”. Van der Vyver stel die geldige punt dat Franse gewoond is aan ’n lang tradisie van vryheid van spraak, al sou selfs redelik vrydenkendes geskok wees oor hoe oneerbiedig die tydskrif veral maghebbers – op politieke, sedelike en godsdienstige fronte ingesluit – satiriseer. Toe Moslems aan die beurt kom, het dit ’n bloedbad ontketen. “Die redaksie van Charlie Hebdo het ons almal se reg om te sĂȘ wat ons wil sĂȘ, tot die dood toe verdedig, ongeag wie saamstem,” verklaar Van der Vyver. Sy sĂȘ tereg as jy dit hieroor met haar eens is, jy nie selektief mag wees nie.

En as die skrywer se gevatte besinnings – haar alliterasie is humoristies en beskrywend – vir lesers buite die kring van bewonderaars selfgesentreerd klink, wel ... aanhangers kan mos nooit genoeg kry van hul geliefde skrywers se persoonlike besonderhede nie. In die onwaarskynlike geval dat sommige van hulle nog nie al hierdie bydraes in tydskrifte gelees het nie, sal die bundel hulle beslis nie teleurstel nie.

The post <em>Retoer, Pretoria–Provence</em> deur Marita van der Vyver: die begeerde lewe appeared first on LitNet.

↧

The old man & the gun

$
0
0

The old man & the gun is based on the true story of Forrest Tucker (Robert Redford), from his audacious escape from San Quentin at the age of 70 to an unprecedented string of heists that confounded authorities and enchanted the public. Wrapped up in the pursuit are detective John Hunt (Casey Affleck), who becomes captivated with Forrest's commitment to his craft, and a woman (Sissy Spacek), who loves him in spite of his chosen profession.

If this truly is Robert Redford’s last film as an actor, he is going out in style. The loss is therefore even more profound. Watching The old man & the gun is like sitting with your best friend on your back porch after a hard day and marvelling at life, at loss, and smiling at it all.

The pace is slow, but not boring. The film has an easy, lived-in feeling due to noteworthy performances, gentle humour, straightforward storytelling and wide, quiet shots.

The scenes between Sissy Spacek and Redford are perfection. Their wonderfully rambling conversations (kudos to the scriptwriter), their ease with one another and, obviously, their years and years of experience, are hypnotising. I could watch two hours of them just chewing the fat.

Casting Danny Glover and Tom Waits as Forrest’s sidekicks was pure genius. It is enough for them just to appear on screen. They bring so much charisma with them.

Casey Affleck, although his mumbling has gotten even worse, is endearing as a world-weary cop trying to catch Forrest. The bathroom scene between him and Redford, the only scene where they are together, will leave you in awe.

The old man & the gun does not demand too much; it does not aim to unsettle or shock. It tells a marvellous tale of a bank robber who simply loved robbing banks, got caught, broke out 17 times and returned to what he loved – robbing banks.

This film is also a showcase for a man who built up an astounding legacy as actor, director, environmentalist and founder of the Sundance Film Festival – a man who is, at the age of 82, at the height of his craft, bowing out. He will be missed.

The post <i>The old man & the gun</i> appeared first on LitNet.

↧

Hoe goed lyk die toekoms vir die Good-party?

$
0
0

Die ondergang van die DA en opkoms van Good het Ɖ direkte verband met mekaar en kan die politieke landskap na die verkiesing onherroeplik verander.

In Junie verlede jaar het ek in diĂ© rubriek geskryf dat dit Ɖ gegewe is dat Patricia de Lille, toe nog Kaapstadse burgemeester, in die afsienbare toekoms die DA sal moet verlaat omdat haar verhouding met diĂ© party en ook met die partyleier, Mmusi Maimane, onherstelbaar verbrokkel het.

Einde Oktober 2018 het sy as burgemeester en ook as DA-lid bedank. Die te stigte party Good is Ɖ paar dae later deur De Lille aangekondig. DiĂ© party gaan glo binnekort amptelik op Ɖ groot partybyeenkoms gestig word.

Die stigting van Good is voorafgegaan deur die verwagting van sommige bruin mense, veral in die Wes- en Noord-Kaap, dat De Lille weer Ɖ politieke party moet stig om – soos hulle dit stel – “ons mense se belange en aspirasies te verteenwoordig”.

