Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21558 articles
Browse latest View live

ATKV-Woordveertjies 2018: Finaliste bekend gemaak

$
0
0

Die ATKV-Woordveertjies bekroon elke jaar uitsonderlike bydraes rondom die Afrikaans woord en finaliste vir dié jaar se toekenningsgeleentheid is pas bekend gemaak.

Die finaliste is soos volg:

ATKV-Prosaprys

•    Die laksman se dogter – Gerda Taljaard (Penguin Random House)
•    Die wêreld van Charlie Oeng – Etienne van Heerden (Tafelberg)
•    Groen soos die hemel daarbo – Eben Venter (Tafelberg)

Die laksman se dogter deur Gerda Taljaard: ’n resensie

Die wêreld van Charlie Oeng: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter: ’n resensie

Prys vir Liefdesroman

•    Debora gaan huis toe – Helene de Kock (Human & Rousseau)
•    Mentje, kind van Pas-Opkamp – Irma Joubert (LAPA Uitgewers)
•    Pelgrimshoop – Ronel Nel (LAPA Uitgewers)

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Mentje, kind van Pas-Opkamp deur Irma Joubert

Pelgrimshoop deur Ronel Nel: ’n resensie

Prys vir Poësie

•    Aantekeninge teen die skemeruur – Clinton V. du Plessis (Cordis Trust Publikasies)
•    Uittogboek – Johan Myburg (Protea Boekhuis)
•    Radbraak – Jolyn Phillips (Human & Rousseau)

Aantekeninge teen die skemeruur deur Clinton V du Plessis: ’n lesersindruk

Uittogboek deur Johan Myburg: ’n resensie

Radbraak deur Jolyn Phillips: ’n resensie

Prys vir Romanses

•    Alles is perfek – Dina Botha (Romanza)
•    Liefde vir ’n ridder – Didi Potgieter (Romanza)
•    Bewustelik joune – Elsa Winckler (Superromanza)

Prys vir Spanningslektuur

•    Koms van die motman – Chris Karsten (Human & Rousseau)
•    Kamikaze – Rudie van Rensburg (Queillerie)
•    Sirkus – Irma Venter (Human & Rousseau)

Koms van die motman deur Chris Karsten: ’n lesersindruk

Kamikaze deur Rudie van Rensburg: ’n resensie

Sirkus deur Irma Venter, ’n resensie

Prys vir Dramateks

•    Rokkie – Denver Breda
•    DEURnis – Henque Heymans, Corné Joubert, Johann Smith, Shareen Swart & Braam van der Vyver
•    Nêrens, Noord-Kaap – Nico Scheepers

Suidoosterfees 2018: Rokkie, ’n onderhoud met Denver Breda

Aardklop 2017: ’n onderhoud met Henque Heymans oor DEURnis

Nêrens, Noord-Kaap by US Woordfees 2017: ’n onderhoud

Prys vir Niefiksie

•    Spertyd – Elsa Joubert (Tafelberg)
•    Geloof alleen – André Pretorius (Naledi)
•    Skepelinge – Karel Schoeman (Human & Rousseau)

Spertyd deur Elsa Joubert: ’n resensie

Geloof alleen deur André Pretorius: ’n lesersindruk

https://www.litnet.co.za/skepelinge-aanloop-tot-n-roman-deur-karel-schoeman-n-resensie/

Die wenners van die ATKV-Woordveertjies sal op 31 Augustus in die HB Thom-teater in Stellenbosch bekendgemaak word.

The post ATKV-Woordveertjies 2018: Finaliste bekend gemaak appeared first on LitNet.


Ja, dit maak sin om dramas te lees, maar …

$
0
0

Dit was nogal ’n lekker verrassing om deur Monica Hammes herinner te word dat ek 30 jaar gelede by die Mabel Malherbe Leeskring in Pretoria opgetree het. Ons het kort daarna uit Pretoria na Stellenbosch verhuis, waar ek as dosent begin het om juis aan eerstejaars die “kuns” van dramas lees en ontleed te probeer leer. ’n Geweldige, maar opwindende, leerkurwe vir my ook, het ek gevind.

Die interessante vraag wat sy in haar artikel se titel stel, naamlik: “Maak dit sin om dramas te lees?” het my weer laat besef dat dramatekste nogal eiesoortige goed is, en dat leeskringe en boekklubs uiteraard ’n probleem daarmee sou ondervind. Die vraag roer eintlik ’n aantal kwessies aan wat uit verskeie oogpunte bekyk kan word. Van hulle miskien kunsfilosofies van aard en ander meer pragmaties.

Die sentrale probleem is natuurlik die uitsonderlike aard van ’n dramateks, want dis nie altyd toeganklik vir die gewone leser nie. (Nog erger is ’n TV- of filmteks!) Dis wel nie heeltemal so vakgebonde soos iets soos bladmusiek nie, maar dis asof jy die stukke van ’n insident in aparte rubrieke kry en dan self aanmekaar moet sit. Iets soos ’n verhaal wat as ’n legkaart of ’n meubelstuk van IKEA aan jou oorgedra word.

Die gevolg is dus dat mense meestal liewer romans of selfs digbundels koop. Interessant genoeg, volgens statistieke oor die jare, is laasgenoemde veral in Suid-Afrika nogal besonder gewild. Om natuurlik nie te vergeet van ’n ander, baie bekende verskynsel nie: noem dit maar “die boekrak vir die ego”. Daarop staan al die boeke wat elkeen voel elke mens móét hê – dié wat dalk eendag (na aftrede?) gelees gaan word, en daardie respektabele of indrukwekkende werke wat besoekers aan my huis of studeerkamer moet glo ek al gelees het. Hertzogpryswenners, Booker-pryswenners, noem maar op. Dramas maak altyd, soos poësie, ’n halwe rak daar vol.

Maar vergeet ons nou vir eers van die ego, kan ons miskien kyk na die potensiële genot van ’n drama lees?

Wat is nou eintlik die drama – die teks of die opvoering?

Laat ek miskien begin deur my eie kaarte oor die saak openlik op die tafel te plaas.

Oor die jare sedert my eie studiejare is ek – vanuit my vakgebied – juis nog altyd ’n kampvegter vir die aanvaarding van die lewende verhoog as ’n eiesoortige kunsvorm. Ek glo dus uit daardie agtergrond dat ’n drama primêr geskryf is om as aanbieding beleef te word: dws om gesien en/of gehoor te word – na gelang van die vorm, op die verhoog, in drie dimensies, met lewende akteurs; of oor die radio in klankbeelde; of op film in twee dimensies, met visuele beelde, klank, en musiek. Dié soort belewenis van ’n toneelwerk is iets wat slegs in die lewende opvoering van die stuk ’n totale eenheid word, en dis daardie totale ervaring wat mens lei tot ware insig, en daardeur waardering.

Die hoofstryd van ons teatermakers en dosente van drama kom ’n lang pad, seker vanaf die stigting van letterkundedepartemente in die laat 19de eeu tot om en by middel van die 20ste eeu. Dit was primêr gerig teen die wydverspreide gebruik om die gedrukte teks as die ware kunswerk te sien en slegs dít dan as “literatuur” te bestempel en te bestudeer (dws ontleed, bespreek, beoordeel), eerder as om dit in die ware vorm waarvoor dit geskep is, te beleef as deel van ’n groter geheel – soos hier bo uiteengesit in my kredo.

Let wel, ons praat nie hier van die sogenaamde closet plays of “leesdramas” van die 19de eeu en selfs die 20ste eeu nie: hulle is gewoonlik in versvorm deur digters geskryf juis met die doel om gelees (of hoogstens voorgedra) te word. Ek glo byvoorbeeld nog altyd dat Periandros van Korinthe en Germanicus albei sulke dramas is – leesbare epiese werke, maar haas met sukses opvoerbaar. Met verskoning aan al die uiters talentvolle regisseurs wat Germanicus al oor die jare aangepak het: ek moet bieg dat nie een van die opvoerings wat ek daarvan gesien het, my beïndruk of ontroer het nie. Die probleem is dat dit oorwegend net dialoog is. Maar sodanige werke is dalk ideaal vir ’n leesgroep.

Daardie geloof in die “heilige” teks was op ’n stadium so erg dat daar oor die jare talle gerugte by tersiêre instellings die rondte gedoen het van gevalle waar sommige letterkundedosente hulle studente doodeenvoudig sou verbied het om toneelopvoerings van voorgeskrewe dramas by te woon. (By ons op Stellenbosch het ek tot my verstomming by aankoms verneem dat veral Shakespeare se werke so deurgeloop het op ’n stadium.)

Maar daar is moontlik ook ’n ander aspek van die argument vir voorrang van die toneelteks, ten minste uit ’n sekere hoek gesien.

Die idee dat die teks suiwer en onveranderbaar is, en dat slegs dít derhalwe die kernkunswerk kan uitmaak, is deels gebaseer op die vrees dat geen opvoering ooit werklik reg kan laat geskied aan die skrywer se visie nie. Want dit is ’n geïnterpreteerde weergawe, totaal afhanklik van ’n (persoonlike) interpretasie deur ’n (feilbare) regisseur, sy (feilbare) tegniese span en sy (ewe feilbare) spelers. Deur dáárop staat te maak, in plaas van op die “ware en suiwer” teks, beteken dat die interpretasie van die teks nadelig beïnvloed word deur te veel eksterne (buitetekstuele) kwessies – veral in die geval van ’n swak opvoering.

Nou kan mens dié siening bloot met minagting verwerp deur byvoorbeeld te sê dat so ’n houding net so absurd is as om te argumenteer dat jy slegs die bladmusiek of partituur vir ’n stuk musiek moet lees om dit te kan waardeer, want om dit te self te speel of daarna te luister, maak jou afhanklik van feilbare musikante. Maar kom ons erken dit nou maar eenmaal: nie alle opvoerings (of konserte) ís ’n sukses of slaag om die teks tot sy reg laat kom nie, en in daardie geval bly die teks tog staan as die sleutel tot die kunswerk, om dalk (weer) gelees te kan word en so by die drama self uit te kom. Dit is dus seker reeds al ’n argument vir die lees van die teks as ’n sinvolle aktiwiteit.

Natuurlik is die teenoorgestelde geval óók waar, want daar is talle voorbeelde in die wêreldgeskiedenis van swak tekste wat deur regisseurs in geslaagde opvoerings omskep is.

My eie gevoel is dat dit uiteindelik nie soveel saak maak nie, want alhoewel ’n meesterlike vertolking deur gehaltespelers uiteraard enige opvoering kan laat uitstyg en werklik tot sy reg kan laat kom, kan énige opvoering – hetsy goed, middelmatig of sleg –tog ook ’n hulpbron wees wat na nuwe insigte kan lei en tot ’n gesonde bespreking van die kernteks kan bydra. Mens praat maar net oor ander kwessies as jy met ’n swak aanbieding te doen kry.

Wat beteken dit alles vir die gewone leser en die leeskring?

Die bogenoemde aspekte skep natuurlik ’n probleem vir gewone lesers en leeskringe, want die uitsonderlike aard van ’n dramateks maak dat dit nie altyd baie toeganklik is nie. (Dis nog veel erger met ’n TV- of filmteks!) Kom ons wees maar eerlik: As jy nou nie hóéf voor te berei vir ’n eksamen of ’n rol in ’n toneelstuk nie, krul jy tog nie gewoonlik lekker knus op voor die knetterende vuur met ’n glas rooiwyn en ’n lekker dramatjie waarin jy jou kan verdiep nie. Behalwe miskien as jy dalk na ’n sepie of ’n lekker film op TV lê en kyk (en dit tel mos nie nou nie as lees nie, en geld veral nie wat hierdie besondere gesprek betref nie).

’n Drama of verhoogteks ís moeilik om bloot te léés, soos ons gesien het – want dit vertel nie ’n storie of bespreek ’n saak in verstaanbare besonderhede soos ’n roman nie, of ontroer jou nie slegs deur die ritme en prag van die woorde (alleen) nie. Dit gee jou bloot ’n aantal rigtinggewende buitelyne daarvan, die geraamte van die storie (vreemd geskryf in die vorm van gesprekke met periodieke kriptiese toneelaanwysings). Dit is eintlik bedoel vir die regisseur en spelers, wat dit moet lees, dit met handeling en bykomende teatertegnieke moet “inkleur” en dan as ’n ryker skepping in ’n opvoering aan die gehoor moet oordra. (Of deur jou eie verbeelding opgeroep word, in jou versinde aanbieding.) Dus verg die lees van ’n toneelteks eintlik ’n substansiële en soms moeilike aanpassing van jou normale leesbenadering, wat nie altyd so maklik is nie, selfs vir redelik gesoute lesers.

Omdat ’n dramateks nie die finale kunsproduk is nie, maar slegs ’n bloudruk vir ’n opvoering, moet dit gelees word met inagname van al die sogenaamde didaskalia, dws alles wat nie dialoog is nie: tydsaanduiding, beskrywing van die stel, die karakters en hulle verhoudings met mekaar, kostuums, en enige ander relevante sake, plus die verhoogaanwysings tov beweging, stemtoon, stiltes, agtergrondgeluide en die spelers se plasing en aksies op die verhoog, edm.

Dit klink ’n moeisame proses, maar kan eintlik ook ’n lekker kreatiewe proses wees, een waarin jy ’n denkbeeldige “opvoering” in jou kop skep terwyl jy lees. Die dialoog word dus in samehang met al die didaskalia ervaar en verstaan, nie in isolasie nie, want dis nie wat die individuele karakter sê wat die skrywer se idees aan ons oordra nie, maar die totale interaksie wat tussen die karakters plaasvind (die woorde, die aksies, die stiltes, edm), verryk deur ’n agtergrond van betekenisvolle kleure, klanke, ameublement, edm.

Dan Kois, ’n oudakteur, het die genot daarvan vir my nogal oulik saamgevat in sy webgepubliseerde artikel “The deep and unique pleasure of reading plays”:

In fact what I am doing in that moment of reading is acting. I’m not on a stage or in front of an audience; I am not even moving or speaking out loud. But that impulse – the natural reaction to someone else’s words, the innate urge to respond, the upwelling of intent – that’s the heart of acting. I may be acting silently inside my head, but in that instant, I’m an actor – a unique and rewarding response better elicited by published plays than by any other kind of literature.

(Slate, 9 Oktober 2014; http://www.slate.com)

Dus: ten spyte van die voorgaande benadrukking van die eiesoortigheid van die teater en my spesifieke oortuigings daaromtrent, glo ek dat die lees van ’n teks wel met genot onderneem kán word en dat dit selfs ’n hoogs verrykende ervaring kan wees – mits die regte teks natuurlik gelees word en op die regte manier gelees word.

Wat kan gedoen word om die lees van ’n dramateks genotvol te maak?

Met dit alles in gedagte wil ek ’n paar voorstelle maak vir hulpmiddels wat my en ander oor die jare nogal gehelp het om die lees van ’n drama meer van ’n plesier te probeer maak. Moontlik kan hulle ook vir jou van hulp wees.

Die eerste, voor die hand liggende, voorstel is dat almal die opvoering gaan sien as daar een op die planke is. Maar dis nie altyd moontlik nie – alhoewel, soos Monica Hammes en ander suggereer, selfs al het net enkeles dit gesien, kan dit die gesprek verryk. Die hoofsaak is: as jy visuele beelde en aksies aan die teks kan koppel, word die gesprek interessanter – meer kompleks natuurlik, want nou praat jy oor die karakters en hulle storie, asook die interpretasies deur en optredes van die akteurs. Maar dis mos in sulke debatte dat die genot lê.

Sou daar nie ’n opvoering beskikbaar wees nie, is daar twee ander opsies wat gewoonlik aangewend word.

Die een benadering is om ’n video- of filmopname/-weergawe te bekom as daar een beskikbaar is. Sommige toneelgroepe verfilm byvoorbeeld hulle eie produksies (veral studenteproduksies), alhoewel nie almal dit graag uitleen nie. Dié soort weergawes is meestal direkte opnames van die verhoogproduksie vanuit die perspektief van die gehoor – opgeneem iewers vanuit die teatersaal. Hulle is gewoonlik nie juis lekker kykstof nie.

Meer professionele, geredigeerde, weergawes bestaan ook, beide kommersieel en vir private rekorddoeleindes. Van hulle is besonder getrou aan die verhoogteks en dus baie nuttig. Ek dink byvoorbeeld aan Francois Swart se weergawe van Siener in die Suburbs (met die oorspronklike gehoor, stel en spelers), die pragtige film van The Road to Mecca van Athol Fugard, en die onlangse filmiese verwerking van Pieter Fourie se Faan se trein. Baie ander toneelwerke is heeltemal verwerk as filmweergawes wat soms beduidend verskil van die verhoogstuk, en miskien eintlik ten beste as films bespreek word. (Die voordeel van film is natuurlik dat mense dit saam kan kyk, en meermale kan kyk – soos om ’n boek te lees.)

Radiodramas of radioweergawes van verhoogtekste is ook nuttig, maar radio is weer ’n andersoortige medium, met sy eie besondere tegnieke en konvensies. So ’n bespreking daarvan saam met die verhoogteks kan nogal uitdagend wees. Die lees van radiotekste is egter nogal lekker, want opnames daarvan is baie keer beskikbaar. Chris Barnard se uitsonderlike radiostuk Die rebellie van Lafras Verwey (1971) is altyd lekker leesbaar.

Sou ’n film of ander soort opname nie beskikbaar wees nie, is daar altyd daardie ou staatmaker uit die 18de, 19de en vroeë 20ste eeu, toe dit ’n algemene gebruik was om boeke (gedigte, romans en selfs gebundelde preke en morele geskrifte) vir vermaak voor te lees. Die voorlees (selfs uitspeel) van toneelstukke was in so ’n konteks altyd gewild, en toneelstukkies is selfs spesifiek vir hierdie doel geskryf. (In Nederlands en vroeë Afrikaans veral vir gebruik deur die menigte rederykerskamers.) Die feit dat daar geen radio of TV was nie, het die aktiwiteit ’n natuurlike en ’n gewilde vorm van vermaak gemaak, tuis sowel as by debatsverenigings en ander sosiale byeenkomste.

Wonderlike plaaslike voorbeelde van dié soort skryfwerk vir amateurgroepe is te vinde in die klugte van Melt Brink en Langenhoven se kort dialoë, bv Die tweetalige vonnis, Die kijs abaut die Forro, Die beproewings van ’n prokureur, en ander.

In die klas het ons ’n aangepaste vorm hiervan nogal suksesvol ingespan om bespreking uit te lok, deur rolle onder die lede van die klas te verdeel en dan dele van ’n teks (of self die hele teks) te laat voorlees. ’n “Regisseur” of dosent lees gewoonlik die verhoogaanwysings om die konteks te gee. Die res van die klas word dan genooi om die betrokke toneel te bespreek, moontlike alternatiewe aanbiedings te oorweeg, en veral te let op die aanbieding se impak op die storielyn en tema van die stuk, om hulle eie persepsie van die “opvoering” te verdiep. Vir die deelnemers was dit aanvanklik ’n saak van angs, maar mettertyd het dit lekker vermaaklik geword om so met die teks om te gaan.

Hierdie idee van tekste voorlees het skynbaar in die laaste tyd al meer aanhang begin kry in verskeie vorme. Baie gewild deesdae is byvoorbeeld teksontwikkelingsprojekte, waar jong of voornemende skrywers kans gegun word om hulle nuwe werk op ’n gehoor te toets deur dit deur ’n paar akteurs te laat voorlees en die lede van die gehoor dan terugvoer en voorstelle aan die skrywer deurgee.

’n Voorbeeld van dié soort benadering is ’n nuwe tipe leesgroep wat blykbaar in Engeland aan die ontwikkel is. In ’n artikel met die titel “Book groups have had their day – it's time to start a script-reading group” noem die anonieme skrywer dat die besondere groep waaraan hy/sy behoort so een keer ’n maand bymekaar kom om ’n teks hardop voor te lees in plaas van om ’n boek te bespreek. Om die beurt word een uit die groep as die “regisseur” aangewys en hy of sy kies ’n teks en ’n klompie spelers. Daar word nie ’n ware opvoering van gemaak nie – die stuk word bloot voorgelees – maar, soos die skrywer dan sê: “We don’t think of ourselves as performers – none of us is likely to appear on stage, but that doesn’t stop us getting creative.”

Dit klink na sports.

Bronne vir tekste en inligting

In die 1980’s en 1990’s het veral HAUM en Tafelberg weer die meer voorskryfbare tekste begin uitgee, en vandag is dit seker Protea Boekhuis wat die meeste feestekste publiseer. ’n Engelse uitgewery wat mens ook nie van moet vergeet nie, is Robin Malan se wonderlike Junkets Publisher, wat baie van die nuwe en opwindende werk in Engels kort na opvoering publiseer. Baie van hulle is regtig die moeite werd om na te kyk.

’n Ander interessante bron van bruikbare tekste is natuurlik LitNet se eie LitNet-Spens by https://www.litnet.co.za/litnet-spens.

’n Nuttige bron is ook die aanlyn ensiklopedie oor die Suid-Afrikaanse teater, film en media, ESAT, wat inligting oor baie van die tekste wat oor die jare in Suid-Afrika opgevoer is, asook die skrywers, spelers en geselskappe daarby betrokke, bevat. Gaan na: http://esat.sun.ac.za/index.php/Main_Page.

Enkele boeke oor tekslees wat dalk kan help

My eie eerste inleiding tot die lees van toneeltekste was JL Styan se uitmuntende The dramatic experience, oorspronklik juis geskryf vir gebruik op skole in die Britse kolonies. Dit bly een van die heel beste inleidings vir nuwelinge op die gebied. (Vir diegene wat meer wil weet, is daar ook sy meer indringende, en effe meer akademiese, studie met die titel The elements of drama.)

’n Ander soortgelyke teks wat baie aanbeveel word, is Ronald Hayman se How to read a play (1999).

In Afrikaans het ook oor die jare ’n aantal soortgelyke werke verskyn, vanaf PJ Conradie se Hoe om ’n drama te ontleed (1968) en Aart de Villiers se Dirigent van die woord (’n handleiding vir spelleiers, 1976) tot by Marisa Keuris se Die dramateks: ’n handleiding (1996). Nie een juis op die lees-vir-vermaak-mark gerig nie, maar ’n hulp vir die wat meer oor die vorm wil verstaan.

’n Slotgedagte

Ek wil afsluit met nog ’n pragtige aanhaling uit Dan Kois se artikel:

“[A] great published script makes you understand what the play is, at its heart. … It makes you understand how the play feels as a living work of art – how it sounds and behaves inside your head, a mental effort that matters more in reading a play than in reading any other kind of literature. That’s an electric reading experience, and, given the quiet sales numbers for plays, a sadly uncommon one.

(Slate, 9 Oktober 2014; http://www.slate.com)

Ek glo dit ook nogal.

Lekker lees.

Lees ook:

Maak dit sin om dramas te lees?

The post Ja, dit maak sin om dramas te lees, maar … appeared first on LitNet.

Ukuthwala – gebruik of misbruik?

$
0
0

Ukuthwala – gebruik of misbruik?

Caroline Müller-Van der Westhuizen, Departement Privaatreg, Universiteit van die Vrystaat
Rochelle Streso, Prokureurklerkskap, Hill, McHardy & Herbst Ing.

LitNet Akademies Jaargang 15(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die tradisionele Afrikagebruik ukuthwala (voortaan sonder kursivering geskryf) is oorspronklik as ’n romantiese en outydse tradisie beoefen. ’n Jong vrou is deur ’n man en sy vriende “gesteel” of ontvoer as ’n aanvanklike stap om huweliksonderhandelinge met die vrou se familie aan die gang te sit. Die proses was onderworpe aan streng vereistes. Te oordeel aan regspraak en mediaberigte die afgelope paar jaar het dié eens romantiese gebruik egter ’n skadukant gekry en word dit in baie gevalle onder die voorwendsel van kultuur en tradisie misbruik. Tienermeisies word onder die dekmantel van ukuthwala ontvoer, onteer en gedwing om met baie ouer mans te trou. Die argument ten gunste van ’n verbod op ukuthwala lyk dus moontlik na ’n eenvoudige een. Tog bring ukuthwala in die moderne era van menseregte ons voor ’n netelige paradoks te staan, met die universele individuele regte in die Handves van Regte aan die een kant, en lank-gekoesterde tradisionele gebruike aan die ander. As ’n bydrae tot die gesprek oor ’n moontlike verbod op ukuthwala weeg hierdie artikel die grondwetlike regte op gelykheid, vryheid en sekerheid van die persoon, menswaardigheid, ’n kind se reg om nie mishandel, verwaarloos, misbruik of verneder te word nie, asook die opdrag dat die kind se belange altyd deurslaggewend moet wees, op teen sowel die reg op vryheid van godsdiens, oortuiging en mening as die reg op taal en kultuur. Dít geskied teen die agtergrond van die bestaande Suid-Afrikaanse regsraamwerk met betrekking tot ukuthwala, ’n vergelykende blik op ander jurisdiksies waar soortgelyke praktyke beoefen word, en ’n beskrywing van die misbruik van ukuthwala. Die artikel sluit af met ’n paar aanbevelings, waaronder ’n uitbreiding van hulpbronne om bestaande wette af te dwing eerder as die uitvaardiging van nuwe wette, die hantering van die onderliggende armoedekwessie wat lobolo (of iets dergeliks) ’n laaste uitkoms maak, en die behoefte aan gemeenskapsdeelname om enige opvattings oor die veroordeling van ’n bepaalde kultuur te voorkom.

