Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21497 articles
Browse latest View live

Ek is Rosa Parks

$
0
0

Monn-lee Geduld en Rosa Parks (Foto: Wikimedia Commons)

Ek is Rosa Parks

Ek klim oppie bus.
“RESERVED FOR HETEROSEXUALS”
staan oppie swart seat in wit geskrywe.
Ek weier om hie op te staan.
Ek wil veby die taxi-rank loep
sonne om een kee bang te wies om gequestion te wôd.
Ek wil oek langs die rugbyveld staan
sonne om snaaks aangekyk te wôd.

Ek will my plek oek reserve hê oppie bus.
“RESERVED FOR HOMOSEXUALS”
moet oppie seat uitgekrap word met rooi.
Ek will ’n Rosa Parks wies
sonne om gerestrict te wôd oo wat om an te trek
sonne om gerestrict te wôd oo hoe ek moet act.

Ekke sal dai lipstick & nailpolish aansit.
Ekke sal dai kopdoek opsit.
Ekke sal op dai swart seat met wit geskrywe sit
Niemand gat my kô afgooi met “moffie” nie.

Ekke sal ’n Rosa Parks wies.
Ek is Rosa Parks.

* Nota: Rosa Parks was ’n swart Amerikaanse burgerlike aktivis wat geweier het om haa seat van die bus op te gie vi die wit passenger nadat die wit afdeling vol was (Wikipedia, 1955)

The post Ek is Rosa Parks appeared first on LitNet.


Press release: Massmart launches Urban Bookshelf in Alexandra

$
0
0

Today Massmart’s second Urban Bookshelf was launched in the township of Alexandra. The project, aimed at increasing access to books, is the second in a series of planned free miniature libraries across Johannesburg to promote reading and improve literacy. The first library was opened at Phefeni Recreation Centre in Orlando, Soweto in July 2017 and featured design work by renowned graffiti artist Rasik Green aka Mr Ekse.

The most recent library, at Atrec Recreation Centre in Alexandra, is more of a striking public artwork that functions as a free miniature library. To help the structure evolve, Massmart commissioned Sifiso Gumede, an acclaimed emerging artist and Alexandra local. Gumede is part of a collective focusing on art in schools and creating more exhibition opportunities to ensure their vision of Alexandra is enjoyed by everybody.

Gumede’s etchings, which explore the notion of township education and lack of resources to meet the educational needs, have been superimposed onto screenings placed around the structure. This collaboration has provided him with a permanent exhibition space in the community he grew up in. 

Massmart Brand and Corporate Communication Executive, Phumzile Siboza says: “Massmart envisions the libraries as centres for individuals to gather, learn, explore and interact. But more than anything these libraries are based on community and trust. There is no staff policing you, no membership cards or fines. The idea is to take a book, read it at your own leisure and return it when you’re done. Based on feedback from the first one in Soweto, most people return the books.” 

The durably constructed library is 2.8m high and is made up of powder coated steel boxes that ensure that the books are protected from all the elements. The structure can store between 450 and 500 books and is tailored to children, young adults and adults; carrying books across eight genres, namely: African Fiction, General Fiction, Non-Fiction, Current Affairs & Politics, Law & Business, Self Help & Motivation. Massmart has partnered with major publishers Jacana and Jonathan Ball, to ensure the library remains well stocked with a diverse range of reading material.  To ensure that the books cater to the local taste of readers in the community Massmart conducted extensive research that consisted of deploying field researchers to survey community members.  

Commenting on his involvement in the project, Gumede says: “I strongly believe that books are weapons to succeed and overcome obstacles in life. The location is perfect because the vicinity has three schools close by. Easy access to the library will encourage not only learners to read more but everyone in my community.”

The post Press release: Massmart launches Urban Bookshelf in Alexandra appeared first on LitNet.

Press release: 2018 Wilbur Smith Adventure Writing Prize – the 2018 shortlist is here!

$
0
0

We are thrilled to reveal the six-strong shortlist for the 2018 Wilbur Smith Adventure Writing Prize, Best Published Novel:

Rory Clements NUCLEUS (Bonnier Zaffre) 
Jane Harris SUGAR MONEY (Faber & Faber)
Tyler Keevil NO GOOD BROTHER (Borough Press)
Abir Mukherjee A NECESSARY EVIL (Vintage)
Maggie Ritchie LOOKING FOR EVELYN (Saraband) 
James Wilde PENDRAGON (Transworld)

Under guidance from our expert judging panel, the £15,000 prize will be awarded at a ceremony in September 2018, at London’s Stationers’ Hall. Shortlists for the Best Unpublished Manuscript and Author of Tomorrow categories will be revealed at the end of May. 

- Meet the adventurous judges here -

Niso Smith, Founder of The Wilbur and Niso Smith Foundation says, "Each of these authors weaves their own form of magic, transporting us across the world and through different times. We glimpse the opulence of the 1920s Indian Raj, trek the harsh wilds of the Scottish borderlands, and sail the Caribbean seas."

If you love a good adventure, and we're sure you do, these are six titles not to be missed. Keep up to date over the coming months as we introduce you to each book by following our Facebook and Twitter pages.

To find out more about the Prize and The Wilbur and Niso Smith Foundation, visit www.wilbur-niso-smithfoundation.org.

The post Press release: 2018 Wilbur Smith Adventure Writing Prize – the 2018 shortlist is here! appeared first on LitNet.

Graad 7: SW (Geografie en Geskiedenis), vraestel en memorandum

Uitnodiging: Leeskringe in Suid-Afrika

$
0
0

LitNet wil jóú leeskring aan ons lesers bekendstel!

LitNet het verlede jaar inligting en programme van leeskringe in en om Pretoria gepubliseer om ’n groter bewustheid van leeskringe en hul aktiwiteite te skep (http://www.litnet.co.za/leeskringe-en-om-pretoria-2017-jaarprogramme-en-kontakinligting). Dit het baie positiewe reaksie ontvang en leeskringe het ook navrae van nuwe lede ontvang.

Ons wil graag die leeskringprojek na ander dorpe uitbrei. Die doel is om ’n netwerk van bestaande leeskringe uit te bou en ook om lesers aan te moedig om by ’n leeskring aan te sluit of om meer inligting oor ander leeskringe se aktiwiteite te bekom. Uiteindelik wil ons tersaaklike materiaal beskikbaar stel om leeskringe met hul boekbesprekings te help.

Is jy betrokke by ’n leeskring of weet jy miskien van iemand wat is? Ons wil graag ook jou leeskring tot ons lys toevoeg. Stuur asseblief die inligting na leeskring@litnet.co.za of vul een van die volgende vorms in:

1. Ek het die inligting van ’n kontakpersoon in ’n leeskring.

* Verpligtend


2. Ek behoort aan ’n leeskring en kan die leeskring se inligting verskaf.

* Verpligtend

The post Uitnodiging: Leeskringe in Suid-Afrika appeared first on LitNet.

Johann Bekker (1918–1985)

$
0
0

Gebore en getoë

Johann Heinrich Bekker is op 13 April 1918 op ’n plaas op die ou Wes-Transvaalse vlaktes gebore, in die Klerksdorp-distrik. Hy was een van die babas wat tydens die Groot Griep-epidemie gebore is.

Die wegspringplek en verblyfplek van sy jeugjare was daar in Wes-Transvaal op die mielieplaas Opraap, op die grens tussen die distrikte Klerksdorp en Ventersdorp. Sy kinderjare was een van wonderlike avonture saam met sy maats. Hulle het baie avonture met meerkatte, turksvye, fisante, voëlrekke en swemkuile beleef. Dit was onvergeetlike dae, soos ook sy skoollewe aan die tweemanskool op die plaas waar “Meester” (mnr HMP Visser) en sy lat ’n hoë peil onder die leerlinge gehandhaaf het. Dit was ook aan dié plaasskool waar Johann se leeslus sy beslag gekry het. (inligtingstuk by NALN)

Sy pa het ook ’n groot rol gespeel in Johann se skryfloopbaan, want hy kon lekker stories vertel en voorlees.

Hy het sy hoërskooljare aan die Hoërskool Gimnasium op Potchefstroom deurgebring, waar hy hom in diens van sport (tennis, rugby en skiet), lees, kwajongstreke en gewone skoolwerk gestel het. Hy het in 1935 aan die Hoërskool Gimnasium gematrikuleer.

Verdere studies en werk

Ná skool is hy na die Potchefstroomse Universiteitskollege (vandag Noordwes-Universiteit), waar hy sy BA-graad in 1938 verwerf het en in 1939 sy onderwysdiploma.

In 1940 het hy in Pretoria-Noord gaan skoolhou, en die volgende jaar is hy aangestel as hoof van ’n tweemanskool op Langkloof naby Lopskopdam, die buurplaas van generaal Hertzog.

Daar het hy die generaal en veral sy seun, Charles, goed leer ken. Charles was ’n jukskei-entoesias en daar is baie jukskei gespeel, want daar was maar min ander ontspanning, behalwe die maandelikse debat wat altyd deur ’n dans op die groot stoep van die Hertzogs se huis (Charles s’n) op Waterval gevolg is.

Dit was na Langkloof dat Johann sy bruid, Betsie Booyens, in 1942 gebring het. Hulle is in 1941 getroud en twee seuns, Johannes Jurie en Jacobus Jeremias, is uit die huwelik gebore.

"Hier was volop geleentheid vir skryfwerk, want die landelike lewe het kalm voortgegaan, en op Langkloof kon ’n mens tot die siel van die boeremense deurdring terwyl jy saam met hulle langs die stookketel of die viswater sit, saam rook en gesels en koffie drink, saam begrafnis hou of bruilof vier," skryf Johann. "Dit was leersame dae." (Inligtingstuk by NALN)

In 1942 het Johann saam met sy kollega, IS Waltman (ook ’n voornemende skrywer), begin verhale skryf. Die twee het saans tot laat gesit en skryf. Waltman se verhale het almal ’n heldin gehad en hulle almal is soos klokslag vermoor, en daarvan het die redakteurs by die uitgewers nie gehou nie.

Johann se eerste verhaal, Pikkie en die seunsbende, was juis een van Waltman se verhale wat hy oorgeneem het en tot ’n langer verhaal verwerk het. Dit het as ’n vervolgverhaal in Die Jongspan verskyn. Sy verhaal “Gerhard Eksteen se pogings” is in Loopbaangids gepubliseer en het aan Johann ’n “prysie” besorg. “Waarskynlik was dit die enigste inskrywing vir die wedstryd,” was sy latere kommentaar. Hy het nog verhale vir Die Jongspan geskryf en het vir Dakka se groot avontuur ’n prys van die CSV-Boekhandel verwerf.

Die buffeltemmer, ’n jeugverhaal wat in Die Jongspan verskyn het, is voorgelê vir publikasie, maar dit het tot baie frustrasie aanleiding gegee. Johann het vertel: “Die redakteur wat waarskynlik nie die verhaal verder as die eerste paar bladsye gelees het nie, het in ’n voetnoot aan die jong lesers verduidelik dat die held van die verhaal (’n wit Voortrekkerkind wat deur die Matabeles weggevoer en grootgemaak is en wat wou weet waarom hy dan ‘anders’ is – wit en nie swart nie en by ou Sepedi moes hoor dat hy ‘die wit kalf van die swart koei’ is) nou eintlik is wat ons ’n albino noem! Die held op die slagveld en veroweraar van ’n meisie se liefde – ’n albino!” Die buffeltemmer is in 1965 deur Human & Rousseau uitgegee. (Inligtingstuk by NALN)

Sy kortverhaal “’n Tradisie van die Vermeulens” is in Die Huisgenoot gepubliseer en het die destydse Maandprys van Die Huisgenoot verower.

Met die verloop van jare het baie van sy verhale en sketse in tydskrifte verskyn, asook verskeie vervolgverhale.

As gevolg van asma moes Johann terug na die Hoëveld toe. Terwyl hy assistent aan Rooipoortskool was, het hy vir die BEd-graad ingeskryf en dit in 1947 onder leiding van prof J Chris Coetzee aan die PU vir CHO behaal. In 1948 is hy aangestel as visehoof van Soutpansdrifskool en ’n jaar later tot hoof van Hekpoortskool bevorder. Met ’n studie oor die onderwysgeskiedenis van die Bo-Moot het hy in 1950 aan dieselfde universiteit sy MEd-graad behaal.

Onderwyl hy hoof van Hekpoortskool was, is hy in 1953, die jaar waarin hy sy doktorsgraad in die opvoedkunde behaal het, na die Pretoriase Onderwyskollege as dosent gesekondeer en daarna as departementshoof na die Heidelbergse Onderwyskollege.

In 1964 is hy aangestel as senior lektor in opvoedkunde aan die Universiteit van Suid-Afrika. Johann se alma mater het hom in 1969 ’n professoraat aangebied, wat hy egter nie kon aanvaar nie. Hy is vanaf 1967 professor en hoof van ’n opvoedkunde-dissipline aan die Universiteit van Durban-Westville. Hy was ook vir ’n paar jaar dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde aldaar.

Johann het gereeld oorsee gegaan vir navorsing, asook vir ’n reeks lesings wat hy in Nederland gelewer het. Op versoek het hy sekere navorsingsprojekte onderneem en aktief deelgeneem as bestuurslid van opvoedkundige verenigings, asook van kerklike en kultuurliggame. Hy is byvoorbeeld in 1976/77 deur die destydse minister van kleuringsake as voorsitter van die adviesraad vir die opleiding van kleurlingonderwysers aangewys.

Hy was veral bekend vir sy verhale vir die jeug wat begin het met Dakka se groot avontuur. Daarna het Kruitdamp,Onheil op VerwagtingDie bottelaarCessna vermis! en nog vele ander gevolg. Duisend tree suidCessna vermis!en ’n Tradisie van die Vermeulens en ander verhale is ook deur onderwysdepartemente voorgeskryf. Vier van sy verhale is ook tot radiovervolgverhale verwerk en uitgesaai.

Sy bekende verhaal Het van Verlangekraal is twee maal verfilm: in 1962 deur Carfo en in 1983/1984 deur Jan Scholtz Films vir beeldsending op televisie. Sally Campher het die rol van Het vertolk in Jan Scholtz se televisieweergawe, en vir haar uitbeelding van Het, die probleemkind uit ’n ruwe huis, het sy in 1984 ’n Artes-toekenning ontvang.

Anna van Zyl (Volksblad, 1960) het dit baie geniet om Het van Verlangekraal te lees - "veral omdat Johann die verhaal nie onder te veel woorde en allerlei tierlantyntjies versmoor het nie, en ook omdat die kind wat wanaangepas is op skool, met soveel opregte meegevoel en begrip uitgebeeld word.

"Op subtiele wyse laat die skrywer mens verstaan wat alles tot wanaangepastheid kan aanleiding gee – in Het se geval haar huislike omstandighede – en dan is daar nog Het se eie sterk persoonlikheid wat botsings tot gevolg het. Hiermee wil Bekker dan sê dat ’n onderwyser eers ’n kind se agtergrond moet ken en hom as mens moet verstaan voordat hy gevolgtrekkings maak. Hoewel die boek ’n les vir onderwysers en ouers inhou, moet ’n mens die skrywer gelukwens met die wyse waarop hy die waarhede van liefde en begrip by die leser tuisbring.

"Die karakterbeelding verdien ook vermelding. Doep du Plessis is ’n pragtige karakter – die ideale onderwyser, miskien ’n bietjie té perfek, maar nogtans bly hy mens. Erlank is ’n tipiese voorbeeld van die onderwyser wat onseker voel en alles dan wil reg slaan of breek. En Het laat hom sy tekortkominge nog duideliker besef.

"Het self boei die leser. Een oomblik bewonder jy haar omdat haar agtergrond en omgewing nie die vuur in haar kon blus nie, maar dan word jy saam met haar onderwysers woedend oor haar reaksies om haarself te laat geld, en dan weer kry jy die begaafde kind jammer in haar bittere stryd om selfverwesenliking.

"Die stryd om Het 'reg' te kry, is ’n dramatiese een tussen twee lewensopvattinge: Doep se filosofie van liefde en begrip enersyds en Erlank se dwangfilosofie andersyds. Die skrywer openbaar ’n diepgaande kennis van sy onderwerp en die boek kan aanbeveel word by iedereen wat belang het by die opvoeding van die jeug."

Johann se jeugverhale het oor die algemeen gunstige resensies ontvang. Oor Die palomino het Anna van Zyl (Volksblad, 18 Junie 1960) geskryf dat die storie aan die begin maar stadig voortgaan met die stereotiepe agtergrond van ’n seun van die stad wat op die plaas moet gaan bly. Maar soos die verhaal aangaan, kry die verhaal van Tjaan en Tendani rigting en word dit nie net ’n gewone avontuurverhaal nie, maar ontwikkel dit tot iets dieper.

"Dit toon die persoonlikheidsontwikkeling wat Tjaan ondergaan wanneer hy uitgelewer is aan selfstandigheid. Dit is ’n gawe jeugboek wat sy boodskap baie subtiel oorbring."

Hilda Grobler (Hoofstad, 23 Februarie 1980) beskryf Roel Keet en Kie as opwindende leesstof vir elf- en twaalfjariges. "Die wisselende avonture van die twee groepe seuns sou selfs ’n jonger leser se aandag gevange hou, hoewel daar dalk ’n paar woorde is waarmee die jong leser sou sukkel."

Duin drie word as ’n lekker spannende avontuurverhaal vir elf- tot vyftienjariges aangebied. "Duin drie dui op daardie plek in die woestyn waar mense se toekoms en verlede toegewaai lê onder die sand. Daar kom mense heen om iets te vind, maar dit wat hulle vind, is nie noodwendig dit waarna hulle gaan soek het nie," skryf Elizabeth Snyman (Transvaler, 13 April 1982).

"Die verloop van die gebeure word goed gemotiveer en die spanningslyn word vernuftig volgehou en die intrige op so ’n wyse ontvou dat die leser se aandag steeds geboei bly. Bekker skep ’n interessante kontras tussen sy twee groepe karakters deur hulle onderskeie maniere van praat, dink en reageer."

Cessna vermis! vertel die verhaal van ’n Cessna wat vermis geraak het en van ’n groep kinders wat saam met ’n volwassene na die vliegtuig gaan soek. Vir Anna van Zyl (Volksblad, 16 Augustus 1983) was die "verhaal boeiend en interessant, maar wat haar veral geboei het, was die wyse waarop die skrywer een van die seuns (Willie) se karakter laat ontwikkel het, die vormende invloed wat vriende en omgewing op hom gehad het, en wat ontberings en liefde aan ’n mens kan doen. Johann Bekker ken die siel van die kind, verstaan die jeug en weet hoe om oor hulle te skryf en hulle natuurlik te laat optree. Niks in die boek word aan jou opgedring nie: alles vloei spontaan en op subtiele wyse voort uit die verhaal."

Ook Bekker se bundel kortverhale getiteld ’n Tradisie van die Vermeulens en ander verhale (1980, met ’n herdruk in 1987) ontlok goeie reaksie. Hierdie elftal verhale het almal reeds vroeër in tydskrifte verskyn, maar is op aandrang van die leserspubliek in boekvorm uitgegee.

Die verhale kan dalk met die eerste oogopslag lyk asof hulle onpretensieus is, maar as die leser dít glo, sal hy homself laat kul, het PH Roodt (Hoofstad, 6 April 1981) geskryf. "Dit is nie bloot humoristiese sketse nie. Die skrywer kerf dieper as wat die ligte ontspanningsverhaal toelaat. Dit is ’n bundel wat nie net vermaak sal verskaf nie, maar wat juis mét die lag feite en wyshede van die lewe in sy essensie tuisbring."

Vir Anna van Zyl (Volksblad, 19 Maart 1981) is die karakters in ’n Tradisie van die Vermeulens en ander verhale mense van vlees en bloed en nie karikature nie. Die verhale se konstruksie is eg en Bekker se blik op sy karakters is deernisvol en met ’n vonkel in die oog.

Johann se verhale vir volwassenes het ook altyd positiewe reaksies ontlok. Hy het nooit geskryf met die doel om ernstige literêre werke te publiseer nie, maar het altyd gepoog om ’n storie te vertel, en as sy lesers dit geniet, is die plesier vir hom net groter.

Die meeste van sy verhale vir volwassenes is spanningsverhale en het dit die regte dosis avontuur- en liefdeselemente in, en dít is waarna sy lesers gevra het. Sy lesers het hom ook deur die jare leer ken as ’n skrywer wat sy temas goed en prikkelend hanteer.

Ook op sy vakterrein het Johann Bekker heelwat publikasies gelewer: drie universiteitshandboeke, tien monografieë en ’n groot aantal artikels in opvoedkundige tydskrifte. Hy het ook op kultuur-godsdienstige gebied heelwat gepubliseer.

Hy was sy lewe lank gek oor die buitelewe. Behalwe oorsee, het Johann en Betsie ook Suidelike Afrika vol gereis, veral na die wildernisse toe, soos die Okavango-moerasse, en na Angola, Namibië, Mosambiek, Zimbabwe en die Transvaalse Bosveld. Hierdie wegkom so af en toe na ver wêrelde van ons land en na ander lande was lekker, maar nêrens was dit vir Johann lekkerder as in die ongereptheid van die bos, halfwoestyn en moerasprag van die diep binneland nie. “Daar brand die vure hoog, ook binnekant – en word storie.”

Hy het in 1979 afgetree, en daarna het hy en sy vrou op Voortrekkerstrand aan die Natalse Suidkus gaan woon. Hier het hulle hulle verlustig aan die bos en die diere, soos dassies en apies en die voëls. Johann het tot sy afsterwe in Februarie 1985 hier gewoon. Hy is in sy huis aan ’n hartaanval oorlede.

Publikasies

Publikasie

Godsdiensonderwys in die skool

Publikasiedatum

[19-]

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Opvoedkunde

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Dakka se groot avontuur

Publikasiedatum

1947

ISBN

(hb)

Uitgewer

Stellenbosch: CSV

Literêre vorm

Jeugverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Pikkie en die seunsbende

Publikasiedatum

1948

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Kinderverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Kruitdamp: Avontuurverhaal uit die Tweede Vryheidsoorlog

Publikasiedatum

1949

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Jeugverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Waaikraal se mense

Publikasiedatum

1950

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Van Riebeeck-Biblioteekskema

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Onheil op Verwagting: Avontuurverhaal vir seuns

Publikasiedatum

1951

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Voortrekkerpers

Literêre vorm

Jeugverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die akrobate

Publikasiedatum

1952

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Goeie Hoop Uitgewers

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Wit hiënas

Publikasiedatum

1952

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Dawid en Goliat. Saam met Hettie Cillié

Publikasiedatum

1953

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Bybelverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die bottelaar

Publikasiedatum

1957

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Boekhandel

Literêre vorm

Jeugverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Kobus in Meerminland: Avonture in Smenskieland

Publikasiedatum

1962

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Boekhandel

Literêre vorm

Kinderverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Cessna vermis!

Publikasiedatum

  • 1963
  • 1964
  • 1970
  • 1979
  • 1980
  • 1984

ISBN

  • 0624013367 (hb)
  • 0624020878 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Boekhandel
  • Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Jeugverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Verantwoorde skooltug

Publikasiedatum

1963

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: HAUM

Literêre vorm

Opvoedkunde

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Het van Verlangekraal

Publikasiedatum

[19-]

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: HAUM

Literêre vorm

Jeugverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die buffeltemmer

Publikasiedatum

1965

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Ver verby Dukwe

Publikasiedatum

1969

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Dagbreek-Boekkring

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Peilbakens

Publikasiedatum

1975

ISBN

0628007604 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Voortrekker-Boekklub

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Reën plek-plek

Publikasiedatum

1976

ISBN

0628010508 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Voortrekker-Boekklub

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Duisend tree suid

Publikasiedatum

  • 1977
  • 1989

ISBN

  • 0628011555 (hb)
  • 0628033990 (sb)

Uitgewer

  • Johannesburg: Voortrekker-Boekklub
  • Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Gonzales leef!

Publikasiedatum

1977

ISBN

0628012241 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Dagbreek-Boekkring

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die leeus van Sashani

Publikasiedatum

1977

ISBN

0798107154 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Safari Braganza

Publikasiedatum

  • 1977
  • 1992

ISBN

  • 0798107294 (hb)
  • 0798130407 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Safari van die dood

Publikasiedatum

  • 1977
  • 1992

ISBN

  • 0798107456 (hb)
  • 0798130415 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

’n Dokter vir Kashowe

Publikasiedatum

1978

ISBN

0628013353 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Klub 707

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Reën plek-plek

Publikasiedatum

1976

ISBN

0628010508 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Voortrekker-Boekklub

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Onrus op Surrey

Publikasiedatum

1978

ISBN

079810810X (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Katonkelbaai

Publikasiedatum

1978

ISBN

0628013493 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Dagbreek-Boekkring

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Duiwelskrans

Publikasiedatum

1979

ISBN

062801516X (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Dagbreek-Boekkring

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Roel Keet en Kie

Publikasiedatum

1979

ISBN

062801578X (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Seunsverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die rooi wal

Publikasiedatum

1979

ISBN

0628015674 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Dag van die wildehond

Publikasiedatum

1980

ISBN

0798110279 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die palomino

Publikasiedatum

  • 1980
  • 1983
  • 1985

ISBN

  • 0624014169 (hb)
  • 0624019403 (hb)
  • 0624020584 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Jeugverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

’n Tradisie van die Vermeulens en ander verhale

Publikasiedatum

  • 1980
  • 1987

ISBN

  • 0798110821 (hb)
  • 0798122927 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Terug na Helling

Publikasiedatum

1980

ISBN

0628017545 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Klub Dagbreek

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Mekatersnek

Publikasiedatum

1980

ISBN

0628018703 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Klub Saffier

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Senator

Publikasiedatum

1980

ISBN

0628019327 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Duin drie

Publikasiedatum

  • 1981
  • 1985

ISBN

  • 0628021771 (hb)
  • 0628029071 (sb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Spanningsverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Jimbo

Publikasiedatum

1982

ISBN

079930638X (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Eiland van onrus

Publikasiedatum

1983

ISBN

0799306649 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Treffer-Boekklub

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Rommel

Publikasiedatum

  • 1983
  • 1987

ISBN

  • 0868160067 (hb)
  • 086816111X (sb)

Uitgewer

Pretoria: Juventus

Literêre vorm

Kinderverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Hoog bo die Urubamba

Publikasiedatum

1983

ISBN

0624019918 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Ranke wat uitstoot

Publikasiedatum

1983

ISBN

0628025556 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Waghond van Hartbeeslaagte

Publikasiedatum

1984

ISBN

079930834X (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Van der Walt

Literêre vorm

Jeugverhale

Pryse toegeken

Afrikaanse literatuur van die jaar van die Federasie van Rapportryerskorpse saam met Liewe Heksie in 1985

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die aand van Johnnie X

Publikasiedatum

1985

ISBN

0628029144 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

As J Heinrich:

Publikasie

Uit die skimme

Publikasiedatum

1951

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Van Riebeeck-Biblioteekskema

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Langs die Niemendalse meer

Publikasiedatum

1953

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Van Riebeeck-Biblioteekskema

Literêre vorm

Spanningsverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Lynkloof

Publikasiedatum

1953

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Artikels oor Johann Bekker beskikbaar op die internet:

Die opsteller vra om verskoning dat van die skakels nie tans kan oopmaak nie, maar Media24 se koerantargief is op die oomblik nie toeganklik nie.

Bron:

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum

• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

The post Johann Bekker (1918–1985) appeared first on LitNet.

“Huis, paleis, pandok, sinkhok, varkhok”

$
0
0

“People of South Africa, where you see a beautiful piece of land. Take it. It belongs to you.”

Dis wat Julius Malema laas jaa an Suid-Afrikaners gesê het. Mense van Suid-Afrika, as daa ’n stuk grond is wat mooi is vi jou, dan gan vat dit. Imagine vi jou as djy wakke skrik môreoggend en iemand het hulle kô grus maak langs jou swembad, of tent opgeslaan tienan jou akker. Of nat klere wat hang oo jou traliehekke. Of ’n groep mense wat besluit het hulle gan langs die Liesbeeckrivie, offie Eesterivie, offie Kuilsrivie gan huis opsit. Imagine hoe uitgefreak djy sal wies. Ek wiet ek sal wies. Nie ommat ekkie vi mense omgie wattie ’n huis van hulle eie hettie, maa net ommat, “dié is mos myne”, reg?

Nou natuurlik is dit ’n proebleem om te dink dat djy net kan vat wat djy wil, ek mien maa, dis mossie reggie. Maa dis wattie koloniste kô doenit, wat issan nou soe erg?

Die City het in 2009 die Anti-Land Invasion Unit gestig om te kee dat sulke goet gebee. Soe, releks, ôs is veilig. Die DA het sieke gemaak dat sulke goetie kan gebee nie, wan wat van al daai ryk mense wat ommie Berg bly, wat van daai ryk boere met hulle gesteelde land? Wat van die premiers, ennie watse cabinet ministers se huise, nie net die een wat innie Kaap staanie, but die anners wat in Joburg, of Durban, of waa-ever staan.

Soe baie van julle gloe sieke dat die City het hulle wêk gedoen wan “daa moet orde wies”, reg!?

Maa ek wil nog steeds wiet, “Hoekô nie?” Hoekô kan mensie ’n stuk grond vat wat djy van hou en sê OK, veddag gan ek hie my huis opsit, en as ek môre wil iewers anners gan, dan sal ek soe maak. Natuurlik met alle respek virrie natuur en oek respek vi mense wat klaa daa bly. Maa dis mossie hoe die system wêkie. As djy nie kan koepie, dan kan djy nie kry nie. Maa an wie betaal djy? En waa het hulle dit gekry?

Maa nou wat amal mos nou praat van grond trug gie, het ek ’n paa vrae. Wie se grond is dit wat nou moet trug gegie wôd? En wat is die implikasies van dit? Hoe gannie gawement measure wie moet grond kry en wie nie? Moet jou vel ’n sekere kleurskakering wies? Of moet jou naam “inheems” klink, en nie vannie Weste af kô nie? En van watte datum af wêk hulle? Is hulle oek nessie Cape Party wat wêk van ’n datum af wat hulle pas? 1652?

