Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21534 articles
Browse latest View live

Black Friday (met apologie aan Psalm 23)

$
0
0

’n Winkel is ’n magneet,
ek kom baie kort.
Hy laat my met ’n oop mond die specials begeer,
hy dompel my in skuld, sonder om my dors te les,
hy mislei my.

Hy lei my deur die winkel se gange
om special vir special op te raap.

Selfs al laai ek my trolie tot oorlopens toe vol,
sal ek nie genoeg kry nie,
want daar is nog een special
wat ek begeer.

Jy laat my skuld maak om hier te wees,
terwyl ek weerloos is.
Jy ontvang my met kamstige vriendelikheid.
My oortrokke bankrekening en skuldgevoel sal vir maande by my bly
en in jou hande sal ek klei bly
tot in lengte van dae.

The post Black Friday (met apologie aan Psalm 23) appeared first on LitNet.


LitNet: Jou Karoogrond

Jeremiade van ’n buiteleser

$
0
0

Hoe is dit tog dat die Vestaalse Maagd van die Postmodernisme haar kleed so vinnig in twee kon reep? Hoe gemaak dat sý, die orakel van Mytilene, die koesteraar van groen koring en die vegknoper vir die wye demokrasie van stemme, terstond die vaalgeskufde munte van outoritanisme en adhomineemsheid uit ’n donker sak skud?

Drie weke terug, op haar blog Woorde wat weeg, tipeer Joan Hambidge, onder meer besetter van die Hofmeyr-leerstoel aan die Universiteit van Kaapstad, digter en boekresensent, die uwe as ’n skoenmaker, wat hom tog by sy ysterlees, die ondermaanse beoefening van die reg, moet bepaal.

Die opskrif: “Skoenmaker: Die ontologie van oningeligtheid en beterweterigheid (2018)”.

Die letterkunde en die verhewe teoretisering oor die Onbewuste wat noodwendig daarmee saamgaan – Castor en Pollux wat in die blou hemel tril – moet ek liefs vir haar en die ander ingeswore sjamaans, iedereen met ’n kongresgespe om die nek, laat staan.

Hoe durf ek met my skurwe advokatehande aan die goddelike tempelskrif raak?

Die onderwerp van die professor se beswaar was my resensie van Egonne Roth se Olga Kirsch: ’n lewe in gedigte (Naledi, 2018), wat op 28 Oktober in Rapport verskyn het.

Te midde van baie vleiende kommentaar, was my voorbehoude oor die boek die volgende:

’n Mens het ’n duisend vrae oor die rare verskynsel Olga Kirsch.

Hoe en nogmaals hoekom was die tweede vrouestem in die Afrikaanse digkuns ’n jong Jodin wat in ’n Engelssprekende huis op Koppies in die Vrystaatse platteland taal gekry en mens geword het?

Wat daarna saam met onder meer Ruth First aan die Wits-universiteit se Departement Afrikaans en Nederlands klasloop en uiteindelik met ’n honneursgraad afstudeer.

Wat in 1944, as die Tweede Wêreldoorlog nog in hoë swang is en anti-semitisme in sekere Afrikaner-kringe tot bloei kom, as twintigjarige haar eerste poësiebundel Die soeklig die lig laat sien.

Wat in 1948, as apartheid soos ’n donker kleed oor die land neerval, ’n tweede gerf verse Mure van die hart afwerp voor sy sielalleen Israel toe uitwyk.

En wat vir nouliks vyf-en-twintig jaar in die Afrikaanse sfeer ’n digterlike swye bewaar wat eers in 1972 met die knal van Negentien gedigte verbreek word.

Dis dié stapel tergende vrae wat in 2010 vir John Kannemeyer, die Afrikaanse literêre biografiekuns se ontslape reus, die kiem by Egonne Roth, eweneens ’n Suid-Afrikaanse Jodin wat metterwoon Israel toe is, laat val het.

Die wrede waarheid is dat die moeilikste vrae rondom Kirsch steeds onbeantwoord bly.

Roth bied geen oortuigende verklaring vir die feit dat Kirsch in die eerste plek in Afrikaans begin dig nie – veral aangesien sy, soos Jonker, haar hoërskooljare aan ’n Engelstalige meisieskool slyt.

Wat dryf ’n Joodse jongvrou om teen die Duitse oorlogsgedreun die klanke van ’n Afrikaanse soeklig te laat uitwaaier?

En les bes: wat laat ’n Israeliese vrou van byna vyftig ’n vreemde taal aan haar eie private vergetelheid ontruk om dan vir ’n veraf leespubliek gedigte te pen? Boonop in die taal van ’n gaandeweg meer brute bees.

Op die boek se voorplat tuur Olga Kirsch, ’n sydelings verligte Rembrandt-figuur, die leser met twyfel in haar oë aan.

Steeds bewaar sy haar tergendste geheime.

Aanvanklik het Hambidge se vuurpyl my verbaas.

Tót ek met die herlees besef dis Hambidge-satire hierdie op sy heel beste.

Warempel man, sy sit letterkunde-professore en ander diep-ingesworenes op hul plek wat dikwels deur gans ongemotiveerde verwysings na Hogere Teorie die letterkunde verduister eerder as verhelder.

Die skrywer van Postmodernisme (1995) sou tog nooit ironieloos die rare nosie van ’n “buiteleser” uit die troebel waters van haar bewussyn kon opdiep nie. Om daardeur te sê daar’s dié wat aan die Oop Gesprek mag deelneem en diegene wat tevrede moet wees om swygend krummels nader te skraap.

En watter slim stuk satire is dit nie.

Haar procédé loop só.

Eerstens het die Hambidge-stem dit teen hooggeleerdes wat nie basiese navorsing doen nie.

Op ’n maklik toeganklike webblad waar die uwe se biografiese besonderhede staan sal diegene wat wil weet immers sien hy het ’n honneursgraad in Latyn verwerf.

Derhalwe weet die stem waardeur Hambidge op haar blog buikpraat dat, al is ek nie die heel binneste leser nie, kan daar nie billikerwys gesê word dat ek ’n buite-in-die-wind-en-weer leser is nie. Ek staan ten minste met my kop net-net aan die inkant van die sanctum sanctorum van die lettere.

Dís dus haar eerste skyf.

Dan het sy dit teen akademici en dergelikes wat ’n argument mislees en dan daardie verbeelde konstruk Don Quijote-agtig stormloop. In my resensie sê ek die volgende oor die spesifieke tipe biografie waarvan Olga Kirsch ’n voorbeeld is, wat anders as gewone biografieë, “feite” uit die beskryfde se gedigte myn:

“Ook hou dit die risiko in ’n psigo-Babel van naweldeurprieming te ontaard wat die biografieleser – ’n gierigaard vir feite – vroeër eerder as later langs die pad verloor.”

Met haar satiriese ink wat spu, verskryf die Hambidge-persona my voorbehoud, as sou dit op alle biografieë van toepassing wees: “Hy kritiseer ook die ‘psigo-Babel van naweldeurprieming’ waarin ’n biografie kan ontaard.”

Oppas vir baiegedoktoreerde proffies wat só maak, sinjaleer sy.

Sonder verwyl beweeg die satirikus se aandag dan na diegene wat hulleself so betroon en bekroon ag dat hulle meen elke resensie van ’n boek moet presies loop soos hulle s’n geloop het – met dieselfde verwysings na PhD-tesisse, verkieslik onder hulle mentorskap voltooi.

Hoe maak sy hierdie punt? Sy skrywe:

Hiermee [naamlik: die naweldeurprieming-opmerking] bewys hy dat hy nie bekend is met Thomas Minnaar se doktorale studie ’n Herwaardering van Olga Kirsch se oeuvre: Identiteit, moederskap en ballingskap aan die hand van die psigoanalistiese teorieë van onder andere Sigmund Freud, Jacques Lacan en Julia Kristeva (UCT, 2012) [nie].

Weer eens is die satire mesfyn, want in haar eie resensie, wat etlike weke vroeër in die dagblaaie verskyn het, skrywe Hambidge so:

Thomas Minnaar het in 2012 onder my leiding aan die Universiteit van Kaapstad ’n uitgebreide doktorale studie oor haar voltooi. Dit heet: ’n Herwaardering van Olga Kirsch se oeuvre: Identiteit, moederskap en ballingskap aan die hand van die psigoanalitiese teorieë van onder andere Sigmund Freud, Jacques Lacan en Julia Kristeva.

In daardie resensie laat sy dit daar. Sy lig haar lesers nie in wat die relevansie van die daardie skripsie is en wat Roth se skuld teenoor Minnaar is nie.

Derhalwe maak sy die neerwerp van onverklaarde geleerde verwysings bespotlik.

En boonop het hierdie satirikus dit teen diegene wat sou eis dat alle resensies binne dieselfde verwysingsraamwerk uitspeel.

In ’n poging om agter die kap van die byl te kom, gee ek aan my skamele regsekretaresse – meer vertroud met tou en gom – die opdrag om ’n posduif na die UK te stuur om die skripsie op te tel. ’n Halfdag later beland ’n elektroniese weergawe daarvan in my posbus. Kennisgierig blaai ek daardeur.

Die satirikus se dieper punt sal weldra blyk.

Ek lees en lees.

En sowaar as wrintie: die proefskrifskrywer teoretiseer in helder taal, maar sy magnum opus bied geen feitlik-gefundeerde antwoord op die vrae – hierbo aangehaal – wat hierdie biografieleser steeds slapeloos laat rondtol nie.

Ook word ek verwyt dat ek nie Janet Malcolm se boek The silent woman oor Sylvia Plath sou “verreken” het nie. Toevallig het ek ’n kopie in my boekery, onder ’n stapel boeke wat ek in 2009 op ’n internet-veiling uit die boedel van die feminis Marilyn French aangeskaf het.

Dit handel grootliks oor biografieskryf en die wedywering tussen verskillende biograwe van Sylvia Plath.

Maar dit bied geen antwoord op my kwelvrae nie.

Ook moes ek konsuis in Julia Kristeva se gebundelde essays Desire in language gedelf het “oor moedertaal”.

Sowaar die meesterwerk van ’n satirikus duisend want uit al hierdie bronne – en die berge ander wat die professor al gelees het – is al wat sy in haar blogskrif aan die hand doen ter beantwoording van my opgestapelde vrae dít:

Sowel Minnaar as Roth wys op die ingewikkelde verhouding met die moeder en die komplekse verhouding met die vader. Dalk keer sy altyd terug in haar gedagtes en gedigte na haar jeug waar hulle outsiders was in die Vrystaat. Die ervaring van “andersheid” as Jode en die soeke na die aanvaarding in gedigte: hierom dat sy as volwassene die jeugdorp alleen wou besoek, sonder die trompetgeskal van die dorpsraad.

Let op die opsetlike vaagheid, die tentatiewe toon-in-die-water van die bywoord “dalk”, die wegskram van die moeilike vrae oor Kirsch se aantrek van die mantel van Afrikaans toe haar jong skouers vir iets gans anders gemaak was.

Om van haar vyftigjarige buitelandse skouers nie eers te praat nie.

Die satirikus bereik dan dawerend haar slotsom:

“Literatore sal anders kyk na Roth se biografie … as ’n buite-leser [sic]. ’n Komplekse boek soos Roth se studie verdien ’n deegliker besinning.”

Haar punt?

Dis juis daardie spesie literator wat, in die geval van ’n biografie, met blote teoretisering tevrede is vir wie mens moet ligloop.

Wat beterweterig en meerderwaardig medelesers sal uitrangeer en verdag maak.

En wat intense nuuskierigheid oor ’n boeiende lewe met ’n doktorsgraad sal probeer dooddonder.

 

The post Jeremiade van ’n buiteleser appeared first on LitNet.

South African authors protest against Copyright Amendment Bill

$
0
0

Authors deserve better than what the legislature has given them in the Copyright Amendment Bill that is being railroaded through Parliament despite local and international opposition.

As authors’ associations, we are calling on our members, as well as other authors and interested parties to spread the word about this bill and sign a petition against its adoption. 

We are convinced that many of the changes to the Copyright Act introduced by the Copyright Amendment Bill will have a direct and detrimental impact on all South African authors.

Further, the Bill is not in line with the international copyright treaties that South Africa has acceded to, and in all probability also runs contrary to the Constitution.

Support by Jennifer Clement, president of PEN International

PEN International, as the oldest and largest organisation of writers in the world,  takes copyright very seriously.  One part of our PEN International COPYRIGHT MANIFESTO clearly states, “An author’s economic independence and autonomy is central to freedom of expression and encourages a diversity of voices, which in turn fosters democracy.

To deny authors the ability to earn monetary reward from their creative works is to deny the works value and their authors a livelihood. Using the intellectual property of an author without fair recompense, and in the absence of a legitimate legal exception to the author’s copyright, is theft.”

 

We are opposed to the following:

  • The procedure through which the Bill is being railroaded through Parliament

Authors, publishers and the wider creative industries have been remarkably invested in the consultation process, submitting commentary and participating constructively despite unreasonably short deadlines throughout the years that the Bill has been in development.

Despite constructive participation, with significant investment of time and financial resources, there has not been any meaningful engagement with authors about their concerns, every one of which has been ignored.

In what seems to be a case of merely going through the motions, the Parliamentary Portfolio Committee for Trade and Industry proceeded to ignore the input they received that was not aligned with the policy directions that they had apparently already decided upon.