Trefwoorde: Afrika; gebruik; gewoontereg; menseregte; misbruik; ukuthwala

 

Abstract

Ukuthwalacustom or abuse?

The African custom of ukuthwala began as a romantic, old-world tradition. A young woman was “stolen” or abducted by a man and his friends to initiate the marriage process and lobolo negotiations with the woman’s family. Strict rules and requirements applied. Yet judging by recent case law and media reports, this once charming custom has developed a shady side, often being abused under the pretext of culture and tradition. Teenage girls are being kidnapped, violated and forced into marriage with much older men under the guise of ukuthwala.

Glancing at the existing framework of laws and protocols by which South Africa abides, one might think that the argument in favour of introducing a prohibition on ukuthwala is simple and straightforward. After all, section 28 of our Bill of Rights stipulates that every child has the right to be protected against maltreatment, neglect, abuse or degradation, and that a child’s best interests are of paramount importance in every matter concerning the child. In addition, section 30 provides that while everyone has the right to participate in their preferred culture, the exercise of those rights may not occur in a manner inconsistent with any provision of the Bill of Rights. Section 12 of the Children’s Act 38 of 2005 affords every child the right not to be subjected to social, cultural or religious practices that are detrimental to their well-being, irrespective of any consent given by the child or by the person having control over the child. Moreover, the provisions of the Criminal Law (Sexual Offences and Related Matters) Amendment Act 32 of 2007, the Recognition of Customary Marriages Act 120 of 1998 and the Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act 4 of 2000 all seem to point to the unlawfulness and inappropriateness of what ukuthwala has become. These domestic laws are underpinned by the contents of the Universal Declaration of Human Rights, the United Nations Convention on the Elimination of All Forms of Discrimination Against Women (CEDAW), the Protocol to the African Charter on Human and Peoples’ Rights, the United Nations Convention on the Rights of the Child, the African Charter on the Rights and Welfare of the Child (ACRWC) and the Addis Ababa Declaration on Ending Child Marriage in Africa. All signed and ratified by South Africa, these agreements create a framework with which ukuthwala in its modern-day form appears to be incompatible.

However, in a country of exceptional diversity and long-cherished customs, introducing a prohibition on a cultural tradition is no straightforward exercise. In the modern age of human rights, ukuthwala confronts us with a contentious paradox, pitting the universal individual rights entrenched in the Bill of Rights against treasured traditional customs. The only sensible way forward is to weigh up the respective parties’ rights. Therefore this article contributes to the discourse on a potential prohibition on ukuthwala by considering the constitutional rights to equality, personal freedom and security, human dignity, a child’s right not to be maltreated, neglected, abused or degraded, as well as the imperative to use the child’s best interests as the deciding factor in all matters concerning the child, against the right to freedom of religion, belief and opinion as well as the right to language and culture. In terms of section 36 of the Constitution the key considerations in determining whether a person’s constitutional rights may be limited are (i) the nature of the right, (ii) the importance of the purpose of the limitation, (iii) the nature and extent of the limitation, (iv) the relationship between the limitation and its purpose, and (v) whether there are less restrictive means to achieve the purpose. An analysis of these considerations against the backdrop of ukuthwala yields the following: (i) Expressly prohibiting ukuthwala would limit the right to freedom of religion, belief and opinion as well as the right to language and culture. (ii) The purpose of the limitation would be significant, namely to ensure that others’ fundamental rights (the right to equality, freedom and security of the person, human dignity, a child’s right not to be maltreated, neglected, abused or degraded, as well as the paramount significance of the child’s best interests in all matters concerning the child) are respected and not violated. (iii) Yet the limitation would not be absolute. Persons would still have all these rights and may rely on them to continue with customs that are consistent with the other freedoms in the Bill of Rights. They would simply no longer be permitted to observe the custom of ukuthwala. (iv) The limitation and its purpose are closely linked. While the rights to freedom of religion, belief and opinion and to language and culture are intended to ensure that communities remain true to their roots in a country renowned for its cultural diversity, this cannot be permitted at the expense of another person’s fundamental rights. Limiting these rights to the extent described above would therefore prevent others’ rights from being violated. (v) On the face of it, the only way to prevent others’ rights from being violated through ukuthwala appears to be the limitation of the rights cited above, for that particular purpose.

These findings are not inconsistent with case law. On a number of occasions the Constitutional Court has established that communities’ rights in relation to language, culture or religion cannot serve as a justification for the violation of other freedoms in the Bill of Rights (see Bhe v Magistrate, Khayelitsha 2005 1 SA 580 (CC), and Christian Education of South Africa v Minister of Education 2000 4 SA 757 (CC)). Membership of a community who adheres to a particular custom does not afford members a free pass to infringe on others’ rights in observing such custom.

The article concludes with a few recommendations. Firstly, despite having a range of laws, conventions and protocols that are supposed to regulate ukuthwala in South Africa, abuse of the custom continues. Therefore, the country does not necessarily need more laws, but rather more competent enforcement of existing ones. Although the South African Law Reform Commission’s Prohibition of Forced and Child Marriages Bill is a commendable effort, it ultimately represents no more than a compilation of prescripts and concepts already contained in other, existing laws. Informing communities of such a new law would require extensive awareness and training campaigns into the most far-flung, rural corners of our vast country – a costly exercise. Instead, it might be sensible rather to invest the funds earmarked for promulgating a new law in equipping law enforcers with sufficient human and financial resources to educate communities about forced and child marriages, and to act against flagrant human rights violations. Secondly, underlying the misuse of ukuthwala is abject poverty and parents’ desperate need for lobolo to survive. Although possibly a very sombre view of the matter, the custom is therefore set to continue as long as poverty continues. Combined with the deep-rooted nature of the tradition in many communities, this renders the police powerless in many instances. Addressing this state of affairs will require a painstaking process of raising education and awareness levels, enabling sustainable livelihoods and rehabilitating the victims of ukuthwala. The third recommendation is essentially an appeal for sensitivity and understanding. With South African society plagued by ongoing racial tension and social disparities, no attempt to combat the misuse of ukuthwala should take the form of a denouncement or condemnation of any culture. It will be essential to tread the fine line between finding fault with an entire culture and its people, and rejecting a single custom that may no longer have a place in modern society. Community engagement will be vital to initiate the discourse on the harmful effect of the misused form of ukuthwala. Traditional leaders, local leaders and community policymakers will have to play their part in explaining to communities why existing laws will be more stringently enforced against those hiding behind tradition to commit an offence.

Whether South African lawmakers opt for an explicit prohibition on ukuthwala or the laying down and strict enforcement of constitutional guidelines to which ukuthwala needs to adhere, this traditional custom – along with others that have turned into a pretext for maltreating people and violating human rights – requires urgent attention. Besides being incongruous with domestic law, the custom in its modern-day form is inconsistent with a range of international conventions and protocols that South Africa has voluntarily ratified. This in itself should be enough to spur lobbyists and authorities on to action.

Keywords: Africa; cover-up for abuse; custom; customary law; human rights; ukuthwala

 

1. Inleiding

Ukuthwala1 behels die “steel” of ontvoering van ’n jong meisie deur ’n man en sy vriende om die vrou se familie as’t ware in huweliksonderhandelinge in te dwing.2 In die moderne era van menseregte bring ukuthwala ons egter voor ’n netelige paradoks te staan, met die universele individuele regte in die Handves van Regte3 aan die een kant, en lank-gekoesterde tradisionele gebruike aan die ander kant.4 Vervolgens weeg hierdie bydrae die grondwetlike regte op gelykheid,5 vryheid en sekerheid van die persoon,6 menswaardigheid,7 ’n kind se reg om nie mishandel, verwaarloos, misbruik of verneder te word nie, asook die opdrag dat die kind se belange altyd deurslaggewend moet wees,8 op teen sowel die reg op vryheid van godsdiens, oortuiging en mening9 as die reg op taal en kultuur.10 Dít geskied teen die agtergrond van die regsraamwerk met betrekking tot ukuthwala, ’n vergelykende blik op ander jurisdiksies waar soortgelyke praktyke beoefen word, en ’n beskrywing van die misbruik van ukuthwala.

In S v Makwanyane11 laat regter Mahomed hom soos volg uit:

What the Constitution expressly aspires to do is to provide a transition from these grossly unacceptable features of the past to a conspicuously contrasting future founded on the recognition of human rights, democracy and peaceful co-existence and development opportunities for all South Africans, irrespective of colour, race, class, belief or sex.12

Met dít in gedagte ontstaan die vraag: Is daar in ons huidige demokratiese samelewing nog enigsins plek vir inheemse gebruike wat, wanneer dit op ’n verwronge en misbruikte wyse uitgevoer word, vroue en kinders se regte skend, ondermyn en ignoreer? Of anders gestel: Is daar nog plek vir ’n tradisionele gebruik wat die deur oopstel vir verskeie oortredinge van vroue- en kinderregte? Alhoewel die antwoord op hierdie vraag ’n voor die hand liggende nee skyn te wees is dit, teen die agtergrond van die belangrikheid van kultuur, nie so eenvoudig nie.

 

2. Wat was ukuthwala, en wat het dit geword?

In hoofsaaklik Ngunisprekende tradisionele gemeenskappe13 maak ukuthwala deel van die proses van huweliksonderhandelinge uit. In ’n tipe “ontvoering” neem ’n man en sy vriende ’n meisie of jong vrou na sy pa se huis en hou haar daar om haar familie te dwing om met huweliksonderhandelinge te begin.14 In Xhosa en Zulu beteken ukuthwala dan ook letterlik “om ’n meisie weg te dra met die oog op ’n huwelik”.15

Dit kan op ’n hele paar maniere gebeur: soms stem die familie toe tot ukuthwala sonder die jong vrou se medewete; ander kere stem die vrou dalk toe sonder haar familie se medewete. Daar is ook gevalle waar nóg die familie nóg die meisie van die beplande ukuthwala kennis dra.16

2.1 Die oorspronklike ukuthwala: romanties en outyds?

In sy tradisionele vorm was ukuthwala ’n strategie wat ’n verliefde paartjie sou gebruik om huweliksonderhandelinge te verseker, wat dié gebruik al die beskrywing van ’n “romantiese en outydse tradisie” besorg het.17 Ukuthwala was dus nie ’n huwelik nie, maar ’n “gebeurtenis” wat die huweliksproses aanvoor.18

Die vereistes vir die gebruik was soos volg:19

  • Die vrou moes die regte ouderdom wees om te trou, wat in die inheemse reg gewoonlik die ouderdom is waarop ’n vrou kinders kan baar.20
  • Die partye moes daartoe toestem.
  • Die partye sou reël dat ’n skynontvoering teen sonsondergang plaasvind. Hoewel die vrou skynweerstand bied, is sy in werklikheid ten volle bewus van wat gebeur, en het sy vooraf daartoe ingestem.
  • Die vrou is dan by die man se huis ingesmokkel en deur die vroue in daardie huishouding opgepas om haar veilig te hou en haar reputasie te bewaar.
  • Gedurende hierdie tyd was geslagsgemeenskap tussen die partye streng verbode.
  • Die man se pa is hierna in kennis gestel van sowel die vrou se teenwoordigheid as sy seun se begeerte om met haar te trou.
  • Uiteindelik het die man se familie dan die vrou se familie per uitnodiging laat weet dat hulle graag met huweliksonderhandelinge wil begin.

’n Belangrike punt om op te let is dat geen huwelik in die inheemse reg moontlik is sonder die toestemming van die vrou se ouers nie.21 Indien haar familie dus die uitnodiging om met huweliksonderhandelinge te begin van die hand sou wys, moes die vrou terugkeer huis toe – en dit boonop met skadevergoeding wat die onsuksesvolle kandidaat vir die mislukte ukuthwala moes betaal.22 Skadevergoeding was dikwels vee of ander kommoditeite.23

In sekere erkende omstandighede kon verliefdes tradisioneel hul toevlug tot ukuthwala neem. Dít was byvoorbeeld waar ’n vrou ’n beswaar gehad het teen ’n gereëlde huwelik, en eerder met ’n maat van haar keuse wou trou; waar die vrou se familie daarteen gekant was dat sy met ’n maat van haar keuse trou; waar die man nie die volle lobolo24 kon betaal om die huwelik te verseker nie; en waar tyd nie in die paartjie se guns was nie, byvoorbeeld as die vrou swanger was.25

In sy tradisionele vorm is ukuthwala as ’n aanvaarbare gebruik beskou, en het omstanders hulle daarvan weerhou om enigsins in te meng, selfs waar die vrou “al huilend” weggevoer word.26 Hierdie skynweerstand was immers meestal om haar waardigheid te behou.27 Omdat die vrou as ’n vrywillige party in die proses beskou is, het ukuthwala nooit die etiket van ’n gedwong huwelik gekry nie.28

Ukuthwala se posisie binne die gewoontereg is egter ook al gedebatteer.29 Dit blyk dat alhoewel Xhosa-mans en -vroue reeds in die 19de eeu die gereelde plaasvind van ukuthwala erken het, hulle nie saamgestem het oor of dit as "gewoonte" aanvaar moes word nie.30 Daar is al aangevoer dat omdat ukuthwala gereeld plaasgevind het, dit bloot makliker was vir koloniale magistrate om dit as ’n gewoonte te erken.31

Die verweerder in ’n 1889 siviele saak maak byvoorbeeld die volgende stelling:32 “I know it is wrong to twala a girl. [Although] it is a crime among us in Tembuland to twala a girl it is commonly done."

Die geskiedenis rakende die gebruik bied dus nie altyd ’n klinkklare antwoord oor die status van ukuthwala binne die gewoontereg nie33 en sienings rakende die aangeleentheid sal noodwendig tussen verskillende kultuurgroepe verskil.

Sommige kommentators voer aan dat ukuthwala ’n manier is om ouerlike mag te omseil en die vrou se familie te oortuig om die huwelik te aanvaar – ’n ontsnaproete van oorheersende ouerlike gesag.34 Verder blyk dit uit die bespreking hier onder dat ukuthwala wel deur sekere gemeenskappe as deel van gewoontereg beskou word.

2.2 Die moderne ukuthwala – misbruik en verwronge gewoonte

Deesdae gee ukuthwala egter in sommige gevalle en gemeenskappe aanleiding tot deliktuele aanspreeklikheid. Dít kan byvoorbeeld gebeur indien daar ná ukuthwala geen huweliksaanbod gemaak word nie, of die man en sy familie nie die vereistes, waaronder die betaling van lobolo, kan nakom nie, of die vrou se pa of voog nie tot die huwelik met die betrokke man instem nie.35

Voorts kan dit ook as ontvoering, verkragting en die gedwonge aangaan van ’n huwelik beskou word36 en dus tot strafregtelike aanspreeklikheid lei. In die Wes-Kaap se eerste saak oor ukuthwala,37 Jezile v S,38 is die beskuldigde Jezile skuldig bevind aan mensehandel en verkragting nadat hy, op ’n toe 28-jarige ouderdom, ’n 14-jarige meisie vanuit Engcobo in die Oos-Kaap geneem het om sy vrou te word. Jezile het aangevoer dat hy ooreenkomstig die ukuthwala-gebruik opgetree het.

Meisies van so jonk as 12 word onder die dekmantel van ukuthwala ontvoer, onteer en gedwing om met baie ouer mans te trou.39 In dié verband het Nangomhlaba Matanzima, voorsitter van die Oos-Kaapse Huis van Tradisionele Leiers, al gesê: “They are taking children from 13, 14 … That is not ukuthwala, that is not a custom. You can’t go for the little ones.”40

So word ’n eens romantiese gebruik ’n vorm van misbruik onder die dekmantel van kultuur en tradisie.41 Dít blyk duidelik uit die reaksies van sommige jong vroulike slagoffers van ukuthwala:42

I screamed and told them to let me go, but they told me to shut up as my husband was waiting for me …

I screamed until my voice went faint … my mother did not do a thing …

I cried; this man could have been my father and he was so frail and sickly …

I didn’t want to marry a madala; I just wanted to go to school …

Hieruit wil dit dus voorkom of adjunkhoofregter Langa43 (soos hy destyds was) dit gelyk gehad het toe hy in die konteks van gewoonteregtelike erfopvolging die gewoontereg omskryf het as “a system dominated by a deeply embedded patriarchy which reserved for women a position of subservience and subordination and in which they were regarded as perpetual minors”.

’n Ander vraag eie aan ons huidige tydsgewrig wat in hierdie verband ontstaan, is of die oortuiging in sekere tradisionele kulture dat geslagsgemeenskap met ’n maagd jou van MIV/vigs sal genees, moontlik ’n rol speel in die keuse van spesifiek jong vroue vir dié gebruik.44 Dat die voormalige gesondheidsminister Manto Tshabalala-Msimang in 2009 so ver gegaan het om haar by ’n bosberaad in Lusikisiki, Oos-Kaap, teen hierdie mite uit te spreek,45 kan daarop dui dat dit wél ’n tersaaklike oorweging is en ’n rol in die ontvoering van minderjarige vroue vir huwelike kan speel.

 

3. Ukuthwala in wetgewende verband

Ondanks voorstelle dat ukuthwala in wetgewing moet opgeneem word, soos met die KwaZulu-Natalse Konsepwitskrif oor Ukuthwalaen Verbandhoudende Praktyke,46 en die Suid-Afrikaanse Kommissie vir Regshervorming (SALRC) se onlangse Wetsontwerp op die Verbod op Gedwonge Huwelike en Kinderhuwelike,47 word die gebruik tot nog toe nié uitdruklik in wetgewing omskryf nie.

Regsgeleerdes is dus vir tyd en wyl steeds aangewese op bestaande wette, protokolle en konvensies, die gemenereg en die gewoontereg om sake oor kinder- en gedwonge huwelike te besleg.

Die volgende onderafdelings bied ’n blik op die beginsels in die Grondwet, ander wetgewing en internasionale konvensies wat Suid-Afrika bekragtig het en wat op ukuthwala van toepassing kan wees.

3.1 Die Grondwet en ander wetgewing

Die Grondwet bepaal dat die hof die gewoontereg moet toepas wanneer daardie reg van toepassing is, onderworpe aan die Grondwet en enige wetgewing wat spesifiek oor die gewoontereg handel.48 Dít sou dan ook die geval wees indien ’n saak met betrekking tot ’n tradisionele gebruik soos ukuthwala voor die hof beland.

Die Handves van Regte bepaal dat elke kind – dit wil sê, elkeen onder 18-jarige ouderdom49 – die reg het om teen mishandeling, verwaarlosing, misbruik of vernedering beskerm te word,50 en dat die kind se belange die hoofoorweging is in enige aangeleentheid wat die kind raak.51 Indien vroue onder 18-jarige ouderdom dus teen hulle wil aan ukuthwala blootgestel word, kom dit neer op ’n skending van hierdie regte.

Daarbenewens verplig die Grondwet ons om in die uitleg van die Handves van Regte daardie waardes te bevorder wat ʼn oop en demokratiese samelewing vorm wat op menswaardigheid, gelykheid en vryheid berus,52 om die volkereg in ag te neem53 en om moontlik ook buitelandse reg te oorweeg.54 Wat die uitleg van enige ander wetgewing en die ontwikkeling van die gemenereg of gewoontereg betref, moet die gees, strekking en oogmerke van die Handves van Regte boonop bevorder word.55 Hoewel elkeen die reg het om aan sy of haar voorkeurkultuur deel te hê en dit te geniet, moet daardie reg so uitgeoefen word dat dit met geen bepaling in die Handves van Regte bots nie.56 Kultuurgemeenskappe het dus die reg om ukuthwala toe te pas, maar slegs in soverre dit nie strydig met enige bepaling in die Handves van Regte is nie.

Die Handves van Regte ontken ook nie die bestaan van ander regte of vryhede wat die gemenereg, gewoontereg of wetgewing erken of verleen in soverre daardie regte of vryhede met die Handves bestaanbaar is nie.57 Die logiese afleiding is dus dat indien ukuthwala nie met die regte in die Handves van Regte bestaanbaar is nie, dit wél onaanvaarbaar en die toepassing daarvan strydig met die wet sal wees.

Op sy beurt gee die Kinderwet 38 van 2005 aan elke kind die reg om nie onderwerp te word aan sosiale, kulturele of godsdienstige praktyke wat sy of haar welstand negatief kan beïnvloed nie,58 en bepaal die wet voorts dat dit geen verweer is om te sê dat die kind of die persoon met beheer oor die kind tot sodanige oortreding ingestem het nie.59 Ouers wat toestemming verleen dat hul minderjarige kind aan ukuthwala blootgestel word, skend daarom die kind se regte, en kan hulle nie as verweer op die familie se instemming verlaat nie.

Ook die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede) 32 van 2007 blyk van belang te wees in dié verband. Dié wet omskryf ’n verkragter as “iemand (‘A’) wat wederregtelik en opsetlik ’n handeling van seksuele penetrasie met ’n klaer of klaagster (‘B’), sonder die toestemming van B, pleeg”.60 ’n Beskuldigde in so ’n aangeleentheid kan nie ’n bestaande of vorige huweliks- of ander verhouding met die klaer as verweer aanvoer nie.61 Hoewel die oorspronklike toepassing van ukuthwala gemeenskap tussen partye ná ukuthwala dog vóór huweliksluiting streng verbied,62 is verkragting in die hedendaagse vorm van dié gebruik ontstellend algemeen.63 Om sake te vererger, het talle vroue wat op hierdie manier in huwelike ingedwing is, MIV/vigs opgedoen.64

’n Verdere stuk wetgewing met duidelike raakpunte met die gebruik van ukuthwala is die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike 120 van 1998.Dié wet is verorden om ooreenkomstig die Grondwet gewoontehuwelike te erken, en skryf sekere vereistes vir ’n geldige gewoontehuwelik voor. Dit bepaal onder meer dat die voornemende huweliksmaats albei ouer as 18 moet wees, dat albei moet instem om ingevolge die gewoontereg met mekaar te trou, en dat die huwelik ooreenkomstig die tersaaklike gewoonteregtelike beginsels onderhandel en aangegaan moet word.65 Indien ’n minderjarige vrou in ’n geval van ukuthwala ontvoer word en dít op ’n huwelik uitloop, is daardie huwelik dus nie geldig ingevolge die wet nie: die vrou is immers nie net minderjarig nie, maar het ook nie toestemming tot die huwelik verleen nie. Albei partye se vrywillige toestemming is noodsaaklik vir die daarstelling van ’n geldige huwelik.

Laastens verbied die Wet op Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie 4 van 2000 onbillike diskriminasie teen enige persoon op grond van geslag, wat insluit geslagsgebaseerde geweld en enige praktyk (hetsy tradisioneel, godsdienstig, gewoonteregtelik of geloofsgebaseerd) wat vroue se waardigheid en die gelykheid tussen mans en vroue ondermyn.66 Dit spreek vanself dat indien ’n vrou onder die voorwendsel van ukuthwala ontvoer en verkrag word, dit haar waardigheid skend. Boonop dien dit gelykheid tussen mans en vroue ’n knou toe deur van die vrou te verwag om met die man te trou bloot omdat die man so besluit of die vrou se familie daartoe ingestem het. Die ongelykheid tussen mans en vroue wanneer die ukuthwala-onderhandelinge geskied, kom veral in die volgende aanhaling na vore:67 “Though I can speak, I remain mute – one who does not speak, who is not spoken to. It is a debate about me, by men, for men.”

3.2 Internasionale konvensies en protokolle

Benewens bepalings wat kragtens plaaslike wetgewing geld, het Suid-Afrika ook ’n aantal internasionale konvensies en protokolle onderteken en bekragtig wat op ukuthwala toegepas kan word.

Die Universele Verklaring van Menseregte bevat byvoorbeeld ’n klousule wat bepaal dat ’n huwelik aangegaan kan word slegs indien albei betrokke partye se vrye en volle toestemming verkry is.68 Die vrou wat deur ukuthwala gedwing word om te trou verleen uiteraard nie haar vrye en volle toestemming nie.

Die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Uitwissing van Alle Vorme van Diskriminasie teen Vroue (CEDAW)69 vereis weer dat lidstate alle gepaste stappe doen om sosiale en kulturele praktyke te verander om sodoende vooroordeel en diskriminerende gewoontereg en ander praktyke uit te wis.70 Lidstate moet boonop diskriminasie teen vroue in alle sake aangaande huwelike en familieverhoudinge uitwis en in die besonder verseker dat mans en vroue die gelyke reg het om met vrye en volkome toestemming ’n huwelik aan te gaan.71 Ook teen die agtergrond van hierdie konvensie kom ukuthwala in sy huidige vorm dus neer op ’n diskriminerende en skadelike praktyk teen vroue.