OK, miskien is dié nie die issue wat mens moet oo praatie. Wat van behuising? Wat vannie mense wat nog in sinkhokke bly, ampe soes daa nie grond in die land issie? Wat van hoe die gawement mense, die mense vi wie hulle moet wêk, innie ronte in skyf soes hulle pionne in ’n chess game is?

Maa dié is mos die vehouding wat ôs assie mense van Suid-Afrika mos nou al vi meeran 20 jaa met die ANC het. En wat het hulle rêrig soever gedoen? Mense vannie Westelike Kaap dié is nou ’n vehouding wat ôs nou al meeran 20 jaa het mettie DA, en wat het hulle rêrig soever gedoen? ’n Anti-Land Invasion Unit, ’n paa buite toilets, Wifi innie stad, en ’n swart leier?

Ek wonner hoeveel mense innie Westelike Kaap wiet dattie budget vi laasjaar wat vi behuising gegie was, was glattie eens alles gebruikie. En soe gannit maa net dag in en dag uit, maand na maand, en jaar na jaar. Mense sit oppie strate sonner huise. Mense in sinkhokke, mense wat moet liewe in klein hokkies agte in anner mense se jaate! Wat het gebee van mense se waardigheid?

Ek wietie of ôs se president al in ’n sinkhokkie of agte in ’n hokkie in iemand se jaat gebly hettie, of even net gan visit hettie, maa wat ek wil sê is, as hy dittie wietie, of hy kan dittie vi homself indinkie, dan sal ek hom sê. Daa gebee iets met hoe djy voel oo jouself. Hoe djy die liewe innie oë kyk. Djy voel soe klein, en vedruk, en vrot soes daai sinkhokkie wat aliewig water lek wanne die rient kô. Hoekô in soe ’n ryk land soes Suid-Afrika, met soe baie grond, moet ôs nog in hokkies en pandokkies bly? Daa is meeran ses miljoen mense innie Westelike Kaap. Nou sê djy vi my dat die 129 000 km² vannie Westelike Kaap issie genoeg grond vi amallie? En ek wiet dat dit issie hoe die system wêkie, but vi wie wêk die system dan, as dittie soe wêkie?

Ek mien die rasoorlog wat biesag is om te broei innie Westelike Kaap, issit rêrig nodig? Die Mitchells Plainers wat opstaan tienie Siqalo-inwoners. En dit begin by behuising, en grond. Wat my kwater maak is dat die regering nettie warrie oorie kallidsie. Hulle sê, “Niee-man, julle is swart”, but dan wanne dit kô by oek ’n stukkie van die koek kry, dan sê hulle vi kallids, “Niee, dissie julle beurtie, gan staan agte innie lyn en wag. Die swartes moet eeste geserve wôd.”

Mr President, ek hoep djy hoo my nou. Moettie net vaskyk tien my velkleur, of wanne djy my naam hoo dan sê djy dis noggie my beurtie. Mr President, ek issie swartie, nie volgensie labels van apartheid, of die labels wat julle nou op my wil plakkie. Soe sê vi jou party hulle moet sien dat die bloed wat in my are loep issie apartheid se kleurling, of jou demokrasie se swartie. Met elke tree wat djy vat wil djy my sê dat my vel is te lig, en my naam te wit om trug te kry die grond waa my voo-ouers se spore lê en wag vi my, vi ôs, om hulle wee te kry. Soe, wanne julle beginte praat oo grond trug gie, kyk af en sien waa julle stap. Sien my voo-ouers se bloed innie stof op julle skoene, die beloftes wattie Nederlanders an hulle gemaak het op julle sole. En begin trug staan, wan as julle nou wil van grond praat, die grond soes hy lê behoort an my voo-ouers, wat gegloe het dat mens behoort annie grond, ennie anners ommie.

Twie wieke trug sien ek die Cape Party ennie Khoisan chief wêk nou saam ommie Westelike Kaap hulle eie te maak. Hulle sê dis virrie kallids of Khoisan ennie wittes. Maa hie is die ding. Waa gannie kallids opeindig? Die wit man sal mos natuurlikie selle doen wat sy voo-ouers gedoen het. Die Cape Party het ’n Manifesto op hulle webwerf. As julle die Manifesto wil gan lies, Google net “Cape Party”. Dis nog net ’n klomp leë beloftes wat gemaak wôd, met mooi woorde wat gebruik wôd om te beskryf hoe ’n goeie ding dit sal wies wan ôs sal “outonomie” trug wen.

Innie Cape Party se Manifesto sê die Party se hoof: “The Cape fulfils all of the criteria required to qualify for self-determination”, en dit gan an om te sê dat daa is drie riedes hoekô die Kaap independent kan wies. Die drie punte is dié:

“1) The Cape is a territorial entity.

2) Afrikaans is the majority/common language heritage in the Cape.

3) In 1652 the blend of Khoisan and Dutch began a culture that today forms the majority of the Cape.”

Dis nomme twie en drie wat my baie interesseer. Mr Cape Party, daa was veel meer dan net die twie groepe wattie Kaap gemaak het. En is die taal wat ek en meeran 40% van Kapenaars praat, issit Afrikaans? Ek dink daa is somme ’n klomp Afrikaanssprekendes wat heeltemal nie sal saammit jou stemmie. Soe, wanne djy praat van ’n taal wat dominant is innie Kaap, ken daai naam reg. Dissie ’n afstammelingie, dis Kaaps. En oek wat van voo 1652? Wat van my mense wat voo daai tyd op die land geloep het? Wat van voorie tyd wat die land die naam Westelike Kaap gekry het?

Maa Mr Cape Party, wat vannie mense van die plek? Dies wat nog in sinkhokke bly tewyl die Berg toegeplak is met wit Europeans se nageslag wattie grond afgevat het met mooi woorde en leë beloftes, en tabak en brêndy. En assie Kaap dan Kaaps is, hoekô is jou Manifesto in Engels? Hoekô is daai julle beginpunt?

Het julle vi Krotoa – the Film gekyk? Daai stukkie toe sy velief raak oppie man wat haa weggeruk het van haa grond af. Ek mien, assie movies soe sê dan issit sieke mos nou wattie Khoisan gedoen het daai tyd. Hulle het innie bed gespring mettie mense wie hulle krale omring het met tralies, kettangs en groot oranje slotte.

Soe, ek vestaan as djy nie vestaan nie. Ek vestaan as djy nie gewarried is oo my internal struggle tien die elke dag se oppressie wat ek nog moet tien vaskyk en experiencie. Ek vestaan as djy nie vestaan hoe swaa dit is om ’n taal te praat wat nie bedoel was vi my om te praatie, en soe oek, wat ekkie mag claim as my eie nie. Wat vi amal lat wiet net hoe ek rêrig mettie vyand nog elke dag innie bed lê en jol. Weg van my mense af, weg van my taal af, weg van my mens-wies af. Weg van my kroon af, my kroon wat sal bewys dat die “kind” is ’n kind van die grond, van die land. En die gawement, en die mense soesie Cape Party maak nog steeds besluite virrie Khoisan-Malay-Oolam-Griekwa-kallid kinners. Soe ek vestaan dat djy nie vestaanie.

My voo-ouers het met skulpies en pêrels om hulle gewrigte gedans, en gesing met hulle stemme wat veskillende vorms deu mense se siele ennie nag getrek het. Hulle het gedans met hulle rugwerwels gebuig, vel styf gespan soes dit buig voorie maan en grond waaop hulle dans. Soe ek vestaan as djy net wil hê ek moet veby dit kyk ennie praat oorie goed wat my mense elke dag moet ervaarie. Djy praat van grond trug vat sonner kompensasie. Wie gan my compensate vi my grootouers se veliede wat toegegooi is onnerie Weste se kapitalisme, ennie Noorde se stamverbondenheid?

Soe, ek hoep djy kan oek vestaan hoekô ek nie in een van hulle gloe nie. Nie die swart man met sy fensie Engels, offie Boer wat innie stilte nog steeds daavan hou dat ek hom Baas noemie, offie kallid madam wat pretend sy’s wit wan haa ouma hettie potloodtoets geslaag en al haa kinners was op UCT sonne ienige beurse. Offie Engelsman wat praat van ’n droem vannie Kaap wat annie “regte mense” behoort, maa daai droem is mos toegeplak met Ts & Cs. Offie Khoisan chief wat wil grond besit wanne ôs mense gegloe het dattie mens besittie grontie, die grond besittie mens.

Dis 2018, ek is nog steeds Livy vannie Rive, maa ek issie mee daai kind vannie straate vannie Lêctric City nie.

Maa bly te kenne en dankie virrie onnersteuning.

The post “Huis, paleis, pandok, sinkhok, varkhok” appeared first on LitNet.

Khoekhoegowab se tyd is nou

$
0
0

Die afgelope naweek was die “Khoekhoegowab in die kollig”-gesprek gehou by die Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands. In ’n gebou wat voorheen bekend gestaan het as die “Huis den Nederland”. En dit is nogals iets histories dat daar op hierdie dag en plek in diepte sou gepraat word oor die “revival” en “reclamation” van ons Khoetale by ’n plek waar mense hulself beywer vir die voortleef van die Nederlandse en Vlaamse tale en kulture in Suid-Afrika. En tog: al het ons dieselfde doel, is dit ook waar die similarities end, want ons het nie naastens die support wat ons wou hê nie. Ek betree die gebou met ’n bietjie jaloesie dat ons Khoe-mense nie self so ’n struktuur het nie. Vir dié wat nog nie die SASNEV-gebou besoek het nie, maak gerus ’n draai.

Hierdie vergadering, wat gefasiliteer word deur die !Alom Aboriginal Customary Council, in samewerking met die Afrikaanse Taalraad, is hoekom ons hier is, want een van die eerste dinge wat die koloniale tog gedoen het, was om die inheemse mense van hulle tale en kulture te beroof. Ons ǂGūrokam Khoen of Eerste Nasie was no exception.

En hier is ons nou. En die Afrikaanse Taalraad, verteenwoordigend van ’n klomp Afrikaanse organisasies, is saam in gesprek om ons Khoetale terug te vat. Het Afrikaans, of dié met die resources, ’n verantwoordelikheid teenoor ons Khoetale? Ek dink so.

En jy begin so ’n dag en wonder net dat dit nou al 23 jaar is na Suid-Afrika se eerste democratic elections, en dat daar nog steeds nie een Khoetaal as amptelike taal erken word nie. Dat in Afrika-maand, word die taal wat tog meer Afrika is as enige ander, steeds nie erken, asook wat nou gedoen word, nie.

Ek kyk toe na die mense wat teenwoordig is en onthou gou die iets wat die persoon die ander dag gesê het: dat “ons moet ophou praat met onsself” (met verwysing na akademici en hulle gesprekke).

En ek scan toe nou die kamer, want veral in sulke kontekste vind jy dikwels dieselfde mense in dieselfde gesprekke, wie hulself repeat.

Kuru of bou mens dan ’n movement as jy dit in sirkels bou, as die sirkel nooit deure create vir ander mense om in te kom nie? En ek remind myself tog van die gebou wat nooit gebou was vir ons nie, maar tog gebou was met die sweet van ons Khoe en slaafmense, waar die deure nooit oop was vir ons nie, tot nou.

Ek was excited om te luister na Mr Pedro Dausab, Khoekhoe-taalkundige en persoon wat die “Leer jouself Nama”-boekie (uitgegee deur die Wes-Kaapse regering) saamgestel het.

Hy kom dus met ’n wêreld van ervaring oor die Khoekhoetaal. Hy is iemand wat die Khoekhoetaal van geboorte af al praat, en dit was great om finally hierdie oom te ontmoet.

Sy talk sluit dan sy evaring van die Khoekhoetaal in, dat hy vir die eerste keer op 11-jarige ouderdom aan Afrikaans expose was. Hy het ook gepraat oor apartheid se effects in Namibië en hoe Namas, ’n Khoekhoegroep, geskei was van “kleurlinge” (waar, volgens my, “kleurlinge” vandag in Namibië, Suid-Afrika en Botswana steeds voel dat hulle beter is as Namas weens die segregation, even though hulle dieselfde bloed het) en hoe Namas maar sleg geskool was deur die system, ook hoe Christian missionaries hulle geteach het.

Hy vertel ook die een hartseer storie van hoe ’n onderwyser aan sy hare gevat het om vas te stel of hy nou Nama is of geklassifiseer kon word as ’n “kleurling”, en ook hoe families opverdeel sou word in die proses. Hierdie segregation duur steeds violently voort in ons communities.

Ek glo ons moet altyd luister na ons “elders”, en daar was ’n paar goed waarmee ek 100% saamgestem het, en ’n paar goed waarmee ek nie kon saamstem nie. Maar ek kom later by dit.

Dan was daar ook Chief Karel King. Nou enigeen wat my ken, weet ek is nie gaande oor die Chiefs en Kings nie. Ek en baie ander glo dis nou tyd vir nasiebou en vir kawakawas of restoration van ons tale, kulture, identiteit en menswees. Ons het nie nou tyd om mense op ’n pedestal te sit nie. Die issues is te groot en te veel om nou nog vasgevang te word in ego en search vir power.

So ek respect dan die oom. Hy het iets profound gesê: daar moet geleer word om die knowledge te deel, so as jy iets leer moet jy nie wag om dit eendag aan ander te leer nie. Of totdat jy capable is – teach dit onmiddellik. Hy het so ’n “pay it forward”-konsep wat ek nogals like en saamstem dat dit moet gebeur.

En ek was ook fortunate om so ’n presentation te doen. Dit was net om te emphasise dat geen universiteit of government institution navorsing doen oor inheemse gemeenskappe se “language loss” nie. Ook nie wat die nagevolge in gemeenskappe is wie nie hul voorouers se tale praat nie: dat dit lei tot increased selfmoordneigings, geweld en dwelmmisbruik weens die waardes wat verlore gaan. Maar dit was ook om te emphasise dat Afrikaans en dié wie die invloed en resources het in Afrikaans en die kerk ook ’n rol moet speel om ons Khoetale terug op ons tonge te sit.

Hoe sou die Christian missionaries dan vir die “bosjesmannen” kinders van God maak as ons hulle nie kan verstaan nie?

Agterna was ons in kleiner groepe opverdeel. Elke groep is gevra om te praat oor die rol vorentoe itv die verkiesing van ’n interim committee, die doel van die committee, ens.

En in die groepie het die vraag opgekom wat die taal genoem moet word in Suid-Afrika. Die twee ouer Nama-ooms wil dit die Nama-taal noem, en ek sê ons kan dit nie die Nama-taal noem nie. Suid-Afrika is nie in Namaland waar Nama, tog nie dialek van Khoekhoegowab, gepraat word nie. Ons kan nie toelaat om dit die Namas se taal te noem nie, want dan sluit ons al die ander Khoekhoegroepe, soos die Attequa, die Haisequa, die Outeniqua, die Inqua, die Gorinaiqua, die Chainoqua, die Sonoqua, die Cochoqua en ander uit wat ook hierdie Khoetaal gepraat.

Tog, as ons gemeenskappe Khoekhoegowab praat, sal ons nie die Namataal praat nie; ons gat Khoekhoegowab vat en iets eie aan ons maak. Selfde hoe Afrikaanssprekendes mekaar kan verstaan, want ons praat almal Afrikaans, maar oppie Cape Flats, Boland, Karoo is daar iets kwai en different wat gedoen word met die taal: dit wat eintlik die taal lewend hou, wat eintlik die taal laat groei, en dis presies tog wat gaan gebeur.

Toe word ’n interim committee gekies. En van die begin af het ek sterk gevoel dat Khoevroue ons Khoetale moet push. By wie leer jy dan immers taal? Jou ma of jou pa?

En ook: ons moet jeug involve by ons Khoetale. Jeug is immers die toekoms van ons Khoetale. Ek was toe baie gelukkig dat die committee bestaan uit sterk taras of Khoevroue asook jeug. Beslis die hoogtepunt van die dag.  

Kai gangans dan weer aan die sterk Khoevroue wat ons almal bymekaar gebring het, vir Estelle le Keur van !Alom Aboriginal Customary Council en Ria Olivier van die Afrikaanse Taalraad en ook almal wat gekom het.

All in all is ek excited virrie pad vorentoe. Ons leer van die verlede en ons laat dit ons harder push vorentoe. Hierdie committee glo ek sal ons vorentoe push.

Lees ook

Indigenous “Khoisan” languages: an interview with Menán du Plessis

Ont-taling

Wie is ons sonder ons tale?

Wat is ’n land as haar moedertale nie erken word nie?

’n Eersteklas byeenkoms vir Suid-Afrika se Eerste nasie

The post Khoekhoegowab se tyd is nou appeared first on LitNet.


Bartho Smit (1924–1987)

$
0
0

Gebore en getoë 

Bartho Smit is op 15 Julie 1924 op Klerkskraal langs die Mooirivier in die distrik Ventersdorp in die ou Wes-Transvaal gebore. Hy het grootgeword op Standerton langs die Vaalrivier. Sy pa was ’n polisiesersant en hy het nie ’n boekbewuste huis grootgeword nie. Tog het die jong Bartho Nietzsche en Dostojewski gelees. Sy vader het wel toneel gespeel in die plaaslike amateurgroep en hy het geglo dis waar sy belangstelling vir die toneel ontstaan het.

As standerd 8-seun het Bartho sy eie toneelvereniging gestig. Hy was op skool ook ’n uitstekende atleet en was op sy dag die Suid-Afrikaanse juniorkampioen in paalspring en werpskryf, en dié (het hy aan Aletta Greyling (Oggendblad, 15 April 1975 vertel) het hom toe glo ’n bietjie van ’n kop laat kry.

“Ek was op Standerton op skool en – om my egoïsme nog meer aan te wakker – begin ek toe mos ook gediggies skryf en dit was meer as wat enige skoolseun sonder geswollenheid mee kon saamleef. Op ’n dag het ons toe groot skolesport op Lydenburg en ek is saam as die vorige jaar se paalspringkampioen. En nog digter, moet jy weet. Daar gekom, besluit ek dat, groot kampioen wat ek is, ek nie sommer van die begin af saam met die moppie gaan spring nie. Ek sou eers op nege voet begin. Ek is mos die kampioen.

"Toe die dwarslat op nege voet is, het ek my nonchalant reggemaak en gespring, maar ek stamp die lat af. Maar ek het mos nog twee spronge oor en ook dié het ek verbrou. Hoe syn de helden gevallen. Ry die hele ent na Lydenburg saam en kom dan met die kous oor die kop terug met die mislukte spronge. My Afrikaanse onderwyser sê toe vies vir my: Kyk jy kan nie aan sport deelneem en gedigte ook skryf nie. Los die gedigte.”

As jong seun wou Bartho bokser word en in sy jare op hoërskool leer hy die sweet, die harpuis, pyn en oorwinning van die amateurkryt goed ken.

Toe hy nog op skool was, het hy begin beeldhouwerk doen. Hy het aan Aletta Greyling vertel dat hy "Michelangelo in my vingerpunte begin voel tintel het. Ek het besluit om Langenhoven se beeld uit klip te kap. Vir my was dit ’n grootse werk en terwyl ek besig was aan die laaste afronding, het ek ’n stukkie van Langenhoven se snor afgebreek. As dit my eie been of arm was, kon dit my nie groter getref het nie. Verdwaas het ek die snor met klei, met sement, met enigiets probeer vasplak. Niks het gewerk nie. Die beeld was geskend en iets in my het ook gebreek. In ’n vlaag van woede het ek ’n byl gevat en die hele beeld flenters gekap.

“My suster het my probeer aanmoedig om weer van nuuts af te begin, maar ek wou nie. Miskien het ek toe reeds onbewus vermoed wat ek later as skrywer noodgedwonge moes leer aanvaar: Dat daar altyd op die laaste oomblik ’n snor of iets afbreek.”

Bartho het op Standerton gematrikuleer.

Verdere studie en werk

Na skool is Bartho na die Universiteit van Pretoria, waar hy in 1949 sy BA-graad behaal het en in 1951 sy MA. Hier het hy voortgegaan om die toneelvereniging van die universiteit aan die gang te hou. In 1945 het hy drie kort eenbedrywe vir die universiteitsvereniging geskryf en een van hulle was Moeder Hanna. Hierdie kort werke is egter nooit opgevoer nie.

Na hy sy MA voltooi het, het hy in 1946 by Die Vaderland aangesluit, waar hy eers algemene verslaggewer was en later kunsredakteur en teaterkritikus geword het. Dit was hier waar hy sy vrou, Kita Redelinghuys, ontmoet het. Sy was ’n jong onderwyseres wat ook aan talle amateur-toneelproduksies deelgeneem het.

Bartho het hom aan die Universiteit van Stellenbosch vir sy doktorsgraad ingeskryf en hy en Kita het in 1952 na Europa vertrek om verdere navorsing vir sy proefskrif te doen. Hy het egter sy doktorale studie laat vaar en hom toegespits op ’n studie van die teater en van toneelregte. Hy het in Parys verder gestudeer en ook daar het Kita in verskeie verhoogproduksies verskyn. Bartho het ook in München en Londen verder in die filosofie studeer. In München het hy vir ’n jaar as leerling-regisseur by die Stadsteater gewerk. Omdat die “Nuwe drama”, wat onder meer die teater van die Absurde insluit, in die jare vyftig reeds in Europa beslag gekry het, kon hy hier eerstehandse kennis opdoen van moderne teatertegnieke soos verstrengeling van tye en doeblering van rolle. Hiermee eksperimenteer hy later in sy eie werk en lewer sodoende ’n groot bydrae tot die vernuwing in die Afrikaanse dramakuns.

Terwyl hy in Europa was, was hy buitelandse korrespondent vir Dagbreek en Sondagnuus. Die egpaar het in 1957 na Suid-Afrika teruggekeer en met sy terugkeer is hy aangestel as subredakteur, kunsredakteur en teaterkritikus vanDagbreek en Sondagnuus.

Bartho het vertel dat hy kort na sy aankoms in Europa ’n belangrike les geleer het deur die digter Henri Michaux te lees. “Elke gedig wat ek geskryf het, was ’n nuwe begin.” Dit het toe Bartho se ideaal geword, om as hy ’n stuk skryf, “van nuuts af te begin” – om te skryf asof niemand anders nog ooit iets geskryf het nie.

In 1962 is Bartho aangestel as uitgewer by die Afrikaanse Persboekhandel en in 1964 het hy bestuurder van Algemene Publikasies geword. Nadat Afrikaanse Persboekhandel deur Perskor oorgeneem is, het hy letterkundige uitgewer van Perskor geword. As uitgewer by Perskor was sy oordeel veral in twee gevalle van groot belang. Nadat DJ Opperman, wat vir Tafelberg en Human & Rousseau gekeur het, Breyten Breytenbach se Die ysterkoei moet sweet en Ingrid Jonker se Rook en oker afgekeur het, het Bartho vir hierdie debuutbundels geveg en hulle gepubliseer gekry.

Hy was stigter van Sestig, asook redakteur en redaksielid, en ook stigterslid van Kol. In 1983 het hy ná 37 jaar diens by Perskor uitgetree.

Bartho het reeds vroeg in tydskrifte gepubliseer en in 1950 het hy as digter gedebuteer toe sy bundel Mure deur Unie-Boekhandel in Pretoria gepubliseer is. Hierdie bundel is in vier afdelings ingedeel en volgens Die Vaderland is sy talent "sterk liries en het hy ’n goedgevormde gevoel vir musikaliteit en vorm. Een van die gedigte, 'Beatrys', wat op die Middeleeuse verhaal gebaseer is, het hy in epiese trant geskryf en is heel verdienstelik. Dit is egter veral in die korter gedigte met ’n afgeronde vorm waarin sy talent goed tot sy reg kom. Hiervan is daar ’n hele aantal in die bundel. Voortreflik is ‘Kastalia’ en ‘Nagbesoek’. ’n Uitstekende sonnet soos ‘Moses’ bewys dat die digter vormbeheer sowel as geslotenheid van hom verower het. Hy kan hom fyn inleef in toestande en skrywe dikwels ’n suiwer stemmingsvers. (...) Die grondgevoel in die bundel is die digter se eensaamheid en die mure of grense waarteen hy aanstoot en waaruit hy nie bevry kan raak nie. Bartho Smit se eerste bundel is vol belofte.”

As dramaturg het hy in 1951 gedebuteer met Meisies van vervloë jare, ’n eenbedryf. Dit is in 1959 as voorprogram tot Moeder Hanna deur die Nasionale Toneelorganisasie (NTO) aangebied met studente in die rolverdeling. Volgens ’n kritikus was dit jammer dat studente gebruik is vir hierdie “klein juweel”, want beter afrigting en beter speelsters sou van die stukkie ’n aangename voorspel gemaak het tot teater wat ’n mens aan die skouer geruk het.

Meisies van vervloë jare is in 1956 opgevolg met Moeder HannaMoeder Hanna is gedurende 1954–1955 geskryf toe Bartho in Europa studeer het. Nel Erasmus het in die huldigingsbundel Bartho as volg vertel: “Bartho het nuut kom leef hier (Parys), ander maniere van geluk en seerkry leer ken. Die moederfiguur wat later as Moeder Hanna bekend sou staan, moes ook hier aanpas, sy moes meer begrypend word. Haar wêreld moes anders omlyn word.

Moeder Hanna het hy uit Suid-Afrika met hom saamgebring, maar dit was reeds ’n ander Bartho wat gepraat het en wat haar later hier sou herskryf. Hy het die eerste keer vir my uit haar voorgelees in Joubertpark, lank voor ons vertrek uit Johannesburg. Moeder Hanna het destyds, as ek reg onthou, die twee Engelse soldate in die solder toegesluit en die huis aan die brand gesteek.

“Nou, in Parys, was dit al ’n totaal ander drama – ’n versdrama waarin daar ’n liefdesverhouding was tussen Maria en een van die Engelse soldate. Maar hy was nog nie tevrede nie en het die stuk weer van voor af begin skryf.”

Bartho het vertel: “Moeder Hanna was ’n groot sukses. En dit sou die maklikste ding in die wêreld vir my gewees het om vir die res van my lewe Moeder Hannas te skryf. Maar watter sin sou dit gehad het om nog stukke oor die Boere-oorlog te skryf? Jy mag jouself nooit herhaal nie. Dis dié wat ek toe ’n nuwe rigting ingeslaan het en aan Die verminktes begin skryf het. Ek weet tot vandag toe nie of ek die regte ding gedoen het deur uitsluitlik dramaturg te word nie. Ek is nie seker of ek nie dalk ’n verskeidenheid genres moes beoefen het nie.”

Die kritikus van Die Vaderland (18 April 1963) het geskryf: "Moeder Hanna kan aan die een kant gesien word as ’n poging om die wording en wese van die Boerenasie in ’n simbool daar te stel – soos Totius dit in sy beeld van die doringboompie gestel het – en deur middel van karaktertekening en woordgebruik die Boer in die letterkunde vas te lê. Aan die ander kant is die stuk ’n filosofiese eksperiment in die moderne doodsproblematiek – ’n probleem wat in die hedendaagse wysbegeerte uiters aktueel geword het.

“In dié verband stel Moeder Hanna die vraag na alle mislukte opstande en veldslae, naamlik of die oorblywendes moreel die reg het om ’n saak gewonne te gee waarvoor die ander reeds met hulle lewens betaal het. (...) Dit is hierdie angs vir ’n dood sonder betekenis wat Hanna, die Boerevrou wat haar seuns in die Tweede Vryheidsoorlog verloor het, aandryf om soos ’n dobbelspeler die laaste sent in te gooi in ’n poging om daarmee te wen wat sy reeds verloor het. (...) Om hierdie probleem het Bartho Smit ’n vrouekarakter geskep wat deur kenners beskou word as een van die aangrypendstes wat die Afrikaanse letterkunde tot dusver voortgebring het.”

Die stuk is deur M du Toit in Engels vertaal en is in 1963 deur die Engelse diens van die SAUK in die program Playhouse aangebied met Anna Neethling-Pohl in die rol van Moeder Hanna en die regie deur Cecil Jubber.

Voordat Moeder Hanna in boekvorm uitgegee is, het dit in sy geheel in Standpunte verskyn, wat ’n onderskeiding op daardie stadium was wat min dramaturge te beurt geval het. Daarna het dit in ’n radio-opvoering bewys gelewer van die “onbesproke plek [daarvan] in die Afrikaanse drama-literatuur”. Dit is in 1956 onder spelleiding van Aletta Gericke vir JAATS opgevoer met Milla Louw in die titelrol. Die ander spelers was Marie Tredoux (as Marie, die dogter), Billy Pretorius (as Bart, Hanna se eggenoot), Dawid van der Walt (Ouboeta) en Floris Mosterd (Oupa Harmse). Dit is in 1959 deur die Nasionale Toneelorganisasie (NTO) se Kamertoneel opgevoer onder spelleiding van Bartho self.

Feitlik al die kritici was dit eens dat Moeder Hanna ’n grootse toneelstuk is. En dat dit veral in hierdie tweede opvoering te danke was aan die kragtige regiewerk van Bartho self. Ulrich Stark het in Dagbreek (17 Mei 1959) geskryf dat die skrywer se eie regie die kroon gespan het. “Teen ’n keurige, ‘egte’ decor, tot in die fynste besonderhede versorg, het mnr Smit sy boodskap van bitterheid, obsessie, vuur en hoop met woord en handeling laat lewe. Karakterisering, groepering, gebare, wisselinge van tempo – alles het die stempel van egtheid en krag gedra. Hier is geen opvoering met die gewone asperientjies en geykte maniertjies nie; hier is werklik lewende drama.” Die Transvaler het die feit dat Bartho self regisseur van Moeder Hanna was, as ’n voorwaartse stap beskryf wat ook in die Afrikaanse toneel die ou-ou tradisie ontwikkel dat ’n skrywer die verhoog deur en deur leer ken.

Vir MPO Burgers in Die Huisgenoot (7 Augustus 1959) was Moeder Hanna, "ten spyte van enkele tekortkominge, naas Grosskopf se Oorlog is oorlog een van die mees gekonsentreerde en betekenisvolle dramatiese werke oor die Tweede Vryheidsoorlog geskryf is. Grosskopf se eenbedryf is ’n suiwer tragedie van menslike waardes, terwyl Smit s’n uitreik, deur ’n martelende worsteling met die doodsproblematiek, na nuwe hoop."

