Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21497 articles
Browse latest View live

Tuin van digters en vertaalkuns: Hugo en T’Sjoen aan die woord oor literêre vertaling en die poësie van De Coninck, Van hee en Nolens

$
0
0

Daniel Hugo en Yves T'Sjoen
Foto: Naomi Bruwer

Danksy Daniel Hugo se vertalings uit hul oeuvres het gedigte van Herman de Coninck, Miriam Van hee en Leonard Nolens deel van die Afrikaanse letterkunde geword.

Die afgelope Saterdag op die jaarlikse Tuin van Digtersfees in die Breytenbach-sentrum op Wellington het hierdie bekroonde Afrikaanse vertaler en digter met die gerekende Belgiese literator Yves T’Sjoen oor die werk van hierdie Vlaamse digters gesels.

Ter illustrasie van gesprekspunte het Hugo vertaalde gedigte gelees uit sy keure van De Coninck (Liefde, Miskien en Die Leninge Liefde), Van hee (In plaas van die stilte) en uit Nolens se ’n Digter in Antwerpen nadat sy gespreksgenoot die Nederlandse gedigte voorgelees het.

T’Sjoen is ’n belangrike voorspraakmaker vir die Afrikaanse letterkunde in die Lae Lande. As hoofdosent by die Afdeling Nederlands van die vakgroep Letterkunde aan die Universiteit van Gent en besondere hoogleraar van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch, is hy ten nouste betrokke by letterkunde-gesprekke, -brûe en -bande tussen Suid-Afrika, België en Nederland.

Hy en die digter Ronel Foster, ook ’n literator op Stellenbosch, is die redakteurs van twee belangrike boeke oor Afrikaanse en Nederlandse poësie, te wete Over grenzen/Oor grense (saam met Thomas Vaessens) en Toenadering. By ’n vorige geleentheid het T’Sjoen en Foster oor literêre grensverkeer tussen Nederlands en Afrikaans en Hugo as hekwagter gesels.

Yves T'Sjoen
Foto: Naomi Bruwer

Met die vraag “Wat ís Nederlandse poësie?” het Hugo en T’Sjoen op Wellington die gesprek begin.

Vir Hugo stel die poësie van België hom voor uitdagings wat hy nie noodwendig in Nederland het nie. T’Sjoen het die situasie soos volg toegelig: “Vlaams bestaan nie. In België, in Vlaandere, spreek ’n mens Nederlands, maar ’n ander soort Nederlands as in Nederland. Wat my betref, ’n welluidender Nederlands, ’n melodieser Nederlands as wat jy meestal in Nederland hoor. Dis ’n bietjie vloek in die kerk as jy sê dat jy Vlaams praat. Nee, ek spreek Nederlands. En binne die taal, soos in Afrikaans, het jy variante.”

Is Belgiese Nederlands net so belangrik en interessant as Nederlandse Nederlands? Nie net soveel nie – véél interessanter, meen Hugo uit hoofde van die feit dat hy al werk van Vlaminge, sowel as Nederlandse skrywers vertaal het.

“Ek vind dat die Nederlands van Vlaminge veel ryker is wat woordeskat en idiome betref, maar ook wat die taalregister betref. Daarom is dit ’n groter uitdaging om ’n Vlaamse skrywer te vertaal as ’n Nederlandse skrywer.”

T’Sjoen stem hiermee saam. “Ja, dit dink ek wel. Ek kan nie vanuit die perspektief van die vertaler spreek nie, maar in Nederlands in België, in Vlaandere, het jy ook die invloed van Frans,” het hy gesê en Hugo het die voorkoms van verskeie dialekte hierby ingereken.

“As jy byvoorbeeld Hugo Claus se Het Verdriet van België (een van Hugo se vertaalprojekte tans) lees, moet jy vertroud wees met ’n aantal dialekte,” het T’Sjoen gesê. “Ek dink die impak van Frans op Nederlands in Vlaandere sorg daarvoor dat aan ons Nederlands in Vlaandere ’n ander ritme, ’n soort ander melodie hoorbaar is as jy dit vergelyk met Nederlands soos dit in die Randstad en Amsterdam gepraat word. Ek wil geen afbreuk doen aan die Nederlands van my Nederlandse kollegas of van skrywers in Nederland nie, maar ek dink inderdaad dat die Vlaamse literatuur disparater is en meer gevarieerd is as heel veel Nederlandse literatuur in Nederland vandag.”

“Eintlik het die Nederlandse literatuur sy ontstaan in Vlaandere gehad. Van den vos Reynaerde, Beatrijs en al daardie Middelnederlandse tekste kom uit die suidelike deel van die Nederlande, uit Vlaandere,” het Hugo gesê.

“Die hele Middelnederlandse literatuur moet jy in die Vlaamse geweste situeer, toe van België as ’n land nog geen sprake was nie. Die skatkamer van die Nederlandse literatuur is van dié gebied,” het T’Sjoen gesê.

Oor die inval van die Spanjaarde in die 16de eeu sonder T’Sjoen as hoogtepunt Het Geuseboek van Louis Paul Boon uit. Dit handel oor die opstand van die Geuse teen die Spaanse Inkwisisie in die Lae Lande.

Die eerste van die drie skrywers van wie Hugo werk vertaal het, was De Coninck, die bundel Liefde, Miskien. “Dit is ’n keuse uit sy eerste drie digbundels wat gebundel is as Onbegonne werk. En toe later het ek ’n keuse gemaak uit sy volledige oeuvre wat natuurlik verskyn het ná sy dood. Die versamelde bundel verskyn toe ook met voorheen ongepubliseerde gedigte daarby. En daardie keuse is opgeneem in Die Lenige Liefde wat eintlik die titel was van sy debuutbundel. Dit het ’n bietjie verwarring veroorsaak in die Lae Lande,” het Hugo gesê; De Coninck het lank bekend gestaan as die pous van die Vlaamse literatuur.

“Ja, inderdaad ’n gesaghebbende stem, ’n belangrike kritikus, as digter ook heel prominent aanwesig in die literêre landskap van Nederlands,” het T’Sjoen gesê. “Ook in Nederland is hy natuurlik ’n bekende digter, met ’n heel spesifieke poëtika. Daar was in Vlaandere ’n hele diskussie omdat Van Coninck so ’n gesaghebbende stem, ook poëtikaal aanwesig was. Dit was eg, dié poësie.

“Toe kom die postmodernisme en met Dirk van Bastelaere het daar ’n hele polemiek ontstaan oor die posisie van Herman de Coninck in die literêre landskap.”

As redakteur van die Nieuw Wereldtijdschrift, maar ook as joernalis, digter en vertaler het De Coninck ’n dominante rol gespeel, ook insake die bekendmaking van Suid-Afrikaanse literatuur en spesifiek Afrikaanse literatuur in Vlaandere, volgens T’Sjoen.

De Coninck het in die Nieuw Wereldtijdschrift in Vlaandere Antjie Krog bekend gemaak, ’n gegewe wat T’Sjoen bespreek het op die Afrikaanse Letterkundevereniging-kongres wat verlede week op Stellenbosch aangebied is en waarop Krog die skrywersfokus was.

De Coninck het op reis deur Suid-Afrika skrywers ontmoet, ’n landskap van vele tale. “In die jare negentig, toe julle (Hugo en De Coninck) mekaar ook ontmoet het, het hy al in Vlaandere ’n lansie gebreek vir Afrikaanse literatuur.”

“Ek was werksaam by die radio; ek het die poësieprogram behartig,” het Hugo vertel. “Toe elke denkbare, voorleesbare gedig al op die lug uitgesaai is, het ek begin verder soek en toe onthou dat ek Herman de Coninck leer ken het, sy poësie in elk geval, toe ek in 1983 ’n jaar lank in België studeer het. Tóé reeds het ek baie van sy poësie gehou. En toe het ek besluit maar dan gaan ek van sy gedigte vertaal om op die radio voor te lees.”

Frederik de Jager, indertyd die hoof van die uitgewery Queillerie, het daarvan te hore gekom en gevra dat Hugo genoeg verse vertaal om as bundel uit te gee. Later het Die Lenige Liefde in opdrag van Protea Boekhuis verskyn.

Oor die uitdaging van die vertaling van ’n Vlaamse digter, spesifiek De Coninck, het Hugo gesê hy het ’n toeganklike soort vers geskrywe, maar dit dikwels gelaai met ironie en woordspel. “En woordspel is nou eintlik die moeilikste ding om te vertaal. Gelukkig, as ek ’n digter vertaal, kan ek self kies watter gedigte, ek maak dus ’n bloemlesing van vertaalbare gedigte uit die volledige oeuvre.”

In die Afrikaanse vertaling het daar ’n ander De Coninck gestalte gekry as die Belgiese een, volgens T’Sjoen. Hy verduidelik dit soos volg: “Vanuit Hugo se perspektief en ook in die taal waarin hy vertaal, kry De Coninck ’n ander skrywersgestalte. Dat jy ’n ander konstruksie maak met materiaal, beeldspraak byvoorbeeld, deur De Coninck gelewer, maar waarvan jy dan natuurlik ’n soort transposisie maak. Vertalings is interpretasies, dus die vertaler is ’n bevoorregte interpreteerder van ’n brontaalteks. En jy het dit op ’n skitterende manier gedoen.”

Indien iets verduideliking verg, verkies Hugo om ’n oplossing daarvoor in die gedig self te vind. Hy weier om ’n gedig te vertaal met voetnote. “Dit lei die aandag af van die gedig, dis inhiberend vir die leser, jy versteur ook die bladspieël waarop die gedig afgedruk is daardeur.”

Dit ’n groot misvatting in die Nederlandse taalgebied dat De Coninck die soort digter was wat heel sterk gerig was op die werklikheid, op die verhouding tussen taal en werklikheid; hy is meer ’n romantikus as wat hy ’n soort mimetiese digter is, het T’Sjoen verduidelik.

Iets wat De Coninck dikwels gedoen het, is om die natuur te beskryf in terme van taal en van letters. Hy sê byvoorbeeld die wind maak V’s op die oppervlak van die see, het Hugo bygesê.

“Die taalrefleksie of metataligheid is ’n aspek van De Coninck se poësie wat onvoldoende aandag kry in die kritiek,” het T’Sjoen gesê. “Meestal word sy poësie gelees as ’n soort romantiese bieg en ’n eksplisiete uitspraak, iets wat jy outobiografies moet lees.”

Hy het verduidelik waarom hy nie ’n literêre teks vir outobiografie aansien nie: “Dit is outobiografies net op die manier waarop die taal gehanteer word. In dié sin is dit ’n outobiografie. Dis ’n heel persoonlike diskoers.” Maar tematies gesproke, is wat hom betref ’n gedig nooit ’n outobiografie nie, omdat dit ’n talige konstruksie is – ritme en idiomatiese, verstegniese aspekte maak van ’n teks ’n literêre teks.

“In die geval van De Coninck het mense meestal gefokus op die biografiese agtergrond. Terwyl hy natuurlik ook ’n fantastiese taaldigter was. Dis goed om af en toe ook die kombinasie te maak van ‘taal’ met ‘digter’, ’n digter is meer as ’n persoon, hy of sy is veral taal en bestaan in taal. Danksy die taal ontleen hy of sy hul identiteit presies aan die taal van die poësie. Die gedig is die paspoort van die digter. Dit is die talige aspek wat van ’n skrywer ’n skrywer maak en van ’n ander skrywer ’n kollegaskrywer. Vir my het dit nie soseer met tematiek te make nie. Dit het veral met ritme en styl te maak.” Dít maak vir hom van ’n gedig ’n gedig.

Daniel Hugo
Foto: Naomi Bruwer

Teenoor De Coninck is Van hee – soos Hugo ook digter en vertaler – ’n teruggetrokke figuur wat selde in die openbaar verskyn. Sy dring op ’n fluisterende en huiwerende manier deur tot gemoedstoestande waarvoor ons gewoonlik ontoereikende woorde gebruik, soos weemoed en verlange, verwagting en teleurstelling, besluiteloosheid en onsekerheid, aldus ’n kensketsing van haar poësie in In plaas van die stilte. Ook dat sy dit waag om byna onvatbare gevoelens te beskryf sonder om sentimenteel te raak.

“Die gedig kom in die plaas van die stilte, maar dit is asof sy die stilte verkies,” het Hugo verduidelik. “Die gedig beweeg die hele tyd op daardie rand van swygsaamheid. Elke woord wat sy gebruik, is fluisterend. En geen gedig gaan hier oor hewige emosies nie. Dit gaan meestal oor mense wat swak kommunikeer of mense wat op die punt is om uit mekaar te gaan, maar sonder rusie. Hulle verdwyn net so stilweg.”

Volgens T’Sjoen word sy die fluisterstem van die Nederlandse poësie genoem, omdat sy op ’n heel intieme manier aanwesig is in die Nederlandstalige digkuns. Hy ag Van hee méér as ’n romantiese digteres.

“Sy het ’n poësie met ’n duidelike filosofiese inslag. In Gent het sy onder meer Russies gestudeer en sy het onder andere van ’n Tsjeggiese skrywer, Miroslav Holub, ’n heel mooi essay vertaal. In Nederlands is die titel ‘Poëzie is het zijn tegen de leegte’ en ek dink dat dit byna programmaties is vir die poësie van Miriam Van hee.” Syns insiens stel sy heel interessante, onbeantwoordbare filosofiese vrae en roer sy eksistensiële kwessies aan.

“Wat my fassineer, Daniel, is ook die manier waarop bepaalde Vlaamse digters soos De Coninck en Van hee gelees word, gefiltreer deur jou taal, jou vertaling, hoe die digters híér staan, ook deur die seleksie wat jy maak. Want deur ’n seleksie te kies konstrueer jy ’n ander digter.”

Hy noem ook dat sy ’n uitstekende reputasie as vertaler het en dat sy deel is van ’n vertaalwerkswinkel in Gent. “Ek het gesels met haar oor vertaalpoëtika en vertaalstrategieë. Sy weet op ’n heel presiese manier hoe om om te gaan met bepaalde aspekte van Russies wat sy dan in Nederlands moet vertaal. Elke woord, elke komma, elke punt, elke spasie, elke reëlbreuk is betekenisvol in poësie in die algemeen, maar sy gaan op ’n heel presiese manier daarmee om.”

Ook in die kader van ’n eksistensiële beskouing van poësie, het Hugo ’n keur gemaak en vertaal uit dié van Nolens.

Hoewel ’n uiters gedissiplineerde skrywer wat selde reis, was hy in Suid-Afrika as ’n gas van die US Woordfees op Stellenbosch en het met onder andere studente aan die Universiteit van Wes-Kaapland gesels voor die verskyning van sy bundel Manieren van leven.

Nolens is volgens T’Sjoen stellig een van die produktiefste Nederlandse skrywers. Vroeër vanjaar is hy aan die Universiteitvan Gent vereer met ’n eredoktorstitel. Dit was die eerste keer in 200 jaar dat ’n Nederlandse digter aan die universiteit ’n institusionele doktorsgraad behaal het. “En ek is daarop besonder trots dat ons rektor bereid was om aan Nolens die titel toe te ken, omdat hy een van die mees toonaangewende stemme is in die Nederlandse taalgebied op die gebied van poësie. Hy skryf alleen dagboekprosa en poësie.”

Nolens staan bekend as ’n kluisenaar van Nederlandse poësie. Hy het ondertussen 25 digbundels geskryf. En ’n heel besondere stem, vind T’Sjoen hom wel. “As jy die vroeëre poësie van Nolens lees wat in die jare sewentig verskyn het, of jy lees die mees onlangse bundel, dan hoor jy dieselfde stem. ’n Stem wat altyd weerklink sonder dat die poësie in herhaling verval. Dit is die ongelooflike krag wat uitgaan van die poësie van Nolens.”

Hugo het hom “eintlik die moeilikste van die drie” gevind om te vertaal, omdat hy dikwels ingewikkelde sinne maak. “En hy werk met paradokse, dan kry ’n mens ’n soort persoonsverwisseling in die gedig, ’n mens is nie altyd seker wie die ek, jy, hy of sy is nie.”

T’Sjoen het die geleentheid benut om vir Hugo te bedank dat hy met soveel affiniteit en soveel gretigheid die poësie vertaal. Hy het ook Zandra Bezuidenhout bedank vir werk van Anna Enquist (Arsenaal van klank) en Alfred Schaffer (Mens Dier Ding) wat sy in Afrikaans vertaal het.

En daar is nóg planne vir vertalings, van werk van Benno Barnard, Peter Holvoet-Hanssen en Peter Verhelst, het T’Sjoen aan Hugo gesê. “Ek het met Francois Lötter (die bestuurder van die Tuin van Digters) gepraat en die bedoeling is om van volgende jaar weer Nederlandstalige digters uit te nooi. Ek het binnekort ’n gesprek met die Vlaamse verteenwoordiger om fondse te voorsien om ook die Tuin van Digters te ondersteun, deur ’n aantal Vlaamse digters volgende jaar uit te nooi soos wat dit enkele jare gelede die geval was.”

Vir T’Sjoen is poësie wonderlik, dat ’n mens deur ’n gedig jou aangesproke voel en sodra jy jou aangespreek voel – deur iemand, maar ook deur ’n gedig, en deur ’n stem in ’n gedig, deur ’n taal – dan kruip daardie gedig onder jou vel in.

*Benewens die gesprek met Yves T’Sjoen het Daniel Hugo gesels met Egonne Roth, skrywer van die biografie Olga Kirsch - ’n lewe in gedigte wat hy vertaal het. As ’n samesteller van die eerste Avbob-bundel met opdragverse wat in 11 tale verskyn het, het hy ’n gesprek met die digters Jolyn Phillips, Danie Marais en Johan Myburg gelei. Op die program was ook Myburg se gesprek met Hugo oor laasgenoemde se gebundelde artikels en rubrieke Vers en kapittel.

* Daniel Hugo is van 3 Oktober tot 30 November na die Universiteit van Gent genooi waar hy  onder meer sal gesels oor ’n tweetalige bloemlesing van sy eie gedigte, Planetarium. Gedichten 1982-1998. Hy sal ook lesings oor literêre vertaling op verskeie plekke lewer en deelneem aan die vyfde Afrikaans-kollokwium wat op 5 en 6 Oktober plaasvind en waar hy as ’n hoofspreker sal optree.

 

Foto's en video's: Naomi Bruwer

The post Tuin van digters en vertaalkuns: Hugo en T’Sjoen aan die woord oor literêre vertaling en die poësie van De Coninck, Van hee en Nolens appeared first on LitNet.


ATKV-taalerfenissimposium: Willa Boezak oor die Khoisan se bydrae tot die Afrikaanse taalerfenis

$
0
0

Willa Boezak | Foto: Izak de Vries

Die ATKV wil ’n taaltuiste vir alle Afrikaanssprekendes bied, daarom heg ons baie waarde aan die saambindende krag van taal en omarm ons die ryk taalerfenis van Afrikaans en die taalvariëteite wat daaruit voortspruit.

Vanjaar se simposium met die tema “Djy makie reg'ie – hoe gemaak met standaardtaal?” was daarop gemik om die diversiteit van die Afrikaanse taal te demonstreer deur te kyk na standaardtaal en taalvariëteite. Taalvariëteite het oor baie jare ’n belangrike rol in die ontwikkeling van die Afrikaanse woordeskat gespeel. Tydens die simposium is daar gekyk na na die herstandaardisering van Afrikaans, die rol van die Khoisan en die verhouding tussen Standaardafrikaans en die omgangsvariëteite van Afrikaans.

Kyk na die video van Willa Boezak se toespraak:

Lees ook:

ATKV-taalerfenissimposium: Djy makie reg’ie

ATKV-taalerfenissimposium: Gerda Odendaal oor die herstandaardisering van Afrikaans

ATKV-taalerfenissimposium: Frank Hendricks – Standaardafrikaans en omgangsvariëteite van Afrikaans

The post ATKV-taalerfenissimposium: Willa Boezak oor die Khoisan se bydrae tot die Afrikaanse taalerfenis appeared first on LitNet.

Stefan Dixon oor Festival voor het Afrikaans 2018

$
0
0

Stefan Dixon | Foto: Twitter

Stefan Dixon vertel vir Naomi Meyer van Festival voor het Afrikaans 2018.

Dag, Stefan! Jy is ’n Suid-Afrikaanse singer-songwriter wat in België woon, is ek reg? Sal jy asseblief kortliks van jou agtergrond vertel?

Ek is, ja. Born and bred in Kaapstad. Ek het vir ’n kort tydjie in 2002 na skool in Pretoria gaan bly om fotografie te studeer en daar het ek involved geraak in die music industry en vir die eerste keer saam met bands begin toer as hul roadie en eventually vroeg daarna self live begin optree. Toe ek 19 was het ek in 2003 my eerste Oppikoppi gespeel en since dan was ek heeltemal hooked op live music. Fast forward 15 jaar en ek het al meer as 1 000 optredes gehad, regoor Suid Afrika, die buurlande en Europa.

Wat is jou rol by die Festival voor het Afrikaans vanjaar?

Ek tree twee keer op – een keer solo en ’n tweede keer saam met Die Wasgoedlyn. Dan is ek die connection tussen die Vlaamse musikante en die festival. Die festival se organiseerders wil hierdie jaar try om die band tussen Vlaams, Nederlands en Afrikaans te versterk en ek dink ek is die enigste Suid Afrikaans musikant wat in België bly, aktief is in hulle musiekindustrie, die groter Vlaamse kunstenaars ken en hulle aan die organiseerders kan voorstel.

Waarom is jy betrokke by ’n fees in Nederland waar die klem en fokus op die taal Afrikaans is?

Ek het einde 2016 saam met ’n baie bekende Vlaamse sanger, Klaas Delrue, ’n redelike groot hit op Belgiese radiostasies gehad. Dit is ’n tweetalige song in Afrikaans en Nederlands en die song se naam is "Vir nou/Voor nou". Dit het ’n bietjie in Nederland ook versprei en sedertdien het my lewe ’n bietjie verander. Ek kry basically onophoudelik uitnodigings na allerhande festivals en shows regoor Holland en België, waar die klem op die band tussen Nederlands en Afrikaans is.

Hoe gereeld besoek jy Suid-Afrika?

Ek dink ek was vier jaar laas daar. Ek sal graag meer gereeld vir my familie en vriende wil gaan kuier, maar op die op die oomblik fokus ek en werk ek hard om myself in Europa as voltydse musikant te establish, so ek dink nie ek gaan binnekort teruggaan nie. Ek mis dit wel baie.

Gaan jy die Festival voor het Afrikaans ook kan geniet en sekere van die geleenthede sommer vir die pret of genot daarvan bywoon? Waarna sien jy uit wat vanjaar op die program sal wees?

Ek is dik buddies met van die musikante wat optree, so ek sal definitief try om hulle shows te gaan kyk, veral Gert Vlok Nel, maar ek sien probably die meeste daarna uit om na die festival saam Gert te party. 😉

Lees ook:

Frazer Barry oor Festival voor het Afrikaans 2018

Sandra Prinsloo oor Festival voor het Afrikaans 2018

Laurika Rauch oor Festival voor het Afrikaans 2018

Zelda la Grange oor Festival voor het Afrikaans 2018

Churchil Naudé oor Festival voor het Afrikaans 2018

Hannelore oor Festival voor het Afrikaans 2018: kyk ’n video-onderhoud

Klaas Delrue oor Festival voor het Afrikaans 2018

The post Stefan Dixon oor Festival voor het Afrikaans 2018 appeared first on LitNet.

ATKV-taalerfenissimposium: Gerda Odendaal oor die herstandaardisering van Afrikaans

$
0
0

Die ATKV wil ’n taaltuiste vir alle Afrikaanssprekendes bied, daarom heg ons baie waarde aan die saambindende krag van taal en omarm ons die ryk taalerfenis van Afrikaans en die taalvariëteite wat daaruit voortspruit.

Vanjaar se simposium met die tema “Djy makie reg'ie – hoe gemaak met standaardtaal?” was daarop gemik om die diversiteit van die Afrikaanse taal te demonstreer deur te kyk na standaardtaal en taalvariëteite. Taalvariëteite het oor baie jare ’n belangrike rol in die ontwikkeling van die Afrikaanse woordeskat gespeel. Tydens die simposium is daar gekyk na na die herstandaardisering van Afrikaans, die rol van die Khoisan en die verhouding tussen Standaardafrikaans en die omgangsvariëteite van Afrikaans.

Kyk na die video van Gerda Odendaal se toespraak:

Lees ook:

ATKV-taalerfenissimposium: Djy makie reg’ie

ATKV-taalerfenissimposium: Willa Boezak oor die Khoisan se bydrae tot die Afrikaanse taalerfenis

ATKV-taalerfenissimposium: Frank Hendricks – Standaardafrikaans en omgangsvariëteite van Afrikaans

The post ATKV-taalerfenissimposium: Gerda Odendaal oor die herstandaardisering van Afrikaans appeared first on LitNet.

ATKV-taalerfenissimposium: Frank Hendricks – Standaardafrikaans en omgangsvariëteite van Afrikaans

$
0
0

Frank Hendricks | Foto: Izak de Vries

Die ATKV wil ’n taaltuiste vir alle Afrikaanssprekendes bied, daarom heg ons baie waarde aan die saambindende krag van taal en omarm ons die ryk taalerfenis van Afrikaans en die taalvariëteite wat daaruit voortspruit.

Vanjaar se simposium met die tema “Djy makie reg'ie – hoe gemaak met standaardtaal?” was daarop gemik om die diversiteit van die Afrikaanse taal te demonstreer deur te kyk na standaardtaal en taalvariëteite. Taalvariëteite het oor baie jare ’n belangrike rol in die ontwikkeling van die Afrikaanse woordeskat gespeel. Tydens die simposium is daar gekyk na na die herstandaardisering van Afrikaans, die rol van die Khoisan en die verhouding tussen Standaardafrikaans en die omgangsvariëteite van Afrikaans.

Kyk na die video van Frank Hendricks se toespraak:

Lees ook:

ATKV-taalerfenissimposium: Djy makie reg’ie

ATKV-taalerfenissimposium: Willa Boezak oor die Khoisan se bydrae tot die Afrikaanse taalerfenis

ATKV-taalerfenissimposium: Gerda Odendaal oor die herstandaardisering van Afrikaans

The post ATKV-taalerfenissimposium: Frank Hendricks – Standaardafrikaans en omgangsvariëteite van Afrikaans appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Poëtiese leesfees tussen graniet en olien vier Erfenismaand

$
0
0

Taalmonument, LitNet en ATKV-Skryfskool fokus op 11 stedelike digters

In aanloop tot Erfenisdag op 24 September, is die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) trots om kreatiewe kragte met die onafhanklike joernaal LitNet, asook die ATKV-Skryfskool, te snoer om minder bekende digters se werk by die monument se Groen Galery uit te stal. Hierdie tydelike uitstalling plaas die kollig op nege digters wie se werk in 2018 op LitNet se Skryfwerk-blad verskyn het en op twee digters wat aan die ATKV-Skryfskool se 2018-werkswinkel by die Taalmonument deelgeneem het. Die digters woon in Kaapstad, Pretoria, Johannesburg en Bloemfontein, dus val die klem hierdie keer op stedelike digters.