Soos CEDAW, bepaal ook die Protokol by die Afrika-handves van Mense- en Volkeregte oor die Regte van Vroue in Afrika72 dat lidstate wetgewing moet verorden om praktyke uit te wis wat skadelike gevolge vir vroue en kinders se gesondheid en algemene welstand inhou.73 Dit beklemtoon veral ’n vrou se reg op waardigheid,74 die staat se plig om skadelike praktyke teen vroue uit te wis,75 dat mans en vroue gelyke regte in ’n huwelik moet geniet,76 dat geen huwelik sonder albei betrokkenes se vrye toestemming mag plaasvind nie,77 en dat albei partye bo 18-jarige ouderdom moet wees.78

Die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind bepaal op sy beurt dat lidstate doeltreffende en gepaste maatreëls moet instel om tradisionele praktyke wat kinders se gesondheid skaad, af te skaf.79 In die konteks van ukuthwala loop ’n minderjarige vrou wat volgens dié gebruik ontvoer word, gevaar om swanger te raak en indien sy ’n leerder is, skool te moet verlaat.80 Afgesien daarvan dat die gemiddelde tiener nog nie emosioneel opgewasse vir moederskap is nie, toon tienerswangerskappe ook verhoogde siekte- en sterftesyfers weens die onvolledige fisiologiese ontwikkeling van die tienerliggaam.81

Die Afrika-handves oor die Regte en Welstand van die Kind (ACRWC)82 verbied uitdruklik huwelike met en verlowings aan kinders.83 Ukuthwala met ’n minderjarige vrou druis lynreg teen hierdie konvensie in. In dieselfde trant bepaal die Addis Abeba-verklaring oor die Beëindiging van Kinderhuwelike in Afrika84 dat ’n huwelik as ’n kinderhuwelik beskou sal word indien minstens een van die betrokkenes onder 18-jarige ouderdom is. Kinderhuwelike skend die fundamentele menseregte waaroor alle kinders beskik.

Soos die verskillende stukke Suid-Afrikaanse wetgewing, toon die oorsig van bogenoemde konvensies en protokolle dus ook dat ’n huwelik slegs tussen partye bo 18-jarige ouderdom aangegaan mag word, dat die partye die huwelik vryelik moet betree, en dat enige praktyk wat skadelik kan wees vir ’n vrou of kind, afgeskaf moet word. In sy moderne gedaante blyk ukuthwala ál hierdie bepalings te oortree.

 

4. ’n Vergelykende blik op ander jurisdiksies met soortgelyke praktyke

In Zimbabwe staan sogenaamde bruidontvoering bekend as musengabere, wat verwys na die gebruik om ʼn bruid te steel.85 Verder gebeur dit ook hier, soos in Suid-Afrika,86 dat die ouers van jong meisies huwelike met veel ouer mans vir hul dogters reël87 in ʼn poging om hul eie ekonomiese kwesbaarheid te verlig.

’n Geskatte 125 miljoen Afrika-meisies is kinderbruide.88 In Sub-Sahara-Afrika was 40% van vroue kinderbruide en huwelike met kinders ook wydverspreid in Wes- en Sentraal-Afrika.89 Telefa is ’n praktyk in noordoos-Ethiopië deur middel waarvan ’n man ’n meisie ontvoer, wegsteek en verkrag, en as die vader van haar ongebore kind dan kan aanspraak maak op ’n huwelik.90 Trokosi weer is ’n praktyk waarvolgens ’n jong vroulike maagd vir ’n priester aangebied word in ruil vir die gode se vergifnis wanneer ’n familielid (gewoonlik ’n man) ’n misdaad gepleeg het.91 Trokosi is algemene praktyk in Ghana, Benin en Togo. In die meeste Afrika-lande word die reg as gevolg van tradisie en sosiale norme nie na wense afgedwing nie,92 ten spyte daarvan dat die wettige ouderdom om te trou meestal 18 is. Ook in Suid-Afrika is die gaping tussen die reg en gemeenskapsopvattings oor ukuthwala kommerwekkend.

“Bruidontvoering” is nie eie aan Afrika nie; ’n paar variasies van die gebruik word ook in ander wêrelddele aangetref en is vergelykbaar omdat die sosio-ekonomiese omstandighede van hierdie lande ooreenstem met dié van Suid-Afrika.

So byvoorbeeld kom soortgelyke gebruike onder die inheemse Jahgane (amptelik bekend as “Yahgans”) en Onas op die Argentynse eilandgroep Tierra del Fuego voor.93 In die Sentraal-Asiese land Kirgisië op die historiese Chinese syroete is die praktyk weer bekend as Ala Kachuu, wat kan wissel van ontvoering sonder dat die vrou enigsins bewus is van enige huweliksplanne, tot skynontvoering vir huwelike waartoe die meisie inderwaarheid ingestem het.94

Baie soos in Suid-Afrika behels Ala Kachuu dat ’n man en sy vriende ’n jong vrou deur geweld of misleiding na sy ouerhuis neem. Hier word sy in ’n kamer aangehou waar die man se vroulike familielede haar probeer oorreed om die “huwelikserp” aan te sit en sodoende die huwelik te aanvaar.95 Indien dit nodig is, word die vrou oornag aangehou. Hierdie proses kan gewelddadig word en gevalle is al aangemeld waar die vrou in die loop van die nag verkrag is. Haar verlore maagdelikheid, en dus onreinheid, tesame met die vernedering om daarna as onreine vrou na die gemeenskap terug te keer, is gewoonlik genoeg om haar te oorreed om die huwelik aan te gaan.96 Meer as ’n derde van inheemse Kirgiese vroue is al glo na aanleiding van sodanige niekonsensuele ontvoering getroud. Nadat die huwelik aangegaan is, besoek die bruidegom en sy familie gewoonlik die vrou se familie met geskenke en stel hulle in kennis dat die vrou sedertdien in die eg verbind is.97

Tog, hoewel sowel ontvoering as huishoudelike geweld onwettig is in Kirgisië, laat die polisie en ander owerhede oënskynlik na om die reg af te dwing en toe te pas.98 Geregtelike amptenare beskou ontvoering vir gedwonge huwelike, of huishoudelike geweld, blykbaar nie as ’n ernstige oortreding nie, en doen in die meeste gevalle geen daadwerklike stappe om hierdie oortredings stop te sit, leidrade te volg en te ondersoek, en oortreders te vervolg nie. Te dikwels regverdig geregtelike amptenare hierdie versuim op grond daarvan dat hierdie gebruike deur die hele Kirgisië aanvaar word en ’n diepgewortelde praktyk en tradisie in die gemeenskap is.99

Die ooreenkomste tussen die Suid-Afrikaanse ukuthwala en die Kirgiese Ala Kachuu eindig dus nie by hoe die praktyk verloop nie. In albei jurisdiksies word die praktyk uit ’n regs- en wetstoepassingsoogpunt blykbaar met ’n gebrek aan erns benader, en soos uit die bespreking verder sal blyk, versuim die owerhede om die ondubbelsinnige wette, protokolle en konvensies wat ontvoering en gedwonge huwelike verbied, af te dwing. In albei gevalle buig die gereg die knie voor gewoonte.

 

5. Gemeenskapsopvattings

Ncedisa Paul, ’n werknemer by ’n Oos-Kaapse nieregeringsorganisasie, het aan die dagblad Daily Dispatch gesê die meeste gemeenskapslede aanvaar ukuthwala as ’n deel van hul kultuur; ’n gebruik wat nie bevraagteken word nie. Lede van die plaaslike gemeenskap in die Lusikisiki-omgewing voel ook die gebruik is tradisie en diep gewortel in die gewoontereg. Dieselfde dagblad haal ook die 81-jarige Nyekelwa Cebe, ’n inwoner van die dorpie Cele, aan wat opmerk dat daar in sy tyd om vroue meegeding is; as een getalm het, sou die ander familie die vrou “gryp”.100

Veldnavorsing deur Mwambene en Kruuse in die Engcobo-gebied in die Oos-Kaap en teen die agtergrond van die Jezile-saak,101 dui op ’n diepgewortelde oortuiging dat ukuthwala deel vorm van gewoontereg en daar niks mee verkeerd is nie. Dit is ook duidelik dat daar ’n gevoel binne hierdie gemeenskap bestaan dat die reg nie behoorlik na hul behoeftes omsien nie.102 Dit het na vore gekom dat ukuthwala ’n gerespekteerde gebruik is in die Engcobo-gebied en dat dit as't ware sekere gemeenskapswaardes bevorder.103 Die navorsing van Mwambene en Kruuse toon verder die kompleksiteit ten opsigte van toestemming in ukuthwala asook gemeenskapsopvattings in dié verband.

Die volgende aanhaling vat dit saam:104

In the olden days they were not asked, but now it's different, families are different, some families talk to their children and come to an agreement, some force their children to marriage. But in this case, as the husband's delegate, if the bride's family says yes you can take her, we are agreeing to the marriage, we don't ask for details as to whether you have talked to your daughter or, whether she agreed or not. And also, yes the girl would not agree if she was not in a relationship with the man. But if the both families agreed to the marriage, we then go for that. The communication is between the girl and her family, not direct from the husband's delegate and the girl.

 

6. Wanneer ’n gebruik misbruik word

6.1 Geneigdheid tot misbruik

Gesaghebbende bronne soos die SALRC is oortuig dat die ukuthwala-gebruik lank nie meer is wat dit was nie en deesdae misbruik word.105

Gevalle kom meestal voor wanneer mans wat oorwegend in die groter stede werk, soos fabriekwerkers, mynwerkers, taxibestuurders en langafstandvragmotorbestuurders, gedurende feestye en oor skoolvakansies na hul landelike tuisdorpe terugkeer om te gaan kuier.106 Hierdie mans blyk ’n dringende behoefte te ervaar om ’n vrou by die huis te hê wat vir die huishoudelike pligte verantwoordelikheid kan aanvaar en die man se seksuele begeertes sal kan vervul.107 Jong vroue meld dat hulle geslaan en op verskeie ander maniere aangerand is toe hulle probeer ontsnap het. Geweld is byna altyd teenwoordig. Dit gaan ook dikwels gepaard met die gebruik van bedwelmende middels soos tradisionele moetie of medisyne, wat die vrouens swakker maak en makliker om te beheer.108

Syfers dui op ’n ontstellende toename in die praktyk: in 2009 is meer as 20 jong vroue per maand in die Oos-Kaap aan ukuthwala onderwerp, en moes hulle gevolglik die skoolbanke verlaat.109 ’n Paar jaar later, in 2012/13, is soveel as 255 voorvalle van ukuthwala aangemeld, luidens verslae wat aan die parlement voorgelê is. Van hierdie 255 het 45,5% in die Oos-Kaap en 54,5% in KwaZulu-Natal voorgekom.110 Meer onlangse syfers dui op minstens 25 000 meisies wat onderworpe was aan die praktyk in KwaZulu-Natal in 2016, en ’n verdere 15 929 meisies in Gauteng.111

6.2 Die (nie-)aanmelding van misbruik

Akkurate statistiek is moeilik om te bekom. Trouens, die Regshulpbronsentrum meen ’n beduidende getal voorvalle van ukuthwala word nie eens aangemeld nie.

Hiervoor word verskeie redes aangevoer, waaronder sosiokulturele waardes, ’n vrees vir stigmatisering, die sosiale stand van die familie, en die desperate behoefte aan lobolo by die vrou se ouers.112 Armoede en ’n gebrek aan skoling speel ’n kernrol in die voortsetting en misbruik van die gebruik én die versuim om dit aan te meld.

Die stigma wat met ’n mislukte huwelik gepaardgaan, iets wat veral in landelike gemeenskappe voorkom, bemoeilik sake verder. Gemeenskappe beskou dit as ’n vrou se plig om te sorg dat haar huwelik werk, en gevolglik as ’n skande om ’n huwelik te verlaat.113 Dít, tesame met die vrou se vrees dat sy nie meer in haar eie gemeenskap welkom sal wees indien daarheen sy sou terugkeer nie, ontmoedig slagoffers van ukuthwala om dit aan te meld, en plaas druk op hulle om eerder by hul “huweliksmaats” te bly.114

Diegene wat wél die misbruik van ukuthwala wil aanmeld, kla weer dat geregtelike amptenare en tradisionele leiers onhulpvaardig is en agter kultuur en tradisie skuil.115

6.3 Skynbaar "onverskillige" houding onder gemeenskappe

Volgens ’n berig in die Pretoria News het vroue by ’n onlangse SALRC-werksessie oor ukuthwala wat in KwaDlomo, Nkandla, aangebied is, weinig belangstelling getoon in die Wetsontwerp op die Verbod op Gedwonge Huwelike en Kinderhuwelike wat die kommissie juis opgestel het om vroue teen die misbruik van die praktyk te beskerm. Met die werksessie wou die SALRC gemeenskappe se kommentaar inwin om dit in te sluit by die wetsontwerp vir voorlegging aan die Minister van Justisie. Hoewel die meeste van die vroue al van ukuthwala gehoor het, het nie een glo al gesien hoe dit gebeur nie, wat die SALRC met nie juis veel ondersteunende kommentaar op die wetsontwerp gelaat het nie.116

Mandla Mandela,117 die hoof van die tradisionele raad van Mvezo en kleinseun van wyle oudpresident Nelson Mandela, het in Julie 2010 aan die parlement se portefeuljekomitee oor landelike ontwikkeling en grondhervorming gesê:

[F]or a girl to be taken as a wife through ukuthwala – the process has nothing to do with age. When you are going to discuss culture, do not even try to bring in white notions, as such an approach will turn things upside down. Firstly, culture has no age. Age is something we learn today because of our Westernisation.

Alhoewel hierdie mening lynreg in stryd is met sowel Suid-Afrikaanse nasionale wetgewing as internasionale konvensies en protokolle, sluit dit wel aan by die bespreking hier bo rakende die groot gaping wat tussen gemeenskapsopvattings en die reg bestaan.

 

7. Die argument vir ’n verbod op ukuthwala: Die opweging van regte

In onderafdeling 2 is aangetoon dat ukuthwala in die moderne era eerder ’n gedwonge huwelik as ’n voorlopige stap tot ’n huwelik uitmaak. In ’n verwronge weergawe van die gebruik word minderjarige vroue deesdae ontvoer, sonder hul toestemming in kinderhuwelike ingedwing en van hul reg op vryheid en sekerheid van die persoon ontneem. Wanneer vroue weerstand bied, het die gebruik ook al tot geweld teen vroue en kinders gelei. Omdat slegs vroue aan ukuthwala blootgestel word, kan dit boonop op geslagsdiskriminasie neerkom. Die argument vir ’n verbod op ukuthwala lyk dus na ’n eenvoudige een. In ’n land van uitsonderlike diversiteit en lank-gekoesterde tradisionele gebruike is dít egter nie altyd die geval nie. ’n Opweging van regte word vereis.

Ten einde ’n persoon se grondwetlike regte in te perk, moet daardie beperking aan sekere vereistes voldoen. Die Grondwet bied ’n duidelike riglyn in hierdie verband.118 Regte kan slegs kragtens ’n algemeen geldende regsvoorskrif beperk word in soverre die beperking regverdigbaar is in ’n oop en demokratiese samelewing wat op menswaardigheid, gelykheid en vryheid berus, met inagneming van alle tersaaklike faktore. Volgens artikel 36 van die Grondwet is die kernoorwegings in so ’n geval die aard van die reg, die belang van die doel van die beperking, die aard en omvang van die beperking, die verband tussen die beperking en die doel daarvan, en of daar ’n minder beperkende wyse is om die doel te bereik.119

Die reg op vryheid van godsdiens, oortuiging en mening120 en die reg op taal en kultuur121 mag beperk word in soverre dit inbreuk maak op iemand anders se grondwetlike regte op gelykheid,122 vryheid en sekerheid van die persoon,123 menswaardigheid124 en ’n kind se reg om nie mishandel, verwaarloos, misbruik of verneder te word nie.

Teen die agtergrond van ukuthwala sien ’n ontleding van die oorwegings wat artikel 36125 vereis om die regverdigbaarheid van die beperking van grondwetlike regte te bepaal, soos volg daar uit:

  • Die aard van die reg wat beperk word

    ’n Uitdruklike verbod op die praktyk van ukuthwala sou sowel die reg op vryheid van godsdiens, oortuiging en mening126 as die reg op taal en kultuur127 beperk. Tog sou dit nie ’n algehele beperking van hierdie regte uitmaak nie. Persone sal steeds oor ál hierdie regte beskik; hulle sal bloot nie meer ukuthwala mag beoefen nie. Hoewel die aard van bogenoemde regte is om te sorg dat gemeenskappe getrou bly aan hulleself in ’n land wat wêreldbekend is vir sy kulturele diversiteit, kan dít nie geskied deur ’n ander persoon van haar regte te ontneem nie.

  • Die belang van die doel van die beperking

    Die doel van die beperking sou wees om toe te sien dat ander se fundamentele regte gerespekteer en nie geskend word nie.

  • Die aard en omvang van die beperking

    Soos reeds hier bo genoem is, sou dit nie ’n algehele beperking van regte uitmaak nie. Persone word gewoon verbied om hierdie enkele praktyk te beoefen, maar kan hulle steeds ten volle op hierdie regte beroep as stawing vir gebruike wat nié onbestaanbaar met die ander regte in die Handves van Regte is nie.

  • Die verband tussen die beperking en die doel daarvan

    Die beperking en sy doel is ten nouste verbind. Die uitoefening van bogenoemde regte op hierdie spesifieke manier lei direk daartoe dat ’n ander persoon se regte geskend word. ’n Verbod op die handeling (ukuthwala) sal dus verhoed dat die ander persoon se regte geskend word.

  • Is daar ’n minder beperkende wyse om die doel te bereik?

    Op die oog af blyk dit dat die enigste manier om die skending van ander se regte deur ukuthwala te keer, is om die uitoefening van bostaande regte vir daardie doel te beperk. Die afskaffing van ukuthwala sou die beëindiging van die skending van ander se regte impliseer.

In Bhe v Magistrate, Khayelitsha128 het regter Langa die reg op gelykheid bestempel as een van die belangrikste regte in ’n oop en demokratiese staat, veral in die maatskaplike konteks van Suid-Afrika met sy geskiedenis van diskriminasie op grond van ras en geslag. In Christian Education of South Africa v Minister of Education129 het die Konstitusionele Hof weer bevestig dat spesifieke gemeenskapslede se reg met betrekking tot taal, kultuur of geloof nie gebruik mag word om die skending van ander regte in die Handves van Regte te regverdig nie. Dat sekere gemeenskappe hulle op sekere regte kan beroep, beteken nie dat hulle daardie regte mag gebruik om ander se regte te skend nie. Wanneer ’n persoon deel is van ’n gemeenskap wat ’n bepaalde gebruik/tradisie beoefen, gee dit steeds nie so ’n persoon ’n vrypas om deur die beoefening van sodanige gebruik/tradisie op iemand anders se regte inbreuk te maak nie.

In die lig van sterk kulturele oortuigings en die aard van die gewoontereg word die gevaar egter geloop dat ’n uitdruklike verbod op ukuthwala sogenaamde "paper law" (reg wat op die wetboeke staan maar nie nagevolg word nie) sal wees. Alhoewel ’n uitdruklike verbod moontlik ’n sterk boodskap sal uitstuur, behoort dit voldoende te wees om ukuthwala binne sekere grondwetlike riglyne toe te pas. Die meisie sal byvoorbeeld ten minste 18 jaar oud moet wees en moet instem tot die gebruik. Indien ukuthwala dan nie binne sekere riglyne toegepas word nie, moet strenger vervolging geskied, aangesien die reg reeds voorsiening maak vir misdade soos mensehandel, verkragting en aanranding. Alhoewel die bewusmaking van gemeenskappe rakende spesifieke riglyne rondom ukuthwala moontlik ’n uitdaging kan wees, behoort dit, in die lig van sowel die beste belange van die kind as die belangrikheid van die erkenning en behoud van gewoontereg in die Suid-Afrikaanse reg, ’n prioriteit gemaak te word.

 

8. Gevolgtrekking en aanbevelings

Weens swak aanmelding en ’n soms skynbaar onverskillige houding onder gemeenskappe is dit ingewikkeld om te bewys dat ukuthwala verwronge en irrelevant geword het vir alle individue en gemeenskappe. Daarom sal ’n algehele verbanning van die gebruik straks problematies en onwenslik wees. Tog is dit nie ’n algeheel verlore saak nie en word die volgende drie aanbevelings gedoen as ’n bydrae tot ’n meer haalbare oplossing.

Eerstens: ondanks verskeie wette, konvensies en protokolle wat ukuthwala in Suid-Afrika behoort te reguleer, word die gebruik steeds misbruik. Dít blyk ook die tendens te wees in byvoorbeeld Kirgisië, waar ’n soortgelyke gebruik voorkom en wette ook nie daarin slaag om dit te reguleer nie. Daarom het Suid-Afrika waarskynlik nie verdere wette nodig nie, maar eerder meer bekwame amptenare om die bestaande wette af te dwing. In hierdie opsig is die opleiding en bewusmaking van lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens ook belangrik. Die SALRC se Wetsontwerp op die Verbod op Gedwonge Huwelike en Kinderhuwelike is ’n lofwaardige poging. Op die keper beskou, is dit egter ’n samevatting van al die wetsvoorskrifte en konsepte wat reeds in ander bestaande wette vervat is. Die SALRC voer aan dat die wetsontwerp ’n duidelike boodskap oor Suid-Afrika se standpunt oor gedwonge en kinderhuwelike sal uitstuur. Om gemeenskappe van die nuwe wet in te lig sal egter uitgebreide bewusmakings- en opleidingsveldtogte in die verste, mees landelike uithoeke van ons uitgestrekte land verg – ’n duur oefening. In ’n land met diens- en hulpbronarm plattelandse gebiede kan ’n mens met sekerheid sê dat iemand sonder elektrisiteit en veilige drinkwater nie noodwendig veel ag sal slaan op nóg ’n nuwe wet nie. Afgesien van die filosofie van die reg, is dit immers ook ’n praktiese vakgebied wat vir die mens van werklike nut en waarde moet wees. Dit kan daarom raadsaam wees om die geld wat bestee sou word om ’n nuwe wet uit te vaardig, eerder te gebruik om wetstoepassers met voldoende menslike en finansiële hulpbronne toe te rus om gemeenskappe oor gedwonge en kinderhuwelike op te voed en teen blatante menseregteskendings op te tree.

Tweedens is armoede en ouers se desperate behoefte aan lobolo om oorlewing een van die hoofredes vir die misbruik van ukuthwala.130 Hoewel moontlik ’n baie somber beskouing van die saak, sal die algehele uitwissing van die gebruik daarom so lank duur soos die uitwissing van armoede. Die polisie is waarskynlik ook nie ver van die waarheid as hulle sê dat die diepgewortelde aard van die gebruik in die gemeenskap hulle in baie gevalle magteloos laat nie.131 Die opvoedingspeil moet verhoog word en werksessies en deur bewusmakingsveldtogte moet mense landwyd oor die nadelige gevolge van hierdie en ander misbruikte gebruike ingelig word. Boonop moet slagoffers van ukuthwala gerehabiliteer word. Dit is ’n lang proses wat baie geduld, moeite en deursettingsvermoë sal verg.

’n Derde aanbeveling is in wese ’n oproep om takt en begrip. Met rassespanning en klasverskille wat die Suid-Afrikaanse samelewing aanhou teister, kan geen poging om die misbruik van ukuthwala hok te slaan ’n veroordelende kleur teenoor enige kultuur hê nie. Hier moet daar versigtig omgegaan word om die fyn lyn te respekteer tussen foutvind met ’n kultuur en sy mense enersyds en die verwerping van ’n enkele kulturele gebruik wat dalk nie in die hedendaagse samelewing tuishoort nie andersyds. Selfs gewoontereg moet uiteindelik ontwikkel om by die samelewing aan te pas. In hierdie verband moet ’n beter begrip van die misbruikte vorm van ukuthwala (dus ontvoering) en die impak daarvan op die welstand van die gemeenskap en die menseregte van vroue gekweek word. Gemeenskapsdeelname om die gesprek oor die skadelike gevolge van die misbruikte vorm van ukuthwala aan die gang te sit, is van deurslaggewende belang. Tradisionele leiers, ander leiers en beleidvormers in gemeenskappe moet betrek word om die sterker afdwinging van bestaande wetgewing teen oortreders aan gemeenskapslede te verduidelik en in die regte konteks te plaas.

’n Gesloer met die hantering van hierdie en ander tradisionele gebruike wat in die misbruik van mense en die onverbloemde skending van menseregte ontaard het, staan in kontras met ’n hele aantal internasionale konvensies en protokolle wat Suid-Afrika vrywillig bekragtig het. Dít op sigself behoort genoeg oorreding te wees vir drukgroepe en owerhede om die misbruik van die ukuthwala-gebruik hok te slaan.

 

Bibliografie

Cronjé, H.S., J.B.F. Cilliers en M.S. Pretorius. 2011. Clinical obstetrics, a South African perspective. 3de uitgawe. Pretoria: Van Schaik Uitgewers.

Kheswa, J.G. en V.N. Hoho. 2014. “Ukuthwala”: The sexual-cultural practice with negative effects on the personality of adolescent females in Africa. Mediterranean Journal of Social Sciences, 5(20):2808–13.