In Die Taalgenoot (Oktober 1959) het Vulpen as volg geskryf: "Ons het hier eintlik met ’n dramatiese teks te doen waar ons nie die botsing aanskou nie, maar net sy ontvouing saamgetrek in een karakter, Moeder Hanna. Hy het gevoel dat die bou heg is, die taal keurig en soms poëties gekonsentreerd en beeldend. Hy was ook diep beïndruk met die besonder netjiese uitgawe."

WEG Louw (Die Burger, 31 Julie 1959) het sy resensie van die boek so afgesluit: “Hierdie stuk, met sy suiwer dialoog – suiwer in dié sin dat mense werklik só praat, maar meer: dat hul woorde ook die byna onbewuste draers van karakteruitbeelding, stemming en dramatiese idee word – sal nog baie spelers vind. Één staaltjie wat dit tipeer, is die skitterende voorbeeld van dramatiese ‘understatement’ in die slotreëls: ‘Gee hulle vrede, Pa. Ons het ons saad in die grond – die oes sal ons s’n wees ... Maria, bring vir my ’n kom water, my kind. En sê vir die Engelse hulle moet loop. Ons had genoeg van hulle.’”

Moeder Hanna was in 1975 saam met Bart Nel van J Van Melle en Dolf van Niekerk se Die son struikel voorgeskrewe werke vir Transvaalse skole. Truk het die werke in ’n skoleprogram opgevoer en het al 63 skole besoek toe die Transvaalse Onderwysdepartement besluit het om die opvoerings te staak. Geen redes vir die besluit is deur die Departement verskaf nie.

As Sestiger het Bartho dikwels polities omstrede temas in sy dramas aangepak, wat veroorsaak het dat die opvoerings van baie van sy stukke ’n paar keer afgelas is.

Die verminktes word in 1960 gepubliseer en is in 1977, sewentien jaar na dit gepubliseer is, vir die eerste keer deur Truk opgevoer. Hierdie stuk is in 1960 in Engeland onder die titel The maimed opgevoer en is met die gesogte Encyclopaedia Britannica-toekenning bekroon. Oor die opvoering van The maimed in die Royal Court Theatre in Londen op 27 November 1960 het The Star geskryf dat dit baie entoesiasties deur ’n vol saal ontvang is. “This was a single performance without decor. But it is a distinction for the play to have been selected at all for what are now fairly celebrated Sunday night performances in this theatre by the English Stage Society.”

Die verminktes is in 1959 aan die NTO voorgelê. Hulle het besluit om dit op te voer, maar het ’n paar maande later koue voete gekry. Daarna is dit nie weer in Suid-Afrika op die planke gebring nie, totdat dit in 1977 op Truk se program van aanbiedings geplaas is. Bartho het dit egter ingrypend herskryf – dit is ’n nuwe teks en nie net ’n herskryf nie.

"Die oorspronklike proloog, drie episodes en naspel is uitgestryk tot vyf episodes, wat dit ook na die uiterlike indeling uitwys in die rigting van die tragiese," volgens André P Brink (Rapport, 23 Januarie 1977).

“Die essensiële gegewe bly behoue: die vooraanstaande senator Bart Harmse het indertyd se buite-egtelike seun by ’n bruin vrou oorgeneem en self grootgemaak, saam met sy stiefdogter; nou keer die seun as briljante geleerde terug om ’n aanstelling aan ’n Suid-Afrikaanse universiteit te aanvaar, en dit blyk dat hy en die dogter mekaar liefhet; teen Harmse se bitter verset in trou hulle stilletjies – maar in die brandende lig van die onthulling omtrent Frans se ‘basterskap’ word die verhouding vernietig.

“Die grootste verskil lê by die afloop: vroeër het Harmse sy seun gekastreer en daarmee ’n parallel vir die ou Abélard-en-Heloïse-verhaal geskep (destyds wás die dogter se naam ook lastig-simbolies Heloïse gewees). Tans is die ontmanning vergeestelik: dit is nie vir Harmse nodig om sy seun te ‘sny’ nie – dit is genoeg om hom uit te lewer aan die werklikhede van ’n onverdraagsame gemeenskap en aan die kondisionering waarbinne sy stiefdogter (nou heet sy Elize) grootgeword het. Daardeur is sy impotensie vererger tot ’n bestaansonmoontlikheid. Dit dryf Elize tot selfmoord. En in ’n sterk, skokkende slot sien ons Frans wat met doelbewuste wrangheid terugkeer na die Kaapse taal van sy jeug: ‘Ma’ die mêem hoef nie sêd te wies oor die castration nie – kôs why, da’ wag nou ’n white future vi’ haar ...’

“Dwarsdeur die stuk word mens getref deur die skerp dramatiese eerlikheid waarmee Smit sy hersienwerk gedoen het: om oorbodige filosofering en melodrama af te stroop en die stuk vaartbelyn en daardeur killer en onontkombaarder te maak.”

Volgens Brink is die stuk is sy herskrywing sterker as die oorspronklik een, maar steeds is dit perfek nie - "daar het in die laaste oomblikke van die stuk ’n prekerigheid ingesluip en daar is nog ’n neiging, enersyds, tot ’n stuk wat te veel 'gevalle-studie' word en andersyds tot betreklik vlak veralgemening: die karakters staan nie in hul volle menslike waarheid onthul nie en die situasie mis die grootse kompleksiteit wat daarin ontdek sou kón word. Maar Die verminktes is ongetwyfeld ’n ontstemmende en belangrike stuk vir vandag (1977), en die opvoering van hierdie nuwe teks behoort ’n ‘gebeurtenis’ te wees: hopelik sonder die belaglike manewales wat stadsrade en ander instansies in die jongste tyd uitgehaal het om Truk in die wiele te probeer ry.”

Don Juan onder die boere is in 1960 gepubliseer. Dit is in 1890 in ’n plaashuis gesitueer. Die boeremense in die toneelstuk dreig om die Don te kastreer en as gevolg daarvan was die stuk nie sonder sy “dramas” nie. Dit is aan die NTO voorgelê en in 1958 is besluit om die Bloemfonteinse Stadskouburg met die stuk in te wy. Bartho sou self die regie behartig. Maar ter elfder ure het die een of ander skouburg-komitee besluit die ontmanningstoneel in die laaste toneel is ’n raps te onbeskaaf vir so ’n geskiedkundige gebeurtenis en is die opvoering gekanselleer. Die stuk sou byna dertig jaar lê voordat Truk dit in 1985 onder regie van Francois Swart opgevoer het met Arnold Vosloo in die titelrol.

In 1961 moes die nuwe Johannesburgse Stadskouburg ingewy word en Bartho lê sy pasvoltooide Putsonderwater voor – nie omdat hy wou nie, maar omdat hulle hom gevra het om sit te doen. Dit word afgekeur omdat “iemand” ontdek het dat die kleurling, Asgat, die vader van Maria se kind is. Sewe jaar het verbygegaan sonder dat enige beroepsgeselskap daaraan wou raak. Dit is egter in 1968 met groot sukses in België vir ’n jaar lank deur Volksteater Vertikaal opgevoer en is bestempel as die beste drama wat in die teater se tienjarige bestaan daar opgevoer is. In 1969 het Sukovs Putsonderwater  voor ’n uitgesoekte gehoor opgevoer, maar in 1970 op die nippertjie besluit om eerder Moeder Hanna aan te bied. Kruik het in 1970 besluit om dit op te voer en het Bartho gevra om die regie te doen. Maar met Bartho reeds in die Kaap en die spelers gekontrakteer, het die administrateur van Kaapland ingegryp en die opvoering verbied. In 1968 het die Departement van Afrikaans-Nederlands van Rhodes Universiteit in Grahamstad dit opgevoer. Die regisseur was Abraham de Vries. Dit is ook in die Operahuis in Port Elizabeth deur Johan Mocke opgevoer, en in 1981 deur Truk.

"Putsonderwater is ’n klein dorpie êrens, afgesny van die ganse wêreld deur die uitgestrekte woestyn. Die karakters is Maria, haar vader Jan Alleman, ’n kleurlingseun met die skeldnaam Asgat, die koster, sersant, dokter en dominee – almal ou manne. Nou kom dit so dat Maria ’n kindjie verwag. Sy is saam met al die ou manne gesien en haar vader verdink dokter, sersant en predikant. Elkeen meen in sy hart dit is sy kind, dus is al drie ewe sondig en skuldig. Maria neem in haar nood haar toevlug tot die dominee, want hy het beloof om haar na die Goudstad te neem. Sy word egter bang vir hom en probeer vlug. ’n Worsteling ontstaan en hy val per ongeluk in die put. Om seker te maak dat hy dood is, laat Maria ’n groot klip op sy kop val. Sy bely dat sy hom doodgemaak het, maar niemand wil haar glo nie en uiteindelik word die kindjie nie meer haar nood nie, maar haar verwagting en sien sy hom as moontlike redder en verlosser van Putsonderwater, haar wêreldjie in die woestyn," som Anna van Zyl (Volksblad, 18 April 1963) die verhaal op.

Volgens Van Zyl het Bartho in hierdie drama weggebreek van dinge soos "tradisionele onderwerpe, die uitbeelding van enkelmenslike belewenisse, na die universele en omvattende. Hy reik na ’n tema met kern, met diepte, wat ’n mens tot nadenke stem; wat jou selfgenoegsaamheid verskeur; wat jou binne toe laat kyk, want die simboliese karakters in dié drama is ook soos dit by nadere betragting blyk. Dit is ons almal. (...) Dit het ’n kragtige, ingrypende en aktuele tema. Omdat die drama nie in die sigbare werklikheid bestaan nie, omdat dit ’n verbeeldingstuk is, moet die vorm noodwendig afwyk van die gewone.

“Die werklikheid is onwerklik, die vorm is hierby aangepas. Die drama word hier as selfstandige kuns benader. Die tyd beweeg met groot spronge, volkome onrealisties. Die taal word eenvoudig en prikkelend aangewend om beelde voor jou op te roep. Dit bly nie net ’n opeenstapeling van woorde vir die oor nie, maar dit gee gestalte aan die onwerklike sodat met die oog gesien en met die hart verstaan word.”

Chris Barnard het in Insig van Julie 1989 geskryf dat Bartho in die middel van die sestigerjare ’n mismoedige skrywer was. "Daar was idees, maar die lus om te skryf was weg. Die een idee ná die ander is laat vaar omdat hy by voorbaat al geweet het dit gaan teenspoed kry. Die man met die lyk om sy nek is in 1966 geskryf – uit radeloosheid en net om iets op die planke te kry. Nog voor dit in druk verskyn het, is dit deur Truk aangebied met Cobus Rossouw en Louw Verwey in die hoofrolle en Ricky Arden as regisseur. Kort na ’n toneeltoer het daar talle versoeke van amateurgroepe gekom om die stuk op te voer. In 1969 is dit deur Sukovs in die Bloemfonteinse Stadskouburg aangebied.

"Die man met die lyk om sy nek is ’n komedie-riller vol spanning en humor. Paul Barnard, ’n joernalis wat sukkel om sy salaris aan te vul met skryfwerk en wat droom van die dag wanneer hy finansieel so onafhanklik sal wees dat hy al sy tyd aan skeppende skryfwerk kan wy, se vrou, Annette, erf R300 van ’n skatryk oom. Paul is bitter teleurgesteld, want dit kon maklik R300 000 gewees het. Annette is egter tevrede, want sy kon ’n nuwe pelsjas koop, en bowendien wil sy graag sien dat Paul deur eie arbeid en die nastreef van ’n ideaal sy eie sukses behaal. Sy en twee vriende vier die geleentheid deur na die teater te gaan waar ’n stuk Die man met die lyk om sy nek opgevoer word. Die teleurgestelde en iesegrimmige Paul bly tuis om te skryf. Later gaan sit hy by die kaggel en dan begin ’n prikkelende intrige. Wat as ’n blote grap begin, kry verwikkeling op verwikkeling, telkens ’n keersy, grappig en ook grimmig-ironies. Die oplossing en verklaring is verrassend, oortuigend en bevredigend," volgens PD van der Walt in Die Taalgenoot (November 1967)

Die Departement Drama van die Universiteit van Pretoria het in 1990 met hulle 25ste herdenking Die man met die lyk om sy nek opgevoer met Carel Trichardt as Bulhond. Dit het saamgeval met ’n Unisa-beraad oor Bartho. Bartho het vertel dat hy self baie lief vir Bulhond was. “Hy is ’n gewetenlose boelie, maar het ’n sagte hart en is soms die dierbaarheid self. Hy is gou om sleg te voel oor die kwaad wat hy gedoen het, en probeer dan troos. Die man met die lyk om sy nek is ’n suiwer ontspanningstuk, ’n moordkomedie, maar ook ’n eksperiment in dieptepsigologie. ’n Koerantberiggie oor ’n man in die buiteland wat sy vrou eers laat verseker het en daarna laat vermoor het, het hom op die idee van die intrige van die stuk gebring."

Die man met die lyk om sy nek is in 1986 vir televisie verwerk en is op TV1 uitgesaai met Danie Odendaal as regisseur. Louw Verwey het op televisie die rol van Bulhond vertolk, net soos met die eerste opvoering van die stuk.

Christine (1971) is in opdrag van Kruik geskryf as openingstuk vir die Nico Malan-teater. Bartho sou weer self die regie behartig met sy vrou, Kita Redelinghuys, in die naamrol. Maar weer het die administrateur van Kaapland ingegryp en die opvoering afgelas. In 1973 het Truk vir die soveelste keer tot Bartho se redding gekom en die stuk opgevoer. Die administrateur van die destydse Transvaal het die opvoering laat voortgaan, maar eers nadat hy die teks “gesuiwer” het van sekere woorde en handelinge: kragwoorde (God en hoer) moes byvoorbeeld vervang word; die gekruisigde Christusbeeld wat die klooster moes voorstel, moes weg; ‘n jong Christine kon nie in skamele onderklere verskyn nie; en Paul Harmse moes nagklere oor sy onderbroek dra.

"Paul Harmse is ’n skilder," het Abraham de Vries in Die Huisgenoot (3 Desember 1971) geskryf. "Hy is egter voortdurend besig om sy hede op te offer aan ’n skuldlas wat hy op hom gelaai het toe hy in die Tweede Wêreldoorlog sy vrou, Christine, ’n Jodin, teenoor ’n SS-er, Günter, verraai het. Sy was in ‘arbeidskampe’, maar het dit oorleef en van ná die Oorlog af na hom gesoek. Sy vind hom telkens en haar liefde (wat hy nou ervaar as iets versmorends) maak sy skuldgevoel tot ’n bestaansangs, juis as gevolg daarvan dat sy hom heeltemal vergewe, dat haar liefde se lankmoedigheid en verdraagsaamheid geen einde ken nie, méér word as die caritas waarvan Paulus (in die Bybel) praat – ja, eintlik die allure aanneem van Christus (vide ook haar naam). (...)

“Wie teen Paul Harmse se redenasies besware het, moet net onthou dat Christine in die eerste plek ’n drama is, geen teologiese geskrif nie. (...) Ek het Christine ’n mono-drama genoem. Daarmee bedoel ek dat Paul Harmse eintlik glad nie die tradisionele hoofkarakter is in ’n situasie wat op die verhoog afspeel nie, maar dat wat op die verhoog afspeel, vergestalting is van ’n drama wat in Paul Harmse sélf afspeel. Die doeblering van rolle (die Meisie en Magda; en die Man in sy verskillende verskyningsvorms), die spel met verskillende tye en plekke, met werklikheid en ‘droom’, dit alles is funksionele verhoog-vergestaltings van hierdie drama in Harmse se binnewêreld.

“Dit bring my by die belangrikste kenmerk van hierdie drama: dit is geen leesdrama nie. As drama moet dit staan of val by die bes moontlike opvoering daarvan.” De Vries vermoed dat Christine as drama (in prosa) tot nog toe nie sy gelyke het in Afrikaans nie.

Oor die opvoering deur Truk in 1973 het Louis Eksteen (Hoofstad, 28 Maart 1973) geskryf dat Smit ons beste vakman is as dit by die tegniese aspekte kom. “Die dialoog is seldsaam suiwer, maar veral word die hantering van die verskillende tydsvlakke meesterlik hanteer. Die drama bied ook geleentheid vir goeie spel weens die besondere karakterisering. Dit is dan ook ten volle benut deur die spelers: Tine Balder as Christine lewer een van die grootste vertolkings wat ek nog op die planke in ons land gesien het; soms bereik sy momente van ontroering wat ’n mens nie alleen diep tref nie, maar jou ook suiwer.

“Ook Sandra Prinsloo speel soos ek nog min gesien het; en sy laat die kontrapuntale spel met Tine Balder soms tot die fynste teenstellings en harmonieë ontwikkel. Louis van Niekerk in die rol van Paul Harmse vertolk een van die gedugste rolle in die ganse Afrikaanse dramaliteratuur: hy is van die begin tot die einde op die verhoog en moet al die skakelings met die verskillende tydsgebeure en -vlakke bewaar.

“Maar op die ou end toon dié opvoering dat Francois Swart besig is om een van ons grootste regisseurs te word: hoe hy dit regkry om die tydsgebeure gedurig in al hul wisselinge tot geïntegreerde eenheid te verwerk, is op sigself die ernstige studie van ’n dramastudent werd; maar daarby is die regie suiwer en afgestroop.”

In 1971 is Christine vir die eerste keer in die Kaap, en wel in die Nico Malan-Arena, opgevoer. Esther van Ryswyk het gesny aan Bartho se oorspronklike teks, maar nie vanweë die omstredenheid nie. Sy het aan André le Roux verduidelik (Die Burger, 23 Mei 1987): “Plek-plek verlóóp die teks net in dialoog wat nie bydra tot die dramatiese eenheid nie. En ’n rassetoespeling soos dié hou nie meer vandag stand nie; dit klink naïef.” Bartho het sy oorspronklike slot herskryf, maar dit het niks gehelp nie en Esther het albei slottonele in haar interpretasie van die drama gebruik.

Christine is deur Tine Balder in Vlaams vertaal en in 1973 het Edgar Sievers, leier van ’n Duitse toneelgeselskap in Pretoria, dit in Duits vertaal. Pieter Venter, wat Die verminktes in Engels vertaal het as The Maimed, het Christine in Engels vertaal.

In 1974 verskyn ’n potpourri van Bartho se prosa, gedigte, essays en drama in die bundel Losgoed. André P Brink (Rapport, 16 Februarie 1975) het gemeen dat uit die perspektief van 1975 die verse die mins bevredigende afdeling van die bundel is, "maar as dit in die konteks van hulle tyd gelees word, dit ’n interessante skakel tussen Uys Krige en Sestigers soos Ingrid Jonker en Breyten Breytenbach vorm. Die drama-afdeling is boeiender, maar vir Brink is die belangrikste deel van die bundel Bartho se essayisties-polemiese stukke. Vir Brink is die bundel as dokumentasie by Sestig onmisbaar, en as beeld van ’n dikwels miskende figuur van Sestig onthullend."

Bacchus in die Boland (1974) is in opdrag van Oude Libertas geskryf vir die Kaapstadse Fees van 1975. Twee dae voor die opvoering het die administrateur van Kaapland dit oudergewoonte afgelas, omdat dit glo nie geskik sou wees vir “oop” gehore nie. Oor die verbod het Bartho gesê hy weier om Noel Coward-stukke te skryf en hy sal weer probeer al was hy teleurgesteld en ook ’n bietjie woedend.

Die drama handel oor ’n besoek van Bacchus, god van die wingerd, aan ’n wynplaas genaamd Boland. Die baas van die plaas beloon sy werkers saans met ’n dop. Dit, besluit Bacchus, is misbruik van die wingerdstok. Die baas drink hom katswink in ’n drankorgie met Bacchus, en Bacchus laat die mense op die plaas toneelspeel. Die baas van die plaas kry die naam Hotnot. Bedags moet hy saam met die arbeiders die wingerde bewerk. Dit laat hom teen die einde besluit om sy opbrengste met sy arbeiders te deel. Hy’s mal, besluit almal. Sy vrou verlaat hom en sy arbeiders gaan werk elders.

Die gepubliseerde weergawe van Bacchus het foto’s bevat wat Paul Alberts tydens die kleedrepetisie geneem het voordat die opvoering afgelas is.

Abraham de Vries (Die Burger, 24 Junie 1976) het in sy resensie geskryf dat Bacchus, "soos alle komedies, moraliserend en konserwatief is. Daar word wel gespot met ’n hele sosiale bestel binne die moontlikhede van medemenslikheid, maar Willem se bullebakkery blyk aan die slot ’n soort kluisenaarsbestaan te wees. En die herstel van die ou orde lewer kommentaar op die omvergooi daarvan in die Bacchus-fantasie. Kortom: wat in die komedie op sy kop neergesit word, kom aan die einde solied op sy pote tereg."

In Julie 1977 het die kleurlinge van Eersterus in Pretoria die wêreldpremière van Bacchus in die Boland aangebied.

In 2007 is Bacchus in die Boland deur Heinrich Reisenhofer geregisseer vir die Suidoosterfees in die Kaap. Gabriël Botma (Die Burger, 13 Janaurie 2007) meen dat hierdie opvoering beslis ’n toepaslike eerbetoon is nie net aan ’n dramaturg nie, maar ook aan ’n produksie wat in 1975 deur die Nico Malan-teater geminag is en nou (in 2007) deur die Kunstekaap-teater (hedendaagse naam) opgevoer is.

"Die verhaal van Bacchus se besoek aan die wynplaas Boland word knap en vernuftig aangewend om nie net die politiek van die dag nie, maar die sogenaamde menslike kondisie in breë trekke te ondersoek. Meer spesifiek kom magsverhoudinge onder die loep.

“In die tyd waarin die stuk oorspronklik geskryf is, was die absurditeit van die apartheidsbeleid en -wetgewing ’n ooglopende kapstok vir Smit se analise van magsvergryp en die gevolge daarvan vir die samelewing en die individu. Uiteraard kan ook hierdie produksie steeds in terme daarvan beoordeel word en as historiese dokument ’n lang gesprek met die verlede aanknoop. Maar gelukkig is daar ook genoeg anders aan Bacchus in die Boland, as teks, en soos aangepas hier, om daarvan veel meer as bloot ’n ‘periode-stuk’ te maak.”

Botma het Chris van Niekerk, wat die rol van Willem Adriaanse, die baas, vertolk het, uitgesonder as die spil en anker van die produksie, en ook Chris Majiedt, wat skitterend was as Abie Prediker, die voorman.

Voor die toekenning van die Hertzog-prys vir drama vir 1975 is wyd bespiegel dat die eer Bartho toekom – indien nie vir Bacchus in die Boland nie, dan wel vir sy hele oeuvre. Ander aanspraakmakers was PG du Plessis, NP Van Wyk Louw, André P Brink en Henriette Grové. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het egter besluit, op aanbeveling van die letterkundige kommissie en die Fakulteitsraad vir Kuns en Geesteswetenskappe, om daardie jaar geen Hertzogprys toe te ken nie. Die vet was in die vuur en skrywers het soos een man teen die Akademie uitgevaar.

Bartho self was baie bitter; die Bacchus-voorval was vir hom die laaste strooi.: “Ek gaan ’n kinderteater vir volwassenes skryf en kyk of ek dan die Nico Malan kan haal. Ek gaan Hans Andersen se sprokie gebruik. Mense sal voel iewers krap iets, maar ek daag hulle waaragtig uit om agter te kom waar krap wat. Ek vind dit verskriklik jammer dat ’n volk wat besig is met détente, met Hans Andersen-sprokies moet begin. Al wat ek vra – my goed moet opgevoer word, en dit word nie gedoen nie. Waarteen moet ek veg?” het hy gevra.

“Ek gaan vir die mense ’n sprokie skryf,” het hy aan Hannes van Zyl (Beeld, 10 April 1975) gesê, “’n mooi onskuldige sprokie waarteen niemand kan beswaar maak nie. Dis tyd dat die volk ’n slag met sy eie oë moet sien hoe kaalgat is die keiser regtig.” Die keiser (1977) is nie net met groot applous opgevoer nie, maar is in 1978 met die Perskor-prys bekroon, en saam met Bartho se ander dramas met die Hertzog-prys vir 1978.

In sy motivering vir die toekenning van die Perskor-prys aan Bartho het die sameroeper van die beoordelaars, prof FIJ van Rensburg, gesê Die keiser het ’n sterk boodskap. “’n Boodskap, nie net vir nou of vir een dag nie, maar een wat geldig sal wees solank daar by ons mense die bereidheid bestaan om ons te laat mislei en vir solank daar misleiers beskikbaar is. Bartho Smit se bekroning is ’n baie gewilde een. In die tyd sedert ek met die beoordeling van die Perskorprys gemoeid is, het Die keiser die hoogste totaal nog uit die moontlike beskikbare punte behaal.”

In sy redevoering by die oorhandiging van die prys (Transvaler, 7 Maart 1979) het Bartho prikkelende dinge te sê gehad oor sake soos die skrywer en die gemeenskap. Hy het sy toespraak as volg begin: “Daar word deesdae dikwels geskryf oor die vervreemding en antagonisme tussen ons volk en owerheid aan die een kant en ons skrywer, ons literatuur en ons teater aan die ander kant. En oor en weer word verwyte na mekaar geslinger oor wie nou eintlik daarvoor verantwoordelik is – die skrywers of die gemeenskap. (...) Die stryd tussen gemeenskap en literatuur lê in hulle aard en hulle wesenlike verhouding tot mekaar. Die gemeenskap is behoudend; hy wil sy gevestigde tradisies en waardes onaangetas en onveranderd behou. Die literatuur moet, daarenteen, op daardie waardes en tradisies voortdurend hulle soeklig werp en hulle herwaardeer; hy moet sorg vir verandering en vernuwing.” Hy het voortgegaan deur te noem dat die gemeenskap na geborgenheid streef terwyl die literatuur moet ontbloot. En terwyl die gemeenskap na materiële sekuriteit streef, konfronteer die literatuur hom met die onsekerhede van die geestelike realiteite.

“Maar ten spyte van dié voortdurende stryd tussen gemeenskap en literatuur, kan die twee nie losgemaak word van mekaar nie – is hulle in der waarheid onontbeerlik vir mekaar. (...) Dit is dus lewensbelangrik dat gemeenskap en literatuur ’n gesonde ewewig tussen hulle moet vind en bewaar. (...) Die skrywer moet begryp dat dit vir géén mens aangenaam is om met homself gekonfronteer en om ontmasker te word nie. Hy moet begryp dat sy taak is om wat reg of verkeerd is te verbééld, nié om dit op te hemel of af te takel soos ’n pamfletskrywer nie. Hy moet begryp dat eerlikheid een van die eerste vereistes van sy kuns is en dat eensydigheid, byvoorbeeld, óneerlik is.’

Die keiser het as gegewe die sprokie van Hans Andersen van die twee skelms wat onderneem het om vir die klerebehepte keiser ’n wonderkostuum te weef wat niemand wat onbekwaam of oneerlik is, sal kan raaksien nie. En die dag toe hy kaal in sy optog loop, sien sy hele volk wat hulle behóórt te sien: die wonderkostuum. Totdat ’n kind uitroep: “Maar die keiser is dan kaal.”

"Bartho se stuk speel af in die paleis van Ekwator, waar die keiser en die keiserin ’n luukse lewe lei terwyl hulle onderdane krepeer van ellende en armoede. Die keiser verkeer onder die indruk dat hy oor die beskaafdste land ter wêreld regeer en dat sy volk die gelukkigste op aarde is. In werklikheid is daar ’n broeiende insurreksie teen die owerhede as gevolg van die onderdrukking deur die ministers van kultuur en verdediging. Al die vorste en staatshoofde van die wêreld word na die keiser se halfeeufeesviering genooi. Die keiser van Utopia stuur twee wonderwewers om vir die keiser van Ekwator ’n kostuum vir die optog te maak. In werklikheid is hulle rebelleleiers wat probeer om die orde omver te werp en die staat oor te neem.

“In hierdie drama word die valsheid, skynheiligheid en huigelary van die mens ontbloot, want volgens die leuenagtige wewers sal die mens wat onbekwaam is vir sy pos, nie die kostuum van die keiser kan sien nie. Almal probeer die keiser om die bos lei, behalwe sy hofnar. Soos die hofnarre van Shakespeare is die een in hierdie drama ook lojaal teenoor die keiser; hy is intelligent, eerlik, spitsvondig en humoristies. Hy is die enigste een wat die moed het om vir die keiser te sê dat hy nie klere aan het nie en daarom is hy die persoon wat die keiser se vertroue wen” – aldus Ben de Koker (Dolos, 1980).

Bartho het in Dolos van 1980 as volg gepraat  oor Die keiser: "Die grootste probleem met die skrywe van die stuk was om ’n balans te vind tussen die sprokie, die fantastiese aan die een kant, en die werklikheid aan die ander kant – met ander woorde om ’n wêreld te vind waarin die klerebedrog ens aanvaarbaar en geloofwaardig sou wees. Daar moes ’n geloofwaardige wonderkostuum gevind word, en, nog belangriker, die Wewers sou normale mense moes wees en logies aanvaarbare verklarings moes kon gee vir elke wonderwerking van daardie kostuum. In hierdie stadium het die stuk self ook al begin saampraat. ‘Kyk, Ou,’ het hy gesê, ‘jy’t ’n Keiser hier wat ’n leeftyd lank gedroom het dat hy sy volk uit hulle slawerny en armoede gaan opgehef tot die gelukkigste volk op aarde. Wat droom die Keiser éintlik? Hy droom hy’s ’n heilige. Gee vir die ou ’n kostuum met ’n stralekrans en klaar.’

“‘Wie glo vandag nog aan stralekranse en sulke goed?’ wou ek mismoedig weet.

“‘Jý glo dat daar goed soos atoombomme en laserstrale bestaan, al begryp jy g’n toet of blaas daarvan nie,’ antwoord die stuk. ‘Maak jou Wewers wetenskaplikes, en laat hulle die kostuum en die stralekrans só geleerd en wetenskaplik verklaar dat niemand daar iets van verstaan nie – dan sal almal hulle mos glo.’

