Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21593 articles
Browse latest View live

Jong lesers: Sarah Espinoza resenseer Ek was hier deur Nanette van Rooyen

$
0
0

Ek was hier
Nanette van Rooyen

Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799354966

Wie sou kon raai dat een verbode boek en ’n geheimsinnige seun met roetdonker oë al was wat nodig was om jou lewe te verander?

Frankie van Luffelen is net ’n gewone tiener. Sy het ’n mal pa met ’n harde stem en ’n neurotiese ma. Haar beste vriendin Jana is verspot spontaan, maar niemand is so flambojant soos Gloria, die eienaar van die Hoekkafee nie. Sy is so pronkerig soos ’n pou en sy is goedhartig teenoor almal in die buurt. Net ’n gewone meisie met ’n gewone lewe, tot Milan Kucharzik eendag in haar lewe instap en baie moeilikheid bring. Mirna Meyers is die slang in die gras wat almal hipnotiseer, maar nie vir  Frankie nie. Nou is Frankie baie nuuskierig oor Milan en sy hou nie net van musiek en fliek nie, maar nou hou sy ook heimlik van graffiti.

Die karakters is baie geloofwaardig. Die verhaal is so realisties dat die leser vir haar eie Milan op die uitkyk is. Die leser kan met die karakters en hul problem identifiseer, so ek dink die skrywer, Nanette van Rooyen, het haar teikenmark perfek bereik en was suksesvol in die bereiking van haar doelwitte vir hierdie jeugroman.

Die boek laat die leser huil, lag en asem ophou. Woede, skok, verwarring, opwinding en vreugde is alles emosies wat die leser ervaar. Die leser beveel hierdie boek aan, want dit het ’n interessante storielyn en dit is maklik om te lees, wat Engelssprekende tieners se woordeskat sal verbeter. Wees verseker as jy dit optel, sal jy dit glad nie neersit nie. En verwag maar ’n paar kinkels in die kabel.

The post Jong lesers: Sarah Espinoza resenseer <i>Ek was hier</i> deur Nanette van Rooyen appeared first on LitNet.


Jong lesers: Die leeutemmer se assistent deur Solet Scheeres en Marjorie van Heerden

$
0
0

Die leeutemmer se assistent
Solet Scheeres en Marjorie van Heerden

Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799379143

Toe ek die boek optel en die interessante prentjies sien, was my nuuskierigheid dadelik geprikkel. Ek was van kleins af lief vir lees, miskien omdat ek en my oupa van kleins af kopstukke kon gesels en navorsing doen oor verskillende goed.

Deesdae het almal van ons tablets, selfone en selfs Facebook en al daai dinge, maar in ’n tyd waarvan ek nog net gehoor het, dis waar jy die Leeutemmer sal ontmoet ...

Ek was nog nooit by ’n regte sirkus nie, maar hierdie boek het my geneem na ’n tyd lank terug toe sirkusse van die belangrikste besoekers aan die klein dorpies was. Ek het nooit geweet dat ’n hele sirkus per trein van plek tot plek getrek het nie – dis ongelooflik!

Die hoofkarakter, Martjie, neem ons op ’n wonderlike avontuur. Saam ontmoet ons die hoof van die sirkus, leer van die sterkste man in die wêreld en ook van Tiekie die nar. Mister Pagel was die baas van die sirkus en sy vrou, Madam Pagel, het sommer met ’n  mak leeu as ’n passasier in haar motor gaan inkopies doen. Verbeel jou dit, hierdie vrou met haar klein, skerp tong en groot verehoed ... en ’n leeu wat in die passasiersitplek sit! Ek sou haar nogal graag wou ontmoet. Arme Martjie was gereeld in die moeilikheid en Mev Pagel het sommer haar naam verander na Marcozee!

Martjie moes baie dinge trotseer, selfs eenkeer skelms wat haar gebruik het om dinge te doen wat haar in die tronk kon laat beland het. Sy het ook, te danke aan haar nuuskierigheid, eendag binne ’n leeu se krat geëindig!

Dit verseker ek jou, as jy eers hierdie boek begin lees, gaan jy dit nie kan neersit nie. Daar is selfs ’n bietjie romanse ook net om jou hart te laat vinniger klop. Kom beleef die sirkus soos nog jy dit nog nooit gesien het nie – jy sal voel of jy daar is!

The post Jong lesers: <i>Die leeutemmer se assistent</i> deur Solet Scheeres en Marjorie van Heerden appeared first on LitNet.

Jong lesers: Billionaire boy deur David Walliams

$
0
0

Billionaire boy
David Walliams

Uitgewer: HarperCollins
ISBN: 9780007371082

Joe Spud het alles ... wat geld kan koop. Dis vandat sy pa skatryk geword het as gevolg van sy besigheid, Bumfresh-toiletpapier met een nat en een droë kant. Toe hy sy “posh” skool los omdat almal daar adellik en boonop gemeen is hoop hy hy kan ’n normale lewe by sy nuwe normale skool kry. Maar hy gaan sukkel om sy pa se geld geheim te hou. Omdat sy pa eendag sy huiswerk per helikopter afgelaai het om te voorkom dat hy detensie kry, weet almal wie hy nou regtig is.

As jy ryk is, is dit moeilik om ware vriende te maak, maar dit moet Joe Spud eers in hierdie opwindende boek uitvind. Sal sy vriend Bob steeds sy vriend wees as gevolg van sy dade? Wanneer Joe presies dieselfde vir sy vriend doen soos wat sy pa met hom doen ... als met geld wil probeer regmaak, kan die wêreld nogal vir hom warm word. Toe gebeur die onverwagse en Joe se pa verloor alles. Deur bankrot te speel en Joe se vertroue te verbreek het hy niks meer oor nie. Hier leer nie net Joe nie, maar ook sy pa ’n belangrike les: Geld kan nie alles regmaak nie.

Maar nes alle goeie boeke hou die boek jou op jou tone. Mense is geneig om te dink dat geld jou gelukkig kan maak, maar die boek verskil heeltemal van daardie algemene visie. ’n Baie snaakse boek wat jou ook laat kyk na morele waardes. Dawid Williams is ’n baie goeie opvolger vir die wyd-geliefde Roald Dahl. Die storielyn is baie interessant en hou jou permanent aan ’n lyntjie, met ander woorde ’n regte cliffhanger. Dis ’n ware Engelse treffer. ’n Moet-lees vir alle boekwurms, skoolkinders, onderwysers en mense sonder vriende. Ek het aan elke woord van die boek gehang ... ’n regte goeie boek.

The post Jong lesers: <i>Billionaire boy</i> deur David Walliams appeared first on LitNet.

Hotel Artemis – a fresh breeze          

$
0
0

Set in riot-torn, near-future Los Angeles, Hotel Artemis is an original, high-octane action thriller starring Jodie Foster as “the Nurse”, who runs a secret, members-only hospital for criminals.

What a relief it is not to be bombarded by OTT blockbuster explosions, ten-car pile-ups, endless gore and ridiculous plot lines. For that alone, Hotel Artemis deserves an award of some kind. Luckily, it is not all this almost-noir film has to offer.

The characters are a joy to experience (and were also perfectly cast). They are not too cool, too typical. In other words, they are not locked into a certain persona, but are free to move. Their loyalties and patterns changing throughout the film feels completely natural.

Jodie Foster’s Nurse is delightful, with her old-timey New York accent, her exaggerated shuffle from crisis to crisis and her unpredictably upbeat demeanour in this dystopian world. She does not under- or overplay a mother who has lost a son (a storyline which adds to the depth of the film).

Sofia Boutella’s dance training and animal-like grace make her perfect as Nice, the coffee cup-wielding assassin. Her acting chops are not far behind her physical prowess. She seamlessly transforms from violent assassin to vulnerable woman in a matter of seconds.

Sterling K Brown is perfect as the robber with integrity, as a big brother looking after his baby brother. Dave Bautista is turning out to be a valuable addition to any film. As Everest, his aggression towards trespassers is perfectly rounded off by his tenderness towards Nurse. Jeff Goldblum can do whatever he damn well wants. The hotel itself serves as a dark green steampunk character, with new tech but old-world charm, a single front door but many hidden passages.

If only these characters had more to do. I appreciate the simple storyline, I do, but it was too short. I would have loved another half an hour with these characters. They are so well written you could’ve thrown a couple of extra curveballs in without losing them, without going overboard or giving up any of the mood or values of the film.

Let’s hope there is a sequel.

The post <em>Hotel Artemis</em> – a fresh breeze           appeared first on LitNet.

Adrift: ’n filmresensie

$
0
0

Draaiboek: Aaron en Jordan Kandell
Regie: Baltasar Kormákur
Spelers: Shailene Woodley, Sam Claflin, Grace Palmer, Jeffrey Thomas, Elizabeth Hawthorne

Umberto Eco het die skeepsroer benoem as die grootste uitvinding van die tweede millennium, want daarsonder sou Columbus nie na Amerika kon seil nie. Neem ’n vinnige tydsprong na 1983 en Adrift, gebaseer op die ware verhaal van Tami Oldham en Richard Sharp, wat ’n seiljag van Tahiti na Kalifornië moes stuur en in Hurricane Raymond beland het.

Die film open ná die orkaan bedaar het, met Tami (Shailene Woodley) wat haar bewussyn in die kajuit herwin. Richard (Sam Claflin) het oorboord gespoel en sy kry dit reg om hom te red, maar hy is só erg beseer dat dit op haar neerkom om die seiljag alleen te hanteer en te sorg vir oorlewing die volgende 41 dae.

Dis opvallend hoe goed die draaiboek, gebaseer op Tami se memoires, die storievertelling hanteer. Met ’n bootjie wat weke lank hulpeloos op die oseaan dobber (die wye skote uit die lug is angswekkend!), sou ’n mens ’n flou spanningslyn verwag, maar jou aandag word heeltyd geboei deurdat statiese tonele afgewissel word met naelbyt-aksietonele. Terugflitse van hoe die twee in Tahiti ontmoet en verlief geraak het – sy ’n vrygeestige Amerikaner van 23 en hy ’n 34-jarige alleenvaarder – gee dramatiese diepte aan hul verhouding. Daarby word belangrike inligting terloops ingewerk, sodat die uiteindelike wending die kyker tref as volledig gemotiveer.

Shailene Woodley, bekend om die Divergent-reeks, het duidelik alles ingesit in haar rol (sy is ook een van die vervaardigers), terwyl Sam Claflin (The Hunger Games) sy man staan met ’n puik vertolking.

Adrift word hoog aanbeveel vir sy naatlose vermenging van avontuur, spanning en drama.

Sterre: 4

The post <i>Adrift</i>: ’n filmresensie appeared first on LitNet.

Jong lesers: Die tandeterroris deur David Walliams, vertaal deur Kobus Geldenhuys

$
0
0

Die tandeterroris
David Walliams, vertaal deur Kobus Geldenhuys, illustrasies deur Tony Ross

Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485305590

Toe ek hierdie boek klaar gelees het, het ek vir my ma gesê ek dink dis een van die beste boeke wat ek al gelees het. Die boek laat my so hartseer voel en ook so bly. Dit gaan oor die liefde tussen ’n pa en ’n seun. My juffrou het vir ons David Walliams se boeke in die klas gelees en toe het ek hierdie een gekoop en dis hoekom ek dit gelees het.

Wie nou ook al hierdie boek wil lees, moenie dink die boek gaan net oor ’n seun wat nou kamstig bang is vir ’n tandarts nie, omdat julle die omslag gesien het nie. Dit gaan eintlik oor ’n seun wat glad nie daarvan hou om tandarts toe te gaan nie, maar dit gaan oor meer as dit. Eendag kom daar ’n tandarts by hom aan en haar naam is Dokter Pyn en sy sê vir Alfie (die hoofkarakter) hy moet by haar ’n afspraak maak. Op daai dag het sy lewe verander ...

Vreemde goed gebeur in die nag. Kinders wat hul tande wissel, sit hulle tande onder hulle kussings (hulle wag natuurlik vir die tandmuis om geld te gee) en word die volgende dag wakker en kry in plaas van geld dan ’n dooie slak, ’n oogbal en nog baie erger goed. Alfie en ’n vriend van hom, Gabs, stel ondersoek in om uit te vind wie die geheimsinnige mens wat in die nag in kinders se kamer insluip. Alfie het ’n idee wie dit is ...

Ek hou baie van die verhaal, want dit gee vir mens gemengde/verskillende gevoelens. Dit laat mens emosioneel voel – partykeer hartseer, partykeer bly. Toe iemand dood is (ek gaan nie die hele storie verklap of vertel wie is dood nie), was ek byvoorbeeld hartseer, en toe iemand iemand anders red, was ek weer baie bly.

Ek dink Kobus Geldenhuys vertaal ongelooflik goed. Ek het al Dawid Walliams se boeke in Engels gelees en Kobus Geldenhuys laat dit ook baie goed in Afrikaans klink.

Die tandeterroris is besonder goed vertaal, soos ek sê, alhoewel ek nie verstaan wat bedoel word met die opgemaakte woorde nie. Dit is woorde wat gemerk word met * en/of ’n kruis na ’n woord wat bestaan en in die verduideliking staan “Opgemaakde woord”.

Ek kan ook dankie sê vir my klasonderwyser wat vir ons boeke soos hierdie een in ons leesperiode lees. Ek beveel hierdie boek aan vir mense tussen 9 en 12.

Lekker lees!

The post Jong lesers: <i>Die tandeterroris</i> deur David Walliams, vertaal deur Kobus Geldenhuys appeared first on LitNet.

present

$
0
0

present

this year for Christmas
my household’s skinniness
won’t penetrate my skin
as my gran slices sheep
boiling it Down
to our bones
needing more meat

I won’t shrink
being passed the shaker
so we can salt away
when my gran
and her rotund bun
nag us to have some môre
bread and butter
I won’t cower
as she jaws
and points
a knife
at my mom
the breadwinner

this time round
in a crop top and a skirt ladylike
I will wrap my widening lines tightly
gifting them to my gran’s eyes

perhaps then she will wrap her mind
around us having our own
bread and meat
and maybe even buns
in the oven

The post present appeared first on LitNet.

die een se dood

$
0
0

die een se dood

vlug, varsgebakte

voor my swaarheid
jou onder my kopkussing platdruk
dat jy getoebroodjie sit
tussen my brein en my bed –
waar my ou snye
altyd geselskap vind
en my muf eindelik soek
na varser binnegoed

The post die een se dood appeared first on LitNet.


Not quite naked

$
0
0

And so we stand: network of scars,
shadows of arteries and veins
pressing up beneath the surface:
nakedness, not quite beyond
the nakedness of bodies,
exposing concealment
in place
of something raw and beating:

the almost invisible suturing
of secret hurts
evading lips and knowledge –
shadows like smoke touched
and unknown.

After
the tracing
of each tuft of hair,
each inch of skin:

the stopping up
of openings

where unravelling
may begin.

The post Not quite naked appeared first on LitNet.

Vulkaaneiland

$
0
0

Vulkaaneiland
(by die dood van my pa)

Voel-voel teen die wande daal ek af,
’n duisend lewens diep, en dan ’n meer van sand.
Geen boom, geen voël wat sing, niks van jou liefdes;
suur stof wat in my oë en neusvleuels brand.

Ek soek tot lawa deur my spore borrel,
en een voet insink in die grond,
my seuns gespierd met sterflikheid verbystap:
Die gode wimpel in verbond.

By die tafel waar ons eens geëet het,
waar ons wêreldkaarte kon verken,
was ’n tuin met bome, bougainvilleas,
en jou glimlag as jy my herken.

By die braaiplek waar ons saam geskerts het,
soms in stiltes ons geheime deel,
was die sterre en die skepe
en die eilandvure een geheel. 

Sal hierdie berg en honger aarde,
die vulkaanverrykte aarde,
die deur na my pa se huis,
nou open?

Of sal die trane terugval in die ondersee?
Ek lees jou skrywes, druk ou skulpe teen my oor
om binne die gedruis oor skepe, heersers, markte, sangers,
jou stem nog een keer te kan hoor.

Soos vlinders uit die niet verskyn
herinneringe by ’n ou murasie.
Jy kyk uit oor die berg en baai,
verwonderd as die rooi son kwyn
en golf na goue golf bly spoel.
Jy wonder hoeveel wêrelde
met elke skip weer aanmeer of versink,
en as die lyf in stukke sterf,
begin ons sintuie die eerste trillings voel:
’n ander aarde, ander doel?

Ek vind oplaas jou groen wa en ’n boerepet,
’n beeld van rustelose Hermes in die as,
en bou met swart vulkaansteen uit die branders
rondom jou bome ’n terras.

Soms flits jou oë weer in my kinders, 
die eik se takke wuif ’n wederom;
maar as die seewind oor die krater waai
met wie gesels ek oor jou tuin wat blom?

Snags lê die eie lande nou verskeur, 
die vure en die sterre het verskuif:
soms bly ons iewers bymekaar
en iewers bly ons skepe vaar.

The post Vulkaaneiland appeared first on LitNet.

LitNet: Jou leerder

Brugbouers deur Rudi Buys: ’n lesersindruk

$
0
0

Brugbouers: Die Reitz-video en die pad na versoening
Rudi Buys
Uitgewer: Penguin Random House
ISBN: 9781776091843

Hoe ver het my gedagtes darem nie gedwaal toe ek die koerant oopmaak een Sondag en ’n lang uittreksel sien uit ’n nuwe boek nie – een oor die Reitz-video – om so baie redes …

Ek was daar. Dit was die jaar 2008. Ek was ’n 4de-jaar, besig met honneurs in geskiedenis. Die familie het gebel. “Is jy oukei? Ons sien op die nuus ...!”

