Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21849 articles
Browse latest View live

Herkomsseminaar: Afrikaans sonder grense

$
0
0

Hans du Plessis (foto: Naomi Bruwer)

Lesing gelewer by die Herkomsseminaar van die ATR, ATM en DES, Pretoria, 20 Oktober 2018

Inleiding

In Carstens en Le Cordeur haal Willa Boezak (2016:14) ’n Namakwalandse uitdrukking aan: "Veral die oudstes is lief om op hardmiddag, al sê die son 'tjieng!' te sitstap."

Sitstap? Ek kan my kwalik ’n meer on-Germaanse konstruksie indink as sitstap. Dit klink egter of dit verband kan hou met ’n eg moderne Afrikaanse konstruksie, soos sit en rus of loop gesels. Tradisioneel sou voorgaande konstruksies teruggevoer word na die Nederlandse verbale hendiadis, wat die spontane ontwikkeling van ’n Afrikaanse konstruksie uit Nederlands veronderstel. Die vraag waarom dit vir my in hierdie artikel gaan, is egter hoe houbaar dié afleiding is, naamlik dat die sogenaamde skakelwerkwoordkonstruksie in moderne Afrikaans teruggevoer kan word na ’n Germaanse oorsprong? ’n Studie van ’n soortgelyke Khoi-konstruksie lyk vir my na ’n geloofwaardige hipotese, wat daarop kan dui dat Afrikaans inderdaad die resultaat is van ’n aanleerdersvariëteit, eerder as bloot die spontane ontwikkeling uit 17de-eeuse Nederlands. Die doel van hierdie artikel is egter nie ’n deelname aan die Kreools-debat of die oplossing van die ontstaansgeskiedenis van Afrikaans nie. Dit gaan vir my uiteindelik om ’n herdefiniëring van moderne Afrikaans gegrond op die werk van wyle Christo van Rensburg, ofskoon die herinterpretasie van “Afrikaans sonder grense” in die slotsom van hierdie artikel my eie siening is.

Die skakelwerkwoordkonstruksie, ’n herinterpretasie

Sou ’n mens noukeurig luister na die uitspraak van die Nama-weergawe van die konstruksie hulle loop gesels, val die invoeging van ’n nasaalklank in Nama op:

//in ge !nu ǀxī ra //gam.

In persoonlike korrespondensie merk die Kora-kenner Menán du Plessis op dat ǀxī moontlik “aankom” kan wees. Hierdie woordjie word baie in die Khoi-dialekte van Griekwa en Nama gebruik, waar dit dikwels in verbinding met ander werkwoorde gebruik word. Du Plessis merk in dieselfde korrespondensie op: “Wat belangrik is om te weet is … (w)oorde met hierdie genasaliseerde vokale klink wel asof hulle met ’n nasaal eindig, en in hierdie geval sal dit seker geklink het presies asof daar ’n n tussenin die twee werkwoorde gevoeg is.”

In 1673 teken die plantkundige en medikus Willem ten Rhyne die eerste samehangende sinne van ’n vertelling in Khoi-Afrikaans op, sê Van Rensburg (2018:25): “Dat is doet: Was mak-om? Duytsman altyt kall-om …” (Wat is die dood? Wat maak dit saak? Die Hollanders vertel altyd …)

Het Ten Rhyne nie dalk gehoor: mak-n en kall-n nie?

Van hier af loop my gedagte so: loopn praatn word loop en praat word loop praat.

Vergelyk die semantiese verskil tussen:

hulle het geloop en gesing
hulle het geloop en sing
hulle het loop sing.

Let op die betekenisverlies van loop as hoofwerkwoord in die eerste van bostaande voorbeeldsinne, wat dui op die letterlike liggaamlike proses. In die eerste voorbeeld is loop ’n hoofwerkwoord, terwyl dit in die tweede en derde voorbeelde onderskeidelik ’n indirekte en direkte skakelwerkwoord is. Voorts wil ek argumenteer dat die direkteskakelwerkwoordkonstruksie die basiese Afrikaanse konstruksie is, en dat dit in oorsprong ’n Khoi-konstruksie is, en nie in oorsprong ’n Nederlandse konstruksie is nie, en ook nie ’n voorbeeld van die sogenaamde verbale hendiadis is nie.

Verbale hendiadis kan verduidelik word as die verbinding van woorde, soos substantiewe, adjektiewe of werkwoorde, byvoorbeeld vuur en vlam, kant en klaar, hy het gestaan en kyk, hy het gesit en wag. In Afrikaans word die werkwoorde staan, sit, en loop dikwels deur en indirek aan ’n ander werkwoord gekoppel, soos in sit en slaap. ’n Werkwoord soos kom kan direk aan ’n ander werkwoord gekoppel word sonder en, byvoorbeeld kom kuier. Die verbale hendiadis in Afrikaans word deur Kempen (1965:78) beskryf as: “(Dit) bestaan meesal uit drie lede, naamlik twee werkwoorde plus en, byvoorbeeld staan en slaap.”

Vreemd genoeg verwys FA Ponelis (1979:241) nie na hierdie soort konstruksies as verbale hendiadis nie, want hy onderskei aanvanklik tussen medewerkwoorde en wat hy skakelwerkwoorde, soos sit, staan en kom noem. Hy onderskei vervolgens tussen direkte skakelwerkwoorde, sonder en as bindpartikel, byvoorbeeld kom kuier, en dié met en, die mense staan en gesels. Dit is betekenisvol dat Ponelis die en as bindpartikel beskou, en nie as voegwoord nie.

Volgens Du Plessis (1984:133) is die indirekteskakelwerkwoordkonstruksie skaars in die Afrikaans van die Griekwas, wat impliseer dat die direkte konstruksie die basiese konstruksie in dié variëteit moet wees en dat die en as bindpartikel dalk nie ’n leksikale item met enige semantiese waarde is nie. Daarom is die en weglaatbaar. Indien dit waar is, is die skakelwerkwoordkonstruksie in Afrikaans nie afkomstig uit sewentiende-eeuse Nederlands nie, maar eerder, soos die -goed-konstruksie of die dubbele ontkenning, van Khoi-herkoms. Ek kon geen Nederlandse konstruksie kry soos hulle loop kuier nie. My vermoede is dat die Afrikaanse konstruksie loop en gesels nie Nederlands is nie en dat die en ’n blote verbindingsklank is na aanleiding van ’n nasale n wat dikwels in Khoi-tale ná ’n klapklank voorkom.

Hy loop en gesels
Hulle sit en praat
Die man staan en lag vir die kinders

Hierdie konstruksie kan daarom nie na Nederlands teruggevoer word nie, veral nie sonder die verbindings-en nie.

Hy loop gesels
Hulle sit praat
Die man staan lag vir die kinders

In Griekwaafrikaans, byvoorbeeld, is daar veel meer konstruksies met loop sonder en (Du Plessis 1984:134). Die vraag is daarom dat as bostaande voorbeelde nie voorbeelde van verbale hendiadis is nie, wat is dit dan en wat is die woordsoortfunksie van en?

Die vroegste voorbeeld van die Nederlandse verbale hendiadis vind ons in die Middelnederlandse teks van Karel ende elegastr:

lach ende sliep

wat in Afrikaans vertaal kan word as

gelê en (toe) geslaap

Dit lyk vir my egter of die voorafgaande voorbeeld uit Middelnederlands heeltemal ’n ander konstruksie is as die Afrikaans gelê en slaap. Die dieptestruktuur van die Afrikaanse konstruksie is iets soos lêende aan’t slape, terwyl die dieptestruktuur van die Nederlandse voorbeeld gepostuleer kan word as twee hoofsinne wat neweskikkend gekoppel word deur middel van en as neweskikkende voegwoord. Dit is hoekom Ponelis verkies om die en van die skakelwerkwoordkonstruksie ’n bindpartikel te noem.

Aangesien die direkte skakelwerkwoord in variëteite van Oranjerivierafrikaans frekwent gebruik word, volg dit dat ’n mens die oorsprong van die skakelwerkwoordkonstruksie in Khoi-Afrikaans sal gaan soek.

Vergelyk die volgende voorbeelde:

hulle loop en gesels
hulle sit en rus

Anzil Kulsen het twee moedertaalsprekers van Nama, Trudy Rhyn en Pia Vas, gevra om hierdie sinnetjies in Nama te vertaal. In die gesproke weergawe van die voorbeelde hieronder is die nasaalinvoeging duidelik.

//in ge !nu ‡si ra //gam
loop gesels

//in ge nu †si ra †sá
sit rus

Volgens die Nama/Damara-ortografie (1977:62) word die volgende sin so in Afrikaans vertaal as:

//Goe ra!â di ge ra ‡gam
lêende vra hulle

Dit is hierdie vertaling wat my interesseer, sowel as die Nama-voorbeelde. Die teenwoordige deelwoord lêende is klaarblyklik nie aanwesig in die Nederlandse sin nie, maar tog in sowel die Afrikaanse as in die Khoivoorbeelde. My vermoede is dat iets soos loop slaap in werklikheid ’n saamgestelde werkwoord kan wees, ontwikkel uit die Khoi-konstruksie. Op grond van die bespreking in die volgende afdeling is dit vir my moontlik dat dit ’n voorbeeld uit Voorposafrikaans, spesifiek Khoi-Afrikaans, is. Teen hierdie agtergrond kan sit kyk as ’n Khoi-konstruksie en as ’n saamgestelde werkwoord bestaande uit twee verbale elemente en dat dit vergelykbaar is met die Afrikaanse onskeibare saamgestelde werkwoord, soos deurloop of omskep. Verder het die indirekte konstruksie sit en kyk dieselfde onderbou as sit kyk. Die Khoi-nasaal n word as semanties leë en ingevoeg.

Hoe sou dié proses werk?

Vergelyk ’n Afrikaanse saamgestelde werkwoord, soos omhels. Party saamgestelde werkwoorde is skeibaar, soos optel en deursny, terwyl ander onskeibaar is, omhels en deurloop.

Hy omhels haar
Hy het haar omhels

Hy sitkyk haar
Hy het haar (ge)sitkyk

Hy het haar geloopkyk

Ek stel dit dat sitkyk, soos omhels, ’n onskeibaar saamgestelde werkwoord is. En dat die dieptestruktuur afgelei is uit Khoi, want: sitkyk is ’n Khoi konstruksie.

Die bo-segmentele patroon van sitkyk is dieselfde as dié van die onskeibaar saamgestelde werkwoord deurloop; sitkyk is onskeibaar en Nederlands het geen werkwoord + werkwoord as saamgestelde werkwoord nie.

As sitkyk dan Khoi van herkoms is, dan moet sit en kyk van dieselfde oorsprong wees. Dit hou in dat die indirekte skakelwerkwoord nie deur en as voegwoord of as bindpartikel aan die tweede element geskakel word nie. Dit is hoogs moontlik dat sit en kyk oorspronklik sitkyk was, en dat die sprekers van Veeboerafrikaans, in ooreenstemming met hulle gebrekkige kennis van Nederlands, gemeen het daar moet ’n verbindingsklank tussen die twee verbale elemente wees en toe die Khoi-nasaal ingevoeg het: sitnkyk, wat toe sit en kyk geword het.

Die Afrikaanse skakelwerkwoordkonstruksie sit en slaap is daarom nie ’n voorbeeld van die Nederlandse verbale hendiadis nie, maar eerder ’n voorbeeld van die Khoi se saamgesteldewerkwoord, vertaal as sitslaap. Vergelyk verder die volgende voorbeelde uit die Khoi-woordeboek van Haacke en Eiseb:

sit en rus < sàá‡nòá, letterlik russit
sit en slaap < //òm‡nòá slaapsit
sit en bak < sàà‡nòá baksit

Afrikaans sonder grense

Teen hierdie agtergrond begin Boezak se stapsit sin maak. Nie net omdat om dit iets oor die herkoms van Afrikaans vertel nie, maar ook iets oor moderne Afrikaans kan sê. In die lig van voorgaande bespreking van ’n moderne Afrikaanse taalkonstruksie, kan daar opnuut besin word oor wat ons eintlik met die betreklik nuwe term Afrikaans bedoel. Ten einde hierdie doel te bereik, kan daar verwys word na die navorsingswerk van Christo van Rensburg, soos vervat in sy laaste publikasies. In ’n poging om Afrikaans te herdefinieer, kan daar met vrug verwys word na Van Rensburg se seining van Afrikaans as aanleerdersvariëteit van vóór die koms van Van Riebeeck. Waar Van Rensburg op veral die sewentiene eeu konsentreer, kan dit sinvol wees om sy beskouing van die twee aanleerdersvariëteite op die Oosgrens by die gesprek van hierdie artikel oor die verbale hendiadis te betrek, want VanRensburg (2018:48 ev) identifiseer twee aanleerdersvariëteite op die Oosgrens, naamlik Khoi-Afrikaans en Veeboerafrikaans.

Myns insiens kan ’n ontleding van die Afrikaans en die Afrikaanse taalgemeenskap van die agtiende eeu op die Oosgrens ons help om Afrikaans en die Afrikaanse gemeenskap van vandag beter te verstaan.

In die eerste plek wil ek in aansluiting by Du Plessis (2015 en 20) die term Voorpos gebruik in plaas van die tradisionele Oosgrens omdat die term Oosgrens tradisioneel die niewit Afrikaanssprekendes van die tyd kan uitsluit. Voorpos sluit die totale binnelandse grensgebied van die 18de-eeuse Kaapkolonie tot aan die Gariep in. Voorpos word as term gebruik om juis meer in te sluit as die sogenaamde Oosgrens. So ’n siening sluit aan by dié van die Amerikaanse historikus, Frederick Jackson Turner, wat volgens Nigel Penn (1995:3) in 1893 'n lesing voor die American Historical Association in Chicago lewer onder die titel "The significance of the Frontier in American history". Turner se uitgangspunt is dat Frontier, of dan Voorpos in die Kaapse geval, nie net 'n plek nie, maar 'n toestand of 'n proses veronderstel. Die ongevestigdes in die betrokke gebied word tydens hierdie proses die gevestigdes as gevolg van die fisieke beweging van die inkommers. Die Kaapse Voorpos van die 18de eeu was, soos die Amerikaanse Frontier, 'n streek in konstante transformasie. (Vergelyk Du Plessis 2013 vir ’n vollediger bespreking hiervan.)

Op die Kaapse Voorpos het verskillende gemeenskappe mekaar in die loop van die 18de eeu intiem ontmoet, omdat die mense op mekaar aangewese was vir oorlewing. Dit het ook vir linguistiese oorlewing gegeld, want Afrikaans was die bindende kommunikasietaal. Die omgewing, die aard van die veebedryf en die gemeenskaplike gebruik van meer as een vroeë variëteit van Afrikaans bind die Voorpos se mense saam in ’n transformerende, nuwe gemeenskap. Dit is wat Van Rensburg (2015a:7) impliseer as hy aanvoer dat die Oosgrens die bakermat van Afrikaans is. Nederlands was die gemeenskaplike teikentaal van die Afrikaanse dialeksprekers op die Voorpos.

Die punt is dat die inwoners van die Voorpos in die 18de eeu byna deur die bank Afrikaanssprekend was, maar dit moet beklemtoon word dat hierdie primêre taalgemeenskap nie etnies homogeen was nie en volgens verskillende oorwegings ook taalkundig gedifferensieer was. Die Voorpos was nie die tuiste van ’n homogene wit gemeenskap nie. Die diverse gemeenskap sluit Boesmans, Khoi, Oorlams, Basters, Trekboere en Veeboere in (vergelyk Penn 1995). Daar was dus heelwat gemeenskappe wat deel gevorm het van die Afrikaanssprekende Kaapse Voorpos. Daar was net ’n beperkte aantal slawe.

Die Afrikaanssprekende Voorposgemeenskap kan egter moeilik in etniese groepe verdeel word, want die grense tussen mense mag sosioekonomies gewees het, maar dit was nie volgens rasselyne getrek nie (vergelyk Du Plessis 2013).

Dit is hierdie diverse Afrikaanse gemeenskap waarna ek in 1992 (Du Plessis, 1992:8) verwys het as die Afrikaanses, naamlik die totale Afrikaansprekende moedertaalgemeenskap.

Wat my betref, is die term Afrikaanses daarom ’n sambreelterm vir die Afrikaanse mense van die 18de-eeuse Voorpos, en dit sluit die Afrikaanse gemeenskappe en al hulle variëteite van Afrikaans in.

Die basis van Voorposafrikaans is nie net Nederlands nie. Op grond hiervan is Afrikaans ’n inheemse taal, een van die tale van Afrika. Afrikaans is van die begin af ’n kontinuum van aanleerdersvariëteite, en Afrikaans en die Afrikaanses is vandag nog dieselfde kontinuum wat grafies voorgestel kan word:

Gevolgtrekking

Op grond van ’n ander ontleding van die sogenaamde verbale hendiadis in moderne Afrikaans blyk die herkoms van hierdie konstruksie duidelik nie Germaans te wees nie, maar in oorsprong ’n Khoi sintaktiese konstruksie. Hieruit volg ’n herdefinisie van die Afrikaans van die agtiende eeu, wat ’n herdefinisie van moderne Afrikaans moontlik maak: Afrikaans sonder grense.

Bibliografie

Boezak, Willa. In Carstens en Le Cordier.

Carstens, W.A.M. en Michael Le Cordeur (reds.). 2016. Ons kom van vêr. Kaapstad: Naledi.

Den Besten, H. 2006. Neerlandismen, pidginismen en Afrikaans in brieven van twee Khoekhoen uit 1800. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans 13: 30-42.

Du Plessis, Hans. 1984. Sintaktiese variasie in die Afrikaans van Griekwas. In: Van Rensburg, 1984.

Du Plessis, Hans.1992. En nou Afrikaans? Pretoria: Van Schaik.

Du Plessis, Hans. 2013. Die Groot Trek 175, Storie of historie? Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 53 No. 3: September 2013.

Du Plessis, Hans. Afrikaans, gekry of gemaak? Tydskrif vir Nederlands & Afrikaans, 22ste jaargang (2015) 2de uitgawe. 71-89.

Giliomee, Herman. 2009. The Afrikaners. Kaapstad: Tafelberg.

Haacke, Wilfrid H.G. en Eliphas Eiseb. Khoekhoegowab dictionary. Windhoek: Gamsberg Macmillan.

Kempen. W. 1965. Woordvorming en funksiewisseling in Afrikaans. Kaapstad: Nasionale Boekhandel.

Nama/Damara Taalraad. 1977. Nama/Damara Ortografie/ Nr2.

Penn, Nigel, G. 1995. "The Northerh Cape Frontier zone", 1700-c.1815. Ongepubliseerde Ph.D., Universiteit van Kaapstad.

Ponelis, F.A. 1979. Afrikaanse sintaksis. Pretoria: Van Schaik.

Van Rensburg, Christo. 1984. "Die Afrikaans van die Griekwas in die tagtigerjare." Pretoria, Ongepubliseerde verslag . Pretoria: RGN.

Van Rensburg, Christo. 2015. Oor die eerste 50 jaar se maak aan Standaardafrikaans. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 55(3):319-42. http://www.scielo.org.za/pdf/tvg/v55n3/01.pdf.

Van Rensburg, Christo. 2018. Van Afrikaans gepraat. Pretoria: Lapa.

 

  • Hans du Plessis: Navorsingsgenoot, Navorsingseenheid Taal en Literatuur in die Suid-Afrikaanse konteks, Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus

Van Afrikaans gepraat: ’n onderhoud met Hans du Plessis

The post Herkomsseminaar: Afrikaans sonder grense appeared first on LitNet.


Persverklaring: produksie van Poppie Nongena-rolprent begin

$
0
0

Gebaseer op die bekroonde roman deur Elsa Joubert

Die vervaardiger Helena Spring het aangekondig dat daar begin is met die produksie van Poppie Nongena, die rolprent gebaseer op die veelbekroonde roman Die Swerfjare van Poppie Nongena. Dié roman deur Elsa Joubert word steeds beskou as een van die beste romans uit Afrika wat die twintigste eeu opgelewer het.  Die bekroonde draaiboekskrywer en dramaturg Christiaan Olwagen is die regisseur en Vicci Turpin sal die kinematografie van die rolprent behartig. Olwagen se vorige werk sluit die hoogs aangeskrewe rolprente Johnny is nie dood nie, Die Seemeeu en Kanarie in. 

Clementime Mosimane vertolk die rol van Poppie en die res van die rolverdeling sluit Anna-Mart van der Merwe (Die Storie van Klara Viljee, Kanarie), Chris Gxalaba en Rolanda Marais in.  Die rol van Poppie se ma word vertolk deur Nomsa Nene, wat die titelrol gespeel het in die internasionale verhoogproduksie van Poppie.  

“Ek is baie trots en geëerd om ’n film te vervaardig wat gebaseer is op sulke uitsonderlike materiaal,” sê Helena Spring. “Poppie se uiters persoonlike ervarings, haar liefde vir haar kinders en haar formidabele innerlike krag terwyl sy probeer sin maak van die moeilikste oomblikke van haar lewe, sal oud en jonk inspireer.”

"Die Swerfjare van Poppie Nongena is 'n baie belangrike storie wat vertel móét word. Dit het etlike jare geneem om dit uiteindelik op film te kan verewig, maar ons is opgewonde oor die produksiespan en rolverdeling en sien uit om die finale produk vir Elsa Joubert en die res van die wêreld te wys,” sê Karen Meiring, hoof van KykNET.

Die roman, wat steeds as baanbrekerswerk beskou word, is drie maal binne die eerste vier maande herdruk en in dertien tale vertaal. Dit het wêreldwyd toekennings verower.

Poppie Nongena word moontlik gemaak deur die ondersteuning van kykNET, M-Net, FilmFinity, Die Departement van Handel en Nywerheid en Arco Venture Capital. Dit word landswyd in rolprentteaters bekendgestel in 2019. 

The post Persverklaring: produksie van <em>Poppie Nongena</em>-rolprent begin appeared first on LitNet.

Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings XIII

$
0
0

Hier verskyn die dertiende, en laaste, lys inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Tyd" ontvang is. Drie kontantpryse van R500 elk is op die spel. Die kompetisie het reeds gesluit.

Inhoud

Chante April
Jani Gerber
Bianca van der Walt
Annami de Heyer
Caroline Guder
Alastair van Huyssteen
Henry Albert Higgins 
Charleine Collins
Maryna Joubert
Eliza Koch 
Johan Heyns
DM Heyneke
Jaomi Zeeman
Tanya Pieterse
Ronel van Schalkwyk
Frieda Esterhuizen
Sumari Burgers
Gerette Lötter
Kobus Erasmus
sjtiervlei2018
Gwendolynn de Jager
C-J de Beer
Tlotliso Martin Ranthimo 
Katleho Borole 
Ndabenhle Siphesihle Mthembu
Llaka Tshesane 
Gerrit Cronjé


 

Chante April

Sekondedief

Genadeloos en vinnig,
saggies verdwyn jy
Toe jy vooruitgaan en floreer
my hier agter laat
’n gevange van die oomblik
’n nagedagte van wat was
Toe jóú naam geloof was
En myne vergete
Jou tik-tok word die ritme van die stadslewe
Wat die aarde verniel
Wat die mens nietig maak

Maar die dele van my wat oor was
Wou steeds skryf oor jou naam,
oor jou prag:

                                                                                       Tyd
                                                                                       peil voor uit
                                                                                       wag op nie mand
                                                                                       die tik-tok is ge na de loos
                                   maar toe geef lik vir fou te soos ek al die pad lank jou fou te
                                       ver geef het en die se kon de wy ser se voor beeld ge volg het
                                   nie te rug ge kyk het nie maar is dit nie snaaks hoe tik-toks
                                                                                        in jou ge heue ge stoor
                                                                                        kan word maar die
                                                                                        toe koms is
                                                                                        ’n ab so
                                                                                         lu te
                                                                                         ?


 

Jani Gerber

tempus

haar hele lewe lank loop sy
            sonder huiwering stoot sy voort ...
                        bly die twaalfuurkompas haar ware noord
                                    soos  (sy)
                                                gister
                                                            van
                                                                        more
                                                                                    skei

speel sy die noord-en-suid spel met my:
dié kringloop omsingel my hele bestaan –
sal sy vrygewigheid stort of in ’n oomblik van waan
my van droom én van wens wil beny

en soos sy vandag van oormôre skei
skenk sy geboorte en pleeg sy ook moord –
al stoot die twaalf-en-sesuurkompas haar voort
                                                                        loop (sy)
                                                            ook
                                                die
                                    pad
                        saam
            met
my


 

Bianca van der Walt

Slegs een minuut

Almal dink daar is tyd
maar daar is nie

meisie wat wag vir ’n liefdesbrief
familie wat probeer vasklou
aan hul laaste minuut saam

1 minuut
60 sekondes
60 000 millisekondes
60 000 000 mikrosekondes
60 000 000 000 nanosekondes

so vinnig verlaat die gees ’n liggaam
word iemand vir ewig getrou

almal dink daar is tyd
nóg ’n minuut
maar daar is nie
baie gebeur in een minuut


 

Annami de Heyer

Die gesig van tyd

Lagplooie,
die verlede se beelde
op ou mense se gesigte
gegraveer.

Iets van die verlede
gesien in die hede.
Meer lag as huil,
ou mense sal jou leer:

lewe is kort,
té kort.

Sien, nie net kyk.
Voel, nie net vat.
Luister, nie net hoor.
Proe, nie net soen.

Vrees is ’n dowe beskrywing
van opwinding!
Die toekoms?
Sal ons ooit weet ...

Dood,
al wat tyd waarborg.
Geluk,
al wat jy waarborg.

Moenie vergeet
twee, twintig, tagtig, tyd.
Ou mense weet

die lewe is kort
te kort.


 

Caroline Guder

Chronofobie

Waar kom die grys vandaan
my kollageen tot niet gegaan
erosievoor op my voorkop
cholesterol het my are verstop

Laurika sing die tyd stap aan
vlieg eerder teen die spoed van lig

Gister was ek jonk
vandag sonder vonk

Carpe diem - gryp die dag
Voor skoppensboer dalk laaste lag.


 

Alastair van Huyssteen

die opstanding

ek het gesien hoe al die sterre verstik
stukkend-snikkend
met nie eens ’n sprankie van ’n kans
om in enige uitspansel uit te span, of dalk te dans
toe ek maar net probeer het (met bysiende oë)
om van binne my venster af, sonder ’n raam
na buite uit te kyk na wat die hel aangaan

luisterend na klanke vanuit Rome 
kwetter-ketter voëls met spierwitte vere en kru gebeure
gans en al onbekommerd 
oor die dowwe beat van trance-musiek
draaiend in my kop se dop
gemeng met grys gedagtes sonder sterrestof
dalk darem tog so ’n ietsie van die maan
                           
en toe het spoke vanuit die vorige en volgende tyd
vanaf ver verby anderkant verby
die ongesiende buitekant van alles
bloedsuipend nadergesluip
meeste groen soos marsmannetjies (met spatsels rooi om die mond)
ander weer ’n soortvan goddelike pers
soos parsgetrapte moerbeie, varsgetrap op huilig-onheilig grond 

’n paar het vir my gelyk soos parende bye 
verwronge passievolle lywe
met bypassend bygesigte
wat ronde dolosse
tussen die oorblywende stukke
van voorheen doelgerigte sterre
gooi, rondgooi, en vang. En dan laat val

wat hulle dan toe ook daar en dan vervang
met vierkant-dobbelstene vanuit ’n stil casino 
’n klooster met geen vensters nie
waarvandaan hulle afkyk met ellelange verkykers 
wat omgekeerd ook digterby kon kyk
vanaf Sionsberg se top, doelloos sonder enig dolos
sonder selfs ’n Beatrix of ’n Liesbet om op hul lydensweg te lei

dit het vir my gelyk of hulle ook wou kyk
hoe Dawid en Bathsheba 
hulleself silwerskoon probeer te was
maar ongelukkig soos herte in dorre streke, waterloos alleen met sement se stof
uit sakkies waarop Nieu-Bethesda gekoppeld staan
omraam met dowwe logos van uile
om dit so te verkoop alvorens tyd verby sal gaan

en toe word almal gil-hartig met kaartjies uitgenooi
vir ’n ewignag se maal, sonder tyd of plek vermeld
maar met beloftes van nimmereindigende sonde
opgedien te word elk volgens eie smaak 
terwyl spys-besprinkelde spesies
van outer space
kwylend buite sal wag om ook saam te kan kom

ek het geskuil agter sewe sterrelstelsels
maar met
dertien periskope
wat aan langerige radar-apparate gekoppel was
is ek om ’n draai beloer 
deur ses uile wat, sonder om oog te knip, verby my kyk
op soek na ’n ander lyk, Een met onvoldoende sonde 

’n verdere dosyn uile was in twee gedeel 
wat almal onophoudelik
vir ewig en ewig vanaf ewig tot in ewig 
my onverstand uitgelag en beswadder het 
met eindelose donker fladder
om die (toe nog steeds effe verligte) maan 
van alle verdere lig en tyd te buit

toe het van ver agter 
die heel verste sterre-gapings
vlerke vlietend oop of toe gevou 
en na dit alles het ek met erg verdwaalde ore iets gehoor:
wesens met ellelange wimpers het gefluister tot by die heel laaste luister 
Hoe lank nog word hierdie stukkendnag onteer?
Of word dit einde laas vir alle tyd ontseer?


 

Henry Albert Higgins 

Alewig om en om (tyd)

Alewig wentel ons om die son
Seisoene wissel so om en om
Alewig draai ons om ons as
Dag na dag is tyd aan ge pas

Tyd se formaat bly alewig akkuraat
Maar tyd maak ons alewig laat
Tyd se tempo maak ons dit haat
Alewig voel tyd te min of te veel
Alewig voel tyd te lank of te kort

’n  tydelike tydstip in ’n tydperk
’n alewige gegroet in die kerk
Almal soek alewig meer ure
Maar nie die duiwel se vure


 

Charleine Collins

Aspoester se skoen

                                                  12.geen rus    
               waarom.11                 geen lewe             1.net een lyn
            het ek die post          geen centre meer           tussen als wat mooi
                naïef-eerlik         ek’s net skuld en sonde       was by jou en my
         het my shrink laat val      waar's my God                  een nota oor ’n lank
           voor jou woede      toe raak ek van my kop af        verloopte pyn
                  uitgestal                  ex re et ex tempore               2.’n sin van seer
             by die winkel.10     op daardie oomblik mal!            oor hom en my
        verduidelik en                            2                                     en alle probeer
  moenie vir my lieg                          X                                     tot liefdesvrede
 is jy lief vir hom                              52                                    vlieg weg verdwyn
 en enigsins vir my                            X                                    3.dekades se bou
in die motor.9                                    7                                        herbou liefde rou
   asseblief stop                                  X                                        baklei stiltes stry
   jy martel my                                  24                                      is by ons lewens
sien nie dat ek ly                                                                       se kruispad verby
 die dag was erg                  W            •             O                       4.jy ondervra oor
 ek is nou op                                                                               alles wat ek dink
ek smeek vir jou.8                              S                                      elke oomblik      
dis a middernag                                                                       heeldag al my voel  
       ek is klaar                                                                           elke plek en uur
            gaan met ’n                                                                 5.beskuldig skree
           hoofpyn slaap                                                           skimp bars los  
                  badkamer.7                  6.kombuis                     slaapkamer 
                    waar was jy                 hoe het jy                  en op straat                    
                      met wie en             oor hom gevoel            dat almal hoor
                       hoekom laat       beslis nog al die tyd       hoe sleg ek is                  
                  ek bid help my        hoekom het ek iets           geen mens
                   begin te gaap         van ’n wond gelees         kan dit verduur
                                                  wie kan jy tog wees     


 

Maryna Joubert

Son seën

elke oggend wag ek vir die son
om my te groet
om seën te kry
wag ek vir die son
om my te troos
om my  holtes uit te voer 
my te voed met warmstraal-kos
wat net ek die reuk van ken
dan laatdag gaan ek weer
vir nog


 

Eliza Koch 

Time

Time is an incredible thing, 
it goes tick tock tick tock. 
Sometimes it lets you win, 
sometimes it lets you work.

It's timeless moments like these, 
when you feel the cool summer breeze. 
It's hot as hell,
then suddenly you don't feel well. 

Your stuck in the moment, 
and try to get distant.
You feel a bit lost, 
because you’re stuck in your past. 

Your sitting beside someone, 
that is quite special to you. 
Then your smiling like an idiot, 
and listening so carefully and diligent. 

You’re listening to all the sounds around you, 
you’re listening to nature itself. 
You’re listening to the sound of unhealth, 
and you realize how far time has brought you. 

For a while you stop thinking about your past.
You’re thinking about your next task. 
You’re trying to plan out your future, 
and suddenly you’re woken up by your mother. 

It was all just a dream, 
but it seemed so real. 
It felt like walking on a beam, 
to keep my balance, but fall and then just not heal. 

I actually wish it was real, 
a bit more love to feel. 
With that certain someone sitting beside me, 
but in real life he sees right through me. 

I'm trying really hard, 
to move on. 
Although I'll always have him in my heart, 
with a blink of an eye he'll be gone. 

Love is a crime, 
it takes a lot of time. 
It's two people that combine, 
but the most important thing needed is the time.


 

Johan Heyns

Kleinwees se onthou

Wat ek die meeste van my kleinwees onthou,
is die winteraande om ’n kaggelvuur,
ek van Totius, en Jan FE Celliers geleer,
hoe om op my knieë te gaan voor die Heer.

As ek my oë toemaak hoor ek weer my pappa vra,
my skrywerskind kom sit op my been,
dra weer een van jou rympies aan my voor;
Laat ek weer die towenaar hoor.

"Lank terug was daar ’n man wat kon toor,
eendag het hy sy toorstaffie verloor,
toe begin hy begin stories skryf,
om kinderhartjies te verbly."

Maar die tyd het nie stil gestaan,
ek moes meer van die regte lewe leer,
begin verstaan het van Eugène Marais se seer,
hoe mens in die somer ’n winternag se koue kan voel.

As kind het ek ontvlugting gaan soek,
in die bladsye van ’n boek,
daar was Immelman en Dalene Matthee,
min slaap en koue koppies tee.

Soveel skrywers het hulle merk op my gemaak,
mag my woorde ook ’n ander se hart aanraak,
mag hulle my ook onthou,
soos vir NP van Wyk Louw.

Wat ek die meeste van my  kleinwees kan onthou,
is die sterre wat so helder oor ons skyn,
ek van Totius, en Jan FE Celliers geleer,
geleer om stil te word voor die Heer.


 

DM Heyneke

Gleuwe

’n Millisekonde is die hede –
dit is die skarnier tussen die toekoms en die verlede.

Met die sekondewyser se skuif 
word die hede in die verlede se geskiedenis-argief afgeskryf.

Hoe jy jou ook al kasty,
onherroeplik verby, 
is die verlede, met al jou dade en woorde inbegrepe.

Tyd kan jy nie uitleen, 
daarvoor is teruggee geen.
Jy kan dit nog aan iemand gee, 
maar in ruil kan jy niks vergelyk daarmee.

Dit is jou kosbaarste besitting, 
daarmee stel jy jouself tot ’n ander se beskikking.
Dit is jou lewenstyd 
– dit is die risiko – 
daarom koop die tyd goed bereken uit.

Verby is die verlede 
– dit is die skarnier op die hede – 
en dit is vinnig vergete.
Die toekoms kan ons nie vermy, 
dit snel ook na die verlede, so digby, verby.

Die skrikgedagte: hoe groter jou verlede, 
des te kleiner jou toekomstige hede.
Daarin lê groot verleenthede: 
al daardie ongebruikte geleenthede.

Daar is egter nog ’n toekomstige hede: 
jou besige lewe is vol potensiële gelaaide tydgleuwe: 
met elke sekonde tik oomblikke swanger aan wonderbare moontlikhede.

Ons is hier net ’n wyle – almal soekers op reis na ons permanente verblyf –
terwyl hierdie tydjie ook ongesiens verbyskuif.
Let wel, ons word vir ’n wyle aan mekaar geleen,
elkeen se lewenstyd ingeperk tussen twee datums op ’n steen.

Ons is almal maar net bywoners op die planeet: 
al te maklik word ons tyd saam deur ander so maklik vergeet,
daardie dag wanneer ons die Jordaan teen die einde alleen moet oorsteek.


 

Jaomi Zeeman

Die oond

Wimpers skroei as
die warm deur oopgemaak word om
die baksel te bekyk.
Wat groen koring was
staan uitgerys
tussen die elemente,
klein krakies wat op die bokant
uitstulp
:  die resultaat van ’n gemaal en -meng,
van kundige kniewerk.
Hier en daar
met ’n toetspen prik,
dan met ’n doek toemaak  –
die stapelvoedsel
vir nog
’n maal.