Kleinbach, R., M. Ablezova en M. Aitieva. 2005. Kidnapping for marriage: Ala Kachuu in a Kyrgyz village. http://www.academia.edu/1862356/Kidnapping_for_Marriage_ala_kachuu_in_a_Kyrgyz_Village (2 September 2016 geraadpleeg).

Kleinbach, R., M. Ablezova en M. Aitieva. 2006. Reconciled to violence: State failure to stop domestic abuse and abduction of women in Kyrgyzstan. Human Rights Watch, 18(9D):1–146.

Koyana, D.S. en J.C. Bekker. 2007. The indomitable ukuthwala custom. De Jure, 1:139–44.

Kruger, T.F. en M.H. Botha. 2011. Clinical gynaecology. 4de uitgawe. Claremont: Juta.

Mabasa, D. 2015. Ukuthwala: Is it all culturally relative? http://www.derebus.org.za/ukuthwala-culturally-relative (2 September 2016 geraadpleeg).

Magubane, T. 2016. Women mum on “ukuthwala” abuse. https://www.pressreader.com/south-africa/pretoria-news/20160129/281535110014281 (15 Maart 2018 geraadpleeg).

Maluleke, J. 2009. Ukuthwala (Let’s Protect our Children). http://www.justice.gov.za/docs/articles/2009_ukuthwala-kidnapping-girls.html (6 November 2015 geraadpleeg).

Mwambene, L. en H. Kruuse. 2017. The thin edge of the wedge: ukuthwala, alienation and consent. South African Journal on Human Rights, 33:25–45.

Mwambene, L. en J. Sloth-Nielsen. 2011. Benign accommodation? Ukuthwala, “forced marriage” and the South African Children’s Act. African Human Rights Law Journal, 11:1–22.

Nhlapo, Z. 2017. Ukuthwala: This is why girls are so vulnerable during the festive season. Child brides are still a shocking reality in South Africa. http://www.huffingtonpost.co.za/2017/12/04/ukuthwala-forced-marriage-girls-are-so-vulnerable-during-the-festive-season_a_23295925 (13 Maart 2018 geraadpleeg).

Otto, J. 2014. Man jailed for marrying, raping girl, 14. https://www.iol.co.za/news/man-jailed-for-marrying-raping-girl-14-1646973 (2 Julie 2018 geraadpleeg).

Prinsloo, J. en M. Ovens. 2015. Ukuthwala as an aberrant traditional practice: The State versus Nvumeleni Jezile 2014 WCD. Acta Criminologica: Southern Journal of Criminology, Spesiale uitgawe 4:169–81.

Raborife, M. 2017. 3 in court for abducting 15-year-old and forcing her into marriage. https://www.news24.com/SouthAfrica/News/3-in-court-for-abducting-15-year-old-and-forcing-her-into-marriage-20170109 (13 Maart 2018 geraadpleeg).

Rautenbach, C. en J.C. Bekker. 2014. Introduction to legal pluralism in South Africa. 4de uitgawe. Durban: LexisNexis.

SALRC (Suid-Afrikaanse Kommissie vir Regshervorming). 2015. Revised Discussion Paper on the Practice of Ukuthwala. Hersiene gespreksdokument 138. Oktober. Pretoria: SALRC.

Sanchez, D. 2015. Child brides and African economies: How the traditional practice is growing. https://afkinsider.com/107697/child-brides-and-african-economies-how-the-traditional-practice-is-growing (13 Maart 2018 geraadpleeg).

Sinclair, S.J.D. 1996. The law of marriage. Volume 1. Claremont: Juta.

The global partnership to end child marriage. 2015. Girls not brides. https://www.girlsnotbrides.org/wp-content/uploads/2015/02/Child-marriage-in-Africa-A-brief-by-Girls-Not-Brides.pdf (13 Maart 2018 geraadpleeg).

Thornberry, E. 2013a. “Ukuthwala”: Even living custom must be developed to comply with Constitution. http://www.customcontested.co.za/ukuthwala-even-living-custom-must-be-developed-to-comply-with-constitution (7 November 2015 geraadpleeg).

—. 2013b. Validity of “ukuthwala” depends on definition of custom. http://www.custom contested.co.za/ukuthwala (6 November 2015 geraadpleeg).

—. 2013c. Custom or crime, a thin line. http://www.cls.uct.ac.za/print/news/?id=9634&t=mp (6 November 2015 geraadpleeg).

—. 2013d. Customary status of ukuthwala debated since 19th century. http://www.customcontested.co.za/customary-status-of-ukuthwala-debated-since-19th-century (2 November 2015 geraadpleeg).

Van der Watt, M. 2014. Exposing the modern day practice of ukuthwala. http://gatewaynews.co.za/exposing-the-modern-day-practice-of-ukuthwala (2 September 2016 geraadpleeg).

 

Eindnotas

1 Ook bekend as shobedisa in Sotho; ukweba umakoti in Ndebele; tjhabisa in Pedi; tlhakisa of tlhaka in Tsonga/Shangaan; taha of tahisa in Venda. SALRC (2015:vii–viii).

2 Rautenbach en Bekker (2014:165–6).

3 Grondwet, 1996, hfst. 2.

4 Van der Watt (2014).

5 Grondwet, 1996 art. 9.

6 Art. 12.

7 Art. 10.

8 Art. 28.

9 Art. 15.

10 Art. 30.

11 1995 3 SA 391 (KH) par. 262.

12 Sien ook Mabasa (2015) waar dieselfde aanhaling gebruik word om soortgelyke vrae te stel rakende die toleransie van patriargie en skadelike kulturele praktyke in die konteks van ukuthwala.

13 Tog is daar ook bewyse dat dit onder sowel die Sothosprekende gemeenskappe as die Venda- en Tsongabevolking bestaan (SALRC (2015:4).

14 Rautenbach en Bekker (2014:165–6).

15 Eie beklemtoning (SALRC 2015:9).

16 Maluleke (2009); Mwambene en Sloth-Nielsen (2011:6–7).

17 Mabasa (2015); Jezile v S 2016 2 SA 62 (WCC) parr. 72–4.

18 SALRC (2015:15).

19 Mabasa (2015); Jezile v S parr. 39, 72–4.

20 Die minimum ouderdom vir ’n geldige huwelik ingevolge die gemenereg is 14 jaar vir seuns en 12 jaar vir dogters (sien Sinclair 1996:366). Die ouderdom waarop ’n meisie begin menstrueer en gevolglik kan swanger raak en kinders baar, is tussen 10 en 16 jaar (sien Kruger en Botha 2011:11).

21 Mabasa (2015); Jezile v S parr. 72–4.

22 Ibid.

23 Rautenbach en Bekker (2014:166).

24 Eiendom in kontant of ’n ander vorm wat ’n voornemende bruidegom of familiehoof onderneem om aan die hoof van ’n voornemende bruid se familie te betaal in ruil vir ’n gewoonteregtelike huwelik. Ook bekend as ilobolo, bogadi, bohali, xurna, lumalo, thaka, ikhazi, magadi en emabheka (SALRC 2015:viii). Sien ook die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike 120 van 1998 art. 1.

25 Jezile v S 41, 73; SALRC (2015:7).

26 Koyana en Bekker (2007:139).

27 Ibid.

28 Koyana en Bekker (2007:140).

29 Sien Thornberry (2013d).

30 Ibid.

31 Ibid.

32 Soos aangehaal uit Thornberry (2013d).

33 Sien ook Thornberry (2013d).

34 SALRC (2015:5). Sien ook Thornberry (2013d).

35 Rautenbach en Bekker (2014:166).

36 Maluleke (2009).

37 Sien Otto (2014).

38 Jezile v S.

39 Thornberry 2013a; Thornberry 2013c.

40 Ibid. Sien ook Raborife (2017) wat berig oor ’n 15-jarige wat deur middel van ukuthwala gedwing is om met ’n 26-jarige man in die huwelik te tree.

41 Jezile v S parr. 27, 31, 56.

42 Van der Watt (2014) en die bewysplase wat daarin aangehaal word.

43 Bhe v Magistrate, Khayelitsha 2005 1 SA 580 (KH) parr. 49, 78.

44 SALRC (2015:20).

45 SALRC (2015:21).

46 SALRC (2015:11).

47 SALRC (2015:57–60).

48 Grondwet,1996 art. 211(3).

49 Art. 28(3).

50 Art. 28(1)(d).

51 Art. 28(2).

52 Art. 39(1)(a).

53 Art. 39(1)(b).

54 Art. 39(1)(c).

55 Art. 39(2).

56 Artt. 30, 31.

57 Art. 39(3).

58 Kinderwet 38 van 2005 art. 12(1).

59 Art. 284(2).

60 Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede) 32 van 2007 art. 3.

61 Art. 56(1).

62 Jezile v S parr. 39, 72–4.

63 Maluleke (2009).

64 SALRC (2015:13).

65 Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike120 van 1998 art. 3(1)(a), (b), (c).

66 Wet op Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie 4 van 2000 art. 8(a) en (b).

67 Mwambene en Kruuse (2017:43).

68 Art. 16(1), (2), (3).

69 Oftewel UN Convention on the Elimination of All Form of Unfair Discrimination against Women.

70 Art. 25.

71 Art. 16(1).

72 Oftewel Protocol to the African Charter on Human and People’s Rights on the Rights of Women in Africa.

73 Art. 2(1)(b).

74 Art. 3.

75 Art. 5.

76 Art. 6.

77 Art. 6(a).

78 Art. 6(b).

79 Art. 24(3).

80 Prinsloo en Ovens (2015:170) en die bewysplase wat daarin aangehaal word.

81 Cronjé, Cilliers en Pretorius (2011:710).

82 Oftewel African Charter on the Rights and Welfare of the Child.

83 Art. 21(2).

84 Oftewel Addis Ababa Declaration on Ending Child Marriage in Africa.

85 Kheswa en Hoho (2014:2808).

86 Wat sal blyk uit die bespreking in par. 6.2 hier onder. Sien ook Jezile v S parr. 43, 76 waar verduidelik word dat die verwronge weergawe van ukuthwala baie maal met die meisie se ouers se toestemming geskied. Die betaling wat verkry word uit die ontvoering van hul dogter is ongelukkig ʼn “aantreklike” opsie vir ʼn familie wat deur armoede geteister word.

87 Kheswa en Hoho (2014:2808–9).

88 Sanchez (2015).

89 The global partnership to end child marriage (2015).

90 Ibid.

91 Ibid.

92 Sanchez (2015).

93 SALRC (2015:14).

94 Kleinbach, Ablezova en Aitieva (2005).

95 Ibid.

96 Ibid.

97 Ibid.

98 Kleinbach, Ablezova en Aitieva (2006:2).

99 Ibid.

100 Thornberry (2013a); Thornberry (2013c).

101 Jezile v S.

102 Sien bv. Mwambene en Kruuse (2017:31–2, 35–6).

103 Mwambene en Kruuse (2017:30).

104 Mwambene en Kruuse (2017:42).

105 SALRC (2015:9).

106 SALRC (2015:15).

107 Ibid.

108 Ibid.

109 Prinsloo en Ovens (2015:170) en die bewysplase wat daarin aangehaal word.

110 Ibid.

111 Nhlapo (2017).

112 SALRC (2015:16).

113 Ibid.

114 Ibid.

115 SALRC (2015:2).

116 Magubane (2016).

117 Thornberry (2013b).

118 Grondwet, 1996 art. 36.

119 Art. 36.

120 Art. 15.

121 Art. 30.

122 Art. 9.

123 Art. 12.

124 Art. 10.

125 Art. 36.

126 Art. 15.

127 Art. 30.

128 2005 1 SA 580 (KH) parr. 45, 71.

129 2000 4 SA 757 (KH) par. 26.

130 SALRC (2015:16).

131 SALRC (2015:2).

 

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post <i>Ukuthwala</i> – gebruik of misbruik? appeared first on LitNet.

Ukuthwala – custom or abuse?

$
0
0

Abstract

The African custom of ukuthwala began as a romantic, old-world tradition. A young woman was “stolen” or abducted by a man and his friends to initiate the marriage process and lobolo negotiations with the woman’s family. Strict rules and requirements applied. Yet judging by recent case law and media reports, this once charming custom has developed a shady side, often being abused under the pretext of culture and tradition. Teenage girls are being kidnapped, violated and forced into marriage with much older men under the guise of ukuthwala.

Glancing at the existing framework of laws and protocols by which South Africa abides, one might think that the argument in favour of introducing a prohibition on ukuthwala is simple and straightforward. After all, section 28 of our Bill of Rights stipulates that every child has the right to be protected against maltreatment, neglect, abuse or degradation, and that a child’s best interests are of paramount importance in every matter concerning the child. In addition, section 30 provides that while everyone has the right to participate in their preferred culture, the exercise of those rights may not occur in a manner inconsistent with any provision of the Bill of Rights. Section 12 of the Children’s Act 38 of 2005 affords every child the right not to be subjected to social, cultural or religious practices that are detrimental to their well-being, irrespective of any consent given by the child or by the person having control over the child. Moreover, the provisions of the Criminal Law (Sexual Offences and Related Matters) Amendment Act 32 of 2007, the Recognition of Customary Marriages Act 120 of 1998 and the Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act 4 of 2000 all seem to point to the unlawfulness and inappropriateness of what ukuthwala has become. These domestic laws are underpinned by the contents of the Universal Declaration of Human Rights, the United Nations Convention on the Elimination of All Forms of Discrimination Against Women (CEDAW), the Protocol to the African Charter on Human and Peoples’ Rights, the United Nations Convention on the Rights of the Child, the African Charter on the Rights and Welfare of the Child (ACRWC) and the Addis Ababa Declaration on Ending Child Marriage in Africa. All signed and ratified by South Africa, these agreements create a framework with which ukuthwala in its modern-day form appears to be incompatible.

However, in a country of exceptional diversity and long-cherished customs, introducing a prohibition on a cultural tradition is no straightforward exercise. In the modern age of human rights, ukuthwala confronts us with a contentious paradox, pitting the universal individual rights entrenched in the Bill of Rights against treasured traditional customs. The only sensible way forward is to weigh up the respective parties’ rights. Therefore this article contributes to the discourse on a potential prohibition on ukuthwala by considering the constitutional rights to equality, personal freedom and security, human dignity, a child’s right not to be maltreated, neglected, abused or degraded, as well as the imperative to use the child’s best interests as the deciding factor in all matters concerning the child, against the right to freedom of religion, belief and opinion as well as the right to language and culture. In terms of section 36 of the Constitution the key considerations in determining whether a person’s constitutional rights may be limited are (i) the nature of the right, (ii) the importance of the purpose of the limitation, (iii) the nature and extent of the limitation, (iv) the relationship between the limitation and its purpose, and (v) whether there are less restrictive means to achieve the purpose. An analysis of these considerations against the backdrop of ukuthwala yields the following: (i) Expressly prohibiting ukuthwala would limit the right to freedom of religion, belief and opinion as well as the right to language and culture. (ii) The purpose of the limitation would be significant, namely to ensure that others’ fundamental rights (the right to equality, freedom and security of the person, human dignity, a child’s right not to be maltreated, neglected, abused or degraded, as well as the paramount significance of the child’s best interests in all matters concerning the child) are respected and not violated. (iii) Yet the limitation would not be absolute. Persons would still have all these rights and may rely on them to continue with customs that are consistent with the other freedoms in the Bill of Rights. They would simply no longer be permitted to observe the custom of ukuthwala. (iv) The limitation and its purpose are closely linked. While the rights to freedom of religion, belief and opinion and to language and culture are intended to ensure that communities remain true to their roots in a country renowned for its cultural diversity, this cannot be permitted at the expense of another person’s fundamental rights. Limiting these rights to the extent described above would therefore prevent others’ rights from being violated. (v) On the face of it, the only way to prevent others’ rights from being violated through ukuthwala appears to be the limitation of the rights cited above, for that particular purpose.

These findings are not inconsistent with case law. On a number of occasions the Constitutional Court has established that communities’ rights in relation to language, culture or religion cannot serve as a justification for the violation of other freedoms in the Bill of Rights (see Bhe v Magistrate, Khayelitsha 2005 1 SA 580 (CC), and Christian Education of South Africa v Minister of Education 2000 4 SA 757 (CC)). Membership of a community who adheres to a particular custom does not afford members a free pass to infringe on others’ rights in observing such custom.

The article concludes with a few recommendations. Firstly, despite having a range of laws, conventions and protocols that are supposed to regulate ukuthwala in South Africa, abuse of the custom continues. Therefore, the country does not necessarily need more laws, but rather more competent enforcement of existing ones. Although the South African Law Reform Commission’s Prohibition of Forced and Child Marriages Bill is a commendable effort, it ultimately represents no more than a compilation of prescripts and concepts already contained in other, existing laws. Informing communities of such a new law would require extensive awareness and training campaigns into the most far-flung, rural corners of our vast country – a costly exercise. Instead, it might be sensible rather to invest the funds earmarked for promulgating a new law in equipping law enforcers with sufficient human and financial resources to educate communities about forced and child marriages, and to act against flagrant human rights violations. Secondly, underlying the misuse of ukuthwala is abject poverty and parents’ desperate need for lobolo to survive. Although possibly a very sombre view of the matter, the custom is therefore set to continue as long as poverty continues. Combined with the deep-rooted nature of the tradition in many communities, this renders the police powerless in many instances. Addressing this state of affairs will require a painstaking process of raising education and awareness levels, enabling sustainable livelihoods and rehabilitating the victims of ukuthwalaThe third recommendation is essentially an appeal for sensitivity and understanding. With South African society plagued by ongoing racial tension and social disparities, no attempt to combat the misuse of ukuthwala should take the form of a denouncement or condemnation of any culture. It will be essential to tread the fine line between finding fault with an entire culture and its people, and rejecting a single custom that may no longer have a place in modern society. Community engagement will be vital to initiate the discourse on the harmful effect of the misused form of ukuthwala. Traditional leaders, local leaders and community policymakers will have to play their part in explaining to communities why existing laws will be more stringently enforced against those hiding behind tradition to commit an offence.

Whether South African lawmakers opt for an explicit prohibition on ukuthwala or the laying down and strict enforcement of constitutional guidelines to which ukuthwala needs to adhere, this traditional custom – along with others that have turned into a pretext for maltreating people and violating human rights – requires urgent attention. Besides being incongruous with domestic law, the custom in its modern-day form is inconsistent with a range of international conventions and protocols that South Africa has voluntarily ratified. This in itself should be enough to spur lobbyists and authorities on to action.

Keywords: Africa; cover-up for abuse; custom; customary law; human rights; ukuthwala

Lees die volledige artikel in Afrikaans: Ukuthwala – gebruik of misbruik?

The post <i>Ukuthwala</i> – custom or abuse? appeared first on LitNet.

LitNet: Jou talle tale

Ystervuis uit die see deur Arnè Söderland en Douw Steyn: ’n resensie

$
0
0

Titel: Ystervuis uit die see: Uiters geheime seewaartse Recce-operasies (1978–1988)
Arnè Söderland en Douw Steyn
Uitgewer: Jonathan Ball
ISBN: 9781868427796

Baie boeke is al geskryf oor die Suid-Afrikaanse magte in die Grensoorlog, maar weinig is bekend oor die rol van ons seemagte. In hierdie boek word verslag gedoen van 50 uiters geheime see-operasies deur 4 Recce, ander Spesmagte-eenhede en die SA Vloot. Die skrywers was self betrokke en het ook toegang gekry tot dokumente wat sedertdien gedeklassifiseer is. Die boek, wat oorspronklik in Engels geskryf is (met die titel Iron fist from the sea, 2014), is nou in Afrikaans verkrygbaar.

In Ystervuis word in groot besonderhede geboekstaaf hoe die seemagte en die 4 Recce-eenheid – wat van meet af op die been gebring is – die revolusionêre magte in alle opsigte ore aangesit het. Hiervoor is die verskeie aanvalsvaartuie en die drie Daphne-duikbote aangewend. Hulle is later met kajakke, Zodiacs (rubberbote) en Barracudas (vasteromptuie) toegerus.

Die boek beskryf ook hoe die maritieme doktrine uitgebrei is. Dit het die ontwikkeling van ’n reeks swem-, verkennings- en bootkursusse ingesluit, tesame met die ontwerp van spesialis platforms vir amfibiese aanvalle.

Die Recce-magte was klein – om en by 45 soldate – en het wit en swart ingesluit. Hulle was die room van die Republikeinse magte. Later is goedgesinde rebelle betrek en in die geheim na behoefte opgelei. Sommige soldate was nog bloedjonk, en almal het hulle met onderskeiding gehandhaaf en baie medaljes is vir dapperheid en leierskap toegeken.

Die Daphne’s is tot die maksimum getoets en het die vyand heeltemal onkant gevang omdat hulle getwyfel het oor die duikbote se reikafstand – van Angola tot Mosambiek en Tanzanië – en oor hul vermoë om verskuiwende sandbanke in riviermondings te navigeer. Die vyand het ook nie die vereiste sonarvermoë en gesofistikeerde radar en personeel gehad om dit effektief te gebruik nie en was oor die algemeen swak opgelei.

Die doel was altyd sabotasie en ontwrigting van vyandelike operasies en daar is nooit van swaar aanvalswapens gebruik gemaak nie, hoewel ANC-kantore in Mosambiek opgeblaas en militêre skepe – ook van Rusland – met plofstof opgeblaas is. Die agterste kanon is van die aanvalsvaartuie verwyder om meer verblyfplek vir operasionele personeel te maak.

Burgerlikes is nooit geteiken nie en operasies het met groot omsigtigheid geskied om Suid-Afrikaanse ongevalle tot die minimum te beperk. Natuurlik het operasies soms skeefgeloop, soos toe twee soldate gesneuwel het en kapt Wynand du Toit gevange geneem en voor die wêreldmedia geparadeer is.

Steyn en Söderlund se chronologiese ontledings van die operasies getuig van hul vaardighede. Die uitdagende Operasie Kerslig (1981) (met een ongeval en ’n paar beserings) op ’n olieraffinadery in Luanda is maar een van die talle ondernemings wat in besonderhede beskryf word en die hare op jou arms laat rys.

Daar word spanningsvol beskryf hoe in een van die operasies ’n aanvalsvaartuig in dolle vaart in ’n vlak gety (twee meter) met sy operateurs ontsnap om die opkomende son te ontduik.

Die leser word deurgaans beïndruk deur die Suid-Afrikaanse beplanning. Daar is altyd voorsiening gemaak vir ’n aanvals- en ontsnaproete. Operasies het in die strengste moontlike geheimhouding geskied en het onder die beskerming van die nag geskied. Selfs die baasspioen Dieter Gerhard het geen lekkasies ontvang nie.

Aanvalsvaartuie is dikwels as visserskuite gekamoefleer deur hul nagnavigasieligte te wysig. Die SAS Tafelberg, SAS Pres Steyn, SAS Protea en die SA Lugmag is ook by geleentheid ingespan.

Daar is deurgaans slegs van Suid-Afrikaanse deskundigheid gebruik gemaak.

Die boek is met talle foto's, sketse en kaarte geïllustreer. Die skryfstyl is militêr en die inligting is afkomstig uit militêre dagboeke. Redes word vir al die operasies verskaf, tot die politiese oorwegings wat vir optredes gegeld het. Volledige beskrywings word verstrek van hoe brûe, opslagplekke en toevoerlyne gesaboteer en vernietig is.

Die boek sal ook van onthullende waarde wees vir mense wat voor 1990 in die SA Vloot gedien het. Die oorspronklike Engelse publikasie is met meer geheime inligting bygewerk. Dis ook ’n moet vir enigeen met ’n belangstelling in die uitmuntende Spesmagte. Dit neem jou na die hart van die aksie, adrenalien en vrees van seewaartse operasies. (Die Engelse weergawe sal ook van waarde wees vir militêre akademies wêreldwyd.)

Die boek en sy indeks beslaan 488 bladsye. Skoutadmiraal Söderland het 40 jaar in die SA Vloot gedien en luitenant-kolonel Steyn was 19 jaar lank ’n Spesmag-operateur. Een van die kenmerke van die boek is dat die skrywers op primêre navorsing steun en ’n gebalanseerde en akkurate weergawe van die 14 Recce-eenheid bied. Onderhoude is ook met verskeie recce’s gevoer.

The post <i>Ystervuis uit die see</i> deur Arnè Söderland en Douw Steyn: ’n resensie appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Toetssaak oor moedertaalonderrig binnekort in die Konstitusionele Hof aangehoor

$
0
0

Die verengelsing van universiteite het ’n bedreiging vir onderrig op tersiêre vlak van toekomstige studente en onderwysers sowel as die kultuurbelange van alle taalgemeenskappe in Suid-Afrika geword. Dit is daarom ook ’n ernstige bedreiging vir die langtermyn-ontwikkeling van Suid-Afrika, wat onder die nuwe ekonomiese wêreldbestel in die Vierde Nywerheidsrevolusie byna uitsluitlik op die gehalte van samelewings en die vaardighede van hulle mense gebaseer sal wees.