Volgens Michael Jonas, ATM direkteur, is die instelling ’n lewende monument waar daar gedurig ’n interaksie tussen die struktuur, natuur, besoekers en taalskeppers is. “Ons wil graag minder bekende skrywers, musikante en digters die kans gee om hul werk aan ’n groter gehoor bloot te stel. Die meeste besoekers is nie net baie geïnteresseerd in die geskiedenis van Afrikaans nie, maar ook nuuskierig oor die taal se ontwikkeling en haar jongste skeppende gedaantes aangesien dit nuwe perspektiewe bied op die bestaanswêreld van talle Afrikaanssprekende Afrikane.”

Siende dat die tema van vanjaar se Erfenismaand "Die jaar van Nelson Rolihlahla Mandela: bevorder die transformasie van Suid-Afrika se erfenislandskap" is, is dit gepas dat hierdie ikoniese monument ’n rol speel om maatskaplike samehorigheid te bevorder deur besoekers kennis te laat maak met nuwe, uiteenlopende Afrikaanse stemme. “Mandela se gesegde (‘As jy met iemand praat in ’n taal wat hy verstaan, praat jy met sy verstand; as jy met hom praat in sy moedertaal, praat jy met sy hart’) is immers nog net so waar soos altyd,” sê Jonas.

Die 11 digters is Carma Shaw, Deon Swanepoel, Ilze Lammers, Japhta Makwena, Kim Cloete, Marius Coetzee, Monn-lee Geduld, Ricardo Arendse, Sunelle Geyer, Susanne Pike en Willem de Vries wat tesame ’n wye verskeidenheid belangstellings, geskiedenisse en skryfstyle verteenwoordig.

’n PDF van al die gedigte is te vinde by http://www.taalmuseum.co.za/wp-content/uploads/2018/09/groen-galery-september-2018-Taalmonument.pdf.

Die argitek van die monument, Jan van Wijk, het sterk gevoel oor die natuur en daarom word hy vereer deur dié buitelug galery waar sy as in ’n rots ingemessel is, knus omring deur inheemse olienhout en graniet. ’n Uitstalling van verskillende Afrikaanse skrywers word elke paar maande in dié galery se uitstalkaste van herwonne hout en glas aangebied om hiermee op die monument se kulturele én natuurlike aspekte te fokus. LitNet is ’n wyd-gerekende, interaktiewe joernaal op die internet waar skrywers hul verhale, gedagtes, rubrieke, artikels en opinies kan publiseer. Die ATKV-Skryfskool bestaan sedert 1985 en bied landwyd ’n verskeidenheid kort skryfkursusse aan enigiemand wat graag kreatief wil begin skryf of wat hul kreatiewe skryfwerk wil verbeter.

Die publiek kan die uitstalling van 15 September tot Januarie 2019 in die Groen Galery besigtig. Die monument, wat ook die beginpunt van die Paarl se Boomroete is, is daagliks oop van 08:00 tot 17:00. Toegang is R30 vir volwassenes, R10 vir SA studente/pensionarisse en R5 vir kinders (gratis onder ses jaar). Oudiogidse in verskeie tale asook gratis begeleide toere is beskikbaar en die monument bied ook ’n speelpark vir kinders, staproetes en ’n heerlike restaurant.

Vir navrae oor die monument of om meer te wete te kom oor die talle gewilde geleenthede, skakel 021 863 4809/0543/2 of stuur ’n e-pos na admin@taalmonument.co.za. Besoek www.taalmonument.co.za of www.facebook.com/afrikaansetaalmonument vir meer inligting.

The post Persvrystelling: Poëtiese leesfees tussen graniet en olien vier Erfenismaand appeared first on LitNet.

ATKV-taalerfenissimposium: Djy makie reg’ie

$
0
0

Shirmoney Rhode | Foto: Izak de Vries

Wat die pad vorentoe behels vir Standaardafrikaans en sy stiefbroers en -susters, die omgansvariëteite van Afrikaans, is Vrydag 14 September 2018 deur ’n handjie vol taalliefhebbers op UWK bespreek. Die simposium het deel gevorm van die ATKV se reeks programme ter viering van Erfenismaand.

Die opkoms van die simposium was uiters swak, die atmosfeer voor sy begin dus plek-plek ongemaklik soos almal heeltyd omkyk en wag vir meer mense om aan te sluit. Ek wonder by myself aan wie die simposium bemark was, want indien studente geweet het van die lekker verversings wat bedien was, sou hulle dit enige tyd bo 2-minuut-noodles verkies het.

Die aanloklike program en besprekingspunte wat handel oor die verhouding tussen Standaardafrikaans en die omgangsvariëteite, die herstandaardisering van Afrikaans en die Khoi en San se bydrae tot taalerfenis behoort te vergoed. Meer gaste of nie, die saak moes aangaan, en toe Karien Brits, bestuurder van taal by ATKV, sowel as die gesoute paneelsprekers Frank Hendricks, Gerda Odendaal en Willa Boezak hul plekke inneem, was die gehoor gereed om te ontvang.

“Die kuns lê nie daarin om die foute van die verlede te vind nie – dis maklik. Die kuns lê daarin om die foute van vandag raak te sien, en dit is waarom gesprekke soos hierdie so belangrik is.” Dit was die woorde van Karien Brits in haar openingstoespraak, waarin sy dit duidelik stel waarom dit vir die ATKV belangrik is om hierdie tipe gesprekke te voer en waarom dit nodig is vir die Afrikaanse taalgemeenskap om te besin oor die toekoms en vooruitgang van ’n Afrikaans wat aan al sy sprekers behoort en waarmee almal dus behoort te kan identifiseer. Sy stel dit so mooi toe sy sê: “Hierdie gesprekke dien as die soeklig in ons taalwêreld om die regte pad na versoening en nasiebou te soek.” Karien is van mening dat indien ons die foute van vandag wat Afrikaans betref kan identifiseer en daaroor kan praat, ons dan eers kan poog om die foute reg te stel.

Frank Hendricks | Foto: Izak de Vries

Die aand begin met die eerste paneelspreker, Frank Hendricks, wat in sy lesing gefokus het op die verhouding tussen Standaardafrikaans en die verskillende omgangsvariëteite. Hy het die veelsoortigheid van Afrikaans heel duidelik gestel toe hy die verskillende dialekbundels van Afrikaans en vermaaklike leksikale voorbeelde vanuit Noordwestelike Afrikaans genoem het. Alhoewel Standaardafrikaans nog hoofsaaklik in die formele/openbare sfeer gebruik word en die omgangsvariëteite meestal in die informele/ private sfeer gebruik word, meen hy dat die omgangsvariëteite nie “beperk moet word tot informele ruimtes nie”. Hy gebruik die voorbeeld van Kaapse Afrikaans wat nie bloot gepraat word nie, maar ook geskryf word, en dus nie beperk word tot die informele sfeer nie.

Oor die verhouding tussen Standaardafrikaans en Omgangsafrikaans sê hy: “Standaardafrikaans en Omgangsafrikaans staan nie los van mekaar nie, maar vorm saam deel van die Afrikaanse taal. Standaardafrikaans en elke omgangsvariëteit van Afrikaans is volwaardig en eg Afrikaans.” Hy plaas dus klem op die gelyke vlak waarop Standaardafrikaans en die omgangsvariëteite behoort te berus. Verder noem hy dat “Standaardafrikaans uit Omgangsafrikaans ontwikkel het, en nie andersom nie” en daarom behoort die omgangsvariëteite van Afrikaans as taalerfenis beskou te word. Ook moet Omgangsafrikaanssprekers hul plek begin volstaan onder die Afrikaanse sambreel en hulself losmaak van die stigma wat aan hul variëteite kleef. Hy sê dat Standaardafrikaans en Omgangsafrikaans mekaar “voortdurend moet voed en verryk” sodat Afrikaans toeganklik gemaak kan word vir al sy sprekers en sodat daar voortdurende groei en verandering in die taal kan wees.

Oor die verskillende perspektiewe waaruit Standaardafrikaans en Omgangsafrikaans gesien kan word, naamlik ’n hiërargiese perspektief en gelykevlak-perspektief, sê hy dat die hiërargiese perspektief die standaardvariëteit as ’n prestigevariëteit beskou en dus aanneem dat “slegs die standaardvariëteit vir hoër funksies en formele kontekste geskik sou wees, en dat omgangsvariëteite net geldigheid in informele kontekste sou hê”. Verder sê hy dat die hiërargiese perspektief ook in besonder die gebruik van Oostelike Afrikaans, wat hoofsaaklik deur wit sprekers gepraat word, identifiseer as basis vir Standaardafrikaans en daarom is die “kleurvariëteite van Afrikaans vanuit die Standaard gestigmatiseer en gemarginaliseer”. Daarteenoor staan wat Hendricks noem die gelykevlak-perspektief, waarvolgens geglo word dat alle variëteite “prinsipieel gelykwaardige kommunikasiekodes is en bejeën behoort te word as entiteite op gelyke vlak”. Die omgangsvariëteite word hier beskou as “legitieme kommunikasiekodes nie onderkant of in die skaduwee van Standaardafrikaans nie, maar langsaan” en word dus nie as onafrikaans of minder Afrikaans gesien nie.

Soos vroeg reeds in sy toespraak belowe, maak hy melding van die veranderinge en veranderde sienswyses wat reeds in die standaardiseringsgeskiedenis van Afrikaans posgevat het. Hy maak melding van verskeie leksikale items vanuit Kaapse Afrikaans sowel as Oranjerivierafrikaans wat in die 10de en 11de uitgawe van die AWS opgeneem is en ook sekere leksikale items wat in die 6de uitgawe van die HAT opgeneem is. Hendricks sê dat dit vir hom “’n belangrike mylpaal in die standaardiseringsgeskiedenis van die Afrikaanse taal verteenwoordig”, want deur die opneem van hierdie leksikale items word hulle “van die juk van stigma bevry” en kry hulle dan nou toegang tot die formele sfeer waar dit hoort.

In sy praatjie laat Hendricks my hoopvol uitsien na die toekoms van ’n Afrikaans wat “inklusief is” en ’n taal word waarmee “al sy sprekers hulself kan vereenselwig”. Hy sluit af met sy “klip in die bos” en vra-sê half aan die gehoor dat ons dalk op die drumpel van ’n vernuwende konsep van Standaardafrikaans staan omdat die “verskrifteliking van ’n taal in die vak literatuur beskou word as ’n kardinale kenmerk van ’n standaard taal”. In sy lesing slaag hy daarin om die belangrikheid van alle variëteite en alle Afrikaansesprekendes se bydraes tot die groei van die taal te benadruk en ek hoor hoe die handeklap wat op sy praatjie volg, eintlik ’n klomp amens is.

Gerda Odendaal | Foto: Izak de Vries

Die tweede spreker, Gerda Odendaal, het in haar lesing op die herstandaardisering van Afrikaans gefokus. Sy begin deur te beaam dat “Afrikaans die besit van ’n wye verskeidenheid mense is” omdat die taal uit ’n multikulturele konteks gebore is. Sy fokus eerstens op die geskiedenis van ons Standaardafrikaans se erfenis en hoe daar selektief te werk gegaan was deur agt mans 143 jaar gelede toe hulle die proses van standaardisering begin het deur veral gebruik te maak van Oosgrens/Oostelike Afrikaans, wat hoofsaaklik deur wit sprekers gepraat was en daarom die “besluitnemingsprosesse rakende Standaardafrikaans beperk [het] tot die taal van veral wit Afrikaanssprekendes en hulle kultuurliggame”. Sy noem dat die ander variëteite van Afrikaans, wat hoofsaaklik met bruin Afrikaanssprekendes geassosieer was, “dus ’n ondergeskikte posisie in die standaardiseringsproses ingeneem het”. Sy gee ’n lys van leksikale items wat reeds so vroeg as 1844 skriftelik voorkom, maar uit die normeringsbronne gelaat is omdat diegene wat verantwoordelik was vir die standaardisering van Afrikaans die taal so ver moontlik probeer “reinig het van sy slawewoorde” en om dit “van sy kreoolse aard te suiwer”.

Daarna hoor ons wat die implikasies en nagevolge hiervan vir omgangsprekers ingehou het. Eerstens maak sy melding van die stigma waarmee omgangsvariëteitsprekers saamleef en dan praat sy oor die “vervreemdende effek” wat Standaardafrikaans op sommige omgangsprekers het. Maar wat vir my veral uitstaan, is toe sy sê: “Standaardafrikaans voldoen byna net aan die helfte van sy sprekers se behoeftes op onderwysgebied. Die verskille tussen Standaardafrikaans en ander variëteite van Afrikaans het veral daartoe gelei dat ’n groot groep Afrikaanssprekende leerders agtergekom het dat hulle ’n ander taal moet leer waarin hulle taalvaardighede onder andere gemeet word.” Sy sê dat navorsers waarsku dat leerders heel moontlik kan misluk op skoolvlak indien hulle ’n variëteit moet gebruik anders as die variëteit waarmee hulle grootgeword het omdat dit taalonsekerheid, gebrek aan selfvertroue en ’n lae selfbeeld by hulle skep indien hulle nie in die voorgeskrewe variëteit kan presteer nie. Verder lê sy klem daarop dat dit belangrik is dat leerders daarvan bewus gemaak moet word dat “alle variëteite van Afrikaans gelykwaardig is en dat alle sprekers ’n onmiskenbare aandeel in die ontstaan en voortbestaan van Afrikaans gehad het en steeds het.” Dit sal natuurlik ook beteken dat die leerders hulself en hul variant moet begin identifiseer in hul leermateriaal en dat opvoeders meer verdraagsaam moet wees.

Oor herstandaardisering sê sy: “As die gevolg van standaardisering van Afrikaans was om sekere groepe mense uit te sluit, het herstandaardisering juis die teenoorgestelde ten doel, naamlik om die perke van aanvaarbaarheid te verbreed. Die persepsie van wat aanvaarbare taalgebruik is, moet dus verbreed word om ook ander variëteite in te sluit as slegs die eng-gedefinieerde standaardvorm.”

Sy praat ook van ’n standaard wat meer inklusief moet wees en sluit aan by Hendricks se gelykevlak-benadering. Om dit te bewerkstellig stel sy voor dat die omgangsvariëteite dus “in openbare domeine aangewend moet word om die status van hierdie variëteite te verhoog sodat dit as ’n waardevolle hulpbron gesien kan word in die moderne, demokratiese samelewing” waarin ons leef. Sy meld dat daar reeds vordering gemaak is in die koerantwese en tydskrifte en op radio en televisie, maar dat dit steeds nie genoeg is nie. Vir haar is die haalbaarste manier waarop ons Afrikaans kan herstandaardiseer, nie om die hele taal te wil verander of oor te maak nie, maar om die standaard wat reeds daar is, met die omgangsvariëteite te voed en verbreed. Sy sê: “Taalkundiges moet probeer om die standaard te verbreed deur die invoeging van die kenmerke uit ander variëteite” en indien dit gedoen word, sal dit die “verskille tussen die variëteite al kleiner maak”. Ook sy slaag daarin om my hoopvol te maak oor Afrikaans en sy toekoms en ek smile nou al vir die nuusaanbieder wat hopelik eendag meer Kaapse woorde in ’n berig sal gebruik.

Uit die gehoor het ons ook heelwat menings en vrae gekry, maar die een wat veral sterk deurgekom het, is waarom onderwysers, wat wel mag het oor wat in die klaskamer toegelaat word (maar min mag het wat die kurrikulum betref), altyd na gekyk word om veranderinge te bewerkstellig, maar diegene wie aan die stuur van sake by top Afrikaanse organisasies en instansies is, nie betrokke raak by wat in Afrikaanse klasse as talig korrek beskou word nie. Net omdat leksikale items in die nuwe AWS verskyn het, beteken dit nie noodwendig dat hierdie items aanvaar sal word in byvoorbeeld leerders se skryfwerk of mondelinge toetse nie. Wie is die hekwagters in die onderwysstelsel wat keer dat daar op grassroots-vlak reeds vernuwing kom en waarom word hulle nie deur Afrikaanse organisasies en instansies aanspreeklik gehou nie? Daar moet sekerlik daar bo (daar bo, want hulle is nie aldag bewus van wat regtig onder aangaan nie) by die onderwysdepartemente mense wees wat lede van Afrikaanse organisasies of instansies is en wat heel moontlik tred hou met wat besig is om in die Afrikaanse taallandskap te gebeur. Hoekom staan die veranderinge wat wel plaasvind, los van wat nog in Afrikaanse klasse aangaan?

Willa Boezak | Foto: Izak de Vries

Die laaste spreker, Willa Boezak, het die aand vir ons afgesluit op ’n manier wat net hy kan. Vermaaklik het hy die titels van boeke wat hy “saam hom hemel toe gaan vat” vir ons genoem en plek-plek uit van hulle gelees. Hy het ons op ’n verbeeldingsvlug geneem waar hy gebruik maak van navorsing wat heel moontlik bewys dat Khoi-Afrikaans so vroeg as 1559 reeds begin ontwikkel het toe Khoi- en San-mense met reisigers begin ruilhandel het en nie later, soos wat baie taalkundiges meen nie. Hy spreek hom ook sterk uit teen die gebruik van die term Oranjerivierafrikaans, omdat die naam van die rivier verander was van Garieprivier en daar dus selfs in die naam Oranjerivierafrikaans onreg gedoen word aan ’n baie belangrike groep wat deel uitmaak van die Afrikaanse taalgemeenskap. Ek twyfel ná sy bydrae nie enigsins dat die Khoi- en San-groepe ’n volwaardige en blywende bydrae tot Afrikaans gelewer het nie.

Die lesings het my regtig diep laat dink en besin oor Afrikaans en die toekoms daarvan, en dit veral omdat ek as onderwyseres van eerste addisionele taal my eintlik bevind in ’n taaldepressie omdat ek eerstehands sien wat besig is om op skoolvlak met Afrikaans te gebeur. Dis egter vir my regtig ’n jammerte dat die opkoms so swak was en dat die bemarking van die simposium dalk nie gerig was aan die regte mense wat teenwoordig moes wees nie? Ek dink die gesprekke sou soveel meer vrugbaar gewees het indien die regte belanghebbendes daar was. Die ATKV moet nie bang wees om simposiums soos hierdie veral op sosiale media te adverteer nie, want dit is waar die ding ruk.

Kyk die video's van die toesprake hier:

ATKV-taalerfenissimposium: Frank Hendricks – Standaardafrikaans en omgangsvariëteite van Afrikaans

ATKV-taalerfenissimposium: Gerda Odendaal oor die herstandaardisering van Afrikaans

ATKV-taalerfenissimposium: Willa Boezak oor die Khoisan se bydrae tot die Afrikaanse taalerfenis

The post ATKV-taalerfenissimposium: Djy makie reg’ie appeared first on LitNet.

Leeskringe in Suid-Afrika: 2018-jaarprogramme en -inligting

$
0
0

Behoort jy aan ’n leeskring in Suid-Afrika?
Stuur jou leeskring-besonderhede of navrae aan leeskring@litnet.co.za of besoek https://www.litnet.co.za/uitnodiging-leeskringe-suid-afrika/.

Alfabeties volgens dorp of stad

A - B - C - D - E - F
G - H - I - J - K - L
M - N - O - P - Q - R
S - T - U - V - W - X - Y - Z

Barrydale

 

Barrydale Leeskring

Kontak Cobie Cilliers by barrydale.leeskring@litnet.co.za.

# Die Leeskring is in 1981 gestig en lidmaattal wissel van 10 – 20. Een keer per maand word lewendige besprekings gehou. Boeke word meestal deur biblioteek verskaf en wissel van romans; digbundels; biografieë; jeugboeke; nie-fiksie ... tussenin ’n Engelse roman. Daar is ’n paar lede wat van die stigting tot die hede lid is. Verblydende aspek is dat jongmense ook aansluit en baie keer ’n ander perspektief bring. Verder probeer ons ook om gassprekers te nooi. Vanjaar was dit Bibi Slippers; verlede jaar Abraham H de Vries. Christine Barkhuizen le Roux is ook lid en haar romans en digbundels is met spesiale geleenthede bekend gestel.
# Ons het tans 16 lede en nuwe lede word verwelkom.
# Gaste is welkom by geleenthede.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste op die tweede Maandag van die maand

Maand Boek Skrywer
Februarie Huisies van papier Dalena Theron
Maart Fotostaatmasjien Bibi Slippers (gasspreker)
April Nou, hier Corné Coetzee
Mei Never Let Me Go Kazuo Ishiguro
Junie Kamikaze Rudie van Rensburg
Augustus Shéri: nes ek is Shéri Brynard en Colleen Naudé
September Emily Hobhouse, geliefde verraaier Elsabé Brits
Oktober Onderwêreld Fanie Viljoen
November Margie van die Seminary Winnie Rust

 

Bela-Bela

 

Bela-Bela Leeskring

Kontak Elma van den Berg by bela-bela.leeskring@litnet.co.za.

# Die Warmbad-leeskring is in 2000 begin met vyf lede. Die ledetal wissel so tussen agt en tien en nuwe lede is baie welkom.
# Boekbespreking is informeel en word deur een van die lede gelei.
# Besoekers is welkom. Kontak asb bela-bela.leeskring@litnet.co.za om aan te meld en dra R5 by vir koffie/tee.

 

Bethlehem

 

Bethlehem Leeskring

Kontak Thersia Craven by bethlehem.leeskring@litnet.co.za.

# Gestig op 21 Maart 1972. Geen stigterslede meer lid nie; wel enkele lede wat sedert die 80's lid is.
# Ons het tans 28 lede. Nuwe lede is welkom.
# Gaste is welkom by geleenthede.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste op die eerste of tweede Maandag van die jaar, behalwe tydens skoolvakansies

Datum Boek/onderwerp Skrywer
5/2 Huilboek Ryk Hattingh
5/3 Die lewe van Dot Serfontein  
7/5 Huldiging: Karel Schoeman  
4/6 Huldiging: PG du Plessis  
6/8 All the Light We Cannot See Anthony Doerr
3/9 Debora-tweeluik Helena de Kock
8/10 Huldiging: Chris Barnard  
5/11 Sink Brett Michael Innes, vertaal deur Elna van der Merwe

 

Bloemfontein

 

Floreat Leeskring

Kontak Mariehetta Matthee by floreat.leeskring@litnet.co.za.

# Mariehetta Matthee het terwyl sy op Bethlehem skoolgehou het aan ’n baie lewendige leeskring behoort. Die leemte het groter geword nadat sy in Bloemfontein kom woon het om haar nagraadse studies te voltooi. In 1986 het sy ’n paar vriendinne genooi en toe is die leeskring gestig.
# Daar is sowat 22 lede, waarvan 15 elke maand opdaag. Nuwe lede is welkom.
# Gaste is welkom by geleenthede.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste om 19:00 op die laaste Woensdag van die maand

Datum Boek Skrywer
24/1 Groen soos die hemel daarbo Eben Venter
21/2 Alles begin met Anna Annemari Coetser
25/4 The Buried Giant Kazuo Ishiguro
30/5 Not Without My Daughter Betty Mahmoody
25/7 Hy kom met die skoenlappers Valda Jansen
29/8 Mymeringe van ’n bleek Afrikaan Max du Preez
26/9 Donker stroom Carel van der Merwe
31/10 Huilboek Ryk Hattingh
28/11 Where My Heart Used to Beat Sebastian Faulks

 

Langenhovenpark Leeskring

Kontak Riana de Beer by langenhovenpark.leeskring@litnet.co.za.

# Die leeskring is ongeveer 34 jaar gelede gestig toe Langenhovenpark ’n baie jong woonbuurt was met ’n piepklein biblioteek. Die eerste voorsitter was Ria Strauss wat intussen oorlede is. Ek is nou al die afgelope ongeveer 20 jaar die voorsitter met verskillende lede wat as tesourier optree. Ons het ons leeskring se program van die begin af ingerig volgens die voorstelle deur Audrey Blignault in haar boek Van leser tot leser. Deur die jare het ons gehou by die patroon van 11 boeke per jaar in ’n program wat by wyse van voorstelle teen die einde van die jaar en dan op grond van ’n stemming en dan ook beskikbaarheid van die boeke vasgestel word. Die lede behartig self nege van die gespreksgeleenthede en ons nooi by twee geleenthede per jaar sprekers. Ons lees min of meer een klassieke werk uit die wêreldliteratuur, een moderne werk uit die wêreldliteratuur, ’n moderne Afrikaanse roman, ’n verskeidenheid verder uit poësie, kortkuns, jeugliteratuur, biografiese werk en dan gewoonlik romans wat op kortlyste was van bv die Rapportprys, Hertzogprys, Bookerprys, ens. Lede stel ywerig voor en dus is die samestelling van die program altyd ’n feestelike en vrolike geleentheid tydens die laaste vergadering van die jaar. Hierdie leeskring bestaan uit persone wat uiteenlopende belangstellings en beroepsrigtings het, ouderdomme wissel van middel 30's tot middel 80's. Almal lees die boeke en die besprekings is baie lewendig en prikkelend, dus nie net ’n voordrag deur die verantwoordelike persoon nie.
# Ons is tans 17 lede en nuwe lede is altyd welkom. 
# Gaste is beslis welkom en word gereeld ingesluit, met vooraf kennisgewing aan die voorsitter wat hulle dan kontak en nooi.

Jaarprogram 2018/19
Byeenkomste om 08:30 op die derde Donderdag van die maand by Bainsvlei Biblioteek

Datum Boek Skrywer
25/1 Die taal van been Heilna du Plooy
15/2 1795 Dan Sleigh
22/3 Baudolino Umberto Eco
12/4 Wonder RJ Palacio
24/5 Op ’n dag, ’n hond John Miles
14/6 Spertyd Elsa Joubert
19/7 Die wêreld van Charlie Oeng Etienne van Heerden
23/8 Great Expectations Charles Dickens
20/9 The Buried Giant Kazuo Ishiguro
18/10 Lincoln in the Bardo George Saunders
22/11 Uittogboek Johan Myburg
24/1 Huilboek Ryk Hattingh
21/2 Cancer Ward Alexander Solzhenitsyn
21/3 Die dood en die sin van die lewe Anton van Niekerk

 

Potpourri Leeskring

Kontak Ingrid Steyn by potpourri.leeskring@litnet.co.za.

# Ons leeskring bestaan al 22 jaar en ons lees fiksie en nie-fiksie in Afrikaans en Engels. Ons lees 22 boeke per jaar.
# Ons het tans 12 lede en aanvaar nuwe lede.
# Gaste is welkom by geleenthede.

Kwartaalprogram
Byeenkomste op die eerste Dinsdag van die maand

  • Die dao van Daan van der Walt deur Lodewyk G du Plessis
  • Tuisland deur Karin Brynard
  • The President's Keepers deur Jacques Pauw

 

Bultfontein

 

Bultfontein Leeskring

Kontak Herculina van Wyk by bultfontein.leeskring@litnet.co.za.