Deesdae bel niemand meer as daar gewelddadige protes in jou dorp of stad is nie. Die joernaliste kom nie eens meer uit nie. Hulle stel sommer ’n oorsigtelike berig saam van al die proteste wat hulle op Twitter gesien het. Maar daardie jare was dit anders.

Terugskouend was die gebeure rondom die Reitz-kamerwonings se video eintlik nie so erg nie, as mens nou dink aan al die kampusproteste sedertdien, soos die #RhodesMustFall- en die #FeesMustFaal-veldtogte, maar in 2008 was dit beslis reusenuus.

Maar mens moenie hierdie boek op sy subtitel takseer nie. Eerder op die kriptiese buiteblad. Rudi Buys se boek gaan eintlik nie regtig oor die Reitz-video, die sogenaamde Reitz-4 nie. Glad nie. Die vier studente wat die gewraakte video gemaak het, se name word nie eens in hierdie boek gemeld nie. Daar is wel vier studente op die voorblad van die boek: twee wit en twee swart. Twee vroue en twee mans. En dis hulle storie wat die sentrale tema van die boek vorm. En hulle storie is ook ons storie. En dis die storie van hierdie boek. Dis die storie van vier jongmense wat worstel met hulle identiteit. Soos wat Suid-Afrika vandag nog worstel, en sal aanhou worstel, so was dit ook met die Kovsies. Is ons “Afrikaners” en “Zoeloes” ens? Of moet ons vergeet van sulke idees? Is ons almal maar net Suid-Afrikaners?

Dis eintlik ’n baie ou menslike storie, as mens nou mooi oor die saak gaan sit en dink. En glad nie beperk tot ons landjie hier aan die suidelikste punt van Afrika nie. Ons lees byvoorbeeld in die boek 1 Makkabeërs hoe koning Antiogus die stad Jerusalem oorgeneem het. Donkiejare terug nou. Daar het die vreemde Griekse regeerder toe die Israeliete onderwerp en volgens die antieke boeke was daar “baie Israeliete wat bereid was om by Antiogus se godsdiens in te val”.1 Daar was twis onder die volk Israel, tussen die behoudendes en die progressiewes. Dus, lank voordat Jesus gebore is, het die Israeliete onder mekaar getwis oor identiteit. Oor wat is ’n ware Israeliet. En so is identiteit. Dit is nie staties nie. Dit is gedurig besig om te verander. Daar is maar altyd konflik tussen behoudende mense en diegene wat verandering omhels. En so is dit ook met die vier studente op wie Buys fokus in sy boek. Hulle is jongmense wat hulle identiteite moes uitkerf.

En so is dit vandag nog met ons maar. Op 18 Julie 2018 was oudpresident Nelson Mandela 100 jaar gelede gebore. Dit was ’n groot dag van herdenking van Mandela se lewe. Mandela se werk as versoener word gedurig voorgehou as model. Maar daar vind ook al meer hersiening van Mandela se nalatenskap plaas. Daar is mense wat Mandela se nalatenskap bevraagteken en vra of Mandela nie te veel op versoening gefokus het en te min op geregtigheid nie.

Dit is juis een van die onderwerpe wat in Buys se boek na vore kom. Volgens Buys is ’n brugbouer nie noodwendig ’n vredemaker nie. Brugbouers is dikwels juis moeilikheidmakers. Want die Reitz-video het iets onthul van Kovsies en Suid-Afrika. Suid-Afrikaners het integrasie gesystap. Presies soos wat Swart Ekonomiese Bemagtiging met sogenaamde “fronting” gesystap word, so was integrasie op die Kovsiekampus gesystap. Die kampus het wel “transformeer” van oorwegend wit na oorwegend swart, maar afsonderlike koshuise het gebly. Afsonderlike klasse het ontwikkel op die basis van (so pynlik soos dit is om dit hier te noem) Afrikaans (en Engels). En die koshuistradisies van ontgroening het ook gebly. Maar iewers moes iets skiet gee.

Dit is lekker om Buys se interpretasie van al die drama te lees.

Teen die tyd dat Buys se termyn as studentedekaan aan die Universiteit van die Vrystaat begin het, was ek basies klaar met my studies daar. Dit was die tyd toe die Kovsies in Jonathan Jansen hulle “eerste swart” rektor gekry het, en ek was toe grootliks aangewese op die Afrikaanse koerante om op hoogte te bly van die Kovsies en al hulle dinge. Mens sien iets van die mens Buys in hierdie boek wat mens nie elders sou nie. In die koerant was Buys die slegte ou. Bronne wat deur die koerante aangehaal is, het Buys beskryf as “klein Jansen” en “Jansen se skoothondjie”.2 In 2014 het AfriForum verklaar hulle is bly dat Buys nie langer by die UV sal werk nie.3 Die koerante is egter uiteindelik gedwing om ’n “regstelling” te plaas oor hoe daar berig was oor die UV, maar die skade aan Buys se reputasie was reeds gedoen (bl 158).

In Brugbouers leer ’n mens egter ’n totaal ander sy van Buys ken as die Buys wat in die Afrikaanse koerante geskets is. Die Buys-familie se verbintenis met Beyers Naudé (1915–2004), en die impak van Naudé se lewe en denke op Buys, vorm ’n belangrike deel van die boek. Toe Buys aanvaar is as tentmakerpredikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, het hy die dag die toga van Beyers Naudé gedra. En die uiteindelike verandering van die koshuis JBM Herzog se naam na huis Beyers Naudé was vir Buys uiteindelik tog ’n bewys dat daar wel iets verander het op die Kovsiekampus, al het dit nie altyd so voorgekom nie.

’n Interessante tema in hierdie boek is die rol van die Christian Revival Church (CRC) op die kampus van die UV. Hoe verdelend is Suid-Afrika se kerke nog in 2018? Die teoloog Jaco Strydom skryf in sy boek Confessions oor kerkwees (Carpe Diem Media, Vanderbijlpark, 2018) dat die grootste skeiding van rasse in Suid-Afrika nog elke Sondag plaasvind, wanneer Christene hulle godsdiens beoefen. So was dit ook op die Kovsiekampus met studente wat geskei is in koshuise, in klaskamers en ook by die kerk. Die resultaat was wantroue en, uiteindelik, die Reitz-video. Die CRC het met ’n fokus op die identiteit van Christen-wees daarin geslaag om etnisiteit en nasionalisme onder die studente te onderdruk. Dit was inderdaad ook my eie ervaring met die CRC – hoewel ek nooit juis ingekoop het op hulle of enige ander godsdiens nie, het hulle beslis die grense tussen rasse kleiner gemaak.

Brugbouers is nie altyd vredemakers nie. Hulle is dikwels juis die mense wat moeilikheid moet maak. En verandering is nie ’n lynreguit proses nie. Dit is die sentrale argumente wat ek neem uit Rudi Buys se Brugbouers. Die boek is nie ’n geskiedenisboek oor die gebeure rondom die Reitz-video nie. Dit is eerder ’n boek wat probeer om die breë beginsels daar te stel van gemeenskappe wat verander. En verandering is iets wat nooit voltooi word nie. Dat daar konflik sal wees, is gegewe. Om vrede te maak is nie noodwendig altyd ’n oplossing vir die probleem nie. Dit kan die oplossing van die probleem dalk net uitstel. Verandering is ’n gegewe. Dit is nie iets wat die mens moet vrees nie. As ons nie verander nie, sal ons vergaan.

Eindnotas

1 Apokriewe Ou en Nuwe testament: Verlore boeke uit die Bybelse tyd, Jan van der Watt en Francois Tolme, Vereeniging, 2005. CUM boeke, bl 327.

2 H Retief, “’n ‘Rêrige aaklige jaar by Kovsies”, https://www.netwerk24.com/Stemme/n-Rerig-aaklige-jaar-by-Kovsies-20140920, 21 September 2014, afgelaai op 21 Julie 2018.

3 E Prinsloo, “Rudi Buys verlaat die Kovsies-‘preekstoel’”, https://afriforum.co.za/rudi-buys-verlaat-die-kovsies-preekstoel, sj, afgelaai op 21 Julie 2018.

The post <i>Brugbouers</i> deur Rudi Buys: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Opedag by UCT

$
0
0

Die standbeeld van Cecil John Rhodes op die kampus van die Universiteit van Kaapstad voordat dit verwyder is | Foto: Danie van der Merwe, Openbare domein, Wikimedia Commons 

Opedag by UCT

Rhodes se statue is nou toe,
maar wie benefit en hoe?

Die tyres het gebrand,
die land was in opstand.
Wie benefit en hoe?

Hippies run nog die show,
maar hulle sê dis net vi nou

Rhodes se statue is toe.

Met grys cardboard
Wat is dai suppose om te mean?
Die outlook?
Die future?
Ons future?
Is dit ook gewrap in grys?

Ek wil graag wiet:
Wie benefit en hoe?

The post Opedag by UCT appeared first on LitNet.

Vrouemaand – net nog ’n gimmick, soos Valentynschocolates en Paaseiers

$
0
0

Elke Augustus is dieselfde: ’n string uitnodigings om praatjies te lewer oor die rol van die vrou, die nasionale Departement vir Vroue en Kinders skrik wakker en onthou dat hulle eintlik ook ’n rol te speel het, en politici stof hulle “vroue is wonderlik” speech van die vorige jaar af en paradeer dit.

Maar wat het regtig verander vir vroue?

Op 1 Augustus het vroue in hul hordes opgeruk in wat bekend geword het as #TotalShutdown. Dis ’n landwye protes om in opstand te kom oor die toestande waarin vroue leef: die vrees vir veiligheid, die onsimpatieke wyse waarop die howe met vroulike slagoffers omgaan, die misbruik wat talle vroue daagliks ervaar.

Op papier het vroue gelyke regte met mans. Die praktyk lyk egter nog steeds anders. Die grootste deel van kindersorg rus vierkantig op die vrou se skouers. Nog hopeloos te veel mans voel hulle moet ’n medalje kry as hulle net een slag die skottelgoed gewas het. Nadat vroue ’n volle dag se werk agter die rug het, word daar steeds verwag dat hulle die versorging van die man en kinders moet waarneem wanneer hulle tuiskom. Wie moet sorg dat daar gebalanseerde maaltye voorgesit word? Wie sorg dat die wasgoed gewas is, strykwerk gedoen is, die huis skoongemaak is? Die vrou. In middelklasgesinne is dit ’n ander vrou wat dan nog na haar eie huis en kinders ook moet omsien. En wie doen daai vrou se huiswerk? Nie haar man nie, dis vir seker.

Op papier word gelyke werk met gelyke vergoeding beloon. In die praktyk verdien mans egter nog steeds meer as hulle vroulike kollegas in dieselfde posisie. Dan word dit verskoon met die verduideliking dat hy die broodwinner is. Asof sy persoonlike situasie en sy werksvermoë een en dieselfde ding is. Die realiteit is egter al meer dat vroue die broodwinner is, dat vroue baie keer as enkelouer alleen die mas moet opkom, maar steeds nie kan staatmaak op vergoeding wat hul werk en hul status as broodwinner weerspieël nie.

Dan is daar nog boonop sogenaamde pienk belasting. Hoekom is kondome soveel goedkoper as sanitêre doekies of tampons? Of, om appels met appels te vergelyk, hoekom is kondome soveel goedkoper as die pil of inspuiting ter voorbehoed? Of, selfs meer basies, hoekom is die manlike kondoom soveel goedkoper as die vroulike kondoom, die Femidome? Gaan staan in enige winkel. Vergelyk die pryse van vroulike reukweerder teenoor manlike reukweerder. Probeer dit binne dieselfde vervaardiger. Daar is altyd ’n hele paar rand verskil. Kyk na skoonheidsprodukte. ’n Man kom weg daarmee om een produk te koop wat vir gesig, lyf en hare werk. Vir die vroulike mark is daar minstens drie tot vier produkte vir hare, minstens drie vir gesig en dan apart vir die lyf ’n verdere minstens twee, teen aansienlik hoër pryse. Dan is grimering nog nie eens daarby ingesluit nie. Gaan kyk verder na die verskil in pryse (en gehalte) tussen klere en skoene vir mans en vroue. Vergelyk die verskil in pryse van skoolklere vir seuntjies teenoor die pryse vir dogtertjies. Dis altyd kunsmatig hoër.

Ek het onlangs na ’n bepaalde handelsmerk vogroom gaan kyk terwyl dit op spesiale aanbieding was. Ek is mos nou besig om aan te stap vyftig toe, en dis seker nooit te laat om te probeer red wat daar nog te redde is nie. Ek het amper op my rug geval. R4 000 vir 50 ml? Dan moet ek maar plooie kry, en PhotoShop mildelik gebruik.

Dan is daar werk. Steeds word mans baie keer in nuwe posisies aangestel bo ’n vrou wat dalk beter gekwalifiseer is. Die rede? As sy swanger word, gaan die werk vir die tydperk van haar swangerskap en kraamverlof ly. Asof vroue net broeimasjiene is. Die #MeToo-beweging het dit baie duidelik gemaak dat vroue ook by hulle werk nie veilig is van die aanslae van mans wat weier om te verstaan dat “Nee” inderdaad “Nee” beteken nie. Hulle is nie veilig van die aandag van mans wat bereid is om hul posisies en senioriteit te misbruik om ’n vrou se compliance te verkry nie.

In ’n onlangse gesprek het ’n vriendin my vertel van ’n situasie by haar werk waar haar hoof haar betas het. Ek het haar probeer oortuig om ’n klag te lê, maar toe ontdek dat haar werkgewer geen beleid teen seksuele teistering daargestel het nie. Om dinge te vererger, het ’n kollega wel gekla, en haar kontrak is summier beëindig.

Is ons dan verbaas dat vroue keelvol is? Is ons verbaas dat vroue nou voet neersit en in hul massas protes aanteken? Is ons verbaas dat Vrouemaand net deur politici ernstig opgeneem word? Daar is vir vroue bitter min om te vier hierdie maand, of enige ander maand. Vrouemaand het net soveel van ’n klug geword soos die chocolates en rooi satynharte in Februarie, of die Paaseiers en hot cross buns oor Paastyd – heeltemal verwyderd van waaroor dit eintlik behoort te gaan.

Die afgelope aantal jaar al hou ek die koerante fyn dop. Klokslag elke jaar, binne die eerste week van Vrouemaand, is daar een of ander gruwel wat teen ’n vrou of kind gepleeg word. Dit voel altyd of dit meer wreedaardig en doelgerig is, asof die oortreder doelbewus sy middelvinger wys vir hierdie vertoon van solidariteit teenoor vroue.

Ek hoop dat hierdie jaar die begin van iets anders gaan wees. Tot dan, long live #TotalShutdown, long live. #Womandla!

The post Vrouemaand – net nog ’n gimmick, soos Valentynschocolates en Paaseiers appeared first on LitNet.

Father of the year: film review

$
0
0

When a drunken debate between two recent college graduates about whose father would win in a fight is taken seriously by their idiot dads, jobs are lost, relationships ruined and futures destroyed, and best friends come of age as they come to grips with who their fathers really are.

Starring: David Spade, Nat Faxon, Joey Bragg
Director: Tyler Spindel

Why Netflix invested money in this objectionable film, no one knows. The first red flag is the production company, Happy Madison Productions, Adam Sandler’s company. The other films he has produced for Netflix include The do-over (5%), The ridiculous 6 (0%) and Sandy Wexler (29%). Need I say more?

The second red flag is David Spade. When last was he funny? When last did he make a good movie? His profile on Rotten Tomatoes is a long list of rotten green tomatoes, with Father of the year scoring a whole 0%. Why is he still making movies? Why is he still being paid to do so? He basically has one character he plays in all his films: revolting, ageing redneck with a mullet, a drinking habit and a penchant for lame, vile jokes.

The film is abhorrent. The jokes around young children being found sexually attractive, and Spade’s instant boobs due to an allergic reaction, are especially repugnant. I could stomach a whole 40 minutes of it before feeling physically ill.

Avoid at all costs.

The post <i>Father of the year</i>: film review appeared first on LitNet.


Magnus en die seuns

$
0
0

Gister is ’n boek wat as “opspraakwekkend” en “skokkend” beskryf word, bekendgestel.

Die Afrikaanse titel is Die seuns van Bird Island, die Engels is The lost boys of Bird Island. Dis nie heeltemal duidelik hoekom die woord “lost” verlore gegaan het in die Afrikaanse weergawe nie. Dalk om effens sagter op die Afrikaanse gemoedere te land?

Wat die boek so skokkend en opspraakwekkend maak, ten minste vir ’n sekere sektor van die samelewing, is dat sekere hooggeplaastes binne die voormalige Nasionale Party (NP) ’n pedofiliese ring bedryf het en hul amptelike posisies misbruik het om dit te bedek. Hoekom dit meer skokkend moet wees as die bewese feite dat hulle menseregte-aktiviste gemartel en vermoor het, is vir my duister. Hoekom dit meer skokkend moet wees as die gebeure van 16 Junie 1976, weet ek ook nie.

Dis tog dieselfde groep, en dieselfde mentaliteit, wat vir albei verantwoordelik was. En in elke geval was dit óf toegesmeer óf polities so ge-whitewash dat die skape wat in elke verkiesing stem, tog nie uit hul stomme sluimering gesteur moes word nie. En vir dié wat nou dadelik protesteer omdat ek die kiesers van destyds skape noem: Is dit verkieslik dat ek glo julle het willens en wetens ’n onmenslike regime in stand gehou?

Dis tog lankal nie meer nuus dat mense gemartel, vermoor en begrawe is nie. Dis tog lankal nie meer nuus dat mense se lewens vernietig is, dat daar volgehoue staatsbefondste veldtogte was om mense se name swart te smeer, hulle te teister, aanslae op hul lewens te waag en veel meer om apartheid in stand te hou nie. Die oortreders is beskerm en selfs bevorder. Hoekom verbaas wees dat daar in sommige gevalle ’n seksuele komponent daaraan verbonde sou gewees het? Of dat van die mees weerlose lede van die samelewing, naamlik kinders, die slagoffers sou gewees het?