 

Tanya Pieterse

Relatief

In haar skoot is nege baar-dra maande te lank
maar die kleine vra uitstel voor hy die buitegevaar aanskou
en om net nog ’n rukkie te bly waar sy my veilig toevou   

Die twaalf van leer, herhaal, weer, onthou
is vir leerling soos ’n berg leeftyd van aanhou, uithou
vir familie snel dit te gou

Dan breek die laaste jaar, hoe kan ek dit vashou, stop
en prulle jeug juig asseblief vlieg, hardloop
my vryheid vat nou te lank, ek wil my van alle bande stroop  

Jonk, grootoog blink, leef voluit elke dag
daar is te min ure in ’n dag
soveel om te verken, verower, vermag

In wit gewaad beloof sy vir ewig tot die dood ons skei
In oranje pak smeek hy asseblief nie vir ewig
want dit beteken die dood vir my

Knobbelhande wil vasgryp en vra net nog ’n bietjie bly
ander smeek waarom vat Jy so lank
om my hieruit te bevry

Lewenstoer eis beplan, bespreek, beraad
dan begin die langverwagte opgewonde reis
wasig kyk gryses terug en waarsku “pasop vir tyd se verraad” 


 

Ronel van Schalkwyk

Die kortarm bly op tweeuur staan

ouma se bedford-muurhorlosie
lê verwerp in ’n coca cola-krat
verniel in die klam skadu van ’n
uitgerafelde persiese mat
waar ek eens met my stomp vingers
krulletjies kon teken
en my eerste lomp treë
op egalige slae kon bereken
nou is dit weggesit vir g’n beter dae
en rotte maak hulle nes in die klop van my vrae
die ritme is weg
haar drome vir my stom
die aangeplakte goue arm van haar knielende figuur krom


 

Frieda Esterhuizen

Droogte

In die volheid van ons somer saam

het die sekel jou kom haal

nou net nog halwe stoppels daar

kaal
        bar
              somersdroog
                                    vaal       


 

Sumari Burgers

Dance

Dance!
Dance, my darling!
Dance!
Go round and round!

Turn till tomorrow comes!

Darling, don't dare
slow down.

Turn,
twirl,
quicker!

For the quicker you spin,
the quicker you fly,
the sooner he'll be here.
And we will twirl, 
dance!
So dance my darling! Dance.
So that soon, 
soon we can dance.
Dance,
Together. 


 

Gerette Lötter

Wagters

Die kerkklok en ek
mis jou.
Eenuur
tweeuur
terwyl die nag glip,
drieuur
snags.
– Hoor dan hoe
roep
die langarm en ek –
En ’wyl die maan
aan
’n hemelruim knaag,
rangskik ek my bede
want die galm van die klok
trom
steeds ’n ritme
op my hart
een
            twee
                        drie
                                    vier
wag
            ek
                        nog
                                     hier


 

Kobus Erasmus

In die tyd van toetsing

In die toets van jou menswees
kry dit gestalte in die tyd van jou wese,
is dit ’n instrument met ’n kompliment.

Dis jou keuse om vasgevang te word in die tydelike,
om ’n subjek in situasie te wees
en dan ’n gat in die niksheid te word.

Geen mens hoef vasgevang te wees in sy tydelike omstandighede.
Die toets is juis om jou uit te suiwer,
om jou uit te lig bo jou tydelike omstandigheid.

Deur die metamorfose kom die fases,
kan die bose oorwin word
met die goeie!

In die kompleksiteit van menswees,
ontrafel die omstandigheid en kry die
oneindige eindproduk gestalte.


 

sjtiervlei2018

Tik tok

die getik van die klok teen die muur
bring soms gedagtes van jou en ’n verlore uur
wat so vinnig verbysluip, soms bring dit angs
van verlore tydsdruppels sonder opvangs

net gister het ons nog die boompie geplant
vandag staan ’n reus aan die tuin se rand
ma, pa
dié is al Helen
op die kant van die huisie sit ek stoksielalleen

ek kyk oor die randjie van die klipsteen geberg
heimwee en wonder sit diep binne terg
van waar ek sit hoor ek 
tiek ... tok
dis die gepraat van my ouers se oue
muurklok


 

Gwendolynn de Jager

om te begin

die jare stap al hoe vinniger aan
mense kom en gaan
ek het ook
gegaan
toe jy weg is
het ek
vir so lank as wat ek kon
gebly
maar
toe ek nie meer asem kon kry
het ek geweet
dis tyd om te gaan
iewers baie ver oor die see heen
en hier
en nou
in die steeds vreemde land
waar die mense ’n taal praat
wat my ore sukkel om gewoond te raak
vind ek
uiteindelik
stil oomblikke
van rus
en ’n bietjie vrede
wat my laat hunker na nog
nog van die verdwyn-in-die-groot-massa
nog van die ek-hoef-nie-nou-dit-en-dat-te-doen-nie
of so-en-so-te-please-nie
nog van net wees
stil
hier
op my tydelike plek
tot ek gereed is
om my goedjies
wat al hoe minder
en minder
word
(want dis tog net goed)
te pak
in ’n tas (of twee)
en terug te beweeg
weer oor die see
na my
plek
daar
waar
jy
te lank al
nie meer is nie
en
weer
te
probeer
om te begin


 

C-J de Beer

Sing
Saggies hier in my oor
Dalk in jou falsetto
Dalk nie
Ek gee nie om nie
Net nie Tailor Swift nie
Dalk een van daai Italiaanses wat jy ken
Daai enes wat maak
Dat ek net die heeltyd aan jou gesig wil vat
Ek belowe
Hierdie is dalk net liefde
Ek sien jou met my hande
Ek weet waar alles pas
Kop na skouer
So verskriklik stadig
Wanneer laas het die wêreld uitmekaar geskeur?
Wanneer laas het jy van ’n berg geval?
Verewig partykeer
Verewig
Hande sterk nou
Gedra aan hierdie woorde
Die res kom daar
Aanstap, rooies
Sê ek
Die son op jou rug
En jy sê
Terwyl jy jou hand uitsteek
Hy kom more weer terug


 

Tlotliso Martin Ranthimo 

The Grim Reaper

I could recycle dictionary definitions like a mime
make them rhyme
but what is time
forget a two cents this is my dime

As per construct time is an infinitely linear expression of progress measured by a calibrated circular ruler
On its arms it runs around in circles and yet it quantifies forward progression
the membrane between death and you
for us time is borrowed life
for him it has no meaning
it puzzles me
it's arms stretch boundlessly
with no distinct beginning or end

over the passage of time ...
we love, we lie
we snooze we booze get high and then
we live and we learn
we trust then we burn
we ache and get high again
we lust and we yearn
we take what we don’t earn
we burn but never learn
we get drunk again
flowerless like a fern
we don't produce fruit
instead we buy brutal fruit

then we die
maybe the fabrics of time are renewed by constant death
you get your loan(life)
when time favours you no more (you die) it infests a new host (new birth) like a parasite
maybe its finite and there's an accountant making sure it doesn’t go to waste

those that know you least say the future is not promised
they ignore your love for repeating horrors
for instance
every night at more less this instant (2:45am)
i sink into a sadness
it feels like quicksand but slower
sometimes i scream
sometimes i cry while screaming
last night i punched a hole through the wall
tomorrow i will dip my pillowcase in salt lake
i will cling on to that Jägermeister like mother's left nipple
to me happiness was always rare and fickle
but still you reap, you and your sickle
for you are Father Time the tax collector
the Grim Reaper
Martin is still typing ...


 

Katleho Borole 

The Heavy

Dear mo …
Dear mo …
To whomever it may concern
It’s been years now
I have tried to tame it
Keep it in the darkest corner of my subc …
but I can’t
It has taken over
I breathe fire now

Blissful boy joy drips down your brow in
the form of a heavy sweat after a day well spent,
with your friends catching sunlight like butterflies
and hoping the memories don’t fly away.
What is this but childhood blissful boy
Vaseline on your face
the shiniest specimen in this place.
Don’t lose your smile blissful boy
don’t let it be taken away from you
don’t …

Dear monster in my closet, closeting my fears
graveyards are birthed under my heavy eyelids
I haven’t slept in days
anyways, I just turned 17 today
well it’s new years so it was more like a side note
Time though
It’s funny, how the sands in my hourglass keep
falling ever so violently like asteroids
but never shatter the glass
only shatter my smile and the memories we had

Boy, I warned you
Where has your bliss gone
dangling from where your smile once hung
You are losing your essence with every passing
second
All alone, catching darkness like butterflies and hoping
the memories will stay this time.
What is this but the passing of the hourglass
and you, getting buried beneath the sand

I’m 19 and mom shows me this photo album
where we all lived once
and I smile
for the passing of time has not killed my dreams
the memories I have still intact at the seams
I see a picture of myself, face smothered in Vaseline
and for a moment, the room becomes a time machine


 

Ndabenhle Siphesihle Mthembu

On the stove top

Holy fires burn in Hell
In these abodes Above
We are baptized with Water
In these abodes Below
We are baptized with Fire

Like the Water
The Fire purifies
For the death of body
is Water's delight
For the death of mind
Is Fire's cleansing night

So boil me slowly
On a low heat
In sweet first communions
of Confirmation
For I know The Spirit is kind
Cook me to Perfection
On the stop top of Time. 


 

Llaka Tshesane

Time 

I wonder how long it is going to take
I wonder if it is even going to end
I wonder if I still have it in me,
The patience to wait a little longer
To swallow this lump in my throat and live on.
For it does not go away
This pain I drown in drugs and alcohol
It does not die out.
Shouldn’t you heal all wounds, dear Time?
Shouldn’t I have long forgotten what this pain feels like?
Shouldn’t I be not afraid to love by now?
Or not be ready to die?
Why should you be so constant yet changing?
You keep returning after every doom,
With the same hours and durations
Can you easily die like the memories you snatch?
You are useless to keep when you do not take the pain away.


 

Gerrit Cronjé

Pa

Pa, jy was 30 toe ek gebore is

Daar in Middelburg (Kaap) waar ek in die visdam gespeel en saam met Enoch in die tuin gewerk het

Pa, jy was 35 toe die ram my omgestamp en die rot my vinger gebyt het

En jy my getroos het daar op die plot in die Noordwes

Jy was nog nie 40 nie, Pa, toe jy die mense van Kutlwanong en Odendaalsrus begin gesond maak het

En daardeur ook in ons behoeftes voorsien het terwyl ek en Conrad in jou kantoor rekenaarspeletjies gespeel en saam met jou rooibostee met suurlemoensap in gedrink het

Jou plaas en jou geliefde beeste was altyd daar

Jy het 45 geword daai jaar wat ek en Conrad saam op hoërskool was

Jy het ons altyd onvoorwaardelik en onverskrokke ondersteun (ook toe ons met verdere studies en prakties besig wag)

Op 55 het Conrad getrou en jy het 60 geword die jaar toe Christili gebore is

Op 62 is jy gediagnoseer

Op 63 het ek die eerste keer in dekades vir jou gesê dat ek jou lief het, Pa (al het jy dit geweet), en Pa, jy het in jou deurmekaargeit gelag toe ek jou die eerste keer sedert my kinderdae soen

Met my laaste soen, jy steeds 63, was jou liggaam en jou lippe al koud

Nou is ek 34, al meer as die helfte so oud soos jy was, en ja, Pa, die lewe is maar ’n asem lank

 

Lees ook die vorige inskrywings:

Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings XII

Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings XI

Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings X

Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings IX

Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings VIII

Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings VII

Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings VI

Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings V

Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings IV

Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings III

Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings II

Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings I

 

The post Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings XIII appeared first on LitNet.

Full circle

$
0
0

Sundeeka Mungroo

Lisbeth felt the first severe wave of pain roll over her. It started in her belly, but she felt it penetrate every cell in her body. Every tiny little hair on the surface of her skin stood on end and she screamed out loud. Her water had broken ten minutes before, but she knew there was still a lot more anguish to go through before it could get here. It. The baby. Something that nobody knew about, something that she’d kept hidden for seven months now. She’d had to. A pregnancy would’ve ruined everything for her. She wouldn’t have got a full scholarship to one of the best colleges in the country, nor would she even have been able to face going back to school. So, she’d hidden it. At first, she hadn’t thought she would be able to, but as the months had gone by, she’d carried the baby quite low, so she hadn’t shown much. Coupled with big, baggy sweaters and a permanently held book in front of her stomach, she’d gotten away with it. Now, as she lay in the back seat of her car, she wished she’d told someone; then she could’ve gone to the hospital and this pain wouldn’t be so bad. The labour was premature, and she knew the baby would need help once it got here, but it was too late now. With one last horrific scream that filled the empty car park, she pushed the tiny human out into the world. The baby’s face was blue. Lisbeth cleared the fluid from the mouth and slapped its bottom a few times, like she’d read to do. But the baby still wouldn’t breathe. With tears pooling in her eyes, she waited a few more minutes. Even though she knew that it was already dead. She wrapped the baby in her old sweater and left it next to a pile of trash bags. And if she hadn’t been in such a hurry to get as far away as possible, she would’ve first checked the one pocket of that sweater. For right at the bottom was an old, squashed receipt with a distinct “Lisbeth B” printed on it.

*

“Miss Bass? Did you hear me?”

Lisbeth shook herself out of the memory that often ambushed her thoughts. “Sorry, Lanie, what did you say?”

“I said the new girl from the temp agency is in the lobby. Should I let her up?”

“Oh. Yes, please do. And bring in some coffee.” Lisbeth looked around her dishevelled office that had been screaming for help for months now. A new assistant would be very welcome here. Lanie was doing her best, but it was obviously getting too much for her. There was a knock on the door and a young girl entered. She looked about 19 and was very pretty, with dark hair that fell to her waist and deep brown eyes.

“Hi, you must be Macy. I’m Lisbeth. Glad you could make it,” she smiled at the girl.

Macy smiled back and shook Lisbeth’s proffered hand. “It’s great to finally meet you,” she said, sitting down at the desk.

“Finally?”

“Yes. I’ve been following you for a while.”

“Um, following me?”

“Your work, I meant. Following your work. I’ve read all your articles,” giggled Macy, breaking into a grin.

“Oh. Right,” Lisbeth said with a grin of her own. “Is journalism something that you’d like to do?”

“Definitely! Though I doubt I’d ever be as great as you. You’re so famous.”

“Oh, nonsense,” Lisbeth blushed. “Not that famous!”

“Are you serious? You have success in spades. I bet you don’t even have any regrets.”

Lisbeth glanced at the girl, whose eyes had suddenly grown hard and cold. “Of course not. Regrets and success don’t mix. It’s one or the other,” she said, with a bright smile and a downcast gaze.

*

A month later, Lisbeth’s office looked a lot better. Macy was organised and efficient, and took initiative to do things that Lisbeth had never even asked of her. In short, she was the perfect assistant. Lisbeth came back to the office one afternoon, however, and saw Macy crying at her desk.

“Macy? What’s wrong?”

Macy looked up with red-rimmed eyes and a streaming nose. “Oh, it’s nothing. Stupid guys, you know,” she sniffed, wiping her nose with the back of her hand.

“Oh, you poor thing. Here,” Lisbeth cooed, handing over a tissue.

“Thanks, Lisbeth. Do you think you could give me a ride home tonight? He was supposed to fetch me. But now …”

“Of course. We could go now if you want?” she offered. Macy smiled and nodded dumbly. She picked up her bag and followed Lisbeth downstairs.

*

When they got to the apartment, Macy offered Lisbeth a glass of wine upstairs.

“I really shouldn’t. I have a few meetings to get to back at the office,” Lisbeth smiled apologetically.

“Oh, come on. You can have a coffee, then. I’d just … rather not be alone right now,” Macy replied, her lip trembling. Lisbeth glanced over at the girl, who, in many ways, reminded her so much of herself, sighed and got out of the car. She could spare time for a coffee.

*

Lisbeth looked around the living room while Macy made the coffee. She spied a framed photo on the mantelpiece and went over for a closer look.

“Is this your boyfriend?” she asked, edging closer for a better look. Macy quickly glanced up from the small kitchen counter and rushed over to where Lisbeth stood. She picked up the photo and slammed it back down, face first. Lisbeth took a step back in shock.

“Sorry,” Macy said, ashamedly. “It’s just that I’d rather not look at him or talk about him right now.”

“Oh, no, I completely understand,” Lisbeth said, making herself comfortable on the couch. “You know, when I was your age, there was a guy who hurt me, too. It gets easier.”

“Does it? So, what happened with this guy?”

“Oh, gosh. Nothing worth rehashing, really,” Lisbeth replied dismissively. She took a big gulp of lukewarm coffee. It was terrible. It left a bitter tinge on her tongue. She swallowed the rest of it and stood up to leave. Then quickly sat back down. Her vision had doubled and Macy’s face had suddenly morphed into a smudge. She vaguely heard a doorbell being rung. Or was it the telephone? It must’ve been the door because just before everything went black, Lisbeth glanced up to see Macy opening the door and letting someone in.

*

She woke up, tied and lying face down in the back seat of her car. Macy was in the passenger seat and a young man was driving. The car suddenly stopped and they both turned around to look at her.

“You’re awake,” Macy said, with a sardonic smirk. “This is Brian, my boyfriend.” The young man got out of the car and came around to the back seat. He hoisted Lisbeth into a sitting position and crouched down in front of the open door. Even in her disoriented state, Lisbeth immediately recognised where she was. It was the same car park. She looked down at the boy sitting in front of her. He couldn’t have been more than 17. The same age she had been the last time she was here. The boy had fair, curly hair and emerald green eyes. If it hadn’t been for the masculinity of it, Lisbeth could’ve sworn she was looking into a face that was the splitting image of her own.

“Y-you … it’s not possible,” she stuttered, her breath catching in her throat. The boy smiled serenely and caressed her cheek with one hand.

“Hello, mother,” he said, as his other hand came around and plunged a knife deep into her stomach. As the pain rolled over her entire body, he picked her up as if she weighed nothing, and threw her into a trash pile, as if she meant nothing. And as she slowly bled out under the rotting, reeking garbage, Lisbeth’s eyes pooled with tears, and she knew this was the least she deserved.

The post Full circle appeared first on LitNet.

Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé: Bekendstelling by Love Books

Die ontwikkeling van nuut-aangestelde skoolhoofde en skoolverbetering in Gauteng provinsie

$
0
0

Die ontwikkeling van nuut-aangestelde skoolhoofde en skoolverbetering in Gauteng provinsie

RJ (Nico) Botha, Department van Onderwysleierskap en Bestuur, Kollege van Opvoedkunde, Universiteit van Suid-Afrika

LitNet Akademies Jaargang 15(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

’n Algemene neiging in die hedendaagse onderwysbestuur- en onderwysleierskapliteratuur oor skoolverbetering is om onder meer te verwys na die noodsaaklikheid van volhoubare en toepaslike ontwikkelings- en ondersteuningstrategieë om beter skoolhoofskap te bevorder en sodoende skole te verbeter. Die belangrike rol wat die skoolhoof speel om doeltreffende bestuur en strategiese leierskap in skole te verseker, is al vir baie jare die onderwerp van hewige debatte. Wat deurslaggewend vir hierdie debat is, is die konteksvormende ontwikkelings- en ondersteuningsgeleenthede wat beskikbaar is vir veral nuut-aangestelde skoolhoofde in plaaslike skole. Alhoewel verskeie sodanige geleenthede, soos kortkursusse deur onderwysdepartmente en nagraadse kwalifikasies deur universiteite, tans wel bestaan, is dit eenvoudig nie voldoende om te verseker dat skoolverbetering optimaal en volhoubaar is nie.

Hierdie artikel, wat op ’n kwantitatiewe empiriese studie in Gauteng in Suid-Afrika gegrond is, het ten doel om by te dra tot die gesprek oor skoolhoofskap en die verandering van en verbetering by skole. Aanbevelings vir beleid en praktyk wat uit die studie gemaak kan word, laat die klem val op die belangrikheid van toepaslike en volhoubare ontwikkelings- en ondersteuningsinisiatiewe vir nuut-aangestelde skoolhoofde. Sodanige inisiatiewe sluit skoolspesifieke “tuisgekweekte” (of plaaslik-ontwerpte) opleidingsprogramme en informele skool-interne opleiding in. Die artikel sluit af met empiriese bevindings oor die waargenome ontwikkelingsbehoeftes van nuut-aangestelde skoolhoofde in Gauteng en doen aan die hand dat hierdie unieke spesialisberoep toepaslike en spesifieke voorbereiding vereis om skoolhoofde in staat te stel om hulle skole effektief en doeltreffend ter wille van skoolverbetering te bestuur .

Trefwoorde: Gauteng; nuut-aangestelde skoolhoofde; ondersteuning; skole; skoolhoofskap; skoolverbetering; Suid-Afrika

 

Abstract

The development of newly appointed principals and school improvement in the Gauteng province of South Africa

The crucial role that a school principal plays to ensure effective strategic leadership in schools has been the subject of intense debate in the educational community and education leadership literature for many years. The role and task of the school leader or principal, commonly referred to in the literature as “the principalship” or mere “principalship”, is critical in the effective functioning of any school and crucial for school improvement. Principalship can be described as the symbiotic interaction between the strategic leadership functions and the organisational functions in a school. Strategic leadership involves functions such as planning, budgeting, organising and dealing with staffing issues, while at the same time dealing with the day-to-day running of the school. School leaders are required to manage the balance between the strategic and the organisational functions of their roles. These roles cannot be separated, because the functions often run concurrently. For example, decisions relating to the vision and mission of the school, which affect long-term activity, are a part of strategic leadership, while the daily operational decisions that affect the “here” and the “now”, constitute the organisational function of school principals. Newly appointed principals tend to respond to the more urgent “day-to-day” matters when leading a school, and this may result in their neglecting the strategic-leadership function of their new roles.

Due to this important and crucial role of the principal and its effect on school effectiveness, consideration must be given to the knowledge and skills that principals possess that can lead to an increase in school improvement and, ultimately, to improved learner outcomes. Crucial to this debate is context-shaped developing opportunities for principals. In the South African context, newly appointed principals are not regarded by teachers as appropriately skilled and trained for school management and leadership. They often experience what could be described as a culture shock as they cross the threshold from teaching into principalship. Effective preparation is one way of reducing this culture shock and helping new leaders to cope.

As a critical aspect of educational reform, school improvement can be understood as being concerned with the school’s internal structures, strategies, capacities and processes that are linked in a coherent manner to advance a specific goal. School improvement is pursued, among other things, by seeking ways that will strengthen the management and leadership capacities of those working in schools to ensure that learners are provided with quality learning opportunities. As an important component of management, school principalship is pivotal in determining continual school improvement. Moreover, it may be argued that the extent of this success depends on the nature of leadership and management practices pursued in a school. The school principal plays a vital role in this process. Change in the nature of school principalship entered the global stage of an intense discourse on educational reform towards the end of the last century. Now, as we near the end of the second decade of the 21st century, the debate continues unabated, if not vigorously. Preoccupation with change that underscores educational reform has been motivated by the growing demand for school improvement. Preoccupation with change that underscores educational reform has been motivated by the growing demand for school improvement.

A common thread in contemporary research on school effectiveness, school change and school improvement refers, inter alia, to continually introducing new and relevant support strategies to promote school principalship and, as a result, also improve teaching and learning in schools. In this process, the development of newly appointed principals becomes vital. Induction of the newly appointed principal is most often cited in the literature as the most important need for new principals. These practices and on-going professional development opportunities can range from carefully planned and formal training and induction programmes to less formally planned “on-the-job” - and “home-grown” experiences. These may include workshops, formal courses and regular principal meetings with other principals.

The main research question for this study is: How can newly appointed principals be developed to improve school effectiveness and learner achievement? The objective of the paper was to gather data regarding professional development needs from newly appointed principals in Gauteng.

This paper, based on a quantitative empirical case study among 50 (n=50) newly appointed principals in Gauteng schools, contributes to the discourse on school principalship, change and school improvement. The research instrument to obtain data for this paper was constructed through a themed and structured questionnaire survey. The participants were purposefully select from among newly appointed principals of both primary and secondary schools in diverse socio-economic communities in Gauteng. They were requested, after informed consent had been given, to complete a comprehensive questionnaire to ascertain their views on their development and training needs. The structured questionnaire survey used was adapted from a combination of a leadership development framework by Piggot-Irvine, Howse and Richard (2013) and the framework for the Norms and Standards for Educators from the Gauteng Department of Education (2013). The questionnaire used a five-point Likert scale to gather quantitative data regarding which leadership needs were perceived by the newly appointed leaders as requiring the most on-going support and development. Drawing on the research data obtained from the respondents, this paper reports on the perceived developmental and training needs of these participants.

Drawing from a combination of these leadership development frameworks, five main leadership functions were identified as the areas in which newly appointed school principals felt they most needed developmental support. The data obtained from the participants were discussed according to these five identified themes. An analysis of the data obtained from this study suggests that newly appointed school principals have unique development needs that, if acknowledged and supported by the Gauteng Department of Education, would enable these newly appointed principals to be better positioned to lead and develop their respective schools. In this respect, this paper suggests that newly appointed principals in Gauteng, as in the rest of the world, have unique development needs that are different from the needs of well-established principals. As a result, they require specific, contextualised approaches in their professional development. In summary, the five elements investigated – namely leading strategically, leading teaching and learning, leading the organisation, leading people, and leading the community – each revealed various sub-sections where the newly appointed principals who formed part of this study felt they needed support and development.

Recommendations for policy and practice highlight the importance of appropriate, multifaceted, developmental “home-grown” support initiatives for newly appointed principals. The paper concludes with empirical findings of the perceived development needs of newly appointed school principals in Gauteng schools and suggests that this unique specialist occupation requires relevant and specific preparation.

Keywords: Gauteng; newly appointed principals; principalship; school improvement; schools; South Africa; support

 

1. Inleiding en agtergrond

Die rol van die skoolhoof is kritiek vir die doeltreffende en effektiewe funksionering van enige skool (Marishane en Botha 2011; Mestry, Moonsammy en Schmidt 2013; Botha 2016; 2018). As gevolg van hierdie belangrike en deurslaggewende rol en posisie van die rol van die skoolhoof (sogenaamde “skoolhoofskap”, om Blumberg en Greenfield 1980:16 se vertaalde term te gebruik) en die gevolge daarvan op skooldoeltreffendheid en skoolverbetering, moet oorweging gegee word aan die kennis en vaardighede waaroor skoolhoofde behoort te beskik wat uiteindelik tot beter skole en gepaardgaande beter leerderuitkomste kan lei. Skoolhoofskap word deur Fullan (2014:24) omskryf as die simbiotiese wisselwerking tussen die strategiese leierskap- en organisatoriese funksies in skoolverband wat daagliks deur die skoolhoof uitgevoer moet word.

Aan die einde van die vorige eeu het verandering met betrekking tot die eise wat aan skoolhoofskap gestel word, die globale debat hieroor verhoog, met vurige besprekings oor onderwyshervorming, skooleffektiwiteit en skoolverbetering. In die 21ste eeu gaan die debat onverpoosd – en steeds vurig – voort (Leithwood en Jantzi 2005; Alvoid en Black 2014; Botha 2016; Mestry en Singh 2017). Die toenemende vraag na onderwyshervorming, skooleffektiwiteit en skoolverbetering het ’n nuwe siening rakende skoolhoofskap genoodsaak (Alvoid en Black 2014; Botha en Triegaardt 2015; Botha 2016; 2018)

Skoolverbetering is ’n kritieke aspek tydens onderwyshervorming en gaan onder meer oor die skool se interne strukture, strategieë, vermoëns en prosesse wat op ’n samehangende manier aan ’n bepaalde doel gekoppel word. Skoolverbetering word onder andere nagestreef deur maniere te soek wat die bestuurs- en leierskapbevoegdhede van diegene wat in skole werk te versterk ten einde te verseker dat onderwysers en leerders van onderrig- en leergeleenthede van gehalte voorsien word. Doeltreffende en effektiewe skoolhoofskap is deurslaggewend om die sukses van skoolverbetering te waarborg en te verseker (Leithwood 2012; Botha en Triegaardt 2015). Daar kan verder aangevoer word dat die omvang van hierdie sukses afhang van die aard van die leierskap- en bestuurspraktyke wat in ’n skool toegepas word. Die skoolhoof as een van die belangrikste rolspelers in dié verband speel onteenseglik ’n kritieke en noodsaaklike rol in skooleffektiwiteit en skoolverbetering (Bush en Moloi 2007; Marishane en Botha 2011; Mestry, Moonsammy en Schmidt 2013; Alvoid en Black 2014; Botha 2015; 2016; 2018).

Volgens die literatuur is die leierskaprol van die skoolhoof onteenseglik veeleisend, wisselend van aard, ingewikkeld en voortdurend aan die verander en behels dit hoë vlakke van verantwoordelikheid (Guskey 2003; Leithwood en Riehl 2008; Clifford 2010; Marishane en Botha 2011; Botha 2015; 2016; 2018). Doeltreffende leierskap van die skoolhoof is noodsaaklik vir skooldoeltreffendheid en skoolverbetering, en in die besonder vir die sukses van die leerders (Renihan 2012; Botha 2016).

Met bogenoemde in gedagte kan die belangrike rol van die skoolhoof as volg opgesom word:

Die skoolhoof is in baie opsigte die belangrikste en invloedrykste individu in enige skool. Hy/sy is vir al die aktiwiteite wat in en om die skoolgebou plaasvind, verantwoordelik. Dit is sy/haar leierskap wat die gees van die skool, die klimaat vir leer, die vlak van professionalisme en die moraal van die onderwysers en die graad van kommer oor wat die leerders gaan of nie gaan word nie, bepaal. (Marishane en Botha 2011:26)1

Alhoewel daar al hoe meer getuienis is wat daarop dui dat doeltreffende leierskap ’n beduidende verskil in skoolverbetering maak, is daar minder eenstemmigheid oor die voorbereiding wat vereis word om toepaslike leierskapgedrag te ontwikkel. In die literatuur word verskeie studies aangehaal wat die belangrikheid van leierskap in skoolverband beklemtoon (Marishane en Botha 2011; Botha en Triegaardt 2015; Mestry en Singh 2017; Botha 2018), terwyl studies oor die leierskapvoorbereiding en -ontwikkeling van die skoolhoof betreklik min aandag geniet. Die eeue oue wanopvatting dat werklike en goeie leiers gebore word en nie opgelei of ontwikkel kan word nie, bestaan ongelukkig vandag nog.

In verskeie moderne en ontwikkelde lande, soos die VSA en Kanada, word skoolhoofde aangestel weens hulle bestuursbevoegdhede en leierskapspotensiaal. In sommige state van die VSA word selfs ‘n sogenaamde skoolhooflisensie vereis wat aandui dat die betrokke persoon wel oor die nodige kwalifikasie (gewoonlik ’n magistergraad), kundighede en aanvaarbare vlak van bestuurs- en leierskapervaring beskik.

In skerp teenstelling hiermee word skoolhoofde plaaslik nie wetlik of andersins verplig om hulle bestuurskwalifikasies formeel of informeel te verbeter nie. Sommige onderwysdepartemente bied wel kort, week lange oriënteringskursusse vir beginnerhoofde aan. Verdere opleiding in bestuur en leierskap berus verderaan op 'n vrywillige basis. Die verdere indiensopleiding en professionele ontwikkeling van skoolhoofde is dus beperk tot eie inisiatiewe. Daar bestaan dus plaaslik nie ’n formele meganisme wat vir die skoolhoof beskikbaar is om hom of haar met verdere ontwikkeling by te staan nie. Alhoewel dit deel is van skoolhoofskap om verantwoordelikheid te aanvaar vir die personeel se professionele ontwikkeling, is sodanige geleenthede vir skoolhoofde self baie beperk.

In die meeste ontwikkelende lande, wat Suid-Afrika insluit, begin skoolhoofde hul professionele loopbane as onderwysers en vorder hulle tot skoolhoofskap nadat hulle deur die posstrukture of range (klasonderwyser, departementshoof, adjunkhoof en uiteindelik skoolhoof) gevorder het. Dit gee aanleiding tot die algemene siening dat ’n vakgerigte onderwyskwalifikasie en gepaardgaande onderrigervaring die enigste vereistes vir skoolhoofskap is. Bush en Onduru (2016:362) som die situasie in Afrika-lande as volg op:

Regdeur Afrika is daar geen formele vereiste vir hoofde om as skoolbestuurders opgelei te word nie. Hulle word dikwels aangestel op grond van ’n suksesvolle rekord as onderwysers, met die implisiete veronderstelling dat dit ’n voldoende vertrekpunt vir hoofskap is.

Ter ondersteuning hiervan merk Kitavi en Van der Westhuizen (2007) met betrekking tot die situasie in Kenia op dat goeie onderrigvermoëns nie noodwendig ’n aanduiding is dat die persoon wat aangestel word as skoolhoof ’n bekwame onderwysbestuurder of -leier sal wees nie.

Tucker (2013:7) het tot ’n soortgelyke gevolgtrekking gekom nadat hy navorsing in die Mpumalanga-provinsie van Suid-Afrika gedoen het, soos hierdie opmerking van hom toon:

Omvattende veranderinge in die onderwysstelsel, soos desentralisasie en gepaardgaande skool-gebaseerde onderrig en –bestuur, het baie dienende skoolhoofde oneffektief gemaak wat die bestuur van hulle skole betref. Baie van hierdie dienende skoolhoofde het ’n gebrek aan basiese bestuursopleiding voor en nadat hulle skoolhoofskap betree.

Daar bestaan dus wêreldwyd ‘n toenemende neiging en besef dat skoolhoofskap ’n spesialisberoep is wat bepaalde voorbereiding verg (Bush en Kiggundu 2011). Bush en Heystek (2016:75) gee onder meer die volgende redes hiervoor:

  • die uitbreiding van die rol van die skoolhoof (in gedesentraliseerde stelsels het die omvang van leierskap toegeneem)
  • die toenemende kompleksiteit van skoolkontekste (skoolhoofde moet by hulle gemeenskappe betrokke raak om effektief te kan lei en bestuur)
  • erkenning dat voorbereiding ’n morele verpligting is (dit is onregverdig om nuwe skoolhoofde aan te stel sonder doeltreffende inlywing)
  • erkenning dat effektiewe voorbereiding en ontwikkeling ’n verskil maak (skoolhoofde is beter leiers nadat hulle bepaalde opleiding ondergaan het).

In die plaaslike konteks stel Mathibe (2007) dit duidelik dat nuut-aangestelde skoolhoofde nie toepaslik geskool en opgelei is vir skoolbestuur en -leierskap nie en noem ook dat plaaslike skoolhoofde, soos hulle ampsgenote in ander lande, ’n “kultuurskok” ervaar wanneer hulle die drumpel van onderrig na skoolhoofskap oorsteek. Effektiewe voorbereiding om die verskuiwing in fokus van vakonderwyser na bestuurder en leier te vergemaklik is een manier om die verandering of kultuurskok te vergemaklik en skoolleiers te help om hul nuwe posisies effektief en doeltreffend vol te staan.

 

2. Literatuuroorsig

Daar bestaan wêreldwyd (Cranston, Ehrich en Kimber 2013; Mestry, Moonsammy en Schmidt 2013; Piggot-Irvine, Howse en Richard 2013; Hess en Kelly 2017) asook plaaslik (Mathibe 2007; Moorosi 2010; Chikoko, Naicker en Mthiyane 2011; Botha en Triegaardt 2015; Botha 2016; Mestry en Singh 2017) ’n magdom navorsingsliteratuur oor die professionele-ontwikkelingsbehoeftes van nuut-aangestelde skoolhoofde. In die literatuur word die inlywing en ontwikkeling van nuut-aangestelde skoolhoofde en die gevolglike effek daarvan op skoolverbetering telkens beklemtoon.

Die effek of invloed van inisiatiewe wat op die ontwikkeling van nuwe skoolhoofde se doeltreffendheid as skoolleiers en op skoolverbetering gemik is, is deeglik nagevors (Davis en Darling-Hammond 2012; Mendels en Mitgang 2013; Miller 2013; Verrett 2014; Versland 2015; Botha 2016). Navorsing het ook getoon dat bestaande universiteitsgebaseerde voorbereidings- of ontwikkelingsprogramme, soos die BEd-graad en die Gevorderde Diploma of Sertifikaat in Onderwys, te teoreties van aard is en skoolhoofde dus nie altyd op ’n effektiewe wyse vir hulle rolle voorberei nie (Marishane en Botha 2011; Botha 2018).

Normore (2014:107) beskryf organisatoriese inlywing as ’n “veelsydige ervaringskonsep wat formele opleiding vervang”. Volgens Daresh en Male (2007) kan sodanige inlywingspraktyke en volgehoue professionele-ontwikkelingsgeleenthede wissel van versigtig-beplande formele opleiding en inlywingsprogramme tot minder-gestruktureerde maar steeds beplande indiens- of “tuisgekweekte” plaaslik-ontwerpte ervaringe. Dit kan onder meer werkwinkels, formele kursusse, werkskaduwing, hoofdevergaderings, portuurafrigting en leidinggewing insluit. Gedurende al hierdie inlywings- en ontwikkelingsinisiatiewe staan strategiese leierskap as sentrale komponent van al die inisiatiewe uit.

Terwyl die skoolhoof die daaglikse operasionele administrasie van die skool moet hanteer, wat onder meer roetinefunksies soos beplanning, die skoolbegroting, organisering en personeelaangeleenthede behels, is die skoolhoof ook by uitstek verantwoordelik vir strategiese leierskap in skoolverband. Strategiese leierskap behels daardie nieroetine-bestuursfunksies wat `n groter vlak van bevoegdheid en kundigheid vereis as gewone administrasiefunksies. So byvoorbeeld is besluite wat met die visie en missie van die skool verband hou en wat langtermynaktiwiteite beïnvloed, deel van strategiese leierskap, terwyl die daaglikse operasionele besluite wat die hier en nou raak, as die organisatoriese funksie van skoolhoofskap beskou word.

In hierdie verband stel verskeie skrywers, soos Leithwood en Riehl (2008) en Roza (2013), voor dat van ’n skoolhoof verwag moet word om die balans tussen die strategiese en die organisatoriese funksies van hulle rolle te onderskei. Die skrywers beklemtoon ook dat hierdie rolle nie geskei kan word nie omdat hulle dikwels gelyktydig uitgevoer word. Beide rolle moet gelyktydig gebeur om te verseker dat doeltreffende skoolverbetering plaasvind. Covey (2008) noem dat nuwe skoolhoofde geneig is om hoofsaaklik op die dringender en daaglikse administratiewe aangeleenthede te fokus, wat daartoe kan lei dat hulle die taak van strategiese leierskap as deel van hulle nuwe rolle afskeep.

