Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21497 articles
Browse latest View live

Elsabe Steenberg (1938–1996)

$
0
0

Gebore en getoë

Elsabe Steenberg is op 14 Maart 1938 gebore as Elsabe Brink, een van vier kinders, twee dogters (Elsabe en Marika) en twee seuns (die skrywer André P en Johan) van  Daniël Brink en AW Brink, ook ’n skrywer van kinderboeke. Sy is op Vrede in die Noord-Vrystaat gebore en het haar jeugjare op verskeie klein dorpies in al die provinsies van Suid-Afrika, behalwe KwaZulu-Natal, deurgebring as gevolg van haar landdrosvader se werk.

Elsabe het op dertienjarige ouderdom reeds begin skryf. Haar eerste stories is in tydskrifte soos die Klein Burger, Jongspan en Patrys gepubliseer.

Sy het aan Wilma de Bruin (Volksblad, 14 Februarie 1981) vertel dat sy as kind gereeld tennis teen die muur gespeel het en dan stories uitgedink het. "Toe ons Sabie toe trek, was daar nie meer ’n muur nie en het ek net stories uitgedink."

Sy was dertien toe sy haar eerste kortverhaal aan Huisgenoot gestuur het: "Ek dink dit was sommer met die hand geskryf. Die kommentaar was nie te gunstig nie: iets soos dat die verhaal glad nie goed genoeg is om in ’n tydskrif te verskyn nie. Kort daarna is my eerste kortverhaal in Die staatsamptenaar gepubliseer."

Nadat van haar kortverhale in tydskrifte verskyn het, het sy besluit om iets "groters" aan te pak: ’n roman. Sonder dat iemand geweet het, het sy begin skryf – onder die verekombers in die middag na skool. Toe die boek klaar was, het sy, sonder om aan haar familie iets te sê, dit na ’n dame wat geadverteer het vir tikwerk gestuur. Groot was die jong Elsabe se ontnugtering toe sy gesien het wat sy sou moes opdok vir die tikkery. Toe moes sy vir haar ouers vertel. Gelukkig het haar broer aangebied om die tikwerk te doen. "Toe kom die boek naderhand van ’n uitgewer terug met die oordeel dat hy goeie moontlikhede bevat, maar hy's nog nie 'ryp' nie. Seker te hope," het sy in Klasgids van Oktober 1982 vertel.

"Ná nog ’n onsuksesvolle dagboekroman op vyftien, het ek my vir ’n lang ruk net by kortverhale bepaal. Sukses was maar min. Dat ek maar aangehou het, sou deur oningeligtes as vasberadenheid bestempel kon word, maar dit was eintlik net dat ek móés. Dis soos asemhaal vir party mense, skyn dit: daarsonder kan dié spesie nie lewe nie."

Sy het op Lydenburg in Mpumalanga gematrikuleer.

Verdere studie en werk

Ná skool is Elsabe na die destydse Potchefstroomse Universiteit vir CHO waar sy haar BA, Onderwysdiploma en in 1964 haar MA in Afrikaans-Nederlands behaal met Die begrip van die woord "duister" in die poësie van NP van Wyk Louw.

Sy het vir ’n wyle onderwys gegee aan Gimnasium Hoërskool op Potchefstroom voordat sy in 1961 getroud is met David Herculaas Steenberg wat op daardie stadium Afrikaanse onderwyser was en later lektor en professor in Afrikaans aan Noordwes-Universiteit. Sy het sedert  1976 Afrikaans-Nederlands van tyd tot tyd aan dieselfde universiteit gedoseer. Sy het ook later aan die hoof gestaan van die nuwe kursus (destyds) in kinderliteratuur en het nagraadse studente onder haar vleuels geneem.

Sy was ’n keurder van manuskripte by die groter uitgewers en was ook samesteller van Voorlees vir nadink: ’n verhaalbundel vir kinders vir gebruik in laerskole en tuis (1980). Nadat sy siek geword het, het sy haar klasse in kinder- en jeugliteratuur na haar huis te geskuif.

Vier kinders is uit haar huwelik met DH Steenberg gebore - twee dogters (Ilse en Erika) en twee seuns (Adri en Conrad). Albei hulle dogters het al boeke vir kinders en tieners gepubliseer. Haar oudste seun, Adriaan, was in 2008 die slagoffer van ’n huisbraak toe hy voor sy vrou in hulle huis op ’n kleinhoewe in Leeufontein doodgeskiet is.

In 1975 het Elsabe haar DLitt aan die Universiteit van die Vrystaat ontvang met haar tesis Die kind in die Afrikaanse prosa onder promotorskap van Gerhard Beukes.

In 1990 het die Potchefstroomse Stadsraad aan Elsabe Steenberg, saam met persone soos TT Cloete en Louis Luyt, ’n Gratia-toekenning gegee vir haar bydrae wat sy as skrywer tot die Afrikaanse letterkunde gelewer het.

Die Potchefstroomse Universiteit gee in 1993 'n erkentlikheid-oorkonde aan haar en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer haar met 'n besondere erepenning in 1993 vir haar bevordering van kinder- en jeugliteratuur. 'n Straat in Langenhovenpark in Bloemfontein is na haar vernoem en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns stel 'n prys vir vertaalde kinder-en jeugliteratuur in Afrikaans in, wat na haar vernoem is. Hierdie prys word vanaf 2008 elke drie jaar toegeken.

In die 1970's is veelvuldige sklerose by Elsabe gediagnoseer. Sy het aan Bessie Pienaar (Sarie, 29 November 1989) vertel dat sy teen daardie tyd al twaalf jaar teen die siekte of die "gog" soos haar kinders dit genoem het, geveg het.

"Oor baie jare het ek die simptome toenemend ervaar, maar nie geweet hoe ernstig dit is nie. Eers het ek agtergekom dat ek nie meer ordentlik kan brei nie; toe het ek begin sukkel met blaas- en nierpypontsteking; my bene het kol-kol gevoelloos geraak en my regterhand slaperig. Later het ek dubbelvisie in die een oog ontwikkel en al moeiliker geloop," het sy aan Pienaar vertel.

Sy het die een spesialis na die ander besoek, vibreerkussings probeer en selfs ’n vrou besoek wat haar "die hande opgelê" het. En uiteindelik is die diagnose gemaak dat sy verspreide sklerose het - ’n siekte wat die senuwees aantas sodat impulse nie die brein bereik nie.

En toe het haar swaarkry werklik begin, want sy het besluit om haar nie te laat onderkry nie – al het sy van krukke na ’n rolstoel gegaan, het sy bly glo dat sy weer sal opstaan en loop, al was sy soos ’n "meermin wat op die strand uitgegooi is en hulpeloos met haar vinne rondflap".

Sy het verder aan Bessie Pienaar vertel: "Mense neem my kwalik dat ek nie berus en aanvaar nie, maar die radionika-behandeling gee my iets om aan vas te klou. Ek weet net dat ek eendag uit hierdie stoel sal kan opstaan en weer sal kan loop. ’n Mens wil amper nie oor jou gevoelens praat nie. Dis ’n verskriklike ding: niks word makliker nie – die laaste jare word ek al hoe swakker. Maar my gees is sterk. Ek glo net ek gaan nie dood nie. Ek dink ek is gesonder as ander mense wat kan loop. Iets wat onmoontlik is, vat net bietjie langer om reg te kom. Dis baie selde dat ek moed verloor. Dis vir my belangrik om te kan hoop. Jy kan nie vou as jy kinders het nie, want ter wille van hulle gaan jy van dag tot dag voort.

"Maar dit bly moeilik. Ek val nog baie en as ek die aand moeg en pap is, moet my man my soms uit die bad pluk. Dis ook swaar om heeldag te sit, daarom dwing ek myself om soms te probeer staan. Ek kry dit selfs reg om vir vyf minute teen die kas te leun. Val ek, roep ek maar iemand om my weer op te help."

In Keur van 20 Mei 1994 het Elsabe Steenberg aan Marietjie Smith vertel dat haar siekte ’n dieper dimensie aan haar skryfwerk verleen het en dat dit haar gehelp het om meer meelewing met ander se leed te hê: "’n Mens wil dit nie graag erken nie, en dis jammer dat jou menswees en potensiaal op so ’n manier moet groei, maar dit is waar dat jy daarsonder ’n bepaalde dieper dimensie in die lewe mis. Solank die gees egter sterk staan, bly die lewe die moeite werd.

"Ek besef dag na dag dat ek die hoop moet behou. Ek sal seker so hoop-hoop doodgaan, want ek kry altyd iewers vandaan weer krag om aan te gaan."

Elsabe se eerste twee boeke het sy onder ’n skuilnaam Elsabe Ryke geskryf om haar teen "herkenning te verskans" en sy het dié naam ’n hele rukkie gebruik.

Reeds met haar eerste boek vir volwassenes, Die moerasloper (1968), het Elsabe se menslikheid en haar sensitiwiteit vir die "underdog" na vore getree. Die moerasloper vertel die verhaal van Marissa, ’n ongehude moeder. Deur terugblikke leer die leser die Marissa van die verlede, toe sy swanger geword het, ken, terwyl die leser in die hede die Marissa leer ken wat ’n obsessie het om haar kind te sien. Die titel speel terug op die ooievaar wat in die letterlike sin "draer van geluk" beteken, maar dit kan ook terugslaan op die moerasganger – "dus de vogel die in drassige weiden loop".

In Volksblad (24 April 1969) skryf Anna van Zyl dat die oorgange tussen toe en nou seepglad hanteer word. Vir Van Zyl is dit ook nie ’n "eenkantige verhaal" nie aangesien die skrywer balans bring wanneer Marissa weer haar pa sien en besef dat dit nie net sy was wat gely het nie. "Dit is veral in die uitbeelding van leed dat die skryfster uitblink. Hier skryf sy met waaragtige insig en begrip en gevoel, met ’n oortuigingskrag en aanvoeling wat mens soms waarlik diep ontroer. Die moerasloper is ’n boek met ’n delikate tema wat delikaat en fyn gehanteer word en ’n bevredigende geheel vorm."

Elsabe se eerste verhaal vir die jeug is ook in 1968 uitgegee onder die titel Dat ek mag sien. Antonia Visser is na ’n ongeluk blind en die verhaal gee veral ’n goeie beeld, nie net van haar eie reaksie daarop nie, maar ook dié van haar tweelingsuster, hul vader, skoolmaats en onderwysers.

Louise Behrens het gereken dat hierdie nie net sommer enige jeugverhaal is nie, maar ’n verhaal van "moed, volharding en aanpassing" en een wat deur almal wat met blinde kinders in aanraking kom, gelees moet word. (Bron en datum onbekend) "Baie behendig leer die skryfster ons veel oor die probleem van blindheid en die metodes waarmee dit bekamp word."

Hier volg uittreksels uit resensies van sommige van Elsabe Steenberg se jeugboeke:

  • Korrel en Kuif (1975; In 1985 heruitgegee onder die titel Van motho en van mens): "Korrel en Kuif is, streng gesproke, gevorderde jeuglektuur, maar dit is vanweë die aktuele tema van soeke na die adolessente self (beide in die geval van Christoph en James) en die daarstelling van ’n ontmoetingsvlak, ’n bewussyns- en aanvaardingsvlak tussen blank en nie-blank, ’n boeiende novelle wat ook vir die meer volwasse leser veel inhou. Aanvanklik val die agtergrondsverskil die twee maats nie op nie en word Ester se inmenging in hulle kommervrye spel nie verstaan nie, maar ná die inbraak wat die einde van hul saamspeel beteken, word Christoph deel van ’n blanke en James deel van die nie-blanke wêreld. Die herontmoeting tussen die twee adolessente is gespanne, byna vyandig en loop die aand van die wraakinbraak op ’n fisiese botsing tussen wit en swart uit. James vergesel Christoph op sy vlug plaas toe en tydens die vlug begin hulle mekaar en hulle onderskeie agtergronde verstaan. Daar groei wedersydse respek  en begrip vir mekaar. Die verhaal van die twee seuns word op spannende, aktuele wyse vertel. Die skryfster hanteer die gegewe met simpatieke begrip en versteur nooit die fyn balans tussen die twee wêrelde nie. Korrel en Kuif is ’n fyn verhaal waarvan kennis geneem moet word." (Hilda Grobler, Hoofstad, 30 Julie 1976)
  • Klawervyf (1976, met herdrukke; wenner van JP van der Walt se landswye jeugverhaalwedstryd vir taalfeesjaar 1975): "Die verhaal dek ’n krisistyd in die sestienjarige Fiona se lewe. Sy raak verlief op Gustav en op 40-jarige ouderdom skenk haar moeder geboorte aan ’n Down-sindroom baba. Die moeder ontwikkel ’n oordrewe beskermende gevoel teenoor die baba en stoot so Fiona en haar vader af. Dit is ’n waardige bekroning, want dis ’n fynsinnige verhaal en as jeugboek besonder geslaag. (...) Die verhaalfigure kry oortuigend lewe, veral die effens ingekeerde en sensitiewe Fiona. Die verhaalfeite self is interessant en die gang en afloop oortuigend. Op grond van epiek, mensbeelding en die aanduiding van verhoudings, die sensitiewe en oortuigende inlewing in die gemoed van die tiener, is dit ’n besondere storie hierdie en een wat verdien om in wye kringe gelees te word." (PD van der Walt, Transvaler, 5 November 1976)
  • Twee om te slaap (1978): "Die twee determinante vir die 12-jarige Annemart se optrede in hierdie verhaal is die Bybelteks dat die Here gee as jy vra en haar vurige begeerte om haar geskeide ouers wee saam te bring. Deur die Here om hulp te vra en haar ouers eenvoudig bymekaar te bring en in ’n kamer toe te sluit totdat hulle instem om weer saam te bly, wil sy die probleem oplos – al is haar pa weer getroud en haar ma lief vir oom Brent. (...) Deernis en begrip is in die kritiek ’n oorwerkte uitdrukking, maar ’n mens wil tog sê dat dit is hoe die skryfster die trauma van egskeiding vir kind en ouer behandel. Met teerheid en fynheid skets sy die verhouding tussen twee ouers, met groot kindkennis vertel sy van Annemart, die kind-grootmens wat moet leer dat die lewe nooit stilstaan of teruggaan nie, maar onverbiddelik voortvloei en wegvloei." (Hannie Schutte, Transvaler, 8 Julie 1978)
  • An-Alleentjie (1978, met ’n herdruk in 1985): "In An-Alleentjie toon Elsabe Steenberg weer eens dat sy die vermoë het om die gevoelswêreld van die kind te verstaan en dit op ’n sensitiewe wyse weer te gee. Hierdie is meer as ’n storietjie vir kinders: dit sal grootmense ook loon om die boekie te lees om ’n beter begrip van die kind, sy emosies en gedagtes te kry." (Oosterlig, 20 Maart 1979)
  • Wolf ja, Wolf nee (1978): "Met hierdie boek lewer Elsabe Steenberg weer ’n kinderverhaal wat tegelykertyd ontroer en vreugde bring. Dit is die verhaal van die tienjarige Nelia wat in die kinderhuis is. Terwyl sy met vakansie saam met die Van Heerdens is, hardloop sy weg nadat hulle seun haar getreiter het. Sy gaan soek vir Renata wat sy by die dieretuin ontmoet het en wat in ’n skewe, geel huis woon waar sy ’n boek probeer skryf. (...) Alhoewel die verhaal eintlik ’n kinderverhaal is, is dit die soort verhaal wat enige volwassene met lus kan lees juis omdat die normale sentimentele gegewe op so ’n nugter, onsentimentele wyse aangebied word en veral omdat die karakters so uiteenlopend is. Dit is ’n besondere verhaal." (Hilda Grobler, Hoofstad, 27 Julie 1978)
  • Eendoring met lang bene (1979 - 1ste prys Tafelberg/Sarie Marais meisieverhaalwedstryd (12-15 jaar)): ”Elsabe Steenberg is een van daardie rare skryfsters wat die siel van die jong kind werklik kan peil en met oorgawe, oortuiging en insig oor die konflikte wat die kinders tydens die grootwordproses deurmaak kan skryf. Eendoring met lang bene is geen uitsondering nie: elke meisie, wat die rabbedoe-stadium deurgemaak het, weet presies hoe voel Niek, wat dolgraag Nicolo wil wees noudat sy wéét dat sy ’n meisie is en noudat sy lus het om die dinge wat al die ander meisies doen, ook te doen."(Hilda Grobler, Hoofstad, 30 Augustus 1979)
  • Soek-soek op soek (1980): "Daar bestaan min inheemse fantasieverhale in Afrikaans. Daarom kan hierdie bydrae van Elsabe Steenberg verwelkom word, al slaag dit nie volkome nie. Saam met haar kabouter soek-soek die skryfster die pad wat na wonderland loop. Daar word egter nie ’n duidelike beeld van die kabouters en muise se omgewing en leefwyse geskep nie omdat hulle selde meer word as nogal rare muise. Die menswêreld bly ook te prominent. Maar ondanks die besware is dit ’n genietbare boeke  wat geskik is om voorgelees te word aan kleuters." (Rita Gilfillan, Beeld, 13 Oktober 1980)

    "Dis eintlik ’n realistiese fantasie, want werklikheid en verbeelding is só fyn vermeng dat die leser onwillekeurig sal begin oë oophou vir hierdie pragtige, rondsagte en beminlike wesentjies: kabouters! Die verhaal is boonop opgebou rondom ’n aardige feit: Muise wat gifpille sorgvuldig wegbêre, sodat hulle 'kos' vir die winter kan hê! Saam met die skryfster raak ’n mens lief vir die klein groepie kabouters wat die Slag van die Bruin Bos oorleef het. Mens raak só vasgevang in hul verskriklike stryd teen die muise en doodgewoon om voortbestaan dat jy oor hulle soos oor jou kinders voel. (...) Die taalgebruik is fris en beeldend. Cora Coetzee, die illustreerder, som haar ervaring van die boek só op: 'Kabouters se gestalte het ek in my verbeeldingswêreld gaan soek. Die wêreld waar ore regtig kan hang van droefnis en tone heeltemal omkrul van plesier. Dis juis in hierdie heerlike versmaaiing van die logika waar die plesier van kabouters teken vir my lê.' Dis nie net die kabouters wie se tone van plesier gaan omkrul nie, maar elke leser s'n, want dis werklik ’n pragtige verhaal en ’n boek om te besit." (EV, Volksblad, 26 Augustus 1980)

  • Boom bomer boomste (1980, met heelwat herdrukke; wenner van die Sanlamprys-jeugverhaal van die jaar): "Dit is die verhaal van ’n jong meisie wat daarop aandring om na haar oupa (inwoner van ’n groot bos en skrywer van die mooiste kinderverhale waarin daar nie dwergies nie, maar robyne was en waar Kgatala die heel lelikste heks was) toe te gaan waar         hy in die hospitaal lê. (...) As skrywer van jeugverhale is Elsabe Steenberg sonder weerga." (Hilda Grobler, Hoofstad, 11 Desember 1980)

    "Deel van die trefkrag van Steenberg se boeke is die klem wat val op die nie-konvensionele kindkarakter, en dat sy daarin slaag om die vitaliteit van die jeugdige te verwoord: die onsekerheid én die lewensblyheid, die opstandigheid én die uitspattigheid, die alledaagse van die skooldag én die fantasie van die wensdroom. (...) In die geheel weerspieël hierdie verhaal besondere insig en meegevoel met die leefwêreld van die jeugdige, én toon dit die vermoë van die skryfster om daardie insigte boeiend oor te dra." (Henriette Roos, Beeld, 1 Desember 1980)

  • Waar is Pappa se panfluit? (1981): "Heska du Toit is tien jaar oud en word getreiter deur die probleme waarmee ’n kind van haar ouderdom seker normaalweg te doene kry. Sy is egter byna alles wat niékonvensioneel 'normaal' is nie. Ten spyte van alle regulasies weier sy om aan sport deel te neem, in die klaskamer verkies sy om alleen te sit, sy wil geen beste maat hê nie en nog nooit het sy gehuil nie, selfs nie toe sy op vierjarige ouderdom haar pa verloor het nie. So word Pippelpan geskep wat sy deur haar pa leer hoor en sien en wat haar enigste vertroueling is. (...) Ons lees dus ’n verhaal van rebellie, aanpassing en aanvaarding; van ’n eenkant-kind wat leer om haar besondere fantasiewêreld te laat inpas by die alledaagse doen van die groep waaraan sy behoort." (Henriette Roos, Beeld, 27 Julie 1981) Rita Gilfillan (Vaderland, 29 Oktober 1981) skryf dat hierdie boek die suiwerste en die een met die meeste deernis is wat sy nog van Elsabe Steenberg gelees het: Die kaleidoskoop het in ’n harmoniese en mooi patroon geval.
  • Hendri uit die water (1984, met ’n hele paar herdrukke): "Elsabe Steenberg beskryf die emosionele stryd wat ’n pleegkind en haar 'gesin' ervaar. Hendrina word in pleegsorg geplaas by ’n gesin en sukkel om normaal aan te pas. Die lede van die gesin weet ook nie mooi hoe om op te tree nie. Hendrina skep ’n denkbeeldige persoon, Hendri, waarmee sy uiting aan haar gevoelens gee. Die styl is eenvoudig en lees maklik. Dit beeld Hendrina se gevoelens baie goed uit. Die boek is hartroerend, maar tog nie te sentimenteel nie." (Maia Grotepass (14 jaar), Die Vaderland, 7 Januarie 1985)
  • Eendag die blou voël (1985 – in Engels vertaal): "Hierdie is ’n sonderlinge kinderboek waarin Elsabe Steenberg nie net ’n boeiende en oorspronklike sprokie vertel nie. Sy ondersoek ook die verhouding tussen goed en kwaad, tussen aggressie en mensliewendheid, tussen oorlog en vrede. Elsabe Steenberg het nie net ’n boeiende en oorspronklike sprokie vertel nie, sy ondersoek ook die verhouding tussen goed en kwaad, tussen aggressie en mensliewendheid, tussen oorlog en vrede. Op een vlak het jy te make met Elfie, ’n gevoelvolle meisietjie wat bewus word van die bestaan van Eendag, ’n wonderlike blou voël wat haar fassineer. Terselfdertyd word sy bewus van Geelkat, ’n kwaadwillige kat met duiwelse oë wat nie net vir Eendag nie, maar ook Elfie se gesinsgeluk wil vernietig. (...) Steenberg het herkenbare werklikheid en fantasie fyn en effektief vermeng in hierdie besondere sprokie. Die meeste kinders van onder nege behoort daarby aanklank te vind. Die taal is eenvoudig, gestroop en poëties. Sy vermy egter die simplistiese." (Barrie Hough, Beeld, 6 Januarie 1986)
  • Wêreld in en wêreld deur (1988): "Dit is ’n ongewone boek met ’n ongewone titel. In hierdie jeugverhaal leer die leser die wêreld van die Ooste en die Weste ken, asook van verskillende rasse en gemeenskappe, verskillende godsdienste, vooroordele, konvensionele geneeskunde met al sy moderne insigte en die gehoonde radionika wat ook ’n sesde sintuig verg, die alombekende realiteit en die metafisika. Dit is wesenlik ’n boek oor verdraagsaamheid en aanvaarding, wat uitkring vanuit die ervaringe van die hoërskoolmeisie Monika, wat skielik een nag verlam raak. In haar gesin is daar haar ma wat bereid is om nuwe dinge te beproef, haar intellektuele pa wat alles rasioneel benader en haar tweelingbroer, Meindert, wat die skakel met ’n Indiërgesin is. (...) Die boek vertoon die kuns van ’n geoefende, vlot verteller wat literêre konvensies ken en dit kan hanteer. Die karakters vind dit maklik om hul gedagtes en emosies te verwoord en ’n mens vind by hulle ook ’n kits-insig in mekaar se persoonlikhede en motiewe. Of hulle werklik as mense in die wêreld van hierdie werk oortuig, sal die leser maar self moet oordeel. Dit is interessante leesstof wat veral tref deur die oorspronklike en ongewone tematiek." (Lydia Snyman, Volksblad, 2 Julie 1988)
  • Masilo en die monster (1988): "Dit is ’n juweel van ’n boek wat gegrond is op die landelike, hoewel daar verwys word na die stad, en dan in ’n bose konteks. Soos in baie tradisionele sprokiesverhale het die fantasie-element te make met die 'bos' – in dié geval die bos waardeur Masilo huis toe loop van die skool af. Hy loop en tel en hoewel hulle in die skool geleer tel het tot by tien, kan hy net tot by ses tel.  Hy stamp sy toon teen ’n pratende klip wat hom waarsku dat ’n monster met tien koppe vir hom in die bos lê en wag. Die klip bied hom beskerming teen die monster. Daar vind dus onmiddellik polarisasie plaas – die monster is boos en die klip goed. (...) Wat konstruksie betref, is Masilo en die monster ’n vreugde en verteenwoordig dit Steenberg se skryftalent op sy beste." (Lydia Snyman, Volksblad, 2 Julie 1988)
  • Môre was dit somer (1990): "Met hierdie boek toon Elsabe Steenberg weer aan dat die kind en fantasie vir haar twee dinge is wat saamgaan. Sy skep weer ’n 'geloofbare' fantasiekarakter in die vorm van ’n grys drakie so groot soos ’n bulhond wat sy opwagting maak by die negejarige Stefan wie se ma die vorige somer dood is. (...) Wanneer kinderboekskrywers fantasiekarakters in ’n verhaal laat optree, sorg hulle meestal dat daar ’n duidelike skeiding tussen die fantasiewêreld en die werklikheid is. Die fantasiewêreld begin gewoonlik as die kind gaan slaap of die karakter bestaan net in die kind se verbeelding. In hierdie verhaal slaag Steenberg op ’n baie vernuftige wyse daarin om fantasie en werklikheid te vermeng. Grysie verskyn nie net saans nie en boonop is daar van die ander karakters wat hom ook sien. (...) Elsabe Steenberg slaag in ’n besondere mate om fantasie in die verhaal konsekwent en aanvaarbaar met die werklikheid te vermeng." (TB van der Walt, Beeld, 15 Oktober 1990)
  • Ken jy die weerligvoël? (1990): "Die negejarige Donna het albei haar bene in ’n motorongeluk verloor. Sy kan die finaliteit daarvan nie ervaar nie en soek na ontvlugting in die verhaal van die weerligvoël wat Thomas vir haar vertel het. Met ’n kinderlike geloof wil sy glo aan hierdie voël wat rondvlieg as daar weerlig is en dan wonders doen soos om haar bene weer te laat aangroei. In teenstelling met dié ietwat somber gegewe, is die verhaal van Donna op die ou end heel positief. Op ’n aangrypende manier word vertel hoe Donna tot die besef kom dat ontvlugting nie gaan help nie, maar dat sy haarself moet help deur te aanvaar hoe sy nou is. Sy moet leer om met haar gebrek oor die weg te kom, soos die afpootlyster wat sy gereeld in die tuin sien, geleer het. (...) ’n Mens het baie medelye met Donna, maar dit word nooit emosioneel nie. Die skrywer sorg vir ’n pragtige uitbeelding van die gemoedstoestand van ’n gestremde kind. Sy beskryf nie die situasie nie, sy kruip in haar karakter en vertel wat ervaar word." (Thomas van der Walt, Beeld, 9 Maart 1992)
  • Kariena Karyn (1992): "Slaaptydvrese en spesifiek ’n vrees vir die donker is nie ongewoon by kleuters nie. Dikwels is ’n terapeutiese slaaptydstorie die aangewese medium om ’n veilige en geborge atmosfeer te skep vir ’n rustige nag. Presies so ’n boek in Kariena Karyn. (...) Steenberg se ritmiese, allitererende teks word stewig ondersteun deur Alida Bothma se sensitiewe volblad-illustrasies." (Marina le Roux, Die Burger, 15 Desember 1992)
  • Skuilte tussen riet (1992): "Af en toe verskyn ’n boek wat jou tot stilstand dwing. So ’n boek is Skuilte tussen riet. Die leser, selfs al is hy lank nie meer die 'jong volwassene' waarvoor die novelle volgens die flapteks bestem is nie, raak so betrokke by Leenster se oorlewingskrisis dat hy ietwat oorbluf en gedreineerd anderkant uitkom. Leenster, ’n 16-jarige meisie, word deur haar pa verkrag wat daarna selfmoord pleeg. Dié daad is die sentrale (en buitengewone) gebeurtenis wat so eie aan die novelle is. Dit dompel haar meteens in ’n omvattende eksistensiële krisis, ook tipies van dié genre. In haar groeiproses speel ’n kanarie ’n kardinale rol. Hy word die 'sielkundige' wat Leenster van meet af aan weier om te sien. Wanneer die kanarie deur ’n rot opgevreet word, bewerkstellig dit Leenster se uiteindelike verlossing. (...) Dit is ’n digte en ryk teks, een van Steenberg se sterkste tot dusver." ((Gretel Wÿbenga, Beeld, 5 April 1993)
  • Hopgalop oor die blink water (1993): "Dit is ’n verhaal wat beslis in die leessmaak van kinders tussen agt en 12 jaar gaan val. Die storiegegewe staan voorop en hier gebeur genoeg om selfs die onwilligste leser aan die lees te hou. Dit handel oor Tomtom, ’n alleenkind wat saam met sy ma in ’n klein woonstelletjie bly terwyl hy glo dat sy pa ’n stuurman van ’n veerboot op die Donau is. Hy gaan bly op sy oom Simon se boot wat hy Hopgalop doop en daar skep hy vir hom ’n kammawêreld. (...) Die verhaal word nie aangebied as ’n blote fantasiereis nie. Dit is eerder ’n verbeelwêreld wat hier geskep word – ’n verbeeldingsvlug waarin die leser ook kan glo. Die verhaal slaag dan veral omdat die verbeelwêreld nie voorgehou word as iets waarvoor ’n mens dalk te groot kan wees of waarin net kinders kan glo nie. Dit is min dat ’n boek so heeltemal die kol tref vir sy teikenmark." (Leentjie Theron, Beeld, 26 Januarie 1994)

Oor die kind en boeke het Elsabe Steenberg aan Elfra Erasmus (Beeld, 3 September 1992) gesê dat ouers kinders van kleins af moet lief maak vir boeke. Sy self het vir haar kinders begin stories lees voordat hulle twee jaar oud was en vir haar een seun bly lees totdat hy elf jaar oud was – net omdat hy so baie daarvan gehou het.