# Bestaan ononderbroke sedert 1995
# Tans 14 lede, nuwe lede welkom.
# Gaste is welkom by geleenthede.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste om 09:30 op die tweede Dinsdag van die maand in ’n plaaslike eetplek

Datum Boek/onderwerp Skrywer
13/2 Spertyd Elsa Joubert
13/3 Hy kom met die skoenlappers Valda Jansen
10/4 Uitstappie na NALN  
8/5 Alles begin met Anna Annemari Coetser
12/6 Emily Hobhouse, geliefde verraaier Elsabé Brits
Julie Vryfees  
14/8 PG du Plessis  
11/9 Slot van die dag Karel Schoeman
9/10 Potpourri: sameraapsel en beplanning vir 2019  
13/11 Afsluiting  

 

Terug na bo

 

Franschhoek

 

Franschhoek-leeskring

Kontak Elkarien Fourie of Ingrid Maritz by franschhoek.leeskring@litnet.co.za.

# Die leeskring is in 1973 gestig. Dit is ’n fantastiese groep mense (Engels en Afrikaans) wat wyd lees, baie lief is vir boeke (!) en getrou die maandelikse byeenkomste bywoon. Sommer in die mooi Kerksaal hier in die hoofstraat.
# Ons jaarlikse lidmaatskap is R120 en dan probeer ons boeke in ons biblioteek kry om te lees of sommige lede koop die boeke wat ons voorstel vir die jaar, en dié word dan deur die kring gesirkuleer.
# Ons het op die oomblik 24 lede en nuwe lede is altyd welkom.
# Gaste is baie welkom by ons byeenkomste. Meestal nooi ons ’n spreker (of die skrywer van ons boek vir die maand) en vra van gaste net ’n donasie vir verversings. Ons benut dikwels ons nabyheid aan die Universiteit van Stellenbosch om akademici te vra om ’n boek te bespreek, maar het jaarliks ook ’n paar skrywers wat oor hul eie werk kom praat. Dit is baie lekker om boekliefhebbers van buite te kry om die uittog vir die spreker die moeite werd te maak en die boek wyer bekend te stel.

Program 2018
Byeenkomste om 15:00 op die eerste Donderdag van die maand

Datum Boek Skrywer Spreker
15/2 Elders Erns Grundling Erns Grundling
8/3 Tolbos Irma Joubert Irma Joubert
5/4 Herinneringe aan Parys, A Moveable Feast, A Little Paris Bookshop en Misverstand (Tema: Parys) André P Brink, Ernest Hemingway, Nina George en Marita van der Vyver Groep
3/5 Web Naomi Meyer Naomi Meyer
7/6 Die derde spoel SJ Naudé Carine Janse van Rensburg
2/8 Maestro Marié Heese Amanda Lourens
6/9 Never Let Me Go Kazuo Ishiguro Karin Roux
4/10 Die wêreld van Charlie Oeng Etienne van Heerden Franci Vosloo
1/11 Op ’n dag, ’n hond John Miles Pieter en Estelle Haasbroek
6/12 Afsluiting    

 

Terug na bo

 

George

 

George Leeskring

Kontak Elbie Schoeman by george.leeskring@litnet.co.za.

# George Leeskring bestaan reeds sedert 1994 en is dus nou 24 jaar oud. Ons het ’n beskeie begin gehad, heel informeel, met byeenkomste beurtelings by lede se huise. Met die jare het dit gegroei en vandag is die tuiste van die Leeskring ’n klein saaltjie van die ACVV.
# Ons het formele huisreëls, ’n bestuur wat bestaan uit ’n voorsitter, ondervoorsitter, sekretaris (ook verantwoordelik vir die finansies en twee addisionele lede). Ons betaal jaarliks ledegeld.
# Die doel van ons leeskring is om persone wat graag lees gesellig bymekaar te bring en bloot te stel aan verskillende genres. Ons voertaal is Afrikaans maar Afrikaanse sowel as Engelse publikasies, fiksie sowel as nie-fiksie word bespreek. Die taak om ’n spesifieke boek vir elke byeenkoms vooraf in diepte te bekyk word aan individuele lede opgedra sodat die persoon die leiding kan neem tydens besprekings. Dit word deur die bank baie deeglik gedoen, alhoewel daar geen voorskrifte is nie en elke persoon die aanbieding op haar eie unieke manier doen. Soms besoek ’n skrywer of buite-persoon ook die leeskring.
# ’n Addisionele leeslys word ook elke jaar aan die lede verskaf.
# Elke lid ontvang jaarliks ’n gedrukte program met al die tersake inligting daarop. Lede koop dikwels van die boeke aan en sirkuleer dit dan onder mekaar, maar ons maak ook op die plaaslike biblioteek staat om sover moontlik boeke vir lede beskikbaar te stel. Ons het groot waardering vir die moeite wat die personeel doen om die boeke op die leeslys in die hande te kry en vir die lede beskikbaar te stel. Om voldoende boeke beskikbaar te hê is wel ’n probleem. Die meeste van die lede is pensionarisse en finansies en veral PLEK is ’n groot probleem!
# Tee en verversings word by elke vergadering deur die ACVV voorsien waarvoor ’n klein bedraggie betaal word.
# Ons is 34 lede. Gemiddeld 25 lede woon maandeliks die byeenkoms by.
# Nuwe lede sowel as besoekers is altyd welkom. Die publiek word maandeliks in die plaaslike koerant uitgenooi om die byeenkoms by te woon en daar is gereeld ook ’n artikel en foto's in die koerant na ’n byeenkoms.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste om 09:30 op die tweede Donderdag van die maand, behalwe in Januarie, Julie en Desember

Maand Boek/onderwerp Skrywer Spreker
Februarie Vital Remains - the Story of the Coloured Boy behind the Wardrobe en ander werke Amos van der Merwe Amos van der Merwe
Maart PG du Plessis: huldeblyk   Jeannette Swanepoel (lid)
April Stormkind en die skryfmuse Riana Scheepers Riana Scheepers
Mei Die Dorslandtrek 1874–1881 en Afrikaners in Angola Nicol Stassen Linda Zöllner (genealogiese navorser)
Junie Al wat ek weet Marita van der Vyver Hanna Barkhuysen (lid)
Augustus Hy kom met die skoenlappers Valda Jansen Kippie van Straten (lid)
September A Horse Walks Into a Bar David Grossman Elise Calitz (lid)
Oktober Fotostaatmasjien Bibi Slippers Anna Coertze (lid)
November Rooi haring Schalk Schoombie Elizabeth Retief (lid)

 

Groot Brakrivier

 

Grootbrak Leeskring

Kontak Etty Bosman by grootbrak.leeskring@litnet.co.za.

# Ons het omtrent agt jaar terug begin met ongeveer 12 lede. Van tóé tot nou is ons motto "Anders en informeel". Die jaarprogramme het ’n mengsel van boeke (Afrikaans of Engels), gedigte, prosa, kunsfilms wat van boeke af kom of ATKV se Filmverse 1 en 2 en ons bespreek graag die hele oggend ’n spesifieke skrywer of digter en nooi sover moontlik die skrywer/digter self na ons. So het ons al van ons land se groot name by ons gehad.
# Ons kom nie by huise bymekaar nie, maar by een van ons plaaslike kunsgalerye. Soms wissel ons die plek af met ander beautiful koffiewinkels om ons. ’n Karaktervolle plekkie saam met boeke en sterk koffie en soms sjerrie is ’n wenresep.
# Op die oomblik is ons ongeveer 42 lede, alhoewel dit dan uitwerk dat ons so 30 tot 32 moet akkommodeer elke keer. Dit is baie en ons het al baie gedreig om nou die skoot te laat klap dat niemand meer oor die lyn kan kom nie, maar kry dit nog nie reg nie. Die Leeskring is so ’n verrykende diens aan die gemeenskap en soveel energie is in die leesgroep, dat ’n mens dit vir nog mense wil gun wat vol afwagting vra of hulle asb ook kan kom.
# Ons het ’n ledefooi van R120 per jaar waarmee ons skrywers en kenners kan nooi en bietjie meer op die tafel sit as net ’n lid wat ’n boek bespreek (wat ook heerlik is en ons nog steeds ook doen). Die lede is mans en vroue.
# Gaste is baie welkom en wil altyd dan weer en weer kom. Ons het vakansiegangers wat altyd kom as hulle in die omgewing is.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste om 10:00 op die tweede Woensdag van die maand

Maand Boek/onderwerp Skrywer
Februarie The Story of Great Brak River Margaret Franklin
Maart Brave New World Aldous Huxley
April Spertyd Elsa Joubert
Mei Verhoudings onder druk Ronel du Toit (ook die spreker)
Junie Huldeblyk aan Karel Schoeman  
Augustus Raaiselkind Annelie Botes
September Huldeblyk aan PG du Plessis deur Kristie Herbst  
Oktober Wendy Maartens (spreker)  
November Gedigte van John Murray en musiek deur Petronelle Baard  

 

Terug na bo

 

Hartbeespoort

 

Hartbeespoort Leeskring

Kontak Anli Wilsenach by hartbeespoort.leeskring@litnet.co.za.

# Ons bestaan reeds 34 jaar en het afgestig van die Schoemansville Leeskring.
# Op die oomblik het ons 12 lede plus ’n aantal rustende lede wat so dan en wan kom inloer.
# Nuwe lede is altyd welkom.
# Boekkeuses behels gewoonlik ewe veel Afrikaanse as Engelse titels. Ons bespreek elke jaar ’n Afrikaanse digbundel en ook ’n biografie (Afrikaans of Engels). ’n Lid is gewoonlik die voorganger tydens bespreking.
# Ons vergader by mekaar se huise met wyn en koek.

Jaarprogram 2018
Vergader aan huis van ’n lid

Datum Boek Skrywer
1/2 Huilboek Ryk Neethling
28/2 Die taal van been Heilna du Plooy
22/3 The Uncommon Reader Alan Bennett
19/4 A Thousand Paper Birds Tor Udall
31/5 Spertyd Elsa Joubert
26/7 Ware mense Bart de Graaff
23/8 Queen of the Free State Jennifer Friedman
20/9 Gedigte Ingrid Jonker
25/10 Mentje, kind van Pas-Opkamp Irma Joubert
29/11 Short stories Roald Dahl

 

Heidelberg

 

Die Nora Roberts Boekklub

Kontak Helet Botha by nora-roberts.boekklub@litnet.co.za.

# Die boekklub is sedert Augustus 2017 aktief, maar is al baie lank in wording.
# Daar is tans 10 lede en nuwe lede word versigtig gekies.
# Byeenkomste vind op die laaste Vrydag van die maand plaas.

 

Hermanus

 

Hermanus Leeskring

Kontak Nelia Louw by hermanus.leeskring@litnet.co.za.

# Die Hermanus Leeskring is in 1972 gestig en die lidmaattal is tans 43. Langenhoven se Die erwe van ons vadere was die eerste boek wat in 1972 bespreek is. Ander skrywers se boeke was die van PH Nortje, Elsa Joubert en PG du Plessis. Tans kom ons kom een keer per maand bymekaar en dan bespreek een van die lede ’n boek. Daarna volg lewendige besprekings. Ons koop een kopie van elke voorgeskrewe boek aan en sommige lede koop ook self die boeke of neem dit by die biblioteek uit. Keuses word gemaak uit die volgende, waarvan een of twee in Engels kan wees: Romans, digbundels, essays, kortverhale of  novelles, dramas, biografieë en/of geskiedkundige werke, reisbeskrywings, opvoedkundige of  sielkundige werke, godsdienstige werke, vertaalde werke of klassieke meesterwerke uit wêreldletterkunde.
# Soms nooi ons gassprekers, maar ons moedig lede aan om self navorsing te doen en ’n bespreking te lei. In April het ons ’n kinderboekdag. Ons nooi ’n gasspreker en lede skenk kinderboeke wat aan hoofsaaklik kleuterskole in die Overstrand versprei word. By die November-vergadering vertel ’n paar lede ons van ander boeke wat hulle gedurende die jaar gelees het en aanbeveel. Elke paar jaar hou ons by een vergadering ’n letterkunde-vasvra wat baie pret verskaf. Tee en koek is deel van ons kuiertradisie en lede kry eenmaal ’n jaar ’n  teebeurt.
# Gaste is altyd welkom.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste op die laaste Dinsdag van die maand

Maand Boek Skrywer
Januarie Isabella Mariël le Roux
Februarie Emily Hobhouse, geliefde verraaier Elsabé Brits
Maart Koors Deon Meyer
April Knapsekêrels Pieter Fourie
Mei A Year of Marvellous Ways Sarah Winman
Junie Tussen die klippe Hans du Plessis
Julie Slot van die dag Karel Schoeman
Augustus Die wêreld van Charlie Oeng Etienne van Heerden
September Maestro Marie Heese
Oktober Days Without End Sebastian Berry
November Lede vertel van ander boeke  

 

Hoopstad

 

Hoopstad Boekklub

Kontak Reinette Rautenbach by hoopstad.boekklub@litnet.co.za.

# Die boekklub bestaan nou vir ses jaar.
# Nuwe lede is welkom.
# Gaste is welkom by geleenthede.
# Vergader ses tot agt keer per jaar.

Jaarprogram 2018

Maand Boek Skrywer
Maart Shéri: Nes ek is Shéri Brynard en Colleen Naude
Mei I am Malala Christina Lamb and Malala Yousafzai
Junie Mentje, kind van Pas-Opkamp Irma Joubert
Augustus Die vrou in die blou mantel Deon Meyer
September Anderkant uit: stories oor trauma en hoop Hanlie Retief
Oktober Pride and Prejudice Jane Austen

 

Terug na bo

 

Johannesburg

 

Babbel en Blaai

Kontak Elvira Nel by babbel-en-blaai.leeskring@litnet.co.za.

# Die boekklub bestaan in 2018 al 20 jaar. Van die lede is nog van die stigterslede.
# Ons ledetal wissel tussen 8 en 12 lede.
# Gaste is welkom by geleenthede.
# Ons vergader 8 tot 10 keer per jaar.
# Ons kuier om die beurt in die aande by mekaar se huise en eet dan ook lekker saam. Die leeslys word saam gekies en kan pryswenners insluit of onderwerpe wat interessant is om oor te lees. Ons besluit saam oor die leeslys en geskikte datums wat die meeste lede pas.

Jaarprogram 2018

  • 1795 deur Dan Sleigh
  • Spertyd deur Elsa Joubert
  • Duisend stories oor Johannesburg deur Harry Kalmer
  • Wit issie ’n kleur nie deur Nathan Trantraal
  • Huilboek deur Ryk Hattingh

 

Bibliosiele

Kontak Annemarie Ross-Vivier by bibliosiele@litnet.co.za.

# Die Bibliosiele is ’n heerlike groep mense wat ’n liefde deel vir boeke, mense, kos en ’n lus vir die lewe uitstraal.
# Die leeskring is in Junie 2013 gestig, en bestaan uit 22 diverse en dinamiese bibliofiele – wat sonder uitsondering lei tot interessante besprekings van die boeke wat ons lees.
# Aan die begin van elke jaar maak lede ’n boekvoorstel, waarna die jaar se boekbesprekings aan twaalf lede toegewys word. Lede wat nie ’n beurt kry nie, staan oor na die volgende jaar. Elke lid koop die jaar se boeke aan in e-formaat of ’n harde kopie, en dan ontmoet die Bibliosiele een keer per maand vir ’n boekbespreking en ’n feesmaal by die aangewese lid.
# Die tema van die maaltye word dikwels met groot sorg beplan rondom die tema van die boek, wat die gesprekke selfs meer kleurvol maak. Die groep se besprekings word gekenmerk deur onbeskroomde eerlike menings en is daarom altyd stimulerend – vir ons almal ’n absolute maandelikse hoogtepunt.
# Skrywers wie se boeke bespreek word en wat in die omgewing woon of dit daar waag, word dikwels as sprekers na die byeenkomste genooi, boekbekendstellings word bygewoon, en selfs van tyd tot tyd by lede se huise aangebied. Interessante kuiergeleenthede word so geskep waar ons vriende maak met ander boekliefhebbers en ons kring verder uitbrei!
# Die boeke wat deur ons hande gaan, sluit in ’n ryke verskeidenheid van Afrikaanse en Engelse romans, jeugliteratuur, poësie, fiksie en nie-fiksie.
# Waarvoor ons ook groot waardering het, is dat ons leeskring nie ekslusief uit of vroue of mans bestaan nie. Die Bibliosiele is ’n gemengde groep waar die insette van beide geslagte lesers lei tot ’n dieper insig van die onderwerp ter sprake vanweë die gediversifiseerde menings van beide kante.
# Ons het 22 lede en nuwe lede word deur huidige lede voorgestel.
# Gaste is welkom by geleenthede.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste op die tweede Woensdag van die maand

Maand Boek Skrywer
Februarie Recipes for Love and Murder Sally Andrew
Maart Our Souls at Night Kent Haruf
April Lugkasteel Annelie Botes
Mei Hammie Ronelda Kamfer
Junie Brave New World Aldous Huxley
Julie Left to Tell Immaculée Ilibagiza
Augustus When Breath Becomes Air Paul Kalanithi
September A Thousand Paper Birds Tor Udall
Oktober The Book of Laughter and Forgetting Milan Kundera
November The Year of Living Dangerously Christopher Koch

 

Lindense Leeskring

Kontak Laurette van Zijl by lindense.leeskring@litnet.co.za.

# Die Lindense leeskring het notules wat van 1980 dateer. Die leeskring is in 1961 deur Annie Schumann op die been gebring. In die briefwisseling tussen haar en Audrey Blignault in daardie jare bespreek hulle gereeld boeke wat deur hulle onderskeie leeskringe bespreek kan word.
# Ons lees beide Engelse en Afrikaanse boeke met die voorbehoud dat hulle ’n literêre waarde moet hê.
# Ons het tans 23 lede en nuwe lede word nie op die oomblik ingeneem nie.
# Gaste is welkom by geleenthede.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste om 18:00 op die tweede Maandag van die maand

Datum Boek Skrywer Aanbieder
14/2 Fotostaatmasjien Bibi Slippers Bibi Slippers
12/3 Die uur van die engel, Slot van die dag en Skepelinge Karel Schoeman Willie Burger
9/4 Die skaalmodel Anneli Groenewald Magda Mostert
14/5 Tuisland Karin Brynard Sunette de Vos
11/6 Bob Dylan   Sean Brokenshaw
13/8 The Return Hisham Matar Mandy van der Spuy
10/9 A Man Called Ove Frederik Backman Rita van Coppenhagen
8/10 The Buried Giant Kazuo Ishiguro Dorothy Venter
12/11 Beplanning vir 2019    

 

Terug na bo

 

Kaapstad

 

Bellville Leeskring

Kontak Loraine Maritz by bellville.leeskring@litnet.co.za.

# Die leeskring bestaan reeds sedert vroeë 1950's en die ou notules is in die Bellville Biblioteek. Dit is destyds deur sakevroue gestig wat net in die aand kon vergader. Ons vergader steeds in die aand. Ons glo ons is die oudste leeskring in die Kaap.
# Ons het tans 12 lede en nuwe lede is baie welkom.
# Gaste is welkom by geleenthede.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste op die eerste Dinsdag van die maand, behalwe tydens skoolvakansies.

Datum Boek Skrywer
6/2 The Conductor Sarah Quigley
6/3 How to be both Ali Smith
8/5 Die taal van been Heilna du Plooy
5/6 Recessional for Grace Marguerite Poland
7/8 Genre Frederik Backman
4/9 Torch Cheryl Strayed
6/11 The Ministry of Utmost Happiness Arundhati Roy

 

Goodwood Leeskring

Kontak Estelle Maritz by goodwood.leeskring@litnet.co.za.

# Ons leeskring is in 1989 gestig. Ons kry ons boeke by Goodwood Biblioteek.
# Ons het tans 19 lede en nuwe lede is welkom.
# Gaste is welkom by geleenthede.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste op die tweede Dinsdag van die maand

  • Drie vroue en ’n meisie deur Hans du Plessis
  • God praat Afrikaans deur HemelBesem
  • Vlerke vir almal deur Marion Erskine
  • Elders deur Erns Grundling
  • Op ’n dag, ’n hond deur John Miles
  • ’n Oomblik in die wind deur André P Brink
  • Verlorenkop deur Celesté Fritze

 

Rondebosch Lees- en studiekring

Kontak Renee Douglas by rondebosch-lees-studiekring@litnet.co.za.

# Die leeskring is byna 60 jaar oud en het op ’n tennisbaan ontstaan waar jong geleerde moeders gevoel het hulle het iets stimulerend nodig. Dit is een van die oudste Afrikaanse leeskringe in die suidelike voorstede van Kaapstad.
# Ons behandel meestal Afrikaanse boeke met 2 Engelse boeke per jaar. Ons kom een keer per maand byeen (Februarie tot November) en nooi altyd ’n spreker of skrywer uit om ’n boek of ’n interessante onderwerp te kom bespreek.
# Ons het 35 lede en aanvaar beslis nuwe lede.
# Gaste is welkom by geleenthede.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste om 10:00 op die derde Donderdag van die maand by die Kelvin Grove-klub

Maand Boek/onderwerp Skrywer Spreker
Februarie Die wêreld van Charlie Oeng Etienne van Heerden Chris van der Merwe
Maart Narsiste, psigopate, stalkers en sadiste André le Roux André le Roux
April A History of Loneliness John Boyne Gail Wallace
Mei The Fifth Mrs Brink Karina Szczurek Karina Szczurek
Junie Huldeblyk aan Karel Schoeman   Chris van der Merwe
Julie Vroue na aan my hart Hannes van Wyk Hannes van Wyk
Augustus Paaiboelie Chanette Paul Chanette Paul in gesprek met Madri Victor
September Mede-wete Antjie Krog Martie van Heusden
Oktober Die belangrikheid van kinderboeke   Ingrid Mennen
November Die taal van been Heilna du Plooy Hennie van Coller

 

 

Tafelbaai-leeskring

Kontak Gretha Aalbers by tafelbaai-leeskring@litnet.co.za.

# Tafelbaai-leeskring is al mondig. ’n Groepie ywerige lesers in Kaapstad se stadskom het meer as 20 jaar gelede begin om een keer per maand bymekaar te kom en oor boeke te gesels. Daar is nie vaste reëls nie, maar met die jare het ons tradisies opgebou. Aan die einde van die jaar kuier ons saam om ’n lang tafel by een van ons lede se huis en kies ’n lys vir die volgende jaar uit lede se voorstelle. Ons lees Afrikaans, Engels, soms Nederlands, fiksie en nie-fiksie. Soms nooi ons sprekers en soms bespreek een van die lede self die boek.
# Ons het 18 lede, met plek vir nog ’n paar, maar nie meer as wat in ’n sitkamer kan inpas nie.
# Gaste is welkom by geleenthede.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste een keer per maand op ’n Woensdagaand

Boek Skrywer
The Noise of Time Julian Barnes
Huilboek Ryk Hattingh
Always Another Country Sisonke Msimang
Days Without End Sebastian Barry
Slot van die dag Karel Schoeman
Joseph Anton Salman Rushdie
Grief is the Thing with Feathers Max Porter
Life After Life Kate Atkinson
Ship of Fools Katherine Anne Porter
Sapiens Yuval Noah Harari

 

Kemptonpark

 

Kemptonpark Leeskring

Kontak Susan Wilsenach by kemptonpark.leeskring@litnet.co.za.

# Die leeskring bestaan al ongeveer 40 jaar.
# Ons het tans 28 lede, en nuwe lede word voorwaardelik aanvaar.
# Gaste is welkom by geleenthede.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste op die tweede Woensdag van die maand

Datum Boek Skrywer
14/3 Sister Rosamund Lupton
9/5 Die aanspraak van lewende wesens Ingrid Winterbach
13/6 Cry the Beloved Country Alan Paton
8/8 Broedertwis Albert Blake
12/9 Moer toe die vreemde in Johan Bakkes
10/10 Fame Daniel Kehlmann
14/11 Toorberg Etienne van Heerden
19/1 2019 Valsrivier Dominique Botha
13/2 2019 Born a Crime Trevor Noah

 

Kleinmond

 

Kleinmond Leeskring

Kontak Kota van der Mescht of Saryna van As by kleinmond.leeskring@litnet.co.za.

# Die Leeskring is in 1992 deur Joan Marnewick gestig. Sy was die bestuurder van die Fynbos Dienssentrum vir Senior Burgers op Kleinmond. Sy wou ’n geleendheid skep om lede van die Dienssentrum aan ’n verskeidenheid boeke bekend te stel.
# Die aanvanklike ledetal was 6. Ina Cloete was die eerste voorsitter en Elsa Lombard die sekretaresse. Hulle het aanvanklik maandeliks in die NG Kerksaal vergader en later in die lede se huise. Gedurende 1998 het hulle na die biblioteek se saal verskuif vir die maandelikse vergaderings. Die ledetal het gegroei na 13. Trudie van der Westhuizen het as sekretaresse oorgeneem by Elsa Lombard. Trudie is tans nog ’n lid van die Leeskring (een van twee oorblywende stigterslede).
# Die biblioteek het boeke aan hulle uitgeleen en die lede het ook self boeke aangekoop Een van die eerste boeke wat bespreek is, is Triomf deur Marlene van Niekerk wat sy self kom bespreek het. Johan Burger wat voorheen verbonde was aan die Onderwyskollege in Graaff-Reinet het in 1996 begin om die Leeskring by te staan met sy kennis rondom die bespreking van boeke.
# Die leeskring het tans 70 lede. Nuwe lede kan nog aansluit. Ledegeld is R100 per jaar.
# Besoekers is welkom om byeenkomste by te woon teen R20 per keer.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste een keer per maand om 14:30 in die Gereformeerde Kerkgebou

Maand Boek Skrywer
Januarie Spertyd Elsa Joubert
Februarie Drieklawerblaar Christine Barkhuizen-le Roux
Maart Raaiselkind Annelie Botes
April Half of a Yellow Sun Chimamanda Adichie
Mei The Secret Diary of Hendrik Groen en Slot van die dag Hendrik Groen en Karel Schoeman
Junie The Remains of the Day Kazuo Ishiguro
Julie Hy kom met die skoenlappers Valda Jansen
Augustus Don Quixote Miguel de Cervantes
September Die wêreld van Charlie Oeng Etienne van Heerden
Oktober Embers Sandor Marai

 

Klerksdorp

 

Boek Bederf Boekklub

Kontak Lindi de Jager by boek-bederf@litnet.co.za.

# Gestig Julie 2017. Ons lees en bespreek elke maand dieselfde boek en gee geleentheid vir lede om ander boeke wat hulle gelees het te bespreek. Ons lees alle genres in Afrikaans en Engels om ons leeshorisonne te verbreed en boeke te lees wat ons nooit uit ons eie sou nie.
# Ons het tans 10 lede waarvan 7 aktief betrokke is by byeenkomste. Ons aanvaar nuwe lede.
# Gaste is welkom by geleenthede.
# Byeenkomste vind op die laaste Donderdag van die maand plaas.
# Beplanning van die boeke wat bespreek gaan word, word elke drie maande gedoen.