So verklaar Philip Spies, voorsitter van die Loodskomitee van Gelyke Kanse, wat saam met Stellenbosse studente die belangrike hofsaak oor moedertaalonderrig aanvoer wat binnekort deur die Konstitusionele Hof aangehoor word.

Hy het op navraag daarop gewys dat dit ’n deurslaggewende regsgeding oor moedertaalonderrig in Suid-Afrika gaan wees, in die besonder rakende die inheemse tale, waarvan Afrikaans tans die verste op tersiêre vlak ontwikkel het. Veral Afrikaans is in die laaste loopgraaf onder die huidige bedeling, aangesien een universiteit na die ander verengels.

Die appèlsaak gaan allereers oor die Universiteit Stellenbosch se taalbeleid, maar dit is ook ’n saak wat veel wyer implikasies vir Suid-Afrika se onderwysstelsel en die ontwikkeling van sy samelewing inhou. Onderrig in inheemse tale is oor die afgelope twee dekades indringend bespreek deur veral swart intellektuele, wat ontnugter is oor talle Afrika-regerings se verheffing van ’n koloniale taal as dominante taal, tot nadeel van die inheemse tale, waardeur die meeste mense benadeel word. Bruin Afrikaanssprekendes het byvoorbeeld sowel die laagste deelnamekoers as die laagste deurvloeikoers op universiteitsvlak van alle gemeenskappe in Suid-Afrika, en die agteruitgang duur voort.

In die dekolonisasiedebat het sommige in hierdie verband al verwys na Afrikaans as die suksesvolste dekoloniseringsinisiatief op die vasteland. Moedertaalonderrig word as een van die vernaamste ontwikkelingsinstrumente vir enige gemeenskap beskou, soos die geval inderdaad met Afrikaans as ’n gevorderde moderne taal is en was.

Die hofsaak het nou ook in Suid-Afrika ’n nuwe dimensie verkry, omdat die beoogde nuwe taalbeleid van die Departement van Hoër Onderwys die belang van die inheemse tale sterk beklemtoon. Prominente status word daarin aan die Afrika-tale verleen, hul aanwending en ontwikkeling moet daadwerklik gesteun word (ook finansieel), en die behoud van alle akademiese tale, Afrikaans inkluis, moet verseker word. Klaarblyklik verg moedertaalonderrig onder meer leerkragte wat die woordeskat van sulke tale by tersiêre instellings kan bemeester – op die enigste vasteland waar skoolkinders onderrig in hul eie taal nie as ’n gegewe kan beskou nie. Dit is ’n vername oorsaak van Suid-Afrika se disfunksionele skoolstelsel, aangesien leerlinge van veral swart skole net tot graad 4 moedertaalonderrig ontvang, waarna hulle na Engels moet oorslaan. Gesaghebbende navorsing toon dat sulke leerlinge in matriek ’n agterstand van tot vyf jaar agter hul moedertaaleweknieë het.

Omdat grondwetlike regte op die spel is, was dit uit die staanspoor duidelik dat Gelyke Kanse se hofaansoek (ondersteun deur ’n groep studente en die president van die US-Konvokasie) wat die tersydestelling van die US se 2016-taalbeleid ten doel het, finaal deur die Konstitusionele Hof bereg sou moes word. Die feit dat dié Hof die saak aanhoor, beteken dat die lang pad deur die Hoogste Hof van Appèl na die Konstitusionele Hof nou aansienlik verkort is, en daarmee ook verminderde kostes meebring.

Gelyke Kanse is dankbaar vir die finansiële steun wat sover van verskeie organisasies en persone vir die hofkoste in die Konstitusionele Hof ontvang is, maar doen steeds ’n dringende beroep op alle goedgesindes om verdere bydraes, hoe klein of groot ook al, wat sal help om die laaste hekkie oor te steek.

Klik hier vir die versoekskrif met volle besonderhede.

The post Persvrystelling: Toetssaak oor moedertaalonderrig binnekort in die Konstitusionele Hof aangehoor appeared first on LitNet.

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Wat het geword van Dinsdag? deur Tinus Horn

$
0
0

LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke, uitgegee deur uitgewers wat LitNet ondersteun. Dié lusmakers verskyn op LitNet as eerste slukkies.


Tinus Horn

Tinus Horn raai hy het sy geesdrif vir stories by sy ma geërf en dit is die fokus van al sy skeppende werk, of hy nou skryf of skilder of kort animasieflieks maak. Hy was onder meer rugbyskrywer vir The Star, sportredakteur van Vrye Weekblad, en ’n ekstra in ’n fliek wat niemand gesien het nie. Wat het geword van Dinsdag? is sy vierde roman. Hy woon in Hermanus.


Opsomming

Wat het geword van Dinsdag?
Tinus Horn

Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798178037

Joe arriveer kort voor die draaipunt van die millennium in New York. Tot sy verbasing wag Nina hom by die backpackers in. Nina, wat nooit eintlik Joe se iets was nie. Nie rêrig nie. Hy ontmoet ook vir Michael, ’n verloopte Suid‐Afrikaanse Jood met absurde drome vir homself en sy lendelam fiets. O, en dan is daar Elrike, wat Joe se gedagtes lees nog voordat hy hulle kan bedink.

Dié drietal word die spil waarom alles draai in Wat het geword van Dinsdag?. Dis ’n roman wat verdigsel en waarheid vervleg, nes die kunswerke van twyfelagtige waarde wat Joe produseer. Enersyds is die roman ’n terugblik op drie onstuimige dekades in Johannesburg, en andersyds ’n verhaal van een man se leuens wat hom inhaal – oor sy kleintyd, oor drome van roem wat hy skaars kan onthou, maar bowenal oor Nina.

’n Fyn afgeronde, skerpsinnige roman oor selfontdekking, heimwee en verlies.


Uittreksel

Die radio in die taxi is oud en krapperig. Dit klink asof die omroeper oor sy woorde struikel, en dis seker gepas in ’n stad vol Argentyne en Hongare en Slowake en Swede en Belarusse

wat sukkel om mekaar se kodewoorde wat vir Engels moet instaan te ontsyfer.

Nou sanik Mick Jagger al stotterend oor voldoening wat hom nie beskore is nie, en hy klink wraggies verbaas.

Die verkeer vloei. By ’n stopteken kruis ’n man met ’n seuntjie en ’n hond. Die kind lag en die man lag, en ek wonder of ’n mens op jou eerste dag in New York mag huis toe verlang, en ek wonder oor die woord “huis”, en ek besluit dis ’n woord wat ’n mens – wat ek – nie ydellik durf gebruik nie.

 

Ek loop by die youth hostel se trap op en ’n ou wat ’n fiets dra, skuur haastig by my verby. Ek wil net gou my rugsak in ’n locker neerplof en die strate invaar, maar ek kom nie verder as die oop  deur van die kamer wat ek met vyf ander gaan deel nie.

Genugtig – Nina. Sy sit op die punt van die bed naaste aan my. Sy’s die enigste een daar.

“Surprise!”

Hel, ja. “Skok” sou ’n beter woord wees. Sjoe. Hoeveel jaar nou? Tien? Elf?

Sy het gebel toe sy by ’n gemeenskaplike vriend hoor ek is op pad New York toe en gesê sy’s die week voor my aankoms toevallig by ’n toneelfees in – waar nou weer? Atlanta, dink ek – en sy gaan my dalk sien, soos wat mense maar sê. Ek het opgewonde probeer klink maar dadelik daarvan vergeet, net soos ek soms amper van Nina vergeet.

Ons het deur die jare kontak behou, ’n foonoproep op verjaarsdae en so, en sou mekaar hoeveel keer dalk sien. Ons het nooit verby dalk gevorder nie.

Sy staan op, vou haar arms oop sodat ek kan instap en trek my teen haar vas. Dis lekker. Natuurlik is dit lekker. Ek is van voor af verbaas oor hoe klein sy eintlik is. Wanneer mens in daardie bos hare van haar vaskyk, kan mens jou maklik verbeel daar is meer van haar.

“Kom,” sê ek in die bos hare in. “Kom ons move.”

“Ag nee, shame, jy lyk gedaan. Hoeveel ure? Agtien. En jet lag. Kom slaap eers ’n bietjie, toe. Kom. Kom lê agter my rug en hou my vas. Ons is mos nagdiertjies, ons.”

Sy laat los, stap weg, trek die blindings toe en glip onder die deken in, amper alles in een beweging.

“Ek wou ’n danser word,” het Nina lank gelede vir my gesê.

“Maar jy is dan een,” het ek geantwoord. En sy is. Of sy nou dans of nie.

“Kom, babes. Wakey. Die nag is op ons.” Babes.

Dis ’n paar sekondes voor ek onthou waar ek is, en hoekom Nina op my bed sit. Sy hou ’n beker na my toe uit. Koffie.

Die nag is voorwaar op ons, sien ek deur die skrefies van die half oopgetrekte blindings voor die vensters. Nou moet ons wragtig move. Of . . . wag, ek moet eers gaan stort. Want hier sit Nina.

’n Halfuur later stap ons af – of is dit op? – in Broadway. Ek is amper verbaas dat dit net ’n straat is. Wat ek verwag het, weet ek nie. Nina haak haar pinkie by myne in en ons lag, nie vir iets nie, sommer net.

Ek loop stadiger en gaan staan, en nou lag sy vir my. “Jy’s soos ’n plaasjapie in ’n comic. Het jy nog nooit liggies gesien nie?”

“Fok die liggies.” Hillbrow het eens op ’n tyd so gelyk, net op kleiner skaal. Op sestien was ek daaraan verslaaf, aan die liggies en die lewe, en veral aan die feit dat mens sommer kon sien: hier pleeg mense op groot skaal sonde.

Liggies verveel my deesdae. Oor sonde moet ek nog besluit.

“Jy lees my verkeerd,” sê ek en beduie na die kostrokkies.

“Ag nee, komaan – hotdogs. Nee. Jy’t net een eerste aand in New York. En jy’t vir my. Komaan, man, ek bederf jou.”

Sy laat dit klink asof ’n hotdog die towerspreuk sal verbreek, dat ek haar kwyt sal wees, dat die liggies almal terstond sal verdof.

Ek wil Nina vanaand by my hê, maar ek wil nie hê sy moet hierdie aand hijack en my na ’n eetplek toe vat met ’n uitsig “op alles” soos sy belowe nie.

Ek is nie hier vir “alles” nie. Ek is hier om ’n stokou storie oor New York, ’n uitgedinkte storie, een wat ek ken uit flieks en boeke, voor my oë te sien afspeel. Ek wil ’n enorme sny pizza of ’n foot-long hotdog by een van hierdie trokkies in die straat koop en op die randsteen met ’n root beer sit en afsluk. Nie om geld te spaar, soos sy dalk raai omdat ek in ’n youth hostel bly nie. Ek wil dit doen omdat ek lus het.

Ek wil vanaand op die sypaadjie struikel oor ’n gebroke oorlogveteraan in ’n vuil denimbaadjie met afgesnyde moue terwyl hy ’n president vloek wat lankal dood is. Ek wil nie ’n toeris wees nie. Ek wil maak asof die Empire State en die Statue of Liberty my laat gaap, so gewoond is ek aan hulle. Ek wil my kop wegdraai van elke Duitser of Japannees met ’n kamera en ’n straatkaart. Ek wil in ’n kelder wat ondrinkbare mieliepit-whisky bedien luister hoe die verrimpelde nasaat van ’n slaaf ’n ou kitaar onsedelike dinge aandoen terwyl hy ’n geheim van pyn en verlies die nag in fluister. Hy fluister nie omdat dit ’n geheim is nie. Hy fluister want hy rook al vyf-en-sestig jaar lank en sy stembande is gefok.

Ons kan op pad terug iewers inval waar Nina ’n New York van haar eie kan verbeel, soos sy, jare gelede, op haar eerste aand gemaak het. Sy het ’n toneelstuk – “te lank, te swaar” – by The Lyric gaan kyk en daarna tot toemaaktyd in Pete’s Tavern gaan sit en haar verbeel. Henry sit ’n entjie weg aan ’n onvergeetlike verhaal en skryf. Dis tog hoe mens maak in ’n plek soos New York. Vir wat wil jy dit met die werklikheid gaan staan en bederf?

Ek en Nina was nooit rêrig ’n iets nie. Nie amptelik nie. Ons het nie die mag gehad om mekaar seer te maak of teleur te stel nie. Nie amptelik nie. Elke keer – ja, dit was ’n patroon – elke keer wanneer dit amper wou lyk asof ons ’n iets gaan word, het dit net opgehou. Nie amptelik nie. Sommer so.

Ek het een aand lank gelede in ’n hormoonbeswyming vir haar gesê ek is lief vir haar. “Nee, Joe,” het sy gesê. “Jy’s lus vir my.”

Ek moes drieuur daardie oggend, vol wyn en ek kan nie onthou wat nog nie, na Hillbrow se noodapteek toe ry om vir haar ’n morning-after-pilletjie te gaan koop. Ek het gewens ek kon slaap totdat die apteke naby haar woonstel oopmaak, maar ek het ’n huurkar gehad wat ek moes terugbesorg en – wel, ek wou kyk hoe sy die pilletjie afsluk.

Sy’t geglimlag toe sy die pilletjie by my vat en in die opwasbak se drein afspoel. “Fok jou, Joe,” het sy gesê en my ’n speelse klappie, dalk nie heeltemal speels nie, op die wang gegee.

Nina glo die heelal is haar goedgesind en sal na haar omsien. Ek hoop weer die heelal kyk weg wanneer ek stupid is. In die morning-after-pil is my geloof onwrikbaar, maar hy werk net as mens hom drink. ’n Dag of wat later het ek ’n uroloog aan die Wes-Rand met moeite omgepraat om twee klein buisies te knip en te knoop.

“Jy’s te jonk.”

“My besluit.”

“Jy’s dalk later spyt.”

“My besluit.”

“Kry iemand anders.”

“Huisdokter?”

Hy het gesug en die ontvangsdame aangesê om vir my  ’n afspraak te maak.

Die prosedure was gou verby. Ek was half deur die slaap. Nina het saam met my gewag tot ek behoorlik wakker was.

Ek het by haar ingehaak toe ons kar toe stap. Sy’t my sonder ’n woord by die huis afgelaai.

En nou sit ek hier en ek eet my hotdog. ’n Hotdog in Manhattan smaak helaas nie veel anders as ’n hotdog by ’n skoolkermis in Suid-Afrika nie. Die tamatiesous is die beste deel.

Nina sit langs my met haar hand op my knie. Ek staan op en gooi die laaste hap saam met die servet in ’n asdrom. “Kom,” sê ek. “Kom ons spring op ’n trein.”

As Nina teleurgesteld is omdat ek nie wil hê sy moet vir my “alles” gaan wys nie en haar eerder na ’n hool toe wil sleep, steek sy dit goed weg. Ek dink sy is eintlik bly. Van wanneer af hou Nina van “alles”?

Sy leun oor na my toe, staan so effens op haar tone en soen my op my wang, met daardie wonderbaarlike bos hare wat oor alles tuimel. Sy vat my hand en huppel vooruit, ligvoets, en sleep my agterna.

 

Een aand saam. Net een. Soos afgespreek, is Nina vroegoggend weg sonder om te groet. “Ek verpes koebaais,” het sy al hoeveel keer vir my gesê.

Die eerste keer, lank gelede, was ek vies vir haar. Ek wou die laaste bietjie lekkerte uit ons samesyn pers. Maar Nina was dalk reg, soos wat sy oor baie dinge dalk reg is.

Ek was gisternag teleurgesteld toe Nina in haar eie bed gaan inkruip het. Ons was al twee lekker vrolik, beslis nie dronk genoeg om seks in ’n kamer vol vreemdelinge te oorweeg nie. Ek wou haar net vashou. Ek weet sy slaap sleg op vliegtuie en sy wou die paar ure voor die taxi haar oplaai, gebruik om van ons malle swerftog deur Greenwich Village te herstel, maar ek wou haar herinner dis ons enigste aand saam, soos sy vroeër met my gemaak het.

My vriend Francois se mens moet negentig persent van jou lewe toneel speel. As jy per ongeluk op iemand afkom by wie jy kan wees wie en wat jy is, moet jy verbete aan daardie iemand klou.

Maar my ervaring weerspreek sy teorie. By Nina moes en moet ek iemand anders wees, want by haar is die ware ek ’n dwaas.

Ek moes haar eenkeer by die lughawe aflaai, en die koebaai was voorwaar ’n mistroostige storie. Eers die gewone roetine.

Toustaan, bagasie weeg, instapkaartjie. Ek het haar handbagasie tot by die punt gedra waar ek moes omdraai.

“Ai, Joe,” het sy gesê en met haar duim oor my stoppelbaard gevryf. “Jy kyk te min kak flieks. Dis hier waar jy my moet smeek om te bly.”

Ek het geraai iemand wag vir Nina by die aankomsaal aan die ander kant. Soos daar seker môre iemand vir Nina in die aankomsaal aan die ander kant sal wag. Ek het in die kroeg van ’neetplek op die lughawe gaan sit, besef ek het skaars genoeg geld vir parkering gebring, ’n glas water bestel en besluit om Nina te vergeet, soos dit die held in ’n ander soort kak fliek betaam.

The post Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: <i>Wat het geword van Dinsdag?</i> deur Tinus Horn appeared first on LitNet.


Kringloop deur Bets Smith: ’n lesersindruk

$
0
0

Kringloop
Bets Smith
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799387773

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer geskryf en aan LitNet gestuur.

Bets Smith se roman Kringloop (2018) handel oor ’n debutantfinalis, Reine Duvenage, wat deur ’n onbekende man geteister word. Die teistering bereik ’n klimaks wanneer sy ontvoer word.

’n Onverwagte oorlewingsdrang veroorsaak dat Reine ontsnap. Die gevaar is egter nog lank nie verby nie. Sy het deur haar ontvoerder se vingers geglip, wat sy wilskrag om haar te vind, versterk.

Hier neem die roman ’n interessante draai. Weens beserings tydens haar ontvoering ondergaan Reine ’n gesigoperasie, waarna sy uit die stad vlug, ’n waghond kry en leer hoe om haarself te verdedig. Dit is tydens hierdie tydperk dat die roman verdiep en Reine sterk karakterontwikkeling ondergaan. Dit is egter nie lank voordat haar vorige lewe haar wel inhaal en sy weer vir haar lewe moet veg nie. Hierdie keer is sy gelukkig voorbereid en nie alleen nie.

Bets Smith se roman was lekker om te lees. Dit neem onverwagse draaie en Smith hou die leser goed in die duister oor wie die ontvoerder is. Daar is egter oomblikke van verwarring. Tonele waarin die aanranding of ontvoering plaasvind, is soms deurmekaar en moeilik om te volg. Dit kan dalk as ’n skryfstyl gesien word wat die karakter se onkunde en verwarring oor wat gebeur beklemtoon.

Bets Smith | Foto: verskaf

’n Ander verskynsel wat ook ’n bietjie verwarring veroorsaak, is Smith se wisseling tussen fokalisators. Later in die roman word daar gewissel tussen Reine en die speurder, Pieter Taljaardt, wat haar ontvoering ondersoek. Die verwisseling is baie ontnugterend, omdat dit sonder enige visuele aanduiding plaasvind. Dit veroorsaak dat mens eers in die middel van die sin agterkom dat die toneel en fokalisator verander het. Daar is egter ’n tweede verwisseling van fokalisator, tussen Reine Duvenage en haar ontvoerder, wat in teenstelling met die vorige verwisseling heel gemaklik plaasvind. Die wisseling tussen hierdie twee fokalisators vind gemakliker plaas omdat dit duidelik met die titels “prooi” en “jagter” aangedui word.

Die roman is in vier afdelings verdeel, naamlik:

  • Hades: die onderwêreld
  • Limbus: uitgesluit van die hemel maar nie verdoem tot die hel nie
  • Styx: die rivier wat die deurgang is tussen die aarde en die onderwêreld
  • Elisium: ’n hiernamaals gereserveer vir die dapperes.

Die betekenis van elke afdeling word in die indeks van die roman verskaf. Hierdie afdelings kan as ’n onheilspellend (voorspelling) gesien word van die gevaar wat nog moet kom. Dit is ook moontlik dat die titel van die roman, Kringloop, hierby aansluit. Die vier afdelings is met ander woorde die vier stadiums (kringe) waardeur ’n persoon, meer spesifiek die karakter Reine, moet beweeg tot haar uiteindelike uiteinde, dit wil sê die lewe of die dood. Die titel kan egter ook verwys na die roete wat die reeksmoordenaar volg wanneer hy slagoffers soek. Hy loop kringe in verskillende gebiede in Suid-Afrika, op soek na kandidate. Dit is dan ook wat dit op die ou end so moeilik gemaak het om van hierdie reeks moorde bewus te word.

Op die roman se voorblad is ’n foto van ’n jong dame. Alles is feitlik in skaduwee en onsigbaar, behalwe haar groen oë. Met die fokus op die groen oë kan daar aangeneem word dat dit Reine Duvenage op die voorblad is, aangesien karakters in die roman telkens na haar besonderse groen oë verwys. Dit is ook as gevolg van haar oë dat die reeksmoordenaar haar as ’n slagoffer gekies het:

Hy kyk die finaliste waarderend deur ... Eers met die tweede kykslag vat sy oë die meisie raak en sy asem word min. Dis die een. ... Die beenstruktuur van haar gesig is die perfekte onderbou vir die doek wat daaroor span ... Rooiblonde hare wat die wange liefkoos, oë, helder soos kristal wat ’n innerlike lig moet terugkaats maar dit nie doen nie. Die leegheid in daardie kyk tref hom opnuut soos ’n skoot yswater. Leeg, tot die pot in die kykers wakker word en hom uitdaag, hom tart en uitlok. (7, 8)

Verder word daar ’n swart roos aan die onderkant van die voorblad vertoon. Baie subtiel. Dit kan ’n verwysing wees na die swart rose wat Reine se teisteraar vir haar in die hospitaal gestuur het. Dit kan egter ook ’n figuurlike uitbeelding van die dood wees.

’n Subboodskap van die roman kan wees dat mens waaksaam en sorgvuldig moet lewe, terwyl die hoofboodskap is dat mens teen die monsters in aangename mense moet waak. Dit sluit aan by die uiteindelike ontmaskering van die teisteraar, ontvoerder en reeksmoordenaar – ’n persoon wat ongesiens deur die samelewing loop, omdat hy nie as ’n misdadiger voorkom nie.

The post <i>Kringloop</i> deur Bets Smith: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Fallist art (in memory of Bongani Mayosi)

$
0
0

Bongani Mayosi (picture: YouTube)

Fallist art
(In memory of Bongani Mayosi*)

Bongani’s soul, his sister said,
was vandalised, the insults
(sell-outcoconut)
cut him to the core, he changed,
withdrew, spoke less and less
and killed himself. He suffered
from depression, known
locally as punctured heart.

All you licking, fawning bastards
who saw pure sunlight shining
from the rad-est Fallist arses, why
are you so quiet now? Many deans
became unhinged, the yes-men
fled with blessings and paid
leave after having wrecked
their faculties. Some rectors fucked
off to America, others started
drinking in their dens. And that
is not the worst. You might
think the damage came to
seven hundred million, but
not only the replaceable
was burnt, not simply
part of the infrastructure
lost, the hurt was more
unspeakable
than that.

His soul, Bongani’s sister said,
was vandalised, the insults
(sell-outcoconut)
cut him to the core, he changed,
withdrew, spoke less and less
and killed himself. He suffered
from depression, known
locally as losing heart.

You Angels of the New Dawn
who butchered your departments
for a Renaissance in Africa, why
are you so what-the-hell on the self-
destruction of a gifted and committed
scientist? Have your latest anti-
depressiva now taken proper hold?
Is that the reason for your barren
smiles and quick-fix catwalk banter
on vile “assemblages of whiteness”?
Is that why you can gaily hack
the Heines, Bachs and Becketts from
curricula – wait for the Mbembes,
Butlers, Lalus – as though they are
makwerekwere, best to be macheted
out of town? Not that the parallel
will strike you as significant in your
fully junked up state of gown.

L’envoi

And me? I’m still digesting
what my colleague friend,
the famous painter, said.
(She sat on that committee
that covered up so-called
offending art: from this fertile
rupture new things will surely
sprout. As though the universities
were coral reefs, and Fallism
a moderate disturbance
that like a supertide would foster
in its wake a wonderful
diversity of species. (Fascists
always reify as nature
manipulated class eruptions,
if you want my view of this dainty
lady’s formulation.)

I see instead of cultural
florescence a closing down
of minds, not least in the assembly,
and the rising in the ranks
of rabid thought police. I hear
a host of conman academics
cashing in on stories of
the Promised Land dished up,
once more, by elites, to wasted
people of a wasted land, I hear an all-
pervasive mouthing of formulaic
English phrases and brace myself
and hold my poet’s breath from
falling, remembering
all the while:

Bongani’s soul, his sister said,
was torn apart, the insults
(sell-outcoconut)
cut him to the core, he changed,
withdrew, spoke less and less
and killed himself. He suffered
from severe depression, known
locally as fallen heart,
a major work
of Fallist art.

http://www.politicsweb.co.za/news-and-analysis/the-fallists-completely-vandalised-bonganis-soul

The post Fallist art (in memory of Bongani Mayosi) appeared first on LitNet.

kykNET-Rapportpryse: 2018-kortlyste is hier!