In die Suid-Afrikaanse konteks word die vermoë van nuwe skoolhoofde om hulle skole strategies te lei ook konsekwent in die literatuur genoem as een van die belangrikste kenmerke van effektiewe skoolhoofde (RSA 2015). Ondanks die differensiasie in die literatuur tussen leiers (wat strategies lei) en bestuurders (wat die organisasie lei), noem die hersiene literatuur oor skoolhoofskap dat hierdie twee funksies nie volkome geskei kan word nie, omdat hulle so verweef is (Marishane en Botha 2011; Botha 2016; 2018). Daar word gewoonlik van die skoolhoof verwag om ’n leier en ’n bestuurder te wees, en van suksesvolle en effektiewe skoolhoofde word verwag om hulle bestuurs- sowel as leierskapverantwoordelikhede in die skool en die gemeenskap te balanseer (Botha 2016; Bush en Heystek 2016). Hierdie siening sluit aan by wat skrywers soos Leithwood en Riehl (2008) en Roza (2013) hier bo in dié verband noem.

Die Wet op Nasionale Onderwysbeleid 27 van 1996 (RSA 1996) interpreteer die rol van die skoolhoof as dat hy of sy die persoon is wat die algehele verantwoordelikheid dra om die skool te lei en te bestuur en wat aanspreeklik is teenoor die werkgewer (provinsiale departementshoof), die skool se beheerliggaam (SBL) en die skoolgemeenskap. In ooreenstemming met die Norme en Standaarde vir Opvoeders (RSA 2013:27–8), wat deur die Gautengse Departement van Onderwys (GDvO) gevolg word, sluit die rolle van skoolhoofde die volgende vyf sleutelareas in:

  • om strategies te lei (vorm die rigting en ontwikkeling van die skool)
  • om onderrigleierskap te bied (bestuur die gehalte van die onderrig en leer)
  • om die organisasie-ontwikkelingsbehoeftes te lei (ontwikkel en bemagtig jouself en ander)
  • om personeelontwikkelingsbehoeftes te lei (bestuur menslike hulpbronne)
  • om gemeenskapsontwikkelingbehoeftes te lei (werk met en vir die gemeenskap).

Bush en Heystek (2016) merk op dat die roldefinisie en verwagtinge van skoolhoofde van skool tot skool kan verskil en dat hierdie verskillende rolle daarom die mate bepaal waartoe skoolhoofde gedurende ’n normale skooldag tussen strategiese (leierskap-) aktiwiteite en organisatoriese (bestuurs-) aktiwiteite beweeg. Hierdie oorgang of beweging tussen die twee verskillende rolle verg van skoolhoofde om op die vasstelling van die strategiese rigting van die skool te fokus, terwyl hulle terselfdertyd die menslike hulpbronne (personeel) en die organisasie moet ontwikkel. Dit verg weer dat skoolhoofde maniere moet vind om ’n brug te bou tussen die strategiese funksie om te lei en hul operasionele daaglikse funksie, wat meer op die onderrig-en–leer-aspek van die skool fokus. Dit is derhalwe baie belangrik vir die ontwikkeling van enige nuwe skoolhoof om goed opgelei en voorbereid te wees vir sy/haar operasionele sowel as strategiese leierskapfunksies. Skoolhoofskap vereis verder ook dat die hoof by die breër skoolgemeenskap betrokke moet wees en ook leiding aan die ouers bied. Die funksie om die gemeenskap te lei (hoewel nie noodwendig ’n kernleierskapfunksie in die skool nie), is ’n belangrike rol wat skoolhoofde moet speel, omdat die vermoë om die ondersteuning en betrokkenheid van die gemeenskap in te span, noodsaaklik is vir beide die strategiese en organisatoriese bestuur van enige skool (Boal en Hooijberg 2010; Marishane en Botha 2011; Botha 2016; Bush en Heystek 2016)

 

3. Navorsingsvraag, sekondêre vrae en doelwit met die studie

Die bespreking in die afdeling hier bo lei tot die navorsingsvraag van hierdie studie, naamlik: Hoe kan nuut-aangestelde skoolhoofde ondersteun en ontwikkel word om hul bestuurs- en leierskapvaardighede sodanig te verbeter om skoolverbetering te bewerkstellig? Die hoofnavorsingsvraag is in ’n aantal subvrae verdeel wat gegrond is op die vyf sleutelareas wat voorgestel word vir Gautengse skoolhoofde en soos uiteengesit in die Norme en Standaarde vir Opvoeders (RSA 2013), naamlik:

  • Hoe kan nuut-aangestelde skoolhoofde ontwikkel word om strategies te lei?
  • Hoe kan hulle ontwikkel word om die gehalte van die onderrig en leer te verbeter?
  • Hoe kan hulle ontwikkel word om hulself en ander rolspelers te bemagtig?
  • Hoe kan hulle ontwikkel word om menslike hulpbronne en behoeftes te bestuur?
  • Hoe kan hulle ontwikkel word om die gemeenskap waarin hulle moet funksioneer te lei?

Die doelwit van hierdie artikel was om data oor die professionele-ontwikkelingsbehoeftes van nuwe skoolhoofde in Gauteng in te samel met die oog op skoolverbetering.

 

4. Navorsingsmetodologie

Hierdie artikel is op ’n empiriese studie van 50 (n = 50) nuut-aangestelde skoolhoofde in Gauteng gebaseer. Die navorsingsontwerp of -strategie wat gevolg is vir die studie, het begin met die beplanning vir die insameling en organisering van data. Aan die hand hiervan is die navorsingsbevindinge bekom om die gestelde doelwit te bereik. Die navorsingsontwerp omskryf dus die prosedures of strategie van data-insameling wat gevolg is, met ander woorde waar, wanneer en met wie die navorsing uitgevoer was ten einde die nodige data in te win. Hierdie betrokke studie is binne die raamwerk van ‘n kwantitatiewe navorsingsparadigma uitgevoer. Die rede en doel van hierdie ontwerp was hoofsaaklik om veranderlikes te beskryf en om verhoudings tussen die veranderlikes wat in ’n betrokke situasie bestaan, te ondersoek (Burns en Grove 2014).

Kwantitatiewe navorsing kan gesien word as konkrete, wetenskaplike navorsing wat grootliks fokus op die meting van veranderlikes deur middel van statistiese-data-ontleding (Hoadley 2017). Die keuse van ‘n kwantitatiewe navorsingsparadigma word dus bepaal deur die grootte van die steekproef, die kwantifisering van respondente se response (bv. tellings wat hulle behaal op vraelyste of skale soos die Likert-skaal) en die statistiese verwerking daarvan.

Getrou aan die aard van die kwantitatiewe benadering het die navorser van ’n gestruktureerde, geslote vraelys gebruik gemaak as navorsingsinstrument nadat toestemming van elke deelnemer verkry is om aan die studie deel te neem. Die vraelys is opgestel deur ’n samestelling te maak van items op ’n vraelys deur Piggot-Irvine, Howse en Richard (2013), wat op leierskapontwikkeling van skoolhoofde in the VSA gerig was, en die bogenoemde riglyne soos vervat in die raamwerk vir die Norme en Standaarde vir Opvoeders soos gevolg deur die GDvO (RSA 2013). Die betrokke raamwerk bestaan uit vyf spesifieke sleutelareas waarin nuut-aangestelde skoolhoofde ontwikkel moet word om sodoende skoolverbetering en leerderprestasie te verhoog. Hierdie vyf sleutelareas is: strategiese leidinggewing, onderrigleierskap, die bemagtiging van ander rolspelers, die ontwikkeling van hulpbronne en die verhouding met die gemeenskap. Die vraelys bestaan uit ’n vyfpunt-Likert-skaal om kwantitatiewe data in te samel oor die leierskapbehoeftes van nuwe skoolhoofde wat deurlopende ondersteuning en ontwikkeling benodig.

Die 50 deelnemers aan die studie is doelbewus uit ’n poel van nuut-aangestelde skoolhoofde van primêre sowel as sekondêre skole in uiteenlopende sosio-ekonomiese gemeenskappe in Gauteng gekies, en hulle is gevra om die vraelys te voltooi rakende hulle sieninge en ervaringe oor hulle eie ontwikkelings- en opleidingsbehoeftes. Toestemming is ontvang van die GDvO en van die Universiteit van Suid-Afrika se etiese komitee om die ondersoek te doen. Die vraelyste is by die onderskeie skole afgelewer en daar is in ’n aangehegte dekbrief aan elke deelnemer verduidelik waarom die navorsing gedoen word en wat hulle regte in dié verband is. Die voltooide vraelyste is na ’n week by die onderskeie skole afgehaal. Deur staat te maak op navorsingsdata wat by die deelnemers bekom is, doen hierdie artikel vervolgens verslag oor die ontwikkelings- en opleidingsbehoeftes van hierdie deelnemers met die oog op skoolverbetering.

 

5. Demografiese data van die deelnemers

Tabel 1 hier onder toon die deelnemers se demografiese samestelling betreffende geslag, ouderdomsklassifikasie, ras/etnisiteit en jare ervaring as skoolhoof aan. Die demografiese data as sulks het ten doel gehad om die demografie van die deelnemers aan te dui slegs ter wille van volledigheid en het geen effek gehad op die ingesamelde data of doel met die studie nie. Die meerderheid van die deelnemers was primêreskoolhoofde (70%, n = 35), terwyl die res van die deelnemers van sekondêre skole afkomstig was (30%, n = 15). Altesaam 60% (n = 30) van die skoolhoofde is manlik, terwyl die oorblywende 40% (n = 20) vroulik is.

Cronbach se alfa is bereken (0,068) om die interne konsekwentheid/betroubaarheid te meet, en nadat die doel van die studie in ag geneem is, is daar bevind dat dit op ’n aanvaarbare vlak is.

Tabel 1. Demografiese data van die deelnemers

  Frekwensie (n) Persentasie (%)
Totale aantal deelnemers 50 100
Primêreskoolhoofde 35 70
Sekondêreskoolhoofde 15 30
Geslag: manlik 30 60
Geslag: vroulik 20 40
Ouderdomsgroep: 20–29 jaar 3 6
Ouderdomsgroep: 30–39 jaar 41 82
Ouderdomsgroep: 40–49 jaar 6 12
Ras: swart 32 64
Ras: wit 18 36
Ervaring as skoolhoof: 0–5 jaar 50 100

 

In die volgende afdeling word verslag gedoen oor die bevindings van die studie en die waargenome ontwikkelings- en opleidingsbehoeftes van die nuut-aangestelde skoolhoofde aan die hand van die vyf bovermelde temas.

 

6. Ontleding en bespreking van die navorsingsbevindings

6.1 Navorsingbevinding 1: Om strategies te lei

Boal en Hooijberg (2010) voer aan dat die kern van strategiese leierskap die vermoë is om te leer, die vermoë om te verander en die bestuurswysheid om die organisasie te lei. Daar word van nuut-aangestelde skoolhoofde in Gauteng verwag om oor die vermoë te beskik om strategiese leierskapsbesluite in hulle skole te neem met die oog op voortdurende skoolverbetering. Die deelnemers aan die studie het met betrekking tot bevinding 1, ”om strategies te lei”, drie subareas geïdentifiseer waarin hulle voel dat hul deurlopende ontwikkeling en ondersteuning nodig het. Hierdie drie areas, wat in tabel 2 hier onder uiteengesit word, is strategiese doelwitstelling, om strategiese doelwitte in aksies of handelinge oor te skakel en veranderingsbestuur.

Tabel 2.Om strategies te lei” as ontwikkelingsbehoefte

Likert-skaal Laag       Hoog
  1 2 3 4 5
Subarea (n = 50)
Strategiese doelwitstelling 0  3 19 14 14
Om strategiese doelwitte in aksie om te skakel 0 5 15 18 12
Veranderingsbestuur 0 0 21 15 14

 

Volgens die ondersoekdata word strategiese doelwitstelling en die bestuur van die veranderingsproses in skole beskou as die twee gebiede waarop nuwe skoolhoofde voel dat hul die meeste professionele ontwikkeling benodig. Die bevinding vind aansluiting by die navorsing van Piggot-Irvine, Howse en Richard (2013) asook Cranston, Ehrich en Kimber (2013), wat daarop dui dat skoolhoofde ’n baie groot behoefte aan ontwikkeling in strategiese doelwitstelling het. In ’n soortgelyke studie wat in die Stille Oseaan-eilande gedoen is, het Robinson, Lloyd en Rowe (2008) weer bevind dat skoolhoofde strategiese visiestelling, wat as sinoniem met strategiese doelwitstelling gesien kan word, as ’n sleutelgebied vir die professionele ontwikkeling van nuut-aangestelde skoolhoofde sien.

Die data in tabel 2 toon ook dat die nuwe skoolhoofde veranderingsbestuur as ’n belangrike en noodsaaklike area van skoolhoofontwikkeling sien. Veranderingsbestuur kan omskryf word as “die proses, werktuie en tegnieke om die verandering van mense te bestuur om die verlangde sake-uitkoms in ’n organisasie te bereik” (Kotter 2010:10). Alhoewel die data toon dat deelnemers aangedui het hul kort meer kennis en ontwikkeling in al die aspekte van strategiese leierskap, het hulle veranderingsbestuur uitgesonder as dié spesifieke gebied waarop hulle die behoefte aan spesifieke en gekontekstualiseerde professionele ontwikkeling benodig. Hierdie bevinding stem ooreen met die literatuur waar verandering en die bestuur van verandering oorwegend as een van die belangrikste leierskapsgebiede in die skoolomgewing gesien word. (Renihan 2012; Tucker 2013; Bush en Heystek 2016)

6.2 Navorsingbevinding 2: Onderrigleierskap

’n Belangrike en noodsaaklike taak van nuwe skoolhoofde is hulle onderrigleierskapstaak wat die verbetering van onderwysers se onderrigtaak en leerders se leerprestasie behels deur op die verbetering van onderrig en leer in skole te fokus (Fullan 2014; Mestry en Singh 2017). In die Suid-Afrikaanse konteks omskryf die Departement van Onderwys (DvO) die skoolhoof as die persoon wat verantwoordelik is om leiding te gee ten opsigte van die kurrikulum, asook om die kurrikulum te bestuur en te evalueer (RSA 2015). In tabel 3 hier onder blyk dit dat die deelnemers aangedui het dat hulle ontwikkelingsondersteuning benodig in vyf subareas wat betref onderrigleierskap, naamlik: groter begrip van die huidige benaderings tot onderrig en leer; die gebruik van geldige en betroubare assesseringspraktyke; die skep van ’n leerkultuur van positiewe personeelbywoning; die skep, ontleding en interpretasie van skooldata; en die bestuur van klaskameronderrig.

Tabel 3.Om onderrig en leer te lei” as ontwikkelingsbehoefte

Likert-skaal Laag       Hoog
  1 2 3 4 5
Subarea (n = 50)
Het groter begrip van huidige benaderings tot effektiewe onderrig en leer 2 10 18 10 10
Gebruik geldige en betroubare assesseringspraktyke 0 8 18 16 8
Skep ’n leerkultuur van positiewe personeelbywoning 0 10 16 12 12
Skep, ontleed en interpreteer leerder- en skooldata 0 9 18 18 5
Bestuur klaskameronderrig 2 5 16 16 11

 

Die deelnemers stel voor dat ’n geïntegreerde benadering wat verskeie inisiatiewe insluit, nodig is ten einde ’n verbetering op al vyf gebiede van onderrigleierskap teweeg te bring. ’n Geïntegreerde benadering sal daadwerklike optrede van elke rolspeler vereis om verbetering op al vyf gebiede van onderrigleierskap te bewerkstellig. ’n Strategiese plan word voorgestel vir nuwe skoolhoofde wat hulle sal help om onderwysers met onderrig en leerders met leer te ondersteun. Piggot-Irvine, Howse en Richard (2013) beklemtoon dat skoolhoofde wat op hierdie gebied ondersteuning geniet, baie groter sukses met hulle onderrigleierskaptaak behaal as diegene wat nie ondersteun word nie. Dit stem ooreen met die argumente van Bush en Oduro (2016) en Hoadley (2017) wat die belangrikheid van onderrigleierskap in Suid-Afrikaanse skole beklemtoon ten einde skoolverbetering te laat geskied en leerderprestasie te verbeter.

Fullan (2014) sê dat suksesvolle onderrig en leer in skole tradisioneel geassosieer word met hoofskap waar ’n direkte, praktiese benadering tot onderrig en leer aan die orde van die dag is en waar klaskameronderrig strategies bestuur word. Die groep deelnemers het die betrokke subarea egter as ’n minder belangrike behoefte beskou. Hierdie bevinding is nietemin nie ’n verrassing nie. Die ingesamelde data dui daarop dat die verpligte en gereguleerde benadering deur die GDvO ten opsigte van onderrigleierskap tot gevolg het dat heelwat meer aandag en tyd aan hierdie area geskenk word. Dit het waarskynlik daartoe gelei dat die deelnemers van mening is dat hulle goed en voldoende op hierdie gebied ondersteun word.

’n Ander Suid-Afrikaanse studie, deur Hoadley, Christie en Ward (2009) kom tot dieselfde slotsom: hulle ondersoek het gewys dat die onderrig-en–leer-funksies van die skoolhoof se rol as minder belangrik as ander rolle beskou word. In teenstelling hiermee het twee internasionale studies, deur Robinson, Lloyd en Rowe (2008) en Cardno en Howse (2015), tot `n verskillende slotsom gekom nadat deelnemers aan die betrokke twee studies ’n dringende behoefte aan ontwikkeling op die gebied van onderrigleierskap aangedui het. Dit kan toegeskryf word aan die feit dat die deelnemers in laasgenoemde studies nie aktief by daaglikse klaskameronderrig betrokke was nie ‒ wat wel die geval met deelnemers in die Suid-Afrikaanse studie was. Die gevolgtrekking kan gemaak word dat ’n meer aktiewe onderriglading tot ’n laer waargenome ontwikkelingsbehoefte in die onderrig-en-leer-funksie van die onderrigleierskapsgebied lei.

In aansluiting hierby toon die data in die studie dat daar die persepsie onder deelnemers bestaan dat daar van skoolhoofde verwag word om nie net die leiding van die skool te hanteer nie, maar ook onderrigleidingsrolle moet vervul. Dié stand van sake plaas onnodige druk op nuwe skoolhoofde, wat reeds baie veeleisende organisatoriese en strategiese rolle het om te vervul. Hierdie studie het bevind dat die deelnemers dikwels die onderrig-en–leer-funksie van hulle rolle afskeep as gevolg van die druk om ook operasionele kennis in hulle nuwe leierskapposisies te bekom. Hierdie bevinding word ondersteun deur die werk van Chikoko, Naicker en Mthiyane (2011) waarin hulle sê dat klaskameronderrig bykomende druk op die skoolhoofde plaas, waarmee die deelnemers in hierdie studie volkome saamgestem het.

6.3 Navorsingsbevinding 3: Om die organisasie te lei

Hierdie studie het bevind dat meer as 80% van die deelnemers ’n medium tot hoë behoefte aan leierskapsontwikkeling in die meeste areas van hulle rolle as skoolhoofde het, maar veral, en meer spesifiek, op die gebied van om die organisasie te lei. Hess en Kelly (2017) herhaal en beklemtoon sodoende die belangrikheid van hierdie gebied met hulle bevinding dat die huidige professionele-ontwikkelingsopleiding vir skoolhoofde op internasionale vlak nie ooreenstem met die gekontekstualiseerde ontwikkelingsbehoeftes van skoolhoofde nie. In die Suid-Afrikaanse konteks het Bush en Heystek (2016) bevind dat die fokus van nuut-aangestelde skoolhoofde neig om op die bestuur van die administratiewe, finansiële en menslike hulpbronne te val, asook op beleidsimplementering, maar beslis nie op leidinggewing nie.

Gebaseer op die ondersoek is die volgende subareas rakende “om die organisasie te lei” geïdentifiseer as die belangrikste ontwikkelingsbehoeftes van nuut-aangestelde skoolhoofde: die lei en bestuur van verandering, die lei van organisatoriese selfevalueringstrategieë, en raadgewing oor onderrigleierskap.

Tabel 4. “Om die organisasie te lei” as ontwikkelingsbehoefte

Likert-skaal Laag       Hoog
  1 2 3 4 5
Subarea (n = 50)
Om verandering te lei en te bestuur 0 8 20 12 10
Om organisatoriese selfevalueringstrategieë te lei 5 12 14 12 7
Om onderrigleierskap af te rig en leiding daarmee te gee 2 4 19 15 10

 

Die resultate in tabel 4 dui daarop dat die nuut-aangestelde skoolhoofde voel dat van hulle verwag word om hul organisatoriese funksies met die strategiese funksies van hulle posisies te integreer. Hulle voel dat hulle ondersteuning nodig het om hul leierskapvaardighede te ontwikkel op al drie die subleierskapgebiede soos vervat in tabel 4. Hess en Kelly (2017) stem hiermee saam wanneer hulle aan die hand doen dat nuut-aangestelde skoolhoofde seepglad tussen hulle bestuursfunksie (om die organisasie te lei) en hulle leierskapfunksie (om strategies te lei) moet kan beweeg.

Dit strook ook met Bush en Heystek (2016) se bevinding dat skoolhoofde gedurig in hulle dagtaak “rondval” tussen strategiese (leierskap-) aktiwiteite en organisatoriese (bestuurs-) aktiwiteite. Hulle noem in hierdie verband verder dat hierdie “rondval” of oorgang tussen die twee verskillende rolle van skoolhoofde verg om op die vasstelling van die strategiese rigting van die skool te fokus, terwyl hulle terselfdertyd die menslike hulpbronne (personeel) in die organisasie moet ontwikkel.

Die vereistes wat hierdie organisatoriese en strategiese rolle aan skoolhoofde stel, verskil egter betreffende die skoolkonteks, die behoeftes in die skool as organisasie en die benadering tot onderrig en leer in elke skool (Tucker 2013). Die ontwikkelingsbehoeftes van die nuwe skoolhoofde is dus eie aan hulle spesifieke skoolkonteks, en ontwikkelingsprogramme moet daarvolgens beplan en saamgestel word. Volgens Daresh en Male (2007) behoort sodanige ontwikkelingsgeleenthede konteksgebaseerd te wees en moet dit “tuisgekweek” of plaaslik ontwerp wees. Dit kan onder meer werkwinkels, formele kursusse, werkskaduwing, hoofdevergaderings, portuurafrigting en leidinggewing insluit. Normore (2014) en Hoadley (2017) ondersteun hierdie siening wanneer hulle byvoeg dat ‘n meer veralgemeende benadering tot die ontwikkeling van skoolhoofde heel waarskynlik nie sal help en bydra tot pogings om nuwe skoolhoofde se leierskapvaardighede te ontwikkel ter wille van skoolverbetering nie.

6.4 Navorsingsbevinding 4: Om die personeel te lei

Volgens die GDvO word van nuwe skoolhoofde verwag om hulle personeel van professionele leiding en ontwikkeling te voorsien (RSA 2015). Dit beklemtoon die punt wat Lumby, Crow en Pashiardis (2009) stel dat die rol van skoolhoofde behels om sowel wesenlike as professionele vooruitsigte vir hulle personeel te verbeter. Gebaseer op hierdie studie is die volgende subareas van “om die personeel te lei” geïdentifiseer as die belangrikste ontwikkelingsbehoeftes van nuwe skoolhoofde:

  • om strategiese rigting vir die personeel te ontwikkel
  • om bevoegdheid in spanne te bou
  • om ’n breë omvang van professionele ontwikkeling te ontwerp en te voorsien
  • om verhoudings tussen die self en die personeel op prys te stel en te koester
  • om konflikoplossingstrategieë te ontwerp en te implementeer
  • om personeel te bestuur en te ontwikkel (ontwikkel bevoegdheid by individue)
  • om verhoudings te bou en te bestuur
  • om spanwerk aan te moedig.
  • om onderrigleierskap af te rig en leiding te gee.

Die resultate in tabel 5 hier onder wys dat om mense te lei die gebied is waarop die deelnemers die meeste probleme ondervind en frustrasie ervaar het na hulle aanstelling as nuwe skoolhoofde. Die deelnemers was dit eens dat hul grootste ontwikkelingsbehoefte by die bestuur van mense lê. Dit word verder bevestig en ondersteun deur data afkomstig van uitdienstredingsonderhoude met Gauteng-skoolhoofde (Bush en Heystek 2016), waarin bevind is dat die grootste uitdaging van die meeste deelnemers die gebied was om hulle personeel te bestuur.

Tabel 5.Om die personeel te lei” as ontwikkelingsbehoefte

Likert-skaal Laag       Hoog
  1 2 3 4 5
Subarea (n = 50)
Om ’n strategiese rigting vir die personeel te ontwikkel 0 12 21 12 5
Om bevoegdheid in die spanne te ontwikkel 1 11 23 8 7
Om ’n breë omvang van professionele ontwikkeling te ontwerp en te voorsien 0 0 20 18 12
Om verhoudings tussen die self en die personeel op prys te stel en te koester 0 16 17 9 8
Om konflikoplossingstrategieë te ontwerp en te implementeer 0 13 18 15 4
Om personeel te bestuur en te ontwikkel (bou bevoegdheid onder/by individue) 0 1 10 17 22
Om verhoudings te bou en te bestuur 0 6 19 14 10
Om spanwerk aan te moedig. 0 10 17 10 13
Die rol van leidinggewing ter voorbereiding van die hoofskap 0 0 15 25 10
Die belangrikheid om verhoudings met die portuurgroep op te bou 0 0 22 23 5

 

Die deelnemers aan hierdie studie wat bestuursondervinding gehad het voordat hulle in ’n senior leierskaprol aangestel is, het genoem dat hulle beter in staat was om die rolfunksie “om mense te lei” te hanteer. Dit vind aansluiting by die bevindings van die studies deur Robinson, Lloyd en Rowe (2008) asook Bush en Heystek (2016) waarin hulle noem dat dit belangrik is dat aspirerende leiers soos skoolhoofde die geleentheid gebied word om meer betrokke te wees en te ontwikkel voordat hulle later hul posisies as skoolhoofde self inneem. Hierdie ontwikkeling moet veral op die gebied van leierskap en menseverhoudinge geskied. Daar is ook bevind dat ’n groot meerderheid van die deelnemers konsekwent die belangrikheid om verhoudings met hulle portuurgroep tydens hulle ontwikkeling as leiers voorhou as ‘n noodsaaklike opleidingsbehoefte. Hierdie bevinding stem met die navorsing van vakkundiges soos Davis en Darling-Hammond (2012), asook Versland (2015) en Bush en Onduro (2016) ooreen wat die kweek van gesonde verhoudinge met ander rolspelers as een van die belangrikste subareas beskou waarin nuut-aangestelde skoolhoofde ontwikkel moet word.

Die data in tabel 5 hier bo toon verder duidelik dat die subarea van “personeel te bestuur en te ontwikkel” as die belangrikste subarea vir ontwikkeling onder deelnemers beskou is. Die bevinding rym met dit wat deur Botha en Triegaardt (2014) bevind is wanneer hulle noem dat personeelontwikkeling as die belangrikste maar ook mees uitdagende bestuurfunksie onder nuwe skoolhoofde geag word en dat hierdie subarea voortdurend onder nuut-aangestelde skoolhoofde ontwikkel moet word tot en met hulle gemaklik en ingeburger in die nuwe pos is.

Ander subareas, soos die bou van verhoudings met portuurgroepe en verhoudings tussen personeel, is nie as belangrike opleidingsbehoeftes deur die deelnemers geag nie, terwyl die subarea konflikoplossing verrassend deur die deelnemers gekies is as ‘n opleidingsbehoefte waaraan hulle die minste behoefte het. Gegewe die groot potensiaal vir konflik wat vandag in skole bestaan, is dit uiters vreemd en moontlik ‘n aanduiding dat skoolhoofde so besig is met hulle ander take en so fokus op ander subareas dat konflikhantering ’n aspek is wat laag op die prioriteitslys is.

6.5 Navorsingsbevinding 5: Om die gemeenskap te lei

Gebaseer op hierdie studie is die volgende area, “om die gemeenskap te lei”, geïdentifiseer as ‘n belangrike ontwikkelingsbehoefte van nuwe skoolhoofde. Die area bestaan uit subareas, soos om doeltreffende kommunikasiestrategieë te ontwikkel, om ouerbetrokkenheid aan te moedig en om vennootskappe met plaaslike gemeenskappe aan te moedig en te ontwikkel.

Tabel 6.Om die gemeenskap te lei” as ontwikkelingsbehoefte

Likert-skaal Laag       Hoog
  1 2 3 4 5
Subarea (n = 50)          
Om doeltreffende kommunikasiestrategieë tussen die skool en die gemeenskap te vestig 0  9 25 11 5
Om strategieë te ontwikkel om ouerbetrokkenheid aan te moedig 0 3 16 21 10
Om vennootskappe met plaaslike gemeenskappe aan te moedig en te ontwikkel 0 2 19 20 9

 

Die skool as ’n gemeenskapsentrum speel ’n rol om verskeie gemeenskapsaktiwiteite, veral in benadeelde gemeenskappe in Suid-Afrika, te ondersteun. Baie families wat in verarmde en dikwels onveilige buurte woon, sien die skool as ’n plek wat ’n veilige, pastorale en sorgsame omgewing vir hulle kinders bied (Botha 2016). Omdat baie ouers lang ure werk, soggens die huis verlaat voordat die kinders wakker word en eers saans na donker weer tuiskom, bied die skoolomgewing ’n veilige plek waar die ouers weet dat hulle kinders daagliks versorg word. Normore (2014) sê dat die skool dikwels as die fokus van die gemeenskap gesien word – ’n entiteit wat as ’n standhoudende struktuur dien wat die gemeenskap kan ondersteun en ontwikkel.

Om die behoeftes van die skoolgemeenskap te ondersteun, blyk ’n noemenswaardige uitdaging vir baie nuwe skoolhoofde te wees. ’n Groot persentasie deelnemers het aangedui dat hulle as skoolhoofde nie opgelei is om hulp ten opsigte van die behoeftes van die breër skoolgemeenskap te verleen nie. Addisioneel hiertoe beskik die meeste skole nie oor die fondse of personeelbevoegdheid om die gemeenskap se behoeftes ten volle te ondersteun nie. Die meeste van die nuwe skoolhoofde ervaar hulle rolle as meer gefokus op die behoeftes van die skool, personeel en leerders in die skool, alhoewel die GDvO aanbeveel dat wisselwerking met die gemeenskap en om die gemeenskap te lei, ’n baie belangrike funksie van die skoolhoof is (Lumby, Crow en Pashiardis 2009).

Die belangrikheid daarvan om ouers aan te moedig om rolspelers in die skoolgemeenskap te word, word deurentyd in die literatuur beklemtoon (Piggot-Irvine, Howse en Richard 2013; Fullan 2014; RSA 2015; Botha 2016; 2018). Dit word as ’n ondersteunende funksie gesien omdat die ouers beskou word as in staat om ’n produktiewe rol in die skool te speel ten einde hulle kinders se skoling te ondersteun. In baie gevalle dra ouers se skoolbetrokkenheid egter by tot die frustrasie van die skoolhoof, omdat skoolhoofde van mening is dat die ouers dikwels nie bevoeg en kundig genoeg is om by skoolaangeleenthede betrek te word nie (Bush en Heystek 2016). Dikwels is ouers ook ongeletterd en beskik hulle nie oor die basiese kennis om by skoolsake betrokke te raak nie. Die bevindinge van hierdie studie dui ook aan dat baie van die deelnemers juis om die genoemde redes nie gretig was om die ouers en gemeenskapslede by skoolaangeleenthede te betrek nie.

Die data in tabel 6 toon ook dat van die nuwe skoolhoofde dit oor die algemeen moeilik vind om deur die gemeenskap aanvaar te word. Wat betref die aspek “om die gemeenskap te lei”, het nuwe skoolhoofde gesê dat kommunikasie met die gemeenskap, strategieë om produktiewe ouerbetrokkenheid aan te moedig en die bou van vennootskappe met die gemeenskappe die gebiede is waarop hulle die meeste ontwikkeling nodig het.

 

7. Samevatting

Samevattend kan gesê word dat professionele-ontwikkelingspraktyke noodsaaklik is as gevolg van die isolasie waarbinne die skoolhoof sy taak moet uitvoer. Ten einde aan hierdie isolasie te ontkom, kan professionele-ontwikkelingspraktyke daartoe bydra dat kollegas idees en gedagtes met mekaar kan uitruil deur middel van die vorming van ondersteuningsgroepe en professionele netwerke. Die effek of invloed van inisiatiewe wat op die ontwikkeling van nuwe skoolhoofde se doeltreffendheid as skoolleiers en op skoolverbetering gemik is, is deeglik nagevors. Navorsing het onder meer getoon dat bestaande universiteitsgebaseerde voorbereidings- of ontwikkelingsprogramme soos die BEd-graad en die Gevorderde Diploma of Sertifikaat in Onderwys te teoreties is en skoolhoofde dus nie altyd op ’n effektiewe wyse vir hulle rolle voorberei nie. In dié verband word pertinent genoem dat skoolgebaseerde en “tuisgekweekte” leierskapontwikkelingsprogramme nodig is om skoolleiers se bevoegdheid vir en kundigheid in skoolverbetering te verhoog. Hierdie studie ondersteun vorige bevindings ten opsigte van die spesifieke komponente wat ’n leierskapontwikkelingsprogram vir nuut-aangestelde skoolhoofde in sy kurrikulum kan inkorporeer ten einde nuwe skoolhoofde se doeltreffendheid as skoolleiers positief te beïnvloed en sodoende skoolverbetering te verseker.

’n Ontleding van die data wat vir hierdie studie bekom is, dui aan dat nuut-aangestelde skoolhoofde unieke ontwikkelingsbehoeftes het, en sou dit deur die GDvO erken en ondersteun word, sou dit hierdie skoolhoofde in staat stel om in ’n beter posisie te wees om hulle onderskeie skole te lei en te ontwikkel. In hierdie verband word dit gestel dat nuut-aangestelde skoolhoofde in Gauteng, soos in die res van die wêreld, unieke ontwikkelingsbehoeftes het wat verskil van die behoeftes van gevestigde skoolhoofde. Skoolhoofskap vereis dus spesifieke, gekontekstualiseerde benaderings vir die professionele ontwikkeling van veral beginnerhoofde.

Ter opsomming: by elkeen van die vyf elemente of areas wat ondersoek is ‒ om strategies te lei, om onderrig en leer te lei, om die organisasie te lei, om mense te lei en om die gemeenskap te lei ‒ is telkens verskeie onderafdelings of subareas uitgelig waarin die nuut-aangestelde hoofde wat deel van hierdie studie was, gevoel het hulle benodig ondersteuning en ontwikkeling. Die bevindings van hierdie studie kan betekenisvolle implikasies vir voorbereidingsprogramme vir skoolhoofde oor die algemeen hê, asook vir die manier waarop die nuwe skoolhoofde tydens die proses ondersteun word.

Ten slotte moet opgemerk word dat die professionele ontwikkeling van skoolhoofde in die toekoms die ernstige en deurlopende aandag sal moet kry wat dit verdien, aangesien skoolhoofde doelmatig voorberei moet word en geleenthede vir professionele ontwikkeling moet geniet. Sulke geleenthede kan baie daartoe bydra dat skoolhoofde beter voorberei sal word vir die eise wat onderwysleierskap en meer spesifiek skoolhoofskap aan hulle gaan stel. Dit is derhalwe noodsaaklik om te let op die belangrikste determinante wat 'n invloed kan uitoefen op professionele-ontwikkelingsprogramme vir nuut-aangestelde skoolhoofde ter wille van skoolverbetering.

 

Bibliografie

Alvoid, L. en W.L. Black. 2014. The changing role of the principal: How high-achieving districts are recalibrating school leadership. Washington DC: Center for American Progress. http://www.americanprogress.org (12 Junie 2017 geraadpleeg).

Blumberg, A. en W. Greenfield. 1980. The effective principal: Perspectives on school principalship. Boston: Allan and Bacon, Inc.

Boal, K.B. en R. Hooijberg. 2010. Strategic leadership research: Moving on. The Leadership Quarterly, 11(4):515–49.

Botha, R.J. 2015. The principal as distributive leader: Supporting change and improving South African schools. Journal of Social Sciences, 43(6):207–15.

—. 2016. Inquiry-based learning: Improving South African schools. Journal of Sociology and Social Anthropology, 7(2):76–83.

—. 2018. Making a difference in South African schools: The cases of two female principals. Gender and Behaviour, 16(1):10812–23.

Botha, R.J. en P.K. Triegaardt. 2015. The principal as distributed leader: Supporting change and improving South African schools. International Journal of Educational Sciences, 10(3):419-27.

Burns, N. en K. Grove. 2014. Understanding nursing research. Building an evidence-based practice. Missouri: Saunders Elsevier.

Bush, T. en J. Heystek. 2016. School principalship and management in South Africa: Principals’ perceptions. International Studies in Educational Administration, 34:63–76.

Bush, T. en E. Kiggundu. 2011. Preparing new principals in South Africa: The school leadership programme. South African Journal of Education, 31:31–43.

Bush, T. en K.C. Moloi. 2007. Race, racism and discrimination in school principalship: Evidence from England and South Africa. International Studies in Educational Administration, 35(1):41–59.