 

Klerksdorp Leeskring

Kontak Marianne Fourie by klerksdorp.leeskring@litnet.co.za.

# Die leeskring is reeds 64 jaar oud en kom so agt keer ’n jaar bymekaar. Lede kry elkeen ’n beurt om ’n boek te bespreek.
# Ons het tans 10 lede en nuwe lede is welkom.
# Gaste is welkom by geleenthede.

Program 2018
Byeenkomste om 10:00 op die derde of vierde Woensdagoggend van die maand

Datum Boek Skrywer
25/7 The Little Paris Bookshop Nina George
22/8 Die koning se wingerd FA Venter
26/9 Mentje, kind van Pas-Opkamp Irma Joubert
24/10 Spertyd Elsa Joubert

 

Knysna

 

Die Boekklub

Kontak Monica Venter by boekklub.knysna@litnet.co.za.

# Ons het twee jaar gelede met drie lede begin. Hier is ’n leeskring vir Engelssprekendes, maar ons wou ook een vir Afrikaanssprekendes stig.
# Ons is op die oomblik 10 lede en sal nie graag meer as 12 lede wil wees nie, aangesien ons in die lede se huise vergader en daar nie altyd plek is vir meer lede nie.
# Gaste is welkom by geleenthede.
# Byeenkomste is om 14:30 op die derde Donderdag van die maand.
# Ons werk ’n bietjie anders as die gewone leeskring. Elke lid kry ’n beurt om die byeenkoms te hanteer. Aangesien ons 10 is, kry elke lid een beurt in die jaar. Sy stel die ander lede in kennis van die datum en plek. Sy bring ’n boek saam – een wat vir haar interessant is en bespreek dit met die ander lede sonder om die verhaal weg te gee. Alhoewel almal nog nie die boek gelees het nie, lok dit altyd besprekings uit, bv oor die Tweede Wêreldoorlog indien daar so iets in die boek voorkom. Die boek gaan dan in die kas in en lede kan die boek lees indien hulle belangstel. Ons is ’n groep met uiteenlopende belangstellings en vul mekaar op hierdie wyse aan. Ons het lede wie se belangstelling van nie-fiksie, bv geskiedenis, die heelal of kosmos, plante tot fiksie, bv dramas en speurverhale wissel.

 

Koster

 

Koster Leeskring

Kontak Soanet Booyens by koster.leeskring@litnet.co.za.

# Die leeskring is in 2000 gestig.
# Ons het tans 11 lede en nuwe lede word aanvaar, maar gewoonlik slegs per uitnodiging.
# Gaste is welkom by geleenthede.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste op die eerste Maandag van die maand

Datum Boek/onderwerp Skrywer
5/2 Me Before You Jojo Moyes
5/3 Hans steek die Rubicon oor Rudie van Rensburg
10/4 Die wêreld van Charlie Oeng Etienne van Heerden
7/5 Rooikoos Willemse is soek Abraham H de Vries
4/6 Die taal van been Heilna du Plooy
6/8 Tussen stasies Irma Joubert
3/9 Kleur – my lewe, my lied: Randall Wicomb Amos van der Merwe
8/10 Emily Hobhouse, geliefde verraaier Elsabé Brits
5/11 Digkuns Verskeie

 

Terug na bo

 

Langebaan

 

Langebaan Leeskring

Kontak Dawie du Toit of Cecile Immelman by langebaan.leeskring@litnet.co.za.

# Langebaan Leeskring bestaan reeds sedert die negentigerjare.
# Ons ledetal wissel tussen 20 en 24 lede. Ons het jonger lede, en ons oudste lid is 80 jaar oud.
# Nuwe lede is baie welkom.
# Ons nooi gereeld skrywers na ons byeenkomste.
# Ons is ’n groot groep individue en elkeen lewer sy besondere bydrae om alles interessant en lewendig te hou.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste op die tweede Woensdag van die maand

Datum Boek/onderwerp Skrywer
17/1 Lede gee terugvoer oor ’n boek wat hulle onlangs gelees het  
14/2 Meeulanders Esta Steyn
14/3 The Little Old Lady Who Struck Lucky Again! Catharina Ingelman-Sundberg
11/4 Syferfontein Cas Wepener
9/5 Amraal met Marinda van Zyl Marinda van Zyl
13/6 The Fifth Mrs Brink Karina Szczurek
11/7 Wilhelmina: Kampkind op Java Mariël le Roux
8/8 Klimtol Etienne van Heerden
12/9 Die dood en die sin van die lewe Anton van Niekerk
10/10 Spertyd Elsa Joubert
14/11 ’n Oorsig van die werk van Lina Spies Lina Spies

 

Lichtenburg

 

Page turners

Kontak Lesley van Zyl by page.turners@litnet.co.za.

# Ons leeskring het begin as ’n boekklub vir die mense wat in die woonbuurt 5km van die fabriek af, sowat 25 km van Lichtenburg af, woon. Ons het begin omdat ons ’n klein biblioteek op die woonbuurt het en wou die woonbuurt se inwoners en werkers betrek.
# Ons het tans agt lede en aanvaar nuwe lede, alhoewel die lede meestal van die plaasgemeenskap is en nie saans laat uitgaan nie.
# Gaste is welkom by geleenthede.
# Ons vergader en keer per maand opverskillende datums. Gewoonlik is daar ’n gasvrou en ons het bietjie kos en gesels vir die aand rondom ’n tema. Ons sluit boekbesprekings in; prosa of ’n sêding word voorgelees. Daar is ook ’n woordspel en daar word ’n skrywer bespreek.
# Almal het verkillende smaak. Ons verwelkom die diversiteit van iemand wat versot is op hygromans tot iemand wat hou van nie-fiksie. Ons lees nie almal dieselfde boeke nie. Inteendeel, met die verskillende leesstof, leer ons graag by ons mede "boekenaars" en lees ons boeke wat ons nie voorheen sou verken het nie.

Terug na bo

 

Magaliesburg

 

GOR Boekklub

Kontak Hannelie Hartman by gor.boekklub@litnet.co.za.

# Ons boekklub bestaan al meer as 12 jaar. Drie van ons lede is nog stigterslede.
# Ons lees wyd en daar is nie reëls oor wat gelees moet of mag word nie. Ons deel stories en maak aanbevelings.
# Ons het tans nege lede en verwelkom ook van tyd tot tyd nuwe lede.
# Gaste is welkom by geleenthede.
# Byeenkomste vind op die tweede Dinsdag van die maand plaas.

 

Montagu

 

Montagu Leeskring

Kontak Han Gunst by montagu.leeskring@litnet.co.za.

# Ons leeskring is op 25 Julie 1946 deur Esther Hofmeyr begin. Sy is op 101 jaar nog steeds ons erelid.
# Ons het in 2016 ons 70ste bestaansjaar gevier.
# Ons het tans 30 lede en aanvaar graag nuwe lede.
# Gaste is welkom by geleenthede.

Jaarprogram vir die res van 2018

  • 1 Oktober: Sewe dae by die Silbersteins deur Etienne Leroux
  • 5 November: The Fifth Mrs Brink deur Karina Szczurek
  • 3 Desember: Afsluiting

 

Moorreesburg

 

Moorreesburg Leeskring

Kontak Tronell Brand by moorreesburg.leeskring@litnet.co.za.

# Ons bestaan al meer as 30 jaar en wissel tussen 10 en 15 lede.
# Ons het op die oomblik 11 lede en aanvaar nuwe lede.
# Gaste is welkom by geleenthede.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste op die eerste Maandag van die maand, behalwe tydens skoolvakansies

Datum Boek Skrywer
8/2 My ouma in kaneel Margaret Bakkes
5/3 Nawelstring Annelie Botes
7/5 Rooi haring Schalk Schoombie
4/6 Die reise van Isobelle Elsa Joubert
6/8 Ligdans Jeanne Els
3/9 Asbesmiddag Etienne van Heerden
1/10 Elders Erns Grundling
Nov Afsluiting  

 

Terug na bo

 

Paarl

 

Daljosafat Leeskring

Kontak Alta Cloete by daljosafat.leeskring@litnet.co.za.

# Op 11 Maart 1980 gestig
# Daar is tans 16 lede, nuwe lede is welkom.
# Gaste is welkom by geleenthede.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste op die tweede Dinsdagoggend van die maand.

Datum Boek Skrywer
14/2 Alles begin met Anna Annemari Coetser
13/3 Oorkant jou Juliana Coetzer
10/4 Donker spoor, Skuldig, Swartval Martin Steyn
8/5 Huilboek Ryk Hattingh
12/6 Emily Hobhouse, geliefde verraaier Elsabé Brits
14/8 Die bergengel Carina Stander
11/9 The Catcher in the Rye JD Salinger
9/10 Spertyd Elsa Joubert
13/11 Afsluiting  

 

Groenleegte Leeskring

Kontak Marianna Theron by groenleegte.leeskring@litnet.co.za.

# Ons bestaan vanjaar reeds 10 jaar en bestaan op die oomblik uit 13 lede.
# Ons woon in Groenleegte-aftreeoord. Ons vergader by die lede se huise, dus is ons ruimte beperk.
# Nuwe lede in ons oord is welkom.
# Gaste van lede is welkom.

Jaarprogram 2018

Maand Boek/onderwerp Skrywer
Februarie Gedigte  
April Spertyd Elsa Joubert
Mei ’n Blik op die lewe van JD Salinger  
Junie/Julie WA de Klerk-huldeblyk  
Augustus Die vrou in die blou mantel Deon Meyer
September A Foreign Affair Valerie Barnes
Oktober Outisme, met verwysing na Raaiselkind, The Horse Boy en The Long Ride Home  
November Afsluiting  

 

Klein-Drakenstein Leeskring

Kontak Helena Botha by klein-drakenstein.leeskring@litnet.co.za.

# Ena de Klerk, die eggenote van WA de Klerk, het die leeskring gestig. Dit is een van die oudste leeskringe in Suid-Afrika.
# Ons het tans 13 lede en is inklusief.
# Gaste is welkom by geleenthede.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste op die laaste Dinsdag van die maand

Datum Boek/onderwerp Skrywer
27/2 Poësie-wonings Verskeie
27/3 Die wêreld van Charlie Oeng Etienne van Heerden
24/4 Veronika Decides to Die Paulo Coelho
29/5 Huilboek Ryk Hattingh
31/7 Spertyd Elsa Joubert
28/8 Net ’n lewe Fransi Phillips
25/9 Die pes Albert Camus
20/10 Poësie Verskeie
27/11 Afsluitingsfunksie  

 

Libri Ad Lib

Kontak Amanda Albertyn by libri-ad-lib@litnet.co.za

# Die leeskring, destyds bestaande uit nege jong professionele dames in die begin van hulle dertigerjare, is op 7 Augustus 1997 gestig. Ons vier dus vanjaar ons mondigwording. Drie van die oorspronklike stigterslede is steeds deel van die leeskring. Ons lees beide Engels en Afrikaans. Elke lid kry ’n beurt om ’n boek aan te bied en gasvrou te speel.
# Ons het 10 lede en nuwe lede word aanvaar, alhoewel die kring beperk is tot 12 lede.
# Gaste is welkom by geleenthede.
# Byeenkomste vind op die eerste Donderdag van die maand plaas, behalwe tydens skoolvakansies.

 

Petrusburg

 

Petrusburg Leeskring

Kontak Anel Grobbelaar by petrusburg.leeskring@litnet.co.za.

# Die leeskring is in 1987 in die Biblioteek deur die destydse bibliotekaresse gestig. Daar was ongeveer 15 stigterslede. Aanvanklik is ’n bestuur gekies, daar is notule gehou en boeke is gekies volgens die voorgeskrewe resep van die streek. Vandag lewer al die lede insette oor boeke vir bespreking. Ons lees Engelse en Afrikaanse boeke oor ’n wye spektrum. Ons doen besprekings met deelname van almal en dit lok gewoonlik lewendige besprekings uit met lede wat elkeen sy eie interpretasie en siening deel. Dis heerlik om deel van ’n leeskring te wees en blootgestel te word aan boeke en sienings wat nie noodwendig deel van jou verwysingsveld is nie.
# Ons kry ook gereeld skrywers om hulle boeke te bespreek. Van ons gaste was al Fanie Viljoen, Francois Smith, Irma Joubert, Louis Bothma en Hennie van Coller. Ons het ook al baie interessante uitstappies onderneem, soos die spooktoer in Kimberley en geskiedkundige toere in Bloemfontein. Ons besoek NALN gereeld en Leana Lategan deel graag haar besondere kennis en insig met ons. Ons besoek jaarliks die Vrystaat Kunstefees as leeskring en het ’n voorliefde vir toneel en musiekvertonings. Ons fliek graag en vergelyk dan die geskrewe weergawe met die fliek.
# Ons het gewoonlik ongeveer 10 lede. Ons aanvaar nuwe lede.
# Gaste is welkom by geleenthede.

Program 2018
Byeenkomste op die derde Donderdag van die maand

Datum Boek/onderwerp Meer oor die boek Interessante inligting
15/2 Split deur Debbie Loots Debuutroman oor lewe in SA in die tagtigs en vroeë negentigs. “Lekker gebeurtenisryk, met karakters wat diep in jou hart kruip – ek het heerlik gelees!” Anchien Troskie
15/3 Uitstappie na NALN
Lewe en werke van Karel Schoeman
Van sy bekendste werke:
By fakkellig (1970)
’n Ander land (1986)
Hierdie lewe (1995)
Skepelinge postuum
Hertzogprys 3*
Recht Malan-prys 4*
CNA prys 2*
WA Hofmeyer prys
19/4 Tannie Pompie se oorlog deur
Deon Lambrecht
Nie grensroman, maar ware verhaal oor gewone mense wat deel van die bosoorlog was. Deon Lambrecht se eerste roman. Hy is bekend as nuusredakteur en artikelskrywer.
17/5 The Perfume Collector deur Kathleen Tessaro A remarkable novel about secrets, desire, memory, passion and possibility. Kathrine’s debut novel, Elegance, became a bestseller in 2003. All of her novels have been translated into many languages.

 

Port Alfred

 

Afrikaanse Boekklub

Kontak Ria Greaves by boekklub.portalfred@litnet.co.za.

# Die boekklub is in 2015 gestig deur twee Afrikaanssprekende onderwyseresse by die plaaslike hoërskool. Dit is steeds ’n uiters informele klub, met slegs agt lede. Ons vergader een keer per maand by een van die lede se huis en deel wat ons gelees het. Besprekings is kort en meer opsommend as krities, maar dit is genoeg om belangstelling te stimuleer en lede leen boeke oor en weer. Af en toe sal ons ook ’n Engelse boek insluit. Daar is geen koste verbonde aan die boekklub nie. Lede koop self boeke.
# Ons het agt lede en aanvaar nuwe lede.
# Gaste is welkom by geleenthede.
# Byeenkomste vind een keer ’n maand plaas.

 

Port Elizabeth

 

Somerstrand Leeskring

Kontak Dirk Fokker by somerstrand.leeskring@litnet.co.za.

# Die leeskring bestaan al sedert die 1980’s.
# Daar is tans 10 lede en nuwe lede is welkom.
# Gaste en sprekers is welkom by geleenthede.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste op die laaste Dinsdagaand van die maand

Datum Boek Skrywer
27/2 Die bewaker / The Keeper Marguerite Poland
27/3 The Wave Morton Rhue /  Todd Strasser
24/4 ’n Stringetjie blou krale EKM Dido
29/5 Tussen stasies Irma Joubert
19/6 Good Morning, Mr Mandela Zelda la Grange
31/7 A Man Called Ove Fredrik Backman
28/8 The Language of Flowers Vanessa Diffenbaugh
25/9 A Fine Balance Rohinton Mistry
30/10 The Love Song of Miss Queenie Hennessy Rachel Joyce

 

Potchefstroom

 

Potchefstroomse Afrikaanse Vroueleeskring

Kontak Renie Laage by potchefstroom.vroueleeskring@litnet.co.za.

# Die leeskring is vanjaar reeds 54 jaar oud. Die lede is meesal Afrikaanssprekend en die die keuse van boeke word steeds volgens die kategorieë soos deur Audrey Blignault aanbeveel, gekies.
# Danksy die Universiteit in die dorp het ons genoeg kenners om boeke te bespreek waarvan enkeles self lede van die Leeskring is. Ons hou twee keer per jaar ’n kleiner en een groter gasteaand met ’n spreker van buite soos bv die skrywer self. Kaartjies word hiervoor verkoop aan die lede sowel as gaste om die koste te dek wat ook ’n ligte ete insluit.
# Ledegeld is op die oomblik R80 per jaar omdat die ander sprekers ook vergoeding/geskenkies ontvang.
# Daar is op die oomblik 48 lede en nuwe lede word verwelkom, aangesien baie lede reeds oor sestig is en jonger dames aangemoedig word om aan te sluit.
# Gaste is welkom by geleenthede.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste om 19:00 op die tweede Maandag van die maand in die konferensiekamer van die Dienssentrum

Datum Boek/onderwerp Skrywer Aanbieder
12/2 Hartlam Gerda Taljaard en Deborah Steinmair (samest.) Gerda Taljaard
112/3 Fotostaatmasjien Bibi Slippers Bibi Slippers
14/5 Die wêreld van Charlie Oeng Etienne van Heerden Heilna du Plooy
11/6 Elders Erns Grundling Ansie Coetzee
13/8 Blou is nie ’n kleur nie Carin Krahtz Elize Vos
10/9 The Grapes of Wrath John Steinbeck Mandie Uys
8/10 Op ’n dag, ’n hond John Miles Moet nog vasgestel word
12/11 Spertyd Elsa Joubert Susan Meyer

 

Pretoria

 

Akasia Leeskring

Kontak Sophie Beyers by akasia.leeskring@litnet.co.za.

# Ons leeskring van 12 lede bestaan al 10 jaar en het eers by die Akasia Bilioteek bymekaargekom, vandaar die naam.
# Die bespreking is informeel, ons maak beurte om leiding te neem.
# Besoekers of nuwe lede is welkom. Kontak Sophie Beyers by akasia.leeskring@litnet.co.za.

 

Athos Boekklub

Kontak Elmarie Kock by athos.boekklub@litnet.co.za.

# Athos Boekklub is nege jaar oud met 12 lede wat in die Lynnwood/Brooklyn omgewing woon.
# Byeenkomste op die eerste Donderdag van die maand om 11:00 by wisselende venues, meestal aan huis van lede.
# Gaste is welkom in spesiale gevalle wat geadverteer sal word.
# Synde ’n boekklub het ons nie ’n voorafbeplande jaarprogram nie.

 

Bettie-se-leeskring

Kontak Selma du Preez of Marie Weidemann by bettie-se-leeskring@litnet.co.za.

# Die formidabele Bettie van der Spuy het in 1978 vyf goeie vriendinne oorgehaal om saam met haar boeke te lees en te bespreek. Bettie-se-leeskring het daaruit ontstaan. Bettie is vier jaar gelede op 93 oorlede.
# Nuwe lede wat sal deelneem aan bespreking en besprekings lei, is baie welkom.
# Besoekers is altyd welkom. Skakel asseblief vooraf vir Marie Weidemann (072 226 8090).

Jaarprogram 2018
Byeekomste om 10:00 aan huis van ’n lid tensy anders vermeld

Datum Boek/Onderwerp Skrywer
31/1 Vat jou hele hart Elkarien Fourie
28/2 The Remains of the Day, en ander werke van die Nobelpryswenner Kazuo Ishiguro
25/4 Period Piece: a Cambridge Childhood Gwen Raverat
30/5 Afrika-skrywers  
25/7 Gespreksgenoot: ’n brieweboek Heilna du Plooy (samest.)
29/8 Spertyd Elsa Joubert
31/10 Jan Smuts: Afrikaner sonder grense Richard Steyn
28/11 Oorlog en terpentyn Stefan Hertmans

 

BoekeVriende

Kontak Margarethie Bredenkamp by boekevriende@litnet.co.za.

# Ons het as vriendinne na die boekbesprekings van Willie Burger en Thys Human by UJ gaan luister. Ons het toe besef dat dit beter sal wees om vir Thys petrolgeld te gee om na ons toe te kom. Ons was uitgekuier met tradisionele boekklubs en het ’n behoefte gehad aan sielekos en vriendskap. Ons bestaan nou al meer as 10 jaar.
# Ons het tans 23 lede. Bestaande lede kan iemand saambring en as hulle inpas, kan hy/sy ’n lid word.
# Gaste is welkom by geleenthede.
# Ons vergader een maal per kwartaal (meestal op ’n Donderdagaand) as ’n spreker beskikbaar is.
# Ons het nie ’n vaste program nie en die volgende boek word aan lede gekommunikeer.

 

Brooklyn Leeskring

Kontak vir Dalena Beyers by brooklyn.leeskring@litnet.co.za.

# Ons is ’n geslote leeskring wat saans vergader saam met ’n lekker ete. Gaste word by geleentheid uitgenooi.
# Lede lei die bespreking van hulle boekkeuse.

 

Centurion Leeskring

Kontak Elmarie van der Walt of Paul Beezhold by centurion.leeskring@litnet.co.za.

# Centurion Leeskring is 31 jaar oud.
# Besoekers is altyd welkom. Skakel asb vooraf met Amie van der Merwe (012 664 4802) of Lesanda Meyer (084 690 3144).

Jaarprogram 2018
Byeenkomste om 14:30 in die Centurion Biblioteek, h/v Cantonmentsweg en Unielaan

Datum Boek Skrywer of fasiliteerder
16/1 Recipes for Love and Murder Sally Andrews
16/2 Fliek: Italian for Beginners  
20/2 Italian for beginners  
13/3 Die skaalmodel Anneli Groenewald
17/4 The Handmaid's Tale Margaret Atwood
15/5 Vlam in die sneeu Frances Galloway (samest.)
19/6 1795 Dan Sleigh
5/7 Fliek: The Island  
9/7 The Island Victoria Hislop
21/8 Bare Ground Peter Harris
9/10 Programbespreking vir 2019  
16/10 Die wêreld van Charlie Oeng Etienne van Heerden
20/11 The Life We Bury Allen Eskens

 

Elize Botha Leeskring

Kontak Rentia Bonthuys of Ritha Louw by elizebotha.leeskring@litnet.co.za.

# Elize Botha Leeskring bestaan reeds 35 jaar hoofsaaklik in die ooste van Pretoria. 
# Tans is ons 20 lede wat die laaste Vrydag van die maand bymekaarkom.     

Jaarprogram 2018
Byeenkomste om 10:00
by ’n lid se huis

Datum Boek Skrywer
2/2 Oorkant jou Juliana Coetzer
2/3 Die bergengel Carina Stander
6/4 Elders Erns Grundling
4/5 A Tale of Two Cities Charles Dickens
1/6 Die mooiste Afrikaanse Christelike gedigte Cas Vos
6/7 Tuisland Karin Brynard
3/8 Jan Smuts: Afrikaner sonder grense Richard Steyn
7/9 The Music Shop Rachel Joyce
5/10 The Boys in the Boat DJ Brown
2/11 Gespreksgenoot: ’n brieweboek Heilna du Plooy (samest.)
7/12 Afsluiting  

 

Glenstantia Leeskring

Kontak Mariaan Ueckermann of Sugnét Kannemeyer by glenstantia.leeskring@litnet.co.za.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste om 17:00 op die laaste Dinsdag van die maand by Glenstantia Gemeenskapsbiblioteek, Chopinstraat 510

Datum Boek Skrywer
30/1 Beplanning  
17/2 Fliek: Raaiselkind  
27/2 Lugkasteel Annelie Botes
27/3 Hy kom met die skoenlappers Valda Jansen
24/4 Alles begin met Anna Annemari Coetser
29/5 A Man Called Ove Frederik Backman
26/6 Nederland as tema in Karel Schoeman se werk, met verwysing na Riviereland, Stamland en Noorderlig Karel Schoeman
31/7 Op ’n dag, ’n hond John Miles
28/8 The Brief Wondrous Life of Oscar Wao Junot Diaz
25/9 Huilboek Ryk Hattingh
30/10 Die bergengel Carina Stander
Nov Afsluiting: ete of uitstappie  

 

Jakaranda Leeskring

Kontak Marie Meintjes of Lalamarie Human by jakaranda.leeskring@litnet.co.za.

# Op 28 Januarie 2018 is Jakaranda 32 jaar oud. Oorspronklik in Pretoria-Noord gestig maar deesdae woon lede oraloor.
# Ons het tans 26 lede en neem slegs nuwe lede in wanneer iemand bedank of weggaan.
# Gaste welkom indien daar plek is. Kontak asb vir Lalamarie Human (084 760 7199).

Jaarprogram 2018
Byeenkomste op die tweede Woensdag van die maand aan huis van ’n lid

Datum Boek / Onderwerp Skrywer
8/2 Die wêreld van die storie (saam met Mabel Malherbe Leeskring) Willie Burger
14/3 Recipes for Love and Murder Sally Andrew
11/4 Verse wat my bybly  
9/5 The Printmaker Bronwyn Law-Viljoen
13/6 Fliekaand  
11/7 A Gentleman in Moscow Amor Towles
12/9 Chasing the Tails of My Father’s Cattle Sindiwe Magona
10/10 Op ’n dag, ’n hond John Miles
14/11 Afsluiting

 

Lekkerleeskring

Kontak Elsa du Plessis by lekkerleeskring@litnet.co.za.

# Die Lekkerleeskring is sedert die begin van 2010 aan die gang. 
# Byeenkomste vind plaas aan huis van lede en neem die vorm aan van ’n gesprek waarvoor almal voorberei. Daar word nie lesings aangebied nie.
# Byeenkomste is beperk tot lede.

Jaarprogram 2018
Alle byeenkomste om 14:00 aan huis van ’n lid

Datum Boek Skrywer
12/2 Persian Fire Tom Holland
12/3 Spertyd Elsa Joubert
9/4 The Secret Lbife of Bees Sue Monk Kidd
14/5 The City of Falling Angels John Berendt
11/6 A Tale of Two Cities Charles Dickens
9/7 Op ’n dag, ’n hond John Miles
13/8 H is for Hawk Helen MacDonald
10/9 Die wêreld van Charlie Oeng Etienne van Heerden
8/10 Eilande Dan Sleigh
5/11 A Prayer for Owen Meany John Irving
3/12 My Father’s Glory and My Mother’s Castle Marcel Pagnol

 

Mabel Malherbe Leeskring

Kontak Elmarie van der Walt of Gina Malherbe by mabelmalherbe.leeskring@litnet.co.za.