$
0
0

Die 2018-benoemdes vir die kykNET-Rapportpryse, wat die Jan Rabie-Rapportprys vir nuwe werk insluit, is pas bekend gemaak. Dit is die grootste en rykste jaarlikse boekpryse in Afrikaans.

Met sy tweede roman, Die derde spoel, bevind die skrywer SJ Naudé hom op die kortlys vir twee pryse – die kykNET-Rapportprys vir romans sowel as die Jan Rabie-Rapportprys vir ’n debuut- of tweede fiksiewerk (romans, novelles en kortverhale).

Die prysgeld is vanjaar verhoog en beloop nou R250 000 elk vir die kykNET-Rapportprys vir romans en niefiksie, R125 000 vir die kykNET-Rapport-filmprys, en R125 000 vir die Jan Rabie-Rapportprys. “Die verhoogde prysgeld gee welverdiende erkenning aan skrywers in Afrikaans wat die pols van die tydvak meet, dit registreer, en die leser die woorde gee om eie ervarings daaraan te meet en te verstaan,” sê die sameroeper van die kykNET-Rapportpryse, Hettie Scholtz.

Die kortlyste vir 2018 is, in alfabetiese volgorde:

KYKNET-RAPPORTPRYS: FIKSIE (ROMANS)

Die derde spoel, SJ Naudé (Umuzi)

Die wêreld van Charlie Oeng, Etienne van Heerden (Tafelberg)

Groen soos die hemel daarbo, Eben Venter (Tafelberg)

Die derde spoel deur SJ Naudé: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Die wêreld van Charlie Oeng: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

KYKNET-RAPPORTPRYS: NIEFIKSIE

Spertyd, Elsa Joubert (Tafelberg)

Geloof alleen, André Pretorius (Naledi)

Op pad: ’n Reisjoernaal, Dana Snyman (Tafelberg)

Spertyd deur Elsa Joubert: ’n resensie

Geloof alleen deur André Pretorius: ’n resensie

Op pad: Snyman se groot trek deur die ruimtes tussen mense

KYKNET-RAPPORTPRYS: FILM

Blou is nie ’n kleur nie, Carin Krahtz (Tafelberg)

Die laksman se dogter, Gerda Taljaard (Penguin)

Kamikaze, Rudie van Rensburg (Queillerie)

Blou is nie ’n kleur nie deur Carin Krahtz: ’n resensie

Die laksman se dogter deur Gerda Taljaard: ’n resensie

Kamikaze deur Rudie van Rensburg: ’n resensie

JAN RABIE-RAPPORTPRYS: ROMANS, NOVELLES EN KORTVERHALE

As in die mond, Nicole Jaekel Strauss (Queillerie)

Die derde spoel, SJ Naudé (Umuzi)

Rooi haring, Schalk Schoombie (Human & Rousseau)

LitNet Akademies-resensie-essay: As in die mond deur Nicole Jaekel Strauss

Die derde spoel deur SJ Naudé: ’n resensie

Rooi haring deur Schalk Schoombie: ’n resensie

Die kortlyste vir die kykNET-Rapportpryse vir die beste Afrikaanse resensie oor Afrikaanse fiksie en niefiksie word binnekort uitgereik.

Die pryswenners word op Saterdagaand 22 September 2018 in Kaapstad bekend gemaak.

KOMMENTAAR OOR INSKRYWINGS

Inskrywings vir die kykNET-Rapportprys vir romans het getuig van waagmoed, beleë vakmanskap en besondere kreatiwiteit, sê Hettie Scholtz. “Die genre van misdaadfiksie groei eksponensieel en is in menige geval geskryf met groot flair, soos Chris Karsten se Koms van die motman, Die laksman se dogter en Rooi haring, en ’n aansienlike mate van tekstuur. Twee eksperimente met genre het opgeval – Carina Stander se  fantasiewêreld in Die bergengel, wat raakpunte met die kontemporêre realiteit vertoon, en Francois Loots se roman Die diepblou see waarin die realistiese verhaal van die geniale Jan Hofmeyr vermeng word met mitologiese elemente. Kleinboer verras op sy beurt met ’n byna hipnotiese vertelling van sy lotto-speletjie met die lewe in Hierdie huis, terwyl Dolf van Niekerk met Kroniek van turf en Cas Wepener met Johanna nader beweeg aan meer aktuele temas soos grondeise en seksuele geweld teen vroue.”

Die niefiksie-inskrywings bevat oorwegend die name van gevestigde skrywers met die uitsondering van Hemelbesem (Simon Witbooi), wat verras met die toevoeging van “’n heerlike proesel Afrikaaps” in sy debuut, God praat Afrikaans, sê Scholtz. “Wat tendense betref, is dit opvallend dat reis sentraal staan met die fisieke reis wat dikwels die aanloop vorm tot ’n reis na binne. ’n Beduidende aantal skrywers loop die stroewe onderwerp van ouderdom en dood trompop. Elsa Joubert doen dit delikaat in Spertyd, Karel Schoeman ontstellend in Die slot van die dag, Kobus Anthonissen christelik in Dansend met die lewe, Anton van Niekerk filosofies in Die dood en die sin van die lewe, en Cas Wepener doen dit na aanleiding van Karel Schoeman se kreatiewe werk in Die reis gaan inwaarts. Daar is steeds twee skote uit die Boereoorlog – Jan Smuts: Van boerseun tot wêreldverhoog met Kobus du Pisani as hoofredakteur en die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke se Die Anglo-Boereoorlog in 100 objekte – wat vermelding verdien, asook samesteller Heilna du Plooy se waardevolle brieweboek Gespreksgenoot, en Oorkant jou, die onderhoudende “verhale uit die binnekamer” deur die gewilde skrywer en psigoterapeut Juliana Coetzer.

Die besonder uiteenlopende aard van dié inskrywings het die keurders te staan gebring voor die uitdaging om ’n balans te vind tussen leesbaarheid én indringendheid, aktualiteit én durendheid, vakmanskap én kreatiewe vindingrykheid, sê Scholtz. “Dit was geen maklike taak nie!”

Soos gewoonlik het die keurders van die filmprys ’n ryk keuse gehad met besonder sterk temas en sprankelende dialoog wat die inskrywings nogeens opgelewer het.

Die inskrywings vir die Jan Rabie-Rapportprys vir debuut- en tweede fiksiewerke was ewe wydlopend en uitdagend, sê keurder Kerneels Breytenbach. “Benewens die titels op die kortlys het die inskrywings ’n werk ingesluit wat Frans Marx al in 1993 tydens Wits se Winterforum belowe het: Spieëlbeeld. Aan die uitdagende kant was daar Naomi Meyer se indrukwekkende spanningsroman Web oor ’n egpaar met huweliksprobleme, wat dan gekonfronteer word met die probleem van ’n kind wat wegraak. Ewe indrukwekkend was Pelgrimshoop, die roman waarmee Ronel Nel ’n opwindende nuwe skrywerskap aangekondig het. Sommige van die skrywers is meer bekend, soos Cas Wepener (Johanna) en Carina Stander (Die bergengel), maar die beoordelaars het ook kennis gemaak met nuwe name en hul werke, waardeur die groeikrag van die Afrikaanse letterkunde beklemtoon word: Rika Cloete, Lloyd Zandberg, Juanita Aggenbag en Coreen Erasmus-Bezuidenhout.”

KEURDERS

Die keurders vir die kykNET-Rapportprys vir fiksie was Louise Viljoen van die US, die rolprentvervaardiger Gerrit Schoonhoven, die joernalis en koördineerder van die US Woordfees se boekeprogram Elmari Rautenbach en Steward van Wyk (UWK). By niefiksie het Andries Bezuidenhout (Universiteit van Fort Hare), die skrywer Valda Jansen, Herman Wasserman (UK) en die rolprentvervaardiger Hermann Binge die stiplees gedoen en Tina Kruger van kykNET het die geledere van filmkeurders Gerrit Schoonhoven en Herman Binge versterk. Die keurders vir die Jan Rabie-Rapportprys was die ouduitgewer en skrywer Kerneels Breytenbach, Marni Bonthuys van UWK en Marius Swart van die US.

The post kykNET-Rapportpryse: 2018-kortlyste is hier! appeared first on LitNet.

Ralph Haynes: Godfather van die Wes-Rand deur Izak du Plessis: ’n lesersindruk

$
0
0

Ralph Haynes: Godfather van die Wes-Rand
Izak du Plessis
Uitgewer: Penguin Random House
ISBN: 9781776092741

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer geskryf en aan LitNet gestuur.

Misdaad bly een van die grootste trekpleisters vir die leserspubliek. Wie hou nie daarvan om te lees van hoe verskriklik laag “ander mense” soms daal nie? En die ander lekker element: die manne en dames in blou uniform wat daar is om ons te beskerm. Toegegee, die polisie, veral Suid-Afrika se polisiediens, is voos van ongure karakters en die politici se manier van bestuur help ook nie die situasie veel nie. Maar iets aan die gedagte van wetstoepassers wat gewelddadige misdadigers daagliks in die gesig staar, wat hulle lewens vir ons op die spel plaas, gryp die mens se verbeelding aan. En ’n stroom van misdaadfiksie is daar dus elke jaar wat ons gulsig koop en lees. Daar is ook ’n element van misterie agter die misdaad. Die sielkunde agter misdadigers kan ons soos legkaartstukke aanmekaar probeer pluis vanuit die veiligheid van ons eie huise. Hoekom is misdadigers soos hulle is? En in die geval van ene Ralph Haynes is die vraag: Wat het van hom geword?

Die joernalis Izak du Plessis het natuurlik voorheen al oor Ralph Heynes geskryf in sy boek Boereverneukers: Afrikaanse swendelaars, swierbolle en swerkaters (Penguin, 2017). In daardie publikasie verskyn ’n hoofstuk oor Ralph Haynes. Nou het Du Plessis ’n meer omvattende ondersoek na Haynes se lewe van stapel gestuur, deur veral mondelingse getuienis te versamel by mense wat betrokke was by Haynes se doen en late. ’n Volledige biografie oor Haynes is die boek nie. Dit beslaan maar 171 bladsye. Maar dit verskaf ’n veel meer omvattende blik op Haynes. Die publikasie van verskeie foto’s van Haynes en ander betrokkenes maak die verhaal veel meer tasbaar. Haynes, wat op sy foto's voorkom as ’n doodgewone man, se gelaatstrekke herinner my ’n bietjie aan die oorlede sanger Worsie Visser, veral in sy jonger jare. Maar onder die op die oog af doodgewone voorkoms skuil daar ’n uiters andersoortige karakter. Een wat verweef is met die onderwêreld van misdaad, dwelms en geweld.

Oor sy kinderjare word daar nie uitvoerig geskryf nie. Die belangrikste is om daarop te let dat Haynes in armoedige omstandighede grootgeword het in Randfontein, en die armoede van sy jeug het waarskynlik sy lewe lank ’n blywende effek op sy psige gelaat. Heynes het ook vroeg in sy lewe reeds met die gereg gebots en in die tronk beland, maar het na sy vrylating wonderbaarlik buite die tentakels van die gereg gebly, deels vanweë sy bande met korrupte polisie, maar ook om ’n ander baie strategiese rede (mens moet dalk ook daarby voeg dat die tronk in die meeste gevalle maar niks anders is as ’n universiteit en afrondingskool vir misdadigers nie). Volgens Du Plessis was Haynes ’n uiters uitgeslape misdadiger deurdat hy veral lief was daarvoor om ander misdadigers uit hulle geld uit te kul. Dit het daartoe bygedra dat daar selde klagte teen Haynes ingedien was, want watter skelm of boosdoener sal homself vrywillig by die polisie gaan aanmeld en so laat inkrimineer?

Dan is daar die celebs, wat baie help om die storie van Ralph Haynes net nog meer geur en aansien te gee. Haynes het graag vriende gemaak met verskeie bekendes, soos die sanger Steve Hofmeyr en die oud-Springbokkaptein Joost van der Westhuizen (1971–2017). Vir die doel van sy navorsing het Haynes ook met Hofmeyr ’n onderhoud gevoer, wat meer lig gewerp het op die goeie vriendskap wat daar tussen Hofmeyr en Haynes bestaan het, wat ook gekenmerk was aan wilde partytjies met ander bekendes. Voeg daarby ook ’n Robin Hood-ondertoon aan die lewe van Ralph Haynes, wat glo bekend was daarvoor dat hy graag kos aan Randfontein se arm inwoners versprei het. Dit alles maak Du Plessis se boek soveel meer aanloklik vir soveel meer lesers. Op hierdie punt moet mens dalk ook net byvoeg dat Suid-Afrika se bekendste privaatspeurder, Mike Bolhuis, ook prominent in die boek na vore tree ...

Leë beloftes van kookolie, diamante, goud, voertuie en belastingontduiking, dit is alles van die tipiese maniere waarop Haynes na bewering miljoene geld uit niksvermoedende slagoffers gemaak het en wat in die boek gedokumenteer word.

Teen die einde van sy lewe het dinge vir Haynes egter begin uitrafel. Die globale ekonomiese insinking van 2008 het waarskynlik daartoe bygedra dat daar al minder geld in omloop was, en ook swendelaars uit die onderwêreld se skelmstreke. Daarby het Haynes in die laaste jare ook na bewering aan dwelms verslaaf geraak, en daar was ook sy huwelik, wat te midde van sy finansiële agteruitgang en dwelmmisbruik al meer gesukkel het.

Die laaste hoofstuk van die boek word gewy aan die uiteindelike verdwyning van Haynes op 21 Januarie 2011. Wat presies van Haynes geword het, is vandag nog onbekend, maar verskeie teorieë bestaan, onder meer dat hy vermoor is, dat hy oorsee gevlug het, of iewers op ’n plaas woon. Du Plessis verreken al dié moontlikhede noukeurig, maar kom uiteindelik tot die slotsom dat om uit te pluis wat van Haynes geword het, “nie die doel van die boek (is) nie” (170). Die boek se doel is om die verhaal van Haynes se bande met die onderwêreld te vertel, tot sy uiteindelike verdwyning.

Ralph Haynes: Godfather van die Wes-Rand is lekkerder leesstof as baie misdaadfiksie, veral omdat mens deurentyd bewus is van die feit dat mens hier nie met fiktiewe karakters te doen het nie, maar met karakters wat werklik bestaan of bestaan het. Die boek bevat al die eienskappe van lekker misdaadfiksie, net dat dit nie fiksie is nie, en daardie wete maak dit selfs meer prikkelende leesstof.

The post <i>Ralph Haynes: Godfather van die Wes-Rand</i> deur Izak du Plessis: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Pienk is nie vir sissies nie deur Christien Neser: ’n resensie

$
0
0

Pienk is nie vir sissies nie
Christien Neser

Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624085409

Die ligte en kontemporêre titel en omslag van Christien Neser se boek is beslis lekker aas vir lesers op soek na iets lig vir ’n vakansie wat voorlê. Of is dit ’n lokbokkom? Pienk is nie vir sissies nie kan wel bolangs vinnig deurgelees en neergesit word, maar dit sal hopelik gesprekke oor belangrike kwessies stimuleer.

Met bestanddele soos bergfietse, ’n manlike balletdanser, ’n flambojante skoolsielkundige, gewapende roof en ’n hele paar aanhalings uit alombekende boeke is dit duidelik dat hierdie storie oor meer gaan as wat in die titel voorspel word.

Neser begin elke hoofstuk met ’n aanhaling. Sommige lesers gaan nie hierin geïnteresseerd wees nie, maar dit is belangrik om te noem dat die aanhalings nie lukraak is nie. Op bladsy 9 word die leser ingelig: “Sy eet die sêgoed van haar fietsryhelde vir brekfis.” Hiermee gee Neser ’n duidelike leidraad dat dit funksioneel is om met elke hoofstuk die aanhaling met die daaropvolgende narratief te vergelyk. Binne die narratief gebruik sy ook aanhalings van onder andere Victor Frankl en Albert Einstein om onderliggende boodskappe te versterk.

Aan die einde van die eerste hoofstuk is die storietafel gedek. Nicci is, teen haar ma se sin, een van die “ouens” en een van die bestes van ’n bergfietsklub waaraan haar pa, haar broer en sy vriende ook behoort. Haar ma sou haar veel eerder met ’n balletbolla op haar kop, in ’n pienk tutu op ’n verhoog wou sien.

Hierdie “stryd” tussen tipiese manlike en vroulike rolle word dwarsdeur hierdie grootwordverhaal, soms lighartig en soms meer ernstig, deur middel van beskrywings, dialoog en gebeure uitgebeeld. Dis verder duidelik dat Nicci gedeeltes uit haar fietsrybybel van John Olsen kan aanhaal terwyl sy nie veel respek vir Die pienk boekie vir meisies, deur haar ma op haar bedkassie gelos, openbaar nie. Sy noem dat sy, soos met haar vlegsel, alles wat pienk is van haar afgesny het.

Nicci is vol selfvertroue, kom gelukkig met haarself voor en gemotiveerd om die hoogste sport as bergfietsryer te bereik. Dis verfrissend dat sy nie as ’n stereotiepe tienerheldin gekarakteriseer word nie. Die fietsryergilde word verder baie geloofwaardig deur Neser geskets met gedetailleerde beskrywings van uit- en toerusting. Nicci se fiets het byvoorbeeld ’n “sportiewe 27-en-’n-halfduimraam”, sy dra ’n “Rudy Project-bril”, en Ben se ou fiets het “Shimano shocks” voor.  

Wanneer sy in hoofstuk drie, na Armstrong se aanhaling wat na die eindstreep as motivering verwys, aangeval en van haar fiets beroof word en dus nié hierdie eindstreep bereik nie, word sy van meer as pienk en hare gestroop. Hierdie stroping is traumaties en nie vrywillig nie. Haar verlies gaan verder as  haar fiets, toerusting en nommer 7-fietsryskoene. Sy is skielik minder selfversekerd ten opsigte van haar antipienk-rebellie en -veldtog. Die pad terug na pienk lyk onmoontlik; haar aanvallers het haar vir ’n seun aangesien. ’n Aanhaling uit The Quotable Cyclist van Carol Waters waarsku aan die begin van hoofstuk vier, waar die kapingtoneel steeds aan die gang is: “With all the mud and dirt, mountain biking helps break down the stereotypes of what women should look like.” Hiermee behoort lesers wat wel die aanhalings lees, te besef dat Christien Neser benewens ander boodskappe teen stereotipering wil waarsku. Ander, wat nie die aanhalings lees nie, mag Nicci se interpretasie van haar ervaring as persoonlik eerder as universeel interpreteer.

Nicci se ontnugtering en onsekerheid na die aanval oor hoe sy haar onmiddellike toekoms sonder fietsry moet herontwerp, word ernstig oorgedra, maar sonder om ooit morbied te raak. Haar ontsteltenis oor die feit dat sy as ’n seun aangesien is, lei na ’n soeke na haar eie identiteit, maar ernstiger oomblikke word altyd deur ligter tonele afgewissel. Wanneer sy haar hart teenoor haar vriendin uitpraat, is Felicity se reaksie: “Daai diewe het ’n baie vuil Marsmannetjie op ’n baie duur fiets by die berg sien afjaag. Logiese afleiding: Net ’n seun kan soos ’n mal duiwel ry. So vee af jou trane. Case closed. Lang hare maak mens nie noodwendig vroulik nie.”

Die seun op wie Nicci heimlik verlief was, stel haar teleur, maar haar broer se vriend, Godfrey, stel haar in die hospitaal aan Ben Irvine se Einstein and the art of mindful cycling voor en sy begin ’n groter prentjie raaksien. Hierna verloop die storie vinniger. Moet sy haar aanvaller vergewe? Waarvoor moet sy hom vergewe? Oor die aanval of die feit dat hy haar as ’n seun aangesien het? Is Godfrey net haar broer se goeie vriend wat hom oor haar ontferm, of voel sy meer vir hom? Sy verstaan nou wat haar tannie Adéle se gunsteling-sêding, “Jy kan nie keer dat die kraaie oor jou kom sirkel nie, maar jy kan keer dat hulle ’n nes in jou hare maak”, beteken. Saam met Godfrey vind sy wel haar pad terug na ballet … in haar klubfietsryhemp en pienk pointes … en op ’n fiets.

Binne hierdie realistiese en moderne raamwerk waar nie van hedendaagse kwessies soos misdaad en geweld weggeskram word nie, sou meer van ’n gewroeg in die verhaal verwag kon gewees het. Ten spyte van alles wat met Nicci gebeur het, is daar nooit ’n gevoel van hopeloosheid nie. Nicci se verwerking van gebeure kom byna te maklik en onrealisties voor. Die skrywer slaag egter daarin om, ten spyte hiervan, en sonder om te oormoraliseer, baie sterk oorlewingsboodskappe oor te dra en die positiewe einde mag wel stof tot nadenke bied.

Ten slotte stel Neser se goeie aanvoeling vir die teikengroep haar in staat om belangrike boodskappe oor bewustheid, stereotipering, verdraagsaamheid en vergifnis verteerbaar in ’n onderhoudende grootwordverhaal oor te dra. Sy bly verder altyd getrou aan goeie taalgebruik, karakterbou en intrige om te verseker dat hierdie boek meer as ’n pienk boekie is. Die titel is inderdaad ’n lokbokkom.

The post <i>Pienk is nie vir sissies nie</i> deur Christien Neser: ’n resensie appeared first on LitNet.

NB-Uitgewers betreur Koos Human se afsterwe

$
0
0

Foto verskaf

JJ (Koos) Human, een van die invloedrykste figure in die ontwikkeling van die Afrikaanse uitgewerswese, is gister weens longontsteking aan huis in Kaapstad oorlede na ’n lang siekbed. Hy was 86.

Human het die uitgewershuis Human & Rousseau in 1959 gestig saam met Leon Rousseau, nadat hy sedert 1954 by die Nasionale Boekhandel naam gemaak het as uitgewer van algemene publikasies.

Human & Rousseau het in die jare sestig die toonaangewende uitgewer van Afrikaanse literêre publikasies geword. Werke deur NP van Wyk Louw, DJ Opperman, Elisabeth Eybers, Etienne Leroux, André P Brink en Breyten Breytenbach het bygedra tot H&R se dinamiese groei.

Hy was veral bekend vir die besonderse manier waarop hy die uitgewer se verhouding met skrywers tot ’n fyn kuns vervolmaak het.

Onder Human se leiding het H&R nie alleen die klem sterk laat val op die inhoudelike versorging van boeke nie, maar ook op hul voorkoms en die gehalte van drukwerk.

Human was ’n leiersfiguur vir sowel skrywers as uitgewers. Hy was in die vroeë jare tagtig bestuurslid van die Afrikaanse Skrywersgilde, waar hy gesorg het vir baanbrekerswerk ten opsigte van tantième aan skrywers, asook bestuurslid van die Suid-Afrikaanse Uitgewersvereniging in die jare tagtig en negentig.

Nadat H&R in 1977 aan Nasionale Pers verkoop is, het Human aangebly as besturende direkteur. Ná sy aftrede einde 1994 was hy ’n tyd lank redakteur van die meningstydskrif Insig.

Koos Human was ook as musiekliefhebber en kenner van ballet bekend. Hy was lank betrokke by die Kaapse Raad vir Uitvoerende Kunste as voorsitter van die musiek- en balletkomitees. Hy het radio- en musiekrubrieke vir Die Burger geskryf.

Hy is in 1959 getroud met Nakkie, dogter van NP van Wyk Louw, en drie kinders (Joan, Maria en Jacobus) is uit hul huwelik gebore. Ná Nakkie hom in 1984 ontval het, is hy in 1986 getroud met Trewhella Cameron.

Eloise Wessels, Uitvoerende Hoof van NB-Uitgewers, sê “Koos Human was ’n kleurryke persoonlikheid wie se aandeel aan die ontwikkeling van die uitgewersbedryf in Suid-Afrika onvolprese is.  RIV Koos. Ons gaan jou verskriklik mis.”

Reëlings vir ’n gedenkdiens sal aangekondig word sodra dit gefinaliseer is.

The post NB-Uitgewers betreur Koos Human se afsterwe appeared first on LitNet.

Die stand van meertaligheid van Kaapstad tot in Tibet: Konferensie van PEN International se Komitee vir Vertaling en Taalregte – TLRC (Translation and Linguistic Rights Committee)

$
0
0

“Veeltaligheid en skepping” (Multilingualism and Creation) was die tema van die PEN International Translation and Linguistic Rights Committee-konferensie wat van 21 tot 24 Junie 2018 in die tweetalige Switserse stad Biel/Bienne plaasgevind het.

Oor hierdie drie dae het 40 afgevaardigdes van PEN-sentrums uit 32 lande en vier kontinente (Afrika, Asië, Europa en Suid-Amerika) die geleentheid gekry om te praat oor die uitdagings rondom veeltaligheid in hulle onderskeie lande en/of taalgemeenskappe.