Bush, T. en G. Oduro. 2016. New principals in Africa: Preparation, induction and practice. Journal of Educational Administration, 44:359–75.

Cardno, C. en J. Howse. 2015. The role and management development needs of secondary principals in Tonga and the Fiji Islands. International Studies in Educational Administration, 33(3):23–9.

Chikoko, V., I. Naicker en E. Mthiyane. 2011. Leadership development: School principals’ portfolios as an instrument for change. Education as Change, 15(2):317–29.

Clifford, M. 2010. Hiring quality school principals: Challenges and emerging practices. Naperville, IL: Learning Point Associates Publication Services.

Covey, S. 2008. The seven habits of highly effective people. New York: Simon and Schuster.

Cranston, N., L. Ehrich en M. Kimber. 2013. The “right” decision? Towards an understanding of ethical dilemmas for school principals. Westminster Studies in Education, 26(2):135–47.

Daresh, J. en T. Male. 2007. Crossing the boundary into leadership: Experiences of newly appointed principals. Educational Management and Administration, 28:89–101.

Davis, S.H. en L. Darling-Hammond. 2012. Innovative principal preparation programs: What works and how we know. Planning and Changing, 43:25–45.

Fullan, M. 2014. A rich seam: How new pedagogies find deep learning. Londen: Pearson.

Guskey, T.R. 2003. What makes professional development effective? The Phi Delta Kappan, 90(7):495–500.

Hess, M.F. en A.P. Kelly. 2017. Learning to lead: What gets taught in principal preparation programs. The Teachers College Record, 109(1):244–74.

Hoadley, U. 2017. Managing curriculum and instruction in South African secondary schools. Teacher Development and Institutional Change in an Evolving Education Context Conference, Kopanong, Gauteng, 28–29 Mei.

Hoadley, U., P. Christie en C.L. Ward. 2009. Managing to learn: Instructional leadership in South African secondary schools. Leadership and Management, 29(4):373–89.

Kitavi, M. en P.C. van der Westhuizen. 2007. Problems facing beginning principals in developing countries: A study of beginning principals in Kenya. International Journal of Educational Development, 17:251–63.

Kotter, J.P. 2010. How leadership differs from management. New York: The Free Press.

Leithwood, K.A. 2012. The principal’s role in teacher development. Teacher development and educational change, 4:86–103.

Leithwood, K. en D. Jantzi. 2005. A review of transformational school principalship research, 1996–2005. Leadership and Policy in Schools, 4(3):177–99.

Leithwood, K.A. en C. Riehl. 2008. What we know about successful school principalship. Philadelphia: Temple University.

Marishane, R.N. en R.J. Botha. 2011. School leadership in a changing context: A case for school-based management. Pretoria: Van Schaik.

Mathibe, I. 2007. The professional development of principals. South African Journal of Education, 27:523–40.

Mendels, P. en L. Mitgang. 2013. Creating strong principals. New York, NY: The Wallace Foundation.

Mestry, R., I. Moonsammy en M. Schmidt. 2013. The instructional leadership role of primary school principals. Education as Change, 17:49–64.

Mestry, R. en P. Singh. 2017. Continuous professional development for principals: a South African perspective. South African Journal of Education, 27:477–90.

Miller, W. 2013. Better principal training is key to school reform. New York, NY: The Wallace Foundation.

Moorosi, P. 2010. South African female principals’ career paths: Understanding the gender gap in secondary school management. Educational Management Administration and Leadership, 38(5):547–62.

Normore, A.H. 2014. Socializing school administrators to meet leadership challenges that doom all but the most heroic and talented leaders to failure. International Leadership Journal in Education, Theory and Practice, 7(2):107–25.

Otunga, R., D.K. Serem en J.N. Kindiki. 2014. School principalship development in Africa. International handbook on the preparation and development of school principals, 367–82.

Piggot-Irvine, E., J. Howse en V. Richard. 2013. South African principal and development needs. International Studies in Educational Administration, 41(3):1–18.

Renihan, P.J. 2012. Leadership succession for tomorrow’s school. Procedia – Social and Behavioral Sciences, 55:138–47.

Robinson, V., C. Lloyd en K. Rowe. 2008. The impact of leadership on learner outcomes: An analysis of the differential effects of leadership types. Educational Administration Quarterly, 44(5):564–88.

Roza, M. 2013. A matter of definition: Is there truly a shortage of school principals? Seattle, WA: Center on Reinventing Public Education, Washington University.

RSA (Republic of South Africa). 1996. National Education Policy Act 27 of 1996. Pretoria: Staatsdrukkers.

—. 2013. Norms and standards for educators, Government Notice R920 of 2013. Pretoria: Staatsdrukkers.

—. 2015. Guidelines and functions for school principals. Government Notice 776 of 2015. Pretoria: Staatsdrukkers.

Tucker, M. 2013. Out with the old. Education Next, 3(4):20–4.

Verrett, S.L. 2014. Gender perceptions of administrative team members regarding secondary principals’ leadership actions and behaviors in managing change. PhD-proefskrif, Universiteit van New Orleans.

Versland, T.M. 2015. Principal efficacy: Implications for rural “grow your own” leadership programs. The Rural Educator, 35(1):1–10.

 

Eindnota

1 Aanhalings uit bronne is vertaal deur die taalsentrum van die universiteit waarby die skrywer geaffilieerd is.

 

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Die ontwikkeling van nuut-aangestelde skoolhoofde en skoolverbetering in Gauteng provinsie appeared first on LitNet.

"Cheers (vir eers)": Jolyn Phillips sê koebaai vir Kaapstad

$
0
0

Op Vrydag 2 November het digters, kunstenaars, lesers en vriende by The Book Lounge in Kaapstad byeengekom om die bekroonde skrywer Jolyn Phillips te groet.

Jolyn, skrywer van die kortverhaalbundel Tjieng Tjang Tjerries & other stories (2016, Modjaji Books) en die digbundel Radbraak (2017, Human & Rousseau), sprei haar vlerke na Johannesburg.

Die gesellige afskeid het voorlesings en optredes deur onder andere Antjie Krog, Diana Ferrus, Churchil Naudé en Riku Lätti ingesluit.

Van links: Deidré Jantjies, Jason Jacobs, Churchil Naudé, Riku Lätti, Jolyn Phillips, Celeste Matthews-Wannenbürgh, Diana Ferrus, Allison-Claire Hoskins en Mbongeni Tshenolo Nomkonwana

Jolyn Phillips

Allison-Claire Hoskins (deel van die InZync Poetry Sessions Collective) was die seremoniemeester

Antjie Krog

Diana Ferrus

Mbongeni Tshenolo Nomkonwana (een van die vertalers vir die veeltalige digbundel ConVerse)

Jolyn Phillips, Riku Lätti en Churchil Naudé

Van links: Deidré Jantjies, Jason Jacobs, Adrian Different van Wyk (deel van die InZync Poetry Sessions Collective) en Jethro Louw

Uitsig op Tafelberg net buite The Book Lounge

The post "Cheers (vir eers)": Jolyn Phillips sê koebaai vir Kaapstad appeared first on LitNet.

The development of newly appointed principals and school improvement in the Gauteng province of South Africa

$
0
0

Abstract

The crucial role that a school principal plays to ensure effective strategic leadership in schools has been the subject of intense debate in the educational community and education leadership literature for many years. The role and task of the school leader or principal, commonly referred to in the literature as “the principalship” or mere “principalship”, is critical in the effective functioning of any school and crucial for school improvement. Principalship can be described as the symbiotic interaction between the strategic leadership functions and the organisational functions in a school. Strategic leadership involves functions such as planning, budgeting, organising and dealing with staffing issues, while at the same time dealing with the day-to-day running of the school. School leaders are required to manage the balance between the strategic and the organisational functions of their roles. These roles cannot be separated, because the functions often run concurrently. For example, decisions relating to the vision and mission of the school, which affect long-term activity, are a part of strategic leadership, while the daily operational decisions that affect the “here” and the “now”, constitute the organisational function of school principals. Newly appointed principals tend to respond to the more urgent “day-to-day”matters when leading a school, and this may result in their neglecting the strategic-leadership function of their new roles.

Due to this important and crucial role of the principal and its effect on school effectiveness, consideration must be given to the knowledge and skills that principals possess that can lead to an increase in school improvement and, ultimately, to improved learner outcomes. Crucial to this debate is context-shaped developing opportunities for principals. In the South African context, newly appointed principals are not regarded by teachers as appropriately skilled and trained for school management and leadership. They often experience what could be described as a culture shock as they cross the threshold from teaching into principalship. Effective preparation is one way of reducing this culture shock and helping new leaders to cope.

As a critical aspect of educational reform, school improvement can be understood as being concerned with the school’s internal structures, strategies, capacities and processes that are linked in a coherent manner to advance a specific goal. School improvement is pursued, among other things, by seeking ways that will strengthen the management and leadership capacities of those working in schools to ensure that learners are provided with quality learning opportunities. As an important component of management, school principalship is pivotal in determining continual school improvement. Moreover, it may be argued that the extent of this success depends on the nature of leadership and management practices pursued in a school. The school principal plays a vital role in this process. Change in the nature of school principalship entered the global stage of an intense discourse on educational reform towards the end of the last century. Now, as we near the end of the second decade of the 21st century, the debate continues unabated, if not vigorously. Preoccupation with change that underscores educational reform has been motivated by the growing demand for school improvement. Preoccupation with change that underscores educational reform has been motivated by the growing demand for school improvement.

A common thread in contemporary research on school effectiveness, school change and school improvement refers, inter alia, to continually introducing new and relevant support strategies to promote school principalship and, as a result, also improve teaching and learning in schools. In this process, the development of newly appointed principals becomes vital. Induction of the newly appointed principal is most often cited in the literature as the most important need for new principals. These practices and on-going professional development opportunities can range from carefully planned and formal training and induction programmes to less formally planned “on-the-job” - and “home-grown” experiences. These may include workshops, formal courses and regular principal meetings with other principals.

The main research question for this study is: How can newly appointed principals be developed to improve school effectiveness and learner achievement? The objective of the paper was to gather data regarding professional development needs from newly appointed principals in Gauteng.

This paper, based on a quantitative empirical case study among 50 (n=50) newly appointed principals in Gauteng schools, contributes to the discourse on school principalship, change and school improvement. The research instrument to obtain data for this paper was constructed through a themed and structured questionnaire survey. The participants were purposefully select from among newly appointed principals of both primary and secondary schools in diverse socio-economic communities in Gauteng. They were requested, after informed consent had been given, to complete a comprehensive questionnaire to ascertain their views on their development and training needs. The structured questionnaire survey used was adapted from a combination of a leadership development framework by Piggot-Irvine, Howse and Richard (2013) and the framework for the Norms and Standards for Educators from the Gauteng Department of Education (2013). The questionnaire used a five-point Likert scale to gather quantitative data regarding which leadership needs were perceived by the newly appointed leaders as requiring the most on-going support and development. Drawing on the research data obtained from the respondents, this paper reports on the perceived developmental and training needs of these participants.

Drawing from a combination of these leadership development frameworks, five main leadership functions were identified as the areas in which newly appointed school principals felt they most needed developmental support. The data obtained from the participants were discussed according to these five identified themes. An analysis of the data obtained from this study suggests that newly appointed school principals have unique development needs that, if acknowledged and supported by the Gauteng Department of Education, would enable these newly appointed principals to be better positioned to lead and develop their respective schools. In this respect, this paper suggests that newly appointed principals in Gauteng, as in the rest of the world, have unique development needs that are different from the needs of well-established principals. As a result, they require specific, contextualised approaches in their professional development. In summary, the five elements investigated – namely leading strategically, leading teaching and learning, leading the organisation, leading people, and leading the community – each revealed various sub-sections where the newly appointed principals who formed part of this study felt they needed support and development.

Recommendations for policy and practice highlight the importance of appropriate, multifaceted, developmental “home-grown” support initiatives for newly appointed principals. The paper concludes with empirical findings of the perceived development needs of newly appointed school principals in Gauteng schools and suggests that this unique specialist occupation requires relevant and specific preparation.

Keywords: Gauteng; newly appointed principals; principalship; school improvement; schools; South Africa; support

Lees die volledige artikel in Afrikaans: Die ontwikkeling van nuut-aangestelde skoolhoofde en skoolverbetering in Gauteng provinsie

The post The development of newly appointed principals and school improvement in the Gauteng province of South Africa appeared first on LitNet.


’n Fenisiese omvaart om die Kaap in die 6de eeu vóór Christus

$
0
0

Die antieke mens van die Middellandse seegebied, Egiptenaar, Pers, Arabier, Griek en Romein kon nooit oor land ’n weg vind na Sentraal en Suidelike Afrika nie. Die magtige Sahara [Arabies să’hā-ră, wat “woestyn” beteken], by verre die grootste woestyn in die wêreld met ’n oppervlakte van 8 400 000 vierkante kilometer, het hulle vir eeue lank gekeer. Hulle moes lank gewonder het waar die water van die seisoenale vloede van die Nyl in Benede-Egipte vandaan gekom het. Ons weet vandag dat die Nyl ’n samevloeiing by Khartoem in die Soedan is van die Wit Nyl (wat in die Albert en Victoria Mere in Uganda ontspring), en die Blou Nyl (wat uit Ethiopië kom). Die Nyl, op sigself, is weer die langste rivier (6 671 kilometer) in die wêreld. Die oorsprong van die Nyl het vir eeue lank vir die antieke mens ’n raaisel gebly. Daar is selfs gemeen dat dit in die Ooste sy oorsprong gehad het (waar dit by die Indus in Indië sou kon aangesluit het).

Homerus (9de eeu voor Christus) het die Nyl geken as ho Aíguptos, en Egipte self as hê Aíguptos – met die manlike bepaalde lidwoord in die eerste geval, en die vroulike vorm daarvan in die tweede geval. Hesiodos (ook ’n vroeë Griekse digter van 8ste eeu voor Christus) was die eerste Griek om hierdie rivier ho Neîlos te noem uit die Arabiese naam Bahr el Nil. Kambuses, die Persiese koning, het tot sover Suid in die Nyl gekom as by Koroska teen 525 vC. Die vroeë Griekse geskiedskrywer Herodotos het van die Nyl niks kon rapporteer verder Suid as Meroë nie, dws nog ver duskant die samevloeiing van die Wit en Blou Nyl by Khartoem. En niemand kon ’n verklaring bied vir die someroorstromings van hierdie magtige rivier in die Egiptiese Delta nie. Die oud-Griekse vóór-Sokratiese natuurfilosoof Anaxagoras het geraai dat dit die gevolg was van sneeu wat hoër op ten Suide in “Libië”(Afrika) elke keer gesmelt het.  

In (die Bybelse) mitologiese tye, was die vier riviere wat in die Tuin van Eden (dit is die Paradys < Persies paridaeza) in die OT Genesis-verhaal (Genesis 2:11-14) sou ontspring het, benoem as die Gihon, Pison, Hiddekel (Assiries Idiklat, Persies Tigra vir Tigris) en die Frat/Eufraat (< oud-Persies Oefrata, Grieks Euphrtatês), en daar is selfs gemeen dat die Gihon met die Nyl in die land Kus, dit is Ethiopië, geïdentifiseer moes word. Maar dit was later eerder as ’n verlenging van die Indus in Indië beskou. Alexander die Grote, met sy oorwinningstogte van die laat-4de eeu voor Christus in die Ooste, het dit egter finaal as verkeerd bewys. Ek kan ook hier net opmerk dat Friedrich Delitzsch (Wo lag das Paradies?) reeds in 1881 tot die gevolgtrekking gekom het dat die OT Paradys sowat 100 kilometer Suid van die Swart See gelê het – ’n lappie aarde waar daar deesdae meedoënloos oorlog gevoer word.

Juba, koning van Numidië, en later Mauritanië in Noord-Afrika, het aan die einde van die eerste eeu voor Christus nog gemeen dat die Nyl weer uit die Weste kom, en uiteindelik wel uit die Atlas-gebergte in die teenswoordige Marokko. Daarvandaan sou dit Ooswaarts ondergronds gevloei het totdat dit, na ’n lang stroming onder die woestynsand deur, in Oos-Sudan na die oppervlakte gekom het. Dit sou ook die oasisse (uit Grieks óasis, soos by Herodotus, ’n Egiptiese leenwoord vir ’n waterfontein in die woestyn) in die Suidelike Sahara-woestyn kon verklaar het waar die water na die oppervlakte geborrel het.

Ontdekkingsreisigers onder die Romeinse keiser Nero het wel gevorder tot by die samevloeiing van die Wit en Blou Nyl. In 100 AD het ’n sekere Diogenes (vgl Ptolemaios, Geographiká 1.9.3-4) vanaf die Oos-Afrikaanse kus gerapporteer dat daar na die binneland sneeubedekte “Berge van die Maan” twee mere vul, waaruit die Nyl sou ontspring het. En dít was sekerlik die hedendaagse Albert en Victoria Mere in Uganda: vgl hier EH Warminton, Greek Geography (1934) en H Berger, Geschichte der wissenschaftlichen Erdkunde der Griechen (2de uitg, 1903). Maar die hart van Sentraal-Afrika en Suider Afrika het nog ’n donker en geslote boek gebly.

Die antwoord van hierdie antieke raaisel lê waarskynlik opgesluit in Herodotus (ong 480-425 vC) se “Geskiedenis van die Persiese Oorloë”(4.42), deur JPJ van Rensburg vertaal as “Die Ooste teen die Weste” (wat eers 20 jaar na sy dood uitgegee is deur Hans Kirsten Uitgewery, Menlopark, 1994). Ons lees hier dat koning Nekos [Egiptiese Neku II, of eerder Wehimbre Nekao], die seun van Psamatichos [Psammatik] wat in 612 vC koning van Egipte geword het (hy sterf in 596 vC) ’n kanaal laat grawe het om die Nyl met die Arabiese Golf te verbind. Dit was, kan ons net hier opmerk, die einste koning Psamatichos, so vertel Herodotus ons ook, wat “eksperimenteel” bewys het dat die Frigies van Klein-Asië die oudste taal in die wêreld sou wees. Hy het naamlik twee kinders sedert hul geboorte afgesonder om te kan hoor met watter woord hulle die eerste voor die dag sou kom. Dit was toe die Frigiese woord “bekos”, wat in Frigies “brood/kos” beteken, toe hulle om kos by hulle bewaarders gevra het. Nietemin, die kanaalprojek waarna verwys is, was deur sy seun Nekos aangepak. Hierdie was ’n projek wat Seti I en Ramses II reeds vroeër ook wou onderneem het. Koning Nekos het egter dié onderneming ook al gou laat vaar toe ’n orakel (waarvan Herodotus nie melding maak nie) hom gewaarsku het dat hy daarmee die pad sou oopmaak vir die intog van ’n “barbaarse veroweraar” (waarskynlik uit die Ooste). Hy stuur toe maar eerder ’n groepie Fenisiese (Libanese) seevaarders, bekend vir hulle seilvernuf, wat by hom in diens was, met vragbote om ’n Periplus (uit die Griekse perìploos, dws “omvaart”) van Afrika te onderneem. Ons kan vandag nogal hierdie gegewe heel aanvaarbaar rekonstrueer. Herodotus (in sy aangehaalde passasie) sê hier: “Dit is duidelik dat Libië (dit is Afrika) deur water omring word , behalwe so veel daarvan as wat aan Asië grens”. Nekos het die Fenisiese seelui opdrag gegee om op hulle terugtog deur die Pilare van Herakles (tussen Calpe en Abyla, Marokko en Spanje, wat die Middellandse See met die Atlantiese Oseaan verbind) te vaar om só weer in die Noordelik Middellandse See by Egipte uit te kom. In sy vertelling spring Herodotus die resultaat van hul vaart hier egter vooruit. Herodotus vertel dat die Fenisiërs toe van die Rooi See af vertrek het en oor die Suidelike see gevaar het. So dikwels as dit herfs geword het, het hulle gereeld aan land gegaan en gesaai, waar in Libië (dws Afrika) hulle ook al elke keer aangekom het; en dat hulle dan gereeld eers vir die oes gewag het. En as hulle die koring geoes het, het hulle weer voortgevaar, sodat hulle, na verloop van twee jaar, in die derde jaar die draai regs, by die Pilare van Herakles (vandag die straat van Gibraltar) gemaak het om weer in Egipte aan te kom. “En,” sê Herodotus (sien JPJ van Rensburg se vertaling van Herodotus, p 212), “hulle het vertel – ek glo dit nie, maar iemand anders kan dalk! – dat hulle die son toe aan die regterkant gehad het toe hulle óm Libië (Afrika) gevaar het.” Natuurlik sou Herodotus dit nie kon glo nie want, soos die Jode in die Ou Testament dit ook gehad het, was die aarde vir hom nog plat (gegrondves op sy grondveste/pilare, Psalm 104:5). Selfs die groot Alexandrynse sterrekundige Claudius Ptolemaeus het in die tweede eeu AD nog hierdie siening gehandhaaf. Dit was eers Johannes Kepler en Nicolaus Copernicus wat in die 15de eeu sou bewys dat die aarde rond is, om sy eie as draai, en dit deel uitmaak van ’n heliosentriese, en nie geosentriese, heelal nie.

Die argumente wat aangevoer kan word dat hierdie vaart om Afrika deur Nekos se Fenisiese seelui, en derhalwe om Kaap die Goeie Hoop, wel kon plaasgevind het, is die volgende: (1) Die vaart was lank genoeg – tot in die derde jaar; (2) Die strominge, en veral die Suidelike passaatwinde was gunstig daarvoor – soos ook vir latere skeepvaart om die Kaap; (3) Herodotus se eie notering, naamlik dat die Fenisiërs die Pilare van Herakles, by die Westelike toegang tot die Middellandse See, op pad (terug) na Egipte, “die son aan die regterkant gehad het” bevestig juis die wonder van hul omvaart (wat hulle helaas self nie besef het nie) wat plaasgevind het; (4) Die vaart was vir plaaslike praktiese redes aanvanklik onderneem, en wel om die pad oop te stel tussen die Middellandse seebekken en die Rooi See – die weg van die Suezkanaal van vandag. Toe hulle met die Arabiese See afgevaar het moes hulle dus die son aan hulle linkerkant sien opkom het. Eduard Meyer, in sy Geschichte des Altertums, vol iii p 60, twyfel nie aan hierdie rekonstruksie nie. JH Thiel, De vaart om de Zuid in de Oudheid (Brussel, 1948, oordruk uit L’Antiquité Classique, tomus XVII: Miscellanea Philologica, Historica et Archaelogica in honorem Huberti Van De Weert) het hierdie gebeurtenis ook in enige detail uitgewerk.

Volgens die antieke geograwe kon/het hierdie omvaart nie plaasgevind nie. Aristoteles (Meteorologia 2.1.353) was van mening dat daar nie ’n see rondom Afrika (Libië) gevloei het nie, en dat dit eerder deel van Asië was. Posidonius (135-51 vC), laaste groot wetenskaplike van die Griekse Ou Wêreld (vgl Michael Rostovtzeff), het, volgens Strabo (98), dié omvaart verwerp net soos Strabo self (wat ook ’n groot geograaf was). Polubios (3.37) het dit eweneens nie aanvaar nie. Maar dit alles sê vir ons vandag niks. Hulle oordele was op totale onkunde gegrond; dit het Kepler en Copernicus ons later bewys.

Ons moet derhalwe tot die gevolgtrekking kom dat die Kaap reeds in die 6de eeu voor Christus deur Fenisiese seevaarders besoek is. En dat hulle dalk in die Swartland ook koring kon gesaai het met saad wat hulle al die pad saamgebring, of langs die pad geoes het. Dit was dus meer as 20 eeue voordat Jan van Riebeeck en sy opvolgers in 1652 AD vanuit Textel in Holland hier geland het om ’n halfwegstasie vir handel met die Ooste te stig.

Herodotus het ons van hierdie Periplus in sy groot “Geskiedenis” van nege boekdele vertel eers 120 jaar nadat dit plaasgevind het – al het hy dit self nie geglo nie. Reeds toe was daar al ’n neteldoek getrek oor die merkwaardige prestasie van die Fenisiese seevaarders. Hulle het met hulle vernuf seë aangedurf waarvoor ander nie kans gesien het nie. Ons is vandag oneindig dankbaar dat Herodotus ons hierdie “apokriewe” storie vertel het waarin hy self nie geglo het nie. Hy kon dit net so goed as té naïef verswyg het, want hy het wel probeer om wetenskaplik te skryf, al was dit wydlopig. Ons kan maar gerus vandag hierdie bladsy in ons geskiedenisboeke inskryf.

In 1906 is twee papirusfragmente aan die Franse Académie voorgelê wat hierdie omvaart sou herdenk. Berlynse Egiptoloë het dit egter as vervalsings verwerp. Tog, die tradisie bly.

In sy “Lewe van Alexander die Grote” vertel Ploutrachos (uit te spreek as Ploetarchos) ons dat Alexander ook gemeen het dat as hy vanaf die monding van die Indus in Indië met ’n kortpad terug sou wou keer na Macedonië, hy om Suidelike Afrika (die ou Libië) sou moes vaar in plaas van weer oor land terug te trek.

Eratosthenes van Cirene, wat Zenodotos opgevolg het as hoof van die groot Alexandrynse Biblioteek teen die tweede helfte van die 3de eeu voor Christus, groot geograaf wat hy was, het selfs gemeen dat die landmassa van Afrika (Libië) nie verder sou strek as Kaap Hoorn nie. Tog het hy destyds bitter na aan die korrekte berekening van die omtrek van die “bolvormige” aarde gekom. Nadat hy uitgevind het dat die son op die middag van die somersonstilstand vertikaal by Suene (die teenswoordige Aswan) in Egipte skyn, het hy die hoekafstand van die son van Alexandrië op dieselfde middag gemeet, en gevind dat dit een-vytigste van ’n sirkel is. Deur die afstand tussen Suene en Alexandrië, wat hy op 5 000 stadia gestel het, met 50 te vermenigvuldig (om die sirkel te voltooi), het hy bereken dat die omtrek  van die aarde 250 000 stadia moes wees, ’n syfer wat hy later, op grond van meer akkurate metings, tot 252 000 stadia vermeerder het – dws slegs 200 myl uit op die hedendaagse korrekte meting.

Daar moes eers lank gewag word om (eweneens histories) werklik die suidpunt van Afrika te omseil. Bartholomeu Diaz het die Kaap eers op 12 Maart 1488 bereik, en daarmee die seeroete na Indië en die Verre Ooste oopgestel. Die hart van Afrika is eers so onlangs as teen die einde van die 19de eeu deur Europeërs soos John Hanning Speke, David Livingstone en Henry Morton Stanley bereik in ’n poging om die oorsprong van die Nyl te vind – juis die langste rivier in die wêreld.

Interessant is dat die naam van hierdie eens donker kontinent, naamlik “Afrika”, etimologies  af te lei is as “die land sonder wapens” – die land wat nie oorlog maak nie. Die Romeine het dié naam van ons kontinent Afrika geërf by die Karthagers en wel deur die Griekse vorm darvan, naamlik hê Áfrikê, waar die “a/A” dan ’n alpha-privativum vorm, soos by A-fer , “wat nie [wapens] dra (‘ferro’)” nie ,“wat nie oorlogsugtig is nie”: vgl. Lewis & Short, A Latin Dictionary (Oxford, 1989, sub voces).

The post ’n Fenisiese omvaart om die Kaap in die 6de eeu vóór Christus appeared first on LitNet.

Fotostaatmasjien Oorgeklank: ’n onderhoud

$
0
0

Willemien en Jude vertel vir Naomi Meyer van Fotostaatmasjien Oorgeklank.

Willemien en Jude, wil julle twee dalk vertel van julle agtergrond en wie julle is?

J: Ek het op tweejarige ouderdom my ma begin smeek om klavier te speel. Hulle sê mos dat ’n baba in die baarmoeder presies kan hoor wat in die wêreld om hulle aangaan en my ma was besig met haar klavierlisensiaat eksamen toe sy my verwag het. Sy is self ’n wonderlike musikant en het my aangemoedig om op die klawers rond te speel — so dis waar alles begin het. 

W: Ek en Jude is in dieselfde jaar gebore, so toe sy na haar ma se klavierspel vanaf die baarmoeder geluister het moes ek ook toé al my ma se sussende sangstem begin na-aap het. Sy is eintlik ’n grafiese kunstenaar, maar het toe sy jonger was saam met Jannie Du Toit en Christa Steyn in Blik en Snaar opgetree en sing nou nog in ’n musiekgroep.

J: Ek het toe op vyfjarige ouderdom klavierles begin neem en op tienjarige ouderdom begin harp speel. Ek was gelukkig om Star Search twee keer en die Hennie Joubert-prys sewe keer te wen. Toe ek 12 was het ek aan die Sanlam Musiekkompetisie deelgeneem en as finalis het een van die mense in die gehoor, Tilla Henkins (die ongelooflike tjellis), vir my ma gesê ek moet dit sterk oorweeg om later musiek oorsee te gaan studeer. My ma het dit ’n geheim gehou totdat ek 16 was en toe in daardie jaar voorgestel dat ek ’n beurs probeer kry. Ek het die uitdaging aanvaar en die beurs gewen! 

W : Ek was ongelukkig een van daardie onwillige kinders wat nie wou klavier oefen nie, maar later baie spyt was dat ek nié vir my ma geluister het nie… maar ek was mal daaroor om van ’n jong ouderdom liedjies saam met my niggie op Stilbaai se strand te improviseer en het lang ure in die Jakaranda Kinderkoor gesing en saam met hulle oorsee getoer. Later in my tienerjare het ek kitaar leer speel en tydens elke somervakansie het ek ’n liedjie of twee geskryf oor een of ander hoërskool liefde waaroor ek — en familie dalk nog meer as ek—nou nog lekker lag!

J: Ek het klassieke musiek, jazz, costume design en musiekgeskiedenis vir sewe jaar aan Interlochen Arts Academy, Oberlin Conservatory en California Institute of The Arts studeer. Dit was ’n fantastiese ervaring. Toe ek terugkom het uit Amerika, het ek ’n popduo met Zahné Briel gevorm. Ons was bekend as Lu Flur en het twee internasionale pryse gewen. Dit was my eerste ervaring met “song writing”.

Op die oomblik tree ek orals in die land op (sowel as oorsee) en doen ook samewerkings met ander musikante vir groot besighede, troues en allerhande byeenkomste. Ek het ook onlangs ’n harp en klavieralbum vrygestel wat ek self produce en perform het.

W: Ek het deur al die jare my liefde vir musiek saam met  my studies in Tale en Sielkunde gevoed. In hierdie tyd het ek toe uiteindelik, uit vrye wil, klavier leer speel— met die doel om liedjies saam met my koshuisvriendin Sanet Stegmann te skryf. Ons het in 2012 ’n duo-album vrygestel onder die naam aanklank. In 2011 het ek Frans begin doseer aan die Universiteit van Pretoria, in daardie tyd my MA in Frans behaal en in Frans begin skryf en sing. Ek het deur middel van verskillende studiebeurse ook heelwat tyd in Frankryk spandeer.

Sedert 2017 is ek egter op ’n creative sabbatical en besig met ’n paar verskillende musiekproduksies en projekte.

Julle het by verskeie kunstefeeste opgetree met 'n produksie van Fotostaatmasjien Oorgeklank — kan ’n mens iewers daarna luister, as ’n mens dit by feeste misgeloop het? 

Dit het gebeur nogal gereeld dat mense Fotostaatmasjien Oorgeklank (ons musiekproduksie) met Fototstaatmasjien (Wessel Pretorius & kie se teaterproduksie) verwar — en dit is heeltemal te verstane omdat die twee projekte op dieselfde tyd ontkiem het — maar dit is twee onverwante produskies.

Ons het Fotostaatmasjien Oorgeklank by twee kunstefeeste aangebied— in 2017 saam met Bibi by Aardklop as deel van die fees se boekeprogram en hierdie jaar was ons by die Vrystaat Kunstefees op ons eie (wel ons het Bibi se teenwoordigheid op ’n tegnologiese wyse gekopieer en vooraf stemopnames en beeldmateriaal van haar voorlesings gemaak wat ons tydens ons vertonings op ’n skerm projekteer het).

Ons eerste enkelsnit ”Outobiografie i” is nou op SoundCloud beskikbaar (’n mens kan die liedjie stream), maar ons verkies om persoonlik vir mense die mp3 van die toonsetting te e-pos sodat hulle dit kan download. So sou iemand nie op SoundCloud regkom nie, kan hulle vir ons ’n e-pos stuur en dan stuur ons vir hom of haar ’n virtuele geskenk: oorgeklank@gmail.com

Tot dusver het ons baie positiewe terugvoer oor die enkelsnit gekry wat ons gemotiveer het om ’n vollengte album vry te stel. Ons is nou besig om die album self te pre-produce sodat ons ’n beter gevoel vir die musiek ontwikkel vóór ons in studio gaan volgende jaar.

Ons fokus dus op die stadium meer op die opnames as optredes.

Wat het julle geïnspireer van Bibi se gedigte, en hoe het julle te werk gegaan met die musiek daarby?

J: Ek het nooit gedink dat ek Afrikaanse gedigte sou toonset nie, omdat my opleiding meestal in ’n Engelse milieu plaasgevind het, maar toe Willemien my nader om hierdie projek saam met haar aan te pak het ek ewe skielik lus geraak:  ek het gedink Bibi se gedigte is relevant, skerp, rebels en vars.

W: Die bundel se heldergeel omhulsel, die onkonvensionele visuele aanbieding van die gedigte en die ietwat kontroversiële onderwerpe wat Bibi in haar werk aanspreek het heel eerste my aandag getrek. En toe ek die bundel lees, toe verstaan ek waaroor al die hype gaan — haar werk is uiters modern maar terselfdertyd tydloos.

Omdat ek en Jude al goed saamgewerk het in die verlede (vir een van my songs “Son trek soutwater”), en ek gedink het sy lekker edgy (veral vir ’n harpspeler!) is, het ek gedink ons moet saam die kans vat.

J: Ek en Willemien het ’n heerlike werksverhouding en vul mekaar goed aan. Ons het laas jaar ’n hele paar Dinsdae op haar skoonouers se erf in hulle buitekamer deurgebring waar ons op harp, keys en stem (met baie tee & snacks!) saam begin komponeer het. Die musiek het uit ons gevloei asof dit al van tevore bestaan het. 

W: Die sifproses wat die gedigte aanbetref het toe eintlik baie vining gebeur. Ons het binne die eerste paar maande ’n hele paar oorspronklike toonsettings gedoen en ook die liedjies, waarna Bibi direk in haar gedigte verwys, op ons manier geïnterpreteer.

Toe ons hierdie jaar vir die Vrystaat Kunstefees moes voorberei, toe besef ons wel ons kort nog so 10 minute se oorspronklike inhoud.

J: So toe komponeer ons nog twee songs twee weke voor die fees!

Wat is vir julle sommige van die gedigte of gedeeltes van die gedigte wat die meeste tot julle spreek? En ook: watter musiek spreek tot julle? Kan dit op 'n manier oor kunsgrense heen — met Bibi se gedigte verbind word?

W: Ek vind Bibi se werk baie verbeeldingryk, weerloos en waaghalsig in dieselfde asem. Sy maak pragtige verbeeldingryke metafore in gedigte soos “Skepper: twee foto’s” of in “Fabrieksfout: verhouding”. ’n Mens word na ’n ander wêreld meegevoer wat sy frase vir frase in die gedig konstrueer, en ons hoop om dieselfde proses in die musiek na te boots.

Dan kom daar soveel weerloosheid in ’n gedig soos “Copy” oor, ek en Jude het altwee dadelik aanklank by die frase “ek is ’n koppie porselein van die senuwees” gevind! En dan is daar elke nou en dan ’n lekker stukkie tong-in-die-kies waarvan die gedig “Klou” ’n voorbeeld is: “ek wil my hande om ’n kaktus of ’n turksvy vou, ’n anemoon in my mond hou, ek wil jou ek wil jou”…!

J: Ek is mal oor die gedig “Punt” omdat dit my laat dink aan al die verskillende verhoudings wat ek al in my lewe gehad het. Die gedig is kort en kragtig en dit spreek werklik tot almal. Dit was vir ons baie lekker om rond te speel met die woorde en uit te werk hoe ons hulle met musiek kan inkleur.

Verder hou ek van verskeie tipes musiek. My eerste liefde sal altyd klassieke musiek en jazz wees, maar ek is ook mal oor Opeth, Goo Goo dolls, Air, Goldfrapp, Hiatus Kaiyote, Incubus, Kaya Project, Norah Jones, Trance-musiek, The Beatles, Queen, Pink Floyd, Earth, Wind and Fire en die lys kan vir ewig aangaan. 

Ek is gefassineerd deur die potensiaal wat musiek het om mense op ’n fisiese en emosionele vlak aan te raak. Hierdie reaksies word deur soveel faktore bepaal; die ritme van die musiek, die emosie wat in die melodieë teenwoordig is, die lirieke, die harmonieë wat gebruik word om die emosie te weerspieël en dan natuurlik, foutlose tegniek wat na jare en jare se gedissiplineerde oefening verkry word. Die uitdaging is om dan op ’n verhoog, in die oomblik, alles op dieselfde tyd na die beste van jou vermoë oor te dra.

W: Ek luister ook na ’n wye verskeidenheid musiek, maar my vroulike influences sluit in Agnes Obel, Laurinda Hofmeyr, Tori Amos, Catpower, Bat for Lashes, Florence and the machine en nog ’n paar “intense” karakters. Alhoewel my agtergrond minder klassiek is (in ons huis was ons gesin se besprekings meer gensentreerd op die lirieke in ’n song as die ingewikkelde arpeggio’s) is dit belangrik vir my om musiekteorie so te benut dat ek effektiewe akkoordprogressies en “hook lines”, wat gepaard gaan met die lirieke, kan skep: dit is waarin die emosionele intensiteit van musiek vir my lê.