Ons sien dit vandag nog, ook in die kerk, dat pedofiele se oortredings toegehou word. Beheer oor ’n land is tog ’n veel groter prys om te beskerm as ’n kerk. En as iemand net sy vingers kan klap en die weermag en polisie gehoorsaam, hoekom dit nie gebruik vir hul privaat bevrediging nie? Hoekom skok dit mense?

En met “mense” bedoel ek “wit mense”. Nie een enkele bruin persoon met wie ek te doen gehad het, was verbaas nie. As daar verbasing was, was dit nie oor die bewerings nie, maar oor die tydsverloop voordat dit bekend gemaak is.

Nog minder was ek verbaas oor die teen dié tyd voorspelbare reaksie op sosiale media dat dit fopnuus moet wees. Of oor die tannie wat treur omdat sy by soveel geleenthede vir Magnus ’n angelier aangesteek het en nou word sy naam beswadder. Of, heel beste nog, die man wat kla omdat alle wit mense nou weer van voor af moet skuldig voel, en hy nou moeg is daarvan.

Huh? Ek voel nie skuldig as ’n bruin persoon steel of verkrag of moor nie. Hoekom moet ek? Ek is nie ’n dief of verkragter of moordenaar nie. Hoekom sal iemand wat vermoedelik nie self ’n pedofiel is nie, skuldig voel oor die dade van ’n pedofiel?

Of is die skuldgevoel omdat hy ’n stelsel help in stand hou het wat sulke vergrype laat gebeur het? Ai meneer, wat dink jy het gebeur met gevangenes in eensame aanhouding – heelparty van hulle kinders? Wil jy nou regtig voorgee dat daar tussen al daai polisiemanne en bewaarders nie een enkele persoon was wat seksueel met die gevangenes ingemeng het nie? En as daar verkragtings was, by wie kon die gevangenes gaan kla? Wie sou hulle glo? Wie sou in die hartjie van apartheid die storie van ’n bruin of swart persoon glo bo dié van ’n wit ampsdraer, veral ’n geregsdienaar of politikus? Wie? Glo jy regtig hulle was almal persone wat in daardie posisies geplaas was net omdat hulle ideologies en moreel suiwer was? Glo jy regtig dat daar nie een enkele martelaar was wat soggens met ’n lied in sy hart opgestaan het en kon uitsien na nog ’n dag waarin hy op staatskoste sy diepste fantasieë kon uitleef nie?

Regtig? Dan glo jy seker ook nog in die tandemuis en Kersvader, neem ek aan.

Of is die skok omdat dit bruin kinders was en Magnus en ander hulleself so oor die kleurgrens heen vergryp het? En dit nogal in die dae van die Ontugwet. Het julle niks geleer uit Eugène Terre’Blanche se storie nie?

Ek verstaan in elk geval nie die skok en skuldgevoelens nie. Niemand het dan kwansuis vir die NP gestem nie. Niemand het saamgestem met die stelsel waaruit hulle so heerlik voordeel getrek het nie. Of het julle regtig gedink daar is geen koste aan verbonde om struktureel, sistemies bo ander voorgetrek te word nie? Natuurlik is daar koste aan verbonde – betaal in bruin en swart lewens en vlees. Maar solank jy nie die prys betaal nie, is koste nie iets om te veel oor te dink nie, of hoe?

Dis te verstane dat iemand dalk nog in die sewentigs en tagtigs kon beweer hulle het nie geweet van al die vergrype nie. Maar om dit in 2018 nog te probeer goedpraat? Nee wat, nou is dit nie eens meer wilful blindness nie.

Nou begin dit ’n klankie van aandadigheid kry.

The post Magnus en die seuns appeared first on LitNet.

Die Oudgriekse argitektuur (deel 2)

$
0
0

Die teater in Delphi | Foto: Leonidtsvetkov, CC BY-SA 2.5, Wikimedia Commons

Die Oudgriekse teater

Die antieke Griekse drama, oftewel teaterkultuur, het reeds teen 700 vC op die voorgrond begin tree, met Athene wat mettertyd die middelpunt daarvan geword het, eers vir die tragedie (teen 500 vC) en kort daarna ook vir die komedie. Hier het die drie groot Atheense tragiese dramaturge van die dag (Aischulos, Sophokles en Euripides) opgetree, asook Aristophanes van die Ou Komedie en Menandros van die Nuwe Komedie. Athene het indertyd die middelpunt geword van die Oudgriekse kultuurlewe (as gevolg van sy politiese en oorheersende militêre mag). Vanuit Athene is die Oudgriekse drama-opvoerings uitgevoer na haar kolonies en bondgenote. Die Oudgriekse dramatiek was reg van die begin af ten nouste verbind met die wyngod Dionusos (gebore uit die dy van Zeus nadat hy tot as vermurwe was deur ’n bliksemstraal wat Hera van Zeus aangevra het). Sy godheid was aanvanklik nie in Athene erken nie, maar sy dwelmbesete volgelinge, die Bákchoi (Bakchante), het sy kultus later daar gevestig. Hy was oorspronklik ’n Thrasiese godheid wat ekstase en mistisisme in die Oudgriekse kultuur ingevoer het. Die Grieke het hom geïdentifiseer met die Egiptiese Osiris en die Romeine met hul wyngod Liber. Dionusos was uiteindelik ook die god van alle vrugbaarheid. Dit is nie vandag vir ons moontlik om met sekerheid te sê waarom sy vrugbaarheidskultusse die basis gaan vorm het van die Oudgriekse tragedie en komedie nie. Aan die suidelike hang van die Atheense Akrópolis was daar vir hom die teater van alle teaters gebou, naamlik ’n opelugteater, die Teater van Dionusos. Dit is gedoen nadat die Perse in 490 vC (met die slag by Salamis) met sy landtroepe die Atheense Akrópolis geweldig groot skade aangedoen het en ’n herbouing daarvan nodig was.

Die basiese onderdele van die Oudgriekse teater was die volgende:

die orchêstra: die koorsirkel en dansplek van die Koor (chorós) wat gewoonlik ’n middellyn van nagenoeg 24 m gehad het

die thumélê: die altaar in die middel van die orchêstra

die théatron: die sitplekke (waarvan die prohedríai of thrónoi, heel voor; bedoel vir die priesters en ander hooggeplaastes); gekap uit ’n heuwel, wat later die oorspronklike houtsitplekke vervang het. So ’n teater kon tot 14 000 toeskouers huisves. Théatron in Grieks beteken letterlik ’n “skouburg” waar handeling “gesien” word (< theáomai, “ek aanskou in verwondering”)

die skênê: die toneelskerm waarteen die toneel afspeel, oorspronklik ’n eenvoudige houthuis (vgl Engels “scene”) wat ook ’n tweede verdieping kon gehad het

die próskenion: die verhoog voor die skênê (prò tês skênês) waarop die akteurs optree

die logeîon: die spreekgestoelte, oftewel die verhoog voor die proskênion waarop die akteurs opgetree het

die paraskênia: die kleedkamers aan weerskante van die skênê

die episkênion: die verdieping bo die skênê, agter die logeîon

die parodoí of eisodoí: die geboë ingange na die teater vir die toneelgangers, en ook die ingangpaadjies aan weerskante van die verhoog vir die Koor en akteurs na die koorsirkel en die verhoog

kerkídes: die “speke”, “wîe”, of oplopende blokke waarin die ouditorium opgedeel word deur klîmakes, dit is die opgangweë in die teater

die diazômata: die horisontale blokke waaruit die teater bestaan.

Die volgende toneelwerktuie is gebruik:

mêchanê: ’n hyskraan waarmee die deus ex machine uit die bloute op die toneel kan neerdaal

ekklúklêma: ’n meganisme (platform) wat die binnekant van ’n huis of kamer kan uitdraai sodat die toeskouers dit kan sien

pínakes: portrette wat vir atmosfeer teen die mure van die episkênê opgehang kan word

thúrômata: ’n kamer met meer as een deur, of net ’n deur met sy raamwerk

phalloí: rekwisiete wat deur die saterspelers aangeheg kan word om Dionusos se vrugbaarheid te simboliseer

prósôpa: maskers – die belangrikste item vir elke toneelspeler (hupokritês) om op die verhoog te dra. Dit was heel eie aan die Oudgriekse toneel, veral waar dit tipes voorgestel het. Hierdie ikoniese uitvinding word aan Aischulos toegeskryf. Professionele skeuopoíoi, oftewel vervaardigers van maskers, was vir hierdie kuns verantwoordelik. Maskers, lig ten opsigte van gewig, was gemaak uit organiese materiaal soos linne, leer, kurk en selfs hout. Pruike is van mens- of dierhare gemaak. Vir die gehoor was dit belangrik dat die ontwerp van die ore en mond daarvan delikaat genoeg gemaak word, want visie en spraak is deur die masker belemmer. Helmmaskers is grootliks vermy. Die mondopeninge was ook betreklik klein, maar is ook ontwerp as ’n ideale resonator van klank. Bitter min maskers het vir ons bewaar gebly. Hoe die maskers gelyk het, kan ons eintlik net op vaastekeninge sien, soos dié op die Prónomos-vaas vir die maskers van saters. Gesigte van vreesaanjaende maskers is op vindingryke wyse ontwerp sodat dit selfs die toeskouers vreesbevange gelaat het – soos die maskers van die Erinúes, oftewel wraak- of skikgodinne by Aischulos se “Eumenides”, asook dié van Penteus en Kadmos by Euripides seBacchae”. Alle maskers is uiteindelik gewy aan die altaar Dionusos nadat die vertoning verby was. Maskers moes dikwels bekende persone in Athene karikaturiseer, soos vir Sokrates met sy sateragtige aanblik en voorkoms.

Aangesien alle rolle in die Oudgriekse teater net deur mans alleen gespeel was, moes hulle dan ook dikwels ’n vroulike voorkoms hê. Op hulle bors het hulle dan ’n postérneda gedra en op die maag ’n progástreda. By die tragedie het alle spelers kóthornoi (hoogreikende toneellaarse wat aan beide voete ewe goed gepas het) gedra, terwyl dit ’n soccus was by die komedie. Geen moorde is ooit op die Oudgriekse verhoog voltrek nie. Slegs die krete kon daarbuite gehoor word, waarop die liggame daarna met ’n ekklúklêma vir die toneelgangers ingedra is.

Voorbeelde van Oudgriekse opelugteaters

’n Telling van die Oudgriekse opelugteaters in die antieke Griekse en Hellenistiese wêreld waarvan ons vandag nog oorblyfsels het, en sommige daarby substansieel, lewer 88 op. Ons vind dit in Attika en Athene, Sentraal-Griekeland en Euboia, Thessalië en Epirus, Macedonië en Thracië, die Peloponnees, die Egeïese eilande, Sicilië, Suid-Italië (Magna Graecia) en Klein-Asië.

Die teater van Dionusos in Athene

Hierdie Atheense teater is opgerig binne die témenos (heiligdom) van die wyngod Dionusos aan die oostelike muur van die Akrópolis. Opgrawings het aangetoon dat vanaf die vroegste tye verskeie opelugteaters mekaar hier opgevolg het. Die eerste permanente teater hier is gebou teen die begin van die 5de eeu vC nadat (so word vertel) ’n ongeluk plaasgevind het deurdat die houtsteierwerk daarvan inmekaargetuimel het en van die toeskouers beseer is. Teen die middel van die 4de eeu vC was dit egter weer herbou.

Die sitplekke van die ouditorium is teen die Akrópolis-rots uitgekap en ook met klip uitgebou. Die heel voorste ry sitplekke (die thrónoi), gebeitel uit die nabygeleë berg Pentelikos se marmer, was gereserveer vir die hoëlui en die priesters. Reg in die middel hier was die spesiale stoel van die Priester van Dionusos.

Bronne sê hierdie teater het sitplek vir tot 15 000 mense gehad. Die orchêstra se danshalfrond het ’n middellyn van nagenoeg 24 m gehad (wat nogal heel groot was).

Dit was in hierdie teater dat die groot Atheense dramaturge (van tragedies en komedies) se werke opgevoer was. Dit was dan ook versier met die standbeelde van hierdie digters. Onder hulle het getel die drie groot Atheense treurspeldigters Aischulos, Sophokles en Euripides, asook die standbeeld van Menandros, digter van die Nuwe Komedie. Maar Aristophanes, digter van die Ou Komedie, s’n was blykbaar nie daar nie.

Agter in die teater, teen die Akrópolis-muur, was daar verskeie choregiese monumente aangebring. Die chorêgós was die persoon op wie se onkoste ’n bepaalde Koor van ’n drama (tragies of komies) afgerig, toegerus en gekleed was as ’n vrye volksdiens (leitourgía) wat aan ’n welgestelde Athener opgedra was. Onder hulle het die standbeeld getel van Thrasullos, een van die ongelukkige generaals wat na die slag van Arginousai teen Sparta, enige eilandjies suid van Lesbos aan die Asiatiese kus, in 406 vC na Athene teruggeroep is en summier tereggestel is omdat hy (en ses ander generaals) nie genoeg gedoen het om die verslane Atheners uit die stormsee te red nie. As ’n welgestelde Athener geweier het om die onkoste van ’n bepaalde opvoering te dra, kon hy iemand anders daarvoor voorstel. As dié ook geweier het, kon daar gevra word dat die twee besittings moes omruil – ’n vindingryke truuk van die staat wat ’n antídosis genoem was.

In hierdie teater is nie net dramas opgevoer nie; dit is ook gebruik vir verskillende ander funksies, soos volksvergaderinge en seremonies van die staat. Dit was, volgens Ploutarchos, in hierdie teater dat die Atheense veldheer Phokion in 318 vC ter dood veroordeel is ná die herstel van die Atheense demokrasie. Hierdie Phokion was 45 keer in sy lewe as generaal (stratêgós) aangestel. Deur ’n ernstige misrekening het hy toegelaat dat die Spartaanse aanvoerder Kassandra (onder bevel van Nikanor) die Piraeus beset het. In sy “Die lewe van Phokion” beeld Ploutarchos hom uiters simpatiek uit as patrioties, wys en verantwoordelik, en ’n man van ware inbors.

Die Ô(i)deîon van Athene

Die Odeion was ’n konsertgebou wat Perikles laat oprig het vir musiekwedstryde gedurende die pan-Atheense fees in Julie van elke jaar. Dit is andersins ook gebruik vir die voordragte van rhapsô[i]doí, oftewel voordragkunstenaars, van Homerus se eposse, die Ilias en die Odusseia van die 9de eeu vC. Die oud-Homeriese sangers (barde) self, wat die eerste was om die Homeriese sange aanmekaar te sit, was aoidoí genoem. Koorrepetisies (tragies en komies) is ook hier gehou, asook bepaalde hofsake.

Anders as al die ander (opelug) Oudgriekse teaters was die Odeion van ’n koepeldak voorsien. Dit moes dus ’n goeie akoestiek gehad het, waarvan geluide van buite ook uitgesluit was. Spottenderwys is na hierdie koepelgebou verwys as “Perikles se kop”. Die gebou self was waarskynlik sirkelvormig, so word ons vertel, as ’n nabootsing van die tent van die Persiese koning Xerxes, die Oosterse vlootaanvoerder wat deur die Grieke in die tweede Persiese Oorlog van 480 vC verpletterend verslaan is met die seeslag van Salamis.

In 86 vC het die Romeinse generaal Sulla die Odeion as geregverdigde straf vir Atheense weerstand laat afbrand, maar 25 jaar later het Ariobarzanes, koning van Kappadocië in Klein-Asië, dit laat heropbou. Die fondasies daarvan is vandag nog nie volkome opgegrawe nie.

Ploutarchos (Pericles 13) beskryf die Atheense Odeion as een wat baie sitplekke moes gehad het. Dit sou herinner het aan die Telestêrion (misterietempel) van Eleusis. Vitruvius (5.9) vertel dat Perikles sy Odeion met klippilare versier het, asook met die maste en spane wat hulle met die Persiese botsing by Salamis gebuit het.

Athene het later twee ander Odeia bygekry, naamlik dié van Herodes Atticus aan die suidwestelike hang van die Akrópolis, en dié van Agrippa op die Agorá (vgl Pausanias 7.20.6). Die Agrippeion is, volgens Philostratos (Vitae Sophistarum 2.5.4, 2.8.3-4), deur die Sofiste gebruik om hele lesings in te hou. Sien hier IT Hill, The Ancient City of Athens (1953), ble 72 vervolgens, en 110 vervolgens.

Literatuuraangawe by die Oudgriekse teater

Philip Freund, The Birth of Theatre (Londen, 2003); Margaret Bieber, History of the Greek and Roman Theatre (Princeton, 1961); AE Haigh, The Attic Theatre (1907, 3de uitgawe, hersien deur Pickard-Cambridge); AW Pichard-Cambridge, The Theatre of Dionysus in Athens (Oxford, 1946); Peter D Arnott, An Introduction to the Greek Theatre (New York, 1965); WB Dinsmoor, The Athenian Theatre of the Fifth Century (Saint Louis, 1951); A von Gerkan en W Müller-Wiener, Das Theater von Epidauros (Stuttgart, 1961); Paul Cartledge, “’Deep Plays’: Theatre as Process in Greek Civic Life” (in PE Easterling (red), The Cambridge Companion to Greek Tragedy, Cambridge, 1997); Eli Rozik, The Roots of Theatre: Rethinking Ritual and other Theories of Origin (Iowa, 2002); Gerald F Else, The Origins and Early Forms of Greek Tragedy (Cambridge, Massachusetts, 1965); Graham Ley, A Short Introduction to the Ancient Greek Theatre (Chicago, 2006); Idem, The Theatricality of Greek Tragedy: Playing Space and Chorus (Chicago, Londen, 2007); Rush Rehm, Greek Tragic Theatre (Londen, New York. 1992); Donato Loscalzo, Il pubblico a teatro nella Grecia antica (Roma, 2008); Christiane Sourvino-Inwood, Tragedy and Athenian Religion (Oxford, 2003); David Wiles, Greek Theatre Performance: An Introduction (Cambridge, 2000); Idem, The Masks of Menander: Sign and Meaning in Greek and Roman Performance (Cambridge, 1991); Idem, Mask and Performance in Greek Tragedy: From Ancient Festival to Modern Experimentation (Cambridge, 1997); Jennifer Wise, The Invention of Theatre in Ancient Greece (Ithaka, 1998); Philip Wentworth Buckham, Theatre of the Greeks (Londen, 1827).