“Die uiteindelike oplossing was toe ’n wonderwewer uit ’n onbekende land, wat terselfdertyd ’n beroemde magiër en wetenskaplike is; en ’n kostuum wat, met behulp van sekere kosmiese strale wat in die materiaal ingeweef word, die Keiser van kop tot tone in ’n stralekrans sal laat loop en sodoende van hom die Heilige Keiser maak. Want aangesien dit sy eie drome sou bevestig, sou so ’n kostuum vir hom heeltemal logies en aanvaarbaar wees en sou hy wél, al is dit dan net as gevolg van ydelheid, opdrag gee dat dit gemaak moes word.

“En die Wewers kén hierdie keer hulle storie. Wanneer die Keiser byvoorbeeld wil weet hoe kry hulle die gewig uit die goud uit waarvan die kostuum geweef gaan word – want hulle verseker hom dat die kostuum gewigloos sal wees – dan is die Baaswewer se verduideliking: ‘Deur ’n proses van kinetomeres, U Majesteit.’

KEISER: Verklaar?

WEWER: Die gravimetriese kata-kinetomeres word in die hipotale mus uitgekanselleer deur die ana-kinetomeres van die kosmiese strale wat in die materiaal ingeweef is, U Majesteit.

KEISER: Ek sien.

“Ook die feit dat die onbekwames en oneerlikes nie die kostuum sal kan sien nie, word wetenskaplik verklaar: Die corpus pineales van die brein word op so ’n wyse deur die kosmiese strale in die kostuum gestimuleer dat dit soos ’n leuenverklikker werk. Die melatonien wat afgeskei word, verhoed enige persoon wat self weet hy’s onbekwaam of ’n bedrieër om die klere te sien.

“Dié verandering van die kostuum en die Wewers het die stuk in heeltemal ander rigtings laat loop as sy eerste versie. Veral die idee van die Heilige Keiser het aan hom nuwe dimensies en totaal ander betekenisse gegee waaraan ek nooit aan die begin gedink het nie.”

Bartho het gesê dat hy nie die tema van hierdie spesifieke sprokie gekies het nie, maar dat die tema hom gekies het. “Word skrywers nie maar meestal deur hulle temas gekies in plaas van andersom nie? Die hooftema van die Keiser is die leuen – die universele leuen.

“Ek het gesê die tema het mý gekies, want as ’n mens terugblaai deur my stukke, kom jy hierdie tema, die leuen, oor en oor teë: in mindere of meerdere mate in ál die stukke. In Moeder Hanna stuur ou Hanna haar man met ’n Leuen na sy dood toe en Maria sweer valslik met haar hand op die Bybel. In Don Juan onder die Boere probeer Pierre met die een leuen ná die ander uit sy penarie kom. In Die verminktes moet die Kleurling, Frans, voorgee dat hy ’n Blanke is. In Putsonderwater wéét die oumanne dat die dominee dood in die put lê, maar hulle gee voor dat dit nie so is nie. En ook Maria se illusies van die poort na die hemel en die Goudstad wat die Goue Stad van Johannes in die Bybel is, is alles leuens, al is dit onbewus. In Die man met die lyk om sy nek veg Paul Barnard tot die dood toe om te probeer bewys dat hy die waarheid praat en die ander lieg – maar die leuen seëvier. In Christine lieg Paul Harmse vir homself oor sy verraad teenoor Christine. In Bacchus moet ’n hele gemeenskap – die dominee inkluis – voorgee dat Willem Adriaanse iemand anders is as Willem Adriaanse. In Die Keiser is dit nie net ’n hele volk wat lieg oor die klere wat hulle nie sien nie; die ou Keiser word voortdurend ook deur sy ministers belieg; en ook hý erken dat hy ’n halfeeu vir homself gelieg het oor die lot van sy volk.

“Ek het nie op Andersen se sprokie besluit omdat ek destyds reeds bewus van die rol wat die leuen in al my ander stukke speel nie. Daarvan het ek reeds bewus geraak terwýl ek aan Die Keiser gewerk het. Aan die ander kant was ek tog bewus van die universele leuen wat ’n mens daagliks rondom jou gesien en in die koerante van gelees het.”

Die Keiser was Bartho se laaste triomf. Die gepubliseerde teks is nie oorweldigend goed ontvang nie, maar dit was ’n triomf toe dit in die destydse Transvaal opgevoer is. In Mei 1989 het Kruik in ’n mate die speelveld teenoor Bartho reggestel toe Die Keiser in die Nico Malan-teater opgevoer is. Marthinus Basson was die regisseur, bygestaan deur die ontwerper John Caviggia.

Kerneels Breytenbach (Die Burger, 19 Mei 1989) skryf dat hierdie twee die keiser (Neels Coetzee) laat lyk het soos ’n kruis tussen Wena Naudé (met ’n bokbaard!) en Jimi Hendrix – en hy sit soos Jean-Bedel Bokassa I van die Sentraal-Afrikaanse Republiek op ’n goue troon, en praat Afrikaans.

“Die Minister van Kultuur (Louw Verwey) het op sy beurt ’n Napoleon-gestalte, maar by nadere betragting is daar elemente van die Kappiekommando, burgemeester-amps-drag­, Idi Amin-medaljes, ’n Mexikaanse sombrero, Oudtshoorn-volstruispluime, alles bymekaar. Dit sou ’n mens kon sê, is die uiterlike wapens van satire. Die innerlike wapen is Bartho Smit se vaardigheid en tegniek as dramaturg – die arsenaal waaruit hy sedert Moeder Hanna al die Afrikaanse teater vernuwe het. Die spel met ironie in dié werk is verbluffend – trouens, alle aspekte van spel in die werk word noukeurig ondersoek.

“Om dié rede is Die keiser ’n belangrike opvoering. Dis jammer dat Kruik die sluitstuk van Smit se oeuvre nóú eers op die plank bring. Tog sou ’n mens kon argumenteer dat elke stuk sy tyd en plek het, en Die keiser s’n is nou.”

Truk het die première daarvan aangebied met Francois Swart as regisseur. Met hierdie aanbieding het die regisseur die fokus op die dekadente laat val en die spel was dan ook Baldadig, uitgelate, maar tog altyd stylvol.

Truk se volgende produksie van Die keiser was in 1992 met Dieter Reible as regisseur. "Met die weer sien was ek opnuut getref deur die helderheid, direktheid en die volslae teatraliteit van die dramaturg se konsepsie. Reible se produksie was meer sober, wat inkleding en die algehele toonaard betref. Die sentrale spil of as, of dalk die gewete, by Reible het gedraai om die rol van die hofnar, wat deur Louis van Niekerk vertolk is. Hierdie produksie het op ’n besonderse wyse die nagedagtenis van een van die grootste dramaturge in Afrikaans vereer. Dit het al hoe duideliker geword dat Bartho Smit se profetiese stem uiteindelik tog bo tyd, ruimte en selfs omstandigheid uitstyg. En dáárin lê die merk van ’n groot dramaturg. (Paul Boekkooi, Insig, Junie 1992)

Die keiser is in 1983 deur Aart de Villiers en Don Lamprecht in Engels vertaal onder die titel The naked emperor.

Die keiser is in 2004 onder regie van Herman van der Westhuizen en Denise Bester deur Kaalgat Produksies in die Hoërskool Bellville se ouditorium aangebied.

By die KKNK van 2008 is Die keiser weer opgevoer en het dit bewys dat dit as aanpassing van die Hans Christian Andersen-sprokie van die keiser sonder klere ook tydloos geword as allegorie van mag en ’n korrupte regering. Die Afrika-konteks waarbinne Bartho Smit dit geplaas het, met doekvoet-ministers, mosies van wantroue en verskerpte veiligheidsmaat­reëls, herken ’n mens oombliklik.

Die teks het werklik nog niks van sy skerpsinnigheid en humor verloor nie. Die produksie met die spelers van die Cape Heart-geselskap staan onder regie van Gaerin Hauptfleisch. Vir die voorkeurkeuse vir gr 12’s se voorgeskrewe literatuur is op ’n veerligte aanslag besluit.

Vroeg in die eerste stampvol opvoering het van die akteurs mekaar op ’n paar plekke effentjies in die rede geval. Die hof se Sonkoningagtige verfyndheid is die ene kokettering. Die keiserlike paar is vertolk deur Deon Lotz en Esther von Waltsleben. Chris Fourie, André Samuels en Irvine van der Merwe tree as kabinetministers op. Jan-Hendrik Opperman en Stephanie Hough lewer ook vermaaklike spel as die wewers, en ­Riaan Visman as die hofnar. Geon Nel vertolk verskeie rolle en kwyt hom ook goed van sy taak. Dit was lekker teater vir leerlinge.

Nadat die Hertzog-prys in 1978 aan Bartho toegeken is vir sy hele oeuvre, het ’n mens gewonder wie die blyste was – hy of die baie mense wat sy werk bewonder het en saam met hom in ontsteltenis moes sien hoe soveel stukke op die laaste nippertjie as ’t ware van die verhoog gevee is. En uiteindelik het hy na negentien jaar amptelike erkenning vir sy werk gekry nadat hy reeds ses keer tevore vir hierdie gesogte prys genomineer was.

Perskor het in 1978, nadat Bartho die Hertzog-prys ontvang het, ’n unieke geskenk aan hom gegee – ’n versameling van al sy dramas wat spesiaal vir die geleentheid in leer gebind is.

Bartho was ook ’n dramavertaler van formaat. Ter viering van sy sestigste verjaardag in 1984 het HAUM-Literêr elf van sy dramavertalings in vyf bande gepubliseer. Op een na (Teenspoed) is al hierdie dramas as vertalings tussen 1958 en 1979 in Suid-Afrika opgevoer en dus aan die teater getoets. Volgens Salomi Louw (Tydskrif vir Letterkunde, Augustus 1985) verruim hierdie elf vertalings ons skat van speelbare Afrikaanse stukke. "Van die beste vreemdtalige woordkunswerke word in ons eie taal toeganklik gemaak en vertolk sonder dat die dramas op enige wyse aan impak verloor; inteendeel, in Smit se Afrikaans is ’n uitdrukking soms meer gelade as in die oorspronklike taal, want hierdie dramas is op eiesoortige manier vertaal deur ’n kenner van die dramaturgie en die teater. In 1985 het die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns die Akademie-prys vir Vertaalde Werk aan Bartho toegeken."

Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) het by geleentheid van Bartho se sestigste verjaardag die bundel Spel en spieël saamgestel en hy het dit in 1985 in ontvangs geneem van sy Perskoruitgewer, Chris Pelser. In die boek word daar aan die hand van eietydse teoretiese benaderings na die belangrikste dramasoorte en die teater gekyk.

Perskor het in 1984 ’n bundel opstelle getiteld Bartho aan hom oorhandig om sy sestigste verjaardag te gedenk. Die bundel is saamgestel deur sy beste vriende, soos Chris Barnard, Rosa Keet, Jan Rabie, André P Brink, WF van Rooyen, Nel Erasmus en Abraham de Vries. Hulle het geskryf oor Bartho se swerfjare in Europa, sy skrywerskap, sy rol in die Sestigerbeweging, sy stryd teen die burokrate van die Afrikaanse teater en sy enigmatiese persoonlikheid.

Bartho was tot sy dood nie uitgeskryf nie. Met goeie vriende het hy kort voor sy dood nog planne bespreek vir dramas wat hy wou skryf. Hy het beplan om nog twee dramas te skryf wat saam met Putsonderwater ’n trilogie sou vorm. Hy was ook besig om te skaaf aan Hagar, ’n drama waarmee hy jare geworstel het.

Op 31 Desember 1986 is Bartho in sy huis in Melville in Johannesburg oorlede aan longkanker, waarmee hy ’n geruime tyd vantevore gediagnoseer is. Dit het later sy brein aangetas en hy was 24 uur voor sy dood in ’n koma. Sy vrou, Kita, het hom versorg. Sy roudiens op 6 Januarie 1987 is deur ds J Bekker gelei; die teksvers was uit 1 Korinthiërs 13, vers 12: “Want nou sien ons deur ’n spieël in ’n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.” Kita self is in 1994 aan hartversaking oorlede.

Huldeblyke

  • Kerneels Breytenbach: "Smit was ’n meester van sy medium, en het die kuns verstaan om die werk te verryk met die wydheid van sy eie gees. Daarom dat hy so ’n groot vernuwer in die Afrikaanse drama was, daarom dat hy meer as enigiemand anders die Afrikaanse drama kon laat saampraat met die Franse en Duitse teater. (...) Terwyl ’n mens dan die dramaturg huldig wat hierdie werke geskep het, wil jy ook die hoop uitspreek dat Bartho Smit se werke die soort erkenning sal kry wat dit verdien – nie pryse en lofuitings nie, maar opvoerings. Só sal hy ten beste vereer word, en sal niemand meer kan praat van die dramaturg wat nooit bestaan het nie." (Die Burger, 5 Januarie 1987)
  • Afrikaanse Skrywersgilde: "Bartho Smit het oor die afgelope 25 jaar ’n kardinale rol in die Afrikaanse letterkunde gespeel – nie net as dramaturg nie, ook as mentor vir jong skrywers, stigter, en eerste redakteur van die blad Sestiger, dapper uitgewer in ’n tyd toe min ander kans gesien het om die avant-garde te publiseer, en medestigter van die Afrikaanse Skrywersgilde. Hy sal onthou word as een van die sterkste denkers en formuleerders onder die groep skrywers wat in die vroeë sestigerjare weggebreek het van gevestigde opvattings oor die letterkunde." (Die Burger, 5 Januarie 1987)
  • PG du Plessis: "Baie dinge in die Afrikaanse letterkunde sou nie dieselfde gewees het sonder Bartho nie: die Afrikaanse drama het hy vernuwe, verryk en beïnvloed. Die Sestiger-beweging sou sonder hom baie anders gewees het. Sy rol as dramaturg, literêre leier en uitgewer het die hele kultuurgang dekades lank beïnvloed. Miskien was Bartho se waarde en sy fout dieselfde ding, want hy het inderdaad soms tot foutwordens toe omgegee: vir die letterkunde, die gehalte van sy eie en ander se werk, die vryheid van die skrywer en die woord, die oopheid van ons denke – en vir sy vriende. Sy eerlikheid en sy omgee sal ’n leemte laat in die tye waarin ons al twee so nodig het." (Vaderland, 5 Januarie 1987)
  • Hermien Dommisse: "Hoe ongelooflik sterk was Bartho se geloof in sy siening van die roeping en die wese van die toneel, want hy het voortgegaan om te skryf ondanks herhaalde wegwysings en beskamende verydeling van die aanbieding van sy werk. (...) Bartho was ’n stil mens. Ek het hom in al die jare van ons vriendskap nooit kwaad gesien nie. Seergemaak en in vertwyfeling, ja, maar altyd geduldig ontledend en planmatig op soek na uitweë. Sy gedagtes het breed en diep geloop. Waar ander in opstand gekom het, het hy met ononderbroke integriteit en sobere eerlikheid opgetree." (Beeld, 8 Januarie 1987)
  • Nel Erasmus: "Bartho was ’n voortreflike mens, ’n volkome mens wat met sy besondere verstand en sensitiewe gees, op soek was na ’n eie wêreld, ’n wêreld wat hy kon verstaan, vertrou, besit en vertolk. Dit was ’n soeke en ’n skrywe om deur te dring tot die wese van dinge, en veral, van die mens." (Beeld, 8 Januarie 1987)
  • Abraham de Vries: "Met Bartho se dood verloor die Afrikaanse letterkunde een van sy beste dramaturge en dramavertalers, die vader van die Sestigerbeweging en een van die mees gewaardeerde stigters van die Afrikaanse Skrywersgilde. Baie reeds gevestigde skrywers, onder andere Breyten Breytenbach, het by hom gedebuteer toe hy nog ’n uitgewer was, ’n uitgewer met waagmoed van belangrike werke soos Jan Rabie seMens alleen, Chris Barnard se Pa maak vir my ’n vlieër, Pa en Ingrid Jonker se Rook en oker. Bartho het sy wêreld ’n ryker plek gemaak as wat hy dit aangetref het." (Vaderland, 5 Januarie 1987)
  • Temple Hauptfleisch: "Bartho Smit se dood is ’n ontsettende verlies vir die Suid-Afrikaanse teater as gevolg van die kreatiewe rol wat hy gespeel het. Ons het ’n vaderfiguur verloor. Soos oom Breytie ’n vaderfiguur aan die administratiewe kant van die Afrikaanse teater was, was Bartho die skeppende impetus. Sy kreatiewe invloed het baie wyer en dieper gestrek as net sy werke."
  • Louis van Niekerk: "Hy was ’n warm, eerlike, onpretensieuse persoon wat altyd tyd gehad het vir die jong mens. Dit was sy eerlikheid as ’n kunstenaar en as ’n mens wat vir my ’n inspirasie was."
  • Chris Barnard in 1984: "Ek ken Bartho vyf en twintig jaar. Die landkaart wat ek vroeër van hom gehad het, is lankal vertoiingd, gehanteer. Ek het so mettertyd sy geheime ondergrond begin takseer, in sy dolomietbanke verstrik geraak, boorpunte gebreek in sy graniet, geigertellers en wiggelstokke op hom afgeskryf, en ’n slag of wat so hittete in sy sinkgate versuip. Hy is maar net daardie soort mens. Hy kan nie daarvoor help nie. En omdat hy so is, verkwikkend en veelkantig, ’n ryk geskakeerde mens, gedurig in stryd met homself, om sy eie standpunte en dié van ander te bevraagteken – omdat hy só ’n mens is, kon hy die skrywer word wat hy is, die voorloper wat hy is, kon hy die vriend word wat hy vir ons almal is. Sy deur is altyd oop vir jou. Vir jou en elke ander skrywer en amper-skrywer. Selfs vir die talentloses het ek hom sien tyd maak wanneer hy nie regtig tyd gehad het nie. (...)

    "Aan die begin van die sestigerjare was hy nie alleen herder vir ’n handjievol literêre lammers nie – hy was ook een van die eerstes om teoretiese inhoud te gee aan ’n landverskuiwing in die letterkunde wat die gesig van die Afrikaanse prosa sou verander. Sy formuleringe soos saamgevat in sy artikelreeks oor die Werklikheidsbeeld in die eerste nommers van Sestiger, het gekom byna nog voor die sigbare tekens van vernuwing daar was – en in ’n stadium toe letterkundiges skeel sit en kyk het na Die son struikel en Hilaria. Ek wil verder gaan en sê dat Bartho die verskynsel van Sestig gediagnoseer het toe die meeste Sestigers nog oormekaar geval het van adolessente skrik omdat hulle stemme gebreek het. (...)

    "Bartho was die eerste Afrikaanse dramaturg wat ons rassepolitiek verhoog toe geneem het. Maar heel vroeg in die vyftigerjare reeds, voor Jan Rabie se Ons, die afgod, lank voor Brink en almal wat daarna gevolg het, het Bartho reeds kortverhale gepubliseer soos 'Ek vat my land' waarin die emosies en die konflik rondom ons rassesituasie aangrypend verbeeld word. (...)

    "Bartho laat my dikwels dink aan Copernicus en die Katolieke Kerk. Want die Kerk het besluit, op ’n keer, hulle het genoeg gehad van Copernicus se onbybelse teorie dat die aarde om die son draai. Die alwyse God lieg immers nie, en dit staan duidelik in sy Woord die son kom op en die son gaan onder. Copernicus is dus in die onfeilbare en ewige lig van die Woord summier gedekanoniseer. ’n Paar honderde jaar later, in 1984, is sy saak in heroorweging geneem. En daar is besluit, plegtig, dat Copernicus en die Woord dalk tog versoenbaar is. En hy is dus opnuut gekanoniseer. Asof dit iets met God te make het. Om van Copernicus se siel nie eens te praat nie. Copernicus had daarmee niks uit te waai nie. Die waarheid alles. Hier by ons is langsamerhand besig om dieselfde te gebeur.

    "Bartho, ons sê vir jou dankie vir jou vriendskap. Ons sê dankie vir jou bydrae tot die Afrikaanse bewussyn. Ons sê dankie vir jou geduldige kinnebak." (Vaderland, 6 Augustus 1984)

PublikasiesPublikasies:

Publikasie

Mure: verse

Publikasiedatum

1950

ISBN

(hb)

Uitgewers

Pretoria: Unie-Boekhandel

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Moeder Hanna

Publikasiedatum

  • 1955
  • 1959 
  • 1969 
  • 1973

ISBN

0628002920 (hb)

Uitgewers

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Hertzog-prys 1978 (vir sy hele oeuvre)

Vertalings

Engels vertaal deur M du Toit

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die verminktes

Publikasiedatum

  • 1960
  • 1976 
  • 1977

ISBN

0628010842 (hb)

Uitgewers

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Hertzog-prys 1978 (vir sy hele oeuvre)

Vertalings

Engels vertaal deur Pieter Venter

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Don Juan onder die boere

Publikasiedatum

  • 1960
  • 1975
  • 1987

ISBN

  • 0798104546 (hb)
  • 0798120703 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Hertzog-prys 1978 (vir sy hele oeuvre)

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Putsonderwater: ’n toneelstuk in vier dele

Publikasiedatum

  • 1972
  • 1970 
  • 1979 
  • 1980 
  • 1985

ISBN

0624013545 (sb)

Uitgewers

  • Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel
  • Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Hertzog-prys 1978 (vir sy hele oeuvre)

Vertalings

Engels 1968 vertaal deur A Dawes

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die man met die lyk om sy nek: ’n moord-komedie

Publikasiedatum

1967

ISBN

(hb)

Uitgewers

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Hertzog-prys 1978 (vir sy hele oeuvre)

Vertalings

Engels 1968 vertaal deur A Dawes

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Christine

Publikasiedatum

  • 1971 
  • 1975 
  • 1981

ISBN

0624007588 (hb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Hertzog-prys 1978 (vir sy hele oeuvre)

Vertalings

Engels 1984 vertaal deur M Rice

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die man met die alibi

Publikasiedatum

  • 1971 
  • 1977 
  • 1978 
  • 1988 
  • 1991

ISBN

0628012845 (hb)

Uitgewers

  • Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel 
  • Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Hertzog-prys 1978 (vir sy hele oeuvre)

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Losgoed

Publikasiedatum

1974

ISBN

0628006683 (hb)

Uitgewers

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Sketse

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Bacchus in die Boland

Publikasiedatum

  • 1974
  • 1975 
  • 1987 
  • 1988

ISBN

  • 0628007043 (hb) 
  • 00628030592 (sb)

Uitgewers

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Hertzog-prys 1978 (vir sy hele oeuvre)

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die keiser: variasies op ’n sprokie van Hans Andersen

Publikasiedatum

  •  1977
  •  1979
  •  1980
  •  1981
  •  1988
  •  1991
  •  1994
  • 1997

ISBN

  •  0628019882 (sb)
  •  062801497X (sb)

Uitgewers

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

  • Perskor-prys 1978
  • Hertzog-prys 1978 (vir sy hele oeuvre)

Vertalings

Engels 1982 vertaal deur Aart de Villiers en Don Lamprecht

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Bartho Smit as vertaler

  •  Anouilh, Jean: Becket, of, Die eer van God. Pretoria: HAUM-Literêr, 1984 (saam met Die burgemeester enMontserrat)
  •  Dostoyevsky, Fyodor: Klaagsang om ’n sagmoedige. Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel, 1966
  •  Dürrenmatt, Friedrich:
    • Die besoek van ’n ou dame: ’n tragiese komedie. Johannesburg; Pretoria: Simondium; HAUM-Literêr, 1962, 1984 [ISBN 079861403X (hb)]
    • Teenspoed: ’n nog moontlike verhaal. Kaapstad: Human & Rousseau, 1961
  • Hofmann, Gert: Die burgemeester. Johannesburg: Dalro, 1969
  • Humphriss, Deryck: Benoni seun van my smart: die maatskaplike, politieke en ekonomiese geskiedenis van ’n Suid-Afrikaanse myndorp. Benoni: Die Stadsraad, 1968
  •  Ionesco, Eugène: Die les; Die renosters; Die koning sterf. Pretoria: HAUM-Literêr, 1984 [ISBN 0798614021 (hb)]
  •  Molière: Jakkalsstreke van Scapino. Johannesburg; Pretoria: Dagbreek-Boekhandel; HAUM-Literêr, 1962, 1984 [ISBN 0798614404 (hb)]
  •  Roblés, Emmanuel: Montserrat: toneelstuk in drie bedrywe. Johannesburg: Dalro, 1968
  •  Strindberg, August:
    • Dodedans. Johannesburg: Dalro, 1969
    • Dodedans; en Pase. Pretoria: HAUM-Literêr, 1984 [ISBN 0798614382 (hb)]
    • Pase. Johannesburg: Dalro, 1970

Artikels oor Bartho Smit op die internet

Die opsteller vra om verskoning dat van die skakels nie tans kan oopmaak nie, maar Media24 se koerantargief is op die oomblik nie toeganklik nie.

Bron:

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum

• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

The post Bartho Smit (1924–1987) appeared first on LitNet.

Wie het die ontwerp van die Voortrekkermonument geïnspireer: Farao of Abram?

$
0
0

Wie het die ontwerp van die Voortrekkermonument geïnspireer: Farao of Abram?

Dolf Britz, Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria

LitNet Akademies Jaargang 15(2)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Hierdie artikel is daaraan gewy om die oorsprong van die argitek Gerard Moerdyk se Voortrekkermonumentontwerp weer te gee en te ondervra. Die ondervraging is met name afgestem op wie, volgens hom, die oorspronklike gedagte of idee van die gebou geïnspireer het. Moerdyk, as die gesaghebbende, het oor ’n lang tyd sy ontwerp verduidelik en betekenisvol uitgepluis. Dié trajek begin in 1932 en eindig in 1949 toe die gebou ingewy is. Die eerste skets is deur en deur bepaal deur die antieke Egiptiese eregraf- en tempelargitektuur. In die tweede, aangepaste ontwerp (1936), is hierdie grondstruktuur gehandhaaf. Wat ’n Egiptiese praalgraf en tempel onderskei het, het navolging in die simboliek van die Voortrekkermonument gevind. Moerdyk noem dit gepas ’n heiligdom.

Die impak van kritiek op die ontwerp (einde 1936) het die wyse waarop singewing aan die gebou daarna (1937) toegesê is, in ’n ander rigting gestuur. Dit is hier waar die verwysing na die bouwerk van Abram, die Galdeër, vir die eerste keer die Farao van Egipte na die kroon sou steek. Moerdyk skuif die Abram-altaar in die plek van die heiligdom. Die altaar word, in ’n getranssubstansieerde bestaanswyse, die hart en derhalwe die oorsprong van die gebou. Daarna word die ontwerp genasionaliseer (1938). Dit neem die vorm van ’n volksmonument aan waarin nóg Abram, nóg Egipte verwysing ontvang. Beide word egter in die laaste reeks dokumente (1949) waarin Moerdyk die simboliek en betekenis van die gebou verduidelik, opgehaal. Hier ontvang Abram die eersgeboortereg op die ontwerp van die monument, terwyl Farao slegs vergelyk word met die grootsheid en statuur van die gebou.

Uit primêre bronne maak die artikel dit duidelik dat die gebou se oorsprong egter die Farao toekom. Moerdyk gebruik bowendien die Bybelse gegewens op so ’n wyse dat dit in werklikheid nie met die Bybel ooreenkom nie. Wat hy op Abram betrek, staan nie met die Bybelse aartsvader in verband nie. Die gevolgtrekking waartoe gekom word, is dat ’n Egiptiese tempel die grondidee was wat die ontwerp van die Voortrekkermonument geïnspireer het. Dit bied die simboliese tuiste vir ’n geïdealiseerde triomf van die Afrikaner se Voortrekkergeskiedenis sonder om ruimte te skep vir herdenking van historiese skeefgroei. In so ’n tempelheiligdom kan die (helende) sny aan eie vlees nie opgeneem word nie. Anders as met Abram, kan die Farao nie hiermee geassosieer word nie.

Trefwoorde: Afrikaner; Afrikanernasionalisme; Antieke Egiptiese argitektuur; Gerard Moerdyk (1890–1958); Groot Trek; Sentrale Volksmonumentekomitee; Voortrekkermonumentontwerp; Zimbabwe-bouvalle

 

Abstract

Who inspired the design of the Voortrekker Monument: Pharaoh or Abram?

This article investigates and argues the origin of the design of architect Gerard Moerdyk's (1890–1958) Voortrekker Monument, erected on a hill to the southwest of Pretoria. It documents the architect’s thoughts, or ideas, or the mindset that gave rise to the creation of the monument. What, according to Moerdyk, enthused or kindled the original idea that eventually shaped and formatted this remarkable building?

Tracing the relevant primary sources led to the identification of two lines or trajectories of thought, embedded in the explication given by the architect whenever he reflected upon the origin of his design. Initially, and without hesitation, Moerdyk attributed the inspiration of his design to ancient Egyptian temples and architecture. Later, after the design was questioned in public, he indicated that the altar built by the Biblical Abram inspired the original idea that led to the design of the building. Hence the question forming the title of the article: “Who inspired the design of the Voortrekker Monument: Pharaoh or Abram?” The research thus intended to determine – from the primary sources – to whom this honour is due. Was it Abram of the Bible, or the Pharaoh of Egypt?

Moerdyk, as the authority, clarified the design of his monument over a long period of 17 years: from 1932 to 1949. The platform was laid in 1932. His first sketch of the envisaged monument (1932) clearly resembles the famous Egyptian temple of Horus at Edfu, a building that he described in detail in his 1935 book on the history of architecture. This design, published as a drawing in the Pretoria newspaper Die Vaderland, consequently carried the footprints of the ancient Egyptian tombs and temples. The immense physical structure of the building, the two massive pylons with a diametric axial passage through the middle and a distinctive sarcophagus, symbolized according to the architect the unwavering character of the Voortrekkers, as well as the way (presumably) opened by them into the interior of Africa in order to establish and maintain a "white" civilization in these regions. It was clear that the inspiration for the design of the building originated in Egyptian temple architecture, and thus with the Pharaoh.

In 1936 Moerdyk revised his design. It was still based on the elementary lines of the Egyptian pylon temple, but now embodied a composite building, with a massive granite appearance. In April 1936 the Central People’s Monument Committee officially accepted this revised design. Moerdyk was then appointed as the architect of this national enterprise. Elucidating the form of the structure to the committee, he denotes it as a mausoleum in which a sarcophagus for the remains of Piet Retief and his men would form the centrepiece. The original Egyptian ideas that inspired the monument were thus maintained. When a model of the proposed monument went on display in September 1936 at the Empire Exhibition in Johannesburg, the public could, for the first time, visualise the form of the building. The basic idea of the memorial Moerdyk then envisaged was to erect a beautiful shrine or sanctuary located within the protective wall of a wagon laager. In the upper dome would be an opening for a shaft of light to filter in and illuminate a sarcophagus of Retief and his men.