The Portfolio Committee has now approved the Copyright Amendment Bill and handed it over to the National Assembly to adopt as legislation.

Support by Deon Meyer:

I am deeply concerned about the influence of the new legislation on our nation’s future. It will undoubtedly make it even harder to earn a living as an author, and has the real potential to turn us into a country without books of our own. Which means our history, our dreams for the future and our understanding of the present will disappear. And that’s another kind of poverty we can’t afford.

 

  • The introduction of “fair use”

It has been stated that “fair use” does not mean use that is fair. Fair use is, rather, a legal doctrine derived from US law. As opposed to fair dealing, which is an established part of South African copyright law, fair use does not work with a closed list of permitted uses. It is open-ended and requires courts to decide whether a particular use qualifies as “fair”.

There is no need to adopt this doctrine into South African law. It will result in significant legal uncertainty and places the onus on the copyright owner to institute court proceedings to challenge unauthorised use of their work. Authors typically cannot afford to do this, and our courts surely do not need the additional workload.

The existing fair dealing provisions should rather have been expanded as required.

Support by Breyten Breytenbach

As much as I'm convinced that the stories and histories and songs of our country constitute the veritable binding that can remind us of our shared humanity, and the grounding we need to explore the richness of our diversity, the gift of our legacy, the textures of our struggles, the colour of our dreams  – (and what more wonderful gift can there be than to make these part of every South African's formative experiences?) – as much I am convinced that the proposed legislation to replace existing channels and guarantees (which shaped the respect for the work produced and protected the need to continue producing) will inevitably lead to 'unfair abuse' of the rights coming with the responsibilities of writing, publishing and distribution.

To pretend otherwise is to exploit a need for the deeper understanding of who we are and try to become under the false banner of supposedly equal access. Let us not allow this cultural and creative impoverishment of generations to come!

 

  • The introduction of wide-ranging exceptions to copyright protection, among others for educational purposes

Education and research are undoubtedly important public policy considerations, and we fully support the right to access to information. However, we object to the proposed weakening of copyright protection to achieve these goals.

The introduction of wide-ranging exceptions and limitations could discourage authors from writing books and publishers from taking the financial risk to publish those books, as it would create a climate within which freely copying copyright works for a wide range of purposes is permitted.

Many authors earn their livelihood from writing for the education market. The education market is by far the largest sector within the book publishing industry. Allowing copying of books and inclusion of copyright material in course packs instead of encouraging educational institutions to purchase copies of books, or licences to reproduce copyright works, erodes authors’ rights and drastically curtails their ability to make a living.

Authors rely on copyright to make a living in order to continue contributing to creating a reading and writing culture.

We implore the legislature to reconsider its adoption of the Copyright Amendment Bill. It is steering us into a crisis.

It should also be noted that various international organisations have weighed in on the calamitous course the legislature is taking with this bill. Their statements are available here:

We call on all authors and interested parties to sign the petition below. It will be presented to the Minister of Trade and Industry.

Petition text:

The Copyright Amendment Bill does not strike a fair balance between the interests of the authors and the interests of the “users” of copyright works. It is not in line with international copyright treaties. I strongly object to its adoption.

The post South African authors protest against Copyright Amendment Bill appeared first on LitNet.

Sielskos – Stories oor verlange en hoop deur Koos van der Merwe: ’n resensie

$
0
0

Titel: Sielskos – Stories oor verlange en hoop
Skrywer: Koos van der Merwe
Uitgewer: Lux Verbi
ISBN: 9780796320995

’n Predikant preek. Reg?

Nie in hierdie geval nie. Koos van der Merwe se Sielskos is ’n keur van dié prediker se beste skryfsels uit Sarie se Laaste sê-rubrieke. Die strekking is geestelik, maar die aanbod glad nie uit die hoogte of pienkboekerig nie.

Die gewone mens met sy soeke na hoop en sy behoefte aan sin maak, staan sentraal.

Van die temas waaroor Van der Merwe skryf sluit pa-wees, grootword, ongeduld, armoede en aftrede in. Die liefde — tussen jongmense, ouer mense, ouer en kind en mens en dier — word opnuut in oënskou geneem. Visvang/hengelrubrieke, asook ander oor alledaagshede soos Marmite-toebroodjies, tweepuntproppe, elke huis se deurmekaarlaai en verkoue kom voor.   

Dis egter die stories oor gewone mense wat die gemoed raak. “Meer as bloedskenk” handel byvoorbeeld oor ’n seuntjie wat vir sy babasussie bloed moes skenk. Omdat dié ware verhaal (en soortgelykes) so na aan die been sny, word skuilname dikwels ingespan.      

Van der Merwe is nie net ’n prediker en gospelsanger nie, hy skryf al jare lank. Sielskos verkwik die sintuie. Taal word vernuftig aangewend. Só vertel die skrywer dat hy op ’n Sondagoggend vroeg “teen die spoed van toewyding” kerk toe ry. Die moeilike “mevrou Rottermeier” kan weer vir jou kyk “tot elke onbetaalde rekening van jou oupagrootjie deur jou skuldige aangesig verklap word”. Pleks van sy familiestamboom uit te lê, vertel Van der Merwe eerder dat daar in sy bloedlyn “doedelsakke en whiskey, kaas en tulpe, lederhosen en blutwurst” lê. En só klink sy siening van preek: “. . . preke kom nie altyd van kansels af nie. Preke hang in wolke, vlieg in die lug rond saam met skoenlappers en seemeeue, skuil in koffiewinkels, droë winterbome en op vaal vlaktes . . .” 

Wat sy sangloopbaan betref, is die skrywer veral bekend vir sy Afrikaanse vertalings en sing van Leonard Cohen- en Bob Dylan-liedjies. Dit is dus nie verbasend dat Van der Merwe se skryfwerk ’n besondere ritme, oftewel musikaliteit het nie. Die rubrieke lees doodgewoon lekker. Nie dat Sielskos ligsinnig is nie. Allermins. Jy kan die “lewenslesse” saam vorentoe dra. Soos hierdie een: “’n Mens wat regtig lewe, voluit lewe, sien die wonder van dinge en mense rondom hom raak. Hy ontvang van die lewe die mildelikheid wat hy self daaroor uitstrooi.”

Jenna-Lee wat “by ’n einde gekom het”, is een van die “gewone” mense oor wie Van der Merwe skryf. Dié ontnugterde jong vrou sit op haar verjaardagnag op ’n trap en huil. Siena en Soon se verhaal sou weer beter of slegter kon geëindig het, reken die skrywer. Die werklike einde daarvan is onbekend. Daarteenoor staan Bernhard Verwey, ’n man wat nie die einde van sy skatte geken het nie. Maar, soos met Van der Merwe se ander “karakters”, ontwikkel Verwey geestelik binne die bestek van ’n enkele rubriek. Dit wil gedoen wees.     

Sielskos sluit verhale oor bekende mense in. Die pad wat die sanger Elvis Blue gestap het, inspireer, terwyl die rubriek oor die aktrise Wilna Snyman pleinweg mooi is. Hierdie aanhaling kon nie méér gepas wees nie: “Ek kon sien sy (Snyman) reis saam met my na landskappe van die siel.”

Aanhalings deur groot geeste soos Margot Fonteyn en CS Lewis dien soms as wegspringplek vir ’n rubriek. Fonteyn, wat ’n prima ballerina was, is gevra om ’n intense dans te verduidelik, skryf Van der Merwe. Haar antwoord: “As ek dit kon verduidelik het, sou ek dit nie gedans het nie.” Lewis, oorlede Britse skrywer, het weer gesê dat van die heiligste klanke op aarde die gelag van vriende is.     

Van lag gepraat, die skrywer het ’n guitige humorsin. Daar is die ouma om wie kinders draai “asof sy ’n nuwe Lord of The Rings-fliek is”. Die rubriek oor die “godin” wat vir Van der Merwe aarde toe gebring het, is vrek snaaks. So ook die een oor sy oorlog in die waskamer. Absurd-snaaks is weer die vertelling oor die skoenlapper wat met ’n beeldskone papierweergawe van homself paar.    

Die Sielskos-rubrieke is goed gestruktureer. Hier en daar spel ’n slot of slotsin dit wat opvallend is uit, soos: “Mag ons met die waarheid wandel, maar nooit net met die waarheid nie.” Ander kere is die skrywer ietwat voorskriftelik. Byvoorbeeld: “Sien die skoonheid en waarde om jou raak” en “Tel hierdie dag en laat hom tel”.   

Enkele kere praat Van der Merwe namens die leser. Soos hier: “Ons almal soek na daardie lens waardeur ons mooi kan wees.” Dit laat ’n mens met die vraag: Is skoonheid, ook van gees, vir almal ewe belangrik?

Soms strek ’n rubriek by sy einde verby. “Tien-vier, tien-vier, Nagadder” (wat oor burgerbandradio’s en die wonder van tegnologie handel) kon net ná die tweede laaste paragraaf geëindig het met “Almal wil hê Iemand moet hoor”, pleks van “Daar is Iemand wat hoor. Sonder ’n rekenaar of ’n selfoon. Jy het net die tegnologie van die hart nodig. Praat maar. Hy luister.” Die slotsin van “Dis ons en ook ek” en “Twee stemme” is eweneens oorbodig, maar wat ’n treffende wending neem laasgenoemde rubriek nie!

’n Voorbeeld van ’n slotsin wat goed werk, is dié een: “Koop vir jou stories. Koop vir jou geluk. Dis verniet. Maar baie duur.”        

Ellipse kom soms onnodig voor. Ander kere word byvoeglike naamwoorde opeengestapel, soos hier: “En terwyl jy wag voor haar pynlik netjiese toonbank wat soos ’n stil wrede waghond onder haar benerige hande gereed is om die pynlike vonnis van jou verdiende verdoemenis te voltrek, voel jy dat haar alwyse oordeel sekerlik onaanvegbaar korrek moet wees.”

 Sommige woorde, waaronder “die vrouegeslag”, “skoner geslag” en “laerskooljuffrouens”, is ietwat outyds. “Akklamasie” is weer te formeel vir die konteks en bepaalde leser, terwyl die rubriek oor motorkoop seksisties is. Dié aanhaling is ’n voorbeeld: “En vir vrouelesers wat daardie opwinding (‘karkoop’) nog nie verstaan nie, glo maar net: dis ’n koors onder die mansgeslag waarvoor daar nog nie ’n medisyne ontdek is nie.” Asof vroue nie hul eie motors (kan) koop nie!          

Die woord “sonbruin” sou dalk “songebrand” in hierdie sin kon vervang: “Sy veertigjarige lyf is songebrand, gespierd.” 

Enkele rubriektitels soos “Grond”, “Verlang”, “Dogtertjies word vroue” en “’n Ou verhaal” is ietwat verbeeldingloos, terwyl ander wél die leeslus aanwakker. Prikkelende titels sluit in: “Afrikaans sê dit nie so goed nie”, “Om onderdeur die maan te loop – met of sonder jou suikerbossie”, “Die gevreesde drieletterwoord”, “Daar was ’n Elvis in Jan” en “Gaan speel met ’n krokodil en word wys”. Hier en daar is ’n titel te lank. “Fortuine, oudste broers en skatte langs Portugese damme” is ’n voorbeeld.   

Enkele van Van der Merwe se gedigte (wat by die verskillende temas aansluit) is ook in die bundel opgeneem. Toeganklik is hulle wel, maar nie almal ewe geslaagd nie.      

Die skrywer kán egter spanning skep. Wanneer ’n rubriek aan ’n spesifieke woord gewy word, bly jy nuuskierig — tot en met die aha!-oomblik wanneer jy weet watter een so sappig bespreek word.   

Ten spyte van dit wat beter kón, is Sielskos beslis die lees werd. Dis inderdaad voedsel vir die innerlike.

The post <i>Sielskos – Stories oor verlange en hoop</i> deur Koos van der Merwe: ’n resensie appeared first on LitNet.

Persverklaring: Adam Small-teaterkompleks amptelik by US geopen

$
0
0

Die Adam Small-teaterkompleks by die Universiteit Stellenbosch (US) is amptelik op Vrydag (23 November 2018) tydens ’n naamgewingseremonie op die Stellenbosch-kampus geopen. Die US se opgeknapte en heringerigte teaterkompleks is vernoem na die bekroonde digter en dramaturg, Adam Small. Die naamsverandering is deel van ’n proses van visuele regstelling en vernuwing van publieke ruimtes, simbole, geboue en fasiliteite by die Universiteit. 

Small het in 2015 ’n eredoktorsgraad van die US ontvang.

Die Adam Small-teaterkompleks is ’n multifunksionele fasiliteit wat die groot ouditorium (tot nou toe die HB Thom-teater) in die kompleks, ’n seminaarkamer en ’n kleiner laboratorium-teaterruimte insluit. Hoewel die naam HB Thom-teater voortaan nie meer gebruik sal word nie, sal dit in die opgeknapte gebou gekontekstualiseer word. Die aangrensende Dramadepartement sal nou vir die eerste keer funksioneel aansluit by die teaterkompleks.

Tydens die geleentheid het die Rektor en Visekanselier van die US, prof Wim de Villiers, gesê die naamgewing gaan oor erkenning, regstelling en versoening. 

“Ons vernoem hierdie teaterkompleks na Adam Small om hom as een van ons grootste denkers en skrywers te erken, om sommige van die onregte wat teen hom en ander slagoffers van apartheid gepleeg is reg te stel, en om die wonde van die verlede te genees ... om weer diegene wat, in die woorde van Adam Small, deur 'n ‘bose stelsel’ van mekaar weggeruk is bymekaar uit te bring.”