Die Stoá

Die Stoa vorm ’n Oudgriekse kolonnade, gewoonlik met ’n dak op en met ’n volle muur aan die een kant. Dit is opgerig in die Agorá van stede soos Athene vir algemene gebruik deur die Grieke, maar spesifiek ook by die mégaron (groot hal) van tempels en gimnasia. Dit was gewoonlik aan ander geboue geheg, maar was ook aparte bouwerke uikt eie reg. Dit was ’n gesofistikeerde ontwerp vir beskerming teen son, wind en reën.

Argaïese voorbeelde van die Stoa vind ons vandag nog op die eiland Delos en in die Hereaum van Samos (sien Ath Mitt 1957, ble 52 vervolgens). Groter diepte is soms aan hierdie Stoai verleen deur die invoeging van ’n binnery van kolomme wat gewoonlik in die Ioniese orde opgestel was, terwyl die buitenste kolom in die Doriese orde was.

Die Stoaí van Athene het die beste en langste geskiedenis. In 460 vC is die Stoá Poikílê op die Agorá opgerig. Hierdie “Beskilderde Stoa” was versier met die tekeninge van Polugnotos waarin die verwoesting van Troje deur die Achajers in die 12de eeu vC voorgestel was. Dit was hier waar Zeno van Kition in Siprus sy filosofiese skool van die “Stoïsisme” aan die einde van die 4de eeu vC gestig het. Dan was daar ook die Stoá Basíleios op die markplein, oftewel “Koninklike Stoa”, ook die Stoa van Zeús Eleuthérios (die “Vrymakende Zeus”) genoem, waar die hoofarchon sy setel gehad het oor godsdienstige kwessies van die stad. In Athene is ook in moderne tye die Stoa van Attalos II herbou, wat tans as ’n Museum dien.

In die Hellenistiese era het dit die gewoonte geword om Stoas (Stoaí) van groot lengtes te bou omdat dit so elegant voorgedoen het. Die suidelike Stoa by Korinthe is ’n goeie voorbeeld hiervan (sien Corinth, vol 1.4, VSA). Tweeverdieping-Stoas is ook gebou, soos by Pergamum in Klein-Asië. Gewone woonhuise kon ook later beskeie Stoas gehad het. Sien hier R Marin, Recherches sur l’Agora grecque (1951), en RE Wycherley, How the Greeks built Cities (2de uitg, 1962, ble 110 vervolgens.

Die Stádion

Die Stadion was ’n ren- en resiesbaan wat by sommige Oudgriekse stede aangelê was. Wedlope is daar gehou vir mans en perderuiters. Dit was ’n renbaan in die vorm van ’n parallelogram, gemiddeld nagenoeg 183 m lank en 27 m breed. Daar kon ’n enkelbaanresies op gehou word, of meerbanige resies, wanneer aan beide eindes skerp gedraai moes word by pilare wat daar opgerig is – een vir elke hardloper in die resies. Indien moontlik is dit gebou tussen twee heuwels aan weerskante met sitplekke daaromheen vir die toeskouers. Die vier besbewaarde Stadia vind ons vandag by Delphi, Olumpia, Eipidauros en Athene. By Delphi dateer die teenswoordige struktuur uit die 2de eeu nC as ’n geskenk van Herodes Atticus, wat ook die Stadion van Athene herbou het met rye van 46 pilare van marmer en wat 50 000 mense kon huisves. By Epidauros is daar ook ’n kleiner een met pilare sowat 30 m van mekaar langs die baan, asook ’n klipkanaal wat water verskaf het.

Die Stadion van Athene was buite die stadsmuur geleë, oos van die Olumpieion (die heiligdom van Olimpiese Zeus), aan die linkeroewer van die Ilussos-riviertjie. In moderne tye het Athene die Olimpiese Spele daar aangebied. ’n Massiewe kunsmatige platform is hier gebou van ongeveer 205 by 128 m waarop die tempel van die Oppergod gebou was. Peisistratos het met die bouwerk daarvan begin, maar dit onvoltooid gelaat. Daarna het Antiochus Epiphanes dit in 174 vC dit op eie onkoste ook onsuksesvol probeer voltooi. Die Romeinse generaal Sulla het van die pilare daarvan na Rome laat wegneem. Keiser Hadrianus het dit egter later, in die vroeg-keiserlike tydvak, uiteindelik voltooi. Een van die grootste Griekse tempels het hier gestaan, by benadering 108 by 41 m. Dit was omring deur Korinthiese pilare, elk 17 m hoog. Net 15 van hierdie pilare het oorgebly.

Die Stadion van Olumpia op die Peloponnees het seker die mees beroemde geword, want dit was daar waar die antieke Griekse Olimpiese Spele elke vierde jaar gehou is, waarvan die rekords vanaf 776 vC vasgelê is. Die resiesbaan is hier net buite die Altis aangelê. Die Altis was ’n buurt of wyk van Zeus net buite die dorpie Olumpia (vgl Pausanias 5.10.1). Die renbaan hier was 600 Griekse voet (185 m) lank, afgetree, volgens tradisie, deur die held Herakles, wat ietwat langer was as die normale Griekse tree. Baie standbeelde is hier aangebring van atlete en perdetelers. Daar was ook die standbeelde van ander beroemde mans uit die Oudheid, soos Aristoteles, Alexander die Grote, Gorgias, Purrhus van Epirus, Philippos van Macedonië, Hieron van Sirakuse en Lusandros van Sparta, asook Mummius, die oorwinnaar oor Korinthe in 146 vC. Sien hier EN Gardiner, Athletics of the Ancient World (1930).

Gumnásia

Athene het drie groot gimnasia as sport en gimnastiekskole buite die stad gehad, naamlik die Akadêmeia, Lukeîon en Kunósarges. ’n Groot deel van die Atheense lewe het ook buite die stadsmure afgespeel, en wel in hierdie gimnasia. So ’n gimnasium was net vir mans bedoel, waar hulle gumnós, kaal, of skamel gekleed, beweeg het. Dit was ’n omsuilde hof waarbinne daar oefengeriewe vir elke sportsoort van die tyd aangebring was, badgeriewe inkluis. Sedert die nederlaag by Chaironeia in Beosië in 338 vC, waar die Atheners en die Thebane deur Philippos van Macedonië verslaan is, het die Atheense éphêboi (pubertas, wat manlike leeftyd bereik het tussen 18 en 20 jaar oud) hier ook hulle militêre opleiding ontvang.

Die Akadêmeia

Dit was eintlik oorspronklik die naam van die olyfbos aan die Kêphisós-riviertjie (wat 3 km ten noordweste van die stad Athene verbygeloop het) waar hierdie gimnasium geleë was: so vernoem na en ook gewy aan die mitologiese held Akadêmos. Hier, in die 5de eeu vC reeds, het die Atheense veldheer Kimon ’n park met geriewe uitgelê.

Plato het hier sy filosoweskool, die Akadêmeía (“Akademie”), in 387 vC gestig. En hier is hy ook 40 jaar later begrawe. Die Romeinse generaal Sulla het met sy beleg van Athene in 86 vC die bome van die Akadêmeia, as straf vir Atheense verset, laat afkap. Dit moes egter spoedig weer gegroei het, want die Romeinse skrywer Horatius, wat later aan Athene gaan studeer het, vertel ons (Epistolae 2.2.45) dat die “Bos van Akadêmos” weer welig uitgegroei was.

Die Lukeîon

Hierdie gimnasium was weer ten ooste van die stad geleë, digby die Ilissos-riviertjie. Dit is die Lukeîon genoem na en gewy aan die god Apollo Lúkeios (< Grieks lúkos, Latyn lux, “lig”, want hy was ook die god van profesie). Apollo het ’n heiligdom (témenos, “eie domein” > templum) daar digby gehad.

Aristoteles het sy filosofiese skool daar gestig, in Latyn bekend as die Lyceum. By die Grieke was dit bekend as die Peripatetiese Skool van Aristoteles, omdat hy so op en af gestap het (peripateîn) terwyl hy klasgegee het.

Die Kunósarges

Hierdie gimnasium, wat gewy was aan die held Herakles, het ook ten noordooste buite die stad gelê. Dit was die gimnasium vir die gebruik van jongmans wat nie van suiwer Atheense bloubloedafkoms was nie.

Hier het die filosoweskool van die Sinici later hul tuiste gehad. Dit is so genoem na Diogenes van Sinope, stigter van hierdie skool, wat ook bekend was as die “Hond”, in Grieks kúôn (met genitief kunós). Van daar die naam van die skool.

Geboue op die Agorá van Athene

Sekerlik net so indrukwekkend was Athene se openbare geboue op die Agorá, soos die Bouleutêrion (Raadhuis, waar die Uitvoerende Raad van 500, die Boulê, sy sittings gehad het); die Thólos (’n koepelgebou waar die 50 prutane, as hoogste owerheid, vir staatsake vergader het en hulle eetplek gehad het – en waar ook ’n stel standaardgewigte bewaar was); die Hêlaía (’n volksgeregshof uit Solon te tyd wat na die hervormings Ephialtes die hoogste Atheense gesag geword het); die Mêtrô[i]n, oftewel tempel van Kubélê (waar die staatsargiewe, geskryf op papirus en perkament, bewaar is, met sy lang omheinde pedestal waarop die bronsstandbeelde van die eponieme, oftewel naamgewende, helde van die tien Attiese volkstamme gestaan het); en die Stratêgeîon (die Verdedigingshoofkwartier, waar die statêgoí, oftewel militêre bevelhebbers, vergader het).

Die privaat huise van Athene

Net so goed beplan as wat al hierdie amptelike geboue was, net so beskeie en eenvoudig, in vorm én konstruksie, was die huis van ’n privaat Atheense burger, reeds sedert argaïese tye. Dikaiorchos van Messene (wat ’n leerling van Aristoteles was) het by geleentheid opgemerk dat ’n vreemdeling by die aanblik daarvan mag wonder of dit nou eintlik Athene kan wees wat hy sien (afgesien, natuurlik, van die teenwoordigheid van die Akrópolis). Die huisies was vierkantig met gras- of teëldakke, sonder enige vertoon. En die antieke Atheense se strate was ook maar stowwerig, smal, gekronkeld, en vol stegies – sonder enige beplanning.

Die Atheense huis van die 5de, 4de eeu vC is gewoonlik met ongebakte stene op ’n stewige sokkel (suilvoet) gebou. Dit kon ’n grasdak gehad het, of een met terracotta-teëls wat op houtbalke gerus het. Platdakhuise het ook gereeld voorgekom. Huise was gewoonlik ook aan die buitekant afgepleister en afgewit, terwyl die mure aan die binnekant meer dikwels ru en rou gelaat was. Die Atheners het hulle huise, heel ongewoon, sonder enige simmetrie gebou. Hulle huise het kaal grondvloere gehad, met uiters selde in die Oudgriekse wêreld voorsien van ingelegde mosaïekpatrone (soos later by die Romeine, te sien by die opgrawings van Pompeji). Dit het stoorkamers gehad, kombuise en klein badkamertjies. Die toiletgeriewe by die Oudgriekse huis het veel te wense oorgelaat. Wel het dit ondervloerse watersisternes gehad. Natuurlik het elke huis ook sy vuurherd of -haard (hestía) gehad waar die huis se vuur altyd aan die brand gehou moes word. Die rook hiervan moes maar alleen deur gate in die dak ontsnap. Skoorstene (die kápnê of opê by die komediedigter Aristophanes) het tog wel ook voorgekom. Aan die straatkant het die Atheense huis sy deur en enkele klein vensters (natuurlik sonder glas) gehad, sonder enige poging tot ’n mooi fasade wat na die straat wys. BC Rider, The Greek House (Cambridge, 1916), het tot dusver vir ons die beste rekonstruksie, met sketse, van die Griekse huis gegee.

Die Griekse huis het soms eers ’n buiteportaal of portiek (próthuron) aan die straatkant gehad voordat by die hoofdeur (thúra) ingestap kon word. Na hierdie deur is soms verwys as die balanôtê thúra (grendeldeur) of die métaulos thúra wat uitloop op die aulê, oftewel binnehof, van die huis wat gewoonlik suid gewys het (half uit die pad van die opkomende son). Die huis het aparte slaapkamers gehad vir die mans en die vrouens, die sogenaamde Andronitis en Gunaikontis onderskeidelik: vgl hier die Latynse skrywer Vitruvius se De Architectura 6.9. Die vrouens het in so ’n dubbelverdiepinghuis altyd (vir beskerming) bo gebly. Die ameublement van die huis was gekenmerk deur eenvoud, waar die klismós, ’n soort leunstoel, die elegantste was.

Die Atheense huis was meerdoelig. Dit kon dien as ’n winkel, hotel, skool of werkplek van ’n ambagsman. ’n Gegoede huis kon ’n spesiale andrôn (mannevertrek) gehad het waarin die mans hulle eet-en-drink-partytjies gehou het. Huise op die Griekse/Attiese platteland was soms meer ruim uitgelê: vgl JE Jones, LH Sackett en AJ Graham, Annual of the British School at Athens, 1962, ble 75 vervolgens.

Die belangrikste loci, argeologies gesproke, van die huis in die Oudgriekse wêreld (veral in die latere Hellenistiese tydvak) vind ons by Olunthos, noord van Potideia, op die Chalkidiese skiereiland (vgl DM Robinson, Excavations at Olynthus, VSA, 1929–52); Priênê,’n Ioniese stad met oorspronklike Thebaanse verbintenisse by die voorgebergte van Mukalê, aan die monding van die Maiandrosrivier in Klein-Asië (vgl M Schede, Die Ruinen von Priene van 1934); Larisa aan die Hermosrivier in noordwestelike Klein-Asië (vgl AW Lawrence, Greek Architecture van 1962); en Pella, die hoofstad van Macedonië ten noorde van ou Griekeland (vgl Arch Delt [in Grieks], 1960, vol 1, bl 72 vervolgens); en Dêlos, ’n histories-belangrike eiland in die Egeïese (Middellandse) See, suid van die Griekse moederland, in die middel van die sogenaamde Sporádes (vgl Exploration archéologique de Delos (in 25 vols, 1909–61).

Hippodamos van Milete as vroegste stadsbeplanner

Dit was eers die uitleg van die Piraeus, Athene se hawe, wat as dorp/stad beplan is. En die man wat hiervoor verantwoordelik was, was Hippodamos van Milete. Hierdie Hippodamos is teen 500 vC gebore. Antieke skrywers praat van sy némêsis (“geordende en verdelende uitleg”) van dorpies en stede. By die Piraeus is daar vandag nog tekens van die grensstene wat hy laat oprig het. In 443 vC sou hy ook die stad Thurii (Subaris) in Suid-Italië (Graecia Magna) in ’n reghoeke uitgelê het. Strabo (14.2.9) maak melding van ’n tradisie wat bestaan het dat die “argitek” van die Piraeus ook op die eiland Rhodos in die Suid-Oostelike Egeïese See, vir sy stadsuitleg bekend was. Aristoteles (Politeía 2.5) praat van die slordige persoonlike voorkoms wat hierdie Hippodamos sou gehad het, en hy sê ook dat Hippodamos die grootte van ’n ideale stad op 10 000 gestel het. Sien hier F Castagnoli, Ippodomo di Mileto e l’urbanistica a pianta ortogonale van 1956.

Lees ook:

Die Oudgriekse argitektuur (deel 1)

The post Die Oudgriekse argitektuur (deel 2) appeared first on LitNet.

Woordelys: Die derde spoel deur SJ Naudé

$
0
0

Hierdie woordelys is deur Adinda Vermaak vir die Kuilsrivier Leeskring opgestel, en word hier beskikbaar gestel om ander leeskringe se besprekings van die boek aan te vul.

Die gebruik van die woordelys word aanbeveel vir diegene wat reeds die roman gelees het, of vir gebruik terwyl dit gelees word, aangesien sommige van die roman se intriges hierin bespreek word.

Klik hier om die woordelys in PDF-formaat af te laai.

"Es ist niemals ein Dokument der Kultur, ohne zugleich ein solches der Barbarei zu sein"
– Walter Benjamin

"Daar is geen dokument oor beskawing wat nie terselfdertyd
ook ’n dokument oor barbarisme is nie."

– Walter Benjamin (1892–1940), Marxistiese Duits-Joodse letterkundige

I
REWOLUSIE VAN DIE KINDERS
(Londen, April−Desember 1986)

Hoofstuk 1

11

“Toe Etienne wakker word, is ’n wêreldkaart op hom afgedruk. Dan verbrokkel die kontinente: die skaduwees, blyk dit, van spinnerakke wat in die oggendson roer.”
’n William Blake-tekening (Sien p. 14)

12

Frank vertel vir Etienne van klokke, o.a. van deeltone en terme soos “tertstoon” (die derde toon van die grondtoon af) en “kwint” (die vyfde toon vanaf die grondtoon).