# Die Mabel Malherbe Leeskring is vanjaar 78 jaar oud – Pretoria se oudste leeskring. Mabel Malherbe was in baie opsigte ’n pionier. Een faset van haar nalatenskap is die Mabel Malherbe Leeskring. In 1912 stig sy die Afrikaans-Hollandse Leesunie met die doel om Afrikaanse vroue aan te moedig om te lees. Dit was aanvanklik maar moeilik en baie dames het die boekbesprekings eers in Engels geskryf en daarna vertaal! Toe die ledetal 100 bereik het en daar ’n lang waglys was, is ’n tweede leesunie  wat haar naam dra, in 1940 gestig.
# Nederlandse boeke is ’n fokus. Die Stichting Bevordering Culturele Betrekkingen Nld-ZA gee jaarliks ’n ruim skenking vir die aankoop van Nederlandse boeke.
# Nuwe lede (ook mans) is welkom. Kontak ’n bestuurslid of vra ’n vriendin in die leeskring om jou voor te stel.
# Gaste is welkom. Kontak asb vooraf vir Gina Malherbe (084 745 6413).

Jaarprogram 2018
Byeenkomste om 14:00 in die Alkantrant-biblioteek, h/v Daventrystraat en Lynburnweg

Datum Boek / Onderwerp Skrywer
18/1 De trousse Leo Pleysier
8/2 Die wêreld van die storie (saam met Jakaranda Leeskring) Willie Burger
15/3 Huilboek Ryk Hattingh
12/4 Op ’n dag, ’n hond John Miles
10/5 The Remains of the Day Kazuo Ishiguro
14/6 We Need New Names NoViolet Bulawayo
16/8 1795 Dan Sleigh
13/9 One Hundred Years of Solitude Gabriel García Márquez
11/10 Die wêreld van Charlie Oeng Etienne van Heerden
8/11 Spertyd Elsa Joubert

 

Menlopark Leeskring

Kontak Petro Blaettler by menlopark.leeskring@litnet.co.za.

# Menlopark Leeskring het in 1967 afgestig van Mabel Malherbe Leeskring en word vanjaar dus 52 jaar oud.
# Van ons 25 lede woon nie een meer in Menlopark nie! Nuwe lede is welkom.
# Besoekers is baie welkom by ons byeenkomste. Skakel vooraf vir Daleen Fourie by 012 991 5262 of 082 926 8129.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste om 09:30 op die tweede Donderdag van die maand aan huis van ’n lid

Datum Boek/Tema Skrywer
15/2 Die skep van ruimte in in ’n roman  
12/4 Die laaste wals Hennie Aucamp
10/5 We Need New Names NoViolet Bulawayo
14/6 Huilboek Ryk Hattingh
16/8 All the Light We Cannot See Anthony Doerr
13/9 Die slot van die dag Karel Schoeman
11/10 Beplanning  
8/11 Maestro Marié Heese
17/1 die bome reusagtig soos ons was Hilda Smuts

 

Moreleta Leeskring

Kontak Tillie Potgieter of Hester Labuschagne by moreleta.leeskring@litnet.co.za.

# Ons bestaan reeds meer as 20 jaar en vier stigterslede is nog al die tyd by.
# Tans 11 lede:  die meeste woon in die Val de Grace/Lynnwoodrif omgewing maar Rietondale, Waterkloof en Mooikloof is ook verteenwoordig.
# Nuwe lede, veral jonger mense, is baie welkom.
# Besoekers is welkom.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste om 19:00 aan huis van ’n lid

Datum Boek/Onderwerp Skrywer
18/1 Die naaimasjien en ander stories Rachelle Greeff
15/2 Hy kom met die skoenlappers Valda Jansen
15/3 Oorkant jou: ’n verhaal uit die binnekamer Juliana Coetzer
19/4 Queen of the Free State Jennifer Friedman
24/5 Op ’n dag, ’n hond John Miles
19/7 Sosiale aand: DVD: Filmverse  
20/9 Huilboek Ryk Hattingh
18/10 Judas Amos Oz
15/11 Koms van die motman Chris Karsten

 

Pretoria-Oos Leeskring

Kontak Sannie Meiring by pretoria-oos.leeskring@litnet.co.za.

# Pretoria-Oos is die jongste van die Pretoriase leeskringe en is pas in 2018 gestig.
# Ons funksioneer in die Pretoria-Oos Aftreeoord in Equestria.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste om 16:00 in die aftreeoord se saal

Datum Boek/Onderwerp Skrywer
3/2 Koms van die hyreёn Dolf van Niekerk
13/3 Vrypas Dot Serfontein
3/4 All the Light We Cannot See Anthony Doerr
7/5 Recipes for Love and Murder Sally Andrew
4/6 Fliek: The Remains of the Day, gebaseer op die boek Kazuo Ishiguro
6/8 Hadassah: One Night With the King Tommy Tenney
3/9 Skepelinge Karel Schoeman
1/10 Emily Hobhouse, geliefde verraaier Elsabe Britz
5/11 Mentje, kind van Pas-Opkamp Irma Joubert

 

Prisma Leeskring

Kontak vir Erika Theron by prisma.leeskring@litnet.co.za.

# Prisma bestaan sedert 1969.
# Die 11 lede kom meestal uit die Lynnwood-omgewing.
# Ons fokus nie net op letterkunde nie, maar lees ook wyer of kry kundiges om ons te kom toespreek – vandaar die naam Prisma.
# Besoekers is altyd welkom.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste om 14:30 meestal aan huis van ’n lid

Datum Boek/Onderwerp Skrywer
26/1 "Geskiedenis van Epidemies in SA" Prismalede woon simposium gereël deur SA Akademie vir Wetenskap en Kuns by.
8/2 Frans David Oerder se Anglo-Boereoorlogtekeninge en skilderye Prof Alex Duffy
21/3 Wat lees jy? Prisma-leeslys vir 2018
18/4 Tuisland Karin Brynard
16/5 The Remains of the Day Kazuo Ishiguro
20/6 Fliekaand met Lynette  
18/7 Sielkunde-praatjie oor verwerking van trauma  
15/8 Vat jou hele hart Elkarien Fourie
19/9 Koms van die motman Chris Karsten
18/10 Camera Obscura en Etensuurkonsert by UP  
23/10 Gesamentlike leeskringbyeenkoms Deon Meyer
17/11 Afsluiting vir 2018  

 

Sunrise View Leeskring

Kontak Elize Momsen by sunriseview.leeskring@litnet.co.za.

# Ons bestaan nou sowat 15 jaar.
# Tans 20 lede. Nuwe lede is baie welkom.

 

Tygerpoort Leeskring

Kontak Johan Talma of Gerda Kriek by tygerpoort.leeskring@litnet.co.za.

# In 1995 deur Lulu Harley gestig vir Silver Lakes-inwoners. Nou woon die 25 lede in verskeie woongebiede in die ooste van Pretoria.
# Nuwe lede is welkom.
# Besoekers is welkom by alle byeenkomste. Skakel asseblief vooraf met Gerda Kriek (083 296 1113) as jy wil bywoon.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste om 09:30 in die NG Kerk Lynnwoodrif se Life Style Café

Datum Boek / Tema Skrywer
18/1 Maestro Marié Heese
15/2 Mede-wete Antjie Krog
15/3 Groen soos die hemel daarbo Eben Venter
19/4 Die wêreld van Charlie Oeng Etienne v Heerden
17/5 Fees van die ongenooides PG du Plessis
21/6 Fotostaatmasjien Bibi Slippers
16/8 Die derde spoel SJ Naude
20/9 God praat Afrikaans Hemelbesem
18/10 ’n Lug vol helder wolke Karel Schoeman
15/11 Jeugverhale: Ink, Jou Romeo, Snitch Ingrid Mennen, Fanie Viljoen, Edyth Bulbring

 

Waterkloof Leesgroep

Kontak Lillibeth Moolman of Marita Op't Hof by waterkloof.leeskring@litnet.co.za.

Jaarprogram 2018

Datum Boek/Onderwerp Skrywer
20/2 Jan Smuts: van boerseun tot wêreldverhoog Kobus du Pisani (samest.)
20/3 Eugene Marais en Leipoldt, onwaarskynlike vriende Carel Mieny
15/3 Elize Botha: Gespreksgenoot Heilna du Plooy (samest.)
21/8 Aspekte van Calvyn se lewe  
18/9 Spertyd Elsa Joubert
20/11 Afsluiting  

 

Waverley Leeskring

Kontak Trui van Wyk of Elfrieda Marais by waverley.leeskring@litnet.co.za.

# In 1972 gestig. Elize Botha was ’n stigterslid en tot haar dood ere-voorsitter.
# Nuwe lede is welkom.
# Besoekers is welkom. Kontak asb Trui van Wyk (082 506 5779) of Elfrieda Marais (072 179 5847) vooraf en maak ’n bydrae van R20.
# Ons werk baie goed saam met die biblioteek: die leeskring koop jaarliks drie kopieë van elk van die boeke en skenk dit aan die biblioteek. Tot tyd en wyl dit bespreek word, word die boeke vir lede uitgehou.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste om 09:30 in die Waverley Biblioteek, Cunninghamlaan 1355, Waverley

Datum Boek / Tema Skrywer
23/1 Ons maak kennis met die nuwe Afrikaanse woordelys en spelreëls  
6/2 Die laksman se dogter Gerda Taljaard
6/3 Fotostaatmasjien Bibi Slippers
10/4 Die laaste wals: Hennie Aucamp                                     Johann se Lange (samest.)
8/5 Oor berge en dale Jackie Grobler                 
5/6 Die wêreld van Charlie Oeng Etienne van Heerden
7/8 Afskeid van Europa Karel Schoeman
4/9 Lugkasteel Annelie Botes
9/10 Die mooiste Afrikaanse gedigte Cas Vos (samest.)
6/11 Gespreksgenoot: ’n brieweboek Heilna du Plooy (samest.)

 

Wilgers Leeskring

Kontak vir Maryna Brunt of Joey van Zyl by wilgers.leeskring@litnet.co.za.

# Die Wilgers Leeskring is op 25 September 2014 begin met ’n ledetal van agt lede. Die ledetal wissel tans tussen 12 en 15 en nuwe lede is welkom.
# Ledegeld beloop R100 per jaar.
# Boekbesprekings is informeel en word deur een van die lede gelei.
# Besoekers is welkom. Skakel asb 079 898 1112 om aan te meld.

 

Prins Albert

 

Mirtehof Leeskring

Kontak Sebastian Matroos by mirtehof.leeskring@litnet.co.za.

# Hierdie leeskring is nuut gestig en beoog om inwoners van en besoekers aan Prins Albert te betrek by interessante gesprek oor die boeke wat ons lees en die gemeenskap waarbinne ons leef. Die leeskring is progresief en het ten doel om ons horisonne te verbreed en lede bloot te stel aan goeie skryfkuns.
# Nuwe lede is welkom.
# Gaste is welkom by geleenthede.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste om 16:00 op die laaste Sondag van die maand

Maand Boek/onderwerp Skrywer
Augustus 2018 ’n Ander tongval Antjie Krog
September 2018 Pieternella van die Kaap Dalene Matthee
Oktober 2018 The Reader Bernhard Schlink
November 2018 Vrypas Dot Serfontein
Desember 2018 Voorlesing van reisstories van André P Brink uit Herrinneringe van Parys  
Januarie 2019 Voorlesing van reisstories van André P Brink uit Mediterreense Herrinneringe  

 

Terug na bo

 

Riebeek-Kasteel

 

Riebeek-Kasteel Leeskring

Kontak Anet Bruwer by riebeek-kasteel.leeskring@litnet.co.za.

# Riebeek-Kasteel se Leeskring is reeds in 1969 gestig en die voertaal is Afrikaans. Dit bedien die lesers van Riebeek Vallei, Malmesbury en ook Moorreesburg.
# Afrikaanse en Engelse boeke word bespreek deur Afrikaans- en Engelssprekendes, hoofsaaklik skrywers. Skrywers soos Audrey Blignault, WA de Klerk, E Kotze, FA Venter, Charles Fryer, Ampie Coetzee, Alta Cloete, Kerneels Breytenbach, Joyce Kotzè, Elsabé Brits, JC Kannemeyer, Abraham Philips, Riana Scheepers en nog vele meer het ons al oor tyd besoek.
# Daar is tans 31 aktiewe lede en nuwe lede word voortdurend gewerf.
# Gaste is welkom by geleenthede.
# Die leeskring vergader kwartaalliks.

 

Rustenburg

 

Rustenburg Leeskring

Kontak vir Micky Badenhorst by rustenburg.leeskring@litnet.co.za.

# Ons bestaan sedert 1974 toe die destydse burgemeestersvrou, Bets Hattingh, Audrey Blignault genooi het om raad te gee met die stigting van ’n leeskring.
# Tans 10 lede. Gaste is altyd baie welkom. Kontak asb Micky Badenhorst by 072 223 6841.
# Ons plaas maandeliks ’n berig in die plaaslike koerant.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste om 15:00 gewoonlik aan huis van Micky Badenhorst tensy anders geadverteer

Datum Boek Skrywer
23/1 Vir die voëls François Bloemhof
24/2 Net ’n mens Alta Cloete
27/3 Pelgrimshoop Ronel Nel
24/4 Op ’n dag, ’n hond John Miles
22/5 Drieklawerblaar Christine Barkhuizen-le Roux
26/6 Bo is dit stil Gerbrand Bakker
28/8 Drie vroue en ’n meisie Hans du Plessis
25/9 Die leliemoordenaar Lerina Erasmus
23/10 1795 Dan Sleigh
27/11 Queen of the Free State Jennifer Friedman

 

Terug na bo

 

Sasolburg

 

Sasolburg-biblioteek Leeskring

Kontak Estelle Boers by sasolburg-biblioteek.leeskring@litnet.co.za.

# Die leeskring het in 1979 ontstaan toe die nuwe biblioteek in gebruik geneem is. Dit het verander van ’n formele aksie met ’n spesifieke spreker na ’n meer informele gespreksituasie waar almal die boek moet lees en aktief  deelneem.
# Ons ledetal wissel tussen 12 tot 15 lede en nuwe lede is altyd welkom.
# Gaste is welkom by geleenthede.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste op die derde Woensdag van die maand

Maand Boek/onderwerp Skrywer
Januarie Gedigte – eie keuse  
Februarie The Snow Goose Paul Gallico
Maart Krotoa-Eva (vergelyk met Dalene Matthee se Pieternella van die Kaap) Trudie Bloem
April Mentje: Kind van Pas-Opkamp Irma Joubert
Mei The House on Carnival Street Deborah Rodriquez
Junie Hy kom met die skoenlappers Valda Jansen
Julie Salt to the Sea Ruta Sepetys
Augustus Geknelde land FA Venter
September The Miniaturist J Burton
Oktober Hans steek die Rubicon oor Rudie van Rensburg
November Beplanning vir 2019  

 

Sedgefield

 

Sedgefield Leeskring

Kontak Elsje Gräbe by sedgefield.leeskring@litnet.co.za.

# Jeanetta Steyn het ’n leeskring op Somerset-Wes gestig en toe tree sy en haar man af op Sedgefield. In 2013 stig sy toe ’n leeskring op Sedgefield.
# Ons het tans 15 lede en nuwe lede is baie welkom.
# Gaste is welkom by geleenthede.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste om 10:00 op die laaste Vrydag van die maand in die ou Raadsaal

Datum Boek/onderwerp Skrywer
Februarie A Walk Across the Sun Corban Addison
Maart When Breath Becomes Air Paul Kalanithi
April Spertyd Elsa Joubert
Mei The Help Kathryn Stockett
Junie Twenty Chickens for a Saddle Robyn Scott
Julie Ikarus Deon Meyer
Augustus Spreker: Joan Louwrens, ’n avonturier van Knysna  
September Die hart van ons huis Marita van der Vyver
Oktober A Man Called Ove Fredrik Backman
November Elders Erns Grundling

 

Somerset-Wes

 

Helderberg Leeskring

Kontak Gideon Strydom by helderberg.leeskring@litnet.co.za.

# Die formidabele Helderberg Leeskring bestaan reeds vir meer as 40 jaar. Daar is tans aktiewe lede wat sedert 1978 lid is van die leeskring.
# Ons lees ’n wye verskeidenheid genres en onderwerpe en poog om die boekelys elke jaar so interessant en uitdagend as moontlik te maak. Lede stel self boeke voor en ons besluit saam watter boeke vir die bepaalde jaar bespreek sal word.
# Ons is bevoorreg om toegang tot wonderlike sprekers te hê en het deur die jare reeds ’n noue band met baie van hulle ontwikkel. Ons sprekers is meestal skrywers, resensente, akademici en lede.
# Daar is tans 35 lede. Voornemende lede is welkom om ons te kontak. Ons vergader tans aan huis van lede, so die ledetal word dus beperk om logistieke redes.
# Gaste is welkom by geleenthede.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste op die derde Dinsdag van die maand

Datum Boek Skrywer Spreker
23/1 Wat die hart van vol is Peter Veldsman Peter Veldsman
20/2 Letters of Stone Steven Robins Jonathan Amid
20/3 Elize Botha: Gespreksgenoot Heilna du Plooy (samest.) Lizette Rabe
17/4 The Sculptors of Mapungubwe Zakes Mda Grace Musila
15/5 Fotostaatmasjien Bibi Slippers Rita Gilfillan
19/6 Die wêreld van Charlie Oeng Etienne van Heerden Chris van der Merwe
17/7 The Ministry of Utmost Happiness Arundhati Roy Kayang Gagiano
21/8 Slot van die dag Karel Schoeman Gunther Pakendorf
18/9 My Brilliant Friend Elena Ferrante Hester Mostert
16/10 Huilboek Ryk Hattingh Elmari Rautenbach
20/11 Beware of Pity Stefan Zweig Nog nie vasgestel nie

 

U3A Helderberg Afrikaanse Leeskring

Kontak Rina Swart by u3a.helderberg.leeskring@litnet.co.za.

# U3A Helderberg het ’n Engelse leeskring wat net Engelse boeke lees en bespreek. Ons het toe besluit om ’n Afrikaanse leeskring te begin.
# Ons het tans 26 lede en nuwe lede is welkom.
# Gaste is welkom by geleenthede.

Program 2018
Byeenkomste om 14:30 op die 3de Maandag van die maand

Datum Boek/onderwerp Skrywer
20/8 Jan Smuts: Afrikaner sonder grense Richard Steyn
17/9 The Lady and the Unicorn Tracy Chevalier
15/10 Martin Steyn bespreek sy boeke  

 

Stellenbosch

 

Die Boekklub

Kontak Gerda Joubert by boekklub.stellenbosch@litnet.co.za.

# Die boekklub bestaan al een jaar.
# Ons het tans vyf lede en wil graag uitbrei na 10.
# Gaste is welkom by geleenthede.
# Byeenkomste vind op die eerste Donderdag van die maand plaas.
# Ons het nie ’n vaste program nie en ruil boeke onder mekaar uit. Ons poog om die jongste Afrikaanse boeke te lees.

 

Poësiekring Stellenbosch

Kontak Petrusa by kring.stellenbosch@litnet.co.za.

# Die poësiekring bestaan sedert 1993 en bespreek een keer ’n maand gepubliseerde bundels.
# Sowat 35 lede woon die byeenkomste by en belangstellendes is welkom.
# Gaste is welkom by geleenthede.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste om 10:00 op elke eerste Maandag van die maand

Datum Bundel/onderwerp Digter
5/2 Fotostaatmasjien Bibi Slippers
5/3 Woordfees-verrassing  
16/4 Mede-wete Antjie Krog
7/5 Knapsekêrels Pieter Fourie
4/6 Uittogboek Johan Myburgh
6/8 Radbraak Jolyn Phillips
3/9 Musiek en die poësie  
15/10 Vreemde liefde: van ID du Plessis tot Fourie Botha  
5/11 Afsluitingsfunksie  

 

Stilbaai

 

Stilbaai Leeskring

Kontak Hanina Loubser by stilbaai.leeskring@litnet.co.za.

# Eerste vergadering op 15 Maart 1984 gehou met Becky Ferreira as voorsitster.
# Enigeen is welkom om aan te sluit.
# Gaste is baie welkom om geleenthede by te woon (’n bydrae van R10 vir eet- en drinkgoed word gevra).
# Vergaderings word elke eerste Donderdag van die maand om 14:30 in Die Waenhuis, Jagersbosch gehou – ’n kennisgewing word ’n week tevore op die inligtingsmuur in Hoofstraat-Wes aangebring.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste om 14:30 op die eerste Donderdag van die maand

Datum Boek/onderwerp Skrywer
1/2 Alg jaarvergadering en ontbyt  
1/3 Lost in Translation Eva Hoffmann
5/4 Die bewaker Marguerite Poland
3/5 The High Mountains of Portugal Yann Martel
7/6 Huldeblyk aan PG du Plessis  
5/7 Spertyd Elsa Joubert
2/8 Verskeidenheid van John Steinbeck John Steinbeck
6/9 The Essex Serpent Sarah Perry
4/10 Hierdie lewe Karel Schoeman
1/11 Boekemiddag  

 

Struisbaai

 

2 Oseane Leeskring

Kontak Jakkie Badenhorst by 2-oseane.leeskring@litnet.co.za.

# Die leeskring bestaan uit 30 lede en nuwe lede word aanvaar.
# Gaste is welkom by geleenthede.
# Vergader een keer ’n maand

Program 2018

Boek/onderwerp Skrywer
Slot van die dag Karel Schoeman
Split Debbie Loots
Die karretjiemense Carol Campbell
Koors Deon Meyer
All the Light We Cannot See Anthony Doerr
Margie van die seminary Winnie Rust
Slumdog Millionaire Vikas Swarup
Isabella Mariël le Roux

 

Terug na bo

 

Tulbagh

 

Tulbagh Leeskring

Kontak Riana Viljoen by tulbagh.leeskring@litnet.co.za.

# Ons is maar ’n klein groepie entoesiastiese lesers wat al vir meer as 44 jaar lank boeke bespreek, en ja, tipies vrou, koek en tee.
# Ons groep bestaan op die oomblik uit 16 lede (vir die eerste keer sluit dit ook ’n man in) en nuwe lede is welkom.
# Gaste is welkom by geleenthede.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste op die eerste Dinsdag van die maand, behalwe in Maart en Julie

Datum Boek/onderwerp Skrywer
6/2 Die bergengel Carina Stander
Maart Woordfees  
10/4 Uitstappie na Riebeek Kasteel: kunsuitstalling by Pierre Cillié  
5/6 Spertyd Elsa Joubert
7/8 Quiet Susan Cain
September Tulbagh Spring Arts Festival  
9/10 Maria Maria von Trapp
6/11 Breathing In /Asem Reza de Wet
4/12 Afsluiting  

 

 

Upington

 

Boekbende

Kontak CM van der Walt by boekbende.upington@litnet.co.za.

# Ons koop vir die afgelope ses jaar gesamentlik boeke aan en ruil dit onder mekaar uit.
# Ons het op die oomblik 12 lede, en neem nie tans nuwe lede in nie.
# Ons vergader een keer per maand.

Terug na bo

 

Vanderbijlpark

 

Vanderbijlpark Leeskring

Kontak Gerda Grové by vanderbijlpark.leeskring@litnet.co.za.

# Ons leeskring is al 32 jaar aan die gang.
# Ons poog om die pryswenners van die jaar te lees. Al ons lede lees dieselfde boek per maand en dan kry ons kundige sprekers om te bespreek. Soms berei een lid voor en fasiliteer ’n groepsbespreking.
# Ons het tans 35 lede en nuwe lede is baie welkom.
# Gaste is welkom by geleenthede.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste op die derde Donderdag van die maand

Datum Boek/onderwerp Skrywer Aanbieder
17/5 Emily Hobhouse, geliefde verraaier Elsabé Brits Annatjie Strijdom
21/6 Die soenoffer Isa Karsten Nog nie vasgestel nie
16/8 Huilboek Ryk Hattingh Thys Human
20/9 Die taal van been Heilna du Plooy Phil van Schalkwyk
18/10 Die laksman se dogter Gerda Taljaard Nog nie vasgestel nie
15/11 Ingrid Jonker se werk   Nog nie vasgestel nie

 

Ventersburg

 

Ventersburg Leeskring

Kontak Esther Delport by ventersburg.leeskring@litnet.co.za.

# Ons leeskring is omtrent 35 jaar oud en is die uitvloeisel van ’n inisiatief deur Doks Briers van die Vrystaat Biblioteekdiens om leeskringe op die Vrystaatse platteland te stig.
# Ons het tans 15 lede en nuwe lede is welkom.
# Gaste is welkom by geleenthede.

Jaarprogram 2018
Byeenkomste op die laaste Maandag van die maand

Datum Boek/onderwerp Skrywer
26/2 Origin en Dan Brown ander se werke Dan Brown
26/3 Genade! EdeLAGbare: Humor in die hof Ian Wessels (samest)
23/4 Musiek  
28/5 Elders Erns Grundling
23/7 Misverstand Marita van der Vyver
27/8 Van Kaspaas tot Kaas: Die lewe en werk van TO Honiball FP Verster
17/9 Die werke van Dot Serfontein  
29/10 Kuns  
19/11 Kersfeestema  

 

Villiers

 

Village Leeskring

Kontak Elize Schoombee by village.leeskring@litnet.co.za.

# Ons het so min of meer 2 jaar gelede begin. Daar was eers ’n ander leeskring maar het mettertyd doodgeloop. Ek het toe besluit om die gaping te neem en ’n nuwe een te begin. Die enigste twee lede wat nog oor was by die vorige leeskring het toe ook by ons aangesluit.
# Ons het tans 10 lede en nuwe lede is welkom.
# Gaste is welkom by geleenthede.

Program 2018
Byeenkomste op die laaste Dinsdagmiddag van die maand

  • Bruin geeste deur Elsabe Steenberg
  • Susters van Eva deur Dalene Matthee
  • Die ander Martha deur Eleanor Baker
  • Emily Hobhouse, geliefde verraaier deur Elsabé Brits

Terug na bo

 

Wellington

 

Boekklub 2 vir 5

Kontak Engela Duvenage by boekklub.wellington@litnet.co.za

# Die boekklub is in 2017 gestig.
# Daar is tans 5 lede.
# Gaste is welkom by geleenthede.
# Byeenkomste vind twee keer per kwartaal plaas.

 

Witrivier

 

Boekbimbo's

Kontak Liezel Lünenburg by boekbimbos.witrivier@litnet.co.za.

# Die Boekbimbo’s van Witrivier kuier die laaste sewe of agt jaar een maal per maand saam. Niemand kan onthou presies waar die komiese naam vandaan kom nie, maar almal is dit eens dat die tong-in-die-kies-alliterasie lekker op die oor val.
# Elkeen dra maandeliks R50 by tot ’n “boekfonds” en elke lid kry eenmaal per jaar ’n beurt om nuwe boeke aan te koop. Die boekklub funksioneer as ’n biblioteek waar lede boeke kan uitneem – die klub het nou reeds bykans 600 boeke op hul lys. ’n Boek wat deur almal gelees is, word die eiendom van die lid wat dit gekoop het, maar alle boeke bly op die lys en kan later weer by die eienaar geleen word.
# Die Boekbimbo’s se byeenkomste is ontspanne en daar word gesellig gekuier rondom lekker kos en goeie wyn. Elkeen kry ook die geleentheid om te vertel wat sy in die laaste maand gelees het en wat sy daarvan dink.
# Ons is 12 lede en daar is ’n waglys van persone wat graag wil aansluit as ’n lid sou bedank.
# Gaste is welkom by geleenthede.
# Byeenkomste op die derde Donderdag van die maand.