Adam Small wou graag aan die US studeer, maar is weens apartheid nie toegelaat nie.

De Villiers het Small as ’n morele gewete en kritiese stem gedurende apartheid beskryf en gesê die US is dankbaar en trots om met sy ryke erflating geassosieer te wees.

“Ons sal graag will sien dat die visie van menswaardigheid en regstellende geregtigheid ’n werklikheid word.”

Na afloop van die naamgewingseremonie, het die vermaaklikheidster Natalia Da Rocha en lede van die Applauz Arts-inisiatief die gaste getrakteer op musiek wat uit Adam Small se gepubliseerde en ongepubliseerde gedigte getoonset is. Die gaste het ook die geleentheid gehad om die teaterkompleks besigtig.

  • Foto van Adam Small: Naomi Bruwer

 

https://www.litnet.co.za/category/menings/universitysa/

 

Naamgewing van die Adam Small-teaterkompleks Victoriastraat, Stellenbosch

The post Persverklaring: Adam Small-teaterkompleks amptelik by US geopen appeared first on LitNet.

Naamgewing van die Adam Small-teaterkompleks Victoriastraat, Stellenbosch

$
0
0

Foto van Wim de Vlliers: Stefan Els

Naamgewing van die Adam Small-teaterkompleks Victoriastraat, Stellenbosch, 18:10, Vrydag 23 November 2018

Opmerkings deur Wim de Villiers, rektor en visekanselier, Universiteit Stellenbosch (US)


Goeienaand, almal! Good evening. Molweni.

Welcome to a very special event, the official reopening of the University’s renovated and expanded theatre complex. We will get a tour of the building later, and I am sure you will agree, it’s magnificent. The building has been refurbished as part of Stellenbosch University’s extensive Campus Renewal Project.

Ons is baie trots op hierdie gebou. Waar daar vantevore slegs een groot teater-ouditorium was, is daar nou ook ʼn splinternuwe kleiner laboratorium-teaterruimte, plus twee nuwe klankstudio’s, ʼn televisie-opnamestudio en ʼn seminaarkamer. En vir die eerste keer sluit die aangrensende Dramadepartement nou funksioneel aan by die teaterkompleks.

So, I’m sure this building will serve our Drama Department well for years to come. As the Head of the Department, Dr Mareli Pretorius, says, the building has had “not just a facelift but liposuction too”! However, despite what I have said so far, tonight is not about bricks and mortar, it’s about flesh and blood. It’s not about this building per se, but about the people it serves – the lecturers and students who teach and learn here, the artists who perform here, the audiences entertained here. Above all, tonight is about the three Rs – no, not “reading, writing and arithmetic”, but recognition, redress and reconciliation. Because tonight we are naming this theatre complex after Adam Small to recognise him as one of our greatest thinkers and authors, to right some of the wrongs done to him and other victims of apartheid, and to heal the wounds of the past … to bring together again those torn asunder by what Adam Small himself called an “evil system”.

Maar wag so bietjie, laat ons ons nou nie hoogheilig hou nie. Ons was self aandadig aan die ongeregtighede van die verlede. Hierdie Universiteit se deure was tóé vir mense wat destyds kamtig die “verkeerde” velkleur gehad het. Adam Small was een van daardie mense. Hy het die verhaal self vertel: “Ek wou in jare wat nou lank verby is liewer hier studeer. Maar ek kon nie ... weens apartheid, en die kulturele voorskrifte en verbiedinge van daardie bose stelsel.” Dít het dr Small gesê op 11 Desember 2015, toe hy ʼn eredoktorsgraad van die US ontvang het vir sy “verruiming van die Suid-Afrikaanse letterkunde, sy verryking van Afrikaans, en sy verwoording van eens verbode onderwerpe om sodoende as ’n stem vir menige stemloses te dien.”

Hy het op tipiese nederige wyse dankie gesê vir dié eerbetoon: “My groot waardering aan die US vir hierdie eredoktorsgraad”. En toe voeg hy by: “Dis vir my baie belangrik dat dit juis die Universiteit Stellenbosch is ... en u weet hoekom.” Ja, Dr Small, ons weet. En ons is jammer. “Die Universiteit erken sy bydrae tot die ongeregtighede van die verlede en verbind hom daarom tot gepaste regstellings- en ontwikkelingsinisiatiewe.” Dít het ons 18 jaar gelede gesê in ons “Strategiese Raamwerk vir die Eeuwisseling en Daarná”. En vanjaar – in ons Eeufeesjaar – sê ons onomwonde “ons vra sonder voorbehoud om verskoning aan die gemeenskappe en individue wat uitgesluit was van die historiese voorregte wat die US geniet het, en ons huldig die kritiese stemme wat nie tot swye gebring kon word nie.”

Adam Small was one of those critical voices – one of the loudest, in fact, an acclaimed poet, playwright and academic who wrote himself into the very being of the South African nation as compass and moral conscience. And that is why Stellenbosch University is grateful and proud to be associated with his rich legacy. We would like to see his vision of human dignity and healing justice realised. Vriende, hierdie teaterkompleks word vanaand na Adam Small vernoem.

Maar die vorige naam verdwyn nie – soos u hier kan sien. Nes hierdie historiese fasade sou skade ly as die naam “HB Thom” verwyder word, so sou ons begrip van die geskiedenis skade ly as ons probeer voorgee hierdie teater het nié eens ʼn ander naam gedra nie. ʼn Erkenning van Adam Small is nie ʼn ontkenning van HB Thom nie.

Both names – Adam Small and HB Thom – will be contextualised here, with information along the lines of the text about them in tonight’s programme. That is part of Stellenbosch University’s approach to visual redress, including the naming and renaming of buildings. Adam Small documented the story of a past that should never be repeated in South Africa. But precisely for that reason, we should not try to erase that past, lest we forget the lessons it holds.

Vriende, ek gaan nou die lint knip ... en daarmee sê ek met groot vreugde, Adam Small het huis toe gekom. En almal is welkom in hierdie huis!

Persverklaring: Adam Small-teaterkompleks amptelik by US geopen

The post Naamgewing van die Adam Small-teaterkompleks Victoriastraat, Stellenbosch appeared first on LitNet.

Deon Meyer, Charlene Lackay en Tracey Lange saam in die WAT se span

$
0
0

Charlene Lackay, Deon Meyer en Tracey Lange (foto's verskaf)

Deon Meyer en Charlene Lackay is pas aangewys as nuwe trustees van die WAT Trust. Die doel van die WAT Trust is om fondse te werf en te bestuur vir die samestelling van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Die WAT is die grootste projek wat ooit in belang van Afrikaans onderneem is: dit is ’n omvattende Afrikaanse woordeboek wat nie net op die standaardvariëteit van Afrikaans fokus nie, maar ook op die ander variëteite soos Kaaps, Namakwalands en Oranjerivierafrikaans. Ook streektaal, geselstaal, vloektaal en uitdrukkings is vir die WAT belangrik. 

Beide Meyer en Lackay is reeds jare lank ondersteuners van die WAT en hulle was ook onderskeidelik beskermheer (2015) en beskermvrou (2011) van Borg ’n Woord – ’n fondswerwingsprojek van die WAT Trust.  Die ander lede van die WAT Trust is Johan Holtzhausen (voorsitter), Piet Aucamp, Willem Botha, Rudolf Gouws, Helgaard Raubenheimer, Arnold Schoonwinkel en Gerhard Swiegers.  Donateurs is tans verantwoordelik vir 80% van die WAT se jaarlikse begroting van R9 miljoen. Die Trust geniet belastingvrystelling kragtens artikel 18A.  Bykomende fondse van R3 miljoen per jaar word vir die volgende tien jaar benodig  om die Tienjaarplan vir die voltooiing van die WAT uit te  voer. Vyf bykomende redaksielede is reeds aangestel en hulle word van Julie tot Desember intern opgelei ten einde die implementering van die Tienjaarplan moontlik te maak.

Tracey Lange is vanaf Internasionale Woordeboekdag op 16 Oktober die nuwe beskermvrou van Borg ’n Woord. Volgens dr. Willem Botha, trustee en uitvoerende direkteur van die WAT, het die keuse op Lange geval vanweë haar geesdrif vir Afrikaans en die lewe:  “Ons glo haar geesdrif sal aansteeklik inwerk op ander wat ook lief is vir Afrikaans. ’n Woord is die mees persoonlike geskenk wat jy vir iemand kan gee.” Tracey spoor almal aan om deel te neem aan Borg ’n Woord met hierdie woorde: Lief vir Afrikaans? Lief vir iemand? Sê dit met ’n woord in jou moedertaal: BORG ’n WOORD vir hom of haar, of vir jouself!

Die WAT se Borg ’n Woord-projek  het mense opnuut bewus gemaak van die rol wat woorde in hul lewens speel.  Die Afrikaanse taal bestaan uit ongeveer een miljoen woorde en daar is reeds meer as tienduisend woorde geborg of gekoop.  Meer as een persoon kan egter dieselfde woord borg, maar elkeen kry ’n sertifikaat met sy naam en die woord of woorde wat hy geborg het. Jy borg ’n woord vir R100 en koop ’n woord vir R5 000. As jy ’n woord gekoop het,mag niemand anders daardie woord borg op koop nie.  Elke deelnemer kwalifiseer vir die prystrekking waarin R25 000 van Sanlam gewen kan word en elkeen kry ook gratis toegang tot die Aanlyn WAT, die elektroniese weergawe van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

Tracey het reeds die voorbeeld gestel deur pa te borg ter ere van haar pa wat onlangs oorlede is. Rektor is deur die Universiteit Stellenbosch vir Wim de Villiers gekoop vir R5 000 en poenankies (“oulik”) is deur Debra Meyer geborg .  Ander woorde wat reeds in Tracey se termyn geborg of gekoop is, is onder andere Bitcoin, dinkskrum, spook, beëdigde, braaivleis, draf, grondboontjiebotter, opwipkuns  en Vrydag.  Besoek www.wat.co.za as jy ook ’n woord wil borg of koop, of ’n donateur van die WAT wil word.

The post Deon Meyer, Charlene Lackay en Tracey Lange saam in die WAT se span appeared first on LitNet.


Baai baai, Bo-Kaap

$
0
0

Niks diggerloaders die kee'
Ma' wel manne met diep sakke. 
Die mense vannie Woodstock 
Moet waai. 
Die mense vannie Bo-Kaap
Moet waai. 
Pak jou klere en bondel jou kin'es, 
Ma' lossie memories
En jou hele liewe, 
want daar'sie ‘n suitcase groot genoeg vi' daai.
En die man mettie gel' innie sak praat van gentrification. 
Soe julle moet plek maak vir overseas mense 
wie kom op vacation. 
En vat ma' somme jou hond oek saam. 
Los nou die gegroetery, 
djy kan uit'ie taxi skrie, Salaam. 
Die price tag is te hoeg. 
Gel' koep alles, including ‘n liewe-lange geswoeg 
Agte' n naaimasjien by Rex Trueform en true to form
Drai'ie gowerment sy rug. 
Nieman' het jou geforsie,
Om ‘n kruisie te trek is jou plig. 
Ma' nou moet djy spat, 
becaus'ie hipsters en yupsters is amal op pad. 
But we won't leave you stranded
We will relocate you to another planet
Da' annikant die duine. 
Nie, o's needie dai nie
Vat saam jou go'dyne. 
Wag da skrie die gaatjie nou. 
Your time is again up, off you go.

The post Baai baai, Bo-Kaap appeared first on LitNet.

Op de vlucht voor apartheid: met het verhaal van de jonge Sandile raakt Dumani Mandela ons recht in het hart

$
0
0

Foto cover van het boek & Dumani Mandela, gefotografeerd door Khosi Mandela

Op de vlucht voor apartheid
Dumani Mandela
Schoorl, Uitgeverij Conserve, 2018, 174 blz
ISBN 9789054294894
Uit het Engels (Nkwenkwe – On the run for apartheid) vertaald door Hendrik Hutter

Zojuist is het boek Op de vlucht voor apartheid van Dumani Mandela, kleinzoon van Nelson Mandela, uitgekomen in het Nederlands: een wereldprimeur want de originele Engelstalige versie is nog niet verschenen.

De roman gaat over de haastige vlucht van de jonge Sandile samen met zijn zus en hun ouders uit Zuid-Afrika, wanneer in 1985 de noodtoestand wordt uitgeroepen, en over wat daarop volgt in het buitenland. De auteur leeft zich enorm in in het hoofdpersonage Sandile, die als tienjarige moet vertrekken uit zijn dorp Cofimvaba en pas tien jaar later in 1994 terugkeert naar Zuid-Afrika wanneer het politieke landschap totaal is veranderd. In het boek figureert Nelson Mandela nooit als grootvader, maar toch zijn de centrale gebeurtenissen rondom hem, zijn vrijlating en verkiezing, richtinggevend voor het hoogst persoonlijke levensverhaal van Sandile.

De voorbereiding tot de vlucht, de solidariteit binnen de bevrijdingsbeweging, de diaspora in Zweden, de angst na de moord op Olof Palme, Uburu en Ubuntu, het NEPAD-document, het volledige verhaal van het Afrikaanse continent, het inheems Afrikaans kapitaal, de love story van Sandile en Anelisa, overgangsriten en traditionele geneeswijzen: al deze thema’s worden op een meesterlijke, meeslepende wijze op elkaar betrokken.