"’n Kind betree ’n boek soos hy die wêreld betree, dit word deel van sy ervaring van die lewe. Kinders het sprokies en fantasie besonder nodig. In sprokies is daar altyd ’n element van geweld, maar dit word deurgewerk. Elke mens het geweld of woede in sy onderbewuste wat deurgewerk moet word.

"Fantasie bevat gewoonlik ’n dieper waarheid en is nodig om ’n kind gebalanseer groot te maak. Kinders wat daarsonder grootword, ontspoor maklik. ’n Mens kan amper sê wat bly oor as daar nie fantasie is nie. Sonder fantasie is die lewe so eendimensioneel.

"Ek gril daarvoor as stories ’n les bevat. Stories moet ’n kind laat groei omdat dit oorspronklik anders is. Dit moet nooit ’n versuikerde preek wees nie. Dis juis hoekom ek vir kinders skryf – omdat hulle eerliker is as volwassenes. Die terugvoer wat ek van kinders kry, is heerlik. Omdat hulle so eerlik is, sal hulle nie aan my skryf as hulle nie werklik die boek geniet het nie."

Titels was in Elsabe Steenberg se hele skryfloopbaan baie belangrik, het sy aan Marina Möller (Saffier, Maart 1995) vertel. "’n Storie kry nie koers voordat ek ’n titel het nie. En dit verg tyd en baie dinkwerk voordat ek uiteindelike gelukkig is met die boek se naam. Daarmee loop ek in my agterkop en skommel-skommel aan die storie in my gedagtes."

Benewens al haar boeke vir kinders en jongmense het Elsabe Steenberg ook ’n bydrae gelewer tot die volwasse roman in Afrikaans. In 1972 verskyn haar roman Rondomtralie in boekvorm nadat dit ’n baie gewilde vervolgverhaal in Sarie was en verfilm is onder die titel Salomien. Dit is ook in 1984 in die radioprogram Vrouerubriek voorgelees. Dit het etlike herdrukke beleef.

Dit is die verhaal van Salomien Wiid wat nadat sy haar man, ’n teologiese student, vermoor het, aan moord met versagtende omstandighede skuldig bevind is en tronk toe gestuur is. Die lewe in die gevangenis is vir Salomien baie swaar. So ook die lewe saam met die ander gevangenes en personeel. Maar die swaarste en pynlikste is dat sy met haar eie gewete moet saamleef. Want daardie nag het nie net ’n drastiese verandering in haar lewe meegebring nie, maar ook in die lewens van haar familie. Ook haar verhouding met God het in die gedrang gekom. Vir René Marais (Vaderland, 7 Januarie 1985) is die roman boeiend en goed geskryf.

Engel met ’n besemstok is in 1975 uitgegee en was ook ’n baie gewilde vervolgverhaal in ’n tydskrif. Dit gee ’n ontroerende uitbeelding van ’n kind, Hannele, wat op die punt staan om die volwasse wêreld te betree. Maar sy het nie in ’n "normale" huishouding grootgeword nie. Haar moeder trek haar jonger boetie voor en sy voel al hoe meer soos ’n las vir haar ma. Sy begin vir haar moeder leuens vertel en plaas haarself so al hoe meer onder druk. Ook haar ma het ’n skuldgevoel omdat sy moes trou en Hannele haar altyd daaraan herinner.

Anna van Zyl (Volksblad, 24 September 1975) was van mening dat "oorsaak en gevolg heg vervleg is in die boek en dit word uiteindelik die bose sirkel waaruit daar nie wegkomkans is nie. Hierdie kind met haar verlangens, behoeftes en begeertes wat in haar volslae onskuld oor opgroei en voortplanting in opstand kom teen haar eie ontwakende lewe, haar eensaamheid en wantroue in haar ouers, haar ontstellende behoefte aan liefde word in Engel met ’n besemstok oortuigend beeld van die leed en pyn van ’n kind se kennismaking met die lewe met al sy leuens en bedrog.

"Die elfjarige kind se worsteling kry suiwer en oortuigend gestalte in Hannele. Haar wrokkigheid en onmag lees jy af in haar taalgebruik en weerbarstigheid. Intussen sien jy haar aan met die grootste mededoë, want Elsabe Steenberg gee hierdie sielkundige oopvlekking op subtiele wyse. Die boek het ’n sterk boodskap sonder om ooit didakties te wees. Die hele gestaltegewing is deurdronge van die boodskap dat ’n kind so word en so ly as ouerliefde en wedersydse vertroue in die huis ontbreek. Die boek gryp aan en prikkel tot denke."

Met Deur ’n raaisel (1984) betree Elsabe Steenberg die wêreld van geloofgenesing. Deirdre en James, ’n predikant, is vir sestien jaar redelik gelukkig getroud. Hulle het egter nie kinders nie aangesien Deirdre vanweë haar hartprobleem nie mag kinders hê nie – dit kan haar dood beteken. Sy besluit om geloofgenesing te probeer nadat ’n geloofsgeneser haar grootmaakma gesond gemaak het.

"Die verhaal is nie eenvoudig nie," skryf Cecile Cilliers in Die Burger (12 Julie 1984). "Nie in die karakters of hulle onderlinge verhoudings nie, nie in die oplossings of gebrek aan oplossings nie. Daar word wel ’n saak vir geloofsgenesing uitgemaak, maar nie ten koste van die kerk of die mediese wetenskap nie.

"Elsabe Steenberg hanteer haar problematiese stof met ’n seker hand. Sy draai dikwels kort duskant melodrama en sentimentaliteit om, maar gesien die materiaal wat alles in die roman verwerk word, kan ’n mens slegs haar seker aanslag bewonder. Dis ’n goed geïntegreerde roman: elke karakter, elke gebeurtenis dra by tot die versterking van die hoof-intrige. En Steenberg maak vlot gebruik van allerlei styltruuks om haar stof te laat boei."

Elsabe Steenberg het ook haar hand aan die kortverhaal gewaag en in 1980 verskyn Wildegans, wildegans waar die gesin die middelpunt van die verhale is. Anna van Zyl (Volksblad, 17 April 1980) het gemeen dat dit ’n boek vir die fynproewer-leser is en dat dit herhaaldelik gelees kan word omdat dit elke keer eerliker, meer oortuigend en meer bekoorlik voorkom.

Die resensent in Tempo (18 April 1980) skryf as volg: "Die fyn kunstenaarskap van hierdie bundel kan nie oorbeklemtoon word nie, nie net omdat dit so maklik lees en tog so ryk is nie, maar ook omdat dit ’n mens tot nadenke stem en jy opnuut na jou eie lewe kyk, opnuut jou medemens beskou en met ander oë na die vloei van die lewe kyk – die vlug van die wildegans."

Haar liefde en belangstelling in die kind en sy boek het gelei tot die publikasie van My kind en sy boek (1979) en Fantasie en die kinderboek: ’n kernhandleiding (1988). Dan het haar siekte die publikasie van Twee hang bo die pad, vier loop op die mat (1979) tot gevolg gehad. Die titel verwys na haarself en haar rolstoel.

Annie Schumann (Oosterlig, 19 Julie 1979) skryf dat hierdie boek ’n rekord is van "menslike moed in die stryd teen die verwoestende, verlammende siekte, verspreide sklerose. Sy skryf met ervare vakmanskap, eenvoud en eerlikheid, en bowenal met helende humor."

Ook Hilda Grobler (Hoofstad, 12 Julie 1979) was positief oor Twee hang bo die pad: "Dit is ’n besondere, gebalanseerde vertelling en verduideliking van ’n lewenswyse waarvan ’n mens baie min weet en waarmee ’n mens selde te doen kry. Die vertelling is nêrens selfbejammerend of sentimenteel nie - Elsabe Steenberg het haar toestand aanvaar en skryf op nugtere, objektiewe, dog sonderlinge wyse daaroor."

Op 14 Mei 1996 is Elsabe Steenberg in die ouderdom van 58 jaar oorlede ná haar jare lange stryd teen haar aftakelende siekte. Sy word oorleef deur haar man Dawie en haar vier kinders, Adriaan, Ilse, Erika en Conrad.

Huldeblyke:

  • Sarina Dönges: "Ek het lank gewag vir ’n boodskap van haar wat soos ’n faks uit die hemel sou kom en waarin waarskynlik iets soos die volgende sou staan: 'Oh, everything was a bird and the singing will never be done.' Sy is egter te besig om te loop op al die hemelse plekke, in haar hemelse seisoen van genade. Saam met die engele waarvan sy so bewus was. Ons wat haar vriende was, voel asof ons haar in vele opsigte gefaal het. Sy, die gebrokene, was soveel meer mens as wat ons ooit sal kan wees. Dostoevsky het gesê: 'There is only one thing I dread: not to be worthy of my sufferings.' Elsabe was waardig vir die drag swaarkry. Op 4 April 1997 kon ek vir die eerste keer sover kom om haar graf te besoek. Op die steen staan: 'God het my lot verander.' " (Finesse, Maart 2000)
  • Sarina Dönges: "Ek dink nie terug aan haar as voortreflike skrywer, of gewaardeerde resensent, of geliefde akademikus nie. Ook nie as familielid of vriendin nie. Na aanleiding van iets wat Ferdinand Deist geskryf het oor broederskap, het sy besluit ons is mekaar se 'broers'. Oor my 'broer' Elsabe wil ek sê: sy was die boomste mens. ’n Koelteboom as die lewe skroei; ’n skuilplek vir vele. Sy sou die koue en storms verduur ter wille van ’n beter lewe vir ’n medemens. In haar eie woorde: 'Dis tog waaroor dit vir my gaan - om ander te help.'" (KOMSAT, September 1996)
  • Marina le Roux: "Elsabe Steenberg was tot aan haar dood volledig mens, in diens van haar medemens. Sy was lief vir mense en lief vir lees: Patrick White was ’n gunstelingskrywer. Sy het nooit moeg geword vir Mozart en Brahms nie en musiek en die poëtiese woord is tekenend van haar boeke. Toe sy in Mei verjaar het, het my studente haar gelukgewens. Ten spyte van pyn en fisieke ongemak, antwoord sy op hul goeie wense: ‘Deesdae werk my hande hoogstens vir een uur per dag. Dan maak hulle toe.' Genadiglik het haar hande en haar hart nooit toegemaak vir die 'avontuur met die woord' en vir 'dié weë na die hart' nie." (Afrikaans Stereo: Skrywers en Boeke, 23 Mei 1996)
  • Leentjie Theron: "Elsabe Steenberg sal onthou word as die jeugboekskryfster wat sonder skroom oor ’n moeilike wêreld vir tieners geskryf het, maar altyd daarin geslaag het om uitsig en visie vir die leser te bewerk. Vir haar het die veral gegaan om die innerlike mens en sy vermoë om oor omstandighede te triomfeer. (...) Miskien sal ons almal wat haar geken het, haar onthou en bly liefhê omdat sy by die werklikheid verby kon leef, en soos Tomtom in haar laaste jeugboek Hopgalop oor die blink water (bladsy 8) kan glo: ‘Kamma is ’n ander soort rêrig, sê Ma altyd. Dis nie nonsens nie, enige mens het dit nodig en moet oefen om te kamma.'" (Taalgenoot, Augustus 1996)
  • Hans du Plessis: "As ek aan Elbie dink, sien ek nou nog die toegewyde mensie in haar laaste jare in haar studeerkamer. Jy kon maar daar gekom het wanneer jy wou, geklop, self oopgemaak en ingeloop het: sy was maar altyd daar voor die tikmasjien aan die werk. Altyd blymoedig, gelowig en positief gerig op wat sy nog gáán doen. Dit is die vermoë om iets deur te sien: om te doen wat jy menslik gesproke nie kán doen nie. ’n Maand en drie dae voor haar dood moes sy by die Herfsskool van die ATKV-Skryfskool optree, ’n lesing gee oor die skryf van kinderboeke. En sy het, want sy wou: 'Dit is hoe ek aan die gang bly.'

    "Nou moet ek oor jou iets sê nadat jy weggeneem is om te gaan rus. En wat anders is daar om te sê as dat ek jou enduit bewonder het omdat jy enduit bly lééf het. En om te lees, was vir jou om te skep en te laat skep. Weet jy, ons treur omdat die Afrikaanse letterkunde armer is; ons is seer omdat ons ’n vriendin verloor het. Maar ek, ek het my voorbeeld verloor." (Volksblad, 17 Julie 1996)

  • Thomas van der Walt: "'Ek is nie gepla om lank te lewe as ek dit met gehalte kan doen nie,' het Elsabe Steenberg by geleentheid gesê. Almal wat haar geken het, persoonlik of deur haar skryfwerk, sal saamstem dat 57 jaar nie lank genoeg was nie. Die omvang van haar literêre nalatenskap is aansienlik en sy sal veral onthou word vir die gehalte van daardie nalatenskap. (...) Sy het geglo dat elke mens ’n keuse het, dat jy positief kan kies, en solank dit die geval is, kan jy die lewe aandurf. Haar lewe en haar werk het dit uitgestraal. Hoewel sy 20 jaar in ’n rolstoel gekluister was en baie terugslae met haar siekte ondervind het, is haar optimisme en geloof in die lewe nooit gedemp nie. Sy was nooit ’n slagoffer nie. Die Suid-Afrikaanse kinderliteratuur is verryk deur die boeke wat Elsabe Steenberg nagelaat het. Haar bydrae tot die vestiging van kinderliteratuur as ’n volwaardige studieveld in Suid-Afrika sal eers in die toekoms na waarde geskat word." (Insig, Junie 1996)
  • Franci Greyling: "Steenberg's books are original, fresh and imaginative. She shows a fine insight into the feelings of children and her characters are usually children struggling with problems. Yet her stories are never centred on morals, always on the child. (...) A month ago, during the ATKV's Autumn School for Writers, Steenberg shared her philosophy with students. A story, she said, should be indispensable. Though children's and teenager's situations could be full of darkness, the writer must show them hope as well. 'What you write is not easy,' she warned. 'But the action of writing must give you joy.' Steenberg's joy in writing will live through the many stories she wrote." (Sunday Times, 19 Mei 1996)
  • Jacques van der Elst: "Haar vrugbaarste bydrae tot die Afrikaanse literatuur is ongetwyfeld haar kinder- en jeugboeke. Daar is ’n sterk religieuse onderbou in die meeste van haar werke. Elbie Steenberg het self in ’n artikel in dié verband gesê dat God die volmaakte Kunstenaar is en die mens as skrywer die herskepper en omvormer is van dit wat hy waarneem in die Godgeskape werklikheid. Immers, so het sy gesê, die mens kan woord gebruik, want God wat self die Woord is, het aan die mens woorde gegee om mee te praat, te vertel en te skryf. Daar is ’n inherente wisselwerking tussen haar lewe en haar werk. Vir Elsabe Steenberg wat oor byna 20 jaar die verlamming van haar liggaam ervaar het, moes die lewenskrag, die onbevangenheid, die beweging en die onskuld ’n inspirasie gewees het. Was dit haar gestremdheid wat juis dié dinge in die kind en die tiener raakgesien het? Miskien was dit vir haar wat so lank verlam was, ’n vreugde om te skryf oor kinders wat kan hardloop, huppel, spring, galop, wat altyd met oorgawe beweeg en uitgelate is. Dink maar aan Philla uit haar bekroonde boek Boom, bomer, boomste, wat ondanks haar tienerprobleme kan spring, kan hardloop en dans. (...) Haar heengaan is ’n gevoelige verlies vir haar gesin, maar ook vir Afrikaans." (Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Junie 1996)
  • Betsie van der Westhuizen: "’n Outeursidentiteit soos dié van Elsabe Steenberg was en is steeds vir verskillende mense om verskillende redes ’n inspirasie. Om haar boeke te lees met haar poëtika in gedagte, kan ’n (nog) ryk(-er) ervaring wees. Om haar oeuvre vanuit die invalshoek van die outeursintensie in haar poëtika op literêr-wetenskaplike te bestudeer, kan weer talle nuwe gesigspunte en interpretasiemoontlikhede losmaak. Om haar poëtika te oordink as die skryf van verhale as sodanig voornemende of gevestigde skrywers se fokus van belangstelling, maak van haar ’n muse.

    "Haar nalatenskap is so groot dat in hierdie huldeblyk aan  haar outeurspoëtika maar deur ’n klein skrefie van die deur na haar lewenskragtige skrywersgees en indrukwekkende oeuvre gekyk kan word. In die Suid-Afrikaanse letterkunde is Elsabe Steenberg ’n lesenswaardige, navorsenswaardige en navolgenswaardige naam." (Tydskrif vir Letterkunde, November 1996)

In ’n artikel wat Gretel Wybenga in 1993 in Tydskrif vir Letterkunde geskryf het, sluit sy haar skrywe af: "Want uiteindelik gaan dit by Steenberg om versoening met die onvermydelike of die anderse, nie deur bloot boedel oor te gee nie, maar met die insig en wysheid wat kom as jy, vergesel van baie genade op jou stekelrige pad, jou perspektief wyer kan maak as net jou eie twee oë. Haar papierkinders is almal begeesterd met ’n soort visie wat hulle nie laat tou opgooi nie. En só is dit ook met die mens, Elsabe Steenberg, gesteld. Al beleef sy daagliks vir baie jare die ongerief en pyn van liggaamlike gestremdheid, en al het sy steeds nie gekry wat beloof is nie. Het sy dit soos die gestorwe aartsvaders 'uit die verte gesien en daaroor gejuig' (Hebreërs 11:13)."

Publikasies

Onder die skuilnaam Elsabe Ryke:

Publikasie

Dokter Amanda

Publikasiedatum

1967

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Aanklag teen Sinterklaas

Publikasiedatum

1968

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Onder Elsabe Steenberg:

Publikasie

Die moerasloper

Publikasiedatum

1968

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Boekhandel

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Dat ek mag sien

Publikasiedatum

  • 1968

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Jeugverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Tafelberg te koop

Publikasiedatum

  • 1969

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

'n Padda is ’n ding wat spring: ’n komiese eenakter

Publikasiedatum

  • 1969

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Dalro

Literêre vorm

Eenbedryf

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die heuningwolk

Publikasiedatum

  • 1969
  • 1982
  • 1990

ISBN

  • 0624016188 (hb)
  • 0624028615 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Bergpad na Eden

Publikasiedatum

1969

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Tjeriktik in die denne

Publikasiedatum

1971

ISBN

0799304239 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Rondomtralie

Publikasiedatum

  • 1972
  • 1984
  • 1988

ISBN

  • 0798613548 (hb)
  • 0798629258 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Buren
  • Pretoria: De Jager-HAUM

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Rooi kanarie hoepelbeen

Publikasiedatum

  • 1972
  • 1973
  • 1985
  • 1991

ISBN

  • 0799300551 (hb)
  • 0799300616 (hb)
  • 0799316679 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Kinderboek

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Engel met ’n besemstok

Publikasiedatum

1975

ISBN

0798104651 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Plek van die bruin geeste

Publikasiedatum

1975

ISBN

0798105283 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Jeugboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

O, om te fluit!

Publikasiedatum

  • 1975
  • 1979

ISBN

0799301361 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Pierewiet staan stil

Publikasiedatum

  • 1975
  • 1976

ISBN

0624006840 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Korrel en Kuif

Publikasiedatum

1975

ISBN

0628008961 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Jeugfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Blou is ’n bokkie

Publikasiedatum

  • 1975
  • 1992

ISBN

  • 0799302007 (hb)
  • 0799319279 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Klawervyf

Publikasiedatum

  • 1976
  • 1979
  • 1986
  • 1992

ISBN

  • 0799302309 (hb)
  • 0799314706 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Jeugboeke

Pryse toegeken

Wenner van JP van der Walt se jeugverhaalwedstryd as deel van Taalfeesjaar in 1975

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

An-Alleentjie

Publikasiedatum

  • 1978
  • 1985

ISBN

  • 0798108614 (hb)
  • 0798109691 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Engels 1989 - Ana-Lone

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Koert se tarentaal

Publikasiedatum

1978

ISBN

0624011712 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Twee om te slaap

Publikasiedatum

1978

ISBN

0624011216 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Jeugfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Wolf ja, wolf nee

Publikasiedatum

  • 1978
  • 1982

ISBN

  • 062401102X (hb)
  • 0624017788 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die uurwerk kantel deur Marié Heese

Publikasiedatum

1979

ISBN

0868740578 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Academica

Literêre vorm

Studiegids

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

My kind en sy boek

Publikasiedatum

  • 1979
  • 1982
  • 1986

ISBN

  • 0624012727 (hb)
  • 062401780X (hb)
  • 0624023656 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Literatuurstudie: kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Twee hang bo die pad, vier loop op die mat

Publikasiedatum

  • 1979
  • 1983

ISBN

  • 0624012573 (hb)
  • 0624022994 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Outobiografies

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Kinderverhale van ses tot twaalf

Publikasiedatum

1979

ISBN

0868740519 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Academica

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Eendoring met lang bene

Publikasiedatum

  • 1979
  • 1982

ISBN

  • 0624012212 (hb)
  • 062401777X (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Jeugfiksie

Pryse toegeken

1ste prys Tafelberg/Sarie Marais meisieverhaalwedstryd (12-15 jaar)

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Gebarste kruik en ander verhale

Publikasiedatum

1980

ISBN

0909231869 (hb)

Uitgewer

Voortrekkerhoogte: Makro

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Soek-soek op soek

Publikasiedatum

  • 1980
  • 2010

ISBN

  • 0624013650 (hb)
  • 9780624048169 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Boom bomer boomste

Publikasiedatum

  • 1980
  • 1982
  • 1983
  • 1984
  • 1985
  • 1986
  • 1987
  • 1988
  • 1989
  • 1990

ISBN

  • 0624014924 (hb)
  • 0624017729 (hb)
  • 0624020658 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Jeugfiksie

Pryse toegeken

1980 Sanlamprys se jeugverhaal van die jaar

Vertalings

Engels 1983 - Tree more, tree most

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Wildegans, wildegans

Publikasiedatum

1980

ISBN

0798604697 (hb)

Uitgewer

Pretoria: HAUM

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Waar is Pappa se panfluit?

Publikasiedatum

  • 1981
  • 1983
  • 1986
  • 1987

ISBN

  • 0624015513 (hb)
  • 0624018601 (hb)
  • 0624021831 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Simonetta en die spinnekop

Publikasiedatum

1982

ISBN

0624017028 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Klein uurwerk: motief en handeling by die kind

Publikasiedatum

1983

ISBN

0869907247 (sb)

Uitgewer

Potchefstroom: Dept Sentrale Publikasies

Literêre vorm

Sielkunde

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

A time to know: living with multiple sclerosis

Publikasiedatum

1983

ISBN

0869782401 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Howard Timmins

Literêre vorm

Outobiografies

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Deur ’n raaisel

Publikasiedatum

1984

ISBN

0624020207 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Hendri uit die water

Publikasiedatum

  • 1984
  • 1986
  • 1988
  • 1989

ISBN

0624023796 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Jeugfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Pik=swart

Publikasiedatum

1985

ISBN

0798615168 (hb)

Uitgewer

Pretoria: De Jager-HAUM

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Engels 1985 - Crow Jack

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Van motho en van mens (oorspronklike titel: Korrel en kuif)

Publikasiedatum

1985

ISBN

0628028253 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Jeugfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Eendag die blou voël

Publikasiedatum

1985

ISBN

0798616482 (hb)

Uitgewer

Pretoria: HAUM-Literêr

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Engels 1986 - Someday the blue bird

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Goeie leesgewoontes: toegespits op volwassenes en die jeug

Publikasiedatum

1986

ISBN

0869908871 (sb)

Uitgewer

Potchefstroom: PU vir CHO

Literêre vorm

Leesgewoontes

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Slapende honde miaau nie

Publikasiedatum

  • 1986
  • 1989

ISBN

  • 0624023575 (hb)
  • 0624026353 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Jeugfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Fantasie en die kinderboek: ’n kernhandleiding

Publikasiedatum

1987

ISBN

0798623020 (hb)

Uitgewer

Pretoria: HAUM-Literêr

Literêre vorm

Literatuurhandleiding

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Masilo en die monster

Publikasiedatum

1988

ISBN

062701562X (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

1991 Maqhawe Mkhizi-HAUM-Daan Retief-prys vir kinderliteratuur

Vertalings

1988 vertaal Suid-Sotho, Xhosa en Zoeloe

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Wêreld in, wêreld deur

Publikasiedatum

1988

ISBN

079862700X (hb)

Uitgewer

Pretoria: HAUM-Literêr

Literêre vorm

Jeugfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die boom wat wou loop

Publikasiedatum

1989

ISBN

0798627042 (hb)

Uitgewer

Pretoria: HAUM-Literêr

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Engels 1989 - The wishful walnut

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Môre was dit somer

Publikasiedatum

1989

ISBN

0798629959 (hb)

Uitgewer

Pretoria: HAUM-Literêr

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Ken jy die weerligvoël?

Publikasiedatum

1990

ISBN

0624029875 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Jeugfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Kariena Karyn

Publikasiedatum

1992

ISBN

0627018017 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Engels 1992 - Katie Colly Wobbles

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Skuilte tussen riet

Publikasiedatum

1992

ISBN

0798633000 (sb)

Uitgewer

Pretoria: HAUM-Literêr

Literêre vorm

Jeugfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Hopgalop oor die blink water

Publikasiedatum

1993

ISBN

0624028860 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

’n Maand van dertig jare

Publikasiedatum

19-

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Buren

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Elsabe Steenberg as vertaler:

  • Mann, Thomas: Tonio Kröger. Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel, 1966
  • Calpin, GH: Sjerrie in Suid-Afrika. Kaapstad: Tafelberg, 1979 [ISBN0624012816 (hb)]
  • Armitage, Ronda en Armitage, David: As Janet kon toor .... Kaapstad: HAUM, 1980 [ISBN 0798603852 (hb)]
  • Paul, Anthony: Die tier wat sy strepe verloor het. Pretoria: HAUM, 1980 [ISBN 0798603860 (hb)]
  • Troughton, Joanna: Skilpad se droom. Kaapstad: HAUM, 1981 [ISBN0798606231 (hb)]
  • Elliott, Michele: Hou kop en sê nee! Kaapstad: Tafelberg, 1987 [ISBN 0624025403 (hb)]
  • Parker, Carolyn: Heks van die hoogte. Pretoria: De Jager-HAUM, 1988 [ISBN 0798622253 (hb)]
  • Bowling, Christopher en Protchard, Joy: 'n Draak kom na Jolledol. Pretoria: Juventus, 1990 [ISBN086816125X (hb)]
  • Venter, Paul C: Sneeuwitjie en die koningin se wraak. Pretoria: Juventus, 1990 [ISBN 0868161594 (hb)]
  • Stippe stappe stories. Pretoria: Van Schaik, 1995 [ISBN 0627020585 (hb)] (Wenner 1997 ATKV-kinderboekprys 3-5 jaar)
  • Voetpad: stories vir Afrika. Pretoria; Kaapstad: Out of Africa; Maskew Miller Longman, 1993; 2006 [ISBN 0798633603 (sb); ISBN 0636070506 (sb)] (tweede uitgawe saam met Elise van Wyk)
  • Voorlees vir nadink: 'n verhaalbundel vir kinders vir gebruik in laerskole en tuis. Kaapstad: Tafelberg, 1980 [ISBN 0624013782 (hb)]

Artikels oor en deur Elsabe Steenberg beskikbaar op die internet:

Bron:

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum

 

• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

The post Elsabe Steenberg (1938–1996) appeared first on LitNet.