For some, however, the building bore resemblance to a wedding cake, a pepper pot or even a radio. For others, the similarity to an Eastern temple and its appeal was foreign to the Afrikaner. This unexpected criticism made the Central People’s Monument Committee (including Moerdyk) cautious about arguing the origin and idea behind the structure and stature of the building in terms of its Egyptian roots. It is evident that the criticism of the design motivated the committee to disclose the significance and symbolism of the building along a different line of thinking. An official document issued by the committee gave effect to a new interpretation.

The committee’s response at the beginning of 1937 elevated the historical achievement of the Voortrekkers. The victory they had accomplished in establishing a “white civilisation” deserved, according to the committee, an imposing monument. Designed to meet this purpose the Moerdyk monument, it was emphasised, embodied in its stature the national identity of the Afrikaner in a powerful way. The significance of the building now shifted to the framework of nationalist sentiments, which went hand in hand with the religious nature of the Afrikaner.

The building’s origin in the Egyptian combination of a mausoleum and temple was substituted by the biblical history of Abram, and the altar he had built to accommodate the religious nature (or spirituality) of the Afrikaner. The document indicated that just as the wandering Abram erected an altar whenever he came to rest, the monument was correspondingly constructed. The document, however, noted that since an altar like that of Abram was outmoded and had been superseded, a sanctuary in the case of the monument would replace it. Deep in the heart of the building, it continued, a sarcophagus for Retief and his men, who paid the ultimate sacrifice to make South Africa inhabitable, was situated. This sanctuary would provide the sacred space for the Afrikaner to become a participant of his history. The monument was interpreted as a memorial of the people for the people. A switch thus took effect: Pharaoh was exchanged for Abram. In following the underpinning primary sources, the article identifies a clear turning point in the trajectory of the architect’s explanation of the origin of the building. Pharaoh made room for Abram.

The next set of documents in which the architect reflected on the meaning and symbolism of the building was linked to the laying of the cornerstone of the monument on 16 December 1938. Remarkably, Moerdyk in these documents did not offer an explication of the original idea that had shaped the design of the building. The building, as a prevailing expression in stone of the Afrikaner’s history, was nationalised. This Afrikaner and people’s monument was designed in harmony with the religious nature and spirituality of the Afrikaner. Neither Pharaoh nor Abram was even mentioned.

Published in the year of the inauguration of the monument (16 December 1949), a final set of documents offered Moerdyk the opportunity to illuminate the meaning of his monument. Yet again the architect emphasised that the monument was the formidable and eternal symbol and expression of the triumph of the Afrikaner's history. However, Moerdyk now expanded his argument. The monument is also a symbol of the entitlement of the Afrikaner to the country. The emphasis thus moved from a nationalist to a political consideration. The building became the symbol of an ideology.

In these documents references to Abram's altar (for the first time since 1937) as the original inspiring idea that had shaped the design of the monument again surfaced. In this regard Moerdyk was categorical in his assertion. He wrote that while searching for a fundamental concept to conceive a worthy monument, he was struck by a thought: What would the Voortrekkers have done, had they decided to erect a monument? He expected that, as a religious people, they would obviously have consulted the Christian Bible. They would have looked for circumstances similar to their own, and then acted accordingly. The history of Abram provided a perfect counterpart. After leaving Ur, on his sojourns Abram always built an altar. The Voortrekkers, who had left the Cape Colony, would thus, Moerdyk assumed, have made their monument a religious one. They would have built an altar, like, and because, Abram did. The architect then indicated that, based on this hypothesis, the Abramic altar guided his design of the Voortrekker Monument. The genesis of what eventually emerged as the monument had germinated in the altar that Abram had built. Abram, and not the Egyptian Pharaoh, had inspired the building.

As in 1937, Moerdyk nonetheless noted in 1949 that the Abramic altar was dated. It could no longer be utilised. In the monument it therefore took the form of a sarcophagus deep in the centre of the building. It had been transubstantiated to a mausoleum, from which the whole building rose. Consequently, it could not be Abram who had inspired the design of building. In the final analysis it seems that the origin of the design of the building remained firmly seated in its Egyptian (sarcophagus!) roots. In terms of its design, this remarkable building on a hill on the south-western side of Pretoria is an Egyptian temple. It is a mausoleum, a sanctuary, for the mid-20th-century Afrikaner Voortrekkers. The Pharaoh had indeed inspired the building.

Keywords: Afrikaner; Afrikaner nationalism; Ancient Egyptian architecture; Central People's Monument Committee; Gerard Moerdyk (1890–1958); Great Trek; Voortrekker Monument design; Zimbabwe ruins

 

1. Inleiding

Die Sentrale Volksmonumentekomitee (voortaan SVK), wat in 1931 gestig is (Jansen 1949:37), sou die oprigting van ’n waardige monument tot eer van die Voortrekkers ywerig ter hand neem en na 18 jaar voltooi. Op 16 Desember 1938 is die hoeksteen luisterryk en plegtig in Pretoria, te midde van grootskaalse volksbelangstelling, gelê. Elf jaar later, op 16 Desember 1949, kon die eerste minister en leier van die Nasionale Party, D.F. Malan, die inwyding ten aanskoue van ’n reuse- en entoesiastiese skare behartig.

In September 1936 is ’n groot skaalmodel van die Voortrekkermonument (2,44 meter of agt voet hoog) by die Rykstentoonstelling in Johannesburg uitgestal. Die model het die werklike vorm van die voorgestelde monument vergestalt. Hier kon vir die eerste keer ’n indruk gevorm word van hoe die Voortrekkermonument daar sou uitsien. Die argitek, Gerard Moerdyk (1890–1958), het toe die grondidee van die monument ontvou as ’n pragtige heiligdom, gehuisves binne ’n walaer. As gesaghebbende – hy was immers die argitek – sou hy dikwels daarna, tot met die inwyding van dié merkwaardige gebou op 16 Desember 1949, die betekenis van sy ontwerp uitlê. Dit het hom klaarblyklik na aan die hart gelê. “As ’n mens die Voortrekkermonument wil verstaan,” skryf hy in die Amptelike program en gedenkboek vir die 1949-inwyding van die gebou, “moet jy die gedagtes wat tot die skepping daarvan gelei het, in herinnering roep” (Moerdyk 1949c:43). In hierdie “gedagtes” van die argitek het die monument oorspronklik (reeds lank voor 1936) vorm aangeneem, is dit ingeprent en het ’n denkbeeld uiteindelik van die grond gekom.

Die onderhawige artikel diep “die gedagtes wat tot die skepping” van die Voortrekkermonument gelei het, uit die relevante oorspronklike bronne op én beskryf dit. Hier en daar kom in aanhalings taal en begrippe van beledigende aard voor. Dit is onveranderd aangehaal, ter wille van die integriteit van die bronne, en verteenwoordig in geen opsig die standpunt of onderskrywing van die skrywer nie. Hierbenewens is die vroeë Afrikaanse spelling in die bronne net so gelaat. Die kernvrae aan hierdie bronne is: In watter idee, of ingewing, of gedagtes setel die vormgewing van die Voortrekkermonument? Waarin lê die oorsprong van die ontwerp van die gebou? Wat het die argitek sélf hieroor gesê?

In die oopmaak van die bronne is op twee trajekte of lyne in die gedagtewêreld en denke van die argitek, soos hy dit verwoord het, afgekom. Aanvanklik het Moerdyk sonder skroom daarvan gewag gemaak dat hy die inspirasie vir sy ontwerp in die antieke Egiptiese bouwerke en argitektuur gevind het. Later, nadat die ontwerp in die openbaar bevraagteken is, sou hy aanvoer dat die bouwerk van die Bybelse Abram, naamlik ’n altaar, die oorspronklike idee vir die gebou aan die hand gedoen het. Dit verklaar opeens die vraag wat die titel van die artikel vorm: “Wie het die ontwerp van Voortrekkermonument geïnspireer: Farao of Abram?” Die bedoeling is gevolglik om uit die primêre bronne vas te stel aan wie hierdie eer toekom. Was dit Abram van die Bybel, of Farao van Egipte?

 

2. Die eerste skets: ’n Egiptiese tempel

Een van die beduidende take van die SVK was om die ontwerp van die beplande Voortrekkermonument te oorweeg en vas te stel. Nadat die simpatieke Unieregering in Oktober 1935 onder leiding van generaal Hertzog verantwoordelikheid vir die befondsing van die projek aanvaar het,1 was die SVK aan die begin van 1936 oorgehaal om voorleggings in hierdie verband te vra. Maar enkele jare voordat die openbare uitnodiging vir voorstelle van ’n monument van stapel gestuur is, het ’n voorlopige sketsplan van die voorgenome monument reeds in April 1932 voor die SVK gedien. Dié ontwerp was uit die vaardige pen van die bekende argitek Gerard Moerdyk.

Teen daardie tyd was Moerdyk2 ’n gesiene en bewuste Afrikanervoorganger wat hom beywer het vir die ontwikkeling van ’n eie Afrikaanse argitektuur (Moerdyk 1934:19–21). Hy was ’n Associate of the Royal Institute of British Architects, onder andere lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, en sou in 1935 verkies word as voorsitter van die Raad van die Universiteit van Pretoria, ’n amp waarin hy tot 1942 gedien het. Kenmerkend van sy styl is die bewondering vir die antieke en klassieke argitektuur, soos dit uit talle van sy vroeëre geboue blyk (Delmont 1992:4).

By die SVK se vergadering op 14 April 1932 in die redaksiekantoor van Die Vaderland in Pretoria was Moerdyk teenwoordig, “op versoek”, so staan dit in die notule aangeteken, om die lede “in verband met sy monumentskets in te lig”.3 Die geraadpleegde bronne swyg oor wat aanleiding tot hierdie uitnodiging gegee het, wie dit gerig het, of hoe die sketsplan op die komitee se tafel beland het. By die vergadering het L.J. Erasmus gevra “hoe Die Huisgenoot van ’n paar weke gelede kon sê dat Mnr. Van Wouw die beeldhouer is wat die Voortrekkermonument sal maak”.4 Hierop het die voorsitter, E.G. Jansen, aangedui dat ’n “uitnodiging later aan deskundiges gerig moet word om sketse, modelle en ander suggesties vir ’n moontlike Volksmonument in te stuur”.5 Op hierdie punt het Moerdyk opgemerk dat “professionele etiek” reaksie op sodanige uitnodiging egter verhinder. “Indien die komitee so ’n rondvraag wil doen, dan moet dit ’n ope kompetisie wees waarby duidelik o.m. die naamlys van die komiteelede met ’n deskundige daaronder verskyn”,6 gee hy leiding. Sou Moerdyk dus as ’n “deskundige” gevra gewees het om insette in die vergadering te maak? Die feit van die saak is dat vir hom ’n geleentheid gebied is om sy gedagtes, vasgelê in die buitelyne van ’n eerste vryhandtekening van ’n gepaste monument, aan die vergadering te verduidelik.

Sy tekening bevat, lig Moerdyk die vergadering in, “bestanddele van die piramied en die Simbabwe ruïnes. Hy is dus tiepies Afrikaans.”7 Dit is massief en eenvoudig, soos die Voortrekkers self was, en bestaan uit twee ruim sale: ’n museum en ’n saal wat “die beendere van die Voortrekkers kan bevat”.8 Moerdyk dink dus aan ’n soort monumentale eregraf. Die basreliëfs teen die mure sal menshoogte wees en voorvalle in die geskiedenis van die Groot Trek uitbeeld. Die gang deur die middel “is ’n simboliese voorstelling van die weg wat die wit beskawing deur die k…..bevolking gebaan het”.9 Gedurende feesdae, wys die argitek op sy tekening uit, sal ’n pot met pik en olie brand. ’n Amfiteater met ’n rostrum vir sprekers sal rondom die monument geplaas wees sodat dit geskik sou wees vir volksfeeste en samekomste.

Daar bestaan ’n afdruk van die 1932-skets. Dit laat uiteraard besondere lig val op die oorspronklike gedagtes van die argitek waarin die beeld van ’n voortreflike monument gevorm is. Dit is later – op 10 Januarie 1936 – in Die Vaderland gepubliseer (Anoniem 1936c:7). Ek het reeds elders ingegaan op die wyse waarop hierdie skets tot stand gekom het (Britz 2017:7 e.v.; sien ook Duffey 2006:26 e.v.). Hierdie verduideliking word dus nie hier herhaal nie.

Die eerste sketsplan vir die Voortrekkermonument: 1932 (Anoniem 1936c:7)

Hoewel die ontwerp nie die lyne van ’n piramide vertoon nie, is dit onmiskenbaar geknip op die patroon van antieke Egiptiese bouwerke en tempelargitektuur. Trouens, in die onderskrif by Die Vaderland se afbeelding word dit uitdruklik so gestel:

Die ontwerp is in die aard van ’n Egiptiese tempel, soos dié by Luxor en langs die Nyl. Binne is ruimte vir bewaring van gedenkwaardighede in verband met die Voortrek. … En tussen die twee voorste pylers is ’n urn waarin altyd ’n vuur sal brand. Op die voorste gewels, en ook langsaan en agter, kom ’n sestiental basreliefs, wat verskillende tonele uit die Voortrek moet voorstel. (Anoniem 1936c:7)

Geen verbeeldingskrag is nodig om in hierdie skets die lyne van die Egiptiese boukuns by Luxor, of nog duideliker, van byvoorbeeld die tempels van Amen-Re by Karnak en Horus by Edfu, raak te sien nie. Laasgenoemde is gebou tussen ongeveer 237 en 247 VCE (Kleiner en Mamiya 2005:75–6). Kenmerkend van hierdie tempelargitektuur is die imponerende pylers, die breë aksiale gang deur die middel, die massiewe fasades, die indrukwekkende hellende mure, die gegraveerde reliëfs, onderbreek deur slegs die deuropening en sy oorskaduende kroonlys, met prominente trappe wat daarheen oplei. Die skets, en die verduideliking van Moerdyk, kom hiermee ooreen. Dit is dus waar Moerdyk kers opgesteek het: by Farao.

Die tempel van Horus by Edfu (Kleiner en Mamiya 2005:75)

As argitek was hy deeglik bewus van, en onderlê in, die befaamde reputasie en ongeëwenaarde nalatenskap van die antieke Egiptiese argitektuur en bouwerke. In Die geskiedenis van boukuns skryf Moerdyk geïnspireerd oor die Egiptiese monumentale argitektuur (Moerdyk 1935:29 e.v.). In die geskiedenis van hierdie argitektuur staan daar, wat hom betref, twee onderskeie bouwerke uit: grafte en tempels, wat uit “onverganklike materiaal opgetrek” is (Moerdyk 1935:30). Wat die “grafte” betref, onderskei hy tussen piramides en heldegrafte. Die piramides is die “rusoorde van die dooies, veral van konings en hulle huisgesinne” (Moerdyk 1935:30–1). Hierdie massiewe grafkelders het die mag en grootsheid van die Farao’s gesimboliseer. In dié bouwerke is wat die Farao vermag het, vir ewig vasgevang en uitgebeeld. Die lewe in die hiernamaals sou en kon hier geleef word (Kleiner en Mamiya, 2005:60). Heldegrafte (of tombes soos hy dit ook noem) is volgens hom “meestal reghoekige, langwerpige geboue met effe na binne geneigde mure en plat dakke met die voorkant altyd na die ooste gerig” is (Moerdyk 1935:32). Dié bestaan uit ’n kapel, geheime kamers en “die grafkelder, diep onder die grond waar die sarkofaag gestaan het” (Moerdyk 1935:32).10

In later tyd (na 1500 VCE), wys Moerdyk daarop, het die tempels (die tweede groep geboue) die mees indrukwekkende bouwerke geword. “Die heilige binnehof, ’n saal van byeenkoms en ’n voorhof met formele ingangshek” (Moerdyk 1935:35) vorm die drie dele waaruit hierdie geboue bestaan het. Die tempel by “Edfou”11 – hy was dus bekend met die betrokke gebou – met sy dekoratiewe muurreliëfs, is in ’n besonder goeie toestand en kom “die meeste ooreen met die tipiese tempelplan” (Moerdyk 1935:36). Dié tempels het gefunksioneer as ’n heiligdom, ’n gewyde plek wat voorsien het vir die aanbidding van die gode en die beskermgode (Kleiner en Mamiya, 2005:70).

Dit is dus duidelik uit watter hout Moerdyk sy sketsplan gesny het. Hy bring in die toeligting van die 1932-skets die oorsprong van sy ontwerp in verband met beide soorte bouwerke wat hy in die antieke Egiptiese argitektuur in sy boekie onderskei het. Dit dra die merktekens van ’n Egiptiese piramide (as deel van die “grafte”), gekombineer met die pylertempelargitektuur (as deel van die “tempels”). In hierdie bouwerke, wat hy met Afrika assosieer, vind hy die skeppende idee en inspirasie vir sy monument. Sy monument is dienooreenkomstig ’n mausoleum (’n praalgraf), met ’n sarkofaag, waar die Voortrekkers herdenk en geëer kan word, waar hulle gees nog leef. Die aksiale gang reg deur die middel van die gebou is die simbool van wat húlle vermag het, naamlik die geslaagde indra en permanente vestiging van ’n “wit beskawing” in die binneland van Suidelike Afrika.

’n Kombinasie van die antieke Egiptiese heldegrafte (met inbegrip van ’n sarkofaag) en pylertempels bied argitektonies die ideale struktuur om die Voortrekkers in ’n monument te herdenk. Die ontwerp skep immers in soliede eenvoud ’n kolossale indruk. Dit hou verband met die reuse-impak wat hulle, na Moerdyk se mening, op die Suid-Afrikaanse geskiedenis gemaak het. Dít identifiseer die argitek as die grondlegging van ’n blanke beskawing in die binneland. Hierin vind hy die betekenis van die Groot Trek, en hierdie betekenis wou hy in sy monumentontwerp sigbaar tot uitdrukking bring.

Behalwe dat Moerdyk die Zimbabwe-bouvalle as tipies van Afrika voorhou, verduidelik hy (nog) nie waarom hy hierdie bouwerk ook ’n rol in die ontwerp laat speel het nie. In Die geskiedenis van boukuns maak hy wel interessante aantekeninge oor die bouvalle. Teenoor teorieë dat dit gebou is deur “son-, maan- en steraanbidders en ander heeltemal apartstaande beskawings”, is hy oortuig dat “Simbabwe deur ’n onbeskaafde volk gebou is” (Moerdyk 1935:27). Die mure is met onbewerkte klippe gestapel, en nie gebou nie. “Daar is geen enkele definitiewe meetkundige vorm nie, geen regte lyn, geen behoorlike hoek, geen sirkel of ellipse nie” (Moerdyk 1935:27). Beide (die gestapelde klipmure en die gebrek aan meetkundige vormgewing) bevestig dat dit nie die produk van beskawing kon wees nie. Hy volstaan daarmee dat dit “tiepies” van, dit wil sê, eie aan Afrika, is.

Klaarblyklik het die saak na die vergadering van 14 April 1932 nie verder gekom nie. Moerdyk verdwyn uit die notules van die SVK, tot 7 April 1936, toe hy in Kaapstad, ter vergadering, sy finale en aanvaarde ontwerp aan die SVK kom uitlê het.

 

3. Die finale ontwerp: ’n mausoleum

By sy eerste vergadering van 1936, in Kaapstad op 25 Januarie, wys die SVK ’n “Vorm-subkommissie” aan wat ’n verslag oor ’n gepaste ontwerp vir die beoogde monument moes uitbring.12 Dié kommissie, bestaande uit proff. T.J. Hugo (sameroeper), E.C. Pienaar en S.P. Engelbrecht, senator F.S. Malan, en mnre. J.J. Jordaan en J.J. Scheepers, het haas met die opdrag gemaak. Dit moes afgehandel word.

Die Vormkomitee (soos die “Vorm-subkommissie” ook genoem is) het reeds die volgende dag, op 26 Januarie 1936, ook in Kaapstad, sy planne agtermekaar gekry en die wiel aan die rol gesit. Dit het hoofsaaklik aangestuur op die insameling van voorleggings, ontwerpe en tekeninge van ’n monument met die oog daarop om aan die SVK ’n begronde aanbeveling voor te lê vir finale goedkeuring. Hugo sou in die “Noorde” en Jordaan in die “Suide” die aanvoorwerk doen.13 Of die Moerdykriglyn vir “professionele etiek” gevolg is, word nie vermeld nie.

’n Raps meer as twee maande later, op 6 April in Kaapstad, kon die Vormkomitee alle ingekome voorstelle (insluitende ’n hersiene ontwerp van Moerdyk) oorweeg en tot ’n aanbeveling kom.14 Die Suide se keuse het geval op die voorstel van prof. A.C. Bouman, wat ’n suil, geposisioneer binne ’n walaer, behels het. Die voorwaarde is egter dat in sy ontwerp die suil vervang moes word met die reuse- Voortrekkerfiguur deur Coert Steynberg.15 Dr. A.C. Celliers van Stellenbosch merk op dat hierdie groot figuur die “inkarnasie van die Voortrekker” is en gevolglik die norm en maatstaf word waaraan nakomende geslagte hulle kan meet.16

Uit sy verslag aan die SVK, wat die volgende dag vergader, blyk dit dat die Vormkomitee hom vereenselwig het met ’n kombinasie van die Stellenbossers E.C. Pienaar en A.C. Bouman se Voortrekkerlaer met dié van Moerdyk, “wat ’n gebou voorstel”.17 Uit die notule is dit nie duidelik of die Pienaar-Bouman-voorstel dieselfde is as die A.C. Bouman-walaer met suil wat by die vorige dag se vergadering oorweeg is nie. Dit is waarskynlik wel die geval. Dit kan aangeneem word dat Pienaar, as lid van daardie vergadering, se verbintenis met die suil en walaer-ontwerp onderspeel sou word.

’n Afbeelding van Coert Steynberg se Voortrekkerfiguur, met geweer en Bybel (Anoniem 1936d:5)

Die Vormkomitee het senator F.S. Malan as sy woordvoerder aangewys. Aan die SVK het hy “op ’n duidelike, oortuigende wyse uiteengesit op welke gronde die Vorm-komitee besluit het”, notuleer die sekretaris, Scheepers, “om die Moerdyk-Pienaar-Boumanskets te kombineer en die twee bo die ander uitgekies het”.18 In die eerste plek is die “laervorm tipies Afrikaans en lê ten grondslag van ons Afrikaners se verdedigingsmetode”. Hierbenewens, “voel ons volk ’n dringende behoefte aan ’n gewyde plek en die Moerdyk-gedagte leen hom pragtig vir hierdie doel”.19

Trouens, Moerdyk was terselfdertyd “op versoek ook teenwoordig om sy skets aan die vergadering te verduidelik”.20 Die bronne gee geen toeligting om hierdie opvallende SVK-versoek te verklaar nie. Die argitek is immers “op versoek” reeds teenwoordig op die vergadering waarop die finale ontwerp goedgekeur sou word. Moerdyk was oortuig dat “dit moontlik sal wees om die twee gedagtes saam te smelt”. “Die mausoleum” – so vat hy sy ontwerp aan die hand van sy tekeninge saam – “moet uit graniet van dieselfde grootte as die stene van Simbabwe gebou word. Binne-in sal desverkies ’n sarkofaag aangebring word wat die beendere van Piet Retief en sy manne kan bevat. Rondom sal daar ruim plek wees om die oorblyfsels van ander Voortrekkers te begrawe.”21

Dit is duidelik dat trajekte uit die 1932-skets voortgesit word: ’n mausoleum en ’n sarkofaag om die helde van die verlede, en wat hulle gedoen het, op ’n gewyde plek te herdenk. Die kombinasie van (helde)graf en tempel, dus. Moerdyk laat ook meer besonderhede deurskemer oor die rede waarom hy die Zimbabwe-bouvalle (ook in die tweede voorstel) in die ontwerp opgeneem het, naamlik die verband met die gebruik van granietboustene wat dieselfde grootte as dié van Zimbabwe moet wees, en dus nie meer in verband met die statuur van dié besondere bouwerk nie.

Die keuse vir die ontwerp is gemaak. Die monument, in die vorm van ’n mausoleum uit graniet en met ’n sarkofaag vir Retief en sy afvaardiging, moes die volk in besit stel van ’n “gewyde plek”. Gerard Moerdyk word gevolglik ter vergadering aangestel as argitek met die opdrag om die plan saam met ’n aangewese boukommissie uit te voer.

Die volk (en ander belangstellendes) sou egter nog tot September 1936 moes wag voordat ’n skaalmodel van die beoogde Voortrekkermonument, uitgestal op die Rykstentoonstelling in Johannesburg, ’n fisiese beliggaming en sigbare indruk van die gebou sou weergee.

 

4. Die model op die Rykstentoonstelling: ’n heiligdom

Op besoek by die uitstalling saam met E.G. Jansen (speaker van die Volksraad en voorsitter van die SVK) en J.J. Scheepers (sekretaris van die SVK), is Moerdyk uitgesproke oor die groot gedagte onderliggend aan sy ontwerp. Sy kommentaar op die gebou is wyd gerapporteer. “The basic idea of the memorial … was to erect a beautiful shrine inside a laager … In the upper dome will be an opening for a shaft of light to filter in and illuminate a sarcophagus of Retief and his men,” berig The Star op 9 September 1936 (Anoniem 1936a). Volgens Die Republikein bevestig Moerdyk dat “die grondidee van die Voortrekkermonument … is om ’n pragtige altaar binne ’n laer – die laer as verteenwoordigend van die verdedigingsmodel van die Voortrekkers – te hê” (Anoniem 1936b).

Die skaalmodel van die Voortrekkermonument op die Rykstentoonstelling 1936 (Anoniem 1936f:10)

Die skaalmodel laat egter duidelik blyk dat die oorspronklike (1932-) ontwerp met sy kenmerkende massiewe pylers nou plek gemaak het vir ’n saamgestelde, oorkoepelende en vierkantvormige granietgebou. Van ’n aksiale sentrale gang deur die sentrum van die gebou is daar geen beduidenis nie. Moerdyk tipeer sy tweede ontwerp steeds as ’n mausoleum, waarin die beendere van Retief en sy kommando in ’n sarkofaag ’n ereplek ontvang. Hierin is daar aansluiting by ’n gedagte wat by die eerste skets ook die toon aangegee het, naamlik dié van ’n eregraf-tempel vir die Voortrekkers. Die heiligdom of altaar word dus hiermee verbind.

Op die keper beskou, kan aangevoer word dat die buitelyne van die 1932-skets tog beslag gegee het aan die uiteindelike vorm van die gebou. Sou die twee pylers van die oorspronklike skets in die geestesoog verbind word met ’n dak (soos Moerdyk 1935:32 die tombes van Egipte beskryf), verteenwoordig dit die basiese struktuur van die middelblok van die monument, soos dit op die vierkantfondament met kenmerkende trappe voor, wat oplei na die (tempel-) deuropening met kroonlys, geplaas is. Volgens Duffey (2006:28) kan in die hellende mure, die groot fasades, die deuropening, trapwerke en massiewe voorkoms elemente van die eerste ontwerp erken word. Die ontwerp toon verder ’n duidelike ooreenkoms met bekende Moerdykgeboue uit dieselfde tyd: die Merensky-biblioteek op die kampus van die Universiteit van Pretoria, met sy opvallende Egiptiese reliëfwerk, en ook die Suid-Afrikaanse Reserwebank aan Hoffmanplein in Bloemfontein. Duffey (2006:31) wys ook daarop dat aspekte wat Moerdyk in die ontwerp van die Merensky-biblioteek (waarmee hy op daardie stadium besig was) gebruik het, in die ontwerp van die monument teruggevind word. Sou die ontwerp van die monument in Pretoria dimensioneel aangepas word, en oorhoofs die bekende bostruktuur geplaas word om die koepels te huisves, word die vorm voltooi, gebaseer op dié van ’n Egiptiese tempel soos van Horus by Edfu. Moerdyk kan dit tereg ’n heiligdom, ’n altaar, ’n eregraf met sarkofaag noem – alles in ooreenstemming met die antieke Egiptiese tempelbouwerke.

In die literatuur oor die ontwerp van die Voortrekkermonument word egter ’n sterk saak uitgemaak dat die finale Moerdykontwerp beïnvloed is deur die bekende Völkerschlachtdenkmal by Leipzig.22 In hierdie verband word ook daarop gewys dat die Vormkomitee by sy eerste vergadering op 26 Januarie 1936 die bemiddeling van die sekretaris van buitelandse sake gesoek het om soveel moontlike inligting in verband met nasionale monumente by lande met wie Suid-Afrika in betrekking gestaan het, in te win.23 Onder die ingekome inligting was afbeeldings van die Völkerschlachtdenkmal, wat op hierdie wyse onder die aandag van Moerdyk sou gkom het.

Die Vormkomitee het inderdaad kennis geneem van sodanige inligting en foto’s uit die buiteland op sy vergadering van 6 April 1936,24 maar op daardie vergadering is Moerdyk se finale ontwerp aanvaar, sodat sy kennis van die Leipzig-monument nie op hierdie manier by hom uitgekom het nie. Dit kan so wees dat hierdie monument ’n invloed op sy ontwerp gehad het, met name wat dimensies en geometriese ontwerp betref, maar die grondlyne vir sy ontwerp bly tog geanker in die oorspronklike Egiptiese tempelbouwerk. Farao het klaarblyklik die monumentontwerp geïnspireer.

Die model van die monument op die Rykstentoonstelling het die openbare oog gevang. Immers, duisende het reeds bygedra tot die boufonds deur die koop van Voortrekkermonumentposseëls. Daarby het dit ’n regeringsprojek geword. ’n Publieke belang is daarin gevestig. Nie almal was met die ontwerp ingenome nie. Dit het deurgeloop onder kritiek en bespreking. Op sy vergadering van 15 Januarie 1937 neem die SVK kennis dat daar “groepe mense is wat beswaar maak teen die vorm van die monument omdat dit te oosters is”; dit was vreemd aan die Afrikaner.25 Soos besluit op sy vergadering van 5 Oktober 1936,26 sou kritiek op die ontwerp slegs tot einde November ontvang word. Die Januarievergadering is oortuig dat Moerdyk die kritiek op ’n bekwame wyse hanteer.27 Dit was egter nie genoeg nie. Aan ’n amptelike SVK-dokument is gevolg gegee, waarin ’n begronde verantwoording onder woorde gebring is. Dit staan onder die naam van die voorsitter (E.G. Jansen), hoewel dit duidelik is dat die argitek se mening en kundigheid daarin meegespreek het en gebruik is.