Die musiek wat ons gekomponeer het en die inhoud van Bibi se gedigte eggo mekaar op ’n tematiese en musikale vlak—die tema van kopiëring sluit byvoorbeeld perfek by die verskeie herhalingselemente in musiek aan: op ’n meer basiese vlak die feit dat refreine en verse in liedjies herhaal, en op ’n meer filosofiese vlak word die vrae waarmee sy worstel ook in musiek gevra: wat presies in die skeppingsproses van ’n nuwe liedjie tel as oorspronklike werk, en wat word eintlik maar net uit vorige bestaande liedjies herhaal?

J: Ons het besluit om partykeer die musikale verwysings in haar gedigte direk op ’n musikale vlak te kopieer: in “Outobiografie” se latere bewegings het ons van die Michael Jackson verwysing gehou en dit geïntegreer. Dan was dit ook baie fun om die ander wye spektrum van kunstenaars waarna sy verwys (van Jay en Lianie May, Taylor Swift tot Tori Amos!) na te aap.

In “Fabrieksfout: verhouding” maak ons letterlik die ratte en rollers van ’n fiets op ons instrumente na. Ons skep ook byvoorbeeld ’n moderne klank vir een van haar Instagram-gedigte “Normal”. Maar ons wou dit nie die heeltyd doen nie, so ons het ook met ander gedigte vanaf geen spesifieke raamwerk gewerk nie en het ons laat lei deur dit wat in die oomblik reg gevoel het. Een van die liedjies sing Willemien sowaar vanaf ’n blank canvas, dis sommer net a capella!

Wat is julle volgende projek, of waarmee is julle nog besig? 

J: Ek is tans baie besig met corporate shows en troues. Ek het 28 bookings voor Kersfees! Verder doen ek laser harp shows wat baie opwindend is, en ek en my man is ook besig om ’n elektriese harp en DJ duo uit te dink.As ek nie besig is om my harp in ’n woud in te stoot vir ’n troue nie, is ek besig om by ’n 5-ster lodge in die Limpopo tussen die luiperde, olifante en kameelperde te perform, of tussen 20 sexy dansers of sommer in ’n massiewe bubble vir een of ander maatskappy soos Vodacom vermaak te verskaf!

Een van my gunsteling-optredes was op die Rovos Rail vir General Motors. Dit was ’n Gatsby inspired geleentheid. Ek moes op ’n bewegende trein tussen al die waitors met my harp rondsweef! Ek was in die begin van die jaar Ghana toe gevlieg om voor die president en visepresident en archbishop Duncan Williams op te tree. Dit was ’n onvergeetlike ervaring. Ek speel ook nou en dan vir Sipho “Hotstix” Mabuse en het onlangs saam met die rapper Kwesta opgetree vir ’n paar shows.

Ek is mal daaroor om “dress-up” te speel vir al my optredes en my eie grimering te doen. Ek sien myself as iemand wat met enige kunstenaar (of danser/performer/DJ) kan optree. Ek hou daarvan om deur middel van improvisasies hulle show te embellish met my eie flair. Verder in die toekoms is daar ook planne om nog ’n klavier- en harpalbum vry te stel sowel as ’n oorspronklike vokale jazz-album. 

W: Ek en my man het hierdie jaar vir ses maande in Wes-Afrika gebly en getoer en dit was wonderlik om te ervaar hoe dinamies die kunsgemeenskap in daardie deel van die wêreld is. Ek stel binnekort ’n liedjie vry waaraan ek en ’n Nigeriëse digter in Lagos gewerk het. Dis ’n samesmelting van Afrikaans & Yoruba.

Verder gaan my Franse projek “francofonix”, wat deur die Franse Ambassade in Suid-Afrika ondersteun word, meer aktief in 2019 wees. Ek “&” werk saam met grafiese kunstenaar Olivia Loots en musikante Adelle Nqeto, James Robb en Pieter Bezuidenhout vir hierdie projek. Ons tree by skole en universiteite in die land op waar Frans aangebied word, of net by enige Francofile se funksie. Die idee is om mense van alle ouderdomme, wat ’n liefde vir die Franse taal het, aan Frankryk, België, Wes-Afrika, Kanada en party Franssprekende eilande se musiek bloot te stel. Na die konsert bied ek op aanvraag kreatiewe skryfkuns kursusse in Frans aan (wat op die lirieke van die musiek wat ons sing gebasseer is) sodat ek my een voet in die akademie kan hou.

Ek beplan om volgende jaar na Senegal te reis vir ’n kongres om daar aan ’n kreatiewe musiekprojek saam met ander dosente en local francophone-musikante te werk. Daar is ook ’n samewerking in die vooruitsig met die taalinstituut “Francophonia” in Nice, Frankryk.

Hierdie jaar by die Tuin van Digters het ek vir die eerste keer met myself ge-collab as solokunstenaar “Willemien&Philomène” en dit het my die moed gegee om meer tyd aan my soloprojek te bestee tussendeur al die “&” samewerkingsprojekte.  Dit is maar uitdagend om jouself gemotiveerd te hou wanneer jy weet hoe niche jou mark waarskynlik is...maar wat kan jy doen as die klavier se magneetveld jou op ’n daaglikse basis al hoe nader aan haar trek?

Volg ons op sosiale media:

Instagram @oorgeklank

Facebook: Fotostaatmasjien Oorgeklank

Foto’s: Ryno Stols

Gifs & Tipografiekaartjies: Chanél van der Merwe

Hare &  Grimering: Kristin Pienaar

 

"Un silence de plomb/’n Doodse stilte": ’n Gesprek met Willemien Rust oor hierdie liedjie

Foto-onderhoud: Bibi Slippers oor Fotostaatmasjien

LitNet Akademies-resensie-essay: In die spieël met Bibi – Fotostaatmasjien (2016) deur Bibi Slippers

UJ-pryse 2017: Commendatio oor Bibi Slippers se Fotostaatmasjien

The post <em>Fotostaatmasjien Oorgeklank</em>: ’n onderhoud appeared first on LitNet.

Prooi deur Deon Meyer: ’n lesersindruk

$
0
0

Prooi
Deon Meyer

Human & Rousseau
ISBN: 9780798177757

Wat ’n vreugde was dit darem nie om weer ’n boek van Deon Meyer te lees nie! Dit gebeur nie aldag dat ek 200 bladsye in ’n middag tussendeur twee spannende Curriebekerfinale deurlees nie – ’n ekstra spesiale prestasie vir my, want ek raak gou verveeld met boeke. Meyer is ’n rare uitsondering wat my altyd aan die lees kry. Maar ek wil nie hier sy deugde besing nie, dit word genoeg en veel beter elders gedoen. Vir die doel van hierdie lesersindruk wil ek net bietjie vertel van die boek en enkele gewaarwordinge deel. Ek gaan my bes doen om nie die hele storie weg te gee nie.

Die nuutste roman uit Deon Meyer se pen kombineer Suid-Afrika se uitdagings met staatskaping op briljante wyse met die wel en weë van die fiktiewe karakters Bennie Griessel, Mbali Kaleni en Vaughn Cupido, wat polisiebeamptes is by Suid-Afrika se elite-polisieeenheid, die Valke. Bennie Griessel is natuurlik geen onbekende vir Meyer se aanhangers nie. In die nuutste boek ondersoek Griessel en Cupido die dood van ’n passasier wat op ’n weelderige trein gereis het, en wie se liggaam in die Karoo ontdek word. Die aksie skuif dan heen en weer tussen Suid-Afrika en Frankryk, waar daar ’n misterieuse karakter met die naam “Daniel” ingetrek word in ’n komplot. Dit word later duidelik wie presies hierdie karakter is.

Griessel en sy kollegas jag die moordenaar(s), maar tussendeur is Bennie ook op ’n ander jag. Hy soek die hand van sy lewensmaat Alexa, die bekende oud-sangeres en musiekmagnaat, saam met wie Griessel in haar huis in Tamboerskloof ingetrek het. Sy droom is om met haar te trou, hoewel hy soms sy bedenkinge het of dit wys is dat twee gerehabiliteerde alkoholiste trou. Dan tree Bennie ook op as baskitaarspeler van die rockgroep “Roes”, waar hulle meestal by troues en diesmeer weergawes van ou rocktreffers opvoer. Maar Bennie Griessel het baie verander oor die jare. Hy besoek nou gereeld ’n psigoloog wat hom behandel, en behoudende lesers sal dankbaar wees om te verneem dat daar veel minder gevloek word in hierdie boek as in sommige van die voriges. Bennie en Vaughn se supervisor Mbali Kaleni, sit ook haar opvoedingstaak voort in Prooi, en staan altyd gereed om vir Bennie en Vaughn te berispe oor hulle kru taal, veral wanneer hulle God se naam ydelik begin gebruik.

Soos dit moet, loop twee verhale natuurlik uiteindelik ineen, en dit gebeur nogal eers baie naby aan die einde van hierdie boek. Die oorkoepelende tema is egter staatskaping, en dit word baie spesifiek geskets teen Suid-Afrika se weergawe daarvan. Hoewel daar baie verwys word na “die Russe” en hulle president Vladimir Poetin, word die omstrede Suid-Afrikaanse president nooit by die naam genoem nie. Ook nie drie korrupte sakemanne van Indië word van enige name verskaf nie – daar word deurgaans slegs na hulle verwys as die drie mans van Indië.

Die boek Koors wat in 2016 verskyn het, het Meyer se aanhangers taamlik verdeeld gelaat, met sommige wat die boek baie geniet het en andere wat daarvan niks gehou het nie. Die daaropvolgende Vrou met die blou mantel was weer in ’n baie korter formaat, gans te kort vir ’n somervakansie. Koors was egter nie ’n tipiese Deon Meyer-misdaadroman, soos wat die geval met Prooi is nie, en waar Vrou met die blou mantel ’n kort roman was, beslaan Koors meer as 450 bladsye. Die boek Prooi sal veral die tradisionele lesers van Meyer se boeke tevrede laat, want dit is vol van die tipiese spanning, humor en kwinkslae (laasgenoemde veral danksy Vaughn Cupido) waaraan Meyer se misdaadromans gekenmerk word. Anders as die geval met Koors, sal Prooi die leserspubliek veel minder verdeeld laat.

The post <em>Prooi</em> deur Deon Meyer: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Boeke vir leeskringe: NB-Uitgewers se keuse vir 2019

$
0
0

Leeskringe is op die oomblik besig met hul jaarbeplanning vir 2019 en LitNet het by uitgewers gehoor watter van hul boeke hulle spesifiek aanbeveel vir leeskringbesprekings. Hier is NB-Uitgewers se voorstelle.

 

Prooi
Deon Meyer

Fiksie
448 bladsye
9780798177757
R320,00
Oktober 2018

Kapteins Griessel en Cupido wil van meet af aan nie dié docket hê nie. Die een van Johnson Johnson, oud-poliesman, sy lyk gekry langs die treinspoor anderkant Drie Susters. Want die saak is weke oud. Yskoud. Opgeneuk deur die SAPD, afgedwing op die Valke. Twee passasiers op die wêreld se luuksste trein – waaruit Johnson klaarblyklik gespring het – is spoke. En die arrogante beamptes by die BBP-Beskermingseenheid lieg soos tannetrekkers. Oor kardinale inligting.

Negeduisend kilometer noord leef Daniel Darret sy nuwe, eenvoudige lewe in Bordeaux. Tot Ronnie May opdaag, en hom vra om nog een keer te jag. Sy prooi is die staatsgekaapte president van sy tuisland. Want dít is wat Daniel in die ou dae gedoen het, toe hy ’n laksman vir die Stasi en KGB was.

Kan die Valke die gemors betyds ontrafel om die sluipmoord te keer? Kan Daniel die meedoënlose Russiese agente ontglip wat hom tot elke prys wil elimineer? En gaan Bennie dit alles oorleef om eindelik vir Alexa Barnard te vra om te trou? 

Deon Meyer

Oor die skrywer

Deon Godfrey Meyer is op 4 Julie 1958 in die Paarl gebore. Hy matrikuleer in 1976 aan die Hoërskool Schoonspruit in Klerksdorp. Hy studeer aan die PU vir CHO en volg ’n BA-kursus met Engels en Geskiedenis as hoofvakke. Hy behaal later ’n honneursgraad aan die Universiteit van die Vrystaat. 

In die 1980’s het hy as joernalis by Die Volksblad gewerk, die Universiteit van die Vrystaat se skakelburo en in 1989 begin hy by Sanlam in Kaapstad as reklame-kopieskrywer. 

In 1991 word hy aangestel as bestuurder van Interne Kommunikasie en skeppende direkteur van Sanlam se Reklame-afdeling. Hy begin later sy eie maatskappy wat spesialiseer in die skep en bestuur van virtuele gemeenskappe op die internet, en daarna was hy die bestuurder van spesiale projekte van BMW se motorfietsafdeling. Hy is op die oomblik ’n voltydse skrywer.

Deon Meyer se romans het al in meer as 25 tale verskyn. In Frankryk het hy twee groot pryse ingepalm vir die Franse uitgawes van sy spanningsromans. Vir Feniks Le Grand Prix de Littérature Policiére 2003, vir Orion die Prix Mystère de la Critique 2004. Proteus verskyn op die langlys vir die IMPAC literêre toekenning en die Duitse vertaling het in 2006 die Deutsche Krimi Preis in die internasionale kategorie ontvang.


 

Stof
Alettie van den Heever

Uitgewer: Queillerie
ISBN: 9780795801594
Kategorie: Fiksie
Prys: R 290.00
Formaat: Sagteband, 384pp
September 2018

Twintig jaar ná die Hardskip. Dié wat oor is gelooi deur die groot honger toe al die oeste misluk het, deur die stof en die gluur van die son.

Op Kiefmor wonder Ampersand wat geword het van Wakinyan, die swarthaarman wat als kom deurmekaarroer het. Hier’s min vir haar oor ná haar ouma se dood, so sy vat die pad – met haar saad. Sy moet vir Wakinyan vind, en sy moet sorg dat die saad nie in Meconium – die enklawe wat alle saad wil beheer – se hande val nie, want onverklaarde plantsaad is in 2081 ’n streng taboe en Amper se grootste las.

Maar juis in en om Meconium moet sy gaan soek, waar high-tech shit en high-shit tech vennote is. Amper en haar unieke neus wat die groot stof kan deurtas moet haar pad voel-voel baan deur die stank van dié regime.

Stof, Alettie van den Heever se debuutroman, is toekomsfiksie vir vandag. 

Alettie van den Heever | Foto: Retha Ferguson

Oor die skrywer

Alettie van den Heever is ’n boorling van Springbok en tans ’n doktorale student in die Afrikaanse letterkunde aan die US, waar sy ook voorgraads studeer het. Sy het in Kaapstad skoolgehou en woon tans in Bellville. Stof (wat deels afspeel in ’n toekomstige Bellville) is haar eerste roman. 


 

Die dao van Daan van der Walt
Lodewyk G. du Plessis

Uitgewer: Tafelberg
Kategorie: Fiksie
ISBN: 9780624082521
Prys: R 300.00
Formaat: Sagteband, 368pp
April 2018

Toe Daan van der Walt, ’n eerstydse Kalahari-boer, ’n vertigo-aanval kry, laai sy vervreemde seun hom by ’n monnikeklooster in China af. Onder leiding van Meester Yang moet Daan tai chi doen in ’n poging om sy balans te herstel. Maar daar is ook iets anders wat aan Daan vreet, iets wat hy van sy hart móét afkry voor hy sy weg na die hiernamaals kan vind. Dalk is dit tyd dat hy aan Magrieta, sy oorlede vrou, skryf en sê dat hy haar liefgehad het.

Oor die skrywer

Lodewyk G du Plessis is 'n skuilnaam. Hierdie fenomenale debuut én gissings oor die skrywer se identiteit gaan boekliefhebbers vanjaar aan die praat hê.


 

Dors
Marinda van Zyl

Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624084365
Kategorie: Algemene fiksie
Prys: R 280.00
Formaat: Sagteband, 304pp
Mei 2018

In die loop van 1876 kom verskeie groepe Transvalers by die samevloei van die Krokodil- en Maricoriviere aan met die idee om na Damaraland te trek – ’n land wat hulle net uit die stories van jagters ken. Om daar te kom, moet hulle ’n stuk waterlose Kalahari, bekend as die Dors, oorsteek. Maar die magstryd tussen die voormanne van elke groep om die hoofleier van die trek te wees laat die trek op ’n ramp afstuur, lank voor hulle die Dorsland binnegaan.

Anderkant die dors wag daar nie ’n land van melk en heuning nie, maar koors, tsetsevlieë, olifante en leeus. ’n Land vir mense wat uit hardekool se hout gesny is. ’n Land vir mense wat die dood kan vat en kan doodmaak sonder om ’n oog te knip.

Oor die skrywer

Marinda van Zyl is op 11 September 1948 te Gobabis (Namibië) gebore. In 2011 was sy die naaswenner in LAPA se romanwedstryd met haar manuskrip Vrypas na Vergenoeg wat as Wilhelmina Radebe kom tuis gepubliseer is. Haar roman Amraal haal in 2015 die kortlys van NB-uitgewers se Groot Afrikaanse romanwedstryd.

Benewens Honeursgrade in Geskiedenis en Biblioteekkunde by Unisa, het sy ook ’n MA in Geskiedenis (UOVS) en MBibl (cum laude) aan die Potchefstroomse Universiteit verwerf en dit opgevolg met ’n PhD in Geskiedenis by Vista Universiteit.

Marinda en haar man, Jan, woon sedert hulle aftrede op Langebaan.

 


 

Die troebel tyd
Ingrid Winterbach

Uitgewer: Human & Rousseau
Kategorie: Fiksie
ISBN: 9780798177665
Datum Vrygestel: 08 
Prys: R 280.00
Formaat: Sagteband, 196pp
Oktober 2018

Magrieta Prinsloo, dierkundige, se kop haak uit op die verkeerde antidepressant. Sy raak vervreem van haar kollegas, beledig haar departementshoof, en haar illustere akademiese loopbaan kom tot ’n einde. 

Sy aanvaar ’n betrekking by die Buro vir Voortgesette Onderrig, met die enigmatiese Markus Potsdam as hoof van die Kaapse tak. Daar word van haar verwag om te reis om met medewerkers te skakel, onder meer na die Oos-Kaap. Op hierdie reise kom sy heelwat teë – sowel medewerkers as walvisse – wat haar lewe in ’n beduidende ander koers stuur. Wanneer Markus Potsdam boonop op ’n oggend verdwyn, raak haar lewe nog verder gekompliseer.   

In Die troebel tyd bewys Winterbach weer haar merkwaardige vernuf as romansier, met ’n eiesoortige, snydende humor en ’n buitengewone insig in die menslike psige.  

Die roman is as wenner aangewys van NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd in 2018.

Ingrid Winterbach | Foto: Brenda Veldtman

Oor die skrywer

Ingrid Gerda Winterbach is op 14 Februarie 1948 in Johannesburg gebore. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Florida. In 1969 behaal sy ’n BA-graad in die Skone Kunste aan die Universiteit van die Witwatersrand, en in 1970 ’n honneursgraad in Afrikaans en Nederlands aan dieselfde universiteit. In 1974 ontvang sy ’n MA-graad in Afrikaans & Nederlands, onder leiding van DJ Opperman, aan die Universiteit van Stellenbosch. 

Sy is daarna onderwyser, verslaggewer by Die Burger en vir 13 jaar dosent in die kunsdepartement van Stellenbosch Universiteit. Ingrid was daarna ook dosent in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van KwazuluNatal. Sedert 2002 is sy besig om voltyds te skryf en te skilder.

Haar eerste roman, Klaaglied vir Koos, verskyn in 1984 onder die skuilnaam Lettie Viljoen. Sy publiseer ’n verdere vier boeke onder dié naam. Sy ontvang in 1994 die M-Net- en Ou Mutual-prys vir Karolina FerreiraBuller se plan (1999) is die eerste boek wat onder die naam Ingrid Winterbach verskyn. Ingrid ontvang die Hertzogprys vir prosa in 2004 vir Niggie. Haar agtste roman, Die boek van toeval en toeverlaat, is in 2007 met die M-Net-, WA Hofmeyr-, en die UJ-prys vir skeppende skryfwerk bekroon.


 

Die generaal
Hans Pienaar

Uitgewer: Tafelberg
Kategorie: Fiksie
ISBN: 9780624085812
Datum Vrygestel: 22 
Prys: R 290.00
Formaat: Sagteband, 320pp
Oktober 2018

Daar is ’n klop aan die deur. My vinger huiwer op die sneller. My hart hamer die sekondes in my ore om. Wat sal gebeur as die skoot afgaan?

Johan is negentien en in die weermag. Wanneer die adjudant hom inlig dat hy na Seksie C in die Zambezivallei gestuur word om onreëlmatige ontgroening te ondersoek, pak ’n ongekende opgewondenheid hom beet. Maar dit is korte duur, want Johan besef gou hy is nie opgewasse teen die weermag nie. Ter ontvlugting besoek Johan pasnaweke sy ouer neef, Ben, in Pretoria. Ben, die rebelse seun van die generaal. Ben wat sy eie oorlog veg. 

Die Generaal is ’n onthutsende, oorrompelende en aangrypende verhaal wat die absurditeit van die Grensoorlog en die verwoestende impak daarvan op jong mans se lewens met sensitiwiteit teken. 

Hans Pienaar | Foto: Twitter

Oor die skrywer

Hans Pienaar is in 1955 in Stellenbosch gebore maar het dwarsdeur die land grootgeword. Sedert die 1980s woon hy in Johannesburg waar hy sy brood verdien het as joernalis en uitgewer, onder andere as lid van die redaksie van Vrye Weekblad en as direkteur van Taurus. Later het hy veral in die res van Afrika en China gereis in diens van Independent Newspapers se buitelandse sake-eenheid. Hy is getroud met die digter Corné Coetzee. 

The post Boeke vir leeskringe: NB-Uitgewers se keuse vir 2019 appeared first on LitNet.

Umhobe | Anthem

$
0
0

Obu bomi bunzima inene!

Kwilizwe eligcwele inzondo nengxabano,
Kwilizwe elithwele umsindo nesigwebo,
Apho iyantlukwano ithe gca okwekat’ehlungwini,
Izixhobo zenzondo ziyalolana,
Obu bomi bunzima.

Ithini intsingiselo yale ntlungu?
Apho uxhatshazo lwanda khona,
Ithini intsingiselo yesijwili?
Apho imiqamelo iqukuqele ziinyembezi,
Obu bomi inene bunzima.

Toyitoyani, batsho!
Votani, batsho!
Thethani, batsho!
Ngubani onendlebe?
Inene obu bomi bunzima.

Iintliziyo zaphukile,
Yena kodwa usondele,
Indlela yokuphila,
Likhona na ithemba
Kobu bomi bunzima inene?

Inga ubani nobani,
Angakhangela enzulwini yembilini,
Hleze likhona ithontsi,
Ithontsi lokukhanya,
Lilo lodwa esithembele kulo


In a world full of hate and strife
Where anger and judgement are rife
Where our differences are highlighted by fools
As a means for fearmongering tools
It’s hard to find meaning in this life

How do you find meaning in heartache and pain
In a place where things stay the same
Where our women are abused and maimed
Where those who hurt feel no shame
How do you find meaning in this life?

Protest they say
Vote they say
Speak they say
Be the change they say
It’s hard to find meaning in this life

But nonetheless I hope
I cling to its promises to cope
As a means of survival
Hope brings forth my revival
Its new dawn a prayer for survival

I hope those who need it find peace
That the anger and hatred shall cease
May we all regain some love
And the kindness given from above
May our land be as pure as a dove

The post Umhobe | Anthem appeared first on LitNet.

Breyten Breytenbach en de Lage Landen: Oproep voor bijdragen

$
0
0

De redactie van Zacht Lawijd. Literair-historisch tijdschrift presenteert in oktober 2019 een themanummer over de aanwezigheid en receptie van Breyten Breytenbach in Nederland en Vlaanderen (jaargang 18, nummer 3). De samenstellers Bertram Mourits en Yves T’Sjoen nodigen belangstellenden uit om uiterlijk op 1 januari een voorstel in te dienen voor een bijdrage. De aflevering biedt naast persoonlijke getuigenissen en becommentarieerde documenten artikels over particuliere relaties tussen Breytenbach en literaire actoren en instituties in de Lage Landen. Vooral de beeldvorming over en het circuleren van het werk van Breytenbach in het Nederlandse taalgebied (uitgeverijen, literaire kritiek, tijdschriften, vertalingen) komt aan bod. Graag een abstract van circa 200 woorden richten aan de redactiesecretaris Geert Swaenepoel: geertswaenepoel@hotmail.com.

Breyten Breytenbach en de Lage Landen

Breyten Breytenbach en de Lage Landen

Breyten Breytenbach (1939–)

US-konvokasietoespraak: Die koei in die bos

Vertical and lateral literary movements in a writer’s career. Breyten Breytenbach’s Windcatcher in the USA and the Low Countries

The post Breyten Breytenbach en de Lage Landen: Oproep voor bijdragen appeared first on LitNet.

Foto's: Bekendstelling van 50 blertse blou deur Blouwillem

$
0
0

50 blertse blou is onlangs by Protea Boekwinkel op Stellenbosch bekendgestel. Johan Bakkes het met Blouwillem gesels.  Hier is 'n paar foto's van die geleentheid.

Francois Lötter gesels met Johan Bakkes.

Johan Bakkes en Blouwillem aan die woord.

Jan Odendaal en Dawie van Velden staan nader om hulle boeke te laat teken.

 

Uitgewer: Protea Boekhuis

ISBN: 9781485308607

Genre: Rubrieke

Prys: R180

50 blertse blou is ’n keur uit Willem Theron, alias Blouwillem se tong-in-die-kies-rubrieke in Beeld, Die Burger en Volksblad. Dié rubrieke het van hom ’n berugte openbare persoonlikheid gemaak. Hy spot met onder andere aktuele sake in Suid-Afrika.

The post Foto's: Bekendstelling van <i>50 blertse blou</i> deur Blouwillem appeared first on LitNet.


Kan ’n trust ’n lastereis instel? ’n Verkennende ondersoek

$
0
0

Kan ’n trust ’n lastereis instel? ’n Verkennende ondersoek

Danie (D.F.) Kloppers, onafhanklike konsultant, Potchefstroom
Henk (H.J.) Kloppers (Orcid ID: 0000-0003-0512-7986), Fakulteit Regte, Noordwes-Universiteit (Potchefstroom-kampus)

LitNet Akademies Jaargang 15(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die lasterreg het te make met die beskerming van ’n persoon se goeie naam of reputasie. In die hedendaagse Suid-Afrikaanse reg is ’n lasteraksie beskikbaar vir sowel individue as regspersone wie se reputasie onregmatig geskaad is. Die vraag wat egter in hierdie artikel te berde kom, is of ’n lasteraksie ook vir ’n trust beskikbaar behoort te wees indien die trust se goeie naam of reputasie benadeel is.

Die antwoord op die vraag is nie so eenvoudig as wat dit met die eerste oogopslag mag lyk nie. Een van die redes daarvoor is dat ’n trust nie as ’n regspersoon beskou word nie. Om hierdie vraag te beantwoord, fokus die artikel aanvanklik op laster en die unieke aspekte van die lasterreg, soos die regsvermoedens ten gunste van die eiser en die uitbreiding van ’n lasteraksie na regspersone. Daarna verskuif die fokus na die trust as ’n regsfiguur. In die bespreking word aangetoon dat alhoewel ’n trust nie as ’n regspersoon beskou word nie, voldoende aanduidings bestaan dat ’n trust as ’n regsentiteit afsonderlik van sy trustees beskou word.

In die laaste afdeling van die artikel word redes aangevoer waarom ’n lasteraksie ook na trusts uitgebrei behoort te word. Hierdie redes sluit onder meer in dat daar tans onsekerheid oor die posisie van trusts heers, dat trusts gereeld aan die regsverkeer deelneem, en dat dit onbillik is om teen die trust te diskrimineer. Daar word voorgestel dat die howe toegelaat moet word om regsekerheid teweeg te bring deur die gemenereg uit te brei om by nuwe behoeftes aan te pas, soos wat trouens reeds in ander gevalle met die lasterreg gebeur het. Ten slotte word ’n aantal praktiese aspekte wat die howe tydens die regsvernuwing kan benut, aangeraak.

Trefwoorde: laster; regspersoonlikheid; trusts

 

Abstract

Can a trust institute a defamation action? An exploratory investigation

The law of defamation is concerned with the protection of a legal subject’s good name and reputation. The good name and reputation of a natural person was already protected in the Code of Hammurabi in the 17th century BC and the modern action available to an injured party in the South African law – the actio iniuriarum – has its roots in the Roman 12 Tables which dates from the 5th century BC.

The actio iniuriarum is a civil action, but it has some interesting characteristics. Firstly, although this aspect has been fiercely debated, it seemingly still retains some remnants of its penal character in the Roman law. Secondly, the burden of proof differs from most civil actions. In a defamation action the plaintiff only needs to prove the existence of the defaming statement. If that has been proven, a legal presumption arises that the statement was both unlawful and intentional. This means that the defendant has to prove, on a preponderance of probabilities, that the statements were lawful and/or unintentional. Thirdly, the subjective feelings of hurt and injury of the plaintiff is not important: what is important is whether the defamatory statement objectively damaged the good name or reputation of the plaintiff. Thus the Supreme Court of Appeal has in Media24 v SA Taxi Securitisation (437/2010) [2011] ZASCA 117 noted that if one falsely accuses a medical doctor of malpractice, he may sue for defamation, even though he does not personally feel hurt by the statement. Another interesting aspect of the action for defamation is that the plaintiff can usually only be compensated in money, although the Constitutional Court indicated in Le Roux v Dey [2011] ZACC 4that the time is ripe for the common law to be amended in this regard.

Finally, the action is also available to legal entities. The legal development to extend the common law action to “non-humans” has taken more than a century in the South African law and has been the subject of a number of judgments, culminating in the recent Herbal Zone v Infitech Technologies (204/2016) [2017] ZASCA 8 judgment where it was decided that “[a] corporate entity ... is entitled to claim damages based on defamation”.

The position of a trust when it is defamed is however not clear. A trust is, in its simplest form, an agreement between the founder and the trustees in which ownership and control of the trust assets are conferred on the trustees for the benefit of the beneficiaries. Although the beneficiaries are considered to be the “beneficial owners” in the English law, dual ownership is not part of the South African law.

As is the case with the action for defamation, the “trust” concept has a number of interesting characteristics. These include that the definition of a trust is vague and the term is used for a number of concepts. A trust is further not considered to be a juristic person distinct from its trustees, but as a sui generis legal entity consisting of “an accumulation of assets and liabilities”. Furthermore, although the trustees are the owners of the trust assets, they may only act within the ambit of the deed of trust and may in principle not use the trust assets for their personal interest. On the other hand, although the beneficiaries of a discretionary trust have no vested rights in the trust assets, they are entitled to act if the trustees do not act in their (the beneficiaries’) interest. The insolvency of a trustee will also not influence the trust assets. The trust and trustee are thus two separate “legal entities” for the purpose of insolvency. Fixed property of the trust is also not registered in the names of the trustees, but in the name of the trust or “the trustees for the time being” without any reference to the trustee. If the trusteeship changes, no change is made to the deeds, thus the death of a trustee does not affect the existence of the trust. It only means that nobody can act in the trust’s name until a new trustee has been appointed. Finally, although the courts do not consider a trust to be a juristic person, a number of statutes define a trust as such and judgments often refer to “trusts” as if they were separate entities distinct from their trustees.

The ambivalence of the legal position of a trust has recently been the subject of two judgments of European courts. In both instances the court ruled that a trust should be considered a separate and distinct legal entity. On the other hand, with regard to a claim for defamation, in both the Zimbabwean and English court, the court found that, as a trust is not an entity, it cannot claim for defamation. Although this aspect has never – as far as we are aware – been argued in a South African court, it seems to be unfair as trusts are part of the legal reality and often participate in commercial transactions. This article therefore argues that the action for defamation should, for the following reasons, be extended to trusts: Firstly it is necessary to extend the action due to the fact that there is no legal certainty on this matter and because trusts are often involved in legal issues. Cursory research indicates that trusts were parties to 36 cases in the Supreme Court of Appeal and the Gauteng and Free State High Courts during the past three years. Secondly the current legal position, in contravention of sections 8 and 9 of the Constitution, unfairly discriminates against trusts as trusts are not afforded the same protection as an individual or a corporate entity when the trust is defamed. This situation is complicated by the fact that trusts are in some cases considered to be legal entities, which means that a trust could in one instance be protected but not in another matter.

The action for defamation can be extended to trusts in two ways: through statutory intervention or through judgments of the high courts. It is argued that the latter is preferable, because statutory changes take time and may result in some undesired effects. Further, the high courts have an inherent jurisdiction to develop the common law in accordance with the needs of society and to enhance justice and equity.

The high courts has in the past developed the law of defamation to extend the action to both trading and non-trading corporate entities, to allow inter alia the press to prove the absence of the intent to cause injury and to extend the legal aid available to include an apology. To extend the action to a trust would thus be in line with previous practice. A court could take the factors referred to in the European and previous South African judgments of the Supreme Court of Appeal into consideration when deciding whether a trust has, in a particular case, proved it has been defamed. These factors include the following: whether the trust has a clear separate legal existence, is involved in commercial activities or has a reputation that could be protected, has employees and a business premises and whether, because of the defamatory statements, the public and other businesses are no longer doing business with the trust. This article does not argue for a general defamation action available to all trusts but rather that, if the court is satisfied that a trust can in a specific case prove that it has been defamed, it should hold the defendant liable.

Keywords: defamation; legal personality; trusts

 

1. Inleiding

Die beginsel dat ’n persoon se goeie naam deur die reg beskerm word, is eeue oud en universeel. Dit was reeds deel van die Babiloniese reg wat in die 17de eeu v.C. in die Kode van Hammurabi saamgevat is. Die kode verwys onder meer na die beskerming van die goeie naam van beide getroude vroue en “gewyde maagde”.1 Hierdie reg was ook in die Romeinse reg vervat. In die agtste tafel van die 12 Tafels2 wat uit die 5de eeu v.C. dateer, word bepaal dat iemand wat ’n uitspraak of bewering maak wat oneer of skande aan ’n ander kan veroorsaak, met die dood strafbaar is. Gedurende die imperiale tydperk is dit ook as ’n misdaad beskou wat in sommige gevalle die doodstraf regverdig het.3 Die Romeinse reg het eeue later die grondslag gevorm vir die wyse waarop inbreuk op ’n ander se goeie naam (fama in Latyn) in verskeie lande hanteer is en steeds word.4

Ook wat die sogenaamde “barbare” betref wat aanvanklik buite die sfeer van die Romeinse ryk geleef het, was die beskerming van iemand se eer en goeie naam belangrik. Die Lex Salica5 het byvoorbeeld bepaal dat iemand wat ’n ander ’n “jakkals” of ’n “haas” noem, drie sjielings skadevergoeding moet betaal en as ’n vrou vals van losbandigheid beskuldig is, was die skadevergoeding 45 sjielings.6

In Suid-Afrika het die lasterreg, wat ten doel het om ’n persoon se goeie naam en aansien of reputasie (fama) te beskerm,7 uit die Romeinse reg en Romeins-Hollandse reg ontwikkel. Dit sluit egter ook beginsels van die Engelse reg en plaaslike ontwikkeling in. Om Potgieter, Steynberg en Floyd8 ietwat uit verband, hoewel ewe relevant, aan te haal: die Suid-Afrikaanse lasterreg vertoon ’n hibriede aard wat “uit meer bestaan as bloot die som van die komponente waaruit dit histories ontwikkel het”. Indien iemand se goeie naam aangetas is, kan hy9 hom op die hof beroep om die persoonlikheidsnadeel wat hy as gevolg van die aantasting gely het, te herstel.10 Bykomend daartoe kan hy ook skadevergoeding eis vir die vermoënskade11 wat hy as gevolg van die aantasting gely het,12 byvoorbeeld as die lasterlike bewerings tot gevolg gehad het dat die publiek nie meer met hom wil handel dryf nie. Hierdie aksie is burgerregtelik van aard en afsonderlik van ’n aanklag van stafregtelike laster of crimen iniuria wat die benadeelde ook kan lê en wat deur ’n strafhof bereg sal word.

Dis vraag is egter: Wie kan almal as die “iemand” na wie ons hier bo verwys het, beskou word? In hierdie artikel val die fokus in besonder op die posisie van ’n trust in gevalle waar die trust se goeie naam deur die modder gesleep word. Dat die antwoord op hierdie vraag nie bloot akademies is nie, blyk uit die volgende vereenvoudigde feitestel wat soortgelyk is aan een waaroor ’n landdroshof onlangs moes beslis. Hier is XY Trust ’n inter vivos-trust wat handel dryf in die verhuring van eiendomme. Die trust het ’n aksie vir skadevergoeding teen A en B ingestel omdat hulle in die dorp rondloop en vertel dat XY Trust skelm is en nie verhuurders se huurgeld oorbetaal nie. Die trust voer aan dat A en B se optrede nie net ekonomiese skade veroorsaak het nie, maar ook die goeie naam en aansien van die trust benadeel het.