Die konferensie het begin met die voorlesing van PEN International se Girona-manifes oor taalregte en die Quebec-verklaring oor vertaling. Beide dokumente is deur die TLRC opgestel en is die hoekstene van hierdie PEN-liggaam se werksaamhede rondom die beskerming en bevordering van taaldiversiteit en literêre vertaalwerk wêreldwyd.

Tussen werklike taalpraktyke en die UNESCO-ondersteunde Girona-manifes se verklaring oor taaldiversiteit as ’n wêrelderfenis en die wenslikheid van moedertaalonderrig lê daar egter wêreldwyd diep klowe.

Danie Marais lewer sy referaat.

Ek het by die Biel-konferensie in ’n referaat verduidelik watter diskrepansie daar in Suid-Afrika bestaan tussen grondwetlik verskanste taalregte en beleidsdokumente, aan die een kant, en institusionele taalpraktyke, aan die anker kant. As verwysingspunt en agtergrond het ek ’n artikel van Zakeera Docrat en Russell Kaschula, “Litigating Multilingualism”, gebruik wat ’n goeie opsomming gee van die huidige stand van sake in dié verband. Hierdie artikel is met toestemming van die twee outeurs ook vir die konferensieboekie, wat onder afgevaardigdes versprei is, in Frans en Spaans vertaal. 

Docrat en Kaschula se artikel maak dit duidelik dat die sentrale konflik en teenstrydigheid bestaan tussen beleidsdokumente, soos die hersiene 2017 Taalbeleid vir Hoër Onderwys, wat inheemse tale en meertaligheid as belangrike hulpbron beskou, en skole en universiteite wat meertaligheid as ’n struikelblok benader en Engelse eentaligheid as die oplossing implementeer. (Sien PEN Afrikaans se kommentaar op die Taalbeleid vir Hoër Onderwys hier.)

Terwyl die ministeriële beleid wil sien dat inheemse tale beskou word as waardevolle hulpbronne wat ingespan moet word om toegang tot kennis en daarmee ekonomiese bemagtiging te verleen, beskou instansies eentaligheid as ’n manier om transformasie en meer integrasie in die hand te werk. Docrat en Kaschula wys in hul analise dat die howe grootliks hierdie laasgenoemde siening bekragtig.

Hulle stel dit só:

The 2017 new revised language policy for higher education favours multilingualism and should be applauded. However, the judiciary seems completely oblivious to this revised policy, and the judgments are at odds with higher education, where multilingualism is seen as a resource. It is, again, a process of the forked tongue of multilingualism, where administrators in Pretoria in the department of higher education and training are in favour of multiple languages for learning and cognition, whereas individual university administrators hide behind the judicial decisions favouring monolingualism. How does an English-only policy foster transformation? On what grounds does it allow for greater access to universities, when a large portion of South Africans do not have equal access to this language? Many students will attest to the fact that they think in their mother tongue, and then they have to translate back into English before even beginning to attempt to answer a question in class. By then, the class is over …

Ek het egter ook aan die konferensiedeelnemers verduidelik hoe ingewikkeld dié taalsituasie in Suid-Afrika is en dat moedertaalonderrig die grootste deel van die land se sprekers hoegenaamd nie beskore is nie. Hoewel ons 11 amptelike tale het word daar slegs in graad 1 in al hierdie tale onderrig.

Vóór 2009 moes alle skole wat nie-Engelstalige sprekers bedien, Engels as vak eers vanaf graad 4 onderrig (behalwe in Afrikaanse skole). Sedert 2009 word Engels in alle skole van graad 1 onderrig en word alle vakke in Engels gegee vanaf graad 4. Afrikaanse skole is die enigste uitsondering op hierdie reël.

Stephen Taylor en Marisa Coetzee som hul navorsing oor moedertaalonderrig in Suid-Afrika só op in ’n artikel vir die Mail & Guardian: “Ongeveer 60% van Suid-Afrikaanse leerders in graad drie leer in ’n ander taal as Engels of Afrikaans. Teen graad vier, is dit slegs 5%.”

Slegs die Universiteit Stellenbosch en die Noordwes-Universiteit bied nog Afrikaans op tersiêre vlak aan.

In terme van moedertaalonderrig bly Afrikaans dus die een wankelende uitsondering op die reël.

Enersyds kan ’n mens argumenteer soos die Ugandese skrywer en sosiaalwetenskaplike Mahmood Mamdani in Augustus 2017 in sy TB Davey-gedenklesing oor akademiese vryheid by die Universiteit van Kaapstad. In sy lesing het hy hard en duidelik gepraat oor die sentrale rol wat die ontwikkeling van Afrika-tale in die dekolonisasieprojek moet speel. “Afrikaans,” het Mamdani gesê, “verteenwoordig die mees suksesvolle dekoloniseringsinisiatief op die Afrika-kontinent.” Hy het daarop gewys dat dit slegs 50 jaar se omvattende regstellende-aksie-program geverg het om Afrikaans te verhef van net nog ’n Afrika-taal tot die draer van ’n intellektuele tradisie. Die groot ironie, meen hy, is dat hierdie suksesresep nie deur die demokratiese regering in Suid-Afrika aangewend is om ons ander inheemse tale op te hef nie.

Andersyds kan ’n mens Afrikaans beskou as ’n simbool van onregverdige bevoorregting wat steeds aan sy sprekers die voorreg van moedertaalonderrig gee – ’n voorreg wat die ander inheemse tale se sprekers nie geniet nie.

Hoe dit ook al sy, ons bevind ons klaarblyklik steeds in die situasie wat wyle Neville Alexander in 2005 só beskryf het in ’n artikel vir die Mail & Guardian – “Home language is the key to success”:

No wonder, then, that, in South Africa today, we live in a linguistic wonderland where all manner of illogicalities and fantasies make for a false sense of certainty. Because the elite, black and white, are comfortable in English and they believe that everyone can similarly become ‘empowered’, they insist that an English-only or, at best, an English-mainly, regime is what we need in the new South Africa. They tend to pay lip service to the constitutional equality of the 11 official languages and reinforce their pro-English stance with misleading arguments about the success of ‘monolingual’ economies.

Since this elite is made up of role models for much of the country, their attitudes and values – but not their wealth – trickle down to the impoverished masses. People do not believe that their home languages can ever become as ‘developed’ as English, or even Afrikaans. While they love and cherish these languages, it is English that they see as the key to success. Hence, most of them – apparently – insist on English-medium schooling for their children.

This is a rational response to an irrational perception of the problem. To dispel the mists and the myths of confusion requires a few simple truths about language. No people in the history of the world have ever voluntarily given up their language(s); only slaves and immigrants do so. No state has ever managed to become powerful and economically successful through the medium of a second, or a foreign, language alone.

Die ander afgevaardigdes van Afrika, wat oor die stand van meertaligheid in hul onderskeie lande gepraat het, het almal ’n soortgelyke situasie geskets. Folo Agoi (PEN Nigerië), Noungoh Fare (PEN Togo) Nicolas Kawinga (PEN Zambië), Elisha July (PEN Zimbabwe), Abdolouyae Ndione (PEN Senegal) en Ismaila Traore (PEN Mali) was dit almal eens: In hulle lande praat die elite die koloniale taal en stuur hul kinders na privaat skole waarin die koloniale taal die enigste onderrigtaal is. Publikasiegeleenthede in inheemse tale is net so beperk soos moedertaalonderrig. ’n Taal soos Yoruba het byvoorbeeld ongeveer 40 miljoen sprekers versprei ook verskeie lande, maar dit is moeilik om die klassieke werke van Yoruba-letterkunde in die hande te kry.

Die grootste deel van die bevolking bevind hulle in Afrika in daardie niemandsland tussen ’n taal wat hulle verstaan maar hulle geen noemenswaardige toegang tot kennis en geleenthede bied nie, en ’n koloniale wêreldtaal wat hulle nooit heeltemal bemeester het of sal leer nie.

In al hierdie lande is daar egter geen sprake van grondwetlike taalregte of ander tale wat in beginsel amptelike status het nie. Daar is slegs aspirasies en ’n gedeelde ervaring van verlies en magteloosheid in hierdie taalgemeenskappe.

Die Biel-konferensie is aangebied deur PEN Suisse – die Franstalige PEN-sentrum in Switserland. Daar is ook ’n Duitse PEN-sentrum in Switserland. Dit is immers ’n land wat baie waarde aan meertaligheid heg en ook die taalregte van verskeie minderheidstale soos Italiaans en Reto-Romaans erken. ’n Taalbeleidsbesluit wat egter by dié konferensie nadruklik betreur is, is die feit dat verskeie Duitse skole in Switserland besluit het om Engels in die plek van Frans as eerste addisionele taal aan te bied. In die Franse streek van Switserland moet kinders egter Duits as eerste addisionele taal neem.

Gedurende die drie dae was daar verskeie referate wat soortgelyke uitdagings op verskillende kontinente bespreek het, maar geen afgevaardigde het enige eenvoudige oplossing gehad om aan te bied nie. Soos Simona Škrabec, die indrukwekkende, veeltalige voorsitter van die TLRC, graag sê: “When it comes to language, it is always complicated.” En Simona, ’n bestuurslid van die Katallaanse PEN-sentrum, weet waarvan sy praat. Sy bly in Barcelona en is getroud met ’n Katallaanse man, maar is in Slowenië gebore met ’n Sloweense ma en Serbiese pa. Sy praat Sloweens, Serbies, Katallaans, Spaans, Frans, Duits en Engels, maar vertaal hoofsaaklik uit Sloweens en Serbies na Katallaans of Spaans.

Simona Skrabec, voorsitter van TLRC

By ’n vorige konferensie van PEN se TLRC in Johannesburg in 2016 was sy in gesprek met die intussen oorlede Suid-Afrikaanse hofdigter Keorapetse Kgositsile. By daardie geleentheid het sy hierdie gedig van die Bosniese digter Goran Simić, in haar eie sterk aksent voorgelees:

MY ACCENT
(for Visnja)

I love my accent, I love that wild sea
which attacks my weak tongue.
It doesn't reside in the morning radio news
as much as in the rustle of the job offer flyers
stapled to the street poles.
In my accent you can find my past,
the different me who still talks with imagined fishes
in a glass of water.

My grandfather was a fisherman
and I grew up on a dock
waiting for him to come back.
He built a gigantic aquarium when I was born
and every time he brought a fish
he named it immediately by some word I had to learn
until the next came...next came...next came.
I remember the first two were called "I am"
and after that the beauty of language came to me
through the shining scales.
I learned watching the aquarium
and recognizing the words by the silent colors.
After returning home
my grandfather would spend whole nights
making sentences by combining the fishes
who would pass each other.
It's how I learned to speak.

I left the house the day when my grandfather went
fishing for a black fish he was missing
and never came back.

Now I am sitting in the middle of my empty room
as in an aquarium
and talking with ghosts of the fishes
I used to recognize by words,
talking with the shadows floating
over the flyers ripped off street poles.

"I love my accent ...
I love my accent.."
I repeat and repeat again
just not to ask myself:

Who am I now.
Am I real or just the black fish
my grandfather failed to catch.

Hierdie gedig trap in my spoor sedert daardie voorlesing in die Braamfonteinse jazz-klub The Orbit. Ek dink altyd weer daaraan wanneer ek hoor hoe hard mense hier by ons probeer om aksente weg te steek of trots af te wys; aksente wat altyd alles verraai; aksente wat jou dwing om te vra wie jy was en wie jy geword het.

Samekomste van PEN se TLRC gaan uiteindelik oor al hierdie dinge. Almal is gemaklik daaroor om oor taal as ontwikkelingsinstrument te gesels en daar is konsensus oor die verkieslikheid van moedertaalonderrig, maar die emosie wat aan taal en identiteit gekoppel is, slaan altyd iewers in besprekings deur. En saans wanneer afgevaardigdes poësie in hul onderskeie moedertale voorlees, hoor jy heel ander dimensies en skakerings van die mense saam met wie jy deur die dag met die bemiddeling van tolkdienste vergader het.

Girona-manifes

Nicolas Kawinga, links, in gesprek met Ismaila Traore van PEN Mali

Lokdun van PEN Tibet vertel van die onderdrukking van Tibetaans deur die Chinese regime.

Ismaila Traore, PEN Mali

Danson Khayana PEN Uganda, Danie en Dessale Berekhet, PEN Eritrea

Danie saam met Arne Svingen van Noorweë en Tomica Bjasic van PEN Kroasië

Arne Svingen saam met Alix Parodi van PEN Suisse Romand die gashere van die konferensie

Biel-tolke

TLRC-afgevaardigdes op die trap van die Biel-bib waar die konferensie plaasgevind het.

By 'n poësie-aand in die Neues Museum, Biel

The post Die stand van meertaligheid van Kaapstad tot in Tibet: Konferensie van PEN International se Komitee vir Vertaling en Taalregte – TLRC (Translation and Linguistic Rights Committee) appeared first on LitNet.


Grilgrypers deur De Wet Hugo: Grieselrige goeters wat leesgieriges sal gryp en laat gril

$
0
0

Die vloek van Vreesbaai, geskryf deur De Wet Hugo met illustrasies deur Shân Fischer. Human & Rousseau, Kaapstad, 2018, ISBN 9780798176750.

Web van die mummie, geskryf deur De Wet Hugo met illustrasies deur Shân Fischer. Human & Rousseau, Kaapstad, 2018, ISBN 9780798176729.

Kamp vir monsters, geskryf deur De Wet Hugo met illustrasies deur Shân Fischer. Human & Rousseau, Kaapstad, 2018, ISBN 9780798176781.

’n Mens wonder hoekom kinders so gek is oor grillers. ’n Bietjie navorsing hieroor bied gelukkig antwoorde wat ouers sal gerusstel dat dit ’n algemene en normale verskynsel is, en dat die gevolg allesbehalwe ’n generasie bangjanne gaan wees. Volgens kenners stap kinders eerder bemagtig van ’n grillerleeservaring weg. Die meeste van hulle is van nature aangetrokke tot bangmaakdinge, omdat hulle juis op die veiligheid van die werklike lewe, waar spoke en monsters nie bestaan nie, kan staatmaak. Danksy grillers is plekke waar die onmoontlike en dikwels ondenkbare wel bestaan en gebeur, tydelik toeganklik. Boonop word monsters in stories oorwin en ervarings in donker woude hou nie vir ewig aan nie. Skielik is skoolboelies niks teen spoke of zombies nie.

Lesers raak betrokke by die kwesbaarheid van karakters en oorleef oënskynlik onmoontlike situasies en uitdagings saam met boekhelde. Teen boektoemaaktyd is hulle terug in hulle “gewone” lewens en is die Voldemorts en Volturi van die lewe oorwin. Grillerleeservarings kan jong lesers selfs nuwe vaardighede gee om emosies en vrese te hanteer.

Al drie titels in De Wet Hugo se nuwe Grilgryper-reeks voorspel die onheilspellende en ná die lees van die eerste boek, Die vloek van Vreesbaai, is dit duidelik dat Hugo ’n mens kán bang skryf. Aanvanklik voel jy dis fantasie teen ’n realistiese en alombekende agtergrond, maar vinnig begin jy wonder of dit nie dalk werklik kan wees nie en raak jy, al naelkouende, meegesleur. Almal weet tog dat mis baie onheilspellend kan wees en dat jy jou allerhande dinge kan verbeel as jy alles nie mooi kan uitmaak nie. Maar sou jy jou vreesaanjaende honde met rooi oë of ’n pampoenkop-voëlverskrikker of krokodille kon verbeel?

Die hoofkarakter van die tweede titel, Web van die mummie, is die veertienjarige Pippa, en die verhaal speel af op die familieplaas Moordkuil in die Moordenaarskaroo (reeds grillerig) en in haar skoolkoshuis in die Paarl. Pippa het ’n spinnekopfobie en daar word ’n mummie (mooi beskryf as ’n biltongmens) op Moordkuil gevind. Met Pippa se kamermaat Siphokazi wat aan ’n mummieklub behoort, plus ’n twee honderd jaar oue vloek wat met mummies te make het as bykomende bestanddele, spin Hugo nog ’n baie grillerige storie met onverwagse, verrassende wendings wat selfs enige dooierige leser wakker sal hou.

Met die nuutste titel, Kamp vir monsters, draai Hugo die skroewe aan. Hy laat jou dié keer nie net gril nie, maar ook met ander oë na die mense rondom jou kyk. Lyk die man met die kep daar onder die lamppaal nie ’n bietjie na ’n hoender nie? En wat daarvan as jy hom in ’n donker woud sou teëkom nadat jy moontlik voor ’n swerm motte … met haaikoppe ... moes vlug? Clayton, die hoofkarakter, word deur sy pa na ’n kamp vir tienerkriminele gestuur. Hy het ’n vrees vir woude – hy is ’n hilofoob. Die feit dat Kamp Monster in ’n digte woud geleë is, voorspel dus niks goeds nie. Die leser besef wel baie gou dat bome wat lyk of hulle lewend raak, die minste van die kinders in Kamp Monster se bekommernisse gaan wees. Hugo het vrye teuels aan sy verbeelding gegee met die skep van sy monsters, en ’n monsteragtige grilsessie is dus weer jou voorland met die lees van hierdie boek.

Verbeelding het De Wet Hugo oorgenoeg van om kinders met ’n arsenaal rilelemente vasgenael te hou. Een van hierdie rilelemente is die manier waarop hy lesers oor karakters se ware bona fides aan die raai hou. Hoewel die hoofkarakter altyd ’n klein geloofwaardige vriendekring of vriend/vriendin het, is daar genoeg randkarakters wat nie bo verdenking is nie. Kan lesers meneer Swart, die sielkundige op Vreesbaai, vertrou? Lerato is baie hulpvaardig wanneer Clayton snuf in die neus oor Kamp Monster begin kry – of is sy? Daarteenoor word juffrou Botha in Die vloek van Vreesbaai, Weerbeer in Web van die mummie en Rooibaard in Kamp vir monsters negatief en vreesaanjaend voorgestel. Ja, grillers gaan oor die verrassingselement. Lei die leser om een ding te verwag, en gee dan die teenoorgestelde. Goed gedoen, De Wet Hugo.

Vir ekstra trefkrag gebruik Hugo ook ’n kombinasie van rilelemente. Hy spreek nooit net een vrees of fobie of grillerige element aan nie. In Vreesbaai word elke kind, afgesien van die alomteenwoordige mis en ’n vormverwisselaar, deur ’n unieke vrees geteister: in Web van die mummie kombineer hy spinnekoppe, ’n mummie en ’n skynbaar onoorkomelike vloek; en in Kamp vir monsters skep hy ondenkbare monsters teen die agtergrond van karakters wat almal met hulle eie demone worstel. Elke kind het boonop om ’n unieke rede by die rehabilitasiekamp beland.

Met al drie verhale is daar wel op die oog af logiese verklarings vir gebeure. Ontknopings is, soos dit ’n goeie griller of spanningsverhaal betaam, nooit eenvoudig of ooglopend nie. Dit is kenmerkend van spanningsverhale en grillers dat die hoofkarakters hindernisse oorkom eerder as om ’n doelwit te bereik, en die storielyn word deur die “skurke” gedryf.

Teen alle verwagtinge in slaag De Wet Hugo ná slim ontknopings daarin om al drie stories naelbytslotte te gee, wat lesers die boek moontlik sal laat neergóói eerder as neersít (bloot omdat dit die laaste paragraaf is).

Hugo bekonkel slim en goeie stories waarteen bitter min antilesers sou kon staande bly. Kry hulle net op bladsy 2! Hierdie grillers sal seuns én dogters van nege tot twaalf eerder grootoog aan die lees hou as om hulle van boeke en lees af te skrik.

Hier is dit dalk nodig om ’n lansie te breek vir grillers in boekformaat teenoor grillers op skerms. Kinders weet instinktief waar hulle bangmaakgrense lê. Hulle sal ophou lees en ’n boek toemaak as dit vir hulle te veel word. In boeke word grense deur die verbeelding bepaal; op skerms is daar minder wegkomkans.

The post <i>Grilgrypers</i> deur De Wet Hugo: Grieselrige goeters wat leesgieriges sal gryp en laat gril appeared first on LitNet.

Wat elke skrywer moet weet: Verhoogverwerkings

$
0
0

Hoe gaan ’n mens te werk om die regte te verkry om iets vir die verhoog te verwerk? Hoe word ’n teks regmatig vertaal en opgevoer? Wie besit die intellektuele eiendom in die aangepaste werk?

Die aanpassing of vertaling van ’n werk vir die verhoog is algemene praktyk in die teaterbedryf. Wanneer ’n boeiende roman byvoorbeeld deur ’n begaafde teatermaker gevind en verwerk word, ontstaan ’n verhoogteks wat deur ’n nuwe gehoor van teatergangers ervaar kan word. Dié praktyk het die potensiaal om lewe in gedrukte woorde te blaas. Nuwe interpretasiemoontlikhede ontstaan wanneer die teks deur talentvolle akteurs opgevoer word.

Daar is ’n wetlike raamwerk waarbinne ’n mens moet funksioneer wanneer jy ’n teks vir die verhoog verwerk. As ’n verwerker gaan jy met die intellektuele eiendom van die outeursreghouer van die oorspronklike teks om. Dit gaan gepaard met ’n taamlike hoeveelheid verantwoordelikhede en verpligtinge, aangesien die onus op die verwerker berus om die korrekte stappe ten opsigte van die verwerking te volg.

Verwerkings- en opvoerregte is wat ’n mens in staat stel om voort te gaan. Dit is belangrik vir enigeen wat ’n werk vir die verhoog wil aanpas om toestemming te verkry voordat hulle met die verwerking begin. Die verwerkingsreg gee die verwerker die regsbevoegdheid om die werk te verander, te vertaal of aan te pas volgens die bepalings en voorwaardes van die ooreenkoms wat tussen die outeursreghouer en die verwerker bereik word.

Die outeursreghouer van ’n werk het eksklusiewe beheer oor hoe en wanneer daardie werk ontgin, gereproduseer of aangepas word, soos deur die Wet op Outeursreg bepaal. Daar is min wat gedoen kan word indien die outeursreghouer toestemming vir die verwerking weier of weerhou. Dit is hul prerogatief. Toestemming kan weens ’n aantal redes geweier word, soos dat die outeursreghouer self planne met die werk het, ’n ander verwerking reeds gemagtig het, of bloot die begeerte het dat die werk onveranderd in sy oorspronklike vorm bly. Daarom is dit so belangrik om toestemming te verkry voordat die projek ’n aanvang neem.

Die eerste stap is om te bepaal by wie die outeursreg vir die bronmateriaal berus. Dit kan die outeur, die uitgewer, die skrywer se erfgename of ’n derde party wees aan wie die regte toegeken is. Suid-Afrika se outeursregwetgewing maak tans voorsiening daarvoor dat outeursreg in ’n literêre werk vir die duur van die outeur se leeftyd geld, plus vyftig jaar na hul dood. As dit ’n gepubliseerde werk is, mag die uitgewery die reg hê om aanpassings van die werk te magtig ingevolge hul uitgewersooreenkoms met die outeur. Dit is ook belangrik om daarop te let dat net omdat ’n skrywer meer as vyftig jaar oorlede is, beteken dit nie outomaties dat die regte in daardie teks die openbare domein betree het nie. Dit is veral van belang waar daar onlangse uitgawes van die werk is wat onderskei moet word van die oorspronklike teks en waar die beoogde verhoogverwerking gebaseer is op ’n bestaande verwerking wat steeds outeursregbeskerming geniet. Deel van DALRO se dienste is om verwerkersooreenkomste namens ons kliënte te bestuur. Dit sal raadsaam wees om ’n lisensiëringsagent soos DALRO te kontak om te bepaal waar die regte in ’n bepaalde teks lê.

Sodra die outeursreghouer vasgestel is, moet ’n verwerkersooreenkoms onderhandel en onderteken word deur beide die verwerker en die outeursreghouer of hul agent. Verwerkersooreenkomste is standaard ooreenkomste wat tipies die volgende bepalings sal insluit:

  1. Die titel, outeur en besonderhede van die bronwerk(e);
  2. Klousules oor die outeursreghouer se reg om die verwerkte teks goed te keur wanneer dit voltooi is en voor enige openbare opvoerings mag plaasvind, indien so verlang deur die outeursreghouer;
  3. Die voorgestelde titel van die nuwe verwerking;
  4. Klousules oor die eienaarskap van die outeursreg in die nuwe verhoogverwerking en die verdeling van tantième tussen die outeursreghouer en die verwerker ten opsigte van enige aanwending, opvoering en reproduksie daarvan.

Wat die verdeling van tantième uit die verhoogverwerking betref, is standaardpraktyk dat die leeueaandeel van die inkomste die outeursreghouer van die bronteks toekom aangesien dit die inhoud en materiaal is wat die verwerking onderlê en moontlik maak.

Alhoewel dit in praktyk minder algemeen is vir verhoogverwerkings, kan die outeursreghouer ook kies om ’n fooi te hef vir die reg om hul werk aan te pas. As die werk deur meer as een persoon aangepas word of as die verwerking ontstaan wanneer die span repeteer, is dit belangrik dat die verwerkersooreenkoms spesifiseer watter tantièmeverdeling sal geld vir diegene wat tot die verwerking bygedra het.