13

drag queens (mans wat oordrewe vroulike klere dra en ook so optree, gewoonlik met die doel om mense te vermaak)
op die spoorlynviaduk (die spoorwegbrug oor die pad)
dandies (mans wat té behep is met hul gewoonlik elegante voorkoms) met potloodsnorre.
Rococo (18de-eeuse kunsstyl; baie versierings) en chinoiserie (kunsstyl wat Chinese invloed weerspieël)
hunchback-grappe (grappe oor boggelrugmense; hier The Hunchback of Notre Dame)
kampanoloog (Engels: campanologist: ’n kenner van die lui van klokke)
klokkenis (ook op pp. 14 en 84), beiaardier (klokkespeler)
“Hulle het met die steil toringtrappe opgestap. Frank se kwartiere (die plek waar Frank woon) het bestaan uit ’n kamertjie met ’n klipvenster.”

14

Blake se hemelvure. (William Blake (1757–1827, Engelse digter, skilder en drukkunstenaar. Blake was hoofsaaklik onbekend gedurende sy leeftyd, maar word tans beskou as ’n baie belangrike, invloedryke figuur in die geskiedenis van die digkuns en visuele kunste van die Romantiese era. Hy het gelewe en gewerk in Londen in ’n tydperk van groot maatskaplike en politieke veranderinge wat sy werk beïnvloed het.)
Terwyl die son muskusdampe (sterk reuk; oorspronklik deur ’n muskushert afgeskei; word gebruik in die vervaardiging van parfuum) uit sy lyfholtes trek
“... perdewaens, gestapel met bloedgladde (vol bloed?) bokke, horings inmekaar gesluit soos ’n takskuiling”
klokroet (die swart aanpaksel op klokke)


 

Hoofstuk 2

16

jou eie belange is in x (op) die spel

17

sterre en strepe op sy epoulette (skouerbelegsels met kwassies of fraiings as onderskeidingteken op ’n uniform)
’n Spierbuksie, Van Rooyen (’n kort, fris man; die geskiedenisonderwyser)
skrotum (sakkie wat die testikels bevat)

18

Sy pa: “Ons vryheid en oorlewing in hierdie land is duurgekog...” (duurgekoop).

19

COSAWR (Committee on South African War Resistance, in 1978 gestig; ’n selfhelporganisasie vir Suid-Afrikaanse militêre vlugtelinge)
’n kasarm van ’n Victoriaanse huis (’n baie groot Victoriaanse huis)

20

’n vryvloeiende knoop-en-doop-rok (rok van materiaal stewig geknoop en dan in kleurstof gedoop; knoopkleuring; knoopbatik)

21

’n kennis in ’n squat (plek wat ingeneem is deur squatters/plakkers)
Suid-Afrikaanse fasciste (fascisme: radikale outoritêre nasionalisme, gewoonlik diktatoriale onderdrukking van die opposisie. Hier verwys dit na die Nasionaliste in Suid-Afrika.)
“Daar was soet dampe, reggae (musiek teen 1990 in Jamaika ontwikkel; gaan gewoonlik oor sosiale en politieke sake) uit ’n boom box (Afrikaans vir die Amrikaanse “boom box” = ghetto blaster)
... hul gedeelde argwaan (wantroue, agterdog)
In die boonste kamer was daar ’n futon (’n soort dun, harderige matras, oorspronklik van Japan)


 

Hoofstuk 3

23

... die groen boekie wat hy in sy onderbroek saamdra …; ’n smetskrif (’n skandelike geskrif of boekie; sy Suid-Afrikaanse ID-dokument)

24

Patrick se marijuana-rook (daggarook)
kadens (of kadans: die heffing en daling van die stem; ritme)
die ECC (End Conscription Campaign, ’n anti-apartheidorganisasie, in 1983 gestig, bestaande uit beswaarmakers teen verpligte militêre diensplig vir alle wit mans)
dit in solenoïde x solenoïede (draadklosse wat in ’n magneet omskep word as ’n elektriese stroom daardeur gelei word) en resistors [mv] (stukke draad wat die vloei van elektrisiteit beheer) uitmekaar laat spat.
Onder: Patrick se rastavlegsels (“dreadlocks” soos van Rastafariërs; die hare kleef saam omdat dit vir ’n lang tyd nie gekam is nie)

25

Almal wat in sy redemption powers (verlosssingsmagte) glo.

26

papier verpulp vir papier maché x papier-mâché (materiaal van verpulpte, saamgeperste papier, saamgevoeg deur gom of stysel)
Bonnington Square (geleë in Vauxhall, Suid-Londen. Dit is in die 1870’s gebou as verblyf vir spoorwegwerkers. ’n Eeu later, in die 1980’s is al die huise wat leeg gestaan het en wat gesloop sou word, ingeneem deur plakkers.)

27

Thatcher (Margaret Thatcher (1928−2013), as leier van die Konserwatiewe Party Eerste Minister van Brittanje van 1979 tot 1990; bekend as “the Iron Lady”.)


 

Hoofstuk 4

28

Aodhan, ’n Ier … sy oë is gletserblou (ligblou)

29

die aktetas-en-sambreel-zombies (sakemanne wat nie vir hulleself dink nie)
Aodhan: “Die beste musiek … is die stilte van beton.”
Tbilisi (stad in Georgië, Rusland), Jalta (Yalta, stad in die Oekraïne in Rusland), Belgrado (hoofstad van Serwië), Kagawa (’n stad in Japan)
Aodhan se foto’s van o.a bunkers (kamers met baie sterk mure, ondergronds gebou as skuilplek teen bomme)
Hy praat oor brutalistiese argitektuur. (Begin omstreeks 1951−1975; argitektuur wat ’n mens laat dink aan ’n “fort” gebou met beton. Dit is al beskryf as “concrete monstrosity”.)

30

Hy praat “oor betonstede wat so swaar is dat dit die aarde uit sy baan stoot”
Aodhan wil vir Etienne op ’n toer van die wêreld se brutaalste argitektuur neem.

32

“Hulle stap in, loop met die oprit se heliks (spiraal) op tot heel bo”
“Etienne voel getroos terug in die Square, ’n holte binne die stad se vorteks.” (bv vloeistof wat om ’n as wentel, of ’n vloeistof wat jy roer; draaikolk in die water of die warrelwinde om ’n tornado)
asof Etienne op x /met vakansie is


 

Hoofstuk 5

34

politieke lirieke op x /in Afrikaans

35

Wannabe (maak-of-hulle-is) punk-rockers.
Monotone synth-pop (’n sub-genre van new wave musiek. Dit het in die laat 1970’s begin; maak gebruik van die synthesizer of sintetiseerder as die belangrikste musiekinstrument)
freneties (verwoed, rasend)

38

“Etienne kyk nou pal films … Een vir een ontdek hy die Europese auteurs.” (Frans: auteurs = skrywers)


 

Hoofstuk 6

40

“Etienne loer by steë (stegies) en skemer ruite in …”

41

die man: “Sweet, met ’n ondertoon van kordiet.” (rooklose plofstof; word gebruik om koeëls aan te dryf)
(onder) “...hy is net spier en pees (sening) en krag.”

42

Matthew Goniwe en die ander Cradock-leiers (Goniwe (1947−1985) was ’n wiskunde- en wetenskaponderwyser, ’n bekende Suid-Afrikaanse aktivis; een van die Cradock Vier wat in 1975 deur die SA Polisie vermoor is.)

43

“Of hom x /om homself te laat voordoen as die verlore seun, wat kwansuis gekenterd (heeltemal veranderd) terugkeer.”

44

(onder) Hilde vertel Glenda van die uitskiet van die laaste wilde bisons (wilde Amerikaanse buffels) daar in die 1920’s.
’n eeue oue x / eeueoue jaghut

48

“Hy het sy knieë opgetrek en gemaak of hy studeer, sy pa gluipend (loer onderlangs) dopgehou.”


 

Hoofstuk 7

49

(onder) “In extremis.” (buitengewoon)

50

“... besig om elke permutasie (verandering in die rangskikking) van oogpunt en afstand uit te werk.”
“phi-fenomeen” (die optiese illusie wanneer ’n mens ’n reeks stilbeelde sien as aanhoudende beweging as dit vinnig na mekaar voor jou verbyflits)
“ikoniese geheue” (die soort geheue wat ’n voorwerp vir ’n rukkie duidelik kan “sien” nadat die voorwerp verwyder is)
sluiterfrekwensie (sluiter: afsluiting van ’n fotolens); frekwensie (herhaling van ’n handeling per tydseenheid)

51

Etienne maak sy eerste film. Neem onder ander Axel se kunsprojekte af.
Onder: “Hieronder,” sê een met ’n Spaanse aksent, “is genoeg arseen (baie sterk gif) om die hele fokken City uit te wis. Ons moet dit net in die drinkwater kry.” (bo-aan p 52)

53

Axel se visioen van God. “God. Hy is jaloers, hy kyk deur die sleutelgat. Hy wil die vuurkwyl (vuurspoeg wat uit sy mond loop) kom proe, die sappe wat so bitter soos wolfsbloed uit ons drup.”


 

Hoofstuk 8

55

“Squatters se kinders en telge (kinders − neerhalend bedoel) uit council flats.”

56

Axel se uitstalling van verskillende foto’s. Almal op die foto’s is dood.
Die titel van sy installasie: Maak die kinders wakker.

57

“Axel is besweer en omring van die lenigste, donkerhartigste mans en vroue van die stam. Hulle wil sy vel aanraak. Soos Jesus se kleed.”

58

Etienne en Alex. “Hulle vra mekaar nie gewoonlik vrae nie. Hulle praat nie oor ouers, familie of geboorteplekke nie. Oor skole, huise of kindervriende nie.”
Metafoor: “Hulle is komete uit die diep ruimte; hulle val wrywingloos. Hulle gun mekaar die suurstoflose heelal. En die lig van al haar sonne.”

59

Onder: “Toe hy (Etienne) die film wat hy van die seuns geneem het ontwikkel, is daar niks op nie.”


 

Hoofstuk 9

60

“Etienne is al amper ses maande in Londen.” Sy ma se weeklikse briewe. “Hy hou op om enige van die koeverte oop te maak.”

62

“Ten minste het hy nou ’n titel (vir sy film): Om in Axel se wêreld wakker te word.”

63

“’n Werk uit die Weimar-era (Die Weimar-republiek, soos die Duitse staat van ná die Eerste Wêreldoorlog, van 1919−1933, genoem is – tot die opkoms van Nazi-Duitsland.) .... gemaak deur Bertolt Brecht .”(1898−1956), Duitse digter, dramaturg en regisseur. Brecht het in die 20ste eeu ’n baie groot invloed op die ontwikkeling van die teater uitgeoefen.)

64

montage-redigering (montasie: die redigering van hoe beelde in ’n film saamgevoeg word)

65

’n subliminale beeld (’n invloed of beeld wat jou beïnvloed, selfs al kom jy dit nie agter nie of al is jy nie bewus daarvan nie)
Axel gee vir hom ’n film of ’n lêer ... die eerste bladsy waarop getik is (p. 66 bo):

BERLINER CHRONIEK
Regisseur: Ariel Schnur
Produksiejoernaal – Irmgard Fleischer
1933

67

Axel blaai terug, tik met sy vinger op Irmgard Fleischer se naam. “My ouma. My ma was haar enigste kind.”

68

’n onbekekende kataklisme (’n plotselinge, algehele verandering of omkeer)


 

Hoofstuk 10

 

Etienne is besig om saans Irmgard se lêer te ontsyfer.

70

Wilhelm Reich: “Oostenrykse psigoanalis, post-Freud. Seksoloog x Seksuoloog en kommunis.”
Etienne lees vir Axel voor oor Reich se siening van ’n kind se seksualiteit.

71

“Die pakkie korrespondensie ... tussen Ariel Schnur en ene Walter Benjamin ...van Desember 1932 tot Maart 1933.”

72

Walter Benjamin wou die boek noem: Berliner Kindheit um Neunzehnhundert. Die film se naam: Parloir des Nichts: “Die spreekkamer van die niet”.
“Etienne bunk sy klasse, gaan sit in die Goldsmiths-biblioteek en lees oor Benjamin.”

73

Benjamin se herinneringe aan ’n kindertyd in ’n bourgeois (burgerlike, konserwatiewe) Joodse huishouding in Berlyn.
Benjamin: “Die geheue is die medium van ervaring, net soos die aarde die medium is waarin dooie stede begrawe is. Hy wat nader aan sy eie bedolwe (bedekte) verlede wil kom, moet homself gedra soos ’n man wat grawe.”
Onder: diskontinue (wat onderbreek is) storieborde


 

Hoofstuk 11

77

Dis ’n milddadige x (oorvloedige, vrygewige) dag. Liewer ’n milde (sagte, weldadige) dag.

78

“Rondom hulle, sien Etienne nou, is klipformasies. Uit die Steentydperk, of eens deur druïde (ou Keltiese priesters) en hekse aangerol.”

81

Bo: “die denneboom in ligte laaie (aan die brand)

82

“Toe hy buite kom, staan die res in stilte rondom die swart totem (soos die Amerikaanse Indiane wat ’n afbeelding van ’n dier op ’n paal geplaas het as beskermgees) wat van die denneboom oorgebly het.”


 

Hoofstuk 12

83

Irmgard se joernaal
Onder: Irmgard beskryf dit in pynlike detail … die posisies van spore (spoorlyne) en dollies (Engels: dolly – dollies: a flat structure with wheels for moving heavy loads or for supporting a film camera)

84

“Nog ’n plan van Goebbels.”: Joseph Goebbels (1897–1945): een van die bekendste en invloedrykste Duitse politici in die tyd van die Nasionaal-Sosialisme en een van Adolf Hitler se vertrouelinge; ’n Jodehater.
Derek Jarman (1942–1994): Engelse filmregisseur, ontwerper en kunstenaar
Onder: “Hy (Etienne) kyk nou déúr dinge, soos Frank die klokkenis (beiaardier)

85

Bo: Irmgard skryf in haar joernaal: “Ek lig my neus, lees die vrank (suurbittter, wrang) wolk woorde. Trek dit diep in, stoor sinne in my longe.”
’n Julie-inskrywing lui: “Ariel lees vir my vanoggend se koerant. Goebbels se Reichs-filmkammer aangekondig. Jode se dae in die filmindustrie getel …”

86

Onder: “Tonaufname! Grösste Ruhe! Eintritt verboten!” (…-opname! Grootste rus / Doodse stilte! Toegang verbode!)

87

Bo: “Hy (Etienne) gaan dit vínd, hierdie film. Of hoeveel daarvan ook al voltooi mag wees. Dís wat hy sal word: ’n filmargeoloog (navorser oor ou films).
Dit is die einde van Oktober. Etienne is nog net omtrent ses maande in Engeland.

88

Tussen blare deur word ’n groepie in swart klere sigbaar… speel swaar post- punk rock ... die swartbroekbrigade. Goths. (Die Goths, veral gewild in die 1980’s, is uitgeken aan hulle swart klere, silwer juwele en hul swart ooggrimering en lippe.)

90

Bo: “Hy (die Finse goth-Jesus) het ’n kruis om sy nek − metaalgraveerwerk in filigryne x filigrane(fyn edelsmeewerk wat lyk soos kantwerk) detail.”


 

Hoofstuk 13

93

“Iewers onder hom en Axel het tektoniese plate (soos groot rotsplate) verskuif …”
“Hy (Axel) probeer die seismiese aktiwiteit (soos in ’n aardbewing) in my borskas peil, dink Etienne.”

97

Bo: Etienne vra: “Gee my net die briewe. Asseblief. My ma se briewe. Twee stapeltjies onder die bed.” Hy vra ook sy storieborde teen die muur.

99

Hy sien van buite af die goth-leier daarbo, buite sy ou kamer staan. “Hy is poedelnakend en spierwit. Sy lyf haarloos, androgeen. (Engels: androgynous: ’n Androgene persoon is nie opsigtelik óf manlik óf vroulik nie.)

100

Hy sien in ’n winkelvenster “’n versilwerde smukstel (versierstel; soos ’n vanity case?) vir mans. Dit herinner hom aan sy geskenk as kind aan sy pa en sy pa se reaksie. Etienne het daarna die modelvliegtuie, wat hy en sy pa saamgebou het, in sy slaapkamer af te ruk.

101

Hy stap in die straat. Brent roep hom. “Sy opdringerige aspirantmentor (wat graag ’n raadgewer wil wees) in sake van die gewete.”
Brent: “Het jy enige idee van die swart Suid-Afrikaners se lyding? ... Hoe kan jy daardie land net uit jou skei, soos stoelgang (produk van ontlasting)? Dink jy dis ’n virus, en Londen die antibiotika? …”

102

Onder: Uiteindelik is hy by Axel. Etienne besef “sy Blake-boek het in die Square agtergebly. Dit behoort nou aan die Finse Goths.”


 

Hoofstuk 14

103

Irmgard se joernaal op 19 Oktober: omdat dit gevaarlik is, “sluip hulle deur ysige strate in die donker oggendure; “swart doeke oor die toerusting gedrapeer soos lanfer. (dun swart stof met ’n kreukeloppervlak, vroeër gebruik vir roubande om hoede en moue) Arrestasie is altyd net om die draai.”

104

Die impresario (die bestuurder of organiseerder van konserte en opvoerings)
skisofreniese dilettante (mense met ’n psigotiese afwyking wat kuns of teater as stokperdjie of tydverdryf beoefen)
“Jüdischer Narr!!” (Joodse gek, idioot, sot!)

105

“Chont!” snou iemand my toe. (Jiddisje woord vir ’n laeklas Joodse prostituut)
“Kontroll”-meisies was staatsgereguleerde prostitute, ook bekend as “beenkrakers” of “spoorlynmeisies”.