Liefde is ... Inskrywings (X)

$
0
0

Hier verskyn nog inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Liefde is ..." ontvang is.

Inhoud:

  • Linda Rautenbach
  • Topazz
  • Alet Tinkler
  • Lucille Swart
  • Abraham Rozendaal
  • Marthie-Lize Thomas
  • Soné Ashmore
  • Vanessa Wright
  • Elzani Borman
  • André Kriel
  • Jean Lombard
  • Elmarie van Tonder
  • Marchand Kleynhans
  • Pieter Keeve
  • Mariaan Taljaard
  • Ansi Brits
  • Marianne Jonker
  • Sas Beukes
  • Petri Jacobs
  • Marlizé Kruger
  • Loretta Szikra
  • Jean-Marie Potgieter
  • Jaomi Zeeman
  • Francois Meyer
  • Tinus van Staden

 

Linda Rautenbach

Vir ouma (met liefde)

Ek mis jou
Ek mis jou sagte, blou oë
Wat direk vir my kyk
En dadelik dwarsdeur my kon sien
Jou warm, sagte, handjie
Wat my wang toeskulp en my weer laat voel soos ’n dogtertjie
Ons geselsies tot die nag stokoud word
Oor enigiets
Ek mis ons tee drink na skool
Uit die pienk en wit koppies met die pierinkies
Ek wil weer blokraaie invul en puzzles bou
By die kombuistafel
Terwyl die kos op die stoof is
En ons wag vir Oupa om van die werk af te kom
EK
WIL
JOU
TERUGHÊ
OUMA
Draai terug die tyd
Sodat ek jou kan ruik en hoor en voel
Ek wil jou lyf was en jou hare indraai
Met drie pienk sponskrullers
Maar net in jou kuif
Ek wil nog net eenkeer jou toonnaels verf
Selfs die gebreklike toontjie se vel
EK
SOEK
NOG
TYD
OUMA
Tyd was nie genoeg vir ons liefde nie
Want selfs ’n leeftyd saam met jou sou te kort wees
So wat sal nog ’n dag saak maak?


 

Topazz

Liefde is
’n romantiese euforiese illusie
gevoel van ekstase en genot wat jou beroof van nugtere visie
jou binneste voel soos ’n mallemeule, geluk ken geen perke
voel of jy sweef sonder vlerke

Beloftes van maanskyn en rose is aan die orde van die dag
liefdesboodskappies tot in die middel van die nag
maar niks hou vir ewig, dit besef jy gou
tog probeer jy die werklikheid ontduik deur aan herinneringe te klou

jy wonder een dag,
wanneer het dinge verander
asof jy ewe skielik praat met ’n vreemdeling
niks maak meer sin of kan die eertydse liefdeskokon binnedring

onbeskryflike gevoel van pyn en wanhoop vul nou jou bestaan
soms is dit moeilik on voort te gaan
maar tyd bring vrede
al verstaan jy nie altyd die rede

om lief te hê is ’n magtige onbeheerbare gevoel
vir elke mens in sy leeftyd bedoel
beslis die moeite werd om te ervaar
tokkel aan elke hartsnaar

dis beter on lief te hê
al die emosies wat daarmee gepaard gaan deur te maak
as om nooit te bemin,
jou hart toesluit
en altyd te wonder wat het jou besin


 

Alet Tinkler

Liefde is ...

Die kleure op die skilder se palet
Om prentjies ongekend mooi
volmaak te voltooi!

Sonneblomgeel met hoop in die hart
Bokkie huppel van plesier sonder smart

Kersierooi, o tog so mooi
Ryp en geurig getooi

Ballerinapienk wat ligvoets dans
In sagte feetjieland se glans

Silwer is die randjie
Om die donker wolk se kantjie

Grasgroen vir leeuemoed
Teen ’n onbevange lewensspoed

Goud is die pant
Verseël deur ’n verbindingsband

Blou is die kleur
Van vergange fleur

Liefde is ...

die belofte van ’n verbond
gekroon deur ’n reënboog
halfmaanrond


 

Lucille Swart

Liefde is …

Daardie sagte, tere kyk in jou pragtige oë
wat my weer in opregte liefde kan laat glo.
Die wyd verspreide glimlag op jou mond
wat jou aantreklike gelaatstrekke afrond.
Jou nabyheid en jou liefdevolle aanraking
wat hoendervleis op my vel laat uitkring.

Om jou liefde te sien, sonder dat jy my sê.
Na jou te hunker, jou vir altyd by my te hê.
Om kwaliteit-tyd saam met jou te spandeer
so groei my liefde vir jou net meer en meer.
My skat ek wil graag die son vir jou laat skyn,
saam na die sterre lê en kyk voor dit verdwyn.

Die ongevraagde dingetjies wat jy vir my doen
wat maak dat ek jou net wil vashou en soen.
Die hoogtepunt is om saam met die Vader te dien
ek dank Hom elke dag dat ek jou kon verdien.
Ons is vriende, maats, sielsgenote, minnaars
hierdie besondere sielsband is baie-baie skaars.


 

Abraham Rozendaal

Die liefde

Die liefde is soos goeie rooiwyn
Kompleks
Multidimensioneel

In sy jeug
Robuust, selfs aggressief
Maar met belofte gedeel

Met volwassenheid
Kom die rypheid en sagtheid
Soos purper fluweel

Aan die einde wil ons glo
Dit was goed
Byna volmaak … op die keel

Kom ons drink op die liefde


 

Marthie-Lize Thomas

Liefde is laatnag wakker bly –
Opgewonde soos ’n kind
Dis soete woordjies in mekaar se oor fluister,
En af en toe ’n bitterbek geveg!

Liefde is om droomverlore te staar –
En herinneringe wat in jou hart ronddans
Dis ’n warrelwind ...
Van liefhê en seerkry en alles in een

Liefde is passie
En soms ’n gebroke hart
Dis onvoorspelbaar en onbeheerbaar
’n Draaiboek en die nuwe best-seller

Die liefde is geduldig,
Die liefde sal wag –
Dis ’n sonsopkoms – ’n nuwe dag
Liefde is ’n teken op die onverwagste plek

Dis ’n ontdekking –
Na jare se gesoek
Liefde is ...
Net ’n woord, maar dra soveel krag!

Daarom vra ek ... werk tog mooi met my hart?


 

Soné Ashmore

Liefde is ...
Daardie eerste blik
Weghol-hartklop wat net jou hart kan verklik
Jou glimlag skugter ...
Skuil daar dalk iets in jou wat my kan ontnugter?

Voel jy nou die liefde ook?
Warboel van emosies wat nie altyd met realiteit strook
Kan jy dalk die een wees
wat die kompleksiteit van liefde 
in my hart kan lees?

Liefde wat jy my gee is ...
’n Grootse avontuur in ’n ongekende, ongetemde oseaan
Waar branders vurig en asemrowend bruis
kan ook in ’n oomblik vergruis

Neem my op ’n liefdeswentelbaan
net soos een keer in ’n bloubloedmaan
Kan ek dit dalk beskryf in volle terme
kan ek reis na ’n lewe sonder skerwe

Liefde is nie net die lekker holderstebolder vlug
maar ook daardie Geestesvrug
wat jou leer om sewe maal sewentig te vergewe
om sonder hoekoms en daaroms te lewe
Nie boek van die kwaad te hou
wanneer jy of jou naaste verbrou

Liefde is en bly ’n misterieuse wonder
wat jou lei na ’n hemelse wêreld
met grense daarsonder
Wanneer jy in jou geliefde en jul kinders se oë kyk
gevoel so groots dat dit met niks op aarde kan vergelyk

Die grootste liefde bly altyd
dat jy kan weet
wanneer die lewe party maal so krom is dat dit voel of jy stom is
Jou Redder op water kan loop ...
en Hy het jou klaar met Sy liefde gekoop


 

Vanessa Wright

(E)motief

Liprooi bars die granaat –
peul die warrelmoes sade,
verwringend na buite.
Pynlik is die skeiding
waar eens jou beskerming woon.

Blindelings tas hul,
reikhalsend na die samesyn,
van één wees in die dop.
Smaragrooi drup die sap,
val die saad na benede
en weet ek dat ek jou verloor.


 

Elzani Borman

Liefde is nie ’n sprokiesverhaal
nie,
of om trou-trou te wil speel
nie.
Liefde is nie ’n taal
nie,
of om jouself te probeer heel
nie.

Liefde is ’n band,
wat ’n horison tussen twee
saambind in verhouding en verstand
en in wese, nuwe betekenis gee.


 

André Kriel

onthou jy nog die perske-kougom
van die kafee onder op die hoek
ver het ek gery op my fiets
om dit vir jou te gaan soek

onthou jy nog die bermuda treat
by die silver spur
my ou bruin cortina
op die dash was daar fur

onthou jy nog die dag toe jou water breek
dit was ’n koue oggend soos nou
middernag in die wagkamer
pienk voetjies in kombersie toegevou

onthou jy nog die leë-nessindroom
wat jy sukkel om te verdra
as die huis so stil raak
dan beur ek jou op en vra

onthou jy nog die bankie op die grasperk
toe ons tieners was?
daar het jy jou toonnaels met blou cutex geverf
en ek hou die botteltjie vas


 

Jean Lombard

Liefde

die maan hang ’n goudgeel bal
op die kabbelende water wieg ’n silwer streep
oranje braaivleisvlamme dans sierlik hoog
op die tafel ’n enkele rooi roos
’n dun langsteel-wynglas
borrelende koue sjampanje
jou tere warm aanraking
jou liefdesfluistering in my oor
jou hande deur my kartelende haarlokke
die suiwer egtheid van jou stem
“ek het jou lief!
trou met my”
jou liefdeslippe sag op myne
oorstelp, my antwoord sag
“ja, my lief, ek is joune,
vir nou, vir altyd, vir ewig”


 

Elmarie van Tonder

Liefde is

jou kleinseuntjie-oë wat skrefies trek as jy lag
vroegoggendsoene en groenappel-sjampoe
lui sondae vol koerante en croissants
om saam in te lê in die winter

dit is soos botter wat op ’n warm broodjie smelt
lang kuiers rondom ons geelhouttafel
onverwagse jasmyn op my kopkussing
en wanneer jy vir my ’n suikerbekkie uitwys

dit is om luidkeels arno carstens se ontwaak te sing
as ons op ’n avontuur vertrek
met die doel om te verken

dit is die laaste stukkie pizza
ysblokkies wat in gehoute chardonnay klingel
om in die laatmiddagson te sit en droom

dit is om iemand te hê wat vir jou mangoes sal afskil
jou weerloosheid sal probeer begryp
en soms die sagte gedeelte van jou pols
sal kielie


 

Marchand Kleynhans

Liefde is die smaak van koffie in die vroeë oggendure
Laatnag rooiwyn en kletsies by jou bure
’n Natneus-hondesoen wanneer hartseer jou verdrink
’n Heildronk op jou ouers se 50ste huweliksherdenking skink

Liefde is ’n sagte woordjie na ’n slegte dag
Die simfonie van jou kinders se gelag
Die ritme van jou hartklop as ek my kop op jou bors neerlê
Die vorm van jou mond as jy “ek is lief vir jou” sê

Liefde is die reuk van stof as die reën uiteindelik val
As ek met iets sukkel en ek hoor jy sê “toemaar ek sal”
Jou Hugo Boss se blywende reuk al het jy lankal gery
Die skoenlappers in my maag as jy sê jy gaan bietjie langer by my bly

Liefde is as ek my oë soggens oopmaak en jou gesig sien
Kaalvoet dans op boeremusiek in die dorpskantien
Dogtertjie-arms om my nek gevou
Biltong met geel vet op die lang pad kou

Liefde is alles wat mooi is en alles so sag
Liefde is dit wat jou uit jou maag uit laat lag
En as iemand my moet vra wat beteken liefde vir my?
Dan sal ek antwoord: Liefde is. Ja, liefde is JY


 

Pieter Keeve

liefde is ’n sement-plaasdam op ’n warm somerdag

die sagtheid
van jou lyf
jou skoonheid
in die wolke geskryf
die ritme van jou hart
klop
elke
keer
in my
as ek
na jou
kyk
as ek
na jou
kyk
raak
die wêreld vir my
groot
soos
’n sement-plaasdam
en windpomp
op
’n warm somerdag
waar die wolke
en die water
ontmoet
as ek
aan jou
raak
met elke woord
soos
sonskynreën
wat op my
papier
drup

sonder liefde
is al my kuns
net abstrak
koue abstraksies
van die realiteit
’n hoekige boom
en ’n vierkantige doring
sonder liefde
is die lewe letterlik hard
en sonder hart
’n herhaling van roetine
’n werk vir ’n salaris
eet op ’n begroting
sonder liefde
is ek
niks

liefde is die glimlag
op jou gesig
liefde is die vrydag
na skool
liefde is die briefie
met soentjies en kruisies
wat ruik na jou
liefde is die eerste keer
toe jy na my gekyk het
liefde is die sproete
op jou neus
liefde is om naby
jou te wees

die kurwes
van jou lyf
die klank
van jou stem
voel
soos
swem
in die sement-plaasdam
klink
soos
’n simfonie
van krieke
jou aanraking
soos
’n grashalm
wat sag
aan my vel
raak
sonder weerstand
sonder ego


 

Mariaan Taljaard

Liefde is ewig

Liefde is lankmoedig en vriendelik
Soek nie sy eie belang, dit dien
Dit lê onwankelbaar in jou hart
Om jou naaste se nood te sien

Die liefde is onselfsugtig
Soos die Woord van ons verlang
Dit verseël die ego, die eie ek
Dit neem nie, gee sonder dwang

Die liefde praat nie groot nie
Want liefde soek nie eer
Dis die stem wat vir jou fluister
Versprei hoop, deel die seer

Die liefde hou nie boek van kwaad
Dit vergewe onvoorwaardelik
Want liefde is wysheid
Dit weet bitterheid is skadelik

Die liefde hoop, bedek alles
Dit leef tot in ewigheid
’n Vry, rustige sekerheid
Jou weg na saligheid

Al het ek elke denkbare gawe
Kan selfs die taal van engele spreek
Maar liefde skort in my hart
Het ek die grootste gebod verbreek

Nou bly geloof hoop en liefde oor
Liefde wen met ewigheidswaarde
Dit lei jou na die ewige Lig
Liefde: Soetste emosie op aarde


 

Ansi Brits

Liefde is ’n kunstenaar
Hy oes die son se strale saans
en met die agterosse wat na geluk bly soek
verf hy hul met groot geduld saam op ’n doek

Randeiertjies wat op die grond sal bars
skuif hy versigtig in die nes sonder dat hulle knars

Liefde is nie haastig nie
hy luier saam met oud en jonk
en wag geduldig vir hul môrestond

Wanneer die branders woed en bulder
hou hy waak by die duine
en meng op sy palet ’n liefdeslied in sagte pastel.

Hy roep die korhaantjies in ’n kring
Sodat hy vir hul sy vredeslied kan sing.


 

Marianne Jonker

’n verkleurmannetjie
wat met klewerige voetjies
klein stetoskopies
aan die hartswand sit
en stip
luister hoe klawers teen klankbord
klop-klop
in morsekode vertaal
en hervertaal in kleur
en ons maak dans op die maat van
grys
of geel
of van koraal
terwyl hy selftevrede toekyk
(hy wieg soms begeesterd saam)
klein antieke towenaar
... die liefde is sy naam


 

Sas Beukes

liefde word nie … liefde is

soos asemhaal, daarsonder het jy geen behoud
en voel dit soms die liefde is nors en koud
maar kyk tog in jou hart, waar lê die fout
want soos in ’n sonstraal wat warmte gee, so is liefde

... want liefde word nie ... liefde is

ongelyk, hard en grof, skryf die lewe soms ’n liefdespad
’n verhaal van wisselende liefdesbeproewings
soms is dit flou, op ’n ander keer is dit weer ’n warmte wat so aan jou hart vat
maar kom daar tog altyd ’n loflied van liefde met klein en groot oorwinnings

... want liefde word nie … liefde is

sonstrale is die stoorplek van die liefde wat dit bring van bo
gryp dus ’n sonstraal, miskien twee, drie of vier
dan waar afkoelliefde verskyn, kan jy miskien ’n warmer straal aanstuur
so help jy die liefde om te blom en kan almal glo

... liefde word nie ... liefde is

die donker kolle van die lewe het altyd ook ’n ligkol
want selfs die donker kan die liefde nie verdring nie, want ...

… liefde word nie ... liefde is


 

Petri Jacobs

Liefde is ...

’n towerwoord
’n troetelwoord
’n trooswoord

’n vloekwoord
getransformeer
tot die diepste blerrie seer
van alle pretensie gestroop.

’n liegwoord
wat die waarheid ontbloot
terwyl jy op dun ys loop
en op ’n flippen miracle hoop.


 

Marlizé Kruger

Liefde

So sonder sukkel
    of omhaal van veel woorde
    het jy laat los

    en skalpelskerp
         skoon gesny
    sodat daar geen kans
         vir bloei
                   óf terugdraai
              was nie

Is ...


 

Loretta Szikra

Vandag

Tussen gister se bittersoet verby
en môre-beloftes wat miskien mag
of dalk nooit sal ontwaak
staan ék weer hier langs jou
tevrede in die hier en nou
V
       A
               N
                       D
                               A
                                      G
in ons hande toegevou

Sonder terugkyk of berou
sonder verwyte wat skeef
aan vervalle murasies hang –
voor ’n nuwe dag se gulde-stond
wat skaam voor ons ontvou
op dié lappie paradys
waar ons elke klip
by die naam kan roep –
en die krokodilrivier se kurwes
kruppel-kronkel
vreedsaam langs ons loop
wyl waterlelies in dagbreektrans
kleurvol in vredespoele dans

is dit nêrens anders nie maar hier
waar ek en jy
nog sy aan sy
in elke nuwe gulde-stond
mekaar opnuut weer kry.


 

Jean-Marie Potgieter

twee spitsvondige berge loer oor die koppie van my bed
met groen glas-albasters wat oor die landskap swiep
dan                  plotseling                     ’n sprong
’n steekbossiebondel vaar deur die lug
en kom vlugvoetig te lande
stryk snorbaard en strek statig
versoek versigtig met voelende voetjie
en wurmwriemel tot neffens my
rustig resoneer die rasper-roep
van my klein kieliebak-kat


 

Jaomi Zeeman

Die liefde is

Die liefde is ’n cumulus
wat konvektief uitpof
met vogdruk wat latent verhit
en siklies self leegplof.

Die liefde is ’n soutrivier
waar wit windmantels kiel
met rietneste vir vleilandvoëls
wat in sy kuile spieël.

Die liefde is ’n ou matroos
wat swetsvaarte onthou
met ’n wiggelkim op sy gelaat
en ’n kaai met ’n ankertou.

Die liefde is ’n klein, klein huis
wat sagte sugte slaak
met ’n vuurherd en ’n stoomkombuis
as die dak saans koeler kraak.


 

Francois Meyer

Liefde is ...

vir baie beperk tot die omkringde veertien
wanneer rose en teddiebere hulle doel uitdien
en haastige letters teen die wil van die ink
op sneeuwit papier woord en daad verdink

die skilderwerk teen die muur van jou hart
uit die spontane verfkwas in sy hand
die verhaal skilder van julle liefdesband
saam weerstand bied teen die dag van smart

die dans van twee siele
op die silwer ligstraat van die melkweg
’n lewensvlug sonder wiele
laat geskied aan mekaar se harte reg

hande vat op ’n pelgrimspad
’n onbaatsugtige reis is die liefde
ook mooi tye met ’n romantiese bad
as ’n gawe van God in mooi of hartseer liedere

die sekuriteit van die oudag
die bewuste daad van die hede
die steeds helder gedagte van ’n troudag
die wedersydse glimlag oor liefde in die hede


 

Tinus van Staden

ek het gisteraand ’n jyvormige
leemte op my kussing uitgebloei
voor slaap se belofte
dat sy sal kom as ek soos ’n offer
jou afwesigheid aan ingrid sal wy

so strooi ek nou ’n roosrooi
sloop oor die see se wange,
want sý weet mos lankal –
die liefde’s niks anders
as die verlange

The post Liefde is ... Inskrywings (X) appeared first on LitNet.

kykNET Fiësta vir lewensbydrae aan Simon Bruinders: Commendatio-video

kykNET Fiësta vir lewensbydrae aan Trix Pienaar: Commendatio-video

kykNET Fiësta vir lewensbydrae aan Carel en Petru: Commendatio-video

Persvrystelling: Die berge gaan weergalm met die klanke van talent

$
0
0

Die Taalmonument se Oppiberg Konsert lok Dr Victor & The Rasta Rebels, Paxton & Sean D Band en Jak de Priester.

Die Paarlberg en ikoniese Taalmonument is op 6 April 2018 Suid-Afrika se klank-hoofkantoor met onder andere Dr Victor & The Rasta Rebels, Paxton & Sean D Band asook Jak de Priester wat die aand aan die brand gaan speel tydens die Boland se eerste Oppiberg Konsert. Dié super suksesvolle kunstenaars sal voorafgegaan word deur opkomende sterre soos No Swett Band, Soulsound Live Band en Elwira Standili terwyl seremoniemeester Uncle Cal sal verseker dat dié unieke aand lag-lag seepglad verloop.

Dr Victor & The Rasta Rebels

Dr Victor & The Rasta Rebels is reeds dekades lank ’n Afropop en reggae sensasie en het onder meer by Paul Simon en Gloria Estefan se konserte gespeel terwyl Paxton verlede jaar se Idols-kompetisie gewen het, haar eerste album binnekort vrystel en gekies is om voor die Sweedse koningin op te tree. Jak de Priester is ’n sanger, skrywer en TV-persoonlikheid met agt albums en ’n digbundel in sy koker. Seremoniemeester Uncle Cal is ’n DJ-legende wat enige gehoor met sy aweregse humor en uitspattige gedrag na groter glimlagte sal lei.

Jak de Priester

Vooraf speel No Swett, ’n dinamiese vierman-stemgroep, Soulsound Live wat ’n wye reeks genres op vyf instrumente vertolk asook Elwira Standili wie se heuninggoue stem al op onder meer Idols te hore was. Gaste kan boonop uitsien na ’n heerlike atmosfeer by die gemaklike Amfiteater met ’n pragtige uitsig oor die Bolandse valleie en berg. Verskeie bekostigbare kosstalletjies asook ’n biertent sal beskikbaar wees om in enige spys-en-drank behoeftes te voorsien. Die voorafprogram begin Vrydagaand om 18:30 en die hoofkunstenaars sal vanaf 20:00 die verhoog bestyg.

Kaartjies is vooraf beskikbaar by Computicket en die Taalmonument teen R100 vir volwassenes en R70 vir kinders onder 13 jaar. Dit sal ook op die dag self by die Amfiteater beskikbaar wees, en dan wel teen R120 vir volwassenes en R80 vir kinders onder 13 jaar. Bring ’n kombers of kussing en warm klere saam. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Helaas word geen honde, vure, eie kos of drank toegelaat nie.

Vir verdere inligting, skakel 021 863 0543/4809 of besoek www.taalmonument.co.za en www.facebook.com/afrikaansetaalmonument.

Foto's: verskaf

The post Persvrystelling: Die berge gaan weergalm met die klanke van talent appeared first on LitNet.

Indigenous “Khoisan” languages: an interview with Menán du Plessis

$
0
0
International Mother Language Day will be celebrated on 21 February. According to the United Nations, this day "promote[s] linguistic and cultural diversity and multilingualism". The theme for 2018 is "Linguistic diversity and multilingualism count for sustainable development":
 
To foster sustainable development, learners must have access to education in their mother tongue and in other languages. It is through the mastery of the first language, or mother tongue, that the basic skills of reading, writing and numeracy are acquired. Local languages, especially minority and indigenous, transmit cultures, values and traditional knowledge, and thus play an important role in promoting sustainable futures.
 
Menán van Heerden chats to Menán du Plessis about indigenous languages in South Africa and Namibia.

Oupa Dawid Cooper, one of the last speakers of Kora, talking to Menán du Plessis in 2011 outside his home in Bloemside, on the outskirts of Bloemfontein.


Menán, you are an expert in “Khoisan” linguistics.
How would you define Nama and Khoekhoegowab?
 
Nama is the southern dialect of the cluster collectively referred to as Namibian Khoekhoe – or, in the language itself, as Khoekhoegowab. (Khoekhoe is pronounced as though it were “Khwekhwe”, and the letter w in the word gowab, meaning “language”, is pronounced as it is in Afrikaans. The word spelled goba or gowa means “speak”, and the -b at the end is the suffix of the 3rd person masculine singular.)
 
There was a time when people tended to refer to all of the Khoekhoe dialects spoken in Namibia as “Nama”, but this was eventually recognised as being disrespectful to speakers in the northern parts of the country who speak other closely related dialects, such as varieties of Dama, and Heiǁom. The official term now preferred is the more inclusive language name, Khoekhoegowab (or, as we should say in English, Namibian Khoekhoe). There is a sizable population of Khoekhoe speakers in Namibia today: perhaps as many as 200 000, if not more.

There are several other varieties of Khoekhoe, some of them also found (or, at least, once found) in South Africa, where they were spoken by the numerous clans of the herding people who came to be referred to as the Khoikhoi, Khoekhoen or Khoi. The Namaqua clans of the far Northern Cape spoke a variety of Nama, while some of the clans nearest to the Cape itself spoke a variety of Khoekhoe that was most closely related to the dialects spoken by the Korana people of the interior. There were other South African varieties, too, such as Giri – spoken by the Griqua, who seem to have been originally from the Western Cape coastal area – and Gona, spoken in the Eastern Cape.

The KHOE family of languages consists not only of the branch that linguists term Khoekhoe, however, but also of a Kalahari branch, which is divided up, in turn, into various subgroups, which include Khwe, Naro, ǁGana-ǀGui, Shua and Tshwa. These languages are distributed across south-eastern Angola, the Caprivi Strip and Botswana, and even extend marginally into the south-western fringes of Zimbabwe. There are some speakers of Khwe dialects now living in South Africa, but these people came originally from the general area of the Caprivi, and were only relocated to South Africa at the end of the apartheid era. Most speakers of languages from the Kalahari branch of the KHOE family were traditionally hunter-gatherers.

With the arrival of the colonists at the Cape, the Khoikhoi subsequently “lost their language” due to, for example, acculturation, according to Gerald Groenewald.

He also states that in Namibia, Nama “remained the mother tongue of many people, and is even used in schools and churches”.

What were the socio-linguistic consequences of the aforementioned acculturation at the Cape for the Khoikhoi in South Africa today?

Yes, indeed, you have accurately summarised these consequences. It is clear from early historical records that many of the Cape Khoi (especially the clans closest to the Dutch settlement) learned to speak Dutch very early on. In some cases, it seems they may even have switched altogether to the language of the settlers, although in many other cases, it is clear that they retained their own Khoekhoe variety, as well – effectively becoming bilingual. The Nama communities of the Northern Cape managed to hold on to their original language until very recently. This may have been aided by the existence of a widely accepted missionary orthography and the existence of texts (including Bible translations) in the language. In fact, Nama is, for all practical purposes, the only extant Khoekhoe variety (and, indeed, the only Khoisan language of any kind) still spoken in South Africa today. Most of the remaining Nama speakers in South Africa (perhaps around 2 000 of them) are aged at least 50 or upwards, however, although attempts are now being made to reintroduce the language as an additional subject at schools in the Northern Cape. 

By contrast, when Louis Maingard from Wits University went in search of speakers of Kora in the 1930s, he found only a few dozen people who still retained a fluency in the language. Many of these last speakers were already, by then, in their 80s, and one or two were even centenarians. This makes it truly remarkable that the historian Mike Besten managed, in 2007, to locate a few elderly people from the Korana community who still remembered the language. I had the huge privilege to be involved in a critically urgent emergency project, formulated with Mike and community activists, to obtain recordings from two of these speakers between 2011 and 2012. Both of the speakers we worked with have since passed away, and there is now, to the best of our knowledge, only one reasonably fluent speaker left.

The Bible Society of South Africa initiated the translation of the Bible into !Xun, a San language.