Rhundu’s brief die haar kleinkinderen te lezen krijgen wanneer zij na hun verblijf in Zweden terugkeren naar Afrika (blz 99-111), is visionair, verrassend en ontroerend tegelijkertijd, een prachttekst om in het onderwijs te gebruiken.

Op de vlucht voor apartheid van Dumani Mandela is een beklijvende roman die ons confronteert met de grote waarde van het inheemse culturele kapitaal in Zuid-Afrika. De auteur leidt de lezer binnen in een totaal nieuw universum, waar kolonialisme en apartheid zijn uitgeteld en zwarte en blanke mensen in vrede met elkaar samenleven.

Voorstelling van de roman in het Zuid-Afrikahuis, Amsterdam, 31/10/2018:

https://www.conserve.nl/fonds/op-de-vlucht-voor-apartheid-386/

The post <em>Op de vlucht voor apartheid</em>: met het verhaal van de jonge Sandile raakt Dumani Mandela ons recht in het hart appeared first on LitNet.

Bloed, dunner as water deur Charné Kemp: 'n resensie

$
0
0

Bloed, dunner as water — Suid-Afrika se berugste familiemoorde
Charné Kemp
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624075462

Die raakvattitel van die boek, Bloed, dunner as water, vertel jou in ‘n neutedop waaroor die inhoud gaan. Die mites en romantiek rondom bloedfamilie word verpletter as van die wreedste moorde op diegene, vir wie mens veronderstel is om die liefste te wees, beskryf word. Hoeveel keer lees mens nie op facebook of in onderhoude met celebs dat familie “alles” is nie?

Suid-Afrika bly een van die moorddadigste lande ter wêreld met geweld wat ‘n subkultuur geword het.

Min mense sal erken dat hulle vriende soms meer vir hulle as bloedverwante beteken. Bitter familievetes, afguns en sibbe-mededinging, asook dwelms en ander wat met jou kop “smokkel” kan ‘n rol in hierdie onbegryplike moorde vertolk.

In ‘n gewelddadige land soos Suid-Afrika waar baie van ons afgestomp raak oor mediaberigte wat ons daagliks met moord en doodslag bombardeer, bly moord op familie egter steeds skokkend. Die laaste taboe. Onverstaanbaar. En ondenkbaar.

Veral as dit ouers is wat hierdie einste kinders vir wie hulle in die lewe gebring het, uitwis. Of andersom.

Wat gee aanleiding daartoe dat ‘n oënskynlik intelligente, bevoorregte en goed opgevoede jong man soos Henri van Breda sy hele gesin een aand tydens ‘n bloedbad met ‘n byl uitwis? Of ‘n ma soos Venolia Siwa wat, volgens kennisse ‘n sorgsame en liefdevolle moeder was, al vyf haar kinders vermoor? En agterna bekommerd was dat mense dink sy is ‘n “slegte mens”?

Dit is nou eenmaal so dat baie mense ‘n morbiede belangstelling in sulke soort moorde toon. Want, hoe anders verklaar ‘n mens die ironiese strekking van die spreekwoord: Bloed is dikker as water? Die knaende vraag wat altyd oor sulke grusame moorde gevra word is: “Hoekom? Hoekom?” Die waarheid is dat menslike gedrag en misdadige gedrag onvoorspelbaar is.

Charné Kemp is ‘n ervare joernalis en topverkoperskrywer van Moord op Griekwastad. Dis opmerklik dat die hoofstukke oor die moorde gepleeg deur Henri van Breda en Don Steenkamp, die langste in die boek is. Waarskynlik omdat dit onder meer van die opspraakwekkendste in ons land se onlangse misdaadgeskiedenis is.

Dis te verstane dat Kemp drie jaar lank aan die boek gewerk het. Sy het intensiewe navorsing gedoen en van ‘n lang lys bronne gebruik gemaak. Sy het ook met talle kenners gesels.

Daar sal egter altyd meer vrae as antwoorde wees na die lees van so ‘n boek. Tog kan emosionele mishandeling, sibbe- jaloesie en -mededinging, dwelms en beïnvloeding nie onderskat word nie.

Dit is egter duidelik dat, soos soveel kere tevore al bevind is, dat daar nie een klinkklare rede vir sulke makabere geweldsmisdade en bloedvergieting is nie. In talle gevalle kan ‘n mens maar net bespiegel oor wat daartoe aanleiding gegee het.

Die mens en die misdadiger se psige is eenvoudig te verwikkeld.

Kemp skryf oor ouers wat ‘n kind se kognitiewe skrif skryf en oor tieners wat besluite in oomblikke neem. Christiaan Bezuidenhout, professor in Kriminologie aan die Universiteit van Pretoria, het al herhaaldelik, soos wat hy ook in hierdie boek aangehaal is, gesê hy glo kinders word as tabula rasa (‘n skoon lei) gebore. Dis die ouers wat die kind se kognitiewe skrifte daarop skryf.Woede — hetsy dit sigbaar is of goed weggesteek is — vertolk ‘n groot rol soos duidelik uit hierdie boek blyk. Mense wat met gevangenes en veroordeelde moordenaars werk, soos Eerwaardes Jennifer en Jonathan Clayton van Hope Prison Ministries, sal jou ook vertel dat hoe meer woede mense het, hoe meer gebroke is hulle. “As iemand baie woede het, moet jy vir hom jammer voel”, sê hulle. So dikwels word dwelms en demone as verweer vir hierdie moorde binne gesinsverband aangevoer. Ja, dwelms vertolk beslis ‘n belangrike rol gedurende geweldsmisdaad (ook tydens plaasaanvalle) maar die rol van satanisme word dikwels oordryf soos ook in die boek blyk in die uitspraak van Angelique Orso (16) wat haar ma, Dawn Orso (38), met die hulp van  haar kêrel, Lawrence van Blerk (18) vermoor het.

’n Mens verwelkom hierdie stelling want dis seker menslik dat die publiek graag wil hoor dat satanisme en dwelmmisbruik die oorsaak is, want dan is sulke moorde mos net’n tikkie minder ondenkbaar — of hoe? Om iets te blameer, maak dit immers meer verteerbaar. Soos in die boek beskryf word, is dit egter eerder ‘n “smeermiddel” wat dit net makliker maak om te moor.

In die geval van pa’s wat hul hele gesinne uitwis, word aanleidende faktore, oor waarom ouers hul kinders vermoor, beskryf as: gesinsverbrokkeling, manlike seksuele jaloesie, ‘n behoefte daaraan om in beheer te wees en ‘n obsessiewe besitlikheid. Om jou kinders te vermoor, is, soos in die gevallestudies voorkom, die uiterste vorm van wraak teenoor jou vrou.

Ander redes wat aangevoer word is depressie, mishandelende kinderjare, die blootstelling aan middelmisbruik, seks, manipulasie, geestesafwykings en dalk selfs psigoses. Party word deur vryheid geïnspireer en wil dít wat in hul pad na geluk staan, uitwis.

En ja, baie van die moordenaars word as narsiste, psigopate en sadiste beskryf. Gewilde beskrywings in die volksmond. Maar nie almal word so geklassifiseer nie, wat dalk party mense sal verbaas, maar aan die hand van verduidelikings van kenners nie vergesog is nie.

Waarskuwingstekens

Dis verblydend dat die boek waarskuwingstekens uitwys, soos in die geval van Bezuidenhout, wat na ouerskap verwys as dat dit “ ’n gebalanseerde benadering” moet wees.  Dis van uiterste belang om vir jou kinders grense te kan stel en soms “nee” te sê. Dit benadruk weereens die ontsaglike en selfs vreesaanjaende verantwoordelikheid wat ouerskap bring. Daar moet ‘n morele kompas wees. Jou gedrag tel meer as jou woorde.

Tog word die feit dat kinders hul ouers vermoor as veel komplekser beskou as ander familiemoorde. ’n Tiener kan stil en afgesonderd voorkom en net eendag “breek”. Plaas dit nie maar net weereens ouers in die beskuldigdebank nie?

Een van die hoofstukke gaan oor Nicolette en Hardus Lotter en Matthew Naidoo en die wrede moorde op die Lotter-kinders se ouers, Johnny en Riekie Lotter.

Daar is bevind dat Nicolette aan mishandeldevrousindroom gely het en selfs haar destydse vriend, die manipulerende Naidoo, se urine moes drink. Hier en in ander gevalle word erge breinspoeling en manipulasie deur die jong vroue se kêrels beskryf.

Met Don Steenkamp (toe 15) wat sy ouers Deon (44) en Christel (43) en suster Marthella (14) vermoor het, blyk sibbe-jaloesie ‘n rol te vertolk het. Marthella was glo ‘n uitblinker en hy het gesmag na sy pa se goedkeuring. Wat ‘n mens veral ontstel, is die feit dat hy ná die moorde besonder onemosioneel en behep met sy efporsie was. Hoe gewetenloos kan ‘n tiener wees? Is dit dan nie kenmerkend van ‘n psigopaat nie?

Hy moes egter ‘n goeie akteur gewees het, want, soos wat die geval in soveel gevalle van jong mans is wat moord gepleeg het, het sy Ouma Bettie in sy onskuld bly glo. Daar was voor die tyd geen teken dat hy ‘n wrede of emosielose kind met gedragsprobleme was nie. Tog het hy glo baie gelieg. Hoe dan nou?

Sy gedrag, het ‘n kenner bevind, stem ooreen met die waarskuwingstekens van psigopatiese eienskappe wat later kan ontwikkel.

Henri van Breda is as ‘n alleenloper met gemoedskommelinge beskryf. ’n Eenkantkind wat moontlik deur sy pa verneder en verkleineer is. Hy was doodkalm toe hy die nooddienste ure na die moorde gebel het en het boonop soos ‘n tandetrekker in die hof gelieg. Dit word so raak in die boek beskryf; “Hy het drie mense uitgewis, maar hy Henri van Breda, het ook eiehandig homself uitgewis.”Weereens was daar familielede wat in sy onskuld bly glo het, want, is heel ironies aangevoer: “Bloed is dikker as water.”

Die goeie nuus in die boek (iets wat ek al waargeneem het) is dat jeugdiges se kanse op rehabilitasie beter met berading en die regte huishoudelike omgewing is. Hulle is meer vatbaar en plooibaar vir rehabilitasie. En dit gee ’n mens hoop. ’n Mens moet natuurlik realisties wees en besef dat dit nie ’n waarborg is dat hulle nie weer sal moor nie.

Dis byna meer skokkend wanneer ouers hul kinders vermoor as andersom, soos wat Kemp in die boek beskryf. Kinders is mos impulsief en vol storm en drang. Die redes waarom ouers hul kinders vermoor, word aan onder meer verskeie sielkundige, genetiese en omgewingsfaktore toegeskryf. Party ouers is brandarm, verloor alles en sien die dood van die hele gesin as ‘n uitweg. Die vernedering van bankrotskap is te groot.

Nog tekens wat ’n mens nie by mans kan verontagsaam wat hul gesinne uitwis nie, is tekens soos erge depressie, jaloesie teenoor sy vrou, soos in die geval van Marius van der Westhuizen wat sy kinders Bianca (16) Marius Junior (5) en Antoinette (21 maande), binne twee minute berekend en doelgerig doodgeskiet het. Die feit dat Charlotte, sy vrou, selfs vroeër ‘n beskermingsbevel teen hom gekry het, kon dalk as ‘n tikkende tydbom beskou word. So’n bevel kan dalk net vir party mense ‘n wake-up call wees.

Die hartseerste hoofstuk, vir my altans, is die een oor Venolia Siwa (35) wat al vyf haar kinders ‘n mengsel van koeldrank en remvloeistof ingegee het en hulle daarna verdrink en gesteek het om seker te maak dat hulle dood is. So ‘n vrou moet mos ‘n monster wees, kan lede van die publiek dink.Sy het egter aan depressie gely, haar jongste kind was serebraal gestrem, en haar verhouding met die pa was stormagtig. Hy het ook geweier dat sy geboortebeperking gebruik.

Hoewel daar nooit verskonings vir sulke grumoorde is nie, is daar oorsake. ‘n Psigiater het haar gediagnoseer met akute psigose, psigologiese stresfaktore en met postpartum-depressie. Sou daar ‘n ander uitkoms gewees het as haar toestand betyds gediagnoseer is?

Kemp skryf feitlik, helder en nugter. Die boek is leersaam en insiggewend. Dit lees maklik soos wat ’n mens van ‘n ervare joernalis verwag en probeer nie onnodig wetenskaplik of akademies te wees nie. Sy vertel net die storie, maar probeer terselfdertyd agter die kap van die spreekwoordelike byl te kom.

Bloed dikker as water? Nie noodwendig nie. Dis diegene wat veronderstel is om hul geliefdes te wees, wat party mense tot moord dryf en oor die afgrond stoot.

En hierdie komplekse tendens waarop die boek lig werp, sal vir talle lesers boeiend, tragies en onverklaarbaar bly.

Ek sal dit veral aanbeveel vir mense wat van misdaadboeke, gegrond op ware gebeure, hou.

Carla van der Spuy is die skrywer van ‘n aantal niefiksie misdaadboeke waaronder Sielsiek (2017) LAPA-uitgewers saam met Dr Henk Swanepoel.