Ons eerste indrukke oor hierdie feitestel was dat die trust natuurlik daarop geregtig is om vergoeding vir die benadeling van sy goeie naam te eis. Dit klink immers voor die hand liggend dat die trust benadeel is. Dit het egter vinnig geblyk dat ons eerste indruk ’n oorvereenvoudiging is en dat die regsposisie wat Suid-Afrika betref, glad nie so klinkklaar is nie. Hierdie verkennende ondersoek sal daarom eers fokus op ’n opsomming van die bestaande regsposisie in Suid-Afrika ten opsigte van beide die lasterreg en trusts. Dit sal gedoen word met verwysing na veral hofbeslissings oor die afgelope dekade. Hierna sal die soeklig verskuif na wat nodig is om XY Trust in staat te stel om sy goeie naam suksesvol te verdedig.

 

2. Opsomming van die regsposisie

2.1 Inleidend

Ten einde vas te stel of XY Trust in die feitestel hier bo wel in beginsel suksesvol behoort te wees in sy eis, fokus ons eerstens op ’n opsomming van die bestaande lasterreg en daarna op die vraag of die trust hom wel daarop sal kan beroep dat sy goeie naam benadeel is.

2.2 Laster in die Suid-Afrikaanse reg

Wanneer iemand ’n persoonlikheidskrenking of iniuria gely het omdat ’n ander persoon sy aansien in die gemeenskap laat daal het deur ’n opsetlike13 inbreuk, kan die benadeelde genoegdoening14 of troosgeld met die actio iniuriarum eis.15 Die hof verduidelik in Van Gijsen16 soos volg:

Die skending van ’n persoon se reg op goeie naam of fama word in die Suid-Afrikaanse reg beskryf as “Laster” en gedefinieer as die onregmatige, opsetlike publikasie van woorde of gedrag aangaande ’n bepaalde persoon waardeur sy goeie naam, reputasie of aansien in die gemeenskap aangetas word.

Inbreukmaking kan plaasvind deur dit wat die inbreukmaker sê, maar kan ook deur geskrewe woorde, karikature17 en Twitter of ander elektroniese media geskied. Trouens, in die uitspraak in die Hoogste Hof van Appèl18 in Le Roux v Dey19 waarsku appèlregter Harms dat iets wat as ’n grap bedoel is, in sommige gevalle laster kan wees. Neethling20 som die regsposisie kort en kragtig op en verklaar dat laster enige handeling is wat die effek het om die persoon se aansien in die gemeenskap te laat daal en wat gevolglik sy of haar goeie naam krenk. Hy wys ook daarop21 dat dit ook ’n skending van ’n natuurlike of regspersoon se reg op identiteit kan wees indien iemand die plig het om die waarheid te verkondig en dit nie doen nie.

Die actio iniuriarum het sy wortels in ’n wraakaksie22 omdat die doel daarvan was om die krenking wat die benadeelde gely het, te neutraliseer.23 Alhoewel wraaksug tans nie meer die beweegrede vir die aksie is nie, speel dit klaarblyklik steeds ’n rol by die bepaling van die troosgeld.24. Die aksie het die bestraffende karakter wat dit in die imperiale Romeinse reg gehad het,25 verloor.26 Tog het die Hoogste Hof van Appèl onlangs daarop gewys dat die toekenning van nievermoënskade steeds ’n afskrikkingsfunksie – een van die belangrikste doelwitte van die strafreg27 – verrig.28 Daar is gevolglik steeds oorblyfsels van straf in die aksie te bespeur.29

2.3 Unieke aspekte van die lasterreg

Benewens die feit dat ’n lasteraksie (wat, soos reeds genoem, ’n burgerregtelike aksie is en nie ’n strafaksie nie) steeds elemente van wraak en afskrikking bevat, het die aksie ook ander unieke eienskappe. Eerstens hoef die eiser, anders as by die meeste ander onregmatige dade, nie al die elemente van die onregmatige daad te bewys nie. Sodra die eiser die bestaan of publikasie30 van lasterlike bewerings bewys het, tree weerlegbare regsvermoedens in dat die verweerder se optrede beide onregmatig en opsetlik was en is dit die taak van die verweerder om hierdie vermoedens op ’n oorwig van waarskynlikheid te weerlê.31

’n Tweede interessante aspek van laster en die aard van die persoonlikheidsnadeel is die vraag oor wat gekrenk word as iemand belaster word. ’n Logiese antwoord hierop sou wees dat dit gaan oor die vraag of, en in welke mate, die benadeelde subjektief voel dat sy goeie naam of aansien benadeel is. Uit die regsgeskiedenis en die uitsprake van die Suid-Afrikaanse howe blyk dit egter nie die geval te wees nie. Reeds in die Babiloniese reg was die genoegdoening ’n objektiewe “straf”, naamlik dat die oortreder “aan sy voorkop gemerk moet word”.32 In die moderne Suid-Afrikaanse reg word hierdie objektiewe siening voortgesit. In ons reg is dit nie belangrik of Jan Rap en sy maat ná die persoonlikheidskrenking subjektief werklik minder van die benadeelde dink nie, maar eerder of hulle optrede objektief die benadeelde se aansien nadelig beïnvloed het.33 So verduidelik appèlregter Brand in Media24 dat ’n mediese dokter genoegdoening sal ontvang as sy professionele reputasie benadeel word, selfs al voel hy nie self geskaad of beskaamd deur die opmerkings nie. Die verweerder sal hom ook nie kan verweer dat sy optrede nie die eiser gekrenk het nie.34

’n Derde aspek is dat die belangrikste wyse waarop vir die krenking vergoed kan word, slegs in klinkende munt is. Dit is so, alhoewel die persoonlikheidsregte wat benadeel is, nie “verhandelbaar” is nie en geen empiriese monetêre waarde het nie.35 In Dey wys die Konstitusionele Hof daarop dat howe gemeenregtelik nie ’n verskoning kan afdwing nie en dat selfs die aanbied van ’n onmiddellike verskoning slegs die bedrag van die skadevergoeding sal beïnvloed.36 Dit wil egter voorkom of hierdie situasie besig is om te verander. In dieselfde uitspraak37 dui die hof aan dat die gemenereg ontwikkel kan word aan die hand van die beginsels van geregtigheid wat in die Romeins-Hollandse reg gesetel is, sodat die reg ’n gesonde teelaarde kan skep vir versoening. In die finale bevel word die verweerders dus beveel om benewens die troosgeld ook ’n onvoorwaardelike verskoning aan die eiser vir die leed wat hy gely het aan te bied.38

’n Vierde aspek is dat die identiteit van die lasteraar belangrik kan wees by die bepaling van die benadeelde se eisoorsaak. Soos reeds hier bo genoem, is opset in beginsel ’n vereiste vir gedingsvatbare laster.39 In sommige gevalle is blote nalatigheid egter voldoende, byvoorbeeld waar drukkers en verspreiders van massamedia en die pers nalatig lasterlike bewerings maak.40

2.4 Laster en regspersone

Die volgende interessante aspek van die lasterreg is dat ’n regspersoon hom in die Suid-Afrikaanse reg ook op ’n lastereis kan beroep as die goeie naam van die betrokke regspersoon benadeel is.41 Tradisioneel was die funksie van die actio iniuriarum om die gekwetste gevoelens van ’n individu te vertroos. Dit sou beteken dat ’n regspersoon, wat nie oor “feelings to outrage and offend” beskik nie, streng gesproke nie op ’n eis geregtig was nie.42 Soos appèlregter Brand dit onlangs in Media24 ter inleiding van sy bespreking oor hierdie aangeleentheid gestel het: “[S]ince corporations and other legal personae have no feelings, simple logic seems to dictate that they should have no claim for defamation.”43 Die reg het egter verby hierdie “simple logic” ontwikkel.

Die regsontwikkeling dat ’n regspersoon hom op ’n lastereis kan beroep, het wat die Suid-Afrikaanse reg betref, reeds in 1906 ’n aanvang geneem toe die hof in Cape Times44 aanvaar het dat ’n “trading company” vir laster kan dagvaar indien sy handelsreputasie geskaad is. Hierdie aangeleentheid is vir die eerste keer in 1916 in die Appèlhof in Friend Newspapers45 te berde gebring waar die hof obiter die volgende oor ’n handeldrywende regspersoon gesê het:

That the remedy by way of action for libel is open to a trading company admits of no doubt. Such a body is a juridical persona, a distinct and separate legal entity duly constituted for trading purposes. It has a business status and reputation to maintain. And if defamatory statements are made reflecting upon that status or reputation, an action for the iniuria will lie.46

Hierdie obiter opmerkings van die Appèlhof is deur die Appèlhof in Spoorbond v SA Railways47 herhaal. Uitsprake van die provinsiale afdelings wat daarna oor hierdie aangeleentheid moes beslis, was egter soms minder toegeeflik teenoor regspersone. Hoewel die howe in verskeie uitsprake die obiter opmerkings as korrek aanvaar het,48 is daar in beide die Tommie Meyer Films-49 en die Church of Scientology-uitspraak­50bevind dat ’n regspersoon nie ’n liggaam, eergevoel of waardigheid soos ’n mens het nie en daarom ook nie persoonlikheidsnadeel kan ly nie. Waaroor dit wel beskik, is klandisiewaarde, of dan ’n goeie reputasie. Hierdie reputasie is egter, volgens die uitsprake, nie deel van die persoonlikheidsregte van die regspersoon nie, maar eerder van die vermoënsregte wat met die actio legis Aquiliae beskerm moet word.51

Minder as ’n dekade later het die Appèlhof in Dhlomo,52 wat gehandel het oor ’n lastereis van ’n niehandeldrywende regspersoon, weer die geleentheid gehad om hierdie aspek te oorweeg. Eerstens beslis waarnemende hoofregter Rabie dat die regsposisie ten opsigte van ’n handeldrywende regspersoon korrek in Friend Newspapers weergegee is, selfs al het dit ’n uitbreiding van die gemenereg waar die aksie slegs vir natuurlike persone bedoel was, ingehou.53 Tweedens beslis hy ten opsigte van niehandeldrywende regspersone:

[T]here is little justification for saying that a non–trading corporation should not, in appropriate circumstances, be accorded the right to sue for an injury to its reputation if the defamatory matter is calculated to cause financial prejudice (whether or not actual financial prejudice results).54

Alhoewel die hof nie duidelik aandui wat die “appropriate circumstances” is nie, verwys dit onder meer na voorbeelde soos waar ’n godsdienstige organisasie weens lasterlike bewerings nie meer fondse van die publiek ontvang nie of waar oorwegings van openbare belang en regsbeleid ’n hof genoop het om nie ’n lastersaksie aan ’n staatsinstelling toe te staan nie.55

Die korrektheid van hierdie uitspraak en uitsprake wat daarop gevolg het, is weer in die Media24-saak aangeval, maar appèlregter Brand beslis dat die Hoogste Hof van Appèl aan die uitsprake gebonde is tensy die hof tevrede is dat dit duidelik verkeerd was.56 Hy maak dit duidelik dat die uitspraak in Dhlomo deur beleidsoorwegings bepaal is en nie noodwendig deur wat “reg” of “verkeerd” is nie.57 Hy bevind verder dat die hof, tensy daar goeie rede is om van beslissing te verander, aan sulke beleidsoorwegings gebonde is, onder meer omdat dit tot regsekerheid meewerk.58 Verder meen die hof daar is geen goeie rede waarom ’n regspersoon nie ook, soos ’n natuurlike persoon, geregtig daarop mag wees om byvoorbeeld die “pride of its employees to work for that company” te beskerm nie.59

Die grondwetlikheid van ’n lasteraksie is ook in Media24 aangeval. Die hof wys aanvanklik daarop dat ’n lasteraksie sekere voordele aan ’n eiser bied, onder meer die weerlegbare vermoedens oor onregmatigheid en animus iniuriandi. Om ’n regspersoon hierdie voordele te ontsê, sou volgens die Hoogste Hof van Appèl op onbillike diskriminasie neerkom wat kragtens die bepalings van artikel 9 van die Grondwet verbied word.60 Ten opsigte van die grondwetlike aanvalle wys die hof daarop dat die Grondwetin artikel 8(4) aan ’n regspersoon dieselfde regte as aan ’n natuurlike persoon bied “in die mate waarin die aard van die regte en die aard van daardie regspersoon dit vereis”.61 Die hof is verder van oordeel dat die reg op waardigheid wat in artikel 10 van die Grondwetbeskerm word, wyer as die gemeenregtelike reg is en nie net op natuurlike persone nie, maar in sommige gevalle ook op regspersone van toepassing is.62 Hierdie reg sluit ook die regspersoon se goeie naam of reputasie in.63 Wat betref die betoog dat die lasterreg die reg op vryheid van spraak onbillik beperk, wys die hof daarop dat vryheid van spraak nie ’n opperreg is nie, dat dit nie ’n besondere status in ons reg geniet nie, en dat dit in die verlede reeds deur howe beperk is.64

Die jongste uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl wat na ’n regspersoon se reg om ’n lastereis in te stel verwys, is Herbal Zone.65 Die hof moes beslis oor die verlening van ’n finale interdik in ’n geskil wat oor manlike opkikkerkapsules gehandel het. In die uitspraak bevestig appèlregter Wallis met verwysing na Caxton dat

[a] corporate entity ... is entitled to claim damages based on defamation. This includes both pecuniary damages for actual financial loss and general damages for harm to its commercial reputation.66

Die regsposisie ten opsigte van laster is gevolglik, sover dit regspersone aangaan, tans redelik seker in die Suid-Afrikaanse reg.67 Die posisie ten opsigte van trusts is egter, soos uit die bespreking in die volgende paragraaf sal blyk, glad nie so seker of eenvoudig nie.

3. Die regsbevoegdheid van ’n trust

’n Trust is ’n unieke regsfiguur. Waar dit uit die bespreking hier bo geblyk het dat as XY Trust ’n maatskappy of ander regspersoon was, dit geregtig sou wees om ’n lasteraksie in te stel, is XY Trust (omdat dit ’n trust is) se vooruitsigte nie so rooskleurig nie. Een van die redes is die besondere regsaard van ’n trust.

3.1 Regsaard van ’n trust

Alhoewel die presiese afkoms van die trust as ’n regsfiguur onduidelik is, is dit wel redelik seker dat dit grootliks uit die Engelse reg kom, hoewel dit heelwat in die Suid-Afrikaanse reg ontwikkel het om by die gemenereg aan te pas.68 Oor wat ’n “trust” is, bestaan daar ook nie altyd sekerheid nie. Appermont69 meld dat die Black’s Law Dictionary meer as 150 verskillende tipes trusts erken, en De Waal70 dat baie tyd en energie al daaraan bestee is om ’n definisie te bepaal, maar dat dit steeds nie “’n eenvoudige taak [is] om die ware aard van ’n trust in die Suid-Afrikaanse reg aan te dui nie”. Vir Hansman en Mattei71 is ’n “privaattrust” een van die eenvoudigste vorme van ’n ondernemingstruktuur wat regtens veroorloof is. Lamprecht72 en Kloppers73 wys in dié verband op die min oprigtings- en openbaarmakingsvereistes asook die buigsaamheid en aanpasbaarheid van trusts.

Alhoewel daar verskeie trustvorme is, sal hierdie deel van die ondersoek fokus op sogenaamde normale trusts74 wat beide testamentêr75 en as ’n ooreenkoms tussen lewende persone76 opgerig word met die doel om die trustbates in die trustees te vestig om tot voordeel van ander en nie die trustees nie, aangewend te word.77

Die Suid-Afrikaanse Appèlhof en die Hoogste Hof van Appèl het reeds in verskeie uitsprake die geleentheid gehad om oor die regsaard van ’n trust te besin.78 Onlangs, in Gowar,79 ’n uitspraak wat oor ’n familietwis en die verwydering van trustees gehandel het, het appèlregter Petse met verwysing na vorige uitsprake weer die geleentheid gehad om die regsaard van ’n trust op te som. Verder word ’n trust ook redelik uitgebreid in die Trustwet80omskryf. Vir doeleindes van hierdie bespreking kan ’n trust, na aanleiding van Gowar, vorige hofuitsprake en die omskrywing van die Trustwet,81 beskryf word as ’n regsfiguur waar die oprigter bates onder die beheer van trustees plaas sodat die trustees dit ingevolge die bepalings van die trustakte tot voordeel van die begunstigdes kan aanwend.82

Uit hierdie omskrywing van ’n trust val ’n aantal aspekte op. Eerstens is ’n trust ’n entiteit met ’n eiesoortige aard (dit is dus sui generis)83 wat te onderskei is van byvoorbeeld ’n maatskappy. Tweedens is die trust ’n regsfiguur waar die trustee of trustees die eienaar van die trustgoedere is, dog meestal geen belang by die trustbates het nie.84 Derdens bestaan ’n trust uit saamgevoegde bates, laste, regte en verpligtinge wat as ’n afsonderlike regsentiteit, maar nie as ’n regspersoon nie, bestaan. Vierdens kan ’n trust slegs deur die trustees wat in ooreenstemming met die bepalings van die trustakte optree, handel.85 Van die trustee word verwag om met die nodige sorgsaamheid en vaardigheid wat van ’n persoon wat ’n ander se belange behartig, op te tree.86 Verder word die trust deur die oprigter tot voordeel van die begunstigdes opgerig, maar indien dit ’n diskresionêre trust is, het die begunstigdes geen gevestigde reg op inkomste of kapitaal totdat die trustees sodanige regte by wyse van toekennings in hulle vestig nie.87

3.2 Interessante gevolge van ’n trust se regsaard

Die omskrywing van ’n trust en die besondere eienskappe daarvan – soos dat dit nie afsonderlik van die trustees as ’n regspersoon beskou word nie88 – het daartoe gelei dat hierdie regsfiguur in Suid-Afrika en internasionaal interessante gevolge tot gevolg gehad het. Vir die doel van hierdie artikel word op ’n vyftal aspekte gefokus, alhoewel besprekings soos dié van onder meer De Waal89 en Van Zyl90 toon dat daar meer is.

3.2.1 Begunstigdes het regte, al het hulle nie “gevestigde regte” nie

Alhoewel begunstigdes in ’n diskresionêre trust geen gevestigde regte op die trustbates het nie, beskik hulle tog oor regte. Appermont91 meld in die Engelsregtelike konteks dat alhoewel die trustees beskou word as die eienaars van die trustbates, hulle nie daarmee kan doen wat hulle wil nie, omdat die begunstigdes oor die “equitable ownership” van die trustbates beskik. Hierdie onderskeid ten opsigte van eienaarskap is egter nie in die Suid-Afrikaanse reg bekend nie.92 En tog kan dit nie ontken word dat die begunstigdes wel regte het nie.93 So kan die begunstigdes versoek dat die trustees, indien hulle nie in die belang van die begunstigdes optree nie, verwyder word.94 In Gowar wys die Hoogste Hof van Appèl daarop dat dit nie nodig is dat die trustee te kwade trou opgetree het of hom aan wangedrag skuldig maak nie. Die belangrikste oorweging is die welsyn van die begunstigdes en die behoorlike bestuur van die trust.95 Begunstigdes kan, as hulle ’n belang by die aangeleentheid het, in geding met die trustee tree. In Harper96 het die hof onlangs beslis dat ’n inkomstebegunstigde wat die moeder van twee betwiste kapitaalbegunstigdes was, oor voldoende belang in die saak beskik om ’n party te wees.97

In sommige gevalle kan die begunstigdes ook, al het hulle geen gevestigde regte nie, in ’n geding namens die trust optree. Dit gebeur in gevalle waar die trustee self die oorsaak van die regsgeskil is,98 of om een of ander rede nie in staat is om ’n geding namens die trust te voer nie.99

3.2.2 Bankrotskap en skuldeisers

Omdat ’n trust nie ’n regpersoon is nie, kan dit nie gelikwideer word as dit bankrot is nie, maar word dit soos ’n natuurlike persoon gesekwestreer.100 Die trust is daarom, sover dit insolvensieprosedures aangaan, ’n afsonderlike skuldenaar,101 dus ’n “persoon”, al is dit nóg ’n natuurlike persoon, nóg ’n regspersoon. Die sekwestrasie raak egter slegs die bates en laste van die trust en nie die trustee se persoonlike boedel nie.102 Hierdie aspek is onlangs weer in Melville103 (wat oor die likwidasie al dan nie van ’n trust gehandel het) bevestig. In hierdie aansoek bevind die hof dat alhoewel ’n trust vir doeleindes van die Maatskappywet as ’n regspersoon beskou word, dit steeds vir doeleindes van die Insolvensiewet104 as ’n skuldenaar beskou word en daarom gesekwestreer moet word.105 Die trust word daarom tydens sekwestrasie as ’n afsonderlike skuldenaar behandel ten spyte daarvan dat die trust “nie oor ’n afsonderlike identiteit of persoonlikheid beskik nie”, en daar in werklikheid nie van die sekwestrasie daarvan sprake behoort te wees nie.106

Terwyl hierdie paragraaf op laste fokus, kan ’n ander interessante aspek van ’n trust ook te berde gebring word, naamlik dat die trustkrediteure nie ’n verhaalsreg teen trustbates het indien die trustees buite hul magte opgetree het of geen magtiging vir hul handelinge gehad het nie.107 ’n Trustee moet daarom, selfs al is hy die “eienaar” van die trustbates, steeds soos ’n beampte van ’n regspersoon behoorlik gemagtig word om op te tree. In O’Shea108 het die Hoogste Hof van Appèl hierdie aspek in die konteks van ’n sekwestrasie-aansoek teen ’n trust bevestig. Die trustee het tydens ’n ondersoek in verband met die likwidasie van ’n maatskappy bevestig dat die trust ’n bedrag aan die maatskappy verskuldig is. Die hof bevind egter dat daar geen getuienis bestaan dat die trustee deur die trust gemagtig was om namens die trust te getuig nie.109 Aansluitend hierby het die Hoogste Hof van Appèl in Parker bevind dat die trustees kan optree slegs indien hulle uit die minimum getal trustees bestaan wat in die trustakte voorgeskryf is. Selfs al is die trustees die eienaars van die trustbates, kan hulle daarom nie die trust geldig bind indien hulle nie aan bepaalde vereistes voldoen nie.110 Hierdie uitsprake beklemtoon weer eens dat die trust onafhanklik van die trustees as ’n onafhanklike entiteit bestaan.

Aan die ander kant het ’n trustee se skuldeisers ook nie toegang tot die trustbates vir skuld van die trustee nie.111 Soos De Waal112 aandui, is daar daarom sprake van twee boedels – en dus van twee afsonderlike regsentiteite: dié van die trustee persoonlik en dié van die trust onder die beheer van die trustee. Dit bied weer ’n bewys van die onafhanklikheid van ’n trust van sy trustees.

3.2.3 ’n Entiteit of nie?

Is die trust daarom in die lig van wat hier bo aangedui is, werklik ’n entiteit ongeag die feit dat dit nie oor regspersoonlikheid beskik nie?

Hierdie vraag is by meer as een geleentheid bevestigend deur die Suid-Afrikaanse howe beantwoord. So bevind die hof in BOE Bank113dat“it is recognised that a trust has a legal existence, whether it be called ‘an entity’, ‘an institution’ or ‘an arrangement’.” Die Hoogste Hof van Appèl het in Swanepoel,114 nadat in die uitspraak terloops verwys is na ’n standaardborgstellingsakte wat gebruik word vir “companies, trusts and other legal entities,”115 bevind dat die dokumente aangetoon het dat die geregistreerde trust, handelende deur sy trustee, die party tot die skuldakte was.116 Die afleiding hieruit is dat die hof die trust self as ’n entiteit beskou. Hierdie afleiding kan ook uit O’Shea gemaak word. Daar het die Hoogste Hof van Appèl bevind dat ’n trustee, al het hy self aangedui dat hy die trust gebind het, dit nie mog doen nie. Dit is so nie slegs omdat hy nie daartoe gemagtig was nie, maar ook omdat die getuienis van ’n verteenwoordiger nie in latere aksie deur ’n derde party teen die prinsipaal toelaatbaar is nie.117 Die trustee word daarom as die “verteenwoordiger van ’n entiteit” – in dié geval die trust – beskou.

Sover dit die registrasie van vaste eiendom aangaan, word die trust as ’n afsonderlike entiteit behandel. De Waal118 wys daarop dat die endossement van die aktekantoor om eiendom uit ’n boedel aan ’n trust oor te dra bloot in die naam van die trust geskied terwyl die oordrag van eiendom na ’n inter vivos-trust ook in die naam van die trust – en nie die trustees nie – geskied. Selfs indien die oordrag van eiendom in die naam van die trustees geskied, word die trustees nie by name genoem nie. Daar word bloot na hulle verwys as “die trustees van tyd tot tyd van die XY Trust”. Dit bring mee dat die aktekantoor geen verandering hoef te maak as die trustees, om welke rede ook al, verander nie. De Waal119 stel dit só: “The title deed, as it were, floats serenely above events, reflecting nothing of the change in ownership of the trust property occurring at another level.”

Hierdie stand van sake het adjunkregterpresident Flemming in Joubert120genoop om aan te dui dat daar voldoende regverdiging daarvoor bestaan om die regspersoonlikheid van trusts in wetgewing vas te lê.

’n Laaste, en belangrike, voorbeeld is die situasie by die dood van die enigste trustee of wanneer ’n trust om een of ander rede nie ’n trustee het nie. In hierdie geval verval die trust nie bloot nie, maar kan ’n belanghebbende die hof nader om ’n trustee aan te stel.121 Totdat ’n nuwe trustee in die geval van die dood van die enigste trustee aangestel is, is dit die verantwoordelikheid van die oorlede trustee se eksekuteur om die trust te bewaar, alhoewel die eksekuteur nie met die bates van die trust kan handel indien hy nie as trustee aangestel is nie.122 Dus bestaan die trust steeds, al het dit nie ’n trustee nie.123 Die trust kan bloot nie optree totdat ’n trustee aangestel is nie.

Die gebruik om na ’n trust as ’n entiteit afsonderlik van sy trustees te verwys, is ook, ten minste in die wyse waarop die uitspraak geskryf is, op verskeie geleenthede deur die Hoogste Hof van Appèl toegepas. In Mont Chevaux Trust124 moes die hof beslis oor die uitsetting van besetters van grond wat aan die trust behoort het. Alhoewel appèlregter Van der Merwe in die inleiding van die uitspraak na die respondente as die trustees van die trust verwys,125 en die hof aandui dat die trust in wese ’n familietrust is,126 word in die res van die uitspraak na die trust asof na ’n afsonderlike entiteit127 verwys sonder om weer na die trustees te verwys. So ook verwys die Hoogste Hof van Appèl in Gowar128 na verskillende trusts wat eiendomme besit. In Frieslaar129is verwys na die trust wat as kontraksparty geregtig was om sekere verpligtinge af te dwing en in Loggenberg130 na ’n trust ten gunste waarvan ’n beding ten behoewe van ’n derde beding is. Die Konstitusionele Hof het onlangs in Snyders131 ook met ’n trust te make gehad en alhoewel die trustee nomine officio as applikant gesiteer is, verwys die hof deurentyd na “die trust” as die applikant en party voor die hof.

In die Europese reg132 was die vraag of ’n trust ’n afsonderlike entiteit is, ’n kernaspek in twee onlangse beslissings. In Olsen133 moes die Hof van die Europese Vryhandelsone134 onder meer beslis oor die toepassing van Noorweegse belastingbepalings op ’n trust wat in Liechtenstein gestig is maar gebruik is om bates in Noorweë te bestuur. Een van die vrae waaroor die hof moes beslis, was of ’n trust, vir doeleindes van vrye vestigingsregte (freedom of establishment), ’n afsonderlike entiteit is. Die hof bevind dat die betrokke statutêre bepaling nie beperkend uitgelê moet word nie, maar dat ’n trust as ’n entiteit beskou kan word as dit “werklike en ware ekonomiese aktiwiteite nastreef”.135 Werklike en ware ekonomiese aktiwiteite word volgens die hof aan vier eienskappe uitgeken: dat die entiteit ’n besigheid bedryf soos om dienste aan te bied, dat die besigheid vir ’n teenprestasie bedryf word, dat dit vir ’n onbeperkte tyd gedoen word en dat dit deur ’n vaste onderneming (fixed establishment) bedryf word.136 Ten opsigte van die vier vereistes bevind die hof dat dit van die feite van elke aangeleentheid sal afhang of dit bewys is en dat, as dit bewys is, ’n trust, ongeag sy regstatus, geregtig is om as ’n entiteit beskou te word.137

In ’n beslissing van die Europese Hof het die aangeleentheid weer ter sprake gekom. In Panayi bevestig die hof dat ’n trust van regsweë erken word, alhoewel dit geen “separate legal personality” het nie en slegs deur die tussenkoms van sy trustees kan optree.138 Omdat die regsvraag weer oor vrye vestigingsregte van ’n trust binne die Europese Unie gehandel het, bevind die hof, soos in Olsen, dat die betrokke bepalings wyd uitgelê moet word.139 Die hof gaan verder en maak die volgende belangrike opmerking:

The activity of the trustees in relation to the trust property and the management of its assets are therefore inextricably linked to the trust itself and, therefore, the trust and its trustees constitute an indivisible whole. That being the case, such a trust should be considered to be an entity which, under national law, possesses rights and obligations that enable it to act as such within the legal order concerned.140

Daarom bevind die hof dat ’n trust wat oor regte en verpligtinge beskik, daarop geregtig is om in sy eie naam op te tree. Waar dit by ekonomiese aktiwiteite betrokke is, is dit geregtig op die betrokke vestigingsregte.141

Ter opsomming kan gesê word dat daar voldoende redes bestaan om ’n trust as ’n afsonderlike entiteit te beskou, veral as dit aan die vereiste van ekonomiese aktiwiteit voldoen.

3.2.4 ’n Trust is soms meer as ’n blote entiteit

In sommige gevalle word ’n trust selfs as meer as ’n blote entiteit beskou. Alhoewel die Hoogste Hof van Appèl dit onlangs in Gowar weer eens duidelik gestel het dat ’n trust nie ’n regspersoon is nie, word hierdie gegewe deur verskeie statutêre bepalings weerspreek. Die Nasionale Kredietwet142 bepaal dat ’n trust vir doeleindes van die betrokke wet as ’n regspersoon geag word mits daar minstens drie trustees is of een van die trustees self ’n regspersoon is. Die Wet op Vuurwapenbeheer143 bepaal eweneens dat ’n trust ’n regspersoon is. Die regstatus van ’n trust as synde ’n regspersoon in sommige gevalle, word ook bevestig deur die Maatskappywet,144wat “’n trust ongeag dit binne of buite die Republiek gestig is of nie” as ’n regspersoon beskou.

Trusts word verder in ’n aantal ander statute as “persone” beskou. Die Inkomstebelastingwet145en die BTW-wet146 beskou albei trusts vir doeleindes van die betrokke wette as persone. Die Suid-Afrikaanse reg ondervind daarom die ongemak dat ’n trust sowel gemeenregtelik as deur die howe nie as ’n regspersoon beskou word nie, terwyl verskeie statutêre maatreëls dit wel doen, onderhewig aan die beperking dat die betrokke bepalings net op aspekte wat in die wetgewing genoem is, van toepassing is. Hierdie ongemak word verder beklemtoon deur ’n uitspraak soos dié in Magnum Financial waar die hof aanvaar dat “in certain respects a trust does possess legal personality”147 sonder om aan te dui wat die aspekte is wat wel aanvaar word.148

Ten opsigte van die regspersoonlikheid van ’n trust wys De Waal149 daarop dat die Suid-Afrikaanse regsteorie en regspraktyk soms in konflik met mekaar verkeer.150 Dit lei tot teenstrydighede, soos dat trusts afsonderlik belas word. Kortom, ’n trust lyk soos ’n regpersoon, maar dit is tans nie een nie. Hy wys daarop dat

’n [e]erlike analise van die situasie soos dit tans daar uitsien, maak die gevolgtrekking onvermydelik dat ’n sekere stukrag in die rigting van die toekenning van regspersoonlikheid aan die trust waarneembaar is in wetgewing, die regspraak en die trustpraktyk.151

3.2.5 ’n Trust kan laster maar skynbaar nie belaster word nie

Na die bespreking oor die verkleurmannetjie-aard van ’n trust, kom die bespreking by die fokuspunt: ’n lastereis. Weer eens bestaan daar onduidelikheid.

Ter aanvang kan ’n trust ’n verweerder in ’n lastereis wees. So was die trust in Ernst152 ’n verweerder omdat een van die trustees op die trust se briefhoof lasterlike bewerings teen die eiser gemaak het.153’n Trust kan dus laster.

Aan die ander kant is die vraag of ’n trust belaster kan word, sover ons kennis strek nog nooit in ’n Suid-Afrikaanse hoë hof bereg nie. Dit het wel in drie ander regsgebiede ter sprake gekom.

In ’n geding in die hoë hof in Madras, Indië – waar ’n trust dieselfde tipe regsfiguur as in die Engelse reg is – het die geskil gehandel oor die belastering van ’n godsdienstige trust.154 In sy betoog het die regsverteenwoordiger van die trust aangevoer dat die trust “’n reg het om nie belaster te word of in die oë van die publiek verkleineer te word nie”.155 Die verweerder se betoog was in wese gegrond op die beginsel van “waarheid in openbare belang”. In sy uitspraak stem regter Rajasuria saam met die betoog van die trust se regsverteenwoordiger dat die trust ’n regspersoon is en dat die trust ook benadeel kan word deur lasterlike bewerings wat teen die trustees en godsdienstige aanhangers van die trust gemaak word.156 Die hof verwys egter nie na direkte gesag vir hierdie stelling nie, en die gesag waarna later in die uitspraak verwys word,157 handel oor ’n “corporation” wat eerder die ekwivalent van ’n maatskappy is.

Die vraag of ’n trust belaster kan word, het in die Zimbabwiese Hoë Hof ter sprake gekom in GMMD Trust.158 Alhoewel dit ’n ongeopponeerde aksie was, het regter Makarau die eiser onder meer versoek om aan te dui waarom die trust oor die nodige regsbevoegheid beskik om ’n lastereis in te stel. Die hof kon self net een vorige uitspraak vind waar in die verbygaan na ’n trust se lastereis verwys is.159 Die hof kom egter met verwysing na Honore tot die gevolgtrekking dat ’n trust

[is] a legal relationship and ... a separate legal entity as a corporation or universitatis even though the trustees may together form a board akin to a board of a company or of a voluntary association.160

Die hof dui verder aan dat alhoewel hy geen gesag oor die aangeleentheid gekry het nie, hy nie bereid is om te bevind dat ’n trust as ’n regspersoon beskou kan word nie, hoewel dit blyk dat ’n trust wel in sommige gevalle ontwikkel het om ’n “personality of sorts that appears separate from the personality of the trustees” te vertoon. Ten opsigte van die geldende reg bevind hy dat ’n trust nie ’n regspersoon is nie en daarom nie belaster kan word nie. Die trustees is egter by magte om ’n aksie in te stel vir die kollektiewe en/of individuele skending aan hul fama.161 Die hof gee egter ook toe dat

[t]here is therefore need for the law to develop and take into account the emergence of a new structure that is a trust that operates as if it is a universitatis or a body corporate.162

Die uitspraak is uit ’n Suid-Afrikaanse oogpunt belangrik, omdat die hof sy bevinding op Suid-Afrikaanse uitsprake en gesag gegrond het.

In die Engelse reg163 moes die Queen’s Bench in NLCM Trust164ook oor die geldigheid van ’n lastereis wat deur ’n trust ingestel is, beslis. Regter Eady haal uit Duncan en Neill oor die lasterreg aan waarin die skrywers aantoon dat oningelyfde organisasies nie ’n lastereis ten gunste van die vereniging kan bring nie, omdat die vereniging nie oor regspersoonlikheid beskik nie.165 Die hof bevind dat die skrywers die regsposisie korrek weergee en dat die trust verder voor die probleem te staan kom dat aangesien dit nie ’n regspersoon is nie, verteenwoordigers nie namens die trust kan optree in ’n lastereis nie. Soos hy dit stel: “[I]f it does not exist, it can have no reputation.”166 Die hof beslis daarom dat ’n trust nie ’n entiteit is wat in staat is om ’n lasteraksie in te stel nie.167 Die trust se aansoek om appèl is deur die Appèlhof toegestaan.168 In sy uitspraak wys lord Sedley daarop dat hy eerstens nie dink dat daar ’n moontlikheid bestaan dat die hof a quo se beslissing verander sal word nie. Aan die ander kant dui hy aan dat

we have reached the stage where very fine lines are having to be drawn about the constitution and status of libel claimants, and it may be that a degree of clarity about the matter at this level would be of general assistance.169

Uit hierdie uitsprake kom dit dus voor of ’n trust hom tans nie suksesvol op ’n lastereis sou kon beroep nie.

3.3 Oorweging

Die vraag is egter: Wat is die werklike verskil tussen ’n trust en ’n regspersoon soos ’n maatskappy tans? ’n Maatskappy is immers ook nie ’n natuurlike persoon nie en die maatskappy kan net deur mense optree, byvoorbeeld die direkteure of bestuurders. Ons is van mening dat ’n lasterlike bewering teen ’n trust se besigheid dieselfde gevolge kan hê as teen ’n regspersoon en dat die trust ook, om die Hoogste Hof van Appèl aan te haal,170 geregtig daarop behoort te wees om die trots waarmee sy werknemers dit bejeën, te beskerm.