Veral onder werkersklas-bruines word geglo dat daar nog baie politieke skop in De Lille oor is en gevolglik word daar oproepe op sosiale media en in koerantbriewe gedoen dat die eertydse Onafhanklike Demokrate (OD) moet herleef.

Die ongelukkigheid met die DA onder sommige bruines spruit nie net uit die manier waarop die DA De Lille behandel het nie, maar ook uit dié party se besluit in 2016 dat al sy strukture met hoofsaaklik etniese swart mense gevul moet word.

Die “verswarting” van die DA strook met die uitslag van die 2014-verkiesing. Voor diĂ© verkiesing was die Wes-Kaap as die DA se bakermat beskou omdat diĂ© party altyd meer stemme daar getrek het. DiĂ© provinsie – met sy hoofsaaklik wit en bruin konserwatiewes uit die geledere van die nou gestorwe Nasionale Party – was dus Ɖ veilige hawe vir die DA.

Nie meer nie, want die DA het in diĂ© verkiesing meer stemme in Gauteng gekry. Die magsbalans in die party het dus na die noorde verskuif en het dus Ɖ plafon met sy wit en bruin steun bereik.

Reeds daarom word daar gewag van gemaak onder (sommige) bruines dat die DA hulle klaar misbruik het en nou nie meer nodig het nie. Die De Lille-geval word as Ɖ tipiese voorbeeld voorgehou.

Daar word ook geglo dat die ander bestaande politieke partye liewer vergeet moet word, omdat hul gevestigde belange elders is.

Ipsos se jongste meningspeilinguitslae waarin die DA na verwagting slegs 14% van die nasionale stemme in die komende verkiesing – wat na verwagting in Mei gehou gaan word – op hom gaan verenig, was te verwagte, maar nie die dramatiese afname van nagenoeg 8% steun in vergelyking met die 22,23% wat hy in 2014 gekry het nie.

Dit is skokkend (of vertroostend?) en staan in skrille kontras met politieke ontleders se aanvanklike voorspelling dat die DA se steun tot slegs 19 of 20 persent terug sal sak. Die DA is natuurlik verdedigend op die agtervoet en arrogant soos gewoonlik en maak dit af deur te sĂȘ dat Ipsos gewoonlik die party se steun in verkiesings sedert 2009 onderskat.

Die DA se uitval met De Lille is natuurlik nie die enigste faktor wat tot die dramatiese afname van die DA se steun gelei het nie, maar dat dit Ɖ deurslaggewende faktor is, is gewis.

Uit die reaksie op sosiale media, in koerantbriewe en op ander platforms is dit duidelik dat die steun van Good uit die geledere van hoofsaaklik bruin mense uit die Wes- en Noord-Kaap gaan kom. Die party het ook aansienlike steun in die Oos-Kaap.

Die oorhoofse mening is dat indien De Lille en haar party hul kaarte reg speel, hulle Ɖ stem vir bruin mense kan wees sonder om dit te sĂȘ of om as Ɖ “bruin party” bekend te staan.

Of dit gaan werk, sal net die toekoms leer.

Die bekendstelling van Good se verkiesingsmanifes binne die volgende weke sal sekerlik fokus op ruimtelike geregtigheid of apartheidsontwikkeling, wat kyk na hoe die uitwerking van rasseskeiding steeds gesien en gevoel kan word.

Die integrasie van voorheen benadeelde gebiede met voorheen bevoordeelde gebiede in Kaapstad was glo een van die redes waarom Ɖ wit liberale kliek onder leiding van die Kaapstadse burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith, De Lille uit die DA uitgewerk het.

Hoe Good se verkiesingsmanifes tot die armes se behoeftes sal spreek en hoe die armes daarmee sal kan assosieer en daarby aanklank sal vind, sal heel interessant wees in die hele ondergang van Maimane as DA-leier en die opkoms van Good en De Lille as partyleier sedert sy in 2003 die eerste vrou was wat Ɖ politieke party, die OD, in Suid-Afrika gestig het.

Die politieke landskap kan na die verkiesing heel anders lyk indien Good goed by die stembus – veral in die Wes- en Noord-Kaap – vaar en so die koningmaker tussen al die groot partye, soos die ANC, EFF en DA, in die parlement en in provinsiale wetgewers van die Wes- en Noord-Kaap word.

The post Hoe goed lyk die toekoms vir die Good-party? appeared first on LitNet.

↧
Viewing all 21830 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>