Also, LitNet interviewed one of the compilers of the first picture dictionary of a San language, namely the Juǀhoan Tsumkwe dialect. How would you define these languages?

!Xun is really a spectrum of between 11 and 16 dialects, where the exact number of dialects differs depending on which linguist is doing the counting! This group is also sometimes referred to as the JU family, and may also be called “Northern Khoisan”. Linguists in the past have tended to distinguish three broad divisions within JU, namely the more southern Juǀ’hoan, as found at Tsumkwe, plus two northern divisions, which were traditionally referred to as !Xun (the !Kung of some older works).

What are the main differences between the San and Khoi languages, and how would you define the different San and Khoi languages?

Yes, there is certainly a great deal of confusion about this! It is useful to keep in mind that neither of the terms “Khoi” or “San” refers to a language group. As we discussed earlier, some speakers of KHOE languages were traditionally herders – the Khoi of the early Cape and the interior of the country, as well as the Little and Great Namaqualand areas. Other speakers of KHOE languages – in particular, languages belonging to the Kalahari branch of the family – were traditionally hunter-gatherers. Although Naro (Kalahari KHOE) is said to be fairly homogeneous, most of the other Khoekhoe and Kalahari languages are made up of a number of dialects, as we would expect of any language.

Apart from the KHOE family, there are two other major families subsumed under the convenient catch-all label of “Khoisan”: namely, the JU family and the TUU (or !Ui-Taa) family. Languages from both these last two groups were, and still are, spoken by people whose lifestyle was traditionally based on a hunter-gatherer type of economy, and who have sometimes been referred to by the Khoekhoe term “San” (where the letter a indicates a long vowel).

From a typological point of view, the single greatest difference between KHOE languages and languages of the other two families is that all KHOE languages have a gender system that classifies nouns as masculine, singular or common, whereas JU and TUU languages generally have systems of multiple genders, where the classifications do not correlate with natural gender, but are based on factors such as “humanness”, “animacy” and so on. Of course, there are other features that distinguish JU and TUU languages from KHOE, as well as numerous differences between JU and TUU themselves: it is even a matter of ongoing debate whether the three major groups are even related to one another!

What does the term “Khoisan” mean?

The term Khoisan is simply a label of convenience and is used by linguists in a very general way to refer collectively to the three main families of southern African languages that use clicks as part of their phoneme inventories – but which are not (or, at least, are not obviously) related to any languages of the immense BANTU family. As we’ve already noted, not everyone is in agreement that the three families of southern Africa are actually even related. Some linguists also include two “click languages” of Tanzania, namely Hadza and Sandawe, under the general heading of “Khoisan”, but there is no strong evidence that the two are even related to each other, let alone to any of the southern African families.

Is it more accurate to write Khoekhoe than to write Khoikhoi?

On the issue of Khoekhoe versus Khoikhoi versus Khoekhoen: this is as much debated as almost every other issue pertaining to this field! It is true, at least, that the Khoekhoe root meaning “person” is more accurately represented as khoe than as khoi. The use of the reduplicated form reflects a usage within the language itself, however – as does the use of the suffix -n, which marks the 3rd person common plural. There is a long tradition, nevertheless, of representing the name in German and English writing as Khoikhoi, even though the most natural anglicised version would, strictly speaking, not include the reduplication. For my part, I prefer to use the well established and appropriately naturalised term “Khoi” for writing in English – although I would hesitate to be too prescriptive on this point!

Ouma Jacoba Maclear, one of the last speakers of Kora, at her home in Bloemhof. The team worked with Ouma in December 2011, just a week before she was due to turn 100.

How are the “Basters” (a derogatory name), Griquas and Oorlams defined?

The “Basters” were a mixed community consisting of people of largely Khoi descent. Some of them settled at Klaarwater (later Griquastad), along with a number of Korana clans. When the missionary John Campbell, in the early part of the 19th century, expressed his horror at the degrading name, members of the community elected to change it to Griqua, after an old clan of the west coast. The name Oorlams, as far as I know, was given to the earliest of the Cape clans who chose to move north and across the Gariep, after they had already been influenced by aspects of the Dutch settlement.

The Damara speak varieties of Dama (a closely related dialect of Nama). Therefore, it appears as if the languages overlap between groups?

On Dama: yes, there are several varieties of this northern set of Namibian Khoekhoe dialects. The Damara people do not bear much physical resemblance to the Nama people of the south, it is true; while, at the same time, we know that a section of the Damara people (the Cattle Damara) spoke a variety of Herero. For my part, I am reluctant to speculate about the reasons for any of this, or even to dwell on aspects of physiology at all. (There is a deeply unfortunate history in southern Africa of scholars seeking to draw biology into linguistics.)

Which Khoi and San languages are used in, for example, the curriculum (school and university), media, literature, etcetera in South Africa as well as in Namibia? Or, are these languages primarily spoken languages?

Are there many speakers left?

Namibia is the only country in southern Africa that gives official recognition to a Khoisan language. This is Khoekhoegowab (that is, the 16 or so dialects of Nama, Dama and Heiǁom). The language is offered as a subject at both school and university level in Namibia. As we’ve already noted, there are perhaps as many as 200 000 speakers, if not more. The language is still actively being transmitted from one generation to the next and is used by speakers in all domains, from the intimate one of the home to more official and public ones. There is a well established new orthography, and the language is well resourced in general.

As far as other Khoisan languages in Namibia are concerned, the American anthropologist Megan Biesele has worked, with the help of linguist Patrick Dickens, to establish Village Schools, where children from rural Juǀ’hoan-speaking communities can, at least, receive their earliest education in their mother tongue. Patrick Dickens helped to develop a practical community orthography for the language and also wrote a grammar for use by teachers. The picture dictionary you mentioned earlier makes an invaluable contribution to this project.

The total number of speakers of JU dialects (spanning Angola, Namibia and Botswana) is not certain, but has recently been estimated by Bernd Heine and Christa König to lie somewhere between 10 000 and 15 000.

In Botswana, there is no official support for any of the Khoisan languages found there, which include languages belonging to Kalahari KHOE, as well as varieties of JU and TUU. The missionary Hessel Visser has successfully worked with members of the Naro community, however, to establish a community orthography and provide texts in this Kalahari KHOE language. It is thought that there may be a total of around 25 000 speakers of the various Kalahari KHOE languages combined.

In South Africa today, as we’ve noted, it is effectively only Nama (Khoekhoe KHOE) that is still spoken. Shortly after the ending of apartheid, the discovery was made of about two dozen elderly people who still remembered varieties of Nǀuu, which was one of the !Ui languages (TUU family) formerly spoken by the San people of South Africa. There was a flurry of work on the part of mainly foreign linguists, who came in to document the language over the next decade and a half. There are now, I believe, only three of these elderly speakers remaining. There are some speakers of Khwe (Kalahari KHOE), and also some speakers of JU varieties, now living in South Africa, but these speakers came originally from the Caprivi area, and were only relocated to South Africa in the aftermath of the liberation struggle.

There are “Khoisan” who demand recognition of Khoekhoegowab as an official language. Why is this language not one of the official languages, given that “it’s already on the coat of arms”.

As we’ve seen, it is only Nama that is still spoken in South Africa – and even that only by a few thousand senior people, which means that the language is no longer being passed on intergenerationally. The language reflected in our new coat of arms is, in fact, not Nama but ǀXam, which was the other major !Ui language once spoken by the San people of South Africa. (By chance, the motto happens to include a word that is indeed borrowed from Khoekhoe, namely ǀxara, meaning “other” or “different”!)

I can understand and even empathise with the feelings of activists who demand that Nama should be made one of the official languages. However, I also think we need to be pragmatic. It would cost a vast sum of money to provide the levels of support, resources and infrastructure that would be needed if Nama were truly to be placed on an equal footing with the eleven other official languages (soon, hopefully, to be joined by South African sign language). Given the very tiny size of the Nama-speaking population, this could well be unnecessarily extravagant, and possibly even a misdirected allocation of scarce funds. I can’t help thinking it might be a wiser use of state resources to support local projects that aim, say, to develop language courses and materials, and perhaps foster cultural activities rooted in the language.

I think that interventions of this second, more practical kind are perhaps what the authors of our constitution had in mind when they wrote about the establishment of a Pan South African Language Board to “promote, and create conditions for, the development and use of” (i) all official languages; (ii) the Khoi, Nama and San languages; and (iii) sign language. (Of course, while the sentiment is clear, you’ll appreciate from everything we’ve discussed here that the wording of (ii) is almost meaningless!)

Tell us more about your forthcoming book (a chapter is published on South African History Online), wherein you have published recordings from two of the last speakers of Kora.

Thank you for asking about the book! It is called Kora: A lost Khoisan language of the early Cape and the Gariep, and is finally due to appear any month now, from Unisa Press in collaboration with SA History Online.

The language of the Korana people was well described by older authors, beginning with the missionary Carl Wuras, who worked from the 1840s onward, and who was followed, in 1879, by Lucy Lloyd, who obtained vocabulary, example phrases and sentences and a small collection of stories and other narratives from Piet Links. During the early part of the 20th century, more detailed documentations and further collections of stories, as well as compilations of vocabulary, were undertaken by Carl Meinhof, Louis Maingard and Jan Engelbrecht, while a study of the phonetics and tonology was made by Douglas Beach. Despite all this work, only two short audio recordings were ever made!

The idea for the book came about after I responded to an appeal for help from Mike Besten and, thanks to him, had the amazing opportunity to meet one of the speakers he had found. In the course of subsequent long and intense conversations with Mike and various community-based activists, it occurred to me how inaccessible all the early material mentioned above now was to the very people whose heritage it represented. And, gradually, it occurred to us that we should use the almost miraculous opportunity we had been given to obtain recordings of as much of the language as possible, and then find some way to incorporate this audio material into a kind of compendium or complete resource for the language, which would include a reference grammar, an annotated collection of all the old texts, and a “talking dictionary”. I suppose the idea was, essentially, to find some way to return as much as possible of this virtually lost and forgotten national treasure to all South Africans – but, above all, to restore it to the people who are its rightful owners. Some of the community members I met were already making efforts to learn Nama, and it seemed to me that, with their being armed with that existing knowledge, the book I had in mind would even enable them to approach the Kora texts in the original language.

There were some terrible setbacks along the way, including the tragic death of Mike Besten. Apart from everything else, local academic institutions were rather shockingly indifferent, and it proved surprisingly difficult to obtain funding. It was only after the Endangered Languages Documentation Programme at SOAS awarded us a small grant that we were able to carry out the increasingly urgent fieldwork and obtain recordings from Oupa Dawid Cooper of Bloemfontein, and Ouma Jacoba Maclear of Bloemhof. (Both of them passed away only two years later.) Members of our fieldwork team included deeply committed community activists from both Bloemfontein and Cape Town, as well as two Nama-speaking linguists, namely Levi Namaseb and Niklaas Fredericks. As for the writing up of the book, I was only finally freed from financial worry and in a position to sit down and complete the work after a stint in the USA, where I spent a semester teaching at the generous invitation of Mark Kornbluh, who is the dean of arts and science at the University of Kentucky.

I was never quite clear on the details of how we would incorporate the audio aspects of the project, until I accidentally met up again with an old comrade from the struggle days, Omar Badsha. With the utmost generosity, he instantly offered to host the online sections on the website of SA History Online, and after that, things simply fell into place. I am especially happy that the online version will be freely and openly accessible to everyone. (As for the print version, I have waived any royalties in an effort to keep the cost to the public as low as possible.) Of course, speaking of accessibility, I would dearly love to have the book appear also in Afrikaans, since this is the language most widely spoken by the present day descendants of the Korana people. This aspect of the project is one that still remains to be fulfilled, however.

Also read:

The post Indigenous “Khoisan” languages: an interview with Menán du Plessis appeared first on LitNet.

LitNet: Fees van die ontplooides


Graad 10-wiskundevraestel: vraestel 2

Adam Small-fees 2018: Volledige feesprogram

$
0
0

LitNet plaas hiermee die Adam Small-fees se program in die formaat soos wat ons dit van Darryl David ontvang het – kontak Darryl David direk in verband met praktiese vrae en reëlings. Darryl se adres is: Davidd@ukzn.ac.za

Om die volledige feesprogram te bekyk, klik op die skakels hier onder.

Bladsy een van die feesprogram se voubiljet.

Bladsy twee van die feesprogram se voubiljet.

Bladsy drie van die feesprogram se voubiljet.

Lees ook oor ’n interessante projek van Gaireyah Fredericks, ’n deelnemer aan die program. 

Lees ook ’n onderhoud met Darryl David oor verlede jaar se fees.

The post Adam Small-fees 2018: Volledige feesprogram appeared first on LitNet.

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Stormkind deur Riana Scheepers

$
0
0

LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke, uitgegee deur uitgewers wat LitNet ondersteun. Dié lusmakers verskyn op LitNet as eerste slukkies.


Riana Scheepers

Riana Scheepers is op 9 Desember 1957 op Vryheid in KwaZulu-Natal gebore. In 1990 debuteer sy met die kortverhaalbundel, Die ding in die vuur, wat met die ATKV- en FAK-prys bekroon word. In 1992 ontvang sy die Eugène Marais-prys vir haar tweede bundel, Dulle Griet. Sedertdien is haar boeke topverkopers, in Suid-Afrika en in die buiteland.

Foto: Izak de Vries


Opsomming

Stormkind
Riana Scheepers

Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780799387131

Jana is net drie jaar oud toe haar ma spoorloos verdwyn. Op die Bolandse wynplaas Stormkloof treur KleinStorm oor sy pragtige vrou. Jana verlang ook na haar ma. Snags roep die wind haar buitentoe, maar Jana is nie bang vir die storm nie. As sy mooi na die wind luister, hoor sy die soet, hoë note van haar ma se fluit. Een so ’n stormnag ontmoet Jana vir !X’uri. !X’uri het gekom omdat dit tyd is om Jana se ma te soek.


Uittreksel

Sy word wakker van die kletterende reën op die dak en die geloei van die wind. Verruk lê sy in die donkerte na die storm en luister. Die wind huil soos ’n wolf. Dit ruk aan die deure van die huis, dit blaas in die skoorsteen af. Die wind waai die as van die vorige nag se vuur soos ’n grys wolk in die vuurherd rond, pluk woedend aan die rame en die ruite van die plaashuis.

Dit is ’n verskriklike storm, ’n wind wat dit sal regkry om ’n huis se gewel te laat intuimel, skoorstene af te ruk, dakplate weg te waai. Hierdie wind sal ’n hele huis kan optel, met kaste en stoele en tafels en alles binne-in, ma en pa en kinders nog in hul beddens aan die slaap, en aan die

ander kant van die berge gaan neersit. Reën en selfs ’n paar haelkorrels klap dof op die rietdak, die geute suis van die druising van baie water, die breë stoepe om die huis word oorspoel met die reënvlae.

Dit is ’n wonderlike nag. Dis ’n nag vir opstaan en buitentoe gaan. Sy sal sommer toelaat dat die reën haar wegvat saam met die rivier, dobberend oor die ronde wit klippe wat uit die berg loskom. Doller as kopaf sal die rivier haar vat, soos ’n mens ’n wilde perd ry. Of sy wil hê dat die wind haar optel en by die wolke inkatrol, tuimelend in groot bolmakiesies, saam met blare en lakens wasgoed en wit skaapvelle sneeu.

Hierdie storm beteken iets. Dit is ’n storm wat ánders is, sy voel dit so seker as wat sy ouma Lien se lappieskombers oor haar lyf kan voel. Maar wát?

Sy klim uit die bed en gaan staan voor die venster. Daar is weerligblitse wat die donker skeur, vreemd hier in die Boland, helder flitse lig en rammelende donderweer. Sy lig die skuifraam op. Die wind stoot in en druk haar nagrok teen haar lyf vas. Die gordyn word rondgepluk en raak nat.

’n Boek op die tafel wat ooplê se bladsye blaai om, asof ’n onsigbare mens daardeur blaai. Sy klim deur die venster en gaan staan op die stoep. Die uile se hoe is stil.

Raka, die rooi rifrug, verskyn van êrens uit die donker en kom staan styf teen haar. Hy druk sy groot kop onder haar hand in.

“Sjjjt, Raka, gaan lê, gaan slaap. Jy loop nie nou saam met my nie!” Sy vryf oor sy kop, frommel sy ore tussen haar vingers.

Kan ek nie maar saamgaan nie? vra hy mooi, maar hy sien sy wil hom nie saamhê nie. Nie vannag nie. Hy los haar.

Net so stil as wat hy gekom het, verdwyn hy weer.

Haar hele lyf tril, nie van koue nie, van die heerlikheid van die storm.

Storm, noem die mense op die plaas haar. Stormkind.

“Nee, my allakragtie,” sê haar ouma vererg. “Die mansmense in hierdie familie se naam is Storm. Julle gaan waaragtig nie ’n meisiekind ook nog só noem nie. Of sy nou van storms hou of nie, haar naam is Jana en dis ’n pragtige naam en ek praat nie weer hieroor nie, basta!” Alles in een asem.

Maar niemand luister na ouma Lien nie. Almal op die plaas noem die meisiekind Storm. Stormkind. As hulle onthou dat sy ook ’n ander naam het, noem hulle haar StormJana. Sy is OuStorm van Deventer van Stormkloof se kleinkind, KleinStorm van Deventer se dogter.

Moya, noem Ntuli, die stil man wat uit KwaZulu-Natal kom en in haar ouma se tuin werk, haar. Sy kyk op, hoor wat hy sê en verstaan hom. Ja, dit is sy. Moya. Wind.

Dit is hierdie wind wat haar nou roep.

Jana weet dat haar pa en ouma Lien se toorn om haar kop sal losbars as sy weer die pad vat en in die reën loop, maar sy kan haarself nie keer nie, die nag roep haar. Dit maak nie saak dat dit stikdonker is nie; sy ken die pad, sy sien goed genoeg in die donkerte.

Wat StormJana nie weet nie, nog nie, is dat sy so ver soos sy loop, met haar lang hare ’n blink draad spin. Terwyl sy loop, kom daar een of twee van haar rooi hare los uit haar kopvel en knoop hier en daar vas aan die struike, die bome, die heinings. Sy los ’n glinsterende spoor so ver as wat sy gaan.

In die wingerd sien Tarsis, Stormkloof se spookperd, haar aankom. Hy runnik saggies, kap met sy voorpoot teen die grond en skud sy kop sodat sy blonde maanhaar uitwaai oor sy nek.

Binne sekondes is StormJana sopnat, haar nagrok ’n nat vel teen haar lyf, maar sy voel nie die koue nie.

Kyk hoe maak my kaal voete spore in die grond, kyk na die kleur van water in die nag, ruik hoe soet is die wind, dink sy.

Sy loop deur die wingerd waar die druiwestokke hul koppe afbuig teen die reën, verby die spookperd van Stormkloof wat sy kop na haar draai en haar stil aankyk, tot by die boonste weikamp. Sy loop tot by die olienhoutbos met die groot boom wat met sy knoetserige stam krommer as al die ander bome staan en bo almal uittroon. Dit is die oudste boom op die plaas, sê OuStorm, dit was reeds ’n stokou boom toe sý voorsate op die plaas gekom het. Die mense wat die geskiedenis van die Stormvallei ken, weet almal van dié boom. Dit word beskryf in die geskrifte van die reisigers wat hier verbygekom het, Burchell en Andrew Geddes Bain. Piet Retief, voordat hy koers gekry het oor die berg die binneland in, het die mense onder dié boom laat bymekaarkom.

Ouma Lien sê selfs lady Anne Barnard het ’n mooi klein tekening van die boom gemaak toe sy Stormkloof besoek het, en dit was meer as tweehonderd jaar gelede.

StormJana gaan sit onder teen die boom se stam. Hoe stil is dit hier. Die surings op die grond maak ’n digte mat.

StormJana se voete word suringgroen. Tjier, tjier . . . sing die nag. Die boomblare ruis bokant haar kop. Die olienhout grom diep uit sy stam. Sy voel die rilling tot in haar rugmurg.

Haar hart klop stiller. Sy ruik die reën en asem die wind diep in haar longe.

Sy weet iets gaan gebeur.

Hier. Vannag.

The post Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: <i>Stormkind</i> deur Riana Scheepers appeared first on LitNet.

Begin ’n lewe van sukses deur Hennie J de Villiers: ’n resensie

$
0
0

Begin ’n lewe van sukses
Hennie J de Villiers

Uitgewer: Naledi
ISBN: 9780928316841

Suksesvolle en onsuksesvolle mense verskil nie veel wat hul vermoëns betref nie, maar as jy gemotiveerd is om jou volle potensiaal te verwesenlik, sál jy sukses behaal.

Só meen verskeie kenners.

Begin ’n lewe van sukses handel oor die stappe wat jy kan doen om welslae te behaal.

Die groot probleem met hierdie handleiding is egter swak (indien enige) redigering.

Die skrywer het voorligtingsielkunde aan twee universiteite doseer en later voltyds gepraktiseer. Sedert sy aftrede het publikasies soos Hoekom is ek hier? Ontdek jou sielskrag; To exist with meaning – Viktor Frankl’s guidelines en Wat is my siel? die lig gesien.

Die nuwe handleiding bevat vyf afdelings waarin vrae beantwoord word soos: Hoe berei ek voor vir ’n suksesvolle lewe? Hoe neem ek die basiese stappe om suksesvol te kan wees? Hoe pas ek algemene sakebeginsels toe? Deel 5 bied ruimte vir die uiteensit van jou eie “suksesoefeninge”.

Die inligting in die boek is nie heeltemal nuut of aardskuddend nie, tog het dit waarde, want mens vergeet so maklik die waarhede wat daarin vervat is. Soos dat ’n gebrek aan ’n doelwit, negatiwiteit en/of ’n swak selfbeeld in die pad van sukses staan. Aksie is eerder nodig. De Villiers verduidelik watter stappe jy kan doen.

Jy sal ook uitvind waarom jy prestasies uit die verlede behoort te herroep, waarom daar krag in skryf lê, hoe “bevestigings” werk en hoe jy daardie negatiewe stemmetjie in jou kop in ’n positiewe een kan omskep.

“Dink buite die boks” is ’n belangrike onderafdeling. Die handleiding vertel jou hoe om ’n paradigmaskuif te maak. Deur die eeue heen het nuwe benaderings drastiese veranderinge in ons denkwyse meegebring, skryf De Villiers. Soos in die wetenskap: Isaac Newton se sienings wat 300 jaar gegeld het, is deur dié van Albert Einstein vervang. Maar in watter opsig? Daaroor swyg die skrywer. (Newton het die swaartekragwet geformuleer, terwyl Einstein vir sy relatiwiteitsteorie bekend was.)

Een van die ander inspirerende gedeeltes in die boek handel oor Viktor Frankl se navorsing. Frankl, ’n baanbreker op sielkundegebied, het onder meer die gedrag van aangehoudenes in die Auschwitz-konsentrasiekamp bestudeer. Hy was self ’n oorlewende. Sommige aangehoudenes wou ten alle koste bly leef, terwyl ander wou opgee. Frankl het bevind dat ’n doelwit (vir ná vrylating) die verskil gemaak het.

Dis jammer dat die redigering van die handleiding so gebrekkig is. Taalfoute is volop. “Daar is net een persoon wie ’n nuwe lewe van sukses vir jou kan skep” is ’n voorbeeld. Talle spelfoute, soos fotos, dusvêr en lewensstyl, kom voor. Woorde word soms verkeerd ingespan. “Hulle (die suksesvolles) soek mense wat suksesvol is en kyk hoedanig hul lewe is” is ’n voorbeeld.

Daar is ’n hele paar stellings wat swak geformuleer is, soos: “Dis nodig dat jy die denkwyse wat jou beperk sal identifiseer en dit te vervang met onbeperkte denke” en “Suksesvolle mense trek nie verwerping vir hulle aan om te voel dat hulle sleg of dom is nie.” Die volgende stelling – dit verwys na ál die lesers van die handleiding – is bloot onsinnig: “Nou kan jy verstaan hoekom jy ten spyte van jou mislukkings in die verlede steeds vashou aan die lewe en nie wil sterf nie, al oorweeg jy dit soms om jou lewe te beëindig.” Nie alle lesers het tog al selfdood oorweeg nie!

Dis nie altyd duidelik hoe die skematiese voorstellings werk nie, soos die “môrester” wat jou aan jou doelwit moet herinner. Behoort die leser ’n motivering net in die middel van die ster te skryf, of ook in die punte? ’n Voorbeeld van ’n voltooide ster sou dié probleem kon oplos.

Die talle herhalings pla ook. Die sinsnede “’n (nuwe) lewe van sukses” kom byvoorbeeld vyf keer in drie paragrawe wat op mekaar volg voor.

Die skrywer kom ongelukkig soms aanmatigend of voorskriftelik oor. “Kry hierdie boek vir hulle (jou negatiewe huweliksmaat of kinders) en daag hulle uit om dit te lees,” skryf De Villiers. En: “Met die skryf van hierdie boek het ek ’n paradigma verskuiwing (sic) gemaak.” Daar is nog ’n paar voorbeelde.

Kassies en meer kolpunte sou die leesbaarheid van die handleiding verbeter het, terwyl ’n bronnelys vir betroubaarheid en wetenskaplikheid sou sorg. Die boek bevat kerngedagtes van motiveerders, onder wie Steven Covey, Anthony Robbins en Jack Canfield. De Villiers laat egter meestal na om aan te dui waarvoor die aangehaaldes bekend is. Nie elke leser het ’n sielkunde-agtergrond en sal daarom weet wie Alfred Adler is nie. Daar word boonop na Albert Adler verwys.

Die hele afdeling 4 bestaan uit (net Engelse) aanhalings van bekendes soos  Anne Frank, Mark Twain en Thomas Edison. Hoewel hul sêgoed inspireer, staan dié afdeling ietwat los van die res. Was elke hoofstuk eerder ingelei met ’n aanhaling, sou dit meer trefkrag gehad het.

As jy beperkte lewens- of werkervaring het, kan Begin ’n lewe van sukses wel van waarde wees. Sukses verg (net) die toepassing van die beginsels in die handleiding. Jy sal meer welslae behaal as waarvoor enige ongemotiveerde kan hoop.

The post <i>Begin ’n lewe van sukses</i> deur Hennie J de Villiers: ’n resensie appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Winterskool weer met trots in 2018 aangebied

$
0
0

33 jaar nadat die eerste Herfsskryfskool op Potchefstroom aangebied is (in April 1985), maak die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit steeds so – maar soos in die vorige twee jaar met ’n Winterskool.

Dosyne gevestigde skrywers het oor die jare hier ’n wegspringplek of hupstoot vir hul loopbane kom vind. Van 4 tot 8 Junie 2018 bied die ATKV-Skryfskool weer so ’n skolingsgeleentheid aan opkomende woordsmede.

Opwindende, bekroonde skrywers wat ook boeiende geselsers is, kom gee inspirasie en wenke aan dié wat die leer wil klim as skrywers van verhale, rubrieke en gedigte: Etienne van Heerden, Jolyn Phillips, Jaco Kirsten, Martie Swanepoel, Gerda Taljard en Valda Jansen.

Die hartklop van die Winterskool is die werkswinkels waartydens kursusgangers kan slyp aan die pennevrugte wat hulle by inskrywing moet voorlê. Jaco Kirsten (rubrieke), Hans du Plessis (verhaalkuns) en Bernard Odendaal en Jolyn Phillips (digkuns) sal die leiding by die drie werkswinkelgroepe neem.

’n Ander sterkpunt van die Winterskool is dat kursusgangers uit die spreekwoordelike perd se bek kan hoor wat uitgewers verwag van skryfwerk wat die paal gaan haal by die manuskripkeurders. In 2018 kom maak verteenwoordigers van die Afrikaanse hoofstroomuitgewers weer ’n draai by die Winterskool.

Stel jy belang om die Winterskool 2018 by te woon? Om meer te verneem oor die skryfkompetisie waardeur drie gelukkiges gratis bywoning van die Winterskool kan wen, kontak vir Kobie van Aswegen (sekretaresse) van die ATKV-Skryfskool: kobie.vanaswegen@nwu.ac.za; tel 018 299 1783.

Skakel met Bernard Odendaal, direkteur van die ATKV-Skryfskool, vir onderhoude: bernard.odendaal@nwu.ac.za; tel 018 299 1782.

The post Persvrystelling: Winterskool weer met trots in 2018 aangebied appeared first on LitNet.

LAPA by US Woordfees 2018

Die meisies sing weer

$
0
0

In die truspieël het daar vanoggend ’n skone lied kom speel.