Aan die ander kant, in die lig van NLCM Trust, as ’n trust dan nie ’n regspersoon is nie, wie of wat word belaster as die trust, soos XY Trust in ons voorbeeld, “belaster” word? As XY ’n maatskappy was, was dit die regspersoon wat belaster is en kan die maatskappy, soos in die vorige paragraaf verduidelik, ’n lastereis instel selfs al het ’n regspersoon “geen gevoelens” nie.171 XY Trust is egter nie ’n regspersoon nie, maar slegs ’n “samevoeging van regte en verpligtinge”.

Alhoewel die trust met die Aquiliese aksie die werklike skade wat dit as gevolg van ’n verlies aan inkomste gely het, sal kan eis, het dit, omdat dit nie ’n “persoon” is nie, nie ’n eis vir “general damages for harm to its commercial reputation” nie, soos die Hoogste Hof van Appèl (HHA) dit in Gowar172 stel. In die voorbeeld is dit ook duidelik dat dit nie die trustees van XY Trust is wat belaster word nie, omdat hulle, soos hier bo genoem, geen persoonlike belang by die trustbates het nie. Hulle kan daarom ook nie in hul persoonlike hoedanigheid eis vir die leed wat die trust ly nie.

Die probleem waarmee die trust te make het, word ingewikkelder as dit blyk dat regspersoonlikheid in sommige gevalle in die Suid-Afrikaanse reg wel aan ’n trust toegedig word. Daarom sou ’n trust hom moontlik suksesvol op ’n lastereis kan beroep as die staat byvoorbeeld lasterlik sou beweer dat die trust ’n wapensmokkelaar is. Die trust is immers vir doeleindes van die Wet op Vuurwapenbeheer ’n regspersoon. Dit sou egter nie kon gebeur as ’n koerant dieselfde bewerings maak nie. Ons ondersteun daarom beide die uitsprake in GMMD Trust en NLCM Trust dat daar duidelikheid hieroor moet kom. In die volgende paragraaf doen ons enkele aanbevelings hieroor.

 

4. Uitbreiding van ’n trust se regsbevoegdheid

Ten einde te bepaal of dit nodig is om die regsbevoegdheid van ’n trust so uit te brei dat dit in alle omstandighede as ’n regspersoon beskou kan word, en/of daaraan die bevoegdheid te verleen om ’n lastergeding aanhangig te maak, wil ons fokus op drie vrae wat ons in die volgende subparagrawe stel.

4.1 Noodsaaklikheid vir uitbreiding

Die eerste vraag is: Is dit noodsaaklik om die bestaande regsposisie ten opsigte van regspersone wat hier bo hanteer is, uit te brei na trusts? Die antwoord op hierdie vraag berus op twee argumente. Eerstens is dit duidelik dat daar tans geen duidelikheid oor die aangeleentheid is nie, enersyds omdat dit, sover ons bewus is, nog nie in ’n Suid-Afrikaanse hof bereg is nie en andersyds omdat sowel die Zimbabwiese Hoë Hof173 as die Engelse en Walliese Appèlhof174 aangedui het dat daar ’n behoefte daaraan bestaan om duidelikheid oor die posisie van trusts te verkry.

Die tweede argument is dat trusts erkende entiteite is wat aan die regsverkeer deelneem.175 Trouens, sommige trusts word “besigheidstrusts” genoem juis omdat die doel van die betrokke trust is om sake te doen sodat dit ’n wins kan maak en dit onder die begunstigdes te verdeel.176 Daar is reeds aangetoon177 dat trusts as afsonderlike entiteite beskou word, terwyl ’n trust ook tydens sekwestrasie as ’n “persoon” hanteer word.178 Trusts was ook gedurende die afgelope drie jaar partye tot hofgedinge in minstens 19 gevalle in die Noord-Gautengse Hooggeregshof,179 minstens 11 gevalle in die Vrystaatse Hooggeregshof180 en minstens ses gevalle in die Hoogste Hof van Appèl,181 om slegs drie voorbeelde te noem. In sommige gevalle is die trust direk as ’n party aangedui en nie, soos gewoonlik die geval is, die trustees nomine officio as trustees van die trust nie.182 In ’n ander geval, waar ’n trust self die trustee van ’n ander trust was, is die “trusteetrust” in die uitspraak se kopstuk as NO aangedui.183 In die lig daarvan dat trusts so gereeld aan die regsverkeer deelneem en die howe trusts as afsonderlike entiteite aanvaar, blyk dit dat De Waal184 se stelling van ’n kwarteeu gelede tans des te meer waar is, naamlik dat daar ’n “onvermydelike stukrag” is om regspersoonlikheid aan trusts te verleen – of ten minste daaraan die regte te gee wat by trusts se status in die regsverkeer pas. Dit is daarom noodsaaklik om die posisie van trusts aan dié van ander regsentiteite gelyk te stel.

4.2 Onbillike diskriminasie

’n Tweede rede is dat die huidige regsposisie onbillik teen trusts diskrimineer. Ons kan die argument, na aanleiding van GMMD Trust en NLCM Trust, soos volg opsom: Omdat ’n trust nie oor regspersoonlikheid beskik nie, bestaan dit vir doeleindes van laster nie. As XY Trust in ons voorbeeld ’n maatskappy of selfs ’n niewinsgewende organisasie met regspersoonlikheid was, sou dit in die lig van Media24 en Herbal Zone, om slegs twee onlangse uitsprake te noem, wel geregtig daarop gewees het om ’n eis in te stel. In Media24 het die Hoogste Hof van Appèl reeds aangedui dat om “trading corporations” van ’n lastereis uit te sluit, op diskriminasie neerkom wat ongeregverdig is en die regte van die korporasie in artikel 9 van die Grondwet kan aantas.185 Tans word trusts nie net deur hierdie ongeregverdigde diskriminasie benadeel nie, maar die regsposisie dat ’n trust nie ’n regspersoon is nie, beteken ook dat dit nie kan aanspraak maak op die beskerming wat artikel 8(4) van die Grondwet bied wat bepaal dat ’n regspersoon geregtig is op die regte wat in die Handves van Regte vervat is in die mate waartoe dit benodig word nie. Aan die ander kant kan die trust hom ook nie beroep op die regte van ’n individu nie, omdat ’n trust, soos die Hoogste Hof van Appèl dit reeds by verskeie geleenthede gestel het, bloot ’n “samevoeging van bates en laste” is.186

Hierdie situasie word gekompliseer deur wetgewing waar ’n trust wel as ’n regspersoon vir doeleindes van die betrokke wet beskou word. ’n Logiese gevolgtrekking van die wetgewing saamgelees met artikel 8(4) van die Grondwet sal beteken dat die trust vir doeleindes van die wetgewing op ’n fundamentele reg sal kan staatmaak, maar daardie reg nie sal kan afdwing in gevalle waar die wetgewing nie van toepassing is nie.

4.3 Uitbreiding van die reg

Om aan trusts die reg te verleen om ’n lastereis in te stel en dit ook onder die beskerming van artikel 8(4) van die Grondwette bring, sal beteken dat die bestaande reg aangepas moet word. Dit kan op twee wyses geskied: eerstens deur middel van wetgewing en tweedens deur middel van hofbeslissings.

4.3.1 Statutêre verandering

’n Wetswysiging waardeur regspersoonlikheid aan ’n trust verleen word, sou sekerlik teoreties die vinnigste regsekerheid bewerkstellig, maar dit is te betwyfel of dit wel sal gebeur, omdat dit waarskynlik eers weer die aanstelling van ’n kommissie en navorsing sou vereis. Daarby het die Suid-Afrikaanse Regskommissie reeds in 1987 ’n verslag oor trusts gepubliseer wat ten dele in die Trustwet bekragtig is en waarin daar nie aan trusts regspersoonlikheid verleen is nie. Verder bring die besondere regsaard van ’n trust juis mee dat dit verskeie voordele inhou, onder meer dat die trustees in ’n diskresionêre trust deur die wyse waarop inkomste uitgekeer word, die belastingaanspreeklikheid van die trust en begunstigdes kan beheer. Hierdie voordele kan moontlik in die slag bly indien ’n trust altyd oor dieselfde kam as byvoorbeeld ’n maatskappy geskeer word.

4.3.2 Verandering deur die howe

Ons is van mening dat dit verkiesliker is dat die reg deur ’n hofbeslissing gewysig word. Die uitbreiding deur middel van hofbeslissings sal natuurlik eers kan plaasvind as ’n hoë hof ’n bevinding moet maak oor ’n lastereis wat deur ’n trust ingestel is. Soos uit die bespreking geblyk het, is dit nog nie gedoen nie. Ons doen aan die hand dat ’n hof, wanneer dit wel daaroor moet beslis, op grond van drie oorwegings ten gunste van die verlening van regspersoonlikheid behoort te beslis.

4.3.2.1 Bevoegdheid om die gemenereg te wysig

Eerstens het die howe die bevoegdheid om die gemenereg uit te brei.187 Alhoewel hierdie bevoegdheid ’n gemeenregtelike bevoegdheid van hoër howe is,188 is dit ook grondwetlik bevestig in artikel 173 van die Grondwet wat spesifiek bepaal dat die Konstitusionele Hof, die Hoogste Hof van Appèl en die Hooggeregshof189 oor die inherente bevoegdheid beskik om die gemenereg in belang van geregtigheid te ontwikkel. Hierdie bepaling word ondersteun deur artikel 8(3) van die Grondwet wat, met besondere verwysing na die Handves van Regte, bepaal dat ’n hof, in die mate waarin dit nodig is om uitvoering aan ’n reg te gee, die gemenereg moet ontwikkel om uitvoering aan die reg te gee en om reëls te ontwikkel om die reg in ooreenstemming met die Grondwet te beperk.

Die howe het dit reeds by verskeie geleenthede nodig gevind om die gemenereg in die lig van die hierdie bepaling uit te brei. So bevind regter Mahomed in Du Plessis190 dat die gemenereg nie vasgevang is in die beperkings van die verlede nie. In Carmichele191 wys die Konstitusionele Hof trouens daarop dat howe nie bloot die reg het om die gemenereg uit te brei nie, maar onder ’n grondwetlike verpligting staan om dit te doen. In Molusi192 het die Hoogste Hof van Appèl onlangs, met verwysing na wetgewing oor uitsetting, die wisselwerking tussen die gemenereg en wetgewing wat op grondwetlike beginsels geskoei is, verder gevoer deur aan te dui dat die gemenereg deur grondwetlike beginsels beperk word. Daarom kan ’n gemeenregtelike reël geld slegs as dit ook die toets van grondwetlikheid kan deurstaan.193

4.3.2.2 Wysigings aan die lasterreg

Tweedens het die howe reeds in die verlede die gemeenregtelike lasterreg by verskeie geleenthede uitgebrei om die reg in pas met eise van die tyd te bring. Appèlregter Nugent stel dit in Media24194 soos volg:

The common law at any time is not set in stone. It owes its existence to the courts, which have always taken new steps from time to time so that the law remains relevant to its times.

Voorbeelde van hierdie uitbreiding van die gemenereg is om aan regspersone, beide met en sonder winsbejag, die reg te gee om met die actio iniuriarum, en nie net met die Aquiliese aksie vir vermoënskade nie, te eis indien hulle belaster word.195 In Bogoshi196het die Hoogste Hof van Appèl die gemeenregtelike lasterreg gewysig sodat die media nie meer skuldloos aanspreeklik gehou kan word nie, maar die afwesigheid van animus iniuriandi kan bewys.197 In Dey het die hof hom oor die aard van die Romeins-Hollandse gemenereg uitgespreek en aangedui dat die wortels daarvan op beginsels van reg en geregtigheid geskoei is,198 en dat die lasterreg daarom binne daardie beginsels uitgebrei behoort te word om ruimte vir ’n verskoning te bied.199

Die uitbreiding van ’n lasteraksie na trusts behoort daarom ’n logiese ontwikkeling van die bestaande gemenereg te wees. Dit sal meebring dat die grondwetlike beginsels wat in die lasterreg vervat is, uitgebrei word om, in die woorde van artikel 39(1) van die Grondwet, waardes gegrond op waardigheid en gelykheid, ook op trusts van toepassing te maak.

4.3.3 Praktiese faktore om in aanmerking te neem

Wanneer ’n hof oor ’n trust se lastereis moet beslis, kan dit ’n aantal praktiese faktore (wat aansluit by die oorwegings van openbare belang en regsbeleid waarna die Appèlhof in Dhlomo200 verwys het) in aanmerking neem. Dit sluit die faktore in waarna die Europese howe in Olsen en Panayi verwys, om die probleem van “if it does not exist, it can have no reputation” waarna die hof in NLCM Trust201 verwys, te ondervang. Dus kan die hof bepaal of die trust werklik by enige aktiwiteite betrokke is wat daaraan “’n liggaam” in die sin van ’n onderskeibare entiteit gee. Die trust moet dus, in die woorde van BOE Bank,202 ’n “legal existence” hê wat, na analogie van die uitspraak in Witwatersrand Native Labour Association,203 onder meer kan beteken dat die trust “engaged in some business for the purpose of profit” is. Dit beteken byvoorbeeld dat ’n trust wat bloot gebruik word om aandele te hou en vir wie die goeie naam of reputasie geensins belangrik is nie, waarskynlik nie suksesvol ’n lastergeding sal kan voer nie.

Om die hof by te staan in die vraag of die trust by aktiwiteite betrokke is, kan die toets wat in Olsen gestel is, aangelê word deur onder meer te kyk of die trust ’n sake-onderneming met personeellede is en ’n handelsreputasie het wat vir ’n onbeperkte tydperk204 van ’n sakeperseel af sake doen. Die feitevraag is dus of die trustonderneming, as dit ’n individu of regspersoon was, in dieselfde omstandighede belaster sou kon word, of, soos regter Bristowe dit reeds meer as ’n eeu gelede in Rand Water Board205ten opsigte van ’n regspersoon gestel het, die laster die onderneming in die doel waarvoor dit geskep is, geskaad het.

Aansluitend hierby kan die teenwoordigheid van vermoënskade ’n aanduiding daarvan wees dat die trust wel belaster is – byvoorbeeld as eienaars in die aanvanklike voorbeeld skielik traag word om met XY Trust sake te doen weens die bewerings wat daarteen gemaak is.

Laastens glo ons dat ’n hof ook in die lig van die bepalings van die Grondwet sal beslis oor die vraag of uitbreiding van die lasterreg in die betrokke geval tot ongeregverdigde diskriminasie aanleiding sou gee. Die uiteindelike versoek is immers dat die hof (om Neethling en Potgieter206 – wat binne die konteks van ’n late skryf, maar wat net so wel op XY Trust se probleem van toepassing is – aan te haal),

’n waarde-oordeel moet vel wat alle relevante beleidsoorwegings omvat. Indien hierdie oorwegings dit regverdig, moet die hof bevind dat die late onregmatig is en die dader aanspreeklik stel mits natuurlik alle ander delikselemente ook aanwesig is.

Die betoog in hierdie ondersoek is dus nie ten gunste van ’n algemene uitbreiding na alle trusts nie, maar na ’n billike beregting van elke geskil. Alhoewel die voorstel regsistematici moontlik sal afskrik, behoort dit in die lig van die volledige beredenering in Media24 oor die redes waarom ’n lasteraksie wel vir regspersone moontlik is,207 nie vergesog te wees nie. In hierdie saak het dit, soos reeds uitgewys, gegaan oor die feit dat die gemenereg ’n rasionele, verligte regstelsel is wat deur beginsels van billikheid gerig word met oplossings wat altyd aan die beginsels van geregtigheid,208 asook die grondwetlike beginsel van gelykheid voor die reg, konkrete uitdrukking gee.

 

5. Ten besluite

Alhoewel XY Trust se moontlike lastereis tans nog nie ’n toonbeeld van regsekerheid bied nie, kan hierdie artikel ’n bydrae lewer tot die debat oor die besondere aard van lasteraksies en trusts. Die bydrae van hierdie artikel, gekoppel aan die inherente bevoegdheid van hoër howe om die gemenereg in ooreenstemming met grondwetlike beginsels aan te pas, kan daartoe meewerk dat so ’n eis wel suksesvol sou wees.

 

Bibliografie

Ancient Pages. 2017. What was Lex Salica. http://www.ancientpages.com/2017/12/13/what-was-lex-salica/ (15 Junie 2018 geraadpleeg).

Appermont, N. 2016. Adrift between Scylla and Charybdis? The trust caught between a civil law rock and a fiscal hard place. Trusts & Trustees, 22(10):1134–64.

Devenish, G.E. 2006. A commentary on the South African bill of rights. Durban: LexisNexis Butterworths.

De Waal, M. 1993. Anomalieë in die Suid-Afrikaanse trustreg. Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, 93(1):1–10.

—. 1997. Die van ’n trustbegunstigde om onafhanklik van die trustee ’n regsgeding in verband met ’n trust te voer. Tydskrif virdie Suid-Afrikaanse reg, 1:148–54.

—. 2000. The core elements of the trust: aspects of the English, Scottish and South African trusts compared. South African Law Journal, 117(3):548–71.

—. 2009. The strange path of trust property at a trustee's death: Theory and practice in the law of trusts. Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse reg, 1:84–101.

Hansmann, H. en U. Mattei. 1998. The functions of Trust Law: A comparative legal and economic analysis. New York University Law Review, 73(2):434–79.

Kilaita, M. en D. Friedman. 2012. The Babylonian and Assyrian legal systems of ancient Mesopotamia. http://www.daviddfriedman.com/Academic/Course_Pages/legal_systems_very_different_12/Papers_12/%20Babylon_Kilaita_12.htm (15 Junie 2018 geraadpleeg).

King, L.W. 1915. The Code of Hammurabi. http://www.general-intelligence.com/library/hr.pdf (18 Junie 2018 geraadpleeg).

Kloppers, D.F. 2001. Die afdwinging van ’n modus vir ’n onpersoonlike doel. LLM-skripsie, PU vir CHO, Potchefstroom.

Kloppers, H. 2006. Enkele lesse vir trustees uit die Parker-beslissing. Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse reg, 2:414–23.

Lamprecht, M. 2010. Die bestaansreg van ’n besigheidstrust. LLM-skripsie, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom.

Loubser, M. en R. Midgley (reds.). 2017. The law of delict in South Africa. Kaapstad: Oxford University Press.

Neethling, J. 2009. Vryheid van (media-)spraak en die beskerming van persoonlikheidsregte. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 49(1):43–61.

—. 2011. ’n Vergelyking tussen die individuele en korporatiewe persoonlikheidsreg op identiteit. Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse reg, 1:62–75.

Neethling, J. en J. Potgieter. 2015. Neethling-Potgieter-Visser law of delict. 7de uitgawe. Durban: LexisNexis-Butterworth.

—. 2016. Vonnisbespreking: Deliktuele aanspreeklikheid weens ’n late: onregmatigheid en nalatigheid. LitNet Akademies, 13(1):491–501.

Neethling, J., J.M. Potgieter en P.J. Visser. 2005. Neethling’s law of personality. 2de uitgawe. Durban: LexisNexis.

Potgieter, J.M., L. Steynberg en T.B. Floyd. 2012. Visser & Potgieter skadevergoedingsreg. 3de Uitgawe. Kaapstad: Juta & Kie.

Stander, L. 1999. Hoe veilig is bates in ’n trust ingeval van die sekwestrasie van die boedel van een van die betrokke partye? Tydskrif vir Regswetenskap,24(2):145–70.

Van Zyl, D.H. 1977. Geskiedenis en beginsels van die Romeinse privaatreg. Durban: Butterworth.

Van Zyl, R. 2017. Die invloed van die stipulatio alteri op die inter vivos trust in die Suid-Afrikaanse reg: voorgestelde oplossings vir beter regulering. LLD-proefskrif, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein.

Veeder, V.V. 1903. The history and theory of the law of defamation. Columbia Law Review, 3(8):546–73.

Vincent, G.E. 1904. The laws of Hammurabi. American Journal of Sociology, 9(6):737–54.

Vorster, A. en J.P. Coetzee. 2015. Die geldigheidsvereistes van ’n trust opnuut ondersoek – Khabola v Ralithabo [2011] ZAFSHC 62. Potchefstroomse Elektroniese Regstydskrif,18(5):797–810.

Wilner, I. 1942. The civil liability aspects of defamation directed against a collectivity. University of Pennsylvania Law Review, 90:414–39.

 

Eindnotas

1 Kilaita en Friedman (2012); Vincent (1904:740). Ongelukkig was die wyse waarop die beskerming plaasgevind het, soms baie primitief. So bepaal art. 132: “If the ‘finger is pointed’ at a man's wife about another man, but she is not caught sleeping with the other man, she shall jump into the river for her husband” (King 1915 se vertaling). Dit het natuurlik meegebring dat die vrou se onskuld deur haar swemvermoë bepaal is!

2 Die 12 Tafels, of Lex Duodecim Tabularum, was ’n vroeë poging om die Romeinse reg te kodifiseer. Volgens oorlewering is dit omstreeks 450 v.C. aanvaar – Van Zyl (1977:25).

3 Wilner (1942:415).

4 Veeder (1903:548).

5 Die Lex Salica was ’n kodifikasie van die Frankiese reg wat koning Clovis tussen 507 en 511 uitgevaardig het (Ancient Pages 2017).

6 Veeder (1903:545). LW: Die Romeine sou nie van "sjielings" gepraat het nie.

7 Devenish (2006:87); Loubser en Midgley (2017:411–2).

8 Potgieter, Steynberg en Floyd (2012:15–6). Die skrywers verwys na die Suid-Afrikaanse skadevergoedingsreg, waarvan die lasterreg ’n deel is.

9 Let daarop dat behalwe waar die konteks anders vereis, manlike voornaamwoorde gebruik word.

10 Potgieter, Steynberg en Floyd (2012:121).

11 Dit word ook spesiale skade genoem, synde skade wat nie regtens vermoed word nie en spesiaal of uitdruklik in ’n hofaksie gepleit en bewys moet word (Neethling en Potgieter 2015:231).

12 Media24 v SA Taxi Securitisation [2011] ZASCA 117 par. 8. Verwysings in die teks en notas na Media24 verwys na hierdie uitspraak en nie na die 2017-uitspraak (Media24 Ltd v Du Plessis)waar Media24 ook betrokke was nie.

13 Die opset hoef natuurlik nie net direkte opset te wees nie, maar kan ook dolus eventualis wees, waar die dader weet dat sy optrede lasterlik kan wees maar nogtans daarmee voortgaan – Le Roux v Dey [2011] ZA KH 4 par 131. Lesers sal waarskynlik onthou dat die verskil tussen direkte en indirekte opset ’n belangrike aspek in die onlangse Pistorius-saak en -sage was – sien DPP Gauteng v Pistorius [2015] ZASCA 204 parr. 19, 26.

14 Daar word dikwels na hierdie skade as nievermoënskade of algemene skade verwys, synde skade wat die eiser nie kwantitatief hoef te bewys nie en wat “regtens vermoed word uit ’n onregmatige handeling te volg” (Neethling en Potgieter 2015:231).

15 Media24 par. 17; Van Gijsen v Van der Merwe [2016] ZAWCHC 85 par. 68; Loubser en Midgley (2017:519). Devenish (2006:87) betoog in sy bespreking van art. 10 van die Grondwet, 1996 dat ’n onderskeid gemaak moet word tussen die reg op waardigheid wat in die betrokke artikel vervat is en die reg op ’n goeie naam wat gemeenregtelik deur middel van ’n lasteraksie beskerm kan word. Sien ook Potgieter v Kilian (1995) BLCR 1498 (N) 1527 C–D. Neethling (2009:45–6) wys egter daarop dat daar algemene instemming bestaan dat die regte op eer, goeie naam en identiteit deel vorm van en beskerm word deur die omvattende reg op menswaardigheid.

16 Van Gijsen v Van der Merwe [2016] ZAWCHC 85 par. 68.

17 Le Roux v Dey [2011] ZA KH 4 par 105. Verwysings na Dey in die teks en notas verwys na die uitspraak van die Konstitusionele Hof (waarna in die res van die artikel as KH verwys word).

18 In die res van die artikel die HHA genoem.

19 Le Roux v Dey 2010 2 SA 210 (HHA) par. 10. Sien ook Dey par. 114.

20 Neethling(2009:46).

21 Neethling (2011:68).

22 Van Gijsen par. 68. ’n Voorbeeld van die wraakaard van die aksie kom reeds in die Kode van Hammurabi voor. Par. 127 (King 1915 se vertaling) lui soos volg: “If any one ‘point the finger’ (slander) at a sister of a god or the wife of any one, and can not prove it, this man shall be taken before the judges and his brow shall be marked.” Veeder (1903:549) wys daarop dat die regsposisie in die Engelse reg tydens die bewind van die vroeë konings Alfred, Edgar en Canute (of Knoet soos hy soms in Afrikaans bekend staan) ingehou het dat die lasteraar se tong uitgesny moet word tensy hy “die prys van sy kop” kon betaal.

23 In sy minderheidsuitspraak in Media24 par. 79 stel Nugent AR dit só: “What is compensated for is harm to feelings.”

24 Potgieter, Steynberg en Floyd (2012:513). Hierdie stelling word nietemin gekwalifiseer (sien 512).

25 Veeder (1903:548).

26 In Media24 par. 33 word dit gestel dat “the purpose of damages for defamation is not to punish the defendant”.

27 S v Piedt [2011] ZAWCHC 467, 2: “Ons Howe beskou afskrikking as die oorheersende en universele erkende doel van straf.”

28 Media24 par. 40.2.

29 In die minderheidsuitspraak in Media24 par. 110 is die bestraffende aard van algemene skade in ’n burgerregtelike geding juis ’n aspek wat deur Nugent AR uitgelig word. Sien ook die onderwerpsregister o.a. onder “straffunksie” in Potgieter, Steynberg en Floyd (2012), waar op verskeie plekke oor die beweerde straffunksie van genoegdoening geskryf word.

30 In Van Gijsen par. 70 som die hof die publikasievereiste soos volg op: “In die algemeen word aan die publikasievereiste voldoen indien die gewraakte woorde of gedrag aan minstens een ander persoon as die belasterde self openbaar gemaak word.”

31 Dey par. 85. Die hof wys daarop dat ’n volledige bewyslas en nie bloot ’n weerleggingslas nie die verweerder ten laste gelê word nadat publikasie bewys is. Sien ook Media24 Ltd v Du Plessis [2017] ZASCA 33 par. 20; Van Gijsen parr. 75, 78. Die verweerder kan daarom nie bloot ontken dat die bewerings lasterlik is nie – hy moet getuienis aanbied om die ontkenning te staaf (Van Gijsen par. 92).

32 Par. 127 van die Kode van Hammurabi (King 1915).

33 Dey par. 91.

34 Media24 par. 38.

35 Media24 par. 53. Sien ook Nugent AR se minderheidsuitspraak (par. 84). Gemeenregtelik was die amende honorable ook beskikbaar ingevolge waarvan die eiser ’n verskoning van die verweerder kon eis. Alhoewel hierdie remedie weens onbruik verval het, het die hof in Mineworkers Investment Co v Modibane 2002 6 512 (W) par. 24 bevind dat al is die remedie nie meer deel van ons reg nie, daar geen rede is waarom ’n analoë remedie nie deel van die reg kan word nie. Sien ook Neethling, Potgieter en Visser (2005:173); Neethling en Potgieter (2015:268); Loubser en Midgley (2017:522–4).

36 Dey par. 195.

37 Dey parr. 200, 202.

38 Dey par. 206.

39 Van Gijsen par. 68.

40 Neethling (2009:49); Neethling en Potgieter (2015:365); Loubser en Midgley (2017:440).

41 Neethling (2011:64 vn. 17).

42 Neethling (1998:89); Neethling en Potgieter (2015:343); Neethling, Potgieter en Visser (2005:70). Hierdie siening word ook deur Nugent AR in die minderheidsuitspraak in Media 24 ondersteun.

43 Media24 par. 17.

44 Cape Times Ltd v South African Newspaper Co Ltd (1906) 23 SC 43, 49.

45 GA Fichardt Ltd v The Friend Newspapers Ltd 1916 AD 1.

46 Per Innes HR in Friend Newspapers 5. In dieselfde uitspraak 8 spreek Solomon AR hom soos volg oor die aangeleentheid uit: “It has been settled by a series of decisions, both in England and in South Africa, that an action will lie at the suit of a trading company for statements defaming it in its business character or reputation. ... The law on this subject is now well settled, and it is unnecessary, therefore, to discuss the authorities dealing with it.”

47 Die Spoorbond v South African Railways; Van Heerden v South African Railways 1946 AD 999,1007, 1010–11. ’n Interessante en vir doeleindes van hierdie navorsing belangrike opmerking is dié van Schreiner AR dat “the opinion of other persons is of value to him and although it is not usual to speak ... of defamation as a form of theft, it has become in some degree assimilated to wrongs done to property”.

48 Multiplan Insurance Brokers (Pty) Ltd v Van Blerk 1985 3 SA 164 (D) 166B–168A; A Neuman CC v Beauty Without Cruelty International 1986 4 SA 675 (K) 688B–C.

49 Universiteit van Pretoria v Tommie Meyer Films (Edms) Bpk 1977 4 SA 376 (T).

50 Church of Scientology in SA (Incorporated Association not for Gain) v Reader’s Digest Association SA (Pty) Ltd 1980 4 SA 313 (K).

51 Tommie Meyer Films 387; Church of Scientology 317F–H; Media24 par. 20.

52 Dhlomo v Natal Newspapers (Pty) Ltd [1988] ZASCA 173.

53 Dhlomo 21 – die verwysings in hierdie uitspraak is bekom van die SAFLII-webwerf (www.saflii.org).

54 Dhlomo 25.

55 Dhlomo 25–7.

56 Media24 par. 33. Ook in sy minderheidsuitspraak in par. 65 stel Nugent AR dit duidelik: “We agree that a trading corporation has a protectable interest in its reputation, and we agree that it is entitled to redress once the elements of unlawful defamation have been established in the ordinary way.”

57 Media24 par. 37.

58 Ibid.

59 Media24 par. 39.

60 Media24 par. 42.3. Die diskriminasie waarna die hof hier verwys, is natuurlik nie geleë in die vraag of daar “onbillik” teen ’n regspersoon “gediskrimineer” word deur nie daaraan sekere persoonlikheidsregte toe te ken nie, maar of die regspersoon se regte anders as dié van ’n individu hanteer word.

61 Media24 par. 43.

62 Media24 par. 44. Brand AR (par. 46) wys trouens daarop dat die KH reeds in Investigating Director: Serious Economic Offences v Hyundai Motor Distributors (Pty) Ltd 2001 1 SA 545 (KH) parr. 17–18 bevind het dat regspersone ook ’n reg op privaatheid het.

63 Media24 par. 47. Die KH het reeds in Dey (par. 202) binne die konteks van ’n lastersaak daarop gewys dat respek vir waardigheid ’n belangrike hoeksteen in die nuwe grondwetlike bedeling is.

64 Media24 par. 48. Die KH het trouens in Khumalo v Holomisa 2002 5 SA 401 (KH) bevind dat die lasterreg grondwetlik is en ’n balans tussen die reg op vryheid van spraak aan die een kant en die reg op waardigheid aan die ander kant skep.

65 Herbal Zone v Infitech Technologies [2017] ZASCA 8.

66 Herbal Zone par. 36.

67 Dit is redelik seker, want die minderheidsuitspraak van Nugent AR het baie vrae oor die aard van algemene skade wat in lastereise aan regspersone toegestaan word, laat ontstaan. Daarby het Snyders AR (par. 115) opgemerk: “It is clear that the direction taken by Nugent JA needs to be explored in future litigation of this kind.”

68 Appermont (2016:1136); De Waal (2000:555; 2009:86).

69 Appermont (2016:1136).

70 De Waal (2000:548); De Waal (1993:2).

71 Hansman en Mattei (1998:437).

72 Lamprecht (2010:2).

73 Kloppers (2006:415).

74 De Waal (1993:3).

75 Of “mortis causa”, dus letterlik “weens die dood van die testateur”.

76 “Inter vivos”, letterlik “tussen lewendes”. Sien ook Van Zyl (2017:165 e.v.).

77 De Waal (2000:548); Lamprecht (2010:5) en die bronne aldaar aangehaal. Vorster en Coetzee (2015:1801) verwys na ’n vyftal geldigheidsvereistes vir die bestaan van ’n trust, o.m. die bedoeling om ’n trust op te rig, ’n duidelike en wettige trustdoel en begunstigdes wat bepaald of bepaalbaar is.

78 CIR v MacNeillie’s Estate 1961 3 SA 833 (A) 840; Braun v Blann and Botha 1984 2 SA 850 (A); Kohlberg v Burnett 1986 3 SA 12 (A) 25C; CIR v Friedman 1993 1 SA 353 (A) 370I.

79 Gowar v Gowar (149/2015) [2016] ZASCA 101.

80 Wet op die Beheer van Trustgoedere 57 van 198 (hierna die Trustwet). Alhoewel dié wet verskeie aspekte van die trustreg hanteer, wys De Waal (1997:148) tereg daarop dat die wet nie ’n kodifikasie van die trustreg is nie. Dit bring mee dat vele aspekte van die trustreg buite die wet hanteer moet word.

81 Art. 1 van die Trustwet; Lamprecht (2010:4).

82 Sien ook Trustees of the P Panayi Accumulation & Maintenance Settlements v Commissioners for Her Majesty’s Revenue and Customs (C646/15) [2017] CJEU.

83 Gowar par. 20.

84 Ibid. In Lupacchini v Minister of Safety and Security [2010] ZASCA 108 par. 1 verwoord Nugent AR die regsaard van ’n trust soos volg: “A trust that is established by a trust deed is not a legal person – it is a legal relationship of a special kind that is described by the authors of Honoré’s South African Law of Trusts as ‘a legal institution in which a person, the trustee, subject to public supervision, holds or administers property separately from his or her own, for the benefit of another person or persons or for the furtherance of a charitable or other purpose’.” Sien ook Theron v Loubser [2013] ZASCA 195 par. 5. Hierdie trust moet onderskei word van ’n bewindtrust waar die bates reeds in die begunstigdes vestig en die trustees se magte en diskresie beperk word – Lamprecht (2010:17); Stander (1999:147) en die gesag aldaar aangehaal.

85 Gowar par. 21. Petse AR verwys na Land and Agricultural Bank of South Africa v Parker [2004] ZASCA 56 par. 10: “[A trust] is an accumulation of assets and liabilities. These constitute the trust estate, which is a separate entity. But though separate, the accumulation of rights and obligations comprising the trust estate does not have legal personality. It vests in the trustees, and must be administered by them – and it is only through the trustees, specified as in the trust instrument, that the trust can act.”

86 Art. 9 van die Trustwet; Gowar par. 26.

87 Fred Olsen et al v The Norwegian State [2014] EFTA Ct Rep 400 par. 43; Lamprecht (2000:16); Stander (1999:151)

88 Stander (1999:146).

89 De Waal (1993:3–8).

90 Van Zyl (2017).

91 Appermont (2016:1137).

92 Braun v Blann and Botha 1984 2 SA 850 (A) 859E-F; De Waal (2000:550); Lamprecht (2010:13).

93 Van Zyl (2017:158) en die bespreking van Potgieter v Potgieter 2012 1 SA 637 (HHA).

94 De Waal (2000:566); Klagsbrun v Raath [2018] ZAGPPHC 202 par. 2.

95 Gowar parr. 30, 32.

96 Harper v Crawford [2017] ZAWCHC.

97 Harper par. 7.

98 Dit staan bekend as die Beningfield-uitsondering wat deur die graaf van Selbourne in Beningfield v Baxter (1886) 12 AC 167 (PC) 178–9 verwoord is. Die uitsondering het onlangs weer in die HHA ter sprake gekom – sien Standard Bank of South Africa Limited v July [2018] ZASCA 85 par. 15.

99 Gross v Pentz 1996 4 SA 617 (A) 628I–J; De Waal (1997:152).

100 Magnum Financial Holdings (Pty) Ltd (in Liquidation) v Summerly 1984 1 SA 160 (W).

101 Stander (1999:152).

102 Stander (1999:158).

103 Melville v Busane [2011] ZAECPEHC 45.

104 Art. 2 van die Insolvensiewet 24 van 1936.

105 Melville par. 7.

106 De Waal (1993:4).

107 Appermont (2016:1140).

108 O’Shea v Van Zyl [2011] ZASCA 156.

109 O’Shea par. 23.

110 Kloppers (2006:416–7).

111 Art. 9 van die Trustwet; De Waal (2000:561).

112 De Waal (2000:562).

113 BOE Bank Ltd (formerly NBS Boland Bank Ltd) v Trustees, Knox Property Trust [1999] 1 All SA 425 (D) 436D–E.

114 Standard Bank v Swanepoel NO [2015] ZASCA 71.

115 Swanepoel par. 16.

116 Swanepoel par. 17.

117 O’Shea parr. 23–4.

118 De Waal (1993:3).

119 De Waal (2009:96).

120 Joubert v Van Rensburg 2001 1 SA 753 (W) 772A–B.

121 De Waal (2000:566). Die Engelsregtelike spreuk “a trust will not fail for want of a trustee” geld daarom ook in die Suid-Afrikaanse reg (De Waal 2009:93).

122 De Waal (2009:94).

123 De Waal (2009:100): “One therefore finds the strange reality that the trust can continue to exist without any trustee in office.”

124 Goosen v The Mont Chevaux Trust [2017] ZASCA 89.

125 Mont Chevaux Trust par. 2.

126 Ibid.

127 Voorbeelde hiervan is die volgende: “[T]he trust launched an application” (par. 3); “The trust also cited the municipality” (par. 3); “The trust filed a notice of intention to abide by the judgment of this court, citing financial constraints” (par. 6).