The post <i>Bloed, dunner as water</i> deur Charné Kemp: 'n resensie appeared first on LitNet.

Persverklaring: Touch of Class Classic Rock

$
0
0

Foto verskaf

Touch of Class en Die Boer Teater bied slegs een vertoning in Kaapstad aan van “Touch of Class Classic Rock”. By hierdie vertoning word die uiters gewilde duo Ruhan du Toit en Deon van der Merwe ondersteun deur ’n A-span orkes: Juan-Pierre Oosthuizen (kitaar), Vinnie Henrico (dromme), Rixie Roman (baskitaar), Elben Ootshuizen en Hannalie Burger. Kom geniet ’n aand met van die grootste  klassieke rockliedjies van o.a. ACDC, Deep Purple, Def Leppard en Led Zeppelin en natuurlik sal die ou gunstelinge soos Sound of Silence en Purple Rain ook gesing word.

Touch of Class handhaaf ’n ongelooflike pas met gemiddeld 22 vertonings per maand. Buiten dat hulle so besig is, wil hulle die unieke Touch of Class Classic Rock-vertoning eksklusief slegs twee keer per jaar aanbied.  In Maart was hulle met die vertoning in die noorde, in Pretoria, (dié het binne ses weke uitverkoop) en nou uiteindelik, op 6 Desember, kry die suide van die land die geleentheid in Durbanville.

Hoofsanger, Ruhan du Toit, reken een aand is genoeg: "Ek doen die ‘skreewerk’ en na so ’n show is my stem gedaan.” Min mense weet dat hierdie hartebreker met die smeulende stem reeds op die ouderdom van 10 sy eerste album gemaak het.  Eers jare daarna bevind hy hom op die regte plek, op die regte tyd en word hy deur Deon van der Merwe, stigterslid en meesterlike hoofkitaarspeler van Touch of Class, genader toe Ronelle Erasmus die duo verlaat. Ruhan praat met die grootste lof van Deon en staan verstom dat hy na al die jare in die bedryf nog steeds so passievol oor sy instrument en musiek is. 

Die passie van Touch of Class is aansteeklik en die gehore stroom in, so moenie hierdie vertoning misloop nie. Dis  musiek wat jou hare gaan laat rys, maar op ’n goeie manier. Wees net gewaarsku, ’n 7-stuk-orkes raak luid!

Wanneer: 6 Desember om 20:00 (deure open om 18:30)
Waar: Hoërskool Durbanville Ouditorium. 
Koste: Kaartjies kos R220 en is beskikbaar by Computicket.

The post Persverklaring: Touch of Class Classic Rock appeared first on LitNet.

’n Mening oor Il Paradiso in Afrikaanse vertalings

$
0
0

Met betrekking tot Dirk Laurie se verwysing na Delamaine du Toit se vertaling van die Paradiso verskaf ek graag die volgende inligting: In die Italiaanse teks van canto XIV eindig reëls 104, 106 en 108 met Cristo. Dit is ook die geval met canto XII, 71, 73, 75; canto XIV, 104, 106, 108 en canto XXXII, 83, 85 en 87. Hierdie poëtiese strategie stel Dante in staat om al die aandag op Cristo te vestig. Du Toit verwys glad nie na hierdie poëtiese tegniek nie. Cas Vos verwys hierna en maak hiervan in sy vertaling gebruik.

Dante maak in canto XIX op ’n vernuftige wyse in nege tersines (reëls 115—141) van die akrostigon as stylfiguur gebruik. Die digter wend sekere sleutelwoorde wat herhaal word aan om ’n versreël te begin. Deur die tegniek spel die eerste letters die woord vir ramp, pes, verderf uit. Delamaine du Toit verwys ook nie na die strategie nie. Vos verduidelik dit nie alleen nie, maar gebruik dit ook in sy vertaling.

Paradokse kom dikwels in Dante se tersines voor. Hierdeur word die spanning van die vertelgang verhoog. ’n Voorbeeld van die stylfiguur kom in canto III, 29–30 voor:

                       ”vere sustanze son ciò che tu vedi,
                       qui rilegate per manco di voto.” 

”Wat jy voor jou sien, is werklike wesens,
wat hier is as gevolg van onvervulde geloftes.”

Die tegniek is vir du Toit onbekend. Vos wend dit in sy vertaling aan. Die leser sal met vreugde ontdek hoe Dante op ’n oorspronklike wyse metafore en vergelykings in die Paradiso gebruik. Die aanwending van enjambemente laat die reëls ritmies vloei. Hier is ’n voorbeeld uit canto XII, 10–15. 

10 Soos twee reënboë kleurryk en neffens mekaar
soms kromrug oor ’n deursigtige wolk buig
as Iris die aarde met reënsagte druppels bewaar,

13 so weerkaats die buitenste boog die binneste boog;
net so is die stem van daardie dwalende nimf
deur haar liefde verteer soos mis deur die son se oog.

Delamaine du Toit verwys nie hierna nie, maar Cas Vos wel.

Dante bou sy engelehiërargie op Pseudo-Dionisius se geskrif De coelesti hierarchia. Die engele speel ’n sentrale rol in Dante se reis na die Paradiso. Delamaine du Toit verwys wel na die engel-ordes, maar gee nie inligting in die verband nie. Cas Vos bespreek die kwessie indringend. 

Cas Vos se verklarende aantekeninge bestryk 137 bladsye. Daarin is voldoende inligting om die tersines te verduidelik en te verstaan.

Delamaine du Toit het al drie dele van die La Divina Commedia vertaal. Sy bedoeling was om Dante in Afrikaans leesbaar te maak. Die rym en poëtiese krag kom egter nie tot sy reg nie. Daar is opmerklike spel(foute) in die vertaling en aantekeninge. In canto X word reël 85 vemenigvuldig geskryf. In canto XVI, reël 41 staan “erste” in plaas van eerste. En in canto XXIX, reël 28 is “drievoudge” in plaas van drievoudige.

Ek hoop die inligting dra by om Cas Vos se “uiters knap vertaling” in digvorm (Gerda de Villiers) beter te waardeer.

Wie nog meer inligting benodig, kan onder andere uit die volgende werke put:

Brouwer Rob, Inferno, Purgatorio, Paradiso, 2000-2002

Cialona, Ike en Verstegen, Peter. 2013 De goddelijke komedie.

Longfellow, Henry Wadsworth 1887. The Divine Comedy of Dante Alighieri, 3 vol.;

Mark Musa, al drie dele van The Divine Comedy, 1971, 1981, 1984;

Sayers, Dorothy. The Divine Comedy. Part 3: Paradise, 1986;

Sinclair, John D. 1991. The Divine Commedy. 3: Paradiso, 1991;

Sinclair, John D. 1946.The Divine Commedy of Dante Alighieri;

Singleton Charles, al drie dele van The Divine Comedy, 1970, 1973, 1975)

LitNet Akademies-resensie-essay: Il Paradiso deur Dante Alighieri (vertaal deur Cas Vos)

 

The post ’n Mening oor <i>Il Paradiso</i> in Afrikaanse vertalings appeared first on LitNet.

Die Bybel as interteks in die Afrikaanse poësie: Lina Spies in gesprek met Pieter de Villiers

$
0
0

Lina, jou navorsing toon watter beduidende rol godsdiens in die Afrikaanse digkuns gespeel het. Waaraan skryf jy die verskynsel toe?

Om jou vraag te beantwoord, wil ek die woord “godsdiens” met “Bybel” vervang, sonder om die rol van die godsdiens in die Afrikaanse digkuns te misken. Ook wil ek die verlede tyd verander na die teenwoordige tyd. Die Bybel neem nog steeds ’n sentrale plek in binne die Protestantisme waarbinne die Afrikaner grootgeword het en speel in die Afrikaanse poësie as sodanig ’n beduidende rol. Maar soos die Bybel en die Christelike godsdiens tot die Westerse wêreld behoort, strek die betekenis daarvan veel verder as die Afrikaanse poësie en die poësie as kunsvorm en is dit van wesenlike betekenis in die Europese en Amerikaanse letterkunde.

In die Westers-Christelike wêreld is die Bybel inderwaarheid deur die eeue heen die “Boek agter die boeke”, maar dit is ewe seer waar van al die kunste, oa die beeldende kunste (skilder en beeldhou) en musiek. Dink maar aan die skilderye van Rembrandt, soos Petrus verloochent Christus en Jeremia, treurend over de ondergang van Jeruzalem, en die beelde van Michelangelo, soos die beroemde Dawid-beeld en die Johannes- en Matteus-passie van Bach en Mendelssohn se oratorium Elia. Bybelse verhale en figure gryp kunstenaars aan. Uiteraard kan ’n mens nie die Bybel van die Christelike godsdiens of geloof skei nie, maar dit vind in die poësie neerslag uit die Woord en nie uit die dogma nie.

Hoe belangrik is die godsdienstige konteks vir ’n voldoende of toereikende verstaan van die Afrikaanse digkuns? Ontsluit dit insigte wat andersins nie werklik na vore sou kom nie? Word genoeg navorsing oor die rol van die godsdiens in die digkuns gedoen? 

Die vrae hang ten nouste met mekaar saam. Om dié drie vrae sinvol te beantwoord, staan ek stil by die ontwikkeling van ’n poësietradisie in Afrikaans waarbinne die verskil in aard en inhoud van die poësie van opeenvolgende generasies ook tot gevolg het dat die Bybel op verskillende wyses in hulle werk neerslag vind.

Afrikaans is ’n jong taal met ’n literatuur wat in die laat 19de eeu ontstaan het. Dit was die smarte van die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) waardeur die Afrikaanse taal en sy digkuns volwassenheid bereik het in die oorlogsliriek van Jan FE Celliers, Totius en Leipoldt. Leipoldt was die belangrikste en mees individualistiese digter van dié sg Driemanskap by wie die Afrikaanse digters wat in die 1930’s aan die woord gekom het, die sterkste aansluiting kon vind, by name die belangrikste digters, WEG Louw, NP Van Wyk Louw, Uys Krige en Elisabeth Eybers.

Die Dertiger-broers WEG Louw en NP Van Wyk Louw se religieuse verse is ’n belangrike komponent van hulle oeuvres. WEG Louw keer ná sy debuut terug na die kerk soos die verlore seun in Jesus se gelykenis in “Ek sal opstaan” en in sy siklus oor die lydingsgeskiedenis van Christus, “Die passie van ons Heer”. Van Wyk Louw spreek sy geloof in God en die goddelike uit sonder dat dit direk verband hou met die Christelike belydenis, onder meer in sy dramatiese alleensprake “In waansin het ek gevra” en “Die profeet”.

Elisabeth Eybers se klassieke gedig “Maria” is getrou aan die evangeliese siening van ’n menslike moeder se onbegrip van haar goddelike Seun se voorbestemde kruisiging. Eybers het vroeg reeds haar sin vir die religieuse soeke verloor en agnosties geword. Haar konflik oor hoe haar dominee-vader sy “teer hart” kon versoen met die “harde stellings” van Calvyn se predestinasieleer het sy by herhaling in haar latere werk verwoord.

Die generasie van Dertig word gevolg deur die Veertigers met as belangrikste verteenwoordigers DJ Opperman, Ernst van Heerden, SJ Pretorius, GA Watermeyer en SV Petersen. Die Veertigers skryf weg van die persoonlike belydenisvers van die Dertigers na die beeldende vers. Opperman is die belangrikste digter van dié generasie in wie se werk die Bybelse invloed ook die sterkste is, soos die titels van twee van sy bundels te kenne gee: Negester oor Ninevé (1947) en Engel uit die klip (1951). Om te sê wat hom aangryp deur die metafoor, die literêre verwysing of ’n gestalte met wie hy hom vereenselwig, het Opperman diep geput uit die Bybel as oorvloedige bron. So vereenselwig hy hom in die gedig “Jona” (Negester oor Ninevé) as digter met die profeet in die Ou Testamentiese boek met dié naam.

Vir Opperman is Ninevé die grootstad; die “grysland” wat die mens se siel verongeluk. Waar Jona in die Bybelse verhaal ontvlug van Ninevé deur ’n skeepvaart na Tarsis, reis die digter in sy ontvlugting uit die “grysland” in streke van die gees gedurende die nege maande van sy vrou se verwagting van hul eersteling. So versaak hy sy profetiese roeping, maar word herbore as digter in die slot van die gedig “Moederstad” as hy voor Kaapstad staan as ’n “God-erbarmde Ninevé”. Kaapstad is as Ninevé simbool van die 20ste-eeuse stad as woestyn. Opperman vereenselwig hom in “Mériba” (Engel uit die klip) met Moses wat in die woestyn op God se bevel water uit die rots laat breek. So moet die digter Opperman in sy ongemaklike verhouding met sy volk soos Moses met die immer murmurerende Israeliete deur die gedig sin haal uit alles wat tot sy volk en land behoort.

Die ontginning van die Bybel skakel nie vir Opperman, of enige digter, ander bronne uit om uit te put vir die skryf van beeldende verse nie. Die religieuse gedig waarvan die bron die Bybel is, vra egter kennis van die tersaaklike Bybelse verwysingsveld vir die toereikende verstaan van die gedig.