Aanvanklik het ek soos gewoonlik die draadloos op die radio-sonder-geld-stasie aangesit en die pad na die ander deel van die dorp, daar waar ons die geldjie verdien, sonder verwagting voortgesit. Maar, toe die ellelange relaas oor die nuwe president en sy bekwaamhede en persoonlike vermoëns net nie ’n einde wil kry nie, toe doen ek die ondenklike daad en vertrap my eie oggendgewoonte deur die draadloos af te skakel en die klankstelsel na die musiek op my selfoon oor te gooi.

Madeleine Peyroux se warm stem het sag en helder die binnekant van die motor en my gedagtes na nuwe kalmte gevoer terwyl sy wegval met “Dance Me to the End of Love”, welke oorle’ oom Leonard trots sal maak;  hy hoor dit tog seker van waar hy is?

In die weggeraapte werklikheid van my nuwe ervaring neurie ek die melodie rustig saam, wat nou, ure nádat ek reeds met die dinge van die dag begin werk het, steeds nie uit my gemoed wil afskakel nie!

Ek vergeet van die stramheid wat die draadloos elke oggend die afgelope weke tydens die rit werk toe veroorsaak het en my bolyf wil-wil lomp, maar ritmies, saam met die stadiger jazz-weergawe begin wieg en dans –  totdat ek die jong vrou in die verkeerstrein agter my raaksien.

Eers het ek gedink sy gil en raas met iemand oor haar draadlose selfoon-kontrepsie, maar met die uitdrukking op haar gesig en die heen en weer beweeg van haar skouers en hande, besef ek meteens … sy sing!

Wanneer laas het ek iemand, behalwe wanneer ek en Jan Blohm op ’n Vrydagmiddag op pad huis toe is, in ’n motor sien sing?

Ek kan nie onthou nie!

Die afgelope weke en maande is dit opvallend hoe stroef en bemoerd omtrent al die mede padgebruikers elke dag is. Niemand glimlag nie, selfs nie eens wanneer daar meer as een persoon in die kar is nie, niemand lyk gemaklik en gelukkig om daar te wees waar ek hulle elke dag sou raaksien nie.

Die swaarmoedigheid het hulle, en vir my, in die sitplek van die voertuig vasgedruk en die galbitter pepersproei nuus en -rubrieke oor die dag se gemors en die wankelende toekoms, het ons skouers maklik laat hang, so-by-so, dat dit elke kort-kort met ’n moeitevolle sug regop getrek moes word!

Die kruie van die verkeer, soos vroegdag molasse stroop, gaan vanoggend ongesiens en ongestoord voort terwyl ek met gereelde probeerslae in die spieël loer, in ‘n poging om haar sang te waardeer. Haar bokstert wip heen en weer agter haar blonde kop terwyl sy uit volle bors ’n lied sing wat lekker lyk om na te kyk. 

Me Peyroux het tussentyds dromerig met nog ’n Leonard-gunsteling begin, “Bird on the Wire” en terwyl ek ook nou hoorbaar, vir my, begin saamsing  “Like a bird on the wire/ Like a drunk in a midnight choir…” wens ek dat die dag hier vir meer as net ’n oomblik kon stilstaan.

Ek dink aan die goeie dinge wat die afgelope paar dae gebeur het en Philip se gebed voor gisteraand se vergadering en ek voel saam met hom dankbaar dat die oud-president uitgeskop is en die nuwe een ingekom het, met ’n Rand wat verstewig en ’n aandelebeurs wat die hoogte in skiet, terwyl die markte en sommige ander geleerdes en rykes vir ’n oomblik hul Steinhoff- en ander tragedies kan uitdoof.

Ek dink aan Cyril en Trevor wat in Seepunt langs die see ronddraf en saam met vreemde meisies op Facebook pronk en die vrede van Saxonwold wat voor sonsopkoms deur die Valke befoeter word en die Gupta’s wat met slot en grendel gedreig word, en ek dink aan die reën en ons geskarrel om die emmers buite te kry en die pyp te skuif sodat die geut se afvoerwater op die half dooie grasperk en in die amper “leë” swembad kan loop en ek dink aan my geliefde wat haar nat klere op ’n hoop gelos het en met haar lingerie die water in is …

En, ek dink aan Valentynsdag en die feit dat ek nog altyd gereken het dat dit ’n mors-van-geld-dag en net nog ’n aangenome Amerikaanse vermaaklikheid is, maar terwyl die teenstrydighede nog met mekaar in my gedagtes woel, voel ek haar nabyheid en hoor ek haar vir een van my flouerige grappies lag. Ek sien die plooitjies wat uit die hoeke van haar pragtige oë trek en die kers se flikkering op haar beeldskone gelaat; vir die eerste keer in menige jare is ek ook bly dat daar hierdie week ’n Valentynsdag was en dat ek daarvoor dankbaar mag wees.

Die pad werk toe draai weg van die oggendson af en ek loer vir oulaas om te sien of die dametjie in die wit kar agter my nog sing, maar sy is nie meer daar nie. Ek het te midde van die wasigheid rondom my en my gedagtes en Madeleine Peyroux wat na afloop van twee Franse liedjies na ’n ingelse melodie oorgeslaan het, vergeet om na haar sanggenot te kyk; tog het haar opgeruimde lewenslus vandag meer waarde vir my gehad as vele predikers se spoeg en praat en kon ek die laaste entjie van hierdie pad met ’n glimlag na binne, en na die mense in die grys kar langs my, afsluit.

Haar jeugdige voorkoms sal lank reeds verlore wees, voordat haar bydrae tot hierdie dag vergete sal wees, want: die meisies het weer rede om te sing …

“But I swear by this song
And by all that I have done wrong
I will make it all up to thee ...”

My siel is stil tot God ...                   

 

 

The post Die meisies sing weer appeared first on LitNet.


Sampie Terreblanche (17 April 1933 – 17 Februarie 2018)

$
0
0

’n Blywende indruk – dis wat Sampie Terreblanche gelaat het.

As student kon ek kwalik deur die vlamme en rook van my eie storm en drang sien. Die establishment het in die vroeë 90’s ’n bitter nare klankie gehad en vir my was die meeste dosente op Stellenbosch ’n baie ongeloofwaardige deel daarvan. Maar Sampie se lesings het ek nooit vergeet nie. Hy het my aandag gehou en laat voel dat ek veel meer aandag behoort te gee – nie net aan my eie frustrasie en begeertes nie, maar aan die spesifieke maniere waarop dinge vir die meeste mense in hierdie land nie werk nie.

Sampie Terreblanche tydens ’n vurige lesing (bron)

Ek tel dit daarom as een van die groot gelukkige toevalle van my lewe dat my pad lank ná my eerste jaar via sy jongste dogter weer met syne gekruis het. In die o so bo-blink Stellenbosch was dit altyd verkwiklik om te gesels met iemand wat met so ’n entoesiastiese mengsel van minagting en diep teleurstelling gekyk het na die maniere waarop geld mense goedkoop maak; iemand wat so diep onbeïndruk was met enige vertoon en materiële oorvloed. 

“Ek kom van die DDC – die Depressie, Droogte en Calvinisme. Ek kan nie lekker niks doen nie,” het hy graag gesê. Die ideaal om so gou moontlik genoeg geld op te gaar om so lank as moontlik niks te kan doen nie, was vir hom ’n waarlik vreemde strewe. Wanneer hy en sy vrou, Ina, in haar gunsteling-koffiewinkel iets bestel het, moes hy die pryse toehou en haar laat betaal, want hy kon dit nie oor sy hart kry om soveel geld op te duur koffie en luukse koek te mors nie.

Sampie en sy vrou, Ina (bron)

Sampie het mense gepolariseer en soms skuim-om-die-mond woedend gemaak, maar hy was nooit sinies of net aspris nie. Pessimisties en met afgryse vervul dikwels. “Dit was nie ’n transformasie nie, dit was ’n uitverkoping,” het hy die nuwe Suid-Afrika opgesom. “Ons leef in ’n aaklige tyd,” het hy ook dikwels gesê. Ná die publikasie van sy boek Verdeelde land: Hoe die oorgang Suid-Afrika faal (2014) het hy vir my en Carine met ’n tikkie tipiese, trefseker melodrama gesê: “Ek dink ons moet nou baie pessimisties wees.” Voorin dié boek het hy vir ons geskryf: “Ek hoop my voorspelling vir 2034 is verkeerd.”

Daardie inskripsie laat my steeds glimlag en by terugskoue roer dit my ook, want Sampie was ten spyte van al sy skerp kritiek en bars protes nie bitter nie – selfs al het hy nooit graag op foto’s geglimlag nie. Toe hy in 2015 ’n eredoktorsgraad van die Universiteit Stellenbosch ontvang, het ’n persfotograaf hom afgeneem saam met sy oudste kleinkind, Nina Kirsten, wat op dieselfde dag haar M in ekonomie ontvang het. Die fotograaf het Sampie probeer aanmoedig om saam met Nina te glimlag, maar hy het beslis gesê: “Nee! Die ekonomie is nou te sleg.” (Dit was net nadat Zuma die destydse minister van finansies, Nene, in die pad gesteek en die rand na nuwe laagtepunte getuimel het.)

Sampie het desnieteenstaande en ten spyte van alles altyd bly hoop mense kan meer as huursoldate vir blinde, ongebreidelde kapitalisme wees. Miskien het hy gedink mense kan verander omdat hyself so ingrypend verander is deur sy deelname aan die Theron-kommissie se ondersoek na bruin armoede tussen 1973 en 1976. Dit is hier waar hy “mens-onterende armoede” begin verstaan het as ’n strukturele probleem, wat van buite lyk na ’n kultuur en ’n leefwyse. Omdat sy eie Damaskus-ervaringe hom mettertyd gelei het vanuit die Broederbond en die hart van Afrikaner-nasionalisme, uit dit wat hy as sy eie “ignoble period” bestempel het, tot radikale kritiek van die ou en nuwe bestel in Suid-Afrika, het hy (dalk heel onbewus) aanhou glo dat ander ook kan verander. En as gevolg van hierdie geloof en die feit dat hy so uit die moed van sy volle oortuiging gepraat en gehandel het, kon hy vir vele ander uit vyf generasies van studente hul eie Damaskus-gewaarwordinge gee.

Na aanleiding van Hollywood se obsessie met apokaliptiese rolprente, sê die Sloweense filosoof Slavoj Žižek in die dokumentêr The Pervert’s Guide to Ideology (2012): “Dertig, veertig jaar gelede het ons nog gedebatteer oor wat die toekoms sou inhou: kommunisme, fascisme, kapitalisme of wat ook al. Vandag bespreek niemand eers hierdie kwessies nie. Ons het almal in die stilligheid aanvaar globale kapitalisme is hier om te bly. Aan die ander kant het ons ’n obsessie met kosmiese katastrofes: die hele lewe op aarde wat disintegreer as gevolg van een of ander virus of ’n asteroïede wat die planeet tref, ensovoorts. Die paradoks is dus dat dit nou makliker is om die einde van alle lewe op aarde voor te stel as ’n beskeie hervorming van kapitalisme.”

Sampie kon net nie glo dat ons van Kaapstad tot in Washington so eenvoudig en kortsigtig kan wees nie.

“Maar is ons dan mal?” het hy met kinderlike erns gevra elke keer wanneer hy met die N2 na Kaapstad tegelyk aan al die ellende én die spoggerige motors verby moes ry. “Blinker en duurder kan dit nie,” het hy gewoonlik verontwaardig bygevoeg.

Uiteindelik het hy soos enige oortuigende karakter in ’n goeie boek meer vrae as antwoorde gehad, maar hy het tot op die allereinde die mees dringende vrae gerig aan almal wat wou en nie wou hoor nie – daardie vrae wat die N2 tussen Stellenbosch en Kaapstad so pertinent aan ons almal stel.

Hy het waaragtig niemand ooit koud gelaat nie.

The post Sampie Terreblanche (17 April 1933 – 17 Februarie 2018) appeared first on LitNet.

NB-Uitgewers by US Woordfees 2018

$
0
0

STORIEVUUR: VRIKKIE & DIE BOIKIE VAN GROOTFONTEIN

Aangebied deur NB-Uitgewers

Vrikkie se briewe aan sy antie het 'n Facebook-fenomeen geword nadat die Vrystaatse prof Deon Visser hom geskep het om sy vrou te laat lag. Nou kan jy giggel oor vertellings uit Hoezit Antie? Vrikkie hier. Lloyd Zandberg se humor in Per ongeluk is soos sy mense: droog, en laat gehore oral skaterlag.

4 Maart 18:30

60 min | Die Plataan | Gratis


ANDRÉ LE ROUX: WAAROM MANS ALTYD REG IS (EN ANDER ONNOSELHEDE)

In gesprek met: Michélle van Breda

Aangebied deur Human & Rousseau

Dié bundel bevat van die laaste (en skreeusnaaksste) rubrieke wat André le Roux vir SARIE geskryf het. Wat is dit met vroue en alewig inkopies doen? En hoekom wil mans nooit dokter toe gaan nie? André gesels met SARIE se redakteur, Michélle, oor (volgens hom) die hemelsbreë verskille tussen mans en vroue. En hoe jy eintlik net jou hart kan vashou oor hoe blind die liefde steeds is.

10 Maart 12:00

60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60


CECILE CILLIERS: DIE OU VROU EN DIE PRIESTER EN ANDER KORTVERHALE

In gesprek met: Martie Meiring

Aangebied deur Human & Rousseau

Een van die bekende Boeksusters (met sus Madeleine van Biljon nog op M-Net) en gewilde rubriekskrywer het eindelik haar eerste eie kortverhaalbundel die lig laat sien. Sy gesels met Martie oor haar temas, soos wat in ’n huwelik ongesê bly, die oorweldigende blindheid van ’n eerste liefde, die menigte vorms wat verlies kan aanneem, en bowenal die uitdagings wat met ouderdom gepaardgaan. 

9 Maart 15:30

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur


DANA SNYMAN EN NATHAN TRANTRAAL – DIE KLEURE VAN ONS LAND

Aangebied deur Tafelberg en Kwela

'n Reisskrywer en digter vertel elkeen skrynend eerlik die stories van hulle mense – Dana in sy reisverhaalbundel Op pad, en Nathan in Wit issie 'n colour nie, oor die lewe in die buitewyke van die Kaapse Vlakte. Loftus Marais vra hulle uit. 

9 Maart 10:30

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur


DEON EN KLUUN: ROCK-STERRE IN DIE SKRYWERSWÊRELD

Moontlik gemaak deur SASNEV en Human & Rousseau

Deon Meyer is onlangs vir die Icelandic Noir-toekenning benoem en het al Duitse, Franse en Amerikaanse pryse gewen. Sy vrou in die blou mantel (weer met Bennie!) was 'n opdragwerk vir die Amsterdamse Boekeweek. Nederlander Ray Kluun het meer as 1 miljoen eksemplare verkoop van sy debuut – in Engels, Love Life en in Afrikaans, 'n Vrou gaan dokter toe. Altwee trek skares. Altwee tree wêreldwyd op. Kirby van der Merwe wil weet wat is die voordele, maar ook slaggate van sukses.

3 Maart 12:00

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur


DERICK VAN DER WALT: TUSSEN VRIENDE

In gesprek met:  Alta Cloete

Aangebied deur Queillerie

Rugby en seer-snaakse grootwordervarings het Derick al heelparty pryse vir sy jeugromans besorg én 'n fliekkontrak. Maar nou skryf hy oor 50-plussers en hulle alledaagse bestaan uit 'n man se oogpunt – van vriendskap, skuldgevoelens en 'n affair, tot 'n huweliksmaat se swaarkry en kommer oor 'n dwarstrekkind.

6 Maart 15:30

60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur 


DIE INTIMITEIT VAN SKRYF

Met: Dominique Botha, Valda Jansen, Kluun en Ernest van der Kwast

Moontlik gemaak deur NB-Uitgewers, die Kaapse Forum vir Neerlandistiek, SASNEV en die Vlaamse Regering

Vier skrywers gesels met Andries Visagie oor watter ryk stof jou naaste familie vir fiksie bied, maar watter verantwoordelikheid dit ook is. Vir Dominique, ook die vertaler van Camp Whore, was haar broer die inspirasie vir Valsrivier, vir Valda 'n verlore geliefde in Hy kom met die skoenlappers, vir Kluun die dood van sy jong vrou, en vir die Nederlandse Ernest sy Indiese ma met die koekroller.

10 Maart 15:30

60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur


ELSA JOUBERT: SPERTYD

Met: Ena Jansen

Aangebied deur Tafelberg

Ter viering van haar 95e verjaarsdag en die publikasie van die slot van haar outobiografiese trilogie, vooraf gegaan deur ’n Wonderlike geweld en Reisiger, het Ena 'n eksklusiewe onderhoud met Elsa gevoer, wat in Berghof-aftreeoord opgeneem is waar die boek ook afspeel. Dié onderhoud sal gespeel word, waarna Ena met Elsa se seun, Nico Steytler, en haar uitgewer, Etienne Bloemhof, gesels.

5 Maart 10:30

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur


FRANSJOHAN PRETORIUS: VERSKROEIDE AARDE

In gesprek met:  Carel van der Merwe

Aangebied deur Tafelberg

Die redakteur van dié bygewerkte glans-weergawe van 2001 se topverkoper oor die Britte se verskroeide aarde-beleid tydens die Anglo-Boereoorlog vertel meer omtrent die nuwe inhoud, soos die storie van Lizzie van Zyl (die foto van 'n uitgeteerde meisie op 'n bed), swart sterfgevalle in die kampe, en Emily Hobhouse se lewe ná die oorlog. Hy gesels met Carel, wat self navorsing oor die oorlog gedoen het vir Donker stroom.

8 Maart 15:30

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur


HANNELIE GROENEWALD: TERREUR IN KABOEL

Aangebied deur Lux Verbi

Vier jaar gelede is 'n Pretoriase ma se man en twee kinders uitgewis in 'n terreuraanval op hulle huis in Kaboel, waar Hannelie se man opheffingswerk gedoen en sy as dokter gewerk het. Net hulle een hondjie, Chico, het oorleef. Hanneli vertel aan skrywer en terapeut Juliana Coetzer (Oorkant jou) van daardie dag en hoekom sy vergifnis bo bitterheid kies.

8 Maart 11:30

60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur


HARTLAM – LIEFDE MET TANDE

Met: Malene Breytenbach, Pieter van Zyl en Gerda Taljaard

Aangebied deur Tafelberg

Liefde het vele gedaantes: Erotiese liefde, moederliefde, gewelddadige liefde, verbode liefde, liefde tot die dood toe… Verken die vele gesigte van liefde, en nie almal is mooi nie. Madri Victor doen die vrawerk.

8 Maart 17:00

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur


HYKIE BERG: 'MY LEWE MET DWELMS'

In gesprek met Helana Olivier

Aangebied deur Lux Verbi

Ons hoor by die bekende akteur wanneer hy sy deurbraak gemaak het. En wanneer hy aan dwelms verslaaf geraak het. Hykie se persoonlike verhaal, wat sy laagtepunt het in ’n maksimum-sekuriteitsel in die Weskoppies-hospitaal, is een van suiwer genade.

10 Maart 15:30

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur


JACQUES PAUW: THE PRESIDENT'S KEEPERS

Met: Pauli van Wyk

Aangebied deur Tafelberg

"Dinamiet", inligting wat "soos 'n veldbrand" deur die ANC sal trek, is hoe dié boek voor die tyd beskryf is. En dit was. Jacques, 'n multibekroonde ondersoekende joernalis, wat die apartheidmoordbendes aan die kaak gestel het en al in Rwanda en Darfoer gewerk het, rig hierin  sy soeklig op die skadu-mafiastaat van Zuma en die kabal wat hom in sy plek as Nommer Een hou. In sy boek ontbloot Jacques , deur jare se volgehoue speurwerk, ’n spoor van leuens en kontant, meelopers en spioene tot selfs geheime ontmoetings in Rusland. Daily Maverick se Pauli lei die gesprek. 

3 Maart 10:30

60 min | Kruiskerk| R50 | R60 by die deur


JOHANNES DE VILLIERS: KALMTE IN DIE MALLE GEJAAG

Met: Erns Grundling

Aangebied deur Human & Rousseau

Jy wil stilstaan by dit wat saak maak, maar dit voel onmoontlik. Kom luister hoe Johannes aan Erns vertel wat dit beteken om "bewus", of mindful, te lewe en na sy praktiese raad. Of kom 30 minute vroeër, laat hy jou wys hoe om die stilte te ervaar en in die oomblik te lewe.

6 Maart 17:45 Mindfulness-oefening | 18:30 Gesprek

105 min | Botaniese Tuin | R40 studente | R50 | R60 by die deur (Botteltjie water ingesluit)


JONATHAN JANSEN: AS BY FIRE

In gesprek met: Frans Rautenbach

Aangebied deur Tafelberg

Die voormalige rektor van die Universiteit van die Vrystaat gee 'n binne-perspektief op wat die werklike wortels van die studenteprotes van 2015/16 was en praat met Frans (South Africa Can Work) oor wat hy glo die universiteite moet doen om die hulpbronne van die samelewing doeltreffend te kanaliseer sodat genoeg studente toegang kan kry tot hoë-gehalte onderwys.

5 Maart 15:30

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur


KAREL SCHOEMAN SE LAASTE STEMME

Met: Dan Sleigh, Louise Viljoen, Cas Wepener en Tim Huisamen

Aangebied deur Human & Rousseau

Dié historiese improvisasie is een van die laaste literêre nalatenskappe voor Schoeman se afsterwe in 2017. Dit is ook die laaste teks waar hy sy hand aan fiksionele stemme waag – die opklink van ‘n menigte immigrante aan die Kaap. Aan die hand hiervan, word gekyk na dié skrywer se bydrae tot die Afrikaanse letterkunde en hoekom hy 'n "anderster" Sestiger was, waarna elke deelnemer sy/haar mooiste Schoeman-roman kies.

8 Maart 10:30

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur


MARION ERSKINE: VLERKE VIR ALMAL

Met: Vicky Davis

Aangebied deur Human & Rousseau

Amanda Todd was 15 toe sy deur middel van flitskaarte op video vertel het hoe een dom besluit haar lewe verwoes het. Daarna het sy haar lewe geneem. Ilza gesels met Marion oor tieners, sosiale media en sy eie merkwaardige ervaring met boelies, terwyl Vicky vertel hoe sy haar teksverwerking en regie vir die Woordfees-toneelstuk Vlerke vir almal benader het.

5 Maart 17:00

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

8 Maart 16:15 | Hoërskool Stellenbosch Marion gesels oor die toneelstuk


MARLENE VAN NIEKERK – DIE DIGTER

Aangebied deur Human & Rousseau

Vier jaar ná Kaar verskyn twee digbundels deur dié Hertzogpryswenner vir poësie. Louise Viljoen ontsluit die beeldgedigte van In die stille agterkamer en Gesant van die mispels aan die hand van foto's van die werk van die Nederlandse skilders Adriaen Coorte (1659-1707) en Jan Mankes (1889-1920), waarop die gedigte gegrond is. In 'n opname kan Marlene ook gehoor word waar sy self van die gedigte voorlees.

9 Maart 10:00

60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur


RIAN VAN HEERDEN: DINGE WAT EK NIÉ MOES GESÊ HET NIE

Met: Ivor Price

Aangebied deur Tafelberg

Met sy eerste verskyning op TV as hoërskool-laaitie het Rian van Heerden reeds die volk die josie in gemaak. En sedertdien het dinge nie beter gegaan nie! Op sy aweregse manier en met 'n goeie skoot humor vertel dié radio- en TV-persoonlikheid aan Ivor van sy boek, waarin hy wonder oor dáárdie dinge wat hom in die warmwater laat beland het.

10 Maart 10:30

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur


RIANA SCHEEPERS: STORMKIND

In gesprek met: Dave Pepler

Aangebied deur Tafelberg

Bekroonde skrywer Riana Scheepers gesels met Dave oor magiese realisme en die San-verhale waaruit haar jongste roman voortgevloei het. Dis die storie van 'n meisietjie wat net drie jaar oud was toe haar ma spoorloos verdwyn het. Snags het die wind Jana geroep en as sy mooi geluister het, kon sy die note van haar ma se fluit hoor. Maar een stormnag was daar iemand buite ...

6 Maart 12:00

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur


RUDIE VAN RENSBURG: HANS STEEK DIE RUBICON OOR

In gesprek met: Kerneels Breytenbach

Aangebied deur Queillerie

Hans wil op 90 op sy éie terme oud word en sommer gou neem hy Huis Madeliefie op horings met ’n properse ouetehuisopstand. Kerneels vra die bekende misdaadskrywer uit oor sy bitterlik snaakse roman, waar daggakoekies, ontkleedansers en vet sports aan die orde van die dag is.

8 Maart 12:00

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur


TOT DIE DOOD ONS SKEI

Met: Schalk Schoombie, Julian Jansen en André le Roux

Aangebied deur Human & Rousseau en Tafelberg

Wat dryf iemand om sy vrou of lewensmaat te vermoor? Of sy ouers? In Tot die dood ons skei kyk Schalk indringend na die verskynsel van 'intieme vrouemoord' en diep grusame voorbeelde op, terwyl Julian vir Die De Zalze-moorde die storie agter die storie vertel van dié skokkende Stellenbosse gesinsmoord. André, wat in Narsiste, psigopate, stalkers en sadiste verskeie moordenaarsprofiele ontleed, soek saam antwoorde.

9 Maart 17:00

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur


TREE AAN: DIGTERS IN AKSIE!

Met: Danie Marais

Moontlik gemaak deur NB-Uitgewers, die Kaapse Forum vir Neerlandistiek, SASNEV en die Vlaamse Regering

Van die Kaapse Vlakte tot Antwerpen wys dié digters wat van 'n gedig 'n show maak. Die Kaapse rapper en woordtowenaar Churchil 'Meneer  Naudé' Naudé, die Gansbaaise digter Jolyn Phillips en die veelbekroonde Vlaamse digter en verhoogkunster Charlotte van den Broeck vertel – en wys –hoe jy poësie voordra, uit jou kop lees, met die gehoor speel, kletsrym, en jou verhoogvrees beheer sónder om beheer te verloor.

10 Maart 14:00

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur


VAN DE ZALZE TOT DIE STORIE

Met: Julian Jansen, Martin Steyn en Dibi Breytenbach

Aangebied deur LAPA-Uitgewers en Tafelberg

Wanneer word moord 'n storie? En wanneer klink dit soos een? Misdaadverslaggewer Julian Jansen het op niefiksie met sy Die De Zalze-moorde besluit, terwyl Dibi Breytenbach en Martin Steyn, met Heiliger en Swartval,  misdaadfiksie verkies. Heino du Plessis vra hulle uit oor die dun lyn tussen feit en fiksie, navorsing en storie.

5 Maart 09:30

60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur


VAN LIEF EN LEED EN ALLES TUSSEN-IN

In gesprek met: Elsa Winckler

Aangebied deur Kwela en Human & Rousseau

Elsa gesels met Jacolet van den Berg en Juanita Aggenbach, skrywers van Hoë hakke met hoogwater en Gister is verby oor lekkerleesromans en hoe belangrik dit is om van die werklikheid en swaarkry te ontsnap, of is dit hoe jy lesers lok: deur stories te vertel wat soos hulle eie voel.

10 Maart 14:00

60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur 

The post NB-Uitgewers by US Woordfees 2018 appeared first on LitNet.

Die “mal professor van Stellenbosch” se groot nalatenskap

$
0
0

Solomon Johannes Terreblanche 17/4/1933–17/2/2018, omstrede én geliefde prof Sampie, Afrikaner, ekonoom, skrywer, onderhandelaar, kritiese stem teen ongeregtigheid is verlede Saterdag aan breinkanker op Stellenbosch oorlede. ’n Legende.

So kon hy sy skouers optrek, sy kop laat sak, jou priemend aankyk – en passievol pleit om tog te verstaan dat dit nie só kan aangaan nie.

Hy was die stem vir die underdog, die armes, en hy het gewaarsku teen die gevaarlike vaart van toenemende rykdom. “Jy kan mos sien dis ’n ramp, ’n groeiende ongelykheid,” sou prof Sampie dringend uiteensit, koppie tee in een hand, piering in die ander.

Hy het die establishment uitgedaag, toe maklik en gerieflik ’n kommunis genoem in die heersende onverdraagsaamheid. Tog was hy ’n trekpleister vir idees, sommige wat hom selfspottend sou laat verwys dat hy as die mal professor van Stellenbosch bekend staan.