In ’n geval waar die bronwerk heeltemal buite outeursregbeskerming is, sal die verwerker 100% van die outeursreg in die nuwe werk behou.

Die verwerking word gesien word as ’n onafhanklike outeursregwerk en outeursreg in die verwerking staan dus los van die outeursreg in die bronmateriaal. Dit wil sê dat die outeursreg in die nuwe werk volgens outeursregwetgewing vir die verwerker se leeftyd plus vyftig jaar sal duur, ongeag wanneer die outeursreg in die oorspronklike bronmateriaal verval.

Elroy Bell is toesighouer van die teater- en algemene lisensiëringsafdeling van DALRO (Dramatic, Artistic and Literary Rights’ Organisation). Kontak asseblief theatricals@dalro.co.za of +2711 712 8330 vir meer inligting oor verwerkings, vertalings of vir advies oor lisensiëring van jou werk vir opvoering.

Besoek gerus www.dalro.co.za om die Engelse weergawe van hierdie artikel te lees.

The post Wat elke skrywer moet weet: Verhoogverwerkings appeared first on LitNet.

Kunsuitstalling vier die grensverskuiwende rol van vrouekunstenaars

$
0
0

Die eerste belangrike Suid-Afrikaanse kunsuitstalling met die fokus op die grensverskuiwende rol van vrouekunstenaars in Suid-Afrikaanse kunsgeskiedenis word gevier in die Maand van Kuns wat vir die vyfde agtereenvolgende Augustus aangebied word in die herehuis Welgemeend op die terrein van die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad.

Vooraansig van Welgemeend Herehuis in Kampstraat, Kaapstad, voorheen die tuiste van die Hofmeyr-familie. Dit is die derde oudste gebou in Suid-Afrika en dateer na 1693. | Foto: Ané Dallas-Orr

Die werk wat uitgestal word, is ’n keur uit die private versameling van Frank en Lizelle Kilbourn. Altesaam word 98 werke van 67 kunstenaars verteenwoordig wat dit van 1910 tot 2018 geskep het.

Frank Kilbourn, kunsversamelaar en voorsitter van Strauss & Co, aan die woord by die Maand van Kuns. Hy en sy vrou, Lizelle, bied die uitstalling Grensverskuiwings, ’n keur uit die werk van Suid-Afrikaanse vrouekunstenaars, aan. | Foto: Hanneli Higgs

Die Kilbourns wil hierdeur die reusebydrae van vrouekunstenaars tot die ontwikkeling van Suid-Afrikaanse kuns erken en vier. Hierdie bydraes, byna in elke dekade, ís inderdaad grensverskuiwend en vrouekunstenaars was altyd aan die voorpunt van vernuwing in Suid-Afrika.

Margaret de Villiers, stylontwerper verantwoordelik vir die interieur van die aanbieding van Grensverskuiwings. | Foto: Ané Dallas-Orr

Die waarde van hierdie uitstalling lê nie net in die herwaardering van die bydrae van vrouekunstenaars nie, maar veral om opnuut erkenning te gee daaraan dat hulle ’n deurslaggewende bydrae gelewer het en steeds ’n betekenisvolle rol speel om Suid-Afrikaanse kuns mededingend met die res van die wêreld te maak. Hierdie erkenning was nie altyd daar nie en steeds is daar te veel vrouekunstenaars wat nog onderwaardeer word.

Aansig van die werk van eietydse Suid-Afrikaanse kunstenaars op die uitstalling Grensverskuiwings in die Welgemeend Herehuis. | Foto: Ané Dallas-Orr

’n Besoeker by die eietydse werk op uitstalling by Grensverskuiwings | Foto: Ané Dallas-Orr

Van die gaste by die opening van die Maand van Kuns in die Welgemeend Herehuis in Kaapstad. | Foto: Hanneli Higgs

Grensverskuiwings verken drie hooftemas: liggaam, ruimte en samelewing. Dit sluit portrette van vroue deur vroue in, stillewes, landskappe, interieurs wat tradisioneel gesien word as “vroueruimtes”, en werke wat eietydse en sosiale kwessies aanspreek. Die kunstenaarslys verteenwoordig drie deurslaggewende periodes: die pioniermodernisme met Stern, Laubser, Maud Sumner en Cecil Higgs aan die voorpunt; die baanbrekers van die 1950’s, soos Nel Erasmus, Esther Mahlangu en Judith Mason; en hoogaangeskrewe eietydse kunstenaars soos Marlene Dumas, Pennis Siopsis, Deborah Bell, Jane Alexander, Mmakgabo Sebidi en Mary Sibande.

Werk van Deborah Bell (1957–), getiteld Horse (2011), gemengde media. | Foto: Ané Dallas-Orr

(Uitgesluit is vrouekunstenaars wat nou betrokke was by die Abstrakte beweging in die 1960’s en daarna. Hulle was verlede jaar in die Maand van Kuns ingesluit, maar weens spasieprobleme kon die groep nie weer verteenwoordig word nie. In die 2018-katalogus word hulle bydrae verreken.)

Beeldhouers word goed verteenwoordig deur werke van oa Beth Armstrong, Wilma Cruise, Noria Mabasa en Rina Stutzer, terwyl gehaltevoorbeelde van fotograwe soos Zanele Muholi, Nandipha Mntambo, Thania Petersen, Mary Sibande en Sue Williamson gewys word.

Met Irma Stern se terugkeer na Suid-Afrika in die 1930’s het sy eiehandig die hele Suid-Afrikaanse kunsmark en -geskiedenis verander. Met haar opleiding by Max Peckstein en ander invloedryke lede van die Duitse Ekspressionisme het sy ondanks teenkanting nooit haar selfvertroue as kunstenaar ingeboet nie. Sy is steeds ’n hoogs gesogte naam in die kunsmark en steeds het haar bydrae, sowel as dié van Maggie Laubser, die belangrikste invloed op hoe ons na Suid-Afrikaanse kuns kyk.

Twee belangrike werke van baanbreker-vrouekunstenaars op die uitstalling: Irma Stern (1894–1966) se Wit lelies, 1936, olie op doek, en in die voorgrond die beeldhoustudie Figuur, 1955, in brons deur Stella Shawzen (1923–).

Met die patriargale bestuur van Suid-Afrikaanse kuns sedert 1920 is vrouekunstenaars dikwels na die agtergrond gedwing. Die onbetwiste gehalte en bydrae van Stern en Laubser is eers vanaf die 1980’s ten volle verreken. Albei het gesogte retrospektiewe uitstallings in die Suid-Afrikaanse Nasionale Kunsmuseum gehad – ’n eer wat nie vir veel beskore was nie. Nog in die geheue is die beledigings wat die twee kunstenaars veral in die 1920’s en 1930’s moes verduur toe hul werk as “vulgêr, lagwekkend en belaglik” afgemaak is. Hulle kon toe nie ’n bestaan uit hul werk maak nie en by Stern se eerste solo-uitstalling in 1922, wat sy uitdagend An Exhibition of Modern Art by Miss Irma Stern genoem het en in die ou Asbeys-kunslokaal in Loopstraat 91, Kaapstad, aangebied het, het twee polisiemanne by die openingsaand aangekom om klagtes van “onbetaamlikheid” te ondersoek!

Die resensent van The Cape Times het Stern se werk afgemaak oor die “general nastiness” daarvan. Haar vroeë uitstallings is nie net afgeskryf nie, maar vele beledigings is aan haar gerig. Hilda Purwitsky doen in 1925 oor hierdie periode verslag en skryf dat Stern se werk met “storms of abuse and denunciation” veroordeel is, terwyl Stern in haar dagboek in 1922 aanteken dat “all laughed and slung mud at me”.

Vandag is Stern die grootste en belangrikste verkoper op kunsveilings – hier en in die buiteland. Net ter illustrasie: Stern het in die afgelope nege jaar van die bestaan van die veilingshuis Strauss & Co die hoogste verkoopsyfer gehad met verkoopte werke wat R338 miljoen bedra het. Dit is dubbel soveel as JH Pierneef, terwyl Maggie Laubser in die vyfde posisie is met totale verkope van R58 miljoen.

Steeds is daar nog te veel vrouekunstenaars wat nie na behore ingeskat is nie en wat nie die erkenning kry of gekry het wat hulle werklik verdien nie. Goeie voorbeelde, wat op hierdie uitstalling tot hul reg kom, is Bertha Everard, Florence Zerffi, Freida Lock, Marianne Podlashuc, Nita Spillhaus, Ruth Prowse en Ruth Everard-Haden. Hierdie groep is veral negatief getref deur die politiekgedrewe internasionale kunsboikot teen Suid-Afrika.

Bina Genovese, medebesturende direkteur en hoofafslaer van Strauss & Co, aan die woord by die Maand van Kuns, wat die veiling in samewerking met die Vriende van Welgemeend aanbied. Die skilderye agter haar (links) is Florence Zerffi (1882–1962) se studie Portret van Nanny in olie op doek en (regs) Maggie Laubser (1886–1973) se Vrou met die kopdoek, olieverf op doek, 1926.

So dikwels, soos die kunsgeskiedenis bewys, is dit juis dié miskenning wat later die kunstenaars die begeerlikste vir versamelaars maak.

Kunstenaars soos Judith Mason-Atwood, Jane Alexander, Sue Williamson en Penny Siopsis kon in die strugglejare teen apartheid belangrike bydraes lewer wat introspeksie afgedwing het om ’n klimaat vir verandering voor te berei, en vandag geniet hulle internasionale erkenning vir hul werk.

Onder die eietydse kunstenaars wat ook op die voorgrond tree, is Barbara Wildenboer, Georgina Gratrix, Jessica Webster, Liza Grobler en Shany van den Berg.

Werk van Jessica Webster (1981–) getiteld Grace in olie, ink en garing op doek. | Foto: Ané Dallas-Orr

Ander eietydse kunstenaars, soos Zanele Muholi, Nandipha Mntambo, Mmakgabo Sebedi, Eshter Mahlangu en Mary Sibande, geniet groeiende internasionale aansien, terwyl Marlene Dumas as een van die belangrikste kunstenaars in wêreldkuns gereken word.

Die Maand van Kuns word aangebied deur die Vriende van Welgemeend in samewerking met Strauss & Co en Delaire Graff Wynlandgoed. Dit is ’n fondsinsamelingsprojek om die Welgemeend-herehuis (1693) en die Boerneef-kunsversamelings, wat hier gehuisves word, in stand te hou.

  • Die uitstalling Grensverskuiwings van Suid-Afrikaanse vrouekunstenaars van die afgelope eeu kan nog tot Vrydag 31 Augustus tussen 10h00 en 15h00 besigtig word. Navrae by tel 060 563 2822.
  • Op Donderdag 16 Augustus tussen 18h00 en 21h00 word ’n skemerkelkie en rondleiding vir die publiek deur Frank Kilbourn aangebied met toegangsgeld van R250 per kaartjie.
  • Op Saterdag 18 Augustus tussen 9h30 en 12h30 word ’n kort kursus, “Inleiding tot kunswaardering vir beginners”, aangebied deur Amanda Botha, kunsjoernalis, en Lizelle Kilbourn, versamelaar. Toegang R150 per persoon. Bespreking wenslik.
  • Op Woensdag 29 Augustus word ’n meestersklas aangebied getiteld: “Die Veilingsproses – Agter die skerms van Strauss & Co.” Dit word aangebied deur die gesamentlike besturende direkteure, Bina Genovese en Vanessa Phillips. Toegangsgeld R100 per persoon.

The post Kunsuitstalling vier die grensverskuiwende rol van vrouekunstenaars appeared first on LitNet.

Graad 9: Natuurwetenskappe, November-vraestel en -memorandum

“Liewe hemel!” Ernst van Heerden en de vroege poëzie van Antjie Krog

$
0
0

Antjie Krog (Foto: Naomi Bruwer) en Ernst van Heerden

Aan het literatuurhistorische belang van de poëziecollectie Ernst van Heerden in het Poëziecentrum (Gent) is hier al eerder aandacht besteed (https://www.litnet.co.za/paralipomena-ernst-van-heerden-leest-elisabeth-eybers/). Wat de verzameling bijzonder maakt, behalve het gegeven dat het de meest omvangrijke Afrikaanstalige poëzieverzameling buiten Zuid-Afrika betreft, is dat dichter (Hertzogprijslaureaat), criticus en academicus Ernst van Heerden (1916–1997) zijn persoonlijke boeken van aantekeningen heeft voorzien. De parafernalia, doorgaans potloodstrepen en korte commentaren, laten de onderzoeker toe het kritisch instrumentarium te analyseren. Of zo u wilt: de lezerspoëtica van de criticus te bestuderen. Gedichten die de voorkeur wegdragen, worden voorzien van een dubbele potloodstreep, een uitroepteken of een prozaïsch commentaar. De lezer Van Heerden laat ook zijn afkeer blijken: teksten die niet door de beugel kunnen, worden gemarkeerd met een vraagteken of een golvend streepje.

Dergelijke marginalia in privébibliotheken zijn voor de studie van het kritisch repertoire en de beschouwerspraktijk van literaire actoren waardevol onderzoeksmateriaal. Ze werpen zoals gezegd een licht op de leeswijze. In het geval van Van Heerden spreekt Daniel Hugo in een sarcastisch gedicht over de methode van de “pterodaktiel”, in het aan de dactyluszanger opgedragen gedicht: “KLAP-wap-wap, KLAP-wap-wap, KLAP-wap-wap / kom dié daktiliese dier / na ’n nes van woorde aangeflap” (Hanekraai, 2012, p 11). De dichter Van Heerden houdt van regelmatige metrische patronen, een klassieke prosodie. Ook in de verskunst van collega-dichters. Aan het eind van het lemma in Perspektief & Profiel levert Lucas Malan een commentaar op Van Heerdens literatuurkritiek. Het is mij echter niet zo duidelijk wat met het “dokument agter die gedig” wordt beoogd. Biografische anekdotiek, een referentiële leesfase?

[…] die kritiese opstelle [getuig] van veral ’n fyn vakkundige sintuig vir die tekstuur van poësietekste, ’n groot kennis van ander literature en ’n vermoë om die “dokument agter die gedig” sekuur na te vors en die skeppingsproses sinvol te rekonstrueer […]. Al sou die leesstrategieë in dié tekste tans gedateer lyk, bly dit modelle van insig en vakkundige sorg wat al hoe skaarser word. (p 875)

Aan lezersmarkeringen ligt een poëticaal denken ten grondslag. Tegelijk laten ze het referentiekader van de lezer-criticus zien. In het geval van literair-kritische beschouwingen in dag- en weekbladen, tijdschriften en academische periodieken geven ze een inkijk in de manier waarop de beschouwing is tot stand gekomen. Omdat de notities tot de privésfeer moeten worden gesitueerd, kan vanuit een vergelijkend perspectief de kritische (en mogelijk meer genuanceerde) stellingname in de openbare ruimte worden bekeken.

Teneinde inzage te krijgen in de kritische auteurspoëtica alsook het esthetische repertoire van Van Heerden, kan de casus Antjie Krog illustratief zijn. Onderzoeksvragen zijn hoe de oudere, traditioneel georiënteerde literatuurbeschouwer dichtwerk van de atypische, recalcitrante jonge schrijfster heeft gerecipieerd. De collectie in het Poëziecentrum bevat in totaal drieëntwintig titels van Krog. Dankzij de financiële steun van de PUK-Kanselierstrust van de Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) wordt de privébibliotheek sinds twintig jaar aangevuld met nieuwe uitgaven. Acht boeken van Antjie Krog maken op basis van aantekeningen, het jaar van uitgave en de inventaris van de schenking deel uit van de verzameling Van Heerden. Sinds 1998 zijn jongere titels toegevoegd, bloemlezingen en vertalingen in het Nederlands.

De lectuur van leesnotities levert in voorliggend geval bevindingen op die niet eens zo opmerkelijk zijn. Schrijvers die een nieuw (of ander) paradigma installeren in het literaire landschap, worden doorgaans door gezaghebbende recensenten ongunstig bejegend. Indien de poëzie al wordt besproken, schiet het kritisch begrippenapparaat tekort om het niet vertrouwde geluid afdoende te becommentariëren. Casussen over de kritische receptie van Lucebert, K Schippers, Hans Faverey en bijvoorbeeld Dirk van Bastelaere hebben dat aangetoond (zie Thomas Vaessens en Jos Joosten, Postmodernisme in de Nederlandse en Vlaamse poëzie, 2003). Doorgaans bedienen deze critici zich van een begrippenapparaat en een referentiekader die niet of onvoldoende in staat blijken het discours of paradigma te duiden van een nieuwlichter in de literatuur. Aan die lijst met Nederlandstalige schrijvers kan ook Krog worden toegevoegd. Receptiestudie van de eerste bundels van Antjie Krog laat zien dat zij een ander dan het bekende geluid produceerde in de contemporaine Afrikaanstalige poëzie. Nochtans, zo noteert de betreurde Tom Gouws in het lemma over Antjie Krog (tot 1998), “[k]ritici het oorwegend baie positief oor die bundel geoordeel” (p 575). Ernst van Heerden behoort niet tot die gunstig gestemde beoordelaars, althans niet volgens de lectuurnotities. De wijze waarop hij het dichtwerk kritisch en meestal afwijzend benadert, lezen we in de parafernalia.

In margine

Van alle Krog-titels vertoont Van Heerdens exemplaar van het debuut Dogter van Jefta (Human & Rousseau, 1970) veruit de meeste aantekeningen. Naarmate het dichterschap zich ontwikkelt, tot de bundel Jerusalemgangers (Human & Rousseau, 1985) – de meest recente titel in Van Heerdens privécollectie – neemt het aantal potloodstrepen en commentaren af. Klaarblijkelijk is de criticus met goede moed begonnen aan zijn lectuur: de titel- en tegelijk openingsafdeling alsook de volgende cyclus “Jy raak my nie meer” zijn duidelijk met welwillende aandacht gelezen en bevatten de meest betrokken commentaren. Doorgaans hebben die een afwijzende connotatie: de slotstrofe van “Ma” is “flou”, en de tweede strofe roept bij de lezer een reminiscentie op aan Breytenbach. Het is de enige keer dat Breyten Breytenbach wordt vermeld in Van Heerdens Krog-verzameling.

want jy maak my groot
in jou krom klein handjies
jy beitel my met jou swart oë
en spits woorde
jy draai jou leiklipkop
jy lag en breek my tente op
maar jy offer my elke aand
vir jou Here God.
jou moesie-oor is my enigste telefoon
jou huis my enigste bybel
jou naam my breekwater teen die lewe

In afdeling 2 is “Geslote hek” “deriwatief”, het volgende gedicht “Vanaand” is al wat “beter” maar “(nog Ingrid Jonker)”. Ook de slotterzine van “Vir jou” is volgens Van Heerden maar bedenkelijk en de afsluitende regel van “Stasie”, “oor jy my nooit weer vas sal hou?” is in de ogen van de lezer ronduit “banaal!”. Er zijn maar enkele (fragmenten van) gedichten die de proef hebben doorstaan: de eerste strofe van “Vir jou”, “Bokkie” (“goed”) en “Onderwyser”. Vooral de referenties aan Malherbe en Totius aan het eind van dat laatste gedicht konden, met een uitroepteken in de marge, duidelijk op de waardering van Van Heerden rekenen.

Lezen met Opperman en Du Plessis in de zijspiegel

Wat wellicht belangwekkender is, is het kritisch repertoire van Van Heerden en de manier waarop hij het inzet om werk van de debutant Krog te wegen. Niet alleen “Vanaand” roept een reminiscentie op (Jonker), in “Waar het daar oorgebly” resoneert DJ Opperman (met name de afsluitende versregels “Nee, net ’n rouplek / waar ons twee aan mekaar vas was”). Ook in latere bundels van Krog meende Van Heerden een echo van “Opp[erman]” op te vangen, zoals in “die skryfproses, as sonnet” (Otters in Bronslaai, Human & Rousseau, 1981). In diezelfde bundel herinneren enkele (regels in) gedichten aan Phil du Plessis: “kunsgalery” en “kleuterverse II”. Critici die over hun leeservaring rapporteren, doen dat met een eigen referentiekader en vanuit een bepaalde opvatting over literatuur. In parafernalia is dat kritisch repertoire zichtbaar, mogelijk minder omfloerst dan in journalistieke of academische literatuurkritiek. In de dichtbundels van Antjie Krog meende Van Heerden vooral Opperman en Du Plessis te lezen.

Zoals gezegd neemt na Dogter van Jefta het aantal potloodnotities stelselmatig af. In Januarie-suite (Human & Rousseau, 1972) treffen we maar vijf gedichten aan die op basis van Van Heerdens onderstrepingen waardevolle regels bevatten (respectievelijk de eerste twee gedichten “Lied van die fietsers” en “Sendelingargitek”, “UOVS.”, “Ballade vir die onwaarskynlike seun” en “Bly by my”). Van Heerden bezat naast de oorspronkelijke uitgaven van Dogter van Jefta en Januarie-suite ook de vroege verzamelbundel Eerste Gedigte (Human & Rousseau, 1970-1972). Verder behoorden tot zijn bibliotheek: Mannin (Human & Rousseau, 1975) – enkel het gedicht “ek het ’n huis” is voorzien van een uitroepteken, Beminde Antarktika (Human & Rousseau, 1975), het al eerder vermelde Otters in Bronslaai en Jerusalemgangers en tot slot Lady Anne (Taurus, 1989). Die laatste bundel bevat op de titelpagina een signatuur van Antjie Krog. Parafernalia in dat persoonlijk exemplaar zijn typisch voor Van Heerdens kritische benadering van Krogs poëzie. Veel onderstrepingen, woordverklaringen, een zeldzame literatuurverwijzing, hier en daar een notitie om voor zichzelf duidelijk te maken dat de tekst verschuift van het verleden naar de moderne tijd, de correctie van een zetfout. Ernst van Heerden vond “Die ballade van ou Robin Gray” (p 25–26) “nie sleg nie”, ““I think I am the first” – Lady Anne op Tafelberg” is “goed”. Maar het gedicht met het jaartal “1792” (“Toe Dundas met sy dik aksent”) leverde het meewarige commentaar op: “ai tog” (op p 67) en het gedicht met de beginregel “dis middernag en piouter” op pagina 24, als deel van “Kasteel Joernaal 12 Oktober 1797”, ontlokte bij de lezer een vernietigende “liewe hemel!”. Ten slotte nog een eigenaardigheid van Van Heerden: op de titelpagina van de bundels noteert hij soms het aantal gedichten per cyclus, zoals in Jerusalemgangers en Lady Anne. Hoeveel hij van dat rekenwerk wijzer is geworden, durf ik overlopend te betwijfelen.

Nieuwe onderzoeksperspectieven

Marginalia in privéboeken van gezaghebbende stemmen in de literaire ruimte laten zien hoe de beschouwerspraktijk verloopt, en documenteren de kritische auteurspoëtica. Ze laten zoals in deze gevalstudie zien welke echo’s bepaalde gedichten en regels oproepen. Een vergelijkende lectuur van Van Heerdens recensies en de in potlood neergeschreven persoonlijke commentaren kan revelerend zijn. In zoverre ik het weet, is in de Afrikaanse letterkunde nog maar weinig wetenschappelijke aandacht gegaan naar de constitutie van kritische repertoires en poëtica’s van literatuurbeschouwers. Indien een persoonlijke boekenverzameling voorhanden is, en de lezer maakte tijdens het leesproces aantekeningen zoals Van Heerden dat systematisch deed, dan krijgt de onderzoeker een meer genuanceerd beeld van de wijze waarop het dichtwerk, zoals hier van Antjie Krog, is gerecipieerd. Naast deze casus, uitgewerkt naar aanleiding van het colloquium van de Afrikaanse Letterkundevereniging (12–14 september 2018) aan de Universiteit Stellenbosch met focus op het werk van Antjie Krog én ter gelegenheid van het twintigjarig bestaan van de Collectie Ernst van Heerden in het Poëziecentrum (viering op 18 oktober 2018), zijn er tal van andere (deel)oeuvres die uitnodigen tot een filologische studie van beschikbare paralipomena.

Bibliografie

Tom Gouws, "Antjie Krog (1952–)". Perspektief & Profiel. ’n Afrikaanse literatuurgeskiedenis. HP van Coller (red). Van Schaik, Pretoria, 2016 [tweede uitgave], deel 2, pp 574–587.

Lucas Malan, "Ernst van Heerden (1916–1997)". Perspektief & Profiel. ’n Afrikaanse literatuurgeskiedenis. HP van Coller (red). Van Schaik, Pretoria, 2016 [tweede uitgave], deel 3, pp 868–876.

Met dank aan Stefaan Goossens van het Poëziecentrum (Gent), Daniel Hugo en Wannie Carstens. De Collectie Ernst van Heerden is beschikbaar in de online catalogus en kan worden geconsulteerd via de website van Poëziecentrum: www.poeziecentrum.be. Wannie Carstens schetst de historiek van de schenking.

The post “Liewe hemel!” Ernst van Heerden en de vroege poëzie van Antjie Krog appeared first on LitNet.

Viewing all 21558 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>