 

Hoofstuk 15

111

Etienne lees die laaste bladsye van Irmgard se dagboek. Aanhaling daaruit:
“ek wil nog net eenmal op Unter den Linden gaan wandel ariel sê as ek konsien wat hy sien sou ek weet hoe gek dit is om mens in daardie nes t begeef”

111–112

“Irmgard skryf van ’n geheime Brecht-opvoering waas die SS opgedaag het. ... Ariel was daar.” (Die SS (SchutzStaffel) is in April 1925 gestig deur Adolf Hitler as sy persooonlike lyfwag. Onder beheer van Heinrich Himmler het dit uitgebrei tot ongeveer 250 000 soldate in 1929. In 1933 het die SS opdrag gekry om konsentrasiekampe in te rig vir die “undesirables”, Jode, sigeuners, homoseksuele persone, kommuniste, werklose, gestremdes, ens.)

112–113

Etienne se film vir sy studie, Om in Axel se wêreld wakker te word, word beoordeel deur sy dosente vir kamerawerk, kinematografie, redigering, draaiboekskryf en regie. Ook die filmteoretikus.
Hulle kritiek is byna uitsluitlik negatief. Die kinematograaf (filmtoestel): die toon is pedanties (beterweterig), deklamerend (hoogdrawend)

114

Etienne “sou die Lumière-broers/Méliès-dichotomie (verdeling in twee; tweedelig) met vrug kon oorweeg. (August en Louis Lumière was pioniers in die filmbedryf; hulle het die realiteit verfilm. Hierteenoor het George Mèlies illusies en fantasie geskep.
Onder: “Ek het iets vir jou,” sê Axel. 115 (bo): ’n Reuseskildery van Etienne se gesig.

115

Etienne neem ’n boek uit oor die produksiegeskiedenis van Sluiper,o.a. oor Tarkofski. (Andrei Tarkofski (1932−1986), beroemde Russiese filmregisseur)

116

Reaksie op sy soektog (sy koerantadvertensies); ’n Amerikaner se reaksie: “Klaarblyklik soek u na ’n naald in al die miedens van die wêreld. U benodig ’n fynkam (klein kam met dun tandjies baie naby mekaar) eerder as ’n hooivurk. En duisend jaar.” (Iets fynkam: iets noukeurig deursoek)

117

Etienne klim op na Axel se ateljee. Hy sien sy kunswerk (’n stadslandskap in minatiuur) in die glaskas wat met ’n laken toegegooi is.


 

Hoofstuk 16

119

liewenheersbesies (vlieënde kewertjies met rooibruin en swart kolletjies)
Miskien het die aarde op sy as geglip, en het noord infinitesimaal (oneindig klein hoeveelheid) verskuif.
Axel skei skynbaar stuifmeelgeure af. Of insekferonoom (’n chemiese bestanddeel voortgebring deur ’n dier wat die gedrag en ontwikkeling van ander lede van dieselfde spesie beïnvloed).

120

Die ladybirds wat Axel pla: Gly hulle in die geut tussen sy rugpese (rugsenings) af?
Onder: ’n Brief is vir Etienne afgelewer; “seker weer van een of ander wacko...” (’n mal of baie eienaardige persoon)

121

Etienne is vir die eerste keer in Rotherhithe … parallel met die Teems. Hy sien ’n eensame blok council-woonstelle uit die 1930’s.

122

Die siek man op die bed: Bernhard Sauer, wat die weerstand teen hulle uitsetting uit die gebou gelei het.

123

In die eetkamer in die buffet is ’n filmhouer van staal. In die hospitaal sê hy vir Axel: “Ek het jou ouma se film.”

125

Die film het ’n klankbaan van avant-garde musiek (nuwe, onkonvensionele musiek)
Die afdeling “Schmetterlingsjagd” (Skoenlappersjag)


 

Hoofstuk 17

128

Axel gaan Duitsland toe. Etienne vra vir Axel: “Waarom mag ek niks weet nie? Wat het met jou ma gebeur?”

129

Etienne lees sy ma se briewe.

130

Onder: Hy skryf sy eerste brief in maande vir sy ma.

131–
132

Hy gaan lughawe toe. Axel is nie op die vlug nie.
Etienne besef hy beskik oor geen inligting oor Axel nie. Is “Axel” ooit sy regte naam?


II
DIEP ARGIEF
(Berlyn, Okt 1987 − Mei 1988)

Hoofstuk 18

135

Etienne is in Oos-Berlyn.

136

Hy ry saam met Frau Finkel in ’n troebelkleurige (Duitse Weizenbier is gewoonlik ’n blonde troebelkleurige bier) Trabant (bekende Oos-Duitse motor)
Hy kry ’n stadskaart: Stadtplan: Berlin Hauptstadt der DDR. (Berlyn, hoofstad van die Deutsche Demokratische Republik of Oos-Duitsland) Agter moet daar ’n Zeichener klaring (sleutel vir die kaart) wees, maar dit is nie daar nie.
Unter den Linden (Onder die Linde; ’n beroemde straat in Berlyn, met lindebome weerskante van die voetgangerstrook in die middel)
Fernsehturm (televisietoring)
Hy kry ’n koevert met ’n klompie Ostmark (die geldeenheid van Oos-Duitsland)

137

droewe strate met droewe geboue  Vergelyk met bl 136: ’n wye boulevard (lang, breë straat) ... verby grandiose ou geboue van Wes-Berlyn.
Onder: “Wir brauchen den Hausuch, bitte. Frau Dreschler nimmt heute einen neuen Untermieter ein.” (“Ons het die huisboek nodig, asseblief. Mevrou Dreschler neem vandag ’n nuwe huurder in.”)

138

“Es wird ein Höhle, dieses Haus, von Unruhestifter und Bummler! (“Dit word ’n hool, hierdie huis, vir oproermakers en boemelaars!”)
“Als ich sagte, er ist ein Austauschstudent von Grossbritannien.” (“Soos ek gesê het, hy is ’n uitruilstudent van Groot-Brittanje.”)

139

Bo: spore van ou fresko’s (muurskilderye). Verskillende soorte riffelglas op die trapbordes ... (’n bordes of tussenbordes is ’n platform wat twee gedeeltes van ’n trap onderbreek, gewoonlik waar die trappe van rigting verander) verwring die uitsig op die binnehof.
Frau Dreschler … het ’n “bibliotekaressebolla”.
Etienne se woonstel is in die Vorderhaus. (voorhuis; voorste deel) Die kamer is ruim en kyk uit op die straat.
Die wasbak: “Nichts zu benutzen” (Moenie gebruik nie. want dit is stukkend.)

140

Hy studeer by die HFF – Hochschule für Film und Fernsehen

141

Hy woon ’n seminaar oor draaiboekskryf vir dokumentêre televisiefilms by.
Onder: Die DDR (Oos-Duitsland) se onverdrote (ywerige, volhardende) toewyding aan vooruitgang.

142

“Etienne kyk om hom. Die studente is bedeesd. Hulle vra niks, luister in stilte, knik hul koppe. Hy dink aan die moerigheid, angs en anargie van sy Londense medestudente, aan hul uitdagende vrae en besware. Hul eiegeregtigheid, hul selfvertroue. Hul weerloosheid. Hul deurmekaar hare, hul punkerige uitrustings.
“Dit voel of hy terug is in Suid-Afrika. Al die selfvertroeteling en skouer-kloppery. Al die verbode gedagtes wat binne skedels skuilhou.”


 

Hoofstuk 19

143

... blinde vensters, verroestende x verroeste (met roes bedek) Trabants (bekende Oos-Duitse motor)

145

Nils se ouers het hulself in die 1970’s ongewild gemaak. Hulle was vriende van Wolf Biermann (1936–; Oos-Duitse sanger en komponis en ’n Oos-Duitse andersdenkende)

147

“Etienne is ’n vrye stapper. Anders as in Londen, waar hy opdringerige gidse gehad het, verken hy Oos-Berlyn op sy eie. ...
Om te twyfel is om te verraai. Om nuuskierig te wees is om te ontwrig.”

148

’n Byeenkoms van die Freie Deutsche Jugend is aan die gang. “Soos jong Voortrekkers in Suid-Afrika.”


 

Hoofstuk 20

 

Etienne is in Wes-Berlyn.

151

Hy wil gaan na “’n kafee wat Axel in Londen genoem het as een van die uithang-plekke toe hy hier gebly het: Anderes Ufer. (Etienne het net een onduidelike foto van Axel.)

153

Hy ontmoet drie mans van ongeveer sy eie ouderdom. ons is in ’n band,” sê Frederick … “Nes in Londen, dink Etienne. Álmal is in die een of ander band. Hy ken die scenario teen hierdie tyd goed: amper sonder uitsondering oorskadu erns en entoesiasme talent.”

154

Die drie se ouers was ook in bands. “Maar hul musiek … Alles Kraut-stuff. (Krautrock: German bands of the early '70s that expanded the sonic possibilities of art and progressive rock. Instead of following in the direction of their British and American counterparts, who were moving toward jazz and classical-based compositions and concept albums, the German bands became more mechanical and electronic.)

155

Etienne noem Bob Dylan of Leonard Cohen. Of Tom Waits. Reaksie van Frederick: “Pretensieuse hetero kak.” (verwaande, grootdoenerige, anders as die gewone stront of strooi)

157

Hulle band: “die kwasidrieling” (kamma-drieling). Die hoofinvloed van hul musiek is oombliklik duidelik: “Einstürzende Neubauten” (’n bekende Duitse industrial band, in 1980 in Wes-Berlyn gestig)
(onder) Etienne gaan help by die tromme. “Hy toets die pype en stawe, die oliedrom. ’n Enjinblok.”

158

Die naam van hulle band: Stunde Null (Hour Zero, verwys in Duitsland na middernag op 8 Mei 1945, die einde van die Tweede Wêreldoorlog en die begin van Duitsland. Duitsland was destyds feitlik totaal verwoes; ongeveer 80% van die infrastruktuur moes herstel word.)


 

Hoofstuk 21

 

’n Maand is verby …

160

 

Patrick is Etienne se enigste kontak in Londen, en sy enigste skakel met sy ma. Hy ken nie Axel se van nie.
Onder: “die gewone verwarring oor sy reisdokument ... die titre de voyage” (’n vlugteling se reisdokument)

161

Goethe (Johann Wolfgang von Goethe (1749−1832), beroemde Duitse skrywer van romans, gedigte en dramas (o.a. Faust); ook ’n literêre kritikus wat onder andere verhandelings oor plantkunde en anatomie geskryf het.)
Engels (Friedrich Engels (1820−1895), Duitse filosoof, sosiale wetenskapskrywer, joernalis en sakeman. Op 22-jarige ouderdom het sy ouers hom na Manchester in Engeland gestuur waar sy vader ’n katoenfabriek gehad het. Hy was, saam met Karl Marx, medeskrywer van die Marxisties teorie en Die Kommunistiese Manifes en het Marx se werk vertaal.)
Hy sper sy neusvleuels vir die gasse van Trabants en Wartburgs. (die twee bekende motors wat in Oos-Duitsland gemaak is. Hulle was onder andere berug weens hulle rookdampe.)
Terugflits: Etienne dink aan sy tweede projek by die filmskool: Spoorloos.
Sy derde projek: Miss Jackson se welpe in Kilburn was sy onderwerp: “Jong Suid-Afrikaners, bleek soos ondergrondse stingels”. Die titel: Weiering (p. 162)

162

“Die hoë punt vir sy seminaarprogram kon hom nie deursien (laat slaag) nie. Dié was in dagboekvorm – ’n weerklank van Irmgard se produksie-joernaal.” … ’n chronologie van sy soektog …
Hy het onder andere die volgende afgeneem: Gordimer-romans (Nadine Gordimer, 1923–2014, wenner van die 1991-Nobelprys vir Letterkunde); ’n biografie van Ché Guevara (1928–1967), beroemde Argentynse Marxistiese revolusionêr, dokter, skrywer, intellektueel, guerrilla-leier, ’n groot figuur in die Kubaanse Revolusie). “Dit was sy kortste film, Weiering.”

163

Etienne wou Axel in Berlyn gaan soek. Hy kon met die studente-uitruilprogram Oos-Berlyn toe gaan, na Oos-Duitsland se enigste filmskool.

164

Etienne het geskenke in Wes-Berlyn gekoop. Frau Dreschler het die bottel Franse chablis gedrink. Sy luister na Oos-Duitse musiek; haar dans, “Haar ossillasies (ossilasus: gereelde wisseling van posisie) tussen die Berliner Zimmer en die erker (uitgeboude venster, komvenster; Engels: bow window) is nie te skei van die swenkende melodieë nie.”

165

Lenie Riefenstahl, Hitler se lieflingfilmpropagandis (Riefenstahl (1902−2003) was ’n beroemde Duitse rolprentregisseur en aktrise. Sy was ’n pionier van, onder andere, Nazi-films. Haar film- en fotografiese tegnieke is deur baie filmmakers nagevolg.)
Trümmer-filme (Rommelfilms: Dit is die Duitse films wat direk na die Tweede Wêreldoorlog, van ongeveer 1946 tot 1948 gemaak is en wat gehandel het oor die impak van die veldslae. Die agtergrond waarteen sulke films afgespeel het, was tussen die rommel van die gebombardeerde stede om die haglike omstandighede van die oorlewendes uit te beeld.)
Etienne luister na sy (die direkteur se) robotagtige kadense (of kadanse: reëlmatige patroon van heffing en daling van sy stem) soos ’n kind wat brokke uit die Bybel resiteer.
Die mans in Oos-Berlyn herinner hom aan Suid-Afrikaanse mans: die geslotenheid en verbetenheid, die heimlike hunkering na geweld.


 

Hoofstuk 22

166

Etienne wonder: “Bespied Frau Dreschler hom vanuit die erker (’n uitgeboude venster)?”
Daar is net een funksionerende winkel in die straat: ’n Fleischerei (slaghuis). “Hompe skokrooi vleis word in die venster uitgestal.”
“Oorkant hom is ’n gebou met ’n koepeldak. Hy herken dit dadelik: die nuwe planetarium. Dit lyk soos ’n gestrande jellievis: tweelingbroer van die Fernsehturm wat in die verte hang toe hy in Pernzlauer Allee afkyk.”

167

Etienne gaan sit in die Zeiss-Grossplanetarium. “Die vertellerstem prewel salwende kosmiese waarhede in ’n ewigheidstoon. Etienne hoor ’n grysgesigburokraat daaragter.”
“Die stoele is ergonomies (biotegnologies: om masjiene of meubels so te ontwerp dat mense makliker en vinniger kan werk of sit)defek (d.w.s. verkeerd ontwerp): binne minute pyn Etienne se nek.”

168

“In die lig van die sintetiese Oos-Duitse sterre (teen die planetarium se dak) mis hy ineens vir Axel tot in sy murg. Al was hulle maar ’n paar maande bymekaar, het Axel sy beenplate tektonies laat verskuif. (so erg verskuif soos rotsplate tydens ’n aardbewing)
Langs hom kom sit “die mooiste man wat hy nog gesien het … Dan sien hy dit, deur halfoop oë in die oranje lig: die man se skoene.” ... Nils het hom vertel: “Kyk na die skóéne! Blink Westerse skoene beteken iemand is óf ’n besoeker uit Wes-Berlyn óf Stasi.” (die Staatssicherheitsdienst: algemeen bekend as Stasi, die gevreesde veiligheidsdiens van Oos-Duitsland)

170

Alles wat hulle in die Staatliche Film-archiv het. Die vrou wat vir hom verduidelik (onderaan bl 170): “Waarna jý soek, daardie hartverskeurende rommelfilms uit die 1940’s, sal jy hier vind.


 

Hoofstuk 23

173

Etienne is nou twee maande in Oos-Berlyn.

174

Hy gaan saam met Nils na ’n uitstalling van kunsstudente se werk by Humboldt-universiteit, onder andere ’n minotourusskelet (die lyf van ’n man en die kop van ’n bees)
Hy ontmoet vir Mthuthuzele (Mthu), ’n swart Suid-Afrikaner.

175

Mthu word opgelei in “teenintelligensie en rewolusionêre strategie … Die bevryding in Suid-Afrika kom, maar ons het hande nodig. En koppe.” Hy nooi Etienne uit om aan te sluit.

176

Die kasset wat Mthu vir Etienne gegee het.

177

Etienne vertel vir Nils van Axel. Nils se reaksie: “Miskien moet jy nie vir my so baie vertel nie. Onthou waar jy is.”
Die kasset van Mthu: “KOOS … die naam van die band” … “Sing jy van bomme?”
“Dis ’n liedjie in Afrikaans, maar soos niks wat hy al gehoor het nie. Punky en dissonant, moerig en anargisties. (soos punk rock music en met vals klanke, die moer in en wanordelik)  Hierdie keer klink dit soos avant-garde jazz ...” (modern en skokkend omdat dit so baie verskil van die gewone musiek)

179

Etienne blaai deur die telefoongids. “Anton Bösel. Die naam van die kamera-man....” Daar is net sewe Bösels in die gids. “Hy skeur die bladsy met die Bösels uit (netjies sodat daar nie papierreste oorbly nie), frommel dit, steek dit in sy sak.” Hy gaan hulle in Oos-Berlyn opsoek.

181

Hy kry Bösel se niggie se adres.

182

Die volgende middag stap Etienne weer na die planetarium. Die nota met die drieling se adres en telefoonnommer was in sy broeksak. (Die broek was daarna deur die wasmasjien van Frau Dreschler.)


 

Hoofstuk 24

 

Sy tweede besoek aan Wes-Berlyn.

185–186

Die drie ander orkeslede berig oor wat hulle kon uitvind oor Axel – niks. Etienne, Christof en Frederick neem by hul instrumente plaas, Matthias voor die mikrofoon.

187–190

Etienne kyk ’n film uit 1946 by die Filmarchiv, Die Mörder sind unter uns. Frau Fuchs betrap hom waar hy in ’n ander kamer rondkyk.