Hy was ’n wegbereider, ’n onverwagte stem in die stroewe, verbete apartheidsideologie. Hy, oud-Broederbonder, ’n lid van die 1970 Erika Theron-kommissie na die armoede onder bruinmense, word ’n “manteldraaier” in die onstuimige tagtigerjare toe hy sy rug gekeer het op die Broederbond en ’n inklusiewe politieke bestel bepleit het. En toe, onstuitbaar begin waarsku het teen die verskriklike verdeeldheid tussen arm (lees hoofsaaklik swart en bruin) teenoor die wit en ryker gemeenskap ... Aan wie se kant was hy nou eintlik?

Die waarheid is dat prof Sampie aan niemand se kant was nie, dat hy die nuwe demokratiese bestel ook gedaag het oor toenemende argeloosheid teenoor die onhoudbare ongelykheid.

Beyers Naudé, Breyten Breytenbach en Sampie Terreblanche (bron)

Uiteindelik sou hy ’n boek skryf wat as ’n ekonomiese bybel van die afstand tussen ryk en arm in Suid-Afrika beskou kan word. A History of Inequality in South Africa 1652–2002 is ’n seminale ontleding van die Suid-Afrikaanse mistasting oor argumente dat groeiende rykdom verligting sou bring vir die armes.

Toe herhaal prof Sampie wat hy die beste doen; sy geloof in ’n gewaagde maar diepdeurdenkte voorstel: ’n rykmanstaks. Na die 1997 Waarheids- en Versoeningskommissie was daar praatjies oor restitusie, maar volgens prof Sampie was daar geensins duidelik aanbeweeg na die vernouing van die ongelykheid in die Suid-Afrikaanse gemeenskap nie. ’n Weeldebelasting sou uitkoms help bied vir die armes. Die “mal professor van Stellenbosch” is deeglik die kop gewas oor hierdie “sosialistiese” voorstel.

Min gepla het prof Sampie wel ’n baie groot rol in die middel 80’s begin speel, juis met sy sosiale demokratiese denke.

Na die wegbreek van die Konserwatiewe Party van die Nasionale Party in 1982 en na die Driekamer-parlementsbesluit het Sampie groot aanhang onder jonger Afrikaners gekry. Nadat hy en 27 Stellenbossers die Broederbond verlaat het, het Sampie ’n direkte rol begin speel in die ontwikkelende teenstand teen die Nasionale Party se geledere. Bewegings soos die Onafhanklike Beweging en die Nasionale Demokratiese Beweging (wat later met die Progressiewe Party die Demokratiese Party sou word) het Sampie se sosiale demokratiese insigte baie sterk teenoor die liberale demokratiese idees oorweeg. So was hy ook instrumenteel in die stigting van die destydse DP.

In die tagtigerjare is prof Sampie ook aangestel as voorsitter van die SAUK se advieskomitee. Opvallend daar was sy sterk stem dat die SAUK nie “His Master’s Voice” moes wees nie, maar ’n platform vir oop idees.

Nelson Mandela en Sampie Terreblanche (bron)

Prof Sampie is dikwels gevra waarom dit amper 20 jaar sou duur voor hy die Broederbond sou verlaat, en amper 17 jaar nadat hy so terdeë bewus geword het van die armoede van die bruin bevolking. Hy het eenvoudig geantwoord: “Ek het algaande beter begin verstaan.”

Die waarheid, dink ek, is dat Sampie die “mensch” wat in daardie jare van gedugte nasionalisme in die binnekringe beweeg het, wel sy eie wroeging gehad het. Hy was ’n verbete leser, en vir ’n “mal” professor ’n wye navorser en diep denker. Hy was ook ’n besonder toeganklike skrywer. Hoe kon hy die toenemende ongelykheid gade slaan en stilbly? So het hy gaandeweg die irriterende, vraende stem geword in gesprekke met John Vorster en PW Botha. Hy het geweet dat daar ’n breuk sou moes kom. Dit het miskien te lank gevat om openlik te opponeer, het hy op ’n keer gesê.

Kleurryk, opstandig, stout, borrelend van nuwe idees, nuwe insae, en ’n aangrypende empatie – hierdie woelgees laat ’n nalatenskap van begrippe en oordele wat beslis in die Suid-Afrikaanse ekonomie en politiek sal resoneer.

En die verkeer in Stellenbosch sal veiliger wees, want prof Sampie het soms vergeet hy gesels in die middel van die straat met karre wat uit sy pad swenk! Die gebore Vrystater het Stellenbosch se poster boy geword vir ’n goeie, opbouende argument.

Prof Sampie se vrou Ina is in 2016 oorlede. Sy dogters is Christelle, Marié, Louise, Carine en sy seun Sampie.

The post Die “mal professor van Stellenbosch” se groot nalatenskap appeared first on LitNet.

US Woordfees 2018: Chronologiese skrywersfees- en leefstylitems

$
0
0

Bekyk alle inligting rondom US Woordfees 2018 op LitNet

Vrydag 2 Maart

WOMEN OF STEEL: THULI MADONSELA AND GLYNNIS BREYTENBACH

In conversation with Marianne Thamm

Presented by Pan MacMillan

Marianne, a well-known journalist and writer, sits down with two women whose lives are characterised by sheer willpower to pursue the truth. With Thuli's memoir in the pipeline and Glynnis' Rule of Law on the shelf, they discuss their formative influences, defining moments and fighting the odds still facing females today.

2 March 10:30

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

ALBERT GRUNDLINGH: 'N EEU IN PERSPEKTIEF

Aangebied deur die Dokumentesentrum, US Biblioteek

Die bekende US historikus vertel meer omtrent sy gedenkboek waarin hy skryf oor beslissend oomblikke en historiese gebeure in die universiteit se eerste 100 jaar. Daana kan gekyk word na 'n uitstalling in die Dokumentesentrum.

2 Maart 12:00

90 min | JS Gericke-ouditorium | R50 | R60 by die deur

 

ELIZE BOTHA AS GESPREKSGENOOT – ‘N BRIEWEBOEK

Met Heilna du Plooy en Liesbeth Botha

Aangebied deur Litera

Chris van der Merwe gesels met samesteller Heilna du Plooy en wyle Prof. Elize Botha se dogter, Liesbeth, oor die briewe deur en aan dié geliefde literator en oud-kanselier van die US aan van die bekendste skrywers en letterkundiges van daardie tyd, en wil in besonder weet wat die verantwoordelikheid is wanneer 'n mens werk met sulke persoonlike korrespondensie.

2 Maart 12:00

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

#JOERNALISTIEK4.0 – TUSSEN DEMOKRASIE EN DISASTER

Die US se Departement van Joernalistiek vier 40 jaar met ’n gedenkpublikasie, #Joernalistiek4.0, en bespreking oor die stand, die rol en die toekoms van joernalistiek in ons land wat alte veel ossileer tussen demokrasie en 'n ramp. Kom klink 'n glas!

2 Maart 15:30

60 min | ATKV-Boektent | Gratis

 

Saterdag 3 Maart

KOM BAK SAAM MET DIE KOKKEDOORTJIES!

Met Martjie Malan

Spesiaal net vir kinders: Kom kuier saam met twee deelnemers aan die Kokkedoortjie TV-reeks en leer bak saam met Martjie Malan, wat haar eie kookskool vir kinders het en medeskrywer was vir die Kokkedoortjie én nuwe Koekedoortjie-reekse. Jou sintuie sal gons, jou vingers sal woel en jou kakebeen sal wikkel! Ingesluit: bakpret met twee heerlike resepte in The Private Hotel School se professionele opleidingskombuis, werk in 'n span met 'n maat, eet wat jy bak en neem die res huis toe plus as bonus 'n verrassingspakkie met geskenkies en 'n gratis Kokkedoortjie-kookboek ter waarde van R310! Vir ouers wat moet wag, is daar koffie en eetgoed, of 'n spesiale ontbytdemo – sien Ontbytdemo vir ouers.

3, 10 Maart: 09:00-11:30

150 min | Debut @ The Private Hotel School | R350 (Net 20 plekke vir kinders 9-13 per klas)

 

ONTBYTDEMO VIR OUERS

Aandag alle ouers van woelige kinders. Terwyl die klein Kokkedoortjies by die Private Hotel School bak en brou, word ’n weglê-ontbyt vir die ouers voorgesit. Die professionele sjefs wys jou hoe ’n ou gunsteling, Eggs Benedict, in ’n japtrap opgetower kan word sonder om op eiers te loop in die kombuis.

3, 10 Maart: 09:00-11:30

150 min | Debut @ The Private Hotel School | R115

 

KOSDEMO: MARTELIZE KOOK – EN JY’S GENOOI

Aangebied deur Human & Rousseau

Dié RSG-kok was van kindsbeen af die uieskiller vir die Brink-span. En g'n wonder nie – haar pa was dan die potjiekoskoning Matie Brink

Kom kyk, luister en proe aan van haar gunstelingresepte uit haar boek, soos ‘n spesiale beeswangpotjie en kry wenke oor pasta maak. 

3 Maart 10:00

60 min | Die Khaya | R70 | R80 by die deur

 

JACQUES PAUW: THE PRESIDENT'S KEEPERS

Met Pauli van Wyk

Aangebied deur Tafelberg

"Dinamiet", inligting wat "soos 'n veldbrand" deur die ANC sal trek, is hoe dié boek voor die tyd beskryf is. En dit was. Jacques, 'n multibekroonde ondersoekende joernalis, wat die apartheidmoordbendes aan die kaak gestel het en al in Rwanda en Darfoer gewerk het, rig hierin  sy soeklig op die skadu-mafiastaat van Zuma en die kabal wat hom in sy plek as Nommer Een hou. In sy boek ontbloot Jacques , deur jare se volgehoue speurwerk, ’n spoor van leuens en kontant, meelopers en spioene tot selfs geheime ontmoetings in Rusland. Daily Maverick se Pauli lei die gesprek. 

3 Maart 10:30

60 min | Kruiskerk| R50 | R60 by die deur

 

SIMON: DIE DJ

Aangebied deur Naledi

Akteur, dramaturg, skrywer en ontvanger van 'n Fiësta vir Lewenslange bydrae.  Valerie  Truter vra Simon uit oor hoe hy dié oorgang gemaak het en sy jongste roman, oor 'n seun van Zoar wat teen sy wil saam met sy gesin Mitchells Plain toe moet trek ....

3 Maart 10:30

60 min | Bloekomhoek | Gratis

 

DEON EN KLUUN: ROCK-STERRE IN DIE SKRYWERSWÊRELD

Met Deon Meyer en Ray Kluun

Moontlik gemaak deur SASNEV en Human & Rousseau

Deon Meyer is onlangs vir die Icelandic Noir-toekenning benoem en het al Duitse, Franse en Amerikaanse pryse gewen. Sy vrou in die blou mantel (weer met Bennie!) was 'n opdragwerk vir die Amsterdamse Boekeweek. Nederlander Kluun het destyds meer as 1 miljoen eksemplare verkoop van sy debuut – in Engels, Love Life en in Afrikaans, 'n Vrou gaan dokter toe, en het pas sy vierde roman gepubliseer. Altwee trek skares. Altwee tree wêreldwyd op. Kirby van der Merwe wil weet wat is die voordele, maar ook slaggate van sukses.

3 Maart 12:00

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

TOM LANOYE: SPRAKELOOS 

In gesprek met Kluun

Moontlik gemaak deur SASNEV

Kom kyk na die fliekweergawe deur regisseur Hilde van Mieghem van die Vlaamse Tom Lanoye se roman Sprakeloos. Hierin word vertel van die skrywer se flambojante moeder, wat na 'n beroerte haar spraak verloor en hoe dit die skrywer aftakel. Ná die fliek gesels Tom en die beroemde Nederlandse skrywer Ray Kluun oor hulle onderskeie ervarings met die verfilming van hulle boeke. Kluun se supertreffer, wat ook in Afrikaans as 'n Vrou gaan dokter toe verskyn het, is in Nederland verfilm.

3 Maart 13:00 Fliek 15:00 Gesprek met Kluun

100 min Fliek | 60 min Gesprek | Pulp Cinema Neelsie | R40 | R50 by die deur

 

KOSDEMO: BOEKKLUBS KUIER SÓ

Aangebied deur Quivertree

Dis nie net op TV waar kunstenaars boekklub hou nie. Die bekende Kaapse keramiekkunstenaar Louise Gelderblom wys met The Book Club Cookbook: Eat Your Words. hoe 24 jaar se leeskringbyeenkomste haar geleer het enigeen kan stresvry onthaal as jy iets lekkers vroeg kan klaarmaak.

3 Maart 14:00

60 min | Die Khaya | R70 | R80 at the door

 

REUBEN EN RIANA BY THE JORDAN

’n US Woordfees-aanbieding in samewerking met Stellenbosch Wynroete.

Sjef George Jardine se The Jordan Restaurant is een van dié fynproewersbestemmings in die Boland. Daarom is daar nie 'n beter plek om die geliefde kospersoonlikheid Reuben Riffel beter te leer ken nie. Kom luister oor 'n viergangmaaltyd, bedien met die beste wyne en in 'n restaurant met 'n uitsig oor die berge, na 'n gesprek tussen Reuben en die ewe bekende roman- en kosskrywer Riana Scheepers. Die twee sal gesels oor sy jongste boek, Reuben At Home, waarin hy 'n kosbare kykie gee in sy huislewe en vormingsjare in Groendal buite Franschhoek.

3 Maart 19:00

150 min | Jordan-wynlandgoed | R950

 

Sondag 4 Maart 

'N PAARTIE VIR RYK – ONS ONTHOU RYK HATTINGH

Met Jana Cilliers, Willem Pretorius, Catherine du Toit en ander

Hy was iemand wat sy 'vinger kon druk in die wond van verlies, van híér en dáár, van orde en sensualiteit, van eie chaos en woede en perversie'; wat geglo het 'n mens leef jou eeder dood. Toe Ryk Hattingh verlede jaar, 10 dae nadat hy die kykNET Rapport fiksieprys vir Huilboek ontvang het in Auckland sterf, was dit met 'n gevoel van ongeloof dat medeskrywers en vriende die nuus ontvang het. Hier onthou hulle die "skoenelapper" van Nieu-Seeland op gepaste manier 'n jaar nadat hy die Woordfees-gehoor in die palm van sy hand gehou het. Kom lig saam 'n glas en luister stories. Veral roerend is die vertellings van sy beste vriend Zirk van den Berg, sy vrou en drie seuns in 'n spesiale video uit Nieu-Seeland.

4 Maart 18:00

60 min | Die Bosrestaurant | Gratis

 

STORIEVUUR: VRIKKIE & DIE BOIKIE VAN GROOTFONTEIN

Aangebied deur NB-Uitgewers

Vrikkie se briewe aan sy antie het 'n Facebook-fenomeen geword nadat die Vrystaatse prof Deon Visser hom geskep het om sy vrou te laat lag. Nou kan jy giggel oor vertellings uit Hoezit Antie? Vrikkie hier. Lloyd Zandberg se humor in Per ongeluk is soos sy mense in Namibië: droog, maar lekker!

4 Maart 18:30

60 min | Die Plataan | Gratis

 

STERREKYK OP KNORHOEK

Met RSG se Willie Koorts

Aangebied deur Naledi

Meld aan vir 'n aand se sterrekyk-ekspedisie met twee van die aanbieders van RSG se gewilde Sterre en planete-reeks, wat nou ook in boekvorm beskikbaar is. Alles wat dié aand in die ruimte leef en beef en te siene is, sal uitgewys en verduidelik word. Kom loer self deur 'n teleskoop en luister oor 'n glas wyn hoe die wonders van die ruimte ontsluit word.

4 Maart 18:30 vir 19:00

100 min | Knorhoek | R60 | R70 by die deur

 

Maandag 5 Maart

RAMAPHOSA – BEHIND THE ENIGMA

With Max du Preez, Ray Hartley, Koketso Sachana and Jeremy Thompson

What does Ray Hartley's Ramaphosa – The Man Who Would Be King say about the enigma that is the new ANC president – ambitious, charming, a born negotiator, astute businessman, the boy who at a young age told his friend that he would one day be president? In this centenary year of Nelson Mandela, who anointed him as his successor, everyone wants to know: Does he have what it takes to turn SA around? Max du Preez will lead the discussion with Hartley, Cape Talk's Koketso Sachana and former Sky News achorman Jeremy Thompson.

5 March 09:00

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 at the door

 

VAN DE ZALZE TOT DIE STORIE

Met Julian Jansen, Martin Steyn en Dibi Breytenbach

Aangebied deur LAPA-Uitgewers en Tafelberg

Wanneer word moord 'n storie? En wanneer klink dit soos een? Misdaadverslaggewer Julian Jansen het op niefiksie met sy Die De Zalze-moorde besluit, terwyl Dibi Breytenbach en Martin Steyn, met Heiliger en Swartval,  misdaadfiksie verkies. Heino du Plessis vra hulle uit oor die dun lyn tussen feit en fiksie, navorsing en storie.

5 Maart 09:30

60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

 

KOSDEMO: THERESA DE VRIES SE DEEG

Aangebied deur Human & Rousseau

Die enigste boek oor deeg wat jy ooit nodig sal kry! Alle soorte deeg om terte of pasteie te maak word bespreek, selfs die gewilde Marokkaanse ouarkadeeg. En boonop gee dié Kokkedoor 1-deelnemer aanwysings oor hoe om alles te versier.

5 Maart 10:00

60 min | Die Khaya | R70 | R80 by die deur

 

MARK BEHR – NUSAS-LEIER OF STUDENTESPIOEN?

Met Pearlie Joubert en Gerrit Olivier

Die reuk van appels maak deesdae skoonskip van teaterpryse. Toe die gelyknamige debuut deur Mark Behr in 1993 verskyn het, het dit net soveel opslae gemaak, maar ook 'n generasie rebelle geïnspireer. Drie jaar later het Mark egter erken hy het as 'n student vir die Veiligheidspolisie gespioeneer – dit, terwyl hy voorsitter was van die Stellenbosse Nusas-tak. Pearlie, 'n bekende joernalis, het ná Mark se dood in 2015 haar studentevriend se hanteerder opgespoor. Gerrit, 'n Wits-kollega en vriend, was by die aand toe Mark siek begin voel het. Hulle gesels oor ’n briljante, maar komplekse man.

5 Maart 10:00

60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

 

ELSA JOUBERT: SPERTYD

Met Ena Jansen

Aangebied deur Tafelberg

Ter viering van haar 95e verjaarsdag en die publikasie van die slot van haar outobiografiese trilogie, vooraf gegaan deur ’n Wonderlike geweld en Reisiger, het Ena 'n eksklusiewe onderhoud met Elsa gevoer, wat in Berghof-aftreeoord opgeneem is waar die boek ook afspeel. Luister na die onderhoud, waarna Ena met Elsa se seun, Nico Steytler, en haar uitgewer, Etienne Bloemhof, gesels.

5 Maart 10:30

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

KAROOGESPREK

Met David Kramer, Eben Venter, Darryl David en Louis Botha

'n Musiekkunstenaar, skrywer, boekfeesorganiseerder en fotograaf vertel watter rol dié magiese, droë stuk aarde in hulle werk speel. David skets die agtergrond van die bekende Karoo Kitaar Blues en van die liedjies op sy nuwe CD, Wakkerslaap, Eben lees voor uit sy roman Groen soos die hemel daarbo, Darryl (die enigste Indiër-dosent van Afrikaans in Suid-Afrika) vertel van sy Karoo-feeste soos BoekBedonnerd, en Louis gee 'n voorsmaak uit sy nuwe koffietafel-fotoboek, Karoo.

5 Maart 11:30

60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

 

FRANZ MARX: SPIEËLBEELD 

In gesprek met Schalk Schoombie

Aangebied deur Protea Boekhuis

Die veelbekroonde TV-skrywer/veraardiger se debuut is ’n spanningsverhaal wat teen die skunnige agtergrond van Johannesburg se ontkleeklubs en die administratiewe kantore van internasionale sakeondernemings afspeel. Akteur, dramaturg en nou ook skrywer Schalk Schoombie vra Franz uit oor wat terselfdertyd 'n speurtog, en 'n ironiese soeklig op hedendaagse Afrikaansheid is. 

5 Maart 12:00

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

IZAK DU PLESSIS: BOEREVERNEUKERS!

In gesprek met Martelize Brink

Aangebied deur Penguin Random House 

RSG se Izak vertel vir Martlize meer van sy heerlike versameling Afrikaanse swendelaars, swierbolle en swerkaters wat van ons land se grootste skelmstreke gepleeg het, en waar hy hulle almal raakgelees het. Van die karakters is minder bekend; ander het byna mitiese status in die Afrikaanse psige verwerf.

5 Maart 14:00

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

KOSDEMO: KAREN HART TOOR MET MAALVLEIS


Aangebied deur Human & Rousseau

In Maalvleis deel die Toorkombuis-kok meer as 100 liplekker maalvleisresepte, soos hoe om jou eie te maak. Leer hoe om Ouma se frikkadelpastei 'n nuwe kinkel te gee en enige maalvleis met verskillende speserymengsels in iets spesiaals om te tower.

5 Maart 14:00

60 min | Die Khaya | R70 | R80 by die deur

 

MARTIE MEIRING MEETS ACHMAT DANGOR

Presented by Pan MacMillan

The Man Booker nominated writer, who shot to fame with Kafka's Curse, then made it onto to prestigious awards's shortlist with Bitter Fruit, chats to Martie about growing up in the extraordinary days of apartheid, the role of the women in his family (his sister is Jessie Duarte) and in his latest novel, Dikeledi – the story of a young girl born in Harlem, and her grandmother back home.

5 March 14:00

60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

 

TANT ANNA EN DIE 25 SHAKESPEARE-SONNETTE

Met Karin Hougaard

Op 80 het Anna Neethling-Pohl, drama-doyenne en skoonsuster van NP van Wyk Louw, 25 van Shakespeare se sonnette in Afrikaans vertaal – "om te bewys dat ek nog kan ". Dié gedigte is nou op CD beskikbaar, voorgelees deur Karin Hougaard. Karin gesels oor die ontstaan van die projek met Ingrid Glorie, koördineerder van die Week van de Afrikaanse roman, en lees van die gedigte voor met musiek wat spesiaal vir die CD geskryf is.

5 Maart 14:00

60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

 

'BUYS' SE HONDE – DIERLIK OF MENSLIK?

Met Michiel Heyns

Dis die dilemma waarmee dié skrywer en vertaler te doene gekry het met sy vertaling-in-wording van Willem Anker se bekroonde Buys, in dié stadium genoem Red Dog: Hoe vertaal jy die honde-voorsetsel? In Afrikaans word na honde as 'n 'hy' of 'n 'sy' verwys. In Engels word die onpersoonlike 'dit' gebruik. Tensy die hond menslike eienskappe het, of 'n naam. 'n Prikkelende gesprek, waartydens Michiel dié en ander vertaalprobleme aan die hand van voorbeelde (*nie vir sensitiewe lesers nie) met uitgewer Hester Carstens en die gehoor probeer oplos.

5 Maart 15:30                                                                                     

60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

 

JONATHAN JANSEN: AS BY FIRE

In gesprek met Frans Rautenbach

Aangebied deur Tafelberg

Die voormalige rektor van die Universiteit van die Vrystaat gee 'n binne-perspektief op wat die werklike wortels van die studenteprotes van 2015/16 was en praat met Frans (South Africa Can Work) oor wat hy glo die universiteite moet doen om die hulpbronne van die samelewing doeltreffend te kanaliseer sodat genoeg studente toegang kan kry tot hoë-gehalte onderwys.

5 Maart 15:30

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

MARION ERSKINE: VLERKE VIR ALMAL

Met Vicky Davis, in gesprek met Ilza Roggeband

Aangebied deur Human & Rousseau

Die Amerikaanse Amanda Todd was 15 toe sy deur middel van flitskaarte op video vertel het hoe een dom besluit haar lewe verwoes het. Daarna het sy haar eie lewe geneem. Ilza gesels met Marion oor tieners, sosiale media en sy persoonlike en merkwaardige ervaring met boelies, terwyl Vicky vertel hoe sy haar teksverwerking en regie vir die Woordfees-toneelstuk Vlerke vir almal benader het.

5 Maart 17:00

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

8 Maart 16:15 | Hoërskool Stellenbosch Marion gesels oor die toneelstuk

 

MIGRATIONS-MIGRASIES

Met Piet Grobler, Paddy Bouma, Dale Blankenaar en Roger Mello van Brasilië

Meer as 300 illustreerders wêreldwyd het poskaarte gemaak ter ondersteuning van vlugtelingkinders wat in dié reisende uitstalling, met Piet as kurator, versamel is. MIGRATIONS is pas terug van Bratislava in Slowakye en van die Woordfees af op pad na Japan, Engeland en die internasionale kinderboekfees in Italië in 2019. Kom kyk gedurende die fees na dié 'vlieënde' uitstalling in die voorportaal van die Visuele Kunste-gebou, en luister na Piet in gesprek met van die kunstenaars tydens die opening van die uitstalling.

5 Maart 18:00 Opening

60 min | Visuele Kunste-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

 

CONVERSE

Met Pieter Odendaal, Adrian 'Diff" van Wyk, Koleka Putuma, Lwanda Sindaphi, Jolyn Phillips en ander

'n Baldadige viering van gedigte in vier tale deur die InZync-span. Om dié veeltalige poësiebundel, waarin die werk van 16 vars stemme versamel is, bekend te stel gaan 'n tiental jong digters mekaar probeer troef met heen-en-weer vertalings tussen Afrikaans, Xhosa, Engels en Tswana.

5 Maart 20:30

90 min | Drostdy-teater | Gratis

 

BOEKKLUB: MY LAASTE GESPREK MET KAREL SCHOEMAN

Met Willem Landman in gesprek met Frederik de Jager; en Antoinette Kellermann 

"Moenie moeite doen om hierop te reageer nie ... ek is van plan om my rekenaar nou simbolies af te skakel." Met dié woorde sluit Karel Schoeman sy e-pos aan Willem op 1 Mei verlede jaar af voordat hy sy lewe beëindig. Willem, 'n lid van Dignity SA se uitvoerende komitee, vertel in dié eerste Woordfees-Boekklubgesprek eksklusief van sy laaste gesprekke met en besoeke aan Schoeman. Ook van die keer toe Schoeman hom gevra het om op sy bed te gaan sit en te sien wat hy laaste sou sien. Frederik, 'n oud-uitgewer, voer die gesprek en Antoinette Kellermann lees voor uit Slot van die dag.

5 Maart 19:15 vir 19:45

 60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur (glas wyn is ingesluit)

 

Dinsdag 6 Maart  

BLOEDGELD IN IRAK

Met oud-Recce Johan Raath, in gesprek met Jaco Kirsten

Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers

’n Oud-Recce plaas sy lewe op die spel om BBP’s en ingenieurs te beskerm wat Irak na die oorlog moet opbou. Johan se dramatiese Blood Money gee vir die eerste keer insae in wat dit verg om vandag in Irak diens te doen. Hy skets vir Jaco die breër, dikwels gewelddadige prentjie van private militêre kontrakteurs se rol in hedendaagse konflikte.

6 Maart 09:00

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

REHANA ROSSOUW: NEW TIMES – BUT NO MANDELA

In coversation with Karina Szczurek

Presented by Jacana Media

As Ali Adams starts a new job as a political reporter at The New Times, a weekly newspaper in Cape Town, her stories make front page. But back home in Bo-Kaap the community has expectations, and none of them involve a woman running all over the place chasing stories. Apartheid, religion, homosexuality, Mandela The Sellout, politics of the newsroom, and post-traumatic stress all come to the fore in this gritty novel by a veteran political reporter.

6 March 09:30

60 min | HB Thom seminar room | R50 | R60 at the door

 

KOSDEMO: KOOK & GENIET MET LISE SWART!

Aangebied deur Human & Rousseau

Een TV-reeks (op kykNET) en een onbeholpe aanbieder (Lise) later, en die immergroen kookboek deur SJA de Villiers is vir die soveelste keer die nr. 1-verkoper! Dié slag wys Lise hoe almal-se-kosbybel relevant bly vir vandag se kok, en demonstreer sy en Tannie Ina se dogter Eunice van den Berg 'n paar nuwe toevoegings tot die boek.

6 Maart 10:00

60 min | Die Khaya | R70 | R80 by die deur

 

ROGER MELLO: 'KWAAI PAPEGAAI' 

In gesprek met Piet Grobler

Piet, seker een van ons bekendste illustreerders en deesdae professor van illustrasie aan die Universiteit van Worcester in Engeland, gesels met dié multibekroonde illustreerder uit Brasilië. Roger, 'n gewilde en gesogte gas by boekfeeste wêreldwyd, het in 2014 die hoogste eer vir kinderboekillustrasie ontvang, die Hans Christian Andersen-medalje, vir sy delikate, kleurryke werk wat heeltyd in die Visuele Kunste-gebou te sien en te koop is. Piet gesels met hom oor sy lewe, visuele taal en temas.