Die strekking daarvan is hoofsaaklik ’n reaksie op ’n opsomming van die belangrikste kritiek, voorhande in ’n dokument in die korrespondensielêer van die Vormkomitee.28 In die standpuntstelling van die SVK29 word in die bres getree vir die Moerdyk-ontwerp deur die simboliek en betekenis daarvan teenoor die geopperde kritiek te stel. Die keuse vir die vorm van die monument word eweneens verklaar.

In die trajek waarin die vorm en simboliek van die Voortrekkermonument uitgelê is, is hierdie dokument van besondere belang. Daarin moes die sáák vir die aanvaarde ontwerp van die monument uitgemaak word. Immers, die verbandlegging met die Egiptiese tempelargitektuur sowel as met die bouwerk van Zimbabwe, wat aan die hart van die vorm verbind is, het juis die gebou onder verdenking gebring. Die “heiligdom” het in die gedrang gekom. Hierop moes geantwoord word. Hoe is die verweer dus aangepak? Is die Egiptiese inslag gehandhaaf? Of is dit in die skadu gestel van ’n vertolking wat die vorm en simboliek van die gebou Afrikaner- en kultuurvriendelik sou interpreteer? Die amptelike mededeling gee hierop ’n duidelike antwoord.

 

5. ’n Oosterse tempel of die altaar van Abram?

“Daar word,” begin die verklaring, “vergelykings getref tussen die monument en ’n kragstasie, andere sien daar in ’n radiotoestel of Oosterse tempel, ’n peperbussie, ’n bruidskoek, in elk geval stom en sonder simboliek, vreemd en on-afrikaans.”30 Hierbenewens word daar ’n ongunstige vergelyking met die Vrouemonument van Bloemfontein gemaak. Dit alles vra uitklaring.

Die groot gedagte in die monument is heeltemal anders dan dié in Bloemfontein. Daar moes uitdrukking gegee word aan ’n enkele emosie. Die lyding van die vroue en kinders in die oorlog en die konsentrasiekampe. Hier is heeltemal iets anders: geen nederlaag nie, maar oorwinning, die grootste oorwinning wat nog ooit in Suid-Afrika behaal is; met ’n komplekse sameloop van oorsake en gevolge wat nie meer deur een emosie tot sy volle waarde kan kom nie.31

Die gebou is dus sinnebeeld en vergestalting van ’n oorwinning – hier lê die sleutel. Trouens, dit word nader uitgespel as “die grootste oorwinning wat nog ooit in Suid-Afrika behaal is …”32 Hierdie oorwinning staan histories vas – volgens die opstellers – in die skepping en behoud van ’n blanke beskawing in die binneland van Afrika deur die toedoen van die Voortrekkers.33 Die SVK is van mening dat die Voortrekkers die mense was wat die blanke beskawing na die binneland van Suid-Afrika gebring het en dit daar teen alle gevare en moeilikhede gehandhaaf het. “Dit was die groot ding en dit was iets wat niemand voor die trekkers reg gekry het” nie.34 Daarom verdien hulle ’n monument.

Hierdie twee assosiasies – “die grootste oorwinning” en “blanke beskawing” – skep die platform om dan op te merk: “Die monument moet tegelykertyd onsself weergee, die ons van die huidige geslag wat die monument oprig en aan die wêreld wys wat ons van die Voortrekkers en hulle dade dink.”35 So word die band tussen die ontwerp van die monument en sterk gedeelde eietydse sentimente van die Afrikanervolk gelê. Dit stuur weg van enige verwantskap met ’n “Oosterse tempel” of Egiptiese bouwerk. Die monument is deur en deur ’n volkseie saak. Dit is die eerste punt wat die dokument stel.

Die tweede punt hang saam met ’n omlynde vraag: Hoe kan al hierdie dinge beliggaam word in een monument? Die antwoord is merkwaardig: “Ons lees” – bedoelende in die Christelike Bybel – “in verband met die trek van Abraham (sic) uit Ur der Chaldiën, en met die oog op die godsdienstige gesindheid van die trekkers is dit nie onvanpas, waar Abraham by sy doel kom en hy hom vestig: ‘Hy bouwde aldaar een altaar.’”36 Daar word onmiddellik toegegee dat ’n altaar soos dié van Abram “nie vandag gebruik word” nie. Daar moet iets in die plek daarvan kom. “Laat ons dus daarvoor ’n heiligdom in die plek sit, ’n plek van toewyding waar die Afrikaner in noue gevoel hom met sy verlede en sy toekoms voel.”37 So moet hierdie “heiligdom … ’n weergawe wees van die Voortrekkers, die land Suid-Afrika en onsself,” word verduidelik.38

Dit is die eerste keer dat die monument verbind word met die bouwerk van die Bybelse Abram, naamlik sy altaar. Die SVK impliseer dat dit eie aan die godsdienstige aard van die Voortrekkers sou wees om, soos Abram, waar hy hom uiteindelik gevestig het, ’n altaar te bou. Die gedagte aan ’n altaar is wel by die uitstalling van die skaalmodel by die Rykskou opgehaal, maar daar is dit opsigtelik in verband met die offer en lyding van Retief gebring. Hier word dit in verband gebring met Abram, wat getrek het, hom gevestig het en ’n altaar gebou het. Hier word dus gesinspeel op ’n gesagvolle Bybelse verwysingsraam en ’n godsdienstige ingesteldheid (behorende by die voorbeeldige en navolgenswaardige Voortrekkers) wat in die onderneming om ’n monument op te rig, van pas sou wees.

Die gebruik van juis Bybelse geskiedenis as begronding vir die motief om die gedenkgebou op te rig verteenwoordig ’n belangrike punt in die argument van die SVK. Tog is dit duidelik dat die Bybelse teks slegs as ’n gesagdraende verwysing aangewend word. Die Skriftuurlike betekenis van die teks, en gevolglik die altaar, word as sodanig nie oorweeg of in ag geneem wanneer die argitek dit as die grondliggende idee vir sy ontwerp aandui nie. Dit word trouens doelbewus laat vaar. In die plek van die Abram-altaar word ’n eie (Afrikaner-) heiligdom ingeskuif, ómdat ’n altaar soos dié van Abram “vandag” nie meer gebruik word nie. Dit is ’n plek van toewyding waar die Afrikaner in noue voeling met sy verlede en toekoms kom. In hierdie opsig is die monument as heiligdom dus ’n “weergawe van die Voortrekkers, die land Suid-Afrika en onsself”. Dit het – tereg – niks meer te doen met Abram se altaar in die Bybel nie. Dit is wel ’n vraag waarom Abram tog ’n aanspraak toegesê word op die simboliek en betekenis van die monument. Enersyds word hiermee deur die SVK aan die oorsprong van die monument ’n betroubare (Bybelse) grondslag gegee. Andersyds word die Egiptiese (of “Oosterse”) assosiasie hierdeur verberg. Hier vind in die argument dus ’n veelseggende ruil plaas: Farao moet plek maak vir Abram. En daarmee sou die Afrikanervolk uiteraard vir lief neem. Tog is die Afrikaner-heiligdom, waarmee die uitgediende Abram-altaar vervang word, meer Egipties as Bybels.

Die dokument opper nog twee argumente om die monumentontwerp van ’n tuiste by die volk te verseker. Die vorm en struktuur van die monument, as plek van toewyding, gee in argitektuur en graniet uitdrukking hieraan. Die Voortrekkers het beskawing ingedra en dit – beskawing – beteken in die boukuns niks anders nie as orde en meetkunde. Hier word dus die derde punt gemaak. Én kry die aanvanklike verwysing na die Zimbabwe-bouvalle ’n nuwe betekenis. Dit word as volg verduidelik:

Die Voortrekkers het beskawing hier gebring; beskawing in boukuns beteken orde, meetkunde. Die Voortrekkers self het geen monumenteboukuns gehad nie, dus ons kan hulle nie volg nie. Die barbaar het wel boukuns gehad, maar sonder meetkunde. Die grootste ou bouwerke in Suid-Afrika, naamlik dié van Zimbabwe, is vreemd aan alle meetkunde, daar is geen regte lyne, geen sirkel, geen enkele meetkundige vorm nie. Maar wat daar wel aangetref word, is ’n natuurlik en buitengewone effektiewe gebruik van natuurklip graniet. Die gebruik van granietklip is daar mooier as ergens elders. Is dit nou onvanpas dat beskawing orde bring in gaos?39

Dit is die rede waarom die monument se sterk-ontwikkelde geometriese ontwerp van binnelandse boumateriaal gebruik maak – maar op ’n Afrikaanse manier. “Die ontwerp is een van vierkante, kube, sirkels en vlakke. Alles in harmonie met ons tafelvormige landskap.”40 So gesien, staan die monument en sy ontwerp dus (gerusstellend) teenoor die Zimbabwe-bouwerk, terwyl dit (slegs) by die manier waarop granietklip daarvoor benut is, aansluit.

Die ontwerp word vierdens histories verinheems. Binne die monument is ’n “groot ruimte, 100 voet by 100 voet by 100 voet hoog. Hier in die gewyde ruimte sal die Afrikaner by sy verlede wees.”41 Dan verder:

En daar in die ander verdieping met die verligting deur één sonnestraal, is die sarkofaag van Piet Retief en sy 70 manne wat die hoogste prys betaal het om Suid-Afrika vir ons bewoonbaar te maak. Is daar iemand wat hierteen beswaar kan maak? … Hier kan ieder sien die mooi dade van dapperheid en opoffering in ons geskiedenis en hier kan hy die belofte doen om daarop voort te bou.42

So gesien en uitgelê, is die Voortrekkermonument uit die volk en vir die volk. Dit is geen Oosterse tempel nie, nóg ’n reproduksie van die Zimbabwe-bouvalle. Dit is ’n plek van Afrikanertoewyding met die aangesig gerig op die Afrikanergeskiedenis. ’n Ander lyn van interpretasie en onthulling van die simboliek van die monument ontplooi.

Sou die nuwe lyn van uitleg in die vervolg die botoon voer? Met die aankoms van die Simboliese Ossewatrek op 2 November 1938 op Heilbron in die Vrystaat was Moerdyk die gasspreker. Hier sou hy oor die monument praat. In die weergawe van sy toespraak word vermeld dat hy die monument ’n altaar, ’n heiligdom én ’n tempel genoem het. “Dit is ’n altaar,” word hy aangehaal, “wat die grootste opoffering wat die mens kan doen, moet simboliseer en terselfdertyd ’n simbool moet wees van die dank van die nageslag” (Mostert 1940:461). Hier handhaaf hy die assosiasie met lyding, en die offer van die lewe, soos dit met Piet Retief gebeur het. Hierdie altaar, gaan hy voort, is gebou waar almal dit kan sien, bo-op ’n berg. Om die altaar is ’n Voortrekkerlaer “om die heiligdom van die Afrikaner te beskerm, om weg te hou alles wat nie Afrikaans is nie, alles wat in stryd is met die ideale van die Voortrekkers” (Mostert 1940:461).

Derdens is die monument volgens Moerdyk ook ’n tempel. Maar hy bring dit in verband met “die tweede gedeelte van Sarel Cilliers se geloftes” (Mostert 1940:461). Daarmee word gesinspeel op die feit dat die teks van die Gelofte melding maak van die oprigting van ’n tempel tot eer van God. Die “tempel” wat in die tekste van die Gelofte voorkom, slaan egter duidelik op die bou van ’n kerk. Niks meer nie. Of Moerdyk hiermee die kritiek van twee jaar tevore op die monument as die beeld van ’n Oosterse tempel probeer hokslaan deur die begrip tempel eie aan ’n bekende godsdienstige teks uit die Afrikaner se volksgeskiedenis by te haal en sonder meer aan sy monument te verbind, is ’n ope vraag. Of hy dit verduidelik het, is nie opgeteken nie. Wat wel opgeteken is, is dat hy dit “’n bewaarplek vir die hoogste God van die Afrikaner” (Mostert 1940:461) sou noem. Wat sit agter die gedagte wat Moerdyk op hierdie manier onder woorde bring? In die tradisie van die Afrikaner is ’n kerkgebou nêrens in verband met ’n “bewaarplek van die hoogste God van die Afrikaner” gebring nie. Van God kan geen beeld gemaak word om in ’n gebou “bewaar” te word nie. Met ’n Christelike kerkgebou het dit gevolglik niks te maak nie.

Dit is wel gepas om ’n Egiptiese tempel die bewaarplek van ’n allerhoogste god te noem. Dáár sou die gode in beeld verewig wees. Bring Moerdyk gevolglik sy oorspronklike idees oor – via die “Sarel Cilliers geloftes” (sic) – aan die Christelike godsdienssin van sy hoorders? Daarmee is sy uitleg natuurlik in ’n bepaalde rigting gestuur. Weg van Farao, maar in die rigting van ’n Afrikaner-heiligdom, wat op sy beurt nader aan Abram as aan Farao sou staan.

Moerdyk het daarna nog in twee stelle dokumente die simboliek en betekenis van die gebou aan die orde gestel. Die eerste stel verskyn in druk rondom die hoeksteenlegging (16 Desember 1938) van die gebou. Die tweede stel staan weer met betrekking tot die inwyding (16 Desember 1949) van die Voortrekkermonument. In beide het Moerdyk op ’n meer genuanseerde manier as by Heilbron die oorsprong en ontwerp van die monument uitgeklaar.

 

6. Moerdyk konsipieer sy groot gedagte: dit is ’n volksmonument

In die Program vir die Sentrale Voortrekker-Eeufees 14–16 Desember 1938 skryf Moerdyk dat elke monument inderdaad die doel wat sy bouers voor oë gehad het, aan diegene wat dit aanskou, moet vertolk (Argitek 1938:31). By die hoeksteenlegging sou dit egter nie vir die feesgangers moontlik wees “om die ontwerp en die inspirasie wat daartoe aanleiding gegee het, te verstaan nie” (Argitek 1938:31), omdat die gebou nog prematuur en afwagtend in sy fondasies genestel het. Vir Moerdyk is dit dus gepas om hier ’n beknopte uiteensetting van die “simboliek van die Voortrekker-Monument as volksmonument” – so tipeer hy sy ontwerp nou – te gee (Argitek 1938:31).

Die ontwerp van die gebou berus in sy geheel, skryf hy, “op die begeerte om deur die monument die karakter van die Voortrekkers te vertolk en hulde te bring aan die roepingsdaad deur hulle volbring” (Argitek 1938:31). Hierdeur, beklemtoon hy, is die ontstaan en voortbestaan van die Afrikaanse volk moontlik gemaak. Hierbenewens “(is) ons volk … by uitstek ’n godsdienstige volk, en wanneer ons ’n monument oprig ter ere van die voorgeslag, moet dit vanselfsprekend daardie karaktertrek uitbeeld, anders is dit vreemd aan ons volksaard” (Argitek 1938:31). Die Voortrekkermonument is volgens die Gelofte voor die Slag van Bloedrivier, aldus die Moerdyk-interpretasie, ’n tempel. Die gedagtesprong wat in hierdie verband by Heilbron gemaak is, slaan hier weer deur in sy argument.

Met hierdie (onnoukeurige) verbandlegging meen hy om die geskiedenis by te haal en te laat meespreek. In die 19de-eeuse tekste van die 1838-onderneming teenoor God is daar wel sprake van ’n tempel, maar is, soos hier bo opgemerk, daarmee bedoel dat ’n kerkgebou opgerig sou word in dien die oorwinning na hulle kant sou uitval. Moerdyk maak die monument op die klank van die Gelofte af ’n tempel, dus “afgesonder van die gewoel van die daelikse lewe en sterk van struktuur, soos die voorgeslag was” (Argitek 1938:31). Dit is nie meer die bewaarplek van die “allerhoogste God” van die Afrikaner nie. Maar dit is nou ook nie meer die tempel van Farao nie.

Gebou uit feitlik “onvergangbare graniet, sal dit elemente van die harde Suid-Afrikaanse natuur vir duisende jare trotseer net soos die Voortrekkers dit gedaan het, om aan die nageslag getuienis af te lê van die beskawingsdaad van die Groot Trek” (Argitek 1938:31). Hierdie daad vind hy histories in die stigting en bestendiging van die “blanke beskawing in die binneland” (Argitek 1938:31), waarvoor die Voortrekkervrou, as moeder van die familie, die onsterflike besieling was. Daarom is ’n ereposisie vir haar by die ingang tot die monument gereserveer. So ontknoop Moerdyk in sy ontwerp – “die volksmonument” – ’n historiese daad van konsekwensie wat gehuldig moet word in terme van die godsdienstige aard van die Afrikanervolk. Dit moet, met ander woorde, toeganklik wees vir ’n tipiese Afrikanerspiritualiteit waarin die eie Afrikanergeskiedenis godsdienstig geklee is.

In die onderste verdieping is die sarkofaag, gebou van Afrikaanse marmer om “die wêreld en die nageslag te herinner aan die offer wat Piet Retief en sy manne vir hulle ideaal gebring het” (Argitek 1938:33). Sou die spiritualiteit wat Moerdyk in en om die gebou veronderstel, by hierdie offergedagte aanklank vind? Hoewel die SVK sowat 20 maande tevore die klem op die grootse oorwinning laat val het, verskuif die ontknoping van die betekenis van die gebou telkens, in verband met die sarkofaag as middelpunt, na die offer en dood van Retief, die ervaring van smart, lyding en pynlike herinneringe, en nie na die oorwinning van Pretorius by Bloedrivier nie. Sou die Afrikaner se hartstogtelike spiritualiteit, wat onder die tweede en derde geslag ná die Anglo-Boereoorlog (1899–1903)43 ontplooi het, hier, by die Retief-offeraltaar, inslag vind? Hierdie spiritualiteit wat die Afrikaner tydens die Simboliese Ossewatrek en by die hoeksteenlegging van die monument so onverwags aangegryp het, en selfs herskep is, wag egter nog op beskrywing. Die artikel bepaal hom by die “gedagtes” van Moerdyk. Hy sluit sy verklaring van die monument af deur daarop te wys dat óm die gebou ’n behoudende laer is, die “uiterlike teken van beskerming vir die Afrikaner en onafskeidbaar vasgekoppel aan die geskiedenis van die Groot Trek” (Argitek 1938:33).

In die uitgawe van Desember 1938 van die Potchefstroomse blad Koers beklemtoon Moerdyk eweneens dat dit “noodsaaklik (is) om die Monument aan Afrikaners te verklaar, om ’n uiteensetting te gee van die noodsaaklikheid van so ’n monument sowel as die motief te verduidelik wat die inspirasie gegee het vir die ontwerp daarvan” (Moerdyk 1938a:1). Die noodsaaklikheid van ’n gedenkteken soos dié van die Voortrekkermonument staan volgens hom in verband met die geskiedenis van die oprigting van gedenktekens in Suid-Afrika. Moerdyk meen dat gedenktekens eensydig die Britse invloed in Suid-Afrika uitbeeld, terwyl die “beskawingswerk van die Afrikaner eenkant gedruk” word (Moerdyk 1938a:1). Dit vra nou om regstelling. In die Kwartaalblad van die Afrikaans-Duitse Kultuur-Unie gebruik hy dieselfde argument. Die enigste “Afrikanermonument” is die Vrouemonument in Bloemfontein. Daarom is dit nou, skryf hy, “wenslik om ’n sigbare en tasbare bewys te lewer van die aandeel van die Afrikaner aan die ontwikkeling van die land” (Moerdyk 1938b:5). Die Voortrekkermonument is derhalwe ook ’n Afrikanermonument.

Vir die Koers-leeskring omskryf hy die beskawingsdaad van die Voortrekkers as “die grootste enkele onderneming wat ooit in die wêreldgeskiedenis aangepak” (Moerdyk 1938a:1) en boonop met skitterende sukses voltooi is. Dit het buitengewone ondernemingsgees en volhardingsvermoë geverg en verteenwoordig ’n omwenteling waarop die volk met reg trots kan wees. Weer voer hy aan dat die Voortrekkers ’n “blanke beskawing gestig (het) waar voorheen barbarisme hoogty gevier het” (Moerdyk 1938a:1). Uiteraard ontvang die Voortrekkervrou die ereposisie hiervoor. Die monument word uit graniet gebou wat, byna onverganklik, vir duisende jare sal hou, as uitbeelding van die Voortrekkers se onverganklike aard. Daarom word dit ’n groot monument ter ere van ’n groot daad. Die vier granietfigure op die hoeke van die gebou is “simbolies van die vier hoekstene van die Afrikanervolk” (Moerdyk 1938a:2). Hy gee egter geen aanduiding van wat hy hiermee in gedagte het nie.

Dan verduidelik die argitek die vorm van die gebou. Dit bestaan uit drie verdiepings. Heel onder is die sarkofaag van marmer, simbool van die hoogste offer wat gebring is vir die Voortrekkers se ideaal. Op die sarkofaag is die woorde “Ons vir jou Suid-Afrika” uitgebeitel en op 16 Desember elke jaar val die sonlig van bo af op hierdie woorde (Moerdyk 1938a:2). Die sentrale saal is ’n eresaal met historiese friese teen die mure. Die saal is vir “almal wat in verlede, hede en toekoms nog sal meehelp en bydra tot verwesentliking van die groot Voortrekkerideaal van ’n apartstaande blanke kultuurvolk” (Moerdyk 1938a:2). Die boonste verdieping is ’n wandelgang en bied uitsig oor die wye landskap: na die weste die industrieë van Pretoria, na die suide die Witwatersrand, na die ooste die Premierdiamantmyn en na die noorde, anderkant die Magaliesberg, die wye vlaktes tot teen die Waterberg (Moerdyk 1938a:2).

“Ons volk is by uitstek ’n godsdienstige volk,” sluit hy sy beskrywing af, “en ’n Monument wat ons volkskarakter moet vertolk, moet vanselfsprekend die karakter van ’n kerk weergee, ’n afgesonderde terrein, beskerm van die daelikse gewoel en die dreigemente van die al te snelle pas van die moderne lewe” (Moerdyk 1938a:3–4). Die laer rondom die monument is die uiterlike teken van die beskerming vir die Afrikanervolk en kenmerkend van die geskiedenis van die Groot Trek (Moerdyk 1938a:4).

Die laaste 1938-dokument, waarin hy die monument vir die Kwartaalblad van die Afrikaans-Duitse Kultuur-Unie beskryf, sluit hierby aan. Die Voortrekkermonument moet “die hele gemoedstoestand en geskiedenis van die Afrikaner weergee,” merk hy op. Derhalwe is “die grondslag … ’n godsdienstige: dit is ’n tempel geplaas binne ’n ruim muur van laerwaens” (Moerdyk 1938b:5). Die verwysing na Sarel Cilliers ontbreek. Die walaer is die simbool van beskerming en is gebruik om die Voortrekkers te behoed “teen die aanval van die barbaar” (Moerdyk 1938b:5). In die geval van die monument word dit die “simbool van beskerming teen alles wat on-Afrikaans is, teen alles wat teen ons geskiedenis indruis” (Moerdyk 1938b:5). Die uiteensetting van die vorm en inhoud van die gebou kom ooreen met dit wat hy vir Koers aangebied het. Hierdie grootse monument is gebou – dit is sy laaste opmerking – “op die grootpad van Kaap tot Kaïro midde in die grootste bevolkingssentrum van Suid-Afrika” en betuig die rol van die Afrikaner in die ontwikkeling van die land (Moerdyk 1938b:6).

In hierdie drie dokumente val die klem op die historiese daad van die Voortrekkers waardeur die Afrikanervolk moontlik gemaak is. Daarom kom daar nou ’n waardige monument langs die grootpad na die noorde, as simbool van die bydrae van die Afrikaner tot die ontwikkeling van die land. Dit is ’n kleinood wat beskerm moet word. Eenkant, weg van die gewoel van die stad en sy lewe, word dit opgerig om in die atmosfeer van ’n tempel of kerk ’n gewyde plek te skep waar die herdenking van die groot daad op waardige wyse beleef kan word. Dit staan in diens van die godsdienstige aard van die volk. Beide Farao en Abram verdwyn uit die gesigsveld.

 

7. Simbool van die Afrikaner se triomf

Moerdyk sou nog een keer die gedagtes wat aan die ontwerp van die monument beslag gegee het, in oënskou neem. Dit doen hy 11 jaar later in drie dokumente wat rondom die inwyding van die voltooide gebou in 1949 die lig gesien het. In die Amptelike program en gedenkboek Pretoria 13 tot 16 Desember 1949 bespreek hy dit in ’n uiteensetting van die betekenis en simboliek van die monument (Moerdyk 1949c:43–8). In twee ongepubliseerde artikels, naamlik “Ontwerp en simboliek van die Voortrekkermonument” (Moerdyk [1949a]) en “Die wording van die Voortrekkermonument” (Moerdyk [1949b]) doen hy dit ook. Beide is opgeneem in die Moerdyk Dokumente as onderdeel van die Spesiale Versamelings in die Merensky-biblioteek van die Universiteit van Pretoria. Op grond van byvoorbeeld verwysings na die voltooide historiese fries en die dood van E.C. Pienaar (1882–1949) (Moerdyk [1949b]:1) word beide in die jaar 1949 gedateer.

Die ontwerp, stel Moerdyk sy uitgangspunt in die Amptelike program en gedenkboek, berus op die begeerte om deur die monument die karakter van die Voortrekkers te vertolk en hulde te bring aan die daad deur hulle volbring. In sy oë is hierdie daad die “stigting van ’n blanke staat op die hoogland van Suid-Afrika” (Moerdyk 1949c:44) wat die “handhawing van die blanke ras”44 en “blanke beskawing”,45 “waardeur die ontstaan en voortbestaan van die Afrikaanse volk moontlik gemaak is”,46 tot gevolg sou hê.

In “Ontwerp en simboliek van die Voortrekkermonument” skryf hy dat die doel van die monument is “om in tasbare vorm ’n huldebewys te lewer aan ’n Groep Mense wat ’n Groot Daad verrig het”, ’n ongeëwenaarde daad waardeur “Ons Vaderland Ons s’n Geword” het (Moerdyk [1949a]:1). Die gebou moes dus ’n simboliese weergawe word van die Groot Daaden die karakter uitbeeld van die mense wat dit verwesenlik het (Moerdyk [1949a]:4). Hierdie daad verdien ’n monument waarin die verlede lewend gemaak kan word. Dit moet ’n duisend jaar kan staan en aan die nageslag die geskiedenis en betekenis van die Groot Trek verduidelik: “[D]it moet groots van gees wees en eer toebring aan wie eer toekom” (Moerdyk [1949a]:2).

Hiervolgens is dit duidelik dat Moerdyk se beskouing van die Voortrekkers en wat hulle sou vermag het, steeds tot spoorslag vir sy monumentontwerp dien. Die gebou is bedoel om dit te verkondig. Hy vat dit in drie punte saam. Eerstens is die monument vir die nasate van die Voortrekkers “die transportbewys van die ontsettende prys wat hulle voorvaders in bloed en trane vir hierdie land betaal het” (Moerdyk 1949c:48). Die monument is dus die “simbool van die Afrikaner se eiendomsreg op hierdie land” (Moerdyk 1949c:48). Die antwoord op die vraag aan wie hierdie land eintlik behoort, word in die Voortrekkermonument gegee (Moerdyk 1949c:48). Die historiese fries wat as reliëfwerk aan die binnemure aangebring is, “is die simboliese traktaat van die eiendomsreg van die Afrikaner op Suid-Afrika” (Moerdyk 1949c:48; Moerdyk [1949a]:5; Moerdyk [1949b]:7).

Dit is die eerste keer dat Moerdyk die boodskap munt van die monument as ’n simbool van ’n grenslose en uitsluitlike territoriale aanspraak. Dit gaan heelwat verder as die inskakeling van die monument by die nasionalisme en godsdienstige ingesteldheid van die Afrikaner, soos hy dit in 1938 by die hoeksteenlegging gedoen het. Toe sou die gebou, by sy voltooiing langs die grootpad na die noorde, die rol van die Afrikaner in die ontwikkeling van die land simboliseer. Niks meer nie. Het Moerdyk nie besef dat die antwoord op hierdie mees fundamentele vraag aan die geskiedenis én die toekoms van Suid-Afrika, wat juis tóé in die sentrum van die openbare politieke debat opslae gemaak het, genuanseerdheid afgedwing het nie? Bodembesit, eiendomsreg en die beslaglegging op die geskiedenis laat sigself nie so eensydig koloniseer en in gedenktekens van klip as bakens daarvan oprig nie. Soos Moerdyk goed geweet het. Maar, hy verberg die probleem deur die monument triomfantelik aan die hand van ’n mandaatreg van die Afrikaner op die land te ontsluit. Hierdie ondeurdagte en ongegronde opmerking sou gevolge dra. Toe die monument later in die eeu, tydens die politieke wending en deurbreek van ’n nuwe landsbestel, wéér onder verdenking kom, is juis hiérdie aanspraak uitgelig om die omstredenheid van die gebou as monument te bevestig (Steenkamp 2006:254).

Tweedens wys Moerdyk daarop dat die monument van graniet gebou is, die mees blywende materiaal beskikbaar (Moerdyk 1949c:47). Op hierdie punt kom hy terug op die Zimbabwe-bouvalle, ’n saak wat reg uit die staanspoor, so ver terug as sy eerste 1932-skets, in die uitleggeskiedenis van die ontwerp telkens verwysing opgeroep het. “Die materiaal en die motief is dieselfde as wat in Simbabwe gebruik is” (Moerdyk 1949c:47). Die bouvalle van Zimbabwe skep ’n visie van grootsheid deur die gebruik van klein eenhede van graniet en die skuinste van die mure, en dit kon as die voorbeeld in die Voortrekkermonument gevolg word (Moerdyk 1949c:47).