Op jou vraag of daar genoeg navorsing oor die rol van die Bybel in die digkuns gedoen word, moet ek helaas antwoord dat dit in die algemeen nie gebeur nie. Op die uitsonderings kom ek later terug. In die Afrikaanse literatuurgeskiedenisse en literêre kritiek word daar meermale nie indringend ingegaan op Bybelverwysings in digters se werk nie. Literatore spesifiseer merendeels bloot die tersaaklike Bybelse teks sonder om enigsins in te gaan op die tekstuele verband tussen die literêre en die Bybelse teks.

Wat my eie navorsing in dié verband betref, wil ek wys op my belangstelling in die teologie ná my uittrede as professor aan die Universiteit Stellenbosch. Naas Afrikaans-Nederlands was filosofie my hoofvak vir die BA-graad, en ná my uittrede het my passie vir die filosofie deur persoonlike kontakte met teoloë spontaan oorgegaan op die teologie. Ek het baie en intens gelees. Die Bybel het vir my nuut geword en binne Bybelse raamwerk ook die poësie van meerdere digters. Kennis van die Bybel is die voor die hand liggende rede vir navorsing oor die neerslag daarvan in die digkuns.

Jy het uitgebreide blootstelling aan die Nederlandse letterkundige wêreld. Hoe sou jy hulle digkuns met godsdienstige temas vergelyk met die Afrikaanse digkuns daaroor?

Naas die Afrikaanse letterkunde is dit wat betref die kennis van die letterkunde van ander tale inderdaad die Nederlandse letterkunde wat ek die beste ken. Dit is vanselfsprekend, omdat ek met studieverlof as jong dosent aan die destydse Universiteit van Port Elizabeth (nou NMU) aan die Vrije Universiteit in Amsterdam in die Nederlandse taal- en letterkunde gestudeer het. Ek het deur die beheersing van Nederlands as spreektaal wat van my vereis is, die Nederlandse poësie toe eers werklik leer ken. Ook het ek toe reeds ’n belangstelling gehad in die invloed van die godsdiens en die Bybel op die poësie, en het my skripsie vir die Drs Litt (nou die meestersgraad) geskryf oor die digter Martinus Nijhoff se sonnettesiklus “Voor dag en dauw”, met spesiale verwysing na die religieuse moment in sy poësie.

Die liefde vir die poësie is ’n leeftyd se ontdekkingsreis, maar ’n leeftyd is te kort vir ’n literator om meer as net enkele digters se poësie grondig te leer ken. Ek kan my dus net uitspreek oor die ooreenkomstige godsdienstige temas in die poësie van Opperman en Nijhoff wie se verwantskap meer as die gedeelde ontginning van die Bybel insluit. Jaap Goedegebuure, emeritus professor aan die Universiteit van Leiden, het ’n drieluik oor die invloed van die Bybel op die Nederlandse letterkunde geskryf: De schrift herschreven (1993), De veelvervige rok (1997) en Wit licht (2015). ’n Mens kan dus aanvaar dat Afrikaanse en Nederlandse digters en skrywers meer aanklank by mekaar sal hê op grond van die Christelike geloof en die Bybel. Ondersoek daarvan lê dus voor die hand.

My kennis van die jongste Afrikaanse poësie skiet te ver te kort vir my om te sê of godsdiens in die digkuns van ’n jonger geslag digters nog ’n rol speel. In ’n gesekulariseerde samelewing soos die Nederlandse word die kerk gemarginaliseer en die Bybel ’n geslote boek. Jaap Goedegebuure het in die onlangse verlede aan my gesê dat hy sy studente die Bybel laat lees om die letterkunde te verstaan. My indruk is dat daar ook by die jonger en die jongste Afrikaanse digters nie ’n sterk invloed van die godsdiens en die Bybel uitgaan nie. Ek kan egter verkeerd bewys word, maar dit lê nie aan my om dit te doen nie. In my literêre navorsing hou ek my by die digters wie se werk ek van binne-uit ken. Jou vrae oor die jongste Afrikaanse poësie laat ek dus onbeantwoord. 

Is daar verskille tussen die rol van godsdiens en die rol van die kerk in die Afrikaanse digkuns?

Ek het reeds ingegaan op die rol van die godsdiens op die Afrikaanse digkuns deur daarop te wys dat dit onlosmaaklik verbonde is aan die Bybel. Die kerk en die verkondiging genereer nie sonder meer poësie nie. Die Nederlandse Tagtigers het die Nederlandse poësie in die Romantiek tot Europese peil verhef uit die beklaenswaardige dieptepunt waartoe dit gedaal het deur die predikantedigters se domineespoësie. Verkondiging as interpretasie sou ’n impuls kon wees vir ’n gedig. Die kerk speel net ’n rol in die poësie van predikante of teoloë wat op literêre verdienste tot die literêre kanon van ’n letterkunde gereken kan word. In die Afrikaanse poësie is dit Totius en IL de Villiers. Dit is, helaas, ’n feit dat ’n predikant nie dikwels ook ’n goeie digter is nie. Daar kan meerdere redes voor wees. 

Hoe prominent is die nie-Christelike godsdienste in Afrikaanse digkuns?

Ook op dié vraag moet ek jou ’n antwoord verskuldig bly. Ek is eenvoudig nie geïnteresseerd in ander godsdienste nie, behalwe in die Judaïsme, wat in elk geval die “ouer” van die Christelike godsdiens is. Weliswaar is die Zen-Boeddhisme ’n sterk invloed op die poësie van Breyten Breytenbach, maar deur sy woordmeesterskap is verwysings so geïntegreer in sy verse dat die leser onbewus is van ’n ontglippende betekenisnuanse en kan hy die gedig in sy geheel verstaan en waardeer. Daarvan is die Bybelverwysing in sy liefdesvers “Allerliefste, ek stuur vir jou ’n rooiborsduif” ’n sprekende voorbeeld. Die rooiborsduif is die boodskap wat die geliefde veilig sal bereik, “want niemand sal ’n boodskap wat rooi is skiet nie”. En hy “weet al die jagters sal dink dis die son”. Die daaropvolgende reëls, “Kyk, my duif kom op en my duif gaan onder/ en waar hy vlieg daar skitter oseane”, is ’n subtiele verwysing na Prediker 1:5: “En die son gaan op en die son gaan onder, en hy hyg na die plek waar hy opgaan.” Breyten se baie Christelike verwysings is deel van sy Afrikaanse woordeskat. Hy is inderdaad ’n majeure digter. 

Hoe het jou eie opvatting van godsdiens in jou gedigte ontwikkel? Wat is op die oomblik prominente godsdienstige temas in jou eie werk?

Hier kombineer ek twee verwante vrae uit jou oorspronklike vraelys. Inderwaarheid vra jy my om my uit te spreek oor “eie werk” – ’n hoë eis waarmee elke digter wat ’n substansiële bydrae tot sy/haar literêre tradisie gelewer het, vroeër of later gekonfronteer word. Ek is ’n Bybelsgevormde digter, opgevoed in ’n ruim Calvinisme met ’n vader wat as ware opvoedkundige by oggend- en aandgodsdiens ’n sinvolle gedeelte uit die Bybel voorgelees het. Die sterkste religieuse gedigte in my oeuvre van tien bundels staan in my derde bundel, Dagreis, en my tiende en jongste bundel, Sulamiet. Reeds in my gedig “Curriculum vitae” in Dagreis het ek geskryf oor Jesus die Jood, en in die ontwikkeling van my godsdiensbeskouing het ek al hoe meer met Joodse oë na hom begin kyk. Ek kan my godsdiensbeskouing nie beter formuleer as wat ek dit gedoen het in die kort karakterisering van Sulamiet op die bundel se agterbladteks nie: “Binne die perspektief van die herwonne paradys, staan Jesus nie sentraal as die Gekruisigde en Wonderwerker nie, maar as die Joodse rabbi wat die koms van die Koninkryk reeds op aarde verkondig het. God is vir my transendent: die hiëroglief, die ontwykende aan wie ons verbonde is in ons woordeloosheid en deur die musiek.”

Jou artikel oor Ina Rousseau het op die oog af ’n verrassende invalshoek op haar digkuns ontsluit. Hoekom het jy die artikel geskryf?

Ek het die artikel geskryf om opnuut aandag te vestig op die belangrikheid van Ina Rousseau se klein oeuvre waarin die deurlopende tema van die verlore paradys my opgeval het soos wat die titel van haar debuut, Die verlate tuin, reeds te kenne gee. By die skryf van my artikel het dit vir my geblyk dat waar dié tema in sekere gedigte nie eksplisiet uitdrukking vind nie, dit misgekyk word en die interpretasie nie reg laat geskied aan die integrasie van al die elemente in die gedig, dus in sy volle aanbod, nie. Ek het met my interpretasie daarop ’n korrektief probeer gee. My aangetrokkenheid tot Rousseau se poësie – soos by Opperman en Nijhoff – lê daarin dat die Bybel en die godsdiens, weg van die direkte belydenis, subtiel uitdrukking vind in haar werk.

Ten slotte: terugkeer tot die vraag of die neerslag van die godsdiens en die Bybel genoegsaam in die literêre kritiek ontgin word.

Wat my eie poësie betref, is dit aan teoloë dat ek dank verskuldig is vir hulle genoegsame verstaan van my religieuse verse, juis omdat hulle ’n dieper insig het in die rol van die Bybel in my werk. Een van die teoloë is Andries van Aarde van die Fakulteit Teologie van die Universiteit Pretoria. Ons voortgaande gesprek oor die teologie en die poësie is vir hom as teoloog, maar veral vir my as digter, van besondere betekenis. Sy boek Fatherless in Galilee: Jesus as child of God het my gedig “Ontdaan” in Tydelose gety (2010) geïnspireer soos die opdrag van die vers aan hom te kenne gee.

Met ’n aanhaling uit sy genoemde Jesus-boek belig ek die sentrale tema in die religieuse verse van die vierde afdeling van Sulamiet (2017). Ek kan nie nalaat om hier ook besondere erkenning te gee aan Christo Lombaard van Unisa nie. Hy het twee van my gedigte in Sulamiet, die titelgedig “Sulamiet” en “Sacrifcium”, in Engels vertaal en in twee internasionale lesings bespreek: “Sulamiet” in verband met Hooglied en “Sacrificium” in verband met Genesis 22, oor die offerande op Moria. Groter erkenning vir my religieuse gedigte deur sy insig wat literatore meermale ontbreek, kon ek nie gekry het nie. My dank gaan ook uiteraard aan jou vir die geleentheid wat jy my gee om vir LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) artikels te skryf waaruit ek enorme werksbevrediging en vervulling put.

The post Die Bybel as interteks in die Afrikaanse poësie: Lina Spies in gesprek met Pieter de Villiers appeared first on LitNet.

Jeremiade van ’n buiteleser: Repliek

$
0
0

I

Dit is in belang van die groter gesprek in die Afrikaanse letterkunde om Jean Meiring te antwoord.

Dit laat my dink aan die onderhoudvoerder wat vir Umberto Eco in sy groot biblioteek gevra het: "Wow! Signore professore dottore Eco, what a library you have! How many of these books have you read?”

Vir Eco se sublieme reaksie, kyk hier: https://www.brainpickings.org/2015/03/24/umberto-eco-antilibrary (24 November 2018 besoek).

Die ongelese boeke is net so belangrik as dit waaroor ons skryf. Of dalk belangriker.

My repliek is dan in breë trekke ’n reaksie op Jean Meiring nadat ek kritiese kanttekeninge uitgespreek het op sy resensie van die Olga Kirsch-biografie: https://www.litnet.co.za/jeremiade-van-n-buiteleser (24 November 2018 besoek).

II

Om resensies te skryf is deel van ’n lang gesprek oor kanonisering. Studente lees dit; dosente bekyk dit krities; en uiteindelik word dit deel van ’n reaksie in verhandelinge en proefskrifte. ’n Verkeerde of vreemde taksering kan juis tot ’n belangrike antwoord in ’n tesis lei. Of ’n voetnoot word.

Maar die ingeligte gesprek rondom boeke het ingekrimp. Gaan kyk maar net hoeveel verskillende resensente het in die tagtigerjare oor een boek geskryf. Goed, daar is blogs en lesersindrukke op LitNet, maar wie hom of haar aan ’n mening waag, moet ’n reaksie te wagte wees.

Hierom maak ek beswaar teen die opmerking van Meiring dat ek outoritêr is. Hy sien my, wat as vegknoper vir die wye demokrasie van stemme bekend staan, nou as iets anders ...

My werk is ook metamodernisties; ek hou my besig met psigoanalitiese studies, vertaalteorie, genderkwessies, en so meer. Nie net met die postmodernisme nie.

Hy tipeer my: "Dis juis daardie spesie literator wat, in die geval van ’n biografie, met blote teoretisering tevrede is vir wie mens moet ligloop." My gevoel: En dis juis ’n leser wat meen daar is simplistiese antwoorde op ’n komplekse lewe en digterskap waaroor ’n mens moet seg ... Pasoppa!

Ek het nog nooit die Afrikaanse letterkunde as ’n goddelike tempelskrif ervaar nie, en my polemieke, artikel en studies artikuleer ’n teenstem. Trouens, my digkuns is eweneens polemies.

Die feit dat Meiring aankondig dat hy ’n honneursgraad in Latyn het, is nie vir ’n gesprek oor die Afrikaanse letterkunde nou tersaaklik nie. Dis wel ’n bonus.

Dus: Heil die leser!