6 Maart 10:00

60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

 

TEETYD IN IDASVALLEI

Met Piet Matipa en Kuier se Marilyn Gantana

Aangebied deur Penguin Random House en LAPA Uitgewers

Ja, hy't in 'n weeshuis grootgeword, ja, hy's swart, Afrikaans en gay, ja, hy haat wit yskaste. Maar verder is hy vervelig, sê Piet, skrywer van die skreeusnaakse stories in Dwarsklap. Marilyn het háár sin vir humor weer leer slyp as 'n pasgetroude domineesvrou op die platteland. En dis waar sy ook leer kook het– om die susters uit haar hare te hou. Kom luister hoe gesels die twee met WOW se Shereen Crotz en geniet daarna tee, met happies geïnspireer deur Marilyn kuier en kook.

6 Maart 10:30

120 min | Idasvallei-biblioteek | R80 | R90 (Plek is beperk.)

 

TANNIE EVITA EN PIK ONTHOU MADIBA

Met Pieter-Dirk Uys, Pik Botha, Denis Cruywagen en Melanie Verwoerd

In die eeufeesviering van Madiba se geboortejaar onthou vier mense wat oor ons eerste demokraties-verkose president geskryf het die mens agter die woorde. Tannie Evita én Pieter-Dirk is daar, Pik huldig die man met wie hy 'n 'onbekende en intieme verbintenis' gehad het, en Denis die spirituele leier. En in volle sirkelgang lei 'n Verwoerd die gesprek!

6 Maart 10:30

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

INGRID JONKER – DIE LAASTE BIOGRAFIE

Aangebied deur Penguin Random House  

Petrovna Metelerkamp het al die inligting wat sy oor dié kultusdigter versamel het nou bygewerk met indringende nuwe navorsing en eksklusiewe foto's. Sy vertel vir Karin Schimke hoe talle voorheen onbeantwoorde vrae oor Ingrid se lewe en dood beantwoord word en hoe die beeld weerlê word wat die wêreld van Ingrid het. Sy wys van die foto's en speel ook 'n opname van 'n voorlesing deur Ingrid self.

6 Maart 11:30

60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

 

RIANA SCHEEPERS: STORMKIND

In gesprek met Dave Pepler

Aangebied deur Tafelberg

Bekroonde skrywer Riana Scheepers gesels met Dave oor magiese realisme en die San-verhale waaruit haar jongste roman voortgevloei het. Dis die storie van 'n meisietjie wat net drie jaar oud was toe haar ma spoorloos verdwyn het. Snags het die wind Jana geroep en as sy mooi geluister het, kon sy die note van haar ma se fluit hoor. Maar een stormnag was daar iemand buite ...

6 Maart 12:00

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

WOORD-EN-WYNETE

’n US Woordfees-aanbieding in samewerking met Stellenbosch Wynroete.

Kom kuier op Simonsig saam met RSG se Martelize Brink – deesdae ook 'n kosboekskrywer – en die plaas se wynmaker oor ’n heerlike langtafel-ete, met van die landgoed se beste wyne!

6 Maart 13:00

120 min | Simonsig | R300

 

GABRIËL BOTMA: POLEMIEKE

In gesprek met Lizette Rabe

Aangebied deur Penguin Random House 

Onthou jy nog die pennestryd wat in koerante gewoed het oor Dan Roodt se teenwoordigheid by die Woordfees? Of die fel woordewisseling nadat NP van Wyk Louw se Die pluimsaad waai ver tydens Republiekdagviering opgevoer is, of die "Boetman is die bliksem in"-briewestorm? Kom verkneuter jou in die bekgevegte wat die land en Afrikaner-kultuur help slyp het in dié gesprek tussen twee veteraanjoernaliste.

6 Maart 14:00

60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

 

PHILIP DE VOS: VANDAG IS EK ‘N WINDLAWAAI

Met Piet Grobler en Lina Spies

Aangebied deur Protea Boekhuis

Stuitige rympies is sy kos, maar ook insiggewende radioreekse oor klassieke komponiste. Met Vandag is ek ’n windlawaai, geïnspireer deur Robert Schumann se klavierwerk Kinderszenen, kombineer Philip dié twee talente en saam met Tertia Visser-Downie se klavierspel en die vertoning van Piet Grobler se sensitiewe illustrasies, word die aanbieding 'n speelse, maar ook dromerige hunkering na kindwees.

6 Maart 14:00

60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

 

ANDRÉ PRETORIUS: REISE DEUR DIE KERKHERVORMING

In gesprek met Cas Wepener

Aangebied deur Naledi

Aan die vooraand van die 500ste herdenking van die begin van die Protestantse Kerkhervorming loop dié reisskrywer terug op die spore van Martin Luther en Johannes Calvyn. Hy besoek die plekke waar grootse omwentelinge hulle afgespeel het, eet, drink en gaan kerk toe daar en soek raakpunte met sy eie kerkgeskiedenis in verre Suid-Afrika.

6 Maart 15:30

60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

 

DERICK VAN DER WALT: TUSSEN VRIENDE

In gesprek met Alta Cloete

Aangebied deur Queillerie

Rugby en seer-snaakse grootwordervarings het Derick al heelparty pryse vir sy jeugromans besorg én 'n fliekkontrak. Maar nou skryf hy oor 50-plussers en hulle alledaagse bestaan uit 'n man se oogpunt – van vriendskap, skuldgevoelens en 'n affair, tot 'n huweliksmaat se swaarkry en kommer oor 'n dwarstrekkind.

6 Maart 15:30

60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

 

WINSTON WICOMB – DIE 'MECHANIC' IN CHRIS BARNARD SE SPAN

Met Winston Wicomb, Amos van der Merwe en Hanlie Retief

Aangebied deur Naledi

Anders as sy broer, die sanger Randall Wicomb, is dié baanbreker-navorser grootliks onbekend in sy geboorteland. Die geskiedenis van sy stryd teen verwerping weens sy velkleur, sy sukkelbestaan as jeugdige en die verstommende storie van hoe ‘n Volkswagen-werktuigkundige in Prof. Chris Barnard se laboratorium en toe teater beland het, lees soos ‘n moderne sprokie. Kom luister hoe Winston en Amos, sy biograaf, met Hanlie gesels.

6 Maart 15:30

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

ANDRÉ BARTLETT: WEERLOSE WEERSTAND 

In gesprek met Jean Oosthuizen

Aangebied deur Protea Boekhuis

Jean lei dié reguit gesprek met die bekende teoloog en predikant oor sy in-diepte ondersoek na die NG Kerk se omstrede gay-beleid. Deelnemers is die gay teoloog Pieter Oberholzer, wat weens sy seksuele oriëntasie nie toegelaat is om sy roeping in die NG Kerk te beoefen nie, en LGBTI-aktivis Michelle Boonzaaier, een van die mense wat die Kerk hof toe geneem het oor die laaste sinodebesluit.

6 Maart 17:00

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

LEWENSMAATS OF 'SUSTERS'

Met Celesté Fritze en Hester van der Walt, in gesprek met Ena Jansen

Ena Jansen gesels met twee debuutskrywers wat skaamte en geheimhouding oor lesbiese-seksualiteit as tema het in ’n tyd toe dit gesien is as taboe. Celesté se Verlorenkop, wat vir bykans elke groot literêre prys verlede jaar benoem is, verken die seer en impak van besluite wat geneem word om die skyn te bewaar oor drie generasies vroue heen, terwyl Hester in haar memoires Sê my, is julle susters? die geestelike isolasie beskryf van alle “vlugtelinge” wat die onversoenbare waardes van hulle tuiste opsy skuif.
6 Maart 17:00
60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

 

JOHANNES DE VILLIERS: KALMTE IN DIE MALLE GEJAAG

In gesprek met Erns Grundling

Aangebied deur Human & Rousseau

Jy wil stilstaan by dit wat saak maak, maar dit voel onmoontlik. Kom luister hoe Johannes aan Erns vertel wat dit beteken om "bewus", of mindful, te lewe en na sy praktiese raad. Of kom 30 minute vroeër, laat hy jou wys hoe om die stilte te ervaar en in die oomblik te lewe.

6 Maart 17:45 Mindfulness-oefening | 18:30 Gesprek

105 min | Botaniese Tuin | R40 studente | R50 | R60 by die deur (Botteltjie water ingesluit)

 

WILLEM SAMUEL: SKREE ALLEEN, 'N 'SINGENDE' UITSTALLING

Skree Alleen is ‘n stilgebore, vroeë naughties punk band wat dié multi-dissiplinêre kunstenaar her-animeer deur ‘n samevlegting van installasie, musiek en animasie. Die lirieke is die katalisator vir 'n singende uitstalling wat die besoeker 'n anderwêreldse ervaring van musiek en digkuns gee en heelweek ervaar kan word. Skree Alleen tree eksklusief op tydens die openingsgeleentheid – kom luister en kyk.

6 Maart 18:00 Opening

60 min | Visuele Kunste-Seminaarkamer 1008 | R50 | R60 by die deur

 

'BOEKKLUB': ALEXANDRA FULLER – A RHODESIAN CHILDHOOD

In conversation with Ingrid Winterbach
She grows up during the bush war that helped turn Rhodesia into Zimbabwe –the family's bombproof Landrover is nicknamed Lucy. She survives a terrible, avoidable death that turns her fun-loving Scottish mother into a crazy drunk and for which she, as a child of eight, feels responsible ... These last days of colonialism are at the heart of Alexandra Fuller's internationally acclaimed 2002 memoir, Don't Let's go to the Dogs Tonight. She talks to Ingrid about a world of taboos and projected shame, about living in Wyoming after being separated from her all-American husband of 20 years, and "the beautiful and terrible" she wrestles with in writing.

6 March 19:15 vir 19:45

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 at the door (glass of wine included)

 

WOENSDAG 7 MAART 

ZUMA – VYAND NOMMER EEN

Met Adriaan Basson, Pieter du Toit, Pieter-Louis Myburgh, in gesprek met Max du Preez

Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers

Max ondervra 'n nuwe generasie ondersoekende joernaliste wat weet waar om vir die waarheid te krap en nie skroom om dit te publiseer nie – ondanks die prys. Adriaan en Pieter ontleed Zuma se grootskaalse korrupsie en hoe 'n nasie begin terugveg het in Zuma – Enemy of the People, en Pieter-Louis verklap meer omtrent die manne wat die staatskoffers plunder in The Republic of Gupta – A Story of State Capture.

7 Maart 09:00

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

ANTJIE KROG – SUSKE EN WISKE EN MANDELA

Ook met Daniël du Plessis, Willem Samuel en Loyiso Mkize

Honderd jaar ná Mandela se geboorte kyk Antjie hoe hy – én Suid-Afrika – uitgebeeld word in twee Vlaamse comics uit die Suske en Wiske-reeks. Ná die visuele aanbieding gesels sy met drie jong plaaslike comics-kunstenaars.

7 Maart 09:30

90 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur 

 

HENK GOUS: BREEKPUNT

In gesprek met Simon Bruinders en Benescke Janse van Rensburg

Aangebied deur CUM Uitgewers

Te veel stres en langdurige spanning kan tot ernstige ligaamlike siektes en emosionele uitbranding lei. Henk, wat ook 'n berader is, bespreek maniere om breekpunt te vermy, gesonde streshantering en die redes waarom slagoffers van trauma veg, vlug of vries met Simon en radio-omroeper Benescke.

7 Maart 09:30

60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

 

KOSDEMO: HERMAN VIER 30

Aangebied deur Human & Rousseau

SARIE se kosredakteur is 30 – en dit vier Herman Lensing op allerhande maniere, maar hoofsaaklik met kos. Leer saam met hom watter geregte net 30 minute neem om te maak, wat die 30 dinge is wat jy van wyn moet weet, en ook sommer 30 goeie kosgewoontes.

7 Maart 10:00

60 min | Die Khaya | R70 | R80 by die deur

 

GEORGE BIZOS: 65 YEARS OF FRIENDSHIP

In conversation with Edwin Cameron

Presented by Penguin Random House

The world-renowned human-rights lawyer talks to Judge Edwin Cameron about his new book, a touching homage to his friendship with Nelson Mandela and a fascinating tale of two men whose work affected the lives of all South Africans– arguing in favour of the Constitution, which is under threat in the current political climate.

7 March 10:30

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

VADERLAND, MOEDERBAND, BROEDERLIEFDE

Met SJ Naudé en Eben Venter

In altwee dié romans word ‘n wêreld anderkant geografiese grense verken, maar ook grense van die band met 'n ma en seksualiteit. In Die derde spoel projekteer SJ (of Fanie) ‘n donker poëtiese beeld van liefde tussen mans op ‘n steeds verskuiwende doek, terwyl Eben in Groen soos die hemel daarbo ritueel van erotiese ervarings en die ontginning van selfkennis daaruit. Frederik de Jager gesels met hulle.

7 Maart 11:30

60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

 

IRMA JOUBERT EN HANS DU PLESSIS

Aangebied deur LAPA-Uitgewers

Ilse Salzwedel vra twee topverkopers uit oor die inspirasie vir hulle jongste historiese verhale. Irma se Mentje - kind van Pas-Opkamp vertel van 'n Nederlandse oorlogwesie, wat alleen 'n onderduikkamp en die berugte Hongerwinter van 1944 en 1945 moet oorleef. Hans skryf ook oor 'n kinderkarakter in Drie vroue en ‘n meisie, wat handel oor vier geslagte vroue op die Hoëveld en hulle droom van 'n beter lewe.

7 Maart 12:00

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

FRIK DU PREEZ BY TOWERBOSCH

In gesprek met Mannetjies Roux en Johnny Davids

In 2015 is hy verkies as ons Rugbyspeler van die 20e Eeu, maar Frik du Preez kan ook lekker spot dat hy op sy dag die kortste slot in die wêreld was. Hy was een van die grotes in 'n tyd van amateurrugby, toe die Bokspan voor 'n oorsese toer deur die bestuur vermaan is om hulle tande deeglik te laat versorg en darem "een goeie sportsbaadjie [sic]" in te pak. Dié rugby-ikoon, wat kon drop, place én score, is vanjaar die US Woordfees se eregas wanneer die universiteit sy eie eeufees vier. Kom ontmoet die bul van 'n oud-rugbyspeler, wat – ondanks kanker en 'n hartaanval – jare jonger as 82 lyk wanneer hy saampraat met oud- Bok-"kollega" Mannetjies Roux en Supersport se Johnny Davids oor 'n somerse feesmaal. 

 7 Maart 12:30

150 min  | Towerbosch | R400 (Plek is beperk.)

 

WOORD-EN-WYNETE

’n US Woordfees-aanbieding in samewerking met Stellenbosch Wynroete

Kom kuier op Somerbosch saam met fliekkenner en skrywer Leon van Nierop en die plaas se wynmaker oor ’n heerlike langtafel-ete, met van die beste landgoed se beste wyne!

7 Maart 13:00

120 min | Somerbosch | R300

 

OORKANT JOU: ’N VERHAAL UIT DIE BINNEKAMER

Met Juliana Coetzer, in gesprek met Riette Rust

Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers

Sy het háár persoonlike reis met haar baie siek dogter in Bloedvreemd beskryf. Nou skryf Juliana oor die uiteenlopende mense – veral vroue – wat haar pad as psigoterapeut kruis. Riette gesels met haar oor swaarkry en herstel en hoe sy die leser op ʼn reis neem wat eintlik ons almal sʼn is: van grootword en eienaarskap neem.

7 Maart 14:00

60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

 

WHOSE HISTORY IS IT ANYWAY?

With Fred Khumalo, Alexandra Fuller, Rehana Rossouw and Achmat Dangor

How important is it to keep telling accurate and unembellished stories about the past – even if it's offensive or hurtful? Four writers discuss this with Sandra Swart. Fred used the sinking of the crew ship SS Mendi in the icy English Channel during the First World War as backdrop for Dancing the Death Drill. Alexandra wrote about growing up during the Rhodesian war in her debut and for her new novel, Quiet Until the Thaw, investigates the history of two Native American boys in a South Dakota reserve. In New Times Rehana draws on her own 30-year history as a political journalist to examine Nelson Mandela’s record as the first president of democratic South Africa, while Achmat returns to the apartheid history in Dikeledi.

7 March 14:00

 60 min | HB Thom seminar room | R50 | R60 by die deur

 

KLEINBOER: HIERDIE HUIS

Aangebied deur Penguin Random House 

Kleinboer (Fanie de Villiers) se nuwe boek voltooi die drieluik wat hy met sy bekroonde Kontrei  en Werfsonde begin het. Dit is die roerende verhaal van ’n kompulsiewe, obsessiewe en seksverslaafde skrywer – een van die laaste wit inwoners van Yeoville in Johannesburg. Die gesprek met joernalis Albertus van Wyk word voorafgegaan deur Niel van Deventer se doccie om 15:00 oor die lewe van Kleinboer en sy oorlede vrou, Lungi.

7 Maart 15:00 Fliek | 16:00 Gesprek

45 min Fliek | 60 min Gesprek | Pulp Cinema Neelsie | R40 | R50 by die deur

 

Adam Small: Denker, digter, dramaturg

Met Sandra Kotze, Cobus Rossouw, Steward van Wyk en Pieter Odendaal

Aangebied deur Protea Boekhuis

In 1974, tydens die eerste professionele opvoering van Kanna hy kô huis toe in die toe Nico Malan-teater, was die wit gehoor in vervoering oor dié poëtiese "nuwe stem". Sandra was Makiet onder regie van Pieter Fourie en Cobus, Kanna. In 'n gesprek met Heindrich Wyngaard onthou dié twee teatergrotes daardie vroeë verhoogdae, terwyl Steward terugkyk na Small se letterkundige nalatenskap en Pieter sy aangrypende gedig voorlees oor sy pa en Adam Small.

7 Maart 15:30

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

GRIEKELAND EN ROME IN SUID-AFRIKA
Met Amy Daniëls, Philip Bosman, Jo-Marie Claassen en Samantha Masters

Aangebied deur Cambridge University Press
Is die Klassieke oudheid handlanger van die kolonialisme? In South Africa, Greece, Rome: Classical Confrontations, 'n bundel essays met Grant Parker van Stanford University as die redakteur, word aspekte van antieke Grieks-Romeinse kultuur in Suid-Afrika bespreek – van Romeinse reg tot die Grondwet, argitektuur en kuns tot opvoeding, die kolonialis Rhodes tot die bevryder Mandela, en die bevrydende invloed van Griekse drama. Annemaré Kotzé lei die gesprek.

7 Maart 15:30

60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

 

RECCES KAN OOK KOOK

In gesprek met Alexander Strachan

Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers

Oud-Recces Justin Vermaak en Johnny Maass lig in 'n gesprek met Zander, 'n bekroonde skrywer van onder meer Bosoorlogromans en self 'n oud-Recce, die sluier oor 'n geheime vaardigheid van dié elite-groep soldate: Hulle kon kos maak. In Recce-resepte vir kos, die bos, die lewe vertel hulle van gebraaide luislang, of goudvis-sushi, afgewissel met stories oor die Forte, die daaglikse roetine en 'n besonderse lewensfilosofie.

7 Maart 15:30

60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

 

ANTOINETTE PIENAAR: DIE LANG MAN SONDER SKADUWEE

In gesprek met Dave Pepler

Aangebied deur Penguin Random House 

Die geliefde RSG-kruievrou en topverkoper-skrywer van Kruidjie roer my sit in haar jongste boek haar roeping as geneser voort. Sy en haar getroue vennoot, Oom Johannes, vertel Dave hoe Karookruie ingespan kan word om allerhande kwale te genees, en watter krag in die ou stories, raaisels en rympies van die Griekwa-mense skuil.

7 Maart 17:00

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

SCHALK VAN DER MERWE: ON RECORD

Met Andries 'Roof' Bezuidenhout

Aangebied deur African Sun Media

In On Record; Music an Society in Recorded Popular Afrikaans Music Records, 1900-2017 bekyk Schalk die geskiedenis van opgeneemde populêre musiek – van die eerste opnames van die Transvaalse volkslied tydens die Boereoorlog, tot Steve Hofmeyr se optredes die afgelope twee jaar. Hy en Andries gesels oor wat hy raakgesien het en maak daarna saam musiek. 

7 Maart 17:00

85 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

 

SKOLLIE KUIER IN IDASVALLEI

In gesprek met Heindrich Wyngaard

Aangebied deur Penguin Random House 

Noem my Skollie, die fliek wat op die lewe van John W Fredericks gegrond is, het gehore landwyd ontroer. Kom hoor hoe gesels Oom John met RSG se Heindrich oor sy aangrypende verhaal en die mag van 'n beginselbesluit. Want dis in die tronk dat dié man besef het hy is by 'n kruispad en net hy kan hom red.

7 Maart 19:30

120 min | Idasvallei-biblioteek | R50 | R60 by die deur

 

BOEKKLUB: ANDRÉ P BRINK EN DIE SPEL VAN LIEFDE

Met Leon de Kock, in gesprek met Tim Huisamen

In 'n eksklusiewe steelkykie in Leon se biografie-in-wording oor André P Brink verklap die skrywer meer oor Brink se sikliese liefdesintriges en word sy 50-jaar lange joernaalskrywery vir die eerste keer onder oë geneem. Tim, lank 'n kollega van Brink aan Rhodes-universiteit op Grahamstad, vra Leon veral uit oor die Ingrid Jonker-storie, wat in dié boek vir die eerste keer deur Brink se eie oë vertel word – met verbysterende nuwe detail.

7 Maart 19:15 vir 19:45

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur (glas wyn is ingesluit)

 

Donderdag 8 Maart

Alex Mouton: Iron in the Soul

In gesprek met Hermann Giliomee

Aangebied deur Protea Boekhuis

Dit neem uitsonderlike karaktereienskappe – of “iron in the soul”, om Van Zyl Slabbert aan te haal – om die leier van die amptelike opposisie te wees. Alex en Hermann, skrywer van Die laaste Afrikanerleiers, bespreek die loopbane van die sogenaamde politieke “verloorders” voor 1994.

8 Maart 09:00

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

DIE SMIT-MOORDE – 'EK IS LIZA SMIT'

Met Liza Smit, in gesprek met Ilse Salzwedel

Angebied deur Jacana MediaVeertig jaar sedert die raaiselmoorde op NP-politikus Robert Smit en sy vrou in hulle Springs-tuiste, met RAU TEM teen die muur geverf as enigste leidraad, is die moordenaars steeds soek. Liza, hulle dogter, was toe 13. Deur die jare het sy haar eie ondersoeke gedoen en selfs 'n verslag daaroor aan die WVK voorgelê. Weens doodsdreigemente moes sy en haar kinders selfs in 'n getuiebeskermingsprogram geplaas word. In 'n eksklusiewe voorskou vertel sy haar verhaal, wat later vanjaar in boekvorm verskyn, aan Ilse Salzwedel.

8 Maart 09:30

60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

 

PIETER-DIRK UYS: WEERKLINK VAN 'N WANKLANK

Aangebied deur Missing Ink

Pieter-Dirk vind in sy 72e jaar die moed om die storie agter die stories te vertel in dié teatermemoires, wat saam met sy Engelse weergawe, Echo Of A Noise, nou in boekvorm verskyn. Hy bied ‘n kaleidoskoop van ‘n lewe vol gelag en gesag – van sy familie in Pinelands met Ma Helga en Pa Hannes, wat met liefde, musiek en dissipline sy lewensiening help vorm het, tot die latere spartelings met sensuur en Nasionale Party-kaskenades. Kom beleef dele van die boeke as opvoering, maar hoor ook hoe die verwerking die storie help ontwikkel het.

8 Maart 09:30

90 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

 

TAALSPELETJIES MET GERHARD VAN HUYSSTEEN

8 Maart 09:30

60 min | Die Plataan | Gratis

 

KOSDEMO: TEETYD MET MARTJIE

Aangebied deur Quivertree

Koekedoor se Martjie Malan publiseer binnekort haar eerste bakboek wat enige bakgierige sal inspireer met sy resepte en delikate waterverf-illustrasies deur Claudia Liebenberg. Sy gee wenke oor hoe om met 'n basis te begin en dan voort te bou op variasies daarvan. Proe van dié bakjuwele saam met 'n koppie tee en kry daarna die gratis resepkaartjies. 

8 Maart 10:00

60 min | Die Khaya | R70 | R80 by die deur

 

HIGH TEA MET KRISTEL LOOTS

Aangebied deur LAPA-Uitgewers

Liefdesverhaalveteraan Kristel Loots vier haar verjaarsdag in styl, maar sy vermoed daar's fout op haar ID. Daar's geen manier waarop sy nou al 70 kan word nie - sy voel dan nog so jonk! Elias P Nel, bekend om sy droë sin vir humor, vra haar uit oor waar haar inspirasie vir haar nimmereindigende stroom vermaaklike boeke vandaan kom, of sy gebore is met haar rooi hare, en hoe sy oor ouer hoofkarakters voel. (Sy luister af, sê sy!)

8 Maart: 10:30

120 min | Oude Werf Hotel | R250 | R270

 

KAREL SCHOEMAN SE LAASTE STEMME

Met Dan Sleigh, Louise Viljoen, Cas Wepener en Tim Huisamen

Aangebied deur Human & Rousseau

Dié historiese improvisasie is een van die laaste literêre nalatenskappe voor Schoeman se afsterwe in 2017. Dit is ook die laaste teks waar hy sy hand aan fiksionele stemme waag – die opklink van ‘n menigte immigrante aan die Kaap. Aan die hand hiervan, word gekyk na dié skrywer se bydrae tot die Afrikaanse letterkunde en hoekom hy 'n "anderster" Sestiger was, waarna elke deelnemer sy/haar mooiste Schoeman-roman kies.

8 Maart 10:30

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

HANNELIE GROENEWALD: TERREUR IN KABOEL

In gesprek met Juliana Coetzer

Aangebied deur Lux Verbi

Vier jaar gelede is 'n Pretoriase ma se man en twee kinders uitgewis in 'n terreuraanval op hulle huis in Kaboel, waar Hannelie se man opheffingswerk gedoen en sy as dokter gewerk het. Net hulle een hondjie, Chico, het oorleef. Hanneli vertel aan skrywer en terapeut Juliana Coetzer (Oorkant jou) van daardie dag en hoekom sy vergifnis bo bitterheid kies.

8 Maart 11:30

60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

 

RUDIE VAN RENSBURG: HANS STEEK DIE RUBICON OOR

In gesprek met Kerneels Breytenbach

Aangebied deur Queillerie

Hans wil op 90 op sy éie terme oud word en sommer gou neem hy Huis Madeliefie op horings met ’n properse ouetehuisopstand. Kerneels vra die bekende misdaadskrywer uit oor sy bitterlik snaakse roman, waar daggakoekies, ontkleedansers en vet sports aan die orde van die dag is.

8 Maart 12:00

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

WOORD-EN-WYNETE

’n US Woordfees-aanbieding in samewerking met Stellenbosch Wynroete.

Kom kuier op L'Avenir saam met die bekende TV-persoonlikheid en nou ook misdaadskrywer Franz Marx en die plaas se wynmaker oor ’n heerlike langtafel-ete, met van die landgoed se beste wyne!

8 Maart 13:00

120 min | L'Avenir | R300

 

HARTEBREKER: CHRIS BARNARD EN DIE EERSTE HARTOORPLANTING

Met James-Brent Styan, in gesprek met Gilbert Gibson

Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers

Die flambojante liefdeslewe, huwelike (en egskeidings) van hartchirurg Christiaan Barnard het soms die impak van sy historiese eerste hartoorplanting en verstommende mediese suksesse oorskadu. Maar 50 jaar later is sy prestasie des te meer merkwaardig – veral as gekyk word na eksklusiewe foto's (wat ook gewys sal word). Gilbert, mediese dokter en digter, vra James uit – ook oor Hamilton Naki, die swart tegnikus wat saam met sy vriende die chirurg agter die skerms gehelp het.

8 Maart 14:00

60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

 

REDI TLHABI: KHWEZI

In conversation with Adriaan Basson

Presented by Jonathan Ball Publishers

The book touched a nerve: More than 400 people attended the launch; 10 000 copies were sold in a week. Adriaan Basson asks the well known talk show radio host and author why, and what price Fezekile Ntsukela Kuzwayo – better known as Khwezi – ultimately paid as the woman who dared to accuse Zuma of rape.

8 March 14:00

60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

 

FRANSJOHAN PRETORIUS: VERSKROEIDE AARDE

In gesprek met Carel van der Merwe

Aangebied deur Tafelberg

Die redakteur van dié bygewerkte glans-weergawe van 2001 se topverkoper oor die Britte se verskroeide aarde-beleid tydens die Anglo-Boereoorlog vertel meer omtrent die nuwe inhoud, soos die storie van Lizzie van Zyl (die foto van 'n uitgeteerde meisie op 'n bed), swart sterfgevalle in die kampe, en Emily Hobhouse se lewe ná die oorlog. Hy gesels met Carel, wat self navorsing oor die oorlog gedoen het vir Donker stroom.