Terloops, ’n skaalmodel van die Zimbabwe-bouvalle, herstel in hulle (veronderstelde) volle glorie, was ook op uitstalling by die Rykskou in 1936 te sien. Dit onderstreep nie net die belangstelling wat destyds hierdie bouvalle toegekom het nie, maar gee ook ’n visuele indruk van die bouwerke wat Moerdyk in gedagte gehad het. Dit word hier onder weergegee.

’n Model van die Zimbabwe-bouvalle op die Rykstentoonstelling 1936 (Anoniem 1936e:15)

Dit hang alles weer – derdens – saam met Moerdyk se poging om die grootsheid van Afrika – nie net die Voortrekkerdaad nie – in die gestalte van die gebou te versinnebeeld. Afrika is eenvoudig oorweldigend. En dan merk die argitek op: “Dit is dan ook geen wonder nie dat daar van alle volke slegs een was wat uiting aan hierdie geweldigheid van Afrika kon gee, naamlik die Egiptenare. Selfs hulle kleinere bouwerke word deur die idee van geweldigheid, majesteit, en grootheid gekenmerk.”47 Die indrukwekkende grootsheid van die Egiptiese bouwerke is dus opgeneem in die statuur van die monument. Hiermee leun hy weer aan teen die saak wat hom oorspronklik aangespreek het, en wat hy voor 1937 as ’n uitgangspunt vir sy ontwerp gestel het, naamlik die bouwerke van die Egiptenare. Veelseggend tipeer hy die monument nou nie as ’n tempel, of mausoleum, of heiligdom nie. Maar, is die verwysing nie tog ’n sinspeling daarop dat Farao die inspirerende gees agter die ontwerp is nie? Of kom dit van elders? In die tersaaklike dokumente gee hy ’n interessante antwoord.

 

8. Die oorsprong: Abram uit Ur van die Galdeërs

Wie hét Moerdyk die idee vir sy skepping in die oor gefluister? In die Program en gedenkboek (1949) wys hy daarop dat dit ’n uiters moeilike taak was om ’n waardige monument te konsipieer, “omdat dit haas onbepaalbaar was watter soort gedenkteken reg aan die dade van die Voortrekkers sou laat wedervaar” (Moerdyk 1949c:44). Terwyl daar so gedink en gesoek is, skryf hy, het die gedagte opgekom: “Wat sou die Voortrekker self gedoen het as hulle so ’n monument moes bou?” (Moerdyk 1949c:44). Sy antwoord is dat hulle na die Bybel sou gaan en daar na “gelyke omstandighede sou soek en daarvolgens handel” (Moerdyk 1949c:44). Moerdyk veronderstel natuurlik dat die Voortrekkers die Bybel sou geraadpleeg het om ’n monument te bou. Hy werk ook met die aanname dat hulle die Bybel sou gelees het met die oog daarop om daarin omstandighede te vind wat met húlle situasie sou ooreenkom. Dit is ’n vraag of die Bybel destyds wél só gelees en verklaar is. Dit moet nog ondersoek word of die oorsprong van Moerdyk se opmerkings nie tog in die eie tyd lê, waarin populêre assosiasie ’n verband tussen die geskiedenis van die Ou-Testamentiese Israel en die Afrikanervolk ingedink het nie.

Moerdyk is wel daarvan oortuig dat die Voortrekkers die “gelyke omstandighede” in die “uittog van Abraham (sic) uit Ur-der-Chaldeën gevind het” (Moerdyk 1949c:44). Ook daardie aartsvader het, soos hulle, die vaderland verlaat om ’n nuwe staat te stig. Daar word dikwels gelees dat hy in sy omswerwinge ’n altaar gebou het. Dit is dus wat die Voortrekkers sou gedoen het: hulle sou ’n altaar gebou het (Moerdyk 1949c:44). Hiermee tel hy weer ’n lyn op wat toentertyd, in 1937, in die interpretasie en singewing van die gebou geopper is.

In die ander twee dokumente bring hy die geskiedenis van Abram en sy altaar ook in besonderhede ter sprake. Klaarblyklik heg Moerdyk groot waarde hieraan – iets wat hy 11 jaar tevore by die hoeksteenlegging nie gedoen het nie. In “Ontwerp en simboliek van die Voortrekkermonument” stel hy die hipotetiese vraag: Gestel die Voortrekker sou ’n monument wou oprig, waarheen sou hy vir leiding gaan? Die Voortrekkers sou, “soos met al hulle probleme, na die Heilige Skrif” gegaan het om daarin aanwysing te kry om ’n monument op te rig. “Hy sou soos Abraham (sic) toe hy getrek het uit Ur-der-Chaldeën om ’n nuwe staat te stig,” beweer Moerdyk, “sy monument godsdienstig gemaak het” (Moerdyk [1949a]:4). Dat Abram ’n altaar gebou het, “was dan die leidraad vir die ontwerp van ’n plan vir die Voortrekkermonument” (Moerdyk [1949a]:4), lê Moerdyk die oorsprong van sy gedagtes bloot.

In “Die wording van die Voortrekkermonument” kom die argument ooreen met die een in die Program en gedenkboek: in die soeke na leiding om ’n monument op te rig, sou die Voortrekkers die Bybel geraadpleeg het, maar op so ’n manier dat hulle daarin “na gelyke omstandighede (sou gesoek het), en daarna sou hulle gehandel het” (Moerdyk [1949b]:2). “Hier sou die omstandighede gelyk gewees het aan die uittog van Abraham uit Ur-der-Chaldeën” (Moerdyk [1949b]:2). Moerdyk meen dat Abram weggetrek het om ’n beloofde land te vind en om ’n nuwe staat te soek en te stig “vir hom en sy nageslag, en as ons die hoofstuk lees, dan kry ons telkemale hierdie sin: ‘Hy bou aldaar ’n altaar’” (Moerdyk [1949b]:2). Elke keer as hy tot rus kom, bou hy ’n altaar. “Dit is dan wat die Voortrekkers sou doen” (Moerdyk [1949b]:2). Hulle sou ’n altaar gebou het. Soos, en omdat, Abram dit gedoen het.

Alles in ag genome, gee Moerdyk te kenne dat die oerbegin, die genesis van wat uiteindelik as die monument uitgegroei het, ontkiem het in die altaar wat Abram uit Ur van die Galdeërs gebou het. By Abram, by die bou van sy altaar, sou die Voortrekkers inspirasie geput het om ’n eie monument, dus met ’n godsdienstige karakter, op te rig. En dít het vir Moerdyk die weg gebaan om sy groot gedagte as ’n altaar te konsipieer. So gesien, sou ’n mens moet sê dat Abram die monument geïnspireer het. En nie Farao nie.

Die Abram-altaar is dus, volgens Moerdyk, die sentrale gedagte in die Voortrekkermonument. Die altaar lê diep in die sentrum van die gebou (Moerdyk [1949b]:4), wat daaromheen, in al wyer wordende sirkels, verrys. Maar dan gee die argitek aan hierdie altaar vleuels: “[D]eur die eeue heen en by alle volke stel die altaar offer en wyding voor” (Moerdyk 1949c:44). Dit kom saaklik ooreen met die opmerking wat in die 1937-verweer gemaak is. Toe is aan die hand gegee dat in die plek van die altaar ’n heiligdom geplaas moet word. Hier, in 1949, word dit anders onder woorde gebring. In die Voortrekkermonument, skryf Moerdyk, neem die altaar die vorm aan van, of word dit getranssubstansieer tot, ’n sarkofaag, om te herinner “aan die hoogste offer … wat Piet Retief en sy manne vir hul ideaal gebring het”.48

Hierdie simbool van opoffering dien as middelpunt van die gebou (Moerdyk [1949a]:4). Op die sarkofaag, uit Afrika-graniet vervaardig, is die volgende woorde gegraveer: “Ons vir jou Suid-Afrika”, “sodat almal kan weet waarvoor die aller grootste offer, naamlik die lewe self, gebring is” (Moerdyk [1949a]:4). So word die monument simbool van die “altaar van die Afrikanerdom” wat deur die walaer rondom omsluit word (Moerdyk 1949c:45).49

Om die juiste toon te tref moes die gebou dus nie net die verhewe en onvolprese status van die grootsheid en grensloosheid van die Voortrekkerdaad uitbeeld nie, maar is dit ook weerspieël in ’n spesifieke Bybelse geskiedenis. Hiervoor kies Moerdyk die geskiedenis van Abram, soos dit opgeteken is in Genesis 11:27–12:9. In sy verdere uitleg van die vorm van die gebou versterk hy selfs die verbandlegging met Abram. Die sigsagvorm wat rondom die monument aangebring is, is die simbool van water, en volgens Moerdyk dui dit in die ou bouwerke en geskrifte op vrugbaarheid. “Die motief,” skryf hy in die Amptelike program en gedenkboek, “is sinnebeeldig van die verordening wat aan Abraham gegee is: ‘Wees vrugbaar en vermenigvuldig uself’, waaruit die gedagte voortvloei om Suid-Afrika ’n witmansland te maak en te hou” (Moerdyk 1949c:47). In beide “Ontwerp en simboliek van die Voortrekkermonument” (Moerdyk [1949a]:7) en “Die wording van die Voortrekkermonument” (Moerdyk [1949b]:5) haal hy hierdie Bybelse verwysing ook op. Weereens verdraai hy dit. In laasgenoemde skryf Moerdyk dat vrugbaarheid (voortplanting) die vereiste was vir die voortbestaan van die staat wat die Voortrekkers geskep het. Daarvoor gee die goddelike bevel aan Abraham goeie gronde: “Wees vrugbaar en vermenigvuldig uself, sodat u nageslag sal wees soos die sand aan die oefer van die see” (Moerdyk [1949b]:5).50

Abram, uit die stad Ur, geleë in die land van die Galdeërs, het dus die Voortrekkermonument geïnspireer. Uiteraard gee dit aan die ontwerp en oprigting van die Voortrekkermonument ’n omlynde Bybelse begronding, en verbind dit die geslag wat die monument oprig, godsdienstig aan die Voortrekkers. Vir lesers sou hier ’n bekende wêreld ontvou. Die meeste Afrikaners was van huis uit bekend met Abram. Trouens, in die “Hollandse Kerke” (die NG Kerk, die Gereformeerde Kerke en die Nederduitsch Hervormde Kerk) van Suid-Afrika was die geskiedenis van Abram oorbekend. Hierdie drie kerke het amptelik meegedoen aan beide die hoeksteenlegging en die inwyding van die monument. ’n Groot meerderheid Afrikaners het indertyd aan hulle behoort. Moerdyk self is gedoop in die Gereformeerde Kerk Waterberg te Tweefontein op 10 April 1891 (AB GKSA, Waterberg Doopregister 4.1.1), en het belydenis van geloof afgelê in die Gereformeerde Kerk Pretoria (AB GKSA, Pretoria Lidmaatregister 3.1.1).

Dit is algemene kerklike kennis dat Abram in opdrag van God weggetrek het uit sy vaderhuis, dat hy altare gebou het en dat hy in die beloofde landstreek deur God in ’n verbond van onverdiende genade betrek is. Die besnydenis was die teken wat hy ontvang het, saam met die belofte dat God sy nageslag sou seën en vermeerder soos sand aan die seestrand en sterre van die hemel. In die kerke van gereformeerde belydenis is hierdie verbond, op grond van talle tekste in die Ou en Nuwe Testament, opgevat as die voorloper van die Christelike doop, sodat die doop in die plek van die besnydenis gekom het. So word dit in die formuliere wat by die doop gebruik word, uitgespel. Volgens hierdie teologie is die Christusdoop, deur Hom ingestel net voor sy hemelvaart in Matteus 28:19, ’n doop in sy dood en opstanding (Romeine 6:1–4). Die Skriftuurlike singewing van die Abram-altaar en -verbond lei heen na ’n leë graf as getuienis van ’n fisieke opstanding van Christus uit die dood, en kan nie met ’n sarkofaag of selfs senotaaf in verband gebring word nie.

Moerdyk gaan desnieteenstaande met die teks op ’n ander weg uit. Hy gebruik op ’n behendige manier die bekende Bybelse kennisraamwerk, wat aan die onderneming met die eerste oogopslag ’n Skriftuurlike en godsdienstige regverdiging besorg. Om die Abram-geskiedenis egter naatloos aan die monumentontwerp oor te bring, bewerk Moerdyk hierdie Bybelse gegewens met onakkuraatheid en selfs verdraaiing totdat dit pas. Abram het nie, soos die Voortrekkers sou, die vaderhuis verlaat om ’n nuwe staat te stig nie, nog minder om politieke, historiese of nasionalistiese redes. Abram het ook nie sy lewe vir hierdie ideaal geoffer nie: die altare wat hy gebou het, was nêrens as monumentale werke van herinnering bedoel nie, nóg simbole van menslike lyding en opoffering, én hy het nooit ’n opdrag van God ontvang om te vermenigvuldig ter wille van selfbehoud sodat sy nageslag ontelbaar groot soos die sand van die see sou wees nie. ’n Nageslag is aan hom toegesê.

Moerdyk misbruik eenvoudig die Bybel, sodat wat hy dink hy daarin hoor en derhalwe behoort na te praat, in werklikheid lynreg teenoor sy gekose Bybelse verwysingsmateriaal staan. Hy dig aan die Bybel toe wat daar nie staan nie, en hy maak op grond daarvan ’n ongeoorloofde toepassing. Dit blyk die duidelikste uit, volgens hom, die “transsubstansiasie” van die Abram-altaar tot die Retief-sarkofaag. Ek gebruik die betekenisvolle teologiese term transsubstansiasie omdat wat Moerdyk in die plek van die altaar van Abram plaas, ’n ander substansie of bestaanswyse (doodsbeendere in ’n heldegraf) aanneem, terwyl dit uiterlik nog die vorm en struktuur van ’n werklike altaar behou. Dié “nuwe” altaar word dus die simboliese spreekbuis van menslike lyding en opoffering ter wille van ’n ideaal, saamgevat in die grafskrif: “Ons vir jou Suid-Afrika”. Is hierdie Skrifgebruik en -verwysing deur almal aanvaar? Of is dit tog bevraagteken? Dit moet ook nog aan die bronne getoets word.

Nietemin. Vir die eerste keer in die uitleggeskiedenis van die monument is die 1937-verwysing na Abram nou in kruike en kanne gebring. Dit lyk of Abram die ereplek toekom: dit is hy en sy bouwerk wat die ontwerp van die monument oorspronklik ingegee het. Soos wat die Abram-trajek oopgespit is, het dit egter geblyk dat wat algaande aan hom toegesê is, al minder met hom te make het. Die afstand tussen die bouwerk van Abram en die monument self, en waarvoor dit staan, word al hoe groter. Die transsubstansiasie wat in die hart van die gebou voltrek sou word, voltrek dus ook ’n uitspraak oor Abram. Dit kon nie hy gewees het wat dít wat daar gebeur, geïnspireer het nie.

Wie sou dit wel kon gedoen het? Diegene bekend met die antieke Egiptiese boukuns wat in piramides en tempels byna verewig is, sal onmiddellik weet: die Farao. ’n Sarkofaag bemiddel en dra die boodskap van die grafkelders en heiligdomtempels van die Egiptenare. Die eersgeboortereg van Farao op die ontwerp van die monument is aan Abram verkoop.

 

9. Gevolgtrekking

In hierdie artikel is die trajek van uitleg van die betekenis en simboliek van die ontwerp van die Voortrekkermonument, soos die argitek dit gesaghebbend verduidelik het, gevolg en ondervra. Dié trajek strek oor meer as 17 jaar: van 1932 tot 1949. Die platform is in 1932 gelê. Van daar af uit het die trajek ontplooi. Moerdyk se 1932-sketsplan lyk na ’n kopie van die tempel van Horus by Edfu, waarna hy in sy boekie oor die geskiedenis van die boukuns verwys. Hierop baseer hy sy ontwerp vir ’n monument. Dit dra gevolglik die voetspore van die antieke Egiptiese heldegrafte en tempels met die kenmerkende reliëfgraverings rondom ’n sarkofaag. Die struktuur van die eintlike gebou met ’n lynregte aksiale gang deur die middel simboliseer die weg wat die “wit” beskawing deur Afrika sou gebaan het.

In 1936 het Moerdyk sy ontwerp hersien. Hy baseer dit steeds op die basiese lyne van die Egiptiese pylertempels, maar dit word nou ’n saamgestelde gebou, met ’n massiewe granietvoorkoms. Hy noem dit aanvanklik ’n mausoleum, waarin die sarkofaag die middelpunt vorm. By die model van die monument wat op die Rykstentoonstelling in Johannesburg uitgestal is, verander hy “mausoleum” na ’n “pragtige heiligdom”, wat nou binne die beskermende muur van ’n walaer gevestig is.

Vir sommige het die gebou soos ’n troukoek, ’n peperpot of selfs ’n draadloos (radio) gelyk – in elk geval, vreemd aan die Afrikaner. Dit sou meer op ’n Oosterse tempel as op iets anders trek. Dit het die SVK (en ook Moerdyk) lugtig gemaak om die oorsprong en die idee agter die struktuur en statuur van die gebou vanuit sy Egiptiese oorsprong te beredeneer. In die SVK se openbare verantwoording aan die begin van 1937 staan die voorstelbare historiese prestasie van die Voortrekkers voorop. Die oorwinning wat hulle ter wille van die vestiging van ’n blanke beskawing behaal het, verdien ’n indrukwekkende monument. Die Voortrekkermonument word dus as ’n volkseie saak voorgestel. Die ontsluiting van die gebou word nou binne die raamwerk van volksentimente geplaas, hand aan hand met die godsdienstige aard van die Afrikaner.

Dit het duidelik geword dat die kritiek teen die ontwerp die SVK gemotiveer het om die hart van die gebou langs ’n ander lyn te onthul. Die Egiptiese kombinasie van ’n heldegraf en tempel is toe vervang met die altaar wat Abram gebou het. Omdat ’n altaar soos dié van Abram nie meer gebruik word nie, word ’n heiligdom, wat ’n weergawe van die Voortrekkers, Suid-Afrika en die destydse geslag Afrikaners is, in die plek daarvan gesit. Onder in die gebou sou die sarkofaag wees vir Retief en sy 70 manne “wat die hoogste offer betaal het om Suid-Afrika vir ons bewoonbaar te maak”.51 In hierdie gewyde ruimte is die Afrikaner by sy verlede. Dit is hoe hiérdie Abram-oorsprong aan die gebou beslag gegee het, aan die hand gegee deur die geskiedenis van Abram: ’n gedenkteken uit die volk vir die volk. Hier bo (in onderafdeling 4) is gepraat van ’n ruil wat plaasgevind het: Farao is met Abram verwissel.

Hierdie lyn van onthulling van die betekenis van die ontwerp volg Moerdyk ook in sy geskrewe artikels rondom beide die hoeksteenlegging (1938) en die inwyding (1949) van die monument. Die gebou, en die geskiedenis wat daarin vertolk word, word in 1938 genasionaliseer, en in 1949 selfs geïdeologiseer as simbool van die eiendomsreg van die Afrikaner op hierdie land. Die klem verskuif dus van ’n nasionalistiese na ’n politieke oorweging. Die verwantskap van die monument met die godsdienstige ingesteldheid van die Afrikaner is in 1949 minder prominent as in 1938.

In die omvang van die gebou is die “Groot Daad” van die Voortrekkers simbolies saamgebundel: die bestendiging van ’n “blanke beskawing” en die “voortbestaan” van die Afrikanervolk. In hierdie oorvereenvoudiging oorspeel die argitek egter die kompleksiteit van die geskiedenis. Dit is histories ’n mistasting om “beskawing” en “blank” met mekaar te vereenselwig. Moerdyk laat die vestiging en uitbou van skole deur sendelinge en sendinggenootskappe en kerke in hierdie streke gedurende die 19de eeu byvoorbeeld geheel en al buite rekening. Hy skryf aan die Voortrekkers toe wat hulle histories nie alleen toekom nie.

Dit is eweneens te breed aangevoor dat die Voortrekkers onberispelik “beskaafd” sou opgetree het. Hoe moet ’n mens die aanvalle op en vernietiging van sendingstasies deur hulle en hulle nasate verklaar? Immers, tien jaar ná die Gelofte en die Slag van Bloedrivier lei Andries Pretorius (1798–1853) hierdie keer ’n Boerekommando wat die sendingstasie van die Berlynse Sendinggenootskap Betanië, suid van Bloemfontein, plunder (Schoeman 1985:98 e.v.). Nog tien jaar later (1858) is dit die sendingstasies van die (Franse gereformeerde) Paryse Evangeliese Sendinggenootskap wat in Basoetoland vernietigend deurloop (Germond 1967:233 e.v.). In die ruimtes van die monument ontbreek simbole van en verwysing na die skeefgroei en onprysenswaardige gedrag van die Voortrekkers. Hoewel daar destyds selfs uit eie geledere protes teen en afkeuring van hierdie soort optrede aangeteken is,52 word hierdie onvermydelike aspek van die geskiedenis oor die hoof gesien. Simbolisering hiervan sou helend en temperend op selfverheffing ingewerk het – iets wat eintlik nie aan die herdenking van die geskiedenis mag ontbreek nie.

Duideliker omlyn is die aksent in 1949 op die statuur van die gebou: Zimbabwe se boustyl van die gebruik van klein eenhede dra daartoe by. En dan: ook die indrukwekkende grootsheid van die Egiptiese bouwerke sou aan die statuur van die monument meewerk. Dit beteken dat Moerdyk erken het dat sy ontwerp tog saamhang met ’n Egiptiese agtergrond. Desnieteenstaande hou hy daarmee vol dat Abram se altaar, wat die vorm van ’n sarkofaag aanneem, die oorspronklike idee is wat tot die skepping van die ontwerp van die monument gelei het. In die beoordeling hiervan is egter aangetoon dat Moerdyk se aanduiding nie voet by stuk kan hou nie. Farao het sy ontwerp geïnspireer.

Die merkwaardige gebou op ’n heuwel aan die suidwestelike kant van Pretoria is na sy ontwerp ’n Egiptiese tempel wat ’n gewyde heldegraf vir die middel-20ste eeuse Afrikaner se beeld van die Voortrekkers was.

 

Bibliografie

Argivale bronne

Argiefbewaarplek Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (AB GKSA)

Pretoria Lidmaatregister 3.1.1: 1887.01.01–1954.09.18.

Waterberg Doopregister 4.1.1: 1863.08.02–1926.12.26.

Argief vir Eietydse Aangeleenthede, Universiteit van die Vrystaat (AREA)

PV 94 1/75/10/1, 1936: Vormkomiteenotules, korrespondensie, ens.

PV 125 1/2/2/1/1: Notules van die Sentrale Volksmonumente-Komitee, 14 April 1932
– 4 November 1937.

PV 125 2/2/1/1/1: Korrespondensie Sentrale Volksmonumente-Komitee, 30 Augustus 1932
– 22 Desember 1937.

Spesiale Versamelings, Universiteit van Pretoria: Moerdyk Dokumente (UPM)

Koerantknipsels

Anoniem. 1936a. Form of Voortrekker memorial. A great shrine 130 feet high on a hilltop in 30 acres of land. The Star,9 September, sonder bladsy.

Anoniem. 1936b. Voortrekkermonument sal eerste op Rykskou vertoon word. Die Republikein,
11 September, sonder bladsy.

Ongepubliseerde dokumente

Moerdyk, G. [1949a]. Ontwerp en simboliek van die Voortrekkermonument, ble. 1–8.

—. [1949b]. Die wording van die Voortrekkermonument, ble. 1–7.

Koerante

Anoniem. 1936c. Die Vaderland, XVIII(1465), 10 Januarie, bl. 7.

Anoniem. 1936d. Die Vaderland, XVIII(1465), 10 Januarie, bl. 5.

Anoniem. 1936e. Die Vaderland, 1(53), 3 September, bl. 15.

Anoniem. 1936f. Die Vaderland, 1(70), 23 September, bl. 10.

Ander bronne

Anoniem. S.j. Moerdyk, Gerard Leenert Pieter. http://www.artefacts.co.za/main/Buildings/archframes.php?archid=1102 (16 Januarie 2018 geraadpleeg).

Argitek. 1938. Die simboliek van die Voortrekkermonument. In Sentrale Voortrekker-Eeufeeskomitee. Sentrale Voortrekker-Eeufees 1838–1938 Pretoria 14–16 Desember 1938. Johannesburg: Die Afrikaanse Pers, ble. 31–33.

Britz, R.M. 2017. The religious statement of the Voortrekker Monument as a site of Afrikaner memory: origin, composition and reception. Ongepubliseerde voordrag, Internasionale Konferensie: Religie in Dialoog, 23–24 Augustus 2017, Universiteit van Pretoria, Pretoria,
ble. 1–29. (Beskikbaar by die skrywer.)

Delmont, E. 1992. The Voortrekker Monument: monolith to myth. Myths, Monuments, Museums; New Premises?. Geskiedeniswerkswinkel, Universiteit van die Witwatersrand, 16–18 Julie, ble. 2–21.

Duffey, A.E. 2006. ’n Egte lugkasteel: Moerdijk, Van Wouw en die Voortrekkermonument. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis 20(2):22–41.

Germond, R.C. 1967. Chronicles of Basutoland. Morija: Morija Printing Works.

Jansen, E.G. 1949. ’n Ideaal verwesenlik. In Voortrekkermonument-inwydingskomitee,
ble. 37–41.

Kleiner, F.S. en C.J. Mamiya. 2005. Gardner’s art through the ages. (12de uitgawe). Belmont: Wadsworth Thompson.

Louw, A.A. 1858. Fransche Missie. De Gereformeerde Kerk-Bode in Zuid-Afrika, Deel X, 19 Junie, bl. 211.

Moerdyk, G. 1934. Ons hoop op ’n Afrikaanse boustyl. Castalia, Oktober, ble. 19–21.

—. 1935. Die geskiedenis van boukuns. Pretoria: J.L. van Schaik.

—. 1938a. Die Voortrekkermonument. Koers, VI(3):1–4.

—. 1938b. Die Voortrekker-Monument. Die Kultuurskakel. Kwartaalblad van die Afrikaans-Duitse Kultuur-Unie. Mitteilungsblatt der Deutschen-Afrikanischen Kulturgemeinschaft, III(3/4):5–6.

—. 1949c. Die Voortrekkermonument. In Die Voortrekkermonument-inwydingskomitee,
ble. 43–55.

—. 1949d. The Voortrekker Monument. In Voortrekker Monument Inauguration Committee,
ble. 43–48.

Mostert, Dirk. 1940. Gedenkboek van die ossewaens op die pad van Suid-Afrika. Eeufees: 1938–1939. Kaapstad: Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (S.A.S. en H.), Hartenbos.

Schoeman, Karel. Die huis van die armes. Die Berlynse Sendinggenootskap in die O.V.S. 1833–1869. Kaapstad, Pretoria: Human en Rousseau.

Sentrale Voortrekker-Eeufeeskomitee. 1938. Sentrale Voortrekker-Eeufees 1838–1938 Pretoria 14–16 Desember 1938. Johannesburg: Die Afrikaanse Pers.

Steenkamp, A.C. 2008. Space, power and the body – the civil and uncivil as represented in the Voortrekker Monument and the native township model. Delft: Delft University of Technology.

—. 2009. A shared spatial symbolism: the Voortrekker Monument, the Völkerslachtdenkmal and Freemasonry. South African Journal of Art History,24(1):150–160.

Steenkamp, Alta. 2006. Apartheid to democracy: representation and politics in the Voortrekker Monument and Red Location Museum. Theory, 10(3/4):249–54.

Vermeulen, Irma. 1999. Man en monument. Die lewe en werk van Gerard Moerdyk. Pretoria: Van Schaik Uitgewers.

Voortrekker Monument Inauguration Committee. 1949. Inauguration of the Voortrekker Monument. Official programme Pretoria, 13 to 16 December 1949. Johannesburg: Voortrekkerpers.

Voortrekkermonument-inwydingskomitee. 1949. Inwyding van die Voortrekkermonument. Amptelike program en gedenkboek Pretoria, 13 tot 16 Desember 1949.Johannesburg:Voortrekkerpers.

 

Eindnotas

1 AREA, PV 125 2/2/1/1/1: Brief Minister van Binnelandse Sake, 4 Oktober 1935; AREA, PV 125 1/2/2/1/1: Notule SVK, 2 November 1935.

2 Anoniem, Moerdyk. http://www.artefacts.co.za; sien ook Vermeulen 1999.

3 AREA, PV 125 1/2/2/1/1: Notule SVK, 14 April 1932.

4 AREA, PV 125 1/2/2/1/1: Notule SVK, 14 April 1932.

5 AREA, PV 125 1/2/2/1/1: Notule SVK, 14 April 1932.

6 AREA, PV 125 1/2/2/1/1: Notule SVK, 14 April 1932.

7 AREA, PV 125 1/2/2/1/1: Notule SVK, 14 April 1932.

8 AREA, PV 125 1/2/2/1/1: Notule SVK, 14 April 1932.

9 AREA, PV 125 1/2/2/1/1: Notule SVK, 14 April 1932.

10 Die bronne (insluitende Moerdyk) verwys telkens voor 1949 na ’n “sarkofaag”. In die amptelike program van 1955 is dit – tereg – verander na “senotaaf”, omdat Retief se oorskot nooit in die Voortrekkermonument herbegrawe is nie.

11 Hier aangehaal soos Moerdyk dit gespel het.

12 AREA, PV 125 1/2/2/1/1: Notule SVK, 25 Januarie 1936.

13 AREA, PV 94 1/75/10/1, 1936: Notule Vorm-subkommissie, 26 Januarie 1936.

14 AREA, PV 94 1/75/10/1, 1936: Notule Vorm-subkomitee, 6 April 1936.

15 AREA, PV 94 1/75/10/1, 1936: Verslag van die Vorm-subkomitee (Suide) van die SVK, 4 April 1936.

16 AREA, PV 94 1/75/10/1, 1936: Vormkomitee Notules, korrespondensie, ens.

17 AREA, PV 125 1/2/2/1/1: Notule SVK, 7 April 1936; sien ook AREA, PV 94 1/75/10/1, 1936: Notule Vorm-subkomitee, 6 April 1936. Die Moerdyk-skets van 1932 is op 10 Januarie 1936 in Die Vaderland gepubliseer. Dit was dus voor die eerste vergadering van die SVK in 1936. Waarom dit juis toe in die koerant verskyn het, is nog nie uitgeklaar nie. Eers aan die einde van Januarie is werk daarvan gemaak om ontwerpvoorstelle te vra. Moerdyk het dus ’n hersiene ontwerp ingedien, wat op 6 April 1936 oorweeg en aanvaar is.