III Lectori Salutem

Jean Meiring moes alvorens hy die biografie oor Kirsch geresenseer het, die bestaande studie oor haar werk gelees het. En kennis geneem het van Jerzy Koch wat in ’n tydskrif in Pole oor haar werk gepubliseer het.1 En Louise Viljoen se uitstekende artikel begrond Kirsch goed.2

Sy skryf: "Alhoewel Afrikaans nie haar moedertaal was nie, is dit dus die taal van haar eerste skool-onderrig, haar studieonderwerp op universiteit, haar joernalistieke loopbaan en haar artistieke uitdrukking in die poësie" (28).

Ons verwag in ons beroep: ingeligtheid. En ironies genoeg onderstreep Meiring juis my kritiese punte. Kennelik het hy steeds nie die teorie begryp of gelees nie, en hierdie teoretiese spesie reageer net op relevante punte.

Ons weet immers dat daar al lange debatte oor die representasie van die San-kultuur in Afrikaans was (vide Krog en Watson), terwyl hy met groot stelligheid vra dat daar nou hieraan aandag gegee moet word. Dit na aanleiding van sy resensie van Riana Scheepers se Stormkind.

Crito het hom reeds hierop gewys:

“Wanneer, indien ooit, is toe-eiening toelaatbaar en wanneer kom die gebruik van die kultuurgoedere van ’n stilgemaakte volk net op verdere verdelging neer? Ongetwyfeld sal ’n debat hieroor van stapel gaan.”

Ek meen ’n mens kan van ’n Afrikaanse resensent verwag om bewus te wees van die beskuldigings wat Stephen Watson omtrent ’n dekade gelede teen Antjie Krog gemaak het oor Die sterre sê Tsau. Dieselfde argumente sal dan sekerlik teen Stormkind gemaak kan word. Maak nie saak of ’n mens dink (soos ek) dat Watson ’n paar van sy varkies kwyt was met sy beskuldigings teen Krog nie; dit is die groter saak van toe-eiening wat aangespreek moet word.
http://blogs.litnet.co.za/crito/2018/03/06/tweevuis/ (24 November 2018 besoek).

Sy selfbewuste, selfkoesterende styl is tog so seksie. Die spel met woorde ...

Dit verdoesel helaas nie dat hy soms die breër agtergrond mislees nie.

Om my die Vestaalse Maagd van die Postmodernisme te noem is waarskynlik as witty bedoel. Ek het Meiring sober geantwoord; bepaald nie die ad hominem-geelkaart uitgeruk nie. Hy mag bepaald resensies skryf, maar woord wek wederwoord, nie waar nie?

Die wrede waarheid is dat vele van die sogenaamde onbeantwoorde vrae dalk in die gedigte staan?

Die sogenaamde neerwerp van intellektuele verwysings is nie bespotlik nie. Ook nie satiries bedoel nie. Dis geskryf vir diegene wat dit gelees het en nie ’n posduif, koerier of sekretaresse nodig het om après le déluge te help opmop nie.

En as ’n kritiese reaksie soveel fanfare ontlok, dan moet ’n mens wonder: Waarom skryf hy resensies?

Dis tog lewensbloed van die kritiese bedryf dat ’n reaksie mag?

Net soos daar in die regsberoep (en hier is ek nou die buiteleser) verskillende sieninge is en dat ’n appèlhof byvoorbeeld anders mag oordeel?

’n Institusionele kennis van die resensiebedryf is ’n pluspunt, nie iets negatiefs nie.

Hierom gaan ek Jean Meiring "ylings" tegemoet.

Joan Hambidge

 

Eindnotas

1 Werkwinkel, 9(2):31–58, 2014.

© Department of Dutch and South African Studies

Faculty of English, Adam Mickiewicz University, Poznań, Poland

DOI: 10.2478/werk-2014-0011

2 Die opsomming van Louise Viljoen se artikel “‘The heart a dry leaf’: Loss, mourning and melancholia in Olga Kirsch’s Afrikaans poetry”. Reading Olga Kirsch’s Afrikaans poetry, one is struck by the important role that the experience of loss occupies in her oeuvre. It is evident in the first two volumes of poetry she published while still living in South Africa, as well as in the five volumes she published after emigrating to Israel in 1948. Because her poetry, especially the volumes written in Israel, exudes an air of melancholy, this article uses Freud’s writings on loss, mourning and melancholia, as well as the historical tradition preceding his work, as a guideline in exploring the way in which the experience of loss, mourning and melancholy is portrayed in Kirsch’s oeuvre. The article focusses on the way in which loss is portrayed in her poetry: her sense that the Jewish experience of loss over the centuries forms part of her history and identity, the way in which she experiences the loss of South Africa and the language Afrikaans in which she is best able to express herself poetically when she emigrates to Israel, the way in which the loss of her father and mother at different times in her life affected her, her feeling that her experience of loss and the ensuing melancholy are carried over to her children.

 

Jeremiade van ’n buiteleser

The post Jeremiade van ’n buiteleser: Repliek appeared first on LitNet.


'n Brief aan elke dramajuffrou en haar selfoon

$
0
0

In Suid-Afrikaanse skole, op ’n skaal van 1 tot 10, is bendegeweld en puttoilette onderskeidelik ’n 10 en ’n 11. ’n  Dramajuffrou wat gedurende haar Graad 11’s se praktiese eksamen op WhatsApp kuier, score ’n 2.

Tot jy dit in sportterme plaas: ’n Skeidsregter is op sy foon doenig terwyl die eerste span hul laaste wedstryd van die seisoen speel. Hy is goed bekend met die sterk- en swakpunte van albei spanne, maar omdat hy op ’n kritieke oomblik in die laaste snikke van die spel afgekyk het, kan hy nie ’n regverdige puntetoekenning maak nie. Hy kan wel iets uit sy duim suig en hoop dat die ouers langs die veld ook na hul fone gekyk het.

Skielik kry die dramakwessie meer aandag, want almal verstaan nou beter. En die dramajuffrou se foonfiasko skuif op van ’n 2 na ’n 7.

In Suid-Afrikaanse skole, op ’n skaal van een tot 10, is ’n Wiskunde-onderwyser wat in die Graad 11’s se lestyd toelaat dat die leerders keer op keer bordspeletjies speel, ’n 8. ‘n Dramajuffrou wat die leerders keer op keer (op keer) improvisasies laat doen tydens hul praktiese periodes, is ’n 0.

“Is dit nie juis wat drama is nie? Speel hulle nie in elk geval nie? Dis mos toneelspel, nie waar nie?”

Tot jy dit in sportterme plaas: Die afrigter laat die eerste span tydens elke oefening slegs fiksheid doen. Die spelers kan sirkels om enige ander span en hul toerbus hardloop. Maar hulle oefen nooit tegniek of strategie nie. En niemand ken die reëls van die spel nie. En daarom sal die span nooit werklik hul potensiaal bereik nie.

Skielik word die dramakwessie in ’n heel ander lig gesien. Nou score die dramajuffrou ook ’n 8.

“Ons het nooit besef drama is soos sport nie … Bid jou dit aan: daar is tegniek betrokke!”

Ja, inderdaad. Om nie van dissipline te praat nie.

Vanaand, na die ekstra-Wiskundeles en ’n strawwe krieketgame, wanneer die mense om ’n pizzaboks saamdrom en besluit watter fliek hulle op BoxOffice gaan kyk, is almal dit eens dat Bradley Cooper wraggies ’n goeie akteur is. Die man is fiks en kan sirkels hardloop om Tom Cruise en die stomme Van Damme.

Maar eintlik is hy ’n goeie akteur omdat sy dramajuffrou hom ’n ding of twee geleer het oor speltegniek. En omdat haar foon in haar handsak was terwyl hy sy monoloog vir haar gedoen het.

The post 'n Brief aan elke dramajuffrou en haar selfoon appeared first on LitNet.

Illuminating lives: ‘n Ongewone boek uit ‘n buitengewone hoek

$
0
0

Illuminating lives, Biographies of fascinating people from South African History
Vivian Bickford-Smith & Bill Nasson

Penguin Random House South Africa
ISBN: 9781776092642

Bill Nasson en Vivian Bickford-Smith se Illuminating lives, Biographies of fascinating people from South African History (Panguin Random House, 2018) kan as ’n ongewone boek, selfs uitdagend, beskryf word.

Hoe so? Eerstens word die voornemende koper die vraag gestel: waarom sal ek hierdie boek oor elf mense wat blykbaar niks met mekaar te doen het nie, koop? Boeke is duur, daar is so baie om uit te kies.en ’n mens kan aanvaar dat ‘n boek soos hierdie mense wat in geskiedenis , veral biografieë, geïnteresseerd is, nuuskierig sal maak.  Dít terwyl daar op dieselfde rak dalk boeke oor groot name, van Madiba, Zuma en Malema tot Koos Kombuis, Koos du Plessis en Koos Prinsloo mag staan. Almal name wat meer bekend mag wees as Pat Pattle, Jane Turner en Stephen Watson, of as Tiyo Soga, Isaiah Bud-M’Belle en Tyhini Robert Qengwa — afhangend van wie jy vra, toegegee. Sal vandag se jonger lesers nog weet wie John Montagu en Eddie Barlow was?

Montagu, wat in 1842 tot 1853 Koloniale Sekretaris aan die Kaap was, voel vir my juis nogal soos ’n koringkorrel in ’n bak rys in hierdie geselskap —in elk geval totdat jy besef dat van die ander persone ook amper, of net so lank gelede geleef het, en net daar leer jy al iets. Of die drang na kennis genoeg motivering is om genoeg kopers te oorreed om R280 te betaal, weet ek nie. Dog, Penguin moet so dink, want hulle het hierin belê, en uitgewers glo nie meer deesdae in groot pakhuise vol vorraad nie. Hulle onttrek boeke na ‘n sekere tydperk en verpulp die res. Die rede wat hulle aangee wanneer hulle outeurs vra of hulle van die voorraad kan terugkoop, is deurgaans dat stoorruimte te duur is. En ek vrees regtig vir die voorraad van hierdie boek.

Albert Grundlingh, geskiedenisprofessor aan die US skryf immers oor Danie Craven die volgende: “Walking past Craven’s statue at Coetzenburg, I have also overheard a student talking on his cellphone and explaining his exact location to his frend: ‘I am standing here next to the dude with the dog.’ To some on campus, a new generation of students with different world views and backgrounds, the statue no longer seems to have much or any significance at all.” Die vraag is dus weereens: vir wie sal ’n historiese opsomming of kommentaar van Craven, of enige van die ander persone in die boek van genoeg belang wees om die boek te wil lees?

Soos ek deur die teks geploeg het, het daar wel interessante punte opgedoem. Soos die kompleksiteit van die betrokke persone: mense soos Craven (sportman, administrateur, akademikus met drie doktorsgrade, ens), Watson (skrywer, digter, dosent), en John K Mohl (skilder, leermeester en filosoof).  Veral die anomalieë van/in hierdie persoonlikhede is interessant. Craven kan as voorbeeld dien: hy was ’n swak leerling in sy skooldae, maar ‘n uitsonderlike universiteiststudent, en die leiersposisie wat hy ingeneem het in ‘n Afrikaner-territorium soos Stellenbosch, en in rugby veral, terwyl hy geen Broederbond- of Nasionale Party-saamloper was nie. Ook was sy gesondheid nooit robuust nie, maar hy het aan die fisies-uitdagende sport rugby deelgeneem. Uiteindelik het hy ook heeltemal belangstelling in rugby verloor, nadat hy vir dekades lank juis ons Meneer Rugby was. En so kan ’n mens aangaan.

’n Ander interessante aspek van die boek is die kwessie van assosiasie. Ek as Afrikaner- man kan my nie in alle eerlikheid sonder moeite met die Engelse persone soos Montagu en Watson eens probeer assossieer nie, en nog minder met Bud-M’Belle, Soga of Qengwa, wat beteken dat ek , behalwe vir die afdeling oor Craven, myself moes dwing om die teks deur te lees. Ek neem aan dat hierdie boek nie vir die Afrikaanse mark bedoel is nie — dalk op die bitter klein plaaslike Engelssprekende mark, en met die hoop dat swart lesers ook betrek sal word.

Die stuk oor Eddie Barlow, ‘n Engelssprekende wat beslis baie Afrikaanssprekende bewonderaars gehad het, het wel my aandag behou, maar dit kan eerder aan my belangstelling in krieket toegeskryf word. Daarom het ek biografieë oor hom, die Pollocks en ander, ook oorsese krieketsterre, gelees. Maar gaan sport-aanhangers hierdie boek koop om oor Craven en Barlow te lees? Miskien wel, as hulle nie soos hulle hedendaagse sporthelde eerder rekenaarspeletjies speel en gedurig met oorfone rondloop nie — Herschelle Gibbs het mos gesê hy het nie eens sy eie “outobiografie” gelees nie.

In die boek se inleiding noem die samestellers dit ‘n “[...]an eclectic collection of biographical essays on eleven intriguing men and women from South Africa’s nineteenth- en twentieth-century past [...]” en dat dit beloof om lig te werp op die fassinerende lewens van ’n wye spektrum mense,wat ’n digter, ’n skilder, ’n vlieënier, ’n boer, ’n tolk, ’n evangelis,’n rugbyspeler en ’n onderwyser insluit.Verder skryf die samestellers dat net een van hulle nog leef, en sommiges is lankal dood. Verder spreek hulle dié hoop uit: “[...] the collection also explores the often hazy balance between the impact of historical circumstances on the men and women who populate these pages.