8 Maart 15:30

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

GERARD SEKOTO: FIELIES EN POTE

Met Melvyn Minnaar, Barbara Lindop en Marelize van Zyl

Op 60 het die kunstenaar Gerard Sekoto 'n prenteboekie vir kinders – oor twee stout honde – geskryf en geïllustreer. Dié storie is in 2013, 100 jaar ná sy geboorte, in 12 tale vertaal, insluitende as Fielies en Pote in Afrikaans.. 'n Beperkte oplaag van net 100 van dié pragboekie is spesiaal vir die 100-jaarviering van die US herdruk en te koop. Kunsjoernalis Melvyn gesels met Barbara, voorsitter van die Sekoto Trust, wat Sekoto tydens sy selfopgelegde ballingskap in Frankryk hoor sing het (een manier waarop hy aan die lewe kon bly), en Marelize van Aspire Art, oor die gesogtheid van sy werk vandag – iets wat hy nooit beleef het voor sy dood in 'n ouetuis in die vreemde nie.

8 Maart 15:30

60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

 

VROUE IN VERANDERING

Met Christi van der Westhuizen, Sylvia Vollenhoven, Annie Klopper en Bettina Wyngaard

Wat haar fassineer van ’n manlike teenwoordigheid, sê Antjie Krog nadat sy die Hertzogprys vir poësie ontvang het, is “mans gaan nooit net weg nie, mans vat ook die mag saam met hulle weg en dan bly daar nou net ’n klomp vrouens oor en skielik daal die statuur van daardie beroep"... Op Internasionale Vrouedag debatteer vier skrywers onder leiding van Lou-Marie Kruger oor vroue en hulle identiteit in Suid-Afrika vandag: Hoe het dit verander, hoe kry dit in hulle werk beslag, is daar so iets soos vroue wat mekaar bemagtig, of is presies die teenoorgestelde waar?

8 Maart 15:30

60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

 

DAMES EN HERE, LEONARD COHEN!

Met Danie Marais, Kerneels Breytenbach en Andries 'Roof' Bezuidenhout

Die Kanadese digter-troebadoer, skepper van 'Suzanne' (1967) en 'Hallelujah' (1984), is in November 2016 op 82 dood ná 'n verstommende oplewing laat in sy loopbaan. 'n Deeglike evaluering van die poësie in sy lirieke, met nuwe insigte, baie bewondering en heelwat heimwee. As bonus sing Andries die onbekender lang weergawe van 'So long, Marianne'.

8 Maart 17:00

75 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

 

HARTLAM – LIEFDE MET TANDE

Met Malene Breytenbach, Pieter van Zyl en Gerda Taljaard

Aangebied deur Tafelberg

Liefde het vele gedaantes: Erotiese liefde, moederliefde, gewelddadige liefde, verbode liefde, liefde tot die dood toe… Verken die vele gesigte van liefde, en nie almal is mooi nie. Madri Victor doen die vrawerk.

8 Maart 17:00

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

JOGA & VEGETARIES

Met Marlien Wright

Aangebied deur Jacana Media

Haar resepteboek The Yoga Kitchen – 100 Easy Superfood Recipes was só gewild dat die joga en Pilates-instrukteur Marlien Wright dit verlede jaar met ’n gereelde nuusbrief, die Secret Supper Club, opgevolg het. Hierin gee sy inligting, wenke en resepte oor die jongste tendense in gesonde kos en konsentreer sy veral op hoe om weerstand teen veroudering op te bou. Sluit by haar aan vir  ’n uur se joga in ’n groen binnehof langs ’n fontein, kry pitkos oor gesondheid, en ontspan dan buite of binne met ’n heerlike vegetariese ete, geïnspireer deur Marlien se resepte.

8 Maart 18:00

120 min | Debut @ The Private Hotel School | R180  | R190 by die deur (Plek is beperk)

 

STORIEVUUR: RECCE-RESEPTE VIR KOS EN DIE LEWE

Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers

Recces kén van stories vertel. Hulle deel net nie alles nie. Wat Justin Vermaak en Johnny Maass wel deel, saam met Zander Strachan en nog 'n paar oud-kollegas, is stories uit Recce-resepte vir kos, die bos, die lewe: wat hulle geëet het, waar – en hoe – hulle dit gemaak het, die Forte en die bos.

8 Maart 18:30

60 min | Die Plataan | Gratis

 

BOEKKLUB: RAY KLUUN, DIE ONWILLIGE SUPERSTER

In gesprek met Francois Smith

Moontlik gemaak deur SASNEV

Dit sit nie in enigeen se broek om 1,2 miljoen eksemplare van 'n boek te verkoop nie. Te meer as dit jou debuut is en jy dit eintlik geskryf het om skuld en rou op papier uit te stort. Dis die storie van Raymond van de Klundert, kortweg Ray Kluun, of net Kluun, 'n kultusfiguur in Nederlandse skrywerskringe. Komt een vrouw bij de dokter, (in Engels Love Life en in Afrikaans as 'n Vrou gaan dokter toe) was 'n fiktiewe weergawe van sy ervaring as 'n jong man wat sy vrou, vir wie hy baie lief was, se terminale siekte net kon verwerk deur al hoe meer klubs toe te gaan en by ander vroue te slaap. Sy jongste roman is DJ. Francois Smith, wat sy debuut in Afrikaans vertaal het, vra hom uit oor die geweldige reaksie wat die boek uitgelok het en of hy dinge anders sou wou doen as hy kon.

8 Maart 19:15 vir 19:45

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur (glas wyn is ingesluit)

 

OUERAAND IN IDASVALLEI

Met Pieter van Jaarsveld

Aangebied deur Lux Verbi

Hoe maak jy 'n gelukkige kind groot? Dis iets waarna elke ouer streef. Kom luister na Pieter, wat wêreldwyd as leierskapontwikkelingskonsultant vir maatskappye optree, wanneer hy gesels oor sy boek, 'n Gelukkige kind. Pieter gee hierin raad oor hoe jy jou kinders kan grootmaak om positiewe en gelukkige mense te wees deur hulle "reg te bedraad" met wetenskaplik getoetste speletjies en oefeninge. Eindig die aand met 'n koppie tee en 'n  kans om die skrywer persoonlik uit te vra.

8 Maart 19:30

120 min | Idasvallei-biblioteek | R80 | R90 by die deur

 

Vrydag 9 Maart

 

FRANS RAUTENBACH: SOUTH AFRICA CAN WORK

In gesprek met Edwin Cameron

Aangebied deur Penguin Random House 

In sy uitdagende boek oor wat Suid-Afrika kan laat werk, stel dié arbeidsregadvokaat 'n volledige hervorming van beleidsdenke voor. Maar dit kom nie sonder 'n hele paar ongewilde stellings nie – veral in die oë van die regerende party. Edwin Cameron, regter in die Grondwetlike Hof, is net so goed met omstredenheid bekend nadat hy in Witness To Aids (2005) lynreg van Thabo Mbeki se vigsbeleid verskil het. Die twee bespreek wanneer dit die regte tyd is om teen die stroom te praat, hoe jy jou tyd kies, en hoe jy weet of jou waarheid dié waarheid is.

9 Maart 09:00

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

Carina Stander: Die Bergengel

Aangebied deur Protea Boekhuis

Die verhaal van 'n mitiese bergengel en die jong Eron Verberger se lewensveranderende avontuurreis deur die land Gabriëllië is die onderwerp van Carina se fantasieverhaal. Sy vertel meer omtrent haar karakters en inspirasie aan die hand van die 30 sketse wat sy vir haar boek gemaak het.

9 Maart 09:30

60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

 

KOSDEMO: ANNA-CAROLINA SKEP BOTTER EN LIEFDE

Aangebied deur Quivertree

'Kom sit 'n bietjie,' is die leuse van die jong kosskrywer en plaaskind van Pipeklipberg in Mpumalanga, deesdae 'n bekende TV-kosstilis in die Kaap. Anna-Carolina – of Caro – Alberts wys hoe jy die waarheid en eenvoud van gister in die mooi en modern van vandag kan omskep – of sommer 'n plaastafel in 'n onthaaltafel. 

10 Maart 10:00

60 min | Die Khaya | R70 | R80 by die deur

 

TAALSPELETJIES MET GERHARD VAN HUYSSTEEN

9 Maart 09:30

60 min | Die Plataan | Gratis

 

MARLENE VAN NIEKERK – DIE DIGTER

Met Louise Viljoen

Aangebied deur Human & Rousseau

Vier jaar ná Kaar verskyn twee digbundels deur dié Hertzogpryswenner vir poësie. Louise Viljoen ontsluit die beeldgedigte van In die stille agterkamer en Gesant van die mispels aan die hand van foto's van die werk van die Nederlandse skilders Adriaen Coorte (1659-1707) en Jan Mankes (1889-1920), waarop die gedigte gegrond is. In 'n opname kan Marlene ook gehoor word waar sy self van die gedigte voorlees.

9 Maart 10:00

60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

 

DANA SNYMAN EN NATHAN TRANTRAAL – DIE KLEURE VAN ONS LAND

Aangebied deur Tafelberg en Kwela

'n Reisskrywer en digter vertel elkeen skrynend eerlik die stories van hulle mense – Dana in sy reisverhaalbundel Op pad, en Nathan in Wit issie 'n colour nie, oor die lewe in die buitewyke van die Kaapse Vlakte. Loftus Marais vra hulle uit. 

9 Maart 10:30

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

DIE RESTAURANT AS MISDAADTONEEL

Met Schalk Schoombie en Irna van Zyl, in gesprek met Kerneels Breytenbach

'n Bekende kosresensent sterf onverklaarbaar en 'n ongewilde sjef word ná 'n hewige tantrum die volgende oggend dood in sy kombuis gevind. Oud-joernaliste Schalk (Rooi haring) en Irna (Gifbeker) gesels met Kerneels Breytenbach oor hoe ons jongste koshebbelikhede en die moderne onthaalwese vrugbare teelaarde is vir 'n komiese misdaadsatire, of hoëoktaan-spanningsverhaal.

9 Maart 11:30

60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

 

LAG-LAG DIE MOEILIKSTE

Met Rudie van Rensburg, Bennie Fourie, Beer Adriaanse en Ernest van der Kwast

Moontlik gemaak deur die Kaapse Forum vir Neerlandistiek en SASNEV

Twee romanskrywers en twee draaiboekskrywers het een ding in gemeen: Hulle stories is snááks! Rudie skryf oor 'n ouetehuisopstand en die Nederlander Ernest van der Kwast oor sy Indiese mama met die koekroller, terwyl Bennie en Beer TV-kykers laat skaterlag met kykNET se Hotel. Hulle vertel vir Bibi Slippers hoe swaarkry lekkerkry word.

9 Maart 12:00

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

KOSDEMO: GEURE VAN DIE BO-KAAP

Aangebied deur Quivertree

Hulle noem haar Laysa, maar eintlik sien sy haarself as Liza Minnelli. Want sien, as 'n mens nie personality het nie, hoe oorleef jy die dag wanneer jou man loop om brood te koop en terugkom met 'n ander vrou? Nee wat, vandag leef Ms Jabaar haar passie voor die kospotte uit in al die eksotiese geure so reg uit die glansboek Bo-Kaap Kitchen. Kom leer by haar en vriendin Shireen Narkedien omtrent die geheimenisse van speserye en tradisionele Maleier-kerries, knibbel aan happies soos bollas en ope bekkies, en hoor wat jy nooit by 'n begrafnis kan voorsit nie!

9 Maart 14:00

60 min | Die Khaya | R70 | R80 by die deur

 

GERDA TALJAARD: DIE LAKSMAN SE DOGTER

In gesprek met Marita van der Vyver

Aangebied deur Penguin Random House

Wat doen dit aan 'n dogter om te hoor haar pa was 'n laksman in die vorige politieke bedeling? Was dit wat Rosaria van haar dogter vervreem het en wat tot dié jong rock-ster se dood gelei het en Rosaria se eie makabere fassinasie met opgestopte voëltjies? Marita hoor meer by die skrywer wat bekend is vir haar romans 'n Engel in die hoenderhok en Kelder.

9 Maart 14:00

60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

 

LEON VAN NIEROP: KATELKNAAP

In gesprek met Francois Bloemhof

Aangebied deur Penguin Random House 

Die vervaardiger, skrywer en fliekresensent gee nou die voorafstorie van Plesierengel, waarin ons vir Tristan Hansen leer ken het – die jongman wat deur die rykste vroue in Johannesburg vir sy "dienste" betaal word. Nou hoor ons wat hom sy lewenspaadjie laat kies het en onmoet ook die vroue wat hom gelei, gevorm en opgelei het. Francois Bloemhof gesels met Leon oor dié witwarm gigolo-storie.

9 Maart 14:00

60 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

 

CECILE CILLIERS: DIE OU VROU EN DIE PRIESTER EN ANDER KORTVERHALE

In gesprek met Martie Meiring

Aangebied deur Human & Rousseau

Een van die bekende Boeksusters (met sus Madeleine van Biljon nog op M-Net) en gewilde rubriekskrywer het eindelik haar eerste eie kortverhaalbundel die lig laat sien. Sy gesels met Martie oor haar temas, soos wat in ’n huwelik ongesê bly, die oorweldigende blindheid van ’n eerste liefde, die menigte vorms wat verlies kan aanneem, en bowenal die uitdagings wat met ouderdom gepaardgaan. 

9 Maart 15:30

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

'N ANDER MANIER VAN DRUK*

HAT: druk: (deur 'n pers) op papier aanbring

Met Pieter-Dirk Uys, Brent Meersman, Joan Kruger, Jaco van der Merwe en Wikus de Wet, in gesprek met Riana Barnard

Vandag kan ‘n president die wêreld met 140 karakters regeer en ‘n sakeman sy onderneming via 'n Wolk bestuur. En die boek is nog hier as boek! Of hulle nou hulle eie drukkery bedryf, soos Pieter-Dirk en Brent, 'n familie-uitgewery soos Joan, of crowdfunding as finansiering gebruik soos Jaco en Wikus – daar ís deesdae vele opsies om boeke (goedkoper) te maak. Riana Barnard vind uit.

9 Maart 15:30

60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

 

TOT DIE DOOD ONS SKEI

Met Schalk Schoombie en Julian Jansen, in gesprek met André le Roux

Aangebied deur Human & Rousseau en Tafelberg

Wat dryf iemand om sy vrou of lewensmaat te vermoor? Of sy ouers? In Tot die dood ons skei kyk Schalk indringend na die verskynsel van 'intieme vrouemoord' en diep grusame voorbeelde op, terwyl Julian vir Die De Zalze-moorde die storie agter die storie vertel van dié skokkende Stellenbosse gesinsmoord. André, wat in Narsiste, psigopate, stalkers en sadiste verskeie moordenaarsprofiele ontleed, soek saam antwoorde.

9 Maart 17:00

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

LOFTUS EN BIBI: SLEGTE SEKS & GIN

Met Loftus Marais, Bibi Slippers, Desmond Painter, Ryan Pedro, Annie Klopper, Andries Bezuidenhout en Charlotte van den Broeck

Daar is te min gedigte oor slegte seks in Afrikaans, en te veel oor die natuur, voëls, God en die liefde. Ses Afrikaanse digters, een Vlaming en 'n studentedigter is genooi om as deel van 'n Vrydagaandse gin bar 'n nuwe gedig oor slegte seks te kom voorlees saam met 'n paar ander.

9 Maart 18:00

85 min | Drostdy-teater | R50 | R60 by die deur

 

STORIEVUUR: ANTOINETTE PIENAAR EN OOM JOHANNES

Angebied deur Penguin Random House

Antoinette is die kruievrou van RSG en saam met haar getroue vennoot, Oom Johannes, vertel sy stories uit haar nuwe boek, Die lang man sonder skaduwee, en oor die genesende, soms selfs towerkragte van kruie.

9 Maart 18:30

60 min | Die Plataan | Gratis

 

BOEKKLUB: 55 VOOR 12/ 55 TO 12 – SKRYWERS OM DIE LANGTAFEL   

Met Jacques Pauw, Valda Jansen, SJ Naudé, Alexandra Fuller, Masande Ntshanga, Eben Venter, Fred Khumalo, Ghaireyah Fredericks, Jolyn Phillip, Sean Christie, Marita van der Vyver en Heindrich Wyngaard, in gesprek met Jean Meiring

Twaalf skrywers – Afrikaans en Engels – kom bymekaar teen die agtergrond van  toenemende vreemdelingehaat en onrus wêreldwyd en die verkrummeling van magstrukture om vrae uit te trap, soos wat beteken dit om in vandag se werklikheid te skryf en wie kry die reg om sê wat dié werklikheid is? Kan jy nog as skrywer 'n bydrae maak om 55 minute voor 12? Regsgeleerde en gereelde boekresensent Jean Meiring is die gespreksleier.

9 Maart 19:15 vir 19:45

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur (glas wyn is ingesluit)

 

STORIEVUUR: ONS BESTE SPOOKSTORIES

Kom sit ounag en luister na van die beste spookstories versamel in Constant Companions: South African Tales of the Supernatural, bymekaargemaak deur Annel Pieterse en geskryf deur studente van UWK en US en deelnemers aan InZync se INKcredible-poësieslypskole vir skoliere.

9 Maart 22:00

60 min | Die Plataan | Gratis

 

 

Saterdag 10 Maart

KOM BAK SAAM MET DIE KOKKEDOORTJIES!

Met Martjie Malan

Spesiaal net vir kinders: Kom kuier saam met twee deelnemers aan die Kokkedoortjie TV-reeks en leer bak saam met Martjie Malan, wat haar eie kookskool vir kinders het en medeskrywer was vir die Kokkedoortjie én nuwe Koekedoortjie-reekse. Jou sintuie sal gons, jou vingers sal woel en jou kakebeen sal wikkel! Ingesluit: bakpret met twee heerlike resepte in The Private Hotel School se professionele opleidingskombuis, werk in 'n span met 'n maat, eet wat jy bak en neem die res huis toe plus as bonus 'n verrassingspakkie met geskenkies en 'n gratis Kokkedoortjie-kookboek ter waarde van R310! Vir ouers wat moet wag, is daar koffie en eetgoed, of 'n spesiale ontbytdemo – sien Ontbytdemo vir ouers.

3, 10 Maart: 09:00-11:30

150 min | Debut @ The Private Hotel School | R350 (Net 20 plekke vir kinders 9-13 per klas)

 

ONTBYTDEMO VIR OUERS

Aandag alle ouers van woelige kinders. Terwyl die klein Kokkedoortjies by die Private Hotel School bak en brou, word ’n weglê-ontbyt vir die ouers voorgesit. Die professionele sjefs wys jou hoe ’n ou gunsteling, Eggs Benedict, in ’n japtrap opgetower kan word sonder om op eiers te loop in die kombuis.

3, 10 Maart: 09:00-11:30

150 min | Debut @ The Private Hotel School | R115

 

KOSDEMO: MARILYN KUIER EN KOOK!

Aangebied deur LAPA-Uitgewers

Kuier se tuiskok het as jong bruid van 'n dominee op Loeriesfontein beland en dáár geleer van tydbestuur. Ook kosdiplomasie, want dis met haar maklike, vinnige en lekker resepte dat Marilyn Gantana die susters se guns kon wen!

10 Maart 10:00

60 min | Die Khaya | R70 | R80 by die deur

 

RIAN VAN HEERDEN: DINGE WAT EK NIÉ MOES GESÊ HET NIE

In gesprek met Ivor Price

Aangebied deur Tafelberg

Met sy eerste verskyning op TV as hoërskool-laaitie het Rian van Heerden reeds die volk die josie in gemaak. En sedertdien het dinge nie beter gegaan nie! Op sy aweregse manier en met 'n goeie skoot humor vertel dié radio- en TV-persoonlikheid aan Ivor van sy boek, waarin hy wonder oor dáárdie dinge wat hom in die warmwater laat beland het.

10 Maart 10:30

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

ANDRÉ LE ROUX: WAAROM MANS ALTYD REG IS (EN ANDER ONNOSELHEDE)

In gesprek met Michélle van Breda

Aangebied deur Human & Rousseau

Dié bundel bevat van die laaste (en skreeusnaaksste) rubrieke wat André le Roux vir SARIE geskryf het. Wat is dit met vroue en alewig inkopies doen? En hoekom wil mans nooit dokter toe gaan nie? André gesels met SARIE se redakteur, Michélle, oor (volgens hom) die hemelsbreë verskille tussen mans en vroue. En hoe jy eintlik net jou hart kan vashou oor hoe blind die liefde steeds is.

10 Maart 12:00

60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60

 

JOHN W FREDERICKS: SKOLLIE

In gesprek met Herman Lategan

Aangebied deur Penguin Random House 

Suid-Afrikaanse gehore was in verlede jaar in vervoering oor Noem my Skollie, die fliek wat op die lewe van John W. Fredericks gegrond is. Herman praat met John oor Skollie, sy aangrypende memoires, getik met net met één vinger, sy lewe as 'n bendelid en Pollsmoor-tronkvoël, en hoe sy talent om stories te vertel hom laat oorleef het sodat hy hom vandag "'n skrywer" kan noem.

10 Maart 12:00

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

THULI AND TIM AT GUARDIAN PEAK

With Thuli Madonsela, in conversation with Tim du Plessis

Adv Thuli Madonsela shows without question that dynamite comes in small packages. In seven years the former Public Protector has achieved what few accomplish in a lifetime, often praised and vilified in equal measures. Looking back at her time in office, she said the role is akin to that of the Venda traditional spiritual female leader, the Makhadzi, who whispers truth to the king or the ruler. And a ruler who ignores the Makhadzi does so at his peril. Sample a three-course meal prepared by the legendary Rust en Vrede chef, listening to former Rapport editor and columnist Tim du Plessis enjoying some rare personal time with this woman of steel.

10 March 12:30

180 min | Guardian Peak Winery and Restaurant | R950

 

KOSDEMO: BOEREKOS MET ‘N TWIST

Aangebied deur Human & Rousseau

Annelien Pienaar ’n kwyllekker kinkel aan die eenvoudige huiskos wat jou ma, ouma en oumagrootjie gemaak het. Sy deel van haar 140 familieresepte, wat elkeen die “resep-met-’n-les”-konsep voortsit wat haar blog so suksesvol maak.

10 Maart 14:00

60 min | Die Khaya | R70 | R80 by die deur

 

TREE AAN: DIGTERS IN AKSIE!

Met Churchil Naudé, Jolyn Phillips en Charlotte van den Broeck, met Danie Marais aan die stuur

Moontlik gemaak deur NB-Uitgewers, die Kaapse Forum vir Neerlandistiek, SASNEV en die Vlaamse Regering

Van die Kaapse Vlakte tot Antwerpen wys dié digters wat van 'n gedig 'n show maak. Die Kaapse rapper en woordtowenaar Churchil 'Meneer  Naudé' Naudé, die Gansbaaise digter Jolyn Phillips en die veelbekroonde Vlaamse digter en verhoogkunster Charlotte van den Broeck vertel – en wys –hoe jy poësie voordra, uit jou kop lees, met die gehoor speel, kletsrym, en jou verhoogvrees beheer sónder om beheer te verloor.

10 Maart 14:00

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

VAN LIEF EN LEED EN ALLES TUSSEN-IN

Met Elsa Winckler

Aangebied deur Kwela en Human & Rousseau

Elsa gesels met Jacolet van den Berg en Juanita Aggenbach, skrywers van Hoë hakke met hoogwater en Gister is verby oor lekkerleesromans en hoe belangrik dit is om van die werklikheid en swaarkry te ontsnap, of is dit hoe jy lesers lok: deur stories te vertel wat soos hulle eie voel.

10 Maart 14:00

60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

 

DIE INTIMITEIT VAN SKRYF

Met Dominique Botha, Valda Jansen, Kluun en Ernest van der Kwast

Moontlik gemaak deur NB-Uitgewers, die Kaapse Forum vir Neerlandistiek, SASNEV en die Vlaamse Regering

Vier skrywers gesels met Andries Visagie oor watter ryk stof jou naaste familie vir fiksie bied, maar watter verantwoordelikheid dit ook is. Vir Dominique, ook die vertaler van Camp Whore, was haar broer die inspirasie vir Valsrivier, vir Valda 'n verlore geliefde in Hy kom met die skoenlappers, vir Kluun die dood van sy jong vrou, en vir die Nederlandse Ernest sy Indiese ma met die koekroller.

10 Maart 15:30

60 min | HB Thom-seminaarkamer | R50 | R60 by die deur

 

HYKIE BERG: 'MY LEWE MET DWELMS'

In gesprek met Helana Olivier

Aangebied deur Lux Verbi

Ons hoor by die bekende akteur wanneer hy sy deurbraak gemaak het. En wanneer hy aan dwelms verslaaf geraak het. Hykie se persoonlike verhaal, wat sy laagtepunt het in ’n maksimum-sekuriteitsel in die Weskoppies-hospitaal, is een van suiwer genade.

10 Maart 15:30

60 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

 

DIGTERSPARADYS

Met Daniel Hugo, Gilbert Gibson, Jolyn Phillips, Pieter Fourie, Fourie Botha, Clinton V du Plessis, en Nuwe Stemme 6 se Remona Voges en Jaco van der Merwe

Aangebied deur NB-Uitgewers, Naledi en Penguin Random House

'n Jaarlikse hoogtepunt wanneer bekende en debuutdigters uit hulle werk voorlees.

10 Maart 17:00

90 min | ATKV-Boektent | R50 | R60 by die deur

The post US Woordfees 2018: Chronologiese skrywersfees- en leefstylitems appeared first on LitNet.

US bring hulde aan prof Sampie Terreblanche: legendariese ekonoom, geliefde lektor en kritiese stem

$
0
0
  • Hierdie huldeblyk-persvrystelling is ontvang vanaf Universiteit Stellenbosch

“Dit is met groot hartseer dat ek namens die Universiteit Stellenbosch ons diepe meegevoel betuig teenoor die familie van prof Sampie Terreblance,” het prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch gesê. “Ons eer hom as ’n legendariese politieke ekonoom; geliefde inspirerende lektor vir duisende van ons studente, en een van die US se kritiese stemme.”

Die US het Prof Terreblanche op 10 Desember 2015 met ’n eredoktorsgraad vereer. Sy akademiese loopbaan aan die US het oor die helfte van die 90 bestaansjare van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW) gestrek. Hy is met die graad Doktor in die Handelswetenskappe (DCom) Honoris Causa vereer vir sy "uitsonderlike bydrae as diepsinnige ontleder van sosiaal-ekonomiese stelsels, sy klem op sosiale verbetering vir almal in talle rigtinggewende publikasies en sy vreeslose voorspraak vir die beëindiging van apartheid in Suid-Afrika". Hy het deur die jare ’n onuitwisbare impak op menige ekonomiestudent aan die US gehad.

Met sy kenmerkend lewendige aanbiedingstyl geniet “prof Sampie” die status van ’n legende aan die US. Met dieselfde geesdrif waarmee hy denke oor die sosiaal-ekonomiese stelsel beïnvloed het, het hy sy vakgebied vir studente ontsluit. Talle vooraanstaande ekonome skryf hul sukses aan dié vernuwende denker en geliefde professor toe.

Sy klem op sosiale verbetering vir die groot gemeenskap is ’n deurlopende tema in sy werk. As lid van die destydse Kommissie van Ondersoek na Aangeleenthede rakende die Kleurlingbevolkingsgroep (1973–1967) – die Erika Theron Kommissie – kom hy diep onder die indruk van die probleem van strukturele armoede. Dit word ’n blywende invloed in sy denke oor die Suid-Afrikaanse politieke ekonomie en figureer in baie van sy publikasies, waaronder 12 boeke en meer as 30 artikels en boek hoofstukke. Selfs andersdenkende vakgenote erken ruiterlik die hoogstaande gehalte van sy werk.

Sy bydrae tot politieke transformasie is eweneens op die strewe na sosiale verbetering vir die benadeelde meerderheid gerig. Ná 1994 bly sy insigte rigtinggewend en is veral sy A history of Inequality in South Africa, 1652–2002 ’n belangrike verwysingspunt vir hedendaagse Suid-Afrikaanse ekonomiese en sosiale analise.

  • Foto-erkenning by die artikel: YouTube

The post US bring hulde aan prof Sampie Terreblanche: legendariese ekonoom, geliefde lektor en kritiese stem appeared first on LitNet.

Viewing all 21497 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>