190

Hy is steeds op soek na Berliner Chronik se verlore spoel. Hy besoek Frau Bösel se niggie.

191

Hy kry Anton Bösel se adres.
Hy is steeds besig met sy navorsing oor Trümmer filme. Hy sien hoe Frau Dreschler stilletjies sy broeksakke visenteer, elke papiertjie bekyk.


 

Hoofstuk 25

193

Nils is in sy kamer; sy kamerdeur is toe.

195

Hy en Nils op plastiekswaanbootjies op die meer.

197

Frau Dreschler spioeneer steeds op hom. Nils waarsku hom: “Sy’s nie net bemoeisiek nie … Sy lig iemand in.”


 

Hoofstuk 26

202

Etienne by die planetarium

204

Hy besoek Herr Bösel, Ariel Schnur se vermeende kameraman.

205

Herr Bösel: “Ja, ja, ek weet alles, ek weet waarna jy soek!” Hy laat val ’n koppie; dit spat aan stukke.
“U wéét?” Etienne is oorbluf.


 

Hoofstuk 27

211

van fasade na fasade (die voorkant [soms ’n gewel] van ’n gebou met die hoofingang)

212

Onder: monochrome loodwaas (skakerings van dieselfde liggrys kleur)

214

komateuse (bewustelose) boomstamme

215

Die direkteur ossilleer (swaai ritmies heen en weer, soos ’n pendulum) in sy swaaistoel.
Die direkteur se flets oë priem (sy bleek oë kyk skerp na hom)
jou by die parameters (grense; beperkinge) van jou navorsing hou
Bösel: die maniese ou man met sy debiele (swaksinnige) glimlag


 

Hoofsuk 28

219

spoele met die DEFA-simbool op (DEFA: Deutsche Film Aktiengesellschaft)

220

Entartete Kunst (Dritte Reich) (Degenerate (Eng.); Ontaarde, gedegenereerde kuns (Derde Ryk); moderne kuns wat in Nazi-Duitsland verbied is)

221

Die blaremat is pneumaties (asof dit met lug gevul is) onder sy voete.

222

Räuchermännchen (klein, houtfiguurtjies wat wierook uitblaas; gewild in Kerstyd)
Ernst Thälmann-monument (Thälmann (1886−1944) was leier van die Kommuniste Party; in 1933 deur die Gestapo gearresteer. Na elf jaar in eensame aanhouding is hy in 1944 gefusilleer in opdrag van Adolf Hitler.)
Hy (Etienne) kyk op na die stugge brons asof hy orakel raadpleeg (die onvriendelike brons-standbeeld, asof hy raad vra by ’n priester wat ’n goddelike uitspraak sal lewer)

223

In die erker (In die uitgeboude venster) is Frau Drechsler ...


 

Hoofstuk 29

225

Etienne vlug na die drie Wes-Duitse mans, sy mede-band-lede: Christof, Frederick en Matthias.

226

Sy tromstel het aangekom.

227

Eers die vierde dag gee Frederick vir hom die briewe van sy ma wat saam met die tromme gekom het. Frederick se verskoning: “in die shit storm die afgelope dae het ek daarvan vergeet.”

229

“Dae lank staan Etienne nie uit die bed op nie. Hy wens sy vriende wil hom uitlos, maar hulle kom loer om die beurt in. Soos drie engele wat die water kom roer …”

230

“Hulle stap al vier na die Oranienstrasse-studio. Etienne sleep sy voete soos ’n nukkerige kind.” Hulle nuwe song is “Sonnenfinsternis”. (“Sonsverduistering”)
Hulle musiek beweeg op “na waar die standbeelde op kolomme of parapette (lae relings aan die rand van iets wat baie hoog is, soos ’n brug of ’n dak) woon”


 

Hoofstuk 30

232

Kersfees 1987.

234

Oor verskillende “bands”. Hulle skryf ook songs. Al vier saam. … Onder: “Die musiek kom; songs spetter uit soos geiserwater. Hulle sit ure lank voor hul instrumente in die Oranienstrasse-fabriek, asem wasem deur hul serpe uit.”

236

Hulle band, Stunde Null, begin gereeld optree.

237

Beskrywing van hoe hulle lyk. Hulle is een van die gewildste bands in Kreuzberg. “Hulle grootste gig tot op hede, amper duisend mense.” Etienne se visioen as hulle speel.
Onder: “Etienne droom van sy ma. Hy vind haar in ’n uitgebrande motor onder ’n verlate brug. Sy is lank gyselaar gehou. Hy skrik toe hy haar sien”

238

Die volgende oggend is daar weer twee briewe (van sy ma). Patrick het dit aangestuur uit Bonnington Square. Die handskrif is sy ma s’n. Al wat die eerste koevert bevat, is ’n vel waarop sy ’n gedig uitgeskryf het ...” Sy ma se gedig oor William Blake.  Onder: Etienne se reaksie op haar gedig.


 

Hoofstuk 31

241

Die blonde kelner het skynbaar nuus oor Axel.

242

Hy stap saam met Etienne na ’n ou oorlogsbunker onder ’n woonstelgebou.

243−244

’n Pil op Etienne se tong. Hy sien Axel oral om hom.


 

Hoofstuk 32

247–248

Hy is al ses maande weg uit Londen.
Iemand het gereageer op die advertensies oor die film. Volker se (dooie) meisie se ma het aan die film gewerk. Naam: Irmgard Fleischer

249

“Hy weet onmiddellik: dit is Berliner Chronik. Die tweede spoel.”

250

“Frederick, Matthias en Christof het binne ’n paar dae 1000 mark bymekaargekry. Etienne wou dit nie neem nie, maar hulle het aangedring.”

251

“Ek weet niks van daardie klein fokker nie. ’n Jaar of so terug was hy een keer hier …” Etienne gee vir hom die geld en ’n nota met die telefoonnommer. Etienne neem die spoel.


 

Hoofstuk 33

256

Stunde Null het ’n grys Volkswagen-kombi. Hulle ry deur die Kontrollpunkt Dreilinden; grens tussen Oos- en Wes-Duitsland.
“Toe hulle deur is, lag hulle van verligting. ’n Joint word opgesteek en gedeel. Binnekort is hulle drywend ontspanne.”
Hulle reis. Vertel mekaar stories van hulle eerste liefdes.


 

Hoofstuk 34

267

Bo: “Hy (Etienne) is nie net hier om tromme te speel nie. Nie net ’n vriend nie. Hy is die ontbrekende legkaartstuk.”
Hulle is deur die Wes-Duitse grenspos.

268

In Hannover. Hulle hou voor ’n donker pakhuis stil.
Axel, saam met twee ander mans.

269

“Matthias en Christof gluip (kyk uit die hoek van hul oë of deur halfgeslote wimpers) na die ander twee mense.”

272

Axel oor sy ervarings in die tronk. Bendes Neo-Nazi’s wat hom “met gloeiende ysters gemerk het”. (Die tatoes op sy liggaam: “Fieber” (Koors), “Junge” (Seun), Sehnsucht” (Verlange; Begeerte.)
Onder: “Axel die lewende perkament (bereide vel van diere waarop geskryf kan word). Dit lyk of mens sy liggaam kan lees. Maar niks maak sin nie. Woorde is deurgehaal en oorgeskryf, weer uitgekrap.”

273

“Etienne wil iets byskryf. Wil Axel bekrap tot die penseel deur die vel breek, in ’n aar glip, en sy bloed met die wêreld se alfabette besmet.”


 

Hoofstuk 35

275

Hulle is in Bremen.
Hy (Etienne) klim bo-op die kombi se dak, staan die wêreld wydsbeen en betrag. “Tamaties vir Afrika.”
“Vir Europa,” mompel Christof. “Vir Europa.” (Dis duidelik dat Christof nie die uitdrukking ken nie.)

276

Hulle optrede: “Frederick verskyn uit die mis agter die sintetiseerder: ’n kwaalnoot groei, word ’n sirene uit die hel.”


III
LABORATORIUM
(Elders, April–Oktober 1990)

Hoofstuk 36

281

Etienne, sy ma en Axel in die vliegtuig na Durban.

282

Etienne onthou Frans Vermeulen as fors en rossig (rooierig)

284

“Of die plekke self verander het, en of dit die siekte was wat so aan haar gedagtes vreet, niks het gelyk soos dit moes nie. Bakens het verdwyn. Geure het nie by die landskap gepas nie. Asof om te vergoed, het reuke uit Etienne se skooldae onverhoeds in sy neus opgeslaan: sloom (vervelige, wat stadig verbygaan) middae wat na gras en toebroodjies en tienersweet ruik.”

286

Sy ma het haar hande verbrand.


 

Hoofstuk 37

289

Inkungu, waar sy ma “haar laerskooljare deurgebring het” … “hierdie idilliese plek … Haar beskrywings was ruig.”

290

Sy ma se spreekbuis was Frans Vermeulen, “die stompe (ongevoelige, bot) man”. Hulle ry deur die staatsplantasie; ’n deel word die Inkungu-bos genoem.
Beskrywing van Axel, soos Etienne hom sien. Axel kry ’n werkloosheidstoelae.

291

Oor “Stunde Null”: “Toe hulle wegry, het hy die stel in die kombi gelos, dit laat gaan. Soos ’n familietjie vlugtelinge, daardie tromme: hulle het dit van Pretoria tot in Londen gemaak, tot in Berlyn en Hannover en Bremen, en eindelike tot by grou noordelike seë.”
Onder: “Daarby het die Muur se tuimeling hom van sý Berlyne – sy twee halwe stede (p. 292) − beroof. ... die musiektoneel ís nie wat dit was nie. Almal dink skielik hulle kan ’n ketting of saag of boor gryp en geraas maak.”

292

“Etienne is nie meer in die uitgesoekte geselskap van die rotte wat eens in die Ooste én die Weste kon bly nie, wat heen en weer deur die spook-stasies se ou kloake (rioolopeninge) kon glip nie. Alles en almal vloei nou vryelik; op geheime grensoorsteking kan Etienne nie meer aanspraak maak nie ...”
Die boswagter wat hulle deur die plantasies vervoer: “Hy weet van plekke waar daar anomalieë (afwykings; onreëlmatighede) in die geometriese plantasie-patrone is. Klipbanke, of die oorblyfsels van strukture.” (Dalk die huis waarvan Etienne se ma praat?)

293

Onder: Nadat Etienne dennenaalde met sy voet wegvee: “Vier vertrekke is voor hom afgeteken, asof op papier. Dis waarvandaan hý ook kom, hierdie stuk beton. Hierdie onsigbare huis.”

294

Die staatsbosbounavorsingslaboratorium. Hulle moet daar oornag; dit reën steeds.

296–297

Etienne “het Nils eenmaal op ’n afstand gesien, ’n paar maande nadat die grensposte oopgemaak is. … Nils was aan die ander kant van die wye straat ...” Etienne wou vir hom gaan sê dat hy hom vergewe het vir sy verraad.

297

Etienne sit vorentoe. Hy is reg om te begin praat. Hy maak sy mond oop.
Dit vang hom onkant toe Axel hom voorspring, en dat hy, toe hy eers begin, nie kan ophou nie.


 

Hoofstuk 38

298

Axel se rol in Londen.

300

Die soektog in Berlyn.

301

Etienne oor sy ma: “Als is reg. Sy slaap. Maar ek dink daar gaan al minder van haar oorbly in die dae wat kom.”
Axel oor sy ma: “Wat eerste by my opkom as ek aan mý ma dink,” sê Axel na ’n ruk, “wat van háár oorbly, is haar jas se mou teen my wang in die Berlynse Desember.”

304

Die rol wat Volker in sy lewe gespeel het. Kort voor Kersfees 1986 het Axel uit Londen in Berlyn aangekom.
Onder: “Sy (Axel se) ma het hom vroeg-vroeg aan Berliner Chronik bekend gestel.”

306

Toe hy Londen toe is, het sy ma vir hom Irmgard se dagboek saamgegee. Etienne vra: “Is daar inderdaad drie (spoele)? Is die film ooit voltooi?”

308

Die rede waarom Alex vir hom kwaad was.
Etienne se reaksie: “Hoe moes ek geweet het, Axel, wil hy sê. Hoe kon ek jou hulpkreet herken het as jy niks verduidelik het nie? …”

309

Etienne vra: “So, sê my nou maar reguit: ís daar ’n derde spoel? Indien wel, waar is dit?”


 

Hoofstuk 39

312

Etienne en Axel terug in Berlyn.

313

Etienne maak musiek, met ’n sintetiseerder. Onder: “Swartys” noem hy sy eerste elektroniese komposisie.

314

Dis drie maande sedert hulle uit Suid-Afrika teruggekeer het. Hulle eet groente wat hulle self geplant het.

315–316

Axel raak vinnig uitasem. Dubbele longontsteking.

317

Die volgende maand.

319

Axel se woorde: “Dit was die beste somer. Daar was niks meer waarvoor ek kon vra nie.” Hy begin hoes; dit neem ’n lang ruk voordat hy ophou.


 

Hoofstuk 40

320

Etienne gaan haal ’n pakkie by die poskantoor vir Axel: die sender is Volker. Axel: “Dis my ma se goed.” Hy het vir Volker laat weet “dat die tyd naderkom”.

320–321

Etienne gaan spit in die tuin. Spit alles uit.

325

Axel verduidelik die familie; die grootword van Mariel.
Onder: Etienne “wil vra: is daar nóg legkaartstukke? Elke keer as hy dink dis die laaste stuk blyk dit die legkaart is groter. Die tyd vir sulke vrae is verby.”

326

Die graffiti teen die muur van hulle woonstelblok is met swart verf doodgeverf. “In klein helderwit letters staan daar net ‘Leuchtkäfer’. Vuurvlieg. As mens terugtree en opkyk, sien jy hoe die kolletjie daarbo skyn. Dis gloeiverf. ’n Naaldprik van fosfor in die Berlynse skemer.”


 

Hoofstuk 41

 

Etienne in Buenos Aires.
Hy het weer soms in bands trom gespeel (om geld te maak).

331

Axel se finale versoek was vir ’n Kersboom. “Ons moet een kry vanjaar, ’n mooie. Om met liggies te behang, hier in die woonstel.”

332

Etienne is net vir twee nagte in Buenos Aires. Tyd is min. Hy wil so vinnig moontlik terug Berlyn toe.
“Hier staan hy nou voor Irmgard se deur, in ’n vervalle gebou, naby sy hotel. Die hysbak werk nie. Hy loop by die trappe op …”

333

Hy vra die derde spoel, ter wille van haar kleinseun, Axel.

334

Tikmasjientjie. Halfgetikte brief. Datum 18 Desember 1989.

336

Die laaste brief, een paragraaf, gerig aan Norna. Oor die laaste spoel.


 

Hoofstuk 42

338

Toe Etienne vanaf Irmgard na sy hotel terugstap, dink hy aan Axel se kuns. Aan die ontsag wat dit in hul Londen-dae by hom ingeboesem het. Hy ont-hou die middae wat hy saam met Axel se akoliete (aanhangers, volgelinge) in die Bermondsey Street-agterplaas rondgesit het ...

340

Etienne se droom die nag.
Die wekker op die bedkassie wys tienuur.
Die concierge (opsigter) roep hom nader. Daar was ’n telefoonoproep, beduie die man in gebroke Engels. Hy oorhandig ’n papiertjie. Etienne vou dit oop.

340–341

Etienne stap deur die Recoleta-begraafplaas, koop ’n gebraaide hoender by ’n songebrande, gekreukelde vrou en begin dit eet.

The post Woordelys: <i>Die derde spoel</i> deur SJ Naudé appeared first on LitNet.

Leeskringnuusbrief: Augustus 2018

Die dood van Zelda Jongbloed: ’n geleentheid vir erkenning aan bruin pioniers in die Afrikaanse media

$
0
0

Die 16de vloer van die Naspers-gebou, nou die Media24-sentrum, in Kaapstad. Dis Junie 1993. Zelda Jongbloed gluur my, ’n eerstejaar-joernalistiekstudent, hier voor haar aan, ietwat geamuseerd. My hare is netjies aan die kante ge-fade en langs die slape ge-trim; dit beklemtoon my groot ore wat ek by my pa geërf het. Bo-op my kop is baie meer hare as deesdae. Wat aanleiding gegee het tot die situasie wat nou hier afspeel, is die hoofberig wat die voorafgaande Sondag op die voorblad van (die destydse bruin Sondagkoerant) Rapport-Metro verskyn het.

Heindrich as eerstejaarstudent

Die grootste deel van dié berig – oor swak Junie-eksamenuitslae en ander krisispunte in Kaapse bruin onderwys – is deur die verslaggewers Colin Cruywagen en Tonye Langenhoven geskryf, maar ’n berig wat ek as korrespondent ingestuur het oor probleme met rapporte in Atlantis, is ook by die storie ingewerk.

En nou kom dié klong die redakteur invra oor hoekom hy nie ook – in koeranttaal – ’n byline gekry het nie, hoekom sy naam nie óók, soos Cruywagen en Langenhoven s’n, by die berig verskyn nie?

Uit Heindrich Wyngaard se plakboek

“Maar jy nè,” het sy gesê. (Of iets in dier voege; dis darem nou al 25 jaar gelede.) Die beeld van die gesiene redakteur agter haar lessenaar bly my egter by: gesaghebbend en gemaak-geaffronteerd; iets daarvan is te sien in ’n foto op Netwerk24 by die eerste berig oor haar dood.

In ’n artikel vir die Oktober-November 2014-uitgawe van die tydskrif Plus 50 verwys Jongbloed na haarself as iemand wat “gapings sien, struikelblokke systap” en, voeg die artikelskrywer Marlene Malan by, “instinktief weet wat ’n lekker storie maak”.