Die inleiding is dalk die interessantste deel van die boek, en beveel aan dat geskiedenisstudente en -liefhebbers dit lees. Ek stem byvoorbeeld saam dat dogmas, tradisies en rigiede kategorieë nie skrywers in enige genre moet inhibeer nie. Geskiedenis was nog nooit —soos vir té lank geglo was — “the story of great men” alleen nie. Die klein geskiedenisse, die nederige deeltjies van die legkaart wat die Verhaal van die Mens uitbeeld, moet juis so volledig as moontlik uitgestal word om werklik konteks en insig te mag verskaf. Ja, ons sal altyd maar met die blink puntjie van die ysberg werk, maar ys weerkaats ook maar net bokant die oppervlakte van die diepsee.

Ter wille van deeglikheid, noem ek  die 11 persone waaroor geskryf word en hulle skrywers op: Tiyo Soga, deur Vivian Bickford-Smith, John Montagu (Nigel Penn), Isaiah Bud-M’Belle (Brian Willan), Pat Pattle (Bill Nasson), John Koenakeefe Mohl (Neil Parsons), Lilian Ngoyi (Martha Evans), Jane Turner (Jackie May), Danie Craven ( Albert Grundlingh), Eddie Barlow (Luke Alfred), Stephen Watson (Christoper Hope) en Tyhini Robert Qengwa (Sindiwe Magona).

Daar is ’n indeks en lys van outeurs, wat nuttig is, want sommige van hulle sal dalk minder bekend wees as die persone waaroor hulle geskryf het.

Hierdie boek is op die keper beskou, ’n dapper bydrae tot die opvoeding van die instinktiewe altru Altans, die tipe wat werklik lief is vir lees. Veral oor die stemme uit die verlede.

The post <em>Illuminating lives</em>: ‘n Ongewone boek uit ‘n buitengewone hoek appeared first on LitNet.

Kainsmerk deur Annelie Botes: ’n FMR-resensie

$
0
0

Kainsmerk 
Annelie Botes
Uitgewer: Penguin Random House Suid-Afrika
ISBN: 9781776093038

Uitgesaai op 21 November 2018 in “Boekkeuse” op Fine Music Radio onder leiding van Amanda Botha. 

Die titel van Annelie Botes se jongste boek is Kainsmerk. Dis ’n besonder aantreklike uitgawe van Penguin Random House Suid-Afrika. Op die omslag is ’n kleurryke foto deur Annelie se Nasti-dogter, soos Annelie haar noem.

Die bundel bevat agttien verhale waarvan ’n aantal kort novelles is: “Swart Vrydag se manna” het vyf hoofstukke terwyl “Louterberg se grothuis”, “Die reis deur Bloemenhoop” en “Duiwelsbrood” elk 4 hoofstukke het.

Bronerkenning vir die tekste is kort: “Die verhale wat in  Kainsmerk opgeneem is, het tussen 2000 en 2017 in VrouekeurRooi Rose en Huisgenoot verskyn.”

Die titel Kainsmerk het my die broedermoord-gegewe in die Bybel laat naslaan. In haar voorwoord stel Annelie dit ook duidelik: “Genesis 4 vertel hoe Kain sy broer Abel in die veld doodgemaak het. God het Kain verdoem tot ’n doellose  swerwersbestaan. Tog het God hom begenadig  deur ’n merk op sy voorkop aan te bring. Enigiemand wat dié merk sien, sou weet dat hy sewe maal gestraf sal word as hy Kain doodmaak.

         “Só word ons almal beskut. Dalk juis oor die Kainsmerke wat ons dra.” (bl 1.)

In die verhale kom Bybelse verwysings en toepassings voor. Kyk hoe begin “Op ’n moeisame reis”: “Toe die son op die middaguur verwoes”(bl 200). Vergelyk Psalm 91: 6: “Jy hoef nie te vrees vir die siekte wat op die middag verwoes nie.”  Die godsdienstige verwysings word baie saaklik gebruik. Die deeglike intriges word nie as ’t ware eers gestop vir ’n preek, vir moraliserings nie. Lesers wat getroue kerkgangers is, wat baie meelewend is, sal hulle kan identifiseer met die karakters se kerkwerk. Vergelyk die kerkkoor-optredes, die maak van kanselklede en kerkraaddiens (bll 128, 135 en 166). Dit verwys nou hoofsaaklik na optredes in die NGK en die susterskerke.

Ook lesers wat graag dinge doen, nie wegskram van handewerk nie, sal hulle in Annelie se mense herken. In “Letter van die wet” (bl 242) gaan dit om ’n ma en pa wat hulle ongeletterdheid vir hulle dogter Emma jare lank wegsteek. Nou vra sy haar ma of dié ooit skoolgegaan het. Emma wil weet waar haar ma se ”slimte” vandaan kom. Deur haar gedagtes kry ons ’nvoorbeeld van so ’n handige mens: Haar ma ken “iedere bossiemedisyne, en almal roep haar as daar ’n bobbejaantjie is wat stert afgekap moet kom. Weet hoe stryk mens ’n kerkbroek se plooie met ’n nat lap. Kan tel hoeveel brode uit een emmer meel gebak kan kom” (bl 244).

En haar pa? Sy’t agtergekom dat hy op die Bybel kyk, maar uit sy kop uit vertel. “Partykeers het hy die gelykenis van die saaier voor in die Bybel gelees; ander aande agter. Een aand was dit koring, die ander aand hawer. Toe hy die aand sê dit was lusern, het sy gewéét hy lees net kamma. Maar sy het dit vir niemand vertel nie. Mens se pa bly jou pa (bll 244—245).’’

Heelwat verhale beeld mense uit wat ly, sielkundig en/of liggaamlik, mense wat vir ander en vir hulleself die lewe bitterlik moeilik maak. “Die broosheid en die boosheid van die liefde” (bl 20) kom na vore by hulle. Soms neem ’n bomenslike duiwelskrag besit van ’n mens. Jy het oor ’n afgrond getuur, en toe tuur die afgrond ook in jou in (bl 188). Daar’s die uitputting om ander voortdurend te versorg. Iemand het ’n remmende  neerslagtigheid. Dit druk jou op jou knieë neer en ook iemand na aan jou” (“Sewe maer jare”, bl126). Of dit gaan om ’n huwelik wat vir albei partye “’n trae gelykpad geword het” (bl 202). Sommiges ken die verskeurdheid oor ’n kind se dood. Dit is mense wat nie die vermoë het om liefde te ontvang of uit te deel nie.

Tog kom daar dikwels ’n ommekeer; ’n lotsverandering. Aan die eindes van die verhale verskyn heelwat verrassings. Dis iets heerliks. Soos Boerneef geskryf het: “soms straal ’n Bolandsblydskap oor jou dag” (Versamelde poësie, bl 200). ’n Volgende keer is dit baie ontstellend. Soos in ”Die stil nag”(bl122).

Annelie se woordgebruik is baie keer wonderlik nuut. Van die vondse kom in dialoog voor. Die ou oom praat oor ’n bossie “sieterpielie” vir “pietersielie”. Ander karakters praat van: “senuweeste; ontstelling; jy moet opperder skuif; jy moet liewenster bly; kry koue riffels” (bl. 140 —145; 156)  In “Die reis deur Bloemenhoop” staan op bl 145:  “Waffer vrou nogalster? Sy is ’n onskullige heiden.” In “Sewe maer jare” (bl 123): “Niksling, wat altyd aan die uitgedroogde punt van die lewe moet kou.”

Goeie beeldspraak is op bl 166 in “Duiwelsbrood”. Die loseerders moet R300 huur betaal. Maar miss Plessis, die eienaar, is nie gelukkig daarmee nie: “Driehonderd Rand is nie ’n kettierek wat ’n mens kan styf span om ver te skiet nie.”

’n Klein detail kan soveel oproep: “Nagstil sypaadjie” (bl 170). En in “Duiwelsbrood” (bl 190): “Toe Hester in die kombuis kom nadat sy die man afgesien het, staan miss Plessis en huil met die afoorkoppie teen haar bors vasgedruk.”

Kainsmerk deur Annelie Botes, uitgegee deur Penguin Random House Suid-Afrika, is ’n bundel verhale wat ek bewonder. Hulle het my ook kort-kort aangedaan gemaak.

The post <i>Kainsmerk</i> deur Annelie Botes: ’n FMR-resensie appeared first on LitNet.

Bybel in Kaaps: Abram en Lot

$
0
0

Genesis 13

Abram en Lot

13 Soe het Abram toe van Egipte af narrie Suidland opgetrek, hy’t met sy vrou en met alles wat hy gehad het, en oek met Lot saam hom getrek. 2 Abram was baie ryk in vee, met silwer, en goud.

3 Hy’t toe vêder met sy reis angegan vanaf die Suidland tot by Bet-el, narrie plek waa sy tent eeste gestaanit, tussen Bet-el en Ai, 4 daa byrie plek wat hy eeste ’n altar gemaakit. Daa het Abram toe die naam vannie Jirre angeroep.

5 Nou Lot wat saamit Abram getrek het, het oek kleinviee, en bieste en tente gehad.

6 Maa die land konnie al twie van hulle dra om saam daa te bly nie, wan hulle besittings was te veel vi hulle om saam te kon bly. 7 En daa het moeilikheid begin onnerie veewagtes van Abram en Lot. Die Kanaäniete en Feresiete het daai tyd oek innie land gebly.

8 Toe sê Abram vi Lot, “Lat daa toggie moeilikheid tussen my en jou wiesie, vra ek jou tog, en oekie tussen my wagtes en jou wagtes nie, ôs is tog broes. 9 Lê die hele lantie oep voo jou nie? Vat djy tog maa asseblief jou eie pad weg van my af. As djy links gan dan sal ek regs gan, of as djy kies om regs te gan dan sal ek links gan.”

10 Lot het toe sy oë op geslat en narrie hele Jordaanstreek gekyk, hy’t gesien dat daa oral oogenoeg water was soesie tuin vannie Jirre, soesie land van Egipte soes djy Soar toe gan. Dit was voorie Jirre vi Sodom en Gomorra vewoes het.

11 Toe kies Lot die hele Jordaanstreek vi hom, en toe het hy toe narrie ooste toe weg getrek ennie twie van hulle het van mekaa geskei. 12 Abram het innie land van Kanaän gebly, en Lot het gat woon innie stede vannie Jordaanstreek en hy’t sy tente opgeslat tot soe ver as Sodom.

13 Nou die manne van Sodom was baie sleg en sondaars tienie Jirre.

14 Na Lot weg van Abram af getrek het, hettie Jirre vi Abram gesê, “Slat tog nou jou oë op, en kyk vannie plek af waa djy staan narrie noorde en suide, narrie ooste en weste. 15 Allie land wat djy sien sal ek vi jou en jou nageslag gie tot in iewigheid.

16 Ek sal jou nageslag soesie stof vannie aarde maak, soedat as daa iemand is wattie stof vannie aarde kan tel, jou nageslag oek getel kan wôd.

17  Maak jou klaa en trekkie land deu in sy lengte en sy breedte, wan Ek sal dit an jou gie.”

18 Soe het Abram toe sy tente al vêder opgeslat en byrie eikeboem van Mamre, wat in Hebron is, gat bly en daa virrie Jirre ’n altar gebou.

The post Bybel in Kaaps: Abram en Lot appeared first on LitNet.

Private life is bracingly funny and moving

$
0
0

Photo: IMDB

The new film from Academy Award-nominated filmmaker Tamara Jenkins (The savages, Slums of Beverly Hills), Private life is the bracingly funny and moving story of Richard (Academy Award-nominee Paul Giamatti) and Rachel (Kathryn Hahn), a couple in the throes of infertility who try to maintain their marriage as they descend deeper and deeper into the insular world of assisted reproduction and domestic adoption. After the emotional and economic upheaval of in vitro fertilisation, they’re at the end of their middle-aged rope, but when Sadie (breakout newcomer Kayli Carter), a recent college dropout, re-enters their life, things begin to look up.

When watching Kathryn Hahn and Paul Giamatti in Private life, and most of their other work, it doesn’t feel like you are watching a film, that you are a spectator to a story being told. It feels that you are, instead, just hanging out with them, that you are almost a friend sharing the ups and downs of their lives. Their performance has a lived-in feeling to it that absorbs you from the first tender scene, where Kathryn is lying on her side waiting for Paul to inject her, to the final, bleak, wordless shot of the two of them waiting in a restaurant for a possible egg donor.

Fertility/infertility is certainly topical, as fertility rates are declining for various reasons. The great thing about Private life is that it does not take sides. It shows you the couple’s total heartbreak and fatigue, but also that their obsession with having a baby is destroying their lives. It further illustrates that Sadie, a young college dropout, knows, on the one hand, full well what it entails to be an egg donor, but, on the other hand, that she is not emotionally up to the task. Her parents, other family and friends all have opposing, very valid views. You sympathise with all these characters, because Private life shows you a glimpse into their lives, but does not judge any of them. That is why this film is so important for people dealing with this issue. It is a safe space to explore the topic without being shamed.

The film deals with little else apart from infertility, so if you are not affected by it, directly or indirectly, Private life can be rather bleak. There are moments of dark humour, but this is mostly a devastating tale of infertility and the lengths people will go to, to have children. Heartbreak is at the core of this film.

 

The post <i>Private life</i> is bracingly funny and moving appeared first on LitNet.

Viewing all 21534 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>