 

Worcester

 

Lekkerlees Leeskring

Kontak Retha Alberts by lekkerlees.leeskring@litnet.co.za.

# Ons leeskring is in 2002 gestig, en ons het tans 16 aktiewe lede.
# Ons hou maandelikse boekbesprekings, en nooi gereeld skrywers om hulle boeke aan ons bekend te stel en te verkoop.
#Ons moedig mekaar aan om ook grensverskuiwende boeke aan te pak en het heerlike, stimulerende gesprekke oor nuwe skrywers en nuwe titels.
# Ons aanvaar nuwe lede, maar die getal is beperk tot 20 lede.
# Ons ontvang graag gaste wat belangstel in die spesifieke titel of skrywer wat ons bespreek.
# Lede kry ’n beurt om as gasvrou vir die maandelikse leeskringbyeenkoms op te tree. Sy besluit self oor die titel of skrywer wat sy graag wil bekendstel of bespreek. Alle ander lede word dan ten minste twee weke voor die datum daarvolgens in kennis gestel, vir voorbereiding en/of bespreking. Ons het slegs ’n maandelikse datumskedule en nie vooraf-bepaalde boeke of skrywers nie.

Terug na bo

LitNet wil graag aan leeskringe ondersteuning gee.
Stuur jou leeskring-besonderhede of navrae aan leeskring@litnet.co.za of besoek https://www.litnet.co.za/uitnodiging-leeskringe-suid-afrika/.

The post Leeskringe in Suid-Afrika: 2018-jaarprogramme en -inligting appeared first on LitNet.


Boeke vir leeskringe: LAPA se keuse vir 2019

$
0
0

Leeskringe is op die oomblik besig met hul jaarbeplanning vir 2019 en LitNet het by uitgewers gehoor watter van hul boeke hulle spesifiek aanbeveel vir leeskringbesprekings. Hier is LAPA se voorstelle.

Kantelpunt
Sophia Kapp

Fiksie
480 bladsye
9780799390919
R315,00
Oktober 2018

’n Feministiese roman vir konvensionele vroue

Kantelpunt is die boekstawing van Nellie van der Merwe (gebore Petronella Jacoba van Aarde) se wederopstanding.

Nellie is pas 50, ’n konvensionele, wit, Afrikaanse vrou wat haar lewe lank gedoen het wat almal van haar verwag – sy het stilgebly. Met haar stilte het sy haar plek gekoop in haar huwelik, haar gesin, haar familie, haar werk, in die kerk, in die land, in die samelewing.

Dan ondergaan sy ’n histerektomie, en haar wêreld kantel. Sy is losgesny van die ding wat van haar ’n vrou gemaak het, en daarmee saam raak sy bevry van die stilte. Sy begin haar stem terugeis, soms met verreikende gevolge, soms teen ’n ontsettende prys. Sy word gedwing om alles wat sy tot dusver as gegewe aanvaar het, te ondersoek, en in die proses moet sy nie net die mense naaste aan haar se aandeel in haar stryd erken nie, maar ook haar eie aandadigheid aan haar lot bepaal.

Met elke insident, elke veldslag en elke gesprek tree sy verder weg van die geskiedenis en die konvensies wat haar stom gehou het, en kom sy nader aan die vrou wat sy van die begin af veronderstel was om te wees – die een met wie sý in vrede kan saamleef.

Wat maak die boek anders?

  • Kantelpunt is protesfiksie, die protes van ’n vrou wat haar regte ontneem is deur ’n patriargale samelewing én dit toegelaat het.
  • Dis nié ’n liefdesroman nie, maar daar is hoop aan teen die einde. Die leser word dus nie in ’n put gelaat nie.
  • Kantelpunt is anders as die skrywer se vorige boeke omdat dit feminisme as tema het.
  • Elke vrou wat al gesukkel het om haar plek te vind, as vrou, as mens, as burger, as ma, as eggenote, en steeds te hou van wie en wat sy is, sal by Nellie aanklank vind.
  • Hipomnemata in die subtitel is ’n Griekse woord, wat “herinneringe” beteken. Dit was ’n erkende genre in antieke tye, en het behels dat mense hulle waarnemings, goed wat hulle gelees het, en aanhalings wat vir hulle iets beteken het, in notaboekies neergeskryf het. Hierdie boek is letterlik Nellie se hipomnemata.

Sophia Kapp | Foto: Naomi Bruwer

Oor die skrywer

Kantelpunt is Sophia Kapp eerste roman wat ’n vrou se verhouding met haar omgewing ondersoek, eerder as net haar verhouding met haar geliefde(s). In hierdie storie skryf Sophia die konvensies oop waaronder ’n middeljarige, wit, Afrikaanse vrou gebuk gaan, en die prys wat sy betaal as sy daardie konvensies uitdaag.

Kapp het op 40 begin skryf – toe sy die lewe se oppe en affe beter leer verstaan het. Sy het haar tot dusver toegespits op liefdesromans omdat dit die genre is wat sy self graag lees, maar sy het nog altyd probeer om die verhoudings waarin haar karakters hulle bevind lewensgetrou te hou. Die liefde is nie net lekker of maklik nie, en haar heldinne was nog altyd vroue wat verstaan het dat die lewe soms meer uit ’n vrou tap as wat sy het om te gee.


 

Losprys
Martin Steyn

Fiksie
384 bladsye
9780799390889
R295.00
Oktober 2018

Kry ryk mense voorkeurbehandeling in kriminele sake?

Die wêreld is nie meer ’n goeie plek nie. Dis maar net hoe dit is.

“Ek het jou seun. Moenie die polisie bel nie. As julle alles doen wat ek sê, sal ek hom nie seermaak nie. Ek sal weer bel.”

Adjudant Enzo Ariefdien verkies moorde. Dooie slagoffers. Hy wil nie ’n vermiste lewe in sy hande vashou nie, nog minder ’n kind s’n. Maar dis presies wat hy kry en dis boonop ’n ontvoering vir ’n losprys. ’n Hoë-profielsaak met die desperate Amerikaanse ouers aan die een kant en die ambisieuse kaptein Lubambo aan die ander. En almal wil resultate hê.

Intussen trek die onderhandelingspan by die gesin se huis in Llandudno in, adjudant Karla Blanckenberg in die rol van primêre onderhandelaar. Uitgelewer aan die ontvoerders se skedule om kontak te maak – te verbreek – kan sy net wag en dis dan wanneer die handjie met die rooi gaatjie haar bly teister.

Die ontvoerders het duidelik die gesin se roetine geken. Maar is die gesin van buite dopgehou? Of van binne? En hoekom klink dit asof daar iets meer persoonlik agter die ontvoering skuil?

Martin Steyn het twee keer die ATKV-Woordveertjie vir Spanningslektuur ontvang.

Inherent is onregverdigheid die kruks van hierdie storie: Nes ryk moordenaars altyd ’n beter kans sal staan om los te kom, sal ryk kinders altyd voorkeurbehandeling kry wanneer hulle wegraak.

Die roman fokus op twee bene: die naspeur van leidrade, getuies en verdagtes deur die oë van adjudant Enzo Ariefdien van die Ernstige Geweldsmisdaadeenheid en die onderhandeling met die ontvoerders deur adjudant Karla Blanckenberg van die Gyselaaronderhandelingseenheid.

Soos met sy vorige romans het Martin Steyn met die mense gaan praat wat regtig sulke sake ondersoek, insluitend speurders en onderhandelaars. Hy het geloop waar sy karakters loop, van Houtbaai en Imizamo Yethu tot Mitchells Plain. Dit gee die verhaal ’n grinterige realisme.

Martin Steyn | Foto: Naomi Bruwer

Oor die skrywer

Ná sy studies in Sielkunde en Kriminologie, het Martin Steyn reeksmoordenaars en profilering begin bestudeer. Hy het ook sewe ware-misdaadartikels vir die Crime Library-webwerf geskryf, onder andere oor Stewart Wilken, Moses Sithole en die Sizzlers-moorde.

Die droom was egter altyd om fiksie te skryf, veral realistiese misdaadfiksie. Dit het tot heelwat navorsing oor die SAPD en sy forensiese eenhede gelei, met die hulp van persone wat elke dag hierdie werk doen. In 2014 het Donker spoor verskyn, en is in 2015 met die ATKV-Woordveertjie vir Spanningslektuur bekroon. Skuldig het in 2015 verskyn en is in 2016 met dieselfde prys bekroon. Donker spoor is in 2017 in Engels vertaal en is as Dark traces in die RSA en VSA gepubliseer. Die titel verskyn ook eersdaags in Turkye.

Steyn verkies om die storie deur die speurder se oë vertel, daardie persoon met die taak om geregtigheid te soek vir dié wie se naam op ’n moorddossier geskryf word.


 

The Lion’s Binding Oath and Other Stories
Ahmed Ismail Yusuf

Fiction
188 pages
9781946395078
R220,00
September 2018

If one has read Arundhati Roy …

This collection of short stories, written by the Somali author Ahmed Ismail Yusuf, takes the reader into the heart of the Somali caste system. If one has read Arundhati Roy, one would now about the devastation caused by civil wars that had had their roots in a system of casts and religion. Yet, how many people know of the events on our continent that are so chillingly similar?

These stories are deceptively simple. They combine folk tales with everyday events – boys and girls who develop crushes, boys who play soccer and girls who adore poetry… Yet, underneath these storylines lies a web of inter- and intratextual references that combine seemingly haphazard narratives into a tightly-knit unity.

The first story is of a boy who has to face up to wild animals in order to protect his family’s goats and sheep. Then the scene changes: We are transported into the heart of the ongoing caste system in Somalia and we experience first-hand how people conduct themselves worse than any predator ever would, for the ills in Somali society gave way to a civil war that to this day has not been resolved. The stories remain personal, though: A mother tries to save her twin boys on the eve of Somalia’s collapsed state; a newlywed woman tries to save her sister from being raped by soldiers …

Yet, despite the horrors, the author finds beauty in simple, everyday moments. Boys and girls still fall in love. A teacher who has endured the shameful legacy of her outcast heritage encourages a young scholar to understand Somali poetry.

Ahmed Yusuf does not shy away from tragedy, instead he explores both the human limits of endurance and the human limits of love.

Somali folklore flows freely in and out of the fibres of these stories.

In the last story a boy, who flees from the civil war, befriends a lion. Not only does it complete the story cycle, it yet again draws on an old folktale.

Ahmed Ismail Yusuf’s simple narratives belie the fact that he is a masterful storyteller. This book is a must for all those who have appreciated Arundhati Roy’s novel The ministry of utmost happiness.

In the United States The Lion’s Binding Oath and Other Stories has already been awarded a Kirkus Star, one of the highest honours a book can receive in the USA.

Ahmed Ismail Yusuf | Photo: LAPA

About the author

After fleeing Somalia, Ahmed Ismail Yusuf lived in several states but has lived in Minneapolis, Minnesota since 1997. He did not speak English when he arrived, he was a high-school dropout, and he was not sure what his actual age was. Today he has two college degrees and is the author of Somalis in Minnesota, published by the Minnesota Historical Society Press, and Gorgorkii Yimi, a collection of stories in Somali, published by Ponte Invisible. In February 2018, The History Theatre of St. Paul, Minnesota produced his play, A Crack in the Sky, a memoir about how Yusuf found inspiration in Maya Angelou and Malcolm X during his early days as an immigrant to the USA.


 

Retoer, Pretoria – Provence
Marita van der Vyver

Niefiksie
160 bladsye
9780799384796
R160,00
Oktober 2018

Die ongelooflike avonture van ’n skrywende ma

Sy het ons oorrompel met Griet skryf ’n sprokie. Hoe kon so ’n jong vrou soveel patos in ’n boek vol Griekse mitologie en Grimm-sprokies pas? Hoe kan enige een so openlik ’n goue voël beskryf sonder om platvloers te wees?

Deur die jare het die karakters in Marita van der Vyver se boeke ook myle bygekry. Sy het selfs al ’n ouma-boek geskryf.

Hoeveel van ons het nie al lees-lees saam met haar gekuier in die huis met die blou deur nie? Volg jy haar op die sosiale media, waar sy baie bedrywig en altyd vrygewig is met haar tyd, dan weet jy hoe lyk haar kinders, haar man en die wêreld van haar hart.

Weet ons egter wat ín haar hart aangaan? Hierdie bundel essays en rubrieke skuif dáárdie deur so effens oop.

Marita sê self:

Ek het altyd gesê, nie heeltemal spottend nie, dat ek vreeslik oud sal moet word voordat ek eendag my memoires aandurf. Daar is net te veel mense wat eers moet doodgaan, van nare onderwysers tot formidabele familielede, voordat ek werklik eerlik oor hulle kan skryf.

En nou is ek eensklaps ‘vreeslik oud’ – of dis altans hoe die sestienjarige meisiekind wat ek lank gelede was, my huidige beleë toestand sou beskryf het. Daarvan is ek doodseker. Ek het onlangs weer daardie tiener se dagboek in dromerige trant gelees, en besef sy sou haar kop in stomme ongeloof geskud het as sy my nou moes sien.

Marita waarsku egter ook: Ek beskou dit beslis nie as ’n amptelike outobiografie nie – daarvoor voel ek steeds te jonk!

Boonop is fiksie haar gekose medium:

Wanneer fiksieskrywers ’n outobiografie skryf, word daar soms meer gelieg as wanneer hulle ’n roman skryf. Dis nie doelbewuste bedrog nie, bloot ’n beroepsrisiko – as jy heeldag en aldag jou verbeelding moet gebruik om die pot aan die kook te hou, kan dit moeilik wees om daarmee op te hou en jou tot die vervelige waarheid te beperk.

Ten spyte van al die waarskuwings, is Retoer, Pretoria – Provence; Die ongelooflike avonture van ’n skrywende ma, ’n opregte manier om aan ’n waarderende gehoor die retoerrite van Marita van der Vyver se hart en lewe te openbaar.

Die boek is ingedeel in afdelings, en elke afdelings se naam is die titel van een van haar boeke. Al lesende gaan die leser dus op reis saam met Marita van der Vyver, van Pretoria tot Provence; en terug.

Die reis is nie altyd maklik nie. Een van die stukke wat in hierdie bundel verskyn, is ’n rubriek oor seksuele teistering waarvoor sy in 2018 met ’n ATKV-Mediaveertjie vereer is.

Dié “meisie van die suburbs”, soos sy haarself beskryf, neem die leser op ’n toer deur haar lewe en wêreld: Van haar jeugherinneringe – haar oumas, haar eerste juffrou en die kind wat sy was – tot haar dae op Stellenbosch, Pretoria en natuurlik die Franse platteland. Sy raak nostalgies oor ’n tiekieboks, die karre van haar kleintyd (’n bruin Opel en ’n geel kewer), en laat die leser tegelyk skater en verlang.

Met haar kenmerkende humor, deernis en eerlikheid, skryf sy oor die ouderdom, tienerstreke, Calvinisme, David Bowie, vegetariërs en die verskriklike vrees vir “verdagte knoppies”.

Maak vas julle veiligheidsgordels. Op hierdie reis is daar soms turbulensie te wagte.

Marita van der Vyver | Foto: Naomi Bruwer

Oor die skrywer

Marita van der Vyver is gebore in Kaapstad en het ’n meestersgraad in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch. Tussen die ouderdom van 20 en 30 publiseer sy drie jeugromans voordat haar eerste volwasse roman, Griet skryf ’n sprokie, in 1992 ’n blitsverkoper en ’n literêre sensasie word.

Sedertdien het sy ’n heeltydse en veelsydige skrywer vir alle ouderdomme geword, met ’n tiental romans, ’n bundel kortverhale, twee versamelings humoristiese essays, prenteboeke vir kleuters, talle kortverhale en essays in versamelbundels, en gereelde rubrieke in koerante en tydskrifte. Sy het reeds verskeie pryse vir haar skryfwerk gewen.

Haar volwasse romans word deurgaans in Engels, Hollands en Duits vertaal, terwyl Griet skryf ’n sprokie in sowat ’n dosyn tale gepubliseer is. Dit was ook die eerste Afrikaanse roman ooit wat in Chinees vertaal is, en het meer onlangs ook in Yslands verskyn. Marita woon op ’n klein dorpie in die suide van Frankryk saam met haar Franse man, Alain Claisse. Hulle het drie seuns en ’n dogter.


 

Bloedlelie
Jeanette Ferreira

ISBN, prys en bladsye nog nie bekend
Verskyn in Maart 2019

In die somer van 1838 vertrek die Voortrekkerleier Piet Retief en sowat honderd man na die Zoeloekoning Dingaan om oor grond vir die trekkers te onderhandel. In die laer by Doornkop wag sy vrou Magdalena op hulle terugkeer.

Byna honderd en tagtig jaar later gaan Hanna en haar man op soek na wat ook al Magdalena nagelaat het. Vroeg-vroeg in hierdie soektog loop Hanna haar vas in ’n plaasmoord waarvoor sy nie antwoorde het nie.

En Retief se vrou was ’n gewone mens, haar spore verdwyn telkens soos ’n kwartel in kreupelbos. Geskiedenis is ’n storie wat elke mens anders vertel en niks is soos dit vir ons lyk nie. Al wat ons het, is vandag. Op prinse sal die mens nie vertrou nie.

“Vee af u trane, Eerwaarde.”
Dit is al waaroor die Woord gaan ... Dat ons mekaar se trane sal afvee. En ons eie.”

Jeanette Ferreira | Foto: Facebook

Oor die skrywer

Jeanette Ferreira publiseer ’n digbundel, twee kortverhaalbundels en is die samesteller van verskeie kortverhaalbundels. Sy publiseer nege romans, waaronder drie oor die Anglo-Boereoorlog en een oor die Groot Trek. Bloedlelie is haar tiende roman.


 

Dowe gode
Dibi Breytenbach

Fiksie
304 bladsye
9780799389814
R265,00
Julie 2018

Wanneer het lewe so goedkoop geword en genade so duur?

Masjiengeweervuur skeur deur die stilte van die nag in die distrik van Opathe in die Natalse bosveld. Dit verander die lewe van een boeregesin vir altyd, want twee geslagte word in ’n oogwink koelbloedig op hulle plaas deur gesiglose aanvallers uitgewis.

Aella O’Malley, die ondersoekbeampte, sukkel om sin te maak uit ’n reeks leidrade wat deur politiek, afguns, vrees, geloof en bygeloof tot ’n verwarrende mengelmoes van inligting deurmekaar geroer word. Om sake te kompliseer kry sy ’n boodskap: “Onthou die pad na Opathe,” wat in gewone omgangstaal ’n doodsdreigement is. Net daarna wórd sy inderdaad raakgeskiet.

Wat is die motief? Is dit net nog ’n sinlose plaasmoord, waarom wil iemand Aella uit die weg ruim, en sit daar iets meer agter hierdie slagting?

Haar eerste verdagte word wreed aangerand deur ’n gefrustreerde jong boer, en nou het die oorwerkte polisie hóm ook in hegtenis geneem.

Die roman bied ’n sonderlinge blik op die polisie se werkwyse. Breytenbach werk daagliks in ons strafregstelsel en sy beskryf die polisieprosedures in detail, maar só dat die leser voel jy stap saam in die aanklagkantoor in. Die lykskouings, die vorms, die klagteboeke, alles word deel van die storie. Hier is ’n kenner se hand aan die werk. Wat meer is, die roman toon hoe sekere ondersoekbeamptes steeds probeer funksioneer in ’n disfunksionele stelsel en ondanks politieke inmenging in hulle werk.

Moord, verraad en hoop: Watter een van hierdie drie sal uiteindelik oorwin?

Eers teen die einde, wanneer Aella besef sy is bedrieg, verstaan sy dat die pad na Opathe ’n verraderlike pad is wat met groot omsigtigheid gestap moet word.

Wat maak die boek anders?

  • Die konflik onder die ou en nuwe lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens op grondvlak word ontgin;
  • Dit word ook blatant gekoppel aan die persepsie van rasgeïnspireerde plaasaanvalle;
  • Die polisiekultuur word lewensgetrou uitgebeeld;
  • Die roman word geweef rondom ’n oënskynlike plaasaanval waarin die lot van die slagoffers sowel as die misdadigers aangespreek word.

Dibi Breytenbach | Foto: LAPA

Oor die skrywer

Dibi Breytenbach is ’n regsgeleerde wat saam met haar gesin op die platteland van KwaZulu-Natal woon. Sy het ’n passie vir kinders en kinderregte en spesialiseer op daardie gebied in haar professionele hoedanigheid.

Dowe gode is die skrywer se vierde boek. Saliger, Vrediger en Heiliger was die eerste drie. Hierdie roman het ’n nuwe hoofkarakter, Aella, wat ’n kaptein in die polisie is.

The post Boeke vir leeskringe: LAPA se keuse vir 2019 appeared first on LitNet.

Twee dagga-gedigte deur Kleinboer

$
0
0

Organiese kompos

my kompos bestaan uit die as van ’n behoorlike braai
piesangskille eierdoppe rooibosteesakkies pampoenbinnegoed
beenmeel vrotterige avokado ’n hondedrol of drie en natuurlik grond
ook semen en pampier (kom-pos) nee ek speel maar die res is waar
en o ja ook ’n dooie goudvissie vol eksotiese bakterieë

op 1 Oktober gaan ek ’n donker daggapit in die agterplaas plant
wat ek teen R280 van Trophy Seeds oor die internet gekoop het

my gerookte kop sal sewe maande later gaan en kom
gaan en kom met vreemde gedagtes
soos erdwurms wat ekstaties in hul paradys wriemel
en dinge wat liefs nie neergeskryf moet word nie

Erediens

ek is ’n mens wat nie genoeg
emosie wys nie

maar ná drank en veral dagga
Saterdagaand in die atmosferiese garage (braaivuur
se rook, droë takke vir Afrika uit my vrygewige tuin)
jirre, lieflike note uit die Bluetooth-luidspreker

loop die trane bevrydend oor my wange
en my vrou vra why are you crying?
what is wrong?

maar dis tears of joy, geen smart
geen rukkende mond nie, net positiewe trane
my mosie van vertroue in die hemelse musiek

my vrou preek teen dagga maar ek sê
ek gaan nie ophou rook nie
net een keer ’n week asseblief
let me be

The post Twee dagga-gedigte deur Kleinboer appeared first on LitNet.

Botham Jean en polisiebrutaliteit in Amerika

$
0
0

Nog so onlangs as ’n dekade gelede was ’n Amerikaanse groen kaart min of meer op dieselfde vlak as om die Lotto-boerpot te wen. Amerika, “the land of the free and the brave”.

Nie meer nie. Sedert Trump aan bewind gekom het, lyk en klink dit asof regse fanatici nou hul geestelike tuiste gevind het. Selfs ons eie AfriForum het ’n draai daar gaan gooi om fondse in te samel en simpatie te wek. Selfs met die rand in vryval het hulle geldgewys skynbaar nie veel hond haaraf kon maak nie. Ek wonder of Gerrie Nel nog dink die 30 stukke silwer wat hy ontvang, vergoed vir die verlies aan reputasie wat hy deurmaak. Hy moes by Glynis Breytenbach gaan kers opsteek het. Goeie aanklaers maak nie noodwendig goeie politici nie – en Nel kan maar protesteer soos wat hy wil, sy huidige rol is meer polities as regsverwant.

As Trump se Amerika ’n fliek was, het iemand soos Tim Burton as regisseur opgetree. Die een dag is meer bisar as die ander.

Neem die afgelope week of twee as voorbeeld. Eers verskyn daar ’n meningstuk in die New York Times wat beweer dat hooggeplaaste lede van die Withuis se personeel dokumente van Trump se tafel steel om die potensiële skade wat hy kan aanrig, te beperk. Skynbaar kan Trump nie eers ’n kortlys saamstel van mense wat toegang tot die Ovaalkantoor het en dus daai inligting kon bekom nie. G’n wonder die titel Leier van die Vrye Wêreld behoort deesdae aan die Duitse Kanselier nie.

Daarna is daar die hoogs vermaaklike verrigtinge om Brett Kavanaugh, Trump se nominasie vir die Amerikaanse Supreme Court, te bevestig. Kavanaugh is berug en ongewild omdat hy ’n konserwatiewe regter is wat in sy uitsprake keer op keer bevindings maak ten gunste van korporasies en besighede teen individue. Ook vrees aktiviste dat hy by die eerste die beste geleentheid die beslissing in Roe v Wade, die bekende prokeuse-hofsaak, sal probeer omkeer.

Dag 1 van die verrigtinge het vroue in die rooi kleed met wit kappie wat in die TV-reeks The Handmaid’s Tale simbolies gemaak is van onderdrukking van vroueregte, in stille protes gestaan buite die venue waar Kavanaugh vrae van lede van die senaat moes beantwoord. Binne het nog meer vroue gesit. Kort-kort het een opgespring om protes aan te teken, en is dan summier gearresteer. Honderde vroue het in rye gestaan om een-een gearresteer te word. Burgerlike ongehoorsaamheid in aksie.

Dag 2 het rye vroue in swart geklee, met swart sluiers oor hul hoofde en die woord “I dissent” op hul hande geskryf, protes aangeteken. Weer het hulle opgestaan en verrigtinge onderbreek en is een-een gearresteer. Die polisie moes busse laat kom om al die protesteerders, almal vroue, te vervoer. Linda Sarsour, bekende aktivis, en Piper Perabo, beter bekend as aktrise as aktivis, is onder die vroue wat gearresteer was.

Die vroue se protes was veel meer kreatief en vermaaklik as die verrigtinge binne die saal. Kavanaugh beïndruk nie as ’n briljante regsgeleerde nie, maar dit sou seker nie op Trump se lys van vereistes wees nie.

Op sportgebied was daar die Nike-advertensie met Colin Kaepernick wat groot ontsteltenis veroorsaak het. Regses het uit protes hul tekkies verbrand. Die beswaar? Nike het Kaepernick, ’n NFL-voetbalspeler wat uit protes teen polisiebrutaliteit op die veld gekniel het tydens die sing van die nasionale lied voor ’n wedstryd, as die gesig van hul advertensie gebruik.

Intussen het Serena Williams tydens die finale in die Amerikaanse Ope in ’n bekgeveg met die lynskeidsregter betrokke geraak. Sy het die bekgeveg (en die wedstryd) verloor. Terselfdertyd het sy ’n broodnodige gesprek oor rassisme, seksisme en dubbele standaarde in tennis ontketen.