Dit is dieselfde ingesteldheid wat my as nat-agter-die-ore-studentjie uit Caledon tot op die 16de vloer van die Naspers-sentrum in haar kantoor laat beland het.

Eweneens vind haar vroeë ambisie as ’n boorling van Groot-Brakrivier net soveel aanklank by my as medeplattelandse kind. “Ek was vasbeslote,” sê sy aan die artikelskrywer en oudkollega Marlene Malan, “om buite die grense van my geboortedorp iets van my lewe te maak.”

Soos Jongbloed, het ook ék eers in matriek van die joernalistiek bewus geraak. Die Technikon Skiereiland (nou KSUT) is as die beste tersiêre inrigting vir dié beroep aanbeveel, maar vir haar was opleidingskole toe nog nie beskore nie. Sy kies derhalwe eers koes onderwys toe. ’n Advertensie vir ’n manlike kadetverslaggewer vir die (bruin) Cape Herald het haar egter gedryf om, soos sy dit aan Malan gestel het, “die kans [te vat] en ’n cheeky brief” aan die redakteur te skryf. Dié moes weet presies watse geleentheid hy sou misloop “om een van die beste potensiële joernaliste aan te stel” as hy haar aansoek sou afkeur.

Straks het sy, jare later, op die dag van my besoek aan haar Rapport-kantoor dieselfde soort “cheeky” houding in my raakgesien; dalk het dit gehelp dat sy my ook later onder haar moederlike vlerk geneem het.

Die res, vir haar en vir die generasie ná haar, is nie net geskiedenis nie. Die res is ’n boek werd. Of ’n spesiale uitgawe van een van die koerante waar sy haar merk gelaat het.

*

Jongbloed het haar rol as joernalis en redakteur beskou as een waar sy dien as ’n spieël vir die gemeenskap, ’n bouer van rolmodelle, ’n noodleniger vir sosio-ekonomiese behoeftiges en ’n politieke opvoeder.

Maar as vrou (nogmaals aangehaal uit Malan se artikel) moes sy twee keer so hard werk en haarself gedurig bewys in ’n omgewing wat manlik- (én wit-) oorheers was en tot ’n mate eintlik maar nog steeds is.

Die waardigheid, dog fermheid, in haar optrede, bly oudkollegas by.

Coenie Slabber, wat lank kultuurredakteur by Rapport was en later saam met Jongbloed in die Kaapse kantoor gewerk het, onthou veral die “bewonderenswaardige deug en vernuf” waarmee sy haar verhouding (dié kant) met haar personeel en (dáái kant) met “die base” bestuur het.

“Vir die personeel was sy ’n streng baas met hoë standaarde – hoë standaarde vir haarself wat hulle kon aanvoel en dan, dus geregverdig, hoë standaarde en streng eise wat sy aan hulle gestel het,” vertel Slabber per e-pos. Lojaliteit was haar ander uitstaande kenmerk. “Sy was baie lojaal teenoor haar personeel by die gesag hoër op. Gepas en verdiend het mens by haar personeel ook daardie lojaliteit teenoor haar opgemerk.”

Slabber se e-pos gee ook hierdie insig oor Jongbloed se aansien in die oë van haar (wit, manlike) seniors by die koerant: “Vir die base was sy ’n hoogs bekwame, betroubare, lojale redakteur/joernalis sonder dat sy ooit vals was en probeer voorgee het dat sy al hul politieke en maatskaplike sentimente deel. Altyd ’n eerbare mens ook in tye waar ’n senior soms as minder eerbaar sou kon geag word.”

“(O)ok in tye waar ’n senior soms as minder eerbaar sou kon geag word”: dat sodanige seniors as “minder eerbaar” beskou is, het te doen gehad met die indruk dat hulle as “skoothonde” vir grootbase sou optree wat op hul beurt weer die rol van “apologete” vir vingerswaaiende politici sou speel.

Maar nie sy wat Zelda Jongbloed is nie. In haar eie woorde: “Ek was altyd gewetensgetrou, sou eerder bedank as om my lesers te verraai.”

Omgekeerd – toegegee – was daar ook (wit) redakteurs wat begrip gehad het vir die moeilike balanseertoertjie wat die bruin redakteurs in die uitvoering van hul plig moes uitoefen. In sy bydrae tot die Naspers 100-boek verwys die eerste bruin redakteur van Rapport-Ekstra, Conrad Sidego, na ’n gesprek met sy destydse hoofredakteur by Rapport, Willem de Klerk. “Daar was van Naspers se direkteure wat op ’n Sondagoggend uit hul bed wou val oor die soort beriggewing en kommentaar wat hulle in Ekstra gelees het,” skryf Sidego. “Dit het hóm [De Klerk] weer onder druk gesit.”

*

Zelda Jongbloed

Jongbloed se loopbaan by Naspers het in 1981 begin nadat sy eers by die destydse Argus-groep werksaam was en ook saam met haar man, Bernard, hul eie koerant in die Suid-Kaap besit het.

Binne Naspers was haar plek, soos dié vir alle bruin joernaliste van haar era, in die Ekstra-uitgawes uitgesit; dit was die “aparte” deur, as ek kan aanhaal uit haar hoofstuk vir Lizette Rabe se boek oor die 100-jarige bestaan van die maatskappy, waardeur geloop moes word om toegang tot die Afrikaanse joernalistiek te verkry.

Uit Conrad Sidego, ook die eerste bruin joernalis by Die Burger, se bydrae tot die boek: “Dit was stroom-af. Maar eintlik ook stroom-op. (...) Daar was stroomversnellings, en soms moes ons skerp esse gooi om die versperrings te klop.”

Wat ’n mens opval in Jongbloed se bydrae, getiteld “Naspers en die bruin Afrikaanses: ’n Huis met baie vensters”, is hoedat sy soveel as wat dit moontlik is, wégskryf van haarself; hoedat sy nie vir haarself ’n sentrale rol opeis nie – al sou sy kon – behalwe waar die feite dit onafwendbaar maak.

Oor haar omgee vir veral ook jonger joernaliste, soos ook deur Coenie Slabber genoem, was daar geen twyfel nie. Behalwe dat sy hulle aangemoedig het om soms bo hul gewigsgroep te boks, sal ek nooit vergeet hoedat sy my op ’n dag geroskam het, moederlik, oor die aantrekkingskrag en romantisering van “happy hours” bywoon in kroeë in die Moederstad saam met senior redaksielede nie.

Dié seniors het groot geeste soos die ontslape Melvin Whitebooi en Freddie Hendriks ingesluit – die een ’n baanbrekende vermaakskrywer wat talentvolles soos jazzkunstenaar Jonathan Butler, die kinderster Ricardo en oom Bobby Hendricks en sy langarm-band help bekend maak het; die ander ’n sportskrywer wat jou die klei van die Roland Garros-bane en die gras van Wimbledon onder jou voete laat voel het wanneer jy sy tennisberigte lees.

Hulle was, vir die jong joernalis, leermeesters op verskeie gebiede, sowel in die kuns van ons professie as in die belangrikheid van paartie.

Totdat ek myself dié teregwysing deur Jongbloed op die hals gehaal het: “Jy moet ophou suip,” het sy die dag gesê. “Ek het al báíe talentvolle mense soos jy gesien wat hulle talent in hulle kele afgooi.”

Ons joernalistieke paaie sou later op so ’n wyse kruis dat ek uiteindelik saam met haar in Johannesburg in Tim du Plessis se Rapport-hoofredaksie gedien het (2003–2008) en ook van 2008 af as hoofredaksielede by Die Burger – onder die koerant se eerste bruin redakteur, Henry Jeffreys – totdat ek in 2010 bedank het om sabbatsverlof te neem.

Du Plessis sê tereg aan Netwerk24: “Zelda verdien ’n saluut van vele Afrikaanse joernaliste – bruin en wit – vir wie sy ’n leermeester en ’n redaksionele moederfiguur was. Haar insigte oor die komplekse interaksie en geskiedenis van wit en bruin Afrikaans dra ek vir altyd saam met my.”

Sidego, wat haar by Rapport aangestel het, loof Jongbloed se “vaardige skrywershand” as joernalis. Haar verlies vir die joernalistiek het die beroep verarm. Maar: “Ons is dankbaar vir haar bydrae tot ons joernalistieke sukses en die diens aan ons gemeenskap.”

Jongbloed aan Malan: “Ek het altyd geglo dat, hoe jy jou geleenthede benut, het niks met velkleur te doen nie. Jy’s ’n joernalis of nie, en die bruin of wit voorvoegsel maak nie ’n verskil aan jou prestasie nie.”

*

Nou het haar dood daartoe gelei dat ek met hernude belangstelling – én waardering – die geskiedenis van die Ekstras lees wat sy in ’n Konstante Revolusie: Naspers, Media24 en Oorgange opteken. Die eerste Ekstra is in 1968 uitgegee, eers in die Sondagblad Die Beeld (voorloper van Rapport) en toe in Die Burger, nou 50 jaar gelede.

Maar dit is ongetwyfeld Rapport-Ekstra wat die grootste impak gemaak het, bepaald omdat dit nie, soos byvoorbeeld Die Burger-Ekstra, binne die hoofkoerant aangebied is nie, maar wel as ’n volwaardige titel met sy eie voorblad wat die hoofkoerant toevou.

Waar die eerste redakteurs van hierdie uitgawes wit en manlik was en waar hulle inhoudsgewys gefokus het op “mooi meisies en sport”, het die latere bruin redakteurs (eers Conrad Sidego, later Jongbloed en ander) dit as ’n verdere rol beskou om politieke bewustheid te skep, rolmodelle te bou en ’n nuwe geslag intellektuele te vestig.

Blootstelling is gegee aan bruin kunstenaars (Goliath Davids, Shaleen Surtie-Richards, Neville Nash, Conrad Theys, Denise Newman), akademici en intellektuele (Richard van der Ross, Adam Small, Jakes Gerwel), kerkleiers (Allan Boesak, Russel Botman), politici (Allan Hendrickse, Jac Rabie, Abe Williams) en sportlui (David Samaai, Errol Tobias, Jantjie Marthinus, Hassan Howa).

Jy kon ook in dié koerante eerste lees oor skoonheidskoninginne uit die bruin gemeenskap (Mej Afrika-Suid, Pearl Jansen) en entrepreneurs of sakelui soos die finansiële ghoeroe Paul Jordaan en die mode-ontwerper Errol Arendz.

In Jongbloed se Rabe-hoofstuk verwys sy ook na Naspers-opgeleide bruin fotograwe wat “hoog aangeskrewe [staan] in die bedryf” en gereeld kompetisies wen, maar sy laat na om name te noem. Uit ’n Rapport-perspektief moet ’n mens begin met Sharief Jaffer en ook wyle Deon Valentine; by Die Burger het Ebrahim Pregnolato, Yunus Mohamed, Mujahid Safodien, Esa Alexander en Roger Sedres hul merk gemaak.

Maar daar is ’n ander aspek wat nie dekking kry in Jongbloed se hoofstuk nie, naamlik die geleentheid wat die Ekstras aan dorpskorrespondente van die anderkant van die treinspoor gebied het om hul berigte, foto’s én name in druk te kon sien. Dit het name ingesluit soos Simon Europa van Bredasdorp, Coenraad Joseph van Riversdal en Charles Beukes van Worcester.

Dit is deur hierdie Ekstras van Die Burger en Rapport dat Jongbloed en ander bruin Afrikaanse mediapioniers aan die leserspubliek bekendgestel is: Conrad Sidego (wat ook aanvanklik ’n dorpskorrespondent was), Whitebooi, Hendriks, Ferdinand Tjombe, Peter Sidego, Aubrey Lategan, Lionel Jack, Mohamed Shaik, Avril Fillies, Mercy Morkel, Eduard Valentyn en Aubrey Hardine.

Valentyn was die eerste “regte” joernalis van Die Burger wat ek ontmoet het (in Mei 1992 by die Anglikaanse kerk op Caledon se debutante-bal); die skok van sy dood in dieselfde maand, ouderdom 31, en dié van Hardine in Augustus 1992, ouderdom 37, bly my by. En Tonye Langenhoven en Deon Valentine was die eerste joernalis en fotograaf van Rapport met wie ek kennisgemaak het, toe ek hulle in November 1992 vergesel het om ’n storie oor die geskiedenis van Tesselaarsdal, buite Caledon, te doen.

En as student en later redaksielid by Die Burger en Rapport was ek bevoorreg om met ander joernaliste, van wie sommige eens my berigte telefonies afgeneem het toe ek nog dorpskorrespondent was, te kon saamwerk en bevriend raak. Dit sluit onder andere in Andrew Koopman, tot onlangs nog redakteur van die poniekoerant Son en Son op Sondag (wat in werklikheid die rol van die ou Ekstras oorgeneem het), Lynette Francis (vandag radio- en TV-aanbieder), Anthea Warner (nuusleser by Kfm), Natheer Marshall (voorheen sportredakteur: Son), Shokat Hamdulay (tans by SAUK-nuus in Seepunt) en Colin Cruywagen (vandag ’n regeringswoordvoerder).

Uit Heindrich Wyngaard se plakboek

*

“Wat vir Naspers die ontginning van ’n nuwe lesersmark was, het terselfdertyd ’n verhoog, ’n uitlaatklep, geword vir ’n stemlose groep mense wat die stryd in hul eie taal kon voer,” aldus Conrad Sidego.

Die verkoopsyfer van Rapport het deur die Ekstra ’n betekenisvolle hupstoot gekry, terwyl Die Burger weens die Ekstra uiteindelik meer bruin as wit lesers gehad het.

Nog Sidego: “Die waarheid ís dat mense-moontlikhede toe begin ontgin is, segspersone en leiers in die onderskeie gemeenskappe is ’n mondstuk gegee, en frustrasies, vernedering en hartseer is met mekaar gedeel. Ook is hoop gebring en rolmodelle geskep. Dit was alles deel van die pakket voordele wat ontgin is, ondanks die platform van ‘afsonderlikheid’ wat vir baie in ons geledere end-uit onaanvaarbaar gebly het – en selfs ’n bron van bespotting vir dié van ons wat die eerste treë op hierdie paadjie moes oop trap.”

Dit kon net sowel oor “dié van ons wat die eerste treë op hierdie paadjies moes oop trap” wees dat Michael Jackson in sy liedjie “You were there” sing, opgedra aan die kunstenaar Sammy Davis jr:

You were there, before we came.
You took the hurt, you took the shame.
(...)
Yes, you were there, and thanks to you
There's now a door we all walk through.

*

Jongbloed sluit haar bydrae tot die Naspers-boek af met die belangrike vraag of mense soos sy so hard gewerk het “net om te sien hoe ‘ons’ koerante verdwyn?”. Haar antwoord dan: die Ekstras se rol “was uitgespeel, [het] hul doel gedien”.

Maar hieroor kan ek nie met haar saamstem nie, veel soos wat ek begrip het daarvoor dat sy as voorloper vir nierassigheid so voel – en waarskynlik Sidego en ander pioniers haar standpunt deel. Die einde van die Ekstras was veronderstel om te beteken dat nuus geïntegreer moes raak, dit wil sê ’n mengsel van wat vir die totale leserspubliek belangrik is, maar helaas het dit nie heeltemal so uitgespeel nie.

Nuusdekking oor gebeure en kwessies in die bruin gemeenskap word sedert die beëindiging van die Ekstras dikwels in die hoofstroom Afrikaanse media hanteer as – die ironie! – “ekstra” nuus, ’n onderdeel van ’n geheel, eerder as ewe belangrik as sogenaamde “wit” nuus, of nuus oor gebeure en kwessies wat meer aanklank by wit lesers vind. Dit sluit ook die afwesigheid van “anderste” perspektiewe oor sake van die dag in.

In die proses word die “bruin” nuus of kwessies aan die poniekoerant Son oorgelaat en ook die vrouetydskrif Kuier, nou die grootste Afrikaanse vrouetydskrif in die land – en albei hierdie publikasies laat wel reg geskied aan hul onderskeie redaksionele missies. Hierdie missies is in pas met een aspek van die ou Ekstras se rolle, soos deur Conrad Sidego uitgespel, naamlik as mondstukke vir rolmodelle en vir die frustrasies, vernedering en hartseer van die lesersgemeenskappe wat bedien word.

Maar waar in ’n groot mate te kort geskiet word – nie dat ’n mens dit noodwendig op ’n poniekoerant en vrouetydskrif se brood wil smeer nie – is die dekking oor fokusse wat, naas eersgenoemdes, óók vir iemand soos Jongbloed belangrik was, te wete die meer ernstige kwessies, sosio-ekonomies en polities.

Hierin is dalk ’n geleentheid vir ’n nuwe publikasie opgesluit, iets soos ’n “Afrikaanse Mail&Guardian” waaroor Henry Jeffreys al in die verlede gepraat het; of dalk ’n Afrikaanse publikasie met ’n linkse aanslag, waaroor wyle Jakes Gerwel gedroom het.

Die titel (wat ek by Gerwel leen) van so ’n publikasie sou Hotnoot kon wees – ’n gepaste ode, reken ek, aan Zelda Jongbloed.

In my geestesoog sien ek nou hoedat sy my aangluur, terselfdertyd glimlaggend, geamuseerd en gemaak-geaffronteerd, nes daai dag in Junie 1993 in haar Rapport-kantoor op die 16de vloer van die Naspers-gebou.

 

Heindrich Wyngaard is een van die Nuusvinke-medewerkers van LitNet se susterwebwerf Voertaal en hy skryf tweeweekliks ’n rubriek in Rapport. Hy bied ook die gespreksprogram KLOP! op kykNET & Kie aan en is een van die ankers op KN Verslag op kykNET.

The post Die dood van Zelda Jongbloed: ’n geleentheid vir erkenning aan bruin pioniers in die Afrikaanse media appeared first on LitNet.

Viewing all 21593 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>