18 AREA, PV 125 1/2/2/1/1: Notule SVK, 7 April 1936.

19 AREA, PV 125 1/2/2/1/1: Notule SVK, 7 April 1936.

20 AREA, PV 125 1/2/2/1/1: Notule SVK, 7 April 1936.

21 AREA, PV 125 1/2/2/1/1: Notule SVK, 7 April 1936.

22 Duffey (2006:30); Steenkamp (2008:104–6); Steenkamp (2009:150–60).

23 AREA, PV 94 1/75/10/1, 1936: Notule Vorm-subkommissie, 26 Januarie 1936.

24 AREA, PV 94 1/75/10/1, 1936: Notule Vorm-subkomitee, 6 April 1936.

25 AREA, PV 125 1/2/2/1/1: Notule SVK, 15 Januarie 1937.

26 AREA, PV 125 1/2/2/1/1: Notule SVK, 5 Oktober 1936.

27 AREA, PV 125 1/2/2/1/1: Notule SVK, 15 Januarie 1937.

28 AREA, PV 94 1/75/10/1, 1936: Vormkomitee Notules, korrespondensie, ens.

29 AREA, PV 94 1/75/10/1: Voortrekkermonument Algemeen 1935–1947: Die Voortrekkermonument.

30 AREA, PV 94 1/75/10/1: Voortrekkermonument Algemeen 1935–1947: Die Voortrekkermonument, 1.

31 AREA, PV 94 1/75/10/1: Voortrekkermonument Algemeen 1935–1947: Die Voortrekkermonument, 2.

32 AREA, PV 94 1/75/10/1: Voortrekkermonument Algemeen 1935–1947: Die Voortrekkermonument, 3.

33 AREA, PV 94 1/75/10/1: Voortrekkermonument Algemeen 1935–1947: Die Voortrekkermonument, 3.

34 AREA, PV 94 1/75/10/1: Voortrekkermonument Algemeen 1935–1947: Die Voortrekkermonument, 3.

35 AREA, PV 94 1/75/10/1: Voortrekkermonument Algemeen 1935–1947: Die Voortrekkermonument, 3.

36 AREA, PV 94 1/75/10/1: Voortrekkermonument Algemeen 1935–1947: Die Voortrekkermonument, 3.

37 AREA, PV 94 1/75/10/1: Voortrekkermonument Algemeen 1935–1947: Die Voortrekkermonument, 3.

38 AREA, PV 94 1/75/10/1: Voortrekkermonument Algemeen 1935–1947: Die Voortrekkermonument, 3.

39 AREA, PV 94 1/75/10/1: Voortrekkermonument Algemeen 1935–1947: Die Voortrekkermonument, 4.

40 AREA, PV 94 1/75/10/1: Voortrekkermonument Algemeen 1935–1947: Die Voortrekkermonument, 4.

41 AREA, PV 94 1/75/10/1: Voortrekkermonument Algemeen 1935–1947: Die Voortrekkermonument, 5.

42 AREA, PV 94 1/75/10/1: Voortrekkermonument Algemeen 1935–1947: Die Voortrekkermonument, 5.

43 Die datum 1903 word hier gekies, omdat die opruiming van konsentrasiekampe eers in 1903 voltooi is.

44 Moerdyk (1949c:44).

45 Argitek (1938:31); Moerdyk (1938a:2); Moerdyk (1949c:45,47).

46 Moerdyk (1949c:44); sien ook Argitek (1938:31).

47 Moerdyk (1949c:47); sien ook Moerdyk [1949a]:6; Moerdyk [1949b]:6.

48 Moerdyk (1949c:45); Moerdyk [1949a]:4; Moerdyk [1949b]:3; sien ook Argitek (1938:33).

49 In die weergawe wat in die Engelse program opgeneem is, is daar geen sprake van ’n “altaar van die Afrikanerdom” nie. Daar bevestig Moerdyk gewoon dat “a laager of wagons … serves at the Monument as a symbolic wall defending the ideals and conceptions of the Voortrekkers against everything threatening them” (Moerdyk 1949d:45, my kursivering). Hy differensieer dus tussen Afrikaner- en nie-Afrikanerlesers.

50 Moerdyk sinspeel hier op Genesis 22:17. Dit is egter nie ’n bevel om te vermeerder nie, maar ’n toesegging van God se seën. In die Bybelse verhaal van Abram is sy naam na Abraham verander (Gen. 17:5). Omdat Moerdyk na ’n teks verwys na die naamsverandering, is dit konsekwent gevolg.

51 AREA, PV 94 1/75/10/1: Voortrekkermonument Algemeen 1935–1947: Die Voortrekkermonument, 5.

52 In hierdie verband is die “Protest” van “leden der Nederduitsch-Gereformeerde Gemeente van Fauresmith” en 85 burgers van die Oranje-Vrystaat, gepubliseer in De Gereformeerde Kerk-Bode in Zuid-Afrika van 19 Junie 1858, ’n sprekende voorbeeld. Daarin word openbare afkeuring uitgespreek oor die gedrag van burgers wat “zich hebben schuldig gemaakt aan heiligschennis en grove buitensporigheid door schending van het kerkgebouw te Morija” (Louw 1858:211). Dan word vervolg:

Wij achten het van onzen pligt om met dit ons plegtig protest opentlijk voor den dag te komen, opdat het vooroordeel tegen ons, dat elders helaas! reeds in zoo hooge mate bestaat, geen voedsel vinde in hetgeen ter genoemder plaatse door enige loszinnige lieden uit het leger en dat tegen het uitgedrukt bevel der Hoofdbestuurders is gepleegd geworden. (Louw 1858:211) 

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Wie het die ontwerp van die Voortrekkermonument geïnspireer: Farao of Abram? appeared first on LitNet.

The Sound of Music by die Kunstekaapteater: ’n teaterresensie

$
0
0

Richard Rodgers en Oscar Hammerstein II
The Sound of Music
Regie: Jeremy Sams. Assistent: Frank Thompson.
Regie: musiek: Kevin Kraak.
Orkestrasies: Robert Russell Bennett.
Verwerker, danse en sang: Trude Rittmann.
Choreografie: Arlene Phillips. Assistent: Jonny Bowles.
Beligting: Mark Henderson.
Klank: Mick Potter.
Stel- en kostuumontwerp: Robert Jones.
’n Andrew Lloyd Webber-produksie, aangebied deur Pieter Toerien in samewerking met David Ian en The Really Useful Group.
Kaapse speelvak tot op 27 Mei 2018


’n Mens beleef iets heel besonders.

Elke faset van dié geliefde musiekspel word heerlik bevredigend en afgerond aangebied. Jy luister en die liedere en skouspel laat jou letterlik jou kop oplig omdat jy iets verheffends ervaar.

Jy verkyk jou aan die stel, die kostuums en die kleurespel met die beligting. Dit is opvallend dat die toneelspel van dieselfde hoë gehalte is as die sang, en as die orkeswerk onder leiding van Kevin Kraak.

Daar is ’n energieke voortstuwing in die handeling. Die tempo word volgehou met ’n natuurlike tydsberekening. In die openingstoneel met die abdysusters wat statig uitstap verby ons in die ouditorium het ek gedink: dié toneel verg tydsberekening. Hulle moet bybly by die musiek, kan nie te laat wees vir ’n volgende handeling nie. In die spraakgedeeltes pouseer ’n karakter byvoorbeeld net voor ’n spitsvondigheid en ontstaan daar humor. Jonathan Taylor as die ou kultuurbeampte Max Detweiler vaar baie goed daarmee. Sy selfingenomenheid raak daarmee baie snaaks.

Die sewe Von Trapp-kinders dra baie by tot die genieting van die aanbieding. Slegs Liesl die oudste word in al die opvoerings deur een persoon vertolk: Zoe Beavon. Die ander word almal deur drie kinders gespeel[1]. Dis seker te moeilik om met elke vertoning aan te toon wie optree. Dis boeiend om te sien hoe hulle tog as karakters van mekaar verskil en dit met liggaamstaal of stemtoon oordra.

’n Baie jonge dame het langs my gesit. Sy is seker nog net so vier jaar hier op die aarde. Ek het haar in my kop Princess gedoop. Ek het haar my deftige program laat deurblaai. Sy het dit met belangstelling gedoen. ’n Toneel tussen Max en barones Schraeder (Haylea Heyns) vind ek eintlik nie uitsonderlik dramaties nie. Ek kyk af na Princess. Grootogig staar sy na die twee grootmense. My houding verander. En toe is daar die toneel wat Princess uiters realisties vind. Sy identifiseer haar volkome met die maats op die verhoog. Die kinders is saam met Maria (Carmen Pretorius) wanneer ’n donderstorm werklik baie luid losbars. Hulle vind beskerming by Maria; Princess kruip weg onder Moeder se arm.

Carmen Pretorius se vertolking as Maria is geskakeerd. Daar is van die begin af ’n volwassenheid en innerlike sterkte by haar. Haar “moeilik wees”, haar andersheid word nie oordryf nie. Haar mensekennis kom na vore in haar verhouding met die kinders.

Iets wonderliks was hoe ’n mens die so bekende lirieke skielik binne konteks geplaas kry. Andre Schwartz beïndruk met sy toneelspel as die kaptein wat sy kinders militaristies beheer en deur Maria nader aan hulle kom. Dit is veral in die tweede helfte dat die bedreiging van die Nazi’s op hulle in Oostenryk al hoe bedriegliker word. Wanneer hy “Edelweiss” sing tydens die “musiekkompetisie”, dring dit tot ’n mens deur dat die blom so ’n simbool is van alles wat vir hom en almal in sy villa goed is in hulle vaderland, dit waarvandaan hulle moet vlug. Meteens raak ek ontsteld: wanneer kan ons, ek en my mense, nie ook uitgedelg raak nie? En dink aan volke wat elders ondergaan?

’n Tweede keer die afgelope ruk kry ek te doen met tekste wat ons wel kan inspireer as dit nag word in ons lewens, sombertes kan verminder, regte besluite kan laat neem.

In Charles Fryer se pas gepubliseerde Passiespel, Só moes die Liefde ly, bid hy in die tyd dat “die nag om ons vou”:

Koud is die wêreld sonder die Lig.
Kom terug na ons toe, o Heer.

En hier bemoedig die moederowerste in die abdy vir Maria met “Climb ev’ry mountain”. Janelle Visagie laat die lied styg en styg. Haar vertolking word een van die hoogtepunte in die musiekspel, selfs dié hoogtepunt. ’n Mens eien ná al die jare die inhoud vir jou persoonlik toe. Ook wanneer dit tydens die vlug oor die berge gesing word.

A dream that will need
All the love you can give,
Every day of your life
For as long as you live.

[1] Friedrich Jamie McNally; Max van Rooyen; Daniel Wolson. Louisa Emma-Rose Blacher; Mia Dippenaar; Jemma Thomson. Kurt Jack Fokkens; James Grieve; Kai Scott. Brigitta Lulu Berström; Lilla Fleischmann; Lia Sachs. Marta Sarah Cobley; Eve Cohen; Shani Sachs. Gretl Mia-Cecilia Kriel; Grethe Marren; Lara Smit.    

The post <em>The Sound of Music</em> by die Kunstekaapteater: ’n teaterresensie appeared first on LitNet.

Graad 7: SW (Aardrykskunde), vraestel en memorandum

Die pasiënt as vennoot deur Dawie van Velden: Stellenbosch-bekendstelling

Jong lesers: Vandag is ek ’n windlawaai deur Philip de Vos

$
0
0

Vandag is ek 'n windlawaai
Philip de Vos
Protea Boekhuis
ISBN: 9781485307648

Vandag is ek ’n windlawaai is deur Philip de Vos geskryf en deur Piet Grobler geïllustreer.

Ons het onlangs in die Afrikaans-periode by die skool oor Philip de Vos geleer. Dit was regtig lekker om meer oor hom te leer en kort daarna sy boek te lees. Hierdie boek is ’n digbundel wat ek sal aanbeveel vir kinders van ouderdomme 7–12.

As ’n mens net na die voorblad kyk, sal jy dalk eers dink dit is kinderagtig, maar daar is regtig diepte in. Al die gedigte gaan oor ’n klein seuntjie wat enigiets sal doen om in sy boom te gaan klim en net wil droom. Ek was veral beïndruk deur die gedig “Spesiale dag”, wat sonder twyfel my gunstelinggedig in die boek was. Die titel van die boek kom ook van daardie gedig af. In een van my ander gunstelinggedigte kon ’n mens veral sy verhouding met sy ouers sien (lees, met ander woorde). Hy en Jaco Jacobs skryf baie in dieselfde styl – daar is ’n definitiewe verband tussen hulle boeke en verse. Hierdie boek is ’n goeie boek om net voor slaaptyd te lees – ek dink dit is half waarvoor dit bedoel is. Die boek is gebaseer op Robert Schumann se klavierwerk Kinderszenen (“Kindertonele”) en die dertien verse gaan, soos ek gesê het, oor ’n spesifieke seun se leefwêreld.

As jy nou al volwasse is, sal die manier waarop Philip de Vos die woorde weef, jou laat terugverlang na jou kinderjare.

Ek is nege jaar oud, in graad 4 (standerd 2), en soek altyd nuwe boeke om te lees – ’n mens kan nooit genoeg hê nie. Alhoewel ek deesdae meestal Engelse boeke soos Harry Potter, Wonder, The Secret Seven en The Famous Five lees, het ek hierdie boek verskriklik baie geniet.

Dit is ’n boek hierdie wat ’n mens oor en oor kan lees, maar nooit sal moeg raak daarvoor nie. Ek is mal oor die kleurvolle illustrasies – dit pas regtigwaar by die boek.

Dit is pragtige maar grappige gedigte!

Vandag is ek ’n windlawaai — die storie agter die inskrywing voorin die bundel

The post Jong lesers: <em>Vandag is ek ’n windlawaai</em> deur Philip de Vos appeared first on LitNet.

Die Jirre is mos wit

$
0
0

Ricardo Arendse

Die Jirre is mos wit

Jirre, is ek
Knieg gebuig
Ek kom met dissipline en respek.
Ek wil net saam jou hie innie kamer hang vir ’n minuut
Miskien sal ek vi'giet
Van a'mal en alles
Van'ie government wat mal is.
Van gedagtegange wat smal is.
En die mense wie bid
En die mense wie skiet
En die mense wie wiet
Dat hulle bymekaar is met nwatas!
Ek wil jou vergewis van allie feite
Van alles wat aangaan ha buite
Innie straat
Loop liefde hand aan hand met'ie kwaad
En die duiwel hou party!
Ons is ripe for the picking soos ’n tamatie
Wat die broker vi'koep van Woensdag tot Sa'rag
Die hele ding laat my aar’ag.
Ma djy sal self moet kon fotcha
Die hele nommer het gechange.
Even Israel is biesag om homself te rearrange.
Want hie' spend o's gel' op nuclear programmes
Economies word gebou op diagrams
Wat ekkie v'staan nie
’n Man wietie mee' wa’ nie
Wa' gaan ek my laaities laat loep
Gie my ’n antwoord
Hulle was tog in jou kerk gedoep
En jy't geseg, jy gaan o'sie foresake'ie
But kyk 'ie
Gentrification maak ’n man mos ‘ie geluk'ie!
Nou word die mense wee' gedump oppie Vlakte
Djy wiet tog daai is ’n kak gedagte
Los'ie mense ha tussen die duine en die sand
Los'ie mense stranded want
Die wallet het mos ’n harde stem
Ek ken
My tannie is afgemat en afgerem
Van'ie lang ure op'ie factory vloer
30 years unbroken service is in sy moer
Ma' ek moet seker check hoe ek bid
Mens praat mos ‘ie so saam ’n baas'ie
Die here is mos wit.

The post Die Jirre is mos wit appeared first on LitNet.


Winter in die Bo-Karoo

$
0
0

Winter in die Bo-Karoo

Dis winter in die Bo-Karoo.
En die hemel se grys jas is toegeknoop.
Haar trane bots teen die venster.

Twee vir twee vat die druppels mekaar se lywe vas en tango ...
Hulle dans die lengte van die venster, ’n magiese minnespel speel af.
Twee vinnige treetjies, twee stadiges en dan swaai!
Dan, as die voorspel verby is, ná hulle eenwording en ’n intense klimaks, skei hulle paaie
          langs die houtraam af.

In die verte staan ’n Acacia karroo regop, trots en halfkaal,
sy immergroen blare en sekelvormige peule afgeruk deur ’n lywige wind
wie se ysige asem wooh, en sy skerp hande kap, en sy vinnige voete sleep tot sy
stofwolk ontplof soos die rok van ’n go-go girl!

Die heuwels en oop pleine is stil, geen wagter of vee in sig, net die reën en die wind wie se
          ge-wooh teen die berge uitklim.
Die dag en die nag is dieselfde hier.
Die son het lankal sy tassie gepak en op ’n boot al langs Afrika se kus weste toe gevaar.
Hier waar sy strale doodgebrand het, is nou tekens van lewe.
Hier waar hy gaan slaap het, ’n leë bed.

The post Winter in die Bo-Karoo appeared first on LitNet.

Who inspired the design of the Voortrekker Monument: Pharaoh or Abram?

$
0
0

Abstract

This article investigates and argues the origin of the design of architect Gerard Moerdyk's (1890–1958) Voortrekker Monument, erected on a hill to the southwest of Pretoria. It documents the architect’s thoughts, or ideas, or the mindset that gave rise to the creation of the monument. What, according to Moerdyk, enthused or kindled the original idea that eventually shaped and formatted this remarkable building?

Tracing the relevant primary sources led to the identification of two lines or trajectories of thought, embedded in the explication given by the architect whenever he reflected upon the origin of his design. Initially, and without hesitation, Moerdyk attributed the inspiration of his design to ancient Egyptian temples and architecture. Later, after the design was questioned in public, he indicated that the altar built by the Biblical Abram inspired the original idea that led to the design of the building. Hence the question forming the title of the article: “Who inspired the design of the Voortrekker Monument: Pharaoh or Abram?” The research thus intended to determine – from the primary sources – to whom this honour is due. Was it Abram of the Bible, or the Pharaoh of Egypt?

Moerdyk, as the authority, clarified the design of his monument over a long period of 17 years: from 1932 to 1949. The platform was laid in 1932. His first sketch of the envisaged monument (1932) clearly resembles the famous Egyptian temple of Horus at Edfu, a building that he described in detail in his 1935 book on the history of architecture. This design, published as a drawing in the Pretoria newspaper Die Vaderland, consequently carried the footprints of the ancient Egyptian tombs and temples. The immense physical structure of the building, the two massive pylons with a diametric axial passage through the middle and a distinctive sarcophagus, symbolized according to the architect the unwavering character of the Voortrekkers, as well as the way (presumably) opened by them into the interior of Africa in order to establish and maintain a "white" civilization in these regions. It was clear that the inspiration for the design of the building originated in Egyptian temple architecture, and thus with the Pharaoh.

In 1936 Moerdyk revised his design. It was still based on the elementary lines of the Egyptian pylon temple, but now embodied a composite building, with a massive granite appearance. In April 1936 the Central People’s Monument Committee officially accepted this revised design. Moerdyk was then appointed as the architect of this national enterprise. Elucidating the form of the structure to the committee, he denotes it as a mausoleum in which a sarcophagus for the remains of Piet Retief and his men would form the centrepiece. The original Egyptian ideas that inspired the monument were thus maintained. When a model of the proposed monument went on display in September 1936 at the Empire Exhibition in Johannesburg, the public could, for the first time, visualise the form of the building. The basic idea of the memorial Moerdyk then envisaged was to erect a beautiful shrine or sanctuary located within the protective wall of a wagon laager. In the upper dome would be an opening for a shaft of light to filter in and illuminate a sarcophagus of Retief and his men.

For some, however, the building bore resemblance to a wedding cake, a pepper pot or even a radio. For others, the similarity to an Eastern temple and its appeal was foreign to the Afrikaner. This unexpected criticism made the Central People’s Monument Committee (including Moerdyk) cautious about arguing the origin and idea behind the structure and stature of the building in terms of its Egyptian roots. It is evident that the criticism of the design motivated the committee to disclose the significance and symbolism of the building along a different line of thinking. An official document issued by the committee gave effect to a new interpretation.

The committee’s response at the beginning of 1937 elevated the historical achievement of the Voortrekkers. The victory they had accomplished in establishing a “white civilisation” deserved, according to the committee, an imposing monument. Designed to meet this purpose the Moerdyk monument, it was emphasised, embodied in its stature the national identity of the Afrikaner in a powerful way. The significance of the building now shifted to the framework of nationalist sentiments, which went hand in hand with the religious nature of the Afrikaner.

The building’s origin in the Egyptian combination of a mausoleum and temple was substituted by the biblical history of Abram, and the altar he had built to accommodate the religious nature (or spirituality) of the Afrikaner. The document indicated that just as the wandering Abram erected an altar whenever he came to rest, the monument was correspondingly constructed. The document, however, noted that since an altar like that of Abram was outmoded and had been superseded, a sanctuary in the case of the monument would replace it. Deep in the heart of the building, it continued, a sarcophagus for Retief and his men, who paid the ultimate sacrifice to make South Africa inhabitable, was situated. This sanctuary would provide the sacred space for the Afrikaner to become a participant of his history. The monument was interpreted as a memorial of the people for the people. A switch thus took effect: Pharaoh was exchanged for Abram. In following the underpinning primary sources, the article identifies a clear turning point in the trajectory of the architect’s explanation of the origin of the building. Pharaoh made room for Abram.

The next set of documents in which the architect reflected on the meaning and symbolism of the building was linked to the laying of the cornerstone of the monument on 16 December 1938. Remarkably, Moerdyk in these documents did not offer an explication of the original idea that had shaped the design of the building. The building, as a prevailing expression in stone of the Afrikaner’s history, was nationalised. This Afrikaner and people’s monument was designed in harmony with the religious nature and spirituality of the Afrikaner. Neither Pharaoh nor Abram was even mentioned.

Published in the year of the inauguration of the monument (16 December 1949), a final set of documents offered Moerdyk the opportunity to illuminate the meaning of his monument. Yet again the architect emphasised that the monument was the formidable and eternal symbol and expression of the triumph of the Afrikaner's history. However, Moerdyk now expanded his argument. The monument is also a symbol of the entitlement of the Afrikaner to the country. The emphasis thus moved from a nationalist to a political consideration. The building became the symbol of an ideology.

In these documents references to Abram's altar (for the first time since 1937) as the original inspiring idea that had shaped the design of the monument again surfaced. In this regard Moerdyk was categorical in his assertion. He wrote that while searching for a fundamental concept to conceive a worthy monument, he was struck by a thought: What would the Voortrekkers have done, had they decided to erect a monument? He expected that, as a religious people, they would obviously have consulted the Christian Bible. They would have looked for circumstances similar to their own, and then acted accordingly. The history of Abram provided a perfect counterpart. After leaving Ur, on his sojourns Abram always built an altar. The Voortrekkers, who had left the Cape Colony, would thus, Moerdyk assumed, have made their monument a religious one. They would have built an altar, like, and because, Abram did. The architect then indicated that, based on this hypothesis, the Abramic altar guided his design of the Voortrekker Monument. The genesis of what eventually emerged as the monument had germinated in the altar that Abram had built. Abram, and not the Egyptian Pharaoh, had inspired the building.

As in 1937, Moerdyk nonetheless noted in 1949 that the Abramic altar was dated. It could no longer be utilised. In the monument it therefore took the form of a sarcophagus deep in the centre of the building. It had been transubstantiated to a mausoleum, from which the whole building rose. Consequently, it could not be Abram who had inspired the design of building. In the final analysis it seems that the origin of the design of the building remained firmly seated in its Egyptian (sarcophagus!) roots. In terms of its design, this remarkable building on a hill on the south-western side of Pretoria is an Egyptian temple. It is a mausoleum, a sanctuary, for the mid-20th-century Afrikaner Voortrekkers. The Pharaoh had indeed inspired the building.

Keywords: Afrikaner; Afrikaner nationalism; Ancient Egyptian architecture; Central People's Monument Committee; Gerard Moerdyk (1890–1958); Great Trek; Voortrekker Monument design; Zimbabwe ruins

Lees die volledige artikel in Afrikaans: Wie het die ontwerp van die Voortrekkermonument geïnspireer: Farao of Abram?

The post Who inspired the design of the Voortrekker Monument: Pharaoh or Abram? appeared first on LitNet.

2018 Caine Prize Shortlist Announced

$
0
0

The shortlist for the 2018 Caine Prize for African Writing has been announced, showcasing a diversity of themes and a wealth of literary talent. The five-writer shortlist was unveiled by this year’s Chair of judges, award-winning Ethiopian-American author, Dinaw Mengestu.

Dinaw Mengestu, former Lannan Foundation Chair in Poetics at Georgetown University, said: “The best short stories have a subtle, almost magical quality to them. They can contain through the rigour of their imagination and the care of their prose more than just a glimpse into the complicated emotional, political, and social fabric of their characters’ lives. The stories submitted for this year’s Caine Prize contained worlds within them, and nothing was perhaps as remarkable as finding that in story after story, writers across the continent and in the diaspora had laid waste to the idea that certain narratives belonged in the margins.

“The politics and aesthetics of gender, sexuality, corruption and silence were a constant presence throughout many of the stories submitted, particularly those on our shortlist. These five remarkable narratives are proof that nowhere is the complexity and diversity of Africa and African lives more evident than in the stories we tell.”

The shortlisted writers for the 2018 Caine Prize are:

  • Nonyelum Ekwempu (Nigeria) for ‘American Dream’, published in Red Rock Review (2016) and republished in The Anthem (2016).
  • Stacy Hardy (South Africa) for ‘Involution’, published in Migrations: New Short Fiction from Africa, by New Internationalist (2017).
  • Olufunke Ogundimu (Nigeria) for ‘The Armed Letter Writers’, published in The African Literary Hustle(2017).
  • Makena Onjerika (Kenya) for ‘Fanta Blackcurrant’, published in Wasafiri (2017).
  • Wole Talabi (Nigeria) for ‘Wednesday’s Story’, published in Lightspeed Magazine (2016).

Biographies of each shortlisted author can be found on the Caine Prize website.

Joining Dinaw Mengestu on the 2018 judging panel are: Henrietta Rose-Innes, South African author and winner of the 2008 Caine Prize; Lola Shoneyin, award-winning author and Director of the Ake Arts and Books Festival; and Ahmed Rajab, a Zanzibar-born international journalist, political analyst and essayist.

The winner of the £10,000 prize will be announced at an award ceremony and dinner in the Beveridge Hall at Senate House, SOAS, on Monday 2 July 2018 – in partnership with the Centre for African Studies. Each shortlisted writer will also receive £500.

The shortlisted stories will be published in June in New Internationalist’s 2018 Caine Prize anthology, Redemption Song, and through co-publishers in 16 African countries who receive a print-ready PDF free of charge.

The post 2018 Caine Prize Shortlist Announced appeared first on LitNet.

LitNet: Wen met jou leeskring

1st International Biennial Conference on Language, Linguistics and Literature (3L): Call for papers

$
0
0

The 1st International Biennial Conference on Language, Linguistics and Literature (3L): Call for papers

Theme of the conference: “Language, linguistics and literature in the 21st century”

The departments of African languages and literature, English, French and communications, and the study skills unit of the faculty of humanities at the National University of Lesotho invite you to the 2019 “3L” Biennial Conference.

Conference dates: 5 – 7 February 2019

Background of the conference

Figuratively, language is the ground upon which all forms of relationships are built. It is, indeed, the main link that connects individuals, as well as the medium through which culture is registered and transferred from generation to generation in a society. As the technological landscape continues to evolve in Africa, ideas expressed through language, literature and other modes of formal and informal expression become the object of collaborative and interdisciplinary research, since use of new applications and technologies makes new kinds of teaching and academic research possible. Simultaneously, it is important to keep on evaluating and critiquing how these new forms of communication impact on the society. Thanks to translation and interpreting as tools that bridge the gap between cultures, information conceived in one particular language is able to transcend human borders and become accessible to all.

The 1st International Biennial Conference on Language, Linguistics and Literature will cover interactions and issues surrounding language, linguistics and literature, as well as the various cultural environments and contexts within which they are adapted.

In light of the above, the subthemes of the conference will be:

Subthemes

  • Communication
  • Translation and interpreting
  • Digital humanities
  • Second language acquisition
  • Comparative literature
  • Language teaching and learning
  • Curriculum design
  • Applied linguistics
  • Creativity through inquiry approach at higher learning institutions
  • Rethinking language policy
  • African indigenous languages

We are delighted to announce that, so far, the following keynote speakers have been secured:

  • Prof FL Moloi (retired professor of linguistics)
  • Prof N Mathonsi (professor at the University of KwaZulu-Natal)
  • Prof J Kangira (professor at the University of Namibia)

Abstract submission

  • Abstracts of not more than 250 words, with at least 5 keywords, should be submitted to humanities@nul.ls.
  • Text should be justified and spaced 1,5.
  • Font: Times New Roman, 12 points

Paper presentation

Each presenter will be allocated 30 minutes, as follows:

  • Duration of each presentation: 20 minutes
  • Discussion and questions: 10 minutes

Important dates

  • Deadline for submission of abstracts: 31 July 2018
  • Confirmation of acceptance: 31 August 2018
  • Early bird registration: 31 October 2018
  • Late registration: 7 December 2018

Registration fees

 

Early bird registration

Late registration

Delegates from Lesotho

M2 000

M2 500

International delegates

M2 500

M3 000

Students

M1 000

M1 500

 

Bank details of the National University of Lesotho

Bank name: Standard Lesotho Bank
Account holder: National University of Lesotho
Account number: 9080002587781
Branch code: 062067                            
Swift code: SBCLSMX
Account type: Current account

Reference: 3L Conference

Please make sure you indicate the reference (3L Conference) when effecting your payment, and send proof of payment to 3l.humanities@nul.ls.

All other information will be communicated in due time.

The post 1st International Biennial Conference on Language, Linguistics and Literature (3L): Call for papers appeared first on LitNet.

Viewing all 21497 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>