Terug na die Withuis, waar iemand nie vinnig genoeg die memo dat Trump nou oorlog verklaar het op die Internasionale Strafhof, kon verwyder nie. Daardie hof is volgens Trump nou irrelevant. Of hy besef watter verreikende implikasies dit vir reg en orde dwarsoor die wêreld inhou, is nie seker nie. Ek vermoed hy het sy regsadviseurs geïgnoreer voordat hy daardie stelling gemaak het.

Dit is dan seker te verstane dat, met al die ander goed wat aan die gang is, die naam Botham Shem Jean onder die radar sou deurglip vir baie mense. Jean was ’n risiko-ontleder by die Dallas-tak van PwC, voorheen PricewaterhouseCoopers.

Op 6 September, net na 10-uur die aand, is Jean in sy woonstel doodgeskiet deur ’n polisievrou. Hy was swart. Sy is wit.

Aanvanklik is dit hanteer as ’n “officer-involved shooting”, met ander woorde, dit is hanteer op dieselfde manier as wanneer ’n polisiebeampte in amptelike hoedanigheid ’n verdagte dood. Die enigste probleem is, Jean het niks verkeerd gedoen nie. Hy was in sy woonstel, skynbaar in sy bed aan die slaap.

Die polisievrou se bisarre verweer? Sy het gedink hy is besig om in haar woonstel in te breek. Behalwe dat hy nie in haar woonstel was nie; hy was in sy eie woonstel. Sy was in die verkeerde woonstel.

Haar aanvanklike weergawe was dat sy gesukkel het om “haar” woonstel oop te sluit, en dat iemand toe van binne die deur oopgemaak het. Sy het gedink dis iemand wat inbreek, en sy’t twee skote geskiet. Een skoot het hom noodlottig getref.

Later het sy haar weergawe aangepas. Volgens die nuwe weergawe wou sy haar deur oopsluit, maar toe sy die sleutel indruk, het die deur oopgeswaai. Sy het in die donker ’n manspersoon gesien, sy het waarskuwings geskree wat hy ignoreer het, en sy het hom toe geskiet.

Die bure aan beide kante van Jean het nie enige waarskuwings gehoor nie, net die skote, en voor dit ’n geklop en ’n vrouestem wat vra dat hy moet oopmaak.

Die polisiebeampte bly in dieselfde woonstelblok as Jean, maar nie op dieselfde vloer nie.

’n Ander inwoner van die blok het op YouTube ’n video geplaas wat wys hoe die slotte en deure werk. Dit werk op dieselfde beginsel as die magnetiese kaarte wat hotelle gebruik. Die sleutel word in die slot geplaas. Indien die sleutel pas, verskyn ’n groen liggie en die deur klik oop. Indien die sleutel nie pas nie, verskyn ’n rooi liggie en die deur bly toe. As verdere veiligheidsmaatreël het die deur ’n meganisme wat dit outomaties laat toegaan en sluit indien die deur oop gelaat word.

Die polisievrou se weergawe dat die deur oop was, gaan dus nie op nie. Vir die meeste mense is dit ook nie relevant nie. Nog ’n swart man wat maar net besig was om sy lewe te lei, is deur ’n wit persoon in uniform gedood. “Living while black” vervang nou “driving while black” as ’n dodelike aktiwiteit.

Ten tye van die skryf van hierdie stuk is die polisiebeampte aangekla van manslag. Nie moord nie.

Ten minste word dit nie meer hanteer as ’n “officer-involved shooting” nie.

Gaan daar geregtigheid wees vir Bothan Shem Jean? Wat van al die ander jong swart mans wat doodgeskiet is terwyl hulle maar net besig was om hul lewens te lei?

Hoe lank voordat #BlackLivesMatter met erns opgeneem word? Hoe lank voordat die #AllLivesMatter-brigade gaan besef die hutsmerk is ’n noodkreet, nie ’n rassistiese stelling nie?

Hoeveel jong rekenmeesters en onderwysers moet nog koelbloedig doodgeskiet word voordat die onnadenkende gebruik van dodelike geweld deur polisiebeamptes na behore bestraf word?

Kom ons hoop Texas kry reg wat nog nie in enige ander soortgelyke skietvoorval gebeur het nie. Kom ons hoop hulle kyk verby die ras van die slagoffer, en kyk na die misdaad self. Misdaad. Want Botham Shem Jean is vermoor.

The post Botham Jean en polisiebrutaliteit in Amerika appeared first on LitNet.

Suid-Afrikaanse erfenis in Nederland: fotogalery 1

$
0
0

Op Maandag 24 September word die jaarlikse Erfenisdag in Suid-Afrika gevier.

Menán van Heerden was tydens haar Augustus-besoek in Nederland op die spoor van Suid-Afrikaanse erfenis.

’n Verskeidenheid Suid-Afrikaanse produkte is in Die Spens-winkel in Amersfoort (naby Amsterdam) te vinde: kralewerk, blikbekers, ’n wynvat met ’n bord heerlike koeksisters, speserye, ’n rooi potjiekospot, ’n windpomp, appelkooskonfyt, blatjang, rooibostee, braaihout, Ouma-karringmelkbeskuit, draadkarre, ens.

  • Foto's: Menán van Heerden

The post Suid-Afrikaanse erfenis in Nederland: fotogalery 1 appeared first on LitNet.

Suid-Afrikaanse erfenis in Nederland: fotogalery 2

$
0
0

Op Maandag 24 September word die jaarlikse Erfenisdag in Suid-Afrika gevier.

Menán van Heerden was tydens haar Augustus-besoek in Nederland op die spoor van Suid-Afrikaanse erfenis in die Transvaalbuurt in Amsterdam.

Die ligging van die Transvaalbuurt in Amsterdam

Die monument teen apartheid en rassisme (Pépé Grégoire, 1987) op Krugerplein in die Transvaalbuurt, Amsterdam. Lees meer oor hierdie monument by Publicart.amsterdam. Op hierdie webtuiste is ook ’n kort, kritiese bespreking van die naam Transvaalbuurt en sy straatname te vinde.

’n Uitbeelding van oudpresident Nelson Mandela

Voorbeelde van straat-, plein- en winkelname in die Transvaalbuurt: Albert Luthulistraat (voorheen Louis Bothastraat), Steve Bikoplein (voorheen Pretoriusplein, volgens Publicart.amsterdam), Afrikanerplein, Transvaalstraat, Vaalrivierstraat, Krugerplein, Magersfonteinstraat, Schalk Burgerstraat en Transvaal Apotheek.

  • Foto's: Menán van Heerden

The post Suid-Afrikaanse erfenis in Nederland: fotogalery 2 appeared first on LitNet.

LitNet: Jou taalerfenis

gate

$
0
0

gate

wonde lê wyd en ver
soos die seer van ’n spoelvallei

kan in my donker skiet ’n seker ster
en ek vind

ek kan tog terug baklei

The post gate appeared first on LitNet.


Oleanna: ’n teaterresensie

$
0
0

Foto: Claude Barnardo

Die toneelstuk van die Pulitzer-pryswenner David Mamet se storielyn is op die oog af eenvoudig: ’n jong student, Carol, sit in haar dosent se kantoor. Haar punte is haglik en sy is gefrustreerd omdat sy nie deurkom nie, maar baie graag wil leer. Sy herhaal verskeie male dat sy nie verstaan wat hy bedoel of sê nie en vind sy onderrigstyl ontoeganklik. “Ek het jou boek gelees soos jy voorgeskryf het, maar ek verstaan nie wat jy skryf of wat jy bedoel nie,” verklaar sy by verskeie geleenthede.

Die dosent, John, is in die middel van ’n bevordering; ’n nuwe huis vir hom en sy vrou wink as die permanente pos hom beskore is. Hy is ingedagte en bepaal aanvanklik nie sy volle aandag by Carol en haar frustrasie nie. Hul gesprek word verskeie male deur die telefoon onderbreek.

Hy besluit om vir Carol hulp aan te bied, sodat hy sy plig as dosent kan nakom. Hy erken egter dat hy haar nie kan leer van opvoeding nie, maar dat hy haar kan vertel wat hy dink. Hy reken ook dat hy sy studente moet uitdaag tot emosies, sodat hulle die lewe kan bevraagteken en hul eie pad vind.

Hy beken ook dat hy haar woede en magteloosheid heeltemal verstaan, omdat hy ook grootgeword het met die ewige frustrasie dat hy nie dinge verstaan het nie; altyd ’n randeier was en ingekyk het op dié wat weet, wat leer en wat verstaan.

John probeer haar ook gerusstel dat almal probleme het en dat jy dit kan oorkom en ook kan verstaan. Hy glo sy twee dekades as leermeester kan jong studente help om hul weg te vind. Haar moedeloosheid maak haar emosioneel en irrasioneel en John vertroos haar met bemoedigende woorde en ’n skouer om op te leun.

Die toneelstuk is opgedeel in drie dele wat alles in sy kantoor afspeel. In die eerste deel is hy ooglopend in beheer, in die tweede deel skuif die magspel oor na haar kant en in die derde deel laat dit die kyker effe onseker oor wie in die magsposisie is en of daar enigsins meriete aan hul lang gebabbel is.

Haar ervaring van sy bemoediging is egter dat hy 20 jaar se ondervinding as verskoning gebruik om haar te beledig.

Voor jy heeltemal begryp wat aangaan, is daar klagtes van seksuele teistering en sy loopbaantoekoms is in die weegskaal.

Dis heel gepas om te sê hierdie is ’n tipiese geval van: "Hy sê, sy sê, maar wat het regtig gebeur en is jy seker jou weergawe is die regte een?"

Gaan lees ek op oor wat "Oleanna" beteken, vind ek dis ’n Noorweegse volksliedjie wat later in Engels vertaal is en bekendheid verwerf het deur Pete Seeger. Dit lewer kritiek op die Noorweegse violis, Ole Bull, se visie van ’n perfekte Amerikaanse samelewing. Oleanna was een van sy nedersettings in die nuwe Noorweegse kolonie, Pennsylvania, wat gefaal het en waarvan mense weggetrek het. Die lirieke spreek Ole se begeerte uit om Noorweë te verlaat en na Oleanna te verhuis — daar waar die koring en mielies sommer self groei, terwyl jy rustig op jou bed lê.

Die liedjie se lirieke is deur Ditmar Meidell, wat sy woorde aan die melodie van “Rio Janeiro” gekoppel het en dis vir die eerste maal in 1853 in ’n satiriese tydskrif publiseer. Dis betekenisvol dat Mamet juis hierdie titel gekies het vir sy stuk – dalk is die ontnugtering van ’n perfekte samelewing waar almal gaaf is en net wil goed doen, sy grootste boodskap. Of dalk dat ons dink ons werklikheid is dié werklikheid, maar dat dit altyd net ’n persoonlike interpretasie van dinge is.

Hoewel hy aan die progressiewe Francis W Parker School en Goddard College in Plainfield, Vermont sy opleiding gekry het, noem Mamet in ’n toespraak in 2006 dat sy alma mater eintlik die Chicago-biblioteek is, waar hy op die derde vloer in die leeskamer sy opvoedkundige grondslag gekry het. Dit is min of meer John se sentiment oor opvoeding aan tersiëre inrigtings in die teks ook.

Die toneelstuk is vir die eerste maal in Mei 1992 in Amerika opgevoer. Resensente het die afgelope 26 jaar verskeie male gereken die sosiale en seksuele landskap het drasties verander sedert sy toneelstuk sy premièr in die negentigerjare gehad het.

Maar tog bly sommige omstandighede en worstelinge tydloos en universeel, ongeag die jaartal of land waarin dit afspeel. Die verskil tussen die gegoede klas en hul probleme en die minder gegoedes se versugting oor ’n lewe wat hulle glo hulle toekom, kom baie sterk na vore tussen dosent en student. En dit behoort nie aan die negentigerjare Amerika nie; in ons eie land vlam daardie smeulende vuur gereeld by universiteite en kolleges op.

Met die uitstap uit die teater, speel die half-komiese "Oleanna" oor die luidsprekers en in jou geestesoog kan jy jou verbeel jy is by ’n barn dance in die diep-suide van Amerika, met jou denim dungerees aan en luide applous en hie-ha’s! aan die orde van die dag. Dis egter die teenoorgestelde van die verwarring in jou gemoed.

In die foyer na afloop van die vertoning, is die opinies uiteenlopend. Sommige mense voel die Amerikaanse aksente was onnodig en hinderlik en die stuk kon meer trefkrag gehad het as dit teen ’n Suid-Afrikaanse agtergrond afgespeel het; ander voel dat Carol gemeen was en seksuele teistering haar enigste troefkaart was toe sy voel sy verloor die stryd. En sommige mense was bloot verward oor wat hulle pas gade geslaan het.

Dis juis waar die stuk vir my geslaagd was: jy glo jy sien wat regtig gebeur het, maar dis steeds met jou eie ondervinding en vooroordele as agtergrond. Carol se dialoog lig aspekte van John se gedrag uit, wat aanvanklik heel onskadelik en hulpvaardig klink, maar nadat die aanklagte van seksuele teistering en aanranding ter sprake is, wil jou lojaliteit skuif. Maar later bevraagteken jy juis hierdie verskuiwing.

Ek kan net volstaan by ’n gedagte uit die resensie van Ben Brantley in die New York Times (11 Oktober 2009): “Wat só vrek slim aan Oleanna is, is dat, soos die karakters vivisekteer waartoe die gehoor so pas getuie was, ons al hoe minder seker word van wat ons gesien het.”


 

Oleanna

Met: Alan Committie en Nicole Fortuin
Deur: David Mamet
Regie: Greg Karvellas
Kostuums: Birrie le Roux

The Fugard-teater
14–30  September  

Geen onder 16’s

Kaartjies deur Computicket of die teater by 021 461-4554

The post <em>Oleanna</em>: ’n teaterresensie appeared first on LitNet.

Erfenisdag 2018: Koning Shaka, ’n eklektiese verkenning

$
0
0

’n Skets van Koning Shaka deur James King, 1836, Travels and Adventures in Eastern Africa | Wikimedia Commons

Daar is goeie rede om Shaka op Erfenisdag te gedenk en sy lewe deurlopend op hierdie dag te vier. Shaka sterf volgens Henry Francis Fynn se Diary (1986:156) op 24 September 1828; dis vanjaar 190 jaar gelede. Hoewel hierdie sterfdatum dikwels bevraagteken is, is dit in KwaZulu-Natal as Shaka-dag erken en gevier. Toe die eerste demokratiese parlement in 1995 oor openbare vakansiedae gedebatteer en die IVP oor moontlike uitsluiting beswaar gemaak het, is dié dag as kompromis as openbare vakansiedag aanvaar en na Erfenisdag hernoem.

Daar is selfs groter onsekerheid oor Shaka se geboortedatum omdat daar op daardie stadium nog geen geskrewe rekordhoudingstelsel in KZN gevestig was nie. Die eerste geskrewe rekords van daardie tyd wat daar wel bestaan, is van twee Britse avonturiers wat in 1824 in die gebied aangekom het. Dit was tien jaar voor Shaka se dood, en hulle was op mondelinge oorlewering aangewese. Nathaniel Isaacs se Travels and adventures in Eastern Africa het in 1836 verskyn; Henry Francis Fynn se The diary of Henry Francis Fynn is wel as manuskrip geraadpleeg, maar eers in 1950 deur James Stuart en D McK Malcolm uit sg “original sources” van Fynn tussen 1824 en 1834 saamgestel en gepubliseer. Oor die geboortedatum sou daar te verstane dikwels bespiegel word; dit wil egter voorkom of dit in die omgewing van 1788 was (SESA, 1973:9–599), ofskoon Wylie (2012:46, 52) bespiegel dat dit selfs so vroeg as 1781 kon gewees het.

Die onsekerheid oor Shaka se geboortedatum verraai ’n groter onsekerheid, nl oor die volle lewe en werk van dié “bekende” historiese figuur. Hoewel daar sekerheid is dat hy die seun was van Senzangakhona, leier van die klein Zoeloe-monargie, en Nandi, ’n meisie van Langeni, is daar onsekerheid oor Nandi se presiese status binne die groter poligame Senzangakhona-huishouding. Kunene (1989:111) beskou dit as ’n slim kreatiewe ingewing van Thomas Mofolo in sy roman Chaka (1925) om die seun se buite-egtelike geboorte uit Nandi te problematiseer deurdat sy die junior van Senzangakhona se drie of vier senior vroue sou gewees het. In die roman word die seun se onwelkome verskyning as kantelpunt aangebied om sy traumatiese jeugjare in te lei. Die literatuur is dit eens dat Shaka ’n onbenydenswaardige jeug gehad het en uiteindelik verplig was om uit Senzangakhona se gebied weg te vlug en sy heil by die Mthethwa-koning, Dingiswayo, te gaan soek. ’n Uitstekende verhouding tussen Dingiswayo en Shaka sou uiteindelik ontwikkel en Shaka het Dingiswayo opgevolg nadat laasgenoemde deur Zwide om die lewe gebring is.

Oor sy buitengewone leierskapseienskappe, sy skranderheid, vegkuns en dapperheid is skrywers dit grootliks eens, maar oor die besonderhede van hoe presies Shaka aan bewind gekom het, word bespiegel en verskil. Shaka het die Mthethwa-weermag wesenlik gereorganiseer. Sandale aan die voete is afgeskaf omdat dit die krygers stadiger laat beweeg het. Die lang werpspies is vervang met ’n korte waarmee gesteek kon word: hoekom sou mens jou wapen op die slagveld weggooi of as ’t ware aan die vyand afstaan? Besnydenis is gestaak. Soldate in aktiewe militêre diens is nie toegelaat om te trou nie, maar moes wag op hulle ontslag uit die leër. Shaka is ook beroemd vir die horingformasie waarin hy sy krygers op die slagveld opgestel het, met ’n impie of twee buite die formasie altyd gereed om toe te tree sou die opdrag kom. Hy het ook met groot verbeelding ’n nuwe stad aangelê wat Bulawayo genoem is. Shaka was ’n soldaat van formaat wat hoë eise aan homself, sy soldate en volgelinge gestel het. Daarom was hy ook ’n tugmeester wat nie met swakhede geduld gehad het nie. Hy was ’n Zoeloe en namate sy Zoeloeryk gegroei het, waarskynlik op die patroon van ’n soort konfederasie, het die nuwe identiteit vroeëre stamoriëntasies na die agtergrond verskuif.

Daar word ook saamgestem én verskil oor hoe Shaka, eers saam met Dingiswayo en later alleen, ’n aansienlike aantal vorstedomme in en om KZN oorrompel en uiteindelik by die Zoeloe-konfederasie ingelyf het. Dit sluit ook in oorblywende familiegroepe van Zwide van die Ndwandwe en Matiwane van die AmaNgwane wat oorspronklik min of meer van dieselfde grootte en sterkte as die Mthethwa was. Hierdie reeks oorloë het die sogenaamde Mfecane (in Xhosa; die Sesotho-benaming is Difaqane) tot gevolg gehad, onder meer vanweë die omvangryke lyding en gedwonge migrasie wat daaruit voortgespruit het. Volgens Omer-Cooper (aangehaal deur Davenport 1989:15) het dié migrasies die Groot Trek in omvang verdwerg. In die proses is ’n gebied van Delagoabaai tot aan die noordelike grens van die Kaapkolonie gedestabiliseer. Dié gebied het ook Lesotho ingesluit, aangesien vertakkinge van vorstedomme soos die AmaNgwane, die AmaHlubi en van die AmaNdebele oor die Drakensberg gevlug het of daaroor gedryf is.

Ander leiers wat dit nie onder Shaka kon uithou nie, het geheel en al van hom weggebreek en hulle heil in gebiede ver buite Suid-Afrika gaan soek. Koning Soshangane het in 1819 uitgewyk en hom via die huidige Zimbabwe in Mosambiek gaan vestig. Rebellie was waarskynlik die hoofrede vir Mzilikazi se vertrek uit KwaZulu teen omstreeks 1823. Jare later, na baie omswerwinge en terreur, het hy in die weste van Zimbabwe by Inyati naby die huidige Bulawayo sy Ndebeleryk gevestig. Koning Zwangendaba het effens later vertrek en uiteindelik sy Ngoniryk in die noorde van die huidige Malawi tot stand gebring. In dieselfde tyd emigreer ook ’n Bafokeng-groep onder Sebetwane uit die Vetriviergebied van die huidige Vrystaat noordweswaarts, oor die Limpopo, waar hy en sy volgelinge hulle in Barotseland naby die huidige Livingstone in die suidweste van die huidige Zambië vestig.

Oor die werklike impak van die Mfecane en of Shaka die hoofargitek daarvan was, word daar steeds verskil. Terwyl Wylie en sy bronne die impak van die reeks oorloë en veral Shaka se aandeel daarin onderspeel, beklemtoon ander waarnemers waarskynlik dit te veel. Vanselfsprekend kon Shaka self onmoontlik op al hierdie plekke die oorlog op die grond gedryf het. Maar in die lig van die aantal migrasies waarna verwys is, kan benewens sy vermoë om groot te dink en strategies te beplan, sy potensiaal om homself die teenkanting van eertydse senior leiers op die hals te haal, kwalik onderspeel word. Dit is logies dat die migrasies ’n eie momentum opgebou het: as die sentrum in beweging kom, so ook die periferie. Daarom kan mens verwag dat dié leiers gesamentlik, maar veral Mzilikazi, medeverantwoordelikheid moet aanvaar. Mzilikazi was ongeveer 18 jaar in die sentrale gedeeltes van Suid-Afrika bedrywig en het op ’n keer selfs so ver as Thaba Bosiu in Lesotho aan Moshoeshoe hoofbrekens gaan besorg. Sol T Plaatje se Mhudi (1930) en Peter Becker se Path of blood (1962) laat mens diep nadink oor Mzilikazi (oftewel Moselekatse, soos hy in Sesotho bekend geword het). Mzilikazi (1790–1868) het veel ouer as Shaka geword, al is hy maar kort na Shaka gebore, en sy nalatenskap – in oorlog en latere vrede – is oor ’n groot gebied sigbaar.

In sy roman Chaka gebruik Mofolo sy verbeeldingsvryheid om Shaka se wêreldvisie ironies-treffend te verbeel (Mofolo 2017:152). Dieselfde geld Mofolo se beelding van die ontstaan van kannibalisme wat in Lesotho wesenlik beleef is (Mofolo 2017:186–7). Dáár het die oorloë groot hongersnood tot gevolg gehad wat mense genoodsaak het om mekaar om die lewe te bring en op te eet. Twee niefiksiewerke in Sesotho wat dié somber prent verder inkleur, is E Motsamai se Mehla ea malimo (1912; “In die tyd van die menseters”) en JJ Machobane se Mahaheng a matšo (1946; “In die donker grotte”). Vir die Basotho was dit ’n predikament wat eers met die koms van die Franse sendelinge in 1833 begin wyk het.

Mofolo se Chaka, EA Ritter se Shaka Zulu (1955) en William C Faure se televisiereeks Shaka Zulu (1986) verskaf epiese besonderhede oor hoe Shaka se jeugjare sowel as sy opkoms as leier verloop het. Historiese ooreenkomste is daar wel, maar die presiese verloop daarvan moet waarskynlik eerder aan die verbeeldingsvryheid van die skrywers toegeskryf word as aan kontroleerbare historiese gebeure of chronologie. Wylie wy ’n volle studie aan die uitdaging en verwerping van wit, Westerse persepsies van Shaka wat hy bykans deur die bank as “romance-adventure” beskou (2000:242).

By die viering van ’n groot leier se nalatenskap is dit egter onvanpas om na sondebokke vir die verloop van die geskiedenis te soek. Wat tot in lengte van dae egter jammer sal bly, is dat daar in Shaka se tyd nog nie enige rekordhoudingstelsel of ’n koerantbedryf in KZN gevestig was nie. Die mondelinge tradisie is bekoorlik, selfs romanties. Die mense wat die tradisies agterna opgeteken het, asook hulle meestal onbekende informante, moet as helde van ons kennis van daardie tyd geëer word. Maar die betroubaarheid van die kronieke is ongelukkig voortdurend onderhandelbaar.

Aan die mondelinge periode dank ons wel hartlik die opbloei van die prysliedtradisie – die izibongo in Zoeloe en die dithoko in Sesotho. Benewens hul flambojante lewering, vanaf die slagveld tot die volksbyeenkomste – selfs op die Uniegebou se trappe – dien dit eeue lank reeds as boeiende en fassinerende “ooggetuieverslae” van inspirerende heldhaftigheid, navolgenswaardige leierskap en nasietrots. As omstandigheidsgetuienis van wat op sowel die rou slagveld as staatkundige vlak in Suider-Afrika voor die koms van die drukkersbedryf gebeur het, lewer dié tradisie steeds ’n waardevolle bydrae, veral danksy die verbluffende geheue en voordragvernuf van begaafde, meestal onbekende izimbongi/diroki (prysssangers).

Trevor Cope publiseer in 1968 sy Izibongo Zulu Praise Poems, ’n bundel Zoeloe-prysliedere wat hy redigeer na aanleiding van manuskripte van 258 prysliedere wat James Stuart oor jare van meestal onbekende Zoeloe-pryssangers eers op band opgeneem en later op skrif gestel het. Cope sluit ’n pryslied van 450 reëls ter ere van koning Shaka in wat hy in Engels vertaal en breedvoerig annoteer (1968:88–117). Vroeër verwys hy na ’n studie van Raymond Kunene waarin hy die izibongo in drie periodes indeel, met die Shaka-gedigte wat die sentrale plek inneem,  op grond daarvan dat hulle ’n kenmerkende struktuurverandering ondergaan het (Cope 1968:50–4). Hy identifiseer ’n vierreëlige versvorm waarvan elke reël ’n bepaalde ontwikkeling aandui, soos ’n stelling, ’n uitbreiding, ’n ontwikkeling en dan ’n sluitingsreël, gewoonlik ingelei deur die voegwoord kanti (desnieteenstaande/maar) wat gewoonlik ’n ontknoping of ommekeer in die “verhaal” aandui. Een van die voorbeelde wat Cope aanhaal, in Engels vertaal en wat ’n gans ander kykie op koning Shaka as “onverdraagsame potentaat” bied, lyk so:

Uteku lwabafazi bakwaNomgabhi,
Betekula behlez’ emlomvini,
Beth’ uShaka kakubusa kakuba nkosi,
Kanti unyak’ uShaka ezakumethezeka.