128 Gowar par. 3.

129 Frieslaar v Ackerman [2018] ZASCA 3 par. 37.

130 Loggenberg v Maree [2018] ZASCA 24 par. 22.

131 CWA Snyders NO as Trustee of the Louis Snyders Familie Trust v Louistef (Pty) Ltd [2017] ZACC 28.

132 Die term Europese reg (in Engels European law)verwys na die reg wat in Europese state gedeel word en soms spesifiek na die reg in die Europese Unie (https://www.britannica.com/topic/European-law). Hierdie begrip word dikwels in verband met ’n meestersgraad in die regte gebruik, bv. in die webadvertensies van die Universiteite van Lijden en Edinburgh.

133 Fred Olsen et al v The Norwegian State [2014] EFTA Ct Rep 400.

134 In Engels bekend as die EFTA Court.

135 Olsen par. 96 (ons beklemtoning).

136 Olsen pa. 97.

137 Olsen par. 103.

138 Panayi par. 5. Soos hier bo verduidelik, is dit ook die Suid-Afrikaanse regsposisie.

139 Panayi par. 26.

140 Panayi par. 32 (ons beklemtoning).

141 Die uitspraak herinner aan Magnum Holdings waar die hof bevind het dat omdat dit oor afsonderlike regte en verpligtinge beskik, ’n trust ’n skuldenaar – dus afsonderlike persoon – vir doeleindes van insolvensieverrigtinge is.

142 34 van 2005.

143 60 van 2000 na die inwerkingtreding van die Wysigingswet op Vuurwapenbeheer 28 van 2006.

144 71 van 2008.

145 58 van 1962.

146 Wet op Belasting op Toegevoegde Waarde 89 van 1991.

147 Magnum Financial 163H.

148 De Waal (1993:5).

149 De Waal (2000:563).

150 De Waal herhaal hierdie stelling in ’n latere artikel (2009:84): “Then there are instances where trust practice is quite patently at odds with established trust theory.”

151 De Waal (1993:10).

152 Ernst v Goosen [2013] ZAGPPHC 149.

153 In hierdie saak was die eiser nie suksesvol nie, omdat hy nie publikasie van die lasterlike bewerings kon bewys nie en die hof ook bevind het dat die bewerings nie lasterlik is nie – Ernst parr. 8, 13.

154 O.A. 385 & 2027 van 2010.

155 O.A. 385 & 2027 van 2010 par. 5(iv).

156 O.A. 385 & 2027 van 2010 par. 11. Die hof verwys later (par. 13) weer na die trust se reg om ’n lasteraksie in te stel in hierdie kostelike taalgebruik: “Those are two sides of a coin and any distinction sought to be made would amount to distinguishing between tweedledum and tweedledee or rock and hard place and it cannot be taken as one between chalk and cheese.”

157 O.A. 385 & 2027 van 2010 par. 67.

158 Gold Mining and Minerals Development Trust v Zimbabwe Miners Federation HC 2014/04 [Z] (hierna GMMD Trust). Die uitspraak dui ook aan dat die Zimbabwiese trustreg ooreenstem met Engelse en Suid-Afrikaanse regsbeginsels.

159 GMMD Trust 2 (die paragrawe in die uitspraak is nie genommer nie) waar die hof na Matebeleland Zambezi Water Development Trust v Zimbabwe Newspapers (1980) Ltd 2002 1 ZLR 12 (H) verwys.

160 GMMD Trust 3.

161 GMMD Trust 4.

162 Ibid.

163 De Waal (2009:86) herinner daaraan dat, ten spyte van die verskille in die Engelse en Suid-Afrikaanse trustreg, eg. steeds ’n “rich source for comparative law purposes” is.

164 North London Central Mosque Trust (a charity) v Policy Exchange [2009] EWHC 3311 (QB) (hierna NLCM Trust).

165 NLCM Trust par. 2.

166 NLCM Trust par. 6. Die hof neem hierdie aspek verder in par. 8: “It is not a human being or a group of human beings, nor is it a corporation or quasi-corporation in the sense that it has been given some of the attributes of a corporation, such as the capacity to sue or be sued.”

167 NLCM Trust par. 11.

168 North London Central Mosque Trust (a charity) v Policy Exchange [2010] EWCA Civ 526.

169 North London Central Mosque Trust (a charity) v Policy Exchange [2010] EWCA Civ 526 par. 9.

170 Media24 par. 39.

171 Media24 par. 17.

172 Gowar par. 20.

173 In GMMD Trust 4.

174 In North London Central Mosque Trust (a charity) v Policy Exchange [2010] EWCA Civ 526 par. 9.

175 Dit is, ter syde, interessant dat gedinge waarby trusts betrokke is, dikwels met familievetes te doen het. Só verwys die HHA in Gowar (par. 6) daarna dat “The chief protagonists in this bitter and drawn-out dispute are the Gowar brothers.” In Theron v Loubser [2013] ZASCA 195 begin Ponnan AR sy uitspraak met ’n aanhaling uit Romeo en Juliet en wys daarop dat die name van die families net verander kan word om die familievete in hierdie saak te beskryf. In Klagsbrun v Raath [2018] ZAGPPHC 202 het die dispuut oor broers en ’n suster se beheer van ’n trust gehandel, en in Matthews v Thyne [2018] ZAGPPHC 30 verwys Mavundla R (par. 3) na ’n “broedertwis” wat die grondslag van die geskil vorm. In Dannhauser v Van der Walt [2014] ZAGPPHC 1027 was die dispuut tussen ’n pa, sy dogter en twee trusts.

176 Lamprecht (2010:21).

177 Par. 3.2.3.

178 Stander (1999:158) en die bespreking in 3.2.2 hier bo.

179 Van die uitsprake sluit in: Farmers Trust v Competition Commission of South Africa [2017] ZAGPPHC 488; George Speropoulos Trust v Tau Rollermeule CC. [2017] ZAGPPHC 637; Government of the Republic of South Africa v David Roux Gesinstrust [2016] ZAGPPHC 139; Klagsbrun v Raath [2018] ZAGPPHC 202; Matthews v Thyne [2018] ZAGPPHC 30; Mjejane Trust v Makhubela [2016] ZAGPPHC 957; Sentinel Trust v Barns [2016] ZAGPPHC 535.

180 Sien bv Absa Bank Ltd v Baugarten [2017] ZAFSHC 111; Du Toit v Coenoe 90 CC [2017] ZAFSHC 126; Kleo Investments (Edms) Bpk v Wessels [2017] ZAFSHC 6; Richter v Richter (1988/2017) [2018] ZAFSHC 45; Triegaardt v Knipe (Noordman and Others Intervening) [2017] ZAFSHC 101.

181 O.m. De Villiers v GJN Trust [2018] ZASCA 80; Frieslaar; Gowar; Mont Chevaux Trust; Loggenberg; Osborne v Cockin [2018] ZASCA 58.

182 George Speropoulos Trust v Tau Rollermeule CC. [2017] ZAGPPHC 637; Farmers Trust v Competition Commission of South Africa [2017] ZAGPPHC 488; Mjejane Trust v Makhubela [2016] ZAGPPHC 957; Government of the Republic of South Africa v David Roux Gesinstrust [2016] ZAGPPHC 139.

183 Sentinel Trust v Barns [2016] ZAGPPHC 535.

184 De Waal (1993:10).

185 Media24 par. 40.

186 Land and Agricultural Bank of South Africa v Parker and others [2004] ZASCA 56 par. 10.

187 Sien in die algemeen Kloppers (2001:31–7).

188 Devenish (1999:31).

189 Alhoewel die Grondwet aanvanklik na “hoë howe” verwys het, is art. 169 in 2012 gewysig. Die Afrikaanse benaming is dus nou weer Hooggeregshof, wat uit verskillende afdelings bestaan.

190 Du Plessis v De Klerk 1996 3 SA 850 (KH) par. 86.

191 Carmichele v Minister of Safety and Security [2001] ZACC 22 par. 39.

192 Molusi v Voges [2016] ZACC 6.

193 Molusi par. 37: “The provisions of sections 8, 9, 10 and 11 of ESTA have the result that the common law action based merely on ownership and possession ... is no longer applicable.” In Media24 par. 41 stel die HHA dit duidelik: As die gemenereg in stryd met grondwetlike beginsels is, verlang art. 39(2) van die Grondwet dat die gemenereg gewysig word om by die grondwetlike beginsels aan te pas.

194 Media24 par. 74.

195 Media24 par. 41; Herbal Zone par. 36.

196 National Media Ltd v Bogoshi 1998 4 SA 1196 (HHA).

197 Bogoshi 121B–F.

198 Dey par. 198.

199 Dey par. 203.

200 Dhlomo 27.

201 NLCM Trust par. 6.

202 BOE Bank 436D–E.

203 Witwatersrand Native Labour Association Ltd v Robinson 1907 TS 264, 265.

204 Lamprecht (2010:27) wys daarop dat daar geen beperking op die lewensduur van ’n trust is nie en die trust nie noodwendig beëindig word as die trustees of begunstigdes verander nie.

205 Rand Water Board v Lane 1909 TH 4, 7.

206 Neethling en Potgieter (2016:494).

207Media24 parr. 17–55 met die opsomming in par. 55: “I can therefore find no legitimate reason why we should deviate from the rule of our common law, which had been endorsed by our courts for nearly a century, that a corporation has a claim for general damages in defamation.”

208 Dey par. 196.

 

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Kan ’n trust ’n lastereis instel? ’n Verkennende ondersoek appeared first on LitNet.

Can a trust institute a defamation action? An exploratory investigation

$
0
0

Abstract

The law of defamation is concerned with the protection of a legal subject’s good name and reputation. The good name and reputation of a natural person was already protected in the Code of Hammurabi in the 17th century BC and the modern action available to an injured party in the South African law – the actio iniuriarum – has its roots in the Roman 12 Tables which dates from the 5th century BC.

The actio iniuriarum is a civil action, but it has some interesting characteristics. Firstly, although this aspect has been fiercely debated, it seemingly still retains some remnants of its penal character in the Roman law. Secondly, the burden of proof differs from most civil actions. In a defamation action the plaintiff only needs to prove the existence of the defaming statement. If that has been proven, a legal presumption arises that the statement was both unlawful and intentional. This means that the defendant has to prove, on a preponderance of probabilities, that the statements were lawful and/or unintentional. Thirdly, the subjective feelings of hurt and injury of the plaintiff is not important: what is important is whether the defamatory statement objectively damaged the good name or reputation of the plaintiff. Thus the Supreme Court of Appeal has in Media24 v SA Taxi Securitisation (437/2010) [2011] ZASCA 117 noted that if one falsely accuses a medical doctor of malpractice, he may sue for defamation, even though he does not personally feel hurt by the statement. Another interesting aspect of the action for defamation is that the plaintiff can usually only be compensated in money, although the Constitutional Court indicated in Le Roux v Dey [2011] ZACC 4that the time is ripe for the common law to be amended in this regard.

Finally, the action is also available to legal entities. The legal development to extend the common law action to “non-humans” has taken more than a century in the South African law and has been the subject of a number of judgments, culminating in the recent Herbal Zone v Infitech Technologies (204/2016) [2017] ZASCA 8 judgment where it was decided that “[a] corporate entity ... is entitled to claim damages based on defamation”.

The position of a trust when it is defamed is however not clear. A trust is, in its simplest form, an agreement between the founder and the trustees in which ownership and control of the trust assets are conferred on the trustees for the benefit of the beneficiaries. Although the beneficiaries are considered to be the “beneficial owners” in the English law, dual ownership is not part of the South African law.

As is the case with the action for defamation, the “trust” concept has a number of interesting characteristics. These include that the definition of a trust is vague and the term is used for a number of concepts. A trust is further not considered to be a juristic person distinct from its trustees, but as a sui generis legal entity consisting of “an accumulation of assets and liabilities”. Furthermore, although the trustees are the owners of the trust assets, they may only act within the ambit of the deed of trust and may in principle not use the trust assets for their personal interest. On the other hand, although the beneficiaries of a discretionary trust have no vested rights in the trust assets, they are entitled to act if the trustees do not act in their (the beneficiaries’) interest. The insolvency of a trustee will also not influence the trust assets. The trust and trustee are thus two separate “legal entities” for the purpose of insolvency. Fixed property of the trust is also not registered in the names of the trustees, but in the name of the trust or “the trustees for the time being” without any reference to the trustee. If the trusteeship changes, no change is made to the deeds, thus the death of a trustee does not affect the existence of the trust. It only means that nobody can act in the trust’s name until a new trustee has been appointed. Finally, although the courts do not consider a trust to be a juristic person, a number of statutes define a trust as such and judgments often refer to “trusts” as if they were separate entities distinct from their trustees.

The ambivalence of the legal position of a trust has recently been the subject of two judgments of European courts. In both instances the court ruled that a trust should be considered a separate and distinct legal entity. On the other hand, with regard to a claim for defamation, in both the Zimbabwean and English court, the court found that, as a trust is not an entity, it cannot claim for defamation. Although this aspect has never – as far as we are aware – been argued in a South African court, it seems to be unfair as trusts are part of the legal reality and often participate in commercial transactions. This article therefore argues that the action for defamation should, for the following reasons, be extended to trusts: Firstly it is necessary to extend the action due to the fact that there is no legal certainty on this matter and because trusts are often involved in legal issues. Cursory research indicates that trusts were parties to 36 cases in the Supreme Court of Appeal and the Gauteng and Free State High Courts during the past three years. Secondly the current legal position, in contravention of sections 8 and 9 of the Constitution, unfairly discriminates against trusts as trusts are not afforded the same protection as an individual or a corporate entity when the trust is defamed. This situation is complicated by the fact that trusts are in some cases considered to be legal entities, which means that a trust could in one instance be protected but not in another matter.

The action for defamation can be extended to trusts in two ways: through statutory intervention or through judgments of the high courts. It is argued that the latter is preferable, because statutory changes take time and may result in some undesired effects. Further, the high courts have an inherent jurisdiction to develop the common law in accordance with the needs of society and to enhance justice and equity.

The high courts has in the past developed the law of defamation to extend the action to both trading and non-trading corporate entities, to allow inter alia the press to prove the absence of the intent to cause injury and to extend the legal aid available to include an apology. To extend the action to a trust would thus be in line with previous practice. A court could take the factors referred to in the European and previous South African judgments of the Supreme Court of Appeal into consideration when deciding whether a trust has, in a particular case, proved it has been defamed. These factors include the following: whether the trust has a clear separate legal existence, is involved in commercial activities or has a reputation that could be protected, has employees and a business premises and whether, because of the defamatory statements, the public and other businesses are no longer doing business with the trust. This article does not argue for a general defamation action available to all trusts but rather that, if the court is satisfied that a trust can in a specific case prove that it has been defamed, it should hold the defendant liable.

Keywords: defamation; legal personality; trusts

Lees die volledige artikel in Afrikaans: Kan ’n trust ’n lastereis instel? ’n Verkennende ondersoek

The post Can a trust institute a defamation action? An exploratory investigation appeared first on LitNet.

Frankfurtse Boekebeurs ’n barometer vir tendense in die boekbedryf

$
0
0

Distopiese feministiese fiksie, na aanleiding van The Handmaid's Tale, en Afrofuturisme geïnspireer deur die rolprent Black Panther — dít is van die tendense in die wêreldwye boekbedryf wat tydens die onlangse Frankfurtse Boekebeurs deur uitgewers uitgelig is.

Ek het die geleentheid gehad om met uitgewers van regoor die aardbol te gesels oor die boeke wat tans in aanvraag is toe ek vanjaar as deel van NB-Uitgewers se afvaardiging die boekebeurs van 10 tot 14 Oktober bygewoon het.

Nog iets wat ek uit verskeie oorde gehoor het, is dat boeke deur gemarginaliseerdes oor gemarginaliseerdes nou aandag geniet. Soos die skrywer Chimamanda Ngozi Adichie ook in haar openingstoespraak by vanjaar se boekebeurs gesê het: “This is a time for boldness in storytelling, a time for new storytellers. It is important to have a wide diversity of voices —not because we want to be politically correct, but because we want to be accurate. We cannot understand the world if we continue to pretend that a small fraction of the world is representative of the whole world.”

Die Frankfurtse Boekebeurs, wat vanjaar sy sewentigste bestaansjaar vier, is die grootste en oudste van sy soort, met ongeveer 7 500 tentoonstellers van oor ’n honderd lande wat daaraan deelneem. NB-Uitgewers stuur elke jaar ’n span Frankfurt toe om die internasionale regte van ons boeke aan buitelandse uitgewerye te probeer verkoop. Hierdie jaar het ons delegasie bestaan uit: Olga Wyngaard (Regtebestuurder), Ilse Volschenk (Produksiebestuurder), Ruchelle Lombard (Redakteur: Kinder en Jeug), Hester Carstens (Uitgewer: Queillerie) en ek (Carolyn Meads,Uitgewer: Kwela).

Ons het NB-Uitgewers se kleim by die boekebeurs afgepen met ’n stalletjie vol van ons wye verskeidenheid boeke. Vyf van ons drukname, Human & Rousseau, Tafelberg, Queillerie, Kwela en Lux Verbi, is verteenwoordig. Plakkate van treffende omslae het ons stalletjie versier, insluitende dié van die romans Red Dog (Queillerie) deur Willme Anker, Stof (Queillerie) deur Alettie van den Heever en The Hum of the Sun (Kwela) deur Kirsten Miller, die nie-fiksie-boeke You Have to Be Gay to Know God (Kwela) deur Siya Khumalo, Poacher (Kwela) deur Kimon de Greef en Shahood Abader, en 1 Recce (Tafelberg) deur Alexander Strachan, en die jeugboeke Kraak en Snak (Tafelberg) deur Rouxnette Meiring. Ons het baie komplimente oor ons mooi omslae gekry, in besonder oor dié van Ingrid Winterbach se Die troebel tyd (Human & Rousseau).  

Dit is hier, by ons stalletjie, waar die meeste van ons afsprake met buitelandse uitgewers plaasgevind het, al om die halfuur. Ons het met mense gesels van Duitsland, Nederland, België, Frankryk, Brittanje, Amerika, Kanada, Skotland, Ierland, Australië, Switserland, Finland, China, Roemenië, Italië, Iran en nog ’n hele paar ander lande.  Gewoonlik het ek ’n gesprek begin deur te vra waarna die betrokke uitgewer soek. Dit is op dié manier dat ek sekere patrone begin raaksien het, soos dat boeke oor sterk vroue, met ’n prominente feministiese inslag, in aanvraag is, en dat uitgewers deesdae na groter kulturele diversiteit in hul publikasielyste streef.

Een van NB se boeke wat aan dié vereistes voldoen en wat heelwat aandag by die boekebeurs gekry het, is Nozizwe Cynthia Jele se roman The Ones with Purpose (Kwela). Dit speel af tydens die rouperiode ná die afsterwe van ’n lid van die Mabuza-familie aan borskanker in die fiktiewe Suid-Afrikaanse township New Hope en ondersoek ’n klomp sosiale kwessies aan die hand van die hoofkarakter, Anele, se terugflitse na haar kinderjare.

The Hum of the Sun deur Kirsten Miller is nog ’n boek waarin uitgewers belangstelling getoon het. Groot dele van dié verhaal is op ’n besonderse wyse uit die perspektief van ’n nie-verbale, outistiese seun vertel, wat saam met sy ouer broer ’n reis te voet vanaf ’n landelike gebied in Suid-Afrika na die stad aanpak om hulle pa te gaan vind. Uitgewers met wie ek afsprake gehad het, was dit eens dat neurologiese verskille iets is wat mense graag beter wil verstaan — en wat is nou ’n beter medium as fiksie om begrip aan te wakker!  

’n Buitestaanderfiguur wat die verbeelding geprikkel het, is die hoofkarakter van Die dao van Daan van der Walt (Tafelberg) deur Lodewyk G du Plessis. Die storie van dié ouer Afrikanerman wat met sy seksualiteit en spiritualiteit worstel, terwyl sy kerkgroep hom verwerp het, is een waarby mense in veral Nederland ook blykbaar kan aanklank vind.

Toekomsfiksie het aandag getrek in die vorm van Alettie van den Heever se roman Stof en Rouxnette Meiring se jeugboeke Kraak en Snak. Bywoners van die boekebeurs kon Stof beslis nie ignoreer nie, siende dat dié toekomsroman afspeel in ’n tyd waarin klimaatsveranderinge en die mens se roekelose bestuur van landbou byna niks behalwe stof agtergelaat het nie. Ek is vooraf gewaarsku hoe koud dit in Oktober in Duitsland kan raak, maar ons het temperature van 25°C beleef. Die mense by die boekebeurs kon dus die moontlikheid van só ’n toekoms aan eie lyf voel. Boonop is Stof ’n boeiende storie oor ’n meisie wat van die enigste oorblywende sade in Suid-Afrika wegsteek en word dit in ’n beeldskone anderster Afrikaans vertel.

Dit was verblydend om te sien dat Suid-Afrika nie hoef terug te staan vir die res van die wêreld sover dit boeke betref nie. Ons literêre werke, soos dié van Ingrid Winterbach, Elsa Joubert en Dan Sleigh, en ons ontspanningsfiksie, soos die misdaadromans van Irma Venter, is wêreldklas. Tydens die boekebeurs het Pieter Rouwendal van die uitgewery Aldo Manuzio juis ’n kontrak onderteken om Dan Sleigh se roman 1795 in Nederlands uit te gee.  

Tussendeur ons afsprake was daar darem soms tyd om die Frankfurtse Boekebeurs te verken. Daar is beslis baie om in te neem: ses enorme pakhuisagtige geboue (elk met veelvuldige vloere), asook die plein, genaamd die Agora, in die middel van dié strukture. In een gebou was daar byvoorbeeld stalletjies volgens lande gegroepeer — van Argentinië en Rusland tot Oezbekistan. In ’n ander gebou was daar net talle Duitse uitgewerye. In die Forum is ’n uitstalling oor die gasland, Georgië, se letterkunde aangebied. Dié land se unieke alfabet is op Unesco se kultuurerfenislys en installasies in die vorm van die 33 eiesoortige letters, saam met boeke in die taal, ten toon gestel.

Teen die naweek is die boekebeurs vir die publiek oopgestel en ongeveer 285 000 besoekers het soontoe gestroom. Soos die gewoonte is, het talle “cosplayers” in elke denkbare kostuum opgedaag. Feetjies, wollerige monsters, superhelde, bekende booswigte en al wat ’n anime-karakter is, het hulle op die Agora tuisgemaak—dit was iets om te aanskou!     

Hoewel die Frankfurtse boekebeurs vir my reusagtig was, wys my kollegas daarop dat dit eintlik met die jare gekrimp het. Tog inspireer dit ’n mens wanneer jy sien dat die boekbedryf, ten spyte van die doemprofete, steeds wêreldwyd baie groot is. Dit herinner ’n mens aan die belang van dít waarmee ons as uitgewers besig is. In die woorde van Adichie: “Literature does matter. I read to be consoled, I read to be moved, I read to be reminded of grace and beauty and love but also of pain and sorrow. And all of these matter. All of these are useful lessons.”

NB-Uitgewers se span wat vanjaar die Frankfurtse Boekebeurs bygewoon het: Ruchelle Lombard, Olga Wyngaard, Carolyn Meads, Hester Carstens en Ilse Volschenk.

NB-Uitgewers se stalletjie. Ons omslae het baie komplimente gekry.

Een van die vele sale propvol stalletjies by die boekebeurs. Die Frankfurtse Boekebeurs is die grootste van sy soort.

Op die plein, wat die Agora genoem word, in die middel van die ses geboue wat die boekebeurs huisves.

Installasies wat Georgië, vanjaar se gasland, se unieke alfabet en letterkunde uitbeeld.

Sogenaamde “cosplayers” stroom oor die naweek na die boekebeurs.

Twee titels uit Thames & Hudson se The Big Idea-reeks. Boeke oor genderkwessies is in aanvraag.

Boeke is op alle denkbare maniere uitgestal.

Die Agora van bo af beskou. Ongeveer 285 000 mense besoek die Frankfurtse Boekebeurs.

 

  • Teks en foto's: Carolyn Meads

The post Frankfurtse Boekebeurs ’n barometer vir tendense in die boekbedryf appeared first on LitNet.

Oor grense: ’n Lewe in die media in ’n tyd van verandering – ’n resensie

$
0
0

Foto van Ton Vosloo: Naomi Bruwer

Oor grense: ’n Lewe in die media in ’n tyd van verandering
Ton Vosloo
Jonathan Ball Uitgewer
ISBN: 9781868428861

Om nie vir grense te stuit nie.

Die memoires van die topjoernalis, Ton Vosloo, is presies net dit: herinneringe.

Dis die persoonlike deelname, insigte en kritiese kyk na ’n loopbaan van meer as 60 jaar in die tyd toe Suid-Afrika se grondverskuiwing van apartheid na ’n demokratiese regering plaasgevind het. Vosloo het ’n rol in daardie verandering gespeel.

Ook het hy ’n rol gespeel in die grense wat die media self moes verskuif van gedrukte media na internetmedia – ’n vreemde oord waarin hy sy eie voorliefde vir die gedrukte media toenemend verskraal sou sien.

Met sy gewone bedaarde selfspot karteer hy hierdie weliswaar opwindende reis van die seun wat sportmal was, wat reeds op skool beriggies begin skryf het, tot die dom besluit om vakke te kies wat hom van universiteit sou weerhou. Totdat hy nie net ’n goeie sportverslaggewer nie, maar ook ’n vertroude politieke joernalis, ’n leidinggewende redakteur en uiteindelik, heeltemal tot sy eie verbasing, die skakel tot die ontstaan van een van die wêreld se groot mediahuise (ja, dit is so!) sou word.

Daar was in die media groot afwagting vir hierdie boek. Nie net vanweë die merkwaardige rol van die man self nie, maar ook weens sy beroemde en soms bevraagtekende verhouding met Koos Bekker, een van sy protégés, wat mettertyd ook die belangrikste persbaas in die land sou word. Die Vosloo-Bekker-verhouding is die stoffasie waarvan rolprente, toneelstukke gemaak word.

In sy hoofstuk “Koos Bekker, die talisman” gee Vosloo insig in die ontmoeting tussen hom as pasaangestelde hoofbestuurder van ’n papierkoerantryk en die jong, stil entoesias vir betaaltelevisie, Koos Bekker, pas uit die VSA, waar hy ’n studie van betaalkanale gemaak het.

Bekker en sy vriend Cobus Stoffberg het reeds gesien dat die grafosfeer (druk op papier) vinnig bes sou begin gee tot die sg videosfeer.

Vosloo het in hierdie tyd as pleitbesorger by die persdireksie opgetree vir die jonger manne se geesdrif, siening en “can do”-houding.

Immers het hy self in 1983 ’n “can do”-houding getoon om die firma voor te berei vir maatskaplike en politieke veranderinge wat hy reeds as joernalis voorspel het.

So het ’n sosiaal gemaklike Vosloo en ’n sku Bekker die mediamilieu begin skud.

Benewens ’n hele klomp nuwe druktitels het interessante ondernemings soos MTN en kykNET ontstaan. Aanvanklik rukkerig; toe begin die groei aanskoulik met onder meer die “wonder van Tencent”. As internasionale speler het Naspers geskiedenis begin maak as voorkeuraandeel. (Hierdie boek is geskryf voor die huidige hekkie met Tencent.)

Die bekende Vosloo-Bekker-simbiose kry ’n rukwindjie toe daar met die pers se 100-jarige viering in 2015 die amptelike geskiedenis van die pers uitgegee sou word. (Hierdie omvattende manuskrip is deur Lizette Rabe, ’n mediakundige en hoof van die Joernalistiekdepartment op Stellenbosch, oor vyf jaar geskryf.)

Vosloo skryf dat Bekker nie geneë was met die publikasie van die boek nie, omdat dit ook op die verlede fokus. (Daar was inderdaad ’n tyd toe werknemers by Nasionale Koerante kontrakte geteken het dat hulle die strewe van die Ñasionale Party sou volg.) Vosloo het Bekker in ’n oop gehoor gevra om wel die boek te publiseer. Daar was daarna geen kwade gevoelens nie. Vosloo-Bekker sou saam in die mediageskiedenis oorleef.

Vosloo getuig steeds sy voorliefde vir papier en wys onder meer na Jeff Bezos, van Amazon-faam, wat The Washington Post in beide druk en digitaal uitgee. Vosloo, ’n sterk ondersteuner van ondersoekende joernalistiek, glo onder meer in die “dieper” delf van die gedrukte pers eerder as die vinnige inligting op die internet wat ook deur sosiale media beduiwel word.

Mag hierdie insig stu verleen aan ’n langer lewe van papier en ink.

The post <em>Oor grense: ’n Lewe in die media in ’n tyd van verandering</em> – ’n resensie appeared first on LitNet.

Ithisisi yokuqala yesidanga sobugqirhalwazi ngolwimi lwesiXhosa: udliwano-ndlebe noGqr Nompumelelo Kapa

$
0
0

UGqr Nompumelelo Kapa wenze imbali ngokuba ngumfundi wokuqala ezimbalini kwiYunivesithi yaseFort Hare ukubhala ithisisi yesidanga sobugqirhalwazi ngolwimi lwesiXhosa.

UGqr Hleze Kunju uncokola noGqr Nompumelelo Kapa:

Huntshu! Huntshu Gqr Kapa, asivuyisani nawe koko sivuya nawe kuba le mbali awuzenzelanga; wenzele nathi. Singachithanga xesha, ngubani waphi uGqr Kapa?

Ndizalelwe eTora kwidolophu yaseNgcobo, eMpuma Kapa. Ndingumntwana wokugqibela ozalwa ngumama ongatshatanga, uNobantu Kapa noye waligorhakazi ekusikhuliseni asibonise ukubaluleka kwemfundo. Ndikhuliswe ngumakhulu uMaRhadebe notatomkhulu ababeye ngobufundisi kwilali yaseTora, iingcambu ziseHewu eHekeni. Ndikhule ndingumntwana okuthandayo ukubhala, ingakumbi ‘amaculo aseAfrika.’ Ndandiye ndikhuphela lonke iculo ndilibhale ngokutsha kuba ndisonwabela nje ukubhala.

 Eyona nto iphambili kuthi kukuba ubhale ngesiXhosa, eyokuba ubhale ngantoni asiyinanzi kakhulu. Sibalisele ngolu phandolwazi lwenze imbali.

Olu phandolwazi luphononongo oluphicotha ifuthe lwentlalo, inkcubeko, noburharha kuthiyo lwabalinganiswa kwiidrama zesiXhosa. Luphonononga nzulu imigaqo ethile elandelwa ngababhali besiXhosa xa bathiya abalinganiswa, nokubaluleka kwendima edlalwa ligama elo.

Yintoni le ikuchukumisileyo nebangele ukuba uchonge esi sihloko?

Emva kokufunda ezi drama zesiXhosa, ndibona nendlela ekuthiywe ngayo, ndibe nomdla kakhulu ekuphandeni imbali ngokuthiywa kwegama, ndifuna kananjalo ukujonga ukuba intsingiselo yegama inayo na indima eyidlalayo kubomi babalinganiswa nakubomi babantu bokwenyani. Okunye okubalulekileyo, yinjongo yokuthiywa kwegama. Olu phando luyabonisa ukuba ezo njongo ziphenjelelwa yiminqweno ethile, lukwajonga ukuba loo minqweno iyafezekiseka na. Kananjalo, uphando lujolise ekwenzeni igalelo eluntwini nokuvusa igugu neqhayiya ngokuthi lubonise ukubaluleka kwegama nendima elithi liyidlale ebomini bomntu.

Umsebenzi wam njengotitshalakazi nawo ube negalelo. Ndisoloko ndihleli nabantwana abanamagama ahlukeneyo, lo mba wothiyo ndiwuphawule ke nakubo. Kwiincwadi zedrama, abalinganiswa sithi sibazi izimilo, iintetho, kunye neentshukumo zabo ngokubabiza ngamagama. Ukanti nakubafundi bam endibafundisayo oku kuyabonakala kuninzi lwabo. Kuloko ndiye ndanomdla wokuba ndazi ukuba uthiywa njani umlinganiswa kuncwadi ukuze igama lakhe lingqinelane noko akudlalayo ebalini. Ndingathi obona buncwane kolu phando, kukuba ndilwenze ngokuthi ndithelekise uthiyo ngqo ekuhlaleni ndijonge imiba elandelwayo xa kuthiywa igama ndithelekisa ke nendlela elandelwa ngababhali.

Uphandolwazi olukumila kunje lwayama kakhulu kwiithiyori ngeethiyori. Ungathi gqaba-gqaba nje nokuba yithoyori inye kozisebenzisileyo?

Ngokuqinisekileyo bendingenakungayisebenzisi enye yeethiyori zothiyo, i-Onomastiki, ndichankcathe kuyo ekwenzeni olu phando. Ukugqabaza kulwazi endilufumeneyo ndingabalula ukuthiya ngeziganeko, ukuvakalisa imizwa, iminqweno yabazali, ukuthiya kulandelwa ubuKrestu, amagama eza ngephupha, ukuthiya ngeziduko, njalo njalo.

Luthini uluvo lwakho malunga nokusetyenziswa kweelwimi zesiNtu kumaziko emfundo enomsila?

Umsebenzi weeYunivesithi unganobunzima ngenxa yokuthintelwa lulwimi lwasemzini, isiNgesi ke ukutsho. Ukanti iYunivesithi inokuqesha abancedisi abaza kuthi bahlangabezane nabahlohli ngokuthi bancedise abafundi bebacacisela izifundo ngolwimi lwabo lweenkobe, ulwimi abaluvayo. Ukufumana ulwazi ngolwimi lwakho lweenkobe kwenza ukuba uyibambe uyigcine ngakumbi into oyifundayo naxa sele uyifumana ngolwimi lwasemzini. Olu phando luza kuphakamisa ulwimi lwesiXhosa, nanjengokuba uMgaqo-siseko ukhuthaza, kuzanywa ukuphuculwa nokunyusa isiXhosa sibe kumgangatho olinganayo nesiNgesi nesiAfrikaans. 

Ungagqabaza ngemingeni odibene nayo lo gama uqhuba olu phando?

Hayi Gqr, akukhange kube lula. Uyawuqonda ke nawe umcimbi wokusokolisa kwesigama sesiXhosa kodwa iYunivesithi le incedisile kakhulu kuba kukho iziko lobhalo lwezichazi-magama kwakunye neziko lolwimi (Language Unit) elithe lancedisa kakhulu ekucebiseni ngesigama esifanelekileyo.

Uziva njani ke ngeli galelo lihle kangaka ulenzileyo?

Ndiziva ndichulamancile, ndiyazingca ngokuthi ndenze imbali kule Yunivesithi. Kuhle ukuba silandele ekhondweni njengokuba inkululeko sayilwelwa ngamagorha namagorhakazi amanye asele alishiyayo eli. Ithi ke loo nto nathi masingayeki isizwe sitshabalale. Ubuntu buphelile kwaXhosa ngenxa yokutshabalala kolwimi nenkcubeko yethu. Luvuyo olukhulu ukubonakala njengomnye wabavuseleli bolwimi lwesiNtu, njengoko ezinye iiYunivesithi sele zenzile, ndingabalula iYunivesithi iRhodes. 

Siyabulela kakhulu Gqirhalwazi ngexesha lakho, ungakhuthaza uthini ngakumbi kwabanomdla wokuzeka mzekweni? Ungaqoshelisa ngezicwangciso onazo ukuya phambili.  

Maxa-wambi abafundi nababhali besiXhosa bajongelwa phantsi ngenxa yokungaxatyiswa kolu lwimi. Uluntu luthetha izinto ezingakuxhela umphefumlo kumakhasi onxibelelwano ngenxa yokubhala ngesiXhosa, oko kudalwa lulwazi olungekhoyo kuluntu. Kungoko sizimisele ukuqina #asijiki, sijonge phambili ekuphuculeni ulwimi lwesiXhosa ukuze nabalandelayo bangabinadyudyu.

Njengoko olu phando luvule amehlo lwavuselela abaninzi, iinjongo zam kukuqhubela phambili, ngokuphuhlisa iinkqubo zemfundo kunye neeprojekti ezikhuthaza ukusetyenziswa kolwimi lweenkobe.

Ikwangumnqweno wam ukunyusa nokukhuthaza ukusetyenziswa kolwimi kwezoqoqosho, ukuze isizwe singatshabalali. Kwiiyunivesithi ezikhoyo apha ephondweni ndinqwenela ukuba ndibe yinxalenye yokwenza ulwimi lwesiXhosa lufakwe kwikharityhulam kwezempilo, nakwezomthetho. IYunivesithi yaseKapa sele ikwenzile oku. Nalapha ePhondweni kubalulekile ukusetyenziswa kolwimi lwesiXhosa nakumanye amaSebe anje ngala sele ndiwakhankanyile. Oku kuya kunceda ukuba noogqirha bakwazi ukucacisa izigulo zabantu nendlela abaza kuzinyanga ngazo, kuquka oogqirha bamaNdiya, abamhlophe nabanye abaza kuphuma basebenze kwizibhedlela zamaXhosa kweli leMpuma Kapa. Ngaloo mazwi, ndithi phambili ngolwimi lwethu lweenkobe, phambili, #asijiki.

Ngxatsho ke Gqirhalwazi, #asijiki ngenene. Siyazingca ngawe singumzi wakwaXhosa. Sithi nangamso!

The post Ithisisi yokuqala yesidanga sobugqirhalwazi ngolwimi lwesiXhosa: udliwano-ndlebe noGqr Nompumelelo Kapa appeared first on LitNet.

Viewing all 21849 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>