The joke of the women of Nomgabhi,
Joking as they sat in a sheltered spot,
Saying that Shaka would not rule, he would not become chief,
Whereas it was the year in which Shaka was about to prosper. (Cope 1968:54)

Hoewel die pryssangers grotendeels onbekend was, word die Shaka-gedigte aan Magolwane toegeskryf. Die interessante is egter dat dieselfde vier reëls ook in die izibongo van Shaka voorkom wat Mofolo in sy Chaka aan die einde van hoofstuk 17 insluit  ̶  met die erkenning dat hy dit van Chakijana, seun van Msenteli, verkry het. Dit is waar dat pryssangers dikwels by mekaar geleen het. En dít verklaar gedeeltelik waarom gedigte eerder aan die naam van die persoon wat vereer word as aan dié van die digter gekoppel word. Mofolo het die gedig in 1925 onvertaal in sy roman opgeneem. 75 jaar later het die uitgewer Morija Sesuto Book Depot dit egter goed gedink om ’n Sesotho-vertaling deur Mabitle Moorosi in heruitgawes na die jaar 2000 op te neem. Mabitle het dié vier reëls soos hier onder vertaal. Die weergawe wat in die nuwe Afrikaanse vertaling voorkom, is op die Sesotho gebaseer:

Monyakallisi wa basadi ba Nongabi,
Ba ho etsetswa metlae meathameleng ya letsatsi.
Ba itse Chaka a ka se buse, eka se be morena,
Empa ka sona lemo seo Chaka a dula monyakeng wa borena.

Die pret van die vroue van Nomgabi,
Wat hulle vermaak het in die koestering van die son.
Hul’t gesê Shaka sal nooit regeer nie, nooit koning word nie,
Maar dieselfde jaar nog kon Shaka tevrede rus.

Die koning het dus duidelik ook ’n romantiese sy gehad, een wat Faure se televisieweergawe in Shaka Zulu met Henry Cele se imposante liggaamsbou en spel goed benut het. Mofolo kyk in sy roman insgelyks na sy Shaka deur die oë van die vroue wat in die koningstad se Ntombazi-kwartiere gewoon het. Hy kyk ook deur die oë van die bewonderende soldate wat, selfs in hul sterwensuur, hulle held vir oulaas sonder klere wou sien (Mofolo, 2017:139–40). Mites oor Shaka se seksualiteit wemel in die literatuur, maar die meeste word effektief deur Wylie (2006:325-327) ontmasker.

En so, met koning Shaka se pryslied en ’n blik op sy romantiese kant, herdenk ons dankbaar die geskakeerde Erfenisdag wat hy vir ons nagelaat het.

Bayete Koning! Bayete Vader! Bayete Zulu! (Mofolo 2017:144)

Bibliografie

Becker, P. 1962/1966. Path of blood. Londen: Longmans Green.

Cope, T. (red). 1968. Izibongo Zulu Praise Poems. Oxford: Clarendon.

Davenport, TRH. 1989. South Africa: A modern history. Bergvlei: Southern Book Publishers.

Faure, WC. 1986. Shaka Zulu (Televisiereeks).

Fynn, HF. 1951/1986. The Diary of Henry Francis Fynn, reds. James Stuart en D Mck Malcolm. Pietermaritzburg: Shuter & Shooter.

Isaacs, N. 1836/1936. Travels and adventures in Eastern Africa. Kaapstad: The Van Riebeeck Society.

Kunene, DP. 1989. Thomas Mofolo and the emergence of written Sesotho prose. Johannesburg: Ravan Press.

Machobane, JJ. 1946. Mahaheng a matšo. Morija: Morija Sesotho Book Depot.

Mofolo, T. 1925. Chaka. Morija: Morija Sesotho Book Depot.

—. 2017. Chaka, die nuwe Afrikaanse vertaling, vert Chris Swanepoel. Pretoria: Unisa Press.

Motsamai, E. 1912. Mehla ea Malimo. Morija: Morija Sesotho Book Depot.

Omer-Cooper, JD. 1966. The Zulu aftermath: A nineteenth century revolution in Southern Africa. Londen: Longmans Green.

Potgieter, DJ ea. 1970 ev. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Vols 2, 4, 9, 10. Kaapstad: Nasou.

Ritter, EA. 1955. Shaka Zulu. Londen: Longmans Green.

Wylie, D. 2000. Savage delight: White myths of Shaka. Pietermaritzburg: University of Natal Press.

—. 2006. Myth of iron: Shaka in history. Oxford: James Curry; Athene: Ohio University Press; Pietermaritzburg: University of KwaZulu-Natal Press.

—. 2012. Shaka, a Jacana Pocket Biography. Auckland Park: Jacana Media.

Lees ook:

Thomas Mofolo se Chaka: die nuwe Afrikaanse vertaling deur Chris Swanepoel, ’n resensie

The post Erfenisdag 2018: Koning Shaka, ’n eklektiese verkenning appeared first on LitNet.

Leeskringnuusbrief: September 2018

Persvrystelling: Wenners van kykNET-Rapportpryse vir 2018 bekend

$
0
0

Die wenners van die kykNET-Rapport-boekpryse is op Saterdag 22 September 2018 in Kaapstad bekend gemaak. Die Jan Rabie-Rapportprys vir die beste debuut- of tweede prosawerk in Afrikaans, asook die kykNET-Rapportpryse vir Afrikaanse resensies, is by dieselfde geleentheid toegeken.

Pryse ten bedrae van altesaam R825 000 is oorhandig nadat die prysgeld vanjaar verhoog is tot R250 000 vir die kykNET-Rapportprys vir beste Afrikaanse fiksie en niefiksie onderskeidelik, R125 000 vir die mees verfilmbare fiksie- of niefiksietitel in Afrikaans, en R125 000 vir die Jan Rabie-Rapportprys. Daar is ook aangekondig dat ’n derde resensieprys ingestel is om vir langer resensies in Afrikaans voorsiening te maak. Die drie resensiepryse beloop elk R25 000.

Die groeikrag van Afrikaans en goeie verkope van Afrikaanse boeke in vergelyking met plaaslike Engelse publikasies het gesorg vir ’n gees van optimisme onder skrywers, boekhandelaars en kollegas in die uitgewerswese. Dieselfde optimisme was voelbaar met die stewige groeitrajek van kykNET se kykertalle en die sukses van vanjaar se Silwerskermfees waar die vollengte-rolprent van die eerste wenner van die kykNET-Rapport-filmprys in 2014, Zirk van der Berg, se ’n Ander mens vroeër vanjaar vertoon is.

“Skrywers in Afrikaans het nog selde die pols van ’n onseker tydvak en die mens se weg deur die wêreld, oftewel die pelgrim se reis na die ewigheid, so sekuur geregistreer soos dié wat vanaand erkenning daarvoor ontvang,” sê die sameroeper van die kykNET-Rapport-boekpryse.

Die kykNET-Rapport-boekpryse is vanjaar toegeken aan die volgende skrywers:

  • Fiksie: Die derde spoel, SJ Naudé (Umuzi)
  • Niefiksie: Spertyd, Elsa Joubert (Tafelberg)
  • Film: Die laksman se dogter, Gerda Taljaard (Penguin)

Die keurders was getref deur die uitsonderlik ryk tekstuur van Die derde spoel, die sorgvuldige aandag aan detail, die wye historiese greep, die goed deurdagte denkstruktuur wat dit onderlê en die presisie van die taalgebruik wat van die lees van dié oorompelende roman sowel uitdaging as avontuur maak. Die ander benoemdes in hierdie kategorie was Etienne van Heerden met Die wêreld van Charlie Oeng (Tafelberg) en Eben Venter met Groen soos die hemel daarbo (ook Tafelberg).

Groot waardering is uitgespreek vir die niefiksiewenner, Elsa Joubert, se merkwaardige,  self-relativerende waarneming van die alledaagse as ’n vertrekpunt vir temas wat resoneer met haar hele oeuvre: die bepeinsing van meer universele bemoeienisse: hoe ’n mens verhoudinge aangaan en in stand hou; hoe jy jouself tot verantwoording roep oor jou eie staanplek in die geskiedenis van ’n land en dié van ’n kontinent, en veral oor wat dit is om sinvol te lewe en berustend te sterwe. Ook op die kortlys was Geloof alleen deur André Pretorius (Naledi) en Op pad: ’n Reisjoernaal deur Dana Snyman (Tafelberg).

Dit was vir die keurders van vanjaar se filmprys maklik om opgewonde te raak oor Die laksman se dogter omdat die sterk literêre meriete en fees van visuele moontlikhede daarin ’n filmmaker se droom is. Dit pas soos ’n handskoen in die kategorie van “huishoudelike noir”: ’n boeiende sielkundige riller wat in ’n eksentrieke familie afspeel en die kyker by komplekse interpersoonlike verhoudinge betrek. Die ander titels op die kortlys was die jeugroman Blou is nie ’n kleur nie deur Carin Krahtz (Tafelberg) en Kamikaze deur Rudie van Rensburg (Queillerie)

Nicole Jaekel Strauss wen die Jan Rabie-Rapportprys vir ’n debuut of tweede prosawerk in Afrikaans met haar tweede kortverhaalbundel As in die mond, uitgegee deur Queillerie. Die keurders sê Strauss se bundel gee ’n blik op verlies en posttraumatiese stres wat die leser bybly lank ná die lees van die verhale. “Haar werk vind die sterkste aansluiting by die gees van die prys – die bekroning van ’n sterk teks en ’n skrywer wat die potensiaal toon om ’n belangrike stem in die Afrikaanse letterkunde te word.” Die ander benoemdes was SJ Naudé met Die derde spoel en Schalk Schoombie met Rooi haring (Human & Rousseau).

Die kykNET-Rapportpryse vir boekresensent van die jaar is toegeken aan:

Die prys vir langer resensies in Afrikaans (1 500 woorde of meer oor Afrikaanse fiksie of niefiksie) is op versoek van die keurders deur die organiseerders ingestel vir “die langafstandatlete van literêre kritiek wat oor ’n marathon-afstand enduit boei” en om erkenning te gee aan resensente wat Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde ook op hierdie vlak verhelder en verruim.

Die keurpanele van die onderskeie pryse was: kykNET-Rapport-fiksieprys: Louise Viljoen, Gerrit Schoonhoven, Elmari Rautenbach en Steward van Wyk; kykNET-Rapport-niefiksieprys: Andries Bezuidenhout, Valda Jansen, Herman Wasserman, Herman Binge; kykNET-Rapport-filmprys: Tina Kruger, Herman Binge, Gerrit Schoonhoven; kykNET-Rapport-boekresensentpryse: Bibi Slippers, Danie Marais en Loftus Marais; Jan Rabie-Rapportprys: Marni Bonthuys, Kerneels Breytenbach en Marius Swart.

Die seremoniemeesters vir die aand was Karen Meiring van kykNET en Waldimar Pelser van Rapport.

Inligting oor deelname aan die pryse vir 2019 word binnekort bekend gemaak.

Navrae oor die kykNET-Rapport Boekpryse (fikse, niefiksie en film) kan gerig word aan Hettie Scholtz by 084 583 0272 of scholtz5@mweb.co.za.

Vir meer inligting oor die pryse vir Boekresensent van die Jaar en die Jan Rabie-Rapportprys, kontak Anita van Zyl by 083 709 6677 of anita@vanzylpr.co.za.

Lees meer oor die wenpublikasies:

Die derde spoel deur SJ Naudé: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Spertyd deur Elsa Joubert: ’n resensie

Die laksman se dogter deur Gerda Taljaard: ’n resensie

LitNet Akademies-resensie-essay: As in die mond deur Nicole Jaekel Strauss

The post Persvrystelling: Wenners van kykNET-Rapportpryse vir 2018 bekend appeared first on LitNet.

Die Gilgamesj-epos en die Ou Testamentiese sondvloed

$
0
0

In Genesis, hoofstukke 6 tot 9, lees ons van die verhaal van die Sondvloed, oftewel Groot Vloed, wat God oor die mensheid indertyd laat kom het om hulle te straf vir hul verderflike ongeregtighede. Hierdie verhaal word ook buite die (Hebreeuse) Ou Testament aangetref, soos in die oud-Griekse mitologie (die verhaal van Deukalion en Purrha), asook van oudsher in ’n breedvoerige geskrif uit Mesopotamië wat geleë was tussen die Tigris- en die Eufraatriviere in die huidige Irak.

Die Latynse skrywer Ovidius vertel ons die oud-Griekse verhaal van die Groot Vloed in sy bekende Metamorphoses (1.318 vervolgens, ook te vergelyk met Apollodoros 1.46 vervolgens).  Dit was Prometheus, wat ook die gawe van vuur aan die mensdom gegee het (nadat hy dit in ’n vinkelstok by die gode op Olumpos gaan steel het), wat sy seun Deukalion aangesê het om ook ’n ark (lárnaks) te bou waarin hy en sy wederhelf Purrha die vloed sou kon oorleef wat Zeus op die punt was om te stuur om die mensheid uit te wis vanweë hulle bose misdrywe. En soos ’n Bybelse Noag het Deukalion en sy vrou op die berg Parnassos in Phokis, sowat 10 kilometer Noord van die Korintiese Golf, gaan land nadat die waters weggesak het. ’n Orakel (wat later dié van Delphi was) het hulle toe aangesê om die “bene van hul moeder” oor hulle skouers te gooi. Hulle het verstaan dat hulle dit met die klippe van moeder aarde moes doen. En dit was ook so. Die klippe wat Deukalion gewerp het, het mans geword, en die klippe wat Purrha gewerp het, het vroue geword. Die oudste seun van Deukalion wat so gebore is, was Hellên, aartsvader van die Helleense (Griekse) volk; en sy drie seuns was weer die legendariese voorvaders onderskeidelik van die Doriërs, Ioniërs en Eoliërs, naamlik Doros, Xouthos en Ailolos. Hierdie oud-Griekse storie in hul oorgelewerde mitologie het egter deur die eeue heen feitlik totaal onbekend gebly as dit kom die eksegese van die Sondvloed in Genesis. Die Mesopotamiese verslag van die Sondvloed het egter eers onlangs bekend geword.

Opspraakwekkend was die ontdekking deur George Smith aan die einde van die 19de eeu van hierdie einste verhaal op Sumeriese kleitafeltjies geskryf in die uitgestorwe spykerskrif van destyds en tans ’n skat wat bewaar word in die Britse Museum. Die verhaal kom hierdie keer uit die Nabye Ooste self en die ooreenkomste is veel-veel groter met dié van Genesis as wat die ou Grieke te vertel gehad het. Om die waarheid te sê, dit gaan so ver terug dat dit as die model en grondteks vir die Bybelverhaal van die Groot Vloed kon dien.

George Smith (gebore op 26 Maart 1840 in Chelsea, Londen) was ’n note-graveerder in diens van die Britse bankwese en het as ’n stokperdjie homself geleer om die Assiriese spykerskrif, toe nog ’n uiters jong wetenskap, te lees en toe die kleitablette daarvan uit Nineve in die Ooste teen 1861 in Londen begin aankom het, kon hy dit ook onmiddellik inspekteer. Vroeër reeds het hy die aandag van die geleerde wêreld begin trek met sy publikasie in verskeie essays rondom hierdie Oosterse spykerskriftekens waarvan die betekenis destyds nog onbekend was. En al te gou het hy ’n assistent in Assiriologie aan die Britse Museum geword.   

Terwyl Smith in Desember 1872 besig was om van die spykerskriftekste vir publikasie voor te berei, het hy heel onverwags op die Sumeriese verhaal van die Sondvloed afgekom. Dit het onmiddellik internasionaal sensasionele nuus geword. Hier het ons nou, so is onmiddellik besluit, die oerbron van die Genesis-verhaal –  inderdaad die heel oudste storie wat die mens ooit op skrif gestel het, sowat 5 000 jaar gelede, en veel ouer as Homerus se eposse, die Ilias en die Odusseia, waarmee die Westerse letterkunde begin het (geskryf in die negende eeu voor Christus, wat handel oor die Trojaanse Oorlog van 1294 - 1283 vC) Daar word vertel dat Smith só opgewonde oor sy ontdekking was dat hy sommer sy klere begin uittrek het en kaal na buite gestorm het. Dit mag apokrief wees, maar dit laat mens dink aan wat Archimedes, die ou Griek, gedoen het toe hy die beginsel van soortelike gewig in sy badwater ontdek het, deur toe ook kaal uit die bad uit gespring het en luidkeels uitgeroep het: heúrêka! (“Ek het gevind!”).  Twee publikasies van Smith het hierna oor die onderwerp gevolg: The Chaldean Account of the Deluge (1872) en The Chaldean Account of Genesis (1876). En dit was blitsverkopers wat die Westerse teologie op hol gehad het, veral as ons dink aan die gevestigde Bybelse leerstelling van die inspiratio verbalis.

’n Belangrike fragment, waar dit juis handel oor die Sondvloed, het egter nog aanvanklik ontbreek. Die Engelse nuusblad The Daily Telegraph het egter as sponsor opgetree om Smith na Nineve terug te stuur om dit te probeer vind. En op pas die vyfde dag van sy nuwe opgrawings by Nineve het Smith dit ook in Mei 1873 gevind. Die gode van ou Babilonië was aan sy kant. Later het nog talle ander fragmente ook bygekom.

Die Gilgamesj Epos wat nou in ou Babilonië teruggevind is, fragmentaries soos dit is, was deel van die eertyds beroemde biblioteek van koning Assurbanipal in Nineve uit die sewende eeu voor Christus. Die vroegste kleitafeltjies daarvan dateer waarskynlik uit 1198 vC. Aanvanklik, soos alle groot eposse van die verlede, was dit mondelings oorgelewer. En die finale skrifvaslegging het gekom uit diverse oorgelewerde sangsiklusse daarvan – net soos by Homerus se oud-Griekse eposse, die Ilias en die Odusseia. Hierdie ou Babiloniese epos van gesamentlik sowat 3 000 reëls, bestaan vandag uit 75 fragmente (sommige ook in Hetities en Hoerrities) wat byeengebring is. Inderdaad ’n erg motgevrete boek uit die verre Oudheid, maar uiters kosbaar vir ons vandag. Ongeveer drie-vyfdes van die oorspronklike teks kan ons vandag rekonstrueer.  Uiteindelik het dit bestaan uit 12 kleitafeltjies, waarvan net een, die 11de tafeltjie, handel oor die Groot Vloed. Hierdie vloed vorm dus ’n gegewe in die mensheid se vroeë geskiedenis, en ons kan dit knoop aan een van die meer as 15 ystydperke in die geologiese geskiedenis van die wêreld wat selfs gesorg het dat daar gefossileerde flora in die Noordpool beland het. Hierdie epos had aanvanklik verskillende skrywers, of sangers, net soos by Homerus. Die priester-skrywer van die Nineve-uitgawe het sy naam geteken as Sinliek-Oenninmi.

Die verhaal van die Sondvloed maak maar net deel uit van die Gilgamesj Epos. Eintlik handel dit oor die mens se soeke na onsterflikheid. Die epos vertel die verhaal van Gilgamesj, koning van Oeroek, ’n stad in Suid-Babilonië. In die Hebreeuse Ou Testament kom die Assiriese Oeroek as Ereg voor in Genesis 10:10. Vandag heet dit Warka in Irak.

Gilgamesj was vir 126 jaar lank ’n tiranniese regeerder oor sy volk. Toe die volk vir hul god Anoe vra om hulle te help, het hy die wilde natuurmens Enkidoe, wat van die gras van die veld gelewe het (vgl Nebukadnesar in Daniël 4:32), geskep om die koning te temper. Gou het dan ook ’n woeste stoeistryd plaasgevind waarin nie een van die twee eintlik as ’n oorwinnaar uitgetree het nie. Enkidoe is egter die mens wat die beskawing geleer het en het ’n soort dienskneg-metgesel van Gilgamesj geword. Saam het die twee op hulle wye swerftogte groot heroïese dade verrig en verskriklike monsters om die lewe gebring. Isjtar, die godin van Liefde (en ook die beskermgodin van die stad Oeroek), het op Gilgamesj verlief geraak. Hy het egter nie haar liefde beantwoord nie, waarop sy die Bul van die Hemel gestuur het om die stad Oeroek te verwoes. Gilgamesj en Enkidoe het egter ook dié bul gedood. Hierop het Isjtar, as verdere straf, Enkidoe laat sterf. Dit het Gilgamesj erg ontstel en hy het besluit om die geheim van die ewige lewe en onsterflikheid vir hom hier op aarde te gaan soek, want hy wou nie ook sterf nie. Hy en Enkidoe was spreekwoordelike boesemvriende, op die model van Dawid en Jonathan in die Ou Testament, en Achilles en Patroklos in Homerus se Ilias.

Gilgamesj besluit nou op sy eie op die soektog na onsterflikheid wat hom uiteindelik voer na die rivier wat die lewendes na hul dood moes oorsteek na die Hiernamaals, in dié geval die Eiland van die Geseëndes. Die bootsman Oersjanabi (te vergelyk met die Griekse Charon by die Stuux) neem hom toe oor dié rivier van die dood na Oetnapisti(m), die Wyse, wat die Groot Vloed destyds oorleef het. Oetnapistim is aanvanklik onwillig om hom te help omdat hy die toets vir onsterflikheid, om sewe dae aaneen wakker te bly, nie kon slaag nie. Oetnapistim se vrou beveel hom egter toe  ’n plantaardige kruid aan wat hy uit die dieptes van die see moes gaan uitduik wat vir hom onsterflikheid sou bring as hy daarvan sou eet. Dit is moontlik deur hierdie verjongingskruid dat Oetnapistim sy naam gekry het van “Die Oue is ’n jong man”. Op pad terug na sy vaderstad besluit Gilgamesj om in ’n waterpoel te gaan afkoel. En net daar steel ’n slang toe sy wonderkruid. Dit alles klink weer na die Genesis-verhaal waar die slang gesorg het dat die mens (Adam en Eva) sou sterf. Dié sage gee immers die enigste verklaring vir die dood, want daar kan nie ’n sterfte wees waar daar nie ’n geboorte was nie. En só is die leer van die Bybelse erfsonde ook vasgelê.

Uiteindelik moes Gilgamesj besef dat die mens altyd sterflik sal bly. Dit is net die herinnering aan sy dade en prestasies wat sy naam sal laat voortleef. Die lewe hier vir die mens is bedoel om maar net ’n fees daarvan te maak. Die ewige lewe wat die mens soek, sal hy nooit hier vind nie. Hy moet maar net elke dag sy maag volhou, speel, dans, sy tydelike liggaam versorg en homself mooi aantrek. Al wat die man kan doen is dat hy sy vrou moet toelaat om haar in sy omhelsing met hom te verlustig. Dit is maar al waarvoor die sterflike mens uiteindelik bedoel is – om die aarde deur prokreasie te vul. 

Op die 11de skryftafeltjie kry ons Oetnapistim se verhaal van die Sondvloed oor sowat 200 reëls. Die god Enlil het die vloed gestuur nie om morele redes as straf vir die sondige mens nie, maar omdat die mense te veel op aarde aangeteel het en deur hul lawaai die god uit sy slaap gehou het. In die Hebreeuse Ou Testament was die doel van die Sondvloed, soos  by die oud-Griekse weergawe, dat dit as straf bedoel was vir die mensdom wat in sonde verval het.

Die verhaal wat Oetnapistim van die Groot Vloed vertel, toon ondanks verskille, ’n geweldige ooreenkoms met die Sondvloed van Genesis 6 tot 9. Die verband is so duidelik soos daglig. Ons het hier ’n gemeenskaplike bron en die Babiloniese tradisie is sekerlik die oudste. Dit was indertyd al die gevolgtrekking van geleerdes soos CFA Dillmann, SR Driver, Hermann Gunkel, en Friedrich Delitzsch. Hier is ook die grondplan van die Ark; die pik waarmee die Ark waterdig gemaak is; die inneem van alle lewende spesies; die uiteindelik landing daarvan op ’n berg; die uitstuur van voëls (hier agtereenvolgens ’n duif, swaweltjie en ’n raaf) om te soek vir ’n holte vir hul voet; die enkeles wat van verdrinking gered is en uiteindelik die welriekende offer om die gode weer gunstig te stem. Dit, ondanks Peter Jensen se omvangryke werk oor die Gilgamesj Epos waarin hy die ooreenkomste wil minimaliseer (vgl sy Das Gilgamesch-Epos in der Weltliteratur, in twee dele, Strassburg, 1906, en Marburg, 1929).

In die 12de tablet van die Gilgamesj Epos, as ’n soort aanhangsel, kry ons die terugkeer na die wêreld van die gees van Enkidoe. Hy bring die poekoe en die mikkoe wat Isjtar vir Gilgamesj gegee het (waarskynlik ’n drom en ’n dromstok) weer terug aarde toe. En dan gee hy ook ’n uiters somber prentjie van die “on-wêreld” (Onderwêreld, Hebreeus sjěôl) van die dodes – die oud-Griekse Hades [< Ha-ídes: “waar niks gesien kan word nie”]. Voor sy dood, toe hy siek geword het, het Enkidoe reeds gedroom van die “huis van stof” (begrafnis van sy kadawer) wat eendag op hom wag.

FM Th De Liagre Böhl (Het Gilgamesj-epos, Amsterdam, 1941, asook daaropvolgende publikasies) wys daarop dat hierdie ’n ongewone “nasionale” epos van die ou Babiloniërs genoem sou kon word, as ons sien hoe die digter(s) daarin eintlik met ’n sekere minagting van hul gode spreek, ondanks die groot poëtiese waarde daarvan en die grootse invloed wat dit moes gehad het. Die naam van hulle oppergod Mardoek word selfs in stilswye verbygegaan.  

Die Gilgamesj Epos is in Engels vertaal deur Reginal Campbell Thompson (in heksameters, Londen, 1928), in Duits deur Albert Schott & W von Soden (Stuttgart, 1958 – ’n hersiening van Schott se vertaling van 1934), in Frans deur Contenau (Parys, 1946), en ook in GB Shaw se “trans-Atlantiese” Engels deur Alexander Heidel (Chicago, 1946). Oor die diverse teorieë-oorsprong van die Gilgamesj Epos vergelyk Samuel N Kramer se ingeligte skrywe in The Journal of of the American Oriental Society, vol. 64, pp 7-23 (New Haven, 1944), en vir die Assiriese spykerskrifteks R Campbell Thompson (Oxford, 1930), asook Paul Haupt, Das babylonische Nimrodepos in twee dele (Leipzig, 1884 – 91). En meer spesifiek: A Heidel, The Gilgamesh Epic and Old Testament Parallels (Chicago, 1946).

Die Gilgamesj Epos transendeer in plek en tyd met sy boodskap net soos die boek van Job in die Ou Testament. Dit dra essensieel ’n boodskap van louter pessimisme. Die lewe is net vir die gode, die dood net vir die mens. Die beste dood wat die mens kan hoop om te sterf is dié as ’n oorlogsheld op die slagveld.

In Mesopotamiese tekste was dit dikwels die gebruik om ’n datering te gee van vóór of ná die Groot Vloed, ’n gebeurtenis wat die bewoonde wêreld, toe dit nog jonk was, so uitwissend getref het.  Daarna het die Skithiese monnik, Dionysius Exiguus, aan die begin van die  sesde eeu nC gekom, en die datering vóór Christus en ná Christus (se vleeswording) weer opgestel toe hy in opdrag van pous Hormisdas ’n nuwe Paasregister moes opstel. Twee van die grootste gebeurtenisse wat die wêreld ooit beleef het, is verskillend herdenk.                                                                                                                                                                                                                                 

The post Die Gilgamesj-epos en die Ou Testamentiese sondvloed appeared first on LitNet.

Viewing all 21497 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>